Noordkaapnk 20150114

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

X1PLNWRW-NK140115

Woensdag 14 Januarie 2015

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Jaar van goed én sleg Noord-Kaap presteer beter, maar ingryping steeds nodig André Botha DIE Noord-Kaapse onderwysdepartement is nou reeds op 2019 gefokus. Die aksieplan in aanloop tot 2019 vorm deel van die nasionale ontwikkelingsplan. Só het Grizelda Cjiekella-Lecholo, LUR vir onderwys, gesê toe sy verlede week op ’n nuuskonferensie die Noord-Kaap se matriekuitslae bekend gemaak het. Die provinsie het in dié eksamen die beste prestasie die afgelope vyf jaar behaal, met ’n slaagsyfer van 76,4%. Die departement se teiken was egter 80%. Cjiekella-Lecholo het gesê 2014 was ’n jaar van hoogtepunte én laagtepunte. Politieke onrus in die John Taolo Gaetsewe-distrik het meegebring dat 482 kandidate van 8 skole in die distrik nie die eksamen kon skryf nie. “Altesame 6 715 uit 8 794 leerlinge het geslaag. “Nog goeie nuus is dat veel meer leerlinge (2 176) as in die verlede universiteitstoelating gekry het. “Dit is ’n verbetering van 1,4% wat die hoogste in vyf jaar is,” het sy gesê. “Altesame 22 skole het minder as ’n 60%-slaagsyfer behaal.” Sy het belowe dat haar departement by dié skole sal ingryp om die situasie te verbeter. “Ons sal dringend met meer kreatiewe en werkbare oplossings vorendag moet kom.” ’n Slaagsyfer van 76,1%, net-net minder as die provinsiale slaagsyfer, is in die Frances Baard-distrik behaal. Dit is ’n verbetering van 73,1% teenoor 2013. Dié distrik het die enigste vier kandidate in die Noord-Kaap opgelewer wat agt onderskeidings behaal het. Drie van dié leerlinge is van die Hoërskool Diamantveld, en een van Kimberley Girls’ High. Die distrik het ook 13 kandidate in die uitsoeklys van 20 beste kandidate in die Noord-Kaap. Ses in dié groep is van Girls’ High, vyf van Diamantveld en twee van die Hoërskool Noord-Kaap. Girls’ High is die tweede jaar agtereenvolgens as die akademiese topskool in die

“Altesame 6 715 uit 8 794 leerlinge het geslaag. Nog goeie nuus is dat meer leerlinge (2 176) universi­ teitstoelating gekry het. Dit is ’n verbetering van 1,4% wat die hoogste in vyf jaar is. “Altesame 22 skole het minder as ’n 60%­slaagsy­ fer behaal.” X Grizelda Cjiekella­Lecholo Noord-Kaap aangewys. Dié skool is ook die topskool in die Frances Baard-distrik. Die Hoërskool Adamantia, ook van Kimberley, is tweede in die provinsie, gevolg deur die Hoërskool De Aar. Adamantia is ook in die Frances Baarddistrik in die tweede plek geplaas. Die Hoërskool Vaalrivier van Barkly-Wes moet met die derde plek tevrede wees. ) Die Noord-Kaap se top-20 is Tayla Botha (Hoërskool Kalahari), Carli Groenewald (Hoërskool Diamantveld), Yeshara Packirisamy, Shawna Petersen en Faaria Kana (almal van Kimberley Girls’ High), Helené Snyders (Hoërskool Diamantveld), Johannes Slabber (Hoërskool Duineveld), Alri van den Berg (Hoërskool Kalahari), Casey Preece (Kimberley Girls’ High), wyle Johan Fourie (Hoërskool Duineveld), Devan Desai (Hoërskool Noord-Kaap), Robyn Arnold en Chante Bisschoff (albei van Kimberley Girls’ High), Stephanie Potgieter (Hoërskool Diamantveld), Milandro Mouton (Hoërskool Upington), Moremogolo Gaetsewe (Baitiredi Tech), Anke van der Westhuizen (Hoërskool Diamantveld), Carla Kruger (Hoërskool Duineveld), Deon du Plessis (Hoërskool Diamantveld) en Dane Smith (Hoërskool Noord-Kaap).

Wys hul slag stuk vir stuk DIE nasionale junior skaakkampioenskap is in Kimberley gehou. Bykans 2 000 jong skaakspelers het aan die toernooi deelgeneem. Dié Noord-Kaapse leerlinge wat in die toernooi hul slag in nasionale en internasionale toernooie gewys het, is van links (kloksgewys) Marelize en Bernize van der Walt, identiese tweelingsussies (12) van Kimberley, Anell Maasdorp van Upington (9), Zoe Milford van Kimberley (10), Sanannah Ahjun van Kimberley (7), Donrique Joseph van Upington (9) en Minike Smith van Kimberley (9). Foto: Emile Hendricks

TYRES * BATTERIES * SHOCKS * EXHAUSTS

14 Cecil Sussman Street - Tel. 053 831 1189 / 102 Long Street - Tel. 053 832 5864 X1PLFNXD-NK140115

While stock last. TRANSVAALWEG 110, TEL: 053-832 7990 FAX: 053-832 7801

Free quantity quotations at your home as well as free colour specifications.

KIMBERLEY

DIMENSION SILK

20 litre Pastel / White

R935,00

ROCK GRIP PLIOTEX

ROCK GRIP ACRYLIC ROOF

(White, Fresh Clay, Savanna Earth, African Sunset, Dark Bark, Desert Sand, River Bed)

(White, Terra Cotta, Rustic Red, Green, Deep Green, Charcoal, Black)

20 litre Standard colours

R650,00

20 litre Standard colours

R682,00 X1PLDJ9-NK140115


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 14 JANUARIE 2015

Soek-en-wen is weer terug ALMAL is mos maar platsak in Januarie, en dus sal ’n geskenkbewys van R200 van die Diamond Pavilion Shopping Mall in Noordkaap Soek-en-wen-kompetisie beslis welkom wees. Noorkaap spring weer vandeesweek met dié kompetisie weg. Elke tweede week word ’n miniatuur-logo van die Diamond Pavilion Shopping Mall iewers in Noordkaap geplaas. Al wat jy moet doen, is om dit te soek. SMS die sleutelwoord “logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsynommer waarop die logo geplaas is, na 45527. Dit kos jou R1,50 om jou in te skryf. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00.

