Solidariteit Ledegids 2016

Page 1

@ @

’n Wêreld van voordele Solidariteit Beweging

www.solidariteit.co.za * 0861 25 24 23


Inhoudsopgawe 1. Meer oor Solidariteit

bl.

3

Solidariteit WĂŞreld

bl.

4

3. Solidariteit se dienste

bl.

5

4. Belangrike terme

bl.

6

5. Arbeidsdienste

bl.

8

6. Solidariteit Dienssentrum

bl.

10

7. Solidariteit Regsdienste

bl.

11

8. Solidariteit Regsfonds

bl.

12

bl.

13

bl.

14

11. Bykomende dienste

bl.

16

12. Landswye kantore

bl.

17

@ 2.

9. Solidariteit Boufonds 10. Vakbondvoordele

@ @


Meer oor Solidariteit Solidariteit se hooffunksie is om sy lede in die werkplek te beskerm en hulle by te staan om hul drome om ’n goeie werk te hê, te verwesenlik. ’n Goeie werk is die voorwaarde vir ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms. Solidariteit is ’n pro-werk vakbond wat sy lede en hul kinders in staat stel:

• om goeie werk te kry; • om goeie werk te behou; en • om enige iets wat goeie werk bedreig te beveg. Solidariteit is die enigste Christelike vakbond in Suid-Afrika. Geen ander vakbond in Suid-Afrika doen so baie op soveel verskillende vlakke vir sy mense nie.


JOU LOOPBAAN

JOU GESIN

JOU WELSTAND

BEROEPSGESONDHEID

JOU WERK

JOU GELD

JY EN DIE REG

Besoek www.solidariteit.co.za


Hoe maak ek van Solidariteit se dienste gebruik? Besoek ons kuberunie: www.solidariteit.co.za Stuur ’n SMS: SMS “SOL” na 34802 vir diensnavrae. R2/SMS SMS “LID” na 34802 om aan te sluit. R2/SMS Stuur ’n e-pos: navrae@solidariteit.co.za of diens@solidariteit.co.za Stuur ’n faks: 012 664 6493 Bel ons: 0861 25 24 23

Die volgende twee diensopsies is op die Solidariteit-webtuiste beskikbaar: Sluit aan:

Vul die 1-minuut-aansluitingsvorm in. Ons sal jou skakel om jou inligting te bevestig. Gesels aanlyn: Stuur ’n boodskap en ons sal jou skakel. Solidariteit is vandag groter en sterker as ooit tevore en ons missie is nog dieselfde: Ons beskerm ons mense, want jou werk is ons werk!

5


Belangrike terme Vakbondlidmaatskap Mense kan by Solidariteit aansluit as vakbondlid of as ondersteuningslid. Daar bestaan twee kategorieë van vakbondlidmaatskap en twee kategorieë van ondersteuningslidmaatskap by Solidariteit.

Kollektiewe lede Werknemers wat by groot werkgewers werk met wie Solidariteit kollektiewe ooreenkoms het of werknemers by maatskappye groepverband bedien word, is kollektiewe lede. Kollektiewe vakbondlidmaatskapgeld word direk deur die werkgewer van hul afgetrek en aan Solidariteit oorbetaal.

reeds ’n wat in lede se salarisse

Individuele lede Solidariteit is die enigste vakbond in Suid-Afrika wat ’n toegewyde afdeling vir individuele lede het. Hierdie lede word ook op die vakbond se Hoofraad verteenwoordig. Individuele lede is werknemers wat by maatskappye werk met wie Solidariteit nie ’n erkenningsooreenkoms het nie en lede wat nie in groepverband bedien word nie. Individuele lede se vakbondlidmaatskapgeld word maandeliks per debietorder van hul bankrekening afgetrek.

Let wel: Persone wat by aansluiting 50 jaar en ouer is en nie by ’n kollektiewe maatskappy werksaam is nie (d.w.s. ’n maatskappy waarmee Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het of waarin organisatoriese regte deur die maatskappy aan Solidariteit toegeken is, of ’n maatskappy wat deur Solidariteit as “kollektief” ingedeel is), kwalifiseer nie vir die voordeel van permanente ongeskiktheid of die begrafnisvoordeel nie.

6


Ondersteuningslede Ondersteuningslede is persone wat die visie van die vakbond ondersteun. Enige iemand, insluitend werkgewers en niewerkende persone kan as ondersteuningslid by die vakbond aansluit. Ondersteuningslede ondersteun deur middel van ’n maandelikse donasie en geniet sekere voordele, met die uitsondering van die voordele van kollektiewe bedinging, regsadvies, permanente ongeskiktheid, en bevallings- en sterftevoordele. Daar is twee maniere om ’n ondersteuningslid van Solidariteit te word:

Solidariteit Boufonds Lede wat tot hierdie fonds bydra, se geld word gebruik om vir die behoud van Afrikaanse opleiding by bestaande opleidingsinstellings te veg en nuwe opleidingsinisiatiewe, soos Sol-Tech en Akademia, te begin en te vergroot. SMS die woord “BOU” na 38040 R10/SMS of besoek www.boufonds.co.za

Solidariteit Regsfonds Lede wat tot hierdie fonds bydra, se geld word gebruik om die onbillike toepassing van regstellende aksie en die ideologie van verteenwoordigendheid te beveg. SMS die woord “REG” na 34802. R2/SMS of besoek www.regsfonds.co.za

7


MYNBOU

LANDBOU & SEMENT

MEDIES

ELEKTRIES

CHEMIES

METAAL & INGENIEURS

KOMMUNIKASIE

TERSIĂŠR, FINANSIEEL & PROFESSIONEEL

LUGVAART & VERDEDIGING

Arbeidsdienste Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 140 000 lede in alle beroepsvelde, kollektief en professioneel, en het die passie en kennis om na die belange van sy lede om te sien en te verseker dat hul regte in die werkplek beskerm word. Die vakbond het meer as 20 kantore landwyd en lede word deur meer as 300 personeellede en 1 275 vakbondverteenwoordigers in duisende maatskappye bedien. Eenvoudig gestel: Solidariteit maak seker dat sy lede die nodige bystand kry om hul werk en dus hul inkomste te beskerm, want jou werk is ons werk! Solidariteit lĂŞ sterk klem op die rol wat sy verteenwoordigers in die werkplek speel. Verteenwoordigers is Solidariteit se eerste verdedigingslyn van beskerming aan sy lede. Verteenwoordigers ontvang opleiding in verskeie aspekte met betrekking tot arbeidsverhoudinge en arbeidsreg wat hulle in staat stel om raad oor arbeidsverwante aangeleenthede aan hul kollegas te gee.

8


Solidariteit-lede geniet beskerming in die volgende bedrywe en sektore Mynbedryf: Goud-, platinum-, koper-, chroom-, steenkool-, ystererts-, basismetale- en in die diamantbedryf. Landbou- en sementbedryf: Landboukoöperasies en agribesighede asook groot sementvervaardigers. Mediese bedryf: Verpleegpersoneel, administratiewe personeel en enige ander werknemers by groot hospitale, apteke en ander diensverskaffers in die mediese bedryf. Elektriese bedryf: Werknemers van Eskom en Eskom-diensverskaffers. Chemiese bedryf: Werknemers by maatskappye soos Sasol, PetroSA en AEL asook glasvervaardigers. Metaal- en ingenieursbedryf: Maatskappye soos ArcelorMittal, Denel, Highveld Steel, asook maatskappye in die motorvervaardiging- en bandebedryf soos Nissan, Volkswagen, Continental en Bridgestone. Kommunikasiebedryf: Lede wat in die inligting- en kommunikasietegnologiebedryf werksaam is by maatskappye soos Telkom, MTN, Cell C, Vodacom en talle ander. Tersiêr, finansiële en professionele dienste: Lede by 'n wye reeks instellings waaronder landbounavorsingsinstitute, universiteite en kolleges, asook finansiële instellings soos banke en versekeringsmaatskappye. Lugvaart- en verdedigingsektor: In die lugvaartbedryf verteenwoordig Solidariteit hoofsaaklik lede by Airlink, Mango, Air Traffic and Navigation Services (ATNS) en SAL Tegnies. Daarbenewens verteenwoordig die vakbond ook lede by Krygkor en Denel.

9


Solidariteit Dienssentrum Solidariteit is nie net in groot, kollektiewe maatskappye georganiseer nie. Enige werkende individu kan by die vakbond aansluit en sodoende die beskerming van die vakbond geniet. Dienslewering aan individuele lede word deur Solidariteit se Dienssentrum en Arbeidsdienste-departement behartig. 0861 25 24 23: Jou eenstopdiens vir: -

aansluiting by Solidariteit; telefoniese regsadvies oor arbeidskwessies; telefoniese advies oor sivielregtelike kwessies; die bywerk van persoonlike inligting; algemene ledenavrae; en inligting oor Solidariteit-produkte.

1

Wanneer is die Solidariteit Dienssentrum beskikbaar? Maandae tot Donderdae: 08:00-16:30 Vrydae: 08:00-15:00 ʼn Wagtydperk van drie maande geld vir nuwe individuele lede ten opsigte

van verteenwoordiging in nuwe arbeidsregtelike sake. Lede is egter van die eerste dag van lidmaatskap geregtig op telefoniese advies. * Bepalings en voorwaardes geld.

10


Solidariteit Regsdienste Solidariteit Regsdienste het nie net die grootste regsafdeling van alle SuidAfrikaanse vakbonde nie, dit tel ook onder die grootste arbeidsregpraktyke in Suid-Afrika. Benewens 'n toegewyde afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid spog Solidariteit met 'n span kundige regslui wat, met inbegrip van prokureurs en advokate, sake namens Solidariteit-lede behartig. Solidariteit Regsdienste behartig op enige gegewe tydstip sowat 1 400 sake namens lede (uitgesonderd die groot aantal kollektiewe geskille). Die sake handel oor enigiets vanaf ontslag, griewe en pensioengeskille tot vergoedingseise vir beroepsbeserings en -siektes. Kry s贸 regsadvies: Telefoniese regsadvies via die Solidariteit Dienssentrum (0861 25 24 23) Arbeidsregsadvies Sivielregtelike advies Persoonlike advies en regshulp Algemene Litigasie-afdeling Arbeidshofafdeling Afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid

11


Solidariteit Regsfonds Solidariteit het besluit om met ’n veldtog te begin om ’n R10 miljoenregsfonds te vestig om ons veldtog vir gelykheid, billikheid en waardigheid in die werkplek te befonds. Ongelukkig litigeer ons teen die staat wat met belastinggeld terugveg. Ons vertrou dat duisende Suid-Afrikaners tot die regsfonds sal bydra, hetsy in die vorm van kleiner of groter bydraes. Sover ons kennis strek, is hierdie regsaksie die grootste burgerlike regsaksie in Suid-Afrika. Die doel van Solidariteit is om ’n Suid-Afrika daar te stel waarin almal vry, gelyk voor die reg, waardig en billik behandel sal word. Die regstellendeaksiesake wat Solidariteit aanpak, toets verskillende elemente van regstellende aksie. Dit sluit in: · · · · · ·

die rol van dienslewering; die effektiewe funksionering van die staatsdiens; die uitsluiting van rassegroepe uit advertensies vir poste; die gebruik van rassekwotas by indiensneming; die inagneming van streeksdemografie; en minderhede se reg op waardigheid en gelykheid.

Elke saak toets ’n ander element van regstellende aksie en daarom is Solidariteit se regstrategie so omvattend. Om tot Solidariteit se Regsfonds by te dra, SMS die woord REG na 34802 (teen R2 per SMS) of besoek www.solidariteit.co.za

12


Solidariteit Boufonds Die Solidariteit Beweging het onlangs ’n fase, wat geskoei is op die beginsel en uitbou van 'Beter Werk', binne gegaan. Tesame met dié herposisionering is daar ook besluit om die destydse 'Groeifonds' na die 'Boufonds' om te skakel omdat die vakbond glo dat kennis die beste manier is om sy lede in die huidige onsekere ekonomie te beskerm. Die nuwe Boufonds het ten doel om die vakbond se opleidingsinisiatiewe te versterk om sodoende beter in hierdie behoefte van sy lede te voorsien. Derhalwe, met die oog op meerdere kennis, het Solidariteit sy driejaaropleidingsplan ten bedrae van R400 miljoen aangekondig. Die aankondiging sluit planne in vir onderwys van laerskool- tot universiteitsvlak.’n Deel van die beplanning behels die bou van ’n nuwe opleidingskampus wat die tuiste van verskeie opleidingsinstellings sal wees. Solidariteit het ook aangekondig dat hy studiehulp vir lede en hul kinders in die volgende drie jaar tot R60 miljoen gaan uitbrei. Die Solidariteit Beweging is bewus van die noodsaaklikheid van goeie opleiding in skaars vaardighede, vandaar hierdie inisiatief. Danksy die reeds bestaande Solidariteit-opleidingsinstansies, Sol-Tech en Akademia, kry jongmense die geleentheid om die nodige kennis te verwerf sodat hulle as minderheidsgroep in ’n meerderheidsamelewing kan floreer.

13


Vakbondvoordele * Bepalings en voorwaardes geld. 1. Werkverwante regshulp

Solidariteit bied 'n telefoniese regshulpdiens aan lede. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf in werkverwante arbeidsake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word. Solidariteit verleen hulp met betrekking tot ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris, asook Rand Mutual en FEMA. Werkverwante ongeskiktheidseise word ook aanvaar.

2.

Skakel 0861 25 24 23 (opsie 2). www.regsdienste.co.za diens@solidariteit.co.za

Begrafnisvoordeel

Solidariteit-lede wat hiervoor kwalifiseer, ontvang ’n omvattende begrafnisvoordeel indien Avbob of Martins as diensverskaffer gebruik word. Hierdie voordeel dek ook ’n lid se huweliksmaat / genomineerde gade / lewensmaat en afhanklike kinders jonger as 21 jaar. Eise moet binne ses maande ná die afsterwe van 'n lid, ’n lid se gade of ’n afhanklike ingedien word. Lees by www.solidariteit.co.za watter begrafnisuitgawes by die voordeel ingesluit is en watter nie.

Skakel 0861 25 24 23 of jou naaste Solidariteitdienskantoor 10% korting op grafstene Wanneer Solidariteit-lede van Avbob of Martin’s se dienste gebruik maak, kry hulle ’n 10%-korting op grafstene. Hierdie voordeel geld ook vir ’n lid se huweliksmaat / genomineerde gade / lewensmaat en afhanklike kinders jonger as 21 jaar. Skakel 0861 25 24 23 of jou naaste Solidariteit-dienskantoor.

3.

Opstel van testament en boedelbereddering Skakel: 012 362 1552 of Solidariteit stel 'n gratis testament vir lede op. Die testament word ook gratis gestoor. fineks@wvs.co.za 4.

Advies oor die toepassing van regstellende aksie

Solidariteit het reeds baie navorsing oor die toepassing van regstellende aksie in Suid-Afrika gedoen. (Indien jy meen dat die wantoepassing van regstellende aksie jou benadeel.)

5.

Skakel: 0861 25 24 23 of diens@solidariteit.co.za

Bevallingsvoordeel

'n Bevallingsvoordeel van R1 250 per kind word aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke Solidariteit-lidmaatskap betaal. Eise moet binne ses maande ná die bevallingsdatum ingedien word.

Skakel 0861 25 24 23


6.

Sivielregtelike advies

Solidariteit bied telefoniese sivielregtelike advies aan lede.

7.

Voordeel vir permanente mediese ongeskiktheid Skakel 0861 25 24 23

’n Eenmalige bedrag van R1 500 ten opsigte van permanente mediese arbeidsongeskiktheid is aan lede met 12 maande ononderbroke Solidariteit-lidmaatskap betaalbaar. Eise moet binne ses maande nadat permanente mediese arbeidsongeskiktheid vasgestel is ingedien word .* 8.

Skakel 0861 25 24 23

* Bepalings en voorwaardes geld.

Akademia-studievoordeel

Besoek www.akademia.ac.za Solidariteit-lede kry 20% korting op studies aan Akademia Ingevolge ’n ooreenkoms met Studeer nauurs in Afrikaans aan Akademia. Akademia, ’n Akademia, ontvang Solidariteit-lede inisiatief van die Solidariteit Beweging, is ’n privaat verskaffer en hul afhanklike kinders ’n korting van hoëronderwyskwalifikasies wat daarop gerig is om mense van 20% op kursusgeld. Die bedrag is aanstelbaar in ’n groeiende ekonomie te maak. Akademia is gelykstaande aan sowat 12 jaar se by die Hoëronderwyskwaliteitskomitee van die Raad op Hoër Solidariteit-ledegeld. Onderwys (RHO) geakkrediteer. (Die RHO is die statutêre liggaam wat hoëronderwysprogramme en -instellings in SuidAfrika akkrediteer.) Besoek www.akademia.ac.za 9.

Studiehulp: toegang tot rentevrye studielenings Besoek Solidariteit-lede en hul afhanklike kinders kry toegang tot rentevrye studielenings om aan Akademia en Sol-Tech te studeer. Dit beteken dat www.helpendehand.co.za slegs die geleende bedrag terugbetaal hoef te word – eers ná voltooiing van studies. Hierdie ledevoordeel beklemtoon weereens waarom Solidariteit soveel meer as ’n gewone vakbond is. Solidariteit beskerm sy lede se werk deur opleiding!

10.

Vakansievoordeel: 20% afslag op verblyf by deelnemende vakansieoorde

Hou heerlik vakansie teen 20% afslag! Volopbetaalde lede van die Solidariteit Beweging kwalifiseer vir 20% afslag by deelnemende vakansieoorde. Lede moet self by die oord wees gedurende die tydperk waarvoor hulle ’n bespreking gemaak het. Die afslag geld slegs vir een eenheid per gesin. Ten minste een lid van die gesin moet ’n lid van die Solidariteit Beweging wees. Besoek www.solidariteit.co.za vir ’n lys deelnemende vakansieoorde. Hierdie voordeel geld nie oor Paasnaweke en gedurende Desember-skoolvakansies nie. Bepalings en voorwaardes geld.


Bykomende dienste Testament Solidariteit stel 'n gratis testament vir lede op. Die dokument word dan kosteloos gestoor. Skakel 012 362 1552 fineks@wvs.co.za SolidariteitTydskrif Die Solidariteit Tydskrif behandel belangrike arbeidskwessies en verwikkelinge in die arbeidsmark. Die tydskrif verskyn ses keer per jaar. Skakel 0861 25 24 23 www.solidariteittydskrif.co.za Weeklikse nuusbrief Soldeer is Solidariteit se weeklikse nuusbrief wat per e-pos aan lede gestuur word. Dit bevat inligting oor die jongste nuus by Solidariteit en in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark. Besoek www.solidariteit.co.za Erkenning van vorige lidmaatskap Nuwe lede by kollektiewe maatskappye wat kan bewys dat hulle onmiddellik voor aansluiting by Solidariteit tot 'n ander vakbond behoort het, is dadelik op vakbondvoordele geregtig, met dien verstande dat, indien so 'n lid by aansluiting reeds in litigasie of 'n geskil betrokke is, die Hoofraad die voordele van lidmaatskap na goeddunke kan beperk. Skakel 0861 25 24 23 diens@solidariteit.co.za Ledediens Solidariteit se Dienssentrum bied 'n eenstopdiens aan lede. Die sentrum se hoogs opgeleide personeel is van Maandae tot Donderdae tussen 08:00 en 16:30 en op Vrydae tussen 08:00 en 15:00 beskikbaar om lede se vrae, probleme, klagtes en voorstelle te hanteer. Skakel 0861 25 24 23

16


Kantore:

Landswye ledediens Solidariteit Hoofkantoor, Centurion Hoek van D.F. Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig Posbus 11760, Centurion 0046 Tel.: 012 644 4300 / 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za E-pos: diens@solidariteit.co.za

Bellville

Bloemfontein

Tel: 021 946 4440/4418

Tel: 051 430 6152/3

Faks: 021 949 4259

Faks: 051 430 6163

E-pos: bellville@solidariteit.co.za

E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za

Adres: Du Toitstraat 18, Bellville

Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

Boksburg

Carletonville

Tel: 011 913 0783/1101/1105

Tel: 018 788 4861/018 786 2785

Faks: 011 913 3850

Faks: 011 388 9854

E-pos: boksburg@solidariteit.co.za

E-pos: carlton@solidariteit.co.za

Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Lephalale (Ellisras)

Klerksdorp

Tel: 014 763 1174 / Faks: 014 763 1264

Tel: 018 468 8533 / Faks: 018 468 8563

E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za

Adres: Winkel 4, Marula Mile Winkelsentrum,

Adres: Buffelspark, Kantoor 2,

Louis Bothaweg 35, Ellisras

Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp

Kathu

Mashishing (Lydenburg)

Tel: 053 723 1604

Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985

Faks: 053 723 1407

Faks: 013 235 1814

E-pos: kathu@solidariteit.co.za

E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za

Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou,

Adres: Versekeringsforumgebou,

Rietbokstraat, Kathu

h.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

17


Newcastle

Polokwane (Pietersburg)

Tel: 034 312 9711/9917

Tel: 015 296 0335

Faks: 034 312 5170

Faks: 015 296 0335

E-pos: newcastle@solidariteit.co.za

E-pos: polokwane@solidariteit.co.za

Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark,

Posadres: Posbus 849, Faunapark 0787

Blok B, Newcastle

Port Elizabeth

Pretoria

Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225

Tel: 012 335 9051/2

Faks: 041 364 2927

Faks: 012 335 9002

E-pos: pe@solidariteit.co.za

E-pos: pretoria@solidariteit.co.za

Posadres: Posbus 63788, Greenacres 6057

Adres: H.v. Lambert Lee- en Van Rensburgstraat,

Adres: Sesde Laan 52, Newton Park, Port Elizabeth

Mayville, Pretoria

Richardsbaai

Rustenburg

Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936

Tel: 014 592 4336

Faks: 035 753 1937

Faks: 014 592 4371

E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za

E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za

Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee,

Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat,

Richardsbaai

Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

Secunda

Vaaldriehoek

Tel: 017 634 5296

Tel: 016 931 3160

Faks: 017 634 5297

Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718

E-pos: secunda@solidariteit.co.za

E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za

Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat,

Adres: Rossini-boulevard 130

Uitbreiding 22, Secunda

eMalahleni (Witbank)

18

Welkom

Tel: 013 656 3871

Tel: 057 352 6839 / Faks: 057 357 2072

Faks: 013 656 6846

E-pos: welkom@solidariteit.co.za

E-pos: witbank@solidariteit.co.za

Adres: Winkel 5, The Strip,

Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel,

Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.