Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 van 2017

Page 1

IN BEWEGING

MAROELA MEDIA

TROEF MEDIAREUSE MET DIE MEESTE BESOEKERS

FOKUS OP

OPLEIDING Bladsy 65 – 75

ONS WERK VIR DIE VOLGENDE GESLAG, NIE DIE VOLGENDE VERKIESING

NOMMER 2 VAN 2017 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede 9 771683 562000

SELEKTIEWE RASSISME • • • •

I SSN 1683562 -X

STOP RASSISME-VELDTOG SPORTKWOTAS GEPAK SAPD-LID NIE GESTRAF DUBBELE STANDAARDE ONTBLOOT KAAL KEISER www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

#BouSaam

SÓ BOU BEWEGING AAN DIE TOEKOMS BEMAGTIGING, BESKERMING, OPHEFFING, OPLEIDING1



Plaas jou KOSBARE RANDE

in die REGTE HANDE Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

01 BELEGGINGS > aftrede > effektetrusts > buitelandse beleggings

05

02

MEDIESEFONDSADVIES EN -PRODUKTE > Professionele advies > Mediesefondsopsies > Gapingsdekking

MOTOR- & HUISINHOUDVERSEKERING > brand > diefstal > ongelukskade

Skakel ons vandag!

0861 10 10 05

03

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES > ontledings > oplossings > produkte

REGSHULPVERSEKERING > 24 uur telefoniese regsadvies > Toegang tot prokureur (limiete geld) > Borgdekking

aksent media

04

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

0861 10 10 05

www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG 10 12 13 14 14 15 16 18 18 20 21 21 22 24 25

Stop rassisme, selektiewe hantering daarvan Minderhede moet geweeg, nie getel word #BouSaam: Kom ons verwag meer van onsself Strafhof: Staat kort nou morele U-draai ANC burying its head in the sand about problems Union wins first round for recognition in SAPS Skryf dít: “Sies, jou swart rassis!” AfriForum verdoem dubbele standaarde oor rassisme Solidarity’s legal battle against sport quotas Werknemersvertroue taan steeds, wys indeks Motsoeneng trap hof se drumpel deur Regstellende aksie nog ‘n hou toegedien Maroela skop stof in hoofstroommedia se oë Leerders presteer, maar wiskunde bly krisis Godsdiens in skole: Wat sê jy?

NOMMER 2

inhoud VAN 2017

1,6 MILJOEN BESOEKERS!

MOEWIESE MYLPAAL VIR MAROELA MEDIA

8

spreekBuys

BEDRYFSNUUS 26 27 27 27 28 29 30 30 32 32 34 35 35 36 37

Steun Ons Staal-veldtog skep hoop vir bedryf Balancing health, safety, production and efficiency Stewige verhogings vir lede by Netcare Ouer bevolking plaas druk op die ekonomie Mynsterftes hoog weens swak oordeel Raskwotas: Verontregte DKD-lid aangestel Bellville-dienskantoor doelgerig en positief Suid-Afrika se rykstes se rykdom neem toe Port Elizabeth-kantoor loop die ekstra myl Richardsbaai-kantoor pak uitdagings vreesloos SAPD, staatsdiens – geleentheid vir vakbond SAPD tree weer nie op teen rassistiese werknemer Solidariteit skep tuiste vir staatsdienswerknemers Jy & die reg: “Prosedurele billikheid” tydens verhore Veiligheidsberaad: Saamstaan nodiger as ooit

IN BEWEGING 40 42 43 44 48 49 50 51 52 54 55 56 58 60 61 62 63 64

Groot krag opgesluit in klein aksies “Haatspraak”-wetsontwerp kry groot teëstand Só reik duisende vrywillige hande uit Kop tot tone ‘n Helpende Hand-kleuter Balans die sleutel tot ‘n beter lewe Akademia ken eerste BCom-grade toe Balancing professionalism and friendship Wen kontantprys met jou balanswenk! Dis dán wanneer ons oor ons eie voete val – Chris Chameleon Nuus en soveel meer (gratis) in Afrikaans Die waarheid: Web wemel van wolhaarstories Balans tussen ryplesier en aftreeplesier Sakke propvol voordele vir ons lede Tablette – hedendaagse fopspeen? Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Jakarandastad en sy talle forte Gesogte toekenning vir historikus vir taalbydrae Geduld tot die bamboes lote begin uitstoot

OPLEIDINGSFOKUS 65 66 68 70 71 72 74

Loopbaansukses deur lewenslange leer Foto’s ‘n taal wat almal kan verstaan Wêreldklasopleiding in Afrikaans by Aros Sol-Tech-studente lééf resep vir prestasie Sol-Tech kraai koning met (jolige) vlot Akademia: Kort geskiedenis, groot erfenis Só veg Solidariteit vir moedertaalonderrig

Só lyk Beweging se planne “ʼn Boer maak ʼn plan,” het die oumense gesê. Maar net een plan is nie genoeg om die verval in Suid-Afrika te stuit nie. Die Solidariteit Beweging glo dat eenheid moontlik is as daar ruimte vir veelheid is, as almal begin moue oprol, saamstaan en bou pleks van breek, skryf FLIP BUYS.

“Sies, jou swart rassis!” Daar word geargumenteer dat swart Suid-Afrikaners nie rassisties kan wees nie. Tog is dié keiser kaal! Wat doen ’n mens met al die inskrywings van swart-op-wit-rassisme wat op Facebook en Twitter verskyn en wat ons so gereeld sien? Daar is talle dinge wat ons kan én moet doen. Die minste wat jy moet doen, is om in dik, swart letters te skryf: “Sies, jou swart rassis!” skryf dr. Dirk Hermann.

16

FOKUS OP OPLEIDING Die Beweging het verlede jaar sy “Helpmekaar 2020”-vyfjaarplan van stapel gestuur, en onderwys en opleiding is een van die talle broodnodige boustene hiervan.

65



Redakteursbrief ‘n Lewe in ewewig

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

S

o is die eerste kwartaal van die jaar reeds verby! Waar gaan die tyd met ons heen? As jy jou oë uitvee, het jy steeds nie een netbalwedstryd by die skool gaan kyk soos jy jou dogter belowe het nie. Jy wou die tuin self takel en regruk, want dit laat jou ontspan, maar elke naweek is volgepak met ander verpligtinge. En jy wou eintlik nog gaan visvang het saam met die manne, want jy sien hulle nooit nie. Balans in die lewe is van kardinale belang, want jou gesin, werk, geloof, sport, ontspanning, sosiale lewe – kortom, alles waaroor jy sterk voel – is deel van wie jy is, en moet genoegsame aandag ontvang dat jy ʼn gesonde lewe kan hê. Die balans tussen hierdie dinge is nie die enigste balans wat ons nodig het nie – balans in die land en balans van regte is net so belangrik. Kyk hoe mooi verduidelik die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) wat ʼn ewewig van balans is: “Rus deur gelykheid van gewig weerskante van die balans of deurdat die kragte wat op ʼn liggaam inwerk, mekaar ophef”. Ons moet ons gewig gebruik om balans te verseker, en mekaar ophef deur op mekaar in te werk.

Flip Buys sê altyd die Afrikanerminderheid moet sy gewig laat geld, nie sy hoeveelheid nie: As ons na getalle kyk, sal ons altyd te min wees, maar as ons onsself ten volle laat geld deur ons vermoëns, sal ons gewig baie meer tel as ons hoeveelheid. Dit is waarom hierdie uitgawe aan balans toegewy word. Nie net om jou gesins- en werklewe te help balanseer nie, maar om jou ʼn gebalanseerde weergawe van inligting oor die situasie in ons land te bied. Inligting wat nie skeefgetrek word deur persoonlike gewin nie. Ek lig graag twee van die onderwerpe uit wat in hierdie uitgawe onder die loep kom. Vanaf Mei 2017 fokus Solidariteit daarop om verder uit te bou. Ons het verlede jaar afgeskop met die #OnsBou-veldtog en die gedagte dat daar iemand of ʼn instelling is wat bou aan ʼn toekoms, het die publiek ongelooflik positief beïnvloed. Vanjaar wil ons voortgaan hiermee en ʼn oproep doen op lede van die publiek om saam met ons te bou. Met hierdie doel voor oë het die veldtog #BouSaam die lig gesien. Die ander kwessie wat in hierdie uitgawe aandag geniet, is die selektiewe hantering van rassisme. Die Solidariteit Navorsingsinstituut

Happiness is no ta but of balance, ord matter of intensity er, rhythm, harm ony. ~ Thomas Merto n~

(SNI) het ʼn verslag wat hierdie bewerings ondersteun in April bekendgemaak. Die verslag, Rassisme, haatspraak en dubbelstandaarde: geensins ‘n eenvoudige swart-en-wit-saak nie, sal bespreek word. Daarbenewens is dit ook vir my ʼn voorreg om met jou te deel dat hierdie uitgawe ook die 90ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif is. Met meer as 230 000 lesers is Solidariteit Tydskrif vandag die grootste arbeidstydskrif in Suid-Afrika en boonop talle ander soortgelyke tydskrifte in Suid-Afrika ver voor, omdat dié spogproduk ook aanlyn, per e-pos én op Solidariteit se app gelees kan word. Ek wil dankie sê aan elke leser wat die afgelope 15 jaar getrou die besonderse pad van groei saam met ons deurgemaak het. Ons sien uit daarna om die volgende 90 uitgawes met u hulp, selfs groter en beter aan te pak.

Cilleste CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR


Seepkis

Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za

“No race can monopolise capital” The call for radical economic transformation has grown louder following President Jacob Zuma’s 2017 State of the Nation Address. Accompanying these calls is a line of argument that says WHITE MONOPOLY CAPITAL is to blame for the fact that the majority of black South Africans remain marginalised from the mainstream economy 22 years after apartheid ended. See what our Facebook readers had to say about this: Hermann de Lange: Goed, vir 22 jaar dwing regstellende aksie wit mense om nie te mag werk nie, so wit mense het met talle nuwe oplossings vorendag gekom om daarby verby te kom. Sodoende het klein besighede soos paddastoele opgeskiet. Tier Ru: The truth is, capital has no colour or political affiliation. Thus no race or person can ever monopolise it. As such this “white monopoly capital” talk is a fabrication. Annetjie Bester le Grange: White monopoly capital is the ANC’s new “slogan” to hide their corruption and thievery from the masses. So easy to always blame somebody else. You cannot run South Africa. The poor are suffering under your leadership, Mr Jacob Zuma! Pay back the money! The same goes for your cabinet and the Gupta’s. Gerhard Bronkhorst: The ANC has reached its expiry date. Blaming everything and everybody around them except themselves. With Zuma and his friends in charge things will only become worse.

Erna Doman De Villiers: Wit mans moes noodgedwonge broodwinners word of hul eie besigheid begin of van die huis af werk. So dis alles julle eie skuld dat hulle beter af is. Nou is julle jaloers en laat dit ʼn les wees. Marah Van Wyk Oosthuizen: Is dit nou ons skuld dat die meerderheid net wag vir handouts en niks wil doen nie? James Moulder: While Zuma is leading... no, no, not leading, filling his chair, nothing will change. Tommy Carstens: Of dit nou ʼn individu of ʼn groep mense is – jy kan nooit gelukkig wees as jy nie ʼn rede soek nie. As jy in die verlede lewe, gaan jy nie vorentoe kan gaan nie. Frik Dörfling: Soos die Engelse spreekwoord sê: “You can’t keep a good man down”. Hulle moet besef hulle moet met ons saamleef, uit en klaar. Roger Rothner: Zuma keeps the poor poor to stay rich in power.

Solidariteit Solidarity SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – Tel: 082 352 7147 E-posadres: denise@solidariteit.co.za Colette Schultz – Tel: 082 331 8406 E-posadres: colettes@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree, Dawid Brand INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Alana Bailey, Johan Böning, Estella Boshoff, Wilmarie Brits, Flip Buys, Leandré Buys, Chris Chameleon, Lindie de Beer, Deon de Jager, Gideon du Plessis, Dirk Hermann, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Paul Mardon, Philip Minnaar, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Francois Smit, Cilleste van Dyk, Marlien van der Westhuizen, Suné van Heerden en Rozier van Tonder. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

MENINGSPEILING DINK JY DIT IS NODIG OM ‘N BALANS IN JOU LEWE TE HANDHAAF?

a Ja, al die fasette van ʼn mens se lewe het genoegsame aandag nodig. b Ek weet nie, ek hanteer die verskeie fasette in my lewe soos dit nodig is. c Nee, balans is nie nodig om die verskeie fasette in jou lewe te bestuur nie.

Foto’s: iStockphoto.com

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

HELP ONS OM VRY, VEILIGE EN VOORSPOEDIGE TOEKOMS TE BOU! Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Soli­dariteit se vriendelike diens­sentrum­agente sal jou terugskakel en jou vinnig help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34802 te stuur. SMS’e kos R2. Ons be­skerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! Verander jou adres by diens@solidariteit.co.za.

www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

Tel: 082 445 4513 | aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

Solidariteit Beweging

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

7


spreekBuys

Eenheid te midde van veelheid moontlik

Só lyk Beweging se planne “ʼn Boer maak ʼn plan,” het die oumense gesê. Maar net een plan is nie genoeg om die toenemende verval in Suid-Afrika te stuit nie. Tog glo die Solidariteit Beweging dat eenheid moontlik is as daar ruimte vir veelheid is, as almal begin moue oprol, saamstaan, bou pleks van breek, skryf FLIP BUYS.

S

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

olidariteit kry daagliks oproepe met voorstelle wat aan al die krisisse gedoen kan word, maar dit is nie maklik in ʼn land waar so baie van wat opgebou is, verval nie. Regeringsbeleid het die staat só verswak dat die staatsdiens nie meer sy basiese funksies kan of soms wil verrig nie. Die vlaag misdaad en swak munisipale dienste is maar net voorbeelde van die groter probleem. Daarom is ons groot uitdaging om “staatsdienste” sonder staatsinkomste, staatsmagte en ’n staatsdiens te lewer. Behalwe hierdie probleme wat almal in die land knel, ly minderheidsgemeenskappe soos Afrikaners, wit mense en bruin mense, al meer onder ’n regering wat al meer téén ons regeer. Daarom moet Solidariteit ook aandag gee aan hierdie probleme, om te verhinder dat mense landuit gedryf word en permanent vir SuidAfrika verlore gaan. ’n Plan moet groter as die probleem wees om te kan slaag, én dit moet vinniger uitgevoer word as wat die probleem groter word. Dit beteken dat Solidariteit en die Solidariteit Beweging vinniger moet opbou as wat dinge verval, en dit is nie so maklik nie. Die verval in die land het nie per ongeluk gebeur nie. Dit is die gevolg van jarelange toegewyde wanbestuur en harde nikswerk deur die president en sy lui luitenante. Eenheid deur veelheid Die vraag is wat Solidariteit en die groter

8

Solidariteit Beweging hieraan doen? Soos reeds gesê, is een plan nie goed genoeg nie. In ’n ander land is die probleem byvoorbeeld net polities van aard en kan dit met een politieke plan by die volgende verkiesing opgelos word. Maar ons probleme is ingewikkelder en daarom moet ons alle moontlike planne maak én uitvoer, al besef ons dat nie een op sy eie kan werk nie. By Solidariteit aanvaar ons ook dat almal nie met alles saamstem nie en daarom kan ons nie net een groep se plan uitvoer nie. Ons moet al die ander ook toets. Natuurlik besef ons dat almal nie alles ondersteun nie, maar eenheid is slegs moontlik as daar ruimte is vir veelheid. Daarom is ons planne omvattend en maak dit voorsiening vir ’n wye verskeidenheid menings. Dit is die rede hoekom ons pleit vir geduld met verskille. Moenie dít teenstaan waarmee jy nie saamstem nie. Dit waaroor ons verskil hoef ons nie te verdeel nie. Kom ons fokus eerder op dít waaroor ons saamstem as dít waaroor ons verskil. Ons is ook nie so goedgelowig om te dink dat net een plan, soos ’n gesprek met die regering of ’n hofsaak of drie, ons probleem gaan oplos nie. Dit beteken egter nie dat ons dit nie moet doen nie, want die samelopende uitwerking van al die planne waarmee ons besig is, sal uiteindelik saam die gewenste uitwerking hê. Daarom kan ons planne in ’n neutedop soos volg opgesom word:

1. Skakeling met staat, politieke partye Ons beleid was nog altyd om met alle partye te praat, maar ons aan niemand te verbind nie. Dit is so dat gesprekke met die nasionale regering nog geen uitwerking gehad het nie, maar ons het wel al baie welslae gehad in gesprekke met stadsrade en plaaslike owerhede. Ons mag onsself nie isoleer nie, maar moet sorg dat die regering ook ons lede se stem hoor. Solidariteit doen gereeld parlementêre voorleggings oor sake wat ons lede raak, wat wissel van pensioenwetgewing en rassediskriminasie tot die nasionale gesondheidstelsel. 2. Kontak met staatsdepartemente Ons lede is hardwerkende belastingbetalers en die staatsdiens moet vir almal in die land werk, nie net vir die regering nie. Daarom skakel ons gereeld met staatsdepartemente oor ’n wye spektrum sake, van die gevaar van werkverliese weens Chinese “dumping” tot gesprekke met die polisie oor korrupsie en misdaad. 3. Selfhelpinstellings As die regering ons nie wil help nie, help ons mekaar. Daarom het ons oor die jare ’n netwerk selfhelpinstellings opgebou om noodsaaklike dienste aan ons ledegemeenskap te verskaf. Hierdie dienste wissel van opleiding tot bystand aan skole, veiligheid deur buurtwagte, verbetering van munisipale dienste en die bevordering van Afrikaans. Staatsafhanklikheid is ’n doodloopstraat. Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


SPREEKBUYS

FLIP BUYS is voorsitter van die Solidariteit Beweging

Ons pleit vir GEDULD met verskille. Moenie dít teenstaan waarmee jy nie saamstem nie. Dit waaroor ons verskil hoef ons nie te verdeel nie. Kom ons FOKUS eerder op dít waaroor ons SAAMSTEM as dít waaroor ons verskil. Daarom bewerk ons groeiende selfstandigheid, wat net so vinnig groei as wat ons organisasies groei en wat ons gemeenskapsteun kry. Ons ervaring is gelukkig dat gemeenskapskrag sterker is as staatsmag. 4. Hofsake Ons beskerm ons lede se regte deur as ’n laaste uitweg, wanneer gesprekke nie uitwerk nie, hof toe te gaan. Hoewel ons nie deur die howe die groter probleem kan oplos nie, wen ons steeds 87% van lede se sake. Ons raak wel bekommerd oor politieke invloed in sake wat oor eiendomsreg, ras, taal en kultuur gaan. Die uitdaging is dat hoe meer die regering en die staat verswak, hoe meer sake in die howe land. Die howe kan egter net uitsprake gee en is nie ontwerp of gerat om die staat se werk te kan doen nie. 5. Grondwetlike instellings Daar is verskeie grondwetlike instellings wat daargestel is om bepaalde belange te bevorder. Dit geld instellings soos die openbare beskermer, die ouditeur-generaal, die Menseregtekommissie, die kommissie vir die beskerming van mense wat aan taal, kulturele of godsdienstige gemeenskappe behoort, en die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad. Hoewel sekere grondwetlike instellings soos die openbare beskermer onder advokaat Thuli Madonsela goed gewerk het, is verskeie ander disfunksioneel, gekoöpteer deur die regering of dien hulle bloot dieselfde ideologie. 6. Openbare deelname Solidariteit word gereeld uitgenooi om aan openbare forums deel te neem waar ons die geleentheid gebruik om ons lede se saak www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

te stel. Dit sluit in forums wat probeer om werkgeleenthede in die staalbedryf te red of arbeidsonrus in myne te hanteer, of gesamentlike aksies om ’n ekonomiese afgradering te probeer keer. Daarmee saam word van ons lede verkies tot openbare instellings soos skoolbeheerliggame, universiteitsrade, Seta’s, pensioenfondstrustees of die direksies van mediese skemas. 7. Samewerking Omdat ons besef dat ons nie alles alleen kan regkry nie, is samewerking deel van ons planne. Dit geld samewerking met maatskappye of ander vakbonde om werkomstandighede te verbeter, beroepsveiligheid te bevorder, poste te red, of enige ander vorm van samewerking. Vennootskappe oor grense en brûe bou na ander gemeenskappe vorm deel hiervan. So help ons staatsverval keer en word rassebetrekkinge en goeie verhoudinge bevorder. 8. Onderhandeling Solidariteit het ’n kundige span onderhandelaars wat namens ons lede met talle werkgewers onderhandel oor salarisse, diensvoorwaardes en ander sake wat ons lede raak. 9. Openbare mening Die openbare mening is belangrik, omdat dit uiteindelik bepaal wat in die land gebeur. Daarom doen ons navorsing en skakel met die media om ons standpunte oor die belangrikheid van gelyke geleenthede, ’n vrye ekonomie, die oppergesag van die reg en eiendomsreg oor te dra. 10. Opboukultuur Ons antwoord op die afbreekkultuur wat op talle plekke posgevat het, is om op te bou en

’n opboukultuur te bevorder. Ons glo dat geen prestasie nog ooit bereik is deur af te breek nie, maar wel deur op te bou. 11. Buiteland Buitelandse skakeling en steunwerwing raak al meer belangrik namate dinge in die land al slegter gaan. Buitelandse druk is in ’n geglobaliseerde wêreld baie belangrik, omdat regerings nie meer kan doen wat hulle wil nie. Dit is wel ’n uitgerekte proses wat nie vinnige oplossings bied nie, maar dit bly belangrik dat die buiteland bewus is wat aangaan en dat ons buitelandse ondersteuning werf en druk op die regering plaas. 12. Grondwetlike kulturele vryheid Suid-Afrika se Grondwet maak voorsiening vir omvattende kulturele vryheid van kultuurgemeenskappe, wat selfs alle vorme van selfbeskikking insluit. Hierdie vryheid word in die Handves van Menseregte verskans en geld ook vir Afrikaners en minderheidsgroepe. Dit is so dat die huidige magshebbers enige vorm van kulturele vryheid teenstaan, wat gewoonlik daarop dui dat dit al hoe belangriker gaan word. Demokrasie sonder kulturele vryheid is net vryheid vir die meerderheid. Terselfdertyd wys die geskiedenis ook dat waar minderhede nie veilig is nie, is die meerderheid uiteindelik ook onveilig. Dit is voorts so dat selfbeskikking tans nie haalbaar is nie, maar ons beleid is om alle grondwetlike geleenthede te benut omdat niemand weet wat die toekoms inhou nie. Daarom ondersteun die Solidariteit Beweging benewens ons projekte op feitlik elke plek in die land ook enkele projekte op Orania, byvoorbeeld om mense met werk te help. S

9


NUUSWAARDIG

Stop rassisme, selektiewe hantering daarvan

R

assisme en haatspraak was die afgelope twee jaar hoog op die sosiale agenda van Suid-Afrika. Solidariteit het besluit om ’n omvattende veldtog van stapel te stuur om by te dra om rassisme en haatspraak in Suid-Afrika te stop. Ons bedoel hiermee alle vorme van rassisme en haatspraak. Ons doen vandag ’n beroep op wit en swart SuidAfrikaners om hulle te weerhou van enige vorm van rassistiese praktyke. Dit is verkeerd in alle opsigte. Solidariteit het intern onder sy personeel en lede ’n veldtog om enige vorm van rassisme hok te slaan. Ons sal nie ’n eksterne veldtog loods as ons nie intern net so ernstig is nie. Ons veldtog fokus ook op ’n tweede element, en dit is dubbele standaarde met die hantering van rassisme en haatspraak. SuidAfrika is te geduldig met swart-op-wit-rassisme en -haatspraak. Gewone wit Suid-Afrikaners se

10

Deur Dr. Dirk Hermann

onaanvaarbare rassistiese opmerkings op sosiale media word op elke koerantvoorblad bespreek, terwyl invloedryke swart Suid-Afrikaners met gesag se haatspraak baie minder aandag geniet. Onderliggend daartoe is die idee in SuidAfrika dat swart Suid-Afrikaners nie rassisties kan wees nie. Dié vals idee moet uitgewis word, want dit voed ’n klimaat waarbinne swart haatspraak aanvaar word. Dit is nie net vals nie, maar ook gevaarlik, want dit gee vrye teuels aan uitsprake oor wit Suid-Afrikaners en lei daartoe dat honderde inskrywings op sosiale media suggereer dat wittes vermoor mag word, sonder gevolge. Die deurlopende indruk wat geskep word dat net wittes rassisties kan wees, maak van wittes ’n legitieme teiken, en dit word legitiem om op sosiale media te sê wittes moet met ’n bazooka geskiet of geslag word. Omdat swartes nie rassisties kan wees nie, mag hulle dit maar sê.

