Solidariteit Tydskrif 2011 #3 | Solidarity Magazine 2011 #3

Page 1

NR. 3 VAN 2011 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000 www.solidariteit.co.za

ALLES OOR VAKBOND SE NASIONALE KONGRES




>>> INhoud N O M M E R

10

V A N

2 0 1 1

gereeld 6 7 8 60 61 62 64 66 68 69 70 71 73

20 42

60 VOORBLADFOTO: iSTOCKPHOTO.COM

3

INTRAPSLAG: Die Kampus: Monumentaal! KUBERKLETS: Hieroor word gegons SPREEKBUYS: ’n Hoopvolle toekoms te midde van uitdagings MY WORK: Your work is no crying matter MY GESIN: Gee die griepgogga die doodskoot MY OMGEWING: Volhoubaarheid kry in die hart beslag BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID: Veiligheid verbeter, maar teikens nie behaal JY & DIE REG: Vakbondlidmaatskap is jou reg! DIE LEES WERD: Klik-klik sommer maklik op Boekblik WEBWOELINGS: Sosiale media: Pasop vir dié vriendekring HISTORIES GESPROKE: Anglo-Boereoorlog leef voort in Noord-Kaap HISTORIES GESPROKE: Die Long Tom: ’n Bielie van ’n kanon STILW(O)ORD: Kombers vir prins William én Willempie

nuuswaardig 10 12 14 14 16 18 20 21 22 23 24 40 40 41 42 44 44 45 46 47 47 54 54 54 56 57 58

Die Kampus: Monument vir die toekoms Só oorbrug gestremdes struikelblokke Growing distrust in SA – Buys Al meer mense voel tuis by Solidariteit Kadalie pak kwessies kaalvuis Uitspraak voorbehou in groot SAPD-regstelsaak Employment: It’s all about making profit Wêreldbeker gee entrepreneurs skop Dae van goedkoop brandstof getel Vakbond beleef merkwaardige groei Tree aan vir die musiekblyspel van die jaar! Reeds 14 jaar vakbondhoof se regterhand Zimbabwe-hofsaak duur voort, nog eise kan kom SAPD-range dubbele dosis diskriminasie Aurora: Gestroop van waarde en hoop Nasionale Kosblikkieprojek skop weer af Kry baie meer as net werk op nuwe WerkNet-tuiste Solidariteit hou verkiesing: Trek jóú kruisie! AfriForum-saak teen Malema vorder goed Joernalis nou AfriForum-mediahoof kykNET sê nee vir Malema-advertensie Sol-Tech-drome binne bereik Nuwe studente reeds tuis by Sol-Tech Sol-Tech se kragman aangewys Solidariteit bekroon gemeenskapsterre Road maintenance programme unveiled Drie nuwe stemme op Solidariteit Radio

vakbondfokus

64

26 50 72

Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor die bedrywe waarin Solidariteit funksioneer Lidmaatskap: ’n Wen-wen-vennootskap Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep

24


Nuwe regulatoriese vereistes het ’n groot uitwerking op die finansiëledienstebedryf. Daar word vereis dat alle sleutelpersone, asook verteenwoordigers, gegrond op elkeen se rol en goedgekeurde lisensiekategorieë, die regulatoriese eksamens suksesvol moet voltooi. Hierdie regulatoriese eksamens vorm deel van die bevoegdheidsvereistes en bestaan uit verskillende vlakke. Die eksamens moet binne ’n sekere tydperk voltooi word, anders hou dit ernstige gevolge in. Teen wanneer moet ek aan die regulatoriese vereistes voldoen? • Sleutelpersone en verteenwoordigers aangestel tussen 2004 tot en met 31 Desember 2009 moet die toepaslike Eerste Vlak Regulatoriese Eksamen suksesvol voltooi teen 31 Desember 2011. • Sleutelpersone wat beskou word om as verteenwoordigers op te tree, moet die Eerste Vlak Regulatoriese Eksamen vir verteenwoordigers suksesvol voltooi teen 31 Desember 2011. • Vir meer inligting, besoek die webtuiste van die Raad op Finansiële Dienste by www.fsb.co.za

REGULATORIESE EKSAMEN VLAK 1 PSG Konsult Akademie bied die volgende vir verteenwoordigers aan:

E-Opleiding

R 290.00

(R300-afslag)

DVD

R 190.00

(R300-afslag)

Eendagopleiding

R1090.00

(By ’n PSG-lokaal, verversings ingesluit) (By ’n lokaal in Gauteng, Kaapstad of Durban, voorsien deur kliënt vir 20 of meer mense, verversings uitgesluit)

R 990.00

Hierdie spesiale pryse is geldig tot en met 30 September 2011. Alle pryse sluit BTW in. Bepalings en voorwaardes geld.

Vir al jou regulatoriese eksamenopleidingsvereistes, besoek ons webtuiste by:

www.psgkonsult.co.za

0861 223 774 academy@psgkonsult.co.za

aksent media • 082 445 4513

Of kontak: Elaine Jooste Leane Breedt


redakteursbrief

Die Kampus: Monumentaal!

o

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE

p Monumentkoppie, sowat 3 km van Solidariteit se hoofkantoor af, staan die Voortrekkermonument – ’n indrukwekkende gebou wat die verlede herdenk. Op friese word die Groot Trek uitgebeeld; op ’n muur van herinnering die name van diegene wat in diens van die Weermag gesneuwel het. ’n Multimediasentrum vertel die verhaal van die Afrikaner se geskiedenis oor die afgelope eeu. Die terrein se gewyde atmosfeer word beklemtoon deur beelde, skilderye, gedigte en historiese items. dr. dirk hermann Ook sowat 3 km vanaf Solidariteit se hoofkantoor in die teenoorgestelde rigting is ’n oop stuk grond. Sien in jou geestesoog die lewende monument van die toekoms wat oor ’n tydjie hier gaan staan. Jong studente word in die werkwinkels toegerus vir die toekoms; in die kafeteria bou hulle verhoudings, sosialiseer en vestig netwerke. Vanuit die uitsaai-ateljees word studente dwarsoor die land in leersentrums opgelei. In die konferensiesentrum word gepraat, beplan en geleer. Rekenaars, draaibanke, sweishokkies en klaskamers versterk die lewende karakter van Die Kampus. Dié opleidingsinstelling en sy studente word lewende monumente van hoop. Vanuit die Solidariteit-hoofkantoor put ons enersyds inspirasie uit die monumente van die verlede; om te leer hoe ons voorsate uitdagings hanteer het. Uit die verlede leer ons meer oor geloof, hoop, verantwoordelikheid en harde werk. Andersyds kyk ons na die nuwe, lewende monument van hoop: Die Kampus. Op Die Kampus wil ons jongmense leer hoe om die uitdagings van die toekoms te hanteer. Daar gaan ons studente leer van geloof, hoop, verantwoordelikheid en harde werk as rigtingwysers vir die toekoms. In hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif berig ons oor dié opwindende projek. Lees gerus meer op bladsy 10 en 11. Die Kampus is ’n projek van sowat R150 miljoen en die opbrengs is duisende jongmense wat vir die toekoms toegerus gaan word. ’n Belegging in jongmense se toekoms is die beste belegging wat die Solidariteit Beweging kan maak. Jy kan help bou aan hierdie lewende monument. Indien jy weet van sakelui wat stene vir die projek sal koop, laat weet ons. Laat weet ons ook as jy self ’n bydrae wil maak, hoe gering ook al. Kom ons skep met Die Kampus weer hoop vir ons jongmense. Solidariteit het die projek begin, maar dit is baie groter as die Beweging. Solidariteit Tydskrif ondersteun die projek ten volle en ons doen ’n beroep op elke leser om Die Kampus as ’n gemeenskapsprojek aan te neem.

INTRAPSLAG

H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23

REDAKTEUR ■ EDITOR Dr. Dirk Hermann NUUSREDAKTEUR ■ NEWS EDITOR Ilze Nieuwoudt FOTOREDAKTEUR ■ PHOTO EDITOR Reint Dykema WEBREDAKTEUR ■ WEB EDITOR Daleen de Jager ADVERTENSIES ■ ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING Aksent Media INTEKENARE ■ SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ■ ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS ■ CONTRIBUTORS Marietha Malan, Paul Joubert, Ilze Nieuwoudt, Reint Dykema, Nico Strydom, Daleen de Jager, Cilleste van der Walt, Johan Roos, Moira-Marie Kloppers, Lida Strydom, Surika van Schalkwyk, Marietjie Smit en Piet le Roux UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE

tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za

DR. DIRK HERMANN REDAKTEUR

DRUKWERK ■ PRINTING Paarl Media Gauteng

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

VERSPREIDING ■ DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria

GESTREMDES: WAAR LÊ DIE PROBLEEM?

SÓ STAAN SAKE

A. Werkgewers kan baie meer doen om vir gestremdes in die werkplek voorsiening te maak. B. Dit is elkeen se eie verantwoordelikheid om vir ’n plek in die arbeidsmark te veg. • Sê jou sê deur “Tydskrif A of B” na 34388 te SMS. Elke SMS kos R2. Jy kan ook aan die peiling by www.solidariteittydskrif.co.za deelneem en die vorige peilings se uitslae is ook hier beskikbaar.

nommer 3 van 2011

6

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


kuberklets

Dismissed Aurora liquidator: China thinks SA is a joke Regarding the extensive process in which Aurora Empowerment Systems kept promising that they will receive funding from a Chinese company, the public commented as follows on the social website Facebook:

K UBERKLETS hieroor word gegons

Solidariteit kommunikeer daagliks met tienduisende Suid-Afrikaners deur middel van sosiale media soos Facebook en Twitter. Op dié manier is Solidariteit in staat om sy lede se voorstelle oor talle sake te kry, belangrike inligting te kommunikeer en die mening van medeburgers in te win.

Aansluiting net ’n SMS ver!

Carl Rautenbach: Can’t blame them. Dirk Krüger: We’ve known for a long time that this is a banana republic! Emmeline de Meillon: Not surprised at all! Dirk Krüger: And in the end Wallmart is probably going to tell Massmart the same thing, the way things are currently going with the negotiations! Chris van Rensburg: About time that the liquidators are brought to book. For too long have they regarded themselves as untouchable. Take a look at the Marietjie Prinsloo pyramid scheme in the Vaal Triangle. Let them explain how many millions they took. They definitely need a regulatory body.

Aurora-werknemers braai, maar eet nie Solidariteit het op Facebook berig dat Aurora sy werknemers met ’n braai probeer omkoop. Twee Facebook-vriende gee hulle mening: Carl Rautenbach: ’n Braai sit nie kos op die tafel nie. Belinda Dippenaar: Dis ’n skande dat die vier in hul topbestuur so skatryk is. Die werkers sit in haglike omstandighede sonder werk, kos en blyplek. Dan praat ’n mens nog nie eens van die invloed wat die omstandighede op hierdie mense se selfbeeld en emosies moet hê nie. Sommige van hulle het selfs familielede aan die dood afgestaan in hierdie tyd! Ek ken niemand wat vir die myn gewerk het nie, maar het die drama op TV gevolg.

REGSTELLING Solidariteit Tydskrif is gesteld op korrektheid en stel graag enige foute reg. In die tweede uitgawe van 2011 se Solidariteit Tydskrif is daar verkeerdelik genoem dat DSA die enigste maatskappy in Suid-Afrika is wat missiele ontwerp, ontwikkel en vervaardig. DSA is wel ’n leier in die lugvaartbedryf wat hom veral op militêre lugvaartingenieursprojekte toespits. Denel Dynamics is ’n maatskappy wat missiele ontwerp, ontwikkel en vervaardig.

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

Het jou adres verander? Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en jou vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.

Indien jou Solidariteit Tydskrif en ander kommunikasie na ’n nuwe adres gestuur moet word, stuur asseblief ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za.

number 3 of 2011

Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na ilze@solidariteit.co.za. Die redakteur behou hom die reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie.

7

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys

’n Hoopvolle toekoms te midde van uitdagings

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

Die munisipale verkiesing is verby, die ekonomie lyk beter en die onderhandelingseisoen het begin. ILZE NIEUWOUDT het met Flip Buys oor hierdie en ander brandpunte gesels en uitgevind hoekom hy hoop vir die toekoms het te midde van talle uitdagings.

nommer 3 van 2011

8

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys Hoe raak die verkiesing Solidariteit? Die uitslag van die onlangse munisipale verkiesing is min of meer wat ons verwag het. Net soos elders in die wêreld word kiesers se stem nie deur beleid of regeringsprestasie bepaal nie, maar deur groepsidentiteit. Kiesersgedrag is nou maar een maal nie dieselfde as kopersgedrag nie, al is dit soms onbegryplik. Dit beteken in die meeste stede en dorpe gaan munisipale regering steeds vrot wees. Ons sal dus vinniger alternatiewe oplossings vir ons knellende probleme in werking moet stel. Is daar tans groter werksekerheid? Beslis. Die meeste ekonomiese aanwysers is matig positief, al is daar nie oral skerp stygings nie. Dit gaan byvoorbeeld nog lank neem voordat die eiendomsmark regkom. Mense moet steeds versigtig wees vir onnodige skuld. Salarisonderhandelings gaan vanjaar steeds taai wees omdat werknemers finansieel steeds swaarkry, maar maatskappywinste is in baie gevalle nog onder druk. Om op te som: Groter werksekerheid, maar matige verhogings. Solidariteit is tans betrokke by verskeie hoëprofielhofsake oor onbillike regstellende aksie, soos die Renate Barnard-appèlsaak. Wat is die vakbond se kans om dié saak te wen, en watter gevolge kan die uitspraak hê? Ons steun gelykheid in die werkplek en glo daar moet maatreëls in plek wees om ongelykhede reg te stel. Maar blatante, onbillike diskriminasie onder die dekmantel van regstellende aksie kan nie geduld word nie. Ons het die afgelope jaar reeds agt van hierdie sake gewen, maar die SAPD het Renate se saak op appèl na die Arbeidsappèlhof geneem. Ons sal dus ’n paar maande vir die uitspraak moet wag. Omdat dit so ’n belangrike toetssaak is wat ’n groot invloed op baie van ons lede se werkomstandighede kan hê, het ons vir dr. John Grogan (SC), een van ons land se topadvokate, aangestel as leier van die regspan wat die saak hanteer. Ons het goeie moed, want Solidariteit Regsdienste se sukseskoers is bykans 90%. As ons die saak verloor, gaan ons appelleer, want ons weet ons saak is reg en ons glo dit is in landsbelang dat almal billik behandel word, ongeag ras of kleur. Die uitspraak kan beslis die toepassing van regstellende aksie raak, en Solidariteit Regsdienste is besig met ’n omvattende ondersoek na maniere om groter billikheid en balans te verseker. Solidariteit het groot planne met Sol-Tech en ’n nuwe akademiese instelling. Vertel meer. Ons lei tans 510 vakleerlinge op, en wil dit

SPRE E K B U Y S flip buys volgende jaar na 800 vermeerder. Danksy ons lede se Groeifondsbydraes het ons nou die toerusting en opleidingsgeriewe, en met ’n slaagsyfer van bykans 100% vir die nasionale kwalifikasie is Sol-Tech gereed vir die volgende fase. Ons huur tans twee opleidingsentrums in Pretoria, maar het reeds grond aangekoop vir die bou van ons eie kampus om Sol-Tech en ons beplande nuwe akademiese instelling op tegniese vlak te huisves. Ons werk reeds drie jaar aan die konsep van hierdie telematiese technikon wat landwyd opleiding sal kan aanbied. Ons het reeds om akkreditasie aansoek gedoen, en hoop om volgende jaar af te skop met een diploma- en twee sertifikaatkursusse, aangebied by minstens drie opleidingsentrums op ander plekke in die land. Die jaar daarop wil ons vinnig uitbrei, met meer opleidingsentrums en kursusse. Ons teikenmark is die sowat 75% jongmense wat nie universiteit toe gaan nie, asook werknemers wat hul kwalifikasies wil verbeter. Ons gaan fokus op skaars en kritieke nietegniese rigtings, en wil oor ’n paar jaar toesien dat duisende mense die geleentheid het om landwyd gehalteopleiding in hul eie taal te kan kry. Die Kampus gaan sowat R150 miljoen kos, en ons gaan ’n groot geldinsamelingsveldtog aanpak om dit te bou. Intussen gaan ons met Sol-Tech se huidige sentrums voort, en bou ons die telematiese instelling se uitsaai-ateljees in een van ons geboue in Centurion. Watter projekte lê nog voor vir 2011? Ons het talle nuwe projekte wat elke paar maande afskop, terwyl verbeterings aan bestaande projekte deurlopend aangebring

number 3 of 2011

9

word. Die bekendstelling van die versekeringsmaatskappy Virseker, ’n nuwe vennootskap met Auto & General, het goed afgeskop en gaan nou verder ontwikkel word. Dr. Dirk Hermann is onlangs by die bemarking van Virseker betrek, wat ons positief maak dat dinge nou nog gladder sal verloop. Die wins wat ons uit Virseker maak asook bydraes deur Auto & General, sal aangewend word vir Solidariteit Helpende Hand-studiebeurse en, wanneer die maatskappy groot genoeg raak, ook vir die bou aan Die Kampus. Só wil ons ’n monument vir die toekoms bou, nie vir die verlede nie! Die tweede groot projek is WerkNet, ons internetgegronde personeelagentskap wat onlangs ná ’n jaar se ontwikkelingswerk bekendgestel is. WerkNet vorm deel van Solidariteit Helpende Hand se dienste, en bied ’n gratis platform waarop mense hul CV’s kan sit. Omdat ons dit in vennootskap met groot personeelagentskappe bedryf, is honderde werkgewers reeds deel van die stelsel. WerkNet bied ook loopbaandienste soos beroepsvoorligting aan jongmense. Wat is Solidariteit se prioriteite as dit kom by arbeidsverhoudinge? Die belangrikste is die salarisonderhandelings wat nou aan die gang is, en ook die inwerkingstelling van die omvattende arbeidsverhoudingebeleid en onderhandelingstrategie wat oor die afgelope jaar ontwikkel is. Ons onderhandelingspanne en organiseerders is gereed vir dit wat voorlê. Die Solidariteit Navorsinginstituut speel ook ’n belangrike rol en het onlangs uiters positiewe terugvoer ontvang van Europese vakbonde wat kom kyk het wat ons doen. Maar beroepsgesondheid en -veiligheid geniet ook voorrang. Adv. Paul Mardon en sy span doen wonderlike werk. Op ons onlangse Kongres het ons bekendgemaak dat hulle verlede jaar vir ons lede meer as R200 miljoen gekry het as vergoeding vir beroepsiektes en -beserings. Het Solidariteit ’n groter plan om die bekommernisse van sy lede aan te pak? Ons het twee jaar gelede saam met ’n groep burgerlike organisasies begin werk aan ’n scenariobeplanning vir die toekoms. Altesame 42 van die land se voorste navorsers is onder meer daarby betrek, waaronder oudrektors van groot universiteite. Hulle werk sedert die begin van die jaar aan oplossings vir die knelpunte wat geïdentifiseer is en sal binne die volgende maande die resultate van hul navorsing en hul bevindings bekendstel. Dan begin die groot, maar opwindende proses om die planne in werking te stel. Daarom het ek steeds groot hoop vir die toekoms. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Tuiste vir die toekoms: ’n Kunstenaarsvoorstelling van Die Kampus wat Sol-Tech en die Solidariteit Beweging se telematiese akademie sal huisves.

Die Kampus: Monument vir die toekoms

KUNSTENAARSVOORSTELLINGS: VERSKAF

d

Deur Ilze Nieuwoudt

ie Solidariteit Beweging weet lank reeds dat opleiding die beste belegging in ons land se jeug is en juis om hierdie rede is Sol-Tech, die Beweging se eie tegniese opleidingsinstelling waar nagenoeg 510 studente tans opleiding ontvang, op die been gebring. Omdat Solidariteit ook besef dat dit nie genoeg is om jongmense net in tegniese rigtings op te lei nie, het Solidariteit nog altyd gedroom om eendag ’n kampus op te rig waar jongmense in Afrikaans opleiding in skaars en kritieke vaardighede kan ontvang. En dié droom gaan eersdaags bewaarheid word. Volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, is opleiding die beste manier om die kringloop van werkloosheid en armoede te verbreek en te verhinder dat iemand in armoede verval. Hy beskou opleiding as ’n belegging in die ekonomie, aangesien daar ’n regstreekse verband tussen ’n land se opleidingsplafon en sy groeiplafon is.

“Ons lei jongmense nie vir onsself op nie – ons lei hulle vir die land se ekonomie op,” verduidelik hy. Die opleidingspiramide in Suid-Afrika is heeltemal skeefgetrek. Daar is baie meer universiteitstudente as kollegestudente. In ’n normale ekonomie is dit omgekeerd. Wat moet ons doen om die krisis te oorbrug? Ons moet bou! Volgens Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, is die skewe opleidingspiramide in SuidAfrika duidelik. “In 2009 was daar meer as 690 000 studente by hoofstroom-universiteite in SuidAfrika, terwyl sowat 140 000 studente by universiteite van tegnologie geregistreer was en sowat 520 000 by verdere onderwys- en opleidingskolleges (VOO). In ’n ideale omgewing moet die grootste aantal studente eerder aan VOO-kolleges studeer en die kleinste aantal by hoofstroom-universiteite.” Sol-Tech het reeds bewys dat daar ’n

nommer 3 van 2011

10

dringende behoefte aan gehalteopleiding in Afrikaans bestaan en die welslae van dié kollege spreek vanself. Opleiding in verskeie ambagte word hier aangebied en Sol-Tech spog met van die bes toegeruste werkwinkels in die land. Tog is die opleidingsleemte nog nie gevul nie en is die mikpunt om die huidige vermoë van 510 studente te verdubbel. Daarbenewens gaan ’n telematiese akademie wat loopbaangerigte kursusse in nietegniese rigtings aanbied, eersdaags die lig sien. Dié instelling gaan lesings vanuit ’n sentrale kampus na kleiner kampusse dwarsoor Suid-Afrika uitsaai. Die Solidariteit Beweging wil ook kortkursusse, Saterdagskole en ander metodes van opleiding aanbied. Om al hierdie doelwitte te verwesenlik, moet ons ’n kampus oprig waar al die aktiwiteite sal plaasvind. Die Solidariteit Beweging het daarom ’n eiendom langs die Waterkloof-lugmagbasis gekoop waar Die Kampus gebou gaan word.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

DIE KAMPUS-FEITE • Die Kampus gaan die tuiste wees van die land se grootste Afrikaanse tegniese kollege en die telematiese instelling wat tot soveel as 10 000 studente sal kan oplei. • Die Kampus gaan onder meer eendagkursusse, vakansie- en Saterdagskole aanbied. • Die Kampus gaan fokus om mense in kritieke vaardighede op te lei. • Die boukoste van Die Kampus gaan nagenoeg R150 miljoen beloop. • Die eiendomsontwikkelingsgroep Atterbury sal die bouprojek monitor. • Die argitek Jeremie Malan is verantwoordelik vir die ontwerp van Die Kampus en het opdrag gekry om die Afrikaanse kultuurerfenis in alle aspekte van sy bouplanne te vereer.

HOE KAN ÉK HELP BOU? • Koop stene: Jan en alleman gaan aangemoedig word om stene teen R1 000 per steen te koop. Die stene kan kontant of per debietorder betaal word. • Skenk ’n enkelbedrag: ’n Maatskappy of individu kan ’n enkelbedrag skenk. So ’n skenking is ’n belegging in jongmense en die ekonomie. • Borg ’n lokaal: ’n Maatskappy, trust of individu kan ’n lokaal of werkwinkel borg wat na die maatskappy of individu vernoem sal word. • Skenk materiaal: ’n Staalonderneming kan staal skenk of ’n bouonderneming kan stene skenk of teen kosprys verskaf. • Kom met ’n voorstel: Enige ander voorstelle word verwelkom. Stuur jou voorstel na arina@solidariteit.co.za, of bel Arina Stoker by 012 644 4473. • Neem korttermynversekering by Virseker uit: ’n Gedeelte van die premies van Virseker sal vir die oprigting van Die Kampus aangewend word. S

number 3 of 2011

11

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Só oorbrug gestremdes struikelblokke

t

Deur Moira-Marie Kloppers, Cilleste van der Walt & Nico Strydom

FOTO’S: VERSKAF; iSTOCKPHOTO.COM

en spyte van ’n goeie Grondwet, wetgewing wat hulle beskerm en verskeie beloftes van die regering en instellings, moet Suid-Afrikaners met gestremdhede steeds baie hard veg om hulself op alle vlakke van die samelewing te handhaaf. In die werkplek is die stryd uiters taai en die uitdagings soveel groter. ALLES BEHALWE DOM EN DOOF “Ek hek ’n wêk kiky!” beduie Marietjie Malan (18) opgewonde. Eers sukkel ’n mens om te verstaan wat sy sê. Maar ná ’n tweede en derde probeerslag, verstaan ek: “Ek het werk gekry!” Marietjie vertel opgewonde van haar werk as sorteerder en verpakker by ’n popwinkel by Pathways Studio, ’n sentrum vir jong volwassenes met gestremdhede. Hier word elke jong volwassene geëvalueer om te bepaal wat sy of haar vermoëns en belangstellings is en dan beroepspesifiek opgelei en by gepaste werkgewers geplaas. Marietjie is serebraal gestremd. Sy is ’n spastiese kwadrupleeg, wat beteken elke spier in haar liggaam is in verskillende grade aangetas. Haar onderlyf se spiere is te styf, wat veroorsaak dat sy hinkepink stap. Haar bolyf se spiere is weer te slap, wat haar handkoördinasie belemmer en haar gesigspiere aantas. Volgens haar ma, Marietha Malan, is kommunikasie een van die grootste uitdagings. “Daar is so baie mense wat, wanneer hulle Marietjie die eerste keer hoor praat, onmiddellik aanneem sy is dom en sommer doof ook,” sê sy. Marietjie is alles behalwe dom of doof. Sy kan lees en op die rekenaar tik, hoewel dit heelwat moeite verg. Tipies tiener is sy gek oor mooi klere, grimering en juwele, vertel haar ma. En eie aan haar geslag is haar gunsteling tydverdryf om winkels toe te gaan. Dít alles ondanks verskeie dokters se diagnose dat sy nooit sal kan loop of praat nie en dat haar ma haar liewer in ’n inrigting moet sit. Volgens Marietha onderskat mense dikwels wat ’n gestremde kan doen. Marietjie is van kleuterdae af ’n ywerige entrepreneur en mal oor kosmaak. “Van kleins af moes ons koekies bak of kaartjies maak om te verkoop,” onthou sy. “Marietjie bedryf tans ook haar eie snoepie by Pathways.” Vir jongmense soos Marietjie, wat nooit

SUID-AFRIKANERS MET GESTREMDHEDE Meer as 2,25 miljoen Suid-Afrikaners, oftewel sowat 5% van die bevolking, leef met die een of ander vorm van gestremdheid. Slegs sowat 19% van hulle het werk. Navorsers meen die tekort aan opleidingsgeleenthede vir mense met gestremdhede is een van die belangrikste redes vir dié lae indiensnemingsvlakke. Volgens Statistiek SuidAfrika is die voorkoms van verskillende soorte gestremdhede soos volg: • Gesiggestremdheid – 32% • Liggaamlike gestremdheid – 30% • Gehoorgestremdheid – 20% • Emosionele gestremdheid – 16% • Intellektuele gestremdheid – 12% • Spraakgestremdheid – 7%

“Gestremde mense word oorgesien omdat mense dink ons kan nie dieselfde werk as ’n ander werknemer doen nie.” ~ Erica de Winnaar ~

volkome onafhanklik sal wees nie, is daar bitter min geleenthede in die arbeidsmark. Tog is daar mense en instellings soos Pathways wat moeite doen om gestremdes te help om ’n waardevolle bydrae te lewer. ‘GESTREMDES NIE VAN GLAS GEMAAK’ Erica de Winnaar (22) het nooit kon dink haar lewe sal in ’n oogwink op ’n doodgewone middag ná werk so drasties verander nie. Sy was van Pretoria af op pad na haar suster se huis in Evander, toe ’n vragmotor vir ’n slaggat uitgeswaai en voor haar ingery het. Sy het probeer om uit die vragmotor se pad te kom en die motor het gerol. Die ongeluk het haar ’n kwadrupleeg gelaat. Erica woon deesdae in Huis Wielewelkom in Centurion, ’n organisasie sonder winsoogmerk wat omsien na verlamdes. Inwoners leer ook vaardighede aan om na hulself om te sien en werkgeleenthede te kan aangryp. Werk is van kardinale belang vir Erica, omdat sy haarself moet onderhou. Werkgewers dink egter ’n mens is van glas gemaak

nommer 3 van 2011

12

as jy gestremd is, vertel Erica. “Gestremde mense word oorgesien omdat mense dink ons kan nie dieselfde werk as ’n ander werknemer doen nie,” sê sy. Sy wil graag weer werk en haar studies voltooi, maar niemand wil haar ’n kans gee om haarself te bewys nie. Boonop is geboue dikwels nie toegerus om gestremde mense te akkommodeer nie, en Erica is van mening dat dit haar dikwels daarvan weerhou om ’n normale lewe te lei. “Ek was eenmaal in ’n gebou toe die alarm afgegaan het,” onthou sy. “Almal het uitgestorm sonder om te dink aan dié wat gestremd is. Daar was oral net trappe en die hysbak het nie gewerk nie. Wat sou gebeur het as dit ernstig was?” Nog ’n struikelblok, verduidelik Erica, is dat mense nie ingelig is oor gestremdheid en wat dit behels nie. “Ons lewe sal soveel makliker wees as ander mense weet hoe gestremdes vervoer behoort te word, hoe om iemand terug in sy rolstoel te help en wat gestremdes se werklike vermoëns is.”

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Marietjie Malan

‘GELOOF DRA MY DEUR MOEILIKE TYE’ Sone van der Westhuizen het op 16-jarige ouderdom in ’n busongeluk die gebruik van haar bene verloor. Vandag, 14 jaar later, is sy ’n spraakterapeut en oudioloog by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria. Sone (29) is gelukkig getroud en die ma van ’n klein seuntjie. Die ongeluk waarin Sone op 5 April 1997 haar rug gebreek het, het haar ’n parapleeg gelaat.

Erica de Winnaar

Sy het haar egter nie laat onderkry nie en het sonder huiwering haar droom nagejaag om in die mediese bedryf te werk. “My gestremdheid het beslis ’n invloed op my beroepskeuse gehad. Dit was nie so maklik om Spraakterapie en Oudiologie te gaan studeer nie, want die keuringsproses is nogal streng. Ek was baie bekommerd dat my gestremdheid teen my sou tel.” Sone sê haar gestremdheid beïnvloed nie haar vermoë om haar werk te doen nie, te

Sone van der Westhuizen

danke daaraan dat die hospitaal goed ingerig is vir haar. “My geloof dra my deur die moeilike tye.” Vir ander gestremde persone het Sone ’n boodskap: “Moenie dat jou gestremdheid jou onderkry nie! Jy gaan dinge dalk nie op dieselfde manier doen as iemand wat nie gestremd is nie, maar jy kan dit steeds doen. Huil as jy wil, en huil hard. Die belangrikste is dat jy dan weer jou trane afvee, jou kop oplig en die wêreld in die oë kyk.” S


newsworthy

Growing distrust in SA – Buys

a

By Ilze Nieuwoudt

growing distrust in government is taking hold of South Africans and causing mounting tension between the government and various groups of citizens. This statement was made by Flip Buys, General Secretary of Solidarity, at the movement’s Annual National Congress held on April, 19. “The time has come for mutual trust to be renewed. At the moment our country is characterised by growing distrust, increased disillusionment, and even mounting anger about all that is wrong,” Buys said. “The government has a responsibility to fulfil its part of the contract which, amongst other things, involves properly governing the country, responsibly using taxes, and fulfilling its core responsibilities such as safety. “It is Solidarity’s inevitable conclusion that the government is no longer fulfilling its part of the contract, and this is the reason why many of its citizens have lost confidence in government. This breach of confidence, amongst other things, has a severe impact on minority groups in South Africa.”

tures and human lives are non-negotiable. Secondly, such a dialogue should be more than just people listening to one another’s views. Instead, something should be done to solve the issues identified. “We are tired of talking about recurring and unsolved issues such as unfair affirmative action, violent crimes, Afrikaans schools and universities, and the criminalisation of our history, without these issues being addressed,” he continued. “We dearly want this country to be successful because we live here too – we and our children. We really want to help make this country successful, but then we mustn’t be excluded or marginalised. We want to cooperate with government, but then our people must not be wished dead or willed dead.” FIVE REASONS FOR DISTRUST IN SA According to Buys, the crisis of distrust in South Africa is largely due to five reasons: • A weakening of the state. • The declining value of taxes. • Democratic exclusion. • Poverty and inequality. • Transformation. In his speech, Buys emphasised that Solidarity is committed to searching for solutions for the country’s challenges. “The ANC cannot solve the country’s problems all by itself. We want to help find solutions for our country’s and cultural community’s problems in a constructive way,” Buys concluded. S

TIME FOR CHANGE Buys emphasised that the time has come to renew the confidence between groups in South Africa through national dialogue. “To ensure that it doesn’t degenerate into aimless talking, two conditions should be met. Firstly, mutual recognition and respect for people, communities, cul-

FOTO: REINT DYKEMA

AL MEER MENSE VOEL TUIS BY SOLIDARITEIT Tydens Solidariteit se Nasionale Kongres op 19 April vanjaar is die uitsonderlike groei wat die Solidariteit Beweging op talle terreine beleef het, as ’n hoogtepunt van die afgelope jaar gevier. Volgens Steve Scott, president van die Solidariteit Beweging, het die Beweging in die afgelope jare ongekende groei ervaar, juis omdat die organisasie nie passief is nie. “Die Solidariteit Beweging het gegroei omdat hy bereid was om dinge anders te doen, risiko’s te neem en dikwels onbekende terrein te betree,” het hy aan kongresgangers gesê. “Die Beweging het in 2010 die grootste groei in sy geskiedenis aangeteken en met bykans 50 000 lede gegroei. “Dit is groei wat dag ná dag sterker die boodskap uitroep: Hier is Solidariteit! Hier is jou tuiste!” • Lees ook die hoogtepunte uit die Solidariteit Jaarverslag op bladsy 23.

nommer 3 van 2011

Steve Scott

14

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

Kadalie pak kwessies kaalvuis

s

Deur Ilze Nieuwoudt

y haat die woord transformasie, sy glo die ANC-regering moet by die apartheidsregering gaan kers opsteek oor hoe Afrikaans gevestig is en sy reken dat die regeringswoordvoerder Jimmy Manyi ’n blatante rassis is. Rhoda Kadalie, akademikus, menseregteaktivis, voormalige direkteur van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, direkteur van die niewinsgewende organisasie Impumelelo Social Innovations en skrywer van rubrieke in verskeie groot dagblaaie, is ’n kommentator wat nie skaam is om haar opinie te gee nie. Niemand word ontsien nie, maar niemand Rhoda Kadalie kan ook met haar opregte eerlikheid stry nie, want dit is asof sy as’t ware met haar uitsprake ’n spieël voor Suid-Afrika, sy grootkoppe en sy mislukkings ophou. Kadalie het Solidariteit toegespreek tydens die Nasionale Kongres wat op 19 April in Muldersdrift gehou is. Haar openhartige toespraak was presies waaraan Suid-Afrikaners gewoond is – eerlik. Sy het sonder handskoene onder talle van die grootste name in die Suid-Afrikaanse politiek ingeklim. Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, en Manyi het albei onder skoot gekom.

“Manyi is ’n blatante rassis,” het Kadalie gesê. Sy meen Manyi se taalgebruik ten opsigte van bruin Suid-Afrikaners smaak na etniese suiwering en dui op ’n sosiale demografiese ingenieursprogram wat die waarde van dié gemeenskappe tot blote kommoditeite reduseer. “Jimmy Manyi en Julius Malema is die bewys van wat gebeur wanneer ondergekwalifiseerde mense mag gegee word,” het Kadalie gesê. Kadalie het ook die sing van die lied “Skiet die Boer” veroordeel en beklemtoon dat die lied vandag, soos tydens die apartheidsera, sleg is vir rasseverhoudings en dat enige aanhitsing om te moor nie goedgepraat kan word nie. OOR REGSTELLENDE AKSIE Kadalie het haar tydens haar toespraak sterk oor die toepassing van regstellende aksie in Suid-Afrika uitgespreek. Sy reken dat regstellende aksie slegs kan slaag wanneer dit hand aan hand met die korrekte kwalifikasies, vaardighede en meriete gaan. Daarbenewens meen sy dat regstellende aksie, soos wat dit tans in Suid-Afrika toegepas word, onsuksesvol is. OOR SOLIDARITEIT Oor Solidariteit as ’n vakbond het sy gesê die Beweging is ’n voorbeeld van uitnemendheid binne die chaos in Suid-Afrika. “Solidariteit is die enigste vakbond in Suid-Afrika wat ek bewonder,” het Kadalie gesê. Sy het beklemtoon dat sy veral beïndruk is met die feit dat Solidariteit die saak opgeneem het van die twee polisielede wat deur Winnie Madikizela-Mandela aangekla is.

OOR MANYI EN MALEMA Manyi het vroeër vanjaar ’n mediaherrie veroorsaak nadat Solidariteit beeldmateriaal vrygestel het waarin hy onder meer gesê het bruinmense is oorverteenwoordig in die Wes-Kaap. Kort daarna is ’n klankgreep ook vrygestel waarin hy oor die aantal Indiër Suid-Afrikaners in topposisies uitgevaar het.

FOTO: REINT DYKEMA

RHODA KADALIE IN ’N NEUTEDOP ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch in 2010. • Sy is tans die uitvoerende direkteur van die Impumelelo Social Innovations Centre, ’n niewinsgewende organisasie wat innoverende projekte deur die openbare en privaat sektor identifiseer en bevorder ten einde die lewensgehalte van behoeftiges te verbeter. • Sy dien in verskeie rade en skryf gereeld rubrieke vir Beeld, Die Burger en Business Day. • Haar boek In Your Face is twee jaar gelede vrygestel. S

• As akademikus doseer sy vanaf 1976 tot 1995 sosiale antropologie en word sy later ook die stigter van die Gender Equity Unit aan die Universiteit van die Wes-Kaap. • Vanaf 1995 tot 1998 is Kadalie kommissaris van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en sy word steeds as een van Suid-Afrika se mees prominente menseregteaktiviste beskou. • In 1999 word sy met ’n eredoktorsgraad deur die Universiteit van Uppsala in Swede vereer. Dit word opgevolg deur ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van die Wes-Kaap in 2007 en

nommer 3 van 2011

16

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


AKSENT MEDIA • 07/2010


nuuswaardig

Uitspraak voorbehou in groot SAPD-regstelsaak

i

Deur Ilze Nieuwoudt

n een van die vernaamste regstellendeaksie-sake tot nog toe in Suid-Afrika is uitspraak in Mei voorbehou. Solidariteit hanteer die saak van die onbillike toepassing van regstellende aksie in die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) namens kapt. Renate Barnard. Die saak is op 4 Mei in die Arbeidsappèlhof in Johannesburg aangehoor.

HOEKOM IS UITSPRAAK VOORBEHOU? Wanneer uitspraak voorbehou word, beteken dit dat die regters die regsopinies in hul eie tyd gaan oorweeg en die meriete van die saak heroorweeg. WAT BETEKEN DIT VIR DIE SAAK? In die geval van ’n appèlsaak, is dit eintlik ongehoord dat uitspraak dadelik gelewer word. Die uitstel is dus geen aanduiding van die sukses of mislukking van ’n saak nie. HOE LANK KAN DIT NEEM VOORDAT UITSPRAAK GELEWER WORD? Die regters in dié saak het die aantal argumente wat in die appèlsaak gelewer is, beperk. Die regters kan waarskynlik binne so min as vier maande reeds ’n uitspraak in die saak lewer.

FOTO: REINT DYKEMA

WAT IS DIE VOLGENDE STAP? Die uitspraak wat gelewer word, sal Solidariteit se volgende stap bepaal. As die appèl in die SAPD se guns beslis word, sal Solidariteit een van twee roetes volg: • Indien die uitspraak op grondwetlike kwessies in die saak fokus, sal Solidariteit die moontlikheid oorweeg om die saak na die Grondwetlike Hof te verwys. • Indien dit nie die geval is nie, sal Solidariteit steeds die saak na die hoogste Appèlhof in Bloemfontein verwys. WAT SÊ DIE KENNER? Volgens adv. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit Regsdienste se Arbeidshof-afdeling asook hoof van kapt. Renate Barnard se regspan, is hy en sy span baie positief oor die verwagte uitkoms van die Barnard-saak. “Ek is baie positief oor ons saak en natuurlik oor die meriete daarvan. Solidariteit is geensins afgeskrik deur die nuwe argumente wat die SAPD tydens hul appèl voorgelê het nie. Solidariteit Regsdienste is vasberade om die saak te laat slaag en sal dit verder neem indien nodig.”

KAPT. RENATE BARNARD-SAAK: ’N TYDLYN Solidariteit pak die saak van kapt. Renate Barnard oor die onbillike toepassing van regstellende aksie in die SAPD en voer onder meer aan dat dit ’n negatiewe uitwerking op dienslewering het. • 2004: Kapt. Barnard begin werk in die eenheid vir klagte-ondersoeke by die SAPD. • September 2005: Barnard doen vir die eerste keer aansoek om bevorder te word na die pos van superintendent van die eenheid vir klagte-ondersoeke. • November 2005: Die onderhoudspaneel beveel Barnard as die geskikte kandidaat vir die aanstelling aan, maar die afdelingskommissaris beslis dat Barnard nie aangestel moet word nie, omdat haar aanstelling nie verteenwoordiging sal bevorder nie. Die pos word nie gevul nie. • Mei 2006: Dieselfde pos word weer geadverteer. Barnard doen weer aansoek. • Junie 2006: Barnard word weer as die geskikte kandidaat aangewys. • Julie 2006: Die afdelingskommissaris beveel aan dat Barnard in die pos aangestel word. Volgens die afdelingskommissaris se aanbeveling sou die verkeerde boodskap oorgedra word as Barnard nie dié keer in die pos aangestel word nie. Die aanbeveling het ook aangedui dat aanstellings en bevorderings gedoen moet word om dienslewering aan te pak. • April 2007: Nadat die SAPD se interne grieweprosedure nie die aangeleentheid kan besleg nie, word ’n saak van onbillike diskriminasie na die Kom-

Kapt. Renate Barnard

missie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. Die saak kan nie by die KVBA opgelos word nie en word na die Arbeidshof verwys. • Februarie 2010: Solidariteit wen die regstellendeaksie-saak by die Arbeidshof in Johannesburg. • Maart 2010: Die SAPD dien stukke in en doen aansoek om verlof tot appèl. • Mei 2011: Appèl word aangehoor en uitspraak word voorbehou.

SOLIDARITEIT SE REGSTELWELSLAE Solidariteit het reeds agt individue se regstellendeaksie-sake voor die Arbeidshof gebring. ’n Verdere nege sake moet nog voorkom. Dit bring die aantal sake oor die toepassing van regstellende aksie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die staatsdiens wat Solidariteit namens lede pak, op sewentien te staan. S

nommer 3 van 2011

18

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



newsworthy

Employment: It’s all about making profit

ILLUSTRATION: iSTOCKPHOTO.COM

e

By Piet le Roux

xchange – of which employment is a remarkable example – makes the world go round. The answer to why employment is so interesting lies at the other end of what makes exchange so extraordinary. Exchange is in everything you see around you. Have a look: Is there anything you could have made yourself? Replicating even the simplest household utensil would be impossible. Think about mining for metal: With what would you have mined it? Imagine trying to melt the ore: How would you generate the required energy? Consider the metal’s shape and finishing: Where would you have obtained a mould? Now imagine not only trying to make that one simple utensil but also providing, simultaneously, in all your own needs: Be it a need for nutrition, medicine, housing, entertainment or anything else you are used to enjoying. Clearly, sustaining the self all by yourself is not possible – to even make such an attempt would equate taking the first step down the road to poverty. The only way any human being can escape the brutish, nasty and short life of self-sufficiency, so it seems, is to lay claim to things other people have.

that one of the parties actually makes a loss while the other makes a profit? The amazing thing about exchange is that both parties actually profit! Does this sound too good to be true? It works like this: Because exchange is voluntary – remember: nobody can force anybody to do anything against his or her will – every party to the exchange must be under the impression that he or she is making a profit. If anyone thought that he or she will acquire something of less value than he or she is sacrificing in return, that person would surely not have made the exchange. This is called a double coincidence of wants: Every party values the other party’s property higher than he or she does his or her own. For example, John likes Clara’s cell phone more than the R2 000 he has saved. Clara likes John’s R2 000 more than her own cell phone. If Clara gives John her cell phone, and if John in return gives Clara his R2 000, both will be better off than before the exchange. In fact, both have profited! Whereas theft is a negative sum game, whereby someone loses more than the other gains, we can see that, likewise, exchange is a positive sum game: Everybody is wealthier after the fact!

WHAT IS EXCHANGE? Exchange – or call it trade if you wish – is when two parties give things to one another without one being forced to do so by the other. How can that be? Doesn’t this mean

THE VALUE OF A SALARY Employment works in much the same way. An employee values his or her salary more than he or she values the amount of leisure that person has to sacrifice by going to work. In

nommer 3 van 2011

20

turn, an employer values the employee’s work more than it values the money it has to sacrifice when it pays the employee. As long as an employer is of the opinion that an employee renders a profit, and as long as the employee too is of the opinion that he or she is making a profit by being paid more money than what he or she thinks using his or her time for something else is worth, we have a deal. Now, of course, an employer would like to pay as little as possible for the labour it receives from its employees but in much the same manner, an employee would like to get as much money as possible. Each one has a bottom line: As soon as either the employee or the employer is of the opinion that he or she is not making a profit anymore, that person will terminate the labour-salary exchange. This is why a union like Solidarity is so important for workers and employers. Because we specialise and act on behalf of many employees simultaneously, we can negotiate better deals for our members than they would be able to do if they acted on their own. We make sure that our members – the employees – make as big a profit as possible, without overstretching their employer. We want our members’ employers to make a profit too: In short, we realise that this is a fundamental condition to our members’ continued employment. Thus we negotiate on behalf of our members in such a way that both employee and employer share in a positive sum game. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Wêreldbeker gee entrepreneurs skop

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

v

Deur Nico Strydom

erlede jaar se Wêreldbekersokkertoernooi het ’n positiewe uitwerking op Suid-Afrika se entrepreneurskap gehad. Luidens die jongste verslag van die Global Entrepreneurship Monitor (GEM) het die vlak van vroeëstadiumentrepreneurskap (TEA) in 2010 tot 8,9% van die bevolking gestyg teenoor 5,9% in 2009. Betrokkenheid by bestaande entrepreneursondernemings onder die volwasse bevolkingsgroep tussen die ouderdom van 18 en 64 jaar het verlede jaar tot 5,1% gestyg. Eienaarskap van nuwe entrepreneursondernemings het van 2,5% tot 3,9% gestyg. Hoewel daar verlede jaar ’n toename in die aantal nuwe ondernemings was, het die aantal gevestigde entrepreneursondernemings wat al langer as drie jaar bestaan, onder die wêreldgemiddeld gebly. Suid-Afrika was verlede jaar tweede laaste op ’n ranglys van 59 lande, met ’n gevestigde entrepreneursondernemingskoers van net 2,1%. Suid-Afrika se TEA-vlak van 8,9% is ook steeds onder die wêreldgemiddeld van 11,9%. Suid-Afrika blyk ook ver agter sy mede Brics-lande Brasilië, Rusland, Indië en China te wees. Dié lande beskik oor van die vinnigste groeiende ekonomieë ter wêreld. Suid-Afrika is in Desember verlede jaar uitgenooi om by die groep aan te sluit, maar sukkel egter om die mas op te kom in die daarstelling van ’n werkbare omgewing vir entrepreneurs. Dr. Mike Herrington, hoof van die sentrum vir vernuwing en entrepreneurskap (CIE) aan die Universiteit van Kaapstad se nagraadse bestuurskool, sê hoewel die groei gedurende die Wêreldbekersokkertoernooi positief was, moet dit volhoubaar wees om betekenisvol te kan wees. Volgens Herrington sal baie van die entrepreneursondernemings wat tydens die toernooi en vir die spesifieke doel gestig is, nie noodwendig oor drie jaar meer bestaan nie. “Die toernooi het bewys dat Suid-Afrika met die nodige regeringsteun en betrokkenheid van groot maatskappye sy entrepreneursaktiwiteite intern kan stimuleer. “Die vraag bly egter of hierdie TEA-vlak volgehou kan word,” sê Herrington. Luidens navorsing word die meeste werk geskep deur ondernemings wat ouer as drie jaar is. Herrington meen TEA is veronderstel om in Suid-Afrika se huidige stadium van ekonomiese ontwikkeling baie hoër te wees. Hy sê SuidAfrika behoort eintlik ’n TEA van sowat 15% te hê teenoor die huidige 8,9%. Suid-Afrika beklee tans die 27ste plek van die 59 lande wat geëvalueer is. Die meeste TEA-entrepreneurs in Suid-Afrika is tussen die ouderdom van 25 en 44 jaar. Vroue maak egter deesdae ’n groter deel van die groep uit. Die navorsing toon egter dat Suid-Afrikaners in hulle vermoë twyfel om ’n onderneming te begin. S number 3 of 2011

21

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Dae van goedkoop brandstof getel

