Noordkaapnk 20141015

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 15 Oktober 2014

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Toptegnologie hier

Hospitaal een van modernste in SA

DENISE COETZEE, skakelbeampte van Mediclinic, en Stephan Deeflefs, hospitaalbestuurder, voor die ingang na die nuwe hipermoderne Mediclinic Gariep in Kimberley. Die hospitaal maak in Desember oop. Foto: André Botha André Botha DIE nuwe Mediclinic Gariep wat in Desember in Kimberley open, sal tegnologies die modernste hospitaal van die Mediclinic-groep in Suidelike Afrika wees. Die eerste pasiënte sal van 5 Desember af van die bestaande Mediclinic Kimberley na die nuwe hospitaal oorgeplaas word. Die hospitaal is binne 20 maande teen R270 miljoen opgerig. Meer dienste sal deur die hospitaal aan inwoners in die Noord-Kaap gelewer kan word, sodat dit minder sal gebeur dat mense noodgedwonge vir dié dienste Bloemfontein toe moet

gaan. Dit is die vierde grootste hospitaal in die Mediclinic-groep. Sodat 4 500 m³ sement is in die oprigting van die hospitaal gebruik. Altesame 1,95 miljoen bakstene is gebruik, en 245 ton versterking is aangewend. Die hospitaalmure is met 45 000 m² verf geverf. Skilderye met tonele eg aan Kimberley en die NoordKaap sal gebruik word om die mure op te kikker. Die Mediclinic Kimberley sal die ginekologie-, mond- en kaakafdeling, pediaters en tandartse huisves. Alle ander afdelings skuif na die nuwe hospitaal. Alle spesialiste wat nou in die

Mediclinic Kimberley werk, is vir die nuwe hospitaal behou. Voorsiening is vir latere uitbreiding gemaak. Daar word nog gewag vir toestemming van die gesondheidsdepartement om meer as die huidige 145 beddens te gebruik, asook vir bykomende teaters. Stephen Deetlefs, hospitaalbestuurder, sê die nuwe tegnologie sal onder meer in die teaters gebruik word. Al die teaters word toegerus met die Maquet Tegrismultimedia-stelsel, die eerste in sy soort in Suid-Afrika. Dié stelsel dien as ’n sentrale beheer vir die teater waardeur veiligheid, gehalte en doeltreffend-

heid van teaterprosedures verbeter word. Die hospitaal is ook die eerste Mediclinic in die land met Huntleigh Enterprise 9000xelektroniese beddens in sy intensiewesorg-eenheid. Dié beddens het verskeie eienskappe: ) Die kopstuk kan meer as 30 grade gelig word. ) Die grade waarteen die beddens gelig is, is elektronies sigbaar en metings is akkuraat. ) Die beddens het ’n ingeboude skaal. Die gewig van pasiënte is in dié stadium onbekend, omdat hulle te siek is om geweeg te word wanneer hulle opgeneem word.

) Pasiënte kan opgelig word om in ’n stoelposisie regop te sit sonder dat die personeel die pasiënt uit die bed hoef te haal. ) Die beddens het ’n alarm wat aandui wanneer ’n pasiënt rusteloos is en uit die bed probeer kom. Dit kan só sensitief gestel word dat die alarm selfs afgaan wanneer ’n pasiënt hoes. ) Ligte onder die bed help die personeel om bloeding en urineuitlating in die nag te monitor, omdat dit sigbaarder is. Die hospitaalgebou is volgens groenbeginsels ontwerp. Energie van die son word onder meer gebruik om die hospitaal se water te verhit.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014

Moorde hier meer André Botha

DIE getal moorde in die polisie se Kimberley-streek, ’n gebied wat strek van Kimberley tot Douglas en Plooysburg, het van 1 April 2013 tot 31 Maart 2014 met 20,5% toegeneem. Dié streek sluit Kimberley, Modderrivier, Douglas, Campbell, Griekwastad en Plooysburg in. Die toename is dus oor ’n wye gebied. In die Galeshewe-streek het die getal moorde met 32% toegeneem. Dit blyk uit die misdaadstatistieke vir die Noord-Kaap wat verlede week bekend gemaak is. Goeie nuus is ernstige rooftogte in dié tyd in die Kimberley-streek het met 25% afgeneem. Rooftogte by private huise in die Kimberleystreek het met ’n yslike 35,3% afgeneem, maar rooftogte by sakeondernemings in dié gebied het met 88,8% toegeneem. Seksuele oortredings in die Kimberley-streek het met 1% toegeneem en in Galeshewe met 0,3%. Aanrandings het met 2,6% in die Kimberley-streek toegeneem en in Galeshewe het dit met 0,9% afgeneem. Dit blyk misdade soos moord,

seksuele misdade en aanrandings gebeur veral oor naweke, met veral Saterdagaande waar ’n sterk toename ondervind word. Ook ander soorte misdaad gebeur meestal oor naweke. Meer as 80% van alle moorde in die provinsie is gepleeg deur mense wat die slagoffers geken het en sowat 82% van alle seksuele misdade is deur mense ná aan die slagoffers gepleeg. Genl. Janet Basson, provinsiale polisiekommissaris, sê terwyl die meeste moordslagoffers hul moordenaars geken het, was die meeste slagoffers van seksuele misdade in ’n vaste verhouding met die oortreders. Dit gebeur in huwelike, tussen lewensmaats, tussen pa en dogter of seun, of ander noue verwantskappe. Die slagoffers ken dus nie net die aanvallers nie, maar het ’n intieme verhouding met hulle. Basson sê die indruk bestaan almal loop ’n risiko dat hulle deur ’n vreemdeling aangeval kan word. Dié indruk moet verander word. Dié soort misdade word meestal deur mense na aan die slagoffer gepleeg. Sy het gemaan mense moet hul bure ken. Sodoende kan bure mekaar waarsku en ook laat weet as

hulle iets verdags opmerk wanneer mense weg is. Kontakmisdaad het oor die afgelope tien jaar met 37,1% in die provinsie afgeneem. Oor die afgelope vyf jaar was die afname 6,9%, maar die afgelope jaar het dit met 1,7% teenoor die vorige jaar toegeneem. Eiendomsverwante misdaad het oor die afgelope tien jaar met 17,6% afgeneem. Basson sê die toename van kontrakwerkers danksy projekte soos die SKA by Carnarvon, sonkragaanlegte in verskeie streke en ’n toename in mynbedrywighede dra tot die toename in misdaad by. Geweldsmisdade neem oor naweke toe en word veral laatnag gepleeg. “Dit is wanneer die kuierplekke toemaak dat die dinge gebeur.” Die komende Kerstyd gaan onder meer op passasiersbusse toegeslaan word. Dié busse word toenemend gebruik om dwelms oor die provinsies heen te vervoer. Sy het ’n beroep op mense gedoen om geduldig te wees wanneer die polisie inspeksies op busse doen. Dit sal nie langer as vyf tot 15 minute duur nie. Die Noord-Kaap het een polisiebeampte vir elke 207 mense.

GEO DAVEL en San-Mari de Jager van die Hoërskool NoordKaap het op hul matriekafskeid gesprankel.

CLAUDETTE VAN DER WALT en Jake Niemann van die Hoërskool Adamantia het rooi as kleur vir hul matriekafskeid gekies. Foto’s: Verskaf


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014 DIT is weer tyd om na die Diamond Pavilion Shopping Mall se logo in die koerant te soek. Onthou dit is die een met die diamantjie in. Stuur ’n SMS na 45527 om ’n geskenkbewys van R200 te wen. Dit kos R1,50 om deel te neem. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00. Siobhan Attwell (links) van die Diamond Pavilion Shopping Mall oorhandig hier Elize Hough, ’n vorige wenner, se geskenkbewys aan haar. Foto: Verskaf

’n NUWE tuiste wag op 32 renostervoëls wat per vliegtuig in die Mokala- Nasionale Park aangekom het. Leigh Combrink laat hier die voëls vry en gee hulle kos en water.

