Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 17 Desember 2014
X1PHJ7LK-NK171214
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Kuiken kry radiosender
Bewegingspatrone sal só gemonitor as nes verlaat word Charné Kemp ’n SEKRETARIS-VOËLKUIKEN is hier naby die lughawe geweeg en swaar genoeg bevind om met ’n radiosender toegerus te word. Dit was goeie nuus vir Beryl Wilson, dierkundige van die McGregor-museum, wat verlede week swarthaakdorings moes aandurf om die kuiken by sy nes te weeg. Melissa Groenewald, natuurbeampte van die Kimberley-lughawe, was verheug. Haar werkgewer, die Lughawensmaatskappy van SuidAfrika (Acsa), het as deel van sy korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid geld aan BirdLife SA geskenk. Malcolm Drummond, natuurlewe-skrywer, en dr. Hanneline Smit-Robinson en Ernst Retief, bewaringsbestuurders van BirdLife SA, het die kuiken met Wilson en Groenewald se bystand met ’n harnas toerus. In die harnas is ’n radiosender waarmee die kuiken, genaamd Bix, se bewegingspatrone gemonitor sal word wanneer hy eendag die nes verlaat. Bloed sal getrek word om te sien of Bix ’n mannetjie of wyfie is, en hy of sy sal gering word. “Die kuiken moet meer as 3 kg weeg om ’n harnas te kan dra. “Bix het op sowat agt weke oud die skaal op 3,1 kg getrek. “Ek kon sien hy het nog nie gevreet toe ek hom vroegoggend geweeg het nie,” sê Wilson. Sekretarisvoëls is die enigste roofvoël wat op die grond na prooi soos slange en klein soogdiere soek. Wilson het ook ’n kamera by
Bix se nes gemonteer en dit met doringtakke gekamoefleer. “Hopelik sal ons beeldmateriaal kry van die ouers wat later terugkom en die kuiken voer,” sê Wilson. “Ek het gelukkig ’n dooie pofadder op pad hierheen gekry wat Melissa op die grond neergesit het. “Die ouers sal dit miskien vir die kuiken voer.” Wilson sal ook die kamera gebruik om te kyk of die kuiken gemaklik met die harnas is en of dit nie te veel stres op die voël plaas nie. “Sekretarisvoëls se getalle daal drasties, waarskynlik weens menslike invloede soos kragpale en grensdrade, vergiftiging, vernietiging van habitat en smokkelary. “Navorsing toon dat jong voëls nie volwasse ouderdom bereik en broei nie. “Die radiosenders kan hopelik meer inligting verskaf.” Die kuiken sit bo in ’n swarthaakboom, onsigbaar en onbegaanbaar vir mense. Die ongenaakbare dorings van dié boom maak dit onklimbaar. Dit is dié dat Wilson, geklee in ’n doringbestande oorpak en handskoene, in ’n hyskraan na die bokant van die boom gehys is. Roland Timm, hoof van onderhoud by die lughawe, en Dice Mohale, sy assistent, het die lughawe se mobiele hyskraan saamgebring. Twee sekretarisvoëls sal ook in Januarie by Drönfield buite Kimberley met senders toegerus word. Bix is genoem na wyle Bernard Fritz, Acsa-skofleier wat twee weke gelede onverwags oorlede is. ) Foto’s op bl. 2.
Steeds nie skrikkerig vir water THRISTAN (REGS) EN BRANDON SEELEY koel in die warm Kimberleyse son en hitte af saam met Kimber leigh, die hond wat wêreldwyd beroemd geraak het toe sy uit die Groot Gat gered is. Thristan en Brandon is die seuns van ao. John Seeley, wat deel was van die span wat haar uit die Groot Gat gehaal het. Seeley het haar aangeneem en sy is dolgelukkig by die gesin – en niks bang vir water nie. Foto: Charné Kemp
TYRES * BATTERIES * SHOCKS * EXHAUSTS
14 Cecil Sussman Street - Tel. 053 831 1189 / 102 Long Street - Tel. 053 832 5864 X1PH408P-NK171214
X1PJX3ED-NK171214
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 DESEMBER 2014
Parkeerplek herbenut
Skop nes by lughawe
André Botha
BIX die sekretarisvoëlkuiken wat naby die Kimberleylughawe deur sy ouers grootge maak word, hier in sy nes. Foto: Beryl Wilson
BERYL WILSON met Bix die sekretarisvoëlkuiken. Bix sal met ’n harnas en radiosen der toegerus word. Foto: Charné Kemp
Tel. 053 441 9168 2-6 Carlstein Street, Kimdustria Trading hours Mon.- Fri. 08:00 - 17:30 Sat. 08:00 - 13:00
A cut above the rest.
! e y n o m r o f e u Val Valid till 24 December 2014
FACTORY SHOP BONELESS GAMMON .................................................... R64,95/KG BOSTON BUTTS............................................................ R69,95/KG SMOKED PORK NECK.................................................... R69,95/KG PICKLED TONGUE......................................................... R54,95/KG CORNED BEEF ............................................................. R67,95/KG X-MAS HAMPER .......................................................... R64,95/KG FQ HAMPER ................................................................ R350 EACH HQ HAMPER................................................................ R390 EACH RUMP PICANHA........................................................... R119, 95/KG RUMP A ..................................................................... R89,95/KG
NUWE modewinkels en eetplekke is deel van ’n beplande uitbreiding van R73 miljoen aan die North Cape Mall. Die uitbreiding sal ’n gedeelte van die parkeerterrein aan Jacobus Smit-straat se kant beslaan (oorkant GWK-park). Dit is die derde en laaste fase van die ontwikkeling van die winkelsentrum. ’n Nuwe hoofingang na die sentrum sal deel van dié fase wees. ’n Aansoek is by die raad van die Sol Plaatje-munisipaliteit ingedien om onder meer toestemming te kry vir die hersonering van ’n gedeelte van die parkeerterrein vir sakedoeleindes, asook die vermindering van die vereiste aantal parkeerplekke. Dit is reeds aan die komitee vir ruimtelike ontwikkeling voorgelê. Die res van die parkeerterrein (wat nie gehersoneer word nie) sal steeds hiervoor gebruik word, met die getal parkeerplekke wat sal afneem van 785 tot 559. Die sentrum sal dan steeds 1 126 parkeerplekke hê.
Die gedeelte van die parkeerterrein naaste aan Jacobus Smit-straat was sedert die oprigting van die sentrum grootliks onbenut. Dit is gewoonlik net wanneer Griekwas ’n wedstryd op GWK-park oorkant die straat speel dat ’n beduidende aantal motors hier parkeerplek – selfs dan is heelwat parkeerplekke leeg. Die wetlike vereiste vir die parkeerterrein om die nuwe uitbreiding te bedien is ongeveer 373,5 parkeerplekke, aansienlik minder as die getal parkeerplekke wat wel voorsien sal word. Voldoende parkering sal ook vir die sentrum in geheel beskikbaar wees. Luidens die verslag aan die raad is die aansoek in pas met die munisipaliteit se ruimtelike ontwikkelingsraamwerk vir dié deel van die stad. Die uitbreiding van die sentrum sal nuwe beleggings deur ondernemings bring en die bestaande belegging versterk. Die stadsingenieurs is luidens die verslag tevrede dat die infrastruktuur van die gebied die uitbreidings sal kan dra.
DIE CARITASGEMEENSKAPSORG het saam met die polisie se vrouenetwerk ’n Kers party vir 253 behoeftige kinders gehou en ook geskenke uitgedeel. Dit is die jaarlikse Kerspakkieomgeeprojek en kinders wat geskenke kry, kom van gesinne wat deel van Caritas se voedselpakkieprojek is, asook pleegkinders, gesinne betrokke by die vroeë ingrypingsprogram en kinders wat terapie ontvang. Estie Botha, bestuurder van die Caritasgemeenskapsfokus in Kimberley, oorhandig hier ’n geskenk aan ’n kind in pleegsorg, terwyl Kersvader (lt. Sergio Kock van die polisie) toekyk. Foto: Verskaf
Chameleon in vrye natuur Christo van Staden DIT beloof ’n onvergeetlike aand onder die sterre te wees: Chris Chameleon, gewilde sanger, tree op 18 April aanstaande jaar in die veld onder ’n boom in die MokalaNasionale Park op. Dié Konsert in die Bos word deur die SANParke-ereveldwagters se Vrystaat-streek ten bate van bewaringsprojekte in dié park, 70 km suid van Kimberley, aangebied. Volgens Elsa van Staden, ereveldwagter en hooforganiseerder, is die konsert ’n gedeelde droom wat waar geword het. “Van ons ereveldwagters en die personeellede van Mokala het die ideaal gekoester om ’n besonderse musiekkonsert in die pragtige natuurskoon van die park aan te bied. Ons het koppe bymekaargesit, besluit dat Chris die perfekte kunstenaar is en die bal aan die rol gesit,” sê Van Staden.
Kaartjies word as deel van ’n pakket, wat twee nagte se verblyf en ’n spitbraai-ete vir twee mense insluit, verkoop. “Afhangend van in watter kamp jy wil tuisgaan, wissel die pryse van R4 000 per paar per naweek vir die heel luuksste verblyf tot R2 500 per paar per naweek vir die semi-luukse verblyf in die omgewingopvoedingsentrum Mofele.” Net 100 gaste kan die geleentheid bywoon. “Die doel van die konsert is tweërlei. Enersyds wil ons geld vir bewaringsprojekte in die park insamel, en andersyds wil ons die park, waarin veral bedreigde spesies ’n tuiste vind, bemark.” Volgens Van Staden word die konsert, wat met ’n aansit-ete gepaardgaan, in die vrye natuur weg van die kampe gehou. Vir meer inligting en plekbespreking bel Des Bothma by 082-410-2666, of stuur ’n e-pos na des@honoraryrangers.org.
EMPORIUM SPECIALS : STOCKDALE STREET, TEL. 053 831 1123 X-MAS HAMPER .......................................................... R64,95/KG FQ HAMPER ................................................................ R350 EACH HQ HAMPER................................................................ R390 EACH BONELESS GAMMON .................................................... R64,95/KG PICKLED TONGUE......................................................... R54,95/KG FESTIVE HAMPER......................................................... R270 EACH X1PH7271-NK171214
X1PEKVG6-NK171214
X1PHY9KJ-NE171214
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 DESEMBER 2014
3
Vrou kán slange vang Charné Kemp MELISSA GROENEWALD kán slange vang. Nee, dit is nie dat sy briesend word nie. Sy vang net slange om hulle teen mense – en mense teen hulle – te beskerm. Groenewald, die natuurlewe-amptenaar van die Kimberley-lughawe, en haar kollegas het pas ’n opknappingskursus voltooi om seker te maak hulle weet hoe om slang se kind te hanteer. Die kursus behels ook die korrekte hantering van slange onder die wakende oog van ’n instrukteur. Sy is heel behendig met die tange en hake. By die lughawe moet sy toesien dat alle
diere en voëls veilig van die lughawegebied en aanloopbaan verwyder word. “Ek het al slange soos pofadders, Kaapse kobras en boomslange verwyder. ’n Mens moet weet hoe om hulle te hanteer en wat om te verwag. Ek moedig altyd mense aan om nie slange dood te maak nie. Hulle het ook hul plek in die natuur.” Haar kollegas Jerry Wiesnaar, Jojo Mosemane en Sesing Sesing, wat brandweermanne is, is ook opgelei om slange en ander diere te hanteer wanneer sy nie beskikbaar is nie. Hulle het al slange in geboue en die vliegtuigskure gevind wat per ongeluk saam met vliegtuie “geryloop” het. Slange dut ook graag op die warm aanloopbane.
Dié Kimberley-span het verlede week saam met ander personeellede van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) van die lughawens in Kaapstad, Bloemfontein en George ’n kursus by Johan Marais van die African Snakebite-instituut deurloop. Marais is een van die land en wêreld se voorste slangkenners.
MELISSA GROENEWALD weet hoe om slange te hanteer. Sy is die natuurlewe amptenaar van die Kimberleylughawe.
Foto: Charné Kemp
LEDE van die Zanshinkaratedokarateklub aan die oefen. Van links is sensei Peter Steg mann, Edwin van den Berg, Hein van der Merwe, Jordan Raynard, Jonathan Pilcher en Marzan Pilcher. Foto: Karla Muller
Meer as net ’n sport Karin Muller
“KARATE is meer as net ’n sport, dit verseker ’n omvattende ontwikkeling van jouself wat jy nooit eens gedink het moontlik is nie.” Só sê sensei Peter Stegmann van die Zanshin-karate-do-karateklub in Kimberley. “Kinders met konsentrasieprobleme het al binne die eerste maand ’n merkbare verbetering in hul skoolwerk getoon vanweë die dissipline in die karateklas. My studente staan verbaas as hulle sien hoe hulle fisiek en emosioneel ontwikkel.” Hoewel Stegmann van skooldae af karate doen, het hy sy karate-opleiding in 1992 in Kimberley onder leiding van Quinton Brekelmans hervat en amper tien jaar gelede die huidige klub oorgeneem. Hy is tans ’n vyfde dan in Ryushin-Kankarate, vierde dan in skopboks en tweede dan in Doce Pares, ’n Filippynse gevegskuns. “Ek neem steeds aan kompetisies deel. Daar is nog baie wat ek wil leer en bemeester,” sê Stegmann. Met al die harde werk en erns waarmee hy sy studente benader, is dit te verstane dat die klublede groot hoogtes bereik. Geraldine Swarts is die huidige wêreldkampioen in continuous fighting in die afdeling vir veteraan-vroue en saam met haar twee seuns, Neil en Gavin, verteenwoordig hulle ook die Suid-Afrikaanse
nasionale span in sportkarate. Twee studente – Marietjie Stegmann in karate en Quinton Joubert in skopboks – is ook in die polisie se nasionale span ingesluit. “Daar is heelwat geleenthede vir deelname aan kompetisies op provinsiale en nasionale vlak.” Stegmann hou daarvan om hom aan te pas by die hedendaagse wêreld. Hoewel hy nie daarop ingestel is om suiwer selfverdediging te beklemtoon nie, leer hy sy studente so aanpas dat hulle waarskynlik hulself in moeilike situasies sal kan verdedig. Vra jy vir die klublede uit oor wat hulle die meeste geniet, kry jy ’n wye verskeidenheid antwoorde. “Om die regte houding teenoor jou lewe en sport te hê, is belangrik. Ek wend ’n daadwerklike poging aan om my studente te motiveer, want dan motiveer hulle mekaar weer onderling,” sê Stegmann. Om positief tot iemand se ontwikkeling en lewe by te dra is vir Stegmann ’n groot voorreg wat hy baie ernstig opneem. “Dit is vir my lekker om te sien hoe iemand met feitlik geen koördinasie nie ontwikkel in iemand wat die bewegings baasraak en daardeur ook selfvertroue ontwikkel. Karate is ’n ernstige sport en as jy dit uit jou eie doen sonder om gedwing te word, gaan jy dit baie geniet en baie ver vorder.” Bel Stegmann by 083-456-9664.