Suid-Afrika, ons speel met vuur. Die Departement van Justisie het ’n Wetsontwerp, The Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech, bekend gestel. Die konsepwet fokus op rassisme, rassediskriminasie, xenofobie en aanverwante onverdraagsaamheid. Die konsepwet staan op twee bene, naamlik haatspraak en haatmisdade. (Lees ook die artikel op bladsy 42 hieroor.) Die konsepwet vloei uit internasionale verpligtinge van die Suid-Afrikaanse regering en is spesifiek voortvloeiend uit die Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie (CERD). CERD verwag van lidlande om wetgewing te aanvaar wat enige vorm van haatmisdaad en diskriminasie strafbaar maak. CERD maak voorsiening vir ’n horisontale en vertikale (mense met gesag) toepassing. Die rede vir die vertikale toepassing is om minderhede en kwesbare groepe te beskerm. Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

Rakende Suid-Afrika fokus CERD in sy onlangse verslag spesifiek op vertikale toepassing: • The Committee is further concerned at the rise of hate crimes and hate speech in the State party including physical attacks against certain ethnic groups and non-citizens, discriminatory statements by State officials and politicians • The Committee further recommends that the State party ensure all incidents of hate crimes and hate speech are investigated and prosecuted and that the perpetrators are punished, regardless of their official status • The Committee calls on the State party to conduct educational campaigns to address the root causes of prejudices and promote tolerance and respect for diversity, with a focus on the role and responsibilities of journalists and public officials Dit is presies hierop wat ons veldtog fokus: Die rol wat mense met vertikale gesag, soos politici

en staatsamptenare, maar ook die media, in die aanvuur van haatspraak speel. Tydens die bespreking van die konsepwet by die VN se CERD sê die adjunkminister van justisie, John Jeffery, dié wet is nodig omdat wit mense lelike (nasty) dinge van swart mense sê. Onderliggend sê hy die probleem in Suid-Afrika is wit rassisme. Hy bied dit aan as ’n feit, sonder dat hy enige vorme van empiriese bewys het. In teenstelling hiermee wys die feite dat sosiale media oortrek is met haatkommentaar teenoor wittes, en dié kommentaar het meestal ’n gewelddadige ondertoon. Ons het so verdraagsaam in Suid-Afrika geraak teenoor rasseboewe dat ons hulle en hul uitsprake aanvaar. Malema is só ’n rasseboef wat nie deur die gemeenskap aanvaar behoort te word nie. CERD, die konvensie waarvan Suid-Afrika ’n ondertekenaar is, verwag van die staat om rasseboewe te veroordeel, maar ons is geduldig met hulle. Solidariteit se geduld met hulle is op. Om die meerderheid toe te laat om byna onbeheers rassehaat teenoor ’n minderheid te pleeg, is gevaarlik. Hulle is blootgestel. Hulle

het juis beskerming nodig. ʼn President wat die volgende kwytraak, is nie wat ons in Suid-Afrika nodig het nie: “Sorry, we have more rights here because we are a majority. You have fewer rights because you are a minority. Absolutely, that’s how democracy works. So, it is a question of accepting the rules within democracy and you must operate in them.” [President’s Question Time; National Assembly; 13 September 2012] Solidariteit se veldtog sluit ’n massaklag in wat aan die begin van Mei by verskeie nasionale en internasionale instellings ingedien gaan word. Dit sluit in die Parlement, die Menseregtekommissie, die Internasionale Arbeidsorganisasie, die Internasionale Menseregtekommissie en CERD. Ná die sukses wat Solidariteit verlede jaar by die VN se CERD behaal het, is ons vol vertroue dat ons weer suksesvol sal wees. Die reaksie op die klag is ongelooflik. Ons verwag dat minstens 200 000 mense ons klag gaan onderteken. Dit is iets waaroor almal sterk behoort te voel. Ons moet begin om nee te sê. • Dr. Dirk Hermann is bestuurshoof van Solidariteit. Lees ook sy artikel op bladsy 16. S


NUUSWAARDIG

Gewig word bepaal deur die vlakke van onderwys en opleiding, werkywer, ondernemerskap, produktiwiteit en kultuurkrag waardeur ’n gemeenskap verantwoordelikheid vir homself en sy toekoms neem. Gewig word nie bepaal deur wat ’n organisasie sê nie, maar deur wat hy doen.

Minderhede moet geweeg, nie getel word

D

Foto: iStockphoto.com

ie Solidariteit Beweging se droom is om ’n toekoms te skep waarin ons as kultuurgemeenskap ook blywend vry, veilig en voorspoedig in Afrika kan voortleef. Dan sal ons ʼn volhoubare bydra tot die welstand van die land en al sy mense kan lewer. Ons glo dat ’n minderheid homself nie moet laat tel, soos byvoorbeeld in die politiek nie, want dan sal ons altyd verloor. ’n Minderheid moet homself nie laat tel nie, maar laat weeg, want ons weeg swaarder as ons getalle. Gewig word bepaal deur die vlakke van onderwys en opleiding, werkywer, ondernemerskap, produktiwiteit en kultuurkrag waardeur ’n gemeenskap verantwoordelikheid vir homself en sy toekoms neem. Gewig word nie bepaal deur wat ’n organisasie sê nie, maar deur wat hy doen. Daarom is die Solidariteit Beweging ’n moderne helpmekaarbeweging, ’n selfdoenbeweging wat nie sit en wag vir beter dae nie, maar aktief aan sy toekoms werk. Maar ons werk nie vir die volgende verkiesing nie, ons werk vir die volgende geslag. Ons strategie is om hiervoor op noodsaaklike gebiede sterk selfdoenorganisasies te stig – veral op daardie gebiede waar die staat nie wil of kan help nie. Daarom het ons ook ʼn aktiewe vennootskapstrategie op daardie gebiede waarop ons nie werksaam is nie.

12

Só weeg minderhede meer • Ons moet ons volle vermoë verwesenlik. Dit is ʼn voorwaarde vir voorspoedige oorlewing as ʼn klein volk op ʼn groot vasteland. Ons dink te klein en mik te laag; ons moet meer van onsself verwag. • Minderheid moet meerderheidskennis hê. Vaardigheidstekort word verbreek deur goeie onderwys en opleiding – vry van raswette. • Onderwys is die beste belegging wat ’n mens kan maak. “Onderwys is die beste belegging wat daar is” (Milton Friedman). Dit is die enigste belegging wat veilig is en ʼn lewenslange opbrengs lewer. Hoe beter ʼn mens opgelei is, hoe beter is sy of haar verdienste, en hoe minder en korter is die voorkoms van werkloosheid. • Sukses word bepaal deur gehalte van die mense, nie die land nie. Mensgehalte word bepaal deur opvoeding, opleiding, waardes en karakter. • ’n Klein volkie moet homself nie laat tel nie, maar laat weeg. Ons is ʼn klein volk op ʼn groot vasteland. Ons is nog altyd te min, maar ons moet sorg dat ons meer weeg. Die Mynwerkersunie alleen sou nie die omwentelings in die land oorleef het nie. Daarom het ons dit eers uitgebou tot Solidariteit en daarna Solidariteit uitgebou tot die Solidariteit Beweging. Vandag is ons Beweging op vyf gebiede gefokus, naamlik: • Werkbeskerming deur die vakbond Solidariteit; • maatskaplike bemagtiging deur Solidariteit Helpende Hand; • die beskerming van burgerregte deur die

burgerregte-organisasie AfriForum; • die verskaffing van opleiding deur SolTech, Akademia, ons studiefondse en ons onderwysvennote; en • die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur deur die FAK, Maroela Media, Kraal Uitgewers en ons ander vennote. In ʼn herstrukturerende gedaante kon Solidariteit met groot sukses die een en twintigste eeu as ʼn lewenskragtige, proaktiewe en deelnemende kampvegter vir werkers- en minderheidsregte ingaan. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

#BouSaam: Kom ons verwag meer van onsself

Foto: iStockphoto.com

S

olidariteit het met die #OnsBouveldtog in 2016 ’n groot verandering in die psige van die publiek bewerkstellig. Die boodskap was duidelik: wanneer die waters onstuimig raak, moet ons bou. In 2017 is ons doelwit om die publiek te oortuig om saam te bou, aangesien daar nou ’n nog groter begrip is van wat gebou moet word. Suid-Afrika is op ekonomiese, politieke en sosiale vlak nog meer onstuimig en die #BouSaam-veldtog is belangriker as ooit tevore. Hierdie veldtog fokus op die verlede en die toekoms. Die geskiedenis leer daar is altyd ’n toekoms moontlik. Winston Churchill het gesê dat hoe verder jy in die toekoms wil insien, hoe verder moet jy in die verlede inkyk. Ons voorouers het in werklikheid deur ʼn sterk netwerk van helpmekaarorganisasies op kulturele, ekonomiese, maatskaplike en politieke terrein met selfhelp-inisiatiewe ʼn toekoms vir die nageslag gebou. Ons kan net soos ons voorouers klein begin bou aan buitengewone wonderwerke. Die belangrikste les van die afgelope 200 jaar is dat die toekoms nooit verby is nie. Dinge bly nooit dieselfde nie, en niks is so vas en onveranderlik as wat dit op die oog af lyk nie. Eras, ryke, nasies en volke kom en gaan. Daar kom altyd weer ʼn toekoms te voorskyn, soos wat die son opkom ná ʼn lang, koue nag. Die hede is nooit permanent nie, en die toekoms nooit vas nie. Die hede is maar net die brug tussen die verlede en die toekoms. Maar dit help nie om net op die toekoms te wag nie, want dan kry jy een wat ander vir jou beplan. Wanhoop en hopeloosheid spruit uit onkunde oor die geskiedenis en ʼn gebrek aan ʼn visie vir die toekoms. Solidariteit bou sedert 1902 ʼn toekoms en vier ook vanjaar sy 115de bestaansjaar. Ons geskiedenis word gekenmerk deur ʼn buitengewone verskynsel waarvoor daar nie ʼn verklaring is nie, en dit is dat ons as jong volk rondom elke eeuwending in ʼn bestaanskrisis beland het, wat gelukkig telkens in die eerste dekades van die volgende eeu opgelos is. Ons grootste uitdaging is om verby pres. Jacob Zuma en die huidige werklikheid ʼn nuwe toekoms raak te sien. Bepaal self watter toekoms jy wil hê. Help Solidariteit sterk organisasies skep, en neem aktief deel aan die vorming van ʼn toekoms waarin jy ook blywend, vry, veilig en voorspoedig sal kan leef. Die enigste toekoms wat jy kan voorspel, is die een wat jy self bou. Ons het verlede jaar afgeskop met die www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

#OnsBou-veldtog en dit het die mense ongelooflik positief beïnvloed. Vanjaar wil ons voortgaan en ʼn oproep doen op mense om saam met ons te bou. Die vakbond se vermoë om homself by meer as een geleentheid by gedurig veranderende sosio-politieke en ekonomiese omstandighede en eise aan te pas, was nog altyd sy behoud oor ʼn tydperk van meer as ’n eeu. Ons toekoms gaan bepaal word deur wat ons vandag doen, want ’n volk is net een geslag diep. Net een geslag wat dinge maar laat gaan en alles is onderdeur. Ons voorouers het hulle kant gebring toe dit hulle beurt was, maar elke geslag is verantwoordelik vir sy eie tyd, en dis nou ons beurt. Daarom vra ons jou: #BouSaam. Ons moet ons grondwetlike ruimtes vir kulturele vryheid opneem en verwerklik, want ’n demokrasie sonder kulturele vryheid is net vryheid vir die meerderheid, en dis nie demokrasie nie – dit is meerderheidsoorheersing. Ons bouplan in Solidariteit is: • Goeie werk • Opleiding • Studiehulp • Vrye ekonomie • Oppergesag van die reg • Groeiende selfstandigheid • Afrikaans • Media. En in die groter Solidariteit Beweging: • Veiligheid • Onderwys • Werkende dorpe en stede • Normalisering van die geskiedenis • Erfenisbewaring • Goeie rassebetrekkinge • Dorp na stad • Buitelandse skakeling. Kom ons verwag meer van onsself, van Solidariteit en van ons mense. S

13


NUUSWAARDIG

Strafhof: Staat kort nou morele U-draai

D

ie onlangse U-draai wat die regering rakende sy besluit om uit die Internasionale Strafhof (IS) te onttrek nadat opposisiepartye en die howe gebruik moes word om hom te keer, het dit duidelik laat blyk dat die regerende party se morele kompas nie meer noord wys nie. Volgens dr. Eugene Brink, politieke ontleder verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), was die Omar al-Basjir-fiasko wat homself in 2015 hier afgespeel het tekenend van die regering se minagting jeens die howe. “Die regering is deur die hooggeregshof beveel om pres. Omar al-Basjir van Soedan, ’n man met die bloed van duisende mense op sy hande, aan die IS uit te lewer. Hulle het die hof

Deur Francois Redelinghuys

se uitspraak geminag, hom nie uitgelewer nie en toe bloot voortgegaan met die onregmatige proses om te onttrek,” het Brink gesê. Volgens Brink is dit verblydend dat die regering met sy poging om aan die hof te onttrek homself teen die howe, die media, opposisiepartye en uiteindelik die burgerlike samelewing vasgeloop het. “Hoewel die regering die omvang van die teenkanting wat hy sou kry onderskat het, is dit egter betreurenswaardig dat daar weliswaar besluit is om op onwettige wyse aan die IS te onttrek.” Volgens Brink is hierdie debakel net een van vele wat ’n langdurige klad op die ANC se reputasie gaan laat. “Die feit dat die howe weer gebruik moes word om die ANC-regering onder die leiding

van pres. Jacob Zuma te keer om onwettig op te tree, is ’n hartseer realiteit,” het Brink gesê. Brink het voorts gesê dat dit hoegenaamd nie so is dat talle ander Afrikastate besig is om aan die hof te onttrek nie. “’n Paar outokratiese leiers se ontevredenheid en uitsprake is hoegenaamd nie aanduidend van ’n breë ontevredenheid in Afrika oor die hof se werking nie. Die hof beskerm immers gewone Afrikane,” het Brink verduidelik. Met alle oë wat nou op hom gerig gaan wees, gaan die regering se optrede van nou af aan nog groter van belang wees. “Hoewel Suid-Afrika steeds ’n lid van die IS is, gaan sy de facto-optrede nou meer tel as sy de jurelidmaatskap.” S

ANC burying its head in the sand about problems By Francois Redelinghuys

S Foto’s: iStockphoto.com

olidarity strongly denounced ANC spokesperson Zizi Kodwa’s claims quoted in Fin24 that the redistribution of land is key for economic stability. According to Connie Mulder, head of the Solidarity Research Institute, the ANC is moving increasingly into a space that is removed from reality. According to a Pew Research Institute report of November 2016, crime and unemployment are South Africans’ top concerns; not land. “At the moment, the ANC is engaging in increasingly harmful interventions by enforcing solutions to imaginary problems,” Mulder said. Gugile Nkwinti, Minister of Rural Development and Land Reform, himself says

14

that 94% of the land claimants prefer the money. In our modern knowledge economy training and skills are far more important. Land per se does not provide wealth; farming is hard work that requires various inputs and entrepreneurial skills. What is needed though, is that the land claims process finally be wrapped up to enable the private sector to once again mobilise capital for agriculture and to stimulate more productivity and growth. “The ANC’s feudal thinking about land is leading to major uncertainty and harmful policy, and is causing major damage to the economy,” Mulder warned. What concerns Solidarity in particular is the populist rhetoric the ANC is increasingly

resorting to. This is reminiscent of President Robert Mugabe’s lament about the willing buyer willing seller principle that failed, and that was followed by land reform that did not happen fast enough. “We only have to look north of our borders to see what happens when priority is given to reckless land reform over job creation and vigorous economic growth,” Mulder added. “This statement by Kodwa is that of a drowning person clutching at a straw. The ANC is constantly losing support at the ballot box and are now using land in a bid to divert attention from their various failures, especially when it comes to major government corruption, a weak economy and crime,” Mulder concluded. S

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


NEWSWORTHY

Union wins first round for recognition in SAPS

Photograph: iStockphoto.com

T

rade union Solidarity recently announced that in terms of a ruling by the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA), it is in fact entitled to apply for recognition as a trade union within the South African Police Service (SAPS). This followed after five parties had raised their views to prevent Solidarity from organising within the SAPS. Solidarity’s argument that the recent changes in legislation should particularly benefit minority trade unions prevented from organising among their members due to high threshold agreements, was accepted by CCMA Commissioner James Matshekga. The arguments put forward by Police and Prisons Civil Rights Union (POPCRU) and supported by the South African Policing Union (SAPU), the SAPS, the Safety and Security Sectoral

By Francois Redelinghuys

Bargaining Council (SSSBC) as well as the Public Service Co-ordinating Bargaining Council (PSCBC) were rejected by Matshekga. According to Anton van der Bijl, head of Solidarity’s Centre for Fair Labour Practices, this ruling underlines the fact that a minority trade union not achieving the threshold for recognition may still apply for organisational rights if it is able to prove that it is serving

a significant interest. “Solidarity protects various issues of significant importance to our members; issues that majority trade unions pay no attention to. For example, majority trade unions in the SAPS actively litigate against Solidarity in cases that involve the application of affirmative action in the SAPS – cases in which Solidarity protects the rights of minority groups that often suffer serious injustices due to unfair affirmative action measures in the SAPS,” Van der Bijl explained. Van der Bijl declared that Solidarity was looking forward to the arbitration on the application for recognition. In terms of the ruling, the application must be scheduled as soon as possible. “We are excited to be able to open the door for minority rights in a suffocating and merciless majority environment,” Van der Bijl explained. • Also read the articles on pages 34 and 35. S


NUUSWAARDIG

Skryf dít: “Sies, jou swart rassis!”