Foto: Charné Kemp

Renostervoëls in park hervestig Charné Kemp ’n NUWE tuiste wag op 32 renostervoëls wat per vliegtuig in die Mokala- Nasionale Park aangekom het. Nadat hulle in ’n groot hok vrygelaat is, het die moeë reisigers dadelik water gedrink en gevreet. Dit is die derde jaar dat die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT), die Diamantveld-ereveldwagters (ook met behulp van ander takke van die instansie), die Bateleurs-vlieëniers en SANParke dié voëls hier hervestig. Rooibekrenostervoëls, wat grootliks bosluise vreet, word hervestig in ’n terugteelprojek omdat hulle vroeër hier weens die gebruik van landbouplaagdoders uitgesterf het. Leigh Combrink, wat die renostervoëlprojek by die EWT koördineer, het die voëls in die Krugerwildtuin gevang. Justin Bass, vlieënier, het haar en die hokke met voëls in die Krugerwildtuin opgelaai en na Mokala gebring. Deon Joubert, parkhoof van Mokala, sê hy is baie opgewonde. Die nuwe hok wat vanjaar deur die Diamantveld-ereveldwagters ingerig is, is naby die museum waar personeellede ’n oog oor die voëls kan hou. “Die toestande moet geskik en gunstig vir vrylating wees. Die voëls beweeg in groepe en word daarom in een groot hok aangehou.”

Combrink werk reeds sedert 2002 met rooi- en geelbekrenostervoëls. Sy was baie bly dat die voëls dadelik in die hok gevlieg en gesond gelyk het ná die lang vlug. “Ek vang hulle daagliks met ’n foprenoster en vangnette totdat ek genoeg het. Vanjaar is die voëls wat na Mokala gebring is met oranje pootringe gering. Die vorige jare was dit pers en geel ringe.” Die rooibekrenostervoëls word nou vir sowat ’n week aangehou. Daar is boomtakke met sitplek in die koelte, waterbakke, kos en ’n seil teen moontlike reën. “Hulle word twee keer per dag gevoer. Die kos is ’n nat mengsel van maalvleis, bloed, ProNutro en eier. Daar is ook kalmeerpoeier ingemeng.” Volgens Combrink is die projek baie suksesvol. Geel- en rooibekrenostersvoëls is onlangs van die lys vir bedreigde spesies afgehaal. Die hervestigingsprojek werp baie vrugte af, omdat die voëls in hul nuwe habitat aanteel. Daar is 28 hokke in Mokala (geskenk deur die Ereveldwagters-Wes-Rand-streek) waarin die voëls kan nes maak. Die broeiseisoen lê juis voor. Die kleintjies wat uitbroei se bekke sal grys wees en hulle sal nie pootringe dra nie. As enigiemand die voëls rondom Mokala gewaar, kan hulle Combrink by oxpecker@ewt.org.za laat weet.

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014

B(r)ouwerk ondersoek DIT is goeie nuus dat die verbroude bouwerk en gesloer met die nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley na die spesiale ondersoekeenheid verwys is. Byna ’n dekade gelede is met die bouwerk begin. Dit het jare lank stilgestaan, die koste het van die R400 miljoen wat oorspronklik begroot is na meer as ’n R1 miljard opgeskiet, en ’n deel van die gebou moes oorgebou word. Dit alles dui op knoeiwerk en ’n gebrek aan behoorlike prosedure. Die vinger word nou, heeltemal tereg, na die oorspronklike kontrakteur gewys. Dat ’n gedeelte van die gebou oorgebou moes word, dui op brouwerk. Die departement moet egter ook verantwoordelikheid aanvaar. Die vraag is waarom die tender in die eerste plek aan ’n kontrakteur toegeken is wat nie sy verpligtinge

kon nakom nie. Dat die ondersoek aangevra is, is ’n aanduiding dat die departement self besef alles het nie aan sy kant reg verloop nie. Dawid Rooi, LUR vir openbare werke en paaie, het self ook gesê die departement is “ongemaklik” oor al die probleme wat ervaar is. Intussen moet die Weseinde-hospitaal, wat lankal ontoereikend is, steeds die las dra om dié noodsaaklike diens te lewer. Die verslag van die spesiale ondersoekeenheid moet nie lê en stof vergader wanneer dit ontvang word nie. Daar moet opgetree word teen almal wat vir die probleme verantwoordelik was: van die tenderproses tot waar dinge nou staan. En die lesse hierin moet ter harte geneem word.

Word deel van kampus

DIE Noord-Kaaplandse Tegniese Kollege is in 1944 gestig om tegniese onderrig in Kimberley onder een dak te bring. Sowel handels- as tegniese onderrig is deur die kollege aan deeltydse en heeltydse studente gebied. Die kollege se gebou, op ’n deel van die terrein waar die Maleierkamp voorheen was, is op 8 April 1952 amptelik geopen. In plaas van ’n kollegesaal is ’n teater met 700 sitplekke opgerig – die huidige Noord-Kaap-teater. Die teater is op 23 November 1953 amptelik geopen. Die kollegeraad het die leiding geneem in die oprigting van die William Humphreys-kunsgalery langs die kollege. William Humphreys se kunsversameling, wat aan die stad geskenk is, is in die kunsgalery gehuisves. Die galery het op 5 Desember 1952 geopen. Dit het tot in 1957 onder die beheer van die kollegeraad geval, waarna dit ’n staatsinstansie geword het. Huis Elliott, ’n koshuis vir die toenemende aantal studente van buite Kimberley, is op 21 Mei 1954 geopen. Die Kaapse onderwysdepartement het die kollege in 1957 oorgeneem en klasse vir leerlinge van std. 6 (gr. 8) tot matriek is begin. Die skoolwapen en uniform is in 1958 goedgekeur. Die skool het tot in 1975 as deel van die kollege gefunksioneer voordat die handelsgedeelte en die tegniese gedeelte as twee afsonderlike skole, die Hoër Tegniese Skool Kimberley en die Hoër Handelskool Kimberley, weggebreek het. Die Handelskool het in 1987 die Hoërskool Noord-Kaap geword. Die gebou huisves nou die Kollege vir Voortgesette Onderwys en Opleiding en gaan deel van die kampus van die nuwe Sol Plaatje-universiteit word. Foto’s: André Botha en Africana-biblioteek

