Eiendomme
Rapport, 1 November 2015
Ervare of gewillig: Hiér kan jy perdry 2
Vat die kans om Tarzan te speel 3
Riversdal:
In die skadu van die Slapende Skone Woorde: Tisha Steyn // Fotos: Aïda Riversdal, Riversdal Toerisme
Die rustigheid van dié dorp aan die N2 word weerspieël in die Slapende Skone, ’n bergpiek in die Langeberge bokant Riversdal. Ontdek die wonders van die Kangogrotte 3 Hoe seer kan ’n swak kredietrekord jou maak? 8
IN DIE DESEMBER-UITGAWE: Kollig op Plettenbergbaai
R
iversdal bied ’n veilige landelike tuiste vir inwoners wat al jare lank die voorreg het om hier in statige huise uit ’n vroeër era te woon, maar ook vir jong sakelui van die stad wat hier in moderne huise ’n rustige tuiste vind waar hul kinders nog sorgvry in die strate kan baljaar. Wanneer bejaardes
nie meer ’n groot huis of tuin kan onderhou nie, verruil hulle hul tuiste – maar nie hul dorp nie – vir kleiner eenhede in sekuriteitskomplekse of aftreeoorde. Boere wat uit die binne land van misdaad padgee, kom vestig hulle ook hier op die geil grond tussen standhoudende riviere.
4
meer op bladsy
2 Nuus & Leefstyl
1 November 2015
DAGBOEK
Op die kalender Gryp jou dagboek en teken dié belangrike datums aan.
5 LEEFSTYL
Woorde: Petrus Hendriks Foto's: : blackhorsetrails. co.za, scgranch.co.za, buffalobayhorserides.co.za, verskaf
Woorde: Petrus Hendriks Foto's: macufe.co.za, mangaungrosefestival.co.za, verskaf
T ui n ro et e
w Rocking the Lake-fees , Lakeside Lodge & Sp a, Sedgefield, 7 November; Meer in ligting: lakesidelodge.co.za w Witsandfees, Hoofstr and, 27–28 November; Me er inligting: explorersgardenroute. co.za
2
Beste perdryplekke langs die Tuinroete
1
BLACK HORSE TRAILS, HOEKWIL Aan die voet van die Outeniquaberge, sewe dae per week van 10:00 tot 15:00, neem saggeaarde, swart Friesperde besoekers op ’n avontuurrit van 90 minute in ’n bloekombos, of ’n rit van drie uur lank deur denneplantasies en ’n inheemse woud tot by ’n waterval en swempoel. ’n Gids vergesel die ruiters en beginners is welkom. Besoek: blackhorsetrails.co.za
4
BOZZOLA EQUESTRIA, RUITERBOS Op die R328 tussen Mosselbaai en Oudtshoorn is Bozzola Equestria by Ruiterbos. Hier kan besoekers ’n gemaklike rit van twee uur lank op Arabierperde al langs die voet van die Outeniquaberge deur inheemse woude en versteekte bospaadjies geniet. Dis geskik vir ervare ryers tot vir mense wat die eerste keer op ’n perd se rug is. Besoek ruiterbos.com
3
BUFFELSBAAI-WOUDRIT Die perdestalle is skaars ’n kilometer van die N2 tussen Knysna en Sedgefield op die walle van die Goukammarivier. Ritte vir jonk en oud, ervare ruiters en beginners, is beskikbaar op volbloedperde en miniatuurperde (vir kinders jonger as ses). ’n Woudrit van een of twee uur lank op goedopgeleide, saggeaarde perde is beskikbaar. Besoek buffalobayhorserides.co.za
5
HOG HOLLOW, PLETTENBERGBAAI Ontdek die asemrowende Tsitsikamma te perd. Die plaasroete (een uur) vleg deur velde waar skaap en beeste wei. Die woudroete (twee uur) bied ’n uitsig oor die Indiese Oseaan, en op die Cragsroete word by besienswaardighede soos die Bramonwynlandgoed, Lawnwoods-slangplaas en die Crags-olifantreservaat besoek afgelê. Beginners welkom. Besoek horseridinggardenroute.com
n t e i no f m e o l B moya nsert, E
eer kopko w Snot , 7 November; M com d ket. landgoe omputic .c e n li n o : inligting tylale vrys loemfonteinn io s a N ,B w mpetisie ber; dansko m 20 Nove stadsaal, ng: sadta.co.za gti Meer inli
GEPUBLISEER DEUR THE CREATIVE GROUP 6de Straat 9, Parkhurst, 2193 011 476 6293, pamedia.co.za
KNYSNABOSRIT Die Southern Comfort Western Horse Ranch het daagliks twee ritte in die Knysnabos. Die perde is goed opgelei en versorg en ervare gidse vergesel besoekers. Ritte word tussen 08:30 en 14:30 aangebied en is een tot twee uur lank. Kinders onder 10 wat nog nie perd gery het nie, kan op ’n perd se rug rondgelei word. Besoek schranch.co.za
PA Mediahoof: Shaun Minnie – shaun@thecreativegroup.info REDAKSIE Redakteur: Marana Brand Kreatiewe direkteur: Mark Peddle
Teksredakteur: Marana Brand Kunsdirekteur: Lucia Viglietti
ADVERTENSIEVERKOPE Michèle Jones – michele.jones@thecreativegroup.info Jackie Maritz – jackie.maritz@thecreativegroup.info Susan Erwee – susan.erwee@thecreativegroup.info
– 084 246 8105 (WK) – 078 133 5211 (TR) – 083 556 9848 (BL)
Woor
Nuus & Leefstyl 3
1 November 2015
V& A
Agter die skerms met…
Wayne Muller, parkbestuurder: Tuinroete Acrobranch So jy dink net Tarzan kan van boom tot boom swaai? Dink weer. Tuinroete Acrobranch bied (veilige) swaaien klouteravonture vir oud en jonk! Woorde: Petrus Hendriks // Foto’s: Verskaf
WAT IS ACROBRANCH EN WANNEER IS DIE TUINROETETAK GEOPEN? Acrobranch is ’n Franse aktiwiteitskonsep wat deur die avonturier Matthieu Bourdrel tot stand gebring is. Hy is in Frankryk opgelei en het met vakansie in SuidAfrika besef hier is geen hindernisbane vir kinders en volwassenes nie. Hy het die eerste Afrobranchtak in Johannesburg geopen. Daar is tans vyf van hulle, met die Tuinroete-akiwiteitspark wat in 2012 oopgemaak is. HOE HET JY BETROKKE GERAAK? Ek is getoë in die omge wing en my hart is in die Tuinroete. Ná my studies het ek teruggekeer na Wildernis en ná jare in die gasvryheids- en toerisme bedryf een dag per toeval
die aktiwiteitspark besoek. Ek was gaande daaroor en het as gids begin werk. ’n Bietjie meer as ’n jaar later is ek as bestuurder aangestel. WAT MAAK DIE TUINROETETAK SO SPESIAAL? Ons fokus hoofsaaklik op hindernisbane, maar dis nie gebou om mense bang te maak of te intimideer nie, net om die polsslag so ’n bietjie op te jaag en te toets waartoe jou liggaam in staat is. Dis gemaak vir beginners, sowel as ervare klimmers, van vier tot so oud as wat jy voel. WAT IS DIE GROOTSTE TREKPLEISTERS? Wat hindernisse betref, is daar enigiets van hangbrûe, tonnels, balanseerpale en Tarzanswaaie tot
