10 minute read

Morfologie

Die Sumeriese taal bly steeds een van die frustrerendste raaisels van die geskiedenis en van die linguïstiek. Dis nie net die kwessie van die oorsprong daarvan nie, maar veral die afwesigheid van genetiesverwante tale, wat kwel. Hoe meer ons uitvind oor die taalsituasie in Mesopotamiё in die derde en vierde millenium VHE, hoe meer vermenigvuldig die raaisels. Die kernvrae is: Van wanneer af is die Sumeriёrs in Suid-Mesopotamiё teenwoordig? Het die Sumeriёrs hulle in ‘n reeds-bevolkte land gevestig? Wie het hulle voorafgegaan?

Spykerskrif-ortografie kompliseer fonologiese en morfologiese analise. Die oudste suiwer Sumeriese tekste (logografies en spykerskrif van 2,800 VHE) het nie woorde volledig uitgeskryf nie, terwyl die groot aantal tekste uit die Ou-Babiloniese periode die Sumeriese taal deur ‘ n Akkadiese (Semitiese) lens weergee.

Advertisement

Sumeries (Emeg̃ir) is die taal van antieke Sumer (Ki’eg̃ir) wat in Mesopotamië gepraat is vanaf die vierde millennium VHE tot sowat die middel van die tweede millennium VHE. Daarna is Sumeries steeds as ‘n akademiese, liturgiese en literêre taal gebruik tot in die eerste eeu van die huidige era, soos Latyn deur die Middeleeue in Europa.

Die statuur van Sumeries in die antieke Nabye Ooste is merkwaardig. Selfs nadat die taal vanaf sowat 1,600 VHE nie meer ‘n betekenisvolle aantal moedertaalsprekers het nie, is dit op skool geleer en geskryf tot die begin van ons era. Benewens die taal se lang leeftyd, is die geografiese verspreiding daarvan uiters indrukwekkend.

Kleitablette in die Sumeriese taal het deel uitgemaak van die versamelings van biblioteke in stede soos Hattusa, Ebla, Ugarit, Susa, Mari, en ander, regdeur Assiriё en Babiloniё. Sumeries is vanaf Elam in die ooste deur Siriё tot in Anatoliё in die weste gebruik. Dit kan net toegeskryf word aan die kulturele prestasies van die Sumeriёrs en die ryk literatuurskatte van die taal.

Sumeries is ‘n agglutinerende taal met gesplete ergatief, wat beteken dit funksioneer as nominatiefakkusatief in die eerste en tweede persone van die onvoltooide tyds-aspek maar as ergatiefabsolutief in ander gevalle. So ‘n stelsel kom ook in Georgies, Burushaski, Iraanse Pashto en etlike Indo-Europese tale van Indiё voor.

‘n Onderskeid tussen “ mense & gode” vs “die res” skep twee naamwoordklasse, en die naamvalle absolutief, ergatief, allatief, genitief, ekwatief, datief, terminatief, komitatief, lokatief en ablatief word met suffikse aangedui.

Sumeries is ‘n SOV-taal, en tot tien verskillende prefikse kan voor die werkwoordstam verskyn, met tot drie suffikse daarna, sodat die Sumeriese werkwoord 14 posisies bied waarin morfeme met ‘n spesifieke betekenis aangewend kan word. Die werkwoord merk onder meer modaliteit, aspek, stem, polariteit, iterativiteit en intensiteit, en integreer die onderwerp en voorwerp.

Prinses Pu-Abi

Fonologie

Ons kennis van die Sumeriese taal is onvolledig omdat die grootste korpus daarvan deur die medium van Akkadiese fonologie en die spykerskrif oorgedra is.

Omdat die Akkadiese skryfwyse net vier simbole vir klinkers het, word Sumeries ook met net /i, e, a, u/ geskryf, wat beslis nie korrek kan wees nie. Die simbole wat aangewend word om verskillende vorme van byvoorbeeld /u/ te onderskei, word nie deeglik verstaan nie. Ander bronne bied ook leidrade dat die taal se klinkers nie tot vier beperk was nie. As minimum het Sumeries die vokale /e, i, a, u, o of ɔ, ε en ü/ bevat, en moontlik ook ‘n onderskeid getref tussen kort en lang vokale.