Vol lewe bring ‘goeie’ verlang Hannes Noëth “EK verlang . . .” Met die woorde het sy my gegroet toe ek langs haar bed in die siekeboeg gaan staan het. ’n Besoek aan die siekeboeg is moeilik, maar altyd verrykend. ’n Mens groei in daardie tydjie se kuier. Een van die Afrikaanse teoloogdigters, P.W. Buys, het juis so mooi geskryf hy hou sy hart met albei hande vas wanneer hy daardie vertrek binnegaan. Daarom is die woorde van haar daar vanuit die bed in my hart gegraveer. “Ek verlang . . .” “Waarna verlang tannie?” “Na alles. Na eet, loop, kuier, omgee, omgegee ontvang, drukkies, rondloop in die winkels, versorging van ’n tuintjie, kerk toe gaan, besig wees, bak, huishou, wasgoed was, vloere skoonmaak, lees, keuses uitoefen – na alles.” “So, wat doen tannie heeldag met die verswakte liggaam en helder verstand?” “Ek bid”, was die antwoord. Ek onthou. Ek verlang. Die bid is lekker en nodig. Ek bid heeldag vir alles en almal. Ek onthou al die mooi en al die lelik. “Ek onthou tye wat verby is en dit laat

my verlang. En dan bid ek weer. Dan bid ek vir almal wat doenig is met al die dinge waarna ek verlang. “Ek bid dat hulle dit moet waardeer en geniet terwyl hulle dit doen. Nie groot dinge nie, klein dingetjies: loop, eet, sit, kuier. Ek bid dat almal herinneringe bymekaar sal maak, net ingeval hulle ook eendag moet lê en onthou. “Ek bid dat daar dan vir hulle genoeg onthou sal wees en genoeg om na terug te verlang. “Dit moet vreeslik wees om heeldag hier te lê en min te hê om na te verlang. “Vir my is dit lekker om so te lê en verlang. Al die verlang herinner my ek het ’n vol lewe gehad. “Ek het geëet toe ek kon, ek het gewerk toe ek moes, ek het gekuier toe die geleenthede daar was. “Ek het gelewe toe ek kon. Nou kan die liggaam nie meer nie, maar ek lewe nog. Ek onthou nog, ek bid nog, ek verlang nog. Dit is genoeg vir ’n vol dag.”

Wilde wind kom nie tot rus Karin Muller DIT wil nogal voorkom asof die Augustuswind nie ’n almanak in sy baadjiesak saamdra nie. Augustus kom en Augustus gaan, maar die wind bly waai. Dalk nie elke dag ewe sterk nie, jy bly deeglik bewus van sy bestaan. Sommige mense sê dit is die draai van die seisoen, ander sê dit is normaal dat die Augustuswind tot in November waai. Dit is amper soos ’n bedorwe brokkie wat doen wat hy wil en deur niemand gestuit word nie. Dit ruk en pluk aan die wasgoed aan die draad, waai papiere straat-af en lig vlieërs hoog die lug in. Hope blare begroet jou by die voordeur en die stof wat deur die smal gleufies van die vensters ingedwing word, laat jou moedeloos, want daar is onlangs skoongemaak. Kenners sê ons het die wind nodig. Dit bring reën. Dit waai kieme weg. Dit laat seilskepe vaar en windmeule draai. Sommige mense het niks teen die wind

nie – of dit waai of nie waai nie is vir hulle om’t ewe. Behalwe wanneer ’n mens strand toe gaan – dan verkies ’n mens dat die wind nie waai nie. Sommige mense het weer ’n kleintjie dood aan die wind wat nimmereindigend om die hoeke huil. ’n Mens weet die natuur is wonderlik aanmekaargesit. Elke ding op sy plek. Elke ding op sy tyd. Dalk ontstaan die vraag: Wat is regtig die doel daaragter dat die wind so roekeloos aggressief op ons omgewing waai? As dit byna nooit by ons reën nie en ons nie windmeule of seilskepe het nie, wil-wil daar so ’n klein bietjie twyfel opvlam oor waarom die wind in werklikheid so wild waai. Tog weet die leke onder ons te min om die vraag te beantwoord.


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014

Safer roads ensured

MARTHA BARTLETT, Northern Cape MEC for Transport, Security and Liaison, speaks to a motorist at a roadblock conducted as part of Transport Month. Photo: Supplied

A MULTI-DISCIPLINARY roadblock led by women in law enforcement from across the Northern Cape, saw hundreds of vehicles being stopped and checked on the N1 and N12 to ensure safety for all road users against the backdrop of Transport Month. Operation Basadi was supported by Martha Bartlett, Northern Cape MEC for Transport, Security and Liaison, as well as Steven Jonkers, head of the department. The women stopped many vehicles of road users who were pleased to see the continuous visibility of traffic officials and other law enforcement agents, especially as women were taking the lead. “It shows as women we are proud to serve in law enforcement and we are not only making sure our roads are safe, but also our communities,” said one of the women. The operation, led by the Department of

Transport, Safety and Liaison, was a collaboration with the police service, the defence force, the Sol Plaatje Municipality Traffic Department, the Provincial Traffic Department, the Jan Kempdorp traffic station, the Kimberley traffic dtation, the Department of Home Affairs, emergency services, the Department of Correctional Services and other neighbouring traffic stations. A total of 958 cars were stopped and checked, as well as 75 summonses issued on the general roadworthiness of vehicles and driver fitness. “It was a fruitful operation which all the women enjoyed,” said Cynthia Moeti, law enforcement official of the department. “We emphasised road safety, because as much as we want people to comply, we also want to educate and encourage them to keep safe on the roads.”

23 Oktober André Markgraaff, oud-Springbokafrigter, -Griekwa-afrigter en -leerling aan die Hoërskool Diamantveld, tree as koördinerende spreker op die skool se manne-aand op. Saam met hom is Willie le Roux, Springbok- en oud-Griekwa-rugbyspeler, Izak van der Westhuizen, voormalige Cheetah-speler en oud-Diamantvelder, Willie Britz, Leeus-speler en oud-Diamantvelder, Hawies Fourie, Griekwa-afrigter, en Peter Engledow, Griekwa-hulpafrigter. Die manne-aand word in die Horseshoe Inn gehou. Dit kos R250 per persoon of R2 500 per tafel van tien mense. ’n Kontantkroeg is op die geleentheid beskikbaar. Die drag is netjies-informeel. Bel Ina Olivier by 082-440-3303 om plek te bespreek. 25 Oktober Die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) in Kimberley bied ’n vroue-oggendteeparty saam met Elma Postma (Dezi van 7de Laan en Bea van Binnelanders) met haar eenvrouvertoning, Trousseau, aan. Die party is in die ACVV-gebou op die hoek van Longstraat en Hollandweg. Dit begin om 09:45 vir 10:15. Die kaartjies kos R110 per persoon. Bel die ACVV-kantoor by 053-831-5815 vir plekbespreking. 31 Oktober Die Hoërskool Adamantia se jaarlikse Plaaswerfaand word by die skool aangebied. Dit kos R175 per persoon. Skakel 053-833-3557 vir kaartjies. 8 November ’n Bonsai-skou word van 08:00 tot 14:00 op die Monument-Spar se terrein aangebied. Rig navrae aan Freddie van der Linde by 083-2599354. 15 en 16 November Die Hoërskool Noord-Kaap se sportkantoor bied sy ses-aan-’n-kanttoernooi, bekend as die Springbok Pub Six-a-side Tournament, aan. Sakeondernemings en instansies skryf spanne in wat in die sosiale toernooi teen mekaar op die krieketveld meeding. ’n Nuutjie vanjaar is Fast Five, ’n netbalwedstryd, wat ook die vroue betrek, wat uit vyf spelers in ’n span bestaan. In albei sportsoorte kan gemengde spanne ingeskryf word. Die Vrydagaand word ’n spitbraai-ete vir die spelers en hul gades gehou en die Saterdag ’n potjiekoskompetisie. ’n Biertent met sangers is vanjaar ’n verdere nuutjie. Bel Gustav Burger by 076-703-7223 of Magda Myburgh by 082-809-4366 vir inskrywing. Dit sluit op 21 Oktober. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, geplaas moet word, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos inligting na noordkaap@volksblad.com of SMS dit na 45533. Begin SMS’e met “NK”.