klimnette en foefieslaaids. Daar is Monkey Moves – ’n pretbaan vir vier- tot agjariges met 17 hinder nisse. Tree Hugger is ’n baan vir negejariges en ouer met 11 hindernisse. Swinging Tarzan is ’n langer weergawe hiervan met 29 hindernisse. Deelnemers moet 11 of ouer wees en dit duur 75 minute om te voltooi. High Flying is ons gewildste, met 48 hindernisse en ’n foefieslaaid van 102 m. Dit neem twee uur 30 minute om te voltooi. HOE VEILIG IS DIT? Alle besoekers word met ’n harnas en handskoene toegerus. Die harnas word deur opgeleide gidse vasgemaak en toerusting word daagliks nagegaan. Besoekers kry eers verpligte opleiding op ’n
“
Wat hindernisse betref, is daar enigiets van hangbrûe, tonnels, balanseerpale en Tarzanswaaie tot klimnette en foefieslaaids. oefenbaan. Hierna kan jy met jou baan begin. Elke baan het ouderdoms- en lengtebeperkings. Ons maksimum gewigsbeper king vir alle bane is 120 kg. Vanaf die tweede baan is daar bykomende hindernisse vir die meer avontuurlustiges. Gidse is by al die hindernisse aan diens. WAT KOS DIT EN WAT GEBEUR AS BESOEKERS
FOKUS
Fokus op: Die Kangogrotte by Oudtshoorn Dié toeristebaken is so eie aan Suid-Afrika soos braaivleis, rugby en vakasie by die see. Woorde: Petrus Hendriks // Foto: Verskaf
S
edert die toevallige ontdekking van die eerste grot in 1780 toe ’n plaaslike boer, Jacobus van Zyl, met ’n tou in ’n massiewe
ondergrondse ruimte laat sak is – ’n saal wat mettertyd na hom vernoem is – het die Kangogrotte se indrukwekkende druipsteenformasies ’n
wêreldbekende toeriste trekpleister van die Klein-Karoo geword. In sy geheel is die uitge breide ondergrondse stelsel van tonnels en kamers net
so oor die 4 km lank, maar net ’n kwart hiervan is vir besoekers oopgestel. Desondanks is dit verstommend om te aanskou:
DAAR AANKOM? Besprekings is belangrik, veral in die piekseisoen. Met jou aankoms teken jy ’n vrywaringsvorm, betaal en kry dan opleiding op die oefenbaan. Hierna word elkeen op die eerste platform met ’n harnas toegerus deur die gids wat jou verder vergesel. Monkey Moves kos R100 per persoon, gevolg deur Tree Hugger (R150),
Swinging Tarzan (R200) en High Flying (R300).
kalksteenformasies, duisende stalagmiete en stalagtiete – sommige ouer as ’n miljoen jaar – wat plekplek met keurige beligting allerhande sprokiesagtige (en spookagtige!) figure en vreemde voorwerpe na vore bring. Besoekers het twee keuses: die erfenistoer van 60 minute lank en die langer avontuurtoer, wat sowat 90 minute duur en ’n paar uitdagings stel. Die korter weergawe begin in die massiewe Van Zyl-saal met sy stalagtietplafon, waarna dikwels as die “gedroogde tabakblare” van Oudts hoorn verwys word. ’n Wye gang lei dan na Botha se Saal met sy twee reusepilare, vanwaar die Troonkamer gevind word. Nog bekende bakens wat dramaties belig word, is die Preekstoel, Familiebybel, Die Katedraal en die Tromkamer, die verste punt op die toer (sowat 600 m van die ingang). Die avontuurtoer strek verder as dié punt, ’n bykomende 30 minute se verkenning van plekkies wat mense met engtevrees liefs nie moet aandurf nie. Die hoogtepunt aan die einde is die (berugte)
Duiwel se Skoorsteen, wat bereik word nadat jy eers deur die Tonnel van Liefde (op sy laagste net 30 cm hoog) geskuifel het. Die skoorsteen self is net sowat 45 cm wyd met ’n styl klim van 3.5 m en ’n “ontsnapgaping” van net 27 cm hoog.
WAT MOET BESOEKERS WEET? Dra gemaklike klere en toerygskoene. Die bane is onder bome en beskut teen die son, maar dra sonskerm in die somer. Gebottelde water is ’n goeie idee en vir foto’s stel ek ’n slimfoon wat diep in ’n broeksak pas, voor.
Waar is dit? 29 km buite Oudtshoorn op die R328 Beste tyd om te besoek? Heel jaar van 09:00 tot 16:00, behalwe op Kersdag Wat kos dit? Erfenistoer (60 minute): R85 vir volwassenes en R50 vir kinders. Avontuurtoer* (90 min): R150 en R65 Toertaal? Toere word in Engels aangebied, maar gidse is ook Afrikaans, Duits en Frans magtig. Wat moet ek dra? Dis warm en bedompig in die grotte – ligte klere en gemaklike skoene is nodig. Meer inligting: cango-caves.co.za
*Nie geskik vir swanger vroue of mense wat aan engtevrees, hoë bloeddruk of asma ly nie en geen kinders onder ses word toegelaat nie.
4 Kollig op Riversdal
1 November 2015
en pryse wissel tussen R850 000 vir 6 ha tot R47 miljoen vir 218 ha. “Die plase verkoop as ’n volledig toegeruste lopende onderneming. Ons kry al hoe meer boere wat plase in die noorde wil verkoop om hier te kom hervestig.” Truter sê daar is ’n groot verskeidenheid saai-, melk- en besproeiingsplase beskikbaar. “Dit is ’n gewilde boerdery-omgewing met 70% winterreën en 30% somerreën.” Volgens Truter verkoop besproeiingsplase vir R80 000 tot R170 000/ha, droë lande van R20 000 tot R70 000/ha, en veld vanaf R2 000 tot R7 000/ha, afhangend van die grootte. Huispryse wissel van R700 000 tot R3 miljoen.
Riversdal: weergalose natuurskoon en ’n geruste hart Dié florerende landboudorp is genestel tussen wuiwende graan- en goudgeel kanolalande tussen die Langeberge en die Indiese Oseaan. Woorde: Tisha Steyn // Foto's: Aïda Riversdal, Seeff Riversdal, Riversdal Toerisme
R
iversdal het in 1838 rondom die kerk, ’n dogtergemeente van die Grootkerk op Swellendam, op die plaas Doornkraal ontstaan en is vernoem na Harry Rivers. Vandag huisves die dorp sowat 16 000 hoofsaaklik Afrikaanssprekendes. Die dorp is deel van die Hessequa-munisipaliteit wat die dorpe Heidelberg en Albertinia langs die N2, Slangrivier tussen die N2 en die Indiese Oseaan, en die kusdorpe Gouritsmond en Stilbaai en sy satellietstranddorpie, Jongensfontein, insluit. “Die kort afstand na Stilbaai en die ander kusdorpe maak Riversdal die ideale plek om in te woon: nie by die see nie maar ook nie te ver nie,”
sê Kobus Fourie van Aïda. Die asemrowende natuurskoon van die Langeberg met sy standhoudende riviere en unieke fynbos, is die wonderskone agtergrond vir ’n sorgvrye leefstyl in ’n dorp waar misdaad nog net ’n nare droom is wat elders afspeel. “Riversdal is seker die veiligste plek in die land,” sê Eugene Truter van Seeff. EIENDOMSMARK BIED BAIE OPSIES Die eiendomsmark is dinamies en bied wonings in die dorp asook kleinhoewes en florerende plase langs standhoudende riviere soos die Breede-, Goukou- en Gouritsrivier. “Hier is ’n groot verskei denheid behuising in die
“
Riversdal is seker die veiligste plek in die land.
laer prysklas vir beginnereienaars en afgetredenes, tot wonings in die hoër prysklasse,” sê Fourie. Volgens Burger kom nuwe intrekkers meestal vanaf ander dorpe of stede om hier af te tree of te hervestig. “Ons sien deurlopend belangstelling van mense wat hierheen wil verhuis om weg te kom van die geweld en besige leefstyl in die noordelike provinsies. Huise van tot R1,5 miljoen verkoop vinnig,” sê hy.
