Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 26 November 2014
X1PDT8Y4-NK261114
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Kruisings gou veiliger Planne sluit sirkels, flitsende ligte en spoedkameras in André Botha DIE verkeersirkels, spoedkameras en beligting by die drie kruisings buite Kimberley waar verskeie mense al ná ongelukke dood is, is die beste oplossing om die kruisings te beveilig. Só sê Magda Vertue, wat die afgelope paar maande saam met ander inwoners ’n veldtog gevoer het om die kruisings te beveilig. Dié veldtog het nou vrugte afgewerp deurdat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Maandag ’n omvattende plan aangekondig het om die kruisings te beveilig. Verkeersirkels, flitsende geel ligte en permanente spoedkameras is deel van die plan om die kruisings op lang termyn te beveilig. Dié kruisings is waar die N12, N8 en die R357 die R31 kruis. Vertue sê sy het vroeër op ’n vergadering met Sanral, die departement van vervoer en die Sol Plaatje-munisipaliteit ’n voorlegging gedoen waarin sy verkeersirkels as die beste oplossing voorgestel het. Sanral se standpunt op dié vergadering was egter dat dit nie sal werk nie. Nou is die voorstel wel aanvaar. “Daar word gesê dat mense nie weet hoe om om ’n sirkel te ry nie. As jy egter na die sirkel in Kimberley (by die Honoured Dead Memorial) kyk, is daar baie min ongelukke omdat mense versigtig ry.” Die spoedkameras en beligting sal die kruisings ook veiliger maak. Vertue sê sy is “ongelooflik dankbaar” oor Sanral se planne. “Ek wil dankie sê aan almal wat gehelp het. Ek alleen sou dit nie kon doen nie. Dit wys net dat as mense saamstaan, kan ’n verskil gemaak word.” Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, sê korttermyn-maatreëls vir die beveiliging van die kruisings gaan dringend ingestel word met langtermyn-maatreëls wat sal volg. Van die maatreëls wat dadelik ingestel sal word, is rammelstroke, flitsende geel ligte en sonaangedrewe flitsende knoppies (katoë). Hy sê permanente spoedkameras op die R31-toegangspaaie sal die verkeer genoegsaam laat spoed verminder en ’n kultuur van veiligheid skep. “Dié maatreëls is ’n ‘vinnigwen-oplos-
Bring sprokie op die planke DIE Hoërskool NoordKaap in Kimberley het die sprokie Sleeping Beauty op die planke gebring en die gehore behoorlik bekoor. Hier is van links Mieschka Aysen, Khumo Modise en LeReece Visagie in 'n toneel uit die stuk. Nog foto's op bl. 3.
Foto: Malitza de Kock
sing’.” Die langtermyn-benadering is aansienlike veranderinge aan die padomgewing wat spoedverminderings sal verseker en daardeur die ernstigheid van ongelukke wat wel nog voorkom, verminder. Sanral meen verkeersligte is nie die beste opsie hiervoor nie, omdat dit ’n vals gevoel van veiligheid by motoriste skep. Dit vererger ook die omvang van botsings as
dit gebeur. Daar is dus besluit om eerder verkeersirkels te bou. Dit is in pas met wêreldwye neigings om veiligheid by gevaarlike kruisings te verbeter. Hy sê navorsing het bewys dat verkeersirkels die risiko van ernstige beserings en sterftes verminder. Saam met die verkeersirkels sal straatbeligting ook aangebring word.
Mona sê die R357- en R31-ringpad is die verantwoordelikheid van die Noord-Kaapse departement van vervoer, terwyl die N12 en die N8 Sanral se verantwoordelikheid is. Die kruisings van die paaie is dus hul gesamentlike verantwoordelikheid. Sanral sal daarom met die departement en ook die Sol Plaatje-munisipaliteit werk om omvattende padveiligheidsoplossings vir die gebied te verseker.
TYRES * BATTERIES * SHOCKS * EXHAUSTS
14 Cecil Sussman Street - Tel. 053 831 1189 / 102 Long Street - Tel. 053 832 5864 X1PDPUP8-NK261114
X1PG2495-NK261114
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
Musikale Kimberliet voor in die koor Karin Muller “MOENIE toelaat dat die passie wat jy vir sekere dinge in die lewe het, sterf nie, dan sterf jou siel daarmee saam.” Só meen Matthew van Wyk, passievolle koorbegeleier en musikant van Kimberley. “Ek het nooit musiek op skool gehad nie en die meeste van die kennis wat ek verwerf het, het ek vir myself geleer.” Matthew van Wyk is in Kimberley gebore en was in die Laerskool West End. Hy het in 2002 aan die Hoërskool NoordKaap gematrikuleer. Sy amptelike musiekloopbaan het in 2006 begin vorm aanneem toe hy hom by die Kimberley-musiek-akademie aangesluit het. “Ek het begin met kerkorrel en musiekteorie onder leiding van Rozanne Botha en Magdel Botha onderskeidelik.” In 2007 het hy die Unisa-eksamens vir gr. 7-orrel en gr. 5-musiekteorie met lof geslaag. “Die daaropvolgende jaar het ek my vir my BMus (-graad) aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ingeskryf en dit aan die einde van 2010 voltooi.” Matt het in 2005 by die Trinity-Metodistekerk in Kimberley as koorleier en orrelis begin en speel steeds op die indrukwekkende pyporrel wat in 1887 aangebring is. Oor die jare heen het hy verskeie skoolkore begelei. “Ek het Kimberley Girls’ High en die Hoërskool Adamantia se kore onder leiding
van Phyllis Goldblatt begelei. Later het ek Adamantia en die Hoërskool Diamantveld se kore onder leiding van Esther Ford begelei, asook afsonderlik onder leiding van Albie de Beer (Adamantia) en Magdel Botha (Diamantveld). “In 2014 het ek met koorbegeleiding by die Kimberley-kinderkoor onder leiding van Estelle Vorster begin.” Nie net hou sy program hom besig met koorbegeleiding nie; hy sing ook in die Ad Libitum Chorale, ’n koor vir volwassenes in Kimberley, onder leiding van Estelle Vorster. Hy is ’n deeltydse musiekonderwyser aan Kimberley Girls’ High en is betrokke by die Kimberley-musiek-akademie waar hy lesse in teorie, klavier, kerkorrel en baskitaar aanbied. “Daar is min tyd vir ontspanning, maar wanneer ek wel die geleentheid kry, lees ek of skryf ek my eie musiek.” Van Wyk hou daarvan om saam met mense te werk wat dieselfde passie as hy het – die kuns om musiek te maak en dit te geniet. Sy loopbaan as koorbegeleier het boonop die afgelope paar maande ’n hoogtepunt bereik. Kimberley Girls’ High se skoolkoor het in Junie aan ’n internasionale koor-enorkesfees in Salzburg, Oostenryk, deelgeneem. Die Kimberley-kinderkoor was een van die finaliste in die ATKV se Animatokompetisie wat in September aan die eindronde in Kaapstad deelgeneem het.