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014

Tyd vir troues weer hier

Dié jou laaste kans vir geskenkpakke

Elsona Steyn DIE Groot Vraag is gevra: “Oom, kan ek met oom se dogter trou?” In enige verliefde jong man se lewe is dit ’n een in ’n leeftyd-gebeurtenis – een waarna hy nie noodwendig uitsien nie. Wat het gebeur die dag toe jy gaan ouers vra het? Moes jy, vir wat soos ’n ewigheid gevoel het, wag terwyl jou aanstaande skoonpa stilbly voordat hy jou omhels en verklaar: “Dankie, maat, jy het my pas ’n ryk man gemaak. En sterkte – my dogter het duur smaak.”? Of moes jy gedwee luister hoe hy jou die leviete voorlees, so al met ’n swaaiende vinger en met ’n skor, emosiebelaaide stem? Tog was jy nie sku om sy aanslag gelate te aanvaar nie, selfs nie bang om die strop om die nek te kry nie, want sy was dit werd. Die ou mense het altyd gesê: Trou is nie perdekoop nie. Jy moes weet jou huwelik sou beslis for better and for worse wees, egskeidings was uit die bose en moord was ook nie ’n uitweg nie. Dit is die maand Oktober, die lente is in volle gang en somer is eersdaags hier. Die varkblom is in bloei, jy ruik die sering en roos, die jasmyn en katjiepiering. Baie paartjies se harte klop warm en binnekort sal menige jong meisie voor die kansel staan om ewige trou te beloof aan die man wat haar hart besit. Dit is troutyd. Laat die klokke lui. In jou geval is jy egter dalk allesbehalwe ’n rustige bruid. Skielik is jou rok nie meer vir jou mooi nie, jy en jou aanstaande kan oor niks saamstem nie, jy raak benoud en paniekerig oor jul toekoms as getroudes en jy het dit selfs al oorweeg om soos Julia Roberts in Runaway Bride te maak. Op jou troudag lyk jy natuurlik asemrowend verby, pragtig in jou droomrok, en slaan almal se asem weg. Jou aantreklike bruidegom wag in groot afwagting en met bewondering in sy oë voor in die kerk vir jou, die liefde van sy lewe. Hy is slaggereed om die blinkste knoets nog aan jou vinger te steek en te sê I do. Jou kleindogtertjie-drome word ’n werklikheid. Tog, wanneer die Groot Dag aanbreek, weet jy die sukses van jul sprokie lê nie in die dag en al die reëlings wat daarmee gepaard gaan, opgesluit nie, maar wel in die pad wat julle van hier af as lewensmaats gaan stap. En soos lente en somer se skoonheid om jul ontvou, gee julle aan mekaar menswees-blare van humor en lag, respek en kameraadskap, liefde en trou – van nou af tot in ewigheid.

7

Honouring Sr Stockdale A COMMEMORATION service was held at the St Cyprian’s Cathedral for Sr Henrietta Stockdale, the Anglican nun remembered for her role in establishing professional nursing. She served in Kimberley from 1876 until her death in 1911. She was influential in having the state registration of nurses and midwives passed into law in 1891 – a first in the world. The annual commemoration serves to raise awareness about Sister Henrietta’s legacy, which is the living, active, ongoing delivery of healthcare to ordinary people, particularly the marginalized. The Rt. Rev. Oswald Swartz (middle), bishop of Kimberley and Kuruman, presided. Photo: André Botha

WILLIE LANGEVELD en Amanda Barra is vandeesweek die wenners van die geskenkpakke van Coca-Cola. Twee lesers van Noordkaap kry vandeesweek vir oulaas kans om elkeen ook só ’n geskenkpak te wen. Interessante geskenke en Coke in die nuwe grootte bottel (330 ml) is deel van die geskenkpak. Om deel te neem stuur ’n SMS na 45533. Begin die SMS met “NK”, dan ’n spasie, gevolg deur Coke, met nog ’n spasie en jou naam en van. Lesers het tot Vrydag om 12:00 kans om hulle in te skryf. Onthou, as jy nie jou naam en van verskaf nie, kan jy nie vir die prys in aanmerking kom nie.

SAVE

Samba, Pretorium Trust and Koopkrag Open 16 October 2014

Coca-Cola Regular 2 Litre

BUY 2 FOR

25

90

We shop around, so you don’t have to. See terms and conditions at www.picknpay.co.za/brandmatch

PRICE VALID 13-19OCTOBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS

g. In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Northern Cape, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excludes Express. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

*Sunday Times TopBrands 2014

Y&R1188395_20x3_Eng 1188626


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014

LINKS: Thembelani Nxesi, minister van openbare werke, het verlede week verskeie konstruksieterreine in Kimberley as deel van die Ministers en Lede van Uitvoerende Rade-vergadering (MinMec) besoek. Die nuwe psigiatriese hospitaal was een van die plekke wat besoek is. Hier is van links Dawid Rooi (Noord-Kaapse LUR vir openbare werke), Mpumi Nhlengethwa (Mpumalanga se LUR vir openbare werke), Nxesi en Ben Martins (voorsitter: parlementêre komitee vir openbare werke). Regs: Sirkels speel ’n belangrike rol in die ontwerp van die hospitaalgebou. Foto’s: André Botha

‘Ons is egter nou op koers. Daar is nog uitdagings, maar die bouwerk is op da­ tum. Die hospitaal sal by voltooiing een van die grootstes in die land wees.’ – Dawid Rooi, LUR vir paaie en openba­ re werke

Psigiatriese hospitaal: Bouery weer op koers

André Botha ONDERSOEK word nou deur die spesiale ondersoekeenheid ingestel na die redes waarom dit so lank geduur het om die psigiatriese hospitaal in Kimberley opgerig te kry en hoekom soveel probleme ondervind is. Dawid Rooi, LUR vir paaie en openbare werke, sê die ondersoek is aangevra, omdat die departement “ongemaklik” is oor die probleme wat ondervind is. Hy het Donderdag die hospitaal saam met Thulas Nxesi, minister van openbare werke, besoek. Dit was deel van ’n reeks besoeke aan verskillende projekte van die departement. Verskeie van Rooi se ampsgenote in ander provinsies het die besoek meegemaak. Die minister het Vrydag in Kimberley met LUR’e van openbare werke van al die provinsies vergader om aangeleenthede in dié portefeulje te bespreek. Die jongste teikendatum vir die voltooiing van die hospitaal is nou Mei 2015. Die koste van die hospitaal,

DIE nuwe psigiatriese hospitaal wat al byna ’n dekade onder konstruksie is, sal na verwagting teen Mei 2015 gereed wees. Hier is die gebou van ’n afstand beskou. waarvoor aanvanklik net R400 miljoen begroot is, het reeds tot sowat R1 miljard weens al die probleme en vertragings toegeneem. Bouwerk aan die hospitaal duur met rukke en stote reeds byna ’n dekade lank. Dit is verlede jaar hervat nadat dit in 2009 weens probleme met die

DELE van die hospitaal moes oorgebou word.

destydse kontrakteurs gestaak moes word. Nxesi het gesê al die provinsies kan lesse leer uit die probleme wat met die bou van die hospitaal ondervind is. Hy het gesê indien die kontrakteur nie die werk kan doen nie, moet sy kontrak beëindig word.

HEELWAT werk lê nog voor.

Dit lei egter dikwels tot hofsake, soos wat in dié geval gebeur het. Hy is egter tevrede met die ingryping deur die provinsiale departement. Rooi het gesê nadat die werk tot stilstand gekom het, is ’n siviele ingenieur ingeroep om die bouwerk te ondersoek. Hy het heelwat probleme

bespeur. Heelwat van die bouwerk moes gevolglik deur die nuwe kontrakteur oorgedoen word. “Ons is egter nou op koers. Daar is nog uitdagings, maar die bouwerk is op datum. “Die hospitaal sal by voltooiing een van die grootstes in die land wees.”

DELE van die gebou is reeds naby aan voltooiing.


