80STE
UITGAWE
VAN SA SE MEES GESAGHEBBENDE ARBEIDSTYDSKRIF
MAROELA MEDIA 3 JAAR VAN BOERETROOS,
STAKINGSRAMP * FLOU NÁ DAE SONDER KOS * 150 TON SE HULP VERSPREI * STAKERS VERLOOR EINTLIK AFRIFORUM RIG VISIER OP
150 000
LEDE
SOLIDARITY NEGOTIATES GREAT WAGE INCREASES FOR MEMBERS (YES, DEAR
MINISTER
– AND THAT’S WITHOUT
STRIKING!)
04 • 2014
www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X
SMS’e kos R2
9 771683 562000
Solidariteit Beweging
BOBAASNUUS EN BERGE VERSIT
WEN!
’N TOYOTA COROLLA OF ’N VYFSTERSEEVAKANSIE
BL. 52
RENATE BARNARD TROTSE LEDE: ‘DÍT IS WAT SOLIDARITEIT VIR MY BETEKEN’
VAKBOND-VETERANE
WERF ’N LID
SMS “LID” na 34802 en word deel van die familie!
VERTEL WAAROM HULLE NÁ SES DEKADES STEEDS LID IS
BESKERM JOU WERK & BESKERM JOU KIND SE TOEKOMS
inhoud NOMMER
20
VAN
2014
NUUSWAARDIG
GERAT VIR DIE TOEKOMS Solidariteit se nuwe groeifase – Fase 5 – gaan fokus op die belangrikheid van ’n goeie werk vir ons lede.
GEREELD
Redakteursbrief
As elkeen van ons net een lid werf, bou ons ’n nalatenskap in ons strewe na ’n vry, veilige en voorspoedige tuiste vir almal. >>> bladsy 6
Seepkis
Stakings gaan lankal nie meer oor lone en geskille nie, maar word dikwels deur ’n politieke agenda gedryf. Ons lesers sê hul sê. >>> bladsy 7
SpreekBuys
Solidariteit is ’n helpmekaar-oorlogskip waar die bemanning nie net om hulp vra nie, maar waar almal saam bou aan oplossings. >>> bladsy 8
jy en die Reg
Met die grootste arbeidsregsafdeling in die land, is Solidariteit daar om jou met raad en daad in die werkplek by te staan. >>> bladsy 60
in Retrospek
Is jy op die regte pad? Gebruik jy die GPS met die leeroortreksel wat op jou bedkassie lê? Laat Sy Woord jou opnuut rig. >>> bladsy 73
Sakke vol voordele vir ons lede
4
ONS DIENSKANTORE DAAR OM JOU LANDWYD VAN HULP TE WEES. >>> bladsy 70
10 11 12 12 16 18 20 22 23 24 25 25 26 28 32 32
Platinumgordel-humanitêre krisis om den brode Stakers het baie meer verloor as gewen Stakings plaas werknemersvertroue onder druk Commission reinforces AA misconceptions ‘Só maak Solidariteit my lewe makliker’ ‘Dankie vir jou belegging in die toekoms’ Blink nuwe fase met splinternuwe energie
33 34 34 35 36 37 37 38
Vakbond wys sy staal by ArcelorMittal Solidarity halts layoffs at Continental Tyres Gunstige verhoging vir ons lede by Vergenoeg NBCCI agreement a welcome change Só veg Solidariteit landwyd vir sy mense Gesonde verhoging by Mediclinic beding Werkplekforum by ATNS eerste van soort Hoe veilig is jou werkplek werklik?
42 43 44 46 47 48 49 50 52 54 56 57 58 61 62 66 67 72
AfriForum rig sy visier op ledetal van 150 000 Geen veranderinge kom by UP se koshuise SA vullisterreine is haglik, wys oudit Leesboeke so in jou Kraal Helpende Hand ’n waghond vir ons kinders Studielenings verseker blink toekoms Waarom Helpende Hand-ondersteuner word? Sol-Tech geloof tydens bekendstelling van gebou Bring inligting op datum, wen motor of vakansie Helpende Hand-takke kan só makliker help
Vier vakbond-veterane se lojaliteit gevier Stem vir jou gunstelingkiekie en wen! 80ste uitgawe van Solidariteit se spogtydskrif Polisiediens se rasbeleid opnuut in spervuur Gemeenskapsentrums gaan jeug bemagtig Alles is dan Engels! Waarom in Afrikaans leer? Goeie werk ná goeie opleiding ís binne bereik Gewone mense vir buitengewone bydraes vereer Vier leiers van formaat woon kongres by
BEDRYFSNUUS
>>> bladsy 24
Geen storm stuit ons
OORLOGSKIP
IN BEWEGING
Sosiale media: Trek die digitale streep Het jy ekstra olie in jou (spaar)lamp? Solidariteit bied ’n tuiste vir die hele gesin ‘Solidariteit gee ons ’n stem,’ sê trotse lede Waarom besittings verseker, maar nie inkomste? Kom maak jou tuis @ Maroela Media 3 jaar van boeretroos, bobaasnuus, berge versit Wie was Jannie met die hoepelbeen?
8
MET 80 UITGAWES OP SY KERFSTOK, IS SOLIDARITEIT TYDSKRIF MET 350 000 LESERS DIE GROOTSTE EN GESAGHEBBENDSTE ARBEIDSTYDSKRIF IN SUID-AFRIKA.
“
In ’n tyd waarin ons lede onder druk is, waar daar onbillik teen hulle gediskrimineer word en waar mense geldige kommer oor die toekoms het, is Solidariteit aan jou kant. Ons kan nie keer dat die see onstuimig word nie, maar ons kan ons oorlogskip versterk deur saam ’n beter toekoms te bou. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging
8
Redakteursbrief
As elkeen van ons net een lid werf
E
FOTO’S: REINT DYKEMA; ISTOCKPHOTO.COM
Hierdie uitgawe het een doel voor oë en dit is WERWING. Ons wil ons lede, lesers en ondersteuners bemagtig om elkeen ’n werwer te kan wees.
6
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
I S N 6 1 3 8 5 2 X
SMS landwye netwerk van dienskantore en organi“LID” sasiestrukture, van opstaan na 34802 en vir ons lede te midde van voortslepende stakings en word deel van stem dik maak te midde van die familie! ’n knellende meerderheids“Ek weet dat God my die krag en SMS’e kos R2 omgewing. Laat hierdie tydskrif genade gee om my doel hier in ons land vertel dat ons lede in moeilike na die beste van my vermoë uit te leef. En ekonomiese tye ’n vakbond nodig het as dit is om op te staan teen ’n onreg soos die wat alles in die stryd sal werp om hulle huidige toepassing van regstellende aksie, dan sal belange te beskerm. ek dit doen.” Só het ons voorbladpersoonlikheid Sou ons voornemende lid verder deur Renate Barnard vroeër vanjaar vertel oor haar hierdie tydskrif blaai, sal hy of sy kan lees van agt jaar lange stryd teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Solidariteit was al die pad aan haar sy en het Solidariteit se ander voordele vir sy lede – ’n haar deur dik en dun bygestaan. Skroom jy ook nie begrafnispolis, bevallingsvoordeel en toegang om die stormsee te trotseer om ’n toekoms vir jou tot finansiële advies en korttermynversekering en jou kinders te verseker deur Solidariteit Finansiële Dienste, om maar nie? Dan is Solidariteit die enkele voorbeelde te noem. Ons bied dit alles regte vennoot vir jou! Ons om ons lede by te staan sodat hulle goed kan wil met jou hande vat en 80 funksioneer in die wêreld van werk. onderneem om jou te help Ons vertel ook van ons doelwit van ophef– in goeie en slegte tye. fing deur opleiding en hoe ons dit laat neerslag Ons lede is immers ons vind binne Solidariteit Helpende Hand. Ons nommer 1! Sluit vandag nog aan indien jy nog nie vertel van afslag vir ons lede by Akademia, WERF ’N lid van Solidariteit is nie. Solidariteit se Afrikaanse tersiêre onderwysLID instelling. Ons vertel van Sol-Tech, Solidariteit se hoogs suksesvolle tegniese kollege, wat werksaamhede van Solidariteit, AfriForum en ambagslui oplei om suksesvol die arbeidsmark ander entiteite binne die Solidariteit Beweging te kan betree. Ons vertel van die FAK en Kraal wat op verskeie terreine aktief besig is om hulle Uitgewers se beskerming van ons kulturele te beywer vir die beskerming van burgerregte en erfenis en van Maroela Media se suksesse binne die daarstel van ’n politieke ruimte waarin ons die mediawêreld. nageslag suksesvol sal kan voortbestaan. Ons besef dat werkerregte en burgerregte Help ons om te groei sodat ons hierdie onlosmaaklik verbind is. Daarom beywer dinge en nog vele meer deur genade kan Solidariteit en die Solidariteit Beweging hom aanpak. daarvoor om standpunt in te neem en aktief opposisie te bied teen swak dienslewering, misdaad, korrupsie, ontneming van en inmenging met eiendomsreg, vermorsing van belastinggeld en ander vorme van inbreukJOHAN KRUGER making op burgers se regte. REDAKTEUR Ons gee ons voornemende lede insae in die
JY’S ONS NO.
STE UITGAWE
VAN SA SE MEES GESAGHE BBENDE ARBEIDST YDSKRIF
STAKINGS
MAROELA MEDIA 3 JAAR VAN
BOERETROOS , BOBAASNUUS EN BERGE VERSIT
RAMP
* KOS * 150 TON SE HULP * STAKERS VERLOO VERSPREI FLOU NÁ DAE SONDER
WEN!
R EINTLIK
’N TOYOTA COROLLA ’N VYFSTEROF SEEVAKANSIE
AFRIFORUM RIG VISIER
OP
150 000
LEDE
BL. 52
SOLIDARITY NEGOTIATES WAGE INCREA GREAT SES FOR MEMBER DEAR MINISTER S – AND THAT’
RENA BARNARTE D
(YES
S WITHOUT
04 • 20 14
STRIKING!)
www.solida riteit.co.za R16 95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede
R2
9 771 6
SMS’e kos
k besef terdeë dat ons almal nie gebore werwers is nie – ek raak self sweterig wanneer iemand my vra om iets te bemark of te verkoop. Vir ander is dit weer tweede natuur en voor jy jou kon kry, het hulle iets aan jou verkoop of het jy ingeskryf vir ’n kompetisie, wel wetende dat jy feitlik geen kans staan om daardie jagpakket of dag by ’n spa te wen nie. Hierdie oproep, naamlik dat elkeen van ons een nuwe lid vir Solidariteit werf, beteken egter dat ek ook gaan inspring en lede werf. Sien, as Solidariteit sy doelwit wil bereik van ’n Suid-Afrika waar ons kinders en dié se kinders vry, veilig en voorspoedig is, moet ons aanhou groei om die uitdagings van die hede en die toekoms die hoof te kan bied. Ek wil dadelik elke getroue Solidariteit-lid bedank vir sy of haar ondersteuning. Sonder ons lojale lede kan Solidariteit nie bestaan nie en kon die Solidariteit Beweging met al sy fasette nie tot stand gekom het nie. Solidariteit se welslae oor die afgelope jare is danksy ’n spanpoging bereik, en elke Solidariteit-lid kan dit met reg sy of haar eie maak. Nou vra ons u om weer te help, selfs al voel u dat iemand anders dit beter kan doen of dat dit nie in u aard is nie. Elkeen kan en moet een lid vir Solidariteit werf. Stop dus hierdie tydskrif in iemand anders se hand en sê dis ’n vroeë Kersgeskenk. Die tydskrif sal al die vertelwerk doen: Dat ons lede se werkbeskerming ons kernbesigheid is, dat Solidariteit Regsdienste gratis vir die beskerming van ons lede in arbeidsregtelike aangeleenthede veg, dat ons dissiplinêre verhore, onbillike regstellende aksie, onbillike ontslagte en afleggings, onbillike arbeidspraktyke, onbillike diskriminasie en nog meer namens ons lede aanvat wanneer hulle dit die nodigste het. Laat hierdie tydskrif vertel van ons welslae met loononderhandelings en kollektiewe bedinging, van toegang tot ons uitgebreide
83 56 20
Solidariteit Beweging
00
TROTSE LEDE : ‘DÍT IS WAT SOLIDARITEIT VIR MY BETEKE N’
SMS “LID” word deel na 34802 en van die familie!
BESKERM
JOU WER
VAKBOND
-VETERANE
VERTEL WAARO
M HULLE NÁ SES DEKADE S STEEDS LID IS
K & BESKERM
JOU KIND SE TOEKOMS
Seepkis
Word deel van die gesprek by www.blog.soldariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za
Stakings: Die letter vs. gees GEWELDDADIGE OPROER
Tel: 012 644 4300
EDITOR
Johan Kruger
NUUSREDAKTEUR
Cilleste van der Walt
HOOF: BEMARKING
Moira-Marie Kloppers WEBREDAKTEUR ADVERTENSIES
Andreas Botha: When we place our trust in man and the flesh, we will fail. But those who trust the Lord will be blessed in times of recession, political unrest and disaster. The only one who will never let us down or betray our trust is the Lord Jesus Christ. As soon as we surrender our lives to Him, we will prosper.
POLITIEKE AGENDA
Tinus Pretorius: Dit gaan lankal nie meer oor lone en geskille nie.Vakbonde het ’n politieke agenda, en dié agenda is die daarstel van ’n totalitêre sosialisme. Suid-Afrika word opgesaal vir ’n transisie vanaf ’n skynbare demokrasie na ’n sosialistiese regeringstelsel. Die ANC hou homself verniet so onskuldig, want die beleid wat hulle handhaaf, maak reeds hiervoor voorsiening.
NEWS EDITOR HEAD: MARKETING WEB EDITOR
Daleen Gouws
DON’T PLACE TRUST IN FLESH
www.solidariteit.co.za
ADVERTISEMENTS
Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk – tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP
Martie Maree
TAALVERSORGING
Aksent Media
INTEKENARE
Elna Botes
LANGUAGE EDITING
SUBSCRIPTIONS
Heleen Nortjé REKENINGE
DESIGN
ACCOUNTS
MEDEWERKERS
CONTRIBUTORS
Johan Böning, Christine Breet, Danie Brink, Flip Buys, Chris du Plessis, Moira Etsebeth, Daleen Gouws, Dirk Hermann, Gerhard Hildebrand, Mariné Jacobs, Paul Joubert, Moira-Marie Kloppers, Kallie Kriel, Susan Lombaard, Marietha Malan, Ilze Nieuwoudt, Erna Olivier, Appie Pienaar, Grietjie Prinsloo, Alet Rademeyer, Steve Scott, Francois Smit, Inge Strydom, Cilleste van der Walt, Ansie van Niekerk en Lindie van Zyl. UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE LAYOUT, DESIGN, REPRODUCTION
VAN COSATU-LEDE EN ONDERSTEUNERS GLO DAT GEWELD TYDENS STAKINGS AANVAARBAAR IS.
MENINGSPEILING
Voldoen Solidariteit se bystand aan jou verwagtings?
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
0861 25 24 23
REDAKTEUR
GEES VAN DIE GRONDWET
88%
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE
H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig
Herman Toerien skryf: Wanneer ’n radikale vakbond in Suid-Afrika staak, gaan dit ongelukkig nie net gepaard met die weerhouding van arbeid en vreedsame optogte wat ingevolge die Grondwet toelaatbaar is nie, maar sit dit byna onvermydelik om in ’n gewelddadige oproer waarin eiendom beskadig word en menselewens in gevaar gestel word. Marius Prinsloo skryf: Dit is waarom ek sê die temperament en gesindheid van die radikale elemente en aanblasers van geweld tydens stakings is nie volwasse genoeg om uiting en uitvoering aan die bepalings en die gees van die Grondwet te gee nie. Laat my toe om dit soos volg toe te lig: Ek het verlede jaar gelees oor ’n steekproef wat onder Cosatu-lede gedoen is waartydens dit aan die lig gekom het dat sowat 88% van Cosatu-lede en ondersteuners glo dat geweld tydens stakings aanvaarbaar is. As ’n mens dan aanvaar dat ’n geweldige groot aantal van ons populasie en werkmag Cosatu-lede is, vrees ek dat die grein van ons bevolking nie in lyn met die gees van die Grondwet is wat eerbied en respek vir die fundamentele regte van wetsgehoorsame burgers van ons land waarborg nie. Geweld tydens stakings (asook die aanvaarding dat dit geregverdig kan word) kom dan eenvoudig neer op ’n blatante minagting van die Grondwet en dit deur diegene wie kwansuis baie jare vir die vryheid/vryhede wat die Grondwet vandag waarborg, geveg het.
Solidariteit Solidarity
A Ja, Solidariteit voldoen aan my verwagtings. B Nee, hulle bystand laat veel te wense oor. C Ek kan nie besluit nie. Sê jou sê deur “Tydskrif A”,“Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za
JOU WERK, ONS GEVEG! Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se vriendelike dienssentrumagente sal jou terugskakel en jou vinnig en maklik help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34802 te stuur. SMS’e kos R2. Ons beskerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil aan duisende lewens! • Om jou adres te verander, stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za
Tel: 082 445 4513 DRUKWERK
aksentmedia@vodamail.co.za
PRINTING
Paarl Media Gauteng VERSPREIDING
Prosort
DISTRIBUTION
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
7
SpreekBuys
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & REINT DYKEMA
Dit wil vir my voorkom asof daar drie soorte mense in die land is. Die eerste groep ontken daar is probleme, die tweede groep kla net oor die probleme, en die derde groep dóén iets daaraan. Solidariteit is gewis deel van die derde groep wat iets aan die probleme probeer doen. Ons soek nie net hulp vir onsself nie, maar as bemanningslede van dié Helpmekaar-oorlogskip WERK ONS SAAM om oplossings vir ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir almal te vind, skryf FLIP BUYS.
8
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
SPREEKBUYS
OORLOGSKIP W FLIP BUYS is voorsitter van die Solidariteit Beweging
Geen stormsee stuit Solidariteit se Helpmekaar-
ie is Solidariteit eintlik? Is dit ’n passasierskip waar die vakbond se personeel en verteenwoordigers die bemanning is wat almal moet bedien? Of is Solidariteit soos ’n oorlogskip waar almal deel van die bemanning is en waar elkeen ’n verantwoordelikheid het om te help waar hy of sy kan? Natuurlik het Solidariteit se personeel ’n besondere verantwoordelikheid, omdat dit hul voltydse werk is om ons lede met raad en daad by te staan. Daarmee saam is die rol van die vakbond se verteenwoordigers onontbeerlik, omdat hulle onbetaalde vrywilligers is wat hul medemens uit die liefde van die saak help. Solidariteit is egter nie net ’n gewone diensorganisasie nie: ons is eerder ’n oorlogskip as ’n passasierskip. Die personeel en verteenwoordigers kan nie alles doen nie – daar is net te veel werk in die land!
Helpmekaar-beweging Om dié rede het ons Solidariteit oor die afgelope paar jaar uitgebou tot ’n moderne Helpmekaar-beweging, met organisasies wat op elke belangrike terrein ’n onmisbare rol speel. Dit is nie ’n nuwe plan nie – ons het maar net gekyk wat ons voorouers gedoen het toe hulle in moeilike omstandighede was. Daarna het ons hul “resep” gemoderniseer om dit by hedendaagse omstandighede aan te pas, en so is die Solidariteit Beweging gebore. Ons voorouers het met sentleggings, koeksisterverkope en straatkollektes
universiteite, kolleges, hospitale, skoolsale en ouetehuise gebou en reusagtige beursskemas en beleggingskemas op die been gebring. Ons resep was skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes. Daarom kon ons met klein maandelikse ledebydraes reeds R40 miljoen in ons eie tegniese opleidingskollege belê, vanjaar reeds R16,6 miljoen bestee aan rentevrye studielenings vir bykans 1 000 jongmense, en via Solidariteit Helpende Hand byna 10 000 skoolkinders met kos, skryfbehoeftes en ander benodighede bystaan. Met dieselfde resep beding die vakbond jaarliks meer as R200 miljoen vir ons lede wat beroepsbeserings en -siektes opdoen, bestee ons jaarliks meer as R6 miljoen aan ons begrafnisskema vir lede en hul afhanklikes, en handhaaf ons ’n 90%-sukseskoers met die talle hofsake wat ons namens ons lede voer. Ons is terselfdertyd besig om Akademia geleidelik uit te bou tot ’n volwaardige universiteit, sodat ons jongmense verseker kan wees van studiegeleenthede in ’n tyd waar rassetransformasie op die staatsuniversiteite afgedwing word. Die Solidariteit Beweging se werk is ook op talle ander gebiede bekend. AfriForum is landwyd besig om munisipale verval te beveg, korrupte amptenare te ontbloot en misdaad en plaasmoorde hand en tand te beveg. Maroela Media bevorder Afrikaans, terwyl Kraal Uitgewers met gehalte geskiedenisboeke ons mense se verlede in die regte perspektief plaas. Die FAK se Viertrek-reeks oor die Groot Trek op kykNET het ten doel om die kriminalisering van ons geskiedenis op ’n moderne manier teen te werk.
Nie hulpsoekers, eerder helpers Natuurlik is ons daar om te help as ons lede en ons gemeenskap ons nodig het. Die Solidariteit Beweging is egter nie eerstens ’n hulporganisasie nie, maar ’n moderne helpmekaar-organisasie. Ons lede vra nie net “wat kan ek daaruit kry” nie, maar ook “wat kan ek bydra om ’n verskil aan ons almal se lewe te maak?” Dit beteken dit gaan nie net oor die toekoms van die lid as enkeling nie, maar oor die skep van ’n toekoms vir ons almal. Ons voorouers het die land met hierdie helpmekaar-benadering opgebou, en die welslae wat Solidariteit reeds behaal het, bewys ons kan dit weer doen. Natuurlik word ons almal kwaad oor onbevoegdheid, swak regering, geweldsmisdaad en korrupsie, maar ons kla nie net daaroor nie, ons werk saam aan oplossings. Ons soek nie net hulp vir onsself nie, ons werk aan oplossings vir ons almal! Onstuimige see stuit ons nie In ’n tyd waarin ons lede en ons gemeenskap onder druk is, waar daar onbillik teen hulle gediskrimineer word en waar mense geldige kommer oor die toekoms het, is Solidariteit aan ons lede se kant. Ons kan nie keer dat die see onstuimig word nie, maar ons kan ons skip sterker bou om die storms te weerstaan. Ons het egter die hulp van elke lid nodig, en ons nooi ons lede uit om by enige van die Beweging se landwye projekte betrokke te raak. Ons voorouers het dit reggekry om met ’n helpmekaar-ingesteldheid vir ons ’n toekoms te skep. Ons kan dit ook vir ons kinders doen. Kom ons spring aan die werk en help mekaar! S www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
9
NUUSWAARDIG
OM DEN Platinumgordel se humanitêre krisis
BRODE
Die PLATINUMGORDELSTAKING is nou ’n prominente deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal dien as ’n voorbeeld van hoe moeilik dit is om finansieel te herstel van ’n staking. Die gevolge sal nog vir die volgende paar jaar deur baie mense aan die sak gevoel word, skryf CILLESTE VAN DER WALT.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & REINT DYKEMA
S 10
uid-Afrika se platinumgordel is vir vyf maande lank tot stilstand geruk deur ’n verlammende staking waar werknemers ’n minimum basiese vergoeding van R12 500 per maand geëis het. Drie van die grootste myngroepe in die Rustenburg-omgewing se produksie is gekniehalter weens onrealistiese looneise, en dit gaan ’n lang pad na herstel wees. Sedert Solidariteit Helpende Hand die platinumgordel in April tot ’n gedeeltelike rampgebied verklaar het, het die organisasie uitgebreide noodleniging aan Solidariteit-lede in die streek gebied. “Sedert Januarie het werkers en kontrakteurs, wat lede van Solidariteit is en nie gestaak het nie, maandeliks tussen 50% en 100% van hul inkomste verloor,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand. “Helpende Hand het talle hartseerstories in hierdie tyd gehoor – ’n kind wat flou val by ’n sportoefening nadat hy dae laas geëet het, ’n gesin wat van Rustenburg tot in Mooinooi stap om kos te gaan haal, laerskoolkinders wat dadelik die gevriesde brood wat skenkers by die skool aflaai, gryp en eet. Hierdie staking het ’n geweldige humanitêre krisis onder die inwoners van Rustenburg en Mooinooi veroorsaak.”
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Helpende Hand het ’n rampfonds vir niestakers in die platinumgordel gestig en ’n beroep op die publiek gedoen om skenkings en bydraes tot die hulpleniging te maak. Sedertdien hou die organisasie weeklikse kosuitdeelaksies vir Solidariteit-lede in Rustenburg en Mooinooi en help hulle ook met ander basiese behoeftes soos babadoeke, formulemelk, sanitêre ware en troeteldierkos. “Dit was verblydend om te weet dat ons lede kon bystaan in hierdie moeilike tyd, maar kommerwekkend om te sien hoe die rye eenvoudig al langer word,” sê Brink. Skenkings het van oor die hele land ingestroom, van Frankfort tot Tzaneen. “Danksy die publiek se onbaatsugtige skenkings kon Helpende Hand deurentyd aan die kosvraag voldoen,” sê Brink. Meer as R2 miljoen se noodleniging is tot op datum in die platinumgordel gelewer en ongeveer 150 ton kos is versprei. In Junie het Helpende Hand ook bykomende aksieplanne aangekondig om langtermynondersteuning aan niestakers in die platinumgordel te verleen.“Al is die staking uiteindelik beëindig, is die krisis nog ver van opgelos. Sommige werkers moes in hierdie tyd groot skuld aangaan ter wille van oorlewing, wat nou afbetaal moet word hoewel die spaargeld lankal opgebruik is,” sê hy.
Die hulp wat Helpende Hand ook sedert Junie aan Solidariteit-lede bied, sluit in die opstel van CV’s en die soek van werk deur Helpende Hand se werksoekportaal (www.werknet.co.za), asook die uitbreiding van die aanbod van poste op die WerkNet-platform ten bate van diegene wat weens die staking ’n ander heenkome moes vind. Helpende Hand staan niestakers ook by tydens onderhandelings met banke oor agterstallige skuld. Helpende Hand het voorts die Rampgebied Beursfonds gestig vir die kinders van niestakers wat in 2015 by tersiêre instansies wil gaan studeer. Finansiële en ander hulp is beskikbaar gestel om niestakers in ander velde op te lei en sodoende meer indiensneembaar te maak, terwyl gratis psigometriese toetse vir skoolgaande kinders van niestakers aangebied is. Daarby gaan Helpende Hand steeds voort met volhoubare voeding aan gesinne en ondersteuning van nege skole se voedingskemas. “Dit was vir Helpende Hand belangrik om op die voorkoming van armoede onder die kinders van niestakers te fokus deur in hul akademiese toekoms te belê,” sê Brink.“’n Beursfonds sal ’n mate van beskerming bied teen die vernietigende uitwerking van die staking op kinders.” S
NUUSWAARDIG
Stakers het baie meer verloor as gewen
M Dit was verblydend om te weet dat ons lede kon bystaan in hierdie moeilike tyd, maar kommerwekkend om te sien hoe die rye eenvoudig al langer word.
“
Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.
et die eerste oogopslag lyk die loonooreenkoms van ’n jaarlikse R1 000-verhoging in basiese vergoeding vir werknemers op die laagste vlak oor drie jaar na ’n goeie uiteinde, maar as die inkomsteverlies tydens die staking in ag geneem word, is die verhoging nie so hoog nie. Stakers het in werklikheid baie meer verloor as gewen. Volgens die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se berekenings kos een maand se staking werknemers minstens 8,3% van hul jaarlikse vergoeding. Dit beteken dat die verlies aan inkomste tydens ’n maand lange staking slegs in bruto terme goedgemaak kan word oor ’n tydperk van ’n jaar indien die verskil tussen die werkgewer se aanvanklike aanbod en die verhoging wat ná die staking gegee word, meer as 8,3% is. So iets gebeur feitlik nooit nie. “Die verhogings wat Amcu uiteindelik ná die staking van vyf maande gekry het, is slegs op die heel laagste vlakke werklik buitengewoon hoog, maar selfs dié werkers gaan etlike jare moet werk voordat hulle die verlies aan vyf maande se vergoeding sal inhaal, mits hulle nie intussen afgelê word nie. “Vir die werknemers op ietwat hoër vlakke, soos vragmotorbestuurders of kantoorklerke, is die verhogings persentasiegewys nie baie hoog nie, buiten in die eerste jaar van die driejaarooreenkoms,” verduidelik Paul Joubert, senior navorser by die SNI. In die tweede en derde jare van die ooreenkoms is die verhogings op die meeste posvlakke effektief net 7% tot 9,5%. “Talle van die platinummyne se skagte in die Rustenburg-omgewing was voor die staking
HOËR LONE SONDER STAKING Werkgewers wat die afgelope vier jaar ’n hoë loonverhoging sonder ’n verlammende staking toegestaan het, wys dat dit moontlik is sonder om verwoestend te staak: • Die petroleumsektor het in 2012 ’n algemene verhoging van 8,5% en ’n 10%-verhoging vir werknemers op die laagste vlak aangebied. • Die DBV in Paarl het in 2011 ’n loonverhoging van 10% onderhandel. • Air Traffic and Navigation Services (ATNS) het in 2011 ’n verhoging van 12% tot 22% vir lugverkeerbeheerders toegestaan. • Assmang Chrome (Machadodorp) en Assmang Maganese (Cato Ridge) het in 2011 ’n verhoging van 10% aangebied.
reeds jare lank nie winsgewend nie of op gelykbreekvlakke. Van die werkgewers het reeds voor die staking beplan om sekere skagte te sluit of om omvattende herstrukurering te doen. Met die finansiële slag van vyf maande se verlies aan produksie, asook die verhoogde bedryfskoste ná die staking, sal die skagte wat teen ’n verlies bedryf is nou nog groter verliese maak, en die skagte wat voorheen slegs gelyk gebreek het, sal nou ook ’n verlies maak,” verduidelik Joubert. Dit gaan veroorsaak dat skagsluitings en herstrukturering vervroeg word en tot meer werkers uitgebrei word. Talle van die stakers, asook van hul niestakende kollegas, gaan eindelik weens die staking sonder werk sit. S
150 TON
KOS ASOOK BASIESE BENODIGDHEDE SOOS BABADOEKE, FORMULEMELK, SANITÊRE WARE EN TROETELDIERKOS IS REEDS HIER UITGEDEEL.
= 10 000
Die aantal mynwerkers wat van 23 Januarie tot 24 Junie 2014 aan ’n staking deelgeneem het. Amplats, Implats en Lonmin het gesamentlik sowat R23,9 miljard in verlore inkomste ingeboet.
R2 miljoen
se noodleniging is tot dusver danksy die publiek se onbaatsugtige skenkings aan niestakers in die platinumgordel gebied.
www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
11
NUUSWAARDIG
D
Stakings plaas werknemersvertroue onder druk ie Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) stel elke kwartaal in samewerking met ETM Analytics ’n verslag oor die toestand van die arbeidsmark in Suid-Afrika vry. Hierdie verslag sluit ’n indeks van die arbeidsmark in, wat drie dinge meet: die algemene sakesiklus, arbeidsbekostigbaarheid en werknemersvertroue. Van kwartaal een tot kwartaal twee van 2014 het die algehele indeks van die arbeidsmark van 44,3 tot 39,3 gedaal. Die werknemersvertrouekomponent van die indeks het die meeste tot die daling bygedra, aangesien dit van 45,2 tot 33,3 geval het. Dit dui daarop dat die werknemers waaronder die opname gedoen is, ’n steekproef van Solidariteit se lede, vroeg in die tweede kwartaal van 2014 baie onsekerheid in hul werkplekke ervaar het. Die indekssyfers dui op negatiewe toestande indien dit onder 50 is, en op positiewe toestande wanneer dit bokant 50 is. Die rigting waarin die syfers oor tyd beweeg, dui aan of toestande verbeter of nie. Hoewel die sakesiklus-komponent ietwat verbeter het, was dit ook laer as 50 en dui dus tog op negatiewe toestande. Dit is ’n moeilike en riskante omgewing vir werknemers om vir beter vergoeding of beter diensvoorwaardes te onderhandel. Die lang staking in die platinumbedryf het tot die daling in werknemersvertroue bygedra. Hierdie staking se gevolge het wyer uitgekring as slegs die drie groot platinummyngroepe en het ook talle verskaffers, veral in die metaal- en
DIE SOLIDARITEIT-ETM ARBEIDSMARKINDEKS Arbeidsmarkindeks (AMI)
Q2 2014
Q1 2014
Q2 2013
Gewig
33,3 40,1 44,7
45,2 44,4 43,4
45,2 42,6 44,1
33,3% 33,3% 33,3%
39,3
Werknemersvertroue Arbeidsbekostigbaarheid Sakesiklus
44,3
44,0
100%
INDEKS: 50 = NEUTRALE WERK- EN LOONSEKERHEID
70 65 60 55 50 45 40 35 30
04
20
05
20
06
20
07
20
08
20
09
20
ingenieursbedryf geraak. Die afsonderlike staking in die metaal- en ingenieursbedryf aan die begin van die derde
10
20
11
20
12
20
13
20
14
20
kwartaal sal waarskynlik veroorsaak dat werknemersvertroue in die res van 2014 in negatiewe gebied gaan bly. S
Equity Commission reinforces affirmative action misconceptions
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
S
12
By Inge Strydom
olidarity has critiqued the Commission for Employment Equity’s (CEE) reports since 2007, yet the reports remain riddled with errors. The Solidarity Research Institute (SRI) has released yet another critical analysis of the CEE’s latest report. According to Paul Joubert, Senior Researcher at the SRI, it is unfortunate that the Commission should reinforce misconceptions. The CEE again focuses mainly on top management level despite the fact that employees on this level make up less than 0,5% of the 5,6 million employees covered by the report.“The Commission bemoans the high percentage of
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
white men at this level, ascribing it to resistance to racial transformation. However, there are several reasons why the percentage of white men at top management level is still relatively high,” Joubert explains. “Apart from major differences in academic qualifications and age profiles among population groups, the small number of top managers per firm is another factor that explains the relatively high percentage of white men in those positions. For example, a firm with only two top managers, one of whom is white, could only achieve black representation above 50% by taking the drastic and unfair action of dismissing the white person,” says Joubert. One of the significant mistakes repeated
15
20
in this year’s report is the CEE’s incorrect interpretation of its own figures on appointments and promotions.“For example, the Commission refers to the fact that 41,3% of employees on senior management level are white men, and on the same level white men constitute 36,2% of appointments and 28,9% of promotions. The CEE then compares the figures with the number of white men in the economically active population, concluding that white men are still extraordinarily favoured in terms of appointments and promotions. In reality, the figures indicate that the representation of white men on senior management level, and indeed on all levels, is steadily decreasing,” Joubert says. S
PROMOSIE
D
Breek weg na die bekoorlike Kokoriba Wildreservaat
In die hartjie van die Bosveld is die gewilde Kokoriba Wildreservaat waarheen Solidariteit-lede wat na SIELERUS en eg Afrikaanse ontspanning op soek is, voortaan teen spesiale tariewe kan wegbreek. ALET RADEMEYER vertel meer.
FOTO’S: VERSKAF
WEN!
ié bekostigbare vakansiebestemming wat aan Gielie van Niekerk behoort, is 38 km van Brits, 68 km van Sun City en 58 km van Rustenburg geleë. Kokoriba is ideaal vir mense wat van tradisionele gesinsvakansies, die natuur en die buitelewe hou. Netjies gemeubileerde en lugversorgde selfsorg-chalets wat twee tot ses mense kan akkommodeer, is beskikbaar. Die oord het ook ’n woonwapark met vyf toegeruste ablusieblokke. Die staanplekke is gedeeltelik met gras en hoofsaaklik met Bosveldgruis bedek. Die staanplekke het ’n water- en kragpunt en braaiers kan by die oordkantoor bespreek word. Vir bekostigbare groepfunksies is daar die Makoro-basis waar tweebed- en driebedkamers en ander basiese geriewe beskikbaar is. Die eenheid het ook sy eie buitelapa en is toegerus vir 32 mense. Buitenste ablusiegeriewe moet gebruik word. Kokoriba bied ’n wye verskeidenheid ontspanningsaktiwiteite wat onder meer wildbesigtiging, staproetes, ’n verhitte
14
carte-restaurant en ’n winkel wat onderdakswembad, ’n verhitte vakansiebenodigdhede aanhou. buitelugswembad, ’n kouewaterLede Volgens Van Niekerk is swembad, tafeltennis, ’n Kokoriba daarop ingestel om trampolien, veerpyltjies en ontvang besoekers ’n aangename mini-gholf insluit. ’n Groot20%-afslag Bosveld-ervaring te bied. Die skermtelevisie is by die lapa kamp is elektries omhein, wat beskikbaar. op alle gemoedsrus gee. Die oord het sy eie tariewe “Natuurbewaring word aanloopbaan wat vliegtuie en streng toegepas en ons het reëls mikrovliegtuie kan akkommodeer. om te verseker dat almal hul verblyf Wild en ander diere wat te sien is, by ons maksimaal geniet.” sluit in blesbokke, blouwildebeeste, Kokoriba laat nie troeteldiere en vuurwapens duikers, swartwitpense, kameelperde, koedoes, toe nie en daar word van besoekers verwag om nagapies, njalas, rooibokke, rooihartbeeste, steenrespek vir die omgewing te hê. Geen privaat bokke, vlakvarke, sebras en roofdiere. voertuie word in die veld toegelaat nie, maar wel Die reservaat is ’n voëlparadys en meer as voetgangers en fietsryers.Wildbesigtigingsvoer300 spesies is al in die streek aangeteken. Dit sluit tuie is te huur. in visarende, troupante, bontvisvangers, rooikeelDie hek van die reservaat open om 06:00 en byevreters en neushoringvoëls. Die oord het drie sluit saans om 21:00. Die kantoor is tussen 08:00 skuilings waar voëls en wild besigtig kan word. en 17:00 oop vir ontvangs en besprekings. Die reservaat maak ook vir dagbesoekers • Alle tariewe is op die oord se webtuiste by voorsiening wat slegs op voorafbespreking die www.kokoriba.co.za beskikbaar. oord se geriewe kan gebruik. Daar is ’n à la
Staan die kans om ’n heerlike naweek by die Kokoriba Wildreservaat te wen. Sê vir ons wat dit per nag kos om die Kudu Chalet te huur indien jy nie ’n Solidariteit-lid is nie. Stuur jou antwoord en kontakbesonderhede per e-pos na wen@solidariteit.co.za en gebruik “vakansie” in die onderwerpruimte. BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD EN KAN BY WWW.SOLIDARITEIT.CO.ZA GELEES WORD.
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Trek voordeel uit die spesiale aanbiedings vir Solidariteit-lede by
MONUMENT TOYOTA CONSTANTIA op geselekteerde voertuie uit ons Toyota-reeks E-pos jou kontakbesonderhede na solidaritygroupdeals@um.co.za
NUUSWAARDIG
‘Só maak Solidariteit my lewe makliker’ – lede vertel
Jy weet waarskynlik reeds van die VERSKEIDENHEID VOORDELE wat Solidariteit aan sy lede bied. Maar hoe goed is hierdie voordele? Baat lede by dit wat aan hulle gebied word? CILLESTEVAN DER WALT het met ’n paar lede gesels.
Lt.kol. Renate Barnard
Solidariteit bied ongekende beskerming vir enige persoon in enige sektor van die arbeidsmark.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF
“
16
Anneri Leach
“
Met die bevallingsvoordeel kon ek ’n mediese rekening dek én ’n paar goed vir my dogtertjie koop.
Marisa Engelbrecht
“
Solidariteit se ondersteuning het die las van ’n begrafnis vir ons aansienlik ligter gemaak.
Piet van Zyl
“
’n Mens kan nie in vandag se tye bekostig om sonder ’n vakbond oor die weg te kom nie.
Tiaan Davel
“
Danksy ’n rentevrye studielening het die deure na ’n beroepslewe maklik vir my oopgegaan.
Solidariteit speel graag ’n rol in elke lewensfase wat jy betree. Om vir die talle voordele te kwalifiseer, sluit aan by die organisasie wat daar is vir jou – elke tree van die pad. SMS die woord LID na 34802. Elke SMS kos R2. UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Vakbond wat sy lede se belange op die hart dra
L
t.kol. Renate Barnard het gedurende 2001/2002 by Solidariteit aangesluit. “Daar is tans twee erkende unies in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), maar ek het al daardie tyd besef dat nie een van dié unies werklik hul lede se belange op die hart dra nie,” vertel Barnard. “Ek het Solidariteit se missie en visie gelees en besef dit is ’n unieke vakbond wat waardes en oogmerke het waarmee ek myself ten volle kan vereenselwig. “Gedurende 2007, toe ek my griewe aangaande die bevorderingsposte in die SAPD aangemeld het, is ek van uitstekende regsadvies en persoonlike ondersteuning deur alle rolspelers voorsien,” sê Barnard. “Elke persoon waarmee ek die afgelope sewe jaar te doen gehad het, was uiters professioneel en simpatiek en het werklik meer gedoen as wat van hulle verwag is om my tydens die uitmergelende proses by te staan en te ondersteun.”
P
A
Vakbond wat spesiale oomblikke deel
nneri Leach het onlangs haar tweede dogter in die wêreld verwelkom en Solidariteit was daar om haar te ondersteun in hierdie besonderse tyd. “Solidariteit het my in hierdie spesiale tyd bygestaan soos ek verwag het. Ek het voor die tyd maklik uitgevind watter dokumente ek alles moes indien om my bevallingsvoordeel te eis, en die proses en uitbetaling het vlot en vinnig verloop,” vertel Leach. Leach sê sy is dankbaar vir dié voordeel, omdat dit maar ’n duur storie is om ’n baba te versorg.“Die uitbetaling het ’n mediese rekening gedek én ek kon ’n paar goedjies vir my dogtertjie koop waarvan ons vergeet het,” sê sy. “’n Mens dink nie altyd aan alles tot die baba eers hier is nie. Daarom is enige ekstra geldjie welkom!”
Vakbond wat verras wanneer jy dit glad nie verwag
iet van Zyl was verlede jaar die wenner van ’n splinternuwe Toyota Corolla in Solidariteit se Wen-’n-karkompetisie.“Vir twee jaar dreig ek nou al om my motortjie van die afgelope 17 jaar op ’n nuwe model in te ruil. My moed begewe my egter telkens wanneer ek die paaiement op ’n nuwe motor sien,” het hy ná die trekking gesê.
“Ek kon verlede jaar Desember met my splinternuwe motor see toe gaan!” Piet, wat sedert 2005 ’n lid van Solidariteit is, het al die pad van die Noord-Kaap af gereis om die geleentheid waartydens die trekking gehou is, by te woon. “Ek het meer as 700 km gery om daardie aand se funksie te kon bywoon. Dit was beslis die moeite werd,” sê van Zyl.
Het jy ’n vakbond nodig? Beantwoord dié vrae en vind uit •1 Soek jy iemand aan jou kant by die werk? •2 Het jy soms regsverwante vrae oor jou werkplek of selfs sivielregtelike vrae? •3 Benodig jy ’n begrafnisplan of testament? •4 Sal jy graag ’n bevallingsvoordeel wil hê? •5 Is jy moeg vir swak diens? •6 Wil jy graag meer kommunikasie van jou vakbond af hê? Kry vandag nog die regte antwoord op al hierdie vrae by Solidariteit. Sluit in net een
minuut by ons aan op een van die volgende maniere: • Skakel 0861 25 24 23 en sluit telefonies aan. • SMS die woord LID na 34388 en ons skakel jou terug. • Vul die aansluitingsvorm in op die webtuiste www.solidariteit.co.za • Skakel of besoek jou naaste Solidariteitdienskantoor om aan te sluit.
Vakbond wat jou in tye van hartseer koester
M
arisa Engelbrecht en haar familie is onlangs deur ’n baie moeilike tyd toe haar ma ná ’n operasie onverwags oorlede is. Haar ma het vir die staatsdiens gewerk en was baie jare lank ’n lid van Solidariteit, vertel Marisa.“Sy is op ’n Maandagaand baie laat oorlede. Ons het versoek dat Doves haar kom haal omdat sy ’n Solidariteit-lid was. Ek het Solidariteit vroeg die volgende oggend geskakel en hulle was werklik behulpsaam in dié hartseer tyd,” vertel sy. “Hulle het ons na die naaste Doves-kantoor verwys. Toe ons later die oggend daar aankom, was die personeel reeds van ons bewus en het hulle ons verder deur die proses gehelp,” sê sy. Hulle het die vorige jaar haar ouma se begrafnis ook gereël en het daarom ’n baie hoër rekening verwag, maar Solidariteit het die grootste deel van die begrafnis betaal. “Ons was slegs verantwoordelik vir die oopmaak van die graf, die blomme op die kis en later die grafsteen,” verduidelik Engelbrecht.
Vakbond wat drome help verwesenlik
“S
onder ’n Helpende Hand-studielening sou my lewe heel anders gelyk het. Ek sou dalk nooit my studies voltooi het nie,” vertel Tiaan Davel nadat hy sy graad in BCom Menslikehulpbronbestuur aan die Noordwes-Universiteit voltooi het. Davel is een van talle studente wat ’n rentevrye studielening by Helpende Hand ontvang het. Davel het sy studies in 2012 voltooi. “Ek is baie dankbaar vir die hulp wat ek van Helpende Hand ontvang het. Danksy my graad het die deure na ’n beroepslewe maklik vir my oopgegaan,” vertel hy. Davel besef egter dat die korporatiewe wêreld weer sy eie uitdagings het en dat hy altyd gemotiveerd moet bly en hard moet werk.“Die groot uitdaging wat nou voorlê, is om die korporatiewe leer te klim en bevordering te kry sodat ek ’n leier in my veld kan word,” sê hy. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
17
NUUSWAARDIG
‘Dankie vir jou belegging in die toekoms’
S
Dit is vanjaar reeds 20 jaar sedert 1994 – TWEE DEKADES PROPVOL VERANDERING. Die tydperk ná 1994 is nie net gekenmerk deur politieke verandering nie, maar ook deur groot ekonomiese verandering. Dié ingrypende verandering het Solidariteit genoop om vinnig aan te pas, skryf STEVE SCOTT, president van Solidariteit.
•
•
•
FOTO’S: REINT DYKEMA & ISTOCKPHOTO.COM
•
18
olidariteit het die afgelope 20 jaar deur vier groot fases gegaan. • Fase 1: Die oorlewingsfase. Die tydperk net ná 1994 is gekenmerk deur ingrypende veranderings in die politiek en ekonomie. Vir Solidariteit was dit ’n tyd om eenvoudig te veg om oorlewing. In hierdie tyd word Flip Buys verkies as hoofsekretaris. Die vakbond werk aan ’n nuwe visie en beter stelsels word in plek gestel. Fase 2: ’n Nuwe begin. In die tweede fase begin Solidariteit verander van die Mynwerkersunie na Solidariteit. ’n Duidelike draaipunt kon gesien word en die vakbond begin weer groei. Fase 3: ’n Groter Beweging. In die derde fase is die idee van die groter Solidariteit Beweging gebore. Ons besef dat blote beskerming in die werkplek nie genoeg is nie. Vir Solidariteit om op die lang termyn te oorleef, is ’n breër beweging nodig. Solidariteit Helpende Hand word weer van stapel gestuur, en AfriForum en later Sol-Tech en Akademia word gestig. Kraal Uitgewers, Maroela Media en die FAK volg later – almal deel van die groter Beweging, ondersteun deur finansiële voertuie soos Solidariteit Finansiële Dienste, die Solidariteit Beleggingsmaatskappy, die Solidariteit Groeifonds en die Virseker Trust. Fase 4: Die Solidariteit Beweging. In 2012 vier Solidariteit sy 110de herdenking. Dié geleentheid is die inleiding van ons vierde fase, die formalisering van die Solidariteit Beweging. Solidariteit besluit om ’n trust op te rig wat oor sy belang in die Beweging kan waak. Fase 5:Vry, veilig, voorspoedig. Nou, ná 20 jaar, is Solidariteit gereed vir Fase 5. Die fokus van dié nuwe fase in Solidariteit is op goeie werk. ’n Goeie werk is die voorwaarde vir ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms. Die wêreld se grootste risiko is nie globale terrorisme, swak mediese sorg of
Elkeen is besig om te werk aan ’n nalatenskap vir ons en ons kinders. Dit is ’n roeping en ’n groot verantwoordelikheid, maar dit is opwindend, want ons is vandag besig om geskiedenis te maak.
“
112 JAAR LATER IS
Steve Scott, president van Solidariteit.
Moenie net vra:‘help my’ nie – kom ons help mekaar
Elkeen wat betrokke is by Solidariteit moenie vra wat die vakbond vir hom of haar kan beteken nie, maar moet vra:“Wat kan ek doen om Solidariteit groter, beter en sterker te maak?” Solidariteit is dus nie bloot daar vir jou nie, maar vir die volgende geslag. Die feit dat jy betrokke is by Solidariteit, maak jou medeverantwoordelik om te help bou aan Solidariteit. Dit is baie opwindend om te besef jy is
omgewingskwessies nie, maar ’n gebrek aan goeie werk. Dit is presies wat Solidariteit se rol moet wees in die toekoms: ons moet ’n pro-werkvakbond wees. Solidariteit se historiese rol gaan eintlik nou eers tot sy reg kom – om sy lede in staat te stel om goeie werk te kry en te hou. Solidariteit moet dus sy lede en hul kinders in staat stel om goeie werk te kry, hulle help om hul werk te behou en enigiets beveg wat hul goeie werk bedreig. In dié fase, wat ons Fase 5 noem, gaan Solidariteit fokus op kollektiewe bedinging, indivi-
besig met iets groters as net jyself. Dankie vir elkeen se betrokkenheid by Solidariteit. Elkeen is besig om te werk aan ’n nalatenskap vir ons en ons kinders. Dit is ’n roeping en ’n groot verantwoordelikheid, maar dit is opwindend, want ons is vandag besig om geskiedenis te maak. Solidariteit is ’n blywende monument waarby ons kinders en hul kinders nog gaan baat vind. duele diens, die uitbreiding en versterking van die vakbond se strategie rondom regstellende aksie, die bekendstelling van ’n nuwe elektroniese platform wat ’n nuwe wêreld vir werkende mense gaan ontsluit en ‘n splinternuwe opleidingsfokus wat Solidariteit kop en skouers bo enige ander vakbond in Suid-Afrika gaan laat uitstaan. In Fase 5 maak ons die vakbondkant sterker, maar ons neem ook ’n groter verantwoordelikheid om ons mense teen onder meer onbillike diskriminasie te beskerm en om ons jongmense en lede deur goeie opleiding toe te rus. S
In moeilike ekonomiese tye het almal ’n vakbond nodig Kry Solidariteit nou aan jou kant en geniet beskerming – in die goeie en slegte tye! SMS die woord LID na 34802. Elke SMS kos R2. UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
SOLIDARITEIT STERKER AS OOIT!
NUUSWAARDIG
Blink nuwe fase met splinternuwe energie
S
Solidariteit het tydens sy NASIONALE KONGRES in Pretoria verskeie nuwe planne en idees bekend gemaak.Alles deel van ons strewe om vir ons mense ’n beter toekoms in die hand te werk. CILLESTE VAN DER WALT gee ’n oorsig.
R400 miljoen
In Fase 5 gaan ons fokus op kollektiewe bedinging, individuele diens, die uitbreiding en versterking van die vakbond se strategie vir regstellende aksie, die bekendstelling van ’n nuwe elektroniese forum wat ’n nuwe wêreld vir werkende mense gaan ontsluit, en opleiding wat Solidariteit kop en skouers bo enige ander vakbond in Suid-Afrika gaan laat uitstaan.
Fase 5 behels ook dat dienslewering nog beter sal wees en ’n kultuur van hoë prestasie gevestig word. Daarom is die bedrywe hersaamgestel om optimale benutting te verseker: • Energiebedryf (chemies, elektries, mynbou en sement) – Verteenwoordig 30 645 lede by 38 maatskappye.
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
FOKUS OP GOEIE WERK
Hierop fokus ons
VERBETERDE DIENSLEWERING, KULTUUR VAN HOË
20
FASE 5
FORMALISEER SOLIDARITEIT BEWEGING
FASE 4
SOLIDARITEIT BEWEGING GEBORE
{ }
FASE 3
FASE 2
NUWE BEGIN VIR SOLIDARITEIT
FASE 5: GOEIE WERK VOORWAARDE VIR TOEKOMSSEKERHEID
BEGIN- EN OORLEWINGSFASE
olidariteit het ’n driejaaropleidingsplan van R400 miljoen aangekondig. Dit sluit planne vir onderwys van laerskool- tot universiteitvlak in asook die bou van ’n opleidingskampus wat die tuiste van verskeie opleidingsinstellings sal wees. Akademia, die eerste been van ’n volwaardige nuwe privaat universiteit, gaan uitgebrei word en verdere ambagte gaan by ons tegniese kollege, Sol-Tech, aangebied word. Studiehulp aan lede en hul kinders gaan in die volgende drie jaar tot R60 miljoen uitgebrei word. Die fokus val ook op wiskunde-onderrig, met ’n Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers, wiskundeklubs by skole en winterskole wat beplan word. Solidariteit sal voorts deur Helpende Hand groot maatskaplike uitreikprogramme op onderwysgebied uitrol. Dit sluit in om oor die volgende drie jaar duisende kleuterskole met voedingsprojekte te ondersteun en om 12 000 skooltassies vir behoeftige Afrikaanse leerders en miljoene rande se studiehulp aan behoeftige studente beskikbaar te stel.
FASE 1
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
ONDERWYSPLAN
PRESTASIE
• Metaal en ingenieurswese (M&I en die kommunikasiebedryf) – Verteenwoordig 31 111 lede by 1462 maatskappye. • Professionele bedryf (Denel, Krygkor, tersiêr, finansieel, lugvaart en algemeen) – Verteenwoordig 12 485 lede by 525 maatskappye. S
NUUSWAARDIG
Vier vakbond-veterane se lojaliteit gevier
Hoewel elkeen van sy lede vir Solidariteit van onskatbare waarde is, is ons getroue lede wat al vir dekades lank lid van die vakbond is, KOSBARE LEGKAARTSTUKKIES in die groter prentjie van Solidariteit – ’n helpmekaar-organisasie wat gedurende sy jare lange bestaan van krag tot krag gegaan het om uiteindelik vandag sy skoene as ’n merkwaardige moderne Beweging vol te staan. Solidariteit wil graag ’n spesiale woord van dank uitspreek teenoor die Solidariteit-lede wat die langste lid van die vakbond is. Ons het met VIER VAN ONS OUDSTE LEDE, insluitend die langsdienende president van die vakbond, Cor de Jager, gesels oor wat Solidariteit vir hulle beteken het en steeds beteken. Deur Inge Strydom
JAN ALBERTUS NELL
EDWARD PHILIP MARX
JOHANNES DU PLOOY
Lid sedert Mei 1950
Lid sedert Junie 1950
Lid sedert Oktober 1950
Vakbondpresident: 1967 tot 1995
Waar het u vir die grootste deel van u beroepsjare gewerk? Ek het vir meer as 30 jaar by Yskor gewerk.
Waar het u vir die grootste deel van u beroepsjare gewerk? Ek was vir 38 jaar by Yskor werksaam gewees.
Waar het u vir die grootste deel van u beroepsjare gewerk? Ek was van 1950 tot 1990 by Yskor werksaam.
Wat het Solidariteit-lidmaatskap vir u beteken? Die geleentheid om tot die welstand van die samelewing by te dra.
Wat het Solidariteit-lidmaatskap vir u beteken? Gemoedsrus en beskerming in die werkplek.
Waarom is u steeds, ná al die jare, lid van Solidariteit? Ek het by Solidariteit aangesluit omdat lidmaatskap verskeie voordele, soos die begrafnisvoordeel en werksekuriteit, inhou.
Waarom is u steeds, ná al die jare, lid van Solidariteit? Solidariteit en sy doen en late is vir my ’n riem onder die hart. Solidariteit doen baie vir die gemeenskap en die samelewing.
Wat het Solidariteit-lidmaatskap vir u beteken? Dit was vir my lekker om deel te wees van ’n groot organisasie wat vir sy lede omgee.
Waar het u vir die grootste deel van u beroepsjare gewerk? Ek het in Rustenburg in die platinummynbedryf gewerk en in 1951 by die Mynwerkersunie aangesluit.
Waarom is u steeds, ná al die jare, lid van Solidariteit? Solidariteit het vir my en my gesin die nodige sekuriteit gebied. ’n Mens kan nie daarsonder nie.
‘Ons kan voortbou op jul geslag se beproefde selfhelpwaardes’ “Dis ’n voorreg om vir ons “top”-lede hartlik dankie te sê vir soveel jare se lojale lidmaatskap van Solidariteit! Dankie vir die rol wat julle en jul geslag gespeel het om die vakbond en die land op te bou en sodoende vir ons geslag ’n toekoms te skep. Dankie vir alles wat julle gedoen het – dis nou ons geslag se beurt om weer ’n toekoms vir die volgende geslag te skep. Ons kan baie leer uit wat 22
COR DE JAGER
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
julle met al die “helpmekaar-aksies” gedoen het toe ons mense in moeilike omstandighede was. Daarom hoef ons nie die wiel van vooraf te ontwerp nie, maar kan ons skeppend vernuwe op grond van die beproefde selfhelpwaardes waarmee jul geslag so suksesvol was. Ons wens julle goeie gesondheid en nog baie jare van Solidariteit-lidmaatskap toe!” Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Wat onthou u van die ou Mynwerkersunie-tydperk? Ek onthou spesifiek dat dit ’n mynwerkersvakbond was en hoedat dit geleidelik ontwikkel het tot die magtige organisasie wat vandag op verskeie terreine – binne en buite die werkplek – ’n beduidende rol speel. S
64 JAAR DIE AANTAL JARE LIDMAATSKAP VAN ELKEEN ONS OUDSTE LEDE.
COR DE JAGER
is die langsdienende president van die vakbond en was van 1967 tot 1995 aan die stuur van sake. ’n Merkwaardige 28 jaar!
NUUSWAARDIG
STEM EN WEN!
Stem vir jou gunstelingkiekie en wen!
Suid-Afrika is ’n land met baie geleenthede om VRY, VEILIG EN VOORSPOEDIG te wees.Tog fokus mense dikwels slegs op die negatiewe in ons land. Met ’n negatiewe houding kan ons nie ’n positiewe bydrae maak tot die toekoms nie. Daarom was die tema van Solidariteit Tydskrif se fotokompetisie “Vry, veilig en voorspoedig”. Jy het nou die kans om te STEM VIR JOU GUNSTELINGKIEKIE wat die positiewe van ons mooiste land, Suid-Afrika, vasvang.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Hoe neem ek deel? Gaan loer na die inskrywings in vanjaar se Solidariteit Tydskrif-fotokompetisie deur die webtuiste https://tydskrif.solidariteit.co.za/fotokompetisie-2014/ te besoek. Kies jou gunstelingkiekie en stem. Die webwerf gee ’n stap-vir-stap verduideliking oor hoe jy jou gunsteling met ’n stem kan ondersteun. Pryse Daar is vanjaar groot pryse op die spel vir die foto-inskrywings. Die wenners word later vanjaar tydens ’n glansgeleentheid bekend gemaak. • 1ste prys: R10 000 • 2de prys: R5 000 • 3de prys: R3 000 • Lesersgunsteling: R2 000 Sluitingsdatum Lesers het die geleentheid om vir ’n lesersgunsteling te stem. Die sluitingsdatum vir
dié stemme is 1 Oktober 2014. Die wenner van die kompetisie sal in die Desember-uitgawe van Solidariteit Tydskrif bekend gemaak word. Reëls • Die kompetisie is oop vir enigiemand. • ’n Maksimum van vyf inskrywings per persoon sal aanvaar word. • Geen inskrywingsfooi word gehef nie. • Elke inskrywing moet die volgende bevat: • Jou foto, ’n kort beskrywing van jou foto en jou persoonlike inligting (naam, van, volledige kontakbesonderhede). • Jy kan slegs vyf keer vir jou gunstelingfoto stem. • Die beoordelaars se beslissing is finaal. • Enige aanduiding van plagiaat is gronde vir diskwalifikasie. • Solidariteit Tydskrif behou die reg voor om enige van die inskrywings vir publikasie te gebruik. Erkenning sal wel gegee word. S
FOTOKOMPETISIE
2014
VRY, VEILIG, VOORSPOEDIG www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
23
NUUSWAARDIG
S
80ste uitgawe van Solidariteit se spogtydskrif
olidariteit Tydskrif vier met hierdie uitgawe sy 80ste aflewering. Die eerste aflewering, genaamd MWUSolidariteit, is in 2001 gepubliseer as ’n beskeie tydskrif van 34 bladsye met 16 adverteerders en ’n oplaag van ongeveer 50 000. Die tydskrif het egter deur die jare saam met die vakbond gegroei en geblom tot die glansproduk wat dit vandag is. Met meer as 350 000 lesers is Solidariteit Tydskrif vandag die grootste arbeidstydskrif in Suid-Afrika en is dié spogproduk boonop talle ander tydskrifte in Suid-Afrika ver voor omdat dit ook aanlyn, per e-pos én op Solidariteit se toepassing (app) gelees kan word Die tydskrif word sedert 2008 deur die Audit Bereau of Circulations of South Africa (ABC) geoudit, en met 17 skoon oudits tel dit onder die voorste tydskrifte in Suid-Afrika. “Solidariteit Tydskrif práát met ons lede. Dit het van ’n klein begin ontwikkel in ’n spogtydskrif waarop ons baie trots is. Die tydskrif fokus op die werker en die wêreld van werk en is ’n uiters belangrike kommunikasiemiddel met ons lede en ondersteuners,” sê Johan Kruger, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit en redakteur van Solidariteit Tydskrif. Volgens Kruger is dit ’n blywende produk wat die vakbond in staat stel om te fokus op die kwessies wat die werker regtig raak.“Ons doel bly deurentyd om ons lesers te bemagtig met die inhoud van die tydskrif. Deur te fokus op aktuele kwessies wat elkeen raak, probeer ons kennis te vermeerder en hoop skep te midde van onsekere tye wat dikwels binne die wêreld van werk heers. “Die tydskrif se inhoud is ook ’n getuienis van die verskil wat elke lid se maandelikse bydrae maak om Solidariteit sterk te maak. Ons lede en adverteerders se getroue ondersteuning stel ons in staat om met elke uitgawe met trots en dankbaarheid te kan berig oor die verskil wat Solidariteit en die Solidariteit Beweging in ons lede se lewens maak,” sê Kruger. Solidariteit Tydskrif spreek sy dank uit aan elke leser wat die afgelope 13 jaar getrou die besonderse pad van groei saam met ons deurgemaak het. S
24
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Deur Cilleste van der Walt
NUUSWAARDIG
Gemeenskapsentrum gaan jeug bemagtig
S Polisiediens se rasbeleid opnuut in die spervuur
I FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Solidariteit het die afgelope maand weer sy teleurstelling uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se vermorsing van belastinggeld in die navolging van sy ideologie van RASSEVERTEENWOORDIGENDHEID. Deur Inge Strydom
n Julie vanjaar het die arbeidshof in Johannesburg ten gunste van lt.kol. Adolf Arendt beveel dat die pos van sisteembestuurder op kolonelvlak in die afdeling tegnologiebestuursdienste nie deur die SAPD gevul mag word nie, hangende die beregting van ’n onbillike diskriminasie-saak wat Solidariteit namens Arendt voer. Dit volg nadat die SAPD weer eens en ter elfder ure in die hof oorgegee het en sy teenkanting teen Solidariteit se dringende aansoek om ’n interdik namens lt.kol. Arendt onvoorwaardelik teruggetrek het. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, meen dit is duidelik dat Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, telkens die SAPD se foute herhaal. “Solidariteit het reeds verskeie ander soortgelyke sake teen die SAPD suksesvol aangepak. Ten spyte hiervan gaan die SAPD blindelings voort met sy gebrekkige rassetransformasie. Kommissaris Phiyega se optrede druis boonop lynreg in teen die beginsels wat reeds deur die hoogste hof van appèl in die Renate Barnardhofsaak beslis is,” sê Groenewald. Volgens Groenewald is lt.kol. Arendt, ten spyte daarvan dat hy deur ’n indiensnemings-
paneel vir drie vakante poste in die departement as die beste kandidaat geïdentifiseer is, weens sy ras afgekeur omdat wit mans glo in dié spesifieke departement van die polisie oorverteenwoordig is. Die paneel wat lt.kol. Arendt vir die posisies geëvalueer het, het bevind dat, hoewel sy aanstelling nie diensbillikheid sou bevorder nie, dit beslis dienslewering in die departement sou bevorder. Die paneel het die nasionale kommissaris van die SAPD, Riah Phiyega, ingelig dat Arendt se aanstelling dienslewering sou bevorder aangesien hy ’n volledige begrip van die spesifieke departement se werksaamhede het. Kommissaris Phiyega het egter beslis dat lt.kol. Arendt se aanstelling nie diensbillikheid in die departement sal bevorder nie en het daarom versoek dat die poste weer geadverteer moes word. “Solidariteit wil met die dringende interdik teen die polisie verhinder dat die enigste oorblywende vakante pos uit die drie waarvoor lt.kol. Arendt aansoek gedoen het, gevul word en dat daar verder onbillik teen lt. kol. Arendt gediskrimineer word,” het Groenewald gesê. S
Deur Grietjie Prinsloo
olidariteit Helpende Hand se eerste gemeenskapsentrum open binnekort sy deure in die Strand in die Wes-Kaap. Volgens Riaan du Plooy, Helpende Hand se adjunk uitvoerende hoof van nasionale strukture, is hierdie ’n reusebelegging in die gemeenskap vir Helpende Hand, omdat dit na verwagting sal lei tot nog Helpende Handgemeenskapsentrums regoor die land. “Opleiding is die magtigste wapen teen armoede en die doeltreffendste manier om ’n positiewe toekoms vir ons jeug te skep,” sê Du Plooy. “By die Strand Gemeenskapsentrum sal daar hoofsaaklik gefokus word op opleiding en die akademiese vooruitgang van leerlinge. ’n Naskoolsentrum, rekenaarsentrum en studielokaal sal verseker dat behoeftige kinders bewapen word met ’n goeie akademiese grondslag vir hul toekoms,” sê hy. Hy verduidelik dat Helpende Hand gemeenskappe wil bemagtig om hulself op te hef deur ’n kultuur van verantwoording en probleemoplossing te kweek, en hierin speel gemeenskapsentrums ’n groot rol. “Goeie opvoeding ondersteun karaktervorming en kweek waardes soos eerlikheid, betroubaarheid en integriteit aan,” sê hy. Die volwassenes wat daagliks met leerders by die sentrum sal werk, sal deur mentorskap die verhoudingsagterstande aanpak wat dikwels voorkom by kinders wat in ’n behoeftige en onstimulerende milieu grootword. “Hierdie verhoudingsherstel bied hoop op ’n beter toekoms en kweek trots en selfwaarde. Dit dra ook by tot burgerskap wat hand aan hand gaan met groei na ekonomiese selfstandigheid,” sê Du Plooy. Helpende Hand sal voorts ’n erkenningsprogram in plek stel wat kinders sal motiveer. Dit behels erkenning vir beste vordering, minste dae afwesig, hardwerkendheid, beste spanspeler en behulpsaamheid. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
25
NUUSWAARDIG
akademia
Alles is dan Engels! Waarom in Afrikaans leer?
A
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Skoliere en studente redeneer dikwels dat hulle liefs in Engels onderrig wil ontvang, omdat dit hulle voorberei vir die nasionale en internasionale sakewêreld wat hoofsaaklik in Engels funksioneer. Navorsing wys egter daar is ’n stel FEITE wat die teendeel bewys, en wat veels te selde op die tafel geplaas word, skryf CHRIS DU PLESSIS.
26
s daar een vraag is wat skoliere my dikwels vra, is dit dié een: “Waarom moet ek in Afrikaans skoolgaan, of selfs studeer? Die moderne sakewêreld is dan Engels?” Die tweede deel van die vraag is beslis waar, maar hou in gedagte dat dit nie iets is wat onlangs gebeur het nie. Dit is reeds vir die afgelope 100 jaar, selfs langer, die geval. Sedert die Engelse groot dele van die wêreld met die magtige Britse vloot begin beheer het, was Engels die algemene handelstaal in die sogenaamde Westerse beskawings. As jy een van die skoliere is wat dié vraag op die hart het, het ek vir jou ’n teenvraag: As die wêreld dan reeds so lank in Engels handel dryf, moes jou argument mos ook van toepassing gewees het op jou pa, oupa of oupagrootjie en hul tydgenote? As hierdie mense, wat in Afrikaans studeer het, soveel slegter daaraan toe is en was as hul eweknieë wat in Engels gestudeer het, hoe verduidelik ons die bestaan en sukses van Afrikaanse miljoenêr- en miljardêrsakelui soos wyle dr. Anton Rupert, Christo Wiese van Pepkor, Markus Jooste van Steinhoff, Michiel Laubscher van Capitec en Jannie Mouton van PSG, om maar enkeles te noem? Nie alleen het hierdie wêreldbekende sakelui in Afrikaans skoolgegaan nie; hulle het almal ook in Afrikaans aan Afrikaanse universiteite studeer. Dink selfs hoeveel gewone Afrikaans-opgeleide dokters, ingenieurs, verpleegkundiges, onderwysers, kernfisici en ander professionele beroepsbekleërs deesdae wêreldwyd werk, en boonop gesog is, en dit alles in die een of ander tweede taal! Het jy al ooit daaraan gedink dat die eerste hart deur ’n Afrikaanse seun van BeaufortWes, dr. Chris Barnard, oorgeplant is? As Engels as saketaal dan nie so ’n belangrike sleutel tot sukses is soos jy dalk gedink het nie, wat is die faktore wat jy in ag moet neem voor jy die belangrike besluit neem oor die taal waarin jy jou skool- of universiteitsonderrig wil ontvang? Een van die eerste verslae oor moedertaalonderrig as die mees doeltreffende taal van onderrig, is reeds in 1953 deur die United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation (UNESCO) gepubliseer. Sedertdien UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
SLAAN MUNT UIT 20%-AFSLAG VIR LEDE Solidariteit het ’n ooreenkoms met Akademia gesluit waarvolgens lede van die vakbond 20%-afslag by Akademia kry. Dit is sowat R4 000 per jaar en indien ’n lid van die vakbond vir ’n driejaardiploma of graad inskryf, kry hy dus tot R12 000 afslag. Dié bedrag is gelykstaande aan sowat 11 JAAR SE LEDEGELD. Besoek die webtuiste www.akademia.ac.za om munt te slaan of om meer oor ons toekomsgerigte studierigtings te wete te kom.
het studies deur talle navorsers (onder andere Cummins, 1991; Heugh, 2000; Vermeulen en Vermeulen en ook Louwrens, 2003) hierdie navorsingsresultate bevestig. Daar word groot klem gelê op die feit dat kinders tot en met die ouderdom van twaalf jaar ’n groot agterstand in begripvorming opbou as hulle nie in hul moedertaal onderrig ontvang nie. Verder word die aanleer van akademiese taalvaardigheid (lees en skryf) in kinders se moedertaal ook as ononderhandelbaar vir hul optimale kognitiewe en sielkundige ontwikkeling beskou. Volgens Louwrens (2003) wys navorsing deur Van den Berg (2000), wat oor ’n lang tydperk met duisende leerlinge in die navorsingsteekproef gedoen is, dat leerlinge op hul beste leer in die taal wat hulle die beste ken, aangesien hulle slegs daarin hul denkvermoë en gevoelslewe tot die uiterste kan ontwikkel. Dr. Michael le Cordeur van die Afrikaanse Taalraad beskryf die diversiteit van tale in SuidAfrika en die nood vir opvoeding en opleiding in die taalsprekers se moedertaal as juis iets wat internasionaal ook aan die orde van die dag is. In sommige van die wêreld se ekonomiese reuse soos Duitsland, Rusland, Frankryk, China en Japan word kinders van primêre vlak, deur die sekondêre vlak en tot op tersiêre vlak, in hul moedertaal opgelei.
Ook in hierdie geval hoef jy nie ’n kernfisikus te wees om te weet dat die presteerders uit hierdie nasies internasionaal nie ’n tree hoef terug te staan omdat hulle nie hul skool- of universiteitstudies in Engels voltooi het nie. Niemand stry daarmee dat dit wel belangrik en vanselfsprekend ’n vereiste is om ’n tweede en selfs ’n derde taal aan te leer in die moderne Suid-Afrika en in die kleiner wordende “global village” nie. Dieselfde navorsers het egter bevind dat die suksesvolle aanleer van ’n tweede taal swaar rus op die suksesvolle bemeestering van begripvorming in so ’n kind se moedertaal. Met hierdie argumente kritiseer ek jou nie as jy dalk reeds die keuse gemaak het om in jou tweede taal onderrig te word nie. Maar ek vra vir jou die volgende vraag: doen jy dit om die tweede taal goed te leer praat, of probeer jy om jouself op die beste manier te kwalifiseer vir jou toekoms? As eersgenoemde jou doel is, mag jy dalk op ’n goedkoper manier en met minder gesukkel regkom deur vir jou ’n goeie taalkursus by ’n boekwinkel aan te skaf. As jy egter die hoogste sport wil bereik deur op die vinnigste manier begrip en insig te verkry in dít wat jy leer, nooi ek jou om mooi te gaan nadink oor die inligting in hierdie artikel. • Chris du Plessis is bemarkingshoof van Akademia. S
NUUSWAARDIG
Goeie werk ná goeie opleiding ís binne bereik
V
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Solidariteit het vanjaar by sy nasionale kongres in Pretoria ’n DRIEJAAR-OPLEIDINGSPLAN TEN BEDRAE VAN R400 MILJOEN bekend gemaak. Die aankondiging sluit planne vir onderwys en opleiding van laerskool- tot universiteitsvlak in. Daar word onder meer beplan om Akademia, die privaat universiteit wat deur Solidariteit gestig is, beduidend uit te brei met ’n spesiale fokus op Solidariteit-lede, skryf ERNA OLIVIER.
28
olgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gaan die vakbond sy fokus binne die volgende paar jaar verbreed om, buiten die bied van werkbeskerming, sy lede met die beste opleiding moontlik help om die volgende sport in hul loopbaan te bereik.“Ons wil ons lede help om nie net hul werk te behou nie, maar om voortdurend hul werkomstandighede en -vooruitsigte te verbeter.” Gallup, die bekende internasionale navorsingsinstelling, het in 2012 ’n wêreldwye opname gedoen om vas te stel wat mense as belangrik beskou. Die studie het bevind dat mense regoor die wêreld se grootste behoefte ’n goeie werk is. Jim Clifton maak die stelling in sy boek oor die studie dat goeie werk in die toekoms die belangrikste aktiwiteit vir lande, gemeenskappe en individue gaan word om grootskaalse onstabiliteit en rewolusie vry te spring. “Die logiese manier om ’n goeie werk te bekom, is om jouself die beste mededingende kans te gee, en dit kan slegs met gehalteopleiding gebeur. In die moderne wêreld is dit noodsaaklik dat elke nuwe geslag beter as die vorige geslag opgelei moet wees. Toegang tot sulke opleiding in jou moedertaal is egter vandag nie meer so geredelik beskikbaar soos vroeër nie,” sê Hermann.“Behalwe as jy lid van Solidariteit is, natuurlik.” UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
DRIE BEURSE OP DIE SPEL Skryf in vir Solidariteit se Beurskompetisie en staan die kans om een van drie beurse vir nauurse studie by Akademia te wen. Die prys sluit in volbetaalde klasgeld asook ’n tabletrekenaar. Solidariteit-lede asook hul afhanklike kinders tot op die ouderdom van 21 jaar kan tot en met 24 Oktober 2014 inskryf. Voltooi die beursaansoekvorm vir 2015 aanlyn by www.solidariteit.co.za. Vir meer inligting oor die kursusse wat by Akademia gevolg kan word, besoek www.akademia.co.za
“
Dit is noodsaaklik dat elke nuwe geslag beter as die vorige geslag opgelei moet wees. Toegang tot sulke opleiding in jou moedertaal is egter vandag nie meer so geredelik beskikbaar soos vroeër nie. Behalwe as jy lid van Solidariteit is, natuurlik. Dr. Dirk Hermann, Solidariteit-bestuurshoof.
Deur Solidariteit kry jy as lid nie net toegang tot gehalte-opleiding nie, maar kwalifiseer lede en hul afhanklike kinders tot 21 jaar ook vir die Solidariteit-studievoordeel. Hierdie studievoordeel is tweeledig. Die eerste deel van dié studievoordeel behels dat Solidariteit-lede teen 20% afslag kan inskryf vir enige van Akademia se grade, diplomas of hoër sertifikate – nauurs en in Afrikaans. Kwalifikasies wat tans deur Akademia aangebied word, sluit ’n BCom-graad in ondernemingsbestuur, ’n driejaardiploma in kleinsakebestuur en entrepreneurskap, ’n driejaardiploma in bemarking, ’n hoër sertifikaat in rekeningkunde en ’n hoër sertifikaat in kantoor- en projekadministrasie in. ’n BCom-graad in bestuursrekeningkunde asook ’n gevorderde diploma in projekbestuur word vir 2015 in die vooruitsig gestel. Ingevolge die tweede deel van die voordeel kry jy as Solidariteit-lid toegang tot rentevrye studielenings vir studie by Akademia. Dit beteken jy betaal slegs die bedrag terug wat jy leen, en jy hoef dit eers te begin terugbetaal nadat jy jou studies voltooi het. Hierdie nuwe ledevoordeel beklemtoon weer waarom Solidariteit soveel meer as net ’n gewone vakbond is – ons beskerm ons lede se werk deur te verseker dat hulle die regte opleiding ontvang. • Lees ook die artikel oor die Afrikaanse Beursinstituut op bladsy 48. S
PROMOSIE
Puik diens onderskei SFD van mededingers
N FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) het ’n belangrike vraagstuk gehad wat opgelos moes word: “Wat maak SFD beter as die finansiëledienstemaatskappy, adviseur of makelaar om die hoek?” FRANCOIS SMIT, besturende direkteur van SFD, het die antwoord.
30
á lang ontledings, strategiese beplanning en so meer het ons ’n baie kort oplossing gekry. Om die waarheid te sê, die antwoord was opgesluit in een woord: diens. Die finansiëledienstebedryf het vir jare gefokus op produkinnovering en verkooptegnieke wat mense somtyds koud gelaat en die hele bedryf ’n slegte reputasie gegee het. Die taak op hande was om Solidariteit se uitsonderlike reputasie as diensorganisasie nie te laat verwater in ’n finansiëledienstemaatskappy wat net op verkope en produkte gefokus is nie. Vra jouself die vraag: Wat is jou gemoedstoestand voordat jy jou versekeraar of finansiële adviseur moet skakel, veral as jy ’n probleem het? Is dit moontlik soos die grappie van ouds van die stadsjapie wat ’n pap wiel in die platteland kry, maar nie ’n domkrag het nie en na die naaste
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
plaasopstal stap? Uit sy ondervinding van mense se onbehulpsaamheid in die stad, loop die stadsjapie homself en opwerk oor die boer wat moontlik nie vir hom ’n domkrag sal leen nie. Teen die tyd dat hy aan die plaashuis se deur klop, is hy so opgewerk dat hy nie eers groet wanneer die boer die deur oopmaak nie en sommer daar en dan vir die boer sê wat hy met sy domkrag kan doen. Solidariteit Finansiële Dienste bied ’n heeltemal ander ervaring. Dit moet vir ons kliënte aangenaam wees om ons te wil skakel. Kliënte moet die gemoedsrus hê dat ons diens en advies vriendelik, opreg, onafhanklik en in hul beste belang is. Uit die aard van ons besigheid moet ons produkte aanbied en het ons ook, soos enige goeie besigheid, doelwitte om te haal. Die kuns is hoe die produkte aangebied word. In die wêreld van werk moet ’n mens sekere
scenario’s in ag neem: • Jou grootste bate is jou vermoë om ’n inkomste te verdien, nie jou huis nie. Hoe beskerm jy dit? • Jy moet elke dag werk toe ry met ’n voertuig en jou huis veilig hou. • Jy het ’n gade en kinders wat versorg moet word en wat moontlik kan siek word. • Jy beplan om eendag af te tree, maar hoe? Die bogenoemde scenario’s is alles sake waaroor mense nie graag wil praat nie, maar wat elke dag gebeur. Solidariteit Finansiële Dienste gesels graag oor enige van hierdie vraagstukke. Deur ons diens en kundigheid maak ons dit vir ons kliënte aangenaam om by ons ’n domkrag te kom vra. Kom soek by ons ’n oplossing en ’n aangename ervaring, nie net ’n produk nie. Ons nooi u uit om ons te skakel, te ervaar waaroor ons spog en daarna asseblief aan ons terugvoering daaroor te gee.
aksent media • 082 445 4513
Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming
BELEGGINGS
> hulpbronne > ontledings > oplossings
MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING
RISIKODEKKING
IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?
PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES
Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Gewone mense vir buitengewone bydraes vereer
STERRE IN DIE GEMEENSKAP is jaarlikse toekennings waarmee Solidariteit gewone mense vir buitengewone bydraes in die werkplek en die gemeenskap vereer. MOIRA ETSEBETH vertel meer oor dié hedendaagse helde. Beginselvaste rolmodel Arlene Nel was voorheen ’n wiskundeen wetenskaponderwyseres by die Hoërskool Kakamas. Sy het geweier om toe te gee aan ’n versoek dat sy die skoolhoof se seun op oneerlike wyse moet laat slaag. Kort hierna, terwyl sy hoogswanger was, is sy per SMS ingelig dat haar dienste nie langer by die skool benodig word nie en dat sy haar werk kwyt is. Solidariteit het die stryd namens Arlene gestry, en uiteindelik het die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) beslis dat die departement van onderwys aan Arlene vergoeding moet betaal. Arlene is bekroon omdat sy bereid was om te staan by haar waardes van eerlikheid en integriteit, al het sy daarmee haar werk op die spel geplaas. Heldedaad in ’n myn Braam Coetzee (68), ’n myninspekteur, het tydens ’n inspeksie by die Phakisa-goudmyn op ’n diepte van ongeveer 2,2 km ondergronds sy bewussyn verloor as gevolg van hitte-uitputting.
Carlos Quintas, Braam se vriend en kollega, het water op Braam gegooi en hom koel gehou om hom te probeer stabiliseer, terwyl ’n ander kollega gaan hulp soek het. Die mans is ná sowat vier uur in die myn gered. Met sy Sterre in die Gemeenskaptoekenning ontvang Carlos die erkenning wat hom toekom vir dié onbaatsugtige optrede. Onselfsugtige omgee Gerrit Viljoen en Hannes Robbertze is twee van Solidariteit se voltydse verteenwoordigers by Lonmin in Mooinooi. Tydens die platinumstaking in Rustenburg het dié twee manne met groot toewyding betrokke geraak by die Solidariteit Beweging se voedingskema wat vir Solidariteit-lede beskikbaar gestel is. Hulle het hul huise
beskikbaar gestel as voedselstore en soms self van Mooinooi af Rustenburg toe gery om kos te gaan aflaai. Hulle onselfsugtige barmhartigheid het talle mense geïnspireer en nuwe moed gegee. Integriteit in aksie Kol. Kobus Roos is al 26 jaar in diens van die SAPD. In die interne oudit-afdeling van misdaadintelligensie waar hy voorheen waargeneem het, was hy verantwoordelik vir die rekening van geheime dienste. Hy is deur die geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, Richard Mdluli, in dié posisie aangestel om die rekening te ondersoek.Ten spyte van viktimisasie het kol. Roos bewyse van beweerde korrupsie in misdaadintelligensie blootgelê. Die ondersoek is stopgesit en Roos is verskuif. Roos is deur Solidariteit verteenwoordig in die arbeidshof, wat gelas het dat hy ontplooi moet word in ’n soortgelyke pos in misdaadintelligensie as wat hy voorheen beklee het. Vergoeding van vier maande is aan hom toegeken. Kol. Roos se integriteit verdien erkenning. S
Vier leiers van formaat in Solidariteit se geskiedenis woon kongres by
S
Deur Cilleste van der Walt
olidariteit is een van die min arbeidsinstellings in Suid-Afrika wat sy ontstaan in die 20ste eeu gehad het, wat daarin kon slaag om die meeste van sy tydgenote te oorleef en die 21ste eeu suksesvol binne te gaan as ’n relevante en gerekende rolspeler in die Suid-Afrikaanse vakbondwese. Danksy inspirerende en begeesterde leiers wat kans gesien het om tydens beslissende oomblikke waagmoedige beleidsaanpassings of koersveranderings te maak, was Solidariteit daartoe in staat om homself te herdefinieer en te herposisioneer sodat die vakbond by die veranderende omstandighede kon aanpas. Daarom was dit ’n voorreg om vanjaar drie voormalige Solidariteit-presidente asook Steve Scott, die huidige president, by Solidariteit se
32
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Leon Viviers, Cor de Jager, Steve Scott en Andy O’Toole.
jaarlikse nasionale kongres te kon hê. Scott het die presidensiële leisels in Desember 2006 by Andy O’Toole oorgeneem, nadat O’Toole die vakbond vir vyf jaar van leiding voorsien het. Voor 2002 was die vakbond vir ses jaar onder die bekwame leiding van Leon Viviers wat voor sy verkiesing in 1996 eers as vise-
president gedien het. Viviers se voorganger, Cor de Jager, het die vakbond tot dusver die langste gelei. De Jager se presidensiële termyn strek oor 28 jaar, van 1967 tot 1995 – ’n tydperk waartydens Solidariteit deur groot verandering moes gaan en baie bestendige leiding nodig gehad het. S
Bedryfsnuus
Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.
ArcelorMittal vervaardig nagenoeg 7,8 miljoen ton vloeibare staal per jaar.
Vakbond wys sy staal by ArcelorMittal
D FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & REINT DYKEMA
“Vanjaar se SALARISONDERHANDELINGS tussen Solidariteit en ArcelorMittal is ’n voorbeeld van hoe onderhandelings veronderstel is om te verloop: in die beste belang van werknemers sonder dat die welstand van die maatskappy óf die bedryf benadeel word.” Só meen Marius Croucamp, hoof van die metaalbedryf by Solidariteit. INGE STRYDOM berig. ie salarisooreenkoms tussen Solidariteit en ArcelorMittal, wat in Junie vanjaar bereik is, is terugwerkend vanaf 1 April 2014 tot 31 Maart 2015 van krag. Dit sluit ’n salarisverhoging van 7% asook verskeie gunstige veranderings aan werknemers se diensvoorwaardes in. Croucamp het benadruk dat die ooreenkoms ’n welkome ligpunt vir werknemers en vakbonde is. “As ’n mens die onstuimige ekonomie en arbeidsmark in ag neem, is die ooreenkoms en die gepaardgaande omstandighede uniek. Verder beklemtoon dit, in teenstelling met die staking in die metaal- en ingenieursbedryf wat vroeg in Julie begin het, hoe voordelig dit is om rondom die onderhandelingstafel ’n gunstige ooreenkoms te bereik,” verduidelik Croucamp.
Wat die ooreenkoms behels • Die ooreenkoms is ná vyf rondes onderhandelings bereik, geld vir ArcelorMittal-werknemers wat deel uitmaak van die bedingingseenheid en is van toepassing op die takke in Pretoria, Durban, Vanderbijlpark, Newcastle, Vereeniging en Saldanha. • Verskeie toelae van die werknemers in die bedingingseenheid verhoog in ooreenstemming met hul salarisse, dus met 7%. Dit sluit onder meer werknemers se mediese, skofen bystandtoelaag in. • Lede se diensvoorwaardes is hersien en daar is op verskeie gunstige wysigings ooreengekom, soos dat werknemers wat op openbare vakansiedae op bystand is, ’n nieverpligte verlofdag sal ontvang – hetsy die werknemers op die betrokke dae uitgeroep word of nie. S
Dié ooreenkoms beklemtoon hoe voordelig dit is om rondom die onderhandelingstafel ’n gunstige ooreenkoms te bereik.
“
Marius Croucamp, hoof van die metaalbedryf.
9 000 MENSE IS VOLTYDS IN DIENS VAN DIE GROOTSTE STAALPRODUSENT IN AFRIKA. SOLIDARITEIT VERTEENWOORDIG 3 000 VAN DIE WERKNEMERS HIER.
Solidariteit is jou ouboet in die werkplek wat veg vir billike lone en gunstige werkomstandighede. Laat ons jou help – sluit nou aan! SMS die woord LID na 34802. Elke SMS kos R2. www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
33
INDUSTRY NEWS
Solidarity halts layoffs at Continental Tyres
Continental Tyres South Africa (CTSA) and the National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) agreed in June, without involving Solidarity, to a modification of the company’s shift management system that would have resulted in 125 EMPLOYEES, including Solidarity members, being laid off. Solidarity could however successfully halt the process by means of an urgent interdict. INGE STRYDOM reports.
PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM
N
34
umsa and CTSA reached an agreement early in May following a month-long strike by Numsa members regarding the company’s shift management system.The agreement entailed that the company would lay off approximately 125 employees, including Solidarity members. The parties never consulted with Solidarity but simply proceeded with the unfavourable agreement on the basis that Numsa is the majority trade union at the company. Dieter Horni, Managing Director of CTSA, said in a statement at the time that the company had to “table its losses” and “realign” the business structure in order to accommodate Numsa’s wage demands and changes to the shift management system while maintaining the competitiveness of the business. According to Johan Kruger, Deputy General Secretary of Solidarity, the urgent interdict obtained by Solidarity against CTSA to stop the company’s unfair retrenchment process is no small victory, but a major triumph in the struggle against the marginalisation of minority trade unions in the workplace.“We are of the opinion that our battle against CTSA draws renewed attention to the unfairness that often goes hand in hand with the majoritarian principle in the workplace,” says Kruger. The interdict stipulates that CTSA must discontinue its section 189 retrenchment process and that no Solidarity members or non-union members may be laid off in terms of the agreement between CTSA and Numsa. “Although the interdict provides only temporary relief, we are satisfied that the layoffs have been prevented and that we have protected our members against the unfair retrenchment process. Had we not obtained an urgent interdict, the employer would have
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
“
Our battle against CTSA draws renewed attention to the unfairness that often goes hand in hand with the majoritarian principle in the workplace.
decided unilaterally on the selection criteria for the layoffs. Moreover, CTSA must cover the costs Solidarity incurred in obtaining the interdict,” says Kruger. Kruger says Solidarity will meet with the company again should it initiate a revised retrenchment process. “We will continue to resort to legal remedies should Continental Tyres fail to comply with legal procedures again.” S
Gunstige verhoging vir ons lede by Vergenoeg
D
Deur Inge Strydom
anksy Solidariteit het sy lede by die Vergenoeg-mynmaatskappy nie net ’n gunstige loonooreenkoms nie, maar ook ander diensvoordele van hul werkgewer ontvang. Die vakbond het einde Mei ’n gunstige salarisooreenkoms vir sy lede by die Vergenoeg-mynmaatskappy naby Rust de Winter bereik terwyl daar nog geen ooreenkoms tussen ander vakbonde en die werkgewer op die horison was nie. Die ooreenkoms behels onder meer ’n salarisverhoging van 7,1% en sluit ook ander gunstige diensvoordele in. Die Vergenoeg-mynmaatskappy ontgin verskeie minerale, waaronder fluoorspar, natriumsulfaat en verskeie soorte klei. Die mynmaatskappy is ’n afdeling van die Minersa-groep, ’n internasionale maatskappy wat verskeie industriële minerale, chemiese produkte, konstruksieprodukte en bleikingsklei vervaardig. Volgens Louis Pretorius, organiseerder in die mynbedryf by Solidariteit, het die vakbond ’n salarisooreenkoms met die werkgewer bereik terwyl die ander vakbonde nog nie bereid was om toe te gee nie.“Solidariteit het ná slegs drie rondes onderhandelings die ooreenkoms bereik. Ons het gepoog om so spoedig moontlik ’n realistiese loonooreenkoms, wat vir ons lede en die werkgewer gunstig is, te bereik. Solidariteit meen dat hy die mees verantwoordelike salarisooreenkoms vir sy lede by die mynmaatskappy bereik het,” verduidelik Pretorius. Die ooreenkoms sluit in: • ’n Verhoging van 7,1% op lede se basiese salarisse; • ’n verhoging van die daaglikse bystandstoelaag tot R250; • ’n gereedskapstoelaag van R3 600 per jaar waarmee ambagslui gereedskap en toerusting kan vervang, sou dit breek of onklaar raak; • ’n gunstige verhoging in lede se produksie- en veiligheidsbonusse; en • vergoeding vir ’n minimum van twee ure per uitroep. Die ooreenkoms sal boonop terugwerkend vanaf 1 Januarie 2014 van krag wees. S
INDUSTRY NEWS
T
NBCCI agreement a welcome change he agreement reached between trade unions and employers in the National Bargaining Council for the Chemical Industry (NBCCI) was a welcome change from wage talks in other sectors accompanied by heightened labour unrest, said Marius Croucamp, head of the chemical industry at Solidarity, shortly after the agreement was reached in June 2014. After the third round of negotiations, employers and trade unions had already reached a two-year agreement. The first year’s agreement involves an increase of 8,5% while employees will receive an increase commensurate with the consumer price index (CPI) inflation rate at April 2015 plus 1,5 percentage points in year two of the
By Inge Strydom
agreement. According to Croucamp, this year’s negotiations went off smoothly and trade unions and employers alike negotiated in good faith. “Although trade unions were initially concerned about the possible impact that costsaving initiatives proposed by some of the companies within the petrochemical industry could have on employee increases, employers and employees could still reach a favourable agreement in the best interest of both parties,” Croucamp says. The wage agreement in the petrochemical industry is binding on the NPEA as representative of all the major companies in the industry, and on Solidarity, the Chemical Energy Paper Printing Wood and Allied Workers’ Union (Ceppwawu) and the SA Chemical Workers Union (Sacwu). S
FIVE FAST FACTS
• Petrochemicals are largely produced at the Sasol ll and Sasol lll plants in Secunda and the Natref refinery in Sasolburg. • Solidarity represents more than 5 000 members in the industry. • Sasol generates various feed stocks and olefins which facilitate the downstream manufacturing of polymers and other products. • Using the Fischer Tropsch process, Sasol produces about two million tonnes of various olefins per annum for the petrochemical industry. • 0,6 million tonnes of olefins are used by the chemical industry and the remaining 1,4 million tonnes are used in fuels.
BEDRYFSNUUS
Só veg Solidariteit landwyd vir sy mense
7,5 miljoen SE SKIKKINGS IS TOT DUSVER VANJAAR
ADELE ROSSOUW, ORGANISEERDER BY DIE KATHUDIENSKANTOOR, NAMENS LEDE BEREIK! DEUR
DIE CARLETONVILLE-KANTOOR HET OP SY BEURT SKIKKINGS VAN
NAGENOEG
R5,5 MILJOEN BEDING.
HULLE IS LOON WERD
Deur Inge Strydom
MOOI SO, MANGO!
Solidariteit het onlangs ’n gunstige loonooreenkoms namens sy lede by die lugdiens Mango bereik. Die ooreenkoms, wat op 15 Julie 2014 onderteken is, het meegebring dat ongeveer 94% van alle vlieëniers by die maatskappy, wat almal lede van Solidariteit is, se vergoedingspakkette voortaan met die res van die mark sal ooreenstem. Die ooreenkoms is ná meer as drie rondes onderhandelings, insluitend bemiddeling deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), bereik.
• ’n Gemiddelde verhoging van 6,8% is vir ons lede by KLK Landbou in Upington beding. Dit is op 1 Julie 2014 geïmplementeer. • ’n Salarisverhoging van 8% is met die werkgewers in die bedingingsraad vir die papier- en pulpsektor beding. Die ooreenkoms is terugwerkend vanaf 1 Julie 2014 tot 30 Junie 2015 van krag.
VERE IN HOED VIR VAALDRIEHOEK-KANTOOR
• Solidariteit het in Junie ’n gunstige salarisooreenkoms vir sy lede by Riverside Mica in Vanderbijlpark bereik. Die ooreenkoms, wat terugwerkend vanaf 1 Mei 2014 van krag is, behels dat Solidariteit-lede ’n salarisverhoging van 7,75% sal ontvang. Die ooreenkoms kon in minder as ’n maand bereik word. • Salarisonderhandelings tussen Solidariteit en Semancor Chrome in Meyerton is onlangs suksesvol afgehandel toe Solidariteit ’n 7%-salarisverhoging vir sy 165 lede daar kon beding. Die ooreenkoms is in Junie ná sowat vyf rondes onderhandelings bereik en sluit ook ’n eenmalige bonus van R20 000 vir sy lede daar in. • Johan Venter het skikkings en skeidingspakkette van meer as R160 000 namens drie lede by onderskeidelik ArcelorMittal en Introchem bereik. Baie geluk!
A+ vir Aquarius
Onderhandelings tussen Solidariteit en Aquarius Platinum in Rustenburg is op ’n positiewe wyse afgesluit toe die partye op 15 Julie 2014 ’n ooreenkoms bereik het. Die driejarige loonooreenkoms, wat ná drie rondes onderhandelings bereik is, sluit in: • Jaar 1: ’n Verhoging van 9% in lede se basiese salaris, behuisingstoelaag en veiligheidsbonus. • Jaar 2: ’n Verhoging van 8,5% in lede se basiese salaris en ’n 9%-verhoging in lede se behuisingstoelaag. • Jaar 3: ’n Verhoging van 8,5% in lede se basiese salaris en ’n 9%-verhoging in lede se behuisingstoelaag en veiligheidsbonus.
SÓ SKIK ’N MENS! Twee skikkings, wat uit onbillike ontslag voortvloei, is namens lede in Witbank bereik: • ’n Skikkingsbedrag van R570 000, asook die herindiensneming van ’n lid by Exxaro se Arnot-steenkoolmyn buite Middelburg. • ’n Skikking van R45 000 vir ’n lid by Nucoal.
WYNAND WYS HOE DIT GEDOEN WORD
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Wynand Strydom, organiseerder by Solidariteit se dienskantoor in Port Elizabeth, het onlangs ’n gunstige skikking weens onbillike ontslag namens ’n lid by Borbet Engineering bereik. Die skikking behels dat die lid vergoeding gelykstaande aan sewe maande se salaris ontvang. Welgedaan, Wynand!
36
Solidariteit is nie net ’n kuberunie met ’n ongekende aanlyn-teenwoordigheid nie, maar het ook dienskantore landwyd wat die belange van lede veg. Sluit nou aan! SMS die woord LID na 34802. Elke SMS kos R2. UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Gesonde verhoging by Mediclinic beding
S
Deur Inge Strydom
olidariteit het onlangs ná drie rondes onderhandelings by onderskeidelik Mediclinic Paarl en Mediclinic Emfuleni ’n loonooreenkoms van tussen 7,1 en 7,5% vir sy lede daar bereik. Solidariteit verteenwoordig 122 lede by Mediclinic Paarl en 116 lede by Mediclinic Emfuleni. Die ooreenkoms, wat vroeg in Julie bereik is, behels die volgende: • ’n Gemiddelde verhoging van 7,5% vir verpleegpersoneel. • ’n Gemiddelde verhoging van 7,1% vir administratiewe personeel. • ’n Verhoging van 9,4% vir die aankoop van uniforms. Die nuwe toelaag is R1 630 om sodoende ook vir die aankoop van skoene voorsiening te maak. • Die werkgewer se mediesefondsbydrae het met 9% verhoog, wat reeds geïmplementeer is. • ’n Totaal van 12 studieverlofdae (18 skofte) sal toegestaan word aan werknemers wat deeltyds studeer om voor te berei vir eksamens, take of projekte. • Verskeie forums is gestig waar lede se besware en enige ander kwessies bespreek kan word. S
D
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Werkplekforum by ATNS eerste van soort
ie bestuur van Air Travel and Navigation Systems (ATNS) het onlangs ingewillig om ’n werkplekforum vir werknemers by die maatskappy te stig. Die doel van die forum is om werknemers ’n stem in die werkplek te bied en groter deursigtigheid rakende werkaangeleenthede en werkkwessies te verseker. Volgens Derek Mans, organiseerder in die lugvaartbedryf by Solidariteit, is die forum anders as normale werkgewer- en vakbondkomitees.“Die doel van die forum is om die werkgewer te dwing om beleide en praktyke te oorweeg in oorleg met die forumlede, waarvan Solidariteit een is. Waar beleide, soos dié oor diensbillikheid, in die verlede bloot deur die bestuur van die maatskappy geïmplementeer is, mag Solidariteit nou insae daarin hê voordat dit in werking tree.” Die forum, waaroor daar in Junie 2014 ooreengekom is, sal nasionaal by al die takke van die maatskappy ingestel word. Solidariteit verteenwoordig meer as 1 000 werknemers by die maatskappy. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
37
BEDRYFSNUUS
Hoe veilig is jou werkplek werklik?
D
Dink jy jou werkplek voldoen aan al die VEILIGHEIDSVEREISTES wat verwag word? Jy kan moontlik reeds ’n paar vereistes opnoem wat nie nagekom word nie, maar wat van dié waarvan jy nie weet nie? wil JOHAN BÖNING weet. ie Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (No. 85 van 1993) gee werknemers die reg op ’n gesonde en veilige werkomgewing. Dit vereis onder meer dat die bestuur veiligheidsverteenwoordigers en veiligheidskomitees in die werkplek instel. Dit maak ook voorsiening vir aspekte soos beskermende klere en toerusting, masjinerie, stapeling en verpakking, brandgevare, ventilasie, beligting, temperatuur, geraas en asbes. ’n Opsomming van die regte en verpligtinge van werknemers en werkgewers word hieronder gelys. Werkers se regte • Die reg tot inligting oor gesondheids- en veiligheidsgevare in die werkplek asook reëls en prosedures vir gesondheid en veiligheid; • die reg om aan inspeksies deel te neem; • die reg om op wetgewing kommentaar te lewer en vertoë te rig; en • die reg om nie geviktimiseer te word nie – werkers mag byvoorbeeld nie ontslaan word omdat hulle aan ’n werkplekinspeksie deelgeneem het of ’n ongeluk aangemeld het nie.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Werknemers se verpligtinge • Om vir hul eie gesondheid en veiligheid te sorg; • om leed aan ander persone te verhoed; • om met die werkgewer saam te werk om gesondheid en veiligheid te verbeter; • om inligting aan ’n arbeidsinspekteur te voorsien; • om veiligheidsklere te dra of veiligheidstoerusting te gebruik waar dit vereis word; • om onveilige of ongesonde toestande so gou moontlik by die werkgewer of gesondheidsen veiligheidsverteenwoordiger aan te meld; • om ’n ongeluk so gou moontlik by die
38
429 000
MENSE WORD DEUR DIE SUID-AFRIKAANSE KONSTRUKSIEBEDRYF IN DIENS GENEEM
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
SÊ OOR JOU WERKPLEK 1. Die wet word in my werkplek toegepas. 2. Die wet word nie in my werkplek toegepas nie. 3. Daar is gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in my werkplek. 4. Daar is nie gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in my werkplek nie. 5. Ek het hulp of regsadvies nodig oor veiligheid by my werk.
Sê jou sê deur “BGV 1”,“BGV 2”,“BGV 3”, “BGV 4” of “BGV 5” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2.
werkgewer en die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordiger aan te meld; en • om nie aan veiligheidstoerusting te peuter nie. Werkgewers se verpligtinge • Om seker te maak dat die werkplek veilig en gesond is; • om geen werknemer toe te laat om potensieel gevaarlike werk te doen nie; • om werknemers oor gevare in die werkplek in te lig; • om te verseker dat daar waarskuwings en kennisgewings op gevaarlike masjinerie is; • om werknemers op te lei in die veilige gebruik van gevaarlike masjinerie of stowwe;
2 MENSE
sterf per week in dié bedryf, oftewel sowat 150 konstruksiewerkers per jaar
• om te verseker dat toerusting behoorlik in stand gehou word; • om waar nodig beskermende klere en -toerusting te voorsien; • om gevare tot die minimum te beperk voordat beskermende klere uitgereik word; • om seker te maak dat ’n toesighouer toesig oor bedrywighede hou en veiligheidsvereistes afdwing; en • om voorkomingsmaatreëls uiteen te sit om gevare te vermy. Enige persoon kan ’n klag verwys na die Inspektoraat van die departement van arbeid. • Johan Böning is ’n litigant en praktisyn: beroepsgesondheid en -veiligheid by Solidariteit. S
R5 miljoen
is die boete wat aan kontrakteurs opgelê kan word wat nie aan konstruksieregulasies voldoen wat in Augustus van krag geword het nie.
ADVERTORIAL
D
MONICA POOLMAN
083 419 7598
012 991 0446 • cmac@mweb.co.za RONELL KRUGER
082 414 4688
PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM & SUPPLIED
Solidarity, CMAC make medical aids easy o you know which medical aid plan really meets your and your family’s needs the best? Are you at your wit’s end over the different medical aids and their overwhelming marketing messages trying to convince you of their excellent premiums and services? Solidarity and healthcare consultants Care
Medical Aid Consultants (CMAC) have joined forces to give you the best advice regarding the different medical aids and their various health plans and benefits. Solidarity members not only get advice from accredited healthcare consultants, but also gain access to a variety of useful benefits and services. Friendly and helpful consultants are at members’ service and can be reached by phone or
e-mail. Here are the contact details of CMAC consultants who have been appointed to specifically concentrate on Solidarity members and their enquiries: • Monica: 083 419 7598 • Ronell: 082 414 4688 • Members are also welcome to contact CMAC at 012 991 0446 or send an e-mail to cmac@mweb.co.za www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
39
I
ADVERTORIAL
Making an impact protecting hearing
mpact Noise Protection is an independent, 100% privately owned, South African company belonging to a larger family, Impact Hearing Systems. Our core objective is to provide first-class, tailor-made hearing conservation programmes to our clients that are designed to meet their employees’ hearingrelated needs. We believe prevention is better than cure, therefore we continue to thrive to curb the incidence of hearing loss in the workplace. All the services we offer are inspired by a common vision and occupational health and safety regulations.
For more information, contact us on: Tel: 012 348 9350 Fax: 012 348 9251 Email: jane@noiseprotection.co.za Website: www.noiseprotection.co.za
Our vision To be a major, South African, role-player in the hearing conservation industry in South Africa and the rest of Africa. To provide holistic, tailormade, first-class client management. Occupational Health and Safety Regulations The OSH Act, 1993, states that: Every employer must ensure that no employee’s eight-hour time-weighted average noise exposure level exceeds 85 dB(A); and every employer must ensure that no employee is exposed to noise with a level exceeding 85 dB for eight hours.
PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM
Our services • Client-specific hearing conservation programs (the PROTEC Programme) • Hearing screenings • Custom hearing protection for industrial use (the Ukuthula hearing protection) • Custom hearing protection for other activities such as shooting, music, travelling, sleeping, swimming and motorcycling • Training on ear hygiene and other hearingrelated issues • Universal, disposable hearing protection for industrial use, swimming, shooting, sleeping and motorcycle riding • Diagnostic hearing testing • Hearing aid fitments.
40
Our BEE status We have attained a level 3 BEE registration. Our lab All custom products are manufactured locally in our laboratory (Pretoria), using only high-quality material. All lab personnel are also South African. UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
DID YOU KNOW?
The intensity of sound is measured in decibel (abbreviated as dB). The sound of a jet engine is about 1,000,000,000,000 times more powerful than the softest sound. The softest sound on the decibel scale is 0 dB. A sound that is ten times louder is 10 dB.A sound that is 100 times louder is 20 dB, and a sound that is 1,000 times louder is 30 dB. • Whispering: 15dB • Normal conversation: 60 dB • A lawnmower: 90 dB
• The hooter of a car: 110 dB • A rock concert or jet engine: 120 dB • A gunshot or fireworks: 140 dB Any sound louder than 85 dB could lead to a degree of hearing loss. If you are in an environment that is so noisy that you have to raise your voice to be heard by someone else, the noise probably exceeds 85 dB. Eight hours’ exposure to noise at 90 dB can damage your hearing, and any exposure to 140 dB of noise will immediately result in damage (and pain).
HULLE IS ONS WENNERS
Tydens Solidariteit se jaarlikse kongres by Leriba Lodge in Mei het Impact Hearing ’n uitstalling gehou waar ’n gelukkige trekking gedoen is. Die gelukkige wenners wen elk ’n Ukuthula Custom ter waarde van R750. Die naam Ukuthula is afkomstig van die Zoeloe-woord vir stilte. Impact Hearing se gehoorbeskerming bied mense die geleentheid om hul gehoor te beskerm deur harde of skerp klanke te demp, maar laat steeds kommunikasie toe. Die wenners is Ruben de Villiers, Frik Cronjé, Barney Kruger, Gerhard Viljoen en Corné Jacobs.
in Beweging
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
AfriForum rig sy visier op ledetal van 150 000
150 000
NUWE MIKPUNT
Die burgerregtewaghond AfriForum is in 2005 as ’n artikel 21-maatskappy gestig wat buite die partypolitiek werk om na die BELANGE VAN MINDERHEDE om te sien. Dié organisasie het reeds derduisende lede en het groot planne om die 150 000-kerf in die afsienbare toekoms te haal. Solidariteit Tydskrif het aan KALLIE KRIEL, uitvoerende hoof, ’n paar vrae gevra. Wanneer is AfriForum gestig? AfriForum was die eerste keer op 26 Maart 2006 in die kollig toe ’n berig wat wyle ZB du Toit oor die stigting van dié organisasie geskryf het, in Rapport verskyn het. Die bekendstelling het gevolg ná langer as ’n jaar se beplanning, navorsing en oorlegpleging met verskeie meningsvormers.
FOTO’S: REINT DYKEMA & ISTOCKPHOTO.COM
Wat was die aanvanklike dryfveer vir die stigting van die organisasie? Binne die vakbond Solidariteit, waar ek ten tye van die stigting van AfriForum gewerk het, was ons bekommerd oor spesifiek Afrikaners en oor minderhede in die algemeen wat toenemend hoop vir die toekoms begin verloor het. Dit het tot groeiende apatie gelei. Ons het besef dat ’n apatiese gemeenskap wat nie met selfvertroue sy regte opeis nie, se belange deur die regering geïgnoreer of selfs vertrap word soos wat in Zimbabwe gebeur het. Dit was daarom belangrik om benewens Solidariteit, wat op arbeidsaangeleenthede fokus, ook ’n sterk burgerlike instelling binne die Beweging te skep wat as burgerregtewaghond buite die partypolitiek kan optree.
42
Hoe en waar het AfriForum begin? In die aanloop tot AfriForum se stigting het Solidariteit en die destydse Maatskappy vir Immigrasie (MVI) ’n gesamentlike veldtog begin om Suid-Afrikaners in die buiteland wat wou terugkeer, by te staan. Die sukses van die samewerking het meegebring dat die MVI besluit het om te ontbind en sy gewig by AfriForum in te gooi. ’n Pluspunt was dat AfriForum in die proses vir Alana Bailey, tans adjunk uitvoerende hoof van AfriForum wat destyds die MVI bestuur het, kon betrek by die nuwe organisasie. Ek, Alana en Annatjie Wirth het in 2005 in Solidariteit se kantore in Centurion ingetrek om heeltyds te begin werk aan die stigting van AfriForum. UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
100 278
EINDE JULIE
Met hoeveel lede het julle begin? AfriForum het met sy stigting geen lede gehad nie. Ons het slegs begin met drie personeellede, min hulpbronne en die vriendelike ondersteuning van Solidariteit.
78 672
2013
Wie was die heel eerste lede? Ek en dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, maak graag spottenderwys elkeen daarop aanspraak dat ons eerste lid was, maar eintlik het al AfriForum se direksielede gelyktydig tydens die eerste direksievergadering aangesluit om hul vertroue in die nuwe projek te toon. Steve Hofmeyr het kort daarna op 24 Mei 2006 as lid aangesluit. Ledewerwing was maar traag, behalwe vir vriende en familie van die stigters wat aangesluit het, aangesien AfriForum in daardie stadium totaal onbekend was en geen suksesrekord gehad het nie. Aan die einde van die eerste jaar het AfriForum sowat 500 lede gehad, wat aansienlik minder is as die aantal lede wat tans per week aansluit. Wat was die heel eerste veldtog? Die eerste veldtog was die een vir die behoud van Pretoria se naam. Met AfriForum se stigting agt jaar gelede was die aanbeveling dat Pretoria se naam verander moet word reeds op die minister van kuns en kultuur se tafel. AfriForum is trots daarop dat ons met goedbeplande regsoptrede en openbare aksies om steun vir Pretoria se naam te toon, daarin kon slaag om te verhoed dat die naam verander is soos wat die ANC beplan het. Die geveg duur voort en AfriForum is gereed om enige toekomstige poging om die naam te verander in die hof te beveg. Wat was die aanvanklike fokus van die organisasie en hoe het dit oor die afgelope agt jaar verander? Gedurende die eerste fase en die eerste agt
2014
52 582
2012
32 225
2011
16 824
2010
560
2006
’n Apatiese gemeenskap wat nie met selfvertroue sy regte opeis nie, se belange word deur die regering geïgnoreer of selfs vertrap.
“
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.
INBEWEGING
132 takke
LANDWYD TAKEL ONDER MEER OMGEWINGSKWESSIES, PLAASLIKE REGERING EN GEMEENSKAPSVEILIGHEID.
8 JAAR
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Dís hoe lank AfriForum reeds veg vir die behoud van Pretoria se naam. maande van AfriForum se bestaan, is daar sterk gefokus op die bekendstelling van AfriForum as organisasie aan die publiek. Daar is toe reeds met verskeie veldtogte begin oor sake wat veral Afrikaners en ander minderheidsgemeenskappe ten nouste raak. Tydens die tweede fase in 2007 is daar op groot skaal begin om lede te werf sodat AfriForum finansieel selfstandig kon raak en nog meer kon doen om ’n beter toekoms vir ons lede te skep. Die voortgesette sterk groei in lede het dit vir AfriForum moontlik gemaak om verder uit te brei en selfs meer projekte en veldtogte aan te pak. Die derde fase van AfriForum se ontwikkeling, naamlik om die organisasie se aktiwiteite na plaaslike gemeenskappe uit te brei, is sedert 2013 voluit met groot welslae aangepak. AfriForum het sy aantal takke nasionaal tot 132 uitgebou. Die takke is versterk deur onder meer opleiding van takleiers tydens die nasionale takkonferensies en die daarstelling van ’n omvattende gemeenskapshandleiding vir takke. Vanjaar het ons fase vier betree met aktiwiteite om bestaande realiteite en probleme in die land verder te pak. Ons poog om selfstandige gemeenskappe tot stand te bring wat self verantwoordelikheid vir hul toekoms kan neem, ongeag die mislukkings van die owerheid. ’n Voorbeeld van selfstandige gemeenskapsoptrede is die vestiging van gemeenskapsveiligheidstrukture waar gemeenskappe binne die raamwerk van die wet verantwoordelikheid neem vir hul veiligheid met byvoorbeeld buurtwagte.
AANTAL PERSONEELLEDE
2006
2014
SMS JOU NAAM NA 32077 OM BY AFRIFORUM AAN TE SLUIT! SMS’E KOS R1. Wat is die omvang van AfriForum se werksaamhede op die oomblik? AfriForum werk op bykans elke terrein en die lys van spesifieke aksies is te lank om hier te noem. Dit wissel van plaaslike aksies soos veiligheid, omgewingsake en munisipale aangeleenthede tot sport, onderwys, taal, kultuur en erfenisaangeleenthede, asook algemene optrede as burgerregtewaghond. Lees gerus AfriForum se nuwe tydskrif Forum of besoek die webwerf www.afriforum.co.za om op hoogte te bly van alles wat AfriForum aanpak. Hoe sien jy jul rol in Suid-Afrika? Om te verseker dat Afrikaners en minderhede oor die algemeen vry, veilig en voorspoedig kan leef aan die suidpunt van Afrika. Hoekom lid van AfriForum word? AfriForum se krag lê in sy lede. Alles wat AfriForum aanpak, word moontlik gemaak deur die bydraes en steun van sy lede. Deur by AfriForum aan te sluit, maak jy AfriForum sterker en maak jy dit vir ons moontlik om selfs nog meer te doen om ’n beter toekoms vir jou en jou kinders te help verseker. Jou grootste droom vir AfriForum? Uiteindelik is AfriForum bloot ’n voertuig om ’n groter doel te bereik. My droom is dat AfriForum ’n reusebydrae sal lewer om te verseker dat daar vir Afrikaners en ander minderhede ook ’n plek in die son en ’n blink toekoms aan die suidpunt van Afrika sal wees. S
Geen veranderinge kom by UP se koshuise
D
Deur Esmarie Prinsloo
aar sal geen verandering aan die Universiteit van Pretoria (UP) se koshuise gemaak word sonder dat daar met die koshuise en studente gekonsulteer word nie. “Dis ’n sprekende voorbeeld van hoe die studenteraad, AfriForum Jeug en koshuisstudente saam kan werk om studente se stem te laat hoor,” sê Rochelle Oosthuyse, voorsitter van AfriForum Jeug Tukkies. Dié aankondiging is op 29 Julie gemaak tydens ’n vergadering tussen AfriForum Jeug, die president van Tukkies se Studenteraad (VSR), die VSR-lid verantwoordelik vir koshuise en die visekanselier van die UP, prof. Cheryl de la Rey. Dit volg nadat AfriForum Jeug onlangs die UP se besluit onthul het dat hulle beplan om koshuise in woonstelblokke te verander deur koshuise afsonderlik te verdeel tussen eerstejaar- en senior studente. Die onlangse vergadering was geskeduleer ná AfriForum Jeug op 28 Julie ’n memorandum met die handtekeninge van 1 600 studente, wat in drie dae ingevorder is, in ’n kis voor die Roosmaryngebou, waar die studentedekaan se kantoor is, gelos het. “Ons is tevrede met die aankondigings wat deur van prof. De la Rey gemaak is. Dit klaar die onsekerheid oor koshuise se voortbestaan op. Die beplande veranderinge sou studentelewe nadelig beïnvloed, en die feit dat studente nie in die saak geken was nie, was een van ons grootste probleme,” sê Oosthuyse. Die aankondigings sluit in: • Dat daar geen verandering aan koshuise sal plaasvind nie, behalwe die opgradering van sommige van die ouer koshuise; • koshuise sal geken word in toekomstige besluite; en • tradisies sal voortleef solank dit inklusief vir almal is. AfriForum Jeug sal die gebeure rondom koshuise en ’n gesonde studentelewe dophou om te verseker dat studente nie onder ondeurdagte besluite van die universiteitsbestuur ly nie. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
43
BRITS
STELLA
INBEWEGING
VAN DIE VULLISTERREINE VOLDOEN NIE AAN DIE NASIONALE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE SE MINIMUMVEREISTES NIE.
Julius Kleynhans, hoof: omgewingsake van AfriForum
SA vullisterreine is haglik, wys oudit
S
Slegs enkele vullisterreine in Suid-Afrika voldoen aan die minimumvereistes van die nasionale departement van omgewingsake. Dit hou ernstige VEILIGHEIDSGEVARE vir mens, dier en die omgewing in, skryf ALET RADEMEYER. owat 70% van die vullisterreine wat AfriForum as deel van sy #SkoonSAveldtog en “Moenie met ons vullis mors nie”-projekte geoudit het, voldoen nie aan die nasionale departement van omgewingsake se minimumvereistes vir vullisterreine nie. Die burgerregte-organisasie het in Mei vanjaar begin om 83 vullisterreine in die Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap te oudit in ’n poging om te sien wat die stand van vullisbestuurspraktyke in die land is. Volgens Julius Kleynhans, AfriForum se hoof: omgewingsake, het onvoldoende vullisbestuur, ’n verval in infrastruktuur, korrupsie in munisipaliteite, gesondheids- en veiligheidskwessies, aardverwarming en besoedeling die organisasie genoop om in te gryp om te verseker dat landsburgers se grondwetlike regte rondom die
44
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
natuurlike omgewing beskerm word. Die skokkende bevinding van AfriForum se oudit was dat slegs 21 van die vullisterreine wat geoudit is, aan meer as 80% van die vereistes voldoen. Die vereistes behels onder meer dat ’n terrein behoorlik omhein moet wees, dat daar ’n toegangshek moet wees, dat grond gereeld gekompakteer word om te voorkom dat vullis rondwaai, dat daar nie brande gestig word nie, dat die terrein nie deur haweloses beset word nie en dat daar nie water- en ander vorme van besoedeling voorkom nie. Kleynhans het gesê vullisterreine wat nie behoorlik in stand gehou en bestuur word nie, hou ernstige gevare vir mens en dier in die onmiddellike omgewing in. Benewens die gesondheidsrisiko’s ontstaan talle ander gevare op so ’n vullishoop: ontploffings kan voorkom weens gasse wat opbou, en ondergrondse waterbronne en grond kan
besoedel word, wat weer nadelig vir kosproduksie kan wees. Volgens Kleynhans word die omgewing en mense se gesondheid ook bedreig waar gevaarlike afval uit byvoorbeeld fabrieke, hospitale en myne by munisipale stortingsterreine gestort word. Hy sê net enkele munisipaliteite voldoen aan regulasies vir die bestuur van vullis, ondanks uitgebreide wetgewing wat dit afdwing.“Die meerderheid munisipaliteite toon ’n ernstige gebrek aan verantwoordbaarheid en moet tot verantwoording geroep word.” AfriForum het briewe gestuur aan munisipaliteite wat nie aan die regulasies voldoen nie en verdere stappe, wat regsoptrede insluit, sal geneem word indien die situasie nie reggestel word nie. AfriForum is egter vol hoop dat munisipaliteite sal saamwerk om in die toekoms ’n skoner en gesonder omgewing daar te stel, het Kleynhans gesê. S
Solidariteit Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING
Kry die KRAG van die WET aan jou kant! Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R90 per maand.* • • • •
Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. Afslagtariewe op eiendomsoordragte.
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
* Bepalings en voorwaardes geld
Skakel ons vandag nog by
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 5277
INBEWEGING
Leesboeke so in jou Kraal Deur Ilze Nieuwoudt
N.P. VAN WYK LOUW EN DIE DERDE AFRIKANER
‘ONS GAAN ’N TAAL MAAK’: AFRIKAANS SEDERT DIE PATRIOT-JARE
Deur: Carel Boshoff Uitgewer: FAK Prys: R150 (R30-posgeld uitgesluit)
Deur: Prof. J.C. Steyn Uitgewer: Kraal Uitgewers Prys: R395 (R80-posgeld uitgesluit)
Dié boek is die vrug van ’n dekade lange gesprek tussen denkers wat mekaar nooit ontmoet het nie, maar dieselfde vraag stel oor die Afrikanervolk se plek in die wêreld en die moontlikheid van ’n volhoubare bestaan vir dié klein volk. Vir beide denkers is die Afrikaner nie net ’n gegewe grootheid nie, maar die verwikkelde samespel van mense in gemeenskap.
Dié boek vertel die verhaal van Afrikaans as moderne taal. Dit volg die taal se begin in die 19de eeuse koerant, Die Afrikaanse Patriot, tot by vandag se trotse taalbakens soos kykNET, Naspers en LitNet. Dit neem ook die ontwikkeling van die eerste beskeie Afrikaanse toneelopvoerings tot by hedendaagse kunstefeeste en vele meer in oënskou.
ORANIA: VAN DORP TOT STAD – ’N NUWE STRATEGIE Deur: Frans de Klerk Uitgewer: Orania Beweging Prys: R70 (R20-posgeld uitgesluit) Die fokus val op die tuiste van ’n selfstandige Afrikanergemeenskap, Orania, wat na selfbeskikking streef.“Frans de Klerk is een van die trekleiers wat sy loopbaan in diens van die vryheidstrewe gestel het. Sy ervaring en sy besinning daaroor word in hierdie reguit en saaklike uiteensetting saamgevat,” sê Carel Boshoff, president van die Orania Beweging, oor dié boek.
STORIES AGTER DIE TOGA Deur:Adv. J.S.M. Henning Uitgewer: Selfpublikasie – die Henning-familie Prys: R180 (R20-posgeld uitgesluit)
WEERSKANT VAN DIE RUBICON Deur: Henry Stone Uitgewer: FAK Prys: R300 (R50-posgeld uitgesluit) ’n Unieke blik op Suid-Afrika se oorgang na ’n nuwe bedeling, soos gesien deur die oë van ’n senior amptenaar. Die skrywer se betrokkenheid as professor in opvoedkunde aan drie universiteite strek oor meer as ’n kwarteeu. Beslis die lees werd! 46
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Stories agter die toga bevat 19 stories oor die pittige, ernstige en soms eienaardige persone en verhale wat die beroepslewe van een van Suid-Afrika se bekendste staatsaanklaers, adv. Jan Henning, gevul het. Dié boek is nie gemik op die harde, koue wêreld van vervolging nie, maar bied eerder ’n mengsel van ligte vermaak en interessante verhale oor ernstige sake wat Henning gedurende sy lang loopbaan teëgekom het. BESTEL DIÉ BOEKE HIER: • www.kraaluitgewers.co.za • kraal@solidariteit.co.za • 012 644 4430
INBEWEGING
H
Helpende Hand ’n waghond vir ons kinders elpende Hand sal doen wat nodig is om te verseker dat die staat sy maatskaplike verpligtinge nakom. Geen kind behoort onder die staat se administratiewe onbevoegdheid te ly nie. Só het dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, gesê nadat die organisasie ’n reuse-oorwinning behaal het in sy dringende hofaansoek namens Môrester, ’n plek van veiligheid in Rustenburg. Helpende Hand het in Junie ’n dringende hofaansoek voor die Mafikeng-hooggeregshof gebring namens Môrester, wat sedert sy ontstaan nog nooit gereeld ’n maandelikse staatstoelae ontvang het soos wat statutêr bepaal word nie. Die instansie het vir die voorafgaande ses maande ook geen terugvoer oor sy aansoek om herregistrasie ontvang nie, terwyl die kinderhof
Deur Mariné Jacobs
steeds kinders by die instansie geplaas het. Volgens die hofbevel moet die departement van maatskaplike ontwikkeling onmiddellik meer as R160 000 se agterstallige toelaes aan Môrester betaal, dadelik Môrester se herregistrasie as plek van veiligheid afhandel en Helpende Hand se regskoste betaal. Helpende Hand sal ook verdere regstappe doen om te verseker dat Môrester die res van die agterstallige toelaes ontvang wat aan hom verskuldig is. “Hoewel ons verheug is dat Môrester nou sy regmatige toelaes sal ontvang, is dit kommerwekkend dat dit die departement se slordige administrasie is wat tot die wanbetaling van hierdie subsidies gelei het,” sê Brink. “Eindelose pogings van Môrester se bestuur om terugvoer in hierdie verband te kry, het bloot op dowe ore geval totdat Helpende Hand
uiteindelik regstappe gedoen het. Hoeveel ander geregistreerde instansies en die kinders in hul sorg ly nie ook onder die regering se administratiewe rompslomp nie?” Volgens Isabel Faurie, maatskaplike werker by Helpende Hand, het Helpende Hand geen statutêre magte nie en kan dus nie intree in maatskaplike situasies nie, maar kan dit slegs by die relevante welsynsorganisasie aanmeld,. Brink beaam dat Helpende Hand talle projekte en strategieë in plek het om armoede te verlig en te verbreek, maar dat slegs die staat aanspreeklik gehou kan word vir flink en korrekte statutêre optrede. “As ons by Helpende Hand moet waghond speel om die departement van maatskaplike ontwikkeling verantwoordbaar te hou, is dit wat ons sal doen. Ons móét verseker dat geen kind onder die staat se wanprestasie ly nie.” S
INBEWEGING
Helpende Hand-studielenings verseker blink toekoms
S
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Byna 1 000 studente het reeds vanjaar RENTEVRYE STUDIELENINGS ter waarde van sowat R17 miljoen van Solidariteit Helpende Hand se beursfonds ontvang. Dié hulp maak deure oop vir jongmense om nie net hul drome te verwesenlik nie, maar om ’n onmisbare verskil in die Suid-Afrikaanse ekonomie te maak, skryf GRIETJIE PRINSLOO.
48
skaars en gesogte kwalifikasie te bekom,” sê olidariteit Helpende Hand se Theron.“Ons sien opleiding as ’n noodsaaklike Afrikaanse Beursinstituut (ABI) bied belegging in die toekoms en die mees doelvanjaar weer aan voornemende treffende beskerming teen armoede.” studente finansiële ondersteuning in Die behoefte aan studiehulp word elke jaar die vorm van rentevrye studielenings. groter, sê Theron.“Vir die 2014-akademiese Volgens Dinah Theron, hoof van die ABI, is daar jaar het ons ongeveer 3 000 aansoeke ontvang. vanjaar reeds meer as R16,6 miljoen se studieOngelukkig kan ons weens beperkte fondse nie lenings aan 948 studente toegeken. almal help wat aansoek doen nie, maar ons Helpende Hand het onlangs aangekondig weet dat ons ’n verskil maak in die lewe van dat hy R1 miljoen sal skenk ten bate van ’n die jongmense wat wel gehelp word.” beursfonds vir naskoolse tegniese opleiding by Die ABI se merkwaardige groei en vermoë Sol-Tech, die Solidariteit Beweging se tegniese om rentevrye studielenings beskikbaar te stel, is kollege. Die organisasie het ook ’n beursfonds grootliks te danke aan die bydraes van verskeie van R250 000 vir wiskunde-onderwys bekend individue en instellings. Die oproep vir gestel, terwyl R100 000 vir die Ramphulp is dat individue en organisasies gebied Beursfonds beskikbaar gehul eie beursfonds sal begin, wat stel is om finansiële onderSMS deur die ABI bestuur sal word. steuning te gee aan die kinders “hand” na Die ABI het in 2008 met van Solidariteit Beweging-lede 34388 slegs drie studiefondse begin, wat deur die staking in die maar bestuur vandag 125 platinumgordel geraak is. en help ons om beursfondse, waaronder die “Deur rentevrye studiearmoede hok Rapport Onderwysfonds en lenings aan studente beskikte slaan! beroepsgerigte studiefondse baar te stel, bied Helpende SMS’e kos R2 soos die AG Visser GeneeskundeHand hulle die geleentheid om studiefonds wat in 2012 gestig is. hul drome te verwesenlik terwyl Die beskikbare fondse in die hulle terselfdertyd noodsaaklike beursplatform het die afgelope jaar met meer as vaardighede aanleer wat onmisbaar in SuidR14 miljoen toegeneem. Die Solidariteit Afrika se ekonomie gaan wees,” sê Theron. Beweging ploeg self terug in die gemeenskap Volgens Theron is tersiêre opleiding in die met onder andere die JD Kestell-fonds, die hedendaagse samelewing nie net ’n opsie nie, Opleidingstrust en verskeie gemeenskapsbeursmaar ’n noodsaaklikheid.“Uit alle volwassenes fondse. Die instituut ken ook talle rentevrye in Suid-Afrika wat nie oor ’n tersiêre kwalifistudielenings toe aan studente wat hulle in ’n kasie beskik nie, het slegs 37% werk. Onder ambag wil bekwaam. diegene wat oor ’n tersiêre kwalifikasie beskik, “Lede van die Solidariteit Beweging en hul het 79% werk – ’n baie groot voorsprong bo direkte families het die geleentheid om ook die res,” sê sy.“Daarom wil Helpende Hand aansoek te doen vir ’n rentevrye studielening. soveel moontlik studente finansieel in staat stel Hierdie aansoeke ontvang voorkeur. ’n om tersiêre kwalifikasies te bekom.” Gedeelte van elke lid se bydrae word Luidens ’n 2013-studie deur die Solidariteit aangewend om kinders die geleentheid te bied Navorsingsinstituut het 78,8% van Helpende om te gaan studeer – so maak elkeen werklik Hand-beursstudente gesê hulle is ongetwyfeld ’n verskil,” sê sy. in ’n beter finansiële posisie as hul ouers. • Aansoeke om ’n rentevrye studielening vir die Daarbenewens het 42% van die respon2015-akademiese jaar het onlangs geopen en dente getoon hulle sou moeiliker ’n werk kry sluit op 30 September 2014. Is jy ’n voorneen met meer moeite in hul beroepsveld mende student wat wil aansoek doen, of wil jy bevordering ontvang sonder die nodige dalk ’n eie beursfonds begin? Besoek Helpende kwalifikasies. Hand se webblad by www.helpendehand.co.za “Helpende Hand fokus op die voorkoming en klik op die ABI-skakel. S van armoede deur jongmense te help om ’n
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
R16,6 miljoen
is reeds vanjaar in studielenings toegeken.
R100 000
IS BESKIKBAAR GESTEL VIR DIE RAMPGEBIED BEURSFONDS OM FINANSIËLE ONDERSTEUNING TE GEE AAN DIE KINDERS VAN SOLIDARITEIT BEWEGINGLEDE WAT DEUR DIE STAKING IN DIE PLATINUMGORDEL GERAAK IS.
’N MAKLIKE SOM Wiskunde lê Helpende Hand na aan die hart. Benewens die werksaamhede van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) het Helpende Hand nou ook ’n beursfonds van R250 000 vir wiskunde-onderwys bekend gestel. >>> www.skoolwiskunde.co.za
’n Werknemer se vergoeding word regstreeks deur sy vlak van opleiding en vaardigheid bepaal. Navorsing wys: Hoe beter mense opgelei is, hoe hoër is hul vergoeding, en die werkloosheidskoers van opgeleide mense is veel laer as die gemiddelde, en as hulle hul werk verloor, kry hulle vinniger ander werk.
“
Flip Buys, hoof van die Solidariteit Beweging.
= 10 Die Afrikaanse Beursinstituut het in 2008 met slegs drie fondse begin en bestuur tans 125 studiefondse.
INBEWEGING
Waarom ’n Helpende Hand-ondersteuner word?
D
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Die personeel van Solidariteit Helpende Hand is onlangs uitgedaag om redes aan te voer waarom ondersteuners, volgens hulle, by die organisasie AANSLUIT. Onthou dat jy nie outomaties ’n Helpende Hand-ondersteuner is as jy aan die vakbond of AfriForum behoort nie – Helpende Hand moet sy eie ondersteuners WERF EN BEHOU.
aar is behoorlik kopgekrap in Solidariteit Helpende Hand se kantore toe personeel onlangs gevra is om te bespiegel en te redeneer oor redes waarom mense kies om ondersteuners van dié instansie te word. Uit die meer as 100 redes waarmee personeel vorendag gekom het, was daar, interessant genoeg, 31 redes waar die vrywillige organisasie die begunstigde is, maar 77 redes waarvolgens die individu wat sy tyd en hulpbronne aanbied, die meeste voordeel uit die betrokkenheid trek. By Helpende Hand is ons in die unieke situasie waar ons nie net maandelikse ondersteuners het nie, maar ook vrywilligers. Ons het nie lede soos sommige van ons sustersorganisasies nie. Ons ondersteuners kry geen direkte voordele nie en baat nie direk by die feit dat hulle ’n ondersteuner is nie – die “voordeel” berus in die bevrediging van die vrywillige werk wat gedoen word en die wete dat hulle iets goeds doen vir ander. By Helpende Hand is ons ondersteuners die meer as 27 000 mense wat elke maand vir ons geld gee via debietorders, asook dié wat donasies aan die organisasie maak. Vrywilligers word gesien as diegene wat op grondvlak ons hande en voete, oë en ore is om nood raak te sien en aan te pak. ’n Vrywilliger is iemand wat sy tyd, liefde, omgee, kennis en dikwels geld gee en geen betaling ontvang nie. Dit is gewoonlik mense wat graag iets vir iemand anders wil beteken. In verskeie navorsingspublikasies word vrywillige werk omskryf as die gee van die vrywilliger se tyd, energie, materiële besittings, en selfs hul bloed, om ’n bydrae tot ander mense se lewe te lewer en hul gemeenskap ’n beter plek te maak. Die betrokkenheid van vrywilligers laat hulle nuttig, diensbaar en gewaardeerd voel – ook vir dié wie se selfvertroue dikwels ’n knou kry wanneer hulle ouer word. Hulle bly op hoogte van die jongste verwikkelings en is minder eensaam. Een aspek wat ons opval, is dat mense by meer as een aktiwiteit betrokke wil wees. Gelukkig is Helpende Hand se projekte gefokus oor ’n verskeidenheid terreine, vanaf babas tot
Deur Christine Breet
SMS “hand” na 34388
en help armoede verlig, voorkom en verbreek! SMS’e kos R2
bejaardes. Êrens in Helpende Hand sal jy ’n projek vind wat jou geesvervuld sal laat. Hoewel die vrywilliger geen finansiële vergoeding in ruil vir sy insette en omgee kry nie, geniet hy of sy gewoonlik die voorreg om te sien dat die insette ’n verskil maak in iemand se lewe. Dis interessant dat ons vrywilligers beter, meer positief en fisiek gesonder voel wanneer hulle betrokke raak. Die uitwerking van hul betrokkenheid op hul gesondheid is veel beter (en goedkoper) as medikasie. Dr. Douglas M. Lawson, ’n kenner op die gebied van vrywilligerswerk, bevestig dat navorsers gevind het ’n persoon se algemene fisiologiese toestand en sielkundige welsyn gedurende net ’n paar uur van vrywilligerdiens verbeter só dat hulle daarna verwys as ”die helper-euforie”. En “helper-euforie” is geensins ’n kortstondige gevoel nie. Navorsers by die Cornell Universiteit in die VSA het meer as 30 jaar lank ’n groep mense aan ’n studie onderwerp en het gevind diegene wat vrywilligerdiens gedoen het, was gelukkiger en gesonder as diegene wat dit nie gedoen het nie. Vir sommige mense is vrywillige werk terapeuties; vir ander ’n manier om eensaamheid hok te slaan. Maar dit is veral ’n manier om nuwe vaardighede aan te leer en jou selfvertroue te gee. Vrywilligers en ondersteuners weet dat hulle
met hul maandelikse bydraes ’n belegging maak in die toekoms van ons kinders, en dat hulle ’n stem gee aan dié wie se stem nie gehoor word nie. Jy is dus deel van die oplossing eerder as die probleem. Verder ondersteun jy ’n Christelike organisasie wat binne Christelike waardes sy werk verrig. Deur jou Helpende Hand-betrokkenheid word jy op hoogte gehou van nuus oor alledaagse probleme in die gemeenskap. Ons betrokkenheid in gemeenskappe sorg dat ons gereeld die media haal – ’n heerlike braaivleisvuur-onderwerp. Jy wil dalk hê Helpende Hand moet jou kind help met ’n studielening – sluit dus aan as ’n ondersteuner. Persoonlike groei is ook dikwels ’n groot motivering, om nie te praat daarvan dat sulke vrywilligerswerk ’n goeie indruk skep op jou CV nie. Betrokkenheid by ’n instansie soos Helpende Hand gee jou die geleentheid om nou en dan uit die agt tot vyf-rotteresies weg te breek en ander dinge buiten jou alledaagse werk te ervaar. Indien jy ’n Helpende Hand-ondersteuner in die buiteland is, het jy ook die geleentheid om ’n verskil te maak. Loer gerus op die webtuistes www.expatcares.com en www.empowerachildsa.com. Dan is daar natuurlik altyd die voordelige sakeaspekte soos ’n artikel 18A-belastingsertifikaat wat uitgereik word wanneer jy ’n bydrae maak, wat jou rand effens verder strek. Natuurlik is vrywilligers die kern van Helpende Hand se aktiwiteite. Met vrywilligers kan Helpende Hand die ware behoeftes van gemeenskappe identifiseer en ’n verskil maak in mense se lewe. Kleuters kry elke dag kos, glimlaggies word op graad eens se gesiggies gesit, skoliere kry ’n hupstoot, entrepreneurs word ontwikkel, jongmense kan ná skool studeer, werk word geskep, bejaardes word bederf en armoede word verlig, voorkom en verbreek. Die beste van alles is dat dit maklik is om ’n Helpende Hand-ondersteuner te word. SMS “Hand” na 34388, vul ’n vorm in vir ’n maandelikse aftrekking of besoek ons webwerf www.helpendehand.co.za en klik op “eenminuutaansluiting”. • Christine Breet is adjunk uitvoerende hoof: ontwikkeling van Helpende Hand. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
49
INBEWEGING
“D
Sol-Tech geloof tydens bekendstelling van gebou Deur Inge Strydom
FOTO’S: REINT DYKEMA
it wat Sol-Tech doen, is wonderlik en ek ondersteun dit. Ek is beïndruk met die getal mense wat SolTech oplei.” Só het dr. Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die Noordwes-Universiteit, in Junie tydens die inwyding van Sol-Tech se nuwe gebou gesê. Hy het die belangrikheid van moedertaalonderrig bevestig en Sol-Tech gelukgewens vir sy bydrae om ’n toekoms vir jongmense te skep. Volgens Eloff bewys internasionale navorsing dat Solidariteit op die regte pad is om opleiding in Afrikaans te verskaf. Dr. Eloff was een van verskeie gassprekers tydens die spoggeleentheid in Kirkney, Pretoria. Sol-Tech se uitmuntende opleiding deur bekwame en goed gekwalifiseerde lektore, en met behulp van wêreldklastoerusting, is ook tydens die geleentheid bekend gestel. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het tydens die geleentheid gesê dat Sol-Tech deur middel van R10-bydraes van Solidariteit-lede opgebou is en dat bykans R40 miljoen oor die afgelope paar jaar in SolTech belê is. Volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, is die bekendstelling ’n groot hoogtepunt in Sol-Tech se bestaan, en ’n groot eer vir almal wat hieraan gehelp bou het. Hy het Solidariteit se lede bedank vir hul volgehoue bydraes en ondersteuning, waarsonder Sol-Tech nie so reuseverskil in mense se lewe en vir Suid-Afrika se ambagstekort sou kon maak nie. Tydens die inwydingseremonie het ’n verteenwoordiger van ’n groep elektrisiënstudente wat gedurende 2007 by Sol-Tech met opleiding begin het, ’n trofee aan die kollege as blyk van waardering oorhandig vir die rol wat Sol-Tech in die vestiging van hul loopbane gespeel het. Feitlik al die studente uit hierdie groep werk vandag as gekwalifiseerde ambagslui in die bedryf en het ’n blink toekoms in Suid-Afrika. S
50
R40 miljoen
is die afgelope paar jaar in Sol-Tech belê danksy ons lede se R10-bydraes.
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
DIÉ TEGNIESE OPLEIDINGSKOLLEGE SPOG MET ’N SLAAGSYFER VAN 96%. SOL-TECH SE STUDENTE WORD GOU IN DIE ARBEIDSMARK OPGERAAP, OMDAT HULLE IN SKAARS VAARDIGHEDE OPGELEI WORD EN OPLEIDING VAN WÊRELDGEHALTE ONTVANG.
96%
AFRIKAANS INBEWEGING
Gehalte ambagsopleiding in Sol-Tech is ’n tegniese opleidingskollege en inisiatief van die Solidariteit Beweging. Die kollege is op Christelike waardes gefundeer en gebruik Afrikaans as onderrigmedium. Sol-Tech bied formele opleiding in die volgende ambagte: elektrisiën, meulmaker, motorwerktuigkundige en dieselwerktuigkundige, passer en draaier, sweiser, gereedskapmaker en passer. Die kollege beoog om mettertyd nog kursusse in ander skaars vaardighede aan te bied. Die hoofkampus is in Kirkney, Pretoria-Wes geleë. Die kollege fasiliteer formele onderrig in N1 en N2 op die perseel van HTS Tuine en bied ook remediërende klasse in wiskunde vir studente wat nie die nodige onderbou in wiskunde het nie. Hierdie diens word eksklusief aan Sol-Tech se studente gebied. Sol-Tech se studente is outomaties meer aanstelbaar omdat hulle in skaars vaardighede opgelei is. Daardeur help die kollege om die groeiende vaardigheidskrisis in die land hok te slaan. Sol-Tech spog met ’n slaagsyfer van 96% en bied reeds kortkursusse aan in onder meer gespesialiseerde opleiding in PLC. Gekwalifiseerde ambagslui kan ook vir die geakkrediteerde PLC-kursus by Sol-Tech inskryf.
P NIE! O O L IS M G A D E P O MOENIE ONS Datum: Tyd: Plek:
13 September 2014 8:30 vir 9:00 Sol-Tech-kampus, Kirkney Maliestraat 1662, Kirkney, 0182 Koördinate: 25O 42’ 52” S 26O 06’ 26” E Bring saam: Vier gewaarmerkte afskrifte van aansoeker se ID, vier gewaarmerkte afskrifte van hoogste kwalifikasie en amptelike graad 9-rapport RSVP by: yolandie@sol-tech.co.za
Sukses Opleiding Loopbaan Toekoms Ekonomiese bemagtiging Christelik Hoop Kontak ons vandag nog!
Solidariteit Beweging
0861 25 24 23 www.sol-tech.co.za
Sol-Tech
INDVERTORIAL BEWEGING A
I
Baie dankie aan ons borge. Van links is Julian Visagie, handelaarshoof van Monument Toyota Constantia, Johann du Preez van Unitrans Motors, en Francois Smit, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste.
FOTO: ANSIE VAN NIEKERK
Bring inligting op datum en wen motor of vakansie
52
s jy ’n Solidariteit-lid? Wil jy graag ’n Toyota Corolla of ’n luukse vakansie wen? Volg dan hierdie twee eenvoudige stappe: Bring jou persoonlike besonderhede op Solidariteit se webtuiste op datum en verskaf die kontakbesonderhede van drie mense wat dit sal oorweeg om by Solidariteit aan te sluit. Sodra jy die “Stuur inligting”-knoppie druk, kom jy in aanmerking om ’n splinternuwe 2014 Toyota Corolla 1.6 of ’n vyfstervakansie van vier nagte aan die KwaZulu-Natalse kus ter waarde van R35 000 te wen. Om te verseker dat ons aan jou as lid van Solidariteit die beste moontlike diens bied, is dit baie belangrik dat al jou kontakbesonderhede op datum moet wees. Omdat ons weet dat dit omslagtig is om veranderings in jou kontakbesonderhede deur te gee, wil ons die proses vir jou die moeite werd maak deur hierdie fantastiese pryse aan te bied.
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
BAIE DANKIE AAN ONS BORGE!
Solidariteit Finansiële Dienste Wie mag deelneem? Slegs lede en verteenwoordigers van Solidariteit mag aan die kompetisie deelneem. Solidariteit-werknemers en hul direkte familie word van die kompetisie uitgesluit. Hoe om deel te neem • Die kompetisie sluit op Donderdag, 30 April 2015.
• Om aan die kompetisie deel te neem, moet jy die amptelike inskrywingsvorm invul wat by www.solidariteit.co.za beskikbaar is. In die eerste afdeling moet jy jou persoonlike besonderhede invul of op datum bring. In die tweede afdeling moet jy die besonderhede invul van mense wat dit ernstig sal oorweeg om by die vakbond aan te sluit. • Albei afdelings moet voltooi word om in aanmerking te kom vir die vakansie of die Toyota Corolla. As jy net een van die afdelings voltooi, sal jou inskrywing ongeldig wees. • Die pryswenners se name word op 18 Mei 2015 getrek en die pryse sal amptelik op 22 Mei 2015 oorhandig word. Die eerste naam wat getrek word, wen die motor en die tweede een die vakansie. Die wenners sal op 28 Mei 2015 bekendgemaak word. • Bepalings en voorwaardes is beskikbaar op www.solidariteit.co.za S
INBEWEGING
R1,5 MILJOEN WORD VANJAAR AAN VOLHOUBARE GEMEENSKAPSPROJEKTE BESTEE.
H
Helpende Hand-takke kan só makliker help
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Helpende Hand se TAKFINANSIERINGSPLAN stel dié organisasie se takke in staat om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak, sonder dat hulle eers fondsinsamelingsprojekte hoef aan te pak. MARINÉ JACOBS berig.
54
elpende Hand is ’n nasionale niewinsgewende organisasie met ‘n liefde vir plaaslike gemeenskappe en hul mense. Met nege voltydse streeksorganiseerders, meer as 110 takke en talle vrywilligers, is Helpende Hand in staat om werklik op grondvlak betrokke te wees en sodoende die unieke behoeftes van elke gemeenskap te identifiseer en aan te pak. En daarom weet die organisasie hoe om hierdie gemeenskappe op die beste moontlike manier te ondersteun. “Wanneer vrywilligers gevra word om eers geld in te samel voordat hulle ’n projek kan aanpak, sak hul moed sommer klaar in hul skoene,“ sê Riaan du Plooy, adjunk uitvoerende hoof van nasionale strukture by Helpende Hand. “Helpende Hand stel ons vrywilligers in staat om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
maak, sonder om genoodsaak te wees om eers worsbroodjies te verkoop of ’n pannekoekstalletjie te beman. Ons versterk hul hande deur die nodige geld beskikbaar te stel en sodoende moeisame en tydrowende geldinsamelingsaksies te vermy.” Met Helpende Hand se takfinansieringsplan ontvang ’n tak R12 000 vanaf hoofkantoor wanneer die tak sy eerste 15 ondersteuners gewerf het, verduidelik Du Plooy. Vir die volgende 15 ondersteuners ontvang die tak R14 000, dan R16 000 vir die volgende 15, ensovoorts. Enige persoon kan aansluit as ’n Helpende Handondersteuner teen slegs R50 per maand. “Indien ’n tak 90 lede werf, ontvang hulle R102 000. Hierdie geld word net so in die gemeenskap teruggeploeg om die unieke uitdagings daar aan te pak,” sê Du Plooy. Verder is Helpende Hand se nasionale
projekte só gestruktureer dat R200 000 in ’n gemeenskap belê word indien die plaaslike tak aan al die nasionale projekte deelneem.“Hierdie projekte sluit voedingskemas by behoeftige kleuterskole, opleiding aan ouers en onderwysers, skooltassies propvol skryfbehoeftes vir behoeftige graad 1’s, die plaas van onderwysassistente in skole, bederfdae vir bejaardes en die beskikbaarstelling van beurse vir tersiêre opleiding in – om maar net ’n paar te noem!” vertel hy. Helpende Hand het ook vanjaar die Projek van die Jaar-kompetisie van stapel gestuur, waardeur R1,5 miljoen direk aan volhoubare gemeenskapsprojekte bestee word. “Ons wil dit vir ons takke maklik maak om armoede in hul gemeenskap te verlig, voorkom en verbreek, want hulle is ons hande en voete. Ons takke stel ons in staat om werklik by die mense uit te kom.” S
Solidariteit ÂŽ Helpende Hand
Tonne HULP, tonne HOOP Danksy die Solidariteit Beweging, ons werknemers, lede en ondersteuners, kon Solidariteit Helpende Hand sedert April meer as 150 ton kos en ander hulpmiddels ter waarde van R2 miljoen aan niestakers in die platinumgordel skenk. BAIE DANKIE aan elke Solidariteit Beweging-werknemer, lid en ondersteuner wat hul harte en hande oopgemaak het om die nood van die mense van Rustenburg te verlig! Solidariteit Helpende Hand het ook die Rampgebied Beursfonds op die been gebring om ons mense se kinders te help om te gaan studeer. So voorkom ons dat hierdie verwoestende staking enige langtermynskade aan die toekoms van ons kinders aanrig. Wil jy die kinders van niestakers in die platinumgordel ondersteun? SMS “help� na 38969 en skenk R10 vir die Rampgebied Beursfonds.
Solidariteit Beweging
0861 25 24 23 www.helpendehand.co.za
INBEWEGING
Sosiale media: Trek die digitale streep
S
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Met sosiale media is die GRENSE tussen jou persoonlike en professionele lewe dikwels baie vaag. Hoe besluit jy met wie jy kontak maak op watter sosiale netwerk? Watter sosialemediagedrag is PROFESSIONEEL EN ETIES?
56
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Sosiale media in SA
osiale media is lankal nie meer bloot ’n sosiale platform om kommentaar te lewer op ander se doen en late, geselsies met vriende aan te knoop en met jou gesinsfoto’s te spog nie. Dit is algemene praktyk om sosialemediaplatforms te gebruik om navorsing oor ’n mens te doen – hetsy deur ’n potensiële werkgewer, jou huidige werkgewer, vriende of kennisse. Dit is dus belangrik dat jy jou reputasie op sosiale media beskerm – of dit nou jou persoonlike profiel is, of jou maatskappy se profiel wat jy help bestuur. ’n Mens hoor dikwels van gevalle waar werknemers in die moeilikheid beland omdat ’n werkgewer die negatiewe of onvanpaste kommentaar wat hulle op Facebook geplaas het, raakgesien het. Hoewel jou Facebook-blad jou persoonlike blad is, is dit onvermydelik dat jy geassosieer word met die organisasie waar jy werk: as werknemer is jy ’n beelddraer en verteenwoordiger van die organisasie. Talle maatskappye gebruik Facebook byvoorbeeld vir omgewingsevaluering – nie net om dop te hou waarmee hul mededingers besig is nie, maar ook om navorsing te doen oor kandidate wat vir ’n beskikbare pos in die maatskappy aansoek gedoen het. Deur na jou sosialemediaprofiel te kyk, kan ’n maatskappy baie inligting bekom oor wie jy is, waarmee jy jou besig hou en wat jou norme en waardes is, nog voor hulle jou ontmoet het. Indien jy onoordeelkundig is met die inligting wat jy daar publiseer, kan dit jou ’n posisie kos. Is dit wettig? Ja, dit is, want sodra jy as individu inligting of foto’s op die internet laai, plaas jy dit op ’n openbare platform vir die wêreld om te kan sien. Daar bestaan nie iets soos privaatheid op die internet nie. ’n Volgende vraag is, hoe gepas is dit om jou baas as ’n Facebook-vriend te hê? Is dit professioneel om met jou kollegas Facebookvriende te wees? Elke persoon se situasie is anders. Die meeste mense het goeie vriende in hul werkomgewing
Deur Lindie van Zyl
TOP 1 2 3 4
8
Facebook Mxit Twitter YouTube
PLATFORMS 5 6 7 8
Linkedln 2go Instagram Google+
BESKERM JOUSELF SÓ
• Maak seker jou sekuriteitverstellings is so hoog as moontlik. Dit gaan minstens tot ’n mate help keer dat enigiemand na jou doen en late kan kyk. • Enigiets wat jy op ’n sosialemediaplatform laai, is in die kuberruim. Vir altyd. • Maak seker jy beskerm jou reputasie op sosiale media deur te dink voor jy iets publiseer. • Moenie voor die voet inligting oor jouself versprei nie. Wees eerder skepties en versigtig. • Neem altyd regsimplikasies in ag, ongeag die platform wat jy gebruik. • Respek vir ander op ’n sosialemediaplatform is baie belangrik.
en wil dinge uit hul persoonlike lewe met mekaar deel. Dit is dus ’n vraag wat jy vir jouself moet antwoord. Hou maar in gedagte wie van jou kollegas gaan lees wat jy op sosiale media plaas voor jy die publiseer-knoppie klik. Waar trek ’n mens dan die streep tussen jou sosialemediaprofiel en jou persoonlike lewe? Kenners sal sê verskillende sosiale netwerke kan met verskillende groepe mense in jou lewe geassosieer word. Jy kan dit amper beskou as ’n strategie vir jou sosialemediavriende wat jy in oorweging moet bring wanneer jy besluit watter mense jy tot watter deel van jou sosialemedianetwerk wil toevoeg. Neem die volgende in ag: • Ken ek jou? Twitter is die sosiale platform vir mense wat jy interessant vind, en wat jóú interessant vind en graag wil weet wat jy sê, al ken julle mekaar nie persoonlik nie. Dit is vir mense wat van jou of jou werk hou, of wat in dieselfde veld as jy is. • Ken ek jou professioneel? LinkedIn is ideaal vir die bou van professionele verhoudings met kollegas en ander kennisse. LinkedIn laat jou toe om met mense in dieselfde soort werk en situasies as jy te kan gesels, raad te gee en te vra. Dit is ’n professionele platform en jy sal nie sommer iemand daar kry wat verlede Kersfees se foto’s oplaai nie. Die kans is goed dat die meeste mense wat jou op LinkedIn volg, jou ook op Twitter sal volg. • Is ons persoonlike vriende buite die kuberruim? Mense wat in hierdie kategorie val, sal jou Facebook-vriende wees. Dit is mense met wie jy méér wil deel as professionele inligting. Dit kan kollegas insluit, maar is nie noodwendig die geval nie. Hou in gedagte dat enigiemand enige tyd na jou profiel op enige van dié platforms kan kyk. As jy onseker is oor iets wat jy wil publiseer, vra jouself:“Sal ek verneder voel as my baas of ’n kollega hierdie uitlating lees of hierdie foto sien?” Indien die antwoord “ja” is, is die kans goed dat ander mense in jou sosialemedianetwerk ook aanstoot gaan neem. S
INBEWEGING
Het jy ekstra olie in jou (spaar)lamp?
Die uitgerekte staking in Rustenburg waartydens baie van ons lede se inkomste onverwags opgedroog het, het weer die vraag laat opduik: WAT DOEN EK AS EK MY WERK VERLOOR of as my inkomstestroom opdroog? APPIE PIENAAR doen ’n paar voorstelle aan die hand vir lede wat hulle dalk in ’n soortgelyke situasie (kan) bevind. Spaar, spaar, spaar! Die Bybel vertel die gelykenis van die vyf verstandige en die vyf onverstandige meisies wat vir die koms van die bruidegom gewag het. Omdat die meisies nie seker was hoe lank die bruidegom sou neem nie, het sommige van hulle ekstra olie vir hul lanterns saamgeneem. Hulle wou seker maak dat hul olie nie dalk opraak indien daar ’n krisis ontstaan en die bruidegom laat opdaag nie. Tereg word hierdie oorversigtige meisies verstandig genoem. Die gelykenis van die tien meisies hou ’n belangrike lewensles vir ons almal in – sorg vir ekstra olie in ’n noodgeval! Enige persoon wat van ’n salaris afhanklik is, behoort genoeg spaargeld opsy te sit om vir minstens drie of vier maande sonder ’n salaris te oorleef. Daar is ’n paar maniere om hierdie spaargeld weg te sit: Hou twee of drie maande se kontantbehoefte in ’n afsonderlike spaarrekening, verkieslik waar dit rente kan verdien, of deponeer die geld in ’n toegangsverband waar dit toeganklik is en boonop goeie rente verdien.
Enige persoon wat van ’n salaris afhanklik is, behoort genoeg spaargeld opsy te sit om vir minstens drie of vier maande sonder ’n salaris te oorleef.
“
Nie tyd vir kieskeurig wees oor werk ’n Persoon wat vir drie of vier maande sonder werk is, vind dit moeiliker om weer ’n aanstelling te kry as iemand wat reeds ’n werk het. Dit is weens potensiële werkgewers se vooroordeel teen iemand wat werkloos is. Moenie kieskeurig wees oor watter werk jy aanvaar nie. Die voordele van so ’n tydelike werk is dat dit ’n paar gate help toestop en ’n mens besig hou. Dit kan ook nuwe deure na iets beter oopmaak, wat nie gaan gebeur as jy tuis sit en niks doen nie. Onderskei tussen behoeftes en begeertes Verdeel jou maandelikse uitgawes in begeertes en behoeftes, en sny die begeertes uit. Items soos DStv, duur selfone, kitskos, drank en sigarette is luukshede wat afgeskaal of uitgesny kan word indien die nood druk.
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Gebruik jou netwerk van familie en vriende Vriende en familie is nie slegs daar om ’n mens in moeilike tye te onderskraag nie, maar kan ook moontlik ’n skakel wees na ’n nuwe werkgeleentheid. Dikwels is mense egter so skaam en verleë oor hul benarde situasie dat hulle kontak met hul vriende probeer vermy. Aftreegeld slegs vir aftrede bedoel Soms kom daar by aflegging ’n bedrag beskikbaar uit ’n pensioen- of voorsorgfonds. Moenie hierdie geld gebruik nie, omdat dit belasbaar raak indien ’n mens dit sou uitkeer. Dit is ’n veel beter opsie om dit net so belastingvry in ’n ander fonds te belê. Hou moed As een deur toegemaak word, gaan daar dikwels ’n ander deur na nuwe geleenthede oop vir die persoon wat bereid is om hard te werk. Hou dus moed! S www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
57
INBEWEGING
Solidariteit bied ’n tuiste vir die hele gesin
Solidariteit is ’n unieke vakbond wat poog om elke sent van sy ledegeld dubbel en dwars in die vorm van NUTTIGE VOORDELE aan sy lede terug te gee – maak nie saak hoe oud of jonk jy is nie. Solidariteit is boonop ’n Christelike vakbond wat uitsonderlike waarde heg aan sy lede se gesinslewe, skryf INGE STRYDOM en MOIRA ETSEBETH. Ma en Pa • Solidariteit-lede geniet die voordeel van omvattende regshulp deur die grootste vakbondregsafdeling in die land, asook ’n beroepsgesondheids- en -veiligheidsafdeling. • Solidariteit Regsdienste bied gratis regsverteenwoordiging vir arbeidsake.Telefoniese, werkverwante regshulpdiens en sivielregtelike advies word ook gratis aan Solidariteit-lede gebied. • Solidariteit se geregistreerde finansiëledienstemaatskappy, Solidariteit Finansiële Dienste (SFD), beywer hom om advies en produkte van hoë gehalte te bied. • Lede wat permanent medies ongeskik verklaar word, kwalifiseer vir ’n enkelbedragbetaling van R1 500. Ma, Pa en kinders • Solidariteit-lede en hul gesinne kan teen 20%-afslag by die Kokoriba-vakansieoord in die hartjie van die Bosveld vakansie te hou. (Lees meer op bladsy 15.) • Ma en Pa kan hul vaardighede en kennis opskerp deur deeltyds by Akademia te studeer, terwyl Boetie en Sussie ook hul studies hier kan aanpak. Solidariteit-lede en hul kinders ontvang boonop 20%-afslag op hul klasgeld by Akademia. (Lees meer oor Akademia op bladsy 26.) • Pasgetroudes kan met gemoedsrus hul gesin uitbrei, aangesien vroulike lede wat vir langer as 12 maande lid is, ’n bevallingsvoordeel van R1 250 per kind ontvang. • Lede kan hul testament gratis deur die vakbond laat opstel. Boedelbereddering teen ’n markverwante heffing is ook moontlik. Kinders en kleinkinders sal dus net goeie herinnerings pleks van finansiële bekommernis ná die afsterwe van ’n geliefde hê. • Solidariteit-lede ontvang ’n omvattende begrafnisvoordeel wat van toepassing is op gades, lewensmaats en afhanklike kinders jonger as 21 jaar.
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Kinders • Danksy onafhanklike, wêreldklas- tersiêre instellings soos Sol-Tech en Akademia verseker Solidariteit dat sy lede se kinders hul naskoolse studies kan voortsit – in Afrikaans! ’n Gedeelte van ons ledegeld word ook in ’n studiefonds geplaas waaruit rentevrye studielenings aan lede se kinders en minderbevoorregte jongmense toegeken word. (Lees meer op bladsy 48.) S
58
Kry Solidariteit aan jou kant! Word deel van die grootste oplossingsgedrewe vakbond in Suid-Afrika om die beste beskerming vir jou en jou gesin te verseker. SMS die woord LID na 34802. Elke SMS kos R2. UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
EENSTOPDIENS SONDER GELYKE Nog nie ’n lid nie? SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. AFRIKAANSE LEESFEES
www.kraaluitgewers.co.za 012 644 4329
mar ela
Solidariteit Groeifonds ONS BELÊ IN DIE TOEKOMS www.groeifonds.co.za 0861 25 24 23
BEGRAFNISVOORDEEL 0861 25 24 23
TESTAMENTE
fineks@wvs.co.za
REGSNAVRAE
0861 25 24 23 (Individuele lede) Dienskantore (Kollektiewe lede)
media
JOU (GRATIS) KUIERPLEK OP DIE NET www.maroelamedia.co.za
INDEMNITEITSVERSEKERING
Herman van Zyl accup@icon.co.za • 012 345 5015
akademia
STUDEER TERWYL JY WERK www.akademia.ac.za 0861 222 888
BEROEPSGESONDHEID OF PERMANENTE MEDIESE ONGESKIKTHEID Kontak jou naaste dienskantoor 0861 25 24 23
www.solidariteit.co.za
Sol-Tech
AMBAGSOPLEIDING IN AFRIKAANS www.sol-tech.co.za soltech@solidariteit.co.za 012 755 5687
0861 25 24 23
BEVESTIG BESONDERHEDE OF LIDMAATSKAP www.solidariteit.co.za diens@solidariteit.co.za 0861 25 24 23
AfriForum
BURGERREGTE, VEILIGHEID & OMGEWINGSKWESSIES www.afriforum.co.za afriforum@afriforum.co.za 086 10 200 30
Solidariteit Helpende Hand
Solidariteit Finansiële Dienste
diens@helpendehand.co.za 0861 25 24 23
sfdadmin@solidariteit.co.za 0861 10 10 05
MAATSKAPLIKE STEUN & BEURSE
FINANSIËLE ADVIES
SOLDEER E-NUUSBRIEF www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 TAAL- EN KULTUURBELANGE www.fak.org.za 012 301 1777
SOLIDARITEIT TYDSKRIF tydskrif@solidariteit.co.za 0861 25 24 23
’N FAMILIE WAT AL JOU BELANGE OP DIE HART DRA
jy & die Reg
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.
GEEN SAAK IS TE GROOT OF KLEIN
Hoe lank ná ontslag moet ’n dispuut verwys word?
I
Deur Gerhard Hildebrand
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
ngevolge artikel 191(1)(b)(i) van die Wet op Arbeidsverhoudinge moet ’n dispuut binne 30 dae ná die datum van ontslag na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) of ’n bedingingsraad verwys word, of binne 30 dae nadat die werkgewer ’n finale besluit geneem het. Artikel 190(1) beskryf die datum van ontslag as die datum waarop die diensooreenkoms beëindig word of die datum waarop die werknemer die werkgewer se diens verlaat. Indien ’n werknemer ontslaan word en teen die ontslag appelleer, kan die dispuut binne 30 dae ná die uitslag van die appèl verwys word. Dié 30-daetydperk begin dan nie ná ontslag nie, maar op die latere datum toe die werkgewer die finale besluit by appèl gemaak het. Om die 30-daetydperk te bereken, word die eerste dag (dit wil sê die dag van ontslag) uitgesluit en die laaste dag ingesluit. Die 30 dae word op kalenderdae bereken en sluit dus
60
Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae in. Indien die laaste dag egter op ’n Saterdag, Sondag of openbare vakansiedag val, word daardie Saterdag, Sondag of openbare vakansiedag uitgesluit, en word die 30 dae verleng tot die eerste dag ná die Saterdag, Sondag of openbare vakansiedag. Indien die laaste dag van verwysing in die tydperk van 16 Desember tot 7 Januarie val, word die tydperk verleng tot die eerste dag ná hierdie tydperk wat nie op ’n Saterdag, Sondag of openbare vakansiedag val nie. Indien die verwysing nie binne die 30-daetydperk gedoen word nie, moet aansoek om kwytskelding saam met die verwysing gebring word, wat die risiko inhou dat die KVBA of die bedingingsraad die aansoek van die hand kan wys. Dit is belangrik om Solidariteit so gou moontlik ná ontslag te kontak sodat enige verwysing deur Solidariteit self hanteer kan word. S
Dit is geen geheim nie dat Solidariteit die grootste regsafdeling van alle vakbonde in Suid-Afrika het. Solidariteit se regsafdeling bied nie net regsadvies en -hulp aan nie, maar ook gespesialiseerde regswerk. Hier is slegs ’n handjievol welslae wat dié afdeling onlangs behaal het: • Solidariteit het onlangs sukses behaal met ’n saak van uitstaande geld wat namens ’n lid na die Arbeidshof verwys is. Die bedrag van R11 629,48 is aan die lid betaal ná ’n redelike opdraande pad. • Solidariteit het namens ’n lid ’n artikel 158(1)(c)-aansoek na die Arbeidshof geloods om ’n arbitrasiebevel ’n bevel van die hof te maak. Die bevel was in die lid se guns en ’n bedrag van meer as R9 400 is aan die lid uitbetaal. • ’n Lid van Solidariteit en sy werkgewer het besluit om oor ’n bepaalde situasie te skik op R160 000. Die werkgewer het sonder aarseling R100 000 aan die lid uitbetaal, maar aan die laaste R60 000 vasgeklou. Solidariteit het dadelik ingespring en ’n artikel 158(1)(c)-aansoek na die Arbeidshof geloods. Die hofbevel was in die lid se guns en die werkgewer het die volle bedrag aan die lid uitbetaal. • Solidariteit het namens ’n lid ’n artikel 77(3)-aansoek geloods vir uitstaande statutêre geld. Daar was geen opponering van die werkgewer af nie en Solidariteit het voortgegaan om die saak as verstekvonnis te plaas. Die hofbevel was in die lid se guns en die werkgewer het die volle bedrag van R12 943,50 aan die lid uitbetaal. S
Geen saak is te groot of te klein vir Solidariteit nie. Moenie wag totdat jy ’n probleem het nie – kry Solidariteit vandag nog aan jou kant en geniet regsbeskerming sonder gelyke! SMS die woord LID na 34802. Elke SMS kos R2. UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
INBEWEGING
AFRIKAANS
ferm optrede
beskerming BILLIKHEID
REGVERDIGHEID EN WAARHEID
studielenings gee nie op nie!
TEGNIESE OPLEIDING
regverdige kans
onverskrokke
AKADEMIA
SMS die woord “Lid” na 34802 om aan te sluit!
‘Solidariteit gee ons ’n stem,’ sê trotse lede van vakbond Honkie Ponkie Opvoedkundige Kleuterskool: Om by lede te staan en vele ander goeie dinge. Dankie.
Marieta Pretorius: Die feit dat julle kalm en ferm en wettig optree vir ons wat nie ander beskerming het nie. Hou so aan! Anine Labuschagne: Julle baklei en praat vir dié wat graag wil maar nie kan of weet hoe nie. Julle veg vir reg en geregtigheid, en ondersoek en hou aan tot julle by die waarheid kom. Solidariteit is die stem van so baie mense, wit en swart, wat moedeloos voel oor ons land se huidige situasie rakende bedrog, misdaad en hoe ons regering wette slegs vir hul eie voordeel wil gebruik. Julle is die stem van die belastingbetaler, die een entiteit wat eintlik ’n sê het oor hoe ons geld aangewend moet word. Annette Prinsloo: Vestiging van ’n Afrikaanse universiteit en ’n tegniese opleidingskollege. Jana Beukes: Sjoe, ek dink daar is meer as net een beste ding. Dankie! Desiré Kriel: Hulle staan op vir Afrikaans. Gavin Almeida: Solidariteit gee nie op nie. ChristabelVosloo: Op ’n persoonlike vlak: het vir my kind ’n studielening gegee. Ons het hierdie beweging al baie lank nodig! Julle is ysters.
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Janke van Rooyen: Akademia. Estia Groenewald: Alles wat julle aanpak, is die beste! Magda Botha: Om die kinders ’n regverdige kans te gee in hierdie land deur aan hulle opleiding te bied teen lae pryse en hulle te help om werk te kry. Dankie, Solidariteit. Te veel om op te noem, julle is fantasties. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
61
*
INBEWEGING
Verseker jou werk deur by Solidariteit aan te sluit!
SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2.
V FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Waarom besittings verseker maar nie inkomste?
62
akbonde word dikwels met begrippe soos stakings, wetteloosheid en geweld geassosieer. Dis genoeg om enigiemand te oorweldig en verwar. Waarom dan enigsins aan ’n vakbond behoort? Luidens www.voortrekkers.org.za kan die moderne vakbond se ontstaan na die Industriële Revolusie van die 18de en 19de eeu teruggevoer word. Daar het reeds aan die einde van die Middeleeue organisasies tot stand gekom wat as die voorlopers van moderne vakbonde beskou word. Ambagslui en handelaars is onder meer deur hierdie organisasies verteenwoordig. Die hoofdoel van dié organisasies was om ambagsmanne te verenig deur gehaltestandaarde en -riglyne daar te stel. Hulle het geglo dit verleen selfstandigheid en selfrespek aan hul lede. In die hedendaagse Suid-Afrikaanse arbeidslandskap het vakbonde grootliks ’n swak beeld. Die publiek vereenselwig vakbonde met gewelddadige, vernietigende stakings wat die ekonomie op sy knieë dwing. Vakbonde word ook gestigmatiseer en met politieke partye geassosieer. In werklikheid bestaan daar twee soorte
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Deur Inge Strydom en Moira Etsebeth
WEN ’N HUWELIKSEMINAAR
WEN WEN WEN
Gelukkig by die huis = gelukkig by die werk! Leer hoe jy en jou lewensmaat mekaar beter kan verstaan, en laat jou huwelik die toonbeeld van God se liefde word. Neem deel aan ons kompetisie wat aangebied word in samewerking met Lewensverryking Seminare, ’n Christelike beradingsorganisasie, en staan die kans om ’n huwelikseminaar ter waarde van R3 300 vir jou en jou eggenoot te wen. Die aanbod sluit etes en hotelverblyf in, en vind van 3 tot 7 Oktober 2014 in Middelburg, Mpumalanga plaas. • SMS die woord “huwelik” na 34802, gevolg deur jou naam, lidnommer asook een verwysing van ’n vriend of familielid wat by die vakbond wil aansluit. Bepalings en voorwaardes kan op die webtuiste www.solidariteit.co.za besigtig word. vakbonde, naamlik dié wat hulle met politieke partye vereenselwig en dié wat as Christelike vakbonde nie aan politieke partye gekoppel is nie. Solidariteit is een so ’n vakbond en behoort aan ’n internasionale federasie genaamd die World Confederation of Labour (WCL) wat die grootste federasie ter wêreld is. Die meeste van ons verseker ons motor, ons huis en selfs ons meubels. Ons vergeet dikwels dat ons geen van hierdie besittings sou gehad het as dit nie was vir ons werk en inkomste nie. Dit is
hier waar vakbonde ’n onmisbare rol vervul. ’n Vakbond is ’n organisasie wat sy lede (werknemers) se belange bevorder en dus werkbeskerming bied. Die verhouding tussen ’n werknemer en ’n werkgewer is sodanig dat werknemers nie sommer op hulle eie hul werkgewer kan aanvat nie. Vakbonde skep daarom ’n forum vir werknemers om kollektief, dus in ’n groep, hul stem te laat hoor. Sodoende word ’n sterk kollektiewe mag gevorm wat ewewig in die werknemerwerkgewer-verhouding skep. S
ADVERTORIAL
For more information contact our head office: Central Professional Suites, Ground Floor, 20 Central Avenue, Kempton Park 0861 34 99 36 managedcare@fizzeo.co.za www.fizzeo.co.za
The answer to vocational rehabilitation is here
A PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM
The FIZZEO HEALTHCARE GROUP focuses on establishing advanced and specialised rehabilitation centres that offer the interaction of a FULL, MULTIDISCIPLINARY MEDICAL TEAM OF PROFESSIONALS, catering for the broadest range of patient groups with the highest level of quality rehabilitation services.
64
t the Complete Care Physical Rehabilitation Centre in Kempton Park, we offer a unique physical rehabilitation service called Vocational Rehabilitation. This type of outcome-based rehabilitation focuses on enabling people to overcome any barriers that may prevent them from accessing or returning to employment. Vocational Rehabilitation effectively maximises an individual’s capacity to return to work safely and productively. Vocational Rehabilitation is a combination of physical rehabilitation and recruitment services aimed at individuals who have completed basic rehabilitation, but are unable to return to work. They include, for instance: • Patients who have been out of work for more than a month due to injury and for whom basic rehabilitation was insufficient to ensure a safe and productive return to work; • patients who have returned to work, but suffer from compromised cardiovascular status and/or faulty body mechanics and posture, and resultant chronic pain; • patients with questionable feasibility for re-employment or even alternative employment; • employees suffering from pain, especially when active;
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
• any employee with overall body deconditioning and/or weight gain, especially after injury; • employees with poor physical and muscular flexibility; and • employees who require alternative employment or disability management. We envision improving the health of the communities we serve through education, the involvement of captains of industry in healthcare, the development and promotion of holistic healthcare solutions and the establishment of private/public partnerships aimed at increasing affordability and accessibility of healthcare. Our competitive edge lies in our multidisciplinary approach to each client. Treating each client as an individual and focusing on the client’s specific needs, allow us to have a client-based-approach that is focused and goal oriented. Our objective team approach to every opportunity results in our clients feeling nurtured, enhances successful outcomes and increases overall patient/client satisfaction. Our core services include: general practitioner, psychology, physiotherapy, occupational therapy (physical and psychiatric), biokinetics, orthotics and prosthetics, wound management and affordable generic medication. These professions are combined into managed healthcare teams at our Complete Care Medical Centres that offer
a diversity of specialised, integrated medical services to the public. Managed healthcare makes advanced healthcare more affordable and accessible to the public, offering healthcare solutions at a fraction of the cost, without compromising the quality of care. Examples of managed healthcare include structured programmes for: acute and chronic back and neck pain; amputee rehabilitation; joint replacement; fracture management; and many more. Companies considering capitation as a solution for providing healthcare to their workforce can contact us directly on gjw@fizzeo.co.za for more information. Capitation programmes offer employers the chance to participate in the health of their workers. At our centres we welcome all WCA, RAF, private, medical aid and corporate patients/ clients who need our assistance.We encourage open dialogue between our medical professionals and the employers and the funders we serve. In accordance with the programmes we offer, we regularly report on the progress of our patients at initial evaluation, at regular interims and at final assessment. This allows for effective management of the progress of our patients; management of the cost of injury; transparency in service delivery; elimination of over-servicing; and a pledge to high-quality healthcare for all.
INBEWEGING
Kom maak jou tuis @ Maroela Media
Het jy al die lekkerste AFRIKAANSE KUIERPLEK OP DIE INTERNET ontdek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die Afrikaanse musiekwêreld aan’t gebeur is en selfs jou gunsteling-rugbyspan ondersteun. Hier is ’n lusmakertjie van wat jy nog op Maroela Media kan kry: Eg Suid-Afrikaanse resepte, taaltoffies, en nuus oor die nuutste Afrikaanse boeke. Kuier vandag nog saam by maroelamedia.co.za, of sluit aan op Facebook, Twitter en YouTube!
mar ela media
Resep oorspronklik gepubliseer in Smul sonder sukkel. Prys: R73,21 (e-boek) Prys onderhewig aan verandering.
SMUL SAAM
METODE
BEÏNDRUK MET BLINDEVINKE
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM &
VERSKAF
BESTANDDELE
8 dun skyfies biefstuk (minute steaks) 15 ml aangemaakte Engelse mosterd 8 repe swoerdlose spek 15 ml olie 5 ml knoffel, gekneus 1 ui, gekap 15 ml biefekstrakpoeier 250 ml rooiwyn 250 ml water 1 x 85 g-pakkie bruinuiesoppoeier
POTJIEKOS
So tussenin die makeshift hysies, elke aand voor die etensuur, dán maak ons vuur. Om te keer teen die elemente van koud en starvation, om te sorg vir oorlewing van die squatter nation.
1. Smeer elke biefstuk aan een kant met mosterd en plaas ’n repie spek daarop. 2. Rol elke biefstuk op en steek dit vas met ’n peuselstokkie. 3. Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die blindevinke ongeveer 10 minute tot verbruin. 4. Voeg die knoffel en ui by en braai nog 2 minute. 5. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die soppoeier, by en laat ongeveer 45 minute prut totdat die vleis sag is. 6. Maak die soppoeier aan met ’n bietjie water en roer by die blindevinke. 7. Laat nog 3 minute prut tot die sous verdik. 8. Sit voor met kapokaartappels en ertjies.
Gedig deur Marius Titus (gebore 1946)
Dan… as die vrouens in die potte roer, dan maak ons kos – potjiekos my broer. Nou hoor ek die whaaities maak ook so, seker by ons gesien wat en hoe. Shame, dan keer hulle ook seker teen die koud en die starvation.
*
Is jy jonger as 25 jaar en ’n meningsvormer van formaat? Laat hoor jou stem op Die Groot Debat. Stuur jou bydrae van tussen 800 en 1 000 woorde na maroela@maroelamedia.co.za (sit My standpunt in die onderwerpveld). ’n Geskenkpak ter waarde van R400 is weekliks op die spel! 66
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
LOUIS TREGARDT SE DAGBOEK 1836 – 1838
DIE LEES WERD
Deur: Jackie Grobler Uitgewer: Litera Publikasies Prys: R200,00 Tregardt skryf onbeskroomd en pittig oor sy geselskap se swakhede en durf, hul gewoontes, persoonlikhede en streke. Sommige, soos die kwaai weduwee Scheepers en Tregardt se geliefde Martha, vergeet ’n mens nooit. Die dagboek bevat ook van die oudste en aangrypendste liefdesliteratuur in Afrikaans. Dit tel onder die oudste en belangrikste dokumente in die wordingsgeskiedenis van Afrikaans en is nou, danksy Jackie Grobler, vir die eerste keer in verstaanbare Afrikaans beskikbaar.
KEN JOU TAAL
IS JY ’N BEKDRYWER?
Wat beteken dit? ’n Passasier in ’n motor wat ongevraagde raad vir die bestuurder gee en kommentaar op die bestuurdery lewer: Jy mag saamry, maar ek duld g’n bekdrywer nie. Engels: backseat driver S
INBEWEGING
Kom kuier en klets saam by
maroelamedia.co.za
Maroela het onlangs sy toepassing (app) bekendgestel vir Androiden Apple-slimfone. Besoek die Google Play Store en die Apple App Store.
Maroela Media is
Drie jaar van boeretroos, bobaasnuus, berge versit
T
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Maroela Media het onlangs sy DERDE VERJAARDAG gevier. Maroela se redakteur, SUSAN LOMBAARD, vertel waarom dié Afrikaanse aanlynkuierplek vir sy lesers soos beskuit en koffie, biltong en kampvuurkuier geword het. oe ons drie jaar gelede Maroela Media se digitale deure oopgemaak het met ’n gesprek oor protesmusiek waaraan onder andere Steve Hofmeyr en Deon Opperman deelgeneem het, het ek nooit kon dink dat dié inisiatief so vinnig sou groei nie. Min het ons geweet hoe die media-omgewing in die volgende drie jaar ryp sou word vir ’n alternatiewe (en gratis!) mediaplatform. Mense verlang terug na die dae toe hulle op Sondae ongenooid by die bure kon opdaag vir tee, toe die kinders oor die straat kon hol om by die bure se kinders te gaan speel, of bendehuise in die veld kon maak. Dis iets wat waarskynlik nooit weer in Suid-Afrika gaan moontlik wees nie. Maar op ’n ander manier kuier ons mense weer lekker saam. Op Maroela kan hulle resepte deel, saam oor die rugby bespiegel en lekker debat voer. As daar nou een bedryf is waar daar tans groot onsekerheid heers, is dit die mediabedryf. Die skuif van gedrukte na digitale media gee talle grys hare, en vir dié van ons wat uit die staanspoor deel van ’n digitale platform was, is ’n volhoubare sakemodel en ’n klomp ander goed ’n groot uitdaging: As ’n adverteerder môre sy Engelse advertensie in kreatiewe Afrikaans op ons tuisblad wil hê, moet ons inspring en help
vertaal. As ’n kameelperd wat agterop ’n vragmotor ry sy kop teen ’n brug stamp, moet ons sorg dat ons eerste die foto én die storie in die hande kry. As daar nuwe neigings in die web- en digitale omgewing is, moet ons seker maak ons implementeer dit so vinnig en sinvol moontlik. Die Maroela-span wat hierdie uitdagings hanteer, is ’n spesie op hulle eie. Hulle kan selde vooruit beplan. Hulle moet heeltyd op hul selfone, tablette en rekenaars wees om op hoogte te bly. Hulle moet áltyd beskikbaar wees. Hulle weet nooit presies wat môre gaan gebeur nie, en daaroor moet hulle opgewonde wees. Hulle moet floreer in krisistye en op hul beste presteer onder druk. Hulle mag nooit hul sin vir humor verloor nie, want dis dikwels hul behoud. Ek is geseënd om so ’n span te hê. By ’n kongres oor die toekoms van media en die advertensiewese in Suid-Afrika wat ek onlangs bygewoon het, het prof. Anton Harber van Wits die volgende gesê: “In this climate, leadership is about leading your team to embrace uncertainty, unpredictability, failure and lack of control. The people who thrive in this atmosphere are those who say: I love the lack of control, the flux, the experiments, the uncertainty.” In dié atmosfeer sal Maroela Media van krag tot krag bly gaan. S
3 JAAR OUD HET JY GEWEET?
Maroela Media is in 2013 met ’n silwer Pendoringtoekenning beloon (Beste Geïntegreerde Veldtog) vir sy Grootste Afrikaner van Alle Tye-veldtog. PENDORING bekroon jaarliks uitmuntende Afrikaanse reklame en dié toekenning is ’n merkwaardige veer in Maroela Media se hoed!
7 000 MENSE
872 500
HET MAROELA IN SY EERSTE MAAND BESOEK. DIÉ SYFER HET DIE AFGELOPE 3 JAAR OPGESKIET TOT
BESOEKERS IN JULIE
2014
2,5 MILJOEN BLADSYE IS IN JULIE
= 10 000
2014 BESOEK
Bron: Google Analytics
www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
67
INBEWEGING
Pluk die vrugte van ons beskerming
Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word. LIDMAATSKAPKATEGORIEË
1 Kollektiewe lede
Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.
68
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Individuele lede
2
Individuele lede is lede wat by aansluiting 50 jaar of jonger as 50 is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar of ouer word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.
3 Ondersteuningslede
Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie. Dit wil sê individuele lede wat by aansluiting 50 jaar of ouer as 50 is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.
INBEWEGING
Is jy ’n Solidariteit-lid? Wil jy graag ’n splinternuwe Toyota Corolla of ’n luukse vakansie wen? BRING JOU INLIGTING OP DATUM en jy kan wegry met wiele vol woema! Die kompetisie is oop tot 30 April 2015. Besoek www.solidariteit.co.za
WEN! WEN! WEN!
ALTYD AAN JOU KANT Arbeidsake
Gratis regshulp en hulp met arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werkprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za
Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.
Permanente mediese ongeskiktheid*
* BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD – SKAKEL 0861 25 24 23 • FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap en wat spesialisverslae en bewyse van hul werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500. Eise moet binne ses maande ingedien word.
’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die bevalling ingedien word.
Solidariteit Tydskrif
Lede ontvang ses keer per jaar ’n eksemplaar van Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook die Solidariteit Beweging se werksaamhede gedek word.
Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Dovesbegrafnisdienste behartig. • Die gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. • Die las van begrafnisreëlings word verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref.
Motor- en huisinhoudversekering
Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede. Vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie, skakel 0860 34 62 53.
S I N 6 1 3 8 5 2 X
Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise.
Bevallingsvoordeel*
Sterftevoordeel (Doves-kontrak)*
BYKOMENDE DIENSTE
VRY,
FOKU S
BEROEP GESON SDHEID EN -VEILIGH BLADSY EID
VEILIG,
VOORSPOE DIG Helpe nde belê R1,5 Hand in gemee miljoen nskappe
Solidarit eit
rum:
APP
IS UIT
DIE MO U
01 • 2014
www.soli dariteit.co .za R16 95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede
9 77 168 3
34
Renate
“Ek’s dankbaBarnard: ar ondank s die diskrim inasie”
AfriFo
Safe, prospe communitiesrous possible Vakbo nd aan met gee pas en gesondveiligheid heid
Solida riteit palm van nou in die jou HAN DD
HAN
de te HELPENDE EKO om armoe ek se hart NO verbre voorkom,MIE
562 000
verlig, * SA het groter koek 2014 nodig * Is there IESING ap hope for VERK ke landsk econom y? * Geson Sódelyk politie bestuur maak LITY vakbond voors ER QUAbomb – * Financial WAT poedi timeg freedo a ticking study m toorum * Spaar nou retire vir kind AfriF se opleid ing
Solida riteit Beweging
: DIE PUK unte RIE BY PENA beplan oor brandp Beraad
UPSIE KORR
G INvetter AK ST beursie maak nie
PROTECTS HOW LAW LOWERS WHISTLE-B
dit weer “Ek sal sê doen,” aser fluitjiebl
4 • 201
02 it co za www solidarite (BTW ingesluit) R16 95 lede Gratis aan
3 168 9 77
000 562
riteit Solida ging Bewe
~ BLADSY
28
RMASIE TRANSFO onsentrasie” oor “oork heard soon
er sing gewei
S FOKU
VAT VROUE DIE VLAM IN WERKPLEK 36 BLADSY
MOED RIMI TEEN DISK
* Verpla g system: Case to be lar” rankin man “irregu a white * SAPD mending sformeer * Recom reeds breedweg getran diens * Staats DIE
OM TE
NASIE,
VEG
ONS HET
FHA STAATSA
NKLIKHE
ID, BED
ROG
Uitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: • Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 • Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide die man en vrou lid van Solidariteit is. • Eise moet binne 6 maande ingedien word. Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding. • Lees meer op bladsy 64.
Studievoordeel*
Lede van Solidariteit, asook hul afhanklike kinders tot en met die ouderdom van 21 jaar, ontvang 20%-afslag om by Akademia te studeer. Besoek die webtuiste www.solidariteit.co.za vir die volledige bepalings en voorwaardes. • Lees meer oor Akademia op bladsy 26.
Solidariteit Regshulppakket
Vir ’n bykomende premie van slegs R90 per maand kan lede en hul afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en strafregsake (krimineel), telefoniese regshulp, toegang tot regsdokumente en afslag op onder meer oordragte. Geniet dekking ter waarde van R45 000 per jaar (beperk tot R20 000 per saak). • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).
Solidariteit Aftreeplan
Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min Suid-Afrikaners onafhanklik kan aftree en word in samewerking met Allan Gray aangebied. • Skakel 0861 101 005.
Testamente en bereddering
Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300. S
www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
69
INBEWEGING
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Bellville
Ettienne Pio (litigant), Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Sarel du Plessis Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville
Bloemfontein Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Herman de Jongh, Dana Viljoen • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden, Elize Pohlman Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
Carletonville Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
Ellisras Jan Pretorius, Deon Viviers Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za
Klerksdorp Willie Marais, Coenie Rheeder (litigant), Danny Schutte Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 • Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffelspark, Kantoor 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp
70
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
Kathu
Gert van Wyk,Adéle Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu
Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Bianka du Preez Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v.Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
Newcastle Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg
Port Elizabeth Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 364 3219/2925/3225 Faks: 041 364 2927 Straatadres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057
Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin,Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha, Jahni Cowley Administratiewe beamptes: Christa Louw,Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee& Van Rensburgstraat, Mayville
Richardsbaai
John Smith Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 of 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
Rustenburg Johan Nell (litigant), Herman de Jongh, Jan du Plessis Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Carisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg
Secunda Andy O’Toole Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda
Vaaldriehoek Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Elize du Plooy, Le Roy Fritz (litigant) Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Saretha Jacobs Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130
Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel nr. 5, Eerste vloer,The Strip, Metro Village, Stateway 312,Welkom
Witbank Cornelius van Leeuwen, Christo Hattingh Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
VAN DIE
APPIE
PERCY
DIRK
FLIP
DEON
FRIK
THELMA
KOOS
HENDRIK
FRIK
LEDEDIENSKOMITEE
PERCY
GRONDWETKOMITEE
JOHNNY
STEVE
GERHARD
HANNETJIE
LORAINE
LIZ
7
GAWIE
CHRIS
• Percy Button • Koos de Beer • Frik Cronje • Steve Scott • Thelma Louw • Hendrik Small • Loraine Smit • Gerhard Viljoen • Gawie Koch
PERCY
• Hannetjie Topham • Liz Halewijn • Chris Kaempffer • Herman Botha • Percy Button
SOLIDARITEIT-PERSONEEL OP DIE HOOFRAAD
• Hannes Janse van Rensburg • Ben Saayman • Arthur Boon
2
• Flip Buys • Dirk Hermann • Gideon du Plessis • Appie Pienaar • Nic Arnold • Gerhard Ceronie • Deon Reyneke • André van der Merwe • Marius Croucamp
6 HERMAN
• Steve Scott • Percy Button • Flip Buys • Gideon du Plessis • Appie Pienaar • Dirk Hermann • Hennie de Wet (groepsekretaris)
1
HOOFRAAD
• Johnny Esterhuyse • Deon de Vries • Frik Cronje
GIDEON
8
HENNIE
DISSIPLINÊRE KOMITEE
STEVE
BESTUURSKOMITEE
Voorsitters van die onderskeie subkomitees is in oranje aangedui.
SUBKOMITEES
• Ben Saayman • Frik Cronje • Deon de Vries • Thinus Jacobs
NIC
5
• Steve Scott • Percy Button • Herman Botha • Hannes Janse van Rensburg • Thinus Jacobs
• Johnny Esterhuyse • Jan Pretorius • Deon Jenkins
3
OUDITKOMITEE BEN
ARTHUR
FLIP
4
FRIK
DIRK
DEON
GIDEON
DEON
ANDRÉ
SOLIDARITEIT-PERSONEEL OP DIE HOOFRAAD
GERHARD
BEN
HANNES
PERCY
THINUS
DEON
APPIE
MARIUS
THINUS
OPLEIDINGSKOMITEE
HERMAN
STEVE
JAN
GROEIFONDSBESTUURSKOMITEE
JOHNNY
MENSLIKEHULPBRONNEKOMITEE
HANNES
Solidariteit is ’n lede-organisasie waar die lede die finale sê in die bestuur van die vakbond het. Lede van Solidariteit word tot verskillende bestuurstrukture van die vakbond verkies, insluitend verskeie bedryfsrade, die Nasionale Raad en uiteindelik die Hoofraad. Die Hoofraad is verantwoordelik vir die funksionering van die vakbond se aktiwiteite en die strategiese aanwending van vakbondstrukture vir die suksesvolle bestuur daarvan. Die Hoofraad bestaan uit lede wat verteenwoordigend is van die onderskeie bedrywe wat deur die Nasionale Raad tot die Hoofraad verkies word. Die Hoofraad vervul sy bestuurstake deur middel van verskeie subkomitees. Dié komitees bestaan uit lede van die Hoofraad en lede van Solidariteit se bestuurspan wat by die onderskeie funksies se dag-tot-dag-aktiwiteite betrokke is.
INBEWEGING
www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
71
INBEWEGING
Wie was Jannie met die hoepelbeen?
D
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Tydens haar navorsing vir ’n nuwe boek van Kraal Uitgewers het ILZE NIEUWOUDT op die storie agter die volksliedjie “VAT JOU GOED EN TREK, FERREIRA” afgekom.
72
it gebeur dikwels dat die woorde van ’n liedjie of gedig in die volksmond gevestig raak terwyl die oorsprong daarvan vervaag. Só is die woorde “Vat jou goed en trek, Ferreira” reeds deeglik by die Afrikaanse spreektaal ingeburger sonder dat iemand meer weet waarom dié woorde destyds aan die arme siel toegesnou is. Die eerste verwysings na die gelyknamige liedjie is reeds in 1870 opgeteken en dit is sedertdien in talle sangbundels opgeteken en word reeds geslagte lank gesing. In ’n artikel deur dr. S.J. du Toit wat op 29 Januarie 1932 in Die Huisgenoot verskyn het, word die oorsprong van dié bekende volksliedjie ondersoek. Volgens Du Toit is daar, soos in die geval van baie ander volksliedjies, telkens nie net een “ware” verhaal oor die ontstaansgeskiedenis nie.“’n Klein vyftig jaar, selfs minder, is in die reël genoeg om die sluier van vergetelheid oor die oorsprongsgeskiedenis van ’n volksliedjie te trek,” verduidelik hy. Luidens sy navorsing het Hendrik P.N. Muller reeds in 1889 in sy boek Zuid-Afrikaanse Reisherinneringen verwys na ’n liedjie wat deur ’n kommando op pad na Stellaland gesing is met die woorde: “Vat jou goed en trek, Pereira! / Vat jou goed en trek! Al aan die een kant zwaard dra, / Al aan die een kant zwaard dra, ja, ja / Jannie met die hoepelbeen.” Muller het ook gereken dat Jannie “een oud voortrekker” was. Die oorsprong van die liedjie is egter nie heeltemal duidelik nie – en verskeie persone is as die eintlike “Jannie met die hoepelbeen” aangedui. Du Toit verwys in sy navorsing na twee verhale. In die eerste weergawe verwys die liedjie glo na ’n oorywerige vryer van Somerset-Oos. Die mank wewenaar het blykbaar “’n sekere jong dame met meer besoeke vereer as [wat vir] haar eintlik aangenaam was. Saam met ’n vriendin het sy toe Vat jou goed en trek, Ferreira gedig.” Kort voor lank het die dorp ook aan die sing geraak en het die wewenaar sy besoeke gestaak. Volgens die tweede weergawe, wat reeds in 1870 oorvertel is, het die plaaslike werkersgemeenskap van ’n Bolandse dorpie dié liedjie as bespotting gesing vir ene Ferreira wie se
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
DIS ’N FEIT
Die eerste liedjie wat oor die destydse Springbok Radio uitgesaai is, was “VAT JOU GOED EN TREK, FERREIRA.”
vrou deur sy vriend afgevry is. Dié het toe besluit om die dorp te verlaat en sy vrou agter te laat “in besit van sy suksesvolle mededinger”. Du Toit vertel dat hoewel die man se naam wel nie “Jan Ferreira” was nie, het hy wel “’n paar baie krom bene gehad”. Die werkers het juis om veiligheidsredes ’n skuilnaam vir hul spotliedjie gekies. “Jannie met die hoepelbeen” het dus na dié man verwys terwyl “al aan die eenkant swaar dra” volgens Du Toit na “die toestand van sy vrou” verwys het. Of Du Toit met die woord “toestand” na ’n swangerskap verwys, is nie duidelik nie, maar dit wil so voorkom. Daar is egter nog weergawes opgeteken – soos dié een in dr. Anton Prinsloo se boek Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom (uitgegee deur Pharos). Volgens dié weergawe, wat oorspronklik in die vrouetydskrif Die Boervrou van Oktober 1926 opgeteken is, was Annie Malony die komponis van die wysie. Sy het eens op die plaas van ene Van Aart in Somerset-Oos
tuisgegaan. Van Aart se buurman was volgens oorlewering ’n Ferreira met die bynaam Hoepelbeen – sy een been was korter as die ander. Hoewel Van Aart die plaas by Hoepelbeen gekoop het, wou dié eenvoudig nie van die grond af padgee nie. Dit het ’n bespotting geword en Malony en een van Van Aart se dogters het onderskeidelik die musiek en lirieke van die liedjie geskryf. Kort hierna is die hele wyk, Hoepelbeen inkluis, na ’n dans genooi en is die liedjie hier gesing. Blykbaar het Ferreira hierna die boodskap gekry en wel sy goed gevat en getrek. N.H.Theunissen skryf in Die Brandwag van 18 November 1938 ook oor “Vat jou goed en trek”. Volgens hom is daar geglo dat die liedjie geskryf is deur “’n sekere ou tante, Malonet”. Kon dit moontlik die Annie Malony wees waarvan Prinsloo ook geskryf het? Hoe dit ook al sy, arme Ferreira, wie hy ook al was, sal waarskynlik nog vir generasies ’n gespotte hoepelbeen wees wat eenvoudig nie wou trek nie. S
in Retrospek
H
Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Maak seker jy is op die regte pad alfpad deur die middagete se slaai kom slaan my jongste sy arm liefderyk om my skouer. “Wat doen Ma vanmiddag?” “Hoekom?” vra ek behoedsaam. Hierdie stemtoon ken ek maar al te goed. Die kans is uitstekend dat ek iets gaan moet doen waarvoor ek nie juis tyd of lus het nie. “Kan Ma dalk net gou so vieruur vir Isabel gaan oplaai? Sy wil saamry Potch toe. Dan kan ons van daar af na Johan-hulle toe ry. Johan se pa ry halfses Potch toe.” Ek sug.“Net gou! Maar Isabel is in Garsfontein en Johan in Pretoria-Wes! Dis letterlik so ver soos die Ooste van die Weste af. En ek het die kleintjies by my!” Dadelik word ek met sy beste smeulende ‘asseblief-tog-Ma’-kyk oorrompel. En ek weet dat ek al weer die onwillige wit perd van die jonge ridder gaan wees. ’n Jong ridder wat wil vry, maar nie kan ry, omdat hy nog nie ’n lisensie het nie... So gesê, so gemaak. Vrugteloos deursoek ek die huis na die GPS, wat vir seker die middag nog op die kombuistafel gelê het. Uiteindelik gee ek op, laai my dogter se twee kleintjies en ’n maatjie in die kar en pak die tog tandeknersend aan. Sonder die GPS het ek nie ’n benul wat die vinnigste manier sou wees om van die een uithoek van Pretoria na die ander te ry nie. Ek sal die pad moet ry wat vir my bekend is. Dit word ’n uitgerekte marathonrit. Verskeie male sit ons in die spitsverkeer vas. Meer as een keer kies ek ’n gewaande kortpaadjie wat nog langer neem as die gewone pad. Daar is dooie verkeersligte, toeterende idiote en vlegtende taxis. Die kleintjies raak verveeld. Marietjie voer hulle Smarties. Ek sing elke kleuterliedjie waaraan ek kan dink en vertel later stories.Thinus en sy prinses sit agter, in die sewende hemel nadat hulle mekaar se geselskap vir ’n hele week moes ontbeer. Hulle het nie ’n saak met die verkeer nie. Dis sterk skemer toe ons eindelik, ná verskeie telefoniese instruksies deur Johan se pa, by die regte garage op die regte hoek opdaag. Hy beduie gou vir my die kortste pad huis toe, wat ek intens waardeer. Uitgerafel klim ek terug in die bakkie om die terugtog aan te pak. Die ouer kleintjie begroet my glimlaggend met ’n Smartie-bekkie.“Hierso, Ouma!” sê sy, en gee vir my ... die GPS aan! Sy het dit nog die heeltyd by haar gehad! Blykbaar
“U Woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my PAD,” sê Psalm 119 vers 105. Baie van hierdie GPS se AANWYSINGS ken ek uit my kop. Dis vir my oorbekend.Tog volg ek aanhoudend AFDWAALPAADJIES en val in die sondeverkeer vas.
het sy dit op die kombuistafel gesien en besluit dat dit ’n elektroniese ding is wat verken behoort te word. Sy het ’n rukkie lank knoppies gedruk en die verskillende opsies verken voordat sy verveeld geraak het daarmee en dit in haar rugsakkie gesit het. Ek het pas meer as twee ure lank ompaaie gery in die verkeer met ’n werkende GPS reg agter my rug in ’n pienk rugsakkie! Vir ’n oomblik val my mond oop, maar dan moet ek lag.Wie kan nou vir ’n Smartie-bekkie kwaad raak? Veral as dit aan jou pragtige kind behoort? Ek het ’n GPS op my bedkassie. Dit is swart, met ’n leeroortreksel. Binne-in is rigtingaanwysers vir die lewe.“U Woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad,” sê Psalm 119 vers 105. Baie van hierdie GPS se aanwysings ken ek uit my kop. Dis vir my oorbekend. Tog volg ek aanhoudend afdwaalpaadjies en val in die sondeverkeer vas. Ek vererg my as iemand ’n dom ding doen, en onnadenkend kom skerp woorde uit my mond. Dit terwyl Hy in die Woord maan: ’n Sagte woord keer die grimmigheid af (Spreuke 15:1). Selfsugtig dring ek op my regte en voorregte aan, terwyl die Here Jesus ons leer: Hy wat met jou na die
gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. (Matt. 5:40). Ek hou daarvan om bedien te word (en dring natuurlik op goeie diens aan), maar vergeet skoon om te dien. Gerieflikheidshalwe dink ek nie te gereeld aan die voorbeeld van die Here Jesus, wat Sy dissipels se voete gewas het nie. En wie het dikwels die GPS in hul besit? Klein kindertjies! Toe die dissipels ’n tros klein kindertjies wil wegkry van hul Meester af omdat hulle gedink het dat die vuil mondjies en handjies lastig sou wees vir Hom, keer Hy hulle. “Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele,” sê Hy. Die kleintjies se kinderlik opregte geloof moet vir ons ’n GPS wees, ’n rigtingwyser, sodat ons nie verstrik raak in ons eie afdwaalpaadjies en twyfelvrae nie. Dit is al heeltemal donker toe ek by die huis kom. Voor ek uitklim, bêre ek die GPS voor in die kar, waar dit hoort – gereed vir die volgende keer wanneer ’n kind vra: Wat doen Ma vanmiddag? Want ’n mens moet altyd seker maak jy’s op die regte pad. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
73
PROMOSIE
Moenie dat bybetalings jou onderkry nie
Het jy geweet dat MEDIESE BYBETALINGS in baie gevalle VERMY kan word? Lees hier hoe jy te werk kan gaan:
Ken jou voordele-opsie Maak seker dat jy weet hoe jou voordele-opsie werk. Kyk uit vir die volgende: • Dienste wat aan voordelebeperkings onderhewig is – as jy hierdie perke bereik, moet jy verdere dienste self betaal. • Dienste waarvoor jy voorafgoedkeuring moet kry – as jy nie vooraf goedkeuring kry nie, kan ’n bybetaling van toepassing wees, of kan die dienste selfs van voordele uitgesluit wees. • Dienste wat deur aangewese diensverskaffers gelewer moet word – deur dié verskaffers te gebruik, word die mees ekonomiese uitkoms verseker sonder dat gehalte ingeboet word. As jy ander verskaffers gebruik, kan ’n bybetaling van toepassing wees, of kan die dienste selfs van voordele uitgesluit wees. • Dienste wat volgens protokolle gelewer moet word – dit is veral VMV-dienste (Voorgeskrewe Minimum Voordele) wat aan protokolle onderhewig is. Protokolle is spesifieke riglyne wat op uitkomsgebaseerde behandeling gemik is en deur gepubliseerde navorsing gerugsteun word.
Maak só met medisyne Medisyne kan beduidende bybetalings vereis en een van die maklikste maniere om dit te voorkom, is om sover moontlik generiese medisyne te gebruik. Dit bevat dieselfde dosis en formulering as die oorspronklike medisyne, maar is baie goedkoper. Soms word voordele beperk tot formulariums, oftewel lyste van medisyne-items wat deur die mediese skema betaal word. Dit is veral in die geval van VMV-toestande. As jy medisyne gebruik wat nie op die formularium gelys is nie, kan jy moontlik ’n deel van of selfs die totale koste van die medisyne self moet betaal.
SLAAN KOSTE SÓ HOK
Onderhandel met verskaffers Vra jou dokter of ander gesondheidsorgverskaffer hoeveel hy of sy vir die spesifieke diens vra, asook wat die itemkode vir daardie diens is. Skakel jou mediese skema en vind uit of jou voordele-opsie wel vir daardie diens sal betaal en hoeveel hulle sal bydra. Onthou dat jy met die diensverskaffer oor sy of haar fooi kan onderhandel, veral as jy weet dat hy of sy meer vra as wat jou skema betaal. Jy kan ook ’n ander diensverskaffer gebruik wat laer fooie hef.
Medihelp help lede op verskeie maniere om koste uit hul eie sak te voorkom.
Waarom nog wonder hoe jy koste uit jou eie sak gaan verminder? Sluit by Medihelp aan en begin om jou mediese koste bestuur! SMS “solidariteit” na 32291
Lede-app vir slimfone • Spoor enige netwerkverskaffer in ’n oogwink op. • Dui die lid se beskikbare voordele aan en voorkom so enige onaangename verrassings. • Maak voorsiening vir voorafgoedkeuring van hospitaalopnames. Gesekerde webtuiste Ons gesekerde webtuiste help ons lede om hul voordele te bestuur deur – • netwerkverskaffers in hul omgewing op te spoor (adresse en aanwysings word voorsien), • aan te dui hoeveel voordele beskikbaar is, • aansoeke om voorafgoedkeuring van dienste en prosedures te voorsien, • die tarief vir medisyne en medisyneformulariums (indien van toepassing) aan te dui, asook hoeveel Medihelp vir spesifieke medisyne-items betaal. Oproepsentrum Ons oproepsentrum bied al die dienste wat ons lede-app en gesekerde webtuiste bied aan dié lede wat nie toegang tot die internet het nie.
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
Tuis op sosiale media • www.facebook.com/medihelpsa • www.twitter.com/medihelpsa • www.pinterest/medihelpsa • www.plus.google.com/+medihelp
74
UITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za