rudidreyer@mailbox.co.za
Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 18 Maart 2015
Gennix Proper es (Pty) Ltd (Licenced Trellidor Franchise) X1PVGVWR-NK180315
www.noordkaap.co.za
GRATIS
NK ‘vol geleenthede’
Nokki-president positief oor toekoms van provinsie André Botha
NEIL DE KLERK, herkose president van die NoordKaapse Kamer van Koophandel en Indus trie (Nokki), praat oor die organisasie se rol en Kimberley en die NoordKaap se ekonomiese vooruitsigte. Foto: Emile Hendricks
DIE Noord-Kaap is nou die plek om te wees vir sakegeleenthede, sê Neil de Klerk, wat pas herkies is tot president van die NoordKaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki). Dit is De Klerk se tweede termyn in dié amp. Hy sê die Noord-Kaap is vir die nasionale regering belangrik in terme van die potensiaal van die provinsie. Dit blyk as ’n mens kyk na alles wat in die provinsie aan die gebeur is. Daar is hernubare energie, landbouontwikkeling, mynbou wat sterk gevestig is, toerismepotensiaal en die wildbedryf wat vinnig in die provinsie groei. Beperkte misdaad is ook ’n voordeel. Daar is egter ook uitdagings vir die sakesektor, soos infrastruktuur wat ’n frustrasie is, probleme soos paaie, water en elektrisiteit. “Dit beteken nie dat ons nie weet dat die regering iets daaromtrent doen nie. Daar het agterstande ontstaan, maar daar word daaraan gewerk. Dit maak egter nie die frustrasie minder nie. Die inhaalproses moet versnel word.” Hy wys daarop dat Eskom in die NoordKaap byvoorbeeld baie vermag. “Eskom in die Noord-Kaap vaar uitstekend. Die huidige uitdagings is nie onder sy beheer nie. “Danksy goeie verspreidingsinfrastruktuur kan Eskom in die provinsie krag versprei as die opwekking van krag doeltreffend gedoen word.” De Klerk sê Nokki is een van die sterker sakekamers in die land in terme van die prestasies wat hy behaal. “My groot fokus as president sal wees om beter belyning te kry tussen die sakesektor en die regering. Ons doelwitte verskil nie noodwendig soveel soos wat mense dink nie. “Ek dink dit is Nokki se verantwoordelikheid om verhoudinge met die regering te bou.” Die sakesektor kan dan help om die regering se uitdagings op te los, kwessies soos werkloosheid en dan maatskaplike probleme. Die toets vir goeie verhoudinge tussen die sakesektor en die regering is of dit lei tot besluitneming wat tot voordeel van albei is.
BALANCING • BATTERIES • BRAKES
“Ons wil nie net terugsit en klippe gooi nie. Ons wil bydra tot ’n omgewing waarin investering gelok kan word.” De Klerk sê daar is ’n behoefte aan ’n sakeorganisasie wat die hele Noord-Kaap verteenwoordig. Die regering wil met een liggaam praat. Nokki was in gesprek met verskeie groepe, maar die gesprekke vorder moeilik. Die organisasie se bestuur het besluit dat Nokki geposisioneer moet wees om die Noord-Kaap te verteenwoordig, nie net Kimberley nie. Maatskappye wat provinsiaal sake doen, soos GWK en Kumba, word betrek. Deur die nasionale sambreelliggaam, die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Industrie (Sakki), was dit al vir Nokki moontlik om met iemand soos Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, te praat oor Noord-Kaapse aangeleenthede. Baie moeite word gedoen om die verwantskap met Sakki uit te bou. Deur Sakki word met die nasionale regering gepraat. Die Sol Plaatje-universiteit is ’n bate vir Kimberley, en Nokki hoop dat dit uitgebou sal word om sy doelwitte te bereik. Uitdagings in die stad is elektrisiteitsvoorsiening vir verdere uitbreidings. Watervoorsiening is ook ’n uitdaging. Vervaardigingsondernemings moet gelok word om meer werksgeleenthede te skep. Daar moet ’n poging wees om bestaande ondernemings in dié sektor in die stad te ondersteun om uit te brei en te groei. “Daar is uitdagings, maar ons moet potensiaal raaksien en nie in uitdagings verstrengel raak nie. Hier is ongelooflike geleenthede. “Maatskappye met hoofkantore hier sal in enige ander plek suksesvol wees. Hier is meer en groter leierskap in die regering én die private sektor as wat ’n mens dink.” ) Lees ook berig op bl. 2.
TYRE SPECIALS
TYRES • ALIGNMENT • MAG WHEELS EXHAUSTS • SHOCKS • SUSPENSION
‘Daar is uitdagings, maar ons moet potensiaal raak sien en nie in uitdagings ver strengel raak nie. Hier is on gelooflike geleenthede.’ – Neil de Klerk
TYRES, FITMENT, CHECK
175/65R14
14 Long Street - Tel: 053 832 3706
FROM
R500.00
Matador T
X1PTVYVP-NK180315
X1PVQ1B5-NK180315
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 MAART 2015
Neil ingegrawe in NK-grond André Botha DIT was ’n lang pad wat Neil de Klerk, herkose president van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) gestap het: van jong student wat vakansietye in Volksblad, moederkoerant van Noordkaap, se nagkantoor gewerk het tot GWK se uitvoerende hoofbestuurder vir korporatiewe bemarking. De Klerk het in Bloemfontein grootgeword waar hy aan Grey-kollege gematrikuleer het. Daarna was hy ’n student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Die eerste graad is deur nog gevolg, en vandag spog hy ook met ’n MBA. Die joernalistiek-gogga het vroeg gebyt, en hy het as student vakansietye in Volksblad se nagkantoor gewerk. As heeltydse joernalis by die koerant het hy onder meer die koerant se Bethlehem-kantoor beman, maar die bestuurskant van die koerant het geprikkel. Daarna het verskeie bestuurs-
poste in Media24 gevolg, en op 27 was hy nasionale bemarkingsbestuurder van Media24 se koerante. In 2011 is hy GWK toe, eers in Douglas en sedert Desember 2013 in Kimberley. Hy en sy vrou, Mandy, ’n modeontwerper, het twee kinders. Natascha (15) is ’n leerling aan die Hoërskool Diamantveld en Juandré (12) is in die Laerskool Newton. Ondanks sy Bloemfontein-bande is De Klerk ’n geesdriftige Griekwa-ondersteuner, die span waarvan GWK die afgelope paar jaar die hoofborg was. En sy wortels is nou diep in die Noord-Kaapse grond. “As ek weg was en ek kom terug Noord-Kaap toe, voel dit vir my asof ek huis toe kom. Die Noord-Kaap groei op ’n mens.” Hy hou van die buitelewe, en sy Amarok-bakkie is dus nie verniet sy gunsteling-besitting nie. En die beste ding omtrent die Noord-Kaap? Swarthaakdoringhout vir braai . . .
2 Turner Road | Kimberley 8301 | PO Box 840 | Kimberley 8300 Tel. 053 833 5303 | Fax 053 832 3422 | Cell 083 406 0889 www.sealingsolutions.co.za | Sales@sealingsolutions.co.za
Vaar goed op olimpiade DIÉ leerlinge van die Hoërskool Diamantveld het deurgedring na die tweede ronde van die Harmonywiskunde olimpiade. Van links is, voor: Geralise Viljoen, Judith Hauptflesch, Tharien van der Walt en Lodewyk Roux; middel: Alecia Brits, Carel Pretorius, Danielle Beetge, Janelle Badenhorst, Ayla van der Merwe, Janneke Pienaar en Franco van Niekerk; agter: Tiaan Zandberg, Stefan du Plessis, Wicus van der Westhuizen, Gert Duvenhage, Joshua Henri, Marmari Pienaar, Lourens van Niekerk en Gawie Redelinghuis. Afwesig: Paul Henri
VYF tennisspanne van die Hoërskool Diamantveld het aan die Hoërskool Fichardtpark se sportdag deelgeneem. Die senior meisiespan het die toernooi vir eerste spanne gewen (17 spanne het deelgeneem) deur af te reken met onder meer die Hoër Meisieskool Oranje, Hoërskool Eunice en die Hoërskool Union. Die junior meisies het die toernooi vir tweede spanne gewen (waaraan ook 17 spanne deelgeneem het) en ook afgereken met onder meer Eunice, die Hoërskole Sentraal en Fichardtpark. Die eerste en tweede seunspanne was in albei hul groepe onoorwonne. Die eindronde het egter uitgereën en die louere is gedeel – hoewel albei Diamantveld se spanne die meeste potte behaal het (18 spanne het deelgeneem). Van links is, voor: Kiara Wakeford en Ané Badenhorst; agter: Michaela Beukes, Danelle Jacobs, Helé de Jager, Marna Swiegers, Anja Lubbe en Micke Engelbrecht.
STEEL PIPES AND FITTINGS BOLTS AND NUTS VALVES BIANCA BRITZ en Lihan Viljoen van die Hoërskool Noord Kaap het goed op die NoordKaapse atletiekkampioenskap in Upington gepresteer. Lihan het ’n goue medalje in die ge wigstoot gewen en is as senior veldatleet van die dag aange wys. Bianca het ’n goue medalje in die spiesgooi gewen. Albei is in die NoordKaapse atletiekspan ingesluit wat aan die SuidAfrikaanse kampioenskap gaan deelneem.
The Only Solution for you VAT 4640188118
X1PT1A50-NK180315
Om aan ’n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP te behoort, is soos om aan ’n FAMILIE te behoort. In ‘n familie deel mense met mekaar. Dis iets wat AVBOB goed verstaan. Oor die afgelope sewe jaar het AVBOB meer as R 4,0 miljard in die vorm van spesiale bonusse en verbeterde GRATIS begrafnisvoordele aan sy polishouers toegeken. Die verbeterde begrafnisvoordele* sluit in: • ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing • GRATIS vervoer van die oorledene binne die landsgrense van Suid-Afrika Hoekom? Want AVBOB is ‘n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP, ‘n FAMILIE, en FAMILIE kom eerste. Altyd. Praat met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met al jou begrafnisversekering en begrafnisbehoeftes: Kimberley-tak Tiaan Honiball Dunellstraat 32, Kimberley Tel: (053) 832 7254
Postmasburg-tak Bernard Vance Tuinstraat 31, Postmasburg Tel: (053) 313 1362
Prieska-tak Judith Basson H/v Mark & Lootsstraat, Prieska Tel: (053) 353 1411
Colesburg-tak Deon van Vuuren Murraystraat 6, Colesberg Tel: (051) 753 0602
*Terme en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. VFD 20656. *Begrafnisvoordele vir polishouers is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer.
NOORDKAAP 1410034
X1PVCBDH-NK180315
Hier is wenner JOHN SCOTT is vandeesweek die gelukkige wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se gewilde soek-en-wen-kompetisie. Jy kan jou R200-geskenkbewys by die sentrumkantoor afhaal. Wanneer deelnemers hulle inskryf, moet hulle seker maak hulle gee die kompetisie-antwoord, die bladsynommer waarop die logo geplaas is en hul naam en van. Kry volgende week se Noordkaap om aan die volgende ronde van die kompetisie deel te neem.
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 MAART 2015
3
Kgalagadi bied unieke bekoring André Botha DIE Kgalagadi-oorgrenspark is groter as talle lande, en is die tuiste van ’n groot verskeidenheid diere, van leeus tot goggatjies wat onder die sand wegkruip. Die park, een van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se kroonjuwele, bied ’n geleentheid aan Suid-Afrikaners waarvoor baie buitelanders bereid is om báie geld te betaal. Dit is die geleentheid om die diereryk in sy ongerepte toestand van naderby te leer ken. Mense assosieer die park gewoonlik met die Kalahari-leeus, luiperds, jagluiperds, gemsbokke, massiewe troppe wildebeeste, springbokke en kameelperde. Maar daar is ook kleiner diere, soos die parmantige meerkatte wat al wêreldroem verwerf het. En dan die ryk voëllewe, soos die versamelvoëls met hul yslike “woonstelle” in bome, valke, arende en aasvoëls. Die Kgalagadi-oorgrenspark is in 2000 geopen toe Suid-Afrika se Kalahari-gemsbokpark en Botswana se Gemsbok- Nasionale Park saamgevoeg is. Dit beslaan 38 000 km². Twee van die drie Kalahari-ekosisteme word hier aangetref. Die suidwestelike deel bestaan uit duineveld met sy unieke semi-woestyn-plantegroei, terwyl die noordelike gedeelte Kalahari-doringveld het. Die park bied ’n wye verskeidenheid aktiwiteite. Vir diegene wat nie self wil rondry nie, word begeleide sononder-ritte aangebied. Dit bied die geleentheid om te sien hoe die warm Kalahari-sand lewe kry totdat in die donker na die kamp teruggekeer word. Middernag-ritte word ook aangebied vir ’n ander blik op die park. Begeleide voldag-toere is ook beskikbaar. ’n Veldgids stap saam vir diegene wat graag ’n vroegoggend-uitstappie wil doen. Eienaars van viertrekvoertuie kry ook oorgenoeg geleentheid om die park te verken. Aan die Botswana-kant is daar die Kaa-, Polentswa- en Mabuasehube-roetes. In Suid-Afrika is daar die Nossob 4x4 Eco-trail, ’n uitstappie van vier dae en drie nagte met ’n gids wat saamgaan. Daar is ook die Leeuwdril-4x4-roete oor 13,2 km. Vir die stappers is daar die !Xerry-wildernis-staproete. Dit vertrek elke Woensdag van April tot Oktober uit Nossob, en daar word Vrydae teruggekeer. Eie tente, kos en water moet voorsien word. Die stappers word met hul voorraad na die !Xerry-boskamp gebring waar hulle twee nagte oorslaap. ’n Gewapende en ervare gids gaan saam om te verseker dat die stappers niks misloop nie. Twee Rivieren, waar die wenners van ons kompetisie sal oornag, is die grootste ruskamp in die park. Dit is net binne die hoofingang van die park. Dit bestaan uit lugversorgde chalets, ’n kampeerterrein (die grootste in die park), ’n inligtingsentrum, ’n restaurant (die enigste in die park), en ’n winkel met basiese kosvoorraad, asook boeke en aandenkings. ’n Swembad is vir die kamp se inwoners beskikbaar. Dit is die enigste kamp met elektrisiteit vir 24 uur per dag en selfoonopvangs. Petrol en diesel is beskikbaar. Die Mata-Mata-kamp is op die Namibiese grens. Dit is onlangs verbeter. Die kamp het 15 chalets, en ’n kampeerterrein. Nossob het 18 chalets en ’n kampeerterrein, met ’n winkel wat net in die mees basiese behoeftes voorsien. !Xaus Lodge het 24 beddens beskikbaar, twee per kamer, terwyl Gharagab vier chalets het. Laasgenoemde kan net met viertrekvoertuie bereik word. Die Grootkolk-wilderniskamp, met vier chalets, kan met tweetrekvoertuie bereik word. Kieliekrankie is op een van die hoogste duine in die Kalahari. In Urikaruus, met vier chalets, kan mense moontlik troppe springbokke, wildebeeste, kameelperde, leeus of selfs jagluiperds sien sonder om die kamp te verlaat. Dan is daar ook die Kalahari-tentkamp, die grootste van die wilderniskampe. Daar is 15 eenhede. Bitterpan is net per viertrekvoertuig bereikbaar, en koppel die Nossob-rivier met die Auob-rivier.
’n TONEEL wat min mense beskore is. Twee jagluiperds draf weg met hul prooi in die Kgalagadioorgrenspark, Foto: André Marais
TROPPE gemsbokke is in die Kgalagadioor grenspark te sien. Foto: Ilse Watson
SMS en wen naweek se verblyf in park EEN baie gelukkige leser van Noordkaap en Kalahari Bulletin kan ’n naweek vir vier mense in die Kgalagadi-oorgrenspark wen. Dit sluit slegs verblyf in, en moet in April of Mei geneem word.
Om te wen is eenvoudig. Antwoord net dié maklike vraag: Wat is die afkorting vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke? SMS dan jou naam, telefoonnommer en die antwoord na 45527.
Die kompetisielyn open op Woensdag 18 Maart om 08:00, en is oop tot Maandag 23 Maart om 10:00. Die gelukkige wenner sal in Noordkaap en Kalahari Bulletin aangekondig word.
“Just sor ng out that paperwork boss!”
Keep an eye on what ma ers most Whether you’re keeping an eye on office supplies or just checking up on staff, Guardian Eye Lite, from Vox Telecom, is a Wi-Fi enabled IP camera that is affordable and easy to set up. It can be used as a home or business monitoring device and also offers auto-networking and secure authen ca on. View live footage, day or night, directly from your smart device or computer, get push no fica ons when there’s movement, take snapshots, ward off intruders, and even remotely ac vate an alarm.
DAAR is oorgenoeg onnutsige meerkatte in die Kgalagadioorgrenspark te sien.
Foto: Anena Burger
For more informa on, contact Jeanine Roux on 071 962 7571 or jeaniner@voxtelecom.co.za X1PVHVQH-NK180315
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 MAART 2015
Moenie onnodig kritiek lewer IN hierdie uitgawe van Noordkaap maak Neil de Klerk, herverkose president van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki), die stelling “ons wil nie net terugsit en klippe gooi nie”. Hy verwys spesifiek na Nokki se rol, maar dit is ’n benadering wat deur almal van ons gevolg moet word. Op Facebook-groepe word dikwels skerp kritiek uitgespreek oor die werkinge van die provinsiale en plaaslike regerings, en ook dinge wat in private ondernemings gebeur, spesifiek wat dienslewering betref. Die kritiek is dikwels geregverdig. Die Noord-Kaapse regering, asook die Sol Plaatje-munisipaliteit, maak foute, maak partykeer droog (te dikwels na baie mense se sin) en is nie altyd flink en vriendelik met dienslewering nie. Net so is daar talle sakeondernemings wat moet werk aan hul dienslewering. Dienslewering moet soms ’n vriendelike glimlag insluit. Maar ’n mens moet versigtig wees om sommer net te kritiseer. Daar is dikwels redes waarom oënskynlik swak diens gelewer word. As ’n mens die redes verstaan, besef jy dat dit nie bloot slapheid is nie, maar omstandighede buite die betrokkenes se beheer. ’n Waterpyp wat iewers breek, kan nie altyd sommer vinnig reggemaak word nie. Daar kan oponthoude wees wat niemand
se skuld is nie. Met die onlangse storm in die Diamantstad was daar meestal nogal eensgesindheid onder inwoners dat die munisipaliteit die krisissituasies wat daaruit gespruit het, knap en flink gehanteer het. Aan die een kant het die munisipaliteit daarmee aan inwoners gewys hulle kán. En ’n standaard gestel waarby gehou moet word. Dit is wat inwoners van hulle kán en móét verwag. Aan die ander kant het dit ook aan inwoners gewys dat dit nie noodwendig altyd die munisipaliteit se skuld is as dinge skeefloop nie. Daar is egter ’n ander aspek van kritiek waarvan mense hulself moet probeer weerhou, al is dit hoe geregverdig dat kritiek uitgespreek word. Om die werknemers van die munisipaliteit of ’n private onderneming persoonlik te beledig, of almal oor dieselfde kam te skeer, is nie regverdig nie. Daar is vrot appels oral, maar gee krediet aan diegene wat hul kant bring. En van hulle is daar ook baie – in die munisipaliteit, in die polisie en in die private sektor. Maak seker dat jou kritiek geregverdig is, en dat dit gemik is teen dié wat dit werklik verdien. Nie op die onskuldiges wat hard probeer nie.
Ionize Technology in partnership with the Department of Labour–UIF, Nashua and MICT Seta request your company's urgent participation in hosting our learners for 6 (six) months. The learners are currently completing an End-User Computing Learnership (NQF 3) course and are required to do experiential learning at a workplace in order for them to complete their qualification. The placement will start on the 1st April 2015 until 30 September 2015.
Herdenk gesneuweldes DIE senotaaf in Dutoitspanweg is opgerig om eer te bring aan manne van Kimberley wat in konflikte sedert die Eerste Wêreldoorlog dood is. Die oprigting van die seno taaf is die eerste keer in 1919 bespreek, maar die besluit om dit op te rig is eers in 1926 geneem. William M. Timlin, ’n Kimberleyse argitek, het die ontwerp gedoen, en dit is deur Peter Dewar, ’n Kimberleyse boukontrakteur, opgerig. Die senotaaf is op 15 Julie 1928 amptelik onthul deur vier vroue wat óf ’n man óf ’n seun in die Eerste Wêreldoorlog verloor het. ’n Vreemde aspek van die senotaaf is dat die datums vir die “Great War”, soos wat op die inskripsie na die Eerste Wêreldoorlog verwys word, aangegee word as 19141919, terwyl die oorlog reeds in November 1918 geëin dig het. Dit is moontlik omdat die vredesverdrag eers in 1919 onderteken is. Ná die Tweede Wêreldoorlog is die jaartalle 19391945 bygevoeg. Die name van soldate wat in dié oorlog dood is, is ook bygevoeg. ’n SesduimHowitzerkanon by die Square Hill Memorial wat in die Eerste Wêreldoorlog in ’n geveg teen Turkse magte in Palesti na deur die Kaapse Korps gebuit is, is op 21 September 1997 na die senotaaf verskuif. Dit was voorheen op ’n perseel langs Eriksen’s Ford. Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
Verandering in oogwink Hannes Nöeth EK is besig om ’n Twyfelhoekie oor ’n heel vreemde onderwerp te skryf toe ek uit alle oorde hoor: Kimberley spoel weg. Kort ná die boodskappe kom die foto’s. Foto’s met tonele wat vreemd is om te sien – met ons wegtrek uit Kimberley ’n bietjie meer as ’n jaar gelede was die Noord-Kaap kenmerkend erg warm, baie droog en kliphard gebak. Om ’n prentjie te skep van ’n buitengewone nat Kimberley lê vreemd in my gedagtes. Ek het ’n e-pos oopgemaak van iemand wat in detail vertel het van die ervaringe (eintlik watervaringe): die chaos om tuis te kom, die swak sig en die reën wat val en val. Ek het foto’s gesien van baie water op bekende plekke, voertuie wat oorstroom is en mense wat papnat in die reën staan en hulle verstom oor die gebeure. Toe dink ek aan die Twyfelhoekie van ’n paar weke gelede – daarin het ek geskryf hoe vinnig die gewone in die ongewone kan verander. Daar het die hele Kimberley dit toe beleef: een oomblik nog droog en gewoon, die volgende oomblik ongewoon en papnat. Die natuur herinner ’n mens maar keer op
keer aan ’n mens se eie nietigheid. Jy kan maar mure bou en tuistes skep, die mens is eintlik maar so gering. Ons sien dit in die krag van weerlig, in ’n droogte wat nie wil breek nie, in ’n wind wat waai sonder ophou, ook in reën wat nie stop nie. In ’n enkele oomblik, wanneer die reën val, word spyskaarte verander, dagprogramme geraak – menslike beplanning verander in ’n algehele onbekende oomblik tot oomblik. As ek in ’n gewone week vir ’n gewone mens sou vra waar hy die vorige week op ’n spesifieke tyd was, sou hy diep moes nadink voordat hy antwoord. Met gebeure soos dié in Kimberley, herinner die ongewone jou baie duidelik aan hoe jou dag verloop het. Jy weet presies waar jy was toe dit so gereën het. In aansluiting tot verlede week se Twyfelhoekie: Die gewone is toe nie vanselfsprekend nie.
Na-aper gee dalk kompliment
Role of the host company: Complete request form and indicate the company contact person Provide a 6 month work-plan for each learner Provide a dedicated mentor Provide a monitoring report for each learner Ensure that clock-in reports are kept for the payment of stipends.
Ÿ Ÿ Ÿ Ÿ Ÿ
Karin Muller
Ionize Technology will disburse the learner stipends on a monthly basis. A top-up stipend is at the discretion of the hosting company.
Please email Debbie Abrahams on debbiea@ionize.co.za for Request Forms. Applications to be submitted no later than the 25th March 2015.
X1PVEBJM-NK180315
MENSE komplimenteer mekaar gewoonlik deur woorde – gesproke of geskrewe. ’n Kompliment word meestal uitgedruk deurdat iemand iets vir jou sê. Soms is daar ’n spesiale nota of kaartjie wat die kompliment beskryf. Tog word daar gesê dat die beste kompliment is wanneer iemand jou na-aap. Dink vir ’n oomblik na hieroor. Iemand sal jou net na-aap wanneer jy sukses behaal met ’n sekere soort optrede. Met hoe jy iets doen. Hoe jy praat. Hoe jy lyk. Dit is gewoonlik dié mense wat sal sterf voordat hulle jou openlik komplimenteer. As hulle jou wel komplimenteer, is dit dalk om so ’n bietjie agter die kap van die byl te kom oor presies hoe jy te werk gaan. Die wêreld kan baie vinnig oor Suid-Afrika mond uitspoel. Mense is egter net so vinnig om in baie opsigte ons voorbeeld te volg. Wys ons vernuwing met nuwe rugbyreëls, is Australië boaan die lys van dié wat
na-aap. Daaroor word egter geswyg. Wat hulle en die res van die wêreld betref, was dit hul idee. Soms raak ’n mens ’n bietjie kriewelrig as jy ongenooid nageaap word. Iets wat jou dalk baie tyd geneem het om uit te dink of te bemeester word dan skielik goedsmoeds deur iemand anders gebruik. Of misbruik. Sonder jou toestemming. Of so voel dit. Dit is tog jóú manier van doen. In plaas daarvan om ongemaklik te raak omdat mense jou na-aap, klop jouself op die skouer en troos jou daaraan dat hulle dit nie sou doen as dit nie die moeite werd was nie. Jy mag wel heimlik hoop dat hulle binnekort eie vindingrykheid aan die dag lê.