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Paul Joubert

ie prys van ’n liter petrol in Gauteng het in Mei vir slegs die tweede keer in die geskiedenis deur die vlak van R10 per liter gebreek. Dit volg op herhaaldelike stygings in die internasionale pryse van petroleumprodukte. Die sterker plaaslike geldeenheid kon hierdie stygings se uitwerking nie ten volle teenwerk nie. Intussen het die regering in April ook die heffings op petrol en diesel verhoog. Nadat die prys van petrol (93 oktaan) in Gauteng in Julie 2008 ’n hoogtepunt van R10,50 per liter bereik het, het dit in Januarie 2009 tot R5,82 gedaal. Dit het gepaard gegaan met internasionale oliepryse van onderskeidelik sowat $128 en $39 per vat en wisselkoerse van R7,95 en R10,01 teenoor die Amerikaanse dollar. Dit beteken dat ’n olieprys van ongeveer R1 020 per vat op ’n petrolprys van R10,50 per liter uitwerk, en ’n olieprys van R390 per vat op R5,82 per liter. Ofskoon die olieprys met 62% gedaal het, het die petrolprys slegs met 45% gedaal. Vanwaar die verskil? Die rede vir hierdie verskil is dat die petrolprys ook bestaan uit verskeie heffings, waarvan die brandstofheffing en die Pad-

ongelukkefondsheffing die grootste deel uitmaak, asook die groothandel- en kleinhandelwinsmarges. In Julie 2008 het hierdie komponent ongeveer R3,37 per liter beloop en in Januarie 2009 was dit sowat R3,16. Sou ’n mens dit aftrek van die brandstofpryse in die vorige paragraaf en dan die verandering uitwerk, strook die daling in die petrolprys met die 62%-daling in die olieprys in rand. Intussen het die olieprys weer tot sowat R790 per vat gestyg, met die prys van ’n liter petrol in Gauteng wat in Mei R10,09 beloop. Dié petrolprysstyging word egter nie net deur die internasionale olieprys en die rand-dollar-wisselkoers bepaal nie. Sowat R3,16 van Januarie 2009 se petrolprys van R5,82 per liter het uit heffings en winsmarges bestaan. Sedertdien het hierdie komponent met meer as 37% tot R4,34 toegeneem. Dit beteken dat selfs in die onwaarskynlike geval dat die rand so sterk bly soos dit tans is en die olieprys terugsak tot $40 per vat, sal die petrolprys nie laer as ongeveer R6,20 per liter kan daal nie. Weens die feit dat Suid-Afrika, ten spyte van Sasol en PetroSA se aanlegte, nie genoeg petroleumprodukte produseer om in die

nommer 3 van 2011

22

plaaslike vraag te voldoen nie, is ons uitgelewer aan internasionale prysskommelings. Die plaaslike raffinaderye moet meeding met die prys van ingevoerde brandstof, waaroor Suid-Afrika geen beheer het nie. Die gedeeltes van die plaaslike pryse waaroor die regering wel beheer het, is die algemene brandstofheffing en die Padongelukkefondsheffing. Hierdie heffings word as ’n reël in April elke jaar verhoog. Tog het die minister van finansies hierdie heffings al in die verlede in moeilike ekonomiese tye onveranderd gelaat. Ongelukkig het dit nie die afgelope drie jaar gebeur nie, met heffings wat met ongeveer 50% gestyg het, terwyl kumulatiewe inflasie oor dieselfde tydperk slegs sowat 19% was. Indien hierdie 50%-styging nie plaasgevind het nie, sou die petrolprys in Mei 2011 sowat R9,25 gewees het – ongeveer 84c, of 8%, laer as wat dit werklik was. Die beweegruimte wat die Nasionale Tesourie het om vir motoriste verligting ten opsigte van die petrolprys te gee, is dus maar redelik klein. Dit beteken egter nie dat dit maar geïgnoreer kan word nie. Op die ou end maak elke sent ’n verskil, veral met brandstofpryse wat bokant R10 per liter boer. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Vakbond beleef merkwaardige groei

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

ie Solidariteit Jaarverslag vir 2010 is tydens die vakbond se onlangse Nasionale Kongres bekendgestel en sit talle hoogtepunte van ’n merkwaardige groeijaar vir die Solidariteit Beweging uiteen. • Benewens die miljoene rande se salarisverhogings wat vir Solidariteit-lede beding is, het Solidariteit ook R230 miljoen in lede se sakke gesit. Dit bestaan uit R17 miljoen se vergoeding wat Solidariteit Regsdienste vir lede beding het, R200 miljoen se vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes is beding, R5 miljoen se beurse is aan lede se kinders uitbetaal en R6,4 miljoen is aan bykomende voordele soos die begrafnispolis aan lede uitbetaal. • Organiseerders het Solidariteit-lede in bykans 100 afleggings beskerm. • Salarisverhogings van gemiddeld 3,8% hoër as inflasie is beding. • Die Dienssentrum het meer as 300 000

• • • • • • • • • oproepe hanteer. • Solidariteit is meer as 12 000 keer in die media aangehaal. • Solidariteit Tydskrif se oplaag is tot 100 000

kopieë uitgebrei en word nou beskou as een van die groot vyf tydskrifte in die land. Solidariteit Regsdienste handel 614 sake af. Meer as 600 lede is met eise vir vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes bygestaan. Meer as 27 000 nuwe aansoeke word deur Solidariteit se Lede-administrasie verwerk. Die Solidariteit-dienskantore hanteer sowat 25 000 navrae en 12 000 ledebesoeke. Nuwe inbetalings tot Solidariteit se reserwefondse styg met 15%. Die diensouditverslag toon dat lede ’n algehele tevredenheidsvlak van 80,6% het. Sol-Tech brei sy studentegetalle tot 510 studente uit. Meer as R5 miljoen se beurse word aan sowat 500 jongmense uitbetaal. Solidariteit se takke brei uit tot 115 takke en versprei nagenoeg R6 miljoen se lewensmiddele aan behoeftiges. Meer as 46 000 nuwe lede sluit by die Solidariteit Beweging aan. S

IS JY TOEGEGOOI MET SKULD? IS JY MOEG VIR • “Privaat oproepe” • Skuldbriewe • Dagvaardings • Stres?

SKAKEL Debt Right VANDAG!

082 570 5879 KRY ONMIDDELLIKE VERLIGTING BETAAL 60% MINDER AAN PAAIEMENTE OP • Enige lenings • Meubels • Kredietkaarte • Oortrokke geriewe • Huislenings • Motorpaaiemente

Selfs al is jy agterstallig!

Tel: 012 333 3521 Faks: 086 522 1017 Sel: 082 570 5879 E-pos: feelathome@lantic.net NCR DC 461

D UL

SK

aksent media • 082 445 4513

Christo Human


nuuswaardig

Tree aan vir die musiekblyspel van die jaar!

a

Deur Moira-Marie Kloppers

anhangers van Deon Opperman se treffermusiekspele soos Dis hoe dit was – die Steve Hofmeyr-storie, die Boereoorlogtreffer Ons vir jou en die onlangse Jock of the Bushveld, kan nou reeds uitsien na sy volgende musiekspel, Tree aan! – Dit was die dae toe ons troepies was, wat van 11 Junie tot 17 Julie in die Staatsteater in Pretoria te sien is. Ná die uiters suksesvolle Boereoorlogmusiekspel Ons vir jou vertel Opperman nou ’n grensoorlogstorie. “Dis die oorlog wat ons almal ken,” sê Opperman, “maar baie mense het nog nooit daarmee vrede gemaak nie. Kyk hoeveel manne wat grens toe was, loop steeds rond met emosionele probleme. Ek vertel die verhaal van die oorlog met al sy komiese en tragiese situasies, uitgebeeld in ’n musiekspel met die mooiste musiek denkbaar.” Met hierdie stuk voltooi Opperman die sirkel wat met sy eerste drama Môre is ’n lang dag begin het. “In elke peloton was daar sekere karakters. Daar was die windlawaai-korporaal, die kry-my-jammer-troep, die grootbek, die Engelsman en die ware helde… En die meisie wat in die States wag... Hulle is almal in hierdie musiekblyspel.” Soos altyd met Opperman se musiekspele

Willem Botha en Vaughan Gardiner in Tree aan!

is dit ’n meesterlike span wat hierdie produksie op die planke bring. Die sterbelaaide rolverdeling sluit akteurs soos Vaughan Gardiner, Altus Theart, Willem Botha, Johan Scholtz en Nadia Beukes in. Opperman, wat die teks en lirieke geskryf het, word deur komponis Janine Neethling van Kom ons karoake-faam ondersteun. Die twee uitmuntende kunstenaars werk reeds sedert 2000 saam en het verskeie suksesvolle produksies op hul kerfstok, waaronder Vere, Le Shebeen, Strydom en Zietsman in alfabetiese volgorde, asook Elsabé Zietsman se suksesvolle eenvrouvertoning Kaalgestroop. Die musikale regisseur is Eddie Clayton, wat onder andere ook verantwoordelik was vir Ons vir jou, Sound of Music en Fiddler on the Roof. Die hartroerende teks, vertolk deur ’n sterbelaaide rolverdeling met pragtige musiek soos net Opperman en Neethling kan, gekombineer met skouspelagtige stelle en outentieke dekor soos ’n oorspronklike staaldak, webbing en ’n geweer uit die jare tagtig, maak hierdie produksie een van die toneelervarings van 2011 wat jy nie mag laat verbygaan nie. • Bespreek jou sitplek op die webtuiste www.treeaan.co.za

FOTO’S: VERSKAF, PACKED HOUSE PRODUCTIONS

DEON OPPERMAN Deon Opperman het al meer as vyftig teaterproduksies in Afrikaans en Engels geskryf, vervaardig en die regie behartig. Deur die loop van sy professionele loopbaan is hy al met verskeie toekennings bekroon, soos die Hertzogprys (twee maal) en die Eugène Marais-prys vir letterkunde. Hy kan ook agt Vita-toekennings agter sy naam skryf. Opperman se grootste sukses lê egter in Afrikaanse teater met lokettreffers soos Dis hoe dit was: die Steve Hofmeyr-storie, Ons vir jou asook Knypie oppie kant en Knypie 2, ’n dubbeldosis. Hy spog ook met televisiereekse soos Kruispad, Getroud met rugby en Hartland uit sy pen.

JANINE NEETHLING Janine Neethling, bekroonde pianis, musikale regisseur, verwerker en komponis, sorg vir ‘n klankervaring soos min in Tree aan! Sy het reeds drie verhoogproduksies vir Elsabé Zietsman saamgestel. Op televisie was sy verantwoordelik vir die temamusiek van Soutmansland, Spekskieters, The Wedding Show en Hartland. Die musiek van produksies soos Birdy, Death of a Salesman, Veldfire en Altyd Jonker het ook onder Neethling se vaardige vingers gestalte gekry.

nommer 3 van 2011

24

Deon Opperman

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Johan Scholtz Altus Theart Nadia Beukes en Vaughan Gardiner.


industry news

Training needed to curb nursing crisis

w

By Moira-Marie Kloppers

ith only one nurse available for every 216 South Africans and a large proportion of the existing nursing population nearing retirement, the shortage of nurses remains a serious problem. It is estimated that South Africa needs more than 40 000 nurses in the public sector alone. Furthermore, close to 35% of all nurses in South Africa were 50 years or older in 2010. Statistics show that only 10% of South African nurses are younger than 30. This trend is particularly evident among registered nurses. Approximately 45% are 50 years or older and only 4% are under 30. According to Ilze Nieuwoudt, spokesperson for Solidarity, South Africa’s healthcare industry will be hit by a critical skills crisis in five to ten years when more than 80 000 nurses will reach retirement age. “The number of nurses in all categories has grown over the past few years, but because many nurses are nearing retirement age, the gap needs to be closed faster. This will be difficult, though. A registered nurse’s training takes four years to complete,” explains Nieuwoudt. According to figures released by the South African Nursing Council (SANC) there is only one registered nurse for every 434 South Africans. “But this doesn’t tell the full story,” says Nieuwoudt. “According to a study conducted by the Human Sciences Research Council (HSRC) in 2004, only about 82% of all registered nurses were still practising as nurses, which means that the number of South Africans per registered nurse is even higher.” First-world countries like the USA and Aus-

South Africa has, at most, 462 nurses for every 100 000 residents, compared to 980 and 1 090 per 100 000 residents in the USA and Australia.

tralia currently have 980 and 1 090 nurses respectively for every 100 000 residents. South Africa has, at most, 462 nurses for every 100 000 residents. Because an unknown number of South African nurses are not actively employed as nurses and some are working abroad, this figure is, in reality, even lower. The situation is particularly bleak in Mpumalanga, where there is only one nurse for every 308 residents. In the Eastern Cape, every nurse is responsible for 284 residents and in the Northern Cape there is only one nurse for every 281 residents. The Western Cape has the lowest ratio of residents per nurse, with one nurse for every 184 residents. “Even South Africa’s best nurses-to-residents ratio is still far worse than in most first-world countries.” Solidarity maintains that the closure of

more than 100 nursing colleges 15 years ago had a negative impact on the standard of healthcare services in South Africa. Had the colleges not been closed down, there would probably have been considerably more trained nurses today and the ratio of nurses to residents would have been higher. On International Nurses Day on 12 May, Solidarity called on the Minister of Health, Dr Aaron Motsoaledi, to give feedback on the planned reopening of public nursing colleges. Dr Motsoaledi announced in April that 106 nursing colleges would be reopened by June this year. “The reopening of these colleges is crucial for the provision of healthcare services. It is unfortunate that it has taken government this long to rectify its earlier mistake,” says Nieuwoudt. S

Vakbond neem universiteite se werknemers onder sy vlerk

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Deur Moira-Marie Kloppers Werknemers by die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van Pretoria sal voortaan ook onder die vleuels van Solidariteit beskerm word. ’n Formele erkenningsooreenkoms is onlangs by die Universiteit van Johannesburg onderteken, terwyl Solidariteit ook ’n goeie verhouding met die Universiteit van Pretoria het. Solidariteit verteenwoordig reeds verskeie lede en geniet vrye toegang om werknemers by te staan.

Erkenningsooreenkomste gee aan vakbonde sekere regte in die werkplek en een hiervan is dat Solidariteit-lede voortaan groter bedingingsmag sal hê oor kwessies in die werkplek wat hulle raak. “Werknemers in ’n professionele omgewing soos ’n universiteit het ’n professionele vakbond nodig wat die eise en uitdagings van die hedendaagse arbeidsmark verstaan,” verduidelik Solidariteit-woordvoerder Ilze Nieuwoudt.

nommer 3 van 2011

26

“Solidariteit is ’n professionele vakbond met lede uit elke moontlike bedryf in SuidAfrika. Dié wye ervaringsbasis stel die vakbond in staat om die beste diens in elke saak te lewer,” sê sy. Terwyl die verteenwoordigingstrukture by die twee universiteite uitgeklaar word, is tussentydse komitees by albei universiteite opgerig om lede intussen by te staan. • Om by Solidariteit aan te sluit, SMS die woord “LID” na 34388.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



bedryfsnuus

Dowe Telkom-ore lei tot vaardigheidskrisis

t

Deur Moira-Marie Kloppers

elkom se ondeurdagte aanbieding van vrywillige skeidingspakkette het binne maande tot so ’n ernstige vaardigheidskrisis by die telekommunikasiereus gelei, dat die maatskappy nou talle werknemers wat pakkette aanvaar het, se uittreedatums aangepas het in ’n poging om eers hulle skaars vaardighede oor te dra. Sowat 1 800 Telkom-werknemers het tussen 21 Februarie en 18 Maart vanjaar vir die skeidingspakkette aansoek gedoen, vir diensbeëindiging in Maart of April. Hiervan is 1 650 pakkette goedgekeur, waarvan 945, oftewel meer as 57%, vrywillige vervroegde aftreepakkette vir werknemers naby aftreeouderdom was. Ondanks verskeie waarskuwings van Solidariteit oor die vaardigheidskrisis wat die skeidingspakkette sal veroorsaak, asook verskeie klagtes oor die diskriminerende aard van die keuringskriteria, is die pakkette tog in April in werking gestel, ’n dag ná die verstryking van ’n ooreenkoms wat in 2009 tussen verskeie vakbonde en Telkom gesluit is ingevolge waarvan werknemers se werksekerheid tot 31 Maart 2011 gewaarborg was. Volgens Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, is dit duidelik dat Telkom baie haastig was om van ’n groot klomp werknemers ontslae te raak. “Een van die taktieke wat die maatskappy gevolg het, was om meer geld aan te bied vir werknemers wat vroeër hulle diens beëindig. Werknemers wat hulle diens op 31 Maart beëindig het, het vir ses maande se salaris gekwalifiseer, terwyl werknemers wat hulle diens op 30 April beëindig het, vir slegs vier maande se salaris gekwalifiseer het.”

Marius Croucamp

Dit blyk ook dat Telkom nie sy eie kriteria vir die oorweging van aansoeke om vrywillige skeidingspakkette nagekom het nie. Die behoud van vaardighede was een van die faktore wat Telkom tydens die oorweging van pakketaansoeke in ag sou neem, maar dit is duidelik dat die maatskappy eerder op veral ouer werknemers gefokus het toe die aansoeke oorweeg is. “Meer as 57% van die aansoeke wat goedgekeur is, was dié van werknemers naby aftree-ouderdom en dít is juis waar Telkom se vaardigheidskat lê. Nou wil Telkom 945 werknemers met elk tussen 10 en 30 jaar ervaring in die bedryf se vaardighede binne vier maande probeer oordra aan die oorblywende Telkom-werknemers, wat nou onder veel groter druk moet funksioneer.” “Die ondeurdagte aard van die skeidingspakkette en die gebrek aan begrip om die gevolge daarvan te voorspel, is net nóg ’n teken van ’n afwesige en swak bestuurspan by Telkom,” sê Croucamp. S

FOTO: REINT DYKEMA

Another 32 new locomotives for iron-ore railway line The South African freight logistics group Transnet Freight Rail (TFR) has announced that it had placed an order for 32 new 15E locomotives for its iron-ore line between Sishen and Saldanha. This is in line with a TFR’s target to boost capacity to 61-million tons a year on the 860-km line. Service le-

vels were expected to improve significantly as TFR progressively implemented its fleet renewal strategy, said Transnet’s newly appointed CEO, Brian Molefe. The coal line between Ermelo and Richards Bay already has 28 15E locomotives for the iron-ore line and 40 19E locomotives for the coal line.

nommer 3 van 2011

28

Talle uitdagings in die KCP-bedryf Deur Nico Strydom Goed, beter, beste. Dít is waarvoor die kommunikasie-, chemiese en professioneledienstebedryf (KCP-bedryf) in 2011 mik. Bedryfshoof Marius Croucamp sê hoewel daar groot uitdagings voorlê, soos die moontlike negatiewe uitwerking van wetswysigings, het hy ’n sterk span wat goed voorberei is. Croucamp is sedert 2003 by Solidariteit en is die afgelope twee jaar aan die stuur van dié bedryf. Volgens Croucamp was verlede jaar se groot uitdagings werksekerheid in Telkom en die onbillike toepassing van regstellende aksie in die algemeen. “Groei in die finansiële sektor is kritiek,” sê hy. Solidariteit het in Mei verlede jaar ’n geskil met Telkom verklaar en dié saak is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. Solidariteit was oortuig daarvan dat Telkom se vrywillige aflegging van bestuurslede bloot ’n voorloper tot gedwonge afleggings was. Vanjaar hou ook sy eie uitdagings vir dié bedryf in. “Wetswysigings kan moontlik ’n negatiewe uitwerking op die bedryf hê,” verduidelik Croucamp. Wysigings aan wetgewing rakende regstellende aksie is veral kommerwekkend. “Die groot bekommernis is die tekort aan vaardighede in die bedryf. Volgens die wetswysigings is vaardighede nie noodwendig die kernkriteria vir ’n aanstelling nie, maar eerder kleur.” In die finansiële sektor van die professioneledienstebedryf hou die nuwe regulasies rakende finansiële advies sy eie uitdagings in. “Daar is ’n nuwe verpligte eksamen vir finansiële raadgewers en indien ’n persoon nie die eksamen slaag nie, mag hy of sy nie verder praktiseer nie. Wat ook kommerwekkend is, is dat daar ’n baie lae slaagsyfer is, die eksamen net in Engels is en dat daar ’n oorsigkomitee moet wees wat steeds nie in plek gestel is nie.” Solidariteit verteenwoordig tans nagenoeg 18 000 lede in die bedryf. Croucamp sê ’n persoon in dié bedryf sal baat vind om by Solidariteit aan te sluit aangesien die bedryf in ’n groeifase is en daar baie potensiaal is.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



bedryfsnuus

Duisende slaan reeds munt uit loonseisoen

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Moira-Marie Kloppers

ie loonseisoen is in volle swang en Solidariteit het reeds verskeie uitstekende loonooreenkomste namens sy lede gesluit. Duisende Solidariteitlede sal vanjaar by die loononderhandelings baat vind wat Solidariteit by tientalle kollektiewe maatskappye aanpak. Loononderhandelings by van die grootste maatskappye en bedingingsrade, insluitend die bedingingsraad vir die metaal- en ingenieursbedryf (MEIBC), die nasionale bedingingsraad vir die chemiese bedryf (NBCCI), Telkom en die nasionale bedingingsraad van die hout- en papiersektor (NBHP) het in Mei begin, terwyl loononderhandelings by die Kamer Gideon du Plessis van Mynwese en Eskom binnekort sal begin. Benewens die beduidende uitwerking wat die heersende ideologie van die “In talle beroepe word professionele mense met skaars grootste vakbondgroepering op salarisvaardighede baie minder as in die res van die wêreld betaal.” onderhandelings het, speel inflasie altyd ’n belangrike rol tydens loononderhandelings. Dit is egter lank reeds nie meer ’n betroubare maatstaf vir gemiddelde verbruikers se talle maatskappye sukkel tans om kop bo grootste vyand weens die toestaan van buimaandelikse bestedingspatrone nie, verwater te hou. Die dalende indiensnemingtensporige verhogings en bonusse aan hul duidelik Gideon du Plessis, adjunk uitsyfers en talle indekse wat sakevertroue die topbestuur. Laasgenoemde gaan verder gevoerende hoof van Solidariteit. afgelope tyd papper gemeet het, is genoeg paard met die toestaan van gunstige “Solidariteit se hoofdoel tydens vanjaar bewys hiervan,” aldus Du Plessis. aandele-opsies wat lei tot die vergroting van se onderhandelings is dus om loonverhoAs werkgewer, sal die regering egter sy die vergoedingsgaping tussen vaardige gings te beding wat die finansiële uitwerking sokkies moet begin optrek, meen die vakwerknemers en topbestuur. Dit lei op sy van stygende lewenskoste kan absorbeer.” bond. Volgens Du Plessis is die regering beurt tot wantroue tussen ’n vakbond en die “Geadministreerde pryse het in Maart veronderstel om ’n rolmodelwerkgewer te werkgewer. vanjaar, vergeleke met dieselfde tyd verlede wees. Die groot toename in opstande in die Volgens Du Plessis moet goeie loonjaar, met 10,9% gestyg. ’n Gemiddelde perstaatsdiens as gevolg van ontevredenheid verhogings skaars vaardighede vir Suidsoon bestee tussen 6% en 10% van sy beoor diensvoorwaardes, salarisse en voordele Afrika behou. “In talle beroepe word prosteebare inkomste aan elektrisiteit, maar skets egter nie ’n mooi prentjie van die staat fessionele mense met skaars vaardighede elektrisiteit het ’n gewig van slegs 1,68% in as werkgewer nie, en dienslewering laat veel baie minder as in die res van die wêreld die Verbruikersprysindeks (VPI),” verduidelik te wense oor. betaal,” meen Du Plessis. Du Plessis. “Daarbenewens doen die staat ook nie “Dit sluit beroepe soos onderwysers, ver“Daarbenewens het die koste van elekveel om werknemers wat in onstuimige tye pleërs en professionele werkers in ander trisiteit met gemiddeld 18,8%, mediese tóg aanhou werk voldoende beskerming te mediese rigtings, ambagslui, navorsers en fondse en skole met onderskeidelik 6,9% en bied nie,” meen Du Plessis met verwysing selfs ingenieurs in,” voeg hy by. “Honderde 10% en universiteite met 8% tot 11% gena gevalle van intimidasie wat tydens vervan hierdie mense gaan elke jaar vir Suidstyg,” voeg hy by. Intussen is voedselinflasie lede jaar se uitgerekte staatsdiensstaking Afrika verlore aangesien hulle oorsee beter (tans 5%) vir die eerste keer sedert 2009 wye mediadekking geniet het. vir hulle kundigheid vergoed word.” weer hoër as die algemene inflasiesyfer, “Die hartseerste is dat dit dikwels ook dié Tog meen Du Plessis dat werknemers ook terwyl die petrolprys tans 18,2% hoër as nie onbillike verwagtings moet hê van vanwerknemers wat altyd op hulle pos is, is wat dieselfde tyd verlede jaar is. jaar se loonseisoen nie. “Die resessie het oorgesien word vir bevordering in die staatsWerkgewers en veral genoteerde maatSuid-Afrika in baie opsigte eintlik eers ná die diens as gevolg van die staat se sogenaamde skappye is egter in die algemeen hulle eie Sokkerwêreldbeker verlede jaar getref en regstellendeaksiebeleid,” sluit Du Plessis af. nommer 3 van 2011

30

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Hier dra Solidariteit-onderhandelings reeds vrugte ATNS ’n Rekord-loonooreenkoms is by Air Traffic and Navigation Services (ATNS) bereik. Hiervolgens sal administratiewe personeel ’n verhoging van 7% ontvang, terwyl tegnici ’n verhoging van 8% en lugverkeerbeheerders ’n verhoging van tussen 12% en 22% sal ontvang. SIMMER & JACK Sowat 400 Solidariteit-lede vind reeds baat by ’n tweejaar-loonooreenkoms by die goudmynmaatskappy Simmer & Jack se Buffelsfontein-myn. Loonverhogings van 7,25% het reeds in April hier in werking getree, terwyl ’n loonverhoging van 7,5% in April 2012 in werking sal tree. Daarbenewens sal al die bo- en ondergrondse werknemers van die myn se vakansieverlof vanjaar met twee dae en volgende jaar met een ekstra dag vermeerder word. PHALABORA MINING COMPANY (PMC) Solidariteit en PMC, ’n kopermyn in die Rio Tinto-groep, het op ’n driejaar-loonooreenkoms geskik. Benewens ’n loonverhoging van 8,5% vir 2011 wat terugwerkend vanaf 1 Maart vanjaar ingestel is, het werknemers vir Maart vanjaar dubbeld dié verhoging, oftewel 17%, ontvang. Solidariteit het namens ongeveer 330 ambagslui by PMC onderhandel. Solidariteit beskou dié ooreenkoms as merkwaardig, aangesien die maatskappy ook skriftelik ooreengekom het dat geen toekomstige afleggings of herstrukturering op hierdie loonooreenkoms mag berus nie. MATLOSANA Loononderhandelings in die mediese bedryf het op ’n hoë noot afgeskop nadat Solidariteit en Matlosana se Wilmed- en Sunningdale-hospitale in Klerksdorp op ’n loonverhoging van 7,5% op die verpleeg- en administratiewe personeel se totale kostepakkette ooreengekom het. Die ooreenkoms het in Maart in werking getree. ZUID-AFRIKAANS HOSPITAAL (ZAH) Werknemers by die ZAH het benewens ’n loonverhoging van 8,5% ook ’n verhoging in die nagdienstoelaag ontvang. Dié toelaag is verhoog tot R1 325 per maand. NETCARE Die vakbond en Netcare het op ’n loon-

verhoging van 7,75% vir alle verpleeg-, administratiewe en ondersteuningspersoneel ooreengekom. Daarbenewens is ’n 9%-loonverhoging vir werknemers in die minimumsalarisgroep ooreengekom. Solidariteit het ’n forum gestig wat spesiale salarisskale, volgens die aantal jare diens en kwalifikasies, vir administratiewe en ondersteuningspersoneel in beleide vir Netcare gaan bepaal. Dié beleide sal tydens volgende jaar se loononderhandelings in werking gestel word. Verder sal die skofleiertoelaag voortaan pro rata op dag- en nagskofwerknemers van toepassing wees. DIEREBESKERMINGSVERENIGING Werknemers by die DBV in die Paarl het ’n 10%-verhoging ontvang. Solidariteit verteenwoordig al die werknemers by dié DBV-kantoor. AFRIMAT Werknemers by Afrimat, ’n vervaardiger van konstruksiemateriale, het vanjaar ’n loonverhoging van 7,5% ontvang asook ’n dertiende tjek van 100% van hul maandelikse salaris. Daarbenewens sal werknemers ook kos- en skoftoelae kry, waar van toepassing.

number 3 of 2011

31

IMPALA-WATERGEBRUIKSVERENIGING Hoewel loononderhandelings by Impalawatergebruiksvereniging langer as verwag geduur het, is ’n loonverhoging van 7% terugwerkend tot Februarie ingestel. NTP ’n Loonooreenkoms vir ’n verhoging van 7,5% is terugwerkend vanaf April met die Necsa-filiaal Nuclear Technology Products (NTP) gesluit. Dié ooreenkoms bied nie net ’n aanpassing op werknemers se salarisse om met inflasie tred te hou nie, maar bied ook ’n welkome verbetering op salarisse. PELCHEM Solidariteit en Pelchem het op ’n loonverhoging van 7% ooreengekom. Daarbenewens sal werknemers wat minder as die markgemiddeld van hulle posvlak verdien, in Julie vanjaar nog ’n verhoging ontvang om dit reg te stel. Pelchem, die chemiese afdeling van Necsa, vervaardig en bemark ’n verskeidenheid hoëgehalte, gevorderde fluoorchemikalieë en verwante produkte vir die fluoorchemiesebedryf. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Só woeker vakbond regdeur die land Deur Cilleste van der Walt

BELLVILLE • ’n Erkenningsooreenkoms is by Langeberg & Ashton Food gesluit en ses nuwe vakbondverteenwoordigers is hier verkies. • Afleggings by Satchwell Controls, ’n leier in die vervaardiging van toerusting vir temperatuurbeheer en verhittingselemente, kan na verwagting 320 werknemers beïnvloed waarvan 15 lede van Solidariteit is. Net sowat 70 werknemers sal aanbly indien die afleggings volgens die maatskappy se planne deurgevoer word. • ’n Erkenningsooreenkoms is by Exxaro se Namakwa Sands geteken. • Altesame 70 werknemers is by Sanlam afgelê. • Solidariteit het onlangs ’n loonooreenkoms vir ’n verhoging van 10% by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in die Paarl bereik.

DESPATCH • Twee nuwe Helpende Hand-organiseerders is in die Oos-Kaap aangestel. • ’n Groot werwingsprojek is in Oos-Londen by die Mercedes Benz-maatskappy aangepak waartydens die maatskappy sy deure vir Solidariteit gesluit het. Daar is ’n dispuut verklaar. • ’n Nuwe voorsitter en ondervoorsitter is op Donderdag, 31 Maart vir die Nuwebandevervaardigingsbedryf (NTMI) gekies.

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

RUSTENBURG • ’n Erkenningsooreenkoms word tans by Shaft Sinkers onderhandel. Dié maatskappy spesialiseer in die sink van skagte en die ontwikkeling van ondergrondse infrastruktuur wat in die mynbedryf gebruik word.

• In die eerste vier maande van die jaar is daar reeds meer as R98 000 aan lede van die Rustenburg-streek toegeken nadat verskeie oorwinnings by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) behaal is.

BOKSBURG • Herstrukturering by Scaw Metals sal na verwagting afleggings tot gevolg hê, maar daar word tans onderhandel om dit te probeer verhinder. • Joy Mining Global gaan sy aanleg in Suid-Afrika sluit en is in die proses om al sy werknemers in Suid-Afrika af te lê. • ’n Erkenningsooreenkoms is by die Universiteit van Johannesburg gesluit. • Daar word tans onderhandel vir ’n erkenningsooreenkoms by die ATKV. • Die lugdiens Mango is in die kollig omdat werknemers ongelukkig is oor hulle aanstellingskontrakte. ’n Geskil is verklaar en na die KVBA verwys. Indien hierdie dispuut nie opgelos word nie, kan die moontlikheid van ’n stakingsertifikaat nie uitgesluit word nie.

• Quintus Sluep is ’n nuwe organiseerder by die Lydenburg-tak.

PRETORIA • Telkom het onlangs vrywillige skeidingspakkette vir werknemers aangebied. Bykans twee derdes van die werknemers wat om pakkette aansoek gedoen het, is bo die ouderdom van 50. Hierdie uitvloei van kundiges kan ’n groot vaardigheidstekort in Telkom tot gevolg hê. Bykans 1 500 aansoeke is reeds goed-

32

PIETERSBURG • Die Consolidated Murchion-myn in Phalaborwa het vir ’n geruime tyd sy werknemers se oortydbetaling verkeerd bereken. Die fout is intussen reggestel. Solidariteit voer tans namens sy lede ’n hofsaak in die Arbeidshof. .

SECUNDA

LYDENBURG

nommer 3 van 2011

gekeur en die eerste datum waarop dié werknemers Telkom kon verlaat, was Donderdag, 31 Maart. Onderhandelings word tans gevoer om hierdie werknemers nog vier maande te laat aanbly sodat vaardighede eers oorgedra kan word. Die volgende datum waarop werknemers Telkom kon verlaat, was 30 April. Aansoeke om skeidingspakkette kon vanaf 1 April ingedien word. • Daar word tans werwing gedoen by twee maatskappye, Gijima en die staatsinligtingstegnologie-agentskap Sita. • Nuclear Technology Products se loononderhandelings is afgehandel. ’n Gemiddelde loonverhoging van 7,5% asook ’n verbeterde bonusstelsel is beding.

• Die afleggingsproses by Sasol Nitro se fosfaatsuuraanleg in Phalaborwa word eersdaags afgehandel. Die maatskappy het verlede jaar ’n Artikel 189-kennisgewing vir die aflegging van nagenoeg 230 werknemers uitgereik. Die laaste van hierdie werknemers se dienste word binnekort beëindig.

VAALDRIEHOEK • Die vakbond het namens ’n lid ’n KVBAsaak teen Anton M Bouwer Ingelyf op R30 000 geskik. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


broodnodige KONTANT met die afsterwe van ’n GELIEFDE X

NISDEKKING VERASSINGSDEKKING BEGRAFNISDEKKING

PREMIES & DEKKING*

UNIEKE KENMERKE

• Keuse tussen twee vlakke van dekking – R9 000 of R18 000 vir hooflid teen onderskeidelik R13,83 en R27,65. • ’n Gesin van 6 geniet dekking (hooflid, gade en vier kinders) teen slegs R32,59 per maand. • Voorsiening word gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers. • Maklike aansoekproses met geen mediese of bloedtoetse. • Vinnige uitbetaling. • Skema slegs vir Solidariteit-lede. • Maksimum intree-ouderdom vir volwasse afhanklikes is 70 jaar. Polis staak wanneer hooflid die ouderdom van 65 jaar bereik.

DEKKING

Hooflid

R9 000

Familie

(Hooflid, gade en maksimum 4 kinders)

PREMIE R13,83

R32,59

DEKKING R18 000

Hooflid

R9 000

R18 000

Kinders 14-21

R7 472

R14 944

Kinders 1-5

R4 202

Gade

R7 472

Kinders 6-13

Volwasse afhanklikes onder 65

Volwasse afhanklikes 65 en ouer

R2 911 R5 000

R5 000

R27,65

R65,18

R14 944

R4 202

Kinders 1 en ongebore babas

PREMIE

R8 404 R8 404

R20,74

R30,81

R5 822

R5 000

R5 000

R20,74

R30,81

Laat ons jou geldlas ligter maak!

* Bepalings en voorwaardes geld

0861 867 335 Skakel ons vandag nog by:

Onderskryf deur Centriq Life Insurance Company Ltd Registrasienommer: 1943/016409/06 FSP-nommer: 7370

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


bedryfsnuus

Vlieënier wen teen SA Airlink

Deur Nico Strydom & Cilleste van der Walt

n

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

Deur Cilleste van der Walt

á ’n twee jaar lange sloering met ’n onbillikeontslag-saak van ’n werknemer by SA Airlink is die saak uiteindelik afgehandel. Die werknemer is vir 24 maande aan armoede, groot ontbering en frustrasie blootgestel voordat hy in April 2011 betaal is wat hom toekom, asook 25% rente op die oorspronklike bedrag. Hierdie vertraging het ontstaan omdat die werkgewer die finansiële vermoë gehad het om die proses uit te rek. SA Airlink het die 61-jarige vlieënier van Pretoria in Februarie 2009 afgedank nadat hy twee belangrike toetse nie geslaag het nie. Die rede wat vir die ontslag aangegee is, was egter dat hy nie in besit was van ’n geldige vlieënierslisensie nie. Hoewel die vlieënier se ouderdom nie die saak beïnvloed het nie, is die aftree-ouderdom van die organisasie 60. Solidariteit het die saak namens die vlieënier na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) geneem en die KVBA het in die guns van die vlieënier beslis. Solidariteit het met behulp van die Burgerlugvaartowerheid daarin geslaag om te bewys dat die vlieënier wel in besit was van ’n geldige vlieënierslisensie tydens die ontslag. Die bedrag van ses maande se salaris is aan die vlieënier toegestaan as vergoeding vir die onbillike ontslag. Hy was 12 jaar in diens van die organisasie. Die KVBA het reeds in Julie 2009 die eerste keer bevind dat die ontslag onbillik was en het vergoeding toegeken. SA Airlink het egter die saak deur ’n veelvoud prosesse na die Arbeidshof geneem. Nadat die Arbeidshof in die guns van Solidariteit beslis het, het SA Airlink besluit om vir dieselfde vergoedingsbedrag te skik as wat deur die KVBA toegestaan is, maar met die insluiting van al die rente wat opgeloop het. Dit is aanvaarde reg dat enige party ’n KVBA-bevinding waarmee hy nie saamstem nie op hersiening na die howe kan neem. Solidariteit ondervind dikwels dat dié reg in die praktyk vele kere óf onoordeelkundig sonder objektiewe meriete óf as ’n verdere strafsanksie teen die voormalige werknemer deur finansieel sterk werkgewers uitgeoefen word. Dit is ’n tragedie vir die werknemer wat dan in haglike omstandighede gedompel word. S

Eskom-vaardighede wek kommer Eskom se planne om in te gryp teen die groeiende vaardigheidskrisis in die maatskappy is moontlik te laat en kan die maatskappy en die land duur te staan kom. Eskom is al vir etlike jare reeds teen die vaardigheidstekorte gewaarsku en dat kundiges nou aftree-ouderdom nader, maar hierdie waarskuwings het op dowe ore geval. Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, het bekendgemaak dat meer as ’n derde van Eskom se ambagslui, tegnici en ingenieurs aftreeouderdom nader. Die toenemende behoefte aan vaardighede in Eskom kan verdere probleme vir die maatskappy veroorsaak. Daar is onder meer onlangs aangekondig dat Eskom nagenoeg 3 000 wetenskaplikes en ingenieurs asook 24 000 ambagslui benodig om die regering se kernkragprojek aan te pak. Gigaba se plan om transformasieteikens af te dwing, is onverantwoordelik. Beskikbare vaardighede moet prioriteit in hierdie krisis geniet. Dr. Con Fauconnier, voormalige president van die Kamer van Mynwese, het reeds in 2005 gewaarsku dat die gemiddelde ouderdom van gekwalifiseerde ambagslui in Suid-Afrika in daardie stadium reeds 54 jaar was. “Kragtens hierdie vooruitskatting sal ’n groot vaardigheidstekort die industriële en kommersiële sektor teen 2015 tref,” het hy gesê.

opgeleide werknemers. Volgens die arbeidsmakelaar Adcorp se indiensnemingsindeks is daar nagenoeg 830 000 vakante poste vir hoogs opgeleide persone in die land. Adcorp sê die vaardigheidstekort hou moontlik beperkings in vir die land se langtermyn-ekonomiese groeipotensiaal. ’n Ekonoom by Adcorp, Loane Sharp, sê die tekort aan hoogs opgeleide persone is in ’n groot mate kunsmatig verhoog deur die immigrasiewetgewing van 2002, wat dit buitengewoon moeilik maak vir buitelanders om werk te kry. “Die mees onlangse wysigings aan dié wet, gepromulgeer in April, verbied die gebruik van immigrasie-agente en kwota-werkpermitte, wat beide deur Suid-Afrikaanse maatskappye gebruik is om buitelandse vaardighede te bekom,” sê Sharp. Volgens Adcorp verdien hoogs opgeleide Suid-Afrikaners ooreenkomstig ’n aanpassing vir inflasie 286,4% meer as in 2002. Die maatskappy se indiensnemingsindeks wys daar is ’n tekort van nagenoeg 216 000 bestuurslui, terwyl daar onder professionele beroepe ’n tekort van meer as 178 000 is. Voorts is daar ’n tekort van meer as 432 000 hoogs opgeleide tegnici. Die tekorte is die hoogste in senior bestuur, gespesialiseerde tegnici en ambagslui in die ingenieurs-, rekenmeesters-, mediese en regsberoepe asook in die landbou. Meer as 967 000 intreevlakwerknemers en meer as 247 000 huishoudelike werkers het nie werk nie. Die amptelike werkloosheidsyfer staan op 25%.

Immigrasiewetgewing skep vaardigheidstekorte Streng immigrasiewetgewing veroorsaak ’n tekort aan vaardige arbeid en ’n kunsmatige verhoging in salarisse vir hoogs

nommer 3 van 2011

34

KORTLIKS

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


AKSENT MEDIA • 11/2010


bedryfsnuus

Werkskepping in landbousektor gestuit

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Nico Strydom

ie regering sê die landbousektor het die potensiaal om werkgeleenthede te skep, maar volgens die landbou-organisasie Agri SA, die grootste van sy soort in die land, staan die regering landbou nie by om dié potensiaal te verwesenlik nie. Statistiek Suid-Afrika het verlede maand aangekondig dat die amptelike werkloosheidsyfer op 25% staan en dat daar in die eerste kwartaal van die jaar nagenoeg 24 000 werkgeleenthede in die landbousektor verlore gegaan het. Agri SA sê daar is verskeie faktore wat dié sektor stuit om sy potensiaal te verwesenlik. Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, sê ’n bedompige beleidsomgewing wat onvriendelik is teenoor landbouontwikkeling, uitbreiding en beleggings stuit die landbousektor se potensiaal om werkgeleenthede te skep. “Dit is veral ten opsigte van drakoniese verblyfregsekerheidswetgewing wat aan plaasarbeiders meer regte op die plaas gee as aan die eienaar.” De Jager sê die onsekerheid vanweë swak implementering van grondhervorming, oorbetaling en wanbetaling by grondaankope en onteieningsdreigemente speel ook ’n groot rol. “Stygende insetkoste wat winsgewendheid onder druk plaas veral ten opsigte van geadministreerde pryse soos water, elektrisiteit en plaaslike belastings stuit ook die bedryf se potensiaal om werk te skep,” meen De Jager. Grondeise is ook vir die sektor ’n groot bron van kommer. Volgens De Jager is daar groot onsekerheid as gevolg van swak administrasie en grootskaalse korrupsie. “As ’n boer nie weet of hy oor twee jaar nog sy plaas gaan hê nie, investeer of vernuwe hy nie. Daardie plase gaan agteruit, met werkverliese as onbedoelde gevolg,” meen De Jager. Dit kom teen die agtergrond van die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming se aankondiging dat hy by die kabinet gaan aanbeveel dat die grondeiseproses heropen word. Minister Gugile Nkwinti se voorstel is dat die afsnydatum van 1913 teruggeskuif moet word en dat diegene wat nie tydens die eiseproses tussen 1995 en 1998 eise ingedien het nie, geleentheid kry om dit wel te doen. Tydens dié tydperk is eise ingestel vir grond wat tussen 1913 en 1994 afgeneem is. Die regering het tydens verskeie vorige geleenthede gesê hy is nie van plan om die proses te heropen nie.

De Jager sê misdaad het steeds ’n groot uitwerking op die landbousektor. Hy sê in sekere bedrywe soos katoen, lusern en vis speel dit ’n kleiner rol, maar in ander bedrywe soos skaap en wol, vrugte en die wildbedryf word boerderye bankrot gesteel. “Die vrees vir plaasaanvalle en die regering se onvermoë om daarvan werk te maak, dryf groot getalle boere uit die platteland uit.” Agri SA het onlangs bekendgemaak dat talle boere besig is om hulle bedrywighede na Afrika-lande soos die Kongo en Mosambiek uit te brei. De Jager sê dit hou weer ’n bedrei-

nommer 3 van 2011

36

ging in vir werksekerheid. “Ons verloor werkgeleenthede in die proses sonder om noodwendig toegang tot die produksie te verloor. Ons kan nie meeding met lande soos Malawi, Mosambiek, Kenia en Uganda wat ’n veel vriendeliker arbeidsbedeling het nie,” sê hy. Volgens De Jager bring die regering nie sy kant om werkskepping in die sektor aan te moedig nie. “Kommersiële landbou is nie hoog op die regering se prioriteitslys nie en die staatsdiens beskik oor weinig kundigheid, ervaring en begrip in hierdie verband.” S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


industry news

Mercedes-Benz shuts its doors to Solidarity

m

By Cilleste van der Walt

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

ercedes-Benz is violating its employees’ right to freedom of association by shutting its

doors to Solidarity. In April 2011, Mercedes informed Solidarity in writing that trade union employees may not enter their premises to meet with members or to recruit new members and that steps will be taken in future to prevent union-related communication via Mercedes’ communication systems. In response, the union declared a dispute with Mercedes-Benz at the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) on the very same day. A conciliation date has been discussed and will take place in East London. Mercedes-Benz has prohibited all communication by the trade union with its employees, despite the fact that Solidarity represents 210 out of 580 employees, in other words some 36%, falling outside the bargaining council. Following on reports in

the media, Mercedes denied that this was the case but the situation has remained unchanged for Solidarity members. “Mercedes has closed its doors to Solidarity. In doing so, it has violated the right to free association of every person. This right is entrenched in the South African Constitu-

tion as well as the Labour Relations Act for all South Africans,” explained Ilze Nieuwoudt, spokesperson for Solidarity. “According to this right, no employer may prohibit an employee from belonging to any civil institution,” Nieuwoudt elaborated. In the meantime, Solidarity has received numerous complaints of intimation from Solidarity members working at Mercedes. “Not only has Solidarity been prohibited from entering the premises, but our members are now also being punished,” Nieuwoudt said. “Mercedes has utilised an investigative unit to interrogate Solidarity members who have encouraged their colleagues to also join the trade union. “Consequently, Mercedes employees have every reason to be concerned. An employer who respects its employees’ rights and interests will definitely not act in this way. Rather, it would welcome the job security and structure trade unions lend to the workplace.” S


Metaal-en-ingenieursbedryf

MIBFA-surplusverdeling Vanweë veranderings aan die Wet op Pensioenfondse in 2007, kan jy dalk ’n uitbetaling ontvang.

WAS JY IN DIE METAALBEDRYWE WERKSAAM? IS OF WAS JY ’N LID VAN DIE:

• Metaalbedrywevoorsorgfonds (MIPF)

• Ingenieursbedrywepensioenfonds (EIPF) As jy JA op bogenoemde geantwoord het, moet jy nie die inligtingsessie in jou omgewing misloop nie.

Bring al jou VRAE, ons het al die ANTWOORDE!


Inligtingsessies in jou omgewing BOOYSENS

BOKSBURG

CENTURION

DATUM: 3 Mei 2011

DATUM: 10 Mei 2011

DATUM: 19 Mei 2011

TYD: 18:00

TYD: 18:00

TYD: 18:00

PLEK: NG Kerksaal,Witfield

PLEK: Hervormde Kerksaal, Booysens

PLEK: Golden Pipit

DESPATCH

BELLVILLE

WITBANK

DATUM: 23 Mei 2011

DATUM: 2 Junie 2011

DATUM: 9 Junie 2011

TYD: 18:00

TYD: 18:00

TYD: 18:00

PLEK: NG Kerksaal, Bellville-Noord

PLEK: Voortrekkersaal

PLEK: Civic Theatre

NEWCASTLE

RICHARDSBAAI

VANDERBIJLPARK

DATUM: 14 Junie 2011

DATUM: 22 Junie 2011

DATUM: 30 Junie 2011

TYD: 18:00

TYD: 18:00

TYD: 18:00

PLEK: Grey Goose

PLEK: Mondi Sport

PLEK: J&B

Alle inligting beskikbaar by:

0861 50 44 55 • www.mibfasurplus.co.za E-pos: mibfasurplus@solidariteit.co.za


nuuswaardig

Reeds 14 jaar vakbondhoof se regterhand Melinda Janse van Rensburg werk reeds sowat 20 jaar by die vakbond, en vir die afgelope 14 jaar is sy Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, se persoonlike assistent. Melinda is ’n perfeksionis wat reken middelmatigheid is ’n sonde en dat niks minder as haar beste goed genoeg is nie. Hierdie agtermekaar vrou verpes winkelsentrums en lawaaierige publieke areas en droom van ’n huisie by die see. DALEEN DE JAGER het in haar besige kantoor gaan kuier. Hoe het jou loopbaan by die vakbond begin? Toe die vakbond nog as die Mynwerkersunie bekendgestaan het, het ek gereageer op ’n advertensie in Beeld vir ’n pos in Braamfontein, waar die hoofkantoor destyds geleë was. Ná ’n onderhoud met die destydse hoofsekretaris, mnr. Ungerer, is ek gevra om sommer die volgende oggend vir diens aan te meld. Om eerlik te wees, ek het in daardie stadium niks van vakbondwese geweet nie. Jy word beskou as ’n “een uit ’n miljoen”persoonlike assistent omdat jy die vermoë het om sake reg te hanteer en te bestuur. Wat is die grootste uitdaging as persoonlike assistent van ’n uitvoerende hoof? Dankie vir die kompliment! Ek begin nooit ’n dag sonder om eers met God te praat nie, en dan dra ek my kollegas aan Hom op en vra dat ons ’n verskil in ander se lewens sal maak. Ek dink dat ’n mens moet glo in dit wat jy doen. Jy moet hart en siel in jou werk sit. Integriteit, lojaliteit, ’n goeie skoot humor en die vermoë om kalm te bly onder alle omstandighede sal bo-aan my lysie wees. Ons leef ongelukkig ook in ’n samelewing waar mense nie meer regtig na ander luister nie. Goeie luistervaardighede en om jouself in die ander persoon se skoene te probeer plaas, gee jou dikwels ’n voorsprong. Om ander mense met respek te behandel en hulle

toegewyde Christenleiers te werk wat hulle roeping passievol uitleef. Albei is gesinsmanne wat seker hulle laaste druppel bloed vir hul geliefdes sal gee. Hulle harte is op die regte plek en ander se nood raak hul diep. Hulle is betrokke by hul personeel se lief en leed en huiwer nie om self die ekstra myl te loop as die situasie dit vereis nie. Ek het groot waardering dat hulle nie skroom om erkenning te gee wanneer nodig nie – hierdie manne het goeie maniere! Die pas is meestal vinnig by die vakbond, maar dis ’n vreugde om vir hierdie dinamiese mense te werk.

Melinda Janse van Rensburg

belangrik te laat voel, sou ek sê behoort deel van die “pakket” te wees. Ek wil vir elke persoonlike assistent sê: “Onthou, jy is daar om oplossings vir probleme te soek en nie om nuwes vir jou bestuurder te skep nie. Lê inisiatief aan die dag en doen altyd meer as wat van jou verwag word.” Jy hanteer onder meer die dagboeke van Flip Buys en dr. Dirk Hermann. Hoe sou jy as hul persoonlike assistent elk van dié twee opsom? Ek is so ongelooflik bevoorreg om vir twee

Wat is vir jou die lekkerste van jou werk? Dis lekker om resultate te sien. Dis ook lekker om diensbaar te wees, want om te gee, is mos beter as om te ontvang. Ek glo dat elke deeltjie van die groot masjien belangrik is en al is jy die kleinste ratjie, kan jy alles tot stilstand ruk as jy nie jou roeping uitleef nie. Wat van mense maak jou negatief en wat laat jou hart vinniger klop? Mense wat oneerlik, ondankbaar en negatief is, krap my om. Die lewe bestaan uit keuses. ’n Mens kan kies om negatief te wees en oor alles te kla, of jy kan kies om iets te doen om jou situasie te probeer verander. Mense wat te midde van swaarkry nog lewensvreugde het, is vir my ’n inspirasie. S

FOTO: REINT DYKEMA

Zimbabwe-hofsaak duur voort, nog eise kan kom Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het op 14 April uitspraak voorbehou in die omvattende hofaansoek wat die Zimbabwiese regering gebring het om te probeer verhinder dat die SAOG-tribunaal se uitspraak ten gunste van Mike Campbell en 78 ander wat in Zimbabwe geboer het met die hulp van AfriForum in Suid-Afrikaanse howe afgedwing word. Die hof het van adv. Jeremy Gauntlett, die boere se regsverteenwoordiger, gehoor dat die Zimbabwiese regering die jurisdiksie van Suid-Afrikaanse howe in die saak

erken het toe hulle regspan hul voorneme op rekord geplaas het dat hulle die saak wat die boere met die hulp van AfriForum in Suid-Afrika gebring het, gaan teenstaan. Die Zimbabwiese regering het later besluit om van die saak te onttrek. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het toe op 13 Januarie 2010 beslis dat die SAOGtribunaal se bevinding in Suid-Afrika geregistreer kan word, wat die weg oopgelaat het vir die boere om met AfriForum se hulp beslag te lê op niediplomatieke eiendom van die Zimbabwiese regering. Stappe om

nommer 3 van 2011

40

Zimbabwiese eiendom in die vorm van ’n huis in Kaapstad op te veil, het die Zimbabwiese regering laat besluit om op ’n laat stadium die proses te probeer stop met drie hofaansoeke wat as ’n gekonsolideerde aansoek aangehoor is. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die organisasie vasbeslote om ’n duidelike boodskap aan die Mugabe-regime te stuur dat hulle nie onaantasbaar is nie. “’n Oorwinning in hierdie saak sal die weg help baan vir groter eise teen die Mugabe-regime.”

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

SAPD-range dubbele dosis diskriminasie

d

ie implementering van ’n nuwe rangstelsel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beteken dat wit werknemers in die diens aan nog verdere onbillike rassediskriminasie blootgestel word. Ingevolge inligting in Solidariteit se besit, het wit werknemers in vyf provinsies waar bevordering volgens die verteenwoordigingsriglyne binne die nuwe rangstelsel toegeken is, minimaal by die bevorderingsgeleenthede baat gevind. Solidariteit gaan nou ’n regsmening oor die saak inwin en sal binnekort besluit watter verdere stappe om te neem. Op 1 April 2010 het die SAPD van sy vorige rangstelsel met 11 range na die weermagstelsel oorgeskakel, wat uit 13 range bestaan. Ingevolge ’n kollektiewe ooreenkoms wat die SAPD met die Police and Prisons Civil Rights Union (Popcru) en die South African Policing Union (Sapu) gesluit het, moet poste in die twee nuwe range, dié van luitenant en majoor, oor ’n tydperk van 24 maande deur

Deur Ilze Nieuwoudt ’n bevorderingstelsel gevul word. Die bevordering moet dus gedoen word vanaf adjudantoffisier na luitenant, vanaf adjudant-offisier na kaptein en vanaf kaptein na majoor. Kragtens die ooreenkoms moet die bevorderingsproses, wat ’n vasgestelde aantal kandidate sou bevoordeel, terugwerkend vanaf 1 April vanjaar geïmplementeer word. Bevordering is op grond van sewe kriteria bepaal, insluitend kwalifikasie, senioriteit, ononderbroke diens, prestasie, geskiktheid vir die pos en verplaasbaarheid. Die sewende kriteria, wat Solidariteit laat glo die SAPD maak hom skuldig aan onbillike rassediskriminasie, bepaal dat ’n werknemer aan die vereistes van verteenwoordiging moet voldoen voordat hy vir die bevordering oorweeg sal word. Om te bepaal of ’n werknemer aan die verteenwoordigingsvereistes van die pos voldoen, is ’n stel verteenwoordigingsriglyne teenoor die aantal beskikbare poste as basis gebruik. Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk uit-

* Die vervaardiger en voorsiener met integriteit. * Laedrukstelsels vir die plaas, met boorgat- en tenktoevoer. * Hoëdrukstelsels vir munisipale toevoer (of vir drukpompe). PRODUKBESKRYWING: Gebaseer op Duitse tegnologie. Produkstelsels wat deur DIN CERTCO gesertifiseer is. Vakuumbuise (soos Thermosfles). Besonder goeie energie-absorbsie: 93%. Lae warmteverlies gedurende die nag: 3%. 55 mm dik poliuretaan-skuiminsulasie om tenk. Vlekvrye staal binnetenk (304). Raamwerk gegalvaniseerd en poeierbedek. Hoëdrukeenhede het ’n koperpyp binne-in tenk wat dien as warmteruiler. Waterkapasiteit van 140 tot 330 liter. Elektriese verwarmingselemente.

voerende hoof van Solidariteit, word werknemers nou aan ’n dubbele dosis diskriminasie blootgestel. “Eers is daar met die toepassing van gelyke indiensnemingsteikens teen werknemers gediskrimineer, en nou word daar met ’n volgende rassistiese stelsel vir bevorderingsgeleenthede teen werknemers gediskrimineer. “In Noordwes is daar uit die 120 persone wat na die rang van kaptein bevorder is, nie ’n enkele wit werknemer bevorder nie. Ook in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die WesKaap is geen wit werknemers na hierdie rang bevorder nie, terwyl daar onderskeidelik 21, 58 en 26 werknemers na die rang van kaptein bevorder is. Uit die 532 werknemers wat in Noordwes bevordering na die range van luitenant, kaptein of majoor ontvang het, is slegs 11, oftewel 2%, wit. In KwaZulu-Natal is die situasie net so skokkend met slegs 4%, oftewel 36, van die 899 bevorderde lede wat wit is. Ingevolge die ooreenkoms moet hierdie bevorderings eenmalig in 2011/2012 en 2012/2013 geskied. S


nuuswaardig

Aurora: Gestroop van waarde en hoop Daar is een ding waaroor die werknemers van Aurora Empowerment Systems saamstem: Al wat hulle nog ooit van Aurora gekry het, is leë beloftes, leë beursies, leë koskaste en leuens. Só het Aurora nie net die mynbate van al sy waarde gestroop nie, maar ook duisende werknemers van hulle laaste hoop en menswaardigheid gestroop, skryf MOIRA-MARIE KLOPPERS.

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

ie maatskaplike krisis wat onder die huidige en voormalige werknemers van Aurora Empowerment Systems heers, is besig om te verdiep en lei selfs tot selfmoord. Dít is die gevolgtrekking van Solidariteit ná onlangse besoeke aan Aurora deur Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. Van die nagenoeg 5 300 werknemers wat op 14 Oktober 2009 ná die oorname van die voormalige Pamodzi-myn in Aurora se diens was, is slegs 24 werknemers nog by Aurora se twee myne in diens. Die werknemers se salarisse word egter sedert 2009 ongereeld betaal en die organisasie skuld werknemers reeds meer as R12 miljoen in agterstallige salarisse. Daarbenewens het Aurora nagenoeg R4 miljoen se statutêre aftrekkings van werknemers se salarisse verhaal sonder om dit aan die onderskeie instellings oor te betaal. Dit sluit in Solidariteit-ledegeld vir 160 lede. “Die maatskaplike krisis is egter baie groter as die 5 300 Aurora-werknemers. Elkeen van die werknemers het gemiddeld agt afhanklikes,” sê Du Plessis. “Dit beteken dat daar inderwaarheid meer as 42 000 mense deur die krisis platgeslaan is.” Die armoedekrisis waarin die gesinne sedert 2009 gedompel is, is besig om sy tol te eis. Volgens die vakbond is daar bloed op Aurora en die Pamodzi-likwidateurs se hande. “Minstens een Aurora-werknemer het reeds selfmoord gepleeg, terwyl talle dreig om dieselfde te doen,” sê Du Plessis. Marius Ferreira, ’n Solidariteit-lid, het in April selfmoord gepleeg nadat hy en sy gesin alles wat hulle besit het as gevolg van die wanbetaling van sy salaris verloor het. Volgens Du Plessis was Ferreira eers ’n werknemer van die voormalige Pamodzimyn, waarna hy tot sy dood vir Aurora Empowerment Systems as ’n passer-en-draaier gewerk het. Sy normale salaris was meer as R12 000 per maand, maar Aurora het Ferreira oornag laat weet dat hy voortaan vir R60 per dag moet werk, of moet bedank. Ferreira het gevolglik vir R1 800 per maand begin werk. Maar selfs dít is nooit aan hom

“Terwyl Aurora se eienaars in rykdom leef en die mynbate deur hulle plundery tot niet gemaak is, kyk die likwidateurs toe. Intussen is duisende gesinne afhanklik van kospakkies en die hulp van familielede. Hulle het alles verloor.”

betaal nie. Volgens sy vrou, Susan, het die feit dat hy nie meer vir sy gesin kon sorg nie, sy tol geëis. Aurora skuld die Ferreira’s nagenoeg R170 000. “Ons het Marius Ferreira begrawe, maar sy eis sal nie begrawe word in die Auroragemors nie. Solidariteit sal steeds veg vir elkeen wat ons hulp nodig het,” sê Du Plessis. “Ferreira is ’n held. Hy het tot net voor sy dood onverpoos aanhou werk, ondanks die verlies van sy huis, motors en meubels.” Solidariteit Helpende Hand het ná Ferreira se dood ’n berader aangestel om Aurora-werknemers by te staan nadat die vakbond van minstens nog drie selfmoorddreigemente en selfs ’n gesinsmoorddreigement te hore gekom het. “Terwyl Aurora se eienaars in rykdom leef en die mynbate deur hulle plundery tot niet gemaak is, kyk die likwidateurs toe. Intussen is duisende gesinne afhanklik van kospakkies en die hulp van familielede.

nommer 3 van 2011

42

Hulle het alles verloor,” voeg hy by. Intussen is daar nie veel hoop dat die myne binnekort weer in werking sal wees nie. “Nie een van die 13 skagte by die Grootvlei- en Orkney-myne is meer in ’n werkende toestand nie en die meerderheid skagte is totaal gestroop of oorstroom,” sê Du Plessis. Teen druktyd is daar egter groot vordering in die geveg teen Aurora gemaak: Solidariteit het ’n likwidasie-aansoek van R3,1 miljoen teen Aurora by die Hooggeregshof ingedien. Aurora het aangedui dat hy dié aansoek gaan teenstaan, maar het teen druktyd die trekpas as besturende maatskappy van die Orkney- en Springs-myne gekry nadat twee van die likwidateurs, Enver Motala en Gavin Gainsford, laat in Mei afgedank is. • Om ’n bydrae te maak om die nood by Aurora te verlig, skakel Solidariteit Helpende Hand by 0861 25 24 23. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


aksent media • 082 445 4513


nuuswaardig

Nasionale Kosblikkieprojek skop weer af

d

Deur Surika van Schalkwyk

aar is soveel behoeftige kleuters wat weens fisieke, emosionele en geestelike verwaarlosing nie optimaal ontwikkel nie en gevolglik hulle formele onderrig reeds met ’n agterstand begin. “Die meeste ma’s wil net die beste vir hulle kinders hê. Maar wat gebeur as omstandighede buite ’n behoeftige mamma se beheer haar verhinder om haar kind se ontwikkeling te stimuleer?” vra Lindie Strydom, projekbestuurder van die Kosblikkieprojek. Om dié rede skop Solidariteit Helpende Hand se nasionale Kosblikkieprojek vanjaar weer vir die derde keer af om die toenemende nood onder kleuters en kleuterskole te verlig. Tydens dié projek, wat van Junie tot Augustus strek, word opleidingsgeleenthede geskep en voedingskemas van stapel gestuur. Volgens Strydom strek die nood veel verder as net kos en klere vir behoeftige kleuters. “Kleuters in behoeftige gemeenskappe se ouers moet noodgedwonge werk. Daarom word kleuters dikwels bedags tuis agtergelaat omdat behoeftige ouers nie kleuterskole of skoolgeld kan bekostig nie,” sê Strydom. Volgens haar ontwikkel 80% van ’n kind se breinfunksies reeds voor die ouderdom van ses jaar. Daarom lei Solidariteit Helpende Hand vanjaar weer behoeftige mammas as dagmoeders op om die ontwikkelingsprobleme van kleuters voorkomend aan te pak. Die opleidingsprogram dien ook as ’n werkskeppingsprojek, aangesien die mammas of versorgers as dagmoeders opgelei word en ná

Paul Strydom maak gereed vir die Kosblikkieprojek.

die opleiding hulle eie dagsorgsentrum kan registreer. Die opleiding word in samewerking met die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans gedoen. Verlede jaar het 17 behoeftige mammas van Danville, Pretoria die opleidingsprogram suksesvol voltooi. Vanjaar gaan ongeveer 20 behoeftige mammas in Gauteng en die Vrystaat ook as dagmoeders opgelei word. “Die opleiding van dagmoeders verminder die druk op behoeftige kleuterskole wat reeds noustrop trek om die mees basiese diens en versorging aan die kleuters te bied. “Behoeftige kleuters word dikwels vir die eerste keer motories en intellektueel in graad R of graad 1 gestimuleer. Ongelukkig is hulle ontwikkeling dan reeds so ver agter dat skole sukkel om die agterstand in te haal.

So word verskeie behoeftige kinders vroeg reeds deur die skoolsisteem in die steek gelaat,” sê Strydom. Volgens haar is die opleidingsprogram in Afrikaans, wat ook moedertaalonderrig versterk. “Die program is daarop gemik om kleuters tussen twee en vyf jaar in groepies van ses te versorg. Só word kleuters wat in plakkerskampe, skuilings en kommunes woon se ontwikkeling op intellektuele en motoriese vlak gestimuleer,” sê Strydom. Navorsingsresultate wat verlede jaar deur Solidariteit Helpende Hand vrygestel is, toon dat 27% van die kleuters in die 22 kleuterskole wat aan die studie deelgeneem het, in Wendy-huise, karavane en buitekamers bly. By een kleuterskool in Pretoria-Noord bly 8 van die 14 kleuters in Wendy-huise. As deel van die Kosblikkieprojek betrek Helpende Hand-takke die gemeenskap om die infrastruktuur van kleuterskole te verbeter en te help om opvoedkundige speelgoed, boekies en ander lewensmiddele in te samel. Die projek steun sterk op gemeenskapsbetrokkenheid deurdat kerke, skole, sakeondernemings en verskillende organisasies behoeftige kleuterskole onder hulle vlerk neem en ondersteun. Tydens die projek vat bevoorregte kleuterskole ook hand met behoeftige kleuterskole. “Dit is baie belangrik dat gemeenskappe verantwoordelikheid vir die nood in hulle midde neem en by ons hulpverlenings- en opheffingsprojekte betrokke raak,” sê Strydom. S

Kry baie meer as net werk op nuwe WerkNet-tuiste

FOTO: SURIKA VAN SCHALKWYK

Deur Marietjie Smit Meer as ’n derde van die Suid-Afrikaanse bevolking is werkloos. Met hierdie skokkende syfer in gedagte het Solidariteit Helpende Hand ’n nuwe Afrikaanse beroepsleidingsdiens op die been gebring. Die diens se naam is WerkNet en dit behels verskeie fasette. Een van die fasette van WerkNet is om aan Afrikaanse werksoekers toegang te gee tot inligting oor ’n verskeidenheid werkgeleenthede regoor die land. Hierdie gratis diens is beskikbaar by www.werknet.co.za en werksoekers kan hulself kosteloos daarvoor registreer.

’n Verdere faset van WerkNet waarmee Solidariteit Helpende Hand reeds sedert 2010 besig is, is om jongmense vir die arbeidsmark voor te berei. Daar word in September vanjaar weer ’n entrepreneurskonferensie aangebied waar jongmense op ’n interaktiewe manier inligting kan ontvang oor hoe om hul eie ondernemings te begin. Vanjaar is die konferensie uitgebrei om ook ’n kompetisie in te sluit waar skoolkinders hul eie ondernemings kan inskryf om vir die Solidariteit Helpende Hand Entrepreneurstoekenning in aanmerking te kom. Hierdie kompetisie en konferensie word

nommer 3 van 2011

44

in samewerking met die Afrikaanse Handelsinstituut aangebied. Meer inligting is beskikbaar by www.loopbaan.co.za. WerkNet bied ook aan skoolkinders of jong werksoekers die geleentheid om psigometriese toetse, aanlegtoetse, belangstellingstoetse en so meer teen ’n fraksie van markverwante pryse te doen. Indien daar agt of meer mense in ’n spesifieke gemeenskap is wat belangstel om die toetse af te lê, sal Solidariteit Helpende Hand dit in jou dorp kom doen – en teen geen ekstra koste nie. Snuffel by www.werknet.co.za vir meer inligting.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Solidariteit hou verkiesing: Trek jóú kruisie!

e

Deur Ilze Nieuwoudt

lke vyf jaar word vakbondverteenwoordigers asook die Solidariteit Nasionale Raad, Hoofraad en Bedryfsrade verkies. Dit is binnekort weer tyd vir hierdie verkiesing en Solidariteit-lede word aangemoedig om deel te neem om sodoende toe te sien dat lede wat die organisasie se beste belange op die hart dra, tot die onderskeie rade verkies word. Vanjaar se verkiesing sal landwyd vanaf 17 tot 21 Oktober plaasvind, waarna die verkiesing van ampsdraers in die onderskeie bedrywe sal plaasvind. Hiertydens sal die onderskeie bedrywe ook hulle lede verkies wat die bedryf in die Nasionale Raad en Hoofraad moet verteenwoordig. Meer inligting sal in die komende maande oor dié geleentheid aan lede beskikbaar gestel word. Dit is belangrik dat lede kennis neem van die verskillende rade.

VAKBONDVERTEENWOORDIGERS Vakbondverteenwoordigers is vrywillige lede van die vakbond wat elke vyf jaar tot hierdie posisie deur die lede verkies word. Vakbondverteenwoordigers beklee die verantwoordelike posisie dat hulle die belangrikste skakel tussen die vakbond en sy lede is. Die dag-tot-dag-beskerming van vakbondlede se regte rus ook in die hande van vakbondverteenwoordigers. NASIONALE RAAD Die Nasionale Raad is die hoogste liggaam van die vakbond en bestaan uit verteenwoordigers van die onderskeie bedrywe wat tot die Nasionale Raad verkies word. Die Nasionale Raad vergader jaarliks op ’n datum wat deur die Solidariteit Hoofraad bepaal word en is onder meer verantwoordelik vir die formulering van die nasionale beleid van die vakbond.

Gee SKULD jou slapelose nagte?

Ek bied jou GEMOEDSRUS, hou die BALJU van die deur weg en stop alle DAGVAARDINGS en BBB’s teen jou salaris! Speel klaar met persoonlike skuld (met of sonder eiendom) asook besigheidskuld!

EK BAKLEI VIR JOU!

Mari van Tonder-skuldverligting Tel: 012 332 1696 • Sel: 074 556 5157 E-pos: marivtskuld@telkomsa.net

* SMS jou naam en telefoonnommer na 074 556 5157 en ek bel jou terug!

HOOFRAAD Die Hoofraad is verantwoordelik vir die funksionering van die vakbond se aktiwiteite en die strategiese aanwending van die vakbond se strukture vir die suksesvolle bestuur daarvan. Die Hoofraad bestaan uit lede verteenwoordigend van die onderskeie bedrywe, wat deur die Nasionale Raad tot die Hoofraad verkies word. BEDRYFSRAAD Bedryfsrade bestaan uit afgevaardigdes vanuit die spesifieke bedrywe (een vir elke 500 lede of gedeelte daarvan) en fokus daarop om verordeninge, beleide en regulasies goed te keur vir die regulering van die onderskeie bedrywe. Bedryfsrade moet onder meer die uitvoerende hoof, die Solidariteit Hoofraad en die Nasionale Raad van advies rakende die sake van die betrokke bedryfsraad voorsien. S


nuuswaardig

AfriForum-saak teen Malema vorder goed

d

Deur Nico Strydom

ie media se deurlopende beriggewing oor die burgerregtegroep AfriForum se haatspraaksaak teen ANC-jeugligaleier Julius Malema die afgelope paar weke, het wye reaksie ontlok. AfriForum wil hê Malema se sing van die lied met die gewraakte woorde “Skiet die Boer” moet as haatspraak verklaar word. Die partye se regsverteenwoordigers het op 19 en 20 Mei hulle afsluitingsbetoë gelewer. Op 20 Mei is uitspraak in die SuidGautengse Hooggeregshof voorbehou. Die afgelope paar weke is baie oor die saak gesê en geskryf. AfriForum het uit enkele oorde kritiek ontvang omdat die saak aanhangig gemaak is, met sommiges wat meen die geld kon beter aangewend geword het. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, meen sulke kritiek verkondig die boodskap dat Afrikaners verdra kan word, maar beslis nie gehoor moet word nie. “Toe ’n vroueregtegroep Malema voor die Gelykheidshof gedaag het rakende sy neerhalende aanmerkings oor vroue, het almal hande geklap. Noudat ’n burgerregtegroep die regte ding doen deur Malema voor die Gelykheidshof te daag rakende kwetsende slagspreuke oor Afrikaners, klap almal skielik nie meer hande nie. Ons hofsaak teen Malema het aan ons gewys die staat en die ANC se propaganda-masjinerie is daarop uit om selfs teenstand wat binne die raamwerk van die Grondwet geopper word, uit die weg te ruim.” Kriel voeg by dat dit ’n groot verantwoordelikheid plaas op AfriForum as burgerregteorganisasie. “Die verantwoordelikheid is om toe te sien dat die verdeel-en-heers-strategie misluk en om sterk te staan ter wille van ’n beter toekoms. Solank ons met selfvertroue die respek eis wat ons toekom, respek teenoor ander betoon en doen wat reg is, sal geen propaganda ons ontspoor nie.” AfriForum is baie positief oor sy kanse op ’n gunstige hofuitspraak. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, sê verskeie faktore is in ag geneem voordat die saak teen Malema aanhangig gemaak is. Volgens Buys was die eerste oorweging die plaasmoordekrisis. “Volgens die kriminoloog prof. Christiaan Bezuidenhout is ’n plaasboer se kans om vermoor te word, sowat 700 keer groter as in die res van die wêreld,” sê Buys.” “Dit is duidelik dat liedjies soos ’Skiet die Boer’ die geweldsklimaat in die land verder aanblaas. Die hofsaak was die laaste uitweg nadat gesprekke

SÓ HET HULLE GETUIG • DR. ANNE-MARIE GRAY, kenner van struggle-liedere, het getuig die woorde en sing van Dubul’ ibhunu maak haar ongemaklik. Sy het gesê dit is eerder ’n kreet as ’n lied en dat ’n kreet baie meer dreigend is. • PROF. DANIE GOOSEN, voorsitter van die FAK, het getuig die woorde “skiet die Boer” laat Afrikaners fisiek en psigologies voel of hulle in ’n bedreigde posisie is. • PROF. CHRISTIAAN BEZUIDENHOUT, ’n kriminoloog, het getuig die woorde “skiet die Boer” is sterk woorde en baie gevaarlik wanneer ’n invloedryke persoon dit uiter, aangesien mense na hom opkyk. • ERNST ROETS, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het getuig Malema het hom en van sy kollegas gedreig tydens ’n vergadering by Luthuli-huis en gesê indien hulle voortgaan met ’n beplande protesoptog, kan daar ’n herhaling wees van die Shell House-slagting waarin nege IVP-lede doodgeskiet is. • PROF. ANTON KOK, waarnemende dekaan van die regsfakulteit aan die Universiteit van Pretoria, het getuig die openbare mening is oorweldigend teen die gebruik van woorde soos “skiet die

met die ANC, insluitende met pres. Jacob Zuma self, op niks uitgeloop het nie.” Buys sê voorts ’n uitspraak in die Gelykheidshof sal duidelikheid oor reg en verkeerd gee: Haatspraak is immers teen die Grondwet, maar ten spyte hiervan het die ANC niks gedoen om Malema te keer nie. “ANC- en regeringsleiers het al die uitspraak gemaak dat net witmense rassisties kan wees. Dis snert. Rassisme is nie beperk tot sekere rassegroepe nie. Ongelukkig is dit so dat rassisme binne die ANC gevaarlik aan die toeneem is, soos hul verknogtheid aan die liedjie bewys. Omdat die regering niks hieraan doen nie, is dit nodig dat die hof riglyne neerlê. Rassisme moet gestop word, ongeag kleur of party.” Volgens Buys hang dit ook nou saam met die handhawing van die regsorde en regstaat. Hy sê as een persoon se reg geskend word,

nommer 3 van 2011

46

Boer” gekant. • GWEDE MANTASHE, sekretaris-generaal van die ANC, het getuig ’n debat tussen die betrokke partye oor die sing van vryheidsliedere kan tot almal se voordeel wees. Hy het ook gesê hy twyfel of daar ’n verband was tussen die sing van “Skiet die Boer” en die moord op die AWB-leier Eugene Terre’Blanche. • COLLINS CHABANE, minister in die presidensie, het gemeen hoewel daar beweer word Malema se sing van ”Skiet die Boer” wakker vrees aan onder Afrikaners en Boere, is dié vrees misplaas. • JULIUS MALEMA, leier van die ANCjeugliga, het getuig dat hy ongelukkig was toe mense Die Stem gesing het by die moordverhoor van AWB-leier Eugene Terre’Blanche, maar dat hy niemand hof toe geneem het nie. Malema het herhaaldelik getuig die woorde Dubul’ ibhunu is nie gewelddadig bedoel nie. • DR. WALLY SEROTE, voormalige hoof van die Vryheidsparkstigting en ANCveteraan, het getuig struggle-liedere moet deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis bly soos die Voortrekkermonument deel bly daarvan.

word almal s’n geskend. “AfriForum beskerm mense se burgerregte. Die belangrikste burgerreg is tog sekerlik die reg op lewe. Dis ’n skande dat dit nodig was om hieroor hof toe te gaan. Selfrespek en eergevoel speel ook ’n rol. ’n Mens is nie liggeraak as jy verneder voel wanneer ’n politieke leier toegelaat word om massas mense met haatliedjies op te sweep nie.” Buys sê dit is duidelik dat Malema nou vir oudpres. Nelson Mandela as die simbool van die ANC begin vervang. “Dis ’n skande en verleentheid vir die land dat die ANC hul jeugleier se rassisme steun. Die ANC sal sterk moet optree as hulle hul geloofwaardigheid en respek wil behou.” Buys meen dit is Solidariteit se plig om te praat namens dié wat nie kan nie. “Ons kan en gaan dit nie net los as mense se reg vertrap word nie, ongeag politieke druk.” S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Joernalis nou AfriForum-mediahoof

FOTO: MARNIA VERWEY

l

eané du Plessis is onlangs as hoof: mediaskakeling van AfriForum aangestel. AfriForum se aktiwiteite en veldtogte het oor die afgelope twaalf maande drasties toegeneem en Du Plessis is aangestel om te verseker dat doeltreffende kommunikasie met die media gehandhaaf word. AfriForum se ledetal het oor dieselfde tydperk met 80% toegeneem. Du Plessis sal skakeling tussen AfriForum se woordvoerders en die media koördineer en ook self as woordvoerder van AfriForum optree. Sy sal voorts toesien dat AfriForum altyd vir enige medianavrae toeganklik is. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is AfriForum bevoorreg om iemand met Du Plessis se kundigheid in die organisasie se span in te sluit. “Du Plessis se aanstelling asook die aanstelling van Ernst Roets as AfriForum se tweede adjunk uitvoerende hoof, is ’n verdere jeugdige inspuiting vir AfriForum. Dit help die organisasie om op die lang termyn volhoubaar te wees en ’n blywende rol in die samelewing te speel,” het Kriel gesê. Volgens Du Plessis is sy opgewonde oor

Leané du Plessis

die uitdagings wat haar nuwe pos inhou. ”My tydperk as joernalis was ’n wonderlike ervaring waartydens ek baie geleer en goeie mense leer ken het. Ek sien daarna uit om dit wat ek geleer het nou in ’n ander rol, maar steeds op die mediaterrein, aan te wend ter beskerming van burgerregte as deel van die AfriForum-span.” S

kykNET sê nee vir Malema-advertensie AfriForum sit steeds sy Stop Malemaveldtog met ywer voort en het nou ook ’n televisieadvertensie laat maak om die publiek aan te moedig om die veldtog te ondersteun. Die veldtog is daarop gemik om steun te verkry vir AfriForum se haatspraaksaak teen Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga. Geld wat met die veldtog ingesamel word, word aangewend om die regskoste vir die saak te dek. Die advertensie, wat spesiaal vir kykNET gemaak is, sal egter nou nie op die kanaal verskyn nie. AfriForum is onlangs ingelig dat die advertensie nie gepas is vir die kanaal nie. In die advertensie sê Sean Else en Ampie du Preez, lede van die sanggroep 34 Grade Suid, dat hulle vasstaan teen haatspraak en moedig die publiek aan om ook standpunt teen haatspraak in te neem. • Die advertensie kan gesien word by www.afriforum.co.za

“Trade Union Administration made simple”

Proud partner & sponsor of Solidarity for more than a decade in Union Administration With ongoing changes & innovations in technology, ProPay has become a frontrunner in the Trade Union Administration sector.

www.propay.co.za • E-mail: info@propay.co.za • 0861 ProPay (776 729) aksent media • 082 445 4513


Kongres 2011 Dankie aan al ons Kongresborge. Elke saadjie wat geplant word, laat die Solidariteit Beweging se drome om ’n verskil te maak, ’n werklikheid word.


aksent media • 082 445 4513


lidmaatskap

’n wen-wen-

VENNOOTSKAP

Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word.

TOT U DIENS MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede. Skakel 0860 34 62 53 vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie.

SOLIDARITEIT REGSHULPPAKKET Vir ’n bykomende premie van slegs R70 per maand kan lede en hulle afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en familiegedinge, borgonderhandeling, borgbetaling tot R5 000, strafregsake (krimineel) en hulp met verkryging van vuurwapenlisensies. • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).

HOEVEEL KOS LIDMAATSKAP?

SOLIDARITEIT AFTREEPLAN Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min SuidAfrikaners onafhanklik kan aftree. • Skakel 0861 101 005 of stuur e-pos na ruan@solidariteit.co.za

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

TESTAMENTE EN BOEDELBEREDDERING

’N HELPENDE HAND

• Individuele lede – R77 per maand • Kollektiewe lede – R75 per maand

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND Solidariteit Helpende Hand ondersteun maatskaplike projekte en elke aansoek word op meriete oorweeg. Aansoeke kan gerig word aan: Solidariteit Helpende Hand, Posbus 11760, Centurion 0046. Of skakel 0861 25 24 23.

BEURSE

Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan ook teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300.

Solidariteit Helpende Hand bestuur en administreer verskeie beursfondse en ken jaarliks meer as R5 miljoen toe om behoeftige studente by te staan vir wie dit nie andersins moontlik sou wees om te studeer nie. Hierdie studente is óf lede van Solidariteit óf maandelikse bydraers tot Solidariteit Helpende Hand óf hulle kinders. Skakel Melani Gerber of Dinah Theron at 012 644 4428 of stuur ’n e-pos na melani@helpendehand.co.za of dinah@helpendehand.co.za

nommer 3 van 2011

50

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


lidmaatskap

ONS WERK VIR JOU ARBEIDSAKE

LIDMAATSKAPKATEGORIEË Met drie kategorieë van lidmaatskap bied Solidariteit ’n tuiste vir almal!

1

KOLLEKTIEWE LEDE

Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.

2

INDIVIDUELE LEDE

Individuele lede is lede wat by aansluiting jonger as 50 jaar is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.

3

ONDERSTEUNINGSLEDE

Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie, dit wil sê individuele lede wat by aansluiting ouer as 50 jaar is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, siekte- en ongelukskema, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.

Gratis regshulp en hulp in arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werksprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise.

afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: * Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 * Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide man en vrou lid van Solidariteit is. Begrafnisreëlings Die las van begrafnisreëlings word baie verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref.

Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding.

STERFTEVOORDELE (DOVES-KONTRAK)

PERMANENTE MEDIESE ONGESKIKTHEID

Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Doves-begrafnisdienste behartig. • Die afhanklike gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. Kontantuitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by

Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit en wat spesialisverslae en bewyse van hulle werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500.

BEVALLINGSVOORDEEL ’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne 60 dae ná die bevalling ingedien word.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF Lede ontvang ’n eksemplaar van die Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook Solidariteit se werksaamhede gedek word.

MOENIE WAG NIE, SLUIT VANDAG AAN! • Skakel 0861 25 24 23; besoek www.solidariteit.co.za; SMS die woord LID en jou naam na 34388; of besoek een van ons dienskantore. * BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD

number 3 of 2011

51

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

Klein jakkalsies kan groot skade aanrig

f

Deur Francois Smit

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

inansiële beplanning begin met die feit dat jy ’n inkomste verdien en daarteenoor die feit dat jy uitgawes het. Om ’n balans tussen die twee te vind, word elke jaar moeiliker. Dan is daar nog die klein jakkalsies wat groot skade aan jou begrotingswingerd kan aanrig. Die uitgawes aan finansiële produkte en dienste is een van die uitgawes wat ’n mens dwars in die krop steek, totdat jy dit die dag nodig kry! Suid-Afrikaners se spaarkoers is naby aan nul, wat veroorsaak dat dié uitgawes nog meer soos ’n bodemlose put voel. Terwyl niemand van ons in ’n kristalbal kan kyk en die toekoms kan voorspel nie, sal dit in elk geval gaaf wees om te weet wat die slegste scenario is waarin jy jou kan bevind. Dit kan makliker gemaak word deur ’n strategie van die “slegste scenario” te volg. Die stelling hierbo kan verduidelik word deur twee scenario’s te skets waarvoor Solidariteit Finansiële Dienste produkte het.

SCENARIO 1 My broer, Stefan, was onlangs in ’n motorongeluk. Met die uitneem van sy versekering sou die opsie om ’n huurmotor te kry indien hy in ’n ongeluk sou kom of die voertuig gesteel word, R75 per maand ekstra kos. Hy het dit van die hand gewys. Skaars 18 maande later het iemand in ’n parkeerterrein teen sy motor vasgery. Dit het langer as ’n maand geneem om sy versekeringseis en die herstelwerk aan sy voertuig uit te sorteer en hy moes vir 30 dae ’n voertuig huur sodat hy kon werk. Die totale rekening was R7 800. Indien hierdie bedrag deur die R75 per maand gedeel word, beteken dit dat 104 maande sonder voorval moes verloop voordat hy R7 800 bestee het. Dit is agt jaar en agt maande. Geeneen van ons kan vir seker weet dat ons vir agt jaar en agt maande geen voorval met ons voertuie gaan hê nie. Stefan se “slegste scenario” vir die 18 maande was R1 350 (R75 x 18) en dit sou met die ongeluk geen invloed op sy kontantvloei gehad het nie. Met geen spaargeld in hedendaagse huishoudings nie, sal die meeste mense die R7 800 moet leen of met ’n kredietkaart moet betaal. Dit plaas net nog meer druk op ’n huishouding se kontantvloei. SCENARIO 2 Solidariteit se navorsing toon dat 51% van

MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING Bekostigbare motor- en huisinhoudversekering in samewerking met Auto&General. Benewens lae tariewe kry lede ’n kontantterugopsie ná vier jaar van geen eise en daarmee saam premiekwytskelding van ses maande vir gedwonge afleggings of die dood van die polishouer. • Skakel 0860 34 62 53. AFTREEVOORSIENING Doelgemaakte raad vir ’n sorgvrye aftrede, ondersteun deur die regte produkte. • Skakel 0861 101 005.

ons lede ná hulle afsterwe veras wil word. Daar bestaan egter geen vaste prysstruktuur vir verassings in Suid-Afrika nie. Die nieamptelike syfers toon dat verassings tot R8 000 kan kos. Die behoefte aan broodnodige kontant onstaan ook as gevolg van onder meer bankrekenings wat gevries word. Solidariteit Finansiële Dienste het ’n produk ontwikkel wat ’n hooflid slegs R13,83 per maand kos om R9 000 se dekking te geniet. Teen R13,83 per maand moet jy vir die volgende 650 maande, of 54 jaar, die premie betaal om R9 000 te spaar. Sou jy die R13,83 elke maand belê teen 10% per jaar, sal dit steeds 18 jaar neem om R9 000 bymekaar te maak. Daar bestaan

nommer 3 van 2011

52

VERASSINGSDEKKING Verassingsdekking, onderskryf deur Centriq Insurance, teen minimum premies van so laag as R14 per maand. Kies tussen twee vlakke van dekking vir ’n gesin van ses persone. Voorsiening word ook gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers. • Skakel 0861 867 335. REGSHULPVERSEKERING LegalX is ’n unieke regshulpproduk wat bykomende regsversekering bied ten opsigte van siviele, strafregtelike en familieregsake – 24 uur per dag, 365 dae van die jaar. • Skakel 0861 765 734.

geen goedkoper manier om onmiddellik voorsorg te tref vir ’n gebeurtenis wat lewens verander nie. Uit bogenoemde voorbeelde kan jy wel voorspel dat R88,83 (R75 + R13,83) per maand jou slegste scenario is. Só kan jy verhinder dat die klein jakkalsies jou lammers kom vang of jou oes vernietig. Deur hierdie benadering te volg, sal die uitgawe aan dekkingsprodukte meer sin hê omdat dit in die regte konteks gesien word. Die uiteinde is dat daar nie verrassings in jou begroting sal wees wat dit nog moeiliker laat klop nie. • Francois Smit is besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


aksent media • 082 445 4513

gee jou

DROME

van môre vlerke

VANDAG

Motor- en huisinhoudversekering Regshulpversekering Aftreeplan

Verassingsdekking

Skakel ons vandag nog by

0861 101 005

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


nuuswaardig

Sol-Tech-drome binne bereik

d

Deur Moira-Marie Kloppers

ie helfte van die jaar is skaars verby, maar volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, het dié tegniese kollege in dié kort tyd al heelwat positiewe belangstelling en terugvoer uit verskillende oorde ontvang. Sol-Tech het onlangs ook met ’n nuwe inisiatief begin, naamlik opknappingskursusse voor die nasionale vaktoetse afgelê word. “Dié inisiatief dra reeds vrugte,” verduidelik Van Deventer. “Sol-Tech ontvang veral positiewe terugvoer oor die hoë standaard van opleiding en vaardighede waaroor ons studente reeds beskik wanneer hulle die werkplek vir hul praktiese opleiding betree,” sê Van Deventer. Hy is egter nie verbaas nie. “Ons maak mense indiensneembaar,” sê hy. “Daar is ’n toenemende behoefte aan tegniese opleiding van ’n goeie standaard in Suid-Afrika. SolTech sou graag wou uitbrei om nóg ambagte aan te bied, maar daarvoor het Sol-Tech tans nog net nie die geriewe en spasie nie.

Paul van Deventer

“Die voortuitsig om Sol-Tech se missie, om drome deur opleiding te verwesenlik, op ’n groter skaal te begin verwesenlik, lê nou binne bereik met die oprigting van Solidariteit se eie volwaardige kampus.”

Tiaan Stols in aksie.

FOTO’S: REINT DYKEMA

Sol-Tech se kragman aangewys Sol-Tech se studenteraad het op 1 April die eerste van twee sportdae vir die jaar aangebied. Daar was verskeie spanverwante items soos toutrek, mini-krieket en raakrugby, maar die hoogtepunt van die dag was die kragmankompetisie. Die individuele mededingers om die titel van kragman het aan drie hoofitems deel-

geneem. Die sogenaamde farmer’s walkitem, waar deelnemers twee gewigte van 75 kg elk oor die verste afstand moes probeer dra, is deur Tiaan Stols gewen. Renier Lending het as wenner uit die stryd getree in die bakkie trek-kompetisie, terwyl Billy Kotze die trekkerband omgooi-item die vinnigste voltooi het.

nommer 3 van 2011

54

Nuwe studente reeds tuis by Sol-Tech Sowat 180 eerstejaarstudente wat in Mei met hul studies in dieselwerktuigkunde, elektries, pas en draai, meulmakery en handvaardighede begin het, is reeds tuis by Sol-Tech. Van die 180 studente is 105 tans besig om opleiding in Sol-Tech se werkwinkels te ontvang terwyl 75 met hul N-kursusse in elektries, meulmakery, dieselwerktuigkunde en pas en draai besig is. “Wanneer ons met werkgewers gesels wat tegniese studente vir praktiese ondervinding inneem, bevestig hulle voortdurend dat daar ’n duidelike onderskeid tussen ’n Sol-Tech-student en studente van ander tegniese kolleges is,” verduidelik Philip Minnaar, waarnemende hoof van Sol-Tech. “Nie net kan Sol-Tech-studente, op grond van die gehalte kennis en vaardighede waaroor hulle beskik, onderskei word nie, maar meestal ook op grond van hulle werketiek, motivering en aanslag in die werkplek,” voeg Minnaar by. Dit is duidelik: Sol-Tech-studente sien opleiding by dié instelling as ’n voorreg en ’n geleentheid wat nie vermors kan word nie. “Baie van ons studente is lank op waglyste voor hulle by Sol-Tech kan begin en die waarde wat hulle aan die geleentheid heg, is duidelik te sien in Sol-Tech se 100%-slaagsyfer,” sluit Minnaar af. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


aksent media • 082 445 4513

word ’n

VAKMAN propvol

VONK

in 5 stappe VYF MAKLIKE STAPPE!

• Verwerf ’n N1/N2-sertifikaat. • Praktiese werkwinkelopleiding. • Praktiese werkplekondervinding van 14 tot 16 maande. • Vaktoetsvoorbereiding. • Aflê van die nasionale vaktoets.

Moenie Sol-Tech se inligtingsessies in Julie in Despatch, Kaapstad, Bloemfontein, Klerksdorp,Witbank en Ellisras misloop nie! Die volgende opedae vir voornemende studente vind op 9 Julie en 15 Oktober plaas.

Kontak ons vandag nog:

012 755 5687 www.sol-tech.co.za

Sol-Tech is deel van die Solidariteit Beweging


nuuswaardig

Alta Fouche

Suné Zaaiman

Hendrik van der Westhuizen

Saartjie Koekemoer

Jannie Odendaal

Solidariteit bekroon gemeenskapsterre

v

Deur Moira-Marie Kloppers & Daleen de Jager

yf persone wat ’n besonderse bydrae tot hul gemeenskap gemaak het, is tydens ’n spesiale skemerkelkiegeleentheid op die vooraand van Solidariteit se nasionale kongres vanjaar met ’n Ster in die Gemeenskap-toekenning vereer. Die jaarlikse Sterre in die Gemeenskap-toekennings is ’n spesiale geleentheid waartydens die Solidariteit Beweging hulde bring aan gemeenskapshelde wat in verskeie velde in hul onderskeie gemeenskappe ’n verskil gemaak het.

FOTO’S: REINT DYKEMA

ALTA FOUCHE Alta Fouche van Leeudoringstad verkoop kos en wend die geld aan om minderbevoorregtes in haar gemeenskap te ondersteun. Sy vorder ook kos, klere en ander noodsaaklikhede vir behoeftiges in. Alta werk saam met die Leeudoringstad Ondersteuningsforum, waarvan sy sekretaresse is, om nood in haar gemeente en gemeenskap te verlig. HENDRIK VAN DER WESTHUIZEN Hendrik van der Westhuizen is by die beveiliging van sy gemeenskap in Waverley, Pretoria betrokke. Hy het aktief betrokke geraak by BMWcid (Bergtuin Môregloed Waverley City Improvement District), ’n Artikel

21-maatskappy, wat gestig is om die Waverley-gemeenskap te beveilig. Deur middel van BMWcid het Hendrik inwoners betrokke gekry by straatpatrollies, hulle gehelp om tweerigtingradio’s aan te skaf en gesorg dat kameras by al die strategiese punte in Waverley opgerig word. Te danke aan al hierdie inisiatiewe het misdaad in Waverley drasties afgeneem. JANNIE ODENDAAL Polisielid Jannie Odendaal is inderdaad ’n ster vir reg en geregtigheid. Jannie se verhaal het wye mediadekking geniet: Op 30 Desember verlede jaar het hy en ’n kollega ’n voertuig afgetrek wat roekeloos en teen ’n hoë spoed deur die verkeer gevleg het. Winnie Madikizela-Mandela was die passasier in die voertuig. Sy en haar lyfwagte het ’n klag teen Odendaal ingedien omdat hy dit durf waag het om hulle af te trek. Jannie het besluit dat hy gaan opstaan vir wat reg is om te verhinder dat ander polisielede soos hy geboelie word. SAARTJIE KOEKEMOER Saartjie Koekemoer, koster by die NG Kerk Strubenvale in Springs, het ’n ster geword toe sy by die Aurora Grootvlei-myn se voedingsprojek betrokke geraak het. Hierdie

nommer 3 van 2011

56

projek is van stapel gestuur nadat die myn in duie gestort het en werknemers vir maande lank nie salarisse ontvang het nie. Saartjie was aktief betrokke by elke voedselprojek vir die Aurora-werknemers en het getrou die verpakking van 120 kospakkies en ander logistieke reëlings hanteer. Saartjie is steeds op ’n deurlopende grondslag gemoeid met die lot van Aurora se werknemers en is verantwoordelik vir die daaglikse ontvangs en verspreiding van kos, klere en ander skenkings na die behoeftige gesinne in die Aurora-gemeenskap. SUNÉ ZAAIMAN Toe die 11-jarige Suné Zaaiman van Kimberley voel dat sy as kind van die Here ’n verskil in haar gemeenskap wil maak, het sy op die internet gaan soek vir projekte waar sy betrokke kan raak. Sy het meer oor die armoede en nood van mense in Suid-Afrika op Solidariteit Helpende Hand se webtuiste te wete gekom. Dit het haar so diep geraak dat sy besluit het om ’n bydrae te lewer. Suné het intussen reeds verskeie projekte aangepak, kompetisies aangebied, vergaderings toegespreek en fondsinsamelings gehou, alles om geld vir behoeftiges in haar gemeenskap in te samel. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


newsworthy

Road maintenance programme unveiled

s

By Cilleste van der Walt

outh Africans can finally start looking forward to the improvement of secondary roads throughout the country. The S’hamba Sonke Road Maintentance Programme, unveiled by Minister of Transport Sibusiso Ndebele on 18 April, is a new initiative of the Department of Transport aiming to fix and upgrade the entire secondary road network of South Africa. According to Ndebele, this multi billion rand project will create 70,000 jobs. A national road beautification and safety programme will be sure to create some jobs, while great opportunities will be available for emerging contractors. Later this year, a Transport Sector Awards programme will also be introduced as part of S’hamba Sonke (or Moving Together/Ons Loop Saam, as it is also known). Other initiatives, like the Pothole Brigade initiated by Dial Direct and Trafficare and run in association with the Gauteng Provincial Department of Roads and Transport (GPDRT) and the Johannesburg Road Agency (JRA), have joined forces to assist in the fight against potholes in Johannesburg. This initiative received more than 11,500 reports of potholes, with most reported locations having three to five potholes. Even though the Pothole Brigade filled thousands of potholes since August 2010 and set a standard of fixing roads in South Africa, the initiative was only able to help fix potholes in certain areas, which makes the S’hamba Sonke Road Maintenance Programme a welcome and necessary programme to upgrade South African roads. Another part of S’hamba Sonke is the National Rolling Enforcement Plan (NREP), a plan with the purpose of making South African roads safe. This road safety plan has resulted in 34,000 unroadworthy vehicles being impounded in the past six months, almost nine million vehicles have been stopped at roadblocks, 3.5 million fines were issued and 13,877 allegedly inebriated drivers were arrested. “Even as we build new roads, we shall double our efforts to make our roads safe. It is time for action!” said Ndebele. As of May this year, he added, no less than 10,000 drivers will be screened every month for driving under the influence of alcohol, also as part of the department’s Decade of Action for Road Safety. South Africa’s proclaimed road network comprises some 750,000 km, 593,000 km of which is gravel networks managed by provinces, metros and municipalities. About 154,000 km is paved and managed across all spheres and 140,000 km of the network is still to be proclaimed. “Proclamation means a specific authority of government takes ownership and by implication takes responsibility for the maintenance of that network,” said Ndebele. Ndebele said the total cost of the programme will reach R22 billion by 2014. “During the 2011/2012 financial year, KwaZulu-Natal will get R1.2 billion, Eastern Cape R1 billion and Limpopo R934 million. Gauteng will receive R566 million, the Free State R447 million, Western Cape R441 million, Northern Cape R308 million and North West R501 million.” “It’s important to maintain roads because most of South Africa’s roads network had long exceeded its design life,” he concluded. S number 3 of 2011

57

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

-

-

0860 02 55 00


nuuswaardig

Eugene Brink

Alexia Vosloo

Xander de Kock

Drie nuwe stemme op Solidariteit Radio Die Solidariteit Radio-span het onlangs drie lede bygekry wat elke Dinsdag, Donderdag en Vrydag tussen 12:00 en 13:00 splinternuwe programme aanbied. Alexia Vosloo, Xander de Kock en Eugene Brink het met MOIRA-MARIE KLOPPERS gesels oor hul nuwe rolle by Solidariteit Radio. Beskryf jou eerste ervaring as aanbieder? Dit was baie opwindend. Vir my eerste program het ek met die sangeres Nianell gesels. Ek sien elke week uit na my program.

Hoe het dit gebeur dat jy ’n aanbieder op Solidariteit Radio geword het? My kollegas het my aangemoedig om vir ’n aanbiederkompetisie vir Solidariteit Radio in te skryf, wat ek toe gewen het.

Wat wil jy graag met jou program bereik? Leefstyl is ’n informele kuierprogram waarmee ek ’n positiewe, opbouende bydrae wil lewer. Leefstyl bied iets vir almal – van kinders en kosmaak tot 4x4-roetes en jag.

Wanneer word jou program uitgesaai? Leefstyl word Dinsdae om 13:00 uitgesaai. Watter insetsels kan gehoor word? Benewens ’n selfdoen-insetsel vir projekte in en om jou huis deur Johann Stadler, gesels ek elke week in Vernames Verklap met ’n bekende wat iets oor hom- of haarself verklap wat min mense weet. Verder bied Heleen Robbertse elke week Vrouwees aan

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

ALEXIA VOSLOO werk in Solidariteit se regsafdeling en is nou die aanbieder van die program Leefstyl, wat elke Dinsdag op Solidariteit Radio uitgesaai word.

nommer 3 van 2011

58

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig terwyl Cilleste van der Walt weekliks oor iets nuuts in die wêreld gesels in haar insetsel, Wat’s nuut? EUGENE BRINK is ’n navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut en is aanbieder van die Donderdagprogram, Oorsig. Waarom het jy besluit om ’n aanbieder op Solidariteit Radio te word? Ek het gedink dit sal interessante dinamiek aan my werk verleen en ’n opwindende uitdaging wees. Ek is ook ’n oudjoernalis en sien uit daarna om in die uitsaaiwese te werk, want voorheen het ek al die jare uitsluitlik in die gedrukte en internetmediabedryf gewerk. Wat wil jy graag met jou program bereik? Ek wil grootliks mense inlig en veral meer polities bewus maak, terwyl daar darem ook ’n proesel vermaak in sal wees. Ek wil hulle toerus met regskennis, lewenskennis en politieke kennis sodat hulle bemagtig kan wees om hul regte te kan opeis, goeie besluite oor hul lewe kan neem en die wêreld om hulle beter sal verstaan. As jy dus

wil weet hoe om varkore te plant, gaan ek jou ongelukkig teleurstel. Wanneer word jou program uitgesaai? Donderdae om 12:00. Watter insetsels kan gehoor word? My program se titel is Oorsig en bied ’n oorsig oor ’n wye reeks onderwerpe wat beroepsleiding, regsvrae, ’n onderhoud met ’n bekende sanger, ontleding van aktuele politieke gebeurtenisse (soos die onlangse verkiesing) en ’n blik op internasionale gebeure insluit. XANDER DE KOCK werk vir AfriForum en is nou ook die aanbieder van Solidariteit Radio se Vrydagprogram, Perspektief. Waarom het jy besluit om ’n aanbieder op Solidariteit Radio te word? Wat ’n geleentheid om ’n boodskap oor te dra en ’n droom uit te leef! Ek dink dit is belangrik dat die algemene publiek ook deel word van die openbare debat en sodoende bydra tot besluitnemingsprosesse. Boonop wou ek nog altyd ’n “celeb” wees!

Beskryf jou eerste ervaring as aanbieder. Ongelooflik! Ek het gewoonlik ’n gladde tong, maar my mond was kurkdroog en my hart het in my keel geklop. Tog was dit vir my ’n ervaring wat my baie trots gemaak het. Wat wil jy graag met jou program bereik? Deelname, deelname, deelname! En konfrontasie wanneer dit nodig is, al is dit dalk oor kontroversiële sake. Wanneer word jou program uitgesaai? Die beste tyd van die week: Vrydae tydens die “siësta” – dis nou om 12:00. Watter insetsels kan gehoor word? Perspektief is kontroversieel en daag ander se sienings oor politieke aangeleenthede uit. Raar maar waar is ’n nuusinsetsel wat handel oor ongewone nuus en snaakse situasies. In ToetenTaal help ons luisteraars om die diep, kleurvolle rykdom van ons taal te ontdek. Fokus op opvoedkunde en onderwys gee elke week ’n kykie in die wêreld van kleuters, kinders en studente. Sê jou sê in Rek jou bek en leer jouself ken in Leef jou hart. S


my work

MY WORK

Your work is no crying matter

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

h

By Cilleste van der Walt

ave you ever found yourself overwhelmed with emotion at work and bursting into tears without being able to control yourself? Crying at work is rarely acceptable, because it shows vulnerability and undermines your sense of competence and confidence. This is not to say you should not cry after hours. Crying can provide a crucial built-in emotional release valve - a catharsis. It makes you feel better and relieves stress. Still, crying at work is heavily frowned upon. For men, this is usually not an issue, as their personal worlds tend to disappear once they’re at work. Women, however, find it much more difficult. Although most women know they should not cry at work, there are times when you just can’t help it. Just as anger management workshops teach individuals different techniques to cope with anger and more appropriate responses to feelings of frustration, disappointment and criticism, we can teach ourselves other ways to manage our feelings besides crying in the boss’ office. Here are some tips to help you control your emotions.

IDENTIFY When you feel like crying, identify the physical signs, like shortness of breath and a lump in the throat. This will help you keep yourself from losing control. SELF-AWARENESS Try to be aware of what makes you cry, so that you can be prepared should such a situation arises. Still, don’t be too hard on yourself if you do find yourself crying. PREPARE YOURSELF If you know a potentially emotional situation like a performance feedback is on its way, prepare yourself by going through worst case

scenarios and work out how you would react in an acceptable way. GET OUT If you do break down at work, excuse yourself and get out of the office. THINK OF SOMETHING ELSE When you feel tears welling up, concentrate on what is going on around you. Experts suggest sitting up straight and looking up, as this will take the concentration of energy from the primitive/reptile brain to the frontal lobe, allowing you to think through the situation and decide on an appropriate response.

WHEN A COLLEAGUE CRIES... • Lend an ear and listen if she wants to share. • If the information gets to personal, stop her in a kind way. It will save her from embarrassment later. • Offer her an escape route by saying

nommer 3 van 2011

60

something like “Let’s make some coffee”. • Touch her arm for reassurance. • If someone tends to burst into tears over the smallest bit of criticism, then re-engage or reschedule and have the meeting at a later stage. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my gesin

Gee die griepgogga die doodskoot

d

Deur Ilze Nieuwoudt

ie winter is hier in al sy glorie en saam met die jasse en serpe moet jy noodgedwonge ook die hoesstroop, griepmiddels en ander wonderkure uitpak. Gougou merk jy op dat die kleinspan tuis kom met mismoedige snuifneusies en dat jou kollega in die werkhokkie langs jou soos ’n boerboel blaf. Ja, dit is griep- en verkouetyd. Miljoene rande gaan jaarliks verlore weens die verlies aan werkure van werknemers wat griep opdoen en siekteverlof moet neem. Cams, ’n maatskappy wat fokus op die bestuur van gesondheid en afwesigheid in die werkplek, het in 2009 bevind dat nagenoeg 11% van alle siektebriewe wat aan Suid-Afrikaanse werknemers uitgereik word, vir griep is. In Australië gaan daar jaarliks ’n geraamde 1,5 miljoen werkdae verlore weens werknemers wat griep opdoen, terwyl nagenoeg 300 000 doktersbesoeke oor dié siekte gemaak word. In dié land lei dit boonop tot sowat 18 000 hospitalisasies. Dit is duidelik dat griep ernstig opgeneem moet word. Volgens dr. Yolande Louw, ’n algemene praktisyn van Intercare Silver Lakes in Pretoria, is griep baie ernstig en potensieel dodelik. Sy beklemtoon egter dat die jaarlikse griepinenting die doeltreffendste teenvoeter vir griep is en dat dit tot 70%-beskerming teen die verskillende stamme van die griepvirus kan bied. “Die griepinenting verander jaarliks. Om dit saam te stel, kyk wetenskaplikes na die drie belangrikste griepvirusstamme van die vorige jaar. Daardie drie soorte het gewoonlik die grootste kans om weer in die volgende seisoen verantwoordelik te wees vir groot uitbrake van die siekte.”

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

GRIEPINENTING – WANNEER? Vanaf Maart is ’n goeie tyd om jou jaarlikse inenting te kry. Onthou net, dit neem nagenoeg twee tot drie weke voor die immunisasie voldoende beskerming begin bied. GRIEPINENTING – WIE? Dit is veral noodsaaklik vir kinders onder die ouderdom van vyf, mense oor die ouderdom van 65 en mense met chroniese siektes soos asma en diabetes om die jaarlikse griepinenting te kry. Die inenting is veilig vir babas ouer as ses maande. Swanger vroue mag

MY GESIN

ook in hul tweede en derde trimester die griepinenting kry. “DIE INENTING MAAK ’N MENS SIEK” “Ek gaan nie die inenting kry nie, want dit gee ’n mens eintlik griep,” meen mense dikwels. Dit is ’n mite, verduidelik dr. Louw. “Die griepinenting kan jou nie siek maak nie, want dit is ’n dooie virus. Die effense goorheid wat jy mag ervaar nadat jy die inenting gekry het, is bloot jou imuunstelsel se reaksie omdat jou lyf nou besig is om die teenliggame te maak. “Die simptome wat jy mag ervaar, soos koors, pyn in die area waar die inspuiting toegedien is en lyfseer, klaar binne twee dae spontaan op. Onthou ook, die griepinenting bied beskerming teen griep, maar nie teen verkoue nie.”

number 3 of 2011

61

BLY SÓ UIT GRIEP SE VISIER Hoewel dit moeilik is om jou ten volle teen die aanslag van griep te pantser, is daar wel maniere om jou risiko te verminder. “Die griepvirus versprei deur middel van druppeltjieverspreiding,” verduidelik sy. “Met ander woorde, as jy in die winkel loop en iemand met griep hoes of nies naby jou, kan jy die virus inasem sonder dat jy enigiets kan doen om dit te verhinder. Wat jy wel kan doen, is om te probeer om potensieel besmette oppervlaktes soos roltrappe, deurhandvatsels en toonbanke te vermy. Onthou ook om jou hande gereeld te was met seep en water of ’n waterlose handwasmiddel. En hou ’n veilige afstand van ander af!” As jy egter wel griep onder lede kry, sê dr. Louw, gaan sien so gou moontlik jou dokter, neem genoeg vloeistowwe in en rus baie. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my omgewing

Volhoubaarheid kry in die hart beslag Volhoubaarheid het in die afgelope jare ’n gonswoord geword. Individue en sakeondernemings gryp geleenthede aan om ook uit hierdie gier munt te slaan, en ten spyte daarvan dat daar (soms met reg) soveel fokus op omgewingsvolhoubaarheid geplaas word, vergeet mense dikwels dat volhoubaarheid oor soveel meer gaan, skryf LIDA STRYDOM.

v

olhoubaarheid bestaan inderwaarheid uit vier dele wat elkeen gelykmatig onderhou moet word om sodoende ware volhoubaarheid te bereik.

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

VERANTWOORDELIK Sosiale volhoubaarheid beteken dat mense bemagtig moet word om vir hulleself verantwoordelikheid te aanvaar. Daarom moet maatskaplike instellings ook by ontwikkeling betrokke raak of vennote vind wat by ontwikkeling betrokke is sodat daar deur ontwikkeling ’n gepaste oplossing vir probleme gevind kan word. Waar ontwikkeling aangevuur word, word werk geskep. Om huise te bou, is ook werkskepping. Deur huise vir minderbevoorregtes te bou en ’n huurinkomste daaruit te verdien, kan daar weer maatskaplike en gemeenskapswerkers betaal word om in die gemeenskap te werk. Sodoende kan selfs klinieke en speelparke gefinansier word.

MENSE, PLANEET, WINS Daar is dikwels spanning tussen ekonomiese ontwikkeling en ekologiese volhoubaarheid. ’n Nuwe generasie ekonome kyk deesdae na die sogenaamde tripple bottom line: “people, planet, profit,” oftewel mense, die planeet en wins. Hiervolgens word maatskappye nie langer slegs op hul winste beoordeel nie, maar ook op hoe volhoubaar hulle mense en die omgewing hanteer. Oor ekologiese volhoubaarheid bestaan daar genoeg inligting. Die probleem met die bewaring van die omgewing is dat mense weet wat die regte dinge is om te doen, maar in die algemeen nie gretig is om dit te doen nie. Mense verander moeilik hulle bekende en gemaklike weë. Dit is waarskynlik eerder ’n gedragsprobleem, en hiervoor moet die hulp van sosioloë dalk ingeroep word om te sorg dat daar in samewerking met gemeenskappe besluite geneem word oor hoe om gedrag na meer volhoubare optrede te verander.

MY OMGEWING

VOLHOUBAARHEID VAN BINNE Dalk is kulturele volhoubaarheid tans die Afrikaner se grootste probleem. Kultuur is die geïntegreerde patroon van menslike kennis, geloof, optrede, taal, gedrag, idees, gewoontes, taboes, kodes, tegnieke, kunswerke, rituele, seremonies en nog baie meer. Die Afrikanerkultuur is tans baie broos. Ek verneem onlangs in ’n skrywe aan ’n vriend in Noorweë hoe die Nore daarin slaag om hulle kultuur vir geslagte lank te bewaar. Sy antwoord was duidelik: “Die Nore is heel trots op hulle tradisies (in teenstelling met die hedendaagse Afrikaner). Hulle is byvoorbeeld nie skaam om hul tradisionele drag vir groot geleenthede soos troues, doopseremonies of gradeplegtighede

nommer 3 van 2011

62

aan te trek nie. Ou mense, kinders, tieners: Die hele spul dra dit sonder om te blik of te bloos.” Hy reken egter dat dieselfde nie vir Suid-Afrika geld nie. “Hoe hou ’n mens ’n kultuur volhoubaar? Geen idee nie. Dit moet van binne kom, dink ek, maar dit is slegs moontlik as ’n mens ’n duidelike idee van jou eie identiteit het. Het die hedendaagse Afrikaner dit? Ek twyfel sterk.” VOORBEELD VAN INDIË In Indië is daar ’n groot bewusmaking om kulturele volhoubaarheid te bevorder. Die navorsing wat daar gedoen is, dui daarop dat daar by kinders begin moet word. Daarom is goed opgeleide onderwysers vir hulle ’n voorvereiste vir kulturele volhoubaarheid.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my omgewing Onderwysers moet benewens meesters van hul onderskeie vakgebiede ook meesters van hulle kultuur wees. Hulle moet egter ook rolmodelle vir kinders wees, en daarom is daar sprake van streng keuring vir onderwysers. Die onderwysers word gekoester as die ware nasiebouers wat die ryk erfenis van kultuur aan hulle kinders moet oordra. Ongelukkig is onderwys wêreldwyd nie in staat om aan die uitdagings van die tyd te voldoen nie. Volgens Eric Schmidt, uitvoerende voorsitter van Google, skiet onderwys ver te kort omdat dit in die onderwysstelsels nie oor die leerders gaan nie, maar oor die onderwysers. Aansporings berus op onderwysers se “uitslae”, met ander woorde hoeveel onderskeidings leerders behaal en die mate waartoe daar aan ander meetbare prestasies voldoen word. Gevolglik mis hulle ongelukkig die punt van ware opvoeding. Daar is soveel wat mooi en goed is in die Afrikanerkultuur. Dit is nou die tyd om hierdie ryke erfenis te herontdek en net soos die mense van Indië en Noorweë te koester wat ons eie is. • Lida Strydom is ’n skrywer en inwoner van Orania.

VIER DELE VAN VOLHOUBAARHEID SOSIAAL Sosiale volhoubaarheid dui op die toestande wat ons almal raak, soos armoede, geweld, misdaad, opvoeding, openbare gesondheid, arbeid en menseregte. Dit sluit ook die kwessie van gemeenskapsregte in. EKONOMIES Hierdie vorm van volhoubaarheid is daarop gemik om mense en ondernemings te help om aan hulle ekonomiese behoeftes te voldoen. Vir mense beteken dit om hulle behoeftes ten opsigte van kos, water, skuiling en ander geriewe te bevredig en vir ondernemings om te voldoen aan hulle ekonomiese behoeftes; met ander woorde om ’n wins te toon. OMGEWING Omgewingsvolhoubaarheid is gemik op die beskerming en herstel van die aarde deur onder meer klimaatsverandering te beheer, natuurlike hulpbronne te beskerm en afval te beperk. KULTUREEL Kulturele volhoubaarheid kan bereik word deur gemeenskappe se diverse identiteite te beskerm en te koester. S

number 6 of 2009

63

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


beroepsgesondheid en -veiligheid

MYNSTERFTES TUSSEN 2000 EN 2010 350 300

288

285

290 270

246

250 201

200

220 200 171

167

150

128

100 50 0

2000

2001

2002

2003 2004

2005

2006

2007

2008

2009

2010

Mynsterftes het tussen 2000 en 2010 met meer as 55% afgeneem.

Veiligheid verbeter, maar teikens nie behaal

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

m

Deur Nico Strydom

ynveiligheid in SuidAfrika, gemeet aan die aantal sterftes, het die afgelope paar jaar merkbaar verbeter, maar volgens Solidariteit is mynveiligheid in Suid-Afrika beslis nog nie voldoende nie. Dit strook met die regering en ander rolspelers se mikpunt dat mynveiligheid in Suid-Afrika teen 2013 met die topstandaarde in die internasionale mynbedryf vergelykbaar moet wees. Verlede jaar se 128 mynsterftes is die laagste sterftesyfer tot nog toe en toon ’n daling van 24% teenoor 2009. Wat egter kommerwekkend is, is die 21%-toename in mynsterftes in die eerste vier maande van 2011 vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Mynongelukke het in die eerste derde van 2011 reeds 47 lewens geëis. Die aantal mynbeserings as gevolg van mynongelukke het egter in dieselfde tydperk afgeneem. In 2003 tydens die myngesondheids- en -veiligheidsberaad is daar deur die drieledige strukture in die bedryf (vakbonde, werkgewers en die staat) ooreengekom dat mynveiligheid in Suid-Afrika teen 2013 vergelykbaar moet wees met mynbedrywe in lande soos Australië en die VSA. Dié internasionale mynveiligheidsmaatstawwe word bereken op grond

van die sterfte- en beseringskoers per 1 000 werknemers per miljoen werkure. Teen einde verlede jaar was die internasionale mynveiligheidsmaatstaf minder as 1 sterfte per 33 miljoen werkure. Suid-Afrika het, ondanks die vermindering in sterftes verlede jaar, steeds in dié tyd 1 sterfte per 7 miljoen werkure gehad. Dit beteken Suid-Afrika het amper 5 sterftes per 33 miljoen werkure gehad en dus 5 keer meer sterftes as die internasionale mynveiligheidsmaatstaf. Die maatstaf is ingestel danksy verskeie aksies wat deur die strukture in die bedryf geneem is. Die departement van minerale hulpbronne sê dit is veral belangrik om in die goudsektor met internasionale mynveiligheidsmaatstawwe te vergelyk terwyl daar deurlopende vordering in die platinum-, steenkool- en ander sektore gemaak moet word. Die meeste mynsterftes vind steeds in goudmyne plaas, gevolg deur platinummyne. Volgens adv. Paul Mardon, hoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, is dit goeie nuus dat minder mense beseer word, maar is dit asof die ongelukke wat wel plaasvind, ernstiger is. “Van die 47 noodlottige ongelukke wat in die eerste derde van 2011 plaasgevind het, was 22 in goudmyne en 12 in platinummyne.

nommer 3 van 2011

64

Dit verteenwoordig ’n skokkende 140%-toename in mynsterftes in platinummyne.” Die ooreenkoms van 2003 behels ook dat nagenoeg 40 000 veiligheidsverteenwoordigers en vakbondopsieners teen die sperdatum opgelei moet wees. “Solidariteit se afdeling wat spesialiseer in beroepsgesondheid en -veiligheid moedig onder meer die aanstelling van vakbondverteenwoordigers aan wat net op mynveiligheid fokus. Die resultate hiervan is duidelik. Werkgewers met só ’n verteenwoordiger se veiligheidsrekords lyk beter as dié van hul mededingers,” verduidelik Mardon. Daar is ook mikpunte gestel vir die stryd teen beroepsiektes soos geraasdoofheid en silikose, ’n ongeneeslike longkwaal. Luidens navorsing word tot ’n derde van alle ondergrondse goudmynwerkers hierdeur geraak. In 2009 het die Nasionale Instituut vir Beroepsiektes skokkende syfers bekendgemaak oor die voorkoms van longsiektes wat nadoods gediagnoseer word. Volgens die instituut ly meer as 25% van alle mynwerkers en oudmynwerkers aan tuberkulose, terwyl 237 uit 1 000 mynwerkers aan silikose gely het. Daarbenewens het meer as 41% van vroulike oudmynwerkers tekens van asbestose getoon. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



arbeidsake

Vakbondlidmaatskap is jou reg! Mag ’n werknemer ontslaan word omdat hy lid van ’n vakbond is of aan vakbondaktiwiteite deelneem? Ingevolge Artikel 187(1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge word ontslag op grond van vakbondlidmaatskap of -aktiwiteite as outomatiese onbillike ontslag geag. Die reg om aan ’n vakbond te behoort, word in Artikel 5 van die Wet op Arbeidsverhoudinge vervat, terwyl die reg ook in die Grondwet onder vryheid van assosiasie beskerm word. Werknemers, insluitend senior bestuur, mag dus aan ’n vakbond behoort sonder die vrees dat hulle blootgestel kan word aan viktimisasie of ontslag.

FOTO’S: MARNIA VERWEY; iSTOCKPHOTO.COM

Mag ’n werkgewer ’n beleid implementeer wat werknemers verbied om aan ’n vakbond te behoort? Luidens ’n uitspraak wat in 1999 deur die Arbeidshof gemaak is, mag niks inbreuk maak op ’n werknemer se reg op vryheid van assosiasie nie, ongeag sy of haar posisie in die maatskappy. Hoewel ’n werknemer beskermd mag deelneem aan vakbondaktiwiteite, mag hy of sy egter ook nie sy pligte teenoor sy of haar werkgewer nalaat nie. Kan vakbondlidmaatskap aanleiding gee tot konflikterende belange? In ’n saak wat in 1991 in die Nywerheidshof aangehoor is, is ’n bestuurder ontslaan omdat sy nie uit ’n personeelforum wou bedank nie. Die werkgewer het geargumenteer dat daar ’n konflik van belange ontstaan het. Die Nywerheidshof het bevind dat haar aksies nie in konflik was met die werkgewer s’n nie. Die hof het egter ook gesê indien daar

JY & D I E R E G johan roos Stuur jou vrae na Solidariteit Tydskrif: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102. werklike konflik van belange was, sou dit moontlik wel ontslag kon regverdig. Mag werknemers op bestuursvlak aan ’n vakbond behoort? Ja, bestuurders op enige vlak mag by ’n vakbond aansluit. Indien ’n bestuurder ontslaan word op grond van sy vakbondaktiwiteite,

nommer 3 van 2011

66

Johan Roos

sal dit outomaties onbillike ontslag wees. Dit beteken nie dat die werknemer hom mag skuldig maak aan wangedrag nie. Wangedrag kan dien as ’n regverdiging vir ontslag. Die werknemer mag ook nie sy posisie as ’n bestuurder gebruik om sensitiewe inligting aan die vakbond bekend te maak nie. Dit kan as konflik van belange gesien word en in so geval moet die werknemer sy gemenereg-verpligting teenoor die werkgewer nakom. • Johan Roos is ’n regsadviseur van die Solidariteit Dienssentrum. Solidariteitlede kan 0861 25 24 23 skakel vir gratis arbeidsregsadvies. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


kry die krag van die WET aan jou kant – 24 uur per dag X

REGSHULPVERSEKERING UNIEKE KENMERKE*

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R35 000 per jaar. • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie.

Prokureur tot jou diens teen slegs R70 per maand!* aksent media • 082 445 4513

* Bepalings en voorwaardes geld

Geadministreer deur Legal X, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste (FSP-nommer: 5277)

0861 765 734 Skakel ons vandag nog by

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


die lees werd

Klik-klik sommer maklik op Boekblik Boekblik is die maklikste manier om jou gunstelingboeke met die klik van ’n muis te bestel. Besoek www.boekblik.co.za en blaai deur die aanlynkatalogus met ’n wye reeks boeke wat in ’n ieder en elk se smaak sal val. Is jy op soek na Afrikaner-geskiedenisboeke, biografieë, kinderboeke of boeke oor selfdoen, reis, sport, godsdiens of tuinbou? Vind dit alles en nog baie meer op Boekblik! EDUCATIONAL EVERY PARENT’S NIGHTMARE Bruna Dessena Every Parent’s Nightmare (Quickfox Publishing; R129) comes highly recommended by professionals and is a must for all adults who have children or work with children. The book focuses on the sensitive issue of child abuse. “In a world where Nursery School children can have pornography sent to them on their cell phones; where teenagers can send explicit images of themselves or their friends around the school in a matter of hours; and where MXit and Facebook can provide predators with the perfect front to engage with uninformed teenagers, there is an urgent need for easily readable information to reach parents, teachers and teenagers. This book is it!” – Sharon Doubell, clinical psychologist.

BAK EN BROU

GODSDIENS

AGTER DIE LEKKER AAN Dine van Zyl Agter die lekker aan (R250) is ’n kookboek vir mense wat hunker na regte kos en ernstig is oor eet. Dit is vir mense wat daarvan hou om ’n bokkom af te skil, om skilferkorsdeeg te smeer en te vou, skaapskenkels te stowe en karringmelkpoeding in die oond te bak. Dit is vir mense wat gek is na kos en die skeppingsproses van ’n dis. Dit is nie net ’n resepteboek nie – dit is ’n boek vol staaltjies, resepte, wenke en humor. Dine van Zyl neem die kok en leser op ’n nostalgiese toer

OORTRAPKLIPPE Pieter Bingle Pieter Bingle, ’n bekende in Suid-Afrikaanse gereformeerde kringe, praat in hierdie boek deur Griffel Media (R160) oor die “oortrapklippe” waar dit veilig is om deur die stroomversnellings van ons tyd te kom. Hy bied aan die soekende gelowige nuwe vastrapplek in die wêreld deur betroubare “vastrapplekke” uit die evangelie uit te wys.

met die kos waarvoor ons lief is en die dinge wat vir ons saak maak.

15%-AFSLAG VIR SOLIDARITEIT Is jy ’n lid van Solidariteit, AfriForum of Solidariteit Helpende Hand? Registreer dan as Boekblik-gebruiker en kom in aanmerking vir 15%afslag op alle boeke op Boekblik! Besoek www.boekblik.co.za en klik op die “Lede”-skakel om te registreer. Vul die spesiale ledevorm in, sit terug en wag vir die goedkeuringse-pos. Sodra jou lidmaatskap bevestig is, besoek ’n wêreld van boeke op www.boekblik.co.za teen spesiale afslagpryse. Lekker lees! S

nommer 3 van 2011

68

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


webwoelings

Sosiale media: Pasop vir dié vriendekring

ILLUSTRASIE: iSTOCKPHOTO.COM

g

Deur Daleen de Jager

aan sosiale media ons lewe oorneem? Dit is ’n vraag wat deesdae dikwels in gesprekke opduik. Veral kinders en tieners bestee soveel tyd aan sosiale netwerke soos Facebook, dat nie net ouers nie, maar ook kenners bekommerd word daaroor dat jongmense toenemend hulle sosiale vaardighede verloor. In Suid-Afrika is die probleem nog relatief klein in vergelyking met lande soos die VSA en Europa waar kinders geweldig baie tyd voor die rekenaar deurbring. Sosiale media begin stadig maar seker die wêreld oorskadu. As Facebook ’n land was, dui statistiek aan, sou dit die land met die derde grootste bevolking in die wêreld wees – ’n bevolking selfs groter as die VSA s’n. Hierdie situasie hou verskeie probleme in. Nie net raak kinders asosiaal nie, maar noodsaaklike vaardighede soos spelling en etiket gaan verlore en kinders bestee nie meer tyd aan fisieke aktiwiteit nie. Volgens die SA Student Social Media Report het 99% van Suid-Afrika se 800 000 studente wat in 2009 die internet gebruik het, sowat drie uur per dag aanlyn deurgebring. Selfone word die meeste gebruik om internettoegang te kry – altesame 78% van studente gebruik hul selfone hiervoor. Kinders word groot in ’n tydperk van ongekende ontwikkeling en vooruitgang. Tegnologie ontwikkel teen so ’n pas op verskeie gebiede dat ons nooit sal voorbly om die jongste tegnologie op ons tafels te hê nie. Die nadeel hiervan is dat die mensdom so geheg raak aan tegnologiese vooruitgang, dat dinge soos familie en ware vriende tweede viool speel. Dit is ’n wêreld sonder grense. Jy kan in die veld sit met jou rekenaar en met jou vriende gesels, al is jy eintlik lus om alleen te wees. As jy al ooit gewonder het waar jou vriende heen is, kom jy te min by jou ware vriende uit en bestee jy waarskynlik te veel tyd voor jou rekenaar op sosiale netwerke soos Facebook. Kan jou vriendekring op Facebook ooit die plek inneem van die verhoudings wat jy in die regte lewe met vriende en familielede sou hê? Beslis nie. Op die internet, per SMS of met ’n selfoongeselsprogram soos Mxit is dit baie makliker om sonder voorbehoud te kommunikeer as in die “regte” lewe.

WEBWOELINGS

Mense is dus geneig om meer blatant, reguit en self ongeskik te wees met hierdie metodes van interaksie. Maak dus seker dat jy steeds tyd inruim vir jou ware vriende, sodat jou vriende nie in ’n Facebook-projek ontaard nie. Nog ’n nadeel van sosiale netwerke is dat jongmense se taalvaardighede verswak. Die rede hiervoor is tweeledig: Enersyds gebruik jongmense sogenaamde MXit-taal wanneer hulle met selfoongeselsprogramme kommunikeer, omdat dit korter en vinniger is. Andersyds het mense gewoond geraak aan ’n kitssamelewing waarin alles vinnig gebeur en tegnologie blitsig ontwikkel. Mense wil dus op die vinnigste manier moontlik met mekaar kommunikeer en die meeste inligting op die kortste manier moontlik gesê kry. Niemand het meer die tyd of geduld om te sit en ’n lekker lang brief te skryf nie.

number 3 of 2011

69

CJ Langenhoven het reeds in 1926 in Donker spore geskryf: “Daar’s te veel lewe hier om nog lewe raak te sien.” Maak seker dat jy, ten spyte van ongelooflike tegnologiese ontwikkeling, steeds fokus daarop om die lewe en vriende om jou raak te sien en nie na ’n ander lewe op die internet te soek nie. Fokus daarop om eerder reg te spel as om so vinnig moontlik iets te sê. Leer weer om te wag wanneer dit nodig is, om nie alles vinnig te wil doen nie, werklik om te gee vir vriende. Om weer jou vriende in die oë te kyk en te sê: “Ek sien jou raak.” Dalk het jou vriende nodig om te hoor: “Jy is meer as net ’n projek vir my.” So gaan ons weer leer om die lewe en ons ware vriende raak te sien en Facebook en sosiale netwerke net te gebruik om met ons vriende en familie ver van ons af kontak te hou. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


histories gesproke

Anglo-Boereoorlog leef voort in Noord-Kaap

FOTO’S: VERSKAF – VOORTREKKERMONUMENT

i

Deur Nico Strydom

n die Noord-Kaap tussen Hopetown en Orania naby die Oranjerivierstasie speel die Anglo-Boereoorlog se geskiedenis steeds af. Op die suidelike oewer van die Oranjerivier lê die plaas Doornbult. Die spoorweg tussen Kaapstad en Kimberley het destyds deur dié plaas geloop en die Oranjerivierstasie, die laaste treinstasie voordat die spoor die rivier oorsteek, was ook hier geleë. Vandag is Doornbult bekend vir die Oranjerivierkampe, van die mees ongeskonde konsentrasiekampe uit die Anglo-Boereoorlog. Lemmer en Riana Wiid het sowat tien jaar gelede wit en swart konsentrasiekampe hier ontdek en met restourasiewerk op die terrein begin. Doornbult spog nou met verskeie goed bewaarde historiese en argeologiese terreine uit die Anglo-Boereoorlog. Die Oranjerivierstasie was baie belangrik vir Britse soldate gedurende die Anglo-Boereoorlog en duisende Britse soldate het destyds hier kamp opgeslaan. Een van die Britse kampe op die terrein het glo in ’n stadium nagenoeg 16 000 Britse troepe gehuisves. Die Britte het hier uitgekamp voordat hulle die Oranje-Vrystaat binnegeval het. Vandag lê daar nog talle relikte ongeskonde in die veld rond, waaronder uniformknope, blikke, patroondoppies en medisynebottels. Die Britte het aan die begin van die AngloBoereoorlog ’n blokhuis aan die suidekant van die treinbrug gebou om hulle teen moontlike aanvalle van die Boeremagte te beskerm. Die blokhuis, wat steeds in ’n goeie toestand is, is ’n vierkantige dubbelverdiepingstruktuur wat van steen en staal gebou is. Die konsentrasiekamp op die terrein is in 1901 in gebruik geneem met Boerevroue en kinders asook ouer mans en plaaswerkers wat hier aangehou is. Op dié terrein is daar tekens van tente, vuurmaakplekke en wasplekke. Daar is ook speelgoed en ander huishoudelike items hier gevind. Duskant die konsentrasiekamp lê ’n groot ongerepte begraafplaas, met van die voetpaadjies wat steeds sigbaar is. Volgens navorsing is dit die enigste begraafplaas by ’n konsentrasiekamp waar die name en oorsprong van swart kinders wat in die kamp dood is, bepaal kan word. Swart kinders is dikwels saam met wit kinders begrawe. ’n Ou klipgebou wat destyds as ’n hospitaal gebruik is, is as ’n museum ingerig. Van die ander besienswaardighede is forte,

Die blokhuis by Doornbult.

Die destydse hospitaal dien nou as museum.

kanonstellings en krale. Die Doornbult-konsentrasiekampterrein is een van die vele erfenisgebiede wat deur die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting bestuur word. ’n Groep wetenskaplikes en nagraadse studente het van 30 Mei tot 3 Junie 2005 verskeie opgrawings in die gebied gedoen waartydens

nommer 3 van 2011

70

talle relikte opgegrawe is. Tydens een van die opgrawings is die beendere van ’n baba in ’n ongemerkte graf gevind. Die beendere is tydens ’n amptelike plegtigheid op Bittereinderdag herbegrawe. Die beëindiging van die Anglo-Boereoorlog op 31 Mei 1902 word met Bittereinderdag herdenk. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


histories gesproke

Die Long Tom: ’n Bielie van ’n kanon

’n

Deur Ilze Nieuwoudt

Bielie van ’n kanon met ’n loop van oor die vier meter het gedurende die AngloBoereoorlog die Britte laat sidder en behoorlik op hul neuse laat kyk. Die Long Tom, soos hierdie 155 mm-Creosot-kanonne bekendgestaan het, het sy plek dubbel en dwars in die geskiedenisboeke oor die oorlog regverdig. Die Long Toms wat uiteindelik met groot welslae in die oorlog gebruik is, was egter nie oorspronklik vir die doel van veldslae aangekoop nie. Hierdie Frans-geproduseerde kanonne is oorspronklik reeds in 1886 na die ZAR ingevoer om as fortkanonne rondom die Boererepubliek se hoofstad, Pretoria, gebruik te word. Elkeen van die vier kanonne wat ingevoer is, het ’n staanplek by die hoofstad se forte, naamlik Klapperkop, Wonderboompoort, Schanskop en Daspoort gekry. Die Long Tom was in sy tyd uiters geskik vir dié doel van fortkanon aangesien die kanon, as dit op die korrekte hoek geposisioneer was, ’n trefafstand van nagenoeg 9 km gehad het – ’n groot prestasie as in ag geneem word dat elkeen van die kanon se koeëls 42,6 kg geweeg het. Met die uitbreek van die oorlog in 1899 het die ZAR se oorlogsraad ’n onkonvensionele besluit geneem: Om die vier kanonne in die stryd in te span. Logika sou sê dat hierdie kanonne geensins as veldkanonne geskik sou kon wees nie, omdat elke kanon nagenoeg ses ton geweeg het. Die loop alleen het 2,5 ton geweeg. Nietemin, ’n Boer maak ’n plan. Selfs nie eens die ruwe landskap kon die Boere van hul planne laat afsien om die Long Toms na die vegterrein te neem nie. Op gelyke gangbare paaie het dit tussen twaalf en veertien osse geneem om die Long Toms te skuif terwyl enige opdraandes en moeiliker roetes minstens nog ses osse benodig het. Hoewel die kanonne oorspronklik aan die begin van die oorlog sover moontlik met

’n Replika van die legendariese Long Tom op die gelyknamige pas buite Sabie in Mpumalanga.

treine vervoer is, is dit later hoofsaaklik met waens en osse gedoen. Afgesien van die Long Toms se gewig, was die feit dat hierdie kanonne steeds van swartkruit gebruik gemaak het ’n verdere struikelblok. Die wit rookwolk wat met elke skoot die lug in gestyg het, het ongelukkig die Boere se groot kanonne se posisie verklap. Volgens oorlewering het dit tydens die beleg van Ladysmith sowat 30 sekondes geneem vandat die eerste wit wolkie gesien kon word totdat die koeël sy bestemming bereik het. Harde werk, bloed en sweet is duidelik met die Long Toms vereenselwig. Daar is egter op ’n ligter noot ook verskeie unieke verwysings uit die oorlog na die kanonne gemaak. Soos byvoorbeeld die oorlewering dat die kanon nie net doeltreffend was as die Boere op die aanval was nie, maar ook op die terugval. Weens die enorme trefkrag van die kanon was dit noodsaaklik dat die kanon op spesiale plate gemonteer moes wees. In een veldslag is dit egter nie gedoen nie, en

met die afvuur van die koeëls het dit die reusekanon elke slag 40 meter teruggeskiet. Die legendariese Long Toms het elk met nagenoeg 8 000 koeëls uit Frankryk gekom. Kort voor lank het hierdie voorraad egter opgeraak en omdat die invoer van verdere koeëls gedurende die oorlog deur die Britte onmoontlik gemaak is, is besluit om dié strydrosse te vernietig uit vrees dat dit in Britse hande sou beland. Daarom is die kanonne uiteindelik op onderskeidelik Komatipoort in September 1900, Letabadrift in Oktober 1900, Rietfontein buite Lydenburg in April 1901 en Feeskop buite Hearentsburg in April van dieselfde jaar vernietig. Die legende van die Long Toms leef wel vandag nog voort in onder meer die naam van die asemrowende Long Tom-pas in Mpumalanga. Vandag nog kan ’n replika van die Long Tom op die R37 sowat 21 km buite Sabie gesien word. Dié monument is in 1984 opgerig en bied ’n unieke blik op die Long Tom – ’n bielie van ’n kanon! S

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Spits jou ore vir geskiedkundige reis van momente, monumente Indien jy hunker na jou Afrikaanse wortels en graag meer wil weet van die belangrike mense en gebeurtenisse wat die hedendaagse Afrikaners vooraf gegaan het, luister gerus elke Vrydag om 13:00 na Momente en monumente gedurende die omnibusprogram In Solidariteit op Solidariteit se eie radiostasie. Die program neem luisteraars elke week op ’n geskiedkundige reis deur die Afrikaner se verlede en gee hulle die geleentheid om die land se ryk geskiedenis op ’n nuwe manier te ontdek. • Besoek www.solidariteitradio.co.za en klik op In Solidariteit. Stuur jou voorstelle en kommentaar na radio@solidariteit.co.za.

number 3 of 2011

71

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


tot u diens

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE

KATHU

Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

RUSTENBURG

Gert van Wyk, Adel Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou, Winkel 7, Kathu

BOKSBURG

Theunis van Staden, Johan Nell, Carel Visser Administratiewe beampte: Christelle Grobler Tel: 014 592 4336 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg

LYDENBURG

Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Quintus Sluep Administratiewe beampte: Mariëtt Barnard Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

NEWCASTLE

CARLETONVILLE Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

DESPATCH

PIETERSBURG

Piet Veldtman, Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch

ELLISRAS

Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

SECUNDA Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR Tel: 012 644 4300 Tel: 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za Webwerf: www.solidariteit.co.za Straatadres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046

VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171/011 252 7271 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

PRETORIA

Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville

KLERKSDORP

WELKOM Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum

RICHARDSBAAI

Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoornlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp

Francois van Heerden, Hennie Vosloo Administratiewe beampte: Roxanne Louw Tel: 035 789 0968/9 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Lira Linkstraat, Eenheid 7, Montego Park, Richardsbaai

nommer 3 van 2011

72

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis, Jo-Anne Coetzer Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


stilw(o)ord

Kombers vir prins William én Willempie

FOTO’S: YOLANDÉ TERBLANCHE; iSTOCKPHOTO.COM

“W

at het hy op sy rug? ’n Toiletsitplekoortreksel?” Dié oneerbiedige opmerking kom van my jongste. Die draer van die vreemde gewaad: Die biskop wat die adellike gaste by Kate en William se troue verwelkom. “Aag sjarrap man! Ons kyk nou!” Magdi gooi vir Thinus met ’n kussing. Dit is al watter tyd en ons sit steeds met ons nagklere en bekers koffie voor die TV. Ons verstom ons oor die skares mense met vlaggies, die pragtige bruid, die outydse koets. Ons mor oor die simpel piksoentjies en wonder oor die koningin se heldergeel uitrusting. My bene kry effens koud, en êrens in die middel van die preek besluit ek om gou vir my ’n kombers uit die gangkas te gaan haal. ’n Kleinerige kombersie sal ideaal wees, maar my kinders het reeds byna al die klein kombersies opgeraap. My oog val op ’n baie spesiale kombersie. Dit is ’n gehekelde kombersie met liggeel, pienk en ligblou strepe. “Jinne, Ma, het Ma sowaar nog die kombersie?” vra Magdi toe ek daarmee in die TVkamer aankom. En met die kombersie oor my knieë begin my kop ver paaie loop, paaie wat dieper en verder as Engeland loop. Ouma het nog voor Marietjie se geboorte dié gehekelde kombersie vir my gegee. Terwyl my kind in die hoësorgeenheid was ná haar eerste hartoperasie, was die kombersie by haar. Dis vandag ’n stille getuie van die krisis toe haar hart gaan staan het. Met hierdie kombersie se faffels het ek my trane afgevee toe dit gelyk het of sy dit nie gaan maak nie. Dieselfde kombersie was altyd die eerste ding wat ek gegryp het as sy inderhaas moes hospitaal toe. Dit was lig, maar lekker warm. Marietjie het veilig daarin gevoel. Toe ’n skamerige Diana saam met Charles voor die kraaminrigting afgeneem is met William in haar arms, het sy hom beskermend vasgehou, knus toegedraai in ’n kombersie. Ek wonder of Diana die kombersie ook diep in haar kas gebêre het? Dalk het William dit nou. Dalk gaan die nuwe Hertogin van Cambridge nog haar babatjies daarin toedraai. Baie, baie lank gelede was daar ’n baba wat glad nie ’n kombersie gehad het nie. ’n Krip was sy eerste bedjie. Sy ma het hom in doeke toegedraai en beskermend teen haar bors vasgedruk. Maar haar beskerming was

nie genoeg nie. Hy was vir groter dinge bestem – dinge wat sy dikwels nie verstaan het nie. Watter ma sal ooit kan verstaan waarom haar Seun aan ’n kruis vasgespyker moes word? Ek wens ek het ’n kombers gehad wat wyd en groot en sag genoeg was om nou nog oor al my kinders te gooi. ’n Kombers in sagte kleure, met liefde gemaak en warm genoeg vir almal. Maar nou het ek net hierdie klein kombersie, groot genoeg vir ’n babatjie. My kinders is almal te groot daarvoor. En my arms te kort om almal op een slag te omarm. Maar daar is Iets wat groot en sag en wyd genoeg is om hulle warm en veilig te hou: Die vleuels van God, die God wat Sy Seun, die einste komberslose kripbaba, vir ons gegee het. Psalm 63:8 en 9: “...dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels. Ek bly altyd naby U...” Daar is genoeg plek onder Sy vleuels – vir die duisende vlaggieswaaiers in Engeland; vir Prins William, maar ook vir Willempie, die Downsindroom-seuntjie van Alma Skool. Vir beeldskone Katherine, maar ook vir lywige Katrina wat die kombuisvloer op die plaas op haar knieë skrop. Vir Prins Philip, maar ook

number 3 of 2011

73

S T I LWO ( O ) R D marietha malan vir Philip, die motorwag by Checkers. En jy hoef nie eers Sy liefde te verdien nie. Jy hoef niemand spesiaals te wees nie. Jy hoef nie eens iets spesiaals te dra nie. Nie eens ’n toiletsitplekoortreksel op jou rug nie. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

m FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Medihelp spog met skitterende resultate

edihelp, Suid-Afrika se derde grootste oop mediese skema, het in 2010 besonder goed presteer en het die boekjaar afgesluit met ’n netto surplus van R26,8 miljoen, ’n solvensieverhouding van 27,4% en ’n netto groei van 11,74% in die aantal lewens wat verseker word. Volgens Anton Rijnen, uitvoerende hoof van Medihelp, dek die skema tans meer as 246 000 lewens ná ’n drastiese groei in ledetal die afgelope drie jaar, insluitend ’n netto groei van 25 866 lewens in 2010. Medihelp het boonop daarin geslaag om die gemiddelde ouderdom van sy lede met drie jaar te verlaag en die aantal pensioenarisse (lede ouer as 65) sedert 2009 met 3% te verminder. “Dit is baie betekenisvol, want dit wys dat Medihelp se produkreeks daarin slaag om jonger, gesonder lede te lok wat die skema se algehele risikoprofiel verlaag. Dis noodsaaklik dat mediese skemas nuwe lede sal werf en risikopoele sal verbeter om volhoubaar en mededingend te bly,” sê hy. Medihelp kon ook daarin slaag om niegesondheidsorguitgawes as persentasie van netto bydraes van 11,2% in 2009 tot 10,9% in 2010 af te bestuur. “Hierdie uitgawes sluit in administrasiekoste, gesondheidsorgbestuursuitgawes, bestuursdienste en make-

Nog nie ’n lid nie? SMS “Kontak my” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se uitstekende voordele-opsies verlang. laarsfooie. Dit is vir ons belangrik, aangesien ons gemiddelde niegesondheidsorguitgawes van 2009 tot 2010 met slegs 2,7% per bevoordeelde per maand gestyg het,” sê hy. “Ons het in 2010 daarop gefokus om ons produkreeks te herposisioneer en ons algehele mededingendheid te verhoog, om sodoende netto groei in ledetal te bewerkstellig maar terselfdertyd die gemiddelde ouderdom van ons risikopopulasie te verlaag. Ons kon dus ons strategiese doelwitte in dié verband suksesvol bereik,” sê Rijnen. “In 2011 is die uitdaging om groei en finansiële bestendigheid voort te sit terwyl ons ’n bestendige produkreeks bied wat bydra om ons bestaande ledekorps te behou.” Behalwe vir Medihelp se goeie finansiële en groeiresultate het die skema in 2010 ook weer die eerste plek behaal wat betref dienslewering aan lede in vergelyking met sy grootste mededingers. “Medihelp staan reeds die afgelope vyf jaar bekend as die mediese skema wat die beste kliëntediens in Suid-Afrika lewer. Medihelp het Consulta Research in 2010 opdrag gegee om sy lede se tevredenheid te

nommer 3 van 2011

74

meet en het die eerste plek behaal wat diens aan lede betref vergeleke met die ander skemas wat gemeet is,” sê Rijnen. Medihelp se eisebetalingsvermoë is weer deur Global Credit Rating as AA- (AA minus) gegradeer – een die hoogste graderings in die bedryf. “Medihelp het in 2010 meer as 3,5 miljoen eise verwerk, waarvan bykans 90% elektronies ontvang is. Eise is in gemiddeld 5,1 dae ná ontvangs verwerk,” sê hy. As voorkeurwerkgewer is Medihelp in Deloitte se gesaghebbende Best Company to Work For-opname van 2009 en 2010 aangewys as sewende beste mediumgrootte maatskappy om voor te werk. Medihelp is die enigste mediese skema of medieseskema-administrateur wat in die top tien kon eindig in dié twee opnames se kategorieë vir klein, mediumgroot of groot maatskappye. “Vir Medihelp bly volhoubaarheid op die lang termyn deurslaggewend. Met 106 jaar se ervaring in die bedryf het Medihelp sy volhoubaarheid bewys en bly ons een van die voorste skemas in die land. Die uitdaging lê daarin om ons onlangse positiewe groei voort te sit deur doeltreffende risikobestuur toe te pas en te verseker dat ons produkreeks in die toekoms steeds goed sal presteer en mededingend in die mark sal wees. Hierdie faktore is veral belangrik om ons voortgesette finansiële bestendigheid te verseker,” sluit Rijnen af.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.