Volgens Shanine O’Connell van Era is daar slegs enkele klein eenhede met een tot drie slaapkamers in sekuriteits komplekse beskikbaar, met pryse tussen R800 000 en R850 000. “Hier is van twee-slaap kamertuinhuise tot groter, ouer huise wat soms ’n bietjie liefderyke aandag nodig het,” sê Marianne Hansen van Pam Golding. Gastehuise kom ook soms in die mark. Sowat 30% van Pam Golding se kliënte is afgetredenes en sowat 70% sakemense. Huispryse wissel tussen R850 000 en R3 miljoen. TOEVLUG VIR BOERE Volgens Fourie is daar heelwat plase in die omgewing beskikbaar
HUISBESOEK Moderne mediese geriewe en die volle verskeidenheid mediese personeel maak Riversdal ’n gewilde woon- en aftreeplek. “Uitstekende dokters en tandartse staan gereed om jou met vriendelikheid en vertroue te behandel,” sê Fourie. Privaat hospitale is beskikbaar in Mosselbaai (109 km) en in George (150 km), waar daar ook ’n lughawe is. “Hier doen dokters nog huisbesoek,” sê O’Connell. KINDERPARADYS Riversdal het van die beste skole in die Suid-Kaap. Menige boerseun vind ’n tuiste by die bekende Hoër Landbouskool Oakdale, waar kranige spelers uit omliggende streke vroeg al hul rugbystewels vind. Die Hoërskool Langen hoven en Gerrit Maritz is sterk akademiese skole, sowel as die Laerskole Volschenk en Voorwaarts. “Verskeie kleuterskole bied ook dagsorggeleenthede vir kleuters,” sê Fourie. “Die lewe hier is nie so gejaagd nie en ’n mens kan veilig woon en met gemoedsrus jou kinders grootmaak,” sê O’Connell. “Hier is nie juis vermaak vir die jonger geslag nie, maar Stilbaai (47 km) is darem net 35 minute en Mosselbaai 45 minute se ry ver,” sê sy. Sport en uitstappies in die natuur bied ook gesonde vermaak. “Talle mense kom hierheen vir die skole en die kleindorpse atmosfeer,” sê Hansen. “Die asemrowende skoonheid van die omge wing en die vryheid om veilig te stap en fiets te ry, hou die mense hier.”
’n pende al ase oop tig.” root
plase
oop
ha, 00 tot anaf
otte.
en.
ewe nheid ak
roue e.
aai
nog nell.
beste
’n Hoër e, it eg nd. en z is e,
arts. bied de . so s t rs nell. maak e, s n
.
ge m
.”
1 November 2015
Kollig op Riversdal 5
EIENDOMSPRYSE IN RIVERSDAL n ’n Tipiese eiendom wat in Riversdal te koop is, is ’n drieslaap kamerhuis teen ’n gemiddelde vraprys van R1,075 miljoen. n 95% van eiendom te koop is huise teen ’n gemiddelde vraprys van R930 000. n 5% van eiendom te koop is in ’n gebouekompleks, teen ’n gemiddelde vraprys van R1,16 miljoen. n Geen woonstelle word te koop aangebied nie. n Sowat 9% van alle gelyste Tuinroeteeiendom kom van die Riversdal-omgewing.
6 Eiendomsnuus
1 November 2015
HOE LYK JOU KREDIETREKORD? Alle banke is gekoppel aan ’n kredietburo en kan oombliklik vasstel wat jou kredietrekord is. Indien jy ’n treurige kredietrekord het, moet jy kan bewys dat jou skuld gedelg is. Terselfdertyd moet jy sorg dat jou bankbalans positief bly, sê Wessels.
Goeie betalers kry beter kanse ’n Swak kredietrekord kan jou kanse om ’n verband te kry, lelik kelder.
VERBETER JOU KREDIETREKORD n Besnoei uitgawes: moenie meer uitgee as wat jy verdien nie. Hoe meer geld deur jou bankrekening vloei, hoe beter lyk jou kredietrekord by die bank. n Moenie toelaat dat debietorders of tjeks
Woorde: Tisha Steyn // Foto: ISTOCK
W
anneer jy meer geld uitgee as wat jy verdien en nie jou betalingsverpligtinge kan nakom nie, kry jy ’n swak kredietrekord. Die Nasionale Kredietwet (NKW) se doel is om te verseker dat mense nie oorverskuldig raak nie – met ander woorde nie meer leen as wat hulle
kan terugbetaal nie, sê Endus Wessels, finansiële konsultant van Standard Bank op Oudtshoorn. Wanneer jy vir ’n verband aansoek doen, moet die bank jou kredietwaardigheid nagaan: n Die bank kyk of jy tans krediteure het en of jy jou betalingsverpligtinge nakom;
n Die bank kyk of jy ’n verband kan bekostig: slegs 30% van jou brutoinkomste mag aan ’n huispaaiement afgestaan word en nog 10% van jou inkomste moet beskikbaar wees vir ander uitgawes, soos erfbelasting, water en elektrisiteit wat gepaard gaan met die besit van eiendom.
terugverwys word weens onvoldoende fondse nie. n Betaal jou rekeninge en jou verbandlening stiptelik. Kleiner, gereelde betalings wys jy poog om jou lening terug te betaal. n Moenie nuwe skuldverpligtinge aangaan nie. Alle ekstra uitgawes wat jou inkomste verder oorskry, gaan jou vermoë om jou lening te bekostig, kelder. AS JY NIE KAN BETAAL NIE Wessels stel voor dat indien jy om een of ander rede nie jou betalingsverpligtinge kan nakom nie, jy die situasie onverwyld aan jou leningsinstansie moet
“
Daar’s tans omtrent 50 huurders vir elke gelyste eiendom. Huurders kan hulself ’n voorsprong gee deur in te teken op Private Property se Hot Rentals-produk, want dan kry jy ’n e-pos of SMS ’n uur voor enigiemand anders.
SIMON BRAY, UITVOERENDE HOOF VAN PRIVATEPROPERTY.CO.ZA
Eiendomme Moenie die maandelikse hoogtepunte oor eiendomme, leefstyl en doendinge – van Bloemfontein tot die Tuinroete – misloop nie Kry ons elke eerste Sondag van die maand in Rapport
verduidelik. Die meeste leningsinstansies kan help om jou verbandpaaiement te herstruktureer deur: n jou verbandtermyn te verleng om jou paaiemente te verminder; n jou toelaat om die agterstallige bedrag geleidelik af te betaal saam met jou gewone paaiemente; n jou toelaat om in die huis te bly terwyl jy die huis verkoop en ander blyplek soek; of n skuldberading voorstel wat jou kan help om uit die verknorsing te kom. ’n Skuldberader help jou begroot en sal namens jou met kredietverskaffers onderhandel.
A Aalw B Bayv D Dana De Ru
Diaz S Dwars
F
Fraai
G
Glent Groot
H
Harte Harte
e help ment : te mente
Eiendomsforum 7
1 November 2015
Eiendomme
Tuinroete Areagids
Agentegids
A Aalwyndal e huis B Bayview s D plek Danabaai De Rust
tel it m. ou
ffers
8 10
Heiderand Heroldsbaai
8
I
T
Island View Klein Brakrivier
Diaz Strand Dwarswegstrand
8 10 8,9,11 12
11 15 12
Monte Christo Mosselbaai
10,11 8,10,11
Fraai Uitsig
11,12
Num Num Eco Estate
8
Glentana Groot Brakrivier
12 12
Outeniquastrand
12
Hartenbos Hartenbos Heuwels
8,10,12 10,11
Reebok Riversdal Ruiterbosch
10,12 10 10
F
G
H
M N
O R
12
Santos Seemeeuhoogte Seemeeupark
8,11 11 8
Vleesbaai
10
S
8,11
K
Tergniet
V
Oos Kaap G
8
Grahamstad
KwaZulu Natal I
Tuinroete De Kaap Eiendomme Hartenbos Eiendomme Japie Krige Eiendomme Johan Viljoen Eiendomme Nedbank Private Property Propmann Seebou Eiendomme
12 8-9 10 11 7,13 16 10 12
KwaZulu Natal Re/MAX International Property Group
12
12
Illovo Strand
Sperdatums Publikasiedatum
Spertyd vir besprekings
Materiaal-spertyd: Promosie-artikels
Materiaal-spertyd: Ander
06 Desember 2015
16 November 2015
18 November 2015
23 November 2015
07 Februarie 2016
17 Januarie 2016
19 Januarie 2016
24 Januarie 2016
06 Maart 2016
14 Februarie 2016
16 Februarie 2016
21 Februarie 2016
13 Maart 2016
03 April 2016
15 Maart 2016
ADVERTENSIE-NAVRAE
Chapter 8
20 Maart 2016
Jackie Maritz
Chapter- 0788133 5211
Home loan - jackie.maritz@thecreativegroup.info Home loan application process
application process
MAKE Home loan Chapter 8 Chapter 8
9168
application process Home loan
application process IN HOME LOANS SIX SIMPLE STEPS
Chapter 8
Home loan application process
HAPPEN
Chapter 8
Home loan application process
1. APPLY FOR YOUR HOME LOAN
2. GET A BOND APPROVAL
3. VALUATION OF YOUR DREAM HOME
4. LOAN IS APPROVED
5. BOND REGISTRATION
6. HOME OWNERSHIP
Go to nedbank.co.za/homeloans for all you need to know, from the loan application to moving in. Whether you are a first-time buyer or not, we’ll make finding your home sweet home quick and easy with the Nedbank Home Buyer’s Guide. For the full guide and video visit Nedbank.co.za/Homeloans.
nedbank.co.za
Nedbank Limited Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).
8
propertyjunction.co.za | 1 November 2015
1 November 2015 | propertyjunction.co.za
9
10
propertyjunction.co.za | 1 November 2015
1 November 2015 | propertyjunction.co.za
11
12
propertyjunction.co.za | 1 November 2015
Eiendomsforum 13
1 November 2015
Desember
Foto: Verskaf
Kollig op: Plett
Eiendomme
Bloemfontein Areagids Hillside Lilyvale Wild Olive
Agentegids 15 15 15
Lenova Konstruksie & Ontwikkeling
15
Chapter 8
Chapter 8
ADVERTENSIE-NAVRAE Susan Erwee: 083 556 9848, susan.erwee@thecreativegroup.info
Home loan Home loan application process
application process
MAKE Home loan Chapter 8 Chapter 8
9168
application process Home loan
application process IN HOME LOANS SIX SIMPLE STEPS
Chapter 8
Home loan application process
HAPPEN
Chapter 8
Home loan application process
1. APPLY FOR YOUR HOME LOAN
2. GET A BOND APPROVAL
3. VALUATION OF YOUR DREAM HOME
4. LOAN IS APPROVED
5. BOND REGISTRATION
6. HOME OWNERSHIP
Go to nedbank.co.za/homeloans for all you need to know, from the loan application to moving in. Whether you are a first-time buyer or not, we’ll make finding your home sweet home quick and easy with the Nedbank Home Buyer’s Guide. For the full guide and video visit Nedbank.co.za/Homeloans.
nedbank.co.za
Nedbank Limited Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).
1 November 2015 | propertyjunction.co.za
15