Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

Page 1

SAK EN PAK NA

PLATTELAND: IS DAAR WERK?

ECONOMY * Consumers get * *

Act (together) Hiring plans: Cautious optimism Welfare state not sustainable

AFRIKAANS:

JOU REGTE & ONDERRIG IN MOEDERTAAL

NR. 4 VAN 2010 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000 www.solidariteit.co.za

(STU)KRAG VAKBONDLEDE VAT VOOR MET VOORUITGANG




>>> INhoud N O M M E R

4

V A N

2 0 1 0

gereeld 6 7 8 34 36 36 64 66 68 70 71 73

11

22

28 66

INTRAPSLAG: Dankie en totsiens KUBERKLETS: Hieroor word gegons SPREEKBUYS: Oplossing vir armoede, werkloosheid lê in verhoging van produksie MY GELD: Knikker die knellende kredietknyptang MY GESIN: Hoe veilig is jou huis? MY WERK: Wat is etiek? JY & DIE REG: Poligraaftoetse: Die jongste modewoord ARBEIDSAKE: Solidariteit Regsdienste: Hoe doen hul dit? DIE LEES WERD: Reise, rillers, raad vir leesgeesdriftiges HISTORIES GESPROKE: Die verhaal van Lizzie van Zyl (en ander) HISTORIES GESPROKE: Klein Kerkie met die groot storie van troos, erfenis STILW(O)ORD: ’n Plek waar die blare genesing bring

nuuswaardig 10 14 15 16 16 18 18 20 22 23 24 28 30 30 32 54 54 54 55 56 58 60 62

Vakbond vat voor met vooruitgang Hiring plans: Cautious optimism AfriForum kekkel, bulk op Solidariteit Radio Die ABC van digitale migrasie Solidariteit Navorsingsinstituut betree kuberruim Skud spanning af op die net Wat het van die Metroblitz geword? Solidariteit-segsman, strateeg en staatmaker Moedertaalonderrig: Steeds beste vir kind Solidariteit: Die tuiste vir wenners Vat jou goed en trek Ferreira – platteland toe Mynbou: 2010 propvol uitdagings Verbind tot die lang termyn Organiseerders in die mynboubedryf Nuwe handves gee nou mynboupas aan Sol-Tech-studente steek grens(e) oor Welgedaan en dankie, Sol-Tech Meer as net kollege Solidariteit pak self skaars vaardighede Ramp kan goudveld se glans verwater Taalregte en voorbeelde uit Europa Consumers get their Act (together) A welfare state is not sustainable

vakbondfokus 42 52 72

Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor die bedrywe waarin Solidariteit funksioneer Membership: A winning partnership Solidariteit-dienskantore tot u diens

S

fokus op

helpende hand

’n Ruimte waar almal gelukkig kan wees

38

Internasionale Afrikaanse g(e)roep vir vroue

39

Afrikaanse Entrepreneurskonferensie kom

40

GEFOKUS Lees vanaf bladsy 37 hoe Helpende Hand ’n daadwerklike verskil maak.

73



redakteursbrief

Dankie & totsiens

h

ierdie was die moeilikste rubriek wat ek in my vyf jaar as redakteur van Solidariteit Tydskrif geskryf het. Die rede: Dit is my laaste rubriek. Om totsiens te sê is moeilik, maar soos die Amerikaanse politikus Ivy Baker Priest tereg gesê het: “The world is round and the place which may seem like the end may also be the beginning.” 31 Augustus beteken vir my die einde van ’n wonderlike loopbaan by Solidariteit. Dit is egter ook die begin van opwindende nuwe dinge vir my. Abraham Lincoln, een van die grootste leiers wat die VSA ooit opgelewer het, het gesê: “The dogmas of the quiet past are inadequate to the stormy present. The occasion is piled high with difficulty, and we must rise with the occasion. As our case is new, we must think anew and act anew.” jaco kleynhans Ons leef in wonderlike tye, maar ook hartseer tye. Daar is wonderlike vooruitgang op soveel gebiede, maar ook geweldige agteruitgang op ander. Die slegste vir my is die agteruitgang van die Afrikaner se kultuur, tradisies, waardes en instellings. Ons moet nogtans positief en hoopvol wees. Ons moet pres. Paul Kruger se raad volg: “Soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin ontdek is, vorm daarna u ideaal en trag om vir die toekoms daardie ideaal te verwesenlik.” John Adams, Amerikaanse grondlegger, het iets soortgelyk gesê: “Without wishing to damp the ardor of curiosity or influence the freedom of inquiry, I will hazard a prediction that, after the most industrious and impartial researchers, the longest liver of you all will “Ons moet terselfdertyd vorentoe find no principles, institutions or systems of education more fit in general to be kyk en nuwe OPLOSSINGS vir transmitted to your posterity than those vandag se probleme SKEP.” you have received from your ancestors.” Afrikaners moet, te midde van al hulle ekonomiese en ander welslae, hulself opnuut daaraan herinner dat dit juis die swaarkry, pyn, lyding, harde werk en deursettingsvermoë van hul voorvaders was wat dinge vandag vir hulle moontlik gemaak het. Ons moet terselfdertyd vorentoe kyk en nuwe oplossings vir vandag se probleme skep. Dit is waarom ek vanaf 1 September 2010 as uitvoerende hoof van die Orania Beweging binne SuidAfrika se talle werklikhede, insluitend die ekonomiese, demografiese, kulturele en historiese werklikhede, vir Afrikaners ’n inklusiewe toekoms in Suid-Afrika wil help bou. In Orania gaan ons die persepsies van verkramptheid, isolasie en meerderwaardigheid uitwis en die ideaal van selfstandigheid, gemeenskapsontwikkeling, samewerking met ander volke in Afrika, hoë standaarde, ontwikkeling in harmonie met die omgewing, en die behoud van ons taal, kultuur, tradisies en waardes, nie ten koste van enigeen nie, maar as aanwins vir die land, uitbou. Dankie aan elke leser, kollega, vriend, familielid en kennis op wie se opbouende kritiek, hulp, vriendskap, mentorskap, geduld en kameraadskap ek die afgelope sewe jaar kon staatmaak. Mag my klein bydrae help om van Solidariteit in die toekoms ’n nog groter, invloedryker, maar ook verantwoordelike en verskilmakende instelling te maak.

FOTO: YOLANDÉ TERBLANCHE

INTRAPSLAG

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEADOFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 REDAKTEUR ■ EDITOR Jaco Kleynhans NUUSREDAKTEUR ■ NEWS EDITOR Ilze Nieuwoudt FOTOREDAKTEUR ■ PHOTO EDITOR Reint Dykema WEBREDAKTEUR ■ WEB EDITOR Daleen de Jager ADVERTENSIES ■ ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree TAALVERSORGING, VERTALING ■ LANGUAGE EDITING, TRANSLATION Chalize Moran, Anesta van Eeden INTEKENARE ■ SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ■ ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS ■ CONTRIBUTORS Marietha Malan, Paul Joubert, Magdaleen Kleynhans, Reint Dykema, Daleen de Jager, Ilze Nieuwoudt, Moira-Marie Kloppers, Francois Calldo, Surika van Schalkwyk, Charl Oberholzer, Danie Langner, Marnia Verwey, Grietjie Swanepoel, Phil Davel, Alana Bailey UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE

tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK ■ PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING ■ DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

JACO KLEYNHANS REDAKTEUR nommer 4 van 2010

6

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


kuberklets

POSBUS

K UBERKLETS hieroor word gegons

Solidariteit se sosiale media woel met menings, raad, voorstelle en kommentaar! Daar is reeds meer as 11 000 vriende wat deel geword het van Solidariteit se groepe op Facebook, wat AfriForum, AfriForum Jeug en Helpende Hand se groepe insluit. Hou aan kommentaar lewer, Solidariteit hou sy ore gespits!

MH Botha skryf: Ek is ’n ou tannie wat nie eintlik in staat is om julle met geld of goed te help nie, maar toe ek vanoggend vir julle bid, het ek die Here se hart sterk ervaar. Ek dra dit oor in vertroue dat dit julle sal bemoedig en versterk. Al is julle ’n klein vakbond in die wêreld van magtige vakbonde, omdat julle God volg, gebruik Hy dit om magtige dinge te doen. Kies om die geloof te behou te midde van die ongelowige wêreld se geweldige teenstand.

Corrie Hawkins Maak hom voëlvry sodat die gemeenskap aan hom kan doen wat hy aan ander gedoen het. Kriminele het dit lekker vandag, hulle het ’n koningstyd in die tronke terwyl die slagoffers moet ly.

Facebook:

Reaksie op AfriForum wat FIFA oor die verkeerde gebruik van plekname gepak het:

Woord van dank:

Fanie van Heerden FIFA is net so belaglik soos die ANC.

Aansluiting net ’n SMS ver!

Bid daagliks Efesiërs 6 se volle wapenrusting oor julle werknemers en werk, veral oor die hoofbestuur wat die meeste verantwoordelikheid en gesag dra. Dit is ook hulle wat die sterkste aanvalle van die bose sal ervaar. Ek bid ook die geloof vir julle toe – 2 Kronieke 20 en veral 2:15-24. Ek ervaar ook sterk dat soos julle die bietjie wat julle het vir Hom gee, Hy dit gebruik om “vissies en broodjies”-wonderwerke te laat bewaarheid. Oorvloedige salwing en seën word julle toegebid.

Nicoline de Beer Wonderlik, weer ’n bewys dat ons ons monde moet rek en kla as dinge nie reg is nie. Dankie julle!

Naomi Kruger Ek wil net baie baie dankie sê vir die hulp wat ek van Solidariteit Helpende Hand ontvang het. Ek het talle ander organisasies al om hulp gevra, maar dit is net Solidariteit wat geantwoord en ons gehelp het. Debat oor die wettiging van aborsie:

Pieter Schalk van Wyk Mooi, die boelies kyk op hulle neuse. Wonder net watter skade reeds aangerig is? Koos Opperman Mooi AfriForum. Nog ’n merk op ons mikstok.

Melanie Voordewind WEG, WEG, WEG, WEG! Mariëtte Potgieter Barwise Weg met aborsie. Dit is God se kindertjies, ons kan nie oor hulle lewe of dood oordeel nie.

Die Sokkerwêreldbeker:

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

Steven Montgomery Ek het die openingskouspel van die Wêreldbeker baie rassisties gevind, aangesien daar geen volkspele of enige ander blanke rasse se tradisies voorgehou is nie. Suid-Afrika is veronderstel om ’n reënboognasie te wees. Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.

Kommentaar op Solidariteit Helpende Hand se veldtog teen die beweerde verkragter Jakobus September, oftewel Pepe:

number 4 of 2010

Linda van Rensburg Aborsie is iets wat in elke geval nie deur ’n regering beheer moet word nie. Elke moeder moet self besluit of sy wil aborteer of nie. Dit het niks met enigiemand anders te doen nie, behalwe die pa. Bernadette Roberts Gelukkig bly ek in ’n land waar ek ook my mening mag lug. Terloops, ek is ’n Engelse Suid-Afrikaner.

Word deel van die gesprek by www.soldariteit-blog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na jaco@solidariteit.co.za. Die redakteur behou hom die reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie.

7

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys

Suid-Afrika is ’n mooi land met talle probleme soos armoede, werkloosheid en ongelykheid. Die toekoms kan nie rooskleurig wees as daar nie oplossings vir dié probleme gevind word nie, skryf FLIP BUYS.

Oplossing vir armoede, werkloosheid lê in die

ILLUSTRASIE: iSTOCKPHOTO.COM • FOTO’S: REINT DYKEMA

b

verhoging van produksie

aie misdadigers gebruik probleme soos armoede, werkloosheid en ongelykheid as verskoning om geweld teen ander te pleeg. Daar is egter nie ’n verskoning vir geweld nie en dit moet met mag en mening teengestaan word. Die feit bly dat ’n oplossing vir armoede en werkloosheid gevind moet word. Die groot vraag is wat dié oplossings is. Die antwoord op hierdie vraag het die wêreld al ernstig verdeel en het al dikwels gelei tot konflik, soos die Koue Oorlog. Daar is breedweg twee uiteenlopende oplossings wat aangebied word om mense uit armoede te lig. Baie vereenvoudig, is die een oplossing dat die produksie van ’n land deur die privaat sektor verhoog moet word sodat die ekonomie groter word en almal meer voordeel daaruit kan trek. Dit word gesien as ’n markekonomie, en word ook kapitalisme genoem.

SPRE E K B U Y S

nommer 4 van 2010

flip buys 8

In só ’n stelsel is gelyke geleenthede vir almal die doelwit. Die ander oplossing is dat verbruik van die armes verhoog moet word deurdat die staat welvaart moet herverdeel deur middel van belasting en ’n welsynstelsel. Dit word gesien as sosialisme, wat gelyke uitkomste vir almal ten doel het. Waar gelykheid in die vrye mark ’n gelyke wegspring beteken, is die gelykheid van sosialisme gelyk by die wenpaal! In die praktyk kan hierdie stelsels nie geheel en al geskei word nie, en in Suid-Afrika is daar byvoorbeeld ’n gemengde stelsel. Die privaat sektor neem aan die vryemarkstelsel deel en laat die ekonomie groei, waarna die staat die 5,5 miljoen mense wat belasting betaal se geld met ’n herverdelende belastingstelsel gebruik om toelaes, behuising en basiese dienste aan sowat 15 miljoen armes te finansier.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys Ander bronne van inkomste wat die staat gebruik, is maatskappybelasting, BTW, munisipale belastings en belasting wat byvoorbeeld op brandstof en elektrisiteit gehef word. PRODUSENTE-ORGANISASIE Solidariteit voel sterk daaroor dat armoede en werkloosheid beveg moet word, maar sien die antwoord in die verhoging van produksie. Ons glo sosialisme is nie die oplossing nie, omdat die geskiedenis bewys het dat werknemers in sosialistiese lande baie slegter daaraan toe is as werkers in vrye ekonomieë. Selfs die nuwe Kubaanse president, Raúl Castro, het onlangs gesê dat sosialisme na gelyke regte en geleenthede moet verander, en nie meer gelyke inkomste vir almal nie. Kuba het onder Raúl se broer Fidel gelykheid nagestreef, maar die gevolg was ’n gelykop verspreiding van armoede! Die gemiddelde inkomste van Kubane beloop volgens The Economist minder as R200 per maand plus ’n paar beskeie welsynvoordele. Omdat Solidariteit se lede by privaat maatskappye werk waar hulle die ekonomie help om te groei, is Solidariteit ’n produsente-organisasie. Die rede daarvoor is dat ’n groeiende ekonomie meer werk skep. Boonop betaal maatskappye wat wins toon meer belasting, wat die regering in staat stel om die land te bestuur en ook vir die armes te sorg. ’n Produsente-organisasie glo ook dat almal goeie onderwys en opleiding moet ontvang, anders beteken gelyke geleenthede niks. Ons staan dus ook onbillike regstellende aksie teen aangesien dit tot ongelyke geleenthede lei. SELFHELP Die doel van Solidariteit Helpende Hand is nie om aalmoese te gee vir mense wat nie wil werk nie. Ons help mense om hulself te help deur beurse toe te ken, jongmense op te lei en beroepsleiding te gee ten einde mense met loopbaankeuses te help. Kinders word ook bemagtig om te leer deurdat Helpende Hand kos aan honger skoolkinders voorsien en duisende skooltassies met skryfbehoeftes aan behoeftige kinders versprei. Aan die een kant help ons lede die ekonomie groei deur te produseer, en aan die ander kant help Solidariteit sy mense om deel te neem aan produksie sodat hulle vir hulself kan sorg. Ons glo dus aan opheffing deur opleiding, en nie armoedeverligting deur welsyn nie. Welsyn is net bedoel vir regtig weerlose groepe soos gestremdes, kinders en bejaardes wat nie vir hulleself kan sorg nie. Die snelweg na ’n beter toekoms vir almal loop deur die verhoging van produksie, wat sal deurvloei na ’n verhoging van verbruik en gevolglik ’n hoër lewenstandaard. S number 4 of 2010

IN MEMORIAM

Marius Janse van Rensburg

TATA Silverton Truck, bus & car Dykorstraat 322, Silverton, Pretoria Tel: 012 804 1314

Een van Solidariteit-hoofkantoor se langsdienende personeellede, Marius Janse van Rensburg, is skielik op 21 Junie oorlede. Sy dood is ’n groot verlies vir sy kollegas asook vir Solidariteit as geheel. Marius het in Februarie 1992 die leisels by sy pa, Marius Janse van Rensburg sr., oorgeneem en het as rekenmeester ’n kernrol in die suksesvolle bestuur van die vakbond en beweging se finansies gespeel. Die oorskakelingsproses van die ou rekeningkundige handstelsel na die elektroniese stelsel wat vandag gebruik word, is onder meer aan Marius se leiding te danke en hy het ook lank in die direksie van Helpende Hand gedien. Hy word oorleef deur sy vrou Melinda, wat ook ’n Solidariteit-werknemer is.

Vic Bradley Ivan

082 055 3288 073 686 2757 071 083 4263


nuuswaardig

Vakbond vat voor met vooruitgang Die ontwikkeling van infrastruktuur het die afgelope paar jaar reeds vir talle verbeterings gesorg – of dit nou verbeterings aan paaie, die Gautrein, die oprigting van kragstasies, die uitbreiding van hawens of bou van stadions is. Solidariteit se lede het boonop ’n onmisbare aandeel in al hierdie projekte gehad.

Gautrein Deur Ilze Nieuwoudt

FOTO’S: VERSKAF

d

aar was kritiek, daar was polemiek en toe was daar die Gautrein. Ten spyte van sterk teenkanting uit vele oorde oor onder meer die koste, die behoefte aan so ’n trein en die tyd waarin dié sneltreindiens opgerig moet word, het die Gautrein amptelik op 8 Junie geopen. Dit volg ná jare se beplanning en konstruksie uiteindelik aan die eerste been van die roete voltooi is. Die been loop tussen Sandton en die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park. Die opening van die treindiens is met optimisme begroet en nagenoeg 40 000 passasiers het reeds die eerste naweek wat die Gautrein ingestel is, die nuwe openbare vervoerstelsel uitgetoets. Volgens Lee Coetzee, Solidariteit-organiseerder in die metaal- en ingenieursbedryf verantwoordelik vir groot projekte, is Solidariteit-lede op verskeie vlakke by die Gautrein-projek betrokke. “Die Gautrein-projek is ’n multidissiplinêre projek en een van die grootste sneltreinprojekte. Die projek benut die kennis van werknemers uit verskeie bedrywe, naamlik die mynbou-, siviele en metaal- en ingenieursbedryf,” sê hy. Maatskappye uit die mynbedryf is onder meer verantwoordelik vir die tonnelwerk, terwyl maatskappye in die siviele sektor verantwoordelik is vir die oprigting van infrastruktuur soos stasies, brûe asook oorhoofse en ondergrondse betonstrukture. Wat die metaal- en ingenieursbedryf betref, is maatskappye hier onder meer verantwoordelik vir die aanmekaarsit en toets van die treine. Hy beklemtoon dat die Gautrein unieke geleenthede vir werknemers gebring het. “Hoewel dit nie noodwendig as deel van ’n amptelike ooreenkoms vir vaardigheidsoordrag gedoen is nie, het Suid-Afrikaanse werknemers ongekende blootstelling ontvang. Werknemers het byvoorbeeld die geleentheid gekry om opleiding op toerusting en die instandhouding daarvan te kry, wat hulle nou uiters gesog maak,” sê Coetzee. S

FEITE OOR DIE GAUTREIN • Die trein ry teen ’n spoed van tussen 160 en 180km/h. • Die eerste roete wat reeds voltooi is, loop tussen Sandton en die OR Tambo Internasionale Lughawe. • Die tweede roete sal tussen Johannesburg en Pretoria loop en na verwagting teen Junie 2011 in bedryf wees. • Die twee roetes sal uiteindelik drie hoofstasies hê – OR Tambo Internasionale Lughawe, Pretoria en Johannesburg. • Die roete sal ook ’n verdere sewe stasies hê – Rosebank, Sandton, Marlboro, Midrand, Centurion, Hatfield en Rhodesfield (in Kempton Park). • Die rit tussen Johannesburg en Pretoria sal nagenoeg 40 minute neem. Die rit tussen Sandton en die lughawe neem nagenoeg 15 minute. • ’n Minimum van ses treine sal per uur in elke rigting tussen Pretoria en Johannesburg reis. • ’n Rit tussen Sandton en die lughawe kos tans R100, terwyl ’n enkelrit tussen Sandton en Marlboro R16,50 kos. ’n Rit tussen Sandton en Rhodesfield kos R21. • Gautrein is nie ’n enkele trein nie, maar 25 afsonderlike treine met drie of vier waens elk. • Die treinstelsel is ’n multivlak-, multibaanstelsel. • Besoek www.gautrain.co.za vir meer inligting oor roetes, treinroosters en busvervoer van en na die stasies.

nommer 4 van 2010

10

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

GFIP Deur Charl Oberholzer

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

d

ie Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) is ’n inisiatief van die Suid-Afrikaanse padagentskap, SANRAL. Dié projek het reeds voor die Sokkerwêreldbekerbod begin en is besig om Gauteng se infrastruktuur ’n reuse-hupstoot te gee. Daar word 30 000 werkgeleenthede deur die projek geskep en talle Solidariteit-lede verdien hulle brood hiermee. Solidariteit-lede is op verskeie vlakke en in verskillende fases besig met die bou van paaie, die uitbreiding van hoofweë en die uitskakeling van verkeersknope. Die GFIP behels onder meer die konstruksie en opgradering van hoofweë oor 561 km asook die opknapping en uitbreiding van 34 wisselaars in Gauteng. Verskeie Solidariteit-lede is oral oor Gauteng nou betrokke by die GFIP. Hierdie lede is werksaam by konstruksiekontrakteurs soos Group Five, Basil Read, Esorfranki, WBHO en CMC da Ravina. ’n Solidariteit-lid by Basil Read het aan-

gedui dat hulle besig is met die opgradering van die N1-hoofweg, vanaf die Brakfonteinwisselaar, verby Atterburyweg en tot anderkant Lynwoodweg. “Hierdie gedeelte behoort einde vanjaar klaar te wees, aangesien daar nie tydens die Sokkerwêreldbeker-

toernooi aan die pad gewerk is nie,” het die lid gesê. Ander Solidariteit-lede het ook gesê dat hulle baie positief oor die GFIP is en dat hulle trots voel om ’n bydrae tot die opbou en herstel van Suid-Afrika se infrastruktuur te lewer. S


nuuswaardig

Elektrisiteit

s

FOTO’S: REINT DYKEMA & iSTOCKPHOTO.COM

Deur Moira-Marie Kloppers

uid-Afrika se ekonomie is hoofsaaklik in energie-intensiewe mynbouen mineraalbedrywe gesetel en daarom is die grootste bedreiging vir Suid-Afrika se ekonomiese groei ’n tekort aan volhoubare elektrisiteitvoorsiening. Om hierdie bedreiging die hoof te bied, beplan Eskom om in die volgende 15 jaar meer as ’n triljoen rand aan uitbreidingsprojekte te bestee om teen 2026 sy elektrisiteitvoorsieningsvermoë te verdubbel. Dié uitbreidingsprojekte het reeds in 2006 begin toe Eskom toestemming vir die bou van die Medupi-kragstasie by Ellisras gekry het – die eerste nuwe kragstasie wat in 20 jaar in SuidAfrika gebou sal word. Eskom se uitbreidings sluit ook in die Kusile-kragstasie naby Witbank, en Ingula, en ’n hidro-pomp-en-opbergkragsentrale naby Ladysmith. Meer as 9 000 werknemers van meer as 19 plaaslike en internasionale kontrakteurs en subkontrakteurs uit die siviele en meganiese industrieë werk volstoom aan die projek. Danksy die regering se inisiatief vir gedeelde groei (ASGISA) asook die projek se arbeidsooreenkoms (PLA) kom talle van hierdie werknemers uit die projekte se onmiddellike omgewing. Die werknemers ontvang indiensopleiding in verskeie ambagte en vaardighede wat onder meer passers, draaiers, sweisers, ketelmakers, raamwerkmonteerders, staalwerkers, gehalte-inspekteurs en tegnici insluit. Solidariteit het lede in letterlik elke afdeling en fase van hierdie reuse-projek. Van semigeskoolde jong manne tot ingenieurs, ambagsmanne en projekdirekteure met stringe nagraadse kwalifikasies en jare se ondervinding. Bourekenaars bereken hoeveel sement nodig is en Solidariteit-lede in die finansiële afdeling koop dit aan en doen finansiële en strategiese beplanning. In die laboratoriums toets nog ’n lid of die sement aan al die vereistes voldoen. Dan is daar voormanne, veiligheidsinspekteurs en beroepsgesondheid- en veiligheidspesialiste. Volgens Lee Coetzee, Solidariteit-organiseerder in die metaal- en ingenieursbedryf verantwoordelik vir groot projekte, is hierdie mense met hulle kennis en ervaring ook gesog in die buiteland. “Ons lede wat by hierdie projekte betrokke is, kies egter om ’n nalatenskap hier in SuidAfrika te bou. Dit is nie maar net nog ’n projek nie. Dit is ’n projek van nasionale belang,” sê Coetzee. S

DID YOU KNOW? • South Africa generates 45% of Africa’s electricity. • For every 100 houses that are electrified, ten new jobs are created. • South Africa’s electricity network is made up of more than 300 000 kilometres of power lines. • The Medupi and Kusile expansion projects are the biggest of their kind in the world. • The generator stator that forms an integral part of the generator for Medupi weighs an enormous 368 tons. • Four tractors, two to tow in front and two to push from behind, powered by 700 HP Cummins diesel engines and two trailer units, each with over 200 tyres, were used to carry the generator stator to the site. Ninety tyres were damaged or destroyed during the trip that took 18 days to complete.

nommer 4 van 2010

12

Geen taak of projek te groot vir Lee Coetzee Lee Coetzee, Solidariteit se organiseerder in die metaal- en ingenieursbedryf, is al ses jaar by groot ontwikkelingsprojekte soos die Gautrein, Medupi en Kusile betrokke en was selfs indirek by die Hoogland-waterprojek in Lesotho betrokke. Hy het in 1986 as werknemer by Metal Box in die Vaaldriehoek by die destydse MynwerLee Coetzee kersunie aangesluit en is ’n jaar later as voltydse verteenwoordiger verkies. Hy het in sy tyd as verteenwoordiger in al die strukture van Solidariteit gedien en was onder meer vir sewe jaar ’n voltydse verteenwoordiger by Nampak. Lee is sedert 2004 voltyds by die vakbond waar hy meer as 3 500 lede onder sy vlerk het.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



newsworthy

Hiring plans: Cautious optimism

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

a

By Francois Calldo Cape, where the outlook is +7%, and in KwaZuluNatal, where employers reported a cautiously optimistic outlook of +6%. The MEOS shows that employers in eight of the ten industry sectors forecast positive hiring activity in the third quarter of 2010. It seems that employers in the restaurant and hotel sector have the most optimistic hiring plans, with an outlook of +22%. The wholesale and retail trade sector also expects a favourable hiring climate with an outlook of +19%, while employers in the mining and quarrying sector have a respectable outlook of +14%. Employers in the agriculture, hunting, forestry and fishing sector anticipate a steady headcount growth, with an outlook of +11%. However, the MEOS indicates that employers in both the manufacturing sector and the construction sector forecast negative headcount growth, with outlooks of -7% and -4% respectively. For the manufacturing sector, which was hit hard by the recession and lost a total of 202 000 jobs during 2009, the prospect of more job losses is not good news. During the first quarter of 2010 the manufacturing sector already shed 33 000 jobs according to the latest QLFS, making the 19 000 jobs created in the last quarter of 2009 insignificant. The forecast of a negative headcount for the construction sector was to be expected, as many infrastructure projects such as the upgrading of airports for the FIFA World Cup have been completed. Therefore, although the South African economy is expanding again, it seems that it will take some time before companies start hiring people on a larger scale. • The complete report can be read at www.manpower.co.za. S

lthough the South African economy expanded by 4,6% during the first quarter of 2010, a total of 171 000 jobs were still lost in the first quarter of 2010, according to the latest Quarterly Labour Force Survey (QLFS) of Statistics South Africa which was published in May. It further seems that with the global recession still fresh in the minds of employers, they are very cautious when it comes to hiring new employees. This trend can be seen in the latest results of the Manpower Employment Outlook Survey (MEOS) which is conducted quarterly to measure the plans of 752 employers in South Africa to increase or decrease the number of employees in their workforce during the next quarter. The latest MEOS which was published in June 2010 shows that in the third quarter of 2010 there is a trend of cautious optimism among employers in respect of hiring employees. South African employers forecast a moderate headcount growth for the third quarter of 2010, with 14% of employers expecting to increase their headcount, 7% forecasting a decrease, and 78% expecting no change during the third quarter, bringing the net employment outlook for South Africa to +7%. According to the MEOS, employers in five South African regions – the Eastern Cape, Free State, Gauteng, the Western Cape and KwaZulu-Natal – forecast a positive headcount growth during the third quarter of 2010. Employers in the Western Cape and Gauteng have the strongest hiring intentions at +8%, while employers in the Free State reported an uncertain hiring climate, with hiring intentions of only +2%. There are also encouraging signs for jobseekers in the Eastern nommer 4 van 2010

14

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

AfriForum kekkel, bulk op Solidariteit Radio

h

Deur Moira-Marie Kloppers

ulle begin hul program elke week met ’n kekkel en ’n bulk vir gekmakers en staatmakers in die gemeenskap. Dit is nou Kallie Kriel en Alana Bailey, wat die burgerregte-inisiatief AfriForum elke Dinsdag op Solidariteit Radio verteenwoordig. Maak jy dié burgerregte-aktiviste die hoenders in of doen jy ’n dapper ding, dan staan Kallie en Alana elke week op DinsdagForum reg om vir jou die nodige erkenning te gee! Kallie en Alana gesels oor alles wat Afrikanerharte warm laat klop. Hulle veg vir die behoud van Pretoria se naam, beland amper in die tronk met “Mugabe go home” en verklaar oorlog teen Julius Malema en die omstrede “Skiet die Boere”-lied. Nantes Kelder, hoof van AfriForum se afdeling vir gemeenskapsveiligheid, gesels op sy beurt elke week veiligheidsake. Nantes takel misdaad kaalvuis en bemagtig DinsdagForumluisteraars met die jongste inligting en nuus – van wenke oor hoe om jou huis te beveilig en kapers te fnuik, tot maniere om by gemeenskapbeveiligingsprojekte betrokke te raak. Selfs kettingboodskappe oor “misdadigers se nuutste truuk” wat deur e-posse en SMS’e versprei word, word oor dieselfde kam geskeer om te bepaal wat feit en wat fiksie is. James Kemp, AfriForum se “groen” man, is woordvoerder oor omgewingsake en kampvegter vir ons omgewing. In AfriForum Omgewingsake word knelpunte oor omgewingsbewaring geïdentifiseer en DinsdagForum-luisteraars kry praktiese raad oor hoe om groener te leef. Ernst Roets, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, doen elke week verslag oor die jeug se aktiwiteite. Moedertaalonderrig, rassisme en diskriminasie is kort-kort op die agenda en selfs Julius Malema moet in sy pasoppens wees. • Al die programme en insetsels wat op Solidariteit Radio uitgesaai word, kan weer ná die tyd op die webtuiste geluister en afgelaai word. Besoek www.solidariteitradio.co.za.

SPITS JOU ORE HIERVOOR • Weekdae om 08:00: Pitkos uit Sy hand – ’n oordenkingsrubriek. • Maandae om 12:00: Mense op Maandag – Solidariteit Helpende Hand se program van hoop. • Dinsdae om 12:00: DinsdagForum – AfriForum se aktualiteitsprogram. • Woensdae om 12:00: Wêreldwyd op Woensdag – ’n interessante verskeidenheidsprogram. • Donderdae om 12:00: Dirk op Donderdag – Solidariteit-nuus, aangebied deur Dirk Hermann. • Vrydae om 12:00: Perspektief – ’n ondersoekende nuusprogram. • Vrydae om 13:00: In Solidariteit – ’n omnibus van die week se beste insetsels.

number 4 of 2010

15

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Die ABC van digitale migrasie

d

Deur Ilze Nieuwoudt geheuestokkies en modems kan kommunikeer. Volgens die ministeriële beleid wat vir die oorskakeling in Suid-Afrika vasgestel is, sou die oorskakeling oorspronklik reeds op 1 November 2008 begin het, waarna die analoogseine teen 1 November 2011 afgeskakel sou word. Die oorskakelingstydperk is later uitgestel om op 1 April 2010 af te skop en teen 30 Maart 2012 gefinaliseer te word. Die regering het egter in Junie vanjaar aanpassings aan die oorskakelingsplan aangebring, wat die oorskakeling nog verder sal uitstel. Om die digitale seine in analoogseine te dekodeer, word ’n STB benodig. Volgens Digital Dzonga sal dit nie nodig wees om ’n nuwe televisie aan te skaf om die digitale seine te ontvang nie. Die organisasie beklemtoon wel dat selfs die nuutste “digital ready”-televisies ook ’n SBT sal benodig om die digitale sein te ontvang. Aangesien die digitale seine nie deur sateliettransmissie oorgedra word nie, maar deur landelike uitsaaiinfrastruktuur, vervang ’n satellietskottel nie die SBT nie en intekenare op DStv en TopTV sal steeds die SBT-dekodeerders moet aankoop. ’n Dekodeerder sal na raming tussen R400 en R700 kos. Die aankoop van die dekodeerder is nie gekoppel aan ’n maandelikse heffing soos in die geval van M-Net of DStv nie. Die regering het wel ’n subsidieplan saamgestel om armer huisgesinne te help om die dekodeerder te koop. Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie, het in 2009 aangedui dat die regering sowat R400 miljoen vir dié subsidiëring beskikbaar gestel het. S

igitale migrasie verwys na die oorskakeling van analoog- na digitale televisie. Volgens Beeld neem die golwe waarop analoogseine gestuur word baie spasie (ook bekend as bandwydte) op. Daarenteen gebruik digitale seine baie minder bandwydte, wat beteken dat sowat nege keer meer inligting in dieselfde spasie versend kan word as wat die geval met analoogseine is. Die webwerf www.godigitalsa.co.za vergelyk bandwydte met verkeersbane op ’n hoofweg en beklemtoon dat hoe meer spasie beskikbaar is, hoe meer inligting kan uiteindelik oorgedra word. Die spertyd wat deur die internasionale telekommunikasie-unie (ITU) gestel is, bepaal dat alle lande reeds teen 2015 die digitale migrasieproses moet voltooi. Verskeie lande soos Nederland, Finland en Swede het reeds die oorskakeling gedoen. Volgens Digital Dzonga, die liggaam wat die oorskakeling in Suid-Afrika namens die regering hanteer, is daar hoofsaaklik drie voordele aan digitale TV verbonde, naamlik: • Beter gehalte TV wat ’n skerper en helderder beeld en klank bied. • Aangesien digitale seine minder bandwydte gebruik, sal dit die geleentheid bied vir ’n groter verskeidenheid televisiekanale op dieselfde hoeveelheid spasie. • Die dekodeerders (ook bekend as Set Top Boxes – STB’s) wat gebruik sal word om die digitale sein na ’n analoogsein om te skakel, funksioneer as ’n unieke kommunikasietoestel wat ook met selfone,

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Solidariteit Navorsingsinstituut betree kuberruim stelle. Die instituut se navorsingsareas behels onder meer arbeidsverhoudinge, arbeidsekonomie, grondwetlike en arbeidsreg, energiekwessies en sosio-politiek. Die SNI se omvattende navorsing word versprei deur middel van verskeie publikasies, wysigingswetsontwerpe, konferensies, debatgeleenthede en nou ook ’n unieke webtuiste. • Klik op www.navorsing.co.za vir die Solidariteit Navorsingsinstituut se jongste verslae oor aktuele onderwerpe.

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is in 2009 tot stand gebring nadat die vakbond die ruimte gesien het vir die formulering en bevordering van openbare beleid. Die instituut se waardevolle navorsing is nou ook op die internet beskikbaar sodat meer mense daarby kan baat vind. Die SNI fokus veral op bestaande en nuwe regeringsbeleid asook op regeringsoptrede, of die gebrek daaraan. Na aanleiding van sy navorsing lewer die SNI tersaaklike kommentaar en maak toepaslike voornommer 4 van 2010

16

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


PRODUKOORSIG Stygende hospitaalkoste en mediese skema-premies wat die hoogte inskiet, het ’n bitter pil geword om te sluk, en talle mense is op soek na bekostigbare mediese dekking. Solidariteit Finansiële Dienste het die oplossing: Sapmeds Hospitaalversekering. Sapmeds is ’n korttermyn-ongeluk-en-gesondheidspolis wat vasgestelde voordele betaal. Dit is spesifiek ontwerp om ’n bekostigbare oplossing te bied aan Suid-Afrikaners wat op soek is na moeitevrye siekte- en ongelukdekking. Lang toue om mediese sorg te bekom, is iets van die verlede met die toegang tot privaat hospitale wat gebied word. Die premies en limiete is soos volg: PLAN

INDIVIDU

FAMILIE

VOORVAL-LIMIET

JAARLIMIET

4

R420.00

R 700.00

R 30 000

R 350 000

5

R480.00

R 810.00

R 60 000

R 450 000

6

R520.00

R 970.00

R150 000

R 650 000

7

R570.00

R1 100.00

R200 000

R1 000 000

Sapmeds se familieplan dek ’n familie van 5 lede. Kinders word tot en met die ouderdom van 25 gedek (indien hul voltyds studeer). ’n Familie bestaan uit twee volwassenes en drie kinders.

WAT KRY JY? OOK INGESLUIT: • Toegang tot privaat hospitale. • Dit dek jou spesialis, hospitaal- en ander mediese uitgawes met die vasgestelde voordeel. • Eise word vinnig én van dag 1 af betaal, sodra die toepaslike dokumente ontvang is. • Opsionele dekking is beskikbaar vir swangerskap en gevreesde siektes. • Dekking vir afhanklike kinders wat by tersiêre instellings studeer. • Goeie onderskrywingsbeginsels om kliënte teen skerp premiestygings te beskerm. • Verstaanbare polisdokumente.

• SASRIA-gevalle (beserings tydens optogte, kapings, stakings). • Internasionale reisversekering (maksimum 90 dae). • Ongelukdekking (dood). • ER24-ambulansbystand (pad of lug). • Skakel die 24-uur noodnommer vir: * Toelatingsnommer vir hospitaalopname. * Mediese inligting of raad. * Mediese bystand in krisissituasies.

BELANGRIK OM TE WEET

Hierdie produk word onderskryf deur Resolution Underwriters (Pty) Ltd (FSP#4710) namens Resolution Insurance Company Limited.

Solidariteit Finansiële Dienste Sel: 072 182 7505 Tel: 012 664 8923 Faks: 012 664 1126 E-pos: ruan@solidariteit.co.za

AKSENT MEDIA • 07/2010

• Spesiale bepalings is namens Solidariteit se lede met Resolution Underwriters onderhandel. • ’n Wagtydperk van 3 maande geld en voorafbestaande kondisies word uitgesluit vir 12 maande of langer. Indien ’n lid reeds aan ’n mediese skema behoort en na Sapmeds skuif, sal daar nie ’n wagtydperk van 3 maande wees nie. • Die maksimum intree-ouderdom is 55 jaar. • Die bybetaling vir hospitalisering is R1 000.00 tot en met 55 jaar. • Indien ’n lid ouer as 55 jaar is, kan Solidariteit Finansiële Dienste vir meer inligting gekontak word. • Hierdie advertensie is slegs vir bemarkingsdoeleindes. Enige eise is aan die polisbewoording onderworpe. • Dag-tot-dag uitgawes word nie gedek nie.


nuuswaardig

Skud spanning af op die net

n

Deur Daleen de Jager

uwe media is die term wat gebruik word vir kommunikasiemiddele op die internet. Die nuwe media, oftewel sosiale media, het ’n nuwe manier van kommunikasie meegebring en almal praat daaroor. Hierdie soort kommunikasie maak jou deel van ’n nuwe sosiale kring. Buiten jou normale sosiale omgang en kommunikasie met mense, kan jy ook ’n sosiale lewe op die internet handhaaf. En dit is ook belangrik dat jy deelneem aan die “gekuier” op die web. In ’n artikel deur Susan Ward van die Small Business: Canada Guide (http://sbinfocanada.about. com) skryf sy sosiale media is aanlynmedia wat kommunikasie tussen mense aanmoedig. In teenstelling hiermee, skryf sy, is die tradisionele media, wat slegs inhoud oordra, maar nie lesers, kykers of luisteraars laat deelneem aan die ontwikkeling van die inhoud nie. Om ’n sosiale lewe aanlyn te hê, het verskeie voordele: Blogs: Volgens Scientific American (www.sciam.com) is dit lankal duidelik dat dit vir mense terapeuties is om oor hulle probleme, bekommernisse en gedagtes te skryf. Hulle sê ook dat dit jou help om van spanning ontslae te raak en dat dit goed is vir jou gesondheid. Wat nog meer help, is dat bloggers wat te doen het met dieselfde situasies of probleme op jou bloginskrywings kan reageer, jou kan opbeur en bemoedig. Facebook: Facebook is ’n aanlynkuierplek. Jy kan

mense uitnooi om jou Facebook-vriende te wees en enige tyd van die dag met hulle gesels deur boodskappe te stuur of op hulle Facebook-mure te skryf. Facebook is die ideale manier om jou vriende en familie op ’n gerieflike, goedkoop manier in te lig van gebeure in jou lewe, jou hartseer en jou blydskap. Die terapie hieraan verbonde is dat jou Facebook-vriende jou sal ondersteun en motiveer. Jy kan ook saam met jou vriende lag op Facebook deur snaakse foto’s, video’s of klankgrepe met hulle te deel. Twitter: Twitter, ’n vorm van mikroblogging, is die ideale manier om ’n vinnige opdatering van jou lewe te gee wat dan aan die mense gestuur word wat gekies het om jou opdaterings, of tweets, te volg. Twitter is ideaal vir diegene wat nie noodwendig lief is vir skryf of so vaardig met woorde is nie, en vir wie ’n blog te veel moeite sal wees, maar wat graag hulle gedagtes of idees wil deel. Opdaterings kan ’n maksimum van 140 karakters wees. Met Twitter kan jy persoonlike nuus en skakels na interessante artikels of leesstof vinnig met ander mense deel. Twitter het só gegroei dat die nuus oor die aardbewing in China vroeër vanjaar as’t ware eerste op Twitter met die res van die wêreld gedeel is – mense het ge-tweet terwyl die aardbewing besig was om te gebeur! Dit is belangrik om op die internet te kuier, omdat dit die nuwe manier is om jou gedagtes en idees te deel, en selfs van frustrasie ontslae te raak. S

Wat het van die Metroblitz geword?

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Deur Ilze Nieuwoudt Daarbenewens het ’n treinkaartjie slegs R2,50 gekos. Die Metroblitz was blykbaar ’n eksperimentele sneltreindiens. Dit was die opvolger van die sogenaamde Jakarandasnel wat in Julie 1979 tussen Pretoria en Johannesburg ingestel is. Die Jakarandasnel kon oorspronklik die 69,4 km-roete in 65 minute voltooi en later in 58 minute. Teen 1983 is toetse onderneem om ’n vinniger treinstelsel in te stel, wat tot die ontwikkeling van die Metroblitz gelei het. Luidens ’n studie wat in 2003 oor die lewensvatbaarheid van die Gautrein gedoen is, word verduidelik dat die Metroblitz hoofsaaklik weens twee redes gestaak is: die ontwrigting van ander treinroetes wat op dieselfde spore bedryf is en die marginale inkomste wat daaruit gegenereer is. S

As jy gedink het die Gautrein is ’n slim plan om die verkeersprobleme tussen Pretoria en Johannesburg op te los, goed en wel. Maar dié idee is niks nuuts nie. ’n Artikel wat op 12 Januarie 1984 in die destydse dagblad Die Vaderland verskyn het, praat van ’n trein wat vir die Suid-Afrikaner in 2010 soos ’n voorspelling van die Gautrein sal klink. Die opskrif lees bloot: “Metroblitz bestorm stede teen 160 km/h”. Dié treindiens is, soos die hedendaagse Gautrein, ontwikkel sodat pendelaars “blitsig” tussen Johannesburg en Pretoria kon reis. Luidens die artikel is die trein amptelik op Maandag, 16 Januarie 1984 ingestel nadat dit ’n paar dae vantevore deur die destydse minister van vervoer, Hendrik Schoeman, geopen is. Die trein kon binne 42 minute tussen Pretoria en Johannesburg reis. nommer 4 van 2010

18

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

JACO KLEYNHANS

Solidariteit-segsman, strateeg, staatmaker

FOTOS: REINT DYKEMA

Jaco Kleynhans, hoof van kommunikasie by Solidariteit en redakteur van Solidariteit Tydskrif, verlaat die vakbond op 31 Augustus. Ilze Nieuwoudt het met hom oor sy loopbaan by die vakbond gesels. Jy was vir vyf jaar redakteur van Solidariteit Tydskrif en hoof van die vakbond se kommunikasie-afdeling. Daar was in dié tyd groot vooruitgang op alle kommunikasiegebiede vir Solidariteit. Wat was van die hoogtepunte en die geheim vir dié welslae? Wanneer iemand vir sy of haar werkgewer kwaad is en besluit om van werk te verander, is die weggaan redelik maklik. Wanneer jy egter ’n wonderlike werkgewer op die hoogtepunt van jou loopbaan verlaat, is dit nie so maklik nie. Die afgelope sewe jaar en vier maande wat ek by Solidariteit gewerk het, en in die besonder my vyf jaar as afdelingshoof, was vol hoogtepunte. Ek het die geleentheid gehad om tydens ’n tydperk van ongelooflike onwikkeling in die kommunikasiewêreld aan die hoof te staan van die kommunikasie-afdeling van een van SuidAfrika se mees dinamiese organisasies. Dít alleen sal ’n groot hoogtepunt bly. Die geheim vir die welslae van die afdeling lê primêr daarin dat die leierskap van Solidariteit tot goeie kommunikasie met lede, die publiek, belangrike rolspelers soos die rege-

ring en natuurlik hul eie werknemers verbind is. Om dié rede was hulle altyd bereid om Solidariteit se kommunikasie-afdeling uit te brei ten einde beter te kommunikeer.

“Om ’n wonderlike werkgewer op die hoogtepunt van jou loopbaan te verlaat, is nie so maklik nie.” Hoogtepunte sluit in die uitbou van Solidariteit Tydskrif tot ’n spogproduk; die totstandkoming van talle goeie webtuistes en nuusbriewe binne die Solidariteit-beweging; die skep van Solidariteit Radio, S-tube en die Solidariteit-blog; Solidariteit se goeie mediaverhoudings; en die mate waartoe ons deur kommunikasie ’n uitstekende diens aan ons lede kon bied en nuwe lede kon werf. As vakbondwoordvoerder het jy waarskynlik ’n paar komiese oomblikke gehad. Een voorval was tydens ’n regstreekse onderhoud op ’n anderstalige radiostasie. Ons het ’n mediakonferensie oor probleme by Telkom

nommer 4 van 2010

20

gehad en toe die radio-onderhoud met my gereël is, het ek aangeneem dit gaan oor Telkom. Dit gaan toe egter oor ’n mediaverklaring wat ons die vorige dag oor afleggings by Clover uitgestuur het. Die aanbieder het sy inleiding in ’n taal gedoen wat ek nie verstaan nie. Daarna het hy vrae oor Clover gevra en ek het antwoorde oor Telkom gegee. Gelukkig het ek gou my fout agtergekom. Sommige inwoners van Limpopo dink nou nog dat Telkomwerknemers oor lae melkpryse wou staak! Wie sou jy sê het die grootste invloed op jou beroep tot nou toe gehad en hoekom? Agter elke suksesvolle persoon is ’n geduldige mentor. As dit nie vir Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, was wat my van my eerste dag af gelei het nie, sou ek nie vandag gewees het waar ek is nie. Dirk het strategieë op sy briljante wyse uitgedink en ek het met my behoefte om van idees werklikhede te maak daardie strategieë in kommunikasieboodskappe omgeskep. Dirk sal altyd vir my ’n mentor en ’n vriend bly.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig Jy het ’n pos aanvaar as hoof van die Orania Beweging. Hoekom hierdie skuif? Ek glo in groter selfstandigheid. Ek glo ook in die krag van gemeenskappe wat van hul eie inisiatief vir oorlewing afhanklik is en nie van ’n eksterne instelling nie. Orania is ’n selfstandige gemeenskap wat binne die werklikheid van ’n groter Suid-Afrika ’n toekoms vir Afrikaners probeer skep. Dit is ’n gemeenskap wat nie teen iets is nie, maar eerder vir die voortbestaan van Afrikanerskap. Niks in Orania word ten koste van ander gedoen nie, maar wel in die belang van die mense wat Orania hulle tuiste noem. Ek het besluit om Orania my nuwe tuiste te maak, juis vanweë die behoefte om in harmonie met alle Suid-Afrikaners ’n plek te skep waar Afrikaners hulself kan wees en waar my kinders in veilige omstandighede kan grootword en onderrig van ’n hoë standaard in Afrikaans kan ontvang. Wat wil jy nog in jou loopbaan bereik? Ek wil eendag onthou word vir die verskil wat ek gemaak het. Ek sal graag wil sien dat my klein bydrae help verseker dat Afrikaners ’n toekoms in Suid-Afrika kan hê – ’n toekoms waar die volgende generasies ook trots op hul taal, kultuur, monumente, waardes, tradisies en Afrikanerskap is. S

“Ek glo in groter selfstandigheid. Ek glo ook in die krag van gemeenskappe wat van hul eie inisiatief vir oorlewing afhanklik is en nie van ’n eksterne instelling nie.”


nuuswaardig

Moedertaalonderrig: Steeds beste vir kind

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Charl Oberholzer

aar is vandag ’n algemene wanpersepsie dat ’n kind in ’n Afrikaanse skool nie Engels kan praat nie en dat Afrikaanse onderrig jou kind isoleer in ’n wêreld wat Engels is. Duitsers praat Duits, die Franse praat Frans en die Spanjaarde praat Spaans, maar in Suid-Afrika is ons skepties oor Afrikaans. Volgens die Instituut vir Rasseverhoudinge is Afrikaans die taal wat tweede meeste in Suid-Afrika gepraat word naas Zoeloe. Engels is slegs die vyfde grootste taal in SuidAfrika, terwyl die meeste mense in die wêreld Mandaryns praat, nie Engels nie. Luidens nie-amptelike syfers van die South African Guide is daar ongeveer 20 miljoen mense in die wêreld wat Afrikaans kan praat. Ander bronne, soos Wikipedia, reken dat daar tot 23 miljoen mense in die wêreld is wat dié taal kan praat. Luidens Statistiek Suid-Afrika se 2001-bevolkingsensus praat sowat 6 miljoen mense in SuidAfrika, dit wil sê 13,3% van die bevolking, Afrikaans as ’n huistaal. Om jou kind in ’n Afrikaanse skool te plaas, beteken dat hy deel word van ’n groot groep Afrikaanse moedertaalsprekers, dat hy meertaligheid bevorder deur Afrikaans en Engels (en moontlik ’n ander Afrikataal ook) te leer. Boonop is daar bewyse dat moedertaalonderrig baie voordele inhou wat ’n kind se akademiese potensiaal betref. Vuyokazi Nomlomo, adjunkdirekteur van die Universiteit van die Wes-Kaap se onderwysfakulteit, sê dat blootstelling aan Engels in die vroeë jare van ’n kind se opvoeding geen taalkundige of akademiese voordeel inhou nie, maar dat opvoeding in ’n kind se moedertaal wel voordele inhou. Dr. Kathleen Heugh, wat internasionale navorsing oor moedertaalonderrig gedoen het, het bevind dat kinders wat agt jaar se moedertaalonderrig ontvang veel beter vaar in vergelyking met kinders wat ses jaar, vier jaar of geen moedertaalonderrig ontvang nie. AfriForum het Afrikaanse ouers vroeër vanjaar aangemoedig om hulle kinders in Afrikaanse skole te plaas, aangesien verlede jaar se matriekuitslae weer bewys het dat kinders beter vaar wat opvoeding in hulle moedertaal ontvang. “Leerders kan nuwe begrippe en vaardighede die maklikste in hulle moedertaal aanleer. Hierdie vaardighede kan dan later

EDUCATION IN MOTHER TONGUE STILL BEST International research continues to endorse the view that mother tongue education is the best way to go. Although outcome-based education in South Africa introduces English to children for whom it is not a home language from Grade 1 instead of Grade 3, research shows that children must first learn their mother tongue before they are introduced to English. Children should be taught in their mother tongue for as long as possible, because, as Dr Kathleen Heugh suggests, it is then easier to transfer high-level literacy skills to a language of wider communication such as English, French, Spanish, Arabic or Mandarin.

maklik na ’n tweede taal soos Engels oorgedra word,” meen Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het ook al telkemale die gebrek aan moedertaalonderrig in die onderwysstelsel as die sondaar vir swak prestasie uitgewys. “Slegs 16,9% van al die gr. 12-leerders wat elke jaar matriek skryf, slaag aan die einde van die jaar met vrystelling om by ’n hoëronderwysinstelling te gaan studeer.” In oorsese lande word moedertaalonderrig as ononderhandelbaar beskou. Buiten die akademiese argument oor moedertaalonderrig, is daar nog ’n groot rede waarom Afrikaners aan Afrikaans moet vasklou: Dit is deel

nommer 4 van 2010

22

van ons identiteit. Ons taal is ’n kosbare geskenk wat deur die geskiedenis altyd teen alle verwagtings oorleef het. Oudpres. Nelson Mandela het gesê: “As jy met ’n man praat in ’n taal wat hy verstaan, praat jy met sy verstand. Maar as jy met hom in sy eie taal praat, praat jy met sy hart.” Dié stelling geld ook opvoedkunde en die onderwys. Oudpres. MT Steyn het op sy beurt die vraag gevra: “Hoe kan een Afrikaner neutraal bly terwyl ’n ander een bereid is om vir Afrika te sterf?” Dié vraag is steeds van toepassing – hoe kan een Afrikaner neutraal bly terwyl ’n ander een veg vir sy taal wat bedreig word? • Lees ook die artikel op bladsy 58 oor taalregte en wat elders ter wêreld gebeur. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Solidariteit: Die tuiste vir wenners

FOTO: REINT DYKEMA

s

olidariteit bied van tyd tot tyd kompetisies aan om mense aan te moedig om deel van ons wenspan te word. By Solidariteit staan jy nie net die kans om pryse te wen nie, maar as jy by die vakbond aansluit, wen jy ’n vriend in die werkplek, ’n klomp voordele wat baie meer werd is as jou lidmaatskapgeld en ’n ondersteuningstelsel, want ons beskerm ons mense. In die jongste kompetisie kon mense wat deur Solidariteit se webtuiste aansluit ’n GPS, yskas of skottelgoedwasser wen. Die gelukkige wenner was Douw Geyer van Pretoria. Douw kon een van die drie groot pryse kies en het op die skottelgoedwasser besluit. Baie geluk, Douw! Moenie ons volgende kompetisie misloop nie. Maak seker jy klik gereeld op www.solidariteit.co.za. Daar is ook opwindende pryse wat gewen kan word deur op www.solidariteitverwysings.co.za te klik. S

Deur Daleen de Jager

Douw Geyer, wenner van ons werwingskompetisie.


nuuswaardig

Vat jou goed en trek Ferreira – platteland toe

v

Deur Ilze Nieuwoudt

ir die Nortjé’s is dit Parys in die Vrystaat en vir die Steyns is dit Hendrina in Mpumalanga. Twee uiteenlopende gesinne met uiteenlopende behoeftes. Tog het hulle een ding gemeen – hulle het hul stadsmotors gepak en getrek. Hulle het egter nie die trek na die vreemde uithoeke van die aarde aangepak nie, maar eerder na die Suid-Afrikaanse platteland. Is hulle dalk deel van die volgende Groot Trek-generasie, oftewel semigrasie-generasie?

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

FINANSIËLE SIN Die Nortjé’s het om verskeie redes besluit om platteland toe te trek. Dié jong gesin, wat oorspronklik van Pretoria is, het meer as ’n jaar gelede Vanderbijlpark toe getrek, maar wou baie graag eiendom koop. Met die besef dat huispryse op die platteland goedkoper is as in die stede het Johan en Yolanda besluit om hulself in die pikante Vrystaatse dorpie Parys te vestig. Johan, wat opleiding by ’n ingenieursmaatskappy in Vanderbijlpark doen, pak nou wel daagliks die tog van nagenoeg 50 km werk toe aan, maar volgens Yolanda hou hulle trek na die platteland verskeie voordele in. “Dit het eerstens vir ons finansieel meer sin gehad, maar dan is dit beslis ook veiliger hier. Hoewel veiligheid maar relatief is, sien jy nog ou tannies alleen in die strate van Parys loop,” verduidelik sy. Dit was ook hulle besluit om met ’n gesin te begin wat ’n rol gespeel het. “Ons het nou ’n 11 maande oue seun en dit is net soveel nader aan die natuur hier en ons kan sommer net afloop na die rivier om met hom te gaan stap,” sê sy. Intussen het Yolanda, wat voorheen by ’n rekenmeesterspraktyk gewerk het, besluit om tuis te bly met hul seuntjie en sy werk nou van die huis af. WEG VAN DIE GEJAAG Annelize Steyn, redakteur van ’n Afrikaanse vrouetydskrif, en haar man Ernest, ’n mediese verteenwoordiger, het vroeër vanjaar besluit om hulle en hul twee kinders se tasse te pak en vanuit die gejaag in Pretoria pad te gee en na ’n plaas buite Hendrina in Mpumalanga te trek. “Ons besluit om plaas toe te trek, is aangevuur deur die dag-tot-dag gejaag en die lewe van die een salaristjek tot die volgende wat ons in die stad gehad het. ’n Gejaag na

wind. Ons kindertjies is jonk en was in ’n kleuterskool. Ons het hulle so min gesien,” verduidelik sy. “Toe die geleentheid hom voordoen om plaas toe te trek, was dit die vanselfsprekende besluit. Om onsself ’n toekoms te gee en om ons kinders die wonderlike geleentheid te gee om die plaaslewe te kan ervaar en ’n plattelandse leefwyse te lei.” Wat werkgeleenthede betref, meen Annelize daar is wel vir mense geleenthede om ’n bestaan op die platteland te maak. Hoewel Ernest self die boerdery op die plaas hanteer, is daar steeds vir Annelize geleentheid om op haar beroep te fokus. “Ek dink die feit dat die wêreld so klein geword het, maak dit vir soveel meer mense moontlik om ’n lewe op die platteland te lei. Ek is ’n joernalis en dit is die eenvoudigste ding om van daar af te skryf. Daar is absoluut geen grense nie!”

nommer 4 van 2010

24

MAAR IS DAAR WERK? Die dae wat mense by die kantoor vasgeketting sit, is in baie gevalle iets wat in die twintigste eeu tuishoort. Die snelle verandering in die wêreld van tegnologie maak dit moontlik om letterlik honderde kilometer van “die kantoor” te werk. Daar is talle uitdagende werkgeleenthede op die platteland. Soms verg dit net moeite om die geleenthede uit te snuffel. ’n Nuttige webtuiste is www.countrycareers.co.za. Dié webtuiste bied eenvoudige soekfunksies vir beskikbare poste op die platteland. Dit verwys ook na die uittog van stedelinge na die platteland as “semigrasie”. Luidens die webtuiste is die aantal werkgeleenthede wel minder, maar daar is talle geleenthede in kleiner dorpe en stede beskikbaar, wat aan mense die geleentheid bied om van die woeste gejaag van die groot stede weg te kom.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

WEEG SELF VOORDELE • Die platteland bied gewoonlik ’n rustiger atmosfeer. • Sekere misdaad, soos veral geweldsmisdaad, kom in die algemeen minder op die platteland voor. • In sommige gevalle is die omgewing meer geskik vir kinders. • Jy ken nog jou bure oorkant die straat en langs jou, die slagter, die bankklerke en min of meer elke tweede persoon wat jy op straat raakloop. • Uitgawes soos behuising is in baie gevalle goedkoper as in die stad (dit hang natuurlik af in watter plattelandse dorp jy woon). • Dit is soms afgeleë (ja, dit is beslis ’n voordeel!) NADELE • Dit is soms afgeleë en jy kan selfs honderde kilometer van die naaste groot stad wees. • Keuse is beperk tussen winkels en skole. • Salarisse op die platteland is in baie gevalle laer as in die stede. • Werkgeleenthede is meer beperk (hoewel die internet hierdie leemte in werkgeleenthede toenemend vul).

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

SÓ SÊ SOLIDARITEIT-BLOGGERS • “Ek het hier grootgeword en daarna 18 jaar in die stad gebly tot ons weer terug platteland toe is. Pleks van emigreer, trek platteland toe. Ons weet feitlik nie van geweld nie. Hier staan die karre nog met sleutels in en die kinders speel in die strate. Om winkel toe te gaan is ’n sosiale

uitstappie, want almal knoop eers ’n geselsie aan.” – Juliet van Dyk • “Ek en my man het destyds uit die stad gevlug, maar ek moet ongelukkig waarsku: Werk is skaars en betaling swak. Die platteland is ook nie altyd rustiger (as dit by werk) kom nie. Skole bied nie die-

selfde vakkeuses as stede aan nie en sport is uiters beperk. Jou kinders (wat rustig moes grootword) moet heel moontlik koshuis toe gaan. Winkels is beperk en ’n mens sukkel om eenvoudige goedjies in die hande te kry.” – Denise S


nuuswaardig

KORTLIKS

Rasinstituut sê oor nasionale gesondheidsorgplan

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

Hoe ouer, hoe gelukkiger ’n Studie wat deur Deloitte onderneem is as deel van die Deloitte Best Company to Work for-opname toon dat werknemers se werktevredenheid met jare toeneem. Tevredenheid verbeter luidens die studie met posvlak en ouderdom. Senior personeel het luidens die studie hoë vlakke van werktevredenheid getoon. Dit volg waarskynlik weens die buigsaamheid wat dié werknemers in hul werkomgewing ervaar en die invloed wat hulle kan uitoefen. Daarbenewens het werknemers wat 60 jaar en ouer is die hoogste vlakke van werktevredenheid getoon. Die studie wat onder werknemers van verskeie bedrywe by Suid-Afrikaanse maatskappye onderneem is, toon ook dat vroulike werknemers in die algemeen hoër vlakke van werktevredenheid het as manlike werknemers. Die dienstydperk van werknemers by ’n spesifieke maatskappy het ook luidens die studie ’n uitwerking op werknemers se tevredenheid. Werknemers wat drie jaar en minder by ’n enkele maatskappy werk, toon hoë vlakke van tevredenheid, terwyl werknemers se tevredenheid in die daaropvolgende jare afneem. Dit is egter interessant dat werknemers wat tien jaar en langer by ’n enkele maatskappy werk weer ’n toename in werktevredenheid aangemeld het.

Die regering se planne om ’n nasionale gesondheidsorgplan te implementeer, kan die gehalte van privaat gesondheidsorg in Suid-Afrika benadeel. So meen die SuidAfrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR). Volgens die SAIRR se adjunk-uitvoerende hoof, Frans Cronjé, is die regering se tydsberekening vir die implementering van so ’n plan nie geskik nie, aangesien daar bewyse is dat SuidAfrika se openbare gesondheidsdienste tans in wanorde verkeer. Die SAIRR het in Junie vanjaar ’n verslag bekendgestel wat onder meer die ekonomiese lewensvatbaarheid van die instelling van ’n nasionale gesondheidsorgplan ondersoek. Volgens Cronjé sal die oplossing van probleme wat openbare hospitale en klinieke in die gesig staar net soveel vir die verbetering van gesondheidsdienste vir arm mense kan beteken as wat enige nasionale gesondheidsorgplan sal kan. Die verslag beklemtoon onder meer dat die privaat gesond-

heidsbedryf ’n baie belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie vertolk en dat die oorhaastige instelling van die nasionale gesondheidsorgplan die lewensvatbaarheid en voortreflikheid van die privaat gesondheidsorgbedryf in SuidAfrika kan ondermyn. Cronjé voeg voorts by dat die finansiële haalbaarheid van die plan bevraagteken moet word. Die implementering van die plan kan na verwagting tot soveel as R465 miljard per jaar kos as daar gepoog word om voordele gelykstaande aan dié van privaat mediese skemas te bied. Die verslag beklemtoon dat die plan nie bekostigbaar sal wees nie aangesien slegs 11% van die bevolking ’n belasbare inkomste verdien. “Lande met nasionale gesondheidsorgplanne het gewoonlik ’n hoë netto inkomste, lae werkloosheid en ’n groot en bestendige belastinggrondslag,” verduidelik Cronjé. Hierdie elemente is egter nie kenmerkend van Suid-Afrika se ekonomie nie.

Was sokker-pap die sous werd? Ja én nee, sê SAIRR In ’n artikel oor die koste van die Sokkerwêreldbeker maak die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) dit duidelik: Suid-Afrika en sy belastingbetalers sal vir dekades nog aan dié toernooi moet afbetaal. Die SAIRR is nie net negatief oor die waarde wat dié geleentheid vir Suid-Afrika bied nie. Volgens dié instituut sal die verandering in persepsies oor die land en die vasteland wat die sukses van die toernooi inhou van onskatbare waarde wees. Hulle meen egter dat daar ernstige vrae oor die besteding gevra moet word en of geld wat vir die aanbieding van die toernooi benut is, nie meer doeltreffend op onder meer maatskaplike en ekonomiese opheffing bestee kon word nie. Die SAIRR beklemtoon dat die verwagte hupstoot in die bruto binnelandse produk (BBP) wat die invloei van toeriste na die land sou bring, oorskat is. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die nadraai van

nommer 4 van 2010

26

die ekonomiese afswaai van die afgelope twee jaar. Intussen word die koste vir belastingbetalers vir die opgradering en oprigting van infrastruktuur vir die toernooi op ’n yslike R30 miljard gereken. Tog is die SAIRR nie net pessimisties oor die toernooi nie, want volgens hulle het die toernooi die geleentheid gebring om die land se beeld te poets, terwyl infrastruktuur soos die Gautrein ook langtermynvoordele vir Suid-Afrikaners inhou.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



fokus op mynbou

Mynbou: 2010 propvol uitdagings

FOTO: REINT DYKEMA

s

uid-Afrika word beskryf as een van die lande met die rykste minerale hulpbronne ter wêreld. Mynbou was ook vir die laaste meer as 100 jaar een van die grootste ekonomiese dryfvere in Suid-Afrika. Tog as jy dorpe naby die Vrystaatse goudvelde besoek, lyk dit of die goud net uitgehaal is en niks van die welvaart oorgebly het nie. Die drie grootste rolspelers in die mynbedryf, naamlik die staat, mynmaatskappye en georganiseerde vakbonde, het hulle in Junie weer verbind tot die uitbou van die bedryf met die herbekendstelling van die mynbouhandves. Al die betrokke rolspelers het vooraf oor die handves onderhandel om ’n balans tussen groei en transformasie in die bedryf te vind. As een van die drie groot vakbonde in die bedryf het Solidariteit aktief aan dié proses deelgeneem. Suid-Afrika het ook deurgeloop onder die wêreldwye resessie en ekonome raam dat sowat 1 miljoen werkers hulle werk in veral 2009 verloor het. Werkverliese in die myn-

Deur Reint Dykema

bousektor word op 50 000 gereken. Die grootste inisiatief wat meer afleggings in hierdie sektor verhinder het, was die stigting van die Mining Industry Growth, Development and Employment Task Team (MIGDETT). As deel van dié inisiatief het die staat, georganiseerde arbeid en besigheid ondersoek ingestel na hoe werkverliese verhinder kon word.

Met goud wat deurgaans bo R290 000/kg verhandel, is die meeste goudmyne winsgewend. Tog is daar produsente soos Simmer & Jack wat afskalings doen by van sy Buffelsfontein-skagte en Harmony wat van sy marginale skagte sluit. Verder vind geen groot afleggings tans plaas nie. Mynveiligheid is altyd ’n groot prioriteit in die mynbedryf. Op 12 Julie was daar 66 sterftes in die bedryf teenoor die vorige jaar se 84 vir dieselfde tydperk, wat neerkom op ’n 29%-daling in sterftes – ’n positiewe tendens vir die jaar. Die dalings is te danke aan die Inspekteur van Myne wat nie huiwer om die myne waar ongelukke plaasgevind het vir lang periodes met artikel 54-kennisgewings te sluit nie. Daar word ook met nuwe oë na waardetoevoeging in die bedryf gekyk. Die departement van mynbou plaas groot klem daarop dat grondstowwe langer in die land moet bly en só met werkskepping moet help. Hierdie strategie geniet egter nog nie die steun van al die rolspelers nie. S



fokus op mynbou

Organiseerders

in die mynboubedryf en die mediese bedryf

HOOFKANTOOR

André van der Merwe

Verbind tot lang termyn

s

Samantha van Tonder

Joseph Kidson

Willie Marais

Pieter Burger

Manie Lourens

CARLETONVILLE

KATHU

PIETERSBURG

Willie van Rensburg

Gert van Wyk

Eric Schoeman

KLERKSDORP

Deur André van der Merwe

FOTO’S: REINT DYKEMA

Louis Pretorius

olidariteit se voorganger, die Mynwerkersunie, is al in 1902 gestig. Sedertdien het die vakbond en sy lede deurentyd aktiewe rolspelers in die mynboubedryf gebly. Solidariteit se lede voorsien ’n hoë vlak van tegniese, spesialis- en bestuurskundigheid aan die bedryf. Die vakbond se lede is verbind tot ’n langtermynverhouding, net soos wat die ontwikkeling van ’n myn ’n langtermynprojek is. Solidariteit het sy verbintenis nog verder gevoer met die stigting van sy eie opleidingskollege, Sol-Tech, wat ambagslui aan die bedryf voorsien. Daar is tans 500 studente wat opleiding in skaars en kritieke beroepe soos elektrisiën, dieselwerktuigkundige en meulmaker ontvang. Solidariteit is ook die enigste vakbond in die land met sy eie afdeling vir beroepsbeserings. Solidariteit het kantore en organiseerders in al die groot mynboustreke wat kollektief en individueel na die lede se behoeftes omsien. Die struktuur word ondersteun deur die hoofkantoor, wat toegerus is met ’n regsafdeling, navorsingsafdeling, kommunikasie-afdeling en dienssentrum. Daarbenewens ondersteun Solidariteit Helpende Hand lede in nood, soos tans by die Aurora-myne aan die OosRand en in Orkney die geval is. • André van der Merwe is die bedryfshoof van die mediese bedryf en die mynboubedryf.

WITBANK

RUSTENBURG

Johan Nell

nommer 4 van 2010

Theunis van Staden

30

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

Jan du Plessis


advertorial

number 4 of 2010

31

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


fokus op mynbou

Nuwe handves gee nou mynboupas aan

’n

Nuwe mynbouhandves is in Junie in Pretoria deur belanghebbendes in die mynbedryf aanvaar. Die aanvaarding van die handves kom ná maande se beraadslaging deur insluitende die departement van mynbou, die Kamer van Mynwese, SAMDA (South African Mineral Development Association), asook die National Union of Mineworkers (NUM), die United Association of South Africa (Uasa) en Solidariteit. Die handves bied ’n balans tussen transformasie en die uitbreiding van infrastruktuur en is onder die wakende oog van minister Susan Shabangu onderteken. Suid-Afrika is ’n land wat besonder ryk is aan minerale. Volgens Citibank word die land se mineralerykdom op R18 triljoen geraam. Die doel van die mynbouhandves is juis om beleggings te bevorder deur die vestiging van ’n meganisme wat die langtermynontwikkeling van infrastruktuur sal bewerkstellig. Ingevolge die nuwe handves moet inno-

Deur Reint Dykema vering bevorder en die tempo van ontginning van die minerale versnel word. Verder moet waardetoevoeging aandag kry. Die handves poog ook om Suid-Afrika as voorkeurbeleggingsland te vestig. Voorts bepaal die handves dat vaardigheidsontwikkeling moet plaasvind en gelyke indiensneming bevorder word. Gemeenskappe naby die myne moet ook ontwikkel word. Kragtens die handves moet enkelwoonkwartiere teen 2014 in familiewoonkwartiere omskep word. Ondernemings moet ook voordeel trek deur aankope. Daarbenewens moet swart eienaarskap in die mynbedryf teen 2014 op 26% staan. Wit vroue is nie uit die definisie van voorheen benadeelde werkers gelaat nie. Dit kom nadat Solidariteit beswaar aangeteken het toe van die belanghebbende partye gereken het dat wit vroue onnodig bevoordeel word en nie deel van gelyke indiensneming moet wees nie. Daar is bepaal dat die voorheen benadeelde deel die minimumdoelwit van 40% ten opsigte van senior

bestuur, skaars en kritieke vaardighede, middelbestuur en juniorbestuur teen 2014 moet bereik. Verder moet ’n omgewing en kultuur binne elke maatskappy geskep word wat transformasie in die hand werk. Steve Scott, Solidariteit-president, het tydens die ondertekening van die handves gesê Suid-Afrika is ’n land van potensiaal en dat die foute van die verlede reggestel moet word. Die groot voordeel wat die handves aan werknemers bied, is dat maatskappye opnuut na werknemeraandeleskemas, of Esops, gaan kyk om die bemagtigingsteiken van 26% te bereik. Esops het in die verlede ’n kleiner gedeelte van bemagtigingstransaksies uitgemaak. Weens die langtermynbestendigheid wat die werkmag bied, sal werkers in ’n groter mate as vennote in bemagtigingstransaksies betrek word. AngloGold Ashanti het reeds die Bokomosa Trust en Gold Fields het begin met die heronderhandeling van ’n Esop met sy vakbonde. In die platinumbedryf is daar Esops by Anglo Platinum, Impala Platinum en Northam Platinum. S


Om die droom van aftrede ’n werklikheid te maak, is soos om ’n legkaart te bou. ’n Mens sien eers die volle prentjie as die legkaart voltooi is. Dit verg visie en goeie beplanning om die legkaart te voltooi. Dit verg ook verantwoordelike optrede, anders gaan die legkaart nooit voltooi word nie en word die stukkies in die houer teruggesit en bo in ’n kas gebêre. Die houer word met die volgende trek op die ashoop gegooi. Om die laaste goue stuk van die legkaart te plaas, moet met die eerste stuk begin word. Dit is in jou hande: Die eerste en veral die laaste stuk. Solidariteit het instruksies om die bou van die legkaart te vergemaklik: • Lae minimumbydraes • Lae administrasiekoste • Goeie boublokke • Solidariteit-verteenwoordiging op trustees • Betroubare advies

Solidariteit Finansiële Dienste

0861 101 005 E-pos: ruan@solidariteit.co.za

AKSENT MEDIA • 07/2010

Solidariteit Aftreeplan


my geld

Knikker die knellende kredietknyptang

ILLUSTRASIE: iSTOCKPHOTO.COM

t

Deur Moira-Marie Kloppers

jekkaarte, kredietkaarte, brandstofkaarte, klererekenings, fliekkaarte, klubkaarte, selfoonkontrakte en kontant. Die dae van eenvoudige ruiltransaksies vir sake doen is lank reeds vergete. Vandag ryg ons die een helderkleurige kaart na die ander uit om dit wat ons graag wil hê aan te skaf, want “plastiek is geduldig” en wat van al die bonuspunte, spesiale aanbiedings en afslag wat jy in ruil vir dié aankope kan ontvang? Maar dan gebeur daardie onvoorsiene uitgawe. ’n Geiser wat bars. ’n Motor wat breek. ’n Siek kind wat in die hospitaal opgeneem moet word. ’n Onverwagse rekening. Skielik besef jy jou oortrokke bankrekening gaan nie hierdie maand se debietorderlopie oorleef nie. Klink dit bekend? Volgens André Snyman, uitvoerende hoof van Consumer Assist, het Suid-Afrika sowat 18,7 miljoen aktiewe kredietverbruikers waarvan slegs sowat 7,3 miljoen op datum is met hul paaiemente. Sowat 2,5 miljoen mense is minstens ’n maand agterstallig met hul paaiemente, terwyl ’n verdere 3,1 miljoen reeds meer as drie maande agterstallig is. Altesame 2,6 miljoen kredietverbruikers is reeds by kredietburo’s gelys vir niebetaling en ’n verdere 2,4 miljoen is onder administrasie geplaas. Dit is belangrik om ’n gunstige kredietrekord op te bou, maar te veel krediet is beslis ook nie goed nie. Elke keer as jy vir krediet aansoek doen, word ’n kredietnavraag oor jou gedoen. Elke kredietnavraag asook die resultaat daarvan – of die krediet toegestaan of afgekeur is – verskyn vir twee jaar lank op jou kredietrekord en elke wanbetaling word aangeteken. Vonnisse bly vir vyf jaar op jou rekord en indien jy onder administrasie geplaas word, bly daardie inligting vir ’n volle tien jaar op jou rekord. Selfs dispute met die kredietburo’s oor inligting wat op jou kredietrekord verskyn, word aangeteken. Wat krediet betref, is jou geld dus beslis nie meer net jou saak nie. Maak dus altyd seker dat jy die krediet waarvoor jy aansoek doen kan bekostig, ken jou regte en maak seker dat jy ’n getroue betaler is. S

MY GELD

WAT JY MOET WEET • Elke verbruiker is geregtig op een gratis kredietverslag per jaar. Maak seker dat daar nie foutiewe inligting, wat jou kredietrekord kan benadeel, op jou kredietverslag verskyn nie. • Elke verbruiker het die reg om te weet waarom ’n aansoek om krediet afgekeur is. • Dispute oor jou kredietrekord kan by die ombudsman aangemeld word. • Verbruikers het die reg om met kredietverskaffers te onderhandel en kan ook die hulp van skuldberaders hiervoor inroep. • Moet nooit op die beloftes en praatjies van kredietverskaffers staatmaak nie. Slegs dit wat in die geskrewe ooreenkoms verskyn, is geldig. • Die kredietwet vereis dat alle kredietooreenkomste en kontrakte in verstaanbare taal en op skrif aan jou beskikbaar gestel moet word. Moet niks teken wat jy nie 100% verstaan nie. • Vergelyk die verskillende vorms van krediet wat beskikbaar is. Neem veral die rentekoerse en afbetalingstydperke in ag.

nommer 4 van 2010

34

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



my gesin

my werk

MY WERK

Wat is etiek? Deur Marnia Verwey

MY GESIN

Hoe veilig is jou huis?

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

s

Deur Moira-Marie Kloppers

ekerheidskomplekse, alarmstelsels, skole met hoë heinings en veiligheidswagte. “Moenie met vreemde mense gesels nie. Kyk links en regs voordat jy oor die pad stap. Bly waar ek jou kan sien!” Ouers bekommer hulle elke dag oor allerhande gevare wat die veiligheid van hul kinders bedreig, maar die gevaarlikste dinge in kinders se lewe is nie noodwendig dié waarteen ouers hulle kinders elke dag waarsku nie. Die gevare wat vir 70% van alle hospitaalbesoeke deur kinders jonger as vier verantwoordelik is, is egter in jou kombuis, jou badkamer, jou tuin en jou motorhuis. Buiten motorongelukke is ongelukke by die huis die hoofoorsaak van sterftes by kinders jonger as veertien. Die vier topoorsake van sterftes in en om die huis is motorongelukke, gevolg deur verdrinking, brandwonde en vergiftiging. Motorongelukke eis jaarliks duisende kinderlewens omdat ouers dikwels nalaat om hul kinders reg in motorstoeltjies vas te maak. Vir elke kind wat verdrink, is daar nog vier wat ’n noue ontkoming met verdrinking het. Kinders wat in brande omkom, sterf meestal as gevolg van giftige gasse en rookinaseming eerder as

brandwonde. Kinders wat as gevolg van vergiftiging sterf, het gewoonlik per ongeluk een of ander skoonmaakmiddel of medikasie ingekry. Hierdie soort ongelukke gebeur vinnig en kan binne minute noodlottig wees. Die beste manier om jou kind te beskerm, is om ongelukke te probeer voorkom deur jou huis te beveilig en voorbereid te wees om noodgevalle as gevolg van ongelukke te hanteer: • Maak seker dat jy basiese noodhulpbeginsels kan toepas en altyd ’n toegeruste noodhulpkissie tuis het. • Hou noodnommers vir die ambulansdiens, brandweer, jou huisdokter en familielede en vriende by die telefoon. • Hou medikasie en skoonmaakmiddels in toe houers, buite die bereik van kinders in ’n kas wat gesluit kan word. • Wees altyd op die uitkyk vir klein dingetjies wat rondlê waaraan kinders kan verstik. • Nat vloere en los matte is gevaarlik vir onvaste voetjies. Hou vloere droog. • Hou kragproppe toe en buite bereik van klein vingertjies. • Hou swembadhekke altyd toe. S

nommer 4 van 2010

36

Elke werkdag bestaan uit ’n reeks etiese besluite, maar in vandag se samelewing is etiek dikwels die eerste om by die deur uit te stap wanneer geld en sukses instap. Baie mense verwar etiese gedrag in die werkplek met vriendelikheid en goeie maniere. Wat is eties en reg in die werkplek, en wat is die verskil tussen etiese gedrag en vriendelikheid? Vriendelikheid, goeie maniere en etiek is nie dieselfde nie. ’n Vriendelike atmosfeer in ’n kantoor of onderneming is wel voordelig vir dié wat daar werk en sake doen, maar wanneer sakebesluite geneem en kontrakte toegeken word “ter wille van goeie verhoudings”, kan dit beslis nie as etiese gedrag bestempel word nie. Woordeboeke beskryf etiek as gedrag wat eerbaar is en volgens ’n stel morele waardes uitgevoer word. Etiek is dus meer as vriendelikheid of goeie maniere. Etiese gedrag verseker ’n professionele werkomgewing waar almal, ongeag hul persoonlike voorkeure, vriendskappe of oortuigings, saam kan werk om ’n gemeenskaplike doel te bereik wat almal bevoordeel. Etiek in die werkplek word ’n al groter kwessie in die huidige Suid-Afrika en veral die media maak hulle dikwels aan onetiese joernalistiek skuldig. Dit is deesdae nodig om krities na berigte in die media te kyk en jou eie navorsing te doen voordat jy ’n mening oor ’n saak vorm, want joernalistieke etiek is by baie publikasies aan die uitsterf. Joernalistieke foute word deesdae links en regs begaan. In soveel gevalle is onderhoudgewers ongelukkig met die wyse waarop joernaliste hulle weergee. Hier is twee kenmerke van etiese joernalistiek: • ’n Goeie joernalis sal moeite doen om die waarheid op ’n nieskadelike manier oor te dra. • ’n Goeie joernalis gebruik veelvoudige en geloofwaardige bronne en gee die inligting dan so objektief moontlik weer sodat die leser sy of haar eie gevolgtrekkings kan maak.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


fokus op

helpende hand

’n Ruimte waar almal gelukkig kan wees

38

Internasionale Afrikaanse g(e)roep vir vroue

39

Afrikaanse Entrepreneurskonferensie kom

40


solidariteit helpende hand

’n Ruimte waar almal gelukkig kan wees

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

d

ie Carnegie-saal in New York is volgepak. Daar is ’n tasbare afwagting onder die konsertgangers voor die verskyning van die wêreldberoemde pianis Paderewski. ’n Seuntjie glip weg tot voor die groot vleuelklavier. Die skare sit geskok regop. ’n Eenvoudige tokkelwysie klink op: Chopsticks! “Kom weg daar!” brom die gehoor. Paderewski verskyn op die verhoog. “Hou aan met speel,” fluister hy saggies. In volkome harmonie met die seun se deuntjie speel Paderewski die mooiste melodie. Die toejuiging van die skare is oorverdowend. Die beroemde pianis buig en wys met sy hand na die seun: “Hy verdien die applous; dit was hy.” Ruimte is nie net ’n plek iewers anderkant die sterre nie. Die HAT omskryf ruimte ook as “’n plek om jou uit te brei, te beweeg, die onbegrensde waarin alle dinge hulle plek het en ’n gevoel van vryheid... sonder druk.” Reeds in Genesis 26:19 lees ons van ruimte. ’n Hewige rusie het tussen Isak en sy bure ontstaan oor putte wat hy gegrawe het. As gevolg daarvan het Isak die eerste put Rusie genoem. Die tweede put het hy Klagte genoem. Die derde put het Isak egter Ruimte genoem want, het hy gesê: “Nou het die Here vir ons ’n blyplek gegee waar ons gelukkig kan wees.” Daar is te veel voorbeelde van rusie- en klagteputte om ons. Dink maar net aan die rusies tussen nasies. Dan praat ons nie eers van die klagtes van generasie X, Y of Z nie en nog minder van Sussie wat nie eers vir Boetie in haar kamer wil toelaat nie. Dit is ook nie meer nodig vir bobbejaan om so haastig en lastig die berg te klim om

die Boere te vererg nie. Noem maar net woorde soos Zimbabwe, plaasbesettings, grondhervorming en die boer soek sy roer. Dit is glad nie meer veilig vir Suikerbossie en hartjie-my-liefie om so stadig onder deur die maan te stap nie. Met geweld, misdaad, roof en kapings is dit veiliger vir Suikerbossie en hartjie-my-liefie om agter die geslote ruimte van diefwering, doringdrade en traliehekke eerder na kykNET te kyk. Afrikaners is ook nie meer aldag so plesierig nie. Of dit nou die taaldebat, kerkdebat, bly-of-gly-debat, intimidasie, konfrontasie, transformasie, taalverraaiers, volksverraaiers, hensoppers, hanskakies of beskuldigings van volstruispolitiek is – Afrikaners het maar min ruimte om partytjie te hou. Ons snak in die woorde van Antjie Krog na “Asem... Aasem... Aaaah... sem... in Afrikaans”. ’n Mens voel sommer lus om jou hande in die lug te gooi en luidkeels saam met Johannes Kerkorrel te sing “dis ’n donker, donker land”, maar tog is dit my oortuiging dat daar in hierdie geknelde land van ons ’n ruimhartige oplossing is. Gister is vir ons kinders van vandag in baie opsigte ’n vreemde land. Ons geslag staan midde-in die 21ste eeu en ons is gewillig om ons plig te doen. Dit is nie vir ons ’n opsie om soos Ferreira ons goed te vat en te trek nie. Nog minder kan ons $20 miljoen bekostig om soos Mark Shuttleworth agt dae lank in die hemelruim deur te bring, en van rusie- en klagteputte het ons genoeg gehad. Dalk is die oplossing om op die ruim vlaktes van NP van Wyk Louw se “wye en droewe land... onder die groot suidersterre” nog ’n put te grawe. ’n Derde put – nie in

nommer 4 van 2010

38

HANDE WAT HELP dr. Danie Langner die grond nie, maar in ons harte. Ja, ons moet grawe! Grawe deur al die pessimisme; grawe deur jare se rusie, twis, haat, vooroordeel en persepsies. Aanhou grawe tot in die onbegrensde ruimte van God se hart waar alle dinge – ja, ook almal van ons – ’n plek het. In die ruimte van God se hart vind ons nie net dié ruimte waarin ons kan reik tot by die sterre nie, maar daar vind ons ook die ruimte wat nodig is vir mekaar. Soos Paderewski kan ons dan aan ander ’n plek op ons verhoog gee en ons applous met hulle deel. • Dr. Danie Langner is uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


solidariteit helpende hand

Internasionale Afrikaanse g(e)roep vir vroue

s

olidariteit Helpende Hand maak in Augustus geskiedenis met die bekendstelling van die eerste internasionale Afrikaanse vroueorganisasie. Die organisasie, Helpende Hand Dames in Aksie, gaan die moderne Afrikaanse vrou op internasionale, nasionale en plaaslike vlak bemagtig om aktief by te dra tot die opheffing van Afrikaanse gemeenskappe regoor die wêreld. Dames in Aksie gee dinamiese Afrikaanse vroue ’n staanplek om deel te wees van oplossings vir die huidige armoedevraagstuk. “Ons land is in ’n krisis. Dit is tyd dat Afrikaanse vroue op nasionale vlak saamstaan, standpunt inneem en deel word van die groter prentjie om die armoedevraagstuk aan te pak,” sê dr. Maryn Botha, nasionale voorsitter van Helpende Hand Dames in Aksie. Botha is reeds vir 20 jaar by die opheffing van Afrikaanse vroue betrokke. Volgens haar is daar ’n reuse-behoefte om armoede op ’n maatskaplike, kulturele en

Deur Surika van Schalkwyk geestelike vlak aan te pak. Afrikaner-armoede het sedert 1994 met 150% toegeneem. Volgens prof. Flip Smit, ’n bekende demograaf, is sowat 600 000 Afrikaners besig om in armoede te verval. “Die geskiedenis bewys dat vroue telkemale ’n sleutelrol gespeel het om die armoedesirkel deur die opheffing van gemeenskappe te verbreek,” sê Botha. Volgens Lindie Strydom, skakelbeampte van Dames in Aksie, is dit nodig dat vroue deel moet wees van die groot droom van ’n oplossing vir armoede. “Dames in Aksie gee vir die moderne vrou die platform om haar roeping uit te leef en deur diensbaarheid ’n verskil te maak in haar gemeenskap en haar gesin beter te ondersteun,” sê Strydom. Behalwe dat Dames in Aksie ’n doenorganisasie is, bied dit aan vroue die geleentheid om ’n spreekbuis te wees vir die Afrikaanse vrou in Suid-Afrika. “Dit is belangrik dat vroue eienaarskap neem om sterk morele waardes oor te dra aan hulle gemeenskappe, en standpunt inneem oor mo-

rele kwessies wat hulle gesinne en gemeenskappe raak,” sê Strydom. Volgens Botha is daar ’n dringende behoefte aan ’n Afrikaanse vroue-organisasie wat openbare standpunt kan inneem oor die belange van die Afrikaanse vrou. “In hierdie stadium is slegs 2% van Afrikaanse vroue by ’n formele vroue-organisasie betrokke. Dit is nodig dat vroue hulle moue oprol en aktief arm gemeenskappe in Suid-Afrika ophef. Vroue se kreatiewe insette en aanslag is broodnodig om hierdie probleem aan te pak,” sê Botha Sy beklemtoon hoe belangrik dit is dat Afrikaanse vroue die ware prentjie van armoede in Suid-Afrika raaksien, asook waar hulle binne hierdie prentjie diensbaar kan wees. “Daar is dinge in Suid-Afrika wat nie meer reg gepraat kan word nie. Dit is tyd dat die Christen Afrikaanse vrou in Suid-Afrika opstaan en beweging gee aan hoop.” • Vir meer inligting, skakel Lindie Strydom by 012 644 4390. S

Aanstap Rooies...

die pad is lank en swaar...

Nie saam met Aksent Media nie! Kies koers deur die miernes en laat Aksent Media jou publikasie, handelsmerk én maatskappy na ’n splinternuwe vlak neem!

Tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za


solidariteit helpende hand

Helpende Hand bied Afrikaanse konferensie vir entrepreneurs

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

s

BESPREEK JOU PLEK Deur Surika van Schalkwyk

olidariteit Helpende Hand se eerste Afrikaanse Entrepreneurskonferensie word op 17 Augustus aangebied vir voornemende en huidige studente regoor Suid-Afrika. Verskeie sakekenners soos die ekonoom Dawie Roodt; die voormalige uitvoerende hoof van Absa, Steve Booysen; en die uitvoerende hoof van Sanlam, Johan van Zyl, gaan as sprekers optree. Die konferensie is ’n uitvloeisel van Helpende Hand se Reddingsdaadkongres wat in Oktober 2009 by die Voortrekkermonument gehou is. Vanuit die Reddingsdaadkongres het die behoefte aan suksesvolle Afrikaanse sakemanne, wat as rolmodelle vir ons voormalige en hedendaagse entrepreneurs kan dien, na vore gekom. Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, is die doel van die geleentheid om veral jongmense aan die wêreld van entrepreneurskap bloot te stel. “Ons beoog nie net om jongmense te inspireer deur die suksesverhale van legendes in die sakewêreld nie, maar hoop ook dat hulle die lewenslesse van die sprekers ter harte sal neem,” sê Langner. Langner meen dit is belangrik dat jong-

mense op ’n vroeë ouderdom leer om entrepreneuries te dink. “Dit is nodig om te besef hoe belangrik dit is om jou eie werklikheid in Suid-Afrika te skep. Afrikaanse jongmense in die land is nie meer verseker van werk soos ’n paar jaar gelede nie,” sê Langner. Volgens hom is Solidariteit Helpende Hand daartoe verbind om die kundigheid van Afrikaanse jongmense te ontwikkel om sodoende werkskepping en ekonomiese vooruitgang te stimuleer. “Daar moet wegbeweeg word van die idee van werknemersekuriteit na die gedrewenheid om aanstelbaar te wees. Hoe meer vaardighede jy het, hoe makliker kan jy jou vaardighede in werkgeleenthede omskep. Sodoende vrywaar jy jouself outomaties van regstellende aksie,” voeg hy by. Volgens Jan-Harm Schutte, bestuurder van Helpende Hand se Beroepsleidingsdienste, kan die politieke klimaat wat tans in Suid-Afrika heers deur jongmense as ’n geleentheid of ’n bedreiging gesien word. “As jy nie deur die politieke klimaat bevoordeel word nie, is jy as ’t ware vry om entrepreneuries te dink. Op dié manier word jy deel van ’n nuwe werklikheid wat deel is van die oplossing vir ’n beter Suid-Afrika.” S

nommer 4 van 2010

40

Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Entrepreneurskonferensie vind op Dinsdag, 17 Augustus by die Suid-Afrikaanse Reserwebank in Pretoria plaas. Die konferensie duur van 08:00 tot 17:00 en die koste beloop R150. Daar is beperkte plek beskikbaar, so bespreek gou om teleurstelling te voorkom. • Bel Arina Stoker by 012 644 4390 of stuur e-pos na arina@helpendehand.co.za. Sprekers sluit in: • Dawie Roodt – bekende ekonoom en televisie-aanbieder. • Steve Booysen – voormalige uitvoerende hoof van Absa. • Christo Wiese – onder meer direkteur van KWV en Metropolitan Life en eksterne direkteur van Sasol. • Johan van Zyl – uitvoerende hoof van Sanlam. • Stef Coetzee – uitvoerende direkteur van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI). • Bertie du Plessis – kunstenaar, ontwerper, skrywer en die stigter van MindPilot. • Henk Schalekamp – adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


Solidariteit se lede het die behoefte uitgespreek aan ’n bietjie ekstra kontant by die afsterwe van ’n geliefde – broodnodige geld, veral in situasies waar bankrekenings gevries word. Die vakbond het daarom ’n produk ontwikkel om in hierdie behoefte te voorsien: Die Solidariteit Aanvullende Begrafnisdekking.

UNIEKE KENMERKE • Keuse tussen twee vlakke van dekking – R9 000 of R18 000 vir hooflid teen onderskeidelik R13,83 en R27,65. • ’n Gesin van 6 geniet dekking (hooflid, gade en vier kinders) teen slegs R32,59 per maand. • Voorsiening word gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers. • Premies van so min as R14 per maand. • Maklike aansoekproses met geen mediese of bloedtoetse. • Vinnige uitbetaling. • Skema slegs vir lede wat die begrafnisvoordeel by Solidariteit geniet. • Maksimum intree-ouderdom vir volwasse afhanklikes is 70 jaar.

PREMIES & DEKKING

Hooflid

DEKKING

PREMIE

DEKKING

R9 000

R13,83

R18 000

Familie

R32,59

PREMIE R27,65 R65,18

(Hooflid, gade en maksimum 4 kinders)

R9 000

R18 000

Gade

R7 472

R14 944

Kinders 14-21

R7 472

R14 944

Kinders 6-13

R4 202

R 8 404

Kinders 1-5

R4 202

R 8 404

Kinders 1 en ongebore babas

R2 911

R 5 822

Volwasse afhanklikes 65 >

R5 000

R20,74

R 5 000

R20,74

Volwasse afhanklikes 65 <

R5 000

R30,81

R 5 000

R30,81

Onderskryf deur Centriq Life Insurance Company Ltd • Registrasienommer: 1943/016409/06 • FSP-nommer: 7370

Solidariteit Finansiële Dienste

0861 867 335

AKSENT MEDIA • 07/2010

Hooflid


bedryfsnuus

Rassisme en geld: Eskom-werknemers sê

h

Deur Charl Oberholzer

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

oofopskrifte in die media lui: “Wie lei Eskom nou?”, “Werknemers dreig met staking”, “Vonke by Eskom verwag”, “Eskom het dringend ’n plan nodig” en “Eskom-base kan vet tjeks kry”. Te midde van die polemiek rondom leierskap en lone wat soos ’n donker wolk oor Eskom hang, trek Eskom se werknemers steeds aan die kortste ent. Maar wat presies is die werknemers se gevoel terwyl hulle in die koerante lees hoe Eskom-base in die geld rol en hoe die traak-my-nieagtigheid van hulle werkgewer voortduur? ’n Opname wat Solidariteit onder sy lede by Eskom gedoen het, dui daarop dat 95% van lede voel dat Eskom nie omgee vir sy werknemers nie. Sowat 85% van lede het aangedui dat Eskom nie sy werknemers markverwant vergoed nie en bykans 74% van lede het aangedui dat hulle die kragvoorsiener sal verlaat indien hulle dieselfde salaris elders kan kry. In antwoord op ’n vraag oor die onmin tussen werknemers en die Eskom-bestuur, het 92% aangedui dat ’n skeuring wel plaasgevind het. Die gevolgtrekking is dat Eskom sy geloofwaardigheid, sy trots en die vertroue van sy arbeidsmag verloor het. Die feite is daar: Werknemers is ongelukkig en Eskom jaag goeie vaardighede weg, met of sonder regstellende aksie. ’n paar Eskom-werknemers vertel hulle kant van die storie: ’n Werknemer by Eskom se Medupi-kragstasie naby Lephalale (Ellisras) vertel: “Die werknemers is beslis negatief hier. Geen van die werknemers wil enigiets met die be-

stuur bespreek nie. Ons vertrou hulle nie. Die werknemers is kwaad. Die behuisingsaanvraag in Ellisras het die hoogte ingeskiet en paaiemente wat R3 000 per maand was, is nou in sekere gevalle tot R2 000 of R3 000 meer. Werknemers praat onder mekaar oor hoe hulle nie meer hul huise kan bekostig nie, terwyl ons in die koerante moet lees watter bonusse die topbestuur ontvang. Al laat staan hulle die loonverhogings kan hul ten minste vir ons beter behuisingsubsidies gee.” ’n Werknemer by Eskom se Hendrina-kragstasie vertel: “Ons het al memorandums oorhandig oor ons ongelukkigheid met die bestuur, maar ons kry nooit enige terugvoer nie. Mense word selfs hier aangestel sonder die nodige dokumentasie en wanneer ons hulle daaroor aanvat, dan staan hulle met ’n bek vol tande en sê jammer. Maar steeds bly die persoon onregverdig in die pos aangestel. Werknemers hier wil hulself ontwikkel en verbeter, maar dié versoeke word alewig afgekeur, terwyl werknemers in ander afdelings gedurig geleenthede kry. Almal word nie oor dieselfde kam geskeer nie. Ons is moeg, moeg vir die Eskom-bestuur se praatjies. Werknemers kry ook minder lone hier as wat in die koerante geskryf word. Baie werknemers sal die pad vat as hulle kan, veral die jongmense. Maar vir die ander is dit maar vat wat jy kry.” ’n Werknemer by Eskom in KwaZulu-Natal vertel: “Die moraal is laag. Die Eskom-bestuur kry ’n R5 000-behuisingstoelae en sokkerkaartjies en bly in luukse hotelle as hulle op

nommer 4 van 2010

42

sakebesoeke Johannesburg toe gaan. Die jonger kundiges gaan soek almal eerder ’n ander heenkome. Die element van rassisme is ook duidelik sigbaar. Jou velkleur speel ’n reuse-rol. Bestuurders gee voorkeur aan swart en Indiër-werknemers en die dissiplinêre prosesse is ook deurspek met rassisme. Boonop word bestuurders aangestel wat glad nie oor die nodige vaardighede beskik nie en aan niemand verslag doen nie. Die kersie op die koek is dat Eskom sowaar ’n wins vir die afgelope boekjaar getoon het en bestuurders tot R1 miljoen se bonusse ontvang, terwyl ons die werk doen. Ek is negatief, almal is negatief. Die bestuur verryk hulself ten koste van die werknemers.” Hierdie is dieselfde werknemers wat in die moeilikste omstandighede vir jare lank Suid-Afrika se elektrisiteitnetwerk aan die gang moes hou. Dieselfde werknemers het verhinder dat Suid-Afrika tydens die Sokkerwêreldbekertoernooi in donker gehul was. Terwyl Eskom-base in hulle duur losies by Soccer City gesit het, het Solidariteit-lede gewerk om die ligte aan te hou. Hierdie ongelukkigheid onder werknemers is ongekend. Pleks daarvan om arbeidsverhoudings reg te bestuur, het Eskom eerder besluit om ’n deksel op die kookpot te sit. Werknemers voel gevolglik dat hulle nie toegelaat word om aan hulle frustrasies uiting te gee nie en die gevolg is ’n drukkoker wat wag om te ontplof omdat daar geen uitlaatklep is nie. Brian Dames, nuutverkose uitvoerende hoof van Eskom, is in die posisie om verhoudings reg te ruk. Eskom het miljarde rand se finansiering gekry om in sy infrastruktuur te belê, maar dieselfde tyd en geld is nodig om in sy werknemers te belê. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Nuwe Eskom-hoof kan bestendigheid bring

FOTO: VERSKAF

v

an ’n klein dorpie in die Karoo in die Noord-Kaap, Britstown, tot vandag se uitvoerende hoof van Eskom in die hart van Johannesburg. Brian Dames het die suksesleer geklim en is nou aan die stuur van SuidAfrika se primêre elektrisiteitverskaffer. Dié 44-jarige apolitiese fisikus het met sy MBA-graad bestuursposte by verskeie kragstasies beklee, onder meer by die Duvha-, Matimba- en Koeberg-kragstasies. Hy was ook die afgelope tydperk die algemene bestuurder van Eskom nadat hy voorheen vir die topposisie oorgesien is. Dames het egter die afgelope jaar steun van binne en buite Eskom begin kry. Vakbonde soos die National Union of Mineworkers (NUM) en Solidariteit het die bestendigheid verwelkom wat Dames kan bied. Hoewel die ANC nie ’n gunstelingkandidaat vir die pos bekendgemaak het nie, geniet Dames die steun van grootkoppe in die ANC. Of dit voordelig gaan wees of nie, sal net die tyd kan leer.

Deur Charl Oberholzer Intussen is dit geen geheim dat Dames ’n omstrede maatskappy met talle probleme oorneem nie. Die grootste is sekerlik die stand van arbeidsverhoudings by Eskom. Volgehoue druk wat vakbonde soos Solidariteit op Eskom uitoefen, plaas dié semi-staatinstelling se swak punte in die kollig. Buitensporige bestuursbonusse, onregverdige behandeling van die arbeidsmag en konflik in die leierskorps het daartoe gelei dat Eskom-werknemers se moraal laag is. Boonop is Eskom se loononderhandelings altyd taai en onvoorspelbaar. Die uitdaging vir die Eskom-bestuur gaan wees om ’n kultuur van selfverantwoordelikheid te vestig en sodoende bitter verhoudings met vakbonde, werknemers en die publiek te verbeter. Dames se sterk punt is sy tegniese vaardigheid. Boonop skort daar niks met sy ondervinding nie en dit mag dalk vir hom makliker wees om Jacob Maroga se skoene vol te staan as wat die meeste mense sou verwag. S

Brian Dames, nuwe Eskom-hoof.


bedryfsnuus

Goedvoel-projek oorhandig breiwerk

d

Deur Reint Dykema

ie Goedvoel-projek wat deur Solidariteit se mediese bedryf begin is, het die breiwerk van hul vrywilligers aan Helpende Hand se Akasia-tak oorhandig. Daar was groot belangstelling in die projek, waarvoor R10 000 se wol aangekoop is. Talle breiers het sommer hul eie wol gebruik. Die vrywilligers het 24 stelle nagklere, 203 truie, 40 musse, 35 mus-en-truistelle, 114 pare slaapsokkies, 9 kombersies, 30 poppies en 300 serpe gebrei. Een dame het ook 11 handgemaakte duvets en 20 sweetpakke vir die projek geskenk. Die mense wat die meeste gebrei het, woon in die Ruimtesig- en Equistra-aftreeoorde asook Huis Herfsblaar in Pretoria. Die voltooide artikels is afgelewer by Salon Villeria, waar die werknemers en van die kliënte ook gebrei het. “Almal wat help brei en wol geskenk het, word bedank. Die geesdrif en die gesindheid en die welslae van die projek het alle verwagtings oortref. Die artikels wat gelewer is, is van hoogstaande gehalte,” sê Samantha van Tonder, organiseerder van die projek. “Al die artikels is geskenk aan behoeftige mense en veral kinders wat dit die nodigste het hierdie winter. Dit is ’n baie koue winter en die breiwerk het ’n groot verskil gemaak,” vertel sy. ’n Tweede besending gebreide klere gaan aan Solidariteit-organiseerder Willie Marais van Klerksdorp oorhandig word om daar aan die Helpende Hand-tak te versprei. S

Jackie Oosthuizen (mediese bedryf), Jackie Heaton (mediese bedryf), André van der Merwe (bedryfshoof: mediese bedryf), Andy van der Walt (mediese bedryf), Cassie en Corrie van der Merwe (Helpende Hand-tak in Akasia), en Samantha van Tonder (organiseerder van die Goedvoel-projek).

Legendariese vakbondman se dood laat groot leemte

FOTO’S: REINT DYKEMA

Deur Ilze Nieuwoudt Blackie Swart (52), ’n legendariese vakbondman wat die afgelope twee dekades ’n groot bydrae in die bandebedryf en in Solidariteit gelewer het, is ná ’n kort siekbed op 1 Julie oorlede. Sy dood is nie net vir die vakbond nie, maar vir elke lid wat hy daagliks bedien het ’n onmeetbare verlies. Swart, oud-hoofraadslid en voltydse verteenwoordiger van Solidariteit, het as ’n vakleerling by die vakbond aangesluit en teen die laat 1980’s is hy reeds tot voltydse verteenwoordiger verkies. Volgens Piet Veldtman, Solidariteit-organiseerder in Despatch, wat nou saam met Swart gewerk het, was dit

juis Swart se uitsonderlike ledediens wat verseker het dat hy keer op keer as voltydse verteenwoordiger verkies is. Swart was tot 2009 lid van Solidariteit se hoofraad voordat hy weens persoonlike omstandighede sy amp in die raad neergelê het. Swart was onder meer verteenwoordig in verskeie rade van die Merseta en was trusteelid van die voorsorgfonds asook verskeie mediese skemas by Goodyear. Daarbenewens was hy die voorsitter van Solidariteit se bedingingspan in die bandebedryf. Swart laat sy bejaarde ma, sy vrou en twee kinders agter.

nommer 4 van 2010

44

Blackie Swart

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Regering mors só tyd en geld met digitale migrasie

d

igitale migrasie (die oorskakeling van analoog- na digitale televisie) moet wêreldwyd reeds teen 2015 gefinaliseer wees, maar vrese bestaan nou onder groot maatskappye soos M-Net en e.tv dat SuidAfrika moontlik hierdie spertyd gaan misloop omdat die Suid-Afrikaanse regering in Junie aangekondig het dat ’n alternatiewe standaard nou oorweeg word. Die oorskakeling word wêreldwyd gedoen. Verskillende tegnologieë (oftewel standaarde) word gebruik, afhangende van die spesifieke behoeftes en vereistes van elke land. Suid-Afrika het ná meer as twee jaar se navorsing besluit om van die Europese standaard (DVB-T) gebruik te maak. Intussen is daar in Junie aangekondig dat die regering nou eerder ondersoek gaan instel na die Japannese standaard (ISDB-T). Kort ná die aankondiging het M-Net en e.tv gewaarsku dat die regering se besluit om nou ’n alternatiewe standaard te ondersoek

Deur Ilze Nieuwoudt ’n vermorsing van tyd en geld is. Nie net loop Suid-Afrika die gevaar om die spertyd vir die afskakeling van analoogseine mis te loop nie, maar die waardevolle finansiële belegging van sowat R250 miljoen wat reeds in die ondersoek na die Europese standaard gesit is, sal verlore gaan. Luidens mediaberigte is alle toetse wat sedert 2007 gedoen is vir die oorskakeling in Suid-Afrika op DVB gedoen. Solidariteit het in Junie gewaarsku dat die regering die oorskakelingsproses onnodig vertraag en dat die besluiteloosheid oor watter standaard gebruik moet word maatskappye wat dekodeerders (oftewel Set Top Boxes – SBT’s) wil ontwikkel en verkoop, in die duister laat. “Hierdie proses kan beteken dat plaaslike inligtingstegnologiemaatskappye wat reeds met die ontwikkeling van dekodeerders begin het, moontlik verliese kan ly as daar op ’n ander standaard besluit word,” verduidelik Marius Croucamp, Solidariteit se

bedryfshoof vir die inligtings-, kommunikasie- en tegnologiebedryf. Hoewel Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie, volhou dat ’n oorskakeling na die Japannese standaard net ’n verandering in die programmatuur en nie apparatuur sal beteken nie, meen Solidariteit dat dit ook ’n noemenswaardige koste-implikasie vir inligtingstegnologiemaatskappye sal inhou. “Aansienlike tyd en geld is reeds deur maatskappye bestee om die STB’s volgens die Europese standaard te ontwikkel en die moontlikheid dat die Japannese standaard nou gebruik gaan word, gooi die beplanning van koers af en kan geweldige finansiële verliese vir die maatskappye inhou. Daarbenewens loop die maatskappye ook die gevaar om nie betyds die tegnologie plaaslik te kan vervaardig nie en sal verbruikers moontlik ingevoerde tegnologie aankoop wat verdere finansiële implikasies vir plaaslike maatskappye inhou,” sê Croucamp. • Lees ook die artikel op bladsy 16. S


bedryfsnuus

Taai onderhandelings in chemiese bedryf gevoer Solidariteit is druk besig om loonooreenkomste in verskillende sektore in die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) te bereik. Hoewel loononderhandelings dikwels ’n senutergende proses is, het Solidariteit die knoop deurgehak en ooreenkomste in die nywerheidschemikalieësektor bereik, terwyl die petroleum- en glassektore nog midde-in tweejaarloonooreenkomste is, berig Charl Oberholzer. PETROLEUM Groot rolspelers soos Sasol Synfuels, Engen en PetroSA maak deel uit van die chemiese bedingingsraad. Geen loononderhandelings het vanjaar in die petroleumsektor plaasgevind nie. Ingevolge die tweejaarloonooreenkoms wat verlede jaar met vakbonde bereik is, sal werknemers vanaf 1 Julie 2010 ’n verhoging van 7,25% ontvang, aangesien inflasie vir April onder 5,75% gedaal het; en in Januarie 2011 sal hul ’n bykomende 0,5% op Junie 2010 se salarisskaal ontvang.

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

NYWERHEIDSCHEMIKALIEË Onderhandelings in dié sektor was omtrent ’n taai tameletjie en het afgeskop op ’n aanbod van 6,1% van die werkgewer. Die pakketaanbod het die aanpassing van ’n minimumloon van R3 756,96 tot R4 000 per maand en die instelling van spesiale verlof van drie dae per jaar vir voorgeboortelike ondersoeke ingesluit. Solidariteit was nie hiervoor te vinde nie en het ná afloop van ’n dispuutronde die volgende aanvaar, nadat ’n mandaat van die lede verkry is: • ’n Loonverhoging van 7,5% vir implementering in Julie vanjaar; en • ’n bykomende 0,5%-verhoging op grond van werknemers se Junie 2010-salarisse vir implementering in Januarie 2011. Die nywerheidschemikalieësektor bestaan uit maatskappye soos Afrox, verskeie Sasoleenhede, Karbochem, Safripol en Omnia. GLAS Bekende glasmaatskappye soos die PG Glass Group en Consol word in die glassektor van die chemiese bedingingsraad verteenwoordig en loononderhandelings in dié sektor is hervat. ’n Klousule in die tweejaarooreenkoms wat verlede jaar bereik is, bepaal dat onderhandelings in die tweede jaar van die ooreenkoms hervat moet word indien inflasie vir April onder die 5,5%-vlak beweeg. Inflasie vir April is op 4,8% gereken. Solidariteit en die ander vakbonde in die sektor het reeds ’n looneis van 9,5% aan werkgewers voorgelê. In dié stadium bied werkgewers ’n loonverhoging van 6,25% aan. S

The National Bargaining Council for the Chemical Industry (NBCCI) is based in Johannesburg and serves the chemical sector nationally. The primary aim of the NBCCI is to enhance labour peace in the chemical industry through processes of dispute prevention and resolution. Solidarity entered a 7,3% wage agreement with chemical companies such as Afrox, several Sasol units and Omnia. Trade unions in the NBCCI include Solidarity, the Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood and Allied Workers Union, the General Industries Workers Union of South Africa and the South African Chemical Workers Union. Trade unions represent more than 50% of employees in the chemical industry as defined in the constitution of the NBCCI.

nommer 4 van 2010

46

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Solidariteit behaal welkome loonoorwinning by MPF

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

s

olidariteit het hom vanjaar vir die eerste keer op die finansiële bedryf begin toespits – en ná net een loononderhandelingseisoen kon Solidariteit as nuweling in dié bedryf toesien dat lede by die Mine Pension Fund Management Services (MPF) met ’n welkome loonverhoging vergoed word. Die MPF hanteer volgens die fonds se webtuiste tans die belange van meer as 17 000 lede en meer as 22 000 pensioenarisse in die myn- en mynverwante bedrywe. 51 werkgewers is deel van dié fonds. Volgens Derek Mans, Solidariteit-organiseerder in die inligtingskommunikasietegnologie- en finansiële bedryf (IKTF), wat die loononderhandelings namens lede hier hanteer het, het Solidariteit reeds ’n groot verskil by die MPF gemaak. “Die vorige vakbond wat hoofsaaklik by die maatskappy georganiseerd was, Sasbo, het nagenoeg 40%verteenwoordiging in die MPF gehad. Die vakbond het egter onlangs sy erkenning hier

Deur Ilze Nieuwoudt verloor. Met Solidariteit se toetrede tot die MPF het ons besef dat ons uit die foute moet leer wat reeds hier gemaak is,” sê Mans. Dié troefkaart het reeds vrugte gedra en Solidariteit verteenwoordig reeds 84% van die werknemers in die bedingingseenheid. Ingevolge die loonooreenkoms wat in Junie onderteken is, ontvang werknemers vanjaar ’n verhoging van 9%. Die verhoging is gekoppel aan werknemers se prestasie, posvlak en die skaarsheid van die werknemers se vaardighede. Dié eenjaarooreenkoms is vanaf 1 Julie in werking gestel. Mans is verheug oor die welslae van die loononderhandelings by die MPF. “Die verhoging is gegrond op meriete en hoewel die ooreenkoms ’n verhoging van 9% behels, het werknemers vanweë hul prestasies selfs meer ontvang. Nagenoeg 74% van Solidariteit-lede het ’n loonverhoging van 9% en meer ontvang,” sê Mans. Solidariteit is besig om die erkenningsooreenkoms met die MPF te finaliseer. S

... EN BY MEDI-CLINIC Solidariteit het loononderhandelings by nog twee Medi-Clinic-hospitale afgehandel. Die vakbond het die eerste keer in die geskiedenis by die Hart-hospitaal in Pretoria onderhandel. Die loonskikking bevat ’n vertroulikheidsklousule wat bepaal dat die presiese persentasie nie bekend gemaak mag word nie. Onderhandelings het ook plaasgevind by die Emfuleni Medi-Clinic in Vanderbijlpark, waar ’n loonooreenkoms ook bereik is. By albei hospitale is verhogings bo 9% beding.


bedryfsnuus

Vakbond se visier op universiteite gerig

s

Deur Charl Oberholzer

olidariteit se lugvaart, chemiese, en professionele (LCP) bedryf het vanjaar ’n nuwe rigting ingeslaan. Jahni Cowley, organiseerder in dié bedryf, het hand aan die ploeg geslaan en haar fokus in die professionele dienste verbreed deur veral werknemers by universiteite en kolleges te nader om by Solidariteit aan te sluit. Professionele dienste verteenwoordig lede by ’n verskeidenheid maatskappye wat enigiets van landbounavorsingsinstitute tot universiteite insluit. Jahni Cowley het met Solidariteit Tydskrif gesels oor die taak wat sy het om professore, doktors en akademici te oorreed dat hulle Solidariteit se beskerming nodig het.

GELEENTHEDE BY UP Solidariteit het ’n lang geskiedenis by die UP. In 1998 het die UP byna die helfte van sy personeel afgelê in ’n tyd toe heelwat werknemers nie aan ’n vakbond behoort het nie. Dié afleggings het nuwe interne vakbonde tot gevolg gehad en Solidariteit, destyds die Mynwerkersunie (MWU), het geleidelik meer steun onder werknemers begin geniet. Interne vakbonde soos die Universiteit van Pretoria Werknemersorganisasie (UPWO) organiseer steeds op die kampus. Die Universiteit van Pretoria Personeel (UPP) het intussen ontbind. Solidariteit het ’n goeie verhouding met die UP en verteenwoordig lede dikwels met betrekking tot onbillike ontslag-sake en dissiplinêre verhore. Die National Education Health and Allied Workers Union (Nehawu), wat by Cosatu geaffilieer is, en die UPWO geniet tans volle erkenning by die UP. Aangesien die UPWO en ander vakbonde toenemend steun verloor, het Solidariteit nou die geleentheid om meer lede onder die universiteit se werknemers te werf.

Wat behels jou werk in die LCP-bedryf? Ek is toegewys aan die tersiêre onderwyssektor. Dit beteken ek is verantwoordelik vir die werwing en organisering van takke by universiteite en kolleges. Ons konsentreer op die oomblik op Gauteng. By watter universiteite is jy tans besig om lede te werf? Die Universiteit van Pretoria (UP), die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Solidariteit het ook ’n sterk teenwoordigheid by ander universiteite soos die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Johannesburg. Ek is ook besig met werwing by ’n paar ander kleiner maatskappye.

FOTO: REINT DYKEMA

Hoe oorreed jy professore en akademici dat hulle Solidariteit nodig het? Dit is nie altyd maklik nie! Gelukkig het die vakbond ’n goeie beeld en Solidariteit se reputasie loop hom vooruit. Werknemers (akademies en nie-akademies) by universiteite begin al meer besef dat hulle die hulp van ’n sterk, onafhanklike vakbond nodig het. Ek gesels gewoonlik met hulle oor die Solidariteit Beweging en dit is regtig iets waarby mense betrokke wil raak. Hoekom is dié bedryf jou passie? Ek glo dat daar nie in alle omstandighede genoeg beskerming vir personeel by universiteite is nie. Dit is waarlik ’n sektor waar Solidariteit kan groei. Die LCP-bedryf is my passie, want ek glo dat die mense in die bedryf werklik omgee. Ek het die afgelope vier en ’n half jaar so baie geleer en gegroei.

Jahni Cowley

Dit is te danke aan uiters kundige kollegas en ’n baie dinamiese bedryfshoof. Wat is jou doelstellings vir dié bedryf teen einde 2011? Ek wil seker maak dat Solidariteit erkenning ingevolge die Arbeidswet by die groot universiteite kry. Daarna wil ek goed gevestigde takke by dié universiteite op die been bring. Hoekom moet werknemers by universiteite by Solidariteit aansluit? Solidariteit bied beskerming en gespesialiseerde hulp vir werknemers; geen ander vakbond in die sektor bied dit nie. Die Solidariteit Beweging in sy geheel bied ’n unieke geleentheid aan werknemers om ’n aktiewe verskil in ons land te maak en so hulle eie toekoms te beskerm. Wat is jou stokperdjies? Ek lees graag en ek sorg dat ek gereeld

nommer 4 van 2010

48

oefening kry. Ek spandeer tyd saam met my man en dogtertjie. Om te gaan fliek is ook ’n baie gewilde tydverdryf vir die Cowleygesin! Het jy ’n mentor? Indien wel, wie? Ek het ’n lang lys van mentors. Ek leer so baie by my mede-organiseerders soos Marius Croukamp, Raymond Holland-Chapman, Fanie Vosloo en die bedryfshoof Gerhard Ceronie. Ek maak ook baie staat op my huidige kollegas in Pretoria, Connie Badenhorst en Schalk de Bruin. As ek ’n saak met vreemde feite moet hanteer, druk ek op Zirk Gous of Gerhard Cloete se knoppie. Hoe kan iemand by Solidariteit aansluit? Die heel maklikste is deur die webtuiste by www.solidariteit.co.za of om die dienssentrum te skakel. Belangstellendes kan my by die Pretoria-kantoor of vir Fanie Vosloo by die Boksburg-kantoor skakel. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Motorbedryf begin sy kop optel ná moeilike jaar

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

h

oewel die resessie die motorbedryf in Suid-Afrika verlede jaar ’n aansienlike knou gegee het, is die herstel hier reeds duidelik en dit oortref kenners se verwagtings. Luidens die jongste syfers vir motorverkope wat in die eerste week van Julie vrygestel is, vaar motorverkope in Suid-Afrika relatief goed. Die National Association of Automobile Manufacturers of South Africa (Naamsa) is egter versigtig optimisties oor dié verbetering en meen dat die verbetering in die vlak van motorverkope teen die uitermatige lae vlakke van 2009 gemeet moet word. Daar is egter reeds in die eerste ses maande van die jaar ’n noemenswaardige verbetering in die vlakke van motorverkope. Altesame 26 810 nuwe motors is gedurende Junie vanjaar in Suid-Afrika verkoop.

Deur Ilze Nieuwoudt Dié verkope dui op ’n 25,8%-toename (oftewel meer as 5 500 eenhede) teenoor dieselfde tyd verlede jaar. Daar is ook ’n verbetering in die verkope van ligte kommersiële voertuie, bakkies en minibussies asook in die afdeling vir medium en swaar vragmotors aangeteken. Volgens Naamsa het verskeie faktore tot die verbetering in die bedryf gelei. Die organisasie meen dat bestendige rentekoerse, meer bestendige pryse van nuwe motors en die toename in die goedkeuring van finansiering die bedryf ’n hupstoot gegee het. Hernieude vertroue in die motorbedryf is ook sigbaar in motorvervaardigers se bereidwilligheid om te belê. Volgens Deon Reyneke, hoof van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, is hierdie vooruitsigte positiewe nuus vir die Suid-Afrikaanse ekono-

mie. Hy beklemtoon dat die voordeel wat verdere belegging vir werknemers in hierdie sektor gaan inhou veral noemenswaardig is. Dit volg nadat Europa se grootste motorvervaardiger, Volkswagen (VW), in Junie aangekondig het dat hy sy Uitenhage-aanleg en die verspreidingsentrum buite Pretoria gaan uitbrei. Die vervaardiger beplan om nagenoeg €70 miljoen in dié uitbreiding te belê. In die afgelope vier jaar het VW reeds sowat €500 miljoen in sy Suid-Afrikaanse been gestoot. Luidens mediaberigte vorm hierdie finansiële inspuiting deel van die maatskappy se strewe om die grootste motorvervaardiger ter wêreld te word. Die uitbreiding sal onder meer tot ’n verdubbeling in produksie by die Uitenhageaanleg kan lei, het Martin Winterkom, die maatskappy se voorsitter, gesê. Reyneke voeg by dat Solidariteit vol vertroue is dat hierdie uitbreiding ook tot ’n verhoging in die aantal werkgeleenthede by die maatskappy sal lei. S


bedryfsnuus

Goudmynbedryf ’n tuberkulosefabriek?

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Ilze Nieuwoudt

ie mynbedryf het tydens die Suid-Afrikaanse Tuberkulosekonferensie wat in Junie gehou is in die spervuur gekom. Terwyl sommige meen dat tuberkulose (TB) op Suid-Afrikaanse goudmyne ’n “ongeëwenaarde openbare gesondheidsrisiko” is, is daar ander wat meen die Suid-Afrikaanse goudmyne is ’n TB-fabriek. Luidens ’n studie wat op 1 Junie deur die Oxford Universiteit bekendgestel is, toon navorsing dat verhoogde vlakke van mynbouproduksie met verhoogde vlakke van TB onder die algemene publiek ooreenstem. Die studie voer aan dat die mynbedryf vir meer as 700 000 voorvalle van TB in Afrika suid van die Sahara verantwoordelik kan wees. Daarbenewens is ’n verwantskap tussen MIV en TB gevind in lande waar daar ’n hoë voorkoms van MIV is. Navorsers meen dat swak ventilasie in die myne die risiko vir infeksie verhoog. Volgens die menseregtegroep AIDS and Rights Alliance for Southern Africa (ARASA) is werknemers in die goudbedryf meer vatbaar vir TB weens die hoë vlakke van silikastof wat in die goudmynproses vrygestel word. Volgens die departement van gesondheid het tussen 3 000 en 7 000 uit elke 100 000 mynwerkers na raming TB. Volgens Paul Mardon, hoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, moet die kwessies van TB, silikose (’n longsiekte wat deur die inaseming van silikastof veroorsaak word) en MIV/vigs in die Suid-Afrikaanse mynbedryf holisties ondersoek word. Hy beklemtoon dat hoewel daar reeds talle inisiatiewe is om dié kwessies in die mynbedryf aan te pak, moet heelwat werk nog gedoen word. Mardon meen egter dit is nie korrek om die mynbedryf as ’n “TB-fabriek” te bestempel nie. “Myne is in wese onveilige werkplekke en die voorkoms van silikose is ook in wese deel van Suid-Afrikaanse myne. Weens die omstandighede in myne is dit ook ’n teelaarde vir onder meer TB, maar dit vorm nie ’n wesenlike deel van mynbou nie. “Die probleem kan wel deur maatskaplike projekte opgelos word. Daar was in die afgelope vyf jaar beslis ’n afname in die aantal voorvalle van silikose, TB en MIV/vigs onder mynwerkers, maar daar is nog ’n lang pad om te stap. Dit is egter verblydend dat myne nou toenemend hulle verantwoor-

SKOKKENDE SYFERS • Studies het bevind dat dit nie net werknemers in die goudmynbedryf is wat hoërisiko-kandidate vir TB is nie, maar ook hul gesinne. • Die onderbreking van behandeling is uiters gevaarlik aangesien dit tot die ontwikkeling van uiters weerstandige TB kan lei. • Volgens ’n navorser van die Universiteit van Kalifornië het een studie getoon dat een uit elke drie werknemers in die goudbedryf reeds binne hul eerste 18 werkmaande in die bedryf met MIV/vigs besmet kan wees. Dit beteken uiteindelik dat dié werknemers ’n selfs hoër risiko het om TB op te doen. delikheid in hierdie verband begin besef,” beklemtoon Mardon. Hanlie van Vuuren, ook van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en veiligheid, meen dat die oplossing vir die probleem van TB by myne nie deur SuidAfrika alleen aangepak kan word nie. “SuidAfrika kan nie die stryd alleen aansê nie en daarom is die hulp en bystand van internasionale organisasies soos die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Internasionale Arbeidsorganisasie nodig om die probleem hok te slaan,” verduidelik sy. Sy meen voorts dat werkgewers beslis ’n

nommer 4 van 2010

50

aandeel in die proses moet hê deur beleidsbesluite te neem en toe te pas. Volgens Van Vuuren is mense se vatbaarheid vir siektes en die vlak van siekteverspreiding hoofsaaklik aan sosio-ekonomiese omstandighede te wyte. Sy meen ook dat die oorspronklike verwysing na TB as myntering aan die onkunde oor die siekte toegeskryf kan word. Van Vuuren benadruk dat hoewel die goudmynbedryf swaar onder voorvalle van TB gebuk gaan, dit nie die enigste bedryf is wat met dié siekte onder werknemers worstel nie. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

Medihelp – ’n bekostigbare gesondheidsorgkeuse

b

ekostigbaarheid in die gesondheidsorgbedryf is wanneer die verlangde vlak van dekking in ewewig is met hoeveel dié dekking kos. Sodra hierdie twee aspekte in balans is, ervaar die lid dat hy waarde vir geld by sy of haar mediese skema ontvang.” Só sê Anton Rijnen, uitvoerende hoof van Medihelp, op twee na Suid-Afrika se grootste oop mediese skema. “Die maandelikse premie van ’n voordele-opsie styg gewoonlik soos wat dekking meer omvattend raak. Daarom is dit belangrik dat ’n lid ’n voordele-opsie kies wat aan sy of haar spesifieke behoeftes voldoen. Deur ’n opsie te kies met omvattende dekking wat onnodig is, betaal die lid vir voordele wat hy of sy waarskynlik nie gaan gebruik nie. Dit beïnvloed die waarde vir geld wat die lid ontvang,” sê Rijnen. Om waarde-vir-geld-opsies te kan bied, moet ’n mediese skema al die basiese dinge reg doen. Dit sluit in finansiële prestasie, ledegroei en dienslewering. “Wat finansies en ledegroei betref, presteer Medihelp besonder goed. Ons kon in 2009 daarin slaag om ons ledetal met 18% te verhoog tot meer

as 220 000 mense en ons bied tans mediese dekking aan meer as 236 000 mense. Boonop is ons solvensieverhouding hoër as die voorgeskrewe minimum van 25%,” sê hy. Buiten Medihelp se goeie vertoning wat finansies en groei betref, het die skema ook goed presteer op die gebied van kliëntediens, handelsmerkbewustheid, eisebetalingsvermoë, en as werkgewer. Wat kliëntediens betref, is Medihelp reeds die afgelope vyf jaar ’n leier in die bedryf in vergelyking met ander skemas asook maatskappye in die algemeen. “Omdat daar min te kies is tussen die basiese dekking wat skemas se opsies bied, word kliëntediens een van die onderskeidende kenmerke wanneer dit by die keuse van ’n mediese skema kom,” sê Rijnen. ’n Integrale deel van die skema se diens is sy vermoë om eise vinnig en doeltreffend te betaal. Medihelp verwerk meer as 250 000 eise per maand – binne gemiddeld 5,4 dae ná ontvangs en daar word drie keer per maand betalings aan lede en diensverskaffers gemaak. Dié doeltreffendheid het daartoe bygedra dat Medihelp ’n gradering van AA- vir sy eisebetalingsvermoë van die wêreldbekende Global Credit Rating ontvang het, meen Rijnen.

SMS “Kontak my” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se uitstekende voordeleopsies verlang.

Anton Rijnen, uitvoerende hoof van Medihelp.

FOTO: VERSKAF

Medihelp help koester jou gesondheid as geskenk Medihelp is meer as ’n mediese skema. Dit is ’n maatskappy wat besef dat gesondheid ’n geskenk is wat gekoester moet word. In pas hiermee het Medihelp ’n reeks van 13 DVD’s getiteld “Living With“ oor verskeie geestesiektes bekendgestel. Dié unieke reeks vertel die ware verhale van mense wat met toestande saamleef wat die meeste van ons nie verstaan nie. Dit bied ’n intieme kykie in hierdie mense se lewens asook insig in dit waarmee hul elke dag moet saamleef. Titels wat in die DVD-reeks van 13 episodes onder die loep geneem word, sluit in aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom, alkoholmisbruik, bipolêre gemoedsversteuring, demensie, dwelmmisbruik, Down-

sindroom, major depressie, obsessief- kompulsiewe persoonlikheidsversteuring, posttraumatiese stresversteuring, skisofrenie, sosiale angssiekte en Tikverslawing. Die reeks is vervaardig deur die bekende SuidAfrikaanse rolprentregisseur Katinka Heyns. Wat die “Living With”-reeks so uniek maak, is dat kundiges se raad deel van elke dokumentêr vorm. Hulle gee raad oor watter oplossings as beste praktyk geag word en bied kliniese insig in die persoon se ervarings en gedrag. Die kenners bespreek ook die medisyne- en behandelingsregime wat ’n suksesvolle uitkoms sal verseker. Hierbenewens word die persone se geliefdes van waardevolle inligting voorsien oor hoe om

number 4 of 2010

51

die persoon se fisieke en emosionele behoeftes te hanteer. Elke DVD sluit ook ’n inligtingsgids propvol nuttige inligting in. Medihelp het vanjaar besluit om op die DVD-reeks voort te bou en ’n geselsprogram op kykNET te borg. Jy kan die individue in die DVD’s se besondere reise volg in die kykNET-reeks “’n Lewe met...” Die reeks, bestaande uit 13 episodes, word Dinsdae om 21:00 op kanaal 111 op DStv uitgesaai en aangebied deur die gesoute aanbieder Ruda Landman. • Jy kan die DVD’s bestel deur die woord DVD na 32291 te SMS. Of besoek die Living With-webtuiste by www.medihelplivingwith.co.za.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


membership

a winning

PARTNERSHIP

This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union, as well as the rules as contained in the rule book and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

AT YOUR SERVICE CAR AND HOUSEHOLD INSURANCE This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. Phone 0860 34 62 53 for a free noobligation quote.

SOLIDARITY LEGAL AID PACKAGE Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of only R65 per month. This benefit covers civil and family matters, negotiating and applying for bail, bail up to R5 000, criminal law and assistance in obtaining firearm licences. • Call 0861 SOL REG (0861 765 734).

SOLIDARITY RETIREMENT PLAN Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This product was developed as a result of the few people that are able to retire independently. • Call 0861 000 777 or send e-mail to so lid arite it.aft reep lan@ cor iscapital.com

PHOTOGRAHPS: iSTOCKPHOTO

WILLS AND ESTATE ADMINISTRATION

HOW MUCH DOES MEMBERSHIP COST?

LENDING A HAND EMPLOYMENT AGENCY: EXPRESS EMPLOYMENT PROFESSIONALS

• Individual members – R72 per month • Collective members – R70 per month

Every member has access to Solidarity’s labour brokerage and personnel agency that helps unemployed people to find jobs. • Phone 012 664 8923 if you know of vacancies or if you are looking for work.

SOLIDARITY HELPING HAND Solidarity Helping Hand supports needy children, pensioners and widows. Every application is considered on merit. Written applications may be addressed to: Solidarity Helping Hand, PO Box 11760, Centurion, 0046. • Contact 0861 25 24 23.

BURSARIES

Every member is entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can also be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300.

The trade union annually makes bursaries available for the children of members. Preference is given to the dependants of needy widows and pensioners. The income and period of membership of the applicant are taken into account when bursaries are awarded. Address applications to: Solidarity Bursaries, PO Box 11760, Centurion, 0046. • Phone 012 644 4300.

nommer 4 van 2010

52

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


membership

MEMBERSHIP CATEGORIES With four membership categories Solidarity offers a home for everybody!

1

COLLECTIVE MEMBERS

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

2

INDIVIDUAL MEMBERS

Individual members are members who are younger then 50 years at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns fifty after joining remains an individual member. Individual members qualify for all Solidarity benefits.

3

CONTINUED MEMBERS (RETIRED)

Current Solidarity members may apply for continued membership within three months after retirement. These members qualify for all relevant benefits. At the death of the member a dependant may apply to stay on as a member. The cash disbursement benefit of continued members who pay a reduced premium will be applicable when the main member dies only.

4

SUPPORTING MEMBERS

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision, but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are over the age of 50 years at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, the sickness and accident scheme, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.

WORKING FOR YOU LABOUR MATTERS Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. • Website: www.legalservices.co.za Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.

DEATH BENEFIT (DOVES) Funeral benefit • A dignified funeral is provided for every member and his/her spouse. This includes a superior coffin and the funeral services. • For cremations a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children up to the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of the main member. Cash disbursements additional to the funeral benefit • At the death of paid-up members a cash amount of R3 000 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership an

amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: * Children aged between 14 and 21 years – R1 500 * Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. Funeral arrangements The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements. Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.

PERMANENT MEDICAL DISABILITY Members with 12 months’ uninterrupted Solidarity membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a once-off amount of R1 500.

SICKNESS BENEFIT Sickness benefits in the amount of R12 per day are paid to members from the date on which the employer discontinues remuneration.

MATERNITY BENEFIT A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within 60 calendar days after the confinement.

SOLIDARITY MAGAZINE Members receive quarterly copies of Solidarity Magazine in which topical issues from the workplace as well as Solidarity’s activities are published.

DON’T HESITATE, JOIN TODAY! • Phone 0861 25 24 23; visit our website – www.solidarity.co.za; SMS the word “SOL” and your name to 35960; or visit a local branch. Terms and conditions apply.

number 4 of 2010

53

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Sol-Tech-studente steek grens(e) oor

’n

Deur Charl Oberholzer

Handjievol bevoorregte SolTech-studente het die geleentheid gehad om ses maande se praktiese ondervinding buite die land se grense op te doen. Vier studente is begin vanjaar sak en pak Namibië toe om by Airport Interface Technologies (AIT) te gaan werk. Twee van die studente het met Solidariteit Tydskrif oor hulle ervarings gesels. Leon Joubert sê dit was sy eerste besoek aan die buiteland. Hy en die ander vakleerlinge het geleer om lugverkeerbeheerstelsels te installeer en het goeie leiding van ervare senior personeel ontvang. Hy sê ook dat sy tegniese en handvaardighede noemenswaardig verbeter het. Joubert is van een ding oortuig en dit is dat hy dié geleentheid vir geen geld in die wêreld sou verruil nie. Nog ’n student, Jannie Jacobs, vertel hoe hy die eerste twee maande in Namibië by die installering van ’n “multilateration system” betrokke was. “Ek het baie geleer van beplanning en die meganiese uiteensetting van die stelsels,” sê Jacobs. Wanneer die studente nie in die

Daniel Smith, Jannie Jacobs, Ignatius van der Berg en Leon Joubert.

werkwinkels besig was nie, het hulle elektriese toetse geskryf. Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech, beklemtoon dat dit ’n groot prestasie is om vir AIT gekeur te word.

Meer as net kollege

Welgedaan en dankie, Sol-Tech Roni Botha skryf: Ek het die afgelope jare in regstreekse kontak gekom met van die mense wat met die studente by Sol-Tech werk en wil graag my opregte dank aan Elbie en haar personeel oordra. Hulle het absoluut die vaardigheid om met studente te werk en het ook baie moeite gedoen om my kind te help en seker gemaak dat hy by die betrokke werkomgewing inpas. Welgedaan Sol-Tech. Dankie, Solidariteit, dat julle daar is vir ons!

FOTO: REINT DYKEMA

E. Smit skryf: My seun is gekies om vir passer en draaier te gaan studeer en ons het op die ingewing van die oomblik die kampus gaan besoek. Wat ’n verrassing. Behalwe dat die opset professioneel, skoon en netjies is, wil ons graag dankie sê vir die vriendelikheid waarmee ons ontvang is, en nie net deur die personeel nie, maar ook deur die studente. Die atmosfeer was warm, ontspannend en verwelkomend. Die studente het so tuis gelyk. Ek is so dankbaar my seun het by Sol-Tech vir opleiding ingekom. Baie dankie.

Tel: 012 664 8923 www.sol-tech.co.za nommer 4 van 2010

54

“Ons is trots op die geleentheid en die blootstelling wat ons studente in die buiteland opdoen. Dit is ’n goeie weerspieëling van die hoëgehalte-opleiding wat die studente by Sol-Tech ontvang,” sê sy. S

Sol-Tech word oorstroom met telefoniese komplimente, dankiesêbriewe (soos dié elders op hierdie bladsy) en eposboodskappe waarin ouers vertel wat Sol-Tech vir hulle kinders beteken. “Sol-Tech was van meet af aan meer as net ’n tegniese kollege. Ouers en studente is voortdurend beïndruk met die persoonlike en geestelike leiding wat Sol-Tech bied,” meen Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. Van Deventer voel die gehalteonderrig is te danke aan die buitengewoon goed gekwalifiseerde personeel wat werklik ’n passie vir jongmense het. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, beaam dit. “Ons doel was nog altyd om jongmense vir hulle roepings toe te rus en nie nét vir hulle beroepe nie. ’n Goeie tegniese kwalifikasie verseker ’n werk, maar ’n gevormde karakter verseker ’n loopbaan.”

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

FOKUS OP ELEKTRISIËNWERK

Solidariteit pak self skaars vaardighede

e

Deur Charl Oberholzer by ’n geakkrediteerde vaktoetssentrum af om as elektrisiëns te kwalifiseer. Studente werk in goed toegeruste werkwinkels en Sol-Tech word voortdurend geprys vir die goeie gehalte van sy personeel. Dit is geen geheim dat Suid-Afrika ’n breindrein ervaar nie. Heelwat Suid-Afrikaners wat die land sedert 1994 verlaat het, was tussen die ouderdom van 25 en 45. Engeland, die VSA, Kanada, Nieu-Seeland en Australië is besig om Suid-Afrika se kundigheid af te rokkel. Dit is nie meer net die regering se plig om Suid-Afrikaners, en spesifiek Afrikaners, se vaardighede in SuidAfrika te hou nie. Sol-Tech is ’n voorbeeld van hoe daar self verantwoordelikheid geneem word om deur middel van opleiding in skaars vaardighede ’n beter alternatief vir emigrasie te skep. S

BETER OPLEIDING “In die moderne wêreld is dit noodsaaklik dat elke nuwe geslag beter opgelei is as die vorige een. Die probleem is dat die opleidingstoneel in Suid-Afrika heeltemal verander het en dat Afrikaners moet aanpas of verarm. Naskoolse opleiding raak vir baie jongmense ’n kwalik toeganklike luukse wat al hoe moeiliker bereikbaar is. Die omwenteling ná 1994 is hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik. Daar is so bemagtig, getransformeer en reggestel, dat die vaardigheidstekort in die land nou krisisafmetings aanneem.”

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

lektrisiënwerk is ’n uiters skaars vaardigheid in Suid-Afrika. Dit is een van die kursusse wat SolTech met groot welslae aanbied, en boonop in Afrikaans. Die kursus fokus nie net op omvattende vakvaardighede nie, maar ook lewensvaardighede. Studente leer oor wetgewing, bedryfstelsels en hoe om probleme deur die gebruik van wiskundige, tegniese en teoretiese toepassings op te los. Die kursus behels teoretiese asook praktiese of simulasie-opleiding en neem drie jaar om te voltooi. Daar is drie vlakke, waarvan elke vlak een jaar neem om te voltooi. Indien ’n student die enkelfasebedradingslisensie in sy tweede jaar bekom, kwalifiseer hy as ’n konstruksie-elektrisiën. Ná die derde jaar lê studente ’n vaktoets

number 4 of 2010

55

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

– Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit.


nuuswaardig

Ramp kan goudveld se glans verwater

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

m

Deur Ilze Nieuwoudt

et meer as 150 jaar se intensiewe mynboubedrywighede agter die rug het die oostelike kom van die Witwatersrand se goudveld ’n goue lopie gehad. Vandag dreig daar egter ’n grootskaalse natuurramp wat verreikende gevolge vir die natuur aan die Oos-Rand kan inhou. Hoewel kundiges reeds vir dekades lank waarsku oor die moontlike negatiewe uitwerking wat besoedelde mynwater op die streek kan hê, is die werklikheid van die gevaar in die afgelope paar maande skielik tuis gebring met die opskorting van mynbou by Aurora Empowerment Systems se Grootvlei-myn buite Springs. Mynboubedrywighede is reeds vroeg vanjaar hier opgeskort, maar intussen is nagenoeg 100 werknemers by Grootvlei se nr. 3-skag steeds verantwoordelik vir die uitpomp van mynwater uit die myn. Die Grootvlei-myn se nr. 3-skag is die enigste oorblywende pompstasie aan die hele Oos-Rand en is dus verantwoordelik vir die daaglikse uitpomp van miljoene liter water uit die myn. As dit gestaak sou word, sal die mynwater die myne in die streek oorspoel en vernietig. Dié gevaar is nou ’n moontlikheid, aangesien die oorblywende werknemers toenemend gefrustreerd raak met Aurora se leë beloftes. Werknemers het in Februarie laas salarisse ontvang, maar bly intussen steeds verantwoordelik vir dié noodsaaklike taak by die myn. Werknemers se frustrasie het in Junie kookpunt bereik toe daar op ’n staking gegaan is en werknemers aangedring het om betaal te word alvorens die pompwerk hervat sal word. Luidens ’n verslag van die departement van omgewingsake en toerisme wat in 2008 vrygestel is, het besoedelde mynwater verskeie negatiewe gevolge vir die natuur en die gemeenskap. Suur mynwater word gekenmerk deur ’n baie lae pH en hoë vlakke van stowwe soos yster en mangaan. Dié water is uiteindelik in baie gevalle verantwoordelik vir die besoedeling van bo- en ondergrondse waterbronne en die verswakking van grondgehalte. ’n Verslag van die Gautengse departement van omgewingsake beklemtoon ook dat as myne in die Gauteng-streek oorvloei, besoedelde mynwater na die grondoppervlak sal

FEITELIK • Die westelike kom van die Witwatersrand toon reeds die afgelope paar jaar die gevaar van besoedelde mynwater. Teen die einde van Junie 2009 was die kom so vol dat die watervlak skaars 0,6 m van die oppervlak bereik het. Dit skep ’n ernstige gevaar vir die besoedeling van strome en riviere in die omgewing. • Daar is reeds bewyse dat die Tweelopiespruit naby Krugersdorp aan die Wes-Rand deur besoedelde mynwater besoedel word. • Suur mynwater het ’n kenmerkende rooibruin kleur as gevolg van die hoë vlakke van yster in die water. • Luidens ’n mediaberig wat in 2009 gepubliseer is, is die watervlak in die oostelike kom tans sowat 750 m van die oppervlak en sou die pompwerk by Grootvlei gestaak word, sal die suur mynwater binne ’n paar jaar by verskillende plekke begin uitvloei. Een van dié uitvloeipunte is in die middel van Nigel geleë. • Suur mynwater word volgens kundiges gevorm deur die chemiese reaksie wat volg as gouddraende rots – wat ryk is aan sulfied – in aanraking met water en suurstof kom. Dié reaksie veroorsaak dat die water suur word en dat nog skadelike minerale in die rots kan oplos.

vloei en in strome en vleilande sal beland. Die pompstelsel by Grootvlei pomp gesuiwerde mynwater in die Blesbokspruit en is van die grootste uitvloeipunte van gesuiwerde mynwater in Gauteng. Dié spruit vorm uiteindelik deel van die Vaalrivier-stelsel. Gideon du Plessis, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, hou vol dat die pompstelsel by Grootvlei tans ’n wesenlike gevaar inhou. Die stelsel is oud en weens ’n tekort

nommer 4 van 2010

56

aan finansies word instandhouding ook afgeskeep. Kenners meen dat sou die pompstelsel by Grootvlei vernietig word, die myn oorspoel sal word en dat ongesuiwerde mynwater binne slegs drie tot vyf jaar reeds op die oppervlak sal uitloop. Besoedelde mynwater sal eindelik veroorsaak dat die eens goue droom van die OosRand in ’n donker nagmerrie verander. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

Taalregte en voorbeelde uit Europa

h

Deur Alana Bailey ook die aankondigings op openbare vervoerstelsels. Die saak is so ernstig vir die Belge, dat hulle nuwe regering in April 2010 tot ’n val gekom het oor politieke en taalregte. In September 2009 het die leier van die Vrye Demokrateparty (FDP) in Duitsland, Guido Westerwelle, die wenkbroue laat lig toe hy geweier het om Engels met ’n joernalis van die BBC te praat. Tog het baie Britte later toegegee dat ’n Britse politikus nie Duits met ’n Duitse joernalis in Engeland sal praat nie en dat die omgekeerde dus ook nie verwag kan word nie. In Europa word die regte van nie alleen landstale nie, maar ook streekstale toenemend erken. ’n Lid van AfriForum berig dat laerskoolonderwysers aan die weskus van Ierland eers ’n kursus in Gaelies moet slaag voordat hulle mag skoolhou. Die gebied se padpredikante is ook tweetalig Gaelies en Engels. In Nederland word die regte van Fries en Limburgs tans sterk bevorder. In Maastricht is die straatname tweetalig Nederlands en Limburgs. Tog voer Nederlands ’n swaar stryd teen die invloed van Engels. Nederlands is die agste grootste taal in die Europese Unie (EU) (Engels is maar die derde grootste taal hier, met Duits en Frans onderskeidelik in die eerste en tweede plek in die EU), die moedertaal van 23 miljoen mense en die 40ste grootste taal uit die sowat 6 000 tale wat in die wêreld gepraat word. Tog is alle aanwysings op die Schiphol-lughawe slegs in Engels en word baie advertensies op Nederlandse televisiestasies net in Engels uitgesaai. Nederlandse taalaktiviste stry toenemend vir die regte van hulle taal. Neder-

landse en Afrikaanse taalaktiviste kan heelwat baat vind by kontak met mekaar. ’n Rondetafelgesprek in Amsterdam op 28 Mei 2010, waar AfriForum deur Alana Bailey en Solidariteit Helpende Hand deur dr. Danie Langner verteenwoordig is, het juis samewerkingsmoontlikhede ondersoek. Dikwels word die moedswillige vraag gevra of eentaligheid nie tog maar die maklikste en goedkoopste uitweg is nie. Die probleem is dat ’n taal nie bloot ’n kommunikasiemiddel is nie, maar ook die draer van identiteit en die setel van kennissisteme. Gaan ’n taal verlore, verdwyn ’n groot deel van sy sprekers se erfenis en kundigheid daarmee saam. Om hierdie rede kan Suid-Afrikaners nie bekostig om ter wille van Engels die ander tien landstale summier af te skryf nie. Moderne metodes, soos rekenaarvertaling en simultane tolkdienste, bestaan waardeur dienslewering in al elf landstale moontlik is. Van die tien inheemse Suid-Afrikaanse landstale is Afrikaans die een wat reeds sy plek as hoëfunksietaal op wetenskaplike en akademiese gebied volstaan. Ons mag nie toelaat dat Afrikaans hierdie posisie verloor nie – elke Afrikaanssprekende het die plig om die taal te bevorder, beginnende by die medium waarin ons kinders op skool onderrig word. As ons dit nie doen nie, is nie net die toekoms van ons taal in die gedrang nie, maar ook ons identiteit. • Klagtes oor taalvergrype kan gestuur word na afriforum@afriforum.co.za. Lees ook die artikel oor moedertaalonderrig op bladsy 22. S

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

oewel die Suid-Afrikaanse Grondwet die regte van al elf SuidAfrikaanse landstale beskerm, gebeur dit nie in die praktyk nie. Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat), wat tot stand gebring is om SuidAfrikaners se taalregte te beskerm, het ’n hond sonder tande geword. Dit het nie die nodige mag, geld of kundigheid om doeltreffend teen skendings van taalregte op te tree nie en ’n klag wat by dié liggaam ingedien word, het selde meer as simboliese waarde. Die staat se onvermoë en onwilligheid om die Grondwet se taalvoorskrifte na te kom, is aan die kaak gestel met die Hooggeregshofuitspraak in Maart 2010 in die saak van Cerneels Lourens, ’n prokureur van Brits, oor die staat se versuim om sy grondwetlike plig teenoor alle landstale na te kom. Die regter het in sy uitspraak gesê dat die staat duidelik nie sy grondwetlike taalverpligtinge nakom nie. Die minister van kuns en kultuur is gelas om binne twee jaar toe te sien dat die verpligtinge wel nagekom word. Hoewel dié uitspraak al drie maande oud is, word meer en meer klagtes oor die staat se taalregtevergrype daagliks deur AfriForum ontvang. Die privaat sektor handhaaf ook toenemend die vals standpunt dat Engels die mees geskikte akademiese en saketaal in SuidAfrika is. Dít in weerwil daarvan dat die drie grootste moedertaalgroepe in Suid-Afrika Zoeloe, Xhosa en Afrikaans is. In Europa is al verder met die saak van taalregte gevorder. In België word baie moeite gedoen om Frans en Vlaams gelyk te beregtig – plek- en straatnaamborde is tweetalig, so

nommer 4 van 2010

58

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



newsworthy

Consumers get their Act (together)

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

t

By Paul Joubert

here is some good news for the cashstrapped South African consumer. New legislation in the form of the Consumer Protection Act of 2008 comes into effect on 25 October 2010. This act is ostensibly aimed at “[promoting] and [advancing] the social and economic welfare of consumers in South Africa”. An important principle in economic theory is that equal distribution of information about all the important aspects of a transaction increases the chances of an optimal outcome. This is because economic theory is largely based on assumptions about rational behaviour by people and without correct and complete information, truly rational choices are impossible to make. Government intervention in the free market usually in itself leads to sub-optimal outcomes, but when it comes to promoting equal distribution of information, government intervention can actually promote freemarket principles. Section 15 of the act deals with fairer distribution of information. It specifies that a customer whose property (a car, for example) is being repaired or maintained by a service provider cannot be charged for services performed without pre-authorisation. This means that the customer will have the right to decline to pay for services performed which were not requested when the property was left in the care of the service provider. In section 67 the act also specifies that a service provider must return to the customer all parts removed from a customer’s property during the course of repairs or maintenance. These are strong disincentives for unscrupulous service providers to add nonexistent items to a repair invoice in the hope that a layperson will simply pay up without a fight. The act also deals with a consumer’s right to return products. The act broadly gives consumers the right to return products if, after the transaction has been completed, the consumer inspects or uses the product and finds that it is of inferior quality or otherwise unsuitable for its intended purpose. This corrects the imbalance of information where a supplier may know that a product is inferior, but a consumer can only gain the same knowledge after buying and trying the product, by which time it would ordinarily be too late to do anything about it. Sections 22 to 28 of the act concern the

duty of suppliers to provide clear and understandable information and prices. Information has to be given in plain language and prices have to be displayed clearly. The act appears to favour consumers very strongly in these sections, but it is in fact only fair that this should be the case. The supplier knows (or should know) everything about the products on sale and expecting the supplier to transfer this knowledge truthfully to the consumer is perfectly reasonable. The act clearly defines and prohibits conduct that misleads consumers. From 25 October it will be illegal to hold “sham competitions”, so getting a call about the car that you have miraculously won even though you did not enter any competition will be a thing of the past. Many people will also be glad to hear that their legal right to require a telemarketer to never contact them again in future is enshrined in section 11 of the act. In the case of overbooking (a relatively common practice among airlines), the supplier will now not only be liable for giving the customer a refund, but will also be liable for any direct losses suffered by the customer

nommer 4 van 2010

60

as a result of being unable to travel on the original date or time. Strict conditions also apply to advertisements for “alternative work schemes”, in order to prohibit claims about the possibility of earning extravagant income “while working from home in your spare time”. Pyramid schemes and schemes that promise riches through supernatural or pseudoscientific means are also clearly defined. This will make the spread of such misleading information much easier to stop than is currently the case. A National Consumer Commission will be established in addition to existing industry ombudsmen in order to handle complaints and disputes arising from the new legislation. Because of all these reasons, consumers can look forward to 25 October. This is not because the principle of caveat emptor (buyer beware) will be replaced by caveat venditor (seller beware), but because both principles will from then on apply equally, thus leading to a better economic outcome for everyone involved. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



newsworthy

A welfare state is not sustainable

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

t

By Francois Calldo

he South African government has created a social grant system of such large proportions that it has prompted some commentators to call South Africa the “biggest welfare state” in the world. The social grant expenditure is estimated to be R89 billion for the 2010/11 fiscal year. The total number of social grants, according to the South African Social Security Agency as at 30 January 2010, was approximately 13,8 million, whilst there were approximately 9,6 million beneficiaries. The available grants in South Africa include child support grant, care dependency grant, foster child grant, disability grant, older persons grant, war veteran’s grant and grant-in-aid. However, due to South Africa’s high unemployment rate (25,2% for Q1:2010) and the fact that many South Africans live in extreme poverty, the ANC government’s alleviation of poverty doesn’t end with social grants. There is also free healthcare, free housing and free basic services such as water and electricity supply. Therefore, although not all South Africans who live in poverty are receiving monetary support from the government, they do receive some sort of free basic services, which is making them dependent on the government. This puts enormous pressure on South Africa’s economy and its taxpayers. The whole grant system is not sustainable. Even economist Mike Schüssler said in February 2010 that the South African dependency ratio of three people to one taxpayer and is unsustainable. The previous governor of the South African Reserve Bank, Tito Mboweni, went even further and said in September 2009: “From a politician’s point of view it is good to point out that the number of people benefiting from social grants has grown, but from the point of view of the total development of the person, the dignity and consciousness that we talk about of a person, is this the direction that we should be going?” This is a valid question. According to the South African Institute of Race Relations (see “Chasing the Rainbow”, 2010) the government has paid little attention to promoting a sense of individual responsibility. Instead, its focus on socio-economic rights and affirmative action has helped to en-

courage a mentality of entitlement. This entitlement and non-payment mentality is having a negative impact on the finances of local municipalities and companies such as Eskom. The problem of nonpayment is so severe that Eskom said in June 2010 that it wants the government to apply more political pressure and willpower to convince electricity consumers in previously disadvantaged areas to pay their debts. Mr Paul O’Flaherty, Eskom’s financial director, said that Eskom currently have bad debt of R2,3 billion on its books. More than 60% of this comes from Soweto alone. O’Flaherty further said there is an active campaign among previously disadvantaged people, especially in areas in Soweto, to encourage people not to pay Eskom. However, Eskom is asking the wrong people for help. Why would the ANC ask its voters to pay for services? It would be political suicide. It is the same ANC that preached to its people during the struggle that liberation should come before education and for the sake of short-sighted political gain created a culture of non-payment since coming into power in 1994. We are now reaping what the ANC has been sowing. It is also questionable whether the ANC’s poverty interventions truly helped to liberate the poor or rather served to increase their dependency on the government. However, the question that South

nommer 4 van 2010

62

Africans should rather ask themselves is whether the ANC truly wants to liberate and uplift the people from poverty. After all, as long as the people are dependent on the ANC, the people will vote for the ANC, which might not be the case if people were self-sufficient. In a recent article (“ANC’s blank cheque to buy votes”, Business Day, May 2010) Moeletsi Mbeki said that no organisation on the South African political landscape is better positioned than the ANC. If its voters remain poor, the ANC wins because they receive votes. Mbeki stated that ANC voters do not vote for the party because of ideological or policy reasons; they vote for the ANC primarily because of their material dependence on the ANC-controlled government. According to Mbeki, this was brought into sharp focus by a recent study conducted by South Africa’s leading market research company, Ipsos Markinor. The study revealed that 67% of people who vote for the ANC do not work, and that 69% either have no education at all or have not completed high school. Therefore, as long as the majority of poor people think that only the ANC can provide them with a “better” life (dependent on the ANC) and that there is no political alternative, it seems that the welfare state will continue to expand at the expense of the South African economy and job creation. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


AKSENT MEDIA • 07/2010

Tyd is geld >> Weet jy hoeveel jou pensioen vandag werd is? >> Weet jy hoeveel geld jy met aftrede nodig gaan hê? >> Weet jy wat die uitwerking van inflasie op jou inkomste is? >> Weet jy wat die tydwaarde van geld beteken? >> Weet jy of jy enigsins onafhanklik gaan aftree? Indien jy NEE op enige van hierdie vrae geantwoord het, is daar ’n probleem waarvan jy moontlik nie eers weet nie! Neem beheer en skakel Solidariteit Finansiële Dienste vandag nog vir ’n oplossing wat vir jou ’n oudag vol gemoedsrus sal verseker.

Solidariteit Aftreeplan Solidariteit Finansiële Dienste

0861 101 005 E-pos: ruan@solidariteit.co.za


arbeidsake

Poligraaftoetse: Die jongste modewoord (Deel 1)

m

Deur Phil Davel

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

aryke Buytendorp, ’n lid van Solidariteit, is vroeër vanjaar gedwing om ’n poligraaftoets by haar werkgewer te ondergaan. Volgens haar het die werkgewer die poligraaftoets as bewys gebruik om dit as ’n ontslag te laat kwalifiseer. “Ek moet seker wag vir die uitslag voor ek kan appelleer? Hulle sê die vertrouensverhouding is verbreek en hulle kan nie insien hoe ’n harmonieuse atmosfeer kan geskied as daar nie vertroue tussen werknemers is nie,” vertel Buytendorp. Poligraaftoetse is ’n relatief nuwe verskynsel in Suid-Afrika, veral wat die aanwending van poligraaftoetse in die werkplek betref. Dit word deesdae algemeen en selfs arbitrêr deur werkgewers aangewend om werknemers wat onder verdenking staan van diefstal, oneerlikheid, bedrog, korrupsie, ernstige alkoholmisbruik of die gebruik van verbode narkotiese middels in die werkplek skuldig of onskuldig te bevind. Toetse om te bepaal of mense die waarheid praat of nie is niks nuuts nie. Die idee dat daar sekere fisiologiese tekens is as iemand oneerlik is of leuens vertel, is al sowat 2 000 jaar oud. In Wes-Afrika is beskuldigdes gevra om ’n voël se eier per hand onder mekaar aan te stuur. Die persoon wat die eier gebreek het, was geag die skuldige party te wees op grond van senuweeagtigheid. In Antieke China moes ’n persoon wat van ’n misdryf aangekla word ’n hand vol rys in haar mond hou terwyl die aanklaer haar aankla. Omdat geglo is dat spanning jou mond droog maak, is jy skuldig geag indien die rys in jou mond droog bly. Poligraaftoestelle is eers in die 1900’s ontwerp deur mense soos dr. James Mackenzie van Skotland en William Marston van die VSA. HOE WERK POLIGRAAFTOETS? ’n Poligraaftoets is tegnies gesproke een van vele leuenverklikkertoetse. Dit beteken letterlik “baie geskrifte” en verwys na ’n toestel wat opnames maak van fisiologiese veranderings in asemhaling, bloeddruk, polsslag en velreaksie terwyl ’n persoon antwoorde op ’n aantal vrae gee. Dit werk op die outonome senuweestelsel wat beteken dat die toestel die aspekte van die menslike liggaam wat outomaties en onbeheersd verander, soos ’n verhoogde hartklop, sweterige handpalms en vergrote pupille, tydens vrees of

hoër bloeddruk meet. Die poligraaftoets bestaan uit drie fases: • ’n Voortoetsonderhoud waar die persoon wat die toets ondergaan sielkundig voorberei word. • Die toetsfase waar die toets afgelê word. Drie sensortoestelle word aan die persoon gekoppel – een om sy asemhaling en beweging van die bolyf te toets; een wat sy vel se onbewustelike reaksie op die vrae monitor; en een wat sy bloeddruk en hartklop monitor. Die persoon word die toetsvrae minstens twee keer gevra en alle fisiologiese reaksies word gemonitor. Die inligting wat versamel word, word deur ’n skootrekenaar opgeneem wat dit numeries verwerk, waarna die uitslag uitgedruk en deur ’n poligrafis ontleed word. • Die natoetsonderhoud waartydens die uitslag van die toets bespreek word. ’n Poligraaftoets duur sowat twee ure. WAAR LÊ DIE PROBLEEM DAN? Die probleem lê by die aanname dat misleiding bepaal kan word uit veranderings in fisiologiese aktiwiteit – daar bestaan nog

nommer 4 van 2010

64

geen toestel wat dit kan meet nie. Eenvoudiger gestel, poligraaftoetsing is gegrond op die veronderstelling dat fisiologiese aktiwiteite (soos asemhaling, bloeddruk, polsslag en velreaksie) toeneem as ’n persoon ’n leuen vertel en dat poligraaftoetse gebruik kan word om hierdie misleiding te meet. Die veronderstelling gaan selfs nog verder, naamlik dat as dit moontlik is om deur die toename (of afname) van fisiologiese aktiwiteit te bepaal of ’n persoon ’n leuen vertel, dit gevolglik moontlik sal moet wees om te bepaal tot watter mate die persoon nie die waarheid praat nie. Poligraaftoetse geniet min geloofwaardigheid onder wetenskaplikes. Ten spyte van bewerings dat poligraaftoetse tussen 80% en 95% akkuraat is, glo kritici dat die prosedure slegs neerkom op ’n niestandardiseerbare ondervragingstegniek waarvan die akkuraatheid nie bepaal kan word nie. Prof. David Martin van die Universiteit van Noord-Carolina in die VSA het bevind dat mense die poligraaftoets verkeerdelik gebruik om menslike emosies te probeer meet. Hy glo dit is ’n valse aanspraak omdat selfs nie eens sielkundiges presies kan bepaal

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


arbeidsake watter emosies ’n mens het nie – nog minder ’n poligraaftoets. Hoewel daar stawende argumente teen poligraaftoetsing gebring kan word, word dit wel met vrug binne ’n gekontroleerde omgewing gebruik. Poligraaftoetse kan bydra tot die daarstelling van regspraak. Gevolglik word poligraaftoetse regoor die wêreld gebruik.

Verdere uitsondering is die gebruik van poligraaftoetse in sake voortspruitend uit diefstal of verlies as die werkgewer handel dryf in wetlik beheerde middels. In United States v. Scheffer (1998) het die hooggeregshof dit aan individuele jurisdiksies gelaat om te besluit of hulle poligraaftoetse as bewysmateriaal in regsake wou toelaat.

