RAS-TELLENDE AKSIE
Só vorder DKD-hofsaak
Nuwe BOEK vertel van TRANE; doen OPLOSSINGS aan die hand
Waarom dié KLASSIFIKASIE sy RY moet KRY
STAKINGS Nuttige wapen, maar doen éérs jou somme!
WIN!
BRAND new
wheels
PAGE 12 13
R50 000
ENTREPRENEURS
Wen met jou blink idees óf met slim sakeplan
R150 000
Blaai na bladsy 24 49
03 • 2013
www.solidariteit.co.za
R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X
9 771683
562000
Solidariteit Beweging
jou werk is
SOLIDARITEIT-MANIFES
Ons pak morele verwarring deur self HAND BY TE SIT, want
ONS WERK
DAAROM VEG ONS HAND EN TAND VIR JOU REGTE
Solidariteit Finansiële Dienste Regshulpversekering
Kry die KRAG van die WET aan jou kant!
Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.* • • • •
Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. Afslagtariewe op eiendomsoordragte.
aksent media • 082 445 4513
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
* Bepalings en voorwaardes geld
Skakel ons vandag nog by
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 5277
16
03 2013 GEREELD 6
7 8 54 73
inhoud
Met die intrapslag Ons maak werk van jou werk Seepkis Ons lede sê hul sê SpreekBuys Ons antwoord op morele verwarring Jy & die reg Ontslag vir deelname aan staking In retrospek Die laatweessiekte en vergete skoene
NUUSWAARDIG 10 12 14 15 16 17 17 18 20 22 22 23 24 24 26
“Wanneer gaan daar ’n toekoms vir my wees?” Regstelaksie vuur verdeeldheid aan Rasseklassifikasie moet sy ry kry Nog ’n oorwinning in Tshwane-regstelstryd Wenner-vat-alles-stelsel lei tot onrus Assmang, African Rainbow Minerals undermine workers’ rights Verslag steeds vol gebreke Regstellende Trane: Nuwe Trefferboek gou hier Drive off in brand new wheels! Nuwe finansiële hoof droom groot When is a trade union recognised in the workplace? Polisie moet tugverhoor teen twee lede los Wen sakke vol geld met jou sakeplan Entrepreneurseminaar bring grootkoppe en slimkoppe bymekaar Gemeenskap se omgeemense vereer
BEDRYFSNUUS 27
28 29 30 31 32 33 34 36 40
Bill undermines economic freedom, wealth creation, privacy Expropriation Bill will start wave of uncertainty Solidariteit: Geroep om jou te beskerm Wildcat strike at Unisa causes a stir Wat jy moet weet oor bedingingsrade Bereken die koste voordat jy wegbly Stakings: Regte wapen op die regte tyd Só veg Solidariteit landwyd vir sy mense 3 000 dalk werk kwyt ná Sibanye-brand Haal só die angel uit ’n bysteek
40
IN BEWEGING 42
43 44 44 45 46 46 47 48 48 49 52 52 53 56 57 58 60 61 62 63 64 65 66 70 72
SA se erfenis en natuur bloei oor gierigheid Kom kuier saam met AfriForum – Wêreldwyd! Taalregte noodsaaklik, nie luukse, sê internasionale regskenner AfriForum, community fights crime in Vryburg Blinde student, gidshond gehelp danksy AfriForum Gryse wyses gedenk met projek Kosblikkieprojek voed na liggaam, siel en gees Verlig, voorkom, verbreek Afrikaner-armoede Skaduwerk berei jonges voor op werkplek Helpende Hand plaas 120 assistente in Afrikaanse skole Entrepreneurs: R50 000 op die spel vir groot dromers Beursinstituut wens Sol-Tech-studente geluk Tegniese opleidingskollege groet geliefde student en staatmaker-lektor Vyfde ambagsvrou verwerf gesogte rooiseëlkwalifikasie How to dress for success at work Kies ’n loopbaan in arbeidsverhoudinge Kook ’n digitale dis soos min Kan jy kers vashou? Dié Wet van Transvaal kan faal Plaasaanvalle: 5 skokkende feite Versamelstukke so in jou Kraal Jou spruit en die spaarvarkie FAK Sangbundel Skolekompetisie skop af Neem goeie uit gister & wen vandag! Winburg: Klein dorpie, groot geskiedenis Solidariteit-dienskantore
Solidariteit Solidarity
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig
Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 REDAKTEUR
EDITOR
Johan Kruger
KOPIEREDAKTEUR
COPY EDITOR
NUUSREDAKTEUR
NEWS EDITOR
Moira-Marie Kloppers Cilleste van der Walt
WEBREDAKTEUR
WEB EDITOR
Daleen Gouws
ADVERTENSIES
ADVERTISEMENTS
Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk – tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN
Martie Maree
TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING
Aksent Media
INTEKENARE
SUBSCRIPTIONS
Heleen Nortjé
REKENINGE
ACCOUNTS
Elna Botes
MEDEWERKERS
CONTRIBUTORS
Flip Buys, Ilze Nieuwoudt, Reint Dykema, Herman Toerien, Johan Roos, Daleen Gouws, Juanita du Preez, Nico Strydom, Francois Smit, Suné van Heerden, dr. Danie Brink, Paul Mardon, Marietha Malan, Inge Strydom, Alana Bailey, Julius Kleynhans, Esmarie Prinsloo, Karin Venter, Charl Oberholzer, Michelle Burger UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE
Tel: 082 445 4513
media
aksentmedia@vodamail.co.za
DRUKWERK
PRINTING
Paarl Media Gauteng
VERSPREIDING
DISTRIBUTION
Prestige Bulk Mailers, Pretoria
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
met die intrapslag
S
Johan Kruger is hoof van kommunikasie, die Solidariteit Navorsingsinstituut asook Kraal Uitgewers.
Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com
ONS MAAK WERK van jou werk
6
edert ons vorige uitgawe het Solidariteit behoorlik ingeklim met die vakbond se kernbesigheid. In hierdie volgepakte uitgawe van die tydskrif vertel ons jou meer van Solidariteit se onlangse werksaamhede om sy lede se belange op alle terreine te beskerm en te bevorder. Dit was ook binne die groter Solidariteit Beweging die afgelope paar maande opwindend om te sien hoe daar op verskeie vlakke saamgewerk word om ’n volhoubare toekoms vir ons lede en ondersteuners te help skep. Die loonseisoen kry tans momentum en Solidariteit se onderhandelingspanne werk hard om die beste loonverhogings en voordele vir ons lede te beding. Dit bly ’n dinamiese proses van toutrek en posisioneer, aanbod en teenaanbod, deurentyd met die besef dat dit bars gaan daar buite en dat ons lede geregtig is op die beste loonooreenkomste wat bereik kan word. Loononderhandelings en stakings gaan dikwels hand aan hand, met werkers se allerbelangrike reg om te staak wat verantwoordelik tydens die loononderhandelingsproses bestuur moet word. In hierdie uitgawe kyk ons na Solidariteit se uitgangspunt oor stakings en wat die gevolge van stakings vir Suid-Afrika is. Op die litigasiefront het Solidariteit se belangrike regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) gedurende April afgeskop. Dié saak trek groot aandag weens die DKD se benadering dat aanstellings moet geskied volgens rasteikens gebaseer op die nasionale demografie, selfs waar die streeksdemografie soos in die Wes-Kaap drasties van die nasionale prentjie verskil. Dit is vir ons en ons lede kernbelangrik om hierdie verkeerde toepassing van regstellende aksie as ongrondwetlik en onwerkbaar te bewys. Die saak is nou deels verhoor en sal aan die einde van Julie vanjaar voortgaan. Ons berig in hierdie uitgawe oor die vordering met die saak en sal so voortgaan totdat uitspraak gelewer is. Bestaande arbeidswetgewing steun die beginsel van “die meerderheid vat alles”. Meerderheidsvakbonde gaan dikwels van die standpunt uit dat hierdie wetlike bepalings gebruik moet word om te verseker dat vakbonde met minder lede in die werkplek eenvoudig uitgedruk en uitgehou word. Binne hierdie wetlike 03/2013 • www.solidariteit.co.za
raamwerk is Solidariteit se uitdaging deurentyd om organiserings- en kollektiewe bedingingsregte te kry en te behou ten einde ons lede na behore te kan bystaan. Een goeie voorbeeld hiervan is die onlangse gebeure by Assmang, waar Solidariteit ’n stewige ledebasis het: Solidariteit moes hom noodgedwonge tot die hof wend om sy jare lange erkenning by Assmang te behou, nadat dit vroeër vanjaar summier beëindig is. Ons regte is egter herstel toe die litigasieproses aan die gang gesit is. Dit het weer die belangrikheid van erkenning en kollektiewe bedingingsregte vir ons lede bevestig en daarom val die soeklig in hierdie uitgawe voorts op hoe dié regte in ’n vyandiggesinde omgewing behou kan word. Binne die breër Beweging is daar kommentaar gelewer op twee wetsontwerpe wat ’n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika sal hê indien dit aanvaar sou word. Die Onteieningswetsontwerp, wat ook aandag in hierdie uitgawe geniet, knou die grondwetlik verskanste reg op eiendom ingrypend. Solidariteit sal hom daarvoor beywer om die ooglopende doel van die regering om eiendomsreg te ondermyn, te temper deur ons gewig te gooi agter die front van opposisie wat reeds uit die breër gemeenskap na vore gekom het. Die Wetsontwerp op Lisensiëring van Sakeondernemings is ’n verdere stuk voorgestelde wetgewing wat handelsvryheid in SuidAfrika sal benadeel. Solidariteit voer aan dat die wetsontwerp geskrap moet word omdat dit tot nadeel van werknemers, werkgewers en verbruikers sal wees, en die weg baan vir ernstige privaatheidskending en die misbruik van staatsmag. Lekker lees aan hierdie en ander stories oor hoe die Solidariteit Beweging se wiele aan die rol is. Want jou werk is immers ons werk! Tot ons volgende keer weer gesels.
JOHAN KRUGER REDAKTEUR
“
Solidariteit se ONDERHANDELINGSPANNE werk hard om die beste loonverhogings en voordele vir ons lede te beding. Dit bly ’n dinamiese proses van toutrek en posisioneer, aanbod en teenaanbod, deurentyd met die besef dat dit bars gaan daar buite en dat ons lede geregtig is op die beste LOONOOREENKOMSTE wat bereik kan word.
Seepkis
Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za
Sal jy aan ’n staking deelneem?
A
b C
Ja, maar slegs as dit ’n beskermde staking is
Nee, stakings help nie Miskien, maar slegs as daar geen ander uitweg is nie.
Sê jou sê deur “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Of stem by www.solidariteittydskrif.co.za
Wat moet gedoen word om WERK TE SKEP?
Die werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal van 2013 tot 25,2% GESTYG. Dit beteken dat daar nou 100 000 meer werklose mense in Suid-Afrika is en dat altesaam 4,6 miljoen mense sonder werk sit. Wat moet in Suid-Afrika gebeur om werk te skep? Ons Facebook-volgelinge sê hul sê: Cecilia van der Westhuizen: Haal heel eerste die korrupte mense uit hul poste en vervang hulle met mense wat weet hoe om poste te skep. Daarbenewens werk BEE glad nie. Baie firmas maak toe omdat hulle nie ’n ekstra aandeelhouer in die onderneming kan bekostig nie en so verloor nog mense hul werk. Christian Mostert: Hier word baie goeie voorstelle gemaak. Die probleem is a) die formele voorlegging b) die daadwerklike
instelling van die voorstelle en c) die finansiering daarvan. Komaan, Solidariteit. Maak dit gebeur! Ons kan mos.
Johan Uys Voigt: Om werk te skep, moet mense geleer word om te werk. Om te staak en wanorde te skep, is nie werk nie!
Emil Scharf: BEE en arbeidsprobleme met onproduktiewe, swak opgevoede werkers skrik buitelandse beleggers af om arbeidsintensiewe besighede hier te begin. Ons het die vaardighede, maar dit word weggegooi weens BEE en regstellende aksie, en die meeste “voorheen benadeeldes” ly dus ook daaronder.
Wynand Calitz: Landbou word baie onderskat as ’n boublok van ons ekonomie. Dit verskaf werk, voed ’n nasie en lok buitelandse valuta deur uitvoere. Beter opleidingsprogramme en ondersteuning van die werkmag. Meer intensiteit by basiese skoolonderrig. Die regering en banksektor kan die spoed van transaksies verhoog.
Foto’s: iStockphoto.com
Geniet die WERKBESKERMING wat jy verdien by SOLIDARITEIT
Jy kan maklik by Solidariteit AANSLUIT deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se vriendelike dienssentrumagente sal jou terugskakel en jou vinnig en maklik help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2. Ons beskerm nie net jou werk nie, maar maak ’n DAADWERKLIKE VERSKIL in ons lede én ons land se toekoms! Om jou adres te verander, stuur e-pos na diens@solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • 03/2013
7
spreek Buys
Flip Buys is uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging.
Ons ANTWOORD op morele verwarring
Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com
VAKBONDE SE BEELD het die afgelope paar maande GROOT SKADE gely weens die onverantwoordelike optrede van sekere unies wat werkers se TOEKOMS benadeel. Werkers word soms misbruik om die POLITIEKE IDEALE van hul leiers te bevorder, terwyl hulle miljoene rande aan inkomste weens onwettige stakings verloor, skryf FLIP BUYS.
8
D
ie ergste is dat hierdie leiers só optree terwyl hulle voorgee dat hulle werknemers se belange op die hart dra. Die reaksie van werkgewers hierop is voorspelbaar, al is dit ook jammer en verkeerd. Dit is naamlik ’n skerp styging in kapitale belegging, wat maar net beteken dat werkgewers meganiseer om hulself nie aan arbeidsrisiko’s bloot te stel nie (sien die grafiek op bladsy 9). Werkers betaal eindelik die prys hiervoor, want hulle verloor miljoene rande aan verlore inkomste weens die onwettige stakings wat hul leiers aanmoedig, terwyl die leiers ten volle
03/2013 • www.solidariteit.co.za
betaal word. Ongelukkig het baie van Solidariteit se lede ’n groot deel van hul inkomste verloor weens hierdie stakings waaraan hulle nie deel gehad het nie. Dis onder meer omdat baie produksiewerkers se vaste salarisse ’n klein deel van hul totale vergoeding uitmaak, terwyl die grootste deel bestaan uit produksiebonusse wat hulle weens ander se stakings verloor het! Daar heers tereg groot ontsteltenis onder hierdie lede dat maatskappybesture hulle nie tegemoet gekom het nie, terwyl hulle reeds vir jare getroue en produktiewe werkers is. Aan die ander kant het dieselfde besture meermale die
stakers met geld en voordele teruggelok, ongeag die skade wat sommige van hulle aangerig het. Dit het talle van ons lede in die mynbedryf met reg die harnas ingejaag, en gaan die onderhandelings vanjaar nog verder bemoeilik. BEDING HARD, MAAR BOU SAAM Die probleem is dat ons land se ekonomie en in die besonder die arbeidsmag baie kwesbaar is, veral as gevolg van die wêreldwye ekonomiese probleme en ons land se swak regering. Ons land se welstand hang van sy arbeidsmag af, en produktiewe werkers verdien ’n goeie salaris. Daaroor voel Solidariteit baie sterk.
nuuswaardig spreekBuys
Maar die beste strategie om dit te verseker, is om ons land se maatskappye en ons ekonomie sterker te maak. Dit is beter om te beding vir ’n groeiende deel van ’n groter koek, as om te veg oor die krimpende krummels wat oorbly nadat die Chinese en ander buitelandse mededingers met ons klaar is. Diegene wat werkgewers sien as vyande wat vernietig moet word, speel met vuur. Beding hard vir jou regmatige aandeel in die maatskappy se wins, maar werk saam om ons land se buitelandse mededingers in die stof te laat byt, eerder as om jou werkgewer te ondermyn. In die lig van die morele verwarring wat tans in die land heers, het ek tydens die vergadering van Solidariteit se Nasionale Raad ’n konsepmanifes vir bespreking voorgelê, met die doel om meer duidelikheid te gee oor waarvoor ons vakbond staan. Stuur gerus jou mening oor die manifes na tydskrif@solidariteit.co.za. DIE SOLIDARITEIT-MANIFES Solidariteit staan nie vir een of ander vreemde of ingevoerde ideologie nie. Ons grondliggende oortuigings vloei voort uit ons geloof, ons opvoeding, ons Westerse lewensbeskouing en die lesse wat ons voorouers oor die eeue heen in en van Afrika geleer het. 1. Geloof Ons Christelik Bybelse geloof is die grondslag van alles waarin ons glo en wat ons doen. 2. Werk Ons leef om te werk, en werk nie net om te leef nie. Dit beteken dat ons werk om ons roepings te vervul. Ons lede is produktiewe, toegewyde en verantwoordelike werkers wat ’n sleutelrol in die ekonomie van die land speel en hulself deurlopend verder ontwikkel. 3. Vergoeding en geleenthede In ruil vir ons werk en ons bydrae verwag ons veilige, gesonde en menswaardige werk- en lewensomstandighede, ’n goeie vergoeding en billike behandeling, en geleenthede om te groei en te ontwikkel vir ons en ons kinders. Ons dring aan op ’n redelike waarde vir ons belastinggeld en inspraak in die besteding daarvan. 4. Burgerlike en politieke vryheid Burgerlike en politieke vryheid is ’n nood-
MEER MASJIENE, MAAR MINDER WERKERS
“Dit is beter om te BEDING vir ’n groeiende deel van ’n groter koek, as om te VEG oor die krimpende krummels wat oorbly nadat die Chinese en ander buitelandse mededingers met ons klaar is.” saaklike voorwaarde vir werkersregte, soos die gebeure in Zimbabwe duidelik bewys het. Daarom is Solidariteit as vakbond deel van die Solidariteit Beweging, wat ons belange as volwaardige landsburgers op alle gebiede beskerm. Ons betree nie die partypolitieke gebied nie, maar speel ons rol in die burgerlike en gemeenskapsektor. Ons glo aan gelykheid. Ons is nie bo of onder ander mense of groepe nie. Daarom wil ons as gelykes en as eersteklasburgers behandel word. Ons glo daaraan om ons deel te doen om die land ’n beter plek te maak vir almal om in te woon, maar ons is niemand se onderdane nie. 5. Gesin en gemeenskap Ons sorg vir ons gesinne, gee om vir ons medemens en is betrokke in ons gemeenskap. Ons spaar vir ons oudag en gee nie meer uit as wat ons inkry nie. Ons kom die wet na en doen ons plig. Ons neem die beste uit die verlede en bou die toekoms daarmee. Ons bewaar ons taal, kultuur, geskiedenis en erfenis, en ons wil vir ons kinders ’n beter toekoms nalaat. 6. Ekonomie en omgewing Ons glo aan ’n vrye ekonomie wat gelyke geleenthede vir elkeen bied en wat vir mense omgee. Ons wil help om armoede, werkloosheid en ongelykheid uit te wis deur mense te help om hulself te help, en om almal die geleentheid te gee om hul
volle vermoë te verwesenlik. Ons wil die omgewing só bewaar dat ons die aarde vir ons kinders in ’n beter toestand nalaat as waarin ons dit gekry het. 7. Toekoms Ons droom oor en werk vir ’n toekoms waarin ons as Westerlinge ook blywend vry, veilig en voorspoedig kan wees, wat ons in staat sal stel om volhoubaar tot die welstand van die land en al sy mense by te dra. 8. Vakbond Ons glo aan ’n regverdige stelsel van nywerheidsdemokrasie, waar alle betekenisvolle vakbonde inspraak kry om hul lede se belange te bevorder. Solidariteit se lede weeg meer as wat ons tel en ons glo dat ’n balans in die werkplek in landsbelang is. 9. Westerse waardes Ons onderskryf Westerse waardes soos die oppergesag van die reg, demokrasie en vryheid, federalisme en ’n verspreiding van mag, kulturele vryheid, persoonlike verantwoordelikheid, eiendomsreg, meriete en gelyke geleenthede vir almal. 10. Eenheid Ons staan skouer aan skouer met medelede wat dieselfde oortuigings deel en wat ons as ’n eenheid waardig en verstandig wil verdedig en bevorder. S www.solidariteit.co.za • 03/2013
9
nuuswaardig Linda-Jean Fortuin
Pieter Davids
Christopher February
André Jonkers
Geo-nita Baartman
HULLE HET AL GETUIG
HULLE MOET NOG GETUIG
Jan Kotze
Derick Wehr
Teresa Abrahams
Desiree Merkeur
Deidre Jordaan
Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com
‘Wanneer gaan daar ’n TOEKOMS vir my wees?’
10
Solidariteit se REGSTELLENDEAKSIESAAK teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) gaan van 29 Julie tot 9 Augustus in die arbeidshof in Kaapstad voort. Solidariteit tree op namens tien applikante wat telkens DIE BESTE KANDIDATE was vir poste in die DKD waarvoor hulle aansoek gedoen het, maar uitsluitlik weens hul velkleur nie aangestel is nie. Vyf van die applikante in die saak het reeds tydens die eerste deel van die hofsaak van 24 April tot 3 Mei getuig. NICO STRYDOM berig. 03/2013 • www.solidariteit.co.za
HULLE HET REEDS GETUIG • Linda-Jean Fortuin is ’n bruin vrou wat oor 26 jaar se diens beskik. Sy het getuig: “Dit bring verdeeldheid tussen ons in die werkomgewing. Ons kapsie daarteen word beskou as rassisties en ons is nie rassisties nie.” • Pieter Davids is ’n wit werknemer met 26 jaar se diens. Hy het getuig: “Ons werk met mense, ons het emosies en gevoelens. Jy kan nie mense wegvat en hulle eenvoudig met getalle vervang nie. Dienslewering moet ook in ag geneem word. Ek glo nie aan diskriminasie nie. Ek het nog altyd daarin geglo om mense dieselfde te behandel, ongeag die kleur van hul vel.” • Christopher February is ’n bruin werknemer wat 16 jaar se diens het. Hy het getuig: “Ek moes tronkstraf uitdien omdat ek teen ’n stelsel geveg het, nou veg ek teen ’n nuwe stelsel.” • André Jonkers is ’n bruin werknemer wat oor 17 jaar se diens beskik. Hy het getuig: “Wanneer gaan daar vir my as ’n bruin persoon ’n toekoms wees? Wanneer gaan daar ’n toekoms vir my gesin wees?”
• Geo-nita Baartman: Baartman is ’n bruin vrou met 13 jaar se diens. Sy het getuig: “Ek het nie na Hendrik Verwoerd gegaan en hom gevra om dit (apartheid) in te stel nie. Hoekom moet ek daarvoor gestraf word?” HULLE MOET NOG GETUIG • Desiree Merkeur het aansoek gedoen om die pos van sekretaresse vir die areakommissaris in die Breederivier-bestuursarea, Wes-Kaap. Sy is deur ’n onderhoudpaneel as die beste kandidaat vir die betrokke pos aangewys. Niemand is egter in die pos aangestel nie. • Teresa Abrahams het aansoek gedoen om die pos van senior korrektiewe beampte: eenheidsbestuurder in die Warmbokveldbestuursarea, Ceres. Sy is deur ’n onderhoudpaneel as die beste kandidaat vir die betrokke pos aangewys, maar is nie in die pos aangestel nie. • Deidre Jordaan het aansoek gedoen om die pos van werknemerbystandspraktisyn by die Brandvlei-gevangenis. Sy is deur ’n onderhoudpaneel as die beste kandidaat vir die betrokke pos aangewys, maar is nie aangestel nie omdat sy ’n bruin vrou is. • Jan Kotze het aansoek gedoen om die pos van sentrumhoof by die Drakensteingevangenis. Hy het van 2009 tot vroeg in 2012 in die pos waargeneem. Hy is nie aangestel nie. • Derick Wehr het aansoek gedoen om die pos van werkwinkelbestuurder in die Drakenstein-bestuursarea. Hy neem tans in dié posisie waar. Hy is deur ’n onderhoudpaneel as die beste kandidaat vir die betrokke pos aangewys, maar is nie aangestel nie.
nuuswaardig
S
olidariteit tree op namens Linda-Jean Fortuin, Christopher February, André Jonkers, Geo-nita Baartman, Pieter Davids, Derick Wehr, Jan Kotze, Desiree Merkeur, Deidre Jordaan en Teresa Abrahams. Solidariteit voer aan dat die DKD se blatante beleid van absolute rasseverteenwoordiging onbillik, irrasioneel en onwettig is. Solidariteit gaan nie net vra vir ’n beslissing dat sy lede bevorder word nie, maar ook dat die regstellendeaksieplan van die DKD in sy geheel onwettig verklaar word.
AFFIRMATIVE ACTION: COSATU MUST BE HEARD BY COURT
Solidarity has invited Cosatu in the Western Cape to state its position on affirmative action in the Cape Town Labour Court when the affirmative action case against the Department of Correctional Services (DCS) resumes in July. Cosatu is an important role player in the Western Cape and its viewpoint must be heard by the court. Cosatu Western Cape’s standpoint that national racial demographics cannot be applied in the Western Cape contradicts the standpoint of Popcru, a Cosatuaffiliated trade union. During the trial, the court heard on several occasions that Popcru supported the affirmative action plan of the DCS and that the plan had been negotiated with Popcru. Popcru’s support is one of the state’s strongest arguments in the case. Cosatu Western Cape’s position also goes against the way in which government is implementing affirmative action. The state defended the DCS’s application of national racial demographics in the Western Cape for eight days during cross-examination. Dirk Hermann, Deputy General Secretary of Solidarity, said it would send a powerful message if Solidarity and Cosatu agreed in court that government’s approach to affirmative action, namely that national racial demographics must be reflected in every workplace, even on provincial and regional levels, was irrational and wrong. “It would send a clear message that the case is not about sowing racial division.” S
ien , d t i u het F RA geveg lsel.” T KS lsel e ste N e RO ’n st n nuw T es teen en ’ o m ek k te k E “ dat G e om u VE no www.solidariteit.co.za • 03/2013
11
nuuswaardig
Regstelaksie vuur VERDEELDHEID aan
V
Verskeie individue, kerk-, vakbond- en gemeenskapsleiers het hulle tydens Solidariteit se regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) téén die staat se regstellendeaksiebenadering uitgespreek. Dié benadering streef daarna om die nasionale RASSEDEMOGRAFIE in alle werkplekke in Suid-Afrika te laat weerspieël. NICO STRYDOM doen verslag.
Foto: iStockphoto.com
olgens die leiersfigure erken die staat se benadering tot regstellende aksie nie Suid-Afrika se ryk kulturele en rasseverskeidenheid nie, maar wil dit hê dat SuidAfrika orals dieselfde moet lyk. Die organisasies het ook hul solidariteit uitgespreek met die werknemers van die DKD wat dapper genoeg was om die saak op te neem. “Hulle doen dit nie vir hulself nie, maar vir die beginsels van billikheid, regverdigheid en gelykheid wat onderliggende waardes in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika is. Hulle verdien die steun van alle Suid-Afrikaners, ongeag kleur. Ons wens die DKD-werknemers sterkte toe met hul onbaatsugtige opoffering om die beginsels van die Grondwet in die hof te verdedig. Hul welslae in die hof sal die gesig van
12
03/2013 • www.solidariteit.co.za
regstellende aksie in die staatsdiens vir altyd verander en keer dat hierdie rassepraktyke nie ook na die private sektor oorspoel nie,” was van die menings. Rhoda Kadalie, menseregteaktivis en voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, het ’n striemende aanval op die regering geloods oor sy toepassing van regstellende aksie. Sy het die regering daarvan beskuldig dat hy regstellende aksie verkeerd toepas en dat dit strafmaatreëls tot gevolg het. Sy het onder meer verwys na die krisis in die land se onderwysstelsel en gesê dit is as gevolg van onderwysers wat op grond van regstellende aksie aangestel word en nie volgens meriete nie. Kadalie sê mense moet aangestel word op grond van hul bevoegdheid, kwalifikasies en ondervinding en nie hul velkleur nie.
Die F.W. de Klerk Stigting het op sy beurt gesê regstellende aksie het misluk. Dave Steward, uitvoerende hoof van die F.W. de Klerk Stigting, sê volgens die Grondwet mag die staat nie teen enigiemand diskrimineer op grond van hul ras nie. Hy meen die saak is een van die belangrikste nóg wat voor die hof gebring is sedert die begin van die “nuwe” Suid-Afrika. Steward sê die staat probeer om die afdwing van die nasionale rassedemografie in werkplekke aan die land se geskiedenis en apartheid toe te skryf, terwyl hulle eerder deur die Grondwet gelei moet word. Op ’n vraag oor of Solidariteit se hofsaak teen die DKD moontlik tot verdeeldheid kan bydra, het Steward geantwoord dat die vraag eintlik is of dit nie eerder die voortdurende diskriminasie teen Suid-Afrikaners op grond van hul velkleur is wat hiertoe bydra nie. S
nuuswaardig
RASSEKLASSIFIKASIE moet sy RY kry
A
Foto: iStockphoto.com
In Suid-Afrika word mense se ras, net soos hul verlede, óf as ‘n WAPEN óf ‘n PASPOORT gebruik. Wit mense in Suid-Afrika se verlede word as ’n wapen gebruik om hul TOEKOMS te belemmer, terwyl daar aan die res paspoorte verskaf word vir GELEENTHEDE, skryf CHARL OBERHOLZER.
14
s jongmens word jou toekoms grootliks bepaal deur die ry waarin jy staan. Die vangplek is dat die ANC die ry en jou plek daarin vir jou aanwys. Die polities korrekte trefwoord waarmee “positiewe diskriminasie” verdedig word, is die immergroen “diversifisering”. Natuurlik is diversiteit belangrik, net soos al die ander politieke modebegrippe soos “demokrasie”, “gelykheid” en “bemagtiging”. Ingevolge die ANC se toepassing van diversifisering sal “diversiteit” egter altyd beteken dat die land se demografie in elke sfeer van die samelewing weerspieël moet word. Dit beteken dat teikens voortdurend aangepas sal moet word en die sogenaamde diversifiseringsproses geen einde kan bereik nie. AfriForum Jeug het onlangs ’n “regstellendeaksiekoffiewinkel” op die Universiteit van Pretoria se Groenkloof-kampus gehou waar koffie teen R5 per koppie aan wit studente verkoop is, teen R3 aan bruin en Indiër-studente en teen R1 aan swart studente. As jy ’n ANC-ondersteuner is, kon jy ’n gratis koppie koffie kry, maar dan moes jy geld in die “korrupsieboks” gooi. Die doel van dié aksie was om te wys hoe onregverdig regstellendeaksiebeleide is wat mense volgens hul ras klassifiseer en daarvolgens bepaal watter regte hulle het. Rasseklassifikasie op universiteitsvlak bring nie werklik diversifisering of bemagtiging mee nie, maar saai onomkeerbare verdeeldheid.Vergelyk byvoorbeeld die volgende vier scenario’s: • By die Universiteit van Stellenbosch bepaal jou ras, taal en wie jou ouers is waar jy mag woon. Die US se koshuisplasingsbeleid diskrimineer openlik teen Afrikaanse studente en diegene wie se ouers by Maties gestudeer het. • As jy by die Universiteit van Pretoria (UP) inskryf om Veeartsenykunde te studeer, bepaal jou ras jou kanse op toelating. Wit studente word weggewys, terwyl die UP moet soek vir studente van kleur om vir die kursus in te skryf. • By die Universiteit van die Vrystaat bepaal die kleur van jou vel hoeveel tyd jy kry om jou graad met beursgeld te verwerf. Die Nasionale Navorsingstigting stel beurse aan studente beskikbaar, maar skryf uitdruklik 03/2013 • www.solidariteit.co.za
NIE NET NOMMERS NIE
RASSEKLASSIFIKASIE maak universiteite tronke en jongmense vra dat die tralies oopgesluit sal word sodat studente vrygemaak kan word van die regerende party se politieke speelveld. Ons potensiaal en toekoms word van ons af weggehou oor die kleur van ons vel. ~ Barend Taute, voorsitter van AfriForum Jeug Tukkies. ~ voor dat wit studente hul studies binne die voorgeskrewe minimumtydperk moet afhandel, terwyl bruin, Indiër- en swart studente ekstra tyd gegun word om hul grade te behaal. • Die Universiteit van Kaapstad se toelatingsvereistes verskil vir verskillende rasgroepe. Voornemende swart studente wat medies wil studeer, moet 70% gemiddeld in matriek behaal. Bruin studente moet 75% hê, Chinese moet 80% hê en wittes moet ’n gemiddeld van 83% in matriek hê. Studente wil nie meer volgens hul ras geklassifiseer word nie. In ’n onlangse referendum op die
kampus van die UP het AfriForum Jeug Tukkies bevind dat 97% van 2 033 studente “Ja” gestem het vir die afskaffing van rasseklassifikasie. Die ironie is dat niemand – nie jou skool, jou universiteit of die regering – kan bepaal wat jou ras is nie. Hoe gaan hulle bewys by watter groep jy eintlik hoort? Die volgende keer dat jy jou ras moet aandui, trek ’n ekstra blokkie by en skryf daarin: “Suid-Afrikaner”. Dan kan die ANC nie vir jou ’n ry aanwys om in te staan nie, want jy het sommer jou eie ry begin. • Charl Oberholzer is die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug en voltooi tans sy meestersgraad in Kommunikasiebestuur aan die UP. S
Deur Nico Strydom
olidariteit het nog ’n slag teen die Tshwane-munisipaliteit se onbillike toepassing van regstellende aksie geslaan nadat die munisipaliteit se spesiale pleit dat Solidariteit se saak namens Marco de Sampaio teen die munisipaliteit nie moet voortgaan nie, deur die hof geweier is. Solidariteit het in November 2011 ’n dringende aansoek by die arbeidshof ingedien om De Sampaio op die kortlys te laat plaas vir ’n pos waarvoor hy verskeie kere aansoek gedoen het en waarin hy al sedert 2008 waarneem. Hy is egter elke keer weens “verteenwoordiging” nie in die pos aangestel nie, ten spyte van ’n hofbevel vroeër wat die Tshwane-munisipaliteit verbied om gelyke indiensneming as kriterium te gebruik om ’n aanstelling in die spesifieke pos te maak. ’n Hofbevel is gegee nadat ’n skikkingsooreenkoms
tussen die twee partye bereik is. Die Tshwane-munisipaliteit het in sy spesiale pleit versoek dat Solidariteit se saak van onbillike diskriminasie teen die munisipaliteit nie moet voortgaan nie, aangesien die saak volgens hulle reeds tydens die vorige hofverrigtinge geskik is. Johan Kruger, woordvoerder van Solidariteit, sê dit is egter nie die geval nie. “Regter Robert la Grange het beslis dat die skikking nie ’n invloed op die saak van onbillike diskriminasie het nie en dat laasgenoemde saak kan voortgaan. In die saak van onbillike diskriminasie versoek Solidariteit dat De Sampaio ’n beskermde bevordering of vergoeding gegee word, en dat ’n bevel uitgereik word wat die Tshwane-munisipaliteit verbied om wit mense op grond van hul ras van die keuringsproses uit te sluit.” Solidariteit is intussen ook steeds in ’n saak
van minagting van die hof met die munisipaliteit gewikkel. Dit kom nadat De Sampaio ná die aanvanklike hofbevel vir ’n onderhoud genooi is, maar weer oor die hoof gesien is vir die pos. De Sampaio, ’n professionele tegnoloog, werk reeds sedert 1999 by die Tshwane-munisipaliteit. Hy neem sedert 2008 waar in die pos van adjunkdirekteur vir stelselontwikkeling in die departement van water en sanitasie. In 2008 doen hy vir die eerste keer aansoek om die spesifieke pos. Hoewel hy oorspronklik die kortlys haal, word hy en twee ander wit kandidate van die lys verwyder. Volgens ’n aantekening op die kortlys moes die lys heropgestel en gelyke indiensneming in ag geneem word. Die pos is hierna nog drie keer geadverteer (in 2009, Februarie 2011 en September 2011). De Sampaio het elke keer aansoek gedoen, maar nie die kortlys gehaal nie. S
nuuswaardig
S
Nog ’n OORWINNING in Tshwane-regstelstryd
nuuswaardig
Wenner-vat-alles-stelsel lei tot ONRUS
D
1%
ARBEIDSONRUS was einde verlede jaar gereeld in die nuus. Byna ses maande later kring die uitwerking van GEWELDDADIGE STAKINGS steeds uit, maar talle maatskappye maak steeds dieselfde foute as toe die onrus die eerste keer uitgebreek het. CILLESTE VAN DER WALT stel ondersoek in.
Foto: iStockphoto.com
ie Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) stel in die arbeidsmarkrapport vir die derde kwartaal van 2012 voor dat die oorsake vir stakings buiten loonverwante beweegredes nagespeur word. Volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, staan die meerderheidskarakter van die Suid-Afrikaanse arbeidsverhoudingestelsel sentraal tot die vlaag van arbeidsonrus. Terwyl onrealistiese politieke verwagtings, maatskaplike probleme en makro-ekonomiese verskynsels wat hul oorsprong in plaaslike monetêre en fiskale beleid het, asook internasionale ekonomiese onbestendigheid waarskynlik tot die arbeidsonrus bygedra het, is dit die plaaslike arbeidsverhoudingestelsel wat sake tot ’n uitbarsting laat kom het. “Die meerderheidskarakter van die Wet op Arbeidsverhoudinge is in wese ’n ondemokratiese wenner-vat-alles-stelsel. Dit gee aan die meerderheidsvakbond die reg om namens alle werknemers met die maatskappy te onderhandel en bindende ooreenkomste aan te gaan. In dié proses word minderheidsvakbonde uitgesluit en is
16
die magsposisie van Cosatu-vakbonde verskans teen kleiner vakbonde en nuwe toetreders tot die vakbondwese. Die huidige wet is in 1995 deur die parlement bekragtig en die meerderheidsbeginsel is wyd vertolk as ’n strategie om Cosatu, as die ANC se alliansievennoot, se oorheersing te verskans,” sê Buys. In enige poging om die heersende arbeidsonrus te ontlont, behoort die eerste prioriteit te wees om te verseker dat arbeidsdruk nie tot hierdie vlakke opbou nie, meen Solidariteit. Dit beteken dat daar genoegsame uitlaatkleppe binne arbeidsverhoudinge moet wees – meer spesifiek: Dat daar ruimte vir minderheidsvakbonde moet wees en geen spesiale behandeling vir meerderheidsvakbonde nie. Buiten dat die belangrikheid van vroeë uitlaatkleppe en die gevaar van ’n wenner-vat-allesarbeidsraamwerk besef moet word, moet daar ook gewaak word teen ’n oormatige verlies aan aanpasbaarheid in arbeidsverhoudinge. Twee sake wat die aanpasbaarheid van arbeidsverhoudinge raak, is verteenwoordigingsdrempels en sentrale bedinging. Elkeen het sy plek, maar elkeen behoort ook sy perke te hê. S
Die droewige tempo waarteen indiensneming gegroei het. VINNIGE FEIT
Verteenwoordigingsdrempels is die kerwe van lidmaatskap wat ’n vakbond moet hê om erkenning by die onderhandelingstafel met ’n werkgewer te geniet. Die gedagte is dat werkgewers nie hoef te onderhandel met elke Jan Rap en sy maat wat beweer dat hulle werknemers verteenwoordig nie, maar dat werkgewers eers vakbonde erken wanneer daardie vakbonde ’n wesenlike lidmaatskap onder werknemers geniet. Dié drempels moet volgens die oordeel van die werkgewer en werknemer vasgestel word.
“Die ONSEKERHEID IN ARBEIDSVERHOUDINGE in die mynbou- en ander sektore het die gesamentlike optrede van die georganiseerde arbeid- en sakesektor, openbare leiers en die regering nodig. Daar is nie plek vir selfbelang nie. As ons nie die uitdagings oplos nie, is ons almal verloorders. Die gevolg sal wees swak vertroue, werkverliese en ondernemings wat vou.” ~ Pravin Gordhan, minister van finansies. ~ 03/2013 • www.solidariteit.co.za
T
Photograph: Reint Dykema
Mining companies Assmang and African Rainbow Minerals (ARM) are making the same mistakes as employers elsewhere in the MINING INDUSTRY, by applying the WINNER-TAKES-ALL SYSTEM at the expense of unions and workers, writes CILLESTE VAN DER WALT. o prevent their actions from causing any further damage, Solidarity has filed an urgent application for an interim interdict to prevent the mining group Assmang from terminating the union’s recognition agreement with the company and implementing a unilateral agency agreement. By applying the majority principle and excluding minorities, they are alienating a certain group of employees, which will lead to frustration. This approach to labour relations is courting conflict. Assmang, a joint undertaking of ARM and Assore, announced earlier that Solidarity was no longer recognised as a trade union in the workplace, despite the fact that Solidarity represents the majority of employees in the category C occupational bands. In terms of the recognition agreement signed by the two parties back in 1996, any dispute about recognition in the workplace should be settled through private arbitration. Gideon du Plessis, General Secretary of Solidarity, said Assmang was undermining the supreme authority of the law by disregarding an arbitration award in Solidarity’s favour and the recognition agreement that had been in place for 16 years. “Assmang’s undemocratic action is an insult to skilled employees. The mining group is acting unconstitutionally by undermining freedom of association and industrial democracy.” Du Plessis said Assmang’s labour relations practices were a stain on the company’s reputation and that of ARM, rendering their brand untrustworthy. “Assmang’s approach to labour relations compromises the future stability of the mining group and ARM by creating a cauldron that could boil over. They underestimate the frustration and power of prejudiced Solidarity members and other non-union employees. “By undermining the internationally accepted principle of pluralism, Assmang is swimming upstream and demonstrating that they
“
Gideon du Plessis
The group is playing POLITICAL GAMES in a volatile MINING INDUSTRY that is already on edge as a result of its having excluded certain unions in the first place.
have learned nothing from the recent unrest in the mining sector. “The group is playing political games in a volatile mining industry that is already on edge as a result of its having excluded certain unions in the first place,” Du Plessis said. The requirements for representation in order to enjoy recognition differ at Assmang’s various operations. Solidarity’s urgent application concerns the union’s recognition agreement at the mining group’s Khumani, Beeshoek and Black Rock mines in the Northern Cape. S
VERSLAG STEEDS VOL GEBREKE
newsworthy
Assmang, African Rainbow Minerals UNDERMINE workers’ RIGHTS
D
Deur Cilleste van der Walt
ie 13e verslag van die Kommissie vir Billike Indiensneming wat onlangs by die indaba oor gelyke indiensneming en transformasie in Johannesburg bekend gestel is, bevat weer soortgelyke foute en wanvoorstellings van inligting wat reeds in vorige jare deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) uitgewys is. Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die SNI, sê die manier waarop die kommissie syfers oor aanstellings en bevorderings vertolk, is verkeerd. “Die kommissie verwys byvoorbeeld daarna dat 43,8% van werknemers op seniorbestuursvlak wit mans is en dat 42,6% van die aanstellings en 32,1% van die bevorderings op dieselfde vlak ook wit mans is. Die kommissie sê dan dat hierdie syfers beteken dat wit mans sal voortgaan om op dié vlak te oorheers. In werklikheid dui die syfers juis daarop dat wit mans se verteenwoordiging op seniorbestuursvlak stelselmatig afneem. Hierdie afname kan ook gesien word wanneer die huidige syfers met die vorige verslae se syfers vergelyk word.” Tydens die bekendstelling van die verslag het Mildred Oliphant, minister van arbeid, uit die Vryheidsmanifes aangehaal, wat lui: “All laws which discriminate on grounds of race, colour or belief shall be repealed.” Dit is ironies dat hierdie woorde aangehaal is om die Wet op Gelyke Indiensneming se wettiging van diskriminasie op grond van ras te verdedig. Solidariteit is teleurgesteld dat die kommissie glad nie na die belangrikste rede vir die sogenaamde “wit oorheersing” op hoër vlakke in die arbeidsmark, naamlik geskikte kwalifikasies, verwys nie. Dit terwyl artikel 42 van die Wet op Gelyke Indiensneming bepaal dat die beskikbare mense met geskikte kwalifikasies ’n belangrike oorweging is wanneer voldoening aan die wet geëvalueer word. Die kommissie se benadering is opnuut ’n dogmatiese toepassing van die rassesamestelling van Suid-Afrika se ekonomies aktiewe bevolking as die enigste maatstaf om vordering met rassetransformasie te meet, terwyl alle ander faktore wat vir rassetransformasie of die meting daarvan relevant is, uitgesluit word. Dit is hierdie syfer- en rasbehepte benadering wat Solidariteit in sy hofsake teen die verkeerde toepassing van regstellende aksie beveg. S www.solidariteit.co.za • 03/2013
17
nuuswaardig
Regstellende Trane: Nuwe TREFFERBOEK gou hier Regstellende Trane is die derde boek uit die pen van dr. Dirk Hermann en volg op die hakke van die trefferboeke Die keiser is kaal – waarom regstellende aksie misluk het en Basta! Ons voetspore is in Afrika.
Dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, se NUUTSTE BOEK getiteld Regstellende Trane – waarom verteenwoordigendheid nie gelykheid is nie is eersdaags op die rakke. Solidariteit Tydskrif het met hom oor die boek gesels. Waarom die titel Regstellende Trane? Tydens die Renate Barnard-saak het advokaat Grogan aan haar gevra: “Hoe voel jy nou oor jou toekoms in die polisie?” Die hof was doodstil, want almal het gedink haar woede teenoor die polisie gaan seker nou oorborrel. Renate antwoord toe: “Ek het ’n polisieloopbaan gekies, ek is mal oor my werk en ek is ’n trotse lid van die SAPD” – en toe begin sy huil, regstellende trane. Dit is egter nie net Renate Barnard wat deur regstellende aksie seergemaak word nie, maar ook duisende ander SuidAfrikaners wat deur dié beleid benadeel word. Die boek vertel hul kant van die saak.
Foto’s: Reint Dykema
Is dit ’n akademiese boek? Nee, die boek vertel mense se stories. Renate Barnard en Christo February word byvoorbeeld aan die lesers bekend gestel. Dit is belangrik om die mense agter die statistiek van regstellende aksie te leer ken. In Renate se geval ontmoet ons ’n klein dogtertjie wat haar lewe lank ’n polisievrou wou word, wie se passie dit is om mense te dien, maar wat deur die kleur van haar vel verhinder word om diens aan haar medemens te lewer. Christo February het in ’n arm huis grootgeword, maar hy het hom uit dié omstandighede gewerk en geleer. Vandag studeer hy aan sy tweede graad, maar al was hy die beste kandidaat vir ’n pos kon hy nie aangestel word nie, want hy is bruin. Die boek praat ook met kenners soos Rhoda Kadalie, René Govender en Anthea Jeffrey.
18
Die boek praat baie oor die skikking van 1994. Hoekom is dit so belangrik? Die regering bied sy model vir regstellende aksie aan asof dit die wilsooreenstemming van die 1994-oorgang was. Ek het egter met die politici van daardie tyd soos F.W. de Klerk, Pik Botha en Mangosuthu Buthelezi gaan praat en hulle verskil sterk van hierdie opvatting. F.W. de 03/2013 • www.solidariteit.co.za
Dr. Dirk Hermann
Klerk is van mening dat verteenwoordigendheid nie deel van die skikking was nie en Pik Botha sê die ANC het die ooreenkoms verbreek. Buthelezi is van mening dat daar nooit ooreengekom is op die ANC se manier van regstellende aksie nie. Wat is die sentrale tema van die boek? Die boek val die wiskundige benadering tot regstellende aksie aan. Die mens word uit regstellende aksie gehaal en met nommers vervang. Dit lei tot swakker dienslewering en tas die reg op gelykheid en waardigheid van die minderheidsgroepe aan. Die boek voer aan dat verteenwoordigendheid niks met gelykheid te doen het nie.
Wat stel die boek as oplossing voor? Die boek stel ’n mensgedrewe insetbenadering voor. Dié benadering fokus op opleiding en ontwikkeling. Verbeterde onderwys is die fokus van hierdie benadering. Goeie dienslewering word geag as die beste regstellendeaksieinstrument vir die massas en daarom moet die beste vaardighede vir die staatsdiens gewerf en behou word. Wanneer verskyn die boek? Kraal Uitgewers gee die boek uit en dit sal in Augustus op die rakke wees. Daar is ’n beperkte oplaag en voorafbestellings kan geplaas word deur die woord “trane”na 34388 te SMS. S
Solidariteit Finansiële Dienste
Is jy afgelê of het jy bedank? HOE GEMAAK met my pensioen of aftreepakket?
Staar jy AFLEGGING in die gesig? Het jy BEDANK en van werkgewer verander? Neem jy ’n VROEË AFTREEPAKKET? Dan moet jy hierdie lees! By Solidariteit Finansiële Dienste is jou swaar verdiende neseier in veilige hande! HET JY ONDER MEER DIE VOLGENDE VRAE? • Moet ek uit die pensioenfonds onttrek of kan ek my geld na ’n soortgelyke fonds oorplaas? • Wat is die belastingimplikasies van my besluite? • Watter soort beleggings kan ek maak en wat is die risiko’s waaraan ek blootgestel is? • Wie kan ek werklik met my swaar verdiende geld vertrou? ONS HET DIE ANTWOORDE! Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) is ’n geregistreerde finansiëledienstemaatskappy (FSP-nommer: 15556) wat hom beywer vir gehalte-advies, gerugsteun deur gehalteprodukte. SFD het geregistreerde finansiële beplanners wat professionele advies kan gee oor beleggings en risikoprodukte. SFD se benadering tot finansiële advies onderskei hom van die alledaagse en die maatskappy werk saam met bekende maatskappye of vennote in die finansiële bedryf, insluitend Allan Gray, Sanlam, Liberty Life, Momentum, Coronation en Investec.
Kontak ons vandag nog! Tel: 0861 10 10 05, Faks: 086 571 6739 E-pos: michelle@solidariteit.co.za
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za
newsworthy
Drive off in BRAND NEW WHEELS! To enable the trade union Solidarity to provide you with an efficient service, it is vital that we have your LATEST CONTACT DETAILS on hand. We are encouraging all Solidarity members to keep us up to date with their contact details by giving away TWO BIG PRIZES to two lucky Solidarity members who provide their latest contact information to Solidarity between 18 April and 30 November 2013. What can be won? Solidarity members who take part in the competition stand a chance to win one of two big prizes: A brand new Toyota Corolla or a Venter trailer. Who can take part in competition? Only members and shop stewards of Solidarity may take part in the competition. Solidarity employees and their direct family are excluded from the competition. How can I take part? The competition will run from Thursday, 18 April until Saturday, 30 November 2013. To enter the competition, you must complete
the official competition form in full. Only the official competition form will be accepted, which has two sections: One where you as an existing Solidarity member must provide your personal particulars, and the second where you must enter the names and contact details of three persons who are interested in joining the trade union. You must complete the entire form in order to qualify for the competition. If you only update your particulars or only provide references you will not be eligible for a prize. You can complete the form online at www.solidarity.co.za or obtain a hard copy of the form from Solidarity’s national offices. Completed forms can be handed in at your nearest Solidarity office or faxed to 086 501 0789.
All members who have completed both sections of the competition form will be in line to win the Venter trailer. To be eligible to win the car, at least one of the references indicated on the competition form must join Solidarity successfully. The competition for the car will take place in two phases. On 18 July 2013, the first 10 finalists for the car will be announced and on 2 December 2013, another 10 finalists will be announced. The winners of the car and the trailer will be drawn from these 20 finalists. The complete terms and conditions of the competition can be read at www.solidarity.co.za. And while you’re online, you might as well complete the competition form and you could be the proud owner of a set of hot new wheels! S
................................................................................................................................................................ ? Did you know
Overlocker IDEAL PARTNER to your sewing machine
The 3/4 thread entry level Bernina 800DL and 700D models deliver quality results every time regardless of the fabrics used. The Bernina 1150MDC model with patented mtc (micro thread control) fine-tunes over-edge thread length at the turn of a knob for tight, clean stitching results, thus ensuring creative sewing with unrivalled ease. You’ll be inspired by the wide range of stitches and enjoy the wealth of deluxe features. Top of the range is the Bernina 1300MDC, which offers a further 24 stitches including cover stitch, over and above all the basic stitches and functions of the smaller models. YOU CAN BE A WINNER! Two readers will each receive a gift voucher valued at R500 in our monthly lucky draw. All you have to do is answer the easy question below and send your answer, name and telephone number to marketing@berninasa.com to reach Bernina no later than 1 July 2013. In the e-mail subject line, write “Did you know #1/Solidarity” followed by your answer. Make your dream of owning your own Bernina 380 sewing machine – valued at R20 490 – a reality! Participate in this and the next two editions of “Did you know?” and you will qualify for the grand draw on 14 October 2013. The winner will be announced in Solidarity Magazine Issue 6 of 2013. Question: Which patented feature is found on the Bernina 1150MDC and Bernina 1300MDC overlockers?
20
.................................................................................................................. 03/2013 • www.solidariteit.co.za
..
.
nuuswaardig
Nuwe finansiële hoof DROOM GROOT
A
Om in Afrikaans aan ’n Afrikaanse toekoms vir sy nageslag te bou, is maar een van vele doelwitte waarna APPIE PIENAAR, finansiële hoof van Solidariteit, streef. Hy het aan die begin van die jaar by die Solidariteit-familie aangesluit en is aan die stuur van FINANSIES EN LEDEADMINISTRASIE. CILLESTE VAN DER WALT het met hom gesels. ppie is ’n volbloed-Pretorianer wat aan die Afrikaanse Hoër Seunskool gematrikuleer het. Ná skool wou hy graag predikant word. Hy het die grade BA, BA Hons in Grieks en BD aan die Universiteit van Pretoria behaal. Ná sy diensplig het hy met klerkskap by Deloitte & Touche begin en deur Unisa studeer om homself as geoktrooieerde rekenmeester (SA) te bekwaam. Hy het ook ‘n MCom-graad in Rekeningkunde en die CIMA-kwalifikasie (Chartered Management Accountant) behaal. “Ek was my hele loopbaan by die akademie betrokke en was die laaste tien jaar ’n medeprofessor in bestuursrekeningkunde by Unisa,” vertel Appie. Benewens sy akademiese loopbaan het hy in ’n stadium ’n Spar en Tops besit en hy was ook by die uitverhuur van ’n paar kommunes betrokke. Hoewel Appie sy loopbaan vurig najaag, het hy steeds tyd om ’n ware gesinsman te wees saam met sy vrou Mariëtte, ’n opvoedkundige sielkundige, en sy twee dogters, Madeleen (13) en Ingrid (9), wat albei by Laerskool Lynnwood skoolgaan.
Wat is jou vooruitsigte vir Solidariteit? “Die vakbond en die Solidariteit Beweging se finansies moet op ’n gesonde en verantwoordelike wyse bestuur word. Ek is ’n ondersteuner van Adam Smith se vierde stelling oor ’n goeie belastingstelsel: ‘Every tax ought to be so contrived as both to take out and to keep out of the pockets of the people as little as possible, over and above what it brings into the public treasury of the State.’ Vakbondledegeld is ’n bietjie soos belasting. Dit is ons verantwoordelikheid om soveel moontlik van die voordele wat ledegeld bring na ons lede te laat terugvloei.” Waarom het jy deel van Solidariteit geword? “Met enige groot besluit, is ‘doen niks’ een van die alternatiewe, maar dis nie vir my ’n opsie nie. Toe ek einde verlede jaar genader is om die posisie te vul, het ek die geleentheid met albei hande aangegryp. Ek glo dat God ons in ’n bepaalde tyd op ’n bepaalde plek plaas, en dat ons die verantwoordelikheid het om onder hierdie omstandighede ’n sinvolle lewe te lei. Solidariteit bied my ’n wonderlike geleentheid om in Afrikaans vir ’n Afrikaanse toekoms te werk.” S
VINNIGE FEITE
Appie Pienaar
• Tydverdryf of stokperdjie: Hardloop en fietsry. • Bederfgoed: Alleen op ’n grondpad in die Karoo met Leonard Cohen of Jacques Brel in my ore; 20 km op ’n Saterdagoggend saam met my hardloopmaats; Portugal.
When is a trade union RECOGNISED in the workplace?
A Foto: Reint Dykema
By Cilleste van der Walt
22
trade union will be recognised at a workplace if it can prove that it has sufficient representation amongst the employees. What constitutes sufficient representation? Part A of Chapter Three of the Labour Relations Act (LRA) splits “trade union representivity” into two categories: 1. Full representivity based on a simple majority of members employed at a workplace; and 2. Partial representivity based on the new concept of “sufficient” representation. If a trade union can prove that it represents the majority of the employees employed at a specific workplace, it will be legally entitled to
03/2013 • www.solidariteit.co.za
recognition. That means it will be entitled to organisational rights as provided for in the LRA. These rights are: • Access to the workplace by a union official to meet with its members and to conduct elections; • Deduction and payment of subscriptions; • Election of trade union representatives; • Leave for trade union activities; and • Disclosure of information. If a union does not have a majority but is merely “sufficiently” representative it only has the right to have access to the workplace, to deduct union subscriptions, and to take leave for union activities. The LRA requires that:
1. ln order to qualify for sufficient representation the union must be registered with the Department of Labour. 2. Arbitrators who are attempting to establish whether a union qualifies as sufficiently representative must consider: • The need to avoid having an excessive number of trade unions at a workplace; • The need to minimise the financial and administrative burden on the employer; • The nature of the workplace; • The nature of the rights sought; • The nature of the sector (industry) into which the workplace falls; and • The history of the workplace. S
Deur Nico Strydom
ie twee polisielede, adjudantoffisier Jannie Odendaal en konstabel Abel Twala, wat in 2010 in ’n onderonsie met Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte betrokke was, is vrygespreek op die aanklagte teen hulle. Solidariteit eis dat die arbeidsregtelike klagte teen hulle ook teruggetrek word. Odendaal, ’n lid van Solidariteit, en Twala het op 30 Desember 2010 die voertuig waarin Winnie Madikizela-Mandela gereis het van die M1-noord afgetrek omdat die bestuurder glo roekeloos en teen ’n hoë spoed deur die verkeer gevleg het. Hulle is daarna van onder meer aanranding en intimidasie aangekla, waarna die aanklagte teruggetrek maar later weer ingestel is. Die aanklagte teen Odendaal en Twala is in Augustus verlede jaar vir ’n tweede keer teruggetrek, net om in November vir ’n derde keer
ingestel te word. In April vanjaar is Odendaal en Twala egter finaal op aanklagte van intimidasie, die rig van ’n vuurwapen en aanranding vrygespreek. Tydens dié hofsaak is daar onder meer gehoor dat Madikizela-Mandela glo aan Odendaal en Twala gevra het: “Who the f*ck do you think you are?” nadat hulle haar motor afgetrek het. Madikizela-Mandela was op pad na Pretoria vir ’n begrafnis. Desondanks gaan die interne tugverhoor teen Odendaal en Twala voort. Hulle is in Februarie 2011 met salaris en voordele hangende ’n interne ondersoek geskors. Johan Kruger, woordvoerder van Solidariteit, sê Odendaal en Twala moet nou weer aangestel word, aangesien hulle onskuldig bevind is aan die strafregtelike aanklagte teen hulle. “Ons glo daar was politieke inmenging in die saak en dat die polisielede nooit aangekla moes gewees het nie omdat hulle net hul werk
gedoen het. Solidariteit sal alles in sy vermoë doen om seker te maak dat die arbeidsregtelike aanklagte teen die twee polisielede nou ook teruggetrek word.” Solidariteit het voorts versoek dat die aanklagte wat Odendaal en Twala teen MadikizelaMandela en haar lyfwag gemaak het, herondersoek word. “Madikizela-Mandela is van dwarsboming van die gereg aangekla, terwyl klagte van aanranding en roekelose of nalatige bestuur teen onderskeidelik haar lyfwag en bestuurder ingedien is. Die Nasionale Vervolgingsgesag het in September 2011 die aanklagte teen die lyfwag en bestuurder laat vaar, maar Odendaal en Twala is strafregtelik vervolg.” AfriForum, wat regsverteenwoordigers vir Odendaal en Twala verskaf het, het gesê hulle sal ondersoek instel na die moontlikheid om die aanklagte teen Madikizela-Mandela weer in te stel. S
nuuswaardig
D
Polisie moet TUGVERHOOR teen twee lede los
nuuswaardig
D
Wen SAKKE VOL GELD met jou sakeplan Deur Chris du Plessis
ie eerste jaarlikse Akademia Sakeplankompetisie is tydens Akademia se eerste entrepreneurseminaar op 28 Mei in die Atterbury Teater in Pretoria bekendgestel. Die doel van die kompetisie is: • Om aan voornemende en bestaande entrepreneurs die geleentheid te bied om hul sakeidees in ’n goed nagevorsde en wel deurdagte sakeplan te omskep; • om deelnemers toe te rus met die nodige kennis en vaardighede sodat hulle in staat is om bogenoemde sakeplan op te stel; en • om, waar moontlik, te poog om finaliste en wenners bloot te stel aan mentors, beleggers en sakenetwerke. Hierdie opwindende sakeplankompetisie, met Investec as hoofborg, word soos volg aangebied: • Fase 1: Voornemende deelnemers skryf hul sakeidees in een van twee kategorieë in, naamlik nuwe sakeidees of bestaande ondernemings. • Fase 2: ’n Paneel deskundiges ondersoek die inskrywings en kies dan die 25 sakeidees met die beste potensiaal in elke kategorie. • Fase 3: Die beste 25 kandidate in elke kategorie woon ’n dagseminaar by een van Akademia se studiesentrums by, waar deelnemers met voldoende kennis toegerus word om hul sakeidees in volledige sakeplanne te omskep. • Fase 4: Deelnemers se finale sakeplanne word elektronies by Akademia ingedien, waarna die
M
paneel deskundiges dit beoordeel en die beste drie sakeplanne uit elke kategorie kies. • Fase 5: Hierdie ses finaliste kry nou die geleentheid om hul sakeplanne voor ’n paneel beoordelaars aan te bied, waarna die wenners in elke kategorie aangewys word. Die wenners word dieselfde aand tydens ’n glansgeleentheid aangekondig. Die totale prysgeld van die kompetisie beloop R150 000 kontant, en wenners ontvang ook Akademia-studiebeurse met ’n totale waarde van
R120 000 om ’n diplomakwalifikasie in entrepreneurskap en kleinsakebestuur by Akademia te verwerf. Inskrywings vir die kompetisie kos R250 per inskrywing, en inskrywingsvorms is beskikbaar op die sakeplankompetisiewebtuiste: www.sakeplankompetisie.co.za. Rig navrae soos volg: • SMS die woord “ent” en jou naam na 34933. • Stuur ’n e-pos na sakeplan@akademia.ac.za • Skakel ons inbelsentrum by 0861 222 888. Skryf vandag nog in en omskep jou sakeidee in ’n werkbare en bemarkbare plan! S
Foto: iStockphoto.com
ENTREPRENEURSEMINAAR bring grootkoppe en slimkoppe bymekaar
24
et die eerste helfte van die jaar byna agter die rug, het Akademia, die hoëronderwysinstelling van die Solidariteit Beweging, sy plek onder Suid-Afrika se universiteite volgestaan met die aanbied van sy eerste entrepreneurseminaar. Die seminaar het op 28 Mei in die Atterbury Teater in Pretoria plaasgevind, en is bygewoon deur entrepreneurs, akademici en leerders van regoor Gauteng. Die bekende entrepreneur Louis van der Watt van die Atterbury-groep, die ekonoom Dawie Roodt van die Efficient-groep asook dr. Emil Notnagel, ’n kundige op die gebied van landelike ekonomiese ontwikkeling, was van die sprekers wat belangstellendes toegespreek het.
03/2013 • www.solidariteit.co.za
Die sprekers het talle aspekte wat in berekening gebring moet word vir die suksesvolle beplanning en ontwikkeling van bestaande en nuwe sakeidees met seminaargangers gedeel. Van die onderwerpe wat bespreek is, is die potensiële slaggate waarteen nuwe ondernemings moet waak, die rol van entrepreneurskap in die Suid-Afrikaanse ekonomie, etiek en die entrepreneur, die persoonlike ontwikkeling van die entrepreneur en die uitwerking van die mikro-omgewing waarbinne die entrepreneur sy onderneming begin. Akademia het vanweë sy verbintenis met Solidariteit besef dat daar ’n groot leemte in kennis van kleinsakebestuur bestaan, veral
gesien in die lig van die aantal nuwe ondernemings wat misluk nadat mense hul skeidingspakkette, vervroegde pensioen of swaarverdiende spaargeld daarin belê het. Akademia het gevolglik ’n geakkrediteerde driejaardiploma in kleinsakebestuur en entrepreneurskap ontwikkel. Hierdie program word, soos Akademia se ander programme, nauurs by enige van sy ses studiesentrums regoor Suid-Afrika aangebied. Dit maak dit vir werkende mense moontlik om te studeer – boonop naby aan hul huis en in hul moedertaal! • Besoek www.akademia.ac.za en klik op die Programme-skakel vir meer inligting. Jy kan ook 0861 222 888 skakel. S
Deel van die Solidariteit Beweging
nuuswaardig
Gemeenskap se OMGEEMENSE vereer
S
“Dié mense leef ’n kultuur van omgee uit – ’n kultuur wat ons sélf hier by die Solidariteit Beweging uitleef en ten hoogste prys en aanmoedig.” Só het dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, die groep van agt individue beskryf wat vanjaar tydens die vakbond se Nasionale Kongres met ’n STER IN DIE GEMEENSKAP-toekenning vereer is. INGE STRYDOM was daar.
olidariteit het vanjaar gewone mense uit verskeie dele van die land vereer vir die buitengewone bydrae wat hulle tot die welstand van hul gemeenskappe maak. Hermann het tydens die geleentheid, wat op 17 April by Ekudeni buite Muldersdrift plaasgevind het, gesê die vakbond wil met dié toekennings graag die groep individue vir hul barmhartigheid bedank, maar terselfdertyd die res van die publiek aanmoedig om ook ’n positiewe bydrae tot hul onderskeie gemeenskappe te maak. “Ons as die Solidariteit Beweging wil vanjaar veral op die rol van die burgerlike samelewing fokus deur gemeenskappe aan te moedig om daadwerklik te poog om die lewe vir hulself, maar ook vir ander lede van die samelewing, aangenamer te maak.” Die volgende individue het elk ’n Ster in die gemeenskap-toekenning ontvang:
Foto: Reint Dykema
DAWIE HARMSE Dawie Harmse is in die breë onderwysgemeenskap betrokke. Hy fokus veral op spesiale onderrig en die bestuur van die Nuwe Hoop Skool in Pretoria. Daarbenewens dien hy in Fedsas se provinsiale en nasionale rade en is hy ook betrokke by Sanabu, ’n vereniging vir ouers van leergestremde kinders. Hy is ook by die SuidAfrikaanse Onderwysersunie betrokke.
26
RINA AUCAMP Rina Aucamp is ’n bestuurslid van Solidariteit Helpende Hand se “Vroue in Aksie”-tak in Brakpan. Sy is ’n oudonderwyseres en is veral passievol oor die waarde van vroeë kinderontwikkeling. Sy het, met die ondersteuning van die gemeenskap, ’n kleuterskool begin wat aan minderbevoorregte kinders die geleentheid gee om voorskoolse vaardighede te leer sodat hulle nie later ’n agterstand het nie. Die kleuterskool gaan hand aan hand met ’n ouerleidingkliniek wat die kleuters se ma’s bemagtig om die onderrig en stimulasie wat hul kinders by die skool ontvang, tuis voort te sit. PIETER JOUBERT Pieter Joubert is skoolhoof van die Prospectus 03/2013 • www.solidariteit.co.za
Johan en Alida Reed, Riesl Spies, Rina Aucamp en Pieter Bischoff is van die omgeemense wat vereer is. Novus Skool in Mayville, Pretoria. Hy verrig wondere by sy skool, wat in ’n baie arm gemeenskap ’n uiters professionele en omvattende diens aan aandagafleibare leerders bied. Die Prospectus Novus Skool, wat “Nuwe Begin” beteken, het ontstaan weens die behoefte van bekommerde ouers om hulp te kry vir hul kinders wat met leerprobleme sukkel, en die feit dat daar destyds geen skool vir sulke kinders in Pretoria was nie. PIETER BISCHOFF Pieter Bischoff is die stigter van Aros, oftewel die Akademie vir Reformatoriese Opleiding en Studies, in Waverley, Pretoria. Aros is in 2012 deur die Raad vir Hoër Onderwys en die departement van hoër onderwys en opleiding geakkrediteer en geregistreer as ’n private tersiêre akademie wat ’n B.Ed.-graad in Grondslagfaseonderwys aanbied. JACO GERICKE Jaco Gericke van Phalaborwa is ’n anker in sy gemeenskap en gaan uit sy pad om die lewe van sy medemens te vergemaklik. Hy het op sy eie tyd en koste verskeie mediese kursusse bygewoon en bied nou gratis ’n helpende hand in noodgevalle aan sy gemeenskap. Sy hande staan vir niks verkeerd nie en hy is enige tyd, dag of nag, bereid om ’n persoon in nood by te staan.
Die gemeenskap het in die verlede swaar op hom gesteun vir mediese behandeling, aangesien die dorp nie ’n hospitaal gehad het nie. JOHAN EN ALIDA REED Johan en Alida Reed is vrywilligers wat veral by Solidariteit Helpende Hand betrokke is. Hulle gaan uit hul pad om tot die opheffing van hul gemeenskap by te dra, byvoorbeeld deur weekliks met hul persoonlike voertuie skenkings by die Boksburg-kantoor af te haal, dit te sorteer en kospakkies te help opmaak. Johan en Alida het al verskeie projekte van stapel gestuur om die lewe van minderbevoorregte mense te verbeter. RIESL SPIES Riesl Spies van Pretoria verleen ondersteuning aan boere wat sedert Januarie 2000 hul plase in Zimbabwe verloor het. Verskeie van hierdie boere het sedert September 2009 by AfriForum om hulp kom aanklop en AfriForum het aangebied om die boere met hofsake teen die Zimbabwiese regering by te staan. Spies het egter besef dat hierdie boere nie net hul plase verloor het nie, maar dat hul trots, menswaardigheid, moed en hoop ook van hulle weggeneem is. Daarom het sy begin om terapieklasse aan te bied vir hierdie boere en veral hul vrouens, wat dikwels die steunpilaar van die gesin is. S
Bedryfsnuus
Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.
Bill UNDERMINES economic freedom, wealth creation, privacy
T
Photograph: iStockphoto.com
Trade union Solidarity proposed that the Licensing of Businesses Bill, 2013, be scrapped, since it has contradictory aims that will be to the DETRIMENT OF EMPLOYERS, EMPLOYEES AND CONSUMERS and paves the way for grave privacy violations and the abuse of state power. NICO STRYDOM reports. he Licensing of Business Bill is not only an embarrassment for government and the Department of Trade and Industry, but will also focus the attention of valuable human resources towards policing the bill while they could have contributed to economic development. According to Piet le Roux, senior researcher at the Solidarity Research Institute, the bill is contradictory right from the outset. “The primary purpose of the bill is to ‘promote the right to freedom of trade, occupation and profession and any rights contained in the Constitution.’ The secondary purpose stated in the bill,‘to promote the development of South African economy (sic) by providing a standardised regulatory framework within which business licensing would take place’, already contradicts the first. “The true purpose of the bill is not to promote the right to freedom of trade, occupation and profession, but to circumscribe it, to limit it, and to make it subject to burdensome, arbitrary regulations.” Le Roux says even a cursory study of the bill reveals numerous language errors and incomplete sentences, as well as impractical definitions. For example, the bill’s definition of “sell” is broad enough to cover virtually any human interaction and licensing inspectors will consequently have extravagant powers. “After having defined ‘sell’ so vaguely, the bill provides for the right of inspectors such as members of the South African Police Service and traffic officers to enter, without a warrant, any premises they suspect of being a site for business activity, question anybody, take samples of any substance and have the power to close any premises pending further investigation.This – and the general regulatory burden of the bill – bodes ill for employers and employees who will have to deal with this additional obstruction to economic freedom and success,” says Le Roux. “The bill attests to an obsession with control. Instead of proposing that some or other harmful activity be prohibited, the bill turns it
“The bill attests to an obsession with control. Instead of proposing that some or other HARMFUL ACTIVITY be prohibited, the bill turns it around and suggests that any business activity should first have state sanction before it can be conducted.” around and suggests that any business activity should first have state sanction before it can be conducted. No longer is any business activity acceptable as long as it isn’t fraudulent or otherwise forbidden. Under this new bill, no business activity is acceptable unless it is licensed,” adds Le Roux. The Licensing of Businesses Bill has also been criticised by amongst others The Free Market Foundation (FMF), the DA and the South African Chamber of Commerce and Industry (SACCI). According to the FMF, licensing will impact negatively on the economy and most particularly on the poorest people in the country. “The proposed licensing laws run directly counter to the policies that are necessary to bring about growth, employment and a reduction in poverty.” The DA has desribed the Bill as a job killer. “South Africa is ranked 53rd out of 185
economies in terms of the ease of starting a business (World Bank, Doing Business 2013), which is ten positions lower than our ranking in 2012. Mauritius ranked 14th and Rwanda ranked 8th. That we are ranked so low and that we are slipping further, should be a cause of serious concern.” The SACCI says the Bill in its current wording will impair economic activity, especially within the Small to Medium Enterprise (SME) sector.“...the Bill provides broad powers to a variety of government officials (SAPS and Metro Police amongst others) to enter businesses premises, investigate the premises, order the license holder to attend an interrogation and confiscate property. Whereas similar powers in, for example, the Counterfeit Goods Act are balanced with protection measures to protect business owners from arbitrary use of authority, the current Bill has no such mechanisms.” S www.solidariteit.co.za • 03/2013
27
industrynews
Expropriation Bill will start WAVE OF UNCERTAINTY
T
Photograph: iStockphoto.com
The new Expropriation Bill (EB), stipulates that land may be expropriated in the public interest. In terms of this proposed legislation, LAND REFORM AND EQUAL ACCESS to resources are deemed to be in the public interest, and both weigh more than the right to ownership. The Green Paper on Land Reform also proposes a “USE IT OR LOSE IT” regime regarding land, writes CILLESTE VAN DER WALT.
28
he goal of the EB, according to Chapter 2, is to allow government to significantly expand its power of expropriation in the interest of transformation. Deputy Minister of Public Works Jeremy Cronin has stated in no uncertain terms that the EB should allow government to rearrange the patterns of ownership of the country’s land and natural resources in particular, through non-market means. It is important to note that the EB is not about land restitution, which is the return of land to owners who were unfairly, through non-market means, dispossessed of their property under previous governments. Incidentally, according to the National Development Plan, the land restitution process is nearly complete. Rather, the EB is about rearranging property rights in cases where it is far from clear-cut whether or not previous unfair, non-market dispossession took place. Chapter 3 of the EB makes it clear that property owners should expect to receive in compensation for expropriation a sum below that which their property would have fetched on the open market. A number of factors may count against the compensation they could receive.To highlight just one of them: A land owner who desisted from using his land for commercial gain (for example, conserved a natural environment without trying to make money from it) will be eligible for less compensation than if he had exploited the land for agricultural, mining or any number of other commercial ventures. The lack of certainty about property rights that the bill encourages will inevitably also affect the level of coordination and order in society. It is a grave mistake to think that the undermining of property rights only concerns property owners whose properties become the object of expropriation. The real effect of undermining property rights is an undermining of the conditions for economic well-being and social harmony. Chapter 1 states that the aim of the EB is ostensibly to give guidance and certainty. Ironically, should the EB be passed, South Africans will be certain of only the extremely uncertain nature of their rights to property.The negative consequences of the EB – even if government exclu03/2013 • www.solidariteit.co.za
MAJOR CONCERNS
While there are many problematic issues with the EB, statements by Cabinet and the Department of Public Works quickly identify the major concerns as follows: 1. On certainty about property rights, according to Cabinet: The draft Expropriation Bill, 2013 seeks to achieve certainty and give guidance to those involved in or subject to an expropriation process, both for the state, as well as a private individual. 2. On the objects of expropriation and justification thereof, according to Deputy Minister Jeremy Cronin: The extension of the purposes for which property may be expropriated from the narrow term of public purpose to include expropriations in the public interest is critical in a developmental state like South Africa. Expropriation in the public interest, for instance, provides government with a tool to achieve its commitment to land reform, and to reforms to bring about equitable access for all South Africa’s natural resources. 3. On compensation for expropriation, also from Deputy Minister Cronin’s statement: The new Bill will ensure that just and equitable compensation to persons affected by expropriations is paid out, with such compensation reflecting an equitable balance between the public interest and the interests of those affected. sively targets “beneficiaries of apartheid” for expropriation in its drive for transformation – will be felt by virtually all South Africans.You cannot
undermine the property rights of a single group without undermining the rights of all.This is not how a sustainable economy is built. S
Deur Cilleste van der Walt
olidariteit is een van die oudste vakbonde in Suid-Afrika en is in 1902 gestig. Die kernwoord waarmee Solidariteit beskryf kan word, is “beskerm”, en die vakbond se kernbesigheid is om werknemers in die werkplek by te staan. Daarom is Solidariteit se slagspreuk “jou werk is ons werk”. Solidariteit het die Christelike tradisie van vakbondwese herontdek en soek antwoorde vir sy mense in die idee van selfstandigheid. Ons vakbondmodel is daarop gerig om antwoorde op die ekonomiese rewolusie te verskaf deur onder meer aftreevoorsiening, individuele arbeidsbeskerming, plasing in die arbeidsmark en opleiding. Solidariteit wil egter nie net ’n ekonomiese oplossing aan sy lede bied nie, maar wil vir sy lede en hul gemeenskappe demokratiese ruimtes
skep waarin hulle kan leef. Solidariteit wil sy mense in staat stel om hul Christelike roeping uit te leef – dit is óns roeping. Daar is twee tradisies van vakbondwese in die wêreld. Die eerste is die sosialistiese tradisie en die tweede die Christelike tradisie. Omdat Cosatu so invloedryk in Suid-Afrika is, identifiseer mense vakbondwese met sosialisme. ’n Noue verhouding tussen vakbonde en die regerende party is ’n grondliggende kenmerk van die sosialistiese tradisie. Dié tradisie leer dat die regering oorgeneem moet word sodat dit as instrument gebruik kan word om die werkers se sosialistiese agenda af te dwing. Suid-Afrika is ’n goeie voorbeeld, met Cosatu in alliansie met die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty. Christelike vakbondwese glo dat werknemers ’n roeping het en dat dit vakbonde se taak is om
werkers te help om dié roeping te verwesenlik. Solidariteit sien homself in die Christelik demokratiese tradisie. Hierdie tradisie glo nie aan afhanklikheid van die regering om dinge te doen nie, maar glo aan selfdoen en selfstandigheid. Daar is ook noue aansluiting tussen die Christelike tradisie van vakbondwese en ’n minderheid in ’n meerderheidsomgewing. Die Christelike tradisie van vakbondwese is ’n ideale instrument om vir ’n minderheid ’n selfstandige toekoms in ’n meerderheidsomgewing te skep. Solidariteit sien dit as deel van sy taak om as minderheidsvoertuig in ’n meerderheidsomgewing op te tree. Solidariteit glo nie aan ’n eng definisie van Afrikanerwees nie en het heelwat hulpprogramme wat ook na ander Suid-Afrikaners in nood uitreik. Ons funksioneer vanuit ’n gemeenskap en nie as individue wat toevallig saam is nie. S
bedryfsnuus
S
Solidariteit: GEROEP om jou te BESKERM
industrynews
Unisa’s management, however, failed to PROTECT the employees who wanted to go to work but were denied access by their colleagues.The employees therefore didn’t have any other choice than to STAY AWAY FROM WORK.
Wildcat STRIKE AT UNISA causes a stir
S Photograph: Inge Strydom
Members of Solidarity who are employees of Unisa’s Muckleneuk Campus had to face the “no work, no pay”-principle following an unprotected STRIKE by other employees in April, writes INGE STRYDOM.
30
olidarity members feared for their safety since the unprotected strikers prohibited them from entering the campus.The strike resulted from parties being unable to reach an agreement, despite several rounds of negotiations. Solidarity did not take part in the negotiations. According to Linda Senekal, Solidarity’s organiser at the university, the hostile atmosphere on the campus made their members feel unsafe. “Our members were threatened by their striking colleagues and therefore did not want to go to work. As a result, the employer threatened the strikers and non-strikers with the ‘no work, no pay’ principle,” Senekal explained. Solidarity immediately reacted to the employer’s threats by issuing a letter to management, demanding that the principle not be applied to its members. In the letter, Paul Mardon,
03/2013 • www.solidariteit.co.za
head of Solidarity’s Occupational Health and Safety Department, stated that the law protects employees who refrain from entering the workplace should the employer fail to ensure a safe working environment. “Solidarity holds that, in terms of section 8 of the Occupational Health and Safety Act (No 85 of 1993), employers are responsible for ensuring a safe and healthy workplace for employees. Unisa’s management, however, failed to protect the employees who wanted to go to work but were denied access by their colleagues. “The employees therefore didn’t have any other choice than to stay away from work,” Mardon said. The employer later said that, should employees agree to their offer of a 7% increase, they would not apply the “no work, no pay”principle to the strikers or the non-strikers who refused to enter the workplace.The employees
agreed to management’s proposal and the strike fortunately came to an end. According to Ivan Israelstam, Chief Executive Officer of Labour Law Management Consulting, should employees fail to go to work and they are unable to prove a reason acceptable to the employer, the employer has the right not to pay them, because: • It is crucial that intimidated workers meet with the employer to find a way to resolve the issue of intimidation. • Employees should report any intimidation to the police and to their trade union and should insist that the culprits be subject to corrective action. • Employers should, before the strike, agree to “strike rules” with the union and issue a notice that intimidation is an offence subject to discipline and criminal prosecution and would not be tolerated. S
Foto: iStockphoto.com
Deur Cilleste van der Walt
ie vakbond Solidariteit pak vanjaar weer talle loononderhandelings aan waarvan sommige in ’n bedingingraad sal plaasvind. Maar waarom vorm sekere sektore bedingingsrade wat kollektiewe bedinging vir dié sektor behartig? In enige werkplek is ekonomiese ontwikkeling, sosiale geregtigheid, arbeidsvrede en demokratisering belangrik. Hierdie doelwit kan behaal word deur aan bepaalde oogmerke te voldoen. Een van hierdie oogmerke is om ’n raamwerk daar te stel waarbinne werknemers en hul vakbonde, en werkgewers en hul werkgewersorganisasies, kollektief kan saamwerk met onder meer: • Onderhandeling oor lone, diensvoorwaardes
en ander aangeleenthede; • Die formulering van nywerheidsbeleide; en • Ordelike kollektiewe bedinging (ook op sektorale vlak), werknemerdeelname aan besluitnemingsprosesse en die doeltreffende beslegting van arbeidsgeskille. Bedingingsrade kan slegs op aansoek van een of meer geregistreerde vakbond(e) en een of meer geregistreerde werknemersorganisasie(s) ingestel word deur: • ’n Konstitusie aan te neem wat aan die vereistes van die Wet op Arbeidsverhoudinge, no 66 van 1995, artikel 30 voldoen; en • registrasie ingevolge artikel 29 te verkry. Die staat kan ook ’n party in so ’n bedingingsraad wees indien hy ’n werkgewer is in die gebied of sektor waarvoor die spesifieke bedingingsraad saamgestel is.
VINNIGE FEIT
’n Werkgewer kan slegs ’n party in ’n bedingingsraad wees indien hy lid van ’n geregistreerde werkgewersorganisasie is. Net so kan ’n werknemer slegs ’n party wees indien hy ’n lid van ’n geregistreerde vakbond is. Bedingingsrade is nie ’n nuwe konsep in die Suid-Afrikaanse arbeidsverhoudinge nie; die Bedingingsraad vir Metaalen Ingenieurswese is reeds in 1939 gestig.
bedryfsnuus
D
Wat jy moet weet oor BEDINGINGSRADE
bedryfsnuus
Bereken die KOSTE voordat jy WEGBLY
W
Foto: iStockphoto.com
Vreedsame, ordelike STAKINGS is ’n wettige manier vir werknemers om ’n werkgewer se bestuur te oorreed om hoër verhogings te betaal. Dis egter iets wat met groot omsigtigheid aangepak moet word: Die koste vir stakers is soms hoër as wat dit op die oog af voorkom. CILLESTE VAN DER WALT berig.
32
anneer werknemers in Suid-Afrika staak, verbeur hulle hul salarisse of lone vir die tydperk van die staking (die “geen werk, geen betaling”-beginsel). Deurdat hulle staak, gee die werkers te kenne dat hulle bereid is om hierdie verlies te aanvaar, aangesien hulle glo dat die beter arbeidsvoorwaardes wat hulle ná ’n suksesvolle staking sal kry, vir die verlies sal vergoed. ’n Staker kan byvoorbeeld redeneer dat ’n staking wat ’n 10%-verhoging tot gevolg het, lonend was solank die duur daarvan korter as 10% van die werkjaar (ongeveer 25 werkdae) was, aangesien die verhoging dan die verlies aan inkomste uitkanselleer. Hierdie benadering is egter foutief. Hoe lonend die staking werklik is, moet, om net een faktor te noem, gemeet word aan die verskil tussen die verhoging wat aanvanklik aangebied is en die verhoging wat ná afloop van die staking verkry is. Indien die werkgewer voor die staking ’n verhoging van 9% aangebied het, en ná die staking word ’n verhoging van 10% aangebied, is dit slegs die verskil tussen 9% en 10% wat aan die staking toegeskryf kan word. Nog ’n faktor wat in ag geneem moet word, is die feit dat verhogings dikwels terugwerkend is. Indien die ooreenkoms wat ná afloop van die staking bereik word, dus terugwerkend is, het werkers in werklikheid 109% van hul vergoeding vir die tydperk verloor en nie net 100% nie. Om ’n voorbeeld te gebruik: Gestel ’n werknemer verdien voor die staking R10 000 per maand. Hy word ’n verhoging van 9% aangebied, maar besluit om dit nie te aanvaar nie en staak 25 werkdae lank om ’n verhoging van 10% te kry. Met die 9%-verhoging sou sy salaris tot R10 900 gestyg het. Met sowat 21 werkdae per maand, beteken dit sy vergoeding is R523,20 per dag. Dit is wat hy elke dag vir die duur van die staking verloor. Indien hy 25 werksdae lank staak, verloor hy dus in daardie tydperk R13 080 se vergoeding. Met ’n 10%-verhoging is die werker se vergoeding R528 per dag. Die verskil tussen R528,00 en R523,20 is slegs R4,80 per dag, of R100 per maand, of R1 200 per jaar. Indien ’n 03/2013 • www.solidariteit.co.za
The total value of production lost across all sectors of MINING.
THE PRICE OF PROTEST Just over R10 billion was lost in gold and platinum production during the mining sector STOPPAGES in the 2012/2013 financial year. An additional R180 million was lost in coal production during the same period.The total value of production loss across all sectors of MINING was R15.3 billion. This is according to the South African Institute of Race Relations. werker dus R13 080 tydens die staking verloor het, en R1 200 méér per jaar verdien as wat hy met die oorspronklike aanbod voor die staking sou verdien, gaan dit byna 11 jaar neem voor hy werklik voordeel begin trek uit die ekstra 1% wat met die staking beding is (R13 080 / R1 200 = 10,9). Ander finansiële implikasies, soos die verlies aan saamgestelde groei op pensioenfondsbydraes, die moontlike koste van agterstallige of nuwe skuld en die moontlike uitwerking op ’n werknemer se kredietrekord, is nie met dié
berekening in ag geneem nie; so ook nie die negatiewe uitwerking wat die staking op die werkgewer se vermoë het om werknemers volhoubaar in diens te neem nie. Hiermee word beslis nie gesê dit is nooit ’n goeie idee om te staak nie. Maar werknemers moet besef die besluit om te staak, kan verreikende finansiële gevolge hê. In gevalle waar werknemers om ander redes as vir beter vergoeding staak, soos vir beter veiligheid of werkomstandighede, is dit egter onmoontlik om ’n prys daarop te sit. S
bedryfsnuus
A
Stakings: Regte wapen op die REGTE TYD Deur Cilleste van der Walt
s jy in Suid-Afrika die woord “staking” hoor, begin jou bloed sommer dadelik kook. Maar stakings bly een van ’n vakbond se mees doeltreffende wapens. Dit is niks vreemds om byna daagliks in die nuus te hoor van die een of ander staking wat iewers aan die gang is nie. Maar ten spyte van die negatiewe beeld wat stakings deesdae het, bly dit een van ’n vakbond se beste wapens om regverdige lone en ander voordele vir sy lede te beding. Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê geweld, plundering, vandalisme en intimidasie tydens stakings is onaanvaarbaar en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, moet strafregtelik vervolg word. Solididariteit veroordeel misdadige optrede onder die vaandel van ’n staking ten sterkste, sê hy. “In die oë van die publiek doen gewelddadige stakings afbreuk aan die geloofwaardigheid van wettige en vreedsame stakings, en vakbonde in die geheel. Solidariteit meen verder stakings behoort die laaste uitweg te wees en dat daar eerder gepoog moet word om vreedsaam te onderhandel,” verduidelik du Plessis. Tydens onderhandelings waar die werkgewer nie wil instem tot die eise nie, is ’n beskermde staking een van die vakbond se troefkaarte om die inkoop van die werkgewer te kry. In terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge mag stakings slegs plaasvind nadat die voorgeskrewe geskilbeslegtingsprosedure uitgeput is. Indien die regsreëls van die wet nagekom word, geniet werknemers wat staak, beskerming teen siviele eise wat uit sodanige aksies mag voorspruit. Watter beskerming is daar tydens ’n wettige staking? Werknemers wat staak word van sivielregtelike aksies, deliktuele eise en kontrakbreukeise gevrywaar. ’n Werkgewer mag nie stakende werknemers weens hul deelname aan ’n beskermde staking ontslaan nie.
Foto: iStockphoto.com
Is stakers op betaling van lone geregtig? Nee. ’n Werkgewer is nie verplig om ’n werknemer te besoldig vir dienste wat die werknemer nie tydens ’n beskermde staking of beskermde uitsluiting lewer nie. Watter stappe kan gevolg word indien ’n staking nie aan die bepalings van die wet voldoen nie? As die bepalings van die wet nie gevolg word nie, het die Arbeidshof eksklusiewe jurisdiksie om in so ’n geval: • ’n interdik toe te staan of ’n bevel uit te reik wat enige persoon se deelname of enige optrede ter bevordering van so ’n staking verbied; en • die betaling van redelike en billike vergoeding vir verlies wat aan so ’n staking toe te skryf is, te las. S www.solidariteit.co.za • 03/2013
33
bedryfsnuus
Só VEG Solidariteit LANDWYD vir sy mense
VAN AKADEMIESE BELANG
Deur Inge Strydom
6,7%
Solidariteit het op ’n SALARISVERHOGING van met die VISTA-KLINIEK in Centurion ooreengekom.
Solidariteit het einde April vanjaar ’n loonooreenkoms met die bestuur van die Universiteit van Pretoria bereik ná onderhandelings wat sowat ’n maand en ’n half geduur het. Die partye het ooreengekom op ’n loonverhoging van 7,25% wat op alle posvlakke van toepassing is. Dit volg nadat die werkgewer aanvanklik loonverhogings volgens personeel se onderskeie posvlakke wou toeken.
Artikel 189
Solidariteit het in Maart ’n Artikel 189-kennisgewing van die IT-groep BUSINESS CONNEXION ontvang. Solidariteit het reeds daarin GESLAAG om vir albei sy lede wat deur die afleggings geraak sou word, alternatiewe poste te beding.
Alle betrokke partye kon breed glimlag nadat loononderhandelings tussen Solidariteit en COLGATE in Durban op 9 April suksesvol afgehandel is met ’n ooreengekome verhoging van 6,5%. Solidariteit het aanvanklik ’n algehele loonverhoging van 7% geëis terwyl die werkgewer ’n verhoging van 5% aangebied het. Ná die tweede ronde van onderhandelings, kon die partye egter ’n ooreenkoms bereik.
SOET SMAAK
Foto’s: iStockphoto.com
34
03/2013 • www.solidariteit.co.za
Solidariteit het op 23 April, ná slegs een ronde loononderhandelings, met die bestuur van CUREDAY KLINIEK in Erasmuskloof op ’n salarisverhoging van 7,5% ooreengekom. Dié verhoging gaan gepaard met ’n bykomende verhoging van 1,5% wat deel sal vorm van lede se mediesefondsbydrae. Die werkgewer se mediesefondsbydrae sal oor die volgende drie jaar met 5,5% verhoog word. Studente wat tans by Cureday Kliniek werksaam is, sal ’n salarisverhoging van 4% ontvang en hul studies sal deur die werkgewer betaal word.
REDE OM TE GLIMLAG
VASBYT DRA VRUG
Die loononderhandelings by UNIFRUTTI in Kirkwood (100 km vanaf Port Elizabeth) is ná drie rondes en bemiddeling deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), afgehandel. Die partye het op ’n LOONVERHOGING van 7,5%, terugwerkend vanaf 1 Maart 2013, ooreengekom. Solidariteit verteenwoordig 45 lede by die maatskappy.
GESONDE VERHOGING
Solidariteit het ’n loonooreenkoms met die bestuur van PATENSIE SITRUS in Patensie (120 km vanaf Port Elizabeth) bereik ná uitgerekte onderhandelings wat oor verskeie rondes gevoer is. Die ooreenkoms behels dat werknemers wat bo R160 000 per jaar verdien ’n 7%verhoging sal ontvang, terwyl werknemers wat minder as R160 000 per jaar verdien ’n verhoging van 8% sal ontvang. Die ooreenkoms is op alle permanente werkernemers van die maatskappy van toepassing.
bedryfsnuus Sibanye Gold se markkapitalisasie word geraam op
3 000 dalk werk kwyt ná SIBANYE-BRAND
T
Foto: iStockphoto.com
“In ons bedryf is die grootste uitgawe ongelukkig ARBEID. Daarom is werknemers KWESBAAR.Werknemers is egter die mees produktiewe element in die bedryf en hulle word grootliks daardeur beskerm.” Só het Neal Froneman, die uitvoerende hoof van Sibanye Gold, onlangs gesê enkele dae voordat ’n brand by een van dié myn se skagte sowat 3 000 werknemers hul werk gekos het. INGE STRYDOM berig.
36
e midde van wydverspreide onsekerheid in die mynbedryf moet die bestuur van Sibanye Gold se Beatrix Wes-myn in Welkom probeer red wat te redde is nadat ’n verwoestende brand op 19 Februarie die myn ’n maandelike inkomste van R28 miljoen gekos het. Produksie by dié myn is sedertdien gestaak en werknemers by die Beatrix Wes-myn se werk is in die gedrang. Nadat hy amptelik op 2 April 2013 deur middel van ’n Artikel 189-kennisgewing in kennis gestel is van die beplande 3 000 afleggings by die myn, het die vakbond Solidariteit die afleggings betreur. Die vakbond het wel bevestig dat Sibanye Gold nie veel kon doen om die afleggings te verhinder nie. Volgens André van der Merwe, bedryfshoof van die mynbou-, landbou-, mediese en sementbedryf by Solidariteit, sal die vakbond steeds alles in sy vermoë doen om die uitwerking van die afleggings op sy lede tot die minimum te beperk. Dit sal onder meer behels dat die vakbond sy 03/2013 • www.solidariteit.co.za
maatskaplike plan aan die werkgewer sal voorlê. Die brand het plaasgevind slegs agt dae nadat Sibanye Gold vir die eerste keer as ’n onafhanklike maatskappy op die JSE genoteer is. Die maatskappy se aandeelprys was aanvanklik R13,04 per aandeel, maar het skerp teruggesak nadat inligting oor die brand bekend geraak het. Intussen, te midde van ’n verswakkende goudsektor, het dit verder teruggeval na R7,75 per aandeel – ’n aanduiding dat die maatskappy tans deur diep waters gaan. Die maatskappy is einde 2012 in die lewe geroep nadat die voormalige Goldfields sy Driefontein-, Kloof- en Beatrixmyne ontbondel het. Intussen het die myn te kenne gegee dat die area waar die brand plaasgevind het, ontoeganklik sal wees tot en met middel volgende jaar. Volgens James Wellsted, woordvoerder van Sibanye Gold, is die toekoms van die maatskappy beslis in die gedrang, maar sal die maatskappy probeer om die uitwerking van die skade op sy werknemers te beperk. S
GOLDEN OPPORTUNITY?
• Overall supply is anticipated to rise this year, with continued growth in mine production and an increase in scrap. • Gold fabrication demand (excluding coins) is forecast to fall this year given higher gold prices and a fragile economic environment. • Market surplus (the difference between supply from mine production and scrap less fabrication excluding all coins) is set to continue growing in 2013. • Investment is to grow further thanks to a sufficiently supportive macroeconomic environment – investment to continue as the main influence on prices. Above forces should push gold prices higher this year, although periods of price weakness is also to be expected. Source: Thompson Reuters’ GMFS-report.
bedryfsnuus
2 000
eiers word daagliks deur ’n KONINGINBY gelê. Werkerbye leef slegs vir vier tot nege maande in die winter en ses weke gedurende die besige somermaande (hulle werk hulself letterlik dood). Werkerbye verrig verskeie take in hul leeftyd: huishoudster, versorger, konstruksiewerker, begrafnisondernemer, wag en eindelik, ná 21 dae, stuifmeel- en nektarversamelaar.
Haal só die ANGEL uit ’n BYSTEEK
B
Bye is nie van nature aggressief nie en sal jou nie sommer sonder rede AANVAL en STEEK nie. Maar dit beteken nie jy hoef nie versigtig te wees nie, skryf adv. Paul Mardon, hoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, oor dié insek wat wêreldwyd elke jaar honderde STERFTES veroorsaak.
Foto’s: iStockphoto.com; verskaf • Bykomende bron: www.ccbee.org/facts.htm
ysteke veroorsaak elke jaar honderde sterftes wêreldwyd en in Suid-Afrika gebeur dit gereeld dat mense deur bye aangeval en selfs gedood word. As jy allergies is vir byegif, kan selfs net een bysteek noodlottig wees of ernstige permanente gesondheidsprobleme veroorsaak. ’n By sal slegs sy angel gebruik wanneer hy uitgelok word of bedreig voel. Indien die persoon wat deur die by gesteek word allergies is vir byegif, is die dosis gif irrelevant – slegs een bysteek kan dodelik wees. Kinders, ouer persone en hartlyers se risiko is groter indien hulle deur ’n by gesteek word.
40
HOE LYK EN VOEL ’N BYSTEEK? Matige gevalle • Steek- en brandpyn • Rooi gloed by die steekplek met ’n witterige ring rondom • Swelling • Reaksie neem binne ure af. Ernstige gevalle • Hele ledemaat om die steekplek swel • Steekplek naby keel of mond veroorsaak lewensgevaarlike swelling van lugweg • Met veelvuldige bysteke kan die gesamentlike uitwerking van volume gifstof 03/2013 • www.solidariteit.co.za
lewensgevaarlik wees • Simptome klaar ná ’n week op. Allergie • Onmiddellike lokale swelling • Opgehewe uitslag of netelroos • Erge skok • Swelling van gesig en mond • Asemhalingsprobleme • Lomerigheid. BZZZZZ... EINA! WAT NOU? Dit is baie belangrik dat enige bysteke vinnig behandel moet word, veral indien die persoon nie seker is of hy of sy allergies is vir byegif nie. Die angel moet verwyder word en die pasiënt moet met lokale verdowing en antihistamiene behandel word. Neem die volgende stappe indien jy iemand help wat deur ’n by gesteek is: • Beweeg weg van die gebied waar die by iemand gesteek het. Bye skei feromone af wanneer hulle aanval, en dit lok ander bye. • Verwyder die angel onmiddellik deur dit uit te skraap. • Was die steekplek met seepwater of net skoon water indien seep nie beskikbaar is nie. • Kry dadelik mediese hulp indien die persoon: • in die mond, neus of keel gesteek is;
•
•
•
• •
• meer as tien keer gesteek is; • asemhalingsprobleme of ander ernstige reaksies ondervind. Indien die persoon wat gesteek is, allergies is vir bysteek en medikasie daarvoor (byvoorbeeld EpiPen) by hom of haar het, dien dadelik die medikasie toe volgens die voorskrif vir die medikasie en kry so gou moontlik mediese hulp. Gee die persoon mond-totmond-asemhaling indien nodig. Medikasie soos adrenalien, antihistamien en kalamyn kan verligting bring, maar moet streng volgens voorskrif geneem word. Om pyn en swelling te verlig, kan ’n koue, nat lap of ys op die steekplek geplaas word vir ’n maksimum van 20 minute.Ys moenie direk aan die vel raak nie. Persone wat voorheen ’n beduidende allergiese reaksie op byegif getoon het, word aangemoedig om spesiale voorsorg te tref, deur byvoorbeeld ’n vooraf gelaaide epinefrienspuit en ’n identifiserende bandjie soos ’n Medic Alert-bandjie by hom of haar te dra en om te gaan vir desensiteringsbehandeling. Steekplekke moenie gekrap word nie, want dit sal die gejeuk en swelling vererger. As die simptome langer as ’n week aanhou of ’n area groter as 7cm² beïnvloed, raadpleeg jou dokter.
Jack Loggenberg is allergies vir byegif en was verlede jaar in ’n lewensgevaarlike situasie toe ’n by, wat in sy koeldrank geval het, hom in sy mond gesteek het. Hy het al die simptome eie aan ’n allergiese reaksie op ’n bysteek ervaar, en het ook ’n soet smaak in sy mond gekry.“My keel het gevoel of dit brand van die oorweldigende soet smaak in my mond,” vertel Loggenberg. “Daarbenewens het my hele gesig opgeswel en die angs wat met die voorval gepaard gegaan het, het anafilakse bespoedig. “Ek weet ek is allergies vir byegif en is al voorheen deur bye gesteek, maar dit was nog nooit naastenby so erg soos dié keer nie,” sê Loggenberg. “My bloeddruk was in ’n stadium 60/30 en my polsslag meer as 130 slae per minuut. Ek het verskeie hartstilstande gehad en tydens die hartmassering waarmee medici my wou stabiliseer, is my borsbeen gebreek,” sê hy. Loggenberg het talle nagevolge van die bysteek oorgehou. Ná die voorval het hy vir ’n tyd lank desensiteringsbehandeling ontvang om hom stelselmatig minder allergies vir byegif te maak, maar hy het dit gestaak omdat dit hom te siek gemaak het. Deesdae dra hy altyd ’n EpiPen-adrenalienspuit saam met hom. Dié spuit verleng die pasiënt se tyd om by ’n hospitaal uit te kom met tussen 30 en 40 minute. S
bedryfsnuus
EERSTEHANDSE ERVARING
in Beweging
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
SA se ERFENIS EN NATUUR bloei oor gierigheid
Suid-Afrika se erfenis en sy natuur BLOEI weens ’n wêreld vol mense wat dikwels deur gierigheid gedryf word. Teen druktyd is daar in 2013 reeds 273 renosters in Suid-Afrika wreedaardig vir hul horings GESTROOP. Die Nasionale Krugerwildtuin is oënskynlik die GROOTSTE TEIKEN en het reeds 201 renosters weens stropers verloor. In 2012 is 686 renosters gestroop. JULIUS KLEYNHANS stel oplossings voor. WAT WORD REEDS GEDOEN? • Die neem van genetiese monsters van renosters is ’n doeltreffende projek wat kan identifiseer waar gestroopte horings waarop daar beslag gelê is, vandaan kom. Dit is goed vir die ondersoekproses en om die stropers vas te trek, maar ongelukkig is dit ’n reaktiewe bewaringsmetode wat eers toegepas word wanneer ’n renoster reeds gestroop is. • Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is betrek om die Nasionale Krugerwildtuin te fynkam vir stropers en om die grens met Mosambiek te patrolleer. Die patrollering van natuurreservate en wildplase vind reeds plaas, maar dit wil voorkom of meer renosters gestroop word wanneer daar meer patrollies is. Dit laat die vraag ontstaan of wildbewaarders nie dalk betrokke is nie, aangesien hulle weet waar die renosters is en hulle dikwels nie goeie besoldiging ontvang nie. • Suid-Afrika het reeds ’n oorgrensstrategie en samewerkingsooreenkoms met Mosambiek, wat ook hierdeur geraak word. • Daar is ’n memorandum van verstandhouding tussen die Suid-Afrikaanse regering en Viëtnam en China. • Regulasies van die permitstelsel vir wettige trofeejag is aangepas. Bewaringsamptenare moet toesig hou oor renosterjag, die jagter se identiteit moet getoets word en DNS-monsters moet ná die jagtog geneem word.
Foto: iStockphoto.com
SÓ SÊ ONS LEDE
42
Solidariteit het onlangs ’n peiling gehou om te sien wat mense se menings oor stropery is. Bykans 1 000 mense het hul sê gesê. • 48% van die respondente meen daar moet strenger maatreëls op die bedryf geplaas word en swaarder strawwe moet teen oortreders ingestel word. • Slegs 25% meen die handel in renosterhorings moet gewettig word. • 18% glo verbruikers moet ingelig word oor die feit dat renosterhoring geen medisinale waarde het nie. 03/2013 • www.solidariteit.co.za
WAT KAN NOG GEDOEN WORD? • Lande waar die vraag na renosterhorings groot is, moet aangemoedig word om met renosters te begin boer. Die horings van ’n lewende dier word dan geoes en verkoop. • ’n Omgewingshof wat stropers toegewyd takel en die bestaande wette nog strenger toepas, sal ’n verskil maak. Daar is vanjaar al 78 vermeende stropers aangekeer waarvan twee 15 jaar tronkstraf gekry het. • Die oprigting van ’n elektriese heining tussen Mosambiek en die Krugerwildtuin sal sowat R240 miljoen kos en moet gepatrolleer word. • Die wettiging van die handel in renosterhoring sal die mark versadig en die markprys afdwing. AfriForum ondersteun die wettiging van die handel in renosterhoring, maar slegs met die huidige opgegaarde horings en dié van renosters wat jaarliks op ’n natuurlike wyse sterf. Ongeag die SANW se ontplooiing in die Krugerwildtuin word stropery nie gestop nie. Inteendeel, die getalle neem toe. Alle middele moet ondersoek en sover moontlik toegepas word. • Julius Kleynhans is AfriForum se hoof van omgewingsake. S
273
renosters is reeds sedert die begin van die jaar gestroop. Altesaam 201 hiervan was in die Nasionale Krugerwildtuin. In 2012 is 686 renosters vir hul horings doodgemaak.
eem die aardbol, tol dit vinnig in die rondte en druk jou vinger op enige land daarop. Die kans is goed dat een of meer Suid-Afrikaners daar woon en met heimwee verlang na ’n bietjie nuus vanuit die suidpunt van Afrika, of daarna verlang om ’n stukkie Afrikaans te lees. AfriForum se Alana Bailey en Sue-Ann de Wet verstaan daardie verlange en weet ’n mens hou daarvan om jou ervarings te deel met mense wat, soos jy, begrip het vir die soet en suur van die lewe buite die grense van die land. Hulle het pas ’n nuusbrief met die naam Wêreldwyd vir ons mense in die vreemde die lig laat sien. Hier kan almal wat belangstel foto’s en reisvertellings met ’n wye gehoor deel, betroubare inligting oor kwessies soos belasting, paspoorthernuwings, burgerskap en stemreg kry, asook van nuttige webtuistes verneem wat in hul omgewing diens aan Suid-Afrikaners lewer.
Frans van Heerden het in Februarie 2013 die Noorderligte in Lapland gaan afneem en sy ondervinding met Wêreldwyd gedeel. Die nuusbrief verskyn maandeliks, en daar word ook hard gewerk aan ’n webtuiste en Facebook-blad wat binnekort dié nuusbrief sal vergesel. Benewens nuus is daar ook gereeld ’n lekker kompetisie danksy vriendelike borge om te verseker dat ons mense met iets eg SuidAfrikaans in hul nuwe tuistes bederf word. Alana en Sue-Ann hoor graag van almal wat gratis op dié e-nuusbrief wil inteken, ’n artikel
of brokkie inligting daarvoor wil aanstuur of nuus het oor die prestasies van Suid-Afrikaners buite die landsgrense. • Stuur die adresse van mense in die buiteland aan sue-ann@afriforum.co.za sodat hulle op die adreslys kan kom, en meld of hulle die nuusbrief in Afrikaans of Engels wil ontvang. Nuus en voorstelle kan gestuur word aan alana@afriforum.co.za. S
inbeweging
N
Kom KUIER saam met AfriForum – WÊRELDWYD!
inbeweging
AFRIFORUM, COMMUNITY FIGHTS CRIME IN VRYBURG
I
By Reg Crewe
Prof. Steve Cornelius, dr. Fernand de Varennes, Cerneels Lourens, prof. Koos Malan en Alana Bailey by AfriForum se taalregteseminaar.
TAALREGTE noodsaaklik, nie luukse, sê internasionale REGSKENNER
D Foto: Salet Scheffer
Op 2 Mei 2013 het die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale, Wet 12 van 2012, in werking getree. Om Suid-Afrikaners bewus te maak van die BELANG van hul taalregte en te kyk na die gevolge van die wet vir die TOEKOMS van Afrikaans, het AfriForum ’n seminaar met die tema “Is taalregte noodsaaklik?” aangebied, skryf ALANA BAILEY.
44
ie hoofspreker by die geleentheid was dr. Fernand de Varennes, die internasionaal erkende regskenner op hierdie gebied, wat op besoek aan Suid-Afrika was. Hy het bevestig dat die beskerming van taalregte nie ’n luukse is nie, maar ’n noodsaaklikheid vir enige land wat ernstig oor menseregte, politieke bestendigheid en ekonomiese groei is. Talle aspekte van taalregte hou regstreeks verband met respek vir die menswaardigheid van ’n land se inwoners en word ook so erken in terme van die internasionale reg. Die regte moet ook ter wille van regverdigheid en geregtigheid gerespekteer word, anders mag dele van ’n gemeenskap op onregverdige wyse deur taal van ekonomiese en ander geleenthede ontneem word. Billike toegang tot moedertaalonderrig het onbetwisbare voordele vir leerders, en ’n land behoort volgens dr. De Varennes sy inwoners se diversiteit te bevorder en beskerm. Hy het verskeie internasionale voorbeelde genoem van lande waar die bevordering van taalregte regstreeks tot groter vrede en bestendigheid gelei het, of waar ’n gebrek aan regte bloedige konflik tot gevolg gehad het. Sy gevolgtrekking was dat
03/2013 • www.solidariteit.co.za
taalregte bevorder moet word, juis omdat dit op al hierdie terreine welslae verseker. In aansluiting by dr. De Varennes, het prof. Koos Malan van die regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria spesifiek op die stand van taalregte in Suid-Afrika gefokus. Die prokureur en bekende taalaktivis, Cerneels Lourens, het die jongste inligting oor sy regsaksie in verband met die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale toegelig en prof. Steve Cornelius, ook van die Universiteit van Pretoria se regsfakulteit, het die program afgesluit met ’n opsomming van taalregte wat reeds in wetgewing erkenning geniet, maar nog nie voldoende opgeëis word nie. Die gevolgtrekking aan die einde van die seminaar was eenparig dat die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale weinig gaan doen om Suid-Afrikaners se taalregte na behore te bevorder en nog minder om die toekoms van Afrikaans as hoëfunksietaal te beskerm. AfriForum en ander organisasies wat sterk oor die saak voel, sal dringend ’n gekoördineerde aksieplan loods om te probeer sorg dat die wet se regulasies die tekortkomings in die wet daadwerklik aanvul. • Alana Bailey is adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. S
n October 2012, the streets of Vryburg had begun to evoke the same feeling one might experience in Beirut or Bagdad. Something needed to be done urgently. Civil rights organisation AfriForum joined forces with the community to take the streets back. A group of gangsters were robbing people in the town’s main street in broad daylight. The gang would also approach stationary vehicles at traffic lights, force open doors, and snatch handbags and valuables.What made the situation even more shocking was the fact that all of this took place a mere 500 m from the Vryburg police station. On October 21 last year, robbers surprised popular local businesswoman Corlia Kock, her husband Malcolm, and their two sons in their shop.They were attacked and murdered. Corlia was beaten so badly that she died after two weeks of hospitalisation. Herman Swanepoel, chairman of the local AfriForum branch, and owners of local businesses decided that enough was enough.Together they formulated an action plan to combat crime. During the first phase, a neighbourhood watch was formed and concerned citizens and residents of the town were mobilised to patrol the streets. Meetings were held with the local police and a memorandum of understanding was signed with the SAPS. Patrollers were clearly identified by reflective jackets, ID cards and magnetic signs on their vehicles. By the end of December 2012, it was estimated that house robbery and theft had reduced by up to 42%. The aim of the second phase was to increase police involvement and assist police in getting rid of the gangsters roaming the town’s main street. AfriForum took ownership of a non-functional car guard system and, together with the SAPS and local businesses, set about implementing a professional and organised car guard system. The next phase for the town’s neighbourhood watch is already in motion. A dedicated radio repeater, a 24/7 control room and surveillance cameras are all part of the next step towards an energised community. • People who wish to get involved in their own towns can send an SMS containing their town’s name to 31488 (50c per SMS). Reg Crewe is head of community safety at AfriForum. S
inbeweging
J
Blinde student en gidshond GEHELP danksy AfriForum
Foto: Theana Breugem, Foto24: Beeld
Deur Esmarie Prinsloo
ohan Venter, ’n 27-jarige blinde student aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), het sy onafhanklikheid terug danksy AfriForum. Johan se vryheid is van hom ontneem nadat die busdienste by dié universiteit hom en sy gidshond, Ogzy, nie op hul busse kon akkommodeer nie. Venter het AfriForum se hulp ingeroep en dié burgerregtegroep het daarin geslaag om hindernisse met vervoer ná en van die universiteit se hoofkampus in Pretoria vir hom en ander met spesiale behoeftes uit die weg te ruim. Johan is ’n gedrewe jong man wat aan meer sportsoorte deelneem as wat ’n mens op een hand kan tel. Hy is besig met sy B.Tech-graad in afrigtings- en beamptewetenskappe en is passievol oor die lewe. Die busdienste se gebrek aan begrip vir sy situasie het hom egter van sy onafhanklikheid ontneem en hom en sy vierpotige vriend selfs in gevaarlike situasies laat beland. AfriForum se regspan en die hoof van die organisasie se afdeling vir mense met gestremdhede en bejaardes, Stef Potgieter, het TUT genader. “Ons regspan het ’n prokureursbrief aan TUT geskryf en ’n ontmoeting met die universiteitsbestuur geëis om volhoubare oplossings te vind, sodat Venter, en persone in dieselfde posisie as hy, dieselfde regte as ander studente kan geniet. ’n Vergadering het gevolg en die TUT het aan al AfriForum en Venter se eise gehoor gegee. Ons sal nou die stappe wat TUT aangekondig het, asook die voortspruitende prosesse, deurlopend monitor,” het Potgieter gesê. Venter glimlag breed. “Ek is hoogs tevrede met die uitkoms en is dankbaar vir die manier waarop AfriForum my situasie hanteer het.” • AfriForum wil ’n omgewing help skep wat vir mense met gestremdhede én afhanklike bejaardes akkommoderend en toeganklik is.AfriForum moedig mense met gestremdhede aan om diskriminerende optrede en toeganklikheidsprobleme by AfriForum aan te meld. Stuur ’n e-pos na afriforum@afriforum.co.za of stuur ’n faks na 012 664 1281. S www.solidariteit.co.za • 03/2013
45
inbeweging
KOSBLIKKIEPROJEK VOED NA LIGGAAM, SIEL EN GEES
D
Deur Lindie Strydom
Gryse WYSES gedenk met projek
I Foto: iStockphoto.com
Bejaardes het ’n sagte plek in die meeste mense se harte – ’n ouma en oupa is BAIE SPESIAAL vir hul kinders en kleinkinders. Om ’n bejaarde te sien wat swaarkry, alleen is of mishandel word, ruk enigeen aan die hart, skryf MICHELLE BURGER.
46
n ons land is daar baie bejaardes wat goed na hulself kan omsien, wat goed versorg word en ’n goeie ondersteuningstelsel het. Dit is hierdie groep wat werklik hul oudag kan geniet. Daar is egter ook talle bejaardes wat weens verskeie faktore alleen, onversorgd en verwaarloos is en geen hulp van die staat of hul familie ontvang nie. Dit is om hierdie rede dat Helpende Hand besluit het om ’n nuwe nasionale projek ten bate van hierdie besondere mense te loods. Die Ouma-en-oupa-projek is spesifiek ten bate van die ouer generasie wat soveel vir hul nageslag beteken het en is ook uniek, deurdat dit nie net op die behoeftige en minderbevoorregte groep gemik is nie, maar op alle bejaardes. Die doel van die projek is: • Om dankie te sê vir bejaardes, vir wat hulle vir ons en ons land gedoen het en dat ons vandag die vrugte daarvan kan pluk; • om bejaardes se swaarkry en eensaamheid uit te lig en te verlig; • om behoeftige bejaardes in die gemeenskap te ondersteun, hetsy emosioneel, materieel of sosiaal; • om hawelose en eensame bejaardes in hul onderskeie gemeenskappe te identifiseer en
03/2013 • www.solidariteit.co.za
by te staan; • om die kennis en vaardighede waaroor bejaardes beskik, te ontgin en aan die nuwe generasies oor te dra; en • om ’n fonds vir bejaardes te skep wat kan help om bogenoemde in die lang termyn aan te pak. Die projek bestaan uit verskeie elemente wat nasionaal deur al 136 van ons takke gedryf gaan word. Die eerste fase van die projek behels die opgradering van ’n tehuis in die noorde van Pretoria, asook ’n breiprojek wat bejaardes die geleentheid bied om vir hulself en ander behoeftiges in hul gemeenskap te brei en om hul vaardighede en kennis deur werksessies aan jonger mense in hul gemeenskappe oor te dra. Alle winste van hierdie projek sal aan die Helpende Hand-fonds vir bejaardes gaan. Hierdie “wyse generasie” word maklik uit ons samelewing geskuif omdat hulle as behoeftig en hulpeloos geklassifiseer word. Ons vergeet egter dat dié mense ook eens jonk en vol lewe was, ook gewerk en vaardighede aangeleer het, verlief was en steeds geliefd is. Kom wys dus gerus jou dankbaarheid en dat jy omgee vir die “wyse generasie” en word deel van ons Ouma-enoupa-projek. S
ie hart van Solidariteit Helpende Hand se Kosblikkieprojek is om voorskoolse kleuters by te staan om optimaal te ontwikkel sodat hulle eendag as volwassenes hul godgegewe potensiaal en roeping kan verwesenlik. Dit behels dat hulle ten spyte van beperkende omstandighede tog geliefd, gelukkig en veilig genoeg sal voel om te droom van ’n toekoms vol moontlikhede. Die Kosblikkie-projek het sedert 2009 gegroei tot ’n omvattende bystandskema vir die holistiese ontwikkeling van behoeftige kleuters en wil die uitdagings tydens die vroeë kinderjare, wat hierdie ideale probeer pootjie, voorkomend aanpak. Kleuters se voeding word ondersteun deur kruideniersware en voedingryke gedroogde kos vir hul skole aan te koop. Hulle word ook voorsien van die Bybelgenootskap se “My eerste Bybel Doen en Leer Boek” wat hulle blootstel aan letters, syfers en woorde deur middel van die ryk skat van Bybelverhale en die kleurvolle karakters daarin. Vrywilligertakke van Helpende Hand woeker in samewerking met gemeenskappe om opvoedkundige speelgoed soos boublokkies, balle, legkaarte, klei, skryfbehoeftes en Afrikaanse leesboekies in te samel en na kleuterskole te versprei. Die opvoedkundige MiniChess-program gebruik speletjies op ’n skaakbord om basiese syfervaardighede vir kinders aan te leer, maar ontwikkel ook strategiese en kreatiewe denke en ander belangrike lewensvaardighede. Die Immergroen-Kleuterkursus en opvoedkundige materiaal bemagtig ouers, onderwysers en versorgers wat met babas, peuters en kleuters werk, om gesag te verstaan, kleuters se temperamente te identifiseer en om dissipline doeltreffend en kreatief toe te pas. Die werkskeppingsdeel behels die opleiding van kundige persone in die gemeenskap wat in die toekoms die Kleuterkursus kan fasiliteer en op dié manier ’n inkomste kan genereer. Ses beurse vir kleuterskoolonderwyseresse word beskikbaar gestel vir volwaardige tersiêre opleiding in kleuteronderrig. • SMS “kosblik” na 34388 en maak op dié manier ’n bydrae tot die projek. (SMS’e kos R2. ’n Helpende Hand-agent sal jou skakel om te hoor hoeveel jy wil bydra.) S
Deur dr. Danie Brink
olidariteit Helpende Hand werk hard om armoede onder Afrikaners aan te pak. Ons projekte is daarop gemik om hierdie armoede te probeer verlig, te voorkom of te verbreek. Ons poog om weerloses soos gestremdes, kinders en bejaardes se armoede te verlig, ons poog om te voorkom dat jongmense in armoede verval, en waar mense reeds in armoede verval het, probeer ons om hul armoede te verbreek deur die skep of voorsiening van volhoubare werkgeleenthede. Projek Leerkrag fokus op Afrikaanse skole en het ten doel om deur Afrikaanse gehalteonderrig te voorkom dat kinders in armoede verval. Hierdie projek ondersteun en finansier onderwysassistente by Afrikaanse skole.
Hoewel Afrikaanse skole landwyd steeds uitstekende onderrig bied, is dit ’n werklikheid dat die Afrikaanse onderwyserskorps ’n ouerwordende groep mense is. Daar was veral in die laat 1990’s ’n groot tekort aan jongmense wat onderwys gaan studeer het en hierdie leemte word duidelik in vandag se skole ervaar. Volgens navorsing van Nicolien Welthagen, Helpende Hand se navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is onderwys tans naas ingenieurswese die tweede gewildste beroepskeuse onder ons Afrikaanse jeug. Dis ’n verblydende tendens en Projek Leerkrag wil help om seker te maak die Afrikaanse onderwyserskorps bly innoverend, toegewyd en ontvang alle ondersteuning wat nodig is om wêreldgehalte onderrig aan ons jeug te bied.
Helpende Hand se Ouma-en-oupa-projek skop eersdaags af. Hierdie projek se oogmerk is om dankie te sê aan die oumas en oupas van vandag vir die opbou en instandhouding van Suid-Afrika. Suid-Afrikaners is baie dank aan hierdie generasie verskuldig – juis daarom wil ons ’n bydrae lewer om hierdie mense wat weens die uitwerking van inflasie en ’n drukkende ekonomie in armoede verval het, se nood te help verlig. Ons sal in ’n volgende uitgawe berig oor spesifieke projekte wat ten bate van ons bejaardes aangepak is. SMS die woord OUMA of die woord ONNIE na 38969 en skenk só R10 ter ondersteuning van dié Helpende Hand-projekte. • Dr. Danie Brink is uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. S
inbeweging
S
Verlig, voorkom, verbreek AFRIKANER-ARMOEDE
inbeweging
S
Skaduwerk berei jonges voor op WERKPLEK Deur Juanita du Preez
olidariteit Helpende Hand het op 2 April sy deure oopgegooi vir hoërskoolleerlinge wat meer wou uitvind oor die beroepe wat hulle moontlik in die toekoms wil volg. Helpende Hand het ondernemings, skole, ouers en leerlinge in April aangemoedig om saam te werk sodat leerlinge ingeligte besluite oor hul toekoms kan maak. Leerlinge is aangemoedig om sakeondernemings te besoek en so vas te stel wat moontlike beroepskeuses regtig behels. Volgens dr. Madeleine Nolte, hoof van die Universiteit van Pretoria se Studenteondersteuning, is skaduwerk een van die enigste maniere hoe ’n voornemende student werklik die wese, die eise en alles rondom ’n beroep kan leer ken.“Skaduwerk is die kersie op die koek in beroepsvoorbereiding.” Skole besef ook die waarde van skaduwerk terdeë en sommige skole het dit reeds deel van hul leerplan gemaak.Volgens Du Toit Neethling, adjunkhoof van Hoërskool Sentraal, moedig dié skool leerlinge aan om skaduwerk te doen deur dit vir hul lewensoriënteringstaak te laat tel. Neethling sê dit is soms skokkend om vas te stel hoe kinders uiteindelik keuses oor hul toekoms maak. Volgens Nolte doen volwassenes soms meer skade in ’n poging om ’n suksesvolle beroepslewe vir kinders te bevestig. Sy meen dat ouers die beroepskeuseproses eerder as ’n avontuur saam met hul kinders moet aanpak en vooraf soveel moontlik
S
Van die leerlinge wat aan Helpende Hand se Skaduwerkveldtog deelgeneem het.
inligting moet inwin. Tessa Tait is die ouer van ’n leerling wat die skaduwerkgeleentheid by Helpende Hand bygewoon het.“Ons het ’n onsekere toekoms in Suid-Afrika en studies is baie duur,” sê sy.“Ek voel dit is baie belangrik dat ons kinders uitvind wat hulle wil doen voordat hulle begin studeer.” Die groep leerlinge wat Helpende Hand besoek het, het die ervaring baie waardevol gevind. “Ek het nou gesien wat ek nie wil word
nie,” het Danie Drevin gesê.“Ek sal ander leerlinge aanmoedig om dit ook te doen.” “Leerlinge moet eintlik al in hul graad 8-jaar begin om ’n paar moontlike beroepe te identifiseer,” sê dr. Nolte.“Dit is heeltemal te laat om in matriek te begin wonder wat jy wil doen. Graad 10 en 11 is kritieke jare om te besluit watter beroep jy wil volg.” • Snuffel by www.loopbaan.co.za en klik op die Skaduwerk-skakel vir meer inligting. S
Helpende Hand plaas 120 assistente in Afrikaanse skole
Foto: Juanita du Preez
Deur Juanita du Preez
48
olidariteit Helpende Hand beoog om met Projek Leerkrag 120 onderwysassistente in Afrikaanse skole te plaas. Suid-Afrika ondervind ’n groot tekort aan gekwalifiseerde onderwysers. Jaarliks moet sowat 15 000 nuwe onderwysers opgelei word om in die behoefte te voorsien. Verder is slegs 10% van die funksionele skole in die land verantwoordelik vir 96% van die matriekslaagsyfer. “Met Helpende Hand se onderwysassistentprogram word onderwysstudente in die klaskamer sy aan sy met ’n gekwalifiseerde onderwyser opgelei,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur
03/2013 • www.solidariteit.co.za
van Helpende Hand.“Dit verlig die onderwyser se las en bied waardevolle indiensopleiding aan die student. Die belangrikste element is egter dat leerlinge nou en in die toekoms op gehalteonderwys kan staatmaak.” Volgens Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas (Federasie van Beheerliggame van SuidAfrikaanse Skole), ontvang slegs 20% van die leerlinge in die 24 000 skole in Suid-Afrika gehalte-onderwys.“Een van die grootste struikelblokke in die pad van gehalte-onderwys in die land is ’n gebrek aan goeie leierskap,” sê Colditz. Colditz meen dat daar nie binne die volgen-
de vyf jaar enige verbetering in die gehalte van onderwys sal kom as gemeenskappe nie self die verantwoordelikheid daarvoor neem nie. Helpende Hand het Projek Leerkrag tydens die première van die rolprent Won’t Back Down by NuMetro Menlyn bekend gestel. Dié rolprent handel oor twee ma’s se stryd om die verval van hul kinders se skool te stuit en gehalteonderwys te verseker. • Kontak Riaan du Plooy, adjunkhoof: onderwys en opleiding, by 012 644 4390 of riaan@helpendehand.co.za. SMS die woord “ONNIE” na 38969 en skenk só R10 vir Projek Leerkrag. S
mt oo o drg ro
ir vandag se jongmense is daar talle struikelblokke op die pad na die toekoms. Daarom bied Helpende Hand vanjaar ’n entrepreneurskompetisie waarin R50 000 gewen kan word. Voornemende sakelui kan ook nader skuif vir unieke opleiding. As jy ná skool kan gaan studeer, is jou kanse om werk te kry al klaar baie beter as dié van jou vriende wat die wêreld van werk met net matriek agter hul naam moet aandurf. Maar selfs met ’n kwalifikasie kan jy nie seker wees dat jy werk gaan kry nie. Die realiteit van die wêreld van werk is dat geleenthede in die arbeidsmark skraal is. En wanneer jongmense vir hul toekoms moet begin planne maak, kan dié somber werklikheid ’n donker skadu oor hul toekomsdrome gooi. Helpende Hand verstaan die werklikheid waarmee jongmense deesdae te doen het. Ons
d nu in ut k
Deur Karin Venter
pluk die vrugte
wil help om toe te sien dat jongmense nie slagoffers van die situasie word nie, maar dat soveel moontlik van hulle hul eie suksesstorie in die groter verhaal van die arbeidsmark kan skryf. As jy van jongs af entrepreneuriese vaardighede aanleer, het jy die gereedskap wat nodig is om die toekoms met groot welslae aan te pak.
Boonop sal hierdie vaardighede vir jou ’n plan B gee wanneer jy uitdagings in die werkplek ervaar. Met ons unieke entrepreneursopleiding wil ons elkeen die geleentheid bied om ’n entrepreneursingesteldheid te ontwikkel, entrepreneuriese vaardighede op te skerp en meer oor die sakewêreld te leer. Maar ons gaan jou nie verveel met blote teorie nie. Ná afloop van elke video wat deel vorm van die opleiding, gaan ons jou help om ’n gedeelte van jou eie sakeplan te ontwikkel sodat jy uiteindelik jou groot idee aan regte beleggers kan voorlê. Die opleiding vorm ook deel van ’n landwye entrepreneurskompetisie waardeur hoërskoolleerlinge geld vir hul eie onderneming en hul skool kan wen. Die beste van alles is, die opleiding is gratis! • Besoek www.loopbaan.co.za vir volledige inligting of stuur e-pos aan karin@helpendehand.co.za vir navrae. S
inbeweging
V
Entrepreneurs: WEN R50 000 met jou groot drome
Foto: iStockphoto.com
promosie
N
50
VERSEKERING jou noodsaaklike vriend
iemand hou daarvan om iets te koop wat hulle nie gesien het nie. Die rede hiervoor is dat ’n mens moeilik ’n waarde kan koppel aan iets wat jy nie eers kan sien nie. Enige versekeringspolis val in die kategorie van produkte wat jy koop sonder dat jy dit gesien het. Vanweë die onsigbare aard van versekeringsprodukte sukkel mense om ’n definitiewe waarde daaraan te heg en word dié uitgawe dikwels een waaraan daar nie noodwendig ’n positiewe gevoel gekoppel word nie. Die “vriendelikheid” van ’n versekeringspolis is dat die produk, hoewel onsigbaar, onmiddellik baie onderliggende waarde vir die polishouer inhou. Dink só daaroor: Indien jou motor R150 000 werd is en jou versekering daarop R550 per maand kos, kry jy onmiddellik dekking vir die volle R150 000. Indien jou motor beskadig word en die herstelwerk kos R20 000, het jy onmiddellike versekeringsdekking en die skade wat deur die versekering betaal word, is gelyk aan 36 maande se premies wat jy sou moes spaar om vir die herstelwerk te betaal. Die realiteit is dat niemand seker kan wees dat hulle vir 36 maande sonder enige skade sal wees nie. Solidariteit se motor- en huisinhoudversekering deur Auto & General vergoed daardie mense wat wel vir ’n aaneenlopende tydperk geen versekeringseise ingedien het nie. Polishouers wat vir vier jaar geen eise gehad het nie, ontvang ’n hele jaar se premies terug. Dit word bereken op die eerste jaar se premies tot en met ’n maksimum van 25% van die totale premies wat in die vier jaar betaal is. Dié skema het in die 12 maande tot einde November 2011 nagenoeg R900 000 aan polishouers terugbetaal. Versekering is dus wel ’n vriend in nood en die hand van vriendskap word ook uitgesteek indien daar nie ’n noodgeval was nie. Dit is egter ook nodig om albei kante van die munt te bekyk. Die “vyandelike” vraag oor versekering is: Word ek werklik vir my skade vergoed? Die gronde vir dié bespreking word in die volgende stelling duidelik: Versekering het ten doel om die persoon wat skade gely het, in dieselfde posisie te plaas as wat die geval was voor die skade gely is. Dit beteken eenvoudig dat wanneer jy byvoorbeeld ’n eis indien vir vleis wat in jou vrieskas sleg geword het toe jy met vakansie was, jy nie R15 000 kan eis indien daar slegs R5 000 se vleis in die vrieskas was nie. Wat sal die rede wees dat kliënte nie voldoende, of glad nie, vir hul skade vergoed word
03/2013 • www.solidariteit.co.za
R2 mjd
nie? Solidariteit Finansiële Dienste het die volgende gevind: • Mense het nie ’n bygewerkte lys van hul bates en items wat hulle wil verseker nie. Baie mense het nie eers ’n idee watter van hul bates verseker is en watter nie, en weet ook nie wat die waarde daarvan is nie. Baie mense loop ’n groot risiko op die hals deur die waarde van hul huisinhoud eenvoudig te probeer raai. Verder hou mense nie tred met wat die waarde van hul besittings werklik is nie, wat daartoe lei dat hul huisinhoud in baie gevalle onderverseker is. • Items word nie reg verseker nie. Items wat jy gereeld uit jou huis neem, dra ’n groter risiko, aangesien dit byvoorbeeld makliker gesteel kan word as daar by jou motor ingebreek word, of dit gesteel kan word by ’n plek wat nie dieselfde sekuriteit as jou woonhuis het nie. Hierdie goedere moet in jou polis gespesifiseer word. Dit sluit items soos kameras, selfone, skootrekenaars en tabletrekenaars in.
se korttermynversekeringseise wat met NATUURRAMPE verband hou, is verlede jaar in Suid-Afrika ingedien.
• Voertuie se risiko word nie reg verseker nie. Elke mens weet of hy sy voertuig gebruik om net werk toe en huis toe te ry, en of hy die voertuig gebruik om ’n inkomste te genereer. Elke mens weet ook of hy die gereelde bestuurder van sy voertuig is. Die risiko vir ’n pa van 48 en ’n jong man van 19 jaar is totaal verskillend en daar word ook verskillende premies betaal. • Dit is noodsaaklik om die versekeraar ten volle in te lig van die risiko wat verseker word. Dit gebeur ongelukkig dat mense kanse vat en hoop om daarmee weg te kom, en dit veroorsaak dat versekering in ’n vyand ontaard. Doen moeite met jou eie batelys en vind uit wat die artikels werd is. Neem foto’s daarvan indien nodig. Die goeie nuus is dat jy beheer het oor die faktore wat vyandigheid tot gevolg mag hê. • Skakel Solidariteit Finansiële Dienste vandag nog by 0861 101 005 om versekering propvol gemoedsrus te kry.
Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Beweging
Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
Motor- en huisinhoudversekering deur Solidariteit is ’n produk van Auto & General. Auto & General is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 16354
inbeweging
Beursinstituut WENS Sol-Tech-studente GELUK
“O
Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut (ABI) het in Mei vanjaar die Sol-Tech-studente wat hul studies met die HULP van die ABI afgehandel het, met hierdie MYLPAAL gelukgewens. Dié 37 studente het hul studies met die finansiële ondersteuning van die instituut voltooi en is nou gekwalifiseerde meulmakers, elektrisiëns, passer-en-draaiers en werktuigkundiges. MOIRA-MARIE KLOPPERS doen verslag. ns is baie trots op julle en vertel graag oor die mylpaal wat julle bereik het,” het dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, gesê.“Julle moet besef dat hierdie vaardigheid wat julle nou het, nie almal beskore is nie. Julle moet hierdie vaardigheid ook tot goeie buurmanskap aanwend. Maar moenie ophou leer nie. Word die beste in jou veld – in Suid-Afrika en in die wêreld – en skep sodoende ’n vraag na jou en jou vaardigheid.” ’n Tekort aan voldoende finansies is voortdurend die rede wat aangevoer word waarom hierdie studente by die Afrikaanse Beursinstituut aangeklop het. Ivan du Plessis se enkelouerma het hom aangemoedig om met sy studies deur te druk.“Die werk wat ek nou het, skep ook vir my die geleentheid om te reis en verdere opleiding te ontvang,” sê hy.“Ek oorweeg dit om ook verder te studeer en my horisonne te verbreed.” Ivan Sevenster is opgewonde oor die geleenthede wat sy kwalifikasie hom bied.“Ek sou nie vandag hier kon wees as die Beursinstituut my nie gehelp het nie,” sê hy. “Hierdie studielening het my studies moontlik gemaak. Dis nou ’n bykomende uitgawe om dit terug te betaal, maar ek doen dit met graagte.” Die Afrikaanse Beursinstituut het vanjaar R12,3 miljoen se studielenings aan 693 studente toegeken. Die Beursinstituut het in 2008 met een studiefonds begin en het sedertdien tot 94 sterk studiefondse gegroei. S
S
Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand (regs), en Dinah Theron, hoof van die Afrikaanse Beursinstituut, wens Ivan du Plessis geluk met die suksesvolle voltooiing van sy studies.
Foto: Melanie Gerber
Tegniese opleidingskollege GROET geliefde student en staatmaker-lektor
52
ol-Tech is vanjaar twee keer in rou gedompel toe eers ’n student en daarna ’n lektor by dié kollege skielik oorlede is. Arnold Kietzman het in Mei 2011 met sy praktiese opleiding by Sol-Tech begin, maar sy studies is onderbreek toe hy ernstig in ’n motorongeluk beseer is. Kietzman het gelukkig goed herstel en kon sy studies hervat. Dit was egter ’n groot skok toe Kietzman in April
03/2013 • www.solidariteit.co.za
vanjaar in nóg ’n motorongeluk was en noodlottig beseer is. “Ons wil ons innige meegevoel aan Arnold se familie, vriende en medestudente betoon. Dit is vir ons almal ’n groot verlies,” het Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech, gesê. Intussen het Sol-Tech ook een van sy staatmaker-lektore aan die dood afgestaan. Roelof Pretorius (Roelf) het in Junie 2011 as lektor by Sol-Tech begin werk. Sy werk was sy roeping
en hy het nie gehuiwer om die ekstra myl te loop nie. “Hy was ’n geliefde kollega en het naby God geleef. Hy was nie net vir die studente ’n mentor nie, hy was ’n steunpilaar onder ons personeel. Hoewel sy plek as lektor nou leeg is, sal die insette en die bydrae wat hy tot elke student en vriend wat sy pad gekruis het, gelewer het, as ’n blywende monument voortbestaan,” het Minnaar gesê. S
Foto: iStockphoto.com; verskaf
Chanté Odendaal het vroeër vanjaar die VYFDE VROULIKE STUDENT by Sol-Tech geword wat haar rooiseëlkwalifikasie ontvang het. INGE STRYDOM het met haar gesels. Waarom het jy Sol-Tech as studietuiste gekies? My pa het sy eie onderneming en ek het van jongs af vakansies saam met hom gewerk.Toe ek moes besluit wat om te studeer, het ek geweet ek wil graag in sy voetspore volg. My pa is ’n lid van Solidariteit en een van sy vriende het Sol-Tech aanbeveel. Een van die lektore by die kollege woon ook naby ons en so kon ons meer oor die kollege uitvind. My broer het ook vanjaar by Sol-Tech begin studeer en ons is opgewonde dat ek en hy eendag ook ons stempel in my pa se onderneming sal kan afdruk.
Waarom ’n elektriese rigting (wat tradisioneel deur mans gevul word)? Ek hou daarvan om stereotipes verkeerd te
Sou jy Sol-Tech aanbeveel? Ek het my studies by Sol-Tech baie geniet. Ek was aanvanklik maar skrikkerig om een van die enigste meisies te wees, maar ek het nooit uit gevoel nie en ek is oor dieselfde kam as die seuns geskeer. Ek waardeer dit verskriklik baie. Al my medestudente weet dat ek net so hard soos Chanté Odendaal Wat is jou toekomsplanne? hulle gewerk het en my kwaliEk is tans besig om nog vir die fikasie verdien het. Ek dink beslis maatskappy waar ek my praktiese indiensdat die opleiding by Sol-Tech my vir die werkplek voorberei het. Ek wil graag spesifiek vir die opleiding gedoen het, te werk. My droom is om lektore dankie sê. Hulle gaan regtig uit hul pad verder te studeer en myself as ’n elektriese om te help. S ingenieur te bekwaam.
bewys. My pa is ’n subkontrakteur wat verantwoordelik is om groot masjienlyne vir fabrieke te installeer. Dit is baie opwindend en ek kon nie wag om daarby betrokke te raak nie. Daarom was dit vir my belangrik om hard te werk om my rooiseëlkwalifikasie te verwerf.
Word ’n VAKMAN propvol VONK!
Woon ons ope dag by en neem die eerste stap na ’n suksesvolle toekoms Datum: Tyd: Plek: Bring saam:
Saterdag, 14 September 2013 8:30 vir 9:30 Hoërskool Hercules, h.v. Jennings- en Ribbonstraat, Daspoort Pen, sakrekenaar, gewaarmerkte afskrifte van aansoeker se ID en hoogste kwalifikasie behaal
Sukses Opleiding Loopbaan Toekoms Ekonomiese bemagtiging Christelik Hoop
Besoek ons webtuiste vandag nog by
Solidariteit Beweging
www.sol-tech.co.za
Sol-Tech
inbeweging
Vyfde AMBAGSVROU verwerf gesogte rooiseëlkwalifikasie
jy & die Reg
W
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.
deur Johan Roos
Foto: iStockphoto.com
ONTSLAG vir deelname aan STAKING
54
anneer kan ’n werknemer ontslaan word as hy of sy aan ’n staking deelneem? Om die antwoord op dié vraag in konteks te plaas, is dit belangrik om te begin met die onderskeid tussen ’n beskermde staking en ’n onbeskermde staking. In die geval van ’n beskermde staking moet die staking aan die bepalings van Artikel 64 van die Wet op Arbeidsverhoudinge voldoen. Hoewel daar uitsonderings is, is die algemene vereistes vir ’n beskermde staking: • dat die werknemers of vakbond ’n belangedispuut na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) of bedingingsraad verwys het; • dat die KVBA of bedingingsraad ’n sertifikaat uitgereik het dat die dispuut onbesleg bly, of dat 30 dae verloop het sedert die dispuut verwys is; en • dat die werkgewer 48 uur kennis van die staking gegee is. Indien regsvoorskrifte nie nagekom word alvorens daar gestaak word nie, word dit ’n onbeskermde staking genoem. Indien die werknemers of vakbond nie aan regsvoorskrifte voldoen nie en net tot ’n staking oorgaan, sal dit as ’n onbeskermde staking beskou word. In die geval van ’n onbeskermde staking kan die werkgewer dissiplinêr teen stakers optree en geld die algemene beginsels van prosedurele en substantiewe billikheid. Die werkgewer mag in so ’n geval wel gronde hê om stakers te ontslaan. Werkgewers sal stakers gewoonlik ’n billike ultimatum gee om terug te keer werk toe alvorens daar met dissiplinêre stappe begin word, maar dit beteken nie dat werkgewers nie tydens die staking dissiplinêr kan optree nie. Indien ’n werkgewer stakers wat aan ’n beskermde staking deelneem, ontslaan op grond van hul deelname aan die staking, word dit outomaties as onbillike ontslag beskou. Dit beteken egter nie dat stakers wat aan ’n beskermde staking deelneem, nié aan dissiplinêre stappe onderwerp kan word en moontlik ontslaan kan word nie. Stakers wat aan ’n beskermde staking deelneem, word dus nie teen ontslag weens wangedrag tydens die staking gevrywaar nie. Die werkgewer sal die reg hê om werknemers 03/2013 • www.solidariteit.co.za
Indien ’n werkgewer stakers wat aan ’n BESKERMDE STAKING deelneem, ontslaan op grond van hul deelname aan die staking, word dit outomaties as onbillike ontslag beskou. Dit beteken egter nie dat stakers wat aan ’n beskermde staking deelneem, nié aan DISSIPLINÊRE STAPPE onderwerp kan word en moontlik ontslaan kan word nie.
te ontslaan indien die werknemers hulle aan wangedrag skuldig maak, soos deur die werkgewer se eiendom te beskadig of deur werknemers wat nie aan die staking deelneem nie, te viktimiseer of aan te rand. Die billikheid van só ’n ontslag sal natuurlik ook op voldoening aan bylaag 8 van die Wet op Arbeidsverhoudinge berus. In sulke gevalle is die ontslag dus nie weens die feit dat die werker aan ’n staking deelgeneem het nie, maar weens
onaanvaarbare optrede tydens die staking. ’n Verdere geval waar werknemers wat aan ’n beskermde staking deelneem, ontslaan kan word, is waar die werkgewer se operasionele vereistes in gedrang kom. In hierdie geval is die rede vir ontslag dus nie deelname aan ’n beskermde staking of wangedrag tydens die staking nie, maar bona fide operasionele redes. Weereens moet die prosedures wat vir afleggings geld, gevolg word. S
inbeweging
How to DRESS for SUCCESS at work
A
People are often concerned about WHATTHEY SHOULD WEAR during a job interview. However, once they get the position, they often forget the IMPORTANCE OF DRESSING accordingly for the work environment.There is a general perception that once you have the job, you can wear sweat pants and flip flops to work.This is far from true, writes INGE STRYDOM. ccording to Sandra Taljaard, image consultant at Style Challenge International, people will have less respect for you if you dress inappropriately for the workplace. “When you dress appropriately for the work environment, you will give your colleagues and the management of your company the impression that you are competent and professional,” she explains. Your dress sense will also have an impact on your overall performance.“When the management of a company evaluate their employees for possible promotion, your overall appearance will definitely be a deciding factor. Should you often look as though your appearance is not important to you, your bosses might start to get the impression that you are not commited to your job.” According to Taljaard, you should also keep in mind that you are always representing your company. “When you are being considered for a promotion, management will consider whether you will be working closely with clients or the public and whether your overall appearance agrees with and is a reflection of the values and reputation of your company,” she says. According to the website www.managementstudyguide.com, professionals should keep the following in mind:
Photograph: iStockphoto.com
DON’TS FOR WOMEN • Don’t wear heavy make-up, noisy jewellery, short dresses or clothes that are too tight, bright colours and jazzy prints, high heels, heavy perfume or casual clothes.
56
DO’S FOR WOMEN • Wear neutral colours. • Wear comfortable, yet sophisticated shoes that are darker than your trousers or skirt. • Wear clothes that fit properly. • Apply make-up in such a way that it appears natural and ensure that your personal hygiene is excellent. • Your heels should be 5 centimetres or less. 03/2013 • www.solidariteit.co.za
DON’TS FOR MEN • Don’t wear loud colours and bold patterns, a belt with a large, flashy buckle, baggy clothes or clothes that are too small. • Don’t use too much cologne. • Don’t carry a thick wallet or your car keys in your pocket. • Avoid chewing gum in the workplace. • Tattoos, bulky jewellery and piercings are not acceptable in the workplace. DO’S FOR MEN • Wear plain shirts, or shirts in stripes, checks or micro-checks. • Make sure your sleeves touch the base of your hands. • Slim fit or flat front trousers in solid colours look best in the workplace. • Make sure your shoes are polished. • Preferrably wear dark leather shoes with dark laces. • If you have a moustache, make sure it is neatly trimmed. • Silk ties are always a safe bet – the tip of your tie should touch your belt buckle. • Comb your hair neatly.
“When you dress appropriately for the work environment, you will give your colleagues and the management of your company the IMPRESSION that you are competent and professional.”
DID YOU KNOW?
During a 2013 study by York College of Pennsylvania’s Center for Professional Excellence, nearly 60% of the respondents considered a poor appearance and/or dress sense unprofessional and harmful to the perception of an employee’s competence.
bedryfsnuus inbeweging
I
Kies ’n lonende LOOPBAAN in arbeidsverhoudinge Deur Karin Venter
n Suid-Afrika hoor ons byna daagliks van arbeidsonluste, onbillike arbeidspraktyke, stakings, arbeidshofsake en afleggings. Die beroepsveld wat hom met aangeleenthede soos hierdie bemoei, staan bekend as arbeidsverhoudinge. As jy belangstel in ’n loopbaan in arbeidsverhoudinge, kan jy uit verskeie beroepe kies. Skop jou loopbaan af deur een van die volgende studierigtings te kies: • B.Com Menslike Hulpbronne • BA Bedryfsosiologie • LLB – spesialiseer dan in arbeidsreg. In al dié studierigtings kan jy in verskeie velde spesialiseer, afhangend van jou belangstelling.
VAKBONDVERTEENWOORDIGER (SHOP STEWARD) Indien ’n vakbond oor volle organisatoriese regte in ’n maatskappy beskik, is daar werknemers van die maatskappy wat lede van dié vakbond binne die werkplek verteenwoordig. Hulle staan bekend as vakbondverteenwoordigers of “shop stewards”. Die vakbondverteenwoordigers word deur hul kollegas wat ook lede van die vakbond is, verkies. Hulle verantwoordelikheid is om die werknemers se arbeidsverwante navrae of probleme te hanteer en deurlopend met die vakbond te kommunikeer.
Foto: iStockphoto.com
VAKBONDBEAMPTE (UNION OFFICIAL) Die persoon by die vakbond met wie die vakbondverteenwoordiger skakel, word ’n vakbondbeampte of organiseerder genoem. Hulle is permanente werknemers van die vakbond wat die verantwoordelikheid het om die verteenwoordigers te ondersteun. Hulle hanteer lede se werkkwessies soos ontslag, griewe of verandering in diensvoorwaardes. ARBEIDSKONSULTANT (LABOUR PRACTITIONER) ’n Arbeidskonsultant is ’n onafhanklike persoon wat ’n spesialis is op die gebied van arbeidsverhoudinge. Dié persoon kan arbeidsregadvies aan werkgewers of werknemers bied en het meestal sy of haar eie praktyk. ’n Arbeidskonsultant kan gewoonlik nie ’n werknemer verteenwoordig binne die maatskappy of by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) nie, maar bied wel spesialisdienste aan soos die skryf van beleide en prosedures vir maatskappye, die lewering van advies en die skryf van briewe namens hul kliënte.
VAKBONDBEAMPTE ARBEIDSREGSPESIALIS/ LITIGANT
VAKBONDVERTEENWOORDIGER
BEROEPSGESONDHEIDSEN VEILIGHEIDSPRAKTISYN
ARBEIDSKONSULTANT
BEMIDDELAAR
ARBEIDSVERHOUDINGEBESTUURDER (INDUSTRIAL RELATIONS MANAGER) Dié persone staan in diens van die werkgewer en is verantwoordelik vir alle arbeidsverhoudinge-aangeleenthede in die maatskappy. Die persoon of lede van sy of haar span verteenwoordig die maatskappye in alle sake wat verband hou met arbeidsverhoudinge, met individuele lede asook tydens onderhandeling met vakbonde. BEMIDDELAAR (MEDIATOR) Die persoon wat in dié beroep staan, het die spesifieke taak om in konflik en geskille tussen ’n vakbond en werkgewer te bemiddel. ’n Bemiddelaar is dus ’n onpartydige tussenganger wat deur die partye in konflik aangestel word om ’n spesifieke saak te hanteer.
ARBEIDSREGSPESIALIS/LITIGANT (LABOUR LAWYER) Die arbeidsregspesialis beskik oor ten minste ’n LLB-graad en sy hooffokus is litigasie binne die arbeidsregveld. ’n Arbeidsregspesialis kan óf deel wees van ’n regsfirma wat op arbeidsreg fokus, óf hy kan sy eie regspraktyk bedryf. BEROEPSGESONDHEIDS- EN VEILIGHEIDSPRAKTISYNS (HEALTH AND SAFETY OFFICERS) Dié praktisyns maak aan werkgewers of maatskappye aanbevelings oor veiligheid in die werkplek. Hulle is verantwoordelik daarvoor om risiko-ontledings te doen en dan aanbevelings te maak oor hoe om dié risikos te verminder. Verder help hulle werknemers om hul regte toe te pas, doen ondersoeke en help met eise wat met beroepsveiligheid verband hou. S www.solidariteit.co.za • 03/2013
57
inbeweging
KOOK ’n digit@le DIS soos min
’n
Foto: iStockphoto.com
Om lekker te kan kook, moet jy op hoogte bly van lekker resepte en die jongste kooktendense. DALEEN GOUWS het gaan kyk op watter resep-webtuistes jy smullekker wenke en idees sal kry.
58
Hele rits realiteitskookreekse op televisie sorg deesdae vir ure se vermaak – van Master Chef wêreldwyd tot ons eie nuwe Suid-Afrikaanse kykNETreeks, Kokkedoor. Dan praat ’n mens nie eens van die talle ou en nuwe kookprogramme op verskeie nasionale en internasionale televisiekanale nie. Om lekker kos te kan maak, moet jy deesdae die nuwe giere en geure in kookkuns dophou en sorg dat jy op hoogte bly. Gelukkig hoef jy nie dik resepteboeke deur te lees of vasgenael voor die televisie te sit met ’n pen en papier nie. Resep-webtuistes is dié kortpad vir haastige kokke(dore). Op die webwerf www.boerekos.co.za word alle boerekosliefhebbers genooi om saam te kook in Afrikaans. Hierdie webtuiste is geskep om ’n aanlynresepteboek by te hou van eg Suid-Afrikaanse boerekos. Hier kan jy jou unieke resepte maklik en gratis gaan oplaai. Jy kan ook loer na oorspronklike resepte wat ander besoekers gedeel het. Die webtuiste spog selfs 03/2013 • www.solidariteit.co.za
met oulike taalwenke soos: “Onthou net dat bestanddele met twee d’s gespel word” en “Die spesery is mosterd, anders as die van Mostert!” Nog ’n eg Suid-Afrikaanse webtuiste met unieke boerekosresepte is dié van Dine van Zyl. Van Zyl is ’n bekroonde skrywer en vryskutjoernalis met meer as 30 jaar se ondervinding. Sy het al 12 boeke geskryf en uitgegee, van boeke oor kos en resepte tot fiksie. Met haar Boerekos-reeks op kykNET het sy deur die land getoer en verskeie dorpies en plase besoek, waar sy gekook het saam met mense wat wéét van kook. By www.boerekosresepte.co.za kan jy al die resepte aflaai wat in die televisiereeks opgedis word. ’n Gewilde webtuiste met heerlike resepte wat ontstaan het uit die televisiereeks Pasella, is www.pasella.co.za/resepte. Dit bevat resepte van al die heerlike disse wat die Pasella-span en hul gaste saam voorberei. Jy kan ook jou resepte aan die Pasella-span stuur vir publikasie op ’n bladsy wat spesifiek vir kykersresepte geskep is. ’n Resepte-blog wat jy móét besoek, is die
blog van Frik Lombard. Dit kan gevind word by http://liplekker.blogspot.com/. Frik se blogs oor resepte vertel ’n lekker storie, en is nooit net ’n resep nie. Sy blogs is vol idees, dis leersaam en dit vertel jou meer van die geregte. Soos Frik op sy blog aandui: “Hier praat ons net resepte. Hierdie is amptelik die grootste gratis onafhanklike tuiste van resepte in Afrikaans. Ek kan met trots aankondig dat hier meer as 1 600 resepte op die blog is. Stuur vir my jou gunstelingresepte na liplekkerresepte@gmail.com. Ná ontvangs sal jou resepte geplaas word.” Gesprekke oor resepte, kos, kookkuns en bak het ook op sosiale media begin floreer. Een Facebook-blad met meer as 9 000 “likes” en baie resepte is Poplap-se-Lekkerbek-resepte. Dis ’n blad vol wenke en kommentaar oor verskeie resepte. Nog ’n Facebook-blad, Resepte Hoekie, het meer as 12 000 “likes”. Die blad is baie aktief en resepte en kookidees word deurentyd deur ondersteuners uitgeruil. Dit hoef nie ure te neem om ’n gereg voor te sit nie. Gaan maak ’n draai op die web! S
inbeweging
Kan jy KERS VASHOU? Deur Suné van Heerden
UITDRUKKING
Nie vir of by iemand kan kers vashou nie.
BETEKENIS
Nie kan doen wat iemand anders kan nie.
WAAR KOM DIT VANDAAN?
Voordat elektrisiteit in die wêreld gekom het, het die ambagsman se vakleerlinge vir die meester ’n kers vasgehou as hy in donker plekke gewerk het. Sommige leerlinge sou nooit die paal haal om self ’n meester te word nie, en dan is gesê dat hy nie eens by die meester kon kers vashou nie (so onbekwaam was hy).
Foto: iStockphoto.com
WEN PRETTIGE ASTERIX-STROKIESBOEK!
60
Jy kan die boek Asterix die Galliër wen! Besoek Maroela Media se webtuiste by www.maroelamedia.co.za om uit te vind watter uitgewer dié prettige Afrikaanse weergawe van die strokiesprent uitgee. Stuur die antwoord in ’n e-pos met “Asterix tydskrif ” in die onderwerpveld na maroela@maroelamedia.co.za en jy kan die wenner wees!
03/2013 • www.solidariteit.co.za
PRETVILLEgroenteskottel BESTANDDELE
3 k gerasperde murgpampoentjies 1 ui, gekap 4 repe spek, in stukkies gesny 1 k cheddarkaas, gerasper 3 e olie 2 eiers 410 g-blik heelpitmielies, gedreineer ½ k melk varsgemaalde swartpeper na smaak METODE 1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met botter. 2. Meng al die bestanddele saam, geur na smaak en skep in die voorbereide bak. 3. Bak vir 45 minute of tot goudbruin en gaar. • Dié resep is oorspronklik in die boek Proe Pretville gepubliseer. Die boek is deur LAPA Uitgewers uitgegee en kos R225. Het jy geweet Pretville is meer as ’n rolprent(stel)? Dié dorpie kan Saterdae en Sondae van 8:00 tot 17:00 besoek word teen R40 vir volwassenes en R20 vir kinders. Bespreek by 083 266 8567. S
E
inbeweging
Dié WET VAN TRANSVAAL kan faal
Nadat die webtuistes van ’n aantal Afrikaanse koerante onlangs BETAAL-VIR-NUUS-WEBWERWE geword het, is die vraag op Afrikaanssprekendes se lippe: Moet ons betaal, of nié? HERMAN TOERIEN berig. en van die vrae wat gevra word, is of daar behoorlik besin is oor die uitwerking van die gratis mededinging wat bestaan. Kort voor die nuwe stelsel in werking gestel is, het daar opspringadvertensies op die Media24webtuistes verskyn wat aandui dat dit in wese die enigste bron van Afrikaanse nuus is. Die klaarblyklike gevolg: Dat lesers nie werklik ’n keuse sou hê nie – as lesers wil lees wat aangaan, moet hulle op die een of ander manier hoes. Die werklikheid is veel anders. Solidariteitlede is meestal bewus van Maroela Media. Dit sal interessant wees om waar te neem of Maroela Media in lesersgetalle gaan baat vind by Media24 se besluit om sy Afrikaanse dagblaaie se webtuistes aan ’n betaalverpligting te onderwerp. Die blote feit dat Media24 besluit het dié sprong kan gemaak word, dui daarop dat Maroela Media en ander se mededinging om lesers nie beduidend genoeg geag is nie.
mar ela media
Regoor die wêreld word die betaalverpligting toenemend op die proef gestel. Sommiges, soos die Los Angeles Times, bied ’n sekere aantal gratis artikels per maand (dieselfde model as Die Burger, Beeld en Volksblad s’n, waar slegs die eerste 20 artikels per maand gratis is), en ander probeer hul elektroniese argiewe aan die betaalverpligting koppel. Sommiges laat vaar eenvoudig die betaalverpligting omdat daar te veel ander bronne is waar dieselfde inligting gratis beskikbaar is. Dit lyk nie of die voorkoming van roofjoernalistiek ’n oorweging is nie. Baie nuus word gesindikateer, en ook deur instellings soos Sapa versprei, waardeur dit elders gratis op die internet verskyn. Lesers hoef dan bloot te
migreer na ’n ander nuuswebtuiste om dieselfde nuus gratis te kan lees. En, sou lesers beduidend agter gratis nuus aan dros, kan dit ongemak by die adverteerders veroorsaak. Afrikaanssprekendes is boonop byna almal veeltalig en kan nuus uit bronne in ander tale soos Engels of Nederlands, en dikwels selfs Duits, verkry, wat dit nog moeiliker maak om migrasie te voorkom. Dit is wel so dat baie van die Afrikaanse internetbronne se spêling en taal gebruik werklik frôt is. Maar die goggas wat in die Afrikaanse koerante, en nog meer hul Afrikaanse internetweergawes insluip, laat ook toenemend veel te wense oor, en sal waarskynlik nie meer help keer dat migrasie plaasvind nie. Of Maroela Media by ’n migrasie gaan baat vind, hang van Maroela af, en dit sal ’n evaluasie van bestaande lesers en potensiële nuwe lesers se leesvoorkeure behels. • Besoek www.maroelamedia.co.za (gratis). S
Foto: iStockphoto.com
Afrikaanssprekendes is boonop byna almal VEELTALIG en kan nuus uit bronne in ander tale soos Engels of Nederlands, en dikwels selfs Duits, verkry, wat dit nog moeiliker maak om MIGRASIE te voorkom.
www.solidariteit.co.za • 03/2013
61
inbeweging In ’n slagoffer se skoene. Meer as 3 300 pare skoene is op 9 Mei by die bekendstelling van Kraal Uitgewers se boek Treurgrond uitgestal om die 3 319 plaasaanvalle wat van 1990 tot 2012 plaasgevind het, te simboliseer. Die 1 610 moorde is elk met ’n rooi strikkie op ’n paar skoene aangedui.
PLAASAANVALLE:
skokkende feite
Foto: Cilleste van der Walt
Tydens die bekendstelling van Kraal Uitgewers se nuutste boek Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 1990 tot 2012 is verskeie SKOKKENDE ONTHULLINGS oor plaasaanvalle in Suid-Afrika gemaak, skryf ILZE NIEUWOUDT.
62
GAUTENG IS DIE GEVAARLIKSTE PROVINSIE IN SUID-AFRIKA Uit die 3 319 plaasaanvalle wat in Treurgrond opgeteken is, het 675 oftewel 19,8% van alle aanvalle in Gauteng plaasgevind. Tweede op die ranglys was Mpumalanga met 15,3% van alle aanvalle wat hier aangeteken is terwyl 15,2% in Noordwes, 12,7% in Limpopo en 11,8% in die Vrystaat plaasgevind het. KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap,Wes-Kaap en Noord-Kaap beklee die onderste helfte van die ranglys.
(wat in Treurgrond opgeteken is) is ouer as 50 jaar. Hiervan is sowat 20,6% van slagoffers ouer as 71 jaar.
2002 – DIE JAAR MET DIE MEESTE PLAASAANVALLE Die meeste plaasaanvalle is in 2002 opgeteken met 241 aanvalle in een enkele jaar. Dit kom neer op sowat 20 aanvalle per maand. In dié jaar het KwaZulu-Natal se plaasbewoners veral swaar onder plaasaanvalle deurgeloop met 82 aanvalle wat in dié provinsie alleen aangeteken is.
EEN UIT ELKE TWEE AANVALLE LEI TOT MOORD Hoewel Treurgrond nie die volle omvang van plaasaanvalle dek nie en aangesien die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) steeds nie inligting rakende spesifiek plaasaanvalle bekend maak nie, is die omvattendste inligting oor hierdie soort misdaad dié van Treurgrond. As in ag geneem word dat 1 610 mense in 3 319 plaasaanvalle vermoor is, kom dit neer op bykans een moord vir elke twee aanvalle en is die kans dat iemand tydens ’n plaasaanval vermoor word baie goed. S
2
1
MENSE OUER AS 50 JAAR WORD GETEIKEN Sowat 63% van alle slagoffers van plaasaanvalle
03/2013 • www.solidariteit.co.za
3
4
AANVALLERS SLAAN IN GROEPE TOE Volgens die inligting in Treurgrond is plaasaanvallers geneig om in groepe van twee of meer toe te slaan. Die gemiddelde aantal aanvallers is drie, met sowat 86% van aanvalle wat deur twee of meer aanvallers gepleeg word.
5
BESTEL NOU!
Treurgrond is beskikbaar by Kraal Uitgewers. SMS “Treur” na 34388 om ’n bestelling te plaas. Treurgrond kos R350 (R40-posgeld uitgesluit). Besoek gerus ook www.kraaluitgewers.co.za
inbeweging
VERSAMELSTUKKE so in jou Kraal
Kraal Uitgewers maak dit maklik om sy reeks TOPVERKOPERBOEKE met die druk van ’n knoppie te bestel. BELHAR GEWEEG
Prys: R150, R20-posgeld uitgesluit SMS:“Belhar” na 34388
DE LA REY: ’N STRYD VIR VRYHEID
Prys: R300, R60-posgeld uitgesluit SMS:“Stryd” na 34388
ONTHOU! KRONIEKE VAN VROUE- EN KINDERLYDING Prys: R520, R60-posgeld uitgesluit SMS:“Onthou” na 34388
FAK SANGBUNDEL VOLUME II Prys: R450, R50-posgeld uitgesluit SMS:“FAK” na 34388
WE WERE THERE – WINNING THE WAR FOR SOUTHERN AFRICA
Price: R170, R50 postage excluded SMS:“Border” to 34388 • SMS die kodewoord na 34388, stuur ’n faks na 086 714 1100, skakel 012 644 4329 of stuur e-pos na kraal@solidariteit.co.za S
inbeweging
Jou spruit en die SPAARVARKIE
B Foto: iStockphoto.com
Elke ouer word die een of ander tyd met die kwessie van SAKGELD gekonfronteer. Is sakgeld goed vir jou kinders, omdat jy hulle van jongs af leer om met geld te werk? Of maak jy hulle vir die VERDERF groot deur vir hulle geld in die hand te stop wat hulle nie verdien het nie? INGE STRYDOM het antwoorde gaan soek.
64
ritse navorsers van die Institute for Social and Economic Research het onlangs ’n studie gedoen waartydens kinders tussen die ouderdom van 11 en 15 jaar onder meer oor sakgeld ondervra is. Luidens die uitslae van die studie is kinders wat sakgeld ontvang, geneig om dit dadelik op luukshede te bestee pleks daarvan om dit te spaar. Daar is boonop tydens die opname bevind dat kinders wat ’n groot bedrag sakgeld van hul ouers ontvang, minder geneig is om te spaar, terwyl kinders wat hul geld deur middel van ’n deeltydse werk verdien, meer geneig is om hul geld in die spaarvarkie te bêre. Die uitslae van die studie dui boonop daarop dat kinders se hantering van en blootstelling aan geld ’n groter invloed op hul toekoms het as wat ouers besef. Volgens prof. Sarah Brown en Karl Taylor, wat die opname behartig het, is die finansiële beginsels waaraan kinders van kleins af blootgestel word die rigtingwysers wat uiteindelik die kind se finansiële ingesteldheid as volwassene sal bepaal. “Kinders wat afhanklik is van sakgeld, sal later in hul lewe waarskynlik traag wees om hul
03/2013 • www.solidariteit.co.za
eie inkomste te genereer. Daarom is dit nie wys om geld in ’n kind se hand te stop sonder dat die kind verstaan waar die geld vandaan kom en gevolglik die waarde daarvan begryp nie,” verduidelik hulle. In haar boek Wen as enkelouer beveel Rita Margow aan dat ouers wel vir hul kinders sakgeld gee, maar met die volgende beginsels in plek: • Dit word nodig om sakgeld te gee wanneer jou kind sonder jou betrokkenheid self vir hom of haar dinge wil aanskaf. • Leer jou kinders spaar vir duur items. Bespreek met jou kinders wat hulle graag wil koop, verduidelik hoe lank hulle sal moet spaar daarvoor, en ontmoedig spandabelrigheid. • Stel altyd voor dat selfs die geringste bedraggie in ’n geldbussie gehou word. ’n Ingesteldheid van spaar word op dié manier reeds op ’n vroeë ouderdom gekweek. • Hoeveel sakgeld jou kind moet ontvang, hang vanselfsprekend van jou finansiële situasie af. • As jy nie kan bekostig om gereeld vir jou kind sakgeld te gee nie, verduidelik net eerlik dat jy dit nie nou kan bekostig nie, maar dat jy wel so sal maak sodra dit beter gaan. S
Die FINANSIËLE BEGINSELS waaraan kinders van kleins af blootgestel word, is die rigtingwysers wat uiteindelik die kind se finansiële ingesteldheid as volwassene sal bepaal. SÓ SÊ ONS LEDE
Ons het by Solidariteit se Facebook-ondersteuners uitgevind of hulle vir hul kinders sakgeld gee. Hier is wat hulle gesê het: • 80% van diegene wat gereageer het, gee vir hul kinders sakgeld vir luukshede. • 5% gee vir hul kinders sakgeld vir persoonlike benodighede soos toiletware, snoepiegeld en vermaak. • ’n Kwart van die kinders wat sakgeld vir luukshede kry, is jonger as 10 jaar. • 10% van dié wat aan die opname deelgeneem het, gee nie vir hul kinders sakgeld nie weens finansiële beperkings. • 10% van die deelnemers glo dat kinders vir sakgeld behoort te werk deur takies in die huis te verrig.
Foto: iStockphoto.com
Deur Lindie van Zyl
et die FAK Sangbundel Volume II wat in 2012 die lig gesien het, het die FAK dit goed gedink om bewustheid oor die waarde van Afrikaanse musiek onder die opkomende generasie te skep. Volume II is propvol lekkersingliedjies vir die jongspan en skoolkore. Die FAK stuur vandeesmaand die FAK Sangbundel Skolekompetisie vir laerskole van stapel. Ouers, voogde, skoolondersteuners en oudleerlinge kan deelneem deur slegs ’n SMS te stuur. Deelnemers kan die woord “sing”, gevolg deur hul voorkeurskool se naam, na 34388 stuur. Die skool wat teen 21 Junie die meeste stemme gewerf het, wen ’n konsert van ’n bekende Afrikaanse kunstenaar. Daarby sal FAK-geskenkpakke deur die loop van die kompetisie aan deelnemers weggegee word.
Die wenner van die kompetisie sal in die nuwe skoolkwartaal aangekondig word. Die FAK se Facebook-blad kan dopgehou word vir die aankondiging van individuele wenners wat deur die loop van die kompetisie FAK-geskenkpakke wen. Die volgende skole gaan aan die kompetisie deelneem: 1. Laerskool Lynnwood 2. Laerskool Garsfontein 3. Laerskool Rooihuiskraal 4. Laerskool Impala 5. Gereformeerde Gekombineerde Skool Dirk Postma 6. Laerskool Anton van Wouw 7. Laerskool Pretoria-Oos 8. Laerskool Swartkop 9. Laerskool Constantiapark 10. Laerskool Welgemoed 11. Laerskool Hertzogville
12. Laerskool Louis Leipoldt. Die FAK beplan om die kompetisie deur die loop van die jaar verder uit te brei. Navrae kan na lindievanzyl@fak.org.za gestuur word. S
Selfgedrewe
TUISONDERWYS!
Die meeste pryse is met 80% verlaag. Klop die resessie! Geskik vir TUISONDERWYS of AANVULLING vir skool. Handboeke, rekenaarprogramme, vakgidse met doelwitvelle, skriftelike eksamenvraestelle met memorandums en omvattende oueropleiding vir graad 1 tot 9. Naas ’n soliede kennisvlak ontwikkel selfgedrewe onderwys noodsaaklike vaardighede en gesindhede. Besoek ons aanlynwinkel vandag nog by www.kenweb.co.za
www.kenweb.co.za
G o e d k o p e r, v i n n i g e r, m a k l i k e r, b e t e r
inbeweging
M
FAK Sangbundel SKOLEKOMPETISIE skop af
inbeweging
WE
N!
Neem goeie uit gister & WEN vandag!
V
’n Trotse deel van Suid-Afrika se erfenis en GESKIEDENIS is hierdie jaar in die kollig met die 175ste herdenking van die Groot Trek. Afrikaners kan breëbors sê: “Híér het ek help bou!” Daarom is dit heel gepas dat die bekende woorde van oudpresident Paul Kruger,“neem die goeie uit die verlede en bou daarop voort”, vanjaar die TEMA is van die Solidariteit Tydskrif-KOMPETISIE.
Foto: iStockphoto.com
erlede jaar het honderde foto’s ingestroom vir die Solidariteit Tydskrif-fotokompetisie waar inskrywers kon spog met ons mooiste land Suid-Afrika deur hul trots Suid-Afrikaanse kiekies. Vanjaar moet die stof van die geskiedenisboeke geblaas word en lesers word uitgedaag om met foto’s, opstelle of gedigte uit te beeld hoe daar gebou word op die goeie van die verlede. Die drie kategorieë – foto’s, opstelle en gedigte – hoef natuurlik nie net dinge uit die verlede uit te beeld nie. Ons wil sien hoe daar voortgebou word op die verlede sodat ons met trots kan sê: “Neem uit die verlede en bou daarop”.
66
HOE NEEM EK DEEL? Stuur jou inskrywing (foto met ’n enkelsinbyskrif, opstel of gedig) na wen@solidariteit.co.za en staan die kans om een van die fantastiese pryse op die spel te wen. ’n Wenner sal ná afloop van die kompetisie in elke kategorie aangewys word. Onthou om aan te dui in watter kategorie jy deelneem!
03/2013 • www.solidariteit.co.za
KATEGORIEË • Kategorie 1: Foto • Kategorie 2: Opstel • Kategorie 3: Gedig MEER OOR DIE KATEGORIEË • Fotokategorie: Die fotograaf wat die tema die beste deur sy foto uitbeeld, sal wen. Omdat die kategorie nie so streng op tegniek fokus nie, is selfoonfoto’s ook welkom. • Opstelkategorie: Die skrywer moet in staat wees om die tema lewendig te maak deur sy of haar storie in 5 000 woorde of minder te vertel. • Gedig: Die skrywer se digtersvermoë om die tema vas te vang, sal beoordeel word. SLUITINGSDATUM Die sluitingsdatum vir vanjaar se kompetisie is 1 Julie 2013. Lesers sal daarna die geleentheid kry om vir ’n lesersgunsteling te stem. Die wenner van die kompetisie sal in die vyfde uitgawe van Solidariteit Tydskrif (in September) bekend gemaak word.
Reëls
1. Die kompetisie is oop vir enigiemand en daar is nie ’n beperking op die aantal inskrywings wat ingestuur mag word nie. 2. Geen inskrywingsfooi word gehef nie. 3. Elke inskrywing moet die volgende bevat: • Jou foto, opstel of gedig; • ’n enkele sin wat jou foto beskryf (indien jy ’n foto inskryf); • jou persoonlike inligting (naam, van, volledige kontakbesonderhede); en • die kategorie waarvoor ingeskryf word. 4. Die beoordelaars se beslissings is finaal. 5. Enige teken van plagiaat is gronde vir diskwalifikasie. 6. Solidariteit Tydskrif behou die reg voor om enige van die inskrywings vir publikasie te gebruik. Erkenning sal wel aan die betrokke persoon gegee word. S
inbeweging
Buckets full of BENEFITS for our members A HOME FOR EVERYBODY With three membership categories, Solidarity offers a home for everybody!
Collective members
Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.
Individual members
Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.* 68
03/2013 • www.solidariteit.co.za
This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership.The benefits are subject to the constitution and policies of the union, as well as the rules as contained in the rule book and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion. Supporting members
This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual
members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.
inbeweging
ON YOUR SIDE – ALWAYS LABOUR MATTERS
Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. All claims must be submitted within six months. Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.
DEATH BENEFIT (DOVES)*
* Terms and conditions apply – call 0861 25 24 23 • Photograph: iStockphoto.com
Don’t delay, join Solidarity today!
Phone 0861 25 24 23; visit our website at www.solidarity.co.za; SMS the word “member” and your name to 34388; or visit one of our local offices (see page 72). Membership costs R90 per month for individual members and R88 per month for collective members. ADDITIONAL SERVICES Car and household insurance
This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. Phone 0860 34 62 53 for a free no-obligation quote.
Solidarity Legal Aid Package
Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of only R77 per month.
Funeral benefit • A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses.This includes a coffin and the funeral services. • For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children under the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of main member. • The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements. This package provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R40 000 per year (limited to R15 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Call 0861 SOL REG (0861 765 734).
Solidarity Retirement Plan
Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This
Additional cash disbursements • At the death of paid-up members, a cash amount of R3 000 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 14 and under 21 years – R1 500 • Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. • All claims must be submitted within six months. Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.
PERMANENT MEDICAL DISABILITY* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a one-off amount of R1 500. All claims must be submitted within six months.
MATERNITY BENEFIT*
A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within six months after the confinement.
SOLIDARITY MAGAZINE
Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published. product was developed as a result of the few people who are able to retire independently. The Solidarity Retirement Plan is offered in conjunction with Allan Gray. • Call 0861 101 005.
Wills and estate administration
Every member is entitled to the free drawing up of a will.The administration of the member’s estate can also be done at a market-related fee. • Call 012 644 4300. S www.solidariteit.co.za • 03/2013
69
inbeweging
Winburg: Klein dorpie, GROOT geskiedenis
D
Sowat 100 km noord van Bloemfontein in die Vrystaat lê die dorpie Winburg. Dis in die rantjies buite dié dorp waar die Winburg-voortrekkermonument se indrukwekkende naalde verrys. Met die name van die grootste Voortrekkerleiers wat elke kolom merk, vertel dié monument die verhaal van DAPPERHEID en WAAGMOED wat die Voortrekkers se reis na die binneland gekenmerk het, skryf ILZE NIEUWOUDT. ie Winburg-voortrekkermonument is nie naastenby so bekend soos sy “ouboet” in Pretoria nie. Dit is ook nie so groot nie, en hoewel sommige sou reken dat dit nie so indrukwekkend soos die monument op die koppie suidwes van Pretoria is nie, vertel dié monument ’n unieke verhaal.
HOEKOM IN WINBURG? Met die Groot Trek in volle swang, is Winburg as die eerste Voortrekkerdorpie in die Vrystaat gestig. Dit was vir die duur van die Trek ’n prominente sentrum vir die Trekkers – die plek waar hulle nagmaal gehou het, handel gedryf het en waar die Trekkers as’t ware vir die eerste keer hul stempel as ’n volk onafhanklik van die Britse juk afgedruk het. Andries Pretorius het die grondgebied reeds in 1835 gekoop, maar die dorp is uiteindelik eers in 1841 geproklameer en was die nie-amptelike hoofstad van die Voortrekkers se nuwe land. Hoewel Winburg ’n prominente rol in die geskiedenis van die Groot Trek gespeel het, is daar besluit dat Pretoria meer geskik is vir die oprig van die Voortrekkermonument. In die 1960’s is daar egter besluit om nog ’n monument ter ere van die Voortrekkers op te rig – hierdie keer in Winburg. Die monument is in 1968 voltooi en ingewy.
WINBURG-MONUMENT Die Winburg-voortrekkermonument is ’n eenvoudige maar sterk simboliese monument wat uit vyf kolomme bestaan. Elkeen van die kolomme dra die naam van ’n Voortrekkerleier: Piet Uys, Andries Hendrik Potgieter, Andries Pretorius, Piet Retief en Gerhard Maritz. Die hoogtes van die kolomme verskil, maar met rede: Dit toon simbolies die afstande aan wat elk van die trekgeselskappe waarvan Uys, Potgieter, Pretorius, Retief en Maritz die leiers was, getrek het. Op 16 Desember, net soos by die Voortrekkermonument in Pretoria, skyn die son direk in die middel van die vyf kolomme en verlig ’n plaat aan die onderkant van die monument. Die terrein waarop die monument staan, spog ook met die geboortehuis van die laaste 70
03/2013 • www.solidariteit.co.za
president van die Oranje-Vrystaat, president M.T. Steyn, die familiebegraafplaas en die Pioniersmuseum. Steyn is in Oktober 1857 in ’n eenvoudige kliphuisie hier gebore. Min inligting is tans oor die monument beskikbaar, maar verskeie mediaberigte meld dat ernstige verval van die terrein en die monument merkbaar is. Die Erfenisstigting is reeds etlike jare in gesprek met die Vrystaatse regering om die bestuur van die monument en terrein oor te neem. En wie weet, miskien sal die glorieryke verhale van dié monument en die historiese besienswaardighede op die terrein weer met trots vertel kan word. S
FEITELIK
Daar is ’n paar minder bekende feite oor Winburg wat hierdie dorpie ’n interessante plek in die geskiedenis gee: • Die eerste skote van die 1914-rebellie is in die Winburg-distrik geskiet. Kort hierna het die rebelle Winburg ingeval. • Koos de la Rey, die merkwaardige Boeregeneraal, is in Oktober 1847 in die Winburg-distrik gebore (so ook president M.T. Steyn, wie se geboortehuis op die terrein geleë is). • Die Voortrekker-begraafplaas in Winburg is die oudste in die land. • Gedurende die Anglo-Boereoorlog is ’n Britse konsentrasiekamp buite Winburg opgerig. Die grafte van 355 kinders en 132 volwassenes vertel vandag nog dié bitter deel van die geskiedenis. (Dié terrein is ook uiters verwaarloos, soos op die foto links onder gesien kan word, en ’n hofsaak oor die instandhouding van die terrein is tans hangende.)
advertorial
E
The changing landscape of EDUCATION
Photograph: iStockphoto.com
By Warren Hero
ducation is no longer about learning countless facts, but teaching students about making a contribution and a difference to society while learning the basics. Good education impacts on the ability to make quality decisions. Although education is expensive, one should consider the price of ignorance. In spite of rising costs, enrolment at tertiary institutions is increasing. In 2009/2010 there were more than 800 000 higher education students in South Africa, and over 100 000 attended colleges for Further Education and Training (FETs). In 2011/2012 there were 870 000 higher education students, while FET students had doubled to 200 000. In 2011, government allocated R26 billion to education and in 2012, R35 billion.This means 9% of government spending went to education last year, compared to an average of around 7% in other countries. Millions can benefit by making learning material available for free online, or by the “gamefication” of the learning process, where learning material becomes part of an online game students have to master. Research has shown that students using games when studying have a far higher knowledge retention rate than those who follow traditional methods. We live in the Internet age and we can access any information. Children need to learn how to navigate and integrate information. Content can be consumed on mobile phones and even tests can be written on mobiles. South Africa faces several challenges to take education into the future. We need to work on reaching social equity by erasing poverty and improving our education system. The academic standards and passing scores from school to university need to be brought into line and to become consistent.This is the main reason for the current 60% university dropout rate. Although big steps have been taken to improve equity and access to higher learning institutions, students still arrive at universities unprepared and struggling to cope. Career guidance at schools requires attention. Students show up at universities to enrol for their first year of study having no idea of what course to take or what career they want to follow later in life.
Eduloan is a leading education finance specialist operating in Southern Africa. Since its inception in 1996, EDULOAN has provided more than 700 000 STUDY LOANS valued at
R3,5 billion Students must be encouraged to study hard at school in order to enter university.They need a vision of how they want to contribute to society as adults, about developing themselves and playing a role in their communities. The private and public sectors must take responsibility to develop our youth and to realise their dreams.When companies grant learnerships, the young people accepting them should not simply be seen as a pair of extra hands, but should be taught about business, competition and cooperation. Our students need to be able to answer one question: Of what value am I to society? In order to do this they have to understand the needs of the community and the employment market. Finally, South Africans, young and old, need to develop their ability to think for themselves, to be able to form their own opinions and to participate in matters of culture, trade and communication in a proactive manner. • Warren Hero is Chief Information Officer of Eduloan.
ABOUT EDULOAN
Eduloan is a leading education finance specialist operating in Southern Africa. Since its inception in 1996, Eduloan has provided more than 700 000 study loans valued at R3,5 billion and it continues to help thousands across Africa unlock their true potential. Currently, Eduloan approves between 50 000 and 60 000 loans annually to students, a significant proportion of them working professionals. Eduloan’s loan offerings include repayment options at extremely affordable, fixed-interest rates, for the duration of the loan period. Study fees are paid by Eduloan directly to the institution, taking the administrative burden away from the student or corporate institution. Loans are repayable either by means of a salary deduction or a debit order. • For more information, call Eduloan’s Client Services Department on 0860 55 55 44 or visit the website www.eduloan.co.za. Follow us onTwitter/EduloanSA and Facebook/EduloanSA. www.solidariteit.co.za • 03/2013
71
inbeweging
Solidariteit-kantore: DIENS op jou voorstoep Bellville
Ettienne Pio (litigant), Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Jan du Plessis Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville
Bloemfontein Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden, Elize Pholman • Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
Carletonville Dana Viljoen Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
Ellisras Jan Pretorius, Deon Viviers Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za
Klerksdorp Manie Lourens,Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffelspark, Kantoor 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp
72
03/2013 • www.solidariteit.co.za
Kathu
Gert van Wyk,Adéle Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou,Winkel 7, Kathu
Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Bianka du Preez Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v.Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
Newcastle Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg
Port Elizabeth Piet Veldtman,Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 364 3219/2925/3225 Faks: 041 364 2927 Straatadres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth
Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin,Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha, Jahni Cowley Administratiewe beamptes: Christa Louw,Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee& Van Rensburgstraat, Mayville
Richardsbaai
John Smith Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 of 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
Rustenburg Connie Prinsloo en Johan Nell (litigant) Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Carisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg
Secunda Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda
Vaaldriehoek Jaco van den Berg,JohanVenter,Francois Calldo,Gerhard Cloete,JJ Fernandes,Lee Coetzee,Le Roy Fritz (litigant) Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 • Faks: 016 931 3171 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130
Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel nr. 5, Eerste vloer,The Strip, Metro Village, Stateway 312,Welkom
Witbank Cornelius van Leeuwen, Jo-Anne Coetzer, Christo Hattingh Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
in Retrospek
Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.
Die LAATWEESSIEKTE en vergete skoene Deur Marietha Malan
O
Foto: iStockphoto.com
As laat wees ’n SIEKTE was, dan was sommige van my gesinslede tien teen een onredbaar terminaal. En om alles te kroon, het MY ARME KINDERS dié gene ongelukkig van twee kante af gekry... p universiteit het my kamervenster op my toekomstige man en hul pa se koshuis uitgekyk. Elke oggend was dit dieselfde: Hy sou op die laaste nippertjie met lang tree of op ’n drafstap koers kies klas toe terwyl hy vergeefs sy verslaapte hare probeer reg druk. Aan my kant is daar ook duidelike swak betyds-kom-gene. My boetie sou op skool vervaard by die huis uitstorm, met net enkele minute om die skool twee blokke verder op sy fiets te bereik. Ek vaar weer redelik op weekdae, maar Sondae is ek hopeloos. Om die een of ander rede is dit baie moeiliker om Sondae halftien in die kerk te sit as om halfagt elke dag by die werk te wees. Met hierdie droewige geskiedenis is dit seker te verstane dat my Thinus ’n slegte klap van die laatweessiekte weg het. Elke dag roep ek hom mooi betyds, en elke dag slaap hy verder. Ek roep weer en weer, maar dis eers wanneer my stem ’n sekere toon van amperse histerie bereik dat dit tot sy slaapbenewelde brein deurdring dat hy in die moeilikheid is. Dan strompel hy stort toe met ongeveer vyf minute om homself in orde te kry voordat die saamrygroep hom kom oplaai. Natuurlik is daar dan dinge weg. Die hemp wat gestryk is, se knoop is af. Die rugbybroekie is skoonveld, en dit moet gepak word vir die middag se oefening. Wanneer die gestorm ’n hoogtepunt bereik, blaas die oplaai-mense die toeter. Hy hardloop uit met tasse en sakke oral vasgeknyp, baadjie oor die arm en skoene en kouse in die een hand. Daar is mos nog baie tyd om dit in die motor aan te trek. Totdat hy eendag in sy vaart sy skoene by die huis laat lê het. Dit kom hy eers by die skool agter. Dis ’n baie groot probleem, want behalwe dat sy spoggerige effe groen baadjie nie regtig sonder skoene gedra kan word nie, is hy ook nog deel van die skool se bemarkingsgroep, wat juis daardie oggend by ’n naburige laerskool sou gaan sing en toneel speel.Wat nou gemaak? Wel, nood leer bid. Kalmpies keer hy ’n standerdses voor en deel hom mee dat hy sy skoene benodig. Het die standerdses ’n keuse? Nie juis nie. Hy moet maar
op sy kouse die dag se klasse aandurf. Ná die bemarkingsoptrede pla meester Thinus se gewete hom, maar hy weet nie waar om nou die standerdses te kry nie. Hy neem dus die skoene maar kantoor toe en, wil jy glo, die kantoordame kondig af: “Sal die standerdses wat vir meester Thinus sy skoene geleen het, dit asseblief by die kantoor kom afhaal!” Nou weet die hele skool dat meester Thinus sonder skoene is. Gelukkig skop sy eie sin vir humor ook in en maak hy saam grappies terwyl hy die res van die dag op sy kouse kafdraf. Nadat ek ’n paar weergawes van hierdie storie te midde van breë glimlagte van etlike van Thinus se maats gehoor het, begin ek besef dat die held van die dag nie die skoenlose laatkommer is nie. Nee, dis die gedweë naamlose standerdsessie wat sy skoene sonder slag of stoot oorhandig het. Ja, hy het definitief nie juis ’n keuse gehad nie, maar tog is so ’n ongehoorde offervaardigheid wel veronderstel om ’n Christelike eienskap te wees. Ek sê veronderstel, want die meerderheid mense, ook Christene, is maar geneig om eerstens na hulself om te sien. Om iets prys te gee wat vir jou waarde het, om jouself ter wille van jou naaste te benadeel, dit klink net ’n bietjie té erg. Tog sê die Here Jesus self in Matt. 5:40-42:“As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer.” ’n Mens se selfbeskermingsinstink wil-wil by die aanhoor van hierdie vreemde teks sê: “Ja, maar…” Maar daar is geen maars nie. Die Here Jesus was in sy tyd op aarde vir ons hierin die volmaakte voorbeeld. Hy, die Seun van God, gee alle gerief op. Hy swerf rond om mense te dien en raak soms uitgeput op die vloer van ’n ongerieflike bootjie aan die slaap. Hy gee alle status prys en gee nie om om in die huise van sondaars en tollenaars gesien te word nie. In die tuin van Getsemane herstel Hy die oor van Malgus, die slaaf, wat saam met sy meesters gekom het om Hom te kom vang – dit nadat Petrus Hom probeer beskerm het. Hy bid vir die soldate wat Hom spot en sy klere onder mekaar verdeel. En
uiteindelik gee Hy sy lewe vir ons. Een van my gunstelingfoto’s van my laatkommerkind is een waar hy hand-om-die-nek met twee maats staan, al drie met hul deftige skoolbaadjies, ja, en skoene aan. Al drie is poenskop geskeer, vir kanker. Hulle het hul hare prysgegee as blyk van simpatie met ’n maat wie se pa kanker het. Hierdie en baie ander liefdeblyke en gebede het gehelp om daardie pa weer uit die bed te laat opstaan. Van beddens gepraat: Is Thinus nou altyd mooi betyds? Nie regtig nie, maar sy skoene is altyd eerste aan. Net vir ingeval. S www.solidariteit.co.za • 03/2013
73
promosie
Doen Medihelp-sake SLIM-SLIM(FOON) só
Foto: iStockphoto.com
Dit het pas vir Medihelp-lede met Android-slimfone selfs NOG MAKLIKER geword om sake met dié mediese skema te doen. Dis omdat Medihelp ’n splinternuwe toepassing (of “app”) vir Android-slimfone ontwikkel het wat lede in staat stel om hul belangrikste MEDIHELP-SAKE met hul slimfoon te doen. WAT KAN EK MET DIE APP DOEN? Om mee te begin, het jy nou die heel nuutste weergawe van jou lidmaatskapkaart op jou selfoon beskikbaar. Jy kan dit na jou dokter of enigiemand anders e-pos of via Bluetoothtegnologie stuur. Daarbenewens kan jy: • jou persoonlike en kontakbesonderhede sien en, indien nodig, verander. Hierdie besonderhede sluit jou posadres, woonadres en werkadres in; • jou spaarrekeningbalans sien vir lede wie se voordele-opsies spaarrekeninge insluit; • jou en jou bevoordeeldes se beskikbare voordele vir mediese dienste sien, asook die voordele wat julle deel; • enige laataansluitingsbeladings of uitsluitings sien, indien van toepassing. Die inligting van jou bevoordeeldes sal ook hier gelys word; • aansoek om voorafgoedkeuring vir hospitaalopnames doen. Hier kan jy ook enige dokumente, soos die doktersmotivering
•
• •
•
aanheg en al die inligting en dokumente aan Medihelp stuur. Sodra ons jou aansoek ontvang, sal jy ’n e-pos kry wat dit bevestig; eise indien deur eenvoudig ’n foto van die eisdokument met jou foon te neem, die eisbesonderhede te voltooi en dit dan via die app aan ons te stuur. Jy ontvang ’n e-pos van ons sodra ons jou eis ontvang het; ledegeldrekonsilliasies aanvra; jou naaste netwerkdokter (vir lede van ons Necesse-voordele-opsie) of ander dokters (vir lede van ons ander voordele-opsies) opspoor. Jou slimfoon gebruik sy huidige posisie om die naaste dokter of netwerkdokter op te spoor. Die dokter se besonderhede vertoon op die skerm as jy met jou vinger oor die merkers beweeg. Om dit makliker te maak, word netwerkdokters met groen merkers aangedui en ander dokters met blou merkers; en Medihelp se kontakbesonderhede sien,
insluitende kaarte en GPS-koördinate van elkeen van ons kantore. WAAR KAN EK DIE APP AFLAAI? Die app kan maklik deur middel van jou foon se app-sentrum afgelaai word, of by die Google play-winkel. Gebruik dieselfde aantekenbesonderhede as vir ons gesekerde webtuiste vir lede om die app te gebruik. As jy nog nie op Medihelp se gesekerde webtuiste geregistreer is nie, kan jy dit ook met die app doen. IS DIE APP NET VIR ANDROIDSLIMFONE ONTWERP? Medihelp het die app spesifiek vir Android-fone ontwikkel omdat die meeste lede wat ons gesekerde webtuiste via hul fone gebruik, dié soort slimfoon van vervaardigers soos Sony, Samsung, HTC, Galaxy en LG gebruik.Wees egter op die uitkyk vir nuus oor ons app vir iPhones wat ons tans ontwikkel.
Nog nie ’n lid van Medihelp?
SMS “kontak” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se voordele-opsies verlang. Of besoek www.medihelp.co.za 74
03/2013 • www.solidariteit.co.za