Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 22 Oktober 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Krisis dreig oor tekort
Bloedvoorraad moet met Desember om draai aangevul word André Botha
’n KRISIS weens ’n tekort aan bloed dreig in Kimberley en dit met die Desembervakansie om die draai. Minstens 77 eenhede bloed moet gemiddeld daagliks in die stad geskenk word, maar in dié stadium is die diens gelukkig indien hy 50 eenhede kry, sê Magda Tesner, skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) in Kimberley. Sy sê dié tekort kom in alle bloedgroepe voor. Landwyd moet 3 000 eenhede bloed daagliks geskenk word, maar dié teiken word nie behaal nie. Dit kan veroorsaak dat te min bloed beskikbaar is wanneer operasies uitgevoer word. In Desember, wanneer baie mense met vakansie weg van die huis is, word ook minder bloed geskenk en dit is juis in dié tyd dat die vraag weens motorongelukke toeneem. Tesner sê matrieks wat gewoonlik bloed skenk, mag nie nou skenk nie weens die komende eindeksamen. Skole lewer gewoonlik ’n groot bydrae tot die algehele volume bloed wat geskenk word. Sy doen ’n dringende beroep op mense om te gaan bloed skenk. Bloed in die O-groep is veral belangrik, omdat dit vir mense in alle bloedgroepe gegee kan word. Mense moet aan die volgende vereistes voldoen om te mag bloed skenk: ) Hulle moet gesond wees. Dit beteken hulle moet goed voel en aan normale aktiwiteite kan deelneem. Mense moet ’n chroniese toestande soos diabetes kan ook as “gesond” beskou word indien hulle daarvoor behandel word en die toestand onder beheer is. ) Moet ouer as 16 jaar wees. ) Meer as 50 kg weeg. ) Bloeddruk onder 180 sistolies (eerste getal) en onder 100 diastolies (tweede getal), en bo 100 sistolies en 60 diastolies. ) Polsslag tussen 50 en 100 slae per minuut. ) Hemoglobienvlak (ystervlak) 12,5 g/dL of hoër. Die keuringsvlak is hoog – mense met ’n laer ystervlak is nie noodwendig buite aanvaarbare perke nie. ) Mag nie in die voorafgaande 56 dae bloed geskenk het, of plaatjies in die voorafgaande 30 dae, nie. ) ’n Gebalanseerde maaltyd of versnapering moet in die vier uur voor skenking ’n moet.
SUSTER DULCIE DEMAS van die SuidAfrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) in Kimberley trek die bloed van Martin Molusi van Kimberley, ’n gereelde bloedskenker. ’n Krisis dreig in Kimberley weens te min skenkings. Foto: André Botha
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014
DIE ACVV se Ons Huistehuis vir bejaar des in Beaconsfield het sy 70ste verjaar dag met ’n partytjie vir die inwoners ge vier. Die tehuis is op 14 Oktober 1945 in ’n huis in Rosestraat gestig. In 1958 is die gebou in Ariadnerylaan betrek. Die tehuis se doelwit is om ouer mense se regte te bevorder en algehele versor ging uit ’n holistiese benadering moontlik te maak. Altesaam 43 semi verswakte en 30 verswakte bejaardes word hier versorg. Verskeie dienste word aangebied. ’n Winkel met ge bruikte klere is ook op die perseel waar by behoeftige inwoners van die omge wing, sowel as inwoners van die tehuis, baat vind. In vrolike luim is van links, voor: Mieta Reed (die tehuis se oudste inwoner wat 101 jaar oud is), en Faan Wilken; agter: Sanet Groenewald (be stuurder), Annatjie Botha (wat die in woners se hare versorg), Sarie Vosloo, Maria Neethling en Gideon Viljoen.
Vier tehuis se verjaardag
Foto: André Botha
Skouspel ná die reën DIE stofstorm en reën verlede week in Kimberley was nie plesierig nie, maar dit het pragtonele tot gevolg gehad. Hier buig die reënboog ná die reën sierlik oor die stad. Foto’s: Charné Kemp
Breakfast served
NEW JET STORE IN
GALESHEWE OPENS 29 OCTOBER SHOP 14, BARKLEY ROAD SHOPPING CENTRE, 221 BARKLEY ROAD, GALESHEWE, KIMBERLEY, NORTHERN CAPE
1000 2000 5000 2000 OFF
KIDS FASHION DENIMS
OFF
MENS & LADIES DENIMS
OFF
PAMPERS
OFF
LADIES SHOES
11512/E
Offers valid 4 days only, from 29 October – 1 November 2014, while stocks last.
Get it on credit
+ also earn Thank U Points!*
Let’s meet up
jetonline.co.za
*Thank U Rewards Programme is only available in South Africa, Namibia, Swaziland and Lesotho. E&OE.
THE Knights of Da Gama, Council 15, Holy Family, of the Catholic Church will present their annual Spring Breakfast this Sunday. Everyone is invited for breakfast in the St Mary’s Cathedral Hall after Mass. The entrance to the hall is in Currey Street near the Kimberley Club. The cost is R35 per person for a breakfast of eggs, sausage, tomatoes, toast and mushrooms with tea, coffee or juice. The event is held in aid of fundraising for the church’s council. Tickets will be available at the door or email fabianborman@gmail.com or send an SMS to 076019-6313 to reserve tickets, with your name, contact number and number of tickets you want.