5 21888
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 MAART 2015
The Impossible DEALS
R2
M{ZD{3 1.6 MANUAL NOW FROM JUST 999 PER MONTH WHILE STOCKS LAST
Offer exclusive to Mazda Financial Services Model Mazda3 1.6L Original 5Dr Recommended Retail Price R232 900 Deposit 0% Balloon payment R81 515 (35%)
UNLIMITED YEAR
WARRANTY
4 UNLIMITED WARRANTY YEAR
M{zd{6 now from just
R3 999*
per Month at 0% deposit
Offer exclusive to Mazda Financial Services Model Mazda6 2.0L Active manual Recommended Retail Price R342 000 Deposit 0% Balloon payment R116 280 (34%)
* Offer expires on 31 March 2015
UNLIMITED YEAR
WARRANTY
4 UNLIMITED WARRANTY
Get to your nearest Mazda dealer now.
NEW M{zd{ CX-5 2.5 INDIVIDUAL AUTO
Finance made possible with 0% deposit BT-50 double cab
UNLIMITED YEAR
WARRANTY
4 UNLIMITED WARRANTY YEAR
Get to your nearest Mazda dealer now.
4 YEAR
/ 120 000 KM WARRANTY ON THE BT-50 RANGE
5 YEAR
/ 150 000 KM WARRANTY ON THE BT-50 RANGE
To find a Mazda dealer near you go to www.mazda.co.za or contact 0860 069 700. All ďŹ nance offers are subject to credit approval by Mazda Financial Services, a part of WesBank, a division of FirstRand Bank Ltd. An Authorised Financial Services and Credit Provider. NCRCP20. Terms and Conditions apply.
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 MAART 2015
Uit hul nate
Só word reeks beslis
EEN van daardie oomblikke in die Griekwas se geskiedenis wat nie maklik vergeet sal word nie. Peter Engledow (regs), afrigter van die Griekwas se Vodacombekerspan van 2014, omhels Burger Schoeman nadat die Poubloues die eindstryd teen die Leeus met 306 gewen het. Foto: Emile Hendricks
André Botha DIE eindstryd om die Vodacombeker word vanjaar op 30 Mei gespeel. Twee groepe van agt spanne elk sal vanjaar sake in die Vodacombeker uitspook, met die Griekwas wat die aanslag in ’n taai suidelike streek sal lei. Saam met die Griekwas is Westelike Provinsie (wenners in 2012), Boland, Grens, Haaie-XV-tal, OP Kings, Arende en Vrystaat-XV-tal in dieselfde groep geloot. Die Goue Leeus, kampioene in 2013, ding in die noordelike streek mee met die Limpopo-Blou Bulle, Griffons, Luiperds-XV-tal, Valke, Blou Bulle en die Welwitschias van Namibië. Die Nami-
Phone: Jeannette (053) 832 8577
50% discount on a family house - sleep 6 - on presentation of this advert. Weekend 20-22 March 2015
Highly recommended
biërs maak hul eerste verskyning in die kompetisie sedert 2011 en al sewe hul groepwedstryde sal in Windhoek gespeel word. Die Griekwas het ingestem om na die suidelike streek oor te skuif nadat Kenia se Tusker Simba-XV-tal hulle uit vanjaar se Vodacombeker-reeks onttrek het. Die groepwedstryde sal binne die raamwerk van elke streek plaasvind, terwyl die spanne in die kwarteindronde oorkruis sal uitspeel. Die twee topspanne in elke streek sal wedstryde aanbied teen die spanne wat in die teenoorgestelde streek derde en vierde geëindig het. Die Vodacombeker het op 6 Maart afgeskop en die eindstryd sal aan die einde van Mei gespeel word.
X1PU1BHE-NK180315
The Great Thirst Quencher
JET SET MoToRS Tel: 053 836 9904 | 64 Long Street
STERKTE
GRIEKWAS.
KAP HULLE! Debbie – 078 544 2214
X1PV93GH-NK180315
De Wet Carpets ’Let us make you feel at Home’
Voorspoed met die 2015 Vodacom beker toernooi, Griekwas!
services include:
Shell V-Power Diesel | Shell V-Power 95 24 hour Convenient store and service sta on
Voorspoed, Griekwas. Wys hulle wie is BAAS!
Mapogo Private Policing
Head Office: Shop 14, Du Toitspan Building Du Toitspan Road, Kimberley Contact: 083 292 2064, Wickus 084 593 2681
Skakel ons gerus by onderstaande nommers vir kwotasies en sekuriteitsdienste.
Ansie Swart (Eienaar) 083 292 2064 Wickus Coetzee (Bestuurder) 082 680 2536 Pieter Dreyer (Toesighouer) 082 680 2536
Voorspoed Griekwas met die 2015 Vodacombeker!
X1PV93DD-NK180315
DIE Griekwas se eerste Vodacombekerwedstryd is op 21 Maart in Port Elizabeth teen die Kings. Die res van die program is: ) 27 Maart: SWD (George); ) 11 April: Grens (Hartswater); ) 18 April: Boland (Velddrif); ) 25 April: Westelike Provinsie (Kimberley, Diamantveld); ) 2 Mei: Haaie (Pietermaritzburg); en ) 9 Mei: Cheetahs (Kimberley, GWKpark). Die kwarteindstryde van die reeks is op 16 Mei , en die halfeindstryde op 22 Mei.
X1PVNFLH-NK180315
Trotse borg van Griekwa Rugby wens die manne alles van die beste met die 2015 Vodacom beker toernooi.
STERKTE GRIEKWAS WYS HULLE WIE IS BAAS!
TEL. 053 833 3051 FAX: 053 833 1159 CELL: 082 385 3800 Jacques.malan@live.co.za X1PVGK8D-NK180315
Griekwas speel dán
Faraday Straat 3 , Ashburnham, Kimberley Tel: 053 841 1080 Faks: 086 590 2846 E-pos: admin@justwaternc.co.za X1PV6DY2-NK180315
X1PVL8LM-NK180315
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 MAART 2015
7
GW lê rugby se hoeksteen SUID-AFRIKAANSE rugby is baie dank aan Griekwa-rugby verskuldig, veral in die beginjare. Was dit nie vir die bydrae van die rugbymense van Kimberley en omgewing aan die einde van die 19de en die begin van die 20ste eeu nie, sou rugby veel armer gewees het. Griekwaland-Wes was een van die hoof-bouaannemers van die Suid-Afrikaanse rugbyhuis. Trouens, die Griekwas was die meesterbouer. In die Griekwa-rugbyverhaal is daar heelwat eerstes. Hier is net ’n paar.
) Die Kimberley-rugbyklub was op Vrydag 22 Julie 1881 die eerste “toerspan” wat ’n wedstryd verder as 160 km van sy tuiste gespeel het met ’n kragmeting teen Bloemfontein in die Rosestad. ) Die Suid-Afrikaanse Rugbyraad is in 1889 in die Craven-hotel in Kimberley gestig. ) Die tweede rugbytoets in Suid-Afrika is op 29 Augustus 1891 in Kimberley beslis. ) Die eerste Curriebeker-toernooi is van 12 tot 23 September 1892 in Kimber-
ley gehou. Die WP het op 24 September 1892 met 5-2 teen die Griekwas gewen en die eerste houer van die Curriebeker geword. ) Op 29 Augustus 1964 het die Griekwas die eerste houer van die nuwe Sport Pienaar-beker geword deur OosTransvaal in die eindstryd in Springs met 19-8 te klop. ) Op 26 September 1970 het Griekwas die Curriebeker die laaste keer gewen deur Noord-Transvaal in die eindstryd in die De Beers-stadion met 11-9 te klop.
Nuwe hoof vir GWRU Gerdie Karstens
X1PVQ1TR-NK180315
X1PV6E59-NK180315
23 Carters Rd kobus@htaa.co.za www.htaa.co.za
Sel. 082 770 0565 Tel: 053 8611 822
Sedert 1982
Plase in Noord-Kaap, Noordwes en Vrystaat. Kommersieël en residensieël in Kimberley plus veilings. Voorspoed vir die vodacom-beker - volgende jaar die currie-beker!
Factory Prices on all pies 2 Froude Street, Kimberley, Tel: 053 832 1224 Commercial prices and delivery available!
VOORSPOED GRIEKWAS! BRING DIE BEKER HUISTOE!
X1PVNNC5-NK180315
UNIPOWER PETROL GENERATOR
FROM
R3999 EXCL. OF VAT
IMPORTERS OF HARRIS GAS EQUIPMENT EXCLUSIVE TO RENTTECH
METAL WORKER RANGE 7 YEAR WARRANTY ON REGULATORS
BULLE en Tuks se verlies is die Griekwas se wins. Die Griekwaland-Wesse rugbyunie (GWRU) het in Blou Bul-wêreld ’n plaasvervanger vir Arni van RIAAN VORSTER Rooyen as is as die nuwe uitvoerende hoof uitvoerende hoof bekom. van GWRU aan Riaan Vorster, gestel. Foto: Emile Hendricks die hoofbestuurder van die Blou Bulle en Tukkies se speler-akademies, is van 1 April af as uitvoerende hoof in Kimberley aangestel. Toe die nuus van Van Rooyen se vertrek bekend geword het, het die GWRU aangedui dat hy nie haastig sal wees met ’n aanstelling nie. En nou lyk dit of die Griekwas die antwoord gekry het. “Ons wou die beste aanstelling moontlik doen en ons glo dit is gedoen. Ons het puik aansoeke ontvang, maar ons het op Riaan besluit. Ons is oortuig hy kan die leemtes vul wat Arni by ons laat,” sê Jannie Louw, president van die GWRU. Vorster, ’n oud-leerling aan die Hoër Landbouskool in Kroonstad, se CV is indrukwekkend. Benewens sy betrokkenheid by die akademies (2014 en 2015) was hy ook hulpafrigter van Tukkies in 2013 se Varsitybeker-reeks en Tuks se hoofafrigter in die Carltonliga. Hy was ook vanjaar hoof van Tukkies se hoëprestasiesentrum. Vorster het van 1988 tot 1995 op klub- en provinsiale vlak gespeel en was van 1996 tot 2010 in Ierland. Hy het sy Vlak 3-afrigtingskursus voltooi en was by verskeie klubs die direkteur van rugby. Hy was ook by Leinster se ontwikkelingspan betrokke. Hy was in 2010 en 2011 die direkteur van rugby by die Kanadese eersteliga-span, die Red Deer Titans. “Riaan verstaan die beroepsrugbyomgewing. Ons sien uit na die bydraes wat hy kan lewer,” sê Louw.
X1PVE859-NK180315
Nooddienste
WELDING MIG WIRE FROM
RENTAL OF CONSTRUCTION AND CIVIL EQUIPMENT
R14,00
P/KG VAT .EXCL (1.2MM) ISO9001
MANUFACTURER OF LIFTING AND RIGGING EQUIPMENT, LICOLN WELDING PRODUCTS AVAILABLE
RENTTECH
078 861 6900 Tel: 053 831 4026/61 www.renttechsa.co.za
X1PV9ALM-NK180315
Polisie: Kimberley 053-85804343/ 8384331 Roodepan 053-8074407 Galeshewe 0538076012 Kagisho 053-8711173 Noodnommer 10111 Ambulansdienste 053-802-9111 ER24: 084-124 Netcare: 082-911 Brandweer: 053-832-4211
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 MAART 2015
SPORT
DEAN ACKERMAN van Diamantveld be weeg vorentoe met die bal. Diamantveld het een van die grootste verrassings in jare gelewer toe hy met 3434 teen Grey gelykop gespeel het.
Diamandveld kraai koning TWEE Greyspelers probeer Keaton Gordon van Diamantveld stuit.
’n GREYSPELER, George Rossouw, vat Kyle Sissons van Diamantveld vas.
ETIENNE ERASMUS nael Saterdag (14/03) in Diamantveld se wedstryd teen Greykollege. Diamantveld het Grey met goeie hardlooprugby besig gehou. Foto’s: Emile Hendricks
GRIEKWAS
Vir meer nuus en foto’s gaan na www.noordkaap.co.za
Griekwas spog met heelwat rekords Frikkie van Rensburg
X1PVNGAD-NK180315
BEST OF LUCK TO THE KWASSE AND MAY THEY HAVE THE SPEED OF FOR THE UPCOMING VODACOM CUP X1PVNPU1-NK180315
SPANNE en spelers van die Griekwas spog met van die beste vertonings en rekords in Suid-Afrikaanse eersterangse rugby. Van die Griekwas se rekords: ) Individueel: Die meeste wedstryde: 161: André van Wyk (21ste meeste in Suid-Afrika); 137 – Tos Smith; 126 – Steph Roberts; 121 – Hedley Wessels; 116 – Jearus Nicholas; 114 – Edrich Lubbe; 112 – Frikkie de Villiers; 111 – Boeta Wessels; 108 – Dawie Theron; 106 – Dave Prins; 106 – De Waal Venter; 104 – Deon Lotter; 101 – Tielman de Villiers. Die meeste agtereenvolgende wedstryde: 97 – Peet Smith. Die meeste wedstryde as kaptein: 66 – André van Wyk; 56 – Luther Bakkes; 55 – Daan Badenhorst. Die meeste loopbaanpunte: 719 – Edrich Lubbe; 673 – Boeta Wessels; 649 – Kriek Erasmus; 528 – Conrad Barnard; 470 – Naas Olivier; 452 – Piet Visagie. Die meeste punte in ’n seisoen: 361 – Gaffie du Toit (1998 – net ses Suid-Afrikaanse rugbyspelers het meer punte in een seisoen aangeteken en sy 236 Vodacombeker-punte in dié seisoen is steeds die Suid-Afrikaanse rekord); 284 – Naas Olivier (2009); 272 – Conrad Barnard (2007); 224 – Rudi Vogt (2011); 209 – Riaan van der Berg (1989); 205 – Franco Smith (1996). Die meeste Curriebekerpunte in ’n seisoen: 173 – Naas Olivier (2010); 164 – Franco Smith; 154 – Conrad Smith; 151 – Naas Olivier. Die meeste punte in ’n wedstryd: 42 – Naas Olivier (t Griffons – 2009 – sewende meeste in Suid-Afrikaanse rugby en die tweede meeste in ’n Vodacombeker-wedstryd); 35 – Jacques Jonker (t Namibië – 1996); 35 – Gaffie du Toit (t OP – 1998); 33 – Piet Visagie (t Rhodesië – 1968). Die meeste loopbaandrieë: 61 – Jearus Nicholas; 55 – Tielman de Villiers; 55 – Dave Prins; 53 – Boeta Wessels; 47 – Bjorn Basson. Die meeste Curriebeker-loopbaandrieë: 37 – Dave Prins; 33 – Bjorn Basson. Die meeste drieë in ’n seisoen: 29 – Bjorn Basson (2010 – sy 34 drieë in alle eersterangse wedstryde dié seisoen is ná Pieter Hendriks van die Leeus se 35 drieë in 1992 die meeste in ’n Suid-Afrikaanse rugbyseisoen); 24 – Robert Markram; 23 – Jearus Nicholas; 22 – Lourens Venter. Die meeste Curriebeker-drieë in ’n seisoen: 21 – Bjorn Basson (2010 – die Suid-Afrikaanse rekord); 11 – Robert Markram; 10 – Jearus Nicholas; 10 – Barry Geel. Die meeste drieë in ’n wedstryd: 7 – Jacques Jonker (t Namibië – 1996 – derde meeste in Suid-Afrikaanse eersterangse rugby); 5 – Chris Oosthuizen (t Oos-VS –
1978); 5 – Dewald Pretorius (t Valke – 2009); 5 – Rocco Jansen (t Limpopo-Blou Bulle – 2013); 5 – Marnus Schoeman (t Limpopo-Blou Bulle – 2013 – die tweede meeste in ’n Vodacombeker-wedstryd). Die meeste Curriebeker-drieë in ’n wedstryd: 4 – Dave Prins (t OP – 1978); 4 – Jearus Nicholas (t Noordwes – 1998). ) Span: Nasionale bekerwenners: Curriebeker – 1899, 1911, 1970. Vodacombeker – 1998, 2005, 2007, 2009, 2014. Griekwas was die eerste houer van dié beker deur die Leeus op 30 Mei 1998 in Kimberley met 57-0 te klop. Altesaam 16 jaar later het die Griekwas dié beker ’n rekord vyfde keer gewen deur die einste Leeus in die eindstryd op GWK-park in Kimberley met 30-6 te wen. Bankfinbeker – 1944, 1995. Die meeste punte in ’n seisoen: 1 428 (1998 – tweede meeste in Suid-Afrika); 978 (1996); 977 (1999); 850 (2003); 825 (2011); 820 (2009); 817 (2006); 814 (2010). Die meeste Curriebeker-punte in ’n seisoen: 625 (2003 – negende meeste); 489 (1998); 477 (2010); 441 (1999); 440 (2014); 437 (1996). Die meeste Vodacombeker-punte in ’n seisoen: 731 (1998). Die meeste drieë in ’n seisoen: 210 (1998 – Suid-Afrikaanse rekord – die 108 Vodacombeker-drieë wat die Griekwas in dié seisoen gedruk het, is die rekord); 145 (1999); 136 (1996); 118 (2003); 111 (2010); 106 (2011); 100 (2009). Die meeste drieë in ’n wedstryd: 20 (t Limpopo-Blou Bulle – 2013); 18 (t SWD-federasie – 1978); 14 (t Griffons – 2002); 13 (t Grens – 1973 én 1998); 13 (t Griffons – 2009); 13 (t Grens – 2011). Die meeste Curriebeker-drieë in ’n seisoen: 86 (2003 – sesde meeste ); 70 (1998); 67 (1979); 65 (1999); 60 (2010). Grootste oorwinning: 119 punte (klop Limpopo-Blou Bulle met 124-5 – 2013 – negende grootste in Suid-Afrikaanse rugby, die derde grootste sege én die 124 punte is die derde meeste deur ’n span in ’n Vodacombeker-wedstryd); 94 (klop SWD-federasie met 94-0 – 1978); 81 (klop Oos-Transvaal/Valke met 90-9 – 1995); 75 (klop Grens met 84-9 – 2011); 73 (klop Grens met 87-14 – 1998); 73 (klop Boland met 80-7 – 2009); 72 (klop Griffons met 84-12 – 2002); 69 (klop Grens met 83-14 – 1998); 69 (klop SWD met 84-15 – 2014); 68 (klop OP met 80-12 – 1998); 68 (klop Noord-Vrystaat/Griffons met 78-10 – 1996). Grootste nederlaag: 72 punte (verloor teen WP met 3-75 – 1985); 71 (verloor teen Haaie met 7-78 – 2002); 66 (verloor teen Leeus met 7-73 – 1999): 65 (verloor teen Vrystaat met 10-75 – 1993); 63 (verloor teen Noord-Transvaal met 9-72 – 1974); 59 (verloor teen Blou Bulle met 0-59 – 2005).
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 MAART 2015
Benoemings gevra André Botha
Stal motors uit DIE Diamond City Streetrod Club het onlangs ’n uitstalling in die trimpark gehou. Die rooi Studebaker Hawk behoort aan Sam Cloete. Foto: Charles Konig
BO: Des Peine is die eienaar van hierdie Dodge Super B.
LINKS: Die 1948 Chevrolet Pickup behoort aan Piet van Rensburg.
IN 2014 is John Seeley, die man wat ’n hond uit die Groot Gat gered het, as die Noord-Kapenaar van die Jaar aangewys. In die kategorie van Noord-Kaapse Instansie van die Jaar was dit die beheerraad van Huis Frank du Toit in Prieska wat as wenner aangewys is. Albei gewilde en waardige keuses, net soos die vorige jare se wenners. Maar daar is nog talle mense en organisasies in die provinsie wat dié titels verdien. Die soektog na hulle is nou in volle gang. Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar word in Mei aangewys. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk bande met die Noord-Kaap
wees. Die benoemde word vir besonderse diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom-/ haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag ook nie benoem word nie. Die kriteria is: ) Interne impak: Die verskil wat die persoon maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap. ) Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die persoon sy of haar private tyd opoffer om die diens te lewer. Sou dit deel van die persoon se werk wees, die mate waartoe die persoon buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die persoon benoem word. ) Eksterne impak: Die bydrae wat die persoon lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n politieke verbintenis mag nie benoem word nie.
COME AND EXPLORE OUR FLOOR AT PENNYPINCHERS KIMBERLEY www.pennypinchers.co.za VARIOUS ITEMS ON SPECIAL WHILE STOCK LASTS OSRAM LAMP DICHROIC
20W 12V H53946
R27.37 VAT INCL
HANDLE CUPBOARD D ALUMINIUM BRUSHED SILVER
RAH442 96MM H6810 - H15849
R10.40 VAT INCL
Kosbare konsert troef rugby
DRYWALL SCREWS 6 X 25 H 5876
Elsona Steyn ’n PAAR dae gelede, toe ons ontbyt eet, merk ek so terloops teenoor my man op: “Jy sien daar lê kaartjies vir Anel se skoolkonsert op die tafeltjie by die telefoon. Dis die lekkerste lag wat mens kan kry en dan nog ’n ete daarby.” Ek loer na die gryse en sien hoe sy rugby-kyk-vooruitsigte vertroebel. En skaars hoorbaar voeg ek by, dit is Saterdagaand, ons moet 18:00 daar wees. Getroude man se lot, sit Manlief toe die Saterdagaand by ’n skoolkonsert pleks van by die rugby. Hy wonder so terloops wie die uitvinder van skoolsaalstoele was, want die rugleuning vou soos ’n knyptang om sy niere en jy moet jou sit ken om nie af te gly nie. Die konsert spring weg met skriflesing en gebed en ry ná ry verniel kindertjies blinknuwe musiekinstrumente beurtelings. Hier en daar herken jy ’n wysie, maar meestal klink dit na ’n oneindige geween en ’n gekners van melktande. Ek blom saam met die ander mammas en Pa weet van beter as om nou ’n aanmerking te maak. Pouse soek hy vergeefs na iets sterker as die koffie wat die snoepie te koop aanbied. Sy span draf vanaand teen die Stormers uit, en onderlangs probeer hy die telling uitvind, maar nie lank nie of die skoolklok boelie ons terug saal toe. Tweede helfte, ’n opvoering! Ons oudste stoei die gordyne oop tot op die verhoog vir die eerste bedryf. So pynlik as wat die eerste helfte was, so heerlik is die tweede helfte. Ek en die gryse lag dat jy net tande sien en toe ons meisiekind die gordyne vir die laaste keer oor die verhoog trek, druk ek sy hand van vreugde en trots. Buite vorm daar lang toue by die opskeptafels. Die tannies skep die borde stampvol. By die koffietafel wag ’n bekende sproetgesiggie in ’n leeupakkie ons met ’n halfgeëte pakkie fudge in. “Ek het gedag Pappa kom nie konsert toe nie?” Die gryse sak tot op sy knieë en fluister sag in sy oudste se oor “ek sou mos nooit daarop wou uitmis om die dapper leeu in aksie te sien nie”. Met dié vou sy haar taai arms om sy nek en druk hom so styf dat sy pahart handeklap.
9
R5.39
/100
VAT INCL
JOJO GREEN WATER TANK 4 500 l N10407
R2934.00 VAT INCL
ELECTRIC TILE CUTTER
1300 W J8878
R709.89 VAT INCL
POSTFORM TOP LAVA ROCK
600 X 3660 A5835
R564.00 VAT INCL
X1PV4E39-NK180315
X1PV6DY1-NK180315
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 MAART 2015
GEKLASSIFISEERD
EASTER FLEA MARKET Saturday, 28 March 2015 at Hoffe Park, Kimberley. Time: 08:00 - 13:00. All exhibitors welcome. Lia 084 840 1189. ALGEMENE & HUISDIENSTE
PERSOONLIKE DIENSTE
LENINGS 1445
ALLERLEI 1845
PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194. BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
TE KOOP
SNUFFELS 1630
CMEM STEYN In die boedel van wyle Catharina Magdelina Elizabeth Magrieta Steyn, identiteitsnommer 390630 0009 086, boedelnommer 021647/2014, van die plaas Kromaar, Niekerkshoop, oorlede op 17/08/2014, getroud binne gemeenskap van goedere met Diederik Marthinus Steyn, identiteitsnommer 390822 5019 083. Kennis geskied hiermee aan die krediteure en debiteure in bogenoemde boedel om hul vorderinge te lewer en skulde te betaal by die ondergemelde binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf 20/03/2015. N. Macdonald PSG Trust Posbus 12337 Brandhof 9324.
YASMINE KOOPMAN (regs) van die Hoërskool NoordKaap se eerste netbalspan in aksie in die span se wedstryd teen die Hoërskool Eunice van Bloemfontein. Die wedstryd is op Diamantveld se sportdag gespeel. NoordKaap het die wedstryd met 2120 gewen. Foto: Emile Hendricks
Vaar puik op sportdag
DIE ratse Jessica du Plessis van die Hoërskool Noord Kaap se eerste netbalspan maak gereed om die bal te gooi. Die Hoërskool Noord Kaap het goed gepresteer en het aan die einde van die dag drie van sy vier wedstryde op Diamant veld se sportdag gewen.
ACVV KIMBERLEY VAKATURE: MAATSKAPLIKE WERKER VEREISTES: • Graad in Maatskaplike Werk • Registrasie as Maatskaplike Werker by Raad op Maatskaplike Diensberoepe • Geldige kode 08 - rybewys • Afrikaans en Engels magtig • Ervaring in Ontwikkelingsgerigte Maatskaplike Werk sal as aanbeveling dien. • Behulpsaam wees met opstel van Diensplanne
Foto: Emile Hendricks
Northerns kook met 4 uit 4 André Botha
SALARIS EN BYVOORDELE: • Salaris onderhandelbaar in ooreenstemming met subsidie – toekennings • Pensioenfonds • Mediese fonds • Bonus • Verlof
E- pos/faks volledige CV vir aandag Mev. CM Pretorius celma.acvv@lantic.net 053 831 5815 Sluitingsdatum: 27 Maart 2015
DIE Hoërskool Noord-Kaap se eerste rugbyspan spog met vier oorwinnings in net soveel wedstryde nadat hy die naweek die sterk span van die Marlowlandbouskool van Cradock met 28-22 getroef het. Shaun Hayden, afrigter, sê dié oorwinning is geen geringe
prestasie nie. Dit was baie warm en die wedstryd is teen ’n vinnige pas gespeel. Die spel was baie fisiek. Sommige geleenthede het verlore gegaan deurdat aangeë op die grond beland het. Die agterlyn-spelers het gesukkel om hul vinnige pas behoorlik ten toon te stel en op
X1PVKJ91-NK180315
INTERNAL SALES REPRESENTATIVE
Pennypinchers, Kimberley
Pennypinchers, a leading retailer of building materials, seeks an Internal Sales Rep to ensure fast, efficient processing and fulfilling of customer orders, being ever mindful of company standard of appearance and behaviour. Requirements: Ÿ Matric with 3 years'retail sales experience, in building/construction environment. Ÿ Computer knowledge (Word and Excel) essential. Ÿ Good interpersonal skills, customer-focused and strong sales ability/persuasiveness required. Should you wish to apply for this position, please send your CV to Jackie Theron via e-mail: jtheron@pennypinchers.co.za or fax 087 231 2151
The leaders in accredited SHEQ training. All our courses are Nationally/ Internationally accredited.(Full Time/Distance Learning) Certificates & Diplomas: ( Mining & Industrial) COMSOC® level 1, 2 & 3 courses Safety (SHEQ) Officers level 1 ,2 & 3 courses Risk Management Legal responsibility (MHSA & OHSA) ICAM Courses OSHAS 18001 Environmental Management Course (ISO 14001, NEMA, MPRDA) NEW NEBOSH International General Certificate-Full Time National Certificate: Occupational Health, Safety & Environment120 Credits UPCOMING EVENTS • Safety Officers 1 Full Time Course: 16 – 27 March 2015 • NEBOSH IGC Full Time Course: 18 May - 3 June 2015 RUSTENBURG VENUE: SPECIAL: Safety Officers 2 Full Time Course: 16th – 27th March 2015 Contact our client services department for enquiries / Course Schedule: 018 786 4300 / 018 786 2812 (8h00 – 16h00) 072 104 8731 / 072 768 5165 (8h00 – 16h00) Or visit us at www.skillfull29.co.za / www.minesafetytraining.co.za
Closing date for this position is: If you have not received a response within 7 working days, please consider your application unsuccessful. X1PV69F9-NK180315
X1PV4E9H-NK180315
’n veld wat kleiner as die gewone is ruimte te skep. Noord-Kaap het met twee puik drieë aan die einde die oorwinning verseker. Basiese foute kon die span egter die wedstryd gekos het, aldus Hayden. Hufke Cameron en Gerhard Holtzhausen het elk twee keer agter die doellyn gaan draai, met
Hufke wat met vier van sy vyf skoppe pale toe suksesvol was. Noord-Kaap kom Saterdag op sy tuisveld teen die Hoërskool Landboudal te staan. Die o.15A’s speel om 09:00, gevolg deur die tweede spanne om 10:00. Die o.16.A’s durf mekaar om 11:20 aan, met die eerste spanne wat om 12:30 speel.
HNK wys vernuf in hokkie DIE Hoërskool Noord-Kaap (HNK) se seuns- en meisieshokkiespanne het ook Saterdag aan die Hoërskool Diamantveld se jaarlikse sportdag deelgeneem. Die spanne se uitslae is soos volg: ) seuns o.19B klop Upington o.19B 6-0; ) seuns o.19A klop Upington o.19A 7-0; ) seuns o.19A klop Duineveld o.19A 7-0; ) seuns o.16A klop Duineveld 3-0; ) meisies o.16A verloor 1-6 teen Afrikaans Hoër Pretoria; ) meisies o.19A klop Duineveld o.19A 2-0; en ) meisies o.19A verloor 0-6 teen Oranje.
CHANTÉ ROBINSON
Foto: Verskaf
Chanté soos vis in water CHANTÉ ROBINSON van die Hoërskool Noord-Kaap is as lid van die Vrystaatse mensereddingspan aangewys wat in Durban aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneem. Sy het onlangs op die
Vrystaatse kampioenskappe sewe eerste plekke en drie tweede plekke in die afdeling vir meisies ouer as 16 behaal, en ook ’n rekord opgestel. Sy het die eerste plek algeheel in haar ouderdomsgroep behaal.
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 MAART 2015
11
MOTORS
Volvo verras destyds met koepee Marnus Hattingh
IN Maart 1985, 30 jaar gelede en met sanksies in Suid-Afrika in volle gang, het die Sweedse groep Volvo met ’n stylvolle motor op die Geneefse Motorskou verras. In 1985 het ’n klomp popsangers We Are the World onder die vaandel van USA for Africa ten bate van die jong slagoffers van hongersnood in Afrika opgeneem. Dit was ook die jaar waarin Michail Gorbatsjof as leier van die Sowjetunie oorgeneem het. En ene Bill Gates het sy eerste weergawe van Windows op rekenaargebruikers losgelaat. En Volvo? Die mark vir groot, luukse voertuie was steeds iets wat die Sweedse groep ontwyk het. Om ’n oplossing hiervoor te vind was die Swede se hoop op ’n Italiaanse stileerhuis in Turyn. Die nuwe 780-koepee het kenmerke gehad van Volvo se groot sedan, die 760, maar die lyne was veel meer grasieus. Natuurlik is die hande met ’n flambojante Italiaanse gebaar in die lug gegooi. Hy is dan deur (die stileergroep) Bertone ontwerp. Volvo het die Italianers gevra om met die 760-sedan se onderstel, enjin en ratkas te werk, maar om ’n ander bakwerk te voorsien. Nuccio Bertone se eerste sketspoging was
VOLVO se elegante 780koepee in die laat 1980’s. Foto: Quickpic eintlik ’n 760 met twee deure. Sy tweede skets was dié van ’n sportmotor. Maar dit was skets nommer drie wat die mense in Gotenburg hul smörgåsbord vir pizza laat verruil het. Dit was ’n goue middeweg: nie te voortvarend en volksvreemd nie, maar tog sportief en elegant. Die neus was lank en die sierrooster regaf en hoekig, soos dit destyds die mode was. Ook die profiellyne was horisontaal. Die agterkant het in ’n lang bagasiebak met ’n effense
Best value for MONEY! New Toyota Corolla 1.6 Quest
wigvorm geëindig. Die tweedeur-780 is in Bertone se aanleg in Turyn gebou. Volvo het sy enjins, ratkaste en onderstel van Swede na Turyn gestuur, waar die Italianers hul bakwerk op hom gepas het. In sy rakleeftyd, van 1985 tot 1990, is net 8 518 eenhede gebou. Die meeste was vir die Amerikaanse mark bestem. Binne was hy so deftig moontlik. Trouens, die 780 was Volvo se duurste motor tot op daardie tydstip. Die sitplekke was met leer oorgetrek, in twee kleure, terwyl ligkleurige houtpanele by die deure en die instrumentpaneel ingevoeg is. Die instrumenthuls was breed en hoekig. Nuwighede soos ABS-remme, klimaatbeheer en elektriese vensters, sondak en kantspieëls was standaard. Die gordels het ’n styfspan-funksie gehad: As jy in ’n botsing betrokke was, het ’n klein ontploffing in die gordelmeganisme afgegaan wat die bande laat styftrek het. Verkope was nie uitsonderlik nie, maar Volvo reken die koepee het sy doel gedien. Hy moes wys die groep kan weelde en sportiwiteit in ’n elegante kontinent-toerder kombineer. Verkope het in 1990 geëindig. Vandag se Volvo’s is meer soepel ontwerp as dié van destyds. Nooit weer het Volvo so ’n groot koepee gehad nie.
Oranje Toyota Kimberley Now available. Price from R172 866,00.* • 3-year/100 000-km warranty • 3-year/45 000 km Service Plan Warranty and service plan can be extended * T & C apply | Finance available
89 Memorial Road, Kimberley • Tel: 053 836 4700 Sales Manager: Japie Zaayman, jzaayman@um.co.za X1PV4ECM-NK180315
DEBT? We reduce the payments on your home. Reduce instalments on your car. Pay accounts on your behalf.
Only R57,00 Reg No: NCRDC1982
JJM DEBT COUNSELLORS cc 57 Du Toitspan Road, Kimberley Tel. 053 831 7519 E-mail: info@jjmdebt.co.za
X1PU17LE-NK180315
Sport Die Diamantstad se koerant
Serving all your equipment hire needs
12A Schmidtsdrift Road, Kimberley Tel: 053-861 5200 Fax: 053-861 5201 X1PTVREE-NK180315
Span toon staal in netbal DIE Hoërskool Noord-Kaap (HNK) se netbaluitslae op die Hoërskool Diamantveld se sportdag Saterdag is: o.14 ) Klop Duineveld 15-9 ) Klop Upington 24-12 ) Speel 14-14 gelykop teen Affies ) Klop Landboudal 29-6 o.15 ) Klop Upington 8-7 ) Verloor 6-15 teen Duineveld ) Verloor 5-19 teen Affies
o.16 ) Klop Landboudal 28-4 ) Klop Upington 10-7 ) Verloor 10-11 teen Duineveld o.17 ) Verloor 9-21 teen Affies ) Verloor 13-15 teen Landboudal o.19B ) Verloor 9-13 teen Affies o.19B Eerste span ) Klop Fichardtpark 21-15 ) Klop Duineveld 27-19 ) Verloor 19-27 teen Affies ) Klop Eunice 21-20
Tel. 053 591 0059 Sel 071 683 7175
Gratis aflewering Woensdae, Donderdae en Vrydae in Kimberley!
SPECIAL
• Alle Lammers……...…R 59,95/KG • Pekel Tonge…………...R 29,95/KG • C-Graad Bees Kook…R 29,95/KG
WILHELM ROSENSTRAUCH van Diamantveld beur vorentoe in sy span se wedstryd Saterdag teen Greykollege. Diamantveld het een van die grootste opskuddings in jare in SuidAfrikaanse skolerugby veroorsaak toe hy Grey se span tot ’n gelykopuitslag gedwing het. Foto: Emile Hendricks
“Like” ons Facebook blad: Jacobsdal slaghuis X1PUAXC5-NK180315
Diamonds slaan slag teen Grey DIE Hoërskool Diamantveld se eerste rugbyspan van 2015 het Saterdag een van die grootste opskuddings in Suid-Afrikaanse skolerugby veroorsaak toe hy ná ’n ongelooflike terugvegpoging gelykop met 34-34 teen Grey-kollege van Bloemfontein gespeel het. Die uitslag het landwyd opslae gemaak, en is sedertdien druk op skolerugbywebwerwe bespreek. Daarmee het die span ’n eerste tree gegee om hom as een van die voorste spanne in dié skool se geskiedenis te vestig. Hannes Nienaber berig die terugvegpoging sal onthou word as een van die heel bestes nog op skolevlak in die sentrale streek. Grey het ná slegs 13 minute se speeltyd reeds ’n voorsprong van 22-0 opgebou. Diamantveld se hoofafrigter, Jean Stemmet, het geskerts dat hy teen daardie tyd van die kragmeting wou weghardloop. “Die spelers het uitsonderlike karakter gewys om terug te kom nadat ons so ver agter was om eindelik gelykop te speel. “Ek is baie trots op my span. “Ek moet ook dankie sê vir Grey wat hier met ons feesvieringe teen ons kom speel het,” het Stemmet gesê. Dit was die eerste keer dat die twee spanne sedert 1980 mekaar op die rugbyveld die stryd aangesê het. Die span van die Rosestad kon vir die eerste keer sedert 1979 nie daarin slaag om ’n span van Kimberley te klop nie. HTS Kimberley het in 1979 vir Grey met 11-9 onder die aanvoering van Eddie Lightfoot geklop. Diamonds se losskakel, Gerco Nortjé, was uitstaande en het 19 van sy span se punte aangeteken. Hy het ook dié drie gedruk en dit verdoel ’n minuut voor die einde van die wedstryd om die eindtelling gelykop te maak. Die kaptein en flank, Janco Cloete, het voorlangs sy span aangevuur.
Die senter, Nico Roets, en agtsteman, Johan Joubert, het ook blink vertonings gelewer. Diamantveld het wel vroeër met 24-22 teen die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein vasgeval, maar Nortjé en nog ’n paar van Diamonds se sterre was nie in die wedstryd in aksie nie. Diamantveld het met dié uitslag slegs die 14de skool die afgelope 20 jaar geword wat Grey van ’n oorwinning weerhou het. Dit is skole wat óf gewen óf gelykop gespeel het.
BURGERS Equipment and Spares
2006 Citroën C3 1.4 HDI 80 531 km
2011 CHEVROLET OPTRA 1.6 Sedan 36 000 km
R61 900
R107 900 2010 Renault Sandero 1.6 United 59 400 km
2005 BMW 320i 117 200 km
2011 Hyunadai Ix35 2.0 GL Premium 51 000km
R199 900
R94 900
R101 900 2014 Ford Figo 1.4 Ambiente 15 000 km
3 demos
R112 900
2009 Hyundai Tucson 2.0 GLS 149 510 km
2010 Mazda 2 Active 1.3 145 000 km
2012 VW Polo classic 1.6 Tdi 38 000km
R136 900
R99 900
R179 900
2007 Audi A4 1.8T Multitronic 140 000 km
2009 Mecedes-Benz C300 Elegance A/T 108 920 km
2014 Ford Ranger 3.2 TDCi 4x4 Wildtrack D/CAB 39 600 km
R119 900
R221 900
R469 900
2012 Ford Ranger 2.2 XLS D/Cab 99 000 km
2011 Ford Bantam 1.6XLT 74 800 km
2012 Ford Ranger 2.2 TDCi XL Super Cab 82 365 km
R299 900
R122 900
R219 900
Tough World. Tough Equipment.
Hennie Vos 082 820 8959 Bell Wheel Loader, 3 m bucket. 25 000 hours plus. Good working condition. Ready to work. R150 000 plus VAT.
Juaan Myburgh 082 709 2022 Jacques van Tonder 084 912 9245 Robbie van Heerden 072 489 9555 Central SA Northern Cape/Free State/North West
E-mail: jvt@jvt.co.za, www.lgnc.co.za X1PPR9UJ-NK180315
Desmond Madella 073 117 3620
HUMAN AUTO
QUALITY APPROVED
Used Vehicles
56 STOCKDALESTRAAT, KBY | Tel. 053 831 3661 kimhuman@intekom.co.za
2 jaar waarborg by alle voertuie ingesluit of surplus van fabrieks waarborg X1PTTKL3-NK180315