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014

MOTORS

Mustang weer wêreld vol Ferdi de Vos CALIFORNIA made it happen. Dit was Ford se slagspreuk vir sy beperkte (en nou hoogs gesogte) 1968-model GT/CS van die Mustang. Want dié poniekar-pionier het ná sy bekendstelling in April 1964 die verbeelding van die Goue Staat-bewoners só aangegryp dat 20% van die meer as 417 000 wat in sy eerste produksiejaar beteuel is, ’n stal in Kalifornië gevind het. Om dié rede was dit beslis gepas vir die Amerikaanse motorreus om Kalifornië, en spesifiek Sunset Boulevard in Beverly Hills, Los Angeles, te kies om die Mustang Merk VI bekend te stel. Dié jongste model in die Mustang se 50ste bestaansjaar kom ook Suid-Afrika toe. Selfs al was die GT/CS nie ’n verkoopsukses nie, is dit Kalifornië, en spesifiek Hollywood, se 50 jaar lange liefdesverhouding met die ’stang wat dit tot ’n ikon in Amerikaanse pop-kultuur verhef het. Daarvan getuig ’n string rolprente, waaronder Bullitt (1968), die Bond-flieks Goldfinger (1964) en Diamonds are Forever (1971), en selfs ’n hoofrol vir Eleanor, ’n 1971-Mustang, in Gone in 60 Seconds (1974). Odes aan Ford se wilde ponie is in meer as 50 verskillende popliedjies (onder meer Mustang Sally) ingesluit. Tot 700 000 van die drie Mustang-weergawes (koepee, afslaankap en luikrug) het in die 1960’s elke jaar by vertoonlokale uitgegalop – nie sleg vir ’n goedkoop sportryding wat in wese uit Falcon- of Fairlane-onderdele opgebou is nie . Nou, 50 jaar en verkope van meer as 9,2 miljoen later, meen Ford die Mustang is weer gereed om die wêreld aan te pak. Ford beplan nie net om sy jongste hings na Europa uit te voer nie, maar ook na 25 regterstuurlande, onder meer Suid-Afrika, teen die einde van volgende jaar. Hoewel dit nog te gou is om oor verkoopsyfers te bespiegel lyk dit asof die teiken hier aanvanklik sowat 500 per jaar gaan wees. Ford wil sowat 1 500 per jaar in Brittanje verkoop en 10 000 per jaar in Europa. In Amerika sal drie enjinweergawes beskikbaar wees: ’n 2,3 liter-viersilinderturbo, ’n 3,7 liter-V6 en ’n 5,0 liter-V8. Net die viersilinder-EcoBoost en groot Coyote V8 sal in Suid-Afrika beskikbaar wees. Anders as al sy roemryke voorgangers pronk die nuwe Mustang met ’n onafhanklike agterveerstelsel – spesifiek ontwikkel om sy hanteringsnukke te probeer uitstryk. In my ondervinding van Mustangs was dit juis sy wiprit en bokspring-giere in draaie weens sy basiese veringsopset wat ’n andersins begeerlike ryding ontsier het. Die Merk VI is laer en wyer as sy voorganger, en sy tipiese Mustang-lyne is ook meer gebalanseerd en verfyn, maar dit is sy binneruim wat wys watter groot poging Ford aangewend het. Die materiale en afwerking binne is van heelwat beter gehalte, die instrumente-uitleg

SO lyk die 1968 Ford Mustang 289 Fastback met 15"rims. is gemoderniseer en vereenvoudig en die sportsitplekke (Suid-Afrika kry die knus, opsionele Recaro’s) is nou geriefliker. Die spoedmeter en toereteller is met chroom omsoom en die aluminium-draaiknoppe en skakelaars, asook die sentrale raakskerm, werk goed, maar waarom die waarsku-skakelaar tussen die ryverstellingskakelaars is, sal sekerlik net die Amerikaners kan verduidelik . . . Voor is oorgenoeg plek vir die stewigste voetbalspeler, maar die agtersitplekke is uiters beknop. Tog is daar plek vir 408 liter se bagasie. Ons toetsroete het deur die uitgestrekte stadsgebied na die San Gabrielberg en die Angeles Crest-snelweg geloop. Snelweg is misleidend, want dié roete is eintlik ’n heerlike stuk kronkelteerpad waarop ’n mens die 2,3 liter-model met sy Ecoboost-turbo-enjin en sesgang-handratkas vrye teuels kon gee. Met 230 kW en ’n stewige 430 Nm wringkrag het dié viersilinder met sy gladde gewilligheid verras – nie net in stadsverkeer nie, maar ook in die haarnaalde van Angeles Crest. Met genoeg krag beskikbaar, was dit ook nie nodig om die ‘stang se inte- ressante line lock-funksie te gebruik nie. Dit is ’n stelsel wat net die voorremme sluit om die agterbande in bolle rook te omskep . . . Suid-Afrikaanse modelle sal toegerus wees met Ford se Performance Pack, wat ’n effe opgesoepte suspensie, breër bande en wiele, verskillende ryprogramme, stabiliteitsbeheer en beperkte glipewenaar insluit. Tesame met die gladde Getrag-handratkas het dit vir die nuwe Mustang se grootste verrassing gesorg. Dié wilde ponie volg gehoorsaam en getrou waarheen ook al jy sy kop stuur . . . Sy goed gebalanseerde stuurgevoel maak dit moontlik om die relatief groot koepee met vertroue in ’n draai te plant terwyl sy 19 duim-Pirelli’s soos Amerikaanse

Dié Chev nou net herinnering Marnus Hattingh DIE legende lui die vrou van ’n Australiese boer het op ’n goeie môre doer in die 1930’s ’n brief aan Holden geskryf met ’n interessante versoek. Kan die slim motormense nie ’n bakkie bou wat op Saterdae haar man se varke mark toe kan bring en háár op Sondae kerk toe nie? En so, sê die Aussies vandag, is die ute gebore: die eerste plaasbakkie geskoei op ’n gewone gesinsmotor se onderstel. Maar hou eers vas aan dié staaltjie en draai die horlosie sowat 40 jaar vorentoe. Dit was tóé, in my kleintyd op my oupa se plaas in die Noorde, waar ek met ’n Chev El Camino kennis gemaak het. Die El Camino het drie dinge in sy guns gehad. Hy was seegroen, soos enige ordentlike ryding destyds in die Chev-stal gelyk het. Hy was ook groter as my ouers se sitkamer in die Kaap. Maar bowenal was die El Camino plat en breed, ’n voorkoms wat hom dadelik van die vierkantige Ford F150’s onderskei het. In die groen El Camino kon ál die kleinkinders langs Oupa op sy lang sitbank inskuif en steeds plek vir Troubles die hond vind. Wanneer die Chev weggetrek het, het sy enjin diep uit sy keel geroggel, asof hy met ’n paar draaie opwen, en dan gaat jy. Ek onthou ook die rit. So groot soos die sitkamer was hy, maar ook so sag soos die Persiese mat daarin. Jy het nie gery in ’n El Camino nie; jy het oor die knopperige grondpad gesweef. In Suid-Afrika het ons die El Camino ’n bakkie genoem, maar in sy geboorteland