Volop bewys van vokaalharmonie bestaan. Sumeriese woorde van twee lettergrepe toon vokaalharmonie deur die eerste klinker te herhaal, bv kalam “land,” piriŋ “leeu, ” of murub “sentrum.”

As Spreektaal

Argaïese Sumeries is die vroegste fase van die taal, en tekste daarin begin met die Jemdet Nasr (Uruk III) periode in die 31ste eeu VHE. Sumeries het waarskynlik as ‘n spreektaal bly voortbestaan in die stad Nippur en omgewing tot die sestiende eeue VHE. Sumeries is ook tot laat in die Seelandstreek gepraat, waar daar nog ‘ n dinastie (1700- 14000) was met Sumeriese troonname.

Sprachbund met Akkadies

Die taal het 19 – 20 konsonante gehad, sommige waarvan die uitspraak oor honderde jare verander het. Akkadies en Sumeries het vir meer as ‘n millennium saam bestaan en mekaar wedersyds beïnvloed, sodat Akkadies sy prototipiese Semitiese vorm verloor het. Dis die eerste bekende voorbeeld van taalverandering weens kontak, wat tot ooreenkomste in fonologie, morfologie, sintaks en leksikon gelei het.

Die Sumeriese invloed op Akkadies het die vyf gutturale klanke van Proto-Semities /*ḫ, *ħ, *ɣ~ʁ,

*ʕ */!/ tot een met ‘n sagter uitspraak reduseer. Akkadies se aanvanklike drie klinkers [a, i, u] is deur [e] aangevul en het aanleiding gegee tot Babiloniese vokaalharmonie.

Die voornaamwoordstelsels van Sargoniese Akkadies en Babilonies toon ‘n toenemende aantal naamvalle in vergelyking met Proto-Semities en die noordelike (Assiriese) vorm van Akkadies. Akkadies het die interne meervoudsvorm verloor en net die suffiksmeervoud behou wat met die Sumeriese vorm ooreenstem. Die Akkadiese en Sumeriese ‘tenses’ toon merkwaardige ooreenkomste, byvoorbeeld die Akkadiese perfektum verledetydsvorm met -t-infiks weerspieёl die Sumeriese vorm met ba-prefiks.

Proto-Semities se VSO-woordorde het in Akkadies SOV geword onder invloed van Sumeries. Benewens die Sumeriese leenwoorde in Akkadies, is daar idiome in die twee tale wat woord-virwoord ooreenstem.

Eufraties

Die taal van die vroegste Mesopotamiese tekste, die proto-kuneivorm tablette van die Laat-Urukperiode (ca. 3350-3100 VHE), was waarskynlik ‘n vroeё vorm van Indo-Europees. *1

Dis die taal van die mense wat landbou na suidelike Mesopotamië gebring het tydens die Vroeë Ubaid-era (5300 tot 4700 vC). Dit sou die vroegste voorbeeld van ‘n Indo-Europese taal wees wat nog gevind is.

Die naam van die landstreek, Kalama, mag betrekking hê op die PIE woord *kolHm (riete). Nippur, die stad van Enlil (Heer van die Wind), dui moontlik op PIE *nebhro (wolk, newel), en die stad Lagash op PIE *leghos (stoorkamer). Die Sumeriese woord vir ‘n bewerkte land, ugur, mag uit PIE *hegro spruit, terwyl die titel patesi, ‘n goewerneur of burgemeester, baie op PIE *potis (leier) trek.

‘ n Hele woordfamilie in Sumeries mag op die PIE stam *ner (man) / *neros (krygsman) gebaseer wees. Dit sluit in die Sumeriese stam ner/nir wat vir prins, held, heerser of owerheid gebruik word.

Vergelyk ook Sumeries giru 'geliefde' met PIE *kāra/u'beminde, geliefde', Sum. gud/gu ‘bul, os, bees’

met PIE *gu/gwou-

‘koei’ , Sum. pala ‘kleed, met die PIE werkwoord *pal- 'toedraai, bedek', en Sum. tur (erf, kraal) met PIE *dhwors (deur).

Sum. erin; (ḫ)uríin 'arend' ~ PIE *her-; *horno- arend. Armeens arcui , Grieks orneon, Litous erelis . Die woord kom in Akkadies voor as eru en urinnu.

Sum. luḫ(u) 'was; skoonmaak’ ~ PIE *lehw'was';

Gk. lousis (λοῦσις); Lat. lavō .

Sum. maḫ(a) ' om magtig te wees’ ~ PIE *magh'magtig';

Skt. magha (मघ); Gk. mēkhos (μῆχος).

Sum. us(.a) 'ooi'; us5 'skaap' ~ PIE *owi; *howi(s) 'skaap; Sanskrit avika (अति); Lat. Ovis .

Sealand

Familiebande

Familie vir Sumeries is al onder meer by die volgende tale en taalfamilies gesoek:

• Kartveelse tale • Mundatale (Austries) • Drawidies (Elamo-Drawidies) • Oeraals (Uralo-Siberiese groep) • Altaïes (Transeurasiese groep) • Baskies (Dené-Sino-Kaukasies) • Nostratiese tale • Sino-Tibetaans (Dené-Sino-Kaukasies) • Dené-Sino-Kaukasies

Dis onweerlegbaar dat Sumeries aansienlike leksikale ooreenkomste met die Oeraalse tak van Uralo-Siberies, en met die Altaïese tak van Transeurasies toon, en gevolglik met hulle prototaal, Nostraties (soos die woord vir opperwese/hemel, Dingir/Dimir, en vir demoon, Dimme) wat in voorvermelde groepe onder meer as Tengri, Tündér, Jengis, Cingiz voorkom. Waar dit egter die werkwoord-morfologie aangaan, het die suffikserende Oeraals en Altaïes min in gemeen met Sumeries wat ‘n uitgebreide string prefikse aanwend.

Van al die bogenoemde, is die Dené-Sino-Kaukasiese prototaal waarskynlik die naaste aan Sumeries in die lig van beide kognate en werkwoord-morfologie.

Die Dame van Warka

Die Sumeriese taal bly steeds een van die frustrerendste raaisels van die geskiedenis en van die linguïstiek. Dis nie net die kwessie van die oorsprong daarvan nie, maar veral die afwesigheid van genetiesverwante tale, wat kwel.

Spykerskrif-ortografie kompliseer fonologiese en morfologiese analise. Die oudste suiwer Sumeriese tekste (logografies en spykerskrif van 2,800 VHE) het nie woorde volledig uitgeskryf nie, terwyl die groot aantal tekste uit die Ou-Babiloniese periode die Sumeriese taal deur ‘n Akkadiese (Semitiese) lens weergee.

Sumeries (Emegĩr) is die taal van antieke Sumer (Ki’egĩr) wat in Mesopotamië gepraat is vanaf die vierde millennium VHE tot sowat die middel van die tweede millennium VHE. Daarna is Sumeries steeds as ‘n akademiese, liturgiese en literêre taal gebruik tot in die eerste eeu van die huidige era, soos Latyn deur die Middeleeue in Europa.

Die statuur van Sumeries in die antieke Nabye Ooste is merkwaardig. Selfs nadat die taal vanaf sowat 1,600 VHE nie meer ‘n betekenisvolle aantal moedertaalsprekers het nie, is dit op skool geleer en geskryf tot die begin van ons era. Benewens die taal se lang leeftyd, is die geografiese verspreiding daarvan uiters indrukwekkend.

Kleitablette in die Sumeriese taal het deel uitgemaak van die versamelings van biblioteke in stede soos Hattusa, Ebla, Ugarit, Susa, Mari, en ander, regdeur Assiriё en Babiloniё. Sumeries is vanaf Elam in die ooste deur Siriё tot in Anatoliё in die weste gebruik. Dit kan net toegeskryf word aan die kulturele prestasies van die Sumeriёrs en die ryk literatuurskatte van die taal.

