Noordkaapnk 20141119

Page 1

61 C - LONG STREET, KIMBERLEY. TEL: 053 833 3827

Awnings, Blinds & Shu ers.

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 19 November 2014

X1PDT8Y3-NK191114

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Kry ’n silwer­randjie

DIE donderstorm wat Kimberley verlede week getref het, het strate in 'n ommesientjie in riviere verander. Die son probeer hier plek­plek deur die dreigende donker wolke breek. Foto: Kobus de Klerk

Akademie lei jonges op Skolerugbyspelers aan professionele rugby blootgestel Karin Muller TOP-SKOLERUGBYSPELERS in die NoordKaap, wat voorheen dikwels ná skool vir rugby verlore geraak het, kan nou danksy ’n nuwe rugby-akademie vir die streek behoue bly. Die Bloemfontein-rugby-akademie word juis gestig om ’n breër basis van spelers te ontwikkel wat later as voedingsbron vir die hele sentrale streek kan dien. Dít word in samewerking met Vrystaat-Rugby gedoen. “Almal weet die Vrystaat, Griekwas en Griffons lewer jaarliks van die beste skolerugbyspelers in die land op, maar indien

dié spelers nie ’n Cravenweekspan haal nie, verdwyn hulle waarskynlik vir goed uit rugby,” sê Chris Kasselman, een van die bestuurslede van die akademie. “Ons wil aan jong rugbyspelers die geleentheid bied om raakgesien te word en hulle aan die eise van professionele rugby blootstelling te gee.” Die akademie wil die junior klubliga in Bloemfontein versterk om spelers blootstelling daaraan te gee om teen die jong spelers van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT), Vrystaat, te speel. “Ons het reeds al die betrokkenes se

SPEEDY TYRE & EXHAUST Real People. Real Value. Real Speedy.

68 TRANSVAAL ROAD KIMBERLEY

goedkeuring en is veral dankbaar teenoor Vrystaat-Rugby vir sy ondersteuning.” Christo Rothman en Johan Paulsen is ook deel van die akademie se bestuurspan. Onderhandinge is met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aan die gang. asook met met Tiaan Liebenberg, Braam van Straten en Jacques Juries om die afrigtingspan te versterk. “Die akademie het toegang tot byna al die afrigters in Bloemfontein op ’n konsultasiegrondslag,” sê Chris. “Grey-kollege het sy geriewe en afrigters aan ons beskikbaar gestel. Ons glo die spesiale kennis waaroor al dié afrigters

TYRES

Lowest in town

beskik, sal ’n groot bydraende faktor tot die akademie se sukses wees.” Alle jong rugbyspelers wat bereid is om hard te werk en ’n rugbyloopbaan wil volg, kan by die akademie aansoek doen. “Ons leuse is The Pathway to Professional Rugby en ons glo talent sonder harde werk is nie veel werd nie.” Daar word beoog om die akademie in Januarie 2015 te open en met 60 innames te begin. Meer inligting is op die webtuiste by www.bloemrugby.co.za beskikbaar. Borge word genader om sodoende die koste vir spelers te probeer verminder.

SHOCKS Less 60%

BATTERIES Less 25%

TEL: 053-831 2557/1881

X1PDPUP7-NK191114

X1PFTRGM-NK191114


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

Nuwe president stel rugby eerste Gerdie Karstens DIE titel as president van die Griekwaland-Wesse Rugbyunie (GWRU) is iets wat vir die Poubloues se nuwe stuurman, Jannie Louw, nie van groot belang is nie. Die 46-jarige Louw is op ’n algemene vergadering in Upington vir die volgende twee jaar tot Griekwas se president verkies. Hennie van der Merwe het hom ná vier jaar nie weer vir die amp verkiesbaar gestel nie. Louw, wat al sedert 1998 by Griekwas se bestuur betrokke is, het vir Sampie Koopman om die amp uitgestof. Louw, wat tot onlangs nog Griekwas se amateur- én sewesspanne afgerig het, het voor sy presidentskap reeds met sy betrokkenheid beïndruk en lyk na die aangewese mens om Van der Merwe te vervang. Die hoofrede waarom hy by spelers, administrateurs en ondersteuners sal aanklank vind, is omdat hy die spel rugby bo enigiets anders plaas, selfs sy titel as president.

“Die titel as president van die Griekwaland-Wes-rugbyunie is eerlikwaar een wat nie vir my belangrik is nie. Ek is hier om die spel te dien en waarde daartoe te voeg. Daar is uitdagings wat voorlê, maar ek sien uit daarna om dit aan te pak,” het Louw gesê. Hy is ’n Noord-Kapenaar in murg en been en is in Alexanderbaai gebore. Daar was hy aan die Laerskool Gaffie Maree verbonde voordat hy aan die Hoërskool Namakwaland in Springbok gematrikuleer het. Hy het daarna sy ambag as elektrisiën voltooi en logistiek aan Unisa gestudeer en 13 jaar lank in Upington gewerk. Later was hy hoofbestuurder van GWK se handelsafdeling in Douglas waarna hy in 2012 saam met sy vrou, Maryka, en seuns, Jan-Hendrik en Matthys, na Kimberley verhuis het. Hy en sy vennoot, Hennie Gouws, is tans mede-eienaars van ’n landbougenootskap. “Ek het maar altyd ’n liefde vir afrigting gehad en het in Upington vir Polisie afgerig en sommer vir hulle gespeel ook. Op skool het ek agtsteman gespeel en

weens ’n beenbreuk die Cravenweek misgeloop. “Ek was later ook die Oranjestreekspan se afrigter en nou Griekwas se sewes-breier. Maar as president gaan ek nou daardie pos vaarwel roep,” het Louw, wat ook vir Alexanderbaai klubrugby gespeel het, bygevoeg. Louw het reeds ’n paar uitdagings geïdentifiseer, waarvan die grootste die ontwikkeling van die spel op die platteland blyk te wees. Die goeie nuus is dat hy en sy nuwe senior vise-president, Monty Engelbrecht (Namakwaland), albei van die platteland afkomstig is en dus vertroud is met die uitdagings daar. “Griekwaskole- en klubafrigters sit harde werk in om op dieselfde vlak as ander provinsies se verteenwoordigers te bly. Die groot uitdaging is rugby op die platteland. Daar is nou min jong spelers wat hul ambagte probeer verkry met die gevolg dat klubrugby baie swaarkry. Ons moet jong spelers wat gematrikuleer het, probeer behou. Dit is die groot voedingsbron en uitdaging,” het Louw afgesluit.

Hof stuur Sehoro vir waarneming Unique Jacobs DIE 19-jarige man van Kimberley wat na bewering sy pa met ’n mes doodgesteek het nadat hy hom eers met ’n piksteel aangeval het, is deur die hof vir sielkundige waarneming verwys. Piet Sehoro het sy pa, Treppa, verlede maand in Homelite in Kimberley na bewering aangeval en doodgesteek. Hy is sedertdien in aanhouding. Landdros Kubashni Padayachee het Vrydag met Sehoro se verskyning opdrag gegee dat hy op 22 November vir sielkundige waarneming moet gaan. Hy sal weer op 23 Desember in die hof verskyn wanneer die

mediese verslae gereed is. Sehoro was ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Homevale. Die skool het bevestig dat Piet tot Augustus nog ’n leerling was, maar daarna uit die skool is. Die skool wou nie verder kommentaar lewer nie. Volgens lede van die gemeenskap het Piet ’n geskiedenis van dwelmmisbruik. Hy het glo vir ’n tydjie daarmee opgehou, maar mense vermoed dat hy onder die invloed van dwelms was toe hy op 29 Oktober sy pa sonder duidelike rede met die piksteel aangeval het. Sy ma, Eveline, het ná die voorval gesê sy weet nie hoekom hy dit gedoen het nie.

X1PFHBQD-NK191114

CHESS SUCCESS

JANNIE LOUW, nuwe president van Griekwas, op die rugbyveld van GWK­park. Foto: Emile Hendricks

Learners graduate ALTOGETHER 60 learners of the Maths and Science Leadership Academy (MSLA) were rewarded for four years of hard work when their graduation ceremony was held. The MSLA was established in Kimberley in 2006, with the specific goal of providing talented learners from poor backgrounds with an opportunity to achieve their full potential in the gateway subjects of Maths and Science. Over the past four years, with funding from Mainstream Renewable Power South Africa, the MSLA has provided these 60 learners with ongoing support in maths, science and English through afternoon classes and holiday academies, says Anne Maclean, managing director of the MSLA. Speaking at the graduation ceremony, Linda Thompson, senior development manager at Mainstream, said: “Mainstream South Africa is proud to see the 60 students graduate after four years of hard

work. We are delighted to have played our role in giving these students the opportunity to improve their maths and science capability because we believe these gateway subjects are critical to delivering the next generation of talented engineers who will take the reins in the years to come. “South Africa is on the road to becoming a leader in renewable energy and it is very important that we invest our time and effort in ensuring that talented students from poor backgrounds such as these students are given every opportunity to play a leading role.” Maclean, who was also the founder of the academy, said: “These students have the natural talent and ability, but coming from poor backgrounds they needed extra help to reach their full potential, both academically and in terms of personal development, and because of Mainstream’s support we have made this happen for these students.”

Hier is wenner SKAAKKAMPIOENE VAN MôRE 34 spelers van die skaakklub 'Chess Success' word ingesluit in die NK Skaak-span wat NK Skaak in die Suid Afrikaanse Skaak-kampioenskappe van 3 tot 7 Januarie 2015 sal verteenwoordig.

Sedert 2011 het die klub ook 5 nasionale skaakspelers opgelewer - Mininke Smith, Zoë Milford, Savannah Ahjum, Marelize en Bernize v.d. Walt. 8 van die spelers is ook tans onder die top 10 in SA in hulle verskillende ouderdoms- groepe: Danika Meyer, Lourens Scheffer, Heyns Hauptfleich, Mininke Smith, Stephan Wolfaardt en die 3 Van der Walt- susters: Marelize, Bernize en Lize.

Vir meer inligting oor die klub, skakel Dina by 083 200 5664

X1PE8JV7-NK191114

X1PEF57D-NK191114

X1PEKVG2-NE191114

S. ALEXANDER is dié week die wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-enwen-kompetisie. Sy kan haar R200-geskenkbewys by die sentrumkantoor kry. Deelnemers moet seker maak hulle gee die antwoord (bladsynommer waarop die logo verskyn), asook hul naam en van. Sonder dié besonderhede kan hulle nie vir die trekking in aanmerking kom nie. Die logo is die een waarin ’n diamant is, nie die een wat as deel van die sentrum se advertensie verskyn nie. Hou volgende week se uitgawe vir die volgende ronde dop.


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

3

Lei skool in 2015 DIE Laerskool Newton se hoofleiers vir 2015 is van links Eagan Woodbridge (onderhoofmeisie), Gabbi Christians (onderhoofmeisie), Leoné van Zyl (hoofmeisie), Marc van der Nest (hoofseun), Charles Malherbe (onderhoofseun) en Uli Lategan (onderhoofseun).

HIER is van links Minette Farrell, Chinday de Jongh, Leander Hayes en Sudarshan Paday­ achy net nadat hulle hul pryse op die Laer­ skool Newton se prysuitdeling ontvang het.

SHANDRI ERASMUS en Johan Matthee is oudleerlinge van die Laerskool Newton wat as onderhoofmeisie en hoofseun van die Hoërskool Diamantveld aangewys is.

A18833

AYLA VAN DER MERWE (middel) ontvang haar prys van Melissa Barnardt (onderwy­ ser). Links van haar is Tahlita Fourie en regs Marc van der Nest.

. . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . .

DRIE oudleerlinge van die Laerskool New­ ton is tot leiers vir 2015 aan die Hoërskool Noord­Kaap gekies. Van links is Jessica du Plessis (onderhoofmeisie), Thevin Padaya­ chy (hoofseun) en Michelle Kenny (hoofmei­ sie).

MINETTE FARRELL saam met haar ma, Mienie, op die verhoog op die Laerskool Newton se prysuitdeling. Foto’s: Verskaf

X1PDWAAM-NK191114


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

Kerstyd is vir familie OOR minder as ’n maand sluit die skole en begin die Kersvakansie. Baie gesinne sal nie vanjaar kan wegbreek nie, omdat dit te duur geword het. Talle mense beplan ook om maar eerder die Kerstyd deur te werk om hul vakansiedae te spaar. Ander mense gaan steeds met vakansie, al kan hulle dit nie bekostig nie, om nie die kinders of familie teleur te stel nie. Die mense kom dikwels van vakansie af terug met gaar senuwees en hoë stresvlakke. Einde Januarie lê dan bitter ver, en die skoolbenodigdhede moet nog gekoop word . . . Die probleem is ’n mens is die tyd van die jaar moeg en oorwerk en het eintlik dringend ’n ruskans nodig. Die lewe is so vol uitdagings. Almal sukkel om met hul geld uit

te kom, baie ondernemings trek swaar en oor baie mense se kop hang die swaard van ’n ekonomie wat nie wil kop optel nie. Ons sukkel met dienslewering deur die staat, ons sukkel met dalende standaarde. Dan sukkel ons sportspanne ook nog so. Dalk is dit nodig om die Kerstyd net ’n matige ruskansie te neem en iets te doen wat jou en jou gesin en familie nader aan mekaar sal bring sonder om onnodige druk op die beursie te plaas. Dalk is ’n paar rustige dae by die huis net wat ’n mens nodig het om die batterye vir die nuwe jaar te laai. Wat jy ook al vir die vakansie beplan, doen iets wat jou in die nuwe jaar ’n voorsprong sal gee, eerder as om jou te benadeel en ’n hele klomp nuwe sorge op die hals te haal.

Bou dié skietgoed

DIE Long Cecil­kanon wat voor die Ho­ noured Dead Memorial pryk, is deur Ge­ orge Labram, ’n Amerikaner, vir gebruik deur die Britse soldate teen die Boere in die Beleg van Kimberley in die Anglo­ Boereoorlog ontwerp. Die Britte het net die kleinerige RML 2.5­bergkanon tot hul beskikking gehad en het daarom ’n wa­ pen nodig gehad wat doeltreffend teen die Boere rondom Kimberley gebruik kon word. Die kanon is in De Beers se werk­ winkels gebou. Die bouwerk het op 26 Desember 1899 begin. Van die gereed­ skap wat nodig was, was nie beskikbaar nie en moes in die werkwinkels vervaar­ dig word. Die kanonloop is van ’n staal­ biljet van tien voet gemaak. Die ammuni­ sie vir die kanon is ook in die werkwin­ kels gemaak. Die eerste toetsskoot is op 19 Januarie op ’n Boerekamp by Kam­ fersdam geskiet. Luidens geskrifte uit daardie tyd was die Boere verras toe hul­ le besef die kanon kan projektiele akku­ raat op hul voorheen veilige posisie laat val. Altesaam 255 koeëls is tot en met die einde van die beleg ’n maand later op Boere­stellings gevuur. Die Boere het eg­ ter binne twee weke nadat Long Cecil die eerste keer gebruik is, ’n teenvoeter ge­ naamd Long Tom gehad. Dít het die Boe­ re se bombardement van Kimberley laat toeneem. Slegs die aankoms van genl.maj. French se brigade van 8 000 man het die beleg op 15 Februarie 1900 laat eindig. Ironies is Labram self dood toe ’n Boere­koeël, moontlik uit die Long Tom, sy kamer in die Grand Hotel getref het. Labramstraat is na hom genoem. Foto: Africana­biblioteek en André Botha

Bly by die hoofsaak Hannes Noëth INDIEN ’n mens wil, kan ’n mens darem baie by ander mense leer. Eintlik het elke mens soveel dinge om ander mense te leer. Ons dink nie altyd ons kan by almal iets leer nie, maar ons kan. Ouers kan by hul kinders leer en kinders by hul ouers, ’n werkgewer by ’n werknemer, kollegas by die werk van mekaar en rykes by armes en armes by rykes, jong mense by ou mense en ou mense by jong mense. Vandag vertel ek van iemand by wie ek ’n baie belangrike lewenswysheid geleer het. Om dit te kon leer was een ding; om dit prakties toe te pas was iets heeltemal anders. Vandag nog herinner ek my by herhaling aan ’n lewensles wat ’n saak heeltemal kan omgooi. Hy is ’n direkteur van maatskappye, ’n belangrike en vername man, sy hele lewe is ’n geslinger van vergadering tot vergadering – sy dag bestaan uit die deurwerk van agendas, die een ná die ander. ’n Nederige mens met ’n nugtere uitkyk op die lewe. Tog sal hy een sinnetjie gereeld herhaal. Op vergaderings, buite vergaderings, wanneer hy kuier of wanneer hy

werk. Een saak staan vir hom bo al die ander sake uit. Hy leer dit ook vir ander mense. Hy het dit vir my geleer. Die hoofsaak van die hoofsaak is om by die hoofsaak te bly. Dit klink so belaglik. Tog is dit so wesentlik. Ons maak in gesprekke so baie Rooikappie-afdraaipaadjies, op vergaderings, in die lewe, in ons besluite en in ons denke. Ons kan dit maar leer en onthou en leef. Bly by die hoofsaak van die hoofsaak. Moenie jou laat mislei deur allerhande afdraaipaadjies nie. Dit maak jou net deurmekaar en bemoeilik sake. Of dit nou in jou lewe is en of dit op ’n vergadering is, of jy groot besluite moet neem of sommer kleintjies: Bly by die hoofsaak. Moenie fokus verloor nie, want deur nie te fokus nie, verloor jy tyd en vergeet jy waaroor dit gaan. So eenvoudig: Bly by die hoofsaak van die hoofsaak.

Ooievaarsteeparty te lekker Karin Muller

CONTACT US TODAY FOR MORE DETAILS AND BOOK A TEST DRIVE

FSP Reg No 25934

Zaheed 082 393 0339 | Lebogang 071 811 7714 | Brandy 079 168 8337

59 Pniel Road, Kimberley, 8301 Tel: +27 (53) 807 4300 Fax: +27 86 554 3406

KIMBERLEY Offer valid until end of November 2014 or while dealer’s stocks lasts. Prices and specifications subject to change without prior notification. E & EO. *Terms & Conditions apply. **Recommended retail price excludes PDI, on the road costs (licence and registration), metallic paint and accessories.

X1PEUA01-NK191114

LANGENHOVEN het gesê: “Drie kan ’n geheim bewaar wanneer twee dood is.” Of die geheim uitgelap word of behoue bly, ’n ooievaarsteeparty is altyd ’n wonderlike belewenis. Dat dit, soos ’n kombuisteeparty, verkieslik ’n verrassing moet wees, maak dit klaar opwindend. Om artikels vir die nuweling te gaan koop is net so lekker. Indien jy nie self kinders het nie, is jy huiwerig oor dit wat jy koop. Omdat jy nie seker is watter kleur of watter grootte nie, kies jy moontlik eerder die goue middeweg van lyfroom en babapoeier. Indien jou kinders groot is, volg jy dalk ’n ander soort benadering. Jy verlustig jou in kosbaarhede wat nou op die rakke te kry is wat nie bestaan het toe jou kinders klein was nie. Dalk koop jy iets waarby jy sou baat vind sou dit jare gelede beskikbaar gewees het. Of jy koop ’n pikante kledingstukkie – net omdat jy nie kan glo jou kinders sou ook eens daarin kon pas nie.

Die belangrikste idee agter ’n ooievaarsteeparty is waarskynlik om die nuwe ouers met benodigdhede vir die kleinding te help. Daar is ook ’n ander rede waarom ons ’n ooievaarsteeparty reël. Behalwe vir die geboorte en doop wat die eerste twee groot mylpale is, is dit ’n manier om vir die kleinding, in sy of haar afwesigheid, te laat weet ons verwelkom hom of haar in ons midde. Dat ons opgewonde is oor die vooruitsig van ’n klein bondeltjie lewe wat eersdaags sy of haar verskyning maak. Elke individu wat die ooievaarsteeparty bywoon, gaan nie noodwendig gereeld deel van die nuweling se lewe wees nie, maar ons is deel van ’n gemeenskap en dit maak dit spesiaal. Dít beteken ons sal help waar ons kan en ondersteun waar nodig.


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

5

Blink uit op sportgebied DIE NJ Heyns­skool se uitblinkers op sportgebied is van links Letlhogonolo Moreki, Jerome Koekemoer (beste prestasie op sportgebied oor drie jaar) en Philda Nyl (sportmeisie van die jaar). Foto’s: Verskaf

RUDOLPH BRITZ (links) het die NJ Heyns­ skool se trofee vir beste prestasie oor drie jaar gekry, en Theodore Reed is vir voortref­ like gedrag oor drie jaar vereer.

DIE skool se hoofleiers vir 2015 is Markus Jansen van Rensburg en Marlene van der Lith. X1PFMH89-NK191114

18 Main Road 053 833 3742 (next to Standard Bank) Kimpark Centre. Cnr Lennox & Chapel Str 053 831 4387

The Smart Way to Dress for Less

DEBIT & CREDIT CARDS WELCOME. WHILE STOCKS LAST - E&OE. X1PFG6HR-NK191114


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

ALTESAAM 14 gimnaste van die Rhythmia­klub het die Noord­Kaap op die Suid­Afrikaanse Gimnastiekfederasie (SAGF) se nasionale kampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad verteenwoordig. Die gimnaste het aan vlakke 4 tot 10, hoëprestasie 1 tot 4 en pre­junior Olimpies deelgeneem. Hulle het uitstekend gevaar en 29 medaljes gewen. Hul afrigter, Tazmiah Francis, is ná die byeenkoms deur die SAGF as 2014 se hoëprestasie­afrigter van die jaar aangewys. Die gimnaste is van links, voor: Rinkse­Mari du Plooy (hoëprestasie 4), Lecheye Brown (vlak 4), Keisha Samson (hoëprestasie 1), Carla Whitten (hoëprestasie 1), Daynah Calvert (hoëprestasie 2) en Theane Willemse (hoëprestasie 2); agter: Laezi­rae Robertson (vlak 10) Nicole Starr (vlak 5), Karlin van Tonder (pre­junior Olimpies), Kaylee Pegram (vlak 5), Tazmiah Francis (afrigter), Niztarshia Starr (vlak 8), Gimel Isaks (vlak 6) en Michaela Olivier (vlak 8). Afwesig: Lebone Sebolai (vlak 5). Foto: Verskaf

Presteer as gimnas DIE pre­junior Olim­ piese gimnas Karlin van Tonder van Kim­ berley is deur die SAGF gekies om Suid­Afrika in De­ sember in Namibië op die sone 6­by­ eenkoms te verteen­ woordig. Ses lande sal aan dié byeen­ koms deelneem. Dit is die grootste kam­ pioenskapsbyeen­ koms in Afrika naas die Afrika­kampi­ oenskapsbyeen­ koms. Sy sal van haar afrigter, Taz­ miah Francis, verge­ sel word. Francis sal op die byeenkoms as beoordelaar en afrigter diens doen. Foto: Verskaf

WE ARE

Victim Empowerment Programme 16 Days of Activism on No Violence against Women & Children 2014 Day & Date

X1PFLN9R-NK191114

Place

Host and Partners

24 November Training of Volunteers and Stakeholders on the Questionnaire and Information Session on VEP Services Rendered by Stakeholder Departments

Activity/Programme

Postmasburg: Newtown

• Dept Social Development • Dept Correctional Services • Dept Justice • National Prosecuting Authority • Civil Society Organisations • VEP Volunteers • South African Police Services • Dept Health

25 November Door-to-Door Administering a Questionnaire to Assess the Impact of Victim Empowerment Programme in the Communities

Postmasburg: • Central Newtown • Mariteng • Hakbosdraai • Riemvasmaak • White City

• Dept Social Development • Dept Correctional Services • Dept Justice • National Prosecuting Authority • Civil Society Organisations • VEP Volunteers • South African Police Services • Dept Health

26 November Community Dialogues on the Six Topics in the Everyday Heroes Booklet Topics: • Domestic Violence • Human Trafficking • Abuse of Persons with Disabilities • Abuse of Older Persons • Sexual Assault • Child Sexual Abuse

Postmasburg: Newtown

• Dept Social Development • Dept Correctional Services • Dept Justice • National Prosecuting Authority • Civil Society Organisations • VEP Volunteers • South African Police Services • Dept Health

27 November Public Education and Awareness Distribution of Stakeholders’ Pamphlets and Posters and Educating Communities on the Different Services Rendered by Stakeholders

Postmasburg: • Central Newtown • Mariteng • Hakbosdraai • Riemvasmaak • White City

28 November Round Table Discussions

Postmasburg: Newtown

• Dept Social Development • Dept Correctional Services • Dept Justice • National Prosecuting Authority • Civil Society Organisations • VEP Volunteers • South African Police Services • Dept Health • Dept Social Development • Dept Correctional Services • Dept Justice • National Prosecuting Authority • Civil Society Organisations • VEP Volunteers • South African Police Services • Dept Health

Human Communications 114167


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

7

Diamantveld begin 1ste bergfietsryspan Karin Muller DIE eerste keer in die skool se bestaan van amper agt dekades is ’n bergfietsryspan by die Hoërskool Diamantveld (DHS) saamgestel. “Bergfietsry is die sportsoort wat die vinnigste toename in deelnemers in Suid-Afrika toon en daar is by oud en jonk ’n natuurlike belangstelling in die sportsoort,” sê Johan Kruger, ’n ouer van Diamantveld en ’n betrokkene by die span. “In die Kimberley-omgewing is baie goeie fietsryers en baie kinders word deur hul ouers en vriende daaraan bekend gestel.” Sowat 15 Diamantveld-leerlinge neem sporadies aan wedrenne deel. Hoewel heelwat meer leerlinge belang stel, geniet ander sportsoorte dikwels voorkeur.

Joshua Henry, Olaf Kruger, Christiaan Lamprecht, André Visser en Flip Viviers het Diamantveld in Oktober in die Spur – nasionale skole-eindronde by die Hoërskool Bekker naby Magaliesburg verteenwoordig. Dit was ’n besonderse leerskool vir die fietsryers. Bergfietsry is ’n amptelike sportsoort by Diamantveld en die sportkantoor beplan reeds om die sportsoort in die skool uit te brei en geleenthede te skep vir leerlinge wat dit beoefen. “Hou in gedagte dat die fiksheid wat deur fietsry verkry word tot die sukses van verskeie ander sportsoorte bydra. “Bergfietsry word deur baie oefening en ure se deursettingsvermoë gekenmerk,” sê Kruger.

DIE Hoërskool Diamantveld spog nou met ’n bergfietsryspan. Die spanlede is van links Christiaan Lamprecht, Flip Viviers, Joshua Henry, Olaf Kruger en André Visser. Foto: Heimah de la Querra

NUWE PERSEËL Coming soon! 24 November 2014

Weststraat 1, Albertynshof, Kimberley. (Langs die TELKOM-toring) Tel: 053 861 1555

Staan 'n kans om 'n AXIS 29'er te wen met elke aankoop van R100 of meer. Trekking vind plaas op Saterdag 22 November 2014 om 12:00. Uitverkoping van alle ou voorraad (sluit fietse in) by ons ou perseël by Georgestraat 33. X1PFTRT1-NK191114

TREE IN GERIEF AF MET ’N VEILIGE BELEGGING IN RSA-KLEINHANDELSPAAREFFEKTE Jy werk jou hele lewe lank hard. Begin nou spaar om seker te maak dat jou aftrede gerieflik sal wees. Jy kan vanaf slegs R1 000 in RSA-kleinhandelspaareffekte belê wat jou mededingende rentekoerse bied en finansiële groei waarborg sonder dat jy enige fooie of kommissie betaal en dis risikovry. Vaste-of inflasiegekoppelde-effekte is beskikbaar aan Suid-Afrikaanse burgers en permanente inwoners van enige ouderdomsgroep by enige Poskantoor, Nasionale Tesourie-kantoor in Pretoria of op ons webwerf. Jy kan hulle ook landwyd by Pick‘n Pay-winkels koop. Spaar NOU met RSA-kleinhandelspaareffekte! Dit is die slim manier van spaar.

Department: National Treasury REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

Begin spaar, skakel (012) 315 5888 of gaan na www.rsaretailbonds.gov.za

X1PFPX3M-NE191114


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

FOCUS ON MOTORS AND SAFETY

Intersections Z common but dangerous INTERSECTIONS X one of the most complex traffic situations that motorists, pedestrians, cyclists and other road users encounter daily. An accident at an intersection is one of the most common types of accidents – with severe consequences. The American Department of Transportation estimates that 43% of motor vehicle crashes occurs at intersections or is “intersection-related”. Knowing the major risks of an intersection collision and how to avoid them can help to minimize your chance of a crash. Intersections are locations where two or

more roads meet, cross or converge and traffic moving in different directions all comes together. In traffic design, intersections can contain as many as six streets converging. For example, a six-way intersection can involve the crossing of two perpendicular streets, with yet another street crossing them diagonally. The crossing and turning maneuvers that occur at intersections create opportunities for vehicle-vehicle, vehicle-pedestrian and vehicle-bicycle conflicts. The definition in itself emphasizes the inherent danger of an

Over 30 years AA-testing experience X1PFR2H9-NK191114

GERALD’S AU TO G L AS S

41 TRANSVAAL ROAD / Phakamile Mabija Road TEL. 053 833 3631 • 053 874 3343 • FAX: 053 833 2174 • Cell: 082 464 3811

CONTACT YOUR NUMBER-1 VEHICLE GLASS SPECIALIST! X1PFNQRW-NK191114

ped. ) Side-impact collisions or “T-bones”. These types of accidents typically involve a driver on one side running a red light, be it intentionally or while trying to make it through an intersection before a yellow light turns red. ) Side-swipe collisions where one or more vehicles are turning. ) Collisions into vulnerable road users such as pedestrians and cyclists while turning. ) Crashes at level crossings rail crossings. ) Source: Arrive Alive

Vir nog foto’s en nuus gaan na www.noordkaap.co.za

AA AUTO TEST

Contact Billy Law for appointment Business hours Test before you buy Monday to Friday 08:00-17:00. hours and Saturdays by SAVE FUEL - Have a R75,00 CO test done After arrangement. with report – we also do a diagnostic testing. Contact: 076 110 4954 / 071 610 4584 HOLIDAY CHECKS WITH REPORTS Fax: 053 831 7907 TESTING BEFORE LONG TRIPS Address: 18 Fabricia Road, Kimberley OIL AND DIESEL ANALYSIS WITH REPORTS

intersection, describing an area where vehicles may come into “conflict”. We have all experienced the sounds of screeching tyres followed by the brutal sound of metal hitting metal; sounds typical of a crash at an intersection. A number of different intersection crash types occur, including: ) Collisions between oncoming vehicles, particularly when one is turning across traffic. ) Rear-end crashes – often occurring because a following driver is distracted and does not realise the lead driver has stop-

MODERNE MOTORS

H/V Stasiestraat en Hartsweg | Hartswater Tel. 053 474 1756/4 | Faks: 053 474 0279 | Tommie Burger

1 November tot 31 Desember 2014

Sien julle daar!

S MODERNEMOTOR

r. s te Moderne Motors Hartswate Kom geniet vriendelike flinke dien te. par s dien alle s, 15% afslag op Arbeid teen helfde van die pry en ouer voertuie. 9 200 op gs Sle

ADVERTENSIE DIEN AS AFSLAG KOEPON

#

X1PFUQQM-NK191114

Hanteer ’n kaping só FORD het sy eie opleidingsprojek begin wat voertuigeienaars help om beter te bestuur. Dit gee ook raad oor hoe om in ’n kapingsgeval op te tree. Die kapingsmodule is deel van Ford se Driving Skills for

X1PFPWL1-NK191114

75 George Street, Kimberley 8301 Tel. 053 832 7069 Tel/Fax 053 832 7813 Cell. 072 225 4561

24 hr Recovery Services

X1PFNQ75-NK191114

X1PFHCB5-NK191114

Life-program. Ford sê kapings is ’n ernstige probleem en vroue word maklik ’n teiken as hulle alleen is. Die opleiding behels hoe om ’n ongeluk te vermy en ’n bewusmaking van al die aspekte van kapings. Hier is van die wenke: ) Wees altyd bewus van jou omgewing, veral wanneer jy by ’n hek of ’n kruising stilhou. ) Wees bedag op verdagte optrede van ander voertuigbestuurders of voetgangers wat moontlik vir jou ’n gevaar kan inhou. ) Tref voorkomende maatreëls. Moenie te na aan die voertuig voor jou stilhou nie sodat jy in geval van probleme kan padgee. ) Wees bewus van ontsnaproetes in enige verkeersomstandighede. Indien jy nie kan ontsnap nie en gekaap word: ) Moenie vinnige bewegings maak nie, die kapers kan dalk dink jy probeer hulle uitoorlê. Hulle wil jou hande sien om seker te maak jy probeer nie ’n vuurwapen, paniekknoppie of iets anders in die hande kry nie. ) Vermy alle oogkontak. ) Luister en voldoen aan hul eise – jou lewe is meer werd as die motor wat gekaap word. ) Begin dadelik jou kinders uit die voertuig kry en beweeg stadig weg van die voertuig af. ) Vir inligting oor hoe om in ’n kaping op te tree en ander sake rondom veilige en doeltreffende motorbestuur, besoek gerus die webwerf www.ford.co.za.


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

9

FOKUS OP MOTORS EN VEILIGHEID

FOR A RACING

HEART

DIT is hoe die eerstegeslag­Hilux gelyk het. Dié een is in 1969 vervaardig.

Foto: Verskaf

Hilux-bakkies: toeka tot nou

IN Maart 2012 is vyf miljoen veeldoelvoertuie wêreldwyd X wat die Hilux-platform gebruik X verkoop. Die grootste klomp was bakkies en die res Fortuners en Innovas. Die afgelope 45 jaar is meer as 13 miljoen Hilux-bakkies verkoop. Híér is ’n kort oorsig van die bakkies wat al in Suid-Afrika te kry was.

Eerste geslag (1969 tot 1972):

Enjin: 1,5-liter-viersilinderpetrol. Romp: Enkelkajuit. Dié Hilux, wat in die laaste kwartaal in 1969 bekend gestel is, het sy spoor van meet af aan gelaat en 386 eenhede is vir net R1 525 verkoop. Suid-Afrikaanse bakkiekopers het die Hilux met ope arms ontvang en hy het in 1970 die markleier geword toe 7 380 eenhede verkoop is. Die langbakweergawe is in 1972 bekend gestel.

Tweede geslag (1973 tot 1978):

Onafhanklike voorvering vir 4x4-modelle, ’n hoëromp-uitleg, lugsakke voor en ABS-remme was net enkele van sy uitstaande kenmerke.

Sewende geslag (2005 tot nou met ’n groot opkikkering in 2011):

Enjins: 2,0-liter-, 2,7-liter- en 4,0-liter-petrol-, en 2,5-liter- en 3,0-liter-dieselmodelle. Bakwerk: Enkel-, dubbel- en langbakkajuit. Die sewende-geslag-N70-Hilux-onderstel, gegrond op die aangepaste weergawe van die leerraam-onderstel van die N60, het aansienlik gegroei. Dié aanpassing het die bakkie ’n groter teenwoordigheid op die pad, asook meer kajuitruimte en ’n groter laaivermoë, gegee – alles verbeterings op aandrang van klante. ’n Omvattende herontwerp en enjinverwerking is in 2011 gedoen. Die verlengde Xtra Cab-model is in 2012 bygevoeg.

Enjins: 1,6-liter- en 2,0-liter-petrol en 2,2-liter-diesel. Bakwerk: Enkelkajuit. Dié reeks het uit drie gewone en vier langbakweergawes bestaan. Dit is ontwerp om sedanmotorgerief te bied, wat gelei het tot ’n herontwikkelde weergawe van die voorganger se dubbelmik-voorvering waarin die kronkelvere met ’n wringstaaf vervang is. Skyfremme vir die voorwiele is die eerste keer ingespan. Benewens die dieselmodel was dié derdegeslag-Hiluxreeks ook die eerste met ’n 4x4-weergawe.

www.renault.co.za

DRIVE THE CHANGE

FSP Reg No: 25934

THE NEW RENAULT CLIO WITH AN ENERGETIC 66 KW TURBO ENGINE AND EFFICIENT FUEL CONSUMPTION FROM JUST 4,5 LITRE/100 KM. CATCH REANAULT VA VA VOOM DAYS THIS MOTH FOR GREAT DEALS ACROSS THE FULL REANAULT RANGE

renaultsouthafrica | www.newduster.co.za *With 16.42% deposit | Over 72 months | 30% or R47 9170 balloon payment | 9.65% interest rate | Retail price of R159 900 Total cost of R193 974 | Retail price in accordance with November 2014 price list | Price excludes “on the road” costs | Terms and Conditions apply | Features are model-specific and may vary.

Contact us today for more details or to book a test drive

Maryke 083 461 4056 | Darrol 084 200 0040

59 Pniel Road, Kimberley, 8301

RENAULT

Tel: +27 (53) 807 4300

KIMBERLEY

Fax: +27 86 554 3406

Enjins: 1,6-liter- en 2,0-literviersilinderpetrol. Bakwerk: Enkelkajuit. Die N20-reeks, wat in wese ’n herontwerpte weergawe van sy voorganger was, het ’n opgeknapte bakwerk met ’n effens langer asafstand en ’n geriefliker binneruim gehad. Die Suid-Afrikaanse modelreeks is tot vier modelle en twee enjinkeuses uitgebrei – die 1,6 liter en 2,0 liter in petrol en diesel. Bykans 13 500 eenhede is in 1975 verkoop.

Derde geslag (1979 tot 1983):

FROM ONLY R162 900

X1PEUA02-NK191114

R249 900

R399 900

R99 900

R139 900

R249 900

R319 900

R269 900

R139 900

R389 900

R389 900

R179 900

R84 900

R299 900

R319 900

R129 900

R299 900

R269 900

R249 900

R159 900

2009 Toyota Fortuner 4.0 V6 A/t 2013 Toyota Hilux 3.0 D-4d 4x4 A/t - 44 000 km Epic - 115 000km

2013 Hyundai I10 1.2 GLS 29 000 km

2013 Chevrolet Sonic 30 000 km

2012 Toyota Quantum 2.7 10 Seater - 103 000 km

2012 Mercedes Benz C250 Avantgarde - Lots Of Extras 30 000 km

2013 Hyundai I X 35 2.0 A/T, 50 000 km

2011 Toyota Corolla 1.3 Prof 17 500 km

Vierde geslag (1984 tot 1989):

Enjins: 2,0-liter- en 2,2-liter-petrol en 2,2-liter-diesel. Bakwerk: Enkel- en dubbelkajuit. Die N40-Hilux, wat danksy sy uitgeboude wielboë en nuwe binneruim onmiddellik van sy voorganger onderskei kon word, was as sowel enkel- as dubbelkajuit-weergawes beskikbaar. Die Hilux het in November 1997 deur die 500 000-kerf gebreek.

2014 Toyota Fortuner 4.0 V6 Ltd Edition - 12 000 km

2014 Toyota 86 , Full Trd Kit 2000 km

2013 VW Polo 1.6 Comf A/T, 15 000 km

2009 Renault Sandero 75 000 km - R 84 900

2010 Toyota Hilux 3.0 D-4d 4x4 A/t - 106 000 km

2011 Toyota Fortuner 3.0 D-4d 4x4 A/t - 68 000 km

Vyfde geslag (1989 tot 1998):

Was nie in Suid-Afrika beskikbaar nie.

Sesde geslag (1998­2005):

Enjins: 2,7-liter-petrol en 3,0-liter-diesel. Bakwerk: Enkel- en dubbelkajuit. Die sesdegeslag-Hilux is gekenmerk deur ’n heuplyn wat sagkens na die voorste hoeke afbuig. Toyota het dié weergawe versigtig in twee duidelike aftakkings bekend gestel – een vir werkgebruik en die ander vir persoonlike gebruik. Modelle vir persoonlike gebruik het ’n goeie toerustingvlak gehad met ’n klompie luukses en beter klankdemping in die kajuit.

2013 Chevrolet Utility 1.4 A/c 45 000 km

2013 VW Tiguan 1.4 TFSi DSG 45 000 km

2013 Hyundai IX 35 2.0 A/t 53 000 km

2013 Isuzu KB 240 Le D/C 48 000 km

2013 Toyota Corolla 1.3 Prof 45 000 km

Oranje Toyota Kimberley

89 Memorial Road, Kimberley • Tel: 053 836 4700 • www.automark.co.za Call: Sydney McPherson 083 533 7215 • Rodney Samuels 076 803 9947 • Mariëtte Cloete • 079 523 5717 • Suzette Galloway 079 362 7788 • Elaine Joubert 072 827 0293 Sales Manager: Tiaan van Vuuren, tvanvuuren@um.co.za X1PDVGX6-NK191114


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

EIENDOMME

BETREKKINGS

ALGEMENE & HUISDIENSTE

TE KOOP

3600

WOONSTELLE TE HUUR

LENINGS

3250 1445

SNUFFELS

WOONSTEL vir enkeldame. Veilig, netjies, met onderdakparkering. R2 700 p.m. W ingesl. R1 000 dep. Vanaf 1/12/2014. 083 763 3761.

ALLERLEI

1630

1845

OP SOEK NA 1485

I am looking for knitting machines: Empisals and Passaps, in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 082 482 4686.

LIONS CHRISTMAS CAKES for sale for R75 per cake of 1 kg. Please call the following numbers: Cornel - 082 788 2823 Jan - 082 857 8976 Kevin - 082 824 8695 Jacques - 082 927 4904

May God bless you all. A happy Festive Season and a prosperous 2015. Enquiries: Mrs C. Valentine Tel: 053 833 1044

Elsona Steyn

ALGEMEEN 3680

DRINGEND op soek na 'n Kombi-bestuurder met 'n PDP-lisensie. Skakel Kobus 053 831 7888 of Maatjie 053 831 1033 vir onderhoud.

HUISE TE HUUR 3270

ROYLDENE RUIM WOONHUIS, 3 slk, 2 badk, sitk, eetk, swembad, dubbel-m/h, R10 000 p.m. Water en krag uitgesluit. Beskikbaar 1 Januarie 2015. Skakel kantoorure 072 865 3442.

SOEK, KOOP, VERKOOP

HARE/SKOONHEID 3685

Nail technician/beauty therapist Salon Annique Kimberley 053 832 5856 Cwhb1@lantic.net

Yonder Beskermde Werkplek / Nasorgsentrum

NOTICE

Diakim Service Centre and Meals on Wheels hereby notify the public of the Annual General Meeting to be held on 20/11/2014 at 6.30 pm, 21A Franceys Street, New Park Kimberley. Thank you to the public, business, supermarkets and Departments for their donations and support during 2014.

PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194.

HOOF: ADMINISTRASIE

Sleuteltake: Personeeladministrasie (60 personeellede), kantooradministrasie (insluitend beheer en pligte), Payroll, opstel van jaarlikse begroting sowel as beheer, opstel van kwartaalikse inkomste en uitgawestate asook jaarlikse finansiële state. Beleggings, fondsinsamelingsbeheer (in samewerking met direkteur), administrasie, koördineering van alle funksies. Lid van bestuurspan. Vereiste: Ten ministe ses (6) jaar ondervinding. Kennis van Pastel Accounting en Payroll asook opstel en beheer van begrotings. Salaris en byvoordele: Salaris onderhandelbaar met verskeie byvoordele.

X1PFCKW1-NK191114

Sluitingsdatum:

4 Des. 2014

DONOR DEVELOPMENT OFFICER

Duty:

Requirements:

TRADING

KIMBERLEY TEL. 053 841 0300 We wish to advise all customers that we are taking stock on Friday, 21 November 2014 and will be CLOSED for business and deliveries from 08:00. We regret any inconvenience X1PFCL05-NK191114

• • • • •

To generate extra income for the organisation Plan and arrange fundraising Write proposals Maintain website Do acknowledgements of donors

• • • •

Must have experience Fully bilingual Must be a team player Understand how NGOs operate

Aansoeke (volledige CV) en navrae: Die Direkteur Posbus 287 KIMBERLEY 8300 Telefoon en faks: 053 841 0537 Aansoekers wat niks teen 31 Des. 2014 verneem nie, moet aanvaar dat hul aansoek onsuksesvol was. X1PFUPCW-NK191114

Application form for listing on the directory of Northern Cape-based construction suppliers and service providers for the Development of the Sol Plaatje University (SPU) The SPU Project Management Team, in cooperation with key stakeholders, is establishing a directory of Northern Cape-based construction suppliers and service providers to promote provincial participation in the construction programme of the Sol Plaatje University. Construction suppliers and service providers are invited to submit an application for listing on the directory. The directory will be used by the appointed principal building contractors to source provincial construction suppliers and service providers. The directory targets suppliers and service providers who are based in the Northern Cape province to ensure optimal provincial participation in the construction programme. As such, all applicants must furnish proof that they are based in the Northern Cape province by submitting proof of ownership of a business premises or a valid rental agreement with the owner of such premises. Information will be verified to ensure that listed construction suppliers and service providers are based in the Northern Cape province. Applications can be electronically submitted or downloaded at http://directory.spu.ac.za Manual application forms are also available from the Local Economic Development (LED) Unit of the Sol Plaatje Municipality at: LED information desk 121 Bultfontein Street Information Centre Kimberley 8300 For further enquiries contact ESCAPE on 0861 111 951 or e-mail: spusupport@phi-series.co.za

X1PFBCBD-NK191114

Hou kop op opskop

X1PFBFQR-NK191114

DIT is November, die partytjiehoumaand. Die maand waarin elke plek waarby jy op die een of ander manier betrokke was sy pond vleis soek. Een van die eerste feestelikhede voor jou deur is die kantoorpartytjie of jaareindgeselligheid. Goed en wel, langdienseerbewyse moet iewers uitgedeel word en die baas moet dankie sê. Die kos op die geleentheid is lekker en hier en daar maak ’n ou op die dansbaan sy naam krater. Ek skop darem nie te heftig teë nie. Dié geselligheid is egter glad nie die geleentheid om op stoom af te blaas nie. Jy kan dalk jou loopbaan in ’n oogwink kortknip indien jy die geleentheid gebruik om iets onvanpas aan te vang. Dit is veral onvanpas om uitlatings oor jou bestuurder of kollegas te maak. Jou spoggerigste, blinkste nagklubuitrusting is nie geskik indien die uitnodiging duidelik aandui die drag is formeel nie. Jy kan dalk ook as die bleeksiel van die kantoor beskou word as jy die hele aand oor sake of werk praat, kla, skinder, afkraak of sarkastiese kommentaar lewer. Nie dat ’n mens ’n pretbederwer wil wees nie, maar voordat jy op die tafel klim en jou maag vir almal wys, moet jy onthou jy kuier saam met kollegas – mense wat dalk binnekort oor jou bevordering moet besluit. As dit net jou stem is wat tussen jou en ’n sangloopbaan staan, moet asseblief nie sing nie. ’n Paar glase wyn kan jou vinnig vrolik maak, maar is jy regtig lus om foto’s van jouself te sien waar jy Madonna met ’n hoenderboudjie as mikrofoon na-aap? Indien jy die afgelope paar maande die nuwe persoonlike assistent bewonder het, maar te bang was om haar uit te vra is die partytjie nié die regte plek nie. Sy gaan jou nie ernstig ag nie. Selfs al hou jy nie van sulke partytjies nie, wend minstens ’n poging aan om sosiaal te wees. Jou maatskappy se jaareindgeselligheid is ’n goeie geleentheid om met jou kollegas te ontspan en mekaar beter te leer ken. Boonop is dit ’n welverdiende bederf en jou werkgewer se manier om jou vir harde werk te bedank.

Gryp die toekoms aan Ilonka Govindasamy DIE einde van die matriekeksamen is naby en nuwe uitdagings staar matrieks in die gesig. Liewe Matrikulante, jul tyd het aangebreek. Jul skoolloopbaan is amper verby. Jul tyd het gekom. Baie van julle het al by ’n universiteit of kollege aansoek om verdere studie gedoen. Baie van julle het besluit om ’n jaar af te vat en van julle het besluit om werk te soek. Onthou, dit is die tyd om foute te begaan en daaruit te leer. Vandag sal jy lus voel om ’n onderwyser te word, môre ’n dokter en dan, oor ’n paar dae, om liewer dadelik te begin werk. Moenie jou daaroor bekommer nie, dit is normaal om so te voel. Dit is jou pad na sukses. Maar hou in gedagte daar sal struikelblokke op jou pad wees. Daar sal riviere wees waardeur jy moet beur en brûe wat jy moet oorsteek. Struikelblokke is deel van die lewe. Dit is wat ons sterker maak. Jy gaan nou die grootmenswêreld in. Moeilike tye sal kom, maar hou jou kop omhoog. Met deursettingsvermoë kan jy deur enigiets kom. Jy gaan soms voel asof jy moed wil opgee, maar jy sal die druk kan hanteer. Jy is sterk. Wanneer ’n geleentheid oor jou pad kom, gryp dit aan. Soms sal dinge nie uitwerk nie, maar doen altyd jou bes. As iets ’n mislukking is, moenie op ’n hopie gaan sit nie. Staan op en probeer weer. Alles hang van jou af. Jy kan dit doen.


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

11

Nasate soek na vergete erfenis Charné Kemp

TUSSEN die lang bome en klitsgras knars die skoene van die nasate op soek na hul voorsate. Hier in die Dutoitspan-begraafplaas word gestorwenes lewend in herinneringe en grafskrifte . . . Verhale van ’n stad wat uit diamantpype vol vervulde en verydelde drome verrys het. Dit is die vergete laaste rusplek van die stad se eerste pioniers. “Wat is die grafnommer nou weer?” vra Steve Lunderstedt, skrywer, historikus en kenner van ou begraafplase en die uitleg daarvan. Hy het vooruit geloop. Mike (Michael) Solomon roep dit hard uit. “Sowaar, hier staan ek op die graf,” sê Lunderstedt. ’n Yskoue wind blaas in sy nek. Die Solomon-nasate kom vinnig nader. Mike Solomon was die afgelope tien jaar reeds drie of vier keer hier om na die grafte van sy oupa, ouma en ander voorouers te soek. Vergeefs. Die granietgrafsteen, in drie stukke gebreek, lê met die grafskrif na onder. Slegs ’n kwart van die grafte het nommers, ás dit enigsins nog leesbaar is. Die fel son het die metaalplate tot roes verwoes. Boonop het diegene wat nie ’n groot diamant of ewige rykdom gevind het nie, nie grafstene nie. Op sommige grafte lê ou kleipotte en outydse Consol-inmaakbottels waarin blomme deur geliefdes geplaas is. Bros keramiekrose, al wat van plastiekkranse oorgebly het, verbrokkel saam met grafstene. Sierlike gietysterheinings steek tussen die lang geel gras uit. Vooraanstaandes Die Solomons keer die granietblokke op oupa Henry en ouma Blanche se graf met moeite om en vee dit met gras skoon. Hier rus Henry Solomon (ook Harry genoem), burgemeester van Kimberley van 1928 tot 1930 en eerste raadslid nog wat die reg van vrye toegang tot die Diamantstad ontvang het. Geliefde eggenoot van Caroline

HARRY SOLOMON, burgemeester van Kimberley van 1928 tot 1930. Foto: Verskaf

Blanche (née Thorp), wat in 1978 op 93 oorlede is. Solomon is op 18 Februarie 1962, op 81, ná ’n motorongeluk naby Stilfontein dood. Caroline se ribbes is gebreek en hul seun, Vincent, was ongedeerd. ’n Perd het glo voor die motor ingespring. Destyds het die Engelse dagblad, Diamond Field Advertiser (DFA), daaroor berig. Harry is in 1880 gebore en was ’n groentehandelaar in Beaconsfield, waar hy ook raadslid was voordat die dorp in 1912 met Kimberley saamgesmelt het. Geskiedenis se herinneringe Die egpaar is in Beaconsfield in die Presbiteriaanse St. Andrew kerk getroud. Op 4 Mei 1912 skryf die DFA dat die jong bruid ’n asemrowende skepping van gesogte materiaal soos sy en satyn gedra het. Die strooimeisie, Winifred Thorp, het pienk rose op die materiaal geskilder. Haar rok was van eau-de-Nil-syvoile en pienk satyn wat ook handbeskilder is. Blanche Eastham, die blommemeisie, het ’n roomkleurige syrok en ’n pienk krinolienhoed gedra. Mike is soos sy pa, wyle Vincent Solomon, ook ’n myningenieur. Sy ma, Joan, reeds 93, is klein, maar fisiek en emosioneel sterk en trotseer die koue wind. Die gesin se huisbestuurder van die afgelope 39 jaar, Cornelius Mthetwa, ondersteun haar oor die klippe en gras. Joan vertel pittige staaltjies, soms met ’n bietjie byt, oor die gestorwenes. Mike se ouma (Caroline Blanche) en haar suster was geheelonthouers en het as deel van die Temperance League hewig kapsie teen die gebruik van alkohol gemaak. Die susters se ma, Caroline Amelia (née Cherry) Thorp, het aan consumption, ’n longsiekte van dié tyd, gely. Caroline se niggie, ook Caroline Amelia (née Kelly), is uit Engeland ontbied om haar te versorg. Toe Caroline dood is, het die niggie met die wewenaar, Alfred Thorp, bekende handelaar en raadslid, getrou. Tog is Alfred by sy eerste vrou begrawe, met sy tweede vrou se graf daar neffens. Soektog duur voort ’n Foto word by die Thorps se grafstene geneem. Maar Mike se soektog is nog nie klaar nie. Hy wil ook sy oupagrootjie, Philip Solomon, en dié se seun Philip (fietswinkeleienaar en Harry se broer), se grafte kry. Hy het min inligting oor sy oupagrootjie, wat ’n delwer was. Hy vermoed hy het nog die Joodse geloof aangehang. Hy weet net hy was met ene Marie Schmidt getroud. Die ontdekking van die Solomon- en Thorp-grafstene is vir almal emosioneel. Veral ook omdat die begraafplaas, wat deur die Sol Plaatje-munisipaliteit besit word, verwaarloos is. Hulle sal die gebreekte steen laat herstel en laat skoonmaak. Die begraafplaas is in die myngebied, wat steeds deel van die De Beers-groep is. Mike se vrou, Jackie, het plastieksakkies saamgebring. Sy skep grond van die grafte; grond wat in kissies by hul huis in Riebeeck-Wes in die Wes-Kaap

VAN links is Steve Lunderstedt en Jackie, Joan en Mike Solomon. Die Solomons soek na hul voorsate in die Dutoitspan­begraafplaas. Foto’s: Charné Kemp

HARRY EN BLANCHE SOLOMON ontmoet koning George VI en koningin Elizabeth (die latere koninginmoe­ der), en prinsesse Elizabeth and Margaret tydens hul 1947­besoek aan Kimberley. Foto: Verskaf

HARRY SOLOMON (links) kry die ererol as die eerste oud­burgemeester wat die reg van vrye toegang tot Kimberley ontvang.

Foto: Verskaf

Grafstene weerspieël die eise van die tyd. Sommige siele het “hierdie lewe verlaat”, of het “aan die slaap geraak”. Die grafte is nie in numeriese volgorde uitgelê nie. In daardie dae is siele in kerklike denomina­ sies ter ruste gelê. gehou gaan word. Galery van vergetenes Elders weerspieël grafstene die eise en opofferings van die tyd. Sommige siele het “hierdie lewe verlaat”, of het “aan die slaap geraak”. Alexander Munnik Hyde, ’n baba van tien maande oud, se “siel” het op Saterdagaand 23 Augustus 1919 “na die hemel gereis”. Ander het ook in genadelose omstandighede gesterf. Ene Walter Strugnell (19) is op 18 Maart 1886 dood toe hy by die einste Dutoitspanmyn van ’n rif geval het. Edward Damand, ’n diamantspeurder, se diamantvoorliefde het hom voor versoekings laat swig. Hy het op 24 Mei 1905 in sy luukse huis in Carringtonweg selfmoord gepleeg; sy huis deur die polisie omsingel. Sy smokkelary het eindelaas op die lappe gekom. Die woorde aan die onderkant van sy grafsteen lui: “Lord, all pitying, Jesus bless, grant him thine eternal rest.” Konst. W.W. Eliot (19) van die Suid-Afrikaanse Polisie rus onder

’n ronde metaalgrafsteen. Elders is daar ook grafte van manskappe van die Kaapse Korps wat in die Tweede Wêreldoorlog dood is. Hul grafstene dra die Unie van Suid-Afrika se embleem: Eendrag maak mag. Die grafte is nie in numeriese volgorde uitgelê nie. In daardie dae is siele in kerklike denominasies ter ruste gelê. Daar is Nederlandse, Lutherse, Engelse en Skotse blokke. Die Joodse grafte is binne ’n kerkhof by ’n kerkruïne. Daaragter rus die Moslems, al langs die grensdraad. Bruin en swart mense is waarskynlik in die ou Bultfontein-begraafplaas begrawe. “Jy moet eers weet wat die oorledene se geloofsoortuiging was om die graf te vind,” vertel Lunderstedt. Hy wys na ander bekendes se grafte. Die historiese figuur William Pickering, jare lange sekretaris en direkteur van De Beers Consolida-

JOAN SOLOMON by die graf van haar skoonouers. ted Mines (DBCM), rus ook hier. Sy broer, Neville, was Cecil John Rhodes se beste vriend en ook ’n maatskappysekretaris voordat DBCM gestig is. Neville is vroeg dood nadat hy deur ’n doring gesteek is en die wond septies geraak het. Sy lyding het twee jaar geduur voordat hy die tydelike met die ewige verwissel het. Hy lê langs sy neef (wat aan die Spaanse griep dood is) en sy ma. Die Pickerings hou steeds ’n wakende oog oor alles hier. Hul grafte lê tussen turksvye en die geel gras langs die grys diamantmynhope. ) Bykomende inligting is van die Africana-navorsingbiblioteek en Steve Lunderstedt.

JACKIE SOLOMON haal grond van die oeroupa Harry Solomon se graf af.


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 NOVEMBER 2014

DEBT? We reduce the payments on your home. Reduce instalments on your car. Pay accounts on your behalf.

Only R57,00 Reg No: NCRDC1982

JJM DEBT COUNSELLORS cc 57 Du Toitspan Road, Kimberley Tel. 053 831 7519 E-mail: info@jjmdebt.co.za

X1PDWB6T-NK191114

Sport Die Diamantstad se koerant

Serving all your equipment hire needs

12A Schmidtsdrift Road, Kimberley Tel: 053-861 5200 Fax: 053-861 5201 X1PDT9BJ-NK191114

Wen toernooi DIE Laerskool Staats was die wenner van die Diamantveld­Pro20­kriekettoernooi vir laerskole. Die span se kaptein, Erlank Bar­ nard, ontvang hier die trofee van Mareth Hu­ go, hoof van die Hoërskool Diamantveld wat as borg vir die toernooi opgetree het. Staats het die span van die Gekombineerde Skool Kimberley met 67 lopies in die eind­ stryd geklop. Die Laerskool Newton het die derde plek in die toernooi behaal. Foto: Verskaf DIE drie uitblinkers in die Laerskool Staats se Pro20­ kriekettoernooi was van links Callin Han­ nie (Kimberley Ju­ nior School, bouler van die toernooi), Erlank Barnard (Staats, speler van die toernooi) en Isaacs Endevour (Gekombineerde Skool Kimberley kolwer van die toer­ nooi). Erlank het 385 lopies met ’n gemid­ deld van 96,25 be­ haal. Dit het twee 100­talle ingesluit. Hy het 134 nie uit nie teen Eureka behaal. Sy boulsyfer vir die toernooi was nege paaltjies vir 81 lo­ pies. Foto: Verskaf

X1PBEPJU-NE191114

Tel. 053 591 0059 Sel 071 683 7175

Gratis aflewering Woensdae, Donderdae en Vrydae in Kimberley!

SPECIAL

Maalvleis …………………………………………………… R42,95/kg Rou Soutvleis…………………..........................R69,95/kg Lam vanaf………….....…………………………………R54,95/kg Pekeltong (koop betyds vir Kersfees)…........…R44,95/kg X1PDQD0B-NK191114

Spanne reg vir proewe DIE Frances Baard-span wat aan die Noord-Kaapse tennisproewe gaan deelneem, is bekend gemaak. Die spanne is: Laerskole: Seuns o.10: Barco Scheffer (Staats), Alan Haai (Newton), Ethan Bartlett (Newton), Simon Liversage (Newton), Joshua Misdorp (Newton). Meisies o.10: Anuscka Hugo (Newton), Mmihle Mabuza (Newton), Ninke Nel (Newton), Carli de Jager (Newton), Monique Groenewald (Newton). Seuns o.11: Hanno van Eck (Newton), Jaco Swiegers (Eureka), Jan-Hendrik Botha (Eureka), Ben-Tony Gerber (Eureka). Meisies o.11: Ané van Zyl (Hartswater), Carla Weenink (Eureka), Marli Kriek (Newton), Bianke Lombaard (Newton). Seuns o.12: SP Viljoen (Newton), Hamza Kana (Newton), Dylan Douglas (Newton), Marnus Meintjies (Eureka), Theron van der Merwe (Eureka). Meisies o.12: Marjuzél Venter (Newton), Ursula Higgs (Eureka), Hencha Burger (Eureka), Hanjo du Plessis (Eureka). Seuns o.13: Jaco Venter (Eureka), Shaun Smith (Newton), Reghard Willemse (Eureka), Heinz Botha (Eureka). Meisies o.13: Franli Kriek (Newton), Monique Hugo (Newton), Liané Burger (Eureka), Talita du Toit (Eureka), Kaylen van Wyk (Newton). Hoërskole:

Seuns o.14: MC Venter (DHS), Rudolf Lubbe (DHS), Hendri Swiegers (DHS), Erlank Barnard (DHS), Alexander Coghlan (HNK). Meisies o.14: Michaela Beukes (DHS), Danelle Jacobs (DHS), Ellaine Peters (HNK), Chanie Burger (DHS), Will-marie Langeveld (DHS). Seuns o.15: Charlie Louw (DHS), Len Pelser (HNK), JJ Venter (HNK), Hanro Rad (Adamantia). Meisies o.15: Tilana Botha (HNK), Tiffany-Ann Beukes (HNK), Micke Engelbrecht (DHS), Kateline Munn (HNK), Kiara Wakeford (DHS), Liri Smith (DHS). Seuns o.16: Lambert Cronjé (DHS), Mulke Cronjé (HNK), Frank Dippenaar (HNK), Daniël Botha (DHS). Meisies o.16: Jennifer Preece (Girls’ High), Myra Wessels (DHS), Rachel-Ann van Dyk (HNK), Marné Duvenhage (Hartswater), Jaimee Klaasen (Girls' High). Seuns o.17: Reinhardt Potgieter (DHS), Gerhard van Schalkwyk (Vaalharts), Bernard Jansen (DHS), Neil Coetzee (Hartswater). Meisies o.17: Alida Botha (DHS), Surita van Heerden (DHS), Riana Scholtz (DHS), Sefora Makhepe (Girls’ High), Pako Moremedi (HNK). Seuns o.19: Janco Taljaard (HNK), Johan Matthee (DHS), Hanro Nelson (HNK), Paul-Daniël van Dyk (HNK). Meisies o.19: Anja Lubbe (DHS), Marna Swiegers (DHS), Ané Badenhorst (DHS), Marijke Bergh (HNK).

2011 VW Polo 1.4 comfortline 74000 km R147 900

2009 Hyundai I20 1.4 96 600 km R119 900

2010 VW Polo 1.4 Comfortline 86 500 km R137 900

2010 Renault Sandero 1.6 United 59 400 km R99 900

2010 Mazda 2 Active 1.3 145 000 km R99 900

2008 Opel Corsa 1.6i OPC 150 000 km R113 900

2012 Jeep Compass 2.0 CVT LTD 64 000 km R209 900

2012 Hyundai ix35 GLS a/t 2.0 Executive 59 000 km R239 900

2010 Kia Sportage 2.0 ignite 90700km R197 900

MONTH SPECIAL 2013 Ford Ranger 2.2 TDCi Sup/Cab 4x2, mags 67 000 km R249 900

2014 Ford Figo 1.4 Trend 22 000 km R128 900

:2011 Mitsubishi Pajero Sport 3.2 Di-D GLS AUTO 80 800 km R299 900

2011 Nissan Juke 1.6 Dig.T- Tekna 54 500 km R199 900

2010 Mazda BT 50 3.0 CRDi D/Cab 134 600 km R206 900

2011 Ford Bantam 1.6XLT 74 800 km R128 900

Hennie Vos 082 820 8959

Desmond Madella 073 117 3620

Tel. 053 8313661

56 Stockdalestraat • Kimberley E-mail: kimhuman@intekom.co.za

2 jaar waarborg by alle voertuie ingesluit of surplus van fabrieks waarborg X1PDT863-NK191114


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.