X1PLNXV9-NK140115

Aanleg eerste in sy soort in SA Francois Williams ’n VERDERE ekonomiese inspuiting wag op die Noord-Kaap met bouwerk aan die nuwe gekonsentreerde-sonkragaanleg by Postmasburg wat vanjaar kan begin. Volgens die ontwikkelaars, die Amerikaanse groep SolarReserve en ACWA Power, gaan die 100 MW-aanleg genoeg krag opwek om meer as 200 000 huise te voorsien. Dit sal die eerste gekonsentreerde-sonkragaanleg in Suid-Afrika wees wat energieberging met gesmelte sout benut. Die aanleg sal elektrisiteit vir 12 uur se lewering kan berg sodat hy dag en nag op aanvraag krag kan lewer, selfs nadat die son al gesak het. Die projek, genaamd Redstone, was een van die suksesvolle bieërs in die derde ronde van die departement van energie se groenkragaankoopprogram. Weens vertragings by Eskom met die koppeling van nuwe hernubare energieprojekte aan sy netwerk, is dit een van talle projekte wat nie onmiddellik met bouwerk sal kan begin nie en daar word nog gewag op die finale finansiële goedkeurings. Die ontwikkelaars is luidens ’n verklaring vol moed dat hulle teen vroeg 2018 sal kan begin krag opwek. SolarReserve het reeds ’n soortgelyke projek in die VSA gebou wat vloeibare sout as kragbattery benut. Kevin Smith, uitvoerende hoof van SolarReserve, sê danksy die kragbergingsvermoë kan die aanleg net soos ’n konvensionele steenkool- of kernkragstasie krag op aanvraag voorsien, maar sonder besoedeling of gevaarlike afvalmateriaal. Volgens hom is die prys waarteen Eskom krag van die aanleg koop, die laagste tot dusver van enige gekonsentreerde-sonkragaanleg in Suid-Afrika. Gekonsentreerde-sonkrag-pryse vir dié ronde was minder as R1,70 per kWh, dus nog heelwat duurder as die pryse waarteen Eskom wind- en sonkrag aankoop – wat in die derde ronde al minder as R1 per kWh is, luidens dokumentasie van die departement van energie.

’n KUNSTENAARSVOORSTELLING van hoe die Redstone­gekonsentreerde­sonkragaanleg by Postmasburg in die Noord­Kaap kan lyk wanneer dit voltooi is. Links agter en links voor is die voltooide fotovoltaïese sonkragaanlegte Lesedi en Jasper. Foto: SolarReserve SolarReserve het ook die fotovoltaïese sonkragprojekte Lesedi en Jasper van onderskeidelik 75 MW en 96 MW ontwikkel. Die Redstone-projek sal langs dié aanlegte gebou word. ACWA Power het die Bokpoort-gekonsentreerde-sonkragaanleg van 50 MW naby Groblershoop ontwikkel. ) Ander gekonsentreerde-sonkragaanlegte wat ontwikkel word, is Eskom se eie projek van 100 MW by Upington, die Spaanse groep Abengoa se drie projekte van 250 MW, die Karoshoek-projek van 100 MW waarin Investec, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die staat se Openbare Beleggingskorporasie (OBK) belange het, en die Kathu Solar Park van 100 MW waarby Investec, die OBK en die Franse groep GDF Suez betrokke is.

087 802 0266

X1PLFPE1-NK140115

) Ekonomiese voordele vir die Noord-Kaap is: Finansiering: Suid-Afrikaanse maatskappye sal R2,4 miljard in die projek belê. Plaaslike en internasionale banke sal lenings van R5,6 miljard voorsien. Belastinginkomste: Meer as R6 miljard se inkomstebelasting kan oor die eerste 20 jaar van die projek tot die staatskas bygedra word. Bedryfsuitgawes: Meer as R150 miljoen per jaar sal oor die meer as 30 jaar van die projekleeftyd aan salarisse en ander bedryfskoste bestee word, wat grond, versekering en onderhoud insluit. Werkskepping: Meer as 4 000 regstreekse en nieregstreekse poste kan in die konstruksiefase geskep word. Tussen 60 en 70 mense sal werk kry om die aanleg te bedryf.

053 831 5468/9 X1PLP7C5-NK140115


NOORDKAAP, WOENSDAG 14 JANUARIE 2015

Yeshara sien uit na jaar

DIE vier leerlinge van Kimberley was die enigstes in die Noord­Kaap wat agt onder­ skeidings in die matriekeindeksamen behaal het. Van links is Deon du Plessis (Dia­ mantveld), Carli Groenewald (Diamantveld), Yeshara Packirisamy (Girls’ High) en He­ lené Snyders (Diamantveld). Foto: Emile Hendricks

Carli opgewonde oor mediese studie Charné Kemp

CARLI GROENEWALD, oudleerling van die Hoërskool Diamantveld, het agt onderskeidings behaal, al het sy gedink dit sal sewe wees. Daarby het sy die tweede plek in die provinsie en die eerste plek in Kimberley behaal. Sy het onderskeidings in al haar vakke gekry. Dit is Afrikaans (huistaal), Engels (huistaal), Duits (tweede addisionale taal), wiskunde, lewensoriëntering, ingenieursgrafika en -ontwerp, lewenswetenskappe en fisiese wetenskap. Haar geheim vir sukses is om regdeur die jaar op die hoogte met leerwerk te bly. “Ek het ook vir klastoetse hard geleer. Die belangrikste was om elke dag huiswerk te doen. Dit maak eksamenvoorbereiding baie makliker.”