(Australië) was hy ’n Holden met die noemnaam ute – kortweg vir utility, want dít was die rol wat hy Daar Onder vertolk het. ’n Nutswa vir die varkboer om mark toe te gaan en vir sy vrou Sondae om die kerk op te soek. Formeel het die El Camino in General Motors se Amerikaanse hoofkantoor ontstaan. In 1957 het sy groot teenstander, Ford, ’n plat bakkie – geskoei op ’n sedan se onderstel – bekend gestel en dadelik sukses met sy nuwe Ranchero behaal. Chevrolet wou uit dié neiging munt slaan en het in 1959 sy weergawe aan die mark gewys. Die El Camino is op sy Chevelle-sedan geskoei. Maar waar die agterste deel van die sedan was, het Chev net ’n plat laaibak ingebou. Van die laat 1950’s tot in 1987 het Chev talle geslagte van die El Camino op die mark gebring, maar ons weergawe was die Australiese model wat op die Holden-sedan gegrond was. Toe die oliekrisis Suid-Afrika in die 1970’s tref en streng brandstofbeperkings ingestel is, was groot V8-enjins nie meer so gewild nie. Oupa se groen El Camino het plek gemaak vir ’n klein Japanse halftonbakkie – ’n stap wat talle Suid-Afrikaners gevolg het. Vandag oorheers die Japanse halftonners die mark; doelgeboude werkesels met bladvere en ’n hoogsit-kajuit. Jy kan wel nog ’n Chev Ute aanskaf en jou V8-bevrediging kry met ses liter onder die regtervoet wat dorrel-dorrel as jy stadig kerk toe ry. Maar hy is nie meer so groot soos ’n sitkamer nie. En nee jy kry hom nie meer in seegroen nie. Die El Camino rol net in die stofpaadjies van ons herinneringe voort.

Foto: Ewald Stander

kougom klou. In dié opsig voel die Mustang nie soos ’n stuk Detroit-yster nie, maar eerder soos ’n Euro-sportmotor. Dit geld ook sy Brembo-gesteunde remvermoë – en sonder ’n menig- te ingrypstelsels (kloubeheer kan heeltemal afgeskakel word) beteken dit vet pret. Die viersilinderklank van die Ecoboost klink egter net nie reg in die Yank-blits nie – danksy 50 jaar se kondisionering soek ’n mens daai V8-brul onder die aluminium-enjinkap. Die V8-model se groot vyfliter-kragbron, wat 325 kW en 540 Nm wringkrag lewer, bevredig die behoefte, en hoewel swaarder en stewiger die stuurgevoel, hanteer dié vlagskip-Mustang ook voortreflik. Tog is die 2,3 liter-model ratser een. In die laaste paar jaar het Chev se nuwe Camaro die topverkoper-status in Amerika se poniemotorklas, gehad.

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

LENINGS

InvItatIon to BId

PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194.

This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations, 2011.

BId no: nC/SoC/008/2014

This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 80/20 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations, 2011. A compulsory site inspection meeting will be held on 17 October 2014 (at own expense), as follows: Mataleng Crèche: Soyizwahi Street, Mataleng, Barkly West, at 10:00 Donald Duck Crèche: 30 Dladiola Street, Warrenvale, Warrenton, at 14:00 An appropriate certified copy of the bidder’s CIDB grading certificate (as per specifications) must be submitted together with the bid. Failure to include this will invalidate a bid.

BId no: nC/SoC/009/2014

Supply, Delivery and Installation of Educational Toys as well as Indoor/Outdoor Equipment to Thirteen (13) Early Childhood Development (ECD) Centres at Humpty Dumpty (Hanover), Ikaelelo (Kimberley), Leseding (Barkly West), Little Flower (Barkly West), Reitsositse (Kuruman), Thuto Lesedi (Kuruman), Sonstraaltjie (Upington), Williston (Calvinia), Rooiduin (Upington), Mataleng (Barkly West), Donald Duck (Warrenton) and Boikhutsong (Kimberley) This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations, 2011.

BId no: nC/SoC/006/2014

Rendering of Quality Assurance Services in respect of Social Science Research conducted by the Department for a Period of 36 Months This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations, 2011. Qualifying bidders will be invited to provide evidence of previous similar work in the form of a presentation (own cost).

BId no: nC/SoC/005/2014

Demolishing of Existing Fence and Erection of New Security Fence at Brandvlei Satellite Office This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations, 2011.

BId no: nC/SoC/018/2014

Rendering of Security Services at the Pre-fabricated Office Buildings of the Department of Social Development, ie Groblershoop, Steinkopf, Phillipstown, Rietfontein, Dithakong and Hanover, for a Period of 17 Months This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations, 2011. The Department reserves the right to award this bid per site.

BId no: nC/SoC/007/2014 Rendering of Capacity Building in the form of Training, Development and Support to Non-Profit Organisations (NPO) funded by the Department in the Frances Baard, ZF Mgcawu and John Taolo Gaetsewe Districts, for a Period of 18 Months This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations, 2011. Only short-listed bidders who meet the minimum requirements will be invited to give a presentation (at own cost) on evidence of previous similar work. Specifications and bid documents are available at the Department of Social Development, Room 5 (Supply Chain Management), Block J, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Bid closes at: Postal address: Department of Social Development, Private Bag X5042, Kimberley 8300. Street address: Ground Floor, Block C, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Closing date: 31 October 2014 at 11:00 Required by: Department of Social Development and National Development Agency, Northern Cape Provincial Government. Contact persons: Adelaide Wax or Kedi Flatela, tel. (053) 874-9215 or (053) 874- 9180, fax: 086 225 7666 or e-mail: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za Please note: • A valid, original Tax Clearance Certificate – Tender (not a Tax Clearance Certificate “Good Standing”) must be submitted at the closing date and time (bid document NCP 2 refers) • A non-refundable deposit of R110.00 per set of bid documents is required • In order to qualify for preference points, originally certified copy of bidders’ B-BBEE Status Level Verification Certificate must be submitted at the bid closing date and time • The names of bidders that submitted bids will be published on the website of the Department of Social Development: http://socdev.ncpg.gov.za on Friday, 14 November 2014.

Northern Cape Provincial Government

AIDS HELPLINE 0800-012-322

Human Communications 113262

Die gebruik van die letter

1845

Supply and Delivery of Twenty-eight (28) Containers for Early Childhood Development (ECD) Centres at Humpty Dumpty (Hanover) (7), Sonstraaltjie (Upington) (7), Williston (Calvinia) (7) and Boikhutsong (Kimberley) (7)

Repairs and Renovations to Mataleng Crèche (Barkly West) and Donald Duck Crèche (Warrenton)

ALLE ADVERTEERDERS

ALLERLEI 1445

BId no: nC/SoC/020/2014

AANDAG

ALGEMENE & HUISDIENSTE

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

TE KOOP

SAKE

ALLERLEI 1655

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

"A", leestekens soos "!"

GELEENTHEDE

BETREKKINGS 3600

2415

SWEET, CHOCOLATES BISCUITS, DRINKS, CHIPS DISTRIBUTION: Start your own business, profitable, successful. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net EIENDOMME

GEMEUBILEERDE AKKOMMODASIE

ALGEMEEN 3680

POS BESKIKBAAR vir n hardwerkende jongman (20 - 28) met 'n rybewys. Werk behels tegniese kennis, ondervinding en die persoon moet onafhanklik kan werk. Salaris bepaal deur ondervinding. Skakel 082 084 4461 of faks CV na 086 665 8465.

3256

UNILOFTS Bloemfontein Pretoria Potchefstroom Student apartments No.1-student apartments For the serious student Fully furnished and with 24-hour security CONTACT caroline@legprop.co.za 076 136 5041 www.unilofts.co.za

PROF AHMED *Assist with bad spells and curses * Court cases and divorce (7 days) * Lost lover and get love of your choice * Stop drugs and alcohol addiction * Oil for lotto and casino * Assist with pregnancy problems NB: We offer special prayers. 100% guarantee Call 063 179 7961 (24 hrs. Kimberley.)

VERKOPE & BEMARKING 3760

SALES REPRESENTATIVE DOUGLAS A leader in the Agricultural industry is currently looking for an experienced Sales Representative to facilitate contact sessions with customers resulting in the sale of company products. You will ensure professional and efficient service delivery to customers, promote and market the company's products and services, ensure the successful sales of agricultural equipment and ensure the attainment of sales goals. You will have Grade 12, technical background, proven sales track record, driver's licence and preferably an IMM/sales diploma. To apply, please e-mail your CV to hilde@mpc.co.za or contact 021 522 8048. REGSKENNISGEWINGS & TENDERS

OIS OMGEWINGSIMPAKSTUDIE 4045

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS. PROPOSED CONSTRUCTION OF A LIFE HEALTHCARE PRIVATE HOSPITAL ON ERF 2715 AND A PORTION OF ERF 1178 KLISSERVILLE, KIMBERLEY, SOL PLAATJE LOCAL MUNICIPALITY. Northern Cape Department of Environment and Nature Conservation (DENC) Ref No: NC/BA/32/FB/SOL/KIM1/ 2014. Notice is hereby given that an application for Environmental Authorisation in terms of the EIA Regulations of 2010 (Regulations in terms of Chapter 5 of the National Environmental Management Act 1998, Act No. 107 of 1998 as amended) has been lodged with the Northern Cape Department of Environment and Nature Conservation. Project description: Life Healthcare, a well established private hospital operator in South Africa, is in the process of purchasing and rezoning Erf 2715 and a Portion of Erf 1178 (the subject property) from the Sol Plaatje Municipality for the purpose of developing a private hospital. The said hospital will specialise in cardiology, cardio thoracic services, neurosurgery and radiation oncology. The subject property approx. 5,3 hectares in extent, is currently zoned as Public Open Space in terms of the Sol Plaatje Land Use Management Scheme 2008. The subject property will be rezoned to Institutional and will be transformed to accommodate a private hospital and associated infrastructure. The bowling club and tennis courts will remain. Applicant: Life Healthcare (Pty) Ltd Project location: The subject property is bounded Carrington Road to the north-west, Synagogue Street/Pratley Road to the north-east, Dalham Road to the south-east and borders the Keeley Memorial Park to the east. DENC Ref No: NC/BA/32/FB/SOL/KIM1/ 2014. Application for Environmental Authorisation to undertake the following activities: . Listing Notice 1, R.544 of 18 June 2010, Activities 23(i) and 24. Environmental Assessment Practitioner (EAP): Delron Consulting CC Invitation to participate: Should you wish to be included in the register of Interested and/or Affected Parties or comment on this application, please submit your name, contact information and interest in the matter in writing to the contact person given below within 30 days of publication of this notice (by NO LATER THAN 14 NOVEMBER 2014). For more information contact: Mr Pieter de Lange or Ms C Mahlangu, Delron Consulting CC, PO Box 177, Woodlands 0072 Tel. 012 991 5399 Fax 086 588 4242 E-mail: pieter@delron.co.za, candy@delron.co.za Date of publication: 15 October 2014


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014

11

SPORT

Span steek talle loef af

Presteer in pluimbal DIE pluimbalspelers van die Hoërskool Diamantveld was in die Noord-Kaapse span wat die vakansie aan die o.17-kampioenskap deelgeneem en derde in hul afdeling geëindig het. Van links is, voor: Corni Coetzee en Pieter Brand (tweede in afdeling gegradeer); agter: Rudolph Hattingh, Carmen Haasbroek (derde in afdeling gegradeer), Werik van Zyl, Juanique Botha (vierde in afdeling gegradeer) en William Plaatjies. Foto’s: Verskaf LINKS: Janel Blaauw en Chinelle Calitz het aan dié jaar se GTTPSAtoerismekompetisie deelgeneem wat oor die volhoubaarheid van tegnologie in die toerismebedryf gehandel het. Hulle het saam met Carmen Hattingh, ’n onderwyser aan Diamantveld, ’n tweede plek nasionaal verower. Hul prys is ’n reis buite die provinsie in 2015.

REGS: Beatha Groenewalde van die Hoërskool Diamantveld het die vakansie aan die Suid-Afrikaanse skouspring-perdrykampioenskapsbyeenkoms deelgeneem. Sy het ’n tweede en derde plek behaal en ’n brons- en silwermedalje ontvang.

DIE Hoërskool Diamantveld se meisiestennisspan het ’n blink seisoen agter die rug waarin hy vier van die vyf topmeisieskole in die land die loef afgesteek het. Die span het op die Wilson-uitdaagbekertoernooi in Sun City, waaraan hulle die vakansie deelgeneem het, in die eindronde met die Meisieskool Bloemhof en Rhenish Girls’ High van Stellenbosch afgereken. Die span het vroeër vanjaar ook Eunice van Bloemfontein op die Fichardtpark-sportdag en die Meisieskool Oranje in Bethlehem geklop. Die skool se seunspan het op dié toernooi vierde in sy groep en uiteindelik algeheel agtste geëindig. Die junior seuns en junior meisies se eerste spanne het ook hul afdeling op die Fichardtparksportdag gewen. In die Kimberley-skoleliga het Diamantveld se senior eerste meisiespan, junior eerste meisiespan en die junior eerste seunspan almal hul onderskeie A-ligas gewen. Die senior eerste seunspan en senior tweede seunspan (B-liga), junior tweede seunspan (B-liga) en senior eerste meisiespan (A-liga) was naaswenners in hul onderskeie ligas. Diamantveld het ook 19 spelers op die Kimberley-subunie se ranglys en 16 spelers op die Noord-Kaapse ranglys, waarvan 11 spelers vanjaar hul provinsie verteenwoordig het. Diamantveld spog ook met twee

DIE Hoërskool Diamantveld se meisiestennisspan het vanjaar uitstekend gepresteer. Van links is, voor: Ané Badenhorst (kaptein) en Liri Smith; agter: Myra Wessels en Anja Lubbe. Kiara Wakeford was afwesig toe die foto geneem is. Foto: Verskaf

spelers wat Suid-Afrika op die tennisbaan verteenwoordig het, naamlik Anja Lubbe en Kiara Wakeford. Die skool se tennisspanne word deur die skool se afrigtingspan onder leiding van Hendrik Kirsten en Jandré Odendaal van Lapésatennis afgerig.

NUUS

Elcon vier 40 jaar

JONK en oud het aan Kansa se Pienk Stap deelgeneem. Van links is Nadia du Plessis, Chanél Williams en Karla Muller. Foto: Karin Muller

Talle stap in pienk Karin Muller OKTOBER word as die mooiste maand bestempel, maar die afgelope paar jaar staan Oktober ook bekend as die maand wanneer die publiek van die stryd teen borskanker bewus gemaak word. Navorsing dui daarop een uit elke 29 vroue in Suid-Afrika sal in hul lewe met borskanker gediagnoseer word en dat die getal waarskynlik teen 2030 met 78% sal toeneem. Behalwe vir pienk strikkies en pienk produkte wat groot ondernemings in Oktober beskikbaar stel, is ’n groot bewuswordingsaksie die Pienk Stap, ’n jaarlikse pretstap wat deur Kansa gereël word. Pienk T-hemde met duidelike slagspreuke daarop word op die betrokke dag, asook daarna, gedra om almal te herinner aan die siekte wat, naas velkanker, die kanker is waarmee vroue die meeste gediagnoseer word. Honderde vroue en mans (ook in hul pienk T-hemde) het

Saterdag by die Kimberley Boys’ High se Old Boys’ Club bymekaargekom om vroegoggend die 5 kmof 2,5 km-roete met ’n positiewe gesindheid af te stap. Daarna is groot pryse uitgedeel en die res van die dag is met ’n worsbroodjie of sosatie in die hand gekuier. Daar was selfs honde wat fraai getooi was in pienk strikdasse of T-hemde van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) wat saam met hul base gestap het. Vanjaar, net soos al die vorige jare, het borge, weldoeners en deelnemers die besonderse dag se sukses bewerkstellig. Soos alles in die lewe is daar mense voor en agter jou op die staproete. ’n Mens moet deur die mense voor jou aangemoedig word, maar nie deur die mense agter jou ontmoedig word nie. Terwyl die pienk skare die roete moeg, maar tevrede, voltooi het, het hulle weer bewus geraak van die ongelooflike stryd wat soveel vroue teen borskanker voer – baie van hulle tevergeefs.