Omdat die Akkadiese skryfwyse net vier simbole vir klinkers het, word Sumeries ook met net /i, e, a, u/ geskryf, wat beslis nie korrek kan wees nie. Die simbole wat aangewend word om verskillende vorme van byvoorbeeld /u/ te onderskei, word nie deeglik verstaan nie. Ander bronne bied ook leidrade dat die taal se klinkers nie tot vier beperk was nie. As minimum het Sumeries die vokale /e, i, a, u, o of ɔ, ε en ü/ bevat, en moontlik ook ‘n onderskeid getref tussen kort en lang vokale.

Argaïese Sumeries is die vroegste fase van die taal, en tekste daarin begin met die Jemdet Nasr (Uruk III) periode in die 31ste eeu VHE. Sumeries het waarskynlik as ‘n spreektaal bly voortbestaan in die stad Nippur en omgewing tot die sestiende eeue VHE. Sumeries is ook tot laat in die Seelandstreek gepraat, waar daar nog ‘n dinastie (1700- 14000) was met Sumeriese troonname.

Die taal het 19 – 20 konsonante gehad, sommige waarvan die uitspraak oor honderde jare verander het. Akkadies en Sumeries het vir meer as ‘n millennium saam bestaan en mekaar wedersyds beïnvloed, sodat Akkadies sy prototipiese Semitiese vorm verloor het. Dis die eerste bekende voorbeeld van taalverandering weens kontak, wat tot ooreenkomste in fonologie, morfologie, sintaks en leksikon gelei het.

Die Sumeriese invloed op Akkadies het die vyf gutturale klanke van Proto-Semities /*ḫ, *ħ, *ɣ~ʁ, *ʕ */!/ tot een met ‘n sagter uitspraak reduseer. Akkadies se aanvanklike drie klinkers [a, i, u] is deur [e] aangevul en het aanleiding gegee tot Babiloniese vokaalharmonie.

Die voornaamwoordstelsels van Sargoniese Akkadies en Babilonies toon ‘n toenemende aantal naamvalle in vergelyking met Proto-Semities en die noordelike (Assiriese) vorm van Akkadies. Akkadies het die interne meervoudsvorm verloor en net die suffiksmeervoud behou wat met die Sumeriese vorm ooreenstem. Die Akkadiese en Sumeriese ‘tenses’ toon merkwaardige ooreenkomste, byvoorbeeld die Akkadiese perfektum verledetydsvorm met -t-infiks weerspieёl die Sumeriese vorm met ba-prefiks.

Die taal van die vroegste Mesopotamiese tekste, die proto-kuneivorm tablette van die Laat-Urukperiode (ca. 3350-3100 VHE), was waarskynlik ‘n vroeё vorm van Indo-Europees.* 1

Die naam van die landstreek, Kalama, mag betrekking hê op die PIE woord *kolHm (riete). Nippur, die stad van Enlil (Heer van die Wind), dui moontlik op PIE *neb h ro (wolk, newel), en die stad Lagash op PIE *leg h os (stoorkamer). Die Sumeriese woord vir ‘n bewerkte land, ugur, mag uit PIE *hegro spruit, terwyl die titel patesi, ‘n goewerneur of burgemeester, baie op PIE *potis (leier) trek.

Vergelyk ook Sumeries giru 'geliefde' met PIE *kāra/u- 'beminde, geliefde', Sum. gud/gu ‘bul, os, bees’ met PIE *gu/gwou- ‘koei’, Sum. pala ‘kleed, met die PIE werkwoord *pal- 'toedraai, bedek', en Sum. tur (erf, kraal) met PIE *d h wors (deur).

Sealand9

Dis onweerlegbaar dat Sumeries aansienlike leksikale ooreenkomste met die Oeraalse tak van Uralo-Siberies, en met die Altaïese tak van Transeurasies toon, en gevolglik met hulle prototaal, Nostraties (soos die woord vir opperwese/hemel, Dingir/Dimir, en vir demoon, Dimme) wat in voorvermelde groepe onder meer as Tengri, Tündér, Jengis, Cingiz voorkom. Waar dit egter die werkwoord-morfologie aangaan, het die suffikserende Oeraals en Altaïes min in gemeen met Sumeries wat ‘n uitgebreide string prefikse aanwend.

This article is from: