Solidariteit Tydskrif | Uitgawe 1 van 2019

Page 1

Ons

D

!

EN

En jy? Uitgawe 1 van 2019 w w w . s ol id a r ite i t. co. za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

Deel van die Solidariteit Beweging




01/2019

Nuuswaardig 10

Verguis, veroordeel & vrygespreek

12

Regstappe ná BLF-rasuitsprake

13

Mngxitama se moordmandaat

13

Vliegverbod lê lugdiens lam

14

Solidariteit se lede hou die ligte aan

16

Vergoeding vir velkleur

18

Ra(a)spolisie se monde weer gesnoer

18

Commentator nót racist, rules court

18

Solidariteit mag hof toe oor Sasol

20

Doen goed, want dit doen jóú goed

22

Begroting 2019 is meer steek as soet

Elana Barkhuizen is sterker as ooit! Maasdorp “verlekker” hom in sterftes BLF-leier moedig moord op wittes aan

Baie by CemAir dalk hul werk kwyt

Vakbond help met Eskom-vaardighede

Discovery Bank: Wittes kry nie aandele Twee rashofsake, twee oorwinnings

R990 000 in damages for Van den Berg Skema wat wittes uitsluit, aangevat

Slaan munt uit onbaatsugtige opoffering

Van Trevor se pruime tot Tito se aalwyn

Industry news 24

Hlaudi Motsoeneng moet hoes

25

SAUK-werknemers hou eers poste

26

Sequestration of Zuma welcomed

26

Amcu striking themselves into poverty

26

Sibanye issues section 189 notice

27

NGV sal land net armer, sieker maak

27

Afleggings dreig by South32-smeltery

Geen skuilplek agter hofprosesse oor Uitsaaier al dieper in die geldknyp

Renewed hope for answers on Aurora

Violence; houses burnt to the ground

More than 6 600 could lose their jobs

Gesondheidsplan prakties onmoontlik

Kan impak op 30 000 lewens hê

28

Inderdik bring hoop vir SAPD-lede

28

Ruling against General a breakthrough

29

Beroepsgildes jou werkvennoot

29

Maatskaplike werkers kry hul eie gilde

30

Verpleegsektor in bedenklike toestand

31

Shorter internship proposal welcomed

32

Solidariteit se insette op wetwysigings

Bevordering van NSF-lede tydelik gestop Racist remarks lead to dismissal

Stap die pad saam na meesterskap

Waghond vir dié wat met weerloses werk

Al minder tree jaarliks toe tot beroep

“Wasted time” may be reduced to a year

Vakbond sê oor beserings, siektes


{

“Resultate en opbrengste kom nie vanself nie. As jy doen, moet jy kragtig doen.” ~ HANNES NOËTH ~

in Beweging 36

Beweging belyn buitelandse bande

40

Akademiese grofgeskut vir Akademia

42

Môre begin vandag by Sol-Tech

44

Plaasgemeenskappe veg al meer terug

45

Hoop die brandstof vir toekomspad

46

Eerste tassie-ontvangers in matriek

Internasionale skakeling uitgebrei Akademiese hoof, drie nuwe dekane Voortgebou op gehalte, uitnemendheid

Veiligheidstrukture bal ystervuis landwyd

Só gaan AfriForum sy fokus verskerp

44 810 kry afgelope 12 jaar ’n tassie

47

Diamante tussen die gruis

50

Wolkskool doen baanbrekerswerk

52

Afrikaanse matrieks blink steeds uit

62

Kom maak jou tuis in jou hartstaal

63

Grensverskuiwend Afrikaans

71

Uitsonderlike werk oor die Groot Oorlog

65

My gesin

66

My work

68

Webwys

70

Histories gesproke

72

in Retrospek

73

Solidariteit-kantore

Gereeld 08

SpreekBuys – Flip Buys

54

My rights

55

Leer meer

56

Volkleur – Chris Chameleon

60

Solidarity Benefits

64

My geld

Só lyk Solidariteit-stad van 2030 Minimum wages: What you should know Verandering vereis volgehoue leer

Onafwendbare omwenteling

Serving & protecting our members

Inflasie, wisselkoerse en koopkrag

Helpende Hand skep kragdadig hoop Afstandsonderrigplatform ’n eerste Deurvloeisyfer wek kommer – SOS

Kuier, klets en kook in Afrikaans

1,55 miljoen unieke lesers vir Maroela

Kraal-publikasie verkoop blitsvinnig

Maak elke oomblik gehaltetyd Leave your work at the office Sosiale media: Privaatheid vs gerief

Só het Eerste Vryheidsoorlog verloop

Hy omskep bitterheid in blydskap

Ons is landwyd tot jou diens!


Redakteursbrief Tien doendinge

• Laat al jou vriende by Solidariteit aansluit. Maak jou stem dik in die werkplek en ondersteun ons veldtogte om onder meer rasboelies aan die pen te laat ry. • Sluit by AfriForum aan en help die plaaslike tak om die gemeenskap te beveilig. • Lees Maroela Media en help om nuwe Afrikaanse inhoud vir Wikipedia te skep. Só bou jy aktief aan ons digitale taalskatkamer. • Stig ‘n studiefonds of dra by om ‘n behoeftige se studiedrome te bewaarheid. • Word ‘n Helpende Hand-ondersteuner. Jou bydrae sal onder meer ‘n gebalanseerde bord kos vir ‘n kleuter, ‘n skooltassie vir ‘n graadeentjie of sanitêre doekies vir ‘n skoolmeisie moontlik maak. • Koop Afrikaanse boeke by Kraal Uitgewers en leer terselfdertyd meer oor ons erfenis, historiese gebeure en mense. • Sluit by een van die vakverenigings van die Skoleondersteuningsentrum aan en help ons om onderwys van gehalte aan ons kinders te verseker. • Steun die FAK om ons geskiedenis, wat dikwels gekriminaliseer word, terug te neem. • ‘n Mens is nooit te oud om te leer nie! Skerp jou kennis op deur ‘n seminaar, webinaar of kursus deur S-Leer te volg. • Word deel van ‘n beroepsgilde en ontvang loopbaangerigte ondersteuning.

Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, ’n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat.” ~ 1 PETRUS 2:15 ~

WAAR JY IS

O

ns het hierdie jaar weer afgeskop met gedeeltelike duisternis weens Eskom en beurtkrag. Die ongerieflike beurtkragskedules was op almal se lippe en Facebook-profiele. Dit tref ‘n mens mos reg in die middel van die besigste tyd ná werk, wanneer jy moet kos maak, kinders bad of gou daardie bondel wasgoed in die wasmasjien moet gooi omdat jy nie ’n skoon hemp vir môre het nie. Hierdie is maar een van honderde voorbeelde van die uitdagings wat ons in Suid-Afrika in die gesig staar. ’n Mens is dikwels geneig om jou so in die probleem vas te staar dat jy nie eens ’n oplossing oorweeg nie, of jy besluit die probleem is te groot vir jou om op te los, of die oplossing verg te veel. En dan los jy dit eerder. Dit is juis hier waar die krag van die gemeenskap die verskil kan maak. Maar nou dink jy, my gemeenskap? My gemeenskap kan nie eens saamstem oor die klein goedjies soos watter buurtwagmaatskappy ons vir ons omgewing se beveiliging moet aanstel nie. Hier is die geheim: As jy net doen wat jy moet doen, waar jy is, maak jy reeds die verskil wat nodig is as deel van die oplossing. Ek gebruik graag die voorbeeld van ’n onderwyser. As jy goed voorberei vir jou les en jy pak jou werk (wat ’n positiewe gemoed ook insluit) met ywer aan om die beste onderwyser te wees wat jy kan wees, maak jy ’n verskil. Die kinders in jou klas sien en deel later jou passie. Ek kan self onthou dat die vakke wat my gunsteling was, ook die vakke was waarin die onderwysers die meeste moeite gedoen het en ’n passie vir hul vakgebied gehad het. Met só ’n onderwyser in byvoorbeeld ’n vak soos wetenskap, neem die leerlinge meer in, en presteer hulle ook beter. ’n Kind wat in só ’n klas sit, leer nie net oor wetenskap nie – hy of sy leer ook die etiek van goeie, harde werk en 01 / 2019

6

www.solidariteit.co.za

die waardes wat ons gemeenskap deel, soos respek vir ’n onderwyser (en later sy werkgewer). Op dié manier word die werknemers van die toekoms gekweek. As daardie kind later ’n grootmens word wat die werkplek kan betree by ’n “Eskom” of enige ander werkgewer, sal hulle uitnemende werknemers met ’n hoë werketiek wees. Hulle kennis verseker dat hul werk van hoogstaande gehalte is, etiek maak hulle betroubaar en hul waardes maak dat hulle hul kollegas regverdig sal hanteer. Kan jy sien wat die rimpeleffek is wanneer jy doen wat jy moet doen, net daar waar jy is? Jy mag dalk dink dat jou werk of betrokkenheid in die gemeenskap nie noodwendig so ’n groot impak maak nie, maar ek wil jou vandag bemoedig dat dit wel ’n verskil maak, hoe klein ook al. Dit is juis die klein bietjies wat saam baie maak. Dit is hoe ’n groot probleem bietjie vir bietjie opgelos word. Ons het einde verlede jaar die mylpaal van 100 uitgawes van Solidariteit Tydskrif gevier en skop uitgawe nommer 101 én die nuwe jaar af met ‘n splinternuwe baadjie. Ons het behoorlik gedink en beplan oor hoe ons jou leeservaring van dié spogproduk – jóú tydskrif – nog lekkerder kan maak en jou terselftertyd ingelig kan hou oor die wonderlike werk wat die instellings van die Solidariteit Beweging doen. Ons glo en vertrou dat jy die nuwe voorkoms en verpakking van die leesstof sommer baie gaan geniet. Laat weet ons gerus wat jy dink en waaroor jy graag meer sal wil lees. Skop jou skoene uit, lees saam, gesels saam, maar bowenal: doen saam! Want Solidariteit het jou nodig. En ons kinders en hulle kinders verdien ‘n land waar hulle vry, veilig en voorspoedig kan leer, lag, woon en werk.

Cilleste CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR


Solidariteit-hoofkantoor Solidarity Head Office H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za Redakteur | Editor Cilleste van Dyk Webredakteur | Online Editor Lindie de Beer Advertensies | Advertisements Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za

Bloedneus vir boelies

Ons kuier by Elana op bladsy 10.

Gespreksgenote “It is unfortunate that we live in an age where others fail to respect that we are all human and deserve to be treated that way. I respect everyone that stands up to fight for what is right. Elana, you have my support and best wishes.” ~ Carlos Batista

FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE & ISTOCKPHOTO.COM

Tiny lady, huge hiding

Intekenare | Subscriptions Heleen Nortjé Rekeninge | Accounts Jaco Bisschoff

Elana Barkhuizen is ’n merkwaardige onderwyser en mens wat nie verdien om in die middel van ’n politieke spel te wees nie. ’n Rasherrie het losgebars nadat Barkhuizen ’n foto van een van haar kollegas se klaskamer by die Laerskool Schweizer-Reneke op ’n WhatsApp-groep gedeel het. Solidariteit het haar suksevol verteenwoordig en sy is vandag terug in haar tuisdorp. Só het Solidariteit se Facebook-vriende gereageer: We are all human

Advertensie-ontwerp | Advertisement design Martie Maree

Absolute heksejag

“Selfs die swart ouers was geskok en wou hê Elana moes terugkom! ‘n Absolute heksejag.” ~ Dienks de Hoog

Political game

“Racism will never end. Politicians use this to their advantage before the elections.” ~ Elizabeth Jacobs

Medewerkers | Contributors Dawid Brand, Wilmarie Brits, Phillip Bruwer, Flip Buys, Chris Chameleon, Reint Dykema, Inge Janse van Rensburg, Reon Janse van Rensburg, Elaine Krige, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Martie Maree, Paul Maritz, Connie Mulder, Dems Nel, Ilze Nieuwoudt, Hannes Noëth, Appie Pienaar, Alet Pretorius, Morné Prinsloo, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Mia Slabbert, Mandy-Michelle Thackwray, Juran van den Heever, Cilleste van Dyk, Suné van Heerden, Rozier van Tonder, Hanlie van Vuuren en Zydelia Venter. Uitleg, ontwerp & redigering | Layout, design & editing

“Fantastic. A white, blonde, tiny lady giving the whole lot of idiots a hell of a hiding. I know there are lots of people who will stand right next to you. You go girl!” ~ Liz Woest

Ousting white children

“It’s an ongoing ANC agenda causing differences where there are none. Trying to get all white children out of schools to be replaced.” ~ Brian Wiltshire Snr.

www.aksentmedia.co.za

Onbevoegde LUR moet waai

Playing the race card

Verspreiding | Distribution Prosort

“Patetiese optrede van ’n onbevoegde LUR! Hy moet ondersoek en van sy amp onthef word.” ~ Chris Smit

Veldtogte

“Political opportunism by the ANC to score points for the coming election. Playing the race card.” ~ Louis le Roux

VOEG JOU STEM BY DIE STRYD! BESOEK WWW.SOLIDARITEIT.CO.ZA

Eskom-krisis raak die hele land. Ons begin ‘n kennisbank om kundiges terug te lok.

Discovery Bank beloof aandele aan sy kliënte – maar net as jy swart is!

BLADSY 14

BLADSY 16 www.solidariteit.co.za

7

01 / 2019

Drukwerk | Printing Paarl Media Gauteng

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie (ABC) en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir aansprake deur adverteerders nie.


SpreekBuys

Argitekplan

SÓ LYK SOLIDARITEIT-STAD VAN 2030

J

are gelede het iemand in Europa vir drie bouers gevra waarmee hulle besig is. “Ek messel hierdie muur,” het die eerste bouer moeg gesê. “Ek bou aan ’n katedraal,” het die tweede bouer opgewek geantwoord. “Ons bou aan die Westerse Christendom,” het die derde bouer begeesterd vertel. Drie bouers, drie antwoorde, maar ’n reuse-verskil in die omvang van hulle lewensuitkyk. Hoe groter ons dink, hoe groter kan ons doen. ’n Gebou kan nie opgerig word sonder ’n argitekplan nie, en geen bouer sal energiek wil saambou as hy nie die groter plan sien waaraan hy bou nie. Dis daarom nodig dat ons kyk na die groot prentjie van die “geboue” waarmee ons by die Solidariteit Beweging besig is. Dit is veral belangrik omdat al meer mense bekommerd raak dat “Gebou SA” plekplek inmekaarstort, en dalk heeltemal op ons en ons kinders se toekoms kan inplof. Daarom moet ons die verval help keer, terwyl ons vinnig aan oplossings bou.

Gemeenskapskrag

Dink net wat ons in ’n rekordtyd kan vermag as al 500 000 lede van ons Beweging geesdriftig begin saambou aan die argitekplan van die Solidariteitstad waarmee ons besig is. Met soveel lede is ons reeds een van die grootste organisasies in die land, naas die ANC en Cosatu. As elke lid se gesin bygetel word, is ons seker al meer as 2 miljoen mense. Onthou ook dat ons lede meer “weeg” as wat hulle “tel”, vanweë hulle hoë vlakke van kundigheid en sleutelvaardighede. Die geskiedenis het al soveel

DEUR FLIP BUYS

keer bewys dat gemeenskapskrag sterker is as staatsmag. ’n Bouprojek moet ’n teikendatum hê, wat opgedeel kan word in dele wat gouer klaar sal wees, en ander wat langer kan neem. Kom ons neem 2030 as ’n voorbeeld van ’n teikendatum, en werk dan terug om te kyk waaraan en hoe vinnig ons vandag moet bou!

Stad van 2030

Daar is baie probleme in die land en een “gebou” is nie genoeg nie. Die oplossing moet immers groter wees as die probleem. ’n Hele “stad” vol geboue is dus nodig. Die doel van die Solidariteit Beweging se “stad” is om die infrastruktuur te skep wat nodig is vir ons as gemeenskap om volhoubaar vry, veilig en voorspoedig in Suider-Afrika te kan voortbestaan. Die argitekplan vir hierdie infrastruktuur behels dus bouplanne vir werk, onderwys, opleiding, veiligheid, asook maatskaplike, ekonomiese en kulturele infrastruktuur. ‘n Omvattende bouplan is nodig omdat die bestaande infrastruktuur van die staat in verskillende stadiums van verval is, en omdat ons, weens ons ras, in praktyk nie in daardie geboue toegelaat word nie. Die doel van ons eie geboue is nie om onsself te probeer isoleer nie, maar om dit moontlik te maak om saam in Suid-Afrika te bly. Elke gesin bou mos sy eie huis sodat hy veilig saam met sy bure in die gemeenskap kan bly. As ons nie vinnig hiermee vorder nie, gaan die nuwe geslag die land verlaat vir groener en gelyker weivelde waar dinge nie platval nie en die staat se “geboue” werk en oop is vir almal. Maar hoe gaan hierdie argitekplan lyk as hy klaar gebou is? 01 / 2019

8

www.solidariteit.co.za

Werkende dorpe en stede

Die eerste punt is werkende dorpe en stede. Die Beweging het AfriForum die verantwoordelikheid gegee om as ’n eerste fase op sowat 30 dorpe en stede se dienste te fokus. Die doel is om dorpsforums te stig wat eintlik “skadustadsrade” is wat dienste gaan lewer wat die staat nie kan of wil lewer nie. Dié forums gaan onder meer veiligheid, onderwys, munisipale dienste, werkverskaffing, die ekonomie en maatskaplike hulp koördineer. Hierdie projek skop eersdaags af met loodsprojekte in sewe dorpe.

Pad van werk

Solidariteit ontwikkel ’n “pad van werk” wat vanaf skool tot aftrede sal strek, en duisende mense met ’n goeie werk sal help. Hierdie pad sal deur die hele Solidariteit-“stad” loop, met bane vir beroepsgildes, minderheidsvakbonde en verdere beroepsleer.

Veiligheid

AfriForum se veiligheidsmaatskappy word uitgebrei om misdaad onder beheer te bring in die dorpe waar hulle sterk strukture het, in samewerking met die polisie en privaat sekuriteit.

Onderwys

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is saam met ander onderwysorganisasies met opwindende planne vir ’n bekostigbare Afrikaanse privaatskoolstelsel besig. Die eerste fase, genaamd Die Wolkskool, is ’n “skole-Akademia” waar kinders aanlyn kan skoolgaan of ekstra klasse kan ontvang.


Opleiding

Sol-Tech word uitgebou tot ’n omvattende beroepskollege wat die meer as 70% jongmense wat nie universiteit toe gaan nie, in ’n verskeidenheid beroepe moet oplei. Sol-Tech het vanjaar begin om oorbruggingskursusse vir jongmense wat nie ’n tegniese matriek het nie aan te bied op Naboomspruit, Worcester, Klerksdorp, Wolmaransstad en Bethlehem.

ONS ARGITEKPLAN

Stad van 2030

Akademia

Akademia word uitgebou tot ’n wêreldklasuniversiteit in Afrikaans, waar ons kinders gehalte hoër opleiding in ’n veilige omgewing kan kry. Studente sal by die groot hoofkampus in Pretoria, of een van die landwye streeksentrums kan studeer. Akademia sal ook bande met van die voorste universiteite in die wêreld sluit om internasionale standaarde te verseker.

Studiefonds

Almal wat wil, moet kan. Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum moet groot genoeg wees om almal wat wil, rentevry te laat studeer.

Beroepstoetse

’n Beroepstoetsstelsel word ontwikkel om al ons lede en hul gesinne se beroepsaanleg en -belangstelling te toets, om hulle te help om in die regte studierigting te studeer.

Maatskaplik

Helpende Hand skep die maatskaplike infrastruktuur om vanaf skool tot ná aftrede bystand aan verdienstelike hulpbehoewendes te bied.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM • GRAFIESE VOORSTELLING: MARTIE MAREE

Kapitaalkrag

Ons Beweging se grootste uitdaging is om “staatsdienste” sonder staatsinkomste en ’n staatsdiens te lewer. Genoeg kapitaal is onontbeerlik. Daarom word ons finansiëledienstemaatskappy uitgebou tot ’n nuwe “Sanlam”, wat ons lede se gesamentlike koopkrag in hul eie belang kanaliseer. Benewens die Virseker-projek word daar ’n eiendomsbeleggingsmaatskappy gestig met die doel om geboue vir Akademia en later vir skole op te rig. Die doel hiervan sal wees om vir ondersteuners ’n bestendige opbrengs én ‘n kulturele dividend in die vorm van goeie onderwys en opleiding te kan bied.

Afrikaanse media

Maroela Media is nou die grootste selfstandige Afrikaanse aanlyn publikasie, met 1,55 miljoen unieke maandelikse besoekers. Daarby het ons vennoot-

skappe met ’n landwye netwerk onafhanklike gemeenskapsradiostasies wat ons gemeenskap wêreldwyd saambind.

Geskiedenis en identiteit

Die FAK is getaak om Afrikaners se geskiedenis “terug te vat” en te normaliseer, omdat dit deur vyandige politici gekriminaliseer is. Mense moet weer trots gemaak word op ons kultuur en identiteit.

Kulturele ambassades

Buitelandse kulturele “ambassades” moet gestig word. Die doel is om praktiese steun vir die bouplan van die Solidariteit-“stad” te kry. Daar is geen rede waarom ons nie ook kan deel in die miljarde rande wat die VSA en Europa na Afrikalande kanaliseer nie.

Sakekamers

Ons moet hande vat met onafhanklike vennote soos Sakeliga, wat sakelui landwyd in sakekamers organiseer om hulle suksesvol, staatsbestand en gemeenskapsgerig te maak.

Geregtigheid

Ons sal bly veg vir geregtigheid en gelykheid. Die regering se ras-ideologie, dubbele standaarde, onteiening sonder vergoeding en ander sosialistiese beleidsrigtings bedreig almal in die land. Ons moet met buitelandse druk, hofsake, protes en druk van graderingsagentskappe sorg vir geregtigheid en balans.

Nasionale raad

Die gemeenskapsforums wat in dorpe en stede gestig word, kan later saamgevoeg word in ’n Nasionale Gemeenskapsraad. www.solidariteit.co.za

9

01 / 2019

Hierdie raad kan as ’n sentrale “adres” van Afrikaners dien, wat noodsaaklike dienste lewer en met die regering ooreenkomste oor knelpunte kan sluit.

Kantonne

Dit is selfs moontlik dat van die suksesvolste gemeenskapsforums op dorpe en in stede tot kulturele “kantonne” kan ontwikkel met ’n groot mate van selfstandigheid. Die Grondwet bied ruimte hiervoor, mits dit prakties sterk genoeg uitgebou is sodat dit deur die owerheid erken moet word.

Samewerking

Ons strategie is gegrond op “saamtrek en saamwerk”. Ons wil Afrikaners saamtrek, maar wil ook met die owerheid en ander gemeenskappe saamwerk. Met ander woorde binding na binne en brugbou na buite. Ons wil dus nie net ’n stad met baie geboue in bou nie, maar ook paaie en brûe na die res van die land. Ons sal streef na ’n soort “kulturele akkoord” wat voorsiening maak vir goeie verhoudings gegrond op wedersydse erkenning en respek, gelyke behandeling van almal, en ruimtes vir kultuurgemeenskappe om hul identiteit te bevorder. Hoewel die regering op die kort termyn nie van sommige van ons planne mag hou nie, pla dit nie. Ons vra nie hulle toestemming vir die nastrewing van ons demokratiese regte nie, en sal ná die tyd erkenning kry vir wat ons in die praktyk gebou het. Ons sal dít wat ons van ons voorouers geërf het, bewaar en verbeter, en die fakkel dan veilig aan die volgende geslag gee om verder te dra. • Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.


Nuuswaardig

Elana Barkhuizen sterker as ooit!

VERGUIS, VEROORDEEL

vrygespreek DEUR MIA SLABBERT

N

twee dae van oriëntering en ontmoeting. Daar was groot opgewondenheid en baie glimlagte. Barkhuizen was self in graad 1 in Laerskool Schweizer-Reneke en het as graad R-onderwyser saam met haar eie laerskoolonderwysers klasgegee. “Dit is moeilik om vir mense te verduidelik hoe vreemd dit vir my is om my naam en gesig in die media te sien. Ek was nog altyd die een agter die skerms of agter die reëlings. Ek was nog nooit eers in Johannesburg se middestad nie. Hierdie proses is baie vreemd vir my, maar is beslis ’n groot leerskool, en my span by Solidariteit is ongelooflik sterk én goed vir my,” het Barkhuizen gesê. Vandag lyk die prentjie egter heel anders. Barkhuizen het onlangs saam met Solidariteit haar stryd in die arbeidshof gewen en haar onwettige skorsing is tersyde gestel. Barkhuizen is nou “Nooit in my wildste drome sou ek by die huis – ’n kon dink dat ek, ’n plaasmeisie van huis wat spreek van en omgee. Schweizer-Reneke, hierdie bitter hoofstuk liefde Haar hele huis deel van my lewensboek sou maak nie.” se mure hang vol foto’s wat ’n storie vertel van goeie herinneringe, noue Begin vanjaar het dié blondekop familiebande en daar is foto’s van juffrou, wat haar hele lewe nog in glimlaggende kindergesigte. Schweizer-Reneke woon, haar nuwe “Ek was onlangs vir die heel eerste klassie en hul ouers verwelkom tydens

FOTO’S: MIA SLABBERT

et enkele weke gelede was sy landwyd hoofnuus: Elana Barkhuizen – rassis, vyand en verdeler. Dit is slegs sommige van die woorde wat voor die 36-jarige Barkhuizen se kop gegooi is nadat sy ’n foto van een van haar kollegas se klaskamer by die Laerskool Schweizer-Reneke op ’n WhatsAppgroep van die skool se ouers gedeel het. Haar wêreld is eensklaps op sy kop gekeer toe sy, eintlik maar net ’n gewone plaasmeisie, skielik in die media se visier gekom het wat soos bloedhonde op haar spoor was. “Nooit in my wildste drome sou ek kon dink dat ek, ’n plaasmeisie van Schweizer-Reneke, hierdie bitter hoofstuk deel van my lewensboek sou maak nie,” het Barkhuizen gesê.

01 / 2019

10

www.solidariteit.co.za


keer ná die voorval in Spar gewees. Schweizer is ’n klein dorpie waar almal mekaar ken. Dit is ongelooflik om te sien hoe mense twee keer kyk om te sien of dit jy is. Dit is baie vreemd,” het Barkhuizen skaam gesê. Vir Barkhuizen was een van die grootste uitdagings om haar familie in hierdie moeilike tyd te beskerm. “Vir baie mense was ek net die vrou op die koerant se voorblad, maar in werklikheid is ek iemand se vrou en twee pragtige kinders se mamma, mense wat onskuldig by hierdie hele ding betrek is. Die media het alles probeer, en probeer steeds, om my gesin by die storie te betrek, maar mense besef nie die skade en gevaar wat dit inhou nie. Ek staan op teen ongeregtigheid, maar ek staan ook op vir my gesin,” het Barkhuizen gesê met dieselfde vlam in haar oë wat sy gehad het toe sy die media tydens haar heel eerste mediakonferensie in Centurion toegespreek het. Die afgelope paar weke van haar lewe was nou wel ongewoon, maar Barkhuizen vervul haar rol as ma en versorger steeds natuurlik. “Toe ek by die huis stop en my man in die oprit sien, het ons albei net in trane uitgebars. Dit moes seker baie vreemd gelyk het, maar die realiteit van die hel wat ons die

afgelope ruk deurgemaak het, en die feit dat my man nie langs my kon staan en saam met my die stryd kon voer nie, was in daardie oomblik net te groot. “Ons is nou dankbaarder vir mekaar as ooit tevore en ons het daardie aand net ons harte vir mekaar oopgemaak. Dit is ongelooflik hoe baie emosie ’n mens in ’n kort tydjie in jou hart kan ophoop. Toe ek hom sien, toe weet ek sommer ek is weer tuis,” het Barkhuizen gesê terwyl sy haar man met groot vreugde in die oë kyk. “Dit was die moeilikste tyd van my lewe, maar ek is vandag sterker as ooit tevore.”

ELANA SE HUIS IS PROPVOL FOTO’S EN VERSE, MAAR VERAL VRAGTE VOL LIEFDE.

11


Nuuswaardig

LUCILLE OLIVIER, EEN VAN DIE SKOOLGEMEENSKAP SE OUERS.

REGSTAPPE NÁ BLF-RASUITSPRAKE Walglike “verlekkering, viering” ná vier leerders tragies in brugramp by Hoërskool Driehoek sterf DEUR WILMARIE BRITS & CILLESTE VAN DYK

FOTO’S: MIA SLABBERT

S

olidariteit het in Februarie aangekondig dat hy namens verskeie ouers van die slagoffers van die Hoërskool Driehoek-brugramp ’n klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), asook by die gelykheidshof teen lede van Black First Land First (BLF) gaan lê. Verder het die vakbond ook ’n klag by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingedien wat vra dat die BLF nie toegelaat word om aan die komende verkiesing deel te neem nie (lees ook die artikel op bladsy 13). Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Solidariteit ’n mandaat van verskeie van die ouers ontvang om namens hulle met regsaksie teen die BLF en sy leiers te begin. “Ek as ouer en Suid-Afrikaner is absoluut gewalg deur lede van die BLF en Lindsay Maasdorp se uitsprake van verlekkering en viering op sosiale media ná die nuus dat vier wit kinders in die ongeluk dood is,” het Lucille Olivier, een van die skoolgemeenskap se ouers, gesê. Dit volg nadat Maasdorp, die BLF se woordvoerder, die dood van die kinders op sosiale media gevier het. “I would ‘mourn’ the deaths of the victims if they turned out to be black but ‘celebrate’ them if they were white.” Hy voeg ook by: “If our God has finally intervened and our ancestors have petitioned and seen that these white land thieves have

DR. DIRK HERMANN SPREEK DIE MEDIA TOE.

now died then I definitely celebrate it. I celebrate the death of our enemies, their children, their cats and their dogs. That is our position.” Hermann het beklemtoon dat rassehaat deur randfigure nie daar gelaat mag word nie, want wanneer dit net gelos word, word dit die norm. “Die regstelsel is ontwerp vir die uitsondering, nie die norm nie. Dit is juis vir mense soos Maasdorp ontwerp. Die regstelsel straf nou sodat die volgende onbekende slagoffer teen die randfiguur beskerm word. Ons moet die volgende onskuldige slagoffers beskerm teen die pyn en trane weens die BLF se rassehaat,” het Hermann gesê. By die mediakonferensie waar Solidariteit sy beplande stappe teen die BLF bekend gemaak het, het Olivier gesê daar is nie woorde om dié seer te beskryf nie, maar sy het tereg ook gesê dat die tragedie vir seker nie ’n rasgebonde tragedie is nie. “Wit en swart kinders het seergekry; wit en swart kinders het saam gehuil. Hulle almal is óns kinders en dit is ons álmal se tragedie,” het sy gesê. Volgens Hermann is Solidariteit se regsaksie drieledig. Die vakbond begin met ’n klag van crimen injuria wat op die onwettige, opsetlike en ernstige benadeling van die menswaardigheid van ’n ander persoon fokus. Hierdie klag is by die Vanderbijlpark SAPD inge01 / 2019

12

www.solidariteit.co.za

Gemeenskap geruk

‘N

Loopbrug naby die skoolsaal van Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark het kort ná saalopening ineengestort en kinders is onder die betonblok vasgekeer. Roydon Olckers, Jandré Steyn, Marli Currie en Marnus Nagel het hul lewens verloor. Talle van die beseerde kinders se ouers is lede van Solidariteit en ‘n kind van een van Solidariteit se verteenwoordigers was teen druktyd in ‘n ernstige toestand in die hospitaal. Solidariteit se strukture in die Vaaldriehoek reik op verskeie maniere uit na die gemeenskap.

dien. “In hierdie geval behels dit ook rasse-aanhitsing en nadelige aanmerkings wat op die betrokke slagoffers se ras betrekking het,” het Hermann gesê. Tweedens gaan Solidariteit ’n klag by die Gelykheidshof lê kragtens artikel 10 van die Gelykheidswet, wat fokus op die verbod op haatspraak. In die derde klag, wat by die Onafhanklike Verkiesingskommissie gelê gaan word, versoek Solidariteit dat die BLF as politieke party gederegistreer word. “Partye wat uitsprake maak wat op rassehaat gebaseer is, hoort nie in ’n demokratiese verkiesing nie,” het Hermann gesê.


Andile Mngxitama

olidariteit het ’n klag teen die BLF (Black First Land First) by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingedien om te keer dat dié party aan vanjaar se verkiesing op 8 Mei deelneem. Die klag volg nadat dié randparty se leier, Andile Mngxitama, in Desember toeskouers by ’n BLF-byeenkoms aangehits het om vyf wit mense dood te maak vir elke swart mens wat weens taxigeweld sterf. Volgens Solidariteit stel artikel 16(1)(c) van die Wet op die Verkiesingskommissie dit duidelik dat die hoofverkiesingsbeampte geen aansoek om as party in ’n verkiesing te registreer, mag toestaan indien daardie party homself skuldig maak aan aanhitsing tot geweld of diskriminasie op grond van die algemeen aanvaarde verbode kategorieë nie. Solidariteit het voorts sy ondersteuning aan die Menseregtekommissie (MRK) toegesê oor die instelling se teenkanting om die BLF as politieke party te registreer. Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is dit absurd dat ’n party vir wie uitlatings soos hierdie die norm is, enigsins by die openbare diskoers ingesluit word, wat nog te sê aan verkiesings deelneem. Geen politieke leier wat met trots op ’n verhoog aankondig dat mense

vermoor gaan word, moet naby aan ’n magsposisie toegelaat word waar hy dié aksies kan uitvoer nie. ’n Party wat ’n mandaat van moord soek, mag nie toegelaat word om aan die demokrasie deel te neem nie,” het Mulder gesê. Solidariteit het kennis geneem dat die OVK reeds onderneem het om die voorval te ondersoek en die BLF ’n geleentheid te gun om sy uitsprake te verduidelik. Die BLF het egter aangedui dat hy nie bereid is om met die OVK in gesprek te tree nie en dat hy die wapens sal opneem indien sy registrasie opgeskort word. Volgens Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, is daar geen twyfel oor Mngxitama se bedoeling met sy boodskap nie. “Mngxitama het met sy uitsprake baie duidelik gestel dat hy glo dat ’n sekere bevolkingsgroep as die vyand geag behoort te word en dat dié groep mense vermoor moet word. Hierdie uitsprake kom dus neer op suiwer aanhitsing tot geweld.” Human het voorts gesê dat Solidariteit bereid is om verdere regstappe te doen, afhangend van die aksie wat die OVK ten opsigte van die geval neem. • Teen druktyd was daar nog geen aanduiding van wat sal plaasvind nie, maar Solidariteit sal die saak fyn dophou en dit nie laat vaar nie.

’n Party wat ’n mandaat van moord soek, mag nie toegelaat word om aan die demokrasie deel te neem nie.

S

DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

FOTO’S: TIMES LIVE & ISTOCKPHOTO.COM

Vliegverbod kan groot afleggings by CemAir tot gevolg hê

S

olidariteit het in ‘n skrywe aan Poppy Khoza, direkteur van Burgerlugvaart, sy kommer uitgespreek oor die huidige vliegverbod op CemAir, asook afleggings wat moontlik gaan volg. Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het die vakbond ‘n kennisgewing ontvang dat die lugdiens moontlik sy werkmag met ongeveer 200 werknemers gaan verminder. “Die vliegverbod het nie

net ‘n enorme impak op die ekonomie en die volhoubaarheid van CemAir as lugdiens nie, maar het ook ‘n verwoestende uitwerking op elke werknemer en hul gesinne,” het Botha gesê. Botha sê dat Solidariteit tans met CemAir konsulteer om meer duidelikheid oor die vliegverbod en moontlike afleggings te kry. Solidariteit het ook die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) genader om tot die saak toe te tree. Die

www.solidariteit.co.za

13

01 / 2019

KVBA het reeds die partye laat weet dat hy daarvoor beskikbaar is. “Dit is kommerwekkend wanneer stellings gemaak word wat kan lei tot werkverliese of selfs die moontlikheid dat ‘n besigheid sy deure permanent moet sluit, veral in ons onstuimige ekonomie,” het Botha gesê. Volgens Botha wil Solidariteit saam met die Burgerlugvaartowerheid en CemAir werk om oplossings te vind sodat afleggings voorkom kan word.


Nuuswaardig

SOLIDARITEIT-LEDE HOU DIE LIGTE AAN Eskom-redding ’n projek wat hele land raak; Kennisbank van topvaardighede ontwikkel DEUR FRANCOIS REDELINGHUYS & DAWID BRAND

S

Solidariteit het die kennisbank wyd onder sy lede, oud-lede en hul netwerke versprei. “Ons beplan om dit op buitelandse groepe te plaas en doen ’n beroep op Suid-Afrikaanse ambassades en missies om te help om Suid-Afrikaanse vaardighede te registreer sodat ons die geleentheid kan hê om hulle terug te werf. Talle van die kundiges is tydelik daar en sal graag hul vaardighede eerder in Suid-Afrika wil aanbied. Duisende ingenieurs en tegnici in Suid-Afrika is afgetree en is beskikbaar om te help,” het Hermann gesê. Volgens Solidariteit is die beste belegging wat nou in Eskom gemaak kan word ’n belegging in topvaardighede, al is dit net tydelik om Eskom uit sy krisis te help. Hermann het ook gesê dat Solidariteit-lede alles sal doen wat nodig is om die land se ligte aan te hou. Tydens die vorige Eskom-krisis het Solidariteit-lede in kragstasies geslaap om elektrisiteitsvoor“Eskom moet ’n klimaat skep waarin alle siening te verseker. het dit nie vaardige werknemers, ongeag ras, welkom Hulle gedoen vanweë is. Hy het oor jare ‘n raskrokodil gevoer en Eskom se lojaliteit skrik noudat dié krokodil hom begin vreet.” aan hulle nie, maar uit hul lojaliteit aan die land. Hulle sal dit weer doen, maar dan ’n versoek aan pres. Ramaphosa gerig moet daar minstens sekuriteit aan die om ’n kommissie van ondersoek onder huidige werknemers gebied word, voorsitterskap van ’n regter aan te wys het Hermann gewaarsku. Hy het gesê om die krisis, wanbestuur en korrupte die werknemers op kragstasievlak hou aktiwiteite in Eskom te ondersoek. Eskom aan die gang, nie topbestuur nie Volgens Solidariteit moet die opdrag – húlle neem verkeerde besluite. van so ’n kommissie só opgestel word Solidariteit het die opskorting van dat die bevindings na die vervolgingsEskom se regstellendeaksieplan, te gesag verwys kan word vir vervolging. olidariteit het in Februarie vanjaar ’n kennisbank op sy webtuiste bekend gestel waar ingenieurs en tegnici wat oudwerknemers van Eskom is, kan registreer sodat hul vaardighede opnuut gewerf kan word om te help om die Eskom-krisis te verlig. Die skepping van hierdie kennisbank volg op pres. Cyril Ramphosa en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se aankondiging dat kundige oud-Eskom-werkers, plaaslik en in die buiteland, gebruik moet word om Eskom se vaardigheidstekort te help verlig. Solidariteit het sy hulp aangebied en ’n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om die redding van Eskom ’n nasionale projek te maak. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het egter gesê die voorwaarde vir die hulp is geregtigheid. Solidariteit het

01 / 2019

14

www.solidariteit.co.za

Vaardiges wíl help

M

eer as 480 mense het in die eerste week gereageer op Solidariteit se versoek om met die vaardigheidskrisis by Eskom te help. Die meeste is kundige oud-Eskom-werknemers. Dit sluit in 101 ingenieurs, 98 ambagslui, 67 tegnici, 11 finansiële bestuurders, 12 projekbestuurders en sewe kontrakteurs. Solidariteit sal dié kundiges se dienste aan Eskom aanbied. ‘n Vergadering oor die hersktrukturering van die kragreus is vir die begin van Maart by Nedlac geskeduleer (hou www.solidariteit.co.za dop vir nuus hieroor). Hoewel Solidariteit nie verteenwoordiging by Nedlac het nie, is die vakbond spesiaal deur Pravin Gordan, minister van openbare ondernemings, genooi.

Kortsluiting vir rasplan Eskom se regstellendeaksieplan is vir eers van die baan te midde van sy herstrukturering in drie afsonderlike eenhede. Ingevolge dié rasplan, wat in Oktober 2018 by die departement van arbeid ingedien is, het hy 1 308 wit werknemers (ingenieurs en tegnici) “te veel”. Eskom is een van die aggressiefste toepassers van regstelaksie en het na berig word reeds sowat R1,4 miljard bestee om “plek te maak” vir swart bestuurslui.


FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

midde van sy herstrukturering, verwelkom. Dit is die eerste keer in bykans twee dekades wat Eskom vir die uitstel van sy rasplan gevra het. Hermann het gewaarsku dat pakkette en afleggings daartoe sal lei dat nog duisende geskoolde werkers Eskom gaan verlaat. “Die beste mense gaan eerste loop,” het Hermann gesê. Hy meen Eskom kan nie die verlies van een vaardige personeellid bekostig nie. “Indien tegniese personeel nou onseker is oor hul werk, gaan hulle vlug na veilige maatskappye, nasionaal en internasionaal, waar groot tekorte aan vaardige personeel ondervind word. “Eskom moet ‘n klimaat skep waarin alle vaardige werknemers, ongeag ras, welkom is. Hy het oor die jare ‘n raskrokodil gevoer en skrik noudat dié krokodil hom begin vreet. “Hy moet sy plan aanpas op grond van sy bedryfsvereistes. Die uitstel van sy regstellendeaksieplan is slegs ‘n eerste stap. Die radikale aanpassing van die plan behoort hierop te volg. ‘n Doelbewuste poging moet deur die kragvoorsiener aangewend word om vaardige werknemers te behou en selfs terug te lok,” het Hermann gesê.

Hermann meen ’n behoorlike vaardigheidsoudit moet gedoen word. Gevalle waar personeel se vaardighede verkeerd aangewend word, moet geïdentifiseer en reggestel word. Die onmiddellike kostebesparings lê in die kansellering van opgeblase tenders, die aggressiewe uitwissing van bedrog tot op kragstasievlak en die verandering van aankoopprosesse, asook aan die inkomstekant waar uitstaande skuld ingevorder moet word. “As werkers is ons woedend oor die gemors waarin Eskom verkeer. Ten spyte van hierdie woede besef ons dat Eskom se krisis ons almal se krisis is. Ons bied dus aan om te help. Ons sal help om vaardighede terug te werf, en ons lede sal help om die ligte te laat brand, al slaap hulle in ’n kragstasie. “Ons doen ’n beroep op die publiek om te help om krag te bespaar en ons doen ’n beroep op groot ondernemings om te help. Ons stel egter ’n voorwaarde aan dié hulp, en dit is geregtigheid. Die plunderaars durf nie wegkom nie,” het Hermann verder gesê. “Ons gaan nie tevrede wees om in die donker te sit terwyl die plunderaars verryk wegkom nie.”

Ontsyfer R69 miljard

Die bedrag wat die tesourie oor die volgende drie jaar aan die nasionale kragvoorsiener toegewys het – R23 miljard daarvan vanjaar. Eskom voorsien ‘n verlies van R20 miljard vir die finansiële jaar tot einde Maart 2019 en ‘n soortgelyke verlies in die volgende boekjaar. Sy skuld beloop na berig word meer as R420 miljard en kan gou tot R500 miljard styg.

R139 miljard

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek moontlike bedrog wat verband hou met die konstruksie van Eskom se Medupi- en Kusile-kragaanlegte. Dié aanlegte is glo vol “ontwerpfoute” en sal waarskynlik eers teen 2021 – sewe jaar laat – ten volle in werking wees. Eskom blameer kontrakteurs hiervoor. Bouwerk het reeds in 2008 begin en moes die kragreus se opwekkingsvermoë met 25% verhoog. Van Eskom se kragstasies is tot 55 jaar oud.


Al meer handel gedryf in melanien. En wie moet jy bedank? Discovery Bank!

velkleur

VERGOEDING VIR

DEUR CONNIE MULDER

T

gelyk is, maar sommige meer gelyk as ander. Wanneer dit aanvaarde sakepraktyk word om jou kliënte ongelyk te behandel, gegrond op niks meer as velkleur nie, dan volg ’n onherstelbare skeur in die sosiale weefsel van ’n land. Die ANC het nog nooit geskroom om voorstanders van rassediskriminasie te wees nie. Etlike wette en regulasies is onder hulle heerskappy gepromulgeer wat seker maak dat mense ongelyk behandel word, gebaseer op die hoeveelheid melanien in hulle velle. ’n Wêreldbeskouing waar ’n mens se waarde intrinsiek aan iets so arbitrêr soos jou velkleur gekoppel word, is een wat die ANC in toesprake verafsku, maar in werklikheid nastreef. Gelukkig is daar nog enkele remme op die regering se mag, waarvan die grootste rem hulle eie onbevoegdheid is. Dit impliseer dat die ras-mal wêreld wat die ANC wil vestig, nog nie regtig neerslag gevind het in die werklikheid nie. ’n Onbevoegde onderdrukker is wel net in uitvoering beter as ’n bevoegde een, nie in bedoeling nie. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge se jaarlikse meningsopname toon telkens dat rasseverwww.solidariteit.co.za houdinge in Suid-Afrika op goeie voet staan, dat gewone mense eintlik goed oor die weg kom, ongeag hulle Solidariteit se advertensiebord langs die N1-hoofweg. velkleur.

wee kliënte stap deur die deure van Discovery se nuwe bank. Albei is bestaande Discovery-kliënte. Albei betaal maandeliks ’n premie vir hul mediese fonds asook ’n lewenspolis aan Discovery. Trouens, die twee kliënte bly langs mekaar in Midstream. Hulle werk vir dieselfde maatskappy en verdien dieselfde salaris. In feitlik alle opsigte is hulle gelyk, behalwe een – die hoeveelheid melanien in hulle velle, wat veroorsaak dat een ’n swart vel het en die ander ’n wit vel. Discovery se nuwe bank sal ywerig aandele vir die swart kliënt gee, bloot omdat hy swart is. Geen finansiële agtergrond word in ag geneem nie, slegs sy velkleur. Geen opheffing word gedoen nie, net velvergoeding. Discovery, en toenemend meer sakeondernemings, begin nou handel dryf in melanien. Suid-Afrika het ’n geskiedenis van ongelyke behandeling van mense, gebaseer op hul velkleur. Hierdie denke lei na gevaarlike plekke – een waar alle mense

01 / 2019

16

www.solidariteit.co.za

Op die koop toe R6 miljard

Die bedrag geld wat Discovery tot einde Desember 2018 in die ontwikkelingskluis van die nuwe bank gestoot het. Dit sluit in R3,28 miljard wat aan die FirstRand-groep betaal is, ‘n regulatoriese kapitaalbelegging van R1,31 miljard en R1,42 miljard vir kapitaaluitgawes soos infrastruktuur en toetsing.

Hoe lyk sy beursie? Discovery-groep het in die ses maande tot einde Desember 2018 ‘n bedryfswins van R3,79 miljard getoon. Sterfte-eise het in die oorsigtydperk sy tol geëis – R314 miljoen meer as verwag, met die grootste enkele eise wat tussen R10 miljoen en R75 miljoen beloop het. Discovery Health het verlede jaar altesame 3,4 miljoen lewens in Suid-Afrika geadministreer. Volgens Adrian Gore, bereik die groep 21,6 miljoen lewens in 19 lande.


Werk vir jongmense, maar nie as jy wit is

Paleis van glas

DEUR PAUL MARITZ

D

FOTO’S: ALET PRETORIUS & ISTOCKPHOTO.COM

it spog met ‘n atrium waarin jy ‘n Boeing 737 aan ‘n dakbalk kan hang, ‘n gimnasium vir 3 000 oefengeesdriftiges, ‘n hardloopbaan op die dak (bulte en al!) en sewe vloere waarop 1 000 mense per verdieping by hul rekenaars sit. Klink dit soos iets uit ‘n fliek? Nee, die adres is 1 Discovery Place, Sandton, dié groep se blink nuwe hoofkantoor. Die gebou gaan die Discovery-groep in die boekjaar tot einde Junie R280 miljoen kos. Die huurgeld beloop R23 miljoen per maand en die huurkontrak is vir 15 jaar. Die boukoste van die gebou, waarin die eiendomsgroep Growthpoint die meerderheid aandele hou, was R3 miljard. Al die ondernemings in die Discovery-groep word in die gebou gehuisves, insluitend die nuwe bank.

Hierdie goeie verhoudinge deur privaat individue en ondernemings is een van die groter remme op die ANC se pad na ’n ras-mal wêreld. In November 2018 kondig Adrian Gore, uitvoerende hoof van die Discovery-groep, aan dat hulle ’n nuwe bank gaan loods. Die bank, wat na verwagting in Maart sy deure open, beloof om innoverend en vooruitstrewend te wees – hier sal jy op grond van jou “gesonde finansiële” gedrag beloon word. Toe ‘n bykomende “innoverende” aankondiging – die bank gaan sy swart kliënte 10% aandele gee, bloot omdat hulle swart is. Met hierdie aankondiging neem Discovery die ras-fakkel by die ANC oor, en besluit Discovery om rassediskriminasie helder oor hulle nuwe bank te laat skyn. Ten aanskoue van dawerende applous vernietig Discovery een van die remme wat die ANC se ras-mal wêreld tot dusver gekeer het. Trots verkondig Discovery sy planne om sy kliënte ongelyk te behandel – gebaseer op ras. Ons durf nie rustig terugsit en kyk hoe maatskappye laag buig voor die regering se rasbeheptheid nie; hoe ’n private maatskappy gedienstig die ANC se rassediskriminasie vir hulle implementeer en sonder om twee keer te dink, die regering bo sy wit kliënte kies nie.

D

“Kies teen Discovery, want die enigste kleur wat moet tel, is die kleur van jou geld.” Dit is wanneer sulke denke en gedrag die norm word, dat van die grootste menslike tragedies gebeur. Daar is een groot voordeel as dit kom by private maatskappye wat sulke keuses maak – hulle is nie die regering nie. Hulle kan nie kliënte dwing om by hulle te koop nie. Net soos wat hulle kan kies om die ANC-regering se ras-mal wêreld te bou, kan kliënte kies om nie te help bou daaraan nie. Hierdie gaan oor meer as een private maatskappy – dit gaan oor die wêreld wat jy vir jou kinders wil nalaat. Jou keuse is eintlik eenvoudig – steun jy Discovery, maak jy die deur oop na ’n wêreld waar mense gereduseer word tot melanienvlakke. Steun jy Discovery, kies jy om te help bou aan die ANC se ras-mal wêreld. Kies jy teen Discovery, stuur jy ’n duidelike boodskap aan maatskappye: Al jou kliënte is gelyk en die enigste kleur wat moet tel, is die kleur van hulle geld. Kies jy teen Discovery, sê jy vir alle private maatskappye dat hulle kan help bou aan die ANC se ras-mal wêreld, maar dat hulle dit alleen gaan doen. Die keuse lê in jóú wit, swart of bruin hande. Stem nee by www.solidariteit.co.za. • Connie Mulder is hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut. www.solidariteit.co.za

17

01 / 2019

ie Yes4Youth-program, wat in Maart 2018 bekend gestel is, is ’n edele inisiatief: Dit beoog om meer as 1 miljoen jong, werklose Suid-Afrikaners oor die volgende jaar by te staan met die vind van werkgeleenthede. Enige nugterdenkende sal beïndruk wees met dié idee. Die verligting van werkloosheid onder die Suid-Afrikaanse jeug is immers ’n uiters belangrike kwessie – sowat 52% van die jeug is werkloos. Dié werkloosheidskrisis onder jongmense is ’n tikkende tydbom; ’n probleem wat oor rasgrense heen strek en nie ’n velkleur het nie. Of ten minste, nie een behoort te hê nie. Dis waarom Solidariteit so geskok en teleurgesteld was om te verneem dat die Yes4Youth-arbeidskema wit mense uitdruklik verhinder om aansoek te doen. Die registrasieblad verhinder mense wat nie swart, bruin of Indiër is nie om enigsins verder te gaan met die aansoekproses. Jong wit mense in Suid-Afrika kan nie anders nie as om die boodskap te kry dat hulle nie welkom is nie. As hul eie regering, wat hul belange op die hart moet dra, hulle so blatant uit die ekonomie probeer sny, hoe kan hulle nog welkom voel? Hierdie skema is boonop ’n blatante ondermyning van pres. Cyril Ramaphosa se voortdurende oproep van thuma mina of “stuur my”. Jong wit Suid-Afrikaners wat ná 1994 gebore is, word vervreem, en word blootgestel aan ʼn realiteit van rasseskeiding en -voorkeur. Jong wit Suid-Afrikaners kan nie anders nie as om te vrees vir die toekoms. Tans verdeel hierdie program ons eerder as wat dit die enorme krisis van jeugwerkloosheid takel. Solidariteit Jeug is daartoe verbind om blatante rassediskriminasie aan te vat. As Yes4Youth voortgaan met die program in sy huidige formaat, sal ons alle moontlike regsweë tot ons beskikking volg om dit teen te staan. • Paul Maritz is die nasionale koördineerder van Solidariteit Jeug.


Nuuswaardig

RA(A)SPOLISIE SE MONDE GESNOER Twee weke, twee vals klagtes, twee hofoorwinnings

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

D

DEUR FRANCOIS REDELINGHUYS

it is hoe die dagboek van Solidariteit in Januarie gelyk het toe ons twee mense, wat albei uitstekend in hul onderskeie beroepe presteer, in die hof teen rasboelies en die noodwendige aanvalle van die raspolisie moes verteenwoordig ná insidente by hul werkplekke. Tussen die onderwyseres Elana Barkhuizen en die omroeper Pieter van den Berg moes Solidariteit vir twee agtereenvolgende weke in die hofbanke langs sy lede sit en wag dat die regter hulle vryspreek. Wag om te hoor dat hul aksies nie is wat ander dit uitmaak om te wees nie. Wag dat die hof dít bevind wat hulle en almal wat na aan hulle is, eintlik lankal weet. Wag om te hoor dat die hof moet bevestig dat hulle nié rassiste is nie. Hoewel hierdie nie die eerste keer is waar mense en Solidariteit-lede genoodsaak was om hul onskuld te bewys nadat hulle verkeerdelik van rassisme in die werkplek beskuldig is nie, het hierdie twee sake wel wye aandag getrek vanweë die hoë profiel van die sake asook die mediadekking wat hierdie sake geniet het. Elana is ’n goeie, doodgewone onderwyseres in ’n doodgewone skool wat aan ongewone omstandighede blootgestel is. Juffrouens word geleer om goeie opvoeders te wees. Om aan die kinders se welstand te dink en om die kinders eerste te plaas. Dit is wat Elana gedoen het. Om kinders te laat tuis voel op die

eerste dag van skool, hulle te troos as hulle hul mammas mis, hulle te vertel hoe pouses werk, die reëls oor te dra en die funksie te verduidelik van daardie klok wat elke 30 minute so raas, is reeds ’n moeilike taak. Om dit nog boonop oor te dra aan kinders wat nie Engels of Afrikaans verstaan nie, is haas onmoontlik. Elana het gedoen wat ’n opvoeder doen. Sy het nie aan politiek gedink nie. Sy het aan die kinders gedink. Hiervoor het die rasboelies haar gestraf. Hiervoor het die raspolisie haar verguis. Hiervoor het politieke partye haar skorsing verwelkom. Hiervoor is sy deur die hof vrygespreek. Die raspolisie gee nie om oor feite nie. Hulle wil net ’n retoriek, wat nie bestaan nie, bevestig en hulle is bereid om goeie mense se loopbane hiervoor te verwoes. As ’n mens mooi daaroor gaan nadink, is dit eintlik absurd. Absurd om te dink dat jy jou onskuld moet bewys teen rasboelies. Absurd om te dink dat jy ’n teiken word, soos in Pieter se geval, omdat hy ’n kollega vermaan het om sy werk korrek te doen. Absurd dat ras altyd die eerste maatstaf moet wees. Ongelukkig is hierdie absurditeit, of ons dit nou so wil hê of nie, deel van ons omstandighede. Deel van dit wat ons moet hanteer. Maar dit is hoekom ons moet bly veg. Hierdie is, soos in Elana se geval, ongewone omstandighede. Ons mag nie toelaat dat dit gewoon raak nie. • Lees die artikels oor Elana op bladsy 10 en oor Pieter hiernaas. 01 / 2019

18

www.solidariteit.co.za

Commentator nót racist, rules court BY CILLESTE VAN DYK

S

olidarity recently achieved a huge victory in the North Gauteng High Court when the court ruled that the well-known sports commentator Pieter van den Berg, who was falsely accused of racism at a SuperSport broadcast in 2016, must be paid R990 000 in damages. This followed after Van den Berg was accused of racism by a technical controller after the broadcasting of a SuperRugby game on 7 May 2016. Van den Berg asked the specific controller to do his work correctly since the controller was late for his calling time and also ignored the rules of the stadium. Anton van der Bijl, head of Labour Law Services at Solidarity, said the trade union turned to the North Gauteng High Court in Pretoria to sue the national broadcaster on behalf of its member for loss of income. “There was almost another year left on Van den Berg’s contract and as such he has suffered a huge loss of income,” Van der Bijl said.

Vakbond mag hof toe oor Sasol-skema, sê KVBA Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het ’n sertifikaat aan Solidariteit toegestaan om die uitsluiting van wit werkers uit Sasol se Khanyisa-personeelaandeelskema in die arbeidshof te beveg. Solidariteit gaan die hof vra om te bevind dat Sasol se personeelaandeelskema sommiges op grond van hul ras uitsluit en dat dit op onbillike rassediskriminasie neerkom. “Ons kan en sál nie ophou veg nie,” het Anton van der Bijl gesê.



Nuuswaardig

Doen goed, WANT DIT DOEN JÓÚ GOED!

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

A

LEES DIÉ

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

ltruïsme, ook bekend as selfloosheid, is dade van onbaatsugtige opoffering vir die welsyn van ander. Dit is wanneer jy ander se behoeftes voor jou eie plaas. Dit kan die koppie koffie wees wat jy maak vir ’n kollega wat ’n rowwe dag het, of die skenking wat jy aan ’n behoeftige gesin maak. Sulke goeie dade kan ’n groot verskil maak. Jy hoef nie skatryk, ’n sekere ouderdom of ’n gesiene persoon te wees om ’n impak te maak op jou gemeenskap en die mense om jou nie. Jy kan dit doen deur vrywilligerswerk, deur mentorskap, deur iets te doen vir ’n goeie doel of deur willekeurige dade van goedhartigheid (random acts of kindness). Vir sommige mense is hul gemeenskap die mense waarmee hulle daagliks in aanraking kom, of die vier strate rondom hulle. Vir ander kan dit hul buurt, dorp of stad wees. Dit maak nie saak wat jy as jou gemeenskap definieer nie – jy kan in dié gemeenskap se welstand en groei ’n aktiewe rol speel. ’n Mens hoor dikwels dat dit beter is om te gee as om te ontvang, maar het jy geweet dat hierdie uitdrukking deur navorsing gerugsteun word? ’n Stukkie welwillendheid tel nie net in jou guns nie, maar is in jou belang.

Volgens die sakgids Doing Good Does You Good deur die Mental Health Foundation kan goeie dade aan ander help om jou stres te verminder, jou emosionele welstand ’n hupstoot te gee en selfs jou fisieke gesondheid te verbeter. Die Mental Health Foundation noem ’n hele klompie voordele wat goedhartigheid vir jou inhou:

Fisieke voordele • Dit verminder spanning. As jy dinge vir ander doen, gee dit jou gesondheid ’n hupstoot. Positiewe emosies verminder stres en versterk jou immuunstelsel, wat weer jou liggaam teen siektes help beskerm. • Dit help jou om van negatiewe gevoelens ontslae te raak. Negatiewe emosies soos woede, aggressie en vyandigheid het ‘n negatiewe uitwerking op jou verstand en liggaam. Willekeurige dade van goedhartigheid kan help om hierdie gevoelens te verminder en jou algemene gesondheid te verbeter. • Dit kan jou help om langer te lewe. Studies onder ouer mense toon dié wat ander ondersteun, lewe langer as dié wat dit nie doen nie.

01 / 2019

20

www.solidariteit.co.za

Gee maak jou “ryker” • Goedhartigheid maak jou gelukkig. Dit voel goed om ander te help. Wanneer jy ander help, stimuleer dit positiewe fisiologiese veranderings in die brein wat met geluk verband hou. • Dit is aansteeklik en maak die wêreld ’n beter plek. In die boek The Five Side Effects of Kindness skryf David R. Hamilton dat navorsing wys die ontvangers van goeie dade, en selfs die getuies daarvan, word gemotiveer om ook iets gaaf vir iemand te doen. Proefpersone wat aan ander se goedhartigheid blootgestel word, tree daarna hulpvaardiger en vrygewiger op – ook in die werkplek. • Hoe meer jy vir ander doen, hoe meer doen jy vir jouself. Goedhartigheid skep ’n wen-wen-situasie. Hoe meer jy gee, hoe “ryker” word jy. • Goedhartigheid bevorder verhoudings. ’n Navorsingstudie wat meer as 10 000 mense tussen 20 en 25 jaar op ses vastelande betrek het, het die nommer een-behoefte in die soeke na ’n maat vasgestel: Goedhartigheid.


www.solidariteit.co.za

21

01 / 2019


Nuuswaardig

Begroting 2019

MEER STEEK AS SOET Beeldspraak, Bybelvers bring min hoop

vir vuisvoos belastingbetalers DEUR DAWID BRAND

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

T

ito Mboweni, minister van finansies, se betreklik kort begrotingsrede van ’n uur in Februarie het allermins verras. Ofskoon die regering reeds vir vier agtereenvolgende begrotingsredes weet watter dorings daar in die staatskasvlees steek, is geen nuwe wonderkuur van waarde voorgehou nie. Beeldspraak en selfs ’n Bybelvers uit Sagaria 8:12 het min tot geen antwoorde gebied oor hoe die droogtegeteisterde finanslandskap weer tot volle blom geploeg gaan word. Mboweni, ook ’n deeltydse boer, se beeld (van die geharde, droogtebestande aalwynplantjie Aloe Ferox) dat belastingbetalers die bitter en die soet saam moet vat, het pleks van medisinale geldhoop, ’n bitter smaak in die mond gelaat. Die beeld van die aalwyn is in werklikheid ’n profetiese weerspieëling van hoe in die knyp ons werklik is sedert Trevor Manuel (’n hele paar finansministers gelede) sappige pruime in die parlement uitgedeel het. Sedertdien is dié boord gestroop en die oes keer op keer in die mandjies van veral sukkelende staatsondernemings weggedra. Sommige aspekte of dorings van Mboweni se begroting was só bedek, dat die steek eers later gevoel gaan word. En met geen persoonlikebelastingverligting vir verbuikers in sig nie, kan Jan Taks – ná jou jaarlikse salarisverhoging – sy wortels nóg dieper in jou beursie anker. Ja, die privaat sektor eerder as die staat moet werkgeleenthede skep, maar ’n gebrek aan regulatoriese en belastingverligting (en koolstofbelasting

op die koop toe) verydel dié droom. Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, is dit duidelik dat die ANC weet Suid-Afrika is in ’n krisis, maar glad nie weet hoe om ons hier uit te kry nie. Suid-Afrika se skuldlas is uitgelig as een van die land se grootste probleme. Volgens Mulder is dit kommerwekkend dat die staat reeds ongeveer R1 miljard per dag aan rente op skuld bestee, maar steeds ’n begrotingstekort van R243 miljard aankondig, wat ons geprojekteerde staatskuld op 60,2% van die BBP laat. Boonop gaan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sy invorderingsteiken vanjaar met R42,8 miljard mis. “Al die strikke word duidelik geïdentifiseer, maar steeds word daar keer op keer in dié strikke getrap,” het Mulder gesê. Volgens Mulder is die swak bestuur van staatsinstellings ’n kwelpunt. “Pleks van om dié probleemsteggies te snoei, kry hulle net meer water. Ten spyte van die feit dat staatsinstellings se waarde vir belastinggeld skreiend is en dat Mboweni die behoefte aan sekere staatsinstellings bevraagteken, word daar weer aan Eskom R69 miljard, aan die SAL R6,2 miljard en aan Denel R1 miljard vir kompos betaal,” het Mulder gesê. Eskom gaan uiteindelik R230 miljard oor die volgende tien jaar uit die staatskas kry, het die tesourie later onthul. Hoewel vuisvoos belastingbetalers reeds oorbelas die lande bewerk, word daar nog belastinghooi op hulle vurk gelaai in die vorm van blokkruiping, brandstofheffings en aksynsbelasting. “Amper die helfte van die sigarette in ’n 01 / 2019

22

www.solidariteit.co.za

pakkie is nou al belasting, en ook R65 van elke bottel whisky of brandewyn. Om nie eers van brandstof te praat nie,” het Mulder bygevoeg. Diegene wat geld kan wegsit, word ook nie aangemoedig om te spaar nie, met die belastingvrye spaardrempel wat reeds ‘n paar jaar die pas op R33 000 per jaar markeer. Mulder voer aan dat die drie grootste fokuspunte steeds onderwys, gesondheid en maatskaplike toelaes is. “Dit is departemente waar die belastingbetaler feitlik geen waarde vir geld kry nie, en tog gooi Mboweni steeds geld in dié drie bodemlose putte. Trouens, hy noem dat die staatsdiens verklein maar versterk moet word – en dit deur pakkette vir vrywillige vroeë aftrede.” Mboweni het op ’n mediakonferensie gesê tussen 25 000 en 30 000 mense tussen die ouderdom van 55 en 59 jaar sal hierdeur geraak word. Hiermee wil hy oor die volgende drie jaar R4,8 miljard, R7,5 miljard en R8 miljard spaar. Soos Gideon du Plessis, hoofsektretaris van Solidariteit, tereg opgemerk het, sal dit ’n baie negatiewe uitwerking op die land hê as ervare mense met jare se ondervinding hul grawe neersit. “As personeelvermindering geskied bloot om salarisse te bespaar, is dit soos om jou bene af te sny om gewig te verloor,” het Du Plessis gesê. Ekonome is dit eens: Die land kan allermins ’n vaardigheidsuittog soos in 1996 bekostig. Die gebrekkige vaardighede by Eskom, ’n doring wat Solidariteit help uittrek (lees die artikel op bladsy 14), is ’n sprekende voorbeeld hiervan.


Pyn by die pomp Petrol word 29c per liter duurder (en dit is nog voordat die maandelikse berekenings ten opsigte van die olieprys en wisselkoers gedoen is). In Junie tree die koolstofheffing in werking, wat nog onderskeidelik 9c en 10c by die prys van petrol en diesel gaan voeg.

Ontsyfer Bitter oor suiker

Volgens die Suid-Afrikaanse Suikervereniging (SASV) is die bedryf onder kwaai druk nadat belasting op versoete drankies verlede jaar ingestel is. Dié belasting is vanjaar met 2,21 sent per gram suiker verhoog vir elke gram suiker meer as 4 gram per 100 ml koeldrank. Omdat koeldrankvervaardigers hul drankies herformuleer om minder suiker te bevat, het suikerverkope drasties gedaal – volgens die SASV het tot 200 000 ton suiker verlore gegaan vir die bedryf. Suikerrietboere vrees op hul beurt dat die 5,2%-verhoging in die suikerbelasting tot 10 000 werkverliese kan lei. Die hele suikerbedryf gee werk aan sowat 350 000 mense. Gebrekkige tariefbeskerming teen goedkoop invoer kan voorts tot die sluiting van twee suikermeulens en die aflegging van 3 000 werkers lei, het die SASV gesê. Die regering het verlede jaar “weens ‘n fout” toegelaat dat 500 000 ton suiker vir sewe weke lank tariefvry die land instroom.

R3 000 miljard Die totale staatskuld teen 2020. Die staat betaal tans R1 miljard per dag aan rente op skuld, oftewel 60,2% van ons BBP.

7,4% Die persentasie waarmee die sogenaamde sondebelasting op bier, wyn, spiritualieë, siders, alkoholiese vrugtedrankies en sigarette styg. Die belasting op vonkelwyn en pyptabak styg met 9%. R65,84 van elke bottel hardehout en R16,66 van elke pakkie sigarette is dus net belasting.


Bedryfsnuus

MOTSOENENG

MOET HOES Geen skuilplek agter hofprosesse meer vir

voormalige SAUK-bedryfshoof DEUR WILMARIE BRITS

S

edert die arbeidshof se uitspraak in 2017 dat hy in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik is vir die regskoste in verband met hofsake oor die onregmatige afdanking van die SAUK-8, wend Hlaudi Motsoeneng hom van hof tot hof. Dié voormalige bedryfshoof van die SAUK het homself egter keer op keer vasgeloop. Hy kon net só lank agter hofprosesse skuil, en geregtigheid het geseëvier toe die konstitusionele hof in November 2018 teen hom beslis het. Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, het gesê die uitspraak beklemtoon die belangrikheid dat staatsamptenare, ongeag hoe hoog en magtig hulle hulself ag, aanspreeklik gehou moet word vir hul besluite. Kort ná dié geskiedkundige oorwinning het Solidariteit ’n proses ingestel om beslag op Motsoeneng se besittings te lê omdat hy gebreke gebly het met die terugbetaling van die regskoste. Motsoeneng het op 28 Januarie vanjaar sy eerste betaling van regskoste aan Solidariteit gemaak.

Kat en muis in die hof 8 SEPTEMBER 2017 Die arbeidshof in Johannesburg beslis dat Motsoeneng aanspreeklik is vir die onregmatige afdanking van die SAUK-8 in 2016.

20 SEPTEMBER 2017 Motsoeneng kan hom nie berus by die uitspraak van 8 September 2017 nie, en geappelleer teen dié uitspraak.

7 NOVEMBER 2017 Sy hoop op ’n beter uitkoms is van korte duur en sy verlof tot appèl word met koste van die hand gewys.

5 JUNIE 2018 Sy aansoek om verlof tot appèl word deur die appèlhof met ’n bestraffende kostebevel van die hand gewys.

22 JUNIE 2018 Motsoeneng se regspan sê dat hy by die konstitusionele hof aansoek gaan doen om verlof tot appèl aan te teken.

20 NOVEMBER 2018

R1,8 miljoen

10 regters van die konstitusionele hof bevind eenparig dat hy die regskoste van Solidariteit en Bemawu moet betaal.

Motsoeneng se beraamde regskoste.

01 / 2019

24

www.solidariteit.co.za

Drama by SAUK

rillerreeks sonder einde

D

ie drama by die nasionale uitsaaier is soos ’n rillerreeks wat eenvoudig nie einde het nie. Salarisse wat in Januarie laat betaal is, dreigende afleggings, kommer oor geld om die nasionale verkiesing te dek, ’n enorme boete deur die Mededingingskommissie en miljoene rande se uitstaande tantième is maar enkele van die jongste episodes van dié drama.

Kruisies sonder kameras?

‘n SAUK-bron het aan Rapport gesê die groep se koste om ‘n nasionale verkiesingsveldtog te dek, beloop tot R35 miljoen. Tydens die 2014-verkiesing is 1 200 werknemers en 26 buite-uitsendingseenhede na berig word ingespan. Volgens die nasionale tesourie staan die SAUK (soos talle staatsbeheerde ondernemings) bakhand vir ‘n waarborgboei.

Op ’n ander (vals) noot

Die SAUK, wat jaarliks sowat R100 miljoen in tantième vir musiekregte aan die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (Samro) betaal, het Samro teen einde Junie verlede jaar reeds R55,5 miljoen geskuld. Indien die SAUK nie opdok nie, sal dit ‘n enorme slag vir die plaaslike musiekbedryf wees.


SAUK-POSTE VIR EERS VEILIG Aflegging van meer as 2 000 werknemers “uitgestel”

FOTO’S: GALLO IMAGES & ISTOCKPHOTO.COM

D

DEUR LIZE-MARIE LABUSCHAGNE

ie Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), wat steeds in ’n ernstige finansiële verknorsing is, het sy personeelafleggingsproses te midde van druk van die regering, georganiseerde arbeid en ander belanghebbendes laat vaar. Dit volg nadat SAUK-werknemers op 29 Oktober 2018 in kennis gestel is van ’n afleggingsproses deur die SAUK waarin tot 981 werknemers en sowat 1 200 vryskutwerknemers hul werk kan verloor. Daar word onder meer aangevoer dat die onregmatige optrede van die voormalige uitvoerende bestuur ’n rede vir die moontlike afleggings is. ’n SAUK-woordvoerder, Neo Momodu, het intussen bevestig dat die afleggingsproses uitgestel is en het in dié verband gesê: “Die SAUK het personeel en georganiseerde arbeid aan die einde van 2018 in kennis gestel dat die beoogde [artikel] 189-proses [vir afleggings] vir eers uitgestel is, en dat dit in hierdie stadium steeds die geval is”. Die uitsaaier was nie in staat om al sy skuldeisers te betaal nie en het in November gewaarsku dat hy teen Februarie nie in ’n posisie sou wees om salarisse te betaal nie, tensy hy ’n waarborg van R3 miljard van die regering kon bekom. Volgens Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, is dit verregaande dat iemand soos Hlaudi Motsoeneng, wat die SAUK miljoene rande gekos het, skotvry daarvan afkom. “Die afleggingsproses wat die SAUK onderneem, is belaglik, om die minste te sê. Werknemers moet die hoogste prys

betaal vir bestuur se besluite tydens die hele Hlaudi Motsoenengdiktatorskapdebakel.” Van der Bijl sê dat hierdie proses wesenlik prosedureel en substantief onbillik teenoor die werknemers van die SAUK is. “Wetgewing skryf sekere prosedurele vereistes voor vir die doeleindes van kennisname en konsultering, wat insluit die reg van ’n vakbond wat lede verteenwoordig om aan so ’n proses deel te neem. Solidariteit, wat inderdaad lede by die SAUK verteenwoordig, is tot op hede heeltemal geïgnoreer in die proses,” het Van der Bijl bevestig. “Die SAUK se uiters swak finansiële situasie is algemene kennis. Die bedrae wat aan skuldeisers verskuldig is, styg voortdurend. Die SAUK het egter in oorleg met die betrokke skuldeisers ’n plan vir die betaling van die uitstaande bedrae uitgewerk. Die SAUK se bestuur is in volgehoue samesprekings met die betrokke belanghebbendes oor sy finansiële volhoubaarheid en verwante aangeleenthede en werk hard daaraan om ’n oplossing te vind wat tot voordeel van die SAUK, sy werknemers en die Suid-Afrikaanse publiek sal strek.” Die SAUK bestee meer as R3 miljard per jaar aan die salarisse van sy 3 000 voltydse werknemers. Die uitsaaier verwag ’n netto verlies van R805 miljoen in die 2018-2019-boekjaar indien kostebesparingsmaatreëls nie ingestel word nie. Die SAUK sê hy sal nou ’n vaardigheidsoudit uitvoer wat ongeveer 14 maande gaan duur, om die toename in koste te hersien. Intussen is werknemers se werk vir eers veilig.

R6,8 miljard

Die bedrag geld wat die SAUK benodig, het Tito Mboweni, minister van finansies, voor sy begrotingsrede op 20 Februarie gesê. “Die direkteur-generaal (Dondo Mogajane) is besig met gesprekke met die uitsaaier oor wat benodig word, maar enige finansiële hulp gaan beslis nie sonder voorwaardes kom nie,” het Mboweni gesê. SAUK-raadslede het einde verlede jaar op ‘n streep bedank en daar word hard gesoek na kandidate om agt vakatures te vul. www.solidariteit.co.za

25

01 / 2019

SAUK, nog twee kry pak oor prysvasstelling

D

ie SAUK, Ster-Kinekor en Primedia moet miljoene opdok nadat die Mededingingskommissie hulle in Februarie aan prysvasstelling skuldig bevind het. Die SAUK moet ‘n “administratiewe boete” van R31,8 miljoen betaal, terwyl Ster-Kinekor en Primedia onderskeidelik boetes van R430 000 en R9,6 miljoen opgelê is. Dit kom nadat die kommissie reeds sedert 2011 ondersoek instel na die vasstelling van advertensietariewe deur dié groepe. Die SAUK moet benewens die boete oor die volgende drie jaar vir elke rand in advertensie-inkomste 25% meer advertensieruimte bied aan klein, kwalifiserende advertensieagentskappe. Die uitsaaier moet voorts oor die volgende drie jaar R17,8 miljoen aan die Ekonomiese Ontwikkelingsfonds betaal. Primedia en Ster-Kinekor moet op hul beurt onderskeidelik R3,45 miljoen en R157 000 aan die fonds betaal.

... en Computicket kry ’n rooi kaart van tribunaal

C

omputicket se koffers sal eersdaags R20 miljoen ligter wees nadat die Mededingingstribunaal bevind het dat hy die Wet op Mededinging tussen 2005 en 2010 oortree het. Die boete is gegrond op 10% van sy jaarlikse omset vir die boekjaar tot einde Junie 2016 (R210,9 miljoen). Computicket het volgens die tribunaal langtermynkontrakte gebruik om nuwe toetreders tot die kaartjieverkopemark uit te sluit.


Industry news

Aurora Empowerment Systems

SEQUESTRATION OF ZUMA WELCOMED

K

BY FRANCOIS REDELINGHUYS

September 2009 when he was appointed hulubuse Zuma, former as a director of Aurora, until the date director of Aurora Emof the sequestration. “Hopefully, this powerment Systems and investigation will reveal what second cousin happened to the approxiof former presimately R170 million that dent Jacob disappeared at the mines, Zuma, was sequestrated and also what Zuma’s busiin the Durban High Court ness interests in Africa were on Wednesday, 16 January or are,” said Du Plessis. 2019. This followed after he The investigation will failed to comply with the also determine whether repayment agreement, which Zuma has any interests in the liquidators had drawn up Aurora employees lost Dubai. with the support of Solidarity, their jobs after Aurora Du Plessis said that in signed by him earlier. destroyed the Pamodzi the meantime, Zuma’s posSolidarity welcomed mines that were temsessions will be auctioned Zuma’s sequestration. porarily placed under off and the proceeds of the According to Solidarity their supervision by the auction will be used to pay General Secretary Gideon Pamodzi liquidators. some of the former Aurora du Plessis, this means that employees’ outstanding justice will finally prevail for salaries. the 5 300 Aurora employees The sequestration apwho lost their jobs after Auplication for another former rora destroyed the Pamodzi Aurora director, Zondwa mines that were temporarily Mandela, grandchild of the placed under their supervilate former president Nelson sion by the Pamodzi liquidaMandela and Winnie tors in 2009-2010, and Madikizela-Mandela, after Aurora also failed was scheduled to be to pay the employees’ heard in February salaries for a period of disappeared at the mines. and the sequestration eight months. applications against two Du Plessis further said the other former Aurora directors, Fazel and sequestration order also means that a Solly Bhana, are in the process of being full investigation can now be conducted finalised. into all of Zuma’s business interests from

5 300

R170 million

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

SibanyeStillwater: More than 6 600 could lose jobs

S

ibanyeStillwater issued a section 189 notice in February which could lead to 6 678 (contractors included) job losses. Gideon du Plessis, General Secretary of Solidarity, said that the notice did not come as a surprise. In June 2018, Sibanye had already indicated that an unsatisfactory wage settlement could lead to thousands of job losses. Solidarity, Uasa and Num signed a wage agreement towards the end of last

year with Sibanye with the aim of limiting job losses. According to Du Plessis, it is regrettable that Amcu’s competent negotiators were replaced after three months of negotiations by new negotiators who did not even want to consider the sustainability of the gold sector and especially Sibyane, and clearly had ulterior motives. “The result was a destructive strike which has been going on since November 2018,” Du Plessis said. 01 / 2019

26

www.solidariteit.co.za

Amcu striking themselves into poverty

“T

rade union Amcu’s accusation that by not joining their SibanyeStillwater strike, Solidarity is protecting colonialists and the apartheid privileged, bears testimony to ignorance and ideological ineptitude,” Solidarity General Secretary Gideon du Plessis said. According to Du Plessis Solidarity, together with the National Union of Mineworkers (Num) and Uasa, had signed a wage agreement with SibanyeStillwater with the purpose of increasing job security for mineworkers, including Amcu members, at a time when the mining industry is under severe pressure. “Amcu’s Sibanye strike, which has been ongoing for three months already, is a major contributor to the fact that nearly 7 000 SibanyeStillwater employees are now facing retrenchment. The workers are busy striking themselves into poverty. “Amcu is going to destroy thousands of jobs just as they did during their five-month platinum strike in 2014 that resulted in 16 000 job losses at Lonmin alone,” Du Plessis said. Lonmin embarked on a retrenchment process by which it reduced its workforce by 8 000 employees. The mobilisation of the K4 shaft was also suspended which resulted in a further 6 000 job opportunities being destroyed. Following the retrenchments, Lonmin reduced its workforce by a further 2 000 employees. Amcu’s strike at Sibanye is accompanied by violence where seven non-striking workers have been killed already and 149 others have been seriously injured while houses belonging to non-striking workers have been burnt down.


NGV SAL LAND NET ARMER, SIEKER MAAK

LEES OP BL. 30: SA verpleegsektor in bedenklike toestand

Nasionale Gesondheidsversekering finansieel en ekonomies onuitvoerbaar, prakties onmoontlik

S

DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

die NGV as ’n stryd tussen klasse uit te beeld. “Hierdie kwessie gaan nie oor ryk teenoor arm nie. Dit gaan oor siek teenoor gesond. Op die oomblik is ons openbare gesondheidsorg só siek dat dit bykans terminaal is, en deur gesondheidsorg aan die burokrate oor te dra, gaan niemand help nie. Dit gaan net die diens wat tot die Esidimeni-tragedie aanleiding gegee het, en die ontelbare openbare hospitale wat reeds uitmekaar val, nasionaliseer totdat niemand meer kan wegkom van die onbevoegdheid van die regering nie,” het Malan benadruk. Malan het verduidelik dat die probleem met gesondheidsorg in Suid-Afrika net opgelos kan word indien die departement sy gesindheid teenoor privaat “Op die oomblik is ons openbare gesonddiensverskaffers heidsorg só siek dat dit bykans terminaal omvattend hersien. “Ons sit tans met ’n is, en deur gesondheidsorg aan die burowêreldklas privaat krate oor te dra, gaan niemand help nie.” mediese bedryf en een van die swakste staatsgesondheidsorgstelsels ter “Dit was van die begin af pynlik wêreld, dus kan die oplossing nie wees duidelik dat die NGV-wetsontwerp nooit dat laasgenoemde eersgenoemde insluk sy beloftes gestand sal kan hou nie. nie. Die vraag is hoe om die dienste van Die Wetsontwerp is nie net finansieel die privaat sektor meer toeganklik en en ekonomies onuitvoerbaar nie, maar bekostigbaar vir alle Suid-Afrikaners te is ook nie prakties moontlik nie. Die maak, en daar bestaan reeds antwoorde nasionalisering soos in die Wetsontwerp op hierdie vraag, byvoorbeeld deur ’n voorgestel, verteenwoordig nie ’n inkrekoeponstelsel in te stel. mentele verbetering in gesondheidsorg “Die departement sal meer pragnie, maar eerder ’n drastiese afname maties en minder ideologies oor die bedaarin. Dit is nie die swakste van goeie leid moet besin, en sal moet vasstel wat opsies nie, dit is net swak. Die NGV sal die beste netto impak op die gesondbeteken dat ons ’n armer en baie sieker heid van Suid-Afrikaners sal wees. Ons land sal wees,” het Morné Malan, senior wil almal in ’n gesonder land leef en navorser by die Solidariteit Navorsingsdaarvoor benodig ons skeppende en instituut (SNI), gesê. innoverende idees, nie verwerkings van Volgens Malan is dit duidelik dat slegte beleid wat reeds oor die wêreld die departement van gesondheid heen misluk het nie,” het Malan gesê. toenemend gewillig is om skadelike Solidariteit sal aanhou om druk op beleid deur te druk ten spyte van die die departement van gesondheid uit te negatiewe uitwerking wat dit op die oefen om te voorkom dat die NGV deel fiskus én die gesondheid van Suid-Afriword van Suid-Afrikaners se lewens, kaanse burgers sal hê. maar vra dat die publiek hulle hierin Solidariteit verwerp die pogings ondersteun. van die departement om die debat oor

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

olidariteit se Beroepsgilde vir Gesondheidsorgpraktisyns het die burgerlike samelewing gemaan om voort te gaan om volgehoue druk vanuit alle sfere op die omstrede NGV-wetsontwerp uit te oefen. Dit volg nadat die kabinet vroeër die huidige Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) afgekeur het. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidsorgpraktisyns het verlede jaar ’n krisisberaad aangebied waaraan deskundiges op die gebied deelgeneem het. Tydens die beraad is werkbare opsies om Suid-Afrika se gesondheidsorgkwale op te los, bespreek.

www.solidariteit.co.za

27

01 / 2019

South32-afleggings kan 30 000 mense raak

S

olidariteit het in Februarie ’n afleggingskennisgewing van die maatskappy South32 se Hillside-smeltery in Richardsbaai ontvang. Volgens dié kennisgewing kan die afleggingsproses ’n impak op tot soveel as 30 000 mense se lewens hê, wat ’n ingrypende effek op die Richardsbaai-omgewing tot gevolg sal hê. Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris, heers daar kommer oor die stand van die staalbedryf in Suid-Afrika met sowat 8 000 poste wat in 2018 verlore gegaan het. “Hoewel daar nie in die aanvanklike kennisgewing melding gemaak word van die aantal werknemers wat moontlik aflegging by South32 in die gesig staar nie, het die maatskappy in sy versoek aan die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aangedui dat hy beplan om sy werkmag met 500 poste te verklein,” het Croucamp bevestig. Volgens Croucamp is die herstruktureringsproses wat die maatskappy beoog om te volg, ingewikkeld. “South32 is besig om ’n uiters komplekse herstrukturering aan te pak wat gepaard sal gaan met afleggings, herorganisering en salarisaanpassings. Hulle beoog om hierdie drie doelwitte deur middel van een proses te bereik, wat ’n moeilike taak gaan wees.” Volgens hom moet die artikel 189-proses, soos deur die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal, egter eers begin. Solidariteit sal daarna in die beste belang van sy lede kan optree. Die KVBA sal nou ’n kommissaris as fasiliteerder aanwys, waarna die proses ’n aanvang sal neem en meer inligting sal dan beskikbaar raak.


Bedryfsnuus

Bevordering van oud-MK- en APLA-lede

INTERDIK BRING HOOP VIR DUISENDE POLISIELEDE

D

ie onlangse interdik wat in Solidariteit se guns deur die hooggeregshof toegestaan is om die bevorderings van oudMK- en APLA-lede, oftewel die niestatutêre magte (NSF) in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) tydelik te stop, bring hoop vir 150 000 getroue polisielede wie se bevorderingsgeleenthede deur die NSF-projek gekniehalter word. Dit volg nadat Solidariteit in 2018 ’n dringende aansoek vir die interdik voor die hooggeregshof gebring het om die bevordering van sowat 628 NSF-lede stop te sit. Volgens Renate Barnard, sektorkoördineerder van spesiale projekte by Solidariteit, is dit ’n oorwinning vir die benadeelde polisielede. “Solidariteit argumenteer ten sterkste dat die bevordering van NSF-lede – wat in sommige gevalle tot soveel as vyf range spring – uiters onregmatig en ongrondwetlik is. Voorts veroorsaak hierdie ongrondwetlike bevorderings dat

DEUR LIZE-MARIE LABUSCHAGNE

ander polisielede met jare lange getroue diens nie bevorder word nie, uitsluitlik omdat hulle nie ’n sekere agtergrond het nie. Ons is dus verheug dat die hof bevind het dat die bevorderings nie mag geskied totdat die wettigheid van die hele projek getoets is nie,” het Barnard gesê. Die hof het in April verlede jaar ’n interdik toegestaan wat die SAPD beveel om projekinligting of -rekords aan Solidariteit te oorhandig. In November 2018 het inligting aan die lig gekom dat die geheime NSFprojek poog om enorme bevorderings toe te ken aan sowat 628 voormalige MK- en APLA-lede – waarvan sommige in 1994 jonger as 18 was en sommige al oorlede is. Duisende van Solidariteit se lede en ander SAPD-lede van dieselfde ouderdom wat ten tye van die politieke oorgang in 1994 reeds in die SAPD was, verpas die NSF-bus en moet gewoon jare lank in hul range bly en alles probeer om bevordering te kry, meestal sonder sukses. Dit is slegs by uitsonde-

ring dat hulle enigsins bevorder word. Volgens Reneilwe Serero, woordvoerder van die minister van polisie, Bheki Cele, neem die ministerie van polisie en die SAPD kennis van die beslissing deur die hooggeregshof. “Ons respekteer enige hofbeslissing en uitspraak deur die howe. Dit sal verder bestudeer word,” het Serero gesê. Volgens Barnard sien Solidariteit daarna uit dat die hof vroeg vanjaar die NSF-bevorderings deeglik in oënskou neem. “Dit is in ons lede se belang en in nasionale belang dat die NSF-projek hersien word. Dit is niks anders as ’n polities gemotiveerde projek nie,” het Barnard gesê. • Teen druktyd was Solidariteit besig om met die regter-president van die hooggeregshof van Pretoria en al die ander partye (die SAPD en die staatsprokureur) te skakel om ’n voorkeurdatum te kry vir die vakbond se aansoek om die hele NSF-projek te laat hersien in terme van die Wet op Bevordering van Administratiewe Geregtigheid.

Ruling against racist SAPS General a major breakthrough BY WILMARIE BRITS

T

he South African Police Service (SAPS) found the Head of Basic Police Development, Major-General Sandra Malebe-Thema, guilty of racism after sustained pressure from Solidarity. According to Anton van der Bijl, Head of Legal Services at Solidarity, Malebe-Thema made racist and humiliating remarks towards training personnel during an event at the SAPS Training Academy in Oudtshoorn in 2016. Van der Bijl said the General had stated that there were too many white faces occupying positions in training and that the so-called discrimination against black students would be stopped. “During the

same event she also made inappropriate comments about a selected group of personnel’s clothing and weight,” Van der Bijl confirmed. The trade union acted immediately by submitting a formal complaint to the Human Rights Commission (HRC) in Cape Town, in November 2016. Solidarity sustained the pressure by turning to the Labour Court in May 2017, forcing the SAPS to launch an internal investigation against Malebe-Thema. Van der Bijl said the sanction found that Malebe-Thema did not show any remorse and continued to argue that she did not do anything wrong. Furthermore, it was found that her remarks

01 / 2019

28

www.solidariteit.co.za

caused emotional harm to the staff members involved, which had a negative impact on their work and personal lives. In view of this, it was found that Major-General Malebe-Thema should be dismissed with immediate effect. According to Van der Bijl, this is one of the rare occasions where justice triumphed in a situation where a black person was blatantly racist towards white people. “We are delighted with the outcome, since Solidarity spent a lot of time and effort to ensure that the SAPS fulfils its obligation to act on these matters. I believe this will be a lesson for South Africa that racism is not colour blind,” he concluded.


BEROEPSGILDES JOU WERKVENNOOT Stap pad van loopbaanontwikkeling en groei saam met lede onderweg na meesterskap

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

S

DEUR MANDY-MICHELLE THACKWRAY

olidariteit het sy onderskeie beroepsgildes op 13 November verlede jaar tydens ’n glansgeleentheid bekend gestel. Dié gildes fokus op spesifieke beroepe en bied aan loopbaangedrewe mense ’n tuiste waar hulle saam kan werk en saam kan leer. Dit is ’n gemeenskap wat daarop toegespits is om spesifieke beroepe te beskerm, jongmense ’n kans op ’n loopbaan binne die betrokke beroep te gee, en ’n waghond te wees wat brandpunte in die beroep met werkbare oplossings aanpak. Gildes se tradisionele rol was om beroepe te beskerm en te beding, om mense op te lei en ambagte se integriteit te behou deur die daarstel van standaarde, maar bo alles om geborgenheid te gee. Dit is presies wat loopbaangedrewe mense by Solidariteit se beroepsgildes gaan beleef – ’n baie sterk gevoel van geborgenheid. Twee faktore het tot die stigting van Solidariteit se beroepsgildes gelei: ’n onvriendelike staat wat verswak en die inligtingsrewolusie. Solidariteit se beroepsgildes gaan soos die gildes van ouds ’n loopbaanpad van groei en ontwikkeling saam met hulle lede stap. Die beroepsgildes streef daarna om lede te help ontwikkel tot meesterskap, ongeag die beroep waarin hulle staan. “Ons gildes se boodskap is: Ons gaan hier bly, maar ons gaan nie stilbly nie. Ons gaan nog lank hier bly en ons wys dit deur ons belegging in die volgende geslag,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Hoekom deel word van ’n beroepsgilde? • Jy is deel van ’n beroepsnetwerk waar mense van ’n spesifieke beroep met mekaar kan skakel, mekaar kan verryk, werk aan mekaar kan gee en beste praktyke uitruil. • Die gilde tree as waghond op vir die professie, en neem standpunt in oor kwessies wat die beroep raak. • Die jeug is ons toekoms en daarom wil ons graag aan gildelede die geleentheid bied om ondersteuning te ontvang deur internskappe en mentorskap programme. • Gildelede ontvang tot 50%-afslag by S-Leer vir voortgesette opleiding en persoonlike ontwikkeling. Brei jou kennis en vaardighede uit deur seminare, webinare en e-leer. • Lede het toegang tot toepaslike inligting en hulpbronne. • Ons gildes gaan alternatiewe beroepsinstellings skep waar nodig. • Solidariteit gaan deur Solidariteit Helpende Hand ook na gildes uitreik wat spesifieke behoeftes het. • Solidariteit se gildes voorsien ook inligting oor arbeidsreg en arbeids verhoudinge – iets wat ander beroepsverenigings nie bied nie.

Sluit vandag aan by een van dié gildes • Verpleegkundiges • Gesondheidspraktisyns • Kantoorpraktisyns • Kommunikasiepraktisyns • Maatskaplike werkers • Lugvaart • Onderwys • Arbeidsverhoudinge.

www.solidariteit.co.za

29

01 / 2019

Maatskaplike werkers kry gilde

S

olidariteit spog nou ook met ’n unieke netwerk van werk vir maatskaplike werkers. Die Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers gaan hom daarop toespits om as waghond vir die beroep op te tree en te verseker dat die profiel van maatskaplike werkers gelig word. Volgens Marisa Engelbrecht, afdelingshoof van Innovasie by Solidariteit, getuig die departement van maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal se oorhaastige verplasing van kinders in Februarie en die blote feit dat die Natalse Hooggeregshof in die guns van die Christelik Maatskaplike Dienste (CSS) beslis het, van die departement se disfunksionaliteit om protokol te volg. “Dit was vir ons net weer ’n bevestiging dat maatskaplike werkers blootgestel is aan onetiese en ondeurdagte besluite deur onkundiges in hoë poste,” sê Engelbrecht. Dit kom nadat nagenoeg 200 kinders by Môrester Ladysmith, Môrester Newcastle en Huis Meah in opdrag van die departement verwyder is nadat daar vermoedelik ’n klagte van rassisme en emosionele mishandeling was. Alvorens die bewering ondersoek is, is die kinders verwyder. Solidariteit se Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers verwelkom die hof se beslissing dat die verdere ondersoek teen 18 Maart afgehandel moet wees sonder om die kinders verder te traumatiseer. “Ons sal die situasie fyn dophou en sal verdere stappe teen die departement neem indien hy voortgaan om teen wetgewing en sy eie regulasies op te tree. Ons steun ook Solidariteit Helpende Hand se onafhanklike verslag oor die situasie en is dankbaar dat hulle ook na die getraumatiseerde personeel uitreik deur berading aan hulle te bied,” het Engelbrecht gesê.


Bedryfsnuus

SA VERPLEEGSEKTOR IN BEDENKLIKE TOESTAND Verpleegkundiges oorwerk, gedemotiveerd & al minder tree jaarliks toe tot beroep DEUR WILMARIE BRITS

V

erpleegkunde is ’n beroep wat deur Florence Nightingale beskryf is as een van die skoonste kunste. Dis ’n beroep wat gekenmerk word deur ’n besondere meelewing met ander en ’n bereidwilligheid om te leer. Ongelukkig is dit deesdae ook ’n ondankbare beroep waar personeel oorwerk en gedemotiveerd is, en gebuk gaan onder swak werkomstandighede. ’n Senior navorsingsielkundige van die Solidariteit Navorsingsinstituut, Nicolien Welthagen, het onlangs ’n verslag getiteld Verpleegtekorte in Suid-Afrika die lig laat sien. Dié verslag werp lig op die omvang en gevolge van die tekort aan verpleegsters in Suid-Afrika. Volgens hierdie verslag het ondoel-

44 700

Die enorme tekort aan verpleegpersoneel in Suid-Afrika sedert 2010.

treffende leierskap, swak administrasie en swak beplanning by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV) ’n uiters negatiewe uitwerking op dié edele en belangrike beroep, wat stadig maar seker besig is om die verpleegsektor in Suid-Afrika op sy knieë te dwing. Daar is al sedert 2010 ’n tekort van meer as 44 700 verpleegpersoneel in Suid-Afrika. “Die lewering van gekwalifiseerde verpleegkundiges in al die verpleegkategorieë het vanaf 2013 met byna 40% gekrimp. Daar het sedert dié jaar jaarliks ongeveer 8 535 minder verpleegkundiges tot die werkmag toegetree,” het Welthagen uitgelig. Die tekort kan grootliks toegeskryf word aan veelvoudige probleme binne die SARV, ontoereikende opleiding en studente-uitsette, poste wat nie gevul

word nie, ’n verouderde werkmag en swak werkomstandighede. Welthagen se omvattende verslag lig uit dat geakkrediteerde private verpleegopleidingsinstellings in Suid-Afrika veral in die moeilikheid is, nadat die SARV baie van die kursusse wat daar aangebied word, reeds in 2015 opgeskort het. Die SARV het in 2012 al begin met die ontwikkeling en akkreditasie van ’n nuwe kurrikulum en twee nuwe kwalifikasies. Ses jaar later is slegs ’n handjievol opleidingsinstellings geakkrediteer. Die kern van die probleem is dat daar by die SARV ’n vertraging met die goedkeuring van private verpleegopleidingsinstellings is. Die oorgang van die ou na die nuwe (die sogenaamde migrasieproses) het eenvoudig nie gebeur nie. “Byna 60% van verpleegopleiding

8 535 minder verpleegkundiges tree sedert 2013 jaarliks tot die beroep toe. Die lewering van gekwalifiseerde verpleegkundiges in alle verpleegkategorieë het met 40% gedaal.

01 / 2019

30

www.solidariteit.co.za


Shorter internship proposal welcomed BY LIZE-MARIE LABUSCHAGNE

T WORD DEEL VAN DIE BEROEPSGILDE VIR VERPLEEGKUNDIGES. BESOEK WWW.VERPLEEG.CO.ZA

“Live life when you have it. Life is a splendid gift – there is nothing small about it.”

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

~ Florence Nightingale ~

vind binne private opleidingsinstellings plaas. As die akkreditasie van hierdie instellings nie plaasvind nie, sal dit aanleiding gee tot verdere ernstige tekorte aan verpleegpersoneel in die toekoms,” waarsku Welthagen. Wat nog groter kommer wek, is die feit dat die SARV ’n meer rooskleurige prentjie van die verpleegsektor in Suid-Afrika skets as wat werklik die geval is. Die raad gebruik syfers en statistiek van geregistreerde verpleegkundiges en nie dié wat praktiseer nie. Hierdie SARV-syfers sluit in studente, afgetredenes en selfs personeel wat geëmigreer het. Verder is daar geen instansie by wie deursigtige en omvattende statistiek bekom kan word wat die stand van die verpleegberoep in Suid-Afrika uitbeeld nie. Die SARV se rekords toon byvoorbeeld dat daar 21 538 verpleegstudente in 2013 geregistreer het, maar wanneer daar spesifiek na die studenteuitsetsyfer van 2017 gekyk word, het daar slegs 13 036 van die 21 538 geregistreerde studente afgestudeer. Nog ’n groot probleem is dat daar tans meer verpleegpersoneel is wat

bedank of aftree as wat opgelei kan word en die werkmag betree. Volgens die SARV is 50% van sy werkmag ouer as 50 jaar en 5% jonger as 30. Dié statistiek wek groot kommer vir die toekoms van Suid-Afrika se gesondheidsorg, omdat al minder jongmense dié beroep wil betree. Dit gaan ’n groter tekort teweegbring wanneer dié hoogs geskoolde verpleegpersoneel, dosente, verpleegbestuurders en kliniese spesialiste aftree. Swak salarisse en werkomstandighede, veral in die openbare gesondheidsorgsektor en in plattelandse gebiede, is kommerwekkend en dra grootliks by tot die tekort aan verpleegkundiges. Volgens Welthagen is dit byna onmoontlik om die verpleegtekorte aan ’n spesifieke getal te koppel, maar as ’n mens kyk na Persal se ratio van verpleegpersoneel tot bevolking wat die openbare gesondheidsorgsektor besoek, is daar 1 verpleegster vir 327 mense. Verpleegkunde as beroep in SuidAfrika is vir seker in gevaar, maar die impak daarvan op goeie gesondheidsorg vir miljoene Suid-Afrikaners is byna ondenkbaar. www.solidariteit.co.za

31

01 / 2019

he South African Medical Association (Sama) has launched an investigation into a proposal by the Department of Health to shorten the internship period of doctors from two years to one. Currently, medical students are expected to complete a two-year internship as well as a compulsory community service year. The Solidarity Occupational Guild for Medical Practitioners welcomed the proposal. According to Morné Malan, Senior Researcher at the Solidarity Research Institute, the proposal would not only help to alleviate the pressure on the institutions responsible for this training but would also address the shortage of already accredited doctors. “Unfortunately, these internships have increasingly become obstacles for the profession rather than a means to create opportunities,” Malan said. “We see too often that these programmes are marked by poor management, limited leadership, inhuman working environments, and enormous workloads.” The Occupational Guild emphasised that although the proposal to shorten the internship period was a step in the right direction, the accreditation of private institutions to offer these internships was still the most advantageous option. “The primary issue is not that these internships take time away from a prospective medical practitioner’s career, but rather the fact that it is wasted time,” Malan said. “The quality and management of medical doctors’ practical training are sometimes horrific, and while students and the industry both have a significant need for training in the private sector, it is not available.”


SOLIDARITEIT LEWER INSETTE OP VOORGESTELDE WYSIGINGS DEUR ADV. HANLIE VAN VUUREN

Wie ’n “werknemer” vir doeleindes van Wet is Die voorgestelde wetswysiging sal alle huiswerkers in die definisie insluit. Persone wat huiswerkers in diens het, sal premies aan die Vergoedingsfonds moet betaal en huiswerkers sal ook geregtig wees op voordele waarvoor die Wet voorsiening maak. Solidariteit het voorgestel dat persone wat vir hulself werk, ingesluit word op vrywillige basis sodat hulle dekking kan geniet.

2

1

Die definisie van “ongeval” Solidariteit steun nie die voorgestelde wysiging van die definisie wat inhou dat die woord “ongeval” vervang word met die woord “insident” nie, aangesien dit verwarring sal kan veroorsaak met die definisie van “insident” soos vervat in die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (78 van 1993) saamgelees met artikel 24 van dieselfde Wet. Dit hou in dat net sekere insidente aanmeldbaar is terwyl dit belangrik is dat alle ongevalle aangemeld word. Solidariteit stel voor dat die definisie wel gewysig word deur die woord “en” met die woord “of” in die volgende sin te vervang:

’n ongeval wat uit ’n werknemer se diens ontstaan en in die loop daarvan plaasvind en wat ’n persoonlike besering, siekte of die dood van die werknemer tot gevolg het.

D

ie departement van arbeid het verlede jaar konsepwetswysigings aan die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (130 van 1993) vir kommentaar gepubliseer. Die keerdatum vir insette was 18 Desember 2018 en Solidariteit se afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid se kommentaar is met billike vergoeding as riglyn gedoen. Dit is nie moontlik om al ons insette in dié artikel te bespreek nie, en lede wat die dokument wil bekom, kan dit gerus aanvra by hanlie@solidariteit.co.za. ’n Paar van die belangrikste insette is: 1 Die definisie van “ongeval”; 2 Wie ’n “werknemer” vir doeleindes van die Wet is; 3 Artikel 22: Uitbreiding van die reg tot vergoeding; 4 Artikel 26 wat handel oor omstandighede waaronder vergoeding geweier kan word; 5 Die reg van werknemers om self hul eise aan te meld; en 6 Rehabilitasie.

Dié wysiging sal die moontlike situasies ingevolge waarvan geldige

01 / 2019

32

www.solidariteit.co.za

eise ingestel kan word, uitbrei deurdat dit ’n tweeledige in plaas van ’n drieledige vereiste daarstel. Dit sal die definisie in lyn bring met internasionale tendense. Solidariteit stel verder voor dat die woorde “herhaling, terugval en verergering van toestande” ingesluit word om sekerheid te gee ten opsigte van persone met voorafbestaande toestande. Die volledige voorstel lui soos volg in Engels:

an accident arising out of or in the course of an employee’s employment and resulting in a personal injury, illness or the death of the employee and includes a recurrence, relapse or aggravation.

Bedryfsnuus

Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes

Solidariteit stel verder voor dat ’n weerlegbare vermoede in die Wet ingesluit word met die strekking dat sou ’n persoon in die loop van sy werk sterf of beseer word, dit geag sal word dat dit uit sy werk ontstaan het en vice versa, tensy die teendeel bewys is.


Artikel 26: Omstandighede waaronder vergoeding geweier kan word

Artikel 22: Uitbreiding van die reg tot vergoeding Artikel 22 bepaal tans dat werknemers wat beseer word of sterf in motorongelukke op pad na en van die werkplek, geregtig sal wees op vergoeding indien die voertuig deur die werkgewer verskaf is en bestuur word deur ’n persoon wat in diens van die werkgewer is. Die voorgestelde wysiging sal die vereiste dat die bestuurder in diens van die werkgewer moet wees, wegneem. Solidariteit is ten gunste van hierdie wysiging.

Rehabilitasie

Solidariteit ondersteun die insluiting van rehabilitasie en die herintegrasie in die werkplek van persone wat gestremd geraak het as gevolg van beroepsbeserings of -siektes, en plaas die voorgestelde artikel volledig:

REHABILITATION AND RE-INTEGRATION Compensation Fund to provide rehabilitation 70A. (1). Subject to the provisions of this Act the Compensation Fund may provide as the case may be, facilities, services and benefits aimed at rehabilitating employees suffering from occupational injuries or diseases to return to their work and to reduce any disability resulting from their injuries or diseases. (2) The rehabilitation benefits provided in subsection (1) may consist of – (a) clinical rehabilitation and the provision of assistive devices for the purpose of physical and psychological recovery of the employee and to reduce any disability resulting from an occupational injury or disease; (b) vocational rehabilitation to assist an employee to maintain employment, obtain employment, regain or acquire vocational independence; and (c) social rehabilitation to assist in restoring an employee’s independence and social integration to the maximum extent practicable.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Ons is van mening dat die begrippe duidelik omskryf moet word en stel voor dat indien ’n werknemer binne twee jaar vanaf die datum van ’n besering ontslaan word, dit geag word as outomatiese onbillike ontslag tensy die werkgewer die teendeel kan bewys.

www.solidariteit.co.za

33

01 / 2019

Solidariteit stel voor dat die hele artikel hersien word, want soos dit tans bewoord is, is werknemers van vrygestelde werkgewers (staatsdepartemente) verplig om al hulle gesondheidstoestande aan die werkgewer te verklaar. Dit is teenstrydig met die reg tot privaatheid soos vervat in die Grondwet van Suid-Afrika en die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (4 van 2013). Die voorgestelde wysiging van hierdie artikel gee aan die Vergoedingskommissaris die reg om vergoeding te weier indien ’n beseerde persoon “onredelik weier om mediese behandeling of rehabilitasieprogramme te ondergaan”. Ons is egter van mening dat dit vaag en onduidelik is, want dit is nie duidelik watter soort mediese behandeling of rehabilitasieprogramme voldoende sal wees nie.

Reg van werknemers om self eise aan te meld Werknemers is tans afhanklik van werkgewers om eise aan te meld en dit gebeur dikwels dat werkgewers in gebreke bly om alle eise aan te meld. Ons is van mening dat die prosedures en prosesse van die Vergoedingskommissaris aangepas moet word sodat die werknemer se reg om self sy eis aan te meld, bevorder word.




in Beweging

BEWEGING BELYN

buitelandse bande

D

DEUR MIA SLABBERT

aanpak. Ons gaan seker maak dat ons strategie na ’n nuwe vlak geneem word, want waar internasionale skakeling in die verlede in ’n mate redelik wyd was, is dit nou belangriker as ooit om hierdie bande meer gefokus te bou en versterk,” het Kleynhans gesê. Vir Kleynhans is dit ’n prioriteit om bande met politieke partye in die buiteland daadwerklik te versterk, om strukture in die buiteland te skep en om internasionale fondse te bekom. “Daar is groot ontwikkelingsfondse in die buiteland en ons wil gaan fondse werf vir byvoorbeeld Helpende Hand, Akademia en Sol-Tech,” het Kleynhans gesê. Volgens hom het hy reeds binnekort ’n afspraak met die Oostenrykse minister van buitelandse sake, Karin Kneissl, asook verskeie politieke leiers in Nederland. Kleynhans meen dit is nodig om vir leiers in die buiteland ’n eerlike prentjie te skets “As dit gaan oor minderheidspolitiek en oor hoe dinge in Afrikaanse politiek in Suid-Afrika, is daar Suid-Afrika gaan, niemand met groter politieke geloofwaarhetsy goed of sleg. “Daar moet bewusdigheid as die Solidariteit Beweging nie.” making plaasvind oor wat in die land gedoen word om dit wat verkeerd Kleynhans se rol is om die Beweging se is, reg te maak en ook die Solidariteit strategie te versterk sodat internasionale Beweging se rol in hierdie proses aan bande met ’n stewige handdruk bevestig die buiteland te verduidelik. Ons wil vir kan word. mense in die buiteland sê die Solidariteit “Al die instellings se internasionale Beweging is eintlik die vennoot, die voerskakeling gaan wel individueel voort, tuig, om deur te werk. Tot nou toe was maar ons gaan dit nou net belyn en ons bande eintlik baie vriendskaplik,” almal volgens ’n spesifieke strategie

FOTO’S: ANSIE VAN NIEKERK & ISTOCKPHOTO.COM

ie Solidariteit Beweging se fokus op internasionale skakeling het ’n hupstoot gekry met die aanstelling van Jaco Kleynhans, ’n man met jare se ondervinding in kommunikasie en internasionale skakeling en (gelukkig) ’n groot passie vir reis. “Ek is ongelooflik opgewonde oor dié nuwe avontuur. Die Solidariteit Beweging doen reeds internasionale skakeling wat baie suksesvol is, maar ons het agtergekom dat daar ’n behoefte is vir ’n gefokusde strategie wat al hierdie verhoudings opvang, koördineer en na ’n nuwe vlak neem,” het Kleynhans gesê. Oor die jare het die verskeie instellings binne die Solidariteit Beweging – insluitend AfriForum, Akademia en Helpende Hand – daarin geslaag om sterk bande in die buiteland te vorm.

01 / 2019

36

www.solidariteit.co.za

JACO KLEYNHANS

het Kleynhans gesê. Hoewel die Solidariteit Beweging nie self ’n politieke party is nie, gaan politieke skakeling oor wie politieke geloofwaardigheid het, verduidelik hy. “As dit gaan oor minderheidspolitiek en Afrikaanse politiek in Suid-Afrika, is daar niemand met groter politieke geloofwaardigheid as die Solidariteit Beweging nie.” Kleynhans sê die rede waarom die Solidariteit Beweging juis nie ’n politieke party is nie, is omdat dié rol die res van die politieke partye in Suid-Afrika jou opponent maak. “Ons wil nie die politieke partye as vyande hê nie, ons wil juis saamwerk om Suid-Afrika ’n goeie en beter plek vir almal te maak. Die Solidariteit Beweging is gerat om parlementêre en buiteparlementêre skakeling met die res van die wêreld te doen en dit plaas die Beweging in ’n baie voordelige posisie. Ons geloofwaardigheid tel ongelooflik baie in ons guns.”





in Beweging

Aansoeke vir studies in 2020 is reeds oop. As jy beoog om Akademia deel van jou of jou kind se loopbaanreis te maak, besoek www.akademia.ac.za of skakel 0861 222 888.

Akademiese grofgeskut VIR AKADEMIA

A

DEUR ZYDELIA VENTER

Geesteswetenskappe, terwyl prof. Hannes Rautenbach die Fakulteit Natuurwetenskappe as dekaan versterk. Prof. Gawie du Toit is as die dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aangestel. Dié vooraanstaande professors is onder meer getaak met die ontwikkeling van die instelling se programaanbod in die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe en Opvoedkunde. Akademia beoog om hierdie jaar 40 nuwe kwalifikasies vir akkreditasie deur die Raad op Hoër Onderwys in te dien. Die akademiese jaar is reeds goed op dreef. Die studenteoriëntering vir hierdie jaar het op 2 Februarie plaasgevind en klasse het reeds af-

geskop. Vanjaar word Akademia se eerste kwalifikasie in die Geesteswetenskappe, BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie), aangebied. Daar word verder beplan om vanjaar nóg nuwe kwalifikasies bekend te stel. Hou die media dop vir meer inligting hieroor. Vanjaar se studenteraad (SR) is vuur en vlam. Hierdie SR is aan die einde van 2018 verkies en het sedertdien beplanning gedoen om studentelewe en -kommunikasie te bevorder en te vergemaklik. Dié groep studenteleiers pak reeds hulle idees en planne met hope energie aan. Akademia is opgewonde oor die toekomspad en sien uit na die Afrikaanse gemeenskap se volgehoue ondersteuning waarmee die akademiese reis van ons studente onvergeetlik gemaak word.

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

kademia het ’n blink toekoms. Ná talle hoogtepunte gedurende 2018 bou Akademia voluit voort om ’n wêreldklas Afrikaanse universiteit op die been te bring. Dié tersiêre instelling poog nie alleen om gehalte-opleiding te bied nie, maar ook om die klassieke opvoedings- en vormingsideale in haar benadering te laat herleef. Akademia is trots om aan te kondig dat haar hande vanjaar met ’n akademiese hoof en drie dekane versterk word. Prof. Danie Goosen is aangestel as die nuwe akademiese hoof van Akademia. Prof. Pieter Duvenage tree in as dekaan van die Fakulteit

PROF. DANIE GOOSEN

PROF. PIETER DUVENHAGE

01 / 2019

PROF. HANNES RAUTENBACH

40

www.solidariteit.co.za

PROF. GAWIE DU TOIT



in Beweging

Volgehoue gehalteverbetering en uitnemendheid is tegniese opleidingskollege se geheime wapen

FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE & ISTOCKPHOTO.COM

S

ol-Tech, die grootste Afrikaanse beroepsgerigte kollege in Suid-Afrika, se geheime wapen is volgehoue gehalteverbetering en uitnemendheid. Volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, is daar ’n duidelike strategie in plek vir die volgende twee jaar om op die prestasie van hierdie reeds uitnemende instansie voort te bou. Deeglike beplanning, wat mooi saamgevat word met die tema “Môre begin vandag”, is die sleutel tot sukses. Sol-Tech het daarom drie groot projekte van stapel gestuur om 2019 selfs ’n beter jaar te maak as die vorige dekade van Sol-Tech se bestaan. Die grootste projek, en volgens Van Deventer een van die lekkerste projekte, is die beplanning van Sol-Tech se eie kampus. Kort hierna volg die ontwikkeling en implementering van ’n nuwe onderrigen opleidingsmodel asook die uitbreiding van die opleidingsaanbod om groter toeganklikheid vir studente te bied.

DEUR CILLESTE VAN DYK

Doelontwerpte kampus: Eerste stene vanjaar gelê Sol-Tech droom al van 2011 af oor ’n eie doelontwerpte kampus en vanjaar sal daardie droom uiteindelik, ná vele hofsake oor die grond waarop die kampus gebou sal word, bewaarheid word. Beplanning saam met ’n argitek en ’n hele professionele span kundiges is reeds aan die gang en Sol-Tech hoop om teen die einde van die jaar reeds die eerste stene te kan lê. Hierdie kampus in en vir die gemeenskap gaan die bakermat vir beroepsopleiding wees. Die kampusbeplanning sluit onder meer in koshuisfasiliteite, ’n moderne kampus en ’n area waar studente sosiaal kan verkeer tussen klasse. Die kampus moet soos ’n tweede tuiste vir sy studente voel om ’n gevoel van saam leer en ontwikkeling in die hand te werk.

42


Onderriggehalte ontsluit werkgeleenthede

W

at Sol-Tech se onderrig- en opleidingsmetode betref, word daar ’n splinternuwe model in plek gestel om volgehoue gehalte-onderrig te verseker. Dié model neem nuwe tendense in ag en maak gebruik van die nuutste tegnologie. Dit sluit ook die implementering van nuwe beroepskwalifikasies in. Sol-Tech gaan ’n leerdergesentreerde onderrig- en opleidingsmodel volg, soortgelyk aan die “Flipped Classroom”-model. Die “omgekeerde klaskamer” is ‘n onderrigstrategie gekenmerk deur ’n soort gemengde leer wat die tradisionele rol van die onderwyser in die leeromgewing omkeer, deurdat onderriginhoud dikwels aanlyn, buite die klaskamer deur selfstudie bemeester word en die lektor, as fasiliteerder, die teorie tydens die les met die praktyk integreer. Dit beweeg aktiwiteite, insluitend inhoud wat tradisioneel as huiswerk beskou is, interaktief in die klaskamer in. Selfgerigte leer is ook een van die doelwitte wat nagestreef gaan word. Dit sal ’n proses wees waarin individue die inisiatief neem om sonder die hulp van ander hul eie leerbehoeftes te identifiseer, doelwitte te formuleer en leeruitkomste te evalueer. Tesame met die nuwe onderrigmodel, word Sol-Tech se hele kurrikulum en alle leermateriaal aangepas volgens die nuwe beroepskwalifikasieraamwerk wat deur die Quality Council

for Trades and Occupations (QCTO) voorgestel word. Dit maak Sol-Tech die leier in beroepsopleiding in Suid-Afrika en ondersteun Sol-Tech se visie om die voorkeurinstelling vir beroepsopleiding in Suid-Afrika te wees. In ’n land waar werkloosheid erger as ooit tevore is, verwag ’n mens dat werksoekers by werkplekke sal toustaan om werk te kry. By Sol-Tech staan werkgewers egter tou om Sol-Tech-studente aan te stel, hoofsaaklik as gevolg van die gehalte-onderrig wat die instelling bied. Dit is waarom Ajani ’n kritieke rol speel in die plasing van Sol-Tech se studente. Ajani is ’n onafhanklike plasingsmaatskappy wat uitsluitlik Sol-Tech-studente by goedgekeurde werkgewers plaas om praktiese ondervinding op te doen. Die plasingskoers is só goed dat Sol-Tech-studente reeds ’n maand voordat hulle Sol-Tech verlaat ’n werkgeleentheid by Seta-goedgekeurde werkgewers kry, waar hulle deurlopend gemonitor word. In die verlede het studente tot twee maande gewag vir plasings. Volgens André Vermaak, uitvoerende hoof van Ajani, kan hierdie sukses toegeskryf word aan die bekendheid van Sol-Tech se uitsonderlike studente onder die werkgewers. “Die gehalte van SolTech se opleiding loop homself vooruit, en vir sommige werkgewers sal niemand anders as ’n Sol-Tech-student deug nie,” het Vermaak gesê.

Sol-Tech só meer toeganklik vir meer studente gemaak

S

ol-Tech se opleidingsaanbod is reeds van topgehalte, maar daar is altyd plek vir verbetering. “Daarom gaan ons die huidige aanbod selfs nog beter maak, vertel Van Deventer. Sol-Tech beplan ook om sy studiefondshulp uit te brei en Sol-Tech meer toeganklik te maak vir behoeftige studente. Buiten die vooruitsig om finansiële bystand meer toeganklik te maak, word daar ook reeds ’n oorbruggingsprogram in vyf verskillende dorpe aangebied om Sol-Tech akademies meer toeganklik te maak. Sol-Tech se unieke oorbruggingsprogram is spesifiek ontwikkel vir diegene wat nie aan die voorgeskrewe toelatingsvereistes tot ambagsopleiding voldoen nie, sodat hulle die nodige onderrig kan deurloop om sodoende toegang tot ambagsopleiding by die kollege te verkry. Die program sal deur middel van geskeduleerde kontaksessies by vyf skole aangebied word. Satellietkampusse op Wolmaransstad (Hoërskool Wolmaransstad), Bethlehem (Bethlehem Voortrekker Hoërskool), Naboomspruit (Hoërskool Hans Strijdom), Worcester (HTS Drostdy) en Klerksdorp (Hoërskool Schoonspruit) verseker dat studente toegang tot gehalte-onderrig in hul eie dorp kry. Opleiding vind aaneenlopend oor ’n tydperk van 24 weke plaas en leerders moet oor ’n graad 10-sertifikaat beskik.

“Die toekoms voel soms ver, maar môre begin reeds vandag. Dit is ook iets wat Sol-Tech ter harte neem. Dit is noodsaaklik om vir môre te beplan deur vandag reeds iets te doen,” meen Paul van Deventer. “Dit geld nie net vir Sol-Tech nie, maar vir elke student, personeellid en ouer. As jy goed beplan vir môre en vandag reeds iets doen, sal jy sukses behaal!”

43


FOTO’S: ROZIER VAN TONDER, REINT DYKEMA & ISTOCKPHOTO.COM

I

DEUR ALET RADEMEYER

n 2018 was daar ’n afname in plaasmoorde, maar ’n skerp styging in plaasaanvalle. Dit dui daarop dat, hoewel die probleem vererger, mense beter na hul veiligheid omsien en hulself beter verdedig. Dit is van die bevindings wat AfriForum tydens ’n mediakonferensie by sy hoofkantoor in Centurion bekend gemaak het. ’n Ontleding deur AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling het bevind dat daar gedurende 2018 altesaam 432 plaasaanvalle en 54 plaasmoorde was. “Plaasgemeenskappe baklei terug en gevolglik is daar ’n afname in moorde. Meer slagoffers skiet terug, meer word opgelei en meer verdedig hulleself. Hoewel meer mense oorleef, is daar egter steeds ’n toenemende aanslag op mense op plase. “Ons sien dat goedgeorganiseerde gemeenskapsveiligheidstrukture ’n ystervuis vir gemeenskappe word en as ’n afskrikmiddel vir bedreigings dien,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê. Cameron meen dat AfriForum se 132 gemeenskapsveiligheidstrukture en sowat 8 500 aktiewe veiligheidslede, toenemend gerusstelling bied aan gemeenskappe en hulle weerbaarder maak. AfriForum se welslae is te danke daaraan dat hul strukture deel vorm van ’n suksesvolle nasionale netwerk waar eenheid ’n belangrike rol speel. “Boere is toenemend besig om terug te veg teen aanvalle en maak hulself weerbaarder, om te verhoed dat hulle slagoffers word.”

AfriForum 911, ’n noodgevaltoep, het reeds talle mense gehelp en kan gebruik word in die geval van aanvalle, kapings, huisbrake, diefstalle, brande en mediese noodgevalle. Meer as 30 000 AfriForum-lede het reeds die toep afgelaai. Besoek www.afriforum911.co.za

IAN CAMERON

Drieledige aksieplan PLAASLIK

1

NASIONAAL

2

INTERNASIONAAL

3

• •

ERNST ROETS

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê die organisasie gaan sy veldtog teen plaasmoorde vanjaar met verskeie aksies verskerp. “Boere en landelike gemeenskappe is onder geweldige druk. Hulle word aangeval, vermoor en gemartel. Dis ’n gemeenskap wat deur die regering verwaarloos word en wie se pleidooie op dowe ore val. Daarom sal AfriForum sy veldtogte verskerp om die wêreld se aandag op die krisis te vestig.” 01 / 2019

44

www.solidariteit.co.za

’n Plaasveiligheidsoudit onder AfriForum se lede om die risiko van plaasaanvalle te beperk. Versterking van huidige veiligheidstrukture en groter samewerking.

• AfriForum het die Wilmien Potgieter-fonds gestig om kinderslagoffers finansieel by te staan en te ondersteun. • AfriForum gaan ’n voorlegging in die parlement maak oor die impak van plaasmoorde en stappe wat deur die regering gedoen kan word. • ’n Opvolgskakeltoer na die VSA sal plaasvind, wat ’n bekendstelling van Roets se boek Kill the Boer sal insluit. Mariandra Heunis, wie se man, Johann, in 2016 vermoor is, reis saam om die slagoffers van plaasaanvalle te verteenwoordig.


FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

A

DEUR ALET RADEMEYER

frikaners, en minderhede oor die algemeen, verkeer onder toenemende druk, en die ANC se beleidsrigting van ’n nasionale demokratiese rewolusie word teen ’n versnelde pas in werking gestel. Eiendomsreg word bedreig deur die ANC se beleid om die Grondwet te wysig sodat onteiening sonder vergoeding moontlik is, terwyl Afrikaanse enkelmediumskole in die spervuur is. Rasgedrewe transformasie op elke lewensterrein is aan die orde van die dag en sal na verwagting verder versnel word. Geweldsmisdaad neem ook jaar ná jaar toe. Dít plaas in 2019 ’n groter verpligting as ooit tevore op AfriForum en elke ander Afrikanerorganisasie om dringend op te tree, meen Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Kriel het onlangs gesê die oplossings wat Afrikaners moet instel om blywend vry, veilig en voorspoedig binne hierdie omstandighede te kan oorleef, moet nóg vinniger geïmplementeer word. Dit is binne hierdie konteks dat die burgerregtegroep sy Twintig19-plan uitgewerk het om sy werksaamhede in 2019 verder te versnel.

Kriel het gesê minderhede moet aan hoop vashou én hoop skep met alles wat hulle aanpak. “Hoop is die brandstof wat ons krag gee om die toekomspad te loop. Sonder hoop is ’n mens apaties, pessimisties en word jy ’n slagoffer van die geskiedenis. “Ons het almal vanjaar hoop nodig in die lig van toenemende radikalisering, rassisme, die openlike teiken van minderhede en die agteruitgang in dienslewering. “Om hoop te skep, is ’n werkbare, vindingryke plan nodig, en dit is waarop ons gaan fokus. Ons gaan hard werk om bestaande werklikhede in die land te beïnvloed én om selfstandigheid te bevorder.” Kriel het ook verwys na die selfstandigheidsprojekte wat vanjaar in ankerdorpe uitgerol gaan word. Ankerdorpe vorm deel van die Solidariteit Beweging se konsentrasiestrategie. Hiervolgens sal daar ’n spesifieke fokus wees om te help toesien dat daar sterk instellings en dienste gevestig word in die ankerdorpe en -stede waar Afrikaners in die toekoms in groter getalle gaan woon. AfriForum se aksies, veldtogte en optrede sal daarop gerig wees om vyf oorhoofse uitkomste te bereik.

Oorhoofse uitkomste VEILIGHEID

AfriForum moet bydra om ’n veilige samelewing te vestig waar sy lede, ondersteuners en ander burgers veilig is en voel.

SELFSTANDIGHEID

AfriForum se aktiwiteite moet bydra om selfstandigheid te vestig onder Afrikaners en die gemeenskappe waarin ons werk.

IDENTITEIT

AfriForum moet die Afrikaner se identiteit, kultuur, geskiedenis en die Afrikaanse taal beskerm en uitbou.

GEREGTIGHEID

AfriForum moet toesien dat geregtigheid op verskeie vlakke geskied. Dit dien as maatstaf vir al AfriForum se aksies.

ORGANISASIEBOU

Voortgesette ledewerwing en -behoud is kardinaal om AfriForum se uitvoerende vermoë verder uit te bou.


in Beweging

Skooltassies

EERSTE ONTVANGERS SKRYF MATRIEK

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

I

DEUR PHILLIP BRUWER

n 2007 het Chris Sealie, hoof van Laerskool Genl. Nicolaas Smit in die weste van Pretoria, en Mariana Kriel, Solidariteit Helpende Hand se streekorganiseerder van Gauteng-Noord, ’n behoefte in die gemeenskap raakgesien en besef hulle moet iets drasties doen. Helpende Hand se Skooltassieprojek is toe van stapel gestuur en altesaam 1 800 skooltassies is vir die eerste keer aan hulpbehoewende Afrikaanse graadeens landwyd uitgedeel om hul eerste skooljaar in 2008 op ’n gelyke vlak met hul klasmaats aan te pak. Baie van dié 1 800 leerders is vanjaar in matriek en hoewel hulle nie baie van hul eerste skooldag kan onthou nie, weet hulle die tassies het ’n groot verskil aan hul skoolloopbaan gemaak. Die meeste van hulle het die tassie tussen drie en vier jaar lank gebruik. Drie van dié matrikulante was onlangs

saam met bekendes soos Bakkies Botha, voormalige Springbokrugbyspeler, en Ivan Roux, naaswenner van Die Kontrak, by die Nederduits Gereformeerde Kerk in Booysens om die laaste van 5 000 skooltassies aan graadeens van Laerskool Genl. Nicolaas Smit uit te deel. Die tassies is met die hulp van Solidariteit Helpende Hand se motorfietsklub na die kerk gebring. Die res van die 5 000 tassies is vroeër vanjaar by 182 skole landwyd aan behoeftige graadeens uitgedeel. Hannes Noëth, besturende direkteur van Helpende Hand, het tydens die geleentheid gesê altesaam R1,9 miljoen is in 2018 ingesamel om te sorg dat die 5 000 hulpbehoewende graadeens vanjaar met ’n ten volle toegeruste skooltassie hul skoolloopbaan kan begin. “Altesaam 44 810 tassies is oor die afgelope 12 jaar uitgedeel sedert die projek in 2007 van stapel gestuur is en

Het jy geweet? R15 miljoen

nagenoeg R15 miljoen is reeds spandeer om graadeens in nege provinsies gerat te kry vir skool,” het Noëth gesê. Van die bekendes wat deur die jare ambassadeurs van dié projek van Helpende Hand was, sluit in Lindie Strydom, Bakkies Botha, Sorina Erasmus (die Flooze), Buffelsfontein Baardolie se Meyer le Roux, Carike Keuzenkamp, Chris Chameleon, Pieter Rossouw, Gerhard Steyn, Bobby van Jaarsveld, Springbokafrigter Rassie Erasmus, 7de Laan se Chris Vorster, wyle Verna Vels, Mel Botes, Shaleen Surtie-Richards, Steve Hofmeyr, Riana Nel en nou ook Ivan Roux. Die inhoud van die skooltassies sluit onder meer in ’n boekie met Bybelstories, uitdraaikryte, ’n legkaart, inkleurpotlode, gryspotlode, ’n liniaal, skerpmaker, skêr, uitveër, gom, pennesakkie en penne. Die waarde van die tassie met sy inhoud is ongeveer R380.

Jou bietjie help baie! is die afgelope 12 jaar bestee om altesaam 44 810 skooltassies aan behoeftige graadeens uit te deel.

SMS “tassie” na 38969 om R10 by te dra. Besoek www.helpendehand.co.za as jy ‘n groter skenking wil maak.

BAKKIES BOTHA IS EEN VAN DIE TALLE BEKENDES WAT DEEL VAN DIE TASSIEPROJEK IS. 01 / 2019

46

www.solidariteit.co.za


Diamante TUSSEN DIE GRUIS J

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

are gelede het ek die voorreg gehad om tussen die delwerye van die Wes-Transvaal te kon werk. Natuurlik was hierdie unieke leefwêreld al redelik goed en sterk gemeganiseerd, maar tog het jy hier en daar individue gehad wat op ’n baie tradisionele manier die panne geskud en die diamante uit die gruis gehaal het. Van begin tot einde was daardie tradisionele manier saamgevat in een woord: krag. Van die eerste skud van die pan tot die oomblik wat jy die diamant gewaar daar in die gruis, het elke spier in jou lyf gewerk en gesweet. Kraginsette, soms dae aanmekaar, sonder beloning. Tog, die dag as dit gebeur en die diamant lê daar in die gruis, is al die kraginsette vergete en die opbrengs dit alles werd. ’n Ervare, lojale ou grysbaard-delwer het my daar ’n belangrike les geleer: “As jy nie bereid is om iets in krag te doen nie, moenie dit doen nie.” By Solidariteit Helpende Hand verstaan ons hierdie delwer-oom se aardse raad. Ons het al geleer dit is belangrik om met hart te werk, maar ook om kragtig te werk en kraginsette te lewer. Resultate en opbrengste kom nie vanself nie. As jy doen, moet jy kragtig doen. Afrikaner-armoede is ’n uitdaging wat ons net op een manier kan beveg: kragtig en opreg. As ons nie bereid is om dit in krag te doen nie, kan ons dit maar eerder los. Die probleem met mense se swaarkry is so geweldig dat jy nie ’n tree vorder as jy net hier en daar ’n bietjie dit en ’n bietjie dat doen nie.

Ons het ’n plan nodig

• ’n Kragtige plan van insette, deeglike navorsing en die strukturele uitrol daarvan; • Kapasiteit en doelgerigtheid; • Gemeenskapsontwikkelling wat sin het en nie net pleisters plak nie; • ’n Gemeenskap wat saamwerk; en

DEUR HANNES NOËTH

• ’n Opgevoede mede-Afrikaner wat kies om struktureel te beveg eerder as om net hier en daar te lap.

Ons moet in krag doen

• Daarom brei ons ons maatskaplike werkers drasties uit; • Daarom vermeerder ons die takke van “Ons Winkel” as ’n inkomstebron; • Daarom werf ons meer en meer vrywilligers wat kragtig en met hart werk; en • Daarom skryf ons ’n gemeenskapsplan wat uitgerol gaan word.

Meer krag as ooit nodig

Oor een ding is ons seker: As ons dit nie in krag doen nie, gaan ons dit nie doen nie. • In die voorkoming van armoede kon ons R38 miljoen bestee aan rentevrye studielenings. Dit is kragtig, maar nie kragtig genoeg nie, want ons moes 700 studente wegwys. • In die verligting van armoede versorg ons elke dag 6 552 kleuters by skole – dit is kragtig, maar nie kragtig genoeg nie, want die aansoeke was 12 000. • In opregtheid deel ons 5 000 tassies by skole uit tussen November en Januarie – dit is kragtig, maar nie kragtig genoeg nie, want daar is so baie kinders wat nie kon kry nie. • Naas “Ons Plekke” wat kinders versorg en “Ons Kleuterskole” wat na kleuters omsien, open ons ’n nuwe “Ons Sentrum” in Pretoria-Noord. Dit is kragtig, maar te min. Ons moet uitbou en voortbou. • In die verbreking van armoede

www.solidariteit.co.za

47

01 / 2019

begin ons om mense toe te rus met kundigheid om hul begrotings beter te bestuur, skep ons entrepreneursgeleenthede, bemagtig ons uit die proses van onkunde – dit is kragtig, maar nie kragtig genoeg nie, want daar is steeds 6 000 mense by verkeersligte net in Gauteng. In 2019 weet Helpende Hand as ons nie met krag doen nie, moet ons dit nie doen nie. En ons werk en ons leer, ons maak foute, ons skud die gruis en ons soek die diamante ter wille van die verbreking van armoede. Tog weet ons ’n hoofkantoor kan dit nie doen nie, takke kan dit nie doen nie, ook nie streke of ’n klompie vrywilligers nie – dit is die werk van die gemeenskap. Ons sal ons krag moet ontgin, elke greintjie vermoë wat daar is maksimaal gebruik, kragtig saai, hartswerk verrig – getrou en met roeping. Net soos diamante onder groot druk gevorm word, net so vereis die delfproses krag. Helpende Hand wil doen, kragtig doen. Met hart, in krag, tot hoop. Want ook hulle tussen die gruis verdien ‘n hand wat uitreik – ‘n blink toekoms. • Hannes Noëth is besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.


Promosieartikel

Aros gaan van krag tot krag

MEESTE EERSTEJAARS NÓG SKRYF IN VIR ONDERWYSSTUDIE

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

V

anjaar het die grootste groep eerstejaars nóg by Aros ingeskryf, naamlik 450 studente. Dit bring die totale inskrywings van Aros vir 2019 op 1 200 studente te staan. Afrikaanse privaat hoër onderwys blom in Suid-Afrika. Aros het met die goeie inskrywings ’n bydrae gelewer om ’n impak op dié betrokke mark te maak. Binne die nis van Afrikaanse privaat hoër onderwys wil Aros spesifiek onderwys aan onderwysstudente bied wat uitgesproke Christelik is. Aros het homself reeds bewys as ’n privaat hoëronderwysinstelling vol ener-

gie en groei. Die afgelope vyftien jaar is goeie verhoudings met skole in Gauteng gebou. Die studente van Aros is betrokke by meer as 250 skole. Die praktykgerigte benadering van Aros lewer goeie vrugte op. Afgestudeerde studente kry reg oor die land onderwysposte. ’n Aantal Aros-studente het ook in die buiteland gaan werk en hulle terugvoer is dat Aros se opleiding van hoogstaande gehalte is. Aros het die afgelope tyd sy kundigheid verbreed met die aanstelling van prof. Paul Krüger (emeritus van die Noordwes-Universiteit) as waarnemende rektor en prof. Michael Heyns (voormalige direkteur van die Skool vir Filosofie 01 / 2019

48

www.solidariteit.co.za

aan die NWU) as viserektor: akademie. Aros se personeel is voortdurend besig om hul kwalifikasies te verbeter. Dr. Alet van Rhyn (departementshoof: Opvoedkundige Studies en Bybelkunde) en dr. Marietjie Bruwer (departementshoof: Grondslagfase) het onlangs hul doktorsgrade verwerf. Met die hulp van die Rapport Onderwysfonds en Solidariteit Helpende Hand ontvang talle Aros-studente rentevrye studielenings. Dit bied aan Afrikaanse studente die geleentheid om hul roeping as onderwysers uit te leef. Toekomstige programme wat op die hoërskool fokus, gaan Aros se mark verder verbreed.


www.solidariteit.co.za

49

01 / 2019


in Beweging

Wolkskool DOEN BAANBREKERSWERK DEUR ELAINE KRIGE

D FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

ie Wolkskool van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) doen vanjaar omvattende navorsing onder onderwysers en leerders aan twee skole in die Noord-Kaap. Die navorsing, wat vandeesmaand afskop, het ten doel om seker te maak Die Wolkskool is doeltreffend en ondersteun leerders optimaal in vakke soos Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde.

Wat behels die navorsing? Die navorsing word onder 100 leerders en ses onderwysers van die Laerskool en Hoërskool Groblershoop in die NoordKaap gedoen, en behels ’n vervlegteleeren ondersteuningsmodel, waartydens net ’n paar opvoedkundiges baie leerders kan ondersteun deur middel van Die Wolkskool se tegnologie. Dié onderwysers, leerders en die SOS-navorsingspan sal saamwerk om die verskeie leermodelle te toets en te optimaliseer. Al die leerders en onderwysers wat aan die navorsing deelneem, sal vir ’n jaar gratis toegang geniet tot werkkaarte,

inhoud en assesserings op Die Wolkskool. Wiskunde-, Wetenskap- en Rekeningkunde-onderwysers kan dan kies hoe om die inhoud van Die Wolkskool by hul manier van klasgee te inkorporeer. Onderwysers sal deurlopend bygestaan word deur die SOS-span en kry ook gratis lidmaatskap tot die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW). Die VAW is die oudste vakvereniging van die SOS en verskaf hulpbronne (werkkaarte, toetse en eksamens) aan onderwysers. Die VAW verskaf ook SARO-geakkrediteerde opleiding aan sy lede.

Vir wie is Die Wolkskool? • Leerders in Afrikaanse skole wat Die Wolkskool wil benut as ’n bekostigbare, verrykende opsie vir ekstra klasse. • Leerders wat tuisonderrig ontvang en wat Die Wolkskool gebruik as hul enigste of voorkeurtutor vir die vakke wat hulle by hul afstandskool neem. • Onderwysers wat Die Wolkskool wil benut om leerders se leerervaring te optimaliseer deur vervlegte leer of die omgekeerde klaskamer-model. • Onderwysers wat optimaal wil onderrig deur Die Wolkskool se aanlyn assesseringsmetode te gebruik. Dié metode wys onmiddellik leerders se tekortkominge en onsekerhede uit. 01 / 2019

50

www.solidariteit.co.za

Het jy geweet? Die Skoleondersteuningsentrum het ’n eenstopstudiewinkel genaamd Die Markplein waar jy onder meer vraestelle, werkkaarte, Powerpoint-aanbiedings, oefeninge en selfs breinkaarte kan koop én verkoop. Kom ontdek ’n wêreld van voorafopgestelde vraestelle en antwoordstelle deur kundiges op jou vakgebied. Om te sien hoe ander onderwysers dieselfde onderwerpe in vraestelle benader, is ’n wonderlike bron van vars idees. • Besoek markplein.co.za


Deel van die Solidariteit Beweging


in Beweging

D

ie Skoleondersteuningsentrum (SOS) het op 8 Januarie sy jaarlikse Matriekverslag by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria bekend gestel. Die SOS stel sedert 2015 elke jaar ’n verslag bekend met ontledende data en kommentaar op die Nasionale Senior Sertifikaat se uitslae. Die doel is om ’n kritiese blik op die eksamenuitslae te werp, met spesifieke verwysing na die prestasie van Afrikaanse skole. Die verslag fokus veral op die uitslae in Wiskunde, Wetenskap, Rekeningkunde en Afrikaans Huistaal. Die verslag het kommerwekkende tendense uitgelig, soos die klein persentasie leerlinge wat in 2007 met Graad 1 begin het, en uiteindelik vanjaar matriek geslaag het (sien grafika). Daar is ook ’n merkbare afname in matrikulante wat welvaartskeppende vakke soos Wiskunde en Wetenskap neem. “Wat egter verblydend is, is die uitnemende prestasie van Afrikaanse

VERSLAG OOR DIE NASIONALE

skole.co.za

Verslag AFRIKAANSE MATRIEKS BLINK UIT Lees die verslag by skole.co.za

MATRIEKUITSLAE SKOLE.CO.ZA

VERSLAG OOR 2018 SE NASIONALE

MATRIEKUITSLAE

BLADSY 1

DEUR ELAINE KRIGE & DAWID BRAND

skole in Suid-Afrika,” het dr. Danie Brink, besturende direkteur van die SOS, gesê. Volgens die SOS se berekenings was die slaagsyfer vir matrikulante in Afrikaanse skole verlede jaar 86,9%, teenoor die nasionale slaagsyfer van 78,2%. “Sou Afrikaanse skole uit die vergelyking gelaat word, sou die nasionale slaag-

syfer 76,7% gewees het. Afrikaanse enkelmediumskole het ’n skitterende slaagsyfer van 90% behaal,” het Brink gesê. Volgens hom is die KAVB (CAPS) se grootste gebrek dat dit leerders nie noodwendig toerus om innoverend en kreatief te dink nie. “Afrikaanse skole kan nóg waarde toevoeg tot leerders se uitstekende skoolloopbane deur hierop te fokus. “Die SOS glo dat Afrikaanse skole se welslae nog altyd te danke is aan gehalte-moedertaalonderrig, uitstekende onderwysers én ’n kultuur van uitnemendheid. Moedertaal is onontbeerlik vir uitnemende onderrig en kultuuroordrag is belangrik om die waardes te vestig wat lewenslange sukses verseker.” Volgens Brink skep beloftes van gratis tersiêre studie en die verslapping in toelatingsvereistes onrealistiese verwagtings by matrikulante. “Dis niks minder nie as goedkoop politiekery. Universiteite doen met reg hul eie keuring en slegs die beste kandidate kry toegang tot graadstudies. Die ekstra 5% wat vanjaar toelating verkry het, staan as’t ware agter in die ry en gaan nie plek kry aan een van die land se universiteite nie.”

“Die SOS se felste kritiek teen die Departement van Basiese Onderwys is die feit dat sowat tweederdes van alle kinders wat begin skoolgaan in Suid-Afrika, nooit matriek voltooi nie. Aangesien daar in 2007 altesaam 1 141 731 leerders in graad 1 begin skoolgaan het, waarvan net 400 761 matriek in 2018 geslaag het, is die ware slaagsyfer, oftewel deurvloeisyfer, slegs 35,1%.” 01 / 2019

52

www.solidariteit.co.za


Het jy geweet?

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Afrikaanse skole* behaal ook dié prestasies • Byna die helfte (49%) van Afrikaanse matrikulante het met universiteitsvrystelling geslaag, terwyl 31% (minder as ’n derde) van die nasionale aantal matrikulante kwalifiseer om aan ’n universiteit te studeer. • ’n Groter persentasie matrikulante in Afrikaanse skole het onderskeidings in Wiskunde behaal (7,5%), teenoor 1,9% van die nasionale groep matrikulante. Dit beteken vier keer meer matrikulante in Afrikaanse skole kry onderskeidings in Wiskunde in vergelyking met die nasionale gemiddeld. • Agt uit die tien skole wat die meeste onderskeidings tydens die 2018-matriekeksamen behaal het, is Afrikaanse skole (sien die tabel regs). Die skool met die meeste onderskeidings is die Afrikaanse Hoër Meisieskool, met ’n totaal van 775 onderskeidings. Dit is ’n gemiddeld van 3,5 onderskeidings per kandidaat. • Al 20 skole wat die meeste onderskeidings asook die meeste onderskeidings per kandidaat in Afrikaans Huistaal behaal het, is Afrikaanse skole. • Paul Roos Gimnasium het die meeste onderskeidings in Wiskunde en Rekeningkunde landwyd behaal. • Die Hoërskool Waterkloof in Pretoria het die meeste onderskeidings in Fisiese Wetenskappe behaal.

TOP 10-SKOLE MET DIE MEESTE ONDERSKEIDINGS SKOOL

GETAL (80%-100%)

Afrikaanse Hoër Meisieskool *

775

Hoërskool Waterkloof *

752

Hoërskool Garsfontein *

695

Outeniqua Hoërskool *

602

Paul Roos Gimnasium *

596

Hoërskool Menlopark *

593

D.F. Malan Hoërskool *

550

Westerford High School

547

Herschel Girls’ School

525

Bloemhof Hoër Meisieskool *

524


MY

RIGHTS Send your legal questions to diens@solidariteit.co.za or fax it to 012 664 1102.

NATIONAL MINIMUM WAGE

What you should know! BY DEMS NEL

• • •

To provide for a national minimum wage; To establish the National Minimum Wage Commission; To provide for the appointment, composition and functions of the National Minimum Wage Commission; • To provide for the review and annual adjustment of the national minimum wage; • To provide for exemption from paying the national minimum wage; and • To provide for matters connected therewith.

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

There was a definite need for this Act to ensure that the most vulnerable members of society are protected and are treated fairly. The purpose of the Act is set out as follows in section 2 of the Act:

2. The purpose of this Act is to advance economic development and social justice By –

(a) improving the wages of lowest paid workers; (b) protecting workers from unreasonably low wages; (c) preserving the value of the national minimum wage; (d) promoting collective bargaining; and (e) supporting economic policy.

In terms of section 3 of the Act, members of the South African National Defence Force, the National Intelligence Agency and the South African Secret Service are excluded from the Minimum Wage Act. Section 5 of the Act determines that any payments made to employees in order to enable them to perform work, do not form part of the minimum wage and cannot therefore be included in the calculation of the amount that is payable to the employee. The employee should thus receive such payments or allowances over and above the minimum wage. Such payments include allowances for transport, equipment, tools, food and accommodation, as well as bonuses, tips, gifts and other prescribed amounts. Any deductions from the remuneration of employees should still be made in terms of section 34 of the Basic Conditions of Employment Act and may not exceed a quarter of the employee’s monetary remuneration. The new minimum wage is prescribed as follows in Schedule 1 to the Act:

1. Subject to item 2, the national minimum wage is R20 for each ordinary hour worked. 01 / 2019

54

www.solidariteit.co.za

2. Despite item 1 – (a) farm workers are entitled to a minimum wage of R18 per hour from a date fixed by the President by proclamation in the Gazette; (b) domestic workers are entitled to a minimum wage of R15 per hour from a date fixed by the President by proclamation in the Gazette; (c) workers employed on an Expanded Public Works Programme are entitled to a minimum wage of R11 per hour from a date fixed by the President by proclamation in the Gazette; and (d) workers who have concluded learnership agreements contemplated in section 17 of the Skills Development Act, 1998 (Act No. 97 of 1998), are entitled to the allowances contained in Schedule 2.

F

ollowing years of deliberation, president Cyril Ramaphosa finally signed the National Minimum Wage Act (Act No 9 of 2018) on 23 November 2018. The Act was published in the Government Gazette on 27 November 2018. The President signed the English text and the English name of the Act will therefore be its official name. The Act came into operation on 1 January 2019. As stated in the Act, its objective is as follows:

The effect of the new minimum wage is that ordinary workers working 180 hours a month will earn R3 600 per month. Farmworkers working 180 hours a month will earn R3 240 and domestic workers working 180 hours a month will earn R2 700. In certain circumstances, employers can apply to be exempt from paying the minimum wage. Section 15 of the Act deals with this. The details of the National Minimum Wage Commission, as provided for in the Act, have not yet been made public, and we expect more information in this regard shortly.


Verdien só VPO-punte DEUR CILLESTE VAN DYK

O DEUR JURAN VAN DEN HEEVER

W

erk gaan lankal nie meer oor “doen jou werk” nie, maar meer oor jou aanpasbaarheid in ’n werksituasie ten opsigte van nuwe tegnologie, en nuwe maniere om met ander te werk. Outomatisering, robotte en kunsmatige intelligensie is nie in die verre toekoms nie, maar ’n realiteit. Ons werk in omgewings waar werkers slimmer dink, skeppend en innoverend is en beter bekwaam is. Die geskoolde werker soek vandag ander ervarings. Hulle besef dat eienskappe soos interpersoonlike vaardighede, kreatiwiteit, goeie besluitnemingsvermoë, goeie oordeel en empatie broodnodig is.

Teken dié datums aan MAART

11 Maart: > Seminaar: Uitnemende kliëntediens 18 tot 25 Maart: > E-leer: Emosionele intelligensie 26 Maart: > Kontaksessie: Emosionele intelligensie

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

APRIL

2 April: > Webinaar: Emosionele intelligensie 8 tot 9 April: > Seminaar: Konflikbestuur 9 April: > Webinaar: Emosionele intelligensie 10 tot 12 April: > Seminaar: Gevorderde MS Word 15 tot 22 April: > E-leer: Effektiewe spanbestuur 23 April: > Kontaksessie: Effektiewe spanbestuur 30 April: > Webinaar: Effektiewe spanbestuur

Maak leer jou besigheid

Ja, die doel van besigheid bly steeds om wins te maak, kliënte te behou, volhoubaar te wees, aandeelhouers tevrede te stel en ’n verskil in die gemeenskap te maak. Sonder volgehoue leer is niks hiervan egter moontlik nie. Slim organisasies gebruik nuwe inligting om slimmer, beter en meer doeltreffend te funksioneer. Lewenslange verandering is ook ’n realiteit en boonop kom onderbrekings oral voor. Om te oorleef en vooruitstrewend te bly, moet daar innoverend na leer gekyk word. Daar moet meer te wete gekom word oor die teikenmark en hoe om aan hulle ’n volledige diens te bied en hulle tevrede te stel. Almal moet leer hoe om ’n doeltreffend funksionerende organisasie op te bou sodat dit sy doelwitte kan bereik. Mense moet leer om tegnologie en nuwe ontwikkelings in tegnologie te gebruik en hoe om nuwe tegnologiese uitdagings te hanteer. Hulle moet ook leer om met mekaar in uiteenlopende omgewings saam te werk en moet hulself beter leer ken – of dit nou die vaardigheid is om met ’n masjien te werk, salarisonderhandelings te doen, Excel te gebruik of besluite in ’n span te neem. Die organisasie moet aanhoudend leer om hulle vir sukses voor te berei.

Leer is ’n kultuur

Leer moenie die resultaat van ’n program wees nie, maar moet met die kultuur van die organisasie geïntegreer wees. ’n Kultuur van leer word in die waardes, omgewing en gedrag van die organisasie vergestalt. Om te leer, moet die personeel ’n ingesteldheid van groei hê! Kortom – om te kan aanpas en suksesvol te wees in ’n vinnig veranderende samelewing, sal ons ’n kultuur van volgehoue leer in maatskappye moet vestig. www.solidariteit.co.za

55

01 / 2019

m ’n bevoegde gesondheidspraktisyn te word en daardie vaardigheid te behou, verg deurlopende opleiding soos nuwe kennis, insig en veranderende protokolle vereis dat prosedures op nuwe maniere uitgevoer word. Voortgesette Professionele Opleiding (VPO, oftewel CPD) is ’n noodsaaklike maatreël wat verseker dat ’n individu se kennis en vaardighede deurlopend ontwikkel word. Die Solidariteit Beweging bied ’n geleentheid aan sy lede om hul vermoëns en vaardighede tot so ’n mate te ontwikkel dat hulle hul droomwerk kan kry en ook behou. S-leer help jou om loopbaandoelwitte te bereik deur professionele persone te bemagtig met VPO-punte en persoonlike ontwikkeling. Só help S-Leer jou om jou roeping uit te leef en vir jouself ’n goeie werk te skep. • Besoek www.s-leer.co.za

+

FAQs about CPD What is CPD?

Continuing Professional Development (CPD) is the continued training and education of registered healthcare practitioners by attending accredited continuing education activities throughout the year.

What is CEU?

Continuing Education Units (CEUs) show the value attached to a learning activity for Continuing Professional Development. Healthcare professionals must obtain 30 CEUs per 12-month period of which at least 5 CEUs must be on ethics, human rights and medical law.

How many points do I need?

The requirement is to continuously maintain 60 CEUs over a 24-month period. In a 12-month period, 5 CEUs must be on ethics, human rights and medical law.

Can my points expire?

Points are valid for 24 months from date of issue. After 24 months they expire and will be archived.


Volkleur

Onafwendbare omwenteling

ILLUSTRASIE: ISTOCKPHOTO.COM

T

oe ek in die middel jare tagtig op hoërskool in Johannesburg was, het die behoefte aan sakgeld ’n sterk tienerdrang geword. My enkelmoeder wou nooit die presedent van sakgeld skep nie – daar was altyd kos en klere en ’n bed, en wat het ’n kind dan meer nodig? Met die aanbreek van tienerskap het ek begin idees kry van wat ek met geld sou kon doen. “Ek werk vir my geld,” was Ma se liefdevolle, dog wyse terugvoering. “Jy moet ook maar vir jou geld werk.” Nou ja, ek vind toe uit dat ’n mens as skoolgaande kind die Afrikaanse dagblad kan aflewer. Uiteindelik het ek elke oggend 4:30 opgestaan en 19 km ver met ’n eenrat-BMX gery om my 76 koerante by hul lesers te besorg. Ek was soms ’n moeë kind, maar ook meestal ’n ryk kind. Al hierdie geryery deur Johannesburg se strate het in my ’n deurgrondelike kennis van strate, buurte en, ja, selfs huise gekweek. Voeg daarby die feit dat ek die afgelope 48 jaar meer as tien keer verhuis het, meestal binne ’n radius van 3 km, en dis te begrepe dat ek my buurt beter as die palm van my hand ken. Dit het al ’n paar keer gebeur dat ’n motor langs my stilhou tydens my wandelinge deur die strate met ’n bestuurder wat wonder of ek weet waar ’n sekere plek of straat is. Maar, verandering is onafwendbaar. Jy kyk in die spieël en sien die kartering van plooie, die skakerings van sproete, die dikker middel of dunner gelaat, die hardnekkige silwer antennas wat opmaak vir die ander hare wat minder welig begin raak. Wat die omgewing betref,

DEUR CHRIS CHAMELEON

verloop dit min of meer dieselfde. D.F. Malanrylaan het Beyers Naude geword, Hans Strijdom is nou Malibongwe en ek is verbaas oor hoe lank Hendrik Verwoerd gehou het voordat dit Bram Fischer geword het. In afwesigheid van die volle kennis van die betekenis van hierdie name, het ek as kind die strate leer ken. En, nou moet ek bieg, dis hier waar die stryd tussen my politieke bewustheid, my persoonlike geskiedenis en die steeds sterker benadrukte las van verantwoordelikheid vir die verlede op die spits gedryf word. Want uit hoofde van my persoonlike verbintenis tot hierdie gebied, wil ek nie verandering hê nie. Hierdie onwilligheid spruit nie uit die doelbewuste miskenning van ander se politieke sensitiwiteit nie. Dit ontstaan nie uit ’n bepaalde verknogtheid aan die betekenis van hierdie name uit my jeug nie – ek het geheg geraak aan hierdie name voor hulle kontekstuele betekenis vir my gekry het. En om hierdie rede was dit nog nooit vir my lekker om die veranderings te sien nie. Toe hulle die huis op die groot dubbelerf op die hoek van Derdelaan en Vierdestraat sloop en ’n woonkompleks daar bou, was ek ook nie gelukkig nie. Onlangs het hierdie reaksionêre gevoel van my egter begin verander en het ek my hart begin oopgooi vir verandering. Ek het wysigings in my buurt begin aanvaar. Ek het opgemerk hoe hierdie naam verander word, hoe daardie gebou hervorm word, hoe selfs die twee NG-gemeentes moes saamsmelt. Telkens, ná afloop van die aanvanklike skok van sulke gewaarwordinge, tree daar ’n gelatenheid in en alle weerstand verbrokkel.

01 / 2019

56

www.solidariteit.co.za

Ek het steeds geweldige meegevoel vir my buurt en haar bewoners. Ek weet ons woon meestal hier omdat ons hier moet woon. Maar wanneer ek die slaggate sien ontstaan, onherstel gelaat word en vergroot, wanneer ek die graffiti op die substasies sien, wanneer ek straatnaambordjies sien afval, wanneer ek die steeds groeiende getal boemelaars sien wat hulle snags tuismaak op die stoepe voor die sakepersele en wanneer ek die rommel op straat sien, dan besef ek dat die plek en name van my jeug nie hier is nie. Ek besef dat ek moet afstand doen van dit wat dit was of voorgestel het. Die buurt van my jeug bestaan net in my herinnering – veilig, onuitwisbaar, in stand gehou. Ek het vandeesweek my huis verkoop en verhuis nou plaas toe, voltyds, waar ek die netheid, die onderhoud, die beskaafdheid en die tradisies van my kweking kan gestand doen. Die geografiese buurt van my jeug moet sy skynbaar onafwendbare omwenteling ondergaan, homself vernietig sodat hy anderkant kan uitkom met ’n herontdekking van sy waardes, ’n nuwe besef van sy deugde, ’n waardering van sy historiese uitnemendheid. Dan kan hy sy vaal gedaante afstof en skouer aan die wiel sit vir die skepping van trotse herinneringe vir ons kinders se kinders; en, as ek daartoe gespaar sal bly, vir die verwarming van ook my hart, hopelik betyds vir die winter van my eie jare.





MEMBERSHIP CATEGORIES COLLECTIVE MEMBERS

01

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age. Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/

INDIVIDUAL MEMBERS

02

Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*

01 / 2019

60

www.solidariteit.co.za

SUPPORTING MEMBERS

03

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.


IN THE WORKPLACE

OTHER SERVICES

Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.

Death benefit *

Car and household insurance

Funeral benefit (Martin’s or Avbob)

A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. Assistance with investigations For cremations, a coffin and the usual Assistance is provided in connection with undertaking services are provided. investigations by the Medical Bureau • A funeral of the same standard as that of for Occupational Diseases and benefits adults is provided for a member’s depenenquiries of the Compensation Comdent children under the age of 21 years. missioner and Rand Mutual, as well as Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer • The spouse may apply to continue as work-related disability claims. All claims Beweging van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 a member after the death of the main must be submitted within six months. member. • The burden of funeral arrangements Collective bargaining is alleviated by the fact that Solidarity Competent and experienced Solidarity and Martin’s or Avbob will make all the staff members undertake collective bararrangements. gaining to negotiate better conditions of • A 10% rebate on headstones has been employment and salaries for members. negotiated with Martin’s and Avbob. • The undertaking services are provided solely by Martin’s or Avbob. If the services of another undertaker are used, Solidarity Members with 12 months’ uninterrupted will only pay R500 in respect of funeral membership, who provide specialist reports expenses (terms and conditions apply). and proof from employers that they are per• •

This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of members’ premiums to the Virseker Trust * Bepalings en voorwaardes that invests in Afrikaans education andgeld training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Permanent medical disability * manently unfit for work in the labour market, receive a once-off amount of R1 900. Claims must be submitted within six months.

Maternity benefit

*

A maternity benefit of R1 600 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.

PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM

Study benefit

*

Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit.

Solidarity Magazine

Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.

Additional cash disbursements

At the death of a paid-up member, a cash amount of R3 800 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 550 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 900 • Disabled children (20+) – R1 900 • Children under 14 years – R1 300. • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. • All claims must be submitted within six months. •

Holiday benefit

*

Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit.

* TERMS AND CONDITIONS APPLY. FOR MORE INFORMATION, CALL 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za

61

01 / 2019

Legal insurance

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 Members and dependants can enjoy legal cover outside the labour context for an additional premium of R115* per month. This provides access to 24-hour legal advice over the telephone and legal representation up to the value of R100 000 per year (limited to R25 000 per case). * Premiums guaranteed for one year. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), underwritten by Guardrisk Insurance Company Ltd (FSP 75) • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za

Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste

Independent financial advice Solidariteit

Solidarity Financial Services has an independent Finansiële Dienste financial advice department that can assist clients with various financial advice topics. This Solidariteit include basic budgeting and tax planning, risk Finansiële Dienste and retirement planning as well as investment planning in general. The department has trained professionals who will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005

Medical gap cover

Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • E-mail – gapcover@solidarity.co.za

Wills & estate administration

You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300


Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou gratis aanlyn tuiste waar jy kopstukke kan gesels, om die kombuistafel kan kuier, in die koöperasie kan snuffel en jou kennis oor Afrikaans kan opskerp. Maroela het ’n stoel spesiaal vir jou. So skop uit jou skoene en maak jou tuis in dié unieke Afrikaanse mediahuis.

Maak jou tuis IN JOU HARTSTAAL Reis & kook saam in eg Franse styl

ILLUSTRASIE: ISTOCKPHOTO.COM

I

n die Edik van Nantes-kookboek nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, jou uit om saam met hulle ’n onvergeetlike LEES kosreis na DIÉ Nantes in Frankryk te onderneem. Dié lywige sagtebandboek (R370), uitgegee deur Human & Rousseau, bied aan die leser ’n gastronomiese én visuele fees. Dan is daar ook nog die interessante vertellings deur beide Nataniël en Erik. Kom kyk hoe lyk die château waar Erik en sy gesin woon, beskou die argitektoniese wonders van Nantes en beleef die koue winter saam met hulle. Nataniël skryf: “Kos is die toegang tot onvergeetlike kuiers, duisende kerse, prettige tafels en die genesende, veilige teenwoordigheid van familie en vriende.” Die kookboek is die resultaat van die vier gelyknamige televisiereekse wat op kykNET uitgesaai is en bevat ook nuwe resepte uit Nataniël en Erik se kombuise. Die Edik van Nantes-kookboek is in vier hoofstukke ingedeel, naamlik plaas, château, stad en winter. Maak Franse uiesop, clafoutti, artisjokpoeding, bloubessiesjampanjesop en sjokoladeklappertruffels in eg Franse styl.

TAAL– WYS

BETEKENIS

’n Uiltjie knip

’n Rukkie slaap. WAAR KOM DIT VANDAAN?

Van die Nederlandse uitdrukkings “een uiltje knappen/vangen” en “Gronings een vlinder knippen”. Die uil is waarskynlik gekies omdat dit kort rukkies slaap. 01 / 2019

62

www.solidariteit.co.za


maroelamedia.co.za

1,55 miljoen unieke lesers

Grensverskuiwend AFRIKAANS DEUR SUSAN LOMBAARD

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

“M

y pa is ’n Maroelaverslaafde,” hoor ek onlangs by iemand. “Hy en my ma baklei gereeld daaroor. ’n Paar jaar gelede het sy met hom baklei omdat hy alewig met sy neus in ’n koerant sit. Nou sit hy alewig met sy selfoon teen sy neus gedruk, besig om Maroela te lees. Ter wille van vrede in die huis het hulle nou maar ooreengekom dat hy heeldag Maroela kan lees as hy wil, net nie aan die etenstafel en in die bed nie!” Dis heerlik om sulke stories te hoor. As dit nie vir ons lojale, “verslaafde” Maroela-lesers was nie, sou ons immers nie bestaansreg gehad het nie, en sou ons nie in Januarie vanjaar kon spog met 1,55 miljoen unieke lesers nie. Dit is tog vir ons belangrik dat ons lesers moet weet wat die omvang is van dit wat die Maroela-span van dag tot dag doen. Mense se oë rek gewoonlik as hulle syfers soos hierdie hoor: • Maroela Media het in 2018 net meer as 16 000 artikels op die webtuiste gepubliseer – dis sowat 1 350 per maand. • Die getal bladsye (of artikels) wat Maroela-lesers gedurende 2018 op Maroela gelees het, was net meer as 150 miljoen. Dit kan só geïllustreer word: Indien elke artikel wat gedurende 2018 op Maroela Media gelees is, op ’n A4-papierformaat gedruk moes word, sou ons 18 413 bome se papier moes gebruik. • Maroela-lesers het gedurende 2018 meer as 4 miljoen ure op Maroela Media deurgebring. Dit is gelykstaande aan 497 jaar.

Het jy geweet? • Maroela Media het ’n projek waarmee die publiek aangemoedig word om Afrikaanse artikels op Wikipedia te publiseer. Die doel is om skoolkinders in staat te stel om hul skooltake in Afrikaans aan te pak. Maroela publiseer self ook ’n groot aantal skoolverwante artikels op die Afrikaanse Wikipedia. • Maroela het ’n netwerk van 58 gemeenskapsradiostasies landwyd en in Namibië met wie saamgewerk word. Maroela voorsien dié radiostasies van klankinhoud wat in sy eie ateljee vervaardig word, en bied ook een keer per jaar vir hulle opleiding aan tydens ’n gemeenskapsradioseminaar teen ’n geringe koste.

• Daar is verlede jaar sowat 222 000 kommentare op Maroela Media gelewer, gemiddeld sowat 18 500 per maand. Elkeen van hierdie kommentare word individueel nagegaan en goed- of afgekeur. Vir Maroela gaan dit allermins net oor nuus en statistiek – hierdie feite is bloot interessante maniere hoe ons meet of dit wat ons skryf, wel in die kol is vir ons teikenmark se nuus- en inhoudsbehoeftes. Daar is ook ’n rits ander dinge wat Maroela doen, ter wille van Afrikaans en ons Afrikaanse gemeenskap. Hoekom doen ons wat ons doen? Want dis vir ons belangrik dat ons lesers toegang het tot betroubare, gebalanwww.solidariteit.co.za

63

01 / 2019

• Maroela Media vervaardig elke jaar ’n radiovervolgverhaal saam met die ervare regisseur en vervaardiger Bettie Kemp. Die radiovervolgverhaal word vir ses maande lank elke weekdag op sowat 37 gemeenskapsradiostasies uitgesaai wat deel van die Maroela-netwerk is. • Maroela Media is die eerste instansie wat die matriekuitslae in Afrikaans in ’n elektroniese formaat aan matrikulante beskikbaar gestel het. Dié baanbrekerswerk is drie jaar gelede gedoen toe Maroela ’n platform ontwikkel het waarop matrieks met hul eksamennommer hul eksamenuitslae in Afrikaans kan kry op die dag wat dit bekend gemaak word.

seerde inligting wat hulle in staat stel om ingeligte keuses te maak. Dis ook vir ons belangrik om te doen wat ons kan om te verseker dat ons moedertaal, Afrikaans, ’n veilige omgewing het waarin dit kan floreer. En dis veral vir ons belangrik om ons Afrikaanse gemeenskap te dien. “Doen” dit hierdie jaar saam met ons: Lees Maroela, ondersteun ons projekte, kom saam op ons storiebus Namakwaland toe (lees meer op ons webtuiste), luister na jou plaaslike Afrikaanse gemeenskapsradiostasie, publiseer iets op die Afrikaanse Wikipedia; lees, skryf, praat en leef in Afrikaans! • Susan Lombaard is uitvoerende hoof van Maroela Media.


MY GELD

INFLASIE

wisselkoerse

DEUR APPIE PIENAAR

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

D

ertig jaar gelede, in Maart 1989, het die wisselkoers van die Suid-Afrikaanse rand en die Amerikaanse dollar op sowat R2,50 tot die dollar gestaan. Vandag betaal ’n mens R13,50 vir ’n dollar. Indien ’n mens die inflasiekoers in dié twee lande ondersoek, sien jy dat Suid-Afrika oor die algemeen ’n hoër inflasiekoers as die VSA het. Dertig jaar gelede was Suid-Afrika se inflasiekoers dikwels bo 10% per jaar. Tans is die koers in Suid-Afrika tussen 4,5% en 5%, terwyl dit in die VSA sowat 2% is. Daar is verskeie redes waarom inflasiekoerse in verskillende lande nie dieselfde is nie. Faktore soos ’n verskil in produktiwiteit, besparingsbewustheid van die regering en die bevolking, en veral die regering se beleid oor die skep van nuwe geldvoorraad beïnvloed die onderskeie inflasiekoerse. Koopkragpariteit is ’n ekonomiese beginsel wat veronderstel dat daar pariteit of ooreenstemming tussen die pryse van produkte in verskillende lande en die wisselkoers tussen die lande is. Indien die wisselkoers tussen Suid-Afrika en die VSA byvoorbeeld R13,50 tot

die dollar is, sou ’n mens verwag dat ’n produk wat R13,50 in Suid-Afrika kos, sowat $1 in Amerika sou kos. Die rede vir hierdie verwagting is omdat arbitrasie sou plaasvind indien dit nié die geval sou wees nie. Arbitrasie kan moontlik die beste deur ’n voorbeeld verduidelik word. Kom ons veronderstel die wisselkoers is R13,50 tot die dollar. Koopkragpariteit bepaal dat indien ’n appel in Suid-Afrika R13,50 kos, dan behoort dieselfde appel $1 in Amerika te kos. Indien die appel $2 in Amerika kos, kan ’n handelaar groot wins maak deur appels teen R13,50 elk in Suid-Afrika aan te koop, dit teen $2 elk in Amerika te verkoop, en die opbrengs dan weer na rand toe om te skakel. As genoeg mense hierdie geleentheid benut, sal dit egter die prys van appels in Amerika laer dwing totdat dit nie meer die moeite werd is om só ’n transaksie te probeer doen nie. In die praktyk is daar natuurlik baie faktore wat bepaal dat arbitrasie nie 100% doeltreffend kan wees nie, byvoorbeeld vervoerkoste, invoertariewe, toegang tot markte en so meer. Die verskillende inflasiekoerse in die onderskeie lande kan gebruik word om

Het jy geweet? 8 000

Die aantal keer wat ‘n dollarnoot volgens money.visualcapitalist.com gevou kan word voordat dit skeur. ‘n Gewone stuk papier kan volgens dié webtuiste 400 keer gevou word. Die rede hiervoor is waarskynlik die feit dat dollarnote nie op papier nie, maar op ‘n kombinasie van katoen (75%) en linne (25%) gedruk word. 01 / 2019

64

www.solidariteit.co.za

die toekomstige wisselkoers te voorspel deur ’n eenvoudige som te maak. Veronderstel die wisselkoers is steeds R13,50 tot die dollar, en die inflasiekoers in Suid-Afrika en Amerika is onderskeidelik 5% en 2%. Oor ’n jaar van nou af sal die prys van die appel wat nou R13,50 kos, styg na R13,50 plus 5%, dus R14,18. Die appel in Amerika wat tans $1 kos, se prys sal styg tot $1 plus 2%, dus $1,02. Weens die beginsel van koopkragpariteit aanvaar ons dus dat die wisselkoers oor een jaar soos volg sal wees: R14,18 is gelyk aan $1,02. Dit beteken die wisselkoers sal R13,90 tot die dollar wees [R14,18/1,02]. ’n Mens hoor dikwels dat ekonome sê die rand is oor- of onderwaardeer. Hierdie uitsprake word gegrond op ’n vergelyking tussen die teoretiese wisselkoers en die werklike wisselkoers. Deur inflasie in die onderskeie lande oor ’n lang tydperk op wisselkoerse toe te pas, ontwikkel die ekonome ’n verwagting van wat die wisselkoers teoreties op ’n gegewe tydstip behoort te wees. Indien die werklike wisselkoers verskil, word aanvaar dat een van die geldeenhede oor- of onderwaardeer is ten opsigte van die ander land se geldeenheid.

9,7 ton ink word per dag deur twee “geldfabrieke” in Washington D.C. en Fort Worth, Texas gebruik om die Amerikaanse geldeenheid te druk.


MY GESIN

ma's het taai “Goeie vloere, vuil stowe en

gelukkige kinders.

Maak elke oomblik

GEHALTETYD

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

D

DEUR WILMARIE BRITS

ie daaglikse gejaag, lang werkure en skoolaktiwiteite veroorsaak gewoonlik dat gehaltetyd saam met die gesin in die slag bly en ons verder van mekaar verwyder raak. Om dinge saam jou gesin te doen, skep vertroue en ’n gevoel van eiewaarde, wat elkeen spesiaal en gewaardeer laat voel. Volgens die aanlyn publikasie Wagtoring, hoef gehaltetyd saam jou gesin nie duur, ingewikkeld of lang vakansies saam te wees nie, maar gaan dit daaroor om dinge saam te doen wat jul gesinsbande sal versterk sodat wedersydse begrip en respek vir mekaar gebou word. “Jy het net 18 jaar om ’n prominente rol in jou kind se vormingsjare te speel.” Volgens Hameeda Bassa-Suleman, ’n kliniese sielkundige van Durban, heg kinders waarde aan konsekwentheid. Daarom maak die hoeveelheid tyd wat julle saam deurbring, minder saak as die gehalte daarvan. Besluit dus op ’n vasgestelde dag en tyd om bymekaar te kom en gehaltetyd saam deur te bring. Maak 2019 die jaar wat julle as gesin dinge saam doen.

Ontspan saam Naweke behoort aan gesinsontspanning gewy te word, daarom moet jy probeer om jou take deur die week af te handel sodat jy en jou gesin oor die naweek lekker dinge saam kan doen. Hier is ’n paar idees: • Neem gesinsuitstappies na die dieretuin, pretparke, museums en ander fassinerende plekke. • Leer saam ’n nuwe vaardigheid aan, soos om ’n musiekinstrument te speel of ’n stokperdjie te beoefen. • Hou bordspeletjiesaande om te ontspan en herinneringe te bou. • Beplan ’n fondue-ete waar die gesin om een tafel kan sit en gesels oor die week se gebeure.

Skep jul eie tradisies Familietradisies skep ’n gevoel van samehorigheid en versterk die band tussen familielede. Dink aan spesiale maniere hoe jy en jou gesin verjaarsdae, doopdatums, Kersfees of Paasfees kan vier. www.solidariteit.co.za

65

01 / 2019

Wees aktief saam Gereelde oefening verbeter nie net ’n mens se fisieke en geesteswelstand nie, maar dit is ook ’n lekker manier waarop jy tyd saam met jou gesin kan deurbring. Hier is ’n paar aktiwiteite wat julle as gesin saam kan doen: • Ry saam fiets. • Swem almal saam by die gim. • Neem deel aan ’n Parkrun in jou omgewing. • Stap in ’n bos, sluit by ’n voëlkykklub aan of maak saam tuin. • Maak twee spanne en speel teen mekaar krieket.


MY WORK

Leave your work AT THE OFFICE BY WILMARIE BRITS

PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM

A

s technology advances and managers’ expectations increase, our work life becomes more challenging. The availability of so-called comfort technology, such as cell phones, home computers and tablets, is blurring the once sacrosanct line between personal time and professional time. A study has shown that one third of all office workers take work home in the evening. Research by Sabine Sonnentag and Charlotte Fritz has documented that taking a break from “the work state of mind” allows recovery from strain and ends the pattern of negative effects that drive pessimism and chronic stress. The hectic times in which we live and the increased workload with which we have to cope, demand that employees, many of whom are parents too, have to separate their work and family life to prevent burnout. Here are four easy tips to help you leave your work at the office.

4

1

Set clear priorities

Determine which of your tasks are more important and complete them first. If you cannot distinguish between what is important and what is not, you will treat everything as a priority and overburden yourself in the process. By prioritising your tasks according to their importance, it will be easier to decide how to handle each task.

Always be realistic Assess your workload and if there is already too much on your plate, do not add to your responsibilities by taking on even more tasks. Don’t try to do everything yourself if you have a team to support you. Teamwork in the workplace is very important.

Did you know?

2

R19 billion is lost due to sick absenteeism in South Africa every year.

Organise your time It is important to be the manager of your own time. Make time in the morning to plan your day. Then try to complete one task at a time according to your plan. When you are attending meetings, make sure everyone sticks to the agenda. People waste time in meetings when they stray from the agenda. 01 / 2019

66

www.solidariteit.co.za

Limit the use of technology

3

Your tablet, cell phone and laptop can be your best friend, but it can also be your worst enemy. If you must work from home, set a time when others may contact you, say from 18:00 to 20:00. This way, you will not feel guilty if you switch off all technology outside those hours.


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R115 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R100 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit X is dienste, ’n gemagtigde verskaffer5277 van Solidariteit Finansiële verskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van Legal finansiële FSP-nommer: Beweging finansiële dienste FSP-nommer:755277 finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Beperk,•FSP-nommer:


WEB WYS

Facebook, WhatsApp en Instagram

PRIVAATHEID VS

gerief

D

DEUR INGE JANSE VAN RENSBURG

aar is soveel wat deesdae in die digitale wêreld gebeur. Ons hoor byna elke dag van nuwe tegnologiese ontwikkelings en dit neem nie veel om ons te laat voel asof ons agter die tyd is nie. Selfs die toepassings (apps) waarmee ons bekend is, ondergaan gereeld ‘n gedaanteverwisseling. Een van hierdie wendings het gekom toe Mark Zuckerberg, medeskepper van Facebook (wat WhatsApp en Instagram insluit), aangekondig het dié drie toepassings gaan saamsmelt om as’t ware een toepassing te wees. Vir jou as gebruiker beteken dit jy sal met slegs een app toegang kan kry tot al drie platforms. Jy sal op al drie platforms kan kommunikeer en jou vakansiefoto’s baie makliker kan deel met jou ouma wat tot dusver net WhatsApp onder die knie kon kry. Hierdie besluit beteken dat jy nie meer drie toepassings het nie, maar net een, wat jou met baie meer spasie op jou foon laat. Met hierdie wending kan die platforms

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Ontsyfer

ook meer gebruikersvriendelik wees, juis omdat alles op een plek is en die gebruiker dus net een stel vaardighede hoef aan te leer vir die gebruik daarvan. Dit klink alles goed en wel, maar wat beteken dit vir jou as gebruiker en veral vir jou privaatheid? Die samesmelting van die platforms WhatsApp, Facebook en Instagram stel jou as gebruiker bloot. Dit is een ding vir Facebook om data met betrekking tot jou openbare plasings te verkoop, maar hoe voel jy daaroor dat die data wat via jou persoonlike boodskappe versamel is, verkoop word? Dis veral kommerwekkend dat Zuckerberg reeds voor die Amerikaanse kongres moes getuig oor die rol wat sy maatskappy gespeel het in die moontlike verkoop van inligting aan die Russiese regering wat gepoog het om die 2016 algemene verkiesing in Amerika te swaai. Alles in ag geneem moet jy jouself die vraag afvra: Wil jy jou privaatheid behou, of swig jy onder die versoeking van gebruikersvriendelike gerief?

17 miljoen

1,5 miljard

$1 miljard

Suid-Afrikaners gebruik Facebook. Die groep het meer as 2 miljard gebruikers wêreldwyd. Sowat 4 miljard video’s word per dag op Facebook besigtig – hoofsaaklik op slimfone.

mense maak van WhatsApp gebruik. Sowat 60 miljard boodskappe word per dag gestuur. Facebook het in 2014 altesaam $19 miljard vir WhatsApp betaal.

Wat Zuckerberg in 2012 vir Instagram opgedok het. Instagram het 1 miljard gebruikers en sou nou $100 miljard werd gewees het as dit nie ’n Facebook-filiaal was nie, meen Bloomberg.

01 / 2019

68

www.solidariteit.co.za

Meer oor Mark

M

ark Elliot Zuckerberg (34), medestigter van Facebook (in 2004), is die enigste persoon jonger as 50 jaar op Forbes se lys van die tien rykste mense ter wêreld. Dié voorsitter en uitvoerende hoof van die sosialemediareus se netto waarde word op $60 miljard geraam. Facebook het in Mei 2012 op die NASDAQ-indeks in die VSA genoteer teen $38 per aandeel. In Februarie vanjaar was dié aandeel $160 werd. Mark is getroud met Priscilla Chan en die egpaar het twee dogters. Hy ly aan rooi-groen-kleurblindheid en daarom is Facebook se kleurskema oorheersend blou.

MARK ZUCKERBERG



Histories gesproke SÓ HET STRYD VERLOOP

GESKIEDENIS

Die Eerste Vryheidsoorlog was soveel meer as die Slag van Majuba. Kraal Uitgewers se boek Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 deur Jackie Grobler, gee ’n omvangryke geskiedenis van die aanloop tot die oorlog, die eensydige herstel van die Zuid-Afrikaansche Republiek, die uitbreek van die oorlog en elke veldslag en besetting wat daarop gevolg het. Hier is die oorlog soos wat dit gebeur het:

Bestel dié boek by www.kraaluitgewers.co.za


UITSONDERLIKE WERK

oor die Groot Oorlog

D

DEUR ILZE NIEUWOUDT

ie Groot Oorlog (19141918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog ook bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg 10 miljoen soldate gelei nie, maar dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem. Louis Scott, ’n historikus en bekende

10 miljoen

soldate het in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel en nege miljoen is vermink.

inwoner van Polokwane, se boek oor dié oorlog, Hel toe en terug: Die Eerste Wêreldoorlog, ’n honderd jaar later, het teen die einde van 2018 verskyn en bied vir die eerste keer ’n omvattende geskiedenis van dié oorlog in Afrikaans. Dié boek is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R350. Hel toe en terug vertel die geskiedenis van die oorlog binne die bestek van minder as 170 bladsye en is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonder-

80 miljoen mense van verskeie lande is by die oorlog van 1914 tot 1918 betrek.

like foto’s en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog. Die boek sal danksy die toeganklike styl waarin Scott hierdie geskiedenis benader het, groot aftrek kry. Die eerste oplaag is reeds uitverkoop, wat bewys hoe gewild dié geskiedenis en Scott se aanbieding van die inligting is. • Bestel jou eksemplaar vandag nog by www.kraaluitgewers.co.za

8 miljoen

soldate is krygsgevange geneem en 12 miljoen is ernstig gewond.


in Retrospek

Hy omskep bitterheid in blydskap DEUR MARIETHA MALAN

ILLUSTRASIE: ISTOCKPHOTO.COM

“J

uffrou Marietha! Dis bitter warm!” klink die helder stemmetjie deur my oop klaskamervenster. J.C. het my al van ver af sien aankom. Elke dag vertel hy herhaaldelik hoe bitter warm dit is, selfs in die winter. J.C. is ’n besige bytjie. Hy maak graag kaste oop en begin die inhoud uithaal, of hy maak die yskas oop en begin maatjies se koeldrank smaaklik opdrink. Ten einde raad moes ek slotjies aanbring aan alles wat oop en toe kan maak. Gevolglik loop ek en my assistent nou die hele tyd met ’n bos klingelende sleuteltjies om ons nekke. Maar J.C. is gefnuik en speel nou baie meer toepaslik. Sodra ek oor die drumpel van my klas tree, word ek begroet met ’n oorverdowende vreugde-jil. Dis Martin. Hy is elke dag superbly om sy juffrou te sien, maar ook net so superbly om in die middag sy oppasser te sien as sy hom kom haal. Martin is serebraal gestremd, sien baie sleg en het ’n aandagspan van omtrent drie sekondes. Tog sien ’n mens hom byna nooit sonder ’n superbreë glimlag nie. Hy is baie trots op sy nuutste prestasie, sy selfvoer-vaardigheid, en roep “Look!” voor elke volgende hap. In ’n hoek sit Hennie, sy oortjie styf teen ’n knoppie-speelding wat liedjies speel. Hennie het downsindroom. Hy het vermoedelik ’n gehoorprobleem en praat glad nie. Hy is mal oor dinge wat vibreer of geluidjies maak, maar lê dan met sy oor daarop. Hennie reageer nie toe ek hom groet nie. Eers toe ek hom aan die skouer neem, kyk hy vlugtig op. Hennie is tjoepstil en lyk na ’n skaam seuntjie, maar ’n mens moet hom goed dophou. Hy is

geneig om onverwags maatjies aan die nek te gryp en sal hulle begin wurg as ’n mens nie betyds ingryp nie. Shawn is ’n aandagsoeker van formaat. In kringetjietyd het hy ’n uitdrukking van groot pret en afwagting op sy gesig terwyl hy herhaaldelik opspring van sy stoel af om te sien wat ek gaan doen. Ondervinding het my geleer dat aandagsoekers nie beloon moet word vir hulle uitlokkende gedrag nie. Ek maak dus glad nie oogkontak nie en druk hom net so terloops in sy stoel terug terwyl ek baie hartlik met die ander kinders gesels. Eers as Shawn begin doen wat van hom verwag word, kry hy die gewenste aandag. En dan is daar Jane. Jane is ’n beeldskone meisietjie met ’n bevrore gesigsuitdrukking. In vreemde situasies en plekke waar daar te veel stimulasie om haar is, word haar sisteem totaal oorlaai en lyk dit asof sy niks sien of hoor nie. Maar sodra sy op haar gemak is, kom die woordjies, die glimlaggies en die gebare wat by die liedjies pas. Jane kry geweldige groot epileptiese aanvalle en het ons al goed op hol gehad – Suster wat aangehardloop kom met suurstof en Mamma wat haar in aller yl kom haal. Die plek ontbreek om iets oor elkeen van my agt kindertjies te vertel. Miskien dink jy: Genugtig, watter soort klas is dit? Of, as jy ook ’n juffrou is: Nee wat, daarvoor sien ek nie kans nie! Of dalk het jy self ’n klas vir kinders met spesiale behoeftes en weet jy presies waarvan ek praat. Maar nou, aan die begin van die nuwe jaar, besef ek opnuut hoe ek my werk gemis het, hoe my hart warm klop vir

01 / 2019

72

www.solidariteit.co.za

elke kind, hoe bevredig ek voel as ek huis toe gaan, al is my lyf heeltemal op en gedaan. Voor jy my of my klassie te jammer kry, dink ’n slag aan hoe ons Vader moet voel oor ons. Ons begewe ons in verbode plekke, soos J.C. Ons is selfgesentreerd en soms aandagsoekerig. Ons hou ons doof wanneer ons Vader ons roep vir belangrike take. Ons word oorweldig in moeilike situasies en “vries” wanneer ons eintlik moes gepraat het. Teenoor ons volmaakte Vader is ons almal soos kinders met spesiale behoeftes. Soos Romeine ons waarsku: “Daar is niemand wat regverdig is nie, selfs nie een nie!” Tog het Hy ons elkeen onvoorwaardelik lief. Roep jy na Hom wanneer jy ’n behoefte het? Jy roep dalk nie “Dis bitter warm!” nie, maar “Ek is bitter bang … bitter alleen … bitter hartseer … bitter teleurgesteld …” Jou Vader is daar vir jou. Hy luister. Hy vervang al die bitter dinge met blydskap:

U was o God, 'n hulp vir my U het U vleuels uitgesprei Om met beskerming my te dek En jubels in my hart te wek.


Solidariteit kantore

LANDWYD TOT JOU DIENS Bellville

Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

Bloemfontein

Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

Boksburg

Gibbs du Toit, Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Leandri Engelbrecht (litigant), Dems Nel (litigant), Etienne van Vuuren en Fanie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Carletonville

André Jansen van Rensburg • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Ellisras

Deon Viviers • Administratiewe beampte: Helen Kay • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile-winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

Kathu

Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

Richardsbaai Klerksdorp

Coenie Rheeder, Danny Schutte Administratiewe beampte: Leanne Meyer Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

Lydenburg Clifford Smith Administratiewe beampte: Bianka Broodryk Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

Newcastle

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

Port Elizabeth Ivan Smith Administratiewe beampte: Yris du Plessis Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 Faks: 041 364 2927 E-pos: pe@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

Pretoria (Centurion)

Marike Pitzer, Danielle van Heerden, Linda Senekal, Lizette Snyman, Nadine Botha, Helgard Cronje, Sanri Stone, Inge Labuschagne, Alfie Hoole, Renate Barnard, Johan Botha en Hennie Vosloo Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 644 4442/8 Faks: 012 335 9002 E-pos: centurion@solidariteit.co.za Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion

WWW.SOLIDARITEIT.CO.ZA • 0861 25 24 23

Peter Mcbeath Administratiewe beampte: Karin van der Watt Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

Rustenburg

Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm Tel: 014 592 4336/1090 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

Secunda

Andy O’Toole Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

Vaaldriehoek

Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent Tel: 016 931 3160 Faks: 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

Welkom

Coenie Rheeder Administratiewe beampte: Candice Gerber Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

Witbank Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer en Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11





Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.