Foto: iStockphoto.com

D

16

ie keiser stap kaal uit tussen die skare. Die volk roep: “Kyk die pragtige klere!” Tot een seuntjie uitroep: “Kyk die keiser is kaal!” Daar is ’n algemene opvatting in Suid-Afrika dat swart Suid-Afrikaners nie rassisties kan wees nie. Dit word formeel geargumenteer; dit is die onderliggende tema van boeke en dit vind bewustelik en onbewustelik neerslag in gesprekke. Tydens ’n onlangse radiogesprek oor verkragting noem die omroeper dat sy sou wou hê dat mans die stryd teen die misbruik van vroue moet voer net soos sy van wit mense verwag om die stryd teen rassisme te voer. Onderliggend beteken dit: Wit mense is die rassiste. Tydens ’n gesprek by die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie maak die adjunkminister van justisie, John Jeffery, die stelling dat wit mense kwetsende dinge oor swart mense kwytraak en dat dít die rede vir die nuwe wet oor haatspraak is. Wittes is die rassiste. Die narratief het twee basisargumente. Die eerste is dat swart mense nie rassisties kan wees nie omdat hulle nie in ’n posisie van mag is nie. Die argument is gebrekkig omdat magsverhoudinge deurentyd skuif en omdat magsverhouding van situasie tot situasie verskil. In Suid-Afrika is die argument verder gebrekkig omdat swart rassisme dikwels vertikaal is, dit wil sê dit kom vanaf mense wat in ’n posisie van mag is. Die tweede argument is dat die institusionele omgewing ’n omgewing van witheid is wat maak dat swart rassisme onmoontlik is. Dié argument

Deur Dr. Dirk Hermann

is vals. Die institusionele wêreld het ongelooflik getransformeer en bitter min posisies van mag, met die uitsondering van die mag in enkele besigheidsraadsale, word nie deur swart SuidAfrikaners oorheers nie. Die praktyk van talle rassistiese uitsprake en haatspraak deur swart Suid-Afrikaners wys ook dat die stuk teorie dat swart mense nie rassisties kan wees nie, in die praktyk vals is. Dit is nie net vals nie, maar ook gevaarlik, want dit gee vrye teuels aan uitsprake wat oor wit Suid-Afrikaners gemaak mag word en dit gee aanleiding daartoe dat honderde inskrywings op sosiale media suggereer dat wittes sonder gevolge vermoor mag word. Die deurlopende indruk wat geskep word dat net wittes rassisties kan wees, maak van wittes ’n legitieme teiken en dit word legitiem om op sosiale media te sê wittes moet met ’n bazooka geskiet word of geslag word. Omdat swartes nie rassisties kan wees nie, mag hulle dit maar sê. Solidariteit het besluit om ’n reuseveldtog teen rassisme en die dubbele standaarde wat geld by die hantering van ras van stapel te stuur. Solidariteit gaan in Mei 2017 ’n massaklag by die Suid-Afrikaanse parlement, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, die Internasionale Arbeidsorganisasie, die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie, asook die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie indien. Om suksesvol te wees, het ons nie duisende mense nodig om die klag te steun nie, ook nie tienduisende nie, maar honderde duisende. Tot dusver het die inisiatief van ’n massaklag reeds sulke oorweldigende steun behaal dat dit lyk of ons

werklik honderde duisende mense se steun gaan kry. Danksy die sukses wat Solidariteit by ons vorige besoek aan die Verenigde Nasies behaal het, is ons daarvan oortuig dat ons weer sukses daar sal behaal. Die wêreld moet hoor van die ander kant in Suid-Afrika. Die tyd het aangebreek om oor die mite, dat net swart mense rassisties is en dat wit rassisme erger is as swart rassisme, te sê: Die keiser is kaal. Hoe hanteer ’n mens dit dan as ’n Zuma sê minderhede het minder regte of dat alle probleme begin het toe Jan van Riebeeck hier aangekom het? Hoe reageer jy as Malema sê wittes moenie geslag word nie; in elk geval nie nou nie? Wat is my reaksie op Bennie Morata, ’n regsdosent by Unisa, wat sê: “I hate white people and they must go back to wherever they come from or alternatively to hell”? Of op Esethu Hasane, die voormalige minister van sport se media- en kommunikasiebestuurder, se juweel: “Only Western Cape still has dry dams. Please God‚ we have black people there‚ choose another way of punishing white people”? Wat sê ’n mens oor Luvuyo Menziwa se uitspraak: “F*** white people. Just get me a bazooka or AK-47 so I can do the right thing and kill these demon possessed humans”? Wat doen jy met al die inskrywings van swart-op-wit-rassisme wat op Facebook en Twitter verskyn en wat ons so gereeld sien? Daar is talle dinge wat ’n mens kan én moet doen. Die minste wat jy moet doen, is om in dik, swart letters te skryf: “Sies, jou swart rassis!” • Dr. Dirk Hermann is bestuurshoof van Solidariteit. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


Solidariteit Solidarity


NUUSWAARDIG

Solidarity’s legal battle against sport quotas By Wilmarie Brits & Francois Redelinghuys

AfriForum verdoem dubbele standaarde oor rassisme

Foto: iStockphoto.com

E

18

Deur Alet Rademeyer

rnst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het in ’n voorlegging by ’n nasionale verhoor van die Menseregtekommissie (MRK) in Johannesburg oor rassisme op sosiale media geen doekies omgedraai oor watter dubbele standaarde daar oor dié kwessie in die land toegepas word nie. Hy het gewys op die groot frustrasies wat daar onder minderhede en lede van AfriForum bestaan oor hoe rassistiese voorvalle in die algemeen en in die media spesifiek hanteer word. Hy het verskeie voorbeelde voorgehou wat daarop dui dat swart oortreders nie oor dieselfde kam as wit mense geskeer word wanneer dit by rassisme op sosiale media kom nie. Roets het gesê die argument word gereeld in Suid-Afrika geopper dat wit mense moet ophou kla omdat hulle glo ryk is en, omdat dít die geval is, hulle nie die reg op beskerming as ’n minderheid het nie. Die voorbeelde wat hy gebruik het om te wys hoe daar eerder op wit mense se rassistiese uitsprake gefokus word en swart mense ligter daarvan afkom, sluit die geval van Penny Sparrow teenoor dié van Velaphi Khumalo in. Sparrow, ’n eiendomsagent, het in ’n gewraakte uitspraak na swart mense op die strand as ape verwys. Sy is ’n boete van R150 000 opgelê. Khumalo, ’n werknemer van die departement van sport, kultuur en ontspanning, het in reaksie hierop gesê dat die land van wit mense skoongemaak moet word en dat hulle dieselfde behandeling moet kry as wat Hitler die Jode gegee het. Khumalo is net intern ondersoek. In nóg ’n voorbeeld is die ekonoom Chris Hart gekruisig en afgedank nadat hy op Twitter gesê het dat sommige swart mense ’n mentaliteit het dat hulle op dinge geregtig is. Aan die ander kant het die kabinetsminister Lulu Xingwana op internasionale televisie

gesê dat jong Afrikanermans grootgemaak word volgens die Calvinistiese oortuiging dat hulle vroue, kinders en alles besit en dat hulle daarom lewens mag neem. Xingwana is steeds in haar pos. Ter illustrasie van nóg dubbele standaarde het Roets verwys na die aandrang van die regering om straatname soos Kerkstraat te verander, terwyl Kingswaystraat in Amanzimtoti na Andrew Zondostraat verander is. Zondo het in Desember 1985 ’n bom in die Sanlamwinkelsentrum geplant wat drie vroue en twee kinders gedood en 40 mense beseer het. Roets het ook verwys na ’n voorval twee jaar gelede waar hy persoonlik op Twitter met die dood gedreig is. Hy het die saak by die polisie aangemeld, waarna die ondersoekbeampte aan hom erken het dat hy nie eens weet wat Twitter is nie en dus nie weet hoe om die saak te ondersoek nie. Hy het afgesluit en verwys na voorleggings deur ander instansies wat tydens die konferensie breedvoerig uitgewy het oor ’n wit persoon wat die woorde “daardie mense” teenoor ander gebruik het. “Ek wens regtig ek kan hier sit en kla oor mense wat na wit mense as ‘daardie mense’ verwys. Ons werklikheid is dat ons lede daagliks op sosiale media met verkragting, aanranding en selfs volksmoord gedreig word. Ons realiteit is dat ons ’n president het wat in die parlement sê ons moet aanvaar dat ons minder regte het omdat ons ’n minderheid is. Ons werklikheid is dat daar in twee weke in Februarie vanjaar 15 wit boere en gesinslede op plase vermoor is, waarvan sommige gruwelik gemartel is. “Ek kan voortgaan om aan ’n openbare debat oor rassisme deel te neem, maar as ek eerlik moet wees, is ons by die punt waar ons vertroue in dié debat verloor het,” het Roets afgesluit. S

F

ormer Sports Minister Fikile Mbalula opened a can of worms last year with his announcement that sports federations that did not achieve their transformation targets would no longer be allowed to host international events. In November 2016 Solidarity, in partnership with AfriForum, served legal papers in terms of the Promotion of Access to Information Act (PAIA) on the Sport Ministry, demanding that it discloses information about the transformation targets set down. In his acceptance speech upon the receipt of the EPG Report on Sport Transformation on 25 April 2016, Mbalula singled out four sports federations which, according to him, did not meet the required predetermined transformation targets. The bodies whose privileges to host international events were revoked, include the South African Rugby Union (SARU), Cricket South Africa (CSA), Netball South Africa (NSA) and Athletics South Africa (ASA). Johan Kruger, Solidarity’s deputy chief executive, pointed out that in terms of the PAIA application the Minister of Sport and Recreation had no choice but to disclose all agreements reached between sports federations and the minister about transformation targets. It is clear that the manner in which transformation targets are applied, amounts to a quota system. On 1 March 2017 in an appearance before the High Court Solidarity and AfriForum made good use of the opportunity to argue that the implementation of sports quotas in South Africa is in contravention of several international agreements South Africa had signed and ratified. Moreover, Anton van der Bijl, head of Solidarity’s Centre for Fair Labour Practices, pointed out that it would increasingly appear as if the various sports federations are withholding information pertaining to transformation targets. The court ordered the Minister of Sport and Recreation and the South African Rugby Union to pay Solidarity and AfriForum’s costs. S

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za



NUUSWAARDIG

Werknemersvertroue taan steeds, wys indeks

Foto: iStockphoto.com

D

ie Arbeidsmarkindeks het effens verbeter danksy ’n verbetering in sakesiklusaanwysers, maar die algehele indeks bly bedruk. Die SolidariteitETM Arbeidsmarkindeks (AMI) vir die vierde kwartaal van 2016 is op 27 Februarie bekendgestel. Die AMI is ’n maatstaf van werk- en loonsekerheid in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark, met 50,0 die gelykspeelvlak tussen stygende en dalende sekerheid. Die indeks het vanaf ’n afwaarts aangepaste 42,2 in die derde kwartaal van 2016 matig gestyg tot 43,4 in die vierde kwartaal van 2016, maar bly gemaklik onder 50,0, wat aanduidend is van hardnekkige werk- en loononsekerheid, swak loongroei en afleggings in sommige sektore. Sakesiklustoestande het klaarblyklik effens verbeter, maar luidens Solidariteit se peiling onder lede nog nie genoeg om die bekostigbaarheid van arbeid of werknemers se vertroue betekenisvol te laat toeneem nie. Die Solidariteit Werknemersvertroue-indeks (WVI) het van 43,15 in K3 2016 tot 42,44 in

20

Deur Lize-Mari Labuschagne

K4 effens afgeneem. 27% van die deelnemers aan die peiling het gesê hulle voel minder seker in hul werk as drie maande tevore terwyl slegs 12% meer seker gevoel het. Die Arbeidsbekostigbaarheidsindeks (ABI) het tot 41,0 gedaal ná ’n styging tot 42,3 in K3. Die ETM Sakesiklusindeks (SSI) het in K4 2016 stewig geklim, van 41,2 tot 46,9. Volgens Gerhard van Onselen, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, het die indeks se sakesiklusaanwysers in die vierde kwartaal van 2016 verbeter, maar luidens Solidariteit se peiling onder lede nog nie naastenby genoeg om werknemers se sekerheid of die bekostigbaarheid van arbeid betekenisvol te laat toeneem nie. Twee van die indeks se drie subkomponente bly onder druk. Die bekostigbaarheid van arbeid bly swak en naby aan historiese laagtepunte terwyl werknemersvertroue sedert die aanvang van die opname in 2013 voortdurend verswak het. Die oplewing in die sakesiklusaanwyser

was danksy ’n toename in banke se uitleenbedrywighede, bestendiger aanwysers van verbruikerskrediet, herstellende hulpbronpryse wêreldwyd en die gevolglike toename in mynbou- en vervaardigingsbedrywighede, en ’n sterker rand. Die sterker rand laat die risiko van stygende invoerkostes vir sakeondernemings en verbruikers afneem. Volgens Van Onselen moet dié oplewing in die sakesiklusaanwyser gesien word in die konteks van bedrukte nywerheidsverdienstetoestande tesame met lustelose resultate vir winspeilings in die groothandel-, kleinhandel- en bousektore, wat steeds geld. “Aangesien die verbetering in die breë sakesiklusaanwysers nog nie in sterker sakevertroue in die algemeen omgesit het nie, sal beter sakesiklusaanwysers volgehou moet word om wesenlik tot beter werk- en loonsekerheid by te dra,” het Van Onselen bygevoeg. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

Regstellende aksie nog ‘n hou toegedien

S Motsoeneng trap hof se drumpel deur

Foto’s: Sowetourban.co.za & iStockphoto.com

D

Deur Wilmarie Brits

ie vakbond Solidariteit is steeds in hofgedinge gewikkel met die SAUK se voormalige bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng. Dit volg ná die opspraakwekkende gebeure in 2016 waartydens agt SAUK-joernaliste geskors is nadat hulle kapsie gemaak het teen die SAUKsensuur wat die uitsending van gewelddadige protesoptogte verbied. Dissiplinêre stappe is teen die agt aanhangig gemaak en uiteindelik is hulle sonder verhore afgedank. Solidariteit het namens vier van die onregmatig afgedankte SAUK-agt-joernaliste in hul saak teen die SAUK opgetree, en op 26 Julie 2016 oorwinning behaal met ʼn gunstige uitspraak met kosteverhaling deur regter Lagrange, wat beslis het dat die SAUK se afdanking van die joernaliste onwettig is. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, was Solidariteit ten tye nie ten gunste van die uitspraak dat die SAUK as staatsinstelling aanspreeklik gehou moet word vir die regskostes nie, omrede dit nie regverdig was om die belastingbetaler aanspreeklik te hou vir die SAUK se onwettige optredes nie. Op 25 Augustus het Solidariteit in samewerking met die Broadcasting Electronic Media Allied Workers Union (BEMAWU) die hof genader om formeel te besluit watter individu persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir die onnodige koste wat op die saak

www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

verspil is. Albei vakbonde steun die argument dat Motsoeneng moet pa staan vir die regskoste nadat dit aan die lig gekom het dat hy die motivering agter die besluit was en dat die opdrag direk van Motsoeneng af gekom het, hoewel Simon Tebele die instruksie om die joernaliste af te dank, uiteindelik uitgevoer het. Op 24 November 2016 het Solidariteit hom weer tot die arbeidshof gewend, dié keer om hofstukke oor die kostebevel te beteken om Motsoeneng as respondent tot die saak te voeg sodat hy persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir die regskoste wat die twee vakbonde aangegaan het. Motsoeneng se aksies het ʼn groot verleentheid vir die SAUK veroorsaak, maar volgens Van der Bijl kan die saak nie ongesiens verbygaan nie. “Solidariteit sal nie rus tot elke sent terugbetaal is nie,” voeg hy by. In Motsoeneng se beëdigde verklaring in repliek pleit hy onskuldig en voer hy aan die aantygings dat die besluit van hom afkomstig is, het geen gronde nie. Ten spyte van Motsoeneng se uitlatings in sy verklaring het Solidariteit en BEMAWU nuwe hoogtes in die saak bereik toe die arbeidshof op 24 Februarie die konsolidasie-aansoek toegestaan het. Die saak is op 28 Maart in die arbeidshof aangehoor, maar uitspraak is voorbehou. Solidariteit sal seker maak dat Hlaudi Motsoeneng verantwoording doen vir sy onregmatige besluite, al beteken dit hy trap die hof se drumpel deur. S

olidariteit het regstellende aksie onlangs nog ʼn hou toegedien met ʼn gunstige beslissing in die arbeidshof, met koste, wat namens een van sy lede in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bereik is. Dit volg nadat die lid wat sedert 2014 weens regstellende aksie oor die hoof gesien is vir bevordering, terugwerkend vanaf 1 April 2014 in ʼn bevorderingspos bevorder en vergoed is. Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê dat ten spyte van die feit dat mnr. Van der Merwe die geskikte kandidaat vir die pos was, hy op grond van sy velkleur doelbewus oorgesien is. “Uit die ondersoek het dit geblyk dat die SAPD tydens die aanstellingsproses slegs die faktore wat gebaseer is op ras en geslag in ag geneem het,” het Van der Bijl gesê. Volgens Van der Bijl verbied artikel 6 van die Wet op Gelyke Indiensneming alle vorme van onregverdige diskriminasie teen werknemers. “Ons is verheug om aan te kondig dat hoewel mnr. Van der Merwe reeds die SAPD verlaat het, hy terugwerkend vergoed word asof hy in die posisie van luitenant-kolonel aangestel was. Dit is ʼn baie goeie skikking en ons is bly dat ons ʼn welverdiende skikking namens nog ʼn polisielid kon bewerkstellig.” Volgens Van der Bijl het die hof boonop beslis dat mnr. Van der Merwe se pensioen ook vanaf 2014 aangepas moet word. • Lees ook op bladsy 29 oor Solidariteit se oorwinning namens ’n werknemer by die departement van korrektiewe dienste. S

21


NUUSWAARDIG

Maroela skop stof in hoofstroommedia se oë Deur Suné van Heerden

D Foto’s: iStockphoto.com & Verskaf

ie Afrikaanse nuuswebwerf Maroela Media vier in Julie sy sesde verjaarsdag, maar het in Maart 2017 reeds alle Afrikaanse webwerwe in lesersgetalle verbygesteek. Maroela Media is nou amptelik die grootste Afrikaanse webwerf en die agtste grootste nuuswebwerf in Suid-Afrika. Maroela is boonop die enigste Afrikaanse webwerf onder die tien topnuuswebwerwe in Suid-Afrika en het homself gevestig as ʼn gebalanseerde en betroubare nuusbron. Dié elektroniese nuustydskrif het in Julie 2011 sy deure oopgemaak en volgens Effective Measure (ʼn onafhanklike maatskappy wat webwerfstatistiek monitor) het 1 567 700 persone Maroela in Maart 2017 besoek. Met dié rekord skop Maroela Media stof in die oë van ou, gevestigde mediahandelsmerke soos Beeld, Die Burger, Volksblad, Rapport, Netwerk24 en Huisgenoot. Dié lesers het in Maart 2017 meer as 14,6 miljoen bladsye op Maroela Media gelees.

22

Maroela Media publiseer die jongste nuus en het ook ʼn toegewyde afdeling vir goeienuusstories. Maroela publiseer ook resepte, vermaaknuus, allerhande taalbrokkies (soos gedigte en waar woorde of uitdrukkings vandaan kom), eienaardighede en selfs motoren tegnologienuus. Dis sowaar ʼn mengelmoes van inhoud – geen wonder nie dat soveel lesers Maroela daagliks vertrou vir hul jongste inligting en om op hoogte van sake te bly. “Ons pak verskeie opwindende projekte en inisiatiewe aan ter wille van Afrikaans en die Afrikaanse gemeenskap, spesifiek in ʼn digitale omgewing,” verduidelik Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela. Maroela bied ook vir Afrikaanssprekendes in die buiteland die geleentheid om op hoogte te bly van dit wat in Suid-Afrika gebeur en só in kontak te bly met die Afrikaanse taal, kultuur en gemeenskap. Altesaam 55 gemeenskapsradiostasies plaaslik, asook in lande soos Namibië, Australië en Nieu-Seeland wat Afrikaans as een van hul uitsaaitale het, maak ook staat op Maroela

Media vir gratis programinhoud en ʼn jaarlikse radiovervolgverhaal, in samewerking met die ervare Bettie Kemp, om Afrikaans lewend te hou. Die Afrikaans op Wikipedia-projek, wat deur Maroela bestuur word, skep ook momentum in die Afrikaanse gemeenskap om skrywers, vertalers en kundiges aan die skryf te kry aan Afrikaanse artikels wat op Wikipedia gepubliseer word – die doel hiermee is om skoliere en studente in staat te stel om hul navorsing vir studiedoeleindes gedeeltelik in Afrikaans op die internet te doen. Die Koöperasie is Maroela se aanlyngeskenkwinkel waar eg Afrikaanse produkte verkoop word met slagspreuke wat die gebruiker van die produk aanmoedig om Afrikaans te praat met die slagspreuk: “Kom, praat jou taal!” Maak seker jy is ook deel van hierdie gemeenskap, wees deel van byna 1,6 miljoen Afrikaanssprekendes wat net so passievol oor ons taal is soos jy. As jy Afrikaans is, is hierdie jou tuiskomplek. Kom, praat jou taal by maroelamedia.co.za S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za



NUUSWAARDIG

Matrieks het wiskunde in 2016 geslaag.

Leerders presteer, maar wiskunde bly krisis

S Foto’s: iStockphoto.com

olidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het onlangs sy matriekuitslaeverslag vir 2016 bekend gemaak. Daarin is omvattende statistiek wat nie aldag deur die departement van onderwys bekend gemaak word nie. Die verslag fokus op Afrikaanse skole en hul prestasies, onder meer die aantal onderskeidings wat in sekere vakke behaal is, asook die druipsyfers van leerlinge. Die persentasie leerlinge wat in 2016 die matriekeksamen in wiskunde afgelê het, verskil nie veel van vorige jare se syfers nie. Dit blyk dat die departement van onderwys nie daarin kon slaag om meer leerlinge wiskunde as vak te laat neem nie. “Wiskunde is noodsaaklik vir die mens om te leer om probleme op te los. Die stand van wiskunde op skole behoort as ʼn nasionale krisis verklaar te word,” sê Hugo Vermeulen, hoof van die SOS. Die persentasie leerders wat in 2016 wiskunde as matriekvak geskryf het, beloop 43,6% van die totaal. Slegs 33,5% van daardie kandidate het die vak geslaag. Die groep van 721 Afrikaanse skole (skole wat Afrikaans Huistaal as vak aanbied) wat in hierdie verslag

24

Deur Wilmarie Brits

sos

Skoleondersteuningsentrum ’n Inisiatief van Solidariteit Helpende Hand

opgeneem is, verteenwoordig slegs 10% van al die skole wat wiskunde tydens 2016 se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geskryf het, maar hulle het 32% van alle wiskundeonderskeidings ingepalm. Volgens die SOS kan daar afgelei word dat die gehalte van wiskundeonderrig by Afrikaanse skole uitstekend is. Hulle vaar 300% beter as die ander openbare skole. Dit is vir die SOS ook kommerwekkend dat die eksamens slegs in Afrikaans of Engels afgelê mag word, omdat 3% steeds by elke eksamenvak (buiten tale) bygevoeg word vir kandidate wat nie as Afrikaans of Engels Huistaal-kandidate geregistreer is nie. Dit, asook die feit dat 28 skoolvakke se punte volgens Umalusi (die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding) opwaarts aangepas is, beteken dat die werklike syfers in der waarheid laer is.

Solidar Helpen

www.skolesentrum.co.za

Wat Afrikaans Huistaal as vak betref, het 721 skole se matrieks vir die vak ingeskryf, en nasionaal is altesaam 2 542 onderskeidings behaal. Die provinsies wat die beste gedoen het, is Gauteng en die Wes-Kaap met onderskeidelik 41% en 35% van al die onderskeidings. Saam het hierdie twee provinsies egter net 60% van die aantal leerders wat die eksamen in Afrikaans Huistaal geskryf het. Die Skoleondersteuningsentrum wil met hierdie verslag erkenning verleen aan Afrikaanse skole, onderwysers en personeel vir hul harde werk en toewyding aan leerders se onderwys en toekoms. Volgens die SOS is moedertaalonderrig die antwoord om SuidAfrika se onderwysstelsel weer op die regte pad te kry. Hulle beywer hulle in 2017 vir die opleiding van onderwysers en om Afrikaanse skole se gehalte te verbeter. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

Godsdiens in skole: Wat sê jy? Deur Cilleste van Dyk

D

Foto: iStockphoto.com

ie saak van godsdiens in skole het in 2014 die lig gesien nadat die Organisasie vir GodsdiensteOnderrig en Demokrasie (Ogod) in 2014 ses skole voor die hof gedaag het oor hul beweerde ongrondwetlike toepassing van godsdiens in skole. Die saak sloer intussen sleepvoet voort, maar wat opspraak gemaak het, is dat die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) vroeg in April vanjaar ʼn totale ommeswaai met hul steun van hierdie hofsaak gemaak het. Solidariteit se regspan het aan die begin van April die SAOU se volledige hofstukke in die aansoek om as ʼn vriend van die hof toegelaat te word, deeglik bestudeer. Daar is gemerk dat die SAOU inderdaad, by monde van sy uitvoerende hoof, Chris Klopper, hul aanvanklike posisie in die funderende eedsverklaring ingrypend verander het in sy aanvullende eedsverklaring wat voor die hof geplaas is. Waar Klopper in 2014 tydens ʼn openbare geleentheid gesê het die organisasie (die Organisasie vir Godsdienste-Onderrig en Demokrasie) wat die skole dagvaar “kan in die hel in vlieg” met hul saak, want skole is die spieëlbeeld van hul gemeenskappe, wil nou hierdie hofsaak om godsdiens uit skole te neem, steun. In Klopper se aanvullende verklaring, sowel as in die betooghoofde van die SAOU wat ná die aanvullende verklaring geliasseer is, word ʼn totale ommekeer gemaak in die posisie wat die SAOU aanvanklik ingeneem het. Dus skroom Solidariteit nie om ʼn brief van Louis van Dyk, voormalige skoolhoof van Hoërskool Linden (een van die ses skole wat voor die hof gedaag is), te ondersteun nie. Van Dyk vra die ondersteuning van onderwysers en ouers om die SAOU te red, want hierdie optrede van Klopper namens die SAOU is teenstrydig met die hart en die karakter van die SAOU. Ter opsomming • Die SAOU het aanvanklik die standpunt gehuldig dat skole die reg en vryheid het om ʼn Christelike karakter te kies. • Daar word in ʼn verstommende ommekeer in die aanvullende eedsverklaring van Klopper in soveel woorde aangevoer dat sekere dele van die funderende verklaring hersien moet word.

www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

• Die nuwe posisie wat nou deur Klopper namens die SAOU ingeneem word, is kortliks dat skole nie ʼn bepaalde geloofskarakter moet en mag inneem nie, en dat dit ook nie in die beste belang van leerders is dat skole ʼn bepaalde geloofskarakter inneem nie. • Met hierdie ommeswaai steun die SAOU nou baie van die argumente van die applikant, Ogod. • Die SAOU het intussen totaal onttrek aan die hofsaak en bied nou geen standpunt nie! Agtergrond oor die saak Die Organisasie vir Godsdienste-Onderrig en Demokrasie het in September 2014 ses skole per hofaansoek voor die hof gedaag oor die

beweerde ongrondwetlikheid van die skole se godsdiensbeleid en die toepassing daarvan. Hans Pietersen, voorsitter van die organisasie wat die hofstukke bedien het, meen dit is ongrondwetlik om een godsdiens uit te sonder en dat die Christelike gebruike by die betrokke skole gestaak moet word. Die skole wat tans deur die Federasie vir Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) verteenwoordig word, is die Laerskool Baanbreker in Boksburg, Laerskool Garsfontein in Pretoria, Hoërskool Linden in Johannesburg, Laerskool Randhart in Alberton, Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn. • Ondersteun jy godsdiens in skole? Besoek die webblad http://solidariteit.co.za/vir-godsdiensin-skole/ en teken die petisie. S

25


Bedryfsnuus

Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit werk, asook nuuswaardige kwessies wat jou in die arbeidsomgewing raak.

Die aantal werkgeleenthede wat deur die staalbedryf geskep word.

Steun Ons Staal-veldtog skep hoop vir bedryf

Foto’s: iStockphoto.com

D

ie staalbedryf staar een van die grootste uitdagings tot nog toe in Suid-Afrika in die gesig en daarom het die vakbond Solidariteit sy “Steun Ons Staal”-veldtog (SOSveldtog) van stapel gestuur. Hierdie veldtog fokus op die uitdagings wat voorlê en beoog om betrokkenheid aan te moedig wat aanleiding sal gee tot aktiewe optrede om die plaaslike staalbedryf te red. Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaalen ingenieursbedryf, plaas die drastiese afswaai in die groei van die plaaslike ekonomie, kostedruk in die vervaardigingsektor, reeds bestaande versmorende regulatoriese maatreëls asook uitermate hoë staalinvoere, die Suid-Afrikaanse staalbedryf onder geweldige druk. “Ons het die afgelope paar jaar duisende werkverliese in die plaaslike staal-, vervaardigings- en ingenieursbedrywe ondervind. “Talle plaaslike staalmaatskappye het óf afgeskaal deur duisende werkers af te lê óf hulle het hul ondernemings permanent gesluit – wat talle werknemers sonder ʼn heenkome gelaat het,” het Croucamp gesê. Croucamp het daarop gewys dat die staalbedryf sowat 300 000 werkgeleenthede

26

Deur Cilleste van Dyk

skep vir mense wat direk asook indirek by die staalbedryf betrokke is. “Altesaam 66% van die huishoudings in die Vaaldriehoek en Newcastle is van die staalbedryf vir hul lewensbestaan afhanklik. Dit is statistieke soos dié wat die behoefte aan en dringendheid vir ʼn veldtog soos die SOS-veldtog beklemtoon,” het Croucamp gesê. Volgens Croucamp is die SOS-veldtog se primêre doelwitte om die Suid-Afrikaanse staalbedryf te red by wyse van bewusmaking van die uitdagings wat hierdie bedryf in die gesig staar, om openbare steun te werf, om belyning tussen die primêre bedryf en aanverwante bedrywe te bevorder en om sinergie tussen hulle te bewerkstellig. Hierdie veldtog is gerig op die publiek, rolspelers in die bedryf, die regering, die media, vakbondlede en -strukture en werknemers in die bedryf. “Die SOS-tema loop hand aan hand met die idee dat ons almal trotse Suid-Afrikaners is en daarom moet ons saamstaan en saamwerk om te voorkom dat ons ontneem word van ons staalbedryf,” het Croucamp gesê. • Besoek www.staalsuidafrika.co.za om meer oor die veldtog te wete te kom. Jy kan ook jou ondersteuning toon deur “SOS” te SMS na 34802. S

Oogmerke van die veldtog 1. Openbare bewusmaking van die uitdagings wat die bedryf in die gesig staar en om ondersteuning vir die veldtog te mobiliseer. 2. Skakeling met die regering op hoë vlak met die doel om regeringsbeleid te beïnvloed veral met betrekking tot die regulatoriese raamwerk wat die volhoubaarheid van die bedryf moet verseker. Samewerking met regeringsdepartemente om oplossings te help vind vir uitdagings in die bedryf. 3. Bedryfsvlakskakeling met alle rolspelers in die bedryf om oplossings deur konsensus vir uitdagings te vind. 4. Omvattende maatskappy- en aanlegvlakskakeling om dít aan te pak wat volhoubaarheid en werksekuriteit bedreig. 5. Landwye skakeling met Solidariteit-lede en vakbondstrukture om inligting te deel en om SOS-veldtogambassadeurs te kweek. 6. Navorsing van belangrike aspekte wat die bedryf se volhoubaarheid beïnvloed ter ondersteuning van die veldtog. 7. Om mylpale wat bereik word te kommunikeer en te vier.

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


INDUSTRY NEWS

Stewige verhogings vir lede by Netcare

S Balancing health, safety, production and efficiency

Photograph: iStockphoto.com

B

By Johan Böning

alancing health and safety, production and efficiency can be quite challenging. To achieve balance, it’s imperative to realize that the achievement of health and safety, efficiency and production must be considered, but that health and safety remains the most important consideration. It is a common perception that health and safety is often sacrificed to improve production. Lack of proper maintenance is also an issue as some employers might have the tendency to try to save on maintenance which at the end impacts on efficiency and health and safety. The fact is simply this, if employees are pushed too hard and proper maintenance is lacking, it not only provides for short term results, but it creates serious health and safety risks. More often the result will be the failure of equipment, or employees who contract occupational diseases or are injured and unfortunately even fatally injured. This approach of pushing production and skimping on maintenance without due consideration and emphasis on health and safety dramatically impacts on low production and furthermore impacts the employee morale. The cost of production also significantly increases due to production losses, the struggle to repair unusable broken equipment and time spent on investigations by the inspectorates of the Departments of Labour and Mineral Resources (if it involves mining). When employees are pushed to repair something quickly, shortcuts and unsafe practices are often used to meet that goal. In many cases, the rush to complete work results in mistakes that end up taking more time and costing much more. As the saying goes, “haste makes waste”. In doing this, the only achievement will be in lowering production, becoming inefficient and creating an unsafe work environment. www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

How do we change this? We must first change our behaviour and attitude with a specific view to promote a positive, healthy and safe work culture with all employees. Effective tools to try to achieve this include, amongst others, the following: • Health and safety training; • Planned task observations; • Visible Felt Leadership (VFL); • Proper hazard identification and risk assessments; • Outlining the consequences for unsafe behaviour; • Implementing fair and appropriate disciplinary steps for poor attitude, insubordination and failing to work safely; • Creating safety awareness through safety programmes with the involvement of employees; • Involving employees – they will take ownership and will soon become your most valuable asset. This will improve the working culture and create a good working environment, with all its benefits; and • Leading by example. The following proposals might contribute to achieve a balance between health and safety, maintenance and production: • Develop health and safety specific training programmes for employees, shop stewards and organisers. • Involve the trade unions with training. Some trade unions, like Solidarity, have their own training programmes. Employers can use this to their benefit. • Encourage employees to provide input into developing better ways to do their jobs more efficiently and safely. • Ensure proper maintenance of equipment and ensure preventive and proactive maintenance programmes. The key to balancing safety, efficiency and production is by paying attention to all three! S

olidariteit het onlangs welslae behaal deur stewige salarisverhogings vir sy lede in die mediese bedryf te beding. Dit volg nadat Solidariteit ʼn 6%-salarisverhoging vir personeel by Netcare beding het, terwyl verpleegpersoneel ʼn bykomende 1%-toelaag sal ontvang. Afgesien van die salarisverhogings is daar ook ooreengekom op ʼn 6%-verhoging op die werkgewer se bydrae tot die mediese fonds. Volgens Sta-sia Engelbrecht, sektorkoördineerder in die mediese bedryf, is die vakbond dankbaar dat hy hierdie verhogings vir sy lede kon bewerkstellig. “Ten spyte van moeilike ekonomiese omstandighede en ʼn arbeidsmark wat dikwels baie uitdagings in die gesig staar, is ons tevrede met die uitkoms van die onderhandelings en die verhogings wat toegestaan is,” het Engelbrecht gesê. Engelbrecht het voorts aangedui dat daar ’n 7%-verhoging is in die toelae wat susters ontvang wat in spesiale eenhede werk. S

Ouer bevolking plaas druk op die ekonomie

S

uid-Afrika se bejaardes neem toe. Volgens Statistiek Suid-Afrika (SSA) is 8,1% van die bevolking nou ouer as 60 jaar teenoor 7,3% in 2001. Die SSA gebruik vir die doel van die studie die term “bejaard” vir mense wat ouer as 60 is. ’n Ouer bevolking plaas bykomende druk op die gesondheidsorgdienste en ander verskaffers van maatskaplike dienste omdat bejaardes meer geneig is om siek te word en dus van hierdie dienste gebruik maak. Volgens die SSA is dit daarom ideaal dat ouer mense vir so lank as moontlik ’n werk bly doen wat ʼn inkomste kan genereer. Slegs 13% van bejaardes het werk. Ouderdomstoelae is tans die hoofbron van inkomste vir die meeste bejaardes in Suid-Afrika. Nege uit tien bejaardes ontvang ouderdomstoelae en in 80% van huishoudings waarvan die bejaarde persoon die hoof is, is die toelaag die hoofbron van inkomste. Boonop gebruik baie bejaardes dit nie net om hulself te onderhou nie, maar ook ander familielede, want die helfte van die bejaardes woon in huishoudings waar niemand werk het nie. S

27


BEDRYFSNUUS

meer mense het tot dusver by Suid-Afrikaanse myne gesterf as in dieselfde tydperk in 2016.

Mynsterftes hoog weens swak oordeel

Foto: iStockphoto.com

T

ydens ʼn besoek deur Suid-Afrikaanse mynbouvakbonde aan Anglo American-myne in Australië, vra ʼn verteenwoordiger van die National Union of Mineworkers (NUM) ʼn Australiese mynwerker wat die gevolge vir die nienakoming van veiligheidsprosedures sou wees. Die mynwerker antwoord: “Ons verontagsaam nie veiligheidsprosedures nie”. Met verbasing op dié antwoord, word die vraag as ʼn hipotetiese vraag herhaal – die ferm antwoord het dieselfde gebly. Ondanks onbeheerbare faktore wat ʼn groot gevaar vir die veiligheid van mynwerkers inhou, beklemtoon bogenoemde vraag en antwoord die verskil en onderliggende menslike oorsaak van die hoë mynsterftes in Suid-Afrika. Soos ongesonde arbeidsverhoudinge in mynbou deur swak leierskap en oordeel veroorsaak word, dra gedrag, optrede en besluite deur verskeie mynbourolspelers – aangedryf deur gebrekkige dissipline, ideologie, mag en eie gewin – by tot onaanvaarbare mynsterftesyfers. Só skep hierdie optrede ʼn abnormale omgewing waarbinne arbeidsverhoudinge en beroepsveiligheid in die mynbedryf beoefen word. Die gevolg is die vernietiging van menselewens en werkgeleenthede. Die statistieke vir die tydperk 1 Januarie 2017 tot 27 Februarie 2017 toon dat daar ʼn toename in mynsterftes was vergeleke met dieselfde tydperk in 2016. In hierdie tydperk was daar reeds 16 noodlottige ongevalle vergeleke met 13 in 2016. In die goudmynsektor was daar tot dusver in 2017 agt noodlottige ongevalle in vergelyking met vyf in

28

Deur Gideon du Plessis

2016. Dit kom neer op ʼn toename van 60%. Misbruik van mag veroorsaak sterftes Bydraend tot mynsterftes is moontlik die misbruik van mag deur die departement van minerale hulpbronne (DMR) se veiligheidsinspekteurs. Die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne gee aan hulle die reg om ʼn myn of gedeelte van ʼn myn te sluit indien hulle meen dat ʼn lewensbedreigende situasie bestaan. In gevalle waar ʼn sogenaamde artikel 54-mynsluiting geregverdig is, word dit verwelkom; daar is egter inspekteurs wat bloot moedswillig is en weens persoonlike of politieke redes ʼn punt wil bewys deur ʼn tydelike mynsluiting. Dit is ook alombekend dat van ons vakbond“vriende” hul verhouding met ʼn inspekteur sal misbruik om met ʼn fiktiewe of bona fideklag dit só te bewimpel dat ʼn myn vanaf ʼn Donderdag tot ʼn Maandag gesluit word om ʼn langnaweek te skep. Benewens myne se R13,6 miljard-verlies tussen 2012 en 2015 weens artikel 54-sluitings en waardeur die regering miljarde rande aan belastinginkomste verloor het, kan artikel 54-sluitings aanleiding gee tot verhoogde mynsterftes. Eenvoudig gestel: Konvensionele myne moet om geologiese redes deurgaans operasioneel wees. Die gebruik van plofstof handhaaf ʼn geologiese balans wat verhoed dat ondergrondse druk en spanning opbou – iets wat tipies gebeur wanneer ʼn myn nie in werking is nie. Die gevolg is dat sodra ʼn myn ná ʼn artikel 54-sluiting weer aan die gang kom, die risiko

van grondversteurings en seismiese bewegings toeneem, wat grondstortings en mynsterftes tot gevolg kan hê. Boonop is sommige werkgewers skuldig daaraan om ná so ʼn sluiting druk op werknemers te plaas om verlore produksie in te haal en nalatigheid kan dan tot ʼn ongeluk lei. Dit gebeur egter dat werkers soms self deur die najaag van ʼn produksiebonus veiligheidsprosedures verontagsaam, met fatale gevolge. Gevolge en oplossing Die tragedie by die Lily-myn met drie sterftes is ʼn herinnering van die impak wat ʼn mynsterfte op ʼn gesin, afhanklikes en ʼn gemeenskap kan hê. Die dood van ʼn broodwinner het ʼn nadelige uitwerking op nagenoeg tien afhanklikes en dít alleen is genoeg rede dat alle mynbourolspelers die beheerbare faktore in moontlike mynsterftes elimineer. Hierdie faktore sluit in spanning tussen die Kamer van Mynwese en DMR oor die regulatoriese raamwerk wat die fokus van veiligheid wegneem; moedswillige artikel 54-mynsluitings; rigiede produksiebonusse; vakbondwedywering wat werkverhoudings versteur; onwettige myners wat infrastruktuur beskadig; die politieke oorreaksie van die DMR en sekere vakbonde tydens mynsterftes wat die rede(s) vir en lesse uit ʼn ongeluk oorskadu; en die onsekerheid oor die aanstelling van ʼn hoofinspekteur van myne. As hierdie probleme nie opgelos word nie, sal die mynbedryf se strewe na “zero harm” nooit verwesenlik word nie. • Gideon du Plessis is hoofsekretaris van Solidariteit. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

Raskwotas: Verontregte DKD-lid aangestel

D

ie laaste DKD-lid wat oor die hoof gesien is vir bevordering weens onbillike diskriminasie op grond van sy ras in die departement van korrektiewe dienste (DKD), is onlangs ná verskeie regsdreigemente terugwerkend vanaf 1 Desember 2010 aangestel en vergoed. Dit volg nadat dié departement versuim het om gehoor te gee aan die uitspraak van die konstitusionele hof in 2016, wat beslis het dat sewe werknemers van die DKD bevorder en terugwerkend vergoed moet word. Derick Wehr, een van die sewe DKDlede, is oor die hoof gesien vir bevordering en/of vergoeding. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het Solidariteit ʼn minagtingsbevel teen die DKD bekom. “Indien Wehr nie aangestel en/of vergoed sou word ooreenkomstig die posisie wat hom toekom

Deur Francois Redelinghuys

nie, sou dit Solidariteit met geen ander keuse gelaat het as om voort te gaan met die minagtingsaak wat op 21 April 2017 aangehoor sou word nie,” het Van der Bijl gesê. “Solidariteit is uiters verheug dat hierdie aangeleentheid ná baie jare se litigasie suksesvol afgehandel is en dat die applikante uiteindelik hul regmatige plek in die DKD kan volstaan. Dit is egter jammer dat die publiek in hierdie tydperk ontsê was van die doeltreffende diens wat hierdie amptenare kon lewer en dít slegs op grond van hul velkleur. Ons glo egter dat die DKD hierdeur ’n duur les geleer het en besef het dat die uitsluitlike najaag van rassekwotas ongrondwetlik is. “Solidariteit spreek die hoop uit dat die departement van nou af ’n meer genuanseerde benadering tot regstellende aksie sal volg waar meriete die hoogste maatstaf moet wees by aanstellings en bevorderings,” het Van der Bijl gesê. S

Derick Wehr


BEDRYFSNUUS

Bellville-dienskantoor doelgerig en positief

S

Deur Wilmarie Brits

ukses is nie iets wat deur een persoon geskep kan word nie – dis die resultaat van ʼn span wat soos een man saamwerk. Die geheim van Solidariteit se Bellville-dienskantoor se sukses lê in goeie spanwerk. Die goeie balans wat hulle handhaaf, bevorder nie net diversiteit en positiewe gesindhede nie, maar dit bring ook goeie idees en harde werk na die tafel. Die span van die Bellville-dienskantoor se hande staan vir niks verkeerd nie. Hulle het tans 133 aktiewe sake en regsnavrae. Sedert Januarie 2017 tot op hede het hulle ʼn totale skikkingsen toekenningsbedrag van R1 897 586,24 behaal. Tussendeur maak hulle hul harte oop deur verskeie gemeenskapsprojekte aan te pak en te ondersteun. Só het die Bellville-kantoor se personeel byvoorbeeld gedurende April met groot entoesiasme deelgeneem aan ʼn projek waarmee water vir die boere van Calvinia ingesamel is. In ʼn ander geval het die personeel van die dienskantoor mekaar se hande gevat om om ʼn enkelma in nood te help deur haar ʼn werkgeleentheid aan te bied. Hulle het haar gehelp om haarself te bemagtig deur haar die nodige leiding te gee, sodat sy haarself uit haar omstandighede kon lig. Volgens Ettienne Pio, litigant, is die Dryfkragprojek een van die grootse projekte wat hulle vanjaar gaan aanpak. “Die doel van die projek is om sekere maatskappye te identifiseer by wie ons bewusmaking wil skep, om sodoende ʼn aantal lede te werf ten einde ons teikens te bereik,” het Ettienne gesê. Die span van Bellville is vir mekaar ʼn ondersteuningsbasis en dit stel hulle in staat om hul vinger op die pols te hou. “Ons maak tyd om oor ditjies en datjies te gesels terwyl ons koffie en die lekkerste melktert in Kaapstad geniet,” sê Bennie Harmse, voltydse verteenwoordiger. “Balans is baie belangrik vir produktiwiteit. Daarom moet ʼn mens soms tussen die warboel van projekte deur ʼn blaaskans neem en die besige week met ʼn braai afsluit terwyl jy op ʼn persoonlike vlak na jou kollegas uitreik.” Volgens Yvette Stroebel, administratiewe beampte, verhoog sosiale aksies soos hierdie die span se motivering en samehorigheid, en help dit die meer ingetrokke spanlede om

30

Suid-Afrika se rykstes se rykdom neem toe

D

selfvertroue te ontwikkel. Tydens 2017 fokus die span van Bellville daarop om hul ledetal, en meer spesifiek hul SAPD-ledetal, aansienlik te verhoog. Dit het aan die lig gekom dat SAPD-lede op voetsoolvlak oor die algemeen baie moedeloos en gefrustreerd is as gevolg van verskeie faktore, waaronder die gebrek aan loopbaanbeplanning vir professionele polisielede, uitdagings in die werkomgewing en interne politiek. Die Bellvillekantoor in samewerking met Renate Barnard stuur vanjaar ʼn projek van stapel om die werkomstandighede en moraal van polisielede te verbeter. Hulle beplan om die Wes-Kaap in verskillende segmente op te deel en dan, in samewerking met Solidariteit se voltydse organiseerders en regspan, Solidariteit-lede in elke segment te bemagtig om ander SAPD-lede van kundige en professionele arbeidsadvies te voorsien. Dit is ongetwyfeld dat die jaar groot dinge vir die span van Bellville inhou, maar hulle is opgewonde en slaggereed vir die uitdagings wat voorlê. S

ie rand se sterk lopie verlede jaar en ’n stewige vertoning van die JSE het Suid-Afrika se getal miljoenêrs met 5% laat klim en het hul welvaart met ’n flinke 8% laat toeneem. Aan die einde van 2016 was daar 40 400 individue met netto bates van meer as $1 miljoen in die land met ’n gesamentlike welvaart van $171 miljard, blyk uit die nuwe Afrikawelvaartsverslag van AfrAsia Bank en die welvaartskonsultasiefirma New World Wealth (NWW). Dit verteenwoordig ’n beduidende deel van die totale welvaart in die land wat aan die einde van 2016 op $610 miljard gestaan het. In die rykste stad, Johannesburg, met ’n totale welvaart van $245 miljard, word 18 200 miljoenêrs gehuisves, die meeste in enige stad in Afrika. Kaïro in Egipte volg met 8 900 miljoenêrs, Kaapstad met 8 200 en ’n totale welvaart van $135 miljard en Nigerië se Lagos met 6 800. In kontras met Suid-Afrika het die getal rykes op die vasteland verlede jaar met 2% afgeneem tot 145 000 met ’n gesamentlike welvaart van $800 miljard. Andrew Amoils, hoofontleder by die NWW, skryf dit toe aan ’n uittog van rykes uit veral Nigerië nadat die Nigeriese naira waarde teenoor die dollar verloor het en eiendomspryse in dollarwaarde geval het. Hy noem dat in 2016 bykans 800 miljoenêrs uit Nigerië geëmigreer het na groener weivelde in Europa en Brittanje. Ander redes is die voorgesette geweld tussen Moslems en Christene, die veiligheid van vroue, korrupsie en die gesondheidsorgstelsel. Die land waar miljoenêrs in 2016 die meeste toegeneem het, is Mauritius, met ’n groei van 20% in sy rykes, gevolg deur Kenia met ʼn groei van 10%. Volgens die NWW het 280 miljoenêrs van Suid-Afrika hulle sedert 2006 in Mauritius gaan vestig, wat die getal miljoenêrs op die eiland op 3 800 te staan gebring het. S

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za



BEDRYFSNUUS

Port Elizabeth-kantoor loop ekstra myl

M

et nagenoeg 5 519 Solidariteitlede kan die Port Elizabethdienskantoor beslis spog. Die kantoor is ’n multibedryfkantoor met lede wat oor verskeie bedrywe versprei is, insluitende Eskom, metaalen ingenieurswese, die nuwebande-bedryf, die motorbedryf, die SAPD, die mediese bedryf en die sitrusbedryf, asook talle individuele lede. Die Port Elizabeth-dienskantoor bestaan uit organiseerder Ivan Smith en administratiewe beampte Yris du Plessis. Vir Port Elizabeth is die afgelope jaar gekenmerk deur veral artikel 189-afleggings. Hulle kan met trots sê dat talle lede hul werk behou het ná suksesvolle konsultasie met die betrokke werkgewers. Ander welslae was die salarisonderhandelings in die bande-industrie onder leiding van die sektorkoördineerder en salarisonderhandelings in die sitrusbedryf by Unifrutti en Patensie Sitrus. Du Plessis sê die kantoor glo die rede vir hul sukses is die feit dat hulle elke lid met respek behandel en die ekstra myl loop om lede gelukkig te hou. Verder glo Port Elizabeth ook dat elke lid se probleem vir hom- of haarself die grootste probleem is, en daarom moet dit gerespekteer word. Die Port Elizabeth-kantoor is ook trots op ʼn goeie groei in ledegetalle ná afloop van hul werwingsveldtog verlede jaar. Daar is ook die potensiaal van nog groei tydens 2017, veral in die motorbedryf. As deel van die Solidariteit Beweging werk

Deur Lize-Mari Labuschagne

hulle ook nou saam met Helpende Hand se streeksorganiseerder, Marlene Basson, en voorsitter van AfriForum in die Baai, Dirk Burger. Dié twee instansies het ook die afgelope jaar groot sukses behaal: • Helpende Hand se 13 takke in die Oos-Kaap het in die afgelope jaar (2016) 117 projekte ter waarde van R297 030 suksesvol afgehandel. • Die vrywilligertakke het 46 werkskeppings-

projekte ter waarde van R82 566 van stapel gestuur en was instrumenteel in stukwerk en permanente plasings. • Vier gemeenskapstudiefondse in die OosKaap ter waarde van R190 000 kon verseker dat studente finansiële bystand bekom. Volgens Du Plessis is dit vir die Port Elizabethdienskantoor uiters belangrik om goeie verhoudings met alle werkgewers te handhaaf en om lede se belange op die hart te dra. S

Richardsbaai-kantoor pak uitdagings vreesloos

S

olidariteit beloof op sy webtuiste om jou bondgenoot – as’t ware jou ouer broer – in die werkplek te wees. Deel van ons strategie om hierdie belofte na te kom, is om dienskantore dwarsoor Suid-Afrika te vestig. Solidariteit bedien tans nagenoeg 140 000 lede deur 17 dienskantore. By die Richardsbaai-kantoor neem John Smith die leiding as verteenwoordiger. Karin van der Watt staan hom by as administratiewe beampte. Die kantoor fokus veral daarop om bestaande lede te bedien en is betrokke by maatskappye soos Bell Equipment, Gedore Tools, DivFood en South 32.

32

“In Richardsbaai is ons ernstig daaroor om ons lede in al die bedrywe te bedien,” sê Karin. John verduidelik dat die meeste Solidariteit-werk in Richardsbaai verband hou met die Bedingingsraad vir die metaal- en ingenieursbedryf (MEIBC). Volgens ʼn verklaring wat Solidariteit in Desember 2016 uitgereik het, het dispuutresolusie in die bedryf feitlik tot stilstand gekom weens uitstaande fooie van nagenoeg R2 miljoen wat die MEIBC aan die dispuutresolusie-organisasie Tokiso verskuldig is. Nadat Solidariteit ʼn hofaansoek in 2016 gebring het om die MEIBC onder kuratorskap te plaas, is begin met ʼn konsultasieproses, maar geen

sukses is behaal nie. Omdat die partye wat by die MEIBC betrokke is nie op ʼn reddingsplan kon ooreenkom nie, gaan Solidariteit se saak nou voort. “Richardsbaai se ekonomie is tot ʼn groot mate afhanklik van die metaal- en ingenieursbedryf in die stad en ons doen dus alles in ons vermoë om die MEIBC van ondergang te red,” het John gesê. Volgens John sien die Richardsbaai-kantoor uit na die “Steun Ons Staal”-veldtog wat onlangs van stapel gestuur is. “Ons glo dat ons werklik ʼn verskil in die staalbedryf in KwaZuluNatal en in Suid-Afrika kan maak.” S

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IS JOU MEDIESE UITGAWES EN BYBETALINGS ‘N

BITTER PIL? Mediese skemas raak al hoe duurder en ledegeldstygings hou eenvoudig nie tred met salarisverhogings nie. Boonop verminder jou voordele dikwels en laat dit jou met ‘n selfbetalingsgaping waarvoor jy dalk nie voorsiening gemaak het nie.

ONS SAL JOU BYSTAAN

• om alternatiewe voordele-opsies binne jou huidige mediese skema te oorweeg • deur ‘n alternatiewe mediese skema voor te stel wat by jou risikoprofiel pas • deur gapingsdekking te bied wat die tekort sal aanvul tussen wat jou skema betaal en wat diensverskaffers hef.

aksent media

Kry die SORG wat jy VERDIEN teen ‘n PRYS wat jou PAS – sonder die bekommernis van ‘n betalingsgaping! Skakel ons vandag nog!

0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste

‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 44680 • CMS-akkreditasie (ORG 4268)

Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk. ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 75


BEDRYFSNUUS

SAPD, staatsdiens – geleentheid vir vakbond

Foto’s: iStockphoto.com

S

34

olidariteit kon nog altyd daarin slaag om op die regte tye die regte skuiwe te maak om te verseker dat die organisasie volhoubaar bly voortbestaan. Hierdie patroon van vernuwing en posisionering na gelang van veranderende omstandighede in die arbeidsmark en Suid-Afrika is kenmerkend van die doelgerigtheid en deursettingsvermoë van die organisasie sedert die dae van die Mynwerkersunie. Solidariteit se skuif om in ander bedrywe as net die mynbedryf te begin organiseer, die inbring van individuele lede naas kollektiewe lede, die inbring van ondersteuningslede en die onlangse skuif om beroepsgildes te begin stig, is belangrike voorbeelde van die aanpasbaarheid van die organisasie te midde van veranderende omstandighede. Dit is betekenisvol om te sien dat ander organisasies wat hierdie spronge nie op die regte tye kon maak nie, eenvoudig tot niet gegaan het of ʼn stadige dood gesterf het. Die kollektiewe omgewing, waar Solidariteit se kernbesigheid tradisioneel lê, ondergaan ook ingrypende veranderinge. Wêreldwyd en ook in Suid-Afrika is daar ʼn beweging weg van “supermaatskappye” wat ʼn monopolie in die mark gehad het na kleiner en meer maatskappye in verskeie sektore. Tradisionele bedrywe waarin ons georganiseer het, byvoorbeeld die mynboubedryf, is onder groot druk en afleggings eerder as groei is aan die orde van die dag. Ander realiteite soos regstellende aksie, Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en demografiese realiteite, soos ʼn ouerwordende

werkmag in ons nis van organisering, dra daartoe by dat ons kollektiewe kant onder druk is wat werwing en behoud betref. Binne die kollektiewe omgewing is dit daarom ook belangrik om deurgaans op die uitkyk te wees vir geleenthede om kollektief sterker te word. Die onlangse wysigings aan artikel 21 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) om organiseringsregte aan minderheidsvakbonde toe te staan wat nie aan ʼn drempel ingevolge artikel 18 van die wet voldoen nie, maar wat steeds kan bewys dat dit ʼn wesenlike belang of ʼn beduidende aantal werknemers verteenwoordig, is so ʼn geleentheid. Die deur om in ʼn verstikkende en ongenaakbare meerderheidsvakbondomgewing in te kom, is deur hierdie wysigings op ʼn skrefie oopgemaak. Die wysigings maak dit vir Solidariteit moontlik om binne sektore en in werkgewers te begin posisioneer vir organisatoriese regte, wat ʼn belangrike eerste stap na kollektiewe bedingingsregte is. Natuurlik is daar groot uitdagings, soos agentskapsfooie en vuilspel deur meerderheidsvakbonde, maar die geleentheid is te groot om ons hierteen vas te staar. Ons jarelange regstryd teen die SAPD, sowel as meer as 4 000 lede wat lojaal aan ons bly ten spyte van agentskapsooreenkomste ten gunste van Popcru en Sapu, het ons ná die wetswysigings ideaal geposisioneer om aansoek vir organisatoriese regte binne die SAPD te doen. Die saak word eersdaags gearbitreer en ons is positief oor ʼn goeie uitkoms. Dit is belangrik vir ons toetrede in die

groter staatsdiens om sukses in die SAPD te hê. Die geleenthede vir werwing in ander staatsdepartemente is tans optimaal. Meerderheidsvakbonde litigeer aktief teen ons werwingsnis en daar is groot vlakke van vervreemding van ander vakbonde in die staatsdiens onder hierdie persone. Solidariteit kan en moet in hierdie spasie intree om sodoende die vakbond van keuse vir die meer as 25 000 potensiële nismarklede te word. Omdat ons nog aan die beginfase van hierdie veldtog vir toetrede tot die SAPD en ander staatsdiensdepartemente is, moet elke personeellid van Solidariteit, ongeag die bedryf of dienskantoor of pos, die beginsel van diens en die ekstra myl voorop stel. Dit is krities belangrik dat organiserende personeel hulleself vertroud moet maak met die SAPD se prosesse en reëls ten einde diens aan lede te kan verskaf. Ons staan op die drempel van ʼn groot deurbraak en Schalk de Bruin, Renate Barnard en Zirk Gous sal eersdaags begin met ʼn groot projek van bemagtiging van personeel deur die gee van opleiding tesame met ʼn uitstekende handleiding. Ons wil jou vra om nie weg te kyk wanneer ʼn SAPD-saak of -lid of potensiële lid jou pad kruis nie, maar om deel te wees van die poging om Solidariteit in die SAPD en die staatsdiens te vestig en te laat groei. In die lig van kwynende kollektiewe werwing in ander bedrywe is dit nodig dat ons almal nou weer ʼn sprong moet maak – ʼn sprong om die staatsdiens te betree. Ons maak staat op jou hulp en positiewe ingesteldheid. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

Solidariteit skep tuiste vir staatsdienswerknemers Deur Cilleste van Dyk

S

SAPD tree weer nie op teen rassistiese werknemer

S

Deur Francois Redelinghuys & Wilmarie Brits

olidariteit het onlangs bekend gemaak dat hy ingevolge artikel 60 van die Wet op Diensbillikheid ʼn saak by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aanhangig gemaak het teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) nadat die SAPD weer geen stappe teen ʼn rassistiese werknemer gedoen het nie. Solidariteit bring die aansoek nadat ʼn polisielid ondanks die Menseregtekommissie (MRK) se ondersoek wat daartoe gelei het dat hy geskors en afgedank is, weer aangestel is. Dit volg nadat die polisielid op 15 Julie 2015 teenoor wit mense uitgevaar het in ’n Facebook-plasing. Die polisielid het hom na sosiale media gewend nadat sy lynhoof geregverdigde dissiplinêre stappe teen hom gedoen het. Een van sy plasings lui onder meer: “F*ck white people. Working under them and with them sucks”. Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, verduidelik dat die betrokke lynhoof volgens standaardprosedure in reaksie op die Facebook-plasing ’n grief by die werkgewer ingedien het. Die SAPD het egter in gebreke gebly om die nodige stappe teen die polisielid te doen en die lynhoof het gevolglik die Menseregtekommissie (MRK) hieroor genader. “Die MRK se ondersoek het daartoe gelei dat die SAPD die persoon moes skors en uiteindelik in Maart 2016 afgedank het. Die betrokke persoon is egter nou steeds werksaam in sy vorige posisie,” www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

het Van der Bijl gesê. “Hierdie geval is weer ʼn bewys van hoe mense in gesagsposisies selektief met rassisme omgaan, vandaar Solidariteit se onlangse veldtog teen selektiewe rassisme,” voeg Van der Bijl by. Hierdie betrokke geval volg egter nadat generaal-majoor Malebe-Thema teen die einde van verlede jaar rassistiese en diskriminerende opmerkings teenoor opleidingspersoneel verbonde aan die polisie se opleidingskool in Oudtshoorn gemaak het sonder dat dit enige gevolge vir haar ingehou het. Volgens van der Bijl is die betrokke personeellede se grondwetlike reg op waardigheid en gelykheid deur dié optrede ernstig aangetas. “Nadat die betrokke personeellede interne grieweprosedures gevolg het en Solidariteit haar weens haar optrede by die Menseregtekommissie verkla het, het die SAPD nie teen die sperdatum van 20 Januarie teen generaal-majoor MalebeThema opgetree nie,” het Van der Bijl verduidelik. “Kragtens artikel 60 van die Wet op Billike Indiensneming kan Solidariteit nou die SAPD weens sy gebrek aan optrede teen Malebe-Thema in die arbeidshof pak.” Volgens hom sal die vakbond hierdie weg volg, aangesien daar nie daadwerklik teen Malebe-Thema opgetree is nie. “Solidariteit eis dat hierdie voorval onpartydig ondersoek en die nodige dissiplinêre stappe teen Malebe-Thema geneem word.” S

olidariteit se lidmaatskapgetalle in die openbare sektor het sodanig toegeneem dat die vakbond oplossings vir struikelblokke in hierdie sektore ook ʼn prioriteit gaan maak vir 2017. Die grootste aantal Solidariteit-lede vanuit die openbare sektor is werknemers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en dit is grootliks te danke aan die sukses wat Solidariteit in sake teen die SAPD behaal het. Die departement van korrektiewe dienste volg kort op die SAPD se hakke en die derde meeste lede kom vanuit die departement van onderwys. Hoewel Solidariteit in alle sektore besig is met aksieplanne, was daar besluit om strenger stappe in die SAPD te doen, sodat lede georganiseer kan word, deur aansoek te doen om ingevolge artikel 21(8C) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, No 66 van 1995 (WAV), as vakbond erken te word. Volgens die bevinding van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) is Solidariteit daarop geregtig om vir erkenning as vakbond in die SAPD aansoek te doen. Dit volg ná vyf partye standpunte geopper het om Solidariteit daarvan te weerhou om in die SAPD te kan organiseer. Solidariteit sal in die toekoms dieselfde proses wat nou by die SAPD gevolg word by ander staatsdepartemente aanpak waar ons van mening is dat dit kan slaag. Verder gaan Solidariteit vier kongresse vir die openbare sektor hou: 1. 3 Junie 2017 – SAPD – by Doxa Deo, Raslouw, Pretoria – 09:00-13:00. 2. 24 Junie 2017 – Openbare sektor – by Doxa Deo, Raslouw, Pretoria – 09:0013:00. 3. 22 Julie 2017 – SAPD Wes-Kaap – Reëlings sal nog bekend gemaak word. 4. 19 Aug 2017 – Openbare sektor WesKaap – Reëlings sal nog bekend gemaak word. Die program sal eersdaags gefinaliseer word. Solidariteit wil van die geleentheid gebruik maak om lede in die openbare sektor te ontmoet en om hul uitdagings beter te verstaan sodat lede se regte en belange uitgebrei en beskerm kan word. • Werknemers in die openbare sektor wat belangstel om by Solidariteit aan te sluit, SMS die woord STAAT na 34802 (R2 per SMS) en Solidariteit se dienssentrum sal jou kontak. S

35


jy & die Reg

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

Deur Deon de Jager

“Prosedurele billikheid” tydens verhore

Foto: iStockphoto.com

D

ie Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal dat enige ontslag substantief en prosedureel billik moet wees. Maar wat beteken prosedurele billikheid? Regter Van Niekerk het in Avril Elizabeth Home for the Mentally Handicapped v CCMA & Others [2006] 9 BALR 833 [LC] meer duidelikheid gegee oor wat prosedurele billikheid in die praktyk beteken. In sy uitspraak verwys hy onder andere na die Goeie Praktykskode oor ontslag (vervat in bylae 8 van die Wet op Arbeidsverhoudinge), wat handel oor die prosedurele billikheid van ʼn dissiplinêre verhoor. Volgens item 4 van hierdie kode moet ʼn werknemer ʼn geleentheid gegun word om sy saak te stel in antwoord op die aantygings teen hom. Maar wat behels só ʼn geleentheid? Tydens die geleentheid moet daar dialoog tussen die werkgewer en die werknemer wees. Ook die werkgewer moet ʼn geleentheid kry om na te dink oor die voorgenome ontslag. Behalwe in uitsonderlike gevalle moet ʼn ondersoek plaasvind, die werknemer moet in kennis gestel word van enige aantygings teen hom, en hy moet ʼn redelike tyd gegun word om daarop te antwoord. Die werknemer het ook die reg om deur ʼn vakbondverteenwoordiger of medewerknemer bygestaan te word. Die werkgewer moet dan die besluit wat geneem is aan die werknemer oordra – verkieslik op skrif. Indien daar besluit is om die werknemer te ontslaan, moet die rede vir die ontslag gegee word. Die werknemer moet ook herinner word aan sy reg om enige ontslagdispuut na die KVBA (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie) of ʼn ander toepaslike eksterne forum te verwys. Voor die inwerkingtreding van die huidige Wet op Arbeidsverhoudinge in 1996 is dissiplinêre verhore meer formeel benader; onder die huidige wet word dit minder formeel benader. Hierdie meer informele benadering spreek duidelik uit die verduidelikende memorandum by die konsepwetsontwerp op arbeidsverhoudinge. Daarvolgens moet ʼn bondige maar billike prosedure gevolg word voordat ontslag kan plaasvind. Volgens hierdie benadering is daar duidelik nie plek vir formele prosedures met al die

36

kenmerke van ʼn strafverhoor soos die lei van getuienis, tegniese en komplekse klagstate, versoeke om besonderhede, die toepassing van die reëls oor die lei van getuienis en regsargumente nie. Opsommenderwys: ʼn Dissiplinêre verhoor of ondersoek moet nie ʼn formele prosedure wees waarin ʼn werknemer met tegniese inligting en reëls geïntimideer word nie. Die belangrikste is dat daar ʼn ondersoek is, dat

die werknemer in kennis gestel word van die aantygings teen hom, en dat hy ʼn geleentheid gebied word om sy saak te stel. Indien die werknemer wél ontslaan word, moet die rede(s) vir die ontslag verskaf word. Dit is in breë trekke wat ʼn billike prosedure tydens ʼn dissiplinêre verhoor/ondersoek behels. Vir ʼn meer persoonlike bespreking van u besondere geval kan u gerus een van Solidariteit se arbeidsregskenners kontak. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

Veiligheidsberaad: Saamstaan nodiger as ooit

Foto: iStockphoto.com

T

ot dusver in 2017 is ons gebombardeer met die een nuusberig ná die ander wat in detail verslag doen oor die grusame moorde op plase, huisinbrake en allerlei ander naarhede wat mense teenoor ander pleeg. Die statistieke toon dat daar nét in Februarie vanjaar sowat 17 mense in meer as 40 plaasaanvalle vermoor is. Dit is só erg dat die gesprek rakende landelike en plaasveiligheid onlangs vir die eerste keer in die parlement gedebatteer is, te danke aan volgehoue druk deur die Vryheidsfront Plus (VF+). Dit is wel debatteerbaar of daar enige verskil gesien sal word ná afloop van die debat, met vele partye wat die plaasaanvaldebat as ʼn seepkis gebruik het om hul eie rasse-ideologie verder te dryf. Hoewel misdaad in Suid-Afrika nie ʼn nuwe verskynsel is nie, laat die absolute brutaliteit en wyse waarop baie aanvalle uitgevoer word ʼn mens steeds totaal en al verslae. Met die

MEI 2017 realiteit wat ons rakende veiligheid in die gesig staar, is dit nou die tyd om hande te vat om gesamentlike oplossings te bedink om die stygende misdaadneigings in Suid-Afrika te stuit. AfriForum, wat al ʼn jarelange geveg teen plaasaanvalle voer en ook reeds sowat 100 gemeenskapsbuurtwagte op die been gebring het, in samewerking met die groter Solidariteit

Beweging, het besluit om op Saterdag, 6 Mei ʼn veiligheidsberaad te hou by die Heartfelt Arena in Centurion. Dié beraad, wat van 09:00 tot 14:30 plaasvind, gaan juis ʼn forum bied waar mense bydraes kan lewer en meer kan uitvind oor die planne wat die Beweging in die toekoms gaan bekendstel om ons gemeenskappe te beveilig. Tydens die beraad gaan Projek Nehemia, AfriForum se nuwe projek rakende veiligheid, ook bekendgestel word. Projek Nehemia fokus spesifiek op die aanslag wat gemeenskappe binne die wetlike raamwerk teen geweldenaars moet voer. Die strategie is inklusief en het ten doel om alle gemeenskappe met inligtingsbestuur en misdaadvoorkoming deur middel van ’n nasionale netwerk te help. • Kom neem gratis deel aan hierdie beraad en help ons om ons gemeenskappe te beveilig. Besoek www.veiligheidsberaad.co.za om jou bywoning te bevestig. S




in Beweging

Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

Groot krag opgesluit in klein aksies

Foto: iStockphoto.com

V

erlede Vrydagaand hou ons buurtwag massapatrollie saam met die aangrensende woonbuurte se groepe en privaat sekuriteitsmaatskappye. Dit staan onder leiding van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). In totaal ry 93 voertuie met flitsende ligte en loeiende sirenes deur ons omgewing. Dié aksie volg nadat ons die afgelope tyd swaar onder huisrowe, inbrake en motordiefstal deurgeloop het. ’n Gewaardeerde voormalige stasiebevelvoerder is ook pas weer by ons polisiekantoor aangestel en wil die verhouding met die gemeenskap verstewig. Die massapatrollie is ’n boodskap aan misdadigers dat ons almal saamstaan en dat hulle nie hier welkom is nie. By die nabetragtingsvergadering hoor ons een van die patrolleerders was ’n mannetjie van so ongeveer drie jaar oud. Hy het só na die aksie uitgesien dat hy die oggend om vyfuur al in sy Spiderman-nagklere reggestaan het om saam met sy pa te gaan ry. As jy hom vra wat hy gedoen het, antwoord hy: “Ek het teen misdaad geveg!” Op die oog af is dit die antwoord van ’n kostelike knapie, maar eintlik stuur dit ’n geweldig bemagtigende en inspirerende boodskap aan elkeen wat tans deur al die land en wêreld se probleme oorweldig voel. Wat nodig is om volhoubare oplossings vir enige probleem te vind, is nie die reusedade van beroemde helde met toegang tot groot hulpbronne nie, maar klein aksies deur mense wat soms onbenullig mag lyk – soos dié seuntjie. Dit verg die identifisering van die probleem, die beplanning van ’n sinvolle strategie om dit aan te pak en dan die oorgang na aksie met persoonlike deelname en samewerking met enersdenkende, geloofwaardige vennote. Dit was ook ons uitgangspunt toe ons AfriForum in 2005 gestig het. Ons het nie vir Bill Gates of Johann Rupert om ’n miljard of twee gevra nie, maar eerder klein donasies van letterlik alle vrywillige ondersteuners. Twaalf jaar later bewys sowat 190 000 maandelikse bydraers dat dit moontlik is en dat ’n wye verskeidenheid suksesse danksy die gesamentlike krag van vele klein insette moontlik is. Die beste van alles is dat dit ook nie by geldelike bydraes gebly het nie, maar

40

Deur Alana Bailey

Wat nodig is om VOLHOUBARE OPLOSSINGS vir enige probleem te vind, is nie die reusedade van beroemde helde met toegang tot groot hulpbronne nie, maar KLEIN AKSIES deur mense wat soms onbenullig mag lyk. dat mense oor die land heen ook hul tyd tot AfriForum en hul gemeenskappe se beskikking stel, waardeur ons almal sterker staan. Binne die Solidariteit Beweging is die skep van sterk, onafhanklike instellings nog altyd ons fokus. Dit beteken nie die bou van geïsoleerde ivoortorings nie – soos enkele pseudojoernaliste in die media voorgee – maar aktiewe organisasies wat altyd bereid is om met enige instelling, gemeenskap of individu saam te werk met wie ons doelstellings ooreenkom. So sal Akademia enige kwalifiserende studente aanvaar, en nie net kinders van lede van die Beweging se instellings nie. AfrikaansVriendelik sal enige besigheid wat in Afrikaans diens lewer gratis bemark. Kraal Uitgewers sal nie net eie publikasies nie, maar ook onafhanklike

skrywers se selfpublikasies op terreine wat in die uitgewery se fokus val, help bemark. Wanneer AfriForum ’n hofsaak oor Afrikaans as tersiêre medium van onderrig aanpak, gaan dit nie net oor lede se behoefte aan moedertaalonderrig nie, maar ook oor die verdediging van die beginsel van taalregtebeskerming vir alle Afrikaanssprekendes – en trouens ook alle ander Suid-Afrikaanse tale wat wil kapitaliseer op oorwinnings wat ons behaal. (Die onus rus egter steeds op laasgenoemde om die fakkel op te neem en dit self te doen.) Die voorbeelde wat ek hierbo noem, is spesifiek op die terrein van taal van toepassing. Weens die verengelsing van Suid-Afrika beleef ons die tipiese gevolge van eentalige stelsels in ’n meertalige land, byvoorbeeld toenemende ongeletterdheid, ’n stygende werkloosheidsyfer, vaardigheidstekorte, ekonomiese nood, sosiale verdeeldheid en politieke onstabiliteit. Deur moedertaalonderrig te bevorder en taalregte van alle gemeenskappe te erken en beskerm, kan dié probleme tot ’n groot mate uitgeskakel word. Ons is by vele strategieë in dié verband betrokke. Uiteenlopende invalshoeke maak dit vir enigeen moontlik om aktief deel te neem, of self op inisiatiewe voort te bou wat reeds bestaan. Dit geld ook op ander terreine soos gemeenskapsveiligheid, aksies teen korrupsie en diensleweringsbehoeftes. Vir deelname om sinvol te wees, is dit egter nodig om ingelig te wees. Daar is tans ’n legio klagtes oor media- en ander instellings wat nuus vir eie doelstellings verdraai. Só ’n manipulasieproses kan net slaag as die publiek nie wyd nuus insamel en krities daaroor dink nie. In die internet-era is dit makliker as ooit tevore om verskillende bronne te beoordeel aan die hand van wie dit besit of finansier, en wie in diens daarvan staan. Bronne moet op grond hiervan met mekaar vergelyk word sodat ’n mens ’n eie opinie kan vorm. Mense wat nie bereid is om dít te doen nie, verdien om aan die neus rondgelei te word. As gelowiges moet ons vir genade en leiding bid, maar ook al ons talente, hoe groot of klein ook al, inspan om krities te dink, te beplan, saam te span en self te doen. Op dié wyse kan selfs die kleinste daad die wêreld verander. • Alana Bailey is adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za



IN BEWEGING

Adv. Mark Oppenheimer, mediaregkenner (foto regs), en Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, bespreek die omstrede “haatspraak”wetsontwerp waarteen die burgerregtegroep kapsie maak.

“Haatspraak”-wetsontwerp kry groot teëstand

Foto’s: Rozier van Tonder

D

ie ANC se voorgestelde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdaad en Haatspraak sal eerder rassisme bevorder, vryheid van spraak ondermyn en tot moontlike arbitrêre vervolging lei. Dít is van die besware wat talle organisasies in voorleggings teen die omstrede wetsontwerp ingedien het. Die publiek en belangegroepe het tot einde Januarie vanjaar tyd gehad om voorleggings te maak. ’n Stortvloed van teëkanting is geopper deur burgerregteorganisasies soos AfriForum, die Right2Knowveldtog, die F.W. de Klerk-stigting, Freedom of Religion SA en kerkgroepe. AfriForum het ’n regsmening rondom dié wetsontwerp gekry wat deur adv. Mark Oppenheimer, mediaregskenner, in samewerking met adv. Martin Brassey (SC) en adv. Gretha Engelbrecht opgestel is. Die mening kom daarop neer dat die wetsontwerp nie net vryheid van spraak in ’n ongrondwetlike mate sal skend nie, maar ook vernietigend vir demokrasie, samehorigheid, die vrye vloei van idees en mediavryheid sal wees. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat haatspraak en rassisme ’n probleem in Suid-Afrika is. “Met hierdie wetsontwerp poog die ANC om mikrobestuur op die samelewing toe te pas op ’n wyse wat rassisme en haat sal bevorder, eerder as om dit te beveg.” Oppenheimer meen dat die oorheersende kwessie rondom die wetsontwerp die wyse is waarop dit gedefinieer word. “Die Grondwet maak dit duidelik watter spraak op haatspraak neerkom – verkondiging van haat op grond van ras, geslag, etnisiteit of geloof – en dit wat

42

Deur Alet Rademeyer

AfriForum se besware 1. Die nodige balans tussen die reg op vryheid van spraak en die potensiële beperking daarvan word nie getref nie. 2. Die drempel wat vir die definiëring van haatspraak gestel word, is só laag dat spraak wat deur die Grondwet beskerm word, ook gekriminaliseer word. 3. Die gevolg hiervan is dat robuuste debatte en gesprekvoering oor sensitiewe politieke kwessies ontmoedig sal word. Komediante en spotprenttekenaars sal byvoorbeeld in vrees vir strafregtelike vervolging leef. 4. Billike en akkurate verslagdoening van haatspraak word gekriminaliseer. Selfs boekwinkels wat voorraad aanhou waarin daadwerklike haatspraak behandel word (soos boeke oor Nazi-Duitsland of die Rwandese volksmoord) kan vervolg word. 5. Gevangenisstraf word opgelê in gevalle waar ander optrede meer gepas sou wees. Eerste oortreders kan tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis word en tweede oortreders tot tien jaar. 6. Die wetsontwerp maak dit vir die Nasionale Vervolgingsgesag moontlik om selektiewe en arbitrêre vervolgings te doen, wat daartoe kan lei dat “haatspraak” wat kritiek op die regering of die regerende party bevat tot vervolging lei. neerkom op aanhitsing om skade te berokken. Wat dié wetsontwerp doen, is om verby hierdie spraak uit te brei om bespotting en belediging in te sluit, en dit het drakoniese regtelike strawwe.”

Die Right2Know-veldtog meen die wetsontwerp sal vryheid van spraak kriminaliseer en grondwetlike regte skend. Luidens ’n verklaring van Right2Know poog die wetsontwerp om individuele gedrag te kriminaliseer pleks daarvan om institusionele oorsake en faktore wat tot rassisme, xenofobie en ander onverdraagsame gedrag lei, te hanteer. Die wetsontwerp ignoreer bestaande oplossings wat slagoffers van rassisme kan gebruik. Right2Know meen voorts dat die wetsontwerp ook die reg sal kriminaliseer om te protesteer en te kritiseer. Die F.W. de Klerk-stigting wil hê dat haatspraak in geheel uit die wetsontwerp gehaal moet word. “Die vae en verreikende oortreding van haatspraak val nie binne die grondwetlike parameters van haatspraak in terme van die Grondwet nie. Vryheid van spraak moet onvermoeid verdedig word om die land te skep wat vir volgende generasies nagelaat word.” Dr. Gustav Claassen, hoofsekretaris van die NG Kerk, het gesê die Tussenkerklike Raad (TKR) is ook sterk teen die wetsontwerp gekant. Volgens hom glo die kerke wat deur die TKR verteenwoordig word dat die Grondwet, die Gelykheidswet, ander bestaande wetgewing en die gemenereg genoeg middele bevat om sake te hanteer wat in dié wetsontwerp in die vooruitsig gestel word en aan willekeurige beoordeling oorgelaat gaan word. Roets sê dat indien die wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering (NV) en die president bekragtig word, AfriForum se regspan sal voorberei om dit in die hof te beveg. • Die publiek kan help en R10 tot die regsfonds bydra deur die woord “Rassisme” na 38312 te SMS. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Só reik duisende vrywillige hande uit

Foto: iStockphoto.com

O

Deur Marlien van der Westhuizen

ns lewe in ’n wêreld wat baie keer hard en gevoelloos voorkom, maar as ’n mens die moeite doen om dieper te kyk, lyk dinge baie anders. Solidariteit Helpende Hand se projekte is in die meeste gevalle heeltemal afhanklik van ons vrywilligers en ons het hulle bietjie gaan vra waarom hulle by Helpende Hand betrokke is. Hierdie meer as 1 500 vrywilligers gee hul tyd, energie en soms ook hul geld om die gemeenskap te help. Hulle vra nie erkenning nie, maar gaan onverpoosd voort om die projekte wat Helpende Hand inisieer uit te dra en uit te brei tot volhoubare goeddoenprojekte. Nie net vind die samelewing by die projekte baat nie, maar vir 80% van die vrywilligers is dit ’n bron van vreugde om ander te help. Verder het hulle aangedui dat dit betekenis aan hul lewens gee en ook dat dit help om hulle te laat ontspan. Volgens René du Preez, bemarkings- en kommunikasiebeampte van Helpende Hand, is daar nog redes waarom betrokkenheid by liefdadigheid goed is vir individue. “Vir vrywilligers is dit ook ʼn goeie geleentheid om hul netwerke te vergroot aangesien 66% van vrywilligers aangedui het dat hul tak ’n netwerk van organisasies het wat hulle kan bystaan en ondersteun,” sê Du Preez. In 2016 het Helpende Hand se 165 takke altesaam 1 303 takprojekte en 330 streekprojekte ter waarde van R8 227 684 aangepak. En toe die meer as 1 500 vrywilligers gevra is hoekom hulle by Helpende Hand betrokke is, het 60% aangedui dat hulle ’n verskil in hul gemeenskappe wil maak. Buiten vir die projekte wat deur takke van stapel gestuur is, het Helpende Hand se nasionale projekte onder meer vir 4 600 graadeens ’n skooltassie propvol skryfbehoeftes voorsien en die organisasie het daagliks 4 420 kleuters van ’n warm bord kos voorsien. Verder is R750 000 spandeer om 3 697 meisies in die skool te hou deur hulle van die nodige sanitêre ware te voorsien. • Om deel van hierdie uitstekende span te word, kontak Helpende Hand en hulle sal jou na jou naaste tak verwys. Skakel 0861 25 24 23 of stuur e-pos na diens@helpendehand.co.za en raak sommer vandag nog betrokke. S www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

43


IN BEWEGING

Solid Help

Kop tot tone ’n Helpende Hand-kleuter

Foto’s: iStockphoto.com en Verskaf

V

44

ir die gesonde ontwikkeling van ’n kind is daar verskeie fasette wat bymekaar aansluit om ’n gebalanseerde, gesonde kind te verseker. Vir Solidariteit Helpende Hand kom alles tot volbringing by ’n bord. Die Bord-projek is meer as net ’n voedingsprojek; dit is ’n poging om kinders só te bemagtig dat hulle nooit in armoede sal verval nie. Helpende Hand het ʼn studie onderneem om die invloed van die Kosblikkieprojek op kleuters se welstand te bepaal. Kleuters is in November gemeet en toe weer in Januarie nadat hulle die vakansie by die huis spandeer het. Uit die studie het dit geblyk dat kleuters oor Kerstyd minder kos ontvang as wat hulle gedurende ʼn skooldag met die Kosblikkievoedingsprogram ontvang. Dit was nie bloot ʼn geval dat hierdie kleuters nie gegroei het nie – hulle het inderwaarheid drasties gewig verloor. “In een van die ergste gevalle het ʼn verlies van 18% van liggaamsmassa by ’n vierjarige plaasgevind,” sê Marianda Schlebusch, projekorganiseerder by Helpende Hand. “Die kleuter

Deur Marlien van der Westhuizen

se boarm-omtrek het oor die tydperk van ’n maand ook met bykans 6% verminder.” Vanjaar wil Helpende Hand egter nie net op gesonde voeding fokus nie, maar ook op die newe-effekte wat wanvoeding op ʼn kleuter kan hê om sodoende gesonde, gebalanseerde kleuters die wêreld in te stuur. “Ons wil vanjaar ’n bewustheid by kleuters en hul ouers skep oor gesonde mondhigiëne,” sê Schlebusch. “Ons kry gereeld navrae van onderwysers wat raadop is oor die kleuters se tande. Dit is ongelukkig een van die gevolge van wanvoeding.” Suikerryke, eenvoudige stysel en verwerkte voedsel het ’n negatiewe uitwerking op kleuters se tande en veroorsaak dikwels tandbederf. Ongelukkig is dit nie net die melktandjies wat tandbederf opdoen nie. Dit is ook moontlik dat die kleuters se permanente tande skade kan opdoen. Dit kan egter verhinder word deur toe te sien dat kinders gereeld tandeborsel en gesonde voedsel inneem. Nog ’n aspek wat tot ’n gebalanseerde kleuter lei, is om hul dieet met vitamiene aan te vul.

Volgens Schlebusch is die kleuters in ʼn huishouding die eerste persone wat ly wanneer die huishouding se finansies druk. “Kleuters se voeding is van kardinale belang en ons sien baie gevalle van wanvoeding by kleuters,” sê sy. “Die kleuters toon tekens van swakker breinfunksionering en hul haartjies is bros en minder as gevolg van ’n tekort aan kreatien en swak proteïensintese. Hulle kry ook gereeld ooginfeksies, sere wat nie gesond wil word nie en hul hart, niere en ingewande funksioneer nie soos dit moet nie.” Helpende Hand is baie trots op die ondersteuners wat maandeliks bydra om seker te maak die projek kan voortgaan. Om die bykomende kleuters te voed, het Helpende Hand besluit om weer op die publiek se knoppie te druk. Vir so min soos R50 per maand kan jy ’n Bord-voog word en help om hierdie kleuters van ’n gesonde bord kos verseker. • Om aan te sluit, SMS die woord Bord na 39950 (SMS’e kos R2). Vir meer inligting oor die projek, besoek www.kosblikkie.co.za of bel Marianda Schlebusch by 012 644 4390. S

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


aksent media


PROMOSIE * Bepalings en voorwaardes geld

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277

Legal X sien om na jou regsbehoeftes buite die arbeidsfeer. Waar Solidariteit arbeidsregsaangeleenthede hanteer, bied Legal X aan jou advies en verteenwoordiging met siviele of strafregtelike sake. Kry die beskerming wat jy verdien teen slegs R112 per maand.

Beslaglegging op salarisse en lone

‘n Foto: iStockphoto.com

Besoldigingsbeslagbevel is ʼn bevel wat deur ʼn skuldeiser verkry word ingevolge waarvan daar beslag gelê word op ʼn gedeelte van ʼn skuldenaar (werknemer) se salaris. Die werkgewer word verplig om die bedrag in die bevel gemeld van die werknemer se salaris te verhaal en aan die skuldeiser oor te betaal. Die uitspraak van die konstitusionele hof op 13 September 2016 het verwarring geskep en daar heers gevolglik baie onsekerheid onder werkgewers en werknemers oor die geldigheid van bestaande besoldigingsbeslagbevele. Wetgewing ongrondwetlik verklaar In die saak University of Stellenbosch Legal Aid Clinic and Others v Minister of Correctional Services and Others CCT 127/15 moes die hof beslis oor die grondwetlikheid van artikel 65J(2) van die Wet op Landdroshowe, Wet 32 van

46

1944. Die spesifieke artikel handel oor die uitreiking van besoldigingsbeslagbevele. Tot op daardie stadium kon die klerk van die hof só ʼn bevel uitreik deur seremonieel ʼn stempel op ʼn vooraf voorbereide hofbevel te plaas. Die bevele is derhalwe uitgereik sonder dat enige geregtelike oorsig plaasgevind het. Dit het in baie gevalle veroorsaak dat onredelike bevele uitgereik is. Toekomstige besoldigingsbeslagbevele Die konstitusionele hof het sekere prosedurele maatreëls in werking gestel waarvolgens besoldigingsbeslagbevele nou uitgereik mag word. Slegs ʼn landdros mag só ʼn bevel uitreik en slegs nadat die landdros hom- of haarself vergewis het van die meriete van elke saak en tevrede is dat die bedrag waarop beslag gelê word, inaggenome die werknemer se vergoeding, geregverdig is. Selfs in omstandighede waar ʼn werknemer tot ʼn

besoldigingsbeslagbevel toegestem het, sal die bevel slegs uitgereik word ná behoorlike oorweging deur ʼn landdros. Bestaande besoldigingsbeslagbevele Wat betref besoldigingsbeslagbevele wat voor 13 September 2016 uitgereik is, word die geldigheid van die bevele nie deur die uitspraak geraak nie. Werkgewers is steeds verplig om die bedrae van hul werknemers se salarisse te verhaal. Dit laat egter nie ʼn werknemer sonder enige remedies nie. Sou ʼn werknemer van mening wees dat die besoldigingsbeslagbevel onredelik is kan hy of sy steeds die hof vir wysiging of ʼn tersydestelling van die bevel nader. Sou ʼn werknemer of selfs ʼn werkgewer vermoed dat ʼn besoldigingsbeslagbevel onredelik toegestaan is, word hulle aangeraai om onmiddellik regsadvies in te win ten einde vas te stel of daar gronde is vir die wysiging of tersydestelling van die bevel. Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


Finansiële Dienste

REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!

Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet slegs R112 per maand.* aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. • Onbeperkte tot regsdokumentasie. regshulptoegang – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

24 uur per dag

2

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

aksent media

Regsverteenwoordiging ter waarde van R50 000 per jaar

0861 765 734

www.legalex.co.za

Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging

Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556.

3

Afslag op eiendomsoordragte

4

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

* Bepalings en voorwaardes geld * Bepalings en voorwaardes geld

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legalex (Edms) Bpk, FSP-nommer: 5277, finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk, FSP-nommer: 26/10/75


IN BEWEGING

MY GESIN

“Balans, vrede en vreugde is die vrugte van ‘n suksesvolle lewe. Dit begin met die erkenning van jou talente en die vind van maniere om ander te dien deur hulle te gebruik.” ~ Thomas Kinkade ~

Balans die sleutel tot ’n beter lewe

Foto: iStockphoto.com

I

n vandag se gejaagde samelewing waar ons almal spook om ʼn eweredige gewigsverspreiding tussen ons werk, gesin en vriende te handhaaf, raak dit soms moeilik om regop en staande te bly. Dit is maklik om te sê ʼn mens moet gebalanseerd lewe, maar daar is baie faktore wat dit vir ʼn mens moeilik maak om al die balle in die lug te hou. Die grootste redes waarom ons soms ongebalanseerd is of voel, is omdat ons meer op een segment fokus en een of meer van die ander afskeep. Hoewel elke individu balans op ʼn unieke manier uitoefen en dit oor die algemeen as ʼn persoonlike saak gesien word waaroor ʼn mens nie sommer kan veralgemeen nie, is daar wel sekere aspekte daarvan wat op almal van toepassing is. Volgens Anke Becker, lewens-, gesondheidsen welsynsafrigter, is daar talle elemente in individue se lewens wat balansering nodig het. Die elemente word in twee kategorieë verdeel, naamlik intern en ekstern.

48

Deur WIlmarie Brits

Eksterne balans sluit elemente soos jou werk, gesin en ontspanning in. Om ʼn goeie balans tussen jou werk en jou gesin te handhaaf, maak seker dat jou werkgewer bewus is daarvan dat jy ʼn gesin het en wat jou verpligtinge teenoor jou gesin is; met ander woorde, probeer om nie werk huis toe te neem nie. Om ʼn gebalanseerde lewe te verseker, is dit belangrik om te beplan. Om te verseker jy stel nie jou werk bo jou gesin of andersom nie, bestudeer die kalender wat skole aan die begin van die jaar uitdeel deeglik, sodat jy vroegtydig weet van belangrike datums op jou kind se skoolkalender. Deesdae is daar soveel toestelle wat ontwerp is om jou lewe georganiseerd te hou en poog om vir jou ʼn gebalanseerde lewe in die palm van jou hand te gee. Aan die een kant maak tegnologie die lewe makliker, maar aan die ander kant kan dit ook jou lewe kompliseer. Hoewel dit makliker en vinniger is vir die werk om jou in die hande te kry, kan dit jou ook

ontneem van kosbare gesinstyd. Maak seker jy ruim tegnologievrye tyd in waar jy en jou gesin kan sit en gesels en bewus raak van mekaar. Om ʼn goed gebalanseerde lewe te hê, moet jy seker maak jy gee aandag aan die ander kant van die weegskaal ook: moenie vergeet van interne balansering nie. Volgens Anke moet jy aandag skenk aan die intellektuele uitdagings wat jy vir jouself stel. Gee jouself ʼn blaaskans en geniet ʼn glasie wyn of ʼn stappie op die strand. ʼn Gesonde leefstyl speel ook ʼn baie groot rol in ʼn gebalanseerde leefstyl. “Maak seker jy volg ʼn gesonde eetplan, drink genoeg water en is gereeld aktief, maar maak ook seker jy laat jou liggaam genoeg rus, slaap genoeg en geniet nou en dan ʼn lekkerny,” sê Anke. Dit is belangrik om te besef dat daar nie ʼn kitsoplossing is vir ʼn gebalanseerde lewe nie. Geduld is voorts die wagwoord. Ons is so gewoond daaraan dat alles in die lewe vinnig gebeur, dat ons verwag om onmiddellik ʼn balans te kan handhaaf. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Akademia ken eerste BCom-grade toe

Foto: iStockphoto.com

A

kademia het op 7 April tydens sy vyfde jaarlikse plegtigheid ʼn nuwe mylpaal bereik met die toekenning van die eerste BComgrade deur dié tersiêre instelling. Tydens die geleentheid is 13 grade aan studente toegeken wat in 2014 vir die program BCom Ondernemingsbestuur ingeskryf en dit verlede jaar voltooi het. Sowat 400 mense het die jaarlikse plegtigheid in die Atterbury Teater in Pretoria bygewoon waartydens kwalifikasies aan altesaam 76 studente van regoor die land, asook ʼn student in Nieu-Seeland, toegeken is. Benewens die toekenning van die 13 grade in BCom Ondernemingsbestuur, is 14 gevorderde diplomas in Projekbestuur, 3 diplomas in Kleinsakebestuur, 1 diploma in Bemarking, 19 hoër sertifikate in Kantooradministrasie en 26 hoër sertifikate in Rekeningkunde toegeken.

Deur Francois Redelinghuys & WIlmarie Brits

Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia, het namens Akademia as instelling sy trots uitgespreek en die studente met hul prestasies gelukgewens. “Akademia het die afgelope vyf jaar soos nooit tevore nie universiteitsvlakkwalifikasies van hoogstaande gehalte binne die bereik van

WIN a holiday for two people to the value of R50 000!*

Afrikaanse studente geplaas. In 2012 het ons met hoër sertifikate begin en vanjaar ken ons die eerste grade toe,” het Le Roux gesê. Le Roux het voorts bygevoeg hulle is verheug om te dink dat hoewel hierdie die eerste gradeplegtigheid is wat Akademia nou aanbied, dit ook die kleinste gradeplegtigheid ooit sal wees. “Van hier af vorentoe sal elke gradeplegtigheid net nóg groter wees vanweë die oorweldigende aanvraag na Akademia,” het Le Roux gesê. Die gasspreker by die geleentheid, prof. Danie Goosen wat verbonde is aan Unisa en ook as adviseur by Akademia dien, het by die aanvang van die seremonie in sy toespraak vertel van die merkwaardige bydrae wat die groot geeste in die geskiedenis tot die universitêre leer bygedra het en hoe Akademia van plan is om kennis en leer voortaan net nog meer uit te brei. S

Solidariteit Solidarity Part of the Solidarity Movement

already a member?

Update your information and provide three referrals of colleagues or family members who also need protection in the workplace.

Visit the website opdaterings.solidariteit.co.za/en to update your information.

not yet a member?

Join Solidarity today! SMS MEMBER to 34802 (R2) and we’ll call you to finalise your membership.

After you have joined, go to opdaterings.solidariteit.co.za/en, update your information and provide three referrals.

aksent media

Competition closes 31 May 2017. * Terms and conditions apply. For more information visit https://solidariteit.co.za/en/


IN BEWEGING

MY WORK

Balancing professionalism and friendship

Photograph: iStockphoto.com

O

ne of the advantages of spending almost a third of your adult life at work is that you get to be part of a team that fights through work obstacles and overcomes challenges together. Many great friendships develop from work relationships. That is not a bad thing in itself, except when you suddenly find yourself in a position of authority over your friends. How does one handle such a situation? If you are leading a team, you must be conscious of how you conduct yourself with your employees. No matter how hard you try, the rules of friendship don’t always apply when it comes to managing people. There has to be a balance between professionalism and friendship. It could be a very difficult and awkward situation for newly appointed managers when they have to manage their friends. Sometimes, persons in such a position decide it is easier to alienate themselves from their friends by avoiding any personal contact at work, which means no more lunches together; only

50

By Wilmarie Brits

professional contact and communicating at meetings and through official communication. This approach might result in losing your friends. The other extreme is when you carry on with the relationship as if nothing had changed between you and your friend. That might create managerial distance between you and the rest of your team, with no respect for you as the manager. Friends may believe that friends won’t fire friends, which might just entice them to take chances and to be slack when it comes to productivity. Therefore, it is very important to find a place somewhere in between; a balance that will nurture your friendship while you are at the helm of improving productivity and teamwork. You always have to be honest, consistent and open with your team. To avoid resentment from your team it is very important not to create any perception of favouritism. According to Sarah Hansen, a TeamGantt researcher, you need to make sure your entire team knows that you will award the most

deserving employee, not the person who shares your history. As a manager, part of your job is to assess your employees and even though this interaction isn’t always welcomed among friends, it is something that needs to be done to ensure development. In such a situation you can set your friends or colleagues at ease by stressing how important their development is to you and that you only want the best for them. Unfortunately, there will be times that you do not agree with your friend or employee. In conflict situations it is important not to get emotionally involved. Remember to always be honest. Honesty and trust form the cornerstones of any friendship and employer/ employee relationship. Managers must utilise open communication in their own interaction with their employees. So see to it that you make it clear to your friends from the outset that you are going to set your friendship aside when making hard decisions. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Wen kontantprys met jou balanswenk!

Foto: iStockphoto.com

H

oe benader jy ʼn vol lewe met ʼn propvol skedule en talle uitdagings? Jou antwoord is waarskynlik balans. Balans tussen werk en jou gesin, balans tussen reg eet en wanneer jy maar ʼn ou soetdingetjie mag geniet, balans tussen tyd saam met familie en vriende, om slegs enkele voorbeelde te noem. Net soos wat daar baie voorbeelde is van die verskeie balanstoertjies wat jy elke dag moet uitvoer, is daar ook baie verskillende maniere om hierdie balans te handhaaf. Daarom het Solidariteit Tydskrif besluit om jou te vra om ʼn balanswenk met die ander lesers te deel en in aanmerking vir ʼn R2 000-kontantprys te kom! • SMS die woord “tydskrifkompetisie”, jou naam, van, en jou wenk na 34802. Die sluitingsdatum is 31 Mei 2017. SMS’e kos R2. S

WEN! WEN! WEN!


Posduif

CHRIS CHAMELEON

Dis dán wanneer ons oor ons eie voete val

Foto: iStockphoto.com

H

52

oewel ons haar nie altyd gaaf behandel nie, onderhou sy ons, voorsien sy onverpoosd in al ons behoeftes en laat toe dat ons haar ontgin vir elke noodsaaklikheid en gier. Maar sy vry hard na ons; ek weet, want ek het al ʼn swaar of skerp voorwerp uit bottervingers op my toon laat val (waar ek dan ook telkens, tot die afgryse van die ordentlike mense om my, agtergekom het daar is ʼn senuwee wat jou toon en jou tong verbind). Swaartekrag rus nie. Die band tussen jou en ons aarde word in kilogram gemeet en wissel na gelang van hoeveel hertzoggies jy by verlede week se begrafnis verorber het, of hoeveel draairoomyse jy die vakansie verslind het. Maar dis ná die derde glas wyn dat ʼn mens agterkom dat die aarde harder vry na die kant van jou wat die meeste na haar vry. Dis nou as jy net so ʼn bietjie skeef staan. Dan trek sy nogal hard aan daardie kant. Indien jy nie betyds ʼn wakker been of nabygeleë meubelstuk tussen jou en haar al sneller naderende omhelsing inkry nie, val jy om en vry jy met ʼn vollengte lyf na Moeder Aarde, in plaas van met net die gewone voetsole. En dit is wat ons balans noem; om met jou regterkant en jou linkerkant ewe hard te vry. Dalk lyk dit net vir my so, maar ek het in die afgelope paar jaar agtergekom dat die mensdom die balans tussen links en regs nie lekker regkry nie. In my bedryf sien ek dit dikwels raak. Wanneer ʼn mens byvoorbeeld tussen ʼn klomp kunssinniges staan, kan jy nege uit tien keer met gerustheid ʼn stelling maak soos: “Mense, wat die politiek betref, neig ek links”. Dit is geen probleem nie, trouens, ek durf amper sê dit word verwag in hierdie bedryf waarin ons ons meestal besig hou met die spekulatiewe en die fiktiewe. Staan ʼn mens egter tussen ʼn klomp kunstenaars en sê: “Manne, wat die politiek betref, neig ek regs,” sal jy nege uit tien keer ʼn paar wenkbroue laat lig. Êrens sal iemand kug en skielik moet kamer verlaat. By ʼn beesveiling is dit weer anders. ʼn Linksgeit kan dalk fronse wek, ʼn regse trek kan gesprek aanmoedig. Ek sien só ʼn neiging na regs meer gereeld raak in beroepe waar mense met konkrete werklikhede soos staal en klip besig is. En daarvoor is ek bly. Ons leef in ʼn wêreld

Wat links is en wat regs is, word deur die middel bepaal. Maak nie saak hoe ver links of regs jy gaan nie, daar gaan altyd ʼn middel wees en daardie middel gaan ewe ver van die verste links as die verste regs wees.

met soveel verskille soos wat daar dinge is en dit hou my in die lewe geïnteresseerd. Maar dis wanneer daar te sterk na die een kant of die ander kant geneig word dat die ding omval. Wat links is en wat regs is, word deur die middel bepaal. Maak nie saak hoe ver links of regs jy gaan nie, daar gaan altyd ʼn middel wees en daardie middel gaan ewe ver van die verste

links as die verste regs wees. En as die hele samelewing na ʼn kant toe neig, gaan die middel net eenvoudig opskuif in daardie rigting en daar gaan altyd die teenpool wees. Want dit is hoe balans werk. Gebalanseerde mense weet dit en respekteer dit. Want dis hoe gebalanseerde mense werk. Óf dit, óf ons val almal soos ʼn klomp dronk lieplappers oor mekaar en, uiteindelik, oor ons eie voete. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


VAKANSIEVOORDEEL vir lede van Solidariteit, AfriForum en Solidariteit Helpende Hand Kokoriba Wildreservaat – Brits

Tel: 012 277 1204 • E-pos: reservations@kokoriba.co.za • www.kokoriba.co.za

Aan de Vliet – Hazyview

Tel: 087 802 1500 • E-pos: info@aandevliet.co.za • www.aandevliet.co.za

Santana Strand Vakansieoord – Margate

Tel: 039 312 2443 • E-pos: jannie@santana.co.za • www.santana.co.za

aksent media

LEDE ONTVANG 20%-AFSLAG! Solidariteit Solidarity

Solidariteit ® Helpende Hand

Paasnaweek en 1 Desember tot 10 Januarie uitgesluit. Bepalings en voorwaardes geld.

www.vakan s ievo ord e e l . co . za


IN BEWEGING

mar ela media

Nuus en soveel meer (gratis) in Afrikaans Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou gratis Afrikaanse aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte en boeke. Kuier saam by maroelamedia.co.za

Web Deur Naomi Meyer

Foto’s: iStockphoto.com • Resepfoto slegs ter illustrasie

I

n hierdie skitterende, lekkerlees debuut (uitgegee deur Queillerie; R250) ondersoek Naomi Meyer verskeie ernstige kwessies sonder dat die leser dit aanvanklik besef. Sophia en haar man, Diederick, wat voorheen vir ʼn ruk in Ierland gewoon het maar juis teruggekom het omdat hulle Suid-Afrika mis, se aangenome dogtertjie, Magriet, verdwyn by die kleuterskool naby hul huis op Stellenbosch. Sophia se werk by Boekeweb, ʼn letterkundige webwerf, kan in die slag bly weens die ekonomie, en haar werkgewer en vriendin sedert hul universiteitsdae het min simpatie met Sophia se probleme. Trouw het immers haar eie krisisse – en skuldgevoelens – om uit te sorteer. Boonop het Sophia en Diederick huweliksprobleme – of is dit wat in hul huwelik aan die gang is, maar die normale gang van dinge sodra minnaars ouers word en die gang van hul lewens skielik deur hul kinders se behoeftes regeer word? Of lê die knoop by Diederick se stresvolle werk as speurder wat hom daagliks blootstel aan tragedie en trauma? Boonop kan hy nie fokus op die ondersoek na sy dogtertjie se verdwyning nie, want opstandige studente en werkers ruk op na die universiteitskampus en die polisie het hul hande vol om te keer dat dinge handuit ruk. Dan verdwyn Sophia ook spoorloos… Teen die agtergrond van ʼn kampus wat brand tydens die #FeesMustFall-veldtog, word die leser op ʼn subtiele manier gelei om na te dink oor baie fasette van Afrikaans én Suid-Afrikaans wees. Kwessies soos die tentakels van die internet en sosiale media se invloed op ons daaglikse lewe, rassisme, armoede, emigrasie, misdaad, onvervulde drome, die liefde en selfs mensehandel kom onder die loep, sonder enige prekerigheid of spesifieke antwoorde op enige van die vrae waarmee die leser gekonfronteer word. Web is ʼn boek wat ʼn mens noodgedwonge laat nadink, maar jy lees in die eerste plek heerlik aan die storie, wat wissel tussen die hede en terugflitse na die verlede. Dié interessante verteltegniek sorg saam met ʼn onverwagse kinkel of twee dat die spanning tot op die laaste bladsy gehandhaaf word. Sal Magriet lewendig teruggevind word? Wie sit agter Sophia se ontvoering? Gaan hulle ooit weer saam met die ougat klein Matthys spinnekoppe jag in die tuin? Of gaan hulle soos insekte sterf in die web wat vir hulle gespin is? ~ Resensie: Ilse Salzwedel

Toets jou kennis

Kattebelletjie

Betekenis: Klein, onbeduidende briefie of los stukkie papier waarop iets geskryf word.

54

LETTIE SE SKOOLKERRIE BESTANDDELE 6 uie gekap olie 4 e kerrie 2 e borrie 2 k asyn 1 k suiker 1 groot blik tamatiepuree 5 kg maalvleis (gaargemaak) geurmiddels 2 e appelkooskonfyt gaar gemengde groente (opsioneel) 1 k rosyne (opsioneel) METODE 1. Braai die uie in olie tot sag. 2. Roer kerrie en borrie by, kook vir so ʼn rukkie terwyl dit geroer word. 3. Meng die asyn, suiker en tamatiepuree en voeg dit by die uiemengsel. Kook baie stadig vir so ʼn rukkie. 4. Voeg die gaar vleis by (gaar hoender kan ook in plaas van maalvleis gebruik word). 5. Voeg die geurmiddels en konfyt by. Roer en kook so ʼn rukkie. Indien jy groente en rosyne wil gebruik, voeg dit ook by saam met die konfyt en geurmiddels. Dien op.

