1 minute read

Potresep

Detoksifiseer in 'n pot

Ons kan die plantwêreld bedank vir ʼn oorvloed kruie wat nie net noodsaaklike vitamiene en minerale verskaf nie, maar ook antioksidante en immuunversterkers wat die liggaam help detoksifiseer. Ons kombinasie is die perfekte keuse vir Januarie nadat die plesiere van die feestyd ons met ʼn bietjie min woema gelaat het.

Advertisement

Jy het nodig

ʼn Groot pot Potgrond Klippies of stuk skadudoek 1 blok palmveen Organiese misstof

Plante wat ons gebruik het

• Krulblaarpietersielie (Petroselinum crispum) – hierdie plant is ryk aan antioksidante soos vitamien C, A en E, wat inflammasie beveg. Dit help kalmeer die maag en bevorder spysvertering. Pietersielie tree ook as natuurlike asemverfrisser op. • Keëlblom (Echinacea‘Cheyenne

Spirit’) – echinacea versterk die immuunstelsel en geestesgesondheid.

Dit bevorder ook die instandhouding van algemene dermgesondheid. • Roket (Eruca sativa) – dit is ʼn uitstekende ontgiftende plant vol antioksidante. Dit bevat ook chlorofil wat vitamien K en kalsium vir gesonde bene verskaf.

In ʼn slaai: Kap die roketblare en pietersielie grof op. Trek die kroonblare van die keëlblomme af en strooi oor die slaaiblare. Voeg fetakaas en ʼn skeutjie olyfolie by. Voeg sout na smaak by.

Maak so

Sit skadudoek oor die dreineergat. Sit ʼn mengsel van 80% potgrond, 20% palmveen en 2 hande vol organiese misstof in die pot tot dit halfpad vol is. Haal die plante uit hul potte uit en sit in die nuwe pot om te sien of meer grond nodig is. Plant jou plante altyd so diep as wat hulle in hul oorspronklike houer was. Maak vol potgrond om die plante en druk vas.

Sit op ʼn sonnige plek en maak goed nat. Pietersielie en roket is jaarplante wat seisoenaal vervang moet word. Echinacea is ʼn meerjarige plant wat die winterkoue oorleef, terugsterf en in die lente weer verskyn.

This article is from: