61 C - LONG STREET, KIMBERLEY. TEL: 053 833 3827
Awnings, Blinds & Shu ers.
Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 11 Februarie 2015
X1PPCWXN-NK110215
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Kommer oor stadion
Veiligheid groot probleem erken munisipaliteit André Botha KOMMER heers oor die toestand van die De Beers-stadion waar dit onder meer al hoe moeiliker word vir skoleatlete om te oefen. Volgens die Sol Plaatje-munisipaliteit is veiligheid ’n groot probleem by die stadion, omdat die munisipaliteit nie mense het om 24 uur van die dag toesig te hou nie. Die laerskole se sone-atletiekbyeenkoms wat verlede Donderdag op die stadion gehou sou word, is op die nippertjie na die baan van die Laerskool Staats verskuif, terwyl die sone-byeenkoms vir hoërskole wat Saterdag sou plaasvind, gekanselleer is. Toe Noordkaap die stadion besoek het, was daar tekens van onvoldoende instandhouding in die stadion en plek-plek begin gras en onkruid oor die rand van die tartan-baan, die enigste in die provinsie, kruip. Die spreiligte se pale is ook duidelik baie lanklaas geverf. Die atletiekbaan en paviljoen is egter in ’n goeie toestand en die terrein was taamlik skoon. ’n Ingeligte wat nou betrokke by die afrigting van skole-atlete is, sê daar is geen beheer of toesig by die stadion nie. Hy wil nie sy naam genoem hê nie. ’n Probleem is onder meer dat sokkerspelers dikwels op dieselfde tyd as die atlete in die stadion oefen. Benewens dat dit steurend is, hou dit ook gevaar in. Die ingeligte sê die bal word dikwels tussen die kinders ingeskop waar hulle oefen. Daarby moet die kinders wat nommers soos spiesgooi en gewigstoot oefen, telkens eers wag wanneer die sokkerspelers te naby aan hulle kom. Daar is ’n klaarblyklike gevaar dat een van die sokkerspelers raakgegooi kan word. Op foto’s wat die ingeligte geneem het, kan gesien word hoe sokkerspelers speel tussen spiese wat in die grond steek. Die ingeligte vra waarom daar niemand is wat toesig hou nie. Hy wil ook weet of die sokkerspelers betaal vir die gebruik van die stadion. Dit is aan Noordkaap bevestig dat skole wat die stadion in die afgelope weke vir hul atletiekbyeenkomste gebruik het, self sekere toerusting moes saamneem. In enkele gevalle is besluit om die byeenkoms eerder by die skool self te hou, omdat dit makliker
Diamantveldleerlinge ding kleurvol mee DIE Hoërskool Diamantveld het sy jaarlikse kleureatletiekbyeenkoms gehou. Die mededinging tussen die spanne was op die baan en die paviljoen ewe fel, en die dirigente het soos gewoonlik kleur aan die byeenkoms verleen. Die hoofdirigente van die drie spanne is van links Etienne Erasmus en Clarissa Classen (donkerblou), Philip Swanepoel en Minri van den Berg (ligblou) en Johan Meyer en Bianca Olivier (geel). Die geelspan het vanjaar met die louere weggestap. Foto: André Botha is as om die toerusting heen en weer te karwei. Matte vir onder meer hoogspring is glo opgesny om as beddens te dien toe ’n saal aan kontrakwerkers vir blyplek verhuur is. Die ingeligte sê die toerusting wat wel daar is, lê rond en word nie opgepas nie. “Kinders wat van die platteland af kom om aan byeenkomste deel te neem sien daarna uit om op die tartan-baan te hardloop. Dan kom hulle hier en daar is duwweltjies op die baan. Van die kinders neem kaalvoet deel.” Byeenkomste begin gereeld laat, omdat
die werkers wat moet oopsluit en seker maak dat alles reg is, laat opdaag. Alberto Mazzoncini, ontspanningsbeampte van die munisipaliteit, sê hoewel die stadion baie oud is, is dit in die algemeen in ’n goeie toestand. Verskeie sportsoorte word in die stadion beoefen. Sportklubs moet betaal vir die gebruik daarvan en dit word nie toegelaat dat verskillende sportsoorte dit gelyktydig gebruik nie. Dit het al gebeur, maar dan is dit onwettig. Hy sê die kontrakwerkers is in ’n gebou
TYRES | BATTERIES | SHOCKS | EXHAUSTS
14 Long Street - Tel: 053 832 3706
Accommoda on with 3 meals, cleaning service, laundery and security! Cell: 071 6822 496
gehuisves weg van die stadion waar die skouterrein voorheen was. “Hulle kan nie spesifiek geblameer word vir die beskadiging van toerusting nie. Die probleem is dat hulle besoekers kry wat by die stadion insluip en nie daar mag wees nie.” Toerusting word gekoop, maar word gesteel. Vandalisme is ’n groot probleem in die stadion, weer eens omdat daar onvoldoende sekuriteit is. Toegang word onwettig verkry. Onderhoudwerk word gedoen soos dit nodig is.
TYRES, FITMENT, CHECK X1PP6JE8-NK110215
Call to make reservations and bookings.
Cell: 071 6822 496
X1PQBV31-NK110215
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 FEBRUARIE 2015
Kry logo en wen
State of the Province Address 19 February 2015 The Premier, Sylvia Lucas will deliver the State of the Province Address on 19 February 2015. The speech will be broadcast live on radio stations and members of the public can tune in on their community radio stations from 09:00.
• Radio Teemaneng: 89.1 fm. • Radio Riverside: 98.2 fm. • Radio Kaboesna: 98.0 fm. • Ulwazi fm: 88.9 fm. • Kurara Fm 98.9 fm.
SOEK vandag weer die Diamond Pavilion Shopping Mall se logo in Noordkaap om ’n geskenkbewys van R200 te wen. ’n Miniatuur-logo van die Diamond Pavilion Shopping Mall is iewers in Noordkaap geplaas. SMS die sleutelwoord “logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsynommer waarop die logo geplaas is na 45527. Dit kos R1,50 om jou in te skryf. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00.
Presteer in Duitsolimpiade
DRIE leerlinge aan die Hoërskool Diamantveld wat aan die jaarlikse olimpiade vir Duits as tweede bykomende taal deelgeneem het, het skitterend gepresteer. Van links is Carlo Visser (nasionaal der de), Janel Badenhorst (nasionaal gesamentlik vierde) en Eduard van den Heever (nasionaal gesamentlik negende). Hulle is almal in gr. 11. Carlo het in 2014 reeds ’n beurs losgeslaan om Duitsland in Junie op uitnodiging van die firma Giesecke und Devrient te be soek. Uit die eerste 20 deelnemers op die nasionale ranglys kom agt leerlinge in aanmerking om deur die Duitse buitelandse peda gogiese diens (PAD) uitgenooi te word om SuidAfrika vanjaar in Duitsland te verteenwoordig waar hulle aan ’n internasionale kul tuurprogram sal deelneem. Foto: Verskaf
051 447 8416 / 082 773 6009 / 082 296 1807
Issued by Public Education and Communications Department Tel: 053 - 838 8024/8323/8064 | Fax: 053 839 8094 Email: publicinfo@leg.ncape.gov.za | Website: www.ncpleg.gov.za
800 Deepdrawerkaggel plus 3,6 m pype plus weerhaan plus skerm Ingeboude braaier plus 2,4 m lang pyp en weerhaan.
X1PQ11VW-NE110215
1 000 kas X1PQA9RM-NK110215
X1PQ3YU5-NK110215
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 FEBRUARIE 2015
3
SKOLENUUS
DIE Mexikaanse golf spoel deur die paviljoen ten tyde van Diamantveld se swemgala.
Diamonds het gees DIE Hoërskool Diamantveld het verlede week sy jaarlikse swemgala en kleureatletiekby eenkoms gehou. Hier op die swemgala is van links, voor: Nicola de Kock, Janke Steenkamp en Liandri van Zyl; agter: MarCheri Pfeiffer, Rachelle Pieters, Bianca Olivier, Marizaan Jan sen van Rensburg en Minri van der Berg. Foto’s: André Botha
DIE ligblouspan wys hul gees op die atletiekbyeenkoms.
THEO SENEKAL seil sierlik oor die hoogspringlat. Senekal het reeds op verskeie byeenkom ste dié seisoen medaljes ingeryg. X1PQ4MT9-NK110215
14 FEBRUARIE ) DIE Hoërskool Diamantveld hou ’n ma-en-dogterteeparty. Vickie Fourie, ’n voormalige Mej. Dowe Suid-Afrika, is die eregas. Dit begin om 09:00 in die skool se Cerff-saal. Die drag is netjies informeel. Dit kos R150 per persoon. Bel Ina Olivier by 082-440-3303. ) Caritas-gemeenskapsorg hou om 19:00 ’n Valentynsdansparty in die ACVV-saal. Dit kos R200 per persoon. Dit sluit ’n driegangmaaltyd in. Die drag is netjies informeel. Jan Rhaap tree op. Skakel 053-831-5015.
SELECT PRE-OWNED
SAVE BIG WITH OUR PRE-SELECTED AND DEMO RANGE
2014 HYUNDAI ACCENT HATCH 1.6 FLUID (MANUAL), 12 200 KM, R199 900
2013 TOYOTA ETIOS 1,5 XS 5-DOOR, A/C, P/S, RADIO/CD, 47000 KM (BLUE) (TWO AVAILABLE) R109 900
2014 HYUNDAI HD72 (4TON). DROPSID, A/C, RADIO/CD, 680 KM, R379 900 (SAVE R60 000)
2014 Nissan NP200 1.6 P/U, white, canopy, 15 000 KM R124 900
2010 BMW 320d A/T (E90), Xenon Lights, Rear PDC, 110 700km,, R199 900
2011 HYUNDAI IX35 2.0 GL PREMIUM A/C, P/S, RADIO/CD, REVERSE CAMERA, 104 500 KM R200 900
2014 HYUNDAI ACCENT 1.6 FLUID SEDAN, A/T, RADIO/CD, 2006 HYUNDAI ATOS, 1.1 GLS, MANUAL, P/S, A/C, FRONT A/C, P/S, BLUETOOTH, 6 000 KM R199 900 ELECTRIC WINDOWS, RADIO/CD, 114 800 KM, R38 900
) As jy inligting oor markdae, kerkbasaars, etes, sportgebeure of ander byeenkomste in Noordkaap wil plaas, stuur inligting na noordkaap@volksblad.com of ’n SMS na 45533 vir gratis plasing. Begin SMS’e met “NK”. Dit moet besonderhede bevat oor wat gebeur, wat dit kos en wie om te kontak.
Hyundai Kimberley: 33B McDougal Rd, Royaldene. Tel. 053 807 6800
• Jobo 082 461 8088 • Iqbal 083 735 1785 • Cully 072 404 2991
FSP: 25934
28 Februarie ’n Markdag word op 28 Februarie by die Hoffepark-klub gehou. Die mark is van 08:00 tot 14:00. Tafels is teen R60 elk beskikbaar. Bel Lia Coertz by 084-840-1189.
X1PQBV65-NK110215
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 FEBRUARIE 2015
Bring eer aan Rhodes DIE standbeeld van Cecil John Rhodes, oftewel “die man op die perd”, soos in woners dikwels daarna verwys, is op 4 Desember 1907 deur Sir Walter Hely Hutchinson, goewerneur van die Kaap kolonie, onthul. Dit beeld Rhodes op sy gunstelingperd uit. Rhodes se ge sig is na die noorde gedraai. Op sy skoot is ’n kaart van SuiderAfrika. Die gedagte om ’n standbeeld ter ere van hom op te rig het in 1900 ontstaan. Sy dood op 26 Maart 1902 het egter voor lopig ’n einde aan die planne gebring. Daarna is besluit om wel die stand beeld op te rig. Teen die einde van 1902 is ’n perseel vir die standbeeld in die destydse Victoria Crescent by die in gang na die Openbare Tuin (die huidi ge Queenspark) gekry. Die tweede Joodse sinagoge in Kimberley was op die perseel (die eerste was in Wood leystraat, maar het te klein geword), en ’n nuwe sinagoge moes op die hui dige perseel in Memorialweg opgerig word. In 1959 is die Openbare Tuin tot die huidige Queenspark verklein toe Regimentweg gebou is. ’n Engelse beeldhouer, Sir William Hamo Thorny croft, is gevra om die standbeeld te maak. Drie bronspanele aan die kante van die voetstuk beeld belangrike ge beurtenisse in Rhodes se lewe uit. Aan die vierde sy van die voetstuk is ’n in skrywing deur regter P.M. Lawrence.
Stadion gaan weer tot niet DIE De Beers-stadion was eens die trots van Kimberley. Daar was ’n tyd toe nasionale fietsrybyeenkomste en groot atletiekbyeenkomste in die stadion gehou is. Ouer inwoners sal die opwinding van die jaarlikse interhoër-atletiekbyeenkomste onthou. En vir baie jare was dit die tuiste van die Griekwaland-Wesse Rugbyunie. Spanne soos die All Blacks, Engeland, Australië en ander buitelandse toerspanne het hier gespeel. Dit was ook die stadion waar die Griekwas in 1970 die Curriebeker verower het toe hulle Noord-Transvaal in ’n legendariese eindstryd met 11-9 verslaan het. Maar die stadion het verval. Griekwas het padgegee omdat die stadion nie meer vir Curriebekerwedstryde geskik was nie. Die
Hoffepark-klub se rugbyveld moes as tydelike tuiste dien. Hoffepark het sedertdien die permanente stadion geword in die vorm van die huidige GWK-park. Skole-atletiekbyeenkomste is na plaaslike skole se bane verskuif en van fietsry-byeenkomste is lankal nie meer sprake nie. ’n Aantal jare gelede is die stadion pragtig gerestoureer, met nuwe sitplekke en ’n tartanbaan. Tog is tekens van verval weer sigbaar. Die laerskole-atletiekbyeenkoms moes verskuif word en die hoërskole-byeenkoms is gekanselleer. Gaan ons toelaat dat hierdie bate van Kimberley tot niet gaan? Tensy die Sol Plaatje-munisipaliteit dringend iets doen, is dit wat gaan gebeur. Tot groot nadeel van die stad. En tot groot nadeel van sy jeug.
Foto’s: André Botha en Africanabiblioteek
Bietjies maak baie Hannes Nöeth EK loop nie sommer by ’n 10 c verby nie. Jy sien hulle dikwels op die grond lê. Vir my is dit nogal vreemd hoe mense maklik sommer net ’n geldstuk, hoewel nou klein in waarde, sommer net kan laat val. Baie keer sien mense dit val, maar doen nie moeite om dit op te tel nie. Amper met die gedagte van: Dit is nie die moeite werd om vir daardie paar sente te buk nie. Daar lê nogal baie sulke geldstukkies rond. Hier een en daar een. Natuurlik 5 c-stukke ook. Die stories wat ’n mens hoor van wat mense koop met al daardie sente wat jy optel, is altyd interessant. Natuurlik is ’n 10 c-stuk op sy eie maar baie min. Ja, dit is vanselfsprekend. Jy kan baie min daarmee verrig, maar ’n paar van hulle maak ’n verskil Z en baie van hulle maak ’n groot verskil. As jy baie 10 c-stukke het, kan jy doen net wat jy wil. En ja, daardie paar sente is nou wel min, maar kort jy partykeer ’n bietjie as jy voor by die kasregister staan? Skielik kom jy agter hoe groot verskil kan een 10 c maak. Tien sent te min is tien sent te min.
As jy dit nie by jou het nie, dan het jy dit nie. Nogal ’n goeie gewoonte om aan te leer om maar te buk om daardie paar sente op te tel. ’n Mens kan genade ook daarin sien – lê genade net in groot dinge? In groot bedrae en in ryke oorvloed? Of lê dit ook soms in klein dingetjies? Kan daar ook genade wees in ’n 10 c op die grond? Ja, dit kan. As ’n mens glo dat daar nie toeval in jou lewe is nie, dan kom ook daardie 10 c oor jou pad. Buk maar, tel dit op. Ons wil tog almal baie hê. As jy die klein gering ag, sal jy getrou wees met die baie? Dit is tog maar die moeite werd om daardie 10 c op te tel. Mag jy vandag ’n tien sent optel. Mag jy nie te min hê nie. Bietjies bietjies maak baie.
Vlam raak nie innerlike krag Karin Muller MOONTLIK die enigste ding wat erger is as om in ’n vertrek in te stap waar daar ingebreek is, is om by ’n vertrek in te stap wat afgebrand het. Roet en rook omarm jou tergend, druk jou vas totdat dit voel asof jy nie asem kry nie. Verwese baklei jy teen histerie en wanhoop. Met ’n inbraak wonder jy wat weg is. Met ’n inbraak wonder jy waar die indringers ingekom het, hoe lank hulle in die vertrek deurgebring het en waar hulle oral was. Met ’n brand is die vrae minder. Jy weet waarskynlik waar die brand ontstaan het. Jy kan sien daar is niks oor nie. Jy besef die vlamtonge het net ’n paar minute nodig om algehele verwoesting te saai. Jy staar na gebarste vensters wat ’n paar uur vantevore met netjiese gordyne bedek was. Alles in die vertrek is pikswart. Alles is misvorm. Feitlik onherkenbaar. Die brand het die uitnodiging aangegryp om enige artikel in sy pad te vernietig.
Terwyl jy met jou vingers ’n streep deur die roet trek en met jou voet iets rondstoot wat lyk asof dit in ’n stadium iets was wat jy gebruik het, is jy, soos met ’n inbraak, dankbaar niemand het seergekry nie. Ingedagte vee jy ’n paar verwronge stukkies plastiek van die kombuistoonbank af tot in jou handpalm. Jy glimlag wrang as jy besef dat dit net ’n druppel aan die emmer is. Maar elke druppel tel. So begin jy letterlik en figuurlik die stukke optel en herbou. Dit is wat ons mense doen. Iewers diep binne-in ons kry ons krag om deur die roet en rook en skade ’n prentjie te sien van hoe dit gaan lyk as dit herstel is – en ons werk met ’n vasberadenheid om ons lewe weer op koers te kry.
5 21822/REV
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 FEBRUARIE 2015
The Impossible DEALS
Finance made possible with
0% deposit
4 YEAR
5 YEAR
M{zd{ loyalty bonus announced
Finance made possible with 0% deposit
M{ZD{3
M{ZD{6 Inclusive of a 3-year Unlimited Service Plan.
YEAR
UNLIMITED WARRANTY
4 YEAR
YEAR
UNLIMITED
UNLIMITED
WARRANTY ON
WARRANTY
ALL PASSENGER CARS
Get to your nearest Mazda dealer now.
4 YEAR
UNLIMITED
WARRANTY ON ALL PASSENGER CARS
Get to your nearest Mazda dealer now.
To find a Mazda dealer near you go to www.mazda.co.za or contact 0860 069 700.
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 FEBRUARIE 2015
MOTORS
Celerio leier in klas wat betref binneruimte Willem Fritz KLEIN rygoed beteken tradisioneel groot geld vir vervaardigers. Dit bied goeie volume verkope teen ’n billike wins. Dit is nou rygoed in die sogenaamde A-segment van die mark. Dié voertuie is selde meer as 3,6 m lank, is redelik bekostigbaar, lekker vir die stad en gebruik min brandstof. Vandaar hul gewildheid. Maar klein hoef nie noodwendig beknop te beteken nie, soos Suzuki met sy nuwe “ekstra groot’’ klein Celerio bewys. Die Celerio is die plaasvervanger vir die Alto en sal dié se, wel, klein skoene moet vol staan. Dit behoort hy heel maklik te kan doen aangesien die Celerio 10 cm langer en 7 cm hoër as die Alto is, met die asafstand wat 6 cm
langer is vir meer ruimte binne. Hulle is egter ewe breed. Sy langer afmetings beteken wel dat hy in die slaai van Suzuki se ander buks, die Splash, krap. Suzuki erken self dat die Celerio en Splash hulle basies in dieselfde klas bevind, maar sien dit meer as ’n ekstra keuse vir kopers. Die Celerio is steeds ’n raps kleiner as die Splash en val ook prysgewys onder die Splash. Suzuki sê die Celerio is ’n klasleier as dit by binneruimte kom, en kry ook goud vir sy bagasieruim van 235 liter wat tot 1 034 liter groei met die agtersitplek platgevou. Sy hoë daklyn beteken genoeg kopruimte binne, maar dit maak van hom ’n regop kalant met ’n wipstert. Wat sy voorkoms betref vertoon die Ce-
DIE Suzuki Celerio.
lerio heel netjies. Daar is ’n sterk skouerlyn en kurwes aan die kant. Daar is twee modelle in die reeks, die meer basiese GAmodel en die duurder GL-model. Albei is met ’n 1,0-liter-petrolkragbron (50 kW, 90 Nm) met drie silinders toegerus. Die GA het ’n vyfgang-handratkas terwyl die GL die keuse van ’n vyfgang-handrat of outomatiese ratkas bied. Dié outomatiese ’kas is wat hulle in die bedryf ’n gerobotiseerde outomatiese ratkas noem. Dit werk in wese soos die handrat, maar die koppelaar word deur die motor vanself geaktiveer. Jy ry die motor soos ’n outomatiese kar, of jy wissel self die ratte deur spane agter die stuur te trek. Buitelangs is die verskille tussen die
twee maar min. Die sierrooster, kantspieels en handvatsels is in die GA se geval in swart afgewerk terwyl die GL s’n die bakwerk se kleur het. Die GL het ook misligte.
Allooiwiele is opsioneel in albei modelle beskikbaar. Binne is die instrumentpaneel met sy simmetriese ontwerp heel netjies. Al die skakelaars is funksio-
neel geplaas en die afwerking en gehalte is ook goed, behalwe die harde, dun plastiek in die deurpanele. Die GA bied lugversorging en ’n ritrekenaar as standaard, asook
belangrike veiligheidstoerusting soos twee lugsakke voor en ABS-remme. Die GL spog met heelwat meer luukses soos ’n CD-speler met Bluetooth, kantelver-
stelbare stuur met kontroles en elektriese vensters voor en agter Die ritgehalte is aangenaam vir ’n klein motortjie en hy sit stewig op die pad.
Foto: Verskaf
X1PQ8K6R-NK110215
R249 900
R269 900
R124 900
R179 900
R249 900
R319 900
R269 900
R319 900
R389 900
R389 900
R679 900
R84 900
R104 900
R119 900
R299 900
R299 900
R154 900
R249 900
R319 900
2009 Toyota Fortuner 4.0 V6 A/t 2013 Toyota Hilux 3.0 D-4d 4x2 74 000 km Epic - 115 000km
2014 Toyota Etios 1.5 Xs H/B - 30 000 km
2014 Toyota Fortuner 4.0 V6 Ltd Edition - 12 000 km
2014 Toyota Yaris 1.3 XS 5dr Cvt 2012 Toyota Quantum 2.7 10 Seater - 103 000 km 15 000 km
2014 Toyota 86 , Full Trd Kit 2000 km
2013 Toyota Hilux Ex Cab 3.0 D- 2013 VW Tiguan 1.4 TFSi DSG 45 000 km 4d 4x2 55 000 km
2014 Toyota Prado 4.0 V6 VX 22 000 km
2014 Opel Corsa 1.4 23 000 km
2012 Mercedes Benz C250 Avantgarde - Lots Of Extras 30 000 km
2009 Renault Sandero 75 000 km
2013 Isuzu KB 240 Le D/C 48 000 km
2013 Hyundai I X 35 2.0 A/T, 50 000 km
2013 Ford Figo 1.4 29 000 km
2011 Toyota FJ Cruiser 4.0 V6 4x4 A/t - 75 000 km
2014 Ford Ikon 1.6 Ambiante 21 000 km
2011 Toyota Fortuner 3.0 D-4D 4x4 A/T 102 000 km
Oranje Toyota Kimberley
89 Memorial Road, Kimberley • Tel: 053 836 4700 • www.automark.co.za Call: Sydney McPherson 083 533 7215 • Rodney Samuels 076 803 9947 • Mariëtte Cloete • 079 523 5717 • Suzette Galloway 079 362 7788 • Elaine Joubert 072 827 0293 Sales Manager: Tiaan van Vuuren, tvanvuuren@um.co.za X1PQ4NG5-NK110215
X1PPW1JM-NK110215
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 FEBRUARIE 2015
7
Mondvol tande iets van verlede Du Plessis Janse van Rensburg DAAR is min dinge so ongemaklik soos om iemand te ontmoet en met ’n mondvol tande te staan en wonder wat om te sê as die gesprek opdroog, omdat jy nie kan agterkom wat jy en die ander persoon in gemeen het nie. Glo dit of nie, daar is ’n app pasgemaak vir sulke situasies. Die naam is Refresh. Wat is Refresh? Refresh is ’n app wat jou skedule en afsprake dophou en voor ’n afspraak vir jou inligting stuur oor die persoon wat jy gaan ontmoet, sodat jy meer voorbereid kan wees. Hoe werk Refresh? Refresh verken die persoon met wie jy ’n afspraak het se inligting op Facebook, Google+, Twitter, LinkedIn, Instagram en Four-square en lê dit aan jou op so ’n manier voor dat jy dadelik raakpunte het vir geselskap. Natuurlik moet jy die app toestemming gee om jou sosiale netwerke na te gaan vir die
inligting en jy en die persoon wat jy gaan ontmoet, moet verbind wees op die bogenoemde netwerke vir die app om te werk. Ander funksies van Refresh Refresh is goed daarmee om inligting op ’n strategiese manier te herlei, maar dit is nie al wat hierdie app die moeite werd maak nie. Wanneer jy ’n afspraak met ’n persoon het en hy of sy noem ’n paar dinge wat goed sou wees om op te volg – hetsy ’n familielid se gesondheid of ’n sakegeleentheid – kan dit op Refresh gestoor word vir latere verwysing. Nog ’n nuttige funksie van die app is dat jy hom ook van jou rekenaar kan gebruik deur na die webtuiste te gaan waar jy al die funksies kry wat jy op jou slimfoon het. Die slimste deel van ’n app soos Refresh is nie soseer die inligting wat dit beskikbaar stel nie, maar dat dit so netjies gedoen word en baie natuurlik voel om te gebruik.
PERSOONLIKE DIENSTE
ALGEMENE & HUISDIENSTE
TE KOOP
AKKOMMODASIE
ADMINISTRATIEF
2635
SNUFFELS
LENINGS
ALLERLEI 1630
1445
NC POOLS AND THATCH ROOFS. 082 482 4634 January special 4x3 pool plus 4x4 lapa R28 000 5x3 pool plus 5x5 lapa R32 000 6x4 pool plus 7x4 lapa R36 000 8x4 lapa plus 8x5 lapa R49 000
1845
PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194. VAKANSIE & REIS
3605
FS KAWAI KEYBOARD NAWEEKWEGBREEK! and Furaha shaper. Private selfsorgboshuis op Spinnie Viljoen 082 321 rivieroewer 12 km buite 2403. Warrenton, slaap 4. Tarief: R1 500 vir naweek. Vrydag in, Sondag uit. ALGEMEEN Besoek Boshuisie op 3680 Facebook vir foto's. Kontak Anita 084 597 0912 VOLTYDSE, DEELTYDSE huishulpe beskikbaar. Skakel 053 832 7031 of BETREKKINGS 073 159 0227. 3600
SOEK, KOOP, VERKOOP
Wenke vir bederf op Valentynsdag Elsona Steyn VALENTYNSDAG: 14 Februarie, ’n dag vol verwagting, Kupido se dag. Dié dag word opgedra aan almal wat nog in die liefde glo. Nota aan mans: Nou is die tyd vir liefdesgediggies, rose en Switserse sjokolade vir die een wat jou hart vinniger laat klop, jou skoenlappers in die maag gee en jou keel droog maak. As jy vooruit beplan vir Valentynsdag is dit ’n teken van toewyding. Moenie verwag dat sy al die reëlings moet tref nie. Al verander die planne ’n bietjie namate die dag of aand verloop, sal jou geliefde dit waardeer dat jy reëlings getref het om Valentynsdag spesiaal te maak. Jy hoef nie honderde rande te bestee nie. Verras haar met ’n romantiese kersligete met haar gunsteling-kosse en wyn. Al is jou denimbroek die gemaklikste kledingstuk in jou kas, is dit nie noodwendig ideaal vir jul romantiese aandjie nie. Dit wek die indruk dat Valentynsdag nie vir jou so spesiaal is as vir haar nie.
DRINGENDE VEILING VAN HAMILTON STOOR & KANTORE
Stof dus jou swart pak af en verbreek die normale roetine van ’n gewone ete-afspraak. Maak nie saak hoe aanloklik die woorde lyk in die kaartjie wat jy koop nie, dit is steeds nie jou eie nie. Vroue wil spesiaal voel en dit sal veel meer beteken as sy liefdeswoorde lees wat uit jou pen kom. Jou laerskoolvriendin van ouds het dalk die teddiebeer waardeer wat ’n rooi hart vashou, maar die boodskap wat jy aan ’n volwasse vrou hiermee stuur, is dat jy nie haar of jul verhouding ernstig opneem nie. Bederf haar eerder met iets wat jy weet haar spesiaal sal laat voel. Die Spaanse minnesanger Julio Iglesias het gesing: “To all the girls I loved before . . .”, maar hier is dit “My hartjie, my liefie . . .” As die Suid-Afrikaanse manne so vol vuur soos hul uitlandse eweknieë is, kan ons meisies na ’n dag van groot bederf uitsien. Vroue, julle mag maar die geur van rose saam met jul geliefdes inteug.
Behoorlik daartoe gelas deur Danlou Eiendomme CC wat alle besigheid in Bloemfontein gestaak het, sal die volgende eiendom per veiling verkoop word;
Millstraat 32 Hamilton Bloemfontein DV Vrydag, 20 Februarie 2015 om 10:00.
Beskrywing: Erf groo e van 4467m². Hoofgebou beslaan 812m² wat bestaan uit netjiese ontvangs, 9 x kantore, kombuis, toile e asook stoor en/of werkswinkel ruimte. 220m² Skadunet e.a. onderdak parkeerarea, 51m² aparte ablusie geriewe. 70m² Addisionele stoorruimte. Alle geboue e.a. verbeterings in netjiese toestand. Baie goed omhein. Verbeterings beslaan tans 27% van die toegelate 85%. BESIGTIGING SLEGS PER AFSPRAAK Veilingsvoorwaardes vir vaste eiendom: 10% Deposito betaalbaar by toeslaan van bod op vaste eiendom. Volledige voorwaardes sal voor aanvang van die veiling gelees word en is ook by kantoor of op ons webblad beskikbaar.
VIR INLIGTING KONTAK JEANDRE 0828070325 OF BESOEK www.nsabloem.co.za vir meer besonderhede en foto’s X1PQ2LR1-NK110215
X1PPYXLR-NK110215
NORTHERN CAPE PROVINCE
DEPARTMENT OF ROADS AND PUBLIC WORKS
BIDS ARE HEREBY INVITED FOR: BID #
DESCRIPTION OF SERVICE
DRPW 027/2014
Springbok: The rehabilitation of DR2963 and MR739 from the National Route7 (N7) to Hondeklipbaai - Phase 2 Klipfontein to MR739.
CIDB GRADING
8CE or above
NON REFUNDABLE DEPOSIT
BID DOCUMENTS WITH TERMS OF REFERENCE ARE AVAILABLE AT
R500,00
Department of Roads and Public Works,9-11 Stockroos Street, Squarehill Park, KIimberley,8301.
CONTACT PERSONS
Mr J Roelofse 053 831 2255. Mr.T Mgijima 053 831 2299.
CLOSING DATE, TIME AND PLACE
13/03/2015 at 11:00 Department of Roads and Public Works, 9-11 Stockroos Street,Squarehill Park,Kimberley, 8301.
SITE MEETING / INSPECTION
COMPULSORY Site meeting on the 25/02/2015 at 11:00 at the Klipfontein Community Hall.
This project will be adjudicated on a 90:10 points system as stipulated in the Preferential Procurement Policy Framework Act 5 (PPPFA) of 2000. A non refundable deposit of R500.00 is payable for each document. In terms of Preferential Procurement Policy Regulation 2011, Original or Certified copy of B-BBEE Status Level Contribution Certificate must be submitted with the Bid. NB: The Tax Clearance Certificate as indicated in NCP 2 MUST be submitted in original at the time of closure of bid. No cheques or postal orders are accepted ONLY cash. All forms NCP4, NCP8, NCP9 and NCP6.1 B should be completed and signed. NOTE: The client is not obliged to accept the lowest or any of the tenders. The documents will be available as from the 16/02/2015. X1PQBTDW-NK110215
GENERATORS AVAILABLE – PLACE ORDER NOW ! Adres: Kimdustria Kimberley, Tel. 053 807 7760 Sel:082 555 1974 Web: www.crescentbikes.co.za X1PQ4NVM-NK110215
Sport Die Diamantstad se koerant
Blink jy uit in sport? IS jy sportief – of weet jy van iemand in jou skool wat goed vaar op die sportgebied? Is jy besig om jong mense sport-aktief te kry by jou skool, gemeenskap of in die gimnasium? ZPR en SuperSport se Let’s Play het die behoefte onder jong mense geïdentifiseer om meer aktief betrokke te raak by sport. Met dit in gedagte het SuperSport en Let’s Play ’n spesiale projek begin. Die idee is om jong mense op laerof hoërskool wat goed vaar in sport of wat ander jong mense help om meer sport-aktief te wees erkenning te gee . Die SuperSport’s Let’s Play-sportster van die maand is ’n maandelikse kompetisie wat oop is vir enigeen van 6 tot 18 jaar. Jy kan jouself benoem of benoem word deur ’n vriend, onderwyser of selfs jou afrigter. Jy kan selfs benoem word deur ’n gesinsvriend of iemand wat weet hoe goed jy in sport vaar. Die wenner word op ’n maandelikse grondslag gekies uit al die benoemings wat ontvang word. Die maandelikse wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpakkie en word dan ook op die Let’s Play-webwerf geplaas. Uit al die maandelikse inskrywings sal een inskrywing gekies word as die SuperSport Let’s Play-sportster van die maand. Teen die einde van die jaar sal daar een algehele wenner gekies word uit die maandelikse wenners en hy of sy sal as die SuperSport Let’s Play-sportster van die jaar aangewys word. Moenie bekommerd wees nie – daar word ’n algehele jaaropsomming van al jou sport prestasies in die middel van November gedoen voordat die wenner gekies word. Let’s Play, wat ook hierdie jaar sy tiende bestaansjaar vier, is ’n projek om ’n gesonde leefstyl en ontwikkeling aan te moedig deur spel en sport.
Só werk die Vodacombeker TWEE groepe van agt spanne elk sal vanjaar sake in die Vodacombeker-rugbytoernooi uitspook, met die Griekwas wat die aanslag in ’n taai suidelike streek sal lei. Dié verdedigende kampioen is saam met die Westelike Provinsie (wenner in 2012), Boland, Grens, Haaie XV-tal, OP Kings, Arende en Vrystaat-XV-tal in dieselfde groep geloot. Die Goue Leeus, kampioene in 2013, ding in die noordelike streek mee met die Limpopo- Blou Bulle, Griffons, Luiperds XV-tal, Valke, Blou Bulle en die Welwitschias van Namibië. Die Namibiërs maak hul eerste verskyning in die kompetisie sedert 2011 en al sewe hul groepwedstryde sal in Windhoek gespeel word. Griekwas het ingestem om na die suidelike streek oor te skuif nadat Kenia se Tusker Simba XV-tal hom uit vanjaar se Vodacombeker-reeks onttrek het. Die groepwedstryde sal binne die raamwerk van elke streek plaasvind, terwyl die spanne in die kwarteindronde oorkruis sal uitspeel. Die twee topspanne in elke streek sal wedstryde aanbied teen die spanne wat in die teenoorgestelde streek derde en vierde geëindig het. Die Vodacombeker begin op 6 Maart en die eindstryd sal aan die einde van Mei gespeel word.
AVAILABLE AT
X1PPW2HW-NK110215
Talle spelers in span NIE minder nie as 11 spelers van Griekwas is vir die Cheetah-superrugbygroep gekies. Dit bevestig die groot bydrae wat Griekwas tot die Cheetah-superreeks-span maak.
Die spelers is Danie Mienie, Martin Bezuidenhout, Stefan Coetzee, Ewald van der Westhuizen, Carel Greeff, Tian Meyer, Francois Brummer, Danie Dames, Michael van der Spuy, JW Jonker en Jonathan Adendorf.
Tel. 053 591 0059 Sel 071 683 7175
Vaar goed op krieketveld DIE Hoërskool NoordKaap het die NoordKaapse been van die Pro20krieketreeks gewen deur sy teenstanders oortuigend te ver slaan. NoordKaap het in die kwarteindstryd die span van die Hoër skool Kalahari van Kuruman met 32 lopies geklop. In die halfeind stryd het die Hoërskool Namakwaland van Springbok se span met nege paaltjies voor NoordKaap se aanslag geswig, en in die eindstryd het NoordKaap Diamantveld met 37 lopies geklop. Hier boul Nealon van Heerden in die wedstryd teen Diamantveld. Foto: Verskaf
Gratis aflewering Woensdae, Donderdae en Vrydae in Kimberley!
SPECIAL • Lams vanaf ………………………………………. R54,95 /kg • Maalvleis …………………………..………....... R44,95 /kg • Nat biltongvleis………………………………...R69,95/kg • Nat droëwors ………………………………..... R59,95 /kg X1PPKCVJ-NK110215
GENERATORS AVAILABLE – PLACE ORDER NOW ! Adres: Kimdustria Kimberley, Tel. 053 807 7760 Sel: 082 555 1974 Web: www.crescentbikes.co.za X1PQBU0M-NK110215
BURGERS Equipment and Spares
2011 CHEVROLET OPTRA 1.6 Sedan 36 000 km
2011 FORD FIESTA 1.4 TREND 88 000 km
2009 Mazda 3 1.6i sedan 110 000km
R107 900
R117 900
R87 900
2010 Renault Sandero 1.6 United 59 400 km
2010 Mazda 2 Active 1.3 145 000 km
2014 Ford Figo 1.4 Ambiente 24 020 km
R99 900
R99 900
2013 Kia Rio 1.4 27 750 km
2014 Ford Ecosport 1.0 Ecoboost Trend 31 750 km
2009 Hyundai I20 1.4 96 600 km
R145 900
R214 900
R119 900
2012 CHEVROLET UTILITY 1.4 Club 50 000 km
2009 Mecedes-Benz C300 Elegance A/T 110 000 km
2004 Mercedes-Benz C180, Classic Man 200 000km
R124 900
R229 900
R79 900
2012 Ford Ranger 2.2 TDCI,XLS, Single Cab 132 485km
2011 Ford Bantam 1.6XLT 74 800 km
2012 Ford Ranger 2.2 TDCi XL Super Cab 82 365 km
R179 900
R122 900
R224 900
3 demo’s
R118 900
Tough World. Tough Equipment.
Hennie Vos 082 820 8959 KEEP CAPITAL IN YOUR BUSINESS Buy earth moving machines now with ZERO Deposit on a 60 month rental. Juaan Myburgh 082 709 2022 Jacques van Tonder 084 912 9245 Robbie van Heerden 072 489 9555
Central SA
Northern Cape/Free State/North West
E-mail: jvt@jvt.co.za, www.lgnc.co.za X1PPR9UD-NK110215
Desmond Madella 073 117 3620
HUMAN AUTO
QUALITY APPROVED
Used Vehicles
56 STOCKDALESTRAAT, KBY | Tel. 053 831 3661 kimhuman@intekom.co.za
2 jaar waarborg by alle voertuie ingesluit of surplus van fabrieks waarborg X1PPCWQE-NK110215