Garden Route September Issue 2015

Page 1

Eiendomme Dís die beste plekke vir walviskyk 2

Fokus op Kareedouw 3

Rapport, 6 September 2015

Glentana: waar almal tuis voel

Hierdie dorpie bied ’n unieke tuiste vir ’n ieder en ’n elk wat op soek is na ’n kwaliteitleefstyl. Woorde: Tisha Steyn // Foto: Tisha Steyn

Die goed en sleg van gesamentlike verbandlenings 8

4G

meer op bladsy

IN DIE OKTOBER-UITGAWE: Kollig op Diaz

lentana sluit die strande vanaf Glentana tot by Hersham tussen George se dorpsgrens en GrootBrakriviermond in. Die meeste van die huise met ’n asemrowende uitsig oor die Indiese Oseaan word gedurende die somerseisoen

van November tot Januarie beset wanneer honderde vakansiegangers die son op die 6 km lange ononderbroke sandstrand kom soek. Bykans 40% van die huise word permanent bewoon deur afgetredenes wat hul

herfsjare rustig en veilig hier wil slyt. Al hoe meer jong gesinne, wat nie die moeite ontsien om na hul werkplek te pendel nie, vestig ook hier ter wille van die voorreg om hul kinders op die platteland groot te maak.


2 Nuus & Leefstyl

DAGBOEK

Op die kalender

5

LEEFSTYL

Gryp jou dagboek en teken dié belangrike datums aan.

1

Woorde: Petrus Hendriks Foto's: drevilkclassic.com, verskaf

T u i n ro e t

e

w MUSE se Groot-Br kuns- en kultu urf ak Meer inli rivier, 22-27 Septe ees, gting: gr mber; eatbrakr w Dr. Evil iver.co.za Classic-b Plettenb ergfiets ergbaai, ren, 17-19 Sep Meer inli tember; gting: dr evilclass ic.com

ein B l o e mkfuorsuns tvir

fie moyaw Fotogra pitskop & E S s, r e n in b eg Meer September; 12 , d e o g d lan otography. tjiebeyerph en li : g n ti g inli webs.com rtoning, ofmeyr-ve H e v te S w ber; Meer , 18 Septem Kovsiekerk duksies op frikoon Pro inligting: A Facebook

GEPUBLISEER DEUR THE CREATIVE GROUP 6de Straat 9, Parkhurst, 2193 011 476 6293, pamedia.co.za

2

6 September 2015

perfekte plekke vir walviskyk langs die Tuinroete

Woorde: Petrus Hendriks Foto's: Pointhotel.co.za, panoramio.com, oceanodyssey.co.za, showme.co.za, oceanadventures.co.za

MOSSELBAAIKUS Walvisse maak tussen Junie en November hul opwagting in die Mosselbaai-omgewing – boggelrugge en noorkappers baljaar in die warmer water en kan van die kus gesien word, veral as jy by Die Punt (neffens die St. Blaize-ligtoring) en Reebok (in die Kuswegarea) gaan stelling inneem. Onthou die verkyker!

3

PER BOOT IN DIE KNYSNAOMGEWING Ocean Odyssey is ’n permithouer vir walvisbesigtingstoere in die Knysna-omgewing, wat van die westelike kant van die Robbergskiereiland strek tot by Gericke se Punt in Sedgefield. In seisoentyd is daar drie bootritte per dag vanaf Theseneiland se pier. Die toer duur twee uur en ’n maksimum van twaalf mense is aan boord.

BOOTRIT NA ROBBE-EILAND Sien die reuse van die oseaan van naby met ’n bootrit na Robbe-eiland aan boord die Romonza, ’n 16 m lange gemotoriseerde boot, wat ’n permit het om sowat 50 m van die massiewe soogdiere te kom. Dit vertrek uit die Mossebaaihawe en het ’n gekwalifiseerde walvisgids aan boord. Die rit duur sowat twee uur.

4

PLETTENBERGBAAIKUS Nes sy boetie Hermanus, is Plett ernstige walviswêreld. Die gebied tussen die Athene-skeepswrak en die Keurboomsrivier lok groot skole noorkappers wat dit tot na aan die kus waag. Die beste plekke om die grotes van die land af te bespied, is die Robbergreservaat, Seinheuwel, Look Out- en Sentraalstrand, Harkerville, Keurboomstrand, Nature’s Valley en Kranshoek.

5

IN ’N BOOT VANAF PLETT ’n Hele paar permithouers in Plett bied besigtigingstoere per boot aan. Toere duur sowat twee uur en bote vertrek gewoonlik van Sentraalstrand, kies koers verby Keurbooms na die middel van die baai, en dan na Robbergskiereiland, waar Bryde-walvisse, boggelrugge en noorkappers kerjakker. Die bote word tot 50 m van die grotes toegelaat, so fotogeleenthede is volop.

PA Mediahoof: Shaun Minnie – shaun@thecreativegroup.info REDAKSIE Redakteur: Marana Brand Kreatiewe direkteur: Mark Peddle

Kopieredakteur: Marana Brand Kunsdirekteur: Lucia Viglietti

ADVERTENSIEVERKOPE Michèle Jones – michele.jones@thecreativegroup.info Jackie Maritz – jackie.maritz@thecreativegroup.info Susan Erwee – susan.erwee@thecreativegroup.info

– 084 246 8105 (WK) – 078 133 5211 (TR) – 083 556 9848 (BL)


Nuus & Leefstyl 3

6 September 2015

Fokus op: Kareedouw

FOKUS

As jy moeg word vir die lewe in die stad… kies ’n kuiertjie op Kareedouw, ’n dorp waar die tyd nog stilstaan. Woorde: Petrus Hendriks // Foto’s: kareedouw.blogspot.com, verskaf

J

V& A

Agter die skerms met…

Chris Sykes, eienaar van die Tsitsikamma-mikro-brouery

Die idee vir die mikro-brouery het heel toevallig gekom – in ’n gesprek waartydens ’n paar biere genuttig is... Woorde: Petrus Hendriks // Foto’s: Verskaf

HOE HET DIE TSITSIKAMMAMIKRO-BROUERY TOT STAND GEKOM? ’n Jaar of so gelede tydens ’n groot bergfietsbyeenkoms hier in die Stormsrivieromgewing sit en kuier ons saam met pelle toe my vrou, Irma, aankondig dat sy en een van haar vriendinne ’n kursus in binnenshuise versiering gaan doen. Toe sê iemand die logiese keuse is dat die mans dan ’n bierbroukursus moet doen. So, dis waar als begin het, so half terloops, met my, my bierliefhebber-vriend Pine Pienaar, en Johan Stumpf, ’n bierkenner wat voorheen vir die SA Brouerye gewerk het en al die broutoerusting gehad het. Ons het ’n leë gebou opgeknap en in ’n brouery omgeskep, Johan se toerusting geïnstalleer en ná ’n lang, pynlike proses van ses maande uiteindelik in Maart vanjaar ons broulisensie gekry. WAT BIED JULLE MIKROBROUERY MENSE WAT DIE TUINROETE BESOEK? Eerstens dink ek ons maak ongelooflike lekker bier! Ons gebruik net die beste bestanddele om unieke produkte te skep en die water van die Tsitsikamma is natuurlik ideaal vir die brouery. Tweedens het ons die brouery en proelokaal geskep as ’n opvoedkundige ruimte

waar besoekers meer oor bier kan leer – ons verduidelik wat alles van graankorrel tot glas gebeur en laat mense voel, ruik en proe… dis ’n hele ondervinding. HOEKOM DINK JY HET BOETIEKBIER (CRAFT BEER) DIE AFGELOPE PAAR JAAR SO GEWILD GEWORD? Ek dink bierdrinkers is siek en sat vir die alewige aanslag van niksseggende bemarkingsen promosieveldtogte vir doodgemiddelde produkte. Verbruikers is verby die standaard “hoender-of-

bief”-keuse, die goed wat jare lank die enigste opsies was. Ware bierliefhebbers soek nou ’n produk wat met passie geskep is, eerder as iets wat op groot skaal en hoofsaaklik uit winsbejag vervaardig word. Boetiekbier is ’n kombinasie van die vaardighede van die brouer, die bestanddele wat gebruik word en die wetenskap agter die brouproses. Hoe beter dié kombinasie is, hoe unieker is jou produk. IS DAAR PLANNE OM DIE TSITSIKAMMAMIKROBROUERY UIT TE BREI? Beslis. Ons sal in die afsienbare toekoms groter volumes moet begin brou, want op die oomblik kan ons net-net byhou by die aanvraag na ons produkte. Ons spesialiseer in Engelse biere (ales), wat in die algemeen geuriger as lagers is en ’n bietjie vinniger fermenteer. Tans het ons vier gewone tapbier-ales, die Storms River – ’n wit bier (pale ale), die Redwood (’n amber bier), die Orange (’n wit bier met ’n lemoenskilen koljander-infusie) en die Blackwood (’n donker bier). Ons biere het ’n stewige hopssmaak, wat dit sy unieke karakter gee. Al vier, asook die boetiekbiere van elders, kan op ons perseel geproe en gekoop word. IS DAAR ANDER SOORTGELYKE ONDERNEMINGS LANGS DIE TUINROETE? Ek weet van minstens sewe brouerye in Mosselbaai en Tsitsikamma – twee is redelik groot, maar elkeen bied ’n unieke produk en kan met reg trots wees op die bier wat gelewer word.

y kry nie méér platteland as Kareedouw nie, ’n pragtige klein dorpie waar die strate nog plek-plek ongeteer is. Dis op die gewilde Roete 62 tussen Joubertina en Humansdorp geleë, net agter die Tsitsikamma Nasionale Park en aan die voet van die Suuranysberge.

aangesien die dorp die kloof se suidelikste toegangspunt is en dus as sy poort beskou word.

Vanweë Kareedouw se gunstige ligging kry die dorp verbasend baie besoekers vir so ’n rustige plekkie – hoofsaaklik natuurliefhebbers, stappers en 4x4-entoesiaste wat die nabygeleë Formosanatuurreservaat besoek. Die dorp se gewildheid het ook aansienlik gegroei danksy sy plasing op Roete 62, dikwels bemark as die “langse wynroete ter wêreld”.

Deesdae is die dorp se vernaamste bron van inkomste boerdery- en bosboubydrywighede. Houtkappers het ’n spesiale band met Kareedouw, in so ’n mate dat ’n standbeeld opgerig is ter ere van die bylswaaiers van weleer. Die dorp is ook die tuiste van die beroemde Rensilfier-meubelfabriek, wat reeds dekades lank topgehalte handgemaakte meubels van swart-, geel- en stinkhout vervaardig.

Van Kareedouw is dit ’n katspoegie (8 km) oor die Tsitsikammaberge tot op die N2 en skaars ’n uur se ry van Plettenbergbaai (selfs nog nader aan Jeffreysbaai). Baie mense wat die Baviaanskloofwildernisarea, ’n Wêrelderfenisgebied, wil aandurf, gebruik Kareedouw as vertrekpunt,

Die dorp kry sy naam van die Khoi-frase wat “pad by die kareebome” beteken. Ofskoon die dorp eers in 1905 amptelik gestig is, het nedersetters hulle reeds in 1750 hier gevestig.

Kareedouw is vir enige buitelewemens ’n skatkis van verskeie kampeerplekke, stap- en kanovaartroetes en goeie 4x4-roetes in die nabygeleë Suurveld-, Kouga- en Baviaanskloofareas. Die sentrale sakekern is nie juis wat ’n mens groot

sou noem nie – selfs al reken jy die Bloubergwinkelsentrum, ’n klipgooi buite die dorp, in – maar daar word in die basiese behoeftes soos ’n hospitaal, apteek, vulstasie, slaghuis, openbare biblioteek, ’n supermark of twee, drankwinkel en OTMgeriewe voldoen. Die indrukwekkende NG kerk (onder) van sandsteen is een van die dorp se bakens en ook die laaste rusplek van oud-premier BJ Vorster, na wie die provinsiale hospitaal ook vernoem is. * 2011-sensus * Bronne: route62-info. co.za; sa-venues.com; en.wikipedia.org

Gestig: 1905 Provinsie:

Oos-Kaap Inwoners: 4 985* Area: 5,10 km²


4 Kollig op Glentana

EIENDOMSPRYSE TUSSEN MOSSELBAAI EN GLENTANA n ’n Tipiese eiendom wat tussen Mosselbaai en Glentana te koop is, is ’n drieslaapkamerhuis met ’n gemiddelde vraprys van R1,785 miljoen. n In Glentana spesifiek is die gemiddelde vraprys van ’n drieslaapkamerhuis R2,78 miljoen. n 23% van eiendom te koop is woonstelle en/of eenhede teen ’n gemiddelde vraprys van R0,97 miljoen. n 11% van eiendom te koop is in ’n gebouekompleks, teen ’n gemiddelde vraprys van R1,2 miljoen. n Die gemiddelde maandelikse huur vir ’n vierslaapkamerhuis is R12 000.

6 September 2015

Glentana, juweel van die Tuinroete Ligging, leefstyl, veiligheid, toegang tot mediese sorg en die asemrowende natuurskoon verleen ’n besondere karakter aan Glentana. Woorde: Tisha Steyn // Foto's: Tisha Steyn, Rawson, Terblanche Eiendomme

Besoekers wat die eerste keer in Glentana kom, is beïndruk met die netheid van die omgewing – min huise en tuine lyk onversorg en verwaarloos.


Kollig op Glentana 5

6 September 2015

ondervind word, stuur ons net ’n SMS aan die Mosselbaai-munisipaliteit,” sê Helgaard Müller, voorsitter van die Gleniquabelastingbetalersvereniging. “Gewoonlik word ’n probleem binne ’n dag opgelos.”

“G

lentana bied ’n eenvoudige, ontspanne leefstyl sonder geraas of besoedeling,” sê Peter Barton-Hill van Sotheby’s. “Die lieflike goue strande is toeganklik en feitlik verlate tussen Februarie en November.” Volgens hom het die dinamika van Glentana as ’n vakansie- en aftreeplek mettertyd verander namate ál meer jong professionele mense wat die stadslewe vir ’n plattelandse leefstyl verruil, hulle hier kom vestig. LIGGING Glentana is ongeveer halfpad tussen Mosselbaai

(22 km) en George (23 km) en slegs sowat 7 km vanaf Groot-Brakrivier geleë. “Die ligging van die George-lughawe sowat 13 km vanaf Glentana is ’n groot pluspunt,” sê Elsabe Boonzaier van Terblanche Eiendomme.

MEDIESE SORG Volgens Boonzaier dra die uitstekende provinsiale en privaat mediese fasiliteite, soos Mosselbaai se Bayviewkliniek en MediClinic George, by tot Glentana se gewildheid onder veral ouer mense.

Groot-Brakrivier is Glentana se dorp en bied naas die Laerskool Vorentoe ook twee supermarkte en ’n verskeidenheid ander winkels, ’n biblioteek en poskantoor, mediese dokters, ’n tandarts en fisioterapeut en sportfasiliteite soos rolbal en tennis.

INFRASTRUKTUUR Glentana val onder die bekwame Mosselbaaimunisipaliteit. “Besoekers wat die eerste keer in Glentana kom, is beïndruk met die netheid van die omgewing – min huise en tuine lyk onversorg en verwaarloos,” sê Boonzaier.

Stap en fietsry is ook gewild in die hele gebied.

“As daar ’n probleem soos ’n gebarste waterpyp of slaggate in die straat

VEILIGHEID “Glentana is ’n veilige plek vir kinders om in die woonbuurte en op die strand te speel,” sê BartonHill. “Min huise is ommuur of omhein en dit versterk Glentana se beeld as ’n veilige gebied,” beaam Boonzaier. “Die polisie op GrootBrakrivier is baie hulpvaardig en reageer blitsig op ’n noodoproep,” sê Müller. “Min inbrake kom voor en gedurende die vakansieseisoen is dit meestal opportunistiese diewe wat gryp wat hulle kan deur oop vensters.” NATUURSKOON EN KLIMAAT “Glentana is geleë in lowerryke inheemse kusbos wat wemel van

voëls en klein soogdiere,” sê Barton-Hill. “ ’n Mens kan kilometers ver met die strand langs stap en met laagwater die droogdok bereik wat in 1902 gestrand het.”

R4 miljoen,” sê hy. Daar is ook meer bekostigbare kleiner eiendomme in die mark vir sowat R2 miljoen. Die ligging, see-uitsig en die afwerking van die huis speel ’n rol in dié pryse.

“Die gematigde weers­ om­standighede speel ’n groot rol in Glentana se gewildheid,” sê Boonzaier.

Volgens Boonzaier wissel pryse vir ’n huis met twee slaapkamers, twee badkamers en ’n enkelmotorhuis van R1,3 miljoen tot soveel as R11 miljoen vir ’n groot huis wat op die see front.

Volgens Müller is die gemiddelde temperatuur tussen 7° en 25° C, behalwe wanneer ’n warm bergwind waai wat die temperatuur tot 30° kan opstoot. “Ons kry gemiddeld sowat 600 mm reën per jaar, die helfte minder as George en die helfte meer as Mosselbaai,” verduidelik hy. VRAAG EN AANBOD Volgens Barton-Hill het die vraag na eiendom in Glentana oor die jare konstant gebly en net gewissel na gelang van wisseling in die eiendomsmark. “Jong professionele mense wat hier wil eiendom koop het die pryse van woonhuise opgestoot van R3,5 miljoen tot

“Die gemiddelde voornemende koper wat ’n aftree- of woonhuis benodig, soek drie slaapkamers, twee badkamers en ’n dubbelmotorhuis. Mense wat ’n strandhuis soek, wil ’n huis met ’n groot onthaalarea en baie slaapplek hê.” Volgens Boonzaier wil nege uit tien kliënte ’n see-uitsig hê en verkies ’n siersteenwoning wat min of geen onderhoud verg. Volgens Denzil Kleu van Pam Golding kos leë erwe van R640 000 tot R3,5 miljoen vir ’n erf naby die strand.


3

2

DORPSHUISE VANAF

R 1 569 900 Belê in die gesogte Buh-Rein Estate en geniet die volgende voordele: Wye keuse van woonstelle, dorpshuise en groter wonings. Sorgvrye leefstyl in ‘n landgoed met 24 uur sekuriteit. Hoë-spoed internet. Geen deposito en alle kostes is ingesluit.

buhreinestate.co.za | Nog 'n trotse ontwikkeling deur

SOUTH AFRICAN PLANNING INSTITUTION


L A N D G O E D KAAPSTAD • NOORDELIKE VOORSTEDE

082 511 1115

EPOS ONS BY - MOREINFO@MSPD.CO.za

021 801 5400


8 Eiendomme

6 September 2015

Gesamentlike eienaarskap is die moeder van alle twis!” LATYNSE SPREUK

Gesamentlike verbandlenings:

’n Tweesnydende swaard ’n Gesamentlike verbandlening beteken gesamentlike eienaarskap – maar ook ’n gedeelde verantwoordelikheid om die verbandlening terug te betaal. Woorde: Tisha Steyn // Foto: iStock, verskaf

D

aar is besliste voordele in gesamentlike verbandlenings, maar sodra die verhouding tussen die partye wat die lening aangegaan het versuur, is die vet in die vuur. VOORDELE “Twee jong mense wat individueel beswaarlik kan bekostig om ’n huis te koop, kan met hul gesamentlike inkomste darem op intreevlak ’n blyplek aanskaf,” sê Leon Coetzee van Coetzee en Van der Bergh Prokureurs op Oudtshoorn. “Met albei se inkomste kan hulle ook ’n groter, duurder huis bekostig.” Vir die bank maak dit tog nie saak wie die premie betaal of watter persentasie elkeen betaal nie. Hy stel net daarin belang dat die premie wel stiptelik betaal word.

Met betrekking tot egpare is dit volgens Coetzee meestal paartjies wat buite gemeenskap van goedere getroud is wat saam huis koop. “In die praktyk is dit meestal die man wat die huis koop en vir sy vrou gesamentlike eienaarskap gee.” Deur hul inkomste saam te gooi om eiendom te koop kan die huweliksmaats die eiendomsmark betree én deel in die toename in die waarde van ’n vaste eiendom. “Dit is ’n manier om inflasie te klop omdat die waarde van eiendom saam met inflasie toeneem.” Dit is egter nie net egpare wat ’n gesamentlike verbandlening aangaan nie, maar ook vennote, vriende en familie wat saam ’n bate koop, hetsy dit ’n sakeperseel, sakeonderneming,

strandhuis of ’n duur wildsbok is. NADELE Net soos wat twee of meer vennote saam besluit om ’n eiendom of bate te koop en almal hul handtekeninge op die verbandleningooreenkoms plaas, net so moet hulle ook ooreenkom oor onderhoud of verbeterings aan die eiendom. Hulle moet ook saam besluit oor die verkoop van die bate of eiendom. “Al die verbandleninghouers moet toestemming gee voordat enige aksie rakende die eiendom uitgevoer mag word, ook om dit te verkoop,” verduidelik Coetzee. “Soms kom al die partye ooreen om die huis te verkoop, maar stry dan oor die prys. Sodoende

’n Mens moet so baie dinge in gedagte hou wanneer jy na die woonbuurt van jou drome soek, onder meer die argitektoniese styl, veiligheid, geriewe en eiendomswaarde. Kies versigtig omdat jy nooit regtig lief is vir ’n huis as jy nie ook lief is vir die woonbuurt nie. SIMON BRAY, UITVOERENDE HOOF VAN PRIVATEPROPERTY.CO.ZA

kan hulle die geleentheid verbeur om ’n goeie aanbod te aanvaar,” waarsku hy. Wanneer die partye se verhouding verbrokkel en een wil die huis behou, moet dié persoon die maandelikse terugbetaling kan bekostig. Dit geld ook wanneer die huis volgens ’n egskeidingsbevel die besit van een party word. As die persoon nie die verbandlening kan bekostig nie, kan hy of sy ’n ander mede-eienaar kry om ’n nuwe ooreenkoms met die bank aan te gaan. Die persoon kan ook iemand kry wat bereid is om as borg op te tree. Dieselfde geld ’n geval waar ’n huweliksmaat of medeverbandleninghouer te sterwe kom en net een persoon as verbandleninghouer agterlaat. In al bogenoemde gevalle waar een medeeienaar wegval, is dit nodig om ’n nuwe verbandleningsooreenkoms met die bank aan te gaan. Die dienste van’n regsgeleerde moet dan ingeroep word om die nuwe kontrak op te stel en namens die persoon te hanteer.

Die voordeel is dat die nuwe ooreenkoms die geleentheid skep om ’n nuwe premie, verbandkoers, terugbetalingstydperk en versekeringskoste met die bank te beding. Vanselfsprekend sal die heraansoekproses van ’n verband met bewyse van betaalvermoë, sowel as regs- en registrasiekoste gepaard gaan.

“Indien die bank nie die nuwe ooreenkoms goedkeur nie, en die verbandpremie word nie betaal nie, sal die bank die eiedom op ’n veiling verkoop. Die bank stel net belang daarin om die uitstaande verbandbedrag terug te kry en sal selfs die huis ver onder sy markwaarde verkoop om sy uitstaande gelde terug te kry. Wat oorbly, indien enigiets, kan tussen die partye verdeel word,” verduidelik Coetzee. Dit gebeur ook soms dat een van die gesamentlike verbandleninghouers nalaat om sy verantwoordelikheid na te kom en die ander party met al die probleme en betalings laat. “In hierdie geval, sal dit ook ’n regsverteenwoordiger wees wat jou kan inlig oor jou regte en watter opsies tot jou beskikking is,” sê hy.


Eiendomme

Tuinroete Area Gids

Agent Gids

A

11 10

Heiderand Hersham

11

Aalwyndal

I

B

K

D

Danabaai De Rust Diaz

F

Fraai Uitsig

G

12 10, 11 10, 11, 13

Kleinbrak Rivier

10

M

10 1

Glentana Grootbrak Rivier

H

10, 11, 13 11

Hartenbos Hartenbos Heuwels

p

R

S

13 11 10, 11, 12, 13

Menkenkop Monte Christo Mosselbaai

O

13 10

Outeniquas Bosch Outeniquastrand

10, 13 11 11 10

Santos Seemeeupark Springerbaai St Blaize

13

Ladismith

10, 11 13

Reebok Riversdal

11

L

11

Pinnacle Point

10

Islandview

13

Bayview

V

Publikasie Datum Bespreking Spertyd

De Kaap Eiendomme Fine & Country International Realty Groot Brakrivier Muse Fees Hartenbos Eiendomme Japie Krige Eiendomme Johan Viljoen Eiendomme Nedbank Private Property Propmann

10 11 1 13 12 10 9, 14 16 11

Kaapstad MSP Ontwikkelings

6, 7

10 11

Village In Sea Vleesbaai

Kaapstad

6-7

Buh-Rein Estate

Sperdatums

Materiaal Spertyd: Materiaal Spertyd: Promosie Artikel Ander

04 Oktober 2015

14 September 2015

16 September 2015

18 September 2015

01 November 2015

12 Oktober 2015

14 Oktober 2015

19 Oktober 2015

ADVERTENSIE NAVRAE

Chapter 8

Jackie Maritz

Chapter- 0788133 5211

Home loan - jackie.maritz@thecreativegroup.info Home loan application process

application process

MAKE Home loan Chapter 8 Chapter 8

9168

r

Marketplace 9

6 September 2015

application process Home loan

application process IN HOME LOANS SIX SIMPLE STEPS

Chapter 8

Home loan application process

HAPPEN

Chapter 8

Home loan application process

1. APPLY FOR YOUR HOME LOAN

2. GET A BOND APPROVAL

3. VALUATION OF YOUR DREAM HOME

4. LOAN IS APPROVED

5. BOND REGISTRATION

6. HOME OWNERSHIP

Go to nedbank.co.za/homeloans for all you need to know, from the loan application to moving in. Whether you are a first-time buyer or not, we’ll make finding your home sweet home quick and easy with the Nedbank Home Buyer’s Guide. For the full guide and video visit Nedbank.co.za/Homeloans.

nedbank.co.za

Nedbank Limited Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).


10

propertyjunction.co.za | 6 September 2015


6 September 2015 | propertyjunction.co.za

11


12

propertyjunction.co.za | 6 September 2015


6 September 2015 | propertyjunction.co.za

13


14 Marketplace

6 September 2015

IN DIE 0KTOBER UITGAWE

Kollig op: Diaz Eiendomme

Bloemfontein Area Gids Hillside Lilyvale Wild Olive

Agent Gids 15 15 15

Lenova Konstruksie & Ontwikkeling

15

Chapter 8

Chapter 8 Home loan Home loan application process

ADVERTENSIE NAVRAE Susan Erwee: 083 556 9848, susan.erwee@thecreativegroup.info

application process

MAKE Home loan Chapter 8 Chapter 8

9168

application process Home loan

application process IN HOME LOANS SIX SIMPLE STEPS

Chapter 8

Home loan application process

HAPPEN

Chapter 8

Home loan application process

1. APPLY FOR YOUR HOME LOAN

2. GET A BOND APPROVAL

3. VALUATION OF YOUR DREAM HOME

4. LOAN IS APPROVED

5. BOND REGISTRATION

6. HOME OWNERSHIP

Go to nedbank.co.za/homeloans for all you need to know, from the loan application to moving in. Whether you are a first-time buyer or not, we’ll make finding your home sweet home quick and easy with the Nedbank Home Buyer’s Guide. For the full guide and video visit Nedbank.co.za/Homeloans.

nedbank.co.za

Nedbank Limited Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).


6 September 2015 | propertyjunction.co.za

15



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.