Noordkaapnk 20150121

Page 1

61 C - LONG STREET, KIMBERLEY. TEL: 053 833 3827

Awnings, Blinds & Shu ers.

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 21 Januarie 2015

X1PLNWRX-NK210115

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Sol Plaatje ‘doen iets reg’ Universiteitsbestuur verras oor slaagsyfer van sowat 80% André Botha DIE Sol Plaatje-universiteit in Kimberley het sy eerste bestaansjaar afgesluit met ’n slaagsyfer van sowat 80%, moontlik die hoogste slaagsyfer onder eerstejaars in die land. Prof. Yunus Ballim, tussentydse hoof van die universiteit, sê die slaagsyfer was ’n aangename verrassing. “Ons het onsself verras. Ons doen iets reg.” Die eerstejaars is die groep waaroor landwyd kommer bestaan omdat soveel dit nie maak nie. Hy meen die klein klasse het ook hiertoe bygedra. Sowat 375 studente sal vanjaar aan die universiteit studeer, met 28 akademiese personeellede. Dit sluit 109 tweedejaarstudente in wat hul eerste jaar geslaag het. Meer as 1 000 aansoeke is ontvang vir die 275 beskikbare plekke in die universiteit. ’n Waglys word nou opgestel. Die universiteit se aanbod word vanjaar uitgebrei met kursusse in erfenisstudie en ’n BSc-datawetenskap-graad. Kursusse word reeds in onderwys, tegnologie en bestuur aangebied. Die BSc-datawetenskap-graadkursus sal vorentoe onder meer data-ontleding van die SKA-projek in Carnarvon insluit. ’n PhD in datawetenskap sal mettertyd ook deur die universiteit aangebied word wanneer die eerste groep studente só ver gevorder het. Die doelwit is dat genoeg studente met die nodige vaardighede toegerus moet wees wanneer die SKA ten volle aan die gang is. Museums in die stad sal voordeel trek uit die kursusse in erfenisstudie deurdat studente hul praktiese opleiding hier sal kry. Die universiteit en die museums sal vennote in navorsing en opleiding wees. Museumpersoneel sal as navorsers by die universiteit aangewend kan word, en studente sal by die museums betrokke raak. Aanvanklik word ’n hoër sertifikaat in erfenisstudie aangebied, die eerste in Suid-Afrika. ’n Graadkursus sal van 2017 aangebied word. ’n Voordeel is die uitstekende gehalte van die museums in die stad. Tien skole is ook geïdentifiseer waarmee vennootskappe gevorm sal word. Onderwysstudente sal onder meer by dié skole praktiese werk doen. Vier van die skole is in Kimberley en ses in Galeshewe. “Die diepte van probleme by skole is uniek. Ons kan bydra tot die oplossing.”

Spog met blinknuwe skoene

VANDAG gaan leerlinge terug skool toe en vir duisende kinders is dit die eerste skooldag van hul lewe. Daar is natuurlik ook leerlinge wat vandag vir die eerste keer hoërskool toe gaan. Terug skool toe beteken vir ouers dat hulle geld op nuwe skoolklere en skoolbenodigdhede moet bestee. Tshepang Molale, ’n gr. 2­leerling aan die Laerskool Vooruitsig, pas hier sy splinternuwe skoolskoene aan. Foto: Emile Hendricks Dit sal mettertyd ook na ander skole uitgebrei word. Ballim sê die universiteit sukkel nie om personeel te kry nie. “Dis ongelooflik hoeveel mense hierheen wil kom.”

SPEEDY TYRE & EXHAUST Real People. Real Value. Real Speedy.

68 TRANSVAAL ROAD KIMBERLEY

Daar is egter probleme, soos Kimberley se duur behuising, werk wat nie altyd vir hul eggenote beskikbaar is nie en skole wat vol is. Bouwerk aan die kampus, wat in drie fases gedoen word, vorder fluks.

TYRES

Lowest in town

Die eerste fase moet aan die einde van 2016 afgehandel word, die tweede fase in 2017 en die derde fase in 2018. Een van die probleme wat nou ondervind word, is blyplek vir die studente. ) Lees ook berig op bl. 2.

SHOCKS Less 60%

BATTERIES Less 25%

TEL: 053-831 2557/1881

X1PLFNXE-NK210115

X1PMJEC1-NK210115


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

Motors taboe op Sol Plaatje-kampus André Botha GEEN motors sal op die kampus van die Sol Plaatje-universiteit toegelaat word nie, en studente sal aangemoedig word om eerder fiets te ry. Prof. Yunus Ballim, tussentydse hoof van die universiteit, sê ’n breë voet-en-fietsoorgang word in Bultfonteinweg tussen die noordelike kampus (in Sol Plaatjelaan) en die sentrale kampus (in Scanlanstraat) gebou sodat studente veilig tussen die kampusse kan beweeg. Dit sal later met ’n permanente duikweg vervang word. Die noordelike kampus (rondom die Oppenheimer-tuin) en die sentrale kampus sal later met lanings en studentepaaie met die suidelike kampus, wat rondom Hoffepark beplan word, verbind word. Die afstand tussen die boonste punt van die noordelike kampus en die onderste punt van die suidelike kampus is sowat 3 km. Ballim sê hy wil hê dat die Sol Plaatjemunisipaliteit meer fietspaaie moet bou. “Ons moet die Noord-Kaap se skoon lug en ongelooflike nagruim teen uitlaatgasse beskerm. “Ons geboue word daarom met groen tegnologie ingerig.” ’n Tekort aan behuising vir studente is een van die probleme wat die universiteit ervaar. Dié probleme behoort egter iets van die verlede te wees wanneer nuwe koshuise teen volgende jaar voltooi is. Vier hyskrane troon al maande oor die terrein van die RC Elliot-koshuis wat voorheen deur die Kollege vir Voortgesette Onderwys en Opleiding (VOO) gebruik is. Dié terrein word die sentrale kampus van die universiteit. Winkels, ’n biblioteek, ’n restaurant en lesingsale word hier opgerig. Teen 2018 sal die kampus bestaan uit agt geboue tot by die suidelike kampus van die universiteit, rondom Hoffepark. ’n Groep van vyf argitekte het die geboue ontwerp. Omgewingsvriendelike materiaal word in die bouwerk gebruik. Die totale koste van die bouprojek is R860 miljoen. Die bouwerk is binne die begroting en spertyd.

