ECONOMY * * *
232 000 jobs shed in 6 months The truth about transformation Occupational injuries crippling the economy
KLIM SÓ WERKBERG MAKLIKER
SKOOLSTELSEL LAAT KINDERS IN DIE STEEK
MISDAAD:
TYD VIR BLAF IS NOU VERBY NUWE VROUEGROEP PAK VRAAGSTUKKE
NR. 5 VAN 2010 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE
I SSN 1683562 -X
9 771683 562000 www.solidariteit.co.za
SKUIWE NODIG VIR SA OM SUKSES TE SMAAK
>>> INhoud N O M M E R
5
V A N
2 0 1 0
10
gereeld 6 7 8 46 64 66 68 70 71 73
INTRAPSLAG: As ’n familielid tereggestel word KUBERKLETS: Hieroor word gegons SPREEKBUYS: Democratic labour dispensation important for democracy and economy MY WERK: Pakket bied nie noodwendig vryheid ARBEIDSAKE: Vakbond ’n veilige vesting vir SAPD-lede JY & DIE REG: Poligraaftoetse: Die jongste modewoord (Deel II) DIE LEES WERD: Trap saam woordspore deur die veld HISTORIES GESPROKE: Paul Kruger: Staatsman, leidsman, Godsman HISTORIES GESPROKE: Uniegebou ’n gewilde besoekersbestemming STILW(O)ORD: Vir Hom maak selfs ’n piekie ’n reuse-verskil
nuuswaardig
14
60
10 12 14 16 18 20 22 23 24 25 38 40 41 42 44 50 54 55 55 55 55 56 57 58 60 62
Skuiwe nodig vir SA om sukses te smaak 15 skuiwe om SA ’n wenland te maak Groei sal moeilik weer 6% haal 232 000 jobs shed in 6 months Entrepreneurskap: Leiding en lesse Misdaad: Tyd vir blaf is nou verby Raak betrokke, beskerm gemeenskap só Leer by mekaar om misdaad hok te slaan Skoolstelsel laat kinders in die steek Moenie Afrikaanse musiekfees misloop Nuwe vrouebeen vir Helpende Hand Om vir ander ’n hoopvolle toekoms te help skep Navorsing oor minderbevoorregte kleuterskole skok Sprokie gee dié heldinne weer selfrespek Twee Solidariteit-helde sterf in vliegongeluk AfriForum se Willie (die) Spies in talle se vlees Dag in skoene van ’n Sol-Tech-student Kollege spog met 100%-slaagsyfer Sol-Tech-rugby hou oog op bal 258 studente by werkgewers geplaas Sol-Tech bars uit sy nate Só kan jongmense werkberg makliker klim Philip Minnaar: Die man, die studie, die oplossing The truth about transformation Occupational injuries crippling the economy Kosmetiese chirurgie en siekteverlof
vakbondfokus 26 52 72
Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor die bedrywe waarin Solidariteit funksioneer Lidmaatskap: ’n Wen-wen-vennootskap Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep
20
GEFOKUS Lees vanaf bladsy 37 hoe Helpende Hand ’n daadwerklike verskil maak.
redakteursbrief
As ’n familielid tereggestel word
w
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE
at sal jy doen as jou broer in teregstellingstyl vermoor word? Wat sal jy doen as hy weerloos kyk hoe die pistool op hom gerig word en dan koelbloedig in die kop geskiet word? Sal jy bloot daarvan kennis neem en met jou dagtaak aangaan? Koos Daffeu, ’n Solidariteit-lid, boer en kontrakteur by Medupi, is onlangs koelbloedig op pad werk toe in ’n aanval sowat 5 km buite Ellisras vermoor. Sy aanvallers het hom by ’n laagwaterbrug voorgelê en op hom begin skiet. Koos is gewond, maar kon daarin slaag om weg te jaag. Sowat 600 m verder het hy egter beheer oor sy motor verloor en dit het dr. dirk hermann omgeslaan. Hier het sy aanvallers hom koelbloedig in teregstellingstyl doodgeskiet. Wat my veral van Koos se moord geskok het, is dat mense bloot daarvan kennis geneem en met hulle werk aangegaan het. Daar was geen woede-uitbarstings oor sy dood nie. Geen betogings in die straat nie. Koos was ’n lid van die Solidariteit-familie. Ja, dit is hoe ons onsself altyd beskryf: ’n Familie. Maar sal ’n familie bloot daarvan kennis neem indien ’n broer in die familie tereggestel word? Indien ons werklik aan mekaar gebind was, sou ons woedend op Koos se moord gereageer het. Ons sou e-posse rondstuur en mense sou druk op ons geplaas het om ’n eendagstaking te reël. Ons mag mos nie toelaat dat so iets met ’n familielid gebeur nie! My oproep aan die lede van Solidariteit is dat ons weer ons familieband moet versterk. Ons moet omgee vir mekaar; uitreik na mekaar. Mense moet weet: Jy sukkel nie met hierdie familie nie. Solidariteit moet weer die krag ontdek wat daar in dié familie opgesluit is. Ons sal verstom wees oor hoe sterk ons kan word indien ons werklik solidariteit in mekaar vind. Ek is van hierdie uitgawe af redakteur van Solidariteit Tydskrif. Die tydskrif is ’n instrument waardeur ons aan mekaar gebind word. Ek wil graag aan die begin van my redakteurstermyn die vorige redakteur, Jaco Kleynhans, van harte bedank vir die uitstekende werk wat hy gedoen het. Hy het die krag van mekaar verstaan en die tydskrif doeltreffend gebruik om ons aan mekaar te bind. Baie sterkte, Jaco, met die nuwe uitdagings op jou lewenspad. Jy en Magdaleen sal altyd deel van die Solidariteit-familie bly.
FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM
INTRAPSLAG
DR. DIRK HERMANN REDAKTEUR
H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 REDAKTEUR ■ EDITOR Dr. Dirk Hermann NUUSREDAKTEUR ■ NEWS EDITOR Moira-Marie Kloppers FOTOREDAKTEUR ■ PHOTO EDITOR Reint Dykema WEBREDAKTEUR ■ WEB EDITOR Daleen de Jager ADVERTENSIES ■ ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree TAALVERSORGING, VERTALING ■ LANGUAGE EDITING, TRANSLATION Chalize Moran, Anesta van Eeden INTEKENARE ■ SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ■ ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS ■ CONTRIBUTORS Marietha Malan, Paul Joubert, Phil Davel, Magdaleen Kleynhans, Reint Dykema, Daleen de Jager, Ilze Nieuwoudt, Moira-Marie Kloppers, Francois Calldo, Surika van Schalkwyk, Charl Oberholzer, Danie Langner, Marnia Verwey, Paul Mardon, Hanlie van Vuuren en Jaco Kleynhans UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE
tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK ■ PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING ■ DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
nommer 5 van 2010
6
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
kuberklets
POSBUS
K UBERKLETS hieroor word gegons
Solidariteit se sosiale media woel met menings, raad, voorstelle en kommentaar! Daar is reeds duisende vriende wat deel geword het van Solidariteit se groepe op Facebook, wat AfriForum, AfriForum Jeug, Sol-Tech en Helpende Hand insluit. Hou aan kommentaar lewer, Solidariteit hou sy ore gespits!
Aansluiting net ’n SMS ver!
Dorie de Lange skryf: Ek wens ek kon vandag vir die hele wêreld vertel van die uitstekende diens wat ek ontvang het. Ons leef in ’n land waar ’n mens dikwels voel dat die woord diens ’n vloekwoord geword het. Ek het vanoggend Solidariteit se eiseafdeling geskakel en het binne ’n halfuur nadat my geyser gebars het resultate gekry. Die loodgieter het byna ’n uur voor ons afspraak opgedaag en blitsvinnig die geyser vervang. Dít is wat ’n mens diens noem! Baie dankie, Solidariteit dat mense en diens by julle steeds voorkeur geniet!
Deidre DelVecchio: Hoekom is die eerste video nie ook verban nie? Kommentaar op AfriForum Jeug wat ’n bord “Welkom in Pretoria” langs die N1-hoofweg opgerig het:
Armoede en diskriminasie: Joretha van Zyl: Die armoede is baie erg, maar talle van die mense wat met bordjies by verkeersligte staan, is nie bereid om te werk as jy hulle ’n geleentheid aanbied nie. Maureen Spangenberg: My dogter was in ‘n klas met een Engelse student en meer as 60 Afrikaanse studente. Die klas is in Engels aangebied en versoeke om iets in Afrikaans te verduidelik, het op dowe ore geval. Boonop is die dosent Afrikaanssprekend! Reaksie op die nuwe UV-video:
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
Johan Verwey: Solidariteit moet werk maak van die video en dit aan die groot klok hang. Laat dit sommer lekker hard en duidelik lui. Hulle weet mos ’n swaard het twee snykante.
Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en jou vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.
A. Oberholzer skryf: Ek het in 2005 probleme by my werkgewer, Porterville Wynkelder, begin ondervind, nadat ons met die Tulbagh Wynkelder saamgesmelt het. My werkomstandighede het só onaangenaam geword dat ek in 2008 met Ettiene Pio by die Bellville-kantoor kontak gemaak het. Ettiene het my gehelp om my werkgewer oor die probleme te nader en ’n baie goeie pakket help beding. Die pakket het my eindelik aan die lewe gehou terwyl ek ’n klein onderneming op die been gebring het. Ek is vandag steeds ’n trotse lid van Solidariteit en meen die vakbond lewer ’n onmisbare bydrae tot ons samelewing.
Christo Jansen van Rensburg: Baie goed, julle! Bel my as ek volgende keer kan kom pik swaai. Louise Jacobs: Welgedaan! Ons behoort almal saam te staan en stappe soos dié te doen. Hulle moet begin luister. Henk Joubert: Mooi so ouens, maak die wêreld wakker! Sowat 150 vrywilligers het tydens die staatsdiensstaking by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria gehelp: Jan & Gretel: Julle is wonderlike mense! Mag julle vanaand rustig slaap in die wete dat God glimlag.
Marisa Hugo: Ek dink die vraag wat op almal se lippe is, is: Wat gaan nou gebeur?
Wilhelm Thom: Baie dankie, Solidariteit. As ek gewerk het, sou ek beslis aan ’n vakbond soos Solidariteit behoort het.
Arno Blignaut: Wonder maar net hoe laat ’n boerseun hom so verneder? Dit sal mos nie omgekeerde apartheid genoem word nie, eerder regstellende aksie.
Elmarie Hechter: Wat sou ons sonder Solidariteit gedoen het? Hopelik sien almal dat ons tog kan saamstaan. Die vrywilligers verdien bosse blomme en drukkies!
number 5 of 2010
Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na ilze@solidariteit.co.za. Die redakteur behou hom die reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie.
7
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
spreekbuys
Democratic labour dispensation
ILLUSTRATION: iSTOCKPHOTO.COM • PHOTO: REINT DYKEMA
t
important for democracy and economy
he core of democracy is that everyone should be represented and heard, not only the majority party. A political party only needs 1% of the support to obtain parliamentary representation because the essence of democracy is inclusion, which rests on the principle of freedom of association. This is taken for granted in the political democracy, and someone suggesting that only the majority party should be represented would be regarded as undemocratic and ridiculous. Even Robert Mugabe allows opposition parties. But in the industrial democracy, it is sometimes different. There one will find a growing insistence in some circles that only the majority trade union should be represented in the workplace. This would mean that whereas a party could obtain parliamentary representation with only 1% of the support, only a trade
union that enjoys more than 50% of employees’ support is recognised. This stems from Cosatu’s 1985 “one industry, one union” policy that is advocated by some trade unions in certain places. This policy has its roots in the communist era with its system of “one country, one party and one trade union”. The aim of trade unions was to fight the class battle in the workplace in a time when the working class was regarded as the only valid grouping among working people. REALITY However, communism imploded exactly because it clashed with reality. That is why our country’s Constitution makes provision for forming groups in terms of freedom of association. Therefore, a system that wants to force everyone into a single trade union is just as unconstitutional as a one-party political system.
nommer 5 van 2010
8
SPREEKBUYS
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
flip buys
spreekbuys
“It is not democracy if two wolves and one sheep decide by a majority vote what to have for lunch!” ~ Dr Frederik Van Zyl Slabbert ~ Freedom of association is at the core of democracy because people have diverse opinions on politics, economics and trade unions. In fact, democracy means that not everyone has to agree and belong to a single organisation. It actually gives everyone the right to disagree and to make an individual decision on which organisations to join. Trade unions that want to artificially increase their power, membership base and income by trying to abuse legislation in an attempt to force employees to join the union against their will are acting completely contrary to the spirit of democracy, the Constitution and the International Labour Organisation. They are trying to abuse the law in order to do what they cannot achieve by recruiting members democratically. An ideology is given preference over the interests of employees. DETRIMENTAL It is impossible to have an undemocratic, onetrade-union labour dispensation in a demo-
cratic country. Just as a one-party political democracy would have disastrous consequences for the country, a one-trade-union labour dispensation would be detrimental to the country, the economy and the democracy. A one-trade-union system would, in effect, be worse, because the majority trade union could force workers by means of an agency agreement to join it or to pay a levy to the trade union. The majority trade union would therefore have the monopoly in the workplace at the expense of other interest groups and workers’ right to freedom of association. Should such a trade union go on strike, workers that were forced to join the trade union would be part of the strike, even if they were opposed to it. In some workplaces where only one trade union is recognised, there are instances of high wage demands. High wage increases have a shortterm benefit. The labour costs linked to a high wage increase inevitably lead to a decrease in employment and even layoffs, of which mainly entry-level employees bear the brunt.
POLITICS The effects of an undemocratic labour dispensation go beyond the workplace. Cosatu has a formal alliance with the Communist Party. As a result of the system that compels workers to join Cosatu, those workers are indirectly part of that alliance. The workers therefore help to fund an organisation with which they might disagree drastically. Fortunately, most trade unions and employers realise that such an undemocratic system ultimately creates an imbalance and is not in the best interest of the country. Nonetheless, there have been instances where employers and trade unions have colluded to drive out smaller trade unions. The excuse given is usually that working with only one trade union is easier. However, a democratic system works better. It may be easier to negotiate with only one trade union in certain cases, but the “price” of democracy is participation by minority groups. Dr Frederik Van Zyl Slabbert said that it is not democracy if two wolves and one sheep decide by a majority vote what to have for lunch! Even Robert Mugabe is beginning to come to the same realisation. S
nuuswaardig
Skuiwe nodig vir SA om sukses te smaak
o
Deur Jaco Kleynhans
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
ns hoor gereeld van die potensiaal wat in Suid-Afrika opgesluit lê, maar vir byna die helfte van Suid-Afrika se bevolking is daardie potensiaal iets onbereikbaar ver en gaan die lewe meer oor oorlewing as oor toekomstige geleenthede. Volgens die Suider-Afrikaanse Plaaslike Armoede-netwerk leef meer as 50% van Suid-Afrika se bevolking in erge armoede. Met byna 1 miljoen Suid-Afrikaners wat hul werk sedert die vierde kwartaal van 2008 verloor het, is tussen 30% en 40% van SuidAfrikaners wat ekonomies aktief moet wees, tans werkloos. Indien ’n mens oor die afgelope 16 jaar van demokrasie in Suid-Afrika terugkyk, is daar baie lof vir die bestendige politieke oorgang, die instandhouding van demokratiese instellings en die beskerming van menseregte in die land. Maar die keersy lyk nie so gunstig vir ons land nie.
ARMOEDE EN WERKLOOSHEID Die vraag moet gevra word waarom SuidAfrika, ’n land propvol natuurlike hulpbronne en die grootste en sterkste ekonomie op die vasteland, nog nie daarin kon slaag om werkloosheid en armoede doeltreffend aan te pak nie. Volgens Ann Bernstein van die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming, ’n plaaslike beleidsgroep, is Suid-Afrika se swak ekonomiese groei sedert 1994 die sondebok. In die eerste tien jaar ná 1994 het SuidAfrika se per capita bruto binnelandse produk gemiddeld met slegs 1,2% per jaar gegroei, teenoor ander ontwikkelende streke soos Suid-Asië (3,7%) en Oos-Asië (6,2%) waar hoër groeikoerse tot laer werkloosheid en minder armoede aanleiding gegee het. In dieselfde tydperk het Suid-Afrika se uitvoer van nieminerale goedere gedaal. Indien dit dus nie vir ons groot minerale rykdom was nie, kon ons ekonomie dalk selfs gekrimp het! Werkloosheid en armoede is vandag ’n groter probleem in Suid-Afrika as in 1994. Hoewel daar sedert 1994 ’n sterk swart elite in die land geskep is en transformasie in die staatsdiens die grondslag vir ’n swart middelklas gelê het, is armoede onder swart mense in baie gevalle vandag erger as in 1994.
Tussen 30% en 40% van SuidAfrikaners wat ekonomies aktief moet wees, is tans werkloos.
TYDBOM WAT ONTLONT MOET WORD Volgens Bernstein dra armoede by tot die toenemende vlaag misdaad in die land en is werklose mense meer geneig om gewelddadig te reageer wanneer hulle met swak dienslewering en bevolkingsveranderings gekonfronteer word. Met byna 6 miljoen Suid-Afrikaners wat tans werkloos is, sit ons dus op ’n tydbom. Hoewel Suid-Afrika steeds ’n land met groot potensiaal is, is daar sedert 1994 egter groot foute begaan. Dit het verhinder dat die land soos ander ontwikkelende lande wat skielik vryheid ervaar het, ekonomiese groei van ten minste tussen 5% en 10% per jaar kon
nommer 5 van 2010
10
behaal. Oos-Europese lande soos Pole en selfs Afrika-lande soos Angola en Mosambiek is goeie voorbeelde hiervan. WAT IS NODIG? Om Suid-Afrika op ’n wenpad te plaas, moet individuele vryheid vooropgestel word. Gedesentraliseerde gemeenskapsonwikkeling moet ook voorkeur geniet. Die regering moet ophou dink hy kan alles vir almal doen en moet sy kernfunksies om die land te beveilig, mense in nood te help en kinders goeie onderrig te gee, verbeter. • Lees op bladsy 12 hoe Suid-Afrika in ’n wenland omgeskep kan word. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
15 skuiwe om SA ’n wenland te maak
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
Suid-Afrika kan ’n wenland wees. Die regering en veral die ANC moet egter ophou om alles te wil beheer. ’n Samelewing waar mense die geleentheid gegee word om self ’n beter lewe te skep, is op die lang termyn ’n beter samelewing as een waar ’n regering aan sy mense voorskryf hoe dinge moet werk. Ons kan maar net hoop dat die ANC hierdie feite sal begin besef. Intussen moet burgerlike organisasies uitgebou word om solank self van hierdie dinge te laat gebeur, berig JACO KLEYNHANS.
Formaliseer die informele sektor Deur infrastruktuur en finansiering aan klein sakeondernemings in die informele sektor te verskaf, kan dié ondernemings in formele ekonomiese eenhede omgeskep word wat tot ’n groter belastingbasis aanleiding kan gee.
Staak grondhervorming Opkomende swart boere moet ondersteun word met opleiding en finansiering, maar grondhervorming wat boere verhinder om hul sake uit te brei en wat eiendomsreg in die gedrang bring, moet gestaak word.
Versterk die burgerlike samelewing Organisasies wat op gemeenskapsvlak armoede beveg, siekes bystaan, opleiding bied, skole ondersteun en uitbou, en selfs sekere munisipale en regeringsfunksies verrig, moet ondersteun en uitgebou word.
Ruk die onderwys reg Indien mense nie goeie opleiding het nie, kan hulle net ongeskoolde arbeid verrig. Bemagtiging vind plaas deur goeie skoolopleiding en toegang tot naskoolse opleiding aan alle Suid-Afrikaners te bied.
Ontwikkel gemeenskappe só Gemeenskappe moet deur middel van waagkapitaalfinansiering en belastingverligting aangemoedig word om hulle eie gemeenskappe te verbeter en plaaslike ekonomiese aktiwiteite uit te brei.
Behou onafhanklikheid van die regbank Daar moet gewaak word teen politieke aanstellings op die regbank. Minagting van die regbank kan nie geduld word nie. Wetgewing wat die rol van byvoorbeeld die appèlhof wil verander, moet teengestaan word.
Beloon op grond van produktiwiteit Produktiwiteit in Suid-Afrika is baie laag weens lae opleidingsvlakke en mense wat hoë salarisse sonder teenprestasie ontvang. Produktiwiteit sal bevorder moet word om ons in staat te stel om internasionaal te kan meeding. Die stryd is in werklikheid tussen plaaslike ondernemings en internasionale mededingers.
Lok vaardige diaspora terug Suid-Afrikaners met spesialisvaardighede wat sedert 1994 geëmigreer het, moet teruggelok word. Hulle moet pakkette aangebied word waarvolgens hulle kontraktueel verbind word om vir ’n tydperk in Suid-Afrika te bly. Hulle moet ook die versekering kry dat hulle nie deur regstellende aksie benadeel sal word nie.
Insetgegronde regstellende aksie Regstellende aksie wat op ras en kwotas fokus, moet gestaak word. Persone wat voorheen benadeel is, kan bemagtig word deur gesubsidieerde opleiding en finansiering vir eie sakeondernemings. Die ontwikkeling van entrepreneursvaardighede onder jong swart mense is ook noodsaaklik.
nommer 5 van 2010
12
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Beveiliging van gemeenskappe Gemeenskappe moet die hulpmiddels kry om hulself te beveilig. Die herinstelling van kommando’s kan hiermee help, asook meer regte en vryheid vir gemeenskapspolisiÍringsforums.
Privatiseer sommige regeringsfunksies Ondoeltreffende regeringsfunksies moet geprivatiseer word. Die burokrasie in die regering moet verminder word en die regering moet op sy kernfunksies fokus.
Los media en ander waghonde uit Onafhanklike media en instellings wat as waghond optree om regeringsfoute en korrupsie uit te wys, is onontbeerlik. Staatsinmenging kan buitelandse beleggings ontmoedig.
Maak arbeidsmark meer toeganglik Dit is baie moeilik vir werklose mense om die arbeidsmark te betree weens wetgewing en regulasies soos minimumlone wat werkgewers ontmoedig om meer werkers aan te stel.
Verklein die welsynstaat Byna 15 miljoen Suid-Afrikaners ontvang welsynstoelae, terwyl net sowat 5 miljoen Suid-Afrikaners inkomstebelasting betaal. Dit is nie volhoubaar nie en maak mense lui.
Gee mense eiendomsreg Miljoene Suid-Afrikaners woon in huise en op grond wat aan die staat of munisipaliteite behoort. Die oordrag van eiendomsreg aan diĂŠ mense sal hulle ekonomies bemagtig. S
nuuswaardig
Groei sal moeilik weer 6% haal
d
Deur Paul Joubert
ie gemiddelde reële ekonomiese groei in Suid-Afrika was in die vyf jaar van 1999 tot 2003 sowat 3% per jaar. Suid-Afrikaners het egter in die jare kort voor die resessie gewoond geraak aan ekonomiese groei wat dikwels bokant 6% en selfs bokant 7% geboer het. Die gemiddelde jaarlikse groei van 2004 tot middel-2008 was meer as 5%. Hierdie groeikoers was egter ver bo Suid-Afrika se strukturele langtermynpotensiaal en is deur ’n toename in skuld aangevuur. Nominale privaatsektorskuld in Suid-Afrika het van 2004 tot 2008 skerp toegeneem teen ’n tempo wat byna 70% hoër was as die koers wat van 1999 tot 2003 geheers het.
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
ONVOLHOUBARE VERBRUIK Die feit dat die styging in die land se ekonomiese groeikoers met ’n toename in die hoeveelheid skuld in die land saamgeval het, is nie toevallig nie. Die vraag is egter of die hoër skuld die ekonomiese groei moontlik gemaak het en of dit andersom was. ’n Mens kan verwag dat daar in tye van ekonomiese voorspoed meer skuld aangegaan sal word, aangesien mense in sulke tye meer bates het om as sekuriteit vir lenings aan te bied. Balansstate lyk “gesonder” omdat aandeleportefeuljes en eiendomspryse baie styg, en daarom kan meer skuld aangegaan word. Skuld is natuurlik nie noodwendig sleg nie, mits dit gebruik word om in produktiewe sake te belê. Sodoende kan die skuld gedelg word deur die positiewe opbrengs op die kapitaal. Daar is dan min kans dat die skuldeiser beslag sal hoef te lê op die eiendom wat as sekuriteit gebied is. Indien die skuld egter vir verbruiksbesteding – blink karre, mooi klere en lekker vakansies – gebruik word, staan die ekonomiese groei wat daardeur aangewakker word, op kleivoete. TE VEEL SKULD TEENOOR INKOMSTE Een aanwyser wat toon hoekom die groeiende skuldlas nie kon aanhou klim nie, is huishoudings se skuld-totinkomsteverhouding. Histories het dié aanwyser se vlak tussen ongeveer 42% en 56% gewissel. Van 2004 tot 2008 het dit egter tot ongekende vlakke bokant 80% gestyg. Hoewel mense se inkomste dus gegroei het, het hul skuld terselfdertyd vinniger gegroei. In 2008 was die primakoers 15,5%, die laagste piekkoers van ’n siklus sedert 1978. Die uitwerking daarvan is egter baie erger as in die verlede gevoel, omdat huishoudings meer skuld gehad het. Huishoudings moes in 2008 meer as 12% van hulle inkomste aan rente op skuld bestee. In 1981, toe die primakoers 16% was, moes huishoudings slegs 7,6% van hulle inkomste aan rente op skuld afstaan, omdat skuldvlakke slegs sowat 47% van inkomste was. Die internasionale ekonomiese krisis was dus slegs ’n katalisator vir die onvolhoubare skuldpartytjie (en nommer 5 van 2010
daarmee saam buitengewone ekonomiese groei) in Suid-Afrika om tot ’n einde te kom. Hoewel skuld sedert 2008 nie juis gegroei het nie, is skuldvlakke steeds hoog. Weens die hoë vlakke is dit egter nou baie moeilik vir die privaat sektor om geld te ontsluit om produktiewe ekonomiese aktiwiteit te finansier. MEER SKULD NIE DIE OPLOSSING Die “normale” Suid-Afrikaanse ekonomiese groeikoers is sowat 3% per jaar. Die hoër groeikoers van 2004 tot 2008 kan grootliks aan die “maklike oplossing” van verhoogde kredietgedrewe verbruik toegeskryf word. Om weer teen 5% of 6% te kan groei, moet “moeilike oplossings” soos beter onderwys, doeltreffender openbare dienste en beter infrastruktuur in werking gestel word sodat die privaat sektor kan floreer. Om skuldvlakke net verder op te jaag, gaan nie vrugte dra nie. Hoe lank dit egter gaan wees voor Suid-Afrika dit besef, is ’n ope vraag. S
14
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
newsworthy
232 000 jobs shed in 6 months
t
By Francois Calldo
he latest Quarterly Labour Force Survey (QLFS) published by Statistics SA in July 2010 showed that another 61 000 jobs were shed in the second quarter of 2010, following the loss of 171 000 jobs in the first quarter. This brings the total net job losses for the first half of the year to 232 000. The formal sector lost 129 000 jobs in the second quarter following the loss of 140 000 in the first quarter of 2010, while the informal sector gained 115 000 jobs, compared to the loss of 100 000 in the first quarter. Agriculture and private households lost some 32 000 and 14 000 jobs respectively in the second quarter. Most job losses in the formal sector occurred in manufacturing (74 000), construction (54 000) and transport (36 000). The finance, utilities and mining industries together gained 76 000 jobs in the same period. problems such as inadequate education, poor health outcomes and crime”.
PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM
DOWNWARD TREND FOR EMPLOYMENT After peaking at 13,8 million employed persons in the fourth quarter of 2008, a downward trend for employment was observed. After experiencing a successive decline in employment for three quarters during the recession, there was a slight increase in the fourth quarter of 2009 according to the QLFS. However, in the first two quarters of 2010, employment once again declined, albeit at a slower rate than the one observed in the first three quarters of 2009.
CONSTRUCTION UNDER SIEGE It seems that the construction sector is currently under siege. The South African Federation of Civil Engineering Contractors (Safcec) said in July 2010 that job losses in the civil construction industry are still accelerating. Quoted in Business Report in July, Mr Henk Langenhoven, a senior economist at Safcec, said up to 10% of the roughly 160 000 people currently employed in this industry could lose their jobs. He further said that layoffs that amounted to 1% or 2% in the first quarter were now accelerating, because companies are unable to hold on to capacity that is not utilised. Langenhoven further expects a tough second half to this year in spite of the government’s infrastructure expenditure programme of R846 billion.
UNEMPLOYMENT RATE A CONCERN South Africa’s unemployment rate, which involves 4,3 million people, also increased from 25,2% in the first quarter of 2010 to 25,3% in the second quarter. If we include the number of discouraged job-seekers (people who would like to work, but have given up looking for jobs), the unemployment rate is above 30%. The fact that South Africa is not creating sustainable jobs and has such a high level of unemployment is cause for concern. The Organisation for Economic Co-operation and Development (OECD) said in July 2010 with the publication of their first economic survey of South Africa that low employment is South Africa’s “overriding” policy problem. The OECD further stated that South Africa has “an extreme and persistent low employment problem, which interacts with other economic and social nommer 5 van 2010
LIGHT AT THE END OF THE TUNNEL? In August 2010 the Adcorp employment index showed that employment fell sharply in July in all sectors, occupations and regions with the exception of the government sector. According to the index, employment fell sharply in the construction sector with a 13,1% drop as World Cup-related projects had been completed. However, according to Adcorp, the job market might soon turn due to increased recruitment activity in all sectors, suggesting that at the end of the year South Africa’s ongoing job losses would cease. S
16
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
newsworthy
BRIEFLY By Daleen de Jager
Join the conversation with us in cyberspace Solidarity has a great presence in cyberspace. Join the conversation today! • www.solidariteit.co.za • www.helpendehand.co.za • www.afriforum.co.za • www.sol-tech.co.za • www.solidariteitblog.co.za • www.solidariteitradio.co.za • www.regsdienste.co.za • www.facebook.com/solidariteit • www.facebook.com/soltech (new!) • www.facebook.com/afriforum • www.twitter.com/solidariteit • https://twitter.com/solradio • https://twitter.com/afriforum • https://twitter.com/afriforumjeug • http://www.flickr.com/photos/solidaritysa • http://www.flickr.com/photos/sol-tech/ • www.youtube.com/solidariteitsa
Possible Consumer Protection Act delay In the previous issue of Solidarity Magazine it was reported that the new Consumer Protection Act would come into effect from October. According to a report on Fin24, however, this date may be postponed, as the statutory bodies that have to enforce the act have not yet been established. As of August
2010 there is no National Consumer Commission – no commissioner, deputy commissioner, offices or general staff. Consumers may therefore have to wait a few months longer before being assured of protection under the act. No announcement on a new implementation date has been made yet.
Female entrepreneurs struggle to secure financing The World Bank in August said that studies by various universities show that the biggest increase in global employment is in small businesses owned by women. This trend is also evident in South Africa. It is estimated that female entrepreneurs in the USA will create between 5 and 5,5 million new job opportunities by 2018. Yet female entrepreneurs around the world are faced with the challenge of securing financing for their small businesses, as small businesses do not have ready access to credit and financing. Female entrepreneurs, unlike their male
counterparts, tend to be more involved in the strategic and tactical aspects of their small businesses. Apart from this, women also tend to have more of a consumer focus and to involve the community in their business plans. Women are also more open to advice and are committed to creating opportunities for others. The World Bank emphasised that South Africa should support small businesses and should remove obstacles like credit and financing to enable these business to promote job creation. Only 10% of formal small businesses currently have access to bank credit.
AKSENT MEDIA • 07/2010
nuuswaardig
Dr. Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit; dr. Steve Booysen, voormalige uitvoerende hoof van Absa; en Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit.
Entrepreneurskap: Leiding en lesse
FOTO: REINT DYKEMA
s
Deur Charl Oberholzer gedeel. Van Rooyen het geloof, hardwerkendheid, geesdrif, positiewe denke en mensliewendheid as die hoekstene vir sukses bestempel. “Moet nooit dat ander mense jou horisonne bepaal nie,” het Wiese gesê. Hy het verder gesê dat dit tyd neem om rykdom en welvaart op te bou, dat jy en jou sakeonderneming altyd twee afsonderlike entiteite moet wees, en dat jy nie gaan wen as jy nie bewus is van die omgewing om jou nie. Wiese se wenresep is om ’n liefde vir risiko te kweek. Johan van Zyl, uitvoerende hoof van Sanlam en oudrektor van die Universiteit van Pretoria, het op sy beurt benadruk dat elke Afrikaner die verantwoordelikheid het om onafhanklikheid voorop te stel. “Moenie bang wees om jou mikpunt te hoog te stel nie en moenie negatiewe mense om jou verdra nie,” het Van Zyl gesê. Hy meen ook die grootste risiko is om nie risiko‘s te neem nie. Van Zyl het die gehoor geboei met sy lewensondervinding en wysheid. Die les wat hy oorgedra het, was duidelik: Moenie vasgevang word in dit wat dringend is nie, maar eerder in dit wat belangrik is. Bertie du Plessis, kunstenaar en skrywer, het met ongelooflike entrepreneurspassie gesels oor wat dit beteken om entrepreneurskap werklik ernstig op te neem. “Niks staan tussen my en ’n bord kos vir my kinders nie,” het Du Plessis gesê. Volgens hom is jy nie in murg en been ’n entrepreneur as jy nie in ’n stadium voor jou lessenaar gesit en jou kop aanhoudend teen die tafel gestamp het terwyl jy vir jouself sê dat jy nie so kan aangaan nie. “’n Entrepreneur weet dat as hy nie werk nie, gaan hy op straat sit.” Henk Schalekamp, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, het gesê daar is drie beginsels wat Afrikaners by die Jode kan leer. Maak jouself suksesvol voordat jy ander probeer help, ondersteun eerste jou eie instellings en doen daarna alles in jou vermoë om jou breë omgewing te verbeter. S
olidariteit Helpende Hand het op 17 Augustus die eerste Afrikaanse Entrepreneurskonferensie by die Suid-Afrikaanse Reserwebank in Pretoria aangebied. Die konferensie is vir voornemende en huidige entrepreneurs regoor SuidAfrika gehou. Van die land se suksesvolste sakekenners het tydens die konferensie as sprekers opgetree. Dawie Roodt, bekende ekonoom en aanbieder van Ontbytsake op kykNET, het kwessies soos die resessie en die Zimbabwe-vraagstuk op ’n eenvoudige manier verduidelik. Volgens Roodt is dit belangrik om te besef dat mense op aansporing reageer. Hulle moet beloon word om hard te werk, nie om arm te wees nie, maar Suid-Afrika moet egter nog hierdie kopskuif maak. Sy raad vir diegene in die sakewêreld is dat as jy jouself vertrou en onder druk plaas, jy verbaas sal wees oor wat jy kan regkry. Hy het verder gesê Suid-Afrika en sy mense kan hulleself nie ryk bestee nie, maar moet hulle ryk produseer. Roodt hou vol dat die beste wat ’n mens vir die armes kan doen, is om nie deel van hulle groep te word nie. “Armoede is nie die probleem nie. Te min ryk mense is die probleem,” meen Roodt. Dr. Steve Booysen, voormalige uitvoerende hoof van Absa, het Solidariteit bedank vir sy voortdurende stryd om die regte van minderhede te beskerm en bevorder. Booysen het sy kommer uitgespreek dat die land en sy instellings al meer sosialisties word. Booysen het gesê leiers moet voorspelbaar wees en dat ’n mens se waardestelsel die kern van voorspelbaarheid is. Hy het jongmense aangeraai om nie te lank by een maatskappy te bly nie en om hulle vaardighede soveel moontlik by ’n organisasie te ontwikkel. “As jy lojaliteit soek, kry ’n hond,” het Booysen gesê. Christo Wiese, direkteur van KWV, Metropolitan Life en Sasol, het Renier van Rooyen, wat die kettingwinkel PEP begin het, se verhaal met die konferensiegangers nommer 5 van 2010
18
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Misdaad: Tyd vir blaf is nou verby
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
d
Deur Moira-Marie Kloppers
ie Sokkerwêreldbeker is verby en die media is tot oorlopens toe vol van berigte oor moord, aanranding, verkragting en korrupsie. Wat die situasie vererger, is dat daar al meer gevalle is van misdaadondersoekbeamptes wat langer as ’n week neem om verklarings by die slagoffers af te neem en met die ondersoek te begin, wat daartoe lei dat daar nie genoeg bewyse is wanneer die oortreders gevang word om hulle skuldig te bevind en te vonnis nie. Só beland moordenaars, verkragters en diewe binne maande terug op straat. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se eie misdaadstatistiek skets ’n donker prentjie. Verdagtes wat gearresteer word, het slegs betrekking op die helfte van al die misdade wat jaarliks aangemeld word. Van hierdie verdagtes verskyn slegs 42% in die hof en die res word vrygelaat. Minder as ’n derde van die verdagtes wat in die hof verskyn, word skuldig bevind. Die skuldigbevindingskoers vir moord is 13% en dié van seksuele misdrywe soos verkragting is slegs 11,5%.
slegs 645 gevalle afgeneem,” het Solidariteitwoordvoerder Jaco Kleynhans gesê. “Dit is duidelik dat die SAPD nie in staat is om sy polisiemag doeltreffend aan te wend om misdaad in Suid-Afrika te bekamp nie. Suid-Afrika skaf sy spesialiseenhede af, terwyl ander lande daarop fokus om hul spesialiseenhede uit te brei en te versterk. Die resultate spreek vanself. In Suid-Afrika word tussen 30 en 40 mense per 100 000 vermoor terwyl die internasionale norm vyf mense per 100 000 is.”
Die polisie blameer ’n gebrek aan kapasiteit en die howe daarvoor dat misdadigers weer op straat beland, terwyl die howe die skuld op sy beurt op swak speurwerk pak. Solidariteit meen dat die herinstelling van die spesialiseenhede in die SAPD ’n stap in die regte rigting sal wees. “Kapasiteit kan nie die skuld kry nie. Die SAPD het sedert 2003 meer as 83 000 nuwe polisielede aangestel, maar ernstige geweldsmisdade soos moord het tussen 2004 en 2009, ná die afskaffing van die spesialiseenhede, met
nommer 5 van 2010
20
BRING SPESIALISEENHEDE TERUG Nantes Kelder was ’n lid van die voormalige Kinderbeskermingseenheid en is nou hoof van AfriForum se afdeling vir gemeenskapsveiligheid. Hy meen misdadigers is spesialiste op hulle gebied en daarom is spesialiste nodig om hulle vas te trek. “In ons eenheid was die slagoffers kinders en daarom het hulle gespesialiseerde aandag nodig gehad.” “As ondersoekbeampte was dit my verantwoordelikheid om die slagoffer se verklaring af te neem, die saak volledig te
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
FOTO: REINT DYKEMA
nuuswaardig ondersoek en te sorg dat die saak hof toe kan gaan,” verduidelik Kelder. “Dit was ook die ondersoekbeamptes se verantwoordelikheid om slagoffers na die distriksgeneesheer te vergesel vir mediese ondersoeke en om die slagoffer hofgereed te kry,” voeg hy by. “Daar was niks bevredigender nie as om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak. ’n Spesifieke saak wat my na aan die hart gelê het, was ’n dogtertjie wat op haar negende verjaardag deur ’n man met die naam George Swazi Tshabalala verkrag is. “Dit was seker een van die ergste verkragtingsake wat ek ondersoek het. Tshabalala is in 1994 gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf vir die verkragting en nog 23 jaar op ander klagtes. Nadat die saak afgehandel is, het die slagoffertjie in my arms gespring en gesê: “Dankie, oom, baie dankie”, vertel Kelder. “Dit het die wêreld vir my beteken en gemaak dat ek elke saak met hart en siel ondersoek het.” Volgens Kelder veroorsaak polisielede se onvermoë om met die kinderslagoffers in hul eie taal te praat, dat belangrike feite verlore gaan en dat die misdadigers eindelik nie skuldig bevind kan word nie. “Ek weet by-
Nantes Kelder
voorbeeld van ’n geval waar ’n stasiebevelvoerder vir ouers gesê het as hulle kind nie Engels kan praat nie, het dit tyd geword dat sy leer. Die kind was maar vier jaar oud.” Hy verduidelik dat die probleem vererger word wanneer polisielede boonop die kin-
ders na geneeshere neem wat ook nie die kind se taal kan verstaan nie. Dit alles veroorsaak nóg trauma by ’n reeds erg getraumatiseerde kind,” meen Kelder. Kelder benadruk dat daar steeds baie goeie ondersoekbeamptes van alle rasse is, maar meen dat dit as gevolg van taal- en kultuurverskille belangrik is dat ondersoekbeamptes van dieselfde ras as die slagoffer die saak ondersoek. “Die afskaffing van die spesialiseenhede het ’n groot leemte gelaat. Die redes wat destyds aan ons verskaf is, was dat dit dienslewering sou bevorder aangesien daar nou deskundiges op stasievlak sou wees. Die probleem met die afwenteling na stasievlak was dat hierdie lede deur die speurtakke ingesluk is en kort voor lank alle misdade moes ondersoek. “Indien die spesialiseenhede nie heringestel word nie, is die enigste oplossing dat gemeenskappe strukture in plek kry om self slagoffers se sake met die hulp van kundiges in die gemeenskap te hanteer. Die idee is dat ’n volledig ondersoekte saak dan aan die polisie oorhandig word en hulle basies net die saak voor die hof bring,” meen Kelder. S
nuuswaardig
Raak betrokke, beskerm gemeenskap só
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
d
Deur Charl Oberholzer
ie aanmelding van ernstige misdaad in 25 kategorieë in SuidAfrika het vanaf 2003 tot 2008 met 22% afgeneem. Hoewel dié syfer bemoedigend is, is misdaadvlakke in Suid-Afrika steeds abnormaal hoog. Geweldsmisdaad neem steeds toe en meer as 2,1 miljoen geweldsmisdade is in 2009 aangemeld. Dit is veral kommerwekkend dat roof met verswarende omstandighede sedert 1997 met 83% toegeneem het. Motorkapings, huisbrake en plaasaanvalle is daagliks op die voorblaaie van koerante. Neem byvoorbeeld die kleinhoeweboer in die Noord-Kaap wat gruwelik vermoor is nadat hy met ’n graaf oor die kop geslaan, na die werkershuis gesleep en ’n swaar klip op sy kop laat val is. Op Delmada het 16 mans ’n boer vermoor nadat hy moes toekyk hoe sy vrou deur drie misdadigers verkrag word. Geweldsmisdaad is ’n bedreiging waarmee ons elke dag saamleef. Maar watter verweer is daar? Solidariteit het vroeër vanjaar ’n nasionale protesaksie teen misdaad gehou wat as ’n pleidooi namens misdaadslagoffers gedien het. ’n Beroep is ook op alle Suid-Afrikaners gedoen om betrokke te raak by strukture soos die gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s). Elke streek word deur wetgewing verplig om ’n GPF in plek te hê. Die welslae van hierdie forums word egter gekniehalter deur ’n gebrek aan gemeenskapsbetrokkenheid aan die een kant en die oorheersing van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aan die ander kant. Maar êrens moet die streep getrek word en verskonings opsy geskuif word sodat oplossing gevind kan word. AfriForum is tans besig met navorsing om ’n basiese raamwerk vir ’n doeltreffende gemeenskapsveiligheidsnetwerk te ontwerp. GPF’s en verskeie ander misdaadbekampingsnetwerke is beslis deel van die oplossing vir misdaad, maar daar is verskeie struikelblokke. Sodra gemeenskapsnetwerke daarin slaag om die gemeenskap te mobiliseer, die SAPD suksesvol te betrek en sodoende misdaad doeltreffend te bekamp, daal gemeenskapsbetrokkenheid ongelukkig net so skerp soos die misdaadsyfer. Suid-Afrikaners is keelvol daarvoor dat die regering herhaaldelik sê dat dit elke gemeenskap se eie verantwoordelik is om misdaad te bekamp. As selfstandige Suid-Afrikaners het ons egter nie meer ’n keuse nie. In Zandfontein het ’n plaasboer byvoorbeeld op eie koste
GET INVOLVED IN YOUR NEIGHBOURHOOD Solidarity’s protest against crime on 19 May this year was a plea on behalf of the victims of crime and an appeal to all South Africans to get involved in structures such as community policing forums (CPFs). Legislation stipulates that each region must have a CPF. But the success of these forums is being hampered by a lack of community involvement on the one hand, and the domination by the South African Police Service (SAPS) on the other hand. We need to draw the line somewhere, though, and we must stop making excuses so that solutions can be found.
