AFRIFORUM 911 Hulp net ’n oproep ver WEN!
’N TOYOTA COROLLA OF VAKANSIE BLADSY 13
VERANTWOORDBAARHEID
GEREED SOLIDARITEIT SE SKIP
GERAT
GEANKER VIR NUWE GROEIFASE
03 • 2014
www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X
9 771683
562000
Solidariteit Beweging
SOL-TECH
Tegniese kundigheid die sleutel tot sukses
* Regering is verantwoording verskuldig * Staatsinmenging belemmer vryheid * Leefbaarheid munisipaliteite se plig * Are you accountable in marriage? * What do you mean, accountable? * Social media and your company * Só slurp Jan Taks geld en tyd op * Kwotas: Verkeerd én onwettig HELPENDE HAND
R1,75 miljoen se broodnodige hulp aan niestakendes in platinumgordel AKADEMIA
Jou vennoot op reis na goeie werk
ONS BELÊ R400 MILJOEN IN DIE OPLEIDING EN WERKTOEKOMS VAN ONS MENSE
03 2014
16
inhoud
GEREELD
6 7 8
54 68 70 73
Met die intrapslag Ons skip is gerat, gereed, geanker Seepkis Ons lede sê hul sê SpreekBuys Arbeid: Omskep probleem in die oplossing Jy & die reg Hoe kan Solidariteit toegang tot werkplek kry? Membership Buckets full of benefits for our members Dienskantore Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep In retrospek Opstaan, vasbyt in wedloop van die lewe
NUUSWAARDIG
10 12 14 15 16 17 18 20 22 23 24 25 26
Gereed vir nuwe uitdagings, aanpassings Gerat om beter diens as ooit te lewer Fase 5: Solidariteit stewig geanker vir toekoms Só skep Solidariteit ’n lewenslange leerkultuur Solidariteit belê R400 miljoen in opleiding Staat is verantwoording teenoor burgers verskuldig Regeringsinmenging belemmer vryheid Leefbaarheid is munisipaliteite se plig What do you mean, accountable? Social media and your company’s image Sportkwotas: Sleg vir almal en onwettig Só slurp Jan Taks jou geld én tyd op Jou vennoot op reis na ’n goeie werk
49
14
BEDRYFSNUUS
30 31 32 33 34 35 36 37
Winde van verandering vir bedrywe First-aid workers keep you safe in the workplace Telkom-afleggings ’n taai tameletjie Stewige verhoging vir lede by Vergenoeg Geskiedkundige ledevergadering by UJ ‘Gaan omhels akademiese vryheid, UV!’ Union seeks constructive negotiations with NBCCI Glass industry at a glance
IN BEWEGING
38 42 43 44 44 46 47 48 49 49 50 51 52 53 55 58 59 60 61 62 66 67 72
Update information, win a car or a holiday Waar staan ons veiligheid ná verkiesing? AfriForum help lede met noodhulp-opleiding AfriForum 911: Só beskerm diens duisende gesinne in SA AfriForum in kryt oor Zuma se ‘luukse dorp’ ‘Niemand kan opleiding wegneem’ ’n Hand wat ophelp eerder as uitdeel Helpende Hand gerat om in krisistye in te gryp Kompetisie pak werkloosheid Benoem bejaardes wat raakvat vir Silwerkroon Tegniese kundigheid die sleutel tot sukses Kry ’n loopbaanvoorsprong met dié studierigtings Eeufees vir Afrikaans as onderrigtaal in skole Skrywer sê oor Afrikaans as onderrigtaal Smaak só sukses met sosiale media ESG: Hoe sou Solidariteit Beweging vaar? Report reinforces misconceptions about affirmative action Are you accountable in your marriage? Word só onvervangbaar in jou maatskappy Vergestalt vryheid in ’n foto en wen Kom maak jou tuis @ Maroela Media Kuberpeste nie onaantasbaar op web Gedenkschool der Hugenoten – die eerste Afrikaanse skool
18
22 42
met die intrapslag
S
FOTO’S: REINT DYKEMA; ISTOCKPHOTO.COM
Ons skip is gereed, gerat, geanker
6
olidariteit is geanker in ons geloof en in ons geskiedenis. Laat ’n mens jou gedagtes gaan oor wat dit beteken om geanker te wees, wonder jy onwillekeurig waar die begrip “anker” sy ontstaan het. Gaan delf jy ’n bietjie dieper, kom jy op ’n interessante stuk geskiedenis af. Skeepsankers het baie ontwikkel en verander van die ankers wat oorspronklik op skepe gebruik is tot die ankers wat ons vandag ken. Die vroegste ankers was maar eintlik niks meer nie as ’n rots waaraan ’n skip of skuit met toue vasgemaak is om seker te maak dit bly vasgemeer. Volgens historici is mandjies soms vol klippe of sand gepak en met toue aan skepe vasgemaak, of houtstompe met lood gevul om as ankers te dien. Deur die eeue het verskillende tipes ankers hieruit ontwikkel. Ankers van yster met “tande” soos ons dit vandag ken, het later eers ontwikkel en is teen die negentiende eeu eers werklik suksesvol gemaak soos die kwaliteit van yster en vervaardigingstegnieke verbeter het. Hierna het verbasend baie soorte ankers met “tande” of ander ankers, na gelang van behoefte, ontwikkel. Die anker in sy mees algemene aanwending moet keer dat ’n skip wegdryf weens die wind of seestrome. ’n Mens sien dikwels in hawens hoe ’n permanente anker gebruik word – die gewig van die anker en die feit dat dit in die seebodem gehaak word, hou die skip in posisie. ’n Ander interessante gebruik van die anker is om ’n skip van rigting te laat verander. Die anker, natuurlik met ’n eiesoortige ontwerp, word agter ’n skip aangesleep om dit van rigting te laat verander en dan op ’n bepaalde koers te hou. In ’n sekere sin is Solidariteit se ankers van geloof en geskiedenis albei dié soorte ankers. Ons geloof anker ons stewig in die dikwels onstuimige see van die daaglikse gebeure in SuidAfrika. Die anker van ons geloof keer dat ons wegdryf in die storms wat dikwels in Suid-Afrika woed. Wanneer storms soos misdaad, regstellende aksie, grondhervorming, korrupsie en wanbestuur dreig om ander skepe te oorweldig, word ons skip nie uit die hawe meegesleur en op die rotse aan flarde geslaan nie, omdat ons geanker is in ons geloof. Die anker van ons geskiedenis hou ons ook stewig aan die seebodem geanker. Ons geskiedenis in Suid-Afrika het ook deur verskillende fases gegaan. Die fases van ons ontwikkeling vanaf die vroegste setlaars aan die Kaap deur die
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Groot Trek na vryheid, die oorloë waardeur ons is en die res van ons geskiedenis tot vandag spreek van vasberadenheid, volharding in swaarkry, selfdoen, onverskrokkenheid en ’n rateltaai vermoë om teen alle verwagting in te oorleef. Hierdie geskiedenis anker ons ook in vandag se omstandighede waar seestrome van verandering ’n mens dikwels wil meesleur en jy soms wonder waar alles gaan eindig. Maar net soos ’n skip kan Solidariteit nie altyd in veilige water bly nie. Soms moet dié skip uit die hawe na die diepsee van die hedendaagse Suid-Afrika en sy omstandighede vaar. Ons skip is egter gerat en ontwikkel om hierdie stormsee te trotseer en om goed te vaar in uitdagende toestande. Die ankers van ons geloof en ons geskiedenis het ons in staat gestel om, deur genade en met goeie leierskap, belangrike veranderings en vernuwings aan ons skip aan te bring. Met ons visie, strukture, personeel en dienste is ons gerat om ons lede se belange te beskerm. In die onstuimige see van die wêreld van werk bied ons deur ons dienste en ons toewyding ’n skip wat ons lede deur die storms kan laat vaar. In die diepsee van Suid-Afrika dien die ankers van ons geloof en ons geskiedenis as die ander soort anker waarna ek hierbo verwys het. Ons het onlangs hierdie ankers uitgegooi toe ons ná deeglike oorweging besef het ons skip gaan ’n nuwe fase van ons vaart binne. Die golwe wat ons skip nou konfronteer, noop ons om dié rigting in te slaan. Ons gebruik ons ankers om ons rigting te bepaal, van rigting te verander na gelang van die omstandighede en dan op koers te bly. Hierdie nuwe en opwindende fase noem ons Fase 5. Deur die geloof glo ons dat hierdie fase ook in ons geskiedenis en in dié van ons mense en ons land bewys sal word as suksesvol. Dankie aan ons lede en ondersteuners wat ons bemagtig om hierdie vaart vol te hou. Ons nooi u om saam met ons te vaar. Saam te droom, te werk en te stry vir ’n land waarin ons en ons nageslag vry, veilig en voorspoedig kan wees. Lekker lees aan hierdie uitgawe waarin ons meer vertel van gerat, gereed en geanker wees.
JOHAN KRUGER REDAKTEUR
Johan Kruger is hoof van kommunikasie en die Solidariteit Navorsingsinstituut.
Seepkis
Word deel van die gesprek by www.blog.soldariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za
Planne met voete van klei?
Die vakbond Solidariteit het in Mei sy misnoeë uitgespreek oor die beplande oprigting van tussen 400 EN 500 STANDBEELDE van historiese ANC-figure in die Fonteinedal Oord in Groenkloof, Pretoria. Solidariteit meen dié projek, wat na verwagting tot R700 MILJOEN IN BELASTINGGELD kan beloop, plaas ’n las op die ekonomie wanneer die mense van Suid-Afrika dit die minste kan bekostig. Só het van ons Facebook-vriende gereageer: Jaco Cloete: Op wat gaan hulle NOG die belastingbetalers se geld mors? As hulle belastingbetalersgeld gebruik, dring ek daarop aan dat standbeelde van óns leiers ook opgerig word!
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
0861 25 24 23
REDAKTEUR
www.solidariteit.co.za
EDITOR
Johan Kruger
KOPIEREDAKTEUR
COPY EDITOR
NUUSREDAKTEUR
NEWS EDITOR
Nico Strydom
ADVERTENSIES
WEB EDITOR ADVERTISEMENTS
Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk – tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP
Martie Maree
TAALVERSORGING
Aksent Media
INTEKENARE REKENINGE
Anita Grant: Gaan sit dit in die Vryheidspark waar ons in elk geval nie kom nie. Linda van Rensburg: Iemand daar het duidelik ’n beeldhouervriend(e) wat geld nodig het.
Maureen Jansen van Rensburg: Pleks hulle die regte ding doen en ’n slag na arm mense begin kyk en liewer huise bou met ons belastingbetalers se swaarverdiende geld. En ophou geld mors op onbenullighede.
Nico Maré: Die ANC moet ook alles in die oortreffende trap doen.
Wilma Crous: R700 MILLION... Ridiculous! How many houses could be built with that?
JOU WERK, ONS GEVEG! Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se vriendelike dienssentrumagente sal jou terugskakel en jou vinnig en maklik help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2. Ons beskerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! • Om jou adres te verander, stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za
Elna Botes
DESIGN
LANGUAGE EDITING
SUBSCRIPTIONS
Heleen Nortjé
Jopie de Beer: Maak die beelde asseblief van geelkoper. Die “recyclers” sal dit vinnig afbreek en aan die naaste skrootwerf gaan verkoop.
Sê jou sê deur “Tydskrif A”,“Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za
Tel: 012 644 4300
Daleen Gouws
Kobus Strydom: Enigiets om te verseker sentimente word aangewakker sodat die “vote” op die ANC sal bly.
A Ja, die regering is in beheer van al die bepalende faktore van ’n land. B Nee, die burgers van ’n land is die bepalende faktore. C Ja, ek hou hulle verantwoordbaar, maar druk van die publiek kan sorg vir ’n gesonde balans.
H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig
WEBREDAKTEUR
Illandra Robertson: En so mors hulle weer dekselse geld op nuttelose standbeelde.Wat van die paaie, waterprobleme, elektrisiteit, en die skuld waarin die land hom tans bevind?
Is regering verantwoordbaar vir die toestand van ’n land?
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE
Cilleste van der Walt
JC Coetzee: Dis die manier hoe kommunisme werk. Standbeelde en geboue wat wit olifante word. Ten minste sal ons dit kan smelt en as skrootmetaal verkoop.
MENINGSPEILING
Solidariteit Solidarity
ACCOUNTS
MEDEWERKERS
CONTRIBUTORS
Alana Bailey, Christine Breet, Danie Brink, Flip Buys, Ian Cameron, Jan-Piet Cooks, Jahni Cowley, Chris du Plessis, Daleen Gouws, Dirk Hermann, Mariné Jacobs, Moira-Marie Kloppers, Elzette le Roux, Marietha Malan, Appie Pienaar, Etienne Pio, Grietjie Prinsloo, Nikki Prinsloo, Ernst Roets, Francois Smit, Jaap Steyn, Inge Strydom, Nico Strydom, Herman Toerien, Cilleste van der Walt en Ansie van Niekerk. UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE LAYOUT, DESIGN, REPRODUCTION
Tel: 082 445 4513 DRUKWERK
aksentmedia@vodamail.co.za
PRINTING
Paarl Media Gauteng VERSPREIDING
Prosort
DISTRIBUTION
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
7
SPREEKBUYS
ARBEID: Omskep die probleem in die oplossing vir SA
Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse arbeidersbeweging is grootliks ’n weerspieëling van die groter GESKIEDENIS van die land. Die rede hiervoor is dat werkers weens hul getalle en vakbonde deur hul EKONOMIESE EN POLITIEKE INVLOED ’n groot rol in die verloop van gebeure in ’n land speel. Dit het die bekende hervormer van die tagtigerjare se arbeidsbedeling, prof. Nic Wiehman, laat sê dat gebeure op die arbeidsterrein landsgebeure altyd met ’n dekade vooruitloop, skryf FLIP BUYS, voorsitter van die Solidariteit Beweging.
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
D 8
aarom het prof. Wessel Visser, arbeidshistorikus van Stellenbosch, in ’n boek oor die Mynwerkersunie geskryf dat hulle in die twintigste eeu ’n invloedryke rol in die Suid-Afrikaanse politiek en ekonomie gespeel het. Net so het Cosatu sedert sy stigting in 1985 ’n deurslaggewende invloed op landsgebeure gehad. Cyril Ramaphosa, leidende politikus, eertydse leier van die NUM en nou adjunkpresident, het met Cosatu se ontstaan gesê dat die stryd in die werkplek nie geskei kan word van die groter politieke stryd in die land nie. Sy siening was dat swart werkers se omstandighede nie wesenlik sou verander tensy daar ’n politieke bewindsverandering kom wat hulle sou bevoordeel nie. Daarmee het hy die toon aangegee vir die politieke rol wat Cosatu voor 1994 gespeel het, en waardeur die swart arbeidsmag in werklikheid die vryheidsmag vir swart mense geword het.
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Arbeidsgeskiedenis Suid-Afrika het net meer as ’n eeu gelede begin industrialiseer, toe daar op groot skaal begin is met die ontginning van minerale. Daar was nie opgeleide mynwerkers om die nuwe myne te bedryf nie, daarom het die destydse mynbase geskoolde werkers uit Brittanje ingevoer wat ná hul aankoms vakbonde op die Britse patroon begin het. Dit was in reaksie op die uitbuiting van werknemers wat veral kenmerkend van die eerste dekades van enige nywerheidsrewolusie is. Hierdie vakbonde het ’n deurslaggewende rol gespeel om ná die bloedige 1922-staking die destydse Nasionale Party aan bewind te stem, wat tot beter beskerming vir wit werknemers gelei het. Ná die Tweede Wêreldoorlog het wit werkers en hul vakbonde aan die Witwatersrand weer ’n groot rol gespeel in die Nasionale Party se oorwinning in die 1948-verkiesing. Swart werkers het nie oor amptelike vakbondregte beskik nie, wat tot die beskuldiging gelei het dat
die land deur die uitbuiting van goedkoop swart arbeid geïndustrialiseer het. Afsonderlike ontwikkeling Ná die Nasionale Party se bewindsoorname in 1948 het die party sy apartheidsbeleid verfyn en het dr. Hendrik Verwoerd in die laat vyftigerjare begin met ’n beleid van “afsonderlike ontwikkeling.” Hierdie beleid was daarop gemik om wit en swart mense apart te hou, met die doel om afsonderlike lande vir elke etniese groep te ontwikkel. Dit het egter nie gewerk nie, omdat die politieke doelwitte van afsonderlike lande gebots het met die instroming van swart mense wat in die vinnig groeiende ekonomie kom werk het. Die ekonomie het in die sestigerjare so vinnig gegroei dat daar ’n tekort aan ongeskoolde arbeiders ontstaan het, waarna mynwerkers uit byvoorbeeld Malawi, Mosambiek, Lesotho en die destydse tuislande ingevoer is. Goedkoop swart arbeid was destyds die beleid.
SPREEKBUYS
Die werkers wat uit die tradisionele gebiede nader getrek het, het gelei tot ’n groot toename in swart mense wat permanent rondom wit stede gewoon het. Die arbeidstelsel het die land met sy beleid van afsonderlike ontwikkeling só afhanklik van swart arbeid gemaak dat die beleid nie volhoubaar was nie. Die apartheidsarbeidspraktyke van swart arbeid het oor geslagte heen die vestigingspatrone van Suid-Afrikaners onherroeplik verander en tot ’n geïntegreerde samelewing gelei. Omdat swart mense nie politieke regte gehad het nie, het hulle hulself in vakbonde georganiseer en ’n stryd vir politieke regte begin. Omdat wit mense in die minderheid was, het dit onvermydelik tot ’n swart meerderheidsregering gelei. So moes die politieke werklikheid uiteindelik die knie buig voor die getallewerklikheid, en het die arbeidsmag in 1994 tot politieke mag vir swart mense gelei. Sosialisme deur mag Baie arbeidskenners het voorspel dat swart vakbonde ná 1994 die politiek sou los en net op arbeidsake sou fokus, omdat swart mense nou politieke regte gekry het. Hierdie “kenners” het egter nie sosialistiese vakbonde se ideologie of strategie begryp nie. Sosialiste het sedert Karl Marx se tyd al van ’n “tweefase-rewolusie” gepraat. Die eerste fase was die demokratiese politieke rewolusie, wat politieke mag ten doel gehad het. Dit is in 1994 bereik. Die tweede fase is om die politieke mag daarna te gebruik om ekonomiese mag te bekom, wat die instelling van sosialisme deur staatsmag beteken. Die val van kommunisme het baie politieke kenners verkeerdelik laat glo dat hierdie ideologie nou dood is. Dit was wel ’n groot slag vir sosialiste wêreldwyd, en het gelei tot ’n grondige herbesinning onder talle sosialistiese denkers. Die meeste het aanvaar dat rewolusionêre geweld, volle nasionalisering, sentrale beplanning en ortodokse kommunisme nie meer werkbaar was nie. Die mislukking van kommunisme in die Ooste het egter min verander aan hierdie ideologie se sentrale idee van gelykmaking en die twee fases van ’n politieke en ekonomiese omwenteling. Rewolusie is met transformasie vervang en wapens met wette en ’n welsynstelsel, maar die ANC en sy sosialistiese bondgenote glo steeds aan die herverdeling van welvaart volgens proporsionele bevolkingsgetalle. Dit kan gesien word in die al radikaler regeringsbeleid oor rassewetgewing, grondverdeling, privaat besit, ongelykheid en swart beheer deur middel van die staatsideologie van transformasie tot alles “verteenwoordigend” is.
Tweede opstand Die siening dat sosialisme moet volg op politieke mag staan steeds sentraal in die oplaaiende konflik op arbeidsgebied, spanning in Cosatu en die ANC, die bykans daaglikse militante protesaksies oor munisipale dienslewering en die opkoms van radikale groepe soos Julius Malema se EFF. Dit lyk of die sentrale verskilpunte bloot gaan oor die spoed en metodes om sosialisme in te stel, en nie of dit moet gebeur nie. Daar is wel nog ’n groep in die regering wat ’n gemengde ekonomie in plaas van volle sosialisme voorstaan. Hierdie groep glo dat sakelui gebruik moet word om werk en welvaart te skep, maar dat die staat ’n groter rol moet speel om die ekonomie te beheer en te herverdeel. Die gevolge van wat lyk na ’n hernieude radikalisering van arbeid en sekere vakbonde skep egter groot probleme vir veral swak geskoolde werknemers. Indien sakeleiers hierdie arbeid as ’n bepalende risiko vir besigheid begin sien, gaan hulle al meer meganiseer en al minder in die ekonomie belê. Daarom is die herlewing van sosialisme ’n groot bedreiging vir swart werkers en vir die miljoene werkloses in die land. Sosialisme Die wêreldbekende Amerikaanse politieke wetenskaplike prof. Francis Fukuyama het reeds in 1993 die volgende gesê: “The main obstacle to black social modernization in the future may well be the belief in socialism on the part of the ANC and its communist allies. Socialism has always presented itself as a higher and more progressive form of social organization than capitalism. But in the contemporary world, socialism has been revealed to be an obstacle to social and economic modernization – the hallmark of a certain kind of backwardness that needs to be overcome, just like illiteracy and superstition. The countries of Eastern Europe are now moving rapidly backward into the future, undoing the legacy of forty years of dictatorship and socialist planning. Let us hope that South Africa, as it makes the necessary transition to democracy, does not move forward into the past.” Drie omwentelings Suid-Afrika se werkmag ondergaan tans ’n totale omwenteling weens drie redes: Tegnologie wat swak geskoolde werkers toenemend vervang, die regering se strenger arbeidsbeleid wat werkskepping al meer strem, en die skerper rassewetgewing wat meer en meer tot onbillike diskriminasie teen wit werknemers as die “nie-aangewese groep” lei. Daarbenewens het die DKD-saak bewys dat die bruin en Indiër minderhede ook al meer onder dieselfde diskriminasie gebuk gaan.
Om toegang tot die werkplek te kry, sal jong blankes die UITDAGING moet aanvaar om onder te begin en hulle dan op te werk. Geen werk is minderwaardig nie – solank ’n mens net jou bes doen en VERDER LEER sodat jy boontoe kan vorder.
“
”
Solidariteit se beleid Kragtens ”affirmative action”*-wetgewing hoef rasseteikens net te geld in die boonste derde van die arbeidsmark waar swart mense onderverteenwoordig is, en nie in die onderste sowat twee derdes waar blankes onderverteenwoordig is nie. Die een struikelblok wat jong wit mense sal moet oorkom, is die ou apartheidsarbeidskultuur se siening dat laer posvlakke minderwaardige werk is. Dit kom uit ’n tyd toe swart ongeskooldes feitlik alle laaggeskoolde werk gedoen het. Om toegang tot die werkplek te kry, sal jong blankes die uitdaging moet aanvaar om onder te begin en hulle dan op te werk. Geen werk is minderwaardig nie – solank ’n mens net jou bes doen en verder leer sodat jy boontoe kan vorder. Hierdie arbeidskultuur wat lae intreeposte as minderwaardig sien, sal moet verander. Op die ou end was daar niks so duur soos goedkoop swart arbeid nie. Solidariteit sal ’n nuwe arbeidskultuur moet bevorder van “arbeid is adel”, soos die oumense gesê het. Solidariteit wil vorentoe beweeg, omdat dit nie sal help om in die verlede vas te steek nie. Ons wil aan die voorpunt van die geskiedenis bly. Net soos die wêreld en die land verander, sal vakbonde ook moet verander as hulle en hul lede wil oorleef. Die enigste pad vorentoe is met ’n goed opgeleide, produktiewe, betroubare en goed betaalde arbeidsmag. Daarom is ons strategie om ons lede met ’n goeie werk te help, deur hulle by te staan om deur goeie opleiding hul volle vermoë te verwesenlik. Arbeid was nog altyd ons land se probleem. Die uitdaging is om dit te omskep in die oplossing. Soos prof. Visser dit in sy boek oor ons geskiedenis stel, is ons vakbond se vermoë om by meer as een geleentheid by gedurig veranderende sosiopolitieke en ekonomiese omstandighede en eise aan te pas, inderdaad sy behoud oor ’n tydperk van meer as eenhonderd jaar. * Die Engelse term ”affirmative action” word gebruik omdat die Afrikaanse term “regstellende aksie” die indruk skep dat hierdie onregverdige wetsbepaling bloot ’n regstellingsaksie is en dus regverdigbaar is. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
9
NUUSWAARDIG
Gereed vir nuwe uitdagings, aanpassings
M
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Dit is vanjaar 20 jaar ná 1994 – twee dekades wat nie net gekenmerk is deur politieke veranderings nie, maar ook deur groot ekonomiese veranderings. Dié vinnige veranderings het van Solidariteit groot AANPASBAARHEID vereis. Nou, 20 jaar later, is Solidariteit gereed vir FASE 5, skryf NICO STRYDOM.
10
et die soeke na ’n ideeraamwerk ná 1994 het Solidariteit deur verskeie fases van ontwikkeling gegaan. Fase 1 was die oorlewingsfase, toe die Mynwerkersunie in ’n stryd was om oorlewing – ’n stryd wat min van die groot Afrikanerinstellings oorleef het. Tydens Fase 2 het die Mynwerkersunie weer begin groei en het die vakbond se vastrapplek in ander bedrywe as die mynwese stewiger begin word. Dit was tyd vir ’n nuwe naam en die Mynwerkersunie het Solidariteit geword. In Fase 3 besef Solidariteit dat bloot beskerming in die werkplek nie voldoende is nie. Só is die Solidariteit Beweging gebore. Fase 4 was ‘n tydperk waartydens die Solidariteit Beweging geformaliseer is. Die uitdagings wat Solidariteit in Fase 5 moet aanpak, is groter as ooit tevore, sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.“Om hierdie uitdagings die hoof te bied, moet Solidariteit nóg groter, beter en sterker word. Solidariteit is ’n gemeenskapsorganisasie en sy arms en bene is sy lede en verteenwoordigers.” Hermann sê Fase 5 is ’n oproep tot lede om saam te staan en op te staan.“Ons kan nie op die staat staatmaak om vir ons ’n toekoms te skep nie; ons moet self verantwoordelikheid neem. Om dit te kan doen, het ons instellings soos Solidariteit nodig. Die idee van die daarstelling van instellings om ’n toekoms te skep is nie iets nuuts nie en staan stewig uit in die geskiedenis waaruit Solidariteit gebore is.” Volgens Hermann gaan die fokus van dié nuwe fase van Solidariteit op goeie werk wees. “Goeie werk is die voorwaarde vir ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms. Een van die redes waarom werk so belangrik geword het, is die vinnige verandering van kennis en die onsekerheid wat daarmee saamgaan. ’n Goeie werk bepaal jou status en verhouding met die wêreld rondom jou. Solidariteit moet dus sy lede en hul kinders in staat stel om goeie werk te kry; om goeie werk te behou; en om enigiets wat goeie werk bedreig, te beveg.” Hermann sê daar is egter verskeie werklikhede wat in ag geneem moet word.“Die staat verswak en die uitwerking daarvan word ook in die werkplek en die ekonomie gesien. Een van
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Die rede waarom Solidariteit so lank oorleef het, is sy vermoë om in moeilike tye die regte besluite te neem. In die NUWE FASE moet Solidariteit kollektiewe bedinging versterk, individuele regsdiens verbeter, individue aan die vakbond bind, onbillike diskriminasie beveg, opleiding na ’n nuwe vlak neem, HOOP GEE en mense se gevoelens verwoord.
“
die gevolge van staatverswakking is die verswakking van onderwys op alle vlakke. Internasionaal is die ekonomiese krisis nog nie opgelos nie en mense verkeer finansieel onder druk.” Hermann sê regstellende aksie eis ook sy tol.“Die nie-aangewese groep word al hoe meer uit groot besighede gedruk en vind hul toevlug in klein- en mediumondernemings.” Volgens hom is die geskiedenis egter aan ons kant.“Die rede waarom Solidariteit so lank oorleef het, is sy vermoë om in moeilike tye die regte besluite te neem. In die nuwe fase moet Solidariteit kollektiewe bedinging versterk,
”
individuele regsdiens verbeter, individue aan die vakbond bind, onbillike diskriminasie beveg, opleiding na ’n nuwe vlak neem, hoop gee en mense se gevoelens verwoord.” Hermann sê Solidariteit is ’n kritieke rolspeler vir ’n toekoms vir ons mense.“Ons moet self die verantwoordelikheid vir ons toekoms neem. Elkeen wat by Solidariteit betrokke is moenie net vra wat die vakbond vir hom of haar kan doen nie, maar moet ook vra: Wat kan ek doen om Solidariteit groter, beter en sterker te maak? Solidariteit is dus nie bloot daar vir jou nie, maar vir die volgende geslag.” S
NUUSWAARDIG
Gerat om beter diens as ooit te lewer
Solidariteit glo dat sy bekwame, hardwerkende en doelgerigte personeel, saam met die WÊRELDKLASDIENSTE wat hy bied, hom as die voorste Afrikaanse vakbond in Suid-Afrika gevestig het. Solidariteit is egter voortdurend gereed en gerat om sy reeds indrukwekkende dienste na nuwe hoogtes te neem, berig INGE STRYDOM. Opleiding: Bobaas – in Afrikaans Nie net bied Solidariteit aan sy lede toegang tot uitstekende tersiêre opleidingsinstellings soos SolTech en Akademia nie – Solidariteit het boonop ’n ooreenkoms met Akademia gesluit ingevolge waarvan lede van die vakbond 20%-afslag by Akademia kry (Lees meer op bladsy 26). Nóg goeie nuus is dat die Solidariteit Studiefonds R5 miljoen beskikbaar gestel het in rentevrye studielenings vir behoeftige Solidariteit-lede wat by Akademia wil studeer. Die afslag en studiehulp is nie net vir lede beskikbaar nie, maar ook vir lede se afhanklike kinders.
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Met reg die beste Solidariteit is die vakbond met die grootste regsafdeling in die land. Solidariteit Regsdienste se hoofdoel is om sy lede se regte in die werkplek te beskerm en bestaan uit drie afdelings: • Die Arbeidshofafdeling verskaf ’n uitgebreide reeks dienste aan Solidariteit-lede, waaronder die hantering van dispute namens Solidariteitlede wat in die arbeidshof gevoer word. • Die Algemene Litigasie-afdeling lewer bystand aan lede wat regsprobleme in die werkplek ervaar. Hulp word verleen met regsnavrae, konsultasies, grieweprosedures, dissiplinêre ondersoeke, versoenings en arbitrasies. • Die Beroepsgesondheid-en-veiligheidsafdeling se hoofdoel is om die regte en belange van Solidariteit-lede te beskerm en te bevorder om sodoende ’n gesonde en veilige werkplek vir alle werkers te verseker. Dié drie afdelings beskik oor meer as veertig uiters bekwame en gesogte litigante en personeellede wat aan nagenoeg 140 000 Solidariteitlede diens lewer. Daarby bied Solidariteit se dienssentrumagente gratis telefoniese arbeidsregen sivielregtelike advies aan lede. Skakel gerus 0861 25 24 23 vir meer inligting.
12
Diens(sentrum) sonder gelyke Solidariteit se dienssentrum bied ’n eenstopdiens aan lede. Die dienssentrum se vriendelike, goed opgeleide personeel is van Maandae tot Donderdae tussen 08:00 en 16:30, en op Vrydae tussen 08:00 en 15:00 beskikbaar om lede se navrae te hanteer. Skakel 0861 25 24 23 vir meer inligting. UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
HET JY GEWEET?
R208,6 miljoen
se vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes is in 2013 namens Solidariteit se lede beding.
Ons hou jou ingelig Solidariteit Tydskrif kommunikeer belangrike arbeidskwessies en verwikkelings in die arbeidsmark aan lede. Die tydskrif, wat ses keer per jaar verskyn, is by die Ouditburo vir Sirkulasie van Suid-Afrika (ABC) geregistreer en word as een van die land se voorste vaktydskrifte beskou. Solidariteit se weeklikse elektroniese nuusbrief, Soldeer, is die vakbond se mondstuk waarmee hy deurlopend met sy lede oor belangrike kwessies kommunikeer. Dit bevat nuus oor die jongste verwikkelings by Solidariteit en in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark, asook gereelde lekkerleesrubrieke oor onderwerpe soos gesondheid, ekonomie en algemene kwessies in die werkplek. Raad met jou rande Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) bestaan uit ’n span goed gekwalifiseerde en ervare finansiële adviseurs wat oplossings vir lede se finansiële struikelblokke bied. Waardegedrewe advies en uitnemende diens is die hoeksteen van Solidariteit Finansiële Dienste. Daarby kan lede gratis deur SFD ’n testament laat opstel en stoor, en
lede het die opsie om billike lewens- en korttermynversekering deur SFD uit te neem. Baanbrekersnavorsing deur SNI Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is Solidariteit se navorsingsinstelling en denksentrum wat grootliks op die formulering en bevordering van openbare beleid konsentreer. Die SNI spog met wêreldklas ekonome, politieke ontleders en navorsers wat gereeld as gerekende meningsvormers in die media en elders optree en beskou word. Solidariteit Wêreld binnekort hier ’n Nuwe en opwindende toevoeging tot ons dienste is Solidariteit Wêreld – ’n nuttige, gebruikersvriendelike aanbod van al Solidariteit se dienste en produkte in ’n digitale formaat. Hier kan ons lede enigiets kry wat ’n werkende persoon mag benodig: raad oor mediese dekking, finansiële beplanning, beroepsgesondheids- en veiligheidskwessies, siviele aangeleenthede, opleiding, loopbaanbeplanning en baie meer. Hou www.solidariteit.co.za dop vir meer inligting. S
NUUSWAARDIG
D
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Fase 5: Solidariteit stewig geanker vir toekoms
14
ie vakbond Solidariteit het die voorreg om te kan sê hy is een van die oudste vakbonde in Suid-Afrika wat deur die jare voortdurend aanpas om die beste vir sy lede te bied. Dit is ook die oudste burgerlike beweging in Suid-Afrika met sy wortels in die mynbedryf. Solidariteit is geanker in sy waardevolle geskiedenis, waardesisteem en manier van doen. Die vakbond se geskiedenis is nóú met dié van Suid-Afrika verweef en het ontstaan in die hartseertyd van die Tweede Vryheidsoorlog in 1902, toe talle Afrikaners na stede uitgewyk het om by die myne werk te soek. Solidariteit het die 1922-staking deurgemaak en was deel van die opstand van die Afrikaner in die 1930’s. Solidariteit se Christelike tradisie vul die vakbond se waardesisteem aan. Die vakbond glo dat werknemers ’n roeping het en dat dit vakbonde se taak is om hulle te help om hul roeping te verwesenlik. Solidariteit sien homself in die Christelik-demokratiese tradisie. “Ons lede is mense wat deel van gemeenskappe is, wat in huise in munisipaliteite leef, wat óf self arm is óf arm mense wil help, wat ’n spesifieke taal praat en ’n spesifieke identiteit het. Ons lede is mense wat omgee vir hul kinders en wat wil hê hul kinders moet studeer,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Die Solidariteit-vakbond se kernfokus is om sy lede in die werkplek te beskerm, maar ook om geanker te bly in alles wat hy doen om vir sy lede omstandighede te help skep waarin hulle gelukkig in Suid-Afrika kan leef. Solidariteit bly geanker in: • Geloof: Die Christelike tradisie van vakbondwese, wat glo dat ons lede tot selfstandigheid moet lei sodat hulle hul roeping kan vervul. • Werkplek: ’n Veilige, gesonde en regverdige werkplek. • Suid-Afrika: Ons is verbind tot Suid-Afrika en wil ’n toekoms vir lede en hul kinders skep. • Die ekonomie: Die vakbond glo dat die land se ekonomiese beleid op ’n vryemarkstelsel gegrond moet word waar daar ’n balans tussen verskillende rolspelers is. • Burgerregte: Solidariteit glo daarin om sy lede te bemagtig om selfstandig te wees, deur selfstandige instellings daar te stel sodat lede se regte kan realiseer. • Gelykheid: Gelykheid wat billik toegepas word. S
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Deur Cilleste van der Walt
NUUSWAARDIG
D FOTO: REINT DYKEMA
Só skep Solidariteit ’n lewenslange leerkultuur ie opleiding van Solidariteit se vakbondverteenwoordigers is nie net ’n belangrike doelwit van dié organisasie nie, maar is ’n absolute noodsaaklikheid. Dit verg die visie, leiding en bekwaamheid van ’n besonderse mens en bestuurder om ’n afdeling voortdurend na hoër hoogtes te neem. Gerhard Ceronie (foto) is die hoof van Solidariteit se opleidingsafdeling. Hy is ’n gekwalifiseerde draaier en was vir bykans 20 jaar as ambagsman werksaam. In 1996 het hy by Solidariteit as organiseerder begin en binne ’n jaar is hy bevorder tot bedryfshoof van die Chemiese bedryf, wat later tot die Chemiese, Lugvaart- en Professioneledienstebedryf gegroei het. Gerhard was voortdurend aan die voorpunt van Solidariteit se vernuwing en groei. Hy het ook die waarde van deurlopende ontwikkeling
Deur Elzette le Roux
en groei besef en sodoende sy gevorderde sertifikaat in Arbeidsverhoudinge verwerf, ’n kursus in die ontwikkeling van arbeidsverhoudinge by Unisa se sakeskool voltooi, sy BCom-graad in Gedragswetenskap aan die Noordwes-Universiteit verwerf, asook die BCom Honneursgraad in Sakebestuur aan Unisa. Vir Gerhard was nie net selfontwikkeling en groei belangrik nie, maar ook die bemagtiging van die personeel wat deel van sy bedryf en span was. Gerhard se vernuf, inisiatief, leierskap en fokus op opleiding het hom in 2010 die aangewese kandidaat gemaak om die opleiding- en ontwikkelingsafdeling vir arbeidsverhoudinge te hervestig. As hoof van dié afdeling het Gerhard ’n nuwe opleidingstrategie en gepaardgaande opleidings-
materiaal suksesvol saamgestel en geïmplementeer. Nagenoeg 1 000 verteenwoordigers is in die eerste 18 maande ná die implementering van die opleidingsafdeling onder Gerhard se leierskap opgelei. Ongeveer 96% van daardie verteenwoordigers het aangedui dat hulle uiters tevrede met die opleiding was. Dit is ook onder Gerhard se leierskap dat die opleidingsafdeling beoog om ’n hoër sertifikaat in arbeidsverhoudinge te akkrediteer en by Akademia aan te bied. Die opleidingsafdeling vir arbeidsverhoudinge het ten doel om ’n lewenslange leerkultuur onder ons verteenwoordigers te vestig. Só beskerm Solidariteit sy mense deur ons verteenwoordigers te bemagtig met kennis en vaardighede om ook vir ons lede ’n beter toekoms te bou. S
NUUSWAARDIG
Solidariteit belê R400 miljoen in opleiding
A
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Die vakbond Solidariteit het by sy nasionale kongres einde Mei in Pretoria ’n DRIEJAAR-OPLEIDINGSPLAN ten bedrae van R400 miljoen aangekondig. Dit sluit planne vir onderwys van laerskool tot universiteitvlak in. Deel van die beplanning behels die bou van ’n nuwe kampus wat die tuiste van verskeie opleidingsinstellings sal wees, skryf CILLESTE VAN DER WALT.
16
kademia, die eerste been van ’n volwaardige nuwe privaat universiteit, gaan beduidend uitgebrei word en verdere ambagte gaan tot Solidariteit se tegniese kollege, Sol-Tech, gevoeg word. Solidariteit het ook aangekondig dat hy sy studiehulp aan sy lede en hul kinders in die volgende drie jaar tot R60 miljoen gaan uitbrei. “Met die koms van die inligtingsekonomie moet vakbonde ‘inligting’‘n sentrale tema in hul werksaamhede maak. Die beste manier hoe vakbonde hul lede in die nuwe ekonomie kan beskerm, is deur kennis. Die rol van vakbonde moet radikaal verander, anders gaan hulle hul relevansie verloor,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, beplan Solidariteit nie net vir die volgende kwartaallikse resultaat, ekonomiese siklus of verkiesing nie, maar vir die volgende geslag.“Die boodskap wat ons aan jongmense wil oordra, is om vir hulle ’n toekoms in Suid-Afrika oop te leer. Die jong-
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
mens wat die kuns van lewenslange leer aanleer, het ’n lewenslange toekoms. Die grootste voordeel wat ’n vakbond vir sy lede kan gee, is om hulle met kennis toe te rus,” het Buys gesê. “Ons wil mense toerus om hier in SuidAfrika te bly en ’n bydrae te lewer tot die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dit is ook ons bydrae om werkloosheid en armoede hok te slaan,” het Hermann gesê. Deel van Solidariteit se opleidingsplanne is die fokus wat op wiskunde-onderrig geplaas word, met ’n Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers, wiskundeklubs by skole en winterskole. Daar word ook beplan om hierdie planne na ander kritieke vakrigtings uit te brei. Solidariteit het ook aangekondig dat hy deur Solidariteit Helpende Hand groot maatskaplike uitreikprogramme op onderwysgebied ten uitvoer gaan bring. Dit sluit planne in om oor die volgende drie jaar duisende kleuterskole met voedingsprojekte te ondersteun en om 12 000 skooltassies vir behoeftige Afrikaanse leerders en miljoene rande se studiehulp aan behoeftige studente beskikbaar te stel. S
NUWE LEIERSTRUKTUUR Solidariteit het onlangs ’n nuwe leierstruktuur aangekondig. Flip Buys, tans uitvoerende hoof van Solidariteit, word nou die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Agtien instellings vorm deel van die Solidariteit Beweging. Dit sluit die vakbond Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, Akademia, die FAK, Sol-Tech, die Solidariteit Beleggingsmaatskappy en Solidariteit Finansiële Dienste in. Dr. Dirk Hermann word die bestuurshoof van Solidariteit. Hy kry die verantwoordelikheid om Solidariteit in sy nuwe fase in te lei. Dit sluit in die versterking van Solidariteit se kollektiewe kant, die verbetering van individuele diens, die bekendstelling van ’n nuwe elektroniese vakbondplatform, Solidariteit se regstellendeaksiestrategie en die uitbreiding van Solidariteit se opleidingsplanne. Gideon du Plessis is steeds die hoofsekretaris en is verantwoordelik vir arbeidsverhoudinge en kollektiewe bedinging.
NUUSWAARDIG AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
Staat is verantwoording teenoor burgers verskuldig
D FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Die regering se hantering van die Nkandla-debakel is ’n bewys van die staat se onwilligheid om VERANTWOORDBAAR en DEURSIGTIG te wees teenoor sy mense en teenoor die bestuur van die land. Solidariteit is besorg oor die algehele gebrek aan verantwoordbaarheid binne die regering en het daarom ’n werkgroep binne die Solidariteit Navorsinginstituut (SNI) in die lewe geroep om dié kwessie te ondersoek, skryf CILLESTE VAN DER WALT. ie werkgroep se mandaat is om die regering op ’n aantal terreine tot verantwoordbaarheid te roep. Daar is reeds gedurende die laaste paar maande voor die verkiesing begin om inligting vir dié doel te versamel en te interpreteer. Johan Kruger, hoof van die SNI, sê:“Ons het die werkgroep op die been gebring omdat dit ons plig is om die regering en staat tot verantwoording te roep. Dit moet landburgers die morele moed gee om op te staan en te eis dat daar verantwoordbaarheid is.” Die werkgroep se doelwit is om probleme uit te wys en die publiek daarvan bewus te maak.“Ons wil graag die publiek mobiliseer sodat verantwoordbaarheid afgedwing kan word,” verduidelik Kruger. Daar is reeds talle gevalle en hofsake wat die regering se onwilligheid om op te tree duidelik aantoon. Die SNI het in April die eerste inligtingsblad oor die veldtog uitgereik. Dit het besonderhede bevat van ’n aantal kandidate wat op die onderskeie partye se kandidatelyste vir die
afgelope verkiesing verskyn het. Die werkgroep het die kandidatelyste van die grootste politieke partye bestudeer om te bepaal of hulle geskik en gepas is om in die kabinet te dien. “Die profiele van die ANC en die EFF se kandidate wat in die inligtingsblad verskyn, staan soos ’n doring in die oog uit tussen al die kandidate wat ontleed is. Dit is teleurstellend dat dié kandidate, wat volgens Solidariteit nie as kabinetslede behoort te dien nie, almal aan enkele partye behoort. Die feit dat dié partye enigsins hierdie persone as kandidate voorstel, is tekenend van ’n gebrek aan verantwoordbaarheid. Indien dié partye hoegenaamd daarin belangstel om vertroue by die publiek in te boesem, sal hulle hul kandidatelys ingrypend moet heroorweeg,” sê dr. Dirk Hermann, hoof van die Solidariteit Beweging. ’n Verdere rol van die werkgroep sal wees om die burgers van Suid-Afrika ingelig te hou oor die regering se verantwoordelikhede teenoor landsburgers as verbruikers en belastingbetalers. Die SNI het die afgelope paar weke ’n
aantal dokumente vrygestel oor die regering se verantwoordbaarheid teenoor landsburgers ten opsigte van onder meer die aanwending van belastinggeld, die reg om binne ’n leefbare munisipale omgewing te woon, die beskerming van hul grondwetlike eerstegenerasieregte en die implementering van werkbare beleide en wetgewing om ’n volhoubare toekoms vir SuidAfrika te verseker. Volgens Hermann staar die land sy grootste morele krisis sedert 1994 in die gesig.“Die algemene gebrek aan verantwoordbaarheid op alle vlakke van regering veroorsaak dat SuidAfrika en sy burgers se belange vertrap word in ’n futiele poging om die regering se onwerkbare ideologieë te implementeer. Tesame met die sistemiese korrupsie waaronder die staat gebuk gaan, plaas die regering die volhoubaarheid van Suid-Afrika en die welsyn van sy burgers op die spel. Dit word toenemend duideliker dat burgerlike drukgroepe steeds noodsaakliker word as waghonde om te verseker dat die regering op alle vlakke tot verantwoording geroep word.” S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
17
NUUSWAARDIG
Regeringsinmenging belemmer vryheid AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
D
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Die Suid-Afrikaanse regering se inmenging in die lewens van sy burgers is sodanig dat dit hul vryheid belemmer, deurdat dit verhinder dat hul EERSTEGESLAGREGTE verwesenlik word. Dis een van die onderwerpe wat die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se werkgroep oor verantwoordbaarheid aangepak het. CILLESTE VAN DER WALT berig.
18
ie SNI-werkgroep het ’n verslag oor die verwesenliking van eerstegeslagregte in SuidAfrika bekendgestel wat aandui dat verskeie eerstegeslagregte geskend word weens intervensionistiese en rasgemotiveerde wetgewing wat die parlement deurgevoer het. Die werkgroep is saamgestel na aanleiding van Solidariteit se kommer oor die gebrek aan verantwoordbaarheid van die regering. Johan Kruger, hoof van die SNI, sê dat lae moraal in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die disfunksionele aard van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die buitengewoon hoë moordsyfer op die reg tot lewe inbreuk maak. “Dit het ook ’n invloed op mense se reg op vryheid en veiligheid.” Volgens Kruger kom eiendomsreg in SuidAfrika al hoe meer in gedrang.“Daar was ’n paar deurslaggewende gebeure in 2013 wat eiendomsreg bedreig het, insluitend ’n aantal wetsontwerpe soos die Onteieningswetsontwerp en die Eiendomswaarderingswetsontwerp wat deur die parlement voorgestel is. Die konstitusionele hof se beslissing in Agri Suid-Afrika vs die Minister van Minerale en Energie, asook retoriek van politieke leiers oor nasionalisering, het insgelyks aanleiding tot kommer gegee. Kulturele en godsdiensregte asook die regte van taalgemeenskappe het ’n geringe dog waarneembare afname in belangrikheid ondervind.” Volgens Kruger word die reg op gelykheid en die reg op vryheid van bedryf, beroep en professie ook geskend deur onder meer die Wetsontwerp op Indiensnemingsdienste, die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming, die Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge en die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes. “Die reg op vryheid van uitdrukking is verswak deur die hersiene Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting (No. 6 van 2010), wat na verwagting binnekort as wet bekragtig gaan word. Voorts het Suid-Afrika se posisie op die Persvryheidsindeks aansienlik geval, van die 38ste plek in 2010 tot die 52ste plek in 2013.” Kruger het bygevoeg dat die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting ook op die reg van toegang tot inligting inbreuk gaan maak. S
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
LOW GRADES FOR FIRST-GENERATION RIGHTS
Different first-generation rights are realised to very disparate extents in South Africa. Government intervention tends to prevent the realisation of these rights, particularly in areas like equality, life, freedom and security of the person, freedom of trade, occupation and profession, as well as property.The grades assigned to the various first-generation rights are detailed in the table. Calculating the simple average of these grades results in a C symbol overall.This is decidedly average and even more so considering that important rights like the right to life,freedom and security of the person, trade, occupation and profession and property have received such low grades. FIRST-GENERATION RIGHTS Equality Dignity Right to life Freedom and security of the person Slavery, servitude and forced labour Privacy Freedom of religion, belief and opinion Freedom of expression Assembly, demonstration, picket and petition Freedom of association Political rights Citizenship Freedom of movement and residence Freedom of trade, occupation and profession Property Language and culture Access to courts
SCORE F CD D B+ B A C CA B+ A A F DBB+
NUUSWAARDIG AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
Leefbaarheid is munisipaliteite se plig
D FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
“Inwoners behoort hul munisipale owerhede tot verantwoording te roep. Swak munisipale bestuur móét aangespreek word.” Só meen Eugene Brink, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), na aanleiding van die bevindings in die SNI se LEEFBAARHEIDSMONITOR vir Mpumalanga wat in April vanjaar vrygestel is. Luidens dié verslag is leefbaarheid in Mpumalanga oor die algemeen swak. INGE STRYDOM berig.
20
ie Leefbaarheidsmonitor vir Mpumalanga is die derde monitor van sy soort wat deur die SNI uitgereik is. Die SNI het verlede jaar soortgelyke leefbaarheidsmonitors vir Gauteng en Limpopo bekendgestel, wat die leefbaarheid van ’n provinsie op munisipale vlak meet. Volgens Eugene Brink word leefbaarheid aan die hand van ’n stel sleutelaanwysers en subaanwysers ontleed. Dit sluit verskeie aspekte in, waaronder werkgeleenthede, sanitasie, die vlak van misdaad en die gehalte van drinkwater. “In die geval van Mpumalanga lyk die prentjie ten opsigte van leefbaarheid ietwat somber. Die munisipaliteite in dié provinsie se inkomste is oor die algemeen laag, werkloosheid en misdaadvlakke is hoog, die gesondheidsgeriewe is gebrekkig en drinkwater in talle areas is van ’n swak gehalte of selfs ondrinkbaar,” verduidelik Brink. Volgens prof. Kobus van der Walt, omgewingskenner en lektor aan die departement
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
natuurwetenskappe by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, is die bevindings in die verslag geensins ’n verrassing nie. “Mpumalanga bevind hom vanuit ’n volhoubaarheidsperspektief beskou in ’n klassieke dilemma, aangesien die welvaart van die provinsie hoofsaaklik in die moeilik versoenbare ekonomiese aktiwiteite van mynbou, landbou en toerisme gesetel is,” verduidelik Van der Walt. Hy meen bekwame en versiende leierskap is nodig om ’n balans te vind tussen die korten langtermynbehoeftes van die mense van Mpumalanga, naamlik werkskepping en welvaart. “Daar is egter spanning tussen mynbouen kragopwekkingsbehoeftes aan die een kant en die behoefte aan ’n skoon en veilige omgewing, hoë voedselproduksie en die uitbouing van toerisme tot sy volle potensiaal aan die ander kant,” meen Van der Walt. Van der Walt dui verder aan dat die oplossing vir hierdie dilemma op politieke terrein gevind kan word. “Om volhoubaarheid te verseker, is dit nodig om amptenare op plaaslike regeringsvlak
te hê wat bevoeg is om te regeer en wat aanspreeklikheid aanvaar vir die taak waarvoor hulle in diens geneem word.” Mpumalanga se munisipaliteite het, nes dié in Limpopo, swak gevaar op talle gebiede. Hier is die grootste probleemareas: • Die inwoners se inkomste is in die algemeen laag • Werkloosheid (amptelik en veral onder die jeug) is hoog • Misdaadvlakke is in die algemeen hoog • Gesondheidsgeriewe is gebrekkig • Die drinkwater in talle areas is van ’n swak gehalte of ondrinkbaar • Die sanitasiekonteks lyk droewig • Die meeste munisipaliteite se Groen Druppel-tellings is laag • Padnetwerke is onderontwikkeld en afgeleef • Korrupsie vier hoogty in sekere areas • Finansiële bestuur toon groot gebreke. Die meeste munisipaliteite in die provinsie het tellings van minder as 5 uit 10 vir leefbaarheid ontvang omdat daar nog baie ruimte vir verbetering is. S
NEWSWORTHY
What do you mean, accountable? AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
I
The Solidarity Research Institute (SRI) established a work group to address Solidarity’s growing concern about the overall lack of accountability within the government. But what is accountability, does it involve being RELIABLE or RESPONSIBLE? CILLESTE VAN DER WALT looked into the matter.
f our government is not held accountable we will be forced down a very difficult and narrow road in the future. To fully understand what the SRI wants to accomplish with its work group it is necessary to know exactly what is meant by accountability. According to BusinessDictionary.com accountability is “the obligation of an individual or organization to account for its activities, accept responsibility for them, and to disclose the results in a transparent manner. It also includes the responsibility for money or other entrusted property”. This shows that accountability has a deeper meaning than merely being responsible or reliable; it is a combination of both. The SRI’s work group wants to keep the government accountable for all its actions. “In a normal business relationship between a client and a service provider, the client is entitled to withhold payment if the service provider doesn’t act responsibly with the client’s money. In this way, the service provider is automatically held accountable,” says Paul Joubert, senior researcher at the SRI. “In the relationship between a citizen and the government, however, it is nearly impossible for a citizen to withhold taxes, so the automatic accountability mechanism doesn’t exist. It is therefore important that any government should be held accountable through other, effective means.”
PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM
DEFINITIONS OF TERMS
22
• Responsibility: A duty or obligation to satisfactorily perform or complete a task (assigned by someone, or created by one’s own promise or circumstances) that one must fulfil, and which has a consequent penalty for failure. • Reliability: The ability of an apparatus, machine, or system to consistently perform its intended or required function or mission, on demand and without degradation or failure. • Liability: Subject to legal action, or obligated by law to make compensation, restitution, or satisfaction. • Source: BusinessDictionary.com S UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
NEWSWORTHY AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
Social media and your company’s image
A
PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM
Using social media as a tool to show that you are an accountable company can be of great value to your company’s image. Furthermore, individuals can promote their sense of ACCOUNTABILITY via social media. But how should you go about using social media to build an image of credibility and accountability? asks INGE STRYDOM. ccording to an article published by the United Kingdom’s Civil Service on their website, social media can be used as a tool to achieve increased tranparency.“Explaining what we do, how we do it and why we do it is already embedded in government through parliament, public information on government websites and other communications. Social media, however, adds a further level of transparency and accountability to the public,” it reads.“Social media allows citizens to input into decisions and to question them.” Kyle Lacy, social media expert and senior manager of Content Marketing & Research for Exact Target, a leading provider of interactive marketing solutions, also promotes the idea of using social media to increase your company’s credibility and its willingness to act accountable. “Customers like to feel as though they are purchasing products and services from a trustworthy source and online reputation management can help you maintain the web consistency to convey this type of image,” he explains. Furthermore, one has to make sure that the
LIMIT BAD SOCIAL MEDIA • Act fast on a detrimental social media post. • Apologise sincerely and in plain language, showing that you are human and therefore are not disclaimed from errors. • Show that you are accountable to all interested parties by, for instance, donating money to an affected interest group. • Act on your promises in your apology, whether it be to donate money to an interest group or to ban any related posts of the past and future. • Source: The Next Web
content you distribute on social media is aligned with your company’s culture and that you act accountable toward all interested parties. According to the article “4 ways social media can ruin your reputation” posted on www.socialmediatoday.com, the fact that posts on social media can easily go viral makes it a very complicated and risky business.“If you make one hiccup and say the wrong thing, it
can quickly spread across social media like the plague and shatter your reputation.” First National Bank (FNB) recently commited a social media faux pas on Twitter when a follower enquired about Steve, the omnipresent, somewhat irritating central character in one of their advertsing campaigns, and his whereabouts. FNB replied to the enquiry as follows: “He’s some where (sic) in Afghanistan, putting a bomb under a wheelchair and telling the cripple to run for it!”. This reply quickly spurred major outcry from other Twitter users and others, causing a devastating blow to the reputation and accountability of one of South Africa’s largest and most trusted banks. According to experts, however, the way you handle a social media crisis can actually be swayed to your advantage and can help you boost your level of accountability. “The good news is that not all crises need be damaging – in fact, if you take the right steps you may end up coming out of it in better shape than you imagined,” explains The Next Web, a technology focused media company, on their website. • Also read the articles on social media on page 55 and 67. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
23
NUUSWAARDIG AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
Sportkwotas: Sleg vir almal en boonop onwettig
M
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Kwotas in sport is verkeerd. Dit DRUIS IN TEEN ALLES waarvoor sport staan. Dit is nie uit ’n morele of regshoek verdedigbaar nie, skryf DR. DIRK HERMANN, bestuurshoof van Solidariteit, in ’n openhartige artikel.
24
y dogtertjie is 11 jaar oud en speel netbal. Sy geniet haar gate uit. Een middag ná proewe kom sy met ’n vraende uitdrukking op haar gesig by die huis aan: Sewe uit die eerste 14 dogtertjies in die span moet swart wees, maar in haar kop bestaan daar geen onderskeid tussen wit en swart kinders nie. Sy leer egter nou dat daar wel ’n onderskeid is: Swart is anders as wit. Sy leer dat niemand wit kindertjies gaan help nie; hulle is op hulself aangewese. Dit neem iets van haar waardigheid weg. Iets wat sy ís (haar velkleur), ontneem haar van sukses. Sy sal altyd glo sy was eintlik die beste, selfs al was dit dalk nie so nie. Die ironie is dat hoewel ’n growwe stuk diskriminasie teen wit kinders gepleeg word, word hulle tog bevry van die stelsel. Ek woon gereeld netbalwedstryde by en die swart meisies speel werklik goed. Hulle het die determinasie en spoed wat nodig is vir netbal. Ek vermoed hulle sal maklik suiwer op meriete die eerste sewe van die voorste 14 spelers in die span kan wees. Hulle het werklik nie die stelsel nodig om hulle te help nie. Maar wat hoor die swart meisies? Wit kinders is beter; die stelsel is nodig vir sukses. Al sou meer as sewe van hulle waarskynlik onder die top-14 tel, weet nie een van hulle of hulle werklik op meriete gekies is nie. Hulle twyfel dus of hulle die beste is. Dit is ook ’n growwe stuk onreg wat hier gepleeg word. Die paradoks is dat die meisies, in ’n poging om hulle van die apartheidstelsel te bevry, aan ’n nuwe stelsel onderwerp word. Solidariteit het onlangs saam met AfriForum ’n moeilike, drie uur lange gesprek met Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, gevoer oor sy gewraakte kwota-uitsprake. Solidariteit het spesifiek gefokus op die invloed van kwotas op die werkgewerwerknemer-verhouding. In die professionele sportera ontstaan werkgewer- en werknemerkontrakte tussen sportunies en professionele sportlui. In die sportomgewing ontstaan ook talle ander werkgewer-werknemer-verhoudings, insluitend dié met sportadministrateurs en skeidsregters. Dit is op al hierdie vlakke wat kwotas in die vooruitsig gestel word. Enige vorm van kwotas in die
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
arbeidsomgewing sal onwettig wees. Dit druis in die eerste plek in teen die gees van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Die nieaangewese groep het ook ’n reg op gelykheid en waardigheid, en kwotas ondermyn hierdie reg. Die reg van die nie-aangewese groep is deur die arbeidshof in die Renate Barnard-saak bevestig. Nêrens in die Grondwet word voorsiening gemaak vir kwotas nie. Slegs in die geval van die regbank en openbare administrasie word voorsiening gemaak vir breë verteenwoordiging wat nie absoluut is nie. Die Wet op Billike Indiensneming verbied ook kwotas. Die hoërhof van appèl in Bloemfontein het onlangs bevestig dat kwotas onwettig is. Dié hof het ook bevind dat die kwotastelsel, soos dit deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) toegepas word, dienslewering benadeel. Waarom sal kwotas in sport nie ook die spel en administrasie daarvan benadeel nie? Die probleem is dat die onlangse dreigemente van die minister ’n klimaat skep waar kwotas in praktyk afgedwing word sonder om dit in regulasies te bepaal. Die departement van sport en ontspanning het op 28 Maart 2014 ’n loodsstudie oor die transformasie van sport aanvaar en die aanbevelings wat daarin vervat is, goedgekeur. Die uitwerking van die goedkeuring van hierdie aanbevelings is onder meer dat versuim om ’n
kwota van 60% swart spelers in die veld te stoot daartoe sal lei dat die Proteas, die Springbokke en Bafana Bafana verbied sal word om Suid-Afrika by internasionale geleenthede te verteenwoordig. Dit is onaanvaarbaar om onwettige praktyke as dreigemente te gebruik. Dit is ’n vorm van afpersing en gaan die onderskeie unies en liggame dwing om onwettig op te tree. Die probleem is dat die minister iets nastreef wat nog nêrens in die wêreld bereik is nie. Oral ter wêreld presteer sekere groepe beter in sekere sportsoorte. Dit geld tussen lande maar ook binnelands: Naellope word oorheers deur die eiland Jamaika, basketbal deur swart Amerikaners, en die Keniane kraai koning in marathonwedlope. Die antwoord lê in gesonde ontwikkelingsprogramme waar jongmense van primêre skoolvlak af blootgestel word aan ’n verskeidenheid sportsoorte, wat ’n natuurlike pypleiding van vaardighede tot gevolg sal hê. Die minister se probleem is egter nie onwillige unies nie, maar die feit dat 70% tot 80% van skole eenvoudig disfunksioneel is. ’n Skool wat akademies disfunksioneel is, sal nie ’n funksionele sportontwikkelingsprogram kan aanbied nie. Insgelyks kan disfunksionele munisipaliteite ook nie funksionele sportgeriewe bied nie. Disfunksionaliteit kan nie vinnig deur kwotas reggestel word nie. S
NUUSWAARDIG
Só slurp Jan Taks jou geld én tyd op
D
AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
Deur Nico Strydom
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
ie waarde van die tyd wat belastingbetalers daaraan bestee het om hul belastingopgawes vir die 2012-belastingjaar te voltooi, was sowat R554 miljoen per uur, sê die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI). Benewens die 1% tot 1,2% interne administrasiekoste wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan die invordering van belasting bestee, was die waarde van elke uur wat belastingbetalers daaraan bestee het om namens die SAID hul belastingopgawes vir die 2012-belastingjaar in te vul, sowat R554 miljoen. Dié berekening deur die SNI is gedoen deur die instituut se werkgroep oor verantwoordbaarheid. Die werkgroep is saamgestel na aanleiding van Solidariteit se toenemende kommer oor die algehele gebrek aan verantwoordbaarheid binne die regering. Invordering meer as wat SAID bestee Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die SNI, sê die SAID verklaar in sy jongste jaarverslag die administratiewe koste verbonde aan die invordering van belasting oor die afgelope ses jaar het ongeveer 1% tot 1,2% van die totale belasting wat ingesamel is, beloop. Joubert sê die SAID se bedryfskoste is egter nie die enigste regstreekse koste verbonde aan belastinginvordering nie. Die tyd en moeite wat gewone belastingbetalers moet bestee om aan die SAID se administratiewe vereistes te voldoen, dra ook koste. “Daar is natuurlik die regstreekse koste wanneer ’n belastingpraktisyn betaal word om die werk vir die belastingbetaler te doen, maar selfs in so ’n geval moet die belastingbetaler steeds seker maak dat die belastingpraktisyn oor al die tersaaklike dokumente beskik.” Die SAID het in die 2011/12-belastingjaar R8 221 miljoen aan bedryfskoste bestee om belasting ten bedrae van R742 650 miljoen in te samel, wat beteken dat die insamelingskoste 1,11% beloop het. Joubert sê die huidige waarnemende kommissaris van die SAID noem met trots in sy oorsig oor die jaarverslag dat
R554 miljoen per uur – die waarde van die tyd wat belastingbetalers bestee het om hul belastingopgawes vir die 2012-belastingjaar te voltooi.
dit nie veel van die internasionale norm van 1% verskil nie. “Dit word eers verder in die verslag duidelik dat die belastingagentskappe van talle van SuidAfrika se eweknieë beter presteer, insluitende Rusland, Brasilië, Indonesië en Indië.” Koste van belastingbetalers se tyd Joubert sê met behulp van data uit die jongste belastingstatistiek wat die SAID vrygestel het, is dit moontlik om die koste van die tyd te bereken
wat Suid-Afrikaanse belastingbetalers aan administrasie namens die SAID moet bestee. Volgens die SAID het die inkomste van belastingbetalers wat in die 2012-belastingjaar belastingopgawes moes indien, en wat met publikasie van die statistiek reeds vir belasting aangeslaan is, R1,18 biljoen beloop voor enige aftrekkings.“Hierdie syfer kan ietwat opwaarts aangepas word tot R1,25 biljoen om voorsiening te maak vir daardie belastingbetalers wat met publikasie van die statistiek verplig was om opgawes in te dien, maar nog nie aangeslaan is nie. Met ongeveer 2 250 werkure per jaar beteken dit dat elke uur wat belastingbetalers bestee het om belastingadministrasie namens die SAID te doen, sowat R554 miljoen gekos het – ’n half miljard rand se tyd wat nie by die SAID se berekening oor die koste van belastinginvordering ingesluit is nie.” Joubert sê as dit met die totale inkomste van R251 339 miljoen uit persoonlike inkomstebelasting vir die betrokke jaar vergelyk word, beteken dit dat belastingbetalers administrasie namens die SAID gedoen het teen 0,26% per uur. “Indien elke belastingbetaler jaarliks vier ure daaraan bestee om sy belastingsake agtermekaar te kry, beteken dit dat die koste van die werk wat hulle namens die SAID doen, reeds die maatstaf van 1% oorskry wat die SAID vir homself vir die koste van belastingadministrasie stel. Dit is gelykstaande aan bykans R150 000 vir elk van die 14 944 permanente werknemers van die SAID.” Persoonlike inkomstebelasting is verantwoordelik vir 34% van alle belastings wat ingevorder word. Indien invorderingskoste eweredig oor die belastingstelsel versprei is, sou dit beteken dat ongeveer R2 795 miljoen deur die SAID bestee is om persoonlike inkomstebelasting in die 2012belastingjaar in te vorder. Elke uur wat belastingbetalers aan administrasie namens die SAID bestee, stoot daardie syfer met bykans een vyfde op, sê Joubert. Solidariteit het die SAID ook versoek om meer inligting bekend te maak oor die administratiewe boetes wat sedert 2009 gehef is. Hierdie boetes kan gehef word wanneer belastingbetalers foute op hul belastingopgawes maak of versuim om by spertye te hou. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
25
NUUSWAARDIG
akademia
Jou vennoot op reis na ’n goeie werk
A
Navorsing deur Gallup toon dat ’n goeie werk wêreldwyd vir mense die belangrikste bate is. Maar wat is ’n goeie werk? Vir sommige mense is dit ’n beroep wat ’n HOË SALARIS betaal of ’n belangrike pos met AANSIEN, terwyl dit vir ander ’n ROEPING is wat ’n verskil in mense se lewens maak of iets wat jy geniet! Hoe jy ook al goeie werk omskryf, ons by AKADEMIA wil jou eerste keuse wees as vennoot wat jou op jou reis na ’n “goeie werk” bystaan.
kademia is geposisioneer om jou te help om jouself beter vir die toekoms voor te berei. Ons gebruik die nuutste videokonferensietegnologie en bied tans reeds vyf nasionaal erkende en geakkrediteerde kwalifikasies nauurs in sewe studiesentrums regoor Suid-Afrika aan. Hierdie studiesentrums is geleë in Pretoria Moot, Centurion, Boksburg, Roodepoort, Vanderbijlpark, Bellville en Somerset-Wes. Akademia bied in sy eerste fase van groei tot volwaardige Afrikaanse universiteit aan voornemende studente van alle ouderdomme die geleentheid om te studeer terwyl hulle voltyds werk, en ons studiegeld is tussen 30% en 40% meer bekostigbaar as die klasgelde van ander universiteite! Akademia is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer en bied tans benewens die BCom-graad in ondernemingsbestuur ook twee driejaardiplomas aan – een in bemarking en een in kleinsakebestuur en entrepreneurskap – asook twee hoër sertifikate – een in rekeningkunde en die ander in kantooradministrasie – wat oor ’n jaartydperk aangebied word. Verdere programme wat by die Raad op Hoër Onderwys ingedien word vir aanbieding in 2015 is ’n BCom-graad in bestuursrekeningkunde wat in ooreenstemming met CIMA-vereistes opgestel word, ’n gevorderde diploma in projekbestuur, en twee hoër sertifikate – een in arbeidsverhoudinge en een in entrepreneurskap. Ons beplan om elke jaar nuwe geakkrediteerde kwalifikasies by te voeg sodat ons jou selfs nog beter kan help kwalifiseer vir jou goeie werk! Verdere uitbreiding van ons studiesentrums word ook beplan. Studente word met ’n tabletrekenaar toegerus waarmee alle studiemateriaal afgelaai kan word en klastoetse, eksamens en werkopdragte aanlyn gedoen word. Ons bied ook WiFi-toegang in ons studiesentrums, of die geleentheid om via die internet van jou huis af toegang tot die studenteondersteuningstelsel te kry. Verpligte kontaksessies by ons studiesentrums ondersteun Akademia se beleid van begeleide leer, maar dis beperk tot 11 klaskontaksessies
26
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
SLAAN MUNT UIT 20%-AFSLAG VIR LEDE Solidariteit het ’n ooreenkoms met Akademia gesluit waarvolgens lede van die vakbond 20%-afslag by Akademia kry. Dit is sowat R4 000 per jaar en indien ’n lid van die vakbond vir ’n driejaardiploma of graad inskryf, kry hy dus tot R12 000 afslag. Dié bedrag is gelykstaande aan sowat 11 JAAR SE LEDEGELD. Besoek www.akademia.ac.za om uit dié aanbod munt te slaan of om meer oor ons toekomsgerigte studierigtings te wete te kom.
per vak met ’n verdere drie vir toetse en eksamens. Ons skeduleer die klasse só dat studente slegs een keer elke twee tot drie weke vir twee aande klaskontaksessies sal hê, of dalk af en toe ’n sessie op ’n Saterdag moet bywoon. As jy dus ernstig daaroor is om jouself vir jou “goeie werk” voor te berei terwyl jy reeds werk en ’n inkomste verdien, dan is Akademia jou ideale reisvennoot. Besoek vandag nog ons webtuiste by www.akademia.ac.za – ons wil graag van jou hoor! S
80%
van mense met ’n naskoolse kwalifikasie staan die kans om in diens geneem te word. Dié persentasie daal tot slegs 50% vir diegene wat slegs oor matriek beskik.
PROMOSIE
Vrywillige skeidingspakket – neem of nie?
E
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
’n Skeidingspakket mag dalk met die eerste oogopslag soos die ideale oplossing vir ’n FINANSIËLE VERKNORSING lyk. Dit mag dalk lyk of die pakket meer as genoeg geld bied om jou en jou gesin vir baie maande te onderhou. Ongelukkig is dit nie altyd die geval nie.
28
nige onderneming kan weens bedryfsvereistes genoodsaak word om te herstruktureer of personeel af te lê. Daar kan baie redes hiervoor wees, maar die mees algemene een hou gewoonlik met die werkgewer se finansiële situasie verband. Hierdie proses van herstrukturering of aflegging vind binne die raamwerk van artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet no. 66 van 1995) plaas. Een van die maniere om afleggings te beperk, is deur vrywillige skeidingspakkette aan werknemers te bied. Wanneer hierdie opsie gevolg word, kan enige van die onderneming se werknemers ’n skeidingspakket neem, selfs al is hul werk nie in gedrang nie. Volgens Ruan Schröder, bestuurder van finansiële advies by Solidariteit Finansiële Dienste (SFD), is dit belangrik om onafhanklike finansiële advies in te win voordat ’n besluit oor die aanvaarding van ’n vrywillige skeidingspakket, skeidingspakket of vroeë-aftredepakket geneem word. Talle implikasies moet oorweeg word. Vrae wat SFD dikwels ontvang, sluit in: • Wat is die belastingimplikasies van my besluit? • Hoe sal ek weet of my geld lank genoeg sal hou as ek die pakket aanvaar? • Watter beleggingsopsies is daar en hoe werk dit presies? • Op hoeveel kommissie is die makelaar, beleggingsbestuurder en versekeraar geregtig? • Watter voordele is aan die aanvaarding van die pakket verbonde? • Watter voordele is daaraan verbonde om nie die pakket te aanvaar nie? “Solidariteit Finansiële Dienste kry gereeld met hierdie vrae te make en dit kan in een basiese vraag saamgevat word: ‘Moet ek die pakket aanvaar of nie?’,” sê Schröder. Jy moet slim te werk gaan met jou finansies, vooruit beplan en seker maak dat jy genoeg geld het om die toekoms wat jy vir jouself beplan, te laat realiseer. Weeg al die voor- en nadele teen mekaar op deur ’n lys op te stel. Moenie net die geldelike aspek in ag neem nie. Laaste maar nie die minste nie, raadpleeg jou finansiële adviseur voor jy tot die drastiese stap oorgaan om ’n vrywillige skeidingspakket te aanvaar.
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
ANTWOORDE
OP AL JOU VRAE
Solidariteit Finansiële Dienste het die antwoorde op al hierdie vrae! SFD is by die Raad op Finansiële Dienste as ’n finansiëlediensteverskaffer geregistreer (FSP-nommer: 15556). SFD streef daarna om advies van hoë gehalte, tesame met topgehalte produkte, te bied om aan enige finansiële behoefte te voldoen. SFD het gediplomeerde finansiële beplanners wat jou op professionele wyse sal bystaan. SFD poog om homself, wat sy benadering tot finansiële beplanning betref, van die gemiddelde verskaffer van finansiële dienste te onderskei. SFD werk saam met bekende maatskappye en vennote in die bedryf, insluitende Allan Gray, Sanlam, Momentum, Liberty Life, Coronation en Investec. • Kontak SFD by tel: 0861 10 10 05, faks: 086 571 6739 of stuur ’n e-pos na finadvies@solidariteit.co.za
aksent media • 082 445 4513
Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming
BELEGGINGS
> hulpbronne > ontledings > oplossings
MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING
RISIKODEKKING
IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?
PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES
Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za
Bedryfsnuus
Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.
Winde van verandering vir bedrywe
D FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Verandering is so seker as wat twee maal twee vier is en daarsonder sou ons nooit vorentoe kon beweeg nie. Ons moet gister se ervaring toepas om vandag te bou en te verander, om ’n nog beter môre te verseker. Daarom is skuiwe en verandering in die vakbond Solidariteit ook noodsaaklik vir ’n VOORUITSTREWENDE TOEKOMS, skryf CILLESTE VAN DER WALT.
30
ie vakbond Solidariteit verdeel die bedrywe en velde waarin lede by honderde maatskappy verteenwoordig word, in drie oorhoofse groepe. Die hersaamgestelde bedrywe is soos volg: • Energiebedryf (chemies, elektries, mynbou en sement) – Verteenwoordig 30 645 lede by 38 maatskappye. • Metaal-en-ingenieurswese- (M&I) en Kommunikasiebedryf – Verteenwoordig 31 111 lede by 1 462 maatskappye. • Professionele bedryf (Denel, Krygkor, tersiêr, finansieel, lugvaart en algemeen) – Verteenwoordig 12 485 lede by 525 maatskappye. Benewens die drie oorhoofse bedrywe is daar ook ’n afsonderlike sektor genaamd Medies en landbou (LNR ingesluit) geskep. Hierdie sektor is in die lewe geroep omdat Solidariteit dit toekomstig moontlik ’n afsonderlike bedryf kan
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
maak, sou die ledetal aanhou styg. Solidariteit verteenwoordig tans 9 679 lede by 77 maatskappye in dié sektor. Deon Reyneke, Marius Croukamp en Johan Botha sal onderskeidelik aan die hoof van sake by die Energie-, M&I- en Kommunikasie- en Professionele bedryf staan. Willie Marais is aangewys as sektorhoof van Medies en landbou. Die skuiwe het op 1 Junie 2014 in werking getree. Die voormalige hoof van die Energiebedryf, André van der Merwe, sal op 1 Junie ’n gemeenskapsaktivismerol in die groter Solidariteit Beweging aanvaar om Solidariteit se burgerregteaktivisme te versterk. Hierdie rol sal vereis dat daar bewegingstrukture gevestig word om vakbondgroei te bewerkstellig. Buiten die bestuursherstrukturering sal daar ook agt sektorkoördineerders aangewys word (Medies en landbou uitgesluit). Die koördineerders sal ’n algemene koördineringsrol (onder
leiding van Solidariteit se bedryfshoofde) vervul. Hierdie persone sal steeds hul operasionele verantwoordelikhede as organiseerders behou terwyl hulle ook maandelikse en kwartaallikse verslaglewering sal aanpak. Die verslaglewering sal onder meer met strategiese verwikkelings en wisselwerking tussen die bedrywe verband hou. ’n Ander belangrike taak wat hulle sal onderneem, is om op die implementering van Fase 5 van die ledebehoudstrategie te fokus. Daarbenewens is hulle ook verantwoordelik om werwingsveldtogte te koördineer. Die agt sektorkoördineerders is soos volg by die bedrywe ingedeel: • Energie: Chemies (1); Mynbou & sement (2); Eskom (3) • M&I & Kommunikasie: MEIBC (4); intern (5); kommunikasie (6) • Professioneel: Denel & Krygkor (7); tersiêr, finansieel, lugvaart & algemeen (8). S
H
INDUSTRYNEWS
PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM
First-aid workers keep you safe in the workplace aving first-aid workers in the workplace is part of being accountable as an employer. Regulation (3)(1) of the General Safety Regulations compels an employer to ensure that all employees in the workplace receive first-aid treatment as soon as possible in the event of emergencies or injuries in the workplace. The General Safety Regulations (regulations (3)(1)-(4) of the Occupational Health and Safety Act, 1993 (Act 85 of 1993)) contain the following provisions: When must a first-aid worker be appointed in the workplace? An employer is obliged to appoint a first-aid worker in writing if more than 10 employees are employed in a workplace. The first-aid worker must be readily available to apply first
By Nikki Prinsloo
aid during normal working hours in the event of an emergency. What must the ratio of first-aid workers to employees be? In the case of shops and offices there should be one first-aid worker for every 100 employees. The requirement for other workplaces is one first-aid worker for every 50 workers. How is the competence of a first-aid worker determined? A first-aid worker must have a valid certificate of competence in first aid issued by one the following bodies: • The South African Red Cross Society • The St John’s Foundation • The South African First Aid League • A person or organisation approved by the chief inspector for this purpose. S
BEDRYFSNUUS
Telkom-afleggings ’n tamaai tameletjie
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; REINT DYKEMA
W
32
erknemers by Telkom is onlangs in kennis gestel dat die telekommunikasiemaatskappy van plan is om afleggings te doen en dat sowat 2 600 bestuurposte geraak word. Solidariteit, wat meer as 250 Telkom-bestuurders verteenwoordig, is tans besig om die proses namens sy lede te fasiliteer. Luidens ’n berig in Business Report is Telkom, waarvan 40% deur die staat beheer word, onder druk om sy werkmag met byna ’n derde te verklein. Die maatskappy is van plan om R1 miljard in jaarlikse kostes te bespaar en om van 7 000 personeellede ontslae te raak. Volgens Marius Croucamp (foto), bedryfshoof van die Metaal-eningenieurswese- (M&I) en Kommunikasiebedryf by Solidariteit, is die proses wat Telkom wil volg ingewikkeld, en wil die groep ras as kriteria vir die afleggings insluit. Hy sê Telkom het ook nie tot dusver die regte prosedures in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge gevolg nie. “Die wet bepaal dat die werkgewer die vakbonde moet inlig van die beplande afleggings voor enige kennisgewings aan werknemers gestuur mag word,” verduidelik hy. “Konsultasie moet ná afloop van oorweging, en nie kennisgewing nie, plaasvind. Solidariteit sal daarom die afleggings tot die beste van sy vermoë beveg.” Die eerste vergadering met Telkom het op 25 April plaasgevind. Solidariteit konsulteer intussen met dié werkgewer om sodoende die vakbond se sowat 3 000 lede in die maatskappy teen die beplande afleggings te beskerm. Solidariteit probeer tans ook om ’n forum vir sy lede in bestuursposte te vestig wat vir hulle as ’n spreekbuis kan dien. Volgens Linda Senekal, organiseerder in dié bedryf by Solidariteit, wil die vakbond sy lede toerus met ’n platform wat hulle in staat sal stel om meer doeltreffend vir hul regte in die werkplek te kan opstaan.“Dié lede meen daar word nie genoegsaam van bestuurskant met hulle gekommunikeer oor groot en belangrike skuiwe en veranderings wat in die maatskappy plaasvind nie,” sê sy. S UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Deur Inge Strydom
R1 miljard TELKOM beplan om dié bedrag in jaarlikse kostes te bespaar en om van 7 000 van sy personeellede ontslae te raak.
BEDRYFSNUUS
S
Stewige verhoging vir lede by Vergenoeg-myn Deur Inge Strydom
olidariteit het einde Mei ’n gunstige salarisooreenkoms vir sy lede by die Vergenoeg-mynmaatskappy naby Rust de Winter bereik. Die ooreenkoms behels onder meer ’n salarisverhoging van 7,1% en sluit ook ander gunstige diensvoordele in. Volgens Louis Pretorius, woordvoerder van Solidariteit, is die ooreenkoms ná drie onderhandelingsessies bereik en sal die ooreenkoms slegs op Solidariteit-lede van toepassing wees. “Solidariteit is van mening dat hy die mees verantwoordelike salarisooreenkoms vir sy lede by die mynmaatskappy bereik het. Ons het gepoog om so spoedig moontlik ’n realistiese loonooreenkoms, wat vir ons lede én die werkgewer gunstig is, te bereik,” verduidelik Pretorius. Die ooreenkoms wat Solidariteit met Vergenoeg bereik het, sluit die volgende in: • ’n Verhoging van 7,1% op lede se basiese salarisse; • ’n Verhoging van die daaglikse bystandstoelaag tot R250; • Die toestaan van ’n gereedskapstoelaag van R3 600 per jaar waarmee ambagslui hul gereedskap en toerusting kan vervang, sou dit breek of onklaar raak; • ’n Gunstige verhoging in lede se produksie- en veiligheidsbonusse; en • Vergoeding vir ’n minimum van twee ure per uitroep sal voortaan gegee word. Die ooreenkoms is terugwerkend vanaf 1 Januarie 2014 van krag. Die Vergenoeg-mynmaatskappy ontgin verskeie minerale, waaronder fluoorspar, natriumsulfaat en ’n verskeidenheid soorte klei. Die mynmaatskappy is ’n afdeling van die Minersa-groep, ’n internasionale maatskappy wat verskeie industriële minerale, chemiese produkte, konstruksieprodukte en bleikingsklei vervaardig. S
S
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Standard Bank het genade met nie-stakendes
tandard Bank het positief reageer op Solidariteit se versoek dat die bank begrip moet toon vir die finansiële probleme wat nie-stakende werknemers in die platinumbedryf tans ondervind weens die huidige stakings in dié bedryf. Die versoek, wat aan die vier grootste handelsbanke gerig is, het gevolg nadat niestakende werknemers al hul gereelde produksiebonusse verbeur het sedert bedrywighede by die myne tot ’n stilstand gekom het. Dit het tot gevolg gehad dat sommige van die lede nie hul finansiële verpligtinge teenoor hul bank kon nakom nie. In ’n onlangse skrywe aan Solidariteit het Standard Bank onderneem om enige onbetaalde fooie (straffooie) ten opsigte van die genomineerde rekeninge vir die tydperk 1 tot 30 April 2014 kwyt te skeld. Die bank het ook aangedui dat hy dienste tot die beskikking stel van kliënte wat probleme ondervind om lenings terug te betaal. Die staking deur lede van Amcu in die platinumbedryf duur reeds meer as drie maande. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
33
BEDRYFSNUUS
Geskiedkundige ledevergadering by UJ
S
Solidariteit het op 16 April ’n geskiedkundige ledevergadering by die UNIVERSITEIT VAN JOHANNESBURG (UJ) gehou, waartydens lede deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, asook lt.kol. Renate Barnard toegespreek is. JAHNI COWLEY berig. olidariteit het in 2013 ’n navorsingsprojek onder lede by die UJ geloods om brandpunte wat by die werk ondervind word, te identifiseer. Hierdie kwellings is vervat in ’n manifes waarin Solidariteit en sy lede hulle verbind tot die bevordering van ’n regverdige werkplek. Die manifes sien soos volg daar uit:
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Verklaring ter ondersteuning van ’n regverdige werkplek Ons, die lede van Solidariteit by die Universiteit van Johannesburg, verbind ons tot ’n werkplek waar billikheid seëvier, en waar werknemers met regverdigheid behandel word.
34
Die Grondwet Hierdie verklaring is op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika gebaseer en wys op die volgende bepalings: 1. Die reg op gelykheid, waardigheid en vryheid. 2. Die reg en vryheid om jou eie beroep te kies, asook die reg op billike arbeidspraktyke. 3. Die reg om nie teen gediskrimineer te word nie. 4. Die reg om jou eie taal te gebruik en die beskerming van die idee van diversiteit. Ons kommer Ons lede het, in ’n meningspeiling, kommer UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
uitgespreek oor bepaalde probleme in die werkplek. Die vernaamste kwellings is: 1. Dat ras ’n wesenlike faktor in die aanstelling van personeel geword het, eerder as kwalifikasie of bekwaamheid. 2. Dat aanstellingskriteria in sommige gevalle nie konsekwent en regverdig toegepas word nie. 3. Dat bevordering- en loopbaanontwikkelingsgeleenthede beperk of selfs afwesig is. 4. Dat werklading toeneem, maar posvlakke en salarisse dieselfde bly. 5. Dat onbekwame personeel beskerm word. 6. Dat dissipline nie konsekwent toegepas word nie. Ons benadering Ons ondersteun ’n benadering waar: 1. Menskapitaal ontwikkel word sodat die individu die geleentheid wat die ekonomie bied, kan aangryp. 2. Insette, naamlik opleiding en ontwikkeling, belangriker is as blote rasse-uitsette. 3. Die waardigheid en gelykheid van almal in ag geneem word en die vervreemding van minderhede teengewerk word. 4. Mense hul beroep kan beoefen en daarin kan vorder op grond van hul eie, harde werk. 5. Die werkplek regverdig bestuur word, vry van nepotisme.
In solidariteit vir regverdigheid, onderneem ons om: 1. Ons lede met kennis te bemagtig om standpunt in te neem teen onregverdige praktyke in die werkplek, na vore te kom met bewyse van hierdie praktyke, en dat Solidariteit dan ons lede se regte in die werkplek sal beskerm deur verteenwoordiging in griewe en dissiplinêre verhore. 2. Ons verhouding met die werkgewer oop en deursigtig te hou, en dus die geleentheid te skep vir deurlopende, konstruktiewe gesprek. Dr. Dirk Hermann het lede gewaarsku teen die proses van vervreemding wat uit die bogenoemde werkplekkwessies kan voortspruit, en het lede uitgedaag om aktief deel te neem aan die vakbond se aktiwiteite en te verseker dat wanpraktyke aan die groot klok gehang word. Lt.kol. Barnard het haar storie vertel en beklemtoon dat dit elke lid se verantwoordelikheid is om die werkgewer in sy of haar werkplek verantwoordbaar te hou, deur nie te skroom om die grieweproses met die hulp van Solidariteit te volg in geval van ongelukkigheid by die werk nie. Deur hierdie geleentheid, en die bekendstelling van die manifes, beklemtoon Solidariteit sy verbintenis tot die stigting van sterk takke by die onderskeie universiteite, met die UJ as die vlagskipprojek. S
BEDRYFSNUUS
S
‘Gaan omhels akademiese vryheid, UV!’ olidariteit het op 10 April die geleentheid gehad om ’n groep belangstellende lede by die Universiteit van die Vrystaat (UV) toe te spreek. Die tema van die toespraak was die UV se transformasiebeleid, met spesifieke klem op taaltransformasie, maar dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het aan die gehoor verduidelik dat transformasie by die UV veel dieper as taal sny. “Dit gaan nie oor wat die studente praat nie, maar wie hulle is. Hulle mag nou nie meer wees wie hulle is nie. Hulle moet fundamenteel verander. Hulle moet herontwerp word. Dis ’n sosiale manipulasieproses wat met die beste ter wêreld vergelyk. Dit is gedwonge identiteite – jy moet word wat ek wil hê jy moet wees en daaroor mag ons nie debatteer nie,” het Hermann gesê.
Deur Jahni Cowley
Die gedwonge transformasie van universiteite hou ’n gevaar vir vryheid in: Vryheid van spraak, akademiese vryheid en selfs vryheid van gedagtes. Universiteite is die tuiste van innovering, maar tans ook die slagoffers van ’n aktiewe sosiale manipulasieproses, volgens Hermann. “Alles moet verander. Die nasionale rasse-
demografie moet oral presies weerspieël word. Alles moet oral presies dieselfde lyk en klink. Dit is ’n sosiale manipulasieproses van reuseomvang: ’n Gemeenskap wat oral dieselfde lyk.” Die vraag is: Wat sou die alternatief wees? Het Suid-Afrikaners nog ’n alternatief tot die eng beskouing van die regering, waarvolgens unieke gemeenskappe gedwing sal word om dieselfde te word en in te skakel by die meerderheid? Solidariteit bied ’n alternatief vir hierdie proses om identiteit te onderdruk, die proses wat andersheid onmiddellik as sleg beskou, deur die vryhede van sy lede te beskerm en daarvoor te veg, selfs tot in die konstitusionele hof. Hermann het dié uitnodiging aan ons lede by die UV gerig:“Publiseer daaroor, debatteer daaroor, vra daaroor. Moet dit nie net aanvaar nie. Gaan omhels akademiese vryheid.” S
INDUSTRYNEWS
“T PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM
Union seeks constructive negotiations with NBCCI
36
his year’s wage increase for employees in the chemical industry must enable employees to, at the very least, maintain their standard of living and, if at all possible, improve it,” says Marius Croucamp, industry head at Solidarity. Croucamp refers to this year’s negotiations with the National Bargaining Council for the Chemical Industry (NBCCI). “During the past year, the cost of medical funds and education has increased by 8,6% and 8,7% respectively,” he says. “Employees will remain under immense financial pressure as a result of the increase in the price of essential goods and services like electricity, food and fuel. This year’s wage increase must therefore assist employees to, at the very least, maintain their standard of living, and, if at all possible, improve it,” Croucamp said. He acknowledges the fact that the economy is taking its toll on both employers and employees.“Solidarity therefore aims to negotiate the best possible wage increase for its members without harming the prosperity
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
By Inge Strydom
and sustainability of the respective industries,” he explains.“This also means that Solidarity will be realistic in its demands, ensuring that the negotiations are finalised in the shortest time possible.” The chemical industry in South Africa has a long history, having been founded in the latter part of the nineteenth century as a result of the demand for explosives and chemicals to support the mining industry. Since South Africa has no significant upstream oil reserves and, until recently, little natural gas, its chemical industry has primarily developed around the gasification of coal. The industry is the largest of its kind in Africa. It is highly complex and widely diversified, with end products often being composed of a number of chemicals that have been combined in some way. The primary and secondary sectors are dominated by Sasol (through Sasol Chemical Industries and Sasol Polymers), AECI and Dow Sentrachem. These companies have recently diversified and expanded their interests in tertiary products, especially those with export potential.
IT’S A FACT
• Negotiations between the NBCCI and trade unions commenced in May and are expected to be finalised in July. • Solidarity initially demanded a wage increase of 9,5% in the industrial chemical sector and an increase of 10% in the petroleum industry, while the employers’ opening offer was 5% and 6% respectively. Negotiations in the glass industry are expected to be tougher since the employers made no opening offer. Solidarity demanded an increase of 9,5% for its members in this industry. • Solidarity represents members in three of the five sectors represented by the NBCCI, namely the industrial chemical, petroleum and glass industries.The NBCCI also represents employers in the pharmaceutical and chemically related consumer goods sector. • Source: Small Enterprise Development Agency (Seda), 2012: Research on the performance of the Manufacturing Sector. S
INDUSTRYNEWS
ONDERHANDELINGSNUUS Gesonde verhoging vir lede by Cureday
A
Loononderhandelings tussen Solidariteit en die Curedaykliniek in Pretoria is onlangs afgehandel. Solidariteit kon daarin slaag om vir sy lede in die administratiewe afdeling ’n loonverhoging van 6,5% te beding. Daarbenewens sal die werkgewer se bydrae tot werknemers se mediese fonds met 1,5% verhoog word. Die vakbond het verder ook vir sy lede onder die verpleegpersoneel ’n loonverhoging van 7,5% beding. Dié lede sal ook ’n bykomende bydrae van 1,5% tot hul mediese fonds vanaf die werkgewer ontvang. Verder sal lede tweejaarliks ’n nuwe uniform en skoene ontvang teen geen ekstra koste nie. Indien die kliniek sy jaarlikse doelwitte bereik, sal werknemers ook ’n 14de tjek ontvang.
PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM
Glass industry at a glance By Inge Strydom
ccording to research done by the Small Enterprise Development Agency (Seda) on the performance of the manufacturing industry in 2012, the South African glass industry is influenced by large firms and contains world class companies like PG Glass. This sector is diverse, produces a wide range of products and is an established source of domestic supply. The building as well as the automotive industry depends largely on this sector. However, according to the research, the industry faces several challenges. These include: • The impact of the global recession on sales. • The prolonged recession in the motor industry limiting demand. • Stricter credit control following the crisis in the banking industry causing consumers to be more cautious. The glass industry is faced with two opposing challenges: On the one hand, increased investment aims to expand the variety of available products. On the other hand, the rising cost of raw materials and energy leads to
an increase in production costs. This means market demands must be met and cost control must be exerted simultaneously. Opportunities in this sector • The rand is relatively weak, whilst interest rates and inflation are giving exports a boost. • Big infrastructure projects will maintain the demand for glass. • Diversification by manufacturers means they no longer produce only one kind of glass, but a wide variety, often at a single factory. • Innovation is the key to sustain production in the glass industry. By introducing new technologies, glass manufacturers can implement their processes more flexibly and more efficiently, improve their product quality, and reduce their resource consumption. • Another opportunity in this sector lies in the fact that the solar energy industry is growing even more rapidly than the IT sector worldwide.This has driven a rapid increase in demand for ultra-white glass used in electricity generation systems. S
Solidariteit-lede aanvaar 7%-verhoging by UP
Loononderhandelings tussen vakbonde en die Universiteit van Pretoria is ná ’n uitgerekte onderhandelingsproses afgehandel. Die onderhandelings, wat in Februarie begin het, het in April tot ’n einde gekom toe die werkgewer en die vakbonde op ’n loonverhoging van 7% ooreengekom het. Hoewel die vakbonde aanvanklik ’n loonverhoging van 12% geëis het, het hulle later, soos die onderhandelings ontvou het, hul eis na tussen 7,5 en 8% verlaag. Solidariteit was gereed om die stryd om ’n beter loonverhoging verder by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te voer, maar is later deur hul lede aangesê om die werkgewer se aanbod van ’n 7%-verhoging te aanvaar. Die ooreenkoms behels egter dat vakbonde later weer die kwessie rondom die prestasiebestuurstelsel met die werkgewer kan opneem. Solidariteit se lede meen die toekenning van prestasiebonusse vind nie konsekwent en regverdig plaas nie. Solidariteit verteenwoordig 350 lede by die universiteit. www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
37
INBEWEGING
A
Thank you to our sponsors. From left: Julian Visagie, principal dealer – Monument Toyota Constantia; Johann du Preez – Unitrans Motors; and Francois Smit, managing director – Solidarity Financial Services.
PHOTOGRAPH: ANSIE VAN NIEKERK
Update your information and win a car or holiday!
38
re you a Solidarity member? Would you like to win a Toyota Corolla or a luxury holiday? Then follow these two simple steps: Update your personal information on Solidarity’s website, and provide the contact details of three people who would consider joining Solidarity. As soon as you hit the “submit” button, you stand a chance to win a brand-new 2014 Toyota Corolla 1.6, or a five star, four night holiday on the KwaZulu-Natal coast to the value of R35 000. In order to ensure that we provide you, as a member of Solidarity, with the best service possible, it is crucial to ensure that all your contact details are up to date. We understand the challenge of finding the time to notify service providers of changes to your contact details.Therefore, we want to make updating your information worth your while by offering these great prizes.
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Our sponsors
Solidarity Financial Services Who may enter? Only members and shop stewards of Solidarity may enter the competition. Solidarity employees and their direct family members are excluded from the competition. How to enter • The competition opened on Monday, 19 May 2014 and closes on Thursday, 30 April 2015.
• To enter the competition, you have to complete the official competition entry form at www.solidarity.co.za. In the first section, complete or update your personal information. In the second section, provide the names and contact details of individuals who would strongly consider joining the trade union. • Both sections must be completed in order to qualify for the luxury seaside holiday or the Toyota Corolla. If you complete only one of the sections, your entry will be invalid. • The winners’ names will be drawn on 18 May 2015 and the prizes will be officially handed over on 22 May 2015. The first name drawn will win the car and the second winner will win the holiday. Winners will be announced on 28 May 2015. • Terms and conditions can be read on our website at www.solidarity.co.za S
Trek voordeel uit die spesiale aanbiedings vir Solidariteit-lede by
MONUMENT TOYOTA CONSTANTIA op geselekteerde voertuie uit ons Toyota-reeks E-pos jou kontakbesonderhede na solidaritygroupdeals@um.co.za
I
ADVERTORIAL
Making an impact protecting hearing
mpact Noise Protection is an independent, 100% privately owned, South African company belonging to a larger family, Impact Hearing Systems. Our core objective is to provide first-class, tailor-made hearing conservation programmes to our clients that are designed to meet their employees’ hearingrelated needs. We believe prevention is better than cure, therefore we continue to thrive to curb the incidence of hearing loss in the workplace. All the services we offer are inspired by a common vision and occupational health and safety regulations.
For more information, contact us on: Tel: 012 348 9350 Fax: 012 348 9251 Email: jane@noiseprotection.co.za Website: www.noiseprotection.co.za
Our vision To be a major, South African, role-player in the hearing conservation industry in South Africa and the rest of Africa. To provide holistic, tailormade, first-class client management. Occupational Health and Safety Regulations The OSH Act, 1993, states that: Every employer must ensure that no employee’s eight-hour time-weighted average noise exposure level exceeds 85 dB(A); and every employer must ensure that no employee is exposed to noise with a level exceeding 85 dB for eight hours.
PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM
Our services • Client-specific hearing conservation programs (the PROTEC Programme) • Hearing screenings • Custom hearing protection for industrial use (the Ukuthula hearing protection) • Custom hearing protection for other activities such as shooting, music, travelling, sleeping, swimming and motorcycling • Training on ear hygiene and other hearingrelated issues • Universal, disposable hearing protection for industrial use, swimming, shooting, sleeping and motorcycle riding • Diagnostic hearing testing • Hearing aid fitments.
40
Our BEE status We have attained a level 3 BEE registration. Our lab All custom products are manufactured locally in our laboratory (Pretoria), using only high-quality material. All lab personnel are also South African. UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
DID YOU KNOW?
The intensity of sound is measured in decibel (abbreviated as dB). The sound of a jet engine is about 1,000,000,000,000 times more powerful than the softest sound. The softest sound on the decibel scale is 0 dB. A sound that is ten times louder is 10 dB.A sound that is 100 times louder is 20 dB, and a sound that is 1,000 times louder is 30 dB. • Whispering: 15dB • Normal conversation: 60 dB • A lawnmower: 90 dB
• The hooter of a car: 110 dB • A rock concert or jet engine: 120 dB • A gunshot or fireworks: 140 dB Any sound louder than 85 dB could lead to a degree of hearing loss. If you are in an environment that is so noisy that you have to raise your voice to be heard by someone else, the noise probably exceeds 85 dB. Eight hours’ exposure to noise at 90 dB can damage your hearing, and any exposure to 140 dB of noise will immediately result in damage (and pain).
HULLE IS ONS WENNERS
Tydens Solidariteit se jaarlikse kongres by Leriba Lodge in Mei het Impact Hearing ’n uitstalling gehou waar ’n gelukkige trekking gedoen is. Die gelukkige wenners wen elk ’n Ukuthula Custom ter waarde van R750. Die naam Ukuthula is afkomstig van die Zoeloe-woord vir stilte. Impact Hearing se gehoorbeskerming bied mense die geleentheid om hul gehoor te beskerm deur harde of skerp klanke te demp, maar laat steeds kommunikasie toe. Die wenners is Ruben de Villiers, Frik Cronjé, Barney Kruger, Gerhard Viljoen en Corné Jacobs.
in Beweging
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
Waar staan ons veiligheid ná die verkiesing?
O
In die maande voor die nasionale verkiesing is AfriForum se gemeenskapsveiligheidsafdeling daagliks deur lede gevra wat in die land gaan gebeur as die verkiesing eers verby is. Met uitlatings deur politieke leiers soos Julius Malema van die Ekonomiese Vryheidsvegters dat “wit Suid-Afrikaners nie swart Suid-Afrikaners se geduld moet toets nie”, is dit te verstane dat Suid-Afrikaners ONSEKER EN BEKOMMERD is oor die toekoms in die land, skryf IAN CAMERON.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
ns land het baie ander probleme as die swart-en-witkwessie. By besoek aan AfriForum-takke regoor die land het talle lede, insluitend Suid-Afrikaners van ander kulture, dit duidelik gemaak dat daar geen politieke party is waar hulle tuis voel nie. Wat beteken dit vir ons gewone landsburgers in Suid-Afrika? AfriForum glo dat selfdoenvermoë die antwoord is. AfriForum lei mense regoor die land op en het in drie maande al 740 lede bemagtig met verskeie veiligheidskursusse, insluitend noodhulp, selfverdediging, teenverkragtingsopleiding en insidentbeheer. Die klem is egter nie net op opleiding nie, maar om gemeenskappe daardeur byeen te bring en veiligheidsnetwerke te vestig. Dit stel gemeenskappe in staat om probleme doeltreffend te hanteer. Samesyn word gevestig, maar sonder politieke oortuigings en eerder met ’n niepolitiese siening van hoe die toekoms wel rooskleurig kan wees as gemeenskappe self aksie neem om ’n gebied, distrik of dorp te versterk en beveilig. Die onluste in Bloemhof in die Vrystaat in aanloop tot die verkiesing het gewys dat politiek nie ’n gemeenskap kon keer om aksie te neem toe die regering nie bevoeg was om op te tree nie. Dié dorp is beveilig teen die plundergolf wat met onluste gepaard gaan danksy die gemeenskap wat besluit het om self op te tree. Die selfdoen-idee is ’n idee van hoop, want dit wys dat Suid-Afrikaners nie hulpeloos is nie, maar kan optree en oplossings vind wanneer ’n situasie dit noodsaak. Terwyl AfriForum se hofsake en onderhandelings voortgaan om die regering tot orde te
42
dwing, beveilig die burgerregte-organisasie gemeenskappe deur hulle te organiseer, te koördineer en op te lei. Wat is dus ons verwagting noudat die verkiesingstof gaan lê het? Hierdie vraag het nie ’n voorafuitgewerkte antwoord nie, maar AfriForum
Wat ’n gemors
AfriForum beplan 100 omgewingsoudits by vullisterreine landwyd om vas te stel of plaaslike owerhede aan die minimum vullisbestuursvereistes vir ’n veilige omgewing en verantwoordelike bestuur voldoen.
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
is gereed om aksie te neem – ons groei daagliks, het reeds meer as 90 000 lede, en ons het die vermoë om nuwe realiteite in gemeenskappe te skep, met selfdoen as die antwoord. • Ian Cameron is die hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum. S
GEEN KWOTAS HIÉR
AfriForum Jeug het die KwaZulu-Natalse premier, Senzo Mchunu, se aankondiging verwelkom dat geen kwotas by die nuut beplande mediese universiteit in Newcastle sal geld nie, maar dat studente alleenlik op meriete gekeur sal word.
INBEWEGING
AfriForum help lede met noodhulp-opleiding
D FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Weens die veelbesproke toename in misdaad kom die onderwerp van gepaardgaande beserings en trauma noodwendig een of ander tyd ter sprake. JAN-PIET COOKS, ’n konsultant vir AfriForum se gemeenskapsveiligheidsafdeling, verduidelik hoe die organisasie PROAKTIEF optree om sy lede te BEMAGTIG en te HELP. ie burgerregte-organisasie AfriForum beywer hom vir groter veiligheid van sy lede en gemeenskappe.“Ons poog sover moontlik om aanvalle en misdaad af te weer eerder as om die nagevolge daarvan te hanteer, vandaar die organisasie se veldtogte om buurtwagte en radionetwerke te vestig en uit te brei,” sê Cooks. Met dit in gedagte bied AfriForum opleiding in onder meer die volgende: • Optrede om verkragting af te weer • Paraatheid • Patrollies • Gebruik van tweerigtingradiotoerusting • Noodhulp • Hantering van en optrede tydens voorvalle. Die feit is egter dat AfriForum nie alle voorvalle en aanvalle kan afweer nie en daarom bly noodhulpkennis belangrik. Deur beseerdes vinnig en doeltreffend te behandel, kan fisieke en sielkundige skade op die langtermyn verminder word.
In uiterste gevalle kan die regte opleiding selfs die verskil tussen lewe en dood beteken. Noodhulp is ook in ander gevalle van waarde, soos met padongelukke, sportbeserings en noodgevalle tuis. Volgens Cooks word gemeenskappe opgelei in noodhulp om bewustheid van gevare te verhoog en sodat hulle die vaardigheid het om vinnig hulp te verleen. ’n Basiese “makkerhulp-kursus” is reeds in plek en is soortgelyk aan die opleiding wat soldate kry om hul gewonde makkers vinnig te kan help. Sowat 100 AfriForum-lede is reeds opgelei in makkerhulp. AfriForum reël tans om die volledige noodhulpreeks van vlak 1 tot 3 in plek te kry en te akkrediteer, sodat mense met gevorderde tegnieke en kennis toegerus kan word. “Die klasse gebruik instrukteurs met baie jare ervaring in nooddienste en opleiding. Wondnabootsing word gedoen, wat die opleiding ook prakties maak. Hartmassering (CPR) is ’n sentrale komponent van die opleiding en word ook
prakties geïllustreer. Elke kursusganger kry die geleentheid om die tegniek self onder beheerde omstandighede te oefen,” verduidelik Cooks. Vir die kursusse in paraatheid en teen verkragting word tans van eksterne spesialiste gebruik gemaak. Hulle lei ook AfriForum se buurtwagte op in regsaspekte en selfverdediging, sodat elkeen presies weet wat hy mag en nie mag doen nie sou hy self ’n teiken van misdadigers word. Die korrekte gebruik van tweerigtingradionetwerke is ook deurslaggewend vir die suksesvolle beskerming van gemeenskappe en daarom word opleiding gegee aan mense wat by veiligheidsnetwerke inskakel. Cooks sê AfriForum is geregistreer en gelisensieer as ’n handelaar om tweerigtingradiotoerusting te kan voorsien aan persone wat by gemeenskapsveiligheid betrokke is. Waar gemeenskappe saamwerk, wil AfriForum help om ’n selfdoenvermoë te vestig en te versterk. Sluit aan en raak betrokke! S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
43
INBEWEGING
AfriForum in kryt oor Zuma se ‘luukse dorp’
P
M
AfriForum 911: Só beskerm diens duisende gesinne in SA
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
isdaad is ’n groot bron van kommer vir alle SuidAfrikaners. Al meer mense soek na maniere om hul gesinne beter te beskerm. Erna Olivier, projekbestuurder van AfriForum 911, verduidelik hoe dié gratis nooddiens vir lede ’n verskil kan maak. AfriForum 911 is ’n 24-uur-noodlyn waar lede noodgevalle kan aanmeld in geval van ’n kaping, aanval, inbraak, diefstal, motorongeluk of brand. Die inbelsentrum wat namens AfriForum deur Europ Assistance bestuur word, sal dan die polisie, die AfriForum-lid se bure, familie en veiligheidmaatskappye skakel om hulp te verseker. Die hulp sluit onder meer die ontbied van ambulansdienste in, insluitend lugvervoer, indien dit medies geregverdig is. Telefoniese traumaberading en gesondheids- en mediese advies deur geregistreerde verpleegkundiges vorm ook deel van die diens. Volgens Olivier sal lede ’n groen armband
44
SMS JOU NAAM NA 45352
met die nooddiens se noodlynnommer daarop ontvang. Elke armband het ook ’n unieke nommer wat gebruik word om vir die uitgebreide diens te registreer. Die bandjie kan deur nooddienstepersoneel gebruik word om lede te identifiseer wat byvoorbeeld bewusteloos is. Belangrike mediese inligting, soos ’n persoon se mediese fonds, adres, bloedgroep, allergieë, familie en bure se kontaknommers, kan in ’n noodgeval op AfriForum 911 se webtuiste ingevoer word om ’n selfs doeltreffender diens aan die slagoffer te lewer. Mense wat in die diens belangstel maar nog nie lid van AfriForum is nie, kan hul naam en nommer na 45343 SMS. AfriForum sal hulle dan bel en uitnooi om aan te sluit en sodoende die nooddiens gratis te ontvang. “Hoe meer mense aansluit, hoe sterker word AfriForum en hoe meer projekte kan aangepak word om ’n beter toekoms te verseker,” sê Olivier. • Lees meer by www.afriforum.co.za S
Red Volksblad
AfriForum het ’n veldtog begin om die 110-jarige Vrystaatse dagblad Volksblad se voortbestaan te beskerm nadat Media24 gesê het hy beplan om dié koerant moontlik af te skaal of met Beeld te vervang.
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Deur Ernst Roets
res. Jacob Zuma het onlangs aangekondig dat die regering steeds beplan om voort te gaan met die bou van die Umlalazi-Nkandla Smart Growth Centre, net ’n klipgooi van die president se omstrede Nkandla-woning. AfriForum het in 2012, toe die aanvanklike planne vir hierdie projek bekendgemaak is, ’n klag by die openbare beskermer (OB) ingedien om die saak te ondersoek. Sedertdien het die regering nie ’n woord daaroor gerep nie, wat die indruk geskep het dat die projek ’n stille dood gesterf het. Zuma het onlangs egter laat blyk dat die sogenaamde “uitdagings” wat die projek vertraag het, byna uitgestryk is en dat dit dus steeds in die pyplyn is. AfriForum het sy klag by die OB opgevolg en dit sal waarskynlik die volgende hoofstuk in die Nkandla-skandaal wees. Hierdie luukse “dorp”, wat sowat drie kilometer van die president se huis af gebou sal word, word deur die regering voorgehou as ’n inisiatief om landelike veiligheid te verseker. Na verwagting sal die projek meer as R2 miljard kos, waarvan belastingbetalers die helfte sal moet opdok. Hierdie projek word in samewerking met die landelike ontwikkelingsorganisasie Masibambisane uitgevoer. Zuma is die voorsitter van Masibambisane. Die OB is gevra om sy betrokkenheid te ondersoek, omdat dit op ’n misbruik van mag neerkom. Dit is duidelik dat Zuma in sy persoonlike hoedanigheid groot voordeel uit hierdie projek sal trek.“Die president sit op drie stoele,” het AfriForum destyds gesê.“Hy is die hoof van die uitvoerende gesag in die regering, voorsitter van die regering se vennoot in hierdie saak, Masibambisane, en as ’n burger met persoonlike belange in Nkandla ’n begunstigde in hierdie saak.” • Ernst Roets is die adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. S
WATERMONSTERS
AfriForum het ingegryp en watermonsters geneem nadat 200 mense in Bloemhof in Noordwes na dokters en klinieke gestroom het met simptome van cholera. Intussen is die rioolprobleme in en om Hartbeespoort iets van die verlede.
Solidariteit Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING
Kry die KRAG van die WET aan jou kant! Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R90 per maand.* • • • •
Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. Afslagtariewe op eiendomsoordragte.
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
* Bepalings en voorwaardes geld
Skakel ons vandag nog by
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 5277
INBEWEGING
‘Niemand kan opleiding wegneem’
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
“D
46
is makliker om die regering, regstellende aksie, die kerk, ’n mens se ouers of die ekonomie vir jou omstandighede te blameer as om verantwoordelikheid daarvoor te neem en daadwerklik tot aksie oor te gaan om ’n verskil te maak.” So sê prof. Alida Herbst, direkteur by die skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit. Solidariteit Helpende Hand kom daagliks in aanraking met armes wat dikwels in haglike omstandighede leef. “Helpende Hand het verskeie projekte en dienste waarmee ons hulp aan armes en werkloses kan bied,” sê Christine Breet, adjunk uitvoerende hoof van ontwikkeling by Helpende Hand. “As Helpende Hand nie direk kan help nie, kan ons danksy ons uitgebreide netwerk mense na die regte instellings verwys wat wel van hulp kan wees.” Breet beklemtoon dat Helpende Hand nie ’n organisasie is wat aanhoudend kos en klere uitdeel nie.“Dit lei tot afhanklikheid, en een van ons oogmerke is juis om mense se ekonomiese onafhanklikheid te verseker.” Dit is kommerwekkend dat Helpende Hand gereeld mense teëkom wat nie bereid is om verantwoordelikheid vir hul omstandighede te neem nie, sê sy. Sy vertel dat armes dikwels gretig is om kospakkies en ander skenkings te aanvaar, maar traag is om enige teenprestasie te bied. “Ons versoek telkemale dat mense wat aanklop om hulp, dokumente moet indien sodat ons hul omstandighede behoorlik kan evalueer, net om dan nooit weer van hulle te hoor nie. So sien ons ook dat werkloses ’n werkgeleentheid
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Deur Mariné Jacobs
gebied word, maar dit dan van die hand wys omdat dit ‘nie eintlik is wat hulle soek nie, of dit nie genoeg betaal na hul sin nie’.” Adele Kruger, Helpende Hand se streekorganiseerder in Gauteng-Suid, beaam hierdie stelling. Sy vertel dat sy per geleentheid by Kroningspark-plakkerskamp in Krugersdorp gesien het hoe inwoners hul vuil klere verbrand omdat hulle dit nie wou was nie en geweet het daar sal binnekort nuwe klereskenkings opdaag. “Hierdie plakkerskamp het nasionaal bekend geword danksy blootstelling op Carte Blanche en is intussen deur joernaliste van Portugal, Duitsland, Holland, Australië en China besoek,” sê sy. “Vanweë die kamp se blootstelling twee jaar gelede kon die bestuurders kies by wie hulle skenkings wou ontvang en het hulle uiteraard arrogant geword – hulle het byvoorbeeld Helpende Hand se aanbod om hulp van die hand gewys.” Sy sê die plakkerskamp se inwoners bekla hul lot by enigeen wat dalk vir hulle iets in die sak kan bring (soos joernaliste), maar daar is ’n duidelik waarneembare aanvaarding van en selfs tevredenheid met hul lot. Volgens Herbst is Kruger se waarneming waarskynlik korrek.“Mense wat in armoede verval het, is dikwels so moedeloos met hul omstandighede dat hulle nie oor die emosionele energie en innerlike krag beskik om hul omstandighede te verander nie,” verduidelik sy. Sy sê dat ’n gebrek aan probleemoplossingsvaardighede oor die algemeen lei tot die verskuiwing van blaam, asook tot maatskaplike kwessies soos substansmisbruik, sekswerk en misdaad wat as uitvloeisels van armoede beskou kan word.
“Wanneer ‘n persoon in armoede deurlopend simpatie ontvang en daarmee saam uit welsynsdienste leer om te ontvang, word hierdie hulpeloosheid versterk. Armoede is altyd ’n kombinasie van samelewingsomstandighede en die gedrag van die individu. “Dit is so dat die ekonomiese klimaat in SuidAfrika gekenmerk word deur werkloosheid en stakings wat armoede kan versterk, maar individue wat daardeur geraak word se eie gedrag kan hul respons op die omstandighede positief of negatief laat draai.” Om armes uit die spiraal van armoede te bevry en hulle verantwoording te leer, moet toeganklikheid tot hulpbronne, verantwoordelikheid en volhoubaarheid terselfdertyd aangepak word, meen Herbst. “Verseker dat gepaste hulpbronne geredelik beskikbaar is en dat die gemeenskap toegang daartoe het, verskaf gepaste opleiding oor die benutting van sodanige hulpbronne, leer mense om hulpbronne doeltreffend aan te wend sodat daar ook genoeg is vir môre, en leer gemeenskappe om entrepreneuries op te tree en sodoende inkomste te genereer.” Dit is juis daarom dat Helpende Hand armoede op ’n volhoubare wyse aanpak, wat vereis dat armes verantwoordelikheid vir hul lewensomstandighede neem, sê Breet. “Opleiding is die instrument wat ’n mens teen armoede beskerm en daarom sal Helpende Hand aanhou om op hierdie manier te bemagtig. “Niemand kan ooit ’n vaardigheid of opleiding van jou wegneem nie – dit is ’n bate waarmee jy jouself kan bemark en so ekonomies onafhanklik raak.” S
INBEWEGING
’n Hand wat ophelp eerder as uitdeel
D
CHRISTINE BREET, Solidariteit Helpende Hand se adjunk uitvoerende hoof: ontwikkeling, het in April aan die Amerikaanse regering se INTERNATIONAL VISITORS LEADERSHIP PROGRAMME deelgeneem. Haar oogmerk was om organisasies te besoek wat soortgelyke werk as Helpende Hand doen, om so meer te LEER en IDEES uit te ruil. ie Amerikaanse denkwyse is geskoei op die vrae:“Is dit vir my maklik?” en “Kan ek geld hieruit verdien?”, en op die stelling: ”As iets werk, gaan ek dit nie verander nie”. Die individu is belangrik en staan sentraal tot omtrent alles. Daar is ook ’n sterk gevoel van omgee vir die familie, woonbuurt, dorp, staat, land en selfs die wêreld. Vir die Amerikaners is Amerika die wêreld.
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Geanker in vrywillige werk Een van die groot teenstrydighede van die VSA is dat individue hul belange voorop stel, maar terselfdertyd nóú by die gemeenskap betrokke is en veral vrywilligerswerk doen. Daar is ’n goed ontwikkelde kultuur van gemeenskaplikheid, omgee en vrywillige werk. Hulle leer dit van kleins af in skole en veral kerke deur aan uitreikaksies deel te neem. Baie mense werk ook as vrywilligers vir meer as een organisasie. Ek wou vasstel waarom mense vrywilligers word en het ’n paar interessante redes geïdentifiseer, soos dat hulle ander wil help, ’n verskil in die gemeenskap wil maak en besef dat verandering by hulle begin, deel wil wees van iets groter as hulself, graag ander mense wil ontmoet en omdat hulle in die saak glo. Navorsing deur Americorps het bevind dat mense wat eers as vrywilligers werk ’n 27% groter kans het om werk te kry en dat dit hul selfvertroue met 99,9% verhoog. Vrywilligers sonder matriek en in landelike gebiede se werkkanse verhoog met soveel as 55% (Office Of Research & Evaluation Coporation For National And Community Service). Hulle sien vrywillige werk as ’n manier om hul netwerke en kontakte uit te brei, CV’s te verbeter en ’n positiewe indruk in ’n mededingende werkmark te skep. Gerat deur regeringsgeld Die Amerikaanse gemeenskaps- en welsynsorganisasies word grotendeels deur die regering gefinansier. Daar is geen tekort aan hulp, geld en ander hulpbronne nie. Die regering se standpunt is dat hulle eerder niewinsgewende organisasies sal finansier wat reeds die nodige infrastruktuur en ondervinding het, as
“
Navorsing deur Americorps het bevind dat mense wat eers as VRYWILLIGERS werk ’n 27% groter kans het om werk te kry en dat dit hul selfvertroue met 99,9% verhoog.
om die wiel weer te herontwerp. Gemeenskapsentrums vervul ’n belangrike en integrale rol in die Amerikaanse regering se opheffingswerk en sy plan teen armoede en veral werkloosheid. Dit is een van die doeltreffendste metodes om mense te bereik, by te staan en te bemagtig. Een van die beste voorbeelde is die Boys and Girls Club of America. Hulle het 52 000 werknemers en 235 000 vrywilligers in diens, beskik oor 4 074 fasiliteite en bedien ongeveer 4 miljoen kinders per jaar. Hul visie is om jongmense te help om hul volle potensiaal te verwesenlik as produktiewe, empatiese en verantwoordelike lede van die samelewing. Gereed deur opleiding Daar is verskeie werkskeppingskantore wat maklik bereikbaar is. Almal help met opleiding, wat wissel van kort kursusse tot volledige grade. Die land en sy inwoners is daarop ingestel om soveel moontlik mense toe te rus met vaardighede sodat hulle ekonomies onafhanklike landsburgers sal wees.Weereens word persone aangemoedig om deur vrywillige werk hul vaardighede op te skerp of nuwes aan te leer sodat hulle meer aantreklik vir potensiële
”
werkgewers kan wees. Opleiding is baie belangrik vir alle organisasies in Amerika en word aan alle personeel asook direksielede verskaf. Een groot teleurstelling was dat hulle ver agter is met die gebruik van sosiale media in die welsyns- en gemeenskapsarea. Die rede wat aangevoer word, is dat hulle geld van die regering ontvang en dit dus nie vir hulle nodig is om te bemark nie. Verantwoordbaar Solidariteit Helpende Hand is op die regte pad as die organisasie met Amerika vergelyk word – ons glo ook dat opleiding en vaardigheidsoordrag die enigste volhoubare manier is om armoede op die langtermyn teen te werk deur mense te help om ekonomies onafhanklik te wees. Helpende Hand geniet ongelukkig nie finansiële ondersteuning van die regering nie, maar is in die bevoorregte posisie dat sy ondersteuners dit moontlik maak om Afrikanerarmoede deur verligtings-, voorkomings- en verbrekingsprojekte te laat realiseer. My besoek het bevestig dat Helpende Hand soos die Amerikaners ’n benadering van Hand up, not hand down volg. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
47
INBEWEGING
H
Helpende Hand gerat om in krisistye in te gryp
Solidariteit Helpende Hand is in 1949 gestig om die nood van Afrikanermynwerkers te verlig en is steeds vandag gerat om tydens stakings, werkloosheid en in krisistye ’n reddingsboei vir mense in nood te wees, skryf MARINÉ JACOBS. “Finansiële krisisse soos die platinumgordelstaking elpende Hand het in April ONS HELP IN RUSTENBURG kan ook lei tot emosionele reaksies van ongeloof, vanjaar ’n aksieplan aangekondig woede, skuldgevoelens en depressie. Die gevoel om optimale hulp te verleen van hulpeloosheid kan vererger word as daar in aan Solidariteit se lede in die sulke omstandighede ’n gebrek aan sosiale platinumgordel wat en emosionele ondersteuning is. finansieel platgeslaan is deur die “Daarom staan Helpende Hand maande lange stakings by die ook mense by met aspekte soos platinummyne. Sedertdien het emosionele ondersteuning en Helpende Hand al tonne nie-stakers skuldbestuur, omdat ons voorraad kos in die gebied aan voedingskemas eerstehands gesien het hoe uitgedeel, emosionele en se gesinne by skole geskenk sulke omstandighede kan skuldberading gehelp lei tot depressie, gesondgefasiliteer, skole se heidsprobleme en selfs voedingskemas selfmoord.” ondersteun en In Maart het landwyd fondse Emosionele Helpende Hand ’n ingesamel om en skuldnoodfonds gestig vir Solidariteit se MILJOEN berading Limpopo-inwoners niestakende lede te se hulp reeds aan talle wat deur vloede in ondersteun. aan nieverskaf die provinsie geraak “Helpende stakers is. Deur middel van Hand se aksieplan nie-bederfverleen hierdie noodfonds om bystand te bied bare kos kon Helpende Hand aan Solidariteit-lede versprei vloedskade in die wat deur die stakings provinsie help herstel, in die platinumgordel kragopwekkers aan geraak is, is net nog ’n tehuise verskaf en talle bewys dat ons ’n kospakkies, klere en ander organisasie is wat gerat is se babadoeke skenkings aan vloedslagoffers om verligting te bring versprei. wanneer die nood groot is,” sê en formulemelk vars kos Brink beklemtoon dat Helpende dr. Danie Brink, Helpende Hand se gekoop versprei Hand se hooffokus is om armoede by uitvoerende direkteur. “Helpende kinders te voorkom deur hul akademiese Hand is by uitstek die organisasie wat vooruitgang moontlik te maak, juis omdat die namens die Solidariteit Beweging armoede in organisasie glo dat opleiding die wapen is die breër gemeenskap aanpak.” waarmee hulle armoede kan beveg. Volgens Brink is dit nie die eerste keer wat “In krisistye dien dit egter geen doel om Helpende Hand ingespring het om te help waar het. Helpende Hand het toe vir ’n jaar lank kos iemand wat honger is ’n studiebeurs aan te bied mense onverwags in armoede gedompel is nie. aan die werknemers versprei en vir hulle toegang nie. Binne ons mandaat en beperkings is ons Helpende Hand het ook in 2009 ’n noodfonds tot berading gegee. gereed om die hulp te verleen wat in daardie op die been gebring vir werknemers van “Armoede is nie bloot ’n onvermoë om stadium benodig word.” Pamodzi Gold wat weens wanbetaling van basiese behoeftes te vervul nie,” sê Brink. • Lees meer by www.helpendehand.co.za S mynwerkers se salarisse finansiële verliese gely
R200000
R1,75
100
TON
12
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
TON
48
Skokkende syfers
’n Peiling deur die WEF plaas Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskaponderwys onderaan die lys van 148 lande. Helpende Hand glo in die belangrikheid van goeie opvoeding en het ’n wiskundesentrum en -klub in Pretoria geopen.
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
1000
R30 000
VAW WYS MET WISKUNDE
Helpende Hand werk hard aan oplossings vir die land se swak wiskundeprestasie. Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) bied in 2014 onder meer verskeie kursusse en kongresse vir meer as 1 000 onderwysers aan. Lees meer by www.skoolwiskunde.co.za
INBEWEGING
Kompetisie pak werkloosheid
“Werk verban die drie groot euwels: Verveling, verdorwenheid en armoede.” Hierdie bekende woorde van Voltaire sal nuwe betekenis kry tydens Helpende Hand se PROJEK VAN DIE JAAR-KOMPETISIE waar projekte wat fokus op die verbreking, voorkoming en verligting van Afrikanerarmoede weer hoop in gemeenskappe sal anker en die euwel van armoede sal help verban. GRIETJIE PRINSLOO berig.
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
S
olidariteit Helpende Hand het vanjaar die Projek van die Jaar-kompetisie geloods om volhoubare projekte van stapel te stuur wat onder meer werkloosheid kan teenwerk. Helpende Hand sal R1,5 miljoen bestee ter ondersteuning van dié projekte in behoeftige gemeenskappe om minderbevoorregte mense te help. Die Projek van die Jaar-kompetisie vat hande met gemeenskappe en onder meer kos insamel, groentetuine begin en ander volhoubare werkgeleenthede skep. Werkloosheid bring armoede wat ’n ekonomiese rimpeleffek op die groter gemeenskap het, sê Anel du Preez, organiseerder van die Projek van die Jaar-kompetisie.“Die toename in werkloosheid ná 20 jaar van demokrasie kan deur kreatiewe oplossings aangepak word.” “Volgens Statistiek Suid-Afrika se opname vir die eerste kwartaal van 2014 het die eng werkloosheidskoers, wat slegs aktiewe werksoekers insluit, 25,2% beloop. Dit verskil nie veel van die koers in die eerste kwartaal van 2013 nie, wat 25% was,” sê Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut. “In die eerste kwartaal van 2013 was die breë werkloosheidskoers, wat mense insluit wat al opgehou het om werk te soek, 36,1% en dit het marginaal gedaal tot 35,1% in 2014.” Volgens Joubert het slegs sowat 43% van volwasse Suid-Afrikaners werk.“Hierdie werkkoers is veel laer as wat internasionaal as algemeen aanvaarbaar beskou word,” sê hy. Joubert sê dat ’n aanvaarbare werkkoers in die omgewing van 65% is.“As Suid-Afrika hierdie werkkoers wou behaal, sou daar vandag sowat 7,8 miljoen meer mense moes werk. Die ekonomiese insinking van die afgelope paar jaar het die blanke bevolking van Suid-Afrika ook geraak. In 2008 was die breë werkloosheidskoers onder blankes sowat 5,5% terwyl dit tans sowat 8% is.” Du Preez verduidelik dat baie van die goedgekeurde projekte op volhoubare werkgeleenthede fokus. ’n Totaal van 27 projekte wat aan die kompetisie se kriteria voldoen en bewys dat hul doelwit om armoede te verlig, voorkom of
43%
Die persentasie van die volwasse bevolking wat werk. verbreek uitvoerbaar is en binne die voorgeskrewe begroting en tydraamwerk val, is goedgekeur om na die volgende rondte deur te dring. Een van die projekte is ’n werkskeppingsprojek in Tzaneen wat tuindienste aan die plaaslike gemeenskap sal lewer. Volgens Elna Kriel, voorsitter van Helpende Hand se Tzaneen-tak, beplan hulle om dié projek van stapel te stuur om sodoende werk aan werklose mans en vroue in die gemeenskap te verskaf. ’n Ander projek, Faith Durie Kussings, is ’n werkskeppingsprojek in Pretoria-Wes wat gebedskussings maak. Twaalf vroue van PretoriaWes word direk deur die projek bemagtig. Die kussings word aan verskeie kerke en privaat instansies verkoop. Nog ’n inisiatief is Projek Taakmag in Kraaifontein, ’n werkskeppingsprojek wat uitpak- en skoonmaakdienste aan vervoeragentskappe lewer. Skeepsvraghouers word binne 24 uur by die hawe uitgepak en aan die skepe terugbesorg. Deelnemers word terselfdertyd geleer hoe ’n goeie projek saamgestel kan word wat op die volhoubare bemagtiging van die gemeenskap fokus, sê Du Preez. Die geïmplementeerde projekte sal in Julie volgens bepaalde kriteria geëvalueer word, waarna drie wenners aangewys sal word wat dan onderskeidelik R150 000, R100 000 en R50 000 sal wen om hul projekte verder uit te brei. S
Benoem bejaardes wat raakvat vir Silwerkroon
D
Deur Grietjie Prinsloo
ie wyse Salomo leer ons dat die ouderdom ’n sierlike kroon bring vir dié wat reg lewe.“Dit is vandag steeds geldig vir al die Silwerkrone in die gemeenskap,” vertel Michelle Burger, Helpende Hand se organiseerder van die Ouma-en-Oupa-projek. Die Silwerkroon-toekenning, ’n inisiatief van Helpende Hand, wil erkenning gee aan bejaardes wat die afgelope vyf jaar besondere gemeenskapswerk verrig het – dié wat uit hul pad gegaan het om ander se lewens te verryk en van hulself te deel.“Dit is vir Helpende Hand belangrik om toe te sien dat bejaardes erkenning kry vir hul uitnemende diens en bydraes,” sê Burger. Hierdie toekenning is ’n opwindende inisiatief om opnuut op bejaardes te fokus. “Die gemeenskap kan so gou van sy senior burgers se nood en eensaamheid vergeet,” sê sy. Die Silwerkroon-toekenning is gemik op bejaardes wat hul aftrede as die begin van ’n nuwe fase van “aantree vir gemeenskapsdiens” sien.“Daar is soveel nood en uitdagings in die gemeenskap wat aangepak kan en moet word. Die ondervinding en wysheid van ons Silwerkrone kan beslis ’n groot verskil maak in die nood van ons onderskeie gemeenskappe.” Die Silwerkroon-kompetisie word nasionaal aangebied in samewerking met die tydskrif Juig! Inskrywings is oop tot Junie, waarna die top-10 finaliste bekend gemaak sal word. Die algehele wenner sal in Augustus by ’n oorhandigingsfunksie aankondig word. Enige Silwerkroon kan inskryf of deur iemand genomineer word. Inskrywingsvorms kan aanlyn op Helpende Hand se webwerf of in die Juig!tydskrif verkry word. Daarna moet die vorms ingevul en per faks of e-pos teruggestuur word vir beoordeling deur ’n paneel. Die foto’s en stories van die 10 finaliste sal op Helpende Hand se webwerf gelaai word waar die publiek per SMS vir hul gunsteling kan stem. Kriteria sluit in dat deelnemers ouer as 60 jaar moet wees en in die laaste vyf jaar iets merkwaardig in hul gemeenskap gedoen het. Deelnemers wat genomineer word, moet instem voor hul inskrywings ingestuur word. • Besoek www.helpendehand.co.za S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
49
INBEWEGING
Tegniese kundigheid die sleutel tot sukses
S
“Die toename in die beskikbaarheid van inligting, en gevolglik beter opgeleide werknemers, sal wedywering onder werksoekers om ’n GOEIE WERK IN DIE INLIGTINGSEKONOMIE te vind, laat toeneem,” het Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, aan MOIRA-MARIE KLOPPERS vertel. ol-Tech speel ’n sleutelrol in Solidariteit se opleidingsplan wat by sy jaarlikse nasionale kongres in Pretoria aangekondig is. Dié plan, wat oor drie jaar sal strek, behels dat nagenoeg R400 miljoen deur die Solidariteit Beweging aan opleiding bestee sal word. “’n Goeie kwalifikasie van ’n gesaghebbende tegniese opleidingsinstelling is een van die beste maniere waarop werksoekers hulself beter vir die huidige arbeidsklimaat kan toerus,” sê Van Deventer. Dit gaan oor ’n goeie werk Volgens Van Deventer is een van die beste maniere waarop werksoekers hul kanse op ’n goeie werk kan verbeter om hulself in ’n tegniese rigting – waar ’n tekort aan opgeleide
werknemers is – te bekwaam. “As werksoeker wil jy aan ’n potensiële werkgewer wys dat jy ’n aanwins vir die maatskappy sal wees. Tegniese kundigheid, tesame met die ingesteldheid van ’n doelgerigte en pligsgetroue werknemer, is wat ’n suksesvolle kandidaat van ’n onsuksesvolle een onderskei. Dít is die opleidingstrategie wat Sol-Tech toepas,” verduidelik hy. Sol-Tech se grootste doelstelling is om sy studente vir die arbeidsmark toe te rus en hulle daardeur te help om ’n goeie toekoms in SuidAfrika te verseker. “Sol-Tech het homself die afgelope paar jaar spesifiek geposisioneer om sy studente in ooreenstemming met werkgewers se behoeftes op te lei. Sol-Tech volg daarom ’n strategie waarvolgens die deurwinterde beginsels van
goeie ambagsopleiding van 30 en 40 jaar gelede met moderne, gevorderde toerusting en praktyke aangevul word.” Vraag troef regstelpraktyke Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech, meen werkgewers is gretig om Sol-Tech-studente in diens te neem. Die kollege kry toenemend positiewe terugvoering van die publiek en werkgewers. “Omdat die vaardighede waarmee ons ons studente toerus so gesog is, stel ons in die praktyk in ’n groot mate ons studente vry van onbillike regstellendeaksiepraktyke wat jongmense se loopbaandrome in baie ander rigtings kniehalter. Ons voorspel dat Sol-Tech se rol al meer prominent gaan word en dat ons nog vir duisende jong Suid-Afrikaners ’n suksesvolle loopbaan gaan help vestig.” S
MOENIE ONS OPEDAG MISLOOP NIE! Datums: Tyd: Plek:
13 September 2014 8:30 vir 9:00 Sol-Tech-kampus, Kirkney Maliestraat 1662, Kirkney, 0182 Koördinate: 25O 42’ 52” S 26O 06’ 26” E Bring saam: Vier gewaarmerkte afskrifte van aansoeker se ID, vier gewaarmerkte afskrifte van hoogste kwalifikasie en amptelike graad 9-rapport Sukses Opleiding Loopbaan Toekoms Ekonomiese bemagtiging Christelik Hoop
Besoek ons webtuiste vandag nog by
Solidariteit Beweging
www.sol-tech.co.za
Sol-Tech
INBEWEGING
Kry ’n loopbaanvoorsprong met dié studierigtings
Hoe lyk Sol-Tech se OPLEIDINGSMODEL? Institusionele opleiding geskied gewoonlik aaneenlopend oor drie fases, wat deur vaktoets-gereedmaking en dan deur die finale kwalifiserende toets by ’n geakkrediteerde toetssentrum opgevolg word. Opleiding is voltyds en studente is verplig om elke dag al die lesings en opleiding by te woon. Alle opleiding en indiensopleiding word in ’n logboek aangeteken om te verseker dat elke faset van opleiding aandag geniet. Sol-Tech beskik oor toerusting sonder gelyke, vakkundige personeel en verskeie opwindende STUDIERIGTINGS:
INDUSTRIËLE ORIËNTERING
Studente word blootgestel aan die basiese vaardighede van die verskillende ambagte wat Sol-Tech aanbied om sodoende ’n ingeligte besluit te kan neem wanneer hulle in een van die rigtings wil spesialiseer. Die kursus fokus op beide teoretiese en praktiese kennis. Drie teoretiese vakke, naamlik wiskunde, wetenskap en ingenieurstekene, word aangebied. Die praktiese opleiding vind in die werkswinkels plaas en fokus veral op goeie handvaardigheid, maar sluit ook sweis, motorwerktuigkunde en basiese elektrisiteit in. Die kursus strek oor 12 weke.
ELEKTRISIËN
Die elektrisiënkursus weerspieël die behoeftes van werkgewers in die elektrisiteitsbedryf. Die kwalifikasie verleen aan studente toegang tot die elektrisiteitsbedryf en bied aan hulle die geleentheid om verskeie loopbaanmoontlikhede in die veld te oorweeg. Studente bekom die nodige kennis en vaardighede om geleenthede by ondernemings in die privaat sektor na te jaag.
3
GEREEDSKAP- EN SETMAATMAKER
4
Gereedskapmakers is hoogs gespesialiseerde ambagslui wat in staat moet wees om ’n doelspesifieke gereedskapstuk of matrys uit roumateriaal teen fyn toleransies te vervaardig om sodoende die koste van vervaardiging van massaproduksiekomponente tot die minimum te beperk. Die ambag van gereedskapmaker stel gekwalifiseerde persone in staat om te beplan en te ontwerp om sodoende hoëkwaliteitsetmate en -matryse vir die vervaardiging van massaproduksiekomponente op die mees kostedoeltreffende metode en met ’n begrip van die motorbedryf, ingenieursbedrywe en presisie-inspuitvorming vir die voedselbedryf te vervaardig.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
MEULMAKER
Die vervaardigings- en produksiebedryf word gekenmerk deur tegnologies gesofistikeerde outomatiese stelsels wat gebruik maak van meganika, elektronika en elektriese ingenieurswese. Hierdie stelsels kan ook met kontroleen inligtingstegnologie geïntegreer word. Die doel van die kwalifikasie is om aan studente ’n vlak van opleiding te bied wat hulle in staat stel om doeltreffend as meulmakers te werk en die uitdagings van die bedryf te hanteer.
5
2
DIESELWERKTUIGKUNDIGE
Die kwalifikasie in motorherstel en -instandhouding handel oor die algehele versiening van voertuie, asook die verwydering, afbreek en vervanging van komponente en klein verstellings aan voertuie se stelsels. Die standaard en vlak van die kwalifikasie sal die studente in staat stel om doeltreffend in enige bedryf te werk en die uitdagings van die motorwerktuigkundige bedryf te hanteer.
PASSER EN DRAAIER
Die standaard en vlak van die pas-en-draaikwalifikasie is daarop gemik om die studente die nodige vaardighede te leer om doeltreffend in enige bedryf te kan werk en die uitdagings binne die omgewing van ingenieursmontering en -masjinering te kan hanteer. Die kwalifikasie erken vaardighede soos die vermoë om foute te identifiseer, die toepassing van uitmekaarhaaltegnieke, die instandhouding van toerusting, die herstel en installering van meganiese komponente en die herstel van toerusting tydens produksie. Hierdie vaardighede is gegrond op ’n begrip van masjineringsteorieë, masjienfunksies en -instandhouding, ingenieurstoerusting, beginsels van meetkunde en ingenieurstekeninge. Handvaardighede speel ’n groot rol in die kursus. ANDER: Passer en Sweiser www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
51
INDVERTORIAL BEWEGING A
Eeufees vir Afrikaans as onderrigtaal in skole
D
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Op 23 April 2014 het Afrikaans ’n besondere HISTORIESE GEBEURTENIS gevier. Op dié dag eenhonderd jaar gelede is die eerste taalwet aanvaar wat spesifiek vir Afrikaans bedoel was. Dit was ook ’n groot dag vir moedertaalonderwys, want op 23 April 1914 is Afrikaans vir die eerste keer as onderwystaal van Afrikaanssprekendes erken, skryf PROF. JAAP STEYN.
52
ie vernaamste mense wat dit bewerkstellig het, was pres. M.T. Steyn, genl. J.B.M. Hertzog en die skrywer C.J. Langenhoven. Die aanloop lê egter in die negentiende eeu, toe die land twee onderwystale gehad het. In die Britse kolonies, die Kaapkolonie en Natal, was dit Engels, in die twee republieke, die Oranjevrijstaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), oftewel Transvaal, was dit amptelik “Hollands”, maar in die praktyk meestal Afrikaans. Ná die Anglo-Boereoorlog was Engels oral in die land die amptelike taal en die onderwystaal. In die Vrystaat en veral Transvaal het Afrikaners talle private skole gestig met Hollands as een van die voertale. Toe die gewese republieke selfbestuur kry, het Afrikanerpolitici weer moedertaalonderwys ingevoer, maar vir Afrikaners was dié moedertaal amptelik steeds Hollands. Die Unie van Suid-Afrika het op 31 Mei 1910 tot stand gekom. Voor die tyd het almal gemeen Engels sou in die nuwe staat die enigste amptelike taal bly. Die Vrystaatse leiers, pres. Steyn en genl. Hertzog, het daarop aangedring dat ook húl taal erkenning kry. Die Nasionale Konvensie, wat die grondwet opgestel het, het op 20 Oktober 1908 besluit dat Engels en Dutch amptelike tale moes wees. Maar hoe moes ’n mens Dutch vertaal? Daar was destyds nog groot meningsverskil onder Afrikaners oor wat hul skryftaal moes wees: Afrikaans of Nederlands. ’n Kompromie is bereik toe ’n groep Afrikanerleiers in Januarie 1909 besluit het dat Hollands die korrekte vertaling van Dutch sou wees, want dit sou Afrikaans en Nederlands insluit. Die provinsiale rade van Transvaal, die Vrystaat en Kaapland het in 1911 en 1912 wette aangeneem wat bepaal het dat die moedertaal van die leerling
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Waar die moeilikheid so groot is as ’n berg, klim die WYSE bo-oor, die dwaas graaf ’n tonnel onderdeur en bly binne vassteek; die lafaard draai om.
“
”
~ C.J. Langenhoven ~
in die eerste ses skooljare die onderrigmedium moes wees. Vir Afrikaners was moedertaal sinoniem met “Hollands”, en het skole dit oor die algemeen as Nederlands geïnterpreteer. C.J. Langenhoven het dit alles verander toe hy in 1914 onbestrede tot provinsiale raadslid verkies is. Hy was sterk teen Nederlands as skooltaal van Afrikaners gekant.Toe hy vir sy eerste sitting in die Kaap aankom, het hy met die leiers van die Afrikaanse taalbeweging gepraat oor sy plan om Afrikaans as onderrigmedium vir Afrikaanse kinders te laat erken. Hulle het hom aangeraai om te wag totdat Afrikaans verder in die pers en letterkunde gevorder het. Hy het hul raad geïgnoreer en die politici bearbei. Eers het hy die lede van sy eie Suid-Afrikaanse Party oorgehaal, toe het hy met die administrateur, sir Frederic de Waal, en die superintendent-generaal van onderwys, Thomas Muir, gepraat en ten slotte het hy die koukus van die opposisie, die sterk Engelsgesinde Unioniste, toegespreek. Hy het op 23 April 1914 sy voorstel ingedien dat Afrikaans-Hollands as medium gebruik word waar Hollands volgens wet die voertaal is. Dit is ná ’n paar toesprake onbestrede aangeneem. Die Vrystaat het op 15 Junie en Transvaal op 23 Junie 1914 dieselfde besluit. Moedertaalonderwys, wat later tot universiteitsvlak uitgebrei is, was een van die belangrikste instrumente waarmee Afrikaanssprekendes in die twintigste eeu bemagtig is. • Jaap Steyn was professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy boek, Ons gaan ’n taal maak. Afrikaans sedert die Patriot-jare, verskyn binnekort. Bestel dié boek by Kraal Uitgewers. Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting. S
D
INBEWEGING
FOTO: VERSKAF
Skrywer sê oor Afrikaans as onderrigtaal e FAK het onlangs met die skrywer Maretha Maartens (foto) gesels oor die belang van Afrikaans as onderrigtaal op universiteitsvlak. Só het Maartens geantwoord: “Afrikaans as universitêre taal is van die grootste belang, want: • Dit gaan oor mense: In hierdie geval praat ons van mense wat Afrikaans veral as moedertaal gebruik. Dit gaan oor hul selfrespek, hul identiteit, hul herkenbaarheid in die wêreld, plaaslik en internasionaal. Die uitfasering en negering van enige taal is die uitfasering en negering van identiteit. • Dit gaan oor emosie: Ja, wat in akademiese kringe gebeur of nie gebeur nie, raak die affektiewe dimensie van ons bestaan. En is dit nie reg en toelaatbaar om diep emosioneel oor ons kinders en kleinkinders in die landskap van die toekoms te dink nie? Om ons kinders en kleinkinders voor ons geestesoog
ver in die toekoms in ’n lesingsaal te sien staan, besig om klas te gee oor die heelal, oor ruimtevaart en paleontologie, anorganiese chemie, kriminologie, handelsreg, radiobiologie, virologie, soölogie, elektromagnetisme, sitogenetika, mineraaloptika, wiskundige statistiek, rekenaarwetenskap, akkerbou, metallurgiese ingenieurswese, kerngeneeskunde, torakchirurgie, sitiologie, pedo-ortodonsie? Of besig om in Afrikaans te sing, te dig, te preek of handboeke te skryf? Ons kan kortsigtig en akkommoderend wees, en weemoed oes. • Dit gaan oor ’n taal: ’n Taal – in hierdie geval Afrikaans – kan slegs gedy en ontwikkel indien dit deurlopend en sonder belemmering kreatief en eksplorerend as kerktaal, huistaal, onderrigtaal, omgangstaal, streektaal, kultuurtaal (singtaal, letterkunde-
taal), vaktaal, akademiese taal, wetenskapstaal, rekenaartaal, liefdestaal en selfs slengtaal gebruik word. Telkens wanneer ek bruin mense en Griekwa-mense op TV sien en Afrikaans hoor praat, weet ek waarom Afrikaans as vaktaal behoue moet bly. • Dit gaan oor behoud en bewaring: Kom ons neem slegs die voorbeelde wat reeds genoem is. Vaktaal en wetenskapstaal is reeds daargestel om te kan praat en skryf oor die heelal, die mens in sy anatomie, fisiologie, psigologie en oor wat hy op die aarde onderneem en moet bewaar. Waar Afrikaans as vaktaal en akademiese taal uitgerangeer word, word dit wat reeds bestaan, argiefmateriaal. Ons grendel die deure van die argief en werp onsself in die taal van ander. Ons versaak ons verantwoordelikheid as bewaarders van eie identiteit, kultuur en taal.” S
jy & die Reg
G
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Hoe kan Solidariteit toegang tot werkplek kry?
54
edeelte A van Hoofstuk 3 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, No. 66 van 1995 (WAV) handel oor kollektiewe bedinging en artikel 12 handel meer spesifiek oor hoe vakbonde toegang tot die werkplek kan verkry. Hierdie reg op toegang tot die werkplek word primêr vergestalt in die grondwetlike reg op vryheid van assosiasie en artikel 12(1) van die WAV lui soos volg: “Enige ampsdraer of beampte van ’n verteenwoordigende vakbond is geregtig om die werkgewer se perseel te betree om lede te werf of om met lede te kommunikeer of om sy lede se belange op ’n ander wyse te dien.” Buiten om te noem dat artikel 213 van die WAV die werkplek definieer, gaan ons vir die doeleindes van hierdie artikel nie die definisie van die werkplek in diepte bespreek nie. Ten einde die reg op toegang beter te verstaan, definieer artikel 11 ’n “verteenwoordigende vakbond” as ’n geregistreerde vakbond, of twee of meer geregistreerde vakbonde wat gesamentlik optree, wat voldoende verteenwoordigend is van die werknemers in diens by ’n werkgewer in ’n werkplek. Voldoende verteenwoordiging word ook onderskei van meerderheidsverteenwoordiging waar verteenwoordiging nie slegs voldoende hoef te wees nie, maar waar die meerderheid van die werknemers (50% +1) in die werkplek deur die vakbond verteenwoordig word. So is daar in NUMSA v Feltex Foam [1997] 6 BLLR 798 (CCMA) beslis dat slegs 17%-verteenwoordiging van die totale werkplek voldoende was aangesien dit bykans twee-derdes van die spesifieke fabriek behels het. Werkgewers moet ook konsekwent optree in hul toekenning van organisatoriese regte en so is in Organisation of Labour Affairs (OLA) v Old Mutual Life Assurance Company (SA) [2003] 9 BALR1052 (CCMA) beslis dat slegs 2%-verteenwoordiging van die totale werkerskorps as voldoende geag word bloot omdat die werkgewer reeds organisatoriese regte toegestaan het aan vakbonde met selfs minder lede. In UPUSA v Komming Knitting [1997] 4 BLLR 508 (CCMA) en SACTWU v Sheraton Textiles (Pty) Ltd [1997] 5 BLLR662 (CCMA) is onderskeidelik 22% en 30% as voldoende geag. Faktore soos betrokkenheid van ander vakbonde; tydperk van organisering; die vermoë om onderhandeling te kan beïnvloed; finansiële belange van die betrokke
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Werknemers vra gereeld dat Solidariteit ook binne hul werkplek vir beter voordele, diensvoorwaardes, salarisverhogings asook ander sake van onderlinge belang moet onderhandel. Hoewel toegang tot die werkplek nie ’n absolute vereiste is vir KOLLEKTIEWE BEDINGING nie, is dit in die meeste gevalle die logiese eerste stap om behoorlik binne die werkplek te kan organiseer met die oog op onderhandeling. Die vraag is hoe ’n vakbond, oftewel Solidariteit, toegang tot jou werkplek kan kry en wat dit behels. ETIENNE PIO het die antwoorde.
partye; en stabiliteit in die bedryf is ook in ag geneem pleks van ’n verwysing na getalle alleenlik. In die Sheraton-saak supra is ook uitgestip dat die kommissaris redelike voorwaardes kan vasstel aangaande die tyd en plek van toegang ten einde onnodige onderbreking te beperk. Die vereistes van registrasie by die registrateur van arbeidsverhoudinge word uiteengesit in artikel 96 van die WAV. Solidariteit voldoen ten volle aan alle registrasievereistes ingevolge artikel 96. In die algemeen sal toegang die vakbond die reg gee om “buite werkure (asook byvoorbeeld tydens etenstye) by die werkgewer se perseel met werknemers vergadering te hou” [Artikel 12(2)] (Gedeelte tussen hakies my invoeging). “Die lede van ’n verteenwoordigende vakbond is geregtig om, in enige verkiesing of stemming per stembrief beoog in daardie vakbond se konstitusie, by die werkgewer se perseel te stem” [Artikel 12(2)]. Artikel 12(3) handel oor die voorwaardes waaronder die regte verleen word:
“Die regte by hierdie artikel verleen is onderworpe aan enige voorwaardes oor tyd en plek wat redelik en nodig is om lewens of eiendom te beskerm of om onnodige werksontwrigting te voorkom” [Artikel 12(3)]. In die praktyk sal werknemers, wat wil hê dat ’n vakbond tot hul werkplek moet toetree, ’n besluit moet neem om by daardie spesifieke vakbond aan te sluit en hulself te organiseer sodat ten minste ’n voldoende aantal ander werknemers ook aansluit. Daarna word die naaste vakbondkantoor gekontak en moet die organiseerder van daardie vakbond ingelig word oor die werknemers se voornemens. Terselfdertyd moet ’n aanduiding van lidmaatskap van die vakbond by die werkgewer gegee word om die organiseerder in staat te stel om onmiddellik die voorgeskrewe aansoek vir organisatoriese regte, insluitend die reg op toegang, te rig. S
INBEWEGING
Smaak só sukses met sosiale media
J
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
’n Sosialemediateenwoordigheid, soos ’n Facebook-blad, word deesdae as ONONTBEERLIK beskou vir enige sakeonderneming, klein of groot. Maar hoe seker is jy dat jou onderneming se Facebook-blad wérk, en dat die tyd wat jy daarin sit, die moeite werd is? DALEEN GOUWS gee raad om die beste resultate te verseker. y het pas ’n onderneming begin, en met groot ywer skep jy ’n Facebook-blad wat jy elke dag getrou opdateer. Maar hoe weet jy hoeveel mense jy met dié tipe sosialemediabemarking bereik? Facebook het goeie meetinstrumente om jou te help om dié somme te maak. Om te bepaal of jou onderneming suksesvol is op Facebook, verwys Facebook na die reikwydte (“reach”) van ’n organisasie se blad. Facebook definieer die reikwydte as die aantal Facebook-gebruikers wat jou bladsy se opdaterings (soos foto’s, plasings ensovoorts) sien. Op ’n organisasie se Facebook-blad het die administrateurs van die blad toegang om te sien wat die reikwydte van die blad en die inhoud daarvan in enige stadium is. Wanneer ’n maatskappy sy Facebook-blad se reikwydte monitor, kan dit die maatskappy help om te bepaal of sy Facebook-strategie suksesvol is of nie. As jy die administrateur van ’n Facebookblad is, klik op die skakel “See insights” bo-aan die administratiewe gedeelte van die blad om die statistiek van jou blad te sien. Organisasies met ’n teenwoordigheid op Facebook het dus die geleentheid om presies te bepaal hoeveel aftrek verskeie plasings op
hul Facebook-blad kry. Hierdie statistiek word weer gebruik om ’n sosialemediastrategie saam te stel, aangesien dit organisasies ’n goeie aanduiding gee van watter tipe inhoud en plasings op die blad werk, en watter nie. Wanneer ’n organisasie iets soos ’n bemarkingsveldtog begin, is dit ook moontlik om net die spesifieke veldtog se reikwydte te bepaal. Dis selfs ook moontlik vir ’n organisasie om ’n bepaalde veldtog se opbrengs op belegging deur sy Facebook-blad te bereken, wat ’n mens weer help om vas te stel wat die waarde is van die publisiteit wat deur sosiale media verkry is. Buiten Facebook se eie meetinstrumente is daar verskeie, meer gevorderde hulpmiddele wat aangekoop kan word om ’n organisasie te help om sy aanlyn-teenwoordigheid te meet en te bestuur. By Solidariteit word die Hootsuite-program gebruik om veldtogte op Twitter en Facebook te monitor. Kleiner organisasies kan sommer self tydens veldtogte die statistiek in ’n spreitabel sit en dagboek hou van elke dag om te sien hoeveel mense met ’n veldtog bereik word. Hier is ’n paar van die terme wat Facebook gebruik in hul statistiek wat dit dalk vir jou ’n bietjie minder Grieks kan laat lyk: • Page likes: Die aantal gebruikers wat jou
bladsy op Facebook gaan “like” het. • Post reach: Die aantal gebruikers wat die plasings op jou Facebook-blad gesien het. (Onthou dat dit soms meer kan wees as jou “page likes” wanneer mense dit op hul eie profiel met ander deel, en dat dit soms minder kan wees omdat almal wat jou bladsy volg, nie noodwendig elke plasing raaksien nie.) • Engagement: Die aantal gebruikers wat die plasings op die blad weer gaan deel (“share”) het op hul eie profiele, of wat kommentaar daarop gelewer het, of wat die plasing ge-“like” het. Facebook gee bladadministrateurs dus toegang tot die statistiek van hul blad asof dit ’n organisasie se eie webwerf is. Moet dus nie net aanneem dat jou onderneming meer blootstelling gaan kry as dit op Facebook is nie. Sosiale media kan groot waarde tot jou bemarking toevoeg, maar dan moet jy seker maak dat jy dit doeltreffend monitor. Iets wat jy aanneem van groot waarde op Facebook is, kan dalk baie min aftrek kry, en andersom. Met tyd sal jy leer watter tipe plasings werk, en waarom. • Lees ook die artikels oor sosiale media op bladsy 23 en 67. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
55
Ons bedank ons lojale borge vir hul ondersteuning van
KONGRES 2014
Thank you to all our loyal sponsors for supporting
CONGRESS 2014
INBEWEGING
KORPORATIEWE BESTUUR
SOSIALE BETROKKENHEID
OMGEWINGSBESTUUR
AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
ESG: Hoe sou die Solidariteit Beweging vaar?
E
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Een van die vrae waarop batebestuurders tydens Sentinel Aftreefonds se onlangse werksessies moes reageer, was hoe hulle ESG (ENVIRONMENTAL, SOCIAL AND CORPORATE GOVERNANCE) in hul keuse van beleggings inkorporeer, skryf APPIE PIENAAR, finansiële hoof van Solidariteit.
58
SG verwys na die drie sentrale temas wat deur die jare ontwikkel het om die volhoubaarheid en etiese impak van beleggings in maatskappye te evalueer – die impak van die maatskappy se werksaamhede op die omgewing, die mate waartoe die maatskappy sy werknemers eties behandel, en of daar behoorlike en gesonde bestuurspraktyke in die maatskappy gevolg word. Die konsep oorvleuel tot ’n groot mate met die sogenaamde triple bottom line-raamwerk (3BL-raamwerk) vir rekeningkundige verslagdoening. Ingevolge hierdie raamwerk doen maatskappye nie net verslag oor hul finansiële wins nie, maar ook oor die impak van hul bedrywighede op die omgewing en tot watter mate hulle hul sosiale verantwoordelikheid nakom. Waar ESG gewoonlik ter sprake kom as ’n oorweging uit die belegger se oogpunt, plaas 3BL die klem meer intern op die maatskappy se eie verslagdoeningstandaarde. Deur die jare was dit nog altyd so dat finansiële opbrengs die oorwegende faktor is in die besluit om in ’n maatskappy te belê. Tog vind ons dat ander faktore ook ’n rol speel. ’n Goeie
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
voorbeeld uit ons eie geskiedenis is die groot disinvestering in die sewentiger- en tagtigerjare deur sommige van die groot Amerikaanse en Europese maatskappye as reaksie teen die Nasionale Party se apartheidsbeleid. ’n Pragtige voorbeeld van belegging in mense vind ’n mens in die Engelse dorpie Port Sunlight. William Lever, die grootbaas van die seepfabriek Lever Brothers, het in die laat 1880’s ’n modeldorp vir sy werknemers opgerig. Die naam is ontleen aan die maatskappy se bekendste handelsnaam, Sunlight, wat natuurlik vandag nog ’n huishoudelike naam is. Die dorp het 23 hektaar beslaan en het huisvesting aan sowat 3 500 mense gebied. Groot klem is geplaas op die argitektoniese skoonheid van die dorp. ’n Kunsgalery, konsertsaal, swembad, kerk en skole het gesorg dat die werknemers en hul gesinne opleiding en ontspanning kry. Hoe sou die Solidariteit Beweging vaar indien ons teen die beginsels van ESG gemeet moes word? Hoe aantreklik sou ons wees vir beleggers? Hoe verantwoordbaar is ons? Ons is van mening dat Solidariteit op die regte pad is. As ons kyk na ons invloed op die omgewing, is dit veral Afriforum wat ’n groot bydrae lewer.
Voorbeelde hiervan is hul ondersteuning aan die TKAG (Treasure Karoo Action Group) rondom die risiko van hidrobreking en skaliegasontginning, en hul waghondfunksie met betrekking tot skoon drinkwater. Die nuwe gebou waarin Afriforum gehuisves word, is ook spesifiek ontwerp met die oog op omgewingsvriendelikheid. Ten opsigte van ons sosiale betrokkenheid is daar talle voorbeelde: Solidariteit Helpende Hand, Maroela Media en Kraal Uitgewers se totale bestaansrede is hierop gemik. Ook die vakbond lewer ’n onmisbare bydrae tot die welsyn van sy lede, waarskynlik meer as enige ander vakbond in ons land. Die Solidariteit Beweging doen verder alles in sy vermoë om te voldoen aan die eise en beginsels van gesonde korporatiewe bestuur. Die effektiewe funksionering van direksies, die vakbond se hoofraad, en oudit- en risikokomitees met onafhanklike verteenwoordiging getuig hiervan. Hoewel ons oortuig is daarvan dat ons op die regte pad is, is daar altyd ruimte vir verbetering en behoort elke lid van ’n instelling en elke personeellid voortdurend te soek na geleenthede om ons ESG-status te verbeter. S
T
INBEWEGING AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
PHOTOGRAPH: REINT DYKEMA
Report reinforces misconceptions about affirmative action By Nico Strydom
he slogan on the cover of the 14th annual report of the Commission for Employment Equity (CEE) reads:“turning over a new leaf against all odds”. Unfortunately, it is clear that the commission has not turned over a new leaf. As in previous years, the report is misleading. Since 2007, Solidarity has critiqued the commission’s reports, yet the reports remain filled with errors. According to Paul Joubert, senior researcher at the Solidarity Research Institute (SRI), it is unfortunate that the commission reinforces misperceptions rather than elucidating the dynamics of the labour market for the Minister of Labour and the public. “Affirmative action is a highly sensitive issue. It is important that policy on this matter, and the implementation thereof, should not be influenced by misconceptions. Therefore, the duty falls to the SRI to each year compile a critical analysis of the CEE’s reports,” Joubert says. The CEE again focuses mainly on top management level despite the fact that employees at this level constitute less than 0,5% of the 5,6 million employees covered by the report. “The commission bemoans the high percentage of white men at this level, ascribing it to resistance to racial transformation. However, there are several objective reasons why the percentage of white men at top management level is still relatively high,” Joubert explains. “Apart from big differences in academic qualifications and different age profiles among population groups, the small number of top managers per firm is another factor that explains the relatively high percentage of white men in those positions. For example, a firm with only two top managers, one of whom is white, could only achieve black representation above 50% by taking the drastic, impractical and unfair action of dismissing the white person,” says Joubert. One of the significant mistakes repeated in this year’s report is the CEE’s incorrect interpretation of its own figures on appointments and promotions. “The commission refers to the fact that 41,3% of employees at senior management level are white men, and that at the same level white men constitute 36,2% of appointments and 28,9% of promotions. The CEE then compares the figures with the proportion of white men in the economically active population, concluding that white men are still extraordinarily favoured in terms of appointments and promotions. In reality,
the figures indicate that the representation of white men at senior management level, and indeed at all levels, is steadily decreasing.” Joubert believes that although the data in the CEE’s reports are not completely unusable, the SRI’s analysis show that the CEE’s interpretation of its own data cannot be relied upon. S
Paul Joubert
INBEWEGING
Are you accountable in your marriage? AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
The term “accountability” means to be held RESPONSIBLE FOR ONE’S ACTIONS and how they affect others. We usually apply it to politicians and corporations from whom we demand accountability, but have you ever considered the role of accountability – or the lack thereof – in sustaining a healthy marriage? INGE STRYDOM investigates. What is accountability? One World Trust, an independent research charity, defines accountability as “the process through which an organisation makes a commitment to respond to and balance the needs of stakeholders in its decision-making processes and activities, and delivers against this commitment.” In terms of this definition, one could compare a marriage to an organisation. When two people get married, they become stakeholders in a union and commit to love and respect each other and to balance each other’s needs in their decision-making processes and activities.
PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM
Accountability and marriage Gary Chapman describes this as a sense of togetherness that partners in a marriage should adhere to. In his book Happily ever after: Six secrets to a successful marriage he writes: “Whether in football, basketball, or auto racing, every team member has a job. When team members coordinate their efforts, they are more likely to meet their goals.” He also warns: “Marriage is a team of two: a man and a woman. From a Christian perspective, the purpose of marriage is to process life together for the glory of God. Marriage is not about me and my happiness.” He goes on to explain that when couples see themselves as teammates, they realise that their game plan should not be to compete against each other but to work together. Thus, when a husband and a wife realise that they are both stakeholders in the institution of marriage and that they have the same interests, they become accountable to themselves, their spouse and their marriage.
60
How to be an accountable partner Although a wife and a husband are first and foremost accountable to each other, it could also be helpful to add additional role players to the mix. In the article “Lasting love requires accountability”, published on the Christian website www.crosswalk.com, Pam and Bill Farrel write that having someone outside your marriage to be accountable to, could help you achieve your goals in marriage. UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
WEN ’N HUWELIKSEMINAAR
Koester jou huwelik en leer hoe om ’n verantwoordbare huweliksmaat te wees! Neem deel aan ons kompetisie wat aangebied word in samewerking met Lewensverryking Seminare, ’n Christelike beradingsorganisasie, en staan die kans om ’n huwelikseminaar ter waarde van R3 300 vir jou en jou eggenoot te wen. Die aanbod sluit etes en verblyf in, en vind van 3 tot 5 Oktober 2014 in Middelburg, Mpumalanga plaas. • SMS die woord “LID” na 34388, gevolg deur jou naam, lidnommer asook drie verwysings van vriende en familie wat by die vakbond wil aansluit. Bepalings en voorwaardes kan by www.solidariteit.co.za besigtig word.
When a husband and a wife realise that they are both stakeholders in the institution of marriage and that they have the same interests, they become accountable to themselves, their spouse and their marriage.
“
“You might be braver, more willing and able to follow through, if you have some accountability; a friend, a sister, a mentor, a book club or even a Bible study group can walk the path
”
together,” they advise.“Studies say 76% of couples with accountable partners achieve their goals.We all need cheerleaders in life – why not cheerleaders in love, too?” S
W
INBEWEGING AC C O U N TA B I L I T Y VERANTWOORDBAARHEID
Word só onvervangbaar in jou maatskappy erknemers is geneig om verantwoordbaarheid by hul werkgewers te eis. Jy wil tog weet dat jou werkgewer in sy of haar keuses nie net aan hom- of haarself dink nie, maar aan die voortbestaan en welvaart van die maatskappy en sy werknemers. Voordat ’n mens kan uitbrei oor werknemerverantwoordbaarheid, is dit nodig om die eienskappe van ’n verantwoordbare werkomgewing uit te lig. Lee Froschleiser, president en uitvoerende hoof van Management Actions Programs (MAP), meen ’n werkplek waar daar ’n kultuur van verantwoordbaarheid aangehang word, kan gekenmerk word aan die feit dat werknemers eienaarskap neem van probleme, suksesse, doelwitte, inisiatiewe, mense en uitkomste – dit wil sê ’n kultuur waar dinge gedóén word. “Verantwoordbaarheid dien as ’n vorm van
Deur Inge Strydom
evaluering en beheer wat die besigheid of maatskappy dryf en ’n aanduiding bied van wat op koers is, en wat nie,” sê hy. ‘n Werknemer wat oor ‘n sin van verantwoordbaarheid beskik, dink daarom nie net aan homself en sy eie belange in die werkplek nie, maar neem die maatskappy en al sy werknemers as ‘n geheel in ag. Natalie Grace, gerekende skrywer oor beleide in die werkplek, sonder die volgende redes uit waarom werkgewers ’n verantwoordbare werknemer waardeer: • Dit wys dat jy verantwoordelik is. Alle bestuurders en base wil weet dat hul spanlede verantwoordelik is. ’n Voorbeeld hiervan is om jou baas vroegtydig te laat weet as jy ’n belangrike projek later gaan voltooi as waarop daar ooreegekom is. Moet dus nie wag totdat jou baas jou oor die vordering van die projek uitvra nie. • Verantwoordbaarheid spaar tyd en geld.
Wanneer jy verantwoordaar optree, sal jy sorg dat jou aksies nooit tot die verlies van waardevolle tyd en/of geld sal lei nie. • Dit skep vertroue en integriteit. Jou baas sal jou al meer vertrou om werk en take op jou eie te verrig wanneer hy of sy oortuig is daarvan dat jy verantwoordbaar is. Dit sal hom of haar toelaat om jou werk minder te hoef kontroleer en eerder hul tyd en energie op belangriker sake te bestee. • Verantwoordbaarheid is gelyk aan sterk en goeie leierskap. Ander werknemers sal makliker die leiding en gesag van verantwoordbare werknemers aanvaar. • Verantwoordbare werknemers gee jou maatskappy se beeld ’n hupstoot. Kliënte en ander lede van die publiek sal raaksien as jou maatskappy ’n kultuur van verantwoordbaarheid uitleef. Dit sal beslis tot voordeel van jou maatskappy se beeld en reputasie wees. S
INBEWEGING
WEN MET JOU KIEKIES!
Vergestalt vryheid in ’n foto en wen
Suid-Afrika is ’n land met baie moontlikhede om vry, veilig en voorspoedig te wees.Tog fokus ons dikwels net op die ongunstige aspekte van ons land. Ons kan nie ’n positiewe bydrae tot ons toekoms maak deur ’n negatiewe houding in te neem nie, en daarom is die tema van Solidariteit Tydskrif se FOTOKOMPETISIE hierdie jaar “Vry, veilig en voorspoedig”. Vang daarom vandag nog die mooi van ons land Suid-Afrika met jou kamera vas en wen groot pryse. Hoe neem ek deel? Skryf in by https://tydskrif.solidariteit.co.za/fotokompetisie-2014/. Al wat jy hoef te doen, is om jou foto op dié webtuiste te laai met jou naam, van, telefoonnommer, e-posadres, adres en ’n goeie beskrywing. Dit is so maklik soos een, twee, drie. Op die webtuiste is stap-virstap-leiding om jou inskrywing te laai.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Tema en punteverdeling Die foto tel 60% van die totale punt en die ander 40% word toegeken vir die beskrywing van hoe die foto vryheid, veiligheid of voorspoed uitbeeld.
62
Sluitingsdatum Die sluitingsdatum is 1 Augustus 2014. Lesers sal oudergewoonte die geleentheid kry om vir ’n lesersgunsteling te stem. Die wenner van die kompetisie sal in die vyfde uitgawe van Solidariteit Tydskrif (in September) bekendgemaak word. UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Pryse Daar is vanjaar groot pryse op die spel wat tydens ’n glansgeleentheid oorhandig sal word: • 1ste prys: R10 000 • 2de prys: R5 000 • 3de prys: R3 000 • Lesersgunsteling: R2 000. Reëls • Die kompetisie is oop vir enigiemand. • Daar is ’n beperking van vyf inskrywings. • Elke inskrywing moet die volgende bevat: • Jou foto, ’n kort beskrywing van jou foto en jou persoonlike inligting (naam, van, volledige kontakbesonderhede). • Die beoordelaars se beslissings is finaal. • Enige teken van plagiaat is gronde vir diskwalifikasie. • Solidariteit Tydskrif behou die reg voor om enige inskrywing vir verdere publikasie te gebruik. Erkenning sal wel gegee word. S
FOTOKOMPETISIE
2014
VRY, VEILIG, VOORSPOEDIG
PROMOSIE
Alles oor jou begrafnisvoordeel
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
BEGRAFNISSE is die een onderwerp wat die meeste mense probeer vermy. Tog is daar belangrike dinge wat jy en jou gesin en geliefdes moet weet om die proses in daardie tyd van beproewing te vergemaklik.
64
WAT IS INGESLUIT? • Die verwydering van die oorskot van die plek van afsterwe (verwydering word enige dag en tyd gedoen). • Die berging en versorging van die oorskot. • Die verskaffing van ’n kis, volgens kontrak. • Die verskaffing van ’n naamplaat vir die kis. • Begrafnisreëlings met ’n Doves-reëlingsbeampte. • Die bespreking van die graf/krematorium by die betrokke munisipaliteit/eienaar. • Die verskaffing van 100 gewone begrafnispamflette (pamflette met foto’s word nie hierby ingesluit nie). • Die gebruik van ’n Doves-kapel (indien beskikbaar). • Die gebruik van ’n ondernemer en lykswa. • Die gebruik van ’n graftent, stoele, grastapyt en neerlaatmasjien by die graf. • Die registrasie van die dood by die departement van binnelandse sake (waar moontlik). • Die voltooiing en indiening van begrafniseisdokumente en alle toepaslike administrasie. • Gratis dekking van vervoerkoste vir die eerste 80 km van die naaste Doves-kantoor. • Afslag van 10% op grafstene wat tydens bespreking van die begrafnis bestel word. • Alle plaaslike oproepe wat vir die begrafnis en ander toepaslike reëlings gemaak moet word. • Die gebruik van die besigtigingskamer. • BTW is op alle bogenoemde koste ingesluit.
is die familie vir die balans verantwoordelik.) • Die huur van ’n kapel (as ’n Doves-kapel nie beskikbaar is nie en die familie verkies om ’n kapel te huur). • ’n Tent by die huis/kleedkamers/busse/ familiemotors. • Doktersgeld, die heffing van die mediese skeidsregter in die geval van ’n verassing (wat die uiteindelike goedkeuring vir verassings gee) en die koste van ’n doodsertifikaat (waar van toepassing). • Bykomende kilometer wat gereis moet word. Die eerste 80 km van die naaste Doveskantoor word gedek, daarna is die familie soos volg verantwoordelik vir die bykomende kilometer gereis: • Van 81 km tot 200 km word R5,15 per kilometer gehef (BTW uitgesluit). • Van 201 km tot 400 km word R4,74 per kilometer gehef (BTW uitgesluit). • Van 401 km en meer word R4,45 per kilometer gehef (BTW uitgesluit). • ’n Bykomende bedrag van R670 word gehef op begrafnisse en verassings wat nauurs, op Sondae of op vakansiedae gehou word. • Blomme vir die kis en die kerk. • Die verwydering van longe (indien nodig). • Kerkkoste asook die vergoeding vir die predikant, orrelis en koster. • Die plasing van doodskennisgewings in koerante.
WAT IS NIE INGESLUIT NIE? • As die oorledene deur ’n ander begrafnisondernemer vervoer is en Doves dan die oorskot na ’n Doves-kantoor moet verskuif, moet die familie die koste van die ander begrafnisondernemer dek. • As ’n ander kis (as wat volgens die kontrak bepaal word) gekies word, is die familie verantwoordelik vir die verskil in koste. • ’n Houtkissie vir as (indien verkies). • Krematoriumkoste. • Munisipale koste – dus die koop en grawe van die graf. • Die plasing van die oorledene se as in ’n nis in ’n gedenkmuur. • Die verskaffing van bykomende gewone begrafnispamflette teen R2,00 per pamflet. (As die familie pamflette met foto’s in verkies,
EN BYKOMENDE KOSTE? • Begrafnisondernemers: As die oorskot eers deur ’n ander begrafnisondernemer vervoer is en die oorskot dan deur Doves afgehaal word, kan die familie tot R3 420 vir die diens van die ander begrafnisonderneming betaal. • Kis: Word bepaal deur die keuse van ’n kis. • Askissie: Kan tussen R456 en R1 710 kos. • Krematorium: Tussen R1 026 en R2 022. • Munisipale grafkoste: R330 tot R3 846. • Die plasing van as: Die koste hiervan hang af van die perseel waar die as geplaas word. • Bykomende programme: R2,00 per program. • Programme met foto’s: Dié programme kan tot R18,50 per program kos. • Huur van kapel: Die koste van ’n kapel word bepaal deur die keuse van ’n kapel. • Huur van tente en stoele: Dit word bepaal
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
• • • • • • • •
deur die grootte van die tent en die aantal stoele wat gehuur moet word. Huur van busse en ander voertuie: Tussen R969 en R2 850 per bus/voertuig. Doktersgeld: Tussen R399 en R1 800. Bykomende reiskoste: Word bepaal deur die aantal ekstra kilometer wat gereis word. Begrafnisse wat nauurs, op Sondae of op vakansiedae gehou moet word: ’n Bykomende bedrag van R670 word hierop gehef. Vars blomme: Die koste sal afhang van die familie se keuse van ruikers, maar kan tussen R285 en R1 140 beloop. Verwydering van longe: Die koste hiervan beloop ’n minimum van R585, maar hang af van die dokter se heffing. Kerkkoste: Dit wissel, maar die gemiddelde koste strek van R627 tot R1 311. Doodskennisgewings: Die koste hiervan word deur die betrokke koerant bepaal.
Vir meer inligting oor jou Solidariteitbegrafnisvoordeel of om die besonderhede van jou naaste Solidariteit-kantoor te kry, skakel 0861 25 24 23. Of skakel die Doves Careline by 0860 02 55 00.
ADVERTORIAL
Your funeral benefit: All the facts
Most people prefer to avoid the topic of FUNERALS. Yet, there are important things about the process you and your family and loved ones should know to make these trying times easier. WHAT IT INCLUDES • Removal of the deceased from the place of death (this service is offered at any day and time). • Storage and tending to the remains. • Provision of a coffin as per contract. • Provision of a name plate for the coffin. • Funeral arrangements in consultation with a Doves consultant. • Booking of grave/crematorium at the relevant municipality/owner. • The supply of 100 ordinary standard funeral leaflets (brochures with photos not included). • The use of a Doves Chapel (if available). • The use of an undertaker and hearse. • The use of a grave tent, chairs, grass carpet and lowering device at the grave site. • Where possible, the registration of the death at the Department of Home Affairs.
