Orion Minerals Nama Khoi Community Newsletter (Afrikaans)

Page 1

NAMA KHOI

MYNuusblad 1ste UITGAWE / MAART 2022

O n t w i k k e l i n g v a n ’n 2 1 s t e e e u k o p e r e n s i n k m y n

WELKOM BY DIE NUUSBRIEF

NUUSFLITS

Welkom by die heel eerste uitgawe van Orion se nuusbrief vir die gemeenskap van Nama Khoi! Hierdie publikasie is ’n manier vir die maatskappy om opdatering oor Orion en mynbou te deel, sowel as nuus wat ons gasheer gemeenskappe raak.

Vertel ons wat JY wil hê moet in hierdie nuusbrief ingesluit word! Stuur idees en voorstelle aan Victor via WhatsApp by

063 041 9870

IN HIERDIE WEERGAWE

ORION MINERALS NUUSBRIEF

Boodskap vanaf die Uitvoerende Hoof

2

Wie is Orion?

3

Wat doen ons in Okiep?

4

Hoe sal die gemeenskap baat?

4

Operasionele opdatering

5

Ontmoet Victor Cloete

6

Hoe ons werk

7

Ons Gemeenskap skakel-kantoor in Springbok

7

Loopbaan portaal

7

Verskaffers portaal

7

Anti-korrupsie

7

COVID-19

8

Kontak ons

8

BLADSY 1


BOODSKAP VANAF DIE UITVOERENDE HOOF

Groete aan almal in die Nama Khoi gemeenskappe.

Groete aan almal in die Nama Khoi gemeenskappe. Ek hoop dat jy hierdie nuusbrief interessant en nuttig sal vind terwyl ons saam vorentoe beweeg. Ek wil van hierdie eerste nuusbrief gebruik maak om jou aan die maatskappy bekend te stel en jou ’n bietjie te vertel van ons verbintenis tot verantwoordelike mynbou. Ons is baie bly dat ons ons teenwoordigheid kan uitbrei om die gemeenskappe van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit in te sluit nadat ons verlede jaar beheer oor die Okiep Copper Project (OCP) verkry het. Ons OCP is in die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit geleë en sal uiteindelik in en om Okiep, Nababeep, Springbok, Carolusberg, Bulletrap en Spektakel bedrywig wees. Orion is ’n Australiese maatskappy en het in 2016 na die Noord-Kaap Suid-Afrika gekom om eksplorasie te doen vir koper, sink, nikkel en die verwante metale te verken en myne te ontwikkel. Ons was baie suksesvol met ons eerste projek, die Prieska Koper Sink Myn in Siyathemba, wat later vanjaar met konstruksie behoort te begin. Ons het ook gesoek na geleenthede om in ander mynbou projekte te belê en glo dat die Nama Khoigebied, die tuiste van die Okiep Koper distrik, wonderlike potensiaal het. Hierdie koper distrik word sedert 1654 aan en af gemyn en was in die vorige eeu baie produktief. Ongelukkig het die koper myne in 2003 gesluit, maar ons is vol vertroue dat mynbou herleef kan word om ’n betekenisvolle bydraer tot die gemeenskap, die Noord-Kaap en Suid-Afrika te word. Dit is ’n gebied wat merkwaardige historiese koper produksie gelewer het. Okiep se vorige eienaars het vir baie dekades 30 000 tot 40 000 ton koper per jaar (ter waarde van R4.5 – R6 miljard teen vandag se metaal pryse) geproduseer. Ons glo dat ons dalk hierdie skaal van produksie kan hervestig, maar eers moet ons verdere eksplorasie en lewensvatbaarheid studies doen.

As alles goed gaan, voorsien ons dat OCP Orion se tweede produksie middelpunt word saam die Prieska Koper-Sink projek. Die projekte stem baie ooreen omdat beide bestaande infrastruktuur soos ou mynstrukture het, wat ons in staat sal stel om vinniger te herbou, en ons kan vir nuwe myne in albei gebiede prospekteer. Deur voort te gaan met ons planne om hierdie historiese myn bedrywighede te laat herleef, hoop ons om ’n noodsaaklike bron van opleiding en werk in die gemeenskappe van Nama Khoi te bied. Ons teenwoordigheid in die gebied behoort ook die vestiging van sekondêre voorsienings- en diens ondernemings in die provinsie aan te moedig. Ons sien daarna uit om ’n rol te speel in die ekonomiese herlewing van die Noord-Kaap en saam met die gemeenskap alles te vier wat die provinsie bied.

Bly veilig.

Errol Smart / Besturende Direkteur en Hoof Uitvoerende Beampte PAGE 2

“Ons glo dat Orion deur die aanvullende kombinasie van die gevorderde Okiep Koper projek met ons vlagskip Prieska Koper-Sink projek omskep sal word in ’n beduidende onedel metaal mynhuis, wat ons reis om ’n groot produsent in die Noord-Kaap streek te word sal versnel”


WIE IS ORION? Orion Minerals is aktief op soek na groot onedel metaal (koper, sink en nikkel) afsettings in Suid-Afrika. Ons is gefokus op die Noord-Kaap provinsie, wat welbekend is vir sy ryk koper-, sink- en nikkel bronne. Ons verkies projekte wat vinnig tot produserende myne ontwikkel kan word. Alhoewel ons fokus baie op onedel metale is, besef ons ook die potensiaal van ander minerale wat uiteindelik ontwikkel kan word. In die Nama Khoi is veral die Tungsten-afsettings ook van belang.

GAMSBERG BLACK MOUNTAIN SPRINGBOK COPPERTON

OKIEP COPPER PROJECT

PRIESKA PROJECT

OCP, Springbok

ORION MINERALS NUUSBRIEF

BLADSY 3

Nadat Orion die potensiaal van die ou Prieska Koper myn, wat 30 jaar gelede laas ontgin is, raak gesien het, het Orion hard gewerk om te bewys dat die projek waardig is om in te belê. Sedertdien was ons span in staat om die myn te koop, die nodige eksplorasie en boorwerk te doen, ’n bankbare lewensvatbare studie te voltooi, en alle regulatoriese toestemmings te kry om ’n wêreld klas moderne myn te bou. Die Prieska Koper-Sink Projek is nou ten volle gemagtig, gereed om met konstruksie te begin en as alles goed gaan, binne ’n paar jaar te begin met produksie. Nou hoop ons om dieselfde te doen by die Okiep Koper Projek.


WAT DOEN ONS IN OKIEP? Die Okiep Koper Projek (OCP) het baie potensiaal. Dit kan Orion Minerals se tweede onedel metaal produksie senter word, wat by Prieska se verwagte produksie van 22ktpa koper en 70ktpa sink sal bydra.

Anders as Prieska wat een myn en verwerkings fasiliteit het, kan die OCP-distrik verskeie myne huisves wat ’n verwerkings aanleg en dienste deel. Dit is hoe dit deur die voormalige eienaars bestuur was. Daar is ook bestuur- en bedryfsooreenkomste tussen Okiep en Prieska, wat 450km uitmekaar is, maar baie dieselfde masjiene en verbruiksgoedere sal gebruik. Orion is daarvoor bekend vir die spoedige werk en beoog om die ontwikkeling waar moontlik, te versnel. Ons het die OCPhistoriese geologiese data gekoop en dit gebruik om hoë-prioriteit teikens te identifiseer wat ons dadelik begin boor het. Ons pas ook die nuutste tegnologie toe om nuwe afsettings onder die oppervlak te identifiseer wat nog nie

ontdek is nie. Ons het ’n elektro-magnetiese opname oor die gebied gevlieg en gaan voort met grond geofisiese opnames en boorwerk op geïdentifiseerde teikens. In die afgelope agt maande het ons ’n voorlopige uitvoerbaarheid studie oor die Flat Mine afsettings by Nababeep voltooi en sien daarna uit om hierdie projek saam met ons strategiese vennote, die “Industrial Developing Corporation” in produksie te bring sodra Mynregte deur die Departement van Minerale en Energie goedgekeur is. Ons wag in spanning op die toekenning van bykomende prospekteer regte sodat ons, ons boor- en uitvoerbaarheid studies kan uitbrei.

HOE SAL DIE GEMEENSKAP HIERBY BAAT? Deur die historiese myn bedrywighede te laat herleef, sal Orion ekonomiese aktiwiteite in die plaaslike en streeks ekonomie stimuleer. Orion se bedryfs model is gebaseer op omgewings-, maatskaplike en bestuurs bestepraktyke. Orion pas dié praktyke van die begin af op al ons projekte toe. Dit beteken ons wag nie vir die bedrywighede om te begin voordat ons met gemeenskappe saamwerk nie. Reg van die begin af soek ons na breë basis gemeenskap deelname deur belanghebbendes in die mynbou waardeketting. Terwyl ons nog nie myn nie, is die Maatskaplike Arbeids plan vir die Flat Mine-projekte deur die gemeenskap aanvaar en is dit aan die Nama Khoi Munisipaliteit voorgelê vir hul finale goedkeuring sodat die Mynregte-aansoek toegestaan kan word. Ons het ook Trusts gestig wat 5% van die aandele in die myne vir die gemeenskap sal hou en 5% vir die werknemers (wat ons verwag om oorwegend plaaslik te wees). Daarom is ons gemeenskap ook aandeelhouers en sal hul deel in die wins van mynbou in hul munisipaliteit gebied. Ons beoog om die gemeenskap inisiatiewe wat so suksesvol was by ons Prieska-projek na OCP uit te brei. By Prieska het ons gemeenskap betrokkenheid en ander samewerkende forums met plaaslike regering en kommersiële ondernemings gestig voor enige myn ontwikkeling plaasvind. Ons het ook beroeps evaluering en opleidingsprogramme begin om die gemeenskap voor te berei vir die begin van myn bedrywighede en moedig die vestiging van sekondêre voorsiening- en logistieke besighede aan, asook gemeenskap entrepreneurskap in die omliggende gebiede. Ons streef daarna om plaaslike indiensnemings-, verskaffer- en kontrakteurs geleenthede te maksimaliseer en sal leerlingskappe en opleidings programme ontplooi soos ons myne in werking stel. BLADSY 4

“Orion poog om ’n katalisator in sy gasheer gemeenskappe te wees deur vir werklike verandering te werk en aansienlike gemeenskap voordeel te lewer”

HOEKOM OCP? Dit het in die verlede meer as 2 miljoen ton koper geproduseer en kan weer ’n groot produsent wees Daar is reeds baie inligting en data oor wat ondergronds is en mynbou metodes Ons sien geleenthede om vir nog myne in die area te prospekteer Bestaande infrastruktuur soos die ou myn strukture, skagte en tonnels beteken ons kan vinniger in produksie kom Paaie en elektrisiteits dienste beteken die myn kan in werking kom sonder om hierdie eers te bou Vinnige pad na produksie in volgende 18-24 maande Baie ooreenkomste met die Prieska-projek Operasionele sinergie met die Prieska-projek


OPERASIONELE OPDATERING Opdatering oor die eksplorasie boor program

Operasionele ontwikkeling ’n Gedetailleerde mynplan vir die Flat Mine projek is geskeduleer vir voltooiing teen die einde van die Maart 2022-kwartaal. Aansoeke vir die vestiging van ’n 10MVA elektrisiteits toevoer punt is by Eskom en die plaaslike Nama Khoi Munisipaliteit ingedien. Spesialis studies word voltooi ter voorbereiding van die Water Gebruik Lisensie-aansoeke. Die Mynreg-aansoek vir die Flat Mine gebied is in ’n gevorderde stadium van verwerking deur die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie (DMRE). Die hersiene Maatskaplike en Arbeids plan vir die Flat Mine-projek is voorgelê en met die gemeenskap bespreek en is, na gemeenskaps goedkeuring, aan die Nama Khoi Munisipaliteit voorgelê vir sy endossement.

Voordat OCP gekoop is, het Orion die beskikbare data en rekords bestudeer en ontleed.

Voor die transaksie gefinaliseer was het ons ’n uitgebreide omsigtigheids studie voltooi, wat ons in staat gestel het om ongeveer 25% van mineralisasie wat volgens historiese dokumente oorbly, te bevestig en op af te teken. Ons het in Augustus 2021 met bevestigings boorwerk begin om die oorblywende 75% van die hulpbron voorraad wat voorheen ontdek en geboor is, te bekragtig en af te teken.

Veelvuldige nuwe Prospekteerreg-aansoeke is ingedien en word tans verwerk.

“Dit is noemenswaardig dat die Nous Prospek die eerste ontdekking in die distrik in meer as veertig jaar is”

Fase een van die boor program is ontwerp om minerale naby die oppervlak, naby groot infrastruktuur en naby bestaande myn ontwikkeling te teiken met ’n fokus op die Koperberg – Carolusberg area. Meer as 3 400m se diamant boorwerk is nou voltooi, in 25 gate. Analises van 39 monsters is reeds ontvang en gekatalogiseer en die oorblywende boorgate word tans deur Orion se geologiese span beskryf en gemonster. Hierdie aanvanklike resultate bevestig dat daar hoëgraadse koper erts oorbly, naby die oppervlak by KoperbergCarolusberg. Boonop is ’n groot SkyTEM™ elektro magnetiese opname laat in 2021 voltooi en die verwerkte data het verskeie hoëprioriteit teikens geïdentifiseer wat nou opgevolg sal word. Aan die einde van Februarie 2022 het ons ’n opwindende nuwe ontdekking by die Nous Prospek gemaak wat bevestig dat daar nog baie koper is wat in die distrik ontdek kan word. ORION MINERALS NUUSBRIEF

PAGE 5


OPERASIONELE OPDATERING voortgesit

Orion stel boorgat in werking om water vir munisipale gebruik beskikbaar te stel

Orion het onlangs ’n bestaande boorgat by Nababeep heropen. Hierdie addisionele waterbron is vir die Nama Khoi Munisipaliteit beskikbaar gestel vir gemeenskap verbruik. Die water sal ’n groot verskil maak vir die gemeenskappe wat probleme ervaar met water toevoer, veral in die huidige hoë temperature in die Noordkaap.

Die Nama Khoi munisipaliteit het verlede maand Sedibeng Water by die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Menseregte aangekla, met die beskulding dat hulle die inwoners ontneem van hul reg tot basiese dienslewering. Volgens nuusberigte het minstens vyf dorpe in die provinsie oor die afgelope paar weke probleme ervaar met toegang tot water.

ONTMOET VICTOR CLOETE Orion se Senior Gemeenskaps Maatskaplike Belegging (CSI)koördineerder, Victor Cloete, is welbekend in die Nama Khoi-gemeenskappe. Victor het in Nababeep grootgeword en by die Rooms-Katolieke skole Sacred Heart in Nababeep en Salesianum in Matjieskloof skool gegaan. Hy het voortgegaan om aan die Universiteit van Wes-Kaap te studeer waar hy ’n Baccalaureus Artium gevolg het, maar as studente-aktivis was hy gedwing om sy studies te laat vaar ten tye van die studente-onluste teen die apartheid stelsel. Victor het later sy graad deur UNISA voltooi met hoofvakke in geskiedenis, sielkunde en sosiologie. “Gedurende die moeilike jare aan die Universiteit het ek ’n diep gewortelde belangstelling ontwikkel in die verbetering van die lewens van diegene wat uitgesluit was van die sosiale en ekonomiese hoofstrome en betrokke was by ’n gesamentlike poging om kennis te verkry van die dinamika van onderdrukking, die impak, en werkbare oplossings. My vakkeuses op universiteit het ook hierdie idee ’n hupstoot gegee om by ’n groter rol betrokke te raak om by te dra tot die bereiking van sosiale en ekonomiese geregtigheid,” verduidelik Victor, wat al 29 jaar saam met myn maatskappye werk.

Na Universiteit het Victor vir 10 jaar na Namibië verhuis waar hy vir Rossing Uranium in Swakopmund gewerk het. Hy het na SuidAfrika terug gekeer om by De Beers Diamant myn in Namakwaland te werk. “Dit is hier waar ek aktief betrokke geraak het by die aspek van gemeenskap maatskaplike belegging,” sê hy en voeg by dat hy ná 7 jaar as Senior Gemeenskaps beampte in beheer van alle enkel verblyf by die myn genader is deur die destydse Hoof Bestuurder wat gevra het of hy by gemeenskaps ontwikkeling betrokke wil raak. “Dit is toe dat my aktiewe rol ten opsigte van gemeenskap maatskaplike ontwikkeling begin het. Daar was toe geen riglyne nie, en ek moes myself by uitgebreide navorsing oor die aspekte van gemeenskap ontwikkeling betrek. Ek het handige strategieë ontwikkel en die portefeulje van gemeenskap ontwikkelings projekte by die maatskappy opgebou, waar ek die gemeenskap skakel bestuurder geword het,” sê Victor, wat al sowat 18 jaar in gemeenskap ontwikkeling gedompel is. BLADSY 6

Ons het Victor gevra om ons meer oor sy werk te vertel. Wat is die mees lonende aspek van jou werk? Die mees lonende aspek van my werk is om die positiewe impak van ons pogings te aanskou. Hierdie positiewe impakte word nie altyd gemeet aan infrastruktuur verbeteringe in arm gemeenskappe nie, maar ook deur die verandering van ingesteldheid, die aanvaarding van ’n positiewe uitkyk en houding.

Wat is die grootste uitdagings? Die gebrek aan voldoende befondsing. Die politisering van ontwikkeling prosesse.

Wat is jou hoop vir Orion-waarde toevoeging in die Nama Khoi-munisipaliteit? My hoop is dat Orion Minerals konstruktiewe en betekenisvolle vennootskappe met die Nama Khoi Munisipaliteit en plaaslike gemeenskappe sal kan aanknoop, want dit sal ons ontwikkeling pogings en waarde toevoeging ’n hupstoot gee.

Vertel asseblief vir ons iets van jouself. Ek is getroud met drie kinders. Ek het rugby gespeel tot ek 34 was en is steeds mal oor die spel. Ek geniet dit ook om kitaar te speel en het ’n groot belangstelling vir musiek.

“In elke gemeenskap is daar werk om te doen. In elke nasie is daar wonde om te genees. In elke hart is daar die krag om dit te doen” – Marianne Williamson


HOE ONS WERK Ons Gemeenskap skakel kantoor in Springbok

Loopbaan portaal

Community Liaison Office

Indiening van CV’s en Verskaffer registrasie Ter voorbereiding vir myn aktiwiteite in die Nama Khoi-area, moedig Orion belangstellende lede van die gemeenskap aan om op ons Loopbaan en Verskaffers portale te registreer.

Toekomstige vakatures sal op die loopbaan bladsy van die webwerf geadverteer word en op sosiale media – https://www.orionminerals.com.au/careers/vacancies/ Wanneer u, u aansoek vir ’n geadverteerde vakature indien, moet u daarop let dat slegs diegene wat ingedien is by die werwing e-posadres wat verskaf is, oorweeg sal word.

Ons is bly om aan te kondig dat ons Gemeenskap skakel kantoor sedert Oktober 2021 oop is. Die kantoor is op die eerste verdieping van die Halsted-gebou, Lodgestraat 333 in Springbok en is oop van Maandag tot Vrydag tussen 08h00 – 17h00. 333 Lodge Street, Springbok, 8240

Gemeenskaps lede wat belangstel om vir Orion te werk, word aangemoedig om op ons CV-databasis te registreer via ons webwerf – https://www.orionminerals.com.au/ careers/cv-uploads/

Neem asseblief kennis dat daar van jou verwag word om volledige en omvattende inligting in te dien as jy oorweeg wil word vir enige komende werksgeleenthede of potensiële opleiding.

Verskaffers portaal Het jy ’n besigheid wat die potensiaal het om goed of dienste te lewer wat voordelig vir ons projekte kan wees? Het jy geweet dat jy jou belangstelling kan registreer via ons nuwe Orion-verskaffers portaal? Terwyl Orion nog in die aanvanklike fases van eksplorasie en projek ontwikkeling is, met beperkte geleenthede in hierdie vroeë stadium, voorsien ons dat verdere en meer gereelde geleenthede kan ontstaan namate projekte uitbrei. Maatskappye wat belangstel om sake met Orion te doen, word uitgenooi om hul besonderhede via ons verskaffer registrasie portaal op ons webwerf in te

dien. Besonderhede wat via hierdie portaal ingedien word, sal by ’n verskaffer databasis gevoeg word wat geraadpleeg sal word namate Orion se behoeftes groei. Neem asseblief kennis dat die voltooiing van die registrasie nie ’n waarborg van besigheid is nie, maar die Orion-kopers sal toelaat om voornemende verskaffers te kontak. Daar sal van verskaffers verwag word om verdere vooraf kwalifisering te ondergaan om in die toekoms genooi te word om te kwoteer. Besoek asseblief https:// www.orionminerals.com.au/ procurement-su op die Orionwebwerf om meer uit te vind.

Anti-korrupsie Orion staan saam met miljoene SuidAfrikaners wat weet dat korrupsie ons almal se toekoms in gevaar stel. Die maatskappy hou by streng internasionale omkopery- en korrupsie-beginsels en sal nie enige onderhandelinge, kontrakte of aktiwiteite aangaan wat ons status as ’n eerlike korporatiewe burger in gedrang bring nie. Ons is 100% daartoe verbind om te verseker dat soveel werk as moontlik, en soveel kontrakte as moontlik, aan individue en besighede van Nama Khoi gaan. Dit is vir ons nie onderhandelbaar nie en sal nie onderhandelbaar wees vir enige

maatskappy wat gekies word om die groot kontrakte by ons bedrywighede uit te voer.

werk kry op meriete, nie op grond van affiliasie nie.

Orion sal nooit, ooit, aankope- of indiensnemings bestuur riglyne kompromitteer nie. Kontrakte sal toegeken word op grond van hoe maatskappye aan die vereistes van die werk voldoen – van hul kundigheid en hul ervaring, tot hul koste, en hul voldoening aan plaaslike vereistes.

Wees verseker dat selfs al word ’n groot kontrak toegeken aan ’n maatskappy wat nie van Nama Khoi is nie as gevolg van vereiste spesialis vaardighede of lewering, beteken dit nie dat daar nie werk en geleenthede vir sub-kontraktering en indiensneming sal wees nie. Elke maatskappy wat aan ons projekte werk sal verplig word om plaaslike sub-kontrakteurs, plaaslike verskaffers en plaaslike werknemers te gebruik waar plaaslike vermoë bestaan.

Ons wil ook seker maak dat daar geen hekwag sal wees deur partye wat belowe om werk of kontrakte vir plaaslike inwoners te verseker nie. Plaaslike werknemers en kontrakteurs moet regverdig meeding en

Jy kan meer hiervan te wete kom by https://anti-corruption.org/, en jy kan korrupsie by die nasionale nommer 0800 701 701 aanmeld.

ORION MINERALS NUUSBRIEF

BLADSY 7


COVID-19

COVID-19 is nogsteeds ’n bedreiging – in Nama Khoi, in die Noord-Kaap en in Suid-Afrika.

Terwyl getalle laag lyk, is ons gewaarsku teen nog ’n golf teen April of Mei. Die enigste manier om jouself en diegene wat jou lief het teen infeksie te beskerm, is om ingeënt te word. Ons moedig almal wat in aanmerking kom om vir ’n entstof te registreer, diegene wat hul eerste entstof ontvang het om op te volg met hul tweede en diegene wat twee entstowwe ontvang het om te gaan vir hul “booster shots”. Vir meer inligting besoek – https://sacoronavirus.co.za.

HOE OM ONS TE KONTAK Orion het ’n gemeenskap skakel kantoor in Springbok. 1ste vloer Halsted-gebou, Lodge Straat 333, Springbok, 8240

Victor Cloete kan gekontak word op 063 0419870 of per e-pos by victor.cloete@orionminerals.com.au. CVs kan ingedien word via www.orionminerals.com.au/careers en verskaffers kan registreer via www.orionminerals.com.au/suppliers. As jy voorstelle vir die volgende nuusbrief het, kan jy dit stuur na newsletter@orionminerals.com.au BLADSY 8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.