Garden Route December Issue 2015

Page 1

Eiendomme

Rapport, 6 Desember 2015

4

meer op bladsy

5 van die beste Nuwejaarspartytjies 2

Skep asem by dié klein paradys 3 Geen vakansie vir die ridders van die see 3

Wenke om jou vakansieplek te beveilig 8

Beeldskone baai Die Portugese seevaarder Manuel Perestrelo het Plettenbergbaai in 1577 Bahia Formosa, of Beeldskone Baai, gedoop. Woorde: Tisha Steyn // Foto: Le w Geffen Sotheby's

IN DIE FEBRUARIE-UITGAWE: Kollig op Sedgefield

P

lettenbergbaai is een van SuidAfrika se gewildste vakansiebestemmings. Dié dorp langs die Suid-Kaapse kus is nie verniet deur die Portugese seevaarders van ouds Bahia Formosa – of Beeldskone Baai – gedoop nie.

Omarm deur die Outeniekwa- en Tsitsikammaberge wat hier met hul voete in die Indiese Oseaan staan, lê die mooie dorp tussen

Robbergskiereiland en Keurboomstrand. Drie blouvlagstrande langs die 15 km lange uitgestrekte strande bied salige somersielsgenot, die waterweë van die strandmeer bied eindelose geleentheid vir watersport van enige aard, en die woude bied naas fietsry- en staproetes ook ’n reksprong vanaf die hoogste brug in die land, en boonop die geleentheid om hoog bo die aarde tussen boomtoppe te swiep.


2 Nuus & Leefstyl

6 Desember 2015

Op die kalender

DAGBOEK

Gryp jou dagboek en teken dié belangrike datums aan.

Woorde: Petrus Hendriks Foto's: knysnasplash.co.za, plett-tourism.co.za, wetu.com, verskaf

Tuinroete w Radio Raps @ The Barns, Barnyardteater, Mosselbaai, 14 Desember; Meer inligting: thebarns.co.za/mosselbay w Rotary Lagoon Splash-familiefees, Knysnastrandmeer, 18-20 Desember; Meer inligting: knysnasplash.co.za

5

Nuwejaarspartytjies aan die Tuinroete

1

Woorde: Petrus Hendriks // Foto's: theruins.co.za, therockets.co.za, verskaf

2

BUSH LAPA-SPITBRAAI, HEROLDSBAAI Die bloekombostuiste van Bush Lapa groet die Oujaar met die plaaslike groep Cloud 9 wat die dansvloer met pop- en rockmusiek besig hou, gevolg deur platejoggies tot vroeg in die nuwe jaar. Kuiergaste kan smul aan ’n heerlike spitbraai. Dis R250 per kop en die lekker tye begin om 18:00. Navrae: 044 851 0113

NEON ROOFTOP BASH, DIAZ STRAND-HOTEL, MOSSELBAAI Die Diaz-somerfees eindig 2015 op ’n hoë noot met die Rooftop Bash by die Diaz Strand-hotel, waar kunstenaars soos Francois van Coke, Corné Wessels, Nicole da Silva en Beat Army optree. Verrigtinge begin om 18:00 en kaartjies vir algemene toegang kos R200. BBP-kaartjies (met jou eie privaat kroeggeriewe) kos R400. Meer inligting: cocreate.co.za

4 5

3

w Sabrina Love Ocean Challenge, Sentraalstrand, Plettenbergbaai en Kurland-pololandgoed, 21-23 Desember; Meer inligting: plett-tourism.co.za w Nuwejaarfeesmaal by Fancourt, George, 31 Desember om 19:00; Meer inligting: fancourt.com

LEEFSTYL

VIP SUPERCLUB-PARTYTJIE, PLETTENBERGBAAI Die VIP Superclub spog met drie dansvloere en sewe kroeë. By sy Nuwejaarspartytjie op 31 Desember is die rapper Jack Parow, Deaderthandisco en DJ Moosa die hoofkunstenaars. In die Viper Room is daar dubstep en trance-musiek en op die Dirty Vegasvloer doef-doef electro-house. Kaartjies kos R200 tot R400. Meer inligting: VIP Superclub op Facebook

THE RUINS NYE, ST. FRANCISBAAI Dis een van die gewildste Nuwejaarspartytjies aan die Tuinroete en dié plek om gesien te word as jy heel aand wil dans. Vanjaar is daar 25 kunstenaars wat op 31 Desember vanaf 13:00 op drie verhoë vir 15 uur lank musiek sal maak. Toegang tot die BBP-area is R850 en algemene toegang kos R350 (geen o.18’s). Meer inligting: theruins.co.za