POLIGRAAFTOETSING OORSEE VSA Weens die onderliggende probleme met die geloofwaardigheid van poligraaftoetse was die VSA een van die eerste lande wat poligraaftoetsing deur middel van wetgewing begin reguleer het. Die Employee Polygraph Protection Act of 1988 verhinder werkgewers in die algemeen om leuenverklikkertoetse te gebruik in onderhoude asook tydens die duur van ’n dienskontrak. Die wet maak wel voorsiening vir uitsonderings soos die gebruik van poligraaftoetse om bystand te verleen in gevalle wat gelei het tot ekonomiese verlies of skade vir die werkgewer (die werknemer moet egter toegang hê tot die perseel wat onderhewig is aan die ondersoek en die werkgewer moet ’n redelike vermoede omtrent die werknemer hê). ’n

Europa In die meeste Europese lande word poligraaftoetse nie as betroubare bewysmateriaal beskou nie. In die meeste sake word enige party toegelaat om ’n sielkundige verslag gegrond op ’n poligraaftoets as bewys in te handig. Die federale geregshof in Duitsland het die gebruik van poligraaftoetse as getuienis verbied. Kanada en Australië In Kanada word poligraaftoetse gereeld gebruik, veral as forensiese middel in strafsake asook in werkonderhoude vir staatsorganisasies. In Australië is poligraaftoetse as getuienis in sake al deur die howe verbied omdat dit op hoorsê gegrond is. • Deel 2 verskyn in die volgende uitgawe van Solidariteit Tydskrif. S

JY & DIE REG Stuur jou vrae na Solidariteit Tydskrif: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur e-pos na diens@solidariteit.co.za; of stuur ’n faks na 012 664 1102.


arbeidsake

Solidariteit Regsdienste: Hoe doen hulle dit?

s

Deur Charl Oberholzer

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

olidariteit Regsdienste lewer die belangrikste diens aan Solidariteit-lede deur hierdie lede se werk te beskerm. Wat stel hulle in staat om byna 11 000 skriftelike en telefoniese regsnavrae per jaar te hanteer? Hoe kry Solidariteit dit reg om duisende hofstukke elke jaar op te stel, duisende konsultasievergaderings te hou, honderde hofsake by te woon en jaar ná jaar ’n rekordaantal uitbetalings in vergoeding vir lede te behaal? Die geheim is 34 toegewyde advokate, prokureurs en litigante wat elke minuut van die dag vir Solidariteit-lede veg. Hier is twee voorbeelde van hoe hulle dit doen.

BYNA R50 000 AAN LID TOEGEKEN Solidariteit Regsdienste het dié keer hulle stempel in Witbank afgedruk nadat ’n lid van Solidariteit onbillik deur ’n bekende sekerheidsmaatskappy ontslaan is. Die werknemer, wat deur Solidariteit verteenwoordig is, was sedert 2003 ’n projekbestuurder by die betrokke maatskappy. Die rede vir die ontslag was tweeledig. Eerstens het die werkgewer beweer dat die werknemer versuim het om sy pligte uit te voer en tweedens is daar beweer dat die werknemer die maatskappy se reputasie geskaad het. “Die werknemer is gelukkig ’n lid van

Solidariteit. Ons het die lid bygestaan en die kommissaris het bevind dat die lid aan albei klagtes onskuldig is,” het Adéle Botha, ’n litigant van Solidariteit Regsdienste se algemene litigasie-afdeling, gesê. Ter vergoeding is ses maande se salaris, wat byna R50 000 beloop het, aan die lid toegeken. JONG WEDUWEE KRY GOU PENSIOEN ’n Weduwee in Evander het ná die tragiese dood van haar man haar pensioen binne vyf maande ontvang. Die man was ’n vragmotorbestuurder en het ondersoek ingestel nadat die vragmotor se enjin probleme gegee het. Die enjinkap het op hom geval en hy is daarna oorlede. Die man (22) laat sy 20-jarige vrou en eenjarige kind agter. Solidariteit Regsdienste se afdeling vir beserings aan diens het die weduwee bygestaan om ’n eis vir pensioen te registreer. Solidariteit het die nodige dokumente spoedig deurgestuur en namens die weduwee volgehoue druk op die vergoedingskommissaris geplaas om te verseker dat die pensioengeld so gou moontlik uitbetaal word. Pensioenuitbetalings kan maklik sloer en neem gewoonlik een tot twee jaar voordat dit uitbetaal word. Solidariteit Regsdienste was daar om in ’n tyd van nood ’n daadwerklike verskil te maak. S

nommer 4 van 2010

66

REGSDIENSTE BIED BOBAAS-WEBTUISTE Klik op www.regsdienste.co.za vir jou eenstopdiens in arbeidsreg: • Skerp jou kennis op oor arbeidswette. • Lees weeklikse regsvrae wat beantwoord word. • Bestudeer voorste navorsingsartikels deur verskeie advokate. • Sien die sektorale vasstellings van minimum lone. • Skakel regstreeks met Solidariteit se regsafdeling. • Lees die jongste artikels oor arbeidsreg. • Maak gebruik van waardevolle skakels na die KVBA, Juta Law en nog vele meer. Solidariteit-lede moet beslis van dié webtuiste gebruik maak, aangesien belangrike kennisgewings rakende werkgewers hier kan opduik. Bemagtig jouself deur op die hoogte van jou regte te bly. Jy kan selfs agteroor sit en na video’s en foto’s kyk.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



die lees werd

Reise, rillers, raad vir leesgeesdriftiges Met die Sokkerwêreldbeker en die klank van die vuvuzelas nog vars in die geheue, kyk ons in die gees hiervan na die wonders wat Afrika bied. Die winterkombersweer noop ons ook om ’n spanningsverhaal nader te trek. En in ’n tyd wat kinders al meer blootgestel is, is daar ook ’n moet-hê-boek vir elke ouer. VEILIG EN VREESLOOS Naomie van Wyk

Ons lees gereeld in die koerante van kinders wat misbruik is deur familielede, onderwysers, vriende en vreemdelinge. Veilig en vreesloos (R100) bied aan ouers die basiese beginsels en veiligheidsmaatreëls om kinders teen seksuele misbruik te beskerm. Die boek fokus nie op die terapie en behandeling van kinders wat reeds seksueel misbruik is nie, maar op die voorkoming daarvan. Die boek sluit onder meer in: • Feite en statistiek oor seksuele misbruik; • ’n oorsig van wat seksuele misbruik is en hoe die oortreder lyk; • persoonlike veiligheid in elke ontwikkelingsfase – van die voorskoolse tot tienerfase; • internet- en selfoonveiligheid; • raad indien seksuele misbruik plaasgevind het; • hulpbronne; en • hoe om te verhinder dat jou kind self ’n seksuele oortreder word.

VUURVRETER

WONDERLIKE AFRIKA Dawid van Lill Wou jy nog altyd deur Afrika toer of wens jy soms net jy kon ’n bietjie meer weet van die vasteland en sy mense? Wonderlike Afrika (R200) bied ’n oorsig van Afrika – die lande, die mense en algemene agtergrond. Lees oor verskillende lande se kultuur, klimaat, musiek, samestelling en ander interessante feite. Leer meer oor elke land se vlag, landswapen, geldeenheid, tale en ander algemene inligting. Die kleurfoto’s regdeur die boek sorg vir ’n opwindende ontdekkingsreis op jou sitkamerbank. Hierdie bygewerkte en hersiene uitgawe van dié gewilde boek wat in 2005 verskyn het, kan help met skooltake. Dit kan jou algemene kennis verbreed en sal jou gaste beïndruk wanneer jy dit op die koffietafel sit.

Leon van Nierop Henno Barnard woon en werk heel rustig op sy rivierboot aan die Botswana-kant van die Choberivier. Hy fotografeer die dierelewe vir die natuurleweprogram van die SABC. Wanneer hy hoor die program word gestaak, bied die beeldskone en gevaarlike Kim Joubert, ’n vervaardiger van Johannesburg, aan om hom te kom touwys maak oor ’n nuwe afsetgebied vir sy insetsels. Sy werk is glo goed, sê sy, maar nog nie op standaard nie. Dit kort drama. Daarvan kry Henno skielik sy volle kwota. Verskeie moorde word in die omgewing gepleeg en Henno besef dat almal nie is wie hulle voorgee om te wees nie. Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer wat reeds 23 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale en akademiese boeke. Vuurvreter (R150) stel beslis nie teleur nie.

Om dié of ander Afrikaanse spogboeke van LAPA Uitgewers te bestel, skakel 012 401 0700 of klik op www.lapa.co.za

nommer 4 van 2010

68

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

s FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Skuldprobleme hier met menslikheid opgelos

kuld vreet nie net ’n gat in jou sak nie, maar ook in jou gemoed. Terwyl duisende mense verkies om op hulle eie stoom oplossings vir hul skuldprobleme te soek, lewer dit telkens nie die gewenste resultate nie en beland hulle selfs dieper in die maalkolk van skuld. Dit, meen Theresa Postma, skuldberader van Theresa Skuldberaders, hoef nie die geval te wees nie. Sy hou vol dat mense by ’n geregistreerde skuldberader moet aanklop sodra hulle opmerk dat hul begrotings nie meer klop nie. Teen dié tyd is daar reeds skuldprobleme, maar as dit vroegtydig aangepak word, sal dit waarskynlik met groter welslae bestuur kan word. Theresa se kundigheid, kennis en menslikheid is waarskynlik die rede vir die gemoedsrus wat kliënte ervaar wat met skuldprobleme by haar aanklop. Theresa, ’n

praktiserende prokureur, doen moeite met elke saak juis aangesien kliënte hier nie net ’n gesiglose nommer is nie, maar ’n individu met unieke omstandighede en behoeftes. Sy glo kliënte moet deurentyd ingelig bly van elke tree wat in die skuldberadingsproses geneem word. “Kliënte is dikwels ontevrede met die diens wat hulle by skuldberaders ontvang omdat daar nie doeltreffend gekommunikeer word nie. Daarom word baie sorg aan die dag gelê om te verseker dat kliënte presies weet hoe die proses vorder,” sê sy. Sy beklemtoon dat die koste van skuldberading mense nie moet afskrik nie. Die stelsel is juis ontwerp vir mense wat nie geld het nie en daarom is tariewe deur die Nasionale Kredietreguleerder vasgestel. Te veel skuld is nie die einde van die wêreld nie en Theresa voel bevoorreg om deel van die oplossing te kan wees.

• Voel jy moedeloos oor jou finansies? • Is jou finansies ’n nagmerrie wat jou dag en nag bekommer? • Kom jy nie meer by al jou verpligtings uit nie? • Moet jy aan noodsaaklikhede soos kruideniersware sny om by jou skuldverantwoordelikhede uit te kom?

Klop aan by Theresa Skuldberaders en raak ontslae van jou skuld op die verantwoordelike manier. Eerste konsultasies is gratis. Kontak Theresa Skuldberaders by 012 803 9928 of 084 505 3069 of stuur ’n e-pos na theresa@meyerventerpta.co.za.


histories gesproke

Die verhaal van Lizzie van Zyl (en ander)

l

Deur Ilze Nieuwoudt

izzie van Zyl se uitgeteerde liggaampie spreek boekdele. Dié sewejarige Boeremeisie is in die geskiedenisboeke verewig juis vanweë haar bittere lyding en dood wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Bloemfonteinse konsentrasiekamp afgespeel het. Lizzie is vandag die simbool van die lyding wat derduisende kinders gedurende die oorlog moes deurmaak. Haar verhaal is een van wreedheid en tot vandag toe nog bring die bekende foto van Lizzie op haar sterfbed die werklikheid tuis van die ongeregtigheid wat teenoor kinders gedurende die oorlog gepleeg is. Die Britse aktivis Emily Hobhouse, wat vanaf Januarie tot Junie 1901 ses verskillende konsentrasiekampe besoek het, het ook besoek afgelê by die Bloemfontein-kamp. Dit was hier waar sy die sterwende Lizzie teëgekom het. Oor dit wat Emily gesien het, skryf sy later breedvoerig. Sy vertel dat sy Lizzie gereeld gesien het waar sy op ’n klein matrassie al hygend na asem gelê het. Emily het opgemerk hoe Lizzie se ma, met die min wat sy tot haar beskikking gehad het, probeer het om na haar dogter om te sien. Sy skryf ook later oor Lizzie: “Sy was ’n brose, verswakte klein kindjie wat desperaat goeie sorg nodig gehad het. Maar omdat haar ma een van die ongewenstes was – aangesien haar pa nie oorgegee het of sy mense verraai het nie – was Lizzie op die laagste rantsoen geplaas. So het sy gekwyn van die honger en ná ’n maand in die kamp is sy na ’n nuwe klein hospitaal oorgeplaas. Hier is sy wreed behandel. Die Engelse dokter en sy verpleegsters het nie haar taal verstaan nie en sy kon nie Engels praat nie. Hulle het haar as ’n idioot bestempel hoewel daar niks met haar verstand geskort het nie. Die een dag het sy neerslagtig na haar ma geroep waarna ’n mevrou Botha na haar geloop het om haar te vertroos. Dié het die kind vertel dat sy gou weer haar ma sou sien, maar Botha is deur een van die verpleegsters onderbreek wat haar vertel het dat die kind ’n lastigheid was.” Lizzie is kort ná hierdie voorval oorlede. Die foto van die sterwende Lizzie is in ’n stadium aan die Britse media versprei en hoewel Emily se doel was om die omstandighede in die konsentrasiekampe oop te vlek, het sy in haar tuisland baie teenkanting

“Sy was ’n brose, verswakte klein kindjie wat desperaat goeie sorg nodig gehad het.” – Emily Hobhouse ontvang. Sommige het selfs teen Lizzie se ma en ander soos sy uitgevaar en moeders van wreedheid teenoor hulle eie kinders beskuldig. Daar is met alle mag en mening gepoog om mense in Brittanje te oortuig dat die skuld vir die lyding en uithongering eintlik op die Boere-moeders geplaas moet word. Daar is selfs gemeen dat dit weens die moeders se eie onnoselheid en agterlosigheid gebeur het. Die foto van Lizzie van Zyl op haar sterfbed is in die Bloemfonteinse konsentrasiekamp geneem. In haar arms lê ’n klein porseleinpoppie wat volgens oorlewering deur Emily Hobhouse aan Lizzie gegee is. Luidens ’n navorsingstuk wat deur navorsers aan die Universiteit van Kaapstad oor die konsentrasiekampe opgestel is, is Lizzie in Mei 1901 oorlede. Die studie beklemtoon dat aangesien kampregisters by die Bloemfontein-kamp nie goed bygehou is nie, is dit nie presies seker wie Lizzie was nie. Daar word egter beweer dat sy Elizabeth Cecilia van Zyl was wat oorspronklik van die plaas Twitsniet in die Ventersburg-omgewing afkomstig was. Lizzie was luidens navorsing een van sewe kinders en deel van ’n bywonersgesin. Ten tye

nommer 4 van 2010

70

van Lizzie se dood was haar ma 31 jaar oud. Lizzie was nie die enigste kind in die Van Zylgesin wat gesterf het nie. Teen Februarie 1902 sterf Hester Wilhemina (wat waarskynlik Lizzie se suster was) en in Maart 1902 het haar boetie Hermanus Egbert gesterf. Lizzie is in 1901 in die Bloemfonteinse konsentrasiekamp oorlede. Die kampstelsel het tot die dood van nagenoeg 28 000 Boere gelei. Hiervan was nagenoeg 22 000 kinders. Daar is tydens en ná die oorlog baie geskryf oor die haglike omstandighede in die kampe asook die hospitale waarin Boere behandel is. In die boek Stemme uit die Verlede word die ervaring van vroue in die oorlog oorgedra. Die een verduidelik: “Ons is banger vir die hospitale as vir die dood.” Nog ’n persoon skryf oor die kampe: “Dit het dikwels gebeur dat pasiënte wat slegs ’n geringe siekte onder lede gehad het, met geweld van die protesterende moeder of familielede se tente weggehaal is om hospitaal toe vervoer te word. Ná ’n paar dae is hulle meestal grafwaarts gedra.” ’n Ander sê: “Dit was eenvoudig ’n wonderwerk as ’n kindjie na die hospitaal gegaan en weer lewend uitgekom het.” S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


histories gesproke

Klein Kerkie met die groot storie van troos, erfenis

i

Deur Grietjie Swanepoel

n Nylstroom staan daar vandag ’n kerkmuseum wat in die omgewing as die Klein Kerkie bekendstaan. Dié kerkgebou en -museum is op die terrein van Gereformeerde Kerk Waterberg (op die hoek van Kerk- en Calvynstraat) en het ’n unieke en kleurryke geskiedenis. Die nuwe kerkmuseum is op 14 Februarie 2009, tydens die 150-jarige feesvierings van die Gereformeerde Kerke van SuidAfrika (GKSA), in gebruik geneem. Sover bekend huisves dié museum die enigste uitstalling oor die geskiedenis van die Bybel in Suid-Afrika. Daar is ook ses ander uitstallings wat die geskiedenis van die kerkie en die gemeente van die Gereformeerde Kerk Waterberg sedert 1859 uitbeeld. Die kerkie is oorspronklik in die vorm van ’n T gebou en is op 23 November 1889 feestelik in gebruik geneem met pres. Paul Kruger as een van die eregaste. Die totale koste vir die oprigting van die kerk was £765 (oftewel R1 530). Die maak van die preekstoel het £65 gekos en die kerkbanke £7 en 5 sjielings. Met die ingebruikneming van die gebou was daar volgens kerkbronne 323 belydende en ’n onbekende aantal dooplidmate in die gemeente. Tydens Nagmaal was dié kerk en terrein behoorlik ’n miernes van bedrywighede en ossewaens het van tot 300 km ver ingestroom vir die geleentheid. Paaie vanuit die noorde moes soms oopgekap word om by Nylstroom uit te kom. Nagmaal was kampeertyd, kuiertyd en feestyd waar kerkmense byeengekom het en waarvoor daar lank vooraf beplan is. Meel, ingelegde vrugte, soutvleis, biltong, beskuit, botter en selfs speelgoed vir die kinders is ingepak vir die kamp langs die Klein Kerkie. Teen 1898, kort voor die Anglo-Boereoorlog, was die kerkie te klein en is aanbouings aan die noordelike vleuel gedoen. Geskrewe rekords oor die tyd van die Anglo-Boereoorlog ontbreek egter. Wat wel bekend is, is die feit dat die Klein Kerkie in die oorlogstyd deur die Engelse gebruik is om vroue en kinders gevange te hou. Later is die kerkgebou as hospitaal en die konsistorie as lykshuis gebruik. Op 31 Mei 1901 word die Nylstroom-konsentrasiekamp reg langs die Klein Kerkie geopen. Nagenoeg 540 mense is uiteindelik in dié tyd van onbeskryflike leed en lyding in hierdie kamp oorlede. Familie is nie toegelaat om hul siekes te versorg nie en pasiënte het weens onder meer verwaarlosing en hongerte gesterf. Die doel van die Klein Kerkie-kerkmuseum is om die waarheid van die Bybel uit te dra. Dieselfde Bybel wat ons voorouers deur swaar tye, oorlogellende, droogtes en armoede gedra het, is steeds met ons. Dit is ons troos. Die Klein Kerkie is dus ’n monument met ’n klein begin, maar met ’n groot troos en erfenis vir vandag. S number 4 of 2010

71

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


tot u diens

Kantore – legendaries, lojaal en landwyd! BELLVILLE

KATHU

Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Mike Goussard Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4478 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

RUSTENBURG

Gert van Wyk Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Kathu

BOKSBURG

Theunis van Staden, Johan Nell Administratiewe beampte: Christelle Grobler Tel: 014 592 4336 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg

NEWCASTLE

Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Straatadres: Rondebultweg 232, Libradene

Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE

SECUNDA Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR

Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Tel: 012 644 4300 Tel: 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za Webwerf: www.solidariteit.co.za Straatadres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046

DESPATCH

PIETERSBURG

Piet Veldtman, Wynand Strydom Administratiewe beampte: Marlene Veldtman Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch

ELLISRAS

Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171/011 252 7271 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

PRETORIA

Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

Jack Loggenberg, Jahni Cowley, Keith Rossouw, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville

KLERKSDORP

WELKOM Coen Schoonraad Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum

RICHARDSBAAI

Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoringlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp

Fanie van Huyssteen Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe Tel: 035 789 0968/9 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Liralinkstraat, Eenheid 7, Montego Park, Richardsbaai

nommer 4 van 2010

72

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


stilw(o)ord

o

FOTO’S: YOLANDÉ TERBLANCHE; iSTOCKPHOTO.COM

’n Plek waar die blare genesing bring

ns voete knars op die kerkpaadjie op pad na die hekkie. Op die sypaadjie dwarrel die wind droë blare rond. Die kerkklok slaan een maal hard, finaal. Ek kyk op na die kerktoring; verwag half dat die uur iets dramaties soos halftwaalf gaan wees – maar nee, dis maar net halftwee. Halftwee op ’n gewone Woensdagmiddag. Die lewe gaan voort, ons moet huis toe. Die begrafnis is verby. Begrafnis. Die woord voel so heeltemal uit pas met ’n jong lewe. Sokkie, gradeplegtigheid, verjaarsdag, toets – dit is almal tog woorde wat eerder sinoniem is met die lewe van ’n jong seun; nee, ’n jong man op universiteit. En was hy nie pragtig nie! In die kerk het ek gesit en blaai deur die foto-collage in die begrafnisbrief. Gelukkig dat ek by voorbaat ’n stewige voorraad snesies in my baadjiesak gesteek het, want die trane het onwillekeurig gerol toe ek na die foto’s kyk. Die blonde seuntjie met die diepblou ogies. Saam met sussie Jolani. Fris matriekseun met wit hemp en skooldas. Matriekafskeidfoto. Laggend saam met maats in lawwe situasies; duidelik besig om die lewe te geniet. Foto’s so pynlik soortgelyk aan my eie seun se foto’s wat hy so gereeld op die rekenaar vir my wys. Kyk Ma, dit is nou so en so. Hier het ons so gelag, want... Sien Ma daardie ou, hy is in ons gang... Daar is boodskappies ook in die begrafnisbrief. Hulle veroorsaak so ’n aanslag op my snesie-voorraad dat ek hulle nie klaar kan lees nie. Die eerste een is van sy beste vriend. Ek kom net by die eerste sin uit: “Hey ou, hoe kan jy my alleen los...” begin dit. Ek maak die begrafnisbriefie liewer toe, en sien Ria (sy ma) sê: “Seuna”, begin dit, “Gelukkig het ek en jy ons prate gepraat toe jy nog gelewe het.” Verder as dit kry ek ook nie gelees nie. In die kar op pad terug dink ek aan myself, en aan soveel ander mense met pragtige, lewende jong kinders. Leef jy elke dag met hulle asof dit die laaste dag is? Praat jy jou prate? Doen jy jou doene? As die Here hulle kom haal, sal jy met vrede in jou gemoed kan sê: “Ek het alles gedoen wat ek kon om hierdie kind vir U gereed te kry”? Sal jy spyt wees oor verspilde tyd; oor verkeerde prioriteite; oor vrae wat nie beantwoord is nie; oor ’n aanraking of mooi woorde waarvoor dit nou te laat is?

STILWO ( O ) R D marietha malan Meer as tweeduisend jaar gelede het die geboë figuurtjie van ’n ma langs die kruis gestaan waaraan haar Seun gespyker is. Hy het Sy kop gelig en haar hartseer gesien. Sag spreek Hy haar aan; vra Sy beste vriend om na haar om te sien. Joh. 19:27: “Daarop sê Hy vir die dissipel: ‘Dáár is jou moeder!’ En

number 4 of 2010

73

van daardie uur af het die dissipel haar in sy huis geneem.” Toe Hy sterf, roep Hy: “Dit is volbring!” Dit was drie-uur, die middel van ’n gewone middag. Tog het dit pikdonker geword, en in die tempel het die voorhangsel vanself middeldeur geskeur. Dit is volbring... sodat jy, Diaan, nie die donker nie, maar die lig kon tegemoetgaan. Sodat jy na ’n plek toe kon gaan waar daar geen droë blare ronddwarrel nie. ’n Plek waar die bome altyd groen bly; waar die blare van die boom van die lewe vir almal genesing bring. ’n Plek waar die klokke aanhoudend beier; die kore vir altyd sing en jeug en lewensvreugde totaal iets anders as hier op aarde is. ’n Plek waar daar geen begrafnisse is nie. En ons? Vir ons is dit nog nie tyd nie. Dis nou eers halftwee. Ons moet nog hier lewe; ons moet nog hier werk. Ons moet nog kinders grootmaak. Ons moet nog lag en liefhê, bid en huil. Ons voete knars op die paadjie na môre. Here, wees U vir ons die middagson in die winter sodat ons U warmte met mekaar kan deel terwyl ons tyd het; voordat die blare aan ons aardse boom verdroog en in die wind ronddwarrel. Voor die winter. En voor die begrafnis. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a





Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.