Gedagtes Setptember 2012

Page 1

SEPTEMBER 2012

'n Nuusbrief vir Ondersteuners van die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid

UIT DIE DIREKTEUR SE PEN Daar word beraam dat depressie teen die jaar 2020 die tweede grootste oorsaak van wêreld gestremdheid (WHO, 2001) sal wees en teen 2030 na verwagting die grootste bydrae tot globale las van siekte sal lewer (WHO, 2008). Na beraming word 350 miljoen mense nou wêreldwyd deur depressie geraak. Hierdie ontstellende statistieke is 'n wekroep vir die regering en die burgerlike samelewing. Depressie het geen etniese, ras, ouderdom, geografiese en/of sosio-ekonomiese vooroordele nie. Die siekte het ook 'n beduidende ekonomiese impak as gevolg van 'n verlies van die vermoë om 'n normale lewe te voer, soos die handhawing van 'n werk, skool bywoning, en algemene daaglikse aktiwiteite.

Mev Bharti Patel Nasionale Direkteur

Die ekonomiese las is enorm - nie net op individue met die siekte nie - maar ook op hul gesinne, gemeenskappe, werknemers, gesondheidsorg en algemene regeringsbegrotings. Daar is ook sterk bewyse uit studies in 'n aantal hoë-inkomste lande dat onbehandelde depressie in die kinderjare diepgaande jarelange sosiale en ekonomiese gevolge in volwassenes kan hê. Meer belangrik, depressie, indien onbehandeld, kan die veiligheid van ander en potensieel die persoon self, in gevaar stel. In sy verslag oor die Suid-Afrikaanse Jeug Konteks, het die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap 'n treffende artikel oor die voorkoms van selfmoord geplaas. Belangrike punte sluit die volgende in: •

Wêreldwye tendense dui daarop dat selfmoord toenemend onder jonger mense gerapporteer word (World Health Organisation, 2002).

Selfmoordneigings is 'n groot kwelling in lande regoor die wêreld - beide ontwikkelde en ontwikkelende lande.

Baie meer mense, veral jongmense en middeljarige persone, poog om selfmoord te pleeg.

Uit hierdie verskeie studies is een ding duidelik: ons jeug word bedreig en ons moet iets daaraan doen. Ons tweejaarlikse konferensie in Augustus het dus ook rondom die tema "Jeug en Geestesgesondheid" gehandel. Ons het die voorreg gehad om weer verskeie kampioene vir geestesgesondheid te eer vir hul belangrike bydraes oor die afgelope twee jaar tot die gebied van die geestesgesondheid. Dit het plaasgevind tydens 'n skemerkelkgeleentheid by ons Nasionale Kantoor (meer hieroor op bladsye 2 en 3).

(Vervolg op Bladsy 2)

90 S.A. Federasie vir Geestesgesondheid

-1-


ALLE OË OP DIE GEESTESGESONDHEID VAN ONS JEUG

UIT DIE DIREKTEUR SE PEN (VERVOLG)

Wêreld Geestesgesondheidsdag - 'n projek van die Wêreld Federasie vir Geestesgesondheid - word jaarliks op 10 Oktober gevier en die doel in 2012 is om regerings en die burgerlike samelewing aan te moedig om depressie te erken as 'n wydverspreide siekte wat individue, hul gesinne en families raak, maar wat wel suksesvol behandel kan word. Die fokus hier is natuurlik ook op die jeug hierdie jaar.

Jong mense in Suid-Afrika word daagliks met 'n verskeidenheid faktore - wat die potensiaal het om hul persoonlike welstand en geestelike gesondheid negatief te beïnvloed - gekonfronteer. Werkloosheid, substandaard-onderwys, swak lewensomstandighede, lae moraal, dwelmmisbruik, riskante seksuele gedrag, afknouery, geweld en onvoldoende toegang tot gesondheidsorg is maar 'n paar voorbeelde van uitdagings wat jongmense kan beïnvloed ten opsigte van hul geestesgesondheid.

Op 'n geestesgesondheidsberaad in April vandeesjaar, het Dr Aaron Motsoaledi berig dat daar nie genoeg klem op geestesgesondheid geplaas word nie. Ons diensverbruikers het die geleentheid gehad om hulle saak te stel en die media het kennis geneem. Een van ons diensverbruikers, Dick Shingange, het 'n ernstige pleidooi gelewer: "Werk saam met ons en respekteer ons. Ons het ook potensiaal en talente." Hy het verder gesê dat mense met 'n geestesongesteldheid dikwels as "nutteloos" beskou word. "Ons kan 'n groot bydrae tot die wêreld maak... Ons wil gehoor word en ten volle deelneem in besluite wat ons lewens raak ... Niemand kan namens ons praat nie."

Ons onlangse Tweejaarlikse Konferensie by Emperors Palace, Gauteng, was daarop gemik om 'n aantal van hierdie uitdagings in meer detail te ondersoek, en met oplossings vorendag te kom deur inligting oor strategieë, projekte en programme wat deur die regering en die burgerlike samelewing bestuur word, te deel. Gestruktureerde werkswinkels, wat gefokus het rondom 'n paar van die belangrikste kwessies, is gefasiliteer deur 'n groep van kundiges om saam hierdie uitdagings in die Suid-Afrikaanse konteks te verken, en saam te werk aan 'n paar voorgestelde ingrypings om hierdie uitdagings aan te spreek.

Ten spyte van al die bogenoemde, bly dit 'n feit dat ons 'n lang pad het om te stap in hierdie land, en wêreldwyd, om te verseker dat geestesgesondheid die aandag wat dit verdien, ontvang. As u egter onderneem om saam met ons op te staan en op die pad langs ons te bly en ons voortdurend aan te moedig en te ondersteun, sal dit help om die skynbaar onmoontlike, moontlik maak.

Sommige van ons uitstekende sprekers het ingesluit: Mnr Bongani Magongo, Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap, Dr Shegs James, Mediese Navorsingsraad, me. Arina Smit, NICRO, Prof Lourens Schlebusch, Universiteit van Kwazulu-Natal, en nog vele meer.

Ek bedank u van harte vir u volgehoue ondersteuning. Dit is van onskatbare waarde vir die Federasie en sy missie.

Sommige van die belangrikste kwessies wat tydens die konferensie na vore gekom het, was:

Ter viering van Wêreldgeestesgesondheidsdag 2012, hou die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid 'n sjampanje ontbyt en modeparade saam met Rachel Tambo, Beskermvrou van die organisasie op Woensdag 10 Oktober 2012 by die asemrowende Shepstone Gardens in Houghton. Hierdie besonderse fondsin-samelingsgeleentheid is een wat u nie wil misloop nie! Vir meer inligting en om u kaartjie te bespreek, besoek ons by www.safmh.org.za

Vriendelik die uwe

Mev Bharti Patel Nasionale Direkteur

-2-

Suid-Afrika het tans 'n jong bevolking, wat die behoefte vir meer gefokusde jeug ingrypings regverdig. Die feit dat die Suid-Afrikaanse jeug ook 'n baie hoë sterftesyfer het, beklemtoon hierdie feit verder.

Die media speel 'n belangrike rol in terme van die vorming van die gedrag van jong mense, veral rakende musiek, TV en film, en moet sy aanspreeklikheid in terme van die vorming van jong lewens erken.

Die rol van familie is noodsaaklik siende dat die jeug positiewe rolmodelle nodig het by wie hulle goeie morele waardes leer en wat hulle kan ondersteun in hul daaglikse konfrontasie met kwessies soos werkloosheid, geweld en alkohol-en dwelm misbruik.


Sommige van die behoeftes wat tydens die konferensie geïdentifiseer is:

Tegnologie, toegang tot sosiale media, ens. speel 'n belangrike rol in die lewens van jong mense. 'n Belangrike argument wat na vore gekom het tydens die konferensie is dat dit ook negatief kan impak op die jeug aangesien dit hulle vermoë om effektief een-toteen te kommunikeer, verminder.

Die rol van die gemeenskap moet nie misgekyk word nie; dit het 'n groot impak op die ontwikkeling van die jeug.

Die jeug in Suid-Afrika is nie net geneig om geweld te pleeg nie, maar toon ook 'n hoë vlak van viktimisasie, wat kommerwekkend is.

'n Groot aantal individue in Suid-Afrika wat selfmoord pleeg, is in die ouderdomsgroep 6 tot 10 jaar, wat uiters kommerwekkend is.

Die behoefte vir beter koördinering en geleenthede vir meer effektiewe vennootskappe.

Meer effektiewe interaksie met die regering.

Daar is 'n groot behoefte aan meer dienste in landelike gebiede.

Befondsing en hulpbronne bly 'n bekommernis.

Wetgewing is nodig en in baie opsigte reeds in plek in Suid-Afrika, maar die uitdaging is in die implementering en kontrole daarvan.

'n Belangrike punt wat gemaak is was dat Geestesgesondheid die grondslag vir die beskerming en bevordering van die regte van alle mense vorm. Dit word egter dikwels oor die hoof gesien.

Ons groot uitdaging nou is om hierdie behoeftes wat geïdentifiseer is te neem en oplossings daarvoor te soek, asook nuwe bronne wat die implementering van hierdie oplossings moontlik sal maak. Ons het u hulp nodig om dit te doen! Raak vandag betrokke en maak 'n verskil in die lewens van die Suid-Afrikaanse jeug. Bel ons by 011 781 1852 of besoek www.safmh.org.za vir meer inligting.

KAMPIOENE VIR GEESTESGESONDHEID VEREER Op Woensdag 29 Augustus 2012, was dit weer tyd om hulde te bring aan 'n groep geestesgesondheidshelde vir hul betekenisvolle bydraes tot die veld van Geestesgesondheid oor die afgelope twee jaar. In ons oë, en die oë van die gemeenskappe wat hulle aangeraak het, is hulle helde - ware kampioene vir geestesgesondheid. Hierdie individue, groepe, organisasies, maatskappye en vrywilligers het meer gedoen as wat enige iemand van hulle gevra het en werklik die ekstra myl geloop om 'n verskil te kon maak. Met hul volgehoue lojale ondersteuning en die hulp van ander, kan die SA Federasie vir Geestesgesondheid en die Geestesgesondheidsbeweging steeds vorentoe beweeg, altyd met die strewe om meer individue regoor ons land te help en sodoende stadig maar seker 'n betekenisvolle impak te maak en verandering teweeg te bring. Die kategorieë vir nominasies was: 1. Uitstaande individu op die gebied van Geestesgesondheid: PJ Powers, Shona Sturgeon, Ingrid Daniels 2. Uitstaande persoon op die gebied van intellektuele gestremdheid: Mev Ntombana Eunice Gatebe, Mev Jill Gardner 3. Uitstaande persoon op die gebied van Psigiatriese Gestremdheid: Mev Marj Farr 4. Innoverende program op die gebied van intellektuele gestremdheid: Enabling deur kuns

Shona Sturgeon saam met Lage Vitus

(Vervolg op Bladsy 4)

-3-


INDIENSNEMING VAN 'N PERSOON MET 'N INTELLEKTUELE GESTREMDHEID - SOU U?

KAMPIOENE VIR GEESTESGESONDHEID VEREER (VERVOLG)

5. Innoverende program op die gebied van Psigiatriese Gestremdheid: Fountain House, Charlene Sunkel Theatre Production

Persone met gestremdhede maak deel uit van die hoogste werkloosheidsyfers in ons land en vorm die grootste persentasie van mense wat in armoede leef, bo enige ander groep in die samelewing.

6. Spesiale Prestasies deur ons diensverbruikers op die gebied van intellektuele gestremdheid: Cindy Mkhize, Smangele Mpongose

Die onwilligheid van sommige werkgewers om mense met intellektuele gestremdheid in diens te neem, spruit deels voort uit diskriminasie en onkunde.

7. Spesiale Achievents deur ons diensverbruikers op die gebied van Psigiatriese Gestremdheid: Russel Jones, Morne Grove

Die volgende is voordele om 'n persoon met 'n intellektuele gestremdheid in diens te neem:

8. Werkplek Toekenning: Mnr R G Martin, Rogue Steel 9. Vrywilliger Toekenning: Dr Bert Lind, Lage Vitus, Mnr. Narainsamy Mudaly 10. Media-toekenning: DSTV, On Course Kommunikasie 11. Spesiale Dienstoekenning - Individue (Stephanie Redelinghuys Toekenning): Mev E Burger; mnr John Swart - Postnet / Orange Ring; Capital Caterers, Tshikululu Social Investments, Momentum Fund, Murray & Roberts (Letsema Sizwe) Soos altyd was dit 'n wonderlike geleentheid waar ons as eendersdenkende individue die verskil wat mense in ander se lewens gemaak het en steeds maak, kon vier.

Deur te werk wen die persoon respek, selfvertroue en ekonomiese onafhanklikheid.

Om 'n salaris te verdien, verhoog die standaard van lewe van persone met 'n intellektuele gestremdheid

Die werkgewer wen 'n meer stabiele arbeidsmag. 'n Persoon met 'n intellektuele gestremdheid het gewoonlik 'n hoë toleransie vlak ten opsigte van frustrasie en geniet werk van 'n herhalende aard die tipe werk wat dikwels ander werkers frustreer.

Werkgewers kan voordeel trek. Die Departement van Arbeid bied 'n loonsubsidie vir die indiensneming van persone met gestremdhede. Persone met intellektuele gestremdhede benodig selde hulptoestelle wat spesiale argitektoniese oorwegings vereis.

Werk wat deur al die personeel uitgevoer is dra by tot die bruto nasionale produk. Die indiensneming van persone met intellektuele gestremdhede in die ope arbeidsmark dra by tot 'n nasionale ekonomiese groei.

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die toekenningsaand en die wenners van elke kategorie, besoek ons webwerf by www.safmh.org.za

LOSLIT DAG Vrydag 7 September 2012 was soos altyd op die eerste Vrydag in September, Loslit dag! Entoesiastiese ondersteuners het hulself anders as normaalweg aangetrek in ooreenstemming met die huidige tema en die Loslit Dag plakker waarmee hulle hul ondersteuning vir persone met gestremdhede wys, te dra.

Dit laat 'n mens dink, nê!

JAARVERSLAG

Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid is een van die hoofbegunstigdes van Loslitdag. Hierdie jaar se tema was "Kom aan Boord!” Hierdie nasionale fondsinsamelingsinisiatief is altyd groot pret om deel van te wees!

Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid het sy Algemene Jaarvergadering op Woensdag, 29 Augustus 2012 gehou. Die mees onlangse verslag kan besigtig word of afgelaai word van ons webwerf by www.safmh.org.za

Maak 'n aantekening in jou dagboek om die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid volgende jaar op Loslitdag te ondersteun deur jou Loslit dag-plakkers direk by ons te bestel. Die Federasie ontvang 'n persentasie van die totale aantal plakkers deur ons organisasie verkoop.

Bly in kontak en neem deel Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid is nou ook op Facebook! Word 'n vriend van die Federasie en neem deel aan interessante gesprekke en besprekings aangaande alle sake betreffende geestesgesondheid. Hierdie is 'n goeie platform waar u met ander kan kommunikeer en waar belangrike sake aangespreek kan word.

KONTAK ONS

90

Posadres: Privaatsak X3053, Randburg 2125 Navrae: Tel: +27 (0) 11 781 1852 Faks: +27 (0) 11 326 0625 Algemene Navrae: safmh@sn.apc.org

S.A. Federasie vir Geestesgesondheid

-4-

Besoek ons webtuiste by www.safmh.org.za vir meer inligting oor die rol en funksie wat die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid in die gemeenskap verrig. Ons is trots om aan te kondig dat u nou u bydraes aanlyn kan maak - direk op ons webtuiste! Dit is vinnig, veilig en gerieflik.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.