Jonges vas DERTIEN verdagtes wat na bewering inwoners geterroriseer het, is die naweek in hegtenis geneem toe verskeie eenhede van die polisie in Galeshewe en Kagisho toegeslaan het. Lt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is tussen 17 en 29 jaar oud. Beslag is onder meer gelê op 13 messe, vyf skaapskerre, ’n tuisgemaakte swaard, nege Okapimesse en ’n tuinvurk.
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 persoon. Bel die ACVV-kantoor by 053-831-5815 vir plekbespreking. 31 Oktober Die Hoërskool Adamantia se jaarlikse Plaaswerfaand word by die skool aangebied. Dit kos R175 per persoon. Skakel 053-833-3557 vir kaartjies.
23 OKTOBER André Markgraaff, oud-Springbok-afrigter, -Griekwa-afrigter en -leerling van die Hoërskool Diamantveld, tree as koördinerende spreker op die skool se manne-aand op. Saam met hom is Willie le Roux, Springbok- en oud-Griekwa-rugbyspeler, Izak van der Westhuizen, voormalige Cheetah-speler en oud-Diamantvelder, Willie Britz, Leeusspeler en oud-Diamantvelder, Hawies Fourie, Griekwa-afrigter, en Peter Engledow, Griekwa-hulpafrigter. Die manne-aand word in die Horseshoe Inn gehou. Dit kos R250 per persoon of R2 500 per tafel van tien mense. ’n Kontantkroeg is op die geleentheid beskikbaar. Die drag is netjies informeel. Bel Ina Olivier by 082-440-3303 om plek te bespreek. 25 Oktober Die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) in Kimberley bied ’n vroue-oggendteeparty saam met Elma Postma (Dezi van 7de Laan en Bea van Binnelanders) met haar eenvrouvertoning, Trousseau, aan. Die party is in die ACVV-gebou op die hoek van Longstraat en Hollandweg. Dit begin om 09:45 vir 10:15. Die kaartjies kos R110 per
DIE Christel Armstrongbreigilde in Kimberley het Saterdag ’n sukses volle geldinsamelingsteegesellig heid gehou. Net meer as R2 000 is in gesamel, tesame met onder meer vele bolle wol, breigoed en sweet pakke. Die projek is in 1986 begin en tot nou is meer as 21 000 nuwe win terartikels aan instansies wat met behoeftiges werk, geskenk. Van links is Julie Weyers, Peggy Wilding, Carol van den Brink en Margaret Or ton. Foto: Verskaf
8 November ’n Bonsai-skou word van 08:00 tot 14:00 op die Monument-Spar se terrein aangebied. Rig navrae aan Freddie van der Linde by 083-259-9354. 15 en 16 November Die Hoërskool Noord-Kaap se sportkantoor bied sy ses-aan-’n-kant-kriekettoernooi, bekend as die Springbok Pub Six-a-side Tournament, aan. Sakeondernemings en instansies skryf spanne in wat in die sosiale toernooi met mekaar meeding. ’n Nuutjie vanjaar is Fast Five, ’n netbalwedstryd, wat ook die vroue betrek, wat uit vyf spelers in ’n span bestaan. Die Vrydagaand word ’n spitbraai-ete vir die spelers en hul gades gehou en die Saterdag ’n potjiekoskompetisie. ’n Biertent met sangers is vanjaar ’n verdere nuutjie. Inskrywings het reeds gesluit. Bel Gustav Burger by 076-703-7223 of Magda Myburgh by 082-809-4366 vir inligting. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, geplaas moet word, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos inligting na noordkaap@volksblad.com of SMS dit na 45533. Begin SMS’e met “NK”.
3
Cira kom al die pad van NS vir afskeid Unique Jacobs HULLE het mekaar jare gelede op laerskool laas gesien en nou het sy duisende kilometers gereis om hom na sy matriekafskeid te vergesel. Cira Olivier en Wesley Herman het kontak verloor toe sy en haar gesin na Nieu-Seeland geëmigreer het toe sy net nege jaar oud was. Sowat twee jaar gelede het hy haar op die sosiale netwerk Facebook opgespoor en hulle het weer hul vriendskap hervat. Hulle het ’n rukkie op Facebook gesels en Wesley het besluit om Cira na sy matriekafskeid te nooi. Herman was nie seker of Cira sou instem nie, maar hy het geweet hy wil nie saam met iemand anders gaan nie. “Ek weet nie wat ek sou gedoen het as sy nee sou gesê het nie. Ek het nie so ver gedink nie.” Hulle was albei in die Noddy’s Educarekleuterskool en leerlinge aan die Kimberley- Junior Skool. Cira het nie dadelik ingestem nie, en moes dit eers met haar ouers bespreek. Nadat hulle ingestem het, het die gesin al die pad van Greymouth in Nieu-Seeland gereis. Hulle was ’n maand in Suid-Afrika en het eers by familie in Pretoria gekuier en daarna Kimberley toe gekom sodat sy haar
WESLEY HERMAN se vriendin, Cira Olivier, het al die pad van NieuSeeland gekom om hom na sy matriekafskeid te vergesel. Foto: Verskaf
vriend se afskeid kon bywoon. Dit het dié leerling van die Hoërskool Noord-Kaap se aand besonders gemaak. “Dit was ’n baie genotvolle aand. Dit was lekker om haar weer te sien.”