VIER hyskrane troon oor die terrein waarop die sentrale kampus van die Sol Plaatje­univer­ siteit gebou word. Dié kampus is op die ou terrein van die RC Elliott­koshuis van die Kollege vir Voortgesette Onderwys en Opleiding (VOO). Lesinglokale, winkels en ’n restaurant word onder meer hier gebou. Foto’s: Emile Hendricks

PROF. YUNUS BALLIM, tussentydse hoof van die universiteit. Die gebou van die ou Diamond Lodge-hotel in Dutoitspanweg en die White Wayswoonstelgebou is deur die universiteit gekoop en dien reeds as koshuise. Dit kan egter net 180 studente huisves. Ballim sê die kampus is só ontwerp dat die publiek toegang tot groot dele sal hê. Dele van die kampus sal openbare terreine wees, waartoe almal toegang sal hê. Die publiek sal byvoorbeeld ook by die winkels op die sentrale kampus kan koop. Ander dele sal semi-privaat wees. Só sal lesinglokale bedags net vir studente-gebruik wees, maar sal saans deur die publiek vir ander doeleindes gebruik kan word. Daar sal ook private gebiede wees wat net deur die universiteit gebruik sal word.

DIE gebou oorkant die burgersentrum waar die Hoërskool William Pescod baie jare gelede was, word ook deel van die universiteitskampus. Die gebou het sedert die verskuiwing van die skool weens apartheid vele doele gedien. ’n Voetgangerpad onderdeur Bultfontein­ weg tussen dié gebou en die burgersentrum word nou gebou.

Skedules vir beurtkrag hier DIE kragnetwerk gaan die volgende twee tot drie jaar onder druk bly, het Khulu Phasiwe, ’n woordvoerder van Eskom, verlede week gesê. Dit verhoog die waarskynlikheid van beurtkrag oor dié tydperk. “Wanneer daar ’n groter vraag as aanbod is, sal beurtkrag ingestel moet word,” het Phasiwe gesê. Dit beteken mense sal maar gereed moet wees daarvoor dat beurtkrag enige tyd ingestel kan word, met ’n groot moontlikheid oor die volgende paar weke. Eskom se skedule rakende in watter tydperke in die volgende paar maande die meeste druk op die kragnetwerk verwag kan word, is op Noordkaap se webwerf. Daarmee saam is ook Sol Plaatje se skedule ten opsigte van die verskillende woongebiede wanneer beurtkrag toegepas word. Gaan na www.noordkaap.co.za. – André Botha

051 447 8416 / 082 773 6009 / 082 296 1807

800 Deepdrawerkaggel plus 3,6 m pype plus weerhaan plus skerm

1 000 kas X1PMCA5W-NK210115

SELECT PRE-OWNED

X1PLNXVA-NK210115

SAVE BIG WITH OUR PRE-SELECTED AND DEMO RANGE

2014 HYUNDAI ACCENT HATCH 1.6 FLUID (MANUAL), 12 200 KM, R199 900

2013 TOYOTA ETIOS 1,5 XS 5-DOOR, A/C, P/S, RADIO/CD, 47000 KM (BLUE) R109 900

2013 TOYOTA ETIOS 1,5 XS 5-DOOR, A/C, P/S, RADIO, 37 000 KM (SILVER) R109 900

2011 POLO VIVO, 1,6, 5-DOOR, RADIO/CD, A/C, P/S, C/LOCKING, 50 600 KM, R119 900

2011 HYUNDAI IX35 2.0 GL PREMIUM A/C, P/S, RADIO/CD, REVERSE CAMERA, 104 500 KM R200 900

2014 HYUNDAI ACCENT 1.6 FLUID SEDAN, A/T, RADIO/CD, 2014 i10, 1.1 MOTION, A/C, P/S, RADIO/CD, BLUETOOTH, A/C, P/S, BLUETOOTH, 6 000 KM R199 900 8 000 KM, R114 900

Hyundai Kimberley: 33B McDougal Rd, Royaldene. Tel. 053 807 6800

• Jobo 082 461 8088 • Iqbal 083 735 1785 • Cully 072 404 2991

Helping Kimberley and Northern Cape residents keep cool since 1988

WE SUPPLY AND INSTALL

NISSAN NP300 2,4i, 4X4, 2012, RADIO/CD, A/C, P/S, CANOPY, TOWBAR, SIDESTEPS, R229 900

- Aluminium Venetian Blinds - Wood Venetian Blinds - Vertical Blinds - Roller Blinds - Bamboo Blinds - External Awnings - Insect Screens

FSP: 25934

Ingeboude braaier plus 2,4 m lang pyp en weerhaan.

X1PMKME1-NK210115

Contact: Barry Downs 083 621 9911 Tel: 053 861 3936 • Fax: 086 513 8367 info@bdbblinds.co.za • www.bdblinds.co.za 4 Simon Road, Hadison Park, Kimberley 8301 X1PM2CD5-NK210115


NOORDKAAP, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

3

Vroulike jaer kry NK-kleure André Botha

WANNEER Ronel van Rensburg agter die stuur van haar ovaalbaan-midgetkarretjie inskuif, praat net één ding – adrenalien. En sy weet hoe. Sy is pas aangewys as lid van die Noord-Kaapse span in die midget-afdeling, die eerste vrou nie net in die Noord-Kaap nie, maar in Suid-Afrika, wat ’n provinsiale span in dié afdeling haal. Sy gaan nou dié passie kombineer met nog ’n passie – diere en misdaadbestryding. Haar kar gaan ’n plakker dra van die Facebook-groep Saam Staan Kimberley wanneer sy aan wedrenne landwyd deelneem, om só dierebeskerming en misdaadbestryding te bevorder. Die Facebook-groep is gestig om misdaadverwante en ander probleme in Kimberley te help oplos. Sy wil daardeur onder meer mense bewus maak van die effek van klappers op diere, en om hulle aan te moedig om ’n versoekskrif te onderteken om klappers te verbied, nie net in Kimberley nie, maar landwyd. Sy het self agt honde tuis – en ’n skilpad wat ’n paar jaar gelede in haar tuin aangekom en gebly het. Die ovaalbaanryery het sy as’t ware aan vadersknie geleer. Haar pa, Flip, was vroeër jare een van die voorste ryers in Kimberley toe ovaalbaanrenne ’n groot ding in die stad was. Die afgelope jare het dit begin herleef en die eerste provinsiale span sedert die vroeë 1990’s is onlangs aangewys. Die Noord-Kaap is by Motorsport SuidAfrika geaffilieer. Saam met haar vrou, Tokkie, het hulle self die karretjie in hul agterplaas in Hullstraat gebou. Die laaste afronding is die naweek gedoen. “My pa het geglo sy meisiekind moet alles van enjins af weet. Ek het van kleins af gehelp.” Tokkie is ook Ronel se pit mech (oftewel werktuigkundige) wat moet toesien dat alles reg is wanneer Ronel vinnig by die kuipe moet aandoen. Tokkie sorg ook vir ’n eetdingetjie wanneer dit nodig is.

RONEL VAN RENSBURG se provinsiale kleure in die midget­afdeling word hier deur haar pa, Flip, aan haar oorhandig. Sy is die eerste vrou in die land wat provinsiale kleu­ re in hierdie afdeling verwerf. Foto: Charles Konig

RONEL VAN RENSBURG (voor) en Tokkie van Rensburg, by die midget­karretjie wat hulle gebou het. Ronel gaan vanjaar met dié karretjie landwyd aan ovaalbaanrenne deelneem. Sy gaan dit ook gebruik om misdaadbestryding en dierebeskerming te bevorder.

Foto: Emile Hendricks

“Ek is ’n regte Michael Schumacher met my eie mechanic,” spot Ronel. Hulle werk ook saam vir die polisie in Galeshewe. “Ons vul mekaar aan.” Op die baan betoon die mans haar geen genade nie. Aanvanklik was hulle wel ’n bietjie versigtig. “Ek het vir hulle gesê om my nie anders te behandel nie, om my soos enige ander jaer te behandel. Nou doen hulle dit.” Die mededinging is kwaai. “Jy kry ouens wat aggressief ry, en ander wat regte

gentlemen is.” Die nag voor ’n wedren loop die spanning maar hoog. Maar as die tyd aanbreek om te ry skop die adrenalien in. “Jy is meer bang vir jou teenstanders as vir die event self.” Sy is bly oor die herlewing van die sport in Kimberley. Ook elders in die land maak ou bane weer oop. In die ou dae was Kimberley se baan een van die bestes in die land. Dit het egter

grootliks tot niet gegaan namate belangstelling afgeneem het. Nou is dit herbou en word weer as een van die bestes beskou. Die Suid-Afrikaanse byeenkoms word in Maart op die baan aangebied. “Die ou manne kom terug, en daar is ook jonges wat kom deelneem. ’n Paar vroue het ook al aangesluit.” Hulle glo die sport kan help om misdaad te bekamp. “Ons wil vir jong mense wys daar is iets waarby hulle betrokke kan raak, eerder as om misdaad te pleeg. Dis ’n gesinsport.” Ondersteuning en borgskappe is egter nog ’n probleem. Die voertuig en die projek word Vrydag aan die publiek bekend gestel. Dit word op die grasperk langs die North Cape Mall gehou en begin om 17:00. Almal is welkom. Mense sal daar ook geld kan skenk vir die projek.

CONGRATULATIONS TO THE 2014 MATRICS SPECIAL CONGRATULATIONS TO SELBY LUCAS - 5 DESTINCTIONS. WELCOME GRADE 8's of 2015

Tel. 053 861 3917 25 Croning Road, Hadison Park, Kimberley X1PLTMAW-NK210115


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

Universiteit lyk belowend DIE Sol Plaatje-universiteit neem stadig maar seker vorm aan. Bouwerk aan die sentrale kampus vorder nou vinnig en dit groei na wens. Daarby het die universiteit sy eerste bestaansjaar op ’n hoë noot afgesluit en spog met ’n puik slaagsyfer vir die eerstejaar-studente. ’n Eie universiteit in Kimberley was vir baie jare ’n droom. Daar is ’n paar dekades lank daarvoor geveg. Nou sien Kimberliete hoe die droom voor hul oë ’n werklikheid word. Vanjaar word daar ook nog nuwe kursusse ingestel. Die getal kursusse word jaarliks uitgebrei. Die universiteitsbestuur glo dit is nodig dat kursusse ingestel word wat by geen ander universiteit in die land aangebied word

nie. Daarmee sal verseker word dat studente van reg oor die land heen na die universiteit gelok word. Die universiteit bied ook ’n heenkome aan studente in die Noord-Kaap, van wie baie voorheen nie kon gaan studeer nie, omdat ander universiteite te ver is. Baie voornemende studente kon dit nie bekostig nie. Die samewerking wat met plaaslike skole en museums beoog word, sal ook positief tot voortreflike onderwys bydra en navorsingsgeleenthede bied. Hoewel daar by baie mense bedenkinge was oor die wenslikheid van ’n universiteit in Kimberley, is daar genoeg tekens dat dit gaan wérk. Die universiteit is ’n bate vir die stad, en moet ondersteun word.

Lyk nou heel anders

DIE markplein langs die stadsaal was baie jare ’n bymekaarkomplek, ’n kuierplek en ’n koopplek waar kraakvars groente en vrugte, en ver­ al in die vroeë jare ook ander pro­ dukte, gekoop kon word. Die boon­ ste foto beeld die plein aan die wes­ tekant in ’n suidelike rigting uit, en dateer van 1903. Nie een van die ge­ boue op die foto bestaan meer nie en die plein self is vervang deur par­ keerplek, die wegtrekpunt van Kim­ berley se bekende trem en ’n tuin. Die gebou aan die linkerkant is ver­ vang deur die gebou wat nou daar staan, en onder ouer inwoners be­ kend as die tuiste (op die boonste verdieping) van die Safari Steak­ house, tot in die 1990’s een van die gewildste restaurante in Kimberley. Die Corner Lounge Cafe is in 1949 op die grondvloer geopen en het ook jare bestaan. Die gebou in die mid­ del is waar die ewe bekende Pani­ no’s­bakkery nou al baie jare is. In 1903 was dit nog die tuiste van die Theatre Bar. Die Theatre Bar het in 1904 afgebrand. Dit is herbou, maar in 1967 afgebreek toe Jonesstraat (nou Phakamile Mabija­straat) breër gemaak is. Op die regterkant­ ste hoek was later die Plaza­bio­ skoopteater, nog ’n Kimberley­ikon. Die gebou, in ’n nuwe gedaante, huisves nou ’n meubelwinkel. Op die onderste foto steek die toring van die Plaza­bioskoop nog agter die betonpanele uit. Die gebou heel regs op die foto het plek vir die ver­ keersafdeling se gebou gemaak. Foto’s: Africana-biblioteek en André Botha

Alles gebeur betyds Hannes Noëth INTERESSANT watter verskil 24 uur in ’n mens se lewe kan maak. Soms kan ’n ding net te laat gebeur. Soms net betyds. Ek dink aan die verskil wat 24 uur kan maak terwyl ek by die sterfbed van ’n ou vader sit. Sy een seun is in Kanada, sy ander ’n dokter in Amerika. Op 86 jaar het hul vader ’n vol en geseënde lewe gehad. Sy kindskinders gesien soos die oumense praat. In daardie jare gebeur dit egter ook maklik dat die liggaam vinnig verswak. En dikwels, as dit verswak, is die omdraai nie meer daar nie. Dankbaar is ’n mens as daar tog herstel is, baiekeer gebeur dit nie. Soos hier waar ek nou sit. Oor die naweek het hulle my laat kom, gevra of ek by hom ’n draai sou maak. Hulle besef dit is Kerstyd. Baie mense is met verlof, maar hy het so mooi gevra vir ’n gesprek. Reeds met my eerste besoek het ek besef die omdraai is nou verby. Die rigting waarin ons nou beweeg, is menslik gesproke, nie meer na die kant van die wêreld nie.

Die lewe staan nooit stil nie

PRICE FROM

R327 700 CONTACT US TODAY FOR MORE DETAILS AND BOOK A TEST DRIVE

FSP Reg No 25934

Zaheed 082 393 0339 | Lebogang 071 811 7714 | Brandy 079 168 8337 Charles 083 489 8911 59 Pniel Road, Kimberley, 8301 Tel: +27 (53) 807 4300 Fax: +27 86 554 3406

Ons laat sy seuns weet dat dit nie goed gaan nie. So vinnig as moontlik tref hulle reëlings, dringende verlof, vliegkaartjies, dringende huisreëlings. Uit Kanada land die een reeds Vrydag, die ander een sal Sondag hier wees. Teen Sondag begin ek wonder of die dokter uit Amerika betyds hier sal wees. Hy sou, maar sy vlug word vertraag met 24 uur. Een dag. ’n Dag wat maak dat hy sy vader nie weer op aarde sou sien nie. Hy is verbitterd. Hy wil kwaad wees vir iemand, maar dit sal hom niks help nie. Wat te laat is, is te laat. Vir sy vader maak die dag te laat nie saak nie, vir hom is dit wesenlik. Hy wou hom nog sien. Die enigste waarmee ek hom kan troos, waarmee ons altyd almal maar getroos kan wees, is dat alles op die regte tyd gebeur. Niks gebeur ooit te vroeg of te laat nie. Alles gebeur altyd betyds. Al voel dit nie so nie.

KIMBERLEY Offer valid until end of January 2015 or while dealer’s stocks lasts. Prices and specifications subject to change without prior notification. E & EO. *Terms & Conditions apply. **Recommended retail price excludes PDI, on the road costs (licence and registration), metallic paint and accessories.

X1PMDD7T-NK210115

Karin Muller SELFS al is jy dalk slegte nuus te wagte word jy meestal daardeur tot stilstand geruk. Realiteit deins weg soos ’n klippie wat die voorruit tref. Jy probeer aan normaliteit vasklou soos klitsgras aan ’n wolsokkie en vertel jouself dat die nuus nie die waarheid is nie. Iewers begin die realiteit vasskop. Jou lewe soos jy dit geken het, is ontwrig. In sommige gevalle is daardie bekende lewe iets van die verlede. So deur die hartseer, verwarring en skok ontdek jy dat slegte nuus nie afgeweeg en in pakkies opgemaak en eweredig versprei word nie. Die lewe hou nie dagboek van wanneer jy die vorige slegte nuus gekry het nie. Dit word afgelewer ongeag jou gemoedstoestand en huidige omstandighede. Die dood vra nie of jy gereed is om ’n geliefde te groet nie. Dit gebeur net. Natuurelemente soos wind, water of vuur

vra nie of jy gereed is om jou besittings te verloor nie. Dit gebeur net. Intussen gaan die lewe sy gang. Jy probeer dit uitredeneer. Jy probeer logika of rede insien in iets wat nie logika of rede het nie. Maar ongeag daarvan dat jy jou voorneem om te bly lê in die donker massa waarin jy rondspartel, gebeur iets onverklaarbaar. Jy kry jou bene om van die bed af te swaai en op te staan. Jy kry jou vingers so ver om die vurk op te tel en kos in jou keel af te gooi. Jy kry jouself so ver om werk toe te gaan. Die enigste ding wat nie voor slegte nuus stilstaan nie, is die lewe self. En jy besef . . . jy het self ook geen ander keuse nie.


TROTS groen!

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

5

de de

11

IN DIE PROVINSIE

Devan Desai

TROTS groen! 7 x vlak 7's

Rianca Boshoff

Jason Groenewald

7 x vlak 7's

6 x vlak 7's

ste ste

20

IN DIE PROVINSIE

Aldrin (Dane) Smith 6 x vlak 7's

97 VLAK 7'S Kurtis Mpisi 6 x vlak 7's

Samuel Waters 5 x vlak 7's

780%

KANDIDATE

BEHAAL

UIT GROEP VAN

165 KANDIDATE 149 (92%) kandidate kwalifiseer vir verdere studies (95 hiervan is vir graadkursusse)

‘N GEMIDDELD VAN

Matthew Rohlandt 4 x vlak 7's

EN MEER

MATRIEKUITSLAE

2014


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

Maak jou reg vir markdag Enrolments for 2015 n n n n n n n n n n n n n

’n MARKDAG word op 28 Februarie by Hoffepark gehou. Iets van alles sal te koop wees en kosstalletjies sal ook beskikbaar wees. Die markdag begin om 08:00 en duur tot 14:00. Tafels is teen R60 elk beskikbaar. Vir meer inligting, bel Lia Coertz by 084-8401189. As jy inligting oor markdae, kerkbasaars, etes, sportgebeure of enige ander byeenkomste in Noordkaap wil plaas, stuur inligting na noordkaap@volksblad.com of SMS na 45533 vir gratis plasing. Begin SMS’e met “NK”. Dit moet besonderhede bevat oor wat gebeur, wat die koste is en wie die kontakpersoon is.

NOW open:

Hair Design Beauty Business Management Project Management Supply Chain Management Financial Accounting Office Admin/Secretarial IT Technician Computer Skills and ICDL A+ and N+ Pastel Accounting Photography Events Management

X1PM9691-NK210115

Full Time & Part Time Classes 13 Birbeck Ave, New Park, Kimberley 053-833 4205

Qualitas Kimberley

louis@qualitaskby.co.za

www.qualitaskby.co.za X1PMKERH-NK210115

2 Turner Road | Kimberley 8301 | PO Box 840 | Kimberley 8300 Tel. 053 833 5303 | Fax 053 832 3422 | Cell 083 406 0889 www.sealingsolutions.co.za | Sales@sealingsolutions.co.za

STEEL PIPES AND FITTINGS BOLTS AND NUTS VALVES

The Only Solution for you

Hier is week se wenner MARIA NZILANI is vandeesweek die gelukkige wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se gewilde Soek-en-wen-kompetisie. Sy kan haar geskenkbewys ten waarde van R200 by die sentrumkantoor gaan afhaal. Wanneer deelnemers inskryf, moet hulle seker maak hulle gee die kompetisie-antwoord, die bladsynommer waarop die logo verskyn, asook hul naam en van. Indien al dié besonderhede nie teenwoordig is nie, kan hulle nie vir die trekking van die prys in aanmerking kom nie. Ons ontvang gereeld inskrywings waarin ván die besonderhede onvolledig is. Die logo waarvoor jy moet soek, is die een waarin ’n klein diamant verskyn. Dit is nie die logo wat as deel van die Diamond Pavilion Shopping Mall se advertensie verskyn nie. Dit sal altyd op ’n foto of binne of langs ’n berig verskyn, maar nooit as deel van ’n advertensie nie. Hou volgende week se uitgawe van Noordkaap vir die volgende ronde van die kompetisie nou dop.

VAT 4640188118

X1PML8C9-NK210115

X1PM4VR1-NK210115


NOORDKAAP, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

7

X1PLV74M-NK210115


NOORDKAAP, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015 21782/NC BLACK RIVER F.C.

8

Standing on our own four wheels Mazda is proud to introduce a fully-fledged network of 46 independent Mazda dealers. They have specialist knowledge and expertise to take care of your Mazda and keep its engine purring and wheels turning for years to come. These handpicked dealers are responsible for Sales, Services, Parts and Warranty operations across South Africa as well as Namibia, Botswana and Swaziland.

Why a M{ZD{ dealer?

Rewards and Special Offers

A dedicated Mazda sales force, with in-depth knowledge on each of our models, will be on hand to help and advise you on your next purchase.

For a limited time only, we are offering our loyal Mazda fans: •

A loyalty bonus when you buy your next Mazda.

A 4-year unlimited kilometres warranty on all our passenger cars.

With SKYACTIV technology, it takes a specialist technician to

A 5-year / 150 000 km warranty across the BT-50 range.

keep your car performing at its best at all times. Our technicians receive regular training to keep them up to date with the latest

M{ZD{care

technology. Only a Mazda dealer can offer you this service.

When you buy a new car from your Mazda dealer, it comes standard with:

We use only genuine Mazda parts that are held at our Midrand warehouse, readily available to be distributed to the newly

A 3-year unlimited kilometres service plan on all passenger cars.

• •

A 5-year / 90 000 km service plan on the BT-50 range. A 3-year unlimited kilometres roadside assistance on any Mazda.

appointed 46 Mazda dealers.

Find your new Mazda dealer today to take advantage of our rewards and special offers. Visit www.mazda.co.za or call us on 0860 069 700 to find a dealer near you.

Mazda Kimberley 053 832 1654 71 Long Street Kimberley


NOORDKAAP, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

9

DHS bring hulde aan Neethling André Botha “SY welluidende, goed gemoduleerde stem is vir ewig stil en sal nooit weer oor die skoolof sportterrein heen weerklink nie, maar in ons geestesoor hoor ons hom steeds – rigtinggewend, vermanend.” Só het die Hoërskool Diamantveld (DHS) hulde gebring aan Koot Neethling, oudonderwyser van dié skool wat Sondag oorlede is. Neethling was van 1964 tot 2014 aan die skool verbonde – tot in 1996 as onderwyser en adjunkhoof, en daarna op velerlei wyses. Die skool se huldeblyk lui: “Aan die begin van die feesjaar neem ons met hartseerharte afskeid van ’n lojale Diamantvelder wat ’n halfeeu lank ons skool gedien het en ’n vormende invloed op ons skoolkarakter gehad het.

“Ons sal hom onthou vir: ) sy toewyding aan en opregte belangstelling in die skool en sy mense; ) die belangrikheid wat hy aan orde en dissipline gegee het; ) sy empatie en menslikheid; ) sy fyn humorsin; ) sy pligsgetrouheid en stiptelikheid; en ) sy liefde en omgee vir sy gesin. “Ons eer sy nagedagtenis.” Neethling was veral in Kimberley as aankondiger op die interhoër-atletiekbyeenkoms bekend, ’n taak wat hy dekades lank uitgevoer het. Hy was nog tot verlede jaar toe aankondiger op Diamantveld se jaarlikse kleuresportatletiekbyeenkoms en was verlede jaar ook die aankondiger in die Wildeklawer-netbaltoernooi wat by die skool aangebied is.

Sy dogter Jorina Hattingh sê hy was van 1997 tot 2013 die hoofopsiener van die matriekeksamen. Sy sê Neethling het die laaste paar maande baie maer geword. Nadat hulle ná die vakansie van die see af teruggekom het, is hy dokter toe. Verskeie toetse is op hom gedoen en die uitslae daarvan sou hulle Maandag gekry het. Hy is Sondagoggend in die Mediclinic Gariep in Kimberley dood. Hattingh, wat ook aan Diamantveld skoolhou, het ná sy aftrede tot nou toe in dieselfde klaskamer as Neethling klas gegee. Sy moet die klaskamer egter weens ’n herverdeling van klaskamers ontruim. “Ek is ’n bietjie hartseer dat ek uit die klaskamer moet weggaan,” sê sy. Neethling word deur sy vrou, Phina, twee dogters, Hattingh en Susan Neethling,

KOOT NEETHLING en sy vrou, Phina.

Foto: Verskaf

skoonseun, Laurie Hattingh, en twee kleinseuns – Pieter, nou ’n student aan die Noordwes-universiteit, en Rudolph, ’n gr. 9-leerling aan Diamantveld – oorleef. Hy word môre om 15:00 uit die NG kerk Vooruitsig begrawe.

KIMBERLEY GIRLS’ HIGH SCHOOL Tel. 053 832 1275 / Fax: 053 832 9557 www.kimberleygirlshigh.org.za

PER LABORES AD HONORES

Congratulations to the Matrics of 2014 TOP SCHOOL IN THE PROVINCE 122 CANDIDATES

100% Pass rate 15 Diploma Passes 107 University Entrance Passes 2 Higher Certificate Passes ONLY SCHOOL IN FRANCES BAARD TO HAVE 100% PASS RATE FOR PAST SEVEN YEARS Well done on your A Aggregates

Yeshara Packirisamy (8 distinctions, Top Accounting in NC, 3rd in province)

Shawna Petersen (7 distinctions, 4th in province)

Faria Kaana (7 distinctions, 5th in province)

Casey Preece (7 distinctions, Top Life Sciences in NC, 9th in province)

Robyn Arnold (6 distinctions, 12th in province)

Chanté Bisschoff (6 distinctions, 13th in province)

Shanya Moodaley (5 distinctions)

Bonolo Phillips (5 distinctions)

Nadine Ontong (5 distinctions)

Lindiwe Sidimo (5 distinctions)

Tokollo Noko (4 distinctions)

FIVE GIRLS IN THE TOP 15

CONTINUING OUR PROUD TRADITION OF EXCELLENCE BY EDUCATING WOMEN FOR THE FUTURE

X1PMC9RD-NK210115


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

MOTORS Vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.noordkaap.co.za en blaai deur vorige uitgawes.

CALL

NO D E P O S I T UP TO 72 M O N T H S TO P A Y

GEORGE 082 952 4185 IN BLOEMFONTEIN 2009 AUDI A3 1.8 T FSI

R194 900 2013 NISSAN 1.5 DCI JUKE

NO

R219 900

2010 AUDI A6 2.7 TDI

R259 900 2007 PEUGEOT 1007 1.6 2X TRONIC R 69 900

2007 BMW 320i E90

R129 900 2009 RENAULT MEGANE 2.0 HB

2003 BMW 330i E46 AUT

R 89 900 2011 RENAULT SANDERO 1.6 UNITED R 89 900

2006 BMW Z4 3.0 COUPE AUT

R169 900 2010 SSANGYONG KYRON 2.0D

R139 900

R129 900 2009 FORTUNER 3.0 D4D 4X4

R269 900

2011 CHEV CRUZE 1.8 LS

R149 900 2011 JETTA S 1.6 TDI DSG

R179 900

2011 CITROËN C3 1.4 ATTRACTION

R 99 900 2014 POLO VIVO 1.4 TL

R135 900

2011 CITROËN PICASSO 1.6 XTI CUV

R129 900 2011 TOUAREG 3.6 FSI TIPTRONIC

R359 900

2009 CITROËN C4 1.6

R 79 900 2007 VOLVO XC V8 EX

R179 900

2010 FIAT PUNTO 1.4

R 79 900

UP

2013 FORD FIESTA 1.4 FACE LIFT

R147 900 BAKKIE R119 900 2012 CHEV UTILITY 1.4

R119 900

2007 JEEP CHEROKEE 3.7 RENEGADE AUT

R129 900 2012 GRAND MAX

R115 900

2011 KIA SOUL 1.6 CRDi

R149 900 2009 FORD BANTAM 1.3I

R 79 900

2010 KIA SPORTAGE 2.0

R169 900 2011 FORD BANTAM 1.3I A/C

R 89 900

2009 LEXUS IS 250 SE AUT

R 19 900 2005 FORD RANGER TD XLT S/CAB

R 89 900

2010 MERCEDES E250 CDI BE

R299 900 2010 TRITON 3.5 MPI CLUB CAB

R189 900

2011 MINI MARK III FACELIFT

R169 900 2011 TRITON 3.2 D1D D/C 4X4

R269 900

72 M O N T H S

Nog baie meer.

TO

Stuur vir my jou nuutste betaalstaat. Afskrif van ID en rybewys. Bewys van adres. Faks dit na 086 719 4119 vir my aandag: George: Ek skakel jou terug. Bestuurderslisensie nie verpligtend nie. Eerste paaiement 1 Maart 2015.

P A Y

See website: www.egmonline.co.za DELIVERY “FREE” COUNTRY WIDE VEHICLES

IN

Marnus Hattingh

TO

2011 FORD FIESTA 1.6 AMBIENTE

140

Adam oulike buks

D E P O S I T

R115 900

2008 CADILLAC BLS 2.5 AUT

DRIE modelle van die Opel Adam met twee enjinkeuses sal hier beskikbaar wees, dalk ’n goeie alternatief vir die Fiat 500 en die Mini. Foto: Verskaf

STOCK X1PMFRVW-NK210115

Engineous THE NEW RENAULT SANDERO

FROM ONLY

R129 900

www.renault.co.za

DRIVE THE CHANGE

FSP Reg No: 25934

NEW RENAULT SANDERO WITH A SPRITELY AND FRUGAL TURBO 66 KW ENGINE. CATCH RENAULT VA VA VOOM DAYS THIS MONTH FOR GREAT DEALS ACROSS THE FULL RENAULT RANGE. renaultsouthafrica | www.newduster.co.za Retail price in accordance with January 2015 price list | Price excludes “on the road” costs Terms and Conditions apply Features are model-specific and may vary. Offer valid until end of January 2015 or while dealer’s stocks lasts. Prices and specifications subject to change without prior notification. E & EO. *Terms & Conditions apply. **Recommended retail price excludes PDI, on the road costs (licence and registration), metallic paint and accessories.

Contact us today for more details or to book a test drive

Maryke 083 461 4056 | Darrol 084 200 0040

59 Pniel Road, Kimberley, 8301 Tel: +27 (53) 807 4300 Fax: +27 86 554 3406

RENAULT KIMBERLEY

X1PMDD7R-NK210115

X1PMAVMM-NK210115

OPEL se nuwe stadsknapie het pas hier aangeland en as jy gewonder het waar die “ou” Corsa heen is, het jy die antwoord. Die nuwe Adam is nie die opvolger van die Corsa nie. Die Corsa se nuwe weergawe kom volgende maand. Maar as ’n mens kyk hoe groot en stug destyds se klein, ronde kalant geword het, was dit hoog tyd dat ’n nuwe, prettige stadsmeneer weer sy opwagting kom maak het. Dit is presies wat die nuwe Adam is. Lekker klein, soos vanmelewe se eerste Corsa; wipstert en met verskillende bakwerkkleure; en modern genoeg binne om aan die kieskeurigste smaak te voldoen. Ons hou sommer baie van die nuwe Adam. Hy verstaan sy teikenmark – jong mense wat uitbundig lewe en die strate vol wil rits. Hy bied ’n heerlike, moderne pakket van goeie enjins, moderne afwerking en ’n unieke persoonlikheid. Anders as die VW Polo, die Citroën C1, Hyundai i10 en Audi A1 het die Adam net twee deure. Vier mense sal wel kan inpas, maar agter gaan jy effe knap sit. Die instrumentpaneel het ’n moderne raakskerm in die middel en analoogwysers voor die bestuurder. Dit word netjies omlyn met ’n blink chroomstrook. Drie modelle sal plaaslik te kry wees: die Adam, die Glam en die Jam. Twee enjins en ratkaste word in die reeks aangetref. Vir die basiese Adam kry jy ’n normaal-geaspireerde-1,4 liter-petrolenjin, gekoppel aan ’n vyfgang-handratkas. Die ander twee het Opel se nuwe eenliterpetrolturbo (drie silinders) en ’n sesganghandratkas. Vir dorpsryery het jy ’n “city”-funksie wat jou stuuraksie ligter maak. Op die oop pad voel die Adam lekker stabiel. Die sig reg rondom is goed en die rit is sag geveer.


NOORDKAAP, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

PERSOONLIKE DIENSTE BETREKKINGS 3600

LENINGS 1445

ALGEMEEN 3680

TE KOOP

ALLERLEI 1655

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI 1845

PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 3880307 of 053 832 9194.

GENERAL ASSISTANTS. We currently have vacancies for General Assistants. MINIMUM REQUIREMENTS: * Grade 12 *Must be willing to work hard and do physical work. * Must be willing to work overtime and work on Saturdays and some public holidays. Shortlisted candidates will be required to undergo an ITC check. Candidates who feel they meet the requirements of the vacancy can send their CVs to: 086 242 3600 Closing date: 29 January 2015. Should you not have heard from us within two weeks of the closing date, please consider your application as unsuccessful.

B E T R E K K I N G S

Application form for listing on the directory of Northern Cape-based construction suppliers and service providers for the Development of the Sol Plaatje University (SPU)

BETREKKINGS

The SPU Project Management Team, in cooperation with key stakeholders, is establishing a directory of Northern Cape-based construction suppliers and service providers to promote provincial participation in the construction programme of the Sol Plaatje University. Construction suppliers and service providers are invited to submit an application for listing on the directory. The directory will be used by the appointed principal building contractors to source provincial construction suppliers and service providers. The directory targets suppliers and service providers who are based in the Northern Cape province to ensure optimal provincial participation in the construction programme. As such, all applicants must furnish proof that they are based in the Northern Cape province by submitting proof of ownership of a business premises or a valid rental agreement with the owner of such premises. Information will be verified to ensure that listed construction suppliers and service providers are based in the Northern Cape province. Applications can be electronically submitted or downloaded at http://directory.spu.ac.za Manual application forms are also available from the Local Economic Development (LED) Unit of the Sol Plaatje Municipality at: LED information desk

X1PLAJ3D-NK140115

121 Bultfontein Street Information Centre Kimberley 8300 For further enquiries contact ESCAPE on 0861 111 951 or e-mail: spusupport@phi-series.co.za X1PLVA2D-NK210115

GEKLASSIFISEERD KANTOORRUIMTE TE HUUR • 156 vk m met 5 kantore. • Mans- en vroue toiletgeriewe • Klein kombuisie Beskikbaar: • 1 Februarie 2015 Adres: • Dalhamweg 2A, Kimberley Koste: • R70/ vierkante meter

X1PLVBWR-NK210115

SOEK, KOOP, VERKOOP

11

Kontak: Johan Rossouw Tel. 053 8312331 Sel 0837510725

X1PMDBMR-NK210115

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


DEBT? We reduce the payments on your home. Reduce instalments on your car. Pay accounts on your behalf.

Only R57,00 Reg No: NCRDC1982

JJM DEBT COUNSELLORS cc 57 Du Toitspan Road, Kimberley Tel. 053 831 7519 E-mail: info@jjmdebt.co.za

X1PLFQ71-NE210115

Sport Die Diamantstad se koerant

Serving all your equipment hire needs

12A Schmidtsdrift Road, Kimberley Tel: 053-861 5200 Fax: 053-861 5201 X1PMA5H1-NK210115

Kby-swemmers skitter André Botha KIMBERLEY se swemmers het die afgelope naweek puik op die Noord-Kaapse swemkampioenskapbyeenkoms in Upington gepresteer. Devon Steyn (Flamingo Aquatics en die Hoërskool Noord-Kaap), wat die swemseisoen reeds handevol medaljes ingeoes het, is as senior victor ludorum aangewys. Hy het ook die trofee in sy ouderdomsgroep ontvang. Hy het 16 medaljes, waarvan 11 goud, by sy versameling gevoeg. Nickolas Jansen (Flamingo Aquatics) het sewe goue, twee silwer- en drie bronsmedaljes gewen. Hy het die trofee ontvang en is as die beste swemmer in

die ouderdomsgroep nege en tien jaar aangewys. Hy is ook as junior victor ludorum aangewys. Tharien van der Walt (Flamingo Aquatics) het die trofee vir beste swemmer in die

ouderdomsgroep 13 en 14 jaar gekry, asook vyf goue, vier silwer- en een bronsmedalje. Patrick Matthews (Good Hope Swimming) het die trofee vir beste swemmer in die ouderdomsgroep 17 en 18 jaar ontvang.

Die Flamingo Aquatics het die byeenkoms met 85 goue, 61 silwer- en 52 bronsmedaljes oorheers. Die Good Hope Swimming was tweede met 26 goue, nege silwer- en 11 bronsmedaljes.

Tel. 053 591 0059 Sel 071 683 7175

Gratis aflewering Woensdae, Donderdae en Vrydae in Kimberley!

SPECIAL Lam vanaf ........... .........R59,95 / k g Plaashoenders . . . . .........R29,95 / k g NICKOLAS JANSEN het sewe goue medaljes op die Noord­Kaapse swemkampioenskap gewen. Hy was die beste swemmer in die ouderdomsgroep nege en tien jaar en is as junior victor ludorum aangewys. Foto’s: Verskaf

Maalvleis . . . . . . . .............R44,95 / k g X1PLKL1J-NK210115

2013 Ford Ranger 2.2 TDCI,XL,Supercab, 4x2 73000km R239 900

2012 RANGER 3.2D XLT Double Cab, 6-spd, a/t, D/C, 143 600 km R299 900

2012 Ford Ranger 2.2 TDCI,XLS, Single Cab 132 485km R179 900

2010 Renault Sandero 1.6 United 59 400 km R99 900

2010 Mazda 2 Active 1.3 145 000 km R99 900

2008 Opel Corsa 1.6i OPC 150 000 km R113 900

2013 Kia Rio 1.4 27 750 km R145 900

2012 Chev Utility 1.4 Club 26 600 km

2009 Hyundai I20 1.4 96 600 km R119 900

DEVON STEYN het 16 medaljes, waaronder elf goud, by sy groot versameling medaljes gevoeg. In verlede week se uitgawe van Noordkaap is per abuis na Steyn as Devon Smith verwys. Noordkaap vra om verskoning vir die fout.

R124 900 2005 BMW 320i manual E90 117 300 km R107 250

2009 Mecedes-Benz C300 Elegance A/T 110 000 km R229 900

2004 Mercedes-Benz C180, Classic Man 200 000km R79 900

2009 Mazda 3 1.6i sedan 110 000km R87 900

2011 Ford Bantam 1.6XLT 74 800 km R122 900

2012 Yaris 1.3 Xi 3dr, 9 000 km R129 900

Hennie Vos 082 820 8959

Desmond Madella 073 117 3620

Tel. 053 8313661

56 Stockdalestraat • Kimberley E-mail: kimhuman@intekom.co.za

THARIEN VAN DER WALT het die trofee vir beste swemmer in die ouderdomsgroep 13 en 14 jaar ontvang.

2 jaar waarborg by alle voertuie ingesluit of surplus van fabrieks waarborg X1PM2DY5-NK210115

X1PLM6H6-NK210115


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.