Noordkaapnk 20150218

Page 1

MERANTI & STEEL GARAGE DOORS 61 C Long Street Kimberley Tel. 053 833 3827 Faks: 053 832 5280

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

X1PPCWXP-NK180215

Woensdag 18 Februarie 2015

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Skelms só gefnuik WhatsApp-groepe bou buurtwag André Botha

Hou Kby se naam hoog CHANTÉ MARAIS, ’n oudleerling aan die Hoërskool Adamantia, is as tweede prinses in die Universiteit van die Vrystaat se joolkoningin­kompetisie aangewys. Daarby is sy ook as Mej. Persoonlikheid aangewys. Chanté het as deel van die kompetisie R60 000 vir die Kankervereniging van Suid­Afrika (Kansa) in Kimberley ingesamel. Sy is ’n derdejaar­student en studeer BCom­entrepreneurskap. Chanté was in 2013 ’n finalis in die Mej. Suid­Afrika­Junior­kompetisie, waar sy die onderhoudafdeling gewen het, en in 2014 was sy ’n finalis in die Mej. Vrystaat­kompetisie. Sy was ook in 2012 Kansa se Matrieknooi. Foto: Verskaf

WHATSAPP-GROEPE het die afgelope paar weke reeds in verskeie woongebiede en strate in Kimberley ontstaan om mense te waarsku oor moontlike verdagtes wat opgemerk word. Dié groepe het die afgelope tyd gehelp dat verskeie vermeende inbrekers aangekeer is. ’n Uitvloeisel hiervan is dat daar reeds ver gevorder is om ’n behoorlike buurtwagstelsel in die stad op die been te bring. Dit kom te midde van ’n groeiende bewustheid onder inwoners oor misdaad in die stad, en ’n groeiende gewilligheid om te help om dit te bestry. Die afgelope naweek is minstens ses inbrake by huise in die stad aangemeld, waarvan drie in Milnerstraat. Volgens Linja van Wyk, een van die administrateurs van die Saam Staan Kimberley-groep op Facebook waar die idee van die WhatsApp-groepe ontstaan het, was die belangstelling groot sedert die eerste groep gestig is. Mense sluit hulle daagliks aan. “Dit het mal gegaan nadat die eerste groep gestig is. “Baie mense het gesê hulle wil dit ook in hul gebiede hê.” Verskeie suksesse is reeds behaal, en ’n vermiste seun is onlangs vinnig met die hulp van dié groepe opgespoor. Die naweek is ’n vermeende inbreker ook in Herlear vasgetrek. Sy sê sedert verlede jaar was daar ’n besliste toename in die meeste soort misdade in Kimberley. In die groter stede is mense meer bewus van misdaad en is dus meer op ’n gereedheidsgrondslag. In Kimberley is mense nog nie so bewus nie. Sy sê baie mense besef steeds nie die erns nie, omdat hulle self nog nie geraak is nie. Daar is ’n groter bewustheid in woongebiede wat al ’n paar keer deurgeloop het.

‘In die groter stede is men­ se meer bewus van mis­ daad en is dus meer op ’n gereedheidsgrondslag. Dit beweeg nou nader aan Kimberley, waar mense nie so bewus is nie.’ X Linja van Wyk Daar is egter nog verskeie gebiede waar groepe nog nie gestig is nie. ’n Nuwe komitee is die naweek vir die gemeenskapspolisiëringsforum in die stad vir die volgende vyf jaar aangewys. Chris Mnisi is as voorsitter aangewys, met Van Wyk as ondervoorsitter. ’n Groot getal mense het die vergadering bygewoon. Van Wyk sê Mnisi het aan die teenwoordigers gesê as die komitee nie binne ses maande ’n behoorlike plan teen misdaad het nie, moet ’n ander komitee aangewys word, só vasbeslote is dié komitee om met daadwerklike planne te kom. Van Wyk sê Afriforum het aangedui hy wil ook in die stryd teen misdaad in die stad betrokke raak. ’n Selfverdedigingskursus gaan onder meer deur Afriforum aangebied word. Hoewel daar in sekere woonbuurte reeds buurtwagte is wat patrolliewerk doen, word beplan om dit uit te brei. ’n Volle buurtwagstelsel vir die hele stad sal op die been gebring word, met die lede wat onder meer met radio’s toegerus sal word. Om uit te vind of daar al ’n WhatsAppgroep in jou straat of woonbuurt is, en wie die kontakpersoon is, gaan na Saam Staan Kimberley op Facebook.

TYRES * BATTERIES * SHOCKS * EXHAUSTS

14 Cecil Sussman Street - Tel. 053 831 1189 / 102 Long Street - Tel. 053 832 5864 X1PP6JE5-NK180215

Roof sheet corrugated Roof sheet IBR Lipped channel Paints Quick Dry 5L SPA X1PQWBF1-NK180215


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 18 FEBRUARIE 2015

Fund helps students excel

New dean

André Botha

THE Very Reverend Mphashane Reginald Leeuw (left) was installed as the dean of Kimberley in a service at the St Cyprian’s Cathedral. Bishop Oswald Swartz (right) officiated. Leeuw was also instituted as rector of the cathedral parish. He also serves as the archdeacon of the Karoo. At the service the Rev. Fr Arthur Gilbert was licensed as canon pastor of the cathedral. Leeuw was born and grew up in Barkly West. After training for the priesthood at the College of the Transfiguration in Grahamstown, he was ordained and served his curacy at St Mary’s in Barkly West. He spent four years at All Saints Upington before coming to Kimberley as parish priest at St Matt­ hew’s Barkly Road, taking over at St James’ in Galeshewe five years ago. In 2012 he was made the archdeacon of the Karoo. He has an honours degree in Theology from Unisa and is studying for a Master of Theology degree at the University of Photo: Supplied the Free State (UFS).

Ondersteuning nodig om miljoen te haal Madelein Venter HOEWEL Volksblad se Ons gee om-fonds onlangs die halfmiljoen-kerf bereik het, is ons steeds net sowat halfpad na ons mikpunt van R1 miljoen. Ons het die ondersteuning van al ons gemeenskappe en sakemense nodig om ons die laaste myl na die eindstreep te dra. Daar is boonop minder as twee maande oor voordat die huidige insamelingstydperk op 31 Maart sluit. Volksblad se Ons gee om-fonds het nou ook ’n aanlyn-teenwoordigheid. Om te kyk watter goeie werk die instansies doen wat by die

fonds baat vind, like Volksblad se Ons gee om-blad op Facebook. Om ’n bydrae te maak kan bankinbetalings en internetbetalings gedoen word by: Volksblad-Kersfonds, Nedbank-tjekrekeningnommer 102 891 9980, takkode 117 134. Voeg jou naam en van of die instansie se naam as verwysing by. Jy kan ook ’n inbetaling by enige van Volksblad se takke in Bloemfontein, Kimberley, Welkom, Bethlehem, Kroonstad, Kuruman of Upington doen. Volksblad Ons gee om het voorheen as die Volksblad-Kersfonds bekend gestaan. Kontak Madelein Venter by madelein.venter@volksblad.com.

THE first ten recipients of bursaries from the National Youth Development Agency’s (NYDA) Solomon Mahlangu Scholarship Fund will attend the Sol Plaatje University this year. Their bursaries were handed over to them at an event at the university by the NYDA executive chairperson, Yershen Pillay. The Solomon Mahlangu Scholarship Fund provides financial support to young people who have intentions of pursuing full-time degrees and diplomas in courses that fall within the priority growth sectors, as well as the critical and scarce skills areas outlined in the labour planning frameworks of the country. The ten students are Micaela Ashleigh Campher, Nontsizi Jacqualine Congwane, Jantjie Duiker, Joel Lebogang Maruping, Mothling Lebogang Moleta, Keaobaka Patrick Mosemeng, Kopano Percyval Motlapele, Conrad Charlston Obaray, Dineo Felicity Scott and Handry Philani Xulu. “These young, vibrant intellectuals are joining hundreds of other youths from poor and rural families who have successfully enrolled into various institutions of higher learning across the country, thanks to the National Youth Development Agency’s Solomon Mahlangu Scholarship Fund in partnership with the National Skills Fund. “They will join the existing 230 recipients who have completed their first year of study during 2014. “This means that for 2015 alone, the Presidential Solomon Mahlangu Scholarship Fund will be funding 373 students who have excelled in their studies,” Pillay said. The scholarship is automatically renewed on an annual basis provided that the student continues to achieve outstanding results. “It is one of the very few scholarships in the country that provides financial support for the entire duration of a student’s degree

MICAELA CAMPHER, a BSc (Data Science) student at the Sol Plaatje University in Kim­ berley, is one of the first recipients at the university of a bursary from the National Youth Development Agency’s (NYDA) Solo­ mon Mahlangu Scholarship Fund. Here she is with Prof. Yunus Ballim (left), interim head of the university, and NYDA executive chairperson, Yershen Pillay (right). Photo: André Botha

or diploma. It is, however, a two-way street and so we expect those who receive the scholarship to continue excelling in their studies if they are to keep their scholarship. “In this way, the NYDA Solomon Mahlangu Scholarship Fund is designed to foster excellence by complementing the work of the NSFAS which is designed to promote access based on need,” Pillay said. The NYDA Solomon Mahlangu Scholarship Fund has since 2014 grown to a R30 million scholarship fund and assists deserving South African youths who meet the minimum entry requirements set by the NYDA. The scholarship covers all costs of study, which includes tuition, books, meals and accommodation. The scholarship was conceptualised in honour of the late struggle icon Solomon Kalushi Mahlangu a young member of Umkhonto we Sizwe, who was wrongfully arrested and executed at the age of 23 under apartheid laws.

Teater-opknapping op dreef André Botha BOUWERK aan die Noord-Kaap-teater in Kimberley is steeds op dreef en binne die begroting. Dit sal na verwagting in April voltooi wees. Lebogang Motlhaping, LUR vir sport, kuns en kultuur, Neo Maneng, hoof van die LUR se kantoor, en Faisal Aysen, hoof van die departement, het die teater vroeër besoek om te kyk hoe die bouwerk vorder. Conrad Fortune, woordvoerder van die LUR, sê die departement is tevrede met die vordering wat met die bouwerk gemaak is. Die versekering is deur die kontrakteur gegee dat dit teen April afgehandel sal wees. Dít kom nadat die DA vroeër kommer oor die vordering en die koste van die projek tot dusver uitgespreek het. Bouwerk aan die teater is verlede jaar weens ’n tekort aan geld gestaak. Sowat R16 miljoen is tot in daardie stadium bestee.

’n Verdere R12 miljoen is daarna van die nasionale departement van kuns en kultuur gekry om die projek te voltooi. Die teater sal ná voltooiing topgehalte-sitplekke in die ouditorium hê. Voorsiening word ook die eerste keer vir gestremdes gemaak. Dit sluit spesiale sitplekke vir gestremdes en ’n oprit na die agterkant van die verhoog in. Die voorportaal word vergroot en die orkesput verbeter, geriewe agter die verhoog word verbeter en die dak word vervang. Daar sal ook ’n raadsaal wees. Fortune sê die bykomende finansiering moet as ’n belegging beskou word omdat die beligting, klanktoerusting en akoestiek wêreldklas sal wees. Dit sal beteken dat die Noord-Kaap en Kimberley topverhoogproduksies sal kan aanbied. Dit sal ook ’n plek vir plaaslike kunstenaars bied waar hulle hul talente sal kan wys.

Quality Auto • Rietbok Street, Kathu Tel. 053 723 2005 • Fax 0865277275 Bradley Beukes 078 695 0754 / Charlton Hendrick 076 070 7201 Jeffrey Mogatle 078 163 7799 info@qualityauto.co.za

2010 BMW Gran Turismo 535i

R499 995

2006 Ford 2.5 ST

R149 995

2011 Jeep Wrangler 3.8 UNLTD Rubicon A/T

2015 Ford Ranger 3.2 A/T

2010 Mercedes Benz ML 63 AMG

2012 VW Polo 1.6 Comfortline

R299 995

R569 995

R699 995

R179 995

2008 BMW 335i A/T

2010 Chevrolet Cruze 2.0D LT

2012 Chevrolet Corsa 1.4 Utility

2009 Audi A3 1.8T FSI

R239 995

R199 995

R114 995

R179 995

X1PR3U5W-NK180215


NOORDKAAP, WOENSDAG 18 FEBRUARIE 2015

3

Tlotlo geniet jaar in VSA André Botha “EK wou die regte Amerika leer ken, nie die een op TV nie.” Só gesels Tlotlo Lesetedi, ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Noord-Kaap, oor sy ervaring toe hy ’n jaar in Amerika as uitruilstudent deurgebring het. Hy sê toe hy die geleentheid gekry het om as uitruilstudent oorsee te gaan kon hy uit ses lande kies. Hy het egter nie veel van die ander lande geweet nie, en het daarom Amerika gekies. Sy belangstelling is geprikkel toe hy op ’n Rotary Interactkonferensie ’n uitruilstudent van Denemarke ontmoet het en hulle vriende geword het. Sy tuisdorp ten tyde van sy verblyf in Amerika was Owatonna, ’n dorp met sowat 25 000 inwoners. Hy sê hy het maklik ingepas. Dit is ’n kleinerige dorp, en die inwoners het hom vriendelik verwelkom. “Amerika is nie so glansryk soos almal dink nie,” sê hy. “Ek het baie oor myself geleer. Ek het geleer daar is altyd ’n ander hoek om na dinge te kyk.”

DIE Britz­gesin in hul tuin. Van links is Niel, Gerhard, Ina en Nadia.

TLOTLO LESETEDI

Foto: André Botha

Hy is geensins spyt dat hy ’n skooljaar gemis het nie. “Dit was absoluut die moeite werd. Ek het so baie geleer buite gewone onderwys.” Met sy aankoms het hy besef alles is weg: sy ondersteuningstelsel, kultuur en selfs taal. “Jy moet dit omhels en met die gemeenskap een word.” Dit was uiteindelik amper moeiliker om terug te kom as wat dit was om te gaan. Dit was ’n kultuurskok na albei kante toe, sê hy.

Foto: André Botha

Gehoorgestremde weier om op te gee André Botha

WANNEER Nadia Britz aan die einde van die jaar die matriekeindeksamen skryf, sal dit wees omdat sy haar nie deur haar gehoorgestremdheid laat stuit het nie. Wat dit besonders maak, is dat sy haar hele skoolloopbaan in ’n gewone skool sonder buitengewone behandeling deurgebring het. Maar dié prestasie is ook danksy die liefdevolle ondersteuning van haar onderwysers én klasmaats by die Hoërskool Adamantia. Nadia het op driejarige ouderdom weens masels en hoë koors doof geword. Sy het net 6%-gehoor in die een oor en 4% in die ander een. Met die hulp van haar gehoorapparate het sy 60%-gehoor. Sy ryg egter die prestasies in. Sy is reeds vier keer vir die nasionale landsdienskamp gekies. Sy speel ook netbal, is lid van die skool se uitvoerende komitee en hoofleier van Adamantia se hotelskool. Nadia sê haar maats by die skool sien nie eens meer haar gehoorapparaat raak nie.

‘Sy is met ope arms verwelkom en is baie tuis laat voel.’ X Gerhard Britz Hulle help haar baie wanneer sy nie kan hoor nie. Haar ma, Ina, sê toe Nadia kleiner was, het dit haar soms gepla. “Sy wou partykeer weet hoe lank sy die gehoorapparaat sal moet dra. Nou pla dit haar glad nie meer nie.” Die gehoorapparaat is daarop ingestel om die naaste twee of drie stemme te hoor. Sy kan dus hoor as iemand naby haar praat, maar dit raak ’n probleem as daar ’n geroesemoes van klanke is. Wanneer haar onderwysers praat, maak hulle seker dat sy na hulle kyk sodat sy hul lippe kan lees. Met lippelees, is sy ’n voorslag. As hulle rugby op TV kyk en een van die spelers sê iets, vra pa Gerhard haar om te “vertaal” wat

die speler gesê het. En as ouboet Niel met haar baklei, skakel sy die gehoorapparaat net af en kyk weg . . . Die kinders by die skool speel ook graag ’n speletjie met haar waar hulle sag praat en sy dan hul lippe moet lees. Gerhard sê toe Nadia hoërskool toe moes gaan, was dit ’n moeilike besluit. Hulle het met Jeremy Hendricks, die hoof van Adamantia, gaan praat. Nadia wou baie graag soontoe gaan omdat dié skool ’n hotelskool het. “Hy het nie ’n oomblik gehuiwer nie. Sy is met ope arms verwelkom en is baie tuis laat voel,” sê Gerhard. “Al die onderwysers is oor haar probleem ingelig en hulle het nie een oomblik geskroom om haar te help nie.” Hy sê hulle woon elke jaar die oueraand by om met Nadia se nuwe onderwysers vir die jaar te gesels. Sy geniet veral toerisme en gasvryheidstudie. Sy moet nog besluit of sy ’n loopbaan in natuurbewaring of die kosbedryf gaan kies.

Enrolments for 2015 n n n n n n n n n n n n n

NOW open:

Hair Design Beauty Business Management Project Management Supply Chain Management Financial Accounting Office Admin/Secretarial IT Technician Computer Skills and ICDL A+ and N+ Pastel Accounting Photography Events Management

Full Time & Part Time Classes 13 Birbeck Ave, New Park, Kimberley 053-833 4205

Qualitas Kimberley

louis@qualitaskby.co.za

www.qualitaskby.co.za

28 FEBRUARIE ’n Markdag by die Hoffepark-klub. Kosstalletjies is beskikbaar. Die mark is van 08:00 tot 14:00. Tafels kos R60 elk. Bel Lia Coertz by 084-840-1189. 18 Maart Nataniël om 19:00 by die Hoërskool Diamantveld. Kaartjies kos R160. Bel Ina Olivier by 082-440-3303. ) As jy inligting oor markdae, sportgebeure of ander byeenkomste in Noordkaap wil plaas, e-pos na noordkaap@volksblad.com of SMS na 45533 vir gratis plasing. Begin SMS’e met “NK”. Gee besonderhede oor wat gebeur, wat dit kos en wie om te kontak.

Om aan ’n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP te behoort, is soos om aan ’n FAMILIE te behoort. In ‘n familie deel mense met mekaar. Dis iets wat AVBOB goed verstaan. Oor die afgelope sewe jaar het AVBOB meer as R 4,0 miljard in die vorm van spesiale bonusse en verbeterde GRATIS begrafnisvoordele aan sy polishouers toegeken. Die verbeterde begrafnisvoordele* sluit in: • ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing • GRATIS vervoer van die oorledene binne die landsgrense van Suid-Afrika Hoekom? Want AVBOB is ‘n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP, ‘n FAMILIE, en FAMILIE kom eerste. Altyd. Praat met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met al jou begrafnisversekering en begrafnisbehoeftes: Kimberley-tak Tiaan Honiball Dunellstraat 32, Kimberley Tel: (053) 832 7254

Postmasburg-tak Bernard Vance Tuinstraat 31, Postmasburg Tel: (053) 313 1362

Prieska-tak Judith Basson H/v Mark & Lootsstraat, Prieska Tel: (053) 353 1411

Colesburg-tak Deon van Vuuren Murraystraat 6, Colesberg Tel: (051) 753 0602

*Terme en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. VFD 20656. *Begrafnisvoordele vir polishouers is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer.

NOORDKAAP 1410034

X1PR7F05-NK180215


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 18 FEBRUARIE 2015

Gedenk gestorwenes

Gerugte doen skade

DIE afgelope twee of drie maande het Kimberley deurgeloop onder wat baie mense sekerlik as ’n misdaadvlaag sou bestempel. Steeds nog nie so erg soos dit waaraan mense in groot stede gewoond is nie, maar vir die inwoners van die normaalweg rustige Kimberley was dit wat gebeur het ’n groot skok. Die gevolg hiervan is ’n groter waaksaamheid onder inwoners, ’n groter betrokkenheid by bure en dit wat om hulle aangaan as wat in die verlede dikwels die geval was. Facebook en WhatsApp word onder meer hiervoor baie nuttig ingespan. Dit is egter ook noodsaaklik dat mense mekaar nie onnodig op hol moet jaag nie. In Facebook-groepe is in ’n stadium soveel boodskappe oor

DIE Cape Police Memorial in Belgrave Park in Belgravia was die eerste oorlogsmonu­ ment in Kimberley. Dit is op­ gerig ter ere van die lede van die Kaapse polisie wat tydens van die Beleg van Kimberley dood is, asook hul kollegas wat elders in die land in die Anglo­Boereoorlog dood is. Die gedenkteken dra die na­ me van 98 manne wat met onderskeiding in die onder­ skeie eenhede gedien het. Dit is op 17 April 1904 deur lt.kol. H.T. Tamplin, kroonaanklaer, onthul. Die gedenkteken is deur McDonald and Compa­ ny van Aberdeen in Skotland ontwerp en gemaak. Die ge­ stapelde gewere rondom die gedenkteken is deur Tarry and Company van Kimberley gemaak. Die kanon voor die monument is op 16 Februarie 1900, net ná die einde van die beleg, op Dronfield buite Kimberley gebuit. Die ge­ denkteken word nou aan drie kante deur ’n meenthuiskom­ pleks omring.

beweerde verdagte mense geplaas, dat ’n mens begin dink het omtrent elke mens in Kimberley voer iets in die mou. Dit is beter om oorversigtig eerder as agterlosig te wees. Maak eerder seker as dat jy later die gevolge moet dra. Dit is egter ook teenproduktief om valse gerugte te versprei en mense onnodig bang te praat. Die groot gevaar hiervan is dat mense weens te veel valse gerugte later niks meer ernstig opneem nie. Die ou verhaal van die skaapwagter wat een keer te veel wolf geskree het. Wees dus bedag op dit wat jy hoor en sien. Wees versigtig. Maar moenie bydra tot ’n atmosfeer van vrees deur vals en ongetoetste gerugte as die waarheid te versprei nie.

Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek

Anders wees, is ‘cool’ Hannes Nöeth HY is sewe jaar oud. Hy hakkel. Hy hakkel nie ’n bietjie nie. Hy hakkel lank en aanmekaar. As ek sê lank, dan bedoel ek laaaaank. Dit is juis hoekom ek en hy gesels. Die spraakterapeut het hom na my verwys. Die nuwe tegnologie het dit vir hom moontlik gemaak om met ’n apparaat makliker te praat. Selfs met die apparaat gaan dit maar moeilik. Ek en hy moet nou net so ’n bietjie gesels oor hoe hanteer ’n mens nou so ’n apparaat in jou dag-tot-dag-bestaan. Waar die woorde min is en stadig kom, maak sy persoonlikheid daarvoor op. Hy is nie skaam nie, hy het ’n warm hart. Soveel so dat ek hom vertel ek gaan ’n storie oor hom skryf. Dis reg ja, sê hy, maar dan moet ek skryf hy hakkel met sy mond maar sy kop hakkel nie. Netnou dink die mense dit is sy kop wat hakkel. As hy so aan die hakkel raak, kan jy maar sy woorde vir hom klaarmaak; hy laat hom nie van stryk bring nie; hy sal elkeen sê op sy tyd en wanneer hy dit uitkry. Hy gaan

hom nou nie laat afsit deur jou wat dink jy moet die woord vir hom klaarmaak nie. Sy onskuldige sewe jaar in hierdie wêreld het hom nog nie genoeg ontnugter dat sy hakkel hom terughou nie. Nee wat, hy hanteer dit so glad en mooi dat ek amper skaamkry om gladweg met hom te gesels. Dit is in ons tweede gesprek dat hy vir my sê hy het ’n groot vraag. Jy moet jou die gesprek nou indink – onthou, ek vertel dit oor met sy toestemming – Ddddddddddddddominee, hhhhhhhoekom lyk ons almal anders?” Die eerste twee woorde vat etlike sekondes, die laaste paar woorde glip by sy mond uit vinniger as die Gautrein. En daar kan ek hom nie antwoord nie. Met sy lang gepraat kom hy te vinnig op my af, hy vang my onkant. Dit is hy wat self antwoord. “Dit is so ccccoool om anders as ander te wees.”

Geniet en koester die lewe Karin Muller DAAR is min dinge wat jou met so ’n verslae naarheid op jou maag laat as wanneer jy by ’n vertrek instap waar daar onlangs ingebreek is. Dit is nie soseer die feit dat daar besittings weg is nie, maar die feit dat vreemde mense jou persoonlike ruimte sonder uitnodiging betree het en sonder respek daardeur gevroetel het, wat jou ontsenu. Of die verlies aan besittings opsigself nie erg genoeg is nie, is die verklarings, vingerafdrukke en versekeringseise wat daarop volg ’n tergende foltering. Emosies dreig om jou te oorweldig terwyl jy na die chaos staar wat voor jou afspeel. Woede, aggressie, skok en verwarring dreig om jou in ’n maalkolk van negatiwiteit te dompel. Jy wonder wie dit was, waarna hulle op soek was en of hulle gaan terugkom. Twyfel en vrees neem die oorhand, sleep jou deur slymerige moerasse totdat jy bedremmeld besef dat die misdadigers waarskynlik hiermee gaan wegkom. En dít wil jy nie hê nie. Jy soek vergelding.

Vergoeding. Geregtigheid. Jy besluit om volgende keer beter voorbereid te wees. Sekuriteit word opgeknap. Diefwering word verstewig. Slotte word versterk. Kosbaarhede word toegesluit. Tog gee dit jou nie volkome gemoedsrus nie. Maar terwyl jy verwese probeer om die vingerafdrukpoeier weg te was besef jy dat dit soveel erger kon gewees het. Die inbreker kon julle oorval het terwyl julle tuis was. Julle kon seergekry het. Of dood gewees het. Om positief te bly is soms moeilik. Dalk moet so ’n gebeurtenis ons juis aanspoor om die lewe te geniet en die tyd saam met ons geliefdes te koester. Om ons nuwe perspektief te gee op die verskil tussen lewe en besittings.


5 21852

NOORDKAAP, WOENSDAG 18 FEBRUARIE 2015

The Impossible DEALS

Finance made possible with

0% deposit

4 YEAR

5 YEAR

M{zd{ loyalty bonus announced

Finance made possible with 0% deposit

M{ZD{3

M{ZD{6 Inclusive of a 3-year Unlimited Service Plan.

YEAR

UNLIMITED WARRANTY

4 YEAR

YEAR

UNLIMITED

UNLIMITED

WARRANTY ON

WARRANTY

ALL PASSENGER CARS

Get to your nearest Mazda dealer now.

4 YEAR

UNLIMITED

WARRANTY ON ALL PASSENGER CARS

Get to your nearest Mazda dealer now.

To find a Mazda dealer near you go to www.mazda.co.za or contact 0860 069 700.


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 18 FEBRUARIE 2015

Intekenare kry inligting só VOLKSBLAD, moederkoerant van Noordkaap het ’n nuwe inbel-nommer vir sy

intekenare en voornemende intekenare. Die nommer wat jy nou kan skakel, is

087-740-1065. Intekenare kan rekeningnavrae rig deur die nommer te skakel. As jy op Volksblad wil inteken, kan jy ook hierdie nommer skakel vir meer inligting.

’n Pasella vir een wat logo vind RIKA CLOETE is vandeesweek die gelukkige wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se gewilde Soek-en-wen-kompetisie. Sy kan haar R200-geskenkbewys by die sentrumkantoor afhaal. Wanneer deelnemers hulle inskryf, moet hulle seker maak hulle gee die kompetisie-antwoord, die bladsynommer waarop die logo geplaas is, en hul naam en van. Sonder dié besonderhede kan deelnemers ongelukkig glad nie vir die prys in aanmerking kom nie. Die logo waarna lesers moet soek, is die een waarin ’n klein diamant is. Dit is nie die logo wat as deel van die Diamond Pavilion Shopping Mall se advertensie geplaas word nie. Kry volgende week se Noordkaap om aan die volgende ronde van die kompetisie deel te neem.

Collections company is looking for agents to work independently from home in Kimberley and surrounding areas. Telephonic collections and visitation of customers will be expected. Experience in collections will be an advantage. When applying, please confirm that you have access to: PC (fully PC literate), e-mail, telephone, internet and own transport with valid driver's licence. Remuneration commission-based. CV to: newapp@mweb.co.za If no response in 10 days, consider application unsuccessful. X1PQYV7D-NK180215

Operations Manager: Kimberley An exciting and challenging career opportunity exists for an Operations Manager to manage all technical building maintenance aspects of two retail shopping centres, situated in Kimberley & Kathu. A sound technical understanding of all general building maintenance function; electrical, plumbing, HVAC etc is essential. The ideal incumbent will also be responsible for overseeing the soft services; cleaning, security contracts and be responsible for managing budgets and contractor liaison. We seek an individual with strong leadership qualities, a self-starter who is deadline focused, results orientated and able to work under pressure. Kindly email a comprehensive CV to sstarr@broll.co.za. Applications will close on Wednesday, 25 February 2015.

GENERAL NOTICE

X1PQLK35-NK180215

INVITATION TO SUBMIT COMMENTS ON THE PROPOSED RE-DESIGNATION OF GALESHEWE BRANCH COURT AS A FULL SERVICES COURT (DETACHED COURT). The democratic dispensation inherited underdeveloped and poverty stricken rural and Black townships, where communities living in these areas did not enjoy equal benefit and protection of the law. In these areas, courts are either non-existent or where they do exist; they are under resourced or poorly equipped. Most of the courts in rural and former Black townships are not equipped to provide essential services such as child maintenance, protection orders, and or legal remedy to any civil dispute. As a result of these limited services, people had to travel long distances to access other services such as civil matters. The programme of re-designating branch courts into full services courts entails the upgrading of the physical court infrastructure, increasing human resource capacity, describing specific areas of jurisdiction of the court, increasing their jurisdiction to provide services they were historically not designed to provide, and proclaiming the new courts as Detached Courts (sub-district). This initiative is aimed at bringing more services to the people and enables the courts to deal with issues that directly affect communities. The process of upgrading branch courts and converting them into full services’ courts seeks to reduce travelling costs and time in the spirit of bringing justice closer to the people.

The Galeshewe Branch Court building was completed in 2009 and commenced with rendering services with effect from 2/01/2010. The court currently renders all services. Services relating to family court matters are also provided. To his end, the DoJ&CD is desirous of converting the Galeshewe Branch Court into a stand-alone court with its own area of jurisdiction with effect from 1 April 2015. Therefore pursuant to resolutions taken by the Northern Cape Regional Coordinating Committee consisting of various stakeholders in the justice system on 8 December 2014 the maps above depicting a proposed area of exclusive jurisdiction for the “Magistrate Court Galeshewe” is hereby publish for public comments, inputs and objections on or before 21 February 2015. Comments can be directed to: The Regional Head, DoJ&CD, Kimberley, Private Bag X 6106, Kimberley, 8300. Telephone enquiries may be directed to: The Director, Legal Administration @ 053-802 1338/053-802 1300.

X1PQAXND-NK180215

The leaders in accredited SHEQ training. All our courses are Nationally/ Internationally accredited.(Full Time/Distance Learning) Certificates & Diplomas: ( Mining & Industrial) COMSOC® level 1, 2 & 3 courses Safety (SHEQ) Officers level 1 ,2 & 3 courses Risk Management Legal responsibility (MHSA & OHSA) ICAM Courses OSHAS 18001 Environmental Management Course (ISO 14001, NEMA, MPRDA) NEW NEBOSH International General Certificate-Full Time National Certificate: Occupational Health, Safety & Environment120 Credits UPCOMING EVENTS • Safety Officers 1 Full Time Course: 16 – 27 March 2015 • NEBOSH IGC Full Time Course: 18 May - 3 June 2015 RUSTENBURG VENUE: SPECIAL: Safety Officers 2 Full Time Course: 16th – 27th March 2015 Contact our client services department for enquiries / Course Schedule: 018 786 4300 / 018 786 2812 (8h00 – 16h00) 072 104 8731 / 072 768 5165 (8h00 – 16h00) Or visit us at www.skillfull29.co.za / www.minesafetytraining.co.za

X1PQLK69-NK180215


NOORDKAAP, WOENSDAG 18 FEBRUARIE 2015

PERSOONLIKE DIENSTE

ALGEMENE & HUISDIENSTE

LENINGS

ALLERLEI 1445

7

1845

PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194.

TE KOOP

SNUFFELS 1630

NC POOLS AND THATCH ROOFS. 082 482 4634 January special 4x3 pool plus 4x4 lapa R28 000 5x3 pool plus 5x5 lapa R32 000 6x4 pool plus 7x4 lapa R36 000 8x4 lapa plus 8x5 lapa R49 000 ALLERLEI 1655

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

X1PQLK9D-NK180215

Building a world-class diamond group Kimberley Underground Mines JV

Kimberley Underground Mines JV is situated in the city of Kimberley in the Northern Cape. The Mine consists of 3 conventional slushier drift block cave mines.

Diamond Sorter Task and responsibilities: • Perform tasks related to rough sorting • Be responsible for sorting diamonds • Receive and keep the concentrate diamond safe from the operations • Put concentrate diamonds into sifts to sort one at a time • Dispatch the diamonds to the shuttle system to send it to the Grading Department • Use diamond tester to ensure it is a diamond • Maintain and care for assets • Conduct general administration tasks. Minimum requirements: • Grade 12 • Diamond sorter experience up to 6 months • Computer literate. Other skills/competencies: • Ability to distinguish the difference between a crystal and a diamond • Attention to detail person • Trustworthy, assertive person • Good communication skills. (Ref. DSOR03) Kimberley Underground Mines JV is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Frances Baard District Municipality (proof of residence may be requested). Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID to kum-recruitment1@petradiamonds.com or fax: 086 5281 527 by 27 February 2015. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. Please note that Petra Diamonds does not at any time require any form of payment for recruitment purposes. If you are approached in this regard, you should report the incident immediately via one of the following hotlines: South Africa 0800 22 22 00 (toll-free from an RSA landline) or international +27 12 305-2711. http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za

Human Communications 116194

B E T R E K K I N G S

VACANCIES FOR THE GRADUATE INTERNSHIP PROGRAMME The Department of Social Development in the Northern Cape Province is offering an internship for unemployed graduates for a period of 12 months. Position

Community Development Practitioner (Ref. Com Dev/01) Minimum • A relevant/appropriate Bachelor’s degree in Requirements Community Development • Computer literacy • A driver’s licence will serve as an added advantage Centre John Taolo Gaetsewe (7): Kathu; Dibeng; Dingleton; Olifantshoek; Mothibistad; Joe Morolong Pixley Ka Seme (1): Britstown ZF Mcgawu (9): Askham; Rietfontein; Posmasburg; Danielskuil; Groblershoop; Upington; Keimoes; Kakamas; Kenhardt Frances Baard (10): Warrenton; Jan Kemdorp; Hartswater; Pampierstad; Kimberley

Finance Practitioner (Ref. Fin Ser/02) • A Bachelor’s degree/National Diploma in Finance or equivalent qualification • Computer literacy District Offices (IFM): Kuruman (2); De Aar (2); Kimberley (3); Springbok (1); Upington (2) Provincial Office (Finance): Kimberley (3) District Offices (Finance): Kimberley (1); Kuruman (1); Upington (1); Springbok (1); De Aar (1)

NOTE: Applications must be submitted on form Z83 (stating the relevant reference number), obtainable from any Public Service department, stating the field in which the candidate is applying. A CV with recently certified copies of certificates, academic transcripts and Identity Document and driver’s licence (strongly recommended) must be attached. All applications, including those submitted via registered mail must reach the Department before 16:00 on the day of the closing date. Incomplete, faxed or e-mailed applications, or applications received after the closing date will be disqualified. Due to the large volume of responses anticipated, receipt of application will not be acknowledged and correspondence will be limited to short-listed candidates only. Persons with disabilities are encouraged to apply. Applications must be posted or delivered to: John Taolo Gaetsewe Office: The District Director, Department of Social Development, Private Bag X556, Kuruman 8460 or Summerdown Building, Voortrekker Street, Kuruman Enquiries: Ms L Hebe, tel. (053) 712-1549 Pixley Ka Seme Office: The District Director, Department of Social Development, Private Bag X1001, De Aar 7000 or Orion Hostel, Alpha Street, De Aar Enquiries: Mr D Qoba, tel. (053) 632-7600 ZF Mcgawu Office: The District Director, Department of Social Development, Private Bag X5892, Upington 8801 or Old Sanatorium Building, Clarkia Road, Progress, Upington Enquiries: Mr L Solomon, tel. (054) 337-9400 Frances Baard Office: The District Director, Department of Social Development, Private Bag X5063, Kimberley 8300 or cnr Duncan and Tyburn Streets, Kimberley Enquiries: Mr P Pampier, tel. (053) 807-5900 Namakwa Office: The District Director, Department of Social Development, Private Bag X11, Springbok 8420 or Van Riebeeck Street, Springbok Enquiries: Mr N Van Wyk, tel. (027) 712-2054 Provincial Office: The HRD Office, Department of Social Development, Private Bag X5042 Kimberley 8300 or 5th Floor, Du Toitspan Building, Du Toitspan Road, Kimberley Enquiries: Mr A Keet, tel. (053) 831-4041 Short-listed candidates will be required to attend interviews to determine their suitability. If you are not contacted within 5 weeks of the closing date, consider your application unsuccessful. Closing date: 27 February 2015

Northern Cape Provincial Government Human Communications 116081

AIDS HELPLINE 0800-012-322


NOORDKAAP, WOENSDAG 18 FEBRUARIE 2015

DEBT?

Sport Die Diamantstad se koerant

Tel: 053-861 5200 Fax: 053-861 5201 X1PPCXWX-NK180215

Diamonds wys hakke André Botha DIE Hoërskool Diamantveld het sy heerskappy op die atletiekbaan bevestig toe hy Saterdag (14/02) die top20-atletiekbyeekoms in Hartswater die derde agtereenvolgende jaar gewen het. Altesaam 28 skole het aan die byeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms word reeds sowat 30 jaar deur die Hoërskool Hartswater aangebied. Diamantveld, wat met ’n A-span,

asook ’n B-span, deelgeneem het, se A-span het 28 289 punte behaal om as wenspan aangewys te word. Dit is ’n gemiddeld van 707 punte per nommer. Atlete van die skool het 16 goue, 16 silwer- en vier bronsmedaljes gekry. Bethanie du Raan het die byeenkomsrekord vir meisies o.19 verbeter en Riaan de Klerk het die 300 m-hekkies vir seuns o.15 in ’n rekordtyd gewen. Ruan Willemse is as die beste baanatleet vir seuns o.19 aangewys,

en Denecke Prinsloo was die beste veldatleet vir meisies o.17. Die Hoërskool Noord-Kaap het ook sy stem dik gemaak met sy seunsaflosspan wat ’n hoogtepunt gelewer het met ’n rekord wat verbeter is. Noord-Kaap se atlete het agt goue, ses silwer- en vyf bronsmedaljes gewen. Sy aflosspan, Zayne Farmer, Wilfred Bowers, Cameron Hufke en Christopher Andrews, het die aflos vir seuns o.19 in ’n rekordtyd van 43.31 afgeblits.

DIAMANTVELD se top20­atletiekspan wat die naweek weer koning gekraai het. Van links is, voor: Zeane Kruger, Denecke Prinsloo, Adel Vermeulen, Beatha Groene­ wald, Anchen Janse van Vuuren en Jean­ Marie Vermeulen; middel: Nico Roets, Janke Steenkamp, Mari­Nel Roets, Be­ thanie du Raan, Marmari Pienaar, Dedré Botes, Helé Wansbury en Dréan du Plessis; agter: Riaan de Klerk, Be­ nu Meintjes, Glen Nieuwoudt, Dean Prins, Ruan Willem­ se en Phurnel Swarts.

DIE Hoërskool Noord­Kaap se o.19­seunsaflosspan wat ’n rekord op die top20­atletiekby­ eenkoms verbeter het. Van links is Christopher Andrews, Cameron Hufke, Wilfred Bowers en Zayne Farmer. Foto’s: Verskaf

Blink jy uit in sport? BENOEMINGS vir SuperSport se Let’s Play-sportster van die Maand kan nou na supersport@zpr.co.za gestuur word of faks dit na 086-552-4922. Dit is ’n maandelikse kompetisie wat vir enigiemand tussen die ouderdomme van 6 tot 18 jaar oop is. Jy kan jouself benoem of deur ’n vriend, onderwyser of selfs jou afrigter benoem word. Die wenner word op ’n maandelikse grondslag gekies uit al die benoemings wat ontvang word. Jou benoeming moet bestaan uit jou naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) oor wat jy op sportgebied bereik het asook jou kontakbesonderhede. Vir meer inligting, kontak vir Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.

BURGERS Equipment and Spares

Only R57,00 Reg No: NCRDC1982

JJM DEBT COUNSELLORS cc 57 Du Toitspan Road, Kimberley Tel. 053 831 7519 E-mail: info@jjmdebt.co.za

X1PPW2M1-NK180215

www.noordkaap.co.za

12A Schmidtsdrift Road, Kimberley

We reduce the payments on your home. Reduce instalments on your car. Pay accounts on your behalf.

nuus besoek

Serving all your equipment hire needs

Vir meer foto’s en

8

Phone: Jeannette (053) 832 8577

Highly recommended X1PR6XRD-NK180215

Tel. 053 591 0059 Sel 071 683 7175

Gratis aflewering Woensdae, Donderdae en Vrydae in Kimberley!

SPECIAL

Lammers heel / half . . . . . . . . . . R 55,95 /kg Maalvleis . . . . . . . . . . . . . . . . . . R 44,95 /kg Plaas Hoenders . . . . . . . . . . . . . R 29,95 /kg Lams Boud heel / tjops. . . . . . . . R 79,95 /kg Pa es 100g elk. . . . . . . . . . . . . . R 5,00 elk (Bees-, Kaas-, Sampioen Pa es) X1PPKCVK-NK180215

2011 CHEVROLET OPTRA 1.6 Sedan 36 000 km

2011 FORD FIESTA 1.4 TREND 88 000 km

2005 BMW 320i 117 200 km

R107 900

R117 900

R107 900

2010 Renault Sandero 1.6 United 59 400 km

2010 Mazda 2 Active 1.3 145 000 km

2014 Ford Figo 1.4 Ambiente 24 020 km

R99 900

R99 900

2013 Kia Rio 1.4 27 750 km

2014 Ford Ecosport 1.0 Ecoboost Trend 31 750 km

2009 Hyundai I20 1.4 97 550 km

R154 900

R214 900

R119 900

2012 CHEVROLET UTILITY 1.4 Club 50 000 km

2009 Mecedes-Benz C300 Elegance A/T 108 920 km

2004 Mercedes-Benz C180, Classic Man 200 000km

R124 900

R229 900

R79 900

2012 Ford Ranger 2.2 TDCI,XLS, Single Cab 135 700 km

2011 Ford Bantam 1.6XLT 74 800 km

2012 Ford Ranger 2.2 TDCi XL Super Cab 82 365 km

R179 900

R122 900

R224 900

3 demo’s

R118 900

Tough World. Tough Equipment.

Hennie Vos 082 820 8959 KEEP CAPITAL IN YOUR BUSINESS Buy earth moving machines now with ZERO Deposit on a 60 month rental.

Desmond Madella 073 117 3620

HUMAN AUTO

QUALITY APPROVED

Used Vehicles

Juaan Myburgh 082 709 2022 Jacques van Tonder 084 912 9245 Robbie van Heerden 072 489 9555

56 STOCKDALESTRAAT, KBY | Tel. 053 831 3661 kimhuman@intekom.co.za

Central SA

2 jaar waarborg by alle voertuie ingesluit of surplus van fabrieks waarborg

Northern Cape/Free State/North West

E-mail: jvt@jvt.co.za, www.lgnc.co.za X1PPR9UE-NK180215

X1PPCWQF-NK180215


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.