Wen geskenkbewys met logo YVONNE ERASMUS is vandeesweek die wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wen-kompetisie. Sy kan haar R200-geskenkbewys by die sentrumkantoor gaan afhaal. Deelnemers moet seker maak hulle gee die kompetisie-antwoord (die bladsynommer waarop die logo verskyn), asook hul naam en van.
Indien dié besonderhede nie daar is nie, kan hulle nie vir die trekking in aanmerking kom nie. Die logo is die een waarin ’n klein diamant verskyn, nie die logo wat as deel van die sentrum se advertensie verskyn nie. Hou volgende week se uitgawe van Noordkaap vir die volgende ronde van die kompetisie dop.
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014
Tekort aan bloed kritiek ELKEEN kan ’n positiewe verskil in ander mens se lewe maak. Een van die (maklike) maniere om dit te doen is deur bloed te skenk. Noordkaap berig vandeesweek oor die Kimberley-kantoor van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) wat ’n tekort aan bloed het. Aansienlik minder bloed word geskenk as wat noodsaaklik is. Dit beteken ’n lewensgevaarlike krisis, want sonder bloed kan baie operasies nie uitgevoer word nie. Boonop kom Desember vinnig nader, ’n tyd waarin nog groter druk op die bloeddiens geplaas word. In Desember is baie gereelde bloedskenkers weg met vakansie, maar dit is ook die tyd waarin die meeste bloed benodig word. Ongelukke neem in die vakan-
sietyd toe, veral oor die Kers- en Nuwejaarstyd. Skoolkinders wat gewoonlik ’n stewige bydrae maak, skryf nou eksamen en kan dus nie bloed skenk nie. Dit alles dra tot die tekort aan bloed by. Indien jy jou bydrae wil maak, is dit dus nou die ideale geleentheid. Dit vereis net ’n klein bietjie van jou tyd, maar daarmee kan jy help om ’n lewe te red. Wie weet – dit kan dalk een van jou geliefdes wees wie se lewe gered word. Voordat jy dus voortgaan om jou vakansieplanne te beraam gaan maak eers ’n draai by die bloeddiens. Of doen dit net voordat jy in die langpad val. Dit maak nie saak wanneer nie – gaan doen dit net.
DIE Orientalgebou op die hoek van De Beers weg en Carrstreet is in 1905 deur die Italiaanse meesterbouer Archie Bocciarelli opgerig. In die vroeë 1900’s het die tremlyn wat die midde stad met Kenilworth, toe ’n woonbuurt vir die De Beerswerknemers, ver bind het, in De Beersweg voor die gebou verbyge loop. Die gebou het oor die jare heen verskillende ondernemings gehuis ves. Hoewel die grond verdieping oor die jare heen veranderings aan die buitekant ondergaan het, is die boonste vlak feitlik onveranderd. Die gewel met die standbeel de van twee vroue weerskante het onge skonde gebly. Die gebou is op 21 Augustus 1992 tot nasionale gedenk waardigheid verklaar na dat omvattende restou rering onderneem is om die gebou tot sy volle glo rie te herstel. Die land droshofgebou troon nou oor die gebou. Die ou fo to dateer van die 1960’s toe die gebou onder meer ’n verfwinkel en ’n vrouehaarkappery ge huisves het. Foto’s: André
Behou sy ouwêreldse sjarme
4
Botha en die Africanabiblioteek
Ver soek maak jou kortsigtig Hannes Noëth DIE oom krap tussen die goed op die tafel rond. Hy loop van vertrek tot vertrek die huisie deur. Hy skuif aan boeke, voel met sy hande oor die sitkamerbank. Hy loer in die kombuis op die mikrogolfoond. Hy soek. Wat soek jy, vra Tannie. Weer my bril, kom die antwoord. “Ai, die gesoek maak my moedeloos.” “Dit is waar dit gister was,” sê sy, “en vanoggend, en môre weer gaan wees: aan die tou om jou nek.” “My werklik,” antwoord hy soos elke keer. “Ek soek dit altyd so ver, dan hang dit reg voor my.” Die gesprek tussen die oom en tannie is eintlik skreeusnaaks. Dit gebeur keer op keer. Hy soek sy bril. Sy sug, want dit hang op sy bors, reg voor hom. Dit is nogal oulik wanneer ’n mens dink aan hoe baie ons oplossings daar ver soek, hoe baie ons soek na antwoorde wat nie naby is nie. Baiekeer is die oplossing reg voor ons, soos die oom se bril op sy bors. Ons dink soms so diep, beplan onsself moedeloos, dan
is die oplossing sommer hier by ons. Ons soek en soek, ons kyk na dinge wat ons nie het nie, vra na wat ons nodig het, begin by dit wat ons kortkom. Dit help nogal om te begin met dinge wat jy het en wat tot jou beskikking is. ’n Mens moenie altyd soek na omstandighede ver van en anders as joune nie. Bekende beproewings, uitdagings en seënings is dikwels makliker hanteerbaar. ’n Bril op die bors is nou wel heeltemal anders as lewensomstandighede, maar die beginsel is dieselfde: Die antwoord is meestal nader as wat jy dink, die uitkoms is dikwels nie so ver nie. Dikwels moet jy net jou oë oopmaak en jou verstand gebruik om by die antwoord uit te kom. Beskou ’n situasie nugter, oordink dit ’n bietjie van nader – dalk, net dalk, kom jy op die punt dat jy sê: “Werklik, hier is die antwoord toe al die tyd reg onder my neus.” Soms is die antwoord baie, baie naby.
Waardeer base nie net dan Karin Muller ONS werk vir ’n besige rekenmeestersfirma. So besef ons tussen die gewoel en gewerskaf deur met ’n skok ons het in meer as drie jaar nie Basedag gevier nie. Ons is beslis dankbaar vir ons baas, maar om die viering daarvan ’n verrassing te hou is ’n perd van ’n ander kleur. Om die baas se dagboek uit te boek was nie so eenvoudig nie. Ek het ’n uur se afspraak vir ’n “nuwe kliënt”, mnr. Els, sonder ’n telefoonnommer, opsygesit. Daar was nog ’n krisis – die baas moes die Vrydag mediese toetse ondergaan. Hy mag toe net droë roosterbrood, gekookte eier en hoender of vis eet. My moed het in my skoene gesak. Ons kon nie dat die baas droë brood eet terwyl ons koek eet nie. Ons het besluit op KFC-hoenderboudjies, maar dit het by my gespook. Ek het heimlik gewonder of mosterdsaadjies en peperkorrels deel van die dokter se voorskrifte van “geen saad of pitte” is. Netnou hou hulle hom langer in die hospitaal weens ’n paar pitte wat ék aan hom gegee het. Dit sou kaal, droë hoender-
boudjies moes wees. Hoe minder kruie, hoe beter. Die baas het later by my kantoor ingeloer en gevra ek moet mnr. Els se afspraak skuif. Ek het swaar gesluk. “Onthou asseblief om die telefoonnommer by te skryf. Dit is makliker as afsprake geskuif moet word,” het hy bygevoeg. Ek het weer gesluk. Hoe verduidelik ek die spesifieke mnr. Els bestaan glad nie? “Ek maak so. Jammer.” Met ’n gesukkel kon ons eindelik ’n uur aan Basedag afstaan. As ek kyk hoe ons met sperdatums, studieverlof, kliënte-afsprake, die ontvanger van inkomste, onverwagte mediese toetse en die baas se oorvol dagboek moet kompeteer vir een uur se samesyn verstaan ek waarom ons net elke skrikkeljaar Basedag vier. Hopelik laat dit ons besef dat ons hom baie waardeer.
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014
5
FOKUS OP DUTOITSPANWEG
Stories so baie soos straat lank is André Botha
DUTOITSPANWEG, een van die langste strate in Kimberley, huisves van die stad se bekendste bakens en vertel vele stories oor die geskiedenis. Dit is ’n straat waarin oor die jare heen inkopies gedoen is, waar inwoners bioskoop toe gegaan het, boeke by die biblioteek geleen het, ’n drankie of twee gedrink het en ook in gewoon het. In die onderste deel van die straat, tot waar dit by Mainstraat aansluit en met Carringtonweg kruis, het van die stad se vooraanstaande inwoners teen die einde van die 19de eeu en die begin van die 20ste eeu gewoon. Die meeste van dié huise het behoue gebly en huisves vandag ’n verskeidenheid ondernemings. Dutoitspanweg is een van Kimberley se oudste strate en was die belangrikste skakel tussen New Rush (Kimberley se eerste naam in die vroeë delwersjare) en die diamantmyne van Dutoitspan en Bultfontein (waar Beaconsfield eers as dorp ontwikkel en later ’n woonbuurt van Kimberley geword het). In Richard Oliver se boek A Decade of Memories beskryf hy die straat in die beginjare as ’n nou straat, stowwerig en toe onder klippe en slaggate (sommige
dinge verander nie . . .) Die eerste poging om die pad gelyk te maak was in 1877. Die pad is ook breër gemaak op versoek van die inwoners en ook die talle ondernemings in die straat. Dit was ’n bedrywige straat en ’n tremspoor het die stadsaal van Kimberley met Beaconsfield se stadsaal verbind. By die Halfway House, op die grens tussen Kimberley en Beaconsfield (toe ’n aparte dorp), het die tremspoor verdeel met ’n spoor wat na Alexanderfontein (nou die Jack Hindon-offisiersklub in die weermagbasis) geloop het. Die straat is in 1928 geteer – lank voor byvoorbeeld Longstraat wat in die 1960’s nog ’n grondpad was. Die twee bekendste bakens in Dutoitspanweg is die St. Cyprian-katedraal en die Kimberley-klub waar diamantmagnate soos Cecil John Rhodes en Barney Barnato graag gekuier het. Daar was ook bekende ondernemings soos Gowie’s Corner, Hendersons (die eerste tak van dié winkelgroep en gestig deur R.H. Henderson, later ’n burgemeester van Kimberley), Spence’s Shoe Store, Kimco (bekende fotografiewinkel wat reeds in 1880 begin het en steeds bedryf word), die openbare biblioteek (nou die Africana-biblioteek) en Bargains Unlimited.
GOWIE’S CORNER was een van die bekendste winkelgeboue in Kimberley. Dit moes swig voor ontwikkeling, maar het behoue gebly toe dit by die Groot Gat heropgerig is.
Foto: Africana-biblioteek
Huis het ryke geskiedenis
DIE koerantadvertensie waarin die huis waarin Sa lon Belgrave vandag is, in 1926 te koop aangebied is. Foto: Africana-biblioteek
DIE huis in Dutoitspanweg 184 waar Salon Belgrave nou is, het oor die jare heen verskillende inwoners gehad. ’n Beskrywing van hoe die huis in sy vroeë jare was, word gegee in ’n koerantadvertensie in 1926 waarin die huis te koop aangebied is. Die destydse eienaar, ’n mev. M.F. Varris, het sommer ook haar meubels te koop aangebied wat ’n mens laat vermoed sy het beplan om Kimberley te verlaat. Volgens die beskrywing het die huis ’n wye ingangsportaal gehad. Daar was drie slaapkamers, ’n ontvangsvertrek, eetkamer met vuurherd, ’n ontbytvertrek, kombuis, spens en badkamer. Daar
was twee huiswerkerkamers en ’n motorhuis in die groot tuin. Die huis het staalplafonne en boonop elektriese ligte. In die advertensie word ook van die pragtige roostuine vertel. Die huis word as ’n “uitstekende eiendom in ’n waardevolle ligging” beskryf. Daarby is ’n verskeidenheid meubels te koop aangebied, waaronder ’n klavier, sitkamerstel van eikehout, teetafel, bedstel van eikehout, kaarttafel, Carlton-stoof en skilderye. Die huis is deur J.T. Vigne’s Sales opgeveil. Volgens die Africana-biblioteek het Varris minstens sedert 1914 in die huis gewoon.
DIE Kimberleyklub in Dutoitspanweg waar glo in die 19de eeu soms meer miljoenêrs op een plek was as enige ander plek in die wêreld. Foto: André Botha
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014
FOKUS OP DUTOITSPANWEG
DIE indrukwekkende St. Cypriankatedraal in Dutoitspanweg is een van Kimberley se bekendste bakens. Foto’s: André Botha
’n DEEL van Dutoitspanweg. Die Africana biblioteek (regs) spog met een van die grootste versamelings Africana in die wê reld. Die gebou het van 1887 tot 1983 die stadsbiblioteek gehuisves.
Oë eeu al hier bekyk
THE CORNER, een van Kimberley se bekendste geboue, het volgens oorlewering maar altyd sedert die vroeë 1900’s ’n optiese onderneming gehuisves. Die gebou is in 1907 deur Percy George Croxford opgerig. Dit is in 1992 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. André van der Merwe het in Julie 1983 in die gebou begin werk toe die praktyk as Van Der Heim, Slossberg & Maré-oogkundiges bekend was. Later het dit Van der Merwe en Maré-oogkundiges geword terwyl Van der Merwe in vennootskap met LENSE word gemaak in een van die oogkundige praktyke Hardy Maré was. wat oor die jare heen in The Corner in Dutoitspanweg was. Van der Merwe het aan Dié foto dateer van die 1940’s. Foto: Verskaf die einde van 1989 Maré se aandeel gekoop en die onderneming het Van der Merwe-oogkundibehels nie net optiese hulpmiddels soos brilges geword. en kontaklense nie, maar ook om na die “My praktyk is deel van ’n groep onafgesondheid en behoud van pasiënte se oë en hanklike en hoogs opgeleide optometriste visie om te sien. vir wie dit belangrik is om ons opleiding en “Ek het verskeie nagraadse kursusse kennis uit te brei om beter sorg aan ons gedoen wat deur die New England College pasiënte te kan gee. of Optometry in Boston hier aangebied is, “Dynamic Vision bestaan uit ’n groep van asook die Graduate Institute of Optometry meer as 100 oogkundiges landwyd. My werk hier in Suid-Afrika,” sê Van der Merwe.
Diamantfabriek opgerig André Botha DIE Kimberley
House in Dutoitspanweg was die voorloper van die
Harry Oppenheimer House. Die behoefte aan
’n fabriek waar diamante in Kimberley geslyp kan word, het tot ’n besluit in 1928 gelei om só ’n fabriek op te rig. Op ’n direksievergadering van De Beers in dié jaar is besluit De Beers sou self ’n gebou daarvoor oprig, en die Kimberley House is gebou op ’n perseel wat aan De Beers behoort het. D.W. Greatbatch, wat talle van Kimberley se bekendste geboue ontwerp het, was die argitek. W.J. Tredrea het die bouwerk gedoen. Dit is in 1929 voltooi en aan die Kimberley Diamond Cutting Company oorhandig. Dié maatskappy was in 1933 een van die slagoffers van die depressie en is gelikwideer. Die gebou is deur De Beers oorgeneem. In 1935 is dit aan die Diamond Corporation verkoop. Die gebou is tot in 1974 as ’n diamantsorteringskantoor gebruik, waarna bedrywighede na die pas voltooide Harry Oppenheimer House verskuif is waar dit steeds is. Die Kimberley House huisves nou die De Beers-pensioenfonds.
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014
7
SIMONE SCHOEMAN is as die duxleerling vir 2014 aangewys. DIÉ leerlinge is die Hoërskool Adamantia se beste akademiese presteerders in elke graad. Van links is Simoné Schoeman (gr. 12), Eroné Pretorius (gr. 11), Monique Sinden (gr. 10), Charlene Sinden (gr. 8) en NormaRose Mitton (gr .9). Foto’s: André Botha
Harde werk word beloon
DIE Hoërskool Adamantia se uitvoerende komitee vir 2015 is van links Wilsca Smith (onder voorsitter), Martin Visagie (voorsitter), Simone Stoltz (voorsitter) en Glenton Wessels (on dervoorsitter).
SCHALK KRUGER en Terina van Schalkwyk van die Hoërskool Ada mantia met hul eerbewyse vir leierskap. Kruger het ook eerbewyse vir volgehoue prestasie en dienslewering in sy skoolloopbaan en uitstekende leierskap op kulturele gebied ontvang.
PROMOSIE
Puik sorg hier gebied DIE Isabel Burger-fisioterapeute Ingelyf is in 1994 gestig. Die praktyk het in 1997 na sy huidige adres in Dutoitspanweg geskuif. Die praktyk se naam is in 2010 na I. Burger en M. Viljoen Ing. Fisioterapeute verander. Die onderneming bestaan uit ses fisioterapeute in ’n dinamiese praktyk wat alle fisioterapeutiese dienste aan sy pasiënte lewer. “Tree asseblief met ons in verbinding vir ’n afspraak. Ons vra siekefondstariewe en private pasiënte is ook welkom,” nooi hulle. Hulle sê geen doktersverwysing word benodig om afsprake met enigeen van hulle te maak nie.
MARCO SCIOCATTI en Nadia Britz is as die hoofprefekte van die hotelskool aangewys.
MARTIN VISAGIE het die eerbewys vir sportveelsydigheid ontvang.
MELANI MOMBERG met haar eerbewys vir veelsydigheid in gr. 12.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014
Getooi vir matriekafskeid
JACOLIZE VAN DEWENTER en Bevan Swart van die Hoërskool NoordKaap op die skool se matriekafskeid. Foto: Verskaf
ELLEN KOTZE en Rikus Zwart van die Hoër skool NoordKaap gereed vir die grootste aand van hul skoolloopbaan. Foto: Verskaf
ADAM SERFONTEIN en Lizay Mantle op die Hoërskool NoordKaap se matriekafskeid geselligheid. Foto: Verskaf
LAYKEN FINCK op pad na haar matriekaf skeid. Foto: Verskaf
GEERHARDT RAS en Bianca Faber van die Hoërskool NoordKaap uitgedos vir die ma triekafskeid. Foto: Louis Botha
Sales Representative
Isando branch
Join us and work in an exciting and challenging environment where we expect and reward performance. If you have Matric/Grade 12, 2 years’ sales experience and a valid driver’s licence, we would like to hear from you. For more details and to apply please go to www.wurth.co.za and click on careers. Have Ref. No. WURTH-KMB01 handy. Closing date: 6 November 2014.
WAHEED ALEXANDER van die Hoërskool NoordKaap hou sy metgesel, Robyn Eve rett, om die lyf vas..
Building a world-class diamond group Kimberley Underground Mines JV
Kimberley Underground Mines JV is situated in the city of Kimberley in the Northern Cape. The Mine consists of 3 conventional slushier drift block cave mines.
2014 Scholarships Kimberley Underground Mine is offering scholarships to selected learners in Grade 10, Grade 11 and Grade 12. The scholarships include partial sponsorship for school fees, textbooks, uniform, stationery and sporting/cultural activities up to a specified amount allocated. Who can apply? Scholars who(se): • Reside in the local community and attend a local school • Attained an average mark of 70% in previous exams, with at least 60% in Mathematics and Science • Parents give consent to participate in the scheme • Display a good balance between academic performance and sport/cultural performance • Are recommended by the school Principal • Are South African citizens. Applications must be made in writing on the official application form with all supporting documents, including: • A copy of ID or Birth Certificate • A copy of most recent results • Parents’ income statement/affidavit of unemployment. Please Note Children of Petra Diamonds employees (A- and B-band only) and non-employees may apply. Incomplete forms, false information and late applications will not be considered. A limited number of scholarships are available. The Company’s decision is final and no correspondence will be conducted regarding decisions taken. Application forms can be obtained from the HR Help Desk, Joint Shaft and Wesselton. Please send your résumé, with copies of qualifications and ID, to kum-recruitment1@petradiamonds.com or fax to 086 719 3238 by no later than 28 October 2014. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za
Human Communications 113603
RYAN SIMONS en sy metgesel, Jody Isaacs, gereed vir die Hoërskool NoordKaap se ma triekafskeid. Foto: Verskaf
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014
Vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.noordkaap.co.za
DIE vooraansig van Mercedes se ML400.
Foto: Verskaf
Sportnutse te kus en te keur Johann van Tonder
VIR vele mense is ’n luukse sportnuts die voertuig om na te streef. ’n BMW X5, Range Rover, Porsche Cayenne of Mercedes ML is net die voertuig om ’n voorstedelike gesin in luuksheid rond te karwei. Vir diegene wat wel so bevoorreg is om in dié mark te kan koop raak die keuses by die dag meer. In die Mercedes ML-reeks is vroeër vanjaar ’n ML400 bygevoeg. Die naam kan misleidend wees. In die nuwe S-klas-modelreeks is die S400 ’n hibriede motor, maar die ML400 en die S400 het hoegenaamd nie dieselfde enjin nie. Waar die S400 deur ’n 3,5-liter-V6 in tandem met ’n elektriese motor aangedryf word, is die ML400 toegerus met die 3-liter-V6 met twee turbo-aanjaers wat ook in die nuwe E-klas te vinde
Kar koop nie perde koop Jannie Hennop Die jaar 2014 se nek is amper omgedraai en talle jong mense sal volgende jaar koers kies universiteit, kollege of werkplek toe en nie noodwendig binne loopafstand van hul ouerhuis nie. Dit beteken dit is tyd om ’n ryding aan te skaf. Buiten ’n lewendige mark vir gebruikte voertuie, is daar ook die nuwes wat ’n vonkel in die oog van enige jong mens sal bring. Instandhouding Kar koop kom met groot verantwoordelikheid vir die gebruiker en ook vir die ouer wat waarskynlik daarvoor moet betaal, die versekering dra en vir die instandhouding verantwoordelik is. Onthou, ’n kar se prys maak nie noodwendig voorsiening vir koste soos versekering en onderhoud nie. Boonop betaal jy duurder vir versekering hoe jonger jy is, omdat jy ’n risiko vir die versekeraar inhou. Om vir die versekeraar te jok oor wie hoofsaaklik die voertuig gaan gebruik en waar dit geberg gaan word is oneerlik en dus verkeerd. Dit kan jou boonop duur te staan kom sou ’n eis geweier word. Versekering Voordat jy jou hart op ’n ryding verloor, vind uit wat die versekering gaan kos, vind uit of ’n versieningsplan by die prys ingesluit is en of dit opsioneel bygekoop kan word. Onthou om voorsiening vir goed soos nommerplate en die registrasie van die voertuig, wat soms ekstra is, te maak. Doen jou huiswerk wanneer dit by kar koop kom, want dit kan jou baie verdriet en moeite spaar.
is. Die enjin vervang die vorige natuurlik geaspireerde 3,5-liter-V6 en lewer ’n gesonde 245 kW en 480 Nm teen laer verbruik en emissies wat aan die EU6-emissie-standaarde voldoen. Die kraglewering geskied oor ’n breë band, van 1 600 tot 4 000 toere, wat die ML400 ’n lewendige karakter gee met krag beskikbaar waar ook al in die toere jy jou bevind. Voorts beteken Mercedes se outomatiese 7G-Tronic-ratkas (sewespoed) die beskikbare krag bly optimaal en teen ekonomiese verbruik beskikbaar. Dit is ’n groot voertuig, maar indien jou voet swaar raak, duur ’n stormlopie na 100 km/h net 6,1 sekondes. Die topsnelheid is 247 km/h. ) Die Mercedes ML400 4Matic BlueEfficiency kos van R849 252. Dit sluit die PremiumDrive-sesjaar- of 100 000 km-instandhouplan in.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
EIENDOMME ALGEMENE & HUISDIENSTE GEMEUBILEERDE AKKOMMODASIE
LENINGS
3256
ALLERLEI
1445
1845
PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194. TE KOOP SAKE ALLERLEI
UNILOFTS Bloemfontein Pretoria Potchefstroom Studenteverblyf No.1-studenteverblyf vir die doelgerigte student Volledig gemeubileer en met 24-uur-sekuriteit KONTAK: caroline@legprop.co.za 076 136 5041 Web: www.unilofts.co.za
1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
GELEENTHEDE 2415
SWEET, CHOCOLATES, BISCUITS, DRINKS, CHIPS DISTRIBUTION: Start your own business, profitable, successful. Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net
KLEINHOEWES 3320
ALLES-IN-EEN: 5-hakleinhoewe in Ritchie. Groot 4-slk-huis, 2-slkwoonstel, 1-slk-woonstel, groot, toegeboude lapa, 20 perdestalle, beeskraal, skaapkraal, 2 lusernlande, 4 boorgate. R2,5 m. 083 399 0989.
SOEK, KOOP, VERKOOP
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014
SKOLENUUS
Groet vir laas hul skool
MATRIEKLEERLINGE aan Diamantveld stap hier na die skoolterrein se hoofuitgang in ’n simboliese optog op hul laaste skooldag.
DIE Hoërskool Diamantveld se hoofleiers vir 2015 is aangewys. Van links is, voor: Mar mari Pienaar (sekretaris) en Janke Steenkamp (tesourier); agter: Johan Joubert (onder voorsitter), Johan Mathee (voorsitter), Joané Deetlefs (voorsitter) en Shandri Erasmus (ondervoorsitter). Foto’s: Verskaf
DIE Hoërskool Diamantveld het op ’n saalbyeenkoms op hul laaste skool dag formeel van sy matrieks afskeid geneem. Die skool se tradisie is nuwe gr. 8leerlinge stap op hul heel eerste skooldag by die voordeur van die hoofgebou in. Daarna mag hulle nooit weer die voordeur gebruik nie tot dat hulle as matrieks by die deur uitstap. Hier is van links Marius de Vries, Ruhan Smith, Pieter Hattingh, Wilmo Vermeulen en Johan van Heerden nadat hulle by die voordeur uitgestap het. Foto: André Botha
DIE Hoërskool N.J. Heyns se werkwinkel hou van 27 tot 29 Oktober ’n uitstalling van artikels wat deur die skool se leerlinge ge maak is. Die uitstalling is van 08:00 tot 13:00. Die artikels is te koop. Dit word in die skoolsaal uitgestal. Foto: Verskaf
www.noordkaap.co.za
STEPHANIE POTGIETER het Diamantveld se eerbewys vir sportmanskap (meisies) ontvang.