Sy was die beste akademiese presteerder in haar jaargroep in gr. 10, gr. 11 en gr. 12. Carli was die hoofmeisie van die skool en ’n kranige hokkiespeler wat haar Griekwa-kleure behaal het. Haar buitemuurse aktiwiteite het klopdanse ingesluit. Sy is baie opgewonde om te gaan studeer en nuwe wêrelde te ontdek. Sy gaan haar vanjaar by haar ouer susters in Stellenbosch aansluit wanneer sy medies by die Universiteit van Stellenbosch studeer. Haar oudste suster, Yolani, is ’n mediese student in haar sesde jaar en suster Luzelle is ’n skoonheidstegnoloog. “Ek is opgewonde om nader aan my susters en die see te wees.” Haar ouers is Pieter Groenewald, ’n mediese dokter, en Christelle, ’n kliniese tegnoloog.

YESHARA PACKIRISAMY, oudleerling aan die Kimberley Girls’ High, gaan vanjaar mega-elektroniese ingenieurswese studeer. Sy het onderskeidings in agt uit nege vakke in die matriekeksamen behaal en is derde in die Noord-Kaap. Die vakke is Engels (huistaal), Afrikaans (eerste addisionele taal), wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, inligtingstegnologie, lewenswetenskappe en fisiese wetenskap. Packirisamy, wat in Kimberley grootgeword het, kan nie wag om die liggies van die groot stad te ervaar wanneer sy by die Universiteit van Kaapstad gaan studeer nie. “Ek is nie eintlik ’n plattelandse meisie nie.” Sy was die onderhoofmeisie, die akademiese toppresteerder en het eerbewyse in verskeie vakke ontvang. Sy was op verskeie buitemuurse Engels-, wetenskap-, rekeningkunde- en wiskundeolimpiades, ekspo’s en uitstallings. Sy is veral trots op haar medalje wat sy in gr. 11 in die Eskom- Nasionale Wetenskapekspo behaal het. “ ’n Mens moet op die hoogte van jou skoolwerk bly. Werk hard, en moenie agter raak nie.” Sy het ’n suster, Veeasha (15). Haar ma, Vanessa, is ’n tuisteskepper, en haar pa, Kuberin, is waarnemende hoof van die Noord-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme en die finansiële hoof.

3

Helené volg ma se droom HELENÉ SNYDERS, oudleerling aan die Hoërskool Diamantveld, gaan haar ma se droom volg en ’n geoktrooieerde rekenmeester word. Haar agt onderskeidings wat sy behaal het, behoort dié droom te verwesenlik. Sy is sesde in die Noord-Kaap. Dié finalis in Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat se Matrikulant van die Jaar-kompetisie het onderskeidings in al haar vakke behaal – Afrikaans (huistaal), Engels (huistaal), wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskap en fisiese wetenskap. Sy gaan aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en sal in Huis Soetdoring woon. “My ma, wat ’n graad in rekeningkunde het, kon nie ’n geoktrooieerde rekenmeester word nie. Sy moes ons grootmaak. Ek hou baie van syfers. Dit maak my opgewonde. Syfers praat met my, en ek verstaan dit. Ek is nie so goed met mense nie,” sê sy. Sy het daagliks haar huiswerk gedoen om op hoogte van haar leerwerk te bly. Sy het ook van kêrels weggebly. “Ek sal op kampus uitkyk vir oulike manne.” Helené het haar Griekwa-kleure in hokkie behaal en was in die skool se eerste span. Haar pa, Neels, is ’n elektrisiën en ma, Elna, is ’n belastingkonsultant. Haar boetie, Divan, is in gr. 9.

‘Jy moet ’n gevoel hê vir die vak’ DEON DU PLESSIS het van al sy vakke gehou en het daarom agt onderskeidings in sy nege vakke behaal. Sy onderskeidings is in Afrikaans (huistaal), Engels (huistaal), wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, ingenieursgrafika en -ontwerp, lewenswetenskappe en fisiese wetenskap. Hy is 19de in die Noord-Kaap. Dié oudleerling van die Hoërskool Diamantveld sê sy gunstelingvak was fisiese wetenskap. Hy glo jy moet ’n gevoel vir die vak hê. “Dan is ’n mens nie verveeld met ’n vak nie en behaal jy goeie punte.” Sy onderwyser, Yvonne de Villiers (wat vanjaar onderhoof van die Hoërskool Adamantia word), het sy liefde vir die vak

aangewakker. Hy gaan BCom (aktuarieel) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) studeer. “ ’n Mens moet uitdagings aanpak en geleenthede benut om van jou ’n gebalanseerde mens te maak.” Hy was die tesourier van die leerlingraad en redakteur van die skoolkoerant. Hy het hokkie gespeel en het in vorige jare goed in provinsiale en nasionale wiskunde-olimpiades gevaar. Hy het ook al verskeie medaljes as ’n skopbokser in sy vroeë hoërskoolloopbaan ingeoes. Sy suster, Michelle, studeer BCom aan die US. Sy ouers is Deon en Judy, eienaars van die bekende Vermeulens Build It en ander ondernemings.

X1PJUC1H-NK140115


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 14 JANUARIE 2015

Toe en nou

Alle oë nou op matrieks DIE matriekeindeksamen se uitslae is bekend, en nou is alle oë op vanjaar se matrieks. Die Noord-Kaap het wel nie die teiken van 80% gehaal nie, maar nogtans verbeter op die afgelope paar jaar se uitslae. Die onderwysdepartement, wat verskeie ingrypingsplanne deurgevoer het, verdien dus ’n klop op die skouer. Nogtans kan selfvoldaanheid nie bekostig word nie. Die slaagsyfer is steeds te laag in ’n provinsie wat vroeër jare elke jaar meer as 80% behaal het. Daarby het die provinsie slegs die sesde hoogste slaagpersentasie in die land, in teenstelling met vroeër jare toe ’n tweede plek behaal is. Daar is verskeie ligpunte. Daar was talle leerlinge uit

voorheen agtergeblewe skole wat geskitter het. En daar was enkele agtergeblewe skole wat kan spog met ’n slaagsyfer van 100%. Dit wys dat leerlinge kan presteer selfs in skole waar hulpmiddels skaars is. Met toegewyde onderwysers en harde werk kan bo uitgekom word. Daar is ook gevaarligte. Daar is steeds skole waar nie eens 60% van die leerlinge geslaag het nie. Swak prestasies in die algemeen in sekere vakke. Harde werk gaan vorentoe nodig wees om ook die skole waar steeds swak uitslae is, ook op peil te kry. Die ideaal moet nie ’n slaagsyfer van 80% wees nie, maar minstens 90%.