if you don’t bank with us, ask “why?” Monday – Friday, 8am – 5pm Saturday, 8am – 1pm Shop 30, Cnr Phakamile Mabija Road and York Street, Kimberley
One solution to money management 24hr Client Care Centre on 0860 10 20 43 or visit capitecbank.co.za
All information correct at time of going to print, 17/12/2014, and subject to change. A registered credit provider. NCR Reg. No.: NCRCP13 Capitec Bank Limited Reg. No.: 1980/003695/06
803616_NK
now in king’s centre
X1PHY8WM-NK171214
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 DESEMBER 2014
Feestyd het donker kant
DIE Desembervakansie is die tyd wanneer mense hul kragte heropbou, luilekker met hul geliefdes op hul gunsteling-vakansieplek ontspan en van die afgelope jaar se sorge vergeet. Almal wat oor die jaar heen hard gewerk het, verdien dié blaaskans om gehaltetyd met die mense deur te bring wat belangrik in hul lewe is. Ongelukkig is daar ook ’n donker kant aan die rustyd wat nie net pyn, lyding en hartseer vir duisende mense meebring nie, maar ook die land se ekonomie miljarde rande kos. Dit is die jaarlikse padslagting wat al sinoniem met die sogenaamde feestyd geword het. Elke jaar is dit dieselfde storie. Die verkeersowerheid raak skielik sigbaar nadat hy die hele jaar in sy afwesigheid geskitter het. Hy dreig met harde optrede, maar sukkel om hond haaraf te maak.
Boonop maak die motoriste nie die verkeersowerheid se taak makliker nie. Ondanks die uiters bedrywige paaie oortree talle mense roekeloos die verkeersreëls om by hul bestemming te kom. Talle steur hulle nie aan die veiligheidswenke wat telkens gegee word nie: Rus wanneer jy moeg is; moenie drink en bestuur nie; hou by die spoedgrens; pas aan by weersomstandighede; moenie op die selfoon klets en bestuur nie; ensovoorts. Die waarheid is dat daardie gejaag om ’n ekstra minuut of wat op die strand of waar ook al deur te bring, nie die moeite werd is nie. Dit kan lyding veroorsaak wat nie net ’n paar minute duur nie, maar ’n leeftyd. Daarom is die pleidooi: Ry versigtig, geniet die vakansie en kom veilig tuis. Hiermee wens Noordkap se lesers ’n geseënde Kersfees toe.
Eens topsakeman se huis
Foto’s: Africana-biblioteek en André Botha
IT’S TIME FOR TOUGH NEW RENAULT DUSTER
1.6 EXPRESSION
NOWR207 900 FROM
1.6 DYNAMIQUE 4X2
NOWR219 900 FROM
WARRANTY
5 YEAR
DRIVE THE CHANGE
renaultsouthafrica | www.newduster.co.za
Offer valid until end of December 2014 or while stocks last / Prices and specifications subject to change without prior notification E & EO Terms and conditions apply / Recommended retail price excludes PDI, on the road cost (licence and registration), metallic paint and accessories. Contact us today for more details or to book a test drive
Maryke 083 461 4056 | Darrol 084 200 0040
59 Pniel Road, Kimberley, 8301 Tel: +27 (53) 807 4300 Fax: +27 86 554 3406
Hannes Noëth DAAR het ons in die pastorie nou ook ’n gasstoof en natuurlik ’n gaslamp of twee, ’n pak kerse en ons braai baie meer as gewoonlik vleis. Dit is net “tiek”, dan hoor jy die kinders in ’n koor uit hul verskillende ruimtes sugtend sê: “Agge nee, nie al weer nie.” Tog raak ’n mens aan alles gewoond. Selfs aan beurtkrag. Die aanpasbaarheid van die mens is eintlik wonderlik. Selfs vir die jongste in die pastorie is dit nou nie meer vreemd nie. Die eerste keer het sy geskrik en was bang vir die skielike stikdonkerte, veral in die bad en dit word skielik pikdonker. Deesdae roep sy net: “Bring ’n kers, krag is al weer af.” Nou word die kerse in die huis al ’n speletjie. Rondom ’n kers kan ’n mens regtig ook lekker saamkuier en min ander dinge doen. Dit is wonderlik indien die skootrekenaar en die tablette en selfone se batterye pap is, dan moet almal maar doodgewoon sit en saamkuier of lees. Ek hoor die kinders sing ’n spotliedjie, na analogie van ’n liedjie van Laurika Rauch: “Gee ons net so ’n bietjie krag . . .” In die laaste Twyfelhoekie van die jaar bid
ek julle almal krag toe. Nie elektrisiteitskrag nie – dit ook, ja – maar krag vir ’n nuwe jaar en nuwe uitdagings. Dit wat ons nou in die dagboeke skryf en dit wat in praktyk gebeur, verskil dikwels baie. Kyk ons terug oor die jaar was die krag daar wanneer ons dit nodig gehad het. Kyk ons vorentoe sal die krag vir elke dag se dagtaak weer daar wees. Intussen, rus goed uit, beplan lekker, geniet die etes en kuier by gesinne en familie, ry veilig na vakansiebestemmings en bou krag op vir ’n nuwe jaar. Wanneer jy kragloos en moedeloos voel, onthou om te vra en te pleit: “Gee my krag vir die dag.” En onthou: God werk nie met beurtkrag nie. Hy het genoeg vir almal van ons. Ons hoef nie met ’n kers ons binnekante te verlig nie, Sy Lig het na die wêreld gekom, en in die Kerstyd dink ons weer daaraan. Krag vir julle almal toegebid, groete tot in die nuwe jaar.
Karin Muller FSP Reg No: 25934
150 000 KM
God gee altyd krag
Moenie oppasser verkwalik
2015 CAR OF THE YEAR FINALIST www.renault.co.za NEW RENAULT DUSTER. IT'S TIME FOR TOUGH CATCH RENAULT VA VA VOOM DAYS THIS MONTH FOR GREAT DEALS ACROSS THE FUEL RENAULT RANGE
DUNLUCE in Lodgestraat 10 is in 1897 ontwerp vir Gustav Bo nas, toe voorsitter van die He breeuse gemeente in Griekwa landWes, deur D.W. Great batch wat talle van Kimberley se bekendste geboue ontwerp het. Die huis is eers Lillienvale genoem. John Orr, stigter van die John Orrwinkelgroep en toe een van Kimberley se voor ste sakemense, het die huis in 1902 gekoop en tot Dunluce herdoop. Die naam beteken sterk vesting en is genoem na ’n kasteel in NoordIerland, Orr se land van herkoms. Die Orr familie het die huis tot in 1975 bewoon. Dit is toe deur die Bar low Randgroep gekoop en aan die McGregormuseum ge skenk. Die skenking was op voorwaarde dat Barlow Rand se plaaslike bestuurder die huis vir nog tien jaar kon be woon. Die ontbytkamer van die huis is op 13 Februarie 1900 ten tyde van die Beleg van Kim berley erg deur ’n kanonkoeël van die Boere beskadig. ’n An der bekende inwoner van Lod gestraat was sir Ernest Oppen heimer, patriarg van die Op penheimerfamilie wat in 1907 ’n huis by Lodgestraat 7 vir sy bruid, Mary, gebou het. Dié huis huisves nou ’n boetiekho tel.
RENAULT KIMBERLEY
X1PH43FR-NK171214
GEWOONLIK is daar ’n buurvrou, vriend of familielid wat darem bereid is om na ’n mens se plante en diere om te sien wanneer ’n mens nie tuis is nie. Jy is dalk ook bereid om dit vir iemand anders te doen. My vriendin Monnick doen so ’n uitsonderlike werk met ons diere wanneer ons nie tuis is nie dat hulle amper spyt is wanneer ons terug is. Terwyl my broer diensplig gedoen het, moes ek sy slange versorg. Ek was net nege jaar oud, maar hy het my goed touwys gemaak. Om na die slange om te sien was vir my aanvaarbaar, maar om die muise aan die lewe te hou wat weer vir die slange gevoer moes word, was ’n groot uitdaging. Onlangs het my skoonsus haar man se visse versorg terwyl hy ’n paar weke oorsee was. Die visse het op ’n streep begin vrek. Sy was moedeloos, want sy het al die opdragte wat aan haar verduidelik is so sorgvuldig moontlik uitgevoer. Dit is maklik om honde en katte namens iemand
te versorg. Delikate goed soos visse en fyn plantjies is ’n ander storie. Dalk voel die diere en die plante aan die roetine het verander. Dalk is dit net effens minder of meer water of kos of op ’n ander tyd van die dag as waaraan hulle gewoond is. Dalk mis hulle hul eienaar. Dit mag wees dat hulle uit protes ’n eetstaking onderneem en so hul eie ondergang bewerkstelling. As Pollie dus met jou tuiskoms onderin die voëlhok lê of jou fyntuin lyk soos ’n paar dae ná die runderpes is dit nie noodwendig omdat iemand nie omgee of tyd daarvoor ingeruim het nie. Dit is dalk net omdat die een wat die oppwaswerk moes doen, nie presies dieselfde soort aanvoeling as jy het nie.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 DESEMBER 2014
5
42-50 George Street Kimberley Tel: 053 832-9666 Fax: 053 832-1999
AAN AL ONS GEWAARDEERDE KLIËNTE, DANKIE VIR U LOJALE ONDERSTEUNING GEDURENDE 2014. MAG U EN U GELIEFDES ‘N WARE CHRISTUSFEES BELEEF EN 2015 U DROME BEWAARHEID. TO ALL OUR VALUED CLIENTS: THANK YOU FOR YOUR LOYAL SUPPORT DURING 2014. MAY YOU AND YOUR LOVED ONES EXPERIENCE THE JOY OF CHRIST’S BIRTH AND MAY ALL YOUR DREAMS FOR 2015 COME TRUE. GO BAREKI BA BA BOTHLOKA RE LEBOGELA DIRISANO MMOGO RE BOTSHEPEGI JWA LONA MO NGWAGENG O FELANG WA 2014 MATHLOGONOLO A KERESEMOSO A LO TLELE KA DITORO TSE DI MOLEMO
BESTE GEHALTE TEEN BESTE PRYSE
Dakteëls
Vir al jou dak bykomstighede besoek ons by: Sam Jaffstraat 4-8 Kimdustria Tel: 053 841 1044 Faks: 053 841 1045 Email: info@krtt.co.za X1P24KXF-NK171214 X1P24KXF-NK101214
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 DESEMBER 2014
Dié hofsaak eindig Charné Kemp
DIT was dié hofsaak, dié uitspraak, dié vonnis wat Griekwastadters, Kimberliete, Noord-Kapenaars en Suid-Afrikaners vanjaar nagte wakker gehou en die sosiale media laat gons het. Is Don Steenkamp werklik skuldig aan die moorde van Deon, Christel en Marthella Steenkamp, Marthella se verkragting en regsverydeling meer as twee jaar gelede op die plaas Naauwhoek naby Griekwastad? Vir dae was almal se aandag (en werktyd) gefokus op dié verhoor wat in hofsaal B in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley voor regterpresident Frans Kgomo afgespeel het. Aan sy regterkant was die staatsaanklaer Hannes Cloete, bekend vir sy deeglikheid en toewyding. Cloete het tientalle naweke en honderde ure oortyd gewerk om te verseker hy bewys sy saak deeglik voor die hof. Adv. Quinton Hollander, sy assistent, en kol. Dick de Waal, die ondersoekbeampte, was altyd gereed om hom by te staan. Verlede jaar het die verdediging se regspan bestaan uit ’n prokureur en twee advokate voordat hul mandaat beëindig is. Vanjaar het prokureur Riaan Bode namens die seun verskyn en onsuksesvol geargumenteer om die verhoor te heropen en nog getuies te roep. Op 27 Maart is Don Steenkamp op al vyf aanklagte skuldig bevind. Steeds was daar nie antwoorde nie. Hoekom het Don sy gesin uitgewis en sy suster verkrag? Die Steenkamps was tog geliefde mense en steunpilare in die gemeenskap. Daar was geen tekens dat iets verkeerd was nie. Hoekom het Don gejok, en hoekom sê hy steeds niks nie? Sou die voorvonnisverhoor, waarin maatskaplike werkers, ’n kriminoloog, ’n sielkundige en ’n psigiater wat ter strafverswaring en strafversagting getuig het, enige antwoorde bring? Die Steenkamp-familie se hartseer oor die dood van geliefdes is beskryf, asook die skok en gevolge vir die gemeenskap. Bennie en Hanlie Heckroodt, die seun se eertydse voogde, het getuig hulle is nie bang vir
FOTO’S van Don en Christel Steenkamp en hul dogter, Marthella, in die voorportaal van die NG kerk Griekwastad ten tyde van die gedenkdiens vir hulle. Foto: Charné Kemp
‘Niemand het die tragedie voorsien nie. Ons familie het altyd so lekker saamgekuier en gelag. Die tye saam was so kosbaar en dit het alles op een dag verander.’ – Don se ouma Bettie Steenkamp
DON STEENKAMP in die hooggeregshof in Kimberley ten tyde van sy verhoor. Foto: Emile Hendricks
hom nie en glo in sy onskuld. Dr. Eon Sonnekus het getuig die seun het steeds goeie karaktereienskappe en is hervormbaar. Dit was egter tannie Bettie Steenkamp (88), Don se ouma, se roerende getuienis in die hof wat mense die meeste geruk het. Sy was oortuig Don het ’n karakterinsinking beleef toe die moorde gepleeg is, maar sy het hom reeds vergewe. “My trane is myne . . . Saans met slaaptyd het ek soveel keer gebid dat môre anders sal wees . . . dat die nagmerrie net ’n nare droom was. “Die laaste twee jaar was ons lewe eerder soos ’n toneelstuk, nie ons eie nie. Hoe moeilik is dit nie om daaroor te praat nie. Ons is diep verskeur en die hartseer lê nog
vlak. Die tyding van my kinders se dood was die slegste nuus denkbaar. Hul plekke sal altyd leeg wees. “Niemand het die tragedie voorsien nie. Ons familie het altyd so lekker saamgekuier en gelag. “Ons het mekaar gereeld gesien en baie gepraat. Die tye saam was so kosbaar en dit het alles op een dag verander. “ ’n Ouma en ma se bloed loop deur haar hart en die taal van die liefde is anders as feite, verklarings en hofstukke. Die emosies lê diep en woorde is moeilik. Ek huil anders, want daar is nie voorskrifte oor hoe ’n mens hartseer moet uitleef nie. My huil is myne en ek moet die pad alleen stap.” Op 13 Augustus, twee dae voor sy 18de
CHARNÉ KEMP het sedert Paasnaweek 2012 omvattend oor die Griekwastad-moorde berig toe Deon en Christel Steenkamp en en hul dogter, Marthella, wreed op die plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor is, totdat hul seun, Don, aan die moorde skuldig bevind is. Kemp het ’n boek, Moord op Griekwastad, oor dié dramatiese verhaal geskryf. Die boek is in boekwinkels in Kimberley te koop. verjaardag, het regter Kgomo Don effektief 20 jaar tronk toe gestuur. Steeds het hy vasgeskop, voorgehou en geappelleer. Op 9 Maart volgende jaar, bykans drie jaar ná die moorde, sal ’n volbank regters weer sit. Hulle sal etlike lêers met bewyse en hofrekords moet bestudeer om oor Don se besware teen sy skuldigbevinding en vonnis te besin. Wat ook al die uitkoms van dié hofgeding, die tragedie sal altyd by Noord-Kapenaars spook.
Merry Christmas The Democra c Alliance in the Northern Cape wishes each and every resident a blessed Christmas and a wonderful and prosperous 2015. May God bless you all. Those who will be travelling on our roads, please drive safely and enjoy the holidays!
Geseënde Kersfees Die Demokra ese Alliansie in die Noord-Kaap wil graag ieder en elk 'n geseënde Kersfees en 'n wonderlike en voorspoedige 2015 toewens. Mag God elkeen van u seën. Diegene wat op ons land se paaie gaan, bestuur asseblief versig g en geniet die vakansie!
Best Wishes / Beste Wense
Andrew Louw Provincial Leader / Provinsiale Leier
X1PJUE9D-NK171214
X1PK6K45-NK171214
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 DESEMBER 2014
7
Officials visits solar plant A GROUP from the Department of Environment and Nature Conservation (DENC) recently visited Droogfontein Solar Power to see firsthand what the photovoltaic plant entails and to better understand how this solar project operates. They also wanted to comprehend any risks that may be associated with providing electricity to the Eskom grid and the logistics behind the operation of such a large project. “We were pleased to receive positive feedback from the department representatives regarding our operations and we are looking at sharing climatic data that will benefit the DENC,” said Mpho
Makhetha, plant manager of Droogfontein Solar Power. Both the DENC and the solar farm believe that is beneficial to the community in general, to ensure that development and environmental responsibilities are balanced. Improved understanding of environmental concerns and operations can only be of benefit to all. The DENC has expressed their wish for developers to understand the department’s environmental concerns better so that they can improve the collective environmental impact management of these developments. Ideally, relationships between the
DENC and the renewable energy projects should be actively built upon. “The visit wasn’t in any way a compliance site visit , but rather an opportunity to gather information and to improve the DENC’s knowledge regarding our solar farm. “We hope to forge a positive working relationship with solar farms to the advantage of the community,” concluded Elsabe Swart, deputy director: Research and Development Support, DENC.
DROOGFONTEIN SOLAR POWER, outside Kimberley, seen from the air. Picture: Supplied
X1PHY93W-NK171214
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 DESEMBER 2014
Sol Plaatje Municipality
Kagisho David Molusi Executive Mayor The Executive Mayor and staff wish everyone a
Blessed Christmas New Year
and a
rich in hope,
prosperity, faith and love.
X1PJT9MH-NK171214
Economic Development & Tourism
. . . . . . . . . . .
.
. . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . .
X1PJX3LM-NK171214
Department: Economic Development & Tourism NORTHERN CAPE PROVINCE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
. . . . . . . . . . . .
.
. . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . . .
MER SUMX UP
MA
14.90
Notice is hereby given that the offices of the Department of Economic Development and Tourism will be closed from 22 December 2014 to 2 Jan 2015. Offices will reopen on Monday, 5 January 2015. We regret any inconvenience this may cause.
Wishing everyone a blessed Christmas and a prosperous 2015.
X1PJT9QM-NK171214
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 DESEMBER 2014
MOTORS
9
from R231 000
INTRODUCING THE ALL-NEW NISSAN SENTRA TEST-DRIVE YOURS TODAY
Bestuur met jou kop, nie jou emosies Egmont Sippel DINK. Konsentreer. Ry met jou kop. Wees geduldig en bedagsaam. Hou jou volgafstande. Gebruik die geel lyne om vinniger motors verby te laat. Sit jou ligte te alle tye aan. En moenie aan die slaap raak nie. Dis omtrent die kern van die saak. Konsentrasie eerste. In Suid-Afrika strek paaie sonder ophou, meestal in ’n reguit lyn. So, hoe hard moet daar dan nou eintlik gekonsentreer word? Hard, pappie, hard. Een fout en alles kan verby wees. En dis juis daardie reguit pad wat soveel gevare inhou, hoofsaaklik omdat dit jou aan die slaap kan sus. Van hoeveel bestuurders het jy al gehoor wat op ’n bergpas aan’t slaap raak? Hier’s nog iets om in gedagte te hou: Moenie net die pad vóór jou dophou nie. Wees ewe bewus van wat agter jou aangaan. Dis ook uiters belangrik om te weet wat lángs die pad aangaan. Swiep die gebied voor jou dus deurentyd in wye hoeke weerskante van die pad, sodat jy iets wat moontlik voor jou kan inry of inhardloop – ’n hond, ’n kar, ’n kind – betyds gewaar. En tref voorsorg. Net ingeval. ’n Bakkie, byvoorbeeld, wat op ’n sypad van links of regs aankom en die hoofpad gaan bereik nes jy die bakkie se geprojekteerde baan kruis. Klim nóú al op die remme, nie woes en onbeheers nie, maar genoeg om jou spoed vinnig te kan knip, sou dit nodig raak. Net ingeval. ’n Man met ’n hoed langs die pad? En die wind waai? Wat’s die kanse sy hoed waai voor jou motor in, en die man reageer instinktief deur die hoed agterna te sit? Begin klaar om liggies te rem en beplan hoe jy kan uitswaai. Net ingeval. ’n Ou op ’n baie-sukkel, in die middel van niks? Hou hom maar dop; sy ketting kan glip en die fiets mogge neerslaan. Ry met ’n wye boog om hom as jy kan, en wees ekstra oplettend. Net ingeval. Op teen ’n heuwel, en hoe weet jy wat anderkant wag? Verminder outomaties spoed. Net ingeval. ’n Swetterjoel voorbeelde sal nie eens begin om die moontlikhede (van wat verkeerd kan gaan) uit te put nie. Identifiseer dus deurentyd potensiële gevare en besluit vroeg-vroeg al hoe om hulle te vermy, sou dit nodig raak. Dink, konsentreer en wakkerbly gaan hand aan hand. Maar as die vaak tóg toeslaan, moet jy van die pad aftrek en stop. Onmiddellik. Geen oop venster of harde musiek of selfs koffie gaan jou wakker klap nie – en hoe vaker jy raak, hoe minder dink jy. Hier’s nog iets waaroor jy nou al kan begin dink: die geel lyn. Gebruik hom (as jy ver genoeg voor jou kan sien) as ’n haastige man op jou buffer sit. Die laaste ding wat jy wil doen, is om daardie ou so te frustreer dat hy jou op die verkeerde plek verbygaan en ’n ongeluk veroorsaak. En as jy self wil verbysteek? Wag, en wag, en wag, en wag – as dit nodig is – vir die regte geleentheid. Moet nié verbysteek nét omdat jy “nie langer agter hierdie idioot voor jou kan sit nie”. Boor ook maar die enjin as jy lang lorries moet kou. Hoe gouer jy na jou kant van die pad kan terugkeer, hoe beter. Dit kan veral senutergend raak om lorries in die nag verby te steek, as jy nie weet hoe lank hulle is nie, terwyl dit soms uiters moeilik is om die afstand en spoed van naderende kopligte te skat. Doen jouself, en alle ander padgebruikers, ’n guns en sit jou ligte aan as jy vertrek en
sit hulle af as jy stop – al ry jy in die dag. En as jy dink dis bog, dan moet jy goed na die volgende stukkie raad luister: Ry verál en spesifiék op jou kopligte aan’t einde van ’n dag, as jy sáám met die sakkende son beweeg. Net omdat jý die wêreld so pragtig in die stralegloed van agter betrag, beteken nie dat die man wat téén die son ry, dit ook kan doen nie. In der waarheid sukkel hy om énigiets te sien. Die laaste stukkie pad voor BeaufortWes uit die noorde hier teen 19:00 in die somer, is loutere hel. Help dus bestuurders in so ’n situasie deur jou kopligte aan te skakel wanneer jy sáám met die son ry. Vergeet ook van die bog dat parkeerliggies die antwoord vir skemertoestande is. Vol sonskyn, en die geloof is: geen ligte nie. Vol donker, en dis kopligte. Tussenin, in die skemerure? Wat parkeerliggies beteken, dan nie? Loutere onsin – en gevaarlik daarby. Parkeerliggies is so flou dat ’n mens in 99% van gevalle tydens skemertoestande ’n naderende motor gewaar voordat jy die parkeerligte sien. Stop ook gereeld en moet om hemelsnaam nie ’n biertjie met middagete wegsluk nie.
CONTACT US TODAY FOR MORE DETAILS AND BOOK A TEST DRIVE
FSP Reg No 25934
Zaheed 082 393 0339 | Lebogang 071 811 7714 | Brandy 084 049 6098
59 Pniel Road, Kimberley, 8301 Tel: +27 (53) 807 4300 KIMBERLEY
Fax: +27 86 554 3406
Offer valid until end of December 2014 or while dealer’s stocks lasts. Prices and specifications subject to change without prior notification. E & EO. *Terms & Conditions apply. **Recommended retail price excludes PDI, on the road costs (licence and registration), metallic paint and accessories.
X1PH43FT-NK171214
R249 900
R399 900
R219 900
R179 900
R249 900
R319 900
R269 900
R209 900
R389 900
R389 900
R139 900
R84 900
R104 900
R159 900
R119 900
R299 900
R269 900
R249 900
R319 900
2009 Toyota Fortuner 4.0 V6 A/t 2013 Toyota Hilux 3.0 D-4d 4x4 A/t - 44 000 km Epic - 115 000km
2014 Toyota Auris 1.6 XS 32 000 km
2014 Toyota Fortuner 4.0 V6 Ltd Edition - 12 000 km
2013 Toyota Etios 1.5 XS 22 000 km
2014 Toyota Yaris 1.3 XS 5dr Cvt 2012 Toyota Quantum 2.7 10 Seater - 103 000 km 15 000 km
2014 Toyota 86 , Full Trd Kit 2000 km
2013 VW Tiguan 1.4 TFSi DSG 45 000 km
2011 Toyota 1.3 Prof 52 000 km
2013 Hyundai IX 35 2.0 A/t 53 000 km
2012 Mercedes Benz C250 Avantgarde - Lots Of Extras 30 000 km
2009 Renault Sandero 75 000 km
2013 Isuzu KB 240 Le D/C 48 000 km
2013 Hyundai I X 35 2.0 A/T, 50 000 km
2013 Ford Figo 1.4 29 000 km
2014 Toyota Avanza 1.5 TX 19 000 km
2014 Volkswagen Polo 1.4 Trend 30 000 km
2011 Toyota Fortuner 3.0 D-4D 4x4 A/T 102 000 km
Oranje Toyota Kimberley
89 Memorial Road, Kimberley • Tel: 053 836 4700 • www.automark.co.za Call: Sydney McPherson 083 533 7215 • Rodney Samuels 076 803 9947 • Mariëtte Cloete • 079 523 5717 • Suzette Galloway 079 362 7788 • Elaine Joubert 072 827 0293 Sales Manager: Tiaan van Vuuren, tvanvuuren@um.co.za X1PHBQDA-NK171214
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 DESEMBER 2014 PERSOONLIKE DIENSTE
BOEDELKENNISGEWINGS
LENINGS
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
1445
Loon is nou soveel
4201
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ALLERLEI 1845
PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 3880307 of 053 832 9194.
PC LE ROUX In die boedel van wyle Pieter Christiaan Le Roux Identiteitsnommer, 220625 5044 084 en nagelate eggenoot: Anna Christina Johanna Le Roux, Identiteitsnommer, 240806 0033 084 Van: Harley - Weg 6, Belgravia, Kimberley Meester se verwysing: 21877/2014 Alle persone met vorderinge teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (DERTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer. I C POTGIETER Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN POSBUS 64 KIMBERLEY 8300 Verwysing: ICP/jm/Pot46/0002
DIE minimum loon vir huiswerkers het op 1 Desember gestyg. Tuinwerkers word ook as huiswerkers geag en die loon is ook op hulle van toepassing. In Noordkaap se lesersgebied sal huiswerkers voortaan ’n minimum uurlikse loon van R9,30, ’n weeklikse loon van R418,32 of R1 812,57 maandeliks ingevolge die wetgewing moet ontvang. Dit is vir werkers wat meer as 27 uur per week werk. Werkers wat minder as 27 uur per week werk, moet soos volg vergoed word: ) Die uurlikse loon is R10,98, die weeklikse loon R296,35 en maandeliks is die loon R1 284,09. ) Bonusse, taxigeld, verblyf of ander voordele word nie deur die werkgewer vereis nie. ) Werkloosheidversekering moet vir alle werkers betaal word. Werkloosheidversekering is ’n 1%-bydrae deur die werkgewer en 1%-deur die werknemer. Dit kan vooruit betaal word of maandeliks inbetaal word. Besoek gerus die webtuiste www.labour.gov.za vir inligting, kontrakte en riglyne. Jy kan ook die departement van arbeid se kantoor op die hoek van Stasie- en Buitenkantstraat in Kroonstad besoek. Hier kan jy voorbeelde van kontrakte en riglyne kry oor hoe om jou werknemers vir werkloosheidversekering te registreer.
Reik só uit na ander Madelein Venter KERSFEES kom vinnig nader en vir sommige van ons beteken dit gesellige samesyn, blinkgetooide Kersbome met stapels geskenke daaronder en kreunende kostafels met skaapboud, koekstruif en klappers. Baie mense in die koerant se lesersgebied is egter nie so bevoorreg nie en al waarop hulle vanjaar kan hoop, is aalmoese van ander. Volksblad, moederkoerant van Noordkaap, se Ons gee om-fonds (voorheen die Volksblad-Kersfonds) probeer ’n daadwerklike verskil in behoeftiges se lewe te maak deur in hul mees basiese behoeftes soos kos en klere te voorsien. Die geld wat uit enige dorp in die verspreidingsgebied ontvang word, word ook in daardie gemeenskap teruggeploeg. Daar word veral ’n beroep op sakeondernemings gedoen om hul hart oop te maak. Ondernemings wat meer as R5 000 skenk, is op spesiale erkenning geregtig en kan Madelein Venter by 051-404-7618 bel of vir haar ’n e-pos na madelein.venter@volksblad.com stuur. Individue word ook gevra om hul kinders hierdie feestyd die ware betekenis van Kersfees te leer deur ’n hand na minderbevoorregtes uit te reik. Die mense wat die hulp nodig het, sit nie in ’n ander dorp of stad nie. Hulle is dikwels ons bure en kinders se skoolmaats. Lesers kan ’n inbetaling doen by Volksblad se kantoor in Nelson Mandelarylaan in Bloemfontein, asook in enige van die kantore in Kroonstad, Welkom, Bethlehem, Kimberley, Kuruman, Kathu en Upington, asook by Engo se kantoor in Bloemfontein. Bankinbetalings en internetbetalings kan gedoen word aan: Die Kersfonds, Nedbanktjekrekeningnr. 102 891 9980, takkode 117 134. Voeg jou naam en van of die instansie se naam as verwysing by. Die huidige insamelingstydperk kom einde Maart 2015 tot ’n einde. Bel Venter by 051-404-7618 vir inligting.
X1PJX4AH-NK171214
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 DESEMBER 2014
11
Lief en leed van ’14 in NK André Botha DIE jaar 2014 het losgetrek met die nuus dat die Noord-Kaapse matriekuitslae effens verswak het. Die Frances Baard-distrik (Kimberley en omliggende gebiede) se slaagsyfer het met drie persentasiepunte tot 73,09% gedaal. Die Kimberley Girls’ High was die topskool in die provinsie met die Hoërskool Adamantia tweede. Die Hoërskool Diamantveld is die vierde agtereenvolgende jaar die beste wetenskapskool in die Noord-Kaap en die tweede jaar agtereenvolgens die beste wiskundeskool. Die Noord-Kaap het ’n veel ryker oes aan onderskeidings as in 2012 behaal met drie kandidate wat nege onderskeidings elk behaal het. Daarby het 14 leerlinge agt onderskeidings behaal, terwyl nog 29 sewe en ses onderskeidings behaal het. Bykans die helfte van die leerlinge op die NoordKaap-lys van 20 topkandidate was van die Kimberley Girls’ High en Diamantveld. Girls’ High het vyf leerlinge op die lys gehad en Diamantveld vier. Agnes Ntlangula is wel sonder omhaal deur die ANC uit haar burgemeesterspos van die Sol Plaatje-munisipaliteit gehaal, maar het ’n troosprys gekry toe sy deur haar opvolger, David Molusi, as lid van sy burgemeesterskomitee aangestel is. Die datum 17 Februarie sal voortaan in die geskiedenisboeke opgeteken staan as die datum waarop die langverwagte universiteit in Kimberley amptelik met sy werksaamhede begin het. Sowat 150 studente het hulle vanjaar by die universiteit ingeskryf, en dit sal na verwagting in 2015 tot 350 toeneem. Die eindelike doelwit is 7 000 studente. Bouwerk aan die nuwe sentrale kampus van die universiteit het in September begin en sal na verwagting in 2016 in gebruik geneem word. Twee impakstudies is aan die munisipale komitee vir vervoer, paaie en vloedwater vir goedkeuring vir voorstelle om verkeersvloei in die middestad te verbeter en vir alternatiewe roetes vir swaar voertuie. Weens die sluiting van ’n deel van Bultfonteinweg is ’n verslag in opdrag van die Sol Plaatje-munisipaliteit en De Beers aangevra om ’n alternatiewe roete te verken vir paaie wat afgebaken moet word vir die swaarvoertuigverkeer op die N1. Die tweede impakstudie is deur die departement van hoër onderwys en opleiding gedoen oor die impak wat die Sol Plaatje-universiteit op die verkeer gaan hê. Swaar voertuie ry deur sekere dele in die middestad wat nie ontwerp is om hul vrag te hanteer nie en in sekere gebiede is die draairadius vir die vragmotors te smal. Roetes wat deur swaarvoertuigverkeer geraak word, is Phakamile Mabijastraat, Quinnstraat en Bultfonteinweg. Van die aanbevelings wat deur die komitee goedgekeur moet word, is om verkeersligte te sinchroniseer sodat die verkeer beter kan vloei. Nóg ’n aanbeveling is die verbreding van die pad by die kruising van Pnielweg en Compoundstraat, en Hull- en Phakamile Mabidjastraat. Die aanbeveling as korttermynoplossing sal meer as R300 000 kos. Aanbevelings op lang termyn is dat paaie rondom die middestad gebou word om ’n sirkel te vorm sodat vragmotors hulle weer by die nasionale paaie kan aansluit. Droogfontein Solar Power en Lesedi Solar Power, albei naby Kimberley, het albei vanjaar met hul bedryfsfase begin. Die Noord-Kaap is die eerste provinsie in die land wat uniliteitskaal- fotovoltaïese aanlegte aan die nasionale netwerk gekoppel het. Droogfontein was die eerste sonkragaanleg wat krag by die Eskom-netwerk in die Kimberley-streek ingevoer het en een van die eerste sonkragaanlegte in die land wat elektrisiteit uitgevoer het. Louis Heunis, ’n gewilde senior staatsaanklaer, het gesterf nadat hy van die 11de verdieping van die departement van openbare werke se gebou in Kimberley na sy dood geval het. Hy (48) het by ’n venster van die gebou, waarin die landdroshof gehuisves word, gespring. Hy was onder die lesers van Volksblad en Noordkaap bekend as ’n gereelde briefskrywer in die koerant se briewekolom. Talle van sy foto’s het in Volksblad, Noordkaap, en bylaes van die koerante verskyn. Dit was die verkiesing waarin die ANC die kwesbaarste sedert 1994 was. Die ANC het die verkiesing in die provinsie op ’n drafstap gewen. Noord-Kaap was een van die fokuspunte in die verkiesing, met die DA wat dit as sy teiken gestel het om die provinsie te wen of minstens die ANC onder 50% te dwing. Die party het verwoed geveg en Saul het erken dié veldtog het dinge vir die party bemoeilik. Die bedrogklagte teen sy voorsitter, John Block, en twee lede van die uitvoerende
TALLE mense het op die kruising tussen die N12 en die R31 net buite Kimberley byeengekom om daarop aan te dring dat die kruising beveilig word nadat twee jong mense dood en twee beseer is toe hul motor hier teen 'n vragmotor gebots het. Die SuidAfrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het sedertdien planne aangekondig om die kruising te beveilig. Foto: André Botha komitee, asook Nkandla, was ook probleme. Die ANC het egter sy aandeel in die stemme van 60,75% in 2009 tot 64,4% opgestoot. Hoewel die DA teleurgesteld oor die uitslag was, het hy nogtans heelwat gehad om te vier. Hy is nou die amptelike opposisie in die wetgewer met 23,89% van die stemme teenoor 12,57% in 2009. Die ANC het 272 053 stemme gekry teenoor 245 699 stemme in 2009. Die DA se stemme het bykans verdubbel van 50 817 in 2009 tot 100 916 stemme nou. Cope, voorheen die amptelike opposisieparty, het net 15 214 stemme teenoor 67 416 in 2009 gekry. Die EVV het veral danksy sterk steun in die Joe Morolong-gebied met sy eerste probeerslag 20 951 stemme gekry. Die Noord-Kaapse regering gaan op die ontwikkeling van ondernemings, ekonomiese bemagtiging, handel- en beleggingsbevordering, asook sektorontwikkeling en toerisme- en nywerheidsontwikkeling, fokus om die Noord-Kaapse ekonomie te versterk en meer werk te skep. Dit was die kern van premier Sylvia Lucas se provinsiale rede ná die verkiesing. Een van die belangrikste aankondigings in die provinsiale rede was sowat R2,5 miljard gaan bestee gaan word aan die provinsie se padnetwerk. Watertariewe het op 1 Julie in die nuwe boekjaar met bykans 15% gestyg. Benewens die waterverhogingskok moet inwoners meer vir eiendomsbelasting, elektrisiteitslewering en sanitasie betaal. Die watertariefverhoging kom nadat die munisipaliteit en
departement van waterwese besef het die stad het meer water uit die Vaalrivier by Riverton onttrek as wat die watermeters tot nou aangedui het. Die raad moes toe nuwe meters installeer. Inwoners moet nou vir die tekort betaal. Die verhoging van 15% is eenmalig, waarna inwoners die normale jaarlikse verhoging van tussen 5% en 7% sal betaal. Elektrisiteitstariewe het gestyg met 6,7%, vullisverwydering met 5,9%, riolering met 6,5% en eiendomsbelasting met 6,99%. Chara van Zyl (18) en Hendré Gouws (19) se dood in ’n motorongeluk op die kruising van die N12 en die R31 het Kimberley in Julie geruk. Gouws is op die toneel dood en Van Zyl (wat in matriek was) het in die hospitaal beswyk. Henco Boshoff (20), wat bestuur het, en sy broer, Duart (24), is ernstig beseer. Dié ongeluk was die soveelste op die kruising wat lewens geëis het, sodat die kruising as die kruising van die dood bekend gestaan het. ’n Veldtog om die kruising te beveilig is begin en die kruising is tot die kruising van hoop herdoop. Die veldtog het vrugte afgewerp toe die SuidAfrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) verskeie stappe aangekondig het om die kruising te beveilig. Die jaarlikse Gariep Kunstefees, ’n hoogtepunt in Kimberley, is suksesvol aangebied. Die fees is vanjaar die laaste keer in die Oppenheimer-tuin aangebied. Volgende jaar sal die fees ’n nuwe tuiste in Queenspark kry. Vanjaar se tema was Geskool in die kunste.
DIE jaarlikse Kimberley Diamond Cupskaatsplanktoernooi is weer vanjaar in Kimberley aangebied en het deelnemers van oor die wê reld heen getrek. Foto: Verskaf
SYLVIA LUCAS is ná die verkiesing in Mei as premier van die Noord Kaap aangewys. Foto: Emile Hendricks
AO. JOHN SEELEY, die toegewyde polisie reddingswerker wat bekend geword het na dat hy deel van die span was wat ’n hond uit die Groot Gat gered het, hier met sy tro fee nadat hy as Volksblad en Kumba Iron Ore se NoordKapenaar van die Jaar aange wys is. Dié kompetisie word in samewer king met GWK aangebied. Seeley (voorheen ook ’n benoemde vir die NoordKapenaar van die Jaarkompetisie) het verlede jaar landwyd bekend geword ná die heldhaftige reddingspoging van Kimberleigh, die hond wat in Kimberley se Groot Gat geval en ’n week daarin oorleef het. Foto: André Botha
KOOP NOU ‘N GO-KART VIR KERSFEES!
Sport Die Diamantstad se koerant
Serving all your equipment hire needs
12A Schmidtsdrift Road, Kimberley Tel: 053-861 5200 Fax: 053-861 5201 X1PHKL2F-NK171214
Soet en suur van GW se wipplankseisoen
X1PHJ7B6-NK171214
Vir meer foto’s en nuus besoek www.noordkaap.co.za en ook Facebook by NoordkaapKoerant
André Botha ’n BLINK eerste helfte van die rugbyseisoen, maar minder suksesvol in die tweede helfte. Dit is hoe Griekwas se seisoen in 2014 opgesom kan word. Die seisoen het begin met die Vodacombeker-reeks. Uit die staanspoor was dit duidelik dat die Poubloues ’n sterk aanslag gaan maak op die beker wat hulle reeds vier keer vantevore gewen het. Hulle het die tweede plek in hul afdeling behaal, die kwarteindstryd gewen, en toe in ’n vreemde skuif deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie teen die Pumas, wenner van hul afdeling, te staan gekom in plaas van die Leeus soos verwag. Die halfeindstryd was in die Mbombelastadion in Nelspruit, die einste stadion waarin Griekwas se Curriebeker-drome verlede jaar begrawe is toe hulle die promosie-relegasiewedstryd teen die Pumas verloor het. Griekwas het nie as die gunstelinge op die veld gegaan nie. Hul enigste nederlaag in die Vodacombeker-reeks was immers juis teen die einste Pumas. Maar die Griekwa-span het verwoed ingeklim en toe Gouws Prinsloo ’n minuut voor die einde ’n strafskop oorklits, was die wedstryd met 15-14 in die sakkie. Daarmee het Griekwas ’n eindstryd teen die Leeus op GWK-park verseker. En dit was ’n eindstryd wat nog lank onthou sal word. Daardie dag is die Leeus flenters gespeel, en Kimberley het feesgevier nadat Griekwas die Vodacombeker die vyfde keer met ’n sege van 30-6 gewen het. Dit het baie belofte vir die res van die seisoen ingehou. Maar eers moes deur die uitspeelronde vir die Curriebeker-kompetisie gekom word. Griekwas is op ’n drafstap deur dié uitspeelronde, met net die Luiperds wat sterk teenstand gebied het. En daarmee is na die Premierliga teruggekeer. Die uitspeelronde het egter sy tol in die Premierliga geëis. Ondanks ’n paar goeie wedstryde, was dit na die einde toe duidelik dat die seisoen te lank geword het. Griekwas het sewende geëindig nadat hulle so amper teen die einde hul neus verby die Pumas gekry het. Maar ’n kragtoer deur die Leeus op GWK-park in die laaste wedstryd van die seisoen het daardie hoop verydel. Volgende jaar wag weer ’n uitspeelronde. Hopelik sal 2015 die seisoen wees waarin die Poubloues hulle weer onder die topses in die land vestig.
Adres: Kimdustria Kimberley, Tel. 053 807 7760 Sel:082 555 1974 Web: www.crescentbikes.co.za
Tel. 053 591 0059 Sel 071 683 7175
Gratis aflewering Woensdae, Donderdae en Vrydae in Kimberley!
SPECIAL
Oxtail … … … … … … … … … … . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . … … R59,95 / k g Maalvleis . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . R49,95 / k g Pekeltonge ( ko o p b et yd s v i r Ke rsfe e s ) … … … … . . . . R44,95 / k g Boerewors … . . … … … … … … … … … . . . . . . . . . . . . . . . . … … … … … R59,95 / k g X1PHQ1Y3-NK171214
PETER ENGLEDOW (regs), Griekwas se af rigter in die Vodacombekerreeks, omhels Burger Schoeman nadat Griekwas die Leeus in die Vodacombekereindstryd met 306 vermorsel het. Dit was die hoogtepunt van Griekwas se seisoen. Foto: Emile Hendricks
Die halfeindstryd was in die Mbombelastadion in Nelspruit, die einste stadi on waarin Griekwas se Curriebekerdrome verle de jaar begrawe is toe hul le die promosierelegasie wedstryd teen die Pumas verloor het.
2011 Ford Fiesta 1.6 trend Sedan 66 165 km R114 900
2012 RANGER 3.2D XLT Double Cab, 6-spd, a/t, D/C, 143 600 km R299 900
2010 Kia Sportage 2.0 ignite 90700km R197 900
2010 Renault Sandero 1.6 United 59 400 km R99 900
2010 Mazda 2 Active 1.3 145 000 km R99 900
2008 Opel Corsa 1.6i OPC 150 000 km R113 900
2011 VW Polo 1.4 comfortline 74000 km R147 900
2012 Hyundai ix35 GLS a/t 2.0 Executive 59 000 km R239 900
2009 Hyundai I20 1.4 96 600 km R119 900
MONTH SPECIAL 2010 VW Polo 1.4 Comfortline 86 500 km R137 900
2009 Mecedes-Benz C300 Elegance A/T 110 000 km R272 900
2011 Nissan Juke 1.6 Dig.T- Tekna 54 500 km R199 900
2013 Ford Ranger 2.2 TDCi Sup/Cab 4x2, mags 67 000 km R249 900
2011 Ford Bantam 1.6XLT 74 800 km R122 900
2010 Hilux 3.0 D-4D D/C 4X4 A/T 109 000 km R299 900
Hennie Vos 082 820 8959
Desmond Madella 073 117 3620
Tel. 053 8313661
56 Stockdalestraat • Kimberley E-mail: kimhuman@intekom.co.za
DIT is die één skolerugbywedstryd wat die hele Kimberley se verbeelding jaarliks aangryp – die Classic Clash tussen die eerste spanne van die Hoërskool Diamantveld en die Hoër skool NoordKaap. Vanjaar was die Diamonds baas met 2412, die eerste keer in sewe jaar. Foto: Emile Hendricks
2 jaar waarborg by alle voertuie ingesluit of surplus van fabrieks waarborg X1PHBTXK-NK171214