IN BEWEGING
NOMMER 6 VAN 2017 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede
I SSN 1683562 -X
9 771683 562000
SEËNWENSE VIR DIE FEESSEISOEN EN HOPE VOORSPOED VIR 2018!
www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
1 Deel van die Solidariteit Beweging
Plaas jou KOSBARE RANDE
in die REGTE HANDE Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!
01 BELEGGINGS > aftrede > effektetrusts > buitelandse beleggings
05
02
MEDIESEFONDSADVIES EN -PRODUKTE > Professionele advies > Mediesefondsopsies > Gapingsdekking
MOTOR- & HUISINHOUDVERSEKERING > brand > diefstal > ongelukskade
Skakel ons vandag!
0861 10 10 05
03
PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES > ontledings > oplossings > produkte
REGSHULPVERSEKERING > 24 uur telefoniese regsadvies > Toegang tot prokureur (limiete geld) > Borgdekking
aksentmedia.c0.za
04
Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
0861 10 10 05
www.solidariteit.co.za
NOMMER 6
VAN 2017
NUUSWAARDIG 10 11 12 14 15 16 17 18 18 20 21 22 24 25 26 28
Solidariteit-ligdraers se suksesse Wéés die lig en wen groot kontantprys Só beskerm bedrywe lede se belange Akademia – wêreldklas in Afrikaans! Nóg drie studente ontvang beurse in 2018 Reputasiebestuur: Dae van eenrigtingkommunikasie getel Heildronk op dié welslae van 2017 Kinderspeletjies by Aardklop Skolewetsontwerp stel nie gehalte van onderrig voorop Ons Plek bied veilige hawe aan kleintjies Christmas lights there to remind you Uitskieter-onnie vereer vir sy superkragte Middelgroep moeg vir rasse-spervuur Nuwe eenheid pak rassisme, haatspraak Opleidingslig na gemeenskap geneem Duisende dra swart teen plaasmoorde
SÓ HET BEDRYWE IN 2017 VIR JOU BEDING BLADSY 12
Ons moet groter dink en doen Talle mense sien nie meer ’n toekoms vir hul kinders nie. Solidariteit ontken nie die probleme nie, maar ons laat nie ons toekoms aan politici oor nie. Ons bou aktief saam aan oplossings, of dit nou ’n tegniese kollege, buurtwagte, ’n universiteit, of werkgeleenthede is, skryf FLIP BUYS.
BEDRYFSNUUS 30 30 31 32 32 32 33 33 34 34 36
SAPD-lid onskuldig ná vals rasklag Solidariteit wen appèl by MRK oor SAL se kadetprogram Aurora: Geregtigheid sál geskied Lonmin has big part in retrenchment bloodbath Hlaudi appelleer teen arbeidshofuitspraak Weskus Nasionale Park dalk in gedrang Mango en Solidariteit bereik ooreenkoms Solidariteit sluit gunstige loonooreenkoms met Assmang Solidarity and Exxaro sign wage agreement Loonaanbod skep sekerheid in bedryf Ernstige kommer oor mynveiligheid
IN BEWEGING 40 41 42 44 46 47 47 48 50 52 54 55 56 58 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 72 74
Toekoms in gemeenskap se hande AfriForum spog met meer as 200 000 lede Gerrie reg om Duduzane Zuma te vervolg Vroue laat skoolmeisies só waardig voel Vereniging vir grondslagfase-onderwysers Jou leefstylhandboek in die palm van jou hand Regskliek-app nou nog groter en beter Jy & die Reg: Wanneer jou werknemer in die sop beland Sol-Tech: Tien jaar van uitnemendheid Maak dié feestyd werklik familietyd Dit kóók in dié Afrikaanse kuierplek Handgeskrewe briefie uit Namakwaland Ons gaan see toe, maar wat van Wagter? Buckets full of benefits for our members Bitcoin-belegging: Blom of borrel? Survival guide: Working during Christmas and New Year Geld, my vriend, kan dít nie koop nie – Chris Chameleon Op die elektroniese voorgrond Twee reuse, twee dekades van bou Van Wyk Louw se meesterstukke getoonset Reis saam deur ons ryk geskiedenis In Retrospek: Hier volg die nuus om sewe Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Fokus op gesondheid: Alles wat jy oor sooibrand moet weet Vista pak gemoed positief, prakties Betroubare mediesefondsadvies vir lede Medihelp: bestendig, bekostigbaar
Middelgroep moeg vir
RASSE-SPERVUUR Solidariteit het ’n blad bekend gestel waarop jy vrylik jou sê oor dubbele standaarde kan sê. Oorreageer mense oor rassisme of voel jy daar is ’n probleem met dubbele standaarde? Sê jou sê by solidariteit.co.za/se-jou-se/ MOIRA-MARIE KLOPPERS het dié kwessie onder die loep geneem.
PLAASMOORDE: Duisende dra swart Duisende Suid-Afrikaners en selfs mense in die buiteland het op #SwartMaandag swart gedra om die erns van die bloedvergieting op SA plase uit te lig. AfriForum beplan ‘n verdere protesoptog en Helpende Hand het ‘n spesiale studiefonds op die been gebring, skryf ALET RADEMEYER.
24
Kom óns wees die ligdraers
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
H
ierdie jaar het, soos alle ander, teen die spoed van wit lig weggetrek en daarna ook min blaaskans vir enigeen gebied. Dit is waarskynlik omdat ʼn mens so druk besig is dat jy so dikwels vra: “Waar is die tyd heen?” Andersins betrap ons onsself dat ons weer sê: “Ek kan nie glo die einde van die jaar is om die draai nie.” Een manier waarop ek ʼn jaar meet om doodseker te maak ek het ál twaalf maande van ʼn jaar regverdig ontvang, en nie enige maand minder as my beste gegee nie, is om nabetragting te hou. Dit doen ek deur in my dagboek terug te blaai. Dit mag dalk nie vir almal werk nie, maar ek hou slaafs boek van al my vergaderings, ek skryf elke liewe dag my om-te-doen-lysie neer en ek merk af soos wat ek alles bygewoon of afgehandel het. En as ek, soos ek nou hier sit, deur 2017 se dagboek blaai, is dit vir my duidelik dat dit ʼn jaar was waarin die Solidariteit Beweging en so baie van sy lede en ondersteuners gewys het hoe sterk ʼn lig in die donker kan skyn. As elkeen op sy of haar manier help om ʼn lig in die donker te kan wees, dink net hoe helder sal die wêreld om ons wees. Om ʼn ligdraer te wees, is nie maklik nie, maar dit is vir seker die moeite werd. Die kleinste liggie kan immers die donkerste vertrek verlig! In die laaste uitgawe van vanjaar se Solidariteit Tydskrif kyk ons terug op die jaar se doen en late. Ons vier tientalle welslae,
maar ons treur ook saam met die meer as 70 gesinne wat tot dusver vanjaar geliefdes op plase aan die dood afgestaan het. Ons bekyk die kwessie van rasseverdeeldheid en vertel waarom organisasies meer as ooit tevore moet let op die bestuur van hul reputasie, veral op sosialemediaplatforms. AfriForum is besig om sy gemeenskapsakeafdeling uit te bou. Dié afdeling is daarop gerig om gemeenskapselfstandigheid as alternatief vir staatsafhanklikheid te bied. AfriForum het voorts ’n nuwe eenheid op die been gebring om rassisme en haatspraak aan die kaak te stel. Adv. Gerrie Nel is ook slaggereed vir die burgerregte-organisasie se eerste privaat vervolgingsaak. Helpende Hand staan op sy beurt grondslagfase-onderwysers by deur ’n splinternuwe Afrikaanse Grondslagfase Vereniging (AGV) as deel van sy Skoleondersteuningsentrum. Die doel van die AGV is om onderwysers wat betrokke is by grondslagfaseonderrig (gr. RR tot gr. 3) te help in hul belangrike taak, want hulle is tydens hierdie kritieke fase van kinders se ontwikkeling die verantwoordelike ligdraers. Ons stel ook twee van die Solidariteit Beweging se grootste ligdraers, Flip Buys en dr. Dirk Hermann, se boek Vat jou goed en bou! Twintig jaar van Solidariteit, bekend. Flip en Dirk is reeds twee dekades besig om aan die Solidariteit Beweging te bou en dié boek bevat ’n keur van hul artikels en rubrieke wat die
afgelope paar jaar verskyn het. Verder vier ons Sol-Tech se tiende bestaansjaar, ons vertel waarom Akademia wêreldklas in Afrikaans is en kuier in Maroela Media se kombuis. Laaste maar beslis nie die minste in hierdie “ligdraers”-uitgawe nie, moet ons ook vertel van ʼn “plek” van lig. Ons Plek Derdepoort is Helpende Hand se gemeenskapsentrum in Pretoria wat net meer as ʼn jaar gelede begin is. Die sentrum se hooffokus is om ʼn gratis Afrikaanse naskoolsentrum aan behoeftige kinders te bied. Lees gerus die hartroerende storie op bladsy 20 oor die verskil wat hierdie sentrum in die gemeenskap maak. Skryf sommer ook ʼn persoon of projekte wat hul gemeenskap op ʼn spesiale manier bystaan, in vir die Solidariteit Tydskrif-kompetisie. Jy staan die kans om R4 000 kontant vir die projek of organisasie van jou keuse te wen! Dankie vir jou getroue ondersteuning dwarsdeur die jaar. Sonder elke lid se unieke bydrae sou die Solidariteit Beweging nie kon wys hoe helder ʼn lig in die donker kan skyn nie. Mag jy en jou geliefdes hierdie komende Kerstyd waarlik God se rus en vrede beleef. En mag ons bowenal Sy lig laat skyn!
CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR
Kuberklets, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer
Lid seëvier ná vals klag oor k-woord Annemarie Oosthuizen was mensehulpbronbestuurder by die SAPD in Klerksdorp toe twee adjudantoffisiere haar in Maart vanjaar daarvan aangekla het dat sy hulle na bewering die k-woord genoem het. Solidariteit het haar bygestaan, en Oosthuizen het die saak gewen. Jacques Mattie van Staden: “Voorwaar ʼn vrou wat kaalvoet oor die Drakensberg sou trek! Sterkte met jou loopbaan vorentoe!” Leonie Schwartz: “Ja en wat kan hulle nou sê? Net ‘fools’ van hulleself gemaak!” Godfried Strumpher: “Wees net eerlik en geregtigheid sal geskied. Dankie Solidariteit!” Frederick de Beer: “Ek kan ook met dankbaarheid getuig – Solidariteit het ook my loopbaan gered. Kollegas, sluit aan, dis die regte ding om te doen. Baie dankie Solidariteit vir ʼn ware helpende hand.”
Victor MacDonald Mento: “I sincerely hope those two scoundrels have been fired for lying about something that never happened and putting that woman’s job in jeopardy.” Dewald Visser: “Ek is ook as luitenant-kolonel in die SAPD beskuldig van rassisme. Dis moeilik om jou onskuld te bewys, selfs as jy weet dis valse bewerings. Daar het niks van die bewerings gekom nie. Ek glo die Here het my daardeur gedra.” Chrisselda Meyer: “Dankie, Renate Barnard en Solidariteit, dat julle daar was vir haar!”
ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen E-posadres: denise@solidariteit.co.za Colette Schultz E-posadres: colettes@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Jaco Bisschoff MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Estella Boshoff, Wilmarie Brits, Flip Buys, Leandré Buys, Chris Chameleon, Lindie de Beer, Reint Dykema, Melissa Erasmus, Petronel Fourie, Dirk Hermann, Karin Heydenrych, Moira-Marie Kloppers, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Martie Maree, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Nikki Prinsloo, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Mia Slabbert, Juran van den Heever, Marlien van der Westhuizen, Juran van den Heever, Cilleste van Dyk, Suné van Heerden, Rozier van Tonder, Barend Uys, Natasha Venter en Jhua-Nine Wyrley-Birch. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION
Hester Delport: “Geregtigheid het geseëvier.” www.aksentmedia.co.za • aksentmedia@vodamail.co.za
KERSFEES: WANNEER MAAK JULLE GESKENKE OOP?
a Oukersaand, gesellig as gesin by die boom vol liggies. b Kersdag. Dis tradisie om as familie saam te kuier en te eet. c Soms Oukersaand, soms Kersdag. Ons het nie ʼn vaste reëling nie. SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za
Nog nie ’n Solidariteit-lid nie? Sluit vandag aan! SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. Verander jou adres by diens@solidariteit.co.za. www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort
Solidariteit Beweging
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
7
is voorsitter van die Solidariteit Beweging
Dis tyd vir groter
N Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
avorsers by ’n Amerikaanse universiteit wou op ’n keer vasstel wat die invloed van denkbeeldige grense op diere is. Hulle het ’n groot vistenk vol visse geneem en ’n glasafskorting in die middel ingesit. Dit het die vistenk in twee verdeel, en die vissies kon nou net in hul helfte swem. Ná ’n maand het die navorsers die afskorting uitgehaal om te kyk wat gebeur. Die antwoord was gou duidelik: Elke helfte se vissies het steeds net aan hulle kant geswem. Hulle het nie die (nou) denkbeeldige grens oorgesteek nie. Eers ná dae het een vissie tot digby die plek geswem waar die glasplaat voorheen was, versigtig getoets of die grens nog daar was, en dit toe huiwerig oorgesteek. Daarna het die ander vissies dit ook versigtig probeer, totdat almal naderhand agtergekom het dat die grens net in hul gedagtes was. Mense is ook só: Ons denke en dade word bepaal en selfs beperk deur denkbeeldige grense wat net in ons koppe bestaan. Almal van
8
ons het al die een of ander verbeelde “grens” in ons lewens oorkom om iets te bereik wat ons self of ander eers onmoontlik geag het. Daarom het ’n wyse mens gesê: as jy dink jy kan of jy dink jy kan nie, is jy in albei gevalle reg. Die geskiedenis is die verhaal van mense wat hulle nie deur die skynbaar onmoontlike laat stuit het nie, maar grense verskuif het deur verder te dink en te doen. Dit is sulke mense wat vir vooruitgang verantwoordelik is. Hulle is nie bang vir nuwe dinge nie, hulle is bang vir die oues. Hulle het hulle nie laat stuit deur denkbeeldige óf regte struikelblokke nie, maar dit oorbrug deur nuut te dink en volhardend te doen. Voorouers Ons voorouers moes en het talle sulke grense oorkom. Hulle het die voortou geneem met die opbou van ’n onontwikkelde gebied tot ’n moderne land met die voorste infrastruktuur in Afrika. Dit is ’n ongeëwenaarde prestasie wat nie weggepraat kan word deur al die beskuldigings
wat teen hulle geopper word nie. Dit maak ons voorouers nie supermense nie. Hulle was gewone mense wat in ongewone omstandighede buitengewone prestasies behaal het. Vandag word net oor die foute wat hulle gemaak het gepraat, maar hulle het skynbaar onoorkombare grense oorbrug waarteen baie ander mense vasgekyk het. Paul Kruger-geslag Die “Paul Kruger-geslag” het ná die Groot Trek twee moderne Republieke gestig met grondwette, demokratiese stelsels, en infrastruktuur soos spoorlyne, elektrisiteit en munisipale dienste. Natuurlik was dit nie volmaak nie, maar dit bly ’n prestasie in ’n tyd wat baie Westerse lande nog deur monargieë regeer is. De la Rey-geslag Ná die Anglo-Boereoorlog het die “De la Reygeslag” die land weer opgebou ná die skade wat deur die verskroeideaardebeleid aangerig is. Banke, koerante, welsynsorganisasies, Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
SPREEKBUYS
“Ons wil tog almal aan ons kinders ’n beter land nalaat as wat ons gekry het. Daarom het ek baie hoop om die bouwerk verder voort te sit. Want die verlede gaan nie terugkom nie, die hede gaan nie verdwyn nie, en die toekoms gaan nie vanself gebeur nie!”
sakeondernemings, stede en ’n moderne ekonomie is opgebou. Hulle het pres. Paul Kruger se wenresep hiervoor gebruik: neem die beste uit die verlede en bou die toekoms daarmee. Vanselfsprekend het hulle dit nie alleen gedoen nie, maar hulle het denkbeeldige en selfopgelegde grense oorgesteek wat groot dele van die wêreld teruggehou het. Baie van ons land se huidige probleme is dat die Kruger-resep omgedraai word. Dit lyk of baie mense eerder die slegste uit die verlede wil neem om die toekoms daarmee te probeer verongeluk. Wonderwerkers is gewone mense wat roepingsgetrou bou aan wat terugskouend as wonderwerke gesien kan word. Skeppend Daar is twee soorte mense, net soos die visse in die visbak. Die een groep sien net struikelblokke en beskou dit as onoorkombare grense. Daarteenoor sien die ander groep die struikelblokke, maar gebruik dit as boublokke www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
om oplossings te bou. Onsuksesvolle groepe dink hulle staan magteloos voor skynbaar onoorkombare grense. Hulle dink die geskiedenis maak mense, en ’n mens kan niks daaraan doen nie. Suksesvolle groepe glo dat mense die geskiedenis maak – dat mense wél oplossings vir uitdagings kan ontwikkel. Hulle glo aan skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes. Toekoms 23 jaar ná 1994 staan die land voor skynbaar onoorkombare uitdagings. Dit is so dat daar min aan sommige probleme gedoen kan word. Onbillike rassewette gaan byvoorbeeld nie oornag verdwyn nie. Maar die toekoms is nie verby nie; daar is nog baie wat ons daaraan kan doen. Ons voorouers het nie in die as van die verskroeide aarde bly sit nie. Hulle het opgestaan en weer begin bou. Hulle het ook nie landuit getrek nie, maar saamgetrek en oplossings geskep. Baie mense kyk met reg ontsteld na die geweldsmisdaad, verval, wanbestuur en korrupsie
om ons. Talle sien nie meer ’n toekoms vir hul kinders nie. Solidariteit ontken nie die probleme nie, maar ons laat nie ons toekoms aan politici oor nie. Ons bou aktief saam aan oplossings, of dit nou ’n tegniese kollege, buurtwagte, ’n universiteit, of werkgeleenthede is. Natuurlik besef ons hoe groot die probleme is, en weet dat blywende oplossings nóg groter sal moet wees. Ons sien egter ook die geleenthede raak wat die krisis in die land skep. Daarom is dit wonderlik om te weet dat daar reeds meer as 400 000 lede in die hele Solidariteit Beweging is wat saam help bou. Baie dankie aan elke lid en ondersteuner daarvoor! Hierdie jaar was weer ’n besonderse boujaar waarop daar volgende jaar vinnig verder gebou kan word. Ons wil tog almal aan ons kinders ’n beter land nalaat as wat ons gekry het. Daarom het ek baie hoop om die bouwerk verder voort te sit. Want die verlede gaan nie terugkom nie, die hede gaan nie verdwyn nie, en die toekoms gaan nie vanself gebeur nie!
9
NUUSWAARDIG
Solidariteit-ligdraers se suksesse
Foto: iStockphoto.com
D
10
ie ligdraers van Solidariteit is sy organiseerders en voltydse verteenwoordigers. Hulle is die voorste linie wat daagliks vir werknemers se regte in die werkplek veg, en is heel waarskynlik die mense met wie jy te doen sal hê wanneer jy ʼn probleem in die werkplek ervaar. Volgens Juran van den Heever, afdelingshoof van kommunikasie by Solidariteit, is organiseerders die hande en voete van vakbondverteenwoordigers in die werkplek. “Organiseerders bied verteenwoordigersbystand om die werkplek doeltreffend en met die nodige struktuur te organiseer.” Solidariteit spog met meer as 50 uiters bekwame en hardwerkende streeksorganiseerders wat by sy negentien dienskantore reg oor die land aan Solidariteit-lede diens lewer. Een van die organiseerders se hooftake is kollektiewe bedinging, dit wil sê loononderhandelings, afleggings, en konsiliasie en arbitrasie by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie. Daar is jaarliks talle suksesse wat behaal word en vanjaar is geen uitsondering nie. Daar is so baie suksesverhale dat dit onmoontlik is om almal te noem, maar ons deel graag ʼn paar. Kommunikasiebedryf • Telkom-arbitrasie: Solidariteit het die interpretasiesaak van die loonooreenkoms
Deur Cilleste van Dyk
met Telkom gewen. Telkom het die werknemers ʼn 6%-salarisverhoging betaal op die 50ste persentiel van die werknemers se funksionele areas, wat nie in lyn was met die loonooreenkoms nie. Die oorspronklike ooreenkom het ʼn 6%-verhoging op die werknemers se salaris vereis. Die arbiter het aangedui dat Telkom nie self terme in die ooreenkoms mag inskryf en inlees wat nie binne die oorspronklike ooreenkoms was nie. Telkom moes die regstelling maak, die werknemers se salarisverhoging herbereken en dit teen einde Oktober 2017 uitbetaal. • BCX: Solidariteit is tans die enigste vakbond met erkenning binne Business Connexion Group (BCX), en alle lede hier kan nou beskerm word en kollektiewe voordele geniet. • Telkom-regstellendeaksieplan: Solidariteit het Telkom op terme geplaas met betrekking tot sy regstellendeaksieplan. Telkom se plan het reeds in April 2017 verval, waarna die maatskappy by die departement van arbeid aansoek gedoen het om die tydperk te verleng. Telkom is besig om die plan per sake-eenheid binne Telkom op te stel, maar voldoen nie aan al die vereistes in terme van konsultasies in lyn met regstellendeaksiewetgewing nie. Solidariteit het die voorgestelde plan na sy regsafdeling verwys vir verdere intervensie.
Mediese bedryf: Salarisverhogings • Vista-kliniek: 5%-verhoging, 10%-bydrae tot mediese fonds; een dag bykomende gesinsverantwoordelikheidsverlof • Kokanje: 5%-salarisverhoging; salarisband skuif op met 5%; waarnemingstoelaag skuif vanaf 14 dae na 5 dae wat moet verloop voordat toelaag gegee word; werkgewersbydrae tot mediese fonds verhoog vanaf 60:40 na 50:50 • ZAH: 6,8%-verhoging plus bykomende dag jaarlikse verlof • Cureday Clinics: 5,5%-verhoging • Vermaak en Vennote: 6%-verhoging • Med24: 6%-verhoging • Mediclinic Paarl: Apteekpersoneel ontvang ’n 5,25%-verhoging, verpleegpersoneel 6,2% en administratiewe personeel 5,45% • Mediclinic Emfuleni: Verpleegpersoneel ontvang ’n 6,10%-verhoging, administratiewe personeel 5,52% en apteekpersoneel 5,19% • Precision Medical Solutions: 5,5%-verhoging • Matlosana Medical Health Services: 6,5%salarisverhoging • Netcare Montana: Personeel kry x 0,25 meer op die uurlikse fooi vir ure gewerk op Saterdae. • Lees ook op bladsy 12 hoe die verskillende bedrywe ons lede se belange vanjaar te midde van moeilike omstandighede beskerm het. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Wéés die lig en wen groot kontantprys
Foto: iStockphoto.com
D
ie klein blondekoppie kom spring soos elke middag op Herman Kloppers se skoot in sy kantoor. Daar is ʼn paar windverwaaide kuifhaartjies wat lankal uit die twee poniesterte bo haar ore ontsnap het en nou aan die stofgesiggie vasklou. Sy vee dit eers met die agterkant van haar hand weg en nadat sy hom ʼn stywe drukkie gegee het, fluister sy met haar kop in sy nek gedruk, saggies in sy oor: “Tatta, Pappa.” Sy oë versag en hy antwoord eenvoudig: “Soet wees, Bella, ek sien jou weer môre.” Hierdie aangrypende toneeltjie speel elke dag af in die kerksaal van die Gereformeerde Kerk in Derdepoort, Pretoria, waar Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapsentrum ʼn gratis Afrikaanse naskoolsentrum bedryf. Lees meer oor hierdie wonderlike storie op bladsy 20 van hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif.
Weet jy van soortgelyke gemeenskapsprojekte of gewone mense wat elke dag buitengewone dinge vir ander mense doen? Nou is jou kans om hierdie projek of persoon by te staan deur vir ons opwindende Ligdraer-kompetisie in te skryf. Jy staan die kans om R4 000 vir die verdienstelike gemeenskapsprojek of verskilmaker van jou keuse te wen.
Hoe neem ek deel? Stuur ʼn SMS met die woord Tydskrif-kompetisie, jou naam, van WEN en die projek of persoon se naam na 34802. SMS’e kos R2. R4 000 kontant is op die spel! Die sluitingsdatum van die kompetisie is Maandag, 4 Desember 2017.
NUUSWAARDIG
Só beskerm bedrywe lede se belange 2017 word deur die adjunkhoofsekretarisse van die onderskeie bedrywe in Solidariteit beskryf as ‘n onstuimige jaar wat gekenmerk is deur intense onderhandelings binne ‘n moeilike ekonomiese en politieke klimaat. Ten spyte van al die uitdagings en indringende hoëvlakonderhandelings kon Solidariteit daarin slaag om op alle vlakke in die verskeie sektore te presteer en welslae te behaal, skryf WILMARIE BRITS.
Mynbou-, landbou- en sementbedryf
V Metaal- en ingenieursbedryf
V
olgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, het Solidariteit op alle terreine goed presteer en daadwerklik opgetree om die belange van sy lede te beskerm. Solidariteit het groot sukses behaal in sy historiese aansoek om die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) onder administrasie te plaas. Die bevel wat op 13 Junie toegestaan is, is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en gaan beslis die landskap in die staal- en ingenieursbedryf ingrypend verander. Solidariteit het ook ʼn driejaarloonooreenkoms met die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika (SEIFSA) onderteken. “Die ooreenkoms sal vir die volgende drie jaar hoop, sekerheid en standvastigheid vir die werknemers in die bedryf skep,” het Croucamp gesê. Op 30 Maart het dié bedryf ook hul baie suksesvolle “Steun Ons Staal”-veldtog van stapel gestuur. Croucamp verduidelik dat die veldtog fokus op die uitdagings wat die bedryf in die gesig staar. “Ons beoog om betrokkenheid aan te moedig wat aanleiding sal gee tot aktiewe optrede om die plaaslike staalbedryf te red,” het Croucamp bygevoeg. Die regering het Solidariteit genooi om deel te vorm van die staalkomitee wat belangrike aanbevelings aan die minister maak. Nog ’n hoogtepunt was toe Highveld Steel in Emalahleni op 6 Junie vanjaar vir die eerste keer sedert die aanleg se enorme afleggingstragedie in 2015 ʼn gedeelte van die aanleg weer permanent aangesit het. Op die oomblik werk meer as 400 mense reeds weer by dié aanleg.
ir die mynbou-, landbou- en sementbedryf het 2017 afgeskop met die gewraakte nuwe mynbouhandves wat volgens Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf, as ʼn “ondeurdagte fiasko” opgesom kan word. Ten spyte van die verskeie herstrukturerings en afleggings in mynbou was 2017 egter ook ʼn jaar van groot welslae. Die beperking van gedwonge afleggings word deur Prinsloo as een van die bedryf se groot suksesse beskryf. “Ons kon goeie skeidingspakkette beding en baie van ons lede kon óf in die maatskappye se eie, óf ander maatskappystrukture opgeneem word.” Die bedryf kon ook daarin slaag om verskeie nuwe en heronderhandelde erkenningsooreenkomste in plek te kry wat lede se kollektiewe regte en diensvoorwaardes verbeter en beskerm. Gunstige loonooreenkomste is gesluit met Kumba, Assmang, Exxaro en die Graanbedingingsraad. Volgens Prinsloo is daar ook gunstige ooreenkomste gesluit tydens die nasionale steenkoolonderhandelings. “Te midde van moeilike tye in die platinumsektor, kon ons namens ons lede ʼn driejaarloonooreenkoms by Sibanye Platinum se Kroondal-myn onderteken,” het Prinsloo bygevoeg.
Denel, Krygkor en lugvaart
Foto’s: iStockphoto.com
V 12
olgens Willie Venter, sektorkoördineerder vir Denel, Krygkor en lugvaart, het verdediging en lugvaart gemengde welslae beleef. Die sektor was suksesvol daarmee om onstuimigheid af te weer, die omgewing vir lede redelik bestendig te hou en billike salarisverhogings te onderhandel. Rheinmetall Denel Munition het vanjaar die hoogste verhoging in vyf jaar toegestaan, naamlik 6%. Die Denel-groep se gemiddelde verhoging was 6,5%. Krygkor se verhoging is vasgestel op 7,5% en die State Information Technology Agency (SITA) het met verhogings van tussen 5% en 7,8% geskik. Ná twee jaar se onderhandelings by Hensholdt Optronics is ʼn nuwe erkenningsooreenkoms gesluit. Suksesvolle skikkings van meer as R1,2 miljoen is namens lede in die sektor beding.
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Elektroniese sektor
T
ommy Wedderspoon, sektorkoördineerder van die elektroniese sektor, beskryf 2017 as ʼn suksesvolle jaar. “Daar was bestendigheid in die werkplek met geen dreigende afleggings nie,” het Wedderspoon verduidelik. Die sektor het vanjaar groot welslae met onderhandelings behaal. Ten spyte van die 4,6%-inflasie kon Solidariteit ʼn verhoging van 6,5% vir sy lede in Eskom-bestuursposisies beding. Lede in die bedingingseenheid het ʼn verhoging van 8,5% asook die verbetering van sekere diensvoorwaardes ontvang.
Mediese sektor
D
ie mediese sektor het volgens Johan Botha ʼn uitdagende onderhandelingseisoen suksesvol hanteer. “Goeie verhogings en diensvoorwaardes is beding, en die onderhandelings is met goeie vaardigheid en professionaliteit afgehandel sonder dat daar by een enkele werkgewer tot staking oorgegaan moes word,” het Botha gesê. Daar is 12 gunstige loonooreenkomste by verskeie klinieke, apteke en hospitale onderteken met loonverhogings wat wissel tussen 5% en 6,1%. “Zuid-Afrikaans Hospitaal is een van die mediese instansies waar ons ooreengekom het op ʼn 6,8%-loonverhoging asook bykomende jaarlikse verlof,” het Botha bygevoeg.
Finansiële, tersiêre en algemene sektor
V
anweë die geweldige diversiteit in dié bedryf is daar ʼn hernieude fokus op groei, veral by tersiêre instellings, verduidelik Johan Botha. Gedurende 2017 is verskeie ingewikkelde dispute met semi-staatsinstellings aangeknoop. Een groot dispuut was met die Landbounavorsingsraad (LNR) om hulle te verplig om alle lede wat onder die tiende persentiel van hul salarisskale vergoed word, op te skuif na die tiende persentiel van daardie skaal. “Ons het op 6 Oktober ʼn ooreenkoms in hierdie verband geteken en die waarde daarvan is R12 500 000,” het Botha bygevoeg. Nog ʼn groot sukses is die 97 kontrakwerknemers by Rhodes-universiteit wat ná onderhandelings permanent aangestel is met alle voordele, asook ʼn tweejaarooreenkoms vir ʼn 12%-verhoging vir beide jaar 1 en 2.
Kommunikasiesektor
V
olgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris vir die kommunikasiesektor, het Solidariteit ’n groot oorwinning behaal toe hy die interpretasiesaak van die loonooreenkoms teen Telkom gewen het. Volgens hierdie ooreenkoms het Solidariteitlede ’n loonverhoging van 6% vanaf 1 April 2017 ontvang, terwyl hulle onder meer ook die waarborg gekry het dat hulle vir die volgende twee jaar nie aan afleggings blootgestel sal wees nie. Volgens Botha het Solidariteit Telkom op terme geplaas met betrekking tot sy diensbillikheidsplan. “Telkom se voorgestelde plan is nie in lyn met diensbillikheidswetgewing nie, en daarom het ons die voorgestelde plan na ons regsafdeling verwys vir verdere intervensie,” het Botha gesê. Nog ʼn groot sukses in die bedryf is dat Solidariteit tans die enigste vakbond is wat erkenning het binne Business Connexion Group (BCX). Te danke daaraan kan die lede hier nou beskerm word en kollektiewe voordele ontvang.
www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
Chemiese sektor
G
erhard Cloete, sektorkoördineerder van die chemiese sektor, het die algemene ledediens en bystand op verskeie vlakke in die sektor geprys en gesê die span kon daarin slaag om goeie verhoudings met werkgewers in stand te hou, ongeag uitdagende makro-ekonomiese omstandighede. Solidariteit kon daarin slaag om ʼn gemiddelde loonverhoging van net meer as 7% vir lede in die chemiese sektor te beding. Dit sluit onderhandelings op nasionale vlak in, asook in sektore soos nywerheidschemikalieë, glas, pulp en papier, vesel en partikel, en saagmeulens. Daar was ook suksesvolle loononderhandelings by kleiner werkgewers soos Foskor, SFF en Sasol Mynbou.
13
NUUSWAARDIG
Akademia – wêreldklas in Afrikaans! Deur Dr. Dirk Hermann
G
Foto: iStockphoto.com
rove City is ʼn klein dorpie, met ʼn rapsie oor die 8 000 inwoners, in Pennsilvanië in die VSA. Dit is ook die tuiste van Grove City College wat in 1876 gestig is, en wat tans sowat 2 500 studente het. Die universiteit is in die Presbiteriaanse tradisie gestig, maar is nie aan die kerk gekoppel nie. Grove City College was die laaste besoekpunt van ʼn afvaardiging van die Solidariteit Beweging wat gaan ondersoek instel het na beste praktyke vir Akademia. Die eerste besoek was aan Baylor-universiteit en die tweede aan Hillsdale-universiteit. Grove City het ʼn besonderse kampus. Die bekende Olmsted-broers het die ontwerp van die kampus in 1927 gedoen. Hulle het ook die Harvard Business School by Allston en die Chicago-, Florida-, en Washington-kampus, asook talle ander voorste kampusse in die VSA ontwerp. In 2002 is die musiek- en kunssentrum uitgebrei. ʼn Nuwe akademiese gebou is in 2003 opgerig. In 2004 is ʼn nuwe studentesentrum en boekwinkel gebou. Hierdie gebou is bekroon met die International Masonry Institute’s Golden Trowel Grand Prize. In 2006 is studenteverblyf in woonstelstyl gebou. Ons het egter eers gesien wat uitnemend-
14
heid is toe ons die tegnologie-, wetenskap-, wiskunde- en ingenieursgebou besoek. Die gebou het meer as R500 miljoen gekos. Dié indrukwekkende gebou is ontwerp om die nuutste onderrigmetodes te ondersteun, insluitend verskuifbare laboratoriums. Wat egter nog meer indrukwekkend as die gebou is, is die feit dat feitlik die hele gebou, soos die res van die universiteit, deur skenkings moontlik gemaak is. Op die een laboratorium se muur staan: “Phillips Laboratory – gift of the Dr and Mrs Arthur Phillips Charible Trust” en in ʼn lesinglokaal: “Johnson Classroom – gift of Stanley M Johnson and Karen Johnson”. Buite die saal staan: “Rathburn Hall – gift of the Rathburn Family” en so kan talle ander voorbeelde opgenoem word. Dit is die storie van Grove City College: ʼn storie van ʼn gemeenskap wat help om te bou en te laat groei. Die gemeenskap gee graag vir ’n saak waar só ʼn saak met uitnemendheid gepaard gaan. Soos Baylor en Hillsdale ontvang Grove City nie enige subsidie van die staat af nie. Al drie universiteite staan in die Liberal Arts-tradisie (klassieke opvoedkunde) en vorm mense eerder as om hulle bloot op te lei. Al drie streef na uitnemendheid en lok van die beste studente
en dosente. Die drie instellings ontsluit ook energie in die gemeenskap. Juis die feit dat hulle los staan van die staat, stel gemeenskapskapitaal vry. Al drie het ʼn balans gevind tussen die klassieke en die moderne. Akademia is volstoom aan die gang met 12 studiesentrums wat dwarsoor Suid-Afrika bedryf word. Akademia het net so oor die 700 studente en die studentetal gaan volgende jaar na verwagting ongeveer 1 200 wees. In wat ʼn volgende groot stap is, word daar in 2018 vir die eerste keer ʼn sentrum buite die grense van die land, en wel in Windhoek in Namibië, geopen. Akademia se lesingmetode is moderne interaktiewe videotegnologie. Akademia het besluit om ook ʼn kampusmodel by sy aanbod te voeg. Akademia: • wil Christelik wees; • wil opvoed en nie bloot oplei nie; • wil ʼn balans vind tussen die klassieke en die moderne onderrigmetodiek; • wil uitnemend wees; • wil los van die staat wees; • wil ontstaan uit die gemeenskap; en • wil en moet gemeenskapskapitaal mobiliseer. Die VSA het ons gewys Akademia kan al die bogenoemde punte wees – wêreldklas in Afrikaans. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Nóg drie studente ontvang beurse in 2018
Foto: iStockphoto.com
D
aar is baie onsekerhede in die lewe, maar as dit by suksesvolle studies kom, maak Solidariteit dit maklik. Solidariteit stel vanjaar weer drie beurse beskikbaar aan voornemende studente om hul studies aan die Solidariteit Beweging se eie tersiêre opleidingsinstelling, Akademia, te voltooi. Voornemende studente het kans tot 29 November 2017 om aansoek te doen om een van drie volledige studiebeurse by hierdie uitmuntende instelling te bekom. Interaktiewe videokonferensietegnologie word ingespan om interaktiewe afstandsonderrigkontaksessies bykans reg oor die land moontlik te maak. Dit beteken dat studente voltyds kan werk en dan op voorafgeskeduleerde aande kontaksessies in een van die genoemde sentrums naby aan hul huis kan bywoon. Hierdie kontaksessies word ook opgeneem, en studente kan binne 72 uur ná hul kontaksessie die klas aflaai en op hul eie tyd hersien. Solidariteit-lede en hul afhanklike kinders tot op die ouderdom van 21 jaar mag vir die kompetisie inskryf. Die beurs geld net vir inskrywings vir studie in 2018 by Akademia. Hierdie inisiatief beklemtoon waarom Solidariteit soveel meer as net ’n gewone vakbond is – ons beskerm ons lede se werk deur hulle reg op te lei! Die beurs sluit die volgende in: 1. Alle klasse aangebied deur Akademia ter voltooiing van jou studies. 2. Alle studiegidse en handboeke wat Akademia verskaf vir jou studies. Hierdie bepaling sluit handboeke vir die graadkursusse uit. 3. ’n Tabletrekenaar waardeur jy toegang tot die e-studente-ondersteuningstelsel, die aanlyn biblioteek en al jou toetse en werkopdragte asook ondersteunende studiemateriaal kry. Een tabletrekenaar word beskikbaar gestel vir elke kwalifikasie waarvoor jy inskryf. In hierdie tye van onsekerheid in ons land se universiteitswese bied Akademia ’n veilige, leervriendelike omgewing waar studente kwalifikasies in verskeie BCom-rigtings kan verwerf. Studierigtings sluit in: • BCom-grade: Akademia bied reeds geakkrediteerde BCom-grade in Ondernemingsbestuur, Bestuursrekeningkunde, Finansiële Beplanning en in Ekonomie en Regte.
www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
Deur Mia Slabbert
20%
Het jy geweet lede van die Solidariteit Beweging ontvang 20%-afslag vir studie by Akademia? Besoek die webtuiste www.akademia.ac.za vir meer inligting.
• Gevorderde diplomas: ’n Gevorderde Diploma in Projekbestuur word aangebied vir projekbestuurders in die werkplek wat graag hul formele kwalifikasie wil bekom (hiervoor is ’n driejaardiploma of -graad as voorafkwalifikasie ’n vereiste). • Hoër Sertifikate: Die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde en ’n Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie (Algemeen/ Projekadministrasie) is NQF 5geakkrediteerde jaarkursusse wat as oorbrugging dien vir Akademia se BComgraadprogramme. Daar sal egter van enige beurswenner by Akademia verwag word om ’n skuldbewys in te vul voor die beurs bekragtig word. Akademia het tans 13 studiesentrums waar
studente bymekaar kom om lesings by te woon. Die lesings word met behulp van moderne tegnologie vanaf ʼn lokaal op die kampus in Centurion na studiesentrums in Pretoria Moot, Pretoria Lynnwood, Centurion, Boksburg, Krugersdorp, Vanderbijlpark, Bloemfontein, die Paarl, Tygervallei, Somerset-Wes, George, Port Elizabeth en Windhoek uitgesaai. “Studente wat by Akademia uitstap, is in der waarheid baie goed toegerus omdat hulle die studiemateriaal, wat dikwels slegs in Engels beskikbaar is, onder die knie kon kry danksy die feit dat dosente dit in Afrikaans kon aanbied en verduidelik,” sê Paul Vogel, die operasionele bestuurder van Akademia. • Om in te skryf, besoek https://solidariteit.co.za/ solidariteit-beurskompetisie/
15
NUUSWAARDIG
“Dit neem 20 jaar om ‘n reputasie op te bou en 5 minute om dit te vernietig.” ~ Warren Buffet ~
Reputasiebestuur:
Dae van eenrigtingkommunikasie getel JURAN VAN DEN HEEVER, hoof van Solidariteit se kommunikasie-afdeling, vertel waarom jy moet ag slaan op die bestuur van jou reputasie, veral op sosialemediaplatforms soos Facebook.
Foto: iStockphoto.com
R
16
eputasie en die bestuur van daardie reputasie het die afgelope twee jaar ewe skielik gonswoorde op akademiese gebied en in die praktyk in die kommunikasiewêreld geword. Dit word vandag gesien as ’n Aspoestertjiebate (’n belangrike bate wat vir lank in die agtergrond gefunksioneer het) wat van kardinale belang is, maar wat dikwels oorgesien word. Dit is nie net belangrik vir finansiële doeleindes nie, maar ook en veral vir die beskerming van jou identiteit en handelsnaam en jou algemene reputasie daar buite. Reputasiebestuur is vir individue en organisasies belangrik. Ek fokus egter hier op organisasies en hul reputasie. ʼn Organisasie se reputasie word deur ʼn paar aspekte bepaal. Die eerste is wat die organisasie oor homself sê. Die tweede aspek is hoe die media oor die organisasie berig, met ander woorde, wat jy van die betrokke organisasie in die koerante lees. Die organisasie se dade speel derdens ook ʼn belangrike rol. Die laaste – die aspek wat die meeste onderskat word – is wat ander mense van jou sê. Organisasies onderskat die implikasies van die publiek wat hulself deesdae heel eerste tot sosiale media wend. Mense het sosialemediaplatforms begin gebruik as medium om hul frustrasies en gevoelens te verwoord
en dit dan met al hul vriende te deel. Hulle het aanlyn geëmigreer en voel gemaklik om van agter hul skerms kommentaar te lewer. Dit is asof die skerm ʼn buffer tussen hulle en die werklikheid is. Laasgenoemde het die afgelope twee jaar, veral vanaf Januarie 2016 met die Penny Sparrow-sage, baie relevant begin word. Die vraag wat by organisasies opkom en waaroor mense wonder, is: Wat het nou hier in ons samelewing gebeur? Ons kan terugkyk na die afgelope jaar se twee groot flaters ten opsigte van reputasiebestuur: die Spur- en die JacarandaFMsages. Albei het die mag van sosiale media onderskat. En dit gebeur al meer dat die publiek hulle, met hul frustrasies, tot sosiale media wend. Die gevaar in Suid-Afrika is dat dit boonop in ’n baie rassensitiewe tyd plaasvind. Dit is soos petrol en olie op ’n oop veldbrand. Solidariteit was betrokke by albei dié gevalle, Spur sowel as JacarandaFM. Dit was nie Solidariteit se plan om ’n boikot van stapel te stuur of om enige van die organisasies te kelder nie. Solidariteit het bloot gepoog om die gevoelens van hierdie magdom internetgebruikers te verwoord. Die vakbond het slegs die betrokke organisasies daarvan bewus gemaak dat hulle moet luister. Luister na die mense agter die rekenaarskerms, want dit is waar hulle praat, maar dit is ook waar jou
reputasie lê. Die groot probleem is dat organisasies hierdie mense wat op sosiale media stoom afblaas, ignoreer. Hulle ignoreer platforms soos Facebook waar 3 000 kommentare op ʼn voorval gelewer word. Hulle dink as hulle dit los en stilbly, sal dit vanself verdwyn, maar die teendeel is waar: Mense voel hulle word geïgnoreer en hul gevoelens word nie in ag geneem nie. Dit is ook nie net Spur en JacarandaFM nie. Vodacom en MTN is in dieselfde posisie. Dit maak nie saak hoeveel positiewe en pragtige veldtogte hulle van stapel stuur nie; die mense aanlyn verwys bykans in elke plasing na hulle as skelms en beskuldig hulle daarvan dat hulle data steel. Veral Vodacom word as oneties uitgekryt. Die skade aan die handelsmerk van sulke organisasies is enorm. Die dae van eenrigtingkommunikasie is verby; die tyd van dialoog en die tyd waar die belangegroepe, hetsy dit kliënte, lede of verskaffers is, aan die identiteit van die organisasie se storie wil deelneem, het aangebreek. Hulle wil deel wees van jou organisasie se storie. Warren Buffet het gesê: “Dit neem 20 jaar om ʼn reputasie te bou en 5 minute om dit te vernietig. As jy mooi daaroor nadink, sal jy dinge anders doen.” Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Heildronk op dié welslae van 2017
D
Deur Lize-Mari Labuschagne
it was weer ʼn suksesvolle jaar vir Solidariteit se hoofkantoor. Solidariteit bied tans ’n betroubare diens aan nagenoeg 140 000 lede in alle beroepsvelde, kollektief en professioneel, en het die passie en kennis om na die belange van sy lede om te sien en te verseker dat hul regte in die werkplek beskerm word.
Regsdienste Solidariteit het die grootste regsafdeling van alle vakbonde in Suid-Afrika. Dié afdeling het in die eerste agt maande vanjaar talle welslae bereik: • Die Algemene Litigasie-afdeling het 298 arbitrasies, 268 konsiliasies, 139 afleggingsvergaderings, 268 konsultasies en 1 216 regsnavrae in slegs agt maande hanteer. • Daar is 2 596 regsnavrae hanteer en sake geopen. • R23 217 093 se skikkings en toekennings vir lede is bereik en uitbetaal.
Foto: iStockphoto.com
Lede-administrasie Lede-administrasie het vanjaar hard gewerk aan werkbare oplossings en om lede op die hoogte van sake te hou: • 36 718 aansoeke is gelaai (insluitend Solidariteit-lidmaatskap, Boufonds en Regsfonds). • R5 467 220,51 is in die eerste agt maande van 2017 aan begrafnisvoordele uitbetaal, R263 205 aan bevallingsvoordele en R28 635 aan permanente mediese ongeskiktheidsvoordele. • 18 563 ledekaarte is tot einde September uitgereik. • Rekonsiliasie-invordering het vir 36 opeenvolgende maande 100%-sukses behaal met invordering. • Vir die eerste nege maande van 2017 het dié afdeling altesame 595 951 SMS’e as kommunikasie aan lede uitgestuur. Kommunikasie • Solidariteit se Facebook-blad het met ongeveer 30 148 “likes” toegeneem binne die eerste nege maande van 2017 en staan op 152 078 “likes”. Die nuwe Facebook-blad Solidariteit Werk-Lewe Balans is in Augustus geskep en spog met meer as 4 500 “likes”. • Soldeer, Solidariteit se weeklikse nuusbrief, het 63 904 intekenaars. • 149 persverklarings is in die eerste nege maande van 2017 uitgereik. • Die splinternuwe Solidariteit Wêreld-webblad het in Maart ʼn rekordgetal van 366 588 unieke besoekers gehad. Dienssentrum Die dienskantoor in Centurion het vanjaar 236 000 oproepe gemaak en 40 000 e-posse uitgestuur. Mnr. A.A. du Plessis is reeds vir 52 jaar lank ʼn Solidariteit-lid en skakel nog steeds gereeld die dienskantoor. www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
17
NUUSWAARDIG
Skolewetsontwerp stel nie gehalte van onderrig voorop
S Kinderspeletjies by Aardklop
Foto’s: Mia Slabbert
“P
18
Deur Mia Slabbert
appa rock, mammas shop en Solidariteit hou die kinders dop!” Met dié uitnodiging het Solidariteit en die jongklomp van die Aardklop Nasionale Kunstefees die feesweek om baljaar! Solidariteit het dit goedgedink om die kinderspeelarea by Aardklop te borg sodat die kinders veilig kon speel terwyl ouers die stalletjies en musiektente kon invaar. Dit was wel ʼn baie nat Aardklop, maar geen reën kon die feesgangers se gees demp nie. “Kinders is vir Solidariteit bitter belangrik en ons is dankbaar dat ons die kinderspeelarea kon borg. Aardklop is een van die grootste Afrikaanse feeste en ons is bly ons kon in dié verband deel wees daarvan,” het Erna Olivier, hoof van bemarking by Solidariteit, gesê. Die kinderspeelarea het tydens die fees omtrent rumoer met jolige kinders wat aan allerlei spoeg-en-plak-aktiwiteite deelgeneem het, springkastele bespring en met saamspeelspeletjies besig gehou is teen ʼn bekostigbare prys van slegs R10 per uur as jy self jou kind dophou terwyl hulle speel en R20 per uur onder die toesig van ʼn bekwame kinderoppasser.
Die fees is vanjaar weer op Die Bult gehou met ʼn toegangsfooi van R20 per persoon en kinders onder 12 kon gratis toegang kry. Die Aardklop Rede-kabel Gesprekreeks wat by die Potchefstroomse Besigheidskool aangebied is, was een van die nuwelinge by die fees. Dié reeks het klem gelê op aktualiteit-, sake- en landbougesprekke. Kunstenaars soos die Radio Kalahari Orkes, Ses Snare, Jak de Priester, Mathys Roets en Spoegwolf was by die Elgro Hotel te sien. By die Aardklop Atrium was daar ʼn nuwe lokaal vir gehore wat van meer eksperimentele werk hou, waar twee minder konvensionele produksies aangebied is: DEURnis – waar die gehoor en die produksie slegs uit een persoon bestaan, en Splinterster, wat ʼn samevoeging is van video- en woordkuns, en musiek wat van gevonde voorwerpe (objets trouvé of found objects) gemaak word. Gewilde akteurs soos Je-Ani Swiegelaar, Simoné Nortmann, Elize Cawood en Wilson Dunster, Milan Murray, Stef Bos, Dowwe Dolla, Wicus van der Merwe, Hannes Brummer, Chris Vorster, Marthinus Basson, Paul du Toit en talle ander het ook met splinternuwe produksies gespog.
olidariteit het ʼn veldtog #VirSkole geloods waarin hy die publiek aanmoedig om hul insette op die wysigingswetsontwerp op die Skolewet te lewer. Dié wetsontwerp wat op 13 Oktober deur die minister van basiese onderwys aangekondig is, bevat uiters kommerwekkende klousules wat in praktyk die regte van onder meer ouers, onderwysers en beheerliggame gaan inperk en skole totaal onder die staat se beheer gaan plaas. Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, is dit kommerwekkend om te verneem dat indien die wetsontwerp aanvaar word, beheerliggame nie meer ’n keuse sal kan uitoefen oor watter onderwysers aangestel word nie, omdat die aanstellingsproses voortaan onderhewig sal wees aan regulasies en voorskrifte wat die minister daarstel om sosiale en ekonomiese transformasie ten alle koste te bevorder. “In plaas van gehalteonderrig sal regstellende aksie en verteenwoordigendheid boaan die lys van regulasies staan wanneer alle aanstellings óf bevorderings oorweeg word. Hierdie vlak van staatsinmenging hou ʼn besondere bedreiging vir die gehalte van onderwys in,” het Mulder gesê. Volgens Mulder sal die onderwysdepartement die finale sê hê by watter skool kinders geplaas word. “Die hoof van die onderwysdepartement sal oor leerders se plasing in skole kan beslis. Dit sal klasgroottes en die skool se taalsamestelling beïnvloed. Die beheerliggaam sal ook nie meer besluite kan neem rakende ʼn skool se onderrigtaal, kapasiteit en toelatings nie,” het Mulder verduidelik. Solidariteit versoek die publiek om in hul massas kommentaar op hierdie wysigingswetsontwerp te lewer.
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Ons Plek bied veilige hawe aan kleintjies
Foto’s: Ansie van Niekerk
D
ie klein blondekoppie kom spring soos elke middag op Herman Kloppers se skoot in sy kantoor. Daar is ʼn paar windverwaaide kuifhaartjies wat lankal uit die twee poniesterte bo haar ore ontsnap het, en nou aan die stofgesiggie vasklou. Sy vee dit eers met die agterkant van haar hand weg en nadat sy hom ʼn stywe drukkie gegee het, fluister sy met haar kop in sy nek gedruk, saggies in sy oor: “Tatta, Pappa.” Sy oë versag en hy antwoord eenvoudig: “Soet wees Bella*, ek sien jou weer môre.” Hierdie aangrypende toneeltjie speel elke dag af in die kerksaal van die Gereformeerde Kerk in Derdepoort, Pretoria. Die meerderheid van die kindertjies wat daagliks by die kerksaal in Derdepoort aankom, het geen pappafiguur in hul lewe nie. Daarom is Herman Kloppers, bestuurder van Helpende Hand se gemeenskapsentrum in Derdepoort, Pretoria, nie meer verbaas as die kleiner kindertjies hom só kom groet nie. Dit is ook hierdie diepe vertroue van klein hartjies wat die verantwoordelikheid van Ons Plek Derdepoort swaar op sy hart laat lê. Ons Plek Derdepoort is Helpende Hand se gemeenskapsentrum in Pretoria wat net meer as ʼn jaar gelede begin is. Die sentrum se hooffokus is ʼn gratis Afrikaanse naskool. Meer as 30 laerskoolkindertjies noem nou hierdie sentrum “Ons Plek”. Teen 11:00 se koers
20
Deur Moira-Marie Kloppers
Só kan jy ‘n verskil help maak! In 2018 gaan die Derdepoort-sentrum R30 000 per maand benodig om voorsiening te maak vir die invloei van nuwe kindertjies wat reeds op ʼn waglys is. Vra jou familie en vriende om, pleks van ʼn Kersgeskenk wat dalk later stof vergader, namens jou ʼn donasie aan ʼn gemeenskapsondersteuningsprogram soos Ons Plek Derdepoort te maak. Indien jy meer inligting benodig, graag die sentrum wil besoek of as vrywilliger betrokke wil raak, stuur ʼn e-pos aan Herman Kloppers by herman@helpendehand.co.za. begin die potte in die kombuis lawaai en prut sodat die honger klomp net ná skool kan eet. Daarna begin die huiswerkstryd. “Dit is niemand se gunstelingtyd van die dag nie,” sê Herman. “Daar is meer as 30 kinders uit sewe grade van ses verskillende skole. Wat die gekerm en gekla egter die moeite werd maak, is wanneer die outjie wat die meeste klippe gekou het, met blink oë kom spog met punte wat hy in sy lewe nog nooit voorheen kon behaal nie. “Dit gaan vir ons oor meer as die huiswerk, die dissipline, die veilige omgewing en die vol magies. Dit gaan oor hoop. Hoe vroeër ʼn
Jy kan ’n regstreekse inbetaling in die volgende rekening doen: Solidariteit Helpende Hand FNB-rekeningnommer: 62331447541 Tak: Centurion Takkode: 261550 Verwysing: derd01 Donateurs se geld sal eksklusief vir Ons Plek Derdepoort aangewend word. Maak asseblief seker dat jy die regte verwysing (derd01) gebruik om seker te maak die geld word reg toegeken. mens in ʼn kind se lewe kan ingryp en vir hulle ʼn alternatiewe wêreld wys, hoe groter is die kans dat jy hulle die selfvertroue kan gee om die geleenthede wat oor hulle pad kom, raak te sien en aan te gryp. Wanneer kindertjies hier instap, leef hulle met ʼn aangeleerde ‘kan nie’-ingesteldheid: Kan nie soet wees nie, kan nie wiskunde doen nie, kan nie spel nie, kan nie mooi skryf nie. Hoop ontwaak wanneer hulle ontdek hulle kán! Ek wil hulle hier uitstuur met ʼn ‘ek kán’-ingesteldheid. Uiteindelik is dít die grootste geskenk wat jy ʼn kind kan gee: hoop.” * Skuilnaam. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NEWSWORTHY
Christmas lights there to remind you Christmas just wouldn’t be the same without all the Christmas lights and sparkles, synonymous with this festive time of year. But do you ever stop to wonder where the tradition of lighting up your tree or house with colourful lights comes from? CILLESTE VAN DYK delves deeper.
Photograph: iStockphoto.com • Source: mentalfloss.com
T
he custom of lighting a Christmas tree dates back to an early German tradition, where German Christians decorated Christmas trees with candles to symbolize Christ as being the light of the world and displayed these decorated trees publicly. Illuminating Christmas trees with electric lights became popular in the early 20th century and by the mid-20th century it became customary to display strings of electric lights along streets and on buildings. By the late 20th century, the custom had also been adopted in Non-Western countries/regions, notably in Japan and Hong Kong. Throughout Christendom, Christmas lights continue to retain its symbolism of Jesus as the light of the world. “Light of the World” is a phrase Jesus used to describe himself and his disciples in the New Testament. The phrase is recorded in www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
the Gospel of John and again in the Gospel of Matthew. In John 8:12 Jesus applies the title to himself while debating with the Jews and states: “I am the light of the world. Whoever follows me will never walk in darkness, but will have the light of life.” Jesus also used the term to refer to his disciples in Matthew 5:14: “You are the light of the world. A city on a hill cannot be hidden. Neither do people light a lamp and put it under a bowl. Instead they put it on its stand, and it gives light to everyone in the house. In the same way, let your light shine before men, that they may see your good deeds and praise your Father in heaven.” So, when you decorate your Christmas tree or house with Christmas lights this December, remember its symbolism and try to be the light that shines before man like a true disciple of Christ.
FUN FACTS • Christmas lights were originally candles on a tree. • Thomas Edison was responsible for the first Christmas light display. • Lights weren’t safe for outdoor use until the 1920s. Blinking lights were also first introduced in the 1920s. • The world record for the most lights on a residential property belongs to a family in New York (601 736 lights). • A man in Canberra, Australia, holds the record for the most lights on an artificial tree (518 838 lights). • More than 9 tons of Christmas lights are recycled in China every year. • Christmas lights are also known as fairy, twinkle, holiday, mini or Italian lights.
21
NUUSWAARDIG
le Superonnie Christo Spies van Curro Durbanvil se. saam met een van sy leerders, Alex Crau
Uitskieter-onnie vereer vir sy superkragte
Foto: Verskaf
I
22
s jou werk net ’n werk, of is dit jou roeping en jou passie? ’n Goeie werk is een van die dinge wat Solidariteit vir al sy lede toewens. Ter viering van Wêreldonderwysersdag is Christo Spies, ʼn wiskunde- en wetenskaponderwyser vir gr. 6 en 7 by Curro Durbanville, as die wenner van die Wes-Kaap Primêre Skool-kategorie in die nasionale Woolworths Educational Programme en MySchool’s 2017 Teachers’ Day-kompetisie aangewys. Christo is ook hoof van Robotika en ʼn Solidariteit-lid. Leerders is gevra om ʼn motivering van 200 woorde te skryf waarin hulle hul onderwyser se superkragte moet beskryf, en moet verduidelik hoe hierdie onderwyser hul lewe verander het. Alex Crause noem in sy brief dat hy net so gelukkig soos mnr. Spies wil wees as hy eendag werk toe gaan. Hy skryf onder meer in sy brief: “So this year, four years later, I got him as my teacher. My first male teacher. He was very different from what I expected. He smiles a lot.
Deur Lize-Mari Labuschagne
He is caring, fair, funny and most of all, he is kind. Mr. Spies is not like many other grownups. He listens more than he speaks. He is not just kind to the kids who know the answers. He is kind to all of us. There is always time to explain something. If you ask a question, he is happy. He wants me to ask stuff. Not to learn the answer, but learn why it is the answer. Mr. Spies treats all the kids the same. We are all his favourites. He only speaks loudly when he makes anouncements at the athletics and only goes red in the face when he forgets his sunhat in the summer. The only thing he doesn’t like is people that are not kind to others.” Spies is vir die afgelope 15 jaar ʼn onderwyser en vir die afgelope vyf jaar by Curro Durbanville. Hy beskryf aan die TygerBurger-koerant onderwys as ʼn roeping en sê dat hierdie toekenning ʼn groot eer vir hom is: “Om ʼn onderwyser te wees, beteken dat ek ʼn gids vir die studente moet wees. Ek wys my studente
waar om te kyk, maar nie wat om te sien nie. Ek stimuleer ontdekking. Om ʼn onderwyser te wees, beteken om seker te maak dat ek kennis dra oor my werk en oor my studente se lewens. Dit beteken dat ek altyd beskikbaar is. Dit beteken dat ek soms iets moet opgee ter wille van my studente, om hulle te help wanneer hulle in nood is.” In Alex se motivering vertel hy hoe hy en sy boetie se akademiese prestasies in wiskunde en wetenskap verbeter het toe hulle by Spies begin klas kry het. Wiskunde en wetenskap is nou sy gunstelingvakke en hy kry in beide A’s. Alex sê ook in die brief dat hy hoop alle kinders het eendag hulle eie mnr. Spies. Spies het weggestap met ʼn R5 000-geskenkbewys van Woolworths en ʼn naweek vir twee in Kaapstad met alle uitgawes ingesluit. Hy het ook ʼn splinternuwe skootrekenaar ontvang. Alex het op sy beurt ʼn R5 000 Woolworthsgeskenkbewys ontvang en R10 000 vir Curro Durbanville gewen. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Solidariteit het ’n blad bekend gestel waarop Suid-Afrikaners vrylik hulle sê oor dubbele standaarde kan sê. Oorreageer mense of voel jy daar is ’n probleem met dubbele standaarde? Sê jou sê by solidariteit.co.za/se-jou-se/
Middelgroep moeg vir rasse-spervuur Rassisme is ’n wêreldwye verskynsel en uitdaging en beslis nie tot Suid-Afrika beperk nie. In multietniese gemeenskappe soos Suid-Afrika is wedersydse respek, billikheid en verdraagsaamheid van die allergrootste belang vir sosiopolitieke bestendigheid en gesonde rasseverhoudings. Verreweg die meeste Suid-Afrikaners (kom ons noem hulle die middelgroep) leef daagliks volgens hierdie beginsels. Dit is ʼn baie klein minderheid Suid-Afrikaners (kom ons noem hulle die randgroep) wat steeds daarin volhard om rasseverdeeldheid te probeer saai, skryf MOIRA-MARIE KLOPPERS.
O
Foto: iStockphoto.com
ngelukkig is sosiale media deesdae nie net die seepkis vanwaar die randgroep hul rasbelaaide opmerkings uitbasuin nie; dit is ook die plek vanwaar die onderskeie rassegroepe in die middelgroep onvermydelik en ongevraagd ingesleep, gestereotipeer en opgesweep word. Daarom dat die rasklippe skielik die hele sosialemediawêreld vol geslinger word. Die minderheidsgroepe in die middelgroep word ongelukkig dan ’n maklike teiken. Elkeen se definisie van wat rassisme is, kom uit sy kamp se historiese konteks en daar is ʼn absolute onverdraagsaamheid wat dit onmoontlik maak om enige middelgrond te vind. Is daar een kam waaroor almal geskeer kan word? Die Internasionale Konvensie oor die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie, in Engels die “International Convention on the Elimination of All Forms of Racial Discrimination” (ICERD), is ʼn konvensie wat deur die VN se Algemene Vergadering aanvaar is en wat ten doel het om rassediskriminasie in al sy vorme uit te roei. Die komitee vir die uitwissing van rassediskriminasie (Committee on the Elimination of Racial Discrimination – CERD) is die komitee wat getaak is om die konvensie internasionaal te implementeer.
24
Die konvensie is deur Suid-Afrika bekragtig, wat beteken dat ons land ook ICERD se definisie van rassediskriminasie aanvaar: “...any distinction, exclusion, restriction or preference based on race, colour, descent, or national or ethnic origin which has the purpose or effect of nullifying or impairing the recognition, enjoyment or exercise, on an equal footing, of human rights and fundamental freedoms in the political, economic, social, cultural or any other field of public life.” Die goeie nuus is dus dat ons reeds ’n kam het waaroor almal geskeer behoort te word in die vorm van ʼn algemeen aanvaarde definisie vir rassisme. Die instelling in Suid-Afrika wat spesifiek daarmee getaak is om te verseker dat die konvensie in Suid-Afrika eerbiedig word, is die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK). Ongelukkig gebruik die MRK – as “onafhanklike” skeerder – dié kam baie selektief. Neem die gewese ekonoom van Standard Bank, Chris Hart, se Facebook-uitspraak op 3 Januarie 2016 en vergelyk dit met dié van Tumi Morake op JacarandaFM op 13 September. Albei uitsprake verwys na apartheid en mense se gevoelens oor die omstandighede van hul spesifieke groep ná apartheid – elkeen vanuit sy of haar persoonlike perspektief. Hart word deur Standard Bank geskors en die MRK kondig aan dat hulle die saak gaan
ondersoek. Morake se werkgewer, JacarandaFM, doen geen stappe oor die misbruik van die stasie as openbare platform vir Morake se selferkende persoonlike opinie nie en die MRK rep geen woord daaroor nie. Die MRK skeer Hart hard oor die kam terwyl Morake die kam totaal vryspring. Is dit die stellings van mense soos Hart en Morake wat mense ontstel? Ja, dalk in die kort termyn. Wat die wit minderheidsgroep van die middelgroep egter woedend maak, is dat dié wat die uitlatings maak, nie oor dieselfde kam geskeer word nie. Hul woede is drieledig. Eerstens is dit gemik op diegene wat onverantwoordelike uitlatings maak, ongeag hul ras. Tweedens is hulle woedend omdat hulle as minderheid gestereotipeer en gekriminaliseer word, en derdens oor die ooglopende dubbele standaarde in optrede teenoor die skuldige partye aan albei kante van die randgroepspektrum. Die groter middelgroep is keelvol om in die spervuur van ʼn rasse-oorlog te wees. Hulle wil vry wees om openlik trots te wees op hul taal, kultuur en gebruike, sonder om bang te wees om as gevolg daarvan in ʼn randgroep- of rasboksie gestop te word. Dalk is dit tyd dat Suid-Afrika se kamdraer vir ʼn slag goed geroskam word sodat die kam sy doel in Suid-Afrika kan begin dien. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Ernst Roets
Dr. Frans Cronjé
Rhoda Kadalie
Nuwe eenheid pak rassisme, haatspraak
Foto’s: Rozier van Tonder
A
friForum het onlangs ’n eenheid teen rassisme en haatspraak in Centurion bekendgestel wat dié vergrype en oortredings in die toekoms aan die groot klok sal hang. Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum wat die eenheid gaan lei, sê die burgerregte-organisasie veroordeel alle vorme van rassisme, haatspraak én dubbele standaarde. “Ons navorsing dui daarop dat wit rassisme deurlopend aggressief veroordeel word, terwyl swart rassisme baie keer geïgnoreer of selfs verdedig word.” Die noodsaaklikheid vir die eenheid is gesien in die lig van ’n toename in rassistiese en haatgedrewe uitsprake wat dikwels op sosiale media en ander platforms gemaak word. Roets het ook verwys na die omstredenheid wat daar in die land rondom die erkenning en beskerming van minderheidsregte is weens die ANC se houding dat diegene wat daarop aanspraak maak, hulle eintlik vir die voortsetting van apartheid beywer. Hy het gewys op die gevare van uitsprake soos dat wit mense in die land “ekonomies dominant” is en gevolglik geteiken moet word om wit heerskappy te ontbloot. Roets het ook ’n aksieplan vir die eenheid aangekondig. Dit maak voorsiening vir deelname aan gesprekke en ideevorming oor die kwessie, konsekwente veroordeling van rassisme, insameling en ontleding van data, navorsing www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
Deur Alet Rademeyer
oor rassisme en haatspraak, siviele litigasie, strafregtelike klagtes, privaat vervolging en internasionale bewusmaking. Roets het voorts daarop gewys dat AfriForum én die nuwe eenheid vryheid van spraak verdedig en daarom die voorgestelde wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade teenstaan. Dié wetsontwerp is vol gebreke en beperk vryheid van spraak. Verskeie rolspelers wat die eenheid ondersteun, het ook voorleggings tydens die konferensie gemaak. Dr. Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV), het na ’n meningspeiling verwys waarin bevind is dat rassisme nie Suid-Afrikaners se grootste kwelling is nie. Hulle is meer bekommerd oor werkloosheid, korrupsie en swak dienslewering. Volgens hom wil dit voorkom of beskuldigings van rassisme vir ideologiese oogmerke of om die aandag van beleids- en ander mislukkings af te lei, wel die land se goeie rasseverhoudinge kan ondermyn. Cronjé meen dat hoewel rasseverhoudinge nog goed is, daar tog ’n verandering in openbare mening is waarvan kennis geneem moet word. Hy sê hoewel huidige probleme rondom ekonomiese groei, werkgeleenthede en onderwys vertroue in die uitwissing van rasseongelykheid ondermyn, is daar ook ’n meer ontstellende verduideliking, naamlik
die konstante vloed van rasseretoriek waar daar oproepe vir grootskaalse herverdeling as teenvoeter vir armoede is. Hy het gesê die instituut is bekommerd oor politici en ander kommentators wat daarop fokus om rasse te verdeel ter wille van politieke of ideologiese gewin. Rhoda Kadalie, menseregte-aktivis, het verwys na die rol wat politici in die aanblaas van rassisme speel. Volgens haar het faktore soos swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en kaderontplooiing ook tot meer rassisme aanleiding gegee. “Daar is inderwaarheid vandag meer rassewetgewing as wat daar tydens apartheid was.” Kadalie meen rassisme word deur individue soos pres. Jacob Zuma en die regering as politieke wapen gebruik om hul eie mislukkings te verbloem. “’n Slagoffermentaliteit en aanspraak-maak op enigiets wat jou moet toekom op grond van die verlede word vir rassistiese redes ingespan om ander skuldig te laat voel.” Kadalie meen dit het nie sin om mense vir hul dom uitsprake te straf nie. Opvoeding is nodig om mense se houdings te verander. “Rassisme wat gebruik word om wraak te neem, mense te kriminaliseer, te verneder of bloot net stil te maak, kan rampspoedige gevolge hê. Wat ons nodig het, is robuuste en intellektuele debat en gesprekke oor rassisme sodat dié wapen stomp gemaak kan word.”
25
NUUSWAARDIG
Opleidingslig na gemeenskap geneem Akademia het in 2017 voortgeskryf aan sy suksesverhaal. Daar het groei en vooruitgang op elke vlak plaasgevind, en die toekoms wink blink vir dié tersiêre instelling en sy studente, skryf PETRONEL FOURIE.
O
Foto’s: iStockphoto.com
p tegnologiese vlak kon Akademia vanjaar vinniger internet, topgehalte video’s, ekstra skerp beelde en intydse interaktiewe klasse aan sy studente beskikbaar stel, nadat die optiesevesellyne in Maart van 2 megagrepe na 80 megagrepe opgegradeer is. In April het Akademia by sy vyfde jaarlikse plegtigheid vir die eerste keer grade toegeken, toe dertien studente wat in 2014 ingeskryf het, hul grade in BCom Ondernemingsbestuur ontvang het. Benewens die toekenning van hierdie grade is 14 Gevorderde Diplomas in Projekbestuur, drie Diplomas in Kleinsakebestuur, een Diploma in Bemarking, 19 Hoër Sertifikate in Kantooradministrasie en 26 Hoër Sertifikate in Rekeningkunde ook toegeken. Nog ʼn belangrike mylpaal is bereik toe Akademia einde Mei volledig as hoëronderwysinstansie deur die departement van hoër onderwys en opleiding geregistreer is, nadat aan alle vereistes voldoen is. Akademia het ook met trots bekend gemaak dat twee nuwe studiesentrums in 2018 hul deure open – een in Port Elizabeth en die ander in Windhoek, Namibië. Dit bring Akademia se voetspoor op 13 studiesentrums te staan. Studentelewe Akademia se studentelewe het ook in 2017 behoorlik vlamgevat. Vier studente het in April 2017 teen 12 debatspanne van agt universiteite landswyd aan die Dink of Sinkuniversiteitsdebatkompetisie deelgeneem, en
26
ʼn nuwe studenteraad is in Mei aangestel om die studenteaktiwiteite te koördineer. ʼn Reeks studentekuiers is in Julie en Augustus gehou, waar studente en dosente gesellig saam verkeer het. Benewens die studies en gesellighede, het vyf derdejaarstudente wat BCom Ondernemingsbestuur aan Akademia studeer, ook die geleentheid gekry om ʼn liefdadigheidsprojek saam met ʼn eersteen tweedejaarstudent van stapel te stuur. Akademia is baie trots op hierdie studente, wat die kennis wat hulle deur hul studies opdoen, positief aanwend om ʼn verskil in die gemeenskap en die wêreld te maak. Al dié studenteaktiwiteite, saam met die akademiese aktiwiteite wat die grondslag van Akademia se aanbod vorm, sorg vir gelukkige en vervulde studente. Dít was duidelik te sien uit vanjaar se studentetevredenheidspeiling wat bevind het dat Akademia-studente uiters tevrede is met die programinhoud van hul kwalifikasies, die ligging van die studiesentrums, die interaktiewe nauurse klasse en die digitale leerruimte, die Spens. Die studente het baie positief op die studenteaktiwiteite gereageer. Buitelandse bande Twee van Akademia se akademiese personeellede, Elzette le Roux en Felicia Snyman, het in September ʼn juristekongres met die tema “Taal en die reg” by die Universiteit van Antwerpen in België bygewoon. Behalwe die bywoning van dié kongres is bande met Belgiese en Nederlandse universiteite gesmee en versterk. Dié netwerk-
geleentheid het deel gevorm van Akademia se oogmerk om die beste vanuit die wêreld na Akademia te bring en die beste van Akademia na die wêreld. In Oktober het personeellede van Akademia ook ʼn akademiese toer na die VSA onderneem om ʼn aantal kolleges en universiteite te besoek wat spesifiek ʼn samehang van beide opvoeding en opleiding nastreef. Die doel van die Amerikaanse besoek was om ʼn dieper begrip vir dié holistiese benadering en die organisatoriese aspekte daarvan te verkry, aangesien Akademia juis só ʼn denkskool in Suid-Afrika vestig. Toekomsplanne Akademia het ten doel om die kulturele en wetenskaplike voordele wat akademiese opleiding inhou binne die Afrikaanssprekende gemeenskap se bereik te bring en om internasionale akademiese skakeling te fasiliteer. Die instelling streef daarna om ʼn universiteit te word wat rondom die integrasie van rede, geloof, gemeenskap en die individu binne ʼn Christelike tradisie georganiseer is. Hoewel Akademia se onderrigmodel tans op hoëtegnologie-afstandsleer fokus, word die vestiging van ʼn residensiële universiteit ook in die vooruitsig gestel, om saam met die afstandsonderrigmodel te funksioneer. Die beoogde residensiële kampus sal daarop toegespits wees om afgeronde studente – opgelei met vakkundigheid en opgevoed in interdissiplinêre samehang – in Suid-Afrikaanse gemeenskappe te lewer. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Duisende dra swart teen plaasmoorde Die Solidariteit Beweging, bekendes en lede van die publiek het einde Oktober by die Voortrekkermonument in Pretoria aan ’n bewusmakingsaksie teen plaasmoorde deelgeneem. Duisende SuidAfrikaners het aan #SwartMaandag deelgeneem deur swart te dra uit eerbetoon vir die land se boere wat vermoor is. Talle paaie is versper en gebedsbyeenkomste is gehou, skryf ALET RADEMEYER.
Foto’s: Rene Roux & Reint Dykema
M
eer as 250 mense het die byeenkoms by die Voortrekkermonument bygewoon, waar ds. Tiaan Jordaan van die Kruiskerk gesê het ons treur oor wat in ons land aangaan en oor elke plaasmoord. Maar ons treur nie soos mense sonder hoop nie, omdat ons weet dat Christus aan die kruis vir ons die oorwinning behaal het. ’n Minuut van stilte is ook gehou vir die slagoffers van plaasmoorde waarna wit kruise ter nagedagtenis aan hulle neergelê is. Onder die mense wat die verrigtinge bygewoon het, was Mariandra Heunis, ’n ma van vier, wie se man, Johan, verlede jaar op 1 Oktober voor hulle op hul kleinhoewe in Kameeldrift, noordoos van Pretoria, doodgeskiet is. “Mense verstaan nie die vrees en trauma wat ná so iets deel van ’n mens se lewe is nie. Maar ek moes ’n keuse maak hoe ek dit gaan hanteer en hoe ek vir my kinders gaan lewe. My keuse is om op hoop te fokus en dit is die boodskap wat ek glo ons moet bring.” Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het verwys na familielede soos sy Oom Frik wat op sy plaas doodgeskop is. “Ons treur saam met die grond. Ons treur saam met duisende mense wie se pa’s, ma’s, kinders, familie, vriende en gemeenskapslede vermoor is. Met ’n plaasaanval treur plase saam met families, die werkers, die wilgers, die diere en die grond. Ons wil vandag wys dat ons saam met slagoffers treur en daar is vir hulle wat agtergebly het. Ons besef julle is eensaam, maar ons wil vir julle wys julle is nie alleen nie.” Hermann het gesê deur swart te dra, gaan nie die probleem oplos nie, maar dit hou die
28
Studiefonds vir slagoffers opgerig Solidariteit Helpende Hand het intussen ’n studiefonds op die been gebring om die geliefdes van slagoffers van plaasmoorde te ondersteun wat dit nie sal kan bekostig om verder te studeer nie, omdat hul broodwinners tragies nie meer kan voorsien nie. Om tot die Plaasmoorde Studiefonds by te dra, SMS die woord “Help” na 38969 (SMS’e kos R10). Jy kan ook ’n regstreekse inbetaling in die volgende rekening doen: Solidariteit Helpende Hand FNB-rekeningnommer: 62331447541 Tak: Centurion Takkode: 261550 Verwysing: Plaasmoorde Of skandeer die QR-kode hiernaas om dié besonderse saak te ondersteun. saak op die agenda. “Ons wys ons gaan nie stilbly nie en nie toelaat dit die norm word nie.” Hy het gesê die boodskap word vir die staat uitgestuur dat hy sy burgers versaak. Hy het ook ’n beroep op die burgers gedoen om self verantwoordelikheid te aanvaar vir hul veiligheid. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê dit is een van die swartste jare nog wat plaasmoorde betref. Sedert die begin van die jaar was daar reeds 71 plaasmoorde*. “As dit teen hierdie tempo aangaan, gaan ons oor vyf of tien jaar nie meer boere oorhê nie.”
Hy het gesê die wreedheid wat met die aanvalle gepaard gaan is onaanvaarbaar. “’n Boer het ’n drie keer groter kans om vermoor te word as ’n polisieman. Ons sit met ’n massiewe krisis en Fikile Mbalula [minister van polisie] sien dit duidelik nie raak nie. Ons moet ons eiendom en ons lewens beskerm en seker maak dat ons binne die raamwerk van die wet optree.” Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê Suid-Afrikaners is moeg vir wat hier gebeur. “Maar dit help nie om hoop te verloor nie. Ons mag nie sê dis verby nie, die oormag is nie te groot nie. In ons geskiedenis het mense voor baie groot uitdagings te staan gekom en hulle het gesê hulle gaan nie slagoffers van die geskiedenis wees nie, maar help om dit te herskryf. Wat ons vandag doen, is om ’n nuwe geskiedenis te skryf. Dit kan egter nie hier eindig nie. Ons almal moet iets doen. Word deel van ’n buurtwag of veiligheidstruktuur. Dit is ’n begin en dit sal help.” Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê #SwartMaandag is ’n duidelike bewys dat mense teen plaasmoorde kan saamstaan. Hy het uitgevaar teen die regering en Mbalula wat die omvang en erns van plaasmoorde steeds misken. “Geen moord is belangriker as ’n ander nie. Maar plaasmoorde het bepaalde gevolge. Boere is nie net individue nie, maar ook werkskeppers en voedselprodusente. Ons is in ’n unieke konfliksituasie in die land gewikkel waar mense slagoffers van wrede geweld en aanvalle is waar hulle in hul eie kombuise geslaan, in hul gange geskop en in hul eie beddens vermoor word. Dit kan nie so aangaan nie,” het Roets gesê. * Teen 2 November het 76 mense reeds vanjaar op plase gesterf. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Bo van links: Kallie Kriel, dr. Dirk Hermann en Ernst Roets.
Mariandra Heunis, ma van vier, wie se man, Johan, verlede jaar vermoor is.
Ian Cameron
AfriForum hou in samewerking met ander organisasies op Saterdag, 25 November ’n protesoptog na die Uniegebou om ’n memorandum aan die staatspresident te oorhandig. Registreer by stopdiemoorde.co.za as jy aan die optog gaan deelneem. Die roete begin by die Pretoria-kunsmuseum (h.v. Francis Baard- en Wesselsstraat, Arcadia). www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
29
Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit aktief is, asook kwessies wat jou in die wêreld van werk raak.
SAPD-lid onskuldig ná vals rasklag
’n
Polisielid van Klerksdorp, wat valslik deur twee kollegas van rassisme beskuldig is, is met die hulp van Solidariteit onskuldig bevind in haar interne dissiplinêre verhoor. Lt.kol. Annemarie Oosthuizen was as mensehulpbronbestuurder in Klerksdorp verplaas na ’n pos in “polisieondersteuning”, nadat twee swart adjudantoffisiere haar in Maart vanjaar daarvan beskuldig het dat sy hulle na bewering die k-woord genoem het. Wat dié twee mans nie geweet het nie, is dat daar iemand anders in die kantoor was wat gehoor het hoe hulle met mekaar afspreek om vir Oosthuizen “’n les te leer” deur ʼn klag te lê en te sê dat sy hulle die k-woord genoem het. Volgens dié kollega se beëdigde verklaring het die twee mans saamgesweer om ʼn klag van crimen injuria teen Oosthuizen in te dien nadat sy hulle aangespreek het omdat hulle na bewering te veel van die werk af weggebly het. Volgens Renate Barnard van Solidariteit se spesialeprojekteafdeling is Oosthuizen ʼn bekwame polisielid wat al langer as 27 jaar in die SAPD se diens is. Oosthuizen het by Solidariteit aangeklop, by wie sy reeds ʼn lid was, nadat die polisie-unie Popcru, waarvan sy ook ʼn lid was, nie op haar
Deur Mia Slabbert
Annemarie Oosthuizen
oproepe en e-posse gereageer het nie. Volgens Oosthuizen het sy nooit gedink dat sy ooit in dié posisie sou beland nie. “Die dag as jy by die polisie aansluit, dink jy nie dat só iets kan gebeur nie. Wanneer jy jou hand oplig en belowe alles wat jy gaan doen sal reg wees, glo jy met jou hele hart dat die mense wat langs jou staan, dieselfde belofte as jy aflê. Dit is egter nie so nie. Ek het nie besef dat dit nie só werk nie,” het Oosthuizen ná haar oorwinning gesê.
Oosthuizen sê dit is in situasies soos die een waardeur sy gegaan het, dat ’n mens besef dat jy iemand aan jou sy moet hê. “As dit nie Solidariteit is wat in só ’n geval aan jou sy is nie, dan gaan jy jou droom verloor, want daar sal niks van jou oorbly nie. Die polisievakbonde Sapu en Popcru is nie die mense wat jou gaan verteenwoordig nie, veral nie as dit ʼn saak is wat ras behels nie,” het Oosthuizen bygevoeg.
Solidariteit wen appèl by die MRK oor SAL se kadetprogram
Foto: Verskaf
S
30
olidariteit het sy appèl by die Menseregtekommissie (MRK) rakende die uitsluiting van alle wit mans uit die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se kadetprogram gewen. Dit volg nadat die vakbond reeds in 2013 met ʼn proses begin het nadat die lugdiens wit manlike kandidate weens hul velkleur nie in die SAL se kadetprogram opgeneem het nie. Die bevinding keer ’n vorige beslissing van die Gautengse provinsiale kantoor van die MRK om dat die program nie onwettig blyk te wees nie. In sy beslissing skryf die MRK dat, soos wat die howe waarsku, ʼn fyn balans in die ontwerp en implementering van regstellendeaksieprogramme gehandhaaf
Deur Francois Redelinghuys
moet word om onbillike leed teenoor wit Suid-Afrikaners te voorkom. Volgens die MRK moet regstellende aksie sosiale kohesie en versoening bevorder en nie sosiale verdeling verdiep nie. Solidariteit het geargumenteer dat die SAL se kadetprogram nie buigsaam is nie en neerkom op ʼn rigiede kwotastelsel. Volgens die Solidariteit-appèl is die SAL-program nie rasioneel of billik nie en slaag die program weens sy onbuigsaamheid nie die toets van billikheid nie. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is hierdie uitspraak ʼn reuseoorwinning. “Dit was ʼn lang stryd, maar dit was die moeite werd. Die SAL is skuldig aan onbillike rassediskriminasie en het nie
die toets van die Grondwet geslaag en aan die basiese vereistes van billike menseregte voldoen nie. Sy optrede het ongelukkig onherstelbare skade aan die jong wit mense wat uit die program gesluit is, berokken. Ons vertrou egter dat hierdie uitspraak die pad sal oopmaak dat ander jongmense se drome nie op grond van hul ras vernietig sal word nie.” Die kadetprogram is intussen beëindig, maar die MRK het bevind dat die meriete van die saak in die openbare belang wel hanteer moes word. Solidariteit het die afgelope ruk voorleggings aan die MRK gemaak oor toepaslike stappe teen die SAL. Die MRK het die saak na die Gautengse provinsiale kantoor vir verdere hantering terugverwys.
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Aurora: Geregtigheid sál geskied
Foto: iStockphoto.com
S
olidariteit het vroeg in Oktober gesê dat hy Aurora se Khulubuse Zuma tot in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) sal volg om geregtigheid te laat geskied vir werknemers wat te na gekom is deur Zuma se wanbestuur. Volgens mediaberigte en vertroulike bronne met wie die vakbond in kontak was, het Khulubuse Zuma, voormalige Aurora-direkteur en broerskind van pres. Jacob Zuma, na bewering verblyfreg in die VAE ontvang en hom reeds daar gaan vestig. Zuma en sy mede-Aurora-direkteure, Fazel en Solly Bhana, Zondwa Mandela en Thulani Ngubani, is in 2015 deur die Noord-Gautengse hooggeregshof skuldig bevind aan die roekelose en nalatige bestuur van die Pamodzi-mynbates en aanspreeklik gehou vir die R1,5 miljard se skade wat aan die mynbates aangerig is. As uitvloeisel van die skuldigbevinding het die Aurora-direkteure skikkingsooreenkomste met die Pamodzi-likwidateurs aangegaan. Die geld wat uit die ooreenkomste ingewin sou word, sou aangewend word om die uitstaande salarisse van die 5 300 voormalige Aurorawerknemers te betaal aan wie miljoene rande se uitstaande vergoeding geskuld word. Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris by Solidariteit, was Zuma die laaste van die Auroradirekteure wat in gebreke gebly het om aan die terugbetalingsooreenkoms te voldoen nadat hy in Julie vanjaar nie die ooreengekome maandelikse betaling van R500 000 gemaak het nie. “Volgens die oorspronklike ooreenkoms wat met Zuma aangegaan is, moet hy R23 miljoen terugbetaal, maar as hy in gebreke bly om aan die ooreenkoms te voldoen, sal hy vir die volle skade van R1,5 miljard aanspreeklik gehou word. Zuma het egter slegs R9,5 miljoen van die ooreengekome bedrag terugbetaal,” het Du Plessis verduidelik. Volgens Du Plessis het die likwidateurs se regspan intussen ʼn aansoek gebring om Zuma te sekwestreer en die aansoek sal op 8 Desember in die Durbanse hooggeregshof aangehoor word. Zuma sal volgens alle aanduidings nie die aansoek teenstaan nie aangesien hy hom nou permanent in die VAE bevind. “Die Insolvensiewet bepaal egter dat waar ʼn persoon landuit gevlug het met die doel om krediteure te ontduik, daar beslag gelê mag word op die persoon se bates in die land waarheen gevlug is,” het Du Plessis gesê. Solidariteit sal saam met die likwidateurs, www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
“Volgens die oorspronklike ooreenkoms wat met Zuma aangegaan is, moet hy R23 miljoen terugbetaal, maar as hy in gebreke bly om aan die ooreenkoms te voldoen, sal hy vir die volle skade van R1,5 miljard aanspreeklik gehou word.” trustees en ander belanghebbende partye alles in die stryd werp om te verseker dat die SuidAfrikaanse sekwestrasiebevel ook deur ʼn hof in die VAE bekragtig word, sodat daar in die VAE op Zuma se bates beslag gelê kan word. “Só ʼn sekwestrasiebevel sal ook beteken dat ʼn insolvensie-ondersoek na al Zuma se besigheidshandelinge sedert hy in 2009 as ʼn direkteur by Aurora aangestel is, sal plaasvind. Dit beteken dat al sy saketransaksies gedurende die tydperk ontbloot sal word en dat dit hopelik ook duidelikheid sal gee oor wie sy sakevennote en begunstigdes was,” het Du Plessis gesê. Intussen behoort Fazel en Solly Bhana se finale sekwestrasiebevel in die Noord-Gautengse hooggeregshof bekragtig te word en kan die insolvensie-ondersoek na hul besigheidsbelange ʼn aanvang neem en die bates wat hulle nog nie weggesteek het nie, kan verkoop word om werkers se uitstaande salarisse te betaal. Die aansoeke rakende die sekwestrasie van Mandela en Ngubani behoort binne die volgende paar weke by die hof ingedien te word. Volgens Du Plessis het die Auroralikwidateurs egter reeds ʼn paar miljoen rand ingewin uit aanvanklike terugbetalings deur die
Aurora-direkteure en is daar ook nagenoeg R7,1 miljoen ingewin van familielede van die Bhanas wat ook onregmatig voordeel getrek het uit die Aurora-handelinge – laasgenoemde het egter pligsgetrou hul skuld vereffen. “Solidariteit rig ʼn versoek aan die Auroralikwidateurs om sy lede, wat lank gelede reeds as Aurora-eisers geregistreer is, hul eerste dividendbetalings te laat ontvang uit geld wat reeds ingewin is,” vertel Du Plessis. “Solidariteit spreek ook sy kommer uit dat Khulubuse Zuma dalk benewens sy Auroraskuld ook vir ander redes landuit is en dit is om die weg te baan vir ander lede van die Zuma-familie wat self ook ondersoeke in die gesig staar en ook die land sal wil verlaat om die Suid-Afrikaanse regstelsel te omseil,” het Du Plessis afgesluit. Intussen het Khulubuse Zuma persoonlik vir Gideon du Plessis gebel en beweer dat hy nie in die buiteland is nie, ten spyte van persoonlike wagte wat gesê het dat hy maande laas by sy privaat woning was. Daarbenewens wou hy ook nie melding maak oor waar hy homself wel bevind nie. Prokureurs kon Zuma teen druktyd steeds nie opspoor nie.
31
INDUSTRYNEWS
Lonmin has big part in retrenchment bloodbath
L
Photograph: iStockphoto.com
onmin now also has a big part in the retrenchment bloodbath in the mining sector. In October they informed Solidarity that the company was planning to reduce its workforce by 1 139 workers before Christmas. Lonmin claims that the platinum sector is under pressure due to low platinum prices and rising costs that necessitate retrenchments. Because of these cost pressures, Lonmin has decided to place a number of its marginal shafts under care and maintenance and that is the reason why the workers will be affected. Upon having received this information Solidarity had an initial meeting with Lonmin to discuss the retrenchment process in terms of which the company plans to retrench the 1 139 workers, including contractors. Lonmin indicated at the outset that the retrenchments should be dealt with in a sensitive manner, but ironically and in stark contrast to this expressed intention, the company insisted that redundant workers be retrenched before Christmas. According to Solidarity General Secretary Gideon du Plessis, the trade union suggested that Lonmin sell its luxury game farm and conference centre located outside Mooinooi. “It is insensitive to retrench mine workers who form part of Lonmin’s core business, while enjoying the luxury of a game farm and accompanying modern facilities,” Du Plessis said. To date Lonmin’s management had not responded to Solidarity’s demand. Du Plessis argues that during a public operational review briefing session held on 7 August 2017, Lonmin indicated that the company would cut its overhead costs with R500 million by September 2018. “We wanted to know whether the current retrenchment process forms part of the planned R500 million savings. Lonmin’s negotiators contradicted each other and couldn’t give a clear answer,” Du Plessis said. Lonmin indicated that they would provide an answer at the next discussions.
32
Lonmin terminates workers’ rights to appease Amcu Lonmin has recently yielded to Amcu’s demand to be the only trade union to enjoy recognition. As from 5 November 2017 Amcu will therefore be the only recognised trade union at Lonmin. According to Du Plessis,
Amcu in October refused to participate in the retrenchment consultation process involving all trade unions, repeating its demand made to Lonmin during the retrenchment process in 2015, namely that it only wants to represent its own members in a separate process. “This development confirms the concern of Solidarity and our coalition partner Uasa that, within a matter of days, skilled workers, who currently belong to our trade unions, will have no trade union protection and support,” Du Plessis cautioned. Du Plessis pointed out that, fortunately, the Labour Relations Act stipulates that notwithstanding a trade union’s recognition status, it may still represent its members during a retrenchment process. “Solidarity will therefore still be able to support and protect the rights of its skilled members at all cost after 5 November,” Du Plessis confirmed. The suspension of Solidarity and Uasa’s recognition is being contested. “Due to a lack of confidence which now exists between Lonmin management and the Solidarity/ Uasa coalition and which came about as a result of the undemocratic suspension of our recognition, the coalition requested that the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) appoint a facilitator to facilitate the retrenchment process,” Du Plessis said. The official consultation process will only start once the parties have agreed on the issue of facilitation.
Hlaudi appelleer teen arbeidshofuitspraak
H
laudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, het appèl aangeteken teen die uitspraak in die arbeidshof dat hy aanspreeklik is vir die kostes van die SAUK-8-saak. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is dit duidelik dat Motsoeneng besig is om die onvermydelike te vertraag. “Wat hy egter gou sal besef, is dat hy ons nie moeg kan litigeer nie, en dat hy verantwoording sal moet doen vir die skade wat hy aan so baie mense berokken het. Ons sien uit daarna om hom in die appèlhof teen te staan,” het Van der Bijl gesê. Die arbeidshof het in September beslis dat Motsoeneng, die SAUK en Simon Tebele aanspreeklik gehou word vir die onregmatige afdanking van die SAUK-8 verlede jaar.
Weskus Nasionale Park dalk in gedrang
D
ie mynmaatskappy Kropz het aan lede van SANParke se uitvoerende komitee gesê dat die maatskappy moontlik ʼn versoek gaan rig om sy fosfaatmynbedrywighede uit te brei tot in die Weskus Nasionale Park. Dié maatskappy verduidelik ook dat hulle dit slegs sal doen om sy mynregte te beskerm. SANParke het op sy beurt erken dat Kropz reeds twee keer verwys het na die moontlikheid om binne die park te begin myn. Die eerste keer was in Oktober verlede jaar en die tweede in Junie vanjaar. Dit is onwettig om binne ʼn nasionale park te myn. Dele van die park sal eers gedeproklameer moet word voordat daarop gemyn kan word. SANParke sê dat hulle nog geen geskrewe versoeke ontvang het om die parkstatus van enige deel van die Weskus Nasionale Park terug te trek nie. Kropz, voorheen Elandsfontein Exploration and Mining, het in Januarie 2015 ʼn lisensie ontvang om op grond langs die park te myn. Die maatskappy het ook in April 2017 ʼn watergebruikslisensie ontvang. Werksaamhede is egter stopgesit weens tegniese redes en as gevolg van die lae prys van fosfaat. Die prys vir fosfaat is tans op ʼn tienjaarlaagtepunt.
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Mango en Solidariteit bereik ooreenkoms
N
á maande van onsuksesvolle onderhandelings en ʼn kortstondige staking het Solidariteit en die lugdiens Mango ʼn ooreenkoms bereik. Solidariteit se lede by Mango sluit onder meer kapteins en eerste offisiere in. Lede van die vakbond, wat 95% van die vlieëniers by Mango verteenwoordig, het vier dae lank gestaak nadat onderhandelings in duie gestort het. Mango het ʼn geskil met die vakbond verklaar ná maande se onderhandelings en dit het die onderhandelings tot ʼn dooie punt gedwing. Solidariteit het vier dae kennis van die beoogde staking aan die lugdiens se bestuur gegee. Dit is langer as die vereiste tydperk. Ten spyte hiervan was die bestuur van Mango aanvanklik nie eens geneë om met Solidariteit te vergader nie. Die vakbond het gehoop dat ʼn ooreenkoms binne hierdie vier dae bereik kon word, maar ʼn ontmoeting met die bestuur by Mango het geen vrugte gedra nie. Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van die vakbond, het gesê Solidariteit was deurentyd oorgehaal om aktief aan die onderhandelingsproses deel te neem. Ten spyte van Solidariteit se positiewe ingesteldheid het dit egter ʼn senior kaptein geverg om die bestuur te oorreed om hoegenaamd met die vakbond te vergader. “Ondanks die werklikheid dat Mango se
vlieëniers aansienlik minder as die bedryfsnorm verdien, het die bestuur geensins daarin belang gestel om met sy werknemers te onderhandel nie. Mango-bestuur het bloot voet by stuk gehou dat hy nie sy aanvanklike aanbod van 6% sal hersien nie, terwyl die vakbond sy mandaat sou aanpas in ʼn poging om die onderhandelings te laat slaag,” het Reyneke gesê. Hierdie onwilligheid om te onderhandel, het Solidariteit-lede geen ander keuse gelaat as om die ongewenste stap van ʼn staking te neem nie. Kort nadat die staking begin het, het Mango se bestuur die onderhandelingstafel met ʼn oplossingsgedrewe ingesteldheid benader en het Solidariteit se lede derhalwe die mandaat
aan die vakbond gegee om ʼn nuwe aanbod te aanvaar. “Vir ons lede was dit veral belangrik om ʼn ooreenkoms te bereik wat oorwegend die skedulering van vlugroosters en diensure wat Mango van hulle vereis, uiteensit. “Mango het daartoe ingestem en hom verbind om binne die volgende ses maande só ʼn ooreenkoms op die tafel te plaas. Vir ons lede is dit reeds ʼn stap in die regte rigting,” het Reyneke verduidelik. Mango het voorts ingestem om ʼn 7%verhoging aan die lede toe te staan. Die aanbod is aanvaar en alle vlieëniers het die oggend ná die aanvaarding vir werk aangemeld.
Solidariteit sluit gunstige loonooreenkoms met Assmang
Foto: Pixabay
S
olidariteit het op 21 September ʼn driejaarooreenkoms vir ʼn loonverhoging vir werknemers in die mynbedryf onderteken. Die gunstige loonooreenkoms is deur beide Solidariteit en die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) onderteken en is geldig vanaf 1 Julie 2017 tot en met 30 Junie 2020. Adéle Rossouw, organiseerder by die vakbond, verduidelik dat die werknemers terugwerkend vergoed sal word. Daar is ook op 27 September 2017 ʼn ex gratiabonus ter waarde van R10 000 (ná belasting) betaal. Die werknemers se salarisse sal in die eerste jaar met 7,5% tot 8% verhoog word, afhangend van die werknemer se posvlak. Daarbenewens sal werknemers in 2019
www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
Deur Estella Boshoff
en 2020 ʼn 7%- tot 8%-verhoging ontvang, afhangend van die werknemer se posvlak. Volgens Rossouw het lede onder geweldige druk verkeer weens die drastiese
toename in afleggings binne die Assmanggroep die afgelope twee jaar. “Solidariteit is tevrede met die ooreenkoms. Werknemers kan nou met sekerheid uitsien na drie jaar se stabiliteit in die bedryf,” het Rossouw gesê. Verskeie toelae wat aan die werknemers betaal word, is ook verhoog. Dit sluit onder meer in werknemers se mediese, skof-, bystand- en vervoerkoste. “Die ooreenkoms hou talle voordele vir ons lede in. Nie net skep die ooreenkoms finansiële sekuriteit vir lede nie, maar dit skep ook hoop vir finansiële bestendigheid binne Assmang.” Assmang, ʼn gesamentlike onderneming van Assore en African Rainbow Minerals, myn die Khumani-ysterertsmyn, die Beeshoekysterertsmyn en die Black Rock-mangaanmyn.
33
INDUSTRYNEWS
Loonaanbod skep sekerheid in bedryf Deur Wilmarie Brits
N Solidarity and Exxaro sign wage agreement
Photograph: iStockphoto.com
S
34
By Estella Boshoff
olidarity and Exxaro signed a collective agreement on wages and other conditions of service which will be effective for the next three years. The agreement, which was signed on 28 September, will be backdated. The agreement is effective from 1 July 2017 and will be valid until 30 June 2020. “We are delighted by the agreement as it provides for stability in the job environment and it offers job security to our members,” Connie Prinsloo, the trade union’s Deputy General Secretary for the Mining Industry, said. Solidarity reached an agreement with Exxaro without embarking on industrial action. The National Union of Mineworkers (NUM) reached a similar agreement with Exxaro after a strike lasting more than a week and halting production. “It is of the utmost importance for Solidarity to complete negotiations with the minimum disruption to the industry and we are extremely impressed by Exxaro’s commitment to negotiate reasonable terms with us,” Prinsloo added. Exxaro is currently headed by Mxolisi Mgojo who is also the president of the Chamber of Mines. The agreement reached with the employer prescribes an increase during the first year of 7,5% to 10% depending on the employee’s job level. During the second and third year an increase of 7,5% across the board will apply to the wage component. The parties also agreed to a contribution of 60% by the employer to the medical aid benefit of the main member and 50% in the case of dependents. Also included in the agreement is a favourable adjustment to family leave and to the subsistence allowance.
Tienjaarooreenkoms met Transnet beklink
E
xxaro het ʼn tienjaarvervoerooreenkoms vir steenkool met Transnet gesluit. Die ooreenkoms sal die volume steenkool wat van Limpopo se Waterbergstreek na die Richardsbaai-steenkoolterminaal vervoer word na 7,8 miljoen ton per jaar verhoog. Hierdie ooreenkoms stel Exxaro in staat om sy Grootgeluk-steenkoolmyn uit te brei. Só ʼn uitbreiding benodig spoorlynkapasiteit. Exxaro se uitvoerende hoof, Mxolisi Mgojo, het tydens die ondertekeningseremonie bekend gemaak dat sy maatskappy die helfte van die R20 miljard beplande kapitaaluitgawes in die steenkoolbedryf in die Waterbergstreek sal belê. Hy het verder verduidelik dat Exxaro trots is daarop om ʼn bydrae te lewer in die ontwikkeling van die Waterbergstreek. Dié streek is deur die Nasionale Ontwikkelingsplan geoormerk as ʼn strategiese steenkoolmynarea en nasionale bate ten einde die land se ekonomie te groei. Transnet het reeds die eerste fase van sy Waterbergprogram voltooi en die beplande voltooiing van die tweede fase is in Maart 2019. Transnet se uitvoerende hoof, Siyabonga Gama, het gesê Transnet speel ʼn sleutelrol in Suid-Afrika se ekonomiese groei deur spoorlynkapasiteit te skep. Hierdie kapasiteit ontsluit die Waterbergstreek se potensiaal vir binnelandse en uitvoermarkte.
á lang onderhandelings in die steenkoolbedryf het die Kamer van Mynwese op 2 Oktober ʼn gunstige loonaanbod na die tafel gebring wat stabiliteit en sekerheid in die steenkoolbedryf sal meebring. Ná ʼn aanvanklike dreigende dispuut het die Kamer van Mynwese en die vakbonde ooreengekom dat die salarisonderhandelings nie gedesentraliseer sal word nie en ooreengekom dat vanjaar se loononderhandelings sentraal onder die vaandel van die Kamer van Mynwese sal plaasvind en dat ʼn raamwerkooreenkoms gesluit sal word om die loononderhandelings te reguleer. Volgens Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf by Solidariteit, het dié ooreenkoms gehelp dat die onderhandelings sinvol en volgens protokol verloop. “Hierdie loonaanbod is tekenend van volgehoue en indringende onderhandelings binne ʼn proses waar die partye op ʼn volwasse wyse onderhandel het. Ons is tevrede met die uitkoms en het die aanbod so aan ons lede gekommunikeer,” het Prinsloo gesê. Die gunstige loonaanbod behels ʼn driejaarloonooreenkoms met ʼn 7,5%-loonverhoging by die mynhuise Anglo, Exxaro en Glencore; ʼn 7%-verhoging by Kangra-mynhuis; en ʼn 5%-verhoging by beide Delmas en Msobo. Die aanbod wissel tussen 5,5% en 7,5% afhangend van die werknemer se posvlak binne kategorie 4 tot 8, asook vir die mynwerkers, ambagsmanne en toesighouers. Benewens die loonverhoging word daar ook in die aanbod voorsiening gemaak vir ʼn verhoging in die bedrag wat werknemers ontvang vir behuising en pendeldienste. Verder kon die vakbond ook daarin slaag om vier maande se betaalde kraamverlof vir vroulike werknemers te beding. “Ons is baie dankbaar dat ons lede se beste belange deur die aanbod op die hart gedra word en ons die onderhandelings positief en vasberade kon deurvoer,” het Prinsloo bygevoeg. Hy het bevestig die lede het die aanbod verwelkom en vir Solidariteit ʼn mandaat gegee om só ʼn loonooreenkoms met die Kamer van Mynwese te onderteken.
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
* sterftes het tot 7 November vanjaar by Suid-Afrikaanse myne voorgekom.
Ernstige kommer oor mynveiligheid
Foto: iStockphoto.com
S
uid-Afrikaanse bedrywe eis jaarliks talle lewens as gevolg van hoë werksrisiko’s. Die yster- en staalbedryf is van die hoërisikobedrywe wat verantwoordelik is vir talle sterftes en beserings aan diens. Die departement van arbeid en verskeie rolspelers, soos Solidariteit, het in 2012 ʼn verdrag onderteken en hul steun gebied aan die bekamping van risiko’s in die bedryf. Mynbou eis ook jaarliks talle lewens en duisende werkverwante beserings en siektes word aangemeld. Hoewel daar ʼn 6%-daling in sterftes was (59 sterftes van Januarie tot middel September 2017 in vergelyking met 63 oor dieselfde tydperk in 2016), heers daar kommer dat nóg mynsterftes in die vierde kwartaal van die jaar sal volg, aangesien daar altyd ʼn styging in sterftes tydens die sogenaamde “Silly Season” is. Geskiedkundige data toon dat daar gewoonlik ʼn 27%-styging in mynsterftes plaasvind gedurende die laaste kwartaal (Oktober tot Desember) van die jaar*. Anders as in die yster- en staalbedryf waar vasgestelde risiko’s uitgewys en gemitigeer kan word, is die mynboubedryf se risiko’s meer onvoorspelbaar. Ondergrondse seismiese
36
Deur Nikki Prinsloo
aardbewings is moeilik om te voorspel, omdat die monitering daarvan bykans onmoontlik is en rotsstortings dikwels eers etlike dae ná ʼn skudding plaasvind. Grondstortings het sedert Januarie tot middel September 2017 reeds 18 persone se lewens geëis. Hoewel aardbewings deur seismografiese tegnologie gemonitor kan word en hedendaagse myningenieurs veiliger rotsfondasies en patrone kan uitwys om veiliger te myn, is selfs hierdie tegnologie en kundigheid nie ʼn waarborg van veiligheid nie, omdat die sterftepersentasie steeds aantoon dat dit die grootste oorsaak van mynsterftes is. Hoewel daar baie grondstortings plaasvind, kan tegnologie en leidende praktyke ʼn doeltreffende bydrae lewer tot die bekamping van mynsterftes. Leidende praktyke, soos die implementering van nette en dakboute, het ʼn groot verskil gemaak in die bekamping van rotsstortings, waar die klippe in die nette val en nie op werkers nie. Volgens die Kamer van Mynwese het 46 Suid-Afrikaanse myne in 2016 die installering van nette en dakboute geïmplementeer. Meer as 2 840 spanne is gedurende daardie jaar opgelei en voldoen aan die veiligheidspraktyk wat ingestel is; 76 187 werknemers was hierby
betrokke. Dit het vrug gedra en grondstortings het met 33% afgeneem aan die einde van 2016, waar dit teen die einde van 2015 op 29% gestaan het. In 2017 het dit egter reeds bygedra tot 31% van mynsterftes, en die “Silly Season” lê nog voor! Die mynboubedryf se gesondheid- en veiligheidstatistieke sal drasties verbeter indien alle Suid-Afrikaanse myne die veiligheidspraktyk van die installering van nette en dakboute toepas. Werkgewers moet verseker dat, sover dit redelikerwys uitvoerbaar is, die myn op sodanige wyse in werking gestel, bedryf en onderhou word dat werknemers hul werk kan verrig sonder om hul eie gesondheid en veiligheid of dié van ander persone in gevaar te stel. Mynhuise en mynwerkers word sterk gemaan om proaktief op te tree en ekstra aandag te skenk om die gesondheid en veiligheid in myne gedurende hierdie tydperk te verseker. Solidariteit doen ook ʼn beroep op nie net mynwerkers nie, maar op alle werknemers en lede by werkplekke om veilig en gesond te werk en gehoor te gee aan werkplekke se gesondheid- en veiligheidsplanne en prosedures. Werk altyd veilig, nie net gedurende die “Silly Season” nie, maar regdeur die jaar! Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
50 ton voer is onlangs aan boere in droogtegeteisterde gebiede geskenk.
Historiese figure se grafte is skoongemaak as deel van AfriForum se Maand van Selfstandigheid in Oktober.
‘n Krans is namens AfriForum op Boerekrygsgevangenegrafte op St Helena gelê.
Toekoms in gemeenskap se hande
Foto’s: Forum Nuus
A
friForum glo dat die toekoms van Afrikaners en ander gemeenskappe in Suid-Afrika in hul eie hande is en nié in die hande van die staat nie. Die burgerregte-organisasie bied dus gemeenskapskrag as die alternatief vir staatsmag. Die gemeenskapsake-afdeling se hoofdoelwit is om AfriForum se visie, naamlik dat Afrikaners vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan leef, op grondvlak ’n werklikheid te maak. Die gemeenskapsakeafdeling bied dus gemeenskapselfstandigheid as alternatief vir staatsafhanklikheid. Sedert die begin van die jaar is daar sterk gefokus op die uitbouing van die kapasiteit binne die gemeenskapsake-afdeling sodat AfriForumtakke, wat op plaaslike vlak selfstandigheid bevorder, beter bygestaan kan word. Nagenoeg 50% nuwe poste is in die gemeenskapsakeafdeling geskep waarvan tweederdes reeds gevul is. Die aanstelling van nuwe personeel om ondersteuning aan takke te verbeter, is slegs moontlik danksy lede se lojale ondersteuning. Taklede wat by die nagenoeg 120 aktiewe AfriForum-takke reg oor die land betrokke is, neem die besluit om self verantwoordelikheid vir hul toekoms te aanvaar en bevorder gemeenskapselfstandigheid deur die uitvoering van selfdoenprojekte. Pleks daarvan om vir die plaaslike owerhede te wag om omstandighede te verbeter, word gemeenskappe gemobiliseer met die leuse “Selfdoen is beter as niksdoen” en word probleme gevolglik self deur gemeenskapslede opgelos. ’n Voorbeeld van só ’n selfdoenprojek wat reeds suksesvol afgehandel is, is AfriForum se jaarlikse blou-en-groendruppelprojek wat behels dat gemeenskappe self die gehalte van munisipale drink- en rioolwater toets. AfriForum is tans die enigste instelling in die
40
Deur Barend Uys
land wat jaarliks ’n verslag oor watergehalte in Suid-Afrika beskikbaar stel. Die organisasie se vyfde watergehalteverslag (blou-engroendruppelverslag) is vanjaar gepubliseer. AfriForum-lede het 156 dorpe se munisipale drinkwatergehalte (bloudruppelstatus) getoets, wat ongeveer 20% meer dorpe as in 2016 is. Slegs drie dorpe se watergehalte het nie aan gestelde standaarde voldoen nie. Die munisipale rioolwatergehalte (groendruppelstatus) van 88 dorpe is getoets waarvan 59 van die dorpe se water nie aan die gestelde standaarde voldoen het nie. Hierdie skokkende resultate bevestig die noodsaaklikheid van gemeenskapsbetrokkenheid om owerhede aanspreeklik te hou en self beheer oor die toekoms van ons dorpe te neem. ’n Ander uitstekende voorbeeld van gemeenskapselfstandigheid is die AfriForumbuurtwagte wat op plaaslike vlak help om ’n veilige omgewing te skep. Só ’n AfriForumbuurtwag bestaan uit AfriForum-lede wat op ’n vrywillige grondslag hul woonbuurte patrolleer. AfriForum het in Augustus ’n nasionale massapatrollie teen misdaad georganiseer waaraan 5 200 mense en 282 verskillende veiligheidstrukture van verskillende instellings deelgeneem het. Dit is ’n goeie illustrasie van hoe gemeenskappe gemobiliseer kan word om op te tree ten einde hul eie omstandighede te verbeter. Op die gebied van plaaslike regeringsake maak AfriForum-takke ook landwyd ’n impak, veral op die gebied van korrupsie. AfriForum het, op grond van inligting wat van ’n fluitjieblaser ontvang is, ’n strafregtelike klagte teen die Gautengse departement van gesondheid ingedien nadat ’n tender van R24 miljoen na bewering onregmatig toegeken is. Die AfriForum-tak in Bethlehem het strafregtelike klagtes van munisipale bedrog ten
bedrae van R85 miljoen by die plaaslike Valkeeenheid ingedien. Die burgerregtewaghond het sy eie ondersoek van stapel gestuur nadat dokumente wat sensitiewe inligting bevat, aan die plaaslike tak oorhandig is. Strafregtelike klagtes is ook teen amptenare, kontrakteurs en verskaffers van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings aanhangig gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat R400 miljoen onregmatig aan kontrakteurs uitbetaal is. Korrupsie lê plaaslike gemeenskappe lam omdat geld nie aangewend word om die werksaamhede van owerhede te verseker nie – gemeenskapslede se betrokkenheid op hierdie gebied is dus van kardinale belang. AfriForum-takke het ook belangrike insette gelewer tydens die opstel van geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP’s) van verskeie munisipaliteite om te verseker dat kwessies wat gemeenskappe raak, ook aandag geniet. AfriForum Jeug is aktief betrokke by tersiêre instellings, asook in dorpe om jong Afrikaners te mobiliseer om vir hulself ’n volhoubare toekoms te verseker. ’n Groot sukses vir AfriForum Jeug was die onlangse bekendmaking dat R10 miljoen op herstelwerk en opgraderings by die Grootfontein Landboukollege spandeer gaan word nadat AfriForum Jeug druk op die instelling geplaas het met betrekking tot die swak leefstandaarde by die kollege. Nóg projekte wat suksesvol afgehandel is, is die jaarlikse vullisterreinoudit en Boomplantmaand. Nege provinsiale opleidingskonferensies vir takbestuurslede het ook oor die eerste drie naweke in September plaasgevind. AfriForum-takbestuurslede is tydens dié konferensies verder opgelei om kwessies op plaaslike vlak suksesvol aan te pak. • Barend Uys is operasionele hoof van gemeenskapsake by AfriForum. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
AfriForum spog met meer as 200 000 lede
D
ie burgerregte-organisasie AfriForum se aktiewe ledetal het onlangs die 200 000-kerf verbygesteek. Dié organisasie se ledetal het in Januarie 2010 op slegs 8 000 gestaan. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof, beteken die sterk groei dat AfriForum ’n nuwe fase betree waartydens die organisasie sy werksaamhede en veldtogte nog verder kan uitbrei. “Die steun van 200 000 lede maak dit onder meer nou moontlik om adv. Gerrie Nel se span by AfriForum se privaat vervolgingseenheid verder uit te brei om meer sake te kan aanpak. AfriForum is nou ook in staat om sy netwerk van sowat 100 AfriForum-buurtwagte en ander selfdoenaksies in plaaslike gemeenskappe verder te vergroot, terwyl dié organisasie se nasionale en internasionale veldtogte op ’n nóg groter skaal aangepak kan word.” Kriel het daarop gewys dat AfriForum se
Deur Natasha Venter
veldtogte deur lede moontlik gemaak word. “AfriForum se krag lê in sy lede en daarom bedank AfriForum elkeen van sy lede vir hul volgehoue ondersteuning,” het Kriel gesê. Volgens Kriel beteken die feit dat die regering van wanadministrasie en korrupsie
deurspek is dat die vestiging van sterk burgerlike instellings al noodsaakliker is om te verseker dat die regering verantwoordbaar gehou word. “200 000 lede gee aan AfriForum die spierkrag om hierdie rol met groter doeltreffendheid te vervul,” het Kriel gesê.
IN BEWEGING
Mogashoa van AfriForum se Kallie Kriel en adv. Gerrie Nel. Regs: Heidi , die oorledende se moeder. privaat vervolgingseenheid, en Edina Dube
Gerrie reg om Duduzane Zuma te vervolg Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch
Foto’s: Rozier van Tonder
“N
42
iemand is bo die wet verhewe nie, selfs al is jou van Zuma.” Só het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, einde Oktober gesê nadat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, aangekondig het dat die burgerregtewaghond met regstappe begin het om Duduzane Zuma (seun van president Jacob Zuma) privaat op ’n strafregtelike klag van strafbare manslag te vervolg. Dít volg nadat Zuma Jr. op 1 Februarie 2014 in sy Porsche in ʼn botsing met ʼn minibustaxi in Johannesburg betrokke was. Zuma Jr. se voertuig het glo die agterkant van die taxi getref. ’n Jong, vroulike passasier, Phumzile Dube, is op slag dood nadat die taxi weens die impak omgeslaan en gerol het. Twee ander passasiers is ook ernstig beseer. Luidens mediaberigte het Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, gesê die polisie het Zuma Jr. ná die ongeluk nie getoets vir alkohol nie, omdat hy glo nie tekens van alkoholgebruik getoon het nie. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in Julie 2014 aangekondig hy gaan weens
onvoldoende bewyse nie Zuma se seun ná dié noodlottige ongeluk vervolg nie en dat die saak na ʼn landdros verwys is vir ’n formele geregtelike doodsondersoek. Op 18 Augustus 2015 het die NVG aangekondig dat hy steeds nie vir Zuma Jr. gaan vervolg nie, ondanks die feit dat landdros Lalitha Chetty tydens dié formele geregtelike doodsondersoek na Dube se dood bevind het dat daar prima facie-getuienis is dat haar dood deur Zuma Jr. se nalatige optrede veroorsaak is. Die NVG het ook nooit teenoor Dube se familie bekend gemaak dat daar besluit is om nie vir Zuma Jr. te vervolg nie. Nel en AfriForum tree in die saak teen Zuma Jr. op namens Pedzisani Dube, die oorledene se broer, en Edina Dube, haar moeder, wat tans na die oorledene se vyfjarige kind omsien. “Daar is geen geldige gronde vir die NVG se besluit om Zuma Jr. nie te vervolg nie en Dube se familie verdien om te sien dat geregtigheid geskied en dat die saak nie anders hanteer word as gevolg van wie die vermeende oortreder is nie,” meen Nel. Hy het reeds namens die Dube-familie ’n skrywe aan die NVG gerig om ’n nolle prosequi-
sertifikaat aan te vra. Sodra AfriForum dié sertifikaat ontvang, kan die proses begin om Zuma Jr. privaat te vervolg. Nel het verduidelik dat, indien die NVG die nolle prosequi-sertifikaat uitreik, AfriForum binne 90 dae met die privaat vervolgingsproses sal moet begin en dat die vervolging presies soos enige ander strafregtelike saak in die hof sal voortgaan, behalwe dat die aanklaer Nel sal wees, wat nie in diens van die NVG is nie. Die NVG het egter ook die opsie om sy besluit om te keer om Zuma Jr. nie te vervolg nie en hom wél te vervolg en volgens Nel sal só ’n besluit ook vir AfriForum en die Dube-familie ’n oorwinning wees, aangesien die hele doel van die optrede is om toe te sien dat vervolging geskied. Hy het ook daarop gewys dat indien die NVG onregmatig met die uitreiking van die nolle prosequi-sertifikaat sloer, AfriForum se privaat vervolgingseenheid nie sal huiwer om die NVG deur die hof te dwing om dit wel te doen nie. “AfriForum se privaat vervolgingseenheid is juis gestig om toe te sien dat daar gelykheid voor die reg is en dat geregtigheid geskied – ongeag wie die oortreder is,” het Nel gesê. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Motiveringspreker Gretha Wiid by die honderde opgemaakte pakkies vir die #HelpHanna-projek.
Vroue laat skoolmeisies só waardig voel Deur Marlien van der Westhuizen
Foto: Verskaf
D
44
uisende vroue woon jaarliks die Worthy Women-konferensie by wat deur die bekende motiveringspreker Gretha Wiid aangebied word. Konferensiegangers is vanjaar gevra om sanitêre ware saam te bring en honderde pakkies is ingesamel. Vanjaar is daar besluit om sanitêre ware vir Solidariteit Helpende Hand se #HelpHannaprojek in te samel. Die vroue is gevra om hulle empatie met behoeftige tienermeisies te toon en ’n pakkie sanitêre ware vir ’n behoeftige meisie saam te bring. Daar is altesame 3 654 doekies ingesamel en tot soveel as 1 000 meisies sal in 2018 bykomend gehelp kan word danksy dié skenkings. “Ons wil graag vir Gretha Wiid en almal wat die Worthy Women-konferensie bygewoon het, bedank vir hulle ondersteuning met die #HelpHanna-projek,” sê Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand. “Mense besef dit nie, maar in baie huishoudings is sanitêre ware ’n luuksheid. Ons het ouers wat vertel dat hulle moes kies tussen brood en sanitêre ware vir hul dogters.”
Volgens ’n studie deur Helpende Hand in 2015 het een uit elke tien meisies in Suid-Afrika nie genoeg sanitêre ware om deur die dag te kom nie. Dit is vir hierdie meisies ʼn groot vernedering om vir hulp te vra, en dus bly hulle vir tot vyf dae ’n maand, of 55 dae per jaar, by die huis. Dit lei daartoe dat meisies baie agter raak met hul skoolwerk. Hierdie probleem word sedertdien deur Helpende Hand se #HelpHanna-projek aangepak. Duisende meisies vind baat by die projek en ontvang sanitêre ware en ander
toiletware by hul onderskeie skole. Skenkings is ingesamel by die konferensie in die Kaap asook by die twee geleenthede in Pretoria. Die sanitêre ware sal aangewend word om meisies in die plaaslike omgewing by te staan met vier pakkies per jaar. Helpende Hand se 170 takke samel ook produkte in om die projek verder te ondersteun. Die terugvoer van skoolverteenwoordigers bevestig dat die projek ’n groot leemte vul en meisies se selfvertroue drasties verbeter. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
aksentmedia.co.za
IN BEWEGING
Solid Help
Vereniging vir grondslagfase-onderwysers Deur Marlien van der Westhuizen
Foto: Colette Scott
S
olidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het op 18 Oktober vanjaar die Afrikaanse Grondslagfase Vereniging (AGV) op die been gebring. Die doel van hierdie vereniging is om onderwysers wat betrokke is by grondslagfase-onderrig van gr. RR tot gr. 3 te versterk tydens hierdie kritiese fase van kinders se ontwikkeling. ʼn Honderd onderwysers van 14 skole het by die Laerskool Lynnwood byeengekom om die bekendstelling van die AGV by die SOS se grondslagfase-seminaar by te woon. Die onderwysers kon waarde put uit bekende sprekers soos Herman de Jong, ’n opvoedkundige sielkundige; en Marthie Leach, ’n dieetkundige, wat onderwerpe soos kreatiwiteit, breinontwikkeling, positiewe dissipline en eetgewoontes wat beter prestasie verseker, aangeraak het. Verskeie ervare skoolhoofde en departementshoofde het ook hul ervaring gedeel oor die hantering van ontwikkelingstrauma, dissipline en heelbreinontwikkeling in die klaskamer. Die SOS sien die toevoeging van die AGV as ʼn logiese stap om te verseker dat Afrikaanse skole wêreldgehalte onderrig kan bied en nog vir jare gaan voortbestaan. “Vir Afrikaners om suksesvol te wees, moet daar ’n direkte pyplyn wees vanaf grondslagfase tot met tersiêre opleiding,” het Hugo Vermeulen, hoof van die SOS, tydens die geleentheid gesê. “Die beste manier om te verseker dat kinders die beste opleiding moontlik ontvang, is om hulle onderwysers – reeds vanaf grondslagfase – te ondersteun en te versterk deur opleidingsessies soos hierdie een vandag.” Helpende Hand besef die noodsaaklikheid van gehalte onderrig in enige samelewing en ook die enorme invloed wat onderwysers op leerlinge en hul uiteindelike sukses het. Boonop is gelukkige, goed toegeruste onderwysers se entoesiasme aansteeklik en syfer dit ongetwyfeld deur na die leerlinge. By die SOS-verenigings se kongresse, kursusse en seminare word daar klem gelê op die holistiese professionele ontwikkeling van Afrikaans- en Wiskundeonderwysers en nou ook op grondslagfase-onderwysers. Daar is ook reeds ver gevorder met die vestiging van verenigings vir Rekeningkunde/ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en
46
de Jong by die Hugo Vermeulen (regs) saam met Herman fase Vereniging. bekendstelling van die Afrikaanse Grondslag
Wetenskap. Die opleiding behels onder andere opleiding in tegnologie asook vakinhoud om sodoende onderwysers met die nuutste onderrigmetodes te bemagtig. By die middagseminare word kundiges genader
en gedagtes uitgeruil oor gehalte onderrig in Afrikaans. • Vir meer inligting oor die AGV, kontak vir Hugo Vermeulen by 012 644 4390 of stuur ‘n e-pos na hugo@helpendehand.co.za. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Regskliek-app nou nog groter en beter Deur Lindie de Beer
D Jou lewenstylhandboek in die palm van jou hand
Foto: iStockphoto.com
D
Deur Lize-Mari Labuschagne
ie Facebook-blad Solidariteit: WerkLewe Balans is ʼn tuiskomplek vir jou as individu waar tersaaklike kwessies soos alledaagse leefstyl en werkverwante onderwerpe bespreek word en betroubare wenke en inligting gepubliseer word. Hier word alle artikels van die onderskeie portale van die Solidariteit Wêreld, Solidariteit se webblad, gedeel, naamlik Jou Welstand, Jou Geld, Jou Werk, Jou Gesin, Jy en die Reg en ook Jou Loopbaan. Volgens dr. Eugene Brink, uitvoerende redakteur van die Solidariteit Wêreld, het die idee vir die nuwe Facebook-groep uit die aard en inhoud van die Solidariteit Wêreld gespruit: “Enersyds is dit ʼn nuusgerigte webwerf met persverklarings en blogs oor vakbondsake, die politiek en ekonomie. Andersyds is dit ʼn platform waar mense ook oor hul alledaagse probleme en vrae oor gesondheid, geldsake en hul gesinne kan lees. Dit poog immers om die Solidariteit-lid se hele bestaan te weerspieël en elke aspek van hul lewens aan te raak en te verbeter.“ “As gevolg van die groei en gewildheid wat die ‘sagter’ inhoud oor die laaste sowat drie jaar beleef het, het ons dit goed gedink om eerder ʼn afsonderlike Facebook-groep spesifiek daarvoor te skep waar daar alleenlik op hierdie tipe inligting gefokus kan word. Dit vervang dus nie die oorspronklike Facebook-groep nie en
www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
daar sal steeds ʼn mate van oorvleueling wees, aangesien die beste leefstylstories vir eers op albei groepe geplaas sal word. Maar met die nuwe Facebook-blad wil ons met ʼn ander inslag en inhoud ʼn hele nuwe wêreld aan ons ondersteuners en lesers bied,” voeg Brink by. Hierdie is voorbeelde van vrae waarop jy op hierdie Facebook-blad antwoorde sal vind: • Op hoeveel verlof is ek per jaar geregtig? • Hoeveel koppies koffie per dag mag ek drink? • Wat is die plig van skole en dagmoeders volgens die hof? • Wanneer mag die polisie my huis deursoek? Volgens Brink is sosiale media die beste manier om mense in vandag se digitale era te bereik. Die oorspronklike Facebook-blad (slegs Solidariteit) is dus meer daarop gerig om die nuus van die dag en die vakbond se tradisionele rol weer te gee. Daarom word daar grootliks (maar nie uitsluitlik nie) op dié groep op sulke inhoud gefokus. Op die nuwe Facebook-blad kan jy meer lees oor werkkwessies soos vrot base, finansiële kwessies soos hoe om op kruideniersware te bespaar en mediese kwessies soos hulp met siektes. Jy kan daar kom ontspan, lag en selfs skinder! Word ʼn kampioenma, -pa en -werknemer en gaan ‘like’ die Solidariteit: Werk-Lewe Balans Facebook-blad.
ie Solidariteit-regsapp, beter bekend as Regskliek, is in 2016 as die eerste van sy soort van stapel gestuur – ʼn unieke, Afrikaanse regstoepassing vir werkende mense in Suid-Afrika. Dié toepassing is nou nog beter en groter. Regskliek bied jou die gerief van arbeidsregsadvies in die palm van jou hand. Die toepassing is gratis en kan deur enige persoon op sy of haar slimfoon afgelaai word. Alles wat nog altyd van Regskliek ʼn gebruikersvriendelike en nuttige toepassing gemaak het, is steeds beskikbaar – dis nou net nóg beter en makliker om te gebruik. Regskliek bied jou die volgende: • ʼn Vinnige, gebruikersvriendelike diens • Arbeidsreg: alles wat jy moet weet • Regsvrae wat reeds beantwoord is • Wette in Afrikaans • Vind die KVBA-kantoor naaste aan jou • Die nagaan van jou dienskontrak • Alles wat jy van regstellende aksie moet weet • Die opstel van jou testament • Gesels met ʼn regskenner • Meld jou regsaak aan • ʼn Direkte geselsdiens, weekliks van 08:00 – 16:00 • Kontraktemplate • Artikels oor siviele en kriminele reg • Alle inhoud is in Afrikaans. Regskliek word deurentyd vergroot met meer as 40 nuwe regsartikels per maand wat jou ingelig hou oor jou regte in die werkplek. Jy hoef boonop nie eers daarvoor te gaan soek nie. Sodra ʼn nuwe artikel gelaai word, laat weet Regskliek jou. Dit is klik klik, maklik.
47
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.
Deur Melissa Erasmus
Wanneer jou werknemer in die sop beland
Foto’s: iStockphoto.com
W
at gebeur indien ʼn werknemer in ʼn ongeluk betrokke is met ʼn maatskappyvoertuig? Dit sal gereguleer word deur die leer van middellike aanspreeklikheid. Dit beteken dat ʼn werkgewer aanspreeklik gehou kan word vir die onregmatige dade van sy werknemers. Dit moes egter in die loop en gedurende die uitvoering van die werknemer se pligte plaasgevind het. Dit kan verduidelik word deur die volgende voorbeeld: A, ʼn werknemer van B, gebruik die werk se voertuig om ʼn kliënt van B af te laai. Gedurende die rit maak A ʼn ongeluk en beseer C, ʼn lid van die publiek. Ingevolge die beginsel van middellike aanspreeklikheid sal C vir B kan dagvaar aangesien A in die loop en bestek (“course and scope”) van sy werk gehandel het toe die ongeluk plaasgevind het. Die vereistes vir middellike aanspreeklikheid is die volgende: • Die werker moet ʼn werknemer wees • wat ʼn onregmatige daad (delik) gepleeg het • gedurende die uitvoering en in die loop van sy pligte. Die werkgewer het dan die reg om die skadevergoeding en geld wat aan ʼn derde party uitbetaal is, van die werknemer te verhaal. Die vraag word dan geopper wanneer ʼn werkgewer gemagtig is om ʼn aftrekking van ʼn werknemer se salaris te maak ten einde die skade/verlies wat veroorsaak is deur die werknemer, te verhaal. Artikel 34 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal die volgende: (1) ʼn Werkgewer mag geen aftrekking van ʼn werknemer se besoldiging maak nie tensy – (a) die werknemer, behoudens subartikel (2), skriftelik instem tot die aftrekking ten opsigte van ʼn skuld in die ooreenkoms vermeld; of (b) die aftrekking ingevolge ʼn wet, kollektiewe ooreenkoms, hofbevel of arbitrasietoekenning vereis of toegelaat word. (2) ʼn Aftrekking ingevolge subartikel (1)(a) kan gedoen word ten einde ʼn werkgewer vir verlies of skade te vergoed slegs indien – (a) die verlies of skade in die loop van diens voorgekom het en aan die skuld van die werknemer te wyte was;
48
Ons hoofdoel as vakbond is om jou in die werkplek te beskerm. SMS “Lid” na 34802 en sluit vandag nog aan! (b) die werkgewer ʼn billike prosedure gevolg het en die werknemer ʼn redelike geleentheid gebied het om aan te toon waarom die aftrekkings nie gemaak moet word nie; (c) die totale bedrag van die skuld nie die werklike bedrag van die verlies of skade te bowe gaan nie; en (d) die totale aftrekkings van die werknemer se besoldiging ingevolge hierdie subartikel nie een kwart van die werknemer se besoldiging in geld te bowe gaan nie. In Shenaaz Padayachee v Interpak Books (Pty) Ltd (D243-12) het die hof beslis dat ʼn werkgewer slegs oor die reg beskik om skade of verlies van ʼn werknemer se salaris
te verhaal, mits daar aan die voorgeskrewe vereistes van artikel 34 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes voldoen is. Ingevolge Regulasie 4.6.2 van die Algemene Administratiewe Regulasies, gepromulgeer in terme van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 1997, mag ʼn aftrekking vir verlies of skade van ʼn werknemer slegs gemaak word indien dit by ooreenkoms is en die werkgewer ʼn regverdige prosedure gevolg het. ʼn Werkgewer mag dus slegs ʼn aftrekking van ʼn werknemer se salaris maak vir skade/ verlies indien daar voldoen word aan al die vereistes van subartikel (2) van artikel 34, asook indien daar skriftelike toestemming van die werknemer ontvang is. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
g. Van links is Flip Buys, voorsitter van Heildronk op ʼn dekade van ambagsopleidin bestuurshoof van Solidariteit; Paul van ann, die Solidariteit Beweging; dr. Dirk Herm en dr. Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech. Deventer, uitvoerende direkteur van Sol-Tech;
Sol-Tech: Tien jaar van uitnemendheid Ná ʼn baie suksesvolle dekade in die opleidingswêreld het Sol-Tech in September amptelik sy tiende bestaansjaar gevier. Hierdie instelling van die Solidariteit Beweging het van ʼn nederige begin gegroei tot ʼn volwaardige en vooraanstaande beroepsopleidingskollege in Suid-Afrika, skryf CILLESTE VAN DYK.
Foto’s: Martie Maree & iStockphoto.com
P
50
aul van Deventer, uitvoerende direkteur van Sol-Tech, het die dag as ʼn geskiedkundige oomblik bestempel. “Dis ʼn oomblik waarin ons kan terugkyk op tien jaar se harde werk en dit kan vier. Soms was dit ʼn gesukkel, partykeer was ons effens moedeloos, maar dit was altyd met dankbaarheid,” het hy in sy toespraak by die viering van Sol-Tech se tiende bestaansjaar gesê. Dié beroepsopleidingskollege, wat ten doel het om jongmense indiensneembaar te maak en tot voordeel van die land ʼn toekoms in SuidAfrika te gee, word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur klein bydraes van gewone mense, het hy verduidelik. “Daarom is die strategie om ‘grootgeld met kleingeld’ te maak deur gereelde ‘helpmekaar’bydraes van duisende gewone mense. Op dié manier kon ons dit tot dusver regkry om sowat
R50 miljoen (ingesluit studiefondse) in SolTech te belê, waarvan byna alles uit gereelde tienrandbydraes van Solidariteit-lede bestaan het.” “Dit is nie ʼn geheim dat die gehalte van ambagsopleiding in die land lankal reeds krisisafmetings bereik het nie,” het hy gesê. “Dit is ook nie ’n geheim dat ons studente hulle vasloop in ekonomiese en politieke omstandighede in die land wat dit bitter moeilik maak vir hulle om regverdig mee te ding, of ten minste ’n gelyke kans te staan vir werkgeleenthede nie. Om daardie rede moet Sol-Tech sorg dat ons studente eenvoudig in ’n ander klas is. “Ons doen dit deur opleiding te gee op ’n standaard wat baie hoër is as enige ander opleidingsinstelling in Suid-Afrika – opleiding wat die minimum standaarde of verwagtinge ver oortref. Ons kan eenvoudig nie slegs die vereiste kurrikulum aanbied nie – ons moet aan ons studente vaardighede bied wat hulle bo
redelike twyfel indiensneembaar sal maak.” ʼn Terugblik Solidariteit het tien jaar gelede reeds besef dat ambagsopleiding in Suid-Afrika besig is om weg te kwyn. Daarom het die vakbond SolTech as ʼn ambagsopleidinginstelling gestig, wat met slegs 64 studente en drie personeellede begin het. Van die personeel wat daardie tyd al betrokke was, vertel dat hulle in daardie stadium geen toerusting tot hul beskikking gehad het nie, min tot geen opleidingsmateriaal nie en geen werkswinkels nie. Kantoorspasie by Solidariteit se hoofkantoor is vinnig omskep in tydelike werkswinkels, geskrewe notas is gebruik as leermateriaal en toerusting is op prentjies aan studente gewys. Gedurende Januarie 2011 het Sol-Tech sy tradisionele opleidingsmodel vernuwe na dié van ʼn baie suksesvolle Duitse model wat vandag nog gebruik word. Hierdie model Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
behels dat studente se institusionele opleiding aaneenlopend plaasvind voordat hulle vir geïntegreerde werkplekondervinding by werkgewers geplaas word. Ná afloop van laasgenoemde is studente dan gereed om finaal te kwalifiseer vir die betrokke ambag. ʼn Hoogtepunt gedurende 2011 was toe die eerste studente hul finale vaktoetse geslaag het. Altesaam 12 van die 15 pas-en-draai-studente, wat in 2008 begin werk het op prentjies in plaas van toerusting, het met hul eerste probeerslag gekwalifiseer. Dit was tekenend van die hoë standaard van opleiding wat toe reeds gehandhaaf is. Gedurende September 2013 skuif SolTech na die kampus waar hulle vandag steeds is. Die kollege in Booysens het op ʼn Donderdagoggend toegemaak, en teen Maandagoggend is opleiding by die nuwe perseel in Kirkney, Pretoria hervat. Vandag het Sol-Tech 55 hoogs gekwalifiseerde personeellede en ongeveer 1 200 studente wat in verskillende stadiums van hul kwalifikasies is. In enige stadium is daar ongeveer 600 studente op kampus besig met teoretiese en institusionele opleiding en
600 studente besig met hul geïntegreerde werkplekopleiding. Sol-Tech het, te midde van die moeilike omgewing en klimaat van opleiding, die afgelope 10 jaar daarin geslaag om jaarliks ʼn groot aantal vakmanne suksesvol op te lei. Hulle gaan steeds onverpoosd voort met dié goeie werk. Ses belangrike punte Tydens sy toespraak by die viering van Sol-Tech se tiende verjaardag het Van Deventer gesê hy glo daar is ses dinge wat hulle reg gedoen het om toe te sien dat die kollege hoëgehalteopleiding lewer wat in groot aanvraag in die industrie is: die hoë standaard van opleiding, kundige personeel, voortreflike toerusting, die opleidingsmodel, die student self en die plasing van daardie studente. Wat die plasing van studente in die werkplek betref, bied Sol-Tech aan sy studente ’n baie unieke diens wat werkplekopleiding as kwalifikasievereiste vergemaklik: Hulle maak gebruik van die dienste van Ajani, ’n onafhanklike maatskappy wat studente by werkgewers plaas vir geïntegreerde
werkplekervaring. Hierdie model is suksesvol te danke aan Ajani en Sol-Tech se goeie verhouding met die verskeie werkgewers enersyds, en die gehalte van die studente wat hulle aan die werkgewers kan lewer andersyds. Sol-Tech se toekoms “Sol-Tech het die afgelope tien jaar daarin geslaag om hom te vestig as ’n hoëgehalteopleidingsinstelling in die tegniese en ambagsopleidingsfeer. “Ons eerste prioriteit bly steeds om na ’n meer permanente en groter kampus te skuif waar verdere uitbreiding moontlik sal wees,” het Van Deventer verduidelik. “Die rigtings waarin ons tans opleiding bied en waarin ons in die toekoms opleiding sal gee, sal streng bepaal word volgens kritieke en skaars vaardighede in die land, juis daar waar geleenthede vir mense bestaan om verseker te wees van ʼn goeie werk. Ons oorweeg ook verskeie ander opsies vir die toekoms, nie net in tegniese rigtings nie, maar ook in rigtings wat onder andere ’n groter persentasie vrouestudente sal insluit,” het Van Deventer afgesluit.
IN BEWEGING
MY GESIN
Maak dié feestyd werklik familietyd
D Foto: iStockphoto.com
ie grootste geskenk wat ons vir mekaar dié feestyd kan gee, is tyd, want die tyd wat jy saam met jou familie spandeer, is nie net kosbaar nie, maar dit skep ook blywende
herinnerings. Volgens Ronéll van Rooyen, leefstyljoernalis, versterk kwaliteittyd gesinsbande en skep dit ʼn gevoel van geborgenheid wat van uiterste belang is vir kinders se ontwikkeling en groei. Betekenisvolle gesinsaktiwiteite laat kinders belangrik en gekoester voel, en leer hulle die belangrikheid van tradisies asook die waardes wat daardeur oorgedra word. Baie kosbare en onvervangbare tye saam met jou kinders gaan deur die jaar verlore weens vol skoolprogramme en dringende vergaderings. Die feesseisoen is die perfekte geleentheid om jou jaar in oënskou te neem en te skaaf aan die dinge in julle verhoudings wat werk kort. “Gehaltetyd is nie iets wat toevallig kom nie, dit verg goeie grense, ’n bietjie beplanning en gefokusde toewyding,” meen Gretha Wiid,
52
Deur Wilmarie Brits
verhoudingskenner en Christelike skrywer. Benut die tyd en leer om weer saam om die tafel te eet en lekker te kuier, eerder as voor die televisie. Sit die selfone neer en deel met mekaar die dinge wat vir julle mooi en lekker is, waak oor julle gesinstyd en wees die lig in mekaar se lewe. ʼn Mens hoef nie altyd na eksotiese plekke te reis om vir jou gesin te wys jy gee om nie. Soek dinge wat julle saam kan geniet, kuier saam om die braaivleisvuur, stap saam, lees saam Bybel en bid saam, of bak en brou saam, solank julle saam lag en mekaar geniet. Met al die pogings om mekaar weer te vind, is dit belangrik om nie fokus te verloor oor waaroor Kersfees eintlik gaan nie. Poog dié jaar om Christus-gesentreerde Kerstradisies te vestig wat nie net gesellige gesinstyd is nie, maar ook die ware betekenis van Kersfees beklemtoon. Gesinsaktiwiteite en geskenke kan deel vorm van jou Kerstradisies. Dit is tradisie om vir mekaar geskenke op Kersdag te gee, omdat geskenke ons dankbaarheid ten opsigte van Jesus se geboorte en wat Hy alles vir ons gedoen het, op ʼn praktiese manier uitbeeld.
Deur die loop van tyd het ons egter tred verloor oor die betekenis van geskenke en meer op die geldwaarde van elke geskenk begin fokus. Dié feesseisoen kan julle weer die egte waarde van geskenke beleef deur ʼn tema aan die geskenke te koppel, byvoorbeeld “Christus se lig”. Elke lid van die gesin se geskenkidees en kaartjieboodskappe moet die tema uitbeeld, elkeen kry dan ʼn beurt om te bespreek hoe hulle geskenk by Christus se lig aansluit soos wat die geskenke oopgemaak word. Om saam te sit en Kersversierings te maak en dan die Kersboom te versier, is nie net gesellige gesinstyd nie, maar ook ʼn wonderlike geleentheid om die Kersboodskap oor te dra. Terwyl julle Kersversierings uit dennebolle maak, vertel jou kinders waar die simboliek vandaan kom en wat Kersfees eintlik beteken. Jy kan selfs as julle tuisgemaakte klappers maak, kreatief wees en simboliese inhoud binne die klapper plaas. Kersfees is ʼn tyd van saamwees. Gebruik die tyd om mekaar opnuut te vind en om jul eie, unieke tradisies te vestig. Maak Christus die middelpunt van julle feesvieringe. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Dit kóók in dié Afrikaanse kuierplek Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou GRATIS Afrikaanse aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte, resepte en boeke. Kom sê jou sê, snuffel in ons koöperasie of kuier saam om die kombuistafel met smullekker resepte. maroelamedia.co.za is jóú huis! Uit: Bottel & gebruik deur Hannetjie Joubert (LAPA Uitgewers).
MIKROGOLF-AARBEIKONFYT Die boosaardige broers Botha Deur Adeline Radloff
Foto’s: iStockphoto.com
B
54
uskruit, Brom en Breker Botha is boosaardige lummels – manlik, moeilik en moorddadig. En hulle is oortuig daar’s iets fout met hulle jongste broer, Bulelani, want hy’s heeltemal te maer en skraal van al die vars vrugte en groente wat hy eet. Hy lees te veel boeke, en al waarmee hy ooit ʼn dier sal skiet, is met ʼn kamera. Bulelani is klein, maar as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees. In die dorpsbiblioteek doen hy ure lank navorsing en só begin sy wraakplanne vorm aanneem … Maar skaars is sy probleme by die huis iets van die verlede, of die boelies by die skool raak vir hom een te veel. Wie is daar beter as drie boosaardige broers aan jou kant? Die boosaardige broers Botha (R140), uitgegee deur Tafelberg, is ʼn tong-in-die-kies verhaal wat ons Afrikaanse stereotipes opstuur op uiters vermaaklike wyse. Dit is ʼn wonderlike voorleesboek vir jonger kinders, terwyl die ouer selflesers die verskillende vlakke van humor selfs meer sal geniet. Die boek daag lesers uit om nuut te kyk na die mense om hulle.
Lewer ongeveer 400 g konfyt BESTANDDELE 500 g aarbeie, gewas, stingels en blare verwyder 20 ml suurlemoensap 300 g suiker METODE 1. Meng die aarbeie en suurlemoensap in ʼn groot mikrogolfbestande bak, bedek en mikrogolf vir 5 minute teen 100%-krag. 2. Roer die suiker by en mikrogolf onbedek vir 18 tot 20 minute teen 100%-krag. Roer dit elke 5 minute. 3. Toets vir stolpunt, roer goed en laat vir 5 minute staan. 4. Roer weer deur sodat die vrugte egalig versprei. 5. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël.
Waar kom dit vandaan? Hierdie kleredrag is deur Moslems in Indië gedra, en is pai jamahs genoem waar die Europeërs dit ontdek het. Dit was ʼn wye broek wat by die middellyf vasgebind is. Oorspronklik kom die woord waarskynlik uit die Persies paejamah (beenklere). Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Solidariteit Tydskrif het met hartseer verneem dat oom Gideon op 9 September vanjaar, kort nadat hierdie artikel geskryf is, in die Heidehof-tehuis vir bejaardes in Caledon oorlede is.
Handgeskrewe briefie uit Namakwaland
Foto: iStockphoto.com
E
k ontvang onlangs ʼn handgeskrewe briefie in die pos. Jare gelede, as ʼn jong joernalis by die ATKV-tydskrif, Taalgenoot, kry ek die geleentheid om vir twee weke van Johannesburg af eers op tot in Kleinzee doer in die Namakwalandse Diamantkus te ry, en van daar af al teen die kus af tot in die Kaap. Sover ek ry, stop ek, neem foto’s, snuffel interessante stories oor mense en plekke uit en slaap waar ek slaapplek kry. ʼn Destydse kollega by die ATKV het my vooraf beduie hoe ek moet ry om by oom Gideon Kotzé se plaas buite Kamieskroon uit te kom. Glo ʼn interessante oom vol stories, het sy gesê, en ek onderneem om daar ʼn draai te maak as die tyd dit toelaat. Tyd in Namakwaland is daar toe meer as genoeg, en eendag bevind ek my buite Kamieskroon, op die pad waar mens afdraai na oom Gideon se plaas toe, by Dwarsrivier. En daar is die plaaspad-afdraai toe sowaar. Ek het nie ʼn afspraak nie, maar ek het tyd. Só besluit ek om in te draai en te gaan kennis maak. Al met die grondpad langs ry ek, deur ongerepte natuurskoon, tot ek met my gehuurde motortjie op die plaaswerf stilhou. Ek sit nog en rondkyk en wonder of ek nie maar liewer weer moet ry nie, toe ʼn groot, lang oom van ʼn kampie met perde af aangestap kom. Ek klim uit, stel myself voor en beduie met ʼn oorvloed woorde hoekom ek daar is, en vra sommer om verskoning dat ek so ongenooid daar opdaag. Deur my woordevloed heen kyk die oom my só, met die rustigheid van
www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
Deur Susan Lombaard
Namakwaland in sy oë. Toe ek klaar gebabbel het, steek hy sy groot hand uit, gee my ʼn stewige handdruk, en sê bedaard: “Nou maar kom in, dan maak die tannie vir ons koffie.” Ons kuier die res van die dag en sommer die volgende dag ook. Oom Gideon wys my die leerwerk wat hy met die hand doen en vertel my van die perde waarmee hy teel. Die tannie nooi ons later tafel toe, vra verskoning dat sy nie tyd gehad het om “groot te kook” nie, en sit vir ons ʼn ete van skaapvleis, aartappels, rys, groenboontjies en soetpatats voor. Ná ete vat die oom en tannie my met die bakkie in die veld in. Ons klim uit tussen die blommetjies; soos ons stap, pluk die tannie bosse blomme en beduie vir my watter plante goed is vir ʼn toe bors, om ʼn seerplek beter te maak en om saam met tee te trek vir ʼn lekker warm drinkdingetjie. Seker tien jaar later lui my foon eendag by die werk. Ek herken dadelik oom Gideon se diep, rustige stem. Hy het deur ʼn ou fotoalbum geblaai en afgekom op ʼn foto wat ek van hom tussen die Namakwalandse daisies geneem het, sê hy. Agterop was my naam en nommer, toe dog hy hy vat ʼn kans en bel my. My hart bokspring van lekkerte om weer van hom te hoor. En toe nou, anderdag, kry ek weer so ʼn oproep van oom Gideon. Hy en die tannie het intussen in ʼn ouetehuis in Caledon ingetrek, vertel hy my. En hy het weer op die foto met my naam en nommer afgekom. Maar hy soek my adres, want hy wil ʼn briefie stuur. ʼn Paar weke later kry ek die brief in die pos. Hy skryf moeilik, want die rumatiek het
sy hande sleg bewerk, skryf hy. Ek dink aan hoe vlytig hy met die naald en die leer gewerk het. Saam in die koevert is die foto van hom wat ek geneem het, en ʼn eksemplaar van die NG Gemeente Kamieskroon se kerkblaadjie, Koninkrykserfenis, met ʼn storie oor oom Gideon, ʼn foto wat ek destyds daar geneem het, en hoe ons paaie gekruis het. My hart is week oor dié handgeskrewe briefie. Dis al die vierde April vanjaar gestuur, maar sedertdien lê dit hier op my tafel, langs my rekenaarskerm, waar ek dit elke dag kan sien. Nou en dan lees ek dit weer. Ek weet nie of oom Gideon weet wat dit vir my hart beteken het dat hy, met sy rumatiek-skryfhand, vir my ʼn briefie geskryf het nie. Ek, wat net e-posse en SMS’e kry. Ná ʼn jaar vol suksesse, hoogtepunte, rekords en vreugdes by Maroela Media is daar so baie om te vertel, om mee te spog, en om oor dankbaar te wees. Hier is groot Genade vir ons spannetjie by Maroela, dit is so. Maar die dinge wat ons regtig behoort te vier, is die klein dingetjies wat ons vir ander doen, en wat ander vir ons doen, want dis wat werklik ʼn verskil maak: Die handgeskrewe briefies; die SMSboodskappe om op te volg ná ons ʼn hartseer storie gedoen het; die oproepe om dankie te sê vir hoe ʼn sensitiewe storie hanteer is; die koppies rooibostee wat ʼn kollega aandra. Só kan ons werklik vir mekaar lig wees, maak nie saak hoe donker dit om ons is nie. • Susan Lombaard is uitvoerende hoof van Maroela Media.
55
IN BEWEGING
Ons gaan see toe, maar wat van Wagter?
D
Foto: iStockphoto.com
ie feesseisoen is om die draai en dit beteken vir baie van ons ʼn heerlike, welverdiende wegbreek. Jy sien al maande lank uit na die see, jou familie wat jy lank laas gesien het of dalk die Bosveld, maar arme Wagter en Kiets weet nog nie wat op hulle wag nie. Wat doen ʼn mens met jou troeteldiere wanneer jy met vakansie gaan? Daar is basies drie opsies vir die versorging van jou troeteldiere wanneer jy weggaan, of dit nou vir ʼn week of ses maande is. Jy kan iemand vra om na jou troeteldiere om te sien, jy kan jou troeteldier na iemand neem sodat hulle daar versorg kan word, of jy kan jou troeteldier saamvat met vakansie. Dit hang alles af van jou troeteldier se geaardheid, waar julle vakansie hou en hoe jou troeteldier reageer wanneer julle reis. Ons bespreek in hierdie artikel hierdie drie opsies in meer diepte sodat jy en jou gesin met ʼn rustige gemoed kan gaan vakansie hou. Vra iemand om by die huis na jou troeteldier te kyk Hierdie is waarskynlik die opsie wat die meeste mense verkies. As jy iemand ken wat naby aan jou bly en nie sal omgee om elke nou en dan by jou troeteldiere in te loer nie, is die geluk aan jou kant. Al wat jy moet doen, is om genoeg honde- of katkos te koop sodat die goedhartige persoon wat jou help, dit nie hoef te doen nie, om hulle te wys hoe om jou troeteldiere te behandel, en om ʼn lysie van telefoonnommers te los (jou persoonlike nommer, jou veearts se nommer, en so meer). As jy nie so gelukkig is om iemand te kry wat jy ken om na jou troeteldiere te kyk nie,
56
Deur Cilleste van Dyk
kan jy ʼn troeteldieroppasser vra om jou te help. Dit is ʼn nuwe tendens wat ordentlik vlamgevat het. Dit is ʼn professionele besigheid wat mense stuur om na jou troeteldier om te sien. Hulle kan inbly of net elke nou en dan inloer met al die spesifikasies van jou keuse: Hulle kan met die honde stap, jou kat borsel en sommer ʼn ogie oor jou huis hou terwyl jy weg is. Elke besigheid het sy eie lys van spesifikasies en inligting wat jy moet verskaf, soos jou troeteldier se voedselvoor- en afkeure, hoe laat hulle moet inkom en so meer. ʼn Paar troeteldieroppasbesighede wat jy in die Gauteng-omgewing kan oorweeg, is The Pet Nanny Suid-Afrika, Buddy Day Care, Tickles and Licks en Vet Student Pet Sitting (dit is veeartsenykunde-studente van Tukkies wat jou troeteldiere tuis kom versorg). Vat jou troeteldier na iemand wat na hom sal omsien ʼn Troeteldierhotel is die volgende opsie indien jou troeteldier te vinnig alleen voel, stout raak, of as dit gevaarlik is om hulle vir lang tye alleen te los. Die voordeel van ʼn troeteldierhotel of “kennel” is dat dit ʼn professionele diens is. Die mense daar het baie kennis oor diere en hoe om na hulle te kyk. Hulle is perfek ingerig om baie goed na jou diere om te sien. Hou net in gedagte dat jou troeteldier dalk vir lang tye in ʼn hok sal wees. Maak seker jy is tevrede met die hotel en doen navorsing oor ander mense se ervaring van die plek. Jy kan ook oorweeg om jou troeteldier by jou veearts te los – sommige veeartse of diereklinieke bied so ʼn diens. Hierdie kan die perfekte oplossing wees indien dit gevaarlik sou
wees om jou troeteldier vir lang tye aaneen alleen te los weens ʼn siekte of gebrek. Vat jou troeteldier saam op vakansie As jy jouself nie kan indink dat jy heerlik weggaan met vakansie terwyl jou geliefde troeteldier by die huis bly of by iemand anders moet kuier nie, is die laaste opsie dat hulle moet saamgaan met vakansie. Met hierdie opsie moet jy seker maak jou troeteldier kan gemaklik reis, en sal byvoorbeeld nie karsiek word of met ander diere baklei nie. As jy weet daar is ʼn risiko, beplan daarvoor. Koop byvoorbeeld kalmeerpilletjies of slaappilletjies vir die motorrit en bespreek ʼn vakansiehuis met ʼn tuin wat omhein is sodat jou troeteldier nie onnodig of sonder waarskuwing met ander diere kontak maak nie. Hier is nog ʼn paar wenke wanneer jou hond saam vakansie hou: Vat happies, kos en water saam oral waar julle gedurende die vakansie gaan. Tref voorsorg vir bosluise, veral as julle in die veld gaan loop. Jy kan ʼn halsband gebruik wat goggas afweer of ʼn pilletjie gee wat deur jou veearts voorgeskryf sal moet word. Maak seker jou hond is gebad en heeltemal skoon voor jy vertrek. Ontlont landmyne. Dis een van die minder lekker takies, maar ruim op agter jou hond oral waar julle gaan. Vat vir jou hond beddegoed saam. Jou hond mag dalk by die huis op die bed slaap, maar vat sy eie bed saam wanneer julle reis. Maak die agtersitplek van die motor gemaklik. Onthou speelgoed en hou altyd ʼn leiband naby. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Finansiële Dienste
REGSHULPVERSEKERING
REGSHULPVERSEKERING
Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!
Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet slegs R112 per maand.* aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*
1
• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. • Onbeperkte tot regsdokumentasie. regshulptoegang – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.
24 uur per dag
2
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
aksentmedia.co.za
Regsverteenwoordiging ter waarde van R50 000 per jaar
0861 765 734
www.legalex.co.za
Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging
Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste
0861 10 10 05
Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556.
3
Afslag op eiendomsoordragte
4
Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie
* Bepalings en voorwaardes geld * Bepalings en voorwaardes geld
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legalex (Edms) Bpk, FSP-nommer: 5277, finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk, FSP-nommer: 26/10/75
Buckets full of benefits for our members This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.
MEMBERSHIP CATEGORIES Collective members
Individual members
Supporting members
Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.
Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*
This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.
Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/
58
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
SERVE & PROTECT
OTHER SERVICES
Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.
Death benefit* Funeral benefit (Martin’s or Avbob) • •
A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. Assistance with investigations • A funeral of the same standard as that of Assistance is provided in conadults is provided for a member’s depennection with investigations by dent children under the age of 21 years. the Medical Bureau for Occu• The spouse may apply to continue as pational Diseases and benefits a member after the death of the main enquiries of the Compensation Commember. Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer missioner and Rand Mutual, as well as Beweging • The burden of funeral arrangements van finansiële dienste work-related disability claims. All claims• FSP-nommer: 15556 is alleviated by the fact that Solidarity must be submitted within six months. and Martin’s or Avbob will make all the arrangements. Collective bargaining • A 10% rebate on headstones has been Competent and experienced negotiated with Martin’s and Avbob. Solidarity staff members un• The undertaking services are provided dertake collective bargaining solely by Martin’s or Avbob. If the serto negotiate better conditions vices of another undertaker are used, of employment and salaries for members. Solidarity will only pay out R500 in respect of funeral expenses (terms and conditions apply). Permanent medical disability* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who Additional cash disbursements provide specialist reports and • At the death of a paid-up member, a proof from employers that they cash amount of R3 413 is paid to the are permanently unfit for work in the labour surviving spouse or dependent children. market, receive a once-off amount of R1 701. • At the death of the spouse of a paid-up Claims must be submitted within six months. member who pays full membership, an
Car and household insurance This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of member’s premiums to the Virseker Trust that invests in Afrikaans * Bepalings en voorwaardes geld education and training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za
Skakel ons vandag nog by
0861 10 10 05
Maternity benefit*
•
A maternity benefit of R1 418 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.
•
Study benefit*
•
Photographs: iStockphoto.com
Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit.
Solidarity Magazine Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.
www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
amount of R2 268 is paid to the member. Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 701 • Children younger than 14 years – R1 134. Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. All claims must be submitted within six months.
Holiday benefit* Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit. * Terms and conditions apply. For more information, call 0861 25 24 23
LegalAid X is Package ’n gemagtigde verskaffer van Legal
finansiëleand dienste FSP-nommer: Members their • dependants can5277 enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of R112 per month. This provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R50 000 per year (limited to R25 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za
Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste Independent Financial Advice
Solidariteit Solidarity Financial Services has an independent financial advice department who can Finansiële Dienste assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax Solidariteit planning, risk and retirement planning as Finansiële Dienste well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005 Medical gap cover Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • Send e-mail to gapcover@solidarity.co.za
Wills, estate administration You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300
59
IN BEWEGING
Bitcoin-belegging: Blom of borrel? Deur Appie Pienaar
I
Foto’s: iStockphoto.com
n ’n vorige uitgawe van Solidariteit Tydskrif het ons ’n bietjie agtergrond gegee oor Bitcoin, waar dit vandaan kom en hoe Suid-Afrikaners te werk kan gaan om dit op www.luno.com te verhandel. In hierdie artikel ondersoek ons die vraag of Bitcoin, soos Oudtshoorn se volstruisveerbedryf van ’n honderd jaar gelede, maar net nog ’n borrel is wat wag om te bars. ’n Google-soektog na “Bitcoin bubble” lewer sowat 9,6 miljoen resultate op. Daar kan dus min twyfel wees dat daar talle ontleders is wat tans teen ’n borrel in die Bitcoin-mark waarsku. Twee van die beroemdste borrels wat deesdae gereeld weer geopper word in gesprekke waar dit oor die stygende waarde van Bitcoin gaan, is Nederland se tulpebollekrisis van die sewentiende eeu, en die borrel wat met die draai van die vorige eeu in die volstruisveerbedryf ontstaan het. Tulpe uit Amsterdam Tulpe is in 1593 uit Turkye na Nederland uitgevoer. Dit het baie spoedig ’n gewilde blom geword wat goed aangepas het by die koue klimaat van Nederland. In ’n stadium het die mosaïekvirus onder die tulpe uitgebreek. Hierdie virus het nie werklik skade aan die plante aangerig nie, maar die gevolg van die virus was verskillende kleurvariasies en vlamme wat in die tulpe na vore gekom het. Hierdie afwyking was besonder gewild onder tuiniers, en omdat die afwyking slegs deur die bolle van die betrokke plant voortgeplant kon word, het die spesifieke bolle van plante met die afwyking se prys drasties begin styg. Vooruitkontrakte
waar kopers onderneem om astronomiese pryse vir tulpbolle te betaal wanneer dit ʼn jaar later beskikbaar is, het ontstaan. In ’n stadium is pryse van soveel as ’n span osse en selfs ’n stuk grond vir ’n enkele tulpebol betaal. Hierdie situasie was uiteraard nie volhoubaar nie en soos wat die bolle meer geraak het, het die prys in Februarie 1637 in duie gestort en het beleggers groot bedrae geld verloor. Oudtshoorn se volstruisbedryf Die volstruisveerbedryf het sy stormloop tussen 1890 en 1914 beleef. Volstruisvere was hoogmode in Europa waar dit deel van die rykes se kleredrag uitgemaak het. Dit was veral gewild as versiering vir vrouehoede. Joodse handelaars het die vere in Suid-Afrika, waar die volstruisbedryf sterk gevestig was, aangekoop en oor die hele wêreld versprei. In ’n stadium het ’n kilogram vere duurder gekos as ’n kilogram goud. Teen 1914 het die mode oorgewaai en het die bedryf in duie gestort. Skatryk boere wie se lewenstyl op die volstruisbedryf geskoei was, het in ’n kort tydjie totaal verarm. Is Bitcoin die volgende borrel? Dit is natuurlik nie moontlik om met akkuraatheid te voorspel wat in die toekoms met Bitcoin se prys gaan gebeur nie. Die vraag is of daar oor twintig of dertig jaar van nou af nog Bitcoin verhandel gaan word. Indien dit nie die geval is nie, is daar beleggers wat tussen nou en dan finansieel gaan seerkry. Ek bespreek graag twee aspekte wat in gedagte gehou moet word. Eerstens is ’n drastiese, irrasionele styging in die prys van ’n item tekenend van ’n
produk wat homself in ’n borrel bevind. Dit dui gewoonlik op die aanwesigheid van beleggers wat bloot spekuleer. Daar is dus nie noodwendig ’n verwagting van opbrengste of inkomste nie, slegs kapitaalgroei. Die belegger belê in die kommoditeit in die hoop om dit teen ’n hoër prys te verkoop, sonder om ag te slaan op die vermoë van die kommoditeit om inkomste te genereer. Die tulpekrisis is ’n tipiese voorbeeld hiervan. Hieraan gemeet bevind Bitcoin homself waarskynlik wel in ’n borrelmark. Tweedens word daar dikwels genoem dat daar geen sogenaamde onderliggende waarde aan Bitcoin bestaan nie. In hierdie opsig, meen ons, verskil Bitcoin wesenlik van kommoditeite soos tulpebolle of volstruisvere. Beide tulpebolle en volstruisvere was aanvanklik skaars items, maar in die lange duur kon die aanbod onbeperk uitgebrei word. Blombolle kon op plase vermeerder word, en jong volstruisies uitgebroei en grootgemaak word. Bitcoin, aan die ander kant, se aanbod is beperk tot 21 miljoen Bitcoin. Boonop is dit baie duur en tydsaam om nuwe Bitcoin te skep of te myn. Hierdie is ’n belangrike beginselverskil tussen Bitcoin en vorige borrelmarkte. Daar is tereg ontleders wat Bitcoin met goud vergelyk. Ook in goud se geval is daar ’n beperkte, vasgestelde hoeveelheid op aarde, en raak dit al hoe duurder om goud te ontgin. Soos goud, het Bitcoin ook die potensiaal om as veilige hawe vir geldeenhede in onsekere tye te dien. Slegs die tyd sal leer of Bitcoin hom ook in ’n borrelmark bevind. Die reël bly steeds dat beleggers nie meer geld in Bitcoin moet belê as wat hulle bereid is om te verloor nie.
MY GELD
60
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
MY WORK
Survival guide:
Working during Christmas and New Year By Wilmarie Brits
Photographs: iStockphoto.com
I
n the weeks leading up to the end-ofyear holidays, everyone is running around the office trying to tie all the loose ends together and slowly but surely clearing their diaries in order to end the year on a high note at the office party, before they leave for the Christmas break. Except, of course, if you are the unlucky winner of working the graveyard shift during Christmas and New Year. Perhaps you have fallen victim to blowing all your vacation during the year or a co-worker pleaded with you to work on his or her behalf. To stay focused on your work when holiday cheer is buzzing all around you may seem like a losing battle. According to Marsha Egan, a workplace and e-mail productivity coach, the most important thing to do to keep yourself at task during the graveyard shift is to find a balance between work productivity and holiday fun. Here are a few guidelines you can use to survive working between Christmas and New Year. www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
Get organised The time between Christmas and New Year is a great time for you to get back on track for the new year that is around the corner. Clean up your inbox on Outlook, hard drives and cloud folders so that you are able to start fresh. Make sure important files are backed up and archived for safekeeping. Think about what you want to achieve in the year to come Everyone wants to be the best they can be at their job and work towards a promotion. Use this time to plan the goals you want to achieve next year at work and do some research regarding the specific steps you’ll need to take to make it happen. Learn something new This time of year is a great time to better understand how certain systems in your
company work. Walk down the hall and check-in with your colleagues from other departments, and ask them how their systems and procedures work. This will allow you to gain more knowledge and better assist clients when the day comes. Working over the holidays have some great and unexpected upsides, so make sure you’re seeing the silver lining. Except for the fact that there is no traffic on your way to work, you have a chance to be a problem solver. There are many situations that can arise during holidays, and this is an opportunity to show that you are capable to handle more responsibility. If you have been asked, or pressured, or requested to work on a public holiday, try to see it as an opportunity rather than a burden. Make sure you make the best of the situation. Who knows – it may open the door to greater opportunities in the new year.
61
“
edeloos in die Ek slaan my hande mo r toe en stap aa en ek otr lug, maak my sko self die huis uit om gefrustreerd met my die tuin. En dan sien asem te gaan skep in eboompie wat ek ek hoe die klein persk appelkoosgrootte e rst ee geplant het se begin kry, hoe die persketjies rooiwang iliêr geraak het mossies nou al so fam g saad, hoe die no dat hulle my skel vir bek vol tande vir ʼn t me nd buurman se ho g glimlag. my anderkant die heinin
“
Geld, my vriend, kan dít nie koop nie
Foto’s: iStockphoto.com & Verskaf
E
k sal kan doen met ʼn miljoen. Eintlik, meer as dit. Toe Lucas Maree destyds dié lirieke geskryf het, was ʼn miljoen nog ʼn aardige bedrag. Tien miljoen, miskien vyftig miljoen, is wat deesdae nodig is vir ʼn windmakerige aftrede op 47. Sommige mense sal jou vertel dat geld nie alles is nie. En wat my betref, is hulle reg. Maar aldus die ou cliché huil ek ook eerder in my Ferrari as in my Volla. Die vraag waarmee ek gereeld worstel, is: Wat is ek bereid om te doen vir ’n miljoen? Roof, moor, korrupsie, verduistering, lieg en swendel is vir my buite die kwessie, daarvoor is my Calvyns-protestantse waardes eens te deurgrondelik ingeboesem. Buiten hierdie strategieë is daar egter nog ʼn hele rits deugsame moontlikhede. Ek is nie ʼn selfhelpboekleser nie, maar op sosiale media kry ʼn mens af en toe ʼn stukkie inspirasie te lees van een of ander bekende wat groot dinge vermag het. Wat hierdie mense skynbaar almal in gemeen het, is ʼn ongelooflike werketiek. “Slaap ses ure,” sê hulle, “die res is onnodig!” Dalk is hulle reg, maar dalk weet hulle net nie van die heerlikheid van die tweede slapie nie – daardie slapie wanneer jy op ʼn Saterdagoggend oudergewoonte om sesuur
62
wakker word, ʼn koffietjie drink, ʼn bietjie lees en dan weer insluimer tot tienuur. Geld, my vriend, kan dit nie koop nie. Een geweldige tekortkoming van my – so lei ek af uit die raad van suksesvolle mense – is die vermoë om myself te verkoop. Met verkope is ek reeds nie te goed nie, maar wat ek vir seker weet, is dat ek besonder swak vaar om myself te verkoop. “Kom na my konsert toe! My album is die beste op die mark! Sien jou daar! Ek is die een vir jou! Hallo, dis Chris Chameleon wat praat, en jy luister na…” is alles woorde wat selde of nooit my mond ontsnap nie. Hoekom dit so is, kan ek maar net raai, maar ek onthou my ma was, vir al ons skreiende armoede, altyd vreeslik gesteld op die wrede niggies van status en beskeidenheid. Die twee is oënskynlik nie versoenbaar nie, maar word ʼn moontlikheid wanneer jy jouself op só ʼn manier gedra dat jy status toegeken word en dit self nooit erken nie. Wat ek eintlik probeer sê, is dat ek te veel van ʼn snob is om myself te verkoop. En daarmee bedoel ek nie dat ek neerkyk op diegene wat dit wel kan doen nie, inteendeel, ek koester ʼn enorme bewondering en effense afguns vir hul talente. Maar wanneer ek dit self doen, voel ek goedkoop, skaam … vuil. Nog ʼn ding wat suksesvolle mense skynbaar
in gemeen het, is hul byna obsessiewe toewyding tot hul ambag. Ek lei helaas aan ʼn siekte wat ek ten beste kan beskryf as “belangstelling”. My liefde vir musiek en toneel is groot, maar my liefde vir stap, die natuur, navorsing, my beminde, tuinmaak, honde, kinders en eenduisend ander dinge staan nie ʼn duim terug vir hierdie dinge nie. Ek ril by die gedagte dat ek minder tyd aan enige van hierdie liefdes moet afstaan ter wille van musiek, waaruit ek my brood verdien (ek verdien darem ander kossoorte uit my tuin). Uiteindelik kom ek agter dat ek om elke hoek en draai ʼn verskoning het vir wat ek sien as my ontoereikende prestasie. Ek slaan my hande moedeloos in die lug, maak my skootrekenaar toe en stap gefrustreerd met myself die huis uit om asem te gaan skep in die tuin. En dan sien ek hoe die klein perskeboompie wat ek geplant het se eerste appelkoosgrootte persketjies rooiwang begin kry, hoe die mossies nou al so familiêr geraak het dat hulle my skel vir nog saad, hoe die buurman se hond met ʼn bek vol tande vir my anderkant die heining glimlag. Ek hoor haar stem vanuit die kombuis roep: “Nog ʼn koffie, lief?” En ek besef, ek het lankal die groot boerpot gewen. Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
WEBWYS
Om die #BouSaam-video te kyk, skandeer dié QRkode met jou slimfoon.
Op die elektroniese voorgrond
S Foto: iStockphoto.com
olidariteit is die eerste vakbond in Suid-Afrika wat ʼn app bekend gestel het. Hiermee het ons ʼn nuwe fase in die digitale era én die vakbondwese betree. Dit is vir ons belangrik om altyd op die voorpunt van moderne vakbondwese te wees, om te vernuwe en om ons lede te bemagtig. Saam met die app is daar ʼn paar ander elektroniese mylpale wat ons bereik het en waarop ons baie trots is:
Deur Leandré Buys
en terugvoering te ontvang, na jou elektroniese lidmaatskapkaart te loer, vriende te verwys en om belangrike Solidariteit-nuus en sosialemedianuus op een gerieflike plek te ontvang.
Regskliek Net soos die Solidariteit-app is Regskliek ʼn eerste van sy soort – ʼn unieke, Afrikaanse regstoepassing vir werkende mense in SuidAfrika. Regskliek bied jou die gerief van arbeidsregsadvies in die palm van jou hand. Die toepassing is gratis en kan deur enigiemand op sy of haar slimfoon afgelaai word.
Sosialemediaplatforms Solidariteit het toegang tot ʼn verskeidenheid inhoud en ons Facebook- en Twitter-bladsye groei daagliks. Met byna 150 000 ondersteuners op Facebook en amper 22 000 volgelinge op Twitter, sien Solidariteit Facebook en Twitter as belangrike kommunikasiekanale om met sy lede en ondersteuners te kommunikeer. Ons sosialemediaplatforms is die voertuig waar nuus en gebeure kraakvars met lede gedeel word. Dit bied ʼn ruimte waarbinne ons lede en die publiek met mekaar in verbinding kan tree asook ingelig kan bly oor gebeure binne en buite die organisasie.
Solidariteit Lidmaatskap-app Die tweede app wat Solidariteit vrygestel het, was met ’n fokus op ons lede. Dié app, ook ’n eerste vir enige vakbond in Suid-Afrika, stel jou in staat om jou besonderhede te wysig, navrae te rig
Solidariteit Wêreld Solidariteit se webblad het hierdie jaar een van die grootste mylpale bereik. Solidariteit Wêreld is tans die sesde grootste Afrikaanse webblad in Suid-Afrika en het gedurende die laaste paar
www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
maande ʼn hele paar reuse in die Afrikaanse elektroniese sfeer verbygevat om hierdie plek in te neem. Die Wêreld is ʼn eenstopplek waar interessante artikels, raad en belangrike nuus gedeel word. Solidariteit-video’s Gedurende 2016/2017 het ons meer op video’s begin fokus. Solidariteit vernuwe graag en het hierdie behoefte in die elektroniese mediakultuur begin raaksien. Van 2017 se beste video’s wat ons verfilm het, was die rassismeveldtog-video, die lidmaatskapapp-video, ons jaarverslag-video, 13 korter insiggewende #BouSaam-video’s en dan natuurlik die groot #BouSaam-video waarin Armand Aucamp die ster was. Daar word deurlopend werk gedoen om ons huidige elektroniese platforms te verryk, te verbeter en te vergemaklik ten einde te verseker dat dit aan Solidariteit-lede en -ondersteuners se behoeftes voldoen. Solidariteit fokus daarop om ʼn toekoms vir ons lede te skep waar hulle vry, veilig en voorspoedig kan wees.
63
IN BEWEGING
“By ons is daar nie moedeloosheid nie, maar ENERGIE, want ons glo as jy twyfel oor die toekoms, dan BOU jy dit.” ~ Dr. Dirk Hermann ~
Twee reuse, twee dekades van bou
Foto: iStockphoto.com
F
lip Buys en dr. Dirk Hermann, onderskeidelik die voorsitter van die Solidariteit Beweging en bestuurshoof van Solidariteit, is albei reeds twee dekades verbonde aan die Solidariteit Beweging. Hierdie besondere mylpaal word gevier met ’n bundel, Vat jou goed en bou! Twintig jaar van Solidariteit, wat vroeg in November bekend gestel is. Die boek bevat ’n keur van hul artikels en bydraes wat in die afgelope paar jaar verskyn het. Die eerste afdeling is inderwaarheid ’n historiese oorsig. Flip en Dirk vertel hoe hulle betrokke geraak het by die Beweging wat in 1902 as ’n vakbond ontstaan het. Kenmerkend van daardie beginjare is die skeppende energie waarmee krisisse en struikelblokke telkens oorkom is. Daar is heel gepas ook ’n bydrae oor Melinda Janse van Rensburg, wat 28 jaar gelede as jong tikster by die destydse Mynwerkersunie begin werk het en reeds vir baie jare Flip se persoonlike assistent is.
64
Deur Karin Heydenrych
Die tweede deel van die boek is volgens verskillende hooftemas ingedeel. Gewigtige sake soos taal, identiteit, onderwys en misdaad word onder meer bespreek. Daar word verduidelik wat oikofobie, oikofilia en Zumafikasie is. ’n Interessante kykie agter die skerms word ook gegee oor Solidariteit se besoek aan die Verenigde Nasies om regstellende aksie in die werkplek onder hul aandag te bring. Dit is reeds talle kere bewys dat die krag van die individu sterker as die mag van die staat is. Daarom doen hulle met dié boek ’n beroep op almal om verby die doodloopstrate te kyk en saam te werk vir ’n beter toekoms. Die boek word op ’n “koninklike” noot afgesluit met die brief wat Dirk onlangs aan prins William, Britse troonopvolger, geskryf het. • Vat jou goed en bou! is deur Kraal Uitgewers uitgegee en is beskikbaar by die uitgewer se boekwinkel asook in Kraal se e-winkel (besoek www.kraaluitgewers.co.za). Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Van Wyk Louw se meesterstukke getoonset
D
ertien uitsonderlike toonsettings van die meesterdigter N.P. van Wyk Louw is nou beskikbaar op die sanger en liedjieskrywer Leon Gropp se nuutste album, Rooidag. Gropp het bekendheid verwerf as lid van die kitaarduo CH2. Sy fluweelstem, fyn aanvoeling vir die poësie en musikale talent wat uit elke noot van sy sielvolle kitaarspel vloei, verseker ’n diep en luisterryke album. Verskeie ander kunstenaars, insluitend Coenie de Villiers, Anna Davel en Christiaan Baartman, maak ook hul verskyning op Rooidag. Van Wyk Louw se bekroonde skryfwerk word as tydlose kuns beskou met ’n steeds uitsonderlike relevansie vir lesers van vandag. Gropp beskryf Rooidag soos volg: “Ek noem dit ’n hartsprojek omdat ek graag die nalatenskap van N.P. van Wyk Louw wil eer deur sy gedigte en prosa in musikale vorm vir mense te bring.” Gedigtoonsettings van verskeie van
Deur Ilze Nieuwoudt
N.P. van Wyk Louw Van Wyk Louw se bekendste en mees geliefde gedigte, soos “Grense”, “Daar is geen woord” en “Ons liefde is ’n uur se ydelheid” is op Rooidag ingesluit.
• Die album is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R150. Besoek Kraal se e-winkel by www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting of om ’n bestelling te plaas.
IN BEWEGING
Gé Korsten Die Helderberg
Santam Prof. Chris Barnard
Elisabeth Eybers Louis Trichardt
Franse Hugenote
JP Hoffman Vasco da Gama
Paul Kruger-kerk
Reis saam deur ons ryk geskiedenis Met die welverdiende Desember-vakansie net om die draai, maak die wêreld gereed vir die gebruiklike vakansiereise. In dié jaar se finale “Histories gesproke”-rubriek onderneem ons ook ’n reis – ’n historiese reis deur tyd. Ons vind meer uit oor enkele historiese hoogtepunte uit dié tyd van die jaar, skryf ILZE NIEUWOUDT. 10 jaar gelede Die geliefde Afrikaanse digter Elisabeth Eybers is op 1 Desember 2007 oorlede. Dié bekroonde skrywer het onder meer met die ontvangs van die Hertzog-prys in 1971 gesê: “Poësie is ’n eensame besigheid, maar dit het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring en om hul wesenlike verwantskap te bevestig.” 30 jaar gelede SAL Vlug 295, ook bekend as die Helderberg, met 140 passasiers en 19 bemanningslede aan boord, stort op 28 November 1987 neer in die Indiese Oseaan, sowat 250 km noordoos van Mauritius. Daar is geen oorlewendes nie.
eerste hartoorplanting op die 53-jarige Louis Washkansky uit. Hy ontvang die hart van Denise Darvall wat in ’n motorongeluk gesterf het. Hoewel die oorplanting as ’n sukses beskou is, was Washkansky se immuniteit verswak en hy sterf 18 dae ná die oorplanting aan dubbele longontsteking. 90 jaar gelede Die sanger, Gé Korsten, is op 6 Desember 1927 in Rotterdam, Nederland gebore. Hy immigreer op negejarige ouderdom saam met sy ouers na Suid-Afrika en begin reeds op 20-jarige ouderdom met sy operaloopbaan.
180 jaar gelede Die trekgeselskap van Louis Trichardt bereik op 30 November 1837 die kruin van die Drakensberg nadat hulle kort tevore 13 keer die Olifantsrivier oorgesteek het. Die sukkelende proses om die waens teen die berg af te trek in die rigting van Delagoabaai, begin die volgende dag. 210 jaar gelede Josias Phillipus Hoffman, die eerste president van die Boererepubliek van die Oranje-Vrystaat, is op 31 Desember 1807 in Stellenbosch gebore.
40 jaar gelede Op 6 Desember 1977 verklaar SuidAfrika Bophuthatswana onafhanklik. Die onafhanklikheid word egter deur geen ander land aanvaar nie.
100 jaar gelede Santam word op 5 Desember 1917 gestig toe C.G. Fichardt en vier ander besluit om ’n Afrikaanse maatskappy op die been te bring wat alle vorms van trustwerk en versekering kan hanteer.
330 jaar gelede Die eerste Franse Hugenote vertrek op 31 Desember 1687 aan boord die Voorschoten uit Delft na die Kaap. Die groep het uit 22 Hugenote bestaan.
50 jaar gelede Op 3 Desember 1967 voer Chris Barnard, bygestaan deur snydokters van die Universiteit van Kaapstad, die wêreld se
120 jaar gelede Die Gereformeerde Kerk in Pretoria, bekend as die Paul Kruger-kerk, word op Kersdag in 1897 ingewy.
530 jaar gelede Die Portugese ontdekkingsreisiger Vasco da Gama land op Kersdag 530 jaar gelede, in 1487, aan die oosgrens van Afrika en gee die plek die naam “Natal”, wat Kersfees beteken.
Bly regdeur die jaar op die hoogte van gebeure uit ons geskiedenis. Besoek Kraal Uitgewers (www.kraaluitgewers.co.za) se geskiedenisblad en kry so elke dag jou dosis geskiedenis! 66
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.
“
e Die konsert van die lew Die p. oo is wag nie. Die gordyne te om rol ʼn t he Jy musiek speel. ʼn is ar Da or. ho ge ʼn is speel. Daar is passies konsertmeester. Daar r om dit te de om uit te voer. En son nse. me op k pa weet, het jy ʼn im
“
Hier volg die nuus om sewe
Foto’s: Reint Dykema en iStockphoto.com
O
m op die kantlyn te bly sit wanneer ons skool konsert hou, is uit. Heeltemal uit. Elke siel word opgesweep in die stroom van opwinding waarmee die voorbereiding gepaard gaan. Wanneer dit oefentyd is, moet Jakob, die tuinier, sy graaf en kruiwa laat staan en agter die verhoog dinge kom help rondskuif. Die twee skoolsusters se kliniekdeur word toegetrek, want hulle het ook ʼn item. Die fisioterapeut neem stelling in by die saal se agterdeur. Die arbeidsterapeute is die verhoogbestuurders. Die juffrouens begin afbeweeg saal toe met stringe kinders wat agter hulle aantou. En die hoof speel nuusleser, want hierdie jaar se konsert heet “Die Sewe-uur Nuus”. Konsert-hou by ons skool is amper soos ʼn soort dwelm. ʼn Mens raak skoon hoog van euforie as jy sien hoe oulik ons kinders alle verwagtinge oortref. Ek verkyk my aan Theuns, ʼn serebraal gestremde seuntjie wat tydens die vorige konsert histeries van angs was, maar nou as ʼn donderwolkie op die maat van “Thunder” breed glimlaggend sy arms swaai. Ek voel lus om die jong juffroutjie met haar “McDonalds”-span ʼn staande ovasie te gee as sy daarin slaag om www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
haar energie en entoesiasme aan hulle oor te dra deur self in ʼn hansworspak deel te word van die item. Ek het binnepret as ek sien hoe hard die seuns in die rugby-item konsentreer om die bewegings wat hulle streng maar ervare juffrou vir hulle demonstreer, uit te voer. En keer op keer oorweldig emosie my as ons rolstoeldansers “You Raise me Up” opvoer. Konsert-hou is by ons ʼn yslike onderneming. ʼn Klomp van ons kinders het nie vervoer nie of is te arm om heen en weer te ry. Dus hou ons ʼn yslike oorslaap. Die skool word koshuis. Matrasse word op die klasvloere oopgegooi. Ons assistente speel ma of pa vir groepies kinders waarvan sommige in rolstoele of in doeke is. Almal word met groot liefde gewas, kos gegee en in die bed gesit. Vir twee dae werk, slaap en eet ons by die skool. Ons is verby moeg as dit klaar is. Maar oneindig ryker as vantevore. “This is my fight song, take back my life song,” sing ons koortjie. Met oorgawe demonstreer hulle aan die gehoor dat hulle nie terugstaan vir die uitdagings van die lewe net omdat hulle gestremdhede het nie. Hier is die nuusflits, die nuus om sewe: Elkeen is iemand. ʼn Rolstoel of ʼn sindroom of enige ander
persoonlike eienskap maak nie van enigiemand minder mens nie. Die Here Jesus sien jou. Hy vind vreugde in jou daarwees. Hy geniet jou soos jy is. Want Hy het jou so gemaak. Jy is uniek! Om op die kantlyn van die lewe te wil sit net omdat die lewe vir jou ʼn tafel vol uitdagings gedek het, is uit. Heeltemal uit. Die konsert van die lewe wag nie. Die gordyne is oop. Die musiek speel. Jy het ʼn rol om te speel. Daar is ʼn gehoor. Daar is ʼn konsertmeester. Daar is passies om uit te voer. En sonder om dit te weet, het jy ʼn impak op mense. Mense sien dat jy die lewe voluit leef – ten spyte van wat ook al. En hulle stap uit die konsertsaal met nuwe energie. Lyk dit moeilik? Moenie bekommer nie. Daar is ʼn skare rondom jou wat jy dalk nie altyd raaksien nie. Soos ons tuinier, juffrouens, assistente, terapeute en susters is hulle dalk onopsigtelik in swart geklee en smelt weg in die agtergrond of agter die gordyne. Maar die Here gee mense op jou pad wat jou dra, wat jou arms lig as jy self nie kan nie. Jy mag staatmaak op hulle. En jy mag staatmaak op Hom wat jou liefhet net omdat jy jy is. Dit is die nuus om sewe.
67
IN BEWEGING
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Chantel van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse en Ettienne Pio (litigant) • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville
KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572
BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
BOKSBURG Gibbs du Toit (litigant), Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Dana Viljoen (litigant), Fanie Vosloo en Hennie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
NEWCASTLE • • • • •
Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
CARLETONVILLE
Deon Viviers • Administratiewe beampte: Chanelle de Wet • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras
KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu
68
RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Eric Schoeman, Lucindi van Zyl ( junior litigant) en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336 of 014 592 1090 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg
SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda
VAALDRIEHOEK Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes, Jaco van den Berg en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark
Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
ELLISRAS
RICHARDSBAAI John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth
PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Helgard Cronje, Alfie Hoole, Sulize Esterhuizen, Rene Harmse, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Wynand Strydom en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig
WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Candice Gerber • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom
WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
FOKUS OP JOU
GESONDHEID
A shift in focus towards your wellness
W
ellness is a lifestyle of selfresponsibility, balance and personal development in all dimensions of one’s life. Solidarity is serious about the wellness of its members and goes to great lengths to assist them in maintaining this intrinsic
balance of wellness as far as possible. Solidarity feels so strongly about wellness that we even have a Wellness page on our website, Solidarity World. The page is crammed with tests, advice and recommendations on wellness and how to improve it. Your health has a huge impact on your work and daily way of life, and
Solidarity has been looking at every aspect of how a healthier you can function better at work and at home. Visit www.solidariteit.co.za not only to get an overview of your personal wellness, but also to keep abreast of medical legislation and news, and for interesting articles that will motivate you to live a healthier life!
Sooibrand: Alles wat jy moet weet Deur dr. Eugene Brink
S
Foto: iStockphoto.com
ooibrand is ʼn algemene spysverteringsimptoom wat voorkom wanneer maagsuur opdam of terugstoot tot in die slukderm, die buis wat kos van jou mond na jou maag vervoer. Dit veroorsaak ʼn pynlike, brandende gevoel in jou borskas of boonste deel van die maag en dit kan versprei na jou nek of keel, of selfs jou arms. Vroeë swangerskap, sekere kossoorte (veral groot maaltye), ʼn diafragmabreuk, alkohol en die newe-effekte van sekere medikasie kan sooibrand veroorsaak. Dit is ook ʼn teken van slegte spysvertering, wat deur stres of angs veroorsaak kan word. As jy meer as twee keer per week simptome het, het jy dalk gastro-esofagealerefluks-siekte (GORD), wat ʼn chroniese suurrefluks is wat kan lei tot komplikasies soos esofagitis (inflammasie van die slukderm), bloeding en vernouing van die slukderm en, hoewel selde, slukdermkanker. Wat is die simptome? Sooibrandsimptome sluit in: • ʼn suur smaak in die mond wat in die keel opkruip; • ʼn brandende sensasie in die bors nadat jy geëet het; en • pyn wat erger word as jy lê of vooroor buk. As die simptome erger word, moet jy jou dokter raadpleeg. Kyk uit vir die volgende: • sooibrand wat meer as twee keer per week voorkom; • sooibrand wat voortduur ten spyte van die gebruik van oor-die-toonbankmedikasie; • probleme om te sluk; • aanhoudende naarheid of braking; en • gewigsverlies as gevolg van swak eetlus of probleme om te sluk.
www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017
Wat is die behandelingsopsies? Sooibrand nou en dan is baie algemeen. Die meeste mense kan die ongemak met behulp van sekere middels, soos teensuurmedikasie, bestuur, of kan dit verbeter deur leefstylveranderings te maak. Probeer gerus die volgende leefstylveranderings: • Eet meer dikwels kleiner maaltye. • Moenie net voor slaaptyd eet nie. • Vermy alkohol, aspirien, ibuprofeen en kafeïen. • Hou op rook. • Lig die koppenent van jou bed of gebruik twee of drie kussings, sodat swaartekrag die suur in jou maag kan hou. Op dié manier kan jy refluks vermy. Daar is ʼn groot verskeidenheid oordie-toonbankmedikasie om van te kies. Teensuurmiddels kan gedrink word ná maaltye, met slaaptyd of wanneer dit nodig is om
die oortollige suur in die maag te bind en ʼn beskermende lagie in die slukderm te vorm.. Kan dit voorkom word? ʼn Aanpassing van jou dieet kan doeltreffend wees om sooibrand te keer, omdat sekere kossoorte en dranke sooibrand kan vererger. Dit sluit in: • alkohol, wat die onderste esofageale sluitspier laat ontspan; • koffie en lemoensap, plus ander suurvormende sappe, wat sooibrand kan erger maak of aan die gang sit; en • vetterige kos, gebraaide kos, en sekere suurvormende kossoorte (lemoene, pomelo’s, tamaties) asook gespeseryde kos. Jy kan oor-die-toonbankmedikasie gebruik voordat jy eet om sooibrand te voorkom. Die vermyding van alkohol en tabak kan ook help om simptome te voorkom.
69
FOKUS OP JOU
GESONDHEID
Vista pak gemoed positief, prakties
O
or die jare het positiewe sielkunde sterk klem geplaas op die manier waarop ’n positiewe gemoed algemene welstand kan bevorder. Dit het Vista Kliniek aangespoor om die Happiness HELPSveldtog te ontwikkel as ʼn wyse om emosionele welstand by pasiënte te verbeter. Die oogmerk met die veldtog is om geestesgesondheid te bevorder en die simptome van depressie te verlig. Die Happiness HELPS-konsep bestaan uit ʼn stel praktiese daaglikse aksies om die negatiewe emosionele uitwerking van depressie en angs die hoof te bied. Die akroniem “HELPS” bied ʼn maklik verstaanbare gids wat oud en jonk kan gebruik om hul geestesgesondheid op te bou en te handhaaf. HELPS staan vir: • Help others (Help ander) • Exercise (Oefen) • Learn (Leer) • Play (Speel) • Spiritual growth (Geestelike groei) Die pret het begin toe dit tyd geword het om hierdie aspekte te implementeer. Elke letter van die akroniem is weekliks saam met temagebaseerde bedrywighede deur die hele Vista Kliniek gebruik. Help others (Help ander) Daar word dikwels gesê dat dit beter is om te gee as om te ontvang. Dit is geen geheim nie dat ʼn mens beter voel oor jouself en die wêreld wanneer jy iets goeds vir iemand anders gedoen het. In die proses om ander te genees, genees jy jouself. Gedurende die eerste paar weke van Vista se veldtog het die verskillende afdelings van die kliniek hierdie tema uitgeleef deur ander mense op talle maniere te help, soos om hulle te help om die dinge te waardeer wat hulle as vanselfsprekend aanvaar.
Vista bied nou ook ʼn Werknemerswelstandsprogram (EAP) vir maatskappye wat ernstig voel oor die welstand van hul werknemers. Ons het soveel om voor dankbaar te wees. Wanneer ons ander help wat minder as ons het, dan sien ons eers hoeveel ons regtig het. Exercise (Oefen) Baie mense meen dat oefening slegs uit liggaamsoefeninge bestaan, maar dit is nie so nie. Hoewel liggaamsoefeninge belangrik is, moet ons ook ander aspekte van ons lewens in rat kry, soos om minder tegnologie te gebruik. Kommunikeer dus van aangesig tot aangesig eerder as om ʼn SMS of ʼn e-pos te stuur. Learn (Leer) Leer elke dag iets nuuts, want dis hoe die brein aktief bly. ʼn Gees wat positief ingestel is, bevorder ʼn positiewe luim. Raak betrokke by aktiwiteite wat die verstand stimuleer, soos Sudoku of woordspeletjies. In die gees van hierdie tema het ʼn paar Vista-personeellede selfs geleer hoe om mense in al 11 amptelike tale te groet!
Play (Speel) Ons moet tyd maak om te speel en pret te hê ten einde gebalanseerd te kan leef. Maak ruimte in jou dag vir speelse elemente soos om jou duimdrukkers in oulike patrone te rangskik. Wat jy ook al kies, onthou gerus die wyse woorde van George Bernard Shaw: “Ons hou nie op speel omdat ons oud geword het nie; ons word oud omdat ons ophou speel.” Spiritual growth (Geestelike groei) Ten einde die laaste letter van die HELPSakroniem te vier, het Vista ʼn week van geestelike groei gereël waartydens pastoor Hein von Hörsten daagliks inspirerende preke vir die personeel aangebied het. Hoe kan jy geestelik groei? “Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie.” (Psalm 103:2 [OAV]). Sommige mense teken hul daaglikse seëninge sommer direk in hul Bybel aan. Ons dink dit is ʼn goeie gewoonte.
Foto: iStockphoto.com
Puik pasiëntgesentreerde gesondheidsorg
70
Vista is al 30 jaar lank besig om mense soos jy te help genees. Van ons personeel tot ons tegnologie en ondersteuningsnetwerk – alles draai om jou genesing en gemak. By Vista Kliniek werk ons saam om seker te maak dat jy die middelpunt is van alles wat ons doen. Vista Kliniek is deel van die wêreldwye Adventist Health Care-netwerk, die
naasgrootste gesondheidsorgverskaffer ter wêreld. Met 158 beddens is Vista Kliniek een van die grootste privaat psigiatriese hospitale in Suider-Afrika. Bedrewe en goed opgeleide psigiatriese verpleegpersoneel verskaf puik pasiëntgesentreerde gesondheidsorg aan pasiënte in agt sale.
Gemoeds- en angsversteurings asook depressie, bipolêre aandoenings en posttraumatiese stres kom die meeste onder Vista se pasiënte voor. • Vir meer inligting oor Vista Kliniek en die Happiness HELPS-veldtog, besoek die webtuiste www.vistaclinic.co.za of die blog www.mindfulmoment.co.za
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
FOKUS OP JOU
GESONDHEID
Betroubare mediesefondsadvies vir lede
O Foto: iStockphoto.com
m ’n mediese fonds of gapingsdekkingsproduk te kies, of om van versekeraar of skema te verwissel, is ’n moeisame en ingewikkelde proses met verskeie reëls en voorwaardes wat geld. ’n Geakkrediteerde adviseur kan jou help om die proses pynloos te maak, teen geen bykomende koste nie. Solidariteit Finansiële Dienste het met die makelaarshuis Tendahealth ’n samewerkingsooreenkoms gesluit om mediese en verwante dienste aan lede van die Solidariteit Beweging te bied. Tendahealth het ’n ooreenkoms met Solidariteit in plek waarvolgens ’n gedeelte van die gereguleerde kommissie wat deur mediese skemas aan Tendahealth betaal word, teruggeploeg word in die Solidariteit Beweging.
TENDAHEALTH IS NIE ’N MEDIESE FONDS NIE, maar is ’n tussenganger wat by verskeie mediese fondse gekontrakteer is om hul produkte en dienste aan lede te kan bied. Lede van die Beweging wat dus Tendahealth nader om as hul adviseur op te tree, kry toegang tot ’n verskeidenheid van dienste, insluitend advies oor watter medieseskemaen gapingsdekkingsproduk die geskikste vir hul spesifieke medieseskemabehoeftes sal wees. Tendahealth het ooreenkomste met die grootste en mees bekende mediese skemas en versekeringshuise. Geakkrediteerde advies Adviseurs moet aan verskeie wetlike vereistes voldoen alvorens hulle adviesdienste kan lewer. Dit sluit in formele eksamens in
Solidariteit Finansiële Dienste ʼn Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
72
Solidariteit Finansiële Dienste
versekeringswette wat hulle moet slaag en verdere opleiding in finansiële dienste wat hulle moet deurloop. Ten einde ’n mediese skema se produkte te kan aanbied, moet ’n adviseur ook ’n formele ooreenkoms met die skema in plek hê en produkopleiding ondergaan. Adviseurs is voorts verplig om aan kliënte alle beskikbare opsies aan te bied en voorwaardes en bepalings uit te wys wat die kliënte in staat sal stel om ingeligte besluite te neem. Kliënte betaal nie vir hierdie dienste nie. Die mediese skema betaal wel kommissie aan die adviseur vir nuwe besigheid. Dié kommissie word ook gereguleer. Tendahealth is geakkrediteer om bogenoemde dienste te lewer. • Skakel 0861 101 005 of stuur ’n e-pos na navrae@tendaonline.co.za om van hierdie dienste gebruik te maak.
Tendahealth (Edms.) Bpk., Reg. No. 2012/105834/07 Tendahealth is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste (FSP-nommer: 44680) RMS-akkreditasie: ORG.4268
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
aksentmedia.co.za
Gapingsdekking vir in-hospitaal-tekorte wat nie deur jou mediese skema gedek word nie SMS “MEDGAP” na 43366 en ontvang onmiddellike advies! SMS’e kos R1. Gratis minute geld nie. Standaardnetwerktariewe is van toepassing.
Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 15556
Onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Limited
‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 47470
FOKUS OP JOU
GESONDHEID
Medihelp: bestendig, bekostigbaar
Foto: iStockphoto.com
M
74
edihelp, een van die grootste mediese skemas in SuidAfrika wat sy eie administrasie behartig, het ’n gemiddelde ledegeldstyging van 7,6% vir alle opsies vir 2018 aangekondig, met verskeie opwindende voordeleverbeterings. Dis daarop gemik om meer waarde, groter buigsaamheid en keuse vir lede te bied. Medihelp fokus die afgelope drie jaar reeds daarop om bestendigheid te behou, deurlopend meer waarde toe te voeg en om ’n mededingende produkreeks wat vertroue inboesem aan Medihelp-lede en die mark te bied. Die skema het een van die laagste premiestygings vir 2018 aangekondig, wat toegeskryf kan word aan ’n merkbare verbetering in gebruikstendense, beter retensie van kliënte, netto organiese groei danksy ’n geïntegreerde bemarking- en verkopestrategie met ’n mededingende produkaanbieding wat deur adviseurs ondersteun word, asook doeltreffende gesondheidsbestuursinisiatiewe. Medihelp se tien voordele-opsies is ontwerp om by verskillende leefstyle en gesondheidsprofiele te pas. Dit sluit in die Dimension Prime 1-hospitaalplan wat uiters mededingend is en ’n gewilde keuse bly vir mense wat ’n bekostigbare gesondheidsorgoplossing soek. Dié opsie bied aan byna 49 000 lewens die versekering dat hulle
gedek is vir privaat hospitalisasie en sekere dagtot-dag- mediese uitgawes. Die opsie bied ook voordele vir 12 swangerskapkonsultasies, twee 2D-sonars en twee konsultasies vir babas bo en behalwe die ander versekerde voordele vir voorkomende sorg. Lede betaal 22% minder aan premies indien hulle die netwerkalternatief kies, wat uit 108 gehalte privaat hospitale bestaan. Medihelp het twee spaarrekeningopsies. Dimension Prime 2 bied ’n nienetwerk-opsie en ’n netwerkalternatief met ’n 22% laer premie en gebruik dieselfde hospitaalnetwerk as Dimension Prime 1. Die opsie bied ook versekerde voordele vir voorkomende sorg. Dimension Prime 2 sal in 2018 ’n 15%-spaarrekening bied en buiten die versekerde voordele vir voorkomende sorg sal die voordele vir swangerskapkonsultasies verhoog van ses na agt. Die innoverende Unify-spaaropsie is in 2016 bekendgestel en het ’n 25%-spaarrekening wat rente verdien en ruim dekking vir ander mediese uitgawes bied. Buiten ’n nuwe voordeel vir dieetkundiges is Unify se bestaande voordele vir voorkomende sorg ook uitgebrei om in 2018 bykomende versekerde voordele te bied vir griep- en tetanusinentings. Dimension Prime 3 is Medihelp se vlagskipopsie en is een van net ’n paar opsies in sy klas wat kon groei ten spyte van die skuif na
basiese opsies in die mark. Die opsie bied ook ’n netwerkalternatief teen 20% laer ledegeld. Die opsie se versekerde dag-tot-dag voordele is aangepas vir 2018 om groter waarde en buigsaamheid te bied. Met Medihelp se Dimension Prime-opsies betaal lede net vir die eerste twee kinders jonger as 18 jaar, terwyl die res gratis dekking geniet. Kinders betaal ook die ledegeld vir kinderafhanklikes totdat hulle 26 jaar oud is op die Dimension-reeks en die Unify-opsie. Medihelp bied ook ’n inkomstegebaseerde netwerkopsie, Necesse, wat omvattende dekking deur ’n netwerk van verskaffers bied. Voltydse studente kan by Necesse aansluit en mediese dekking teen minder as R500 per maand geniet. Medihelp gee aan sy lede die versekering van 112 jaar se ervaring en die gemoedsrus dat hulle deel is van een van die grootste oop mediese skemas in Suid-Afrika. Medihelp spog met ’n AA- gradering deur Global Credit Rating vir sy eisebetalingsvermoë en ’n solvensievlak bo 28% wat die vereiste vlak van 25% oorskry. Medihelp-lede se dienservaring het ook met 2,6% verbeter soos blyk uit Consulta se kliëntetevredenheidsopname vir 2017. Met ’n mededingend produkreeks, finansiële bestendigheid en goeie diens sien Medihelp uit na die uitdagings wat 2018 bied.
Uitgawe 6 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Deel van die Solidariteit Beweging