DIE Halfway House is een van Kimberley se bakens en bestaan reeds sedert 1872. Veral sy kroeg is legendaries. In Kimberley word allerweë na die Half verwys. Die naam kom daarvan dat dit op die grens tussen die destydse munisipaliteite van Kimberley en Beaconsfield was. Die eerste gebou was op die terrein waar die McGregor­museum was, oorkant die huidige gebou. Dit is eers die Cogins­hotel genoem, maar die naam is in 1875 na die Halfway House­hotel verander. Dié hotel is in 1897 na sy huidige perseel verskuif toe die sanatorium (die huidige McGregor­museum) opgerig is. Een van die gereelde klante was Cecil John Rhodes. Die hotel was vir baie jare een van net twee inrykroeë in die wêreld. Die enigste ander een was ook in Kimberley (die toenmalige Kimberlite­hotel). Mense kon buite parkeer, waar drank dan aan hulle bedien is. Een van die legendes is dat Rhodes, te perd onderweg tussen Kimberley en Beaconsfield, graag die kroeg aangedoen het. Hy het geweier om van sy perd af te klim, en daarop aangedring om bedien te word terwyl hy op sy perd sit. Dit is dan glo hoe die tradisie van die inrykroeg ontstaan het. ’n Ander legende is dat die destydse stadsvaders nie gehou het van dié drinkery in die openbaar nie. Hulle het daarop aangedring dat ’n muur van ses voet om die hotel gebou moes word. Die eienaars het toe glo ’n gat van ses voet diep rondom die gebou gegrawe, en die muur in die gat gebou. Foto’s: McGregor Museum en André Botha

Leer ander om te dien Hannes Nöeth

SY naam is Surprise. Hy is ’n polisieman. Getrou in sy werk en ywerig in wat hy doen. Ek het hom nooit spontaan ontmoet nie, maar sy naam het hom vooruit geloop. Juis daarom het ek moeite gedoen om hom te gaan leer ken. Aan die Suidkus van ons land waar baie mense gereeld by die see gaan uitrus en in die branders en sand kop skoonmaak het Surprise nie gerus nie. Waar ander rus, daar is sy werksplek. By die klein, tog besige ou see-plekkie is Surprise gestasioneer. Hy sou seker ook net die nodige kon doen soos baie van ons, maar nee, hy glo jy doen die ekstra moeite, jy dra daardie ekstra vrag, jy help onvoorwaardelik. As jy hom leer ken dan kom jy dit onmiddellik agter. Dit was nie moeilik om hom op te spoor nie – ja, almal ken vir Surprise. By die laaste huis waar hy ’n inbraaksaak hanteer het, het hy uit omgee vir hulle kos laat aflewer. By die voertuig wat langs die pad gaan staan het, het hy nie net iemand gebel nie, maar haar later gebel en gevra of sy veilig

tuis gekom het. ’n Ander se klein seuntjie se trane het hy afgedroog. Nou ja, so kan ons seker baie dinge oor baie mense vertel – wat Surprise anders maak, is dat die dinge nie ’n nou en dan verskynsel in sy lewe is nie, dit is hoe hy elke dag leef. Dit is wie hy is. Onvoorwaardelik altyd dienend. Sy lewe is gevul met diensbaarheid. In my gesprek met hom vra ek hom: “Hoe kry jy dit reg dat almal so mooi praat van jou, wat maak jou so anders? Dit lyk of hy beledig voel oor my vraag. “Anders, Meneer? Ek is nie anders nie, ons is mos maar almal dieselfde. As ons oë kyk, sien hulle ’n plek waar hulle kan help, as ons ore luister, hoor hulle ’n plek waar hulle kan help, as ons mond praat dan bring dit sagtheid.” In ’n nuwe jaar met nuwe dinge kan ons by Surprise iets leer: Dien.

Nuwe jaar bring nuwe hoop Karin Muller

X1PJLLAD-NK140115

OF dit veronderstel is om ’n groot of klein verandering mee te bring in die diepste veseltjie van sy bestaan het elke Nuwejaarsvoorneme iets in gemeen: hoop. Hoop op ’n beter jy, goeie gewoontes, haalbare uitdagings en groter sukses. Elke Lotto-kaartjie wat gekoop word, verteenwoordig hoop X hoop op finansiële vryheid en ’n beter toekoms. Elke boom of blom wat geplant word, verteenwoordig ook hoop – hoop op lewe, ’n mooier tuin of meer koelte. Met die aanbreek van die nuwe jaar word baie dinge herhaal, al het jy waarskynlik jouself vantevore belowe dat jy die nuwe jaar dinge anders gaan benader. Of jy glo in Nuwejaarsvoornemen of nie, die nuwe jaar verteenwoordig ’n skoon bladsy. Selfs al koop jy nie ’n Lotto-kaartjie of plant ’n boom nie, hou die koms van die nuwe jaar ’n nuwe hoofstuk van hoop in. Hoop dat jy dinge beter gaan hanteer in die jaar wat voorlê, dat jy minder opdraandes en meer afdraandes in jou lewe gaan beleef.

