NR. 6 VAN 2010 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE
I SSN 1683562 -X
9 771683 562000 www.solidariteit.co.za
SEテ起WENSE AAN AL ONS LEDE TOEGEWENS!
>>> INhoud N O M M E R
6
V A N
2 0 1 0
gereeld
18 38
INTRAPSLAG: Plant ’n boom – selfs in swaar tye KUBERKLETS: Hieroor word gegons SPREEKBUYS: Suid-Afrika kort meer werkers MY WERK: PTSD raak een uit vier MY FAMILY: Give your child the gift of giving this Christmas WEBWOELINGS: Wees versigtig, jou tweet kan terughap! MY GELD: Min voorsien vir medies ná aftrede OCCUPATIONAL HEALTH & SAFETY: Action against illegal mining bears fruit JY & DIE REG: Vergoedingsprobleme onder die loep geneem ARBEIDSAKE: Dienslewering suig aan agterspeen by SAPD DIE LEES WERD: Van spanningstof tot sommerstories HISTORIES GESPROKE: Irene-konsentrasiekamp: 1 000 kerse vir 1 000 kinders HISTORIES GESPROKE: Monument bring hulde aan voorslag-Voortrekkerleiers STILW(O)ORD: Om (amandel)vrug te kan dra, my kind
nuuswaardig
40
64
70
6 7 8 46 46 50 51 64 66 67 68 70 71 73
10 14 16 18 20 21 22 22 23 24 24 25 40 42 44 44 54 55 55 55 58 60 62
Só het ons gemeenskap in 2010 gebou Rol moue op en doen jou deel Vakbond skep diamante onder druk White representation has dropped radically NHI – The ANC’s solution for health care Sol-Tech droom reeds oor nuwe kampus Vakbond vereer vier wat help met Chile-redding AfriForum, Absa se huwelik verby Vakbond vergroot vastrapplek op die internet 32 000 Boerebanneling vereer in omvattende boek Verwys vyf potensiële lede en wen ’n HD LCD-TV Roerende boek oor Afrikanervoetspore deur Afrika Wit plakkerskampe: Só lyk dit werklik Paul Alberts: Die man agter die kamera Gee ’n broodnodige skooltassie as geskenk Help só om behoeftiges se Kersdrome te bewaarheid Hoof van Sol-Tech groet opleidingskollege Van heinde en ver vir opedag Sol-Tech-student verwerf Springbokkleure Vaktoetsslaagsyfer nie vanselfsprekend Só laat dié kaptein dienssentrumskip vaar South Africa’s competitiveness sliding downwards Employers still hiring, but at slower pace
GEFOKUS Lees vanaf bladsy 39 hoe Helpende Hand ’n daadwerklike verskil maak.
vakbondfokus 26 52 72
Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor die bedrywe waarin Solidariteit funksioneer Membership: A winning partnership Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep
10
redakteursbrief
Plant ’n boom – selfs in swaar tye
d
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE
ie somer het aangebreek. Somer is ’n tyd van plant en groei. Om te plant, is ’n daad van hoop. Jy glo die plantjie wat jy vandag plant, gaan in die toekoms sy skadu oor jou gooi. Om in moeilike tye te plant, is deel van ons geskiedenis. Toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap voet aan wal gesit het, het hy ’n groentetuin aangeplant. Hy is ook bekend as die volksplanter en boonop skryf hy dat hy die gereformeerde geloof in Afrika kom plant het. Die eerste Vryburgers het hulle kleim in Afrika afgesteek deur koring te plant. Sommer vroeg het hierdie koringboere hul gesig weg van Europa en na Afrika gedraai. Tydens die Groot Trek moes Lenie Retief, dr. dirk hermann Piet Retief se vrou, die tragiese nuus aanhoor dat haar seun op die wreedste wyse moontlik vermoor is terwyl haar man moes toekyk en daarna self wreed vermoor is. Van die 15 kinders wat sy gehad het, het net vyf oorleef. Wat ’n hopelose situasie. Tog skryf die dapper vrou vir haar broer hy moet vir haar ’n kissie vrugteboompies stuur, want sy wil plant in die nuwe land. Ten spyte van omstandighede wat enigiemand se moed sou breek, behou sy vertroue en hoop. Sy wil plant. Daar word vertel dat die vroue en krygsgevangenes wat tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasie- en krygsgevangenekampe aangehou is, groentetuine aangeplant het. Ná die oorlog was daar niks oor nie. Vroue het hul kinders aan die dood afgestaan, plase was afgebrand en baie van die mans was nog oorsee in krygsgevangenekampe. Nietemin is daar talle verhale opgeteken van vroue wat sonder perd of os geploeg en geplant het. Slegs maande ná ’n verwoestende oorlog doen die vroue ’n daad van hoop: Hulle plant. In die moeilike depressiejare en tydens die armblankevraagstuk van die 1930’s antwoord mense op hul omstandighede deur die grootste mensgemaakte woud in die wêreld in Johannesburg en Pretoria aan te plant. Kaal vlaktes word in ’n lushof van bome en struike omgeskep. Die geslagte voor ons het in die moeilikste denkbare tye hoop gehad en geplant. Gaan ons die eerste geslag in die geskiedenis van die Afrikaner wees wat nie gaan plant nie? Ek gaan ’n boom plant sodat my kleinkinders daaronder kan speel. Kom, plant saam.
INTRAPSLAG
H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 REDAKTEUR ■ EDITOR Dr. Dirk Hermann NUUSREDAKTEUR ■ NEWS EDITOR Moira-Marie Kloppers FOTOREDAKTEUR ■ PHOTO EDITOR Reint Dykema WEBREDAKTEUR ■ WEB EDITOR Daleen de Jager ADVERTENSIES ■ ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING Aksent Media INTEKENARE ■ SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ■ ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS ■ CONTRIBUTORS Marietha Malan, Paul Joubert, Johan Roos, Magdaleen Kleynhans, Reint Dykema, Daleen de Jager, FC Pelser, Alana Bailey, Moira-Marie Kloppers, Francois Calldo, Surika van Schalkwyk, Charl Oberholzer, Danie Langner, Paul Mardon, Arina Stoker en Jaco Kleynhans UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE
tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za
DR. DIRK HERMANN REDAKTEUR
DRUKWERK ■ PRINTING Paarl Media Gauteng
FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM
VERSPREIDING ■ DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
nommer 6 van 2010
6
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
kuberklets
Vroeë Kersfees vir wenners van elektroniese ritboek Baie geluk aan Jasper Aucamp en Jean Swart wat aangewys is as die wenners van die tripTrack-kompetisie wat in uitgawe 5 van Solidariteit Tydskrif aangebied is. Julle elektroniese ritboek is in die pos!
K UBERKLETS hieroor word gegons
Solidariteit kommunikeer daagliks met tienduisende Suid-Afrikaners deur middel van sosiale media soos Facebook en Twitter. Op dié manier is Solidariteit in staat om sy lede se voorstelle oor talle sake te kry, belangrike inligting te kommunikeer en die mening van medeburgers in te win.
Aansluiting net ’n SMS ver!
POSBUS Marietjie Fourie skryf: Ons as Suid-Afrikaners is geweldig trots op Solidariteit! Baie dankie vir al die werk wat julle doen, en veral dat julle ons regte beskerm. Ons hoor altyd net goeie dinge van Solidariteit en ek kan nie help om ’n warm gevoel in my hart te kry as ek hoor julle is by ’n saak betrokke nie.
Klarina Meyer skryf: Ek wil Solidariteit hartlik bedank vir die professionele en vriendelike wyse waarop my skorsingsaak op 17 Augustus 2010 by die Ventersdorp Stadsraad gehanteer is. Solidariteit-verteenwoordiger, mnr. L. Fritz, het my saak behartig en ek was uiters tevrede met die uitkoms. ’n Pluimpie vir Solidariteit.
geld en kundigheid gestig. Absa, hou jou by banksake en los die politiek vir die narre. AfriForum het die afgelope maand ’n nuwe Facebookgroep die lig laat sien. Die tema van die groep is AfriForum se veldtog teen Absa. Binne enkele dae het duisende mense vriende van Solidariteit geword en ’n groot debat is ontketen. Só het dit op Facebook gegons: Steve Rademeyer: Die grappie word vertel van twee Afrikaners wat op ’n eiland uitspoel, en kort voor lank is daar twee kerke en twee politieke partye. Ek hoop dit het verander. Wessels: Die voorlopers van Absa – Trustbank en Volkskas – is met Afrikaners se
Mark Farrell: Sluit julle rekenings. Ek het lankal! Stephan Snyman: Absa se dienslewering is pateties. Nou wil hulle boonop hul tyd daaraan bestee om rugby te probeer uitsorteer. Collin Parker: Ek sal enigiets ondersteun wat Absa sal ondermyn. Maak jou rekening by Absa toe! Natasha Bothma: Hou op om by Absa te bank! Tobie Bird: Kom ons elkeen oortuig vyf kliënte om hul rekening te sluit. Ons kyk wat gebeur as ons die pap uit hulle monde neem.
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM; DEE PHOTOGRAPHY
REGSTELLING Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en jou vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.
Ons het in uitgawe 5 van Solidariteit Tydskrif op bladsy 32 en 33 berig (“Third wave of retrenchments at DSA”) oor die bonus wat aan Denel se uitvoerende hoof betaal is. Die syfer van R16 miljoen is egter nie korrek nie en moet wees R1,6 miljoen. Ons stel graag die feite.
number 6 of 2010
Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na ilze@solidariteit.co.za. Die redakteur behou hom die reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie.
7
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
spreekbuys
Suid-Afrika kort meer werkers
e
ILLUSTRASIE: iSTOCKPHOTO.COM • FOTO: REINT DYKEMA
en van die grootste probleme in Suid-Afrika is dat te min mense werk. Dit is waarom daar soveel armoede en ongelykheid is, waarom daar so min belastingbetalers en so baie toelae-ontvangers is, en waarom die regering se droom om gratis dienste en huise aan die armes te gee, onbereikbaar is. Hierdie basiese werklikheid van ons land se ontoereikende werkmag is onlangs weer in die kollig geplaas toe die onafhanklike ekonoom Mike Schüssler daarop gewys het dat net sowat 40% volwassenes in Suid-Afrika werk. Dit is minder as in ander Afrikalande soos Uganda, Ethiopië en Angola. Navorsing deur Solidariteit het lankal reeds getoon die oorsaak van die meeste krisisse in die land is dat ’n te klein deel van die volwasse bevolking werk. In kort – die land se werkmag is te klein. Die oplossing vir dié probleem blyk voor die hand liggend te wees: Kry meer mense aan die werk. Dit is egter nie so eenvoudig nie. Wie moet aan die meer as 6,2 miljoen werklose mense werk verskaf? Daar is net drie opsies: Die staat, privaat maatskappye of mense moet vir hulself werk skep.
DIE STAAT SE ROL Vir die staat om aan werkloses werk te verskaf, is ingewikkelder as wat dit lyk. Die klein aantal individuele (5,5 miljoen) en korporatiewe (1,8 miljoen) belastingbetalers sal die bykomende salarisse moet dra. Die staat en openbare ondernemings word boonop meestal nie goed genoeg bestuur om mense produktief aan te wend nie. Daar is reeds ’n groeiende gaping tussen wat die regering wíl doen en wat die staat kán doen. Om self werk te skep, is ook nie so eenvoudig nie. Die meeste werkloses is juis werkloos omdat hulle nie die opleiding en vaardighede het om hul eie ondernemings te begin nie. Die feit dat die staat nie aan miljoene mense kostedoeltreffend werk kan gee nie, beteken beslis nie dat die staat nie ’n rol het om te vertolk nie. Die staat het ’n onmisbare rol om onder meer die volgende funksies te verrig: • Die beveiliging van landsburgers sodat hulle produktief kan werk en die land kan opbou; • die verskaffing van gehalteonderwys en -opleiding sodat meer mense indiensneembaar is;
SPRE E K B U Y S flip buys • die instandhouding van die land se infrastruktuur, soos paaie; • die doeltreffende bestuur van die land, stede en dorpe om die ekonomie doeltreffend te laat werk; • die daarstel van ’n gebalanseerde en gesonde beleidsraamwerk wat ondernemings reguleer sonder om die ekonomie en werkskepping dood te wurg; • die skep van ’n positiewe klimaat vir ondernemings om welslae te behaal sodat meer werkgeleenthede geskep kan word; • doeltreffende wetgewing, sodat duur en onnodige wette dit nie vir plaaslike maatskappye wat met top internasionale maatskappye moet meeding, nóg moeiliker is om te slaag nie; en • die versorging van dié wat werklik weerloos is, soos arm bejaardes, kinders en gestremdes. Die staat behoort dié dinge te doen sodat maatskappye kan konsentreer op dit wat werklik hul rol behoort te wees: Die lewering van goeie en kostedoeltreffende produkte en dienste, goeie winste, werkskepping en die betaal van belasting. Die voorwaarde vir sukses is dus dat beide die staat en maatskappye hulle moet bepaal by dit wat hulle goed kan of behoort te kan doen. Die rol van vakbonde in dié prentjie is om te sorg dat daar ’n balans gehandhaaf word. DIE PROBLEEM Dit lyk maklik genoeg. Die vraag is egter:
nommer 6 van 2010
8
Waarom gebeur die teenoorgestelde in SuidAfrika? Die probleem spruit uit die tradisionele linkse vooroordeel oor entrepreneurs en privaat maatskappye, wat meebring dat die regering soms téén hulle regeer. Die oorsprong van hierdie vooroordeel lê in Marxisme, wat entrepreneurs en winsgewende maatskappye net as kapitalistiese uitbuiters sien wat ’n streng staat met mikrobestuur in bedwang moet hou. Soos dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, vroeër vanjaar gesê het: “Capitalism equals theft.” Die gevolg hiervan is dat maatskappye nie groot genoeg groei nie en dus nie meer werk kan skep, meer belasting kan betaal en produkte en dienste kan lewer wat mense se lewensgehalte verbeter nie. Werkloosheid is die probleem, en die oplossing is nie staatsbeheer nie, maar meer vryheid sodat die ekonomie kan groei en werk geskep kan word. LESSE UIT CHINA Volgens Ann Bernstein van die Centre for Development and Enterprise het markekonomieë die afgelope drie dekades honderde miljoene mense uit armoede gelig. China het die regte resep gevolg deur maatskappye meer vryheid te gee en hulle te ondersteun om te groei en wins te maak. Gevolglik is talle werkgeleenthede geskep, wat ongeveer 500 miljoen mense in dié land uit armoede en ellende gelig het. Indië volg ook nou hierdie resep om hul burgers op te hef. Maatskappye is die enigste rolspelers in dié prentjie wat die wins kan toon wat die staat nodig het om vir die armes te sorg, infrastruktuur te ontwikkel en die land te laat groei. ENTREPRENEURSKAP Die sleutelrolspeler is entrepreneurs. Is hulle helde soos hulle soms in ’n vryemarkekonomie gesien word, of skurke, soos die linkses hulle sien? Winston Churchill het hom soos volg hieroor uitgelaat: “Some look at private entrepreneurs as a predatory tiger to be shot, while others look at it as a cow they can milk. The truth ... is that private enterprise is a strong horse that pulls the cart along.” Die ekonoom Joseph Schumpeter vergelyk entrepreneurs met ander leierskapsoorte: “The entrepreneurial kind of leadership has none of the glamour which characterizes other kinds of leadership. It consists in fulfilling a
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
spreekbuys
“Some look at private entrepreneurs as a predatory tiger to be shot, while others look at it as a cow they can milk. The truth ... is that private enterprise is a strong horse that pulls the cart along.” ~ Winston Churchill ~
very special task which only in rare cases appeals to the imagination of the public. He renders a service the full appreciation of which takes a specialist’s knowledge of the case. It is not so easily understood by the public at large as a politician’s successful speech or a general’s victory in the field. We do not observe in this case all those affective values which are the glory of all other kinds of leadership.” DIE ROL VAN VAKBONDE Solidariteit ondersteun nie die markekonomie omdat dit ’n volmaakte stelsel is nie. Dit het baie foute en leemtes. Ons ondersteun dit egter omdat daar nie ’n beter alternatief is nie. Sterk en verantwoordelike vakbonde is van kardinale belang vir balans in die markekonomie. Dit is belangrik dat die regering nie ondernemings versmoor deur mikrobestuur of vakbonde se rolle probeer oorneem deur alles met wetgewing te probeer beheer nie. Ondernemings kan egter ook nie net doen wat hulle wil nie, anders sal talle maatskappye se bestuur net na hul eie belange omsien, soos wat dikwels gebeur. Vakbonde moet hierdie balans bied. Hulle het ’n uiters belangrike rol: • Hulle moet help om maatskappye te laat groei en sorg dat werknemers ’n billike deel van die groter koek kry en vergoed word volgens hul bydrae, sodat hulle ’n ordentlike bestaan kan voer; • hulle moet werknemers teen onbillike besture beskerm, hul diensvoorwaardes en werkomstandighede help verbeter, en hulle help met geleenthede om hul roeping uit te leef; • hulle moet ’n balans tussen die belange van aandeelhouers, besture, werknemers en ander rolspelers help verseker; en
• hulle moet help om die dienste te lewer wat die staat en werkgewers nie kan of wil verskaf nie. Vakbonde se kernsake is mense en waar die staat en maatskappye elk ’n duidelike rol het, behoort vakbonde deurlopend hul rol te hersien om te sorg dat mense en gemeenskappe nie van ontwikkeling in die land uitgesluit word nie. DIE ROL VAN BESIGHEDE Solidariteit is soms in konflik met besigheid, maar dit beteken nie dat ons teen besigheid is nie. Ons sien ’n vakbond as ’n vereniging van produsente, omdat ons lede werknemers is
number 6 of 2010
9
wat ondernemings máák werk. Ondernemings voorsien die dienste en produkte wat die gemeenskap nodig het. Hulle skep werk, betaal salarisse en verskaf byvoordele soos medies en pensioen. Hulle doen navorsing en skep produkte wat ons almal se lewe makliker maak. Hulle betaal belasting wat help om die land te laat funksioneer en te ontwikkel, en hul wins verseker ’n inkomste vir beleggers soos werknemers se pensioenfondse. Hulle maak ook die ontstaan van derduisende klein verskaffers moontlik, wat op hul beurt ook werk skep en belasting betaal. Kom ons kry ons land se mense aan die werk. Dit is die enigste manier om die krisis van armoede en werkloosheid op te los. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Só het ons gemeenskap in 2010 gebou 2010 is ’n jaar wat in Solidariteit se geskiedenis as die jaar van aktivisme opgeteken sal word. Die vakbond het die afgelope jaar uitgestyg bo ander wat bloot net op oorlewing ná die resessie gefokus het. Soos altyd probeer Solidariteit juis om oplossings te vind om die gemeenskap in moeilike tye op te bou. Deur Moira-Marie Kloppers & Daleen de Jager
REDE VIR RANDE
g
ONS VEG VIR JOU REGTE
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
s
olidariteit Regsdienste is die grootste regsafdeling van alle vakbonde in Suid-Afrika. Daar is tans 37 personeellede in die regsafdeling wat uitstekende diens aan meer as 140 000 lede lewer. Solidariteit is ’n diensorganisasie en ’n goeie regsafdeling wat die vermoë het om aan lede die diens te lewer wat hulle toekom, is dus baie belangrik. Die regsafdeling bestaan uit vier afdelings: • Die Algemene Litigasie-afdeling hanteer alle litigasie tot op forumvlak by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Administrasie (KVBA) of die toepaslike bedingingsraad. • Die Arbeidshof-afdeling neem alle sake na die arbeidshof en/of arbeidsappèlhof, insluitende interdikte, dagvaardings, verhore en mosies. • Die Beroepsgesondheid- en -veiligheidsafdeling (BGV-afdeling) sien sover moontlik toe dat werknemers in ’n gesonde en veilige werkplek diens kan verrig. Hierdie afdeling hanteer alle eise vir besering aan diens en eise wat met beroepsiektes verband hou. • Fineks Eksekuteursdienste, ’n Artikel 21-maatskappy binne Solidariteit, lewer aan lede ’n gratis diens vir die opstel van ’n testament. Die testament word ook gratis geberg. Die boedel word teen 3,5% van die bruto boedelbedrag beredder. SÓ IS LEDE SE REGTE IN 2010 BESKERM • Solidariteit Regsdienste het die afgelo-
pe jaar meer as 4 385 sake gehanteer. • Die regsafdeling het in die eerste agt maande van 2010 ’n rekordbedrag van R150 693 907 se vergoeding in skikkings vir lede beding. • Die Algemene Litigasie-afdeling het 146 arbitrasies, 194 konsiliasies, 76 dissiplinêre verhore, 898 konsultasies en 1 816 regsnavrae in slegs agt maande gehanteer. • Die Arbeidshof-afdeling het in dieselfde tydperk 335 konsultasies gehad, 40 hofverskynings en tien voorverhoor-verskynings bygewoon, 834 hofstukke opgestel en 1 800 arbeidshof-korrespondensiestukke uitgestuur. • Die BGV-afdeling het ook in dié tydperk 88 besoeke afgelê, 535 keer ’n regsmening gelewer, 14 142 korrespondensiestukke uitgestuur en ontvang, 148 beroepsgesondheid- en -veiligheidsverwante vergaderings bygewoon en R138 miljoen se vergoeding vir Solidariteit-lede beding. • Deur die loop van 2010 het Solidariteit Regsdienste 12 sake op grond van onbillike diskriminasie teen die staat aanhangig gemaak. Elf daarvan is teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en een teen die departement van korrektiewe dienste. Hierdie litigasie vorm deel van Solidariteit Regsdienste se visie om die onbillike en ongrondwetlike toepassing van regstellende aksie, soos dit tans deur die staat toegepas word, hok te slaan.
nommer 6 van 2010
10
een probleem is vir die werknemers van Solidariteit se ledeadministrasieafdeling te groot nie. Ons heg groot waarde aan die belange van ons lede en vind graag kreatiewe oplossings. In 2010 het ons weer uitmuntende ledediens gelewer. Niks is ooit te veel gevra vir ’n Solidariteitbeampte nie! Besoek gerus jou naaste Solidariteit-kantoor en ervaar dit eerstehands. Dit was vir ons as Solidariteit ’n voorreg om ons lede in 2010 by te staan. • Dit is hartseer as een van ons lede of ’n familielid sterf, maar dit is gerusstellend om te weet dat ons kan help met die begrafnis en -reëlings. Solidariteit het teen Oktober vanjaar reeds R5,4 miljoen aan sterfte-eise uitbetaal. • Dit maak ons harte warm as ons lede se gesinne uitbrei. Altesame R351 750 is vir bevallings uitbetaal. • R46 536 is reeds vir siekte- en ongelukeise asook permanente mediese ongeskiktheid uitbetaal. • Lees ook op bladsy 12 en 13 hoe Solidariteit in 2010 gewoeker het.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
GROND VIR GROEI Deur Charl Oberholzer
OMGEE SONDER WEERGA
s
Deur Surika van Schalkwyk
FOTO’S: REINT DYKEMA
olidariteit Helpende Hand het vanjaar nie minder nie as 115 takke landwyd gestig. Hierdie takke vorm deel van Solidariteit Helpende Hand se nasionale voetspoor wat uitgebrei word in reaksie op die toenemende Afrikanerarmoede regoor Suid-Afrika. IN DIENS VAN DIE GEMEENSKAP • Helpende Hand het op Vrouedag geskiedenis gemaak met die stigting van ’n nasionale Afrikaanse vroue-organisasie, Vroue in Aksie. Dié organisasie wil die moderne Afrikaanse vrou op internasionale, nasionale en plaaslike vlak toerus en bemagtig om aktief by te dra tot die opheffing van Afrikaanse gemeenskappe. • Helpende Hand het in Augustus die eerste Afrikaanse Entrepreneurskonferensie aangebied. Die konferensie was ’n uitvloeisel van Helpende Hand se Reddingsdaadkongres wat in Oktober 2009 by die Voortrekkermonument gehou is. Vanuit die Reddingsdaadkongres het die behoefte aan suksesvolle Afrikaanse sakelui wat as rolmodelle vir toekomstige en heden-
daagse entrepreneurs kan dien, duidelik na vore gekom. • Helpende Hand se Afrikaanse Beursfonds het vanjaar gegroei tot R5 miljoen wat volgende jaar aan voornemende studente toegeken gaan word. Sedert 2003 het Helpende Hand beurse aan sowat 2 200 studente toegeken. • Helpende Hand het in Maart by die informele nedersetting Betlehem in Pretoria-Wes ’n verslag oor wit armoede aan pres. Jacob Zuma, agt kabinetsministers en verskeie regeringslui oorhandig. Helpende Hand is genader om die ontmoeting tussen die president en ongeveer 1 000 arm witmense in Pretoria te reël. • Helpende Hand het in Februarie vanjaar ’n “Stem nee vir pornografie”-veldtog teen MultiChoice se voorgenome pornografiekanale op DStv van stapel gestuur. Ongeveer 55 000 mense het binne 12 dae protes aangeteken teen die moontlike implementering van dié kanale. MultiChoice het, onder baie druk, aangekondig dat die kanale nie geïmplementeer gaan word nie.
nommer 6 van 2010
12
Sol-Tech het vanjaar grond in Centurion gekoop waar ’n groot kampus vir dié opleidingskollege gebou gaan word. Meer kursusse, meer studente, meer dosente en meer ruimte vir nóg drome is nou vir die volgende drie jaar in Sol-Tech se visier. (Lees ook die artikel op bladsy 21.) Ander hoogtepunte van die jaar sluit die volgende in: • Sol-Tech het daarin geslaag om die vraag na tegniese opleiding drasties te verhoog. Dié opleidingskollege se opedae het alle verwagtings oortref en dubbel die aantal studente wat gekeur kon word, het toelatingstoetse afgelê. In 2009 het Sol-Tech 371 ingeskrewe studente gehad teenoor die meer as 500 geesdriftige Afrikaanse studente wat tans ingeskryf is. • Sol-Tech het vanjaar behoorlik uit sy nate gebars ná groot groei die afgelope paar jaar. In 2007 was daar 64 elektriese studente en drie lektore by die kollege. In 2008 het dit toegeneem tot vier studierigtings met 296 studente. Binne slegs vier jaar het die aantal hoogs gekwalifiseerde en ervare personeellede van drie tot 33 gegroei. R15 miljoen se toerusting is danksy die Solidariteit Groeifonds aangekoop. Die meeste van die toerusting is deur die lektore self gebou en aangepas, wat ’n vervangingswaarde van meer as R25 miljoen daarop plaas. • Sol-Tech het tot dusver ’n merkwaardige slaagsyfer van 96% onder studente wat hulle vaktoets ná afloop van hul derde studiejaar aflê. Min kolleges kan met só ’n rekord spog en daarom word Sol-Tech onder die voorste opleidingskolleges in Suid-Afrika gereken. Die kollege is egter nog in sy kinderskoene en die eerste oes studente is nou eers deur die stelsel.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
IN DIÉ SLAAI KRAP JY NIE!
FOTO’S: REINT DYKEMA
v
Deur Alana Bailey
ir AfriForum was 2010 ’n jaar vol hoogtepunte. Een daarvan was die bekendstelling van ’n eie regsfonds wat aksies kan finansier wanneer ander vorms van protes nie voldoende is nie. • Gebiede waarop AfriForum welslae behaal het, is omgewingsake en munisipale dienslewering. ’n Suksesvolle veldtog teen foutiewe diensterekenings van die Tshwane Metroraad is saam met die gemeenskapskoerant Rekord afgehandel. • Die stryd om Pretoria se naam duur voort – op vroliker trant met AfriForum se gratis musiekkonsert vir 40 000 mense in November 2010, maar ook deur onderhandeling en protesaksies. In Januarie 2010 is ’n ultimatum aan die minister van kuns en kultuur oorhandig nadat sy in die Staatskoerant afgekondig het dat die stad se naam verander is. Sy was verplig om die afkondiging terug te trek. ’n Boikotaksie is ook teen die Pretoria Skou, nou bekend as die Tshwane Skou, van stapel laat loop.
• Boere in Zimbabwe is met verskeie hofaksies bygestaan om hulle veiligheid en eiendomsreg te probeer verseker. • Plaaslik is aangeleenthede soos misdaad, magsvergrype deur geregsdienaars, rassisme, menseregteskendings deur stakers, politieke inmenging in sport en die taalbeleid van onderwysinstellings, die staatsdiens en maatskappye soos Absa gepak. • AfriForum Jeug het by die Gelykheidshof ’n saak van haatspraak teen Julius Malema se rassistiese uitlatings aanhangig gemaak en die Openbare Beskermer gevra om Malema se tenderbedrywighede te ondersoek. • AfriForum Jeug het ook kragdadig teen diskriminasie by landboukolleges opgetree en vir die eerste keer aan ’n studenteraadverkiesing (op die Universiteit van Pretoria se kampus) deelgeneem. AfriForum Jeug het die verkiesing gewen en Charl Oberholzer, vise-voorsitter van AfriForum Jeug, is as nuwe voorsitter van die UP-studenteraad aangewys.
nuuswaardig
Adrie van Dyk ondersteun die DBV deur al haar verjaardag- en Kersfeeskaartjies by dié organisasie te koop.
Heleen Robbertse is ’n vrywilliger by Wet Nose. Sy gaan stap naweke met sommige van die honde wat hier gehuisves word.
Martie Maree woon in Hartbeespoort en skenk elke maand hondekos vir HAWS.
Rol moue op en doen jou deel Deur Moira-Marie Kloppers
k
meling en administratiewe take. • Neem ’n troeteldier by ’n organisasie soos die DBV, Wet Nose of HAWS aan. • Diereverenigings verskaf dikwels dienste aan die gemeenskap om geld in te samel. Ondersteun hulle deur van hul diereklinieke gebruik te maak, of koop jou diere se kos by hulle. • Meld mense wat hul diere mishandel of verwaarloos aan. • Registreer jou troeteldiere by jou plaaslike vereniging sodat jy opgespoor kan word indien jou dier wegraak en iemand anders hom vind. • Neem verlore troeteldiere altyd na jou plaaslike vereniging.
ersfees is ’n tyd van gee, en wat ’n groter geskenk is daar nie as om jou tyd aan ’n organisasie te gee wat dit broodnodig het. Maar dit hoef nie tot Kersfees beperk te wees nie. Ons het met ’n paar Solidariteit-werknemers gesels wat regdeur die jaar op die een op ander wyse ’n verskil probeer maak.
DIE DBV, WET NOSE EN HAWS • Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat alle diere, van troeteldiere soos honde, katte en konyne tot plaasdiere en selfs wilde diere, teen wreedheid en verwaarlosing beskerm. Dié vereniging se bedryfskoste beloop bykans R2 miljoen per maand en omdat die organisasie geen staatsfinansiering ontvang nie, is dié groep van skenkings en geldinsamelingsprojekte afhanklik. Die DBV lewer verskeie bekostigbare dienste aan lede van die publiek en hul troeteldiere om die DBV se inkomste aan te vul. Besoek www.nspca.co.za. • Wet Nose Animal Rescue Centre is ’n vereniging wat na verlore en verwaarloosde diere omsien en liefdevolle huise vir hulle soek. Waar sommige organisasies diere ná ’n sekere tyd van kant maak, sorg Wet Nose vir al die diere in hul sorg totdat ’n geskikte huis vir hulle gevind kan word. Besoek die webtuiste www.wetnose.org.za. • Die Hartbeespoort Animal Welfare Society (HAWS) is nog ’n organisasie sonder winsoogmerk wat verlore diere versorg, beseerde diere rehabiliteer en verwaarloosde en mishandelde diere red. Besoek www.haws.co.za.
LOSLITDAG Loslitdag word elke jaar met die aanbreek van die lente gevier en is daarop gemik om mense van die lot van gestremdes bewus te maak. Solidariteit se personeel verkoop elke jaar Loslitdagplakkers ten bate van Almaskool, ’n skool vir gestremdes in Pretoria. Dié jaar se Loslitdag by die vakbond se hoofkantoor is in die vorm van ’n maskerade aangebied en bykans R1 100 is ingesamel. Besoek www.casualday.co.za vir meer inligting oor Loslitdag.
SKENK BLOED, RED ’N LEWE Internasionale Bloedskenkdag word elke jaar op 14 Junie gehou. Op dié dag word mense aangemoedig om ’n gereelde bloedskenker te word. Een eenheid bloed kan tot vier mense se lewens red en indien jy elke maand ’n vriend of familielid kan oortuig om ook bloed te skenk, kan jy dubbeld soveel lewe red! Meer as 50% van Suid-Afrika se bevolking sal die een of ander tyd in hul lewe bloed nodig hê, maar slegs sowat 1% van die bevolking is skenkers.
HOE KAN EK HELP? • Al dié organisasies het vrywilligers nodig om te help met die versorg van siek en verlore diere, geldinsanommer 6 van 2010
14
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
WENKE VIR SKENKERS • Onthou altyd om minstens vier ure voor ’n skenking iets te eet. • Drink ekstra vloeistof (water of vrugtesap) ná die skenking, veral in die somer. • As jy duiselig voel, gaan lê of sit met jou kop tussen jou knieë. • Hou die pleister op jou arm minstens ses ure lank in plek. • As die naaldwond begin bloei, lig jou arm op en druk liggies daarop. • Moenie op die dag van die skenking strawwe oefening doen of swaar voorwerpe optel nie.
FOTO’S: REINT DYKEMA
REMME-LOS SELFHELPSENTRUM VIR KWADRUPLEË
Bo: Solidariteit se kommunikasie-afdeling het gesorg vir kattekwaad op Loslitdag. Polla Roux (heel links) het reeds 183 eenhede bloed geskenk. Sy doelwit is om minstens 200 eenhede te skenk. Fanie Vosloo (links) en sy vrou Fransie dien reeds meer as vyftien jaar in die bestuur van die Remme-los Selfhelpsentrum vir Kwadrupleë. Hulle bied onder meer geldinsamelingsprojekte aan.
Die Remme-los Selfhelpsentrum vir Kwadrupleë is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat tans sewe kwadrupleë en een parapleeg huisves. Inwoners ontvang spesiale versorging en vervoer na hospitale, klinieke en vergaderings. Benewens opleiding baat inwoners ook by inisiatiewe waar daar vir elkeen spesifieke werk gesoek word. Die organisasie beywer hom ook vir die bewusmaking van die uitdagings van kwadrupleë en parapleë. S
nommer 1 van 2008
15
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Vakbond skep diamante onder druk
i
Deur Moira-Marie Kloppers
n moeilike tye, wanneer Maar uit dié druk het Solidamense op ’n hopie gaan sit riteit diamante van hoop, trots en wonder: “Wat nou?”, is en aktivisme te voorskyn laat dit Solidariteit wat opstaan kom. en hand uit die mou steek. “Toe misdaad en rassespanSolidariteit is bekend as ’n doenning aan die begin van die jaar organisasie. Dít, meen Steve op die spits gedryf is, het SoliScott, geliefde president van Sodariteit daarin geslaag om die lidariteit, is wat Solidariteit vanspanning en vrees van ’n gejaar kop en skouers bo die res meenskap wat nie meer wellaat uitstaan het. kom gevoel het in sy eie land Die jaar was in baie opsigte nie, positief te kanaliseer. Die ’n jaar waarin die land en sy oorweldigende ondersteuning mense groot druk ervaar het, sê wat die Geagte PresidentScott. Ekonomiese druk ná ’n reveldtog geniet het en die reusesessie, en politieke en internasiosukses van die daaropvolgende Steve Scott, president van Solidariteit. nale druk om die eerste Afrikamisdaadveldtog, het bewys wat gasheerland vir die Sokkerin Solidariteit steek. Uit die wêreldbekertoernooi te wees. hooploosheid van misdaad en “Vir baie is druk vernietigend. Maar wanneer Solirassespanning het samewerking, selfvoorsiening en dariteit en sy mense groot druk ervaar, word kosbare nuwe hoop gespruit. diamante geskep. In ’n jaar waarin rassespanning byna “Regstellende aksie ten koste van dienslewering is breekpunt bereik het, regstellende aksie dienslewering ook dié jaar onder die loep geneem. Solidariteit het bedreig het en misdaad só algemeen geword het dat dit hierdeur talle lojale lede in die Suid-Afrikaanse Polisiekwalik nog skok, wat nog te sê die nuus haal, het Solidiens saamgesnoer en dié geveg vir meriete, ervaring dariteit die druk positief begin gebruik.” en dienslewering is later ook by Absa voortgesit. Scott se oë blink wanneer hy aan 2010 terugdink. “Vir Solidariteit was 2010 nie net die jaar van sokker “Mense was bekommerd oor 2010,” sê Scott. “Hulle en stakings nie, maar van saamstaan, saamwerk, was bekommerd oor hul toekoms en veiligheid in Suidselfhelp en, bowenal, aktivisme vir ’n beter toekoms,” Afrika. Baie het onwelkom in hul eie land begin voel. sê Scott. “Dit was voorwaar ’n jaar van solidariteit.”
FOTO’S: REINT DYKEMA
‘SOLIDARITY’S STRENGTH LIES IN ITS MEMBERS’ When Moira-Marie Kloppers asked Solidarity president Steve Scott what the secret of Solidarity’s success was in 2010, he answered without hesitation: “Solidarity’s strength lies in its members.” “In many ways, 2010 was a difficult year. The country is slowly recovering from a devastating recession and crime and political tension reached boiling point just before the World Cup,” Scott said. “In situations like these, most people just complain. However, Solidarity decided that complaining isn’t really achieving anything. We decided to take these matters of concern and turn it into meaningful actions. The reaction was overwhelming. The passivity that characterised our people just a short while ago has now been replaced by activism.” According to Scott, 2010 has changed the organisation forever. “Solidarity is now a force to be reckoned with, and that is all thanks to our members and supporters. Solidarity is as strong as it is today because of the solidarity of its members and supporters.” S
nommer 6 van 2010
16
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
promosie-artikel
Wilmed Park groet verpleegdiensbestuurder
m
arlize van Wyk het reeds diep spore in die verpleegberoep getrap en tree ná 46 jaar uit. Marlize begin haar opleiding in 1964 by die Pretoria Algemene Hospitaal (nou die Steve Biko-hospitaal). Sy en haar eggenoot vestig hulle in Klerksdorp waar sy by die Klerksdorp Provinsiale Hospitaal begin werk. Haar loopbaan het in die Noordwes-Provinsie van krag tot krag gegaan. Sy doen diens in verskeie dele van die hospitaal en bied selfs klas by die plaaslike verplegingskollege, Excelsius, aan. In 1986 werk sy as verpleegdiensbestuurder in die Tshepong-hospitaal in Klerksdorp, asook die Potchefstroom Algemene Hospitaal. Ná die 1994-verkiesing was Marlize bestuurslid van die oorgangsbestuurskomitee wat nou met die department van gesondheid in Mmabatho saamwerk. In hierdie tydperk staan sy aan die hoof van verpleeg-
sorg by elf hospitale. Marlize betree die privaat sektor in Julie 1995 terwyl die Wilmed Park Privaat Hospitaal nog in aanbou was. “Wat ’n wonderlike uitdaging,” was haar woorde. Dié hospitaal open op 21 Januarie 1996 sy deure. As ’n mens Marlize oor haar sukses uitvra, is haar antwoord onomwonde: “Dit is alles danksy ’n ondersteunende eggenoot en kinders; ’n passie vir verpleging; bekwame, geesdriftige en lojale kollegas; en die belangrikste ’n geloof in God – die enigste anker! “Ek was baie bevoorreg om my beroep én passie te kon uitleef. Dit was onvergeetlik en heerlik. Ja, daar was soet en suur dae, maar ek koester so baie mooi herinnerings (waarvan sommige jou sal laat skaterlag). Haar boodskap aan haar kollegas is die volgende: “Pas met oorgawe elke dag die verpleeg-eed toe wanneer jy met jou pasiënt (kliënt) werk. Dan kan dit net goed gaan!” Wilmed Park Privaat Hospitaal bedank Marlize vir haar diens. Ons gaan jou mis!
Marlize van Wyk
AKSENT MEDIA • 07/2010
newsworthy
White representation has dropped radically
ILLUSTRATION: iSTOCKPHOTO.COM
t
By Moira-Marie Kloppers 1 738 in 2010. The number of coloured South Africans and Indians has increased by 267.3%, from 208 to 764, and 173.9%, from 986 to 2 701, respectively in the same period. Furthermore, the number of black trainee accountants has increased by 68.8% between 2002 and 2007. Africans in this profession have increased by 90.3%, from 1 248 in 2002 to 2 375 in 2007. The number of Coloured South Africans and Indians has increased by 327.5% and 19.4% respectively. In contrast, the number of white trainee accountants has decreased by 9.1%, from 6 310 to 5 733, over the same period.
he representation of white South Africans in the professional sector has decreased dramatically between 1994 and 2008, according to the Solidarity Research Institute (SRI). The number of registrations by white professional engineers has decreased by 54.1%, while the number of attorneys that were admitted between 1999 and 2008 has decreased by 36.8%. The number of qualified black South Africans in professions in this sector, including accounting, information technology and the medical industry, increased by between 30% and 507%. According to Johan Kruger, head of the SRI, the number of black South Africans (Africans, Indians and Coloured South Africans) that are registered with the South African Institute of Chartered Accountants (SAICA) has increased by 248% between 1994 and 2008. The number of registrations of black professional engineers has increased by more than 111% in the same period. In the information technology industry the number of black graduates rose by 507.6% between 1996 and 2005. Furthermore, the number of black medical practitioners increased by more than 30% in only three years (between 2007 and 2010), while the number of black attorneys admitted increased by more than 78% between 1999 and 2008. These findings form part of the SRI’s fifth report of the SA Transformation Monitor (SAT Monitor). The SAT Monitor is designed to determine the extent to which black South Africans have benefited from black economic empowerment (BEE) since the start of democracy in South Africa. “The number of employees in the professional sector increased considerably between 1994 and 2008, with the representation of black South Africans, especially Africans, showing the biggest increase,” says Kruger. “In contrast, the representation of whites in accounting and legal professions and engineering has decreased sharply, which could probably be attributed to the constant migration of white professionals to other countries,” he explains. “In addition, white young people are discouraged from pursuing careers in the medical sector, as the selection criteria often promote racial transformation. The criteria that are set for white students are more stringent than those for black students.”
ATTORNEYS The number of white attorneys admitted has decreased by 36.8% between 1999 and 2008, while the number of Africans, Coloured South Africans and Indians has increased by 37.1%, 179.4% and 185.7% respectively. ENGINEERS The number of professional engineers that registered with the Engineering Council of South Africa (ECSA) decreased by 40.4% between 1994 and 2008. This drop can be attributed to a 54.1% drop in the number of white engineers that registered with ECSA, while the number of black engineers that registered rose by 111.6%. The number of Africans registering as engineers has increased by 126.1% over the same period. Coloured South Africans registering increased by 80%, while Indians have increased by 100%. INFORMATION TECHNOLOGY Graduates in the information technology industry have increased by 727.4% between 1996 and 2005. Black graduates (Africans, Coloured South Africans and Indians) increased by 507.6%, while white graduates in this industry increased by only 34.4%. MEDICAL INDUSTRY The number of medical practitioners (doctors and specialists) has increased in all racial groups between 2007 and 2010. The biggest increase occurred among coloured South Africans, with an increase of 51.1%, from 481 in 2007 to 727 in 2010. The number of Africans in this industry increased by 38,8%, from 5,143 in 2007 to 7 140 in 2010, and the number of Indians and whites increased by 17.5% and 7.8% respectively. • The full report is available at www.solidarityresearch.co.za S
CHARTERED ACCOUNTANTS The number of Africans that are registered with the South African Institute of Chartered Accountants (SAICA) has increased by 477.4% – from 301 in 2002 to nommer 6 van 2010
18
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
newsworthy
NHI – The ANC’s solution for health care
t
By Paul Joubert
PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM
he proposed National Health Insurance (NHI) scheme has been shrouded in mystery and controversy for a long time. At the ANC policy conference held in September 2010, a clearer plan on how such a scheme would be implemented was made public. Let’s focus on a number of key points raised in the ANC’s discussion document. In its discussion document, the ANC proposes that all South African citizens and legal permanent residents should have access to health care without having to pay for it at the point of service, although not all medical conditions will be covered. Implementing the NHI will require a major effort in upgrading the capacity of the public health-care sector. Therefore, the plan is to phase in the NHI over a 14-year period, starting in 2012. THE RATIONALE BEHIND THE NHI The ANC believes that the current system, where public and private health-care systems are almost completely separated, is inequitable, inefficient and not pro-poor. To justify these opinions, the ANC’s discussion document relies heavily on a 2009 study by Ataguba and McIntyre. This study concludes that there is a lack of cross-subsidisation in the South African health-care system. Simply stated: The rich do not subsidise the poor enough. However, other researchers have shown that the assumptions and calculations in this study are quite dubious. In their critical analysis of the study, Theron, Van Eeden and Childs conclude that at the moment, the richest 20% (people earning more than about R130 000 p.a.) of the population actually pay at least 82% of the total health-care cost in South Africa and receive only 36% of the benefit. In contrast, the poorest 20% pay only about 1%, but receive 12,5% of all health-care benefits. These statistics indicate that cross-subsidisation is already at a very high level. Despite this evidence, the ANC is proposing to increase cross-subsidisation even further with the NHI. WHERE WILL YOU GET TREATMENT? According to the plan, everyone will be registered to specific health-care facilities, with the option of switching to another facility once a year. There are currently no plans to
close private health-care facilities, but the NHI system may make it difficult for many of these facilities to continue to exist or offer high-quality care. As all health-care providers will be paid from a central NHI fund, the distinction between public and private will become blurred. Health-care facilities will only be registered as free NHI facilities if they meet a prescribed standard of care. This approach is likely to result in the swamping of private facilities by prospective patients at the start of the NHI, as most private facilities will probably meet the prescribed standard at the first date of implementation. A further change that is proposed is that dedicated teams consisting of a doctor, a few nurses and other assistants will make regular house calls to patients within their areas in order to provide preventative care rather than more expensive rehabilitative care. How the security and workload of these teams will be managed is still a mystery. WHO WILL PAY? Different options of how to fund the NHI in addition to the current health-care budget are proposed. The proposed increase in value-added tax (VAT) is self-explanatory, as is a general increase in income tax rates. The third option, a specific payroll tax, warrants some explanation. Under this regime, no-
nommer 6 van 2010
20
body that earns above a certain threshold will be allowed to opt out of contributing to the NHI. The proposed levels of payroll taxes range from 1% to 8% of gross individual income. Someone earning R6 000 per month, for example, may be required to contribute R60 to the NHI; while someone who earns R30 000 per month may be forced to contribute R2 400. The ANC believes that this increased level of contributions will be possible, because many people will cancel their private medical aid membership. Private medical aid membership will still be legal, but an NHI contribution will be mandatory. It is envisaged that public health-care facilities will improve to such a great extent that nobody will object to using public instead of private facilities. REALISTIC PLAN? Because most of the details surrounding the NHI are still unknown, it is impossible to make a definite conclusion on whether the plan is realistic. Some of the assumptions, such as that increased taxes will not lead to further emigration of the small number of high-income earners, unfortunately seem too optimistic. As it stands, the planned NHI may be doomed to failure, because the planners do not take into account that, in the real world, actions often have unintended consequences. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Sol-Tech droom reeds oor nuwe kampus
r
yno Potgieter* was agtien jaar oud toe hy met finansiële hulp van sy gemeente by Sol-Tech, Solidariteit se tegniese opleidingskollege, ingestap het – ’n lang, ambisieuse donkerkop-man wat hierdie geleentheid met albei hande aangegryp het. Nadat hy die eerste jaar van sy studie suksesvol voltooi het, het die kerk hom in kennis gestel dat hulle hom nie meer finansieel sal kan ondersteun nie. Ryno se pa was ’n alkoholis en sy ma kon hom net eenvoudig nie met haar beperkte salaris help nie. Opskop was skynbaar sy enigste keuse. Van Ryno se klasmaats het opgemerk dat dinge nie meer so goed gaan nie. Toe hulle hom uitvra, het hulle agtergekom dat hy vier dae laas geëet het en nie verder sal kan studeer nie. Solidariteit Helpende Hand het ingespring en kos gereël. Aangesien Ryno se ma ’n lid van Solidariteit is, kon hy vir ’n Solidariteit-beurs aansoek doen. Sy aansoek is goedgekeur en kort voor lank was hy weer hard aan die studeer. Ná die suksesvolle
Deur Arina Stoker voltooiing van sy laaste twee studiejare het hy ’n goeie werkaanbieding gekry en hy is reeds besig om sy beurslening terug te betaal. Só gee hy weer aan ’n volgende student die geleentheid om te studeer. Altesame 500 studente het tans die geleentheid om by Sol-Tech te studeer. Die droom is om die studentegetal eindelik tot 10 000 op te stoot met nuwe opleidingsinisiatiewe, waaronder ’n groot nuwe Solidariteitkampus, asook afstandsonderrig in Afrikaans. Volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, is Ryno beslis nie die uitsondering as dit kom by hulp aan studente nie. Inteendeel, gevalle soos dié is taamlik algemeen. Solidariteit kon danksy die vakbond se Groeifonds in April grond vir ’n nuwe kampus op ’n veiling bekom. Die grootste struikelblok is dus reeds oorkom! Dit is die ideale perseel vir die bestuur van Sol-Tech om sy drome te verwesenlik. Die perseel is na aan woonbuurte waar die studente van regoor die land
verblyf sal kan kry, daar is genoeg ruimte vir toekomstige uitbreiding en vanuit ’n beleggingsoogpunt is dit ’n uitstekende belegging met goeie groeipotensiaal. Die infrastruktuur sal bestaan uit industriële werkwinkels, klaskamers vir teoretiese opleiding, geriewe vir die praktiese opleiding van die aanvanklike 500 studente, kantoorruimte vir Sol-Tech se administrasie, ’n ouditorium met 300 sitplekke, ’n kafeteria vir die studente en personeel, en ’n Afrikaanse afstandsonderriginstituut. Alles word van meet af aan só beplan en ontwerp dat dit maklik sal wees om in die toekoms uit te brei en aan te bou. Die hele Solidariteit is in rep en roer oor hierdie nuwe projek. Die ontwikkeling van die kampus is Solidariteit en die Groeifonds se grootste ontwikkelingsprojek tot nog toe. * Skuilnaam • As jy ’n bydrae wil lewer, skakel die dienssentrum by 0861 25 24 23 of stuur ’n epos na groeifonds@solidariteit.co.za S
nuuswaardig
Vakbond vereer vier wat help met Chile-redding
v
Deur Moira-Marie Kloppers
ier Solidariteit-lede wat Murray & Roberts se Strata 950-boor in die reddingspoging van 33 Chileense mynwerkers vir bykans twee en ’n half maande bedryf het, is onlangs met Solidariteit se Sterre in die Gemeenskaptoekenning vereer. Wynand Botes, Riaan Viviers, Mario Scholtz en Johan Badenhorst, almal werknemers van Murray & Roberts Cementation, het dié spesiale toekenning ontvang nadat hulle op 23 Oktober op die OR Tambo-lughawe in Johannesburg aangekom het. Solidariteit ken jaarliks Sterre in die Gemeenskap-toekennings toe aan mense wat ’n besondere bydrae tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap gelewer het. Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit, het die SuidAfrikaanse span se vinnige optrede en kundigheid grootliks daartoe bygedra dat die reddingspoging ’n sukses was. “Dit is danksy dié span se heldhaftige optrede en volharding dat die 33 mynwerkers in ’n rekordtyd gered kon word,” meen Hermann. “Hulle is Solidariteit en die hele Suid-
Steve Scott, president van Solidariteit (heel links), en dr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit (heel regs), het gesorg dat Johan Badenhorst, Riaan Viviers, Wynand Botes en Mario Scholtz ’n heldeontvangs kry.
Afrika se trots en daarom verdien hulle die Sterre in die Gemeenskap-toekennings.” “Nie net het die Murray & Roberts-span hulle net ná die ongeluk met hulle boor na die toneel gehaas om te help nie, hulle het ook die sirkulasietonnels waardeur kos, water en ander benodigdhede na die mynwerkers gestuur is, met behulp van hul Chileense
firma, Terracem, geboor. “Daarbenewens het hulle kollegas in SuidAfrika die ontwerpvoorstelle vir die reddingskapsule hier in Suid-Afrika gemaak. Die konsep vir die reddingspoging, soos hoe wyd die skag moes wees asook die hysmasjienvermoë, is deur Murray & Roberts se ingenieurs in Suid-Afrika ontwikkel,” het Hermann gesê. S
FOTO’S: REINT DYKEMA
AfriForum, Absa se huwelik verby AfriForum het Absa die stryd aangesê nadat dit bekend geword het dat dié bankgroep nie skroom om as borg by die rassesamestelling van sportspanne in te meng nie. AfriForum en lede van die publiek het twee eise gestel: Eerstens dat Absa nie moet inmeng met die rassesamestelling van sportspanne nie, en tweedens dat Absa sal onderneem om nie sy tradisionele kliëntebasis af te skeep nie. Dié versoek, wat deur dr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, aan die bank oorhandig is, het egter op dowe ore geval en talle Absakliënte het reeds hulle rekenings by dié bank gesluit. Solidariteit het toe ’n volledige verslag saamgestel wat die vyf groot banke – FNB, Absa, Nedbank, Standard Bank en Capitec – se diens en koste ontleed sodat die publiek en Solidariteit-lede ’n ingeligte besluit oor hulle geldsake kan neem. AfriForum het kort daarna sy egskeiding met Absa aangekondig en sy sake na ’n ander bank verskuif.
nommer 6 van 2010
22
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Vakbond vergroot vastrapplek op die internet ’n Hele paar van Solidariteit se filiale het die afgelope tyd hulle sigbaarheid op die internet verbeter. Met dié verbetering poog ons om ons ledediens voortdurend te verbeter. Neem gerus deel aan die gesprekke op Facebook, Twitter en webtuistes soos die Solidariteit-blog, skryf DALEEN DE JAGER. KCP-BEDRYF NOU OOK OP FACEBOOK Goeie ledediens is vir Solidariteit van groot belang. Daarom probeer ons alles in ons vermoë om ons diens aan ons lede te verbeter. Alle lede wat deel van Solidariteit se kommunikasie-, chemiese en professioneledienste-bedryf (KCP-bedryf) vorm, kan nou by Facebook-bladsye vir elk van dié groepe aansluit. • Die eerste hiervan is die Facebook-bladsy Solidariteit-Unisa Lede. Op hierdie bladsy is geselsforums en inligting wat vir ons lede by Unisa van belang sal wees. • Die Facebook-bladsy vir Solidariteit-UJ Lede is ontwikkel vir Solidariteit-lede by die Universiteit van Johannesburg. Dié bladsy bevat ook inligting, dokumente en geselsforums. Lede kan boonop hier vrae aan hulle Solidariteit-organiseerders stel. • Die derde Facebook-bladsy teiken Solida-
riteit-lede in die telekommunikasiesektor. Dié bladsy se naam is Solidariteit-IKT. Lede in die telekommunikasiebedryf kan hier na hartelus met hul organiseerders kommunikeer en raad en inligting vra. AFRIFORUM SPOG STYLVOL AfriForum het in Oktober ’n splinternuwe webtuiste bekend gestel. Dié dinamiese nuwe webtuiste bied maklike toegang tot AfriForum se belangrikste inligting. Solidariteit se elektroniese kommunikasiespan wat die herontwerp gedoen het, sê hulle het gefokus op AfriForum se belangrikste bedrywighede, en om al die elemente van die burgerregte-inisiatief reeds op die tuisblad van die webtuiste beskikbaar te stel. Dit verseker dat lede maklike toegang tot inligting het. Die webtuiste se ontwerp spreek van nuwe neigings in die
nuwemediabedryf en uitstekende grafiese ontwerp. Maak seker jy besoek die webtuiste www.afriforum.co.za vir ’n kykie na die splinternuwe ontwerp. • Lees ook op bladsy 50 die rubriek, Webwoelings, waarin ons die jongste nuus en verwikkelings op die internet en die Solidariteit-blog onder die loep neem. S
nuuswaardig
32 000 Boerebannelinge vereer in omvattende boek
b
Deur Moira-Marie Kloppers
annelinge in die vreemde, ’n omvattende boek oor die 32 000 Boerebannelinge van die AngloBoereoorlog, is in September vanjaar deur Solidariteit en Kraal Uitgewers bekend gestel. Dié boek beeld die lewe van die bannelinge in teks en foto’s uit. Die 416 bladsye is gevul met 316 volkleurfoto’s en aangrypende teks wat die lewe van die bannelinge beskryf. Elria Wessels van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het die teks geskryf en die bekroonde fotograaf en joernalis Paul Alberts was die fotoredakteur. Die bekendstelling van die boek het deel uitgemaak van die 110de herdenking van die dag toe die eerste Boerekrygers as bannelinge weggestuur is. “Suid-Afrikaners wat wil weet of hulle voorouers bannelinge was, kan ’n epos aan die Oorlogsmuseum in Bloemfontein by museum@anglo-boer.co.za stuur. Stuur jou voorvader se volle name en van, en die museum sal die inligting vir jou stuur. Hulle sal ook kan sê op watter skip jou voorvader weggestuur is, in watter kamp hy aangehou is en waar hy gevange geneem is. ’n Volledige lys name is ook by www.navorsing.co.za beskikbaar,” sê dr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit. Die Botha-familie het byvoorbeeld die meeste bannelinge opgelewer met 562,
Die sanger Gerrie Pretorius (foto links bo); mnr. Minnaar (90), die oudste afstammeling van ’n banneling; en bekroonde fotojoernalis Paul Alberts (foto regs bo), het hul oupagrootjies, oupa’s en pa’s se name oor Solidariteit Radio gelees.
gevolg deur die Venter(507), Van der Merwe(474), Pretorius- (447) en Du Plessis-families (420). Ander vanne onder die top tien is Kruger, Fourie, Coetzee, Van Rensburg en Nel. Die samewerking tussen Solidariteit en Kraal Uitgewers gaan nie hier eindig nie. Dié twee instellings het aangekondig dat hulle ’n vennootskap gaan vorm wat in die vervolg historiese en aktuele Afrikanerboeke gaan uitgee. Volgens Hermann, is die nuwe Kraal Uit-
gewers ook ’n protesuitgewery. “Die uitgewery teken protes aan teen die verdraaide beeld van die Afrikaner se geskiedenis. Propagandahistorici beeld Suid-Afrika in vereenvoudigde beeldspraak van goed en kwaad uit, waar Afrikaners die kwaad verteenwoordig. Kraal gaan protes hierteen aanteken deur goeie wetenskaplike publikasies oor die Afrikaner uit te gee,” het Hermann gesê. Solidariteit Radio het van Maandag, 13 September tot Woensdag, 15 September die bannelinge van die Anglo-Boereoorlog vereer deur 32 000 name op dié radiostasie te lees. Dit is ’n Suid-Afrikaanse rekord vir die langste radioprogram. Die feit dat die uitsending drie dae geduur het, wys hoe omvangryk die wegstuur van bannelinge tydens die AngloBoereoorlog was. S
Solidariteit stel vandeesmaand ’n opwindende nuwe kompetisie bekend, en ’n HD LCDtelevisie is op die spel. Wen is verspot maklik! Verwys net vyf potensiële Solidariteitlede. Dit kan vriende, familielede of kollegas wees. • Indien drie of meer van jou verwysings by Solidariteit aansluit, kom jy in aanmerking om die televisie te wen. • Die sluitingsdatum is 30 November 2010. • Die gelukkige trekking word gedurende Desember 2010 gehou. • Hou jou selfoon aangeskakel in Desember 2010. Jy mag dalk net die gelukkige wenner van hierdie ongelooflike prys wees! S
nommer 6 van 2010
24
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
FOTO SLEGS TER ILLUSTRASIE
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM; REINT DYKEMA
Verwys vyf potensiële lede en wen ’n HD LCD-televisie
nuuswaardig
Roerende boek oor Afrikanervoetspore deur Afrika
a
gteroupagrootjie Hans, vertel dr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit, is deur ’n leeu opgevreet toe hy ná ’n moeisame bootreis na Afrika in 1657 voet aan wal gesit het. Gelukkig was daar ander familielede wat die familienaam kon laat voortleef – dwarsdeur die ontberings van die Groot Trek en die smarte van die Boere-oorloë. Met vertellings soos dié maak Hermann die geskiedenis lewendig in sy nuwe boek Basta! Ons voetspore is in Afrika. Die boek is in die vorm van ’n brief aan sy vier dogters waarin hy hulle vertel van hul plek in Afrika. Hy vertel die Afrikanerstorie vanaf 1657 tot vandag aan die hand van sy familiestorie. Deur hul eie storie vir hulle te vertel, wil hy sy dogters bevry van skewe geskiedenisbeelde. Die politiek gelaaide beeld van die Afrikaner, skryf hy vir hulle, moet nie aanvaar word nie. Hermann vertel verder hoe sy oumagrootjie in ’n konsentrasiekamp oorlede is, maar dat sy ouma, haar dogter, wel oorleef
Deur Moira-Marie Kloppers
het. Sy oupagrootjie se ontberings as banneling en die tyd van opstaan en heropbou ná die oorlog word roerend uitgebeeld.
Hierna lewer sy pa ’n bydrae deur die storie van apartheid te vertel, en hy self skryf dan verder oor sy eie Afrikaneridentiteit ná 1994. Hy sluit die boek af met ’n uitdaging oor sy Afrika-identiteit. Dié boek gaan veel dieper as ’n familiestorie. Dit is ’n boek oor die Afrikaner se identiteit ná 1994. Die boek is ’n uitdaging aan almal wat die Afrikanerstorie wil kriminaliseer. Veral vir jongmense maak dié boek die Afrikanergeskiedenis lewendig. Dit vertel die Afrikanerverhaal, maar aan die hand van die lewe van gewone mense. Alle Afrikaners word uitgedaag om in ’n moderne tyd met trots hul Afrika- en Afrikaneridentiteit binne ’n nuwe idioom te herontdek. Hermann skryf in die boek dat hy hoop dit sal Afrikaners inspireer om hul voetspore in Afrika te soek. Die boek behoort ’n debat oor Afrikaneridentiteit ná 1994 te ontketen. • Basta! Ons voetspore is in Afrika kos R95 en word deur Kraal Uitgewers uitgegee. Om die boek te bestel, SMS die woord “Basta” na 34388. S
industry news
w
PHOTOGRAPHS: REINT DYKEMA
Christmas not so merry for Standard Bank employees By Moira-Marie Kloppers
hile most people are looking forward to a well earned holiday this Christmas, Standard Bank employees are uncertain whether they will be able to fill the stockings this year. This comes after staff received electronic communication recently regarding planned retrenchments. In a letter addressed to the executive directors of Standard Bank, Solidarity demanded they lay their cards on the table regarding the planned retrenchments. According to Gideon du Plessis, deputy general secretary of Solidarity, a company is obliged to consult with trade unions if retrenchments are being considered in terms of Section 189 of the Labour Relations Act. “If Standard Bank decides to go ahead with the retrenchments, Solidarity will definitely get involved in Gideon du Plessis the process so that alternatives to the retrenchments can be investigated,” Du Plessis said. “The retrenchment process not only has a traumatic effect on the employees and their families, but it has far-reaching consequences for the employer as well,” Du Plessis explained. “Tension and uncertainty resulting from insufficient information often lead to reduced productivity. It is therefore important that employers who are considering retrenchment lay their cards on the table right from the beginning, in full view of all stakeholders. This is the only way to manage the tension constructively, ” he added. In an effort to cushion retrenchments and to investigate all possibilities to ward it off, Solidarity submitted an extensive plan to the bank, consisting of a four step action plan with guidelines and methods aimed at minimising the effect of retrenchment on employees. “Solidarity plays an important role in the development of new solutions that could make a meaningful difference to all concerned,” said Du Plessis. “If the plan is implemented, the potential influence the retrenchment crisis could have on Standard Bank employees could be substantially mitigated.”
AKSIEPLAN VIR STANDARD BANK-WERKNEMERS Stel pro-aktiewe maatreëls in plek om afleggings te voorkom Solidariteit hou vol dat werksekerheid te alle koste beskerm moet word en dat enige vorm van aflegging voorkom moet word. Dit kan gedoen word deur onder meer die instelling van ’n forum (bestaande uit verteenwoordigers van die werkgewer asook vakbonde) wat op die lang termyn enige probleme wat werksekerheid kan beïnvloed, vroegtydig sal ondersoek. Hierbenewens behoort vaardigheidsopnames met die oog op vaardigheidsontwikkeling gereeld gedoen te word. Solidariteit stel ook bemagtigingsprogramme, die totstandkoming van geleentheidsentrums (verantwoordelik vir die opleiding, plasing en berading van werknemers) en die aanstelling van maatskaplikeplankoördineerders voor.
1
Volg wetlike prosesse en billike prosedures Solidariteit dring daarop aan dat wetlike prosesse en billike prosedures gevolg moet word wanneer afleggings gedoen word. Wette en regulasies waaraan voldoen moet word, sluit onder meer in: Artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, die maatskaplike plan soos uiteengesit deur die departement van arbeid, kollektiewe ooreenkomste met die betrokke vakbonde, maatskappyprosedures en die werkgewer se diensooreenkoms. Die vakbond meen voorts dat die korrekte hantering van kommunikasie en die beskikbaarstelling van inligting die proses sal vergemaklik.
2
Oorweeg alternatiewe tot afleggings Alternatiewe tot afleggings moet oorweeg word, meen Solidariteit. Die vakbond stel voor dat werkgewers drie stappe volg: 1. Oorweeg ander opsies in die operasionele funksionering van die maatskappy en doen deeglike personeelbeplanning. 2. Oorweeg opsies soos besnoeiing op bonusse of salarisonderhandelings. 3. Oorweeg die afskaf van tydelike en kontrakwerknemers of ander maatreëls soos tydelike afleggings.
3
Maatreëls om die negatiewe uitwerking van afleggings te versag As afleggings uiteindelik onafwendbaar is, stel Solidariteit in sy plan voor dat werkgewers onder meer gunstige skeidingspakkette aan hul werknemers moet bied, die opleidingsbehoeftes van werknemers moet ondersoek, entrepreneurskap en sakevaardighede moet bevorder, afleggings moet probeer vertraag en, waar nodig, voedingskemas moet implementeer. Solidariteit stel dit ook duidelik dat werkgewers onder meer moet voldoen aan die vasgestelde uitbetalingstyd van skeidingspakkette, ondersteuning ten opsigte van werkloosheidsversekeringsuitbetalings moet bied en berading aan werknemers beskikbaar moet stel. S
4
nommer 6 van 2010
26
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
bedryfsnuus
Solidariteit sluit loonseisoen op hoogtepunt af
d
ie loononderhandelingseisoen vir 2010 nader sy einde en Solidariteit het vanjaar opnuut beïndruk met verhogings bo inflasie. Boonop het Solidariteit toegesien dat lede se salarisse nie net met inflasie nie, maar ook met verhogings in onder meer mediese uitgawes, munisipale dienste, skoolgeld, elektrisiteitsverhogings en voedselpryse tred hou. MURRAY & ROBERTS ’n Loongeskil tussen Solidariteit en die ingenieurs-, konstruksie- en kontrakteursdienstemaatskappy Murray & Roberts is tydens ’n hoëprofielvergadering ontlont toe daar op ’n 8%-loonverhoging by dié maatskappy ooreengekom is. Dié vergadering was die laaste onderhandelingsgeleentheid tussen die vakbond en Murray & Roberts Cementation, ’n deel van Murray & Roberts, voordat ’n geskil by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verklaar sou word. Afgevaardigdes van Murray & Roberts se bestuur en Solidariteit het die loongeskil op
Deur Moira-Marie Kloppers gemoedelike wyse afgehandel. Murray & Roberts het, ten spyte van ’n bedryfsverlies die afgelope boekjaar, ’n loonooreenkoms met billike voordele aangebied. Die verhoging op die totale kostepakket van werknemers word op 6,78% gereken en werknemers sal ’n 6%verhoging op hulle produksiebonus, veiligheidsbonus en behuisingstoelae ontvang. Murray & Roberts het onlangs die Everestplatinummyn naby Lydenburg gekoop en Solidariteit kon daarin slaag om ’n verbruikersprysindeks-gekoppelde verhoging van 4,6% vir werknemers by dié myn te beding. Die rede vir die laer loonverhoging by Everest is dat salarisongelykhede tussen werknemers van Murray & Roberts en die Everest-myn reggestel moet word. Die loonverhoging sal terugwerkend vanaf 1 Julie 2010 ingestel word en loononderhandelings by Murray & Roberts se Blue Ridge-platinummyn sal eers in 2011 afskop. NORTHAM PLATINUM Solidariteit het ook ’n gunstige loonooreen-
koms vir sy lede by Northam Platinum onderteken. Ingevolge dié ooreenkoms, wat terugwerkend vanaf 1 Julie vanjaar in werking gestel sal word, sal werknemers by Northam Platinum ’n 8,5%-loonverhoging op basiese salarisse asook ’n 8,5%-verhoging op behuisingsubsidies, gelykstaande aan R242 per maand, ontvang. ANDER VERHOGINGS DIE MYNBEDRYF Silicon Smelters Werknemers by die grootste vervaardiger van silikon in Suid-Afrika, Silicon Smelters, sal ’n 7,5%-loonverhoging ontvang, terugwerkend vanaf 1 Julie vanjaar. Dit volg nadat Solidariteit in Julie, ná vier rondes loononderhandelings, ’n geskil verklaar het. ’n Bemiddelaar is by die onderhandelingsproses betrek en verskeie punte is vir verdere onderhandeling na afsonderlike forums verwys. Vergenoeg Mining Company Solidariteit en die Vergenoeg Mining Company het op ’n agtien maande-loonoor-
bedryfsnuus
DID YOU KNOW?
FOTO: REINT DYKEMA
• The average wage increase for 2010 (until the end of September) was 8,3%. • The average minimum wage for the first nine months was R4 720. • The majority of wage settlements (88% of them) was for one year; the rest for between eighteen months and three years. • The average working hours per week was 43,5 hours. • The number of working days lost increased from 2,8 million in September 2009 to 14,3 million this year. Source: Andrew Levy Employment Publications
eenkoms ooreengekom, terugwerkend vanaf 1 Julie vanjaar. Werknemers sal vanjaar ’n 7,5%-verhoging op hul basiese salaris, bystandstoelae en behuisingstoelae ontvang,
met ’n verdere 3%-verhoging in Julie 2011. Atcom ’n Loonverhoging van 6,5% is vir werknemers
by Atcom beding. Atcom behoort aan Xstrata. Daarbenewens het vakbonde en die werkgewer op ’n 7%-verhoging in werknemers se behuisingstoelae ooreengekom. S
industry news
Mining fatalities drop by almost 26%
m
By Moira-Marie Kloppers
ining fatalities in the first nine months of 2010 dropped by about 26% compared to the same period in 2009. The number of mining fatalities reached 97 in the first week of October after a fatal accident at Simmers & Jack’s Tau Lekoa mine near Klerksdorp. Meanwhile the so-called silly season looms ahead. Mining accidents usually increase sharply over the last two months of the year. The trade union warned that mines and mine workers regard November and December as a critical period for increasing mine security. This period is notorious for its relaxed safety measures,
which could ultimately lead to an increase in the number of mining accidents. In 2007, 221 mineworkers – an average of more than four workers per week – died at South African mines. This figure had dropped to 165 by 2009 – just over three workers per week. “According to provisional data from the Department of Mining, 96 workers – or just over two workers per week – have died in the first nine months of 2010, compared to 129 fatalities in the same period last year,” explained Paul Mardon, Solidarity’s head of occupational health and safety. Just under half of this year’s 46 mining
fatalities occurred at gold mines, while 24 fatalities were caused by accidents at platinum mines. “Mines in North West are the most dangerous in South Africa,” Mardon said. “The number of mining fatalities has dropped in seven of the nine provinces compared to last year, but most of the mining fatalities still occurred in North West (34), followed by Gauteng (20) and the Free State (17),” Mardon explained. The number of mining accidents dropped by 31%, from 2 613 accidents from January to September last year to 1 801 accidents in the same period this year, and 54% of this year’s accidents occurred in the North West province. S
STERFTES BY SUID-AFRIKAANSE MYNE NEEM AF
PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM
Mynsterftes het in die eerste nege maande van 2010 met ongeveer 26% afgeneem teenoor dieselfde tydperk in 2009. Intussen lê die sogenaamde komkommertyd (“silly season”) voor – die laaste twee maande van die jaar waarin mynongelukke tradisioneel skerp toeneem. In 2007 het 221 mynwerkers – dus ’n gemiddeld van meer as vier werkers per week – by Suid-Afrikaanse myne gesterf. Die syfer het in 2009 tot 165 – net meer as drie werkers per week – gedaal. Luidens voorlopige data van die departement van mynbou het 96 werkers, of net meer as twee werkers per week, in die eerste nege maande van 2010 gesterf, teenoor 129 sterftes in dieselfde tydperk verlede jaar. Die aantal mynongelukke het met 31% gedaal, vanaf 2 613 ongelukke in Januarie tot September verlede jaar tot 1 801 ongelukke in dieselfde tydperk vanjaar.
nommer 6 van 2010
30
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
industry news
BRIEFLY • KORTLIKS By Charl Oberholzer & Moira-Marie Kloppers
Shortage of engineers causes concern A shortage of mining engineers looms in the South African mining industry, as the average age of mining engineers in the country is between 55 and 60. The University of Pretoria (UP) is one of only two universities in South Africa with a mining engineering department. According to Prof. Ronny Webber-Youngman, head of the Department of Mining Engineering at UP, a huge demand for English-speaking mining engineers exists worldwide, seeing that most mining engineers are trained in countries like China and India. The training of mining engineers is a top priority for the UP and for South Africa. Prof. Webber-Youngman also said every final year mining engineering student at the university is studying with a bursary as a result of the great demand for mining engineers.
Financing on the cards for farmers There is a buzz at Agri SA and amongst several other stakeholders about a possible agricultural development corporation that would offer financing to commercial farmers. The establishment of such a corporation or a similar institution will pave the way for loans at a low interest rate to farmers. The government apparently cannot or does not want to play a role in facilitating such a corporation. The possibility of foreign capital injections for such a corporation looks promising. It appears that now is the time in organised agriculture for such a corporation to take over the role of commercial banks and thus assist farmers.
Transnet-pypleiding vertraag Transnet het onlangs vir die vierde keer die tydlyn en kosteberaming van sy nuwe brandstofpypleiding aangepas. Dié keer is aangekondig dat die pypleiding met nog nege maande uitgestel gaan word. Die ingebruikneming van die pypleiding is reeds in Maart vanjaar met twaalf maande uitgestel en daar word beraam dat die koste beduidend hoër gaan wees as waarvoor begroot is. Die aanvanklike kosteberaming was ongeveer R11 miljard in 2007 en dié beraming is in Maart vanjaar aangepas tot R15,4 miljard.Vertragings weens die Sokkerwêreldbekertoernooi word voorgehou as die grootste rede vir die agterstand. Die pypleiding sal teen einde 2011 verskeie brandstofprodukte kan vervoer.
Women still earning less than men Salary discrepancies between men and women doing the same work, still exist in many South African companies, according to research done by Adcorp staffing solutions group. Despite the fact that more women indicated they are overqualified for the jobs they do, South African men still earn up to 65% more than their female counterparts. Legislation such as the Basic Conditions of Employment Act and the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act, strictly prohibits gender discrimination. Unfortunately such discriminatory acts are evident in the recruitment and selection process where advertisements specify criteria that have nothing to do with one’s ability to do the job, such as age and gender.
number 6 of 2010
31
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
bedryfsnuus
KORTLIKS
Deur Reint Dykema
Konsultasie by Lafarge oor afleggings Solidariteit is tans in ’n Artikel 189-proses met die sementvervaardiger Lafarge in Lichtenburg gewikkel oor die aflegging van 80 werknemers. Solidariteit word verteenwoordig deur Willie Marais en Theunis van Staden. Konsultasies het reeds op 10 en 15 September asook op 4 Oktober plaasgevind. Die twee organiseerders voorsien dat die aantal persone wat afgelê gaan word, drasties ingekort sal word. Lafarge bied tans nog vrywillige skeidingspakkette aan. Werknemers word twee weke se salaris vir elke diensjaar aangebied, asook R3 000 waarmee die werknemer in ’n nuwe ambag opgelei kan word. Die eerste fase van die afleggings sou na verwagting teen 30 Oktober afgehandel wees. Willie Marais is egter vol vertroue dat dit nie nodig sal wees om met ’n tweede fase voort te gaan nie.
Minder by Simmers afgelê
Kenners waarsku teen mielie-oorproduksie
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
d
Deur Reint Dykema
ie Solidariteit Navorsingsinstituut het op Vrydag, 27 Augustus ’n landbouseminaar aangebied wat die mieliekrisis in die land onder die loep geneem het. Hierdie krisis het onstaan nadat daar tydens die vorige goeie reënseisoen te veel mielies geproduseer is en die mielieboere nie goeie pryse vir hul mielies ontvang het nie. Solidariteit het die seminaar gefasiliteer en die vernaamste rolspelers in die bedryf soos Graan SA, Agri SA, TLU SA (Transvaalse Landbou-unie Suid-Afrika) en groot landboumaatskappye het dit bygewoon. Prof. Johan Willemse, ’n bekende landbou-ekonoom, en Jozeph du Plessis, ’n graanboer van Schweizer-Reneke, het oor die probleme in die mieliebedryf gepraat. Volgens Willemse en Du Plessis is die rimpeluitwerking na die nielandbougemeenskap geweldig groot wanneer boere finansiële probleme ervaar. Indien honderde boere as gevolg van hierdie krisis bankrot speel, word plaaslike gemeenskappe ook in ’n krisis gedompel. Solidariteit is veral besorg oor die uitwerking van so ’n krisis op sy honderde lede by landboumaatskappye. Die mielieprys is tans so laag dat boere se produksiekoste nie eens naastenby verhaal kan word nie. Die gevolg is dat ’n groot aantal boere waarskynlik teen die helfte van 2011 in ’n finansiële verknorsing kan wees en selfs finansiële ondergang in die gesig kan staar. Die plant van minder mielies was ’n besprekingspunt, terwyl daar ook genoem is dat boere eerder meganismes soos termynmarkte moet gebruik om hulle teen risiko’s te verskans. S nommer 6 van 2010
34
Vakbonde wat saam met bestuurslede van die goudprodusent Simmers & Jack ’n taakspan gevorm het, het daarin geslaag om afleggings by die Buffelsfonteinmyn naby Stilfontein drasties te verminder. Ingevolge die aanvanklike Artikel 189kennisgewing wou Simmers 870 werknemers afdank. Vakbonde het die hulp van ’n mediator van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ingeroep om met die aangeleentheid te help. Die mediator het voorgestel dat ’n taakspan bestaande uit die bestuur en vakbonde saamgestel word. Solidariteit is deur Jan Delport en Danie Swart verteenwoordig. Die taakspan het byna daagliks gesit om moontlike oplossings te evalueer. Nadat die taakspan hul werk voltooi het, is slegs 70 werknemers afgedank.
Nuwe mynbouhandves hier Solidariteit, die National Union of Mineworkers (NUM) en die United Association of South Africa (UASA) het onlangs die bekendstelling van die nuwe mynbouhandves bygewoon. Solidariteit het vooraf aktief deelgeneem aan die konsultasieen interaksieproses wat met die opstel van die handves gevolg is. Mynmaatskappye wat in gebreke bly om aan die handves te voldoen, sal hulself skuldig maak aan ’n oortreding van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne en kan selfs hul mynlisensies verloor. Die handves is saam met ’n telkaart vrygestel wat ten doel het om vordering te meet en ’n wye verskeidenheid beheermeganismes is in plek gestel. Swart bemagtiging in mynbou staan tans op 8,9%. Ingevolge die nuwe handves moet daar onder meer aan die volgende vereistes voldoen word: • Voorheen benadeelde swart mense moet teen 2014 altesame 26% van mynmaatskappye besit; • hostelle moet teen 2014 uitgefaseer wees; • 40% van alle voorraadaankope moet by swartbemagtigingsmaatskappye gedoen word; en • 40% van alle topbestuurslede moet swart wees. Solidariteit-organiseerder Louis Pretorius het tydens die bekenstelling van die mynbouhandves genoem dat mynbou in Suid-Afrika tot sy glorie van ouds herstel moet word.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
PRODUKOORSIG Stygende hospitaalkoste en mediese skema-premies wat die hoogte inskiet, het ’n bitter pil geword om te sluk, en talle mense is op soek na bekostigbare mediese dekking. Solidariteit Finansiële Dienste het die oplossing: Sapmeds Hospitaalversekering. Sapmeds is ’n korttermyn-ongeluk-en-gesondheidspolis wat vasgestelde voordele betaal. Dit is spesifiek ontwerp om ’n bekostigbare oplossing te bied aan Suid-Afrikaners wat op soek is na moeitevrye siekte- en ongelukdekking. Lang toue om mediese sorg te bekom, is iets van die verlede met die toegang tot privaat hospitale wat gebied word. Die premies en limiete is soos volg: PLAN
INDIVIDU
FAMILIE
VOORVAL-LIMIET
JAARLIMIET
4
R420.00
R 700.00
R 30 000
R 350 000
5
R480.00
R 810.00
R 60 000
R 450 000
6
R520.00
R 970.00
R150 000
R 650 000
7
R570.00
R1 100.00
R200 000
R1 000 000
Sapmeds se familieplan dek ’n familie van 5 lede. Kinders word tot en met die ouderdom van 25 gedek (indien hul voltyds studeer). ’n Familie bestaan uit twee volwassenes en drie kinders.
WAT KRY JY? OOK INGESLUIT: • Toegang tot privaat hospitale. • Dit dek jou spesialis, hospitaal- en ander mediese uitgawes met die vasgestelde voordeel. • Eise word vinnig én van dag 1 af betaal, sodra die toepaslike dokumente ontvang is. • Opsionele dekking is beskikbaar vir swangerskap en gevreesde siektes. • Dekking vir afhanklike kinders wat by tersiêre instellings studeer. • Goeie onderskrywingsbeginsels om kliënte teen skerp premiestygings te beskerm. • Verstaanbare polisdokumente.
• SASRIA-gevalle (beserings tydens optogte, kapings, stakings). • Internasionale reisversekering (maksimum 90 dae). • Ongelukdekking (dood). • ER24-ambulansbystand (pad of lug). • Skakel die 24-uur noodnommer vir: * Toelatingsnommer vir hospitaalopname. * Mediese inligting of raad. * Mediese bystand in krisissituasies.
BELANGRIK OM TE WEET
Hierdie produk word onderskryf deur Resolution Underwriters (Pty) Ltd (FSP#4710) namens Resolution Insurance Company Limited.
Solidariteit Finansiële Dienste Sel: 072 182 7505 Tel: 012 664 8923 Faks: 012 664 1126 E-pos: ruan@solidariteit.co.za
’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
AKSENT MEDIA • 11/2010
• Spesiale bepalings is namens Solidariteit se lede met Resolution Underwriters onderhandel. • ’n Wagtydperk van 3 maande geld en voorafbestaande kondisies word uitgesluit vir 12 maande of langer. Indien ’n lid reeds aan ’n mediese skema behoort en na Sapmeds skuif, sal daar nie ’n wagtydperk van 3 maande wees nie. • Die maksimum intree-ouderdom is 55 jaar. • Die bybetaling vir hospitalisering is R1 000.00 tot en met 55 jaar. • Indien ’n lid ouer as 55 jaar is, kan Solidariteit Finansiële Dienste vir meer inligting gekontak word. • Hierdie advertensie is slegs vir bemarkingsdoeleindes. Enige eise is aan die polisbewoording onderworpe. • Dag-tot-dag uitgawes word nie gedek nie.
bedryfsnuus
Stewige stygings in metaal- en ingenieursbedryf
s
Deur Charl Oberholzer
olidariteit se onderhandelaars in die metaal- en ingenieursbedryf het vanjaar loonooreenkomste van tussen 7% en 11% gesluit en kwessies soos vergoeding vir skaars vaardighede en mediese toelae is op die spits gedryf. Loononderhandelings in dié bedryf was vanjaar tydsaam en belangrike kwessies soos medies, produksiebonusse, toelae en behuising is dikwels na alternatiewe forums verwys. Die metaal- en ingenieursbedryf is ook vanjaar nie net met verskeie struikelblokke gekonfronteer nie, maar ook ’n paar aangename verassings – van uitgerekte onderhandelings wat vyf maande geduur het tot rekordhoogte loonooreenkomste.
NUWEBANDE-VERVAARDIGINGSBEDRYF Loononderhandelings by die grootste vervaardigers van bande in Suid-Afrika, insluitend Continental, Dunlop, Bridgestone en Goodyear, is ná byna vier weke se staking met ’n 9%-loonaanbod afgesluit. Onderhandelings in die bedingingsraad vir die Nuwebande-vervaardigingsbedryf (NTMI) het vyf maande geduur en is uiteindelik met ’n interne geskilprosedure opgelos. ’n Driejaarooreenkoms is vir Solidariteitlede beding: 9% vir vanjaar en 7,5% of ’n verhoging gelykstaande aan die verbruikersprysindeks (VPI) vir die volgende twee jaar, afhangende van watter een die hoogste is.
Deon Reyneke
MOGALE ALLOYS Mogale Alloys, ’n allooiprodusent aan die Wes-Rand, het ná sewe rondes se loononderhandelings ’n merkwaardigs 10,8%loonaanbod gemaak nadat ’n dooiepunt in die vorige ronde bereik is. Dit is die hoogste loonaanbod wat tot nog toe by dié maatskappy beding is en ook die hoogste loonaanbod wat Solidariteit vanjaar aanvaar het. Ander voordele soos skoftoelae, mediesefondsbydraes, die vermindering van werkure, ’n produktiwiteitswinsdeelskema en die moontlikheid van voltydse vakbondverteenwoordigers is na alternatiewe werkgroepe verwys.
BARLOWORLD EQUIPMENT ’n Tekort aan skaars vaardighede by Barloworld Equipment, ’n filiaal van Barloworld Limited, het tot gevolg gehad dat die maatskappy ’n 10%-loonaanbod gemaak het ten einde skaars vaardighede te behou. Die verhoging is terugwerkend vanaf 1 Julie 2010 ingestel. Die maatskappy het die gesprek oor die vaardigheidstekorttoelae vir al die ambagslui in Polokwane en vir alle terreine in Polokwane waar die firma diens lewer, aan die myne heropen. Solidariteit het die aanbod aanvaar en ook daarin geslaag om ’n vaardigheidstekorttoelae wat voorheen afgeskaf is, weer in te stel. Barloworld Equipment het ’n bykomende verhoging van 3,1% by die aanbod ingesluit. Die jare werkondervinding by die maatskappy sal by die toeken van dié verhoging as grondslag dien. Die metaal- en ingenieursbedryf is die grootste bedryf in Solidariteit, met ledegroei wat alle verwagtings oortref. Die vakbond is goed georganiseerd by maatskappye soos ArcelorMittal, Denel en Highveld Steel asook maatskappye in die motorvervaardigingsbedryf soos Nissan en Volkswagen. “Die organiseerders wat in dié bedryf werk, is uiters goed opgelei en werknemers kan verseker wees dat daar kaalvuis vir hul regte en voorregte in die werkplek baklei word,” het Deon Reynecke, hoof van die metaal- en ingenieursbedryf, gesê. S
OBP board may discipline Dyasi, court rules
FOTO’S: REINT DYKEMA; ALY RAMJI (MEDIAPIX)
By Moira-Marie Kloppers The board of the parastatal Onderstepoort Biological Products (OBP) decided to proceed with disciplinary steps against the current CEO, Dr. Andile Dyasi, after the Labour Court in Johannesburg turned down Dyasi’s application for an interdict against the intended disciplinary action with costs. Dyasi was subsequently found guilty and the board recommended that Dyasi be dismissed with immediate effect. This recommendation was sent to the Minister of Agriculture, Forestry and Fisheries, Tina Joemat-Pettersson in October. The Labour Court’s ruling means that the authority to take disciplinary action
against Dyasi does not vest in Minister Joemat-Pettersson, as she and Dyasi claimed, but in the OBP board. “The same process had been followed with the suspension of Jacob Maroga at Eskom. In this case the ruling stipulated that the board had acted within its rights,” says Schalk de Bruin, Solidarity’s organiser for the OBP. The OBP board suspended Dyasi early in April, pending an investigation regarding approximately a dozen charges, including alleged fraud, misconduct, self-enrichment, discrimination against trade unions and dishonesty. S
nommer 6 van 2010
36
Tina Joemat-Pettersson
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
HEAD OFFICE 3rd Floor, Block B Metropolitan Park 8 Hillside Road, Parktown, 2001 Tel: 011 551 5202 Fax: 086 673 0017
GAUTENG SOUTH
“PEOPLE is POWER”
d
in the area of skills der Raymond velopment and was apPatel has a pointed as CEO of the Phd in EducaCHIETA in 2003. He tion Management; was appointed as CEO he was a teacher, of the in Octolecturer, education ber 2006. planner and a viceDr Patel has more rector of in-service than 26 years of expeeducation and rience in education training with a and training and has strong emphasis delivered numerous on Mathematics, papers at various conferScience and ences focusing on skills Commerce. and knowledge acquisiDuring 1994, he Dr Raymond Patel tion – something he is was appointed as very passionate about. Director of EducaDr Patel serves on numerous boards tion and subsequently as acting Chief and is a member of the Umalusi CounDirector of Arts and Culture in the North cil. He is currently also the chairman of West Province. In 1999, Dr Patel comthe SETA CEO Forum Artisan Developpleted his Phd, focusing on Performance ment Committee. Management. He worked as a consultant
Leaders in closing the skills gap The is one of the 23 Sector Education and Training Authorities (SETAs) established to promote skills development in terms of the Skills Development Act of 1998. The 23 SETAs broadly reflect different sectors of the South African economy. The encompasses Manufacturing, Engineering and Related services. The various industry sectors are covered by five chambers within the : • Metal & Engineering; • Auto Manufacturing; • Motor Retail & Components Manufacturing; • Tyre Manufacturing; and • Plastic Manufacturing. The facilitates the sustainable development of skills, transformation and accelerating growth in Manufacturing, Engineering and Related services.
1st Floor Metropolitan Park 8 Hillside Road, Parktown, 2107 Tel: 011 551 5202 Fax: 011 484 5499
GAUTENG NORTH & NORTH WEST Automotive Supplier Park 30 Helium Road, Rosslyn Ext. 2 Tel: 0861 697 731
LIMPOPO & MPUMALANGA Section 1 Nr. 8 Corridor, Crescent Route N4 Business Park Ben Fleur Ext. 11 Witbank Tel: 0861 637 735 Fax: 013 656 4629
FREE STATE & NORTHERN CAPE 46 Second Avenue, Westdene, Bloemfontein, 9300 Tel: 0861 637 733 Fax: 051 447 8873
EASTERN CAPE Pickering Park Office Suites 14-20 Pickering Street, Newton Park, Port Elizabeth, 6045 Tel: 0861 637 734 Fax: 041 363 0144
WESTERN CAPE 5th Floor, Catnia Building Bella Rosa Office Development Bella Rosa Road, Tygervalley Tel: 0861 637 732 Fax: 021 914 8131
KWAZULU-NATAL 3rd Floor, Fassifern Old Mutual Building, 35 Ridge Road, Berea Tel: 0861 637 736 Fax: 031 208 4626
bedryfsnuus
SA Airlink beloon sy werknemers Deur Charl Oberholzer
Hedendaagse helde by Aurora
FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM
a
Deur Charl Oberholzer
lmal ken die verhaal van Wolraad Woltemade wat in 1737, op 65-jarige ouderdom, sewe keer met sy perd Vonk die stormsee ingery het om veertien mense se lewens te red, tot hy uiteindelik self verdrink het. Die twaalfjarige Racheltjie de Beer het haar eie lewe gegee toe sy al haar klere vir haar boetie aangetrek en hom met haar eie lyf in die holte van ’n miershoop teen die koue beskerm het. Ware verhale van Afrikanerhelde soos hierdie dien vandag nog as inspirasie om dieselfde eienskappe van dapperheid en naasteliefde te betoon. Een plek waar mense se dapperheid, deursettingsvermoë en barmhartigheid groot respek afdwing, is by die Grootvlei-myn in Springs. Sowat 4 000 mynwerkers by Aurora Empowerment Systems se Grootvlei- en Orkney-myne is werkloos nadat die Auroramynbestuur hulle in die steek gelaat het. Maar intussen is nagenoeg 100 werknemers by die Grootvlei-myn steeds verantwoordelik vir die uitpomp van mynwater uit die myn. Daar word daagliks nagenoeg 108 000 megaliter water uitgepomp om te verhinder dat die myn oorstroom. Indien die myn oorstroom, sal dit verlore wees en nie weer gebruik kan word nie. Die ware helde in hierdie drama in die
kleine is die werknemers. Hulle ontvang sedert Februarie geen salaris nie, maar tog swoeg hulle daagliks om te verhinder dat die myn oorstroom. Die hele Springs kan binne dae onder water wees indien hierdie werknemers nie daagliks op hul eie koste en vir geen betaling nie werk toe gaan. Intussen verskaf Solidariteit Helpende Hand steeds gereeld kos aan nagenoeg 110 gesinne. Kinders se skoolgeld word nie betaal nie, die onbetaalde werknemers verloor hul huise en motors en skeisake en selfmoordpogings is besig om die hoogte in te skiet. Sonder elektrisiteit, beskerming en salarisse gaan die handvol werknemers daagliks werk toe met die skrale hoop dat die myn weer tot sy ou glorie herstel sal word. Die departement van arbeid het sowat vier maande gelede ingetree en ’n nienakomingsbevel op Aurora beteken omdat werknemers se salarisse steeds uitstaande is. Ná vier maande het daar egter nog niks van gekom nie. Intussen word die myn al gevaarliker en die maatskaplike vermoë van die dorp al minder. • Indien jy ’n bydrae wil maak, skakel die Solidariteit Helpende Hand-organiseerder van die provinsie, Tiaan Esterhuizen, by 082 824 7297. Jy kan ook e-pos na tiaan@helpendehand.co.za stuur. S
nommer 6 van 2010
38
Dit is reeds byna ’n jaar sedert SA Airlink se veertien Jetstream-vliegtuie deur die Burgerlugvaartowerheid teruggeroep is. Dit was ’n jaar gevul met onsekerheid en ’n gespook om kop bo water te hou. Werknemers se lojaliteit is tot die uiterste getoets. Hierdie lojaliteit het uiteindelik vir ’n gunstige klimaat tydens vanjaar se loononderhandelings by SA Airlink gesorg. Dié lugdiens, die grootste in Suid-Afrika wat nasionale en streekbestemmings betref, het sy werknemers vanjaar met ’n 8,06%-loonverhoging beloon. Dié verhoging kom ná agt rondes se strawwe loononderhandelings. Vlieëniers van SA Airlink het in hierdie moeilike tydperk buitengewone lojaliteit teenoor SA Airlink betoon deur nie die lugdiens te verlaat en groener weivelde te gaan soek nie. Die gevolg was dat SA Airlink sy lojale werknemers toepaslik vergoed het. Die algemene mening in die lugvaartbedryf is dat die bestuur van SA Airlink daarin geslaag het om in uiters moeilike omstandighede, wat die potensiaal gehad het om die lugdiens te kelder, die maatskappy se finansies so te bestuur dat dit steeds solvent is en ’n loopbaan vir sy werknemers bied. Die loonaanbod is beduidend hoër as die gemiddelde inflasiekoers van 5,4% van die afgelope twaalf maande (Julie 2009 tot Junie 2010). Die aanbod is ’n aanduiding daarvan dat die maatskappy se finansiële posisie gesond is, hoewel die algemene skatting is dat inflasie weer teen die vierde kwartaal gaan styg. Die loonooreenkoms is vir een jaar geldig en is terugwerkend vanaf 1 September 2010 geïmplementeer. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
40
42
44
44
Wit plakkerskampe: Só lyk dit werklik
Paul Alberts: Die man agter die kamera
Gee ’n broodnodige skooltassie as geskenk
Help só om behoeftiges se drome te bewaarheid
solidariteit helpende hand
Wit plakkerskampe: Só lyk dit werklik
FOTO’S: WILLEM DE LANGE
’n Foto kan ’n hele storie vertel. Daar is al baie gepraat en geskryf oor wit armoede in Suid-Afrika. Min mense weet egter hoe die realiteit van hierdie armoede daar uitsien. Om hierdie armoede visueel vir die publiek uit te beeld, het Solidariteit Helpende Hand een van die land se voorste fotojoernaliste, WILLEM DE LANGE, gevra om ’n dag in ’n wit plakkerskamp deur te bring. Die keuse het geval op die Coronation-plakkerskamp naby Krugersdorp.
nommer 6 van 2010
40
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
solidariteit helpende hand
Wil jy betrokke raak by armoedeverligting? Skakel Solidariteit Helpende Hand by 012 644 4390 of 0861 25 24 23 of besoek die webtuiste www.helpendehand.co.za. Stuur navrae per e-pos na diens@helpendehand.co.za.
number 6 of 2010
41
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
solidariteit helpende hand
Paul Alberts: Die man agter die kamera
o
m ’n geheelbeeld te kry van wie Paul Alberts werklik is, moet ’n mens sy lewe en menswees uit ’n paar hoeke beskou. Dié man het vele fasette; soos ’n goeie foto wat ’n mens weer en weer laat kyk omdat jy elke keer iets nuuts raaksien. Paul Alberts se merkwaardige lewensverhaal begin toe hy in 1946 in Pretoria “aan die verkeerde kant van die spruit” gebore is. Sy moeilike grootwordjare het hom van jongs af geleer om vas te byt. Van kleins af wou hy die wêreld sien. Ná slegs ’n jaar op universiteit het hy in 1965 ’n enkelkaartjie na Europa gekoop. In Europa het sy paadjie wye draaie geloop, tot die stroom hom by die bekende digter Breyten Breytenbach en sy eerste vrou, Yolanda, in Parys, Frankryk uitgespoel het. By hulle het hy vir die eerste keer vriendskappe met mense uit alle lae van die samelewing dr. danie langner gesmee, en kort voor lank het sy horisonne begin verbreed. Vir die eerste keer het hy werklik van die Suid-Afrikaanse politieke spreek boekdele oor sy menswees. Sy diep vraagstukke bewus begin word en sterk standliefde vir die krag van woorde en beelde is punte daaroor ontwikkel. duidelik sigbaar in sy werk. Kollegas, kenners, Terug in Suid-Afrika het Paul ’n pos van die resensente en selfaangestelde kritici beskryf sy hand gewys wat dr. Andries Treurnicht, deswerk soos volg: “Paul het ’n verstommende tyds die redakteur van die koerant Hoofstad, oog vir die werklikheid buite die oënskynlike hom aangebied het om as kunsredakteur by en onder die oppervlak.” Die Burger in Kaapstad te gaan werk. “Sy werke het ’n dringende statigheid wat Dit was egter as vryskutfotojoernalis dat dui op ’n inherente eerbied vir die geskiedenis, Paul spoedig een van die bekendste fotograwe asook ’n diep nuuskiein ons land geword righeid wat die fotograaf het. Sy foto’s het in deur die lens van sy katalle boeke verskyn en mera waarneem.” sommige van sy foto’s Maar dit is eers toe oor die Anglo-Boereek Paul Alberts as mens oorlog is selfs in Mosen vriend leer ken het, kou uitgestal. In 1999 dat my oë werklik oophet die Universiteit van gegaan het vir dit wat die Vrystaat hom aantussen die blaaie van sy gewys as een van die boeke en die fotover100 leidende Suidsamelings verskuil lê. Afrikaanse burgers in Die multidimensionalidie Vrystaat en die teit van sy werk verstom Noord-Kaap van die my telkens. vorige eeu. Ook die Die eerste dimensie Suid-Afrikaanse AkaPaul Alberts met die bekendstelling van Bannelinge in die vreemde. wat my opval, is dié demie vir Wetenskap van sy aansteeklike en Kuns het Paul vereer passie om die onreg te vir sy werk, toe hulle in ontmasker en op te staan vir wat reg en 2002 aan hom ’n erepenning vir sy bydrae as regverdig is. Juis om hierdie rede is Paul se joernalis toegeken het. Hy is die enigste werk toegespits op die uitbeeld van kinders en joernalis wat in die 100 jaar van die Akademie bejaardes se lyding. Hy is veral passievol se bestaan op so ’n wyse vereer is. daaroor dat die erfgoed van die Afrikaner nie Paul se werk as fotograaf en fotojoernalis
FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM
HANDE WAT HELP
nommer 6 van 2010
42
vir ons kinders verlore moet gaan nie. In 1999 stig Paul Kraal Uitgewers om die Afrikaner se geskiedenis lewendig te hou. Sy huis, wat eintlik ’n kultuurhistoriese museum in die kleine is, is vol historiese aandenkings. Sy plaas Louvein is seker op een van die mees historiese stukke grond in die Vrystaat geleë. Op die plaas is die kampkerkhof van die Brandfort-konsentrasiekamp asook grafte wat uit die Groot Trek dateer. Dit is veral die dimensie van Paul se diepe lojaliteit en liefde wat van hom so ’n besonderse mens maak. Hierdie liefde en lojaliteit het Paul een aand langs ’n kampvuur laat besluit: Hy wil nie net ’n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner wees nie, want hy is ’n Afrikaner in murg en been. Die diepste kern van Paul se menswees is sy skeppingsgeloof. Selfs in tye wanneer hy hom “buite die hekke van Eden” begewe het en waar hy, in sy eie woorde “hel beleef het”, is skeppingstemas steeds in sy foto’s sigbaar. Die donker kant van lyding, trane en seer word uitgebeeld in skakerings van lig. Waar daar chaos in tonele was, het Paul met sy foto’s probeer orde skep. As fotograaf is Paul se lewensfilosofie: “Ons lewe elke dag tussen die pole van lig en duisternis, wit en swart en dikwels in skakerings tussenin.” Dit is hierdie geloof in ’n Skepper wat sê: “Kyk, ek maak alles nuut” wat Paul in staat stel om, ten spyte van sy eie kankeroorlog, steeds skeppend te werk. Paul is in September 2009 met pankreaskanker gediagnoseer. Ten spyte van chemoterapie en pyn het hy in hierdie tyd ’n nuwe boek met die titel Bannelinge in die vreemde (lees ook die artikel op bladsy 24) saamgestel. Dié boek vertel nie net die verhaal van die Boerekrygers wat op eilande in kampe aangehou is nie. Dit vertel ook Paul se eie storie: Dié van ’n banneling vasgevang in omstandighede buite sy beheer, maar met die ysere wilsbesluit in sy hart dat geen vyand of omstandighede sy passie, liefde en skeppingsvermoë sal wegneem nie. Solidariteit en Helpende Hand het om hierdie rede besluit om ’n Paul Alberts-fotografiebeursfonds op die been te bring. Die doel van die beurs is om ’n Afrikaanse joernalis in staat te stel om met passie, liefde en toewyding beelde te skep wat die volgende geslag Afrikaners sal help onthou om te onthou, en vergeet om te vergeet. • Dr. Danie Langner is uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
Solidariteit se lede het die behoefte uitgespreek aan ’n bietjie ekstra kontant by die afsterwe van ’n geliefde – broodnodige geld, veral in situasies waar bankrekenings gevries word. Die vakbond het daarom ’n produk ontwikkel om in hierdie behoefte te voorsien: Die Solidariteit Aanvullende Begrafnisdekking.
UNIEKE KENMERKE • Keuse tussen twee vlakke van dekking – R9 000 of R18 000 vir hooflid teen onderskeidelik R13,83 en R27,65. • ’n Gesin van 6 geniet dekking (hooflid, gade en vier kinders) teen slegs R32,59 per maand. • Voorsiening word gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers. • Premies van so min as R14 per maand. • Maklike aansoekproses met geen mediese of bloedtoetse. • Vinnige uitbetaling. • Skema slegs vir lede wat die begrafnisvoordeel by Solidariteit geniet. • Maksimum intree-ouderdom vir volwasse afhanklikes is 70 jaar.
PREMIES & DEKKING DEKKING Hooflid
R9 000
Familie
PREMIE
DEKKING
R13,83
R18 000
R32,59
PREMIE R27,65 R65,18
(Hooflid, gade en maksimum 4 kinders)
R9 000
R18 000
Gade
R7 472
R14 944
Kinders 14-21
R7 472
R14 944
Kinders 6-13
R4 202
R 8 404
Kinders 1-5
R4 202
R 8 404
Kinders 1 en ongebore babas
R2 911
Volwasse afhanklikes onder 65
R5 000
R20,74
R 5 000
R20,74
Volwasse afhanklikes 65 en ouer
R5 000
R30,81
R 5 000
R30,81
R 5 822
Onderskryf deur Centriq Life Insurance Company Ltd • Registrasienommer: 1943/016409/06 • FSP-nommer: 7370
Solidariteit Finansiële Dienste
0861 867 335 ’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
AKSENT MEDIA • 11/2010
Hooflid
solidariteit helpende hand
Gee ’n broodnodige skooltassie as geskenk
v
Deur Surika van Schalkwyk
andag is sy eerste dag in die groot skool. Om hom staan groepies kinders opgewonde en trots in hul blinknuwe skoolskoene, splinternuwe skooltassies in die hand. Hy kyk af. In sy hand is ’n plastieksak met twee potlode in. Sy kaal voete lyk vuil en skurf tussen die swart skoene rondom hom. Boetie se ou skoolklere waarin hy vanoggend so groot gevoel het, lyk skielik uitgewas. Hy gaan staan kop onderstebo eenkant. ’n Tekort aan finansies moet nooit die rede wees waarom ’n behoeftige kind nie op gelyke voet met sy maats sy eerste skooljaar kan begin nie. Dit is om hierdie rede dat Solidariteit Helpende Hand vanjaar weer die groot taak aanpak om vir behoeftige Afrikaanse kinders wat in 2011 graad 1 toe gaan, skooltassies uit te deel. Sedert die Nasionale Skooltassieprojek in 2007 afgeskop het, is skooltassies aan nagenoeg 9 000 behoeftige graad 1’s regoor die land uitgedeel. Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand,
word die organisasie oorval deur aansoeke van skole met behoeftige leerders regoor Suid-Afrika vir nuwe skooltassies vir volgende jaar se graad 1’s.
“Die doel van projek is om uiteindelik toe te sien dat daar nie een enkele Afrikaanse graad 1’tjie skool toe gaan sonder die nodigste skryfbehoeftes nie. Solidariteit Helpende Hand glo onderrig is die eerste stap om die armoedekringloop te verbreek. Die regte toerusting kan kinders help om hulle te bekwaam en uit die kringloop te breek,” sê Langner. Volgens hom is dit belangrik dat die gemeenskap self verantwoordelikheid moet neem vir die beskerming en opvoeding van sy kinders. Solidariteit Helpende Hand moedig jou aan om vir elke kind die geleentheid te gee om op gelyke voet weg te spring. Gee vanjaar ’n geskenk van hoop pleks van duur, sinlose Kersgeskenke. Gee vir ’n behoeftige graad 1-leerder ’n skooltassie. Teen slegs R200 belê jy in ’n kind se toekoms. • Vir meer inligting of om by Solidariteit Helpende Hand betrokke te raak, besoek die webtuiste www.helpendehand.co.za of skakel 0861 25 24 23 of 012 644 4390. S
Help só om behoeftiges se Kersdrome te bewaarheid
FOTO’S: VERSKAF
Deur FC Pelser “As jy dit regkry om een kind se lewe vir een dag te verander, het jy baie gedoen.” Dit is die woorde van Karin Smit, ’n vrou wat vanjaar honderde kinders in plakkerskampe in Pretoria se Kersfeesdrome gaan laat waar word. Karin, haar ma Rina Meyer en haar suster Mandie Luus het besluit om vir dié kinders ’n onvergeetlike Kerspartytjie te hou. Saam met nog ’n vrywilliger, Connie Wehrmann, gaan dié vroue bakkievragte geskenke na plakkerskampe aanry en met kersliggies en kleurvolle dekor die omgewing in ’n sprokieswêreld omskep. “Ons wil met die partytjie die kinders se lewe ophelder en hoop skep, al is dit net vir een dag,” sê Karin. Volgens haar is dit belangrik om ander te inspireer sodat mense kan saamstaan teen die toenemende armoede in Afrikaanse gemeenskappe. Dié projek het sy ontstaan gehad nadat Mandie ’n program op televisie gesien het
Karin Smit het jóú hulp nodig om armes se Kersdrome te bewaarheid.
wat handel oor die Liggieshuis in Danville. Lede van die publiek samel elke jaar Kersgeskenke in vir die Liggieshuis, ’n huis vir behoeftige kinders in Danville. Gedurende ’n onderhoud op die program het ’n laerskoolseun gesê dat die kinders baie dankbaar is vir die geskenke, maar dat mense eerder vir armes kos kan stuur. Die opmerking het Mandie só geraak dat sy summier besluit het om die projek op die been te bring.
nommer 6 van 2010
44
Die afgelope paar maande werk Mandie en Karin onverpoos om geskenkies, donasies en ander noodsaaklikhede vir die projek in te samel. Karin se huis staan reeds van hoek tot kant vol Kersfeesklappers, geskenke, klere en eetgoed. In ander pakkies is basiese noodsaaklikhede soos toiletware. “Baie van die inwoners van plakkerskampe het nie basiese items soos tandepasta en seep nie. As ’n mens ’n kind in die huishouding vra waarom hy nie in die skool is nie, is die antwoord dikwels dat hy nie kon was nie, ” sê Karin. “Ons wil die kinders leer dat die lewe meer is as die sukkelbestaan van die inwoners van ’n plakkerskamp. Daar is 77 Afrikaanse plakkerskampe in Pretoria. Om almal te help, sal baie meer mense by stories soos hierdie betrokke moet raak – ’n ware storie van hoop. • Bel Karin by 012 656 9143 indien jy betrokke wil raak. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
my werk • my family
MY WERK
PTSD raak een uit vier
s
Deur Moira-Marie Kloppers
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
es miljoen Suid-Afrikaners, of sowat 25% van die bevolking, ly waarskynlik aan posttraumatiese stresversteuring (PTSD). Dié skokbevinding is in Oktober deur ’n bekende psigiater, dr. Eugene Allers, bekend gemaak. Daarbenewens is sowat ’n derde van dié mense tussen die ouderdom van 30 en 40 jaar – ’n belangrike deel van die kerngroep van die ekonomies aktiewe bevolking van Suid-Afrika. PTSD: ALGEMENE VERSKYNSEL IN SA Een van die bevindings van die Mo Ibrahimstigting se jongste indeks is dat Suid-Afrikaners aan byna net soveel persoonlike gevaar as die inwoners van lande soos Somalië, Zimbabwe en Nigerië blootgestel word. Dít maak Suid-Afrika een van die tien lande in Afrika wat die fisieke veiligheid van sy mense die minste beskerm of waarborg. Benewens misdaad en motorongelukke, kan fisieke beserings, ernstige siekte, emosionele trauma, natuurrampe en oorloë of selfs sekondêre blootstelling aan enige van die bogenoemde faktore (wanneer ’n geliefde ’n slagoffer van een van dié situasies word) PTSD veroorsaak. Volgens dr. Allers maak veral Suid-Afrika se hoë misdaadsyfer en die groot aantal motorongelukke wat jaarliks plaasvind, dit waarskynlik dat tot ses miljoen Suid-Afrikaners aan PTSD ly.
PTSD IN DIE WERKPLEK Traumatiese ervarings het dikwels aandagafleibaarheid, geheueverlies en verswakte konsentrasie en belangstelling tot gevolg omdat trauma ’n stortvloed van allesoorheersende emosies en gevoelens veroorsaak. Daarom word werknemers wat ernstige trauma ervaar het, dikwels afgeraai om vir ’n tydperk gevaarlike masjinerie te hanteer of selfs te bestuur. SIMPTOME VAN PTSD • Terugflitse is ’n algemene simptoom van PTSD en beteken letterlik dat iemand die traumatiese ervaring, met al die gepaardgaande emosies, oor en oor herleef. • Mense met PTSD sal dikwels alles in hul vermoë doen om alles en almal wat hulle aan die trauma herinner, te vermy. Tog sal hulle dikwels sukkel om sekere aspekte van die traumatiese gebeure te herroep. • PTSD-lyers is dikwels baie senuweeagtig en angstig en sal vir die geringste geluid groot skrik. Slapeloosheid is ook ’n algemene probleem. ONTHOU DÍT • PTSD-reaksies op trauma is normale reaksies op abnormale omstandighede. • Soek so gou moontlik hulp. Kontak die South African Depression and Anxiety Group (SADAG) by 0800 20 50 26 of besoek die webtuiste www.sadag.co.za.
DID YOU KNOW? • PTSD is one of a few mental disorders triggered by an outside event. • Not everyone who has experienced a traumatic event will develop PTSD. • PTSD influences the biology of the brain, changing the way memories are stored. • A high proportion of rape victims develop PTSD, which explains the higher prevalence of PTSD in women than men. • PTSD is preventable in many cases if a person who experienced a traumatic event seeks counselling within 24 to 72 hours. • PTSD can develop within days of a traumatic event or even years thereafter. S
nommer 6 van 2010
46
MY FAMILY Give your child the gift of giving this Christmas By Moira-Marie Kloppers “Mine! Mine!” “No, dear, you must share!” There are two small words in the English language that cause parents endless trouble: “mine” and “share”. The first is a word children seem to pick up automatically and is related to the concept of ownership. And while the second word is easy to say, the concept seems to take a lifetime to really master – the concept of sharing. According to Magdaleen Carstens, a psychologist from Pretoria, sharing is one of the most difficult, but important concepts your child will ever learn. She explains that giving and taking, not only physically, but also emotionally, is crucial for a child’s social development. “While it is difficult to determine when your child should be able to share, it is important to keep on practising the concept as much as you can,” says Carstens. HELP YOUR CHILD MASTER SHARING • Allow your child to have a toy that he doesn’t have to share with anyone, and teach him to share the rest. Put this toy away when friends visit. • Let him help choose a gift for a friend’s birthday. • Always prepare your child when friends are coming to visit. Let him help you decide which toys they are going to play with. • One in, one out. When you give your child a new toy, ask him to choose an old toy to give to someone else. By doing this, you not only teach your child to share, but also keep the clutter at bay. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
AFTREDE:
Flatervry of
Flop?
>>> DIE HARDE WERKLIKHEID Hoeveel maande kan jy sonder ’n salaris oorleef? Al ooit daaraan gedink dat jy minstens 20 jaar ná jou aftrede nog kan leef? Dit beteken dat jy vir 240 maande vir jouself ’n salaris sal moet betaal!
>>> DIE DILEMMA Jy wil graag sorgloos aftree en finansiële voorsiening tref vir jou aftrede, maar jy weet nie hoe om hierdie aftreekoek te bak nie.
>>> DIE FEITE Almal wil aftree, maar die meeste mense begin nie betyds om hul aftreekoek te bak nie.
>>> DIE ANTWOORD Jy gryp na ’n resepteboek.
AKSENT MEDIA • 11/2010
Aftreekoekresep WAT OM VOORAF TE DOEN • • • •
Kry soveel moontlik inligting oor aftrede. Hoe vroeër jy begin, hoe makliker is die bakproses. Lees die resep noukeurig deur; maak seker jy verstaan wat van jou verwag word en hoe jy wil hê die koek moet lyk. Moenie die koek voor aftrede uit die oond haal nie.
BESTANDDELE • • • •
Jou totale pakket. Jou bydrae tot aftrede. Die waarde van jou aftreegeld. Jou ouderdom.
• Die ouderdom waarop jy wil aftree (gemiddeld is 60-65 jaar). • Inflasiekoers (% per jaar). • Die verwagte opbrengs op jou belegging (% per jaar).
METODE* Salaris R10 000 R15 000 R20 000
Ouderdom 25
Aftree-ouderdom 60
Kapitaal nodig op 60 R13 866 420 R20 799 631 R27 732 841
Spaar dié per maand R1 235 R1 852 R2 468
R10 000 R15 000 R20 000
30
60
R 9 886 566 R14 829 849 R19 773 132
R1 780 R1 668 R3 558
R10 000 R15 000 R20 000
35
60
R 7 048 985 R10 537 477 R14 097 970
R2 584 R3 877 R5 170
* Gegrond op salarisverhoging van 7% per jaar & 14%-groeikoers op belegging per jaar. Kapitaal op 60 sal pensioen vir 240 maande kan betaal.
WAT AS BESTANDDELE EN METODE NIE KLOP NIE? • • • •
Jy skakel ’n goeie aftreekoekbakker (kry betroubare raad in verstaanbare taal). Jy gooi meer (spaar)bestanddele by. Kyk weer na die metode*. Moenie uitstel om die oond aan te skakel nie. Laat dit eerder stadig warm word as glad nie!
RESULTAAT • Volg dié aftreekoekresep en verseker dat jou koek groot genoeg en betyds klaar gebak is vir ’n sorglose oudag!
Solidariteit Aftreeplan Solidariteit Finansiële Dienste
0861 101 005 E-pos: ruan@solidariteit.co.za
’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
webwoelings
Wees versigtig, jou tweet kan terughap!
j
Deur Daleen de Jager
ou profiel op Twitter of Facebook is jou persoonlike saak; hier kan jy maar vir jou vriende presies vertel hoe jy voel, nie waar nie? Toe nie. Wees baie versigtig wat jy op jou sosialemedia-profiele kwytraak. Dit kan onverwagse negatiewe gevolge hê. Daar was die afgelope tyd ’n paar dissiplinêre sake waar werknemers negatiewe kommentaar oor hul werkgewers op Facebook kwytgeraak het, omdat hulle die gebruik van sosiale media as ’n persoonlike saak beskou. Hanno Bucksteg, spesialis litigant van Solidariteit Regsdienste, sê werknemers het ’n fidusiêre plig teenoor hul werkgewer, wat beteken die werknemer moet die belange van die werkgewer beskerm. “Indien die werknemer neerhalende kommentaar lewer wat die werkgewer se meerwaarde aantas of inligting eie aan die werkgewer, soos handelsgeheime, bekend maak, kan dit definitief tot ontslag lei en/of kan die werkgewer sulke optrede met ’n interdik stop,” sê Bucksteg. ”Hierdie plig beteken ook dat ’n werknemer nie valse of neerhalende bewerings van medewerknemers mag maak nie.” Die publiseer van neerhalende of negatiewe menings op sosialemedia-platforms sluit aan by laster en naamskending. Bucksteg
WEBWOELINGS
sê mense moet baie versigtig wees wat hulle publiseer. Tog, voeg hy by, het elkeen die reg om billike kommentaar te lewer uit hoofde van sy reg op vryheid van spraak. Maar dié reg moet nie misbruik word deur geheime inligting of valse bewerings wat die werkgewer mag skade aanrig, te publiseer nie. Moet egter nie summier jou sosialemediaprofiel toemaak omdat jy reken dit hou te veel gevaar in nie. Dit is net so gevaarlik om jou
werkgewer in ’n telefoongesprek teenoor iemand bloot te stel. Maar dit is wys om eerder die gebruik van sosiale media by jou werk en onder jou netwerk van kollegas en sakekontakte te beperk. Jy wil nie noodwendig hê al jou kollegas moet weet wat in jou privaat lewe aangaan nie. Dalk laai jy onnadenkend inligting of foto’s op jou sosialenetwerk-profiel wat jou kollegas nie moet sien nie. Skep ’n professionele teenwoordigheid op LinkedIn en nooi jou kollegas uit om deel van dié netwerk te word, pleks daarvan om hulle as Facebook-vriende te nooi of aanvaar. Sosiale media kan ook vir jou voordele in die arbeidsmark inhou. Werkgewers neig al meer in hierdie rigting om potensiële werknemers op te spoor. Net dalk wil hulle kyk wat hulle op die internet oor jou te wete kan kom voor hulle jou vir ’n onderhoud nooi. Sorg dus dat jou professionele uitkyk en beginsels duidelik op jou profiel sigbaar is en dat jy te alle tye professioneel voorkom. Dink mooi voor jy iets oor jouself bekend maak. Wees ook versigtig wat jy oor jou huidige werkgewer publiseer. Die redes hiervoor is vanselfsprekend. In kort: Maak seker jou sosialemediaprofiel is beskaafd en sonder naamskending, negatiewe kommentaar en valse bewerings teenoor jou werkgewer. S
Huwelik en die gesin die fokus op Solidariteit-blog
ILLUSTRASIE: iSTOCKPHOTO.COM
Deur Moira-Marie Kloppers Die groot aantal besoekers waarmee Solidariteit se blog spog, getuig dat ons ’n wenresep beet het. Gesoute bloggers op die internet meen nuwe tegnologie, bekendes, modes, kwessies in en om die werkplek, ontspanningsaktiwiteite soos fliek en teaterstukke, stokperdjies en troeteldiere is die gewildste onderwerpe waaroor beginnerbloggers skryf. En só het die Solidariteit-blog vinnig die spreekbuis vir die Solidariteitfamilie op die internet geword. Solidariteit se blog spog deesdae met ’n paar nuwe gesigte, almal gesoute skrywers. Flip Buys het binne weke van die publikasie van sy eerste blog een van die gewildste bloggers geword. Een van die onderwerpe wat hom na aan die hart lê, is die rol van die
gesin. Hy skryf: “Daar is beslis ’n direkte verband tussen Suid-Afrika se grootste knelpunte en die grootskaalse verbrokkeling van huwelike en gesinne in ons land. Net een derde van kinders in ons land word byvoorbeeld in ’n ‘normale’ gesin met albei biologiese ouers groot. ’n Opskrif soos ‘Die einde van die gesin’ sou dus nie ’n oordrywing wees wanneer ’n mens skryf oor hierdie verskynsel wat so ’n verpletterende invloed op ons land se meer as 18 miljoen kinders het nie. Hulle is die grootste slagoffers van die gesinskrisis in ons land. In kort: Die tradisionele huishouding van ’n getroude paar met kinders word al minder die norm. “Krisisse soos geweldsmisdaad, armoede
nommer 6 van 2010
50
en swak skoolprestasie is myns insiens nie die grootste probleem in ons land nie, maar veel eerder die skrikwekkende gevolg van die grootste krisis: Die verbrokkeling van die tradisionele huisgesin. Ons stukkende land ís die gevolg van ons stukkende gesinne, en ons gaan nie ons land heel kry sonder om ons gesinne heel te maak nie. Dat die verbrokkeling van die tradisionele gesin ’n wêreldwye verskynsel is wat veral die moderne Weste teister, verander niks aan ons probleem nie. Die feit dat dit in SuidAfrika saamloop met baie ander knelpunte, is waarskynlik daarvoor verantwoordelik dat dit hier so ’n sterk geweldskarakter aangeneem het.” • Klik op www.solidariteitblog.co.za S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
my geld
MY GELD
Min voorsien vir medies ná aftrede
t
Deur Moira-Marie Kloppers
ot 67% van werkende mense weet nie dat hulle, afgesien van pensioenvoorsiening, ook bykomende voorsiening vir mediese uitgawes ná aftrede moet maak nie. Boonop sit slegs 5% mense wat wél daarvan bewus is, ekstra geld hiervoor eenkant. Nog ’n skokbevinding is dat tot 52% van pensioentrekkers hulle bydraes tot mediese fondse kanselleer as dit finansieel begin sleg gaan. Dié syfers is luidens Sanlam se jongste Benchmark TM-oorsig. Tog raak mediese uitgawes, veral dag-tot-dag mediese uitgawes, ná aftrede vinnig afgetredenes se grootste uitgawe. Alexander Forbes Health reken dat ’n egpaar ná aftrede, benewens hulle pensioengeld, minstens R1 miljoen vir mediese uitgawes beskikbaar moet hê. Volgens Dawie de Villiers, uitvoerende hoof van Sanlam, maak mense wat ongeveer 15% van hul jaarlikse salaris vir ’n tydperk van ongeveer 30 jaar lank spaar, genoeg voorsiening vir aftrede. Maar indien daar ook vir mediese uitgawes voorsiening gemaak wil word, reken hy, moet dié spaarkoers met tussen 1% en 5% verhoog word. S
membership
a winning
PARTNERSHIP
This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union, as well as the rules as contained in the rule book and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.
AT YOUR SERVICE CAR AND HOUSEHOLD INSURANCE This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. Phone 0860 34 62 53 for a free noobligation quote.
SOLIDARITY LEGAL AID PACKAGE Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of only R65 per month. This benefit covers civil and family matters, negotiating and applying for bail, bail up to R5 000, criminal law and assistance in obtaining firearm licences. • Call 0861 SOL REG (0861 765 734).
HOW MUCH DOES MEMBERSHIP COST? • Individual members – R72 per month • Collective members – R70 per month
SOLIDARITY RETIREMENT PLAN Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This product was developed as a result of the few people that are able to retire independently. • Call 0861 101 005 or send e-mail to ruan@solidariteit.co.za
PHOTOGRAHPS: iSTOCKPHOTO
WILLS AND ESTATE ADMINISTRATION
LENDING A HAND SOLIDARITY HELPING HAND Solidarity Helping Hand supports needy children, pensioners and widows. Every application is considered on merit. Written applications may be addressed to: Solidarity Helping Hand, PO Box 11760, Centurion, 0046. • Contact 0861 25 24 23.
BURSARIES
Every member is entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can also be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300.
The trade union annually makes bursaries available for the children of members. Preference is given to the dependants of needy widows and pensioners. The income and period of membership of the applicant are taken into account when bursaries are awarded. Address applications to: Solidarity Bursaries, PO Box 11760, Centurion, 0046. • Phone 012 644 4300.
nommer 6 van 2010
52
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
membership
MEMBERSHIP CATEGORIES With four membership categories Solidarity offers a home for everybody!
1
COLLECTIVE MEMBERS
Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.
2
INDIVIDUAL MEMBERS
Individual members are members who are younger then 50 years at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns fifty after joining remains an individual member. Individual members qualify for all Solidarity benefits.
3
CONTINUED MEMBERS (RETIRED)
Current Solidarity members may apply for continued membership within three months after retirement. These members qualify for all relevant benefits. At the death of the member a dependant may apply to stay on as a member. The cash disbursement benefit of continued members who pay a reduced premium will be applicable when the main member dies only.
4
SUPPORTING MEMBERS
This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision, but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are over the age of 50 years at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, the sickness and accident scheme, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.
WORKING FOR YOU LABOUR MATTERS Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. • Website: www.legalservices.co.za Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.
DEATH BENEFIT (DOVES) Funeral benefit • A dignified funeral is provided for every member and his/her spouse. This includes a superior coffin and the funeral services. • For cremations a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children up to the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of the main member. Cash disbursements additional to the funeral benefit • At the death of paid-up members a cash amount of R3 000 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership an
amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: * Children aged between 14 and 21 years – R1 500 * Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. Funeral arrangements The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements. Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.
PERMANENT MEDICAL DISABILITY Members with 12 months’ uninterrupted Solidarity membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a once-off amount of R1 500.
SICKNESS BENEFIT Sickness benefits in the amount of R12 per day are paid to members from the date on which the employer discontinues remuneration.
MATERNITY BENEFIT A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within 60 calendar days after the confinement.
SOLIDARITY MAGAZINE Members receive quarterly copies of Solidarity Magazine in which topical issues from the workplace as well as Solidarity’s activities are published.
DON’T HESITATE, JOIN TODAY! • Phone 0861 25 24 23; visit our website – www.solidarity.co.za; SMS the word “SOL” and your name to 35960; or visit a local branch. Terms and conditions apply.
number 6 of 2010
53
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Hoof van Sol-Tech groet opleidingskollege
FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM
e
Deur Charl Oberholzer
lbie Liebenberg, hoof van SolTech, gaan ’n groot leemte laat wanneer sy binnekort die kollege verlaat. Liebenberg het diep spore in Sol-Tech getrap en die kollege se welslae dien as bewys van haar merkwaardige bydrae die afgelope drie jaar. Sy het ’n besonderse vermoë om met studente te werk. “Elbie Liebenberg is deel van die wortelstelsel wat Sol-Tech ’n staanplek in die omgewing van tersiêre opleiding gegee het. Dit is danksy haar deursettingsvermoë dat meer as 500 studente tans die geleentheid het om aan die kollege te studeer,” het Paul van Deventer, besturende direkteur van SolTech, gesê. “Dit was vir my ’n voorreg om deel te kon wees van die Solidariteit-beweging en in die besonder om hoof van Sol-Tech te wees,” sê Liebenberg. “Dit sal altyd een van die hoogtepunte van my loopbaan bly. ’n Woord van dank aan Flip Buys en Piet du Plooy wat my die
geleentheid gegee het om hier te werk en te leer. Die personeel van Sol-Tech wil ek opreg bedank vir hulle lojaliteit, harde werk en ondersteuning. ’n Leier is net so goed soos die span wat hy lei. Vir elke student wil ek sê: Moenie toelaat dat enigiets in jou pad staan nie. Wees jouself en glo in jouself, want jy is uniek. Ek het in elkeen van julle geglo. Julle is almal pragtige jongmense wat ’n positiewe verskil in ons land kan maak. Ek sal die groei van Sol-Tech met belangstelling dophou. Baie seën en sterkte vir die toekoms!” Liebenberg het ’n B. Comm.-graad aan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) verwerf en toe haar studie nagraads by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) voortgesit, waar sy ’n Nasionale Hoër Onderwysdiploma (NHOD) verwerf het. Sy verlaat Sol-Tech om haar gewig by ’n ander akademiese instelling in te gooi. Die personeel van Sol-Tech wens Liebenberg sterkte toe met haar verdere loopbaan.
nommer 6 van 2010
54
Tel: 012 755 7148 Tel: 012 755 5687 www.sol-tech.co.za
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Paul van Deventer
Vaktoetsslaagsyfer nie vanselfsprekend
Flip Buys
Van heinde en ver vir opedag Jongmense van Welkom en Piet Retief tot Swellendam en Bray op die Botswana-grens het vanjaar Sol-Tech se opedag by die Hoërskool Hercules in Pretoria bygewoon. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het die studente en ouers toegespreek en die noodsaaklikheid van ’n tegniese kwalifikasie benadruk. Paul van Deventer, besturende
direkteur van Sol-Tech, het gesê die kollege se opedag oortref jaarliks die verwagtings. “Dit is ’n prestasie om by Sol-Tech keuring te kry, want die mededinging word al strawwer.” Altesame 320 voornemende studente het tydens die dag keuringstoetse afgelê, van wie slegs 165 gekeur kon word om by SolTech te studeer.
FOTO’S: REINT DYKEMA
Sol-Tech-student verwerf Springbokkleure Mauritz Nortjé, ’n 18-jarige pas-en-draaistudent van Sol-Tech, het onlangs Springbokkleure in sagtebal verwerf. Nortjé het Gauteng-Noord by die nasionale onder 23-sagtebalkompetisie verteenwoordig wat van 22 tot 26 September in Kaapstad gehou is. Gauteng-Noord is op 26 September as die nasionale wenners aangewys. ’n Springbokspan is ná afloop van die kompetisie gekies wat later vanjaar en
volgende jaar onderskeidelik Lesotho en Kanada gaan besoek. Mauritz is vir dié span gekies en hoewel hy veel jonger is as die ouderdomsgroep waarin hy deelneem, skop hy stof in die ander se oë. “Dit is ’n eer om ons land te verteenwoordig en ons is baie trots op Sol-Tech se studente wat ook op ander gebiede uitblink,” het Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech, gesê.
number 6 of 2010
55
Al meer Sol-Tech-studente lê hul finale vaktoetse af en teen Desember behoort elke student wat drie jaar gelede as eerstejaar ingeskryf het, gereed te wees om die arbeidsmag te betree. Die slaagsyfer onder die meer as 50 studente wat reeds hul vaktoetse afgelê het, is 96%. Die enkele studente wat onsuksesvol was met hul eerste poging, het met hul tweede poging geslaag. Hierdie puik prestasie moet egter nie as vanselfsprekend aanvaar word nie, sê Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit. Die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, het onlangs bekend gemaak dat die slaagsyfer vir die rooiseëltoets by kolleges vir verdere onderwys en opleiding (VOO) verlede jaar slegs 46% was. VOO-kolleges bestaan al ’n geruime tyd en word deels deur die belastingbetaler gefinansier. Die R20 miljoen wat dit tot dusver gekos het om Sol-Tech op die been te bring, is grotendeels deur Solidariteit-lede se maandelikse R10bydraes tot die Groeifonds gedra. En terwyl studente by staatsgesubsidieerde kolleges groot beurse kry wat uit belastinggeld gefinansier word, het slegs sowat die helfte van Sol-Tech-studente Solidariteit Helpende Hand-beurse, afkomstig uit ledegeldbydraes, ontvang. Dit is ’n bewys dat klein bydraes ’n groot verskil kan maak. “Sol-Tech skep nuwe toekomsmoontlikhede deur jongmense in kritieke en skaars vaardighede op te lei. Ná kwalifikasie is hulle daarom meer aanstelbaar en dus het hulle meer toegang tot werkgeleenthede, ten spyte van regstellende aksie,” het Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, gesê. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
promosie-artikel
Spaar tot 70% op jou saketelefoonrekening met GeoConnect Is jy keelvol vir herhaaldelike onderbrekings in jou telefoondiens? Is jy op soek na ’n telekommunikasiediensverskaffer met ’n gewaarborgde diensvlak? Verwag jy kostedoeltreffende oplossings? Is jy op soek na ’n alternatief vir onbetroubare telekommunikasie-infrastruktuur?
Met GeoConnect verdien jy geld met inkomende oproepe en spaar tot 30% op die koste van jou uitgaande oproepe. Die beste van alles is dat jy nie jou bestaande nommer hoef te verander nie!
WAT IS GEOCONNECT? GeoConnect is ’n digitale telekommunikasiediensverskaffer wat jou bestaande telefoonlyn met ’n alternatiewe digitale lyn vervang. Met GeoConnect sal jy nie net geld op uitgaande oproepe bespaar nie, maar ook ’n inkomste uit jou inkomende oproepe genereer. GeoConnect-kliënte ontvang tot 40c per minuut van die inkomste wat uit inkomende oproepe gegenereer word.
HOE WERK DIT? Alle inkomende oproepe word op een netwerk ontvang en dan van ’n sentrale punt na jou inkomende lyne gestuur. Dit verseker topgehalte klank en vinnige dienslewering.
WAAROM MOET EK GEOCONNECT OORWEEG? • • • • • •
Behou jou onderneming se bestaande nommer. Kostedoeltreffende telekommunikasie-oplossings. Groot besparings op jou uitgaande oproepkoste. 24-uur diens en bystand. Installering deur ervare, gekwalifiseerde ingenieurs. Hardeware word deurlopend gemonitor, onderhou en bestuur.
nommer 6 van 2010
56
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
promosie-artikel
• Toegang tot statistiek rakende die hoeveelheid bandwydte gebruik. • Grafieke om die werkverrigting van die netwerkskakels te monitor.
WAT IS DIE VOORDELE? • Een rekening met vasgestelde koste. • Verbindingsvertragings word uitgeskakel deur die digitale lyne. • Toegewyde toegang tot vinnige plaaslike en internasionale bandwydte. • Uitstekende toegang, vinnige reaksietyd en betroubaarheid. • Pasgemaakte diensvlakooreenkomste wat aan jou onderneming se unieke behoeftes voldoen.
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
VOORBEELD VAN BESPARINGS ’n Mediese spreekkamer het ’n uitgaande rekening van R8 500 en inkomende oproepe van R16 000 per maand. Sedert hulle die GeoConnect-telekommunikasie-oplossing geïmplementeer het, het die uitgaande telefoonoproepkoste met 24,5% verminder tot R6 418. Boonop ontvang hulle ’n maandelikse inkomste van R6 400 uit hulle inkomende oproepe.
Dit lyk goed in enigiemand se taal – veral die rekenmeester hou daarvan! number 6 of 2010
57
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Só laat dié kaptein dienssentrumskip vaar
FOTO: REINT DYKEMA
Solidariteit het meer as agt jaar gelede besluit om ’n eie inbelsentrum te begin. Aanvanklik het slegs een persoon die inbelsentrum beman. Vandag werk daar meer as 40 mense in die Solidariteit Dienssentrum. JACO KLEYNHANS het met Engela Dibley, bestuurder van die Solidariteit Dienssentrum, gesels. Hoe het dit gebeur dat jy van ’n loopbaan in verpleging na dienssentrumbestuurder oorgeskakel het? Ná ’n lang loopbaan in verpleging het ek begin werk in ’n inbelsentrum wat besturende gesondheidsorg gedoen net. Daarna het ek vir twee jaar konsultasiewerk by Discovery Health gedoen waar ek een van hulle inbelsentrums help ontwikkel het. Ná nog twee jaar in ’n dienssentrum waar ek bestuursverwysings in EAP gehanteer het, het ek altesame ses jaar dienssentrumondervinding gehad toe ek by Solidariteit begin werk het. Ek het altyd mense bewonder wat skielik hulle loopbaan tot ’n einde bring en iets totaal buite hul gemaksone aanpak. Toe ek die pos van dienssentrumbestuurder by Solidariteit aangebied is, het ek dit dus met albei hande aangegryp.
Wat het alles by die Solidariteit Dienssentrum gebeur sedert jy as bestuurder aangestel is? Die dienssentrum was nog in sy babaskoene toe ek in 2005 aangestel is. Daar was altesame nege agente wat inkomende en uitgaande oproepe behartig het. Sedertdien het die aantal agente tot 44 toegeneem. Die werwingsproses vir nuwe agente was baie intensief, want ons wou seker maak ons stel die regte mense vir die soort werk aan. Ons het ’n dienssentrumbestuurstelsel geïmplementeer wat alle oproepe opneem en die nodige statistiek voorsien sodat ons voortdurend ons diens kan verbeter. Diensnet – ’n ledediensbestuursprogram – is vir Solidariteit se unieke behoeftes ontwikkel en word steeds voortdurend verbeter. Alle inligting en interaksie met lede word op die
stelsel gelaai. Diensnet is nou tot beskikking van die hele Solidariteit sodat almal toegang het tot inligting oor elke lid, wat met hom gebeur en hoe dit met hom gaan. Die stelsel stel Solidariteit se personeel ook in staat om tendense raak te sien sodat enige arbeidsregtelike probleem proaktief aangepak kan word voordat dit ’n groter probleem word. Agente van AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, Solidariteit se navorsingsafdeling en Solidariteit Finansiële Dienste vorm ook deel van die dienssentrum. Waarom die naam “dienssentrum”? Die naam “inbelsentrum” is beduidend van ’n sentrum wat net telefoonoproepe neem. Solidariteit se dienssentrum is egter ’n multimediasentrum waar lede ons per e-pos, internet en SMS en vanaf al die sosiale
nuuswaardig netwerke kan kontak. Ledediens is vir ons uiters belangrik – vandaar die besluit om die sentrum ’n naam te gee wat ons deurentyd daaraan sal herinner dat ons tot diens van ons lede moet wees. Ons lewer ook ’n diens aan ons interne kliënte – die organiseerders en verteenwoordigers in die onderskeie bedrywe. Hoe sien jy die toekoms van die Solidariteit Dienssentrum? Die dienssentrum staan reeds op stewige pilare: Gemotiveerde en goed opgeleide personeel, gevestigde prosedures en stelsels wat al die prosesse ondersteun en vir ons werk. Ek wil graag sien dat hierdie groei en ontwikkeling en die strewe na nog beter ledediens nooit ophou nie. Intern werk ons hard daaraan om onsself voortdurend te evalueer en verbeter. Ek wil graag sien hoe jongmense bemagtig word om goeie kliëntediens te lewer en hoe Solidariteit in die hart van die agente leef. Ek wil sien dat elke Solidariteit-lid die dienssentrumnommer (0861 25 24 23) uit hul kop ken en weet dit is waar hulle inligting en ondersteuning kan kry. Vir my is dit belangrik dat ons nog harder moet werk sodat dit vir elke lid ’n positiewe ervaring is om ons te kontak.
Engela Dibley, bestuurder van die Solidariteit Dienssentrum.
Hoewel stelsels dit makliker maak om ’n dienssentrum te bestuur, is dit nie al wat nodig is om te verseker dat ’n dienssentrum uitmuntende diens lewer nie. Daarom sien ek die Solidariteit Dienssentrum in die toekoms aan die voorpunt van ledediens in die vakbond. Die belangrikste vir my is dat ons diens beskikbaar is vir ons lede, dat lede spesiaal sal voel as hulle met ons praat en dat hulle ons vertrou.
Vakbonde word dikwels as ’n “manswêreld” beskryf. Hoe ervaar jy as vrou dit om ’n bestuursposisie by Solidariteit te beklee? Ek het nog nooit geïntimideerd gevoel nie, want my uitgangspunt is as jy saam voor wil hardloop, moet jy so fiks soos die res van die bestuurspan wees. Ons is saam ’n sterk bestuurspan wat elk sy eie goeie kwaliteite gebruik om die visie van Solidariteit te verwesenlik. S
newsworthy
South Africa’s competitiveness sliding downwards
PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM
s
By Francois Calldo
outh Africa is currently considered to be the 54th most competitive country in the world, according to the World Economic Forum (WEF). According to this forum’s Global Competitiveness Report (GCR) released in September this year, South Africa scored 61.7%. A total of 139 countries were measured in the 2010/2011 study. Although South Africa slid quite a few places from its 45th ranking out of 133 countries included in the previous study, it still remains the highest ranked country in sub-Saharan Africa. The GCR has long been a globally recognised ranking of countries’ competitiveness and a tool for benchmarking their strengths and weaknesses. The index combines several components in measuring a country’s competitiveness. On the surface it may seem like a matter of concern that South Africa has moved nine places lower. The country’s percentile decline, however, was only 5%. However, whether South Africa has fallen by nine places or 5% is not the point. Let us compare a country to a sports team – the Springbok rugby team, for instance. The players compete with the best rugby teams in the world and have to improve continuously if they want to stay the best. If they keep on winning, they will attract more sponsors, but if they don’t, the opposite will
happen. The same applies to South Africa as a country in the GCR rankings. According to the WEF, South Africa’s performance has, in fact, remained stable despite the decline. It does not reflect a decrease in South Africa’s competitiveness, but rather an improvement in the competitiveness of other countries. In some of the measurement components, South Africa did exceptionally well. The country achieved first position for its auditing and reporting standards, second position for the efficacy of corporate boards and third position for the accountability of private institutions. It was also rated fairly well for intellectual property protection (27th), property rights (29th) and goods market efficiency (40th). However, although property rights scored well at 77.1%, it is 7.2% lower than the previous year’s score of 84.3%. The report also pointed out that the country’s financial market development (ranked 9th) is particularly impressive. According to the report this is an “indication of high confidence in South Africa’s financial markets at a time when trust has been eroded in many other parts of the world”. On the area of financial market development, South Africa performed well with the regulation of securities exchange (1st position) and soundness of banks (6th). Mrs. Dennis Dykes, Nedbank chief economist, was quoted by Business Report in September as saying this ranking shows the confidence people has in South Africa’s banking system. The United States of America (USA) banking system was ranked in the 108th position, and the United Kingdom (UK) in the 126th position, while Zimbabwe was rated in the 130th position out of 137 countries. According to the report, South Africa also seems to do reasonably well “in more complex areas such as business sophistication (38th) and innovation (44th), benefiting from good scientific research institutions (29th) and strong collaboration between universities and the business sector in innovation (ranked 24th)”.
nommer 6 van 2010
60
Although South Africa has many competitiveness areas on which it can capitalise, there are areas of weakness affecting the country’s competitiveness. As in the previous year’s report, the crime situation in South Africa still remains an important obstacle to doing business in this country according to the WEF. The business costs of crime and violence (137th) and the sense that the police are unable to provide protection from crime (104th) do not contribute to an environment that fosters competitiveness. High crime levels were also responsible for South Africa’s drop to the 5th position out of 53 countries on the Ibrahim Index of African Governance report, published in October 2010. Quoted in Business Report, Mrs. Mamphela Ramphele, Mo Ibrahim Foundation board director, stated that South Africa is not doing very well when it comes to issues such as personal safety and crime. According to Ramphele, South Africa is in the top 10 in every other category. “But (with crime) we are lounging down there with the Somalians of this day and Zimbabweans,” she said. “It’s not a pretty place.” Other areas of weakness that South Africa needs to address to enhance competitiveness include the national savings rate ranked at 98th position, and wastefulness of government spending ranked at 60th position (compared to the country’s previous 38th position). Although South Africa’s infrastructure is ranked at 63rd, the road and railroad infrastructure needs attention. The railroad score is currently at 47.1%. South Africa also ranks 97th in labour market efficiency, with inflexible hiring and firing practices ranked at 135th. According to the WEF report “efforts must also be made to increase the university enrolment rate of only 15%, which places the country 99th overall, in order to better develop the country’s innovation potential”. In a nutshell, South Africa should start to improve on its weaknesses to make the country more competitive and keep on benefiting from those areas that give South Africa a competitive advantage over other countries. Otherwise the country’s ranking will keep falling. • View the report at www.weforum.org. An easy comparison of the GCR can be viewed at www.navorsing.co.za S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
newsworthy
Employers still hiring, but at slower pace
PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM
j
By Francois Calldo
ob seekers can get their hopes up for the fourth quarter of 2010. This is according to the latest quarterly Manpower Employment Outlook Survey (MEOS) published in September 2010. The MEOS measures the plans of 750 employers in South Africa regarding changes in the number of employees in their workforce during the following quarter. According to the MEOS, South African employers expect some opportunities to grow their headcount, but at a slower pace than the first three quarters of 2010. Some 11% of employers are expecting an increase in headcount, 5% are predicting a decrease and 83% are forecasting no change, bringing the net employment outlook to a modest +6%. Although the anticipated hiring of new employees has slowed down over the past year, it is important to note that the number of employers who are expecting to decrease their workforce have also declined. In the first quarter of 2010, 9% of employers anticipated decreasing their workforce, while in the fourth quarter this percentage has declined to only 5%. This is good news, as the total net job losses in South Africa for the first half of the year was already 232 000, according to the latest Quarterly Labour Force Survey (QLFS) published by Statistics SA in July 2010. According to the MEOS, employers’ yearon-year hiring intentions are stronger in all the regions surveyed in the fourth quarter of 2010. Employers in the Free State report a cautiously optimistic net employment outlook of +10%, which is much better than the previous quarter’s +2%. In both the Western Cape and Eastern Cape, employers report encouraging signs for job seekers with outlooks of +8%. However, hiring prospects are more uncertain in KwaZulu-Natal and Gauteng, where the outlook is +4% and +3% respectively. This is lower than the third quarter’s +6% and +8%. Employers in nine out of the ten industry sectors forecast positive year-on-year headcount growth in the fourth quarter, reported the MEOS. The most favourable hiring activity is forecast in the mining and quarrying sector, where employers reported a net employment outlook of +18%. This is an improvement of 4% compared to the third quarter’s +14%. A steady hiring pace is predicted in the wholesale and retail trade sector where the
Increase
Decrease
No change
Don’t know
Net employment outlook
4th Quarter 2010
11%
5%
83%
1%
+6%
3rd Quarter 2010
14%
7%
78%
1%
+7%
2nd Quarter 2010
16%
8%
75%
1%
+8%
1st Quarter 2010
22%
9%
68%
1%
+13%
4th Quarter 2009
12%
11%
73%
4%
+1%
Source: Manpower Employment Outlook Survey South Africa, Quarter 4
outlook stands at +12%, while employers in the electricity, gas and water supply sector report a cautiously optimistic outlook of +10%. After showing no positive headcount growth in the first three quarters of 2010, employers in the manufacturing sector forecast a positive headcount growth of +2% in the fourth quarter. Although this improvement might seem insignificant, it should be kept in mind that the manufacturing sector has already shed 86 000 jobs during the first half of this year, according to the QLFS. According to the MEOS, job seekers in the construction sector still face uncertain hiring prospects, with employers reporting a disappointing outlook of -4%. This is not good news for a sector that has already shed 79 000 jobs in the first half of the year according to the QLFS. A further worrying sign is that the First National Bank (FNB) Civil Construction Sector
nommer 6 van 2010
62
Confidence Index also fell during the third quarter of 2010. This index dropped from 33 index points in the second quarter to 28 index points, which is very close to the business cycle low point of 25 index points recorded in the first quarter of this year. Quoted in Business Day in September 2010, Cees Bruggemans, chief economist at FNB, said that the FNB survey showed that civil construction companies carried on retrenching staff on a large scale to contain costs and stay financially viable. A net majority of 72% of respondents reduced their staff in the third quarter of this year compared to 69% in the second quarter. In a nutshell, it seems that hiring prospects are looking good in the various sectors, with the exception of the construction sector. • The complete report can be viewed at www.manpower.co.za S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
occupational health & safety
Action against illegal mining bears fruit
PHOTOGRAPHS: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM
i
By Paul Mardon
llegal mining activities have been prevalent since the beginning of the South African mining industry. During the past eighteen months, however, it has been under the spotlight a lot as a result of a drastic increase in the incidence of violence, deaths and theft at the Welkom and Barberton mines, in particular. Illegal mining has also increased at mines in the Witwatersrand, possibly as a result of widespread job losses in the mining industry. Illegal mining activities lead to considerable financial losses for mining companies as well as for the country’s economy. This, in turn, threatens mine workers’ job security. Mining is an extremely unstable and dangerous occupation by its very nature. Illegal mining makes this industry even more dangerous, mainly because of: • Assaults and armed attacks on legal mineworkers; • damage to structures, e.g. the removal of support beams and tampering with electrical installations, water supply and supply of compressed air; • the removal of safety pillars and other safety mechanisms; • the depth at which illegal miners work; and • the dubious safety standards and procedures, if any, followed by illegal miners. When the extent of the problem at Harmony Gold’s Eland Shaft in Welkom became known in June 2009, Solidarity immediately called for the establishment of a task team to look into
Paul Mardon
the matter. After consultation, Susan Shabangu, Minister of Mining, appointed such a task team for the Free State, which set about the immense task of tackling the problem. It was realised that the co-operation of all stakeholders is needed in order to curb illegal mining. After talks with mines in the Barberton area, successful action was taken against illegal miners. Since the establishment of the task team, efforts to curb illegal mining activities have produced successful results. There is good cooperation among all the members of the task team, namely the South African Police Service (SAPS), the Departments of Justice and Home Affairs, Harmony, Goldfields, Solidarity, the National Union of Mineworkers (NUM) and local communities. Mines, trade unions and
nommer 6 van 2010
64
members of the public provide important information to the SAPS and the National Prosecuting Authority (NPA) to ensure the successful prosecution of people involved in illegal mining activities. The SAPS, the NPA and mines have undertaken to show no mercy to persons involved in illegal mining, whether directly or indirectly, through aiding and abetting. Consequently, hundreds of illegal miners have already been arrested and prosecuted. A large number of these illegal miners that were also illegal immigrants were deported to their home countries. People at the head of illegal mining activities, people who help illegal miners to continue their activities, including shift foremen, and people who buy gold from illegal miners, have also been apprehended and prosecuted. In spite of the successful results that have been achieved so far, a lot still needs to be done to combat illegal mining. The SAPS has launched a special telephone number, 0800 001 987, that the public can phone to report illegal mining activities. Anonymous tipoffs can be given, but in terms of the police’s policy, people can also get a reward if the information they provide were to lead to a successful arrest. Tip-offs regarding illegal mining activities can also be given to the chiefs of security at the various mines and workplaces. In this case, it is advisable to keep complete records of the date, time and place where the information is provided, the person to whom it is provided and the details provided. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
arbeidsake
Vergoedingsprobleme onder die loep geneem Deur Johan Roos VRAAG Mag my werkgewer sonder my toestemming geld van my salaris aftrek? ANTWOORD Ingevolge Artikel 34 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes mag ’n werkgewer in die volgende omstandighede geld van ’n werknemer se salaris aftrek: • Wanneer ’n werknemer geskrewe toestemming daarvoor gegee het; en • ingevolge ’n kollektiewe ooreenkoms, wet, hofbevel of arbitrasie.
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
VRAAG My werkgewer het my gevra om op ’n openbare vakansiedag te werk. Is ek verplig om te werk, en hoe werk die betaling op so ’n dag? ANTWOORD ’n Werkgewer mag nie ’n werknemer verplig om op ’n openbare vakansiedag te werk nie, tensy daar ’n ooreenkoms tussen die
werkgewer en die werknemer in plek is wat anders bepaal. ’n Voltydse werknemer wat nie op ’n openbare vakansiedag werk nie, moet normale betaling vir die dag ontvang. Indien die werknemer wel op die vakansiedag werk, moet hy of sy teen dubbel sy of haar normale betaling vergoed word. VRAAG Is my werkgewer verplig om pensioen- en mediesefondsvoordele te voorsien? ANTWOORD Sekere sektorale bepalings en kollektiewe ooreenkomste mag wel so ’n vereiste aan werkgewers stel, maar in die algemeen is pensioenfondse en mediese skemas ’n voordeel wat nie deel van ’n werknemer se vergoeding vorm nie. Dit word aan die oordeel van die werkgewer oorgelaat of hy of sy dit wil aanbied en watter persentasie hy of sy wil bydra. Dit kan wel deel van die werkgewer se totale kostepakket uitmaak. S
JY & DIE REG Stuur jou vrae na Solidariteit Tydskrif: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur e-pos na diens@solidariteit.co.za; of stuur ’n faks na 012 664 1102.
arbeidsake
Dienslewering suig aan agterspeen by SAPD
g
elyke indiensneming volgens streng kwotastelsels in die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) het die punt bereik waar dienslewering tot heel onderaan die prioriteitslys geskuif is. Solidariteit het die afgelope jaar reeds nege sake na die arbeidshof verwys waar lede van Solidariteit nie aangestel of bevorder is nie as gevolg van regstellende aksie. Terwyl poste vakant is en dienslewering in die slag bly, het die SAPD nou sy visier op geslagsgelykheid. Die wyse waarop die SAPD geslagsgelykheid implementeer, het tot gevolg dat poste soms meer as ’n jaar vakant is voordat iemand aangestel word. In ander gevalle word onbekwame persone aangestel bloot om aan die gelyke indiensnemingsvereistes te voldoen. Solidariteit ondersoek tans twee sake waar ’n strewe na geslagsgelykheid in blatante diskriminasie ontaard het. In een van hierdie sake het ’n Solidariteit-lid, wat reeds
Deur Charl Oberholzer sedert 1982 in diens van die SAPD is en twaalf jaar ondervinding het, in September verlede jaar vir ’n pos met die rang van kolonel aansoek gedoen. Hoewel hy as die beste kandidaat aangewys is, is die pos vakant gelaat. Hierna het hy ’n tweede keer tevergeefs vir dieselfde pos aansoek gedoen. Ten spyte daarvan dat hy as die mees bekwame kandidaat aangewys is, is ’n swart vroulike aansoeker aangestel wat nie aan die vereistes van die pos voldoen het nie. Selfs nadat ’n mediator in Februarie vanjaar die bestuur aangeraai het om die besluit te heroorweeg, het die SAPD by sy geslagsgelykheidsargument gestaan. Solidariteit se argument in hierdie saak is sterk. Gelyke indiensneming moet en kan, volgens wet, nie ten koste van dienslewering en minimum vereistes plaasvind nie. In sy strewe om regstellendeaksie-teikens te bereik, het die SAPD inbreuk gemaak op werknemers se grondwetlike verantwoordelikheid om doeltreffend dienste te lewer en misdaad hok te
slaan. In ’n poging om diskriminasie met gelyke indiensneming te verminder, het die SAPD juis op grond van ras en geslag gediskrimineer. In ’n ander saak tree Solidariteit in die bres vir ’n lid wat reeds sedert 1988 by die SAPD werk en tans die rang van luitenantkolonel beklee. Hy en twee ander kollegas het vir ’n bestuurspos met die rang van kolonel aansoek gedoen. Die betrokke Solidariteit-lid is later die jaar in kennis gestel dat die pos nie gevul is nie weens gebrekkige verteenwoordiging van vroue. Die SAPD het aangedui dat hy wel die mees geskikte kandidaat vir die pos was. Afgesien van hierdie pos was daar ook vier ander poste wat vakant gelaat is omdat aanstellings in hierdie poste nie die verteenwoordiging van vroue in die afdeling sou bevorder nie. “’n Verteenwoordigende arbeidsmag is belangrik, maar dit moet nie ten koste van dienslewering gedoen word nie,” sê Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se arbeidshof-afdeling. S
die lees werd
Van spanningstof tot sommerstories Met Kersfees om die draai, het ons vir LAPA Uitgewers gevra om vir ons ’n paar boeke vir die Kerskous te gee. Met hierdie drie boeke gaan Desember beslis alles behalwe vervelig wees. Selfs al gaan jy kaste regpak terwyl ander op die strand lê, sal hierdie boeke jou na ander wêrelde wegvoer. Deur Magdaleen Kleynhans
120+ SOMMERSTORIES UIT DIE KOÖPERASIE, DIE KROEG EN DIE DELWERSGATE PG du Plessis PG du Plessis kry dit ná al die jare steeds reg om oud en jonk te vermaak met woorde wat uit sy pen vloei. 120+ Sommer Stories is ’n heruitgawe van sy gewilde verhale in een bundel. Du Plessis se humor is outentiek en vindingryk, maar nooit sonder ’n skeut deernis nie. Die hele gesin kan hulle opnuut verlustig in die ervarings van Genis, Jellie, Fred en al die ander. Dit is amper dieselfde as om te gaan kuier by familie wat jy lank nie gesien het nie!
