Solidariteit Tydskrif Uitgawe 1 van 2018

Page 1

UITGAWE 1 VAN 2018 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

ONDERWYS • OPLEIDING • LOOPBANE • AFRIKAANS

www.solidariteit.co.zaDeel | Issue 6 ofSolidariteit 2017 van die Beweging

1




UITGAWE 1 VAN 2018

2018

IN HOUD 11

“Ek is hoopvol oor die toekoms. Maar ons wag nie op die toekoms wat die regering aan ons oorlaat nie, dit is ons verantwoordelikheid om dit self te skep ter wille van ons kinders en hul kinders. Daarom is ons fokus vir 2018 ‘WERK’. Ons gaan die toekoms hê wat óns bou. Ek is opgewonde, want ek weet wat ons mense kan vermag.”

8

FLIP BUYS, VOORSITTER VAN DIE SOLIDARITEIT BEWEGING.

NUUSWAARDIG

KENNIS IS VOORUITGANG, MAAR KENNIS DEEL, IS KRAG.

IN BEWEGING

BEDRYFSNUUS 24 Rasuitsluiting: Nee, Sasol, dis nie aanvaarbaar nie

46 Afrikaans: Hou aan met taallitigasie en aktivisme

25 Union welcomes ruling on Molefe application

48 Sterkte, Cyril. Ek verkies egter steeds selfstandigheid

11 Kennis is vooruitgang en kennis deel, is krag

26 Krisistekort aan dokters, maar

48 Toekoms vol drome danksy Solidariteit-beurs

12 Skolewet: Jóú kind se toekoms in staat se hande

49 Regspraak: Werkskontrak op sosiale media

14 Afrikaans: Dís nie haar elegie

28 Steinhoff: Die groot grys gebied van waardasies

50 Afrikaans: Dié skole gedy, daarom moet dit bly!

15 Moedetaalonderrig: Kom ons sluit dié debat

30 Denel: Bonusse vir base, maar geen 13de tjeks

52 3D-drukkers: Sol-Tech bly aan voorpunt van tegnologie

8

SpreekBuys: Daar ís hoop...

10 Matriek ‘n wegspringblok eerder as eindstreep

gemeenskapsdiensplasings sloer

31 Cybercrime is a reality in South Africa

54 Kwessies en kosmaak in Afrikaans by Maroela Media

16 Hoop vir duisende studente geskep

34 Lonmin: Lang herstelpad voor, maar kan kop optel

55 Moedertaal: Gee jou kind dié vyf unieke bonuspunte

17 Toekoms berus op dit wat óns daadwerklik bou

36 SAPS: Fight for favourable career prospects

56 My gesin: Lei jou kind só in loopbaankeuse

18 Nuwe dekaan wil Akademia van beter na beste neem

36 VRA help klerke om voete te vind

57 Webwys: Jou identiteit altyd sigbaar op sosiale media

20 Loopbaan: Nooit te vroeg om hieraan te begin bou

36 Law Society circumvents labour legislation

57 Passievolle Solidariteit-lid wen kruidenierswareprys

20 Begin jou loopbaan op die wenpad!

40 Veiligheid: Insig, mens se kennis is onvervangbaar

58 Buckets full of benefits for our members

21 Bo-Karoo-sentrum bied volhoubare pakket vir sukses

42 Technology: Will mechanisation leave us unemployed?

60 My geld: Kennis nie net mag, dit skep ook welvaart

22 Begroting 2018: Geen afwyking van ANC-beleid

44 Paleispolitiek: Ons moet onsself meer

61 My work: Lifelong learning core of developing career

23 Begroting 2018: Sewe sakke sout

62 Chris Chameleon: Ontnugtering in Chinese winkel

vir goed af

staatsbestand bou

63 Danie Theron: Man wat nooit “nee” geken het nie

Fokus op jou LOOPBAAN

67

64 Splinternuwe Anglo-Boereoorlog boek op die rak 65 In retrospek: Happende honde en allerhande wonde 66 Solidariteit-kantore: Landwyd tot jou diens


aksentmedia.co.za

Gapingsdekking vir in-hospitaal-tekorte wat nie deur jou mediese skema gedek word nie SMS “MEDGAP” na 43366 en ontvang onmiddellike advies! SMS’e kos R1. Gratis minute geld nie. Standaardnetwerktariewe is van toepassing.

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 15556

Onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Limited

‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 47470


REDAKTEURS BRIEF Legio moontlikhede vir

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

D

it is ‘n voorreg om nog ‘n jaar saam met jou af te skop. Ek hoop Solidariteit Tydskrif hou jou vanjaar oudergewoonte op hoogte, lig jou in en verbreed jou belangstelling in gebeure. Ons hoop ook jy hou van die vars, nuwe ontwerpvoorkoms. Laat weet ons gerus wat jy dink! Hierdie jaar het weer afgeskop met ‘n skerp fokus op ons skole en opleidingsinstansies in Suid-Afrika. Buiten gebeure wat in die media was, soos die betogings by Hoërskool Overvaal, kom ek in my nabye omgewing agter dat mense gerusstelling en sekerheid nodig het oor Suid-Afrika se opleidingsmoontlikhede; nie net vir hulle kinders nie, maar vir hulself ook. Met hierdie uitgawe wil ons jou die versekering gee dat daar nog baie moontlikhede is vir opleiding, spesifiek opleiding in Afrikaans, en ons verduidelik hoekom moedertaalonderrig so belangrik is. Die rede waarom die Solidariteit Beweging met sekerheid kan sê daar is nog baie moontlikhede vir hoë kwaliteit opleiding, is omdat ons – met die hulp van ons lede – self daardie moontlikhede skep. Solidariteit besef hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaars vaardighede is en dit is juis hierdie uitdaging wat deur die Solidariteit Boufonds aangepak word. Sol-Tech en Akademia, Solidariteit se opleidingsinstellings, bied reeds vir jongmense die geleentheid om die kennis te bekom wat hulle nodig het om as ‘n minderheidsgroep in ‘n meerderheidsamelewing te kan floreer. Daar is ook aanvullende opleiding beskikbaar vir werknemers wat graag CPD-punte wil bymekaarmaak deur S-Leer. Die toekomsdrome stop nie daar nie: Solidariteit Jeug help jongmense om soomloos die skuif van lesinglokaal na raadsaal te maak. ‘n Veilige Afrikaanse opleidingstoekoms van hoë gehalte is vir ons ‘n hartsaak. Benewens die Beweging se fokus op opleiding, is die vakbond Solidariteit ook besig om knelpunte in die werkplek en die arbeidsomgewing aan te pak, met sake by onder andere Denel, Sasol en Eskom. Ons neem ook onderwerpe soos Lonmin se toekoms onder die loep, en staan mediese studente by met die plasingsproses nadat hulle afstudeer het. Ek wil jou uitdaag om hierdie vraag eerlik te antwoord: “Droom jy dalk te klein?” In ‘n dinamiese organisasie soos Solidariteit het ek myself al baie gevang dat selfs my grootste drome so ’n bietjie klein was vir wat die werklikheid daarvan kon wees. As jy groot droom, bereik jy uitnemende doelwitte, en dít is Solidariteit se geheim. Min dinge is onmoontlik as jy bereid is om gefokus en hard te werk daarvoor. Onthou om elke dag te doen wat jy moet doen, waar jy dit moet doen – as jy jou oë uitvee, het jy ‘n droom bereik waaroor jy voorheen regtig net kon droom. Skink ‘n koppie koffie, sit terug en geniet hierdie uitgawe!

REDAKTEUR

6

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

*

Nog nie ’n Solidariteit-lid nie? Sluit nou aan! SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. Verander jou kontakbesonderhede by diens@solidariteit.co.za.

BLITSNUUS Lynne Brown, (tot onlangs) minister van openbare ondernemings, het werknemers by DENEL ‘n slag toegedien deur haar onbereidwilligheid om die aantygings van wanbestuur teen die groep se uitvoerende hoof, finansiële hoof en raad se voorsitter in ‘n ernstige lig te beskou. Dít te midde van dreigende afleggings van sowat 700 werknemers. Pravin Gordan is intussen deur pres. Cyril Ramaphosa as die nuwe minister van openbare ondernemings aangewys. >> Meer oor Denel op bladsy 30.

Die bedrag wat die petrochemiese reus SASOL gespaar het sedert hy in 2015 sy kontantspaarplan in werking gestel het. Die groep spog dat hy volgehoue jaarlikse besparing van R3,5 miljard bereik het. Sasol en Solidariteit stamp tans koppe oor dié maatskappy se uitsluiting van wit mense >> Meer oor dié skema op bladsy 24. uit ‘n nuwe bemagtigingskema, Khanyisa. Voormalige werknemers van AURORA EMPOWERMENT SYSTEMS wag steeds op uitbetalings van dié maatskappy se likwidateurs, nadat hulle meer as ‘n jaar gelede reeds hul eise ingedien het. “Ons lede is moedeloos en verkeer al sedert Maart 2010 onder ongelooflike finansiële druk,” het Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, gesê. Uitstaande en onvolledige eise van lede van ander vakbonde vertraag die proses. Khulubuse Zuma, broerskind van oudpres. Jacob Zuma, moet ingevolge ‘n hofbevel R23 miljoen teen Augustus 2018 betaal, waarvan R12 miljoen reeds betaal is. Onderhandelings met sy mede- Aurora direkteure, Solly en Fazel Bhana, duur steeds voort.

“My droom vir AKADEMIA is om selfstandige gegradueerdes te lewer wat krities kan dink en hul drome kan verwesenlik deur Akademia se Westers-Christelike, intellektuele tradisie en vakkennis van wêreldgehalte.” >> Akademia se nuwe dekaan, dr. Saretha Brüssow (bladsy 18).

‘n Ooreenkoms is bereik tussen die Kamer van Mynwese, die departement van minerale hulpbronne en die presidensie om die hofgeding oor die OMSTREDE KONSEPMYNBOUHANDVES deur ‘n onderhandelingsproses te vervang. Dit was presies die versoek wat die belanghebbende partye in April 2017 aan die departement van minerale hulpbronne gerig het.

Solidariteit is geskok oor die wyse waarop UNISA sensitiewe klagtes van rassehaat en viktimisasie hanteer. Dit volg nadat die vakbond genoodsaak was om namens prof. Melodie Labuschaigne dringende stappe te neem teen Benny Morota, ‘n regsdosent aan Unisa, wat tydens ‘n vergadering met Mandla Makhanya, visekanselier en ander akademici op 30 Junie 2017, teenkanting gebied het teen die heraanstelling van haar as dekaan, omdat dit glo onaanvaarbaar is om ‘n wit vrou as dekaan aan te stel. Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die professionele bedryf by Solidariteit, is Unisa vasgevang in die greep van ‘n groep radikale werknemers wat ‘n openlike rassistiese agenda dryf.


KUBER KLETS

Kuberklets, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za

>> Lees ook die artikel op bladsy 25.

REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer

Strafregtelik aangekla deur Solidariteit

ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za Colette Schultz – colettes@solidariteit.co.za

Solidariteit het in Februarie ’n strafregtelike klag teen Brian Molefe en die voormalige voorsitter van Eskom, Ben Ngubane, by die Garsfontein-polisiekantoor ingedien. Die klag is ook by die Valke en die nasionale vervolgingsgesag ingedien. Solidariteit vra dat Molefe en Ngubane van onder meer bedrog aangekla word omdat Molefe verryk is deur ’n onregmatige handeling tot nadeel van die kragreus. Só het ons Facebook-vriende gereageer:

ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media

LIELIE LOOTS: Mooi so! Dankie, en doen asseblief iets aan die feit dat staatspensioen in Eskom se koffers beland. THINUS LAMPRECHT: Kan Solidariteit nie iets doen omtrent die kwessie dat staatspensioen gebruik word om Eskom te help nie? Baie staatsdienswerkers behoort aan Solidariteit. Ons is bekommerd oor dit, maar voel ons hande is afgekap. ROELIEN ENGELBRECHT: Sterkte! Dankie vir alles wat julle vir ons land doen.

BERNIE HAMBSCH: Mooi so! Daar is nog duisende wat aangekla moet word. JOHNNY JOHNSON: Baie mooi! Goed gedoen! Daai korrupte rampokkers hoort in die tronk! POPPIE VAN DEVENTER: Skande dat mense se pensioen vir Eskom gegee word. JOHAN KOK: Uiteindelik... iemand reageer. Dankie daarvoor. ADRI VAN WYK: Sterkte, Solidariteit!

TOMMIE WP: Dien sommer ’n klag teen die GEPF ook in. Hulle steel ons geld.

INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Jaco Bisschoff MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Wilmarie Brits, Flip Buys, Chris Chameleon, Lindie de Beer, Dirk Hermann, Annalise Kempen, Zydelia Kleinhans, Moira-Marie Kloppers, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Martie Maree, Paul Maritz, Connie Mulder, Christien Neser, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Stefan Pieterse, Alet Pretorius, Nikki Prinsloo, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Mia Slabbert, Juran van den Heever, Juran van den Heever, Hendrik van der Hoven, Cilleste van Dyk, Suné van Heerden en Rozier van Tonder. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

FRANCIS DAISY JANSSEN: Great news! www.aksentmedia.co.za DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng

Foto’s: iStockphoto.com

GLO JY MEER KENNIS BETEKEN VOORUITGANG IN JOU WERK?

A

Vir seker. As jy meer kennis het, voeg jy meer waarde toe tot jou beroepsrigting en jou maatskappy.

B

Ek weet nie. Soms sien ek dit gebeur en soms nie.

C

Nee. Ek dink ek het baie kennis, maar ek sien nie dat dit enigsins vooruitgang vir my in die werkplek beteken nie.

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

Solidariteit Beweging

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake deur adverteerders nie.

www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

7


SPREEK BUYS

DAAR ÍS HOOP... Suid-Afrika se skip het ‘n nuwe stuurman en daar is ‘n versigtige optimisme te bespeur. Die werklikheid is: die land is in die moeilikheid. Gaan pres. Cyril Ramaphosa die skip uit die Zuma-moeras van korrupsie en die rampspoedige benadeling van miljoene mense kan stuur? Of gaan hy bloot die ANC-ideologie van rewolusie met staatsmag voortsit? Cilleste van Dyk, redakteur van Solidariteit Tydskrif, het met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, oor dié brandpunte gesels.

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

Hoe voel jy oor Cyril Ramaphosa se verkiesing as nuwe president? Dit gee die land ’n kans om uit die moeras van die Zuma-era te kom, maar dan is daar twee vereistes. Die eerste is dat hy sy beloftes moet uitvoer om korrupsie met wortel en tak uit te roei, en skoon regering en ekonomiese groei as sy hoofdoelwitte moet dryf. Die tweede is dat hy die ANC sal moet hervorm vanaf ’n uitgediende selfsiening as ’n rewolusionêre bevrydingsbeweging na ’n moderne party. My groot kommer oor mnr. Ramaphosa is dat sy verskille met Zuma nie oor diepgaande ideologiese sake was nie, maar grootliks oor Zuma se korrupte onbekwaamheid. Ek het nog nie gehoor dat Ramaphosa verskil met die kern van die ANC-beleid, naamlik die voortsetting van die rewolusie met staatsmag, nie. Dis daardie beleid wat, saam met die Zuma-era se korrupsie, die land op die rommel(status)hoop laat beland het. Pres. Ramaphosa het werklik ’n groot taak op hande, want die land is diep in die moeilikheid.

8

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Hoe het die Zuma-era die gemiddelde werknemer geraak? Die rampspoedige benadeling van werknemers is treffend bereken deur Standard Bank se hoofekonoom, Goolam Ballim. Hy het uitgewerk dat die ekonomiese koste van die afgelope sewe jaar se politieke onstuimigheid nagenoeg ’n triljoen rand was! Die land se werkmag sou in hierdie tyd met byna ’n miljoen poste kon groei as die ekonomie nie so gesaboteer is nie. Omdat ’n enkele werknemer se huishouding uit gemiddeld vier mense bestaan, is sowat 5 miljoen mense benadeel. Ballim bereken dat die land net in die vorige belastingjaar R300 miljard verloor het! Dan kom die onberekenbare koste nog by van miljoene hardwerkende mense wat miljoene rande verloor het weens die swak prestasie van pensioenfondse en pap huispryse as gevolg van die swak ekonomie. Maar daar is ook ’n waardeprobleem in dele van die privaatsektor, soos wat die Steinhoff-krisis en verskeie maatskappye se aandadigheid aan staatskaping uitgewys het. Dit moet vasgevat word. Daarom is “werk” Solidariteit se hoofdoelwit vir 2018.

Hoe lyk die vooruitsigte vir werkgeleenthede in 2018? Ekonomiese vooruitsigte lyk beter as in 2017, ook wat die wêreldekonomie betref. As pres. Ramaphosa beleggersvertroue kan herstel, sal ons ekonomie vinniger groei, wat werksekerheid sal verbeter en nuwe poste sal skep. Staatsinmenging en die regering se radikale rassebeleid gooi egter sand in die groei-enjin van die land, wat alle mense se werk benadeel. Normale werk in ’n abnormale samelewing is onwerkbaar. Die transformasiebeleid het groot dele van die staatsdiens en munisipaliteite ernstig verswak, en is nou besig om die privaatsektor as die lokomotief van die ekonomie te vertraag. Die ANC sal moet leer dat ekonomiese groei die grootste gelykmaker is, nie herverdelende wette nie. Sonder groei is daar niks om te verdeel nie. As hierdie stremmende rassewette afgeskaf word, sal die ekonomie vinniger groei, almal in die land sal beter dienste van die staat kry, en swart mense sal vanweë hulle groter getalle buitendien die grootste voordeel daaruit trek.


SPREEKBUYS

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Ons gaan die toekoms hê wat óns bou. Ek is opgewonde en sien uit na die toekoms, want ek weet wat ons mense kan vermag.”

Die skrywer RW Johnson het ’n tyd gelede gesê Suid-Afrika het net twee jaar oor om te oorleef. Dink jy dis regtig so erg? Johnson het gewaarsku as die land nie vinnig van rigting verander nie, sal die ekonomie só vinnig kwyn dat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) sal moet ingryp. Onthou dat ’n krisis help met oplossings, omdat daar dan nie ’n ander keuse is as om die regte ding te doen nie. Dit lyk of Ramaphosa iets begin doen aan die wanbestuur, korrupsie en waardevernietiging by openbare ondernemings soos Eskom en die SAA. As hulle reggeruk kan word met bekwame leiers, is daar hoop vorentoe. Die groot gevaar is nie Johnson se waarskuwing dat die IMF sal moet ingryp nie, dit is dat die regering pensioenfondse kan begin plunder om hul wanbestuur mee te finansier. Daarom is dit verblydend dat vakbonde reg oor die spektrum sterk standpunt ingeneem het teen die misbruik van die staatspensioenfonds as melkkoei om sukkelende staatsondernemings te help. Solidariteit sal voortgaan om ’n wakende oog oor pensioenfondse te hou. Politici moet hul hande daarvan afhou, en mekaar nie onder die vaandel van BEE daardeur verryk nie. Ons sal sterk standpunt inneem daarteen dat arm werknemers se hardverdiende pensioenbates vir ryk politieke bemagtingsmagnate gegee word.

Gaan Solidariteit met die staat praat oor al hierdie brandpunte? Ons neem op verskeie vlakke deel aan gesprekke met regeringslui, en dink dis nodig om met mnr. Ramaphosa self ook te praat. Ons wil nie teruggaan na die verlede nie, maar is net so geregtig op ’n toekoms as enigiemand anders. Ons eis nie spesiale voorregte nie, maar ons eis ons normale regte op. Die ANC het die 1994-ooreenkoms verbreek omdat hulle voortgaan met hul rewolusie. Ons glo aan wedersydse erkenning en respek. Maar terwyl ons praat, hou ons aan om te bou aan ons planne. Ons toekoms is te belangrik om net aan politici oor te laat.

Hoe voel jy oor die gebeure by Afrikaanse skole en universiteite? Dis deel van dieselfde ideologie van “radikale transformasie ter uitvoering van die sogenaamde nasionaal-demokratiese rewolusie” van die ANC. Die ander dele is hul standpunte oor onteiening sonder vergoeding, die oordra van eienaarskap van sakeondernemings, radikale rassewette in die werkplek, en aantasting van die vryhede van persone, sakelui, kultuurgemeenskappe, die media, die verstikkende regulering van die hele

samelewing, en die groeiende rassisme teen wit, bruin en ander minderhede. Die groot prentjie is dat die ANC alles en almal met staatsdwang wil “gelykmaak”, en in die proses alles en almal se vryheid aantas.

Sien jy nog ’n toekoms waar ons vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan in Suid-Afrika? Beslis. Maar ons wag nie op die toekoms wat die regering aan ons oorlaat nie, dit is ons verantwoordelikheid om dit self te skep ter wille van ons kinders en hulle kinders. Die hele Solidariteit Beweging is juis gestig om ’n toekoms te skep waarin ons ook blywend vry, veilig en voorspoedig kan wees. Daarom is Solidariteit met opwindende planne besig om mense met hul werk te help; daarom stig AfriForum landwyd buurtwagte om saam met die polisie en sekuriteitsmaatskappye veiligheid te verbeter; daarom ondersteun Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum al meer as 500 skole; daarom het hulle al meer as 8 000 jongmense met rentevrye studielenings gehelp; daarom bou ons verder aan Sol-Tech en Akademia as ’n volwaardige universiteit; en daarom bevorder ons Afrikaans. Ons gaan die toekoms hê wat óns bou. Ek is opgewonde en sien uit na die toekoms, want ek weet wat ons mense kan vermag. www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

9


NUUSWAARDIG

WERKLOOSHEID: SÓ LYK JONGSTE SYFERS Geen werk

Breë koers - Kwartaal 4/2017

Ontmoedigde werksoekers

Werkloosheid onder graduandi

‘n wegspringblok eerder as eindstreep In vandag se snel veranderende wêreld van kits-inligting en tegnologiese vooruitgang verouder kennis en ondervinding blitsvinnig. Daarom moet matrieks hul opleiding ná skool voortsit. ’n Matrieksertifikaat alleen gaan nie dieselfde geleenthede skep as matriek én bykomende opleiding nie. Stagnasie is immers die dood in die loopbaanpot!

Foto: iStockphoto.com • Bykomende bron: Statistieke Suid-Afrika

DEUR CILLESTE VAN DYK

C

Onthou: Hou jou oë en ore oop; algemene kennis is toe nie so algemeen nie!

onnie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), verduidelik dat ofskoon indiensneming in Suid-Afrika onder druk is, dit duidelik is dat mense met verdere opleiding ’n aansienlik beter kans het om werk te kry, en goeie werk daarby. “Werkloosheid onder graduandi en mense met verdere tersiêre opleiding is slegs 5,4% en 17,8% onderskeidelik – in vergelyking met Suid-Afrika se hoër koers van 27,7%,” het Mulder verder uitgebrei. “Ons moedig matrieks aan om verdere opleiding ’n prioriteit te maak. Moenie jouself blind staar teen ’n universiteitsgraad nie – enige verdere opleiding verhoog jou kanse om werk te kry. Al staan jy in ’n beroep, beywer jouself vir bykomende opleiding. Lewenslange leer is net so belangrik soos opleiding ná skool.”

“Wat belangrik is, is dat 2017 se matrieks nie moet ophou om opleiding te verkry nie. ’n Matrieksertifikaat moet as ’n wegspringblok eerder as ’n eindstreep gesien word.” Dit beteken dat ’n kwalifikasie ná matriek wel ’n goeie en noodsaaklike mikpunt is, maar nie ’n gewaarborgde wenpaal is nie. Die wêreld staan nie stil

10

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

STUDIE DIE BELEGGING MET DIE HEEL BESTE OPBRENGS

nie en jy durf ook nie. Suksesvolle maatskappye en mense besef dit en daarom is lewenslange leer vandag die in-ding. Jy hoef egter nie vir die res van jou lewe nagte om te leer om nóg grade te behaal nie. Op universiteit leer jy om te leer. Formele studies is en bly goed, maar deur kursusse, konferensies, boeke of net ’n leeringesteldheid kan jy baie ver kom. Trouens, die “universiteit van die lewe” is onontbeerlik vir sukses.

Mense vra soms wat die beste belegging is – eiendom of aandele? Die regte antwoord is dat ’n mens se opleiding beslis die beste opbrengs op ’n belegging gee. Iemand wat geld en tyd in sy eie opleiding belê, word oor en oor in terme van geld en lewensgehalte daarvoor vergoed. Opleiding is wel duur en verg baie opoffering, maar mense sonder opleiding het dikwels nie eers geld vir kos nie en moet baie harder werk en meer opofferings maak sonder die vooruitsig van ’n beter lewe. Hulle moet lewenslank werk vir hul geld en verdien nooit genoeg sodat hul geld vir hulle kan werk (en sorg!) nie. Moet ook nie net die “makliker” studierigtings oorweeg nie. Onthou: Hoe moeiliker die studies, hoe hoër die uiteindelike opbrengs. Leer dus vir jouself ’n toekoms oop, dit kom nie vanself nie. Dawerende sukses word altyd voorafgegaan deur stille voorbereiding. Onthou ook dat daar nie goeie of slegte rigtings is nie. Ons het almal verskillende talente en belangstellingsvelde. ’n Tuinier met ’n passie vir tuine sal lekkerder werk, sy tuinbesigheid sal floreer en hy sal baie meer geld maak as byvoorbeeld ’n mediese spesialis wat elke oomblik van haar werk haat en flou voel as sy bloed sien!


NUUSWAARDIG

is vooruitgang en kennis deel, is krag

Foto: Rozier van Tonder

P

lato het kennis as geregverdigde ware geloof gedefinieer. Akademia en Sol-Tech se studente wat hul kennis verbreed, is dus inderwaarheid besig om hulle op ’n regverdige manier geloofwaardig in die werklikheid te posisioneer. Maar kennis word nie net in die klaskamer verwerf nie. Wat Akademia en Sol-Tech van ander openbare opleidingsinstellings onderskei, is nie net dat Afrikaans as voertaal gebruik word nie, maar ook die feit dat dié instellings opgerig is met geld wat gewone mense vrywillig bydra. Hierdie instellings is uit nood gebore in reaksie op die bedreiging van bestaande opleidingsinstellings en gaan daarom van krag tot krag. Die gemeenskap het dié instellings

DEUR JURAN VAN DEN HEEVER

dat hulle ook moet terugploeg. Hulle sal tot stand gebring en het studiefondse betrokke raak en deel vorm van Solidarigeskep wat vir studente die geleentheid teit Jeug en beroepsgildes, bied om hul kennis op te bou. en hulle sal later bydra tot Behalwe vir die boekestudiefondse en projekte om kennis en die vaardighede weer aan ander geleenthede wat die studente aanleer om te bied. suksesvol in die werkplek te Die waarde van kennis wees, leer hulle ook om trots lê dus vir Solidariteit in die te wees daarop dat hierdie voorspoed wat dit vir ons stuinstellings gebou is danksy dente in die hand werk, maar die bydraes van ander mense ook in die krag wat dit aan wat in dieselfde droom glo. gemeenskappe gee wanneer Die studente maak dus daardie kennis gedeel word. vooruitgang deur hul kennis Die wêreld van werk is groot op te bou, maar versterk ook en die wêreld van kennis die krag van die gemeenskap Juran van den Heever onmeetbaar, maar ons kan deur hul kennis en vaarmekaar deur netwerke ondersteun om dighede met ander te deel. Studente ons kennis te deel. wat by hierdie instellings studeer, begryp


NUUSWAARDIG

Jóú kind se toekoms in staat se hande Mý kind, mý verantwoordelikheid, mý besluit. In een van die grootste openbare protesveldtogte in Solidariteit se geskiedenis, het meer as 100 000 ouers, onderwysers, grootouers en bekommerde lede van die gemeenskap hard en duidelik néé gesê vir die omstrede wysigingswetsontwerp op die Skolewet. Die kommentaartydperk vir dié omstrede wysigingswetsontwerp het op 10 November 2017 gesluit. Die wysigingswetsontwerp sal ‘n enorme impak op skole se onafhanklikheid hê. DEUR MOIRA-MARIE KLOPPERS

I

ndien die omstrede wysigingswet ingestel word, sal beheerliggame bykans al hul magte ten opsigte van leerlingtoelating, taal en personeelaanstelling verloor. Die plan is om onderwysdienste te sentraliseer, terwyl die onderwysdepartement erken dat hulle dit nie kan bekostig nie. Die implementering van die wysigingswetsontwerp sal dus tragiese gevolge vir dienslewering aan skole hê, en uiteindelik ook vir die gehalte van onderrig. Die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys het einde November 2017 tydens ’n voorlegging deur die departement van onderwys gehoor dat ’n oorweldigende hoeveelheid kommentaar op die wysigingswetsontwerp op die Skolewet ontvang is. Hubert Mweli, direkteur-generaal van die departement van basiese onderwys, het tydens die departement se voorlegging aan die portefeuljekomitee gesê dat hy nog nooit in sy loopbaan soveel openbare kommentaar op beoogde wysigings gesien het nie. “Die woord stortvloed regverdig nie die tipe reaksie wat ons gekry het nie,” het Mweli gesê. Hoewel die wysigingswetsontwerp nog in die Parlement bespreek moet word en alle kommentaar oorweeg moet word, het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, reeds begin om dié wet in Gauteng te implementeer. Op 2 November verlede jaar het hy tydens ’n onderhoud op 702 sekere aankondigings oor die bestuur van Gautengse skole gemaak wat ooreenstem

12

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

LESUFI LÊ LEM IN ONDER LEERKRAGTE IN GAUTENG Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, het op 2 Desember 2017 aangekondig dat die finansiering van nagenoeg 1 800 departementele hoërskoolonderwyserposte in Januarie 2018 gestaak gaan word. Dit het groot onsekerheid onder onderwysers in dié provinsie veroorsaak. Solidariteit het die departement aangemaan dat hierdie besluit moontlik dié onderwysers se poste in gedrang kon bring. Dit is duidelik dat Lesufi die wysigingswetsontwerp op die Skolewet reeds in Gauteng begin implementeer. Hy het deur ’n woordvoerder gesê dat onderwysers nie afgelê gaan word nie, maar waarskynlik na ander skole “herontplooi” sal word. Onderwysers wat agterbly by skole waar poste nou verminder is, gaan met oorvol klasse sit. Om alles te kroon, is talle van die poste wat oortollig verklaar is, by skole wat gegroei het in die vorige jaar. Dit is dus duidelik dat leerdergetalle by individuele skole nie in ag geneem is met die verdeling van poste vir 2018 nie. met die wysigingswetsontwerp. In die onderhoud het hy spesifiek Afrikaanse skole uitgesonder en verklaar dat enkelmediumskole nie meer bestaansreg behoort te hê nie. Hy het ook openlik erken dat hy hom nie aan die staande departementele beleid oor klasgroottes

gaan steur in Gauteng nie. “Ons het in Gauteng besluit dat die prioriteit is om al die kinders in die klaskamer te kry. Ons sal die gevolge van 60 of 70 kinders per klas hanteer en hulpbronne kry as hulle geplaas is,” het hy gesê. Lesufi het die daad by die woord gevoeg in sy stryd téén Afrikaanse skole en vír groter klasse in sy aanslag op Hoërskool Overvaal in Vereeniging. Hy het 55 Engelssprekende leerders by dié Afrikaanse skool geplaas, ondanks die feit dat die skool nie plek of hulpbronne gehad het om dié leerders te akkommodeer nie. Die skool het die hooggeregshof genader om die Gautengse departement van onderwys se opdrag ter syde te laat stel. Regter Bill Prinsloo het in die skool se guns beslis en in sy uitspraak gesê dat daar meer as genoeg plek by ander naburige skole was. “Daar is dwingende bewyse dat naburige Engelse skole die kapasiteit het om veel meer as die 55 leerders in te neem.” Die hofsaak het ook ontbloot dat twee skoolhoofde van naburige skole deur die departement met afdanking gedreig is as hulle erken dat daar plek is in hulle skole vir die leerders. • Teen druktyd het die departement volgehou dat hy na die konstitusionele hof wil appelleer omdat hy meen die hofuitspraak ten gunste van Hoërskool Overvaal skend leerlinge se grondwetlike regte. Betogings het by dié skool uitgebreek oor die kwessie van Afrikaans as onderrigtaal.


NUUSWAARDIG

van Suid-Afrika se 23 719 openbare skole is disfunksioneel, sê dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).

Die aantal mense wat in Maart vanjaar tydens die driejaarlikse nasionale beheerliggaamverkiesing verkies word om in openbare skole se beheerliggame te dien.

Waarom moet ons

wees?

WYSIGINGSWET: PRAKTIESE IMPLIKASIES

Foto’s: iStockphoto.com • Bykomende bron: Maroela Media

Solidariteit glo dat skole gemeenskapsinstellings is. Ouers belê baie in hul gemeenskapskole omdat dit ook ’n belegging in hul kinders se toekoms is. Dís die impak van die wysigingswet:

BEHEERLIGGAME

ONDERWYSERS

• Beheerliggame verloor hul mag om te besluit oor skoolkapasiteit, onderrigtaal en toelating. • Skole se taal- en toelatingsbeleide word deur die hoof van die departement goedgekeur en moet op sy voorskrif verander word. • Die hoof van die departement het die mag om skole te verplig om meer onderrigtale aan te bied, ongeag hul personeel kapasiteit. • Beheerliggame verloor die mag om besluite te neem oor aanstellings en bevorderings. • Beheerliggame kan eensydig ontbind word.

• Aanstellings is onderhewig aan regulasies en voorskrifte wat die minister skep en wat sosiale en ekonomiese transformasie ten alle koste bevorder. • Regstellende aksie en verteenwoordigendheid sal bó aan die lys van regulasies staan wanneer alle aanstellings óf bevorderings oorweeg word. • Die herverspreiding (“redeployment”) van onderwysers binne provinsies is prioriteit by aanstellings deur die departement.

SKOLE • Skole met minder as 135 leerders kan eensydig gesluit word. • Skole kan gedwing word om saam te smelt in opdrag van die LUR vir onderwys en hy bepaal ook die beleid en naam van die nuwe skool. • Subsidies aan onafhanklike skole is onderhewig aan verpligtinge wat die minister stel.

OUERS • Die aanslag op beheerliggame verminder die inspraak wat ouers het by hul kinders se skole. • Die hoof van die departement het die finale sê rakende toelating tot skole, wat klasgroottes en die skool se taalsamestelling sal beïnvloed. • Ouers het nie die finale sê by watter skool hul kind geplaas sal word nie.

www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

13


NUUSWAARDIG

Dís nie haar elegie DEUR FRANCOIS REDELINGHUYS

Foto’s: iStockphoto.com

M

y gebed is Afrikaans. My liefde is Afrikaans. My omgee is Afrikaans. My hart is Afrikaans. My opleiding was Afrikaans. Ek ís Afrikaans. Die sikofante onder ons vertel my dat my taal en kultuur soos die samoerai se harakiri eerder op sy eie swaard moet val. Want Afrikaans hoort nie hier nie. Dit wat ek leef, voel en bid, en dit wat ek ís, hoort skynbaar nie hier nie. My taal is die teiken. Ongeag verskansing in die Grondwet word my taal gebruik as ’n politieke speelbal, iets wat vir eie gewin rondgeslinger word. My taal word op die brandstapel gewerp sodat meer haat jeens haar gekweek word.

14

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

My taal is mos die “onderdrukkerstaal” en basta, en terwyl my taal gehoon word, word die politici geprys. Die afgelope paar maande moes Afrikaans en haar sprekers weer opnuut die mokerhoue van alle kante trotseer kort nadat die konstitusionele hof Afrikaans ’n kishou toegedien het in sy uitspraak oor die taalbeleid by die Universiteit van die Vrystaat. Verdere mokerhoue het gekom in die vorm van betogings by Hoërskool Overvaal nadat die hooggeregshof, in ooreenstemming met die Grondwet, die skool se Afrikaanse taalbeleid bekragtig het. Die betogings kom ten spyte van die feite, ten spyte daarvan dat die LUR vir onderwys in Gauteng hoofde by naburige Engelse skole gedreig het dat hul poste op die spel is as hulle nie gehoor gee aan sy opdragte en medepligtiges in sy magspel word nie. Dit volg ten spyte van die feit dat Afrikaanse skole slegs 5% van alle skole landwyd uitmaak en ten spyte van die feit dat moedertaalonderrig beoefen mag word waar dit prakties moontlik is. So moes my “onderdrukkerstaal” toekyk hoe die betogers, die wetgebaseerde uitspraak ten spyt, haar as rassisties en eksklusief bestempel. My taal, een van die land se inheemse tale,

is onder beleg – dit terwyl sy eintlik die opheffing en hoëvlakfunksionering van ander inheemse tale voorstaan en as baken vir alle taalgroeperings kan dien. Die verguising kom terwyl sy wil insluit en onderling die uitruil van kennis dien. Haar toekoms lê gelukkig nie in die hande van politici en regerings nie maar in die hande van ons, haar sprekers reg oor die spektrum heen. Dit bly die universele waarheid, of dit nou 1902 of 2018 is. Aanslag ten spyt – dít is nie Afrikaans se elegie nie.


NUUSWAARDIG

Kom ons sluit dié debat vir goed af Dit is tyd dat ons hierdie debat vir eens en altyd afsluit: Die waarde van moedertaalonderrig is al keer op keer deur onaanvegbare navorsing aan ons getoon, en tog vind ons in Suid-Afrika ’n magdom mense wat daarteen gekant is. As dit net oor die kind gegaan het en geen politieke gewig gedra het nie, sou baie ouers sekerlik lank al ’n plan gemaak het om hul kinders vir so lank as moontlik in hul onderskeie moedertale te onderrig.

Foto: iStockphoto.com • Bykomende bron: Maroela Media

E

lke vyf jaar word ’n internasionale verslag genaamd “Progress in International Reading Study” (Pirls) gepubliseer. Dié verslag toets graad 4-leerders in 50 lande se leesbegrip. ’n Punt uit 1 000 word dan vir elke deelnemende land gegee op grond van die gemiddelde leesbegrip van die graad 4’s. Suid-Afrika se punt was ’n skamele 320 uit 1 000, wat ons die heel laaste plek uit die 50 lande besorg het. Hoewel hierdie uiters volledige verslag baie spesifieke besonderhede uitwys oor landelike en stedelike begripsvlakke, selfs seuns teenoor dogters, is daar sekerlik geen statistiek so belangrik vir ’n studie oor moedertaalonderrig soos die verskil tussen Engels moedertaalsprekers se resultate in Engels, en kinders met ’n ander moedertaal se resultate in Engels nie. Kinders wat by die huis Engels praat en die toets in Engels geskryf het, het ’n gemiddelde punt van 445 uit 1 000 behaal. Kinders wat ’n ander taal by die huis praat en die toets in Engels geskryf het, het ’n gemiddelde punt van 356 gekry. Hier sien ons ’n verskil in begrip van amper 25%. Hierdie skokkende statistiek moet in konteks geplaas word: ’n Tienjarige kind wat uit sy Engelse handboek vir wiskunde

DEUR PAUL MARITZ

SUID-AFRIKAANSE KINDERS SE LEESVERMOË SKOKKEND

van gr. 4’s in Suid-Afrika lees nie met begrip nie. 12 810 leerders van 293 skole landwyd is getoets.

Die gemiddelde aantal leerders per gr.4-klas in SA. Die internasionale gemiddeld is 24 per klas.

of wetenskap, geskiedenis of geografie studeer, het luidens hierdie verslag 25% minder begrip van dit wat hy lees. Die logiese en ooglopende gevolgtrekking is dus dat jou kind nie sukkel omdat hy of sy dom is nie, maar dat jou kind sukkel omdat hy of sy nie verstaan wat in die handboek aan hom of haar oorgedra word nie! Hierdie gaping kan tot ses jaar neem om te oorbrug. As ons al hierdie dinge weet, waarom hou ons aan om ons kinders met een hand agter die rug gebind die oorlog in te stuur?

WAT VAN UNIVERSITEITE? Een van die beste maniere om te bepaal hoe goed ’n universiteit is, is om te kyk na waar dit op internasionale ranglyste lê. Een so ’n ranglys is die QS-ranglys. Die hoogste gerangeerde Suid-Afrikaanse universiteit op dié lys is die Universiteit

Die gemiddelde gr.4-meisie in Suid-Afrika is ‘n jaar se leer voor ons land se seuns.

van Kaapstad, wat die 191ste plek beklee. Die interessante van dié lys is dat 49 uit die top 50 universiteite onderrig in die moedertaal van die gemeenskappe wat om die universiteit woon, aanbied. Die idee dat alle onderrig net in Engels moet geskied, het byvoorbeeld vir Switserse, Duitse en Franse universiteite glad nie sin nie, en hulle het die statistieke om te bewys dat dit ook aan hul prestasie niks verander nie. Die gevolgtrekking is dus redelik duidelik in dié geval: Vir jong kinders behoort moedertaalonderrig ’n ononderhandelbare gegewe te wees, want opvoeding in enige ander taal maak hulle gereed vir mislukking en ’n lewe as tweedeklasburgers. Verder is grondslagmoedertaalonderrig uiters voordelig, en bied dit die beste geleentheid vir jou kind om bo die res uit te styg. www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

15


NUUSWAARDIG

Solidarit Helpend

vir duisende studente geskep Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum het sedert sy ontstaan reeds 8 320 studente met R164 miljoen gehelp om vir hulself ’n beter toekoms te kan skep. DEUR WILMARIE BRITS

Foto: iStockphoto.com

D

ie Studiefondssentrum fokus daarop om tersiêre studies vir behoeftige studente moontlik te maak deur middel van rentevrye studielenings. Hierdie studiehulp betaal aan enige geakkrediteerde tersiêre instansie in Suid-Afrika uit. Volgens Stefan Pieterse, hoof van Helpende Hand se Studiefondssentrum, lê die Studiefondssentrum se sukses nie net daarin opgesluit dat hulle studente help om hulself te kan help nie, maar ook in die feit dat een student wat sy rentevrye studielening terugbetaal, ’n volgende student se studies moontlik maak. “Dit leer studente verantwoordelikheid, maar sonder die skuldlas van 3 tot 4 jaar se opgelope rente,” het Pieterse gesê. Die Studiefondssentrum spog tans met ’n terugbetalingsyfer van meer as 90%, wat beteken meer as 90% van studente se geld word teruggevorder en teruggeploeg om weer die volgende studente se studies moontlik te maak. In 2017 het ons 1 498 studente gehelp teen ’n totale koste van R33,5 miljoen, en in 2018 word 1 340 studente gehelp met ’n totaal van R38,7 miljoen. “Ons wil daarop fokus om behoeftige studente se studies moontlik te maak, en daarom help ons vanjaar ’n bietjie minder studente,

16

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

maar met meer geld,” het Pieterse gesê. Anina Kleynhans, ’n mediese student van Bloemfontein, se lewensdroom om ’n mediese dokter te word, is bewaarheid. “Die donateur wat my gehelp het, het soveel meer gedoen as net my klasgeld betaal. Hy het vir my ’n toekoms en ’n loopbaan gegee,” het Kleynhans gesê. Nog ’n student wat bygestaan is, is Werner Bosch, ’n talentvolle siviele ingenieurstudent wat weens finansiële uitdagings probleme ervaar het om sy studies te voltooi. Werner kon, ten spyte van die ekstra werk wat hy gedoen het, nie die mas opkom om sy studies te betaal nie en het besluit om by die Studiefondssentrum aansoek te doen. ’n Donateur het sy bereidwilligheid en deursettingsvermoë raakgesien en sy toekoms vir hom moontlik gemaak.

HOE WORD STUDIEFONDSE GEFINANSIER? Die Studiefondssentrum skep ’n platform waar donateurs studiefondse kan stig. Die sentrum administreer tans meer as 240 onafhanklike studiefondse. Een van die grootste studiefondse is die Solidariteit Opleidingsfonds: Solidariteit bewillig maandeliks R5 van elke lid se ledegeld vir Solidariteit-lede en hul kinders wat graag wil gaan studeer en aan die vereistes

voldoen. Donateurs wat graag hul eie studiefonds wil stig, kan ook self hul studiefonds se naam kies en bepaal aan watter vereistes ’n student wat daarmee gehelp word, moet voldoen.

WIE KWALIFISEER VIR STUDIESTEUN? Die behoefte aan opleiding in Suid-Afrika is baie groot en die Studiefondssentrum word jaarliks oorval met aansoeke. Daarom word gedeeltelike toekennings streng volgens die kriteria van die beskikbare studiefondse gemaak. “Die ouers se inkomste, prestasie van die leerder, Bewegingsbetrokkenheid, gestremdheid, psigometriese toetse, die aantal kinders in die gesin wat studeer en ’n motiveringskrywe word as kriteriapunte gebruik en dan word toekennings streng op grond van hierdie kriteriapunte gemaak,” het Pieterse gesê.

HOE DOEN EK AANSOEK VIR STUDIEHULP? Studente wat vir die eerste keer aansoek doen, kan die Studiefondssentrum se webblad besoek by www.studiefonds.co.za en dan op die “Doen aansoek”-skakel klik. Daar is ’n video wat die aansoekproses stap vir stap uiteensit. Let daarop dat studente elke jaar weer moet aansoek doen om studiehulp vir die volgende jaar te ontvang. Die Studiefondssentrum se aansoeke vir 2018-aansoeke het reeds gesluit, maar studente kan vanaf 1 Februarie 2018 tot 30 September 2018 aansoek doen vir studiehulp in 2019. • Besoek die Studiefondssentrum se webwerf – www.studiefonds.co.za


NUUSWAARDIG

berus op dit wat óns daadwerklik bou

Foto: Reint Dykema

D

aar is ’n smal pad na ’n ommekeer in die ekonomie en daardie pad is om jongmense op te lei. Die huidige prentjie van Suid-Afrika lyk vir baie van ons redelik donker en dit is maklik om te wonder of daar nog vir jongmense vandag ’n toekoms hier is. Die vraag moet egter nie wees of daar ’n toekoms gaan wees nie, maar hoe ons dit gaan bou. Die Amerikaanse ekonoom en Nobelpryswenner Milton Friedman het tereg daarop gewys dat opleiding die grootste opbrengs lewer. Deur in iemand se opleiding te belê, help jy die persoon nie net een keer nie, maar stel jy hom in staat om

DEUR STEFAN PIETERSE

om elke jaar al meer studente te help. vir 30 of meer jaar na homself om te sien. In ’n onlangse navorsingsprojek onder Solidariteit Helpende Hand se Studie120 behoeftige studente wat tussen 2013 fondssentrum het reeds 8 230 studente en 2017 deur die Studiefondsmet R164 miljoen gehelp sentrum gehelp is, het 80% om te studeer. Hierdie geld aangedui dat opleiding hul kom van gewone mense wat loopbaanvooruitsigte verbeter iets daadwerklik doen om het, en 76% het genoem dat die ketting van armoede te hulle beter werksekuriteit verbreek. Die dinamika van die geniet as voor hul studies. Studiefondssentrum se model Benjamin Franklin was lê daarin dat meer as 90% van dus reg deur te sê dat ’n studente hul studielenings belegging in kennis die beste terugbetaal. Getrou aan die rente oplewer. kultuur van ’n helpmekaarbe• Stefan Pieterse is hoof van weging, werk afgestudeerdes die Studiefondssentrum en (wat terugbetaal) en donateurs Stefan Pieterse ’n toegelate prokureur. (wat nuwe kapitaal skenk) saam


NUUSWAARDIG

wil Akademia van beter na beste aanvuur Akademia het oor die laaste ses jaar gegroei tot ’n dinamiese studietuiste waar Afrikaanse studente eersteklas hoër opleiding en opvoeding in ’n veilige ruimte ontvang. Dié hoëronderwysinstelling oortref jaar ná jaar die verwagtinge en vanjaar is geensins anders nie. Akademia het 2018 op ’n hoë noot begin met die aanstelling van ‘n nuwe dekaan, dr. Saretha Brüssow, om die akademiese personeel verder uit te bou en te ondersteun. DEUR WILMARIE BRITS

Foto: iStockphoto.com

D

r. Saretha Brüssow is die voormalige hoof van akademiese beplanning in die Direktoraat vir Institusionele Navorsing en Akademiese Beplanning aan die Universiteit van die Vrystaat, en was onder meer verantwoordelik vir gehalteversekering, programontwikkeling en akademiese akkreditasie. “My droom vir Akademia is om selfstandige gegradueerdes te lewer wat krities kan dink en hul drome kan verwesenlik deur Akademia se Westers-Christelike, intellektuele tradisie en vakkennis van wêreldgehalte,” het Brüssow gesê. Volgens Brüssow is Akademia ’n toekomsgerigte, selfstandige privaat hoëronderwysinstelling wat gegrond is op beproefde uitgangspunte. “Akademia word gekenmerk deur nie nét ’n eensydige klem op gespesialiseerde opleiding en vakkennis nie, maar op ’n onderrigmodel wat ons ’n unieke stem binne die Suid-Afrikaanse universiteitswese gee,” meen Brüssow. Martinus Visser, bestuurshoof van Akademia, het gesê Brüssow se strewe na gehalte-onderrig het presies ingeskakel by die wese van Akademia asook by die instelling se vertrekpunte, oogmerke en doelwitte. “Ons baie is ingenome met haar aanstelling; sy is voorwaar ’n aanwins vir

18

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

“Eerstens wil ek bydra op institusionele vlak wat beleid en interne gehalteversekeringstelsels insluit; tweedens op programvlak wat die ontwerp, inhoud en aflewering van programme insluit; en derdens op ‘n individuele vlak, insluitende inisiatiewe wat dosente help en aanmoedig om innoverend te wees in hul onderrig- en leermetodes,” verduidelik Brüssow.

Dr. Saretha Brüssow, nuwe Akademia-dekaan.

Akademia. Met die rykdom van kennis wat sy saambring, tesame met die akademiese fondasie wat reeds by Akademie gelê is, gaan ons die instelling verder kan uitbou en laat groei tot die Afrikaanse hoëronderwysinstelling wat ons streef om te wees,” verduidelik Visser. Brüssow is baie opgewonde oor die nuwe pad wat vir haar as dekaan voorlê. Haar doelwitte vir 2018 is geskoei op die handhawing en uitbouing van Akademia se reeds hoog aangeskrewe onderrig op drie onderling verwante vlakke.

Akademia het ook sy personeelspan uitgebrei met sewe nuwe voltydse dosente. Zhan Goosen is aangestel as dosent in Projekbestuur en Chazanne Grobler en Henrike Putter as dosente in Regte. Victor Correia bied die vakke Kliëntediens en Etiek, Besigheidsetiek en Verantwoordelike Burgerskap aan, terwyl Riana Crafford aangestel is as ’n dosent in Informatika. Mareli van der Merwe is die nuwe dosent in Ondernemingsbestuur, en Astrid Helberg staan haar skoene vol as dosent in Bestuursrekeningkunde. “Met dosente wat kundiges is in hul onderskeie vakgebiede kan ons ten beste studente onderrig en oplei,” het Marthinus Visser gesê.


akademia

’n GOEIE WERK binne jou bereik! Solidariteit-lede kry 20%-afslag om aan Akademia te studeer! Bepalings en voorwaardes geld

aksentmedia.co.za

www.akademia.ac.za • www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

Nooit te vroeg om hieraan te begin bou

J

y is jonk, jy’s uniek en jy het wat dit verg om bo uit te kom! Met die hulp van Solidariteit Jeug kan jy seker maak dat jy gereed is vir al die uitdagings wat oor jou pad kom terwyl jy besig is om jouself voor te berei vir die werk en loopbaan waarvan jy droom. Maar hoe bou jy die brug tussen jou lewe as student en as werkende jongmens? Hoe hanteer jy die oorskakeling van laatnag se studeer na vroegoggend se vergaderings? By Solidariteit Jeug is jou sukses ons prioriteit – ons wil jou help om voorbereid te wees vir die werkplek. Ons wil jou daardie tweetreëvoorsprong gee sodat jy as ’n wenner by ’n werkonderhoud kan instap en as ’n aangestelde daar kan uitstap! Die beste van alles is dat al hierdie advies heeltemal gratis is vir lede van Solidariteit Jeug.

HOE KAN JY TOEGANG KRY TOT AL HIERDIE GRATIS VOORDELE? 1. Besoek www.jeug.co.za en voltooi die kort vraelys. 2. Ontvang jou intekeninligting per e-pos. 3. Teken in. Jy kan dan jou profiel opstel en gratis toegang kry tot talle interessante artikels, video’s, skakels en inligting.

BEGIN JOU LOOPBAAN OP DIE WENPAD!

Foto: iStockphoto.com

S

olidariteit fokus daarop om sy lede te help om goeie werk te kry en te behou. Ons het egter agtergekom dat ons jongmense veral hulp nodig het om met hul loopbane te begin. Solidariteit Jeug wys jou hoe om jou curriculum vitae op te stel sodat jy as kandidaat sal uitstaan. Ons vertel jou ook wat by werkonderhoude van jou vereis word, ons gee jou wenke vir jou eerste werkervaring en ons help jou om jou loopbaan te ontwikkel deur selfverbetering. Solidariteit staan ons jongmense dus

20

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

by met die oorgang van student na jong werknemer wat werklik ‘n waardevolle bydrae tot hul werkomgewing maak. Maar dis nie al waarmee Solidariteit Jeug jou in hierdie uitgawe van ons tydskrif help nie. Ons gee ook ’n kontantprys van R2 000 weg om daardie platsak ’n vol sak te maak.

prentjie in .gif-formaat op te laai wat uitbeeld hoe jy dink jou eerste dag by jou eerste werk gaan wees. Die sluitingsdatum is 27 Maart 2018. Daar is R2 000 kontant op die spel wat jy kan gebruik nes jy wil.

HOE NEEM EK DEEL?

KYK ‘N BIETJIE HIER!

Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir die prys, is om Solidariteit Jeug op Facebook te besoek, te hou van ons Facebook-bladsy (like) en ’n

• https://www.youtube.com/ watch?v=MNERNy0PZdw • https://goo.gl/Z5zyKS • Of skandeer die QR-kode bo.


NUUSWAARDIG

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, met die opening van die Bo-Karoo-opleidingsentrum in Orania.

Sentrum bied volhoubare pakket vir sukses

Foto’s: Orania Beweging

D

ie Bo-Karoo-opleidingsentrum in Orania is reeds vir ’n geruime tyd in bedryf. Hier kry studente onder meer messelary-opleiding en indien hulle die eksamen slaag, ontvang hulle ’n nasionaal geakkrediteerde rooi seël. Die Bo-Karoo-kampus is ’n tuiste vir Christelik-Afrikaanse onderwys en akkommodeer verskeie onafhanklike onderwys- en opleidingsinstansies om aan die gemeenskap ’n volledige, volhoubare pakket van onderrig, onderwys en opvoeding te bied. Die sentrum doen ook opheffingswerk in die gemeenskap deur naskoolse opleiding in elektriese werk, enige siviele werk soos messel- en bouwerk, en ander tegniese kwalifikasies aan te bied. Omdat Orania so vinnig uitbrei en verskeie nuwe behuisingsprojekte tans in die dorp

DEUR MIA SLABBERT

onderneem word, sal hierdie opleiding bydra om die beste vakmanne en bouers vir dié projekte te voorsien. “Ons visie is om ’n volwaardige kampus daar te stel waar kinders vanaf drie maande oud tot en met volwassenheid gevorm en begelei kan word om hul volle potensiaal te bereik. Om hierdie visie te verwesenlik, word die Huppelkind-dagsorgsentrum, Orania CVO-skool en Bo-Karoo-opleidingsentrum reeds onder die sambreel van die Bo-Karoo-kampus ingesluit. Ons werk ook hard aan die uitbreiding van die kampus om ander tersiêre instansies in die toekoms as deel van ons span en op ons terrein te akkommodeer,” het dr. Stéphan Hoffman, kampusrektor van die Bo-Karoo-kampus, gesê. Kindertjies begin reeds op die ouderdom van drie maande by die Huppelkind-dagsorgsentrum en bly daar tot hulle

vier jaar oud is of gereed is om na die kleuterskool by die CVO-skool oorgeplaas te word. Hier word hulle opvoedkundig gevorm en gestimuleer om ’n goeie vlak van skoolgereedheid te bereik. “Kinders wat skoolgereed is, vorder dan na die junior-primêre fase van graad 0 tot graad 3. Hierdie fase van die CVOskool groei tans drasties en ons moes reeds in 2018 twee graad 0- en twee graad 1-onderwysers aanstel om ’n stewige grondslag vir ons kindertjies te lê. “Ons onderwysers is almal goed gekwalifiseer met voldoende ervaring, groot liefde vir kinders en ’n passie vir kinderontwikkeling. Ons junior-primêre fase word tans ingerig met die beste moontlike geriewe en daar word ekstra klasse aangebou sodat ons die leerdergetalle per klas so laag as moontlik kan hou om intensiewe aandag aan elke kind te verseker,” het Hoffman gesê. www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

21


NUUSWAARDIG

Lees ook Connie Mulder se artikel op bladsy 44 oor hoe Zuma die ekonomie laat steier het en hoekom ons onsself meer as ooit staatsbestand moet maak.

Malusi Gigaba is einde Februarie deur pres. Cyril Ramaphosa met Nhlanhla Nene vervang. Gigaba skuif terug na die pos van minster van binnelandse sake.

Geen afwyking van ANC-beleid DEUR MORNÉ MALAN

Foto’s: Alet Pretorius; iol.com & iStockphoto.com

D

ie enigste beduidende verskil tussen Malusi Gigaba, (nou die voormalige) minister van finansies, se eerste begrotingstoespraak in Oktober 2017 en sy 2018-begrotingsrede, is die manier waarop mense dit ontvang het. Ek vind dit moeilik om vir myself voor te stel hoe die begroting op enige wesenlike manier sou verskil het as Jacob Zuma nie in Februarie 2017 deur Cyril Ramaphosa vervang is nie. Daar is immers geen waarneembare afwyking van standaard ANC-beleid, soos ons dit al jare lank ken, nie. Tog, hoe kan dit dan wees dat sommige Suid-Afrikaners klaarblyklik positief reageer op die nuus dat BTW vir die eerste keer sedert 1993 verhoog is; dat brandstof met 52c gaan styg weens nuwe heffings; dat daar hoër belasting ingestel gaan word soos die aksynsbelasting op luukse goedere, drank en sigarette; en veel meer? Dit blyk dat Suid-Afrikaners moedeloos tou opgegooi het en besluit het dat die regering maar net noodwendig deurlopend meer belasting sal moet hef, en dat dit te skadelik is om aan staatsbesteding te sny. So ’n redenasie moet uit die staanspoor en by uitstek verwerp word. Natuurlik kan (en moet) die regering sny aan besteding, baie meer selfs as wat hulle voorstel. Die feit is dat wanneer die regering toenemend die burgers belas, dit nie alleenlik die effek het dat dit die burgers se motivering om produktief te wees belemmer nie, maar ook dat dit geld vanuit die meer doeltreffende privaatsektor neem en dit in die hande van ondoeltreffende staatsburokrate verkwis. Pleks daarvan dat dit tot die gesonde groei van die ekonomie bydra, het al hierdie goed eerder die gevolg dat ons sal voortgaan om te onderpresteer.

22

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Zuma se bedeling was nie, maar hulle bly Dit is egter nie die enigste lokval ideologies, polities en ekonomies aan die waarin sekere mense trap nie. Trouens, ek linkse ekstreem van selfs die ANC. Daardink dat dit nie eens die primêre oorsaak om is dit belangrik dat ons altyd fokus op is vir die optimistiese aanvaarding van inhoud en nie op vorm nie. Ramaphosa die pakslae wat ons toegedien is nie. is ’n vriendelike en aangename individu, Sou mense ewe positief gereageer het as maar ekonomieë word nie deur vriendepresies dieselfde begroting aangebied likheid opgebou nie. is terwyl die president se naam Jacob Die 2018-begrotingsrede was soos Zuma was? My gevoel is dat dit beslis nie ’n vuishou vir verbruikers, die armes en die geval sou wees nie. Ons moet dus alle Suid-Afrikaanse belastingbetalers. vra hoekom dit dan so is dat sommige Daar moet in gedagte gehou word dat ’n mense so bereidwillig is om swak beleid vuishou wat deur jou vriend toegedien is, te sluk solank as wat dit nie onder die geensins beter voel as een wat deur jou Zuma-presidensie geskied nie? vyand toegedien word nie. Ons het nie Dit is ook nie bloot net siniese pessigehou van Jacob Zuma nie, maar dit het misme wat daartoe lei dat ek my bedengeen invloed gehad op die skade wat hy kinge oor die potensiaal vir sukses onder berokken het nie. So ook sal skadelike Cyril Ramaphosa het nie. Natuurlik hoop beleid ewe veel seermaak, ongeag die ek dat hy inderdaad sukses sal behaal. Ek moontlikheid dat die persoonlikheid gee nie om onder wie die land se vooruitvan die president en sy amptenare meer gang geskied nie, maar net dat die land aanneemlik is. wel inderdaad vooruitgang sal beleef. • Morné Malan is ‘n junior Dieselfde geld egter vir swak beleid, navorser by die Solidariteit waarvoor daar baie aanduiders is dat Navorsingsinstituut. dit sal voortgaan. Die onteiening van privaat eiendom; die ontneming van taal- en kultuurregte; die versmoring van privaat bedrywighede en al die ander Pres. Cyril Ramaphosa wangedrag van die staat, bly onverdraagbaar, ongeag wie die persoon is wat in beheer is daarvan. Uiteindelik bied die glimlag en positiewe houding van staatsamptenare min troos aan boere wie se plase sonder vergoeding weggeneem word. Daar is nou meer lede van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) in gesagsposisies in die ANC as ooit vantevore. Hierdie figure mag dalk nie so nasionalisties wees soos wat


NUUSWAARDIG

Sewe van die talle stappe waardeur die staat R36 miljard ekstra wil invorder.

1

BTW

R6,8 miljard

R22,9 miljard sal na raming ingesamel word deur BTW vanaf April tot 15% op te stoot. Die vorige verhoging was in 1993.

Die bykomende bedrag wat deur die verhoging in inkomestebelasting ingesamel gaan word.

SUIKERBELASTING

3

PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING

Die regering beoog om R1,9 miljard met dié “gesondheidsbevorderingsheffing” in te vorder. ‘n Beleidsdokument hieroor word later uitgereik.

BRANDSTOFHEFFING Dit styg met 52c van R4,82 tot R5,34 per litter. 22c is vir die algemene brandstofheffing en 30c per liter vir die Padongelukkefonds. Sowat R1,2 miljard sal só ingesamel word.

4

Foto’s: iStockphoto.com • Bykomende bron: Netwerk24

TABAK & ALKOHOL Die sogenaamde sondebelasting styg met tussen 6% en 10% op alkohol en tabak. R420 miljoen en R910 miljoen sal na raming onderskeidelik meer op tabak- en alkoholprodukte betaal word.

5

2

Belasbare inkomste

Hoeveel gaan jy nou betaal?

R0 – R195 850

18% van elke R1

R195 851 – R305 850

R35 253 + 26% van die bedrag meer as R195 850

R305 851 – R423 300

R63 853 + 31% van die bedrag meer as R305 850

R423 301 – R555 600

R100 263 + 36% van die bedrag meer as R423 300

R555 601 – R708 310

R147 891 + 39% van die bedrag meer as R555 600

R708 311 – R1 500 000

R207 448 + 41% van die bedrag meer as R708 310

R1 500 001 en meer

R532 041 + 45% van die bedrag meer as R1 500 000

Belastingkorting

Belastingdrempel

Primêr

R14 067

65 jaar >

Sekondêr

R7 713

65 jaar en < 75 R121 000

Tersiêr

R2 574

75 jaar <

6

AD VALOREM

Die aksyns op luukse produkte word tot 9% verhoog (onder meer op elektroniese en skoonheidsprodukte). Die aksyns op motors styg tot 30%.

R78 150 R135 300

PLASTIEKSAKKE

7

Die plastieksakheffing styg met 50% tot 12c per sak.XXX

www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

23


Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit aktief is, asook kwessies wat jou in die wêreld van werk raak.

Nee, Sasol, dit is nie aanvaarbaar nie Die nywerheidsreus Sasol en Solidariteit is in mekaar se hare oor dié maatskappy se uitsluiting van wit mense uit ‘n nuwe bemagtigingskema, Khanyisa. Indien die partye nie ‘n skikking kan bereik nie, sal dit die eerste keer wees dat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie ‘n sertifikaat sal uitreik wat wit werknemers in staat sal stel om wettig te staak uit protes teen rasseuitsluiting.

Foto’s Martie Maree & iStockphoto.com

I

n ’n verklaring wat onderteken is deur werkvloerverteenwoordigers van Solidariteit wat by Sasol werk, sê hulle dat Khanyisa tot rassespanning gaan lei omdat werknemers op dieselfde vlak verskillend hanteer en vergoed gaan word. Volgens dié groep Sasol-werknemers gee die nuwe skema nie erkenning aan die rol wat wit werknemers gespeel het in die opbou van die maatskappy nie en ook nie aan hul produktiwiteit of hul lojaliteit nie. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, loop Sasol se vorige werknemerbemagtigingskema, Inzalo, op 18 Mei 2018 ten einde. Alle werknemers op spesifieke posvlakke, wit en swart, was deel van dié skema. Die nuwe skema, bekend as Khanyisa, word teen die middel van 2018 geïmplementeer. Wit werknemers word egter daarvan uitgesluit. “Die eerste skema, Inzalo, het die tendens in die mynbedryf gevolg en het alle werknemers ingesluit,” sê Hermann. Die nuwe skema tref ’n onderskeid tussen twee kategorieë werknemers. Die eerste kategorie sluit almal in wat deel was van Inzalo en elkeen ontvang aandele ter waarde van R100 000. Die tweede kategorie bestaan slegs uit swart werknemers en hulle gaan sowat R500 000 se

24

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

aandele in hedendaagse terme ontvang. Dit beteken dat ’n wit werknemer wat 30 jaar lank vir die maatskappy werk, ’n vyfde van die aandele gaan kry wat ’n swart werknemer wat byvoorbeeld maar drie dae lank by die maatskappy werk, sal kry. ’n Jong wit werknemer wat nou by Sasol begin werk, ontvang geen voordeel nie, al sou hy vir nog 30 jaar vir die maatskappy werk, maar ’n jong swart werknemer kry alle voordele. Volgens Hermann het die eerste skema, Inzalo, die verlede gedefinieer en wit mense was daarby ingesluit. Khanyisa definieer die toekoms en wit mense word daarvan uitgesluit. “Wit werknemers se frustrasie het kookpunt bereik. Hulle voel wit werknemers het vir Sasol minder waarde as ander werknemers. Ten beste is hulle ’n vyfde werd van wat hul swart werknemers werd is, en ten slegste is hulle vir Sasol niks werd nie,” het Hermann gesê. Volgens Hermann gaan Sasol se werkmag teen die middel van 2018 in twee gesny word – die een deel swart en verryk; die tweede wit en sonder enige voordeel. Daar is nie ’n manier dat daar nie wrewel aan die kant van wit werknemers gaan ontstaan nie. Hulle sien wat regstellende aksie teweeg gebring het en hoe werknemers daardeur bemagtig is.

“Wit mense het reeds ’n prys vir regstellende aksie betaal. Nou kom ’n aandeleskema boonop by en wit mense word weer uitgesluit. Dit is nie meer bemagtiging nie, maar verryking op grond van ras. Twee werknemers op presies dieselfde vlak word nou verskillend behandel en vergoed.” “Ons is daarvan oortuig dat modelle vir werknemeraandeleskemas wat meer insluitend is, wel bestaan. Ons is by talle ander werknemeraandeleskemas betrokke en in bykans al die gevalle is wit mense deel van die bemagtigingsaksie. Ons het reeds opdrag aan ‘n kundige gegee om ‘n alternatiewe voorstel te formuleer,” het Hermann gesê. “Om ’n onderskeid te tref tussen werkers wat langs mekaar werk, is bloot onbillik,” meen Hermann. “Die Sasol-transaksie is nie moreel regverdigbaar nie. Iets wat nie die morele toets kan deurstaan nie, is nie volhoubaar nie.”


INDUSTRYNEWS

T

BY CILLESTE VAN DYK

he High Court n January ruled against former Eskom CEO Brian Molefe in the case of his reappointment and pension fund pay-out. With this ruling, the Court confirmed that corrupt activities can only be concealed for so long and Solidarity feels justice has prevailed. In its finding the Court referred to the pure greed, impenitence and lack of integrity displayed by Eskom’s leadership. The Court also found that the unlawful pension scheme was a deliberate ploy devised by Eskom and Molefe. The Court ordered that all monies granted to Molefe in terms of this unlawful pension scheme and the sums already paid out to him should be paid back. According to Solidarity Chief Executive dr. Dirk Hermann, the matter should not even have gone to court. “It is a sad state of affairs when high-profile South Africans go to court in a bid to defend their corrupt activities. The unlawful pension award granted to Molefe conforms to the classic definition of corruption.” Hermann said it’s an important victory in the fight against corruption, but it is not the end of the road. “The ruling also paved the way for criminal prosecution.”

Photograph: iStockphoto.com

MOLEFE’S POSTPONING TACTICS As expected, Molefe applied for leave to appeal soon after the ruling in a bid to postpone the pay-back. “We [Solidarity] believe that no other court will come to a different decision and we’ll definitely oppose the application,” Hermann said. According to him, Molefe’s application for leave to appeal is merely a tactic to prevent him from having to repay the money he owes. “These types of actions and postponement tactics are abusing the law and a waste of time,” Hermann said. In Hermann’s view, Molefe shows no insight into his transgressions. “He ought to be ashamed, ask the country for forgiveness and repay the money that was unlawfully paid to him. However, he is doing the exact opposite by trying to defend what the Court has already found to be indefensible,” Hermann added.

CRIMINAL CHARGES AGAINST MOLEFE & OTHERS Following the court ruling confirming that Molefe was entangled in corrupt activities, Solidarity in February laid criminal charges with the National Prosecuting Authority, the Hawks and the SAPS against the former Eskom CEO and other high-ranking Eskom officials. “Molefe and certain other Eskom leaders have made deliberate unlawful misrepresentations as a result of which Molefe has been enriched to the detriment of Eskom and hence also the taxpayer,” said dr. Dirk Hermann. Solidarity is asking that criminal charges should be laid against Molefe and others on the grounds of inter alia

fraud and offences in terms of various South African statutes. According to Hermann, the Public Prosecutor had indicated during the course of the lawsuit that the Hawks would initiate a criminal investigation into possible criminal activities involving Molefe. “The charges we are bringing will therefore also assist the Hawks in their probe. Paying back the money is the right thing to do, but it’s not enough. Paying back the money will not undo the criminal charges. The fact that Molefe has applied for leave to appeal has no bearing on the criminal case either,” Hermann said.


BEDRYFSNUUS

Maar gemeenskapsdiensplasings sloer DEUR MOIRA-MARIE KLOPPERS

Foto’s: iStockphoto.com • Bykomende bron: Times Live

“D

aar is ‘n tekort aan dokters in die land, maar ek is werkloos omdat die departement my nie plaas nie.” Dít was ‘n klagte van desperate studente vanuit uiteenlopende mediese velde wat sóveel keer by Solidariteit ge-eggo het dat die vakbond einde verlede jaar noodgedwonge ‘n klagteplatform geskep het om te probeer help. Die studente wat Solidariteit gekontak het, het almal groot uitdagings met die plasingsproses vir hul verpligte gemeenskapsdiens. Studente in alle mediese dissiplines moet dié verpligte diensjaar voltooi voordat hulle professioneel in die mediese veld mag praktiseer. Die nasionale departement van gesondheid se onvermoë om hierdie jaarlikse plasingsproses te administreer, vererger egter jaar ná jaar.

26

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Studente is veronderstel om almal binne drie rondtes deur die nasionale departement van gesondheid geplaas te word, waarna die betrokke plaaslike departement van gesondheid die indiensneming van die studente moet verseker. Die plasingsproses asook die indiensnameproses is jaar ná jaar ‘n groot administratiewe nagmerrie vir die departement en studente. Gebrekkige kommunikasie vererger die frustrasie en verwarring onder studente. Verpleegstudente het verder ook nog met registrasieprobleme by die Raad vir Verpleegsters (SANC) te kampe. Sonder dié registrasie mag hulle glad nie begin werk nie. Solidariteit het in Julie 2017, in ‘n saak namens Dané Hertz, ‘n uitspraak in die hooggeregshof van Pretoria bekom nadat sy nié in ‘n gemeenskapsdiensposisie geplaas is nadat al drie plasingsrondtes verstryk het nie. Die departement van

gesondheid is beveel om Hertz binne 30 dae ná die uitspraak in ‘n gemeenskapsdiensposisie by die kliniek waar sy oorspronklik aansoek gedoen het, te plaas. Solidariteit kon daarin slaag om in direkte skakeling met beide die departement van gesondheid se plasingsafdeling én die Raad vir Verpleegsters te tree om die klagtes wat die vakbond ontvang het, te bespreek en uit te stryk. Die meeste studente is reeds geplaas en Solidariteit sal weer litigasie oorweeg indien enige studente wat hy verteenwoordig, ná die derde rondte steeds nie geplaas kon word nie. Solidariteit het tydens die laaste besoek aan die nasionale departement van gesondheid versoek om as rolspeler betrek te word by die 2018/2019-plasingsproses sodat ons ons Jeuglede beter ingelig kan hou oor die plasingsproses, ten einde studente in staat te stel om so gou moontlik te kan aanmeld vir hul gemeenskapsdiens.


BEDRYFSNUUS

GEESTESGESONDHEID GENIET AANDAG Die Suid-Afrikaanse Depressie-enAngsgroep (Sadag) het saam met Discovery Health ‘n hulplyn bekendgestel wat op studente in mediese beroepe fokus. Dr. Frans Korb, ‘n psigiater van Johannesburg, meen ‘n hulplyn soos dié sal studente, wat vrees vir diskriminasie oor geestesgesondheidsprobleme, beskerm en help dat meer studente betyds hulp kry. Suid-Afrika het wêreldwyd op sewe na die hoogste selfmoordsyfer, en ‘n studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie in 2010 het bevind selfmoord is die tweede grootste oorsaak van sterftes onder universiteitstudente. Redes vir geestesgesondheidsprobleme onder gesondheidspraktisyns: • Studiewerklading • Finansiële druk • Vereiste lang praktiese ure wat lei tot konstante uitputting • Oormatige werklading op studente en praktiserende gesondheidspraktisyns weens die groot tekorte aan gesondheidspraktisyns • Traumablootstelling weens misdaad.

SÓ SKIET SA TEKORT AAN GESONDHEIDSPRAKTISYNS

SÓ HELP SOLIDARITEIT Studente wat die voorgeskrewe stappe van die departement volledig nagekom het en steeds plasingsprobleme het: 1. Studente registreer gratis by Solidariteit Jeug by www.jeug.co.za 2. Plasingsklagtes word aangemeld by plasings@solidariteit.co.za

‘n Omvattende navorsingstudie deur Econex in 2013 het die krisistekort aan dokters in Suid-Afrika onderstreep. Met slegs 25 dokters per 100 000 pasiënte in die staatsdiens en 92 dokters per 100 000 pasiënte in die privaatsektor vaar Suid-Afrika jammerlik swak teenoor die wêreldgemiddeld van 152 dokters per 100 000 pasiënte. Die studie het geraam dat daar in daardie stadium ‘n tekort van minstens 4 100 dokters in Suid-Afrika was. Talle gesondheidspraktisyns gaan soek beter werkomstandighede in die

buiteland en in die tyd wat die studie gepubliseer is, het 17% afgestudeerde medici nie vir gemeenskapsdiens aangemeld nie, maar direk in die buiteland gaan praktiseer. Moneyweb het op sy beurt in 2016 bereken dat Suid-Afrika slegs 5,14 verpleegsters per 1 000 pasiënte gehad het. Dié tekort word verder aangevuur deur die grootskaalse sluiting van verpleegkolleges en oorblywende opleidingsinstellings wat gebuk gaan onder die gesloer van die departement om opleidingskursusse te akkrediteer.

Studente wat aangestel is, maar sukkel met aanstellingsprobleme: 1. Studente sluit aan as betalende lid van Solidariteit by www.solidariteit.co.za 2. Aanstellingsklagtes word aangemeld by plasings@solidariteit.co.za Studente met registrasieprobleme by die SANC? 1. Sluit as betalende lid van Solidariteit aan by www.solidariteit.co.za 2. Rig navrae aan diens@solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

27


BEDRYFSNUUS

Die groot grys gebied van waardasies DEUR FRANCOIS SMIT

D Foto’s: iStockphoto.com

ie onlangse Steinhoffdebakel is al holrug gery, maar hoe verstaan die oningeligte belegger, wat nie elke dag met dié sake te doen kry nie, wat hier

gebeur het? Vir doeleindes van die teks maak asseblief die aanname dat ons deurgaans verwys na ’n bestaande besigheid of maatskappy. Die kern van die teks is om finansiering as instrument binne ondernemings te posisioneer, en dan ’n kort verduideliking aan die einde te bied oor hoe dit blyk tot die ondergang van Steinhoff gelei het. Geen onderneming kan sonder finansiering funksioneer nie. Of dit gedoen word uit interne fondse wat gespaar word

28

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

of uit fondse wat ekstern verkry word, besigheid kan nie daarsonder bedryf word nie. In die beleggingsbedryf word na hierdie finansiering verwys as bateklasse, en dit is hoe beleggers in byvoorbeeld pensioenfondse se geld by groot maatskappye beland. Die bekendste vorm van finansiering is ’n banklening. Banke verkry geld van beleggers en by die Reserwebank teen ’n sekere koers en probeer dit teen ’n hoër koers uitleen. Dit is die sogenaamde geldmark. Die man op straat se geldjie wat in sy pensioenfonds gespaar word, word ook in sulke geldmarkinstrumente aangewend. Dié geld verdien rente. Maatskappye met ’n sterk balansstaat en ’n goeie kredietgradering kan die roete van langertermynfinansiering in

die vorm van effekte (in Engels “bonds” genoem) volg. Dit is instrumente waarvolgens maatskappye langtermynfinansiering bekom wat op ’n sekere datum in die toekoms terugbetaal moet word en waarop daar intussen rente betaal word. Dit is die sogenaamde kapitaalmark. As jy ooit weer verby ’n motorhandelaar ry en wonder waar die geld vir die mooi gebou vandaan kom, kan jy aanvaar dit is tipies deur middel van kapitaalmarkinstrumente gefinansier. Aangesien só ’n uitgawe gewoonlik aansienlike bedrae geld beloop, is dit gebruiklik om die fondse te bekom waar mense se geld gepoel word, tipies by ’n pensioenfonds of ’n batebestuurder. As ’n maatskappy verkies om nie die roete hierbo te volg nie, kan hulle finansiering bekom in ruil vir aandele. Dit kan


BEDRYFSNUUS

privaat transaksies wees, of in die geval van groter maatskappye is dit dikwels wanneer so ’n maatskappy op ’n aandelebeurs gaan noteer. Die verkoop van aandele is niks anders as ’n manier om finansiering te bekom nie. Die aandele neem hopelik in waarde toe en betaal dividende. Dit is hier waar sake interessant begin raak. Vir diegene wat weet hoe dié dinge werk, bestaan daar vervolgens ’n hele ander wêreld van hibriede mengsels van die bogenoemde instrumente en ’n magdom maniere om transaksies saam te stel. Al die bogenoemde finansieringsmetodes het een onderliggende gemene deler, naamlik sekuriteit. Finansiering word gedoen op grond van die een of ander vorm van sekuriteit wat dit moet onderskryf. Die onderliggende drywer van bates vir sekuriteit is waardasies en dit wil

voorkom of dit presies is waar die slang in die gras by Steinhoff is. Steinhoff het van al die bogenoemde finansieringsmetodes gebruik gemaak. Terwyl niemand in hierdie stadium presies weet wat die omvang van die onreëlmatighede by Steinhoff is nie, wil dit uit aanvanklike berigte voorkom of die waardasies van bates wat as sekuriteit moes dien, op een of ander wyse opgeblaas is sodat dit gebruik kon word om meer finansiering te bekom om nog bates te koop. Dit het Steinhoff se aandeelprys kunsmatig hoog gehou omdat die bates op hul finansiële state verkeerd waardeer was. Dit blyk nou ook dat die oorgewaardeerde aandele deur van die direkteure as sekuriteit gebruik is om nog finansiering te bekom om net nóg van dieselfde oorgewaardeerde aandele te koop. Dit klink na ’n resep vir ’n ramp.

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Solidariteit

Dit is ook nie die eerste keer dat dit in die beleggingswêreld gebeur nie. Die destydse eiendomsindikaatreus Sharemax het presies dit gedoen met die waardasie van eiendomme en oorgewaardeerde eiendomme is aan niksvermoedende beleggers verkwansel. Om finansiering te bekom, hetsy van ’n bank, deur die uitreik van kapitaalmarkinstrumente, of deur die verkoop van aandele, beteken dat iemand anders sy beursie aan jou toevertrou om daarmee te gaan inkopies doen. Dit is ’n reuseverantwoordelikheid. Dit blyk in hierdie geval dat slim mense, met iemand anders se beursie, pryse vir goed gaan betaal het wat hulle nie uit hul eie sak dieselfde voor sou betaal het nie. Ongelukkig kan die waarheid nie altyd na vore kom voordat miljarde rande se skade nie aangerig en die verantwoordelikes tot verantwoording geroep is nie.

0861 10 10 05

www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

29


BEDRYFSNUUS

Bonusse vir base, maar geen 13de tjeks Denel, die staatsbeheerde vennoot vir innoverende verdediging en wapenvervaardiging, het einde 2017 opslae gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat dié kommersiële reus sy werknemers se geld wanbestuur het. DEUR WILMARIE BRITS

S Foto’s: iStockphoto.com

olidariteit het op 15 Desember 2017 namens sy lede by Denel ’n kriminele klag gelê teen sowel die uitvoerende hoof, Zwelakhe Ntshepe, as die finansiële hoof, Odwa Mhlwana. Volgens Willie Venter, sektorkoördineerder van Verdediging en Lugvaart by Solidariteit, is Denel se weerhouding van werknemers se 13de tjek krimineel en is ’n klag gevolglik kragtens artikel 332 van die Strafproseswet teen Denel gelê. Volgens Venter was die geld wat Denel willens en wetens sonder toestemming wanbestuur het, geld wat werknemers self deur die jaar gespaar het om sodoende ’n jaareindbonus te kan ontvang. “Dié geld vorm deel van die werknemers se totale kostepakket en hulle het derhalwe ook belasting op hierdie geld betaal,” het Venter bygevoeg.

R3,19 miljoen Die gesamentlike prestasiebonus wat Denel se uitvoerende hoof en finansiële hoof aan hulself betaal het. Dit is bo en behalwe hul jaarlikse salarisse van onderskeidelik R3,79 miljoen en R2,95 miljoen.

30

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Volgens Denel het die uitermatige groei in sy bestelboek oor die laaste paar jaar grootliks bygedra tot sy finansiële verknorsing. Dié groei het veroorsaak dat Denel meer kontant benodig het om die bestelde produkte te kan lewer, omdat oorsese kliënte eers betaal ná gedeeltelike of volle lewering van die produk. “Dit beteken dat meer kontant oor die kontrakperiode bestee word en dat winste eers daarna in terme van kontant ingevorder kan word. Dié winste word reeds vooraf as sulks in die finansiële state aangedui, maar die kontant is nog nie in die bank nie. Likiditeit is dus ’n groot probleem,” het Venter gewaarsku. Solidariteit meen egter dat Denel se probleme baie meer omvattend is as wat hy voorgee. Volgens Venter het Denel se bestelboek wel sedert 2013 goed gegroei, maar buitelandse kliënte maak tans ongeveer 70% van Denel se bestelboek uit. Venter meen die probleem hiermee is dat Denel se sakemodel as ’n staatsinstelling nie bedoel is om internasionaal kompeterend mee te ding nie. Kontant is byvoorbeeld vinniger beskikbaar wanneer produkte aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gelewer word as aan buitelandse kliënte. “Denel se uitvoerende beamptes moes na my mening besef het wat die uitwerking van buitelandse kontrakte op die beskikbare kontant sou hê. Is kontrakte ten koste van Denel se sukses gesluit slegs om ’n groter bestelboek na te jaag? Indien nie, hoe is daar dan nie voorsiening gemaak vir die groot uitdaging toe die kontrakte gesluit is nie?” wil Venter weet. Daar is ook bewerings van bedrog en wanbesteding, asook van inmenging deur die Guptas in die stigting en val van Denel Asia wat in die Staatskapingsverslag vervat is.

Venter is van mening dat Denel se situasie beslis voorkom of minstens verlig kon word deur probleme soos die vereistes vir die sluit van buitelandse kontrakte en die aanstelling van werknemers op uitvoerende vlak aan te pak. Volgens hom het Denel se finansiële probleme begin ná die aanstelling van die nuwe raad, met Ntshepe as die groep se uitvoerende hoof en Mhlwana as die groep se finansiële hoof. “Volgens ons lede was daar nooit enige probleme met die betaling van salarisse of verskaffers vóór die skorsing van die vorige uitvoerende hoofde laat in 2015 nie. Daarna het kontanttekorte begin toeneem, prestasiebonusbetalings is jaarliks uitgestel, en 13de tjek-betalings is weerhou in ’n poging om Denel Asia met sy Gupta-verbintenis op die been te bring,” het Venter gesê. Venter wys daarop dat Denel nie sy werknemers se eie geld aan hulle kon uitbetaal nie, maar dat beide Ntshepe en Mhlwana dit goedgedink het om 100% van hul toegelate prestasiebonus – wat gesamentlik R3,19 miljoen beloop – in Maart 2018 aan hulself te betaal. “Dit is bo en behalwe hul bestaande jaarlikse salarisse wat onderskeidelik R2,95 miljoen en R3,79 miljoen beloop.” Daar lê volgens Venter ’n lang en moeilike pad voor vir Denel. Solidariteit voel sterk dat Denel as onderneming eers sal stabiliseer wanneer die bestuur die werknemers se inkoop en vertroue herwin het. “Ongelukkig is die bestaande groep uitvoerende beamptes nie opgewasse vir die taak om Denel in ’n nuwe, beter rigting te stuur nie en gevolglik sal dit tot die groep se voordeel wees indien die twee hul poste vrywillig ontruim,” meen Venter. Venter het bevestig dat Solidariteit se kriminele klag deur die nasionale vervolgingseenhede ontvang is en tans oorweeg word.


INDUSTRYNEWS

is a reality in South Africa BY ANNALISE KEMPEN

Photograph: iStockphoto.com

D

uring mid-October 2017 social media was awash with the news that approximately 30 million South Africans’ personal information had been hacked. The breach was revealed by Troy Hunt, an Australian security researcher and creator of the website Have I been pwned. This website allows people to check whether their personal information has been compromised in a data breach. Many people did and got the message “Oh no – pwned!” which made them question what they could do about the fact that their personal information could potentially end up in the hands of cybercriminals. The Directorate of Priority Crime Investigations, commonly referred to as The Hawks, said at the time that it had initiated an investigation into the alleged master deeds data breach. But where does it leave you and me – the potential victims of this data breach? And why is our personal information so important for cybercriminals? Getting access to an individual’s personal information is exactly what identity thieves pay large amounts of money

for. Once they have their hands on such information, they can use it to open bank accounts or other accounts to apply for credit in the name of a victim who is unlikely to know that their personal information is being used to commit identity fraud. Identity fraud/theft refers to all types of crime in which someone wrongfully obtains and uses another person’s personal data in some way that involves fraud or deception, typically for economic gain (www.justice. gov/criminal-fraud). Individuals often only become aware that their identities have been stolen when they are contacted by a credit bureau or debt collector in connection with outstanding debt or an account which they don’t know anything about. Upon further investigation the individual realises that he or she has been impersonated and that someone else has been using their identity to fraudulently obtain credit to open accounts or make purchases. Identity theft/fraud is one of the many types of cybercrime being perpetrated in the world and in years to come we will become more aware of different forms of cybercrime. With an estimated 3,8 billion

people (half the world’s population) having access to the Internet by mid-2017, it is no surprise that cybercrime could be one of the biggest threats to the world in years to come. Become #CyberSmart and learn how to protect yourself from falling victim.

WHERE TO GET HELP?

If you have been a victim of identity fraud, contact the South African Fraud Prevention Service’s helpline at 0860 10 248. They will assist you with the steps to take next including who to contact, opening a criminal case and obtaining documents to confirm that you have been a victim of identity theft/fraud. • Annalise Kempen is the editor of Servamus Community-based Safety and Security Magazine. This article is an adaption from an article originally published in the December 2017 issue. Visit www.servamus.co.za www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

31




BEDRYFSNUUS

Lang herstelpad voor, maar kan kop optel Lonmin, een van die wêreld se grootste platinumprodusente, was in 2017 onder geweldige finansiële druk. Die platinumreus het te kampe gehad met kapitaalstrukturering, lae platinumpryse en die toenemende uitdagings in die mynbousektor wat gelei het tot stygende koste en lae winsgrense. Dié uitdagings het in 2017 talle afleggings in die bedryf tot gevolg gehad. DEUR WILMARIE BRITS

Foto: Lonmin.com

S

ibanye-Stillwater het op 14 Desember 2017 tot Lonmin se redding gekom toe hy Lonmin met ’n transaksiewaarde van R5 miljard bekom het. Indien die transaksie, soos beoog, teen die tweede helfte van 2018 afgehandel word, sal Lonmin-aandeelhouers 11,3% van die oorhoofse Sibanye-Stillwater-groep besit, terwyl Sibanye die balans van 88,7% behou. Lonmin het op 22 Januarie vanjaar sy jaarresultate tot en met einde September bekend gemaak. Uit die resultate blyk dit of Sibanye-Stillwater ’n opdraande stryd gaan voer om Lonmin weer winsgewend te maak. In vergelyking met 2016 het Lonmin se bedryfsverlies met 235% tot $1,07 miljard gestyg. Dit sluit ’n waardevermindering van niefinansiële bates van $1,05 miljard in. Netwerk24 het vroeër vanjaar berig dat alhoewel Lonmin se inkomste met 4% tot $1,16 miljard gestyg het, het sy bedryfsverlies met 235% tot $1,07 miljard toegeneem. Luidens Lonmin se finansiële state beloop sy skuld tans $506 miljoen. Sibanye-Stillwater en Lonmin voer aan dat daar steeds ’n kans is dat sowat 12 000 werkers hul werk oor die volgende drie jaar by Lonmin se bedrywighede kan verloor, ongeag of die transaksie goedgekeur gaan word of nie. Sowat 4 700 werkers, waarvan 800 kontrakteurs is, sal waarskynlik vanjaar al hul werk verloor in die eerste fase van herstrukturering by die maatskappy. Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die Mynboubedryf by Solidariteit, sê die vakbond steun die kooptransaksie, hoewel die marksentiment ten opsigte van Lonmin se toekoms negatief is.

34

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die persentasie waarmee Lonmin se bedryfsverlies toegeneem het (tot $1,07 miljard).

Die maatskappy se skuldlas volgens sy finansiële state.

werknemers gaan na verwagting waarskynlik vanjaar hul werk verloor.

Die aantal werknemers wat oor die volgende drie jaar hul werk hier kan verloor.

“Dié transaksie gaan ’n positiewe bydrae maak tot ekonomiese groei en bestendigheid in die sektor oor die langer termyn, wat weer groter volhoubaarheid asook werksekerheid in die hand sal werk. Ons vertrou dat daar onder leiding van Sibanye-Stillwater se bestuur nuwe werkgeleenthede geskep sal word wat Lonmin se huidige beplande afleggings oor ’n tydperk van drie jaar hopelik aan bande sal lê, of wat afleggingsgetalle sal verminder,” het Prinsloo gesê. Solidariteit het einde 2017 aangekondig dat die vakbond se erkenning deur Lonmin op aandrang van AMCU opgehef is. Solidariteit is tans in dispuut met Lonmin en litigeer in samewerking met die NUM en UASA sodat Solidariteit en die ander vakbonde se erkenning dadelik herstel moet word. “Ons is van mening dat die Sibanye-oorname voordelig is en dat dit ’n einde sal bring aan die huidige ongesonde verhouding tussen AMCU en Lonmin, waar AMCU aan die maatskappy dikteer en Lonmin gedwee aan hul eise voldoen,” het Prinsloo beklemtoon. Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, is ook positief oor die transaksie en het gesê die groot voordeel van die transaksie vir albei partye lê in die feit dat die maatskappy toegang tot Lonmin se verwerkingsaanlegte gaan bekom. Volgens Prinsloo sal ’n nuwe bestuur ’n nuwe kultuur met nuwe idees en energie skep wat nuwe lewe in Lonmin kan blaas. “Solidariteit ondersteun inisiatiewe wat werkgeleenthede skep, werksekerheid bewerkstellig en volhoubare ekonomiese groei bevorder of die geleentheid daarvoor skep,” het Prinsloo gesê.



INDUSTRYNEWS

VRA HELP KLERKE OM VOETE TE VIND

Fight for favourable career prospects

A

bleak picture is painted in Solidarity’s report on the inadequate career prospects the South African Police Service (SAPS) offers its non-commissioned officers (constables, sergeants and warrant-officers). This comes after it has transpired that appointments are not dealt with in a transparent, fair and rational manner. According to the report the unfair and non-transparent appointments made by the SAPS are self-destructing and citizens will pay dearly for it. Schalk de Bruin, head of Special Projects at Solidarity, expressed his concern about this issue, also stating that these ill-considered appointments offer very limited to no career prospects for SAPS members. “The SAPS also lacks processes to develop and retain institutional knowledge. While we will not see the consequences of this straight away, it does have a direct impact on service delivery. The deterioration of the SAPS is becoming more visible by the day,” De Bruin said. According to De Bruin Solidarity will continue to pressure both the SAPS and Popcru (The Police and Prisons Civil Rights

Union) to address the lack of a proper career path for police officials. Should the SAPS proceed with its decision to promote members of the non-statutory forces, Solidarity will continue with its legal action to challenge the legality of such promotions. “Solidarity will not hesitate to take both the SAPS and Popcru to task about the negative conditions of service they are discussing at the negotiating table on behalf of all members of the service. We will not think twice about challenging any irrational or unlawful decision in court, be it by the SAPS or by the minister,” De Bruin warned. According to De Bruin, in some instances positions are being sold unlawfully to members who do not have the necessary competence and experience to perform the vital duties required of an officer. Solidarity is calling on SAPS members who have proof of positions being sold to submit it to the trade union so that the trade union can take the necessary action. “Solidarity will stand up for careeroriented members of the police service who are hard-working, qualified and who possess the necessary experience but whose careers are being limited due to political affiliation.”

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

D

ie Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA), ‘n beroepsvereniging vir regslui wat in Afrikaans praktiseer en studeer, fokus daarop om Afrikanerregslui te bemagtig om die beste regspraktisyns te wees. Die VRA bied jaarliks ‘n waardevolle kursus vir kandidaatprokureurs aan waar hulle ingelig word oor hoe die howe se administrasiestelsels werk, hoe ‘n saak op die bestrede of onbestrede rol geplaas word, waar en hoe om ‘n hofleêr te soek, hoe die akteskantoor werk, waar die landdroshof is, by watter kantoor aansoek gedoen word vir gesinsgeweld-interdikte, waar die klerke van die siviele of strafhof se kantore is, en so meer. Die klerke word ook van ‘n gids voorsien wat onder meer die administratiewe prosesse uiteensit en aandui waar wat gebeur of gedoen word. Hierdie oorlewingsgids vir klerke, wat saamgestel is deur Zander van Tonder en die VRA, gaan grootliks oor hoe die hof geadministreer word het ten doel om jong regslui op hoogte te hou met die verskillende rolle en verskillende persone wat met verskillende sake werk in die regslui.

LAW SOCIETY CIRCUMVENTS LABOUR LEGISLATION

Photograph: Martie Maree

S

olidarity last year rebuked the Law Society of the Northern Provinces about its unwillingness to consult with the trade union regarding a recently announced business transfer process as defined in section 197 of the Labour Relations Act. This transfer aims to merge all four of the Law Societies in South Africa. According to Herman Perry, a litigant at Solidarity’s legal services, Solidarity members who are working under this order’s conditions of employment will be adversely affected by the business transfer. “Section 197 stipulates that a business

36

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

transfer of this kind may not adversely affect the conditions of employment as set out in the employee’s initial contract. Despite this fact, they are stubbornly continuing to amend employees’ conditions of employment, which will mean, among other things, a reduction in Solidarity members’ leave benefits and they may be forced to migrate to other provinces,” explained Perry. Perry continued to say that despite Solidarity’s many attempts to consult with the Law Society regarding the matter, the institution was simply not interested in meeting with the trade union. “The legislation clearly stipulates that

trade unions should be consulted during this process. It is therefore extremely worrying that the Law Society itself doesn’t follow or aren’t concerned with the processes of labour legislation,” said Perry. “Solidarity wants to act in the best interest of its members, who make up almost 50% of the staff at the society. Solidarity has thus demanded that the Law Society should include the trade union in the consultation processes, and has declared that it won’t hesitate to proceed with further action if the Law Society fails to comply with this request,” warned Perry.


Finansiële Dienste

REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!

Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet slegs R112 per maand.* aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. • Onbeperkte tot regsdokumentasie. regshulptoegang – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

24 uur per dag

2

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

aksentmedia.co.za

Regsverteenwoordiging ter waarde van R50 000 per jaar

0861 765 734

www.legalex.co.za

Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging

Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556.

3

Afslag op eiendomsoordragte

4

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

* Bepalings en voorwaardes geld * Bepalings en voorwaardes geld

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legalex (Edms) Bpk, FSP-nommer: 5277, finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk, FSP-nommer: 75




Insig, mens se kennis is onvervangbaar Ons lewe in die 21ste eeu in ’n wêreld wat op die rand van ’n tegnologiese rewolusie staan – elektriese batteryaangedrewe voertuie is op ons snelweë te sien, virtuele realiteit is reeds ’n werklikheid, en ons kan selfs robotte koop wat die huis skoonmaak. Ondanks al hierdie wonderlike tegnologiese uitvindsels is daar steeds mense wat tegnologie en toerusting nie na behore aanwend nie en dit hou ‘n bedreiging vir beroepsgesondheid en -veiligheid in. DEUR NIKKI PRINSLOO

Foto: iStockphoto.com

D

eesdae word voertuie toegerus met sensors wat ons waarsku indien die voertuig te na aan ’n obstruksie is en moontlik beskadig kan word. Hierdie tipe tegnologie word ook gebruik op mynvoertuie om mynwerkers op te spoor wat te voet rondbeweeg. Sommige voertuie het ook instrumente wat die afstand tussen jou voertuig en die aankomende verkeer bereken, om te bepaal of jy die motor voor jou veilig sal kan verbysteek. Met al hierdie indrukwekkende uitvindsels en tegnologie is dit skokkend dat soveel mense steeds elke dag by hul werkplekke beseer word. Die departement van arbeid se jaarverslag vir 2017 toon aan dat 155 427 eise wat met beroepsbeserings en -siektes verband hou gedurende 1 April 2016 tot 31 Maart 2017 by die Vergoedingskommissaris geregistreer is. Dis ’n aanduiding dat Suid-Afrikaanse werkplekke onveilig is. Kan ons die blaam pak op ’n tegnologiese agterstand by die werkplek? Deuteronomium 22:8 sê tog dat wanneer jy

40

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

’n nuwe huis bou, moet jy ’n reling aan jou dak maak sodat jy nie die skuld van bloed op jou huis bring as iemand daarvan afval nie. Indien veiligheidsinstruksies reeds in die Bybelse tyd verkondig is, lê die fout nie dalk by die veiligheidsingesteldheid van werkgewers wat voorgeskrewe gesondheids- en veiligheidswetgewing en -regulasies minag nie? Artikel 8(1) van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid 85 van 1993 bepaal dat elke werkgewer, vir sover dit redelikerwys uitvoerbaar is, ’n werkomgewing tot stand moet bring en moet onderhou wat veilig en sonder risiko vir die gesondheid van sy werknemers is. Dit sluit ook in dat werkgewers moet vasstel watter bedreigings vir die gesondheid of veiligheid van persone verbonde is aan enige werk wat verrig word. Werknemers is soms onwillig om gesondheids- of veiligheidsrisiko’s onder die aandag van hul werkgewers te bring. Ingevolge artikel 14 van die Wet moet werknemers redelike sorg dra vir hul eie veiligheid en gesondheid. Die artikel vereis ook dat werknemers enige onveilige of

ongesonde toestand so gou moontlik by hul werkgewers moet aanmeld. Dit is jou plig as werknemer om enige gevaarlike situasie onder die aandag van jou werkgewer te bring. Artikel 26 van die Wet meld pertinent dat werkgewers nie hul werknemers mag viktimiseer omdat hulle hul regte in die toepassing van die Wet uitvoer nie. Werkgewers mag onder geen omstandighede ’n verslapte veiligheidsingesteldheid aanneem of beweer dat hulle nie vertroud was met die inligting wat in die toepaslike wetgewing vervat word nie. Artikel 16(1) van die Wet bepaal dat elke uitvoerende hoof moet toesien dat die pligte wat hy as werkge-wer ingevolge hierdie Wet moet nakom, behoorlik uitgevoer word. Die kunsmatige intelligensie van robotte sal nooit menslike insig en kennis kan vervang nie, daarom is dit belangrik om vertroud te wees met die wetgewing oor beroepsgesondheid en -veiligheid sodat jou instrumente jou nie faal nie. Goeie kennis en ’n veiligheidsingesteldheid lei tot veiliger praktyke.



INDUSTRYNEWS

Will mechanisation leave us unemployed? If you’re a fan of The Jetsons on the popular Cartoon Network channel, or if you’ve watched the science fiction movie Passengers, you may be pondering on the possibility that you could be replaced by a friendlier, faster and smarter robot one day. Could your job or career cease to exist because it is outdated due to technological advances? BY PAUL MARITZ

Photograph: iStockphoto.com

T

he auditing firm PricewaterhouseCoopers (PwC) recently conducted a survey amongst 1 379 chief executive officers from 79 countries worldwide to find an answer to this ominous question. Interestingly enough, the response was quite simple: It depends on you. According to PwC’s report on the survey results, 52% of directors wanted to increase the number of people in service of the company, whilst only 16% explicitly stated that they would like to decrease their employees. It is therefore clear that there is work and there will be more work in the future, but there are important aspects to consider before you enter the workplace with too much optimism. It is inevitable that certain professions will become obsolete over the next 40 years because of constant advances in technology. Today’s youth will therefore have to make their mark in industries which have yet to be created. Occupations with the highest risk of being eliminated due to mechanisation are those with a predictable routine and constant repetition. For example, if you aspire after a career in screwing caps on bottles, there is high probability that you’ll be unemployed before long. On the other hand, there are many occupations out there that won’t be threatened.

42

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

WHAT MAKES ME BETTER THAN A ROBOT? 1 2

3

4

5

Creativity – The ability to think outside the box and to come up with new solutions to old problems cannot be imitated by a robot. Leadership – The most challenging aspect of any workplace is dealing with the people who work there. The ability to guide a group of people to work together in one direction remains of immeasurable value. Emotional intelligence – A robot might be able to analyse and interpret data, but the capability to recognise emotions and show empathy remains unique to humans. Adaptability – More and more robots update themselves regularly and adapt to a dynamic work environment, but robots lack the ability to adapt quickly to completely new circumstances. People who can do this well will always have the upper hand over their android colleagues. Problem solving – In essence it means that a robot can only solve predictable problems in a predictable way, as it was programmed to do. If the problem is more complex or unique, the robot is completely useless.

Matric learners, students or young people who recently started to work should take note of this list of qualities. Scholars who choose study fields and subjects that will limit them to an occupation which requires repetitive or routine work, might regret their decision later. It makes much more sense to offer subjects to scholars that will train them to think innovatively and outside the box. Subjects like Maths and Science are traditionally viewed as difficult, but they remain at the top of the list of fields that won’t be taken over by robots, since they encourage innovation. Choosing subjects that are easier isn’t necessarily wise, because you may pass matric with a higher average but your choice of study fields will be limited. This is because the subjects that are traditionally viewed as more difficult open more doors to more study fields. It is also a good idea to get involved in structures that develop leadership and emotional intelligence while you are still a student or a scholar, because it will prepare you for that important job interview one day when you want to convince your potential employer that you can add more value to the company than just a qualification and acquired knowledge. So, will you allow a robot to take your job? If you develop your leadership skills, innovative thoughts and problem-solving skills, it is highly unlikely!


PROMOSIE

1 100 onderwysstudente welkom geheet Waar gaan toekomstige, uitnemend opgeleide onderwysers vir ons kinders vandaan kom? Hoe lank gaan moedertaalonderrig in skole en universiteite nog bestaan? Moet ek my kind oorsee stuur om te gaan studeer? Dit is die vrae wat op ’n tydstip waar bestaande en goed presterende moedertaalonderriginstellings onder enorme druk verkeer, op menige moderne Afrikaanse ouer se lippe is.

Foto’s: Verskaf

A

s Afrikaanssprekende gemeenskap besef ons die waarde van moedertaalonderrig, maar daarmee gepaardgaande ook die waarde van ’n Afrikaanse universiteit met ’n goed georganiseerde administrasie as uitbouer van kennis en kultuur binne ’n veilige omgewing. Talle mense met ’n liefde vir Afrikaans en moedertaal op tersiêre vlak span nog daagliks hul kragte in ter wille van hierdie strewe. Die vrug hiervan word gesien aan die nuwe Afrikaanse hoëronderwysinstellings wat onlangs tot stand gebring is. So was Aros se amptelike akademiese opening op 2 en 3 Februarie 2018 ’n ligpunt in die ontwikkeling van onafhanklike toegang tot Afrikaanse hoër onderwys toe 432 eerstejaaronderwysstudente op kampus verwelkom is. Vir hierdie studente was dit ook die begin van hul onderwysopleidingspaadjie met studies vir B.Ed-grondslagfase- en B.Ed Intermediêre fase-grade of vir ’n Diploma in Graad R-onderrig. Die eerstejaars sluit hulself aan by die 706 studente wat in 2018 reeds aan Aros studeer, wat die groottotaal studente vir die eerste keer oor die 1 100 geregistreerde studente te staan bring. Die gassprekers wat by die akademiese opening opgetree het, prof. Elsa Mentz, die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aan die NWU, en Joyce West, ’n lektor verbonde aan die Departement van Opvoedkundige Studies en Bybelkunde by Aros, het hul kommer uitgespreek oor die toestand waarin die onderwys in Suid-Afrika verkeer. Faktore

wat bydraend is tot die swak resultate van die Suid-Afrikaanse skolestelsel, is onder meer geïdentifiseer as: 1. Die toename in die gebruik van tegnologie en veral die invloed wat sosiale media op aandagafleibaarheid, depressie en tienerselfdood het; 2. Die kwessie van moedertaalonderrig in skole waar 68% van leerders tans nie in hul moedertaal onderrig word nie, of deur onderwysers met ’n gebrekkige tweedetaalvaardigheid onderrig moet word; en 3. Die invloed van oorvol klasse, met ’n leerder-onderwyser-verhouding van tot 45 tot 1 in baie openbare skole. Na aanleiding van die vraag waarom hulle die onderwys kies, is daar aan studente verduidelik hoe hul roepingsbesef ’n verskil aan kinders se lewens kan maak om ’n beter Suid-Afrika te help bou. Volgens Niclaas Roets, Aros se uitvoerende hoof, bied Aros deur sy visie ’n vars en innoverende gehalteoplossing op ’n tydstip waar swak akademiese prestasie in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel onder meer toegeskryf word aan ’n tekort aan goed gekwalifiseerde onderwysers en gebrekkige programme. “Aros se visie is juis om as Christelike hoëronderwysinstelling van uitnemendheid vakkundige graduandi te bied wat ’n verskil in hul plaaslike en internasionale samelewing kan maak. Die hoë indiensnemingsyfer van, en positiewe terugvoer oor Aros-graduandi vanuit prominente Afrikaanse maar ook Engelse skole, kleuterskole en ander onderriginstellings, word

jaarliks deur navorsing ontleed en bevestig dat Aros se fokus in die kol is,” aldus Roets. Aros het sedert sy registrasie as privaat hoëronderwysinstelling in 2012 reeds 290 graduandi opgelewer (hierdie tydperk is voorafgegaan deur agt jaar se samewerking met die voormalige Potchefstroomse Universiteit waartydens 170 graduandi opgelei is). Die meeste van hierdie studente werk tans by skole reg oor Suid-Afrika. Globalisering het verder meegebring dat heelwat oudstudente ook met hul Aros-kwalifikasie in verskeie lande oorsee in die onderwysprofessie opgeneem is. Die unieke onderrigmodel wat Aros bied, gee aan studente die geleentheid om reg van die begin van hul studies die onderwys prakties te benader. Aros se klasmodel (een dag per week op óf Vrydae óf Saterdae) bied studente die geleentheid om deur die week as onderwysassistente by skole te werk, terwyl hulle oor naweke klasdraf. Studente moet ook reeds vanaf hul eerste studiejaar praktykgerigte opdragte binne die skoolomgewing voltooi.

Aros se aansoeke vir studies in 2019 open op 1 April 2018. ‘n Opedag vind op 21 April 2018 plaas. Bespreek op die webwerf by www.aros.ac.za. Vir navrae rakende studies by Aros, stuur ‘n e-pos na hallo@aros.ac.za. www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

43


BEDRYFSNUUS

NUWE KAPTEIN, DIESELFDE SKIP... Jacob Zuma en Cyril Ramaphosa by die ANC-kongres in Desember.

Ons moet onsself meer staatsbestand bou Opvolgstryde gryp altyd die verbeelding aan – van die ou Romeinse tyd af met Caesar en Brutus tot die afwagting rondom die koninklike familie in Brittanje. So ook het die hele Suid-Afrika onlangs vasgenael gesit en kyk hoe ’n opvolgstryd hom uitspeel. Jacob Zuma het letterlik tot ter elfder ure aan die presidensiële troon vasgeklou voordat hy sy bedanking ingedien en die volgende dag amptelik deur Cyril Ramaphosa as president vervang is. DEUR CONNIE MULDER

Hooffoto: Alet Pretorius

N

á afloop van die ANC se konferensie in Desember 2017 moet ons daarteen waak om só betrokke by paleispolitiek te raak dat ons die beleidstryd ignoreer. Daar het drie belangrike dinge gebeur tydens die afgelope ANC-kongres, waarvan die presidensiële leierstryd slegs een was. Hoewel Cyril Ramaphosa ’n aansienlike verbetering op Jacob Zuma is, is hy ook president van die ANC – ’n party met ’n sterk sosialistiese beleid, wat weer bevestig is by dié party se kongres. Die ANC het, onder leiding van Ramaphosa, aangekondig dat hulle artikel 25 van die Grondwet ernstig gaan heroorweeg. Dit beteken dat die ANC, ná volgehoue druk van links, ernstig gaan kyk na onteiening sonder vergoeding. Dit is ’n EFF-standpunt; trouens, die EFF het vroeg in 2017 presies só ’n mosie voor die Parlement gebring wat in daardie stadium nie deur die ANC gesteun was nie. In 2018 behoort die ANC wel só ’n mosie te steun. Ekonomies sal dit vir die land ’n doodskoot wees indien die ANC met onteiening begin, en Ramaphosa het moedig geskerm deur verskeie voorwaardes vir onteiening te stel.

44

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

ondersoekspan dat, hoewel Tog moet ons besef dat hulle ongelooflik graag wil hê selfs Ramaphosa hoogstens dit moet doenbaar wees, daar kan skerm teen die ideolonet nie geld daarvoor is nie. giese denkstroom van die Dit steek ’n ekonomiese ANC. Ten spyte van die stok in die ANC se sosialissukkelende ekonomie en tiese speke, maar Zuma (toe dringende behoefte aan nog in die stoel) besluit dat buitelandse beleggings, die werklikheid geen inspraak klou die party steeds verin ANC-beleid sal hê nie en bete vas aan sy oudmodiese kondig aan dat gratis tersiêre sosialistiese beleid rakende onderwys gaan gebeur. Raekonomiese groei. maphosa moet die finansieGratis tersiêre onderwys Connie Mulder ring kry uit ’n begroting wat is ’n geruime tyd reeds ’n reeds R50 miljard tekort skiet (Lees ook brandpunt in die Suid-Afrikaanse politiek. die artikel op bladsy 22 en 23). Dit het begin met die #RhodesMustFallDaar is dalk ’n nuwe kaptein vir die beweging. Studente het gewelddadig skip verkies, maar daar was nog weinig betoog en sodoende gevestigde prosesse koersveranderings. Die ANC is steeds en verskansings omseil ten einde ’n standverbind tot sosialisme as ideologie – die beeld verwyder te kry. Ná daar toegegee party se kongres het getoon dat hulle selfs is aan die eise, was die gort gaar. Nou was sterker daaroor voel as voorheen. geweld ’n manier om jou sin te kry, veral as Ons het geen ander opsie as om onsjy nie wou wag vir die normale prosesse om self meer staatsbestand te maak nie. Die hul gang te gaan nie. beste manier hiervoor bly steeds om sterk Die gevolg was uitgerekte #FeesMustinstellings op te bou wat dien as verskanFall-optogte. Dié keer was die doel nie die sing teen kruipende staatsinmenging. Die verwydering van ’n standbeeld nie, maar enigste toekoms waaroor ’n mens sekerdie afskaffing van fooie vir tersiêre studie. heid het, is die een wat jy self bou! Regter Hefer is getaak met ’n ondersoek om te bepaal of dit uitvoerbaar is. • Connie Mulder is hoof van die SoliIn sy verslag van 700 bladsye bevind sy dariteit Navorsingsinstituut.


BEDRYFSNUUS

SÓ STEIER EKONOMIE ONDER ZUMA 47 49,3

51,6

44,1 38,2

55

28

50 45

41

26

34,7

35

31,3

24

30

27,8

25 2008

2010

2012

2014

2016

22 2008/01 2009/02 2010/03 2011/04 2013/01 2014/02 2015/03 2016/04

SKULD het gestyg van 27,8% van BBP tot 51,6%

8% 6% 4% 2% 0% -2% -4% 1994/KW1

R16,94

40

WERKLOOSHEID styg van 24,2% tot 27,7%

Gemiddelde groei van 3,6% tussen 1994 en 2008 Groei van 1,9% tussen 2010/01 en 2017/03

R8,39 WISSELKOERS: Zuma erf koers van R8,39 teen die Amerikaanse dollar. Ten ergste was daar ‘n verswakking tot R16,94 teenoor die dollar.

Suid-Afrikaners beleef vir die heel eerste keer

BEURTKRAG

783 R42 MILJOEN KORRUPSIEKLAGTES hang oor Zuma se kop.

1999/KW1

2003/KW1

2007/KW1

2013/KW1

2017/KW3

BRUTO BINNELANDSE PRODUK (BBP) groei gemiddeld met 3,6% tussen ‘94 en 2008. Zuma-era: groei slegs 1,9%

Die pensioen wat die 76-jarige Zuma sal invorder indien hy die ouderdom van 90 bereik. Dit is benewens voordele soos medies, motors en sekuriteit.


IN BEWEGING

Nuus oor die instellings wat deel van die Solidariteit Beweging vorm, asook lekkerleesartikels oor alles van geldsake tot die geskiedenis.

Prof. Hennie Strydom

Prof. Theo du Plessis

Hou aan met taallitigasie en aktivisme Aktivisme en taallitigasie is instrumente wat die Afrikaanse taalgemeenskap mee moet volhou ter beskerming en bevordering van Afrikaans. Dit is die kerngevolgtrekking waartoe taalkenners in Februarie by ’n blitskonferensie van AfriForum oor Afrikaans in Centurion gekom het. DEUR ALET RADEMEYER

Foto’s: Rozier van Tonder & iStockphoto.com

V

erskeie kundiges het voorleggings gemaak by die konferensie wat gehou is in die lig van die onlangse Kovsie-uitspraak en ontwikkelings by Hoërskool Overvaal in Vereeniging. Prof. Hennie Strydom, kenner in internasionale reg by die Universiteit van Johannesburg (UJ), het verwys na die internasionale opsies wat beskikbaar is vir taalregtebeskerming. Hy het gesê in die lig van ontwikkelings in die tersiêre sektor in die land, was die tyd nog nooit so ryp vir die stigting van privaat universiteite nie. Strydom het gewys op die pligte wat die staat het om respek vir die internasionale plek van taalregte as ’n mensereg te hê, sowel as om verdraagsaamheid vir kulturele en linguistiese diversiteit te bevorder. Die staat moet ook wetgewende en ander maatreëls in plek hê vir die beskerming van taalregte ooreenkomstig ’n duidelike raamwerk vir standaarde en optrede. Die staat het ook ’n plig om taalregte ooreenkomstig die beginsel van proporsionaliteit toe te pas in die gebruik van tale deur die owerheid.

46

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Volgens Strydom word die beginsel van menswaardigheid gekoppel aan taalregbeskerming en gemeenskappe kan hulle op grond hiervan beroep op die VN-verdrag oor burgerlike en politieke regte wat deur Suid-Afrika onderteken is. Strydom het verduidelik dat gemeenskappe hulle tot internasionale remedies kan wend vir die beskerming van hul taal mits plaaslike remedies soos litigasie uitgeput is. In die geval van Suid-Afrika is daar reeds in 2016 deur AfriForum en ander ’n klag by die VN-komitee ingedien omdat nasionale wetgewing nie in al die tale beskikbaar is nie. Strydom sê die Suid-Afrikaanse regering moet nog tot die besef kom dat die verwaarlosing van sekere gemeenskappe tot ’n kruitvatsituasie en konflik kan lei. Prof. Theo du Plessis, hoogleraar in taalbestuur en direkteur van die eenheid vir taalfasilitering en bemagtiging by die Universiteit van die Vrystaat (UV), het gewys op die belangrikheid dat taalgemeenskappe moet voortgaan met litigasie om hul taalregte op te eis. “Daar kan egter nie alleen op litigasie staatgemaak word nie. Taalaktivisme moet

ook bedryf word as daar ’n wetlike basis daarvoor is.” Prof. Elirea Bornman, verbonde aan Unisa, het gewys op hoe moedertaalonderrig taal- en selfs landstrots bevorder.

“Om in Afrikaans te studeer, bevorder nasiebou en studente wat in Afrikaans by Unisa studeer, voel dat hulle selfs dieper wortels met die land en sy mense het.” Adv. Albert Lamey het oor Afrikaans as wetenskapstaal gepraat, met spesifieke verwysing na die mediese professie. Lamey het gefokus op die belangrikheid van onderrig in ’n taal soos Afrikaans om uiteindelik ’n gemeenskap te kan dien. As voorbeeld het hy gewys op die benadeling van pasiënte en hul regte as hulle byvoorbeeld in Engels bedien word terwyl hulle nie die mediese terme of verduidelikings verstaan nie. Dit terwyl Afrikaans as akademiese taal in die mediese beroep reeds ten volle ontwikkel is.



IN BEWEGING

Ek verkies egter steeds selfstandigheid DEUR DR. EUGENE BRINK

D

it is verfrissend om ’n president te hê wat weer versoening verkondig en darem sinvolle voorstelle (of altans geluide) oor die ekonomie maak. Die markte – daardie onsigbare kragte wat skynbaar vir Jacob Zuma allergies was – en die rand hou skynbaar baie van hom. Die land se sentiment en gemoed is in die algemeen beter vandat Zuma met Ramaphosa vervang is. Die graderingsagentskappe is ook positief oor hom en verdere kredietafgraderings lyk nou al hoe meer onwaarskynlik. Moody’s is ingenome met sy rol in die mynsektor. Hy het beslis werk daarvan gemaak om iets aan korrupsie, of ten minste die nuusopskrifte óór korrupsie, te doen. Die Guptas en Duduzane Zuma het op die vlug geslaan en word vervolg. Die korrupte spul by Eskom is met tegnokrate vervang. Dit is verblydend en die era voor en ná Zuma toon net hoe polities gedienstig ons wetstoepassingsinstellings werklik is en dat geregtigheid nie altyd is waarvolgens hulle hul dade rig nie.

Ramaphosa het mooi en baie altruïsties sy staatsrede gelewer – kompleet met verwysings na oudpres. Nelson Mandela en die droom van ’n demokratiese en regverdige Suid-Afrika. Hy het ook vroeg reeds melding van gelykheid voor die reg en ’n beter lewe vir almal gemaak. Hy het ruim erkenning aan ons diversiteit gegee, terwyl hy tewens gevra het dat ons almal moet saamstaan teen korrupsie. “There is a greater sense of optimism among our people. Our people are hopeful about the future,” het hy gesê. Ondanks al die belowende uitlatings wat gemaak is, is daar beslis ’n paar goed wat pla. Hy het byvoorbeeld belowe om vanjaar nog, ingevolge die Vryheidsmanifes (Freedom Charter), onteiening sonder vergoeding ’n realiteit te maak. ’n Minimumloon sal ook in werking gestel word. Die Nasionale Gesondheidsverskeringsprogram (NGV) en gratis tersiêre onderrig – twee uiters onnodige projekte wat nie ’n groot verskil aan die teikenbegunstigdes gaan maak nie en die land se finansies groot skade kan berokken – gaan ook voort. Radikale ekonomiese transformasie

en bemagtiging kry voorrang. Ek is baie bly dat hy korrupsie wil aanpak en die wil staat regruk, maar dit is ’n klein deel van die oplossing. Ek sien ongelooflik baie teenstrydighede, soos om grond sonder vergoeding te vat en daarmee kwansuis werk te skep en voedselsekerheid te verbeter. Ek is jammer, maar die praktyk wys jy kan nie albei kry nie. Ramaphosa is ’n gawe man, maar hy bly ’n afgevaardigde van die ANC. Hul doelwitte is soms edel, maar hul beleide gaan dit bloot nie bereik nie. Ramaphosa het ’n reusetaak en daarmee moet hy sterkte toegewens word, maar sy doelwitte is baie keer nie ons doelwitte nie. Die staat het nie die vermoë óf die wil om vir ons ’n toekoms te skep waar ons vry, veilig en voorspoedig kan wees nie. Daarvoor sal Afrikaners en hul instellings hul gemeenskapskrag moet monster. As ek tussen Ramaphosa en leë staatsbeloftes, en gemeenskapselfstandigheid moet kies, het ervaring en logika my geleer dat laasgenoemde die enigste keuse is. • Brink is strategiese raadgewer oor gemeenskapsake by AfriForum.

TOEKOMS VOL DROME DANKSY SOLIDARITEIT-BEURS DEUR MIA SLABBERT

S

olidariteit se jaarlikse beurskompetisie het weer die lewens van drie gelukkige studente handomkeer verander. Hierdie beurs gee verligting te midde van studentebetogings en finansiële druk. Solidariteit het besluit om ’n beurskompetisie van stapel te stuur sodat studente by ’n veilige tersiêre instelling kan studeer. ’n Beurs word aan drie gelukkige voornemende studente toegeken en Solidariteit-lede sowel as hul afhanklike kinders tot op die ouderdom van 21 jaar kon daarvoor kwalifiseer. Die beurs sluit die volgende in: 1. Alle klasse word aangebied deur Akademia.

48

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

2. Alle studiegidse en handboeke vir hul studies word deur Akademia verskaf. Slegs eksterne handboeke wat vir die graadkursus benodig word, moet self aangekoop word. 3. Studente ontvang ’n tabletrekenaar wat hulle toegang gee tot die e-studente-ondersteuningstelsel, die aanlyn biblioteek, al hul toetse en werkopdragte asook ondersteunende studiemateriaal. Een tabletrekenaar word uitgereik vir elke kwalifikasie waarvoor hulle inskryf. Die drie gelukkige wenners van vanjaar se beurse is Janette Alberts, Harry Balfour en Chantel Smuts. Janette Alberts woon in Roodepoort en gaan die BCom-

graad in Bestuursrekeningkunde aanpak nadat sy reeds die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde by Akademia voltooi het. “Ek is ‘n baie harde werker, pligsgetrou en het deursettingsvermoë waarop ek trots is. Ek werk akkuraat en is trots op wat ek vermag deur harde werk.” Harry Balfour van Pretoria gaan ook sy BCom-graad in Bestuursrekeningkunde met ywer aanpak. Chantel Smuts is ook van Pretoria en doen haar BCom-graad in Ondernemingsbestuur. “Ek is doelgerig en ek weet watter uitdagings studies kan inhou, maar ek is gereed en opgewonde om ekstra moeite te doen om ’n sukses van my studies te maak.”


REG SPRAAK

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

DEUR HENDRIK VAN DER HOVEN

Indien ‘n sportklub op sosiale media bevestig dat daar vir ‘n verdere verlengde tydperk ‘n kontrak met ‘n speler gesluit is, sal dit genoegsame bewys wees om ‘n daadwerklike dienskontrak tussen die klub en speler te kan bewys?

Foto’s: iStockphoto.com

D

ie feite van die saak Gaxa and Kaizer Chiefs Football Club (2017) 38 ILJ 1221 (ARB) is soos volg: Die applikant, ’n professionele sokkerspeler wat ’n vastetermynkontrak gehad het om vir Kaizer Chiefs sokker te speel, sou op 30 Junie 2016 tot ’n einde kom. Die speler het beweer sy kontrak is vir ’n verdere twee jaar verleng, maar die werkgewer (die sokkerklub) het beweer dat die kontrak as gevolg van die bereiking van die oorspronklike kontrak se einddatum tot ’n einde gekom het. Tydens ’n privaat arbitrasie het die speler getuig hy is tydens ’n oefening deur die sokkerbestuurder van Kaizer Chiefs ingelig dat sy kontrak na Junie verleng sou word. Hy het verder beweer die spanbestuurder het dit ook in ’n latere stadium bevestig. Die speler het ook genoem dat die administratiewe bestuurder gedurende Augustus 2015 ’n dienskontrak en ’n beeldregte-kontrak met hom bespreek het wat deur die hom onderteken is. Die administratiewe bestuurder het hom ingelig dat die kontrakte na die voorsitter gestuur sou word om namens Kaizer Chiefs onderteken te word. Gedurende Oktober 2015 het die klub op Twitter aangekondig dat die speler ’n verdere tweejaarkontrak met die klub onderteken het. Die aankondiging is verder ook op die klub se Facebook-blad geplaas. Die speler het derhalwe aangeneem dat die voorsitter van die klub die kontrakte onderteken het. Maar die betrokke speler is in Mei 2016 ingelig dat sy kontrak nie verleng sou word nie en dat hy nie op die ondertekende kontrakte kon steun nie, aangesien die voorsitter dit nooit geteken het nie. Die klub het aangevoer dat die speler se kontrak nooit verleng was nie. Die sokkerbestuurder het getuig dat hy ’n vergadering met ’n groep spelers gehad

het waartydens hy genoem het dat spelers wie se kontrakte hernu sou word, ook ’n 10%- eskalasie sou ontvang, maar dat hy nooit alleen met die applikant vergader het nie. Die administratiewe bestuurder het getuig dat hy nooit enige kontrakte aan die applikant voorgelê het nie, maar dat hulle ’n vergadering gehad het aangaande die applikant se studies. Beide bestuurders het getuig dat die klub ’n baie spesifieke proses het wat gevolg word wanneer kontrakte met spelers onderhandel word. ’n Voorgestelde konsepkontrak word opgestel en deur die speler onderteken. Daarna word die getekende voorgestelde konsepkontrak na die voorsitter gestuur vir goedkeuring. Sodra dit deur die voorsitter goedgekeur is, word ’n dienskontrak en ’n sogenaamde beeldregte-kontrak opgestel, deur die speler onderteken en dan na die voorsitter gestuur vir ondertekening. Die voorsittende beampte is derhalwe met die taak belas om te bepaal of daar ’n kontrak tussen die partye ontstaan het. Aangesien die speler se eis berus het op die beweerde skriftelike kontrak wat deur homself onderteken is, was dit die arbiter se eerste taak om te bepaal of die speler

inderdaad ’n skriftelike kontrak onderteken het. Eers daarna kon bepaal word of daar ’n geldige kontrak tussen die partye tot stand gekom het. Die arbiter het bevind dat die speler nie die prosedure bevraagteken het wat die klub tydens onderhandelings met spelers gevolg het nie, en dat hy erken het dat dit die prosedure was wat tydens die sluiting van sy eerste kontrak gevolg is. Die werknemer het erken dat hy van ’n sportagent se dienste gebruik gemaak het en dat die agent nêrens by die beweerde onderhandelings betrokke was nie. Aangaande die aankondigings op sosiale media dat die speler verdere kontrakte geteken het, het die arbiter bevind dat die klub se bewering dat dit ’n fout was, onvoldoende argument was, maar dat die speler se weergawe van gebeure nie met die feite ooreengestem het nie. Daar is ook bewys dat daar voorheen foutiewe aankondigings oor ander spelers op sosiale media geplaas is. Derhalwe het die arbiter bevind dat die speler waarskynlik nie ’n geskrewe kontrak geteken het nie en dat daar nie ’n kontrak tussen die partye tot stand gekom het nie. www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

49


IN BEWEGING

HET JY GEWEET? • Hoewel Afrikaanse hoërskole slegs 10,1% van alle hoërskole in Suid-Afrika verteenwoordig, behaal hulle 18,9% van die toelating tot B-graadstudies. Afrikaanse skole is dus 53% meer suksesvol om deure tot B-graadstudies vir leerders te open as ander skole in die land. • By die 684 Afrikaanse skole waar leerders Wiskunde tydens 2017 se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geskryf het, het 29,6% van die leerders Wiskunde-onderskeidings ingepalm.

Lees die SOS se omvattende verslag oor 2017 se matriekuitslae by https://helpendehand.co.za/wp-content/uploads/2018/01/SOS-Verslag-Matriekuitslae-2017.pdf

Dié skole gedy, daarom moet dit bly! DEUR LIZE-MARI LABUCHAGNE

Foto: iStockphoto.com

T

erwyl ons land se nasionale matriekslaagsyfer vir 2017 op 75,1% staan, spog Afrikaanse skole (skole wat Afrikaans Huistaal aanbied) met ’n slaagsyfer van 86% – dis ’n volle 11% meer. Hierdie syfer spreek boekdele oor die gehalte van onderwys in Afrikaanse skole asook die toewyding van onderwysers. Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het nog 10 redes saamgestel waarom Afrikaanse skole nodig is. Afrikaans word deur sewe miljoen 1 Suid-Afrikaners as moedertaal gepraat en ’n verdere 13 miljoen praat gereeld Afrikaans. Bykans 22% van alle Suid-Afrikaners praat dus Afrikaans en dit is die derde grootste gebruikstaal in Suid-Afrika. Hoewel Afrikaanse hoërskole 2 slegs 10,1% van alle hoërskole in Suid-Afrika uitmaak, behaal hulle 18,9% van die toelating tot B-graadstudies. Afrikaanse skole is dus 53% meer suksesvol om deure tot graadstudies vir leerders te open as ander skole in die land.

50

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

3

4

5

6

7

In Afrikaanse skole word daar tydens die grondslagfase gesonde klem gelê op die belangrikheid van lees, praat, skryf en somme maak in die leerders se moedertaal – ’n wenresep. Afrikaanse onderwysers beskou onderwys as ’n roeping en nie net ’n werk nie; hulle is gedrewe, passievolle onderwysers wat die kind bo eie of politieke belang stel. Afrikaanse skole en leerlinge lewer ’n baie groot bydrae tot die Suid-Afrikaanse skatkis van sporttalent. Alle Afrikaanse skole in Suid-Afrika (100%) bied sport as deel van hul kurrikulum aan, terwyl die nasionale norm maar slegs 7% is. Afrikaanse skole is bekend vir hul dissipline. In Afrikaanse skole is daar ’n baie lae afwesigheidsyfer van onderwysers en leerlinge aangeteken. Daar word dus skoolgegaan EN gewerk. Afrikaanse skole se deurvolgsyfer van graad 1 tot 12 (binne die bestek van 12 jaar) is baie hoër as

die nasionale norm. Daar word dus opvoedkundig verantwoordelik opgetree en leerlinge wat sukkel, word gehelp. Die professionele ontwikkeling van 8 onderwysers word nie in Afrikaanse skole onderskat nie – 80% van Afrikaanse skole se onderwysers doen professionele ontwikkeling op ’n gereëlde basis. Afrikaanse skole word gelei en 9 bestuur deur kundige skoolhoofde wat daarin slaag om ouers, onderwysers en leerders aktief te laat saamwerk in almal se belang. In Afrikaanse skole word akademie 10 voorop gestel en ekstra klasse word in verskeie vakke aangebied – daar word by 95% van dié skole ekstra klasse aangebied in krities belangrike vakke soos Wiskunde, Wetenskap en tale. Die wenresep? Lok roepingsgedrewe onderwysers na die beroep, onderwerp hulle aan deeglike universiteitsopleiding en plaas hulle dan in moedertaalskole wat voortgaande professionele ontwikkeling verwelkom en aanmoedig.


aksentmedia.co.za


IN BEWEGING

Sol-Tech bly aan voorpunt van tegnologie Sol-Tech, die Solidariteit Beweging se tegniese beroepsopleidingskollege, het pas hul eerste 3D-drukkers aangeskaf om studente in die gebruik van dié opwindende tegnologie op te lei. Hoewel opleiding in 3D-tegnologie nie ’n vereiste in Sol-Tech se kursusse is nie, is die aanskaf van hierdie toerusting net nóg ’n manier hoe die kollege wil seker maak hul studente se opleiding is van wêreldgehalte. DEUR CILLESTE VAN DYK

Foto’s: iStockphoto.com (slegs ter illustrasie) • Bykomende bron: Hoezit.co.za

D

is geen geheim nie dat Sol-Tech oor die afgelope 10 jaar baie sukses bereik het deur hoë gehalte tegniese opleiding in verskeie ambagte, gepaardgaande met uitnemende praktiese toepassing van hierdie kennis. Een manier waarop Sol-Tech voortbou op hierdie reputasie van hoë kwaliteit en sukses is deur aan die voorpunt van tegnologie te bly. Daar word deurentyd navorsing gedoen oor wat studente ’n voorsprong sal gee in hul industrie. Die nuutste industriële tegnologie wat ál meer kommersieel raak, is 3D-drukwerk en Sol-Tech het nie op hulle laat wag om in te spring en die meeste te maak van hierdie nuwe geleentheid nie. “Ons is opgewonde daaroor dat Sol-Tech weereens aan die voorpunt van tegnologie is met die aankoop van 3D-drukkers,” sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. Hoewel 3D-drukkers gebruik kan word

52

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

vir ’n groot verskeidenheid doeleindes, het Sol-Tech die gaping gesien wat dit kan vul in ambagte soos dié van passeren-draaier asook gereedskapmaker, waar daar gereeld prototipes vervaardig moet word. “Hoewel opleiding in die gebruik van 3D-drukkers nie tans ’n voorgeskrewe kurrikulumvereiste is nie, sal dit die studente wat dit baasraak, beslis ’n voorsprong gee. Dit is juis wat Sol-Tech suksesvol maak: opleiding wat studente ’n voorsprong te gee deur ’n ambag aan te vul

met addisionele, hoë gehalte opleiding in skaars vaardighede,” verduidelik Van Deventer. Sol-Tech wil nou al gereed wees vir die veranderinge wat tegnologie inhou

omdat dit opleiding ook sal beïnvloed. Om ’n 3D-drukker te kan gebruik, moet die operateur die regte rekenaarprogramopleiding hê, en dit kan selfs ’n spesialisrigting word. Passer-en-draaiers en gereedskapmakers sal, soos hulle tans CNC-programmatuur gebruik om onderdele reg uit te frees, die 3D-drukker se sagteware moet gebruik om digitaal ’n onderdeel te ontwerp wat laag-vir-laag deur die drukker opgebou word. Die 3D-drukkers sal ook die tyd wat dit passer-en-draaiers en gereedskapmakers tans neem om onderdele te vervaardig en aanmekaar te sit, aansienlik verminder: Tydens die drukproses word groter gedeeltes van die onderdele reeds as ’n eenheid vervaardig deur die 3D-drukker, in plaas daarvan dat elke gedeelte van die onderdeel afsonderlik gemaak en dan aanmekaar gesit word, om maar een voordeel te noem. “Sol-Tech sal altyd groot klem plaas op sy ambagsopleiding, maar vanjaar is die droom vir Sol-Tech om opleiding selfs verder uit te berei tot ander moontlike rigtings en kursusse,” sê Van Deventer.


IN BEWEGING

WAT IS 3D-DRUKWERK?

K

Deel van die Solidariteit Beweging

onvensionele draai- en freeswerk, waar oortolllige materiaal verwyder word, word ’n “subtractive manufacturing process” genoem, terwyl 3D-drukwerk ‘n “additive manufacturing process” genoem word. 3D drukkers gebruik onder andere plastiek, keramiek, hout en ’n verskeidenheid metale (wat deur hitte- of lasersmeltprosesse saamgevoeg word) om voorwerpe te vervaardig. ’n 3D-drukker werk baie soos ’n rekenaardrukker. Jy het 3D-prentjies op ’n digitale tekenprogram, net soos jy teks op ‘n woordverwerkingsprogram het. Pleks daarvan om woorde op papier te druk, gaan die 3D-drukker ’n stappie verder deur ’n verskeidenheid lae filament laag-vir-laag op mekaar te druk totdat ’n voorwerp gevorm is. Met hierdie tegnologie kan jy ’n

driedimensionele model van feitlik enige voorwerp uitdruk. Die druk van biologiese materiale soos vel, kraakbeen en ander selle is reeds moontlik, hoewel baie navorsing in die area nog nodig is voordat dit kommersieel vervaardig kan word. Wie weet, iewers in die toekoms mag dit dalk wees dat dokters ’n nuwe hart vir mense sal kan druk. Hierdie is nie wetenskapfiksie nie – bekostigbare 3D-drukkers is reeds in Suid-Afrika te koop (soos dié wat Sol-Tech aangekoop het) en die Amerikaner Chuck Hull het 3D-drukwerk reeds in 1983 uitgevind. 3D-drukkers werk op verskillende

maniere, maar die basiese konsep is dieselfde. ’n Rekenaarprogram gee die opdragte wat die drukker laat werk. Sommige 3D-drukkers gebruik ’n soort plastiek om die modelle te druk, terwyl ander poeiermengsels gebruik. Die driedimensionele voorwerp word lagie vir lagie opgebou. Intreevlak-drukkers neem redelik lank om ’n voorwerp te druk, hoewel dit steeds vinniger as “subtractive manufacturing” is. Die 3D-drukbedryf sal na raming binne die volgende 10 tot 15 jaar ’n $105 miljard-industrie word en sal nie veel langer deur entrepreneurs geïgnoreer kan word nie. Reusagtige 3D-drukkers is selfs al gebruik om huise te bou!

OPEDAE 2 Junie 2018 8 September 2018

INLIGTINGSESSIES 16 Maart 2018 22 Junie 2018 19 Oktober 2018 Registreer by www.sol-tech.co.za


Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou GRATIS Afrikaanse aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte, resepte en boeke. Kom sê jou sê, snuffel in ons koöperasie of kuier saam om die kombuistafel met smullekker resepte. maroelamedia.co.za is jóú huis! RAAISELKIND: BOEK TOT SILWERDOEK

A

nnelie Botes het met die boek Raaiselkind (Tafelberg; R240) daarin geslaag om die kruis van outisme genadeloos oop te vlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling en Miriam. Ingrid is ’n ma wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om haar kind, wat hul hele gesinslewe ontwrig, “mens” te laat word, en in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam, die oppas-ma wat met haar kinderlike Godsvertroue en aardse wysheid die enigste een is wat tot “Boetatjie” kan deurdring. Raaiselkind is nou ook op die silwerskerm te sien. Dit is meer as ‘n rolprent oor outisme. Dit is ‘n ondersoek na vooroordeel, na agterdog oor en afkeur aan enigiets of enigiemand wat nie “normaliteit” beliggaam nie. Dit is ‘n aangrypende prent wat maklik melodramaties of oordrewe kon wees. Wat dit nié is nie. Die rolverdeling sluit in Diaan Lawrenson, Neels Clasen, June van Merch, Deon Lotz en Anrich Herbst. Die regisseur is Andre Velts en Sally Campher is die vervaardiger.

ENERGIESTAFIES Dié soet-sout energiestafie is perfek vir ’n kosblik óf as ’n peuselhappie wanneer jy te besig raak vir middagete by die werk. BESTANDDELE 1 koppie Rice Krispies ½ koppie amandelskywe 1 koppie gemengde neute ½ koppie sonneblomsade ½ koppie gedroogte bosbessies 1 teelepel sout ⅓ koppie heuning 200 g donker sjokolade, gesmelt

DENIM Waar kom dit vandaan? Genoem na die stad Nîmes in Frankryk waar denim die eerste keer vervaardig is. Die volle naam was serge de Nîmes (“sersje van Nîmes”). Later het serge weggeval en het net “denim” van de Nîmes oorgebly.

54

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

METODE

1. Meng al die bestanddele, behalwe die sjokolade, saam. 2. Skep in ’n uitgevoerde oondbak en druk plat. 3. Bak vir 30 minute teen 160 °C. 4. Laat vir een uur afkoel. 5. Smeer gesmelte sjokolade oor die gebakte mengsel. 6. Laat dit vir 15 minute afkoel. 7. Haal die hele blok uit die oondbak en sny in stafies.


IN BEWEGING

Gee jou kind dié vyf unieke bonuspunte

W

aarom is mense so onseker oor taal? Waarom wonder hulle of hul huistaal die regte taal is waarin hul kinders onderrig moet word – tuis en op skool? My ervaring as terapeut is dat ouers bang is dit sal hulle kinders benadeel om in enige taal behalwe Engels grootgemaak te word. Die teenoorgestelde is egter waar. Jy ontneem jou kinders niks deur hulle in jou huistaal groot te maak nie; inteendeel, jy gee hulle vyf unieke bonuspunte.

Foto’s: iStockphoto.com

MEERTALIGHEID Meertaligheid is die outomatiese bonus van nieEngelssprekende moedertaalsprekers in ons land. As kinders egter Engelstalig grootgemaak word, is eentaligheid hul voorland, want dan is Engels die enigste taal wat hulle móét kan praat. Engels is ongetwyfeld vandag die sterkste wêreldtaal, veral in die media, vermaak- en sakesektor. Ouers wat egter hul huistaal – ’n minderheidstaal – as onderrigtaal kies, waarborg dat hul kinders ten minste tweetalig gaan wees. Ons leef in ’n wêreld waar kinders onwillekeurig Engels gaan aanleer: by hul helpers in die kleuterskool, die huishulp, die winkelassistente, op televisie en skool word hulle oorspoel deur dié taal. Ma en pa hoef dit nie vir hulle te leer nie, hulle absorbeer dit eenvoudig. Language is caught, not taught. Maar wat van taalverwarring? En wat as jou kinders op ’n laat ouderdom eers begin praat omdat hulle Afrikaans tuis hoor en Engels by die dagsorg? Die goeie nuus is dat babas en kinders se wonderlike elastiese breine neurologies bedraad is om meer as een taal aan te leer. Dit neem natuurlik langer, want prosessering van twee tale verg intense breingimnastiek. ’n Meertalige breintjie werk dus baie harder as ’n eentalige brein. Die toekomstige voordele daarvan is onberekenbaar.

DEUR CHRISTIEN NESER

Waarom wil ons dus meertalige kinders hê? Want meertalige kinders gaan die lewe met meer selfvertroue binne. Hulle is sosiaal beter aangepas en kan makliker in die werkplek met ’n verskeidenheid mense kommunikeer. Hulle het breine wat voortdurend bly vertaal, iets wat die brein fiks en skerp hou, selfs tot op ’n hoë ouderdom.

INTELLIGENSIE Intelligensie word verskillend omskryf, onder meer as die optimale gebruik van die brein. Hoe beter ’n brein funksioneer, hoe intelligenter word ’n persoon gereken. Meertaliges het die voordeel dat hul breinkapasiteit vergroot, aangesien meer dele van die taalarea geaktiveer word. ’n Eentalige brein is ’n onderbenutte brein. Daar is reeds in talle studies bewys dat ’n meertalige brein langer jonk bly. Studies in Engeland dui daarop dat meertalige kinders beter in chaos funksioneer, sosiaal vaardiger is en beter kan fokus. Hulle leer ’n nuwe taal ook makliker aan as eentaliges. Dieselfde eienskappe word later in die werkplek ervaar.

INNIGHEID Babas reageer reeds voor hul geboorte op hul ma’s se stem. Op twee maande kan babas tussen hul moedertaal en ’n vreemde taal onderskei (die hartklop verhoog). ’n Ma is meer ontspanne en opreg in haar eie taal, iets wat haar baba aanvoel. Waar ’n mamma nie haar eie taal met die baba praat nie, kan daar later ook ’n kloof tussen kinders en hul grootouers ontstaan. Oupas en oumas se voorreg om hul huistaal met hul kleinkinders te praat, word hulle dan ontneem. Ouers wat dink dat hulle hul kinders bevoordeel deur Engels met hulle te praat maar Afrikaans met mekaar en met hulle familie praat, sluit die kind uit. Die band is dikwels dan minder innig, want die kinders het nie toegang tot hul ouers se “geheime kode” nie.

IDENTITEIT Die bekende sielkundige Erik Erikson het die mens se emosionele ontwikkeling van geboorte tot bejaardheid gekarteer. Volgens hom fluktueer kinders in die ouderdomsgroep tussen 11 en 16 jaar – ons tieners – gedurig tussen twee pole: ’n sterk identiteit versus identiteitsverwarring. Tieners se groot vraag is: Wie is ek en waar pas ek in? Dit is hierdie vraagstuk wat ouers ook in ag moet neem wanneer hul kinders hoërskool toe gaan. ’n Engelse hoërskool gaan kinders se soeke na identiteit uitdaag en dit kan verwarring veroorsaak omdat hulle voel dat hul taal nie goed genoeg is nie en dat húlle gevolglik ook nie goed genoeg is nie. Moedertaalonderrig tot op hoërskoolvlak kan bepalend vir ’n sterk en gesonde identiteit wees. “Sal my kind nie sukkel met al die vakke in Engels op universiteit nie?” Nee, want daardie brein is mos veeltalig en goed geoefen. Omdat konsepte beter in die moedertaal begryp word en op skool reeds vasgelê is, sukkel hierdie studente nie op tersiêre vlak nie. Universiteitshandboeke was buitendien nog altyd hoofsaaklik in Engels!

SOSIALE VAARDIGHEDE Meertaliges het meer empatie met anderstaliges. Dis ’n waarborg vir groter begrip binne ons multikulturele samelewing. In ’n eentalige bestel is daar dikwels irritasie en ongeduld teenoor diegene wat nie die lingua franca goed praat nie. Eentaligheid lei dikwels tot ’n eng wêreldbeskouing. Meertaliges het ’n wyer uitkyk, omdat hulle diversiteit verstaan. Gee jou kinders en kleinkinders die geskenk van hul moedertaal. Dit waarborg vyf vet bonusse met lewenslange voordele: Meertaligheid, intelligensie, innigheid, identiteit en sosiale vaardighede. Waarom nog ’n oomblik huiwer? www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

55


IN BEWEGING

Lei jou kind só in loopbaankeuse Om ’n loopbaan te kies, is meer as ’n lukrake besluit oor watter werk die lekkerste lyk of die meeste geld sal maak. Dit is ’n lewenskeuse waaroor jy deeglik moet besin. Jy moet nie net ’n werk kies om vir die res van jou lewe ’n inkomste te hê nie, jou beroep moet jou roeping wees, want dit is jou manier om ’n bydrae tot en ’n verskil in die samelewing te maak. DEUR WILMARIE BRITS

Foto’s: iStockphoto.com

O

uers kan help om hul kinders van kindsbeen af te lei en voor te berei vir die loopbaan wat hulle eendag gaan betree. Volgens prof. Jonathan Jansen, voormalige visekanselier en rektor van die Universiteit van die Vrystaat, moet kinders van kleins af reeds gestimuleer word. ’n Goeie kleuterskool speel ’n groot rol in die ontwikkeling van jou kind, daarom is dit belangrik dat die kleuterskool aktiwiteite aanbied waar kinders in spanne saamwerk, en dat goeie opvoedkundige beginsels rakende probleemoplossing by die skool toegepas word. Entoesiasme en passie vir ’n loopbaan ontwikkel wanneer ’n persoon iets doen wat vir hom of haar maklik en lekker is. Jansen moedig ouers aan om hul kinders van kleins af dop te hou en te kyk van watter speletjies en aktiwiteite hulle hou, en om hulle dan aan te spoor en te ontwikkel op daardie gebied. Wanneer

56

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

jou kind speletjies speel, word sy kreatiwiteit aangewakker. “Kreatiwiteit is ’n belangrike eienskap in die werkplek, omdat dit interaktief en dinamies is. Kreatiwiteit stel jou kind in staat om moontlikhede raak te sien, daarom is dit uiters belangrik dat ouers hulle kinders sal ken,” beklemtoon Jansen. Volgens Ilze Neethling, ’n geregistreerde sielkundige terapeut en psigometris, moet ouers egter die fyn balans tussen aanmoediging en druk bewaar. Daar is menige gevalle waar ouers te diep betrokke raak by die ontwikkeling en bevordering van hul kinders. Dit gebeur soms dat die ouers hul eie onvervulde drome op hul kinders afdwing of hulle druk en bestuur die kind se talente tot so ’n mate dat die kind belangstelling verloor. Daarom moet ouers weet hoeveel leiding om te gee, maar veral wanneer dit tyd is vir hulle om terug te staan. Wanneer kinders by die kruispad

MY

van vakkeuses kom, is die bystand van ’n ouer noodsaaklik. Met die wêreld wat konstant verander, is daar ’n legio werkgeleenthede beskikbaar wat nie noodwendig vyf jaar terug bestaan het nie. Daarom is beroepsvoorligting uiters belangrik, want wanneer jou kind blootgestel is aan ’n rigting wat sy belangstelling prikkel, het hy nie net duidelikheid oor waarheen hy op pad is nie, maar word hy ook gemotiveer om hard te werk ten einde sy mikpunte te bereik. Dit is elke ouer se droom om te sien dat hul kinders produktiewe en gebalanseerde volwassenes is wat trots en gelukkig hul plek by die werk volstaan. Onthou dat dit alles begin by eenvoudige speletjies as kind. Moet nie jou kind se drome afmaak as lawwigheid nie. Praat met jou kind en lei hom – dis jou werk as ouer om seker te maak jy het hom toegerus met alles moontlik om ‘n sukses van sy loopbaan te maak.

GESIN


IN BEWEGING

Jou identiteit altyd sigbaar as jy snuffel DEUR LINDIE DE BEER

S

osiale media het dit moontlik gemaak vir een persoon om met honderde ander mense te kommunikeer deur middel van sosiale netwerke. Die impak van gebruiker-totgebruiker-kommunikasie het aansienlik in die bedryf vergroot. Vroeër jare was die meeste mense net verbruikers van inhoud op die web. Vanaf die 2000’s het die term user-generated content, of inhoud wat deur gebruikers geskep word, bekend geword en sedertdien het al meer mense begin deelneem aan die samestelling en generering van inhoud, pleks van net gebruikers daarvan te wees. Sosiale media maak die publikasie van gebruikersvervaardigde inhoud op sosiale netwerke moontlik. Hierdie inhoud wat op sosiale

netwerke geskep word, is inhoud wat deur gewone mense saamgestel word. Dit sluit in kommentaar wat ’n individu tot ’n webbladartikel byvoeg, familiefoto’s wat na ’n sekere webblad opgelaai word, en gesprekke wat ’n persoon met ander mense voer. Die sleutelkonsep oor inhoud op sosiale netwerke is dat dit gedeel word met mense wat as vriende geïdentifiseer word, en met wie die persoon kies om inhoud en inligting te deel. Of dit was altyd die plan. Vandag deel jy jou stem, kommentaar en moontlik familiefoto’s met die samelewing en bitter min mense hou hul mening in ’n veilige kring. Gebruikersvervaardigde inhoud het elkeen se verantwoordelikheid geword. Dus is die gevolge van goed wat jy sê en publiseer op sosiale netwerke jou eie.

WEB-

WYS

Foto’s: iStockphoto.com & verskaf

S

olidariteit het verlede jaar ’n kompetisie aangebied waar die gelukkige wenner ses maande se kruideniersware ter waarde van R3 000 kon wen deur bloot sy of haar inligting by die vakbond op datum te kry of deur as ’n nuwe lid aan te sluit. Marius Greyling het presies dít gedoen. Hy het tjoef-tjaf sy inligting by Solidariteit bygewerk en hoef nou vir ses maande lank nie te bekommer oor die uitgawe om kruideniersware aan te koop nie. Volgens Greyling is die prys ongelooflik en het hy op en af gespring toe hy die nuus gekry het. Sy passie vir Solidariteit is aansteeklik. “Mense moet ophou om langs die kantlyn te staan. Sluit aan – of jy ‘n werkgewer of werknemer is. Solidariteit wend ’n daadwerklike poging aan

om mense en hul belange te dien. Hulle gee leiding en is altyd bereid om te help. Ek is beïndruk met hul kennis van wetgewing, nie net boekekennis nie, maar ook hoe hulle dit in die praktyk toepas. “Daarbenewens sal ek ’n lid bly vir my kinders se onthalwe. Solidariteit se bou van instellings soos Sol-Tech en Akademia, waar studente in Afrikaans onderrig word, is broodnodig te midde van die aanslae teen onderrig en opleiding in Afrikaans. Afrikaans is ons taal en as my kinders in hul moedertaal onderrig kan word, kry Solidariteit beslis my stem. Die vakbond het geen gelyke nie.”

Sosiale netwerke gee vir gebruikers ’n stem wat hulle nooit voorheen gehad het nie en dit hou ook gevare in. Mense gebruik sosiale media om hul identiteit te verander soos hulle goeddink. Dit gebeur dikwels dat mense aanlyn optree en praat soos wat hulle nooit in hul alledaagse lewe sal optree of praat nie. Die gevaar is dat jy steeds verantwoordelik gehou word vir wat jy sê en selfs in sommige gevalle vervolg kan word vir jou inhoud. Jou identiteit verander nie op sosiale media nie – jy is steeds jy. Maak seker dat jy altyd op die internet optree volgens die waardesisteem wat jy weg van die internet handhaaf. Haatspraak, mishandeling en bedrog is steeds aanlyn ’n oortreding en die kans dat jy aanlyn gevang gaan word, is groter as daarbuite. Onthou dat jou identiteit altyd sigbaar is deur middel van sosiale media.

Marius Greyling

www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

57


This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

MEMBERSHIP CATEGORIES Collective members

Individual members

Supporting members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.

Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/

58

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za


SERVE & PROTECT

OTHER SERVICES

Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.

Death benefit* Funeral benefit (Martin’s or Avbob)

A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. Assistance with investigations • A funeral of the same standard as that of Assistance is provided in adults is provided for a member’s depenconnection with investigations dent children under the age of 21 years. by the Medical Bureau for • The spouse may apply to continue as Occupational Diseases and a member after the death of the main benefits enquiries of the Compensation member. Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Commissioner and Rand Mutual, as well Beweging • The burden of funeral arrangements van finansiële dienste as work-related disability claims. All claims• FSP-nommer: 15556 is alleviated by the fact that Solidarity must be submitted within six months. and Martin’s or Avbob will make all the arrangements. Collective bargaining • A 10% rebate on headstones has been Competent and experienced negotiated with Martin’s and Avbob. Solidarity staff members under• The undertaking services are provided take collective bargaining to solely by Martin’s or Avbob. If the services negotiate better conditions of of another undertaker are used, Solidarity employment and salaries for members. will only pay out R500 in respect of funeral expenses (terms and conditions apply). • •

Car and household insurance This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of member’s premiums to the Virseker Trust that invests in Afrikaans education and * Bepalings en voorwaardes geld training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Permanent medical disability* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from employers that they are permanently unfit for work in the labour market, receive a once-off amount of R1 800. Claims must be submitted within six months.

Maternity benefit*

A maternity benefit of R1 500 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.

Study benefit*

Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit. Photograph: iStockphoto.com

Additional cash disbursements

Solidarity Magazine Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.

At the death of a paid-up member, a cash amount of R3 600 is paid to the surviving spouse or dependent children. At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 400 is paid to the member. Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 800 • Disabled children (20+) – R1 800 • Children younger than 14 years – R1 200. Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. All claims must be submitted within six months.

Holiday benefit* Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit. * Terms and conditions apply. For more information, call 0861 25 24 23

LegalAid X is Package ’n gemagtigde verskaffer van Legal

finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 full Members and their dependants can enjoy legal cover outside the labour context for an additional premium of R112 per month. This provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R50 000 per year (limited to R25 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za

Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste Independent Financial Advice

Solidariteit Solidarity Financial Services has an independent financial advice departmentDienste who can assist Finansiële clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk Solidariteit and retirement planning as well as investment Finansiële Dienste planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005 Medical gap cover Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • E-mail – gapcover@solidarity.co.za

Wills, estate administration You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300

www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

59


IN BEWEGING

Nie net mag nie, dit skep ook welvaart DEUR APPIE PIENAAR

I

n ’n onlangse artikel op die finansiële webtuiste www.fin24.com waarsku die skrywer dat dit etlike jare kan neem vir persone wat lank studeer het om finansieel op te vang met hul skoolmaats wat direk ná skool of kort daarna begin werk het. Die voorbeeld word genoem van twee vriende wat mekaar ná 20 jaar by ’n skoolreünie raakloop. Die eerste het ’n driejaarkwalifikasie in meganika verwerf en bedryf reeds vir 17 jaar ’n meganikawerkswinkel. Die tweede het oor ’n tydperk van 14 jaar as mediese spesialis gekwalifiseer. Volgens die skrywer sal eersgenoemde, selfs al sou sy inkomste net ’n derde van die spesialis s’n wees, waarskynlik ryker wees teen die tyd dat hulle mekaar ná 20 jaar weer raakloop. Daar mag verskeie redes hiervoor wees. Die vernaamste rede is dat die eerste persoon al vir soveel jaar langer spaar. Verder het die mediese spesialis waarskynlik duur studieskuld en oprigtingskoste vir sy praktyk wat eers betaal moet word. In die laaste instansie noem die skrywer dat die spesialis waarskynlik meer bewus is van statussimbole soos die voorstad waarin ’n mens woon, die voertuig waarmee jy rondry en ander luukshede soos eksotiese vakansiebestemmings. Dit lei tot groter spandabelrigheid.

MY

Dit is sekerlik waar dat die geld en tyd wat in verdere studie belê word ’n mens op die kort termyn finansieel kan terugsit. Om te studeer, is duur. Waar hierdie studies deur lenings gefinansier word, moet die lenings eers terugbetaal word voordat die afgestudeerde aan sy of haar balansstaat kan begin bou. Dit is boonop nie net die koste van studie wat in berekening gebring moet word nie, maar ook die verlies aan inkomste wat die studerende kon verdien het indien hy of sy voltyds gewerk het. Tog blyk dit baie duidelik uit bestaande navorsing dat daar ‘n groot korrelasie bestaan tussen mense se welvaartsvlakke en hul vlakke van akademiese opleiding. Interessant is dat heelwat van dié navorsing klaarblyklik materiële welvaart as die oorsaak van akademiese prestasie beskou, en nie andersom nie. Opskrifte soos “Education gap grows between rich and poor, studies say”, “The widening academic achievement gap between the rich and the poor: New evidence and possible explanations” en “A tale of two schools: The correlation between income and education in Toronto” getuig hiervan. Dit is verstaanbaar indien ‘n mens in ag neem dat kinders wat uit ‘n welvarende omgewing kom, waarskynlik deur hul ouers wat self studeer

Foto’s: iStockphoto.com

GELD

60

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

het beïnvloed word om dieselfde te doen. Sulke kinders se studies kan ook met groter gemak gefinansier word. Die teenoorgestelde is egter ook waar, en dit is dat hoër vlakke van opleiding lei tot hoër verdienste. Daar bestaan talle empiriese studies wat bewys dat inkomste in ooreenstemming met die graad van opvoeding styg. ’n Onlangse studie in die VSA, “How higher education affects lifetime salary”, toon byvoorbeeld die volgende interessante tendens tussen die individu se vlak van opvoeding en verwagte leeftydverdienste:

OPVOEDINGSVLAK

VERDIENSTE

Matriek $1,30 miljoen Onvoltooide graad $1,55 miljoen B-graad $2,27 miljoen Magistergraad $2,67 miljoen Doktorsgraad $3,25 miljoen Professionele kwalifikasie $3,65 miljoen Die ou spreekwoord lui: “Kennis is mag”. Indien ons na die statistiek kyk, kan ons egter ook sê: “Kennis is welvaart”. Om verder te studeer, is dus waarskynlik een van die beste beleggings wat jy in jou eie of jou kind se lewe kan maak.


IN BEWEGING

The core of developing your career Work should be so much more than merely a daily activity that we need to do in order to pay the bills at the end of the month. We should have jobs that put us on the path to realising our potential, experiencing new things and growing as individuals. When we are motivated to work, we are bound to be more productive.

Photograph: iStockphoto.com

T

here is of course no guarantee that people who already have meaningful jobs will stay in those jobs for the rest of their lives. In the workplace, the goalposts are constantly moving. According to Prof. Tony Watts, Director of the National Institute for Career Education and Counselling, career development is the lifelong process of managing progression in learning and work. When we get stuck in a comfort zone, we tend to overlook opportunities to advance in an organisation. This can stop us from reaching our full potential and prevent us from learning new skills or experiencing new trades in the workplace. To have a successful career we need to have a positive attitude and appreciation for lifelong learning. According to Berkeley Human Resources, we need to develop our

BY WILMARIE BRITS

personal abilities as well as our skill set in order to achieve our full potential and add value to the organisation. If you are ready to develop your skills in order to achieve your career goals, make sure to follow the 70-20-10 rule: • 70% of your development should come from on-the-job activities and action learning. On-the-job activities include development experiences like managing a project, serving on a cross-functional team, taking on a new task, or job shadowing. • 20% of your development should come from interactions with others. This includes having a mentor, being a mentor, coaching, participating in communities of practice or serving as a leader in a staff organisation. • 10% of your development should come from classes, seminars, webinars, podcasts and conferences.

MY

Once you have successfully identified the skills you need to develop, the next step is to find the most suitable way in which to do so. According to Berkeley Human Resources, you can develop your skills either through education and training or by developmental experiences. Education and training will strengthen your professional career in a number of ways and will show your employer that you have the drive and commitment to learn and apply information in order to complete tasks and achieve goals. In the case of adults, 70% of learning happens in this way, so choose to develop yourself through developmental experiences such as asking your mentor to take on new tasks. Always remember that the best leaders make optimal use of the wide range of opportunities that come their way every day, to develop themselves continuously.

WORK

Education and training will strengthen your professional career in a number of ways and will show your employer that you have the drive and commitment to learn and apply information in order to complete tasks and achieve goals.

www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

61


Foto: iStockphoto.com

D

ie Chinese winkelkompleks naaste aan my pondokkie in Johannesburg is ’n vreemde plek. Daar’s winkeltjies wat handel dryf in hoofsaaklik vier departemente: feestelike versierings, klerasie, bagasie en sellulêre toebehore. Waarom hulle nie net almal saamsmelt om vier superafdelings te vorm nie, verbyster my effens. Nietemin, die winkeleienaars is vriendelik en die kere dat ek al met ván hulle oor die taalgrens heen in ’n geselsie ingeworstel het, was byna altyd aangename interaksies. Agter elkeen van daardie Chinese skuil ’n Afrikaner-oom of -tannie met deugsame beginsels en behoudende norme. Hul pryse is natuurlik ook uitstekend. Die gehalte skiet af en toe tekort, maar soms kry ’n mens iets van aanvaarbare gehalte vir die helfte, ja selfs ’n derde van die prys van iets soortgelyk in die winkelsentrum met die handelsmerke ’n paar kilometer daarvandaan.

62

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Onlangs vergesel ek, op haar versoek, my beminde na die Chinese sentrum. Sy wou ’n paar toebehore kry vir ’n fotosessie. Ten spyte van die vriendelike winkeleienaars, is die plek maar ’n bietjie van ’n hool. ’n Mens het omtrent ’n 4x4 nodig om die parkeerarea aan te durf en daar kleef aan vele van die mense wat in en om die plek wemel ’n gevoel van desperaatheid wat soms ’n bietjie ongemak kan verskaf. Dis ’n teken van my liefde dat ek ’n vrou op ’n klerejag sal vergesel, want ek verpes dit. Dit het begin in my kinderjare, toe ek as enigste man in die huis verveeld agter ma en sus deur die winkelsentrum moes drentel. Maar die liefde is groot en my geduld hou. Skielik bevind ek myself in die damesonderklereafdeling. Frilletjies en valletjies van fyn fatsoen versier allerlei lingerie. Dis seker nie die mees gesofistikeerde of romantiese bekentenis nie, maar ek is nie veel van ’n lingerie-man nie. Vir my konstateer dit dikwels ’n blote versperring en dit boonop soms in die donker. Maar die beligting hier is goed en ek het tyd,

dus stel ek ondersoek in. Hier is ’n bra wat maar kon gebly het, daar ’n posseëltjie met ’n string gare aan; ’n satynbroekie en af en toe ’n korset. En toe sien ek dit: ’n broekie. ’n Broekie wat styf moet sit, maar binne in die broekie is daar ’n baie vreemde ding, ek weet nie wat nie. Dit voel soos die goed waarmee ’n mens die teëlwerk bo die nuwe bad verseël … ja, ’n tipe silikoon. Skielik besef ek wat dit is: Dit is ’n broekie vir boude wat nie beboud genoeg is volgens die draer van die broekie nie. En net daar gaan my gedagtes op hol. Dis klerasie dié wat fikseer op die uiterlike. Dis vir die oë van diegene wat kyk: afgunstige vroue; bewonderende mans; ’n skelm waarderende publiek; begerende loerpiete; en, wie weet, dalk ’n aanstaande. Later, op pad huis toe, kyk ek met groter waardering na my beminde hier langs my. Sy is, nes ek, propvol tekortkominge. Maar hulle is eg, onverdoeseld, ek ken hulle en het hulle lief. Ek onderneem om eendag ons seun só groot te maak dat hy sy visier en vereistes moet instel op dinge wat eg is. Dinge wat saakmaak.


IN BEWEGING

Die man wat nooit “nee” geken het nie DEUR ILZE NIEUWOUDT

Foto: Kraal Uitgewers

D

anie Theron sal deur die nageslagte onthou word as die stigter van die Theron Verkenningskorps (TVK) – ’n eenheid wat beskou word as die voorloper van die SA Weermag se verkennersafdeling. Theron het gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) saam met sy nagenoeg 100 verkenners geveg, per fiets verken en inligting oor die Britse magte se bewegings ingesamel. Gedurende die oorlog het Danie en sy span verkenners telkens heldhaftig deelgeneem aan die gevegte en volgens die geskiedkundige Fransjohan Pretorius het generaal Louis Botha later oor Danie opgemerk: “Hy was as soldaat gehoorsaam en trou, as offisier onverskrokke en bekwaam, as krygsman ’n held. Nooit het ek iemand ontmoet wat meer deurtastend te werk gegaan het, wat opgewekter ’n moeilike taak volbring het nie, hetsy as leier, as spioen, of as aanvoerder by ’n aanval. Die woord ‘nee’ het Theron nooit geken nie. Wat aan hom opgedra is, het hy gedoen. Transvaal het geen dapperder man opgelewer nie.” Volgens Pieter de Jager, skrywer van die boek Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 wat pas by Kraal Uitgewers bekendgestel is, het ’n sameloop van omstandighede tot Danie se voortydige dood op 5 September 1900 gelei. ’n Blink militêre toekoms het op dié jong kryger gewag. Sy voorafgaande suksesvolle operasies, waarvan die laaste op 31 Augustus waartydens die TVK ’n trein met ’n groot voorraad kos, klere en ammunisie gebuit het, het die Boereleierskap van die bekwame Theron laat kennis neem. Vroeg in September keer Theron en die TVK terug na die Gatsrand. Daarvandaan sou die korps eers na generaal Louis Botha in Oos-Transvaal beweeg voor ’n beplande tog na die Kaapkolonie. Na

verwagting sou Botha vir Theron juis tydens sy besoek aan die Oos-Transvaal as veggeneraal aanstel – aangesien dié aanstelling toe reeds deur die ZAR-regering goedgekeur is. ’n Boodskap wat op 3 September van generaal Piet Liebenberg ontvang is, werp Danie se planne permanent omver. De Jager beskryf die daaropvolgende gebeure in besonderhede soos volg: “Hierin [die boodskap] versoek Liebenberg Danie om hom by Welverdiend-stasie te ontmoet. Danie en sy adjudant, Wynand Malan, vertrek dadelik daarheen. Op die stasie sit Liebenberg sy planne uiteen en versoek hulle om ’n gesamentlike aanval op generaal-majoor A.F. Hart se kolonne wat van Krugersdorp na Potchefstroom op pad was, van stapel te stuur. Die plan was om teen ligdag op 5 September die kolonne by Jan Wolvaart se plaas Elandsfontein aan te val. Liebenberg sou die Britte eers reg van voor aanval en sodra hulle terugspring, sou Theron tot die aanval oorgaan.” Op die afgesproke tyd en plek was

Theron en sy manne gereed vir die beplande aanval. De Jager skryf hieroor: “Teen agtuur was die vyand al op pad, maar toe daar nog geen teken van Liebenberg was nie besluit Danie om ondersoek te gaan instel. Hy neem manskap Nel saam, nadat Malan (later generaal) weens ’n ongesteldheid nie wou saamgaan nie. Danie en Nel het die rantjie suid van Wolvaart se huis en suid van die pad waarlangs die kolonne sou beweeg, uitgeklim. ’n Ruk later stuur Danie Nel terug om die perde na die voet van die rant te neem en klim alleen verder. Meteens bars hewige kleingeweervuur van sewe man van Marshall’s Horse wat vooruit verkenning gedoen het en hulle teen Danie vasgeloop het, van die koppie af op hom los. Danie neem haastig skuiling onder ’n boom in ’n klipkraal en skiet verwoed terug. Hy slaag daarin om drie Britte te dood en verwond ’n vierde. Van die soldate het waarskynlik ontsnap en Hart met sy kolonne wat reeds naby was, ingelig. Hierna steek Hart se manne die koppie onder hewige bombardement. Danie het geen kans gehad om te ontkom nie en word gedood toe ’n klipskerf hom teen die kop tref.” Theron se dood was vir die Boeremagte gelykstaande aan ’n neerlaag op die slagveld en vrae oor Liebenberg se afwesigheid is nooit met sekerheid beantwoord nie. Die gebeure het wel dié bevelvoerder se aansien ’n ernstige knou toegedien. Die Britte het Theron se liggaam in ’n kombers toegedraai en in ’n vlak graf begrawe. Tien dae later het sy korpslede sy liggaam opgegrawe en op 15 September in die geheim in die familiebegraafplaas op Elandsfontein herbegrawe. Op 10 Maart 1903 is hy volgens sy wens te Eikenhof aan die Kliprivier herbegrawe – langs sy verloofde, Hannie Neethling, wat kort voor die oorlog in Augustus 1898 aan longontsteking oorlede is. www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

63


IN BEWEGING

Magersfontein

Splinternuwe boek nou op die rak DEUR ILZE NIEUWOUDT

Foto: iStockphoto.com

S

owat ‘n dag nadat oorlog op 11 Oktober 1899 tussen die twee Boererepublieke (die ZAR en die Oranje-Vrystaat) en die magtige Brittanje verklaar is, klap die eerste skote in ’n stryd wat uiteindelik meer as drie jaar sou neem om sy bittere einde te bereik. Teen omstreeks kwart voor elf die aand van 12 Oktober skiet die Wes-Transvaler veldkornet J.C. (Hansie) Coetzee die eerste skoot van die Anglo-Boereoorlog. Dié eerste konfliksituasie het by Kraaipan, tussen Mafeking en Vryburg, in die hartjie van die “wilde weste” plaasgevind. Vir die res van die oorlog sou dié geharde landskap en sy ewe geharde burgers getuies wees van die grootste én opspraakwekkendste veldslae, verwoesting, oorwinnings en nederlae. In Kraal Uitgewers se jongste boek, Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 (deur Pieter de Jager), word die leser so te sê ’n ooggetuie van dié skote sowel as talle Wes-Transvaalse veldslae van 1899 en 1900, onder andere by Modderrivier, Magersfontein en Paardeberg. Later word die leser meegesleur deur die guerrillaoorlogvoering wat die res van die oorlog gekenmerk het. Die beleërings van Mafeking en Kimberley, die dood van Danie Theron, die rol van hensoppers en joiners, opspraakwekkende teregstellings, planne vir die inval in die Kaapkolonie en die uiteindelike vredesonderhandelings van 1902 is enkele van die sake wat in die sewende en finale publikasie in Kraal se gewilde Die erwe van ons vaad’re-reeks ondersoek word.

64

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

OOR DIE SKRYWER

P

Die oorlog in die Wes-Transvaal het krygers van Pretoria-Wes, JohannesburgWes, Krugersdorp en Rustenburg tot by Lichtenburg, Wolmaransstad en Bloemhof in die verre weste ingesluit, terwyl die Noord-Kaapse, Griekwaland-Wes- en Stellaland-Rebelle hulle ook hier by die oorlog aangesluit het. Boereleiers soos generaal Koos de la Rey, generaals Jan Kemp, J.G. (Jan) Celliers, S.F. (Swart Sarel) du Toit en P.J. (Ou Hartjie) de Villiers, asook talle ander se betrokkenheid word deur De Jager op ’n verfrissende wyse aangebied. Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog bevat meer as 120 keurig geredigeerde foto’s (waarvan sommige nog nooit voorheen gepubliseer is nie) en sluit waardevolle nuwe besonderhede oor die oorlog in.

ieter Jacobus de Jager is in 1937 op die plaas Driekuil in die Ottosdal-distrik gebore. Ná sy skoolloopbaan behaal hy ’n graad in staatsleer en geskiedenis aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (die huidige Noordwes-Universiteit). Hoewel hy tot 2009 voltyds op die familieplaas geboer het, het sy passie vir die Wes-Transvaalse geskiedenis steeds sentraal gestaan en het daar reeds vyf publikasies oor Ottosdal en Wes-Transvaal in die algemeen oor die afgelope aantal jare uit sy pen verskyn. Die bekendste hiervan is sy boek Die Korannafonteiners: Stories oor Ottosdal en sy mense wat in 2008 by Protea Boekhuis gepubliseer is. Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 is die resultaat van meer as 30 jaar se navorsing en vorm die hoogtepunt van De Jager se historiese skryfwerk.

Die boek is tot 31 Maart 2018 beskikbaar teen die bekendstellingsprys van R450. Besoek die webtuiste www.kraaluitgewers.co.za of skakel die uitgewer by 012 880 1953 om betyds jou bestelling te plaas.


is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

Happende HONDE en allerhande WONDE

Foto: iStockphoto.com

E

k is al in my nagkabaai toe die boodskap op my foon deurklingel. “Hi Ma. Stuur asb ’n foto van ma se ID en die mediese fonds-kaart.” Dis Thinus. My moed sink onmiddellik sommer dwarsdeur my skoene tot op die vloer. “Hoekom? Wat is fout?” stuur ek terug. “Hond my gebyt,” laat weet hy, en volg die boodskap op met ’n selfie van die stukkende lip, ’n hospitaalmuur en ’n gordyn op die agtergrond. As ’n mens vyf kinders grootmaak, sien jy noodwendig met gereelde tussenposes die binnekant van ’n ongevalle-afdeling vir hulp met gesnyde vingers, gebreekte ledemate, kwaai maagaandoenings, longontsteking, breinvliesontsteking, selfs ’n nekbesering ná ’n rugbywedstryd. ’n Mens hoop om minder gereeld daar te kom as jou kinders groter word, maar Thinus, my jongste, is nou al in die 20. En, moes ek ook die afgelope paar jaar agterkom, as jy ’n ouma is, kom rondte twee aan die beurt. Ouma het al meer as een maal vervaard in die kar gespring om die welwese van ’n kleinkindjie in die ongevalle-afdeling te gaan vasstel en ’n bleekgeskrikte jong mamma en pappa te gaan bystaan. Maar terug na die hond: ’n Verontwaardigde Thinus vertel die verhaal agterna deur ’n geswelde, toegewerkte lip: Die hond het oënskynlik heel gemoedelik na hom toe gekom, maar toe hy afbuk om hom te vryf, spring die hond skielik op en hap hom onverwags, met soveel geweld dat ’n stukkie van sy tand ook afgebreek het. Die ontsteltenis oor die onverwagsheid van die onverdiende aanval was veel groter as die ongemak van die stukkende lip. Die lewe, dink ek agterna, is vol mense wat soos daardie hond is. Mense, selfs jou naastes, wat heel gemoedelik voorkom; mense wat jy vertrou. Dan, as jy nog dink om na hulle toe uit te reik, spring hulle skielik op en hap jou. Hoe gemaak met sulke mense? Vermy ’n mens hulle? ’n Mens mag tog seker jouself beskerm? Sny jy hulle bloot uit jou lewe? Soms is jy elke dag in die geselskap

van sulke mense. Hulle is kollegas, selfs seniors aan wie jy moet rapporteer, of familie. Jy geniet nie meer familiebyeenkomste nie, want jy moet koes vir die onverwagse happe wat jy weet gaan kom. Moet jy van werk verander? Moet jy die familiebyeenkomste vermy? Net soos skete, siektes en ongelukke deel is van kinders grootmaak, so is happende honde en geniepsige mense deel van menswees. Hulle is oral. Om hulle te vermy, is om die lewe te vermy. Die persoon (of Persoon) wat die onregverdigste ooit behandel was, is ons Here Jesus Christus. Hy het mense genees, hulle gevoed met brood en vissies, vir hulle gepreek en hulle geleer. Hoe bedank hulle Hom? Hulle skree: “Kruisig Hom, kruisig Hom!” Hulle vra dat ’n misdadiger in sy plek vrygelaat word. Hulle juig wanneer die spykers deur sy hande gedryf word. Hulle spot Hom en druk ’n doringkroon op Sy kop vas. Dit alles terwyl Hy swyg … en as Hy sy mond oopmaak, is dit om te bid: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen

nie.” Sy liefde is so oneindig genadig dat hy Malchus, ’n slaaf wat aan die kant was van diegene wat hom kom vang het, se oor met deernis genees – die oor wat Petrus afgekap het toe hy Hom, Jesus, wou verdedig. Hy beantwoord haat met liefde, verwerping met aanvaarding. Wat sou gebeur het as Hy hom onttrek het of as hy besluit het dat dit nie die moeite werd is om Sy lewe vir so ’n gespuis af te lê nie? Deesdae sien ’n mens al hoe meer slagoffers wat as gevolg van mensehappe verwond is. Hulle sit nie in ongevalle-afdelings nie, maar in psigiaters se spreekkamers. Hulle moet medikasie gebruik en terapie ondergaan. As ons ID’s maar net meer met dié van ons Meester ooreengestem het, met Sy liefdevolle oë, Sy genesende hande, Sy tong wat sagte woorde praat, Sy hart wat vol genade en vergifnis is. Maak ons U nederige volgelinge, o groot Geneesheer, sodat ons met U liefde na ander sal kyk. Ook na happende honde.

Met geduld kan iemand in ‘n magsposisie tot ander insigte gebring word; met ‘n versigtige benadering word weerstand afgebreek.” SPREUKE 25:15

www.solidariteit.co.za • Issue 1 of 2018

65


IN BEWEGING

BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse en Ettienne Pio (litigant) • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 071 144 4525 • Faks: 012 349 8580 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Tweede vloer, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Gibbs du Toit (litigant), Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Dana Viljoen (litigant), Fanie Vosloo en Morné Pienaar • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

NEWCASTLE • • • • •

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE

Deon Viviers • Administratiewe beampte: Helen Kay • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

66

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Eric Schoeman, Lucindi van Zyl ( junior litigant) en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336/1090 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat,Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK

Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS

RICHARDSBAAI

Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes, Jaco van den Berg en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Helgard Cronje, Annika Labuschagne, Alfie Hoole, Sulize Esterhuizen, Danie van Graan, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Wynand Strydom en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendrachtstr, Kloofsig

WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Candice Gerber • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


FOKUS OP JOU

LOOPBAAN

Lewenslange leer open loopbaandeure

Foto: iStockphoto.com

K

ennis is die sleutel waarmee talle deure oopgesluit kan word, veral deure in jou loopbaan. Op bladsy 10 het jy gelees dat ’n matrieksertifikaat alleen nie dieselfde geleenthede skep as bykomende opleiding nie en dat stagnasie die dood in die loopbaanpot is. Solidariteit is ’n voorstander van lewenslange leer om jou loopbaan met ’n opwaartse kurwe te laat aanhou groei. Solidariteit beskerm sy lede al sedert 1902 in die werkplek en ons groei saam met ons lede in hul behoeftes. Buiten vir die ekonomiese bestendigheid wat werk tot gevolg het, bepaal dit in ’n groot mate wie

DEUR CILLESTE VAN DYK

jy is en waar jy inpas. By Solidariteit glo ons in meer as net ’n goeie werk; ons glo in ’n betekenisvolle werk en loopbaan. Daarom dek die fokus op loopbane en loopbaankeuse ’n kardinale deel van die kennis wat jy moet hê. Ons beskou ’n goed betaalde, produktiewe en goed opgeleide werkersmag as ’n voorvereiste vir ’n suksesvolle gemeenskap en land. Om dit te bereik, fokus ons strategie daarop om deur middel van werkbeskerming, loopbaanontwikkeling, werkverskaffing en die bevordering van gelyke geleenthede ons lede met ’n goeie werk te help. Om ’n goeie werk in Suid-Afrika te kry, is kennis en vaardighede asook deurlopende leer noodsaaklik.


FOKUS OP JOU

LOOPBAAN

Wil jy aan volgende generasie help bou?

H

oe weet jy of die onderwys jou roeping is? Hoe besluit ek watter onderwysfase by my sal pas?

GRONDSLAGFASE Die grondslagfase strek vanaf die kleuter se ontvangsjaar tot graad 3. In dié fase bou jy as onderwyser aan die kind se etiese, sosiale en fundamentele grondslag. Vir onderrig in hierdie fase moet jy ’n voorliefde daarvoor hê om met jong kinders te werk en dit geniet om op ’n praktiese manier te onderrig. Selfs in hierdie fase moet die onderwyser ’n kenner wees van die leerareas van taal-, syfer- en lewensvaardighede. Geduld, kreatiwiteit en empatie is tipiese kenmerke van ’n grondslagfase-onderwyser.

INTERMEDIÊRE FASE Hierdie fase strek vanaf graad 4 tot graad 7. Die werkwyse is meer tegnies en akademiese vaardighede word meer gespesialiseerd bevorder. Die kennis en blootstelling is meer gedefinieerd en sluit Tale, Wiskunde, Wetenskap en Sosiale Wetenskap in. Die onderwyser moet die basiese beginsels van akademiese vaardighede ontwikkel. Die vakkennis van opvoedkundiges in die intermediêre fase is daarom meer uitgebreid. Omdat die behoefte aan onderwysers in hierdie fase so groot is, is die waarskynlikheid groot dat onderwysers tussen die verskillende leerareas gaan wissel. In hierdie fase is leerlinge meer selfstandig en meer bewus van hul omgewing.

Foto: iStockphoto.com

SENIOR EN VOO-FASE Die senior en VOO-fase is die fase waar jy klasgee vir leerlinge vanaf graad 7 tot graad 12. In dié fase is die onderwyser dus ’n vakspesialis wat leerlinge op hul loopbaan voorberei. Daar word gefokus op die integrasie van rou kennis van die vak en die oordrag van die kennis aan die leerlinge. In hierdie fase moet onderwy-

68

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

sers gemaklik wees met verandering, en vakaanbieding wat meer akademies en tegnies van aard is. Voorbereiding en genoegsame ondersteuning vir die leerling is noodsaaklik in hierdie fase.

HOE BEREI ONDERWYSERS LEERLINGE VOOR VIR HUL NASKOOLSE LOOPBAAN? Baie klem word gelê op die leerling se langtermynplan en in die skoolstelsel werk onderwysers saam om te verseker dat leerders hul doelwitte bereik. Voorleggings oor verskillende beroepsmoontlikhede en tersiêre instellings word aan die leerling gedoen sodat hulle ’n kundige keuse oor die toekoms kan maak.

HOEKOM DAN ONDERWYS? Onderwys is een van die mees bevredigende roepings. Jy maak ’n lewenslange verskil in en ’n indruk op ’n leerling se lewe. Die wonderlikste oomblik vir enige onderwyser is wanneer die kind wat sukkel daardie Aha-oomblik! beleef. Jy het deurgaans die geleentheid om jou kennis en vaardigheid op soveel terreine met ander te deel. Elke onderwyser het die verantwoordelikheid om ’n positiewe invloed op leerlinge uit te oefen en ’n verskil in die gemeenskap te maak. As geroepe onderwyser is jy deel van ’n bevoorregte groep wat die volgende

generasie bou en die toekoms daardeur wesenlik beïnvloed.

HOEKOM AROS? As Christelike privaat hoëronderwysinstelling lei Aros roepingsgedrewe studente op om ’n verskil in die onderwyslandskap te maak. Aros maak gebruik van ’n unieke onderrigmodel waar studentekontaksessies en e-leer as onderrigmodel gebruik word. Die verpligte kontaksessies vind op Vrydae of Saterdae op Aros se kampus in Waverley, Pretoria plaas. Deur die week vind skakeling deur middel van e-Klas (elektroniese klas op die internet) plaas. Dié onderrigmodel stel studente in staat om te werk terwyl hulle studeer. Daar word van studente verwag om vir bepaalde tye praktiese werk by skole te doen. Studente word vir die duur van hul onderwyspraktykwerk deur Aros by ’n skool geplaas (indien die student nie reeds by ’n skool betrokke is nie). Aros bied tans ’n B.Ed in Grondslagfase-onderwys, ’n B.Ed in Intermediêrefase-onderwys en ’n Diploma in Graad R-onderwys aan. ’n B.Ed-graad strek oor vier jaar. Dokumentasie vir die aanbieding van B.Ed Senior/VOO-kwalifikasies asook NGOS is onlangs by die departement van hoër onderwys ingedien en Aros hoop om teen 2020 met dié programme te begin.



FOKUS OP JOU

LOOPBAAN

Kry kennis en kundigheid met dié kursus

Foto’s: iStockphoto.com

P

otchefstroom Akademie bied ’n Hoër Sertifikaat in Ontwerp en Binneversiering vir die gemotiveerde individu wat belangstel in die uitdagings om nie net hul kennis te verbreed nie, maar dit ook as ’n moontlike beroepsgeleentheid te oorweeg. Dié NQF 5-korrespondensiekwalifikasie is ’n deeltydse kursus wat oor twee jaar strek en is deur die Raad op Hoër Onderwys geakkrediteer. Dit berei kursusgangers voor vir die kommersiële, residensiële en uitstalruimte-industrie. Die kursus is geskryf en ontwerp om omvattende opleiding oor die verskeie fasette van interieurontwerp en binneversiering te bied. Die uitkoms van die korrespondensiekursus is die suksesvolle integrasie van funksie en kreatiwiteit. Die kennis en kundigheid wat kursusgangers opdoen, gee hulle vleuels vir die

70

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

sakewêreld en open deure na geleenthede. Studente word bewus gemaak van die moontlikhede om beide die “ou” en “nuwe” kostedoeltreffend, funksioneel en esteties aanvaarbaar te inkorporeer in ’n ruimte, en sodoende aan die kliënt se behoeftes te voldoen. Die module-inhoud is gestruktureerd om die studente toe te rus met kennis oor die geskiedkundige invloed en ontstaan van ontwerp en style, wat bydra tot die besluitneming van toepaslike materiaal en afwerkings. Die emosies wat ’n persoon in ’n bepaalde binneruimte ervaar, weerspieël die sukses van goeie besluitneming en probleemoplossing in ontwerp, hetsy kommersieel, residensieel of elders. Alle areas van interieurontwerp en binneversiering wat belangrik is vir die oorkoepelende aanbieding van ’n kor-

poratiewe, residensiële of uitstalruimte, word in die 20 modules behandel. Die deeglike teoretiese grondslag stel kursusgangers in staat om die beginsels en kennis tydens projekte toe te pas. Die modules en opdragte is spesifiek op die toepassing van kennis gerig. Gedurende die twee jaar van die kursus kry kursusgangers die geleentheid om omvattende werkbare skemas aan te leer en interaktief deel te neem tydens vier afsonderlike werksessies. Tydens die werksessies kry studente blootstelling aan verskeie verskaffers in die bedryf. Die kursus dien as grondslag in enige area van spesialisering. Indien jy ’n passie vir ontwerp het en jou grense wil verbreed, sal hierdie kursus jou lei na onbeperkte hoogtes en ’n suksesvolle beroep in interieurontwerp en binneversiering.



FOKUS OP JOU

LOOPBAAN

Akademia se dinamiese studenteraad.

Slaggereed vir nog ‘n jaar van welslae DEUR ZYDELIA KLEINHANS

Foto: Verskaf

A

kademia se akademiese jaar het op ’n hoë noot afgeskop met die aanstelling van meer dosente en die nuwe dekaan, dr. Saretha Brüssow, wat in Januarie haar plek ingeneem het. Dié instelling, wat nou in sy sewende bestaansjaar is, groei teen ’n vinnige pas en elke jaar word Akademia se aanbod groter en beter. Met die klasse wat volstoom aan die gang is, ’n mentorskapprogram vir studente wat afgeskop het en ’n dinamiese studenteraad wat reeds hul strategiese planne vir die jaar implementeer, sien die instelling uit na ’n ongelooflike jaar van akademiese suksesse en talle eerstes. Met bykans ’n duisend studente wat geregistreer het om in 2018 hul studies by Akademia te begin of voort te sit, is ’n

72

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

mylpaal reeds behaal nadat Akademia in 2017 sowat 720 ingeskrewe studente gehad het – ’n verdubbeling van die vorige jaar se syfers. Die instelling se voetspoor het ook verlede jaar na dertien studiesentrums uitgebrei, met nuwe sentrums in Port Elizabeth en Windhoek. Dit beteken meer studente – landwyd en in Namibië – het die geleentheid om in hul moedertaal, binne ’n veilige omgewing in hul gemeenskap, gehalte hoër onderwys te ontvang. Vanjaar verwelkom Akademia hul eerste studente by dié studiesentrums. Hierdie groei in studente- en personeelgetalle is tekenend van Akademia se suksesresep, wat met elke akademiese jaar verbeter en verfyn word. Hierdie jaar is die fokus daarop om selfs meer ondersteuning aan die akademiese

korps en studente te bied, en om in die toekoms nog studiesentrums te open. Verder beoog die instelling om die beplanning en onderhandeling vir verdere kwalifikasies en nagraadse diplomas te aan te pak en ’n voorlegging vir ’n residensiële kampus by die direksie in te dien. Met al hierdie groei en ontwikkeling, is dit gepas dat Akademia ook eersdaags ’n nuwe baadjie aantrek. Hou die media dop vir opwindende nuus in hierdie verband. Voornemende studente en lede van Solidariteit word uitgenooi om later in die jaar een van twee opedae by Akademia se studiesentrums by te woon, en meer te leer oor hoe die instelling se unieke hoëtegnologie-onderrigmodel, gepas vir die werkende student, bydra tot gehalte kwalifikasies.



PROMOSIE

Vir meer inligting oor Medihelp se voordele-opsies, besoek www.medihelp.co.za of SMS die woord “kontak” na 32291.

Kies die regte opsie vir jou Jy moet elke jaar bepaal of jy en jou gesin steeds die regte mediese dekking het wat by julle veranderde gesondheidsorgbehoeftes pas, en dit kan ’n ingewikkelde proses wees. Medihelp het dit vir jou maklik gemaak deur ’n opsomming van die verskillende tipes mediese dekking saam te stel sodat jy ’n ingeligte besluit oor dié allerbelangrike saak kan neem.

M

ediese skemas het verskillende planne om van te kies. Dit is belangrik om jou maandelikse premie op te weeg teen die hoeveelheid en soort voordele wat jy ontvang. Gelukkig is daar geakkrediteerde mediesefondsadviseurs beskikbaar om jou hiermee te help. Hul dienste is gratis en hulle moet ’n verskeidenheid planne van verskillende mediese skemas aan jou voorlê en verduidelik. Hier is ’n kort opsomming van die soorte planne wat beskikbaar is:

Foto: iStockphoto.com

DIE OMVATTENDE PLAN Dié plan dek byna alle mediese uitgawes, insluitend behandeling in ’n hospitaal en dag-tot-dag-uitgawes soos dokters, tandartse en oogkundiges. Medihelp se Dimension Prime 3opsie bied sulke omvattende voordele. Daar is ook ’n netwerkalternatief van dié opsie beskikbaar, waar jy 20% minder betaal op voorwaarde dat jy sekere mediese dienste by ’n netwerk van

74

Uitgawe 1 van 2018 • www.solidariteit.co.za

gehalte verskaffers moet kry. Die netwerkalternatief kos slegs R2 352 per maand vir ’n hooflid.

MEDIESE SPAARREKENING Die mediese spaarrekeningplan bied omvattende hospitaaldekking terwyl dag-tot-dag-uitgawes uit ’n spaarrekening betaal word. Jy dra maandeliks by tot die spaarrekening en jou totale jaarlikse bydrae is vooruit beskikbaar vir mediese uitgawes deur die jaar. Enige krediet wat aan die einde van die jaar in die spaarrekening oorbly, word na die volgende jaar oorgedra. Die Unify-opsie is Medihelp se antwoord indien jy ’n mediese spaarrekeningplan verkies. Unify bied voordele vir hospitalisasie en dag-tot-dag-uitgawes en het ’n hoë 25%-spaarrekening. Die ledegeld vir ’n hooflid beloop net R2 088 per maand.

NETWERKPLANNE Hierdie planne bied basiese dag-tot-

dag-dekking teen bekostigbare tariewe, vir dienste wat by spesifieke netwerkverskaffers ontvang moet word. Dié verskaffers verskil van skema tot skema. Die ledegeld word volgens jou inkomste bereken. Necesse is Medihelp se inkomstegebaseerde netwerkopsie wat ook ’n inkomstekategorie vir voltydse studente insluit. Dié opsie, wat ’n landwye netwerk van 124 hospitale en 1 864 dokters gebruik, kos slegs R474 per maand vir ’n student.

HOSPITAALPLANNE Hierdie soort planne dek net behandeling wanneer jy gehospitaliseer word en jy is self verantwoordelik vir jou eie dag-tot-dagmediese uitgawes. Medihelp se Dimension Prime 1-opsie is ’n hospitaalplan, maar bied ook bykomende voordele vir geringe dag-tot-dag-uitgawes en voorkomende sorg. Die ledegeld vir ’n hooflid is R1 728 per maand.




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.