THE ROCKETS, GARDEN ROUTE CASINO, MOSSELBAAI Een van Suid-Afrika se suksesvolste R&Ben popgroepe verskaf op 31 Desember in die Bravo Lounge vermaak vir mense wat na lekker kuiermusiek wil luister. ’n Platejoggie skop die verrigting om 20:00 af, waarna die Rockets 2016 sing-sing sal verwelkom. Kaartjies wissel tussen R100 en R180 en ’n vingerete teen R80 is beskikbaar. Bespreek by online.computicket.com

GEPUBLISEER DEUR THE CREATIVE GROUP 6de Straat 9, Parkhurst, 2193 011 476 6293, pamedia.co.za

PA Mediahoof: Shaun Minnie – shaun.minnie@thecreativegroup.info REDAKSIE Redakteur: Marana Brand Kreatiewe direkteur: Mark Peddle

Kopieredakteur: Marana Brand Kunsdirekteur: Lucia Viglietti

ADVERTENSIEVERKOPE Michèle Jones – michele.jones@thecreativegroup.info Jackie Maritz – jackie.maritz@thecreativegroup.info Susan Erwee – susan.erwee@thecreativegroup.info

– 084 246 8105 (WK) – 078 133 5211 (TR) – 083 556 9848 (BL)


Nuus & Leefstyl 3

6 Desember 2015

Fokus op: Garden of Eden, Knysna

FOKUS

V& A

Mike Elliot, streekbestuurder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in die Suid-Kaap

As jy dié feesseisoen op die N2 kuslangs die langpad tussen suid en noord aandurf, is Garden of Eden nét die plek om ’n blitsige blaaskans te neem. Woorde: Petrus Hendriks // Foto: sanparks.co.za, verskaf

I BLITSFEITE OOR DIE STAPROETE Hoe lank is dit? Twee sirkelroetes van 500m of een van 1km. Hoe moeilik is dit? Baie maklik. Wat kos dit? R12 per volwassene, R7 per kind. Waar kry ek inligting? Skakel 044 532 7793 gedurende kantoorure. Waar is dit? Halfpad tussen Knysna en Plettenbergbaai op die N2. Wat moet ek weet? Drinkwater en toiletgeriewe is beskikbaar. Daar is piekniekplek, maar geen braaigeriewe nie. Die roete is rystoeltoeganklik.

n die hartjie van die Harkerville- inheemse woud tussen Knysna en Plettenberg, kry jy te doen met waarskynlik een van die beste voorbeelde van ’n lappie geil aarde waar bome so hoog soos kerktorings skouer aan skouer wortelgeskiet het. ’n “Wet highforest”, noem die Engelsman dié verruklike natuurverskynsel, wat hier tereg Garden of Eden genoem word. Massiewe stinkhout-, kalander en witelsbome (om enkeles te noem) staan breëbors hier gevestig, sommige waarskynlik veel ouer as 90 jaar, aangesien dié stukkie hemel op aarde reeds sedert 1926 aan besoekers oopgestel is.

motor onderweg na jou vakansiebestemming. Maar wat jy op dié kort stappie sal sien, hoor, voel en ruik, sal die batterye behoorlik herlaai en jou vars, verkwik en bowenal verstom laat.

RUS SO STAP-STAP Wat die Garden of Edenbesoek so ’n treffer maak, is dat jy jou motor kan parkeer en sommer net soos jy daar uitklim, die staproete kan aandurf.

Voëlkykers sal ’n getwiet en getjirp van bedrywighede in die takke en boomtoppe vind, maar as jy net ’n vinnige blaaskans weg van die meedoënlose teerpad soek, is dit dié plek om asem te skep. Die pieknieken ablusiegeriewe is skaflik en word goed onderhou en die toegangsfooi is spotgoedkoop.

Die Garden of Edenstaproete is eintlik nie ’n staproete in die ware sin van die woord nie. Dis meer soos ’n kans om die bene te rek ná ’n paar uur agter die stuur van die

Agter die skerms met…

Feitlik die ganse roete is met ’n plankpad uitgelê, wat dit ook toeganklik maak vir mense in rystoele. Daar is selfs brûe wat besoekers oor stroompies lei. Benewens die plankpaadjies en die terloopse kennisgewingbord met inligting oor die fauna en flora, is daar g’n teken dat die mens hier betrokke was nie. Dis basies die natuur op sy natuurlikste.

Dis die Tuinroete se klein paradys.

Vir derduisende Tuinroetebesoekers beteken elke Desember ’n droomvakansie by die see. Maar vir vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut, is daar geen rus in die feesseisoen nie. Woorde: Petrus Hendriks // Foto’s: NSRI, Baarend Maarsingh/NSRI, verskaf

HOEVEEL NSRI-STASIES IS DAAR LANGS DIE TUINROETE EN WIE WAS EERSTE? Ons het ses: Witsand, Stilbaai, Mosselbaai, Wildernis, Knysna en Plettenbergbaai. Knysna was eerste in die Suid-Kaap en is in 1969 gestig. KAN JY VIR ONS STATISTIEKE GEE OOR DIE NSRI SE REDDINGSWERK? Statistieke vertel nie die volle verhaal nie. Reg oor Suid-Afrika heen loods ons jaarliks sowat 700 reddingsoperasies, maar dis net dié wat aangeteken word, want daar is baie vals alarms. Gedurende die vloede in Port Elizabeth en Plettenbergbaai vanjaar, het ons 26 noodoproepe in 24 uur ontvang. WAT IS DIE GROOTSTE UITDAGINGS WAT JULLE IN DIE GESIG STAAR? Ons vrywilligers werk almal voltyds en het gesinne, so om hulle tyd te bestuur is ’n uitdaging. Nagenoeg 80% van hul tyd word aan opleiding en oefening bestee. Hulle moet self die bote en toerusting skoonmaak en ook gesinne in tye van tragedie ondersteun. DIE NSRI IS ’N NIEWINSGEWENDE ORGANISASIE. HOE OORLEEF JULLE AS ONDERNEMING? Die beginsels van integriteit, onbaatsugtige vrywilligers, en harde werk is die

ruggraat van ons sukses. In 2017 sal die NSRI sy 50ste bestaansjaar vier. Ons oorleef danksy private, eenmalige skenkings en het ook ’n basis van 73 000 mense wat elk gemiddeld R50 per maand skenk. Maar ons draai ook elke sent drie keer om. Al ses stasies in die Suid-Kaap het vanjaar ’n Station Excellencetoekenning ontvang nadat die jaarlikse nasionale stasieoudits gedoen is. Ons is die enigste streek in Suid-Afrika waar ál die stasies met die toekenning vereer is. Ons is dus met reg trots daarop. WAT IS DIE BASIESE VEILIGHEIDSWENKE VIR BESOEKERS AAN DIE TUINROETE? Weet wie om te kontak in ’n noodsituasie. Stoor dié nommers op jou selfoon. Swem slegs waar menseredders aan diens is en in areas wat met vlaggies aangedui word. Laat weet jou mense as jy gaan swem of ’n staproete gaan doen en hoe laat jy terug sal wees. SafeTrx, ons gratis foontoepassing, kan dít bestuur. Jy beplan hiermee jou roete en terugkeertyd en as jy die toep (app) op jou foon óóp hou, sal jou kontakte en die

nooddienste outomaties gewaarsku word as jy nie betyds tuis is nie. WAT IS JOU RAAD AAN MENSE WAT IN NOOD VERKEER? Beplan vir die onvoorsiene. Maak seker jy kan kommunikeer (selfoon, fakkels, ’n spieëltjie). Moenie paniekerig raak nie. As jy in die water is, dryf op jou rug. Spaar jou energie en moenie teen die stroom veg nie. As jy iemand in nood sien, kontak die NSRI. Ons sien dikwels hoe mense wat iemand in nood probeer help, ook in die moeilikheid beland. WATTER NOMMER MOET ’N MENS BEL AS DAAR NOOD IS? Die belangrikste nommer is 112. Skakel dit van jou selfoon af en jou diensverskaffer se noodbeheerkamer sal alle nooddienste in jou omgewing verwittig. Direkte nommers vir die NSRI verkort die reaksietyd. Die nommers in die Suid-Kaap is 082 990 5956 (Knysna); 082 990 5954 (Mosselbaai); 082 990 5975 (Plett); 082 990 5978 (Stilbaai); 082 990 5955 (Wildernis) en 082 990 5957 (Witsand).


4 Plettenbergbaai

6 Desember 2015

Sonskyndae op goue strande

Plettenbergbaai met sy gematigde klimaat is net die plek vir sondeurdrenkte dae op goue strande. Woorde: Tisha Steyn Foto's: Seeff, Lew Geffen Sotheby's, verskaf

P

lettenbergbaai vorm deel van die Bitoumunisipaliteit van die Eden Distriksmunisipaliteit en is die laaste Suid-Kaapse dorp langs die N2 voordat die grens na die OosKaap oorgesteek word. Geen wonder nie dat die dorp se blyplek die afgelope drie jaar vir die somervakansie volbespreek was! Die dorp is aangewys as een van die internasionale plekke van kritieke belang vir die welstand van die oseaan. Hierdie eer het die dorp nie net te beurt geval weens die ongeëwenaarde natuurskoon van die onge­repte omgewing nie, maar ook omdat die dorp geseën is met die meeste sonskyndae, die minste wind en die warmste seewater langs die ganse Wes-Kaapse kus. WERK EN SPEEL Plettenbergbaai bied ’n tuiste vir mense wat hul lewe lank hier woon en werk, ouer mense wat van elders af hier kom aftree, en toenemend ook ’n veilige blyplek vir jonger sakelui wat hier kom woon ter wille van die landelike leefstyl. Plettenbergbaai is

ook ’n gewilde vakansie­ bestemming: nie net vir gesinne wat jaar na jaar uit die binneland hier kom uitspan nie, maar ook vir die spreekwoordelike swaeltjies – die Europese toeriste wat jaarliks hier kom oorwinter wanneer die Noordelike Halfrond bibber. KLEIN, MAAR GROOT “Plettenbergbaai is ’n klein dorpie met talle stadsgeriewe,” sê Alet Ollemans van Seeff Eiendomme. “Hier is uitstekende skole, van die mooiste wonings in Suid-Afrika, luukse vakansieverblyf en ’n groot inkopiesentrum. Direkte vlugte vanaf die plaaslike lughawe maak die dorp geskik vir mense wat in die stad moet werk maar hier wil woon.” SKOOL TOE Goeie skole in die dorp maak Plettenbergbaai ’n aanloklike blyplek vir jong sakelui met kinders. “Die Laerskool Plettenbergbaai en die Hoërskool Wittedrift is uitstekende skole,” sê Helen Ward van Helen Melon Eiendomme. Volgens Steven Neufeld van Lew Geffen Sotheby’s het die privaat skole

Greenwood Independent School en Bay College, saamgesmelt om die volwaardige privaat skool Greenwood Bay College in Piesangvallei te vorm. VIR DIE GRYSES Die gematigde klimaat maak Plettenbergbaai ’n gewilde aftreebestemming – só gewild dat daar by een van die oorde ’n waglys van 18 jaar is, sê Ward. “Weens die aanvraag word verskeie ander aftreeoorde ontwikkel. Goeie mediese geriewe, insluitend ’n privaat hospitaal, bied gemoedsrus,” sê sy. Ward meen Plettenbergbaai se gematigde klimaat en die talle geleenthede om natuurgerigte stokperdjies soos gholf, stap, voëlkyk, visvang en fotografie te beoefen, maak dit gesog onder bejaardes. HUISE BY DOSYNE Eiendom in Plettenbergbaai wissel van intreevlakwoonstelle en -huise tot die duurste en mees gesogte huise in die land. “Huise langs Beachy Head is ongetwyfeld van die duurste eiendom in die land,” sê Ward. “Sowat 85% van alle eiendom ver­koop egter vir minder as R3 miljoen.” Volgens Neufeld is ’n groot verskeidenheid eiendom beskikbaar waarvan die meeste woonhuise is, maar daar is ook deeltiteleenhede, kleinhoewes en ’n paar

plase, kommersiële en ligte industriële eiendom. “Daar is ’n groeiende be­ hoefte aan eiendom binne sekuriteitskomplekse wat ooreenstem met die nasio­ nale tendens,” sê Neufeld. Volgens hom is veral duurder eiedomme gewild. “Die meeste kopers kom uit Gauteng, gevolg deur plaaslike kopers en derdens kopers uit Kaapstad,” sê hy. “Daar is ook enkele kopers uit die buiteland.” RAND EN SENT “Eiendomspryse wissel van die goedkoopste woonstel vir R475 000 tot die duurste eiendom van R60 miljoen by Robberg se blouvlagstrand,” sê Ward. Volgens Neufeld is die prys vir ’n leë erf R150 000 vir sowat 1 500 m² in ’n sekuriteitskompleks; R550 000 vir ’n woonstel van sowat 80 m² met twee slaapkamers en een badkamer; en R1 miljoen vir ’n huis van

sowat 100 m² met een slaapkamer, een badkamer en ’n enkelmotorhuis. Volgens Neufeld kos eien­­dom langs die gesog­te Beachy Head R28 miljoen vir ’n leë erf van 1 000 m²; R10 miljoen vir ’n dakwoonstel van sowat 400 m² met vier slaapkamers, drie badkamers en ’n see-uitsig; R10 miljoen tot R29 miljoen vir ’n woonhuis met ’n oppervlak van 1 000 m² en vyf slaapkamers; en R25 miljoen tot R44 miljoen vir ’n luukse huis van sowat 500 m² met vyf slaapkamers. Volgens Ollemans kos ’n villa op die strand sowat R44 miljoen. “Meer bekos­tig­bare eiendom is beskikbaar vir so min as R625 000 vir ’n woonstel tot R1,4 miljoen vir ’n huis. Dan is daar ook talle ander eiendom in ander prysklasse wat goeie waar­ de vir geld bied,” sê sy. Ward sê die meeste verko­ pers is afgetredenes wat

na ’n aftreeoord of nader aan hul kinders wil trek. “Die volgende grootste groep verkopers is eie­ naars wat nie meer ’n vakansiehuis nodig het nie, gewoonlik omdat hul kinders uit die huis is,” sê sy. Volgens Neufeld het Lew Geffen Sotheby’s meer as 800 eiendomme op hul boeke, maar daar is sekere segmente waar eiendom skaars is. “Benewens die gewone redes verkoop mense soms ook om kapi­taal los te maak.” Die somerseisoen is die besigste tyd vir verkope. Ollemans sê tot 20% van die vakansiehuise kom nooit in die mark nie omdat dit van een geslag na die volgende oorgedra word. “Die meeste ander eien­ dom volg die normale sewe- tot tienjaarsiklus. Mense verkoop omdat hulle aftree, ’n groter of kleiner huis soek of omdat hulle met eiendom spekuleer.”


der k.

hul sê sy.

w as l kere m ie

e e.

n

mdat ie rd.

. hulle ner le r.”

6 Desember 2015

Die somerseisoen is die besigste tyd vir verkope in Plett.

Kollig op Plettenbergbaai 5

EIENDOMSPRYSE IN PLETT n ’n Tipiese eiendom wat in Plettenbergbaai te koop is, is ’n drieslaapkamerhuis teen ’n gemiddelde vraprys van R2,3 miljoen. n 64% van eiendom te koop is huise teen ’n gemiddelde vraprys van R3,28 miljoen. n 32% van eiendom te koop is ’n woonstel teen ’n gemiddelde vraprys van R1,35 miljoen. n Die gemiddelde maandelikse huur vir ’n tweeslaapkamerhuis is R3 600.


6 Skou-ontwikkelings

Ontdek die verborge skat van die Helderberg Stel jou die lewe in ’n landgoed voor waar die leefstyl van vervloeÍ dae met die luukse gemaklikhede van vandag gekombineer word. Woorde en foto's: Verskaf

6 Desember 2015


Skou-ontwikkelings 7

6 Desember 2015

PRYSE: w Erwe vanaf R 740 000

w Luukse woonstelle vanaf R 795 000

w Sleutelklaar dorpshuise vanaf R2 395 000

w Sleutelklaar landelike huise vanaf R2 495 000

Vir meer inligting: Sitari-eiendomsverkope Martin van Rooyen 083 452 6909 Kantoor 087 890 0033 sitari.co.za

D

ie Sitarilandgoed in SomersetWes het olyf- en vrugteboorde, water­ elemente en ontwerpte tuine wat subtiel vervleg is met ’n ongeëwenaarde sekuriteit­stelsel, ’n gesofisti­ keerde klubhuis en geriewe enig in hul soort. Sitari se sekuriteitstelsel het ’n hoofgeboukompleks van 1849 m² by die landgoed se ingang met ’n beheerkamer, sowel as kantore vir verkope, verhuring en huiseienaarbestuur, en kantoorspasie wat ook te koop sal wees. Die sekuriteitswagte op die perseel sal hoofsaaklik vanaf die hoofingang se hekwaghuis ontplooi word omdat alle besoekers deur die hoof- of sekondêre ingang die landgoed moet binnegaan. Beide hekwaghuise sal biometriese lesers, nommerplaatidentifikase en 24/7-toegangsbeheer hê wat beman sal word.

Grensmure aan die buitekant van die landgoed sal ondergrondse, saagtandige stroke hê wat nie geknip kan word nie en klim onmoontlik maak. Bo-op sal dit geëlektrifiseer wees, en die mure sal ook toegerus wees met Future Fibre Technology met hitte-sensitiewe snellers. Wanneer ’n sneller afgaan, word die kameras geaktiveer wat weer met die hoofbeheerkamer gekoppel is. Rondgaande sekuriteits­ voertuie sal dan na die plek waar die steuring plaasgevind het, uitgestuur word om inspeksie te doen en aksie te neem waar nodig. Elke kruising in die landgoed sal vierrigtingkameras hê sodat die beheerkamer deurentyd oë oor die binnekant van die landgoed kan hê. Sitari se buiteklubhuis is nóg ’n indrukwekkende element omdat dit regtig ’n plek sal wees waar

inwoners kan ontspan en die lewe op Sitari geniet. Die buiteklubhuis sal ’n kafee en deli hê met heerlike eet- en drinkgoed, wegbreekvertrekke vir dié wat gedurende die dag van die huis af werk, ’n wonderlike speelarea vir kinders, ’n swembad van 23.5 m vir volwassenes, ’n kinderpoel en ’n geselligheidsarea. Die buiteklubhuis sal op ’n sentrale, formele “parkruggraat” geleë wees wat vanaf die R102 strek en kleiner parke, boorde, seisoenale groentetuine, kruietuine, priële en ’n windpomp bevat. Dit kulmineer alles in die natuurlike leefstyl en die genot van daaglikse heerlikhede terwyl ’n mens Moeder Natuur se skoonheid bewonder.

EERSTEKLASONDERRIG Kinders se opvoeding – laer- of hoërskool – is vir elke voornemende inwoner belangrik. Een van SuidAfrika se voorste skole, Curro, sal in die Sitari­ landgoed geleë wees en is oorgehaal om sy deure in Januarie 2016 met die eerste leerders te open. Currokasteel vir kinders van drie maande tot vyf jaar, en Curroskool, vir laer- en hoërskoolleerders, sal beide tot ouers se beskik­king wees om eersteklas­opvoeding aan hul kinders te verskaf. Omdat dit so na­by geleë en so ’n hoë vlak van onderrig bied, maak dit die besluit om jou kind na Curro Sitari te stuur, baie maklik. Die Currogroep het al verskeie takke gebou en strewe daarna om die volhoubaarheid te skep wat

nodig is om ’n blywende vlak van uitstekende onder­ rig onder die kinders van Suid-Afrika te verseker. EIENDOMSKEUSES Sitarilandgoed bied kopers vier soorte eiendom: erwe, luukse woonstelle, sleutelklaar dorpshuise en sleutelklaar landelike huise. Onlangs het Little Blossom se 55 woonstelle binne net 14 dae verkoop en die 92 losstaande erwe wat in Fase 1 vrygestel is, is binne 9 maande opgeraap. Sitari se amptelike verkoopstatus toon nou dat 95 van die 140 erwe van Fase 2 verkoop is – amper 75%. Hierdie verkoopstatus is werklik indruk­­wekkend en is tekenend van die leefstyl, gerief en uitmuntende veiligheid wat Sitari voornemende kopers bied.

Die ontdekking van die Helderberg se diepste geheim, maak die wynland se leefstyl waarvan jy nog altyd gedroom het, ’n werklikheid.

Daar is baie redes hoekom dit sin maak om by Sitari­ landgoed te koop, insluitend sy uitstekende ligging. Somerset-Wes is deel van die Kaapse wynstreek en inwoners kan Sondae ’n nabygeleë wynplaas en die plaaslike markte besoek en aan ander aktiwiteite in en om Somerset-Wes deelneem. Stellenbosch is net 20 km ver, wat beteken ’n Saterdag kan sinvol deurgebring word. Sitari Country Estate en Somerset-Wes bied só baie dat voornemende kopers hulle kan regmaak vir ’n werklik omvattende leefstyl in die Helderberg.


8 Eiendomsnuus

6 Desember 2015

Beveilig jou vakansieplek “Ver van jou goed, naby jou skade,” lui die spreekwoord. Is dit die lot van jou vakansiehuis sodra jy weer op kantoor is?

Woorde: Riekie Human // Foto: iStock

D

is veronderstel om ’n rusplek en toevlugsoord te wees, maar ons kan nie blind wees vir die feit dat ons in ’n land met hoë misdaadsyfers leef nie. Hoe kan jy jou wegbreekplekkie beveilig? Peter Olivier, ’n onafhanklike eiendomskonsultant van Kaapstad, sê dis altyd ’n goeie idee om vóór jy die kooptransaksie afhandel, eers met ander inwoners in die buurt of dorp te gesels en uit te vind of hulle al deur misdaad geteister is. “Of gesels met inwoners wat permanent op die dorp bly, en loer in by die plaaslike supermark en vra die bestuurder uit. Moenie bloot steun op misdaadstatistieke nie – nie alle misdaad word

SIMON BRAY, UITVOERENDE HOOF VAN PRIVATE PROPERTY

aangemeld nie,” sê Olivier. Hy stel die volgende wenke voor om inbrake by jou vakansieplek te fnuik: n Installeer ligte wat programmeerbaar is en stel dit dat dit op verskillende tye aan- en afgaan. “Dis nou wel nie die ekovriendelikste benadering nie, maar dit skep die indruk dat daar iemand tuis is.” n Vermy die versoeking om duur toebehore in jou vakansiehuis te hê. Gebruik byvoorbeeld eerder ’n ou televisiestel. n Moenie ’n kluis in jou vakansiehuis hou nie. n Perimeter-alarmstelsels is uitstekend, want die alarm gaan af selfs voor skobbejakke tot binne-in jou huis kan kom.

Dis duidelik dat – net soos met ’n goeie belegging – ligging een van die grootste oorwegings is wanneer dit kom by die koop van ’n vakansie- of naweekhuis. oor die veiligheid van ons eiendom.” Volgens Japie Pienaar, wat ’n huis in Jakkalsfontein aan die Weskus besit, is dié stranddorpie bogemiddeld veilig. Hy sê dit het beslis ’n rol gespeel in hul besluit om daar te koop en te bou. “Daar is hekbeheer met kameras. Alle motors wat die landgoed binnegaan, word dus gemonitor. Dis ook bitter moeilik om te voet by die huise te kom, en die personeel op Jakkalsfontein – wat administratiewe, natuurbewaring- en ander dienste lewer – doen gedurig roetine-patrollies by al die huise,” sê hy.

A Aalw

B Bayvi

Só het eiendomswebportale verander

Al hoe meer mense gebruik die internet om na eiendom soek. Ons kyk na hoe eiendomswebportale verander het. Woorde: Bridget McNulty // Foto: iStock

E

iendomswebportale was tot ’n paar jaar gelede net aanlynlyste wat eiendomslyste in die gedrukte media aangevul het, en ook inligting wat nie in die gedrukte advertensie kon inpas nie, verskaf het.

DIE GEWILDSTE TOESTELLE WAAROP EIENDOM AANLYN GESOEK WORD*

SÓ MAAK HULLE …

Nicola en Theuns Laubscher het ’n binnelandse naweekhuis in Redelinghuys naby Piketberg. Volgens Nicola het hulle basiese veiligheidsmaatreëls soos diefwering getref. Die dorpie is egter so klein dat die polisiestasie ’n sentrale punt is wat die groter distrik bedien – so daar’s ’n groot polisieteenwoordigheid! “Ons het ook uit die staanspoor twee persone op die dorp in diens geneem om na die tuin en huis om te sien. Ons weet dus dat iemand daagliks ’n ogie oor die plek hou. Ons bure is boonop almal permanente inwoners, wat daartoe bydra dat ons rustig voel

Verandering sal voortduur. Dis die aard van webtuistes om net soos tegnologie voortdurend te ontwikkel.

n Lessenaarrekenaar 49%

n Selfoon 40% n Tablet 11%

DIE GEWILDSTE MOBIELE TOESTELLE n iPhone 16% n iPad 12% n Samsung-toestelle 18%

*Inligting van privateproperty.co.za

Dit verskaf steeds hier­ die diens, maar daar was intussen verskeie vinnige veranderings wat eiendomswebportale soos Private Property in meer as net ’n webtuiste met lyste laat ontwikkel het. Die rede hiervoor is deels omdat potensiële kopers die internet toenemend gebruik om na eiendom te soek (’n onlangse studie toon dat meer as 80% van eiendomsoektogte aanlyn begin), asook die dramatiese skuif na mobiele toestelle (50% van gebruikers besoek eiendomswebtuistes deur hul selfone of tablette). Die webportaal het ontwik­ kel om hierdie behoeftes aan te spreek en ook om

meer inligting oor die koop, verkoop en huur van eiendom te verskaf, asook oor eienaarskap in die algemeen. Private Property het dit ’n stap verder gevoer met die bekendstelling van sy woonbuurtblaaie wat gedetailleerde inligting oor lewenstyl en eiendom van areas reg oor die land heen verskaf. NODIGE VERANDERINGS Om in al hierdie behoef­ tes te voorsien, is ’n webtuiste wat op die behoeftes van mobiele gebruikers reageer, asook die naatlose aanpassing van die webtuiste vir elke toestel – mobiel of nie – lewensbelangrik. Eienskappe wat uniek is aan mobiele toestelle soos raakskerm-funksionaliteit, is ingebou, terwyl eienskappe soos om met die druk van ’n knoppie eiendomme in die omgewing te vind, vanselfsprekend is.

’n Toepassing (app) ondersteun die webtuiste deur huissoekers toe te laat om te navigeer deur teks, ligging of voorstad. Hierdie veranderings is nie net tot die voordeel van dié wat eiendomswebportale gebruik om eiendom te soek nie, maar ook die eiendomsagente wat dit gelys het. Hierdie webtuistes het die tegnologie om die agente se gelyste eiendomme op hulle beste te laat lyk. Dit lei tot leidrade wat die agent kan opvolg en die kliënt kan help om hul eiendom te koop, verkoop of verhuur. Die getal mense wat aanlyn en op mobiele toestelle na eiendom soek, het die laaste paar jaar aansienlik toegeneem, maar sal dit ’n plato bereik? Nee wat, sê Simon Bray, uitvoerende hoof van Private Property. “Verandering sal voort­­ duur. Dis in die aard van webtuistes om net soos tegnologie voort­ durend te ontwikkel.”

Dit is ’n groot uitgawe en verpligting om ’n vakansiehuis te koop, maar oorweeg die voordele. Wat die bykomende uitgawes ook al is, jou vakansies is voortaan gratis en die eiendom is ’n bate wat aan geslagte hierna oorgedra kan word. SIMON BRAY, UITVOERENDE HOOF VAN PRIVATEPROPERTY.CO.ZA

D Dana

De Ba De Ru Diaz S

F

Fraai

G

Georg Glenta Groot

H

Harte Harte Harte


et

Eiendomsforum 9

6 Desember 2015

Eiendomme

Tuinroete Areagids A Aalwyndal B

Barrydale Baviaanskloof Bayview Boggomsbaai Boland Park

D Danabaai De Rust Diaz

F

Fraai Uitsig

G

Glentana Groot Brakrivier

H Hartenbos Hartenbos Heuwels Heiderand Heroldsbaai Hersham Hoekwil

ste e ur d. s nie Agentegids n dié Tuinroete ale

20, 21

m

na

Island View

K 10 25 14, 15, 20, 21, 22, 26 21 18

Klein Brakrivier Kompasbaai

M

Menkenkop Monte Christo Mosselbaai

10, 13, 16, 17, 21, 22, 23 21 11, 14, 15, 17, 18, 19, 21, 23

10, 12, 15, 16, 21, 23, 25

N

Num Num Eco Estate

O

Outeniquastrand

P 12, 25 10, 21, 25

Pienaarstrand Pinnacle Point

R 9, 10, 11, 12, 13, 17, 20, 22, 26 12, 14, 15, 20, 21, 22 11, 17, 20 24 25 10

De Kaap Eiendomme Gleniqua Eiendomme Grip Realty Hartenbos Eiendomme Japie Krige Eiendomme die Johan Viljoen Eiendomme nte Jonty Eiendomme op Nedbank Dit lei Petro Eiendomme ent Private Property t kan Property Monopoly e Propmann uur. Realty 1 International Property Group Seeff nlyn TL Botha Eiendomme

e die nlik it ’n sê de rty. ­

I

Reebok Ruiterbosch

S

Santos Seemeeuhoogte Seemeeupark Stilbaai Suiderkruis

11, 14, 15, 16, 17, 21, 23 15, 21, 23 13

11, 14, 23 11, 12, 14, 15, 23 10, 11, 14, 15, 16, 17, 20, 21, 22, 26

T

V

10 15, 17 20

Victoriabaai Village On Sea Vleesbaai

Oos Kaap

27

Port Elizabeth

Kaapstad B

Buh-Rein Estate

28, 29

Helderberg

6, 7

20

H

25

KZN H

25 11

10, 12, 15, 17, 22, 25

Tergniet

31

Howick

11, 12, 16, 17, 21, 23, 25 16

14, 20 15 11, 15 9 10

Sperdatums n Publikasiedatum 07 February 2016

n Spertyd vir besprekings 17 January 2016 25 12 24 18-20 13 14-15 10 26, 30 26 32 22-23 21 9 16-17 11

Howick St. John’s Village Port Elizabeth Royalston Coastal Wildlife Estate Kaapstad MSP Ontwikkelings Sitari Country Estate

31

n Materiaal-spertyd: Promosie-artikels 24 January 2016

27

n Materiaal-spertyd: Ander 29 January 2016

28-29 6-7

ADVERTENSIE-NAVRAE Jackie Maritz - 078 133 5211 - jackie.maritz@thecreativegroup.info


10

propertyjunction.co.za | 6 Desember 2015


6 Desember 2015 | propertyjunction.co.za

11


12

propertyjunction.co.za | 6 Desember 2015


6 Desember 2015 | propertyjunction.co.za

13


14

propertyjunction.co.za | 6 Desember 2015


6 Desember 2015 | propertyjunction.co.za

15


16

propertyjunction.co.za | 6 Desember 2015


6 Desember 2015 | propertyjunction.co.za

17


18

propertyjunction.co.za | 6 Desember 2015



20

propertyjunction.co.za | 6 Desember 2015


6 Desember 2015 | propertyjunction.co.za

21


22

propertyjunction.co.za | 6 Desember 2015


6 Desember 2015 | propertyjunction.co.za

23



6 Desember 2015 | propertyjunction.co.za

25




28

propertyjunction.co.za | 6 Desember 2015


6 Desember 2015 | propertyjunction.co.za

29





Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.