9 minute read

Die Engelse Taal

Romeinse Brittanje

Romeinse heerskappy oor Engeland en Wallis is rondom 71 nC gekonsolideer, en Keiser Hadrianus se muur is in 122 nC begin bou om Skotse en Piktiese aanvalle uit die noorde af te weer. Die Keltiese taal van die Britte word Brittonies genoem, en is die voorouer van Wallies, Kornies en Breton. (Die ander Keltiese taal, Goidelies, was in Ierland gewortel).

Advertisement

Romeinse Brittanje het ‘n hoë lewensstandaard gehandhaaf. Die Romeine het paaie, dorpe en stede gebou. Die huise het oor luukses beskik soos verhitting, water, vloermosaïeke en mure met kunswerke. Daar was openbare baddens, enorme villas, tempels en ‘n gevorderde kultuurlewe soos bewys deur die bestaan van teaters.

Tydens die Romeinse besetting (nC 43 tot c. 410) het Brittonies ‘n wye reeks woorde by Latyn geleen, waarvan ongeveer 800 tot vandag toe oorleef in die drie hedendaagse Brittoniese tale Wallies, Kornies en Breton. Dié drie tale het in die Romeinse tyd tot onafhanklike tale ontwikkel.

In 367 was daar ‘n aanval op Romeinse Brittanje deur Skotte uit Ierland, Pikte uit die noorde en Saksers uit die ooste, wat Romeinse regering tydelik opgehef het en enorme ekonomiese skade veroorsaak het. Hoewel die invallers verdryf is, was die skrif aan die muur.

In 383 is die meeste Romeinse legioene onttrek, en na die jaar 400 is al die soldate onttrek om Rome teen die Vandale te beskerm. In antwoord op die Britte se versoek om hulp aan Keiser Honorius, het hy hulle in 409 laat weet dat hulle op hulleself moes staatmaak. Daardie datum word beskou as die einde van Romeinse regering in Brittanje.

Volgens die Eerbiedwaardige Beda in sy Historia Ecclesiastica Gentis Anglorum was die jaar 449 die begin van die Germaanse invalle, wat ‘n uitgerekte proses was. In die tweede helfte van die 5de eeu het ‘n Koning van die Britte (Ou Wallies: Guorthigirn, Wallies: Gwrtheyrn; Ou Engels: Wyrtgeorn; Ou Breton: Gurdiern; Iers: Foirtchern; Latyn: Vortigernus) twee leiers van die Saksers, die broers Hengist en Horsa, genooi om hom teen die Pikte en Skotte te help. Hulle het hulle as huursoldate in Kent gevestig, waar Jutlanders uit die hedendaagse Denemarke en Friese ook ingetrek het. Daarna het meer Saksers gekom, wat hulle wes van Kent en suid van die Teems gevestig het. Die Angele uit Schleswig-Holstein en Jutland het daarna gekom en die gebied noord van die Teems beset.

Van ongeveer die jaar 500 tot 927 het die Angel-Saksiese koninkryke Kent, Mercia, Northumbria, East Anglia, Wessex en Sussex met mekaar meegeding om grondgebied. Dit was in hierdie tyd dat ‘n Keltiese groep, die Bretons, na die kontinent migreer het om hulle in Armorica (Bretagne in die hedendaagse Frankryk), en in Brittonia aan die noordkus van Spanje (in Galicia) te vestig. In 927 is Engeland verenig onder Koning Æthelstan (r. 927–939) en in 1066 het die Normandiese inval plaasgevind wat Angel-Saksiese heerskappy beëindig het.

Teen die 900’s het die ooste en suide van Engeland Ou Engels gepraat, maar Brittonies het sterk bly staan in Wallis en nog lank uitgehou in Cornwall, die Scilly Eilande, Devon, Herefordshire en dele van Shropshire. Die Isle of Man het waarskynlik aanvanklik ‘n Brittoniese taal gepraat, wat later deur Goidelies verplaas is. Ook in hierdie periode het Brittonies in die individuele tale Wallies, Kornies en Breton verdeel.

Die Eerbiedwaardige Beda skryf dat die Anglii uit die land Angulus kom wat “tussen die woonplek van die Jutte en Saksers lê” wat beaam word deur die Historia Brittonum, waarin die geskiedskrywer Æthelweard die area met Anglia in die provinsie Schleswig identifiseer. Aan die suide word die Anglia Skiereiland deur die Schlei Fjord geskei van die Swania Skiereiland, en aan die noorde van die Sundeved Skiereiland en die Deense eiland Als (Duits Alsen) deur die Flensburg Fjord (Duits Flensburger Förde, Deens Flensborg Fjord).

Daar word bespiegel dat die woord Angeln uit die Proto-Indo-Europese stam *h₂enǵʰ- kom wat "smal" beteken, verwysende na "die smal [water]", te wete die Schlei Fjord; die stam sou wees *angh-, "styf, eng" (Afrikaans en Nederlands eng = "narrow"; Duits: Enges Land). Angeln verwys ook na die mense: die Angeln (meervoud) = "the Angles". Angeln het ook "vishoek" (hengel) beteken, met verwysing na die vorm van die skiereiland. Oud-Noors ǫngull en moderne Nynorsk angel of ongel.

Die Eudoses is die Jutte, wat geen opgetekende geskiedenis in Europa het nie, behalwe dat hulle in Jutland gewoon het en later deur die Dene geabsorbeer is. Dis ook moontlik dat hulle naam met “Geats” of Gote verband hou. Volgens die Eerbiedwaardige Beda het die Jutte in Kent, the Isle of Wight, en dele van Hampshire gaan woon.

Die eerste vermelding van die Saksers is in Ptolemaios se Geographia; sy teks verwys na die “Saxones” in die streek noord van die laer Elberivier.

‘n Middeleeuse tradisie het na Westphalia, Angria en Oostphalia verwys as “Ou Sakse”. Beda het ook geskryf dat Ou Sakse naby die Rhyn was, wat rofweg ooreenstem met die hedendaagse Niedersachse, Westphalia, Nordalbingia en westelike Sachse-Anhalt. Die Noorweegse seevaarder Ohthere van Hålogaland se kroniek bevat ‘n verwysing na die Angele.

Volgens Beda se skrywes was die Angeln-tuisland ontvolk nadat die Angele hulle in Brittanje gevestig het. Die laaste vermelding van Angele op die kontinent kom uit ‘n dokument uit die jaar 802. Onder koning Karel I van Frankryk is die wette van die Germaanse stamme gekodifieer, waaronder die Lex Angliorum et Werinorum hoc est Thuringorum (Wet van die Angele en die Warini wat die Wet van Thuringia is).

Die Angel-Saksiese Koninkryke

Die eerste verwysing na Kelte –Κελτοί (Keltoi) in Grieks – is deur die geograaf Hecataeus van Miletus, in 517 vC, in sy skrywes oor mense wat naby Massilia (moderne Marseille) gewoon het. In die vyfde eeu vC het Herodotus na Keltoi verwys wat by die oorspring van die Donau woon, en in die verre weste van Europa. Julius Caesar het geskryf dat die Romeinse “Galli” (Gauls) na hulleself as Kelte verwys.

Die Griekse seevaarder Pytheas van Massalia het na die Britse Eilande verwys in variante vorme soos Πρεττανική (Prettanikē), "Die Britanniese [land, eiland]", en nēsoi brettaniai, "Britanniese eilande", met *Pretani ‘n keltiese woord wat "die geverfdes" of "tattoemense", beteken.

Die Keltiese tale van die Britse Eilande word “EilandKelties” genoem en verskil van die uitgestorwe “Kontinentale” Keltiese tale soos Keltiberies, Gaulies, Galaties en Leponties. Eiland-Kelties se verskille met die kontinentale weergawe sluit in: • Verbuigde voorsetsels • Gebruik van participia (gerunds) • VSO (werkwoord-onderwerp-voorwerp) • Onderskeid tussen absolute en konjunkte werkwoord-uitgange

Vandag is daar sowat 900,000 sprekers van Wallies, en 200,000 sprekers van Breton. Kornies ondergaan ‘n herlewing maar syfers is nie geredelik beskikbaar nie.

Skotse Gaelic het sowat 60,000 sprekers, maar dis moeilik om vas te stel hoevel mense se moedertaal Iers. Een skatting vir Iers is 70,000. Manx ondergaan ‘n herlewing maar syfers is nie geredelik beskikbaar nie.

Die drie moderne Goideliese tale is Iers (Gaeilge), Skotse Gaelic (Gàidhlig) en Manx (Gaelg).

GOIDELIES (groep) Primitiewe Iers Ou Iers, Middel Iers, Iers Skotse Gaelic Manx

Brittonies

Die drie moderne Brittoniese tale is Wallies, Breton en Kornies.

BRITTONIES (groep) Pikties (moontlik) Wes-Brittonies (groep) Kumbries Ou Wallies, Middel Wallies, Wallies

Suidwes-Brittonies Breton Kornies

Die Invloed van Brittonies

Engels is abnormaal. Dit verskil drasties van die ander Germaanse tale. Een van die opmerklikste verskille is die progressiewe konstruksie van die teenwoordige tyd, soos “Mary is singing” . Dié vorm is eintlik maar die algemene teenwoordige tyd van Engels, wat ‘n hoër gebruiksfrekwensie as die eenvoudige of gewoontelike vorm “Mary sings” het.

‘n Soortgelyke konstruksie kom wel in ander Germaanse tale soos Duits, Nederlands en Afrikaans voor, soos byvoorbeeld “Hy is aan die sing” (aan’t sing) maar in Engels is dit die primêre teenwoordige tyd. ‘n Kombinasie van die werkwoord “om te wees” + partesipium is raar in die wêreld se tale, maar kom wel in Wallies voor: Mae Mair yn canu.

Nog ‘n opmerklike afwyking van Germaans is Engels se perifrastiese of “do-konstruksie” met die “oorbodige” doen as hulpwerkwoord, wat ingespan word om negatiewe en vraagsinne te vorm: “Mary does not swim” en “Does Mary swim?” Hierdie konstruksie is onbekend in alle ander tale behalwe Wallies, Kornies en Breton:

Dis opsioneel in die ander tale en word net in die teenwoordige tyd gebruik as ‘n faktor in die manier om klem op iets te plaas. In Engels is dit verpligtend, en die “do” het geen betekenis op sy eie nie.

‘n Konstruksie wat in Engelse dialekte voorkom, is die “Noordelike onderwerpsreёl”. Die 3rde persoon enkelvoud word vir derde persoon meervoud-onderwerpe gebruik tensy die vnw “they’ gebruik word en reg langsaan die werkwoord verskyn: “They sing” maar “They always sings”. Wallies het presies dieselfde konstruksaie (behalwe die reg-langsaan-voorwaarde). ‘n Gesplete sin is ‘n komplekse sin (met ‘n hoofklousule en afhanklike klousule) met ‘n betekenis wat deur ‘n eenvoudige sin uitgedruk kan word. ‘n Gesplete sin plaas gewoonlik die klem op ‘n spesifieke onderdeel. Voorbeelde: • It’s Pete we’re looking for • It’s music that I love • It was from Dave that she heard the news Die gesplete sin is ‘n ou Walliese verskynsel met ‘n hoë voorkoms in Breton.

Fonologie is nog ‘n faktor wat Engels en Brittonies saambind. Engels is die enigste Germaanse taal sonder geronde voorvokale soos /ü/ en /ö/. Die behoud van /w/, /θ/ en /ð/ in Engels staan teenoor die feit dat hierdie klanke onstabiel is in Germaans. Ander fonologiese eienskappe van Engels, soos die diftongs en die gebruik van stemhebbende frikatiewe soos soos /v/ is ook aan die Keltiese invloed te wyte.

Die eerste vermelding van die Saksers is in Ptolemaios se Geographia; sy teks verwys na die “Saxones” in die streek noord van die laer Elberivier. ‘n Middeleeuse tradisie het na Westphalia, Angria en Oostphalia verwys as “Ou Sakse”. Beda het ook geskryf dat Ou Sakse naby die Rhyn was, wat rofweg ooreenstem met die hedendaagse Niedersachse, Westphalia, Nordalbingia en westelike Sachse-Anhalt. Die Noorweegse seevaarder Ohthere van Hålogaland se kroniek bevat ‘n verwysing na die Angele.

This article is from: