Ode aan ‘n Eva uit die Paradys (vir Jutta) Kort Weergawe Moedersdag 11 Mei 2014 edit (met apologie aan verskeie digters) Knoop vir my jou borste oop om in jou lyf te rym vannaand Ek het jou lief -jy- met die terging van die lente in jou stap -jy- met die bloeisels van jou borste Ek wil lê op jou bors,tussen blomme (‘n Goue landskap loop my oë vooruit) en my tong nat laat gly na die kuil van jou keel en my vingers digter strengel in jou hare My lief – Ek wil ooppalm die smal vallei Waarin jou ruggraat kurwe gly, volg Want ek weet reeds onverbiddelik Dat ek die verbode vrug gaan eet… Ek wil jou saggies hoor hyg - branders in ‘n skulp – en jou maag klop en jou knie selfbewus buig en jou ribbes vasdruk om jou hart soos wensbene… Hoe sal ek dan kan sê dat ek jou liefhet? My hartlief mens, my saffier-oog Want woorde het hulle krag verloor… Dan sal ek maar verrukking prewel teen die slagaar in jou nek Wanneer ons ledemate neutdig sluit En ek jou bloedstroom voel passie uitklop teen die hupse nag En ek sal aanhou streel En die woorde op jou lippe blus En met soene rillings uit jou flank uit tolk… Want net as ek leeg teen die nokke van jou boude lê Voel ek uiteindelik Tot oorlopens toe vol…