Solidaritiet Tydskrif Uitgawe 6 2013

Page 1

STUDEER BY AKADEMIA LEDE ONTVANG 20%-AFSLAG! BLADSY 20

WEN!

WIELE MET WOEMA

BLADSY 23

RAS-TELLENDE AKSIE DKD & SANBS kry BLOEDNEUS in hof

HELE STAATSDIENS NOU IN ONS VISIER

KINDERS VAN DIE WIND Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye

ARMOEDE Helpende Hand stel ondersoek in na vraagstuk

06 • 2013

www.solidariteit.co.za

R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683

562000

Solidariteit Beweging

Solidariteit maak Loftus vol teen rassebenadering Hoe lyk jou dorp se WATER, RIOOL?

You can INSPIRE others!

SÓ HELP SOLIDARITEIT JOU MET GOEIE WERK

INSPIRASIE ONS ROL MOUE OP, VEG IN VOORSTE LINIES & SKEP HOOP EN

ONS WENS AL ONS LESERS ’N BAIE GESEËNDE FEESTYD TOE



Solidariteit Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAG van die WET aan jou kant! Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.* • • • •

Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

aksent media • 082 445 4513

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Skakel ons vandag nog by

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 5277


Solidariteit Solidarity

GEREELD 6 7 8

06 2013

inhoud

Met die intrapslag Laat jou gees weer asemhaal! Seepkis Ons lede sê hul sê SpreekBuys Ons moet mense help met goeie werk Jy & die reg Skeidingspakkette by onbillike ontslag In retrospek Seën soos die milde somerreën

IN BEWEGING 36 37 38 38

45 46 47 48 73 48 50 52 NUUSWAARDIG 56 10 Nou pak Solidariteit hele staatsdiens 58 12 Ons maak Loftus vol teen ras-tellende aksie 59 13 Blood service may no longer exclude whites 60 14 Só groei, beweeg én inspireer ons 61 18 Wat inspireer ons inspireerders? 62 19 Maroela Media vlymskerp by Pendoring 64 20 Akademia: Bekostigbare studietuiste in Afrikaans 66 22 Wenners inspireer met pen en kamera 68 24 Openbare druk kán Pretoria se naam red 70 25 End of year madness: Take control! 71 72 54

BEDRYFSNUUS 26 27

27 28 29 30 31 32 32 33 34

Telkom disregards employees’ needs Kubaanse aanstellings wys dat regstellende aksie faal Excessive UIF levies amount to job tax Lonmin jeopardises peaceful labour relations Blink ooreenkomste vir goud, steenkool Solidariteit gerat vir hofsaak teen SAAT MRK gaan SAL-kadetprogram bekyk SAPS member falsely branded as racist BEE could cause greater harm – SRI Staking maak amok in onderdelebedryf Uitsluitsel oor gevriesde SAPD-poste gesoek

Water en sanitasie wek groot kommer AfriForum Jeug versprei emmers vol hoop AfriForum op oneerlike amptenare se spoor Polisieminister kry duisende e-posse oor plaasmoorde Helpende Hand se plan met wiskunde Hoe lyk die gesigte van armoede? Helpende Hand vereer raakvatters Klein, maar reeds groot sakebrein Expatcares – care about your people Word weer die baas van jou sak Volpunte vir Sol-Tech in 2013 Anglo se silikose-skikking gee deurslag Oor berge en dale om te motiveer You too can be an inspiration at work ’n Broodnodige dosis inspirasie Die krag van saamgestelde groei Kersfees-leesfees saam met Kraal Dié liedjie neem wind uit kompetisie se seile Knuppeldik aan klapperys Sakke propvol voordele vir ons lede Solidariteit-dienskantore Stretch your year-end bonus Die soetste, soetste... ossewataal

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig

Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 REDAKTEUR

EDITOR

Johan Kruger

KOPIEREDAKTEUR

COPY EDITOR

NUUSREDAKTEUR

NEWS EDITOR

Moira-Marie Kloppers Cilleste van der Walt

WEBREDAKTEUR

WEB EDITOR

Daleen Gouws

ADVERTENSIES

ADVERTISEMENTS

Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk – tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN

Martie Maree

TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING

Aksent Media

INTEKENARE

SUBSCRIPTIONS

Heleen Nortjé

REKENINGE

ACCOUNTS

Elna Botes

MEDEWERKERS

CONTRIBUTORS

Flip Buys, Ilze Nieuwoudt, Reint Dykema, Johan Roos, Esmarie Prinsloo, Daleen Gouws, Juanita du Preez, Appie Pienaar, Nico Strydom, dr. Danie Brink, Marietha Malan, Inge Strydom, Hanlie van Vuuren, Ernst Roets, Karin Venter, Charl Oberholzer, Kallie Kriel, Susan Lombaard, Francois Smit, Lizette Oosthuizen. UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE

Tel: 082 445 4513

media

aksentmedia@vodamail.co.za

DRUKWERK

PRINTING

Paarl Media Gauteng

VERSPREIDING

DISTRIBUTION

Prestige Bulk Mailers, Pretoria

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.



met die intrapslag

D

Johan Kruger is hoof van kommunikasie en die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Ons doel vir 2014 is om seker te maak dat Solidariteit Tydskrif ’n gedeelde BRON VAN INSPIRASIE vir sy lesers en ondersteuners sal bly.

Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com

Laat jou gees weer ASEMHAAL!

6

ie woord “inspirasie” het sy oorsprong in ’n Latynse woord wat beteken om asem te haal. So pleks daarvan om te vra “wat inspireer jou?” vra ek eerder “wat laat jou asemhaal?” Dit laat ’n mens besef dat inspirasie vir die gees net so belangrik is soos asemhaal. My en jou gees moet asemhaal! Hoe laat jy jou gees weer asemhaal? Ons almal het mos maar iets wat ons inspireer. Vir sommige is dit ander mense. Martin Luther het per geleentheid gesê dat al sou hy weet dat die wêreld môre in stukke sou breek, hy steeds sy appelboom sal plant. Dit is woorde van inspirasie van ’n man wat baie mense oor die eeue heen geïnspireer het. Ander kry weer inspirasie uit die natuur: ’n Sonsondergang, ’n volmaan of ’n lekker donderstorm of natuurtoneel. ’n Goeie rolprent of boek is vir ander ’n bron van inspirasie, of stories van durf en daad en die uitstyg bo onmoontlike omstandighede. Ons hoop Solidariteit Tydskrif was vir jou ook ’n bron van inspirasie die afgelope jaar. Ons het oor Solidariteit en die Solidariteit Beweging se werksaamhede berig en belangrike kwessies en die manier waarop die vakbond daarmee omgaan, is ook aangeraak. Ons het onder meer berig oor Solidariteit se belastingveldtog, die vakbond se stryd teen “ras-tellende” aksie, ons

06/2013 • www.solidariteit.co.za

gevegte vir ons mense en hul werk, ons omskepping van struikelblokke in boublokke en ons vordering met die verwesenliking van ons droom van ’n Afrikaanse universiteit. Ons doel vir 2014 is om seker te maak dat Solidariteit Tydskrif ’n gedeelde bron van inspirasie vir sy lesers en ondersteuners sal bly. Jul ondersteuning van die Solidariteit Beweging is weer op sy beurt die geestelike asemteue wat ons nodig het om kragdadig voort te gaan met ons werk in belang van ons lede en ’n toekoms in Suid-Afrika waar ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan wees. Baie dankie daarvoor! Waar ons almal maar die einde van die jaar ’n bietjie uitasem is, fisiek en geestelik, wens ons vir julle groot asems van rus en vrede saam met jul gesinne, vriende en familie oor die Kerstyd toe. Geniet die blaaskans, reis veilig en mag hierdie uitgawe ’n groot asemteug vir jou gees besorg!

JOHAN KRUGER REDAKTEUR


Seepkis

Word deel van die gesprek by www.blog.soldariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za

Veeartseny “trap water” met TOELATINGSVEREISTES ’n Sterk vermoede bestaan dat die Universiteit van Pretoria (UP) doelbewus speel vir tyd deur nie sy regspan te voorsien van inligting oor die FAKULTEIT VEEARTSENYKUNDE se beweerde diskriminerende toelatingsprosesse nie, sê AfriForum Jeug. Wat het AFRIFORUM JEUG se Facebook-volgelinge hieroor te sê gehad? Judy-Marie Steenkamp: Ek sal dink dit neem hulle ’n maksimum van twee ure om hierdie dokumente saam te stel? Hulle het alles tog elektronies? Wat wil UP met meer tyd maak?

Waar dink jy v

ind meest e mense hul inspirasie?

A

b C

VAN GOD ONS VADER

Van mense in hul omgewing of selfs van ’n beroemde persoon

Van hul werk

Sê jou sê deur “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

Amanda Joubert: Ek weet van ’n kind wat nie by ’n plaaslike universiteit keuring kon kry nie. Hy is egter by vyf oorsese universiteite aanvaar! Wys jou hoe daar teen die kinders gediskrimineer word. Groot skande. Chantel le Roux: My swaer se seun het ook hierdie jaar aansoek gedoen en is afgekeur, hoewel hy ’n toppresteerder is! Louis Mostert: As Amanda en Chantel se opmerkings waar is, moet ek vra of dit dan nie neerkom op menseregteskending nie? En as sulks is dit dan nie ’n prima facie-saak om Verenigde Nasies toe te vat nie?

Wat is die BESTE WERK in Suid-Afrika? Martin Nel: Vir seker om ’n minister te wees: R50 000 se take-aways ’n maand kan enigeen laat smile!

Elli Meyer: Enige plek waar jy waardig is en gerespekteer word.

Foto’s: iStockphoto.com; verskaf

Alwyn Van Rooyen: Enige staatsdepartement! Money for mahala! Frik Strydom: Wees dankbaar jy het ’n werk! Wat ook al – doen dit net goed!

Frik Groenewald: Die president.

Henry Smith: Enige eerlike werk, solank dit niks te doen het met die ANC nie! Irvin Gordon: Om vir die regering te werk; jy doen niks en verdien geld daarvoor. Ronny Janse Van Vuuren: Enige plek in die staatsdiens. Marius Van Vuuren: Spietkop.

The winner of the Women’s Day competition was LIEZA ENGELBRECHT from Pretoria.

Gee jouself geskenk van WERKBESKERMING

SLUIT maklik by Solidariteit AAN deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se vriendelike dienssentrumagente sal jou terugskakel en jou vinnig en maklik help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2. Ons beskerm nie net jou werk nie, maar maak ’n DAADWERKLIKE VERSKIL in ons lede én ons land se toekoms! • Om jou adres te verander, stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • 06/2013

7


spreek Buys

Flip Buys is uitvoerende hoof van Solidariteit.

Ons moet mense help met GOEIE WERK

D

’N GOEIE WERK. Dít is die meeste mense se grootste wens vir hulle en hul kinders. Dié belangwekkende bevinding is onlangs deur die globale marknavorsingsreus GALLUP gemaak. Gallup het ses jaar aan ’n wêreldwye opname gewerk om te bepaal wat die heel belangrikste vir mense is, en dit is presies ook Solidariteit se fokus, skryf FLIP BUYS. ie voorsitter van Gallup, Jim Clifton, beskou hierdie navorsingsbevinding as een van die belangrikste ontdekkings wat die maatskappy tot nog toe gemaak het. Hy het spesiaal ’n boek daaroor geskryf om die belangrikheid van ’n goeie werk onder politieke, sake- en vakbondleiers se aandag te bring.

Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com

Meer as net ’n salaristjek Clifton beklemtoon dat ’n goeie werk baie meer as net ’n salaristjek is. Hy sê ’n goeie werk is een wat vir jou ’n doel in die lewe gee. Dit is ’n werk waarmee jy jou roeping kan vervul, wat vir jou sin het omdat dit jou die geleentheid bied om ’n verskil te maak. Aan die ander kant meen hy dat werkloosheid of ’n werk wat sinloos is of waarin jy ongelukkig is, die ergste ding is wat met jou kan gebeur. Dit beteken dat ’n goeie werk nie langer ’n blote middel tot ’n doel is nie; dit het vir mense ’n doel op sigself geword. Gevolglik wil mense nie langer werk bloot om geld te kry sodat hulle kan lewe nie – ongeag hoe belangrik dit steeds is. Die moderne mens wil voel dat die werk wat hy of sy doen sin het en dat hy of sy ’n verskil in die lewe maak. Met ’n goeie werk kan jy vir jou gesin sorg, kan jy ’n behoorlike lewe lei, en het jy en jou kinders ’n toekoms. ’n Goeie werk is die sleutel tot ’n goeie lewe, en is ’n voorwaarde vir menslike welstand. Dit is belangrik vir menswaardigheid en standvastige gesinne. Sonder ’n goeie werk, val jou lewe uitmekaar.

8

Wêreldwye verskynsel én probleem Die behoefte aan ’n goeie werk is ’n wêreldwye verskynsel, maar is ook ’n wêreldwye probleem. Daar is 7 miljard mense op die

1,8 MILJARD

06/2013 • www.solidariteit.co.za

aarde, waarvan 5 miljard 15 jaar en ouer is. Van hierdie groep volwassenes werk 3 miljard of wil graag werk. Die probleem is dat daar tans net 1,2 miljard voltydse formele poste in die wêreld is! Dit beteken dat daar nou ’n reuse globale tekort aan 1,8 miljard goeie poste is, wat daarop neerkom dat die globale werkloosheidskoers vir goeie poste nou op pad is na 50%, met nog 10% mense wat graag deeltydse werk wil hê. Gallup voorspel dat die grootste potensiaal vir ’n globale krisis by hierdie 1,8 miljard mense lê. Die maatskappy glo dat die tekort aan goeie werk besig is om die grondliggende oorsaak van bykans alle wêreldprobleme te word. Hulle voorspel ook dat hierdie probleem die wêreld totaal gaan verander. Die leiers van die toekoms gaan nie meer politici wees nie, maar mense wat hul medemens kan help om ’n goeie werk te kry. Aan die positiewe kant meen Gallup dat ’n oplossing vir die krisis van werk dié sleutel gaan wees tot wêreldvrede, globale welstand en ’n buitengewone sprong in menslike ontwikkeling. Persoonlike ontwikkeling Die belangrikheid van goeie werk het ook die Internasionale Arbeidsorganisasie tot aksie aangespoor. Hulle sien goeie werk as die beskikbaarheid van werk in omstandighede van vryheid, gelykheid, veiligheid en waardigheid. Dit behels produktiewe werksgeleenthede wat ’n billike inkomste bied, waar daar werksekuriteit en sosiale beskerming vir gesinne is en waar geleenthede vir persoonlike ontwikkeling is. Werknemers moet ook kan deelneem aan besluite wat hul lewens raak. Die belangrikheid van goeie werk word selfs jaarliks op 7 Oktober gevier.

ON THE FLIP-SIDE Putting the Decent Work Agenda into practice is achieved through the implementation of the International Labour Organizasion‘s four strategic objectives:

1. Creating jobs An economy that generates opportunities for investment, entrepreneurship, skills development, job creation and sustainable livelihoods. 2. Guaranteeing rights at work To obtain recognition and respect for the rights of workers. All workers need representation, participation and laws that work for their interests. 3. Extending social protection To promote both inclusion and productivity by ensuring that women and men enjoy working conditions that are safe, allow adequate free time and rest, take into account family and social values, provide for adequate compensation in case of lost or reduced income and permit access to adequate healthcare. 4. Promoting social dialogue Involving strong and independent workers’ and employers’ organisations is central to increasing productivity, avoiding disputes at work and building cohesive societies.

Die wêreldwye tekort aan goeie poste. Dit beteken die globale werkloosheidskoers is op pad na 50%, met nog 10% mense wat graag deeltydse werk wil hê.


nuuswaardig spreekBuys

Die leiers van die toekoms gaan nie meer politici wees nie, maar mense wat hul medemens kan help om ’n GOEIE WERK te kry.

DIE SOLIDARITEIT-PLAN VIR GOEIE WERK ’n Goed opgeleide, goed betaalde en produktiewe werksmag is ’n noodsaaklike voorwaarde om van Suid-Afrika ’n sukses te maak. Dit is ook ’n voorwaarde vir die verbetering van mense se lewensstandaard, wat die doel van enige ekonomie is. ’n Topgehalte-arbeidsmag is ook ’n voorwaarde vir die oplossing van ons land se knellende vraagstukke van armoede, werkloosheid en ongelykheid. Sonder ’n top-arbeidsmag, wat as ’n wenspan by ons internasionale mededingers kan kers vashou, sal ons van die wêreldkaart verdwyn. Kortom, die welstand van ’n land word deur sy werkmag bepaal. Daarom sluit Solidariteit se strategie nou aan by wêreldwye projekte om goeie werk te bevorder. Die strewe na ’n goeie werk is almal se verantwoordelikheid, en nie net regerings en werkgewers s’n nie. Die werk- en werkloosheidskrisis in Suid-Afrika is só groot dat dit beslis nie net aan ander oorgelaat kan word nie.Vakbonde en werknemers het self ook ’n belangrike verantwoordelikheid. Hier is ons plan! 1. Werkbeskerming Solidariteit beskerm ons lede in die werkplek. Dit is hoekom ons die grootste regsdepartement van enige vakbond in Suid-Afrika het, hoekom ons ’n landwye netwerk van dienskantore met kundige personeel het, en hoekom ons vakbondverteenwoordigers so goed opgelei word. Daarom spog Solidariteit met ’n 90%-suksessyfer in ons regsake. So vroeg as 1951 het die geskiedskrywer Tannebaum in sy boek A Philosophy of Labor opgemerk: “We have become a nation of employees. We are dependent upon others for our means of livelihood, and most of our people have become completely dependent upon wages. If they lose their jobs, they lose every resource. For [them] the substance of life is in another man’s hands.” 2. Vergoeding Billike vergoeding is ’n belangrike deel van ’n goeie werk. Daarom onderhandel die vakbond namens ons lede waar daar erkenningsooreenkomste met werkgewers bestaan. Ons lede is verantwoordelike, toegewyde en produktiewe werkers, wat in ruil vir hul werk ’n goeie vergoeding en billike behandeling verwag.

3. Gelykheid Solidariteit veg teen onbillike rassediskriminasie wat gereeld onder die vaandel van regstellende aksie bedryf word.Vakbondpersoneel en verteenwoordigers onderhandel in duisende werkplekke landwyd vir die billike behandeling van ons lede. Ons steun die opheffing van alle mense en die uitwissing van bestaande ongelykhede, maar nie onbillike arbeidspraktyke nie. Ons wag tans op verskeie belangrike hofuitsprake vanaf die arbeidshof tot die grondwetlike hof wat ’n groot invloed op rassewetgewing kan hê. Ons is egter bereid om dit tot by internasionale forums te voer indien ons kanale in SuidAfrika uitgeput sou word. 4. Beroepsgesondheid en -veiligheid Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid eis jaarliks suksesvol meer as R250 miljoen vir lede wat in die werkplek seergekry het of wie se gesondheid ernstig benadeel is. Ons klem is egter op die voorkoming van gevaarlike en ongesonde werkomstandighede. Daarom neem ons deel aan die tersaaklike statutêre strukture, werkplekforums en howe om ons lede hierin by te staan. 5. Opleiding en ontwikkeling Ons veg nie net vir dubbelsyferverhogings nie; ons wil ons lede se salarisse verdubbel. Dit is net moontlik as ons hulle met goeie opleiding kan help. In die moderne ekonomie sal onopgeleide mense nie ’n goeie werk kry nie: Dit is ’n werklikheid wat geen staking of wet gaan verander nie. Geen mens begin bo nie, maar ’n goeie kwalifikasie is die kaartjie om die beroepsleer te bestyg. Daarom het ons Sol-Tech en Akademia op die been gebring, en daarom betaal ons studiefonds jaarliks meer as R12 miljoen in rentevrye lenings en beurse uit. Maar dis juis om hierdie rede dat ons ook deelneem aan die Seta’s en werkgewerforums waar opleiding bevorder word. 6. Deelname Solidariteit het duisende verkose vakbondverteenwoordigers wat landwyd sorg dat ons lede inspraak kry in besluite waardeur hulle geraak word. Hierdie stelsel is beskikbaar by die een-en’n-half-duisend werkgewers waar Solidariteit amptelik erken word. Ja, die vakbond is ’n

mondstuk vir sy lede in die werkplek, maar ook op nasionale vlak. 7. Welstand ’n Goeie werk is die belangrikste skakel op die pad na die algemene welstand van ons lede. Daarom onderhandel ons ontwikkelings- en bevorderingsgeleenthede vir ons lede, bevorder ons mediese skemas wat waarde vir geld bied en verteenwoordig kundiges ons lede op werkgewers se pensioenfondse. Dit is maar enkele van die talle projekte waardeur ons landwyd die welstand van ons lede bevorder. 8. Kinders Ons weet dat ons lede baie omgee vir die toekoms van hul kinders. Daarom is die somtotaal van alles wat die hele Solidariteit Beweging doen daarop gemik om ’n toekoms te skep waarin ons kinders blywend vry, veilig en voorspoedig kan wees. Juis daarom is soveel organisasies in die Beweging by duisende kinders se toekoms betrokke. 9. Burgerlike en politieke regte Burgerlike en politieke vryhede is ’n noodsaaklike voorwaarde vir die voortbestaan van werkersregte en goeie werk. Dit is die les van Zimbabwe, en daarom lê die Internasionale Arbeidsorganisasie ook hierop klem. Dit verklaar ook die rede vir AfriForum se deelname aan die Solidariteit Beweging, want hierdie forum se landwye netwerk van takke beywer hulself, onder meer, vir die doeltreffende werking van munisipaliteite in die land – iets wat plek-plek dreig om ineen te stort. 10. Weerlose armes Solidariteit het Helpende Hand as ’n weldaadsorganisasie gestig, onder meer om weerlose armes te help. Helpende Hand het ook ’n landwye netwerk van takke wat wonderlike werk doen. Ons help mense wat hulself nie kan help nie, soos kinders, bejaardes en mense met gestremdhede. Die groot fokus van Helpende Hand is opheffing deur opleiding. En om daardie rede is Helpende Hand by duisende skole regoor die land betrokke deur skryfbehoeftes te lewer, voedingsprojekte te bedryf en wiskundeonderwysers op te lei. S www.solidariteit.co.za • 06/2013

9


nuuswaardig

Solidariteit vs. die DKD

Nou pak Solidariteit hele STAATSDIENS

Solidariteit het met ’n proses begin om die staatsdiens te dwing om sy onderskeie departemente se regstellendeaksieplanne te hersien. Dit volg op die UITSPRAAK in Solidariteit se saak teen die DEPARTEMENT VAN KORREKTIEWE DIENSTE (DKD) waarvolgens dit op ONBILLIKE RASSEDISKRIMINASIE neerkom indien net die nasionale rassedemografie gebruik word vir die toepassing van regstellende aksie. NICO STRYDOM doen verslag. 10

06/2013 • www.solidariteit.co.za


nuuswaardig

R

Solidariteit glo dat dienslewering en die beskikbare vaardighede ook in ag geneem moet word. Ons glo ook dat die rassedemografie van die gemeenskap wat deur die spesifieke staatsdepartement bedien word, in ag geneem moet word.

Foto’s: Reint Dykema

Dr. Dirk Hermann

egter Hilary Rabkin-Naicker het bevind die DKD se onbillike praktyke moet onmiddellik reggestel word. Solidariteit het aangedui dat hy teen sekere aspekte van die uitspraak gaan appelleer. Dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê regter Rabkin-Naicker het nie spesifieke regshulp aan die tien applikante, wat deur Solidariteit verteenwoordig is, gegee nie. “Ons vind dit uiters vreemd en gaan appèl aanteken teen hierdie aspek van die bevel. Ons gaan ook vra dat die DKD se regstellendeaksieplan in sy geheel ongeldig verklaar word.” Hermann sê hoewel die positiewe uitspraak in die DKD-saak ’n stap in die regte rigting is, is daar nog talle aspekte waaroor daar nog sekerheid in die howe verkry moet word. “Sekere grondwetlike kwessies is nie deur die regter hanteer nie. Ons kan nie verwag dat die arbeidshof gewigtige uitsprake oor grondwetlike aspekte lewer nie, daarom wil ons steeds na die konstitusionele hof toe gaan. Hierdie oorwinning is belangrik, maar dit is nie die einde van die pad nie.” Hermann sê Solidariteit se stryd teen onbillike regstellende aksie stop nie by die DKD nie, aangesien bykans die hele staatsdiens se regstellendeaksieplanne op die nasionale rassedemografie gegrond is. Solidariteit het Lindiwe Sisulu, minister van staatsdiens en administrasie, versoek dat die staat sy

regstellendeaksieplanne moet hersien om verdere litigasie te verhinder. “Solidariteit glo dat dienslewering en die beskikbare vaardighede ook in ag geneem moet word. Ons glo ook dat die rassedemografie van die gemeenskap wat deur die spesifieke staatsdepartement bedien word, in ag geneem moet word.” ‘n Verdere aspek wat Solidariteit in die hof getoets het, is of wit Suid-Afrikaners in advertensies vir poste uitgesluit kan word. Hierdie aspek het onlangs in Solidariteit se saak teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) onder die vergrootglas gekom. Solidariteit tree op namens twee van sy lede wat weens hul velkleur verhinder is om vir poste aansoek te doen (meer op bladsy 13). Theodore Reyneke en Sanet Schönfeldt is onderskeidelik 28 en 24 jaar by die SANB werksaam. “Die SANB het in advertensies vir vakante poste aangedui dat slegs swart mense daarvoor kon aansoek doen. Solidariteit versoek die hof om toe te gee dat daar onbillik teen Reyneke en Schönfeldt gediskrimineer is op grond van ras en dat die SANB verhinder moet word om in die toekoms soortgelyke praktyke toe te pas. Indien ons met hierdie saak daarin slaag om ’n presedent te skep, sal dit van toepassing wees op alle maatskappye wat hulle aan hierdie praktyk skuldig maak.” Solidariteit is ook besig met verskeie hofsake teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)

oor sy toepassing van regstellende aksie. Die vakbond hoop dat sy saak om die SAPD se regstellendeaksieplan in geheel ongeldig te verklaar, voor die einde van die jaar of vroeg volgende jaar aangehoor sal word. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê die SAPD se plan is net op rassedemografie gegrond en dit kom op ’n absolute kwota neer wat deur die Wet op Gelyke Indiensneming verbied word. “Die Grondwet maak ook nie voorsiening vir so ’n rassebenadering nie.” Die Renate Barnard-regstellendeaksiesaak het intussen reeds in die hoogste hof van appèl gedraai. Solidariteit wil hiermee die arbeidshof se beslissing bekragtig dat kapt. Barnard in die SAPD bevorder moet word en dat daar teen haar gediskrimineer is op grond van haar velkleur. Groenewald sê Solidariteit is gereed om die saak tot in die konstitusionele hof te beveg. “Indien die arbeidsappèlhof se uitspraak staan, beteken dit dat werkgewers poste vir die doel van regstellende aksie vakant kan los, wat dienslewering negatief sal beïnvloed en dus almal in Suid-Afrika gaan benadeel.” Barnard se stryd het reeds in 2005 begin. Sy het twee keer vir dieselfde pos aansoek gedoen en is albei kere as die beste kandidaat aangewys en deur die onderhoudpaneel aanbeveel. Die pos is egter vakant gelaat. Die pos is ’n derde keer geadverteer, maar is geskrap nadat sy weer daarvoor aansoek gedoen het. S www.solidariteit.co.za • 06/2013

11


nuuswaardig

Ons maak Loftus vol teen RAS-TELLENDE AKSIE

S

Solidariteit het 251 762 petisies teen “ras-tellende aksie” aan die parlement oorhandig en weer versoek dat ’n PARLEMENTÊRE DEBAT oor regstellende aksie moet plaasvind. Die petisies is genoeg om al LOFTUS VERSFELD se sitplekke vyf keer vol te maak. NICO STRYDOM berig.

olidariteit het sy veldtog teen “rastellende” aksie verskerp nadat sy versoek om ’n parlementêre debat oor regstellende aksie as ’n gier en ’n gril afgemaak is. Dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê Solidariteit het tydens sy regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) politieke partye versoek om so ’n debat aan te vra. “Stone Sizani, ANC-hoofsweep, het in reaksie hierop by monde van sy woordvoerder, Moloto Mothapo, gesê die parlement debatteer nie kwessies volgens die grille en giere van drukgroepe nie. Ons het hierna 251 762 petisies van die publiek af gekry om vir die ANC te wys dat die behoefte aan ’n parlementêre debat oor die huidige toepassing van regstellende aksie nie net ’n gier en ’n gril is nie.” Hermann sê Solidariteit glo dat die oplossing vir regstellende aksie nie net in die howe gesetel is nie en dat ’n blywende oplossing deur sosiale dialoog gevind kan word. “Solidariteit vertrou dat die debat wat in die hofsale gevoer word, tot ’n nasionale debat sal uitkring en dat die uitkoms ’n nuwe nasionale konsensus oor regstellende aksie sal wees. Die beste plek om so ’n debat te voer, is in die parlement. Die regering se benadering het in ’n wiskundige rassebenadering ontwikkel waarin mense met syfers vervang is. Dié benadering

12

06/2013 • www.solidariteit.co.za

het niks meer met regstelling te doen nie, maar alles met ras. “Suid-Afrikaners en veral groot sakelui aanvaar te maklik dat dit wat die regering sê, die enigste manier van doen is. Wat ons in Suid-Afrika nodig het, is ’n behoorlike stryd oor idees. Ons doen ’n beroep op akademici, vakbond-, kerk- en gemeenskapsleiers en veral groot werkgewers in die sakewêreld om krities oor die regering se regstellendeaksieprogram te wees en alternatiewe te soek wat werk.” Hermann sê 251 762 mense het met die ondertekening van die petisie gewys dat hulle bekommerd is oor die wiskundige benadering van regstellende aksie wat die mens uit regstellende aksie haal, en dat mense bloot nommers word omdat die fokus skuif van mensgebaseerde ontwikkelingsprogramme na rasgebaseerde syferprogramme. “Hierdie benadering het geen plek vir diversiteit nie en sal tot homogeniteit lei. Dit veroorsaak dat mense van die stelsel afhanklik begin raak vir hul bevordering, dat selfverantwoordelikheid verdwyn, dat ’n aanspraakkultuur (“entitlement”) ontwikkel en dat die stelsel geblameer word indien ’n individu nie vorder nie. Hierdie benadering laat die fokus wegskuif van dienslewering na ras. Die slagoffers van hierdie benadering is die massa Suid-Afrikaners wat geregtig is op goeie diens van die staat maar dit nie ontvang nie. So word net meer ongelykheid geskep.” S

251 762 petisies is van die publiek af gekry om vir die ANC te wys dat die behoefte aan ’n parlementêre debat oor die huidige toepassing van

REGSTELLENDE AKSIE nie net ’n gier en ’n gril is nie.

Wat ons in Suid-Afrika nodig het, is ’n behoorlike stryd oor idees. Ons doen ’n beroep op akademici, vakbond-, kerk- en gemeenskapsleiers en veral groot werkgewers in die sakewêreld om krities oor die regering se regstellendeaksieprogram te wees en alternatiewe te soek wat werk. Dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.


By Nico Strydom

he Labour Court in Braamfontein issued an order in terms of which the South African National Blood Service (SANBS) may not exclude whites when advertising vacancies in the future. The implication of the order is that any person from any racial group will be able to apply for vacancies at the SANBS in the future. Solidarity represented Theodore Reyneke and Sanet Schönfeldt who have worked for the SANBS for 28 and 24 years respectively. According to Dr Dirk Hermann, Deputy General Secretary of Solidarity, the trade union took the blood service to court after the applicants had been prevented from applying for

promotion posts because they were white. “The court issued the order following negotiations between the parties out of court. During the negotiations the blood service gave its assurance that vacancies would be open to all applicants in future. This undertaking was at the centre of the Labour Court’s order. We are very pleased with the court order. The Employment Equity Act does not make provision for quotas or promotion ceilings. We trust that this order of the court will send a message to other employers as well,” said Hermann. In September last year Solidarity applied for an urgent interdict to prevent the SANBS from proceeding to fill posts while the court case

was in progress. However, the Labour Court ruled that the case was not one of urgency and turned down the application. The application followed after the blood service last year started offering severance packages to white employees over the age of 55, thereby creating 14 vacancies. The vacancies were subsequently advertised and it was stipulated in the advertisement that only black Africans could apply for the jobs in question. Solidarity’s case against the SANBS came after the uproar regarding vacancies that Woolworths advertised and that only black Africans may apply for. Employees of the SANBS contacted Solidarity as a consequence of the public debate over Woolworths, as the blood service was also advertising job vacancies for which only black South Africans may apply. S

newsworthy

T

BLOOD SERVICE may no longer exclude whites


nuuswaardig

Só groei, beweeg én INSPIREER ons Maroela Media se maandelikse webbladbesoeke het in 2013 van sowat 90 000 in Januarie tot sowat 290 000 in September 2013 gegroei. Bladsye op www.maroelamedia.co.za word deesdae deur meer as 120 000 mense besoek. Derhalwe het Maroela Media gedurende 2013 gegroei tot ’n gerekende naam in die digitale nuusomgewing. Draadloos, Maroela Media se radioproduksiehuis, lewer weekliks radioproduksies aan tussen 12 en 16 Afrikaanse gemeenskapsradiostasies landwyd. Gedurende 2013 is ’n daaglikse tydskrifprogram, Allegaartjie, verskeie kort reekse en twee radiovervolgverhale deur dié produksiehuis aan talle radiostasies voorsien. Die veldtog “Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye” is van stapel gestuur, wat nagenoeg 100 000 stemme in die onderskeie fases gelok het. Hierdie veldtog het wye mediablootstelling en ongekende bemarking vir Maroela Media tot gevolg gehad. Maroela se trotsste prestasie vir 2013 was egter die toekenning van ’n silwer Pendoring. Die reklameagentskap Etiket, wat die ontwerp en ontwikkeling van die veldtog vir die “Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye” behartig het, het hierdie veldtog ingeskryf en is as finalis in vier kategorieë aangewys.

02 WEBWAKKER

Foto’s: iStockphoto.com

OUBOET BY DIE WERK

14

Solidariteit het homself vanjaar weer as ’n ouboet in die werkplek bewys met vyf groot veldtogte wat aangepak is. Die “Stop Kwotas”veldtog was daarop gemik om 51 762 petisies teen “ras-tellende”-aksie in te samel – genoeg om al Loftus Versfeld se sitplekke vol te maak. Die vakbond het een van die grootste arbeidsregspraktyke in Suid-Afrika. In die Algemene Litigasieafdeling is daar nege regsbeamptes waarvan twee advokate is, en in die Solidariteit-dienssentrum is twee van die vyf arbeidsregsadviseurs ook advokate. Dié regsbeamptes het in een jaar ’n totaal van 641 litigasiesake hanteer wat neerkom op ’n gemiddeld van 71 litigasies per regsbeampte. Die vakbond het ook meer as R2,3 miljoen in ledevoordele-eise uitbetaal. Hiervan is R7 500 uitbetaal in eise vir permanente mediese ongeskiktheid terwyl voordele wat vir bevallings uitbetaal is, R348 750 beloop het. Solidariteit het deur die uitbetaling van die Solidariteit-begrafnisvoordeel, wat meer as R1,9 miljoen beloop het, honderde gesinne gehelp wat ’n geliefde aan die dood afgestaan het. 06/2013 • www.solidariteit.co.za

03

TOEKOMSDROME BINNE

BEREIK BY AKADEMIA Die groot hoogtepunt vir Akademia was

beslis dat dié instelling die eerste privaatinstelling geword het wat ’n geakkrediteerde BCom-graad in Suid-Afrika kan aanbied. Akademia het vanjaar ook ’n

allemintige sakeplankompetisie aangebied. Hierdie kompetisie het met ’n spoggeleentheid by die Atterbury-teater in

Pretoria afgeskop met meer as 240 gaste en verskeie kenners wat voornemende entrepreneurs toegespreek het.

“Ons WERK AKTIEF aan OPLOSSINGS en ROL SELF MOUE OP. Daarom is ons positief oor die toekoms en die pad vorentoe.”

GELDWYS FLIP BUYS, UITVOERENDE HOOF VAN SOLIDARITEIT

Solidariteit Finansiële Dienste het in 2013 weer ’n jaar van uitsonderlike groei op alle gebiede beleef. SFD se korttermynversekering- en beleggingsboeke het veral gegroei. Talle nuwe kliënte is gewen, nuwe produkte is van stapel gestuur en nuwe personeel is aangestel. SFD se kenmerkende uitstekende diens het honderde lede gehelp om hul versekeringseise uit te sorteer, finansiële risiko’s te dek en beleggingsportefeuljes te laat groei terwyl lede van raad bedien is met afleggings en aftrede.

04


nuuswaardig

4

05 AFRIFORUM VERDIEP

Waar 2012 hoofsaaklik daaraan gewy is om AfriForum se strukture uit te brei, is daar in 2013 daarop gefokus om die organisasie te vernuwe en strukture te verdiep. Buiten die reeks oorwinnings wat AfriForum gedurende 2013 binne en buite die hof behaal het, het die organisasie ook sy eerste algemene takkongres aangebied, ’n moderne nuwe webblad van stapel gestuur en groot vordering in die sosiale en elektroniese media gemaak. Hierby het AfriForum se tak in Vryburg in Noordwes ’n rekordtal van meer as ’n duisend lede aangeteken, terwyl AfriForum se ledetal teen ’n gemiddelde koers van sowat 2 000 lede per maand toegeneem het. Ná ’n jaar van groot welslae, kan ons nie wag om te sien wat AfriForum – saam met ons lede – in 2014 gaan bereik nie! SOL-TECH STERKER AS OOIT

Sol-Tech se fokus in 2013 was om die kollege se unieke ambagsopleidingsmodel te verfyn. Een van die hoogtepunte was beslis die groot trek na die kollege se nuwe perseel, waar al die werkswinkels nou op een terrein ingerig is en studente werklik ’n studentelewe in die ware sin van die woord kan ervaar. Die nuwe Sol-Tech-perseel beskik oor ’n volwaardige studentesentrum met ‘n kafeteria op die terrein. Sol-Tech het ook twee nuwe gesogte ambagte tot sy bestaande programaanbod gevoeg. Sol-Tech spog met studente wat in groot getalle kwalifiseer en landwyd welslae in die werkplek behaal. Dit is duidelik dat SolTech in sy doel slaag om jongmense se indiensneembaarheid te verhoog.

KRAAL UITGEWERS GEDENK

DIE GROOT TREK As deel van Kraal Uitgewers se viering

van die 175ste herdenking van die Groot Trek en die bekendstelling van die boek

Trekkerkinders is ’n historiese perderit op die spore van die Voortrekkers onderneem. Die rit het afgesluit by die Bloukransmonument waar meer as 500

mense tydens die Groot Trek vermoor is. Die boekbekendstelling het op dié plek, presies 175 jaar ná hierdie tragiese

moorde, plaasgevind. Die tweede uitga-

we van Kraal se boek Treurgrond, waarin meer as 3 300 plaasaanvalle bespreek

word, is ook vanjaar bekendgestel, met onder meer 3 300 pare skoene wat as

simbool van die aantal plaasaanvalle oor die afgelope 23 jaar by die Willem

Prinsloo-landboumuseum uitgestal is. Met Regstellende trane: Waarom

verteenwoordigendheid nie gelykheid is nie deur Dr. Dirk Hermann is sterk standpunt ingeneem teen die huidige toe-

passing van regstellende aksie in Suid-

Afrika, en dié boek asook ’n alternatiewe

model vir regstellende aksie is op 30 Julie op die onvoltooide brug in Kaapstad bekendgestel.

08

DIEP SPORE HELPENDE HAND TRAP

• Helpende Hand deel in 2013 altesaam 3 700 skooltassies aan behoeftige leerlinge uit. • Die verslag oor wit bedelaars bied ’n insiggewende kykie op die lewens van bedelaars. • Altesaam R12,3 miljoen se rentevrye studielenings is aan Afrikaanse studente uitbetaal. • Met Projek Leerkrag word 57 studente en 11 000 leerlinge met ’n subsidie vir onderwysassistente bevoordeel. • Bejaardes word bederf met en brei saam aan handtoffels, ontvang Silwer Kroon-toekennings en dans saam met die Ouma- en Oupa-projek se ambassadeur, die Flooze. • Pres. Jacob Zuma word aangevat oor sy huise vir wittes om stemme te wen en Helpende Hand bewillig R40 000 vir slagoffers van vloede in die Wes-Kaap. • Die Gesigte van Armoede-verslag word tydens Helpende Hand se kongres bekendgestel en wys hoe armoede lyk, en dit terwyl daar oor oplossings getwis word.

6 227

kleuters in 75 kleuterskole is in 2013 met opleiding en voeding gehelp. Altesaam 579 onderwysers en versorgers ontvang opleiding in die Immergroen Kleuterkursus en altesaam 2 250 ouers en onderwysers vind hierby baat. Ses studiebeurse is voorts geskep vir tersiêre opleiding in kleuteronderrig. S www.solidariteit.co.za • 06/2013

15




nuuswaardig ley Alana Bai

Gideon du Plessis

Dr. Dan ie Langn er

Susan Lombaard

Kallie Krie l

Deventer Paul van

Marthinus Visser

Appie P ienaar

Wat inspireer ons INSPIREERDERS?

S

Deur Cilleste van der Walt

ommige mense het ’n natuurlike gawe om ander te inspireer; om nie net ’n individu nie, maar ook ’n hele groep mense só te motiveer dat dit hul denke en hul dade beïnvloed. Natuurlike inspireerders sweep mense nie op nie, en manipuleer hulle ook nie. Hul passie is aansteeklik, en hulle weet hoe om met hul voorbeeld en oortuigings ander te motiveer om buite hul gemaksone te beweeg. Dié inspireerders se eie bron van inspirasie is gewoonlik die sleutel. Solidariteit Tydskrif het met die inspirerende leiers van die Solidariteit Beweging gesels om te hoor wat hulle in die oggend uit die bed laat spring.

Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum en hoof van Kraal Uitgewers, sê haar inspirasie is, in volgorde: • Die wonderwerke van God se skepping, • geesdriftige mense, en • die towerkrag van woorde. Gideon du Plessis, hoofsekretaris: arbeidsverhoudinge van die Solidariteit Beweging, vertel in ’n werkskonteks word hy geïnspireer deur die welslae wat die vakbond in aangeleenthede rondom arbeidverhoudinge behaal – wanneer hulle suksesvol is in moeilike onderhandelings en lede uiteindelik as die bevoordeeldes van die skikking of ooreenkoms uit die stryd tree. Daarbenewens is dit om ’n spanlid te sien presteer in ’n situasie of omstandighede wat mense gereken het bokant dié persoon se vuurmaakplek was. Persoonlik word hy geïn-

spireer deur sy geloof, en deur sy vrou en kinders gelukkig te sien. “My vrou, kinders en kultuur, asook goeie idees en die Afrikanergeskiedenis, inspireer my,” vertel Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK. Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, sê: “Ek word geïnspireer deur die mense om my, soos my kollegas se kreatiwiteit en sin vir humor, en my kinders se lewensvreugde en vars lewensuitkyk. Afrikaans inspireer my: ’n Gedig van TT Cloete, ’n liedjie van Coenie de Villiers, of mooi woorde soos ‘rampokker’ en ‘katastrofe’. My verhouding met God is vir my die grootste inspirasie. By Maroela Media staan ek soms verstom as ek sien hoe Hy vir ons deure oopmaak en die regte mense en geleenthede op die regte tyd oor ons pad stuur.” Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê: “Ek word geïnspireer as ek sien dat al meer van ons mense apatie eenkant toe skuif en aktief betrokke raak by AfriForum se takstrukture in plaaslike gemeenskappe. Hierdie selfdoen-ingesteldheid wat posvat, sal daartoe bydra dat ons selfstandig ’n beter toekoms kan skep, sonder om uitgelewer te wees aan ’n sukkelende staat omdat ons afhanklik is daarvan.” “Om ‘n bydrae te kan lewer daartoe om ‘n blywende verskil in mense se lewe te maak,

inspireer my,” sê Paul van Deventer, uitvoerende hoof van Sol-Tech. “By Sol-Tech is ons bevoorreg om jongmense, wat in baie gevalle nie hoop het vir die toekoms nie, te kan help om ‘n goeie kwalifikasie te kry ten einde ‘n suksesvolle toekoms in Suid-Afrika te kan hê.” Marthinus Visser, uitvoerende hoof van Akademia, sê: “Ek word geïnspireer deur die stories van mense wie se lewe na ’n nuwe vlak gelig is te danke aan opleiding. Ons hoor en beleef daagliks sulke stories by die Solidariteit Beweging. ’n Jongman wat werkloos en moedeloos by die huis gesit het en nou ’n goeie inkomste verdien nadat hy ’n ambag by Sol-Tech gedoen het. Of ’n ouer dame wat al jare in dieselfde pos is en nou bevordering kry omdat sy ’n kwalifikasie by Akademia verwerf het. In kort inspireer die ontsluiting van potensiaal my. Mense wat studeer, verbeter nie net hul kans op beter werkgeleenthede nie, maar ondergaan boonop ’n drastiese persoonlike groeiproses. So sien ’n mens hoe ons studente se selfvertroue toeneem, hoe hulle kritiese denke verbeter, hoe hulle beter raak in hul alledaagse verhoudinge met ander en, bowenal, hoe hulle nuwe hoop kry vir ’n beter toekoms. Dit inspireer my!” “Wat my inspireer, is mense wat ten spyte van terugslae tog maar weer opstaan en voortbeur, mense wat nie moed opgee nie, mense wat opstaan vir wat reg is, mense wat veg vir ’n saak omdat hulle daarin glo, selfs al lyk die stryd verlore,” sê Appie Pienaar, finansiële hoof van Solidariteit. S

The things you do for yourself is GONE when you are gone, but the things you do for others REMAIN your LEGACY. 18

06/2013 • www.solidariteit.co.za


M

nuuswaardig

Maroela Media vlymskerp by PENDORING Maroela Media, die gratis nuuswebtuiste en lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet, is twee jaar oud en het in dié kort tydjie BESONDERSE MYLPALE behaal en spog onder meer met ’n silwer Pendoring-toekenning op die rak. NICO STRYDOM het meer gaan uitvind. aroela Media se Grootste Afrikaner van Alle Tye-veldtog wat in 2012 van stapel gestuur is, is in September vanjaar met ’n silwer Pendoring-toekenning bekroon. Slegs agt goue Pendoring-toekennings vir reklame is dié aand uitgeloof aan verskeie advertensieagentskappe. Daar is ook slegs 26 silwer toekennings uitgeloof, wat ’n teken is dat die beoordeling baie streng geskied het. Etiket Brand Design het ’n silwer Pendoring ontvang vir die veldtog Die Grootste Afrikaner van Alle Tye, wat verlede jaar vir Maroela Media van stapel gestuur is. Dié veldtog het die enigste Pendoring ontvang wat in die kategorie vir geïntegreerde veldtogte toegeken is. “Dit is ’n groot prestasie vir so ’n jong maatskappy soos Maroela Media om ’n finalis vir die Pendoring-toekennings te wees en dan boonop ’n toekenning te ontvang,” sê Tiaan Ras, een van die direkteure van Etiket Brand Design. “Ons is baie dankbaar dat die beoordelaars ons veldtog vereer het,” sê Susan Lombaard, bestuurder van Maroela. “Maroela Media se hart klop Afrikaans, en dit is vir ons belangrik om seker te maak dat ons Afrikaans tot sy reg laat kom en bewys dat die taal nie hoef terug te staan vir enige ander reklame of projekte wat in die land gedoen word nie. Etiket Brand Design verstaan ons Afrikaanse hart soos min ander reklameagentskappe sou kon, en hul betrokkenheid in die veldtog was een van die groot sleutels van die veldtog se sukses.” Dis vir hulle ’n pluimpie dat die Grootste Afrikaner-veldtog juis ’n Pendoring in die gemengdemediaveldtog-kategorie ontvang het, sê Lombaard. “Dié kategorie is vir veldtogte wat bo die lyn- en onder die lyn-bemarking oor alle media heen goed ingespan het. Ons het nie ’n bemarkingsbegroting vir die veldtog gehad nie, buiten die kostes van die ontwikkeling self. Alle blootstelling wat ons in die media gekry het, was dus te danke aan goeie skakeling met die media en ander instansies, en goeie bemarking via sosiale media.” Die webtuiste het verlede jaar die land aan die praat gehad toe lesers met derduisende stemme die Grootste Afrikaner van Alle Tye aangewys het. Paul Kruger is as Grootste

Historiese Afrikaner aangewys, Steve Hofmeyr het met die titel as Grootste Eietydse Afrikaner weggestap en Liewe Heksie is gekroon as die Grootste Fiktiewe Karakter. Maroela bied gratis die jongste inligting en nuus oor aktuele sake, politiek en die ekonomie, maar ook oor die kunste, vermaak, leefstyl, boeke, musiek, resepte en taalbrokkies. “As ’n mens die tyd wat besoekers die afgelope twee jaar op Maroela Media spandeer het bymekaar tel, het besoekers al nege jaar en 361 dae – dus, bykans 10 jaar – op die webwerf

spandeer,” vertel Lombaard. “Afrikaanssprekendes in lande soos die Verenigde Koninkryk, die VSA, Australië, Nieu-Seeland, Nederland, Kanada en Duitsland is ook deel van dié lekker kuierplek.” Maroela Media het in 2013 besluit om die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye te soek. KykNET en Virseker is die hoofborge van dié interessante veldtog. Lombaard sê lesers kan ook binnekort die Maroela Media se app op hul Android- en Apple-slimfone aflaai om seker te maak hulle bly op hoogte met alles wat op dié dinamiese webtuiste gebeur. S www.solidariteit.co.za • 06/2013

19


nuuswaardig

R5 MILJOEN SE

STUDIEHULP

J

Solidariteitlede ontvang

20%-afslag!

Solidariteit het ’n ooreenkoms met AKADEMIA gesluit waarvolgens lede van die vakbond 20%-afslag by Akademia kry. Dit is sowat R4 000 per jaar en indien ’n lid van die vakbond vir ’n driejaardiploma of graad inskryf, kry hy dus tot R12 000 afslag. Dié bedrag is gelykstaande aan sowat 11 JAAR SE LEDEGELD. Nog goeie nuus is dat die Solidariteit Studiefonds R5 miljoen beskikbaar gestel het vir RENTEVRYE STUDIELENINGS vir behoeftige Solidariteit-lede wat by Akademia wil studeer.

Akademia: Bekostigbare STUDIETUISTE in Afrikaans

Foto: iStockphoto.com

y is tussen vyf en tien jaar lank al klaar met skool en is reeds besig om te werk. Jy besef dat jy baie vinnig jou plafon bereik het – die kwalifikasie wat jy benodig om bevorder te word of beter werk te kry, beteken dat jy weer moet gaan studeer – maar waar? Die luukse om vir ’n jaar of drie op ’n universiteitskampus deur te bring om te studeer, word stukkie vir stukkie afgebreek deur die realiteit van ’n gebrek aan ’n salaris tydens die tydperk, die afstand wat jy sal moet aflê om sulke studies moontlik te maak, asook die koste wat aangegaan moet word vir onder meer duur verblyf. Om telematies te studeer, beteken dat jy in Engels moet studeer, en jy is skrikkerig vir jou bestaande verpligtinge en die selfdissipline wat dit verg om onbegeleid op jou eie tuis te studeer. Dinge lyk inderdaad mistroostig! Jy besef egter dat jy ’n plan moet maak, en net daar val jou oog op Akademia se advertensie.

20

Wat bied Akademia jou? As een van die nuutste privaat Afrikaanse hoëronderwysinisiatiewe wat in 2012 met klasse begin het, spog Akademia reeds met vyf universiteitsvlakkwalifikasies wat jou kan help om ’n mistroostige lewensverwagting in ’n suksesvolle en welvarende toekoms te omskep! 06/2013 • www.solidariteit.co.za

Akademia se BCom-graadkwalifikasie in ondernemingsbestuur is die eerste Afrikaanse BCom-graad wat deur ’n privaat hoëronderwysinstelling in Suid-Afrika aangebied word. Hierdie BCom-kwalifikasie, wat in samewerking met bedryfsleiers en internasionaal erkende akademici ontwikkel is, bied jou die regte onderbou wat jou in staat stel om in die meeste sakeverwante rigtings te kan spesialiseer. Akademia se akkreditasie by die Raad op Hoër Onderwys beteken ook dat jy erkenning en krediet kry vir jou graad en by enige ander universiteit kan aansoek doen om verdere studies te onderneem. Die driejaardiploma in bemarking bemagtig jou om die wêreld van bemarking en verkope te betree en jou met die regte gesindheid bo jou kollegas te laat uitstyg. Die diploma in kleinsakebestuur en entrepreneurskap is daarop gemik om jou met die nodige kennis toe te rus om jou huidige of beplande sakeonderneming, asook die omgewing waarin jy funksioneer, beter te verstaan – albei boustene van ’n volhoubare en voorspoedige sakeonderneming. Die hoër sertifikaat in rekeningkunde is daarop gemik om aan jou as debiteurs- of krediteursklerk die regte kwalifikasie te bied om jouself na ’n meer senior vlak op te werk.

Dié kwalifikasie stel jou ook in staat om vir graadstudie in die toepaslike rigting aansoek te doen. Boonop bied ons ook’n hoër sertifikaat in kantooradministrasie aan. ’n Deel van hierdie opleiding sluit projekadministrasie in – ’n gesogte vaardigheid wat deur vele projekbestuurders in die praktyk benodig word.

Hoe doen ons dit? Deur gebruik te maak van moderne videokonferensietegnologie bring ons universiteitswese binne jou bereik, georafies en finansieel. Akademia beskik reeds oor studiesentrums in Pretoria Moot, Centurion, Boksburg, Roodepoort en Vanderbijlpark in die noorde. Twee sentrums in die Wes-Kaap open ook vanaf 2014 hul deure, en ’n groot bekendstelling vind in November plaas wanneer die sentrums in Bellville en Somerset-Wes geopen word. Ons studiegeld is baie bekostigbaar en waar dit moeilik gaan, kan jy aansoek doen om rentevrye studielenings om só jou studies ’n moontlikheid te maak. • Besoek www.akademia.ac.za en doen maklik aanlyn aansoek vir studies in 2014, of SMS die woord “SOL”, jou naam en van na 34933, en ’n agent sal jou terugskakel! SMS’e kos R2.Akademia, waar werkendes in Afrikaans studeer! S


Deel van die Solidariteit Beweging


nuuswaardig

HIER IS ONS WENN ERS

WENNERS inspireer met pen en kamera

’n Trotse deel van Suid-Afrika se erfenis en geskiedenis is hierdie jaar in die kollig met die 175ste HERDENKING van die Groot Trek. Solidariteit Tydskrif het dit gevier met ’n KOMPETISIE vir ons lesers. Nou kan ons breëbors sê: Die volgende wenners het “Híér help bou!” skryf CILLESTE VAN DER WALT. SÓ SÊ DIE WENNERS James Harris woon saam met sy vrou, Charlotte, in Secunda en vertel sy inspirasie was eintlik ’n toeval. “Ons het as fotoklub een aand ’n fotosessie gedoen om in lae lig af te neem. Toe ek die Solidariteit Tydskrif-kompetisie sien, het ek gedink dit sal nogal baie goed by die tema pas.”

WENFOTO

Deur geloof het ons oorwin James Harris Reint Dykema, professionele fotograaf, het die beoordeling van die kompetisie se foto-kategorie behartig. Reint se styl is fotojoernalistiek of fotodokumentêr. “Ek het gekyk watter foto’s pas in by die tema: ‘Híér het ek help bou!’ Daarbenewens het ek gekyk watter foto vertel ’n storie en is ook visueel sterk met goeie komposisie en kleurgebruik wat tegnies sterk vertoon. Suid-Afrika is gebou met harde werk en studie, laat nagte se leer by kerslig. Verder bou dit op ’n element van geloof wat nog altyd gedien het as aansporing vir ons voorsate,” vertel Reint.

WENGEDIG

Nasate van helde Madalien Potgieter Alana Bailey, ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad, en Ilze Nieuwoudt, publikasiebestuurder van Kraal Uitgewers, was die bekwame span wat die beoordeling van die geskrewe 22

06/2013 • www.solidariteit.co.za

deel van die Solidariteit Tydskrif-kompetisie beoordeel het.“Ons hou van die feit dat sy by die tema vir die kompetisie gebly het, maar nie net by die verlede vasgehaak het nie. Inteendeel, sy kyk na die Trekkers uit die verlede en maak dit van toepassing op vandag en hoe ons ook weer die ‘helde’ vir die volgende generasie sal moet wees. Die meerderheid van die ander gedigte het nie by die tema gebly nie of is feitelik verkeerd. Hierdie gedig maak ook gebruik van ’n meer moderne en losser rym en patroon. Dit voel nie so geforseerd nie,” sê Alana.

WENOPSTEL

Die kaalvoetvrou Mariska Ford “Hierdie keuse is vanselfsprekend. Dit is eerlik, opreg en in praatstyl geskryf. Dit het ons getrek om verder te lees. Weereens het hierdie persoon nie net by die verlede gebly nie, maar dit nader getrek aan haar eie omstandighede en na vandag. Dit lees gemaklik en dit is lekker om te sien dat ’n jonger persoon (as jy oordeel aan haar jong kinders) hierdie opstel met soveel simpatie oor die verlede geskryf het,” sê Ilze.

Madalien Potgieter van Lichtenburg vertel: “Ons het grootgeword met al hierdie geskiedkundige heldeverhale. Hulle het nie eers die gerief van 4x4-motorvoertuie, met lugreëling en kopligte wat hul pad vooruit kon verlig in die nag, gehad nie. Ons lewe is baie makliker en gemakliker vandag. As ons net dieselfde geloof, moed en deursettingsvermoë openbaar as hulle, is ons nie veronderstel om veel meer as hulle te kan vermag nie? Maar ons dra onsself dood aan onnodige bagasie en aardse besittings. As ons van die ‘bagasie’ ontslae raak, sal ons van amper al ons bekommernisse ontslae raak en meer tyd vind om ’n beter toekoms te bou.” Mariska Ford woon saam met haar man Coillard en twee seuns Robert (7) en Dawid (5) in Pretoria en sy sê: “Elke jaar met Erfenisdag worstel ek met die idee van nalatenskap. As jong wit Afrikaner voel dit polities inkorrek om trots te wees op my volk se verlede. Met ons besoek aan die monument van die kaalvoet vrou het ek besef dat ’n mens uit die verlede moet neem wat goed is en daarop moet voortbou. In my eie lewe het dit tot introspeksie gelei wat my laat besef het dat my nalatenskap veel meer is as my volk se verlede of my eie. Dis gesetel in die vaste wete dat my God alles ten goede laat meewerk vir die wie Hom liefhet. My inspirasie kom uit Ps. 16:5 ‘…’n pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi!’ Dit is my nalatenskap, my verlede, hede en toekoms.” S



nuuswaardig

160 000

mense het per SMS hul steun vir die behoud van Pretoria se naam laat hoor. Jy kan AfriForum se veldtog steun deur jou naam na 31481 te SMS.

Openbare druk kán PRETORIA SE NAAM red

H Foto: iStockphoto.com

Die suksesvolle MOBILISERING VAN OPENBARE DRUK teen die verandering van Pretoria se naam, kan beslis dié naam help red!, skryf KALLIE KRIEL, uitvoerende hoof van die burgerregtegroep AfriForum.

24

ierdie standpunt word bevestig deur die feit dat die Tshwanemetroraad besluit het om die openbaredeelnamevergaderings wat hy op 12 Oktober oor die verandering van Pretoria se naam sou hou, te kanselleer. Die kansellasie het gekom nadat die oorweldigende steun vir AfriForum se veldtog ter behoud van Pretoria se naam, gewys het dat die publiek in groot getalle sou opruk om op hierdie vergaderings standpunt vir Pretoria se naam in te neem. Binne enkele dae nadat AfriForum sy veldtog van stapel gestuur het, het meer as 160 000 lede van die publiek reeds per SMS hul stem ter behoud van Pretoria se naam laat hoor deur hul naam na 31481 te SMS. Die metroraad se plan om die uitslag van verlede jaar se openbaredeelnameproses, waartydens 81% van deelnemers ten gunste van die behoud van Pretoria se naam was, met ’n nuwe proses te omseil, is in sy spore gestuit

06/2013 • www.solidariteit.co.za

deur die praktiese demonstrasie van die oorweldigende steun vir Pretoria se naam. Toe die Tshwane-metroraad meer as agt en ’n half jaar gelede op 7 Maart 2005 besluit het dat Pretoria se naam moet verander, het enkele kritici gesê dat dit nie sou help om teen die naamsveranderingsbesluit kapsie te maak nie, aangesien “die ANC in elk geval sou doen wat hy wou en die naam verander”. Indien hierdie stelling as riglyn gebruik is, sou niemand iets gedoen het nie en sou Pretoria se naam voor die einde van 2005 na Tshwane verander het. Doelgerigte openbare veldtogte met groot openbare steun het egter direk daartoe bygedra dat Pretoria ná meer as agt jaar steeds Pretoria heet en dat opeenvolgende ministers van kuns en kultuur nie die naamsveranderings goedgekeur het nie. Die openbare steun vir Pretoria se naam is ook aangevul deur AfriForum se regstrategie. Die feit dat AfriForum se regspan gereed staan om enige verandering van Pretoria se naam

met sterk regsargumente in die hof te betwis, het ook daartoe bygedra dat die verandering van Pretoria se naam nie deur die regering gestoomroller kon word nie. Bogenoemde beteken natuurlik nie dat die stryd ter behoud van Pretoria se naam finaal gewonne is nie. AfriForum en ander voorstanders van Pretoria se naam sal steeds op hul hoede moet wees en aanhou om steun vir Pretoria te wys. Sou die ANC vermoed dat steun vir Pretoria kwyn, sal hulle weer die proses begin voer. Daarom word jy steeds versoek om jou steun vir Pretoria se naam te wys deur jou naam na 31481 te SMS. Sosiale media maak dit moontlik om die meer as 160 000 mense wat per SMS hul steun vir Pretoria gewys het, op kort kennisgewing te mobiliseer en in te lig van enige nuwe rondte openbare vergaderings, sou die regering dit vinnig probeer deurdruk. Die stryd ter behoud van Pretoria se naam duur voort, maar met jou steun is dit ’n stryd wat ons kan wen. S


By Cilleste van der Walt

he end of another year is upon us. On the one hand, it is a time to look back at and be proud of everything you’ve achieved; on the other hand, you probably can’t imagine where the time has gone. It’s also a time to make sure you take control of what’s still to be done before the Silly Season hits you. The way you end a year is just as important as the way you start it. It is the perfect opportunity to assess significant accomplishments, finalise personal and work projects you’ve been working on, and let go of everything that doesn’t make sense anymore. This year, instead of just letting the final days of the year slip by, use them to your advantage. End the year on a high note with these four steps:

• Clear the clutter: At the end of a busy year, it might look as if a tornado hit your desk. Schedule time for cleaning up the clutter. Sort and file paperwork, and clean up and rearrange your working environment.You’ll be much better off starting the new year in an organised, clean environment. Cleaning up will give you inner peace to help you relax and unwind during the holidays, without adding to your worries about the coming year. • Evaluate and let go: The end of the year is the perfect time to make decisions with regards to what should change in your life, and what should stay the same. Maybe some of the decisions you made in the past are not applicable anymore. What felt right a year ago, might not be “right” in your current

circumstances. Have a look at the systems and processes you use to function both at work and at home. Get rid of everything that does not have a productive outcome, even if it is something simple like changing the way you file your paperwork. • Get your e-mails under control: Answer any pending e-mails, delete junk mail and other mails you don’t need to keep, and unsubscribe to all those e-mail newsletters you never read. • Finalise as much as you can: The closer we get to Christmas, the more we tend to relax and think “I’ll finish these projects early in the new year”. Schedule a few hours per project, make sure you won’t be interrupted, and finish off each project as far as possible. S

newsworthy

T

End of year madness: TAKE CONTROL!


Industrynews

News from all the industries trade union Solidarity operates in as well as issues that directly influence you in the world of work.

Telkom disregards EMPLOYEES’ NEEDS Telkom’s executive management recently received increases of up to

According to Telkom’s former Chief Financial Officer, Jacques Schindehütte, “The need to CUT COSTS remains as urgent as ever”. Nevertheless, Telkom’s executive management recently received increases of up to 58% each. INGE STRYDOM reports. ccording to Marius Croucamp, industry head for the communication, chemical and professional services industries at Solidarity, trade unions are increasingly becoming frustrated with Telkom’s management style. “We have had numerous discussions and negotiations with Telkom’s management in an attempt to resolve the matter regarding salary increases in a sustainable and financially viable manner,” Croucamp explains.“We, as a trade union, have been very lenient and considerate regarding Telkom’s financial situation. However, the recent developments prove that Telkom disregards the needs of its employees.” Besides the fact that Telkom’s executive management received astronomical increases of over 50% whilst employees were offered a mere initial increase of 1,5%, the company is now prompting employees to follow a more economic approach when going about their daily tasks. In a recent internal communiqué, Schindehütte even announced that no further financial contributions will be made towards year-end functions neither should employees expect a bouquet of flowers or a congratulatory gift in recognition of a significant family event, such as the passing of a dear one or the birth of a child. Nowadays, employees are also forced to drink tap water since management removed all water coolers from their offices. Croucamp says it is unacceptable for employees to be forced to work under such dismal conditions while management enjoy all the benefits they desire. Croucamp further explained that in another shocking development, Telkom yet again agreed to be an official sponsor of business briefings held by the controversial Gupta family’s newspaper, The New Age. “Telkom announced that in addition to the 26

06/2013 • www.solidariteit.co.za

58%

while the company says that cutting costs remains as urgent as ever!

TELKOM SAYS ‘NO’ TO FURTHER NEGOTIATIONS Solidarity recently declared a dispute with Telkom regarding the recent unsuccessful wage negotiations between the parties. This followed after Telkom initially offered a 1,5% wage increase for employees. The offer was, however, later revised, and the final offer was linked to a differentiation model. This model involves a three-year agreement that, according to the company, is aimed at rectifying historic salary imbalances. According to the new agreement, certain employees will re-

11 business briefings already sponsored, they are to be the proud sponsor of a further five such briefings,” Croucamp said. According to a Telkom press release, this business briefing se-

ceive an increase above 6%, while others will virtually be granted no increase at all, which boils down to a wage freeze. In real terms, the agreement means that certain employees will be subjected to a wage decrease over the next three years, since they will remain on the same salary level for that period. Despite Solidarity’s request to continue with negotiations, Telkom refused, stating that “as far as [they] are concerned, this year’s negotiations are finalised.” ries creates a platform for government, business and civil society to engage openly in and conduct crucial debates on key issues that affect South Africans. S


bedryfsnuus

Excessive UIF levies amount to job tax

T

By Cilleste van der Walt

Kubaanse aanstellings wys dat REGSTELLENDE AKSIE faal

E Foto: iStockphoto.com

’n Aankondiging deur Edna Molewa, minister van waterwese, dat 34 ingenieurs wat uit Kuba afkomstig is voorkeurindiensneming in die openbare sektor sal geniet, is ’n erkenning van die MISLUKKING van die huidige regstellendeaksiemodel, skryf NICO STRYDOM. dna Molewa, die minister van waterwese, het in September vanjaar ’n ooreenkoms met haar Kubaanse ampsgenoot onderteken met die oog op die “uitruil van kundiges”. Mava Scott, woordvoerder van die departement, het destyds aan Beeld gesê die land het nie genoeg opgeleide tegnici en ingenieurs nie en dat die Kubane net vir ’n paar jaar met onder meer opleiding sal help. Volgens Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het die omvang van die regering se pogings om die aanstelling van wit Suid-Afrikaners in die staatsdiens te beperk, hiermee ’n nuwe laagtepunt bereik. “Solidariteit het al telkemale gemaan dat die regering se onwrikbare verbintenis tot rasgegronde demografiese verteenwoordiging tot die ineenstorting van die uitvoerende vermoë in die openbare sektor sal lei,” sê hy. “Pleks daarvan om regstellendeaksievereistes te skrap ten opsigte van aanstellings waar kritieke vaardighede benodig word, voeg Molewa skande by skade deur voorkeurbehandeling te gee aan

Kubaanse ingenieurs wat geen ondervinding van plaaslike toestande het nie.” Groenewald sê hierdie situasie is moontlik een van die duidelikste aanduidings tot op hede dat posisies in noodsaaklike dienste, wat een of meer van die regte soos vasgelê in die Grondwet raak, van regstellendeaksievereistes vrygestel moet word. Die regering se aandrang dat te min ingenieurs beskikbaar is of belangstel in die posisies wat geadverteer word, onderstreep bloot die werklikheid van ’n gebrekkige vaardigheidspyplyn wat die gevolg van ’n disfunksionele openbare onderwysstelsel is. “Nie naastenby genoeg swart ingenieurs kwalifiseer om aan die vereistes van ’n beleid van rasseverteenwoordiging te voldoen nie. Die regering se werwing van Kubaanse ingenieurs is ’n erkenning dat dit tans onmoontlik is om regstellende aksie toe te pas sonder om dienslewering te benadeel. As hulle ernstig is daaroor om die probleme in die openbare sektor aan te pak, sal die regering sy verbintenis tot die huidige regstellendeaksiemodel dringend moet heroorweeg,” sê Groenewald. S

he Unemployment Insurance Fund (UIF) has been under scrutiny in recent months. In a study conducted by the Solidarity Research Institute (SRI), it is highlighted that current levels of UIF contributions are excessive and discourage employment. According to the SRI, decreasing UIF levies is preferable to expanding the fund’s mandate to cover items unrelated to unemployment insurance.These statements are part of the SRI’s comments on the Unemployment Insurance Amendment Bill. Another aspect of the bill that the SRI touches upon in its comments is how this bill would greatly expand the range of beneficiaries covered by the UIF to include people in apprenticeships as well as government employees. Since it is unclear if government and employers of apprentices will be obliged to contribute to the fund, the proposed amendment might create a situation where certain unemployed people would be able to claim benefits without having contributed to the fund. According to Piet le Roux, senior economics researcher at the SRI, the UIF has a record of excessive surpluses.“In the previous financial year, the UIF had a surplus of more than R6 billion out of a total income of R12,4 billion.The fund’s total current surplus is approximately R83 billion. Clearly, the fund is more than covering its insurance obligations.The SRI conservatively estimates that halving current UIF levies would leave an amount equivalent to that required to fund 130 000 new entry-level jobs, at R4 000 per month, in the hands of the private sector,” said Le Roux. He added that excessive UIF levies serve to depress employment.“The UIF sources its funds by skimming off what employers are demonstrably willing to spend on employees. By drawing on this total supply of wages in the economy, the UIF actually lowers employment that would otherwise originate from two sources: Employees who would boost employment in general by their higher expenditure or judicious investing, and employers who would be able to finance the appointment of more employees with the additional funds available to them.” S www.solidariteit.co.za • 06/2013

27


industrynews

“A

LONMIN jeopardises peaceful labour relations

Photograph: iStockphoto.com

By Inge Strydom

28

democratic and civilised country cannot allow disputes which originated on the labour front to escalate to a level where innocent people are being intimidated and murdered in a barbaric manner.” This is according to Gideon du Plessis, general secretary of Solidarity, in a recent column written for the one year commemoration of the tragic events that took place at Lonmin’s Marikana mine.The commemoration of the Marikana-shooting ominously occurred alongside Lonmin’s recent decision to sign an agreement with Amcu which resulted in Lonmin rescinding its recognition of Solidarity and two other trade unions. The recognition agreement between Lonmin and Amcu includes a bizarre clause according to which a trade union whose recognition has been suspended can regain recognition if its members participate in a disruptive strike. Solidarity, however, declared a dispute against Lonmin which led to the clause being removed from the agreement. Lonmin held that the clause was added due to a “technical error”. Despite Solidarity’s efforts to bring about positive changes to Lonmin’s operations and the consequent effect on its employees, Lonmin later announced that, in terms of its latest agreement with Amcu, it will not re-instate its recognition of Solidarity. According to Du Plessis, this is in spite of Lonmin’s promises in recent months that it will not disregard Solidarity as a minority union in favour of the majority. ‘‘Lonmin even indicated that it would be prepared to absorb a strike by Amcu in order to protect Solidarity’s recognition in view of its contribution and support given during a time of labour unrest. Lonmin, however, failed to honour this agreement with Solidarity,” Du Plessis said.“By signing the agreement of recognition with Amcu, Lonmin has thus institutionalised a culture of disruption.” In the meantime, Lonmin CEO Ben Magara has publicly expressed his satisfaction with regard to the agreement, saying that he is “delighted to announce the signing of Lonmin’s recognition agreement with Amcu” and that “it is excellent news for Lonmin, for its employees and for all its stakeholders.” Du Plessis is, however, of opinion that should the powers that be remain as is, the South African labour front will be underpinned by anarchy in the workplace. Furthermore, Du Plessis warns that unemployment will rise as a result of these conditions as local and international investors will increasingly avoid investing in South Africa’s mining industry. Solidarity has, however, refused to give up in its mission to bring about a positive change.The trade union therefore had recently launched a six point action plan to further its efforts in bringing about stability within Lonmin and the larger South African mining industry. Meanwhile, following Solidarity’s disapproval of the status quo with regard to its recognition at Lonmin, the mining company has agreed that they would consider alternatives to accommodate Solidarity. Solidarity has welcomed this and has agreed to give Lonmin one month to come up with its proposal. S

06/2013 • www.solidariteit.co.za

SOLIDARITY’S SIX POINT PLAN Labour action Solidarity will proceed with a dispute process with the support of the National Union of Mineworkers (NUM) at the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA), which might result in a strike.

1

Bringing pressure to bear in the Presidential Mining Forum The purpose of the Framework Agreement for a Sustainable Mining Industry, which Amcu failed to sign, was to bring about stability in the mining industry within 12 months. Lonmin, a signatory of the framework agreement, has now become the first party to breach the agreement since it makes provision for the immediate phasing out of the majority principle.

2

Parliamentary processes Parliamentary debates with Lonmin will be requested. The support of political parties will be obtained, and co-operation talks will be held with other trade unions.

4 5

3

International pressure through the International Labour Organisation (ILO) Talks have already taken place with international trade unions enjoying representation at the International Trade Union Congress (ITUC) about the majority principle and Lonmin’s ill-considered perpetuation thereof.The ILO will be requested to offer advice on international law and practice.

Letters to Lonmin shareholders A campaign will be conducted in terms of which Lonmin shareholders will be asked to intervene regarding Lonmin’s poor judgment as far as the management of labour relations is concerned and the risk it poses for the mining industry and for South Africa. Legal action As the implementation of the majority principle involves constitutional elements, a legal process will be embarked upon to test the constitutionality of Lonmin’s actions with regard to the majority principle and to test the constitutionality of Lonmin’s violation of the right to freedom of association.

6


bedryfsnuus

Blink OOREENKOMSTE vir goud, steenkool

“Dit was krities dat ons so gou moontlik ‘n OOREENKOMS bereik ten einde bestendigheid in die steenkoolsektor te verseker,” sê Gideon du Plessis, hoofsektretaris van arbeidsverhoudinge by Solidariteit, oor die onlangse loonooreenkoms wat tussen die werkgewers in die steenkoolbedryf en vakbonde bereik is. INGE STRYDOM berig.

Foto: iStockphoto.com

S

olidariteit en die Kamer van Mynwese is sedert die begin van Julie in onderhandelings gewikkel ten opsigte van loonverhogings vir werknemers in die steenkoolsektor. Vakbonde het egter middel Augustus, na sowat 6 weke se onderhandelings, ’n geskil verklaar. “Solidariteit was ontevrede met ongelykhede ten opsigte van werknemers se behuisingstoelaag. Ons het daarom geëis dat die werkgewers die behuisingstoelaag in lyn met dié van ander myne bring,” sê Du Plessis. Solidariteit het aanvanklik ’n algehele loonverhoging van 10% geëis, terwyl die werkgewers aanvanklik verhogings van tussen 7% en 8% aangebied het. Die partye het egter aan die einde van September, ná bemiddeling deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), ’n algehele loonooreenkoms van 8% bereik. Solidariteit verteenwoordig

nagenoeg 7 000 lede in die bedryf. Intussen het Solidariteit op 9 September vanjaar ’n loonooreenkoms bereik met die Kamer van Mynwese vir ’n salarisverhoging vir werknemers in die goudbedryf. Die kamer het ’n finale aanbod van ’n 7,5%-verhoging vir Solidariteit se vaardige lede en ’n 8%-verhoging vir intreevlakwerknemers gemaak. Elize Strydom, hoofonderhandelaar van die Kamer van Mynwese, het in ’n verklaring gesê die aanbod is effens laer as die aanbod waarop vakbonde gehoop het.“Die verhoging van jaar twee van die ooreenkoms behels slegs verbruikersprysinflasie plus 0,5% en ’n minimum gewaarborgde verhoging van 6,5%,” het sy gesê. Die vakbond se lede het egter, met die huidige omstandighede in die goudbedryf in ag geneem en met die hoop dat die skikking tot die volhoubaarheid van die bedryf sal bydra, die aanbod aanvaar. S

STEENKOOL IN SYFERS • Die Richardsbaai-terminaal het verlede jaar sowat 68,5 miljoen ton in steenkooluitvoere hanteer. • Die meerderheid van Suid-Afrika se uitvoersteenkool word deur Anglo American, BHP Billiton en Glencore Xtrata geproduseer. • Suid-Afrika voer ongeveer ’n derde van sy steenkool uit na Indië. • Suid-Afrika het in Julie vanjaar 6,2 miljoen ton steenkool uitgevoer, in vergelyking met 5,3 miljoen in Junie, luidens die Richardsbaai-terminaal. • Bron: www.plats.com

www.solidariteit.co.za • 06/2013

29


bedryfsnuus

Solidariteit gerat vir HOFSAAK teen SAAT

S Foto: iStockphoto.com

Met Solidariteit se DISKRIMINASIEHOFSAAK teen South African Airways Technical (SAAT), die tegniese afdeling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), steeds aan die gang, is die vakbond druk besig om vir die volgende hofsitting voor te berei. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, meen die vakbond is vuur en vlam om die saak in die hof voort te sit en wag op hete kole vir die arbeidshof om die volgende hofdatum vas te stel, skryf INGE STRYDOM.

30

olidariteit sal eersdaags sy hofgeding teen die SAAT voortsit, nadat die vakbond vroeër ’n interdik bekom het wat die maatskappy dwing om af te sien van sy plan om vyf vakante poste te vul wat vroeër weens regstellende aksie vir swart kandidate gereserveer is. Drie Solidariteit-lede wat in van dié poste waargeneem het, is weens hul velkleur oor die hoof gesien en nie vir permanente posisies oorweeg nie. Daarbenewens was daar geen geskikte swart kandidate wat die poste kon vul nie. Die SAAT het toe, in reaksie op die interdik, op 6 Augustus met Solidariteit ooreengekom dat die poste vakant gelaat sal word totdat die hofsaak gefinaliseer is. Groenewald meen Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke is gereed om die SAAT die stryd aan te sê en sal alles in sy vermoë doen

06/2013 • www.solidariteit.co.za

om te sorg dat hierdie lede kry wat hulle toekom. “Daar bestaan geen regverdiging vir hoe die SAAT ons lede hanteer het nie. Hul reg tot gelykheid en hul menswaardigheid is geskend. Die SAAT sal in die hof verantwoording hiervoor moet doen,” verduidelik hy. Solidariteit sal die drie lede, Marthinus Coetzer, Etienne van den Berg en Casper Mulder, tydens die volgende hofsitting verteenwoordig. “Dit is baie vernederend en teleurstellend as ’n mens vir byna 14 jaar jou hart en siel in jou werk belê en boonop aan al die vereistes vir ’n sekere pos voldoen, maar bloot weens jou ras afgekeur word,” het Van den Berg in ’n onderhoud oor die kwessie aan Solidariteit gesê. Die bogenoemde lede is onderskeidelik 20 jaar, 13 jaar en 24 jaar by die maatskappy werksaam. Al drie het in Januarie 2011 om

vakante poste vir senior tegnici aansoek gedoen. Slegs agt uit die 13 poste is egter gevul terwyl die oorblywende vyf poste vakant gelaat is. Die drie lede is nie vir die poste oorweeg nie, ten spyte daarvan dat hulle aan die vereistes voldoen het. Die SAAT het ter verdediging in hofdokumente aangedui dat die poste vakant gelaat is sodat die aangewese kandidate later, wanneer hulle die nodige kwalifikasies verwerf het, vir die poste kan aansoek doen. Groenewald meen egter die reservering van poste kom neer op ’n kwotastelsel wat deur artikel 15(3) van die Wet op Gelyke Indiensneming verbied word. “Mense is geneig om te vergeet dat regstellende aksie diskriminerend van aard is en dat dit slegs regverdigbaar is wanneer dit in lyn met die Grondwet en ander toepaslike wetgewing geskied,” sê hy. S


Foto: iStockphoto.com

Deur Nico Strydom

ie Menseregtekommissie (MRK) gaan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se omstrede kadetprogram ondersoek. Solidariteit het die ondersoek aangevra nadat die lugdiens geen wit manlike kandidate in sy kadetprogram opgeneem het nie. Volgens Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het die vakbond die MRK gevra om die saak te ondersoek namens tien wit mans wat vir die kadetprogram aansoek gedoen het, maar weens hul velkleur nie suksesvol was nie. “Hierdie tien kandidate se reg op gelykheid, waardigheid en vryheid van handel en professie is deur die SAL geskend, aangesien hul aansoeke oorweeg sou word as dit nie vir hul ras was nie. Die kadetprogram se toelatingsvereistes kom op

onbillike diskriminasie teen wit mans neer en is niks minder as ’n kwotastelsel nie. Solidariteit se versoek is dat die SAL beveel moet word om die diskriminerende praktyke te stop en die kadetprogram vir mense van alle ras- en geslagsgroepe oop te stel. Sou daar bevind word dat die tien kandidate wel in die kadetprogram opgeneem sou word as dit nie vir hul ras was nie, moet die SAL die nodige stappe doen om die saak reg te stel en die kandidate in die program opneem.” Solidariteit tree op namens Americo Carneiro, Jan-Paul Nel, Nelis van Niekerk, Armand Moolman, Christopher James Baden Hall, Daniël Hoffman, Dirk Kotze, J.F. Simonis, Pierre de Klerk en Werner Schultz. Solidariteit het verlede jaar ’n veldtog teen die SAL van

stapel gestuur nadat wit mans se aansoeke vir die kadetprogram summier afgekeur is wanneer hulle hul ras op die aanlynaansoekvorm ingetik het. Die SAL het daarna die verbod op aansoeke van wit manlike kandidate vir sy kadetprogram opgehef. ’n Aantal wit manlike kandidate het aan die proses deelgeneem en was onder die indruk dat hulle hul droom kan verwesenlik. Hulle is selfs na Pretoria gevlieg, in ’n hotel gehuisves en het verskeie toetse gedoen. Aan die einde van die proses is hulle steeds op grond van hul ras afgekeur. Die SAL het 40 kandidate in sy kadetprogram opgeneem – tien swart mans, vier swart vroue, nege bruin mans, een bruin vrou, sewe Indiërmans, twee Indiërvroue en sewe wit vroue. S

bedryfsnuus

D

MRK gaan SAL-KADETPROGRAM bekyk


industrynews

SAPS member falsely branded as RACIST

L

Photograph: iStockphoto.com

After a member of Solidarity working for the South African Police Service (SAPS) had been FALSELY ACCUSED OF RACISM by a colleague, the trade union’s Centre for Fair Labour Practices referred a case of unfair discrimination and victimisation to the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA). NICO STRYDOM reports.

32

ieutenant Colonel Loretta Botha who works at the Sunnyside police station was accused of racism after she had carried out an instruction from her station commander. Dirk Groenewald, Head of the Centre for Fair Labour Practices, said Botha’s station commander instructed her in January 2011 during a crime combat meeting to begin disciplinary procedures against colleagues who had been watching television while on duty. Botha carried out the instruction and then one of her black colleagues filed a grievance and laid criminal charges against Botha. “In the grievance Botha is accused of racism against her black colleagues. She was also charged with defamation. Botha in turn also filed a grievance against that particular colleague. However, Botha’s grievance has never been investigated. On 5 August 2013, Solidarity and the SAPS came to an agreement in the Labour Court in Johannesburg that the SAPS would investigate Botha’s grievance.” Groenewald said the SAPS indicated on 27 August at a mediation process that they did not have a mandate to comply with the demands in Botha’s grievance. Botha requested that the false accusations of racism made against her should be investigated, that steps should be taken against the colleague who made the accusations and that her good name should be restored. “However, the SAPS indicated that the person who made the allegations against Botha has meanwhile been transferred and promoted and that they consider the process as being settled. Solidarity then referred a case of unfair discrimination and victimisation to the CCMA. Solidarity requests that the SAPS should be held vicariously liable for their failure to investigate Botha’s grievance, as determined by the Employment Equity Act.

06/2013 • www.solidariteit.co.za

DÍS ERNSTIGE WANGEDRAG, BESLIS HOF

In die saak South African Chemical Workers Union (Sacwu) en Ander vs NCP Chlorchem (Pty) Ltd en Ander is ’n swart werknemer ontslaan nadat hy ’n wit werknemer daarvan beskuldig het dat hy rassisties was en geweier het om om verskoning te vra.“Die hof is van mening dat indien ’n werknemer, sonder goeie rede, ’n medewerknemer daarvan beskuldig dat hy rassisties is of ’n rassistiese houding het, dit op ’n baie ernstige vorm van wangedrag neerkom,” het waarnemende regter Deon Nel in sy uitspraak gesê.

If an employer’s actions are not in accordance with the Act, the employer may be held liable.The Centre will request the CCMA that the SAPS should take the necessary disciplinary steps against the employer making false accusations against Botha and that Botha’s good name should be restored.” According to Groenewald, false accusations of racism in the workplace should not be taken lightly and employees are often guilty of doing this. S

BEE would cause greater harm – SRI

T

By Nico Strydom

he upcoming intensification of the Broad-Based Black Economic Empowerment Act and the accompanying BEE codes will be harmful to South Africans in general. It would not only affect existing business owners and genuine entrepreneurs, but South African consumers as well. Piet le Roux, senior economic researcher at the Solidarity Research Institute (SRI), deplored the continued politically-led allocation of capital rather than a consumer-led allocation in the South African economy, which the union warned against in parliament earlier this year. According to Le Roux, this law would have ironic consequences.“The irony is that the apparent intention of the intensified Act as recently approved by parliament is to benefit blacks economically, but it will harm all South Africans, including many of those who are supposed to benefit from BEE.This will result in even more resources being allocated to entrepreneurs who are relatively ineffective – black, coloured, Indian and white – and who cannot cope without government assistance.That will result in fewer consumer goods being made available to all South Africans.The cost of this project will therefore ultimately be borne by ordinary consumers who will have to pay more for food.” Le Roux said despite the apparent good intentions with this Act,Trade and Industry Minister Rob Davies unfortunately also has his own agenda with the Act.“Black economic empowerment is not just a social and political imperative. We need to make sure that the country’s economy, control, ownership and leadership reflect the demographics of the society in the same way that political space does,” Davies said in October last year. “The only real beneficiaries of BEE would be the black elite and a few white people with the right political connections. This would be at the expense of the vast majority of consumers in South Africa, including black, coloured and Indian people,” Le Roux said. S


bedryfsnuus

D

Staking maak amok in motoronderdelebedryf

Foto: iStockphoto.com

Deur Inge Strydom

ie nagevolge van die staking in die motoronderdelebedryf in September, is onlangs ook in die motorvervaardigings- en nuwebandebedryf gevoel. Die staking het veroorsaak dat motorvervaardigers noodgedwonge hul produksie moes verlaag terwyl sommige vervaardigers van nuwe bande tot 100 000 bande in oorskot gehad het. Volgens Wynand Strydom, organiseerder van Solidariteit, het verskeie werkgewers in die nuwebandebedryf voorsiening gemaak vir die moontlikheid dat werknemers weens onsuksesvolle loononderhandelings sou begin staak. Talle nuwebandehandelaars het ook ekstra voorraad aangekoop vóór Augustus se styging in die prys van nuwe bande. “Dit het daartoe gelei dat vervaardigers oorskotvoorraad gehad het wat saam met ’n afname in die vraag na bande ’n nadelige uitwerking op maatskappye se omset gehad het.” Soos die vraag na nuwe bande afgeneem het, moes sommige werkgewers van hul werknemers tydelik aflê. Een so ’n maatskappy is Continental Tyres, wat se omset in Augustus en September drasties deur dié omstandighede geraak is. Die maatskappy moes sy produksie vir ’n ruk staak, wat tot die tydelike aflegging van werknemers gelei het.“Tussen 100 en 150 Solidariteit-lede is hierdeur geraak,” verduidelik Strydom. Motorvervaardigers het ook die nagevolge van die staking in die motoronderdelebedryf ervaar deurdat drie van die sewe motorvervaardigingsaanlegte in Suid-Afrika tot stilstand geruk is terwyl produksie by die ander aanlegte ontwrig is. Volgens inligting van Statistieke Suid-Afrika en die departement van handel en nywerheid, het die vervaardiging van motors in 2012 soveel as 5,1% van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) uitgemaak, terwyl 9,5% van die land se uitvoere uit motorvoertuie bestaan het. “Gegewe die feit dat die motorvervaardigingsbedryf so ’n groot deel van Suid-Afrika se ekonomie vorm, is dit weereens duidelik dat onstuimigheid in die arbeidsektor omvangryke gevolge kan hê en dat daar altyd gepoog moet word om dit te vermy,” verduidelik Strydom. Die staking is op 6 Oktober beëindig nadat die staat ingegryp het en druk op vakbonde geplaas het om ’n ooreenkoms te bereik. Die ooreenkoms behels dat werknemers in dié bedryf oor die volgende drie jaar verhogings van 8% tot 10% ontvang. Luidens ’n berig in Beeld het die regering druk op Numsa geplaas nadat BMW Suid-Afrika in Oktober weens die staking gediskwalifiseer is in ’n bodstryd om ’n geheime, nuwe model van dié bekende motor vir die wêreldmark in Suid-Afrika te vervaardig. Daarby het die staking ’n produksieverlies van sowat R20 miljard in die bedryf meegebring. S www.solidariteit.co.za • 06/2013

33


bedryfsnuus

Uitsluitsel oor gevriesde SAPD-POSTE gesoek

S

Foto: iStockphoto.com

Solidariteit se saak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor sy weiering om BEVORDERINGS ingevolge sy nuwe rangstelsel OP MERIETE te doen, sal moontlik voor die einde van die jaar aangehoor word. Die vakbond het die regterpresident van die arbeidshof om ’n vervroegde hofdatum versoek, skryf NICO STRYDOM.

34

olidariteit het vroeër vanjaar ’n interdik in die arbeidshof in Johannesburg bekom ingevolge waarvan daar geen bevorderings in 1 634 poste, in die range van luitenant, kaptein en majoor, gemaak mag word nie. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê die voorverhoornotule is deur die partye onderteken en by die hof ingedien. “Solidariteit versoek dat die kollektiewe ooreenkoms tussen die SAPD en die polisievakbonde Popcru en Sapu ongeldig verklaar word. Kragtens die kollektiewe ooreenkoms word poste volgens die nasionale rassedemografie aan die onderskeie rasgroepe toegeken. Hierdie proses het tot gevolg dat wit beamptes met meer as 17 jaar diens in die polisie nie bevorder word nie, maar hul swart kollegas wat so min soos vyf jaar diens het, word wel bevorder. Dit is duidelik dat die SAPD ’n wiskundige rassebenadering volg om die poste ingevolge sy nasionale regstellendeaksieplan te vul in plaas daarvan om beamptes vir hulle jarelange diens en op grond van meriete te beloon.” Die SAPD het op 20 April 2010 ’n nuwe rangstelsel bekendgestel waarvolgens twee nuwe range ’n luitenant en majoor ’n ingestel is om adjudant-offisiere en kapteins geleentheid tot bevordering te gee. Die beskikbare poste in die rang van kaptein, luitenant en majoor is volgens ras en geslag in groepe verdeel. Solidariteit het ná die eerste fase ’n saak van onbillike diskriminasie op grond van ras na die arbeidshof verwys om die SAPD te dwing om drie wit polisiebeamptes, lede van Solidariteit, volgens die nuwe rangstelsel te bevorder. Die vakbond het ook om ’n dringende interdik aansoek gedoen om die aanvang van die tweede fase van bevorderings ingevolge die nuwe rangstelsel tydelik te stuit. Die arbeidshof het beslis dat die SAPD nie mag voortgaan om polisielede ingevolge die nuwe rangstelsel te bevorder voordat die hofsake wat Solidariteit vroeër oor dié omstrede rangstelsel en die polisie se regstellendeaksieplan aanhangig gemaak het, aangehoor is nie. Solidariteit het

06/2013 • www.solidariteit.co.za

3 817 polisiebeamptes, waaronder slegs 356 wit beamptes, is in 2011 na die rang van luitenant bevorder. Altesaam 812 beamptes is na die rang van kaptein bevorder, waarvan GEEN WIT beamptes was nie, terwyl 513 na die rang van majoor bevorder is, waarvan 48 wit was.

in ’n ander hofsaak versoek dat die SAPD se regstellendeaksieplan in geheel ongeldig verklaar word. Solidariteit voer die hofsaak namens Johannes van der Walt, Monty Stone en Natascha le Roux. Meer oor die sake: 1. Johannes van der Walt is ’n wit werknemer met 29 jaar diens en hy beklee tans die rang van kaptein. Hy is nie vir bevordering tot majoor oorweeg nie. Van der Walt het in Augustus 2011 ’n grief in dié verband ingedien. In September 2011 is hy meegedeel dat die mees senior lede, beperk tot die aantal poste per elke rasgroep, vir bevordering oorweeg moet word en dat nie al die lede wat aan die minimum bevorderingskriteria voldoen, bevorder kan word nie. 2. Monty Stone is ’n wit werknemer met 30 jaar diens en hy beklee tans die rang van kaptein. Stone het in Junie 2011 ’n

dokument ontvang met die name van 62 kandidate wat in Gauteng tot majoor bevorder is. Sy naam was egter nie op die lys nie. Hy het dieselfde dag ’n grief ingedien. In Julie 2011 is Stone ook meegedeel dat nie al die lede wat aan die minimum kriteria voldoen, bevorder kan word nie. 3. Natascha le Roux is ’n wit werknemer met 23 jaar diens en sy beklee tans die rang van adjudant-offisier. Le Roux het reeds in verskeie senior poste waargeneem, insluitend afdelingsbevelvoerder by georganiseerde misdaad in Oos-Londen. Dié pos is vir ’n kaptein. Le Roux het in Januarie 2012 ’n grief ingedien nadat dit onder haar aandag gekom het dat verskeie van haar kollegas, meesal haar junior, bevorder is. In Februarie is sy ook meegedeel dat nie al die lede wat aan die minimum kriteria voldoen, bevorder kan word nie. S



in Beweging

Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

WATER EN SANITASIE wek groot kommer

D

Foto: iStockphoto.com

AfriForum het onlangs ’n BLOU- EN GROENDRUPPELPROJEK van stapel gestuur waartydens die watergehalte in dorpe getoets is. ’n Dorp se bloudruppelstatus verwys na die gehalte van die water, terwyl die groendruppelstatus na die gehalte van sanitasie verwys.

36

ie uitslag van AfriForum se Blou- en Groendruppelprojek het groot kommer oor die verantwoordelike bestuur van water- en sanitasiedienste deur die regering gewek.“Tot dusver het 36 rioolaanlegte in ons projek aan die minimum standaarde vir watergehalte voldoen, en 25 aanlegte het nié daaraan voldoen nie,” sê Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum.“Dit hou ’n bedreiging in vir die omgewing en vir diegene wat die water gebruik.“ Kleynhans sê munisipale bestuurders in distriks- en plaaslike munisipaliteite sal, waar van toepassing, aanspreeklik gehou word vir enige gesondheids- en veiligheidsrisiko’s wat deur hul nalatigheid veroorsaak is. “Die munisipaliteit is skuldig aan ’n misdryf wat tot gevolg het dat die armes die meeste skade ly en dat natuurlike hulpbronne agteruitgaan. Ons verwelkom die misdaadklagtes oor swak water- en sanitasiedienste wat gemeenskappe by ons indien. Hierdeur beskerm hulle hul grondwetlike regte,” sê Kleynhans. Die watermonsters wat geneem is vir hierdie projek, is aan ’n onafhanklike SANAS- (South African National Accreditation System) geakkrediteerde laboratorium gestuur. “Die uitslae is net nog ’n voorbeeld van swak bestuur deur munisipaliteite wat nie omgee oor onderhoud, die omgewing of dienslewering nie. Die gevolge van hierdie apatie kan vir inwoners katastrofies wees. Ons wag nog ten minste 16 uitslae in,” het Kleynhans gesê. AfriForum beveel aan dat water- en sanitasieinfrastruktuur geprivatiseer word.“Ons glo privatisering van hierdie dienste sal die bewaring van ons water en hulpbronne, sowel as behoorlike sakebestuur, tot gevolg hê. Dit sal beter watergehalte, voldoening aan minimumvereistes vir water en sanitasiestandaarde en winsgewendheid verseker,” het Kleynhans gesê. Die departement van waterwese is die bewaarder van Suid-Afrika se waterbronne. ’n Deel van sy taak is om seker te maak dat die gehalte van waterbronne bewaar word sodat die water bruikbaar bly en dat akwatiese ekostelsels bestuur en bewaar word. Hierdie oogmerke

06/2013 • www.solidariteit.co.za

DORP

word bereik deur komplekse watergehaltebestuurstelsels wat rolspelers vanuit verskeie vlakke van die regering, die private sektor en die burgerlike samelewing insluit. Suid-Afrika se nasionale standaarde vir watergehalte maak voorsiening vir 1 000 eenhede E. Coli per 100 ml water in behandelde riool. Benewens die agteruitgang van die watergehalte het die departement van waterwese (DWW) weer ’n gekwalifiseerde oudit gekry omdat daar nie behoorlik rekord gehou is van besteding op infrastruktuur ten bedrae van miljarde rande nie. Volgens die ouditeur-generaal (OG) het die DWW nie behoorlike stelsels in plek om besteding te bestuur nie. Benewens die DWW se problematiese rekordhouding het die OG ook aangedui dat daar onreëlmatighede in die departement se uitgawes is. Die DWW het na bewering betalings van R13,6 miljoen gemaak wat strydig is met die regulasies op aanbodkettingbestuur. S

Secunda Bela-Bela Zeerust Brandfort Lydenburg Naboomspruit Thabazimbi Hartbeespoortdam Bothaville Lichtenburg Phalaborwa Vryburg Rooiwal LouisTrichardt Elliot Jeffreysbaai Nylstroom Belfast Marble Hall Margate Klerksdorp Winburg Kimberley Potgietersrus

E. coli per 100 ml

> 1 000 000 > 1 000 000 > 1 000 000 > 1 000 000 > 1 000 000 > 1 000 000 > 920 000 > 160 000 > 120 000 > 120 000 > 110 000 > 87 000 > 77 000 > 40 000 > 36 000 > 34 000 > 29 000 > 19 000 > 17 000 > 10 000 > 3 500 > 2 000 > 1 600 > 1 200


Deur Charl Oberholzer

friForum Jeug het ’n nuwe liefdadigheidsinisiatief bekendgestel waarvolgens daar landwyd vanaf universiteitskampusse groen emmers vol skryfbehoeftes en ander benodighede aan behoeftige kinders in veral kinderhuise versprei gaan word. Die Groenemmerprojek het ten doel om skole en kinderhuise te ondersteun wat weens regeringsbeleid en rasseklassifikasie nie meer die nodige finansiële ondersteuning vanaf die regering en die sakesektor ontvang nie. Sakeondernemings ontvang slegs punte vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) indien die kinderhuise wat hulle ondersteun meer as 75% swart kinders het. “Ons doel is om soveel 10 liter-emmers

moontlik vol te maak met skryfbehoeftes, niebederfbare voedsel en toiletware en dit aan verskeie instansies landwyd te oorhandig,” het Barend Taute, takvoorsitter van AfriForum Jeug Tukkies gesê. “Dit is ons plig om hulle by te staan en te help waar ons kan aangesien die regering nie bereid is om sy plig teenoor die kinders na te kom nie. Kinders behoort nie op grond van hul velkleur gehelp te word nie. Kinders is net kinders en hul behoeftes is dieselfde. Dit is moreel verkeerd om kinders op grond van hul ras hulp te ontsê, en daarom sal ons alles in ons vermoë doen om hierdie kinders en organisasies by te staan,” het Taute gesê. Hierdie projek sluit aan by die beursfonds wat gesamentlik deur AfriForum Jeug en Solidariteit Helpende Hand op Jeugdag geskep is

met ’n skenking van R18 000 om minderbevoorregte jongmense by te staan met skoolfonds, ekstra klasse en universiteits- en ander opleidingskostes. Jy kan R10 tot dié beursfonds bydra deur “AfriForum Jeug” na 38969 te SMS. Maak só ’n verskil Elke 10 liter-emmer kos R100. Die volgende rekening kan gebruik word om geld aan AfriForum Jeug se Groenemmerprojek te skenk: • Rekeningnaam: AfriForum NPC • Rekeningnommer: 623 4989 8398 • FNB-takkode: 261 550 • Verwysing: Groenemmer • Charl Oberholzer is die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug. S

inbeweging

A

AfriForum Jeug versprei EMMERS VOL HOOP


inbeweging

POLISIEMINISTER KRY DUISENDE E-POSSE OOR PLAASMOORDE

AfriForum op ONEERLIKE AMPTENARE se spoor

A Foto’s: iStockphoto.com

Deur Esmarie Prinsloo

38

friForum staan gemeenskappe die laaste twee jaar by in die stryd om behoorlike dienslewering. Gedurende hierdie voortdurende geveg het dit duidelik geword dat daar ’n sterk verband is tussen die bevoegdheid en eerlikheid van amptenare aan die een kant en die gehalte van dienslewering aan die ander kant. As gevolg van die onbevoegdheid en oneerlikheid van amptenare verval paaie, vloei riool in die strate, is elektrisiteit kort-kort af, sit gemeenskappe sonder water en verdwyn miljoene rande waarvan daar nie verantwoording gedoen kan word nie. Plaaslike owerhede kommunikeer ook nie met gemeenskappe oor die stand van dienslewering nie. AfriForum het intussen verskeie hofaksies begin om inligting oor die bevoegdheid van amptenare te bekom, nadat die inligting buite die hof versoek is maar geen terugvoering ontvang is nie. Die aansoeke sal moontlik nog voor die einde van 2013 in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. AfriForum het intussen ook ondersoek ingestel na ’n teenstrategie om die herontplooiing van oneerlike amptenare hok te slaan. Tydens die ondersoek is daar vasgestel dat ’n amptenaar wat aan sekere finansiële misdrywe, korrupsie of bedrog skuldig bevind word, volgens wet vir ’n tydperk van tien jaar nie weer vir enige plaaslike owerheid mag werk nie. Hierdie inligting is egter

06/2013 • www.solidariteit.co.za

nie vrylik beskikbaar nie. Bewerings oor munisipale bestuurders en amptenare wat onder ’n wolk van verdenking by munisipaliteite weg is of afgedank is, kon slegs in enkele gevalle bewys word. Daar is dus met groot verligting vasgestel dat wetgewing die minister van samewerkende regering en tradisionele sake verplig om rekord te hou van die name van alle persone wat weens wangedrag, korrupsie of bedrog afgedank is, of amptenare wat voor die afhandeling van dissiplinêre prosedures bedank het. Die minister moet dus rekord hou van al hierdie oortreders en hulle mag in die meeste gevalle vir tien jaar lank nie vir ’n munisipaliteit werk nie. Die probleem is egter dat hierdie rekords deur die minister gehou word en nie vrylik deur gemeenskappe of AfriForum bekombaar is nie. Die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting maak dit wel moontlik om toegang tot dié rekords te kry. AfriForum het die prosedure in die wet gevolg en na geen terugvoering ontvang is nie, ’n hofaansoek gebring om die minister te dwing om die rekords beskikbaar te maak. Die minister het tot AfriForum se verbasing onderneem om die inligting aan ons te verskaf en het aangedui dat hulle geen voorneme het om die saak teen te staan nie. Indien AfriForum die rekords bekom, sal dit moontlik wees om vas te stel of daar oortreders in ons plaaslike owerhede werk en indien wel, hulle uit hul poste te laat verwyder. S

D

Deur Ernst Roets

ie platform wat AfriForum by www.hoelanknog.co.za geskep het, het dit vir die publiek moontlik gemaak om letterlik duisende e-posse oor plaasmoorde binne net ’n paar weke aan Nathi Mthethwa, minister van polisie, te stuur. Met hierdie webblad kan lede van die publiek vra dat die polisie prioriteit aan plaasmoorde verleen. Die elektroniese petisie sal ook later vanjaar, saam met ’n verslag oor die stand van plaasmoorde, by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Switserland ingedien word. In die afgelope twee jaar het SuidAfrikaners wie se geliefdes op plase vermoor is, by meer as tien geleenthede gepoog om Mthethwa te laat ingryp by die groeiende plaasmoordkrisis. Hul pogings om met hom te kommunikeer, is egter telkens met minagting begroet. Die webblad het ten doel om aan die minister die boodskap oor te dra dat AfriForum en die familie van slagoffers hul veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde sal verskerp, solank as wat Mthethwa weier om die omvang van die krisis te erken. Tot dusver het Mthethwa oor die e-posse geswyg. AfriForum se plan is om die petisies ook in harde kopie by die minister se kantoor in te dien, sou hy voortgaan om die veldtog te ignoreer. AfriForum se visier is egter nou meer op die internasionale samelewing gerig en die organisasie volg ’n strategie om internasionale bewusmaking in te span as ’n middel om die regering in die verleentheid te stel wanneer hy nie in die belang van Suid-Afrika se burgers optree nie. • Ernst Roets is adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. S


MOTORBYLAE Motoring supplement

Foto: iStockphoto.com

Welkom by die derde uitgawe van ons BYLAE spesiaal vir al die petrolkoppe en motorgeesdriftiges. Blaai ook na BLADSY 23 as jy ’n splinternuwe Toyota Corolla of Ventersleepwa wil wen!. Wil jy in ons volgende motorbylae pryk? Bespreek by Denise Viljoen by 082 352 7147 of stuur e-pos na denise@solidariteit.co.za of Adrie van Dyk by 082 850 6784 of stuur e-pos na adrie@solidariteit.co.za




Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Beweging

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Motor- en huisinhoudversekering deur Solidariteit is ’n produk van Auto & General. Auto & General is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 16354


Solidariteit spog met bobaas motor- en huisinhoudversekering wat reeds vir jare danksy ’n waardevolle vennootskap deur AUTO & GENERAL aan ons lede gebied word. As jy nog nie jou motor of huisinhoud by Auto & General verseker het nie, is dit nou jou kans! Hier is antwoorde op jou VERSEKERINGSVRAE:

Watter motordekkingsopsies word gebied? • Omvattend – Jy word vergoed as jou motor beskadig of gesteel word. • Derde party, brand en diefstal – Jy word vergoed as jou motor beskadig word deur ’n brand, ontploffing of weerlig, of as iemand dit (probeer) steel. • Slegs derde party – Jy word slegs vergoed vir die skade wat aan iemand anders of hul eiendom aangerig word. Jy word nie vergoed vir skade aan jou motor of as dit gesteel word nie. Watter dekkingswaardes kry mens? • Herverkoopwaarde (retail) – Dit is die

waarde waarvoor ’n motorhandelaar die motor sal verkoop. • Inruilwaarde (trade) – Dit is die waarde waarvoor die motor ingeruil sal word. • Markwaarde – Dit is die gemiddelde waarde tussen die herverkoop- en inruilwaarde.

Hoe gemaak met my 4x4-voertuig? Jou 4x4 of veldbakkie word omvattend verseker. Jy word dus vergoed as die veldbakkie beskadig of gesteel word. Die bykomstighede vir die veldbakkie, uitsluitend die klankstelsel, word tot ’n maksimum waarde van R10 000 verseker, behalwe as die skedule toon dat jy vir meer versekering betaal.

En my veldbakkie se sleutels? Die veldbakkie se sleutels is verseker as jy dit verloor of deur nalatigheid beskadig. Die herprogrammering van die teendiefstaltoestel (antitheft) is tot ’n maksimum van R3 000 verseker. ’n Basiese bybetaling van R250 geld.

Wat word nog ingesluit? • Mediese dekking – As jy in ’n motorongeluk is, word tot R500 van elke beseerde persoon se mediese uitgawes verseker. • Klankstelsel – Jy moet ’n afsonderlike, bykomende premie hiervoor betaal. Ek is oortuig! Skakel ons vandag nog by 0860 10 10 05.

promosie

VERSEKERING: Jou vrae beantwoord



inbeweging

D

Helpende Hand se plan met wiskunde

Foto: iStockphoto.com

Deur Dr. Danie Brink ie skoolvak wiskunde word met reg die hekwag tot beroepe genoem omdat swak prestasie in wiskunde verhinder dat leerlinge dit kan bestudeer en beoefen. Om jou keuse van studievelde so wyd moontlik oop te hou, is dit noodsaaklik om goed in wiskunde te vaar. Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand, lewer ’n groot bydrae tot die verbetering van wiskunde in Afrikaanse skole. Helpende Hand glo dat wanneer jongmense wiskunde bemeester, dit hul kanse tot goeie opleiding verhoog en sodoende sal verhinder dat hulle in armoede verval. Daar is min dinge wat so doeltreffend bydra tot die voorkoming van Afrikaner-armoede as ’n fokus op gehalte-wiskunde-onderrig. Die VAW bied onder meer kongresse aan vir wiskunde-onderwysers. Hierdeur poog ons om ’n leidende rol in Suid-Afrika te speel in die volgehoue professionele ontwikkeling van elke Afrikaanse wiskundeonderwyser in die land. Die sprekers op die kongresse is van wêreldgehalte, en elkeen is ’n leier op die gebied van wiskunde-onderrig. Ons glo dat ons hierdie kenners in ons eie land het, dat hulle hul kennis uitstekend in Afrikaans kan aanbied en dat hulle gelyke nie teen buitensporige koste vanuit die buiteland ingevlieg hoef te word nie. Verder bied die VAW wiskunde-kampe aan vir skoolleerlinge. Ons glo dat ons skole hope intelligente leerlinge het wie se wiskunde-aanleg deur hierdie kampe gestimuleer sal word. Daarom fokus hierdie kampe op wiskunde buite die skoolkurrikulum en word die klem gelê op uitnemendheid eerder as op remediëring. Die VAW bied verder hulp en raad aan wiskunde-onderwysers, ouers en leerlinge via ’n webblad – www.skoolwiskunde.co.za. Hier sal belangstellendes nie net ou vraestelle, toetse en werkkaarte kry nie, maar ook raad oor die nuutste tegnologie vir die wiskunde-klaskamer, raad aan bekommerde ouers, skakels na ander interessante wiskunde-webblaaie en e-boeke wat kan help met die leer van wiskunde. Suid-Afrika se Afrikaanse skole doen steeds wiskunde van wêreldgehalte. Dr. Gerrit Stols van die Universiteit van Pretoria se ontleding van onlangse TIMSS-toetse wys dat vorige model C-skole tiende beste in graad 8-wiskunde in die wêreld presteer. Dit beteken dat ander lande soos die VSA, Engeland, Australië en Nieu-Seeland geklop word. Helpende Hand wil graag help toesien dat hierdie standaard gehandhaaf word en dat elke Afrikaanse kind steeds toegang sal hê tot wiskunde-onderrig van wêreldgehalte – in Afrikaans. Vir meer inligting oor die VAW, skakel Valentyn van der Merwe by 012 644 4390 of stuur e-pos na valentyn@helpendehand.co.za • Dr. Danie Brink is uitvoerende direkteur van Helpende Hand. S www.solidariteit.co.za • 06/2013

45


inbeweging

Hoe lyk die gesigte van ARMOEDE?

S

Foto: iStockphoto.com

ARMOEDE lyk nie vir almal dieselfde nie. Mense wat self in armoede vasgevang is, ervaar dit as ’n tekort aan verskeie tasbare dinge. Mense wat van ’n afstand met armoede werk, beskou dit as ’n verlies van HOOP en ’n gevoel van moedeloosheid, terwyl akademici armoede met tegniese terme soos “absoluut” en “relatief ” omskryf. JUANITA DU PREEZ berig.

46

olidariteit Helpende Hand het navorsing oor die verskillende gesigte van armoede gedoen, juis om dit beter te verstaan en oplossings vir die bekamping daarvan te vind. Die verslag wat uit dié navorsing voortgespruit het, is tydens Helpende Hand se tweejaarlikse kongres by KleinKariba in Bela-Bela, Limpopo, bekendgestel. Die verslag ondersoek hoe armoede vir verskillende mense lyk, hoekom mense in armoede verval en vasgevang word, en wat moontlike oplossings vir die bekamping van armoede is. In akademiese terme word armoede in twee kategorieë ingedeel: absoluut en relatief. Fanie Joubert is verbonde aan Unisa se departement ekonomie en het navorsing gedoen oor lewenstandaarde en lewensgehalte in SuidAfrika. “In Suid-Afrika, met die huidige wisselkoers, beteken absolute armoede ’n inkomste van R20 per dag of sowat R500 tot R600 per maand,” sê hy. “Dit beteken ongeveer 2,5 miljoen mense het in 2010 op die broodlyn gelewe.” Om relatiewe armoede te bepaal, word faktore soos die grootte van ’n huishouding en algemene lewenskoste in ag geneem. In 2010 was die perk vir relatiewe armoede ’n inkomste van ongeveer R1 300 per persoon, wat op 20 miljoen mense van toepassing was. Maatskaplike werkers bevestig dat mense wat in armoede verval, baie moeilik daaruit kom en dat hul kinders dan ook in dieselfde kringloop vasgevang word. “Die kinders verlaat skool vroeg en voltooi nie hul skoolloopbaan nie,” sê Lynette van Wyk, ’n maatskaplike werker in die PretoriaWes-omgewing.“Dit het tot gevolg dat hulle nie oor die nodige kwalifikasies beskik om iets anders te kan doen wat vir hulle ’n sinvolle inkomste kan verseker nie.” Kenners meen dit is nie net lae vlakke van onderwys en opleiding wat mense in armoede kan dompel nie. “Dit is ongelukkig so dat mense uit die middelklas ook in armoede verval,” sê prof. Jannie Rossouw van Unisa se departement ekonomie.“Die gemiddelde middelklashuishouding is presies twee salaristjeks weg van armoede. Die broodwinner of broodwinners verloor hul werk en binne twee maande is alle reserwes

06/2013 • www.solidariteit.co.za

Kerkmuis of KONINGSLEWE?

R 600 R1260 R1360 R2000 R3000 R8000

Op die broodlyn. Sowat 2,5 miljoen Suid-Afrikaners moet ’n bestaan maak met R20 per dag. “Ek is so arm.” Meer as 15 miljoen Suid-Afrikaners is afhanklik van toelaes van die staat.

“Bietjie arm.” Sowat 4 uit elke 10 Suid-Afrikaners is relatief arm. Altesaam 20 miljoen mense leef in relatiewe armoede. “Ons sukkel, dit is nie lekker nie.” Lewe in oorvloed. Koningslewe.

wat hulle tot hul beskikking gehad het, uitgeput. Dan verval hulle in armoede.” Helpende Hand glo om armoede te bekamp, moet daar belê word in die verligting, voorkoming en verbreking daarvan.“Dis belangrik om te weet hoe ’n mens armoede moet aanpak, veral as ’n gemeenskapsorganisasie wat nie geld van die staat ontvang nie,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. “Ons probeer armoede hoofsaaklik voorkom deur jongmense van rentevrye studielenings te voorsien.Waar ons verligting van armoede aanpak, probeer ons slegs die armoede van weer-

Bedrae per maand

loses, soos kinders, gestremdes en bejaardes, verlig. Wanneer jy aan die persoon werk verskaf, verbreek jy sy of haar armoede volhoubaar. “Ons probeer juis om met nuwe planne vir die verbreking van armoede in die vorm van werkskepping vorendag te kom, maar dis hoofsaaklik die staat se taak, eerder as ’n gemeenskapsorganisasie s’n.” Om by te dra tot Helpende Hand se projekte, SMS die woord “hand” na 34388 (’n SMS kos R2). • Lees die verslag en kyk na die video by www.helpendehand.co.za S


Deur Juanita du Preez

nita Schoeman is tydens Solidariteit Helpende Hand se kongres aangewys as die vroulike vrywilliger van die jaar. Sy het die MER-toekenning vir haar diens in die gemeenskap ontvang. Anita se wil om met mense te werk, het met ’n kronkelpad uiteindelik deel van haar lewe geword.“Ek wou nog altyd ’n sielkundige word, maar kry toe ’n beurs om op universiteit in ’n wiskundige rigting te studeer,” sê sy. “Ek het egter altyd die leemte gevoel. Ek het ná my studies ’n wiskundesentrum in Bethlehem begin en in ’n stadium by Christenburg beland, waar ek evangelisasiewerk wou doen. Ek het op voetsoolvlak met die mense gekommunikeer en agtergekom wat hulle nodig het. Met baie leiding van Bo kon ek by die mens in elkeen uitkom.

Dit was mense wat vir my saak gemaak het.” Sy sê die Bethlehem-tak se werk by Christenburg fokus op die hele waardeketting van Helpende Hand, en dís wat hulle laat uitstaan. “Ons het aanvanklik gefokus op die opheffing van die werkersgroep by Christenburg, maar het besef dat ons iewers die punt mis, want die impak was nie groot genoeg nie,” sê sy.“Ons het verskeie projekte vir die grootmense gehad, maar het gou besef dat die nood eintlik by die kinders lê. Toe het ons begin om die kinders in koshuise en naskoolsentrums te plaas, om vir hulle hulp in die vorm van ekstra klasse te reël, en dit het definitief ’n verskil gemaak.” Die JD Kestell-toekenning is aan Sarel Meyer van die Strand oorhandig as die manlike vrywilliger van die jaar. Sarel was vir 25 jaar lank ’n polisieman in die

Strand en het ook in die Kaap grootgeword. Deur sy werk as geregsdienaar het hy die gemeenskap leer ken en het hy beleef wat regtig in ander se lewe aangaan. Hy het in 2008 dié kennis na Helpende Hand gebring toe hy by die plaaslike tak aangesluit het. “As polisieman dien ’n mens die gemeenskap,” sê hy.“As deel van Helpende Hand sien jy om na die gemeenskap se behoeftes – spesifiek die tekortkominge onder die jeug en bejaardes.” Op 68 is Sarel nog op en wakker en aan die gang. Hy het juis ’n sagte plekkie vir bejaardes. “Hulle sê mos as jy jonk is en jy kyk na jou liggaam, kyk jou liggaam ook na jou as jy oud is,” sê hy oor sy bedrywige lewenstyl. Hulle sien om na ses ouetehuise in die Strand- en Somerset-Wes-omgewing. S

inbeweging

A

Helpende Hand vereer RAAKVATTERS


inbeweging

Klein, maar reeds groot SAKEBREIN

Solidariteit Helpende Hand se Entrepreneurskompetisie vir leerlinge het vanjaar opwindende inskrywings opgelewer. Dié kompetisie is ontwikkel om ons jongmense se entrepreneursingesteldheid te ontwikkel, hul VAARDIGHEDE op te skerp en hulle meer oor die SAKEWÊRELD te leer. Die projek word in samewerking met Ontbytsake aangebied. KARINVENTER en JUANITA DU PREEZ het met die drie topdeelnemers gesels. JOHANN SCHWEIDLER Graad 10, HTS Drosdy,Worcester “Ek het ’n erdwurmplaas, waarin ek huishoudelike afval gebruik en met erdwurms my eie kompos maak om vetplantjies te plant,” sê hy. “Ek verkoop gewoonlik by geskikte geleenthede die erdwurms en klein vetplantjies in ’n verskeidenheid van houers. Ek verkoop dan ook koeldrank..” EDWIN PIENAAR Graad 7, Laerskool Dagbreek, Carletonville Edwin boer met boerbokke.“Ek het op vyfjarige ouderdom met drie boerbokke – ’n ram en twee ooie – begin boer,” sê hy.“Ek is nou 13 jaar oud en my kudde het al aangegroei tot 100! Ek gaan gereeld self na veilings toe waar ek koop, verkoop en bie op die bokke wat my interesseer.” ELANA MARAIS Graad 9, Hoërskool Waterkloof, Pretoria Elana is ’n bakster.“Ek bak hoofsaaklik beskuit en verkoop dit,” sê sy.“Beskuit is duur en mense kry nie meer tyd om dit self te bak nie, maar mense smag na tuisgebakte beskuit! Ek neem ook bestellings vir ander lekkernye soos fudge. Ek wil graag my besigheid uitbrei deur unieke pennesakkies, interessante T-hemde en so meer te verkoop.” • Om meer uit te vind oor die Entrepreneurskompetisie, besoek www.loopbaan.co.za of skakel Karin Venter by 012 644 4390. S

Foto: iStockphoto.com

Expatcares – care about your people

48

South Africans living abroad who still want to make a contribution to solving the problems in this country, can now do so with the click of the mouse. Solidarity Helping Hand has just launched a website which makes it possible for expats to contribute to sustainable solutions in the country of their birth. Expatcares.com 06/2013 • www.solidariteit.co.za

provides more information on all the services offered by Helping Hand. This organisation aims to prevent, alleviate and end poverty by investing in quality education and training. Visit the website at www.expatcares.com and make a contribution to ensure a better South Africa for your people. S



inbeweging

Word weer die BAAS VAN JOU SAK

I

Foto: iStockphoto.com

Die einde van die jaar lê voor die deur en vir talle mense is dit ’n tyd om bestekopname te doen. BESTEKOPNAME van 2013 en finansiële beplanning om die uitdagings in die jaar wat voorlê te bowe te kom. ’n BEGROTING behoort bo-aan jou lys nuwejaarsvoornemens te wees, skryf FRANCOIS SMIT.

50

n studentegeledere het ek gereeld gehoor: “Ek het al weer baie maand aan die einde van my geld oor.” Die rede daarvoor was gewoonlik swak beplanning. In Potchefstroom kon dit beteken dat jy moontlik in die eerste twee weke van die maand ses keer by Bourbon Street ’n draai gemaak het, en dit het veroorsaak dat jy die laaste twee weke by die koshuis parkeer en net-net ’n Iron Brew by die koshuis se snoepie kon koop. Nietemin, indien daar gate in jou begroting is, beteken dit een van twee dinge: Daar is ’n probleem met jou inkomste, of daar is ’n probleem met jou uitgawes. Die groot verskil tussen die twee is dat jou inkomste nie maklik ’n sneeubaleffek kan begin wat jou uit die moeilikheid kan help nie. Daarteenoor kan uitgawes, grootliks as gevolg van rente, buite beheer raak, en die sneeubal rol heeltemal na die verkeerde kant toe.Wat wel aan die inkomstekant kan gebeur, is dat jy nie meer werk het nie, en dus geen inkomste verdien nie. Dit maak dan nie saak hoeveel beheer jy oor jou uitgawes het nie, jou begroting gaan nie klop nie. Die belangrikste beginpunt is om wel ’n begroting op te stel. My ondervinding by Solidariteit Finansiële Dienste is dat baie min van ons kliënte enigsins ’n begroting opstel. Dit is onmoontlik om beheer oor ’n mens se finansies toe te pas indien jy nie weet hoeveel geld jy uitgee, en op wat nie. Met die tegnologie vandag is dit maklik om ’n eenvoudige Excelwerkblad op te stel en elke uitgawe daarin aan te teken en met jou inkomste te vergelyk. Die grootste sondebokke is kontantontrekkings en -uitgawes waarvoor daar geen bewys bestaan om te staaf waar die geld aangewend is nie. ’n Begroting moet ’n eerlike dokument wees. Indien jou begroting nie ooreenstem met dit wat in jou bankstate weerspieël word nie, beteken dit dat jy nie eerlik genoeg was nie. Die belangrikste raad wat ek kan gee, is om rente uit jou lewe te kry. Begin by die duur rente, kredietkaarte, klererekeninge, persoonlike lenings, en so meer. Om op skuld te leef en rente te spandeer op iets wat jy nie kan wys nie, is die grootste rede hoekom Suid-Afrika op die oomblik ’n negatiewe spaarkoers handhaaf. Rente op ’n huislening is ’n uitsondering, want

06/2013 • www.solidariteit.co.za

ten minste word die rente betaal op ’n bate wat oor tyd in waarde behoort te vermeerder. C.J. Langenhoven het gesê: “Die kontant-

betaler is baas van sy sak.” Sonder ’n begroting, sal jy vind dat die bank se kredietkaartafdeling of die klerewinkel die baas van jou sak is. S


aksent media • 082 445 4513

Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming

BELEGGINGS

> hulpbronne > ontledings > oplossings

MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING

RISIKODEKKING

IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES

Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za


inbeweging

Volpunte vir SOL-TECH in 2013

Sol-Tech, die tegniese opleidingskollege van die Solidariteit Beweging, het ’n jaar propvol opwinding, merkwaardige groei en vooruitgang ervaar. Nie net het die kollege sy KURSUSSE UITGEBREI deur twee splinternuwe ambagte tot sy bestaande lys te voeg nie, maar Sol-Tech het opnuut vir homself ’n welverdiende plek in die son van opleiding in Suid-Afrika verseker, skryf MOIRA-MARIE KLOPPERS.

02 GEHALTEOPLEIDING

NUWE SOL-TECH-HOOF

PHILIP MINNAAR is in Januarie 2013 permanent as hoof van SolTech aangestel. Dit het bykomende bestendigheid vir die kollege meegebring en het grootliks daartoe bygedra dat Sol-Tech in 2013 sy doelwitte kon bereik.

Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com

03

52

Sol-Tech het in die eerste week van September na nuwe fasiliteite oorgeskuif tot tyd en wyl die oprigting van Die Kampus gefinaliseer word. Die groter ruimte bied nou die geleentheid om alle werkswinkelkursusse onder een dak aan te bied en is dus vir die studente en lektore ’n plesier. 06/2013 • www.solidariteit.co.za

Sol-Tech het reeds so ’n goeie indruk op verskeie werkgewers gemaak dat hulle toenemend die kollege nader in hul soeke na ambagslui met gehalteopleiding. Die kollege slaag baie goed in sy doel om jongmense indiensneembaar te maak en om ’n toekoms in Suid-Afrika te verseker.

96% Sol-Tech se studente slaag steeds die NASIONALE VAKTOETS met ’n gemiddelde slaagsyfer van 96% met die eerste probeerslag en 100% met ’n opvolgtoets. Dit beklemtoon weereens die gehalte van die opleiding wat Sol-Tech bied.

04

Een van Sol-Tech se belangrikste oogmerke is om sy opleidingstegnieke en -toerusting voortdurend op te gradeer en te verbeter om sodoende toe te sien dat die opleiding wat studente ontvang, van WÊRELDGEHALTE is. Daarom is Sol-Tech trots op die nuwe, gevorderde Siemens PLC-stelsel by die elektriese afdeling. Studente het reeds in April met gevorderde opleiding begin. Daarby het die meganiese afdeling ’n laser-belyningstoestel aangekoop, terwyl ’n CNC-simulator, waarmee gevorderde opleiding aan studente verskaf word, ook aan die kollege geskenk is.


inbeweging

NUWE KURSUSSE

Weens probleme wat deur ’n ondoeltreffende Seta veroorsaak is, het verskeie Sol-Tech-studente hul sertifikate laat ontvang of glad nie ontvang nie. Sol-Tech het daarom begin om die dienste van die MerSeta te benut en het reeds noemenswaardige vordering gemaak met die uitreiking van uitstaande sertifikate.

Sol-Tech het sy kursusse in 2013 suksesvol by MerSeta, die organisasie wat voortaan amptelike akkreditasie aan alle Sol-Tech-kursusse verleen, laat herakkrediteer. Sol-Tech het ook daarin geslaag om twee bykomende ambagte te akkrediteer, naamlik dié van SWEISER en PASSER.

08

07

Gegewe die feit dat die wetgewing rondom vakleerlingopleiding verander het met die totstandkoming van die NAMB (National Artisan Moderating Body) en die QCTO (Quality Council for Trades and Occupations), is Sol-Tech ook aktief besig om sy stem te laat hoor deur in verskeie rade en werkgroepe te dien om soveel moontlik invloed uit te oefen en die nodige insae te kry om sodoende die kollege op die toekoms voor te berei.

’N GESEËNDE EN VEILIGE FEESTYD WORD U TOEGEWENS

Paul van Deventer, besturende direkteur, en Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech, wil hiermee graag namens die direksie en bestuur van Sol-Tech ons bekwame personeel, toegewyde studente en hul ondersteunende ouers bedank vir elkeen se unieke bydrae tot Sol-Tech se welslae gedurende 2013. Dankie ook aan die Solidariteit Beweging en sy lede vir hul volgehoue ondersteuning. Ons is trots op die afgelope jaar en alles wat ons saam bereik en bemag het. Niks daarvan was egter moontlik sonder God se krag en genade nie. Mag elkeen van julle ’n geseënde en veilige feesstyd saam met jul gesinne beleef en mag 2014 net so geseënd en voorspoedig wees. S

GEHALTE-AMBAGSOPLEIDING nommerpas • sakpas • in pas

Sukses Opleiding Loopbaan Toekoms Ekonomiese bemagtiging Christelik Hoop

Solidariteit Beweging

0861 25 24 23 www.sol-tech.co.za

Sol-Tech


jy & die Reg

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.

SKEIDINGSPAKKETTE by onbillike ontslag

W

Foto: iStockphoto.com

Moet ’n werkgewer se skeidingspakket in ag geneem word wanneer VERGOEDING ná afloop van ’n onbillike ontslag toegeken word? LIZETTE OOSTHUIZEN gee raad.

54

anneer ’n werkgewer ’n werknemer se dienste op grond van operasionele of bedryfsvereistes beëindig, moet die prosedure soos voorgeskryf in artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995) gevolg word. Die minimum pakket wat betaalbaar is by aflegging om bedryfsvereistes, word soos volg deur die Wet op Basiese Diensoorwaardes (Wet 75 van 1997) vasgestel: • Een week se vergoeding vir elke voltooide diensjaar by die betrokke werkgewer gewerk. • Enige betaalde aftyd wat nog nie geneem is nie, moet aan die werknemer uitbetaal word. Die nodige kennis sal ook by diensbeëindiging gegee moet word. Eerstens moet na die dienskontrak gekyk word om vas te stel watter kennisgewing van toepassing is by diensbeëindiging. Indien daar geen dienskontrak is wat hierdie kennistydperk vasstel nie, word gekyk na artikel 37 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (No. 75 van 1997), wat die volgende kennistydperke stipuleer: • Een week, indien die werknemer minder as ses maande in diens is by die maatskappy; • Twee weke, indien die werknemer meer as ses maande maar minder as een jaar in diens is by die maatskappy; • Vier weke, indien die werknemer langer as een jaar in diens is by die maatskappy. Geen bepaling in hierdie artikel raak die reg van ’n ontslane werknemer om die geldigheid of billikheid van die ontslag ingevolge Hoofstuk VIII van die Wet op Arbeidsverhoudinge (No.66 van 1995) of enige ander wet te betwis nie (artikel 37(6)(a) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes). Sou die aflegging egter neerkom op onbillike ontslag, bly die vraag staan of die skeidingspakket wat betaal is, in ag geneem moet word. Hierdie vraag is behandel in Coca Cola South Africa (Pty) Ltd v Ndlovo and Others. In hierdie aangeleentheid is die werknemer op grond van bedryfsvereistes ontslaan. Die werknemer het die aangeleentheid na die KVBA verwys as onbillike ontslag. Die werknemer het geslaag in sy aansoek, en die kommissaris het ’n bevel van retrospektiewe herindiensname uitgereik, wat sewe maande

06/2013 • www.solidariteit.co.za

se retrospektiewe betaling ingesluit het. Die kommissaris het geweier om uitspraak te lewer oor die terugbetaling van die skeidingspakket. Dié aangeleentheid is na die arbeidshof verwys, onder meer weens die feit dat die werknemer nie die skeidingspakket moes terugbetaal nie. Die werkgewer se argument was dat die retrospektiewe herindiensname die effek het dat die werknemer nooit ontslaan was nie. Die arbeidshof het die werkgewer gelyk gegee en bevestig dat die kommissaris wel uitspraak moes lewer oor die skeidingspakket.

Voorts het die arbeidshof aangedui dat die werknewer weens die retrospektiewe herindiensname geen skade gely het nie en het dus beslis dat die werknemer nie meer geregtig is op die skeidingspakket nie. Hierdie saak het ’n nuwe beginsel in ons reg gevestig wat aandui dat wanneer ’n werknemer onbillik ontslaan word, en daarna weer retrospektiewelik in diens gestel word, die betaling en/of ander vorms van vergoeding afhanklik gestel word aan die terugbetaal van die skeidingspakket. S



inbeweging

$37 miljard Anglo American Suid-Afrika spog met bates ter waarde van sowat

Anglo se SILIKOSE-SKIKKING gee deurslag

D Foto: iStockphoto.com

Anglo American Suid-Afrika (AASA) het op 25 September vanjaar aangekondig dat hy ’n SKIKKING met 23 voormalige werknemers van die maatskappy in ’n groot silikose-saak bereik het. Ingevolge die skikking sal die eisers vergoed word sonder dat AASA enige AANSPREEKLIKHEID vir enige van die eisers se siektetoestande aanvaar, skryf HANLIE VAN VUUREN.

56

ie saak is in 2004 deur 23 voormalige AASA-werknemers teen die werkgewer ingestel. Hulle het beweer dat die maatskappy hulle nalatig aan gevaarlike stowwe blootgestel het, wat veroorsaak het dat hulle silikose opgedoen het. Almal het tot aan die einde van 1998 vir Anglo American-myne in die Vrystaat gewerk. Die eise sou gedurende 2014 deur die afgetrede regters Ngcobo, Farlam en Hurt gearbitreer word, maar aangesien die saak intussen geskik is en al die voorwaardes van die skikking vertroulik is, word geen regspresedent, wat eisers in die toekoms kan help, geskep nie. Die eis is deur Richard Meeran van die Britse regsfirma Leigh Day in samewerking met die Legal Resources Centre ingestel. Meeran en Richard Spoor was ook betrokke by die asbestose-klasaksies wat in 2004 tot die eerste skikking van sy soort vir Suid-Afrikaners gelei het. Volgens Meeran is besluit om die eis teen AASA in te stel omdat dié myngroep, wat 11 goudmyne bedryf het tot 1998, die werkgewer met die grootste aanspreeklikheid sou wees. AASA is finansieel sterk met bates van meer as $37 miljard, wat

06/2013 • www.solidariteit.co.za

beteken dat die maatskappy wel skadevergoeding sou kon betaal. Die moedermaatskappy Anglo American SA het in 1999 tot stand gekom en sy hoofkantoor van Johannesburg na Londen verskuif. Die goudmyne in die Anglo-stal is ’n jaar tevore, in 1998, ontbondel en verkoop. AngloGold Ashanti, wat na die ontbondeling gestig is, is onafhanklik van Anglo American. In ’n ander silikose-klasaksie teen AASA waarin Meeran nagenoeg 4 500 eisers verteenwoordig, het die hooggeregshof in Londen in Julie 2013 beslis dat hy nie oor die nodige jurisdiksie beskik om die saak aan te hoor nie, aangesien daar geen verbintenis tussen die eisers of die eisoorsaak en Anglo American in Londen is nie. Daar is appèl teen die beslissing aangeteken, maar die eis sou waarskynlik reeds verjaar het teen die tyd dat die appèl afgehandel is. Meeran het dus voortgegaan om eise in die Hoë Hof in Pretoria te liasseer. Eise word egter nie net teen AASA ingestel nie, maar ook onder andere teen Harmony Gold, African Rainbow Minerals en Gold Fields. Die bepalings van die AASA-skikking is streng vertroulik en het slegs op die 23 werknemers

betrekking, van wie sommige reeds gesterf het en deur hul weduwees verteenwoordig word. Die werknemers het die ondersteuning van aksiegroepe in Brittanje gehad en het tydens AASA se algemene jaarvergadering in April vanjaar protesaksies geloods om die werkgewer te dwing om hulle mediese koste te dra en hulle na behore te vergoed vir die siektes wat hulle in diens van AASA opgedoen het. Hoewel AASA sy simpatie met die werkers uitgespreek het, het hy alle aanspreeklikheid ontken. Richard Meeran het in daardie stadium aangekondig dat die doel van die aksie is om ’n vergoedingsfonds vir die mynbedryf daar te stel om spesifiek silikose-lyers te vergoed. Vergoeding vir pyn en lyding moet daarby ingesluit word, iets wat nie tans in enige van Suid-Afrika se vergoedingswette ingesluit is nie. Die myne sal waarskynlik alles in hul vermoë doen om dit te verhinder, aangesien ’n regspresedent in die opsig tot meer suksesvolle eise sal lei. Solidariteit het die skikking verwelkom, aangesien uitgerekte litigasie normaalweg tot niemand se voordeel is nie. Die vakbond het ook AASA se ingesteldheid, om silikose-slagoffers tegemoet te kom en te vergoed, verwelkom. S


ie goeie ou dae, toe jy nog by jou bankbestuurder kon gaan koffie drink en reël dat ’n bedrag vir jou “voorgeskiet” word, terwyl jy wag vir ’n transaksie om in jou guns beklink te word, is iets van die verlede. Deesdae is sakelui, nes gewone bankkliënte, net nommers. Pleks van koffie, is daar hope papierwerk en lang toue. Boonop moet jy met elke besoek jou situasie van voor af en telkens aan ’n ander (onbeholpe en onhulpvaardige) konsultant verduidelik. Kortom, jy is moeg daarvoor om soos ’n bedelaar by die bank te voel terwyl jy, as suksesvolle sakeman, eintlik ’n prominente dryfveer vir Suid-Afrika se ekonomie is. As jy ’n professionele sakeman is wat “ja” kan antwoord op enige van die volgende vrae, is Beneficio dié oplossing vir jou korttermyn-

finansieringsbehoeftes. • Is jy moeg vir hope papierwerk wanneer jy vir finansiering aansoek doen net om dan weke lank vir die geld te wag? • Wil jy direk met die besluitnemer oor jou finansieringsbehoeftes gesels? • Is jy op soek na ’n diensverskaffer wat na jou unieke behoeftes luister en jou unieke situasie in ag neem? • Wil jy ’n finansieringsvennoot hê wat sakegeleenthede binne dae kan finansier? • Het jy of jou borg genoegsame eiendom wat as sekuriteit kan dien vir jou lening? Meer oor Beneficio Beneficio is ’n geregistreerde kredietverskaffer wat reeds vir tien jaar persoonlike diens bied aan sakemanne wat ’n behoefte aan korttermynfinansiering ervaar. Beneficio verskaf

korttermynfinansiering, gerugsteun deur bates (hoofsaaklik eiendomme) en kan enige finansieringsbedrag binne sewe dae aan kliënte uitbetaal. Volgens André Laäs, stigter en besturende direkteur van Beneficio, is sy kliënte deur die bank bereid om ’n premie – in die vorm van hoër rente – vir die persoonlike diens; buigsame kantoorure; en die spoed waarteen Beneficio finansiering aan ondernemings kan verskaf, te betaal. “Ek is self ’n sakeman. Ek verstaan dat ’n sakeman se kontant soms vas is wanneer ’n nuwe geleentheid opduik. My besigheid is om sakemanne in staat te stel om nuwe geleenthede te benut.” • André Laäs is ’n geregistreerde aandelemakelaar, eiendomswaardeerder en was voorheen ook ’n senior lektor in finansiële en beleggingsbestuur by Unisa.

bedryfsnuus promosie

D

Met Beneficio is verbeurde GELEENTHEDE geskiedenis


inbeweging

Oor berge en dale om te MOTIVEER

O

Foto: iStockphoto.com • Bykomende bron: jynetbeter.co.za

Dié mense klim soms ’n berg uit of swem ’n myl in die koudste see. Ander wen ’n medalje by die Olimpiese Spele of ry Afrika met ’n fiets plat ten bate van ’n goeie saak. Dan is daar dié wat deur hul lewensverhaal ander AANSPOOR om soortgelyke omstandighede te oorkom en wat mense regoor die wêreld MOTIVEER om ondanks hulle situasie bo hul omstandighede uit te styg, skryf KARIN VENTER.

58

m ’n motiveringspreker te wees, moet ’n baie bevredigende beroep wees. So iemand kry die geleentheid om sy of haar lewensverhaal met ander te deel en rond te reis. Hulle sien die wêreld en kry keer op keer ’n dawerende applous omdat hulle sekere oorwinnings in hul lewens behaal het, fisiek of geestelik. Mense bewonder hulle en ontvang die inspireerders soos beroemdes waar hulle ook al gaan. Watter eienskappe of omstandighede maak dat mense in ’n posisie beland waar hulle die geleentheid het om ander deur hul dade en woorde te kan beïnvloed? Is dit regtig net diegene wat besonder moeilike omstandighede oorkom het of ’n besondere groot prestasie behaal het wat

06/2013 • www.solidariteit.co.za

die “reg” het om ander te inspireer? Gewone mense kan ook ’n verskil in die lewens van ander in hul gemeenskap maak, nie noodwendig deur toesprake te hou nie, maar deur die manier waarop hulle hul passie en roeping dag ná dag uitleef daar waar hulle geplant is. Deur die lewe met ope arms te omhels, elke geleentheid te benut en opreg te lewe, kan ons ander deur ons lewenswyse inspireer. Om ’n inspirasie vir ander te wees, vereis nie noodwendig spesifieke opleiding of ’n lewensveranderende ervaring nie. Motiveerders inspireer meestal deur te dien en te doen. • Besoek Helpende Hand se alles-in-eenloopbaanwebblad www.loopbaan.co.za vir meer inligting oor verskillende beroepe en beroepsrigtings. S

MOTIVERING IS...

• Motivering is om te beweeg en is afgelei van die Latynse woord movere. • Motivering is daarom gedrag wat in aksie omgeskep word. Nie net droom nie, maar doen. Daadwerklike optrede. • Eksterne motivering is nie ewigdurend nie, maar is soos ’n motor se tenk wat gereeld brandstof benodig. • Doeltreffende motivering is dié wat van binne jouself af kom. • Motivering is ’n emosie of gevoel. As jy opgewonde en positief is, sal jy ook vir ander ’n inspirasie wees. Hou dié emosie dus gesond.


inbeweging

If you treat a man as he is, he will stay that way. But if you treat him as if he is what he ought to be, he will become a bigger and better man.

You too can be an INSPIRATION AT WORK

A Photograph: iStockphoto.com

We’ve all met that one person who filled our souls with ENTHUSIASM for something, whether it was at school, in the workplace, at church or in our group of friends. Have you ever considered the fact that you can also become an inspiration to others, especially in the workplace? INGE STRYDOM reports. ccording to Nicolien Welthagen, research psychologist at Solidarity, we can be an inspiration to our colleagues by simply being more sensitive

to their feelings. ”Don’t just be critical of your colleagues’ ideas. Listen to what they have to say.When you feel obliged to weigh in, make sure you are honest and constructive in your criticism,” she says. In his book How to win friends and influence people, Dale Carnegie writes that one of the key methods of inspiring people to achieve greater heights is by praising and encouraging

them. He goes on to explain the great impact our encounters with others can have on them. “If you and I will inspire the people with whom we come in contact to a realisation of the hidden treasures they possess, we can do far more than change people.We can literally transform them.” The author Goethe once said: “If you treat a man as he is, he will stay that way. But if you treat him as if he is what he ought to be, he will become a bigger and better man.” Welthagen gives the following advice on becoming an inspiring colleague: • If people complain about their working conditions or become negative about the

future, you can be an inspiration simply by steering conversations in a positive and constructive direction. • Aspire to search for positive outcomes and resolutions for problems rather than being bogged down by problems and unfortunate situations along with the rest. • Laughter is contagious and can instantly change the atmosphere at the office. Start the day with a few jokes to inspire other people to also be happy and optimistic. • Acknowledge other people’s talents and uniqueness. By doing so, you allow them to be themselves in the workplace which can help them reach their full potential. S www.solidariteit.co.za • 06/2013

59


inbeweging

Ons almal was al daar: Die donker gat van moedeloosheid, negatiwiteit en lusteloosheid. Jy besin oor alles wat jy tot dusver bereik het en wonder of dit voldoende is. Indien dit is hoe jy voel, kort jy dalk ’n broodnodige dosis inspirasie. INGE STRYDOM het gaan uitvind oor die verskillende potensiële bronne van INSPIRASIE.

I

’n Broodnodige dosis INSPIRASIE

Foto: iStockphoto.com

n ’n onlangse onderhoud met die glanstydskrif Sarie het die bekroonde Afrikaanse sangeres Nianell verduidelik wat haar inspireer: “Inspirasie beteken ‘breathing God’ en dít is my inspirasie. God is in alles en een met alles en omdat ek God in alles sien, word ek daagliks deur alles om my geïnspireer.” Die Suid-Afrikaans gebore Hollywood-aktrise Charlize Theron het in dieselfde tydskrif onthul dat haar inspirasie van haar aangenome seun, Jackson, afkomstig is. Hy is glo haar motivering vir haar liefdadigheidsprojekte, meestal oor die bewusmaking van MIV/vigs, in Suid-Afrika.

60

God as inspirasie In die akademiese artikel Inspiration as a psychological construct skryf Todd M.Thrash en Andrew J. Elliot dat die Grieke baie jare gelede die begrip “inspirasie” as die verwesenliking van die spirituele binne ’n mens beskou het. Die mens is dus as ’n instrument gebruik om bomenslike waarhede bloot te lê. Hulle onderskei in die artikel tussen verskeie bronne van inspirasie en dui aan dat God in die antieke Griekse 06/2013 • www.solidariteit.co.za

tye vir baie mense ’n bron van inspirasie was. Vandag kry net so baie mense steeds hul inspirasie van God.Thrash en Elliot meen ’n mens sien dit veral in die skeppings van kunstige individue soos kunstenaars, skrywers, wetenskaplikes en dies meer.

Sin as inspirasie Op ’n soortgelyke trant meen Victor Frankl, ’n Oostenrykse neuroloog en psigiater wat die Duitse konsentrasiekampe oorleef het, in sy boek Man’s search for meaning dat die soeke na sin opgesluit is in die oorgawe aan Iemand groter as jy. In daardie diepe afhanklikheid en oorgawe aan God, sal sin natuurlik volg. Wanneer ’n mens sin maak van jou werklikheid, kan dit jou inspireer en motiveer. As dit vir ’n mens voel asof jou bestaan sinloos is, is jy tog nie geïnspireer nie, of hoe? Hoop as inspirasie Frankl meen egter ook dat hoop ’n mens kan motiveer en inspireer om voort te gaan, selfs in die moeilikste omstandighede.Tydens die oorlog het hy byvoorbeeld aanhou hoop dat sy vrou

nog leef en dít het hom laat aanhou veg om oorlewing. Om geïnspireerd te wees, is dus om nie op te gee nie, maar ’n manier te vind om aan te hou hoop. Inspirasie van binne Thrash en Andrew onderskei verder ook ’n ander bron van inspirasie, naamlik inspirasie van binne. Hulle omskryf dit soos volg: “Inspirasie van binne kan omskryf word as ’n gemotiveerde toestand wat aangewakker is deur ’n boeiende idee of opheldering wat jou op sy beurt motiveer om die idee uit te voer.” Dit is dus ook vir die mens moontlik om sélf ’n bron van inspirasie te wees. Inspirasie kan dus uit verskillende bronne geput word. Jy kan selfs inspirasie vind in iets anders as wat hierbo genoem is. Dalk inspireer ’n spesifieke persoon jou, dalk die natuur of bepaalde omstandighede. Raak gerus vir ’n oomblik stil en besin oor dit wat jou inspireer. Indien dit vir jou voel asof jy nie geïnspireerd is nie, mag hierdie artikel die beginpunt van jou reis na inspirasie wees! S


Saamgestelde groei as die sogenaamde agtste wonder van die wêreld word soms (verkeerdelik, natuurlik!) as een van Einstein se wyshede aangehaal. Of Einstein dit kwytgeraak het of nie, is nie juis belangrik nie. Wat wel belangrik is, is dat elke belegger en potensiële belegger deeglik moet kennis neem van die KRAG van saamgestelde groei, skryf APPIE PIENAAR.

S

Foto: iStockphoto.com

aamgestelde groei beteken dat ’n mens rente (of ander vorme van groei) verdien op sowel die aanvanklike beleggingsbedrag as op die rente reeds ontvang – dus rente op rente, of groei op groei. In hierdie artikel verwys ons nie graag na “rente” nie omdat ons van mening is dat geld wat rente verdien, nie goeie beleggings is nie, veral nie vir ’n jongmens nie. Dit is wel risikovry, maar klop kwalik inflasie – dus veilig, maar vervelig. Dan kies ’n mens eerder aandele of eiendom. In hierdie artikel wil ons die klem op een spesifieke aspek van saamgestelde groei laat val: Die groot verskil wat ’n addisionele persentasiepunt of drie se groei aan die eindwaarde van ’n belegging kan maak. Belê die vyfde kwart Skaapboere verwys gewoonlik na die vel en die afval van ’n karkas as die vyfde kwart – daardie ekstra inkomste waaroor die boer en die slagplaas van tyd tot tyd stry kry, maar waarop die boer nie juis reken nie. In die geval van aandele kan die jaarlikse dividend wat uitbetaal word, as die vyfde kwart beskou word. Dividendopbrengste op genoteerde aandele is gewoonlik laag – gemiddeld tussen 2% en 3% per jaar. Sommige beleggers is geneig om hierdie inkomste te spandeer in plaas van om dit te herbelê. Neem die voorbeeld van twee broers, Piet en Jan. Piet en Jan erf elkeen R1 miljoen se aandele van ’n familielid. Albei se aandele presteer goed en groei teen 12% per jaar. Die aandele betaal ook jaarlikse dividende teen 3% per jaar uit. Piet kies om alle dividende te herbelê, en sy effektiewe groei is dus 15% per jaar. Jan besluit om sy dividende uit te gee, aangesien hy tevrede is met ’n groeikoers van 12%. Aangesien 12% en 15% nie veel verskil nie, sou ’n mens verwag dat daar nie so ’n groot verskil in die eindwaarde van die broers se beleggings sou wees nie – miskien ’n verskil van 20% of so.Tog sien ons dat Piet se belegging ná 25 jaar R32,9 miljoen werd is, terwyl Jan se belegging slegs R17,0 miljoen beloop – kwalik die helfte van Piet s’n! Om seker te maak dat ’n mens daardie ekstra 1% of 2% op jou belegging verdien, kan jy sekere stappe doen: Eerstens moet jy jou beleggingsinkomste, hetsy dividend, rente of huurinkomste, met groot selfdissipline herbelê. Tweedens moet jy wegbly van fondsbestuurders wat te duur is. ’n Fondsbestuurder of makelaar wat ’n bestuursfooi van 2% of 3% per jaar neem, kan letterlik die helfte van jou belegging uitwis oor ’n tydperk van 25 of 30 jaar. • Appie Pienaar is finansiële hoof van Solidariteit. S www.solidariteit.co.za • 06/2013

61

inbeweging

Die krag van SAAMGESTELDE GROEI


inbeweging

Kersfees-leesfees saam met KRAAL

KRAAL UITGEWERS, deel van die Solidariteit Beweging, beywer hom daarvoor om hoë gehalte aktuele en geskiedkundige publikasies die lig te laat sien. Met die FEESSEISOEN om die draai is dit die ideale geleentheid om rustig terug te sit en jouself tussen die bladsye van een van Kraal se topverkopers te verloor.As SolidariteitTydskrif-leser bied Kraal jou boonop SPESIALE PRYSE EN PAKKETTE wat jou aan die lees sal kry en sal hou! ILZE NIEUWOUDT vertel meer.

Foto: iStockphoto.com

R80

Trekkerkinders: Kom trek saam met dapper kinders van die Groot Trek, 1835-1838

Afrikaners vier vanjaar die 175ste herdenking van die Groot Trek en met hierdie boek deur dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, kan die hele gesin leer oor die helde, die belangrikste gebeure, die leefwyse en selfs die kookkuns van die kinders van die trek. Daar is ’n baie beperkte aantal van hierdie gewilde boek oor, so spring op die wa en plaas jou bestelling vandag nog teen slegs R80 (R20 posgeld uitgesluit). • Om te bestel, SMS “Trek” na 34388.

FAK Sangbundel Volume II

R450

62

06/2013 • www.solidariteit.co.za

Jy het grootgeword met die klanke van liedjies uit die FAK Sangbundel op skool, in konserte en om die kampvuur. Nou kan die jonger geslag ook deel in die wonder van Afrikaanse musiek met die treffende werk van ’n nuwe generasie kunstenaars soos Koos Kombuis, Steve Hofmeyr en Laurika Rauch. Maak jou Desember-vakansie om die kampvuur ’n baie spesiale een met dié bundel (R450, R50 posgeld uitgesluit) – toegerus met lirieke en bladmusiek. • Om te bestel, SMS “FAK” na 34388.


bedryfsnuus inbeweging

BOEKE SO IN JOU KRAAL R350

Om meer uit te vind oor dié en ander Kraal-publikasies of om deel te word van die Kraal-vriendegroep waar jy gereeld op hoogte van Kraal se nuutste publikasies en spesiale aanbiedinge gehou sal word, besoek Kraal Uitgewers se webtuiste by www.kraaluitgewers.co.za.Vir meer inligting, skakel Kraal Uitgewers gedurende kantoorure by 012 644 4329 of stuur ’n e-pos na kraal@solidariteit.co.za. Bepalings en voorwaardes geld op al die boeke wat hier aangebied word. Pryse is geldig tot en met 15 Januarie 2014 of terwyl voorraad hou. Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir die volledige bepalings en voorwaardes.

R100 Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 1990-2012

Herdenk die mans, vroue en kinders wat deur plaasaanvalle geraak is met hierdie monumentale werk wat opsommings van meer as 3 300 plaasaanvalle vanaf 1990 tot 2012 bevat. Die tweede uitgawe van Treurgrond wat nou beskikbaar is, sluit talle persoonlike vertellings van slagoffers en hul familielede in, asook navorsingsresultate van deskundiges wat oor dié soort misdaad navorsing gedoen het. ’n Nuttige indeks vergemaklik die opsoek van aanvalle. Treurgrond kos R350 (R50 posgeld uitgesluit). • Om te bestel, SMS “Treur” na 34388.