DIÉ leerlinge van die Hoërskool Diamantveld het ereklere ontvang. Van links is Anja Lubbe (lid van die SuidAfri kaanse o.15span wat in Londen en Skotland deelgeneem het), Hilana Louw (nasionale wenner van die Afrikaans ekspo: Reisverhaal oor Williston) en Dwayne Botma (lid van die SuidAfrikaanse o.19Rhinorugbyligaspan).
Neem aan byeenkoms deel LANDLOOPATLETE van die Hoërskool N.J. Heyns het aan die SuidAfrikaanse landloop kampioenskapsbyeenkoms deelgeneem. Chris Moore, hul borg, is hier saam met die groep. Van links is, voor: Lorenso van der Westhuizen, Tutho Korope, Alex Stafford, Letlhogonolo Moreki, JeanClaude Waterboer, Katlego May en Emile Kock; agter: Shaun Smith, Dalanti no Afrika, Chris Moore, Olebogeng Mokae, André Roberts, Vincent Links en Nathan Ed wards. Foto: Verskaf
Foto: André Botha
NARDUS BOSMAN het die eerbewys vir sportmanskap (seuns) gekry.
CARLI GROENEWALD het die Jan Auret eerbewys, die Hoërskool Diamantveld se hoogste eerbewys, ontvang.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Diamante vonkel in Bfn André Botha
JODY SCHMIDT van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley is Saterdag as die beste veldatleet op die Clover-Grey-Oranjebyeenkoms in Bloemfontein aangewys. Hy was algeheel ook die beste presteerder op die byeenkoms. Hy het in die hamergooi vir seuns o.16 987 punte behaal met ’n skitterende gooi van 48,84 meter. Verskeie ander atlete van Diamantveld het uitgeblink op dié byeenkoms waaraan van die land se top-atletiekskole deelgeneem het. Dit is die grootste skole-atletiekbyeenkoms in Sentraal-Suid-Afrika. Benewens Schmidt se eerste plek onder die 50 beste atlete het Deneke Prinsloo ook dié lys gehaal. Deneke het ook ’n nuwe byeenkomsrekord verbeter. Diamantveld se atlete het ses goue, twee silwer- en vyf bronsmedaljes behaal.
Altesaam 1 100 atlete van 28 skole het deelgeneem. Die skole sluit in Paul RoosGimnasium (Stellenbosch), Kemptonpark, die Afrikaanse Hoër Seunskool en Afrikaanse Hoër Meisieskool (albei Pretoria) en die Hoër Meisieskool Bloemhof (Stellenbosch). Die atlete wat medaljes gekry het, was: Goud: Ruan Willemse (drie medaljes, 100 m, 200 m en verspring), Deneke Prinsloo (hamergooi), Riaan de Klerk (300 m-hekkies) en Schmidt (hamergooi). Silwer: Jean-Marie Vermeulen (100 m) en Theo Senekal (hoogspring). Brons: Cheslyn van Wyk (hoogspring), Benno Meintjies (400 m), Jean-Marie Vermeulen (200 m), Surita van Heerden (hoogspring) en Deneke Prinsloo (diskusgooi). Die span neem Saterdag aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein se uitnodigingsbyeenkoms deel.
Heinrich ’n ster in landloop
HEINRICH DAUTH
Foto: Verskaf
HEINRICH DAUTH (6), ’n leerling aan die Preprimêre Skool Newton, is as Noordkaap en SuperSport Let’s Play se Sportster van die Maand vir Oktober vir sy prestasies in landloop gekies. Hoewel Heinrich nog baie jonk is, toon hy reeds ’n talent vir landloop. Hy het vroeër vanjaar aan ’n landloopkampioenskap deelgeneem wat tussen die Griekwas, Vrystaat en Noordwes gehou is. In sy afdeling was daar 64 atlete waarvan hy agtste vir seuns o.8 jaar geëindig het. Daarna het hy aan die Laerskool Newton se ligawedloop deelgeneem waarin hy die eerste plek verower het. Op die Hoërskool NJ Heyns se atletiekbyeenkoms het hy ’n tweede plek in landloop behaal. Op 30 Augustus het hy in Postmasburg vir Griekwaland-Wes deelgeneem waar hy die derde plek vir seuns o.8 behaal het – ’n uitmuntende prestasie vir ’n bulletjie van ses jaar. Heinrich is ook gekies om op 13 September aan die Atletiek SuidAfrika- (ASA) byeenkoms in George deel te neem. Hy het die 70ste plek uit 124 seuns behaal. Heinrich vind inspirasie by sy twee ouer broers en sê hy wil ook graag eendag Springbok-rugby speel. Heinrich is Noordkaap se laaste SuperSport Let’s Play-sportster van die Maand vir 2014. Hy is nou ’n finalis en sal meeding om die gesogte titel van SuperSport Let’s Play se Sportster van die Jaar-kompetisie wat op 7 November op ’n geselligheid in Kimberley aangekondig sal word.
ATLETE van die Hoërskool Diamant veld het die naweek hul stem dik ge maak op ’n atletiek byeenkoms in Bloemfontein waar van die land se top skole deelgeneem het. Die atlete het al mal goue medaljes behaal. Van links is Ruan Willemse (drie goues), Deneke Prinsloo, Jody Schmidt (aangewys as beste veldatleet op die byeenkoms) en Riaan de Klerk. Foto: Verskaf