Solidariteit Tydskrif 2011 #2 | Solidarity Magazine 2011 #2

Page 1

VAKBOND VEG VIR

VRYHEID! Vonke spat oor regstellendeaksie-wetgewing NR. 2 VAN 2011 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE

I SSN 1683562 -X

Solidariteit pak Winnie namens SAPD-lid Trots om ’n Afrikaner te wees – bekendes sê AfriForum takel regering oor hoë toltariewe Gee kreatiwiteit vrye teuels met jou liriek

9 771683 562000 www.solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT WEN NÓG DISKRIMINASIESAKE




>>> INhoud 8

N O M M E R

V A N

2 0 1 1

gereeld 6 7 8 56 57 58 60 62 66 68 69 70 71 73

22

2

INTRAPSLAG: As mense net nommers word KUBERKLETS: Hieroor word gegons SPREEKBUYS: Breë bondgenootskap teen onbillikheid MY WERK: Slaan stres in die werkplek vir ’n ses MY GESIN: Maak só tyd vir jou gesin en werk MY OMGEWING: Groen vir jou beursie én die aarde se onthalwe MY ENVIRONMENT: Spreading the word on acid mine drainage BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID: Só raak hofuitspraak beroepsgesondheid YOU & THE LAW: Restraint of trade agreements – Part II DIE LEES WERD: Klik-klik sommer maklik op Boekblik WEBWOELINGS: Só maak bekendes hul merk op web HISTORIES GESPROKE: Kasteel die Goeie Hoop se ryk geskiedenis HISTORIES GESPROKE: Ons (nog steeds) vir jou, Suid-Afrika! STILW(O)ORD: ’n Gehoorsame baas se dier-lesse

nuuswaardig

32

46

VOORBLADFOTO: iSTOCKPHOTO.COM

58

10 12 14 14 16 18 20 21 22 23 24 25 26 42 43 43 44 45 46 48 48 49 54 54 55 55 63

‘Ek is trots om ’n Afrikaner te wees’ Regstellendeaksie-kettings dreig Solidariteit – 8; Regering – 0 Vakbondverteenwoordigers versterk deur opleiding Polisielid lê strafregtelike klag Die wêreld deur die oë van Jimmy Manyi Begroting steeds baie gedissiplineerd SA women in business better than average Growth, creation of jobs wishful thinking Is die styging in indiensneming volhoubaar? Tolpaaie sal Gautengers se sak skud Opleiding kry stewige hupstoot danksy Virseker Trust Liriekskryfkompetisie kry eie temalied ’n Beurs is meer as net rand en sent Meisie se droom word storie van hoop Solidariteit Helpende Hand ploeg R1 miljoen terug Swart jaar vir Aurora-mynwerknemers Voortreflike ledediens met ’n glimlag Japan-ramp skud wêreldfondamente Stel tolgeld vry van BTW, vra AfriForum Word deel van oplossing – stig ’n AfriForum-tak Laat jou speke sing saam met Solidariteit Só gaan Sol-Tech selfs meer studente oplei Veiligheid eerste! Studenteraad droom groot vir 2011 Sol-Tech-rugbyspan se visier op Carlton-liga Lydenburg-kantoor skud vere reg vir diens

vakbondfokus 28 50 72

Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor die bedrywe waarin Solidariteit funksioneer Membership: A winning partnership Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep

20

FOCUS ON MIBFA’S SURPLUS APPORTIONMENT EXCERCISE

37



redakteursbrief

As mense net nommers word

w

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig

at gebeur as mense net nommers word? Daar is nie meer gesigte nie, net getalle. Daar is nie meer emosie nie, net persentasies. Nommers kan uitgevee word, dit kan verander word, dit kan rondgeskuif word. Nommers beleef nie pyn nie, hulle kan nie kla nie, hulle is bloot objekte wat gebruik word in ’n groot formule. Dit is die gevaar van ’n ideologie. Dit word ’n groot formule wat ten alle koste uitgevoer moet word. Indien mense in die dr. dirk hermann pad daarvan staan, moet hulle objekte gemaak word. Hulle moet ontmens word. Dan kan jy emosieloos ’n ideologie uitvoer, want jy werk bloot met nommers. Dit is wat Jimmy Manyi met sy wiskundige benadering tot regstellende aksie doen. Alles word in nommers gemeet. Jy moet presiese teikens behaal. Die werkplek moet ’n identiese replika wees van die land se demografie. Dit is ’n koue benadering. Indien daar ’n surplus van bruines in die Wes-Kaap is, moet hulle oor die hele land versprei word. Hy gebruik ekonomiese terme om hulle te beskryf. Hy praat van ooraanbod en aanbod. Hy ontmens hulle en dan kan hulle maklik geskuif word. Nommers skuif makliker as mense. Die Manyi-ideologie is gevaarlik. Dit moet beveg en ontbloot word. Dit is hoekom Solidariteit die insetsel met sy gewraakte woorde oor bruines op YouTube geplaas het. Dit gaan nie oor Manyi of die verkiesing in die Wes-Kaap nie. Dit gaan oor sy gevaarlike idees. Indien ’n staat toelaat dat sy burgers ontmens en genommer word, is dit gevaarlik en moet dit gekeer word. Die positiewe is dat die Manyi-uitsprake tot ’n reuse-debat gelei het. Briewe is oor en weer geskryf, tientalle rubrieke is geskryf en koppe het selfs gerol. Ek sou benoud geraak het as daar stilte was oor die Manyi-uitsprake. Die feit dat daar so ’n groot debat losgebars het, wys dat dit nog nie die norm is nie. Dit is hoekom ons nie mag stilbly nie. Sodra ons stilbly, word ’n ideologie ’n norm. Solidariteit moet al meer die rol van die gewete van die samelewing begin speel. Ons soek ’n land vol mense, nie nommers nie.

INTRAPSLAG

DR. DIRK HERMANN REDAKTEUR

Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 REDAKTEUR ■ EDITOR Dr. Dirk Hermann NUUSREDAKTEUR ■ NEWS EDITOR Ilze Nieuwoudt FOTOREDAKTEUR ■ PHOTO EDITOR Reint Dykema WEBREDAKTEUR ■ WEB EDITOR Daleen de Jager ADVERTENSIES ■ ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING Aksent Media INTEKENARE ■ SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ■ ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS ■ CONTRIBUTORS Marietha Malan, Paul Joubert, Ilze Nieuwoudt, Magdaleen Kleynhans, Reint Dykema, Daleen de Jager, Cilleste van der Walt, Phil Davel, Moira-Marie Kloppers, Juanita du Preez, Surika van Schalkwyk, Dinah Theron, Hanlie van Vuuren, Eugene Brink en Jaco Kleynhans UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE

tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK ■ PRINTING Paarl Media Gauteng

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

VERSPREIDING ■ DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria

SÓ STAAN SAKE GROEN-BEWUS: MOET OF MODEGIER?

A. Dit is noodsaaklik dat elkeen van ons ’n deel doen om die aarde te red! B. Dit is sommer ’n foefie, modegier en manier om geld te maak. • Sê jou sê deur “Tydskrif A of B” na 34388 te SMS. Elke SMS kos R2. Jy kan ook aan die peiling by www.solidariteittydskrif.co.za deelneem en die vorige peilings se uitslae is ook hier beskikbaar.

nommer 2 van 2011

6

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


kuberklets

Hy help werf, wen HD LCD-televisie Solidariteit het einde 2010 ’n opwindende kompetisie aangebied waar deelnemers vyf potensiële Solidariteit-lede na ons moes verwys om in aanmerking te kom vir ’n HD LCD-televisie. Die gelukkige wenner was Jacques Dreyer, ’n Eskom-werknemer van die Kaap. Jacques was uit sy vel oor sy nuwe televisie en het selfs vir ons per SMS dankie gesê: “Het vanoggend my televisie ontvang. Baie dankie vir julle moeite! Nou gaan ek lekker krieket kyk!”

K UBERKLETS hieroor word gegons

Solidariteit kommunikeer daagliks met tienduisende Suid-Afrikaners deur middel van sosiale media soos Facebook en Twitter. Op dié manier is Solidariteit in staat om sy lede se voorstelle oor talle sake te kry, belangrike inligting te kommunikeer en die mening van medeburgers in te win.

Tolhekke: Facebook-vriende sê hul sê Die Solidariteit Beweging het onlangs die tolhekkwessie gepak met ’n veldtog: “Solidariteit Beweging: Protes teen tolhekke – Die pad vorentoe”. Die vraag is: Wat is JY bereid om te doen in die stryd teen tolhekke? Ons Facebook-vriende se reaksie was uiteenlopend: Sonja Pienaar: Ek is bereid om nooit weer Johannesburg toe te gaan nie. Net so maklik!

Aansluiting net ’n SMS ver!

Bill Pieterse: Ek is heel gelukkig in

Wakkerstroom. Facebook en e-pos hou my lekker in kontak met my familie. Disa Gouw Lombard: Lyk vir my ek gaan méér en méér net bly waar ek is. Ons moet ook soms teen wil en dank onsself deur die Gautengse verkeer laat kasty, maar ons moet nou maar net vir mev. Garmin instruksies gee om die tolpaaie te mis. Suzette van Zyl: Ek gaan doodeenvoudig nie die elektroniese tolskryfies koop nie!

POSBUS Sue du Plooy skryf: Dit is vir my ’n groot plesier en voorreg om lid van Solidariteit te wees. Ek is op 14 Januarie 2011 onbillik uit my werk ontslaan. Coenie Rheeder en Fanie Vosloo van Solidariteit se Boksburg-tak het my bygestaan met raad en was fantasties gewees. My saak het op 9 Maart 2011 by DRC in Randburg voorgekom en Fanie Vosloo het my met groot welslae verdedig. Dit was nie 15 minute nie toe is die hele verhoor oor en is ’n skikking in my guns beklink. Dit is wonderlik!

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM; VERSKAF

REGSTELLING

Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en jou vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.

In uitgawe 1 van 2011 het ’n MTN-advertensie op die agterblad met ’n foutiewe prys vir die BlackBerry Curve 8520 verskyn. Solidariteit Tydskrif het verskeie navrae hieroor ontvang. Lesers kan gerus MTN direk met navrae hieroor kontak. Skakel Shamiema Blouse by MTN se Innovasiesentrum by 083 900 3325 of stuur ’n e-pos na blouse_s@mtn.co.za. Solidariteit Tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid vir pryse, produkte of dienste wat verkeerdelik geadverteer word nie.

number 2 of 2011

Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na ilze@solidariteit.co.za. Die redakteur behou hom die reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie.

7

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys

Breë bondgenootskap teen

ONBILLIKHEID

d

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

aar is ’n breë bondgenootskap teen onbillikheid besig om te ontstaan. Dit het begin by die rassistiese uitsprake van Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder en voormalige direkteur-generaal van arbeid. Manyi se uitsprake oor bruinmense was nie die eerste rassekaart wat hy gespeel het nie, maar dit was hierdie keer net een te veel. Solidariteit het ’n opname van sy uitsprake op die internet geplaas, sodat almal self kan sien en hoor wat hierdie hoëpriester van rassisme te sê het. Die tydsberekening van die opname se bekendstelling was bedoel om saam te val met die bekendstelling van die konsepwet se aanvaarding deur die kabinet. Toe Manyi sy uitspraak meer as ’n jaar gelede gemaak het, het niemand dit ernstig opgeneem nie, omdat die publiek, soos in Julius Malema se geval, gewoond geraak het aan omstrede uitsprake. Met die bekendstelling van die wetswysigings het die Solidariteit Navorsingsinstituut daarop gewys dat bruinmense in die Wes- en Noord-Kaap en Indiërs in KwaZulu-Natal gemeet aan die beoogde wet se rassedoelwitte heeltemal oorverteenwoordig is. Ons is toe beskuldig dat ons die publiek met valshede mislei. Ons het toe besluit om die Manyi-opname op YouTube en S-Tube te sit, sodat die publiek self kan besluit of die voorgestelde wetswysigings Manyi se rassesienings weerspieël. KAAP VAN STORMS Die openbare storm wat ná die bekendstelling van die Manyi-opname losgebars het, het dit duidelik gemaak dat Solidariteit se feite en afleidings reg was. Selfs leiersfigure in Cosatu, die SAKP en in die ANC het teen die Manyiwet te velde getrek. Die Manyi-wet moet egter nie in isolasie gesien word nie, maar as deel van ’n breë neiging in die regerende party, waar ras ’n al hoe groter rol speel. Daarom is

duidelik gemaak dat ons sal optree as hierdie maatreëls bloot ’n rookskerm vir onbillike diskriminasie is, of as mooiklinkende begrippe soos regstellende aksie misbruik word om rassistiese beleidsrigtings te kamoefleer. Daarom het ons byvoorbeeld reeds verskeie sake teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig gemaak (en gewen!) as hulle poste eerder vakant laat as om dit met ’n wit persoon te vul as daar niemand anders beskikbaar is nie.

SPRE E K B U Y S flip buys die winde teen die wet besig om stormsterkte afmetings aan te neem, omdat ingeligte mense besef waarheen die wet oppad is. Die Wes-Kaap is inderdaad besig om die “Kaap van Storms” te word. RASSETEIKENS Dit is betekenisvol dat waar rasseteikens vroeër net vir witmense gestel is, dit nou ook vir ander minderhede soos die bruin- en Indiërgroepe gedoen word. Toe die teikens net witmense gegeld het, was die land grootliks tevrede. Maar die feit dat die teikens nou uitgebrei word, het die kollig skerp op rasseteikens as ’n politieke beleid laat val. Dit moet duidelik gestel word dat die kwessie van rasseteikens die grondprobleem is, en nie net dat ander minderhede ook geteiken word nie. Solidariteit het dit al by herhaling duidelik gestel dat ongelykhede in die werkmag aangepak moet word en dat ons billike maatreëls ondersteun om swartmense te bemagtig. Maar ons het dit terselfdertyd

nommer 2 van 2011

8

VRAAG EN AANBOD Die probleem is dat radikaler regstellendeaksie-wetgewing die vraag na swart kandidate verhoog, sonder dat die aanbod verhoog word deur goeie onderwys en opleiding. Werkgewers moet gevolglik poste vul, terwyl die staat nie sy verantwoordelikheid met die verskaffing van opgeleide mense nakom nie. Die slaagsyfers van die VOO-kolleges staan byvoorbeeld nou al jare op ’n skandalige 10%. Daarbenewens het die adjunkminister van ekonomiese ontwikkeling, Enoch Godongwana, onlangs gesê dat daar in 2000 slegs 10% van die aantal ambagslui opgelei is as wat in 1975 gedoen is. As ’n mens hierdie syfers saamlees met die gehawende toestand in die meeste openbare skole, word dit duidelik dat miljarde swaarverdiende rande van werkers op ’n groteske skaal vermors word deur swak staatsbestuur wat die land se jongmense gruwelik in die steek laat. Die tragedie is gevolglik dat Suid-Afrika se hemelhoë werkloosheidskoers dus deels selfgemaak is, omdat onopgeleide mense in ’n moderne ekonomie onindiensneembaar is. Daarom is dit tyd dat die regering ’n slag die hand in eie boesem steek en iets begin doen aan die toekoms van jongmense in hierdie land. Meer politiek en rasseteikens is egter nie die antwoord nie; eerder beter staatsbestuur en harde werk. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys

Daarom is dit tyd dat die regering ’n slag die hand in eie boesem steek en iets begin doen aan die toekoms van jongmense in hierdie land.

number 2 of 2011

9

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

‘Ek is trots om ’n Afrikaner te wees’

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM; REINT DYKEMA; VERSKAF

d

Deur Ilze Nieuwoudt, Moira-Marie Kloppers en Cilleste van der Walt

it is vanjaar reeds 304 jaar sedert die woord vir die eerste keer (volgens oorlewering) gebruik is. Vir jare is dit met trots gebruik om na mense te verwys wat “van Afrika” en nie meer “van Europa” was nie. In die afgelope jare het dit egter as’t ware ’n skeldnaam geword en talle wat hulself voorheen so genoem het, huiwer om die woord in gesprekke te gebruik. Die woord “Afrikaner” het sy oorsprong in 1707 in die woorde van ene Hendrick Bibault wat uitgeroep het: “Ik ben een afri-

kander!”. Vandag dra die naam swaar aan bagasie wat deur die eeue heen opgelaai is. Tog het daar in die afgelope dekade of so ’n ongekende herlewing plaasgevind. Derduisende mense woon kultuurfeeste by, ondersteun Afrikaanse musiek, lees Afrikaans en verkies om geld by sakeondernemings te bestee wat trots Afrikaans is. Tim du Plessis, voormalige redakteur van Rapport en huidige redakteur van Beeld, het reeds in 2007 in die Financial Mail oor hierdie verskynsel geskryf. Hy reken dat Afrikaners baie meer selfversekerd as in die

verlede is en nou eerder “nuwe Afrikaners” wil wees. Ander noem dit die De la Reygenerasie (na aanleiding van die trefferlied De la Rey van die sanger Bok van Blerk). Noem dit wat jy wil – daar is ’n oplewing en ’n nuut gevonde trots. Ten spyte van die veroordelings wat van elke uithoek kom, kan Afrikaners weer skaamteloos en met mening sê “Ek is ’n Afrikaner!”. Solidariteit Tydskrif het by ’n handjievol invloedryke, unieke, ou en jong SuidAfrikaners gaan aanklop om meer oor hierdie verskynsel uit te vind.

FLIP BUYS

PROF. PIET STRAUSS

ZAK DU PLESSIS

Uitvoerende hoof van Solidariteit

Hoofleier van Die Voortrekkers

Veteraanakteur

“Afrikaners het ’n leiersrol gespeel om die suksesvolste staat op die Afrika-vasteland te ontwikkel. Suid-Afrika spog ten spyte van sy probleme met een van die min suksesverhale van modernisering in die derde wêreld.”

“Ek is trots daarop om ’n Afrikaner te wees. Dit is my mense en hulle manier van doen is ook myne. Die Afrikaner met wie ek assosieer, vind sy lewenskoers uit die Bybel. Ek noem myself graag ’n Christen-Afrikaner. Omdat die Here God dit so beskik het.”

“Afrikaners het net meer as 350 jaar gelede aan die suidpunt van Afrika aangeland. En in dié 350 korte jare spog ons met die mooiste land met die modernste taal en die grootste ekonomie in Afrika! Dáárom is ek trots om ’n Afrikaner te wees.”

nommer 2 van 2011

10

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

JACO KLEYNHANS

DR. DIRK HERMANN

PROF. DANIE GOOSEN

Voorsitter van die Orania-beweging

Adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit

Voorsitter van die FAK

“Die Afrikaner as ’n groep wat in Afrika ontstaan het, het ’n besonderse geskiedenis, kultuur en tradisies. As ’n minderheid in Afrika sal die voortbestaan van Afrikanerskap afhang van die mate waartoe Afrikaners binne eie instellings hul kultuur lewend kan hou. Soos wat pres. Jacob Zuma sy Zoeloekultuur in Nkandla uitleef en daar in stand hou, is Orania ’n plek waar die Afrikanerkultuur deur skole, museums en spesifieke kultuuraktiwiteite in stand gehou word. Ons glo dat die behoud van Afrikanerskap tot ’n sterker Suid-Afrika kan lei.”

“Ek is gevorm deur my voetspore in Afrika. My mense se taal, naam en identiteit is in Afrika ontwikkel. My eerste voorvader het in 1657 in Afrika aangekom. My agteroupagrootjie was deel van die Groot Trek. My oupagrootjie het op Amajuba geveg en was ’n banneling tydens die Tweede Vryheidsoorlog. My ouma was in ’n konsentrasiekamp en my pa het ná die armoede van die 1930’s opgestaan. Ek is lief vir die natuur, geniet rugby, eet blatjang en koeksisters en hou van Afrikaanse musiek. Ek glo aan roeping en ondernemingsgees. Ek is ’n Christen, Afrikaans en ’n trotse Afrikaner.”

“In die aangesig van ’n volmaan tydens ’n wolklose nag het ons eintlik nie woorde – of slim definisies, geleerde frases en begrippe – om presies te verduidelik waarom dit ons (altyd weer) boei en aangryp nie. ’n Soortgelyke ding is waar van ons Afrikanerskap. As ’n mens probeer verduidelik waarom dit ons boei en aangryp, skiet ons woorde tekort. Miskien is die beste wat ons kan sê, geleë in die feit dat dit ‘goed’ en ‘mooi’ is om ’n Afrikaner te wees. Net soos wat dit goed en mooi is dat daar altyd weer ’n volmaan maan is.”

KALLIE KRIEL

LINDIE STRYDOM

ANDRIES HENDRIK POTGIETER

Uitvoerende hoof van AfriForum

Aktrise, aanbieder en skakelbeampte by Solidariteit Helpende Hand

Sanger en afstammeling van Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter

“Ek is lief vir my taal, lief vir my land en lief vir my Skepper – dit is ek vir seker! Ek hoort en behoort hier aan die Suidpunt van Afrika. Ek staan regop en trots, breëbors en geanker met flukse hande wat nie bang is om te werk nie. Ek is hier geplant vir ’n rede en sal my alles gee om hoop en hoop vir ons land en al sy mense te verseker!”

“Ek is ’n Afrikaner. Die Afrikaner-kultuur is in die bloed wat deur my are pols. Dit maak van my wie ek is. Ek glo dat my durf, my uithouvermoë, my effektiwiteit en my kreatiwiteit alles uit my Afrikaner-wortels spruit. Ek is ’n jong Afrikaner. Dit is wie ek is en waarop ek trots is. So kan elke jongmens hierop trots wees.” S

“My ma en my pa was gebore Afrikaners en ek is ook gebore as een. Soos wat ons ander respekteer vir wie en wat hulle is en van hulle verwag om ons ook te respekteer vir wie en wat ons is, kan ons nie respek verwag as ons nie vir onsself respek het nie. Ek is trots om my ma en pa se kind te wees en dit is daarom ook net logies dat ek ook trots is om ’n Afrikaner te wees.”

* Die vervaardiger en voorsiener met integriteit. * Laedrukstelsels vir die plaas, met boorgat- en tenktoevoer. * Hoëdrukstelsels vir munisipale toevoer (of vir drukpompe). PRODUKBESKRYWING: Gebaseer op Duitse tegnologie. Produkstelsels wat deur DIN CERTCO gesertifiseer is. Vakuumbuise (soos Thermosfles). Besonder goeie energie-absorbsie: 93%. Lae warmteverlies gedurende die nag: 3%. 55 mm dik poliuretaan-skuiminsulasie om tenk. Vlekvrye staal binnetenk (304). Raamwerk gegalvaniseerd en poeierbedek. Hoëdrukeenhede het ’n koperpyp binne-in tenk wat dien as warmteruiler. Waterkapasiteit van 140 tot 330 liter. Elektriese verwarmingselemente.


nuuswaardig

Regstellendeaksie-kettings dreig Regstellende aksie dreig om Suid-Afrikaners opnuut vas te ketting. Voorgestelde wetswysigings is deur sommige as blatante rassisme bestempel; ander het paniekerig probeer verduidelik en regpraat. En dan is daar dié wat bloot nie kon insien wat die probleem is nie, skryf ILZE NIEUWOUDT.

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

WAT SÊ DIE WETSWYSIGING? Die beplande wysiging aan die Wet op Gelyke Indiensneming het teen die einde van Februarie vanjaar die nuus oorheers nadat Solidariteit ’n skokkende onthulling hieroor gemaak het. Luidens die onthulling kan die voorgestelde wysiging aan die Wet op Gelyke Indiensneming, indien dit tot op die letter geïmplementeer sou word, ernstige gevolge vir veral bruin werknemers in die Wes-Kaap en Indiër-werknemers in KwaZulu-Natal inhou. Maar wat behels die wysiging? Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, stel die wysiging voor dat die verwysing na die demografie van ’n streek se ekonomies aktiewe bevolking as maatstaf vir die implementering van regstellende aksie uit die wet verwyder word. Soos die wetswysiging tans daar uitsien, sal slegs die demografie van die nasionale ekonomies aktiewe bevolking gebruik kan word as maatstaf vir die implementering van regstellende aksie. WAT IS EAB? EAB verwys na die ekonomies aktiewe bevolking. EAB (op streeks- en/of nasionale vlak) word tans gebruik as ’n maatstaf vir die toepassing van regstellende aksie in SuidAfrika om te bepaal watter vlakke van verteenwoordiging behaal moet word. Die nasionale EAB dui tans 73,7% swart, 10,9% bruin, 3,2% Indiër- en 12,2% wit verteenwoordiging aan. Omdat die EAB in elke provinsie verskil, maak dit die toepassing van ’n nasionale maatstaf in alle provinsies, ongeag die provinsie se unieke rassesamestelling, onbillik. Die EAB in die Wes-Kaap is byvoorbeeld 54,8% bruin, 29,1% swart, 0,5% Indiër en 15,6% wit. As die toepassing van die demografie van die nasionale EAB sonder inagneming van die provinsie se unieke samestelling bloot toegepas moet word om regstellendeaksie-teikens te behaal, hou dit baie slegte nuus vir veral bruin werknemers in: Die groep is dan met meer as 1 miljoen werknemers oorverteenwoordig. ROEP VAARDIGHEDE VAARWEL TOE Kragtens die voorgestelde wetswysiging sal

die beskikbaarheid van vaardighede ook nie meer gebruik kan word in die toepassing van regstellende aksie nie. Volgens Hermann verplig die wet, soos dit tans daar uitsien, werkgewers om die poel beskikbare vaardighede in ag te neem wanneer regstellende aksie toegepas word. Hierdie bepaling kan nou ingevolge die wysigingsvoorstelle geskrap word. Die enigste maatstaf wat ingevolge die voorgestelde wysiging gebruik sal mag word

nommer 2 van 2011

12

om teikens te bepaal, is die demografie van die ekonomies aktiewe bevolking (EAB). “Hiermee misken die regering die feit dat daar vaardigheidstekorte bestaan. Dit strook met die uitsprake van die destydse direkteurgeneraal Jimmy Manyi, wat in 2007 as voorsitter van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming gesê het vaardigheidstekorte in Suid-Afrika is net ’n stadslegende,” sê Hermann. Manyi het ook in 2010 aan die Suid-

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig Afrikaanse Federasie vir Staal- en Ingenieursbedrywe gesê absolute verteenwoordiging is die enigste maatstaf vir gelyke indiensneming. Die verspreiding van vaardighede onder rassegroepe kan nie geïgnoreer word nie. Volgens data van Statistiek Suid-Afrika se gemeenskapsopname in 2007 is die verdeling van kwalifikasies nie ’n direkte weerspieëling van die profiel van die EAB nie. In 2007 was sowat 52% van alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 20 jaar wat oor ’n matrieksertifikaat met universiteitsvrystelling beskik het, Afrikane. In dieselfde jaar was slegs sowat 34% van Suid-Afrikaners ouer as 20 jaar met ’n honneursgraad swart, en net 28% met ’n meesters- of doktorsgraad. Daarenteen is 73,7% van Suid-Afrika se EAB swart. “Die demografiese profiel van die EAB in die land kan dus nie eenvoudig as die enigste maatstaf gebruik word nie, omdat persone van die aangewese groep met die geskikte vaardighede dikwels bloot net nie beskikbaar sal wees nie. “Om dan voor te stel ’n werkgewer kan, ten spyte van die ernstige tekort aan vaardighede, beboet word as hy nie by die gelyke indiensneming-teikens hou nie, is

absurd,” sê Hermann. TREK WET TERUG, SÊ VAKBONDE Verskeie vakbonde, insluitend Solidariteit, Professional Educators Union, South African Tourism and Tourist Guide Allied Workers Union en National Certificated Fishing and Allied Workers Union, het in Maart vanjaar ’n beroep op die parlement gedoen om die voorgestelde wetswysiging terug te trek. Die vakbonde het versoek dat die fokus van regstellende aksie sal verskuif van ’n uitsetgegronde benadering van rasteikens na ’n insetgegronde benadering van opleiding en ontwikkeling. ’n Nuwe wetswysiging, gegrond op hierdie benadering, is ook deur die groep saamgestel. In die nuwe wetswysiging word geskryf dat die ontwikkeling van ’n opgeleide en vaardige werkmag, bestaande uit burgers van die aangewese en nie-aangewese groepe, die enigste manier is om gelyke geleenthede en billike indiensneming te bereik om sodoende alle Suid-Afrikaners te bevoordeel. Die nuwe wetswysiging stel ook voor dat vaardigheidsontwikkelingsplanne as regstellendeaksie-instrumente gebruik word.

SÓ SÊ HULLE • Pres. Jacob Zuma: Volgens Zuma bied die voorgestelde wysigings buigsaamheid vir werkgewers, deurdat hulle kan besluit of hulle die streeksof nasionale demografie wil gebruik. • Mildred Oliphant (minister van arbeid): Oliphant hou vol dat die wet geensins bedoel is om ’n negatiewe invloed op bruin en Indiërwerknemers te hê nie. • ANC: Dié politieke party reken die wet is bedoel om die “dominansie van wit mans in bestuursposte teen te werk” en nie om spanning tussen swart, bruin en Indiër Suid-Afrikaners te veroorsaak nie. • Patrick Craven (Cosatu-woordvoerder): Craven meen die regering stem saam daarmee dat bruin werknemers onderverteenwoordig word as gevolg van die toepassing van die Wet op Gelyke Indiensneming. Volgens hom is die voorgestelde wysiging daarop gemik om hierdie onderverteenwoordiging te herstel. S


nuuswaardig

Solidariteit – 8; Regering – 0

d

Deur Ilze Nieuwoudt en Moira-Marie Kloppers

ie wyse waarop regstellende aksie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) toegepas word, is in Maart ’n verdere nekslag toegedien. Solidariteit het nou reeds agt agtereenvolgende regstellendeaksie-sake in sy guns beklink. Die vakbond het altesame 17 regstellendeaksie-sake teen die regering gebring. Ingevolge twee bevele van die arbeidshof in Johannesburg in Februarie en Maart moet drie wit polisielede, Emil en Martha Oosthuizen en Johannes Jacobus Deetlefs, ooreenkomstig ’n skikking tussen Solidariteit en die SAPD, onderskeidelik terugwerkend heraangestel en bevorder word. Die vakbond het in Augustus 2009 ’n oorwinning namens drie lede van die SAPD se forensiese eenheid behaal. Dit is opgevolg deur die oorwinning namens Renate Barnard teen die SAPD in 2010 en die oorwinning namens Herman Denysschen van die departement van korrektiewe dienste in November 2010. In al dié gevalle is lede bevordering of herindiensneming in die SAPD en staatsdiens geweier op grond van die toepassing van regstellende aksie. Solidariteit het egter in elke geval aangevoer dat die toepassing van regstellende aksie elke keer onbillik was en dat die besluit om die poste eerder vakant te los as om dit met ’n geskikte wit kandidaat te vul, ’n negatiewe uitwerking op dienslewering gehad het. “Solidariteit is besig om saak vir saak die onbillike wyse waarop regstellende aksie in die SAPD en staatsdiens toegepas word die nekslag toe te dien. Die groot toets met al hierdie sake is of die ideologie van absolute verteenwoordiging ten koste van dienslewering toegepas kan word. In nog nie een saak kon die ideologie nie die toets van die hof deurstaan nie,” sê dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. Emil en Martha Oosthuizen het vanaf 1990 tot en met hul bedanking in 2006 by die SAPD as vingerafdrukdeskundiges gewerk. Albei het in 2008 aansoek

om herindiensneming gedoen, maar is ingelig dat hulle heraanstelling nie goedgekeur is nie, aangesien dit nie verteenwoordiging in die SAPD sou bevorder nie. Dit volg ten spyte daarvan dat albei goeie aanbevelingsbriewe van senior beamptes in die SAPD saam met hul aansoeke ingedien het. Albei het weer in Julie 2009 vir 20 afsonderlike poste aansoek gedoen. In Januarie 2010 het die SAPD ’n grootskaalse herindiensnemingsveldtog van stapel gestuur om kundiges terug te lok. Na aanleiding van dié veldtog is hulle uiteindelik in Augustus 2010 heraangestel. Ingevolge Maart se hofbevel is bevind dat die SAPD se rekords aangepas moet word om die Oosthuizens se aanstellings terugwerkend in te stel. Dit sal dus voortaan aandui dat albei reeds vanaf Maart 2009 heraangestel is. Deetlefs het tot net voor die skikking as luitenantkolonel in die misdaadintelligensie-eenheid van die SAPD gewerk as die bevelvoerder van die onderskeppings- en moniteringsafdeling. Hoewel die pos nie geadverteer is nie en Deetlefs al die pligte en verantwoordelikhede van ’n senior superintendent vervul het, het hy in 1999 suksesvol gemotiveer dat sy pos na die rang van senior superintendent opgradeer moet word. Hy is egter nie bevorder nie. Ingevolge die ooreenkoms wat in die arbeidshof bereik is, moet Deetlefs vanaf 1 Februarie 2011 tot kolonel bevorder word. Deetlefs is reeds sedert Januarie 1982 in diens van die SAPD. Intussen maak Solidariteit ook gereed vir die appèlsaak van Renate Barnard wat op 4 Mei in die arbeidsappèlhof voorkom. “Hierdie saak word as noodsaaklik beskou, aangesien ’n hoër hof nou gaan ondersoek instel of die implementering van regstellende aksie in Suid-Afrika billik is of nie,” verduidelik Hermann. Solidariteit is vol vertroue dat die appèl die bevinding van die arbeidshof sal ondersteun. S

Vakbondverteenwoordigers versterk deur opleiding verteenwoordigers het reeds die intreevlakkursus in arbeidsverhoudinge voltooi, terwyl die intermediêre en gevorderde vlakke van die opleiding in die tweede helfte van die jaar sal afskop. “Die opleiding volg ’n wetenskaplike benadering, wat vooraftoetsing en toetsing ná afloop van die opleiding insluit,” verduidelik Ceronie. En die opleiding het reeds begin vrugte dra. “Die toetse wat ná die opleiding afgeneem word, is gemiddeld 10% beter as die vooraftoetse.”

Solidariteit se voltydse verteenwoordigers lewer jaarliks ’n onmisbare diens aan ons sowat 140 000 lede. Om dié diens te verbeter en te ondersteun, het die vakbond begin om sowat 300 voltydse verteenwoordigers in arbeidsverhoudinge op te lei as deel van ’n opleidingsplan wat oor die volgende twee jaar sal strek. Volgens Gerhard Ceronie, hoof van arbeidsverhoudinge: opleiding, sal die opleiding vir die verteenwoordigers in drie vlakke geskied. Sowat 100

nommer 2 van 2011

14

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

Dr. Dirk Hermann spreek die media saam met AO Jannie Odendaal toe.

Polisielid lê strafregtelike klag

FOTO: REINT DYKEMA

d

Deur Ilze Nieuwoudt dat Odendaal die een is wat ondersoek moet word, terwyl hy inderwaarheid net sy werk gedoen het. Dit is eerder Madikizela-Mandela en haar lyfwagte wat verantwoording moet doen vir hul optrede op daardie dag,” verduidelik Hermann. “Iets wat bloot ’n roetine-ondersoek was, word nou totaal en al uit verband geruk omdat die politieke elite in die werksaamhede van die polisie inmeng. Die SAPD moet dringend hierdie situasie ontlont en toesien dat Odendaal so gou moontlik weer kan voortgaan met sy werk om Suid-Afrikaners te beskerm. Die oplossing van hierdie probleem is noodsaaklik vir dienslewering en definitief in belang van Suid-Afrikaners in die algemeen,” meen Hermann. Die klag van dwarsboming van die gereg is teen Madikizela-Mandela ingedien terwyl die klagte van aanranding en roekelose en nalatige bestuur teen onderskeidelik Madikizela-Mandela se lyfwag en bestuurder ingedien is. Intussen word die saak van Odendaal teen Madikizela-Mandela ondersoek. Volgens Philip Kruger, hoof van die algemene litigasie-afdeling van Solidariteit Regsdienste, is Odendaal steeds geskors. ’n Stel redes vir waarom daar nie dissiplinêre stappe teen Odendaal geneem moet word nie, is ook onlangs by die SAPD ingedien, maar daar is steeds nie terugvoer ontvang oor of die werkgewer steeds met die dissiplinêre optrede gaan voortgaan nie. S

ie klag is gelê en die boodskap is duidelik – los uit! Adjudant-offisier Jannie Odendaal, die polisielid wat in die spervuur beland het nadat hy en kollegas op 30 Desember 2010 die voertuig waarin Winnie Madikizela-Mandela gery het van die M1-Noord afgetrek het, het in Februarie strafregtelike klagte teen Madikizela-Mandela gelê. Dit volg nadat Madikizela-Mandela en haar lyfwagte ook klagte teen Odendaal ingedien het. Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het Solidariteit Odendaal bygestaan in die opstel en indien van klagte van dwarsboming van die gereg, aanranding asook roekelose en nalatige bestuur. Die klagte is by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria ingedien. Daar is tot dusver geen terugvoer van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor die saak ontvang nie. Hy hou egter vol dat die boodskap wat met hierdie saak uitgestuur word duidelik is. “Ons sal nie toelaat dat politieke elite polisielede intimideer wat bloot hulle werk goed doen nie,” verduidelik Hermann. “Hierdie klag teen Madikizela-Mandela moet dringend ondersoek word.” Volgens Hermann is Solidariteit bekommerd oor die eensydige wyse waarop die klag wat MadikizelaMandela teen Odendaal gelê het, ondersoek word. “In die media word keer op keer die indruk geskep nommer 2 van 2011

16

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


AKSENT MEDIA • 07/2010


nuuswaardig

Die wêreld deur die oë van Jimmy Manyi Jimmy Manyi, huidige regeringswoordvoerder, voormalige direkteur-generaal van arbeid en voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Diensgelykheidskommissie, se strewe om regstellende aksie in die werkplek op te skerp, is duidelik sigbaar in die voorgestelde wetswysiging aan die Wet op Gelyke Indiensneming. ILZE NIEUWOUDT het met dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, oor Manyi se kontroversiële uitsprake gesels.

FOTO: ILZE NIEUWOUDT

d

ie wêreld deur die oë van Jimmy Manyi is ’n wêreld waarin kleur die hoofrol speel. Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, maak Manyi geen geheim van dié bril waardeur hy kyk nie. Op 19 November 2009 is hy byvoorbeeld deur die nuusagentskap Sapa aangehaal toe hy gesê het: “In South Africa you are naive if something happens out of (the context of) racism. It is the lens through which we all see. It is a given.” En in die Independent Online van 6 September 2007 noem hy wit direkteure “ambassadors of unfair discrimination”. Manyi het in die afgelope tyd veral opspraak verwek oor sy uitsprake teen verskeie minderheidsgroepe, waaronder bruin en Indiër Suid-Afrikaners. Wit Suid-Afrikaners het egter ook reeds onder Manyi se tong deurgeloop. In ’n ope brief aan Manyi het minister Trevor Manuel die vraag gevra: “Manyi, wat het jy in die vryheidstryd gedoen?” Hermann beklemtoon dat Manyi wel betrokke was by die stryd teen apartheid. “Die antwoord is eenvoudig, want Manyi doen vandag nog presies dieselfde – hy plunder. Gedurende die sogenaamde vryheidstryd het Jimmy Manyi ook geplunder,” verduidelik Hermann. “In ’n onderhoud met The Sunday Independent het Manyi vertel dat hy op twaalfjarige ouderdom aan 16 Junie se protesaksie in Soweto deelgeneem het.” In dié berig word Manyi aangehaal waar hy sê: “We looted. It was nice to loot! We would stop a truck carrying milk and say, ‘If we loot this truck, who loses, you or the white man?’ We enjoyed this spree – until the Hippos came.” “Vandag doen Jimmy Manyi nog presies dieselfde. Hy plunder dalk nie meer melkwaens nie, maar wel die werkgeleenthede van bruin, Indiër en wit Suid-Afrikaners,” beklemtoon Hermann. • Lees ook Intrapslag op bladsy 6 en Spreekbuys op bladsy 8 en 9.

Manyi tydens ’n debat oor regstellende aksie in 2008 saam met dr. Dirk Hermann.

JIMMY MANYI SE RASUITSPRAKE Jimmy Manyi se uitsprake het al woede in verskeie kringe veroorsaak weens sy openlike afkeer in enigiemand wat nie swart is nie: 1.

“We looted. It was nice to loot! We would stop a truck carrying milk and say, ‘If we loot this truck, who loses, you or the white man?’ We enjoyed this spree – until the Hippos came.” – 12 Augustus 2007, The Sunday Independent.

2.

“If Whites thought Zimbabweans were militant, wait until they witnessed the militancy of South African workers. If the workplace did not become more equitable and the black majority continued to be marginalized, Zimbabwe could look like a Sunday picnic in comparison.” – 19 Augustus 2007, Business Report.

3.

“Black economic empowerment partners are ‘house niggers’ who defend the malpractices of their (white) partners.” – 6 September 2007, Independent Online.

4.

“White business is trying to conceal their un-transformed employment profile by employing more white women into management positions. White women have benefited enough.” – 4 September 2007, Fin24.

5.

“This over-concentration of coloureds in the Western Cape is not working for them. They should spread in the rest of the country. There is a requirement of coloureds in Limpopo, there is a requirement of coloureds erverwhere else in the country. So they must stop this over-concentration situation because they are in over-supply where they are.” – 9 Maart 2010, Robinson Regstreeks op kykNET. S

nommer 2 van 2011

18

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

Begroting steeds baie gedissiplineerd

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Paul Joubert

ie begroting wat Pravin Gordhan, minister van finansies, in Februarie bekendgemaak het, is soos vorige jare oorwegend gedissiplineerd en realisties. In die nasionale tesourie word daar duidelik besef dat die Suid-Afrikaanse staat nie onbeperkte geld het om te bestee nie. Daar word ook besef dat, indien daar geld geleen word, dit die een of ander tyd terugbetaal moet word. Dit is in teenstelling met uitsprake uit ander oorde wat van die veronderstelling uitgaan dat die staat ’n onuitputbare bron van geld is en maar aanhoudend begrotingstekorte kan handhaaf. Dit ten spyte daarvan dat lande soos Spanje, Griekeland en Ierland onlangs die les geleer het dat selfs ’n Europese staat se skuld te veel kan raak vir belastingbetalers om te hanteer. Daar moet wel onmiddellik genoem word dat die begroting aandui dat SuidAfrikaanse staatskuld van vanjaar se ongeveer R530 miljard tot sowat R1 400 miljard in 2013/14 sal styg. Hierdie styging sal SuidAfrika egter nie in ’n skuldstrik dompel nie, mits daar in komende jare weer begrotingsoorskotte gehandhaaf word. Beoogde besteding van belastinggeld deur die verskillende regeringsfunksies verskil nie merkwaardig van vorige jare se begrotings nie. Vanweë die afhandeling van die Sokkerwêreldbekertoernooi is ekonomiese sake se aandeel in die begroting 22% kleiner, terwyl die grootste styging, ongeveer 21%, by “behuising en gemeenskapsontwikkelingsgeriewe” voorgekom het. ’n Styging in die maatskaplike begroting is hoofsaaklik as gevolg van die uitbreiding van maatskaplike toelae aan 17-jarige kinders. Aan die inkomstekant is daar ook nie groot veranderings aangebring nie. Die drumpels van bykans alle soorte belasting wat individue betaal, is wel verhoog, maar meestal slegs in lyn met inflasie. Van werklike belastingverligting is daar nie juis sprake nie, veral nie wanneer verhogings van sondebelasting en heffings op byvoorbeeld brandstof in ag geneem word nie. Die algemene tema van die begroting, soos feitlik alle regeringkommunikasie deesdae, was die skep van werkgeleenthede. Geld is bewillig om werkskepping vir die jeug aan te moedig. Belastingaansporings is vir die vervaardigingsektor ingestel. Meer besteding op

TAX CHANGES THAT COULD AFFECT YOU • • • • • • • • •

Changes to retirement and health funding are still being discussed. Tax-deductible amounts for medical scheme contributions increased. Additional tax rebate of R2 000 introduced for people older than 74 years. Capital gains tax thresholds increased significantly. Excise duties on alcohol increased by 4,5% to 10%. Excise duties on tobacco increased by 9% to 10,3%. Levies on fuel increased by 18c per litre. Gambling winnings to be taxed at 15% from April 2012. International flight taxes will increase significantly from October 2011.

skole en VOO-kolleges is ook onder die werkskeppingsbanier staangemaak. Hoewel hierdie sektore belangrik is vir die ekonomie, wys die geskiedenis ongelukkig dat die instellings wat die meeste van hierdie geld moet aanwend, oorwegend disfunksioneel en selfs korrup is. Om net meer geld aan swak instellings oor te dra sonder om die onderliggende probleme reg te stel, sal nie noemenswaardige resultate ten opsigte van werkskepping lewer nie. Die minister van finansies het die belangrikheid van klein besighede in die ekonomie beklemtoon. Hy het genoem dat 68% van alle werkgeleenthede in die privaat sektor geskep word deur ondernemings met minder as 50 werknemers. In terme van praktiese aansporing vir klein besighede is ’n klein verhoging op die drumpel vir aanspreeklikheid van omsetbelasting gemaak, maar dit was feitlik die enigste verandering aan die situasie van klein besighede. Baie groter aansporings

nommer 2 van 2011

20

is nodig om werklik gunstige omstandighede vir klein besighede te skep. Daar is natuurlik terreine waarop die minister nie werklik ’n verskil kan maak nie. Dit sluit die doeltreffendheid van die aanwending van belastinggeld op ’n mikrovlak in. Die minister kan nie toesien dat die geld wat aan onderwys bewillig is, nie op die ou end aan ’n lui en onbevoegde onderwyser se salaris bestee word nie. Die geld wat aan infrastruktuurontwikkeling toegedeel is, kan moontlik, ten spyte van Gordhan se bedoelings, deur ’n korrupte tenderpreneur opgeslurp word. Die oplossing van hierdie probleme is die taak van die onderskeie regeringsdepartemente wat direk vir besteding verantwoordelik is. Indien verantwoordbaarheid vir belastingbetalers se geld nie op hierdie regeringsvlak toeneem nie, sal dit ’n remskoen vir die doeltreffendheid van SuidAfrika se fiskale beleid bly. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


newsworthy

SA women in business better than average

s

By Cilleste van der Walt

outh African women in business are doing better than their global counterparts, according to a recently released survey to co-incide with International Women’s Day on March, 8. “The fact that South Africa outperforms the global average can be attributed to the emphasis placed by government on gender equality and employment equity,” Grant Thornton Johannesburg partner and corporate finance head Jeanette Hern, said in a statement. The 2011 Grant Thornton International Business Report showed that South African women hold 27% of senior management positions, compared to the global average of 20%. The percentage of privately held businesses in South Africa with no women in senior management had declined from 27% in 2009 to 23% in 2010. The global average had risen from 35%

Centurion Academy Centurion Academy is registered with the Department of Education as a private higher education institution under the Higher Education Act, No. 101 of 1997. Registration Certificate no. 2001/HE07/003. Provisionally registered with the Department of Education, until 31 December 2014, as a private further education and training college under the Further Education and Training Colleges Act, 2006. Registration no. 2008/FE07/057.

in 2009 to 38% last year. Hern said that although the South African government had many women in senior positions, the private sector still had a long way to go. Of the South African companies that employed women in senior manager positions, 21% were human resources directors. Women in senior financial and sales director positions each accounted for 20%. Marketing officers made up 8%. Only 3% of South African companies surveyed had a female CEO. This was 5% lower than the global average of 8%. “Our statistics for the roles women play in privately held businesses are in line with studies done on companies listed on the JSE,” Hern said. “According to a survey done by the Business Women’s Association, less than 5% of JSE listed companies have female CEOs.” South African former Minister of Women,

Children and People with Disabilities, Noluthando Mayende-Sibiya, said in 2010 that up to 44% of members of the legislature on a national and provincial level are women. This puts South Africa in third position worldwide for the greatest number of females in Parliament, with a representation of 45%. South Africa is ranked behind Rwanda and Sweden, who have 56% and 47% female representation in their respective parliaments. While massive progress has been made in boosting female access to education, South Africa has to “ensure that skills development programmes focus on empowering women”, so they are able to follow “careers that are still male-dominated”, MayendeSibiya said. “Our analysis of various studies available indicates that if we continue at the current pace of transformation, it will take us almost 40 years to attain 50-50 gender parity.” S

1. ICB ACCREDITED COURSES

2. GALILEO COURSE

• Skills programme in Bookkeeping to Trial Balance Starting date: 9 April 2011

• Starting date: 6 - 18 June 2011

• Skills programme in Payroll and SARS Returns Starting dates: 11 April & 10 May 2011

3. BEAUTY COURSES

• Skills programme in Business Literacy Starting date: 9 April 2011 • Skills programme in Computerised Bookkeeping Starting dates: 9 April & 15 May 2011

• Nail Technician/Artificial Nail Course (Kit Included) Starting dates: 9 April & 9 May 2011

4. IT COURSES • ICDL Course Starting date: 14 May 2011


newsworthy

Growth, creation of jobs wishful thinking

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

t

By Moira-Marie Kloppers

rade union Solidarity welcomed the 4,4% growth recorded in the South African economy in the fourth quarter of 2010, but cautioned that the sustainability of this growth is unsure. The fact that the South African economy only achieved 1,1% growth during the past two years, following the economic levels of 2008 before the onset of the recession, makes the government’s growth target of 7% per annum look like wishful thinking, Solidarity stated. Similarly, the government’s job creation objective of 5 million new jobs by 2020 appears to be mere political talk if measured against current growth statistics, and is not based on realistic predictions. This statement followed after Statistics South Africa announced the figures for the gross domestic product (GDP) for the fourth quarter of 2010 in February this year. According to these figures, GDP growth for the fourth quarter of 2010 was calculated on 4,4%, following a growth figure of 2,7% (revised from 2,6%) in the third quarter. According to Mathole Motshekga, Chief Whip of the ANC, the ANC government has put job creation “through meaningful economic transformation” at the top of its priority list for this year. By doing this, they want to ensure they deliver on their promise to create 500 000 jobs by the end of this year. In March, Economic Development Minister Ebrahim Patel explained that government’s Growth Path requires a production driven economy where growth forms the means for job creation. “It is not a conventional growth strategy where you hope the jobs coming from that growth target would be sufficient. We see growth as vital, but what we put at the centre of our objectives, are the employment outcomes,” according to Patel. “The South African economy has grown by 2,8% in 2010, which has indeed exceeded Finance Minister Pravin Gordhan’s prediction in his 2010 budget speech, but it is still light-years away from the government’s objective of 7% per annum,” commented Ilze Nieuwoudt, Solidarity spokesperson. “Although the economy has shown growth in all sectors, the sustainability of the growth is still most uncertain.” The growth in the agricultural and mining sectors during the fourth quarter of 2010 was slower than in the preceding quarter, while

“We see growth as vital, but what we put at the centre of our objectives, are the employment outcomes.” ~ Ebrahim Patel ~

GROEITEIKEN BLOTE WENSDENKERY Suid-Afrika se ekonomie kon in die afgelope twee jaar, sedert die vlakke van 2008 vóór die ressessie, slegs met 1,1% groei. Volgens Solidariteit dui dit daarop dat die regering se teiken van 7%-groei per jaar pure wensdenkery is. Voorts is die regering se werkskeppingsteiken van 5 miljoen nuwe poste teen 2020, gemeet aan die huidige groeisyfers, waarskynlik net politieke mooipraatjies en nie op realistiese vooruitskattings gegrond nie. Die bruto binnelandse produksyfers (BBP) vir die vierde kwartaal van 2010 het wel 4,4%-groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie getoon, maar die volhoubaarheid van dié groeisyfer is steeds onseker. Volgens die vakbond is langtermynbeleggings in opleiding en ontwikkeling en die behoud van skaars vaardighede, veral in die privaat sektor, nodig om volhoubare groei en werkskepping in Suid-Afrika te verseker.

the construction sector grew by a mere 0,2%. “Despite the strong growth in the manufacturing sector in particular, which contributed 0,6% to the GDP during the fourth quarter of 2010, such growth figures are still not sufficient to ensure sustainable job creation at the rate envisaged by government,” she added. According to Solidarity, long-term investment in training and the development and retention of scarce skills, especially in the

nommer 2 van 2011

22

private sector, is what is currently needed to ensure sustainable growth and job creation in South Africa. “In addition, government must fulfil its promises of new construction projects. In particular, they should ensure the urgent implementation of projects that will stimulate growth in the civil construction sector. Lastly, the development of infrastructure within which long-term growth is possible should be a top priority, ” Nieuwoudt said. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Is die styging in indiensneming volhoubaar?

d

ie toename in indiensneming in die formele sektor wat in die arbeidsmagpeiling vir die vierde kwartaal van 2010 deur Statistiek Suid-Afrika bekend gestel is, is goeie nuus, maar nie noodwendig volhoubaar nie. Die peiling toon dat indiensneming in die formele sektor gedurende die laaste kwartaal van verlede jaar met 1,3% (120 000 poste) toegeneem het, maar dat die totale indiensneming in 2010 met 1,9% (181 000 poste) afgeneem het. Die styging in indiensneming tussen die derde en vierde kwartaal van 2010 kan hoofsaaklik aan ’n styging in indiensneming in die gemeenskaps- en maatskaplikedienstesektor toegeskryf word. Dié sektor bestaan hoofsaaklik uit regeringsposte. Voortdurende stygings in dié sektor is egter nie volhoubaar nie, aangesien dié groeiende sektor deur werknemers in al die ander krimpende sektore se belastinggeld gefinansier word. Hoewel werkskepping een van die regering se

Deur Cilleste van der Walt doelwitte is, moet werkskepping in die privaat sektor eerder aangemoedig word. Sowat 6,4% (oftewel 895 000) poste het reeds sedert die begin van die resessie in die vierde kwartaal van 2008 verlore gegaan, en sedert die derde kwartaal van 2009 beweeg indiensneming slegs sywaarts. Solidariteit het die tweede opeenvolgende styging in indiensneming in die formele vervaardigingsektor verwelkom. Indiensneming in dié sektor het sedert die tweede kwartaal van 2010 met 4,7% gestyg – van 1 486 000 in die tweede kwartaal tot 1 556 000 in die vierde kwartaal. Daarteenoor is indiensneming in die formele konstruksiesektor steeds op ’n steil afdraande. Indiensneming in die formele konstruksiesektor het in 2010 met 12,2% afgeneem. Ongeveer 102 000 poste het in dié bedryf verlore gegaan en daar is steeds nie ’n draaipunt in sig nie. Die breë werkloosheidskoers het ook gedaal – van 36,2% in die derde kwartaal van

2010 tot 35,8% in die vierde kwartaal. Hoewel die daling positief is, beteken dit steeds dat meer as drie uit tien Suid-Afrikaners wat graag wil werk, nie werk kan kry nie. Volgens mnr. Richard Pike, Adcorp se uitvoerende hoof, het die maatskappy se indiensnemingsindeks ’n styging van 5,9% in die aantal hoogs vaardige werkers, insluitend bestuurders en professionele mense getoon. Dit, sê hy, weerspieël die ekonomie se behoefte aan vaardighede. Dit is positief dat die arbeidsmagpeiling ’n afname in werkloosheid en redelike verbeterings in indiensnemingsyfers toon. Maar die grootste toename lê by volwassenes wat “nie ekonomies aktief” deelneem nie, sê Mike Schüssler, ’n direkteur by www.economists.co.za. Volgens Schüssler is dit kommerwekkend dat die “nie-ekonomies aktiewe” deel van die bevolking (wat werksoekers insluit) oor die afgelope jaar met meer as 5%, oftewel 711 000 mense, toegeneem het. S

Aanstap Rooies...

die pad is lank en swaar...

Nie saam met Aksent Media nie! Kies koers deur die miernes en laat Aksent Media jou publikasie, handelsmerk én maatskappy na ’n splinternuwe vlak neem!

Tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za


nuuswaardig

Tolpaaie sal Gautengers se sak skud

g

Deur Ilze Nieuwoudt

FOTO: REINT DYKEMA

autengers sal hul rande ’n paar keer moet omdraai as die departement van vervoer se planne vir die instelling van ’n uitgebreide tolstelsel geïmplementeer word. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het op 4 Februarie die toltariewe vir die 185 km-lange Gauteng-deurpadnetwerk bekendgestel. Hierdie aankondiging het wye kritiek ontlok, met groepe wat selfs met massaprotesaksie teen die voorgestelde toltariewe gedreig het. Ander het weer aan ’n massapetisieveldtog teen die stelsel deelgeneem en só hul misnoeë met die beplande stelsel te kenne gegee. Uit vrees vir die optrede van die massas óf in ’n poging om die massas bloot te paai, is die implementering van die tariewe vir eers op ys geplaas en het die minister van vervoer, S’bu Ndebele, op 22 Februarie aangekondig dat ’n taakspan nou die tariewe sal ondersoek. Hoewel hy reken ’n plan moet beraam word wat padgebruikers nie bankrot sal laat nie, beklemtoon hy steeds dat ’n manier gevind moet word om die R20 miljard skuld wat vir konstruksiewerk aan die padnetwerk aangegaan is, te delg. Daar is egter steeds nie van die implementeringsdatum, naamlik Junie vanjaar, afgesien nie. Volgens Ndebele sal ’n intensiewe konsultasieproses nou gevolg word om alternatiewe moontlikhede te ondersoek. Intussen reken die departement die opgradering van die openbare vervoerstelsel in Gauteng moet ondersoek word.

SÓ KAN DIT JOU SAK RAAK Bykans elke Gautenger sal op die een of ander manier deur die gevreesde tolpaaie geraak word. Motoriste wat in hul duisende daagliks tussen Johannesburg en Pretoria pendel, sal die invloed direk in hul beursies voel, terwyl verbruikers stil-stil ’n toename in die koste van produkte en dienste sal opmerk. Solidariteit meen die implementering van dié tolstelsel kom op dubbele belasting neer. Tolpaaie is niks anders as ’n vindingryke vorm van belastingheffing nie en die inwerkingstelling van die beplande tolstelsel sal verdere belastingdruk op die reeds vuisvoos verbruiker plaas. Dít terwyl motoriste reeds moet opdok vir verskeie vorms van belasting

MAAK GEREED VIR OPEENHOPINGS Motoriste in Gauteng wat dit na dese oorweeg om eerder deur voorstede en op munisipale paaie te ry om die deurpaaie met sy talle tolhekke vry te spring, moet dalk maar hierdie planne heroorweeg. Die LUR vir paaie en vervoer in Gauteng, Ismail Vadi, het reeds gewaarsku dat hierdie padnetwerke swaar verkeersdruk sal ervaar as die tolheffings ingestel word. Hy het onlangs aan die dagblad Beeld gesê mense wat nie die tolheffings kan bekostig nie, sal bloot van munisipale en provinsiale paaie gebruik maak. Dit sal natuurlik beteken dat instandhouding op dié paaie, wat tot ’n groot mate die afgelope tyd agterweë gelaat is, opgeskerp sal moet word. Slaggate bly steeds een van die grootste kopsere op provinsiale en munisipale paaie.

wat in die brandstofprys ingereken is. Motoriste wat byvoorbeeld daagliks gedurende spitstye tussen die Buccleuh-wisselaar in Johannesburg en die Lynnwood-afrit in Pretoria pendel, sal volgens Sanral se huidige voorgestelde toltariewe nagenoeg R612 per maand moet opdok vir die

nommer 2 van 2011

24

DIE BLOGSEM IN ’n Ontstroke blogger het onlangs op Solidariteit se blog (www.solidariteitblog.co.za) behoorlik vuur gespoeg oor die beplande tolstelsel. R. Prinsloo skryf: “Sanral behoort ONS terug te betaal vir al die verkeersknope, ure en ure se ‘parkeer’ op die hoofweë en al die ongelukke wat veroorsaak is deur swak beplanning en ongemerkte paaie. Hulle behoort hulle te skaam, want as hulle ’n paar jaar terug hulle werk gedoen het, was dit nie nodig om die grootskaalse konstruksie alles op een slag aan te pak nie... • Gesels saam oor dié en ander kwessies by www.solidariteitblog.co.za.

gebruik van hierdie tolpad. Dit is duidelik dat motoriste aansienlik meer vir vervoerkoste sal moet begroot en meer as dubbele belasting bo-op die huidige hoë brandstofbelasting sal moet betaal. Om te bepaal hoeveel hierdie tolstelsel jou uit die sak gaan jaag, besoek die webtuiste www.sanral.co.za. Maak gebruik van die sakrekenaar op tollcalc.sanral.co.za en bereken presies wat die totale tolgeld per rit (volgens die oorspronklike tarief wat deur Sanral aangekondig is) jou sal kos. • Lees ook die artikel op bladsy 48. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Afrikaanse opleiding kry stewige hupstoot danksy Virseker Trust

d

Deur Moira-Marie Kloppers

ie suksesresep wat arm Afrikaners in die depressie van die dertigerjare help opstaan het, is vanjaar op ’n nuwe manier ingespan om Afrikaanse opleiding te bevorder. Miljoene Afrikaners wat nie noodwendig lid van Solidariteit is nie, kan nou deur ’n normale maandelikse uitgawe nie net geld bespaar nie, maar ook Solidariteit se projekte vir die behoud en uitbreiding van Afrikaans en Afrikaanse opleiding ondersteun. Virseker is ’n nuwe Afrikaanse korttermyn- motor- en huisinhoudversekeringsproduk en word deur Auto & General onderskryf. Dié versekeringsproduk gaan egter ’n reuse-lewensaar vir Afrikaanse opleiding in Suid-Afrika word danksy die Virseker Trust. Dié trust word gefinansier uit donasies van elke premieinkomste van die Virseker-produk en gaan Afrikaanse onderwys, veral projekte wat reeds deur Solidariteit aangepak of in die vooruitsig gestel word, bevorder. Die trust, wat drie Solidariteittrustees en twee Auto & General-trustees het, word op 17 Mei amptelik met ’n Afrikaanse musiekfees bekendgestel. Volgens Henk Schalekamp, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit en een van die trustees, sal die geld wat deur die trust gegenereer word nie net aangewend word om bestaande Afrikaanse opleidingsinstellings te bevorder nie, maar ook om beurse aan Afrikaanse studente te verskaf en nuwe instellings op te rig. “Virseker vervang egter nie Solidariteit se motor- en huisinhoudversekeringsproduk wat aan Solidariteit-lede verskaf word nie. Die inkomste wat hieruit vir Solidariteit se projekte gegenereer word, het reeds miljoene rand bygedra tot die opbou van verskeie Solidariteit-projekte, insluitend Sol-Tech, die beweging se eie tegniese kollege,” verduidelik Schalekamp. • Besoek www.virseker.co.za vir meer inligting.

LEDE SE RANDE LAAT AFRIKAANS GROEI Die Solidariteit Beweging gaan binnekort sy grootste ontwikkelingsprojek tot nog toe aanpak, danksy sowat 140 000 Solidariteit-lede se maandelikse R10-Groeifondsbydraes as deel van hulle Solidariteit-lidmaatskapgeld. Dié projek, die oprigting van ’n multimiljoenrand opleidingskampus, se eerste fase van sowat R16,5 miljoen is reeds goedgekeur nadat die grond verlede jaar vir sowat R7 miljoen aangekoop is. Intussen word ’n reuse-fondsinsamelingsprojek beplan om die nodige geboue vir die kampus te kan oprig. Solidariteit gaan ook binnekort deur die Groeifonds ’n splinternuwe werksoekplatvorm, Werknet, bekendstel. Hou die volgende uitgawe van Solidariteit Tydskrif dop vir meer inligting. S

number 2 of 2011

25

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Liriekskryfkompetisie kry eie temalied

FOTO: ILZE NIEUWOUDT

m

Deur Ilze Nieuwoudt

aak nie saak wat ander sê of wat in die boeke lê. My spore is al diep getrap in Moeder Afrika. Al voel dit of hul jou verdryf. En jy vra wat raak hul kwyt. Basta! Basta, my voete is in Afrika! Liefde, passie en ’n hart wat brand vir Suid-Afrika. Dít is wat agter hierdie woorde uit die temalied van die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie, Basta, skuil. Basta kom uit die pen van die bekende musikant en liedjieskrywer Waldo Greeff en word gesing deur Andries Hendrik Potgieter. In ’n onderhoud met hierdie twee musikante word die woorde “Basta, my voete is in Afrika!” ’n werklikheid. Maar dra die woorde ’n persoonlike betekenis? Soos ’n stil denker peins Greeff eers oor die vraag en antwoord dan duidelik. “Ja, dit is die eerste keer dat ek so ’n liedjie skryf wat sê ek is trots Suid-Afrikaans en dit was lekker om dit te skryf.” Volgens Potgieter wil hy met dié liedjie seker maak dat mense weet waar hulle vandaan kom en wil hy mense laat besef hoekom die Afrikaner se voorouers so suksesvol was. Hy stel dit duidelik. Hierdie liedjie is juis gemik op jongmense. “Ons jonger generasie moet herinner word aan wie hulle is en waar hulle vandaan kom. Suid-Afrikaners het drie eienskappe: Hulle is kreatief, is dapper en het uithouvermoë en ons is trots op wie ons is. Die media het aan ons verkondig dat werkloosheid ons voorland is, en ons jongmense het dit begin glo. Hierdie liedjie beteken dat ons opgewonde oor ons toekoms mag wees. Niemand kan ons terughou nie!” Die kompetisie beoog om duisende Afrikaanse hoërskoolleerlinge met trots te laat soek na hul Afrikawortels. Volgens dr. Dirk Hermann, redakteur van Solidariteit Tydskrif en adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is die tema van vanjaar se kompetisie “Basta! Ons voetspore is in Afrika”. Die tema spruit voort uit die gelyknamige boek deur Hermann wat in 2010 bekendgestel is en die geskiedenis van die Afrikaner ondersoek. “Die idee is dat jongmense na hul wortels sal gaan soek en uiteindelik met trots kan sê: Afrika en Suid-Afrika is mý tuiste. Ek hóórt hier!,” verduidelik Hermann.

Die musiekvideo vir die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie, Basta, is in Maart opgeneem.

HOE WERK DIT?

PUNT liriekskryfkompetisie aangebied deur Solidariteit Tydskrif

• Stuur jou inskrywing(s) voor 13 Mei 2011 na punt@solidariteit.co.za. Stuur ook die volgende inligting saam met jou inskrywing: • Jou volle naam en van. • Jou kontakbesonderhede (selfoonnommer, huistelefoonnommer, eposadres en posadres). • Die naam en kontakbesonderhede van jou skool. • Die aantal inskrywings per deelnemer is onbeperk.

WEN, WEN, WEN! Die twaalf beste inskrywings sal deur die bekende liedjieskrywer en musikant Waldo Greeff getoonset word. Greeff het reeds twee Tempo-musiektoekennings agter sy naam vir sy liedjie Is dit jy? (gesing deur Andriëtte Norman) wat deel was van die Huisgenoot-liriekskryfkompetisie. Die wenliedjies van die Puntliriekskryfkompetisie sal tesame met vanjaar se temalied, Basta, op ’n CD opgeneem en in November vanjaar

nommer 2 van 2011

26

uitgereik word. Alle liedjies sal gesing word deur Andries Hendrik Potgieter. Die skrywer van die wenlied sal boonop R5 000 in die sak steek. • Bly op die hoogte van die jongste nuus oor die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie deur die webtuiste www.solidariteittydskrif.co.za te besoek. Nuus oor die wenners sal in die volgende uitgawe van Solidariteit Tydskrif gepubliseer word. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



industry news

UNDERGROUND VISIT BY DEPARTMENT OF MINERAL RESOURCES Members of the task team against illegal mining activities in the Free State paid an underground visit on 12 August 2010 to the Beatrix Mine Shaft No. 1 outside Virginia. The purpose of this visit was to provide all interested parties, including members of the SAPS, the Department of Internal Affairs and community leaders, with the opportunity to gain a clear insight into the challenges which mines face in the struggle against illegal mineworkers.

Solidarity puts five demands to Telkom CEO

s

By Moira-Marie Kloppers

PHOTOGRAPH: REINT DYKEMA

olidarity submitted five demands regarding various issues to Nombulelo (Pinky) Moholi after she was appointed as Chief Executive Officer (CEO) at the telecommunications giant in March. These demands include various issues, including the retention of critical skills, job security, stability and continuity at top management level, the improvement of Telkom’s national and international image as well as security concerns. Moholi has 23 years’ experience in the telecommunications industry. According to Gideon du Plessis, Deputy General Secretary of Solidarity, it is high time that there is stability in Telkom’s management, since there has been no continuity in Telkom’s top management for several years. The trade union moreover expressed its hope that the employees’ uncertainty occasioned by this instability will also now come to an end. Du Plessis set out the five demands, which also include some of the problems that Telkom currently faces. “These issues need to be tackled urgently in Moholi’s term as CEO,” Du Plessis said.

1. STABILITY AT TOP MANAGEMENT LEVEL According to Du Plessis, Moholi’s first challenge is to appoint a skilled, committed management team that will ensure stability and continuity. “Telkom employees haven’t known a stable work environment for five years,” Du Plessis

explained. “There were too many new managers who came and went over the past couple of years and each wanted to leave his or her own mark.” 2. SKILLS RETENTION, DEVELOPMENT Solidarity further demands that Moholi present a skills retention and development strategy instead of an affirmative action strategy which would indicate how Telkom is going to motivate and retain its employees with scarce skills. Moreover, the employees need to be supported through training to ensure that they stay on top of new technology. “It is much cheaper to retain skilled employees and train them further than to recruit, appoint and train a new employee from scratch,” Du Plessis said. 3. JOB SECURITY, EMPLOYEE MORALE According to Du Plessis, Mohali should also now make an effort to tackle insecurity among employees, after recent severance packages were awarded. Since race and gender were used as criteria to decide which personnel would receive severance packages, white employees, in particular, feel insecure about their future at Telkom. Telkom lost a great deal of people with scarce skills, which were critical for good service delivery, when severance packages were awarded. “Wage negotiations will soon commence

nommer 2 van 2011

28

at Telkom. Moholi should grab the opportunity to reassure and motivate employees,” according to Du Plessis. 4. SECURITY CONCERNS According to the trade union, security needs to be increased at Telkom’s office building in the Pretoria city centre as well as the Telkom offices in Middelburg. Earlier this year, seven delegates of Solidarity and AfriForum delivered a memorandum to the Pretoria Central Police Station to protest against the spate of attacks on Telkom employees near this office building. “Telkom needs to increase the security it provides to its employees and should work in close cooperation with the South African Police Service. Telkom employees have the right to work in a safe environment,” Du Plessis explained. 5. IMPROVEMENT OF TELKOM’S NATIONAL AND INTERNATIONAL IMAGE According to Du Plessis, Moholi needs to ensure that corruption and malpractice, which harms the company’s image, is nipped in the bud. “A positive image is necessary to make Telkom sustainable and attractive to investors and consumers. If the discipline in this regard is irreproachable, it would filter through to ground level and have an extremely positive impact on service delivery in general,” Du Plessis said. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Vakbond eis meer as R4,6 miljoen van Aurora

FOTO: REINT DYKEMA

n

adat Aurora Empowerment Systems ná twee aanmanings steeds nie agterstallige salarisse van meer as R4,6 miljoen aan 42 Aurora-werknemers betaal het nie, gaan Solidariteit ’n likwidasie-aansoek by die Hooggeregshof indien. Solidariteit het in Maart en April twee stelle aanmaningsbriewe, waarin die agterstallige salarisse van 42 Aurora-werknemers en vakbondlidmaatskapgeld uitgeengesit word, aan die maatskappy oorhandig. “Aurora skuld 42 van sy werknemers elk tussen R13 000 en R200 000 in agterstallige salarisse en statutêre aftrekkings soos pensioenfondsbydraes, werkloosheidsversekering en belasting (LBS) wat nooit aan die betrokke instellings oorbetaal is nie,” verduidelik Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. “Daarbenewens eis Solidariteit as ’n beginselsaak ook bykans R13 000 in agterstallige vakbondlidmaatskapgeld van die maatskappy,” voeg hy by. Die eerste stel aanmanings was vir agterstallige salarisse van meer as R3,1 miljoen terwyl die tweede stel aanmaningsbriewe verdere agterstallige salarisse ter waarde van R1,5 miljoen uiteengesit het. Eise stroom egter steeds in en die vakbond reken dat die uitstaande eise tot soveel as R12 miljoen kan beloop. “Aurora se versuim om werknemers te vergoed, het nie net tot ’n enorme maatskaplike krisis in die gemeenskap gelei nie; dit hou nou ook ernstige bedreigings vir die omgewing in. Die laaste pompstasie het reeds oorstroom en die gevolge kan katastrofies wees,” sê Du Plessis. Volgens hom is die geskiedenis van

Deur Moira-Marie Kloppers

Gideon du Plessis

Aurora een van swaarkry vir die werknemers. Die voorlopige likwidasie van die voormalige Pamodzi-myne het reeds in April 2009 begin. “Die President Steyn-myn in die Vrystaat is verkoop, terwyl die likwidateurs Aurora Empowerment Systems aangewys het om die Orkney-myn en die myne aan die Oos-Rand te bestuur totdat oordrag van eienaarskap van dié myne na Aurora kan plaasvind. Werknemers by dié myne ontvang reeds sedert Februarie verlede jaar ongereelde betaling,” voeg hy by. Intussen leef die mede-eienaar van Aurora Empowerment Systems, Khulubuze Zuma, die neef van pres. Jacob Zuma, in weelde. Luidens ’n artikel in The Times besit Zuma benewens twee BMW 750i-sedans ter waarde van R1,1 miljoen elk, ook ’n Range Rover Sport (R934 500), ’n Mercedes Benz Vito, drie Mercedes Benz Sprinters en nog vier ander voertuie. Zuma is ook reeds ’n paar keer in ’n luukse Mercedes Benz SLS

63 AMG van meer as R2,5 miljoen, ’n Bentley van meer as R3 miljoen en ’n Rolls Royce opgemerk. Daar kon egter nie bevestig word of hierdie drie motors ook in sy naam geregistreer is nie. Volgens Du Plessis maak Zuma se motorvloot dit duidelik dat daar nie ’n geldnood by Aurora heers nie, maar dat gierigheid eerder aan die orde van die dag is. Indien Zuma se motorvloot van die hand gesit word, sal dit nie net al die Aurorawerknemers se agterstallige salarisse met rente kan terugbetaal nie – dit sal ook vir die grootste gedeelte van die herstelwerk aan die Aurora-waterpompe kan betaal. Die pompe is verwyder en vinnig stygende suur mynwater dreig nou om in Nigel te begin uitstroom. Intussen het die Noord-Gautengse hooggeregshof in Maart nóg uitstel gegee aan Aurora in die likwidasieproses van die Pamodzi Gold-myne wat tans deur Aurora beheer word. Aurora en die likwidateurs voer reeds vir meer as ’n jaar aan dat Aurora die myne met die hulp van ’n belegger kan bekom en dat slegs ’n “tegniese haakplek” keer dat geld vir die transaksie invloei. Aurora kon egter steeds nie al die nodige fondse om die myne te bekom, aan die likwidateurs betaal nie. Die likwidateurs het dus nou aangekondig dat alternatiewe aansoeke vir die beheer en bestuur van Aurora oorweeg sal word. “Aurora se werknemers kan nie langer wag nie. Nie net skep dit vals hoop in ’n gemeenskap wat reeds platgeslaan is nie; dit bied ook vir Aurora verdere geleentheid om die mynbate te plunder,” meen Du Plessis. • Lees ook die artikel op bladsy 44. S


bedryfsnuus

Onsekerheid oor poste duur voort by Denel Terwyl werknemers by Denel SAAB Aerostructures twyfel of hulle die jongste afleggingsproses gaan oorleef, is wit studente wat by Denel Dynamics om ’n studiebeurs wou aansoek doen, se drome verpletter. MOIRA-MARIE KLOPPERS het die probleme by dié twee Denel-entiteite gaan ondersoek.

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

ie sukkelende Denel-entiteit Denel SAAB Aerostructures (DSA) gaan waarskynlik binnekort aan Aerosud verkoop word, wat daartoe kan lei dat DSA-werknemers vir die vierde keer in drie jaar die onsekerheid van ’n afleggingsproses sal moet beleef. Daarbenewens kan dit tot die finale sluiting van DSA lei. Sedert 2008 het nie minder nie as 485 DSA-werknemers in drie afsonderlike Artikel 189-afleggingsprosesse hul werk verloor. Die verkoop van DSA is reeds in beginsel deur die Denel-raad goedgekeur en indien die finansiering vir die transaksie realiseer, het Aerosud reeds aangedui dat nie al die huidige DSA-werknemers in diens kan bly nie. DSA lei sedert 2008 reuse-verliese wat reeds op drie afleggingsprosesse uitgeloop het. Tydens die eerste afleggingsproses het 183 werknemers hul poste verloor terwyl die tweede en derde afleggingsprosesse onderskeidelik 122 en 180 werknemers hul poste gekos het. “Indien dit nie vir DSA se reuse-verlies van R328 miljoen was nie, sou die Denel-groep waarskynlik verlede jaar ’n wins getoon het,” sê Jack Loggenberg, organiseerder van Solidariteit. “Die groep het in 2010 ’n verlies van R246 miljoen getoon. Intussen het die Nasionale Tesourie sedert 2006 reeds meer as R8,82 miljard se finansiële steun aan die Denel-groep gegee, maar die verliese duur steeds voort,” het Loggenberg gesê. “Nou staar die onsekerheid van ’n vierde afleggingsproses die oorblywende 410 werknemers in die gesig, met minstens 160 poste wat moontlik in die jongste afleggingsproses geraak kan word. Intussen kan DSA nadese permanent gesluit word.” Volgens Loggenberg is die afleggings wat die entiteit die afgelope paar jaar teister ’n tragedie vir Suid-Afrika. “Nie net is DSA die enigste maatskappy in Suid-Afrika wat missiele ontwerp, ontwikkel en vervaardig nie, die maatskappy het hoogs gekwalifiseerde werknemers in diens. “Ongelukkig het meer as die helfte van dié kundigheid sedert 2008 vir die entiteit verlore gegaan en dit is onbekend hoeveel van dié kundiges die land verlaat het. Die skuld

hiervoor kan voor die deur van swak bestuur gelê word, hoewel dié einste bestuur, selfs van dié verliesmakende entiteite, jaar ná jaar met vet bonusse spog,” meen Loggenberg. Aerosud is in 1990 gestig en het sedert 2000 sy produksievermoë drasties uitgebrei. Die maatskappy is een van die leiers in die lugvaartbedryf wat die ontwerp, ontwikkeling, produsering en dienslewering van siviele en militêre lugvaartingenieursprojekte betref.

Daar is tans 54 studente, waarvan slegs 30% wit studente, wat by dié beursskema baat vind. “Denel en ander instansies wat ras as keuringskriterium vir kursusse gebruik, is besig om die vaardigheidstekort in Suid-Afrika te vererger, aangesien hulle jongmense wat gewillig is om te leer, te werk en ’n verskil te maak in Suid-Afrika ontmoedig. Hierdie jongmense soek dan gewoonlik groener weivelde oorsee,” volgens Loggenberg. S

KOM BELOFTES NA, VRA VAKBOND Denel Dynamics se besluit dat geen wit studente vir ’n studiebeurs vir ingenieurswese aansoek kan doen nie, het presies ’n jaar ná ’n soortgelyke geval by RheinMetall Denel Munitions (RDM) gevolg, toe wit studente ook afgekeur is vir ’n ambagsluiprogram en studiebeurs, waarna Denel sy versekering gegee het dat wit studente voortaan ook aan die maatskappy se opleidingsprogramme kan deelneem en vir beurse aansoek kan doen. Solidariteit eis nou dat Denel Dynamics wit studente onmiddellik toelaat om ook vir dié opleidingsgeleentheid in aanmerking te kom. “Dit is net in Denel Dynamics se belang dat die beste kandidate opgelei word, al is hulle dan wit,” sê Loggenberg. “Studente kry jaarliks die geleentheid om aansoek te doen om dié beurs van R90 000 per jaar vir kursusse in elektroniese, meganiese, industriële, megatroniese of rekenaaringenieurswese,” verduidelik Loggenberg. Benewens die studiebeurs kry die studente dan ook die geleentheid om deur vakansiewerk praktiese ervaring op te doen. Grant Wilson, groepbestuurder van Denel Dynamics se opleidingsakademie vir ingenieurswese, het in November verlede jaar in ’n elektroniese skrywe aan kollegas gevra vir hulp om nog ses kandidate vir vanjaar se kursus te identifiseer, maar beklemtoon dat slegs swart, Indiër- en kleurling studente aansoek mag doen. Nuwe studente word elke jaar ingeneem om die studente wat afstudeer, te vervang.

nommer 2 van 2011

30

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Metaal- en ingenieursbedryf gerat vir 2011 Harde loongevegte gaan vanjaar geveg word, taai arbeidsake gaan gepak word, maar die kliphard manne van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf is gereed vir aksie. ILZE NIEUWOUDT het by bedryfshoof Deon Reyneke, wat reeds sedert 2008 aan die stuur van dié bedryf staan, gaan aanklop om uit te vind wat vir sy bedryf in 2011 voorlê. Die metaal- en ingenieursbedryf is reeds vir jare die grootste Solidariteit-bedryf. By watter groot maatskappye is julle verteenwoordig? ArcellorMittal, Denel, Highveld Steel, Samancor, Columbus Stainless Steel, Bell Equipment, Cape Gate, Scaw Metals en nog vele meer.

Wat beplan julle bedryf vir 2011? Ons beplan om die Solidariteit Beweging se waardes op elke vlak in die bedryf uit te leef en om ons deel te doen om die beweging van beter na beste te neem!

Hoeveel lede verteenwoordig Solidariteit tans in hierdie bedryf? Nagenoeg 24 000 lede.

Wat is as moontlike uitdagings vir 2011 geïdentifiseer? Loononderhandelings in die bedingingsraad vir die metaal- en ingenieursbedryf (MEIBC) word vanjaar weer hanteer en ons sal ons weer rat vir harde loononderhandelings hier.

Wat sou jy sê was die bedryf se grootste uitdagings in 2010? Artikel 189-afleggings en die instelling van korttyd by verskeie werkplekke het veral druk op werknemers geplaas verlede jaar.

Hoe rat julle julself hiervoor? Ons doen dit deur middel van spanwerk, goeie navorsing en natuurlik deur die regte mense op die regte plekke in die bedryf geposisioneer te hê. S

FOTO: REINT DYKEMA

Deon Reyneke

• Lees ook oor die metaal- en ingenieursbedryf se betrokkenheid by die MIFBAinligtingsessies op bladsy 37-41.


bedryfsnuus

KRYGKOR-FORUM PAK DIÉ KWESSIES Krygkor is ’n maatskappy wat voorheen onder die algemene bedryf in Solidariteit geval het, maar tydens die tweede helfte van 2010 by die ELK-bedryf ingeskakel het. Hoewel dié sektor van die bedryf nog nie sy eie bedryfsraad het nie, is daar besluit om vanjaar met die stigting van die Krygkor-forum voort te gaan. Dié forum word deur die Solidariteithoofraad erken en sal kwartaalliks byeenkom om kwessies uniek aan dié instelling te bespreek en aan te pak. Die eerste byeenkoms het reeds in Maart plaasgevind. Van die kwessies wat tydens hierdie byeenkomste bespreek word, is strategiese beplanning – spesifiek vir Krygkor, ontledings word deur kenners gedoen oor dispute by die instelling en salarisbeplanning kom onder die vergrootglas.

Suur mynwater dreigende natuurramp

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Moira-Marie Kloppers

ie myne in Gauteng wat vir ’n goue tydperk van ontwikkeling, rykdom en vooruitgang in SuidAfrika se geskiedenis gesorg het, het ’n suur nasmaak gelaat – letterlik. Die nalatenskap van dié myne bedreig nou nie net die toekoms van die stad Johannesburg nie, maar ook die Wieg van die Mensdom naby Krugersdorp en selfs die gewilde pretpark, Gold Reef City, se ondergrondse toerismemyn. ’n Operasionele myn is voortdurend besig om die water wat opgaar wanneer tonnels en skagte met ondergrondse waterbronne kruis, uit die myn te pomp. Wanneer aktiwiteite by so ’n myn gestaak word, word die uitpomp van water gewoonlik ook gestaak en die skagte en tonnels begin dan oorstroom. Eenvoudig gestel word suur mynwater gevorm wanneer ou mynskagte en tonnels deur grondwater oorstroom word. Die water wat met die ontblote metaalryke rotswande in aanraking kom, oksideer en dié chemiese reaksie maak die water suur. Suur mynwater spoel reeds sedert 2002 in die omgewing van Krugersdorp en Randfontein uit verlate, oorstroomde goudmyne terwyl nog van dié water onder Johannesburg na die oppervlak styg teen ’n spoed van

tussen 0,3 m en 0,9 m per dag. Dié suur mynwater kan, benewens katastrofiese skade aan die natuurlewe in die omgewing, ook drinkwater besoedel en selfs tot verhoogde seismiese aktiwiteit, aardskuddings en skade aan infrastruktuur en geboue lei. Luidens ’n verslag wat in Desember verlede jaar reeds deur ’n groep kundiges aan die kabinet gestuur is, maar eers in Februarie bekendgemaak is, kan miljoene liters suur mynwater reeds teen Maart volgende jaar die toerismemyn by Gold Reef City oorstroom, waarna dit ook in laaglig-

nommer 2 van 2011

32

gende dele in die Boksburg-omgewing kan begin uitloop. Pravin Gordhan, minister van finansies, het wel in die begroting voorsiening gemaak daarvoor dat dié probleem op die kort termyn met pompstelsels opgelos kan word, maar met talle myne in die omgewing wat die einde van hulle leeftyd nader, is dit duidelik dat die probleem van suur mynwater nog lank met Gautengers gaan wees. Benewens pompstasies wat die stygende water moet stuit, moet die water wat uitgepomp word, eers gesuiwer word – dit is te suur om net so in riviere te stort. ’n Sogenaamde omgewingsheffing vir myne word beoog om dié proses te finansier. Terwyl die regering en mynmaatskappye steeds stry oor wie op die lang termyn die koste van die pomp- en suiweringswerk by verlate myne gaan behartig, kruip ’n giftige ondergrondse meer daagliks nader aan die grondoppervlak van Johannesburg. Tog is Trevor Manuel, minister in die presidensie, steeds oortuig dat mense nie “paniekerig” moet raak nie. Hoewel die omvang van die dreigende krisis nou duidelik en alombekend is, wag inwoners van die stad van goud steeds vir goeie nuus oor dié suur nalatenskap. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


broodnodige KONTANT met die afsterwe van ’n GELIEFDE X

BEGRAFNISDEKKING

PREMIES & DEKKING*

UNIEKE KENMERKE

• Keuse tussen twee vlakke van dekking – R9 000 of R18 000 vir hooflid teen onderskeidelik R13,83 en R27,65. • ’n Gesin van 6 geniet dekking (hooflid, gade en vier kinders) teen slegs R32,59 per maand. • Voorsiening word gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers. • Maklike aansoekproses met geen mediese of bloedtoetse. • Vinnige uitbetaling. • Skema slegs vir Solidariteit-lede. • Maksimum intree-ouderdom vir volwasse afhanklikes is 70 jaar. Polis staak wanneer hooflid die ouderdom van 65 jaar bereik.

DEKKING

Hooflid

R9 000

Familie

(Hooflid, gade en maksimum 4 kinders)

R13,83

R32,59

DEKKING R18 000

Hooflid

R9 000

R18 000

Kinders 14-21

R7 472

R14 944

Kinders 1-5

R4 202

Gade

R7 472

Kinders 6-13

Kinders 1 en ongebore babas

Volwasse afhanklikes onder 65

R2 911 R5 000

R5 000

PREMIE R27,65

R65,18

R14 944

R4 202

Volwasse afhanklikes 65 en ouer

Laat ons jou geldlas ligter maak!

PREMIE

R8 404 R8 404

R20,74

R30,81

R5 822

R5 000

R5 000

R20,74

R30,81

* Bepalings en voorwaardes geld

Onderskryf deur Centriq Life Insurance Company Ltd Registrasienommer: 1943/016409/06 FSP-nommer: 7370

0861 867 335 Skakel ons vandag nog by:

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


industry news

Severance packages and crime pulling Telkom down

s

By Moira-Marie Kloppers

olidarity expressed concern after the telecommunication giant Telkom started offering severance packages to staff, specifying race and gender as some of the selection criteria. Other criteria that will be taken into account in the evaluation of applications entail implementing FIFO (first in, first out), excess skills in certain departments, restructuring and age. Meanwhile, seven representatives of the trade union and AfriForum as well as a Telkom employee, who fell victim to crime near her workplace recently, handed a memorandum to the Pretoria Central Police Station in February. Some 250 Telkom employees who work at Telkom’s offices in the Pretoria CBD indicated their support for the memorandum by means of e-mail and SMS. In the memorandum, the trade union, AfriForum and Telkom demand, among other things, that crime prevention be made the number one priority in South Africa and that the investigation into the attacks on Telkom employees be prioritised. “Working people are the heartbeat of South Africa and crime is stopping this heartbeat. Crime causes people to leave the country. Many skilled people who are crucial to steer our country and economy are also leaving the country because of crime. In addition, general and investors’ confidence in the country is undermined by crime,” said Solidarity spokesperson, Marius Croucamp. In addition to the crime problem, Telkom employees were confronted by voluntary severance packages a day after the expiry of an agreement concluded in 2009 between several trade unions and Telkom, in terms of which employees’ job security was guaranteed until 31 March 2011. Telkom was planning to offer voluntary severance packages last year. However, when Jeffrey Hedberg was appointed as acting Executive Head, he put a stop to the plan, as it

Marius Croucamp hands over the memorandum to Colonel Joel Phukubye.

would not make “business sense”. “When Hedberg did not renew his contract, the plan was tabled again, although it still does not make sense to get rid of skilled employees to the detriment of service delivery. The criterion should have been to retain critical skills. Using race and gender as criteria for awarding voluntary severance packages constitute blatant discrimination,” Croucamp warned. Telkom also indicated that it would not give reasons for accepting applications for packages. “The process was therefore not transparent and discrimination on the basis of race and gender was a constant possibility.” According to Croucamp, Telkom should rather focus on retaining and developing critical skills within the organisation in order to improve service delivery. Solidarity pointed out that the proposed staff reductions would cause Telkom to lose extremely skilled employees with irreplaceable and critical expertise, which could hold a serious threat for the company’s service delivery capacity and profitability. Another threat to Telkom’s critical skills is crime in the vicinity of the Telkom head offices in Pretoria. In two separate incidents earlier this year, two female Telkom employees

were accosted in Vermeulen Street while they were on their way to work. According to Debbie van der Merwe, one of the women who was attacked, everything happened very fast. “At around 06:45, while I was on my way to work, the robbers grabbed me by the throat and tried to yank off my chain. Fortunately, they ran off when I shouted,” she said. Another Telkom employee, Nicolene Grové, was also attacked in Vermeulen Street and robbed of her jewellery in January. This case was reported to the police, but Grové has not received any feedback from them yet. Another victim, Lenise Viljoen, was involved in two incidents in Proes Street in September last year while she was on her way home. “The problem is that Telkom has limited and insufficient undercover parking for its employees. Many Telkom employees have to park outside the offices on public parking spaces where they are confronted by robbers almost daily, despite various attempts by the employer to provide security for staff. “Not only did Solidarity start dealing with the crime situation at Telkom – the trade union also provided financial advice to employees who were offered voluntary severance packages,” Croucamp concluded. S

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

VAKBOND BEHAAL LOONOORWINNINGS IN GRAANBEDRYF ’n Loonooreenkoms tussen Solidariteit en die graanbedingingsraad ná slegs twee rondes van onderhandelings, het vir loonverhogings van tussen 5% en 8% by die grootste landboukorporasies gesorg. Werknemers by Suidwes en VKB-NTK het almal in Maart ’n loonverhoging van 7% ontvang, terwyl werknemers by MGK ’n 5%-loonverhoging ontvang. Daarbenewens sal werknemers by NWK en Senwes se loonverhogings van onderskeidelik 8% en 7% op 1 Mei ingestel word. Werknemers by OVK en GWK sal onderskeidelik op 1 April en 1 Julie hulle loonverhoging van 7% ontvang. Onderhandelings namens werknemers in posgradering 5 tot 11 het tot einde Maart voortgeduur. Die loonooreenkomste sal vir 12 maande van krag wees.

nommer 2 van 2011

34

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


SAPMEDS-HOSPITAALVERSEKERING

bekostigbare toegang tot PRIVAAT HOSPITALE WAT KRY JY? • • • • • • •

Toegang tot privaat hospitale. Dek jou spesialis, hospitaal- en ander mediese uitgawes met vasgestelde voordeel. Eise vinnig én van dag 1 af betaal, sodra die toepaslike dokumente ontvang is. Opsionele dekking is beskikbaar vir gevreesde siektes. Dekking vir afhanklike kinders wat by tersiêre instellings studeer. Goeie onderskrywingsbeginsels om jou teen skerp premiestygings te beskerm. Verstaanbare polisdokumente.

Die Solidariteit-Sapmeds-hospitaalversekering is ’n korttermyn-ongeluk-en-gesondheidspolis wat vasgestelde voordele betaal.Dit is spesifiek ontwerp om ’n bekostigbare oplossing te bied aan Suid-Afrikaners wat op soek is na moeitevrye siekte- en ongelukdekking. Lang toue om mediese sorg te bekom, is iets van die verlede met die toegang tot privaat hospitale wat gebied word. Die premies en limiete is soos volg: PLAN

INDIVIDU

5

R480.00

4

OOK INGESLUIT:

• • • • •

PRODUKOORSIG*

SASRIA-gevalle (beserings tydens optogte, kapings, stakings). Internasionale reisversekering (maksimum 90 dae). Ongelukdekking (dood). ER24-ambulansbystand (pad of lug). Skakel die 24-uur noodnommer vir: * Toelatingsnommer vir hospitaalopname. * Mediese inligting of raad. * Mediese bystand in krisissituasies.

6

7

R420.00

R520.00 R570.00

FAMILIE#

VOORVAL-LIMIET

JAARLIMIET

R 810.00

R 60 000

R450 000

R 700.00

R 970.00 R1 100.00

R 30 000

R150 000

R200 000

R350 000

R650 000

R1 000 000

BELANGRIK OM TE WEET • • • • • • •

AKSENT MEDIA • 11/2010

Spesiale bepalings is namens Solidariteit se lede met Resolution Underwriters onderhandel. ’n Wagtydperk van 3 maande geld en voorafbestaande kondisies word uitgesluit vir 12 maande of langer. Indien ’n lid reeds aan ’n mediese skema behoort en na Sapmeds skuif, sal daar nie ’n wagtydperk van 3 maande wees nie. Die maksimum intree-ouderdom is 55 jaar. Die bybetaling vir hospitalisering is R1 000.00 tot en met 55 jaar. Hierdie advertensie is slegs vir bemarkingsdoeleindes. Enige eise is aan die polisbewoording onderworpe. Dag-tot-dag uitgawes word nie gedek nie. Die familieplan# dek ’n familie van vyf lede. Kinders word tot en met die ouderdom van 25 gedek (indien hul voltyds studeer). ’n Familie bestaan uit twee volwassenes en drie kinders.

* Bepalings en voorwaardes geld

012 664 8923 Skakel ons vandag nog by

Hierdie produk word onderskryf deur Resolution Underwriters (Pty) Ltd (FSP-nommer: 4710) namens Resolution Insurance Company Limited.

of stuur e-pos na: ruan@solidariteit.co.za

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


bedryfsnuus

‘Beloon lojaliteit by Lafarge’

s

Deur Moira-Marie Kloppers

olidariteit het in Februarie ’n geskil met een van die grootste sementvervaardigers in die land, Lafarge Cement naby Lichtenburg, by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verklaar. Dit volg nadat die tweede ronde loononderhandelings met die sementvervaardiger op ’n dooiepunt uitgeloop het. Solidariteit onderhandel namens ambagslui by die Lichtenburg-aanleg en eis ’n loonverhoging van 9%, terwyl Lafarge slegs 6% aanbied. Volgens Ilze Nieuwoudt, woordvoerder van Solidariteit, is werknemers by Lafarge vuisvoos ná die lang resessie. ’n Goeie verhoging sal hierdie werknemers help om die afgelope jaar se drastiese stygings in lewenskoste die hoof te bied. “Werknemers by Lafarge se Lichtenburg-aanleg het die afgelope jaar uitstekend presteer, veral met die suksesvolle oprigting van ’n nuwe oond en klinkerlyn ter waarde van R750 miljoen as deel van Lafarge se reuse-uitbreidingsprojek genaamd Project Rainbow,” verduidelik Nieuwoudt. Dié projek het onder meer investering van R1,2 miljard vir bykomende sementkapasiteit behels. “Lafarge moet die werknemers wat die maatskappy deur dié tyd gedra het, nou vir hulle lojaliteit en harde werk beloon.

“Solidariteit-lede by Lafarge in Lichtenburg het veral aangedui dat die koste van elektrisiteit, opleiding en mediese sorg hulle tans lamlê,” verduidelik Nieuwoudt. “Die gemiddelde mediese inflasie vir 2010 was 7,5%. Daarby het die Raad op Mediese Skemas onlangs aangedui dat mediese fondse se premies vanaf verlede jaar met tussen 5,6% en 16% gestyg het. Boonop het die koste van opleiding ook aansienlik gestyg: Opleiding by die grootste universiteite het byvoorbeeld vanjaar met tussen 8% en 11% gestyg teenoor die koste in 2010, terwyl skoolfooie met gemiddeld 12% in 2010 en 10% in 2011 gestyg het,” voeg sy by. “Hoewel inflasie tans wel teen ’n stadiger tempo as ’n paar jaar gelede styg, is daar sekere kategorieë in die inflasiemandjie wat skerp stygings toon en veroorsaak dat die huidige inflasiesyfer nié die ware lewenskoste van verbruikers weerspieël nie,” sê sy. Daarbenewens meen die vakbond ’n loonverhoging van 9% vanjaar sal nie buitensporig wees nie, aangesien Andrew Levy Arbeidsverhoudingskonsultante verwag dat gemiddelde loonverhogings vanjaar tussen 7% en 8% sal beloop. Werknemers by Lafarge Cement het verlede jaar ’n loonverhoging van 9% ontvang. Solidariteit eis terugwerkende loonverhogings vanaf 1 Januarie vanjaar.

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

LAFARGE CEMENT: DID YOU KNOW? Lafarge Cement is a world leader in cement production and has 160 production plants in 48 countries. The company has about 78 000 employees in 78 countries and was listed as one of the world’s most sustainable companies for the sixth time in a row last year. It operates a 2,4 million ton per annum production plant in Lichtenburg in the North West Province and distribution facilities in Gauteng, Polokwane and Richards Bay. S

nommer 2 van 2011

36

Building confidence implodes – index By Moira-Marie Kloppers The quarterly FNB/BER Building Confidence Index revealed that in the first quarter of 2011, building confidence imploded to its lowest level during the recession. The index, that varies between zero (an extreme lack in confidence) and 100 (extreme confidence), indicates business satisfaction in six sectors including architects, building contractors, manufacturers of building materials and retailers of building material and hardware. In the first quarter of 2011, the index was 24, dropping from 38 in the fourth quarter of 2010. “The decline is disappointing and signifies that it will take longer than previously expected for actual building activity to recover, ” says Cees Bruggemans, chief economist at FNB. The confidence of building contractors was at 18, the lowest level in 11 years. According to Bruggemans, it is the first time in 36 years that “business confidence failed to reach its lowest point at the same time as the other sectors,” causing the index to drop into “unchartered territory”. “Historically, building contractors’ confidence recovers at the same time as the other sectors the BER surveys. Furthermore, a recovery in the leading building sectors, involved in planning and renovation, usually foreshadows a rebound in actual building activity,” said Bruggemans. “At the moment, none of these historical patterns hold true. “So, this time around it has become impossible to foretell when the building sector is going to recover based on the historical evidence alone,” he concluded. The lack of demand for building work not only led to extreme tender competition but also eroded profitability and even caused forced retrenchments in the industry. Meanwhile, the confidence in the manufacturing sector, retail trade, wholesale trade and motor trade moved back to an index of over 50 (positive territory).

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


fokus op mibfa

a

MIBFA – die naam waarop jy kan staatmaak! ftrede en pensioen klink vir sommige mense soos iets in die verre toekoms terwyl ander vreesbevange raak omdat hulle hopeloos te laat begin het om voorsiening vir hul oudag te tref. Dan is daar die ewige keuses waarmee mense gekonfronteer word. Wie sal die beste waarde vir jou hardverdiende geld op die lang termyn bied en wie kan vertrou word om na jou unieke belange om te sien? As die vrae van “wanneer” en “wie” gevra word, is die antwoorde vir werknemers in die metaal- en ingenieursbedryf eenvoudig: Nóú en MIBFA! MEER OOR MIBFA: • MIBFA is ’n niewinsgewende organisasie wat in 1994 tot stand gekom het met die uitsluitlike doel om die voordeelfondse van die metaal- en ingenieursbedryf te administreer. • MIBFA beskik oor ’n raad van direkteure wat uit ewe veel werkgewerverteenwoordigers as vakbondverteenwoordigers bestaan. Daar word op dié manier toegesien dat die finansiële belange van werknemers in die bedryf prioriteit geniet. • MIBFA is ’n voordeelfonds- en beleggingsadministrateur en is by die Raad op Finansiële Dienste geregistreer. • Ongeveer 50% van MIBFA se beleggings word deur eksterne beleggingsbestuurders bestuur, en die ander 50% deur MIBFA se eie beleggingspan. • MIBFA het in 1994 tot stand gekom, maar die fondse is voorheen deur die Federasie vir Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika bestuur. Die administratiewe funksie wat deur die federasie gebied is, het reeds in 1955 begin.

WEN-WENKE VIR ’N SORGVRYE AFTREDE

Henk Schalekamp

PERMANENTE ONGESKIKTHEID – DIÉ WERKLIKHEID KAN NIE MISKEN WORD Luidens ’n studie deur die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (ASISA), is die gemiddelde Suid-Afrikaanse inkomsteverdieners met meer as R900 000 onderverseker in die geval van ongeskiktheid. Daarbenewens sal daar vanjaar nagenoeg 52 000 werknemers algeheel en permanent ongeskik word om te werk. Met hierdie werklikheid in gedagte is daar beslis ’n gerusstelling vir werknemers in die metaal- en ingenieursbedryf wat deel is van die Permanente Ongeskiktheidskema vir die Metaal- en Ingenieursbedrywe. Lede van die Metaalindustrieë Voorsorgfonds en die Ingenieursindustrieë Pensioenfonds vorm outomaties deel van hierdie skema. Deur deel van hierdie skema te wees, kan jy gerus wees dat daar na jou belange omgesien sal word en dat jy beskerm sal word in die geval van permanente ongeskiktheid.

Volgens Henk Schalekamp, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is dit noodsaaklik om aftreebeplanning vroeg aan te pak. “Luidens ’n studie wat in 2007 gedoen is, het slegs 11% van alle Suid-Afrikaners bo 65-jarige ouderdom genoegsame voorsiening vir hul aftrede gemaak. Daarbenewens is nagenoeg 89% van Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 65 tans van ’n karige staatspensioen afhanklik,” verduidelik Schalekamp. Hy gee die volgende wen-wenke vir kommervrye aftreebeplanning: • Begin so gou moontlik om geld vir jou oudag te belê. • Hoe gouer jy begin, hoe groter is die risiko wat jy kan neem en hoe groter is die opbrengs wat jy oor tyd verdien. • Stel ’n goeie finansiële plan op. • Wees realisties oor jou uitgawes en weet presies wat al jou uitgawes behels. • Onthou dat die eerste vyf jaar van ’n spaarplan vir jou oudag die belangrikste vir die groei van jou geld is. • Moenie jou pensioen voor jou aftrede onttrek nie.

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

ROAD SHOW: ALL YOU NEED TO KNOW ABOUT MIBFA’S SURPLUS DISTRIBUTION Solidarity members who are current or former members of the Metal Industries Provident Fund (MIPF), the Engineering Industries Pension Fund (EIPF), the Metal Industries Group Pension Fund (MIGPF) or the Metal Industries Group Life and Provident Fund may be eligible for a payment. Between May and June this year, Soli-

darity’s Metal and Engineering Industry will go on a road show to nine towns across South Africa to inform and assist members who possibly qualify, to claim their funds. “The road show will visit Boksburg, Pretoria, Centurion, Bellville, Despatch, Witbank, Newcastle, Richards Bay and

number 2 of 2011

37

Vanderbijlpark between 3 May and 30 June,” says Deon Reyneke, head of Solidarity’s Metal and Engineering Industry. According to Reyneke, billions of rand is involved. “Through this road show, Solidarity aims to assist its members who are eligible, to get what they are owed,” Reyneke said.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


Metaal-en-ingenieursbedryf

MIBFA-surplusverdeling Vanweë veranderings aan die Wet op Pensioenfondse in 2007, kan jy dalk ’n uitbetaling ontvang.

WAS JY IN DIE METAALBEDRYWE WERKSAAM? IS OF WAS JY ’N LID VAN DIE:

• Metaalbedrywevoorsorgfonds (MIPF)

• Ingenieursbedrywepensioenfonds (EIPF) As jy JA op bogenoemde geantwoord het, moet jy nie die inligtingsessie in jou omgewing misloop nie.

Bring al jou VRAE, ons het al die ANTWOORDE!


Inligtingsessies in jou omgewing BOOYSENS

BOKSBURG

CENTURION

DATUM: 3 Mei 2011

DATUM: 10 Mei 2011

DATUM: 19 Mei 2011

TYD: 18:00

TYD: 18:00

TYD: 18:00

PLEK: NG Kerksaal,Witfield

PLEK: Hervormde Kerksaal, Booysens

PLEK: Golden Pipit

DESPATCH

BELLVILLE

WITBANK

DATUM: 23 Mei 2011

DATUM: 2 Junie 2011

DATUM: 9 Junie 2011

TYD: 18:00

TYD: 18:00

TYD: 18:00

PLEK: NG Kerksaal, Bellville-Noord

PLEK: Voortrekkersaal

PLEK: Civic Theatre

NEWCASTLE

RICHARDSBAAI

VANDERBIJLPARK

DATUM: 14 Junie 2011

DATUM: 22 Junie 2011

DATUM: 30 Junie 2011

TYD: 18:00

TYD: 18:00

TYD: 18:00

PLEK: Grey Goose

PLEK: Mondi Sport

PLEK: J&B

Alle inligting beskikbaar by:

0861 50 44 55 • www.mibfasurplus.co.za E-pos: mibfasurplus@solidariteit.co.za


focus on mibfa

Surplus distribution: How to get involved

t

he Metal Industries Provident Fund (MIPF), a defined contribution provident fund, and the Engineering Industries Pension Fund (EIPF), a defined benefit pension fund, must both perform a surplus apportionment exercise in terms of the Pension Funds Act. The surplus apportionment date for both funds is 1 April 2008. The Act lays down all the requirements of such an exercise. SURPLUS COMMITTEE The board of trustees appointed a special surplus committee to manage the process of surplus apportionment. The surplus committee is chaired by the principal officer. Both members and employers are represented in the subcommittee. All decisions with respect to the surplus exercise are made by the full board of trustees, however. FORMER MEMBER REPRESENTATIVES The board of trustees appointed Bangizwe Mathenjwa and David Levy to represent the interests of former members in the development of the surplus apportionment schemes

for the MIPF and EIPF respectively. MINIMUM BENEFITS The Act states that former members (that is, members who left the two funds between 1 January 1980 – the date specified in the Act – and 31 March 2008 – the day before the surplus apportionment date) and pensioners have first right to the distributable surplus, but only to the extent that benefits paid to them previously are less than the prescribed minimum benefits. The minimum benefit calculations for the former members of the MIPF have been finalised. The calculations for the EIPF are underway. REMAINING SURPLUS The Act stipulates that the remaining surplus available for distribution (that is, after the amount required to top up the benefits received by former members and pensioners to the prescribed minimum levels) must be allocated fairly and equitably between all stakeholders. At least 75% of the trustees must agree on the proposed apportionment

before it is communicated to the stakeholders. Ultimately, the scheme must be approved by the Registrar of Pension Funds. COMMUNICATION TO STAKEHOLDERS Qualifying stakeholders will receive a printed information booklet regarding the proposed surplus apportionment schemes, as well as an individual surplus statement. They will be given a period of at least 12 weeks to comment on the proposed scheme. The 12-week communication period will start on 1 May 2011 and will continue until the end of July 2011. For more information regarding the road show, see pages 38 and 39 of Solidarity Magazine or go to www.mibfasurplus.co.za. Mibfa will distribute more information about the schemes at the various employers. All the information will be made available at the road show locations and at www.mibfasurplus.co.za. REGISTRATION It is important that all qualifying stakeholders register for the surplus apportionment scheme. You can contact the special Surplus Call Centre at MIBFA on 0861 50 44 55 rega-ding the registration process.

MIBFA schemes: Proudly leading the way! current membership is 363 000 active members. The fund does not have any pensioners, as retirement benefits are paid out as a lump sum.

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

The Metal Industries Benefit Fund Administrators (MIBFA) has been around for years and is still leading the way. MIBFA’s knowledge and expertise in respect of the metals and engineering industry makes it the obvious choice in protecting your funds, as it provides cutting-edge service within the retirement fund industry. MIBFA is an organisation committed to its customers through excellent service delivery and provides services for the following funds:

3. Metal and Engineering Industries Permanent Disability Scheme The fund was established in 1994 in order to provide a monthly income to members who become permanently disabled. All members of the pension or provident fund automatically became members of this scheme when they join.

1. Engineering Industries Pension Fund This fund was established in 1957 as the Metal Industries Group Life and Provident Fund. It changed its name in 1990 to the Engineering Industries Pension Fund (EIPF). Its current membership is 32 000 active members and 40 000 pensioners. 2. Metal Industries Provident Fund In 1991, members were given the option

to convert their pension fund to a provident fund. This led to the establishment of the Metal Industries Provident Fund. Its

nommer 2 van 2011

40

4. Metal and Engineering Industries Bargaining Council Sick Pay Fund The fund was established in 1955 to compensate members who have exhausted their allocated sick leave from their employer due to illness. The fund also offers funeral and maternity benefits. All members in the industry contribute to this fund.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


Surplus Apportionment & DataVerification Exercise Due to amendments to the Pension Funds Act in 2007, you may be eligible for a payment. MIBFA would like anyone who is a member, a pensioner or a former member of the funds (or their predecessor funds) to contact them to ensure that they have on record the correct contact details of all members. MIBFA is also taking this opportunity to find and pay any former members who did not take their benefits which were entitled to them upon leaving the industry. HAVEYOU WORKED IN THE METAL INDUSTRIES? ARE YOU OR WERE YOU A MEMBER OF THE: • Metal Industries Provident Fund (MIPF) • Engineering Industries Pension Fund (EIPF)

Then you need to contact MIBFA! Have the following on hand when contacting MIBFA: • Identity number (new and old); • Postal and home address; • Contact telephone number and/or cellphone number; and • Documents such as a benefit statement, a membership card or a salary slip.

0861 50 44 55 • www.mibfa.co.za There is no registration fee to contact MIBFA.You are advised not to pay any third parties to assist you in replying to the funds. The entire process is expected to take at least 18 months to complete. Membership or former membership of one of these funds does not necessarily mean you will be entitled to benefit from the funds.


solidariteit helpende hand

’n Beurs is baie meer as rand en sent

s

olidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut het verlede jaar ’n rekordaantal beursaansoeke ontvang en met ’n indrukwekkende 62% gegroei. Vanjaar is R6 miljoen reeds aan voornemende studente uitbetaal en 33 onafhanklike beursfondse word deur die instituut geadministreer. Ten spyte van die reuse-groei in die beursfonds kon slegs 509 jongmense die afgelope jaar gehelp word. Altesame 1 468 jongmense wat met groot verwagting hul aansoeke na Solidariteit Helpende Hand gestuur het, kon nie gehelp word nie. Die harde werklikheid is dat daar eenvoudig nie genoeg geld is om aan elke aansoeker ’n beurslening toe te staan nie. Dié feit klink klinies genoeg, maar ’n mens verstaan eers die impak daarvan as jy daagliks aan die honderde teleurgestelde, onsuksesvolle kandidate moet verduidelik hoekom daar nie beursfondse aan hulle toegeken is nie. In my ervaring as beursfondsbestuurder het ek tot die volgende slotsom gekom: ’n Beurslening is nie net ’n transaksie tussen ’n beurshouer en -donateur nie. Dit is ’n emosionele saak, nou verwant aan ’n kind se droom. ’n Droom wat dikwels nie kan waar word sonder Solidariteit Helpende Hand nie. Vir die meeste van hierdie kinders is daar geen ander alternatief nie, aangesien talle ander opsies reeds in ’n doodloopstraat geëindig het. Die dringendheid van die ouers se versoeke raak jaar ná jaar meer desperaat. Om ’n ouer te hoor huil of pleit om sy of haar kind ’n geleentheid te gun om sy droom uit te leef, is hartverskeurend. Statistiek is ’n getal op papier; iets wat ons as verweer kan voorhou aan die kinders vir wie die beurse nie voorsiening kan maak nie.

beteken vir dié kind ’n uitkoms en ’n nuwe lewe. Die verhaal wat volg, is een van baie wat my hoop gee om voort te gaan met hierdie bevredigende, maar veeleisende werk.

HANDE WAT HELP dinah theron

Maar statistiek beteken niks vir ’n kind wie se totale gesinsinkomste tussen R60 000 en R200 000 per jaar is; wie se pa as gevolg van swart bemagtiging nie meer werk nie; wie se ma by ’n slaghuis werk omdat haar graad geen waarde het saam met haar wit velkleur nie; wie se ouma moet sorg met ’n staatspensioen wat nie eens die basiese benodigdhede kan koop nie. Daardie kinders se drome lyk drasties anders as dié van soveel ander bevoorregtes daar buite. Hul drome is klein in vergelyking met ander s’n. ’n Droom om ’n onderwyser, ’n siviele ingenieur of ’n haarkapster te word,

KOBUS* SE STORIE Die jong seun voor my is 17 jaar oud. Hy het daarop aangedring om self met die “beurstannie” te gesels. Sy klere is heel en skoon, maar duidelik lankal nie meer nuut nie. Ek sien die swaarkry aan sy lyf. Sy naels is stomp afgekou en hy ruik na Sunlight-seep. Daar is ’n tatoeëermerk op sy arm wat lui: “Only God can judge me”. Maar wat my dadelik opval, is sy oë: Oë waarin sy droom soos ’n helder lig skyn. Want ten spyte van alles het hy nie ophou hoop en droom nie. Hy droom van ’n beter plek as waarin hy hom tans bevind. Hy werk by die videowinkel en kan self sy registrasiegeld betaal – hy spaar al twee jaar daarvoor. Ek vra hom oor sy familie en sy antwoord is eenvoudig: “Dit is net ek en my ouma”. Kobus het sy beurs gekry. Die besef het stadig ingesink... Toe kon ek sien hoe dit deur sy lyf trek, ’n huppel in sy stap sit en ’n nuwe vlam in sy oë laat brand. Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut is Kobus se antwoord. Kinders soos hy is die rede waarom ons jaarliks rentevrye beurslenings toestaan; waarom ons elke jaar fokus daarop om die beursplatform optimaal uit te brei. Beurse is vir ons ’n hartsaak en ’n doensaak. Ons maak, met die hulp van donateurs, kinders se drome ’n werklikheid. * Skuilnaam • Dinah Theron is bestuurder van Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut. S

DOEN JOU DEEL FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

Indien jy ’n bydrae tot Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursfonds wil maak of jou eie beursfonds wil stig, kontak Dinah Theron by telefoonno. 012 644 4428 of stuur e-pos na dinah@helpendehand.co.za. Of kontak Melani Gerber by 012 644 4428 of melani@helpendehand.co.za.

nommer 2 van 2011

42

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


solidariteit helpende hand

Meisie se droom word storie van hoop

n

Deur Juanita du Preez

et omdat jy elf is, beteken dit nie jy kan nie groot dinge doen nie. Haar ouderdom het inderdaad glad nie in Suné Zaaiman van Kimberley se pad gestaan toe sy besluit het om ’n verskil in die gemeenskap te maak nie. ’n Koerantberig oor die haglike toestande waarin sommige mense bly, het Suné verlede jaar so diep geraak dat sy die aand nie kon slaap nie. “Ek het die volgende dag by die skool die hele tyd gewonder wat ek kan doen om die mense te help. Toe het ek drie plakkate gesien met die afkorting ‘GPS’ op. Skielik het ek ’n gevoel in my hart gekry dat die Here my sal lei,” sê sy. Die middag het sy en haar ma saam gaan sit en bespreek wat sy kon doen. “Omdat ek so baie van modelwerk hou, het ons besluit om ’n modelkompetisie te hou. Ek het baie mense gaan sien om betrokke te raak, soos die Kimberley Sakekamer, skoolhoofde en ’n klomp ondernemings,” vertel sy. Intussen het Suné ook op die internet navorsing gedoen en afgekom op Solidariteit Helpende Hand. Sy en haar ma Lilian het al die pad van Kimberley af gereis om by die hoofkantoor in Centurion vas te stel hoe hulle kan saamwerk om Suné se droom te verwesenlik. Die Afrikaanse Beursinstituut het hulle so beïndruk dat Suné besluit het om ’n beursfonds te stig. Die Suné Zaaiman Beursfonds

Suné Zaaiman

is amptelik in November gestig en sy het die jongste beursfondsstigter in Solidariteit Helpende Hand se geskiedenis geword. Terug in Kimberley het Suné die Diamond Splash Babafoto- en Modelkompetisie gereël. Dit was ’n reuse-sukses en sy het R45 000 ingesamel. “Ek was nogal geskok, want ek het glad nie gedink ek sal so baie geld insamel nie,” sê Suné opgewonde. Dié geld het uiteindelik vanjaar gesorg dat drie behoeftige studente met ’n beurs kon gaan studeer. “Die studente is almal van ons omgewing, want ons het gevoel dat die ondernemings hier dit moontlik gemaak het. Ons wou die geld terug in dié omgewing ploeg,” sê Lilian.

Dié jaar droom Suné nog groter drome. “Ek hoop om vanjaar R100 000 met al my projekte in te samel. Dit gaan ek dan gebruik om die beursfonds nog sterker te maak,” sê sy. Suné het onlangs die vise-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Jonathan Jansen, amper in trane gehad toe sy hom van haar planne vertel het. Hy het selfs sy rubriek in ’n koerant aan haar goeie werk gewy. Sy en die universiteit is nog besig om die fynere detail uit te werk vir ’n soortgelyke modelkompetisie wat sy vanjaar op die kampus sal aanbied. Sy gaan die Diamond Splash-kompetisie weer vanjaar in Kimberley aanbied en beplan ook ’n eiendomsekspo vir later in die jaar. Maar eers gaan Suné die aanbieder wees van “Kimberley’s Got Talent”. “Samuel Nolte is ’n graad vier-outjie wat my op die nuus gesien het en toe ook besluit het om iets te doen. Nou werk ons saam aan die projek,” vertel sy. Tussendeur is Suné ook nog een van Laerskool Eureka se top-leerlinge en neem sy gereeld aan modelkompetisies deel. Sy wil baie graag eendag ’n aktrise wees en Charlize Theron is haar rolmodel. “Sy is ook iemand wat klein begin het en nou baie groot dinge doen,” sê sy. En dié is beslis nie die einde van Suné se groot drome nie. S

Solidariteit Helpende Hand ploeg R1 miljoen terug in gemeenskap

FOTO: JUANITA DU PREEZ

Deur Juanita du Preez Solidariteit Helpende Hand het die afgelope jaar sowat R 1 miljoen ingesamel vir arm wit Suid-Afrikaners. Dié geld is onmiddellik weer teruggeploeg in die gemeenskap – daar waar dit die nodigste is. Die geld is ingesamel en versprei deur middel van Solidariteit Helpende Hand se nagenoeg 100 landwye takke. Solidariteit Helpende Hand se projekte strek van die Kosblikkie- en Skooltassieprojek wat deur die hoofkantoor bestuur word, tot 427 kleiner plaaslike takprojekte soos die verskaffing van kospakkies aan behoeftige gesinne. Hoewel onmiddellike noodverligting baie belangrik is, is Soli-

dariteit Helpende Hand se fokus opheffing deur opleiding. Die Meyerton-tak het as ’n takprojek drie werklose persone laat oplei: een as sekuriteitsbeampte, een as sweiser en een as haarkapper en naeltegnikus. Die Kaapstad-tak het verlede jaar ’n behoeftige gesin gehelp wat in haglike omstandighede in ’n motorhuis woon deur vir die ouers werk en vir die kinders toesig te reël. In die Vrystaat het die Henneman-tak gereël dat behoeftige kinders rekenaarlesse ontvang. “Die krag van gemeenskappe moet nie onderskat word nie,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit

number 2 of 2011

43

Helpende Hand. “Die toename in lede van die gemeenskap se betrokkenheid by ons takke herinner sterk aan die Reddingsdaadkongres van 1939. Tydens dié kongres het die fokus verskuif van ’n verwagting dat die owerheid op nasionale vlak moes ingryp om mense uit armoede te red, na ’n rasionele, doelgerigte selfbemagtigingsprogram met opheffing as kern. “Dit is van groot belang dat gemeenskappe verantwoordelikheid vir die nood in hul midde neem en by ons hulpverlenings- en opheffingsprojekte betrokke raak,” sê Langner.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


solidariteit helpende hand

Swart jaar vir Aurora-mynwerknemers

FOTO: SURIKA VAN SCHALKWYK

o

Deur Surika van Schalkwyk

ns het net daar gesit met die Bybel voor ons en ons rewolwer langs ons. Ons het genoeg gehad en het besluit om ons eie lewe te neem. Charlotte Lightbody begin huil. “Ek is maar net ’n mens. En ’n mens kan net soveel vat.” Hulle het lank by die tafel gesit en na die rewolwer gekyk, vertel sy, voor hulle besluit het om dit weer in die laai te gaan bêre. Charlotte is een van die mense wie se lewe ingrypend verander het met die sluiting van die Aurora-goudmyn in Orkney in Noordwes vroeër vanjaar. Nagenoeg 2 500 mynwerkers het met die sluiting van die myn hul werk verloor. Die meeste mynwerkers ontvang reeds die afgelope nege maande nie hul salarisse nie. Sommige mynwerkers voer al ’n geruime tyd ’n swerwersbestaan nadat hulle alles, insluitend hul huise en motors, verloor het. Charlotte en haar man, Gawie, het die afgelope paar maande hul pensioengeld, medies en bonusse verloor. Gawie was vir drie maande deel van die versorgings- en instandhoudingspan by die myn – werk waarvoor hy ook geen betaling ontvang het nie. “Dit is een van die ergste dinge vir ’n man as hy nie vir sy gesin kan sorg nie,” sê Gawie. Hy het stemkanker. “Met dié dat ek my mediese dekking verloor het, kan ek nie elke ses maande vir my kankertoetse gaan nie,” sê hy. Gawie vertel hoe hy en sy vrou alles in hul vermoë doen om nie hul huis en motors te verloor nie. “Baie mynwerkersgesinne trek tussen vriende en familielede rond. Sommige gesinne bly glo in vervalle geboue nadat hulle hul huise verloor het. Soms bly tot agt gesinne in een huis,” sê Charlotte. Charlotte maak ander se huise skoon of werk in tuine om hul inkomste aan te vul. “Ek kruip soos ’n man op die grond rond om seile te sny vir vragmotors en industriële masjiene,” sê sy. Sy staar voor haar uit. “Ek het in my voorhuis ’n museum gehad met items uit die Anglo-Boereoorlog wat uit die 1800’s dateer. Ek moes als verkoop – my meubels, industriële masjiene, sweismasjien, toerusting, rekenaar, my erfporsie. Alles.” Vir haar is die vernedering die ergste. “Pleks daarvan dat ons hulp ontvang, word ons deur die gemeenskap verwerp. As mense

hoor jy werk vir Aurora, sit hulle die telefoon in jou oor neer. Selfs die mense in jou kerk begin jou behandel asof jy ’n aansteeklike siekte het. “Baie mynwerkers antwoord nie hulle telefone nie uit vrees vir skuldeisers.” Om winkel toe te gaan, is vir Charlotte ’n emosioneel-gelaaide uitstappie. “Dit is erg om goed nodig te hê, maar dit nie te kan koop nie. Dis swaar om te sien hoe ander mense nie eens twee keer dink voor hulle items wat hulle wil hê, in hul waentjies laai nie. “Ek is elke keer in trane as ek by die winkel was. ’n Mens word herinner aan wat jy gehad het, maar nie meer het nie,” sê Charlotte. Volgens Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is die voormalige Pamodzi-myne reeds in April 2009 voorlopig gelikwideer. “Die President Steyn-myn in die Vrystaat is suksesvol verkoop, terwyl die likwidateurs die bestuur van die Orkney- en Oos-Randmyn namens hulle aan Aurora Empowerment Systems opgedra het totdat die oordrag na Aurora kon plaasvind. Aurora kan egter steeds nie die nodige finansiering vir die

nommer 2 van 2011

44

transaksie bekom nie en werknemers by dié myne ontvang reeds sedert Februarie 2010 ongereelde betaling,” verduidelik hy. Indien die mede-eienaar van Aurora Empowerment Systems, Khulubuze Zuma, slegs drie van sy vloot van 19 luukse motors verkoop, sal al die agterstallige salarisse wat sedert Maart 2010 hier opgeloop het, met rente aan Aurora-werknemers terugbetaal kan word, meen Solidariteit. Die vakbond het onlangs ’n tweede stel aanmaningsbriewe waarin verdere agterstallige salarisse ter waarde van R1,5 miljoen uiteengesit word, aan Aurora gestuur. Dit bring die bedrag van uitstaande salarisse wat Solidariteit tot dusver namens werknemers van dié mynmaatskappy eis, op R4,6 miljoen te staan. Eise stroom egter steeds in en die vakbond reken dat die eise eindelik tot soveel as R12 miljoen kan beloop. Solidariteit Helpende Hand het reeds kospakkies ter waarde van meer as R400 000 aan Aurora-werknemers en hul gesinne uitgedeel. • Vir enige navrae, stuur e-pos na surika@helpendehand.co.za. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Voortreflike ledediens met ’n glimlag

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Ilze Nieuwoudt

aar word dikwels van sakeondernemings gesê dat die kliënt koning kraai, maar dan word die behoeftes van die kliënt vinnig by die agterdeur uitgegooi. Hoewel Solidariteit nie ’n besigheid is nie, maar ’n beweging met die fokus op lede, word daar gepoog om na elke unieke behoefte van sy lede om te sien. Solidariteit se administrasie-afdeling is ten nouste betrokke by die lewering van waardevolle, doeltreffende en professionele ondersteuningsdienste aan alle Solidariteit-lede en ondersteuners van die Solidariteit Beweging. Dié afdeling kon reeds daarin slaag om met groot sukses werklik goeie diens aan lede te lewer. Maar, volgens Erna van der Merwe, hoof van lede-administrasie by Solidariteit, is Solidariteit beslis nie tevrede om bloot goeie diens te lewer nie. Vir die pad vorentoe is dit duidelik dat daar

altyd nóg ruimte is om ’n steeds beter diens aan lede te bied en dit is waarna gemik word. Om hierdie droom te verwesenlik, word personeel opgelei in onder meer arbeidsverhoudinge en gevorderde rekenaarvaardighede. Daarbenewens word groot aandag

gewy aan persoonlike ontwikkeling en die opskerping van voortreflike ledediens. Om toe te sien dat die diens wat aan lede verskaf word op standaard is, word daar jaarliks hernieude fokus op die opleiding van administratiewe beamptes geplaas. “Die opleiding wat aan administratiewe personeel gebied word, ontwikkel uit die terugvoer wat regstreeks van lede ontvang is deur die ledetevredenheidsindeks. “Die beweging se toenemende en veranderende bedryfsbehoeftes word ook in berekening gebring. Personeel word twee keer per jaar opgelei om deurlopende fokus op ledediens, ledewerwing en ledebehoud te behou,” sê sy. “Solidariteit se administratiewe personeel beskik oor uitsonderlike vaardighede wat noodsaaklik is om uitstaande diens te lewer en is voorwaar ’n trots vir die Solidariteit Beweging,” verduidelik Van der Merwe. S

Gee SKULD jou slapelose nagte? Trots Afrikaans! Ek bied jou GEMOEDSRUS, hou die BALJU van die deur weg en stop alle DAGVAARDINGS en BBB’s teen jou salaris! Speel klaar met persoonlike skuld (met of sonder eiendom) asook besigheidskuld!

EK BAKLEI VIR JOU!

ONS SPESIALISEER IN: • • • • •

ONS PRODUKTE EN DIENSTE SLUIT IN: • • • • • • • •

Mari van Tonder-skuldverligting Tel: 012 332 1696 • Sel: 074 556 5157 E-pos: marivtskuld@telkomsa.net

* SMS jou naam en telefoonnommer na 074 556 5157 en ek bel jou terug!

Bouplanne Nuwe ontwikkelings Aanbouings Onderhoud Nutsman

Argitekte & loodgieters Fondasies en betonblaaie Projekbestuur Kombuise, kaste & meubels Houtdekke Waterdigting Verf Staalwerk

Besoek ons webtuiste by www.ougat.net of skakel 082 332 1361 vir vele meer produkte en dienste.


nuuswaardig

Japan-ramp skud wêreldfondamente

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Eugene Brink

ie nuus aan die internasionale front was letterlik aardskuddend die afgelope tyd. Die derde grootste ekonomie ter wêreld is tot in sy fondamente geruk deur die verwoesting van ’n groot aardskudding en tsoenami asook verskeie naskokke. Die ekonomiese ontleder Moody’s het voorspel dat dié land ’n tweede resessie in die eerste helfte van 2011 gaan beleef en die koste van die ramp beloop reeds sowat $200 miljard. Japan sit reeds met staatskuld van twee keer die grootte van sy ekonomie van $5 000 miljard en die regering het al sowat $90 miljard in die ekonomie gepomp om dit aan die gang te hou. Tog strek Japan se probleme veel wyer as net die harde syfers. Kenners meen die land is oorbevolk en oorverstedelik. Sowat 85% van die land se 169 miljoen mense leef in stede soos Tokio en Kyoto, terwyl die landoppervlak so groot soos die Amerikaanse deelstaat Montana is. Daarbenewens is Japan se bevol-

kingsdigtheid hoër as in China en Indië, die lande met die grootste bevolkings op die planeet. Daar kan dus verwag word dat die verlies in terme van menselewens en eiendom, nog veel verder kan versprei. Voorts is die bevolking besig om vinnig te verouder weens ’n lae aanwaskoers en lae immigrasie van werkende mense. Na raming sal daar so gou as 2025 een persoon bo die ouderdom van 65 vir elke werkende persoon wees. Japan is dus ’n ryk land met ’n snelkwynende arbeidsmag wat al meer aan die versorging van bejaardes moet bestee. Tesame met hierdie demografiese ramp, het die natuurfrats die doodsklok vir Japan as ’n ekonomiese reus gelui. Minder werkers, hoe gesofistikeerd hulle ook al is, beteken ’n laer bruto binnelandse produk, minder werkers om die oues te onderhou, en minder belasting om die onlangse skade te herstel. Produktiwiteit sal ook in die nabye toekoms negatief geraak word nadat Tokio sedert die ramp omtrent in ’n spookdorp

nommer 2 van 2011

46

verander het. Hierdie faktore kan trae ekonomiese groei tot gevolg hê en die land binne ’n dekade of twee uit die wêreld se tien top-ekonomieë sien uitskuif. Ons eie minister van finansies, Pravin Gordhan, het in Maart gesê dit is moeilik om nou al te bepaal watter uitwerking die verwoesting op Suid-Afrika gaan hê. Volgens Beeld is Japan Suid-Afrika se derde grootste afsetgebied en 7,9% van sy uitvoergoedere het in 2010 na Japan gegaan. Daarbenewens kan Suid-Afrikaanse verbruikers ook ’n korttermynprysstyging in hoëtegnologiegoedere soos Sony Playstations, televisies en rekenaarskyfies te wagte wees. Die grootskaalse vernietiging van die vervoerinfrastruktuur in Japan deur die ramp het dit moeilik gemaak om dié produkte se onderdele van regoor die wêreld na fabrieke in die land te vervoer, asook om die eindprodukte uit te voer. Die naskokke van die Japan-ramp gaan dus vir nog ’n hele ruk gevoel word. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

a

Stel tolgeld vry van BTW, vra AfriForum

friForum het die minister van finansies, minister van vervoer en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) skriftelik versoek om toe te sien dat tolgeld van Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) vrygestel word. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, beteken die heffing van BTW op tolgeld dat motoriste wat tolpaaie gebruik, vyfvoudig belas word. “Benewens inkomstebelasting, brandstofheffings, motorlisensies en tolgeld wat motoriste moet betaal, word daar ook van hulle verwag om BTW op tolgeld te betaal,” het Kriel gesê. Gesien in die lig daarvan dat die nuwe Gauteng-hoofwegverbeteringsprojek deur eksterne lenings gefinansier word en dat nie ’n sent uit die staatskas daarvoor gebruik word nie, is dit volgens Kriel onbillik dat die staat nog BTW op tolgeld as inkomstebron gebruik. Die opheffing van BTW op tolgeld sal volgens Kriel nie net help om die ekonomiese druk op die gebruikers van tolpaaie te verlig nie, maar ’n bydrae lewer om te verseker dat alle verbruikers van produkte wat op dié paaie vervoer word, nie nog harder getref sal word deur stygings in dié produkte se pryse nie. Benewens die versoek dat BTW op tolgeld opgehef moet word, het AfriForum Sanral ook amptelik in terme van die Wet op Toegang tot Inligting (Wet 2 van 2000)

Kallie Kriel

versoek om alle inligting wat gebruik is om die nuwe toltariewe vir Gauteng se hoofweë te bereken, te openbaar. AfriForum wil dié inligting deur kundiges laat ontleed om vas te stel waarom die tariewe buitensporig hoog is en om voorstelle te maak oor hoe padverbruikers se las verlig kan word.

Volgens Kriel is dit onaanvaarbaar dat die nuwe toltariewe vasgestel is sonder om motoriste en verbruikers van goedere wat op die tolpaaie vervoer word, te raadpleeg. “Die publiek verwag deursigtigheid, veral wanneer owerhede besluite neem wat gewone mense se sakke hard gaan slaan,” het Kriel gesê. S

Word deel van oplossing – stig ’n AfriForum-tak

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM; REINT DYKEMA

Deur Cornelius Jansen van Rensburg In 2011 betree AfriForum ’n opwindende nuwe fase in sy bestaan: Die vestiging van landwye AfriForum-takke. Gemeenskappe pluk tans toenemend die vrug van die staat wat nie sy plig teenoor die land nakom nie. Die resultaat hiervan is onder meer swak dienslewering en onveilige woonbuurte. Om hierdie probleme aan te pak, het AfriForum besluit om op grondvlak betrokke te raak. AfriForum wil hierdeur gemeenskappe help om beheer oor hulle strate van misdadigers en onbekwame stadsrade terug te neem. Die doel van AfriForum se plaaslike

takke is om in die gaping tussen die staat en die wetsgehoorsame burger te staan en te help toesien dat belastingbetalers beheer oor hulle eie gemeenskap begin neem. AfriForum se plaaslike takke sal daar wees om die gemeenskap te organiseer en te mobiliseer en om hande te vat met ander gemeenskapsorganisasies. Deur die bestuur van ’n plaaslike tak met opleiding en raad by te staan, wil AfriForum verseker dat gemeenskappe hulle regte selfstandig onder dié organisasie se vaandel kan beskerm. In die praktyk beteken dit om gemeenskappe by te staan en toe te rus in sake wat met gemeenskaps-

nommer 2 van 2011

48

veiligheid, dienslewering, omgewings- en kultuursake verband hou. AfriForum kan nie altyd oral wees nie, maar met die vestig van ’n takstruktuur kan dié organisasie in elke dorp en stad ’n verskil maak. As jy of ’n groep wil inskakel by die werksaamhede van AfriForum en deel wil wees van die oplossings in jou gemeenskap, sluit gerus aan by ’n bestaande AfriForum-tak, of stig ’n nuwe in jou omgewing. Besoek die AfriForum-webtuiste en klik op die AfriForum-takskakel om meer inligting hieroor te kry. • Besoek www.afriforum.co.za vir meer inligting.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Laat jou speke sing saam met Solidariteit

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

s

tof jou fiets, wat al hóé lank in die motorhuis staan, af en kom vat die pad saam met die Solidariteit Fietsryklub. Hierdie gratis klub word eksklusief aan fietsryers gebied wat die Solidariteit Beweging ondersteun, hetsy die persoon ’n lid, werknemer of net ’n ondersteuner van die beweging is. Jy betaal slegs vir jou klubdrag en toerusting. Dit is die ideale geleentheid vir belangstellendes om hierdie sport te probeer. Volgens Marius Croucamp, organiseerder van die fietsryklub, is fietsry vir seker ’n sport om te probeer. “Dit word deel van ’n mens se lewenstyl. Jy eet, slaap en werk later fietsry. Dit is nie bloot ’n sport nie; dit is ’n kultuur wat aangeleer word én daar is bewys dat mense wat fietsry meer gesond is as onaktiewe mense,” vertel Croucamp. Die Solidariteit Fietsryklub beoog om aan al die groot fietswedrenne deel te neem, insluitende die Ofm-wedren in Bloem-

Deur Cilleste van der Walt

fontein en die 94.7-wedren in Johannesburg. Hoewel die klub splinternuut is, is daar reeds klubdrag beskikbaar wat die klub voorwaar ’n eenheid sal maak. Liefdadigheid is ook hoog op die lys by

die klub en sal daar nou saam met Solidariteit Helpende Hand gewerk word. • Skakel kluborganiseerder Marius Croucamp by 083 454 6018 of stuur e-pos na marius@solidariteit.co.za. S


membership

a winning

PARTNERSHIP

This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union, as well as the rules as contained in the rule book and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

AT YOUR SERVICE CAR AND HOUSEHOLD INSURANCE This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. Phone 0860 34 62 53 for a free noobligation quote.

SOLIDARITY LEGAL AID PACKAGE Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of only R70 per month. This benefit covers civil and family matters, negotiating and applying for bail, bail up to R5 000, criminal law and assistance in obtaining firearm licences. • Call 0861 SOL REG (0861 765 734).

SOLIDARITY RETIREMENT PLAN

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This product was developed as a result of the few people that are able to retire independently. • Call 0861 101 005 or send e-mail to ruan@solidariteit.co.za

HOW MUCH DOES MEMBERSHIP COST?

LENDING A HAND

• Individual members – R77 per month • Collective members – R75 per month

SOLIDARITY HELPING HAND Solidarity Helping Hand supports needy children, pensioners and widows. Every application is considered on merit. Written applications may be addressed to: Solidarity Helping Hand, PO Box 11760, Centurion, 0046. • Contact 0861 25 24 23.

BURSARIES

WILLS AND ESTATE ADMINISTRATION Every member is entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can also be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300.

Solidarity Helping Hand manages and administrates various bursary funds and annually spend more than R5 million to assist deserving students for whom it would otherwise not have been possible. These students are either members of trade union Solidarity or monthly contributors to Solidarity Helping Hand and their children. Contact Melani Gerber or Dinah Theron at 012 644 4428 or send an e-mail to melani@helpendehand.co.za or dinah@helpendehand.co.za

nommer 2 van 2011

50

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


membership

WORKING FOR YOU LABOUR MATTERS Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. • Website: www.legalservices.co.za

MEMBERSHIP CATEGORIES With three membership categories Solidarity offers a home for everybody!

1

COLLECTIVE MEMBERS

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

2

INDIVIDUAL MEMBERS

Individual members are members who are younger then 50 years at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns fifty after joining remains an individual member. Individual members qualify for all Solidarity benefits.

3

SUPPORTING MEMBERS

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision, but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are over the age of 50 years at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, the sickness and accident scheme, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.

Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.

DEATH BENEFIT (DOVES) Funeral benefit • A dignified funeral is provided for every member and his/her spouse. This includes a superior coffin and the funeral services. • For cremations a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children up to the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of main member.

ing spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership an amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: * Children aged between 14 and 21 years – R1 500 * Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. Funeral arrangements The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements. Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.

PERMANENT MEDICAL DISABILITY Members with 12 months’ uninterrupted Solidarity membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a once-off amount of R1 500.

MATERNITY BENEFIT A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within 60 calendar days after the confinement.

SOLIDARITY MAGAZINE Cash disbursements additional to the funeral benefit • At the death of paid-up members a cash amount of R3 000 is paid to the surviv-

Members receive quarterly copies of Solidarity Magazine in which topical issues from the workplace as well as Solidarity’s activities are published.

DON’T HESITATE, JOIN TODAY! • Phone 0861 25 24 23; visit our website – www.solidarity.co.za; SMS the word “SOL” and your name to 34388; or visit a local branch. Terms and conditions apply.

number 2 of 2011

51

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

Solidariteit Finansiële Dienste help bou aan die Solidariteit-droom

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

SOLIDARITEIT: ’N FORMIDABELE FONDASIE Solidariteit het die afgelope drie jaar sy aanwesigheid in Suid-Afrika drasties vergroot en ’n huishoudelike naam geword. Die wyse waarop Solidariteit homself laat geld, laat hom kop en skouers bo ander organisasies uittroon. Dit het ’n standaard gestel en Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) kon die resessie met mening aanpak. SFD het gedurende die resessie dubbelsyfergroei getoon en nie net gepoog om te oorleef nie. Só is ’n diep, versterkte fondasie gelê. SOLIDARITEIT FINANSIËLE DIENSTE: DAKHOOGTE WINK SFD het die afgelope drie jaar ’n nuwe korporatiewe identiteit geskep, sy produkstrategie uitgebrei en bykomende personeel aangestel. Die logiese uitvloeisel daarvan was om vir elke produk ’n handelsmerk te skep waaraan ons kliënte die produk kan uitken. Die projek is onlangs voltooi en kan elders in hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif gevind word. SFD se handelsmerk verskyn regs onder op elkeen van ons advertensies. SFD poog voortdurend om innoverende, doelgemaakte produkte vir Solidariteit-lede te vind. Getrou aan die etiek van Solidariteit, volg SFD ’n beleid van advies wat met produkte gerugsteun word. Dit is in teenstelling met die verkoop van produkte sonder goeie raad in die res van die finansiële bedryf. SFD besef dat ons ’n reuse-opvoedingstaak het wat betref die finansiële geletterdheid van Suid-Afrikaners. Ons hanteer ons kliënte se behoeftes stap vir stap sodat dit vir hulle ook ’n positiewe en leersame ervaring sal wees. Opvoeding is vir SFD ’n passie en daarom is ’n beursfonds gestig wat deur Solidariteit Helpende Hand namens SFD geadministreer word. Die fonds sal in 2012 die eerste beurse aan voornemende studente in die finansiële bedryf verskaf. SFD het die potensiaal om homself teenoor erkende spelers in die bedryf te posisioneer. Dit beteken dat SFD ook begin sake doen buite Solidariteit se ledebasis. SFD kan dus geld van buite bekom om te help bou aan Solidariteit se droom. Daar word fluks gebou en SFD is baie trots op die gehalte van die bouwerk. Indien jy nou of in die toekoms daaraan

VIND SÓ BAAT BY SOLIDARITEIT FINANSIËLE DIENSTE

MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING Bekostigbare motor- en huisinhoudversekering in samewerking met Auto&General. Benewens lae tariewe kry lede ’n kontantterugopsie ná vier jaar van geen eise en daarmee saam premiekwytskelding van ses maande vir gedwonge afleggings of die dood van die polishouer. • Skakel 0860 34 62 53. AFTREEVOORSIENING Doelgemaakte raad vir ’n sorgvrye aftrede, ondersteun deur die regte produkte. • Skakel 0861 101 005. MEDIESE VOORSORG ’n Bekostigbare oplossing aan Solidariteit-lede wat alternatiewe mediese dekking soek, in samewerking met Sapmeds-hospitaalversekering. Sapmeds-hospitaalversekering is ’n korttermynongeluk- en -gesondheidspolis wat vasgestelde voordele vir hospitalisasie bied teen ’n fraksie van die koste van konvensionele mediese fondse. • Skakel 012 664 8923. BEGRAFNISDEKKING Aanvullende begrafnisdekking, onderskryf deur Centriq Insurance, teen minimum premies van so laag as R14 per maand. Kies tussen twee vlakke van dekking vir ’n gesin van ses persone. Voorsiening word ook gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers. • Skakel 0861 867 335. REGSHULPVERSEKERING LegalX is Solidariteit se unieke regshulpproduk wat aan lede bykomende regsversekering bied ten opsigte van siviele, strafregtelike en familieregsake. Met LegalX het jy 24 uur per dag, 365 dae van die jaar ’n geregistreerde prokureur of advokaat op bystand. • Skakel 0861 765 734.

dink om: • Jou motor, huis en huisinhoud te verseker; • geld te spaar vir aftrede; • geld te belê ná aftrede; • seker te maak jy beland nie in ’n staatshospitaal nie; • dekking te geniet vir ’n siviele of straf-

nommer 2 van 2011

52

regtelike geding; en • voorsiening te maak dat jou geliefdes nie finansiële nood het in die onmiddellike dae ná die afsterwe van ’n geliefde nie: Bring gerus jou bakstene na Solidariteit Finansiële Dienste. Ons fondasie is sterk en ons sement nog sterker!

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


gee jou

DROME

van môre vlerke

aksent media/SFD_generic1/2011

VANDAG

Motor- en huisinhoudversekering Regshulpversekering Aftreeplan

Begrafnisdekking

Hospitaalversekering

Skakel ons vandag nog by

0861 101 005

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


nuuswaardig

PERSONEEL LAAT BAARDE WAAI TEN BATE VAN KANKERNAVORSING Die manspersoneel van Sol-Tech het besluit om hulle steun vir kankernavorsing op ’n unieke wyse te toon. Almal het Maart, sommige vir die eerste keer in 25 jaar, skoongeskeer begin, en toe hulle snorre en baarde vir ’n maand lank laat groei. Agter is Johan Joubert, Philip Minnaar, Wynand Moller, Jacques du Toit, Franswa Smit, Leon van Wyk, Deon Grobler, Albert Olckers, Andrew Briel en David van Eeden. Voor is Hennie Nel, Patrick Ellis, Paul van Deventer en Henry Lategan.

Só gaan Sol-Tech selfs meer studente oplei

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

s

Deur Moira-Marie Kloppers

ol-Tech het reeds begin om sy opleidingsmodel te verander sodat selfs meer studente opgelei kan word – boonop teen ’n besparing vir die ouers! Volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, gaan studente binnekort, soos by ander top-instellings, eers hulle volle institusionele opleiding van tien maande ontvang, voordat hulle met indiensopleiding by werkgewers begin. Die institusionele opleiding begin met ’n nasionale N2-studie en gesimuleerde opleiding in Sol-Tech se werkwinkels. “Vir die res van hulle opleidingstydperk ondergaan die studente indiensopleiding tot hulle gereed is om die vaktoets af te lê,” verduidelik Van Deventer. Volgens hom gaan dié stap verseker dat die teoretiese kennis wat die studente gedurende die institusionele opleiding opdoen, goed vasgelê word voordat hulle die werkplek betree. “Daarbenewens sal dit ook ’n groot finansiële verligting vir die studente se ouers meebring aangesien hulle dan nie meer jaarliks nuwe korttermynblyplek hoef te soek wanneer die studente uitgeplaas word na werkplekke toe nie,” verduidelik Van Deventer. Van Deventer voorspel dat ander be-

VEILIGHEID EERSTE!

Paul van Deventer

sparings wat deur die stap teweeggebring sal word, ook ’n studiefooiverlaging kan insluit. Boonop sal die werkgewers waar Sol-Techstudente hul praktiese ervaring opdoen, ook by die proses baat vind. “Sol-Tech se werkwinkels gaan nou optimaal en sonder onderbrekings benut word en werkgewers gaan ’n volledig opgeleide student, wat vinniger ’n produktiewe bydrae kan lewer, ontvang.” S

nommer 2 van 2011

54

Geraasdoofheid is een van die algemeenste beroepsbeserings in SuidAfrika. Sol-Tech het in Februarie vanjaar gehoorsiftingstoetse onder al die studente en personeel by Sol-Tech se Hermanstad- en Booysens-kampusse laat doen. Die doel van die toetse was om die belangrikheid van die korrekte toepassing van veiligheidsmaatreëls as deel van Sol-Tech se opleiding in te skerp. Volgens Philip Minnaar, waarnemende hoof van SolTech, het die studente baie uit dié toetsproses geleer. “Die verskille tussen die studente en dosente, wat almal jare in die bedryf gewerk het, het duidelik die uitwerking van langdurige geraasblootstelling by die studente tuisgebring,” verduidelik Minnaar.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

s

Studenteraad droom groot vir 2011

ol-Tech se nuwe studenteraad, onder leiding van Michael Louw (voorsitter) en Katryn Flemming (ondervoorsitter), het vanjaar hulle ampsplig met ’n prettige gemeenskapsprojek begin deur te help om geld vir kankernavorsing in te samel tydens die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se jaarlikse Shavathon-byeenkoms. Die studente het hul steun vir die projek by die Pick n Pay-sentrum in Faerie Glen gewys deur hulle hare te kleur terwyl hulle ook die skeer- en kleurwerk by dié sentrum help doen het. Flemming, ’n derdejaar-pas-en-draai-student, was verlede jaar voorsitter van die studenteraad en is vanjaar die enigste vrou tussen 13 manlike raadslede. Sy word egter nie hierdeur gestuit nie en sy is oortuig dat ’n vrouehand nodig is om dinge gedoen te kry. “Spanwerk is altyd ’n groot uitdaging onder studente en as studenteraad moet ons ’n voorbeeld stel en leiding neem. Daarom gaan ons binne die volgende twee maande ’n kamp bywoon waar ons formele leierskapopleiding gaan ontvang,” verduidelik sy. Die studenteraad het reeds ’n suksesvolle sportdag by Cronje-park aangebied en is

tans besig om die eerste Sol-Tech-fees vir later vanjaar te beplan. “Ons hoop om ’n paar kunstenaars te kry om tydens die geleentheid op te tree,” sê Flemming. Intussen gaan die kollege vanjaar ook met ’n paar koshuise van die Universiteit van Pretoria begin skakel. Verskeie klubs, insluitend visvang-, fietsry- en skyfskietklubs,

groei ook fluks onder die studente. Flemming hoop om aan die einde van vanjaar as pas- en draaier te kwalifiseer en wil haar daarna as meganiese ingenieur bekwaam. “Ek is baie dankbaar vir die opleiding wat ek by Sol-Tech kon ontvang. Nie net was dit wonderlik om in Afrikaans opleiding te ontvang nie, die dosente hier is uiters kundig en behulpsaam,” voeg sy by. S

Sol-Tech-rugbyspan se visier op Carlton-liga gerig Sol-Tech se rugbyspan is vanjaar vasbeslote om weer as die kampioene van die Carlton-rugbyliga gekroon te word. Die span het verlede jaar in die semifinaal vasgeval nadat hulle in 2009 kampioene van dié liga was. Volgens Franswa Smit, Sol-Tech-afrigter, is Sol-Tech se pak voorspelers vanjaar die span se geheime wapen. “Ons lynstane is veral vanjaar ’n sterk punt en die pak het, hoewel hulle lig is, goeie lengte en spoed,” verduidelik Smit. Die eerste vriendskaplike wedstryde van die seisoen het reeds getoon dat dit ’n taai, maar opwindende jaar vir die span, onder leiding van agtsteman Marthinus Chinner, gaan wees. “Die seisoen het op ’n hoë noot begin met twee oorwinnings van 29-0 en 25-7 teen Springs en Witbank,” spog Smit. “Die span het egter in die doodsnikke van die wedstryde teen Boksburg en Plati-

num Myn in Rustenburg met 7-3 en 12-6 onderskeidelik vasgeval,” voeg hy by. Die Carlton-liga begin vanjaar met

number 2 of 2011

55

wedstryde teen die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en die Universiteit van Pretoria (Tuks).

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my werk

Slaan stres in die werkplek vir ’n ses

’n

Deur Cilleste van der Walt

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Gelukkige werknemer is ’n produktiewe werknemer. Daarom is werkverwante welstand in alle sfere van die werkplek van uiterse belang. Die uitslag van ’n studie wat deur Sebastiaan Rothman uitgevoer is, het bevestig dat vier verskillende faktore wat verband hou met mekaar, werkverwante welstand kan beskryf. Hierdie vier faktore is werkverwante stres, werktevredenheid, uitbranding en werkverbintenis. Al vier hierdie faktore is dinge waarmee die werknemer en werkgewer elke dag in aanraking kom. Daar moet voortdurend aandag gegee word daaraan om hierdie faktore positief te hou en te verbeter, deur elemente soos werkomstandighede, organisasiebeleide, geleenthede vir vordering in die organisasie, unieke stresareas in elke beroep soos die gehalte van gereedskap, asook uitputting en verbintenis. Die twee faktore wat uitstaan, is werkverwante stres en werkverbintenis, wat onderskeidelik angs versus gemak en geesdrif versus depressie by die werk aandui. Stres is ’n gevoel van persoonlike gevaar en dit lei tot verhoogde angs en spanning. ’n Persoon met depressie se gedagtes kan wentel om verlies, wat lei tot onaktiewe gevoelens en lusteloosheid.

MY WERK

HANTEER STRES SÓ

DEPRESSIE: ERVAAR JY VAN DIÉ SIMPTOME?

• Oefen om lang, diep asemteue te neem. • Neem gereeld ’n breuk van jou werk. • Oefen gereeld. Probeer om drie keer per week vir ten minste 20 minute te oefen. • Volg ’n gebalanseerde dieet. • Vermy stimulante soos kafeïene. • Moenie staatmaak op pille of alkohol om te ontspan nie. Dit kan baie vinnig ’n kruk word waarop jy leun. • Tydbestuur is van uiterse belang; so ook organiseringsvaardighede. • Humor kan enige situasie verlig! • Soek die positiewe in elke situasie, probeer iets nuuts leer of groei uit teëspoed.

’N MOEDELOSE GEMOED Jy ervaar ’n gevoel van hartseer of leegheid en huil gereeld. AFNAME IN BELANGSTELLING, PLESIER Jy toon ’n duidelike afname in belangstelling in alle of bykans alle daaglikse aktiwiteite. GEWIGSVERANDERING Jy ondervind aansienlike gewigsveranderinge, al het jy nie probeer om gewig af te skud of op te tel nie. SLAAPVERSTEURINGS Insomnia of te veel slaap kan ’n simptoom van depressie wees.

nommer 2 van 2011

56

UITPUTTING As jy baie uitgeput is of ’n verlies aan energie het, kan dit ook ’n simptoom van depressie wees. SKULDGEVOELENS EN/OF GEVOELENS VAN WAARDELOOSHEID Jy mag voel dat jy nie van waarde is nie of onnodige skuldgevoelens hê oor dinge wat buite jou beheer is. GEDAGTES OOR DIE DOOD Jy dink baie oor die dood en veral oor selfmoord, met of sonder ’n spesifieke plan. • Skakel die South African Depression and Anxiety Group (SADAG) by telefoonnommer 0800 12 13 14. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my gesin

MY GESIN

Maak só tyd vir jou gesin en werk

d

Deur Ilze Nieuwoudt

ie meeste werknemers het op enige gegewe tydstip ’n honderd balle wat terselfdertyd in die lug gehou moet word. Daar is spertye; groot en uitdagende projekte; beplanning vir daardie nuwe veldtog; kollegas en hul dinge; base en hul eise. Die lys kan lank raak. Elke dag is ’n gejaag, die ure word korter en die werk net meer. Dan jaag jy om op ’n redelike tyd by die huis te kom sodat jy genoeg aandag, liefde en tyd aan jou geliefdes tuis kan gee. Maar teen dié tyd het jy skaars krag oor vir jou gesin. Kenners reken daar is wel oplossings vir hierdie tweestryd. Probeer gerus dié wenke:

PRIORITEITE Die Amerikaanse motiveringspreker Debra Pestrak reken dit is belangrik om jou prioriteite vroeg reeds vas te stel. Sy meen dat ’n gesin saam moet besluit wat dié prioriteite moet wees. As jou werk van jou vereis om baie te reis, is dit soveel makliker as jy jou gesin se inkoop en ondersteuning het. Paartjies wat dit oorweeg om met ’n gesin te begin, moet saam sit en besluit waar hul prioriteite ná die geboorte van ’n kind sal wees sodat hulle meer tyd saam as ’n gesin het. SPAN JOU KALENDER IN As jy vind dat werk gereeld inmeng met jou gesinslewe, teken gesinstye op jou kalender aan. Hierdie tyd is ononderhandelbare, toegewyde gesinstyd. Beplan vakansies en wegbreeknaweke reeds maande vooruit en beplan dan jou werkpligte rondom dit. Doen dieselfde met gesinstyd in die aande of oor naweke. As jy vind dat jy aand ná aand werk weens jou groot werklading, maak gesinstyd vas – al beteken dit jy moet ooreenkom dat jy net ’n beperkte tyd of ná ’n sekere tyd in die aand sal sit en werk. GEHALTETYD IS DIE BESTE TYD Dit gaan dikwels nie oor die hoeveelheid tyd wat jy met jou gesin deurbring nie, maar eerder oor hoe julle jul tyd saam bestee. Geniet eerder aandete aan die eetkamertafel sodat almal sonder die geblêr van ’n televisie kan gesels. As dit jou verantwoordelikheid is om die kinders skool toe te vat, skakel die radio af en gesels op pad.

-

LOS DIE SKULDGEVOEL Veral werkende ma’s dra swaar aan die skuldgevoelens omdat hulle meen hulle bestee nie genoeg tyd aan hul kinders nie. Gooi die skuldgevoel af en sê vir jouself: Werktyd is werktyd. Maar maak dan ook seker gesinstyd is gesinstyd en dat dit nie afgeskeep word nie. BOU ’N STERK ONDERSTEUNINGSBASIS ’n Sterk ondersteuningsbasis in jou privaat en werklewe sal baie probleme kan oplos. Maak seker dat jy by die werk jy op een van jou kollegas kan staatmaak om uit te help, sou jy vasbrand. Tuis moet daar ook ’n goeie vriend, vriendin of familielid wees wat jy kan kontak om uit te help as een van die kinders dalk siek is en jy nie verlof kan neem nie. S number 2 of 2011

57

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

-

0860 02 55 00


my omgewing

vir jou beursie én die aarde se onthalwe Om ’n huis te skep wat ’n ware tuiste is en terselfdertyd een is met die omgewing, vra deeglike selfondersoek en beplanning. JACO KLEYNHANS kyk na maniere hoe ’n mens ’n groen tuiste kan skep én steeds in pas met die jongste modes kan bly.

MY OMGEWING

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM; MAGDALEEN KLEYNHANS; VERSKAF

w

at is ’n mens sonder ’n huis? Wat is ’n gesin sonder ’n plek waar hulle bymekaar kan kom om dinge te doen wat vir hulle kosbaar is? Ons huise is een van die belangrikste plekke in ons lewens. Dis die plek waar ons kan ontspan; waar ons as gesinne mekaar weer kan vind; waar ons net onsself kan wees sonder voorgee of voorbehoud. As gevolg van die eise van ons samelewing het ons egter soms ’n skewe beeld van wat ’n ware tuiste behoort te wees. Aan die een kant dwing die hoë misdaadsyfer in ons land ons soms om ons huise wegkruipplekke te maak. Aan die ander kant trap ons dikwels in die strik om mooier en meer moderne huise as ons vriende te wil hê. Uiteindelik sit ons dan met ’n huis wat glad nie aan ons behoeftes voldoen nie, net omdat dit ander mense se koppe sal laat draai en ’n kunsmatige gevoel van sekuriteit gee. Suid-Afrika is groot dele van die eerste wêreld, veral Europa en dele van die VSA, ver agter wanneer dit by die bou van omgewingsvriendelike huise kom. Die probleem is dat ’n mens dikwels dink ’n omgewingsvriendelike huis moet iets vreemds wees. Wanneer jy egter kyk na sommige van die nuutste boumetodes wat juis op omgewingsvriendelike beginsels geskoei is, sal jy verbaas wees oor die moontlikhede. Wanneer jy beplan om ’n huis te bou of selfs net om jou huis te verbeter, vra jouself die volgende vrae af: • Wat is my behoeftes vir ’n huis? Wat sal

“What’s the use of a house if you haven’t got a tolerate planet to put it on?” ~ Henry David Thoreau ~

my vriende dink as ek nie ’n sitkamer, televisiekamer en eetkamer het nie? • Wat is my energiebehoeftes? Hoe kan ek hernieubare energiebronne aanwend om hierin te voorsien? • Watter boustyl, boumateriaal en ontwerpe pas by my behoeftes? Kyk verby die moderne boustyle wat voorstedelike Suid-Afrika deesdae kenmerk en oorweeg metodes wat minder van ’n las op natuurlike hulpbronne sal plaas. Daar is nie ’n enkele metode van groen bou

nommer 2 van 2011

58

nie – dit hang af watter boumateriaal is die maklikste verkrygbaar, en watter metodes en ontwerpe by die klimaatstoestande, jou gesin se grootte en persoonlike voorkeure pas. Die belangrikste is die volgende: Wanneer jy weer besluit om verbeterings aan jou huis aan te bring, of wanneer jy so bevoorreg is om ’n nuwe huis te bou, doen moeite om ’n groener huis te bou. Op die lang termyn sal dit veel ligter op jou sak wees en boonop sal dit die druk op ’n reeds steierende aarde help verlig.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my omgewing

MAAK JOU HUIS SÓ GROENER • Koop elektriese toebehore wat energiedoeltreffend is. Van SuidAfrika se voorste kleinhandelaars soos Dion Wired klassifiseer produkte volgens hul energiedoeltreffendheid. • Gebruik slegs energiebesparende gloeilampe in jou huis. • Installeer ’n sonkragwarmwaterstelsel. • Gebruik natuurlike lig om jou huis te verlig met groter vensters of dakvensters (sogenaamde “skylights”). ’n Groot glaspaneel wat ’n hele muur vul, kan baie goed werk. • Gebruik windkrag in winderige gebiede om bestaande sonpanele te ondersteun. • Bou jou eie biogasaanleg wat huishoudelike afval soos riool gebruik om biogas te produseer, wat weer gas vir byvoorbeeld jou gasstoof kan lewer. Daar is baie doeltreffende metodes wat nie duur is nie. • Plaas soveel moontlike tenks om jou huis om reënwater in te stoor, of bou ’n ondergrondse wateropgaartenk indien jy nie hou van hoe dit lyk nie. • Gebruik materiaal wat maklik beskikbaar is en wat goeie klimaatbeheer moontlik maak. Een goeie voorbeeld is strooibaalhuise. Hout kan ook uitstekende “groen huise” skep. Wees egter versigtig: Indien die hout oor honderde kilometers aangery moet word, gaan jou huis dalk groen lyk, maar jy gaan ’n stewige koolstofspoor agterlaat nog lank voordat die huis klaar gebou is. Indien jy ’n steenhuis bou, is dit beter om plaaslik vervaardigde stene te gebruik (wat natuurlik van goeie gehalte moet wees) as om stene te laat aanry. • Belê ’n groter persentasie van jou boukoste in isolasie as wat die norm is – só kan jy verkoelings- en verhittingskoste beperk. • Verf jou huis se dak ’n ligte kleur. Indien dit nie vir jou mooi is nie, oorweeg ’n ontwerp wat jou huis se dak heeltemal versteek. • Jaco Kleynhans is uitvoerende hoof van die Orania Beweging. Oraniërs streef daagliks daarna om hul gemeenskap die ekologies-vriendelikste in die land te maak.

Bo: ’n Groot deel van die boumateriaal wat vir die spa in Orania gebruik is, is herwinbare materiaal. Die spa het onder meer ’n groot staalkonstruksie aan sy westekant met klippe in. Gedurende die somer loop water van bo na onder deur die klippe. Die westewind wat daarteen waai, laat dit soos ’n natuurlike lugverkoeler werk. Gedurende die winter word die water toegedraai en die glasvensters toegemaak. Die klippe bak dan warm in die Karooson, wat weer soos ’n natuurlike verwarmer werk. Regs: Hierdie huis in Orania is van strooibale gebou wat uitstekende isolasie bied.

WAAROM HERNIEUBARE ENERGIE? • Die aarde het beperkte reserwes van die meeste tradisionele bronne van energie, soos olie en gas. Die meeste olieproduserende lande sal in die komende twee dekades hul produksie moet verlaag namate hul voorraad minder raak. • Die ontginning en gebruik van tradisionele energiebronne veroorsaak erge besoedeling. • Die prys van tradisionele energiebronne raak al duurder (dink maar aan Eskom se tariewe!). • Die koste van hernieubare bronne van energie soos sonkrag, windkrag en biogas word al laer. ’n Mens kan dit sien in die voortdurende afname in die prys van items soos sonpanele. • Die koste om van hernieubare energie gebruik te maak, is meestal ’n eenmalige koste wat ná installasie slegs instandhouding verg. Om jou elektriese waterverwarmer aan die gang te hou, kos elke maand honderde rande, terwyl ‘n sonkragverwarmer geen lopende koste het nie.

LEES OOR HERNIEUBARE ENERGIE Daar is ’n groot verskeidenheid inligting oor hernieubare energie op die internet beskikbaar. Die volgende vier boeke is ook uitstekende leesstof en bied praktiese raad oor hoe enigiemand, sonder ’n uitgebreide kennis van energie-opwekking, sy huis meer energiedoeltreffend kan maak. Al vier boeke is op die webtuiste www.amazon.com beskikbaar: • The Homeowner’s Guide to Renewable Energy deur Dan Chiras. • The New Ecological Home deur Dan Chiras. • The Green House deur Alanna Stang en Christopher Hawthorne. • Green Building & Remodeling for Dummies deur Eric Corey Freed. S

number 2 of 2011

59

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my environment

Spreading the word on acid mine drainage

PHOTOGRAPHS: iSTOCKPHOTO.COM; REINT DYKEMA

a

By Cilleste van der Walt

cid mine drainage is a very real and dangerous problem in South Africa and Mariëtte Liefferink, chief executive of the Federation for a Sustainable Environment, is an advocate for a better and safer country for all of its inhabitants. She is an expert in the field of acid mine drainage and the effect it has on the area around it. She is also a member of the Board of Nuclear Regulatory, and that is why she took it upon herself to expose this huge problem in the mining industry. She decided the best way is by spreading the word through seminars, the media and presentations to people that can help to make a difference. Liefferink told Solidarity in March how serious this issue is. This is not a new problem, it’s not unique to South Africa, but what is unique is the denial and minimization of facts or suppression of facts, a political unwillingness of government to make pro-active management plans and to put plans in place and to implement them. The acid mine drainage problem is very well noted by government because many of the scientific reports regarding acid mine drainage was done by government and paid for by the tax payers. Acid mine drainage flows from underground out of mine basins. It is crystal clear and the reason for the clarity is because of the heavy metals that are in suspension, when exposed to oxygen it oxidizes the iron pyrite and gets the characteristic orange colour. An example of the impact is Robertson Lake, where there is no life form anymore because of uranium. The ph of water is supposed to be 7.3. Robertson Lake has a ph of 2 because of acid mine drainage. In 1960, through the Jordaan Commission, it was recommended to parliamentarians that in order to maximize the mines’ profits they had to dewater the underground mining compartments. They also recommended that when rewatering takes place, that is when mine operation ceases and when premining flow patterns and volumes are restored, that the water will be of exceptional poor quality. This did not only boost profits but also resulted in increased revenue. This left a legacy of mining compartments that are now not impervious but fractured. There were many faults and it also resulted in contami-

KEY ISSUES • • • • • • • •

Interconnection of mine basins. Acid rock drainage and mine drainage. Large salt loads. Decanting of flooded mines. Physical instability. Dust pollution. Land use conflicts with growing urban centres. Radioactivity (contamination) and uranium.

nated water resources. Gold mining is declining and as a result for example, in the Western Basin, there is no underground mining. In the Central Basin there is one operational mine and the Eastern Basin all the mines are ownerless and therefor the state is liable for the acid mine drainage. The Western Basin is flooded since 2002, since then acid mine draining is decanting or flowing onto the surface in the nearby

nommer 2 van 2011

60

areas, with an irreversible ecological impact. An unqualified amount of acid mine drainage is also flowing subsurface, straight to the sensitive Cradle of Humankind. The Central Basin is flooding between 0.47 meters to 1.00 meters per day. It is anticipated that it will start to decant in 2012 or 2013. The water that will decant, will decant at the lowest typographical point such as Gold Reef City and also other central business areas in Johannesburg.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my environment Because acid mine drainage is corrosive it will also compromise the structural integrity of buildings. In other words it attacks concrete and steel structures. Seismicity or ground movement is also a big issue. With the flooding of the Central Basin the seismicity will be significant Flooding of basins is only one of the sources of acid mine drainage, there are other defused sources such as open cast mining, which use pits for the acid mine drainage. Two pits in the Western Basin area contributes 30% to the acid mine drainage translating into the mining basin underground. Mine dumps are also a source. These dumps have been historically placed on unlined dolomite (it’s very porous) so when there is percolation or seepage the heavy metals seep through the dolomite into the ground water. The 270 mine dumps contain 6 billion tons of iron pyrite and pyrite combined with water and oxygen produces acid mine drainage. It is clear that these dumps will continue to produce acid mine drainage for the next few hundred or thousand years because these dams cannot be maintained in an oxygen free environment. The most costly environmental and sosio-

Mariëtte Liefferink

economic impacts are from gold mining. It accounts for 47% of all mining waste. This is the second greatest environmental risk after global warming. Acid mine drainage doesn’t only affect ground and surface water, it destroys eco-systems, it wipes out all aquatic biota and because it contains uranium and radio nucleates, it results in radioactive dams, radioactive sludge pits and also contaminates soil. So it influences the agricultural yield by bio-accumulation of heavy metals that occur in plants.

The geological terms we use like Witwatersrand, Randfontein, Springs, Potchefstroom, Wonderfonteinspruit, all is indicative that it used to be the source of pristine clean water prior to mining in 1889. We have sacrificed our water for gold. It has not enriched or benefited communities. There is also a matter of inappropriate land use. We find that government is now authorizing low cost housing and even luxury retirement villages and informal settlements in the affected areas. This is not only exposing communities to high levels of toxicity and radioactivity but also puts significant liability on mining and government in the future. Government’s proposal of treatment is neutralization. Although it is better than untreated acid mine drainage it causes a very high level of salts in the water, which makes it unsuitable for human use, and the cost thereof is carried by the domestic and agricultural sectors. The best option for treatment is reverse osmoses, but it is very expensive at R11 per cubic meter, and no one is willing to pay. Even though there is a solution to the problem, the source must be treated and not only the symptoms. S


beroepsgesondheid en -veiligheid

Só raak hofuitspraak beroepsgesondheid

o

Deur Hanlie van Vuuren

Hanlie van Vuuren

wegsiekte opgedoen het. Hy het dié siektes ontwikkel terwyl hy van 1979 tot 1995 as ’n myner by die maatskappy se Vaal Reefs-myn gewerk het. Mankayi is deur die Mediese Buro gesertifiseer en ingevolge ODIMWA R16 320 uitbetaal vir dié siektes. AngloGold Ashanti het aangevoer dat die genoemde bepaling in COIDA Mankayi verhinder om ’n siviele eis in te stel. Beide die Hooggeregshof en die Appèlhof het in hul onderskeie uitsprake in Maart 2010 met die myn saamgestem. Maar op 3 Maart vanjaar het die Grondwethof beslis dat die bepaling in COIDA nié ook geld vir eise ingevolge ODIMWA nie. Van die redes vir die beslissing is verskille in die definisies van ’n “werknemer” in die twee wette, die reg om te eis vir nalatigheid

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM; REINT DYKEMA

p Donderdag, 3 Maart vanjaar het die Grondwethof ’n deurslaggewende hofuitspraak gelewer wat belangrike gevolge vir mynwerkers en hul gesinne kan inhou. Die hof moes in die hofsaak van Thembekile Mankayi beslis of ’n bepaling in Wet 130 van 1993, die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (COIDA), ook geld ten opsigte van Wet 78 van 1973, die Wet op Beroepsiektes in Myne en Bedrywe (ODIMWA). Die toepaslike bepaling in COIDA verhinder ’n persoon om ’n siviele eis teen sy werkgewer in te stel in die geval van beroepsbeserings of -siektes. ODIMWA bevat ook nie so ’n bepaling nie. Geskiedkundig kon ’n persoon ingevolge die gemenereg sy werkgewer in ’n siviele hof dagvaar, maar wetgewing het daardie reg weggeneem en in die plek daarvan ’n administratiewe proses gestel. Dié administratiewe proses bepaal dat die Vergoedingskommissie besluite oor die uitbetaling van skadevergoeding aan werkgewers neem. Dit is gedoen omdat werkers minder hulpbronne, bewysstukke en geld tot hul beskikking gehad het en selde die siviele sake gewen het. Die administratiewe proses gebruik die beginsel van geen-fout en verlig die bewyslas grootliks vir werknemers. Thembekile Mankayi het in Oktober 2006 reeds ’n siviele eis van R2,6 miljoen teen sy voormalige werkgewer, AngloGold Ashanti, ingestel nadat hy die longsiektes tuberkulose en chroniese obstruktiewe lug-

nommer 2 van 2011

62

kragtens Artikel 56 van COIDA maar nie ODIMWA nie, en die feit dat die vergoeding wat ingevolge ODIMWA uitbetaal word, swak vergelyk met dit waarvoor COIDA voorsiening maak. Hartseer genoeg is Thembekile Mankayi op 25 Februarie vanjaar, slegs enkele dae voor dié opspraakwekkende uitspraak, aan sy longsiektes oorlede. Hoewel Mankayi nooit self die vrug van sy harde werk sal kan pluk nie, sal baie ander mynwerknemers in die toekoms nog dankbaar wees vir die stryd wat hy gestry het. Hierdie uitspraak beteken oud-mynwerknemers het nou ook die reg om ’n siviele eis teen ’n voormalige werkgewer in te stel, indien hy kan bewys: • dat die myn ’n plig gehad het om ’n werkomgewing daar te stel wat nie vir werknemers skadelik is nie; • dat die myn sy plig op ’n nalatige wyse versuim het; • dat die werknemer skade gely het; en • dat die werknemer dié skade gely het omdat die myn sy plig versuim het. Die myn moet sy plig op ’n redelike wyse nakom en indien die werknemer nie kan bewys dat die siekte die gevolg is daarvan dat die myn sy plig op ’n nalatige wyse versuim het nie, sal die eis nie kan slaag nie. Daar moet duidelike bewyse wees dat die siekte wel veroorsaak is deur werkomstandighede by die myn wat gedagvaar word. Indien die hof bevind dat dit wel die geval was, kan skadevergoeding toegeken word. Die bedrag word gewoonlik bepaal deur bewys van uitgawes wat die werknemer moes aangaan as gevolg van die nalatigheid (byvoorbeeld mediese behandeling), verlies aan inkomste en ook algemene skadevergoeding. In Suid-Afrika kan elke persoon sy eie eis instel, of ’n sogenaamde “klasaksie” kan ingestel word. Alle regte gaan met groot verantwoordelikheid gepaard. Die posisie waarin die mynbedryf homself tans bevind, moet deurgaans in ag geneem word. Dit gaan niemand baat om die gans wat die goue eiers lê, te slag nie. Dit beteken nie dat geen eise ingestel moet word nie. Inteendeel, vir te lank was die norm dat veral sommige myne wins bo die belange en gesondheid van hul werknemers gestel het. • Hanlie van Vuuren is ’n litigant in Solidariteit se afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid en Beserings aan Diens. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Lydenburg-kantoor skud vere reg vir diens

FOTO’S: VERSKAF

s

Deur Cilleste van der Walt

olidariteit het op 24 Januarie vanjaar ’n nuwe kantoor in Lydenburg geopen om Solidariteit-lede in dié omgewing in Mpumalanga te verteenwoordig. Tans is daar slegs een permanente personeellid, Mariëtt Barnard, wat na alles omsien. Solidariteit begin binnekort onderhoude voer om organiseerders aan te stel wat saam met Mariëtt die kantoor sal beman en lede sal verteenwoordig. Intussen los organiseerders van Witbank en Pietersburg mekaar vier dae per week by die Lydenburg-kantoor af sodat die kantoor vanuit die staanspoor reeds uitstekende diens kan lewer. Die nuwe kantoor bedien sowat 2 000 Solidariteit-lede, waarvan die meeste in die mynboubedryf werksaam is. Daar is baie platinum- en goudmyne in die omgewing en daar is ook sprake van nuwe myne wat geopen gaan word. Die metaal- en ingenieursbedryf is ook goed verteenwoordig met ’n groot groep lede wat by CMI Lydenburg

Mariëtt Barnard

(XStrata) werksaam is. Mariëtt vertel dat die kantoor op die oomblik nog baie stil is. “Ons is besig om die kantoor finaal in te rig. Ons volgende doelwit is om die kantoor te begin bekend stel. Die belangrikste is om die administratiewe basis

number 6 of 2009

63

te bou. Hiervoor het ek nasionale opleiding by Solidariteit se hoofkantoor in Centurion ontvang,” sê Barnard. Noue samewerking met Solidariteit Helpende Hand word beplan, sodat die Solidariteit Beweging se doelwitte ook op maatskaplike gebied nagestreef kan word. “Met die groot aantal myne in die omgewing is daar baie potensiaal vir groei. Een van die primêre doelwitte van die nuwe kantoor is om die moontlikhede in die streek te ontgin en diens na ons lede te neem,” sê Barnard. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a




legal matters

Restraint of trade agreements

a

~ PART 2 ~

signed an earlier contract of employment that did not contain a restraint of trade clause. In such a case the principals of the Law of Contract dictates that the employee who allegedly was forced to sign a restraint for fear of jeopardising his employment, bears the onus of proving this.

s discussed in Part 1 of this series, a restraint of trade agreement is unenforceable if it conflicts with public policy and this will be the case if its effect is unreasonable. In determining the validity and enforceability of restraint of trade agreements, a court considers a number of factors. PROPRIETARY AND PROTECTABLE INTEREST A former employer who wishes to rely on a restraint of trade agreement in order to protect trade secrets and confidential information, must show that the information or methods are unique and particular to its business and that such information is not public property nor falls within the public’s knowledge (i.e. the information is available on the Internet). SCOPE OF RESTRAINT: AREA AND DURATION A restraint that is wider than necessary will not be enforced. The court will judge the reasonableness of the restraint of trade according to merit. VAGUENESS AND THE “ONE SIZE FITS ALL” APPROACH If a restraint of trade clause is found to be too vague, it will not be enforced. The courts are not interested in a “blanket” restraint that makes it impossible for the employee to work in any related industry. The more specific the restraint of trade is, the more likely the breach can be proved and the more likely the restraint will be enforced.

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

PREVENTION OF COMPETITION A restraint of trade will not be enforceable if its sole purpose is to prevent mere competition. Such a clause will be void. The party seeking to enforce the restraint must have a protectable interest that is served by the restraint of trade. GOLDEN HANDCUFFS “Golden handcuffs” is a system of financial incentives designed to keep an employee from leaving the company. Sometimes such a payment accompanies the restraint contract, which is regarded as compensation for the employee withdrawing from the industry. It seems as if the courts, in such cases, would consider the merits

YOU & T H E L AW phil davel Send your questions to Solidarity Magazine: You & The Law, P.O. Box 11760, Centurion 0046; send email to diens@solidariteit.co.za; or a fax to 012 664 1102. before condoning an employee’s breach of his promise and negotiated terms. In these cases, when a restraint is negotiated, public policy would likely dictate that the contract entered into, “with open eyes”, be enforced. THE REASONS FOR THE TERMINATION OF THE SERVICE CONTRACT The manner in which the contract of employment was terminated does not invalidate the restraint of trade, but is one of the factors to be taken into account when considering the reasonableness of the restraint. This means that in the event of an unfair dismissal, a breach of contract by the employer or forced retrenchments, the employer may still enjoy protection if the court finds that, provided the circumstances and merits of the case, it would be reasonable and in line with public policy to enforce the restraint. DURESS Sometimes an employee alleges that he was forced to sign a restraint of trade after he had

nommer 2 van 2011

66

RESTRAINT OF TRADE AND THE CONSTITUTION, 108 OF 1996 Section 22 of the Constitution entrenches the right to freedom of trade, occupation and profession. The high court has concluded that in so far as a restraint of trade is a limitation of the rights entrenched by Section 22, the development of our common law is such that the requirements of a binding restraint of trade are compliant with the requirements laid down in Section 36(1). Since common law restraint clauses are only enforceable if they are reasonable and not in conflict with public policy, this satisfies the requirements of Section 36(1). RESTRAINT OF TRADE IN PRACTICE If you are a party to a contract which contains a restraint of trade clause against you, you need to become fully aware of the terms of the restraint and understand what it prevents you from doing. If a situation arises where you consider undertaking some activity which may be in breach of the clause, you should give careful consideration to the consequences. The following are grounds a party to a restraint of trade clause can rely on in opposing the enforceability of the clause: • The employer does not have a protectable interest. The principle enquiry in a restraint of trade argument is whether or not the party seeking to enforce the restraint has a protectable interest and, if so, whether that interest outweighs public interest considerations. • The restraint is too vague or unreasonably wide in nature, geographical area or time period. • The restraint is unenforceable in that it unreasonably prohibits the employee his or her constitutional rights i.e. the right to earn a living: If the sole purpose of a restraint of trade clause is to prevent healthy and fair competition, the restraint will be rejected as contrary to public policy. • Visit www.solidaritylegalservices.co.za to read Part I and II of the article. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


kry die krag van die WET aan jou kant – 24 uur per dag X

REGSHULPVERSEKERING UNIEKE KENMERKE*

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R35 000 per jaar. • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie.

Prokureur tot jou diens teen slegs R70 per maand!*

* Bepalings en voorwaardes geld

Geadministreer deur Legal X, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste (FSP-nommer: 5277)

0861 765 734 Skakel ons vandag nog by

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


die lees werd

Klik-klik sommer maklik op Boekblik Boekblik is ’n eenvoudige manier om jou gunsteling-boeke met die klik van ’n muis te bestel. Besoek www.boekblik.co.za en blaai deur die aanlynkatalogus met ’n wye reeks boeke wat in ’n ieder en elk se smaak sal val. Is jy op soek na Afrikaner-geskiedenisboeke, biografieë, kinderboeke of boeke oor selfdoen, reis, sport, godsdiens of tuinbou? Vind dit alles en nog baie meer op Boekblik!

OPVOEDKUNDIG

GESKIEDENIS SOOS ’N BIRIMANKWE François Hugo In die ou Njassaland (Malawi) loop ’n sendelingkind en wonder oor Liewe Jesus en sonde; oor die “mal man” wat ’n stomp om sy nek moet dra; oor Gidarra en Hassan wat elkeen sê daar is ’n ander god. Wat hy veral nie verstaan nie, is dat Gidarra so bang is vir ’n birimankwe (verkleurmannetjie). Oor dié boek (uitgegee deur Malan Media) sê skrywer Dana Snyman: “Hierdie outjie se stories laat my nie net dink aan die opregte vrae wat ek oor Liewe Jesus gevra het toe ek klein was nie. Sy dom vrae is eintlik so slim dat hy mens baie laat lag en regtig lief maak vir hom.” Soos ’n Birimankwe kos R135.

GEHEIME IN DIE TUIN Eric Holm Die bekende insektekundige en ekoloog Erik Holm waag sy hand met groot sukses aan populêre titels vir kinders. In Geheime in die tuin (uitgegee deur Malan Media; R95) stel hy ’n kabouter aan die woord, naamlik Ekologicus Kabouteri. Hulle noem hom egter sommer Eko. Eko neem Henk op ’n reis deur die tuin waartydens hy wonderlike geheime aan hom openbaar. Die volkleurillustrasies is die werk van Klaus Schaer.

LEES OOK... BRIEWE VAN UYS KRIGE UIT FRANKRYK EN SPANJE Briewe van Uys Krige uit Frankryk en Spanje (saamgestel deur Peet van Aardt en uitgegee deur Hemel en See Boeke) bestaan uit ’n versameling briewe wat die storie agter die ontstaan van Krige se eerste digbundel, Kentering, vertel. Dié alombekende skrywer en digter se geboorte 101 jaar gelede word met die boek (R220) herdenk.

EKONOMIE LEIERSKAPSWAARDES André Diederichs Uit die pen van André Diederichs, ’n sakekenner, kom die boek Leierskapswaardes (uitgegee deur Naledi). Hoekom is die gemiddelde leeftyd van maatskappye slegs 25 jaar terwyl daar maatskappye is wat honderde jare en selfs meer as ’n duisend jaar oorleef? Die oudste onderneming in Suid-Afrika is Boplaas wat sedert 1743 bestaan en nou in sy negende generasie is. Leierskapswaardes (R120) leer die lesse van hierdie ondernemings se leierskapswaardes aan die hand van essensiële olies uit die planteryk.Vind meer uit oor die leierskapswaardes wat sulke ondernemings vir generasies laat oorleef en floreer.

15%-AFSLAG VIR SOLIDARITEIT Is jy ’n lid van Solidariteit, AfriForum of Solidariteit Helpende Hand? Registreer dan as Boekblik-gebruiker en kom in aanmerking vir 15%afslag op alle boeke op Boekblik! Besoek www.boekblik.co.za en klik op die “Lede”-skakel om te registreer. Vul die spesiale ledevorm in, sit terug en wag vir die goedkeuringse-pos. Sodra jou lidmaatskap bevestig is, besoek ’n wêreld van boeke op www.boekblik.co.za teen spesiale afslagpryse. Lekker lees! S

nommer 2 van 2011

68

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


webwoelings

Só maak bekendes hul merk op web

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

a

Deur Daleen de Jager

s ’n mens begin soek, sal jy verbaas wees om te sien hoeveel van Suid-Afrika se kunstenaars, politici en ander bekendes op die internet teenwoordig is. Wêreldwyd gebruik bekendes lank reeds die internet en sosiale media baie suksesvol om hulself te bemark. Talle bekendes het natuurlik reeds hulle eie webtuistes geskep. Met die koms van die sosiale media het hulle ook op die wa gespring en begin deelneem aan die gekuier op die web. Groepe en bladsye op Facebook wat Helen Zille verteenwoordig, het meer as 180 000 ondersteuners. Pres. Jacob Zuma het ook verskeie Facebook-bladsye en -groepe met sowat 32 000 ondersteuners, terwyl prins Mangosuthu Buthelezi ongeveer 1 300 ondersteuners op Facebook het. Die sangers Juanita du Plessis, Steve Hofmeyr en Bobby van Jaarsveld spog met onderskeidelik 160 000, 124 000 en 101 000 Facebook-ondersteuners. Die Suid-Afrikaansgebore Charlize Theron het meer as 121 000 getroue volgelinge. Amerikaanse politici maak egter baie meer doeltreffend van sosiale media gebruik en span dit briljant tot hulle voordeel in. Dit is ’n kuns wat Suid-Afrikaanse politici nog nie bemeester het nie. Sarah Palin het reeds meer as 2,8 miljoen ondersteuners op Facebook, terwyl die Amerikaanse president, Barack Obama, sowat 21 miljoen ondersteuners op Facebook het. Bekendes gebruik sosiale media nie net omdat dit so ’n doeltreffende manier is om inligting oor te dra en hulle beeld te bevorder nie, maar ook omdat dit ’n nuttige en vinnige manier is om hul ondersteuners te bereik. Sosiale media kan uiters suksesvol aangewend word vir bemarking, steunwerwing en om spesifieke teikengroepe betrokke te kry. Video’s, foto’s, klankgrepe en grafika is ook waardevolle hulpmiddels waarmee daar met ondersteuners op die internet gekommunikeer word. Deur middel van hierdie tegnologie kan jy in die gemak van jou eie huis na ’n kunstenaar se vertoning kyk. • Maak seker jy luister elke Dinsdag om 13:00 op www.solidariteitradio.co.za na “Vernames verklap” – ’n insetsel oor bekendes op Solidariteit Radio. Elke week verklap ’n bekende iets wat SuidAfrikaners nog nie van hulle weet nie.

WEBWOELINGS

KUIER BY JÓÚ KUBERVAKBOND By Solidariteit poog ons om die kommunikasiekanale met jou as lid wyd oop te hou. Ons wil graag hê dit moet vir jou maklik wees om jou vakbond te bereik en aan ons aksies deel te neem. Hier’s ’n lys van waar Solidariteit oral op die internet vir jou as lid beskikbaar is: WEBTUISTES • www.solidariteit.co.za • www.helpendehand.co.za • www.afriforum.co.za • www.sol-tech.co.za • www.solidariteitblog.co.za • www.solidariteitradio.co.za • www.regsdienste.co.za • www.navorsing.co.za • www.s-tube.co.za • www.soldariteittydskrif.co.za

number 2 of 2011

69

SOSIALE MEDIA Facebook • www.facebook.com/solidariteit • www.facebook.com/soltech • www.facebook.com/afriforum Twitter • www.twitter.com/solidariteit • https://twitter.com/solradio • https://twitter.com/afriforum • https://twitter.com/afriforumjeug YouTube • www.youtube.com/solidariteitsa • Kom deel jou idees, denke en mening met ons op al dié plekke! Om te verseker dat jy kommunikasie van Solidariteit ontvang, bevestig jou eposadres en ander besonderhede deur 0861 25 24 23 te skakel. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


histories gesproke

Kasteel die Goeie Hoop se ryk geskiedenis

s

Deur Magdaleen Kleynhans

tigtingsdag word elke jaar op 6 April gevier. Waar is ’n beter plek as juis die Kasteel die Goeie Hoop om dié dag deur te bring? Die Kasteel is die oudste gebou in Suid-Afrika en werklik ’n besonderse plek om te besoek. Het jy al deur ’n Europese dorpie geloop en opgekyk na die datums wat op die geuwels pryk? ’n Mens kan nie glo dat sommige van dié geboue al so lank staan nie. Sommige van hulle is al amper ’n millennium oud en staan al krom van jare se wind en weer. Die Kasteel die Goeie Hoop is nog nie só oud nie, maar hierdie gebou het net so ’n ryk geskiedenis, indien nie ryker nie. Vir ons as Suid-Afrikaners, maar veral Afrikaners, het dit ’n diep betekenis. Aanvanklik het Jan van Riebeeck, stigter van die halfwegpos aan die Kaap die Goeie Hoop, in 1652 ’n fort laat bou. Hierdie vesting was van hout en klei. Twee jaar later het Jan van Riebeeck ’n gelofte afgelê: Aangesien dit vandag twee jaar gelede is dat ons met God’s hulp en leiding met die skepe Drommedaris, Reiger en Goede Hoop veilig hier geland het, om hierdie fort en kolonie in opdrag van ons here en meesters op te bou, en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe met baie seëninge, goed en na wens laat verloop het, het ons besluit, en ook vanjaar daarmee begin, om hierdie dag, 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier, en dit vir altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie, maar dit altyd in

gedagte mag hou. Ná hernieude gerugte van oorlog tussen Brittanje en Nederland, word daar gevrees dat die Britte die Kaap kan aanval. Dit is 12 jaar later en Zacharias Wagenaer word beveel om ’n vyfpunt-klipkasteel te bou. In Augustus 1665 word die bouplek deur kommissaris Isbrand Goske (goewerneur van 1672 tot 1676) gekies: ’n stuk gelyk grond suidoos van Van Riebeeck se fort. Vanaf 1666 tot 1679 word daar aan die kasteel gebou. Talle skeepsvragte

houtwerk, stene en teëls word uit Nederland aangestuur en groot rotse, sommige so groot soos 1,5 m3, word uit Tafelberg gegrawe. Skulpe vir sementkalk word van Robbeneiland verkry en boomstompe vanaf Houtbaai. Op 26 April 1679 word die vyf bastions vernoem na die hooftitels van die Prins van Oranje. Die westelike bastion is Leerdam genoem, en van daar kloksgewys Buuren, Catzenellnbogen, Nassau en Oranje. Die jaar daarna betrek Simon van der Stel die nuwe goewerneurswoning in die kasteel. Lewe in en om die Kasteel die Goeie Hoop was baie interessant. Die oorspronklike klok, wat steeds bo die hoofingang in die kloktoring geleë is en die oudste klok in Suid-Afrika is, het vir die gemeenskap die uur van die dag aangekondig en gesorg dat burgerlikes betyds gewaarsku word in geval van bedreiging. Hierdie klok, wat 300 kg weeg, is in Amsterdam deur Claude Fremy gegiet. Binne die mure van die kasteel was daar ‘n kerk, ’n bakkery, werkwinkels, winkels, selle en leefkwartiere. Vanaf die katbalkon is belangrike aankondigings gemaak. As jy ooit die geleentheid kry om tussen daardie mure te gaan stap, verbeel jou jy ruik die lekker gebak; hoor die getimmer in die werkwinkel. Oral om jou is mense besig met hul dagtakies en hier en daar staan ’n klompie mense en gesels oor die nuwe voorraad wat die skepe ingebring het. Iewers maak iemand mooi musiek. En dit alles gebeur net hier, aan die voet van die beeldskone Tafelberg, aan die suidpunt van Afrika. S

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Spits jou ore vir geskiedkundige reis van momente, monumente Indien jy hunker na jou Afrikaanse wortels en graag meer wil weet van die belangrike mense en gebeurtenisse wat die hedendaagse Afrikaner vooraf gegaan het, luister gerus elke Vrydag om 13:00 na Momente en monumente gedurende die omnibusprogram In Solidariteit op Solidariteit se eie radiostasie. Die program neem luisteraars elke week op ’n geskiedkundige reis deur die Afrikaner se verlede en gee hulle die geleentheid om die land se ryk geskiedenis op ’n nuwe manier te ontdek. • Besoek www.solidariteitradio.co.za en klik op In Solidariteit. Stuur jou voorstelle en kommentaar na radio@solidariteit.co.za.

nommer 2 van 2011

70

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


histories gesproke

Ons (nog steeds) vir jou, Suid-Afrika!

d

Deur Ilze Nieuwoudt

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

ie woorde “Ons vir jou, SuidAfrika” het ’n tuiste in die hart van derduisende Suid-Afrikaners. Nie net is dit die woorde wat jaarliks op 16 Desember in die Voortrekkermonument in Pretoria verlig word nie: Dit is die kernboodskap van ’n lied wat vandag nog met net soveel ywer en liefde gesing word as waarmee dit meer as 90 jaar gelede geskryf is.

MONUMENTALE OOMBLIK Dit is vanjaar reeds 62 jaar sedert hierdie kolossale monument sy deure amptelik onder die gedreun van duisende stemme oor die koppies geopen het. “Ons vir jou, SuidAfrika,” het die stemme van Afrikaners op 16 Desember 1949 gedruis. Van toe af word dié woorde elke jaar verlig met ’n sonstraal uit die hemelruim wat presies om 12:00 deur ’n klein opening in die dak loer. Die opening van die Voortrekkermonument in 1949 is as die grootste Afrikanerfees ooit beskou. Die monument is as ’n plek van aanbidding gesien en in hierdie gees is daar fees gevier. Die vierings en danksegging het vir vier dae lank geduur voordat die amptelike opening uiteindelik op 16 Desember deur die destydse eerste minister D.F. Malan gedoen is. Ten aanskoue van nagenoeg ’n kwart miljoen mense het hy die opdrag gee dat die deure geopen moet word. Die fees het uit vele fasette bestaan. Een van die treffendste was sekerlik die oorhandiging van die ossewa. J.E. Reeler het in ’n roerende toespraak die waarde van die ossewa besing. Die ossewa was nie net die familiewoning en wa vir die Voortrekkers nie, het Reeler gesê, dit spreek ook van die gesinslewe van die Afrikaner en kan as hoeksteen van dié nasie se voortbestaan gesien word. Die boodskap wat die ossewa oordra, is “vorentoe, steeds vorentoe”. Net so simboliseer dit dat daar geen stilstand onder Afrikaners moet wees nie. Ook Jan Smuts het na die vooruitgang van die Afrikaner verwys: “Ons is ’n toekomsvolk.” Hy het ook die woorde van Paul Kruger aangehaal: “Ons moet in die verlede soek wat goed en skoon is, om die ideaal daarna te vorm en vir die toekoms te verwesenlik.” Die Voortrekkermonument aan die rand van Pretoria met sy sterk simboliek het in die afgelope jare onder hewige kritiek deurgeloop. Maar dié wat die onwrikbare geloof

van hul Voortrekker-voorouers deel, besef dat die woorde “Ons vir jou, Suid-Afrika,” in der waarheid behoort te wees: “Ons nog steeds vir jou, Suid-Afrika.” DIE MEESTER AGTER DIE WOORDE Hoewel Die Stem van Suid-Afrika eers in 1957 as die volkslied aanvaar is, gaan die lied se oorsprong baie verder terug – bykans 40 jaar vroeër. Die Stem is reeds in 1918 deur die Afrikaanse skrywer C.J. Langenhoven geskryf. Volgens Eduan Grobbelaar, wat ’n doktorale studie oor onder andere Die Stem gedoen het, is ’n volkslied ’n relatief jong verskynsel wat eintlik eers in die 1820’s begin posvat het. In ’n artikel wat in 1991 in Beeld verskyn het, verduidelik Grobbelaar die Afrikaner se strewe na ’n volkslied: “Die strewe na ’n eie volkslied vir Suid-Afrika het kort ná die Groot Trek reeds ontstaan, maar dit was eers met die onafhanklikheidswording van die voormalige Transvaal in 1852 en die OranjeVrystaat in 1854 en met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners in die Paarl dat daadwerklike pogings aangewend is om ’n eie volkslied in Afrikaans vir SuidAfrika te verkry.” Hoewel verskeie protes- en volksliedere in dié tyd die lig gesien het, was daar einde ten laaste steeds nie ’n werkbare volkslied vir Suid-Afrika nie. Die laaste strooi vir die Boere was toe die Britte se God save the

number 2 of 2011

71

Queen ná die Anglo-Boereoorlog as die enigste amptelike volkslied ingestel is. Liedere wat hierna ontstaan het, was onder meer C.E. Viljoen se “Zuid-Afrika, ons dierbaar land”, C.P. Hoogenhout se “Volkslied voor’t verenigd Zuid-Afrika”, Jan F.E. Celliers se “Unie-lied” en Nico Hofmeyr se “Afrikaners Landgenote”. Maar, beklemtoon Grobbelaar, dit was uiteindelik Langenhoven se woorde wat die mense van SuidAfrika werklik aangeraak het. Dit was ’n moeilike era vir die Afrikaner en die onderdrukking het tot ’n nasionale bewuswording en nasietrots gelei. Die woorde van “Die Stem” is aanvanklik as ’n gedig in die dagblad Die Burger gepubliseer en dit het dadelik die nasie aangegryp. Hoewel Langenhoven self ook die gedig getoonset het, is die weergawe wat ons vandag ken, uiteindelik deur M.L. de Villiers getoonset. Volgens Grobbelaar is die lied met die De Villiers-toonsetting die eerste keer op 12 November 1924 in die Groote Kerk in Kaapstad uitgevoer. In die daaropvolgende jare is dit telkens nie-amptelik tydens staatsgeleenthede gebruik. Vandag, meer as 90 jaar sedert Langenhoven die kragtige woorde van “Die Stem van Suid-Afrika” op papier neergepen het, word mense steeds deur die eerlike skoonheid van die gedig geraak – ’n gedig wat op sigself as ’n waardige monument bewaar en gekoester moet word as deel van die Afrikaner se kultuur en erfenis. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


tot u diens

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE

KATHU

Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

RUSTENBURG

Gert van Wyk Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou, Winkel 7, Kathu

BOKSBURG

Theunis van Staden, Johan Nell (litigant) Administratiewe beampte: Christelle Grobler Tel: 014 592 4336 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg

LYDENBURG

Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Administratiewe beampte: Mariëtt Barnard Tel: 013 235 3698 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

NEWCASTLE

CARLETONVILLE Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

DESPATCH

PIETERSBURG

Piet Veldtman, Wynand Strydom Administratiewe beampte: Marlene Veldtman Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch

ELLISRAS

Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

SECUNDA Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR Tel: 012 644 4300 Tel: 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za Webwerf: www.solidariteit.co.za Straatadres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046

VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171/011 252 7271 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

PRETORIA

Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville

KLERKSDORP

WELKOM Coen Schoonraad, Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum

RICHARDSBAAI

Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoornlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp

Francois van Heerden, Hennie Vosloo Administratiewe beampte: Roxanne Louw Tel: 035 789 0968/9 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Lira Linkstraat, Eenheid 7, Montego Park, Richardsbaai

nommer 2 van 2011

72

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis, Jo-Anne Coetzer, Quintus Sluep (litigant) Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


stilw(o)ord

’n Gehoorsame baas se dier-lesse

FOTO’S: YOLANDÉ TERBLANCHE; iSTOCKPHOTO.COM

j

ip-jip-jip. Jip-jip-jip-jip-jip-jip. Ek kners op my tande. Loer na die horlosie. Twee-uur. Dêm! Jip-jip-jip. Jek. Jip-jip-jip-jek. Dan: “Bly stil! Voertsek!” Dit is Thinus wat vanuit sy rondawel skreeu. Ek sug en swaai my voete van die bed af. Moet ’n plan maak met daardie verdekselse hondjie. Dit is Marietjie se worshondjie – met haar eie geld gekoop – wat my nou twee-uur in die nag in my nagkabaai buitentoe laat strompel. ’n Brakkie wat alles kou as sy binne is en die hele omgewing skuins blaf as sy buite is. Tienkie is beslis nie die eerste troeteldierbloutjie wat ek al in my veelbewoë loopbaan as ma van vyf geloop het nie. Daar was Magdi se sywurms wat eers almal in ’n kleinerige skoenboksie gepas het, en wat die volgende seisoen vir die moeder van alle bevolkingsontploffings gesorg het. Soveel so dat die hele eetkamertafel bedek was met plat bierbokse vol vretende wurms. Drie raaie wie moes die hele tyd help blare soek? Ons het nie eers ’n moerbeiboom gehad nie! Ek wens myself nog steeds geluk met die plan wat ek gekry het met die eiers: Net so drie draaie in die mikrogolf, dan is hulle gaar en broei nie weer uit nie. Daar was Thinus se hamsters. Ook eers net twee baie oulike goedjies, wat toe ewe skielik die oulikste ou pienk babatjies kry. En kort voor lank sit ons toe met omtrent vyf of ses hokke vol dierbare goedjies wat heeltyd aanhou om oulike ou pienk babatjies te kry wat niemand eintlik wil hê nie. Dan was daar Magdi se pragtige wit katjie, wat deur die honde doodgebyt is, en wat ek inderhaas met ’n identiese enetjie vervang het. Sy het dit nooit agtergekom nie. Daar was die marmotte, wat ook ongelukkig ontsnap en deur die honde gevang is. Budjies wat wild was en gebyt het. Visse in ’n visbak wat skoongemaak moes word. My huis is tot nou toe nog, en ek is al amper vyftig, nie sonder troeteldiere nie. Vir donkiejare al koop ek vlooipoeier, hondepille, voëlsaad en viskos. Ondersteun ek die veearts vir inspuitings en ander mankemente en ellendes; altyd met ’n tranerige basie in sleeptou, wat dadelik weer van die liewe diertjie vergeet as hy teen ’n klein fortuintjie gesond gedokter is. Miskien het my lewenslange loopbaan as

Miskien het my lewenslange loopbaan as troeteldierversorger my tog ’n paar dinge geleer.

troeteldierversorger my tog ’n paar dinge geleer. Selfs die wyse Salomo het by die kleinste diertjies gaan kers opsteek. In Spreuke 30:24-28 skryf hy: “Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys.” En dan skryf hy oor miere, klipdassies, sprinkane en ’n geitjie. Die miere beïndruk hom omdat hulle so goed beplan. Hulle maak in die somer al voorsiening vir die winter deur kossies te bêre. Net soos ons ook die middele wat God ons gee met wysheid moet reg gebruik. Die klipdassies is slim genoeg om te weet dat hulle in die rotse moet skuil vir roofdiere. Net soos ons ook by God, ons Rots, moet skuil. ’n Reuse-swerm sprinkane laat ’n mens verstom staan dat die diertjie wat jy met die hand kan vang nie status of geld nodig het om in ’n koning se paleis te kan kom nie. Net so het ons nie status of geld nodig om in ons Koning se paleis te kan kom nie. Hy, die Alwyse, het nie verniet die mens op dieselfde dag as die diere gemaak nie. Ons sal altyd met diere moet saamleef. Hulle versorg en bewaar. In verwondering staan oor al die eienskappe en vermoëns wat hulle instinktief het. En Tienkie? Sy het die nag by my voete deurgebring,

number 2 of 2011

73

S T I LWO ( O ) R D marietha malan al was ek eintlik lus om haar velletjie oor die draad te hang. Slim brakkie; gehoorsame baas... S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

Verstaan mediese skemas en hul voordele

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

WATTER SOORT PRODUKTE BIED MEDIESE SKEMAS SOOS MEDIHELP? In die algemeen bied mediese skemas ’n reeks voordele-opsies wat wissel van goedkoper opsies wat minder voordele bied, tot omvattende opsies wat ’n hele reeks voordele bied. Die voordele wat ’n opsie bied, vermeerder dus soos die prys verhoog. Dit kan wissel van ’n opsie wat slegs dekking vir hospitalisasie bied, ’n opsie waar jy slegs sekere dokters mag besoek of ’n baie omvattende opsie wat dan ook baie duur is. Dit is belangrik dat jy ’n opsie kies wat jou sak en mediese behoeftes pas. Mediese skemas laat hulle lede slegs een keer per jaar toe om van opsie te verwissel. Dit is dus baie belangrik dat jy die eerste keer reg kies.

WAT IS ’N HOSPITAALPLAN? ’n Hospitaalplan is gewoonlik een van die eerste en meer bekostigbare opsies in ’n mediese skema se produkreeks. Hierdie opsie is ’n goeie keuse vir iemand wie se gesondheid in die algemeen baie goed is en slegs dekking soek vir groot mediese uitgawes soos hospitalisasie of prosedures wat binne ’n hospitaal gedoen moet word. Dit is egter belangrik om te onthou dat hospitaalplanne in die algemeen nie voorsiening maak vir mediese uitgawes wat buite die hospitaal aangegaan word nie. Hierdie uitgawes word ook dag-tot-dag uitgawes genoem en die lid is self daarvoor verantwoordelik. As jy dus medisyne by die apteek koop of ’n dokter gaan besoek, is die koste normaalweg vir jou eie rekening. Die grootste verskil tussen ’n hospitaalplan en ander opsies is dat meer omvattende opsies voorsiening maak vir hierdie buite-hospitaal uitgawes terwyl ’n hospitaalplan dit nie doen nie. Dit gee gewoonlik aanleiding tot ’n verskil in prys, waar ’n hospitaalplan meer bekostigbaar is as ’n omvattender opsie. Medihelp se Dimension Prime 1-voordeleopsie is ’n goeie voorbeeld van ’n opsie wat tussen ’n hospitaalplan en ’n opsie met effens meer omvattende voordele geposisioneer is. So bied Dimension Prime 1 byvoorbeeld geen oorhoofste limiete vir privaat hospitalisasie nie, en terselfdertyd dag-tot-dag voordele by algemene praktisyns en spesialiste asook voordele vir nie-chroniese medisyne. Daarbenewens bied hierdie opsie ’n gesondheids- en voordeleaanvuller wat bykomend is tot jou hospitaalplan. Dit bied ’n verskeidenheid mediese dienste wat ’n bydrae sal lewer om jou gesondheid te beskerm en sluit in: ’n griepimmunisering, cholestroltoets, bloedsuikertoets en twaalf swangerskapkonsultasies per gesin per jaar.

WAT IS ’N NETWERKOPSIE EN VIR WIE SAL DIT GESKIK WEES? ’n Netwerkopsie is ’n voordele-opsie wat ’n lid beperk tot spesifieke diensverskaffersnetwerke. Gewoonlik beteken dit dat ’n lid net van spesifieke dokters of hospitale gebruik kan maak. Medisyne word gewoonlik beperk tot ’n formularium (lys van medisyne wat aan ’n lid van hierdie opsie voorgeskryf mag word) wat deur die skema gedek word. Die voordeel van ’n netwerkopsie is dat dit gewoonlik heelwat goedkoper is as ’n tradisionele opsie. Dit staan jou vry om van diensverskaffers gebruik te maak wat nie deel van die netwerk is nie, maar dan is die uitgawes gewoonlik vir jou eie sak. Dit beteken dat jy na jou eie dokter toe kan gaan al is hy of sy nie deel van die netwerk nie, maar dan sal jy self vir daardie uitgawes moet betaal. In Medihelp se geval is sy Necessenetwerkopsie nie net uiters bekostigbaar nie, maar die diensverskaffers op sy netwerk is ook geredelik beskikbaar. ’n Groot voordeel is dat lede nie tot enige hospitaalnetwerk beperk is nie, maar na enige hospitaal landwyd kan gaan. IS DIT NIE BETER OM SELF VIR MEDIESE UITGAWES TE SPAAR NIE? Ongelukkig is dit nie vir die gewone mens wat ’n gemiddelde salaris verdien moontlik om moderne mediese dienste in ’n noodgeval te kan bekostig nie. Die koste van ’n hospitaalopname en die gepaardgaande spesialisdiente en medisyne is eenvoudig te duur. Dan is daar die emosionele trauma van ’n geliefde of familielid wat dringende mediese sorg benodig en vir wie dit nie gegee kan word nie. Uiteindelik bly dit tot jou voordeel om wel aan ’n mediese skema te behoort. Die geheim is egter om die regte voordele-opsie vir jou omstandighede te kies. Dit is byvoorbeeld nie raadsaam om die mees omvattende opsie te kies as jy relatief aktief en gesond is nie. Medihelp bied ’n verskeidenheid opsies wat by elke stadium van jou lewe pas, dus kan jy jou mediese opsie verander soos die omstandighede in jou lewe verander.

SMS “Kontak my” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se uitstekende voordele-opsies verlang of besoek die webtuiste www.medihelp.co.za om meer oor dié skema te wete te kom.

nommer 2 van 2011

74

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a





Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.