Hoop op geleenthede, hoop op gesondheid, samesyn en vrede. Met ’n terugblik op die ou jaar moet jy darem, heimlik of openlik, erken dat die jaar wat ten einde gespoed het nie net uit slegte herinneringe saamgestel is nie. Daar was ook goeie tye en voorspoed, hoewel dit dalk yl gesaai was en versmoor is deur die minder goeie tye. Dalk leef jy van Nuwejaar tot Nuwejaar wat opgedeel word in ’n lewe van week tot week. ’n Vrydag-tot-Vrydag-lewe. So word die weke opmekaargestapel wat weer op hul beurt maande en jare opmekaarstapel. Maar ongeag moontlike wroegings, oorweldigende uitdagings of teëspoed is daar altyd ’n sprankie hoop in jou binneste. En hoop gee lewe.


NOORDKAAP, WOENSDAG 14 JANUARIE 2015

5

MOTORS Pieter Oosthuizen DIE groepie strydrosse waarmee die Chinese vervaardiger Great Wall Motors destyds vir homself ’n stukkie respek in die wêreld se taaiste bakkiemark gedêps het, is vandag ’n volwaardige stoetery met waardevolle potensiaal. Nou wil die groep sy portefeulje in die ontspanningsegment verder uitbrei. Klap dus hande vir die opgeknapte Steed-bakkiereeks wat pas met enkele nuwe modelle

Hope motor vir goeie prys uitgebrei is. Die basiese Steed 5 gaan nou sterker op die onderkant van die ontspanningsmark fokus. Die bestaande 2,2 liter-petrolenjin in die enkel- en dubbelkajuitbakkies word behou, maar veiligheidstoerusting is verbeter. Die Steed 6 is nou die vlagskipbakkie aangesien hy met die

meeste veiligheidstelsels toegerus is. Hy tref dadelik die oog met sy diep neus. Daar is ook ’n ry LED-liggies onder die misligte. Binnelangs was dit opmerklik dat die instrumente reg voor jou ’n gewone glas- (plastiek?) skerm het. Skyn die sonlig direk daarop, weerkaats dit so dat die snelheid

Master Cars

onleesbaar is. Die 5E op sy beurt is met sy nuwe neus eintlik die mooi ene. Sy SX-model het, net soos die Steed 6, rigtingwysers in die kantspieëls en kanttrappe. Op die grondpad ry die bakkies (Steed 5E en 6) baie hard. Die stuurwerk in die 6 was wel nie so vaag soos in die 5E nie. Hoewel

Visit www.cevmotors.co.za

THE AUTOMARK PROMISE 1. Backed by Toyota 2. Guaranteed not stolen 3. Automark warranty available 4. Guaranteed mileage

Used cars you can trust.

Amarok

14 Amarok 2.0 BiTDi Highline 132 kW D/C, canopy, side steps, leather, rubberised, safety film, PDC, .........................................................................................................................................................R419 500 11 Amarok 2.0 TDi Trendline 90 kW D/C, canopy, side steps, safety film, rubberised ...................R261 500

Polo Vivo

14 Polo Vivo 1.4 Trendline Sedan, Electric windows, Alloys, RCD, C Locking ...................................R149 500 14 Polo Vivo 1.4 Trendline Cruise Control, Alarm , Alloys.....................................................................R158 500 14 Vivo Maxx 1.6 20 000 km ....................................................................................................................R165 500 13 Polo Vivo GT 1.6 .....................................................................................................................................R147 500

Golf

14 Golf 1.4 TSI BMT Comfortline, zenons, comp radio, media interface ............................................R297 500

Polo

14 Polo Sedan 1.4 Comfortline PDC, 300km ...........................................................................................R195 500 14 Polo 1.6 Comfortline, Bluetooth, RCD .................................................................................................R199 500

Passat

14 Passat 2.0 TDi DSG, 6-CD, silver ........................................................................................................R331 500

Jetta

14 Jetta 1.6 TDi Comfortline,T/B, Xenons, 6-CD, Leather, iPod/iPhone cables .................................R306 500

Tiguan 14 Tiguan 2.0 TDi Sport & Style, tow bar, PDC, 6-CD ...........................................................................R425 500

Caddy

veral die 5E lekker stewig gevoel het, leun die bakkies effens in draaie. Die versneller-reaksie is ook traag met die wegtrek en ’n mens moet maar die enjintoere aan die gang kry om jou ry te kry. Die sesde rat is ook net as ’n toerrat op ’n gelyk pad geskik. Dit is dalk ’n rits negatiewe kommentaar, maar in wese kry ’n mens steeds hope motor vir ’n goeie prys. As jy met ’n paar krapperighede kan saamleef, maak hy sin.

5. Seven day exchange plan 6. Guaranteed year model 7. Every vehicle subject to a check list

DEMO’S 2014 Etios 1.5 XS, 5-dr, Silver 2014 Hilux 3.0 D-4D Raider, D/C, Silver, Nudgebar, Rollbar, T-cover 2014 Fortuner 2.5 D-4D, R/B, Auto, White 2014 Etios 1.5 Xi 5-dr Gold 2014 Corolla 1.6 Quest +, R/CD, alloys 2012 Yaris XR 1.0 3-dr

R131 500 R399 500 R365 500 R118 500 R187 500 R119 500 R148 500

MOTORS 2014 Volkswagen Polo 1.6 Comf Sedan 8 000km 2013 VW Cross Polo 1.6 TDi, curtain airbags, cruise control 23 000 km 2013 Mini Cooper 17 000 km 2013 Chevrolet Cruze 1.6 LS 5dr 9 500 km 2012 Toyota RAV 4 2.0 GX 64 000km 2012 Toyota Fortuner 3.0 D-4D A/T Heritage, T/B 50 000 km 2012 Toyota Avanza 1.3 SX 2012 Land Cruiser Prado TX 3.0 TDi TB 44 000 km 2011 Toyota Verso 2.0 D-4D TX t/bar, PDC, 70 000 km 2011 VW Polo 1.2 TDi Blue Motion 2010 Toyota Fortuner 3.0 D-4D 4x4 Nudge, t/bar 116 000 km 2010 Land Cruiser Prado VX 4.0, V6 A/T 141 000km 2010 VW Golf TSi Comf 2003 Mercedes-Benz C180K Classic A/T

R198 500 R220 500 R199 500 R187 500 R215 500 R369 500 R129 500 R505 500 R199 500 R148 500 R295 500 R430 500 R171 500 R 83 500

BAKKIES 2013 Toyota Hilux 2.5 D-4D SRX, Xtra Cab, Alloys 24 000 km 2013 Toyota Hilux 3.0 D-4D D/C, r/rising 15 000 km 2012 Land Cruiser 4.2D S/C, Rails, TBar, Rubberised, Mags, ARB 2012 Toyota Hilux 2.5 D-4 D Raider R/b, D/C canopy, t/bar 2011 Toyota Hilux 2.0 VVTi, A/C, rails, rubberised 90 000 km 2010 GWM 2.8 TCi D/C 4X4, TB, Canopy

R248 500 R352 500 R398 500 R293 500 R149 500 R119 500

10 Cady Maxi 1.9 TDi Trend 7 Seats, TBar, Safety Film ........................................................................R198 500

Non-MasterCars 12 Toyota Yaris 1.3 XS 5-dr 36 000 km Warranty Service Plan ...................................................R146 500 13 Toyota Etios 1.5 XS Sedan..............................................................................................................R121 500 11 VW Vivo 1.6 Trendline.....................................................................................................................R129 500 09 Mazda 2 1.5 Individual.................................................................................................................R105 500 08 Honda NXR 125 Bross Motor Cycle ............................................................................................R 12 500 08 Isuzu KB 250D Fleetside, A/C, Conopy, Bakkieliner, Bullbar .................................................R110 500 07 Chevrolet Aveo 1.5LT......................................................................................................................R 62 500 03 Corolla 160i GLE .............................................................................................................................R 59 500 99 Mitsubishi Pajero 3.0 GLS .............................................................................................................R 51 500 *All prices shown are recommended retail prices, which are not binding on the Dealers or Volkswagen Group South Africa. The recommended retail price excludes Dealer delivery and related charges. Please contact your Volkswagen Dealer or visit www.vw.co.za for full details as well as terms and conditions relating to the MasterCars Brand Promise.

CEV Motors

Visit VAN DER LINDE TOYOTA Main Street, Postmasburg

Jackie 082 415 2656 used@vdlmotors.co.za Gert 082 738 1237 used1@vdlmotors.co.za

11 Shone Street, Postmasburg • Tel: 053 313 0090 • Fax: 053 313 0569 Jackie Jacobs 082 415 2656 • Gert Claassens 082 738 1237 sales@cevmotors.co.za • www.cevmotors.co.za

Tel: 053 313 0080 Fax 053 313 0349

www.automark.co.za Terms and conditions apply. X1PLNVTM-NK140115

X1PLNW75-NK140115

X1PLPME5-NK140115

R249 900

R399 900

R124 900

R179 900

R249 900

R319 900

R269 900

R209 900

R389 900

R389 900

R139 900

R84 900

R104 900

R299 900

R319 900

R299 900

R269 900

R249 900

R319 900

2009 Toyota Fortuner 4.0 V6 A/t 2013 Toyota Hilux 3.0 D-4d 4x4 A/t - 44 000 km Epic - 115 000km

2014 Toyota Etios 1.5 Xs H/B - 30 000 km

2014 Toyota Fortuner 4.0 V6 Ltd Edition - 12 000 km

2011 FJ Cruiser 4.0 V6 - 74 000 km

2014 Toyota Yaris 1.3 XS 5dr Cvt 2012 Toyota Quantum 2.7 10 Seater - 103 000 km 15 000 km

2014 Toyota 86 , Full Trd Kit 2000 km

2013 VW Tiguan 1.4 TFSi DSG 45 000 km

2011 Toyota 1.3 Prof 52 000 km

2013 Hyundai IX 35 2.0 A/t 53 000 km

2012 Mercedes Benz C250 Avantgarde - Lots Of Extras 30 000 km

2009 Renault Sandero 75 000 km

2013 Isuzu KB 240 Le D/C 48 000 km

2013 Hyundai I X 35 2.0 A/T, 50 000 km

2013 Ford Figo 1.4 29 000 km

2014 Toyota Avanza 1.5 TX 19 000 km

2013 Hilux 3.0 D-4D 4X2 Ex Cab 55 000 km

2011 Toyota Fortuner 3.0 D-4D 4x4 A/T 102 000 km

Oranje Toyota Kimberley

89 Memorial Road, Kimberley • Tel: 053 836 4700 • www.automark.co.za Call: Sydney McPherson 083 533 7215 • Rodney Samuels 076 803 9947 • Mariëtte Cloete • 079 523 5717 • Suzette Galloway 079 362 7788 • Elaine Joubert 072 827 0293 Sales Manager: Tiaan van Vuuren, tvanvuuren@um.co.za X1PLMMQM-NK140115


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 14 JANUARIE 2015

Slimmes HNK se trots LEERLINGE aan die Hoërskool Noord-Kaap het talle onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal. Twee van die skool se matrieks is ook op die lys van die Noord-Kaap se 20 topkandidate.

RIANCA BOSHOFF het sewe onderskei­ dings behaal. Foto’s: Verskaf

DEVAN DESAI het sewe onderskeidings be­ haal en was 11de in die Noord­Kaap.

JASON GROENEWALD het ses onder­ skeidings behaal.

KURTIS MPISI het ses onderskeidings behaal.

DANE SMITH het ses onderskeidings be­ haal en was 20ste in die Noord­Kaap.

SAMUEL WALTERS het vyf onderskeidings behaal.

MATHEW ROHLANDT het vier onder­ skeidings behaal.

Girls achieve top places in NC KIMBERLEY GIRLS’ HIGH once again excelled in the matric exams. The school was crowned as the top school in the Northern Cape. Six learners were placed in the list of top-20 candidates.

PERSOONLIKE DIENSTE

TE KOOP

LENINGS

ALLERLEI 1655

1445

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI 1845

CHANTE BISCHOFF achieved six distinc­ tions and was ranked 13th in the Northern Cape.

PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 3880307 of 053 832 9194. OP SOEK NA 1485

SEWENSTER BOERDERY, GROBLERSHOOP FAARIA KANA achieved seven distinctions and was ranked fifth in the Northern Cape.

CASEY PREECE achieved seven distinctions and was ranked ninth in the Northern Cape.

SHAWNA PETERSON achieved seven dis­ tinctions and was placed fourth in the Nort­ hern Cape. Photos: Supplied

ROBYN ARNOLD achieved six distinctions and was placed 12th in the Northern Cape.

Meganiese/Tegniese Bestuurder: Die dienste van 'n persoon met 'n belangstelling en 'n basiese vaardigheid in meganika word vereis. Die pos is op junior bestuursvlak en bied 'n goeie uitdaging en geleëntheid aan 'n energieke jong man. Pos is onmiddelik beskikbaar. Hooftake: Bestuur en herstel van voertuie en implemente. Rapporteer: Die persoon rapporteer direk aan die hoofbestuurder en word geondersteun deur 'n personeelbestuurder en administratiewe beampte. Pakket: Vergoeding sal markverwant wees. Behuising is op plaas beskikbaar.

I am looking for knitting machines: Empisals and Passaps, in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 082 482 4686.

Skakel 073 160 7303 vir verdere inligting. Aansoeke moet gerig word aan: Die Bestuurder by andresmith@lantic.net Aansoeke sluit 31 Januarie 2015. X1PLM7A5-NK140115

X1PLAJ3D-NK140115


NOORDKAAP, WOENSDAG 14 JANUARIE 2015

7

Spelers gou tuis by tennisklub Karin Muller “ONS tennisklub het die vermoë om rondloperkatte te lok,” vertel Alet Dippenaar, een van die bestuurslede van die Victoria-tennisklub in Kimberley. “Hulle kry soveel liefde en aandag by ons klublede, die klubhuis word vinnig hul nuwe tuiste. “Ons het selfs al twee van die katte laat steriliseer,” sê sy. Die Victoria-tennisklub het in 1920 tot stand gekom ná teenkanting van die manlike klublede van die Victoriapark-tennisklub dat vroue saam met hulle mag tennis speel. Die klub was eers in Parkstraat geleë waar die huidige parkeerterrein vir hospitaalpersoneel is en het later na De Beers se tennisbane verskuif. “Vandag is daar egter klublede van albei geslagte en enige ouderdom.” Saam met Alet hou die res van die bestuurslede, Robert Fletcher, Sybil Fletcher, Elaine Meerholtz en Veronica Rose, die leisels. Robert is al meer as 50 jaar lid van die bestuur. “Hierdie klub bied aan klublede ’n gesellige en rustige atmos-feer waarin hulle kan tennis speel. “Ons is amper soos ’n familie waar klublede in mekaar se lief en leed deel.” ’n Hoogtepunt van die klub is die kwartaallikse Burgerdag waar daar van vroeg tot laat tennis gespeel word en ’n smaaklike hamburger tussen-in geniet word. Hoewel tenniskompetisies in Kimberley afgeneem het, is daar geleenthede vir klublede om vir Noord-Kaap tennis te speel. Daar is ongeveer 20 klublede, maar die getal wissel van tyd tot tyd weens klublede wat verhuis. “Ons klub spog op die oomblik met ’n speler van Engeland wat ses maande by ons speel en ses maande oorsee.”

DIE Hoërskool Diamantveld se o.14A­netbalspan het in die Coke­uitdaagtoernooi, wat in Desember gehou is, uitgeblink. Die span het saam met die Hoërskool Durban­ ville derde geëindig en is op doelgemiddeld vierde in die land geplaas. Van links is, voor: Mari­Nel Roets, Tharien van der Walt, Leané Diederichs, Monique van der Westhuizen en Rochelle van Zijl; agter: Karla van Heerden, Mické Engelbrecht, El­Ré Tintinger, Beate Stemmet (afrigter), Janneke Pienaar en Dedré Botes. Foto: Verskaf

ELAINE MEERHOLTZ, die Victoria­tennisklub se nommereen­ vrouespeler. Foto: Karin Muller Enige speler met ’n voorliefde vir tennis is welkom om hom of haar by die klub aan

te sluit. “Tennis is ’n sport waaraan jy tot op ’n hoë ouderdom kan

deelneem en dit is ’n wonderlike sosiale uitlaatklep,” sê Dippenaar.

Your College – Your Future

TAKE CONTROL OF YOUR FUTURE AND REGISTER FROM 12 JANUARY 2015

Level 2 (Grade 9 pass is the minimum requirement for admission) ·

Primary Health

City Campus

·

Safety in Society

Moremogolo Campus

·

Finance/Economics/Accounting

City Campus

·

Office Administration

Moremogolo Campus

·

Tourism

City Campus

·

Information Technology and Computer Science

City Campus

·

Electrical Infrastructure Construction

City Campus

·

Civil Engineering and Building Construction

Moremogolo Campus

·

Engineering and Related Design

City Campus

Nated Courses (Grade 12 pass is the requirement for admission) ·

N4 – N6 Business Studies Marketing Management, Management Assistant &

·

Financial Management

City Campus

Human Resource Management & Public Management

Moremogolo Campus

N1 – N6 Engineering Studies Electrical and Mechanical

City Campus

Information Technology ·

End User Computing (ICDL), CompTIA, A+ Computer Technician, Network+ Pastel, CCNA (CISCO)

City Campus

Skills Jewellery Manufacturing, Plumbing, Electrical, Brick Laying, Motor Mechanic, Welding, Upholstery, Carpentry and Masonry REGISTRATION REQUIREMENTS: Certified copies each of: *Student ID, (3) *School report/statement of results, *Parent's/guardian's ID, *Proof of residential address of parent's/guardian(s), *Salary slips of both parents/guardian(s) * Address of student during studies, *Parent(s) / guardian(s) banking details with bank stamp, *Copy of deposit slip, CITY CAMPUS MOREMOGOLO CAMPUS Cullinan Street, Kimberley 777 Nobengula Road, Galeshewe, Kimberley Tel: (053) 839 2000 Tel: (053) 802 4700 www.ncutvet.edu.za

X1PLMG09-NK140115


Vir meer foto’s en nuus besoek www.noordkaap.co.za en ook op Facebook by NoordkaapKoerant

EF 5200 E

Sport

Yamaha Generators Available!

Die Diamantstad se koerant

Adres: Kimdustria Kimberley, Tel. 053 807 7760 Sel:082 555 1974 Web: www.crescentbikes.co.za X1PLDMKR-NK140115

DEVON SMITH van die Hoërskool Noord­Kaap het in die hui­ dige swemseisoen reeds 'n rits goue medaljes op verskillen­ de byeenkomste verower. Foto: Verskaf

Tel. 053 591 0059 Sel 071 683 7175

CHANTE ROBINSON van die Hoërskool Noord­Kaap is een van die skool se swemuitblinkers. Sy het dié seisoen reeds die medaljes ingeryg en was kaptein van die Noord­Kaapse span wat in Desember aan die Suid­Afrikaanse Olimpiese kampioenskap vir skole in Pretoria deelgeneem het. Foto: Verskaf

Swemmers ryg medaljes in André Botha SWEMMERS van die Hoërskool NoordKaap het 2014 met blink vertonings op verskeie byeenkomste afgesluit en behoorlik die medaljes ingeryg. Op die Flamingo-gala in Kimberley in Oktober het ses swemmers van die skool nie minder nie as 26 medaljes verower. Devon Smith het sy slag gewys en ses goue medaljes en een silwermedalje gewen. Chanté Robinson (vier goud en drie silwer) en Jakon Changfoot (twee silwer, vyf brons) het ook die medaljes ingeryg. Martin Wiid het twee silwermedaljes gewen, met Jeanne-Ami Steenkamp (een silwer, een brons) en Juandré Olivier (een brons) wat gehelp het om die skool se totaal op te stoot. Steyn het die trofee gekry vir die beste swemmer in die ouderdomsgroep 14 tot 15 jaar, en is ook as senior victor ludorum aangewys. Robinson het die trofee vir beste swemmer vir meisies 16 jaar en ouer gekry, en ook die trofee as senior victrix ludorum. Changfoot is as die beste swemmer vir seuns 16 jaar en ouer aangewys. Op die Penguin-gala in November in Kimberley het Steyn vier goue medaljes en

een silwermedalje gewen. Wiid het twee silwermedaljes behaal, Robinson drie brons en Steenkamp twee silwer. Steyn, Robinson en Tyrone Maritz is vir die Noord-Kaapse span gekies wat aan die Suid-Afrikaanse Olimpiese kampioenskap vir skole in Pretoria deelgeneem het. Robinson was kaptein van die span. Steyn het een silwermedalje en een bronsmedalje op dié byeenkoms gewen. Op die interprovinsiale gala in Sasolburg het Steyn een goue, een silwer- en drie bronsmedaljes verower. Changfoot het een silwer en twee bronsmedaljes gekry, en Robinson twee bronsmedaljes. Die jaar het op ’n skitterende wyse geëindig op die Noord-Kaapse watersportvereniging se byeenkoms in Desember in Kimberley. Steyn het ’n yslike nege goue medaljes op dié byeenkoms gewen. Kort op sy hakke was Changfoot met sewe goues en een silwer. Wiid het ook ’n goue medalje in sy sak gesteek, met drie silwermedaljes daarmee saam. Robinson het drie silwer- en drie bronsmedaljes gewen, en Olivier het twee bronsmedaljes gekry. Melissa Carney was ook lid van dié span.

Gekies vir krieketspan VIER leerlinge en ’n oudleerling van die Hoërskool NoordKaap is vir die o.19-Knights Cubkrieketspan gekies. Hulle is Reuben Visagie, Wazeed Alexander, Mathew Rohlandt, Pule Mokwena en Aiden Brooker (oudleerling). Hier is Rohlandt in aksie. Foto: Verskaf

Gratis aflewering Woensdae, Donderdae en Vrydae in Kimberley!

LAM/SKAAP SPECIAL – HEEL OF HALWE KARKAS Lam A2/3.................................... R69,95 /kg Lam A6 .................................R59,95 /kg Skaap ...................................R49,95 /kg Maalvleis ................................R44,95 /kg X1PLKL1H-NK140115

2013 Ford Ranger 2.2 TDCI,XL,Supercab, 4x2 73000km R239 900

2012 RANGER 3.2D XLT Double Cab, 6-spd, a/t, D/C, 143 600 km R299 900

2012 Ford Ranger 2.2 TDCI,XLS, Single Cab 132 485km R192 900

2010 Renault Sandero 1.6 United 59 400 km R99 900

2010 Mazda 2 Active 1.3 145 000 km R99 900

2008 Opel Corsa 1.6i OPC 150 000 km R113 900

2013 Chev Base 1.8 utility plus canopy 29 500 km

2013 Ford Figo 1.4 Ambiente, 36 000 km R104 900

2009 Hyundai I20 1.4 96 600 km R119 900

R124 000 2010 VW Polo 1.4 Comfortline 86 500 km R137 900

2009 Mecedes-Benz C300 Elegance A/T 110 000 km R272 900

2011 Nissan Juke 1.6 Dig.T- Tekna 54 500 km R199 900

2009 Mazda 3 1.6i sedan 110 000km R87 900

2011 Ford Bantam 1.6XLT 74 800 km R122 900

2012 Yaris 1.3 Xi 3dr, 9 000 km R129 900

Hennie Vos 082 820 8959

Desmond Madella 073 117 3620

Tel. 053 8313661

56 Stockdalestraat • Kimberley E-mail: kimhuman@intekom.co.za

2 jaar waarborg by alle voertuie ingesluit of surplus van fabrieks waarborg X1PLM6H5-NK140115


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.