DID YOU KNOW? As a Solidarity member, you receive a discount of 10% on tombstones. Join today! Phone 0861 25 24 23.
• The completion and submission of funeral claims documentation as well as all other relevant administration. • Free coverage of transport costs for the first 80 kms from the nearest Doves office. • A discount of 10% on tombstones ordered when the funeral is being arranged. • All local calls made in respect of the funeral and other relevant arrangements. • Use of the viewing room. • All the above costs include VAT. WHAT IT DOES NOT INCLUDE • If the deceased was transported by another undertaker and Doves have to move the remains to a Doves office then the family would be responsible for the cost of the other undertaker. • Should a casket (other than stipulated in the contract) be chosen the family is responsible for the difference in price. • A wooden ashes casket. • Crematorium costs. • Municipal costs, in others words, purchasing of grave site and digging of grave. • Placing the ashes in a niche in a memorial wall. • A supply of additional standard funeral leaflets at R2,00 per leaflet. (Should the family want leaflets with photos, then the family will be responsible for the balance). • The cost of hiring a chapel (if a Doves chapel is not available and the family prefers to rent a chapel). • A tent at the home/cloakrooms or at bus/family car parking areas. • Doctors’ fees, charges of the medical referee (who gives final approval for a cremation) and, where applicable, the cost of a death certificate. • Additional travel costs for distances exceeding 80 kilometres as follows: • R5,15 p/km for distances from 81 to 200 kilometres (excluding VAT). • R4,74 p/km for distances from 201 to 400 kilometres (excluding VAT). • R4,45 p/km is charged for 401 kilometres and more (excluding VAT). • A surcharge of R670 will be charged for funerals and cremations that take place after
hours, on Sundays or on public holidays. • A coffin spray and floral arrangements in the church. • The removal of lungs (if so required). • Cost of hiring a church as well as paying for the services of the minister, organist and sexton. • Publishing of death notice in newspapers. AND ADDITIONAL COSTS? • Funeral undertakers: If the remains had initially been transported by another undertaker and need to be fetched by Doves, the family could pay up to R3 420 for the services of the other undertaker. • Casket: Depends on the choice of a casket. • Ashes casket: Can vary between R456 and R1 710. • Crematorium: Between R1 026 and R2 022. • Municipal cost of grave site: R330 to R3 846. • Placing of the ashes: The cost will depend on the site where the ashes will be placed. • Brochures in excess of 100 at R2,00 a programme. • Programmes with photos can cost up to R18,50 a programme. • Hire of a chapel: The cost will be determined by the choice of chapel. • Hire of tents and chairs: It will depend on the size of the tent and the number of chairs that need to be hired. • Rental of buses and other vehicles: Costs vary between R969 and R2 850 a bus or vehicle. • Doctor’s charges: Between R399 and R1 800. • Additional travel cost: This is determined by the number of extra kilometres travelled. • Funerals that have to take place after hours or on Sundays: A surcharge of R670 applies. • Fresh flowers: The cost will depend on the choice of floral arrangement but could vary between R285 and R1 140. • Removal of lungs: The cost could be a minimum of R585, but would depend on the doctor’s charge. • Church costs: These costs vary, but on average it ranges between R627 and R1 311. • Death notices: The cost is determined by the relevant newspaper. www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
65
INBEWEGING
Kom maak jou tuis @ Maroela Media Het jy al die lekkerste AFRIKAANSE KUIERPLEK OP DIE INTERNET ontdek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die Afrikaanse musiekwêreld aan’t gebeur is en selfs jou gunstelingrugbyspan ondersteun. Hier is ’n lusmakertjie van wat jy nog op Maroela Media kan kry: Eg SuidAfrikaanse resepte, taaltoffies, en nuus oor die nuutste Afrikaanse boeke. Kuier vandag nog saam by maroelamedia.co.za, of sluit aan op Facebook,Twitter en YouTube!
mar ela
PLAASHEK ~ Uys Krige ~
media
SMUL SAAM
KARRINGMELKBESKUIT
BESTANDDELE
6 k meelblom 2 eiers (geklits) karringmelk of suurmelk, ongeveer ½ liter 6 t hoogvol bakpoeier 1 k suiker 250 g margarien knippie sout
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; BEELD.COM &
VERSKAF
ANDRIES ANDERS
66
Deur: Miriam Koch Uitgewer: Protea Boekehuis Prys: R120,00
METODE
1. Vryf margarien met vingerpunte in meel, bakpoeier en suiker. 2. Voeg eiers by. 3. Maak aan met karringmelk en knie liggies. 4. Maak bolletjies en pak in gesmeerde panne. 5. Bak vir 1 uur by ongeveer 165° C. 6. Breek en droog uit.
DIE LEES WERD
Andries Anders is ’n skaap. Hy voel eensaam omdat hy anders as die ander skape is, maar diep in sy hart glo hy daar moet êrens ’n plek wees waar dit normaal is om anders te wees. Gedryf deur hierdie verlange gaan hy op ’n soektog… UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Resep: Joey Pienaar Uit: Knuppeldik aan koningskos, uitgegee deur Knuppeldik Trust. Bestel by Carien Liebenberg, 083 319 9636
• Wen dié boek! Stuur vir ons ’n e-pos na maroela@maroelamedia.co.za en sê waarom jý soms anders as ander mense voel.
Bloedrooi die aalwyn langs die slingerpad. Dis of daar vonke uit elke vuurpyl spat. Maar niks, niks roer nie... net ’n luggie wat skrams aan die ritselende grassate vat. Daarbo die blou, blou lug, daaronder die rivier wat deur die boorde kronkel met ’n groene swier. Niks stoor die yle swewende bergstilte hier. Na al die jare maak ek weer ’n plaashek oop Waar het my paaie tog nie geloop om my hier by ’n hek te bring van al my waan gestroop, maar met my denke helder en in my hart die hoop? Die hek staan in die skad ’wee van ’n kremetart. Die stilte in my ’s volkome met niks troebels, niks verward. Ek lig die knip... Ek maak ’n hek oop in my hart. S
INBEWEGING
Uitsprake van die appèlhof dat KRIMINELE LASTER ’n strafbare oortreding bly en dat materiaal wat op die internet geplaas is regtens as gepubliseer geag word, het die onaantasbaarheid van kuberpeste geknou.
“
”
Kuberpeste nie onaantasbaar op web
S FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Elke nou en dan staan ’n mens verstom oor hoe ’n doodgoeie ou siel oombliklik in ’n padvark verander as hy agter sy motor se stuur inskuif. Iets soortgelyks, so lyk dit, gebeur met baie mense as hulle die KUBERRUIM betree, skryf HERMAN TOERIEN.
oos wat die padvark deur die staalskanse van sy vuurwa beskerm word, so voel die kuberpes beskut deur ’n skuilnaam, ’n onaantasbaarheid wat hom ’n gevoel van mag gee. Internetverskaffers was aanvanklik traag om sulke peste aan die kaak te stel, maar toe iemand ’n “sletlys” van skoolmeisies op sosiale media plaas en die verskaffer sy kliënt se “reg op privaatheid” wou beskerm, het die gereg ingegryp. Soos alle regte is die reg op meningsvryheid en dié op privaatheid ook beperk. Een persoon kan nie sy regte ten koste van ’n ander se reg op byvoorbeeld waardigheid, straffeloos uitleef nie. Uitsprake van die appèlhof dat kriminele laster ’n strafbare oortreding bly en dat materiaal wat op die internet geplaas is regtens
as gepubliseer geag word, het die onaantasbaarheid van kuberpeste geknou. In die afgelope verkiesingsveldtog het veral die DA in hierdie verband onder klagtes deurgeloop. ’n SMS van die DA aan kiesers in Gauteng waarin na pres. Jacob Zuma as ’n dief verwys word weens die Nkandla-verbeterings, het in die hof gaan draai nadat die ANC gekla het, en weer toe die ANC teen die hofbeslissing geappelleer het. ’n SMS van die DA waarin sekere stellings oor die Vryheidsfront Plus gemaak is, het ook tot ’n rits klagtes by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gelei. Met internasionale persvryheidsdag wat vanjaar op 3 Mei gevier is, het Verslaggewers Sonder Grense ’n lys bekend gemaak van lande
wat dié instansie as die grootste internetvyande beskou. Hoewel die regerings of staatsorganisasies in lande soos Rusland, China, Kuba en verskeie Arabiese lande oudergewoonte daarop voorkom, pryk die VSA (danksy die NSI), Brittanje en Turkye ook op die lys. Wanneer lande haaks met die kuberruim raak, is dit gewoonlik weens veiligheidsredes, of dis wat hulle as verskoning voorhou. Pres. Barack Obama wou dan ook in ’n stadium by Amerikaners weet wat hulle kies – vryheid of veiligheid. Een ding is seker: Namate die impak van die kuberruim op die werklikheidsruim vergroot, sal regerings toenemend ongemaklik raak met die potensiaal wat dit het om dinge wat hulle bedek wou hou, in die openbaar oop te vlek. En dit soek hulle net niks. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
67
INBEWEGING
Buckets full of benefits for our members
This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership.The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules as contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion. MEMBERSHIP CATEGORIES
1 Collective members
Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.
68
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Individual members
2
Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*
3 Supporting members
This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.
INBEWEGING
Are you a Solidarity member? Would you like to win a Toyota Corolla or a luxury holiday? UPDATE YOUR INFORMATION and you could drive away with brand-new wheels! The competition is open until 30 April 2015.Visit www.solidarity.co.za
WIN! WIN! WIN!
ALWAYS ON YOUR SIDE Labour matters
Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. All claims must be submitted within six months.
Permanent medical disability*
* TERMS & CONDITIONS APPLY – C ALL 0861 25 24 23 • PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM
Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a once-off amount of R1 500. All claims must be submitted within six months.
A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within six months after the confinement.
Solidarity Magazine
Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.
Funeral benefit • A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. • For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children under the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of the main member. • The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements.
Car and household insurance
This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. • Phone 0860 34 62 53 for a free quote.
S I N 6 1 3 8 5 2 X -
Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.
Maternity benefit*
Death benefit (Doves)*
ADDITIONAL SERVICES
VRY,
FOKU S
BEROEP GESON SDHEID EN -VEILIGH BLADSY EID
VEILIG,
VOORSPOE DIG Helpe nde belê R1,5 Hand in gemee miljoen nskappe
Solidarit eit
rum:
APP
IS UIT
DIE MO U
01 • 2014
www.soli dariteit.co .za R16 95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede
9 77 168 3
34
Renate
“Ek’s dankbaBarnard: ar ondank s die diskrim inasie”
AfriFo
Safe, prospe communitiesrous possible Vakbo nd aan met gee pas en gesondveiligheid heid
Solida riteit palm van nou in die jou HAN DD
HAN
de te HELPENDE EKO om armoe ek se hart NO verbre voorkom,MIE
562 000
verlig, * SA het groter koek 2014 nodig * Is there IESING ap hope for VERK ke landsk econom y? * Geson Sódelyk politie bestuur maak LITY vakbond voors ER QUAbomb – * Financial WAT poedi timeg freedo a ticking study m toorum * Spaar nou retire vir kind AfriF se opleid ing
Solida riteit Beweging
: DIE PUK unte RIE BY PENA beplan oor brandp Beraad
UPSIE KORR
G INvetter AK ST beursie maak nie
PROTECTS HOW LAW LOWERS WHISTLE-B
dit weer “Ek sal sê doen,” aser fluitjiebl
4 • 201
02 it co za www solidarite (BTW ingesluit) R16 95 lede Gratis aan
3 168 9 77
000 562
riteit Solida ging Bewe
~ BLADSY
28
RMASIE TRANSFO onsentrasie” oor “oork heard soon
er sing gewei
S FOKU
VAT VROUE DIE VLAM IN WERKPLEK 36 BLADSY
MOED RIMI TEEN DISK
* Verpla g system: Case to be lar” rankin man “irregu a white * SAPD mending sformeer * Recom reeds breedweg getran diens * Staats DIE
OM TE
NASIE,
VEG
ONS HET
FHA STAATSA
NKLIKHE
ID, BED
ROG
Additional cash disbursements • At the death of paid-up members, a cash amount of R3 000 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 14 and under 21 years – R1 500 • Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. • All claims must be submitted within six months. Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.
Study benefit*
Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia.Visit the website www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit. • Read more about Akademia on page 26.
Solidarity Legal Aid Package
Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of R77 per month. This provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R40 000 per year (limited to R15 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Phone 0861 SOL REG (0861 765 734).
Solidarity Retirement Plan
Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This product was developed as a result of the few people who are able to retire independently. The Solidarity Retirement Plan is offered in conjunction with Allan Gray. • Phone 0861 101 005.
Wills, estate administration
You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300.
www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
69
INBEWEGING
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Bellville
Ettienne Pio (litigant), Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville
Bloemfontein Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden, Elize Pohlman Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
Carletonville Dana Viljoen Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
Ellisras Jan Pretorius, Deon Viviers Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za
Klerksdorp Willie Marais, Coenie Rheeder (litigant) Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffelspark, Kantoor 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp
70
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Kathu
Gert van Wyk,Adéle Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu
Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Bianka du Preez Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v.Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
Newcastle Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg
Port Elizabeth Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 364 3219/2925/3225 Faks: 041 364 2927 Straatadres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057
Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin,Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha, Jahni Cowley Administratiewe beamptes: Christa Louw,Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee& Van Rensburgstraat, Mayville
Richardsbaai
John Smith Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 of 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
Rustenburg Johan Nell (litigant), Herman de Jongh, Jan du Plessis Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Carisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg
Secunda Andy O’Toole Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda
Vaaldriehoek Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Elize du Plooy, Le Roy Fritz (litigant) Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130
Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel nr. 5, Eerste vloer,The Strip, Metro Village, Stateway 312,Welkom
Witbank Cornelius van Leeuwen, Christo Hattingh Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
INBEWEGING
Gedenkschool der Hugenoten – die eerste Afrikaanse skool
I
FOTO’S: VERSKAF
AUGUSTA KLEINBOSCH is ’n gasteplaas in Daljosafat, naby Paarl. Daar, tussen reuse ou eikebome, staan die Gedenkschool der Hugenoten. Hierdie gebou is die geboorteplek van die Afrikaanse onderwysstelsel, skryf ALANA BAILEY, hoof van Kraal Uitgewers.
72
n 1881 het die Genootskap van Regte Afrikaners besluit om ’n skool te stig wat die eerste keer Afrikaans as onderrigmedium sou gebruik. Hul droom is bewaarheid toe die Gedenkschool der Hugenoten op 1 Februarie 1882 sy deure op hierdie plaas geopen het. Dit was ’n Christelike privaat skool wat aanvanklik net uit een vertrek bestaan het. Mettertyd is ’n aanliggende wynkelder omskep in ’n dubbelverdiepinggebou met twee klaskamers onder en verblyfgeriewe vir leerlinge bo. Die invloed wat die skool op die ontwikkeling van Afrikaans gehad het, kan moeilik bereken word. Bekendes wat hier skoolgegaan het, sluit A.G.Visser, D.F. Malherbe en J.D. du Toit (Totius) in. Die eerste Afrikaanse koerant, Die Patriot, asook die eerste Afrikaanse tydskrif, Ons Klyntji, is van hier uitgegee en die eerste 64 Afrikaanse boeke is op hierdie plaas gedruk. In 1910 is helaas besluit om die skool te sluit. Afrikaans is toe reeds in staatskole aangebied. Gelukkig het die gebou vir die nageslag behoue gebly danksy die ingryping van skrywer W.A. de Klerk en Fanie Theron, voorsitter van Stigting Simon van der Stel en die Hugenotevereniging. Hulle is bygestaan deur onder andere Ulrich Froese, die eienaar van die plaas. In 1985 is ’n skenking ter waarde van R10 000 van die Helpmekaarfonds ontvang en het die Hugenote Gedenkskool se Raad vir Trustees ’n serwituut verkry op die grond waarop die gebou geleë is. Uiteindelik is meer as R1 miljoen ingesamel vir die restourasieprojek, wat in 2001 ’n aanvang geneem het. Die meeste van die fondse was afkomstig van lesers van Afrikaanse koerante soos Die Burger en Volksblad – ’n skitterende voorbeeld van die verskil wat ’n betrokke gemeenskap in die bewaring van ons erfenis kan maak. Groot instellings soos Naspers, die Stigting vir Afrikaans en KWV het ook aansienlike bydraes gemaak. In Maart 2002 is die gebou heropen met ’n Afrikaanse opleidingsentrum op die boonste verdieping en gastekamers onder. Besoekers aan Augusta Kleinbosch Gasteplaas kan in hierdie historiese ou gebou tuisgaan. Op die plaas is nog drie monumente te sien, naamlik die Kleinbosch Begraafplaas,
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Malherbe Huis en Du Toit Huis. Die begraafplaas is in ongeveer 1700 aangelê. Vorige plaaseienaars en familie, insluitend Martha Retief, suster van Piet Retief, asook enkele slawe is daar ter ruste gelê. Vanne met ’n Hugenoteoorsprong, soos Du Toit, Malherbe, Du Plessis, Rousseau/Rossouw, Malan, Perold en Retief, is op die meeste grafstene te sien. Die Du Toit Huis dateer uit 1792, terwyl die Malherbe Huis aanvanklik buitegeboue was wat na 1800 in ’n woonhuis omskep is.
Die geboue word omring deur wingerde en koejawelboorde en in Mei vind ’n koejawelfees hier plaas. ’n Taaltoer na ander plekke in die omgewing wat ’n besondere rol in die geskiedenis van Afrikaans gespeel het, word ook van die plaas af aangebied. ’n Besoek aan Augusta Kleinbosch Gasteplaas beloof om ’n onvergeetlike taal- en kultuurervaring te wees! • Met dank aan Augusta Kleinbosch Gasteplaas en www.kleinbosch.de vir die inligting. S
in Retrospek
E
Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.
‘Kloeng!’ sê my BlackBerry vanuit die handsak. Hygend haal ek dit uit. Sonder om stadiger bult-uit te stap, kyk ek gou wie vir my ’n boodskap gestuur het. Dis Magdi, soos ek gedink het. “Is Ma al hier? Die deure word oor vyf minute toegemaak.”
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Opstaan, vasbyt in wedloop van die lewe
k kners op my tande en dwing my seer knie in ’n lomperige drafstap in. Ek het my ietwat misgis met die tyd wat dit my sou neem om van die skool af die verkeer te trotseer om betyds by die gradeplegtigheid te wees. Verlig sug ek toe ek by die deure in is. Die binnenshuise sportsentrum waar die gradeplegtigheid gaan wees, is ’n reusagtige plek. Die paviljoene sit byna vol met mense. Die swartgeklede graduandi sit in netjiese rye onder, op wat seker normaalweg die sportveld is. Ek sukkel om ’n lekker plekkie te kry, en uitasem klim ek tot byna heel bo voor ek my sit kry. Ek is nie die enigste laatkommer nie. Kort ná my kom nog ’n steunende, blasende middeljarige met die trappe op. Dis ’n swart man met so ’n lang, ligblou gewaad aan, en ’n vreemde, ronde hoedjie daarby. Hy sak soos ’n sak patats reg langs my neer, papnat gesweet. Hy neem ’n minuut of wat om sy voorkop met ’n groot, wit sakdoek af te vee met ’n binnensmondse ‘jo!’ en ‘eish!’. Daarna begin hy om hom rondkyk. Soos ek, merk hy op dat die meeste mense programme het.“Where can I get a programme?” vra hy. Ek weet ook nie, maar hy sien een sonder ’n baas daar naby op ’n stoel lê en neem dit terstond in besit. Mededeelsaam hou hy dit vir my uit. Met ’n bietjie binnepret dink ek by myself dat ons twee seker na ’n effe onpaar paar lyk, koppe saam gebuig oor die program. Hy, ’n swart ou in ’n vreemde uitrusting en ’n ronde hoedjie; ek ’n konserwatiewe Afrikanertannie in ’n
seegroen rok en kraletjies. Ek sien eerste Magdi se naam op die program.“This is my daughter,” wys ek vir hom. “Oh!” sê hy belangstellend, en soek verder.“Eish!” sê hy.“My daughter is very, very far, jo!” Hy wys met sy vinger. En sy dogter is inderdaad een van die laastes.‘Eish’ en ‘jo’ inderdaad, dink ek. Hierdie gaan ’n laaang middag word. Een vir een verskyn die graduandi op die verhoog. Ons klap en klap. Vir sommiges word daar met groot geesdrif gejil en gegil. Magdi kom eindelik aan die beurt. My vreemde langrokkige metgesel pomp my arm byna uit lit uit en klap geesdriftig met sy arms bo die kop. Ek lag verleë. “Thank you,” sê ek beleefd. Dan, uiteindelik, kom mnr. Langrok se dogter aan die beurt. Toe sy regstaan om op te stap, begin hy mik-mik om orent te kom. Sy diep basstem weerklink so kragtig deur die paviljoene dat die eerste woorde van die aankondiger totaal uitgedoof word. Dan gaan sit hy tevrede.“I am so proud,” sê hy.“Was my voice loud and clear? Do you think she heard me?”“I’m very sure she did,” kan ek met vertroue antwoord.“She knows her father is very proud and very happy.” My oë gly weer oor die stampvol paviljoene, en Hebreërs 12 vers 1 kom by my op.“Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.”
Die prentjie wat die Hebreërskrywer vir ons skets, is een van paviljoene vol gelowiges wat al die aardse wedloop voltooi het. Hulle moedig die wat nog hardloop, luidkeels en geesdriftig aan. Skouer aan skouer sit die langrokkiges van die Bybelse tyd – Abraham, Moses, Noag en andere, en tussen hulle my Ouma Grieta met haar selfgemaakte crimplene-rok, Oupa met sy biermagie en kortbroek, maer ouma Stien met haar dun haartjies in ’n bolla. Onder op die veld is ons almal wat nog besig is met die wedloop van die lewe. Die stemme langs die veld moedig ons aan om uit te hou en aan te hou. By die wenpaal staan ons Here Jesus met Sy arms uitgestrek. In Sy hande hou Hy die oorwinnaarskroon wat jy en ek gaan kry, die kroon wat nog ’n veel groter eer is om te dra as die swart, hoekige hoedjies van die graduandi. Hoeveel keer het jy al op die lewensbaan neergeslaan? Weer opgestaan en jou knieë afgestof? Hoeveel keer het jy toetse gedop, meestal as gevolg van jou eie dom foute? Jy hyg, steun, blaas, hink met seer knieë na deure wat dreig om toe te klap. Hoeveel dae voel jy so moeg dat opgee vir jou na ’n aantreklike opsie lyk? Dink dan aan daardie stampvol paviljoene, aan almal wat kyk en klap, aan Hom wat by die eindstreep staan, wat roep en wag. ‘Kloeng!’ My BlackBerry praat weer. Dis Magdi. “Ek sien Ma!” sê die boodskap. Doer onder sien ek die figuurtjie waai. Ek waai met albei arms terug. Trots op jou, my kind! So trots! S www.solidariteit.co.za • ISSUE 3 OF 2014
73
PROMOSIE
O
Op soek na mediese dekking?
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Vra ’n geakkrediteerde adviseur
74
m mediese dekking te kry, is deesdae ’n ingewikkelde proses en dit kan moeilik wees om die regte keuses te maak. Daar is nie net ’n magdom opsies beskikbaar nie, maar weens omvattende wetgewing en die groeiende integrasie van mediese, finansiële en ander versekeringsprodukte word dit haas onmoontlik om ’n ingeligte keuse op jou eie te maak. ’n Verkeerde besluit kan boonop onverwagte, verreikende finansiële implikasies hê. Om hierdie rede word finansiële adviseurs (dus ook adviseurs oor medieseskemadekking) aan baie streng vereistes onderwerp. Hulle word opgelei om spesifieke finansiële behoeftes by hul kliënte te
UITGAWE 3 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
identifiseer en aanbevelings volgens hierdie behoeftes te maak. Hulle beskik ook oor kennis van ’n reeks produkte wat deur verskeie maatskappye gebied word, asook wetlike aspekte wat nie noodwendig aan Jan Alleman bekend is nie. Medieseskema-adviseurs is voorts opgelei om advies te gee oor voorgeskrewe minimum voordele (VMV) en medieseskemaprodukte wat aan jou spesifieke gesondheidsprofiel voldoen, en hulle kan ook raad gee oor die aanvullende versekeringsprodukte wat beskikbaar is om moontlike dekkingsgapings te vul. Wanneer jy ’n geakkrediteerde adviseur raadpleeg, kan jy seker wees dat hy of sy die volgende met jou sal bespreek: • Jou finansiële profiel – wat jy kan bekostig
• Jou gesondheidsprofiel – watter mediese uitgawes jou mediese skema beslis moet dek, en vir watter jy self die risiko kan dra • Jou opsies – die verskillende mediesefondsprodukte wat jou spesifieke finansiële en gesondheidsprofiel die beste sal pas • Die slaggate – watter prosesse jy moet volg om jou voordele optimaal te benut • Jou vrae – enige vrae wat jy mag hê. Jou adviseur sal ook jou veranderende lewensfases en gesondheidprofiel in ag neem, en jou bystaan om die regte besluite oor jou toekoms te neem. • SMS “solidariteit” na 32291 om gratis advies van Solidariteit se aangewese medieseskemaadviseurs te ontvang.