De Wet Carpets ’Let us make you feel at Home’ BOBBY’S WALK, 6B LONG STREET, KIMBERLEY
5% discount on selected wall-to-wall carpets
New arrival rugs imported from Turkey
We Specialise in WALL-TO-WALL CARPETING -put mini put * LAMINATED WOOD FLOORING ade * ALL KINDS OF BLINDS cour se m * WALLPAPER FOR ANY ROOM l grass of ar tificia * STEAM-CLEANING OF CARPETS * MASTERGUARD OF CARPETS AND FURNITURE * OVERLOCKING AND REPAIRS OF OLD CARPETS *Vinyl Flooring * Artificial Grass
Foto: Karin Muller
Diefstal wek kommer André Botha VIER Isuzu-bakkies is die afgelope week in Newpark gesteel, twee in ’n enkele nag. Dit is van die misdaadvoorvalle wat die afgelope week op die Facebook-groep Saam Staan Kimberley! aangemeld is. Inwoners word gewaarsku dat honde vergiftig en slotte geknip word. Noordkaap werk met dié Facebook-groep saam om mense aan te moedig om misdaadvoorvalle, hoe klein ook al, aan te meld. Dit maak dit moontlik om misdaadpatrone vas te stel en mense te waarsku waarop hulle bedag moet wees. Die probleem dat honde vergiftig word, word telkens genoem. Ook in Verwoerdpark is honde vergiftig en daarna probeer om die gesin se bakkie te steel.
Een van die gevaarlik ste plekke in die mid destad om te parkeer is op die hoek van Chapel en Yorkstraat. Heelwat diefstalle vind hier plaas. Een van die gevaarlikste plekke in die middestad om te parkeer is op die hoek van Chapel- en Yorkstraat. Heelwat diefstalle vind hier plaas. Verskeie inwoners meen die groot aantal straatverkopers in dié deel dra tot die probleem by. En dan daardie oulike prentjies
wat mense graag op hul motorruite plak en hul gesinne uitbeeld. ’n Wenk van ’n inwoner is voornemende inbrekers weet só hoe jou gesin lyk, of daar honde is, of daar ’n man in die huis is, ensomeer. Dit gebeur dat voornemende inbrekers mense huis toe volg. Met dié inligting kan ’n inbraak dan beplan word. Wees in elk geval op die uitkyk vir mense wat jou moontlik agtervolg. Dit het al gebeur dat mense oorval word wanneer hulle by die huis aankom. Dit gebeur veral indien hulle groot bedrae geld getrek het en daarmee huis toe gaan. ) Meld voorvalle aan op Saam Staan Kimberley! of stuur e-pos aan noordkaap@volksblad.com en lewer só jou bydrae om misdaad te beveg.
Soek logo en wen BFN Hair Options will be in KIMBERLEY on 15 and 16 December 2014
Our friendly team is waiting for your call.
TEL. 053 833 3051 FAX: 053 833 1159 CELL: 082 385 3800 Jacques.malan@live.co.za
MATT VAN WYK voor die orrel soos baie mense hom ken.
BEFORE
AFTER
FREE consultations on appointment only. Any hairloss problems. Expert advice. Services. Ladies and Gents.
Venue: Halfway House Hotel, 229 Du Toitspan Road, Kimberley.
Contact 051 430 7687 / 083 484 6545
X1PGPAA1-NK261114
INDIEN jy nog nie ’n geskenkbewys van R200 van die Diamond Pavilion Shopping Mall in die Soek-en-wen-kompetisie gewen het nie, kry jy die week weer ’n kans. Elke tweede week word ’n miniatuur-logo van die Diamond Pavilion Shopping Mall iewers in
Noordkaap geplaas. Al wat jy moet doen, is om dit te soek. SMS die sleutelwoord “logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsynommer waarop die logo geplaas is na 45527. Dit kos R1,50 om jou in te skryf. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00.
X1PG8N4R-NK261114
051 447 8416 / 082 773 6009 / 082 296 1807
800 Deepdrawerkaggel plus 3,6 m pype plus weerhaan plus skerm Ingeboude braaier plus 2,4 m lang pyp en weerhaan.
1 000 kas X1PEMYFT-NK261114
X1PGMUWM-NK261114
X1PEKVG3-NK261114
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
3
Tref met hul storie DIE Hoërskool NoordKaap het die verhaal van Sleeping Beauty op die verhoog ver tel. Van links is Jade Antho ny, Cherie Bredenkamp, Reu ben UmpierrezDuran en Madison Lykken wat hul deel van die storie vertel. Foto’s: Malitza de Kock
CHERIE BREDENKAMP en Maurice Moller op die verhoog.
RENE VAN RENSBURG, 'n onderwyser aan Noord Kaap, het nie net self in die toneelstuk opgetree nie, maar was ook die regisseur en het saam met Elzette Brand, ook 'n onderwyser, die choreografie gedoen.
VAN links is AmberLeigh Gordon, Zimkhita Duze en Thulfiqsa Vos ter wat hul bydrae lewer.
JADE ANTHONY en Cherie Bredenkamp voer danspassies uit, terwyl (van links) Lubourah Voster, Tiffany Coetzee, Ruben UmpierrezDuran en Madison Lykken toekyk.
X1PGK8DR-NK261114
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
Groep sê nee vir misdaad
ALMAL sal saamstem Suid-Afrika het reuse-probleme met misdaad. Daarom is dit ’n raaisel waarom mense skynbaar so sukkel om saam te staan teen die minderheid individue in die land wat vir misdaad verantwoordelik is. Daar is min mense wat nog nie die slagoffer van misdaad was nie. Selfs al word net ’n mens se beursie gesteel, is jy ’n slagoffer van misdaad. Die afgelope tyd heers die indruk misdaad neem in Kimberley toe, veral weens sekere voorvalle wat baie aandag getrek het. Dit is waarom Noordkaap en die Facebook-groep Saam Staan Kimberley! besluit het om hande te vat om mense saam te snoer. Ons hoop om sodoende al hoe meer mense in die stryd teen misdaad betrokke te kry.
Nie net mense van bepaalde groepe nie, en nie net inwoners van sekere woongebiede nie, maar die hele gemeenskap van Kimberley, moet saamstaan. Die eerste stap om misdaad te oorwin is juis om te besef ons is almal slagoffers van dié euwel. Om te kibbel oor wie die meeste deurloop, bring geen oplossing nie. En om die misdaadkrisis vir politieke doeleindes te misbruik dra nog minder tot ’n oplossing by. Raak dus betrokke by die projek en laat weet van voorvalle waarvan jy weet, hoe klein ook al. Doen voorstelle aan die hand oor wat jy dink gedoen kan word. Dit is ons almal se verantwoordelikheid om misdaad te beveg en om die polisie daarin te ondersteun.
Toeka se dae en nou
DIE eerste Newtonreservoir het uit ’n groot dam met die bynaam Newtonmoddergat bestaan. Dit was op die terrein waar die Hoffeparkklub nou is. Water is die eerste keer op 3 Januarie 1883 van die Vaalrivier na die reservoir gepomp waar dit gesuiwer is. Voorheen is water in vate op waens van die Vaalrivier na die delwerye gekarwei, maar dit was onprakties. Die Kimberley Water works Company is daarom in 1880 gestig. Bouwerk aan ’n pompstasie en pypleiding van Riverton af het in 1881 begin. In Oktober 1921 het die munisipaliteit die Kimberley Waterworks Company se bates oorgeneem en is sedertdien vir die voorsiening van water aan die stad verantwoordelik. In 1949 is die suiweringsaanleg by die Newtonreservoir met ’n nuwe watersuiweringsaanleg by die Rivertonpompstasie vervang. Die oorspronklike stoomaangedrewe pompstasie is toe reeds in 1943 met elektrisiteitsgedrewe pompe vervang. ’n Reservoir van 20 mil joen gallon water is in 1966 op die huidige terrein in Waterwerkestraat gebou, en ’n nuwe suiweringsaan leg is op 24 Desember 1970 in Riverton geopen. Op 25 April 1988 is die nuwe reservoir van 102 megaliter in gebruik geneem. Die foto bo wys die bouwerk aan die reservoir in die 1960’s. Foto: Africana-biblioteek en Emile Hendricks
Kniedruppels vir seer hart Hannes Noëth KINDERS kan vir ouers tot groot seën wees. Kinders kan egter ook ouers se grootste bron van kommer wees. Soms het jy vir ’n kind alles gedoen wat jy moes en kon en dan maak hulle nog net soos hulle wil wanneer hulle wil. Ek praat nou nie van jong kinders in die huis nie, ek praat van kinders wat al uit die huis is. Die grootste vreugde by mense het ek oor die lewe van hul kinders gesien. Die grootste hartseer het ek by mense oor die lewenswyse van hul volwasse kinders gesien. Daardie fase wat hulle nie meer vir jou hoef te luister nie, jou nie glo in wat reg of wat verkeerd is nie en in elk geval ook nie juis veel omgee wat reg en verkeerd is nie. Daardie fase wat jy weet en sien en besef jou kind is besig om droog te maak en dit is net hyof sy wat dit nie sien nie – verder weet almal dit. Dit is tydens so ’n hartseer-oomblik in ’n gesin se lewe dat ek hulle vra hoe hanteer hulle die seer wat hul kinders oor hulle bring.
Dit is nie die pa of ma wat antwoord nie. Dit is die ouma van 86 wat by hulle bly. “Ons gebruik kniedruppels, Dominee, kniedruppels.” Sy verduidelik so mooi: Wanneer jou oë seer is, gebruik jy oogdruppels, vir ’n oor oordruppels, vir elke liewe ding is daar ’n druppel of ’n pil. Vir ’n moeilike kind is daar net een ding wat help – kniedruppels. Jy bid jou knieë vir hulle deur. Jy glo en vertrou dat daar uitkoms sal kom. Soms kom daar. Soms nie. Soms moet hulle eers hul kop hard stamp. Maar kniedruppels is wonderlik. Hierdie kniedruppels het vier voordele. Tannie Meraai verduidelik hulle een vir een: Jy hoef nie die vrag alleen te dra nie. Jy vind troos daarin dat die kind se lewe nie in jou of sy hand is nie. Daar kom hoop en geloof in jou los dat dinge tog sal verander. Dit laat jou huil voor Iemand wat verstaan.
Knap jou ook vir ander op Karin Muller
X1PFMH8A-NK261114
DEKADES gelede aan die technikon het ons met bewondering die meisies wat skoonheidstegnologie studeer, aangestaar. Geklee in hul sindelike uitrustings het hulle ’n ander soort beeld as die res van die studente uitgestraal – een van selfvertroue, omgee en kennis op ’n gebied waarvan ons net kon droom. Met ’n slakkegang het ons verby hul lesingslokale gedraal en ons in die onbereikbare wêreld van lekkerruik rome en verfrissende maskers verlustig. Vandag bestaan allerhande nuwe name en deskundigheid op die vakgebied, maar die beeld wat die meisies en vroue uitstraal, is dieselfde. ’n Onderlinge soort rustigheid in die wete hulle help mense om die beste in hulself na vore te bring. Mense wat nie omgee om aan jou figuurfoute en tekort aan kennis te werskaf nie. Bederf jy jou deur ’n draai by ’n skoonheidsdeskundige te maak staan jy verstom oor hul werkomgewing. Aromatiese vertrekke. Rustige musiek. Sagte handdoeke. En
individue wat die werkomgewing soos ’n handskoen pas. Die meeste mense het ongelukkig nie geld of tyd om hulle gereeld so te laat bederf nie. Tog kan hulle ’n mens op ’n baie subtiele manier laat verstaan jy moet eintlik meer tyd aan jou en jou voorkoms bestee. Maar dit is moeilik, want tussen die eise deur van ’n mens se gesin, werk, familielede, vriende, kos, skottelgoed en wasgoed was, sak jy uitgeput op die bed neer en besluit met ’n vae vasberadenheid om eerder die volgende dag die ontwykende lagie naellak en masker te probeer aanbring. Dalk is dit tyd dat ons onsself ’n bietjie meer bederf. Nie net vir ons moeë lywe en aanmekaargeflansde selfbeelde nie, maar ook vir die mense die naaste aan ons.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
5
42-50 George Street Kimberley Tel: 053 832-9666 Fax: 053 832-1999 GEYSER HEAT TECH
DOOR 8 PANEL
150 l
813 x 2032
R 2 299 SKILL DRILL
500 W
R299
00
R699
00
00
SKILL-ANGLE GRINDER
SKILL JIGSAW
600 W, 115 mm
380 W
R 299
CHIPBOARD BRONZE GRADE
00
R299
00
POSTFORM TOPS 3,5 m x 600 l
2750 x 1830 16mm
R279
00
WHEELBARROW CONCRETE
R570
00
MEGAMASTER BRAAI
Lasher
WITH SPIT Deluxe 1 500 mm
R12 820 R5 725
00
R589
Deluxe 1 200 mm
00
00
Best quality at best price. VAT included – while stocks last – cash only.
Valid from 26 November 2014 - 2 Desember 2014
Dakteëls
Vir al jou dak bykomstighede besoek ons by: Sam Jaffstraat 4-8 Kimdustria Tel: 053 841 1044 Faks: 053 841 1045 Email: info@krtt.co.za X1P24KXC-NK261114
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
Hulde stroom in vir Gawie Visagie Charné Kemp HULDE is die afgelope week gebring aan Gawie Visagie (59), veelsydige, gewilde en talentvolle oud-Griekwa- en Springbokrugbyspeler, wat verlede week ná ’n stryd teen kanker en geelsug dood is. Visagie, ’n oudleerling aan die Hoër Tegniese Skool Kimberley, het van 1977 tot 1980 altesaam 39 wedstryde vir die Poubloues gespeel en daarna vir Natal. Hy het ook vir die bekende Ammasol-klub uitgedraf. Sy ewe bekende broer, Piet (71), wat vir die Springbokke in toetse gespeel het, sê sy broer was ’n gewilde en vrolike man en goeie speler. Gawie het nooit as ’n Springbok in ’n toets gespeel nie, maar het vir die nasionale span in wedstryde in Nieu-Seeland gespeel, asook vir die Barbarians. Tos Smith, ere-visepresident van die Griekwas, wat as keurder Visagie as speler leer ken het, sê hy was toegewyd. “Hy was ’n baie veelsydige agterlynspeler. Hy kon heelagter, losskakel en skrumskakel ewe goed speel. Hy het altyd niks minder as sy bes gedoen nie.” André Gerber, wat saam met Visagie vir die Griekwas gespeel het, sê toe Visagie vir Natal gaan speel het, het hy skielik Engels met hulle gepraat. “Hy het homself Gavin Visagé genoem, grapjas wat hy was. Ons sal hom geweldig mis.” Gary Rodwell, sy Griekwa-spanmaat, het Visagie na Natal gevolg. Die twee was boesemvriende tot Visagie se dood. Rodwell reël die begrafnis. “Hy het die hart van ’n leeu gehad en het tot die einde geveg. Wanneer hy by ’n vertrek ingestap het, het dit almal verlig. ’n Ware grapjas. Hy was nederig, vriendelik en gewild.” Die oud-Springbok Schalk Burger sr. het die volgende oor Visagie gesê: “Ou Spikkels, jy was ’n enigmatiese, borrelende en liefdevolle individu wat ons almal met
DIE rugbybroers Gawie (links) en Piet Vi sagie, albei oudGriekwaspelers en albei oudBokke. Foto: Verskaf blydskap gevul het, behalwe vir die twee skepskoppe teen ons in die eindstryd. “Dit het Natal teen rustyd in 1984 laat voorloop, maar op die onthaal ná die wedstryd het ek jou gekry met ’n skyf in jou linkerhand, brannas in die regterhand, smile op die gesig, deur al die spikkels heen. Die hare was nog nat, effe ongekam. Jy sou sê: Dit was ’n moerse game, moet my net nie weer so hard tackle nie, waar kuier ons vanaand? “Jy het nooit daardie stukkie Beeshoek, Ammosal of Griekwas verloor nie. “Selfs nie daai Souties en die see in Durban kon die rooi Beeshoek-ysterertsstof van jou afwas nie. Dankie vir al die herinnerings wat aan my brandhout vir die oudag besorg het.” Visagie word deur sy vrou, Janet, twee kinders, Morné (19) en Jade (14), asook sy broer, Piet van Parys, en suster, Betsie Lombard van Wesselsbron, oorleef.
X1PGHXAW-NK261114
Tel. 053 441 9168 2-6 Carlstein Street, Kimdustria Trading hours Mon.- Fri. 08:00 - 17:30 Sat. 08:00 - 13:00
A cut above the rest.
! e y n o m r o f e Valu Valid: 27/11/2014 - 24/12/2014
FACTORY SHOP BONELESS GAMMON .................................................... R64,95/KG BOSTON BUTTS............................................................ R69,95/KG SMOKED PORK NECK.................................................... R69,95/KG PICKLED TONGUE......................................................... R54,95/KG CORNED BEEF ............................................................. R67,95/KG X-MAS HAMPER .......................................................... R64,95/KG FQ HAMPER ................................................................ R350 EACH HQ HAMPER................................................................ R390 EACH RUMP PICANHA........................................................... R119, 95/KG RUMP A ..................................................................... R89,95/KG EMPORIUM SPECIALS : STOCKDALE STREET, TEL. 053 831 1123 X-MAS HAMPER .......................................................... R64,95/KG FQ HAMPER ................................................................ R350 EACH HQ HAMPER................................................................ R390 EACH BONELESS GAMMON .................................................... R64,95/KG PICKLED TONGUE......................................................... R54,95/KG FESTIVE HAMPER......................................................... R270 EACH X1PE8KEW-NK261114
X1PDWAAN-NK261114
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
7
X1PGFUPM-NK261114
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
X1PGBR8M-NK261114
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
9
Kansa wys waardering INTERNASIONALE VRYWILLIGERSDAG word op 5 Desember deur die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) gevier, ’n dag toegewy aan waardering teenoor alle vrywilligers wat van hul tyd, vaardighede en geld gee om mense in nood te help. Elize Joubert, Kansa se waarnemende uitvoerende hoof, sê: “Oscar Wilde het eenkeer gesê: ‘Die kleinste daad van liefde is meer werd as die wonderlikste voorneme en dit is presies wat ons Kansa-vrywilligers doen. Met klein (en groot) gebare, saam met die afstaan van hul tyd, verander ons vrywilligers die lewe van diegene wat deur kanker geraak word. “ Sy sê Kansa benodig die ondersteuning van vrywilligers om die gemeenskappe in Suid-Afrika te bereik, om te help met hul sorg- en ondersteuningsdiens. Meer as 6 000 vrywilligers help om 500 gemeenskappe en ongeveer 14 000 kankerpasiënte en hul gesinne te bereik. “Internasionale Vrywilligersdag is ’n groot geleentheid om alle vrywilligers te bedank vir die groot werk en ondersteuning wat hulle bied. Kansa-sorgsentrums(http:// www.cansa.org.za/cansa-carecentres-contact-details/) oor die land heen tree as gasheer vir vrywilligerbyeenkomste op die dag op om sodoende hul waardevolle bydrae wat
‘Internasionale Vry willigersdag is ’n groot geleentheid om alle vrywilligers te bedank vir die harde werk en on d e r s t e u n i n g wa t hulle bied.’ meehelp om ’n wêreld sonder kanker te skep, te eer en erken,” sê Joubert. ) Kansa moedig almal aan om hulle by die stryd teen kanker aan te sluit en ’n Kansa-vrywilliger te word. Teken aan op die Kansawebtuiste www.cansa.org.za of by die plaaslike Kansasorgsentrum en help met die sorg en ondersteuning of geldinsamelingsprojekte. Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of kontak Kansa tolvry by 0800-22-66-22 of info@cansa.org.za per e-pos. Kansa kan ook op Twitter gevolg word by @CANSA (http://www.twitter.com/@CANSA) en op Facebook by CANSA The Cancer Association of South Africa. In Kimberley kan Kansa by 053-831-2968 gekontak word. Die kantoor is by Chapelstraat 11. X1PGC86R-NK261114
Colour your C
h r i s t
m
a
s
Festive savings to brighten your holiday AS ON N SEE
TV
+
get 4 pla sti c gla ss es fo r fre e ble per store. Only 100 sets availa
Buy 2 for
26.
17.
Coca Cola 2L
90
All Gold Tomato Sauce 700ml
00
29.
AS ON N SEE
FREE Sunlight
TV
Laundry Bar 125g
65.
Ricoffy 750g
00
Rama Original Brick 1kg
90
AS ON N SEE
TV
49.
Sunlight Washing Powder 3kg
90
Valid From 27 November to 7 December 2014. All prices inclusive of VAT.
30.
750ml Handy Andy Liquid Pouch + 750ml Sunlight Dishwashing Liquid Pouch
00
Free State: Bodi Café Heilbron (058 853 5800), Bus Stop (051 448 1036), CHH Knauff (051 541 0052), Clarens (058 256 1957), Colesburg (051 753 1468), Commando (057 352 9041), Douglas (053 298 2281), Fichardt Park (051 522 9515), Five Star Supermarket (058 303 1360), Flair (057 352 1733), Mini Rama Hartbeesfontein (018 431 0196), Hoopstad (053 444 1938), Kakamas (054 431 0889), Kimberley Pantry (053 832 2732), Koffiefontein (053 205 0761), Manny’s Kroonheuwel (056 212 3372), Manny’s Welkom (057 396 5695), Pofadder Vleis (054 933 0062), Protea Stores (061 088 7855), Riebeeckstad (057 388 1269), Super Spaar (051 522 1971), The Village Shop (054 335 4383), Yiangou Grocers (051 991 0106) Northern Cape: Imperial (053 497 3961), Jacobsdal (053 591 0795), Keimoes (054 461 1150), Postmasburg (053 313 0554) Northern Cape: Imperial (053 497 3961), Jacobsdal (053 591 0795), Keimoes (054 461 1150), Postmasburg (053 313 0554),
/SaveriteSupermarket
/YourSaverite
info@saverite.co.za
www.saverite.co.za
SAV005
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
29 NOVEMBER Jumble sale from 08:00 until 12:00 at the Moth Centre opposite the Honoured Dead Memorial. Members of the public are also welcome to sell their goods.
Contact Steve Lunderstedt on 083-732-3189 for more information about the event. 30 November NG kerk Dutoitspan se Kerssangdiens om 18:30 vir 19:00 in die kerk se tuin.
3 Desember Die Hoërskool Noord-Kaap se manne-aand met Andries Vermeulen as gaskunstenaar. Bel die skool se sportkantoor by 053-832-4377 vir kaartjies teen R150 per persoon. Die kaartjies se prys
sluit ’n steak-ete in. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Plasing is gratis. E-pos: noordkaap@volksblad.com. SMS: 45533. Begin SMS’e met “NK”.
MySchool MyVillage MyPlanet EVERY SWIPE COUNTS
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
DS. JAN RAS saam met sy kleindogter, Suzanne Kruger.
Foto: Verskaf
Man van God oorlede André Botha
DS. JAN RAS, wat byna drie dekades die Gereformeerde kerk in Kimberley gelei het en onder andere as sekretaris van die Griekwaland-Wesse Rugbyunie (GWRU) opgetree het, is verlede week oorlede. Ras (77), predikant van die Gereformeerde kerk in Kimberley van 1976 tot met sy aftrede in 2003, is aan nierversaking dood nadat hy sowat twee maande gelede ernstig siek geword het, sê sy dogter Bettie Kruger. Ras en sy vrou, Susan, het ’n paar jaar gelede Vredenburg toe verhuis om naby Kruger te wees. Hulle was ná Ras se aftrede in Upington waar hy as emeritus-predikant by die Gereformeerde kerk gewerk het. Hy het ook ná hul verhuising na Vredenburg as emeritus-predikant by die gemeente in dié dorp gehelp. Iets wat weinig mense, indien enige, hom sou kon nadoen, is dat hy die hele Bybel, van bladsy een tot die laaste bladsy, met die hand oorgeskryf het. Kruger sê toe hy in Upington was, het dié gemeente saam met die gemeente in Karasburg, wat hy ook bedien het, as deel van die Bybelgenootstap se eeufeesviering ’n projek begin
om die Bybel oor te skryf. Almal het ’n bydrae gelewer. “Hy het dit so geniet dat hy daarna besluit het om sélf die hele Bybel oor te skryf.” Ras was in Kimberley onder meer in die beheerraad van die Laerskool Staats en die Hoër Handelskool (die huidige Hoërskool Noord-Kaap), deeltydse kapelaan aan die Danie Theron-krygskool en betrokke by die destydse Potchefstroomse Universiteit (nou Noordwes-universiteit) se teologiese fakulteit. Tussendeur het hy ook aan sy doktorsgraad gewerk en dit in 1982 behaal. Hy was een jaar voorsitter van die Gereformeerde Kerk se sinode. Hy was ook baie jare lank ’n rugbyskeidsregter. André Markgraaff, president van die GWRU in die tyd toe Ras sekretaris was, sê Ras “was ’n man wat die Griekwas se belange op die hart gedra het. Hy was energiek en dinamies. Hy was ’n ou wat baie aandag aan detail gegee het, ’n interessante mens.” Kruger sê haar pa was versot op rugby en krieket. Hy word oorleef deur sy vrou, Susan, twee dogters, Kruger en Ina Visser, vier seuns, Beyers, Fritz, Jan Louis en Maree, en 12 kleinkinders, oorleef.
X1PGMR65-NK261114
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
MOTORS
Tegno-truuks bied moderne rit Marnus Hattingh VOLVO het ’n rukkie gelede sy hele 60-reeks met ’n rits moderne kenmerke opgeknap. Om dié mandjie van truuks op die proef te stel het ons besluit om die XC60 T5 weer ’n slag onder hande te neem. Nou, die XC60 is die middelslag-sportnuts van Volvo wat sitplek aan vyf mense met ’n goeie laairuim bied. Hy is permanent in 4x4-aandrywing, maar die blikbrein reguleer die krag meestal na die voorwiele toe. En dan is daar die XC60 se moderne voorkoms wat hom spesifiek op vrouekopers rig. Hy lyk jonk van gees, nie so hardebaard soos ’n boskaas-bestormer nie en eintlik iets waarmee Mevrou met ’n geruste hart na die boekklub of winkels kan ry sonder om soos ’n ongeskeerde Kalahari-Sannie te voel. Dan, in die T5-model het jy die groep se redelik nuwe 2,0 liter-turbo onder die enjinkap. Dit is ’n petrolenjin (vier silinders) in daardie grootte wat deesdae gewild in die segment voertuie is. Groot genoeg vir goeie verrigting (want die XC60 is reeds redelik groot), maar steeds net ’n viersilinder wat nie te veel brandstof sluk nie. Visueel het Volvo hom net in lyn met sy ander nuwe voertuie gebring. Alle swart plastiekstukke is weggelaat en met ’n kleur vervang dieselfde as die bakwerk s’n. Hierna is die ruitveërs se waterspuite na net onder die enjinkap se rand verskuif – buite sig wanneer ’n mens langs die motor staan. Dit gee hom net daardie skoon voorkoms. Laastens is die chroomrand al om die sierrooster weggeneem en die pyltjie-embleem vergroot. Opsioneel kan jy nou sportsitplekke bestel wat ekstra-dik panele aan die kante (rug en bene) van die stoel het. Die goeie nuus is egter dié sitplekke is nie harder as die gewones nie – dit bied net meer steun. Onthou, Volvo se groot sitplekke is die beste en gemaklikste in die bedryf.
DIE veelsydige Volvo XC60.
Foto: Verskaf
Die beste nuus is egter al die instrumente is opgeknap: Die V40 CrossCountry se digitale skerm is nou in die XC60 gesit. Dit beteken die twee analoogmeters is nou vervang met ’n enkele digitale beeld wat jy in drie voorkomste kan laat vertoon. ’n Groen voorkoms plaas die klem op ekonomie en bestuurstyl; ’n blou agtergrond is die neutrale, “standaard”-beeld en die rooi voorkoms sit die klem op ’n sportiewe verrigting (net ’n groot toereteller word in die middel gewys met ’n digitale spoedlesing binne-in). Die ander groot veranderings in die opgeknapte XC60-familie is die rits waarskuwingstelsels en hulpmiddels wat nou meestal standaard in die motor is. Radar in die neus van die Volvo kan jou volgafstand reguleer – selfs jou heeltemal laat stop en weer self wegtrek indien die verkeer tot stilstand kom – terwyl ’n kamera bo in die voorruit weer voetgangers, fietsryers en die strepe op die pad dophou. Dit is belangrik, want met die voetgangers kan hy jou eers net met ’n gonser waarsku, en as hy besef jy gaan nie betyds stop nie, kan hy self die motor laat ankers gooi. Die dophou van die padstrepe is weer nodig om jou met ’n gonser te waarsku wanneer jy uit jou baan uit begin “sweef”. Dit hou ook jou bewegings binne jou baan
dop. Gestel hy bemerk jy ry heen en weer in jou baan, sal hy ’n koffiebeker-kenteken op jou instrumentpaneel wys. Dit beteken die blikbrein reken jy is moeg en moet ’n blaaskans neem. Dan is daar ook kameras reg rondom die motor wat help as jy wil parkeer, of agteruit ry. Die kameras se gesamentlike beeld laat dit lyk asof jy die motor van reg bo beskou, wat parkeerwerk in smal ruimtes werklik maklik maak. En laastens is daar agter, op die hoeke, ook radarsensors. Die radar waarsku jou as ’n voertuig in jou blindekol is (eers met ’n liggie in die kantspieël, en dan met ’n gonser as jy steeds voor hom in uitbeweeg). Die radar loer ook aan die agterkant van jou voertuig na die kante toe. Dit is nou wanneer jy agteruit by ’n smal ruimte uitry, soos tussen twee geparkeerde motors. Die radar sal dan vroeg namens jou om die hoek loer om te sien of ’n voertuig aankom, aangesien jy self nog tussen die twee geparkeerde motors sit en nie agter na die kante toe kan sien nie. Jy kry twee sleutels wanneer jy jou Volvo aanskaf, sê maar een vir jou en een vir jou vrou. Nou kan jy jou eie sleutel koppel aan die motor dat hy jou persoonlike verstellings memoriseer. Dit is nou goed soos hoe jou sitplek gestel word en watter modus jy die motor in verstel wil hê (daardie groen, rooi en blou info-skerms). Wanneer jy dus die motor oopsluit, verstel hy vanself alles volgens die spesifieke sleutel se versoek. Ek het min grondpad met die Volvo gery. Op die oop pad was hy heerlik – ’n gemaklike outomatiese ratkas wat sagte skakeling bied en goeie reaksie wanneer jy voet neersit. Jou sig is goed, die kajuit is lekker stil en die afwerking is elegant en modern. En dan daardie lekker, groot sitplekke. Sal ek hom aanbeveel? Jip, maar jy hoes vir al daardie moderne tegnologie. Dit is ’n gevorderde voertuig. Maar dan word jy met ’n moderne, heerlike rit beloon.
X1PEQUY6-NK261114
FOR A RACING
HEART
FROM ONLY R162 900
www.renault.co.za
DRIVE THE CHANGE
FSP Reg No: 25934
THE NEW RENAULT CLIO WITH AN ENERGETIC 66 KW TURBO ENGINE AND EFFICIENT FUEL CONSUMPTION FROM JUST 4,5 LITRE/100 KM. CATCH REANAULT VA VA VOOM DAYS THIS MOTH FOR GREAT DEALS ACROSS THE FULL REANAULT RANGE
CONTACT US TODAY FOR MORE DETAILS AND BOOK A TEST DRIVE
renaultsouthafrica | www.newduster.co.za *With 16.42% deposit | Over 72 months | 30% or R47 9170 balloon payment | 9.65% interest rate | Retail price of R159 900 Total cost of R193 974 | Retail price in accordance with November 2014 price list | Price excludes “on the road” costs | Terms and Conditions apply | Features are model-specific and may vary.
FSP Reg No 25934
Zaheed 082 393 0339 | Lebogang 071 811 7714 | Brandy 079 168 8337
59 Pniel Road, Kimberley, 8301 Tel: +27 (53) 807 4300
Contact us today for more details or to book a test drive
Fax: +27 86 554 3406
Maryke 083 461 4056 | Darrol 084 200 0040
59 Pniel Road, Kimberley, 8301 Tel: +27 (53) 807 4300 Fax: +27 86 554 3406
RENAULT
KIMBERLEY Offer valid until end of November 2014 or while dealer’s stocks lasts. Prices and specifications subject to change without prior notification. E & EO. *Terms & Conditions apply. **Recommended retail price excludes PDI, on the road costs (licence and registration), metallic paint and accessories.
KIMBERLEY
X1PEU9DA-NK261114
X1PEU9D9-NK261114
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014 TALLE mense begin al gereed maak om binnekort met vakansie te vertrek. ’n Kwelling is altyd veiligheid tuis terwyl jy weg is. Hier is ’n paar wenke van die polisie om meer gemoedsrus te verseker terwyl julle by die see is: ) Maak seker alle deure en vensters is
Beveilig jou huis behoorlik toe en gesluit. ) Moenie gereedskap laat rondlê nie. Dit word dikwels gebruik om deure en
vensters mee oop te dwing. ) Lig die polisie in oor mense wat doelloos ronddrentel.
13
) Moet nooit gesteelde eiendom koop nie. ) Maak seker skuifdeure kan nie vertikaal gelig word nie. ) Bring huisnommers aan die voorkant van woning of aan die hekkie aan sodat dit maklik vir die polisie is om veral snags ’n adres op te kan spoor.
2009 – 2014
Bandag Emergency Tyre Assistance - ETA®
Bandag Southern Africa, combined with its franchise network, constitutes one of the most comprehensive and highly reactive emergency tyre service providers in South Africa. Together we strive to ensure that the wheels on your trucks keep on turning! No matter where their destination, you can rest assured that their safe arrival is our business too. The ETA® programme has the following features and benefits for fleets: Ÿ 24/7 tyre breakdown sService Ÿ National pricing consistency Ÿ Dedicated call centre Ÿ Toll-free phone number – 0800 30 40 50 Ÿ Daily tyre breakdown alerts Ÿ Monthly Tyre Breakdown Reports Bandag offers the ETA programme to any fleet that operates nationally and is part of the National Fleet Programme or is registered for the programme via a Bandag franchisee.
5th
Anniversary
Earthmoving/Truck Tyre VULCANISING 5 vulcanising repair stations – turnaround time, delivery to pick-up – ONLY 3 working days! Bring your tyres in for repair during December and receive 10% discount.
Bandag retreads Our factory is situated in Kimberley.
New brands available 1 Transvaal Rd, Barkly West (R31 Kimberley – Kuruman/Hotazel - Namibian border) Contact: Mornè Viviers 072 163 5395 X1PGP9DW-NK261114
NOORDKAAP PRESTASIES 146 spelers reg oor die Noord-Kaap is gekies om NK Skaak te verteenwoordig van 3 tot 10 Januarie 2015.
In die laaste 3 jaar het die Noord-Kaap 7 nasionale skaakspelers opgelewer wat SA in verskeie internasionale toernooie verteenwoordig het - Bernize en Marelize v.d. Walt 2011 tot 2014, Donrique Joseph - 2013, Mininke Smith 2013 - 2014, Zoë Milford 2013, Anell Maasdorp 2013 - 2014, Savannah Ahjum 2014.
Noord-Kaap het ook 2 skaakmeesters opgelewer: WCMBernize v.d. Walt (Women's Candidate Master) en I.M. Donovan vd Heever (International Master) EKONOMIESE INPAK OP KIMBERLEY 3-10 JANUARIE 2015 +-R17M
Indien u wil betrokke raak by die toernooi of meer inligting benodig oor skaak en skaakontwikkeling in die NK kontak Dina by: dinavanderwalt1@gmail.com X1PE8JV6-NK261114
X1PGMQD5-NK261114
14
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
Oorleef die Kerstyd Elsona Steyn PERSOONLIKE DIENSTE
ALGEMENE & HUISDIENSTE
LENINGS
ALLERLEI
JY dog nog dit is November en ewe skielik is dit skuins voor Kersfees. Die sneeu val nou wel nie, maar die liggies, Kersliedere, sneeumanne en Kersvaders het oral hul intrek geneem. Winkelrye begin net langer en langer raak en soos die koopkoors toeneem, word die winkelsentrums plekke om liefs te vermy. Elke jaar is jy waarskynlik ook een van diegene wat op die nippertjie, tussen sweterige toeriste, gaan soek vir ’n geskenk vir iemand wat jy per ongeluk met jou eerste Kersinkopies oorgeslaan het. Die probleem is ons het oor die jaar alles gekoop wat ons wou. Dit is nou al die “lekker om te hê”- elektroniese, elektriese en moderne apparate. Nou staan ons almal voor die groot uitdaging om met ’n knap begroting en min tyd deurdagte geskenke aan te skaf wat nie net bruikbaar sal wees nie, maar ook die ontvanger daarvan se hart sal verbly. Indien die nood druk en die beursie knyp, maak vanjaar jou eie geskenke. Dit is daardie bietjie moeite en iets persoonliks wat die verskil maak. Ouma en Oupa sal byvoorbeeld ’n fotoraam met ’n foto-collage van die familie daarin baie waardeer. Dalk vir die kinders ’n boekie met staaltjies en vertellings oor hul babajare en ook ’n paar foto’s daarby. Of dalk kan jy iets inlê. Jy kan boonop die bottels waarin jy dit verpak het, pragtig versier en op dié manier jou pronk-vrugte op hul beste laat vertoon. Wanneer laas het jy vet, ingelegde Kakamas-perskes op jou spensrak gehad? Kry ook jou spesiale geskenke op ’n Kersmark. Daar is altyd puik produkte teen billike pryse te koop. Fyn beplanning maak die doen van Kersinkopies maklik. Voordat jy paniekbevange die winkelsentrum instorm met die hoop om al jou kopies onder een dak te kry raak rustig en maak ’n lys van almal vir wie jy graag geskenke wil koop. Nou is die tyd om realisties te raak. Haal vanjaar die hoofbrekens uit jou Kersinkopies. Hou dinge eenvoudig, wees kreatief. Anders gaan jy dalk net geld verkwis op verleidelike artikels wat jy nie kan bekostig nie.
1845
1445
PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194. BETREKKINGS 3600
TE KOOP
ALGEMEEN 3680
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.
SNUFFELS 1630
LIONS CHRISTMAS CAKES for sale for R75 per cake of 1 kg. Please call the following numbers: Cornel - 082 788 2823 Jan - 082 857 8976 Kevin - 082 824 8695 Jacques - 082 927 4904
SMALLS NOTICE
RETAIL SALES PERSON Motivated individual with experience required for dynamic, service-driven sound and vision store. Bilingual, with driver's licence. Application forms at cashier. Parsons Home Appliance 46 Market Square Kimberley. BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
MS JACOBS. In die boedel van wyle Maria Sophia Jacobs, identiteitsnommer 250629 0028 087, van woonstel 71, Huis Stillerwee, Dennisstraat, Kimberley, Meestersverwysing 22142/2014. Alle persone met vorderinge teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (DERTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur POSBUS 64 KIMBERLEY 8300 Verw: V/jm/Jac179/0002. X1PG3RG9-NK261114
SOEK, KOOP, VERKOOP
Doen dit uit liefde Ilonka Govindasamay
X1PG3RA1-NK261114
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KERSFEES is een van die wonderlikste tye van die jaar. Dit is familietyd. Sommige van ons geniet dit om dit by die huis deur te bring, terwyl ander ry om by familie te gaan kuier, nog ander gaan see of rivier of bosveld toe. Dit is ook weer tyd vir inkopies doen. Vir sommige mense beteken dit nuwe klere of ’n nuwe haarstyl om almal se aandag te trek. Maar dit is ook daardie tyd van die jaar wanneer ons kan terugsit en dink en dankbaar wees vir die jaar. Só baie het gebeur en só baie kon gebeur het, maar ons bly staan. God se gebede is meer as genoeg vir ons. Baie van ons het familie en vriende aan die dood afgestaan. Dit is daardie tyd van die jaar om mense te bedank en drukkies uit te deel, om ander te seën en mekaar om vergifnis te vra. Die jaar is byna verby. Dit is amper tyd vir ’n nuwe jaar met nuwe uitdagings, nuwe verwikkelings, nuwe hoop en ’n nuwe uitkyk op die lewe. Vergeet dus wat gebeur het en sien uit na dít wat voorlê. Lewe vir wat jou gespaar is. Kyk met nuwe oë na die lewe. Inspireer en bemoedig ander mense. Dit is die tyd van die jaar wanneer alles om jou familielede en vriende draai. Dus, kook en bak, maak daardie lekker geregte, en bederf jou familielede. Geniet elke oomblik. Maak die beste van die Kerstyd, moenie vergeet van die geskenke nie, sê dankie vir alles en doen dit uit liefde.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014
15
LOSGOEDVEILING GWK Veilingskrale Kimberley 6 Desember 2014 om 10H00
Navrae: Frans 053 8333 280 en Jan Buys 083 680 8929 BOEKE Musiekboeke Verskeie reekse ensiklopedieë KLANK EN MUSIEK Klanktoerusting CD-speler Telefoon DVD-speler Koordlose mikrofoon (volledig met ontvanger) CD-rakke Versameling van +-200 CD's Pioneer-draaitafel (plate) Klein Sanyo-hoëtroustel Kassetspeler/-opnemer
’n PAAR geesdriftige lede van die klub. Van links is Adri Chambers, Naomi Zeelie en Denise en Tim Blight. Foto: Karin Muller
Oefenklub hou jou fiks en viets Karin Muller
AS jy fiks en viets wil word, is Run/Walk 4 Life die ideale oefenklub om jou by aan te sluit. Nie net is dit ’n internasionale groep met 118 takke wêreldwyd nie, maar dit is ook die enigste program wat aan die Hartstigting behoort. Jenny Uys, eienaar van Run/Walk 4 Life in Kimberley, is baie entoesiasties om mense op die regte manier fiks te kry. “Ons volg ’n wetenskaplike benadering en oefen drie keer per week – juis om die spiere kans te gee om te herstel,” verduidelik sy. “Enigeen, ongeag ouderdom, gewig of fiksheidsvlak kan hom by ons aansluit. Selfs swanger vroue is baie welkom.” Jenny het in Kimberley grootgeword en aan die Laerskool Staats en Hoërskool Diamantveld skoolgegaan. Ná matriek het sy BSc in mikrobiologie en dierkunde gestudeer. “Vandag kom my studie my goed te pas waar ek ’n Monkeynastix-instrukteur by skole is,” spot sy. “Dit is goed as ouers hulle by ons aansluit, want dit is belangrik dat kinders tuis ’n goeie voorbeeld kry dat hul ouers oefen.” Met die klem op veiligheid stap jy nooit alleen nie. Selfs wanneer jy die padroetes aandurf, dra jy weerkaatsende drag met ’n noodnommer daarop. Sommige roetes is so ontwerp dat medeklublede weer van voor af verby jou stap en sodoende kan daar te alle tye van alle klublede rekenskap gegee word. Meer as die helfte van die 32 000 lede landwyd is stappers, maar jy kan ook draf as jy wil.
“Jy kan selfs jou permanente nommer vir die Twee Oseaneen Comrades-marathon by my koop.” Daar is gereeld geleentheid vir deelname aan georganiseerde, mededingende of
nie-mededingende staproetes. “Ons reël selfs ons eie wedlope vir stap en draf,” sê Jenny. “Dit word geadverteer en besonder goed ondersteun.” Die hoogtepunt van
die stapklub is die samesyn van mense en die onderlinge motivering wat hulle mekaar bied. “Ek geniet elke oomblik van die sessies. Mense is so verskillend en om met
hulle te gesels en saam te lag is altyd ’n baie kosbare deel van my dag.” ) Kontak Jenny Uys per e-pos by kimberley@runwalkforlife.co.za of skakel 082834-8499.
Economic Development & Tourism Department: Economic Development & Tourism NORTHERN CAPE PROVINCE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
EXPRESSION OF INTEREST METALS INDUSTRIAL CLUSTER Invitation for Expressions of Interest (EOI) from manufacturers for the establishment of manufacturing operations in the Metals Industrial Cluster in Kuruman, Northern Cape. 1.
INTRODUCTION The Northern Cape Department of Economic Development and Tourism ('the Department') invites manufacturers who are interested in establishing a metals manufacturing facility in the Metals Industrial Cluster in Kuruman, to submit their Expression of Interest (EOI). Such a facility may be additional to the respondent's existing manufacturing facilities. It may be a startup business or it may be a potential relocation of an existing plant. By responding to this call for EOI, respondents stand to gain preferential membership of the Cluster and access to Cluster benefits (e.g. free and discounted infrastructure, facilities and services). By making your specific needs known through your response to this EOI, respondents provide an opportunity for their requirements to be accommodated in Phase 1 of the Cluster, currently planned to go live in 2016. For further details, please refer to the EOI.
2.
INSTRUCTIONS FOR COMPLETING THE EXPRESSION OF INTEREST Interested parties should complete the EOI which is available on request via e-mail or from the Department's offices. The EOI is available from the following official: Jessica Makgetla: makgetlaj@ncpg.gov.za Enquiries should also be directed to the above-mentioned official.
3.
DEADLINE All EOIs must be sent through by e-mail or hand delivered by 5 December 2014 at 11:00. The EOI must be submitted either via e-mail to the official mentioned above or to the Department at the following address: 2 Cecil Sussman Road, Khaya La Bantu Building, Kimberley 8301.
