Noordkaapnk 20141210

Page 1

61 C - LONG STREET, KIMBERLEY. TEL: 053 833 3827

Awnings, Blinds & Shu ers.

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 10 Desember 2014

X1PHJ7LJ-NK101214

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Kby sien rooi oor krag

Inwoners vies oor kort kennisgewing voor onderbrekings André Botha

ESKOM se beurtkrag het inwoners van Kimberley die afgelope naweek briesend gehad en dit was veral die kort kennisgewing dat krag afgeskakel gaan word wat mense woedend gemaak het. Selfs die Sol Plaatje-munisipaliteit is onkant betrap toe Eskom Vrydag self die hele stad se krag afgeskakel het. Teen druktyd was dit nog nie bekend wat die res van die week gaan gebeur nie. Hoewel Eskom Maandag aangedui het dat kragonderbrekings moontlik nie deur die week sal gebeur nie, kan dit enige tyd verander. Op Facebook het mense hul argwaan duidelik laat blyk. Op Noordkaap se Facebook-blad het Elma Loots gewonder of Eskom mense gaan vergoed vir skade aan yskaste en ander elektriese toestelle weens die aan- en afsittery. Ook verskeie ander mense het dié vraag gestel. Karin Venter Hoffmann het haar kwelling uitgespreek oor kos wat sleg word, siek mense in hospitale, mense in aftreeoorde en die negatiewe impak op sakeondernemings en die gevolglike impak op die ekonomie. Charmaine Cabral, haar familie en vriende het ’n ete vir haar ma in ’n deftige restaurant beplan om haar 66ste verjaardag te vier. Die restaurant het egter laat weet dat hy weens die kragonderbrekings moet sluit in die tyd wat hul bespreking was. “Dankie, Eksdom, dat julle my ma se verjaardag geruïneer het!” het sy geskryf. Jade Candy het geskryf sy het ’n maand oue baba wat formulemelk moet kry. Sy sien ook om na ’n bejaarde. Sy moes drie liter melk weggooi omdat dit sleg geword het. Vleis het ook ontdooi. Sy het ook genoem van mense in gastehuise wat nie ontbyt kan kry as die krag in daardie tyd afgaan nie. “Ons is huiwerig om kerse aan gaste te gee weens die moontlikheid van nalatigheid en die brandgevaar. Veral buitelanders verstaan nie dat dit nie jou skuld is as die krag afgaan nie, hulle het mos vir daardie diens betaal.” ) Hou Noordkaap se Facebook-blad dop vir die nuutste verwikkelinge rondom die kragsituasie.

Gee toeskouers hoendervel DIE departement van vervoer het ’n lug­ en ’n loopbaanskou in Kimberley gehou. Hier klief die weermag se beroemde Silwer Valke­span deur die lug. Die polisie se valskermspringers en vlieglegendes soos Scully Levin het die lugruim met hul toertjies witwarm gemaak. Foto: Charné Kemp

SPEEDY TYRE & EXHAUST Real People. Real Value. Real Speedy.

68 TRANSVAAL ROAD KIMBERLEY

TYRES

Lowest in town

SHOCKS Less 60%

BATTERIES Less 25%

TEL: 053-831 2557/1881

X1PH408N-NK101214

IMPERIALVR-NK101214


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014

Met partytjie bederf

JEEP 2 PACK SHIRTS

R749 STERLING 2 PACK

R499

JONG kankerlyers is Saterdag met ’n Kerspartytjie be­ derf. Van links is, voor: Kaylan Engel­ brecht, Tumi Mola­ le, Rachael Perridge en Prudence Ditsela; middel: Kamohelo Sephiphi, Faith Mo­ lale, Tshepang Ntla­ eng, Shaun Macho­ mo en Omolemo Kolwane; agter: Marco Booysen, Ke­ dumetse Khoza en Ivan Claassen. Foto: Leone Taljaard

Diewe lief vir bakkies André Botha

ASSORTED TSONGA SANDLES

FROM R529

trappers

®

essential outdoor gear

Kimberley • Diamond Pavillion Tel. 053 832 7863 www.trappers.co.za X1PHY13M-NK101214

DIT lyk asof veral eienaars van Isuzu-bakkies teikens is nadat nóg verskeie gevalle die afgelope tyd aangemeld is waar dié bakkies gesteel is. In die meeste gevalle is die eienaars se honde vergiftig. Dié voorvalle was onder meer in Newpark, Weseinde en Carters Glen. Dit is van die voorvalle wat die afgelope tyd op die Facebook-blad Saam Staan Kimberley! aangemeld is. Kommer is ook op die blad uitgespreek oor veiligheid in Weseinde. Dit is veral die mynhope in die omgewing wat ’n doring in die vlees is. Volgens inwoners kruip voornemende inbrekers in die mynhope weg, en slaan dan

saans toe. Twee verdagtes is verlede week in die vroeë oggendure in Carters Glen aangekeer. Hulle het verskeie skerp voorwerpe by hulle gehad, wat waarskynlik gebruik word om by huise in te breek. Hoewel nie misdaadverwant nie, is ’n groot irritasie vir inwoners taxi-verkeer by winkelsentrums in die stad. Veral die dikwels onverskillige wyse waarop die taxi-bestuurders ry, is ’n groot probleem. Daarby parkeer die taxi’s dikwels buite die sentrum in die straat, waar hulle verkeer blokkeer. Dit is gevolglik buite die sentrums se beheer. Dit is ondanks die feit dat oplaaiplek wel deur die meeste sentrums verskaf word.

TRANSVAALWEG 110, KIMBERLEY TEL: 053-832 7990 FAX: 053-832 7801

Aan al ons lojale kliënte wens ons ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2015 toe! Neem kennis ons sal gesluit wess vanaf 21 Desember 2014 - 04 Januarie 2015.

We wish all our loyal clients a Merry Christmas and a Prosperous 2015! Please not that we will be closed from 21 December 2014 - 04 January 2015. Free quantity quotations at your home as well as free colour specifications.

X1PH714M-NK101214

X1PJ3701-NK101214


NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014

3

‘Volg jou drome na’ Karin Muller

Uitgevat vir nuwe jaar DIE Hoërskool Noord­Kaap se matrieks het van 2015 af hul eie kle­ redrag. Dit is 'n nuwe instelling by die skool. Hier van links, wys Jessica du Plessis (onder­voorsitter), Cecilia Fiedler (hoofmeisie van die koshuis) en Gerhard Holtzhausen (koshuis­hoofseun) hoe die nuwe kleredrag lyk. Foto: Verskaf

NIE alle mense kan ’n tegniek suksesvol aan iemand oordra nie, maar as jy luister na die studente van Edna Watcham van die Creative Image Craft Paint Studio in Kimberley en jy sien wat hulle bemeester, besef jy dat Watcham wel oor hierdie vaardigheid beskik. “Om die verbasing en vreugde op iemand se gesig te sien wanneer hulle met trots na hul voltooide projekte kyk, is die hoogtepunt van my dag,” sê Watcham. “Alle mense het iets kreatiefs in hulle en ek help net om dit te voorskyn te bring.” Watcham is in Kimberley gebore en het aan die Kimberley Junior School en die Hoërskool NoordKaap skoolgegaan. Sy het by Standard Bank begin werk en was daarna ongeveer sewe jaar ’n ontvangsdame by Kimberley Optical. Meer as 15 jaar gelede het sy vir haar broers in Johannesburg gaan kuier en op ’n vlooimark op die verf van die Creative Image Craft Paint Studio afgekom. “Nadat ek terug was in Kimberley, was dit al waaraan ek kon dink,” vertel sy. “Ek wou van kleins af graag mense leer verf.” Dit het haar ’n jaar geneem om die moed bymekaar te skraap om haar werk te bedank en ’n kursus in hierdie verftegniek te volg. In Januarie 2000 het sy haar eie ateljee oopgemaak. Daar is altesaam 23 van hierdie ateljees in Suid-Afrika en agt in Mauritius. Daar word weekliks agt klasse by Watcham se huis aangebied. “Die mense word baie goeie vriende en om in paar uur af te skakel is wat baie mense nodig

UNWRAP ADVENTURE

EDNA WATCHAM (links) wys vir Rosie Strydom wat sy moet doen.

Foto: Karla Muller

het om spanning teë te werk. Ons lag baie gedurende die sessies en ek kan aanvoel hoe die studente ontspan.” Hoewel sy meestal volwasse vroue leer verf, is enigiemand welkom. “Jy hoef nie eens te weet hoe om ’n verfkwas vas te hou nie, ek sal jou leer.” Met meer as 100 kleure verf en glitter om van te kies word daar op materiaal, keramiek, hout en verfdoek geverf. “My studente mag nie dit waaraan hulle so hard

gewerk het, in die kas wegbêre nie, daarom verf ons bruikbare artikels soos tafeldoeke, skinkborde en muurbehangsels.” Watcham kry nie veel tyd vir haarself nie, maar probeer gereeld in die gimnasium oefen. Met iemand wat so lank ’n droom gehad het en eindelik moed bymekaar geskraap het om dit te volg gee sy vir vandag se jong mense raad uit haar eie ondervinding: “Volg jou drome met harde werk na en moet nooit moed opgee nie.”

GREAT VALUE GIFTS 1

2

3

4

5

GIFTS AND GADGETS FOR ALL

105g

199g

25 hours

14 tools

WINGMAN MULTITOOL | R599 Pocket-sized tool - perfect for first time users Durable 420HC Stainless Steel

1. PICQUIC TEENY TURNER SCREWDRIVERS R75 EACH / 2. CUDDLEBUG TRAVEL PILLOWS R199 / 3. VICTORINOX 3.3613 POCKET KNIFE R240 / 4. TRAVELON MICRO LUGGAGE SCALE R250 / 5. POWERSTICK PORTABLE CHARGER R350

SEO 5 HEADLAMP | R550

Packs away conveniently into small bag

180 lumen output that covers about 120m Rotating head for impressive performance

Rubber toe guard protects toes

EVO GEAR BAGS MEN’S SHORTS | FROM R499 100% cotton Available in a variety of styles

MEN’S NEWPORT H2 SANDALS | R1199 Comfortable moulded EVA midsoles Webbed uppers - perfect for scrambling through rock pools

PICNIC BACKPACK | R750 Includes four sets of cutlery, glasses and plates, a bottle opener, cutting knife and cutting board

8943 E & OE

This Christmas, give the gift of choice SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.za FREE delivery on ALL online orders

Fans find out first.

Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Stores nationwide. Products subject to availability. All our products are covered by our famous 5-Way Guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy. Prices correct at time of going to press.

SMALL (35L) R399 / MEDIUM (60L) R450 LARGE (85L) R499 / X-LARGE (140L) R550 Super-durable hold-all for travel and gym Lockable YKK zips


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014

Stadsaal verval

BEACONSFIELD was tot 1912 ’n aparte dorp, kompleet met sy eie stadsaal. Die stadsaal is in drie fases opgerig. Die oorspronklike gebou is op 11 Junie 1888 geopen. Dit is opgerig ter ere van die vrywilligerkorps van die Diamantveld, later bekend as die Kimberley Light Horse. ’n Nuwe vleuel is in Oktober 1897 gebou om koningin Victoria se Diamantjubileum te vier. Die klok en toring is in 1902 bygevoeg. Die spits van die toring was in die vorm van ’n kroon, waarmee die Britse koningshuis as koningshuis van die Kaapkolonie vereer is. Nadat Beaconsfield deel van Kimberley geword het en dus nie meer ’n eie stadsraad gehad het nie, is die gebou steeds vir opvoerings, openbare vergaderings en danspartye gebruik. Die gebou het egter mettertyd verwaarloos geraak. Pogings om die gebou te behou was onsuksesvol, en in 1969 is dit gesloop. Die klok is deur die Kimberleyse stadsraad aan die Kimberley­regiment geskenk. Die horlosie, hoeksteen en klok is nou in bewaring in die McGregor­museum. Die terrein het vir jare onbenut gebly totdat ’n vulstasie in die 1980’s hier opgerig is. Die toring agter die vulstasie is opgerig as deel van wat ’n satelliet­polisiekantoor sou word. Vandag is dit egter openbare toilette. Foto’s: Africana-biblioteek en André Botha

BESOEK Noordkaap se webblad by www.noordkaap.co.za vir meer nuus, foto’s en fotogalerye. As jy vorige uitgawes van die koerant misgeloop het, kan jy ook op dié webtuiste aanlyn deur die koerante gaan “blaai”. Sluit by Noordkaap se Facebookblad aan en gesels saam met ander lesers oor kwessies wat die Noord-Kaap en omgewing raak.

Sien uit na uitslae DIE matriekeindeksamen is verby en die nasien van antwoordstelle is al ver gevorder. Nou is dit die lang wag vir die uitslae wat vir die matrieks voorlê. Grizelda Cjiekella-Lecholo, LUR vir onderwys, sal saam met die res van die provinsie met ingehoue asem wag om te sien of die provinsiale uitslae ’n verbetering gaan toon. Cjiekella-Lecholo het ’n doelwit van 80% vir die slaagsyfer gestel. Die Noord-Kaap was jare lank een van die bes presterende provinsies in die land en het gereeld die tweede plek ná die Wes-Kaap gevul. Die afgelope paar jaar het egter

’n geleidelike verswakking getoon en die provinsie het tot die vyfde plek teruggesak. Dit is so dat die voortslepende onrus in die John Taolo Gaetsewedistrik baie daartoe bygedra het. Vanjaar was daar weer probleme in dié gebied. Dit is egter ook so dat daar ook in ander distrikte ’n verswakking was. Die onderwysdepartement het

verskeie ingrypingsplanne in werking gestel. Verlede jaar is reeds ’n mate van sukses met dié planne behaal en hopelik is daar vanjaar verdere sukses sigbaar. Die goeie nuus is die eksamen het sonder enige ernstige voorvalle verloop, ook in die John Taolo Gaetsewe-distrik. Die Noord-Kaapse onderwysdepartement het ’n goeie rekord in dié opsig. Ons sien dus saam met die matrieks uit na goeie uitslae en hoop die Noord-Kaap se uitslae sal vanjaar weer onder die van die topprovinsies wees.

Elkeen is uniek Soek die juwele in die alledaagse Karin Muller

2 Turner Road | Kimberley 8301 | PO Box 840 | Kimberley 8300 Tel. 053 833 5303 | Fax 053 832 3422 | Cell 083 406 0889 www.sealingsolutions.co.za | Sales@sealingsolutions.co.za

STEEL PIPES AND FITTINGS BOLTS AND NUTS VALVES

The Only Solution for you VAT 4640188118

X1PHM3H6-NK101214

MIN of meer alle begrippe in ons taal wat tyd of hoeveelheid aandui of beskrywend is, is relatief van aard. Wat die modebewustes as elegant bestempel, mag jy as skreeulelik ervaar. Terwyl een persoon mag dink die werk is onmoontlik baie, mag dit dalk vir iemand anders haalbaar wees. As jy min geslaap het, mag iemand anders dit as heeltemal voldoende beskou. Wat vir een persoon baie is, is vir die volgende persoon min. Wat vir een persoon lank is, mag vir ’n ander persoon kort wees. Alles hang van jou verwysingsraamwerk af. As jy met die minimum moet klaarkom, kan jy nie verstaan waarom sekere artikels as winskope bemark word nie. Die hoeveelheid kos of slaap of werk of ontspanning waaraan jy gewoond is, is nie noodwendig waaraan ander mense gewoond is nie. Wonder jy waarom

Hannes Nöeth mense wat jy dink ’n groot inkomste verdien steeds skuld het, sal daar iemand anders wees wat dieselfde oor jou wonder, aangesien hulle minder as jy verdien. Inwoners van Hartswater of Hopetown mag Kimberley as ’n stad beskou. As jy in Kimberley woon, voel jy waarskynlik dat Bloemfontein ’n stad is. As Bloemfonteiner sal jy heel moontlik Pretoria, Kaapstad of Durban as ’n stad bestempel. Daar sal altyd iemand wees wat meer of minder het en daar sal altyd iemand wees wat meer of minder doen. Ons verwysingsraamwerk is so uniek soos ons menswees. Soos ’n vingerafdruk of DNS waarvan geen mens s’n dieselfde is nie. Al veroorsaak dit soms konflik is dit ook wat interessantheid en verskeidenheid aan die lewe verleen.

JUWELE kan baie werd wees. Hang af van die vakmanskap en die edelgesteentes of dit kan goedkoop wees en baie werd wees omdat dit sentiment het. In ’n groot mate word juwele se waarde bepaal deur wat dit vir jou beteken. Daarom vir my so kosbaar die kleine blondekop-meisie wat haar skatte voor my kom uitskud. Ons kampeer met kinders uit verskillende omstandighede. In haar beperkte konteks en haar vyf jaar van bestaan, ken sy nie diamantringe en goue julwele van ’n sekere karaat nie. Sy weet daarvan, maar die waarde is nog ver bo haar begrip. As sy haar juwele uitskud, dan besef ek sy gaan dit nooit kan verkoop nie, maar tog is dit van soveel waarde dat haar juwele moeilik vorentoe deur die harde werklikheid van goud en

silwer vervang sal kan word. “Oom, kyk my juweeltjies – ek tel elke dag ’n sak vol op.” Ongelooflik – twee skoenlappers, drie boomsade, ’n dooie tor, ’n wit klip, ’n stukkie rooigras, ’n boompeul. Dit is haar juwele. Sy het al baie by die huis. Haar ma het gesê sy mag dit in haar kamer hou. ’n Mens moet ook nie dink dat sy nie weet wat elkeen vir haar beteken nie. Sy soek haar juweeltjies met die hand uit. Ek is so dom – ek durf vra of elke dag s’n dieselfde lyk. Verontwaardig kom die antwoord: “Natuurlik nie, Oom, daar is elke dag nuwe juweeltjies om my. Ek moet hulle net optel.” Hoe wonderlik as ’n mens nog in die klein goedjies juwele kan sien.


NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014

Om vorige uitgawes van Noordkaap te lees, gaan na www.noordkaap.co.za

3 tot 10 JANUARIE

Indien u wil betrokke raak by die toernooi of meer inligting benodig oor skaak en skaakontwikkeling in die NK kontak Dina by: Sel: 083 200 5664 X1PE8JV8-NK101214

Samba

Open12 December 2014

59

90 Per Pack

P Long Life PnP F Full Cream or Low F Fat Milk 6 x 1 Litre

Don’t pay a cent more than you have to this Christmas. See in store for details. www.picknpay.co.za/brandmatch

PRICE VALID 8-14DECEMBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS ONLY

In Free State, North West, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Selected products may not be available in all stores. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

*Sunday Times TopBrands 2014

118646_20x3_Eng 118646 20x3 Eng

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014

Bloed nou nodig André Botha ’n DRINGENDE beroep op mense dat hulle nou moet gaan bloed skenk voordat hulle met vakansie vertrek, is deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) op inwoners van Kimberley gedoen. Magda Tesnet, skakelpraktisyn van die SANBD in Kimberley, sê Desember is tradisioneel ’n moeilike tyd vir die SANDB, omdat 3 000 eenhede bloed nie daagliks gekry kan word nie. “Dié hoeveelheid bloed word benodig om pasiënte, soos dié wat terminaal siek is, om nie eens van ongelukslagoffers te praat nie, te behandel. Wanneer ons na vorige jare se bloedvoorraad in dieselfde tydperk kyk, weet ons moeilike tye lê voor. “Ons wil mense aanmoedig om dié

Wiesenhof Noord-Kaap Mall – 053 831 1877

vakansie 30 minute te vind om bloed te skenk. Terwyl jy jou vakansie geniet, kan jou bloed tot drie mense se lewe red.” Die behoefte aan bloed neem in Desember toe omdat verkeer op die nasionale paaie in die vakansie heelwat toeneem en dit ongelukkig ook meer ongelukke beteken. Tesner sê dit is slegs met die hulp van gereelde en toegewyde skenkers moontlik om aan die vraag te voldoen. Die SANBD se kantoor in Kimberley is in Dutoitspanweg digby die Kimberley-hospitaal en die Mediclinic Kimberley. ) Om uit te vind waar jy bloed kan skenk SMS jou naam en poskode na 31454. Standaardtariewe geld. Om meer uit te vind besoek www.sanbs.org.za of skakel 0800-119031.

Posture Classic

Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2015 aan al ons kliënte!

R2399

Ryg die eerbewyse in

5

MACKS VAN STADEN van die Laerskool Roodepan met die rits trofeë wat hy vanjaar verower het. Macks, die skool se hoofseun, is as algeheel beste presteerder aange­ wys. Hy is ook die dux­leerling vir 2014 en die beste presteerder in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, kuns en kultuur, tegnologie, sosiale wetenskap en natuurweten­ skap. Hy het ook ’n trofee en kontantprys gekry vir wiskunde waarin hy 92% behaal het. Hy is ook vir uitstaande leierskap beloon. Sy ouers is Rolene en Ockert van Staden.

X1PHJ0VW-NK101214

Uitslae van eindeksamen op pad

Wimpy New Park, North Cape Mall en Diamand Pavilion wens al ons getroue kliënte ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2015 toe.

André Botha

CHRISTMAS WISHES AND A PROSPEROUS 2015 TO ALL. GOD BLESS.

DIE nasienwerk van matriekeindeksamenvraestelle het reeds ver gevorder. Dit het verlede Dinsdag begin. Die uitslae sal op 6 Januarie bekend gemaak word. Sydney Stander, woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwysdepartement, sê die departement is tevrede met die verloop van die eksamen. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie. “Ons het ’n trotse rekord van baie jare

waarin geen negatiewe voorvalle in die provinsie was nie.” Die DA het ook sy tevredenheid uitgespreek. Safiyia Stanfley, die party se provinsiale woordvoerder oor onderwys, sê dit word verwelkom dat geen vraestelle uitgelek of verkoop is nie. “Ons stel veral belang daarin om te sien hoeveel kandidate hul eksamens met goeie punte in wiskunde en wetenskap geslaag het.”

X1PH638D-NK101214 X1PHJ101-NK101214

Your steel and tubing tjommies

STEEL & PIPES

PTY LTD

Kimberley N.C.

25 Hull Street Tel: (053) 831 4461/2/5/6 • Fax: (053) 831 4460

We thank all our loyal customers for your support. Wishing all an enjoyable and safe festive season and a prosperous 2015. Don’t miss out on our great in-store specials.

For your best steel deal!

PAINTS, CASTING, DEVIL'S FORK, CUTTING AND GRINDING DISCS

PAINTS, CASTING, DEVIL'S FORK, CUTTING AND GRINDING DISCS

PAINTS, CASTING, DEVIL'S FORK, CUTTING AND GRINDING DISCS

YOUR 1-STOP STEEL SHOP FOR ALL YOUR SECURITY NEEDS. WISHING ALL OUR CLIENTS A SAFE HOLIDAY SEASON.

PAINTS, CASTING, DEVIL'S FORK, CUTTING AND GRINDING DISCS

X1PH62QR-NK101214

051 447 8416 / 082 773 6009 / 082 296 1807 E BESTSE PRY

Ingeboude braaier plus 2,4-m-pyp en weerhaan.

E BESTSE PRY 800 Deepdrawerkaggel plus 3,6-m-pype plus weerhaan plus skerm.

1 000 kas

Merry Christmas and a happy and blessed 2015 to all. X1PJBLTD-NK101214


NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014

Geboue vorder fluks

7

Besoek Noordkaap se webblad www.noordkaap.co.za of gesels saam met ons op Noordkaap se Facebookblad.

André Botha DIE meulegebou en koekie- en pastagebou wat deur Westra, ’n filiaal van GWK, in Modderrivier opgerig word, het groot vordering gemaak sedert die eerste sooi gespit is, sê Eddie Ueckermann, uitvoerende bestuurder van Westra. Die meule en die fabriek sal ’n geldelike inspuiting vir Modderrivier wees en verskeie werkgeleenthede in dié brandarm gebied skep. Nuwe omgewingsvriendelike metodes is in die ontwerp gebruik om water te herbruik, geboue koel te hou en geraas te verminder. Al die koekiefabriek se toerusting is reeds op die perseel en die laaste gedeelte van die meule se toerusting het ook onlangs op die perseel aangekom. Slegs 19 skeepsvraghouers moet nog in Modderrivier aankom. Die pasta-aanleg se toerusting is alles op die water en word middel vandeesmaand verwag. Die installering van die toerusting sal vroeg in Januarie begin. Ueckermann sê handelsmerke en verpakkingsgroottes is reeds ontwerp en geregistreer. In die meule is ’n moderne laboratorium wat toetse sal doen op materiaal wat inkom, asook op klaar vervaardigde produkte. Produkte sal aan die strengste toetse onderwerp word en aan die hoogste standaarde voldoen. Ueckermann sê alle toerusting is van die beste verskaffers in die wêreld verkry. Die meule is van Buhler-toerusting, ’n maatskappy wat 80% van die markaandeel in die wêreld het. Net die beste benutting van hulpbronne sal plaasvind en Westra wil dit as ’n mededingende voordeel gebruik. Eugene Champion, bestuurder: projekte van Westra, sê dié aanleg het begin as ’n droom wat in 2010 posgevat het om waarde toe te voeg aan die produkte wat GWK se aandeelhouers verbou. “Ons wou ook ons voetspoor in voedselvervaardiging vergroot.” Hy sê verskeie alternatiewe is in die markondersoek oorweeg. “Die verbruik van koringprodukte toon jaar na jaar ’n styging per kapita en daarom is besluit om in die mark te belê en koringmeel te vervaardig. “Slegs 20% tot 25% van koringmeel word egter deur die eindverbruiker gebruik. “Daarom het ons moontlikhede ondersoek om verdere waarde aan die produkte toe te voeg. “Weer het ons na stygende markte gekyk, terwyl ’n lang raklewe ook deel van die kriteria was. Pasta en beskuitjies het aan al die kriteria voldoen.” Nog ’n projek van Westra is die outomatisering van die verpakkingsaanleg in Christiana. Ueckermann sê C-Meule is in 2011 in Christiana geïnstalleer om kapasiteit daar te verhoog.

42-50 George Street, Kimberley • Tel: 053 832-9666 • Fax: 053 832-1999

ROOFGUARD

COLOUR - FAST ROOF PAINT Standard Colours

WEATHERGUARD 20 L

R1 125-00

LUXURIOUS SILK Interior walls - white & pastel colours

Standard Colours Exterior walls

20 L

R959-00

GLOSS ENAMEL 5L

Standard Colours

R379-00

Best quality at best price. VAT included – while stocks last – cash only.

5L

R375-00 VALID 10 - 16 December 2014

Dakteëls

Vir al jou dak bykomstighede besoek ons by: Sam Jaffstraat 4-8 Kimdustria Tel: 053 841 1044 Faks: 053 841 1045 Email: info@krtt.co.za X1P24KXE-NK101214

Kry logo en wen ALMAL doen Kersinkopies en daarom sal ’n geskenkbewys van R200 van die Diamond Pavilion Shopping Mall beslis handig wees. Noordkaap se lesers kry vandag vir oulaas die kans om só ’n geskenkbewys te wen. ’n Miniatuur-logo van die Diamond Pavilion Shopping Mall is iewers in Noordkaap geplaas. SMS die sleutelwoord “logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsynommer waarop die logo geplaas is na 45527. Dit kos R1,50 om jou in te skryf. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00.

WE ARE


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014

Op ’n drafstap DIE weermag se jaarlikse Gun Run is weer in Kimberley gehou. Dit is die tiende jaar dat dit aangebied is. Lede van die staande mag, asook die re­ serwemag, het aan die Gun Run deelge­ neem. Spanne van tien lede elk moes ’n kanon 8 km ver in Kimberley trek en stoot. Die polisie en twee burgerlike spanne van Gale­ shewe het ook deel­ geneem.

SOMMIGE inwoners was ietwat bekommerd oor die groepe soldate wat met ’n kanon in die strate van die stad gehardloop het. Altesaam 17 spanne het aan die Gun Run deelge­ neem. Foto’s: Charné Kemp

JET SET MoToRS Tel: 053 836 9904 | 64 Long Street

services include:

Shell V-Power Diesel | Shell V-Power 95 24 hour Convenient store and service sta on

Aan al ons getroue kliente, Geseende Feestyd en Voorspoed vir 2015. X1PJ3HTW-NK101214


NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014

9

Woon nasionale kamp by LEERLINGE van die Hoër Tegniese Skool Kimberley gaan die nasionale landsdienskamp in Desember bywoon. Van links is Robyn Harker, Lizette Beuzana, Tefo Motsage en Selby Lucas. Foto: André Botha X1PHY16R-NK101214

X1PHY8AW-NK101214


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014

DEPARTMENT OF TRANSPORT, SAFETY AND LIAISON Directorate: Civilian Secretariat

Wat is jou mening?

Assistant Director: Regional Coordinator

Gesels saam op Noordkaap se Facebookblad.

Salary: R270 804 – R327 126 per annum (Level 9) (Ref. S4.1/12/01) Namaqua Regional Office (Springbok)

Requirements: • Recognised Bachelor’s degree/diploma, preferably in Policing, Social or Project Management plus 3-4 years’ credible and proven project development coordination experience, relevant to the successful execution of the key performance areas of the position • Good knowledge of the Public Service policies and legislation • Valid Code EB driver’s licence • Willingness to work extra hours and travel extensively • Networking skills • Verbal and written communication skills, including reporting • Conflict management as well as problem-solving skills • Sound understanding of Government’s planning framework and the integrated development planning and budgeting process • Familiarity with the safety, security and policing environment and related legislation. Duties: • Provide professional operational management and leadership in respect of the provision of the functions and services assigned to the Regional Office • Provide strategic direction and ensure the implementation of Social Crime Prevention and Community Police Relations oversight of the South African Police Service functions at regional level • Support, cooperate and collaborate in intergovernmental, inter-departmental, inter-sectoral and inter-directorate integration in respect of the regional office. Enquiries: Mrs Nomakwezi Jonkers, tel. (053) 839-1738 or Mr Batsile Marekwa, tel. (053) 839-1795

Charné Kemp DIE verskuiwing en oorplasing van pasiënte van die Mediclinic Kimberley na die Mediclinic Gariep verlede week het glad verloop. Die nuutgeboude Mediclinic Gariep met sy moderne geriewe in El Toropark het verlede week oopgemaak en pasiënte is daarheen oorgeplaas. ’n Kraaminrigting sal in die Mediclinic Kimberley ingerig word. Daar sal ook pediatriese geriewe en ’n ooghospitaal wees. ER24, Mediclinic se ambulansdiensverskaffer, het intensiewesorg- en hoësorg-pasiente verskuif. Albert Hensberg, die bestuurder van ER24 Kimberley, sê bykomende personeellede het met hul voertuie van Bloemfontein, Kuruman en Upington gekom om te help met die verskuiwing. Agt voertuie en 16 personeellede het die pasiënte versorg. Die ander pasiënte wat in ’n minder ernstige toestand is, is per bus verskuif. Denise Coetzee, die Mediclinic-woordvoerder, sê daar is begin deur die mans- en vrouepasiënte van die hoësorgeenheid oor te plaas. Daarna is die vrouepasiënte en toe die mans na hul onderskeie sale verskuif. Pasiënte van die intensiewesorgeenheid is laaste oorgeplaas. Johanna Snyman, verpleegbestuurder, sê die pasiënte is reeds vroeër vandeesweek per brief en in individuele gesprekke van die verskuiwing ingelig. Alle vrae is ook beantwoord.

Regional Field Worker: Social Crime Prevention Salary: R183 438 – R216 084 per annum (Level 7) (Ref. S4/.12/02) ZF Mgcawu Regional Office (Upington)

Requirements: • Appropriate diploma or Matric plus a minimum of 5 years’ demonstrated experience relevant to the successful execution of the key performance areas of the position • Valid Code EB driver’s licence • Willingness to work extra hours and travel extensively • Proven facilitation, coordination, networking, conflict management, verbal and written communication and reporting, as well as problem-solving skills • Sound understanding of the municipal integrated development planning process as well as familiarity with the safety, security and policing environment and related legislation. Duties: The implementation of integrated Social Crime Prevention, Community Police Relations and Monitoring and Oversight programmes and activities in the region • Develop programmes, work plans and draw up business plans in regard to the above • Liaise, consult and cooperate with different stakeholders and advise relevant stakeholders • Facilitate the establishment, support and sustenance of community policing • Embark on oversight visits to police stations to evaluate police performance and conduct • Liaise and consult with the Provincial Office on the delivery of departmental services in the region. Enquiries: Mr Johannes Stuurman, tel. (054) 338-5698 or Mr Batsile Marekwa, tel. (053) 839-1795

Albert Hensberg, die be­ stuurder van ER24 Kimber­ ley, sê bykomende perso­ neellede het met hul voer­ tuie van Bloemfontein, Kuruman en Upington ge­ kom om te help met die ver­ skuiwing.

Directorate: Traffic Regulations

Provincial Inspector

Salary: R148 584 – R175 023 per annum (Level 6) (Ref. S4.12/04) Britstown Provincial Traffic Station Requirements: • Grade 12 Certificate or higher qualification • Valid driver’s licence (Code B) • Basic Traffic Diploma or equivalent qualification • 1 year’s practical experience in law enforcement • No criminal record. Key performance areas: • Enforce road traffic, public passenger and transport legislation • Examine drivers and motor vehicles and monitor compliance at Driver Licence Testing Centre (DLTC) and Vehicle Testing Station (VTS) • Provide visible traffic control/policing • Promote/ensure crime prevention activities • Perform all administrative activities and related duties. Enquiries: Mr Mxolisi Tshaliti, tel. (053) 672-0125 or Mr Batsile Marekwa, tel. (053) 839-1795

Skuif verloop glad

SELECT PRE-OWNED

Save big at Selected Pre-owned

SAVE BIG WITH OUR PRE-SELECTED AND DEMO RANGE

Provincial Inspector

Salary: R148 584 – R175 023 per annum (Level 6) (Ref. S4.12/03) Colesberg Provincial Traffic Station Requirements: • Grade 12 Certificate or higher qualification • Valid driver’s licence (Code B) • Basic Traffic Diploma or equivalent qualification • 1 year’s practical experience in law enforcement • No criminal record. Key performance areas: • Enforce road traffic, public passenger and transport legislation • Examine drivers and motor vehicles and monitor compliance at Driver Licence Testing Centre (DLTC) and Vehicle Testing Station (VTS) • Provide visible traffic control/policing • Promote/ensure crime prevention activities • Perform all administrative activities and related duties. Enquiries: Mr Frank Malgas, tel. (051) 753-0775/6 or Mr Batsile Marekwa, tel. (053) 839-1795 The Northern Cape Provincial Government is an equal opportunity affirmative action employer. NB: Woman and people with disabilities are encouraged to apply. Applications must be submitted on a Z83 form, obtainable from any Public Service Department, and should be accompanied by certified copies of qualifications, Identity Document and comprehensive CV. Faxed applications will not be considered. Applications stating the relevant reference number must be sent via hand delivery to: The Head of Department: Department of Transport, Safety and Liaison, Southey Chambers, Ocean Echo Building, 2 cnr Phakamile Mabija and Lennox Streets, or posted to PO Box 1368, Kimberley 8300, for attention: Ms M Leburu. The successful candidates will have to undergo security vetting. Candidates who have not been contacted within 1 month of the closing date for application must accept that they have been unsuccessful, since correspondence will be conducted with successful candidates only. Closing date: 12 December 2014

Northern Cape Provincial Government www.humanjobs.co.za

AIDS HELPLINE 0800-012-322 Human Communications 114750

2014 Mitsubishi Triton D/Cab 2.5 D4D 4x2, canopy, lots of extras, 4 800 km R349 900

2014 Hyundai i10 1.1 Motion, demo, 2 900 km R113 900

2011 VW Polo Vivo 1.6 5-door, 50 700 km R119 900

PERSOONLIKE DIENSTE

SAKE

LENINGS

GELEENTHEDE 1445

2014 Hyundai Accent 1.6 Fluid Hatch, demo, 11 500 km R209 900

2014 Mitsubishi Mirage 1.2 GLS, 3 800 km R139 900

2415

SWEET DISTRIBUTION OPPORTUNITY. Start your own business, successful and profitable. Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net

2013 Toyota Etios 1.5 XS, 26 900 km R119 900

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250

HERLEAR: 1-slaapkamerwoonstel te huur vanaf 1 Jan. 2015, R2 700 per maand plus R2 700 deposito. Skakel 076 900 5606 / 084 261 2492.

ALGEMENE & HUISDIENSTE 2013 Hyundai iX35 20 Premium, 18 700 2013 Hyundai Elantra 1.8 Exec, demo, 2013 Mitshubishi 2.4 Triton S/C 4x2, 12 000 km a/c, 23 000km km, nudge bar R219 900 R184 900 R249 900

Hyundai Kimberley:

ALLERLEI 1845

33B McDougal Rd, Royaldene. Tel. 053 807 6800 • Jobo 082 461 8088 • Iqbal 083 735 1785 • Cully 072 404 2991 X1PJ140B-NK101214

PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194.

HERLEAR: 2-slaapkamer-woonstel te huur vanaf 1 Jan 2015. R5 000 per maand plus R5 000 deposito. Skakel: 076 900 5606/ 084 261 2492.


NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014

MOTORS

MITSUBISHI se Pajero het ’n paar nuwighede.

Foto: Verskaf

Pajero kry vars voorkoms groter gemaak sodat dit die hele wiel bedek. Dit skep ’n skoner beeld wanneer ’n mens die Pajero van agter bekyk. Die reeks kry verder nuwe allooiwiele met ’n netjiese sesspeek-motief. Binne is die enigste veranderings die trukamera wat nou sy beeld op ’n sentrale skerm wys en nie meer op ’n afsonderlike skerm nie. Die hoofligte het voortaan ook ’n selfdomp-funksie. Meganies is die Pajero onveranderd. Die reeks het steeds die lekker fris 3,2-liter-turbodieselenjin onder die enjinkap wat 140 kW en ’n stewige 441 Nm se wringkrag lewer. Ook die selfskakel-vierwieldryfstelsel bly onveranderd en is een van die vernaamste eienskappe wat van die Pajero ’n hardekwasveldryer maak. Die blikbrein help onder meer self bepaal watter wiel wieltol beleef sodat minder krag soontoe en meer na die ander wiele met goeie greep gestuur kan word. Die stelsel behels ook ’n laestrekratkas en elektroniese sluitewenaars op die agteras, sowel as tussen die voor- en agterwiele. Drie veldrymodusse is te kies – dít is nou benewens die gewone 4x2-verstelling waarin die voertuig standaard is wanneer ’n mens hom aanskakel. In elke modus is die motor blywend in viertrek-aandrywing gestel.

X1PJ14VD-NK101214

An

p

F ch R ec E ku E

ot he rc ha nc e

fo ra

MET nog sowat twee jaar oor voordat ’n nuwe Pajero die lig sien, het Mitsubishi intussen besluit om sy groot, hardebaardveldryer met die stileerkwas by te dam. Die meganika bly onveranderd, maar ’n paar opknappings is wel aan die voorkoms binne en buite aangebring. Die veranderings is egter net van toepassing op die drie modelle met die kort lyf. Die opvallendste verbeterings is aan die voorkant aangebring. Die neus het nou ’n nuwe buffer, terwyl die sierrooster ’n diep eenheid vorm wat van bo na onder strek. Blink chroomstroke weerskante van die rooster beklemtoon dié diep voorkoms. Weerskante van die diamant-embleem is twee dwarslatte wat van hooflig tot hooflig strek. Nog ’n nuwigheid wat opval, is die klein misligte heel onder, elkeen voor ’n voorwiel. Langs die misligte is ’n repie LEDlampies aangebring wat heeldag deur skyn. Dít alles bied nou aan die Pajero ’n moderne, vars voorkoms. Volgens Mitsubishi beïnvloed die nuwe neus en buffer nie die Pajero se naderhoek oor hindernisse nie. Op die agterklap is die hele plastiekbedekking wat om die noodwiel vou nou van ’n nuwe voorkoms voorsien. Mitsubishi sê hy het die bedekking meer robuus en ook

Ease the pressure on yourself. We’ve extended our FREE Health Check special offer for Mercedes-Benz*, Freightliner and Fuso. You now have until the end of 2014. We’ll ensure that your truck, van or bus is in great shape before it hits the road, so you won’t be startled by warning lights or beeps while driving.

YOU’LL ALSO RECEIVE: • • • •

Up to 45% discount on Reman Parts ** Up to 30% discount on General Parts Up to 20% discount on major aggregates A reduced labour rate of R425 ***

MBSA/1696/HLT

A Daimler Brand

Because safety starts before you see the warning signs. Don’t miss out. Visit your nearest Mercedes-Benz, Freightliner or Fuso dealer today. Offer ends 31 December 2014.

Terms and conditions: Discounts are only applicable if parts are purchased from and fitted in the workshops of authorised Mercedes-Benz Commercial Vehicles dealers. Discounts do not apply to parts and/or service promotions that are currently running. Only applies to vans two years and older and trucks and buses that are four years and older and are out of warranty, CharterWay service or maintenance contracts, and have not visited a dealer workshop in the last 12 months. Excludes Freightliner, Cummins and Caterpillar engines and Eaton gearboxes. * Applicable to Mercedes-Benz trucks, vans and buses. ** This discount is only offered on Reman Parts (excluding Fuso and Freightliner), provided that all core criteria have been met. *** This labour rate is only offered at participating Mercedes-Benz, Freightliner and Fuso dealers.

11


Sport

Kimberley • Diamond Pavillion Tel. 087 802 1330 • www.trappers.co.za

trappers

®

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 DESEMBER 2014 essential outdoor gear

12

Die Diamantstad se koerant

X1PHY8L9-NK101214

DEBT? We reduce the payments on your home. Reduce instalments on your car. Pay accounts on your behalf.

Only R57,00 Reg No: NCRDC1982

JJM DEBT COUNSELLORS cc 57 Du Toitspan Road, Kimberley Tel. 053 831 7519 E-mail: info@jjmdebt.co.za

X1PHY3EM-NK101214

REEZA HENDRICKS, ’n oudleerling van die Hoërskool Noord­Kaap, in ak­ sie in die Knights se wedstryd Sondag teen die Lions. Hy het ’n onoorwonne 74 lopies behaal.

Tel. 053 591 0059 Sel 071 683 7175

Gratis aflewering Woensdae, Donderdae en Vrydae in Kimberley!

SPECIAL

Oxtail ………………………………………………………............................R59,95/kg RILEE ROSSOUW moker die bal in die Knights se wedstryd teen die Lions.

Foto’s: Deaan Vivier

Lions se byt nie genoeg Heinz Schenck

REEZA HENDRICKS, ’n oudleerling van die Hoërskool Noord-Kaap, was een van die uitblinkers in die Knights se sege Sondag oor die Lions. Die Proteas-paar Hendricks en Rilee Rossouw het teen die Lions se tandelose boulaanval gebaljaar. Hendricks se onoorwonne 74 (53b, 8x4, 1x6) was uit die boonste rakke. Daar was ’n mate van ironie betrokke in die manier wat die Knights Sondagmiddag die eindstryd van die plaaslike T20-reeks gehaal én ook die eerste keer sedert 2009 vir die lonende Kampioeneliga gekwalifiseer het. Dié oorwinning met agt paaltjies oor die Highveld Lions op die Wanderers het feitlik geen vuurwerk opgelewer nie – iets wat ongewoon is in die kortste formaat van die spel. Maar om eerlik te wees is dit nie noodwendig ’n slegte ding nie. Een van die kenmerkende eienskappe van die Knights se reis na Vrydagaand se eindstryd op Nuweland teen die Cape Cobras is hul dissipline. Op papier gaan ’n boulaanval van Dillon du Preez, Shadley van Schalkwyk, Malusi Siboto en Werner Coetsee, die kaptein, nie ’n teenstander se broek laat bewe nie. Tog is T20-krieket simpatiek teenoor ’n klomp moedige boulers wat nie die spreekwoordelike

X-faktor het nie. In dié formaat hoef jy op sekere dae slegs kolwers te wurg en nie noodwendig uit te boul nie. Die Knights het dié beginsel voortdurend en gretig in dié veldtog aangegryp. Op ’n dag waarop hul boul-leier en oorsese aanwins, André Russell (1/44), gesukkel het, het die

plaaslike staatmakers die mas opgekom. Du Preez (0/20) en Van Schalkwyk (1/25) het nooit die Lions se kolwers toegelaat om vryelik houe te speel nie, maar die grootste bydrae is deur Siboto gelewer. Die 27-jarige naatbouler het die belangrike paaltjies van Chris Gayle (15, 14b) en Rassie van der

Dussen (17, 16b), die twee manne wat dié seisoen vir die Lions honderdtalle gemoker het, geneem en nooit sy dissipline ingeboet nie. Die Lions kon uiteindelik net ’n beskeie 148 lopies op die telbord kry. Intussen glimlag Sarel Cilliers breed. Is daar ’n groter hupstoot vir sy heraansoek as afrigter as

’n besoek aan Indië vir die Kampioeneliga?

Super bees - A¼ – verwerk en verpak ........................R49,95/kg Pekeltonge (koop betyds vir Kersfees)………….......................… R44,95/kg Lam A2,3…..…………………………………………........................……...R79,95/kg Lam A4…..…………………………………………….........................…......R72,95/kg Lam A6……..……………………………………….........................………...R64,95/kg X1PHQ1Y2-NK101214

2011 Ford Fiesta 1.6 trend Sedan 66 165 km R114 900

2012 RANGER 3.2D XLT Double Cab, 6-spd, a/t, D/C, 143 600 km R299 900

2010 Kia Sportage 2.0 ignite 90700km R197 900

2010 Renault Sandero 1.6 United 59 400 km R99 900

2010 Mazda 2 Active 1.3 145 000 km R99 900

2008 Opel Corsa 1.6i OPC 150 000 km R113 900

2011 VW Polo 1.4 comfortline 74000 km R147 900

2012 Hyundai ix35 GLS a/t 2.0 Executive 59 000 km R239 900

2009 Hyundai I20 1.4 96 600 km R119 900

MONTH SPECIAL 2010 VW Polo 1.4 Comfortline 86 500 km R137 900

2009 Mecedes-Benz C300 Elegance A/T 110 000 km R272 900

2011 Nissan Juke 1.6 Dig.T- Tekna 54 500 km R199 900

2013 Ford Ranger 2.2 TDCi Sup/Cab 4x2, mags 67 000 km R249 900

2011 Ford Bantam 1.6XLT 74 800 km R122 900

2010 Hilux 3.0 D-4D D/C 4X4 A/T 109 000 km R299 900

Hennie Vos 082 820 8959

From

R359 000

Desmond Madella 073 117 3620

The new Hyundai ix35 1.7 Diesel

HYUNDAI KIMBERLEY

33 MacDougall Street • (053) 807 6800 • Under New Management Jobo 082 461 8088 • IQBAL 083 735 1785 • Cully 072 404 2991 FSP Reg No 25934

Tel. 053 8313661

56 Stockdalestraat • Kimberley E-mail: kimhuman@intekom.co.za

2 jaar waarborg by alle voertuie ingesluit of surplus van fabrieks waarborg X1PJ1409-NK101214

X1PHBTXJ-NK101214


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.