1 minute read
Poetry Corner
Poetry Corner Kersfees
Kersfees op die plaas van vammelewe Iets waarna ons kinders die heel jaar strewe Van heinde en verre het familie kom kuier Die lang jaar is verby, dis tyd om te luier
Advertisement
Ooms en tannies, neefs en niggies Almal verwonderd om kersboom se liggies Presente vir almal word uitgedeel Om ons liefde vir mekaar, só te verseël
En dan die Kersmaal op tafel bedien Sowat van keuses, het kindsoog nie gesien Bees, vark, skaap en hoender, en groente En dan poeding ook, ‘n Hemelse gedoente!
Maar dan is dit Oupa, wat Boeke vat Met sombere stem, vertel hy ons wat Kersfees beteken, vir algar van ons hier Ons Koning is gebore, dít is wat ons vier
En Hy kom weer, laat dit jou nie ontglip Die lewe is meer as ‘n OK Lucky Dip Jy kan seker maak van jou Ewige Present As jy vandag na Jesus, jou hele hart wend.
© Pine Pienaar Beira, Mosambiek, 21 Oktober 2022 Pine Pienaar