BASTA! ONS VOETSPORE IS IN
AFRIKA S贸 sit staat voet verkeerd in 2010 NR. 1 VAN 2011 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE
I SSN 1683562 -X
Komaan, laat groen spore agter! Sol-Tech stap nader aan droom AfriForum trap Malema vas Tree op voorgrond met jou liriek
9 771683 562000 www.solidariteit.co.za
VAKBOND VERGROOT VASTRAPPLEK IN 2011
>>> INhoud N O M M E R
1
V A N
2 0 1 1
14
gereeld
22
54
VOORBLADFOTO: iSTOCKPHOTO.COM
INTRAPSLAG: ’n Borrelende bron van energie vir ’n nuwe geslag KUBERKLETS: Hieroor word gegons SPREEKBUYS: Solidariteit Beweging het groot planne vir 2011 MY OMGEWING: Komaan, gaan groen MY WERK: Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer MY GESIN: Die nes is leeg... Hoe nou gemaak? BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID: Sowat 24% minder sterf in 2010 by myne BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID: Een uit vyf werknemers MIV-positief YOU & THE LAW: Restraint of trade agreements – Part I ARBEIDSAKE: Vakbond se litigasiespan slaggereed DIE LEES WERD: Klik-klik sommer maklik op Boekblik HISTORIES GESPROKE: Pierneef: Onkonvensionele kunslegende HISTORIES GESPROKE: De la Rey en die Slag van Twee Riviere STILW(O)ORD: Soete liefde ken geen gebrokenheid
nuuswaardig
43
62
6 7 8 54 56 57 62 64 66 67 68 70 71 73
10 12 14 15 16 18 20 21 22 23 24 24 26 26 40 41 42 43 45 46 48 48 49 49 58
Hulle is bestes en swakstes van 2010 Regering se top-10-flaters in 2010 Matriculants face uphill struggle Gevaarligte flikker vir menseregte in SA Werk ’n piekniek saam met vakbond ‘Niks sal my passie vir polisie blus’ Bekendes sit voet neer oor Afrika SAOD-besluit vererger SA se vakmankrisis Maak jou punt in ons liriekskryfkompetisie Ken jy dalk vir Andries Hendrik Potgieter? Wetswysigings bedreig poste SA has grown by only 0,7% in two years Solidariteit: Diens sonder weerga is ons doel! Is creating more job opportunities just a pipe dream? Gemeenskap sorg vir mense in krisis Die merkwaardige verhaal van Zach Joubert Welsyn, opheffing in ons eie hande Joshua se kwashale soos medisyne Trek jou tekkies aan en kom draf saam Oud-Blou Bul Polla Roux groet Solidariteit Tree vir tree verwesenlik Sol-Tech drome Reën stuit nie pret by gholfdag Dowe student én tolk kwalifiseer Sol-Tech-studente woeker wêreldwyd Soldeer – waar die nuus na jou toe kom
70
vakbondfokus 28 50 72
Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor die bedrywe waarin Solidariteit funksioneer Lidmaatskap: ’n Wen-wen vennootskap Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep
6
promosie-artikel
(Skuld)vry om berge te versit
d
it lyk asof Suid-Afrika se sowat 18,35 miljoen kredietverbruikers van plan is om in 2011 hulle geldsake stewiger vas te vat. Volgens syfers van die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) het net meer as 53%, oftewel 9,86 miljoen, van kredietverbruikers met ’n goeie rekord in die derde kwartaal van 2010 gespog. Daarbenewens het die NKR onlangs ook verskeie vrywillige maatreëls en gedragskodes ingestel om skuldberading vinniger te laat verloop terwyl ’n ombudsman ook gevestig gaan word om geskille te besleg. Sowat 7 000 mense doen maandeliks aansoek om skuldberading en 220 000 mense het sedert 2007 vir dié hulp aansoek gedoen. Volgens André Snyman, uitvoerende hoof van Consumer Assist, is dit ’n kuns om los te kom uit die wurggreep van skuld. “Moet nooit jou finansiële verknorsing onderskat nie. Dit is soos dryfsand. Voor jy jou oë uitvee, is jy dieper in die moeilikheid as wat jy gedink het en dan is dit moeilik om daaruit te ontsnap. Elke persoon se situasie verskil en daarom moet daar vir elkeen ’n pasgemaakte wenresep bedink word. Consumer Assist is kenners op dié gebied en kan jou help om 2011 ’n jaar van finansiële vryheid te maak,” sê Snyman.
WENRESEP TÉÉN SKULD • Betaal korttermyn-, hoërentelenings soos kredietkaarte eerste. • Gebruik kontant of ’n debietkaart eerder as ’n kredietkaart. • Probeer om meer as die minimum betaalbedrag te betaal. • Moenie swig voor versoekings nie. Vermy onbeplande uitgawes en hou by jou bestedingsplan. • Koop minder luukshede en beperk kredietaankope. • Moet nooit ou skuld met nuwe skuld probeer betaal nie. • Besoek Consumer Assist se webtuiste en maak ’n afspraak met ’n skuldberader.
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
WENRESEP VIR BESPARING • Hersien jou diensverskaffers. Kan jy nie jou korttermynversekering of selfoonkontrak by ’n goedkoper diensverskaffer kry nie? • Open ’n spaarrekening en spaar maandeliks ’n bedrag daarin vir noodgevalle, eerder as om ’n kredietkaart te gebruik. • Wees op die uitkyk vir uitverkopings wanneer jy uitgawes moet aangaan. • Betaal kontant en vra vir afslag. Goeie handelaars gee kontantafslag. • Koop boeke, CD’s en rekenaarspeletjies by tweedehandse winkels of neem dit by ’n biblioteek of videowinkel uit. Dit is baie goedkoper as om dit nuut te koop. • Kry altyd drie kwotasies voordat jy op ’n diensverskaffer besluit. • Begin ’n saamryklub en bespaar op jou brandstofuitgawes. • Gebruik energiebesparende gloeilampe.
www.consumerassist.co.za
Kry die grootste skuldberadingsmaatskappy in Suid-Afrika om jou finansiële flaters weer te laat vlot. Skakel Consumer Assist vandag nog by 0861 21 22 23.
redakteursbrief
’n Borrelende bron van energie vir ’n nuwe geslag
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE
“e
H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300
k is Andries Hendrik Potgieter.” Só stel ’n passievolle jong kunstenaar hom aan my bekend. Daar is trots in sy oë. Hy is die naamdraer van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Hy lyk nie baie Voortrekkerig nie, inteendeel, maar tog sê hy: “Ek wil Andries Hendrik Potgieter se skoene volstaan”. Hy maak sy skootrekenaar oop om vir my sy jongste lied, Ons huis is hier, te speel. Dit is treffend. Dit gaan oor die betekenis van die Groot Trek vir gister en vandag. Ek het nie gedink ’n tipiese verteenwoordiger van die dr. dirk hermann nuwe geslag sal my kan inspireer oor die Voortrekkers nie. Hy vertel van die draaie wat die lewe met hom geloop het, van ’n tyd toe hy in opstand was teen sy naam. Hoe hy later tot bekering gekom het en toe besef het: “Ek is Andries Hendrik Potgieter”. ’n Mens kan sien hy het homself gevind en daar is baie energie in iemand wat weet wie hy is. Ek is telkens verstom oor ons jongmense se sin vir identiteit. Dit gee ’n mens hoop vir die toekoms. Die geskiedenis is nie meer iets van die verlede nie, maar is, soos Andries Hendrik Potgieter sing, iets wat jongmense se toekoms help omskryf. Intussen praat Andries sonder ophou. Hy borrel oor van idees. “Kan ons nie saam ’n veldtog uitrol oor jongmense se voetspore in Afrika nie,” vra hy. Dié vraag is na aanleiding van my boek, Basta! Ons voetspore is in Afrika. Geskiedenis is vir te lank gesien as die nostalgie van die ou geslag. Hierdie jong outjie gebruik die geskiedenis nou as bron van energie vir die nuwe geslag. Daar is baie energie in die geskiedenis. Dit rig jou, dit dra waardestelsels oor, dit skep kontinuïteit, dit help jou om te verstaan waar jou plek in die wye wêreld is. Dit gee jou dus vastigheid in ’n onsekere wêreld. Andries Hendrik Potgieter het sin in sy lewe gekry toe hy besef het: Dit is ek. Hy het opgehou rebelleer teen sy identiteit en sing nou Ons huis is hier. Op bladsy 23 van hierdie uitgawe word meer oor sy storie vertel. Hy jy al gaan sit en dink: Wie is ek? Het jy al vir jou kinders vertel: Dit is julle? Sodat hulle dit weer vir hul kinders kan vertel? Probeer dit gerus, jy sal verbaas wees oor die energie wat vrygestel word wanneer jou identiteit vasgestel word. Geniet hierdie propvol eerste uitgawe van 2011.
INTRAPSLAG
www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 REDAKTEUR ■ EDITOR Dr. Dirk Hermann NUUSREDAKTEUR ■ NEWS EDITOR Ilze Nieuwoudt FOTOREDAKTEUR ■ PHOTO EDITOR Reint Dykema WEBREDAKTEUR ■ WEB EDITOR Daleen de Jager ADVERTENSIES ■ ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING Aksent Media INTEKENARE ■ SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ■ ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS ■ CONTRIBUTORS Marietha Malan, Paul Joubert, Ilze Nieuwoudt, Magdaleen Kleynhans, Reint Dykema, Daleen de Jager, FC Pelser, Phil Davel, Moira-Marie Kloppers, Juanita du Preez, Danie Langner, Paul Mardon, Inge Verwey, Marna Verwey, Elize Bezuidenhout en Jaco Kleynhans UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE
tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK ■ PRINTING Paarl Media Gauteng
FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM
VERSPREIDING ■ DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria
DR. DIRK HERMANN REDAKTEUR
SÓ STAAN SAKE BASTA! ONS VOETSPORE IS IN AFRIKA
A. My huis is hiér en ek sal saam oplossings vir probleme soek. B. Ek voel nie tuis in my eie land nie en sou koers kies as ek kon. • Sê jou sê deur “Tydskrif A of B” na 34388 te SMS. Elke SMS kos R2. Jy kan ook aan die peiling by www.solidariteittydskrif.co.za deelneem. Die uitslag word in die volgende uitgawe gepubliseer.
nommer 1 van 2011
6
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
kuberklets
POSBUS
K UBERKLETS hieroor word gegons
Solidariteit kommunikeer daagliks met tienduisende Suid-Afrikaners deur middel van sosiale media soos Facebook en Twitter. Op dié manier is Solidariteit in staat om sy lede se voorstelle oor talle sake te kry, belangrike inligting te kommunikeer en die mening van medeburgers in te win.
Toby de Villiers skryf: Ek het my banksake van Absa na Nedbank verander. Dit het soos ’n berg voor my gelê! Maar, hoekom voel ek nou so goed nadat ek dit gedoen het? Dit was BAIE makliker as wat ek gedink het! Leon Vermeulen skryf: Ek is baie beïndruk met al die goeie werk en idees waarmee Helpende Hand vorendag kom. Is daar ’n
spesiale fondsinsameling vir wit arm mense? (Dankie, Leon! Jy kan deel word van die oplossing vir die witarmoedeprobleem in Suid-Afrika. Word net ’n lid van Solidariteit Helpende Hand. Jy kan self besluit hoeveel jy wil bydra (minimum van R30 per maand). Om meer uit te vind oor Solidariteit Helpende Hand se projekte, besoek www.helpendehand.co.za of skakel 0861 25 24 23 – Red.)
Kry jou spesiale boekmerk binne
Aansluiting net ’n SMS ver! AfriForum se Stop Malema-veldtog het ook op Facebook vlam gevat met meer as 45 000 lede. Zandra von Vollenstein: Het ons kinders nog ’n toekoms in hierdie land? Ek kyk spesifiek na Julius Malema en Winnie Mandela en die dinge wat hulle doen, en waarmee hulle wegkom. Ek gaan nie langer toekyk en sit en mor nie. Ek wil my deel doen om hulle te STOP!
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
Michelle Ali: AfriForum, dankie dat julle so baie doen vir ons mense. Mense wat net ’n veilige en regverdige Suid-Afrika wil hê. Baie dankie. Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en jou vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.
Tjakkie Valler: Good luck! I hope you succeed to stop him in his tracks!
number 1 of 2011
Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na ilze@solidariteit.co.za. Die redakteur behou hom die reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie.
7
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
spreekbuys
s FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM
Solidariteit Beweging het groot planne vir 2011
olidariteit en die hele Solidariteit Beweging is gereed om die nuwe jaar met mag en mening aan te pak. Ons kan hierdie versekering gee omdat daar in die laaste paar maande van 2010 hard gewerk is om ons “span en ons plan” in hoër versnelling te kry vir die uitdagings van die nuwe jaar. Tydens ’n omvattende reeks beplanningsessies en “doenskrums” van die Hoofraad, hoofbesture, bedryfsrade, direksies en personeel van al die instellings in die Solidariteitfamilie, is bestaande planne hersien, nuwes beraam, en enkele skuiwe gemaak om seker te maak dat die regte persoon in 2011 op die regte plek is. Daar is ook prioriteite vir die nuwe jaar bepaal. Die belangrikste hiervan vir die Solidariteit-vakbond is die verdere verbetering van Solidariteit se dienste, voortspruitend uit ’n omvattende diensoudit wat laat verlede jaar gedoen is. Die diensoudit het gevolg op ’n
ledetevredenheidstudie onder duisende van ons lede. Hoewel die resultate in die algemeen oorweldigend positief en bemoedigend was, het ons lede gebiede uitgewys waar hulle meer van ons verwag. Daar is ook leemtes geïdentifiseer wat nou met die opvolgbeplanning aangepak sal word.
SPRE E K B U Y S
nommer 1 van 2011
flip buys 8
DIENSKANTOORNETWERK Die belangrikste aksiestappe wat nou gedoen word, is om Solidariteit se vermoë te verbeter om landwyd gehaltedienste te lewer. Dit bied groot uitdagings, omdat dit nie maklik is om na die belange van meer as 100 000 lede om te sien wat landwyd oor ’n paar duisend werkplekke versprei is nie. Daarom het Solidariteit bykomende regsadviseurs by sy dienskantore in die Oos-Rand, Rustenburg en Witbank aangestel, asook ekstra personeel by verskeie ander kantore, waaronder die Kathu-kantoor. Die Bloemfontein-kantoor word ook vergroot.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
spreekbuys ’n Splinternuwe kantoor is in Januarie in Lydenburg geopen nadat talle nuwe lede in dié omgewing by Solidariteit aangesluit het. Daar is nou meer as 200 voltydse personeellede en nog sowat 100 voltydse vakbondverteenwoordigers wat in meer as 20 kantore landwyd werk om ons lede by te staan. Ons dienskantore word ook verder opgegradeer en toegerus met die nuutste stelsels en tegnologie wat nodig is om gehaltediens te lewer. Die administrasiepersoneel in die kantore is voorts besig met ’n intensiewe, deurlopende opleidingsprogram, en die meeste dames het reeds gevorderde sertifikate verwerf. Al hierdie stappe het nodig geword om te help met die groeiende werklas wat spruit uit die duisende nuwe lede wat aansluit en die moeilike ekonomiese toestande waaronder baie van ons lede gebuk gaan. R200 MILJOEN SE VERGOEDING Solidariteit se Beroepsgesondheid- en -veiligheidsafdeling is ook versterk, en het groot planne om te help om ons lede se werkplekke veiliger en gesonder te maak. Die Besering aan diens-afdeling het homself weer oortref deur meer as R200 miljoen se vergoeding vir bedryfsiektes en -beserings vir ons lede by instellings soos die Vergoedingskommissaris te beding. Die bedryfspersoneel van Solidariteit het ook groot planne vir die nuwe jaar, en is onder meer besig met die inwerkingstelling van die vakbond se Arbeidsverhoudingebeleid wat ten doel het om lede se diensvoorwaardes, werkomstandighede en gehalte van werklewe te verbeter. Daar gaan vanjaar ’n verskerpte opleidingsveldtog onder leiding van Gerhard Ceroni van stapel gestuur word om ons personeel en verteenwoordigers beter vir hulle werk toe te rus. Die vakbond se Regsafdeling gaan voort met sy voorbereiding op ’n reeks toetssake om knelpunte soos onbillike rassediskriminasie teen ons lede te beveg. Daarbenewens werk
die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) kliphard daaraan om ons onderhandelaars en vakbondleiers met voorpuntnavorsing te ondersteun. PLAASLIKE VERKIESING Solidariteit beplan ook om die komende plaaslike verkiesing deeglik te monitor, en om met behoud van ons bestaande beleid oor politieke onverbondenheid te verseker dat daar nie partye is wat ons lede en ondersteuners net as stemvee gebruik terwyl hulle nie in hulle belange optree nie. Die vakbond gaan vanjaar ook sy parlementêre skakelprogram uitbrei deur op verlede jaar se voorleggings aan die parlementêre portefeuljekomitees voort te bou. Soos in die verlede, sal hierdie voorleggings deur deeglike voorbereiding en navorsing deur die SNI ondersteun word. Solidariteit gaan voorts sy buitelandse skakelprogram uitbrei, met die doel om steun te werf en geld vir belangrike projekte soos tegniese opleiding in Suid-Afrika in te samel. Ons buitelandse kantoor reël ook saam met vennote ’n taal- en kunstefees in Amsterdam in Junie, met die doel om Europese meningsleiers te bereik en steun vir die projekte van Solidariteit Helpende Hand te werf. PRIORITEITE VAN DIE BEWEGING • Die Solidariteit Beweging en ons vennote beplan om ’n netwerk van sterk burgerlike instellings landwyd te vestig. Die doel van die netwerk is om ’n reeks aksieplanne te implementeer wat ná ’n omvattende scenarionavorsingsprojek ontwikkel gaan word. Die meeste groot Afrikaanse burgerlike organisasies en omtrent veertig top kundige akademici en navorsers is by hierdie projek betrokke. Die aksieplan moet oplossings bied vir knelpunte soos misdaad, onderwys en opleiding, disfunksionele munisipale dienslewering, die opkoms van nuwe armoede en die afskaling van Afrikaans.
number 1 of 2011
9
• Landwye uitbreiding van Solidariteit Helpende Hand se projekte en dienste, met die hulp van kantore wat nou regoor Suid-Afrika geopen word, word in die vooruitsig gestel. • Die bou van ons eie kampus vir Sol-Tech, omdat ons tans sentrums huur. Ons wil graag die aantal vakleerlinge verdubbel van die huidige 509 na sowat 1 000. • Die bekendstelling van ons nuwe telematiese afstandsopleidingsakademie later vanjaar. Hierdie akademie gaan landwyd naskoolse beroepsopleiding in verskeie nietegniese rigtings bied. Die akademie gaan fokus op die 80% skoolverlaters wat nie universiteit toe gaan nie, asook op bestaande werknemers wat hulle vaardighede wil verbeter. • AfriForum gaan ook landwyd gemeenskapstrukture vestig om die gemeenskap by te staan met krisisse soos die verval van dorpe en vermorsing van belastinggeld. • Geldinsameling vir die groot bouprojek aan ons kollege en akademie, wat tot R100 miljoen kan kos. • Die bekendstelling van ’n groot multimediaprojek om Afrikaans te bevorder. • Ons gaan ’n projek saam met topvennote op die finansiëledienstegebied van stapel stuur. • Laastens gaan ons verskeie veldtogte dryf oor knelpunte wat ons lede en ons gemeenskap raak. Hierdie is in ’n neutedop ons planne vir die nuwe jaar. Ons uitgangspunt was nog altyd dat ons nie kan keer dat die see rondom ons onstuimig raak nie, maar dat ons moet sorg dat ons skip sterk genoeg is om ’n stormsee te trotseer. Anders gestel, beteken dit dat dit nie help om net te kla oor alles wat verkeerd loop nie, maar dat die uitdaging daarin lê om iets daaromtrent te doen! Dit is dan ook die uitdaging wat ons aan elke lid en ondersteuner van Solidariteit en die Solidariteit Beweging wil rig: Kom help ons doen! S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Hulle is bestes en swakstes van 2010 Die bestes en die swakstes van 2010 is in Desember tydens Solidariteit se jaarlikse werkgewers- en werknemerstoekennings aangewys. Dié toekennings word jaarliks gedoen in die kategorieë vir werkgewersaansporing vir goeie prestasie, werknemer van die jaar, swakste hoof van die jaar en swakste werkgewer van die jaar. Drie spesiale werkgewerspryse is ook toegeken. ILZE NIEUWOUDT berig. SPESIALE WERKGEWERSPRYSE Drie spesiale werkgewerspryse is aan onderskeidelik die Suid-Afrikaanse regering, Denel en Eskom toegeken. Die Gee-my-krag-toekenning is aan die Suid-Afrikaanse regering gedoen vir sy besluit om die subsidie vir die modulêre korrelbedreaktor (PBMR) te beëindig. Dit het tot ’n groot verlies aan kerndeskundiges en die aflegging van nagenoeg 800 uiters kundige werknemers van PBMR gelei. Denel het die Neus-in-ander-se-sake-toekenning ontvang. Dié maatskappy verdien hierdie toekenning dubbel en dwars nadat sy raad by loononderhandelinge by die maatskappy se afsonderlike entiteite ingemeng het. Die inmenging deur Denel se raad het tot karige loonverhogings by die entiteite gelei. Die Dowwe-lig-toekenning is aan Eskom toegeken, veral nadat daar in Junie 2010 onthul is dat werknemers hier uiters ontevrede is. Nagenoeg 95% van Eskom se werknemers wat aan ’n peiling deelgeneem het, het onder meer aangedui dat Eskom nie vir sy werknemers omgee nie.
FOTO: MARNIA VERWEY
WERKGEWERSAANSPORINGSPRYSE Simmer & Jack is genomineer nadat daar in Junie 2010 ’n kennisgewing vir die aflegging van 800 werknemers by die maatskappy se Buffelsfontein-myn uitgereik is, maar die afleggings uiteindelik ná samewerking met Solidariteit en ander vakbonde aansienlik beperk kon word. Anglo American PLC se nominasie is vir sy goeie arbeidsverhoudinge met vakbonde en vir die toepassing van goeie beroepsgesondheid- en -veiligheidspraktyke en -inisiatiewe. Die prysenswaardige manier waarop daar in 2010 met vakbonde te werk gegaan is, het vir die MPF ook ’n nominasie in hierdie kategorie besorg, terwyl Mogale Alloys, wat ’n rekordloonverhoging aan sy werknemers gemaak het, ook in dié kategorie genomineer is. Anglo American PLC is uiteindelik as die wenner aangewys. SWAKSTE HOOF VAN DIE JAAR Korrupsie en selfverryking was die twee belangrikste oorwegings toe die wenner in die kategorie van swakste hoof van die jaar
Steve Scott, president van Solidariteit (heel links), en dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit (heel regs), by Johan Badenhorst, Riaan Viviers, Wynand Botes en Mario Scholtz, die Chili-helde.
bepaal is. Jackie Selebi, die voormalige hoof van die SAPD, het met dié titel weggestap vir sy skuldigbevinding aan korrupsie en bedrog. Selebi is daaraan skuldig bevind dat hy ’n korrupte verhouding met die dwelmbaas Glenn Agliotti gehad en daaruit voordeel getrek het. Hy is deur die regter in die saak, Meyer Joffe, as onder meer ’n verleentheid vir die polisie, die hof en die Suid-Afrikaanse gemeenskap bestempel. Die regter het voorts gesê dat Selebi die polisiediens besoedel het en dat sy korrupte gedrag Suid-Afrika en die SAPD aansienlike skade berokken het. SLEGSTE WERKGEWER VAN DIE JAAR Hierdie kategorie is veral opspraakwekkend aangesien werkgewers in dié afdeling gewoonlik deurlopend swak arbeidsverhoudinge regdeur die jaar handhaaf. Die mynmaatskappy Aurora, Standard Bank en die SAPD was as 2010 se kandidate genomineer. Aurora is as die wenner in hierdie kategorie aangewys. Aurora staan sy voorganger, Pamodzi Gold, se skoene vol as ’n uiters swak werkgewer vir werknemers van die Grootvleimyn. Dit is nou reeds byna ’n jaar sedert werknemers van dié goudmaatskappy in Februarie 2010 laas vol salarisse ontvang het. Daarbenewens het die maatskappy nie werknemers se pensioen- of werkloosheidsversekeringsbydraes aan die nodige instansies
nommer 1 van 2011
10
oorbetaal nie. Ten spyte van talle beloftes van die maatskappy dat werknemers se salarisse betaal sou word, het daar intussen nog nie veel hiervan gekom nie, en word salarisse steeds net stuk-stuk uitbetaal. Danksy die maatskappy se optrede teenoor sy werknemers lyk dié werknemers se toekoms in 2011 steeds duister. WERKNEMER VAN DIE JAAR Een van die treffendste gebeure internasionaal in 2010 was sekerlik die reddingspoging om die vasgekeerde mynwerkers in Chili te bevry. Dié mynongeluk, wat wêreldwyd met groot belangstelling gevolg is, het ook ’n SuidAfrikaanse verbintenis en die toekenning vir werknemer van die jaar gaan dus aan die vier Solidariteit-lede en werknemers van Murray & Roberts Cementation wat betrokke was by die reddingspoging van die 33 Chileense mynwerkers, wat nagenoeg twee en ’n half maande ondergronds vasgekeer was. Die Murray & Roberts-span, gewapen met hul Strata 950-boor, was verantwoordelik vir onder meer die boor van sirkulasietonnels waardeur kos, water en ander benodigdhede na die myners gestuur is. Daarbenewens is die konsep vir die reddingspoging deur die maatskappy se ingenieurs in Suid-Afrika ontwikkel. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
SA regering se top-10-flaters in 2010
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
Met talle van 2010 se flaters wat steeds by die Suid-Afrikaanse regering spook, het Solidariteit beklemtoon dat die regering vanjaar sy sokkies ekstra hoog sal moet optrek as hy die dringende probleme in die land wil oplos. ILZE NIEUWOUDT het 2010 se grootste flaters onder die loep geneem. 1. WATERKRISIS Die miskenning van die waterprobleme was in 2010 een van die grootste flaters. Nie net word die kwessie van giftige mynwater nie na behore aangepak nie, maar die regering het ook in 2010 vir die eerste keer ooit erken dat hy in gebreke gebly het om munisipale rioolwerke in stand te hou. Miljoene liter water wat nie voldoende gesuiwer is nie, word elke dag in ons riviere gestort.
4. SLAGGATE Terwyl daar tans ’n agterstand van nagenoeg R100 miljard se werk aan Suid-Afrikaanse paaie is, moet motoriste jaarliks sowat R50 miljard opdok om slaggatverwante skade aan hul voertuie te herstel. Luidens ’n studie deur die AA het die land se paaie onherstelbaar begin word. Die sogenaamde sigbaretoestandindeks het in 2008 tot 46 gedaal, teenoor 65 in 1998.
7. SEMISTAATSINSTELLINGS Die negatiewe funksionering van talle semistaatsinstellings duur voort. In Mei 2010 was daar nagenoeg 4 500 vakatures by Transnet, 1 200 by Eskom en 600 by die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Solidariteit meen dat regstellende aksie waarskynlik daartoe bydra dat hierdie poste nie gevul word nie en wys daarop dat dienslewering gevolglik daaronder ly.
2. JEUG Een van die duurste regeringsflaters was die sewentiendede Wêreldjeugfees wat in Desember 2010 deur die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NJOA) aangebied is. Dié fees het nagenoeg R100 miljoen gekos, waarvan R29 miljoen uit die staatskas gekom het. Desondanks kan die onderwysstelsel steeds nie daarin slaag om ons jeug vir die arbeidsmark toe te rus nie.
5. MEDIATRIBUNAAL Dit wil voorkom of ’n deursigtige regering, ondersoekende joernalistiek en mediavryheid sal moet wyk voor meer korrupsie en groter geheimhouding. Dit is ons voorland indien die beoogde mediatribunaal en die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting goedgekeur word. Uiteindelike staatsbeheer oor die media word reeds deur kenners as ’n ramp bestempel.
8. ARBEID Die staat se planne om vyf miljoen nuwe werkgeleenthede te skep, kan misluk indien dié inisiatief nie aan die privaat sektor oorgelaat word nie. Die mislukking van die Essaprojek (Employment Services South Africa) lyk ook onafwendbaar. Sedert die stelsel vier jaar gelede in die lewe geroep is, kon nog net 2% van die meer as 1,2 miljoen werksoekers in betrekkings geplaas word.
3. WANBESTEDING Daar was talle voorbeelde van staatswanbesteding, soos die feit dat R3,7 miljoen uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se begroting oorgeplaas is om vir die polisiehoof, generaal Bheki Cele, se huis te betaal en dat sowat R130 miljoen deur die regering en sekere semistaatsinstellings aan kaartjies vir die Sokkerwêreldbekertoernooi uitgegee is.
6. SANW Kommerwekkende gerugte dat die SuidAfrikaanse Nasionale Weermag (SANW) nie naastenby gevegsgereed is nie, het in 2010 weer die ronde gedoen. Die lae moreel in die SANW is na bewering so ernstig dat ’n parlementslid in November 2010 gewaarsku het dat dit selfs staatsveiligheid kan bedreig.
9. BEHUISINGSKANDAAL Die behuisingskorrupsie waarby nagenoeg 2 000 staatsamptenare betrek word, is een van die skandaligste staatsondes van 2010. Ondersoek word nou gedoen na staatsamptenare wat, veral in Gauteng, Noordwes en KwaZulu-Natal, na bewering onregmatig voordeel trek uit onwettige verhurings- en verkoopstransaksies.
nommer 1 van 2011
12
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
10. MISDAAD EN WETSTOEPASSING Ondanks ’n groeiende polisiemag slaag die regering steeds nie daarin om Suid-Afrika se misdaad vas te vat nie. Luidens syfers wat die SAPD in September 2010 bekendgemaak het, was daar gedurende die 2009/10boekjaar (wat op 31 Maart 2010 geëindig het) 16 849 moorde, 68 332 seksverwante misdade en 64 670 straatrowe. Inbrake by huise en sakepersele het met onderskeidelik 1,9% en 4,4% toegeneem.
These were government’s biggest blunders in 2010 The South African Government made inexcusable blunders in 2010. According to Solidarity the biggest blunders were: • Water crisis. • Youth and education. • Misappropriation of funds. • Potholes keep government stumbling.
• • • • • •
Media tribunal. SANDF. Semi-government institutions. Labour. Housing scandal. Crime and law enforcement.
newsworthy
Matriculants face uphill struggle
PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM
t
By Paul Joubert geared towards preparing pupils for the labour market or for self-employment. The system focuses more on preparation for tertiary study. However, many pupils never get a chance to even attempt tertiary studies. One of the reasons for this phenomenon is that many South Africans do not have the financial resources to undertake further studies. Furthermore, tertiary institutions simply do not have sufficient capacity for all the young people in the country. Another reason is poor academic performance, which is prevalent in the school system. The Grade 12 class who wrote the 2010 matric exams numbered about 538 000 and around 365 000 of them passed matric. The pass rate of 67,8% that was announced with much jubilation is based on these figures. Unfortunately, this pass rate does not take into account the 780 000 pupils who also started Grade 1 in 1999, but who did not even manage to reach Grade 12. Furthermore, subjects like Mathematics, Physical Science and Accounting that are recommended for successful tertiary study (which is what schools aim at facilitating) have very disappointing participation and pass rates. Only 160 991 pupils (including part-time candidates repeating certain subjects) wrote the Accounting exam and only 56 752 (35,3%) managed to pass this subject with more than 40%. For Mathematics the figure is 263 034, with only 81 374 (30,9%) passing with more than 40%. In the case of Physical Science only 205 364 pupils wrote the exam and a dismal 60 917 (29,7%) passed with more than 40%. This translates to, at best, around 6% of the Grade 1 class of 1999 achieving something worthwhile at the end of their school careers. In light of these facts, South African pupils should take it upon themselves to improve their skills after matric to enable them to create a future for themselves and contribute meaningfully to the South African economy. • Download the Solidarity Research Institute’s complete report on the employment prospects of 2010’s matrics at www.solidarityresearch.co.za. S
he South African labour market is not an inviting place for young people whose highest qualification is matric. This harsh reality is faced by many of the matriculants who received their results at the end of 2010 as well as a large proportion of matriculants from previous years. The official South African unemployment figures include only those people who are not working, but are actively looking for work. People who are not working and who are not looking for work, for example because they are pursuing their studies or are retired, are excluded from the official figures. The official unemployment rate for all people of working age (15 to 64 years) was 25,3% in the third quarter of 2010. The corresponding rate for people aged 15 to 24 was 51,3%. Furthermore, unemployment rates for each qualification level also paint a gloomy picture. The unemployment rate for people of all ages whose highest qualification is matric (30,9% of the labour force) is 26,6%. This figure is higher than the average for all participants in the labour market. This statistic does not mean that having matric is a disadvantage, it just points to the big disparity between employment prospects for a matriculant compared to someone who has a tertiary qualification. The unemployment rate for people with tertiary qualifications is 9,2%. Therefore, someone who has only matric is generally three times more likely to be unemployed than someone with a tertiary qualification. When all the factors are taken into consideration, a pupil from the 2010 matric class who enters the labour market directly this year has about a four in ten chance of finding a job. Even the lucky four out of ten who will find employment are likely to start out in low-paying jobs. A low-level clerical job is about the best that a matriculant fresh out of school can hope to find. The main reason for this bleak outlook is schoolleavers’ lack of skills that are useful in a workplace. The South African school system has never been strongly nommer 1 van 2011
14
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Gevaarligte flikker vir menseregte in SA
a
Deur Moira-Marie Kloppers
lle Suid-Afrikaners geniet nie gelyke beskerming van hulle menseregte nie en Suid-Afrika is reeds skuldig aan talle ernstige menseregteskendings, het die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se jaarlikse menseregtebarometer onthul. Daarbenewens word menseregte in Suid-Afrika meer dikwels bedreig as beskerm. Die menseregtebarometer fokus op al die verskanste siviele, politieke en sosio-ekonomiese regte in die handves van menseregte en werp lig op kontroversiële menseregteskendings soos die skending van Suid-Afrikaners se reg op gelykheid, veiligheid en sekuriteit, opleiding, toegang tot inligting asook die skending van minderheidsregte. Volgens Johan Kruger, hoof van die SNI, is dit veral kommerwekkend dat dié regte wat proaktiewe optrede deur die regering eis, die meeste bedreig word. Die verslag is verlede jaar, op Menseregtedag, in Johannesburg deur AfriForum en die SNI aan die Menseregtekommissie en kort daarna ook aan die Verenigde
Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Switserland oorhandig. Volgens Kruger vind ernstige menseregteskendings reeds plaas ten opsigte van ses van die basiese verskanste regte, insluitend die reg op lewe, ’n veilige, skoon omgewing en minderheidsregte. Daarbenewens word Suid-Afrikaners se reg op gelykheid, vryheid van spraak en toegang tot inligting ook geskend, terwyl nog vier van die 27 menseregte wat ondersoek is, tans bedreig word. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gaan dié jaarlikse barometer deurslaggewend wees wanneer AfriForum sy veldtogte beplan. “AfriForum het die afgelope vyf jaar baie op die gebied van burgerregte gedoen en dié studie sal AfriForum in staat stel om sy dienslewering verder uit te brei,” verduidelik Bailey. “Een van die ernstigste menseregteskendings is tans die skending van Suid-Afrikaners se reg op lewe asook verskeie skendings van minderheidsregte. Suid-Afrika het die tweede hoogste moordsyfer ter wêreld. Meer as 50
nommer 1 van 2008
15
mense word per dag in Suid-Afrika vermoor, en haatspraak en rassisme is aan die orde van die dag. Die lae koers van skuldigbevindings van Suid-Afrika se geweldsmisdadigers is ’n verdere bewys dat daar nie genoeg waarde aan die reg op lewe geheg word nie. Daarom gaan AfriForum hom in 2011 veral op misdaadbekamping en die beskerming van kulturele en taalregte toespits,” voeg sy by. “Die menseregtebarometer toon onder meer dat regstellende aksie ’n permanente karakter het, ten spyte van internasionale riglyne dat dit tydelik van aard behoort te wees. Regstellende aksie geskoei op demografiese verteenwoordiging moedig ook eerder ongelykheid binne die aangewese groep aan, deurdat meestal Afrikane bó ander aangewese groepe bevoordeel word,” verduidelik Kruger. “Daarbenewens word poste dikwels vakant gelaat, soos wat tans die geval in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is, eerder as om ’n bevoegde wit kandidaat aan te stel, ten spyte van Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer en vaardigheidstekorte,” voeg hy by. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Werk ’n piekniek saam met vakbond
o
Deur Ilze Nieuwoudt
nmoontlike spertye, jou baas wat soos ’n buffel in jou nek blaas, vurige twissessies met kollegas, onbillikheid en ’n goeie dosis diskriminasie. Welkom by die moderne werkplek. Dit klink nie juis plesierig nie en hoewel enige werk maar altyd sy kwota probleme sal oplewer, hoef jy as Solidariteit-lid nie die stryd alleen aan te pak nie. As Solidariteit-lid kry jy beskerming vir vandag en hoop vir môre! By ons geniet lede ’n wye reeks voordele, insluitend arbeidsregsadvies deur regskenners wat jou in elke taai werkstameletjie sal bystaan. By ons word lede deel van die Solidariteit-familie waar Solidariteit Helpende Hand omsien na die maatskaplike behoeftes en AfriForum veg vir burgerregte. By ons kom lede tuis na ’n plek waar daar deur middel van opleiding ’n toekoms vir die jeug geskep word, ’n plek wat met ’n gehalte begrafnisplan gemoedsrus vir familielede bied. By Solidariteit word lede nie net bygestaan deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes met die berekening van voordele wat van die Vergoedingkommissaris ontvang kan word nie, maar hulle het ook toegang tot die kollektiewe bedingingsmag van Solidariteit – ’n mag wat met selfvertroue en ’n sterk sin vir verantwoordelikheid tot die voordeel van duisende lede strek. Dit en vele meer word noukeurig deur Solidariteit uitgekies en aan jou gebied om meer plesier en minder struikelblokke in jou werk te ervaar.
SÓ STYG KOSTE VAN LIDMAATSKAP
SLUIT VANDAG NOG AAN! • Skakel 0861 25 24 23 en gesels met ’n agent by die Solidariteit Dienssentrum. • Besoek www.solidariteit.co.za en klik op die eenminuut-aansluitingskakel. • Faks jou voltooide aansoekvorm (beskikbaar by www.solidariteit.co.za) na 011 388 2520.
Solidariteit se lidmaatskapgeld styg op 1 Maart 2011 met R5. Kollektiewe lede se ledegeld styg dus van R70 na R75 en individuele lede s’n van die huidige R72 na R77. Voortsettingslede se ledegeld styg met net R3 van R45 na R48.
What can you get for a mere R2,50 a day? sickness benefit. All these benefits (read more on pages 50 & 51) are available to members for only about R2,50 a day (or R75 a month for collective members and R77 a month for individual members). On 1 March 2011, Solidarity membership fees will increase from the current R70 and R72 a month to R75 and R77 a month for collective and individual members respectively. As R10 of your monthly membership fee goes to the Solidarity Growth Fund, you help to promote and protect the social, educational and cultural interests of every community in the Solidarity Movement. S
In these difficult times when we have to tighten our belts and make every cent count, where can we still get something of value for R2,50? At Solidarity! That’s right, being a member of Solidarity costs only R2,50 a day. Being a member of Solidarity is still the best way to have real peace of mind that your income is protected. But Solidarity offers more than just job security. Membership includes a wide range of exciting benefits, including free legal assistance in labour cases, support with labour investigations, collective bargaining, funeral cover, a maternity benefit and a
nommer 1 van 2011
16
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
AKSENT MEDIA • 07/2010
nuuswaardig
‘Niks sal my passie vir polisie blus’
“e
Deur Ilze Nieuwoudt
FOTO: ILZE NIEUWOUDT
k is trots om ’n polisielid te wees. As ek daardie uniform aantrek, is ek ’n ander mens.” Jy kan die opregtheid sien in die oë van die man wat nou hier voor jou sit. Hy het ’n liefde vir sy werk, ’n passie wat nie geblus kan word nie. Of kan dit? AO Jannie Odendaal, oorspronklik van die Johannesburgse blitspatrollie, se lewe het op 30 Desember 2010 ’n onverwagse wending geneem. Iets wat net ’n roetine prosedure was, het binne dae hoofnuus in die grootste dagblaaie geword en sy naam op byna elke Suid-Afrikaner se lippe geplaas. In ’n eksklusiewe Solidariteit Radio-onderhoud onthul hierdie Solidariteit-lid die volle verhaal aan die adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann. Odendaal vertel breedvoerig wat daardie dag gebeur het toe hy Winnie Madikizela-Mandela se voertuig van die pad afgetrek het nadat dié teen ’n gevaarlike hoë snelheid roekeloos deur die verkeer gevleg het. Hy praat openhartig oor die manier waarop een van haar lyfwagte hom gestamp het. Hy vertel van Madikizela-Mandela se woedeuitbarsting en die manier waarop ’n lyfwag volgehou het dat hy nie toegelaat sal word om die voertuig te deursoek nie aangesien “hierdie nie die apartheidsjare” is nie. Dit wat bloot ’n roetine prosedure was, het skielik handuit geruk. Terug by die stasie het Odendaal gaan rapporteer oor die gebeure wat vroeër plaasgevind het. Oor bewerings deur Madikizela-Mandela dat Odendaal en sy kollega geskree en op die groep gevloek het, is Odendaal duidelik. “Dit is blatante leuens. Ons was professioneel en ons het ons werk gedoen. Hulle het geen respek vir die polisie nie,” verduidelik Odendaal. Intussen het ’n mediaherrie egter om Odendaal se kop losgebars. Nie net dring Odendaal se hoofde daarop aan dat hy en sy kollega om verskoning vra vir dié dag se gebeure nie, maar daar is ook ’n amptelike klag vir die rig van ’n vuurwapen en intimidasie teen Odendaal en sy kollega gelê. Sedert die klag gelê is, is Odendaal se dienswapen van hom afgeneem en is hy na die Soweto-blitspatrollie verplaas. Odendaal lyk moedeloos. Hy het in 1991 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangesluit en in November van dieselfde jaar by die Johannesburgse blitspatrollie begin. Sedertdien was die SAPD die hooffokus in sy lewe. “Ek het my hele lewe vir die polisie gegee. Ek het my loopbaan voor alles en my familie gestel. Ek is trots daarop om ’n polisielied te wees,” sê hy. Hy is egter nie gelukkig oor die manier waarop hy nou behandel word
Jannie Odendaal
nie. “Ek is hartseer dat ek so behandel word en dat die polisie my nie ondersteun nie, al het ek my werk reg gedoen.” Hy beklemtoon dat hy steeds passievol is oor sy werk, ten spyte van die manier waarop die polisie hom in hierdie saak hanteer. “Ek sal altyd ’n polisielid wees en ek sal ’n polisielid wil wees vir so lank as wat ek kan. Dit is in my bloed en my murg.” Vir Odendaal is sy besluit om standpunt in te neem vir dit wat reg is vanselfsprekend. “Iemand moet opstaan en sy stem laat hoor. Ek stel ’n voorbeeld vir ander sodat hulle nie negatief moet raak nie,” sê hy. Odendaal se situasie laat vrae ontstaan oor of politieke inmenging nie moontlik polisielede se werksaamhede beïnvloed nie. Op ’n vraag oor of hy dieselfde sou optree as hy geweet het wat dit sou ontketen, is Odendaal se antwoord duidelik: “Ek sou presies dieselfde gedoen het. Ek weet ons het ons werk reg gedoen.” S
Luister na die onderhoud met AO Jannie Odendaal by www.solidariteitradio.co.za. Klik op “Perspektief” onder die programskakel op die hoofblad. Jy kan ook na ’n video-opname van Odendaal by www.s-tube.co.za kyk.
nommer 1 van 2011
18
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Bekendes sit voet neer oor Afrika
FOTO: REINT DYKEMA
f
Deur Ilze Nieuwoudt
rankryk en die VSA het hulle bekende Madame Tussauds waar lewensgetroue wasbeelde van bekendes uitgestal word. In Suid-Afrika was daar nog nie juis ’n gelyke vir hierdie unieke versameling nie. Wel, nie tot onlangs nie. Solidariteit se hoofkantoor in Centurion spog nou met die voetafdrukke van beroemde Afrikaners soos Steve Hofmeyr, Magda van Biljon, Zak du Plessis, Carike Keuzenkamp, Bobby van Jaarsveld en generaal Constand Viljoen. Hierdie bekendes het in Desember verlede jaar hul voet neergesit as deel van ’n projek genaamd Basta! Ons voetspore is in Afrika. Solidariteit se adjunk uitvoerende hoof, dr. Dirk Hermann, het vir dié projek ’n brief aan sy dogters geskryf waarin hy die lang, ryke geskiedenis van Afrikaners se “voetspore” in Afrika naspoor. Die brief word in boekvorm deur Kraal Uitgewers uitgegee en maak deel uit van die Afrikaner se kultuurhistoriese erfenis. Hermann se brief vertel die verhaal van ’n familie se wedervarings in Afrika aan die hand van hoogtepunte uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis – hoogtepunte waarby ’n ieder en elk wat ’n liefde vir Afrika het, kan aanklank vind. Solidariteit het toe besluit om ’n groep bekende Afrikaners uit te nooi om afdrukke van hulle voete te laat maak as simbool van hul eie voetspore en nalatenskap in die land. Volgens Hermann is die boodskap van dié projek aan veral jongmense dat hulle hul Afrika-identiteit moet vier. “Afrikaners het ’n Afrika-storie – ons gaan nêrens heen nie. Ons beplan om ons goed te vat en te bly,” sê Hermann. Basta! Ons voetspore is in Afrika (inlasfoto) deur dr. Dirk Hermann is uitgegee deur Kraal Uitgewers en kos R95. Die boek is veel meer as net ’n familiestorie. Dit konfronteer enigeen wat die Afrikaner se geskiedenis wil kriminaliseer met die ware feite. Die boek maak die geskiedenis van die Afrikaner vir veral jongmense lewendig. Dit vertel die Afrikaner se verhaal aan die hand van die lewe van gewone mense. Jongmense en alle Afrikaners word uitgedaag om hulle Afrika- en Afrikaneridentiteit in die moderne era te herontdek. Hermann skryf dat hy hoop Basta! sal Afrikaners motiveer om hulle voetspore in Afrika te soek.
Carike Keuzenkamp het ook ’n afdruk van haar voete laat maak.
SÓ LOOP ONS SPORE OP VASTELAND CAREL TRICHARDT (akteur in onder andere die televisiereeks Vyfster): “My voetspore strek tot by Louis Trichardt wat van die Kaap tot in Maputo getrek het. Ek is so vyf of ses geslagte ná hom. Aan die ander kant het ek vir Oom Paul Kruger. My ouma was een van sy kleinkinders.” ZAK DU PLESSIS (akteur in onder andere die televisiereeks Vetkoekpaleis): “Ek voel my voorgeslagte en ek self is al lank in Afrika. Ek gaan nie weg nie. Daar is so baie wat weggaan en emigreer, maar ek het besluit ek bly hier. Dit wat in hierdie land gebeur, is deel van my storie. My voetspore is in Afrika en ek is bereid om te sê: Ek bly hier!” MAGDA VAN BILJON (aktrise en aan-
nommer 1 van 2011
20
bieder van die kindertelevisiereeks Wielie Walie): “Ons voel so geëerd en dankbaar dat ons gekies is om aan die projek deel te neem. Ons liefde vir ons land, ons mense en ons taal en letterkunde is so diep in ons hart gegraveer dat ’n mens hoop dat die voetspoor wat jy ook hier laat iets vir die nageslag sal beteken.” GENERAAL CONSTAND VILJOEN (voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag): “My voetspore is verteenwoordigend van al die derduisende mense wat in die ou weermag opgetree het. Ek is baie trots op die spore wat die weermag in Afrika getrap het. Ek glo dat ons eintlik een van drie plekke in die wêreld was wat internasionale kommunisme gekeer het.” S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
SAOD-besluit vererger SA se vakmankrisis
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
w
erkloosheid is een van Suid-Afrika se grootste krisisse en tog is dit nie as gevolg van ’n tekort aan geleenthede nie. Suid-Afrika het reusetekorte in talle beroepsvelde, veral in tegniese rigtings soos sweisers, elektrisiëns, draaimonteurs en bouers – ook in alle ingenieursverwante rigtings, soos die motor- en vervaardigingsbedryf. Luidens ’n 2008-studie benodig SuidAfrika sowat 12 500 nuwe vakmanne per jaar. Maar kundige Suid-Afrikaanse vakmanne word bykans dadelik nadat hulle in Suid-Afrika kwalifiseer, na die buiteland gelok. Daarbenewens kruip die gemiddelde ouderdom van vakmanne al nader aan aftree-ouderdom en die aantal kundiges wat die volgende geslag vakmanne kan oplei, word by die dag minder. Onderwyskenners blameer die Suid-Afrikaanse Onderwysdepartement (SAOD) vir
Deur Moira-Marie Kloppers Suid-Afrika se kritieke tekort aan vakmanne en skryf dit toe aan ’n “oordeelsfout” tien jaar gelede toe tegniese wiskunde en wetenskap by hoër tegniese skole afgeskaf is. Volgens Johan Wagenaar, lid van ’n ministeriële taakspan van die SAOD, is die wiskunde en wetenskap wat tans in skole aangebied word, slegs toepaslik vir leerlinge wat akademiese rigtings wil volg, maar dit berei nie potensiële vakmanne voldoende vir vakleerlingskappe of tegniese studies voor nie. Belangegroepe onderhandel reeds meer as tien jaar om die vakke weer op skool in te stel. Intussen is Suid-Afrika besig om stadig maar seker kop op te tel ná ’n resessie wat grootskaalse werkverliese, ook onder vakmanne, tot gevolg gehad het. Die enigste hoop is dat tegniese vakke weer op skoolvlak ingestel word en dat daar meer moeite gedoen word om kundiges in Suid-Afrika te hou om mentors vir die volgende geslag vakmanne te wees. S
nuuswaardig
Maak jou punt in ons liriekskryfkompetisie
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
k
Deur Ilze Nieuwoudt
reatiewe hoërskoolleerlinge van regoor Suid-Afrika word genooi om aan ’n nuwe en opwindende skryfkompetisie deel te neem. Die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie is daarop gemik om aan jongmense die geleentheid te gee om hulself kreatief in Afrikaans uit te druk en hul punt te maak. Volgens dr. Dirk Hermann, redakteur van Solidariteit Tydskrif en een van die beoordelaars, is die tema van vanjaar se kompetisie “Basta! My voetspore is in Afrika”. “Suid-Afrika is ’n land vol geleenthede en moontlikhede en ons het ’n plek hier omdat ons voetspore reeds oor geslagte heen hier afgedruk is,” verduidelik Hermann. “Die jeug van Suid-Afrika moet uiteindelik ook met trots kan sê: ‘Suid-Afrika is ook my land’ en daar is geen beter manier om hierdie identiteit te vier as in Afrikaans nie.” Die twaalf beste lirieke sal deur die bekende liedjieskrywer Waldo Greeff (een van die wenners van die Huisgenoot/Temposkryfkompetisie) getoonset word. Dié snitte sal saam met die temalied van vanjaar se kompetisie, Basta, op ’n CD uitgereik word. Alle snitte sal deur Andries Hendrik Potgieter gesing word. ’n Aanloklike kontantprys van R5 000 is op die spel vir die algehele wenner. Die tema van vanjaar se kompetisie is “Basta! Ons voetspore is in Afrika” en is gegrond op die gelyknamige boek deur dr. Dirk Hermann. Die temalied van die kompetisie is uit hierdie boek saamgestel en is ’n nuttige bron om jou eie voetspore te help vind. Jy kan nou ook hierdie versamelstuk besit. Bestel die boek vandag nog deur vanjaar se Puntkompetisie vir slegs R80 en kry daarmee saam ’n nuttige stel wenke om ’n wenliedjie te skryf (saamgestel deur Waldo Greeff). Stuur jou versoek vir die bestelling na punt@solidariteit.co.za waarna ’n agent jou sal kontak en die betaling van die boek sal hanteer. Sluit jou volle kontakbesonderhede (insluitende ’n selfoonnommer) by die versoek in. • Bly op die hoogte van die jongste nuus oor die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie deur die webtuiste www.solidariteittydskrif.co.za te besoek. Nog nuus oor dié opwindende kompetisie sal in die volgende uitgawe van Solidariteit Tydskrif gepubliseer word. S
HOE WERK DIT?
PUNT liriekskryfkompetisie aangebied deur Solidariteit Tydskrif
• Stuur jou inskrywing(s) voor 13 Mei 2011 na punt@solidariteit.co.za. Stuur ook die volgende inligting saam met jou inskrywing: • Jou volle naam en van. • Jou kontakbesonderhede (selfoonnommer, huistelefoonnommer, eposadres en posadres). • Die naam en kontakbesonderhede van jou skool. • Die aantal inskrywings per deelnemer is onbeperk.
REËLS • Die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie is oop vir alle hoërskoolleerlinge in al die provinsies van Suid-Afrika. • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 13 Mei 2011 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. • Inskrywings is gratis. • Die beoordelaars se besluit is finaal. • Aanduidings van plagiaat in enige vorm sal tot die onmiddellike diskwalifikasie van die kandidaat lei. • Die tema van vanjaar se Punt-liriekskryfkompetisie is “Basta! My voetspore is in Afrika”. • Alle inskrywings moet in Afrikaans wees. • Lirieke wat ingeskryf word, word die eiendom van Solidariteit Tydskrif.
nommer 1 van 2011
22
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Ken jy dalk vir Andries Hendrik Potgieter?
FOTO: VERSKAF
o
ns het op skool van hom geleer: Andries Hendrik Potgieter. ’n Bekende leier van die Groot Trek. Sommige beskryf hom as die vader van die Groot Trek. Hulle beskryf hom as ’n groot man, oor die ses voet lank, sterk gebou met ’n indrukwekkende, maar vriendelike voorkoms. Ek loer so onderlangs na die moderne jong man wat oorkant my sit en kyk of ek trekke van die vader van die Groot Trek in hom kan sien. Sy naam is (ook) Andries Hendrik Potgieter. Hy is die laaste naamdraer en regstreekse afstammeling van dié Andries Hendrik Potgieter. Hy lyk nie soos ’n Voortrekkerleier nie, inteendeel. André Potgieter (30) het ’n ongelooflike passie vir die Here. Hy het in ’n Christelike huis grootgeword en hy noem homself ’n jeugambassadeur wat al verskeie projekte saam met Solidariteit en AfriForum aangepak het. En juis dít wat hy vandag is, maak dit moeilik om te glo dat hy tien jaar gelede ver-
Deur Moira-Marie Kloppers en Dirk Hermann
AH Potgieter
slaaf was aan verskillende dwelmmiddels. Ek is skoon uitgeput as ek na sy energievlakke kyk. Potgieter se eerste CD is in Maart op die rakke. Die titelsnit is Stand as One en is deel van die “Staan as een”-projek – ’n dina-
miese projek wat op jeugontwikkeling en die herstel van morele waardes gemik is. Potgieter en Waldo Greeff, Huisgenoot/Tempo se leserskeuse-liedjieskrywer, het ’n nuwe “volkslied” van die jeug, ’n gebed, geskryf. Dié lied is in Afrikaans, Engels en Zoeloe opgeneem en die Soweto Gospel Choir, Nedine Blom, die jong Namibiese sanger Tiro, en Potgieter self het saamgewerk om die album op te neem. Potgieter se voetspore is in Afrika en hy het dit weer ontdek. Nes sy grootjie, wil dié AH Potgieter ook ’n belangrike nalatenskap net hier in Suid-Afrika los. Daarom is hy die ideale persoon om ’n vennoot te wees van die Solidariteit Tydskryf Punt-liriekskryfkompetisie met die tema: “Basta, ons voetspore is in Afrika”. Die wenners se lirieke gaan op ’n CD uitgegee word en deur Potgieter opgeneem word. • Hou gerus Solidariteit Tydskrif dop vir meer oor dié opwindende kunstenaar en lees meer op bladsy 22 oor die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie.
nuuswaardig
Wetswysigings bedreig poste
FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM
d
Deur Ilze Nieuwoudt
rastiese aanpassings aan die land se arbeidswette kan moontlik verreikende gevolge vir SuidAfrikaanse werknemers inhou. Sou voorgestelde wysigings aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Wet op Gelyke Indiensneming en die Wet op Arbeidsverhoudinge asook die “Employment Services”-wetsontwerp geïmplementeer word, kan meer as een miljoen Suid-Afrikaners se poste in die gedrang kom. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se uitvoerende hoof, Johan Kruger, hou egter vol dat Solidariteit nie al dié aanpassings sonder teenstand sal laat goedkeur nie. Die regering se uiters optimistiese plan om binne die volgende paar jaar vyf miljoen nuwe werkgeleenthede te skep, sal nou ’n selfs meer onbereikbare droom wees. ’n Ondersoek wat in opdrag van die regering gedoen is om die moontlike uitwerking van die voorgestelde wetswysigings (Regulatory Impact Assessment, of RIA) te bepaal, toon duidelik dat honderde duisende werkgeleenthede verlore kan gaan as die wysigings geïmplementeer word. Een van die kwessies wat veral druk op werkgeleenthede sal plaas, is die beplande wetgewing wat die werksaamhede van arbeidsmakelaars sal reguleer. Kruger hou vol dat Solidariteit Johan Kruger wel ten gunste is van die regulering van arbeidsmakelaars, maar dat dié regulering op ’n uiters verantwoordelike manier gedoen moet word. “Hoewel die huidige voorstelle nie ’n direkte en totale verbod op arbeidsmakelaars plaas nie, verklaar dit in wese dat arbeidsmakelaars oorbodig is,” sê Kruger. “Die verantwoordelike regulering van die bedryf is noodsaaklik, maar die huidige voorstelle sal ’n veel groter negatiewe as positiewe uitwerking op werkskepping hê en kan die poste van ’n geskatte 850 000 werknemers wat tans in dié stelsel werk, in die gedrang bring. Dit is noodsaaklik dat ’n gesonde balans tussen die beskerming van werknemers en werksekerheid gevind word.” Buiten die kwessie van arbeidsmakelaars teiken die wet ook tydelike werkgeleenthede.
Luidens die RIA-verslag was daar in 2007 nagenoeg 2,13 miljoen werknemers in SuidAfrika as vastetermyn-, tydelike of seisoenale werknemers geklassifiseer. Die voorgestelde wysigings beoog om dié poste as permanent te laat klassifiseer tensy die werkgewer kan motiveer waarom dit tydelike poste moet wees (soos in die geval waar ’n tydelike werknemer instaan vir ’n permanente werknemer wat met kraamverlof is). Kenners meen dat ’n wysiging soos dié ’n demper op werkskepping sal plaas. Die toekoms van vastetermynkontrakte kan ook in die gedrang kom. ’n Memorandum oor dié voorgestelde wetswysiging benadruk dat die aanpassings nodig is omdat die gebruik van vastetermynkontrakte werknemers van ’n onbepaalde tydperk se werksekerheid ontneem. Voorstelle rakende die beperking van werknemers se reg om te staak, is volgens Kruger onbillik. “Solidariteit is ten gunste van verantwoordelike stakings, aangesien dit ’n noodsaaklike hulpbron vir werknemers is om druk mee uit te oefen,” meen Kruger. Die voorgestelde wetswysigings is ’n duidelike poging om nog meer druk op maatskappye te plaas om aan buitensporige gelykeindiensnemingsteikens te voldoen. Ingevolge die voorstelle sal maatskappye wat nie aan dié vereiste teikens voldoen nie, ’n boete van tussen twee en nege persent van hul jaarlikse omset moet opdok. Boetes wat dus voorheen tot ’n maksimum van R900 000 beperk was, kan nou onbeperk wees. Die SNI sal binnekort ’n volledige verslag oor die implikasies van die voorgestelde wysigings bekendstel. Die vakbond sal daarna ook sy bevindings aan die parlement voorlê. Solidariteit se verslag sal ’n kritiese beskouing oor die uitwerking van die wetsontwerpe gee en ook voorstelle vir wysigings bied. “Die regering se plan om vyf miljoen nuwe werkgeleenthede te skep, sal beslis nie deur hierdie wetswysigings bewerkstellig kan word nie. Trouens, werkgeleenthede sal as ’n regstreekse gevolg van dié beoogde wysigings afneem en geen verantwoordelike vakbond kan dit goedkeur nie,” het Kruger gesê. S
nommer 1 van 2011
24
SA has grown by only 0,7% in two years By Moira-Marie Kloppers The South African economy could only manage to grow by a mere 0,7% over the past two years. This is light years away from government’s target of 7% annual growth and shows that growth has not nearly reached the level necessary to significantly affect unemployment. Therefore, job creation will continue at a snail’s pace. The GDP for the third quarter of 2010 was 2,6%. This follows a GDP figure of 2,8% (adjusted from 3,2%) in the second quarter and 4,6% in the first quarter of 2010. Solidarity emphasized that although the mining sector has made the single biggest contribution to the GDP (namely 1,5 percentage points), the sector has not been able to regain its glorious levels of 2006 and 2007. In addition, the sector also could not succeed in recovering to the levels recorded in the first quarter. “It is definitely positive if one considers the improved growth recorded in the mining industry in the past quarter. However, it is still clear that the mining sector is experiencing pressure. This is also reflected in the constant retrenchments in the sector, as is the case at Exxaro,” explained Solidarity spokesperson Ilze Nieuwoudt. There is still concern about the increasing slow growth recorded in the construction sector. “This industry has now reached woefully low levels and could probably even experience negative growth in the coming quarter if the current trend continues,” Nieuwoudt said. “Government must now fulfil its promises of new construction projects and ensure that the projects are tackled urgently in order to stimulate growth in the sector, while at the same time providing better infrastructure to businesses.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Solidariteit: Diens sonder weerga is ons doel!
s
Deur Moira-Marie Kloppers
olidariteit het onlangs sy jongste diensevaluering ondergaan en die resultate het weer bevestig dat Solidariteit op die regte pad is wat diens aan sy lede betref. Volgens Henk Schalekamp, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is die doel van dié gereelde diensevaluering om by Solidariteit-lede self te hoor wat hulle ervarings, voorstelle en klagtes is, sodat die vakbond voortdurend kan verbeter. “’n Diensevaluering is waardevol omdat ons presies bepaal wat ons lede na aan die hart lê. Ons doel vir 2011 is om op die gebied van dienslewering van ‘goed’ na ‘uitstekend’ te vorder. Ons lede het ’n behoefte aan betroubare diens, hulle verdien spoedige terugvoer, en wil hê dat ons hulle probleme en behoeftes moet verstaan. Dit is juis op dié dinge wat ons vanjaar gaan fokus,” sê Schalekamp. SOLIDARITEIT-LEDE SÊ HUL SÊ OOR: • Die aansluitingsproses: Lede se tevredenheid met die vyf verskillende aansluitingspunte by Solidariteit, naamlik per faks, SMS, internet, telefoon en eenminuutaansluitings, is tussen 83,4% en 89% gemeet. • Solidariteit se voordele: Lede wat tussen Januarie en April 2010 van
tevredenheid was tussen 73,5% en 79,6%. • Solidariteit Regsdienste: Lede wat deur Solidariteit se Arbeidshof litigasie-afdeling, Algemene litigasie-afdeling en die Beserings aan diens- en Beroepsgesondheid- en -veiligheidsafdeling bygestaan is, se tevredenheid ten opsigte van dienslewering was 76,9%. • Solidariteit se verteenwoordigers: Lede in die werkplekke waar Solidariteit verteenwoordig word, se tevredenheid met die hulp en ondersteuning wat hulle van vakbondorganiseerders gekry en die opleiding wat hulle ontvang het, is tussen 77,2% en 81,4% gemeet.
Henk Schalekamp
Solidariteit se voordele ten opsigte van sterfte-, bevallings-, siekte-, ongeluks- en permanente ongeskiktheidseise gebruik gemaak het, se tevredenheid is tussen 86,7% en 91% gemeet. • Die Solidariteit-dienssentrum: Lede wat die Solidariteit-dienssentrum gekontak het met algemene navrae en vir sivielregtelike of arbeidsregtelike advies, se
• Die vakbond se rol in die werkplek ten opsigte van die bedrywe: Nagenoeg 78,4% van alle lede voel dat Solidariteit wel ’n verskil in hulle werkplek maak, terwyl 78,7% voel dat Solidariteit aan hulle behoeftes en verwagtings voldoen. Daarbenewens voel 89,2% van alle lede dat Solidariteit beter is as ander vakbonde. Solidariteitlede het ’n algemene tevredenheidsindeks van 79,8% ten opsigte van dienslewering. S
Is creating more job opportunities just a pipe dream?
PHOTOGRAPH: REINT DYKEMA
By Ilze Nieuwoudt While the South African government has set a target to create five million job opportunities over the next ten years, statistics released by Statistics South Africa in December 2010 paint a bleak picture for job creation in the formal sector and leaves one with the somewhat cynical but much more realistic question: Is creating more jobs just a pipe dream? Although there was an increase of 17 000 job opportunities during the period from July to September last year, job creation still has a long, long way to go before it can wipe out the serious damage caused by the recession. Currently, South Africa still has more than 341 000 fewer job opportunities in the formal sector than was the case in September 2008.
Various sectors have however seen an improvement with regard to job creation. The number of job opportunities in the mining sector, for example, has increased by 1,2%. Nearly 503 000 workers are currently working in this sector, while more than 532 000 were employed in the mining industry only two years ago. It is however not only the mining sector that is still struggling to pick up the job creation pace after the recession. The manufacturing industry has lost nearly 41 000 jobs in the past year and in the third quarter of 2010 nearly 7 000 jobs were cut in this sector alone. This sector currently provides work to more than 1,1 million people, 137 000 fewer than in September 2008.
nommer 1 van 2011
26
IT’S A FACT
• South Africa currently has more than 341 000 fewer job opportunities in the formal sector than in September 2008. • The number of jobs decreased by roughly 14 000 per month over the past two years. • The formal sector in South Africa employs nearly 8,149 million people. Two years ago, the sector employed almost 8,49 million people. • At the rate that jobs are being created in the formal sector it could take nearly 70 years to undo the damage done by the recession.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
advertorial
w
Affordable healthcare, peace of mind
PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM
e all have different needs when it comes to healthcare. You may seldom visit a GP, but when you have to go to hospital unexpectedly, you want peace of mind that you have medical cover to pay for in-hospital treatment. That’s why BESTmed offers a range of choices to suit your healthcare needs. Our range of ten options has been designed to give you flexibility and choice over the level of medical benefits you choose to meet your healthcare needs – and at a price you can afford. WHO IS BESTMED? BESTmed is a registered medical scheme, administered by Sanlam Healthcare Management (SHM). SHM is a wholly-owned subsidiary of Sanlam, one of South Africa’s leading financial services groups. BESTmed has been providing superior healthcare cover to thousands of South Africans for the past 46 years and is a nonprofit medical scheme. Like Sanlam, BEST-
med continually strives to offer the best with value-for-money products supported by superior client service to ensure that your dealings with BESTmed are efficient and to your satisfaction.
hospital benefits, but with more savings options to cover extensive out-of-hospital expenses. The options in this category are BonusPlus, Best Gold, Millennium Comprehensive, Topcare and Best Platinum.
OPTIONS TO SUIT YOUR UNIQUE NEEDS Are you young, single and looking for the peace of mind that a comprehensive hospital plan brings, or do you want comprehensive medical cover for the whole family? BESTmed’s range of ten options has been carefully structured and can be classified into three broad categories – to give you the choice you are looking for – at a price you can afford.
Product Line 3 is our restricted provider network, offering a comprehensive hospital benefits with out-of-hospital benefits provided by network providers only. The options in this category are Best Gold Select and BluePrint.
Product Line 1 is a new-generation Beat range which offers comprehensive hospital benefits with limited savings to pay for outof-hospital expenses. The options in this category are Beat1♥, Beat2♥ and Beat3♥. Product Line 2, which includes traditional and hybrid options, offers comprehensive
LOOKING AFTER CORPORATE MEMBERS Corporate members are one of the cornerstones of BESTmed’s business and their satisfaction with BESTmed’s services and products is paramount. BESTmed delivers on its promise of excellence via the Best@Work Programme, Client Service Programme and Administration and Actuarial Services. Dedicated staff are also allocated to corporate members and their staff to ensure that their healthcare needs are continually met.
BESTMED QUICK FACTS • BESTmed has a reserve ratio of 33% (above the legal requirement of 25%). This means that we are a strong scheme and our risk management is expertly and responsibly managed. • BESTmed is among the top ten open medical schemes with a principal membership of more than 65 000 members, providing medical cover to more than 141 000 lives.
For more information about BESTmed, contact our Call Centre on 086 000 2378 or visit our website: www.bestmed.co.za. Let BESTmed look after the health of you and your family!
number 1 of 2011
27
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
bedryfsnuus
Nuwe vise-president droom groot Percy Button, die nuutverkose vise-president van Solidariteit, droom groot. Tog het hierdie vakbondman ’n klein hart propvol omgee vir ander. ILZE NIEUWOUDT het met hom gesels.
d
Deur Inge Verwey
rome, passie en ’n hart vir ander. Dit is wie Percy Button is. Button, ’n boorling van Boksburg aan die Oos-Rand, werk reeds die afgelope 23 jaar by Denel se Turbo Mekka in Atlasville, Kempton Park. Hierdie getroue Solidariteit-man het in 1994 by die vakbond aangesluit en sedertdien met groot ywer en passie gehelp bou en werk aan die vakbond en die Solidariteit Beweging in die geheel. Hy is vier jaar gelede tot die Hoofraad verkies en in November verlede jaar tydens die jaarlikse verkiesing tot vise-president verkies. ’n Getroue vakbondman is Button beslis, maar tog is sy liefde nie net toegespits op harde vakbondsake nie. Dit is juis daarom dat Button ook met passie in die Solidariteit Helpende Hand-direksie dien. Button droom ook dat nog meer behoeftiges deur Solidariteit Helpende Hand bygestaan kan word. Hy hou vol dat die huidige situasie rakende armoede baie ernstig is en dat dit veral kinders is wat die swaarste hieronder ly. Volgens Steve Scott, Solidariteit-president wat intussen ook weer tot dié posisie verkies is, is Button ’n dinamiese en hardwerkende
Percy Button
persoon wat lede altyd voorop stel. Button droom intussen ook groot vir Solidariteit en hoop dat daar vanjaar selfs meer werknemers onder die beskerming van Solidariteit gebring kan word. As Button nie ywerig met vakbondsake besig is nie, is hy ook ’n buitelugman, gesinsman en motorsportman. Hy is reeds meer as 25 jaar gelukkig getroud en het ’n 24-jarige seun en 20-jarige dogter. S
Hedberg’s resignation disaster for Telkom By Moira-Marie Kloppers
FOTO: REINT DYKEMA
Regering besluit uiteindelik oor digitale migrasie
Solidarity described the decision by Jeffrey Hedberg not to renew his contract as Telkom’s chief executive officer in March of this year as a calamity for Telkom. Hedberg is considered to be an expert in the field of turnaround strategies. After receiving this news in January, the union warned that Telkom cannot afford more political appointments at this stage and that it should appoint specialists to revitalise the ailing communication company. “Telkom’s drastic decline over the past five years is undoubtedly attributable to the fact that three of the four Telkom chief executives during the period have been political appointments,” explained Marius Croucamp, Solidarity spokesperson. It is also widely speculated that government, Telkom’s majority shareholder, would prefer a black CEO.
“During his short tenure as CEO, Hedberg clearly stated his belief that a turnaround strategy for Telkom should be based on meaningful business considerations and not on politicking. That included, among others, the recruitment and retention of skills within Telkom, which could have lead to appointments at variance with Telkom’s transformation policy,” Croucamp said. “Telkom employees have not enjoyed a stable working environment during the past five years. There have been too many new managers who came and went, each one eager to leave his or her particular stamp.” Hedberg had been the CEO of Cell C from 2006 to 2009 when he took over at Multi-Links, Telkom’s struggling subsidiary. He was appointed acting chief executive officer of Telkom shortly afterwards.
nommer 1 van 2011
28
Ná meer as twee jaar se ondersoeke en weke se spekulasie, het die regering uiteindelik aangekondig dat Suid-Afrika die Europese digitale televisie-standaard (DVB-T2) sal aanneem en teen 2012 die digitale migrasieproses sal voltooi. Dit volg nadat die Internasionale Telekommunikasie-unie beslis het alle lande moet reeds in 2015 die digitale migrasieproses voltooi. Digitale migrasie verwys na die oorskakeling van analoog- na digitale televisie. Hierdie oorskakeling is voordelig aangesien die golwe waarop digitale seine gestuur word, baie minder bandwydte gebruik as analoogseine. Digitale seine bied dus die geleentheid vir ’n groter aantal programme op dieselfde hoeveelheid spasie. Suid-Afrika sou oorspronklik van die Europese standaard (DVB-T2) gebruik gemaak het, maar die regering het toe besluit om ook die moontlikheid van die Japannese standaard (ISDB-T) te oorweeg. Talle plaaslike maatskappye het egter reeds in daardie stadium begin om dekodeerders volgens die Europese standaard te ontwikkel. Die besluit om die Japannese standaard te oorweeg, het dus dié maatskappye se beplanning omver gegooi en hulle groot finansiële verliese besorg. ’n Nuwe struikelblok het kop uitgesteek toe Keith Thabo, voorsitter van die Nasionale Vereniging van Vervaardigers in Elektroniese Komponente (Namec), in Januarie vanjaar aangekondig het die Europese standaard (DVB-T2) is nie geskik is vir Suid-Afrikaanse toestande nie, aangesien dit nie in die land se “ontwikkelende behoeftes” kan voorsien nie. Daar was teen druktyd nog geen aanduiding van wat die dekodeerders vir die DVB-T2-standaard sal kos nie. Die minister van kommunikasie, Radhakrishna “Roy” Padayachie, het wel genoem dat die voordele wat dié standaard inhou, swaarder weeg as die koste daarvan.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
bedryfsnuus
‘Redes vir Unisa-afleggings nie hier geldig’
u
nisa se redes vir die beplande aflegging van 102 werknemers van dié universiteit se oproepsentrum is waarskynlik nie geldig vir ’n Artikel 189-afleggingsproses nie. Dís Solidariteit se bevinding nadat die vakbond in Desember verneem het dat die universiteit beplan om 102 werknemers van sy oproepsentrum teen Maart aanstaande jaar af te lê. Die universiteit wil nou eerder ’n eksterne firma kontrakteer om die oproepsentrumfunksie te verrig omdat hy nie verder geld wil uitgee om dié sukkelende afdeling se prestasie te verbeter nie. Volgens Solidariteit-woordvoerder Marius Croucamp is dit uit die universiteit se afleggingskennisgewing duidelik dat die ware rede vir die beplande afleggings nie operasioneel of finansieel is nie, maar eerder voortslepende personeelprobleme en swak werkprestasie van die afdeling.
Deur Moira-Marie Kloppers “Wanneer ’n formele Artikel 189-afleggingsproses gevolg word, beteken dit dat die maatskappy as gevolg van operasionele of finansiële redes nie meer kan bekostig om sekere werknemers te behou nie en daar is dus geen skuld vir die afleggings aan die werknemers se kant nie,” verduidelik Croucamp. “In dié geval wil dit egter voorkom asof die universiteit die skuld vir die afleggings op die werknemers se beweerde swak prestasie pak, wat strydig is met die toelaatbare redes vir ’n Artikel 189-afleggingsproses,” voeg Croucamp by. “Dit wil voorkom asof Unisa moontlik die maklike en vinniger uitweg vir hulle personeelprobleme met dié afleggingsproses wil volg, aangesien dit heelwat langer sal neem om elke individuele werknemer se werkprestasie te ondersoek,” meen hy. “Dit is belangrik dat Unisa en die vakbonde dringend oor dié saak moet besin
sodat billike prosedures in dié proses gevolg kan word en individue wat wel goed presteer, van die proses uitgesluit word. “Indien die universiteit wel met die proses voortgaan, staar hulle tientalle sake van onbillike ontslag in die gesig,” meen Croucamp. Benewens die redes vir die afleggings, bevraagteken die vakbond ook die seleksiekriteria, afleggingspakkette en tydsberekening van die afleggings. “Die universiteit het reeds besluit watter werknemers moontlik deur die afleggings geraak gaan word, asook watter skeidingspakkette aan hulle betaal gaan word, en het aangedui dat die proses teen Maart aanstaande jaar afgehandel moet wees,” sê Croucamp. “Hierdie aspekte moet egter tydens die konsultasieproses bespreek word,” voeg hy by. S
bedryfsnuus
Metaal- en ingenieursafdeling groei fluks Die grootste bedryf in Solidariteit, die metaal- en ingenieursbedryf onder leiding van bedryfshoof Deon Reyneke, mik vanjaar na nog hoër hoogtes. ’n Paar kenners het hulle onlangs by die geledere van die span gesoute organiseerders gevoeg. ILZE NIEUWOUDT het met hulle gesels.
Johan Botha
FOTO’S: REINT DYKEMA
JOHAN BOTHA Wanneer het jy by Solidariteit begin? Oktober 2009. By watter Solidariteit-kantoor is jy werksaam? Newcastle en Pretoria. By watter maatskappye verteenwoordig jy veral lede? SA Munt en CMI.
Willie Venter
Jo-Ann Coetzer
Wynand Strydom
Francois Calldo
By watter maatskappye verteenwoordig jy veral lede? Nuwe bande-maatskappye, verskeie ingenieursmaatskappye en maatskappye in die motorbedryf.
WILLIE VENTER Wanneer het jy by Solidariteit begin? Julie 2009. Waar het jy voorheen gewerk? Ek was ’n ingenieur by Highveld Steel in Witbank. By watter Solidariteit-kantoor is jy werksaam? Pretoria. By watter maatskappye verteenwoordig jy veral lede? Afrit, Nissan SA en Firestone.
JO-ANN COETZER Wanneer het jy by Solidariteit begin? Julie 2010. Waar het jy voorheen gewerk? By Mipco (Bedingingsraad vir die Motorbedryf) as ’n kliëntediensverteenwoordiger. By watter Solidariteit-kantoor is jy werksaam? Witbank. By watter maatskappye verteenwoordig jy veral lede? Ek verteenwoordig lede by verskeie maatskappye in die Secunda-, Evander- en Bethal-omgewing.
WYNAND STRYDOM Wanneer het jy by Solidariteit begin? April 2010. Waar het jy voorheen gewerk? Ek was vir 20 jaar ’n voltydse verteenwoordiger by Telkom. By watter Solidariteit-kantoor is jy werksaam? Despatch.
FRANCOIS CALLDO Wanneer het jy by Solidariteit begin? Januarie 2011, as organiseerder in die metaal- en ingenieursbedryf. Waar het jy voorheen gewerk? Ek was vanaf Mei 2006 by die Solidariteit Navorsingsinstituut werksaam.
nommer 1 van 2011
30
Deon Reyneke
By watter Solidariteit-kantoor is jy werksaam? Vanderbijlpark. By watter maatskappye verteenwoordig jy veral lede? Ek sal veral verantwoordelik wees vir lede in die Vaaldriehoek-streek asook ander streke wat uitbreidingsmoontlikhede vir die bedryf het. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
bedryfsnuus
Só wil bedryf in 2011 bul by horings pak
FOTO: REINT DYKEMA
h
y is vanjaar reeds 18 jaar lank ’n werknemer van Solidariteit en is saam met Gideon du Plessis, Bennie Blignaut, Marius Croucamp en Deon Reyneke een van die “Groot Vyf” wat aan die hoof van Solidariteit se bedrywe staan. André van der Merwe is reeds sedert 1986 ’n vakbondman, eers by die MWU as voltydse verteenwoordiger by Yskor en toe by Solidariteit. Hoewel hy aanvanklik in Vanderbijlpark as organiseerder in die metaal- en ingenieursbedryf begin het, is hy reeds langer as tien jaar bedryfshoof van ’n dinamiese span van 14 organiseerders in die mynbou-, landbou-, mediese, en sementbedryf wat meer as 19 000 lede bedien. Volgens Van der Merwe is die regte mense op die regte plek, opleiding en sigbaarheid die geheime bestanddele wat nodig is om van so ’n groot bedryf ’n sukses maak. “Elkeen van die 14 organiseerders in my bedryf bedien meer as 1 350 lede. Daar-
Deur Moira-Marie Kloppers
André van der Merwe
om maak ons seker dat ons altyd top, gekwalifiseerde organiseerders aanstel sodat ons diensvlakke aan die hoogste standaarde sal voldoen. Van der Merwe en sy span verkies om die hoogtepunte van 2010 te onthou, hoewel
daar ook vele uitdagende loononderhandelings en afleggings was. “Die dag van protes teen misdaad was vir ons almal ’n groot hoogtepunt. Al die bedrywe in al die distrikte het soos een man opgestaan om te sê: ‘Genoeg is genoeg!’,” verduidelik Van der Merwe. “Daar is nie een familie in ons land wat nog nie op die een of ander manier deur misdaad geraak is nie. Dít snoer ons almal saam. Almal kon danksy Solidariteit hande vat en uit een mond praat.” Wat 2011 betref, is Van der Merwe veral opgewonde oor die opening van twee nuwe Solidariteit-dienskantore in onderskeidelik Lydenburg en Bloemfontein. “Dit is ’n projek waarop ons almal baie trots is en dit gaan uitstekend werk,” sê hy. Intussen skop loononderhandelings in sy bedryf eersdaags af. “Die grootste onderhandelings vir die jaar sal sekerlik dié by die Kamer van Mynwese wees. Daarbenewens wil ons ook graag ’n nuwe bedingingsraad hier op die been bring,” voeg hy by. S
bedryfsnuus
ELK-bedryf pak 2011 met mening
FOTO: REINT DYKEMA
d
Deur Ilze Nieuwoudt
ie elektriese, lugvaart- en Krygkor-bedryf (ELK) werk met ’n plan – dit is duidelik. Bennie Blignaut se ervaring as bedryfshoof strek reeds oor ’n tydperk van meer as 15 jaar en dis duidelik as jy na dié man se plan vir die nuwe jaar luister. Dié bedryf, wat voorheen net as die elektriese bedryf bekendgestaan het en lede by veral Eskom en Rotek gehad het, het in die tweede helfte van 2010 ’n gedaanteverwisseling ondergaan en sluit nou die lugvaartbedryf asook werknemers by Krygkor in. Volgens Blignaut staar die bedryf hierdie jaar talle opwindende uitdagings in die gesig. “By Eskom beplan ons om in 2011 ons kollektiewe bedingingsmag uit te brei, beter diensvoorwaardes vir lede te onderhandel, veral ten opsigte van die behuisingsvoordeel, en die bedinging ten opsigte van skaars vaardighede op te skerp,” verduidelik hy. Daarbenewens sal Solidariteit ook vanjaar toesien dat beroepsgesondheid- en -veiligheidsmaatreëls in die maatskappy opgeskerp word. Om dié probleem aan te pak, word die aanstelling van veiligheidsverteenwoordigers in Eskom tans ondersoek, ’n projek wat reeds in beginsel met die maatskappy ooreengekom is. “Die Solidariteit-lede-oudit wat gedoen is, het onder meer bevind dat daar meer op kommunikasie met lede en verteenwoordigers in die bedryf gefokus moet word,” sê Blignaut. “Dit is dus ’n baie belangrike uitdaging wat vanjaar aangepak moet word. “Eskom is en bly steeds die hartklop van Suid-Afrika se ekonomie en ons hoop om in 2011 toe te sien dat werknemers hier meer erkenning kry vir die kritieke bydrae wat hulle tot die welslae van Suid-Afrika maak. Die ontwikkeling van die Medupi- en Kusile-kragstasies asook die ontwikkeling van ’n kernkragsentrale sal in die jare wat voorlê selfs meer fokus plaas op die behoefte aan Solidariteit-lede se skaars vaardighede,” beklemtoon Blignaut. Vanjaar sal ook ’n jaar van belangrike pensioenfondskeuses vir Eskom-werknemers wees, verduidelik Blignaut. Werknemers moet vanjaar tussen ’n vastevoordeel- of ’n vastebydraefonds kies. Dié keuse sal egter nie net blindelings geneem hoef te word nie en Blignaut hou vol dat Solidariteit sy lede met elke stap in die proses sal bystaan. Inligtingsessies sal
Lugvaartbedryf kort vaardiges om met groei tred te hou Deur Ilze Nieuwoudt
Bennie Blignaut
binnekort landwyd gehou word, waartydens lede breedvoerig oor die opsies ingelig sal word. “Finansiële konsultante sal ook dié landwye toer meemaak om lede te help om ’n ingeligte besluit te neem,” sê Blignaut. In Oktober/November is dit weer tyd om die Eskom-bedryfsraad te kies. Blignaut hou vol dat daar vanjaar veral op opleiding gefokus sal word om sodoende toe te sien dat die beste kandidate tot die raad verkies kan word. Krygkor, ’n maatskappy wat voorheen onder die algemene bedryf in Solidariteit geval het, het in die tweede helfte van 2010 by die ELK-bedryf ingeskakel. Hoewel dié sektor van die bedryf nog nie sy eie bedryfsraad het nie, is daar besluit om vanjaar met die stigting van die Krygkor-forum voort te gaan. Dié forum word deur die Solidariteit-hoofraad erken en sal kwartaalliks byeenkom om kwessies uniek aan dié instelling te bespreek en te pak. Soos Krygkor het maatskappye in die lugvaartbedryf ook voorheen onder die algemene bedryf geval, maar intussen deel van die ELK geword. Loononderhandelings hier is reeds feitlik afgehandel en volgens Blignaut sal daar nou met ywer gewerk word om te verseker dat hierdie mededingende ooreenkoms uiteindelik na behore geïmplementeer word. S
nommer 1 van 2011
32
’n Ernstige tekort aan persone met gespesialiseerde vaardighede in die lugvaartbedryf kan die ongekende groei wat in die volgende paar jaar in die bedryf verwag word, lamlê. So meen Bennie Blignaut, Solidariteitbedryfshoof van die elektriese, lugvaart- en Krygkor-bedryf (ELK). Van die nagenoeg 3,1 miljoen besoekers wat die land verlede jaar tydens die Sokkerwêreldbeker binnegestroom het, het die meerderheid van lugvervoer gebruik gemaak. Op Sondag, 11 Julie verlede jaar het daar bykans elke twee minute ’n vliegtuig by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe geland. Op 11 en 12 Julie is sowat 1 400 landings met nagenoeg 160 000 passasiers hanteer, terwyl daar vir die duur van die toernooi (vanaf 1 tot 12 Julie) 58 045 landings by SuidAfrika se drie grootste internasionale lughawens – O.R. Tambo, Kaapstad en King Shaka in Durban – hanteer is. Lugverkeer het gedurende die toernooi bykans verdubbel. Die omvang van dié groot volumes lugverkeer het uiters harde werk van werknemers by onder meer ATNS (Air Traffic Navigation Systems) geverg. Die minister van vervoer, S’bu Ndebele, het in September verlede jaar dié maatskappy, wat die enigste verskaffer van lugvaartbeheer in Suid-Afrika is, uitgesonder en vir sy kritieke bydrae tydens die toernooi bedank. Suid-Afrika het gedurende die toernooi die boodskap duidelik aan die res van die wêreld oorgedra dat die land oor die vermoë beskik om as een van die wêreldleiers in lugvervoer gereken te kan word. Volgens Boeing sal die bedryf egter in die volgende 20 jaar meer as een miljoen vlieëniers en tegnici benodig. Hiervan sal sowat 180 000 vlieëniers en 220 000 tegnici in Asië alleen benodig word, terwyl die groei vir ’n verdere sowat 97 000 vlieëniers en 137 000 tegnici in Noord-Amerika en nagenoeg 95 000 vlieëniers en 122 000 tegnici in Europa werkgeleenthede sal kan bied.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
broodnodige KONTANT met die afsterwe van ’n GELIEFDE X
BEGRAFNISDEKKING
PREMIES & DEKKING*
UNIEKE KENMERKE
• Keuse tussen twee vlakke van dekking – R9 000 of R18 000 vir hooflid teen onderskeidelik R13,83 en R27,65. • ’n Gesin van 6 geniet dekking (hooflid, gade en vier kinders) teen slegs R32,59 per maand. • Voorsiening word gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers. • Maklike aansoekproses met geen mediese of bloedtoetse. • Vinnige uitbetaling. • Skema slegs vir Solidariteit-lede. • Maksimum intree-ouderdom vir volwasse afhanklikes is 70 jaar. Polis staak wanneer hooflid die ouderdom van 65 jaar bereik.
DEKKING
Hooflid
R9 000
Familie
(Hooflid, gade en maksimum 4 kinders)
R13,83
R32,59
DEKKING R18 000
Hooflid
R9 000
R18 000
Kinders 14-21
R7 472
R14 944
Kinders 1-5
R4 202
Gade
R7 472
Kinders 6-13
Kinders 1 en ongebore babas
Volwasse afhanklikes onder 65
R2 911 R5 000
R5 000
PREMIE R27,65
R65,18
R14 944
R4 202
Volwasse afhanklikes 65 en ouer
Laat ons jou geldlas ligter maak!
PREMIE
R8 404 R8 404
R20,74
R30,81
R5 822
R5 000
R5 000
R20,74
R30,81
* Bepalings en voorwaardes geld
Onderskryf deur Centriq Life Insurance Company Ltd Registrasienommer: 1943/016409/06 FSP-nommer: 7370
0861 867 335 Skakel ons vandag nog by:
’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
bedryfsnuus
Dr. Suretha Griesel
Hennie Kommer
Francois Slabber
Dié drie organiseerders wil wiele glad laat rol Die mynbou-, landbou-, sement- en mediese bedryf se leuse van groei, opleiding en sigbaarheid het reeds deurgesyfer na elke organiseerder. MOIRA-MARIE KLOPPERS het met drie nuwe Solidariteitorganiseerders in dié bedryf gesels. HENNIE KOMMER Wanneer het jy by Solidariteit begin? Oktober 2010. By watter Solidariteit-kantoor is jy werksaam? Welkom. By watter maatskappye verteenwoordig jy veral lede? Harmony en Goldfields. Wat is jou doelwit vir 2011? Om Solidariteit hier in die Vrystaat en veral in Welkom onder werknemers te vestig deur uitstekende dienslewering en gefokusde werwingsaksies. DR. SURETHA GRIESEL Wanneer het jy by Solidariteit begin? Desember 2010.
By watter Solidariteit-kantoor is jy werksaam? Hoofkantoor, Centurion. By watter maatskappye verteenwoordig jy veral lede? NetCare-hospitale, Medicrosstakke, Pretoria-Oos hospitaal, Moot-hospitaal, Jakaranda-hospitaal, Wilgers-hospitaal, die Pretoria Ooginstituut, N17-hospitaal, Vistakliniek, Thabazimbi-hospitaal. Wat is jou doelwit vir 2011? Om die getal lede in die mediese bedryf teen die einde van vanjaar te verdubbel. Wat is jou grootste uitdaging vir 2011? Tydsbestuur. Ek is tans besig met my MBA en dit gaan ’n uitdaging wees om tyd vir studies in te ruim terwyl ek voltyds met werwing,
sake en loononderhandelings besig is. FRANCOIS SLABBER Wanneer het jy by Solidariteit begin? Desember 2010. By watter kantoor is jy werksaam? Kathu. By watter maatskappye verteenwoordig jy veral lede? Kumba Iron Ore, Assmang en ’n paar landboumaatskappye. Wat is jou doelwit vir 2011? Ek wil my graag verder bekwaam in arbeidsverhoudinge en my ook op werwing toespits. Wat is jou grootste uitdaging vir 2011? Om ons ledebasis as minderheidsvakbond uit te brei. S
Afleggings in konstruksiebedryf kan vanjaar voortduur
FOTO’S: REINT DYKEMA
Deur Moira-Marie Kloppers Werkverliese in die konstruksiebedryf sal waarskynlik in 2011 voortduur indien die regering nie daad by die woord voeg en sy beloftes gestand doen om veral op munisipale vlak nuwe infrastruktuurkonstruksieprojekte aan te pak nie. Die kwartaallikse indeks oor vertroue in die konstruksiesektor vir die vierde kwartaal van verlede jaar is nog geensins ’n aanduiding dat die krisis in dié sektor verby is nie. Benewens die jongste bruto binnelandse produksyfers (BBP) wat baie lae groei in dié sektor getoon het, het indiens-
neming in die formele konstruksiesektor sedert die vierde kwartaal van verlede jaar met 73 000 poste afgeneem. Daarbenewens het die voltooide bouwerk in vierkante meter volgens Statistiek Suid-Afrika van Januarie tot September verlede jaar met bykans 29% afgeneem teenoor dieselfde tydperk in 2009. “Die huidige krisis in die konstruksiesektor hou egter ook ernstige gevolge vir verwante bedrywe in,” verduidelik Ilze Nieuwoudt, woordvoerder van Solidariteit. “Sementverkope vir Augustus tot Oktober verlede jaar was 7,4% laer as
nommer 1 van 2011
34
dieselfde tydperk in 2009. “Indien die regering skouer aan die wiel sit en die nuwe infrastruktuurkonstruksieprojekte aan die gang kan kry, is die werkskeppingsmoontlikhede in dié sektor legio,” meen Nieuwoudt. “Die ware toets vir die regering vir vanjaar is om die probleme wat vordering in dié sektor die afgelope tyd kniehalter, soos wanadministrasie, twyfelagtige tenderprosesse en laat betalings, uit die weg te ruim sodat daar daadwerklik op infrastruktuurontwikkeling en werkskepping gefokus kan word,” voeg sy by.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
SAPMEDS-HOSPITAALVERSEKERING
bekostigbare toegang tot PRIVAAT HOSPITALE WAT KRY JY? • • • • • • •
Toegang tot privaat hospitale. Dek jou spesialis, hospitaal- en ander mediese uitgawes met vasgestelde voordeel. Eise vinnig én van dag 1 af betaal, sodra die toepaslike dokumente ontvang is. Opsionele dekking is beskikbaar vir gevreesde siektes. Dekking vir afhanklike kinders wat by tersiêre instellings studeer. Goeie onderskrywingsbeginsels om jou teen skerp premiestygings te beskerm. Verstaanbare polisdokumente.
Die Solidariteit-Sapmeds-hospitaalversekering is ’n korttermyn-ongeluk-en-gesondheidspolis wat vasgestelde voordele betaal.Dit is spesifiek ontwerp om ’n bekostigbare oplossing te bied aan Suid-Afrikaners wat op soek is na moeitevrye siekte- en ongelukdekking. Lang toue om mediese sorg te bekom, is iets van die verlede met die toegang tot privaat hospitale wat gebied word. Die premies en limiete is soos volg: PLAN
INDIVIDU
5
R480.00
4
OOK INGESLUIT:
• • • • •
PRODUKOORSIG*
SASRIA-gevalle (beserings tydens optogte, kapings, stakings). Internasionale reisversekering (maksimum 90 dae). Ongelukdekking (dood). ER24-ambulansbystand (pad of lug). Skakel die 24-uur noodnommer vir: * Toelatingsnommer vir hospitaalopname. * Mediese inligting of raad. * Mediese bystand in krisissituasies.
6
7
R420.00
R520.00 R570.00
FAMILIE#
VOORVAL-LIMIET
JAARLIMIET
R 810.00
R 60 000
R450 000
R 700.00
R 970.00 R1 100.00
R 30 000
R150 000
R200 000
R350 000
R650 000
R1 000 000
BELANGRIK OM TE WEET • • • • • • •
AKSENT MEDIA • 11/2010
Spesiale bepalings is namens Solidariteit se lede met Resolution Underwriters onderhandel. ’n Wagtydperk van 3 maande geld en voorafbestaande kondisies word uitgesluit vir 12 maande of langer. Indien ’n lid reeds aan ’n mediese skema behoort en na Sapmeds skuif, sal daar nie ’n wagtydperk van 3 maande wees nie. Die maksimum intree-ouderdom is 55 jaar. Die bybetaling vir hospitalisering is R1 000.00 tot en met 55 jaar. Hierdie advertensie is slegs vir bemarkingsdoeleindes. Enige eise is aan die polisbewoording onderworpe. Dag-tot-dag uitgawes word nie gedek nie. Die familieplan# dek ’n familie van vyf lede. Kinders word tot en met die ouderdom van 25 gedek (indien hul voltyds studeer). ’n Familie bestaan uit twee volwassenes en drie kinders.
* Bepalings en voorwaardes geld
012 664 8923 Skakel ons vandag nog by
Hierdie produk word onderskryf deur Resolution Underwriters (Pty) Ltd (FSP-nommer: 4710) namens Resolution Insurance Company Limited.
of stuur e-pos na: ruan@solidariteit.co.za
’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
industry news
Rolling blackouts may be back this winter By Moira-Marie Kloppers
‘Retrenchments just to boost profit’
t
By Moira-Marie Kloppers
rade union Solidarity in November accused the mining company Exxaro of wanting to increase its profits with its planned retrenchments. The company informed the trade union in a Section 189 notice of its intention to retrench approximately 3%, or 300, of its 10 500 employees at Exxaro Coal Mpumalanga, Exxaro Coal, Exxaro Reductants, Exxaro Sands, Exxaro TSA Sands, Ferroalloys and Exxaro Resources. The planned retrenchment of employees stems from the Siyaya project, which was undertaken to investigate the company’s core business. According to Exxaro’s notice, the Siyaya project recommended that 300 employees should be retrenched. Meanwhile, Exxaro’s turnover increased by more than 10% during the first half of 2010 and its profit rose by 72% to R2,3 billion. The company’s operating profit rose by
43% to R1,3 billion over the same period. During the first information session held on 9 November, trade unions emphasised that the company should fully consult with trade unions. Solidarity and NUM also stressed that the rationale for the retrenchments should be properly set out before the process could be communicated to employees at grass-roots level. Exxaro agreed not to appoint new personnel without the necessary consultation with Solidarity until the process was completed. Trade unions and Exxaro are still engaged in consultations and the process is expected to be finalised by the end of March. “The process of consultation gives Exxaro the opportunity to use Solidarity’s input to employees’ advantage. This process will be central to limiting retrenchments to an absolute minimum,” Solidarity spokesperson Louis Pretorius said. S
PHOTOGRAPH: REINT DYKEMA
Simmers-oorname: Geen afleggings sal geduld word Ná die aankondiging dat Village Main Reef Gold Mining ’n ooreenkoms met Simmer & Jack vir die oorname van Simmers bereik het, het Solidariteit gewaarsku dat geen afleggings as gevolg van die beplande oorname geduld sal word nie. Hoewel Solidariteit in dié stadium nie besware teen die maatskappy se oorname van Simmers het nie, benadruk die vakbond dat werknemers se belange prioriteit moet geniet. Village beoog om 100% van Simmers se bates oor te neem, insluitend
Buffelsfontein, Hartbeesfontein en Tau Lekoa, asook die sowat 33%-aandeel wat Simmers in First Uranium het. Intussen het Village in November 2010 aangekondig dat hy die antimoon- en goudmyn Consolidated Murchison Mine (Consmurch) buite Gravelotte in Limpopo gaan oorneem by To The Point Growth Specialists (TTP). TTP het Consmurch verlede jaar by Metorex oorgeneem. In dié tyd kon TTP daarin slaag om die myn weer winsgewend te bedryf.
nommer 1 van 2011
36
South Africans may have to face another round of rolling blackouts this winter, according to a recent warning by Brian Dames, Eskom CEO. He said low-quality coal, the pick-up in the economy (and the consequent increased demand for electricity) as well as still wasteful consumers all add to such a possibility. Moreover, the recent floods have resulted in a sharp hike in the demand for and price of coal. Dames said only a huge effort by all consumers could avert rolling blackouts this year. Eskom’s new power stations will only be commissioned in two years’ time – until then, the current system will be under severe pressure. Dames warned that South Africa’s existing power stations are old (all between 30 and 40 years), and demand an increased amount of maintenance. However, during the winter months, spare capacity will be too slight to allow proper maintenance. Eskom is planning to commission another coal-fired power station by 2025, which will add some five gigawatts to the existing network. Although South Africa is committed to generating “greener” electricity, Dames said this is indeed still possible thanks to new technology which will boost the efficiency of coal-fired power stations. Apart from Eskom, foreign clients generate the greatest revenue for South African coal mines. India imported some 20 million tons of coal in 2010, and this figure will probably rise to 120 million tons annually by 2015. In addition, India is to commission ten new Medupi-size coal-fired power stations over the next five years. Eskom complains, however, that it often has to make do with inferior coal because the best coal is set aside for export purposes. This, in turn, reduces the amount of electricity Eskom can generate. According to Dames, coal exports should be regulated in order to strike a sound balance between still handsome revenue for the coal industry and goodquality coal for Eskom.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
solidariteit helpende hand
Solidariteit Helpende Hand het in Desember gehelp om hierdie krisissentrum in Waterval, in die noorde van Pretoria, in te rig.
Gemeenskap sorg vir mense in krisis
FOTO: ELIZE BEZUIDENHOUT
j
Deur Juanita du Preez
y is agt jaar oud en ’n grootmens maak jou baie seer. Of jou man rand jou aan. Maar die polisie is ver... Vir wie vertel jy? Waar kry jy hulp? Inwoners van die Waterval-gemeenskap in die noorde van Pretoria, met die Sinoville-polisiekantoor 35 km na die een kant en die Hammanskraal-kantoor 35 km in die teenoorgestelde rigting, het nou ’n uitweg. Die Waterval Krisissentrum is vroeg in Desember verlede jaar op die Wolmikerkterrein geopen. Solidariteit Helpende Hand was nou betrokke by die inrig van dié sentrum. Elize Bezuidenhout van Solidariteit Helpende Hand is ’n lid van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en verteenwoordig die organisasie in die bestuur van die sentrum. “Dit is ’n aanmeldingskantoor waar ons mense kan bystaan tot die polisie by hulle kan uitkom,” sê sy.
Die sentrum is broodnodig vir dié gemeenskap. “Net gedurende die Desembervakansie het ons meer as veertig aanmeldings gehad,” vertel Elize. Die gevalle het gestrek van huislike geweld tot mense wat kos en klere nodig het, molestering en selfmoorddreigemente. Die sentrum word deur vrywilligers uit die gemeenskap beman. Hulle beskik oor basiese vaardighede wat nodig is om situasies te ontlont, maar vir in-diepte berading word mense na die Sinoville Krisissentrum verwys. “Ons wil graag die vrywilligers vir verdere opleiding stuur, maar ons het geld nodig. Hier is nog nie eens elektrisiteit of ’n toilet nie,” sê Elize. Ten spyte van die tekortkomings is sy baie opgewonde oor die projekte wat hulle beplan. “Hier is niks vir die kinders om te doen nie. Ons wil nie net ’n DVD-aand hou nie. Ons gaan inligtingsessies oor seks-
nommer 1 van 2011
40
opvoeding reël. Die tieners se kennis is skokkend en baie van hulle glo aan mites. Ons wil ook selfverdedigingsklasse aanbied. Een projek is reeds aangebied. “Ons het ’n databasis geskep met inligting oor elke kind wat in hierdie gemeenskap bly. Die polisie kan dit binne minute in hul hande hê,” sê sy. Hulle wil ook pienk staalposbusse oral aanbring waarin briefies gelaat kan word vir diegene wat weens omstandighede verhinder word om by die sentrum uit te kom. Die projek kan selfs uitgebrei word na pienklighuise of plekke van veiligheid. Nog ’n projek is Hug A Badge. “Ons moenie vergeet hoe belangrik die polisie, metropolisie en brandweer is nie. Ons wil nou en dan vir hulle ietsie lekker neem om dankie te sê,” verduidelik Elize. • Die noodnommer is 082 772 1821. Hierdie nommer kan ook geskakel word om bydraes te maak. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
solidariteit helpende hand
Die merkwaardige verhaal van Zach Joubert
FOTO: JUANITA DU PREEZ
v
Deur FC Pelser
ir die meeste van ons is spraak vanselfsprekend; iets wat ons elke dag sonder om twee keer te dink gebruik om met mekaar te kommunikeer. Almal is egter nie so gelukkig nie. Een so ’n persoon is Zach Joubert, ’n kwadrupleeg wat slegs met behulp van ’n Pathfinder-praattoestel kan kommunikeer. Zach is egter verlede jaar van die voorreg ontneem toe rowers hom naby sy huis in Groenkloof-Oos, tydens sy Sondagmiddaguitstappie, van sy gholfkarretjie afgestamp en van sy Pathfinder beroof het. Zach is op hoërskool reeds met Frederich se Ataksie gediagnoseer, ’n degeneratiewe siekte wat geleidelik sy spraak aangetas en hom ’n kwadrupleeg gelaat het. In 1991 het hy die hulp van kenners by die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (Saak) ingeroep. Hier het hy geleer om beter oor die weg te kom met sy beperkte spraak. Ten spyte van sy siekte het Zach in 1992 getoon oor watter deursettingsvermoë hy beskik toe hy sy B.Com Informatika-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal het. Maar ten spyte van Saak se hulp het Zach se spraak voortdurend verswak. Daarom het hy in 1998 sy eerste praathulpmiddel, die Delta Talker, gekry om beter met mense te kon kommunikeer. Met behulp van die Delta Talker kon Zach vir die eerste keer ná jare van stilte weer sy emosies en idees met die res van die wêreld deel,” sê prof. Juan Bornman, verbonde aan Saak. Om sy nuwe kommunikasievermoë tot sy reg te laat kom, het Zach besluit om vir Kommunikasiepatologiestudente klas aan te bied in die veld van alternatiewe kommunikasiehulpmiddels. Later het hy ’n Pathfinder-spraaktoestel aangeskaf waarmee hy in ’n korter tyd baie meer kon “sê”. Die Pathfinder bestaan uit ’n sleutelbord met verskeie prentjie-ikone wat dit moontlik maak vir iemand met ’n spraakprobleem om lang woorde vinniger te kan uitdruk. ’n Klompie jaar daarna, in 2004, het Zach sy Onderwysdiploma verwerf. Behalwe dat Zach ’n suksesvolle akademikus is, is hy ook onder die mense in sy buurt bekend as ’n kranige entrepreneur en verkoop hy gereeld aan hulle vrugtesap, droëwors en biltong. Ten spyte van sy familie se waarskuwings het hy selfs ’n paar jaar gelede die son en stof by die Oppikoppi-musiekfees aangedurf. “Ek lei aan Frederich se Ataksie, maar dit verhinder my nie om ’n sukses van my lewe te maak nie,” sê Zach. Zach is ’n voorbeeld van hoop en inspirasie; iemand wat hom nie laat onderkry nie en alles doen wat hy kan om ’n vol lewe te lei. Maar saam met sy Pathfinder is hy van ’n stuk vryheid en onafhanklikheid beroof. Die Pathfinder se opvolgproduk, die Vantagelite, is wel tegnologies meer gevorderd, maar kos R50 000. Die bedrag is vir Zach buite bereik. Daarom het Solidariteit Helpende Hand besluit om hom te help om sy Pathfinder met dié produk te vervang deur die Zach Joubert-beursfonds te stig. Later sal die geld in die beurs gebruik word om geld in te samel vir persone met spraakprobleme soortgelyk aan Zach s’n. • Word deel van Zach se verhaal van hoop. Maak ’n donasie aan die Zach Joubert-beursfonds met die volgende bankrekeninginligting: Rekeningnaam: Solidariteit Helpende Hand; Bank: Absa; Rekeningnommer: 407 225 0017; Verwysing: ZACH en u selfoonnommer. S number 1 of 2011
41
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
WEES DIE VERSKIL
Zach Joubert
solidariteit helpende hand
Welsyn, opheffing is in ons eie hande
d
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
ie regering se huidige sosialistiesmaatskaplike benadering, wat ’n mens ook kan beskryf as opheffing-deur-toelaes, slaag nie daarin om sy doelwit te bereik nie. Die kernprobleem daarvan is dat die regering mense se behoeftes, pleks van hulle verantwoordelikheid, as uitgangspunt gebruik. Die fokus is dus op wat arm mense wil hê en kan kry – pleks daarvan om te vra wat die individu se verantwoordelikheid teenoor homself, sy gesin en die gemeenskap is. Die logiese uiteinde van ’n stelsel waarin mense se behoeftes die uitgangspunt is, is ’n welsynstaat wat inkomste wil sentraliseer en deur ideologiegedrewe transformasie wil herverdeel. Die verkiesingsdokumente van die ANC onderstreep duidelik die skuif van werk na welsyn. In 1994 het die verkiesingsmanifes van die ANC gepleit vir werkgeleenthede vir almal. Twee jaar gelede was die belofte “gemak vir almal”. Die inherente spanning tussen “werk vir almal” en ’n sosialistiese “gemak vir almal” beteken noodwendig dat een van Suid-Afrika se kernboustene, naamlik die ekonomiese vryemarkstelsel, onder druk kom. Die syfers bevestig dit: In 1999 het net 2,5 miljoen mense staatstoelaes ontvang. Teen verlede jaar het dié syfer sesvoudig toegeneem tot byna 15 miljoen. Vandag is ongeveer ’n kwart van die SuidAfrikaanse bevolking afhanklik van welsynstoelaes en 74% van die belastingbetaler se geld word vir maatskaplik-verwante besteding aangewend. Dit is nie moontlik dat 5 miljoen belastingbetalers 15 miljoen mense se maatskaplike toelaes onbepaald kan dra nie. Die staat het boonop nie die vermoë om die miljoene toelaes te bestuur en te sorg dat dit reg aangewend word, of om volhoubare hulpprogramme te implementeer nie. Namate die verwagtings en behoeftes van armes in ’n sosialistiese welsynstaat toeneem, sal die staat meer en meer toelaes moet bewillig om politieke bestendigheid te probeer handhaaf. Die gevaar dat ’n behoeftegedrewe samelewing teleurgestel gaan word in hul verwagtings, is dalk die enkele grootste struikelblok om die Suid-Afrikaanse armoedevraagstuk op te los. SKOOLTASSIES VIR GRAAD EENS Dit is duidelik dat die regering bankrot is aan idees om die groeiende armoedevraagstuk aan te pak. Waar die staat misluk om nuwe idees
HANDE WAT HELP dr. danie langner vir die oplossing van die armoedevraagstuk te ontwikkel, het die gemeenskap die verantwoordelikheid om met positiewe alternatiewe idees vorendag te kom. Die sleutels om armoede suksesvol te bekamp, bly steeds: • Goeie moedertaalonderwys en doelgerigte vaardigheidsopleiding waardeur kinders uit Afrikaanse gemeenskappe deel word van die ekonomiese hoofstroom; • ’n gesindheid van helpmekaar en samewerking; en • die versterking van die middelklas. Hierdie oplossings, wat ’n mens ook as opheffing-deur-opleiding sou kon beskryf, is reeds in die geskiedenis as suksesvol bewys en moet in ’n eietydse konteks opnuut toegepas word. Die Afrikaanse Skooltassieprojek is ’n eerste bousteen in die ontwikkeling van die konsep van opheffing-deur-opleiding. Dit hoef nie so te wees nie dat ’n kind wat reeds bitter min het, nie sy klasmaatjies op die eerste skooldag in die oë kan kyk nie omdat hy met ’n plastieksak pleks van ’n tassie daar opdaag. Die Skooltassieprojek voorsien aan graad eentjies uit behoeftige huise in Afrikaanse skole ’n skooltassie met al die basiese skryfbehoeftes sodat hulle die geleentheid het om hul skoolloopbaan met selfvertroue te begin.
nommer 1 van 2011
42
INGELIGTE BEROEPSKEUSES ’n Tweede bousteen van die konsep van opheffing-deur-opleiding is om jongmense te help om ingeligte beroepskeuses te maak. Navorsing deur Solidariteit Helpende Hand onder ’n groep Afrikaanse jongmense wat vir beurse aansoek doen, toon dat 97% van hulle graag in Afrikaans wil studeer, maar dat 46% twyfel of hulle in die regte rigting gaan studeer. Helpende Hand Beroepsleidingdienste se raad aan jongmense wat hulself vir die werkomgewing voorberei, is: Bekwaam jou in ’n beroep wat ’n skaars en kritieke vaardigheid vereis, en jy sal altyd ’n kans hê om ’n goeie werk te kry. Suid-Afrika is ’n land van geleenthede, juis vanweë die reuse-vaardigheidstekorte op talle terreine. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die tekort aan ambagslui in die land. Sowat 20 jaar gelede het 30 000 vakleerlinge per jaar hul opleiding voltooi. In 2010 was daar slegs 3 500. Dit terwyl die land minstens 50 000 opgeleide ambagslui per jaar nodig het om die vaardigheidstekorte aan te vul. Die gemiddelde ouderdom van ambagslui in die land is tans 56 jaar. ’n Tekort aan ambagte belemmer enersyds ekonomiese groei, maar andersyds bied dit ’n ideale geleentheid vir jongmense om ’n kringloop van armoede te verbreek en terselfdertyd ’n bydrae tot die ontwikkeling van Suid-Afrika te lewer. Kinders uit arm gemeenskappe het baie struikelblokke om te oorkom, maar arm Afrikaanse kinders staar dikwels ’n hele paar ekstra struikelblokke in die gesig. Dit sluit regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en beperkte toegang tot studiebeurse en staatshulp in. ’n Ander manier waarop ’n gemeenskap prakties uitvoering kan gee aan die idee van opheffing-deur-opleiding, is deur die stigting en ondersteuning van gemeenskapsbeursfondse. Die sukses van gemeenskapsbeursfondse word bepaal deur hoe groothartig mense is. As die Afrikaanse gemeenskap nie bereid is om ’n helpende hand uit te steek sodat behoeftige Afrikaanse kinders kan studeer nie, sal baie van hulle nie die geleentheid kry om goeie tersiêre opleiding te ontvang nie en in die greep van armoede bly. Só kry die idee van opheffing-deur-opleiding stadig maar seker op praktiese vlak gestalte as ’n gesonde alternatief vir die regering se bankrot maatskaplike beleid. • Dr. Danie Langner is uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
solidariteit helpende hand
Joshua se kwashale soos medisyne
FOTO: JUANITA DU PREEZ
j
Deur Juanita du Preez
oshua Martin, ’n jong skilder, se droom is om “stinkryk” te wees en hy beplan om dit te bereik deur sy skilderwerk. Maar Joshua (16) is iemand wat “anders” kom aanklop het as die “gewone modelletjie” waarvolgens kinders dit gewoonlik doen, soos sy ma, Tania du Toit, dit stel. Hy ly aan ’n hele paar kenmerkende spore op die outistiese spektrum. Dit is moeilik om as kunstenaar ’n loopbaan te vestig en ’n standhoudende inkomste te verdien. Vir ’n outistiese persoon gaan dit waarskynlik nog moeiliker wees, weens die skaarsste aan loopbaangeleenthede en finansiering. “Ten spyte van regstellende aksie wat gestremdes in ’n beter posisie behoort te plaas, het ’n outjie soos Joshua geen kans nie,” sê dr. Danie Langer, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. Tania, ook ’n kunstenaar, digter en skrywer, is deeglik bewus hiervan. “Dit is ’n groot probleem dat daar nie ordentlike nisversorgingsektore vir veral ouer outiste bestaan nie.” Volgens haar is een uit elke 1 000 babas in 1994 met outisme gebore. Nou is dit nader aan een uit elke honderd, waarvan drie uit elke vier babas seuns is. “Ons is ver agter as dit kom by kennis, strukture, empatie en bewustheid oor outistiese persone.” Die regering is waarskynlik die verste agter wanneer dit kom by navorsing oor of selfs net belangstelling in outisme. Daar is geen staatskole of gesubsidieerde maatskaplike sorg spesifiek vir outistiese persone nie. Joshua kon tot graad 7 (remediërend) skoolgaan – nié omdat hy nie die vermoë het om verder te vorder nie. Die private skool waar hy sedert tweejarige ouderdom skoolgegaan het, was ’n gewone skool wat ook vir kinders met spesiale behoeftes voorsiening gemaak en geleenthede gegee het. Maar dit het slegs klasse tot graad 7 aangebied. Kinders moet volgens wet tot sestienjarige ouderdom skoolgaan. Johsua het wel nog ’n hoërskooljaar suksesvol by ’n ander spesiale skool voltooi, maar sy persoonlike vordering en menswees het gekwyn. Met behulp van fasilitering en baie persoonlike insette het hy met sy graad 8-hoofstroom wiskunde volgehou. Tania het besluit om hom liefs self te tuisonderrig. Joshua se pa, André, bly ook nou betrokke saam met Joshua en sy sussie Mieke.
Joshua Martin (16) besig met een van sy kunswerke.
Die besluit om Joshua tuis te onderrig, was ’n moeilike een vir ’n enkelouer-kunstenaar soos Tania. Maar vir haar was daar eenvoudig geen alternatief nie. “Die herstel van my seun se menswaardigheid, sy trots op wat hy regkry en om dit dan boonop te geniet, is beloning genoeg!” Deur volgehoue pogings van kleintyd af maak Joshua goeie oogkontak en laat hy fisieke aanraking toe, al is dit op sy terme! Tania het gereeld met Joshua gesels oor wat hy eendag wil doen. “Eendag het hy soos ’n wyse ou man vir my kom sê: ‘Ek wil stinkryk wees, en ek wil dit doen deur te skilder.’” Sy het hom dadelik begin touwys maak voor die esel en die skilderdoek. Sy akrielwerke toon sterk en helder kleurgebruik met besondere aandag aan detail met plotselinge oor- of onderbeklemtoning van iets. Elke stuk is ’n viering van oomblikke in sy lewe en verbeelding. “Ek dink hy hou ook daarvan juis omdat
number 1 of 2011
43
daar in skilder nie ernstige reëls is nie,” sê sy. In Desember verlede jaar het Joshua trots sy eerste uitstalling by Du Toit se Huisgalery in Centurion aangebied. Dit was ook ’n merietefunksie vir al sy harde werk. Hy het klavier gespeel en selfs sy bedankingstoespraak in twee tale gelewer. GELEENTHEID VIR ANDER GESTREMDES Solidariteit Helpende Hand nooi jong gestremde kunstenaars om deel te wees van ’n buitengewone kunsuitstalling waar hierdie kunstenaars hulle unieke kuns vir die wêreld kan wys. Die uitstalling bied aan kunstenaars soos Joshua die geleentheid om hul talente verder te ontwikkel. • Belangstellende jong kunstenaars kan Surika kontak by 012 644 4390 of vir haar ’n e-pos stuur by surika@helpendehand.co.za. Besoek die Huisgalery se webtuiste by www.diehuisgalery.co.za om meer van Joshua Martin se werk te besigtig. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
•
•
AfriForum pak Julius Malema binnekort in die hof oor Malema se gebruik van
slagspreuke soos “Skiet die Boer”.
AfriForum se haatspraak-saak teen
Malema gaan in die Suid-Gautengse
Hooggeregshof aangehoor word.
nuuswaardig
Trek jou tekkies aan en kom draf saam
t
rek jou tekkies aan en vat die pad saam met die Solidariteit Atletiekklub! Hierdie gratis atletiekklub word eksklusief aan atlete in Gauteng aangebied en is die ideale geleentheid vir belangstellendes om op ’n goedkoop, gesonde en gesellige manier ’n stokperdjie en sport te beoefen. Atlete (en ook dié wat hulself nie juis as atlete beskou nie) word uitgenooi om by die Solidariteit Atletiekklub aan te sluit. Deur by die Solidariteit Atletiekklub aan te sluit, word jy geassosieer met die dinamiese Solidariteit Beweging én jy spaar! Om aan padwedlope deel te neem, kan jou ’n paar rand uit die sak jaag. Mense wat nie aan ’n klub behoort nie, moet tydens elke wedloop ’n tydelike lisensienommer koop, wat elke keer R20 meer as die inskrywingsgeld van klublede kos. Daarbenewens kan net atlete wat aan klubs behoort aan sekere marathons soos die Comrades en die Twee Oseane
Deur Ilze Nieuwoudt
SÓ MAAK MENS
deelneem. Dus is lidmaatskap van ’n klub die vanselfsprekende keuse. Lidmaatskap maak jou geregtig op ’n lisensie wat net een keer per jaar hernieu hoef te word. • Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ’n e-pos na atletiek@solidariteit.co.za. Lisensienommers en atletiekdrag is beskikbaar by Runa-Way Sport, Sanlamsentrum, Glenfair (H.v. Lynnwood- en Daventryweg, Lynnwood Manor, Pretoria).
• Die klub is oop vir alle belangstellendes (jy hoef dus nie ’n Solidariteit-lid te wees om aan te sluit nie). • Geen klubgeld word gehef nie (dus spaar jy letterlik honderde rand!). • Jy betaal net vir jou klubdrag, lisensienommer en inskrywingsgeld van die onderskeie wedlope. • Jy kan ’n afstand (en pas) kies wat by jou behoeftes pas. Die meeste wedlope bied opsies tussen ’n 5 km- en ’n 10km-wedloop. Daar is ook sekere wedlope wat langer opsies soos 21,1 km, 42,2 km en selfs langer afstande bied. Jy kan kies of jy hierdie wedloop wil stap, draf of hardloop. S
nuuswaardig
Oud-Blou Bul Polla Roux groet Solidariteit ’n Vakbondman wat hou van leer, rugby speel en nog wil valskerm spring – dit is Polla Roux. Polla was die afgelope vier jaar by Solidariteit werksaam, maar roep die vakbond eersdaags vaarwel toe. DALEEN DE JAGER het met dié staatmaker gesels oor die dae wat was en dit wat nog voorlê. Waar het jou loopbaan begin? Ek het ná skool ’n BA-graad in Afrikaans en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, waarna ek my Hoër Onderwysdiploma voltooi het. Ná my studies het ek by Lyttelton Hoërskool (nou Centurion Hoërskool) gaan skoolhou, maar ná vyf jaar in die onderwys het ek besluit om vir ’n B.Comgraad in Personeelbestuur te leer en het ek by Goldfields as assistentpersoneelbeampte aangesluit. Ek was daarna ook vir 12 jaar by Vleissentraal werksaam en toe by Alexcor, die staatsdiamantmyn. Net ná 1994 is ek na die Noord-Transvaal Rugby-unie toe, waar ek hoofbestuurder van menslike hulpbronne en openbare betrekkinge was. Ek het daarna my eie opleidingskollege begin en is in 2007 by Solidariteit aangestel. Jy het die voorreg gehad om vir die destydse Noord-Transvaal uit te draf. Hoe het dit oor jou pad gekom? Ek het op universiteit vir die Pretoria-rugbyklub in die Carlton-liga gespeel en dit is waar ek in 1971 gekies is om vir Noord-Transvaal te speel. My eerste wedstryd was teen die Griekwas, destyds die Curriebeker-kampioene, maar ons het hulle daai dag ver gewen. Polla Roux saam met Mackyla de Klerk (toe 5 maande oud), een van sy vier kleinkinders.
FOTO: VERSKAF
Ek weet in die tyd wat jy vir die NoordTransvaal Rugby-unie gewerk het, was daar ’n hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het. Vertel ons daarvan. Ek was deel van die ongelooflike proses om die handelsmerk van die Blou Bulle te skep. Ons bestuur het opdrag gegee dat ons ’n handelsmerk moet ontwikkel wat tot alle Blou Bul-ondersteuners sal spreek. Ons het Steve Hofmeyr gevra om vir ons ’n lied te skryf en hy het vorendag gekom met die Blou Bul-lied, wat tot vandag toe ’n ongelooflike treffer is. Steve het ook aan my genoem dat dit een van sy suksesvolste CD’s ooit was. Hoe het jy by Solidariteit beland? Ek was nog altyd bewus van Solidariteit se aksies, veral danksy die media. Maar die eerste keer toe ek met Solidariteit te doen gekry het, was toe Theo Beetge, toe in beheer van Solidariteit se Kathu-kantoor, my by Alexcor besoek het en ek baie nou saam met hom gewerk het. In 2007 het Hennie de
Wet my genader om by die sekretariaat in te val en dit was ’n voorreg. Hoe sien jy die toekoms van Solidariteit? Ek sien dit as ’n groot uitdaging. Met die bestuur wat Solidariteit egter tans het, sal die vakbond van krag tot krag gaan en sy rol as steunpilaar vir die Afrikaner in die land al beter vervul. Solidariteit se leierskap is werklik visioenêr en energiek. Wat staan uit as hoogtepunte gedurende jou tyd by Solidariteit? Die groei van Solidariteit sedert 2007 van ’n gewone vakbond tot ’n organisasie wat die belange van alle Afrikaners op die hart dra, nie net van Afrikaner-werknemers nie. Solidariteit het ’n rol begin speel op elke lewensterrein van dié minderheidsgroep in Suid-Afrika. Dit was ongelooflik opwindend om deel te wees van hierdie ontwikkeling.
nommer 1 van 2011
46
Wie het die grootste invloed op jou lewe gehad tot nou toe? Daar is soveel rolspelers en mentors in die verskillende fases van ’n mens se lewe, van baba tot volwassene. Ek sou sê my ouers het die grootste invloed op my lewe gehad, dit is tog jou ouers wat jou waardestelsel en geloof by jou tuisbring. Dan het ’n onderwyser of twee natuurlik ook ’n invloed op jou as jongmens. Maar ek dink werklik dat my ouers se opvoeding en leiding die grootste invloed gehad het op die man wat ek vandag is. Wat is oor op Polla Roux se “bucket list”? Ek wil beslis nog valskerm spring en die Cape Argus gaan ry. Verder sal dit vir my ’n voorreg wees om in my omgewing te help waar ek kan om dit ’n beter plek te maak, ongeag hoe klein en beskeie my bydrae ook al is. Laastens wil ek die beste oupa vir my vier kleinkinders wees. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
KORTLIKS
Deur Moira-Marie Kloppers
ILLUSTRASIE: iSTOCKPHOTO.COM
Belê in opleiding, herstel vinniger – studie ’n Studie oor werkloosheid onder jongmense wat onlangs in verskeie lande gedoen is, het gevind dat Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 24 jaar die ergste onder werkloosheid deurloop. Liza van Wyk, uitvoerende hoof van twee van Suid-Afrika se grootste opleidingskolleges, AstroTech en BizTech, waarsku dat voortslepende afleggingsneigings onder organisasies ná die resessie, matrikulante se kanse om werk te kry ’n ernstige knou toedien. Hierdie tendens kan op die lang termyn selfs veroorsaak dat Suid-Afrika se ekonomiese herstel en groei verder verlangsaam, aangesien jong werkendes minder ervaring opdoen en vinniger moedeloos word. Indiensneming in Suid-Afrika het in 2009 met meer as ’n miljoen poste afgeneem en in 2010 met meer as ’n kwartmiljoen. Tog het nuwe navorsing getoon dat afleggings ’n maatskappy se ekonomiese
herstel ná ’n resessie verder kan verlangsaam eerder as bespoedig. Die omvang van die probleem is reeds deur die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) beklemtoon. Volgens die IAO sal groei in indiensneming eers in 2015 tot die vlakke voor die resessie terugkeer. Dié situasie sal daartoe bydra dat sosio-ekonomiese onsekerheid wêreldwyd toeneem. Volgens Van Wyk toon die studie dat maatskappye wat in moeilike tye op ander plekke as personeelkoste besnoei en eerder in opleiding belê, vinniger herstel as maatskappye wat afleggings gebruik om koste te besnoei. Daarbenewens bied die regering verskeie belastingvoordele vir maatskappye wat in personeelopleiding belê.
Lig aan einde van tonnel vir verbruikers Voortslepende afleggings, stygende werkloosheidsvlakke, stremming in die arbeidsmark en slegte skuld kniehalter steeds
verbruikers se finansiële selfvertroue, volgens die Buro vir Marknavorsing en FinMark Trust se Finansiële Kwesbaarheidsindeks van Verbruikers (FKIV). Hoewel die makro-ekonomie begin kop optel, kou baie verbruikers steeds klippe. Respondente in die kwartaallikse indeks, wat verbruikers se finansiële kwesbaarheid meet, het aangedui dat werkverliese, swak finansiële beplanning, slegte skuld en te min spaargeld hulle in dié benarde finansiële posisie laat beland het. S
nuuswaardig
Tree vir tree verwesenlik Sol-Tech drome Die bekende Amerikaanse skrywer, Mark Twain, het gesê die geheim van vooruitgang is om te begin. En om te begin, moet ’n mens die taak wat voor jou lê in klein, uitvoerbare dele verdeel. MOIRA-MARIE KLOPPERS het met Sol-Tech se uitvoerende hoof, Paul van Deventer, oor die kollege se hoogtepunte en drome gesels.
r
ome is nie in een dag gebou nie, maar word vandag as ’n bastion beskou. ’n Nalatenskap. Só is ons ook besig om tree vir tree ’n nalatenskap, ’n stukkie erfenis vir die volgende generasie in Suid-Afrika met Sol-Tech te bou. Só sê Paul van Deventer, Sol-Tech se uitvoerende hoof. “Elke jaar is ons nog ’n tree nader aan die droom wat ons jare gelede vir onsself uitgestippel het,” voeg hy by. Van Deventer se oë blink wanneer hy meer oor dié droom vertel. “Ons droom is om eindelik ’n holistiese instelling te wees wat, behalwe vir uitgebreide tegniese opleiding in verskeie ambagte, ook lewensvaardighede aan studente oordra en hulle as volwassenes vir die wêreld van werk toerus.” Die eerste treë om dié droom te verwesenlik, is reeds geneem. Sol-Tech het ’n stuk grond, wat vir ’n groot kampus geskik is, gekoop en in die komende jaar begin die beplanning om dié kampus so uit te lê en toe te rus, dat Sol-Tech nog vinniger kan groei. “Die toestroming van studente wat SolTech en ander kolleges en universiteite die afgelope paar jaar ervaar het, toon duidelik dat daar weer ’n oplewing in leergierige jongmense in Suid-Afrika is. Jongmense wat besef dat hulle toekoms in hulle eie hande lê en van baie harde werk en gebed afhanklik is,” verduidelik Van Deventer. “Ons kan nie dieselfde bly nie. Ons móét groei. Ons móét hierdie generasie in staat stel om hulle roepings te ontdek en ’n sukses van hul lewens te maak, want só verseker
Paul van Deventer
ons ’n beter Suid-Afrika vir almal.” Intussen loop Sol-Tech se goeie reputasie hom vooruit. Honderde voornemende studente stroom elke jaar na Sol-Tech se opedag, waar talle weggewys moet word omdat daar nie plek is nie. Tóg, meen Van Deventer, is dit goeie nuus, want dit wys dat die belangstelling in skaars vaardighede weer ’n bloeityd begin beleef. Sedert Sol-Tech in 2007 sommer by Solidariteit se kantore in Kloofsig met 64 studente, wat vir Elektries ingeskryf het, en drie personeellede begin het, het daar baie water in die see geloop. “Hierdie jaar kon ons weer 125 eerstejaars en 134 tweedejaars verwelkom, terwyl nóg 40 eerstejaars, 102 tweedejaars en 108 derdejaars in die tweede
helfte van die jaar by hulle sal aansluit. Dit is nie elke tegniese kollege of universiteit wat met ’n 96%-slaagsyfer kan spog nie. Die gemiddelde slaagsyfer vir die Nasionale Vaktoets by ander tegniese kolleges is maar ’n skamele 46%. Sol-Tech spog egter reeds met meer as 100 van sy studente wat as ambagslui gekwalifiseer het. Om as ambagsman te kwalifiseer, moet ’n vaktoets afgelê word. Om die gesogte rooiseël-kwalifikasie te ontvang, moet studente institusionele opleiding ondergaan en die minimum tydperk praktiese ondervinding opdoen. Rooiseël-sertifikate word deur die bedryf vereis. Om ’n rooiseël-sertifikaat te bekom, moet studente die bevoegdheid demonstreer om sekere take volgens industriële en wetlike vereistes sonder toesig uit te voer. Om ambagsmanstatus te bereik, moet studente die rooiseël-eksamen ná voltooiing van hulle vakleerlingskap slaag. Volgens Van Deventer het Sol-Tech ’n unieke resep vir sukses. “Sol-Tech-studente word deur kundiges op hulle gebied in hul moedertaal opgelei. “Geen moeite word ontsien om ons studente bevoeg te kry nie en studente word op ouer én moderne toerusting opgelei. Daarbenewens kry ons studente gedurende hulle drie jaar by ons net soveel praktiese ervaring en blootstelling as teoretiese opleiding. Ons fokus ook op persoonlike ontwikkeling, asook die ontwikkeling van kommunikasie- en entrepreneurskapsvaardighede. Dit is dié opleidingsmodel wat Sol-Tech suksesvol maak.” S
Reën stuit nie pret by gholfdag
FOTO’S: MARNIA VERWEY
Sol-Tech se jaarlikse gholfdag het op 4 November 2010 vir die tweede keer plaasgevind. Hoewel eendeweer die gholfspelers bietjie gekniehalter het, kon niks die gaste se gees demp nie. Dié dag is onder meer deur Steve Booysen, voormalige uitvoerende hoof van Absa, en Tersia Bester, bemarkingsbestuurder van Auto&General, aangebied ten bate van die verdere ontwikkeling van Sol-Tech-studente se lewensvaardighede. Van die gaskunstenaars wat ook die dag bygewoon het, was Ian Robberts en die Radio Kalahari Orkes.
nommer 1 van 2011
48
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Sol-Tech-studente woeker wêreldwyd
Charl de Beer ontvang sy Sol-Tech-sertifikaat by Paul van Deventer en Philip Minnaar.
Dowe student én tolk kwalifiseer
FOTO: MOIRA-MARIE KLOPPERS
d
it was ’n groot uitdaging – nie net vir Charl de Beer, Sol-Tech se eerste dowe student nie, maar ook vir Sol-Tech, wat glad nie voorbereid was om vir gehoorgestremdes klas te gee nie. Maar, met die hulp van sy “tutor-tolk”, soos hy sy vriendin Leana van Rensburg noem, het albei verlede jaar as elektrisiëns gekwalifiseer. Volgens Charl se ma, Colleen, was Charl van sy kindertyd af versot op robotte. “Daar was in ’n stadium ’n reeks tydskrifte oor robotte. Elke week het jy nog ’n deel van die robot saam met die tydskrif gekry. Hoewel Charl nie Engels kon lees nie, het hy elke tydskrif gekoop en self uitgepluis waar wat moet kom. Ek het altyd geweet sy kop staan elektronika se kant toe,” verduidelik sy. Volgens Colleen moet ’n mens ook in gedagte hou waar daar tekorte bestaan. ’n Gehoorgestremde se kans om werk te kry, is reeds skraler as ’n normale persoon s’n, daarom moet ’n mens versigtig kies in watter rigting jy wil studeer as jy doof is. Daarbenewens is dowes se woordeskat uiters beperk en daar is talle uitdagings wat oorkom moet word indien jy doof is en verder wil studeer. “Oorsee is dit makliker. Daar het elke dowe student twee klashulpe – een wat tolk en een wat notas neem. By Suid-Afrikaanse universiteite word daar nêrens voorsiening gemaak vir dowes nie,” verduidelik sy. “Daarom moes Charl van rigting
verander: van elektronika na elektries. En só het ons by Sol-Tech uitgekom.” Leana van Rensburg is deur Charl se ouers aangestel om vir Charl te tolk. “Maar Leana was nie net Charl se tolk nie. Sy het self ook vir die kursus ingeskryf en saam met Charl geslaag. Sy het nie net getolk nie. Baie van die studiemateriaal is in Engels, ’n taal wat Charl glad nie kan lees nie. Leana het dus benewens die tolkwerk ook vir Charl notas in Afrikaans gemaak – notas wat ook sy gebrekkige woordeskat in ag neem,” voeg sy by. “Leana se ma was koshuismoeder by die Transoranje Skool vir Dowes en Leana het as’t ware met gebaretaal grootgeword. Daarom het sy die uitdagings waarmee Charl daagliks te doen gekry het, so goed verstaan. Charl is baie lief vir reis. Hy was al in die VSA, waar hy twee jaar by die English Language Institute Amerikaanse gebaretaal (ASL) geleer het. Daarbenewens het hy ook al in Australië, Korea, Hong Kong, Taiwan, Spanje en Engeland getoer. “Hy reis altyd alleen. Horende mense verstaan in elk geval dikwels nie die taal in baie van dié lande nie en moet ook met gebaretaal oor die weg kom. Charl is baie goed om hom in gebare uit te druk,” verduidelik Colleen. Charl beplan om sy studies in ’n elektronika-rigting voort te sit. “Die Sol-Techkursus het weer sy liefde vir motors laat opvlam. Nou soek ons ’n plek waar hy dié liefde kan onwikkel,” vertel Colleen. S
number 1 of 2011
49
Terwyl die meeste studente gedurende die somervakansie spore maak na verskillende gewilde vakansieplekke, is Sol-Tech se studente wêreldwyd hard aan die werk as deel van die praktiese opleiding wat hulle by dié tegniese kollege kry. “Praktiese ondervinding in die werkplek is net so ’n integrale deel van Sol-Tech se opleidingsprogram as die teorie,” verduidelik Philip Minnaar, waarnemende hoof van Sol-Tech. “Om ervaring oorsee op te doen, is die geleentheid van ’n leeftyd.” Sowat 57 Sol-Tech-studente is vir hulle praktiese opleiding uitgeplaas na Madagaskar, Mosambiek en verskeie ander Afrika-lande en is hard aan die werk. “Dertien van ons studente is tans deel van ’n groep ambagslui van regoor die wêreld wat in Madagaskar by die oprigting van ’n aanleg van sowat 70 ha betrokke is. Daarbenewens is 24 studente besig met voorbereidingswerk aan panele wat in Mosambiek geïnstalleer moet word, terwyl nóg 20 ook panele in verskeie ander Afrika-lande gaan installeer,” sê Minnaar. Ajani is die plasingsmaatskappy wat die plasing van Sol-Tech-studente behartig. Studente word twee keer per jaar in groepe by gasheerwerkgewers geplaas en elke uitplasing duur ongeveer ses maande. Studente moet tydstate oor hulle daaglikse aktiwiteite invul en aan die einde van elke week word dié tydstate deur gekwalifiseerde toesighouers afgeteken. Studente word betaal vir die tydperk wat hulle prakties opleiding aflê en gasheerwerkgewers kan deur die loop van die jaar kyk of die studente by die maatskappye aanpas en dan ná drie jaar besluit of hulle die studente permanent in diens wil neem. Ajani is dringend op soek na gasheerwerkgewers om studente in te neem vir hulle praktiese opleiding in die volgende rigtings: • Elektries. • Meulmakery. • Dieselwerktuigkunde. • Pas en draai. • Bereidwillige maatskappye kan Ajani skakel by 082 856 2941 of 012 755 5687.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
lidmaatskap
’n wen-wen-
VENNOOTSKAP
Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word.
TOT U DIENS MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede. Skakel 0860 34 62 53 vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie.
SOLIDARITEIT REGSHULPPAKKET Vir ’n bykomende premie van slegs R70 per maand kan lede en hulle afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en familiegedinge, borgonderhandeling, borgbetaling tot R5 000, strafregsake (krimineel) en hulp met verkryging van vuurwapenlisensies. • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).
HOEVEEL KOS LIDMAATSKAP?
SOLIDARITEIT AFTREEPLAN Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min SuidAfrikaners onafhanklik kan aftree. • Skakel 0861 101 005 of stuur e-pos na ruan@solidariteit.co.za
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
TESTAMENTE EN BOEDELBEREDDERING
’N HELPENDE HAND
• Individuele lede – R77 per maand • Kollektiewe lede – R75 per maand
SOLIDARITEIT HELPENDE HAND Solidariteit Helpende Hand ondersteun maatskaplike projekte en elke aansoek word op meriete oorweeg. Aansoeke kan gerig word aan: Solidariteit Helpende Hand, Posbus 11760, Centurion 0046. • Skakel 0861 25 24 23.
BEURSE
Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan ook teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300.
Die vakbond stel jaarliks studiebeurse vir lede se kinders beskikbaar. Voorkeur word gegee aan afhanklikes van behoeftige weduwees en pensioenarisse. By beurstoekennings word die aansoeker se inkomste en duur van lidmaatskap in ag geneem. Rig aansoeke aan: Solidariteit Beurse, Posbus 11760, Centurion 0046. • Skakel 012 644 4300.
nommer 1 van 2011
50
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
lidmaatskap
LIDMAATSKAPKATEGORIEË Met vier kategorieë van lidmaatskap bied Solidariteit ’n tuiste vir almal!
1
KOLLEKTIEWE LEDE
Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.
2
INDIVIDUELE LEDE
Individuele lede is lede wat by aansluiting jonger as 50 jaar is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.
3
VOORTSETTINGSLEDE (AFGETREDE LEDE)
Bestaande Solidariteit-lede kan binne drie maande ná aftrede aansoek doen om voortsettingslidmaatskap. Hierdie lede kwalifiseer vir alle toepaslike voordele. Die afhanklike kan ná afsterwe van die lid aansoek doen vir voortsetting van lidmaatskap. Voortsettingslede wat ’n verminderde premie betaal se kontantuitbetalingsvoordeel is slegs op die hooflid van toepassing.
4
ONDERSTEUNINGSLEDE
Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie, dit wil sê individuele lede wat by aansluiting ouer as 50 jaar is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, siekte- en ongelukskema, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.
ONS WERK VIR JOU ARBEIDSAKE Gratis regshulp en hulp in arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werksprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise.
afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: * Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 * Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide man en vrou lid van Solidariteit is. Begrafnisreëlings Die las van begrafnisreëlings word baie verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref.
Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.
Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding.
STERFTEVOORDELE (DOVES-KONTRAK)
PERMANENTE MEDIESE ONGESKIKTHEID
Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Doves-begrafnisdienste behartig. • Die afhanklike gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. Kontantuitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by
Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit en wat spesialisverslae en bewyse van hulle werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500.
BEVALLINGSVOORDEEL ’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne 60 dae ná die bevalling ingedien word.
SOLIDARITEIT TYDSKRIF Lede ontvang ’n eksemplaar van die Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook Solidariteit se werksaamhede gedek word.
MOENIE WAG NIE, SLUIT VANDAG AAN! • Skakel 0861 25 24 23; besoek www.solidariteit.co.za; SMS die woord LID en jou naam na 34388; of besoek een van ons dienskantore. * BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD
number 1 of 2011
51
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
promosie-artikel
Môre se drome, vandag se verantwoordelikheid
h
Deur Francois Smit
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
et jy al ooit gewonder wat finansiële onafhanklikheid werklik beteken? Terwyl jy hieroor nadink, dink sommer ook oor die volgende stelling na: Dit is in die mens se natuur om die weg met die minste weerstand te volg. Dit het tot gevolg dat mense ongelukkig nie vir hulle eie welvaart verantwoordelikheid neem nie. Die droom bly net ’n droom, tensy ’n mens die droom daadwerklik definieer en ’n plan daaraan koppel. Dié plan gee jou drome van môre, vandag al vlerke. Finansiële onafhanklikheid is om dieselfde inkomste uit jou beleggings te genereer as wat jy deur jou werk verdien. Jy hoef dus nie in armoede te verval as jy skielik môre nie meer kan werk nie. In verstaanbare syfertaal beteken dit die volgende: As jy R10 000 per maand verdien en jy wil dit vervang sonder om te werk, moet jy ’n belegging van R1 714 285 hê teen die heersende rentekoers van ongeveer 7% per jaar. Dié syfers laat ’n mens dadelik afsien van die “weg wat die minste weerstand bied”. As jy daarvan droom om eendag onafhanklik af te tree, of droom dat jou gesin versorg sal wees indien jy iets sou oorkom, of as jy graag die bates waarvoor jy so hard gewerk het teen onvoorsiene gebeure wil beskerm, het jy ’n groot verantwoordelikheid. Ongelukkig kan dit baie vinnig begin voel asof jou droom in ’n bodemlose put begin verdwyn, aangesien die voordele nie onmiddellik tasbaar is nie. Die gevolg is dat baie mense hulle verantwoordelikheid teenoor dié droom afskeep, of erger, uitstel en afstel. Die verantwoordelikhede wat aan finansiële onafhanklikheid gekoppel word, verg goeie beplanning en so dikwels bly mense onkundig oor die wyse waarop dié verantwoordelikhede aangepak behoort te word. Solidariteit Finansiële Dienste aanvaar saam met jou die verantwoordelikheid om jou drome te verwesenlik. Benewens die kundigheid, het Solidariteit Finansiële Dienste ook die produkte en integriteit wat eie is aan die Solidariteit Beweging.
VIND SÓ BAAT BY SOLIDARITEIT FINANSIËLE DIENSTE BATEVERSEKERING Bekostigbare motor- en huisinhoudversekering in samewerking met Auto&General. Benewens lae tariewe kry lede ’n kontantterugopsie ná vier jaar van geen eise en daarmee saam premiekwytskelding van ses maande vir gedwonge afleggings of die dood van die polishouer. AFTREEVOORSIENING Doelgemaakte raad vir ’n sorgvrye aftrede, ondersteun deur die regte produkte. MEDIESE VOORSORG ’n Bekostigbare oplossing aan Solidariteit-lede wat alternatiewe mediese dekking soek, in samewerking met Sapmeds-hospitaalversekering. Sapmeds-hospitaalversekering is ’n korttermynongeluk- en -gesondheidspolis wat vasgestelde voordele vir hospitalisasie bied teen ’n fraksie van die koste van konvensionele mediese fondse. BEGRAFNISDEKKING Aanvullende begrafnisdekking, onderskryf deur Centriq Insurance, teen minimum premies van so laag as R14 per maand. Kies tussen twee vlakke van dekking vir ’n gesin van ses persone. Voorsiening word ook gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers. REGSHULPVERSEKERING LegalX is Solidariteit se unieke regshulpproduk wat aan lede bykomende regsversekering bied ten opsigte van siviele, strafregtelike en familieregsake. Met LegalX het jy 24 uur per dag, 365 dae van die jaar ’n geregistreerde prokureur of advokaat op bystand.
KONTAK SOLIDARITEIT FINANSIËLE DIENSTE VIR GEMOEDSRUS! • Begrafnisdekking – 0861 867 335 • Hospitaalversekering – 012 644 8923 • Of stuur e-pos na ruan@solidariteit.co.za
• Motor- en huisinhoudversekering – 0860 34 62 53 • Regshulpversekering – 0861 765 734 • Aftreevoorsiening – 0861 101 005
nommer 1 van 2011
52
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
gee jou
DROME
van môre vlerke
aksent media/SFD_generic1/2011
VANDAG
Motor- en huisinhoudversekering Regshulpversekering Aftreeplan
Begrafnisdekking
Hospitaalversekering
Skakel ons vandag nog by
0861 101 005
’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
my omgewing
Komaan, gaan
Oral waar ’n mens gaan, sien jy hoe ondernemings ”groener” probeer wees en behoorlik daarmee spog. Om groen te wees, is deesdae ’n statussimbool. Mense hou van mense wat groen is en veral van ondernemings wat groen sake doen. JACO KLEYNHANS skryf waarom groener beter is.
m FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM • AANVULLENDE INLIGTING: LIBRARY.THINKQUEST.ORG
ense regoor die wêreld het veral gedurende die tweede helfte van die een-en-twintigste eeu begin besef dat die beskerming van ons mooi aarde nie iets is wat net deur die skep van groot wildparke en die herwinning van koeldrankblikkies en plastiek verseker sal word nie. Om te verseker dat die aarde en sy ongelooflike aanbod van hulpbronne vir ons nageslagte behoue bly, sal elke inwoner van hierdie planeet meer in harmonie moet begin leef met die grond waarop ons loop, die lug wat ons inasem en die watermassas wat om ons ruis.
DIE AARDE KAN NET SOVEEL VAT Die wêreldbevolking stuur tans soos ’n sneltrein op die sewe miljard-merk af, wat al meer druk op die aarde se hulpbronne plaas. Reënwoude word uitgewis sodat meer landbougrond in die massas se voedselbehoeftes kan voldoen. Skoon drinkwater is ’n skaars kommoditeit met slegs sowat 1% van die aarde se water wat vir drinkwater beskikbaar is. Lugbesoedeling het ’n groot invloed op die aarde se klimaat en veroorsaak grootskaalse gesondheidsprobleme. Net sowat 1% van China se bevolking asem lug in wat volgens die Europese Unie aanvaarbaar is. Verder word die wêreld ’n rommelhoop met stede en selfs lande wat beheer oor afval verloor. Net in die Stille Oseaan alleen is na raming reeds meer as 100 miljoen ton afval gestort.
MY OMGEWING
DID YOU KNOW? • Over 100 pesticide ingredients are suspected to cause birth defects, cancer, and gene mutations. • Energy saved from one recycled aluminium can will operate a TV set for 3 hours, and is the equivalent to half a can of gasoline. • Glass produced from recycled glass instead of raw materials reduces related air pollution by 20%, and water pollution by 50%. • Americans use 50 million tons of paper annually — consuming more than 850 million trees. • Enough glass was thrown away in 1990 to fill the Twin Towers (1,350 feet high) of New York’s World Trade Centre every two weeks. • One ton of carbon dioxide that is released in the air can be prevented by replacing every 75 watt light bulbs with energy efficient bulbs. • The human population of the world is expected to be nearly tripled by the year 2100. • The world’s per capita grain production has been on the downfall since 1985 despite the use of fertilizers and pesticides. • Fibre optics, made of glass, are being used to replace copper cables throughout the world. • Every day 50 to 100 species of plants and animals become extinct as their habitat and human influences destroy them.
DIE ANTWOORD LÊ BY JOU Die beskerming van die aarde se hulpbronne is egter nie iets wat sommer suksesvol afgedwing kan word nie. Enkele van die positiewe stappe wat reeds gedoen is, is die toenemende gebruik van alternatiewe energiebronne, beter bestuur van waterbronne en ’n groter fokus op herwinning wat deur veral Westerse lande aangemoedig en selfs afgedwing word. nommer 1 van 2011
54
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
my omgewing Die werklike antwoord lê nie net by wat Eskom of jou munisipaliteit doen nie, maar ook by wat jy as individu doen. Terwyl dit belangrik is dat daar van steenkool- en oliegedrewe energieopwekking na die gebruik van son-, wind- en geotermiese energie oorgeskakel moet word, is daar nou reeds dinge wat elke individu kan doen om ’n verskil te maak. DIÉ GEWOONTES KAN JOU SIEK MAAK Die uitbuiting van ons natuurlike hulpbronne en swak praktyke wat die aarde se voortbestaan bedreig, gaan nie net vir volgende geslagte hoofbrekens besorg nie, maar het nou reeds ’n negatiewe uitwerking op die huidige geslag aardbewoners. Lugbesoedeling beïnvloed miljarde mense se gesondheid elke dag nadelig. Die drink van besoedelde water maak mense nou reeds siek en kan selfs genetiese probleme vir volgende geslagte inhou. Die gebruik van chemiese stowwe in die verbouing van landbouprodukte en die vervaardiging van etlike ander items het ook negatiewe gevolge op ons gesondheid. ’n Groot toename in longsiektes en kanker word reeds deur navorsers aan mensgemaakte besoedeling toegeskryf. Die Wêreldgesondheidsorganisasie raam dat sowat 25% van sterftes in die ontwikkelende wêreld (wat Suid-Afrika insluit) deur omgewingsfaktore soos besoedeling veroorsaak word, terwyl navorsing deur die Cornell Universiteit in die VSA aantoon dat tot soveel as 40% van sterftes vandag aan besoedeling toegeskryf kan word. Ons is dus besig om deur ons eie omgewingsonvriendelike praktyke ons eie dood te veroorsaak. DAAR IS HOOP Tog is daar danksy veral toenemende mediadekking ’n groter bewustheid onder mense in veral Westerse lande oor wat nodig is om die probleem op te los. Al meer gemeenskappe, maatskappye en selfs net individue begin bewus word van die voordele daarvan om ”groen” te leef. Daar is ook ’n toename in die toepassing van eenvoudige aksies wat kan verseker dat jy as individu groener leef. Een gemeenskap in Suid-Afrika wat baie sterk op ekologiese volhoubaarheid ingestel is, is Orania in die Noord-Kaap. In Orania behels ekologiese volhoubaarheid eerstens ’n ingesteldheid van inwoners om dinge te doen wat nie altyd die makliker keuse is nie, maar wel die beter een wanneer dit by die gebruik van natuurlike hulpbronne kom. Die sanksionering van meer volhoubare praktyke is goed, maar ’n groeiende gemeenskapskultuur van ”groen wees” is selfs beter.
GROEN-LESSE UIT ORANIA • Al ontvang jou munisipaliteit nie geskeide vullis nie, is dit steeds goed om jou vullis te skei. In Orania word vullis geskei in vyf dromme waaruit slegs een onherwinbaar is en die munisipaliteit die res herwin en verkoop. Jy kan dit ook by jou huis doen en uitvind waar afval soos plastiek, papier, glas en metaal herwin kan word. • Moenie voedselafval in jou vullisdrom gooi nie, maar begrawe dit in jou tuin. Dit maak jou grond ryker. Selfs sekere papierafval kan suksesvol in jou eie tuin herwin word. • Vervang jou elektriese geiser met een wat deur die son verhit word. Sonverwarmers raak al goedkoper en dit kan ’n besparing van tussen R200 en R500 per maand op jou munisipale rekening meebring. • Beplan om sekere toestelle in jou huis stelselmatig na sonkrag oor te skakel of selfs na windkrag, indien jy in ’n winderige deel van die land woon. Wonderlike toestelle vir hierdie doel is deesdae beskikbaar. • Plant jou eie groentetuin, al is dit net 1 m by 1 m groot. Deur jou eie groentetuin te plant, verlaag jy die aanvraag na voedselproduksie in die wêreld en hoef groente nie honderde kilometer ver na jou toe aangery te word nie. Groente wat nie gebruik word nie, kan ook in baie gevalle verwerk en gevries word. • Plant vrugtebome en veral bome wat geskik is vir Suid-Afrika se omstandighede. Verwerk vrugte wat nie geëet word nie deur vrugterolle te maak of dit in te lê. • Probeer om nie gifstowwe in jou tuin te gebruik nie. Daar is wonderlike maniere om peste sonder die gebruik van gifstowwe uit jou tuin te hou. Skaf vir jou ’n boek aan oor permakultuur om jou hiermee te help. • Begin jou eie kruietuin en probeer om minder ernstige siektes en kwale met kruie en ander natuurlike middels te genees. • Moenie uitheemse plante en bome plant net omdat dit mooi is nie. Koop ’n goeie boek oor inheemse plante en doen moeite om uitheemse plante in jou tuin te vervang. • Vang jou huis se afloopwater in tenke op. Mense is onnodig sensitief oor die ”seer oog” van watertenke – onthou groen is nou die in ding. Deur water wat jy self opgevang het in jou tuin te gebruik, bring jy mee dat minder water deur ’n munisipaliteit behandel moet word. • Koop vars produkte by boeremarkte, plaasstalletjies en plaaslike produsente. Die vervoer van voedsel oor groot afstande veroorsaak baie besoedeling. Bure in ’n straat of woonbuurt kan selfs produkte onderling uitruil. • Ry fiets pleks van met die motor. Indien dit vir jou moontlik en veilig is, probeer om korter afstande eerder met die fiets as die motor te ry en só die vrystelling van koolstofdioksied te verminder. • Koop produkte wat verpak word in eenvoudiger verpakkings wat maklik herwinbaar is, en vermy produkte wat in ’n kombinasieverpakking (soos papier en plastiek in een verpakking) voorkom. • Koop organiese produkte en produkte waar die vervaardigingsproses op ’n ekologies volhoubare wyse plaasvind. • Verander jou leefstyl deur bewus te word van die gevolge wat jou aksies vir die natuur inhou en probeer alternatiewe oplossings daarvoor vind. • Jaco Kleynhans is uitvoerende hoof van die Orania Beweging. Oraniërs streef daagliks daarna om hul gemeenskap die ekologies-vriendelikste in die land te maak. S
number 1 of 2011
55
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
my werk
Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer Deur Moira-Marie Kloppers
MY WERK
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
i
nsomnia, angstigheid, depressie, spanning... As werkdruk jou gereeld noodsaak om laat nagte te werk of indien jy nagskofte doen, is enige van hierdie slaapversteurings potensieel jou voorland. Die moegheid of uitputting wat die gevolg is van te min slaap lei nie net tot laer produktiwiteit by die werk nie, maar kan selfs tot hallusinasies, psigose, verlaagde immuniteit, duiseligheid en aggressiewe gedrag lei. Die fisieke en psigiese invloed van ’n tekort aan slaap op die mens is al verskeie kere aangeteken. Peter Tripp en Randy Gardner het in 1959 en 1964 onderskeidelik rekords opgestel wat in die Guinness Book of World Records opgeneem is vir die persone wat die langste kon wakker bly. Tripp het in 1959 vir 201 ure (agt en ’n half dae) wakker gebly en Gardner 264 ure (elf dae). Hoewel albei van hulle met ’n rekord in die gesogte rekordboek kon spog, was die pogings nie sonder enige newe-effekte nie. Uitputting as gevolg van te min slaap veroorsaak verlaagde konsentrasievermoë, stadiger reaksietye, ongeduld, geheueverlies en geïrriteerdheid. Daarbenewens is daar talle fisieke simptome. Mense wat gereeld met spierpyn, versteurde visie, hoofpyn, duiseligheid, naarheid en selfs herhalende infeksies as gevolg van ’n swak immuunstelsel sukkel, slaap dalk bloot net te min.
PROBEER GERUS DIÉ BEWEEG! Stimuleer jou bloedsomloop. As jy lang tye agter ’n rekenaar sit: Staan kort-kort op om te strek en stap flink en vinnig wanneer jy ’n teebreuk neem. ONTSNAP Sorg dat jy tuis voel in jou werkplek of kantoor. Bring ’n mooi plant en stal foto’s van jou gesin tydens ’n lekker vakansie op jou lessenaar uit. Wanneer die moegheid jou oorval, maak vir twee minute jou oë toe, haal diep asem en dink aan daardie vakansie en hoe jy tóé gevoel het. EET GESOND Kry ’n gesonde eetplan en hou daarby. Eet elke twee ure ’n klein maaltyd of versnapering om te verseker dat jou energievlakke konstant bly. SLAAP GENOEG Gee jou liggaam en brein genoeg ruskans. Skaf ’n gemaklike kussing aan en sorg dat daar genoeg vars lug in jou slaapkamer is. Trek die gordyne dig toe en slaap elke aand minstens sewe ure.
nommer 1 van 2011
56
55% OF EMPLOYEES UNHAPPY AT WORK Only 45% of employees are happy at work compared to 67% of employees 23 years ago, according to new research by the United States Conference Board. Employees seem to be unhappy about various aspects, including the design of their jobs, the financial health of their organisations and the quality of their managers. The result of unhappiness at work is ever-rising workplace stress that leads to a decrease in work performance. Workplace stress not only has a negative impact on work performance, but also poses serious health risks. Employees who experience excessive work pressure and work long hours run twice the risk of developing heart disease amongst other side effects. One of the strategies to increase work performance that has been followed for years is an annual performance review. However, according to Samuel A. Culbert, clinical psychologist at the Anderson School of Management at the University of California, performance reviews not only make employees less effective at their jobs, but also contribute to higher levels of workplace stress. Performance reviews often form part of destructive leadership patterns in the workplace when people in positions of power use the reviews to manipulate and bully colleagues to suit their own needs. This however does not mean that performance in the workplace should not be monitored at all. According to Gary Namie, director of the Workplace Bullying Institute in Washington, these subjective and often destructive performance reviews should be replaced by relationship managing managers with a high emotional intelligence, who can become coaches in the workplace. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
my gesin
MY GESIN
Die nes is leeg... Hoe nou gemaak?
d
Deur Inge Verwey it is onvermydelik: alle kinders moet die een of ander tyd hulle ouerhuis verlaat om hul eie potjie te krap. Die aanpassing is egter nie ’n maklike een nie – nie vir die ouers, broers of susters wat agterbly nie, en allermins nie vir die kind wat die huis verlaat nie.
GESELS DAAROOR Gesinsterapeut Carleton Kendrick meen dit is normaal vir ouers om ’n gevoel van verlies te ervaar wanneer hulle eerste kind die huis verlaat. Kendrick meen die beste manier om ’n kind se afwesigheid te hanteer, is om jou gevoelens daaroor met ander te deel. “Ouers, broers en susters moenie met die lewe probeer aangaan asof niks verander het nie,” sê hy. “Gesels met jou eggenoot en ander kinders oor die afwesigheid van jou kind. Skep geleenthede vir hulle om ook daaroor te praat. Indien jy nie beter voel nadat jy oor jou hartseer gesels het nie, oorweeg dit om ’n gesinsterapeut te sien.
HOU ANDER KIND(ERS) IN GEDAGTE Kendrick meen hoewel dit belangrik is om vir almal die geleentheid te skep om oor hul gemis te gesels, is dit net so belangrik om ’n balans te handhaaf. Indien jy jou hartseer oor die afwesigheid van jou kind te veel voor jou ander kinders bespreek, kan dit hulle ontstel of hulle laat voel hul is minder belangrik as die afwesige kind. Dit kan boonop veroorsaak dat jou ander kind(ers) buitengewoon optree in ’n poging om jou aandag te kry. BLY BESIG Kry ’n nuwe stokperdjie, kyk ’n fliek waarin jy nog nooit belang gestel het nie, gaan kuier by ou vriende en familie wat jy lank laas gesien het, gaan stap of besoek ’n mooi plek in ons land. Probeer om jou aandag op iets anders te fokus as die afwesigheid van jou kind. As jy die hele tyd op die negatiewe fokus, kyk jy al die positiewe dinge mis wat die lewe jou steeds bied. MAAK TYD OM TE KUIER Probeer om gereeld as gesin jou kind te besoek, al gaan drink julle net koffie saam. Wanneer jou kind tydens vakansies en die feesseisoen by die huis is, probeer om die tyd saam so spesiaal moontlik te maak deur gehaltetyd saam te bestee en spesiale goed saam te doen. Hou piekniek in die tuin, eet in die aand as gesin saam en ruim tyd in om net eenvoudig met jou kind te gesels. ONDERSTEUNING EN BEGRIP Onthou, dit is waarskynlik net so moeilik vir jou kind om te aanvaar dat hy of sy nie meer in die gemak van sy ouerhuis woon nie as wat dit vir jou is om aan die verlies gewoond te raak. Ondersteun jou kind deur gereeld met hom of haar per telefoon of e-pos te gesels. Maak seker jou kind weet jy sal altyd daar wees vir hom of haar, veral gedurende moeilike tye en noodgevalle. S number 1 of 2011
57
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
nuuswaardig
Soldeer – waar die nuus na jou toe kom
s
Deur Ilze Nieuwoudt
mag jy na harde nuus, goeie nuus, nuus oor jou vakbond, nuus oor die jongste aksies en gebeure van die grootste onafhanklike vakbond in die land en nog baie, baie meer? Dan is Soldeer, die weeklikse e-nuusbrief van die Solidariteit Beweging, net die nuusbrief vir jou. Soldeer verskyn elke week in Afrikaans en Engels en bied aan intekenare vars nuus oor Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand, AfriForum en Sol-Tech asook nuus oor sake wat jou werklik raak. Ons bied nuus uit die sakewêreld, nuus oor die talle maatskappye waar Solidariteit lede verteenwoordig, nuus uit die buiteland en ’n unieke blik op die wêreld vanuit ’n Europese perspektief beskou, geskryf deur ’n Europese bydraer! As harde nuus nie in jou kraal val nie, loer na die week se beste blogs wat op die Solidariteit Blog gepubliseer is en gryp die
kans aan om ook jou sê te sê. Kies met ’n eenvoudige klik-klik koers na die Solidariteit Facebookblad en deel jou ervarings oor dinge wat vir jou en ander soos jy belangrik is. Deur Soldeer kan jy ook die klankgolwe volg na Solidariteit Radio waar die opwindendste radioprogramme elke week uitgesaai word. En vir die getroue aanhangers van die gewilde YouTube-fenomeen is daar nog ’n Solidariteit-eie – S-Tube, waar jy kan loer en luister na nog video’s uit die Solidariteit-stal. • Om op hierdie gratis nuusbrief in te teken, stuur ’n e-pos na heleen@solidariteit.co.za. Intekening is gratis en jy hoef nie ’n lid van Solidariteit te wees om op Soldeer in te teken nie. S
promosie-artikel
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
Pro Arte Alphen Park gee kreatiwiteit vlerke Pro Arte Alphen Park is ’n unieke skool geleë in die ooste van Pretoria waar die kunste en akademie baie suksesvol saamgevoeg word. Dié dubbelmediumskool bied ses gespesialiseerde fokusareas aan, naamlik dans, kuns, musiek, drama, gasvryheidstudies en ondernemingsbestuur. (Toelating is onderhewig aan ’n oudisie in ’n spesifieke fokusarea.) Pro Arte Alphen Park spog reeds vir vyftien jaar met ’n 100%-matriekslaagsyfer. Jaar ná jaar word daar op dié welslae voortgebou en word leerlinge optimaal voorberei op verdere studies. Pro Arte Alphen Park se welslae spreek boekdele en is ’n duidelike bewys van die erns wat met studies geneem word. Verlede jaar het 82,7% van die matrieks aan Pro Arte Alphen Park met universiteitstoelating geslaag en dié merkwaardige skool is met die gesogte toekenning as voorste skool vir ontwerp in Gauteng vereer. Die algehele gemiddeld vir 2009 se matrieks was 89% en die top-
leerling uit dié klas het ’n gemiddeld van 99% gehandhaaf. In dieselfde jaar is Pro Arte Alphen Park ook as die voorste presteerder in Engels eerste addisionele taal in die Tshwane-Suid-distrik aangewys. Onderrig in die kunste asook die akademie loop hand aan hand. Oudleerlinge staan vandag suksesvol in verskeie beroepe wat wissel van beroepe in die mediese wêreld tot die regte, gasvryheidsbedryf, en die beeldende en uitvoerende kunste. Pro Arte Alphen Park spog met ’n hele rits bekendes wat hier gematrikuleer het. Bekendes in musiek- en dramakringe sluit onder meer in Colin Davis (ontwerp-regisseur), Petronel Malan (pianis), Lizelle le Roux (violis van Eclipse), Sylvaine Strike (aktrise), Zetske van Pletzen (aktrise), Cheree van der Merwe (aktrise), Hanna Grobler (aktrise), Aubrey Poo (akteur), Erik Holm (akteur), Corniell Hutton-Burger (musikant van die bekende kitaarduo CH2), Peach van Pletzen (musikant) en Kobus du Toit (musikant).
nommer 1 van 2011
58
Kunstenaars in die uitvoerende en beeldende kunste en die gasvryheidsbedryf, soos Burnise Silvius (danser), Nicole Ferreira (danser), Lionel Smit (kunstenaar) en bekende restauranteienaar en sjef Chantel Dartnall is, maar net ’n paar van die trotse oudleerlinge van Pro Arte Alphen Park. Die skool bied ’n verskeidenheid opwindende geleenthede vir dié met ’n passie vir kuns, musiek en sang. Pro Arte Alphen Park is ook die tuiste van die Pro Arte Kunste-Akademie. Hier word verskeie klasse nauurs aangebied. Verskeie nuwe toevoegings is onlangs tot die akademie gemaak en lesse in jazz-klavier en -sang word nou ook aangebied. Pro Arte Alphen Park bied ’n tuiste aan begaafde, talentvolle leerlinge wat hulle unieke self wil uitleef binne die beskermde omgewing van die skool. Hier kan kinders hul talente en passie ontgin, terwyl hulle hulself ook akademies bekwaam en vir ’n toekoms voorberei.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
Pro Arte Alphen Park
promosie-artikel
Alles oor jou begrafnisvoordeel Die onderwerp van begrafnisse is een wat die meeste mense probeer vermy. Tog is daar belangrike dinge wat jou en jou gesin moet weet om die proses in daardie tyd van beproewing vergemaklik. Bêre hierdie nuttige gids en verseker dat jy presies weet wat by jou Solidariteit-begrafnisplan ingesluit is. WAT IS INGESLUIT? • Die verwydering van die oorledene vanaf die plek van afsterwe (verwydering word enige dag en tyd gedoen). • Die berging en versorging van die oorledene. • Die verskaffing van ’n kis, volgens kontrak. • Die verskaffing van ’n naamplaat vir die kis. • Begrafnisreëlings met ’n Doves-reëlingsbeampte. • Die bespreking van die graf/krematorium by die betrokke munisipaliteit/eienaar. • Die verskaffing van 100 gewone begrafnispamflette (pamflette met foto’s word nie hierby ingesluit nie). • Die gebruik van ’n Doves-kapel (indien beskikbaar). • Die gebruik van ’n begrafnisondernemer en lykswa. • Die gebruik van ’n graftent, stoele, grastapyt en neerlaatmasjien by die graf. • Die registrasie van die dood by die departement van binnelandse sake (waar moontlik). • Die voltooiing en indiening van begrafniseisdokumente asook alle ander toepaslike administrasie. • Gratis dekking van vervoerkoste vir die eerste 80 km vanaf die naaste Doveskantoor. • Afslag van 10% op grafstene wat tydens bespreking van die begrafnis bestel word. • Alle plaaslike oproepe wat vir die betrokke begrafnis en ander toepaslike reëlings gemaak moet word. • Die gebruik van die besigtigingskamer. • BTW is op alle koste ingesluit.
FOTO: iSTOCKPHOTO.COM
WAT IS NIE INGESLUIT? • As die oorledene deur ’n ander begrafnisondernemer vervoer word en Doves dan die liggaam na ’n Doves-kantoor moet verskuif, moet die familie die koste van die ander begrafnisondernemer dek. • As ’n ander kis (as wat volgens die kontrak bepaal word) gekies word, is die familie
verantwoordelik vir die verskil in koste. • ’n Houtkissie vir as (indien verkies). • Krematoriumkoste. • Munisipaliteitskoste – dus die koop en grawe van die graf. • Die plasing van die oorledene se as in ’n gedenkmuur. • Die verskaffing van bykomende gewone begrafnispamflette teen R1,88 per pamflet. (As die familie pamflette met foto’s in verkies, is die familie vir die balans verantwoordelik.) • Die huur van ’n kapel (as ’n Doves-kapel nie beskikbaar is nie en die familie verkies om ’n kapel te huur.) • ’n Tent by die huis/kleedkamers/busse/familiemotors. • Doktersgeld, die heffing van die mediese skeidsregter in die geval van ’n verassing (wat die uiteindelike goedkeuring vir verassings gee) en die koste van ’n doodsertifikaat (waar van toepassing). • Bykomende kilometer wat gereis moet word. Die eerste 80 km vanaf die naaste Doves-kantoor word gedek, daarna is die familie soos volg verantwoordelik vir die bykomende kilometer gereis: • Vanaf 81 km tot 200 km word R5,44 per kilometer gehef. • Vanaf 201 km tot 400 km word R5,00 per kilometer gehef. • Vanaf 401 km en meer word R4,70 per kilometer gehef. • ’n Bykomende bedrag van R570 word gehef op begrafnisse en verassings wat naure, op Sondae of openbare vakansiedae gehou word. • Blomme vir die kis en die kerk. • Die verwydering van longe (indien nodig). • Kerkkoste asook die vergoeding vir die predikant, orrelis en koster. • Die plasing van doodskennisgewings in koerante.
BYKOMENDE KOSTE • Begrafnisondernemers: As die oorledene eers deur ’n ander begrafnisondernemer vervoer word en die liggaam dan deur
nommer 1 van 2011
60
• • • • • • • • •
•
• •
•
•
•
• •
Doves afgehaal word, kan die familie tot R3 420 vir die diens van die ander begrafnisonderneming betaal. Kis: Word bepaal deur die keuse van ’n kis. Askissie: Kan tussen R456 en R1 710 kos. Krematorium: Tussen R1 026 en R2 022. Munisipale grafkoste: R330 tot R3 846. Die plasing van as: Die koste hiervan hang af van die perseel waar die as geplaas word. Bykomende gewone programme: R1,88 (BTW uitgesluit) per bykomende program. Programme met foto’s: Dié programme kan tot R18,50 per program kos. Huur van kapel: Die koste van ’n kapel word bepaal deur die keuse van ’n kapel. Huur van tente en stoele: Dit word bepaal deur die grootte van die tent en die aantal stoele wat gehuur moet word. Huur van busse en ander voertuie: Die koste wissel tussen R969 en R2 850 per bus/voertuig. Doktersgeld: Tussen R399 en R1 800. Bykomende reiskoste: Die bykomende koste word bepaal deur die aantal ekstra kilometer wat gereis word. Begrafnisse wat na-ure, op Sondae of openbare vakansiedae gehou moet word: ’n Bykomende bedrag van R570 word hierop gehef. Vars blomme: Die koste sal afhang van die familie se keuse van ruikers, maar kan tussen R285 en R1 140 beloop. Verwydering van longe: Die koste hiervan beloop ’n minimum van R585, maar hang af van die dokter se heffing. Kerkkoste: Dit wissel, maar die gemiddelde koste strek van R627 tot R1 311. Doodskennisgewings: Die koste hiervan word deur die betrokke koerant bepaal.
Vir meer inligting oor jou Solidariteit-begranisvoordeel of om die kontakbesonderhede van jou naaste Solidariteit-kantoor te kry, skakel 0861 25 24 23. Of skakel die Doves Careline by 0860 02 55 00.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
DOEN DÍT IN GEVAL VAN STERFTE WIE MOET EK KONTAK? • Huisdokter; • naaste Solidariteit-kantoor (doen navraag oor dekking). Die Solidariteit-dienskantoorpersoneellid sal jou bystaan met die reëlings; • toepaslike begrafnisondernemer; • predikant; en • familielede om jou by te staan (as jy dit so verkies). REGISTRASIE BY BINNELANDSE SAKE • Moenie die sterfte by binnelandse sake registreer voordat jy seker gemaak het dat jy in besit is van die huweliksertifikaat nie (as die oorledene getroud was). DOKUMENTASIE OM STERFTE TE REGISTREER • Identiteitsdokument of geboortesertifikaat van oorledene; • identiteitsdokument van persoon wat begrafnis reël; • huweliksertifikaat (indien getroud); en • BI-1663-vorm (moet deur die dokter of huisdokter voltooi word).
Vir meer inligting, skakel die Doves Careline by
0860 02 55 00
BELANGRIKE INLIGTING EN DOKUMENTASIE • Bewyse van alle begrafnispolisse en/of begrafnisvoordele. • Onthou om rekenings en bankdienste van oorledene te sluit. • Stel oorledene se werkgewer in kennis van afsterwe. WAT MOET VOLGENDE GEDOEN WORD? • Besluit tussen ’n begrafnis of ’n verassing. • Besluit op die plek, datum en tyd van die begrafnis- of roudiens. • Verskaf die naam en kontaknommer van die predikant aan die ondernemer. • Indien van toepassing, stel ’n naamlys van draers op (6 tot 12 name). • Reël klere vir die oorledene. • Bespreek reëlings met Solidariteit se ondernemer. (Die Solidariteitdienskantoor naaste aan jou sal die familie met die reëlings bystaan.) • In geval van ’n sterfte op ’n openbare vakansiedag of oor ’n naweek, skakel die Doves Careline by 0860 02 55 00.
number 1 of 2011
61
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
beroepsgesondheid en -veiligheid
SÓ DAAL SYFER 2007 – 221 2008 – 168 2009 – 165 2010 – 128
Sowat 24% minder sterf in 2010 by myne
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM; REINT DYKEMA
u
Deur Moira-Marie Kloppers
itvoerende hoofde van mynmaatskappye sal voortaan moontlik persoonlik verantwoordelik gehou en selfs tronkstraf opgelê kan word indien ’n mynongeluk of sterfte aan nalatigheid of onvoldoende veiligheidsmaatreëls gewyt kan word. Só wil die departement van mynbou tande gee aan wetgewing oor mynveiligheid. “Uitvoerende hoofde moet ’n groter rol speel om ’n kultuur van veiligheid by mynwerkers te kweek. ’n Veilige myn is ’n winsgewende myn, want mynongelukke en -sterftes het ’n negatiewe uitwerking op winsgewendheid,” sê Paul Mardon, hoof van Solidariteit se Beroepsgesondheid- en -veiligheidsafdeling. Mynsterftes het in 2010 met 24% afgeneem teenoor die vorige jaar. Die aantal mynsterftes het teen 31 Desember 2010 op 128 te staan gekom, teenoor 165 in 2009. In 2008 het 168 en in 2007 het 221 mynwerkers in Suid-Afrikaanse myne gesterf. “Volgens die departement van mynbou
Paul Mardon
het 128 werkers – dit wil sê net meer as twee werkers per week – in 2010 gesterf,” sê Mardon. Altesame 63 sterftes, net minder as die helfte van verlede jaar se mynsterftes, het in goudmyne plaasgevind, teenoor 32 in platinummyne. “Myne in Noordwes is die gevaarlikste in Suid-Afrika,” sê Mardon. “In vergelyking met
nommer 1 van 2011
62
2009 het die aantal mynsterftes in vyf van die nege provinsies gedaal, maar die meeste mynsterftes het steeds in myne in Noordwes plaasgevind (45), gevolg deur Gauteng (30) en die Vrystaat (22).” Geen sterftes het in mynongelukke in die Wes- en Oos-Kaap voorgekom nie en sterftes in KwaZulu-Natal en Mpumalanga het met onderskeidelik 67% en 48% afgeneem. Daarteenoor het die aantal sterftes in Limpopo die afgelope jaar verdubbel. Die aantal mynongelukke het met 18% gedaal, van 3 673 in 2009 tot 3 019 in 2010, maar 40% van vanjaar se ongelukke was in Noordwes. “Hoewel die aantal sterftes as gevolg van grondstortings die afgelope jaar afgeneem het, is grondstortings en masjienverwante ongelukke steeds vir die meeste sterftes verantwoordelik. “Solidariteit se Beroepsgesondheid- en -veiligheidsafdeling moedig onder meer die aanstelling van vakbondverteenwoordigers aan wat hulle op mynveiligheid toespits. Dit dra baie goeie vrug,” meen Mardon. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
Rus jou toe met ’n broodnodige vaardigheid
dis kinderspeletjies Praktiese, rekenaargedrewe leerlingskappe vir tekenaars en ontwerpers (CAD – Computer Aided Draughting) • • • • • • • •
Kampus is in Bronkhorstspruit geleë. Kursusse beskikbaar van 4 tot 18 weke. Kursusmateriaal asook gebruik van rekenaar word verskaf. Maksimum 10 leerders per klas. Jongste sagteware word ingespan. Seta-geakkrediteerd. Verblyf op kampus beskikbaar. Innoverende denkprosesse, nuwe konsepontwikkeling, projekbestuur, navorsing en ontwikkeling, ontwerp en tekenwerk vorm alles deel van die praktiese opleiding.
Skoolverlaters, volwassenes en gekwalifiseerde ambagslui en tegnici kan nou ’n hoër kwalifikasie behaal in ’n beroep (Draughtsman) wat deur die departement van arbeid as skaars vaardigheid geklassifiseer is.
HOOFKATEGORIEË:
• Meganies • Elektries • Argitektonies • Siviel SPESIALISAFDELINGS:
• Struktuurstaal • Pypwerk • Elektriese netwerkverspreiding • Paaie • Brûe • Damme
BESPREEK VANDAG!
AKSENT MEDIA/SOLIDARITEIT/1 VAN 2011
Skakel Mirinda by 079 710 2102 of stuur e-pos na mirindavv@gmail.com
www.bohlabelacadcollege.co.za
TRUST US TO ENSURE A BRILLIANT FUTURE FOR YOURSELF OR YOUR CHILDREN
beroepsgesondheid en -veiligheid
Een uit vyf werknemers MIV-positief
e
Deur Ilze Nieuwoudt
en uit elke vyf werknemers in Suid-Afrika is waarskynlik MIVpositief. Die blyk uit die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika se 2003-model wat toon dat nagenoeg 19% van die Suid-Afrikaanse bevolking tussen die ouderdom van 15 en 49 jaar se MIV-status tans positief is. Op Wêreldvigsdag verlede jaar, wat jaarliks op 1 Desember gehou word, het Solidariteit beklemtoon hierdie syfers behoort ’n wekroep vir werkgewers regoor Suid-Afrika te wees. “MIV/Vigs is ’n werklikheid in SuidAfrika en die werkplek word nie hiervan uitgesluit nie,” sê Paul Mardon, hoof van Solidariteit se Beroepsgesondheid- en -veiligheidsafdeling. “Dié syfers toon ’n kommerwekkende persentasie van die land se bevolking wat aktiewe werknemers moet wees, is MIV-positief. Dié syfer is selfs hoër as die algehele MIV-syfer van 11,8% vir die hele bevolking. Die kategorie Suid-Afrikaners wat die geskikte ouderdom is om te werk, word dus die hardste deur die pandemie getref,” verduidelik Mardon. Volgens Solidariteit het hierdie tendens ’n
uiters negatiewe uitwerking op die SuidAfrikaanse ekonomie. Verder plaas die verlies aan kundigheid wat ontstaan wanneer mense weens die uitwerking van MIV nie meer kan werk nie, bykomende druk op die ekonomie. Volgens Mardon moet werkgewers nie net op Vigsdag nie, maar met behulp van ’n uitgebreide opleidingsprogram bewustheid oor MIV/Vigs in die werkplek skep. “Dit is
noodsaaklik dat onderrig en opleiding onder werknemers oor MIV/Vigs deurlopend gedoen word. Geen werkgewer kan daarop aanspraak maak dat hy of sy nié deur die probleem geraak word nie en daarom is opvoeding in alle werkplekke noodsaaklik.” Solidariteit vorm deel van die drieledige belangegroep in die mynbedryf (bestaande uit vakbonde, die staat en werkgewers) wat oplossings vir die MIV/Vigs-kwessie in die bedryf soek. Mardon beklemtoon die noodsaaklikheid van Solidariteit se betrokkenheid hierin, juis omdat dit ’n platform bied waar Solidariteit-lede se kommer oor die onderwerp aangehoor kan word. “Hier kan Solidariteit op ’n sigbare wyse betrokke raak deur saam met werkgewers en bestuur na oplossings te soek,” verduidelik Mardon. Die vakbond meen die mynbedryf is nie die enigste bedryf waar werknemers aan die virus blootgestel word nie. Die risiko van MIV/Vigs plaas onder meer ook druk op werknemers in die mediese bedryf. Vanweë die gevare verbonde aan MIV/Vigs in dié en ander bedrywe, behoort die kwessie prioriteit te geniet, het Mardon gesê. S
promosie-artikel
ILLUSTRASIES: iSTOCKPHOTO.COM
Centurion Akademie: Opleiding sonder gelyke Die Centurion Akademie (oftewel CA soos die studente dit noem) het homself in die afgelope elf jaar reeds goed gevestig as die grootste private verskaffer van beroepsgerigte opleiding in Afrikaans. CA bied tans agtien voltydse kursusse vanaf sertifikaat- tot diplomavlak aan. Al dié kursusse is op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) geregistreer. Opleiding en ’n kwalifikasie by CA hou talle voordele in. Omdat CA ’n geregistreerde instelling by die departement van onderwys is, bied CA kwalifikasies wat ten volle in die mark erken word. Buiten hiervoor kan CA-studente ook by al die grootste handelsbanke vir studielenings aanklop. CA se kursusse is praktykgerig en bied daarom aan studente ’n opwindende blik op die beroepswêreld wat op hul wag. Alle
CA-studente moet as deel van hul opleiding praktiese ervaring opdoen. Hierdie ervaringsleer bied aan studente van CA ’n groot voorsprong, aangesien hulle sodoende die geleentheid kan aangryp om hulself vroeg reeds in die arbeidsmark te vestig en sodoende ’n werk ná die voltooiing van hul studie help verseker. Die ongekende vooruitgang en groei wat die Centurion Akademie die afgelope paar jaar ervaar het, het tot gevolg gehad
nommer 1 van 2011
64
dat ’n nuwe CA-kampus teen die einde van 2010 aangekoop kon word. Hierdie nuwe kampus is reeds ingerig en is maklik bereikbaar en reg oorkant die Centurion Gholflandgoed geleë. Dit bied aan studente ’n ware kampusatmosfeer – en ’n plek waar dit niks vreemd is om studente tussen klasse op die kampus se vlugbalbaan te sien vlugbal speel nie. Centurion Akademie is trots Afrikaans en skroom nie om met vertroue hul visie aan die groot klok te hang nie. ’n Visie wat uitroep: “Ons streef daarna om die beste te wees in die ontsluiting van kundigheid deur kennis, vaardigheid en ’n positiewe gesindheid.” • Vir meer inligting oor die Centurion Akademie en die kursusse wat gebied word, skakel 012 648 9700 of besoek die webtuiste www.ca.ac.za
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
legal matters
Restraint of trade agreements
a
~ PART I ~
restraint of trade clause is commonly found in employment contracts to enable an employer to protect its business from competition from ex-employees. In terms of a restraint of trade agreement, an employee is prevented from starting his or her own business in competition with his or her employer or working for competitors for a specified period in a specified geographical area after the termination of the employment contract. At the outset it is important to take note of two things: Restraint of trade arguments cannot be settled by hard and fast rules, and these agreements are not regulated by Labour Law, but by the Law of Contract.
PHOTOGRAPHS: DALEEN DE JAGER; iSTOCKPHOTO.COM
RESTRAINT OF TRADE AGREEMENTS: WHAT AND WHY? Courts have defined a restraint of trade agreement as a contract in which one party (the employee) agrees with another (the employer) to limit or restrict, for a specified period, his or her freedom to trade with another external party, in order to protect the employer’s goodwill and customer connections, or trade secrets, after the employment relationship has ended. In most cases the employee will be in the weaker bargaining position and will not really be able to negotiate the terms of the contract. The courts are aware of this problem and have had to formulate rules relating to its validity and reasonableness.
YOU & T H E L AW phil davel Send your questions to Solidarity Magazine: You & The Law, P.O. Box 11760, Centurion 0046; send email to diens@solidariteit.co.za; or a fax to 012 664 1102.
WHAT DOES IT MEAN? Despite a lack of clarity at one stage as to how restraint of trade agreements should be treated, the court in Magna Alloys and Research (SA) (Pty) Ltd v Ellis, 1984 found that, in South African law, a restraint of trade agreement is valid and enforceable and will only be invalid and unenforceable if it is contrary to public policy on account of it unreasonably restricting a person’s right to trade or to work.
that people should be free to engage in economic activity. The Constitution also protects the right to choose a “trade, occupation or profession freely”. Although this may seem confusing and contradictory, the common law rules relating to restraints of trade are not unconstitutional (this will be discussed in Part II). When a court considers whether to enforce a restraint of trade agreement it must, after observing all the relevant agreements between the employee and employer, reflect on the provision in Section 22 of the Constitution (that every citizen has the right to freely choose his or her occupation) and exercise a value judgement on its assessment of the facts.
IS IT REASONABLE? In determining the reasonableness of restraint of trade agreements, two competing policy considerations come into play. The first is that it is in the public interest that people should be held to their agreements. The second is that it is also in the public interest
THE ONUS OF PROOF As with any other agreement, when a party to a restraint of trade agreement attacks its validity, the onus is on him or her to establish that it is unreasonable. Thus, the employee bears the onus of proving that the clause is contrary to public policy.
nommer 1 van 2011
66
Phil Davel
A VALUE JUDGEMENT ENTAILS THE FOLLOWING: • Does one party have an interest that deserves protection after termination of the agreement? • If so, is that interest threatened by the other party? • In that case, do these interests weigh qualitatively and quantitatively against the interest of the other party not to be economically inactive and unproductive? • Is there an aspect of public policy having nothing to do with the relationship between the parties that requires that the restraint be maintained or rejected? • Does the restraint go further than necessary to protect the interest? • Part II will be published in the second issue of Solidarity Magazine. Phil Davel will discuss the reasonableness of restraint of trade with specific reference to Section 22 of the Constitution as well as the relevant grounds for opposing restraint of trade agreements. S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
arbeidsake
Vakbond se litigasiespan slaggereed
FOTO: MARNIA VERWEY
m
Deur Moira-Marie Kloppers
et sewentien kundige personeellede en ’n uitstekende 2010 agter die blad, is Solidariteit se Algemene Litigasie-afdeling (ALA) slaggereed vir 2011. Die ALA bestaan uit tien litigante, vier arbeidsregadviseurs en drie administratiewe amptenare wat lede met enigiets van ’n algemene regsnavraag tot dissiplinêre verhore, afleggings, konsiliasies of arbitrasies by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) bystaan. “Ledediens is die hart van die ALA,” sê Philip Kruger, hoof van dié afdeling. Daarom het die afdeling verlede jaar uitgebrei met litigante by die Bellville-, Rustenburg-, Witbank- en Boksburg-kantore om lede met sake by te staan. Daarbenewens is vier arbeidsregadviseurs in die Solidariteit-dienssentrum voltyds beskikbaar om lede se telefoniese navrae te hanteer. “Hierdie vier arbeidsregadviseurs het verlede jaar nagenoeg 9 070 lede telefonies bygestaan – 2 270 meer as in 2009,” verduidelik Kruger. Die ALA se litigante verteenwoordig lede landwyd in werkverwante arbeidsregtelike sake en geskille en het verlede jaar R11 693 767 se vergoeding vir 767 lede by verskillende forums beding. S
die lees werd
Klik-klik sommer maklik op Boekblik Boekblik is ’n eenvoudige manier om jou gunsteling-boeke met die klik van ’n muis te bestel. Besoek www.boekblik.co.za en blaai deur die aanlynkatalogus met ’n wye reeks boeke wat in ’n ieder en elk se smaak sal val. Is jy op soek na Afrikaner-geskiedenisboeke, biografieë, kinderboeke of boeke oor selfdoen, reis, sport, godsdiens of tuinbou? Vind dit alles en nog baie meer op Boekblik! MUST READ WALKING IN THE DRAKENSBERG Jeff Williams Explore the wild, wonderful and mystic Drakensberg with this spectacular guide (published by Cicerone Press) to walking in this World Heritage Site. The guide takes a closer look at 75 different day hikes in the berg ranging from easy to strenuous walks of up 20 km.
GESKIEDENIS
EKONOMIE
DAE UIT ONS GESKIEDENIS Saamgestel deur Vriende van Afrikaans Dae uit ons geskiedenis, saamgestel deur die Vriende van Afrikaans en uitgegee deur Griffel Media, is ’n Afrikaanse kultuurhistoriese dagboek met ’n magdom vertellings van gebeure in die verlede wat ’n invloed op Afrikaanssprekendes gehad het. Dit dek 366 sodat nie eens Skrikkeldag oorgeslaan word nie. Hoewel die fokus van die boek op die plaaslike geskiedenis is, word daar ook verwys na ander wêreldgebeure wat op dieselfde dag in die geskiedenis plaasgevind het. Dié geskiedenisdagboek (R160) kom in ’n nuttige sagtebandformaat en sluit ’n volledige onderwerpen dagindeks in.
LEER MEER OOR GELDSAKE Hein Kruger Leer meer oor geldsake (uitgegee deur Naledi) is ’n nuttige gids vir elke persoon wat met finansiële beplanning raad nodig het. Die outeur, Hein Kruger, is ’n aandeleportefeuljebestuurder op die JSE en bied die gereelde insetsels Geldsake en Ons en die ekonomie op RSG aan. Hy beklemtoon in dié gids dat elke persoon die verantwoordelikheid van finansiële beplanning self moet aanvaar. Leer meer oor geldsake is só saamgestel dat dit elkeen, van die ekonomiese leek tot die kenner, iets oor geldsake sal leer. Dié sagtebandboek kos R132,35.
KUNS EN FOTOGRAFIE DUSKANT ANDERKANT Francis Grobler Duskant anderkant (R120), uitgegee deur Piquet, is ’n unieke, emosionele en diep digbundel uit die pen van Francis Grobler. Dit is ’n mengsel van gedagtes, gebede, gedigte, grepe sentiment en lirieke wat nie skroom om oral, behalwe binne die lyne, in te kleur nie. Die digter besoek universele plekke waar doodgewone mense op ’n daaglikse grondslag fisiek, emosioneel of intellektueel kan aandoen.
15%-AFSLAG VIR SOLIDARITEIT Is jy ’n lid van Solidariteit, AfriForum of Solidariteit Helpende Hand? Registreer dan as Boekblik-gebruiker en kom in aanmerking vir 15%afslag op alle boeke op Boekblik! Besoek www.boekblik.co.za en klik op die “Lede”-skakel om te registreer. Vul die spesiale ledevorm in, sit terug en wag vir die goedkeuringse-pos. Sodra jou lidmaatskap bevestig is, besoek ’n wêreld van boeke op www.boekblik.co.za teen spesiale afslagpryse. Lekker lees! S
nommer 1 van 2011
68
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
kry die krag van die WET aan jou kant – 24 uur per dag X
REGSHULPVERSEKERING UNIEKE KENMERKE*
• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R35 000 per jaar. • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie.
Prokureur tot jou diens teen slegs R70 per maand!*
* Bepalings en voorwaardes geld
Geadministreer deur Legal X, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste (FSP-nommer: 5277)
0861 765 734 Skakel ons vandag nog by
’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
histories gesproke
Pierneef: Onkonvensionele kunslegende
w
Deur Inge Verwey
FOTO’S: CONSTANCE STUART; iSTOCKPHOTO.COM
anneer jy enige gesoute kunskenner sou vra om ’n paar van die land se mees prominente kunstenaars van die 20ste eeu op te noem, behoort die naam Jacob Hendrik Pierneef die meeste op te duik. Hendrik Pierneef, soms ook Jacob, Pier of Henk genoem, word wêreldwyd as die eerste groot Suid-Afrikaanse skilder geëer. Pierneef is hoofsaaklik bekend vir die unieke styl waarmee hy Suid-Afrikaanse landskappe geskilder het. Sy styl, wat as modernisties en geometries beskryf word, het die Suid-Afrikaanse kunswêreld van die 20ste eeu onderstebo gekeer. Aanvanklik is hierdie skilderye van hom nie goed ontvang nie, maar vandag word dit as van Suid-Afrika se mees gesogte kuns beskou. Pierneef het as kind reeds ’n aanvoeling vir kuns gehad en op vyftien het hy kunsonderrig by ’n argitek in Hilversum, Nederland begin ontvang. Hy was later ook ’n leerder aan die Akademie vir Beeldende Kunste in Rotterdam. As jong man het Pierneef deeltyds geskilder terwyl hy onder meer by ’n tabakwinkel in Pretoria gewerk het. Ná sy eerste eenmanuitstalling in 1913 kry hy genoeg selfvertoue om meer gereeld uit te stal en ses jaar later besluit hy om hom voltyds op kuns toe te spits. Tydens ’n besoek aan Europa in 1925 het Pierneef met moderne en impressionistiese kuns kennis gemaak. Hierdie Europese kunsstrominge het met sy terugkeer in sy werk neerslag gevind. Dit het hom ook die moed gegee om met onkonvensionele tegnieke en style te begin eksperimenteer, soos die geometriese en divisionistiese styl wat hy met sy skildery Studie in blou toegepas het. SuidAfrika het in daardie stadium nie aanklank gevind by dié nuwe kunsvorm nie en Pierneef se loopbaan het ’n terugslag beleef. Die krisistyd waarin sy loopbaan was,
Pierneef
DID YOU KNOW?
• Jacobus Hendrik Pierneef was born in Pretoria on 13 August 1886 and died on 4 October 1957. • Most of Pierneef’s landscapes were of the South African highveld. • Pierneef’s first public exhibition in 1902 was done in conjunction with his godfather, Anton van Wouw, and Hugo Naude. He did his first solo exhibition in 1913. • Pierneef had various jobs before settling as a full-time painter. While studying art he worked in a tobacco shop. From 1912 worked at the State Library for almost ten years until he started working as an art lecturer in 1918. He became a full-time painter in 1923. • In 1910 Pierneef sold his first oil painting. • In September 2008 the Pierneef painting, “The Baobab Tree”, was sold for R11,8 million at an art auction in London. It set a record price for South African art.
was egter van korte duur. In die jare dertig het Pierneef 32 muurskilderye vir die Johannesburgse stasie en sewe muurskilderye vir Suid-Afrika-huis in Londen gemaak. Die kunswerke, hoofsaaklik Suid-Afrikaanse natuurtonele en geskiedkundige plekke, is goed ontvang. Daarna was sy loopbaan as kunstenaar weer goed op dreef tot en met sy
dood in Oktober 1957. Vandag word 347 van Pierneef se skilderye en van sy persoonlike besittings in die Pierneef-museum in die Leendert te Groengebou in Vermeulenstraat, Pretoria bewaar. Dit is ironies dat die andersoortigheid van sy kuns, wat aanvanklik teen hom getel het, later van hom ’n legende gemaak het. S
Spits jou ore vir geskiedkundige reis van momente, monumente Indien jy hunker na jou Afrikaanse wortels en graag meer wil weet van die belangrike mense en gebeurtenisse wat die hedendaagse Afrikaner vooraf gegaan het, luister gerus elke Vrydag om 13:00 na Momente en monumente gedurende die omnibusprogram In Solidariteit op Solidariteit se eie radiostasie. Die program neem luisteraars elke week op ’n geskiedkundige reis deur die Afrikaner se verlede en gee hulle die geleentheid om die land se ryk geskiedenis op ’n nuwe manier te ontdek. • Besoek www.solidariteitradio.co.za en klik op In Solidariteit.
nommer 1 van 2011
70
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
histories gesproke
De la Rey en die Slag van Twee Riviere
d
e la Rey het die afgelope jaar of wat opnuut ’n draai in Suid-Afrikaners se gedagtes kom maak. Hoor jy dit, dink jy dadelik aan ’n liedjie, ’n musiekblyspel of, les bes, ’n Boere-omie met ’n welige baard en ’n geweer oor sy skouer. Naby Jacobsdal in die Vrystaat ry ek gereeld verby een van daardie bruin aanwysingsborde wat museums of geskiedkundige gebeurtenisse aandui: “Die Slag van Twee Riviere”. Min het ek geweet dat daar ’n noue band tussen dié plek en die bekende genl. De la Rey is. Die Slag van die Twee Riviere, ook bekend as die Slag van Modderrivier, het op 28 November 1899 plaasgevind by die sameloop van die Modder- en Rietrivier in die Vrystaat. Hier maak genl. De la Rey sy buiging. Ná die veldslae by Graspan en Belmont dink hy diep na oor die ou Boerestrategie om koppe in te neem en vandaar te veg. Die strategie het ’n paar swakplekke: Nie net is dit binne die
Deur Magdaleen Kleynhans bereik van die Britte nie, maar dit is ook goeie teikens vir die artillerie. Boonop bied dit goeie skuiling vir die aanvalsmag. Gelyke grond sou veel beter skuiling vir die Boere bied. Pleks daarvan om die Modderrivier as hindernis te gebruik, kondig De la Rey aan dat die burgers sowat 100 m van die rivierwal af moet ingrawe. Die sowat 4 000 Boere, bestaande uit De la Rey se Transvalers en sowat 1 200 burgers onder die bevel van genl. Piet Cronjé, gaan die slag tegemoet met ses Kruppkanonne en vier pom-pom-masjiengewere. Aan Britse kant, onder leiding van lord Methuen, maak sowat 10 000 man met drie artillerie-batterye en vier swaar twaalfpondskeepskanonne hulle gereed vir die geveg. Om ongeveer 4:00 die oggend van 28 November is die Britse mag aan die opmars na die Modderrivierbrug. Lord Methuen verwag die Boere op die koppe soos hulle gewoonte was en hulle stap dus reguit in die lokval in. Tien ure later val die laaste skote. Die Britte het die Boere se regterflank aan-
geval en die Boere só gedwing om te onttrek. Maar onder die Britte is daar 70 sterfgevalle en 413 gewondes, terwyl slegs sestien Boere gesneuwel het en 66 gewond is. Dertien Boere is deur die Britte gevange geneem. Min van ons weet van hierdie veldslag. Maar agter die feite lê ’n verhaal van menslikheid. Hopelik, as jy weer sy naam hoor, dink jy aan loopgrawe wat hy moes grawe; strategieë wat hy tot laatnag saam met sy manskappe om die kampvuur moes uitwerk. Die Boere was in die tyd van die AngloBoereoorlog net ’n handjievol. Vandag is die Afrikaner steeds nie ’n groot nasie nie. As ons terugkyk na hoe daardie handjievol Boere tot die dood toe vir hul nageslag bly veg het, gee dit ons moed om in ’n klas op skool op te staan en op Afrikaanse onderrig aan te dring. Dit gee ons die dryf om vir ons geloof op te staan en te eis dat godsdiensonderrig gegee word. Dit stel ons in staat om op elke gebied in die samelewing ons beste te gee, en dit leer ons hoe ons as Afrikaners kan hande vat. S
tot u diens
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE
KATHU
Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville
RUSTENBURG
Gert van Wyk, Francois Slabber Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou, Winkel 7, Kathu
BOKSBURG
Theunis van Staden, Johan Nell (litigant) Administratiewe beampte: Christelle Grobler Tel: 014 592 4336 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg
LYDENBURG
Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
Administratiewe beampte: Mariëtt Barnard Tel: 013 235 3698 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
NEWCASTLE
CARLETONVILLE Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
DESPATCH
PIETERSBURG
Piet Veldtman, Wynand Strydom Administratiewe beampte: Marlene Veldtman Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch
ELLISRAS
Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg
SECUNDA Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR Tel: 012 644 4300 Tel: 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za Webwerf: www.solidariteit.co.za Straatadres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046
VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171/011 252 7271 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130
PRETORIA
Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za
Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville
KLERKSDORP
WELKOM Coen Schoonraad, Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum
RICHARDSBAAI
Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoornlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp
Francois van Heerden, Hennie Vosloo Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe Tel: 035 789 0968/9 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Lira Linkstraat, Eenheid 7, Montego Park, Richardsbaai
nommer 1 van 2011
72
WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis, Jo-Anne Coetzer, Quintus Sluep (litigant) Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
stilw(o)ord
Soete liefde ken geen gebrokenheid
FOTO’S: YOLANDÉ TERBLANCHE; iSTOCKPHOTO.COM
d
it is ’n gewone Vrydagmiddag waarop ek ’n gewone ma-ding moet doen: ’n kind gaan oplaai wat van die veldskool af terugkom. Daar is die gewone gemaal van mammas wat groet en bagasie wat afgelaai word. Die enigste verskil is dat hier net soveel rolstoele as tasse van die sleepwa afgelaai word. ’n Mens kan skaars glo dat hierdie personeel dapper genoeg is om ’n klomp gestremde kinders op ’n veldskool te neem. Terwyl ek my kind se bagasie in die bakkie laai, trek Marietjie van agter aan my bloes. Ek kyk om en sien ’n jong man by haar. Hy het ’n baardjie, ’n effense boggelruggie en ’n breë glimlag. En hy hou haar hand vas. Ek vries. “Berge val op my!” is my eerste gedagte. Hoe nou? Al is my kind al agtien jaar oud, was ’n kêrel nie eens naastenby in my gedagtes nie. Maar die twee stralende gesigte voor my dwing my om my skok te verberg. Gelukkig staan die onderwyseres, wat seker my lyftaal geïnterpreteer het, dadelik nader. Sy vertel namens Marietjie die opwindende verhaal van die ontluikende kampliefde, en verseker my dat ek nie bekommerd hoef te wees nie. “When can I come to visit my girlfriend?” wil die jong ridder, wat ek Ryan sal noem, by my weet. En voor ek weet, is ’n kuier kant en klaar afgespreek. Met groot verwagting aan Marietjie se kant en groot huiwering aan my kant wag ons die kuier af. Briefies en geskenkies word intussen uitgeruil. Marietjie s’n word vol spelfoutjies op die rekenaar getik en met kinderlike krabbels bedek. Ryan s’n bestaan soms net uit ’n tydskrifprentjie wat rondom gesnipper is. ’n Verlepte blommetjie word sorgvuldig in haar Bybel gepars. My begroting moet rek om duur sjokolade in te sluit. Toe die kuierdag eindelik aanbreek en Ryan se ma hom met ’n stroom vermanings by my aflaai, sien ek gou dat die juffrou reg was. Daar woon ’n sesjarige seuntjie in sy twintigjarige lyf. ’n Baie besige sesjarige seuntjie. Ons gaan neem DVD’s uit, en ek moet benoud aan sy groot, harige hand rem om te keer dat hy impulsief voor ’n motor inhardloop. Hy en Marietjie pyl op die kinder-DVD’s af. “Can I take out Liewe Heksie?” wil hy weet. Op sy versoek gaan ons later parkie toe, en Marietjie, wat moeilik loop, sit langs my op die bankie terwyl Ryan die glyplank
“
Dit is Hy wat gesorg het dat my ou skewe potjie ook ’n deksel kry.
”
STILWO ( O ) R D marietha malan uitgelate stormloop. Sy manslyf swaai so woes hoog dat ek wonder wanneer hy soos ’n pyl uit ’n boog daar gaan afskiet. Ons gaan drink melkskommels by die Spur, en Ryan en Marietjie gaan spring saam met die kinders op die wipmatte. Marietjie lag haarself onkapabel omdat sy byna dadelik val en nie weer kan opkom nie. Daarna vra Ryan vir inkleurprente vir hom en sy “girlfriend”, wat hom lank genoeg besig hou dat ek gou die rekening kan betaal. “Did I behave?” wil Ryan weet toe sy ma hom kom oplaai. Ek verseker hom dat hy soet was, en Marietjie kry ’n piksoentjie op die wang. Met deernis kyk ek hoe die motor om die hoek verdwyn terwyl hy halfpad by die venster uithang om te waai. Hoe het ek ooit kon dink my gestremde kind mag nie liefhê nie? Onwillekeurig kom die Spreukedigter se verwondering oor die versteekte wonderwerke in alledaagse dinge by my op: “Daar is drie dinge, nee vier, wat bo my begrip is, wat ek nie kan verstaan nie: hoe ’n aasvoël in die lug bly, hoe ’n slang teen ’n rots op seil, hoe ’n skip op die diepsee vaar en hoe die liefde tussen ’n man en ’n meisie werk.” Dit is die God van liefde wat sorg dat die aasvoël se vlerke sy bonkige lyf hoog bo die aarde kan laat sweef. Dit is Hy wat die slang
number 1 of 2011
73
se spiere so laat saamtrek dat hy op ’n unieke manier kan beweeg. Dit is Hy wat die natuurwette gemaak het wat dinge laat dryf of sink. En dit is Hy wat gesorg het dat my ou skewe potjie ook ’n deksel kry. Een wat haar by die trappies afhelp; wat haar kossakkie vir haar ooprits; wat haar lomp help om haar mond af te vee as sy geëet het; wat dink sy is verskriklik mooi. Here, dankie dat U liefde vir my ook onvoorwaardelik is. Dat U by my gebreke verbykyk. Dat u in die gewone en alledaagse dinge rondom ons die wonder van U liefde laat blom. Want U is liefde… S
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a
promosie-artikel
Medihelp skep vertroue deur volhoubaarheid
’n
FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM
Dekade gelede was ’n mediese skema ’n plek waarmee jy net in aanraking gekom het wanneer jy siek was of om onvoorsiene redes in die hospitaal beland het. Dit was ’n plek wat ingestel was op die administrasie van mediese dienste nadat jy iets oorgekom het. Tye het genadiglik verander en deesdae word ’n goeie skema gesien as jou vennoot in gesondheidsorg. ’n Vennoot wat jou nie net die gemoedsrus bied dat jou bestaande siektetoestand professioneel en kostedoeltreffend bestuur word nie, maar ook die versekering bied dat voorsiening gemaak is vir tye waarin jy lewensreddende of lewensbehoudende dienste sou benodig. Volgens Anton Rijnen, uitvoerende hoof van Medihelp, is mense dikwels verward wanneer hulle mediese skemas met mekaar vergelyk. Hulle kom gou agter dat daar min verskille tussen die meeste skemas se voordele-opsies is. Ook dat prysverskille tussen vergelykbare opsies in die meerderheid gevalle gering is. “Daar is ander maatstawwe wat gebruik kan word om tussen skemas te onderskei, soos ’n skema se finansiële bestendigheid, eisebetalingsvermoë, grootte en vlak van kliëntediens. Al hierdie faktore is egter van min waarde indien dit nie volhoubaar is nie,” sê Rijnen.
GESONDE GROEI As Suid-Afrika se derde grootste oop skema, het Medihelp veral sedert 2008 goeie groei in sy ledetal ervaar. “In 2008, 2009 en 2010 het ons hooflede met onderskeidelik 3%, 16% en
9% gegroei terwyl ons reserwevlak tussen 27% en 28% gebly het. Jaarverslae van die Registrateur van Mediese Skemas wys dat hierdie groei meer was as dié van baie ander skemas, insluitende Discovery Health, Bonitas, Momentum Health en Fedhealth,” sê Rijnen. “Hierdie groei is bemoedigend omdat dit wys dat Medihelp ná 106 jaar in die bedryf steeds daarin slaag om as een van die voorste skemas in die land gereken te word en dit is juis om hierdie rede dat die skema vertroue by sy lede inboesem. Uiteindelik skep vertroue gemoedsrus en dit is eintlik waarna mediese skemalede op soek is,” sê hy. PUIK DIENS Medihelp se goeie groei word aangevul deur sy puik kliëntediens wat steeds deur onafhanklike navorsers aangewys word as die beste in die mediese skemabedryf. FINANSIËLE BESTENDIGHEID Daarbenewens het Medihelp in 2010 vir die derde agtereenvolgende jaar ’n AA- (AA minus) gradering van die Global Credit Rating Company gekry vir sy eisebetalingsvermoë, een van die hoogste graderings in die bedryf. MEDEDINGENDE PRODUKTE Medihelp se Necesse-netwerkopsie, een van Medihelp se gewildste voordele-opsies vanweë sy mededingende ledegeld, bied aan lede ’n Medihelp-netwerk van diensverskaffers by wie mediese dienste verkry kan word. Necesse maak ook voorsiening vir verskillende inkomstegroepe wat dit selfs
nommer 1 van 2011
74
meer bekostigbaar maak. Medihelp se Dimension-reeks van voordele-opsies bestaan uit vier produkte wat wissel van ’n hospitaalplan met basiese voordele vir dag-tot-dag dienste tot ’n opsie met omvattende versekerde voordele. Die gewilde gesondheids- en voordele-aanvuller wat kenmerkend van hierdie reeks is, bied voordele vir ’n reeks dienste wat op voorkomende sorg gemik is. Dit sluit onder meer swangerskapkonsultasies, immunisering, voordele vir ’n verskeidenheid toetse en ’n rugbehandelingsprogram in. LANGTERMYNVOLHOUBAARHEID “Vir Medihelp bly langtermynvolhoubaarheid van sleutelbelang in ’n bedryf wat deur deurlopende verandering gekenmerk word. Met sy ervaring en prestasies in die bedryf het Medihelp ’n gevestigde reputasie van volhoubaarheid en is ons steeds een van die voorste skemas in die land. “Die uitdaging lê daarin om ons onlangse positiewe groei voort te sit deur doeltreffende risikobestuur toe te pas en te verseker dat ons aanhou presteer en mededingend bly in die mark. Hierdie faktore is veral belangrik om voortgesette finansiële bestendigheid en dus gemoedsrus vir die lid en sy gesin te verseker,” sê Rijnen. • SMS “Kontak my” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se uitstekende voordele-opsies verlang of besoek die webtuiste www.medihelp.co.za om meer oor dié skema te wete te kom.
w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a