KLERE Damesbaadjies Fleecy-damesbaaadjies Damesjasse Dameslangbroeke Damesonderklere Damesrompe, bloese Dameskoene Damesuedebaadjies Gordels, dasse, kouse Mansbaadjies Mansbroeke Mansjas uitgevoer met pels Manskamerjasse Manskortmouhemde Manslangbroeke Manslangmouhemde Manspakke Manskoene Mans- warm baadjies Pette, hoede Serpe Skoene, stewels Trourok KANTOOR Boekbinder Kantoorstoele Kantoor-besoekerstoele Akkerhout-lessenaar Lessenaarstoel Projektorskerms (een baie groot) Boekrak Blaaibord Vierlaailiasseerkabinette Rekenaarlaserdrukker MEUBELS Verskeie klein tafels en kassies Lang houtkombuiskas Houtwerkbank met bankskroef Opslaantafel Tweesitplekswarthoutriempiesbankie Stoele Ronde tafeltjies Bedkassie Tuinmeubels Sitkamerstel (viersitplekbank en 2 stoele) HUISHOUDELIK Kombuisware Plastiekbiltonghakies Groenterak Plastiekskottels Broodrooster Ketel Mandjies Plastiekkratte Blombakke Beddegoed Kussings Duvet Elektriese kombers Gordyne Lappe Tafeldoeke Gehekelde Lappies Groot Stoelkussings Scatter Cushions Leë bottels Prente en rame Verwarmers Koelhouer Inkopiesakke Ornamente SPORT/SPELETJIES Pop Speletjies en legkaarte Speelgoed Tuisgimnasium Oefenfiets Gholfkarretjie Fietse Kitaar en skouerband DIVERSE ITEMS Sprinkaanspuit Lugreëlaars Tweewielsleeptrollies Geweersak Rekenaarsak Bedpan Haardroërs Ou brille
X1PGFUWW-NK261114
X1PGFVAD-NK261114
Kimberley • Diamond Pavillion Tel. 087 802 1330 • www.trappers.co.za
trappers
®
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 NOVEMBER 2014 essential outdoor gear
16
Sport Die Diamantstad se koerant
X1PGFV11-NK261114
Bike Financing available -
Up to R 75 000 (No licence needed)
While stock lasts
Adres: Kimdustria Kimberley, Tel. 053 807 7760 Sel:082 555 1974 Web: www.crescentbikes.co.za X1PEF4X2-NK261114
Super-plek bespreek Gerdie Karstens DIE strawwe mededinging om ’n plek in die Cheetahs se Super-middelveld is nie iets wat Michael van der Spuy afskrik nie. “Daar was by die Stormers en Westelike Provinsie net soveel mededinging, so dit is nie vreemd nie. “By die Cheetahs sal dit dieselfde wees en sal ’n mens hard moet werk en jouself moet bewys,” het hy gesê. “Ek is tevrede met my huidige spelpeil en die fokus is om my in die span te kry,” het Van der Spuy, wat verlede week nog saam met die Streeptruie getoer en teen die Saracens gespeel het, bygevoeg. Die 23-jarige Van der Spuy het tot einde 2015 ’n kontrak met die Griekwas gesluit met Super-deelname as hoofdoel en wil die sentertrui by die sentrale streekspan bespreek. En hy glo die ervaring wat hy saam met Springbokspelers soos Jean de Villiers en Juan de Jongh opgedoen het, is net die regte doepa daarvoor. “Ek het in my jare in die Kaap baie by Jean en die ander ouens geleer. Die ervaring wat ek daar opgedoen het, het my baie gehelp en ek glo dit sal ook hier van waarde wees. “Dit help my beslis met my eie spel en ek sien daarna uit om tot die Griekwas en die Cheetahs se sukses by te dra,” het Van der Spuy gesê. Daar is heelwat senters in die Cheetahs se vergrote groep, met Johann Sadie, JW Jonker, Jonathan Francke, JP du Plessis, Francois Venter en ook Rayno Benjamin van die keuses tot die Cheetahs se beskikking. Van der Spuy se skuif na die sentrale streek is byna soos ’n tuiskoms vir hom, aangesien hy aan Grey-kollege in Bloemfontein skoolgegaan het. Sy deelname vir Grey se Cherries- en Peaches-spanne is bewys dat nie net eerstespan-spelers eindelik hul rugbyloopbane op senior vlak voortsit nie. “Ek het in gr. 11 vir die Peaches (derde span) en Cherries (tweede span) gespeel en in my matriekjaar voor die proewe seergekry. “Ek sou graag eerste span wou speel, maar is nie spyt dat dit nie gebeur het nie. “Dit het my nog harder laat werk om te kom tot waar ek nou is,” het Van der Spuy gesê.
X1PBEPJV-NK261114
Tel. 053 591 0059 Sel 071 683 7175
Gratis aflewering Woensdae, Donderdae en Vrydae in Kimberley!
SPECIAL
Maalvleis …………………………………………………… R42,95/kg Plaashoenders………………….......................... R39,95/kg Lam vanaf………….....…………………………………R54,95/kg Pekeltong (koop betyds vir Kersfees)…........…R44,95/kg MICHAEL VAN DER SPUY, een van die Griekwas se aanwinste vir die 2015seisoen.
Foto: Yunus Mohamen
Boerewors………….....…………………………………R59,95/kg X1PDQD0C-NK261114
‘Dit (ervaring) help my beslis met my eie spel en ek sien daarna uit om tot die Griekwas en die Cheetahs se suk ses by te dra.’ – Michael van der Spuy
2012 Jeep Compass 2.0 CVT LTD 64 000 km R209 900
:2011 Mitsubishi Pajero Sport 3.2 Di-D GLS AUTO 80 800 km R299 900
2010 Kia Sportage 2.0 ignite 90700km R197 900
2010 Renault Sandero 1.6 United 59 400 km R99 900
2010 Mazda 2 Active 1.3 145 000 km R99 900
2008 Opel Corsa 1.6i OPC 150 000 km R113 900
2011 VW Polo 1.4 comfortline 74000 km R147 900
2012 Hyundai ix35 GLS a/t 2.0 Executive 59 000 km R239 900
2009 Hyundai I20 1.4 96 600 km R119 900
Factory Prices on all pies Pepper steak, steak and kidney, steak, chicken, salami and cheese, sausage roll, curry mince. Spare rib, chicken mayo Cheese burger pie 1 Froude Street, Kimberley, Tel: 053 832 1224
OKIE JAR Biscuits TIMFOERTOTHFILE FESL THTIVE CO E SEASON!
• Coconut • Ginger
• Shortbread
• Choc-King • Caramel Crunch • Choc Crunch
MONTH SPECIAL 2010 VW Polo 1.4 Comfortline 86 500 km R137 900
2009 Mecedes-Benz C300 Elegance A/T 110 000 km R272 900
2011 Nissan Juke 1.6 Dig.T- Tekna 54 500 km R199 900
2013 Ford Ranger 2.2 TDCi Sup/Cab 4x2, mags 67 000 km R249 900
2011 Ford Bantam 1.6XLT 74 800 km R128 900
2010 Hilux 3.0 D-4D D/C 4X4 A/T 109 000 km R299 900
Hennie Vos 082 820 8959
Desmond Madella 073 117 3620
Tel. 053 8313661
• Cherry
56 Stockdalestraat • Kimberley E-mail: kimhuman@intekom.co.za
• Chrunchie
2 jaar waarborg by alle voertuie ingesluit of surplus van fabrieks waarborg
• Yoghurt X1PGBRM5-NK261114
X1PDT864-NK261114