Erwe vir ons kinders-reeks

Bewaar en vertel die geskiedenis van Paul Kruger, die Kaapse rebelle en Japie Greyling vir nog ’n geslag met Kraal Uitgewers se Erwe vir ons kinders-reeks (drie boeke). Koop die volledige stel vir slegs R100 (R50 posgeld uitgesluit) en kry dié interessante geskiedenisverhale in ’n neutedop – ideaal verpak vir kinders en ouers. • Om te bestel, SMS “Reeks” na 34388.

KRY TWEE TOPVERKOPERS!

Kraal Uitgewers bied tot 31 Desember twee van sy topverkopers teen ’n weggee-prys aan. Twee boeke uit Kraal se geliefde Erwe van ons Vaad’re-reeks (Onthou! Kronieke van vroueen kinderlyding, 1899-1902 en De la Rey: ’n Stryd vir Vryheid) is nou as pakket beskikbaar teen slegs R600 (geen posgeld betaalbaar). (Die normale prys is R940 – posgeld ingesluit.) Onthou! vertel onder meer die persoonlike verhale van vroue wat self in die konsentrasiekampe was en die geskiedenis van die Britte se verskroeideaardebeleid tydens die Anglo-Boereoorlog, en herdenk die inwyding van die Vrouemonument in 1913. In De la Rey kry die leser ’n blik op die Boereheld Koos de la Rey soos nog nooit tevore nie. Albei boeke spog met honderde unieke en gerestoureerde foto’s. • Om te bestel, SMS “Twee” na 34388.

Regstellende trane: Waarom verteenwoordigendheid nie gelykheid is nie

Ontmoet die mense agter die regstellendeaksiesyfers – mense wat weet hoe dit voel om op grond van hul velkleur beoordeel te word en nie op grond van wat hulle in die werkplek kan beteken R120 nie. Kry ’n nuwe perspektief op die toepassing van regstellende aksie met ’n nuwe, alternatiewe, insetgebaseerde model waarvan die rasse-angel getrek is. Die jongste boek uit die pen van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, kos R120 (R20 posgeld uitgesluit) en is ook beskikbaar in Engels. • Om te bestel, SMS “Trane” na 34388. www.solidariteit.co.za • 06/2013

63


inbeweging

Dié liedjie neem WIND uit kompetisie se seile

S

Die Afrikaanssprekende publiek het KINDERSVAN DIE WIND aangewys as Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye.Vir twee maande lank het Afrikaanssprekendes genomineer, gedebatteer en gestem. Uit byna 8 000 nominasies is 50 finaliste in 5 kategorieë aangewys; toe 25; en toe 5.

Foto’s: Verskaf

oos dit met enige kompetisie gaan, kon daar uiteindelik net een wenner wees. Die twee groot voorloperliedjies het in die laaste rondte elk duisende stemme ontvang, en uiteindelik het Kinders van die Wind sy naaste teenstander met slegs ’n paar honderd stemme ore aangesit. “Dankie aan elke liefhebber van Afrikaanse musiek wat getrou gestem en deelgeneem het! Dié liedjie is deur jou gekies.Wat meer is – liedjies wat al vir jare stof opgaar is weer opgediep, gesing en geluister. Die waarde van ons Afrikaanse musiekskat is opnuut bekyk en waardeer. Ons het weer onthou hoekom Afrikaanse musiek vir ons ’n hartsding is; hoekom daar goed is wat jy net in Afrikaans kan besing,” sê Susan Lombaard, bestuurder van Maroela Media. Kinders van die Wind was die temalied van die Afrikaanse televisiedramareeks “Phoenix en Kie” wat in 1979 uitgesaai is. Koos du Plessis, seker een van die grootste liedjieskrywers wat die Afrikaanse musiekbedryf ooit opgelewer het, was die liriekskrywer en komponis. Hoewel Du Plessis dit jare voor die televisiereeks reeds geskryf het, het dit eers ’n treffer geword toe Laurika Rauch dit as temalied vir die reeks opgeneem het. Rauch was self toe nog relatief onbekend, en die liedjie het baie bygedra tot haar bekendheid vroeg in haar sangloopbaan. Deesdae is Laurika Rauch se stem en Kinders van die Wind se musiek vir baie mense sinoniem met mekaar.

64

Só leef Kinders van die Wind voort Maroela Media wil seker maak dat die liedjie wat die titel Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye ontvang, op ’n besonderse manier onthou en vereer word. Daarom het Maroela besluit om, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, die Kinders van die Wind-beursfonds in die lewe te roep. Die beurs, wat deur Steve Booysen gefinansier word, sal jaarliks toegeken word aan ’n student of studente wat ligte musiek studeer, en wat aansoek doen om studiehulp by Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut. Die publiek kan ook bydra tot die beurs sodat meer studente daarmee gehelp kan word. Die eerste ontvanger van die Kinders van die Wind-beurs word op 15 November vanjaar bekend gemaak. 06/2013 • www.solidariteit.co.za

Topliedjies op CD uitgegee Deelnemers aan Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog kan uitsien na ’n CD wat vroeg volgende jaar deur Universal Music uitgegee sal word. Dié CD sal opnames van topliedjies in die veldtog bevat, en dalk nog ’n ekstra verrassing of twee. Boonop gaan Kraal Uitgewers in 2014 ’n boek saamstel oor die topliedjies, met

agtergrond oor elke liedjie, interessante staaltjies en bladmusiek. Wenner van die bootreis Die wenner van die vierdag-bootreis vir twee op die MSC Opera in Februarie 2014 is Hannelie Meintjes van Proklamasieheuwel, Pretoria. Die waarde van die prys is sowat R15 000. S



inbeweging

mar ela media

KLAPPERYS

Knuppeldik aan BESTANDDELE

500 g suiker (625 ml) (2½ k) 125 ml melk (½ k)

250 g klapper (780 ml) (3 k + 2 e) 5 ml vanieljegeursel (1 t) 1 ml kremetart Knypie sout

Paar druppels ‘cochenille’ (rooi voedselkleursel)

METODE

1. Smeer ’n pannetjie of bak van 20 x 20 x 5 cm. 2. Verhit suiker en melk oor matige hitte in ’n middelslag-kastrol met ’n dik boom net 66

06/2013 • www.solidariteit.co.za

totdat die mengsel opkook. 3. Verlaag die hitte en kook twee minute lank sonder deksel. 4. Haal van die stoof af, voeg klapper, vanieljegeursel, kremetart en sout by en klop vinnig tot goed gemeng. 5. Gooi die helfte van die mengsel in die pannetjie en maak gelyk. 6. Roer ’n paar druppels cochenille by res van mengsel om ’n mooi ligpienk kleur te verkry en smeer oor wit laag in pannetjie, terwyl nog warm. 7. Sny in blokkies en laat koud word. • Oorspronklik gepubliseer in Knuppeldik aan Koningskos. Kom maak ’n draai by Maroela Media (www.maroelamedia.co.za) se Resepte-blad vir nog lekker tradisionele, tipies Suid-Afrikaanse resepte wat jou mond sal laat water.

TROMPIE EN SY BENDE HERLEEF

Topsy Smith se gewilde Trompiestories word nou weer beskikbaar gestel aan jong lesers in omnibusformaat. Elke omnibus, uitgegee deur Human & Rousseau, bevat ten minste drie stories oor dié sproetgesig grootkaptein en sy maats. Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Die Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak. Dié boek kos R99,95. S



inbeweging

Sakke propvol VOORDELE vir ons lede ’N TUISTE VIR ALMAL

Met drie lidmaatskapkategorieë bied die Solidariteit Beweging ’n tuiste vir almal!

Kollektiewe lede

Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.

Individuele lede

Individuele lede is lede wat by aansluiting 50 jaar of jonger as 50 is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar of ouer word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele. 68

06/2013 • www.solidariteit.co.za

Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word. Ondersteuningslede

Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie. Dit wil sê individuele

lede wat by aansluiting 50 jaar of ouer as 50 is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.


inbeweging

WE

N!

’n Splinternuwe Toyota Corolla of sleepwa kan gewen word! BLADSY 23

HET JY GEWEET?

As Solidariteit-lid geniet jy en jou geliefdes ’n begrafnisvoordeel wat gelewer word deur DOVES. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte en begrafnisdiens of verassing in.

* Bepalings en voorwaardes geld – skakel 0861 25 24 23 • Foto: iStockphoto.com

Moenie wag nie, sluit vandag aan!

Skakel 0861 25 24 23; besoek die webtuiste www.solidariteit.co.za; SMS die woord LID en jou naam na 34388; of besoek een van ons dienskantore (sien bladsy 72). Lidmaatskap kos R90 per maand vir individuele lede en R88 per maand vir kollektiewe lede. BYKOMENDE DIENSTE

Motor- en huisinhoudversekering

Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede. Vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie, skakel 0860 34 62 53.

Solidariteit Regshulppakket

Vir ’n bykomende premie van slegs R82 per maand kan lede en hul afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite

AAN JOU KANT – ALTYD ARBEIDSAKE

Gratis regshulp en hulp met arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werkprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise. Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

STERFTEVOORDELE (DOVES-KONTRAK)*

Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Doves-begrafnisdienste behartig. • Die gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. • Die las van begrafnisreëlings word verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref. arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en strafregsake (krimineel), telefoniese regshulp, toegang tot regsdokumente en afslag op onder meer oordragte. Geniet dekking ter waarde van R45 000 per jaar (beperk tot R15 000 per saak). • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).

Solidariteit Aftreeplan

Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié

Uitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: • Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 • Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide die man en vrou lid van Solidariteit is. • Eise moet binne 6 maande ingedien word. Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding.

PERMANENTE MEDIESE ONGESKIKTHEID*

Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit en wat spesialisverslae en bewyse van hul werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500. Eise moet binne ses maande ingedien word.

BEVALLINGSVOORDEEL*

’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die bevalling ingedien word.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF

Lede ontvang ses keer per jaar ’n eksemplaar van Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook die Solidariteit Beweging se werksaamhede gedek word. produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min Suid-Afrikaners onafhanklik kan aftree en word in samewerking met Allan Gray gebied. • Skakel 0861 101 005.

Testamente en boedelbereddering

Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan ook teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300. S www.solidariteit.co.za • 06/2013

69


inbeweging

Solidariteit-kantore: DIENS op jou voorstoep Bellville

Ettienne Pio (litigant), Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Jan du Plessis Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

Bloemfontein Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden, Elize Pohlman • Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Carletonville Dana Viljoen Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Ellisras Jan Pretorius, Deon Viviers Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

Klerksdorp Manie Lourens,Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffelspark, Kantoor 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp

70

06/2013 • www.solidariteit.co.za

Kathu

Gert van Wyk,Adéle Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Bianka du Preez Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v.Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

Newcastle Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

Port Elizabeth Piet Veldtman,Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 364 3219/2925/3225 Faks: 041 364 2927 Straatadres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin,Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha, Jahni Cowley Administratiewe beamptes: Christa Louw,Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee& Van Rensburgstraat, Mayville

Richardsbaai

John Smith Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 of 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

Rustenburg Connie Prinsloo, Johan Nell (litigant), Herman de Jongh Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Carisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

Secunda Andy O’Toole Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

Vaaldriehoek Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Elize du Plooy, Le Roy Fritz (litigant) Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel nr. 5, Eerste vloer,The Strip, Metro Village, Stateway 312,Welkom

Witbank Cornelius van Leeuwen, Christo Hattingh Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


P

By Cilleste van der Walt

eople usually start spending their year-end bonus long before they have it in their bank account. A yearend bonus is your reward for 12 months of hard work. If you put that bonus to good use, you could see it continue to reward you over the next 12 months. Getting that something extra with your pay check presents you with two very different options: spend everything at once frivolously or spend only a little of it wisely. Here are a few tips on how to get the most from your bonus: 1. Reward yourself, but be reasonable You should budget to spend a portion of your bonus on some short-term gratification and put the rest of the bonus aside for longterm use.

advertorial

3. Mortgage and retirement You will always gain by paying extra on your mortgage or retirement fund. An extra mortgage payment lets you boost your home’s equity while you benefit from saving on interest. Putting your bonus into a retirement plan can have multiple benefits: You can defer paying taxes on the amount contributed, build your retirement savings and compound those savings with future investment earnings. 2. Pay off credit card debt With its high interest rates, credit card debt can eat up your hard-earned pay in no time. Using your bonus to pay off a credit card may be one of the most productive ways to spend your bonus, as it has an immediate positive impact on your monthly cash flow.

Photographs: iStockphoto.com

Healthy and STRESS FREE Dr Arien van der Merwe, medical doctor and author, specialising in integrative medicine, stress management, rejuvenation and longevity, provides the following tips on how to stay healthy and happy during the holidays: • Try to eat lots of fruits, vegetables, fresh fish, nuts and seeds, and drink fresh water, herbal teas and smoothies with fresh fruit and yoghurt. If you’re on a diet or weight loss plan, try to maintain it during the holidays but do not be too hard on yourself. • Too much sugar, fats, saturated food and alcohol can lead to substantial weight gain, as well as vitamin-B complex and other nutritional deficiencies. This, in return, could lead to various health problems. • Keep on taking your daily supplements. If not, try to eat 5 to 9 portions of fruit and vegies daily and fish 3 to 4 times weekly. • Make a commitment to stick to your exercise program.Try fun activities like dancing, swimming or walking during the holidays. • Give yourself some time daily for introspection. Alone time, especially in nature, provides a chance to evaluate your values, beliefs and goals. • Get some early morning and late afternoon sun exposure on bare skin, within an hour before sunrise and sunset, to optimize your vitamin D levels. Remember to use a good UV-protection moisturizer. • Make sure that you get enough time to relax by dividing the household chores between all members of the household. • Dr Van der Merwe is also the owner of Dr Gauché’s Weight Control Clinic. Visit the websites www.weightcontrolclinic.co.za or www.timelessdna.co.za for more information.

4. Get a better savings account rate If you plan to put some of your bonus into a savings account, make sure the account offers a competitive yield. Shop around for the best rates before you choose a savings account, and remember that larger deposits might qualify you for higher interest rates. S

inbeweging

Stretch your YEAR-END BONUS


inbeweging

Die soetste, soetste... OSSEWATAAL

M

Deur Ilze Nieuwoudt

Foto: iStockphoto.com

et die reeks Histories gesproke-artikels vier ons die 175ste herdenking van die Groot Trek. In dr. Danie Langner se boek Trekkerkinders: Kom trek saam met dapper kinders van die Groot Trek, 1835-1838 (uitgegee deur Kraal Uitgewers) vertel hy die verhale van kinderhelde uit die trek. Hy verduidelik meer oor die lewe op die trek en deel ’n paar egte Voortrekkerresepte. In die hoofstuk “Ossewataal” gee hy ’n uiteensetting van meer as veertig woorde en gesegdes wat ons vandag nog in Afrikaans gebruik, maar wat hul oorsprong by die Voortrekkers en die getroue ossewa gehad het. Hier is enkele van dié woorde en gesegdes wat jou sal help om die “ossewataal” te bemeester.

72

Agteros kom ook in die kraal Die agterosse van ’n wa was gewoonlik groot, swaar en baie mak osse, wat ook die disselboom van die was moes dra. As die osse uitgespan is en iewers heen aangejaag is, het dié osse ook gewoonlik agter die ander geloop. Die uitdrukking word gebruik om aan te toon dat stadige persone uiteindelik ook hul werk sal klaarmaak en hul doel sal bereik. 06/2013 • www.solidariteit.co.za

Kisklere Klere vir spesiale geleenthede, soos kerkklere, is in die wakis gebêre. Vandaar die benaming kisklere vir jou spesiale klere. So stadigaan, dankie! Die Voortrekkers het hierdie uitdrukking gebruik om te sê al beweeg die wa stadig, gaan dit goed met die trek. Wawielore Wanneer iemand groot ore het, word grappenderwys gesê die persoon het ore wat soos wawiele lyk. Jukskei breek Wanneer ’n os se jukskei breek, kon dit verwarring of moeilikheid in die span veroorsaak. Die uitdrukking word gebruik wanneer iemand verwarring saai of moles maak. • Inligting in hierdie artikel kom uit Kraal Uitgewers se boek Trekkerkinders: Kom trek saam met dapper kinders van die Groot Trek, 1835-1938. Om hierdie boek te bestel, SMS “Trek” na 34388, skakel 012 644 4329, of stuur ’n e-pos na kraal@solidariteit.co.za. Prys: R80 (R20 posgeld uitgesluit). S

GRIETJIE was die naam van die kanon wat tydens die Slag van Bloedrivier gebruik is. Die kanonkoeëls was toegebinde sakkies gevul met stukkies afvalyster en potskerwe gemeng met vet. Dié koeëls is voor by die kanon se loop ingedruk. Grietjie kan by die Voortrekkermonument in Pretoria gesien word.

32 km

Die AFSTAND wat ’n ossewa en span osse per dag kon aflê. Die afstand wat op een slag afgelê is, is ’n SKOF genoem. ’n Skof het DRIE URE geduur.


in Retrospek

H

Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.

Seën soos die milde SOMERREËN

Foto: iStockphoto.com

Deur Marietha Malan

oekom het niemand my vertel dat jou jongste se laaste skooldae jou so hartseer maak nie? Vir altyd gaan die koor-rybeurte, Saterdae se rugbywedstryde, take, toetse en ekstraklasse nou net ’n herinnering wees. Net soos sy afgelope matriekafskeid. ’n Seun se matriekafskeid is darem stukke makliker. Met my twee meisiekinders moes ek maande lank aan droomrokke afbetaal. Hare moes ’n week of twee vantevore ’n slag gedoen word teen ’n stywe prys. Daar was selfs sonbedsessies, ’n oefen-grimeersessie… En dan was daar die kar. Oupa moes spesiaal van die Vrystaat af ry om die prinses met haar gewillige ridder na die plegtigheid aan te ry. En foto’s is van alle moontlike en onmoontlike hoeke geneem. Thinus was doodtevrede met ’n swart pak wat ons by Parktown Fashions op ’n uitverkoping gekoop het. Hy het darem netjies geskeer, maar ongelukkig was ons heeldag sonder water, so hy het sommer met yskaswater getop-en-tail. En die kar? My stowwerige bakkie! Die tyd was so fyn gesny dié middag dat daar nie eens kans was om dit af te spoel nie. Ons het darem gou binne-in ’n bietjie gevee en reggetrek vir die skone dame. Ná die fotonemery kom my ou dieselbakkie ewe gewillig by die “venue” aangedreun. Ons skrik ons buite weste toe ons die ontvangsplek sien. Dit lyk asof hier ’n klomp oorsese filmsterre verwag word. Daar is nie net ’n erewag nie, maar tot toeskouers wat agter linte sit en wag om die dames en here uit hul deftige voertuie te sien klim. Terstond ry ons verby en om die hoek. Wat nou? Bedeesd klim die tweetjies uit en loer versigtig terugwaarts. Nee wat, hulle sien nie kans om te voet daar aan te kom nie. Hulle sal maar wag vir van die ander maats. Ek groet ’n bietjie skuldig. Dalk moes ek maar ’n plan gemaak het met ’n kar. Toe ek wegry, sien ek hoe hulle na die ingang se rigting aanstap. Later stuur ek ’n Whatsapp om uit te vind wat gebeur het.“Haha,” antwoord Thinus.“Ons het ’n plan gemaak. Dit was baie snaaks.” Die twee het naamlik gesien hoe daar mense in deftige karre inry wat nie kinders by hulle het nie. Miskien kan hulle iemand voorkeer en vra om hulle daar af te laai. Hulle stap dus ingang

Die reuk van VARS REËN en NAT GROND is in my neusgate. Ek klim uit die bakkie om my regmatige plek agter die stuurwiel in te neem. Ek kry nog ’n laaste blik van my jongste seunskind terwyl hy om die rooi baksteenhoek van die SKOOLGEBOU verdwyn: Lang doelgerigte tree, gespierde kuite,T-hemp wat effe styf om die skouers span. Dis sy heel laaste kooroefening. In die stil aand slaan die kerkklok oorkant die straat SEWE AFGEMETE SLAE.

toe om ’n koets te oes. Net toe sien Thinus ’n ou omie en tannie in ’n baie karaktervolle maar stokou tjorretjie aangepoer kom. Hy spring gou om hulle voor te keer. Sal die omie nie asseblief hulle koetsier wees nie? “O ja, enige tyd!” sê die oompie, en siedaar! “Ma, die juffrouens het tot vir ons hande geklap,” lag Thinus agterna. My kinders se skooldae het kleur en klank aan my lewe gegee. Dit was die polsslag van my daaglikse bestaan. Ek het alles beplan rondom hul funksies, wedstryde, take, oueraande… noem dit. En nou slaan die kerkklok sewe keer en verby is die laaste van my vyf kinders se laaste kooroefening. Hoe kan dit wees? Maar ek is sekerlik nie alleen nie. Abraham het beslis met heelwat weemoed gestaan en kyk hoe Isak in die verte verdwyn om vir hom ’n vrou te gaan soek. Samuel se ma was seker in rou toe sy hom volgens haar belofte moes laat gaan om by Eli in die tempel

te gaan woon. Erger nog: Job moes al sy kinders, een ná die ander, aan die dood afstaan in ’n reeks rampe. En tweeduisend jaar gelede het die haan drie keer gekraai, en het dit pikdonker geword toe die Seun van God uitroep:“My God, my God, waarom het U my verlaat?” My kind, jy kan my verlaat, maar jy kan God nie verlaat nie. Ons hemelse Vader bly om jou, agter jou, oor jou. Sy arms sal jou vashou as myne nie meer kan nie. Mag Hy jou seën soos Hy die aarde seën met ’n milde somerreën. En daardie seën sluit nie noodwendig deftige klere en karre in nie. Dit is ’n seën wat jou van binne af nuut maak: “Want wat die mens sien, sien God nie, want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan” (1 Sam 16:7). By die huis klim ek uit my bakkie en trek die vars lug diep in my longe in. Die grond is nat en vrugbaar. Reg vir die somer se groei. S www.solidariteit.co.za • 06/2013

73




Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Beweging

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Motor- en huisinhoudversekering deur Solidariteit is ’n produk van Auto & General. Auto & General is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 16354


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.