DIE ONBEKENDES
DIE VERHUISING
Francois Bloemhof
Sophia Kapp
’n Heerlike spanningsverhaal is Die onbekendes, geskryf deur Francois Bloemhof, gewis. Skielik, op ’n dag, is alles anders as voorheen. Waarskuwings dui daarop dat die wêreld nie meer ons woning is nie en mense begin dinge doen wat hulle nooit voorheen sou nie. Gewelddadige dinge... Alles onvoorspelbaar. Onbekend. ’n Man en vrou stry om sin te maak van wat om hulle gebeur en moet waak teen gevare wat om elke hoek kan skuil... En dán? As jou bestaan ’n nagmerrie word, wie vertrou jy? Waarvoor alles en vir wie almal moet jy bang wees? Nog boeke uit Bloemhof se pen is Spinnerak, Jagseisoen en Harde woorde.
Danelle is ’n eerstejaarstudent wie se lewe nie heeltemal uitdraai soos sy gehoop het nie. Sy is ’n student op ’n kampus waar sy nie wou wees nie, op ’n dorp waarvan sy nie hou nie en sy moet ’n huis deel met ’n ma wat stelselmatig al meer beheer oor haar lewe verloor. Haar pa is in ’n nuwe verhouding en niks wat met sy dogter gebeur, traak hom skynbaar nie. Boonop raak sy verlief op die plaaslike rugbyheld, Wessel Greyling, wat haar eers aan ’n lyntjie hou en dan haar jong hart vertrap. Maar in dieselfde jaar leer sy ook die waarde van susterskap ken, besef sy dat die mense om haar elkeen ’n kruis het om te dra. En sy leer dat almal hul seer verskillend verwerk en dat vergifnis dikwels die enigste manier is om heel te word. Al wat sy nie weet nie, is of sy dit gaan regkry om, ná al die foute wat sy gemaak het, weer Lambert Volschenk se opregte liefde terug te wen... Lambert, die SR-voorsitter-vanlangsaan. Ken jy iemand wat volgende jaar begin studeer? Die verhuising is die ideale Kersgeskenk.
WEN DIÉ BOEKE Twee gelukkige lesers kan elk ’n geskenkboekpak met die titels op hierdie bladsy met die komplimente van LAPA Uitgewers wen. Stuur ’n e-pos met jou kontakbesonderhede voor 10 Desember 2010 na lapa@lapa.co.za. Sit Solidariteit-Kerskous in die onderwerplyn.
nommer 6 van 2010
68
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
histories gesproke
Irene-konsentrasiekamp: 1 000 kerse vir 1 000 kinders
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
d
ie Anglo-Boereoorlog (18991902) het die Afrikanervolk op sy knieë gedwing. Uit ’n Boerebevolking van sowat 322 000 met die aanvang van die oorlog het 4 000 vroue en 23 000 kinders in konsentrasiekampe gesterf – oftewel sowat 8% van die bevolking. Die oorlog was sekerlik die Afrikaner se grootste uitdaging om te oorleef tot nog toe; die moeilikste toets van geloof en die sterkste aanspraakmaker op sy identiteit. In ’n poging om die Boere se gees te knak en hul infrastruktuur te vernietig, het die Britte die sogenaamde Verskroeide Aarde-beleid geïmplementeer. Boere se huise, plase, lande en vee is voor die voet vernietig. Die vroue en kinders wat gevange geneem is, is na 31 konsentrasiekampe geneem wat oral oor die twee Boererepublieke, Transvaal en die Oranje Vrystaat, asook die twee Britse kolonies, Natal en die Kaap, opgerig is. Die Irene-konsentrasiekamp is ’n toonbeeld van die swaarkry wat Boerevroue en
Deur Charl Oberholzer
-kinders tydens die Anglo-Boereoorlog moes deurmaak. Teen die einde van 1902 was daar ongeveer 5 400 vroue en kinders in die Irene-konsentrasiekamp. Die haglike omstandighede waarin hulle moes probeer oorleef, word beskryf in die
dagboeke en getuigskrifte van hul wedervaringe. Honderde vroue en kinders is op ’n slag by die konsentrasiekamp afgelaai, met net die klere aan hul lyf en byna geen ander benodigdhede nie. Die kampe was meestal oorbevolk en tot 20 mense moes in sesman-tente slaap. Die weeklikse voedselrantsoene het glad nie in die behoeftes voorsien nie en vroue het slegs 29% van hulle kalorievereistes ingekry en kinders slegs 15%. Van die byna 1 200 mense wat in die konsentrasiekamp oorlede is, was sowat 1 000 kinders jonger as 15 jaar. Daar is 850 grafstene gevind. Die konsentrasiekamp en die tuin van herinnering kan vandag nog besoek word. Solidariteit Helpende Hand en die Erfenisvereniging van Centurion het op Sondag, 10 Oktober, die 111de herdenking van die AngloBoereoorlog by die Irene-konsentrasiekampkerkhof in Stopfordstraat, Irene gevier. Tydens die herdenking is 1 000 kerse aangesteek ter nagedagtenis aan die 1 000 kinders wat weens siekte en honger in die kamp gesterf het. S
histories gesproke
Monument bring hulde aan voorslag-Voortrekkerleiers
d
ie meeste mense het al ’n draai by die Voortrekkermonument in Pretoria gemaak. Min mense weet egter van die Voortrekkermonument in Winburg. Hierdie monument, wat deesdae as ’n pioniersmuseum beskou word, is ter nagedagtenis aan van die Voortrekkerleiers opgerig. Dit is ’n besonderse plek om te gaan stilstaan en nadink oor wie ons is en waar ons vandaan kom. Op 16 Desember, Geloftedag, skyn die son om 12:00 reguit in die monument af, op die gedenkteken aan die basis daarvan. Vir elkeen van die standvastige trekleiers – Uys, Potgieter, Pretorius, Retief en Maritz – is daar ’n betonstaaf in die monument. Die lengte van die staaf dui die afstand van die leier se trek aan. Die beton sê iets oor hierdie mans se karakter: Wie hulle was, waar hulle vandaan kom en wat hulle vermag het. Piet Retief is in 1780 in Wellington gebore. Hy was ’n handelaar, boer, segsman vir die grensboere en ’n gebore leier. In 1814 trou hy
Deur Magdaleen Kleynhans met M.J.G. de Wet en vier kinders word uit die huwelik gebore. Retief word as een van die mees tragiese figure in ons volk se geskiedenis beskou. Hy en ’n aantal medetrekkers is op wreedaardige wyse tydens ’n besoek aan Dingaanstad vermoor. Andries Hendrik Potgieter, wat in 1792 in Graaff-Reinet gebore is, was volgens oorlewering ’n lang, fors man. Hy was skerpsinnig, rusteloos van aard en het ’n aggressiewe drang na selfstandigheid gehad. Hy was ook ’n man van daad en beslis in sy optrede. Mense het hom beskryf as ’n individualis, iemand wat nie maklik saam met ander gewerk het nie. Vanweë sy persoonlikheid was hy ’n natuurlike leier en ’n geskikte persoon om die onbekende wildernis in te trek. Gerhard Marthinus Maritz is in 1797 in dieselfde distrik as Potgieter gebore. Maritz is bekend vir die werk wat hy in die bestuur, administrasie en regspraak van die Groot Trek gedoen het. Hy was ’n godsdienstige man, ’n demokratiese leier en ’n kenner van wet en
orde. Hy het ’n sterk persoonlikheid gehad, maar was nie bekend vir sy geduld nie. Petrus Lafras Uys is 1797 in Bredasdorp gebore. Uys was ’n dinamiese man met uitmuntende ondernemingsgees. Uit beskrywings van hom blyk dit dat hy ’n charismatiese persoon met baie vriende was; iemand wat maklik met ander gekommunikeer het. Uys was die enigste trekleier wat op die slagveld gesneuwel het. Sy seun Dirkie is ook as ’n held in die geskiedenisboeke opgeteken. Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius is in 1798 gebore, ook in Graaff-Reinet. Pretorius is die man na wie daar in tye van nood gekyk is. Hy is die leier wat die veldtog teen die Zoeloes moes lei nadat Retief en sy manne vermoor is. Sy sterk persoonlikheid en nugter denkvermoë het van hom ’n gewilde leier gemaak. Mense het na hom opgesien vir sy goeie organisasieen redenasievermoë. Hy het bekendheid verwerf as ’n staatsman met ’n breë visie. • Gaan lees gerus meer oor hierdie leiers by www.groottrek.co.za S
tot u diens
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE
KATHU
Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Mike Goussard Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville
RUSTENBURG
Gert van Wyk Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou, Winkel 7, Kathu
BOKSBURG
Theunis van Staden, Johan Nell Administratiewe beampte: Christelle Grobler Tel: 014 592 4336 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg
NEWCASTLE
Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Straatadres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
CARLETONVILLE
SECUNDA Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR
Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
Tel: 012 644 4300 Tel: 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za Webwerf: www.solidariteit.co.za Straatadres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046
DESPATCH
PIETERSBURG
Piet Veldtman, Wynand Strydom Administratiewe beampte: Marlene Veldtman Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch
ELLISRAS
Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg
VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171/011 252 7271 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130
PRETORIA
Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za
Jack Loggenberg, Keith Rossouw, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville
KLERKSDORP
WELKOM Coen Schoonraad, Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum
RICHARDSBAAI
Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoornlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp
Fanie van Huyssteen Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe Tel: 035 789 0968/9 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Lira Linkstraat, Eenheid 7, Montego Park, Richardsbaai
nommer 6 van 2010
72
WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
stilw(o)ord
Om (amandel)vrug te kan dra, my kind
FOTO’S: YOLANDÉ TERBLANCHE; iSTOCKPHOTO.COM
m
iskien het dit by die ellendige bifokale bril begin. Ek het die ding bitter nodig gehad om enigsins te kan lees, maar dit het my lewe so miserabel gemaak dat ek aanvanklik geweier het om dit te dra. Daar was ’n blink streep dwarsoor die hele wêreld. As jy wil lees, moet jy onderdeur die blink streep loer. As jy bestuur, moet jy weer jou kop effens laat sak sodat jy bo-oor die streep kan mik. Die alewige gemik het my permanent half dronk laat voel. Aggenee wat! Maar ná ’n paar weke se tandekners het ek en die bril hand geskud en vrinne geword. Die blink streep het ’n vredesverdrag met my brein gesluit, en dié het dit toe begin ignoreer. Of miskien het dit begin toe ek ’n swembroek vir die seevakansie wou koop en myself uit verskeie onvleiende hoeke in die aantrekhokkie se spieël moes aanskou. As klein dogtertjie het ek baie gewonder waarom Ouma se lyf so vol velle, kreukels en kuiltjies was en hoekom oumas dan nie middels het nie. Nou moes ek in daardie onbeskofte spieël sien dat my lyf ongetwyfeld besig was om ’n hele paar ouma-kenmerke te verwerf. Of miskien was die eerste paar grys hare wat ek stilletjies uitgepluk het die vroeë boodskappers. Of die moegheid wat my baie vinniger as vroeër bekruip. Of my seer voete ná elke skooldag. Of die leënes-sindroom wat naweke ’n donker kombers oor die lig in my gemoed gooi. Of petroljoggies wat vir my “ouma” sê. ’n Vrou met ’n klein dogtertjie wat vriendelik vra: “Kan ek tannie help?” as ek sukkel om twee inkopiewaentjies by die supermark van mekaar los te kry. Al hierdie lastige boodskappers wat my nie wil uitlos nie, probeer my vertel wat ek regtig nie wil hoor nie. Ja, ek word ouer. Ek lyk ouer. Ek ís ouer. Die feit dat die “ek” in my steeds dieselfde “ek” is as op twintig, kan nie die tyd terugdraai nie; kan nie maak dat ek nie een van die dae die halfeeu-mylpaal al hinkende op my moeë skoolhouvoete gaan oorsteek nie. ’n Mens hou nie daarvan om aan jou verganklikheid te dink nie. Jy wil jonk lyk, mooi wees, maer bly, flink optree, in tel wees. Nie grys, krom, vol pyne en miskien selfs weggegooi nie. In Prediker 12 lees ons in pragtige
STILWO ( O ) R D marietha malan beelde-taal hoe ’n mens se liggaam stadig maar seker die tekens van die ouderdom begin wys. Die “wagters van die huis” (arms of hande) sal bewe; die “sterk manne” (bene) sal krom word, die “malers” (tande) sal die werk staak omdat hulle te min geword het; die “deure na die straat” (ore) sal gesluit word... Met deernis voeg die skrywer in vers 5 by: “En die amandelboom sal in bloei staan...” (verwysend na gryswit hare). Om die pragtige bloeisels aan lentebome met ’n ouer wordende persoon se grys hare te vergelyk, is nie toevallig of ’n fout nie. Dit lyk na ’n teenstelling: Hoort lente dan nie by die jeug nie? Is ’n bejaarde persoon dan nie eerder soos ’n droë ou boom nie? Moenie glo nie. Daardie pragtige bloeisels is die boodskappers wat sê: “Hierdie boom is ’n vrugteboom wat op die punt is om die heerlikste vrugte te dra. Wees gereed om iets kosbaars hier te oes.” Natuurlik wys jou liggaam die tekens van ’n groot stuk besige lewe wat agter lê. Jou seer voete het eenmaal met ’n baba op die heup gedraf om vir Boetie of Sussie by die swemles of ballet te besorg. Jou oë sien dalk nie meer soos voorheen nie, maar het jou vir jare lank tot laatnag met take gehelp. Jou middel het dalk verdwyn, maar is die rede daarvoor nie dat die Here jou verskeie kere die onbeskryflike voorreg gegee het om ’n kosbare kindjie van Hom te dra nie? Dra dus jou amandelbloeisels met trots.
number 6 of 2010
73
Die Here het jou so baie geleer. So kosbaar gemaak. Die vrugte wat jy aan jou moeë takke dra, is vol voedingswaarde vir die kleinkinders wat onder jou koelte skuil terwyl hulle ouers – jou kinders – nou weer die krag van die jeug het en soos afkophoenders van bakboord na stuurboord hardloop, net soos jy altyd gedoen het. En as jy dalk nog op ’n plek in jou lewe is waar jou lyfie ferm, jou middeltjie dun, jou halslyn effens laag en jou stappie flink is, byt jou tong vas as die oupatjie in die supermark-ry ’n bietjie lank neem om die geldjies uit sy beursie te kry, of die gryskoptannie die verkeer ophou. Hulle het ’n kort, kort tydjie gelede net soos jy gelyk, gevoel en gestap. Voor jy jou oë uitvee, is jy in hulle outydse skoene omdat jou voete daardie outydse skoene nodig het! Dankie, Here, dat ek soveel het! En vir my goeie vriend, die streep-bril, wat my bystaan as ek met deernis deur my foto-albums blaai en stilstaan by fototjies van dogtertjies in balletrokkies en seuntjies in Superman-pakke; kindertjies wat nou grootmense en jongmense geword het; jong mans en vroue wat my hart met trots en vreugde vul. Here, net vir U: My amandel-vrugte. S
“
Hierdie boom is ’n vrugteboom wat op die punt is om die heerlikste vrugte te dra. Wees gereed om iets kosbaars hier te oes.XXX
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
”
advertorial
Medihelp enhances product range for 2011
m
edihelp, South Africa’s third-largest open medical scheme introduced further benefit enhancements to their benefit options for 2011 at their product launch in Midrand recently. Anton Rijnen, CEO of Medihelp explained that the increased marketability and growth in market share of products have been the focus. “For the past two years we have been repositioning our product range as a firm contender. Our rapid growth indicates that the strategy has proven to have the desired effect. Medihelp increased growth in the number of lives covered by 18% last year, the highest in the industry. Thus far in 2010 we have achieved organic growth of 8%, boosting our number of lives covered to more than 236 000 whilst at the same time reducing the Scheme’s average age,” said Rijnen. Focusing on the benefits and benefit structure rather than just applying a market related contribution increase to the current product range is part of this strategy. After these changes Medihelp’s products still compare favourable to similar products in the market. The average increase should be seen against the background of the value the product enhancements will add to each benefit option in question. In addition to Medihelp’s membership growth, its administration cost remained stable and 91,07% of its total expenditure goes towards healthcare. Medihelp’s solvency ratio was 27,23% at the end of August 2010. Its claims-paying ability also remained the same
Anton Rijnen, CEO of Medihelp.
when the Global Credit Rating Company again awarded Medihelp an AA- (AA minus) rating, one of the highest in the industry. “The solvency ratio is especially significant since a scheme that grows usually has a decrease in its reserve level. We are anticipating an administration cost of 10.3% and a reserve level of 25.5% for the 2011 financial year,” Rijnen says. One of the Scheme’s product enhancements concerns the Necesse network option which has shown phenomenal growth since January this year. Currently it covers 35 000
lives with an average age of 29 years. As the most affordable network option on the market, Necesse will be divided into income categories in an effort to further increase its affordability and thus expand its market share. In addition the option’s overall annual limit will be increased to R800 000. Medihelp’s Dimension range of products also includes enhancements, but will still have the trusted Health and Benefit Booster as its core offering. The Booster offers a selection of preventative care benefits ranging from pregnancy consultations and scans to a prostate test and back treatment programme. Enhancements include insured benefits for selected high frequency day-to-day services (consultations and physiotherapy as well as non-chronic medicine and self-medication) on Dimension Prime 1. Also, an increased savings option on Dimension Prime 2 and a basket of benefits for services rendered during hospitalisation that are covered 100% with no overall limit for Dimension Prime 3. “For us, long term sustainability remains the key. With 105 years’ experience in the industry, Medihelp has a proven track record of sustainability and excellent client service and remains one of the leading schemes in the country,” says Rijnen. “The challenge lies in sustaining our recent positive growth through effective risk management, and ensuring the continued performance and competitiveness of our product range in the market. It is of particular importance to ensure financial stability in an environment typified by constant change,” he says.
PHOTOGRAPH: SUPPLIED
Medihelp: Aan die voorpunt van gesondheidsorg As een van slegs ’n handjievol mediese skemas aan die voorpunt van die bedryf, onderskei Medihelp hom op die volgende maniere van sy mededingers: • Medihelp is op twee na die grootste oop skema in Suid-Afrika en dus ’n belangrike en invloedryke rolspeler in die bedryf. Medihelp bied tans dekking aan meer as 236 000 individue! En met 105 jaar ervaring is Medihelp een van die oudste en mees ervare skemas (gestig in 1905). • Medihelp het die laaste vyf jaar bekendheid verwerf as die mediese skema wat die beste kliëntediens in Suid-Afrika lewer. Luidens onafhanklike navorsing wat
in 2008 gedoen is, was Medihelp nie net die beste mediese skema nie, maar ook die beste maatskappy in Suid-Afrika wat kliëntediens betref. In 2010 het Medihelp opdrag gegee aan Consulta Research, wat in vennootskap met Business Enterprises aan die Universiteit van Pretoria bedryf word, om die vlak van lede se tevredenheid te meet. Medihelp het eerste geëindig wat kliëntediens betref. • Medihelp is bekend vir sy uitstekende eisebetalingsvermoë en spog met ’n gradering van AA- (AA minus) van Global Credit Rating – een van die hoogste graderings in die bedryf.
nommer 6 van 2010
74
• As een van die grootste rolspelers in die bedryf verwerk Medihelp meer as 250 000 eise per maand, waarvan byna 90% elektronies ontvang word. Eise word binne gemiddeld 5,4 dae ná ontvangs verwerk. • Medihelp se solvensieverhouding is tans hoër as die minimumvlak van 25% wat deur wetgewing voorgeskryf word. • Medihelp word as een van die beste bestuurde skemas in die land beskou, en sy uitvoerende hoof, Anton Rijnen, is in die Corporate Research Foundation se publikasie, Leading Managers of South Africa (2009/10-uitgawe), as die sesde beste bestuurder aangewys.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a