OUDLEERLINGE en oudpersoneellede van die Elizabeth Conradie-skool trek dié week in Kimberley saam om die skool se 40ste bestaansjaar te vier. Die skool is een van 11 spesiale skole in die Noord-Kaap en bied onderrig aan leerlinge met liggaamlike gestremdhede, asook leerlinge met leergestremdhede, of anders gestel, leerlinge met leerhindernisse wat voorkom dat hul in die hoofstroomonderwys kan vorder en presteer. Liggaamlike gestremdhede behels serebrale gestremdheid, spina bifida, leerlinge wat weens traumatiese voorvalle soos motorongelukke of geweld parapleë of kwadrupleë word. Leerlinge met leergestremdhede wat verhoed dat hul optimaal kan leer, is leerlinge met disleksie, leerlinge met outisme of Asperger se sindroom, leerlinge met emosionele probleme en leerlinge met hiperaktiwiteit en aandagafleibaarheid. Die aanloop tot die ontstaan van die skool dateer van 1941 toe ’n Liggaamlike Oefening-brigade (LO-brigade) by Voortrekkerhoogte in Pretoria gestig is. Sommige jong seuns wat vir militêre diens aangemeld het, het geblyk om rehabiliteerbare liggaamlike en postural probleme te hê en die doel van die LO-brigade, onder leiding van maj. Danie Craven (die latere rugbybaas), was om met die fisieke rehabilitering te help. Sedert September 1942 het die LO-brigade ook as ’n skool in Voortrekkerhoogte gefunksioneer en teen 1945 was dit ’n goeie skool met 660 seuns en 32 onderwysers. Die skool het aan die begin van 1946 na die ou militêre basis buite Kimberley verskuif. Die

DIE Elizabeth Conradie-skool in Kimberley vier vanjaar sy 40ste verjaardag. Foto: Verskaf poskantoor by die basis was die Diskobolos-poskantoor, en die skool is op informele wyse ook Diskobolos genoem. Later het die Unie-onderwysdepartement die LO-brigade oorgeneem. In April 1950 het die skool opgehou om net op rehabiliteerbare posturale probleme te fokus weens druk sedert 1948 om ook kinders met liggaamlike gestremdhede te huisves. Leerlinge op krukke en in rolstoele is ook toegelaat, en so is drie skole begin: ’n seunskool vir seuns met liggaamlike gestremdhede, ’n meisieskool vir liggaamlik gestremde meisies en ’n beroepskool vir seuns met liggaamlike gestremdhede. In 1955 het die meisieskool van die historiese Alexandersfontein (nou die Jack Hindon-gebou) na Diskobolos verskuif en een skool is gevorm. Dié skool is na dr. Johanna Elizabeth Conradie, die dinamiese president van die Nasionale Kreupelsorgraad, genoem. Die weermag het later die geriewe by Diskobolos benodig, en ’n nuwe skoolgebou is in

Kimberley beplan en gebou. Op 1 Desember 1973 het die skool na die nuwe geboue langs die N12 in Kimberley verskuif. Die skool bied nou aan leerlinge van gr. O tot gr. 12 onderrig. Puik sportlui is ook deur die skool gelewer. Ernst van Dyk is seker een van die bekendste sterre, maar leerlinge en oudleerlinge van die skool het aan verskeie Paralimpiese Speles deelgeneem. Voorbeelde is Charl Bouwer (goue medalje en wêreldrekord in swem op die Paralimpiese Spele in Athene), Johann van Heerden (2014-Pan Pacific-swemkampioenskapsbyeenkoms, Kalifornië), Piet Booysen (2013-Statebondkragoptelkampioenskapsbyeenkoms, Nieu-Seeland), Chantell Stierman (kragoptel op 2014-Statebondspele), Moekie Grobbelaar, Malcolm Pringle, Annah Mooketsi (Paralimpiese Spele). Op akademiese gebied het die skool ’n puik rekord. Een van die maatstawwe, ’n 100%-matriekslaagsyfer, word gereeld behaal (onafgebroke die afgelope vyf jaar).


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 OKTOBER 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

Nadat dit aanvanklik gelyk het asof hulle met die Bulle kan saamgesels, het die Bulle algaande ’n houvas op die wedstryd gekry en eindelik met 46­ 12 gewen.

EDERIES ARENDSE van die Griekwas systap Akona Ndugane van die Blou Bulle op pad doellyn toe vir sy tweede drie in die Curriebeker-wedstryd tussen die Blou Bulle en die Griekwas op Loftus Versfeld in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Wen Griekwas nie beskore DIE Griekwas sal weer volgende jaar aan ’n uitmergelende uitspeelronde moet deelneem vir ’n plek in die Curriebekerreeks se Premierliga. Hoop dat die span die uitspeelronde sou kon vermy, het Vrydagaand opgeflikker toe die Kings onverwags met die Pumas afgereken het. Dit het meegebring dat die Pumas die reeks op 20 punte afgesluit het met die Griekwas wat toe 16 punte gehad het. Die Griekwas moes dus hul wedstryd Saterdag teen die Blou Bulle met ’n bonuspunt wen om voor die Pumas in die sesde plek te eindig. Maar helaas, dit was hulle nie beskore nie. Nadat dit aanvanklik gelyk het asof hulle met die Bulle kan saamgesels, het die Bulle algaande ’n houvas op die wedstryd gekry en eindelik met 46-12 gewen. Daar is min twyfel dat vanjaar se uitspeelronde sy tol in die Premierliga geëis het. Die uitspeelronde het veroorsaak dat die span, anders as die ander sewe spanne in die reeks, nie ruskans tussen die Vodacombeker-reeks en die Curriebeker-reeks gekry het nie. Rooi kaarte in twee wedstryde het die span ook duur te staan gekom. In albei gevalle moes die Poubloues vir die grootste gedeelte van die wedstryd met 14 man klaarkom, ’n situasie waarin bitter min spanne ’n oorwinning kan behaal. Griekwas het rede om ongelukkig oor die huidige Curriebeker-formaat te voel, ’n stelsel waarin hulle aan ’n uitspeelronde moet deelneem, terwyl die sukkelende Kings, wat met ’n skrale ses punte onderaan die punteleer geëindig het en net een wedstryd kon wen, se plek verseker is. Jóhann Thormählen berig die gevaarligte flikker voor 2015 se Super-reeks nadat albei Curriebeker-rugbyspanne van die

sentrale streek hul droewige veldtogte op ’n laagtepunt afgesluit het. Al kon die Vrystaat eindelik nie ’n halfeindstryd haal nie, is dit eerder die manier waarop hy Saterdag in Johannesburg teen die Goue Leeus vasgeval het wat ondersteuners sal ontstel. Die Griekwas se pak slae teen die Bulle boesem ook nie veel vertroue in nie. Die streek se twee spanne kon met nuwe Curriebeker-afrigtingspanne saam slegs ses uit 20 ligawedstryde wen. Albei spanne was net drie keer in vanjaar se reeks baas.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.