tweerigtingradio’s onder ander boere in die omgewing versprei. Hy het ’n toring met ’n sirene opgerig, soekligte opgesit en hy maak selfs gebruik van sy eie helikopter sodra daar ’n teken van gevaar in die gebied is.
nommer 5 van 2010
22
Snoer jou eie gemeenskap saam of kontak jou naaste polisiekantoor vir besonderhede oor die GPF in jou gebied. Hou ook jou streekkoerant dop vir polisiëringsvergaderings wat gehou word en wees oplettend. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Leer by mekaar om misdaad hok te slaan Deur Charl Oberholzer Mountain View, Centurion, Pretoria-Wes Volgens Phillip van Staden, ’n gemeenskapsverteenwoordiger in Pretoria, was politieke aanstellings in die GPF van Mountian View die rede waarom die struktuur oorspronklik misluk het. Van Staden sê die GPF in dié gebied is nou suksesvol nadat niepolitiese polisielede die leisels oorgeneem het. In die Wes-Moot van Pretoria was daar 16 moorde in die afgelope vier jaar. Dit het gelei tot die vestiging van ’n GPF wat die gebied 24 uur per dag patrolleer. In Centurion word ’n radiobeheersentrum gebruik wat met die SAPD asook privaat sekerheidsmaatskappye in verbinding is. Garsfontein, Pretoria Garscom is ’n polisiëringsforum wat as ’n artikel 21-maatskappy geregistreer is. Die forum organiseer die gemeenskap en betrek ook die SAPD. Garscom werk saam met die Garsfontein GPF en sekerheidsmaatskappye soos Chubb. Hierdie suksesvolle model maak
gebruik van gemeenskapsprojekte soos straatvergaderings, ’n SMS-stelsel, webtuiste en markdae om die gemeenskap te mobiliseer. Murrayfield Murrayfield en La Montagne in Pretoria-Oos het ’n misdaadbekampingsvereniging gestig. Vyf gesinne wat ernstig is oor misdaadbekamping en na mekaar wil omsien, het die aanvoorwerk gedoen. Die inisiatief het vinnig gegroei en kort voor lank was daar 300 tweerigtingradio’s op hulle netwerk. Sekere kundigheid is in die gemeenskap geïdentifiseer en werkgroepe is op die been gebring. Die gemeenskap word gepatrolleer en daar is selfs gebeds-, beradings- en mediese werkgroepe gestig. Pierre van Ryneveld, Pretoria ’n Sektor 3-GPF in dié gebied het reeds groot welslae behaal. Die gemeenskap het kameras op strategiese plekke geplaas wat verdagte voertuie kan identifiseer. Enige inligting
oor verdagtes word aan ’n operasionele sentrum deurgegee, wat dit dan aan die SAPD en sekerheidsmaatskappye rapporteer. Die gebied het sy eie krisissentrum, spesiale operasies, nood- en rampbestuur, en patrollies. Kuruman Kuruman is ’n voorbeeld van hoe buurtwag en sektorpolisiëring doeltreffend tot misdaadbekamping bydra. Struikelblokke wat deur ’n gemeenskapsverteenwoordiger uitgewys is, is dat die bestuur van die GPF deur die SAPD oorheers word en gemeenskapslede nie genoeg verteenwoordiging geniet nie. Die gemeenskapsverteenwoordiger merk ook op dat korrupsie en bedrog in die SAPD die GPF negatief beïnvloed. Die oplossing in hierdie gevalle is om notules van vergaderings te hou en gemeenskapslede na die forums uit te nooi sodat klagtes genotuleer kan word en onder die polisiekommissaris se aandag gebring word. Gemeenskapslede moet notules deeglik nagaan en klagtes by vergaderings opvolg. S
nuuswaardig
Skoolstelsel laat kinders in die steek Deur Moira-Marie Kloppers
d
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
rie uit elke vier leerders wat SuidAfrika se skoolstelsel verlaat, het onvoldoende vaardighede om die arbeidsmark suksesvol te betree. Dít is die skokkende gevolgtrekking van ’n studie wat die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) in Julie bekendgemaak het. Volgens Johan Kruger, hoof van die SNI, sal ware bemagtiging eers plaasvind wanneer behoorlike vaardighede oorgedra word en leerders toegerus word om die arbeidsmark te betree. Die studie vorm deel van die SNI se Suid-Afrikaanse Transformasiemonitor (SATmonitor) en fokus op transformasie in die opleidingsektor, met spesifieke verwysing na opleidingsinskrywings en -vlakke tussen 1994 en 2009. Slegs 7,6% van die bykans 1,44 miljoen leerders wat in 1998 met hulle skoolloopbaan begin het, het in 2009 vir tersiêre opleiding gekwalifiseer. Luidens die SNI-studie het die matriekslaagsyfer tussen 1994 en 2007 van 58% tot 65% gestyg, maar die aantal leerders met universiteittoelating het van 18% tot 15% gedaal. Volgens Kruger het toegang tot onderwys sedert 1994 toegeneem, maar die gehalte daarvan laat veel te wense oor. Skoolinskrywings het tussen 1994 en 2008 van sowat 9 miljoen tot bykans 12,6 miljoen toegeneem, terwyl universiteitinskrywings met 33% toegeneem het. Die grootste toename in universiteitinskrywings was onder Afrikane* (48%), teenoor ’n afname van 15% onder wittes.
SKOOLVLAKONDERWYS Tussen 1995 en 2006 het die persentasie SuidAfrikaners wat 20 jaar en ouer is en minstens graad 7 voltooi het, in alle rassegroepe toegeneem. Die studie toon dat 70% van Afrikane, 79,7% van bruin Suid-Afrikaners, 92% van Indiërs en 99,2% van wittes in dié tyd skoolopleiding van graad 7 of hoër voltooi het. Wiskunde- en wetenskapgeletterdheid is egter ’n groot probleem. Luidens die studie het slegs ’n klein aantal matrikulante tussen 2006 en 2009 wiskunde en wetenskap geskryf. In 2009 het minder as die helfte (45,97%) van dié groep wiskunde geslaag, terwyl die slaagsyfer vir wetenskap van 67,39% in 2006 na slegs 36,83% in 2009 gedaal het. Volgens Kruger begin dié probleem reeds in die preprimêre fase. “Graad 3- en graad 6leerders toon reeds taal- en wiskundegeletterd-
heidsprobleme. ’n Groot bydraende faktor tot dié probleem is ongekwalifiseerde onderwysers wat dikwels self nie eers aan die vereistes voldoen wat aan leerders gestel word nie. “Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het in 2005 bevind dat 33 640 SuidAfrikaanse onderwysers nie oor die nodige onderwyskwalifikasies beskik nie,” sê Kruger. TERSIÊRE OPLEIDING Slegs 20% van alle matrikulante wat graad 12 slaag, kwalifiseer vir tersiêre opleiding. Meer as die helfte (51,8%) van die sowat 138 000 eerstejaarstudente wat in 2002 aan universiteite begin studeer het, het nie hulle eerste jaar voltooi nie. Slegs sowat ’n derde van dié
nommer 5 van 2010
24
studente (33,38%) het binne vyf jaar afgestudeer en 20 600 van hulle is steeds besig met verdere studies. Die studie toon dat 77 981 grade in 2007 by Suid-Afrikaanse universiteite toegeken is – meer as 44% daarvan is aan Afrikane toegeken, terwyl 40,43% aan wittes, 6,34% aan bruin Suid-Afrikaners en 8,75% aan Indiërs toegeken is. * Die term “swart” verwys volgens wetgewing na Afrikane, bruin Suid-Afrikaners, Indiërs en mense van Asiatiese afkoms. As daar na “swart” verwys word, sluit die term hierdie groepe in. As daar na die groepe afsonderlik verwys word, word die terme “Afrikane”, “bruin Suid-Afrikaners” of “Indiërs” gebruik. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
a FOTO: REINT DYKEMA
Moenie Afrikaanse musiekfees misloop
friForum bied vanjaar weer ’n musiekfees aan ter viering van Pretoria se verjaarsdag. Die musiekfees vind op 13 November van 08:00 tot 15:00 by die Voortrekkermonument plaas. Die Jakarandastad is vanjaar 155 jaar oud. Kom wys jou steun vir die behoud van Pretoria se naam en geniet terselfdertyd ’n gratis vertoning deur die land se top Afrikaanse kunstenaars. Bring net ’n opvoustoel en al jou vriende en familie saam. Daar sal hope eet- en drinkgoed te koop aangebied word. Die kunstenaars wat reeds hulle optrede bevestig het, is Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Lianie May, Bobby van Jaarsveld, Jay, Fredi Nest, Gerrie Pretorius, DJ Ossewa, Jakkie Louw, Ghapi en nog 15 ander bekendes. Sean Else, medeskrywer van die liedjie De la Rey en die Ons vir jou-musiekblyspel. gaan as seremoniemeester optree. Die musiekfees word aangebied met Rekord as mediavennoot. Albei hekke van
Duisende mense het AfriForum se Afrikaanse musiekfees in 2009 by die Voortrekkermonument bygewoon.
die Voortrekkermonument (in Eeufeesweg en Smutslaan) sal oop wees om verkeersknope te voorkom. • Om by AfriForum aan te sluit, skakel
086 10 200 30 of besoek www.afriforum.co.za. Skenk R10 aan die stryd om die behoud van Pretoria se naam deur die woord FORUM na 38655 te SMS. S
bedyfsnuus
Labour relations at crisis point
Interdik kom dalk teen Telkom oor ‘regstellende pakkette’
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
s
Deur Moira-Marie Kloppers
olidariteit sal ’n interdik teen Telkom kry indien die maatskappy voortgaan om ras en geslag as kriteria vir die toekenning van vrywillige skeidingspakkette te gebruik. Dit kom nadat die telekommunikasiereus aangedui het dat hy binnekort skeidingspakkette aan werknemers gaan bied en dat regstellende aksie ’n kernoorweging vir die toekenning van dié pakkette sal wees. ’n Ooreenkoms is in 2009 tussen verskeie vakbonde en Telkom gesluit ingevolge waarvan werknemers se werksekerheid tot en met 2011 gewaarborg is, maar werknemers word tans onder druk geplaas om skeidingspakkette te neem. Daarbenewens het Telkom in ’n voorlegging aan vakbonde genoem dat ras en geslag die kernoorwe-
gings sal wees wanneer die skeidingspakkette aangebied word. “Telkom spoor blanke werknemers doelbewus aan om die maatskappy te verlaat terwyl swart werknemers van die pakkette uitgesluit word. Dit is diskriminasie na albei kante toe,” meen Marius Croucamp, bedryfshoof van die kommunikasie-, chemiese en professioneledienstebedryf. “Intussen stel Telkom steeds nuwe werknemers aan terwyl druk op ander werknemers geplaas word om die maatskappy te verlaat,” voeg Croucamp by. Telkom het sedert begin vanjaar reeds meer as 447 poste intern geadverteer. Telkom kontrakteer ook verskeie afdelings aan diensverskaffers uit, wat werknemers se werksekerheid in gevaar stel. S
nommer 5 van 2010
26
Telkom’s time for finding a solution to the burning issue of salary discrepancies among employees of the company’s largest unit is quickly running out. Labour relations in the company have reached an alarming point. There are currently discrepancies among employees in the MCNO office as well as between employees in this office and employees in the DAS unit. Although all of these employees are on the OP1 level in Telkom and the vast majority of the employees in the DAS unit are frequently required to also do specialised work for the clients of MCNO, certain MCNO employees receive much higher salaries and better benefits. The MCNO (formerly known as the Merlot project) was established a few years ago and handles the maintenance of the centralised network of South Africa’s largest companies. In addition, the DAS unit is responsible for, among other things, maintaining companies’ switchboards as well as maintaining data distribution lines. “Solidarity is very concerned about the current state of affairs in Telkom and we feel that all possible internal procedures have now been exhausted in an effort to resolve the issue,” said Solidarity spokesperson Jaco Kleynhans. The trade union maintains that an independent, external chairperson needs to be appointed to lead the talks between trade unions and the company. It seems that it is not only Telkom’s labour relations that are in a shamble – the telecommunication giant does not seem to be able to choose between hiring and firing. The organisation is currently offering voluntary severance packages to get rid of some employees, while at the same time hiring others. Furthermore, the company’s finances are not sound. Telkom lost around R400 million when it sold its stake in Telkom Media, now Super 5 Media. The organisation loaned the business R471 million but sold its stake for only R68 million and wrote off the loan. Super 5 Media is still unable to get off the ground and has gone through several rounds of staff retrenchments.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
bedryfsnuus
Arbeidsmag maak SA broodmandjie
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
d
Deur Charl Oberholzer
ie Suid-Afrikaanse arbeidsmag het ’n belangrike taak op hande aangesien ekonomiese groei en die land se vooruitgang van werknemers se produktiwiteit afhang. Soos elke goud-, koper-, aluminium-, staal- en steenkoolmyn ’n unieke rol in SuidAfrika speel, moet elke werknemer ook besef dat hy of sy ’n rat in die masjien is wat SuidAfrika die broodmandjie van Afrika maak. Hoekom is Suid-Afrika die ekonomiese reus van Afrika? Is dit omdat Suid-Afrika meer minerale het? Nee, Angola en die Demokratiese Republiek van die Kongo het meer minerale as Suid-Afrika. Is dit omdat ons olie uit ons steenkool kan maak? Ons olie is maar ’n druppel in die emmer in vergelyking met dit wat Nigerië produseer. Dan moet dit sekerlik ons goeie landboutoestande wees, aangesien ons voedsel na ander Afrika-lande uitvoer? Nee, Mosambiek, Zimbabwe en Malawi het meer vrugbare grond en ’n hoër reënvalsyfer as Suid-Afrika.
Nigerië is ryk aan olie en Egipte is ’n toeristemekka. Hoe is dit dat een van dié lande nie die ekonomiese reus van Afrika is nie? Die geheim is Suid-Afrika se arbeidsmag. Dit is werknemers en georganiseerde arbeid wat daagliks verseker dat Suid-Afrika ekonomies meer as twee keer so sterk is as Nigerië en byna drie keer so sterk is as Egipte. Dit is Suid-Afrika se mynboubedrywighede en arbeidsmag wat verseker dat Suid-Afrika 80 keer so sterk is as die gemiddelde Afrika-land. Solidariteit-lede is deel daarvan en daarom poog die vakbond om dié werknemers se lewenstandaard te verhoog en beskerm. Solidariteit doen dit deur beter voordele vir werknemers te beding en as waghond op te tree. Die vakbond het die afgelope jaar loonverhogings van gemiddeld 7,9% beding. Werknemers by MMC, die grootste vervaardiger van suiwer elektrolitiese mangaanstaal in die wêreld, het ’n 7%-loonverhoging ontvang. Dié aanbod sluit ook ’n eenmalige uitbetaling van R3 600 aan alle werknemers
nommer 5 van 2010
28
in. Solidariteit het ’n 10%-loonverhoging vir sy lede by Assmang se Khumani- en Beeshoek-myne in die Noord-Kaap beding. Ingevolge dié loonooreenkoms ontvang werknemers twee bykomende dae verlof, ’n verhoging in hulle skoftoelae en ’n verhoging in die kraamvoordeel vanaf die huidige 40% tot 60%. Solidariteit het voorts ’n 7%-loonverhoging by Highveld Steel in Witbank en ’n 8,5%-loonverhoging by Samancor Chroom beding. Loononderhandelings by Columbus duur voort nadat Solidariteit ’n geskil verklaar het. Columbus bied ’n 5,5%-loonverhoging aan terwyl Solidariteit ’n beter aanbod eis. Vakbondwese in die Suid-Afrikaanse konteks speel ’n enorme rol. Solank werknemers tevrede is, produksie toeneem, maatskappye hulle arbeidsmag hoog op prys stel en elkeen sy rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie besef, sal Suid-Afrika aanhou om die kroon in Afrika te dra. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
industry news
CEO of OBP to face charges again
w
ith more than just one blot on his name, the current CEO of the parastatal Onderstepoort Biological Products (OBP) is facing dismissal once again. Approximately a dozen complaints were brought against Dr Andile Dyasi at the OBP, giving rise to an investigation against him. This comes just a year after Dyasi was appointed at the OBP and after he was suspended from his position as the Deputy Vice-Chancellor and Campus Principal of Medunsa in 2005. “The charges against him range from alleged fraud to misconduct, self-enrichment and discrimination against trade unions and dishonesty,” Solidarity spokesperson Jaco Kleynhans explained. It is alleged, among other things, that Dyasi personally changed the findings in a report on the market relatedness of employees’ salaries. The report compares OBP employees’ salaries with those of other similar employees in the
By Moira-Marie Kloppers and Ilze Nieuwoudt industry. Dyasi allegedly tampered with the findings in the report to the benefit of his and his management’s salaries and to the detriment of the salaries of the employees in the bargaining council, even though the trade unions and the OBP had signed a collective agreement regarding the process. Dyasi’s actions led to a breakdown in the relationship of trust between the trade unions and the OBP and several unprotected strikes by the trade unions. The OBP board suspended Dyasi early in April, pending an investigation into this and other charges against him. According to reports, he insisted that his suspension be lifted earlier, seeing that a letter from the Minister of Agriculture, Tina Joemat-Pettersson, indicates that the board is not in a position to suspend him. The letter states, among other things, that the Minister did not make a decision to suspend Dyasi, that only the Minister has the right to make this decision and that Dyasi should return to work immediately. The OBP board indicated in July that Dyasi
would be refused entry to the premises if he tried to return to work. The board also said that a letter had been sent to the Minister, indicating that they would not obey the Minister’s instruction until Dyasi had appeared before a disciplinary committee. Dyasi refused to attend the previous hearing, which was supposed to take place on 27 May. Meanwhile there is also controversy about Dyasi’s appointment at the OBP by the Minister. A formal employment contract between Dyasi and the OBP was allegedly never validated by the Minister. In addition, Dyasi never underwent security clearance, even though it is a requirement for the position, because the OBP has been declared a National Key Point in terms of the relevant legislation. Solidarity emphasised that the suspension of a chief executive by the board of an organisation like the OBP is not illegal.The same process was followed when Jacob Maroga was suspended from Eskom. In Maroga’s case it was found that the board had acted within its rights. S
bedryfsnuus
André van der Merwe
Marius Croucamp
Bennie Blignaut
Deon Reyneke
Só wil vakbond sy diens verder opskerp Solidariteit het die afgelope jaar verskeie veranderings aan die struktuur van die kollektiewe bedrywe aangebring om dié bedrywe se unieke uitdagings doeltreffend aan te pak. Die herstrukturering is deel van Solidariteit se strategie om deurlopend ’n beter diens aan sy lede en groeigeleenthede aan sy werknemers te bied, skryf MOIRA-MARIE KLOPPERS. MYNBOU-, LANDBOU- EN MEDIESE BEDRYF Bedryfshoof: André van der Merwe Solidariteit se wortels lê in die mynbedryf, waar die Mynwerkersunie in 1902 gestig is. Solidariteit se mynbousektor is georganiseer in die goud-, platinum-, koper-, chroom-, steenkool-, ystererts-, basismetale- en diamantbedrywe. Solidariteit se landbousektor het verteenwoordiging by al die groot landboukoöperasies, landboumaatskappye soos Afgri en ander agri-ondernemings, asook by al die groot sementvervaardigers in die land. Die vakbond het ’n besondere behoefte in die mediese bedryf geïdentifiseer en het gevolglik sy dienste in 2009 uitgebrei om werknemers in dié bedryf te beskerm. Hierdie is tans die snelgroeiendste bedryf en bied aan lede in dié sektor bykomende indemniteitsdekking. KOMMUNIKASIE-, CHEMIESE EN PROFESSIONELEDIENSTEBEDRYF (KCP) Bedryfshoof: Marius Croucamp Inligtingskommunikasietegnologie verander byna daagliks en dit is daarom een van die bedrywe met die meeste potensiaal. Solidariteit se kommunikasie-, chemiese en professio-
neledienstebedryf (KCP) bied eksklusiewe steun aan lede. Werknemers in dié mededingende en uiters moderne sektore benodig die steun van ’n mededingende en moderne vakbond, en dit is juis wat Solidariteit bied. In die chemiese bedryf verteenwoordig Solidariteit werknemers by maatskappye soos Sasol, PetroSA, AEL en glasvervaardigers. Solidariteit Professionele Dienste verteenwoordig lede by verskeie maatskappye – van landbounavorsingsinstitute, universiteite en kolleges, tot ’n maatskappy soos Onderstepoort Biologiese Produkte en die WNNR. Solidariteit het in 2010 ook sy verteenwoordiging in die finansiële bedryf versterk. Werknemers by alle finansiële instellings sal voortaan die vakbond se beskerming geniet as deel van ’n formele bedryf binne Solidariteit. Die finansiële bedryf in Solidariteit bring nuwe geleenthede vir werknemers by onder meer banke en versekeringsmaatskappye, aangesien daar nou eksklusiewe steun aan hulle gebied kan word. ELEKTRIESE EN LUGVAARTBEDRYF Bedryfshoof: Bennie Blignaut Die elektriese bedryf bied talle unieke uitdagings wat werknemers van Eskom asook die
verbruiker se sak regstreeks raak. Solidariteit hou sy vinger op die pols en is ’n geloofwaardige en invloedryke rolspeler. In die lugvaartbedryf verteenwoordig Solidariteit hoofsaaklik lede by Airlink, Air-Traffic and Navigation Services en SAA Tegnies, maar die vakbond is ook by ander rolspelers in die lugvaartbedryf betrokke. Vanweë personeelverskuiwings word Krygkor nou ook by hierdie bedryf ingesluit. METAAL- EN INGENIEURSBEDRYF Bedryfshoof: Deon Reyneke Die metaal- en ingenieursbedryf is die grootste bedryf in Solidariteit. Hierdie bedryf sprei sy vlerke en vorder fluks om genoeg lede te kry om binnekort die motorbedryf met mening te betree. Die bedryf word gekenmerk deur die uitstekende diens wat sy organiseerders aan lede bied. ’n Bewys hiervan is die goeie groei in ledetal by veral ArcelorMittal, Samancor Chroom en Aluminium South Africa (Hillside en Bayside Aluminium). Die vakbond is goed georganiseerd by maatskappye soos ArcelorMittal, Denel, Scaw Metals en Highveld Steel asook maatskappye in die motorvervaardigings- en bandebedryf soos Nissan, Volkswagen, Continental en Dunlop. S
FOTO’S: REINT DYKEMA
Gerhard Ceronie aan die stuur van opleiding en ontwikkeling Gerhard gaan organiseerders en verteenwoordigers deur ’n leerskool sit wat hulle in staat sal stel om lede op elke denkbare wyse by te staan en Solidariteit se hoëprestasiekultuur te bevorder.
Gerhard Ceronie, vorige bedryfshoof van die lugvaart-, chemiese en professioneledienstebedryf (LCP), gaan voortaan die baanbreker wees wat opleiding en ontwikkeling in die vakbond betref.
nommer 5 van 2010
30
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
bedryfsnuus
KORTLIKS Eskom-werknemers kry 9% meer Loononderhandelings by Eskom het ondanks verskeie struikelblokke tot ’n punt gekom. Ingevolge die loonooreenkoms wat met die energiereus bereik is, sal werknemers ’n salarisverhoging van 9% ontvang. Werknemers sal boonop ’n behuisingstoelae van R1 500 ontvang. Die verskil tussen Eskom se aanvanklike aanbod en die loonooreenkoms wat bereik is, sal hom sowat R1 miljard meer uit die sak jaag. Volgens ekonoom Mike Schüssler verdien werknemers in die water-, gas- en elektrisiteitsektor sowat 70% meer as vier jaar gelede. Volgens Eskom beplan hy om sy kapasiteit teen 2026 te verdubbel. Die maatskappy, wat in 45% van die vasteland se elektrisiteitbehoeftes voorsien en met 32 500 werknemers spog, het altesame R385 miljard tot 2013 vir kapasiteituitbreiding begroot.
Xstrata wys sy slag Xstrata se wesensverdienste per aandeel het in die eerste helfte van die jaar met 172% gestyg, terwyl sy toeskryfbare wins met 232% toegeneem het. Die goeie finansiële resultate was ’n aangename verrassing, aangesien Xstrata se produksie in die oorsigtydperk swakker was as wat verwag is.
Merafe-posisie verbeter Die finansiële posisie van Merafe, die wêreld se grootste metaalprodusent, het in die eerste helfte van die jaar verbeter. Die maatskappy se inkomste het met 45% gestyg en Merafe voorspel dat daar later vanjaar ’n herstel in die vraag na ferrochroom, wat gebruik word om vlekvrye staal te vervaardig, sal wees.
Sappi bult sy spiere Sappi het ook sy spiere gebult en ’n bedryfswins van $75 miljoen aangeteken. Die stewige wins is te danke aan die groep se goeie vertoning in Noord-Amerika. Sappi se papier- en pulpgroep het hom goed van sy taak gekwyt, omdat die styging in pulppryse ander prysverhogings uitgeskakel het.
Nuwe ysterertsmyn kom Kumba Iron Ore se greep op die metaalmark gaan binnekort ingeperk word deur ’n nuwe ysterertsmyn. Motjoli Resources beplan om R11 miljoen aan ’n nuwe ysterertsmyn naby Piet Retief, genaamd Cascades, te bestee. Dié myn sal nagenoeg 20 miljoen ton ystererts teen 2012 produseer. Die myn se produksielewe word op 60 jaar gereken.
Bedrog kos sakewêreld R100 miljard Volgens die ouditeursgroep BDO verloor die sakewêreld jaarliks R100 miljard as gevolg van maatskappybedrog, diefstal en korrupsie. Suid-Afrika het op een na die hoogste voorkoms van korporatiewe bedrog en korrupsie ter wêreld. Die skuld vir die toename in korrupsie word voor die deur van Suid-Afrikaners se lae besteebare inkomste gelê.
number 5 of 2010
31
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
industry news
Third wave of retrenchments at DSA
PHOTOGRAPHS: iSTOCKPHOTO.COM
d
enel Saab Aerostructures (DSA) is planning to retrench 48% of its remaining 627 employees. This is the third wave of retrenchments in just two years. The company blames the planned retrenchments on the failure of the A400 Airbus contract and the recession. The alarm bells started going off when the CEO of DSA, Lana Kinley, and the company’s chief financial officer, Sasa Methola, resigned in February this year. Before Kinley’s resignation, Solidarity asked her to provide details regarding the government’s financial support to Denel and to explain exactly how much of the funds eventually reached DSA. According to the National Treasury, financial support totalling nearly R8,82 billion has been granted to the Denel group over the past four years. DSA is currently posting the biggest losses in the entire Denel group with a loss of R328 million in the last
By Charl Oberholzer
financial year. In fact, if it had not been for DSA, Denel would have succeeded in becoming a profitable entity. The planned retrenchments will bring the total number of retrenchments at DSA to almost 500 over the past 26 months. Denel recently announced that it is embarking on a
turnaround plan for the DSA subsidiary. Although the turnaround plan will aim to make DSA financially stable, it will result in a reduction of the workforce. Solidarity fears that DSA will eventually become a mere assembly plant and that the manufacturing sections will be phased out.
industry news
This is denied by Denel. Support services will be shared with Denel Aviation. This could be the real reason for retrenchments at both these entities. A reduction in the workforce and the sharing of facilities would drastically reduce the workspace required. The facilities and premises are currently rented from the Airports Company of South Africa (Acsa) after Denel sold its property to Acsa in 2007 in an attempt to turn the group into a profitable company. Strangely, this move has put the employees at risk of unemployment. Certain production processes will be outsourced, resulting in the retrenchment of employees. Denel is taking drastic measures and as unions are struggling to ensure that workers facing retrenchment are absorbed by the rest of the company, the country can just hope that these expert skills are not permanently lost to other countries. What is extremely important is that while employees are suffering, top management have been rewarded with massive bonuses, such as the R16 million paid out to the group CEO. Denel is an important defence contractor in the domestic market and a key supplier to the South African National Defence Force (SANDF), both as original equipment manufacturer and for the overhaul, maintenance, repair, refurbishment and upgrade of equipment in the SANDF’s arsenal. Denel’s business entities include: • Denel Integrated Services Solutions (DISS) is a source of highly skilled professionals in an advisory capacity to the armed forces. • Denel PMP has been manufacturing ammunition since 1931. • Denel Personnel Solutions (DPS) manages and supplies skilled labour to the armed forces, specifically to the South African Air Force (SAAF) through the Aviation Manpower Group (AMG). • Denel Aviation provides support services to the SAAF. Denel Aviation is currently in the process of retrenching 105 employees in all job categories. • Denel Land Systems is renowned for its maintenance and upgrades of infantry systems, artillery gun systems and combat turrets. To avert retrenchments, voluntary severance packages (VSPs) have been made available in the production department. If the VSPs are not accepted by the required number of employees, a Section 189A process could be initiated. • Denel Saab Aerostructures (DSA) is responsible for the design and manufacturing of advanced aerostructures for the aviation industry. S number 5 of 2010
33
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
bedryfsnuus
Staat staak, wyl Solidariteit help Deur Reint Dykema ’n Groep vrywilligers onder die leiding van Samantha van Tonder, organiseerder in die mediese bedryf, het tydens die landwye staatsdiensstaking moue opgerol en vir ’n dag by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria gaan help. Dit kom nadat vakbondlede van Nehawu en die VSA die hospitaal se pasiënte aan hulle eie lot oorgelaat het. Die groep vrywilligers het van ontbyt voorberei tot skottelgoed gewas en weer bewys dat Solidariteit ’n doen- en omgee-beweging van formaat is.
Vakbond vier welslae, sit loonstryd voort Solidariteit se organiseerders is steeds by talle loononderhandelings betrokke. Met die ekonomie wat uit die resessie begin opstaan aan die een kant en vuisvoos werknemers onder kwaai finansiële druk aan die ander kant, was loononderhandelings vanjaar taaier as ooit, berig MOIRA-MARIE KLOPPERS.
FOTO: REINT DYKEMA
HIÉR IS WELSLAE BEHAAL Exxaro Solidariteit het die loonooreenkoms wat tussen vakbonde en die steenkoolreus Exxaro Coal gesluit is, as gunstig bestempel. Benewens ’n loonverhoging van 7,5% is die graderingskwessie, wat gedreig het om loononderhandelings by die steenkoolreus te kniehalter, na ’n taakspan verwys. Benewens die loonverhoging van 7,5% ontvang werknemers ’n verdere verhoging van R150 per maand. Werknemers het voorheen ’n pendeltoelae van R150 per maand ontvang, waarvan hulle R48 aan die maatskappy se busdiens moes betaal. Die loonooreenkoms maak voorsiening vir gratis busvervoer en die R150-pendeltoelae word voortaan by die werknemers se salarisse ingesluit. Dit sorg vir ’n bykomende verhoging van tussen 0,8% en 1,2%. DMS Powders Daar is ná slegs twee rondes van loononderhandelings by die grootste vervaardiger van ferrosilikoon in die wêreld, DMS Powders, op ’n 7%-loonverhoging ooreengekom. ’n Bykomende verhoging van R500 op werknemers se jaarlikse bonus van R13 000 is ook beding. Dié bonus van R13 500 sal jaarliks in twee gelyke paaiemente uitbetaal word.
Samancor Loononderhandelings by Samancor se Metalloys-aanleg in Meyerton het in Junie ’n dooiepunt bereik, waarna Solidariteit op 19 Julie ’n loonaanbod van 7,5% aanvaar het. Solidariteit het verder ’n 6,5%-verhoging op werknemers se jaarlikse bonusse asook ’n verhoging van R100 op hulle mediesefondsvoordeel beding. Ander welslae • Consolidated Murchison Mine (Consmurch) – 8%-verhoging en ’n eenmalige kontantbetaling van R1 000. • Barloworld Equipment – 10%-verhoging. • Samancor Chroom – 8,5%-verhoging. • Verhogings in die Nasionale Bedingingsraad van die Hout- en Papiersektor (NBHP): • Papier- en pulpsektor – 8%. • Vesel- en partikelsektor – 7%. • Saagmeulesektor – 7,5%. HIÉR DUUR STRYD STEEDS VOORT Nuwebande-vervaardigingsbedryf Loononderhandelings vir die grootste vervaardigers van bande in Suid-Afrika, insluitend Continental, Dunlop, Bridgestone en Goodyear, word by die bedingingsraad vir die New Tyre Manufacturing Industry
nommer 5 van 2010
34
(NTMI) hanteer. Onderhandelings het egter in Julie ’n dooiepunt bereik nadat Solidariteit die bedingingsraad se loonaanbod van 4,8% en ’n bykomende produksiebonus van 3% verwerp het. ’n Stakingsertifikaat is uitgereik, maar Solidariteit is oortuig dat ’n ooreenkoms wel bereik kan word. Silicon Smelters Solidariteit het ná vier rondes van loononderhandelings by Silicon Smelters, die grootste vervaardiger van silikon in SuidAfrika, ’n geskil verklaar nadat die maatskappy nie sy loonaanbod van 5,5% wou verbeter nie. Intussen is ’n bemiddelaar by die onderhandelingsproses betrek om die geskil te besleg. Murray & Roberts Ná vyf rondes van onderhandelings tussen Solidariteit en die ingenieurs-, konstruksie- en kontrakteursdienstemaatskappy, Murray & Roberts, kon daar steeds nie ’n loonooreenkoms bereik word nie en ’n interne geskil is verklaar. Die werkgewer het in die vyfde ronde ’n 6,4%-verhoging aangebied, terwyl Solidariteit ’n verhoging van 8% eis. Verskeie ander kwessies is wel tydens die onderhandeling afgehandel of na ander forums verwys. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
PRODUKOORSIG Stygende hospitaalkoste en mediese skema-premies wat die hoogte inskiet, het ’n bitter pil geword om te sluk, en talle mense is op soek na bekostigbare mediese dekking. Solidariteit Finansiële Dienste het die oplossing: Sapmeds Hospitaalversekering. Sapmeds is ’n korttermyn-ongeluk-en-gesondheidspolis wat vasgestelde voordele betaal. Dit is spesifiek ontwerp om ’n bekostigbare oplossing te bied aan Suid-Afrikaners wat op soek is na moeitevrye siekte- en ongelukdekking. Lang toue om mediese sorg te bekom, is iets van die verlede met die toegang tot privaat hospitale wat gebied word. Die premies en limiete is soos volg: PLAN
INDIVIDU
FAMILIE
VOORVAL-LIMIET
JAARLIMIET
4
R420.00
R 700.00
R 30 000
R 350 000
5
R480.00
R 810.00
R 60 000
R 450 000
6
R520.00
R 970.00
R150 000
R 650 000
7
R570.00
R1 100.00
R200 000
R1 000 000
Sapmeds se familieplan dek ’n familie van 5 lede. Kinders word tot en met die ouderdom van 25 gedek (indien hul voltyds studeer). ’n Familie bestaan uit twee volwassenes en drie kinders.
WAT KRY JY? OOK INGESLUIT: • Toegang tot privaat hospitale. • Dit dek jou spesialis, hospitaal- en ander mediese uitgawes met die vasgestelde voordeel. • Eise word vinnig én van dag 1 af betaal, sodra die toepaslike dokumente ontvang is. • Opsionele dekking is beskikbaar vir swangerskap en gevreesde siektes. • Dekking vir afhanklike kinders wat by tersiêre instellings studeer. • Goeie onderskrywingsbeginsels om kliënte teen skerp premiestygings te beskerm. • Verstaanbare polisdokumente.
• SASRIA-gevalle (beserings tydens optogte, kapings, stakings). • Internasionale reisversekering (maksimum 90 dae). • Ongelukdekking (dood). • ER24-ambulansbystand (pad of lug). • Skakel die 24-uur noodnommer vir: * Toelatingsnommer vir hospitaalopname. * Mediese inligting of raad. * Mediese bystand in krisissituasies.
BELANGRIK OM TE WEET
Hierdie produk word onderskryf deur Resolution Underwriters (Pty) Ltd (FSP#4710) namens Resolution Insurance Company Limited.
Solidariteit Finansiële Dienste Sel: 072 182 7505 Tel: 012 664 8923 Faks: 012 664 1126 E-pos: ruan@solidariteit.co.za
AKSENT MEDIA • 09/2010
• Spesiale bepalings is namens Solidariteit se lede met Resolution Underwriters onderhandel. • ’n Wagtydperk van 3 maande geld en voorafbestaande kondisies word uitgesluit vir 12 maande of langer. Indien ’n lid reeds aan ’n mediese skema behoort en na Sapmeds skuif, sal daar nie ’n wagtydperk van 3 maande wees nie. • Die maksimum intree-ouderdom is 55 jaar. • Die bybetaling vir hospitalisering is R1 000.00 tot en met 55 jaar. • Indien ’n lid ouer as 55 jaar is, kan Solidariteit Finansiële Dienste vir meer inligting gekontak word. • Hierdie advertensie is slegs vir bemarkingsdoeleindes. Enige eise is aan die polisbewoording onderworpe. • Dag-tot-dag uitgawes word nie gedek nie.
bedryfsnuus
Taakspan neem mynbou onder die loep
d
Deur Reint Dykema
ie mynbedryf het die afgelope tyd onder fel kritiek deurgeloop en dit het tot gevolg gehad dat Susan Shabangu, minister van mynbou, moes ingryp. Die kritiek kom onder meer ná die toekenning van mineraalregte aan Lonmin en die Sishen-myn. Shabangu het tydens ’n mediakonferensie onder skoot gekom oor die beweerde voordele wat dié regte vir die Zuma-familie kan inhou. Volgens haar het die toekenningsproses egter deurgaans in goeder trou geskied. ’n Taakspan is in die lewe geroep om die leemtes in die bestaande mynbouwetgewing onder die loep te neem en nuwe wetgewing te oorweeg. Ander stappe sluit in dat nuwe lisensie-aansoeke sedert 1 September deur almal, insluitend die publiek, besigtig kan word. ’n Nuwe geïntegreerde lisensiestelsel sal ook oor die volgende ses maande ontwikkel word. ’n Moratorium geld voorts sedert 1 September op nuwe mineraalprospekteringsaansoeke. Die departement doen tans ’n oudit van vorige aansoeke ten einde die integriteit van die databasis te herstel en na die nuwe stelsel oor te dra. Nuwe prospekteringsregte sal voortaan nie meer deur die streekkantore nie, maar slegs deur die hoofkantoor uitgereik word. Die departement verwerk tans die 25 600 lisensie-aansoeke wat sedert 2004 ontvang is. Waar lisensies dubbeld toegeken is, sal die aangeleentheid binne drie maande reggestel word. Die streekkantore sal ook oor die volgende ses maande opgegradeer word. S
Só gaan tolgeld pendelaars se sak ruk Deur Moira-Marie Kloppers Die meer as 200 000 pendelaars wat daagliks op die N1 tussen Johannesburg en Pretoria ry, gaan eersdaags, benewens hul brandstofuitgawes van tussen R800 en R1 000 per maand, ook nog
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
Roete
sowat R1 020 vir tolgeld moet opdok. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap het aangedui dat tolgeld van sowat 50c per kilometer op al die hoofweë in Gauteng gehef gaan word.
Geraamde afstand waarop tolgeld gehef word
Koste per heen-en-terug-reis
Koste per maand (20 werkdae)
Soweto na Sandton
2,7 km
R2,70
R54,00
Johannesburg na Pretoria
51 km
R51,00
R1 020,00
Alberton na Midrand
33,7 km
R33,70
R674,00
Lenasia-Suid na Illovo
21,9 km
R21,90
R438,00
Glenvista na Woodmead
33,8 km
R33,80
R676,00
Braamfontein na Centurion
22,2 km
R22,20
R444,00
Randburg na Sunninghill
28,3 km
R28,30
R566,00
OR Tambo na Pretoria
39 km
R39,00
R780,00
nommer 5 van 2010
36
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
38
40
41
42
Nuwe vrouebeen vir Solidariteit Helpende Hand
Om vir ander ’n hoopvolle toekoms te help skep
Navorsing oor minderbevoorregte kleuterskole skok
Sprokie gee diĂŠ heldinne weer selfrespek
solidariteit helpende hand
Nuwe vrouebeen vir Helpende Hand
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
d
aar is talle kultuurorganisasies vir Afrikaanse vroue in Suid-Afrika, soos die Vroue-Landbou-unie (VLU) en die Dameskring. Hierdie organisasies bestaan reeds etlike dekades en het ’n trotse geskiedenis. Hulle lewer ’n waardevolle diens en Helpende Hand is dankbaar om met hierdie organisasies hande te kan vat om sekere projekte aan te pak. Elkeen van hierdie vroueorganisasies het ’n spesifieke fokus en identiteit, soos kultuur of die toerus van vroulike leiers, maar het nie noodwendig ’n maatskaplike fokus nie. Uit die talle navrae wat Helpende Hand ontvang, is dit duidelik dat baie vroue graag by die nood in hulle gemeenskappe betrokke wil raak en dit op die regte manier wil doen. Dit is hierdie vroue wat Helpende Hand wil toerus om te dien. Helpende Hand, in samewerking met die tydskrif Finesse, het onlangs ’n nuwe been, Vroue in Aksie, gestig, waar die klem op AKSIE sal val. Vroue in Aksie het ’n radioprogram vir Afrikaanse vroue regoor die wêreld, ’n interaktiewe webtuiste en verskeie vennote. Afrikanervroue het tydens die vorige twee armblankevraagstukke in ons land se geskiedenis ’n beduidende rol gespeel in die oplossing van die probleem. Ná die Anglo-Boereoorlog en in die 1930’s het Afrikanervroue ook as sterk meningsvormers in die gemeenskap opgetree en op maatskaplike gebied leiding geneem. Die skrywer MER was in die 1930’s lid van die Carnegie-ondersoek en was spesifiek verantwoordelik vir die hoofstukke oor die rol van die huisgesin, moeder en dogter. Dit is insiggewend hoe sy die gesin se rol in die ontwikkeling van die samelewing beskryf. Sy onderskei tussen drie vlakke van ontwikkeling
HANDE WAT HELP dr. Danie Langner van die “maatskaplike sin”. Eerstens die verhoudings tussen gesinslede: Uit gesinsverhoudings ontwikkel die mees basiese morele waardestelsel soos respek vir ander, liefde en aanvaarding van mekaar. Tweedens die verhoudings tussen gesinne: Uit dié verhoudings ontwikkel ’n gemeenskapslewe. ’n Gesonde gemeenskapslewe word gekenmerk deur betrokkenheid en ondersteuning van mekaar. Derdens die verhouding tussen ’n gesin se omgewing en ander omgewings: Hierdie verhouding word ontwikkel deur onder meer die skool en die kerk. Deur skool te gaan en te lees, ontwikkel kinders ’n begrip van die verbintenis tussen hulle klein wêreld en die breër samelewing. Die invloed van onderwysers op
nommer 5 van 2010
38
kinders word versterk of verswak deur die invloed van die gesin. Vir MER is die ontwikkeling van die “maatskaplike sin” ’n onmisbare deel van die ontwikkeling van ’n beskawing. Gesinne wat nie op die eerste vlak van die “maatskaplike sin” funksioneel is nie, sal ook op die ander twee vlakke disfunksioneel wees. ’n Arm gesin wat as huisgesin goed funksioneer, maar wat sukkel om te ontwikkel op die ander twee vlakke weens eksterne faktore, byvoorbeeld isolasie wat toegang tot onderrig bemoeilik, sal in gunstiger omstandighede goed kan aanpas. Daar is ’n goeie kans dat só ’n gesin uit die siklus van armoede gehelp kan word. MER wys daarop dat die ma die sleutelfiguur in die ontwikkeling van al drie vlakke is. Dit is sy wat verantwoordelik is vir die kweek van samelewingsverhoudings by haar gesinslede. Wanneer die ma nie oor ’n aanvoeling vir die ontwikkeling van samelewingsverhoudings beskik nie, word die gesin gekenmerk deur ’n gebrek aan ’n “sin vir orde”. Só ’n ma sal byvoorbeeld nie haar huisgesin ordelik kan reël nie. Arm gesinne waar die ma nie leiding neem in die kweek van ’n “maatskaplike sin” nie, “woon in smerige huisies, dra slordige klere en lewe van die hand na die tand,” skryf sy. MER het reeds in die 1930’s daarop gewys dat die ma’s bemagtig moet word om veral in gesinsverband die “kragbron van waardes te wees en die matrys van ’n ordelike lewenswyse te kan voorsien”. Die sleutel tot die heropbou van gesinne en die oplos van die huidige armoedevraagstuk lê steeds by die vrou. Betrek ’n ma en jy betrek die hele gesin. Betrek ’n skooljuffrou en jy betrek ’n klaskamer vol kinders. • Dr. Danie Langner is uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
solidariteit helpende hand
Om vir ander ’n hoopvolle toekoms te help skep
t
Deur Surika van Schalkwyk
oe Timara Bucas van Midrand een Vrydagmiddag die plaaslike koerant deurblaai, het sy nie geweet dat wat sy in die koerant gaan sien haar lewe ingrypend gaan verander nie. Sy het in haar motor voor ’n winkel sit en wag toe die gesig van Mel Botes op bladsy 4 haar oog vang. Mel het gehelp om kos by ’n wit plakkerskamp in Pretoria uit te deel. Die statistiek in die kort beriggie het haar geskok: Daar is 77 wit plakkerskampe net in Pretoria. “Is daar dan wit mense wat tussen sink en gras ’n bestaan probeer maak?” het sy gewonder. Sy het aanvanklik nie besef hoe diep die berig in die koerant haar geraak het nie, maar die aand kon sy nie ’n oog toemaak nie. Die Saterdagoggend het Timara wild en wakker begin om huisware en kos vir die plakkerskamp in te samel. “Niks kon my voorberei op wat ek die Sondagoggend in die plakkerskamp beleef het nie. Die mense het my geruk. Die reuke, die honde, die atmosfeer, die armsaligheid, die kinders se gesigte, die wanhoop en die stof,” sê Timara. ’n Gevoel van moedeloosheid het haar oorweldig. “My lewe het skielik leeg en selfsugtig gevoel. Dit is seker hoe al die mense voel wat die ‘stille armoede’ ignoreer? Dit is hoe ek gevoel het,” sê sy sag. “Ek het baie skuldig gevoel, maar in my hart het ’n opgewondenheid gebrand, want ek het geweet daar is iets wat ek kan doen om te help. Ek kan nie by al 77 wit plakkerskampe in Pretoria help nie, maar ek kan by een help. Hier gaan ek ’n verskil maak danksy die donasies en hulp van die publiek. My kennis was min, maar my hart was vol. Met ’n voltydse werk, drie kinders op skool, ’n huishouding en my man se onderneming op die kantlyn, is my deelname nie net ’n vorm van tydverdryf nie – dit is my roeping,” vertel sy. Timara wou aanvanklik net storte en water by die plakkerskamp laat aanlê. Soos die tyd egter verbygegaan het, het haar drome vir die kamp net groter geword. “Ek het die mense se stories begin hoor; hulle seer en hulle drome. Dit was toe dat ek besef het ek wil regtig help,” sê sy. Volgens haar is dit duidelik dat sommige van die inwoners van die plakkerskamp nie wil werk nie. “Maar met ander het die lewe snaakse draaie geloop. Omstandighede – van regstellende aksie tot die ekonomiese klimaat – het daartoe gelei dat hulle alles
Willie van der Merwe (70), een van die inwoners. Onder: ’n Lewe tussen sink en stof.
verloor het,” voeg sy by. Timara werk aan ’n droom om vir 23 van die inwoners van die kamp wat wil werk ’n nuwe tuiste te skep waar hulle met waardigheid kan woon en werk. Haar droom is dat die heenkome ten volle funksioneel sal wees. Sy beplan om deur middel van verskeie werkskeppingsprojekte, onder meer ’n tuisnywerheid en kwekery, die mense te help om ’n inkomste te genereer. “Ons wil groente plant en dan aan tehuise vir bejaardes en ander kampe teen ’n laer koste verskaf,” verduidelik Timara. Die inwoners sal huur betaal, waarvan 50% in ’n rekening sal gaan vir kursusse, opleiding en mediese behandeling. Hulle sal dit alles self behartig en self besluit wat die toekoms inhou. “Die mense het potensiaal en hulle wil nie so leef nie. Baie van hulle het lewens
nommer 5 van 2010
40
soos ek en jy gelei en het baie bereik, waarna hulle alles verloor het.” Volgens Timara het die inwoners van dié plakkerskamp in Pretoria diep in haar hart gekruip. “Elke tweede dag as ek daar stop, kry ek ’n drukkie of ’n briefie en dan besef ek opnuut hoekom ek die koerantartikel moes lees. Daardie dag was die begin van die res van my baie besige lewe. “Ek gaan nêrens tot ek die mense weer laat opstaan nie. Die inwoners van die plakkerskamp sal eendag kan terugkyk en sê: ‘Dié vrou was daar toe ons op ons laagste was. Ons het die geleentheid wat vir ons gegee is, aangegryp en kan nou weer met trots leef.’” • Om by opheffingswerk in Pretoria betrokke te raak, bel Mariana Kriel, Helpende Hand-streekorganiseerder, by 084 952 5837. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
solidariteit helpende hand
Navorsing oor minderbevoorregte kleuterskole skok
k
oud en honger. Dít is hoe duisende Afrikaanse kleuters elke dag moet leef. Dit is waarom Solidariteit Helpende Hand besluit het om ’n projek aan te pak om die nood by kleuterskole te verlig. Helpende Hand-takke het as deel van die Kosblikkieprojek vanjaar met minderbevoorregte kleuterskole regoor Suid-Afrika hande gevat. Die projek het in Junie afgeskop en tot Augustus geduur om veral gedurende die wintermaande verligting te bring. Komberse, voedselkoopbewyse en voedingsdrankies is vanjaar ingesamel en by behoeftige kleuterskole uitgedeel. Luidens navorsing wat Helpende Hand onlangs bekendgestel het, het minderbevoorregte kleuterskole nie toegang tot enige staatsubsidie of -ondersteuning nie. Die navorsing is by 22 behoeftige Afrikaanse kleuterskole regoor Suid-Afrika gedoen. In een so ’n skool in Despatch in die OosKaap kan al 130 kleuters in die skool nie die
Deur Surika van Schalkwyk skoolfonds van R30 of minder per maand bekostig nie. Die navorsing toon dat 23% van die kleuters in minderbevoorregte Afrikaanse kleuterskole se skoolfonds gedeeltelik of ten volle gesubsidieer word. Volgens Lindie Strydom, skakelbeampte van Solidariteit Helpende Hand, bly 27% van die kleuters in die 22 kleuterskole in Wendyhuise, karavane en buitekamers. By een kleuterskool in Pretoria-Noord bly agt uit die 14 kleuters in die skool in Wendy-huise. “Baie van die kinders is milieugestremd, word glad nie intellektueel gestimuleer nie en is gevolglik ook nie skoolgereed op die ouderdom van ses nie,” sê Strydom. Volgens haar gaan die meeste kleuters wat in plakkerskampe woon, nooit na kleuterskole toe nie. “Dit is ’n bekende feit dat 80% van ’n kind se breinfunksies reeds voor die ouderdom van ses jaar ontwikkel,” sê sy. Luidens die verslag is daar by al 22 kleuterskole ’n behoefte aan opvoedkundige materiaal vir spraak- en taalontwikkeling, motoriese
ontwikkeling, ontwikkeling van emosionele intelligensie, asook kreatiewe stimulasie. “In baie Afrikaanse kleuterskole in arm gebiede het die onderwyseres dikwels self nie eers matriek geslaag nie. Deur in die opleiding van kleuterskoolonderwysers en dagmoeders te belê, word ’n klaskamer vol Afrikaanse kleuters bereik,” sê Strydom. Danksy die bydraes wat Helpende Handondersteuners in 2009 tot die Kosblikkieprojek gemaak het, word 30 ma’s van Danville tans as dagmoeders opgelei, waarna hulle in staat sal wees om hulle eie dagsorgsentrums te begin. Die opleiding word in samewerking met die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans gedoen. “Die Kosblikkieprojek vorm deel van die groter strategie vir die opheffing van ons kinders,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. Volgens hom is dit belangrik om reeds van kleins af ’n omgeekultuur by kinders te kweek. S
Aanstap Rooies...
die pad is lank en swaar...
Nie saam met Aksent Media nie! Kies koers deur die miernes en laat Aksent Media jou publikasie, handelsmerk én maatskappy na ’n splinternuwe vlak neem!
Tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za
solidariteit helpende hand
Sprokie gee dié heldinne weer selfrespek
FOTO: REINT DYKEMA
v
Deur Surika van Schalkwyk
ir ’n groepie vroue van Sonop, ’n arm gemeenskap net buite Brits in Noordwes, het die pot aan die einde van die reënboog nie goud in nie, maar eerder selfrespek. Die tentakels van armoede het dié vroue stadig maar seker van alle energie, selfrespek en hoop gestroop. Maar voordat hierdie vroue deel van die armoedestatistiek in Suid-Afrika kon word, het die uitvoerende kunste en baie deursettingsvermoë hulle gered. Nadat Marianthie van der Waldt, Helpende Hand-streekorganiseerder en dramaturg, hierdie vroue van Sonop ontmoet het, wou sy graag hulle uniekheid met die res van die land deel deur ’n toneelstuk spesiaal vir hulle te skryf. So is die toneelstuk Besonder: ’n Sprokie met ’n kinkel gebore. Marianthie het as skrywer, akteur en regisseur opgetree. Sedert die toneelstuk se debuut ’n jaar gelede is dit reeds landwyd in 11 stede opgevoer. Hierdie besonderse groep vroue is tans besig om mense regoor Suid-Afrika van wit armoede bewus te maak. Deur die toneelstuk kry die vroue die geleentheid om die buitewêreld te vertel van die uitdagings waarmee hulle as vroue wat in armoede leef daagliks gekonfronteer word. Hulle word byvoorbeeld dikwels veroordeel omdat hulle arm is. In die toneelstuk beeld elke vrou ’n ander sprokieskarakter soos Sneeuwitjie, Rooikappie of Aspoestertjie uit. “Die opregtheid waarmee hulle hul stories vertel, is roerend en inspirerend,” sê Marianthie. Volgens haar is die publiek baie vinnig om arm mense te veroordeel sonder om te weet hoe hulle in daardie omstandighede beland het. “Die hooftema van die toneelstuk is dat ons mense nie moet veroordeel vir hulle omstandighede nie, maar eerder moet kyk wat hulle met daardie omstandighede doen.” Ten spyte van hulle eie armoede het die groepie vroue in 2008 eiehandig ’n sopkombuis in hulle gemeenskap begin. Die sopkombuis word nou deur ’n ander welsynsorganisasie bedryf. Verder bedryf die vroue ook ’n naaldwerksentrum waaruit hulle geld vir skoolfonds en ander lewensmiddele insamel. “Die lewe is lankal nie meer ’n sprokie nie en sprokies se helde en heldinne bestaan ook nie meer nie – maar ons kan heldinne in ons eie lewens wees en bo ons omstandighede uitstyg, maak of breek,” sê Marianthie.
Marianthie van der Waldt, Helpende Hand-streekorganiseerder; Johan Jacobs, senior bestuurder van Helpende Hand-gemeenskapsdienste; en die sterre van die vertoning: Susan, Dina, Elize, Lena en Rosemary.
Volgens haar het die vroue geen professionele opleiding of agtergrond in drama of teater nie. “Ek het die stuk rondom die vroue se persoonlikhede geskryf, en het karakters geskep waarmee hulle kan identifiseer en waardeur hulle hul sienings oor die lewe en die situasie van armoede kan oordra.” Volgens Marianthie demonstreer die vroue nie net dat hulle situasie benard is nie, maar hulle wys ook dat daar ten spyte van hulle armoede tog hoop is, veral as mense saamstaan. “In die moeilike tye van vandag kyk ons dikwels net vas in die negatiewe en die ontstellende. As ons toelaat dat die negatiewe ons verblind, kan ons nie verby
nommer 5 van 2010
42
dit na die suksesverhale ook kyk nie,” sê sy. Hoewel die toneelstuk die vroue se lewens verander het, is die vroue en hulle gemeenskap steeds gewikkel in ’n voortdurende stryd teen armoede. Een van die vroue, Dina Engelbrecht, vertel dat die selfvertroue en hoop wat die toneelstuk vir hulle gebring het, deur die res van die gemeenskap versprei het. “Ten minste weet die vroue en hulle gemeenskap nou dat hulle die stryd teen armoede kan oorwin,” sê Marianthie. • Enigiemand wat graag ’n optrede van die produksie wil bespreek, kan Marianthie van der Waldt by 082 741 7858 bel vir meer besonderhede. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
Solidariteit se lede het die behoefte uitgespreek aan ’n bietjie ekstra kontant by die afsterwe van ’n geliefde – broodnodige geld, veral in situasies waar bankrekenings gevries word. Die vakbond het daarom ’n produk ontwikkel om in hierdie behoefte te voorsien: Die Solidariteit Aanvullende Begrafnisdekking.
UNIEKE KENMERKE • Keuse tussen twee vlakke van dekking – R9 000 of R18 000 vir hooflid teen onderskeidelik R13,83 en R27,65. • ’n Gesin van 6 geniet dekking (hooflid, gade en vier kinders) teen slegs R32,59 per maand. • Voorsiening word gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers. • Premies van so min as R14 per maand. • Maklike aansoekproses met geen mediese of bloedtoetse. • Vinnige uitbetaling. • Skema slegs vir lede wat die begrafnisvoordeel by Solidariteit geniet. • Maksimum intree-ouderdom vir volwasse afhanklikes is 70 jaar.
PREMIES & DEKKING DEKKING Hooflid
R9 000
Familie
PREMIE
DEKKING
R13,83
R18 000
R32,59
PREMIE R27,65 R65,18
(Hooflid, gade en maksimum 4 kinders)
R9 000
R18 000
Gade
R7 472
R14 944
Kinders 14-21
R7 472
R14 944
Kinders 6-13
R4 202
R 8 404
Kinders 1-5
R4 202
R 8 404
Kinders 1 en ongebore babas
R2 911
Volwasse afhanklikes onder 65
R5 000
R20,74
R 5 000
R20,74
Volwasse afhanklikes 65 en ouer
R5 000
R30,81
R 5 000
R30,81
R 5 822
Onderskryf deur Centriq Life Insurance Company Ltd • Registrasienommer: 1943/016409/06 • FSP-nommer: 7370
Solidariteit Finansiële Dienste
0861 867 335
AKSENT MEDIA • 09/2010
Hooflid
nuuswaardig
Twee Solidariteit-helde sterf in vliegongeluk Deur Moira-Marie Kloppers
FOTO’S: VERSKAF
23 Julie 2010. Stukke rokende metaal lê oor ’n oop stuk veld naby ’n plakkerskamp buite Witbank verstrooi waar ’n polisiehelikopter met vyf polisielede, die loods en nog ’n bemanningslid neergestort het terwyl hulle op pad was om hulle makkers in Witbank te hulp te snel. Die Jabulani-bakkery in Witbank se alarm het vroeg dié oggend afgegaan. Die polisie het sewe rowers op heterdaad betrap en ’n skietery het gevolg. Daar was ’n sterk vermoede dat die rowers ’n gyselaar by hulle het, en lede van die nasionale intervensieeenheid is per helikopter na die toneel ontbied om te help. Niemand is seker wat daarna gebeur het nie, maar digte mis het vermoedelik veroorsaak dat een van die helikopters in ’n oop stuk veld net buite Witbank neergestort en in vlamme uitgebars het. Al sewe insittendes het omgekom. TWEE GESINNE IN ROU GEDOMPEL Tinus Gouws (39) en Jacobus (Koos) Henning (28), albei lede van Solidariteit, was ook in dié helikopter. Hulle was albei gebore polisielede en het albei net ná skool by die SAPD aangesluit. By hul afsterwe was Koos reeds nege jaar in die diens en Tinus ’n volle 22 jaar. Koos, oftewel “Gooseman” soos sy vriende hom genoem het, het in 2001 in sy pa, kol. Johann Henning, se spore gevolg en met sy opleiding by die SAPD begin. Hy het benewens sy normale skofte ook op sy rusdae by die blitspatrollie gewerk en een van die groot hoogtepunte van sy lewe was om, soos sy pa, ’n gevorderde kursus in spoorsny te voltooi. “Sy werk was ’n groot passie vir hom gewees,” sê Marlize Henning, sy vrou. Koos en Marlize was skaars 19 maande getroud toe dié ongeluk hulle gesinnetjie getref het. Nou leef Marlize om hulle seuntjie, Johann (11 weke), só groot te maak dat Koos trots op hom sou wees. Die Gouws-familie sê dat Tinus se kinderdroom bewaarheid is toe hy op 28 Desember 1988, net nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het, met sy polisie-opleiding begin het. Hy is in 1989 by die SAPD se hoofkantoor by Wachthuis ontplooi in die destydse Appropriasie-afdeling (’n finansiële afdeling). Daarna is hy na die Herculespolisiekantoor oorgeplaas. In Mei 1996 het hy in die lugvleuel begin werk.
Links: Koos, Marlize en hul seuntjie, Johann. Onder: Tinus en sy kinders, Hailey (6) en Stephen (3).
“Een van die hoogtepunte van Tinus se loopbaan was beslis toe hy in Mosambiek gehelp het met die verwydering en vernietiging van landmyne,” vertel Driaan Gouws, Tinus se broer. “Hy het egter nog gewag vir die volgende hoogtepunt: Sy bevordering na kaptein,” voeg hy by. SOLIDARITEIT SIT STRYD VOORT Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se arbeidshofafdeling, sê Solidariteit sal Gouws se stryd teen die SAPD oor die toepassing van regstellende aksie enduit voer. “Tinus het in Julie 2008 aansoek gedoen om bevordering van inspekteur na kaptein. Hy was meer as 20 jaar in diens van die SAPD en was by die lugvleuel gestasioneer. Hy is as die beste kandidaat vir die pos aanbeveel, maar is nie in die pos aangestel nie, aangesien dit glo nie verteenwoordiging
nommer 5 van 2010
44
sou bevorder nie,” verduidelik Groenewald. “Die pos is vakant gelaat, maar Gouws het toe reeds ’n geruime tyd al die take verrig wat as die pos se vereistes in die advertensie gestel is. “Solidariteit het hierop Gouws se saak, saam met dié van sewe ander, na die arbeidshof geneem en ’n voorverhoornotule moet nou opgestel word,” voeg hy by. “Tinus het dikwels vertel dat daar tog maar ’n mate van rassespanning in die SAPD is, omdat blankes se regte ter wille van verteenwoordiging benadeel word,” verduidelik Driaan. “Indien ons daarin slaag om dié saak te wen, sal Tinus se gesin terugwerkend vergoeding ontvang en die maandelikse pensioen sal ook meer wees,” sê Groenewald. “Dit sal nooit die verlies minder maak nie, maar minstens sal die finansiële druk op die gesin ’n bietjie ligter wees,” voeg hy by. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
my werk
Pakket bied nie noodwendig vryheid
ILLUSTRASIE: iSTOCKPHOTO.COM
d
Deur Paul Joubert en Moira-Marie Kloppers
ie aanbod van duisende rand as deel van ’n vrywillige skeidingspakket is vir baie mense aanloklik. Wanneer afleggings by ’n maatskappy ter sprake kom, voel baie mense dat ’n vrywillige skeidingspakket ’n welkome uitkoms kan bied. Baie meen dit is voldoende om die droom van ’n eie onderneming te bewaarheid. Dit is egter nie so maklik nie. ’n Persoon wat ’n totale pakket van R250 000 per jaar ontvang, kan as deel van ’n goeie skeidingspakket nagenoeg R270 000 ontvang. ’n Middeljarige persoon wat R250 000 per jaar verdien, se totale maandelikse uitgawes op lewensmiddele, pensioenfonds, mediese fonds en so meer is waarskynlik sowat R19 000 per maand. Indien daar dus van die pakket geleef gaan word, sal dit skaars 14 maande lank hou. Gestel die helfte van die skeidingspakket (R135 000) word vir lewenskoste aangewend en die oorblywende deel (R135 000) word gebruik om ’n onderneming mee te begin. Die onderneming sal binne ses maande ’n wins van minstens R19 000 moet toon vir die eienaar om ’n bestaan te kan maak, want die deel wat vir lewenskoste opsy gesit is, sal slegs ses maande lank hou. Die rente wat in die kort tydperk op dié geld verdien word, is glad nie noemenswaardig nie. R135 000 klink dalk na baie geld, maar om ’n onderneming te begin, kos aansienlik duurder. Die koste om ’n klein onderneming soos ’n koffiewinkel van die grond af te kry, wissel tussen R1,6 miljoen en R5 miljoen. Dit is ook nie so maklik om nuwe werk te kry nie, veral nie in die huidige ekonomiese omstandighede nie. Sowat 2,8 miljoen van die 4,3 miljoen werklose mense in Suid-Afrika is reeds vir langer as ’n jaar werkloos en van die 2,8 miljoen is sowat 600 000 reeds vir meer as vyf jaar werkloos. Suid-Afrika het entrepreneurs nodig en die syfers moet nie entrepreneurskap stuit nie. Wat wel belangrik is, is dat ’n mens besef ’n nuwe onderneming is ’n uitdaging en dat die glans van ’n skeidingspakket gou verdof indien dit nie omsigtig aangewend word nie. S
MY WERK
NUWE SAKE SE OORLEWINGSTRYD • Sowat 40% van nuwe ondernemings misluk binne een jaar, 60% binne twee jaar, tussen 70% en 80% binne vyf jaar en tot 90% binne tien jaar. • Meer as 50% van klein ondernemings oorleef nie eers die eerste drie maande nie. • 4 100 maatskappye en beslote korporasies is in 2009 gelikwideer. • 5 300 individue en vennootskappe is in 2009 insolvent verklaar.
nommer 5 van 2010
46
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
as is verbrande hout...
Keer vandag nog dat jou
AFTREEDROME in vlamme opgaan!
AKSENT MEDIA • 09/2010
Solidariteit Aftreeplan Solidariteit Finansiële Dienste
0861 101 005 E-pos: ruan@solidariteit.co.za
Weet jy hoeveel geld het jy nodig om af te tree? Nee? ONS KAN HELP!
Solidariteit Aftreeplan 0861 101 005 E-pos: ruan@solidariteit.co.za
AKSENT MEDIA • 09/2010
Solidariteit Finansiële Dienste
nuuswaardig
AfriForum se Willie (die) Spies in talle se vlees In ’n samelewing waar die staat en groot instellings nie skroom om teen mense te diskrimineer nie, moet burgerlike instellings gewone landsburgers se regte dikwels deur middel van die howe opeis. AfriForum het sedert sy stigting ’n paar jaar gelede groot welslae op hierdie gebied bereik. Willie Spies, bekende prokureur, oudpolitikus en openbare persoonlikheid van Pretoria, is sedert verlede jaar regstreeks betrokke by AfriForum se stryd om ons regte deur die howe op te eis. JACO KLEYNHANS het met hom gesels.
FOTO: REINT DYKEMA
Hoe het jy by Solidariteit betrokke geraak? Ek is reeds sedert 1999 by Solidariteit betrokke. Ek moes destyds die trustakte van die MWU-Ondersteuningstrust opstel en laat registreer. Dié trust het uiteindelik in Solidariteit Helpende Hand ontwikkel, wat as Artikel 21-maatskappy wonderlike gemeenskapswerk in behoeftige Afrikanernedersettings doen. Verder was ek destyds ook betrokke by die opstel van ’n koopooreenkoms toe MWU-Solidariteit sy gehawende kantore in Braamfontein, Johannesburg van die hand gesit het. Die verskuiwing van die hoofkantoor na Centurion het destyds ’n baie belangrike simboliese rol vervul om die vakbond op ’n nuwe pad van groei, herdefiniëring en ontwikkeling te plaas. Ek was as parlementslid tussen 2004 en 2009 ook deurlopend met Solidariteit in gesprek. Ek het in die portefeuljekomitees vir arbeid en minerale en energie gedien en was gevolglik ten nouste gemoeid met die vakbondwese. Die ANC-lede in die arbeidskomitee het my altyd Solidariteit se shop steward in die komitee genoem. Maar my formele en permanente verbintenis met Solidariteit het eers ’n jaar gelede begin. Gebeure op die partypolitieke front het my by ’n kruispad gebring wat my loopbaan betref. Ek moes besluit of ek nog vyf jaar in die parlement sou deurbring as deel van ’n voertuig wat ’n selfvernietigende koersverandering ingeslaan het, en of ek my roeping dalk eerder elders moes uitleef. AfriForum en Solidariteit het my in daardie tyd genader om op ’n meer formele grondslag as prokureur by burgerregte-litigasie en korporatiewe regswerk binne die beweging betrokke te raak. Wat dink jy is die rol van litigasie in ’n burgerlike instelling soos AfriForum? Net soos groot grasperke die terrein is waarop rugby gespeel word, is howe die terrein waar burgerregte eindelik uitgeoefen word. ’n Organisasie kan hom nie met burgerregte besig hou sonder om van tyd tot tyd daardie regte in die howe op te eis of te verstewig nie. Juis daarom
is AfriForum gereeld in die hof om dié noodsaaklike rol te vertolk. In litigasieprosesse word regslui gedwing om die aansprake van hulle onderskeie kliënte te verwoord en te debatteer. Die howe dwing ons om dit binne die bestaande regsraamwerk te doen. In dié proses word regte verfyn en pligte duideliker uitgestippel. Dit is ’n baie belangrike manier om die papierregte wat in die Grondwet en in wetgewing vervat word, grond toe te bring en tot voordeel van ons lede toe te pas. Wat maak jou die meeste bekommerd? Die feit dat soveel gelowige landsburgers nalaat om hulle roeping op aarde behoorlik uit te leef. Christene is nie geroep om agter hoë mure weg te kruip en in ’n klein privaat kring so ryk moontlik te probeer word, terwyl die wêreld rondom ons vergaan nie. Ons roeping is juis om lig vir die wêreld en sout vir die aarde te wees. Dit beteken dat ons vir ons gesin, gemeenskap en ons land iets moet beteken. In die republikeinse tradisie beteken dit dat ons uit ons eng privaat domein tree en die openbare domein betree vanwaar ons iets vir die samelewing rondom ons kan beteken. Wanneer mense egter bloot besluit om die stryd
nommer 5 van 2010
50
gewonne te gee en te emigreer (hetsy na die buiteland of na binne – die veilige bestaan binne die vier mure van ons woonerwe), versaak ons daardie roeping en laat ons nie die Lig van die Waarheid skyn waar dit moet nie. Wat sal jy as die drie grootste hoogtepunte van jou loopbaan beskou? My verkiesing as parlementslid ses jaar gelede was destyds ’n besondere hoogtepunt. Ek het tot in daardie stadium in ’n politiek korrekte korporatiewe omgewing gewerk waar individuele welstand die enigste doelwit was. My verkiesing as LP het my in staat gestel om daardie lewe vaarwel toe te roep en die openbare domein te betree. Op regsgebied was die suksesvolle aansoek namens Willem Richter in die Konstitusionele Hof, om aan Suid-Afrikaners in die buiteland stemreg te bied, sekerlik ’n hoogtepunt. My betrokkenheid as AfriForum se prokureur by die regstryd van Zimbabwiese boere teen die regerings van Zimbabwe en SuidAfrika is nog ’n hoogtepunt. Ek het in kontak gekom met mense wat ten spyte van die reuse-verliese wat hulle gely het, steeds hoop, geloof en waardigheid behou het. Dit is vir my ’n inspirasie vir die toekoms. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
Moeg om ’n ritboek op datum te hou?
“tripTrack* maak dit so maklik soos om Trippe Trappe Trone te sing,” sê Kallie Kriel van AfriForum.
* Die elektroniese ritboek volgens die SAID se jongste vereistes.
• • • • •
Ontvang jy ’n vervoertoelae? Is jy ’n verteenwoordiger, organiseerder of bedryfshoof? Gebruik jy ’n maatskappyvoertuig? Het jy jou eie onderneming? Is jy in beheer van vlootvoertuie en bestuurders?
Moenie kilometers in die water gooi nie! Geweet jou voertuig se sigaretaansteker kan vir jou geld in die sak beteken? Sit die daarin en kry geld terug wat in die Ontvanger se sak sou beland! is met enige voertuig en bestuurder versoenbaar!
Twee gelukkige lesers kan elk ’n tripTrack wen! SMS die woord “Trip” na 072 314 4433 of 083 631 3589 of stuur e-pos met “Trip” in die onderwerplyn na alet@outlyersolutions.co.za (Gewone SMS-tariewe geld)
lidmaatskap
’n wen-wen-
VENNOOTSKAP
Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word.
TOT U DIENS MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede. Skakel 0860 34 62 53 vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie.
SOLIDARITEIT REGSHULPPAKKET Vir ’n bykomende premie van slegs R65 per maand kan lede en hulle afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en familiegedinge, borgonderhandeling, borgbetaling tot R5 000, strafregsake (krimineel) en hulp met verkryging van vuurwapenlisensies. • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).
HOEVEEL KOS LIDMAATSKAP? • Individuele lede – R72 per maand • Kollektiewe lede – R70 per maand
SOLIDARITEIT AFTREEPLAN Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min SuidAfrikaners onafhanklik kan aftree. • Skakel 0861 000 777 of stuur e-pos na solidariteit.aftreeplan@coriscapital.com
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
TESTAMENTE EN BOEDELBEREDDERING Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan ook teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300.
’N HELPENDE HAND SOLIDARITEIT HELPENDE HAND Solidariteit Helpende Hand ondersteun maatskaplike projekte en elke aansoek word op meriete oorweeg. Aansoeke kan gerig word aan: Solidariteit Helpende Hand, Posbus 11760, Centurion 0046. • Skakel 0861 25 24 23.
BEURSE Die vakbond stel jaarliks studiebeurse vir lede se kinders beskikbaar. Voorkeur word gegee aan afhanklikes van behoeftige weduwees en pensioenarisse. By beurstoekennings word die aansoeker se inkomste en duur van lidmaatskap in ag geneem. Rig aansoeke aan: Solidariteit Beurse, Posbus 11760, Centurion 0046. • Skakel 012 644 4300.
nommer 5 van 2010
52
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
lidmaatskap
LIDMAATSKAPKATEGORIEË Met vier kategorieë van lidmaatskap bied Solidariteit ’n tuiste vir almal!
1
KOLLEKTIEWE LEDE
Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.
2
VOORTSETTINGSLEDE (AFGETREDE LEDE)
Bestaande Solidariteit-lede kan binne drie maande ná aftrede aansoek doen om voortsettingslidmaatskap. Hierdie lede kwalifiseer vir alle toepaslike voordele. Die afhanklike kan ná afsterwe van die lid aansoek doen vir voortsetting van lidmaatskap. Voortsettingslede wat ’n verminderde premie betaal se kontantuitbetalingsvoordeel is slegs op die hooflid van toepassing.
4
ARBEIDSAKE Gratis regshulp en hulp in arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werksprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise.
INDIVIDUELE LEDE
Individuele lede is lede wat by aansluiting jonger as 50 jaar is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.
3
ONS WERK VIR JOU
ONDERSTEUNINGSLEDE
Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie, dit wil sê individuele lede wat by aansluiting ouer as 50 jaar is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, siekte- en ongelukskema, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.
Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.
STERFTEVOORDELE (DOVES-KONTRAK) Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Doves-begrafnisdienste behartig. • Die afhanklike gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. Kontantuitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders
beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: * Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 * Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide man en vrou lid van Solidariteit is. Begrafnisreëlings Die las van begrafnisreëlings word baie verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref. Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding.
PERMANENTE MEDIESE ONGESKIKTHEID Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit en wat spesialisverslae en bewyse van hulle werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500.
SIEKTEVOORDELE Siektevoordele van R12 per dag is betaalbaar aan lede vanaf die datum waarop die werkgewer betaling staak.
BEVALLINGSVOORDEEL ’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne 60 dae ná die bevalling ingedien word.
SOLIDARITEIT TYDSKRIF Lede ontvang ’n eksemplaar van die Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook Solidariteit se werksaamhede gedek word.
MOENIE WAG NIE, SLUIT VANDAG AAN! • Skakel 0861 25 24 23; besoek www.solidariteit.co.za; SMS die woord SOL en jou naam na 35960; of besoek een van ons dienskantore. * BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD
number 5 of 2010
53
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
’n Dag in ’n Sol-Tech-student se skoene
l
Deur Charl Oberholzer
FOTO’S: REINT DYKEMA
aat opstaan sonder om die kinders vir skool gereed te kry, gemaklike, versoolde tekkies in die plek van stywe swart puntskoene en ’n dag in ’n klaskamer pleks van ’n gejaag van vergadering na vergadering. Solidariteit en Sol-Tech se hoofbestuurslede het hulself vir ’n dag in die skoene van ’n Sol-Tech-student geplaas om werklik die kollege-ervaring te beleef. Met ’n T-hemp en ’n denim het Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, en Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof, saam met ander direksielede, bedryfshoofde en vriende van Sol-Tech die ondervinding meegemaak en hulle hande gaan vuil maak. Bestuurslede het klas geloop en in die werkwinkels hand bygesit. “Dit was lekker om vir ’n slag weer student te wees en te ervaar wat Sol-Tech aan ons studente bied. Dit is belangrik om op grondvlak te weet wat studente ervaar om sodoende die beste opleiding te verseker,” sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. Ná hierdie ervaring het Dirk Hermann spontaan opgemerk dat dit duidelik is dat Sol-Tech vir die toekoms gerat is.
Dirk Hermann en Bennie Blignaut, bedryfshoof, bekyk die draaibank van nader.
Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, is die ene konsentrasie.
Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech, steek kers op by een van die Sol-Tech-studente.
nommer 5 van 2010
54
Sol-Tech-dosent Leon van Wyk wys vir Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, die fynere draaikunsies.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Kollege spog met 100%-slaagsyfer Sol-Tech het tot dusver ’n merkwaardige 100%-slaagsyfer van studente wat hulle vaktoets ná hul derde studiejaar aflê. Min kolleges kan met só ’n rekord spog en daarom word Sol-Tech as een die voorste opleidingskolleges in Suid-Afrika beskou. Dit is egter nog die beginjare en die eerste oes van studente is nou deur die stelsel. Sowat 40 studente het tot dusver elektrisiënvaktoetse afgelê en geslaag en nog 30 studente gaan dié toets binnekort aflê. Terwyl talle studente angstig vir hulle uitslae en vaktoetsdatums wag, word daar stadig maar seker gereed gemaak vir die vereringseremonie vroeg volgende jaar waar studente beloon sal word. Hierdie groep studente se kwalifikasies is
merkwaardig, aangesien hulle as deel van die kursus ook ’n NQF4-kwalifikasie ontvang. In die praktyk beteken dit dat hulle ’n NQF4kwalifikasie asook ’n rooiseëlsertifikaat verwerf as gekwalifiseerde ambagslui. Daar moet in gedagte gehou word dat ’n NQF4-sertifikaat wat ’n gr. 12-leerder ná die voltooiing van sy finale eksamen ontvang, nie gelykwaardig is aan Sol-Tech se NQF4-sertifikaat of enige ander tegniese opleiding nie. “Die opleidingskollege is voornemens om op hierdie welslae voort te bou, omdat dit die vrugte is wat gepluk word wanneer jy uitstekende personeel, moedertaalonderrig en Christelik-gesentreerde opleiding kombineer,” sê Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech.
Studente by Sol-Tech verwerf rooiseëlsertifikate wat in die bedryf vereis word. Rooiseëlsertifikate word verwerf deur die demonstrasie van bevoegdheid om sekere take volgens wetlike en bedryfsvereistes sonder toesig onder eksamentoestande te kan uitvoer. Om ambagsluistatus te verwerf, moet leerders die rooiseël ná die voltooiing van hulle vakleerlingskap verwerf.
258 studente by werkgewers geplaas
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
Ajani, Sol-Tech se plasingsmaatskappy, is onlangs na Sol-Tech se hoofkantoor in Booysens verskuif. Ajani is daarvoor verantwoordelik om Sol-Tech se studente ná ses maande se teoretiese opleiding na gasheerwerkgewers uit te plaas om vir ses maande praktiese opleiding te ontvang. Sedert die ontstaan van Sol-Tech en Ajani het die aantal studente drasties toegeneem. Daar is die afgelope ses weke altesame 258 studente by 155 gasheerwerkgewers geplaas. Ná die plasing van hierdie studente is Ajani deur verskeie werkgewers gekontak wat ook belangstel om studente van Sol-Tech vir hulle
praktiese opleiding in diens te neem. Hierdie versoeke spruit voort uit die topgehalte opleiding wat die studente ontvang. Ajani se dienste is uitgebrei om studente se vordering en prestasie by die betrokke werkgewers gedurende die praktiese opleidingstydperk van ses maande te monitor. So word daar verseker dat leerders vir die volle termyn in diens van die werkgewer bly en dat die administratiewe verantwoordelikhede daagliks bygehou word. • Indien jy belangstel om ’n Sol-Techstudent in diens te neem, skakel Ajani by 012 755 5687 of 082 856 2914.
Tel: 012 755 7148 Tel: 012 755 5687 www.sol-tech.co.za number 5 of 2010
55
Sol-Tech-rugby hou oog op bal Sol-Tech-rugby het reeds verlede jaar die trofee in die Carlton-liga gelig en hoewel dié talentvolle span vanjaar steeds momentum behou, het hulle teen die Universiteit van Pretoria vasgeval. Die Sol-Tech-rugbyspan het tot die semifinaal van die kompetisie gevorder. “Die span se veggees is ongelooflik. Sol-Tech kan trots wees op die span,” het Gert Nell, afrigter van die span, gesê. Sol-Tech is verlede jaar as die Naka Bulle Rugby-unie se span van die jaar aangewys en het ongelooflik baie vordering in ’n baie kort tydperk getoon.
Sol-Tech bars uit sy nate Sol-Tech het waarlik die afgelope paar jaar uit sy nate gebars. In 2007 was daar 64 elektrisiënstudente en drie lektore en in 2008 is die aantal studierigtings uitgebrei na vier met 296 studente. In 2009 was daar reeds 371 studente en nou is daar meer as 500 gretige Afrikaanse studente wat aan Sol-Tech studeer. Die opleidingskollege het in vier jaar van net drie na 33 hoogs gekwalifiseerde en ervare personeellede gegroei. R15 miljoen se toerusting is aangekoop danksy Solidariteit se Groeifonds en die meeste van die toerusting is self deur die lektore gebou en aangepas, wat ’n vervangingswaarde van meer as R25 miljoen daarop plaas. Grond is in Centurion gekoop vir die bou van ’n nuwe kampus wat alle verwagtings gaan oortref, en beplanning het reeds ver gevorder. Sol-Tech is ook druk besig met geldinsameling om ’n groot Afrikaanse kampus op te rig. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Só kan jongmense werkberg makliker klim
o
Deur Ilze Nieuwoudt
pgewondenheid en afwagting. Dit is gewoonlik emosies eie aan jongmense wat hulle eerste werkdag aanpak. Tog het ’n studie deur Philip Minnaar, afdelingshoof van die departement motorwerktuigkunde by Sol-Tech, getoon dat laat-adolessente in baie gevalle ontnugter word deur hulle eerste werkervaring. Dié studie, wat as deel van Minnaar se meestersgraad in opvoedkundige sielkunde onderneem is, toon talle interessante bevindings rakende jong volwassenes se ervaring van die werkplek en bied ook nuttige riglyne aan werkgewers om die oorgang na die volwasse werkplek te vergemaklik. Wie is die laat-adolessent? Terwyl adolessente as jongmense tussen die ouderdom van 11 en 19 jaar beskou word, meen Minnaar daar is ’n nuwe groep wat vir baie langer as adolessente beskou kan word. “Internasionale navorsers onderskei ’n kategorie wat as emerging adults bekendstaan. Hierdie kategorie jongmense strek tot die ouderdom van 30 jaar en dit is gewoonlik die fase waarin jongmense die wêreld van werk betree,” verduidelik Minnaar. Hy beklemtoon dat die volwassewordingsproses by hierdie groep jongmense in baie gevalle vertraag word omdat hulle baie langer as die vorige generasies in hul ouerhuise aanbly.
• Lees meer oor Philip Minnaar se loopbaan en navorsing op die bladsy hiernaas.
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
Spanning in die werkplek Volgens Minnaar vind die laat-adolessent dit dikwels moeilik om hom- of haarself in die werkplek te handhaaf en ervaar daarom spanning. “Hierdie jongmense ervaar ’n gevoel van minimale persoonlike bevoegdheid en selfvertroue, en ’n gevoel van magteloosheid veroorsaak dat hulle hulself van ander onttrek. “Hulle oorreageer dikwels as ’n manier van selfverdediging en voel só ontevrede met hul werksituasie, dat hulle bedank of ander werk soek. In ander gevalle onderdruk hulle hul emosies en probeer bloot om in die werkplek te oorleef,” verduidelik hy.
Skep ’n veilige omgewing Hoewel die oorgang na ’n volwasse werkomgewing vir jongmense intimiderend kan wees, meen Minnaar dat ’n omgewing geskep moet word waarin dié werknemers emosioneel veilig kan voel. “Hierdie werknemers moet simpatiek begelei word om verantwoordelikheid vir hulle eie gedrag en besluite te aanvaar, hulle gevoelens uit te druk en die terugvoer van ander nie net as kritiek te beleef nie,” sê hy. Volgens hom sal werknemers se kreatiewe denke en probleemoplossingsvaardighede gevestig en produksie verhoog word as hulle positiewe terugvoer van toesighouers ontvang. Hy gee die volgende wenke om ’n jong werknemer te laat inskakel: • Bevorder sosialisering en deelname binne die groep om sodoende ’n gevoel van behoort by die jong werknemer te skep. • Laat die werknemer ’n vraelys invul om te bepaal hoe hoog sy of haar stresvlak in die werkplek is. Die ideaal sal wees as dié vraelys ook vrae oor persoonlikheidsverskille insluit. • Bied geleentheid vir eie besluitneming. Dit sal die werknemer meer vertroue in sy of haar oordeel en vermoë gee. • Bevorder kommunikasie tussen werknemers. Die maklikste manier om dit te doen, is wanneer daar meer as een nuweling in die werkgroep is. • Implementeer ’n mentorskapprogram in die werkplek om nuwe werknemers op hulle gemak te laat voel en makliker te laat inskakel.
nommer 5 van 2010
56
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
FOTO: REINT DYKEMA
Philip Minnaar: Die man, die studie en die oplossing Philip Minnaar se liefde vir opleiding was reeds vroeg in sy lewe duidelik. Ná skool het hy by die Suid-Afrikaanse Gevangenisdiens gewerk, terselfdertyd as ’n vakman in twee afsonderlike ambagte gekwalifiseer én ’n nasionale tegniese diploma verwerf. Kort hierna het die onderwysgogga hom gebyt en verwerf hy ’n hoëronderwysdiploma. As onderwyser het hy steeds verder gestudeer en ’n honneursgraad in opvoedkundige sielkunde behaal. Met sy aansluiting as dosent by Sol-Tech het Minnaar die geleentheid raakgesien om navorsing oor jongmense se selfhandhawing te doen. “Ek het in die onderhoude wat met voornemende studente by Sol-Tech gedoen is, opgemerk hoe die ouers die meeste van die praatwerk doen. Dit het my laat wonder oor hoe hierdie jongmense vaar wanneer daar nie ’n ma of ’n pa is om die antwoorde te gee nie. Dit het voorgekom asof hulle nie ’n stem van hul eie het nie. Ek wou vasstel hoe hierdie jongmense in die praktyk is wanneer hulle hulself teenoor ander moet handhaaf.” Volgens hom is die uiteindelike doel van sy navorsing om ’n model te ontwikkel wat
Philip Minnaar
gebruik kan word om jongmense (en ambagslui in die besonder) by te staan om in die werkplek in te skakel. “Vakkennis en selfhandhawing is slegs twee elemente waarop beroepswelslae berus.
Die groter prentjie wentel rondom die vlak van selfbewustheid waaroor mense beskik. Hierdie navorsing vervul dus ’n belangrike rol binne die verhoudingslegkaart tussen mense, ongeag of dit op sosiale of werkvlak is.” S
newsworthy
The truth about transformation
PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM
t
By Francois Calldo
he Commission for Employment Equity (CEE) published its 10th annual report in August. This report is used to monitor the progress of racial transformation in South African workplaces. This year’s CEE report once again mainly focused on the top occupational levels, which account for only a small fraction of the working population of South Africa. Like previous years, the CEE report sketched a very bleak picture about the so-called slow pace of transformation. The CEE mentioned that it is very concerned that more than 10 years after the Employment Equity Act was promulgated, whites continue to dominate nearly every occupational level. Another example of the excessive focus on the top level was the statement by the acting chairperson of the CEE, Mpho Nkeli, that white males still dominate the top echelons of the workplace,
while they are in the minority in society. The report also states that white women benefit the most from affirmative action measures, while women from other race groups appear to have benefited the least from these measures. This year’s CEE report was compiled from information submitted by employers with more than 150 employees. The survey once again covered a different number of companies and a different number of workers compared to all previous years. Unfortunately, the methodology used by the CEE does not conform to statistical norms. This already renders any conclusions with respect to changes in racial representation dubious. The complete lack of correct statistical methodology is the same as in all the previous years. The CEE’s report even includes some mistakes with simple addition. Apart from Solidarity, independent
nommer 5 van 2010
58
institutions like MarkData, Ipsos-Markinor and the Sociology of Work Unit at Wits University have in previous years repeatedly pointed out these and other glaring errors in CEE’s methodology. Although much was said in the CEE report and in the media about the so-called slow pace of transformation, it seems that for the sake of convenience nothing is said about how much the representation of both white males and females has declined over the past few years at the different occupational levels. With regard to the CEE’s statements about the benefit that white women apparently derive from affirmative action, the following can be said: When considering trends from 2003 to 2009 it would seem that the representation of white women increased slightly at a few occupational levels. However, what is not mentioned is that the representation of white women at all occupational levels
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
PHOTOGRAPH: REINT DYKEMA
newsworthy steadily declined from 2005 to 2009. The representation of women from the other race groups steadily increased from 2003 at all occupational levels. At top management level white male representation declined by 13 percentage points from 67,5% in 2003 to 54,5% in 2009, while total black representation (which includes Black African, Coloured and Indian of both sexes) increased by 8,4 percentage points from 23,8% to 32,2% in the same period. In the same period total white representation (which includes men and women) declined by 12,5 percentage points from 76,3% to 63,8%. At senior management level the representation of white men declined by 11,5 percentage points from 57,8% in 2003 to 46,3% in 2009, while total black representation was at 35,5% in 2009, compared to 27,3% in 2003. Total white representation declined by 10,8 percentage points from 2003 and was at 61,9% in 2009. At the professionally qualified level total white representation was 43,7% in 2009
Francois Calldo, Johan Kruger, dr. Dirk Hermann and Paul Joubert at a press conference on the CEE report.
compared to total black representation of 54,4%. White male representation declined from 34,3% in 2003 to 27,4% in 2009. At the skilled level total white representation stood at 27,6% in 2009 compared to 38,2% in 2003, while total black representation was at 71,3% in 2009 compared to 61,8% in 2003. The CEE’s 10th report is, like its predecessors, riddled with errors, but even when
using their own flawed data, the report still indicates that racial transformation in the workplace is, in contrast to what the CEE says, taking place at a steady rate. Misrepresentation and misinterpretation of data are not helping at all and serves only to divide people. The government must also keep in mind that Rome was not built in a day. S
The report and presentation compiled by Solidarity’s Research Institute in response to the 10th annual CEE report can be downloaded from www.navorsing.co.za. The following related Solidarity reports can also be read: “The truth about employment equity in South Africa” (2007) and “The current position of affirmative action” (2008).
promosie-artikel
Verdien ’n bonus op aankope Koopkrag-kaarthouers kan nou al hulle transaksies vinnig en veilig by verskeie leweransiers afhandel en boonop ’n belastingvrye bonus verdien op die aankope wat hulle deur die jaar doen. Kaarthouers ontvang ’n gewaarborgde aankoopbedrag en het tot 35 dae om hulle rekening rentevry by Koopkrag te vereffen. Die aankoopbedrag kan ook maklik verhoog word. Jou Koopkrag-rekening kan by enige van die volgende plekke betaal word: Koopkrag-kantore, Absa-takke en enige Shoprite-, Checkers- of Checkers Hyper-geldmarktoonbank. Betalings kan ook per debietorder of via die internet gedoen word. Daarbenewens geniet Koopkrag-kaarthouers puik voordele soos persoonlike lenings, huurkoop en korttermynversekering. Doen vandag nog aansoek vir jou Koopkrag-kaart! Skakel ons, stuur ’n faks of e-pos, of besoek ons webtuiste! Kontant in jou sak Oordadige aankope kan beheer word Onnodige risiko met die dra van kontant word uitgeskakel Puik voordele Koop en verdien ’n bonus op aankope Rentevry: Tot 35 dae vanaf aankope tot betaling Aantreklike rentekoers op lenings en huurkoop Geldsake: Koopkrag is die antwoord! Tel: 012 348 5452 • Faks: 012 348 2339 E-pos: bemarking@koopkrag.com • www.koopkrag.com number 5 of 2010
59
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
occupational health and safety
Occupational injuries crippling the economy
PHOTOGRAPHS: iSTOCKPHOTO.COM
o
By Hanlie van Vuuren
ccupational injuries and diseases in the form of medical care, temporary disability as well as permanent disablement, are costing the country a fortune. Once injured, that injury stays with you for life and if you lose your job, the chances of reemployment with another employer are slim. In spite of good labour and equality legislation, job security for workers who find themselves in the position of being disabled due to a workplace injury or disease is very low. One of the reasons is the lack of a statutory obligation on employers and compensation structures to provide rehabilitation and reintegration into the workforce to disabled workers. In other countries great emphasis is placed on rehabilitation and it is often illegal to discharge an employee within two years from the date that he or she was injured. A comprehensive approach is followed that involves the worker, employer, medical staff and compensation board to rehabilitate the worker aiming at an early return to work where his or her impairments are accommodated in both position and environment. The manner in which compensation is calculated, lacks the suppleness that the current economic environment needs. It does not provide for loss of earning potential, which is poor consolation to an injured worker who re-
ceives ±R100 000 but lost his or her job while earning R97 242 per annum and still could have worked for another five years. The basis of the earnings of a worker at the time of the accident is used in the calculation of compensation. This principle is applied irrespective of the date on which the worker becomes entitled to the compensation. In practice, this means that a man injured in 1973 when his income was only R200 per month, but became entitled to compensation in 2009, received R1 040 for 15% permanent disablement. If the same person was injured in 2009, he would be entitled to R112 000 on an income of R14 948 per month. In addition to the problems already mentioned, the compensation system in South Africa is fragmented and controlled by two different acts. In Africa we have the example of Zambia who enacted the functions of their Workers’ Compensation Fund Control Board with their Pneumoconiosis Compensation Board in 1999, resulting in a comprehensive compensation system. In Australia, although the Dust Diseases Board diagnose lung diseases in mineworkers, only one compensation board is tasked with compensating all occupational injuries and diseases, resulting in equality of compensation across the spectrum. Although the number of South African
nommer 5 van 2010
60
ex-miners with lung diseases has decreased due to awareness campaigns and the efforts of mining houses, an increase in the diagnosis of lung diseases in women is noted with great concern. Inadequate compensation is contrary to the provisions in the South African Constitution, which sets certain standards in especially the Bill of Rights, to provide for people with regard to every aspect of life. All other legislation – such as compensation legislation – should give life to values such as human dignity, equality and freedom. The protection of marginalised groups, such as persons with disabilities, women and children indicates the standard of social responsibility of a society. Statistics from the International Labour Organisation show the magnitude of occupational injuries and diseases. For the year 2003 estimated worldwide numbers for fatalities were 358 000 with 337 million nonfatal incidents and 1,95 million deaths from work-related diseases. Human and economic losses are enormous, with an estimated 5% of the global gross domestic product in respect of costs involved as a result of occupational injuries and diseases. Taking into account the South African gross domestic product in 2009, 5% constitutes a total of R121,2 billion! S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
beroepsgesondheid en -veiligheid
Kosmetiese chirurgie en siekteverlof Elke werknemer is ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes op ’n aantal dae siekteverlof per jaar geregtig. Maar wat sê die wet presies oor dié verlof en mag dit vir kosmetiese chirurgie gebruik word? PAUL MARDON werp meer lig op dié kwessie.
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
i
ngevolge artikel 22 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet No. 75 van 1997, is elke werknemer gedurende elke siekteverlofsiklus geregtig op een dag siekteverlof vir elke 26 dae wat gedurende die eerste 6 maande van diens gewerk is. Daarna is ’n werknemer op ’n aantal dae siekteverlof met betaling geregtig, gelykstaande aan die aantal dae wat die werknemer gemiddeld oor ’n tydperk van ses weke werk. As die werknemer vyf dae per week werk, werk hy of sy dus 30 dae oor ’n tydperk van ses weke. Die werknemer is daarom geregtig op 30 dae betaalde siekteverlof elke drie jaar. Die werknemer en werkgewer kan egter ooreenkom om die aantal dae siekteverlof te vermeerder. Ingevolge artikel 23 van die wet hoef ’n werkgewer nie betaalde siekteverlof vir meer as twee opeenvolgende dae, dit wil sê vir drie of meer dae se afwesigheid, toe te staan indien die werknemer versuim om ’n mediese sertifikaat voor te lê wat verklaar dat hy of sy as gevolg van siekte of besering vir die duur van sy of haar afwesigheid nie in staat was om te werk nie. Die woorde “nie in staat was om te werk nie” in artikel 23 dui daarop dat die werknemer weens mediese redes nie sy of haar pligte kon uitvoer nie. Let daarop dat die werknemer ’n mediese sertifikaat moet indien wat uitgereik en onderteken moet wees deur ’n mediese praktisyn of ’n ander persoon wat gekwalifiseer is om pasiënte te diagnoseer en te behandel en wat by ’n beroepsraad geregistreer is. Die reg tot siekteverlof kom ’n werknemer slegs toe wanneer die werknemer nie in staat is om as gevolg van siekte of ’n besering te werk nie. Wanneer ’n werknemer vir kosmetiese behandeling soos kosmetiese chirurgie gaan en ’n mediese sertifikaat deur ’n mediese praktisyn uitgereik word wat by die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) geregistreer is, sal die mediese sertifikaat geldig wees en sal die werknemer op siekteverlof geregtig wees. Die werknemer moet egter nog siekteverlof tot sy of haar beskikking hê. Dit beteken egter nie dat werknemers goedsmoeds vir kosmetiese behandeling kan
gaan en verwag dat die werkgewer dit net moet aanvaar nie. Die kosmetiese behandeling moet die werknemer sodanig beseer of siek gemaak het dat die werknemer nie in staat was om sy of haar werk te verrig nie. Waar die behandeling slegs ongerieflike of onooglike gevolge het, byvoorbeeld gesigswelling, is die werknemer nie op siekteverlof geregtig nie. Jaarlikse verlof moet dan geneem word kragtens die ooreenkoms tussen die werkgewer en die werknemer. Indien daar nie so ’n ooreenkoms is nie, geld die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
nommer 5 van 2010
62
In die geval wat die siekte of besering deur die werknemer se toedoen veroorsaak is (soos met kosmetiese behandeling), en die tydperk van siekteverlof vir die werkgewer ongeleë sou wees of moontlik onnodige koste, uitgawes of ongerief vir die werkgewer sou veroorsaak, mag die werkgewer steeds nie die siekteverlof wat deur ’n geregistreerde mediese praktisyn aanbeveel is, weier nie. Die werkgewer sou wel met sukses dissiplinêr teen die werknemer kon optree op grond van pligsversuim of enige ander soortgelyke bepaling in die werkgewer se dissiplinêre kode. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
promosie-artikel
Wat behels Solidariteit-begrafnisvoordeel? Die afsterwe van ’n geliefde is altyd ’n traumatiese ervaring. Solidariteit-lede kan egter gerus wees en in dié moeilike tye weet dat die beskerming van Solidariteit tesame met die sorg van Doves beteken dat jy jou nie oor die begrafnisreëlings ook hoef te bekommer nie.
s
olidariteit het pas weer sy kontrak met die begrafnisdiens Doves as diensverskaffer vir die Solidariteit-begrafnisvoordeel hernieu vir 2010. Daarom kan Solidariteit-lede steeds gemoedsrus hê en weet dat die begrafnis van ’n familielid wat deur jou Solidariteit-lidmaatskap gedek word, in bekwame hande sal wees. Maak egter seker dat jy nie onkant betrap word nie en wees ingelig oor presies wat jou Solidariteit-begrafnisvoordeel dek en watter bykomende koste moontlik deur die familie en/of naasbestaandes self gedra moet word.
Die begrafnisdienste wat deur die Solidariteitbegrafnisvoordeel gedek word, verseker ’n waardige begrafnis vir jou geliefde, maar bykomende uitgawes (soos blomme, die huur van motors of dokterskoste) sal egter self deur familielede of naasbestaandes gedek word. Maak ook seker dat jou man of vrou of afhanklikes deeglik bewus is van jou lidmaatskap by Solidariteit en ook bewus is van die voordele van jou Solidariteit-begrafnisplan. As jou gesin ingelig is oor die voordele sal hulle, wanneer hulle die diens die nodigste het, voorbereid wees op presies wat om te verwag.
Vir enige navrae rakende Solidariteit se begrafnisvoordeel, kontak Solidariteit by 0861 25 24 23 of kontak jou naaste Solidariteitkantoor of die Doves Careline by 0860 02 55 00.
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
WATTER KOSTE WORD NIE GEDEK NIE? • As die oorledene deur ’n ander begrafnisondernemer afgehaal word en Doves dan die liggaam gaan haal, is die familie of naasbestaandes vir die rekening van die ander ondernemer verantwoordelik. • As ’n ander kis (buiten dié wat deur die Solidariteit-begrafnisplan beskikbaar gestel word) verkies word, moet die verskil inbetaal word. • As die familie of naasbestaandes ’n houtaskissie vir die as van die oorledene verkies, moet die koste self gedra word. • Krematoriumkoste. • Munisipale koste, waaronder die koop en grawe van die graf. • Plasing van as in gedenkmuur. • As die familie verkies om ’n fotoblad as begrafnisprogram te gebruik, sal die koste van die verskaffer minus R1,71 per program (tot 100 programme) deur die familie betaalbaar wees. • Huur van kapel as daar geen Doveskapel beskikbaar is nie en die familie die huur van ’n ander kapel verkies. • Koste vir die huur van ’n tent by die
•
• •
•
•
•
•
huis of toilette of busse of familiemotors vir die begrafnis. Die koste van dokters, ’n mediese skeidsregter vir ’n verassing en die uitreiking van ’n doodsertifikaat (waar van toepassing) moet deur die familie of naasbestaandes betaal word. Die afstand wat gereis word ná die eerste gratis 80 km is betaalbaar teen R5,13/km. ’n Bykomende fooi van R570 word gehef vir begrafnisse of verassings wat op Sondae of vakansiedae gehou word. Die familie en naasbestaandes bly verantwoordelik vir die aankoop van enige vars blomme vir die kis en/of kerkruiker. Die Solidariteit-begrafnisvoordeel dek nie die koste rakende nadoodse operasies soos die verwydering van organe nie. Die koste vir die huur van ’n kerk, predikant en orrelis asook die kosterfooie moet deur die familie of naasbestaandes gedek word. Die koste vir die plasing van doodskennisgewings in koerante word nie deur die begrafnisplan gedek nie.
nommer 5 van 2010
64
WAT WORD ALLES DEUR DIE VOORDEEL GEDEK? (As die begrafnis deur Doves uitgevoer word. Bepalings en voorwaardes geld)
• Verwydering van die oorledene van plek van afsterwe, alle tye en dae. • Berging en versorging van die oorledene. • Verskaffing van ’n kis volgens kontrak. • Bekisting van die oorledene. • Verskaffing van naamplaat vir die kis. • Begrafnisreëlings met ’n Doves-reëlingsbeampte. • Bespreking van die graf of krematorium met die toepaslike munisipaliteit of eienaars. • Verskaffing van 100 gewone begrafnisbiljette (fotoprogramme word hierby uitgesluit). • Gebruik van ’n Doves-kapel, indien beskikbaar. • Gebruik van begrafnisondernemer en lykswa. • Gebruik van graftent, stoele, grastapyt en neerlaatmasjien by die graf. • Registrasie van dood by Binnelandse Sake, waar moontlik. • Voltooiing en indiening van begrafniseisdokumente, asook enige ander toepaslike administrasie. • Gratis vervoerkoste vir die eerste 80 km vanaf die naaste Doves-kantoor. • 10%-afslag op grafstene tydens bestelling. • Alle plaaslike telefoonoproepe. • Gebruik van besigtigingskamer. • BTW van 14% op bogenoemde koste.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
arbeidsake
Poligraaftoetse: Die jongste modewoord (Deel II) Poligraaftoetse het die afgelope paar jaar in gewildheid toegeneem en word beskou as ’n vinnige en kostedoeltreffende metode om skuldiges uit te wys en hulle dienooreenkomstig te straf. Daar is tans egter geen wetgewing in Suid-Afrika om die gebruik van poligraaftoetse te beheer of om werknemers teen die misbruik van poligraaftoetse te beskerm nie, skryf PHIL DAVEL. VRAAG: Kan ’n werknemer gedwing word om ’n poligraaftoets af te lê en kan hy ontslaan word indien hy weier?
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
ANTWOORD: ’n Werknemer kan nie gedwing word om ’n poligraaftoets af te lê nie; dit is strydig met die Suid-Afrikaanse Grondwet. ’n Werknemer moet eers skriftelik daartoe instem om aan ’n poligraaftoets onderwerp te word. ’n Klousule kan in ’n werknemer se dienskontrak ingesluit word ingevolge waarvan die werknemer instem om ’n poligraaftoets af te lê. Die weiering om ’n poligraaftoets af te lê, kan egter nie as ’n erkenning van skuld beskou word nie en is ook nie gronde vir ontslag nie, selfs al sou ’n werkgewer aanvoer dat dié weiering ’n vertrouensbreuk in die werkverhouding tot gevolg het. Poligraaftoetse mag in die algemeen as stawende getuienis gebruik word. Indien ’n poligraaftoets egter op sy eie gebruik word, is dit onwaarskynlik dat ’n hof enige noemenswaardige gewig daaraan sal heg. Volgens Bouwer Haupt van die Polygraph Association of South Africa (PASA) en direkteur van SA Polygraph and Investigation Services (SAPIS), moet werknemers besef dat ’n poligraaftoets slegs onskuld kan toon en nie enige skuld op ’n aanklag kan bewys nie. “Die uitslag van die toetse is boonop vertroulik en die privaatheid van die persoon wat getoets word, moet sover moontlik beskerm word. Die persoon wat die toets afgelê het, is ook geregtig daarop om die uitslag van die toets te kry,” sê Haupt. Poligraaftoetse: Wat sê KVBA en Arbeidshof? Die kwessie rondom die toelaatbaarheid van poligraaftoetsing asook die toelaatbaarheid van deskundige getuienis is al verskeie kere deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) en die Arbeidshof oorweeg. In een geval is ’n takbestuurder vir diefstal of growwe nalatigheid ontslaan nadat verskeie items verdwyn het. Die ontslag was
grotendeels op die uitslag van ’n poligraaftoets en die getuienis van die ondersoeker gegrond. Die kommissaris van die KVBA het bevind dat die poligraaftoetsuitslag onwetenskaplik was en het die ondersoeker se getuienis as hoorsê afgemaak. In nog ’n geval het die KVBA-kommissaris bevind dat ’n poligraaftoets slegs ’n aanduiding van misleiding kan bied en dat die alleenstaande getuienis van ’n poligraaftoets onvoldoende is om te bewys dat ’n ontslag billik was. Die Arbeidshof het op sy beurt bevind dat poligraaftoetse net ’n aanduiding van misleiding kan bied en nie kan bewys dat ’n persoon op ’n aanklag skuldig is nie. Die billike gebruik van poligraaftoetse Verskeie pogings kan binne en buite die werkplek aangewend word om die gebruik van poligraaftoetse te reguleer en te verseker dat dit billik gebruik word: • Werkgewers moet ’n klousule in werknemers se dienskontrak insluit ingevolge
nommer 5 van 2010
66
JY & DIE REG Stuur jou vrae na Solidariteit Tydskrif: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur e-pos na diens@solidariteit.co.za; of stuur ’n faks na 012 664 1102.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
arbeidsake
•
•
•
•
waarvan die werknemer instem om ’n poligraaftoets af te lê. Werkgewers moet in hulle beleidskrifte voorsiening maak vir die afneem van poligraaftoetse, die regulering daarvan asook die regte van hulle werknemers. Werknemers moet vooraf ingelig word presies wat hulle regte is voordat ’n poligraaftoets afgeneem word. Wetgewing soortgelyk aan die Employee Polygraph Protection Act 1988 van die VSA moet in Suid-Afrika gepromulgeer word. Spesifieke riglyne kan vir KBVA-kommissarisse neergelê word om ’n eenvormige standaard daar te stel ten opsigte van die toelaatbaarheid en betroubaarheid van poligraaftoetse, asook die gewig wat aan poligraaftoetse as bewysmateriaal toegeken word.
FOTO: REINT DYKEMA
Poligraaftoetse: Jou regte • Die persoon moet in kennis gestel word
dat die ondervraging vrywillig is. • Die poligraaftoets mag nie sonder die werknemer se skriftelike toestemming gedoen word nie. • Die poligrafis moet gekwalifiseerd, onafhanklik, objektief en onpartydig wees. • Die redes vir, asook die soort vrae wat gevra word, moet verduidelik word en waar moontlik moet dit ook vooraf met die werkgewer bespreek word. • Die persoon wat ondervra word, is geregtig op ’n tolk en mag versoek dat ’n ander persoon tydens die ondervraging teenwoordig moet wees, mits die persoon nie met die prosedure inmeng nie. • Die uitslag van ’n poligraaftoets is vertroulik en mag nie aan enige persoon behalwe ’n gemagtigde persoon uitgereik word nie. ’n Gemagtigde persoon is die persoon wat ondervra is en/of iemand wat skriftelik deur die werkgewer en die betrokke persoon gemagtig is om die uitslag te ontvang. S
Die volledige artikel (deel I en II) oor die gebruik en geldigheid van poligraaftoetse in die werkplek is by www.regsdienste.co.za beskikbaar.
Phil Davel
die lees werd
Trap saam woordspore deur die veld As ek moeg word vir die lewe in die stad maal deur ’n mens se kop as jy op die klein (woord)spoortjies van hierdie vyf boeke stap. Jy word meteens veldwagter op reis na ’n plek waar die wêreld wyd is... Deur Magdaleen Kleynhans
EK IS MAAR ENE Dot Serfontein Verskeie trefferboeke het al uit die pen van Dot Serfontein verskyn, insluitend Tiendes van anys, Rang in der Staaten Rij, Systap onder die juk, Galery van reënmakers, Vertel! Vertel! en Vrypas. In haar tagtigs is Dot Serfontein steeds besig om ons met haar skryfwerk te vermaak en byna veertig jaar later geniet ons steeds Ek is maar ene, ’n bundel sketse oor haar kinderdae en familie. Dot skets die geskiedenis van kontreie wat nie aan interessante mense ontbreek nie met bewondering, deernis en ’n skerp sin vir humor. Sy vertel van die swerwende tant Beatrice wat geglo het sy word deur die geheime polisie agtervolg; van die kreatiewe wyse waarop geharde Kalahari-mense hulle wêreld herbergsaam gemaak het; hoe Askham sy naam gekry het; en hoe ’n Chev-bakkie kan boomklim. Hierdie bundel boeiende sketse is ná vier dekades steeds skreeusnaaks, terwyl die waardering vir die mense agter die stories behoue bly. Begin gerus vroeg met jou Kersinkopies en koop Ek is maar ene vir iemand spesiaal!
AMPER MY MENSE Dot Serfontein ’n Versameling sketse soos dié, ook uit die pen van Dot Serfontein, word nie agter elke bossie uitgeskop nie. Dot se sonderlinge humorsin laat die Vrystaatse geskiedenis herleef op ’n manier wat die leser sal bybly. Sy vertel spitsvondig wat die hemelsbreë verskil tussen ’n Oos- en ’n Wes-Vrystater is. En staaltjies wat afspeel rondom die Anglo-Boereoorlog, die Depressiejare en die 1914-Rebellie, laat jonger lesers met nuwe belangstelling terugkyk na ons erfenis. Karakters soos oom Joseph du Plessis, tant Martjie en Bart Krog – oftewel Baasbul van Afrika – word met humor en deernis beskryf, soos net Dot Serfontein dit kan doen. Hulle ís immers amper haar mense.
nommer 5 van 2010
68
WAAR DIE WÊRELD WYD IS Lategan P. Bredenkamp Dié skrywer, wat op tagtigjarige ouderdom met Jan Leendert gedebuteer het, spog ’n jaar later met nog ’n boek. Die uitgestrekte en ongerepte landskap van die Noord-Kaap vorm die doek waarop Bredenkamp ’n hele galery pioniers skilder. Daar is sy eie geliefde grootouers en ouers, die aristokratiese oom Rolf wat die ouderling en die dominee met sy kennis van die Bybel kon troef, tant Kras wat haar man en kinders goed onder die duim gehou het, die laaste Joodse smous in die gebied en talle ander merkwaardige karakters. Daar is ook die ongediertes soos jakkalse en bobbejane wat ’n boer se lewe versuur, ’n wetsgeleerde varkbeer wat self op ’n bakkie klim en natuurlik ook die donkie, daardie wonderlike ding wat die Noordweste help makmaak het. Of die verteller dit nou het oor die gesin se desperate trek na weiding tydens die groot droogte, en of hy op humoristiese wyse oor sy eie stoutigheid in die kosskool skryf – dit is veral die lewensblyheid en avontuurlus van die jong seun wat die leser bybly. Waar die wêreld wyd is kruip vinnig in ’n mens se hart in.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
die lees werd
VELDWAGTER! Hannes Kloppers Harry Kirkman was een van die Krugerwildtuin se bekendste “eerste” veldwagters. In Veldwagter! is dit tyd vir Kirkman om die tuig neer te lê, moeilik soos dit vir hom is, en sy lewe as veldwagter vanaf die vroegste dae te hersien. Daar was die ysingwekkende oomblikke toe hy, nog swak van ’n hewige malaria-aanval, die mensvreterleeu gaan voorsit het, min wetende dat die mensvreter net treë van sy voertuig se oop deur reeds vir hom lê en wag... Die boek is propvol humor en die goeie beskrywings neem jou saam met Harry Kirkman deur die bos. Natuurliefhebbers sal die boek baie geniet. Dit laat ’n mens opnuut daarna uitsien om ’n slag uit die stad te kom.
OP DIE KLEIN SPOORTJIES P.J. Schoeman Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal terwyl sy familie deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats, Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Te midde van die tweespalt wat Sakkibiaan se opwagting tussen die jagmaats gebring het, moet hy vinnig die geheime taal van die woestyndiere en -insekte leer verstaan en met hulle kragte saamspan teen Gagaboemboem en sy bende. ’n Wêreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek. Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, lê daar nog ’n lekker lang pad voor… met baie spoortjies daarop.” Hierdie boek is geskik vir enigiemand wat die hart van ’n agtjarige seun verstaan.
Om hierdie en ander spogboeke van Protea Boekhuis te bestel, skakel 012 362 1563 of besoek www.proteaboekhuis.co.za
number 5 of 2010
69
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
histories gesproke
Paul Kruger: Staatsman, leidsman, Godsman Deur Charl Oberholzer
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
“S
taatsman, leidsman, Godsman. Stem Paul Kruger.” Só het Paul Kruger se verkiesingsplakkate in 1880 gelui. En dit is presies wie dié staatsman was: ’n Oortuigende politikus, ’n gerespekteerde leier en ’n diep gelowige man. Oom Paul, soos hy in die volksmond bekendgestaan het, was ook ’n kranige sportman, ’n dapper militêre leier en ’n onverskrokke onderhandelaar. ’n Stoere Dopper wat meestal met ’n kortgesnyde swart baadjie en ’n pyp in die sak gesien is. Paul Kruger was die eerste Suid-Afrikaanse staatspresident wat wêreldwyd aansien geniet het. Stephanus Johannes Paul Kruger is op 10 Oktober 1825 op sy oupa se plaas, Bulhoek, in die Steynsburg-distrik van die destydse Kaapkolonie gebore. Die tienjarige Paul Kruger het die Groot Trek in 1836 saam met sy pa, Casper Kruger, aangepak en by Hendrik Potgieter se trekparty aangesluit wat hulle in die Transvaal gevestig het. Lees ’n mens sy lewensverhaal, staan ’n mens verstom oor dié staatsman se kleurryke lewe: Hoe hy sy eie duim afgesny het nadat dit in ’n jagtog verbrysel is; hoe hy reeds op vyftien as volwaardige burger in die land anderkant die Vaal erken is; en hoe hy op 16-jarige ouderdom reeds as assistentveldkornet verkies is. Die Kaapse politikus John Merriman het Paul Kruger as ’n takhaar beskryf en van sy teenstanders het hom aanvanklik nie ’n kans gegun om president te word nie weens sy gebrek aan formele opleiding. Die Britse politikus James Bryce het op sy beurt geskryf: “Shrewd, cool, wary, courageous, typifying the qualities of his people. Kruger could foil the statesmen of Europe in their own weapons, because his training has been wholly of eventful life and not of books.” Kruger, wat veral die Ou Testament bestudeer en dit as ’n riglyn vir sy lewe gebruik het, word op 30 Desember 1880 president van die Zuid-Afrikaansche Republiek en reis drie jaar later na Engeland om die Pretoria Konvensie van 1881 (die ooreenkoms tussen die Boere en die Engelse wat die Eerste Vryheidsoorlog beëindig het) te verander. Hy is vier keer tot president verkies – die laaste keer in 1898. Op 11 Oktober 1899 breek die Tweede
SPITS JOU ORE HIERVOOR Momente en Monumente is ’n besondere insetsel op Solidariteit Radio wat die luisteraar na die verlede van die Afrikaner terugneem en gebeure, mense, helde en monumente in ’n eenvoudige, maar feitelike perspektief plaas. Groot gebeure word herleef en die luisteraar kry die geleentheid om die geskiedenis opnuut te ontdek. • Besoek www.solidariteitradio.co.za en klik op In Solidariteit se programskakel. Momente en Monumente word elke Vrydag om 13:00 as deel van die omnibusprogram In Solidariteit uitgesaai.
Vryheidsoorlog uit en in Oktober 1900 verlaat hy Suid-Afrika op die oorlogskip De Gelderland wat deur Nederland se koningin Wilhelmina gestuur is. Sy vrou, Gezina Kruger, was op daardie tydstip baie siek en kon hom nie vergesel nie. Sy is op 20 Julie 1901 dood. Kruger het ’n tyd lank in Nederland gewoon, waarna hy na Clarens in Switserland verhuis het. Hy is op 14 Julie 1904 hier oorlede en het vir ses dae in staatsie op Kerkplein gelê vir die wêreld om te groet. Nog nooit het
nommer 5 van 2010
70
soveel lande geskenke gestuur nie en nog nooit is daar soveel rou ná ’n Afrikaner se dood betoon nie. Die Kerkstraatbegraafplaas in Pretoria het op op 6 Desember 1904 sy laaste rusplek geword. Vandag staan sy standbeelde op Kerkplein in Pretoria en ook by die Krugerhek van die Nasionale Krugerwildtuin. Die Krugerrand is na hom vernoem en die Paul Kruger-tuin by die Universiteit van Pretoria spog met klippe en vyebome wat van sy plaas afkomstig is. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
histories gesproke
Uniegebou ’n gewilde besoekersbestemming
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
d
ie Uniegebou in Pretoria is een van die indrukwekkendste geboue in ons land. Die mooi tuine is talle bruidspare se fotobestemming van voorkeur, terwyl dit ook die ideale plek is om buitelandse besoekers ’n blik oor die Jakarandastad re gee. Die Uniegebou, een van die beste voorbeelde van sir Herbert Baker se werk, huisves die administratiewe kantore van die regering. Die vier Suid-Afrikaanse kolonies het op 31 Mei 1910 ’n unie geword en daar is vir lank kop gekrap oor waar die administratiewe setel gebou moes word. Die terrein waar die stadsaal nou staan, is in ’n stadium oorweeg, maar eindelik is daar op Meintjieskop besluit. Nadat sir Herbert Baker die terrein besoek het, het hy op 10 Januarie 1910 begin om die planne te teken. Die pragtige tuine is ook deur hom ontwerp en bied ’n tuiste vir ’n ruiterstandbeeld van genl. Louis Botha, eerste eerste minister van die unie, ’n replika van die Delvillebos-ge-
Deur Magdaleen Kleynhans
denkteken en ’n monument ter nagedagtenis aan die burgers van Pretoria wat in oorloë gesneuwel het. Die hoeksteen van die Uniegebou is van-
jaar ’n eeu gelede, op 26 November 1910, deur die Hertog van Connaught namens koning George V gelê en die deure is amptelik in November 1913 geopen. S
tot u diens
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE
KATHU
Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Mike Goussard Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville
RUSTENBURG
Gert van Wyk Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou, Winkel 7, Kathu
BOKSBURG
Theunis van Staden, Johan Nell Administratiewe beampte: Christelle Grobler Tel: 014 592 4336 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg
NEWCASTLE
Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Straatadres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
CARLETONVILLE
SECUNDA Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR
Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
Tel: 012 644 4300 Tel: 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za Webwerf: www.solidariteit.co.za Straatadres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046
DESPATCH
PIETERSBURG
Piet Veldtman, Wynand Strydom Administratiewe beampte: Marlene Veldtman Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch
ELLISRAS
Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg
VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171/011 252 7271 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130
PRETORIA
Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za
Jack Loggenberg, Jahni Cowley, Keith Rossouw, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville
KLERKSDORP
WELKOM Coen Schoonraad Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum
RICHARDSBAAI
Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoornlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp
Fanie van Huyssteen Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe Tel: 035 789 0968/9 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Lira Linkstraat, Eenheid 7, Montego Park, Richardsbaai
nommer 5 van 2010
72
WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
stilw(o)ord
Vir Hom maak selfs ’n piekie ’n reuse-verskil
FOTO’S: YOLANDÉ TERBLANCHE; iSTOCKPHOTO.COM • SKRIFGEDEELTE UIT DIE 1953-VERTALING
“h
et jy sonbrandroom ingepak?” vra ek op pad skool toe vir my vurige Affie-seun. “Nee, Ma!” vererg hy hom. “Ek brand mos nie
sommer nie.” Ek sug liggies en stry liewer nie. “En wat gaan jy alles vandag doen?” Dit is grade-atletiek en Thinus, beslis ’n nie-hardloper, sal seker gewigstoot of spiesgooi of iets doen, dink ek. “Alles.” “Wat meen jy, alles?” “Honderd meter, tweehonderd meter, seshonderd meter...” begin hy opnoem. Ek ry amper voor iemand in. “Huh?” “Ja,” sê hy doodluiters. “’n Mens kry punte vir deelname!” Die middag verwag ek om ’n halfdooie seun op ’n draagbaar by die skool aan te tref. Maar nee. My rugbystut kom met bloedrooi gebrande neus en wange, sonder ’n stem, maar heeltemal lewendig en doodgelukkig by die bakkie aan. “Die honderd meter was flippen koel, Ma,” vertel hy. “Hoeveelste was jy toe?” vra ek versigtig. “Tweede!” Ek ry byna weer voor ’n motor in.
STILWO ( O ) R D marietha malan “Tweede?” “Ja, van agter af,” lag hy. “Die ou wat verloor het, is ’n piekie! En hulle het so vir hom geskree, dat ek ook soos ’n held gevoel het!” Die prentjie van my fris stut-seun wat ’n kortkop voor ’n dwergie klaarmaak, is skielik vir my so snaaks, dat ek uitbars van die lag. ’n Gedeelte uit Prediker 9 kom by my op:
number 5 of 2010
73
“Weer het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie...” Dwarsdeur die Bybel wen die Here Sy wedlope en oorloë met onwaarskynlike atlete en soldate: • Dawid, die tenger rooikop-tiener, maak die swaar gewapende reus Goliat met ’n slingervel en ’n klippie dood. • Gideon word gekies om die Midianiete met slegs driehonderd man te verslaan. • Moses word geroep om ’n hele volk deur ’n moeilike woestyntog te lei. • Juda, die voorvader van die Messias, word nie uit die pragtige Ragel nie, maar uit die onaantreklike en nie-geliefde Lea se nageslag gebore. • Jesus geniet ’n ete in die tollenaar Saggeus se huis. Ja, die Here werk graag agterstevoor, want Hy wil ons leer om nie op onsself te (probeer) vertrou nie, maar op Hom. Tog is ons steeds geneig om te dink dat ons slegs ’n verskil kan maak as ons die slimste, die mooiste, die fiksste of die welsprekendste is. En dit dra ons onbewustelik ook aan ons kinders oor. Nee, die Here wil jóú gebruik, ten spyte van jou swakhede. In afhanklikheid van Hom kan jy ’n verskil in Sy wedloop maak – of jy nou ’n stut of ’n piekie is. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
promosie-artikel
Kies volhoubare skema wat gemoedsrus bied
’n
Dekade gelede was ’n mediese skema ’n plek waarmee jy net in aanraking gekom het wanneer jy siek was of om onvoorsiene redes in die hospitaal beland het. Tye het genadiglik verander en deesdae word ’n goeie skema as jou vennoot in gesondheidsorg beskou. ’n Vennoot wat jou nie net die gemoedsrus bied dat jou bestaande siektetoestand professioneel en kostedoeltreffend bestuur word nie, maar ook die versekering bied dat voorsiening gemaak is vir tye waarin jy lewensreddende of lewensbehoudende dienste sou benodig. Volgens Anton Rijnen, uitvoerende hoof van Medihelp, is mense dikwels baie verward wanneer hulle op ’n spesifieke mediese skema moet besluit. Hulle kom gou agter dat daar min verskille tussen die meeste skemas se voordele-opsies is. Ook dat die prysverskil tussen vergelykbare opsies in die meerderheid gevalle gering is. “Daar is ander maatstawwe wat gebruik kan word om tussen skemas te onderskei, soos ’n skema se finansiële bestendigheid, eisebetalingsvermoë, grootte en vlak van kliëntediens. Dit is egter van min waarde indien dit nie volhoubaar is nie,” sê Rijnen.
As Suid-Afrika se derde grootste oop skema, is Medihelp reeds vir jare aan die voorpunt van die bedryf – juis omdat hy daarin geslaag het om sy dienste op ’n volhoubare grondslag te lewer. “Ná 105 jaar slaag Medihelp steeds daarin om as een van die voorste skemas in die land gereken te word,” sê hy. ’n Mediese skema as vennoot in jou gesondheidsorg veronderstel egter ook ’n verantwoordelikheid van albei partye. ’n Gesonde lewenstyl is die eerste stap na gemoedsrus, gevolg deur die keuse van ’n voordele-opsie wat in jou en jou gesin se spesifieke behoeftes voorsien. “By Medihelp glo ons dat jou gesondheid in die eerste plek ’n geskenk is en dat dit jou persoonlike verantwoordelikheid is om daarna om te sien. Die klem in die gesondheidsorgbedryf het van nasorg na voorsorg verskuif, wat beteken dat die lid deesdae toenemend verantwoordelikheid vir sy of haar eie gesondheidsorgbeplanning moet neem,” sê Rijnen. “In vennootskap met Medihelp sal jy die gemoedsrus hê dat ons nie net voorsiening gemaak het vir mediese noodgevalle nie, maar ook vir die dag-tot-dag bestuur van die belegging in jou en jou gesin se gesondheid,” sê hy.
SMS “Kontak my” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se uitstekende voordeleopsies verlang.
Anton Rijnen, uitvoerende hoof van Medihelp.
FOTO: VERSKAF
Medihelp: Aan die voorpunt van gesondheidsorg As een van slegs ’n handjievol mediese skemas aan die voorpunt van die bedryf, onderskei Medihelp hom op die volgende maniere van sy mededingers: • Medihelp is op twee na die grootste oop skema in Suid-Afrika en dus ’n belangrike en invloedryke rolspeler in die bedryf. Die skema se aantal hooflede het tussen Januarie en Desember 2009 met 16% toegeneem en die aantal lewens met 18%. Medihelp bied tans dekking aan meer as 236 000 individue! • Met 105 jaar ervaring is Medihelp een van die oudste en mees ervare skemas (gestig in 1905). Dit getuig van Medihelp se volhoubaarheid in ’n oorgereguleerde en hoogs mededingende bedryf. • Medihelp het die laaste vyf jaar bekendheid verwerf as die mediese skema wat die beste kliëntediens in Suid-Afrika lewer. Luidens onafhanklike navorsing wat in 2008 gedoen is, was Medihelp nie net
die beste mediese skema nie, maar ook die beste maatskappy in Suid-Afrika wat kliëntediens betref. In 2010 het Medihelp opdrag gegee aan Consulta Research, wat in vennootskap met Business Enterprises aan die Universiteit van Pretoria bedryf word, om die vlak van lede se tevredenheid te meet. Medihelp het eerste geëindig wat kliëntediens betref in vergelyking met ander mededingers wat deel van die opname was. • Medihelp is bekend vir sy uitstekende eisebetalingsvermoë en spog met ’n gradering van AA- (AA minus) van Global Credit Rating – een van die hoogste graderings in die bedryf. • As een van die grootste rolspelers in die bedryf verwerk Medihelp meer as 250 000 eise per maand, waarvan byna 90% elektronies ontvang word. Eise word binne gemiddeld 5,4 dae ná ontvangs verwerk.
nommer 5 van 2010
74
• Finansieel gesproke handhaaf Medihelp sy sterk posisie en die skema se solvensieverhouding is tans hoër as die minimumvlak van 25% wat deur wetgewing voorgeskryf word. • Medihelp is in Deloitte se gesaghebbende Best Company to Work Forpeiling van 2009 aangewys as die sewende beste mediumgrootte onderneming om voor te werk. Medihelp is die enigste mediese skema of medieseskema-administrateur wat in dié peiling in die top tien kon eindig in die kategorieë vir klein, medium of groot maatskappye. • Medihelp word as een van die beste bestuurde skemas in die land beskou, en sy uitvoerende hoof, Anton Rijnen, is in die Corporate Research Foundation se publikasie, Leading Managers of South Africa (2009/10-uitgawe), as die sesde beste bestuurder aangewys.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
Om die droom van aftrede ’n werklikheid te maak, is soos om ’n legkaart te bou. ’n Mens sien eers die volle prentjie as die legkaart voltooi is. Dit verg visie en goeie beplanning om die legkaart te voltooi. Dit verg ook verantwoordelike optrede, anders gaan die legkaart nooit voltooi word nie en word die stukkies in die houer teruggesit en bo in ’n kas gebêre. Die houer word met die volgende verhuising op die ashoop gegooi. Om die laaste goue stuk van die legkaart te plaas, moet met die eerste stuk begin word. Dit is in jou hande: Die eerste en veral die laaste stuk. Solidariteit het instruksies om die bou van die legkaart te vergemaklik: • Lae minimumbydraes • Lae administrasiekoste • Goeie boublokke • Solidariteit-verteenwoordiging op trustees • Betroubare advies
Solidariteit Finansiële Dienste
0861 101 005 E-pos: ruan@solidariteit.co.za
AKSENT MEDIA • 07/2010
Solidariteit Aftreeplan