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


fopnuus

IN BEWEGING

protes Die waarheid: Web wemel van wolhaarstories

Foto’s: iStockphoto.com; Facebook; Africacheck.org; YouTube; sabc.co.za

D

it was onlangs 1 April – Aprilgekkedag. In teenstelling met vorige jare het min media-instansies vanjaar Aprilgek-artikels gepubliseer Onuitgesproke was almal dit eens: Die ware nuus is bisar genoeg dat dit nie nodig is om nóg stories uit te dink nie. Tesame met die ongelooflike, maar ware nuus wat die afgelope aantal maande in SuidAfrika afspeel, het die opkoms van fopnuus (“fake news”) in die land veral sedert die begin van 2016 dit nog moeiliker gemaak om tussen waarheid en verdigsel te onderskei. Net die nuusgebeure in Maart en April het ʼn vloed vals nuus tot gevolg gehad: SMS’e met foutiewe inligting oor waar anti-Zuma-optogte en EFF-grondgrypaksies gaan plaasvind; WhatsApp-boodskappe, sommige daarvan verdraaide verwerkings van geloofwaardige instansies se nuusflitse wat met dié instansie se naam onderaan uitgestuur word; Facebook-plasings met stories wat op fopnuuswebwerwe gepubliseer is, maar wat ontdaan is van enige waarheid. Ten tye van Zuma se terugroep van die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, uit die buiteland laat in Maart, het gerugte op digitale en sosiale media die rondte gedoen dat Gordhan afgedank gaan word tydens ʼn kabinetskommeling, maar niemand was seker nie. Ten tye van die kabinetskommeling laat die aand van 30 Maart, het stories op sosiale media versprei oor watter ministers almal in die pad gesteek sou word of reeds is, nog lank voor enige amptelike aankondiging gemaak is. Boonop was die presidensie se kommunikasie aan die publiek en die media só gebrekkig dat dit nie eens as ʼn betroubare bron van inligting gebruik kon word nie. Die mediakonferensie wat laatnag sou plaasgevind het, het nooit plaasgevind nie; nuuskanale wat die konferensie regstreeks sou uitsaai, is droëbek huis toe; en ʼn mediaverklaring wat uiteindelik deur die presidensie uitgereik is, was mosterd ná die maal, want teen dié tyd was inligting oor die

www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

Deur Susan Lombaard

kabinetskommeling reeds oral op sosiale media beskikbaar. Op 6 en 7 April was dit nog eens so. Lank voor 6 April het die EFF se beplande grondgrypaksies vir dié dag mense bekommerd gelaat. Ten spyte van ʼn hofinterdik wat hulle sou verbied om voort te gaan daarmee, was dit kort voor die 6de duidelik dat die EFF hulle nie gaan laat afsien van hul planne nie. Talle gemeenskappe was uiters gespanne, en met goeie rede. Die ongegronde boodskappe wat op sosiale media as die waarheid versprei is, het niks gehelp om gemoedere te kalmeer nie. Uiteindelik was daar op 6 April ʼn paar voorvalle van grondgryppogings, maar dit is vinnig in die kiem gesmoor, en die “oorlog” wat sou uitbreek, volgens die boodskappe wat so wild rondgestuur is, het toe nooit uitgebreek nie. Skaars was die storm oor die EFF en hul beplande grondgrype op 6 April agter die rug, of nuwe gerugte doen die rondte. Dié keer is dit 7 April se beplande aksies en optogte as deel van die #ZumaMustFall-beweging. Volgens een van die SMS’e wat die aand vooraf van ʼn “betroubare” bron ontvang is (dit sou later blyk dat ook dié bron se naam onregmatig onderaan die boodskap gebruik is), sou al die snelweë in Gauteng geblokkeer word, en mense is aangeraai om liefs tuis te bly en te sorg dat hulle alles by die supermark aangeskaf het wat nodig is om te oorleef. Terwyl 7 April se aksies (dankie tog) glad nie rasgebaseer is nie, en vir die eerste keer in ʼn lang ruk protesaksies is wat deur mense van alle tale, velkleure en rasse ondersteun is, het sommige van die fopnuus wat daaroor versprei is, dit al weer reggekry om dit na ʼn ras-ding te laat klink. Heelwat aksies is wel landwyd uitgevoer; paaie is versper en talle optogte is gehou. Maar die inligting wat vooraf op sosiale media en per SMS en WhatsApp versprei is, en wat werklik op 7 April plaasgevind het, was baie ver van mekaar verwyder. Maroela Media se nuusspan doen groot moeite om seker te maak dít wat op Maroela

gepubliseer word, is die waarheid. Inligting soos dié oor 6 en 7 April se gebeure en aksies, wat ʼn groot invloed het op mense se dagtot-dag-aktiwiteite en veiligheid, word met ʼn vergrootglas nagegaan en met verskeie bronne bevestig voor dit gepubliseer word. Ons sal eerder té versigtig wees as om inligting te publiseer waarvan ons nie 100% seker is nie. Aan die ander kant kan ons ook nie te lank wag voor inligting gepubliseer word nie, want dan kom ons ook nie ons belofte aan ons lesers, om hulle ingelig te hou sodat hulle ingeligte besluite kan neem, na nie. Die balans tussen terughou en publiseer is baie fyn. Net so is daar ʼn fyn balans te vind tussen goeie en slegte nuus. In Suid-Afrika is dit ongelukkig onmoontlik om ewe veel goeie en slegte nuus te publiseer. So iets sou bloot nie ʼn realistiese prentjie van die werklikheid wees nie. Maar tog is daar ʼn verantwoordelikheid om in ons lesers se gemoed ʼn mate van balans te probeer skep. Ons publiseer ook meer as net nuus in die ander afdelings op Maroela om dié balans te probeer vind. As jy vandag nie moed het vir die nuus nie, kan jy ʼn vermaakstorie lees, of ʼn resep uitsoek vir vanaand se aandete. Maar uiteindelik rus die onus op elke leser, elke Afrikaanssprekende, om die balans te vind wat nodig is om te kan funksioneer. In die meeste sportsoorte is balans iets waaroor jy moet beskik om enigsins te kan deelneem. As jou liggaam se kernspiere nie geoefen is om van nature terug te keer na die middelpunt van jou gewig wat jou natuurlik regop hou nie, kan jy maar vergeet om sport te beoefen. Net soos in sport is dit elke leser se verantwoordelikheid om sy kernbalans te behou, sodat hy kan regop bly; om self te kies hoeveel harde nuus jy kan verteer voor jy begin voel dat dit jou oorweldig, of om self te besef dat jy soms ook moet kennis neem van wat in die nuus gebeur, sodat jy ʼn sinvolle bydrae tot ʼn deurmekaar samelewing kan lewer. • Susan Lombaard is die uitvoerende hoof van Maroela Media. S

55


IN BEWEGING

Balans tussen ryplesier en aftreeplesier

Foto: iStockphoto.com

S

uid-Afrikaners is lief vir hul motors. Duur motors as dit moontlik is, goedkoper as dit moet. Vir baie van ons is ’n motor ʼn groter prioriteit, dalk ʼn groter statussimbool, as ʼn stewige bankrekening of ʼn groeiende beleggingsportefeulje. Maar kom ons doen ʼn vergelyking tussen twee persone wat elk ʼn keuse maak ten opsigte van die bedrag wat hulle maandeliks op ʼn motor en op ʼn bydrae tot ʼn beleggingsportefeulje spandeer. Albei beplan om op 65-jarige ouderdom af te tree. Persoon A en B is albei 35 jaar oud en verdien min of meer dieselfde. Persoon A koop ʼn taamlik luukse motor van R500 000. Hy finansier die totale bedrag teen ʼn jaarlikse rentekoers van 10% oor ʼn tydperk van ses jaar. Ná ses jaar verkoop hy die motor teen 40% van die oorspronklike kosprys en gebruik die bedrag ontvang as ʼn deposito op ʼn soortgelyke nuwe motor. Hierdie proses herhaal homself oor ʼn tydperk van 30 jaar: altesaam vyf siklusse van ses jaar elk. Die feitestel aanvaar ʼn inflasiekoers van 7% per jaar op voertuie. Persoon B koop ʼn meer beskeie motor teen ʼn bedrag van R200 000. Hy finansier ook die totale bedrag teen 10% per jaar oor ses jaar. Ook hy verkoop die motor ná ses jaar teen 40% van die oorspronklike kosprys en gebruik die bedrag ontvang as deposito op ʼn soortgelyke voertuig. Die siklus herhaal homself elke ses jaar oor ʼn totale tydperk van 30 jaar (tabel 1). Persoon B besluit om elke maand die verskil tussen sy paaiement en persoon A se paaiement in ʼn aandeleportefeulje te belê. Die belegging groei teen 13% per jaar, wat heeltemal haalbaar en realisties oor die lang termyn is. Persoon B neem maandeliks die verskil tussen sy eie paaiement en Persoon A se paaiement en belê dit teen ʼn gemiddelde koers van 13% per jaar. Op aftree-ouderdom besit Persoon A ʼn motor ter waarde van R1 014 473, wat in reële (vandag se) terme R133 268 werd is. Daarteenoor besit Persoon B ʼn motor ter waarde van R405 789 en ʼn beleggingsportefeulje van R30 345 421. In reële terme is sy bates sowat R4 039 698 werd – meer as 30 keer die waarde van Persoon A se bate (tabel 2). Kwalitatiewe faktore soos ryplesier en veiligheid is buite rekening gelaat. Gewoonlik is die instandhouding van ʼn duurder voertuig ook hoër. Tog moet mense besef dat die aanskaf van ʼn duurder motor teen ʼn groter prys kom as wat met die eerste oogopslag mag blyk. S

56

Deur Appie Pienaar

MY GELD

PERSOON A

PERSOON B

Motor se kosprys

Bedrag gefinansier

Paaiement

Motor se kosprys

Bedrag gefinansier

Paaiement

Aanvangstyd

R500 000

R500 000

R9 263

R200 000

R200 000

R3 705

Begin jaar 7

R750 365

R550 365

R10 196

R300 146

R220 146

R4 078

Begin jaar 13

R1 126 096

R825 950

R15 301

R450 438

R330 380

R6 121

Begin jaar 19 R1 689 966 R1 239 528 R22 963

R675 986

R495 811

R9 185

R1 014 473

R744 079

R13 785

Begin jaar 25

R2 536 183

R1 860 197 R34 462 Paaiement Persoon A

Paaiement Persoon B

Verskil in paaiement belê

Eindbedrag teen 13%-groei per jaar

Siklus 1 eindig ná 6 jaar

R9 263

R3 705

R5 558

R601 438

Siklus 2 eindig ná 12 jaar

R10 196

R4 078

R6 118

R1 968 549

Siklus 3 eindig ná 18 jaar

R15 301

R6 121

R9 181

R5 269 875

Siklus 4 eindig ná 24 jaar

R22 963

R9 185

R13 778

R12 938 962

Siklus 5 eindig ná 30 jaar

R34 462

R13 785

R20 677

R30 345 421

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


akademia

Solidariteit Solidarity Deel van die Solidariteit Beweging

’n GOEIE WERK binne jou bereik! Solidariteit-lede kry 20%-afslag om aan Akademia te studeer! Bepalings en voorwaardes geld

aksent media

www.akademia.ac.za • www.solidariteit.co.za


e l de

d

n a t s

by

n die

r o Vo

s

Sakke propvol voordele vir ons lede Hierdie is ’n opsomming van die VOORDELE wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder voorafkennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voor­dele geregtig, met dien verstande dat waar só ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of ’n geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word.

LIDMAATSKAPKATEGORIEË Kollektiewe lede

Individuele lede

Ondersteuningslede

Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werk­­gewer met wie Soli­dariteit ’n erkennings­oor­ eenkoms het, of van ’n werk­plek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afde­­ling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag hul ou­derdom, kwa­­li­fiseer vir alle voordele.

Individuele lede van Solidariteit is lede wat by aansluiting 50 jaar of jonger as 50 is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkennings­oor­een­koms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting by Solidariteit 50 jaar of ouer word, bly ’n individuele lid van Solidariteit. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.*

Hierdie kategorie van lidmaat­skap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwa­lifiseer vir een van die ander kategorieë nie. Dit wil sê individuele lede wat by aansluiting 50 jaar of ouer is. Ondersteuningslede kan sekere voordele be­nut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe be­dinging, per­ manente onge­skikt­heid, bevallings­ voordele en die sterfte­voordeel.

Nog nie ‘n lid nie? Skakel 0861 25 24 23 en geniet die beskerming wat jy in die werkplek verdien. Besoek www.solidariteit.co.za

58

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

DIEN & BESKERM

ANDER DIENSTE

Regsake Gratis regshulp met arbeidsake Lede kry deskundige advies ten opsigte van arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, beserings aan diens en werk­pro­ bleme. Gratis regsverteen­­woor­­diging word verskaf vir werk­verwan­te arbeid­­­sake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie of die arbeidshof verwys word.

Sterftevoordeel* Begrafnisvoordeel (Martin’s of Avbob)

• ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. Bystand met ondersoeke • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike Hulp in verband met onderkinders onder die ouder­­dom 21 jaar soeke deur die Mediese Buro word voorsien en is van dieselfde ge­ vir Bedryfsiektes en voor­dele halte as dié vir volwassenes. van die Vergoedings­kom­ • Die gade kan aansoek doen om aan te missaris en Rand Mutual word verleen, bly as lid ná afsterwe van die hooflid. Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer asook hulp in verband met werkverwante Beweging Die 15556 las van begrafnisreëlings word • finansiële dienste ongeskikt­­heids­eise.van Alle eise moet binne• FSP-nommer: verlig deurdat Solidariteit en Martin’s of ses maande ingedien word. Avbob al die reëlings tref. • ’n Korting van 10% op grafstene is met Kollektiewe bedinging Martin’s en Avbob beding. Bekwame en ervare Soli• Die ondernemersdiens word slegs deur dariteit-personeel beding Martin’s of Avbob hanteer. Indien van kol­lektief vir beter diensvoorenige ander ondernemer se dienste waardes en salarisse vir lede. gebruik gemaak word, sal Solidariteit slegs R500 uitbetaal ten opsigte van begrafnisuitgawes (bepalings en voorPermanente mediese waardes geld). ongeskiktheid*

Motor- en huisinhoudversekering Hierdie groepskema bied uitstekende versekeringspremies by Virseker. Virseker dra ook ’n deel van lede se premies by tot die Virseker Trust wat reeds miljoene rande in Afrikaanse * Bepalings en voorwaardes geld onderwys en opleiding teruggeploeg het. • Skakel 0860 101 005, SMS “Virseker” na 47552 of besoek www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Lede met 12 maande ononderbroke lidmaat­skap en wat spesia­lis­verslae en bewyse van hul werk­gewers voorlê dat hulle permanent onge­skik vir enige werk is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 701. Eise moet binne ses maande ingedien word.

Bevallingsvoordeel* ’n Voordeel van R1 418 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die bevalling ingedien word.

Studievoordeel* Lede van Solidariteit, asook hul afhanklike kinders (tot en met 21 jaar), ontvang 20%-afslag om by Akademia te stu­deer. Besoek www.solidariteit.co.za vir die volledige bepalings en voorwaardes.

Foto’s: iStockphoto.com

Solidariteit Tydskrif Lede ontvang ses keer per jaar ’n eksemplaar van Solidariteit Tydskrif waarin kwes­sies in die wêreld van werk asook die Beweging se werksaamhede gedek word.

www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

Bykomende kontantuitbetalings • ’n Kontantbedrag van R3 413 word by afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 268 word aan ’n lid wat volle lede­geld betaal,­beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: • Kinders tussen 15 en onder 20 jaar: R1 701 • Kinders jonger as 14 jaar: R1 134. • Kontantuitbetaling wissel as beide die man en vrou lid van Solidariteit is. • Eise moet binne 6 maande ingedien word.

Vakansievoordeel* Lede van Solidariteit (asook lede van Helpende Hand en AfriForum) ontvang 20%afslag op verblyf by Kokoriba Natuurreservaat (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) en Santana Beach Holiday Resort (Margate). Besoek www.vakansievoordeel.co.za vir die bepalings en voorwaardes van dié voordeel. * Bepalings en voorwaardes geld. Vir meer inligting, skakel 0861 25 24 23

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Regshulppakket

dienstepremie • FSP-nommer: Vir finansiële ’n bykomende van slegs 5277 R112 per maand kan lede en hul afhanklikes om­vattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeids­verband. Die voor­dele behels dek­king vir siviele en strafregsake (kri­mi­neel), telefoniese regshulp, toegang tot regsdokumente en afslag op onder meer oordragte. Geniet dekking ter waarde van R50 000 per jaar (beperk tot R25 000 per saak). • Skakel 0861 765 734 of besoek die webtuiste www.legalex.co.za

Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste Dienste Finansiële Onafhanklike finansiële advies

Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste het ’n onafhanklike departement wat kliënte met finanFinansiële Dienste siële advies kan bystaan. Dit sluit in basiese begrotings- en belastingbeplanning, risikoSolidariteit en aftreebeplanning asook beleggingsbeFinansiële Dienste planning. Dié departement het opgeleide professionele mense wat jou sal bystaan met al jou behoeftes. • Skakel 0861 101 005 Mediese gapingsdekking Medieseskemalidmaatskap is duur en ’n mens het dikwels boonop ’n selfbetalingsgaping. Tenda Health bied ’n Admed Gap Cover-polis, onderskryf deur Guardrisk, wat die finansiële gaping dek tussen wat mediese skemas vir dienste betaal en wat diensverskaffers hef. • Stuur e-pos na gapcover@solidarity.co.za

Testamente en bereddering Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelberedde­ring kan teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300

59


IN BEWEGING

WEBWYS Die gemiddelde tyd per week wat kinders tussen 6 en 11 jaar voor die televisie deurbring.

Tablette – hedendaagse fopspeen?

Foto: iStockphoto.com

O

nthou jy toktokkie, wegkruipertjie en cowboys and crooks? Fietsry, boomklim en speel tot die straatligte aankom? Ja, tye het verander en ons leef in ’n tegnologiese era waar kinders met al die ontwikkelings moet byhou, maar die hartseer waarheid is dat vandag se kinders nie meer buite speel nie. Daar word eerder verkies om op die bank te lê en die nuutste speletjie op ʼn tablet of slimfoon te speel. Die Universiteit van Michigan in die VSA het ʼn studie oor kinders en televisies gedoen en dié navorsing toon dat kinders tussen die ouderdom van ses en elf jaar ongeveer 28 uur per week voor die televisie deurbring. Hoewel hierdie ʼn Amerikaanse studie is, is dit ook reeds ʼn tendens in Suid-Afrika. By jonger kinders het tabletrekenaars hedendaagse fopspene geword. Dit is nie moeilik om uit te pluis dat ʼn tablet jou kind

60

Deur Leandré Buys

se aandag kan boei gedurende lang motorritte of wagsessies in die dokter se spreekkamer nie. Tablette het babapoppe, superhelde soos Batman en Spiderman, bordspeletjies en ander tradisionele speelgoed in die skadu begin stel en kenners meen dat tablette se gewildheid net aanhou toeneem. Die gebruik van rekenaars, tablette en selfone is nie ’n probleem nie, dit is die oormatige en onoordeelkundige gebruik daarvan wat tot ’n reeks probleme en frustrasies aanleiding kan gee. Solank as wat dié tegnologiegebruik oordeelkundig is, is daar geen bewyse dat die gebruik van ʼn tablet jou kleuter se fisiese of kognitiewe ontwikkeling sal benadeel nie. Kenners deel die volgende wenke: • Wees baie strenger met die tyd wat jou kind met sy of haar tablet deurbring. Voorskoolse kinders moet beperk word tot nie meer as drie sessies van 30 minute elk per dag nie. • Kinders moet meer fisieke oefening doen.

• Moenie dat jou kind die tablet se skerm te naby aan sy of haar gesig hou nie. Die riglyn is 50 cm vir rekenaars, minstens 40 cm vir tablette en minstens 30 cm vir fone. • Speel buite waar kinders ver moet fokus en laat kleintjies met groot voorwerpe soos houtblokke eerder as klein blokkies speel. • Skep reëls vir die gebruik van slimfone en tablette en maak seker dat jou kind dit volg. Byvoorbeeld ʼn uur van lees of sport in ruil vir ʼn uur skermtyd. • Moenie tablette as ʼn knaldemper of fopspeen gebruik nie. Moderne tegnologie ontwikkel teen ʼn fenomenale tempo. Enige IT-vaardighede wat kinders voor die ouderdom van sewe leer sal lankal verouderd wees teen die tyd dat hulle hul tienerjare bereik. Maar selfvertroue, kreatiewe denke, sosiale vaardighede en die vermoë om hul gedagtes gefokus te hou, sal nuttig te pas kom ongeag wat die toekoms inhou. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Deon de Jager (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse en Ettienne Pio (litigant) • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Gibbs du Toit (litigant), Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Dana Viljoen (litigant), Fanie Vosloo en Hennie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whithead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

NEWCASTLE • • • • •

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS Deon Viviers • Administratiewe beampte: Antonett Olckers • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

RICHARDSBAAI John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Eric Schoeman, Lucindi van Zyl ( junior litigant) en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK

Solidariteit Solidarity www.solidariteit.co.za PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Helgard Cronje, Jahni de Villiers, Sta-Sia Engelbrecht, Sulize Esterhuizen, Rene Harmse, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Wynand Strydom en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes, Jaco van den Berg en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Sue Nel • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

61


IN BEWEGING

Jakarandastad en sy talle forte Fort Klapperkop, Fort Schanskop, Fort Wonderboompoort en Fort Daspoortrand (ook bekend as Wesfort) teen die randjies van ou Pretoria is byna net so bekend as die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein. Die goed bewaarde Fort Schanskop op die Voortrekkermonumentterrein, direk suid van die middestad, is waarskynlik een van die stad se bekendste bakens. Tog is die forte nie die enigste wat dié stad eens bewaak het nie, skryf ILZE NIEUWOUDT.

Foto: www.up.ac.za

D

ie vier bekendste Pretoria-forte is opgerig kort ná die mislukte Jamesoninval en die Johannesburgse opstand van 1895–1896. Die beplande inval het die kwesbaarheid van die hoofstad van die toenmalige Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), onder leiding van president Paul Kruger, beklemtoon. ’n Verdedigingsplan is derhalwe opgestel en beplanning en bouwerk aan die forte is begin. Die oprigting van Fort Schanskop is eerste gedoen en die fort is teen April 1897 aan die regering oorhandig. Die bouwerk aan die nabygeleë Klapperkop en die noordelike en westelike forte (by Wonderboompoort en Daspoort) is kort daarna aangepak. Oorspronklik is beplan om agt forte, wat gepantserde draaibare koepeltorings sou hê, op strategiese plekke rondom die stad op te rig. Daar is later bevind dat die koepeltorings nie geskik sou wees nie. Weens ’n geldtekort is slegs vier van die beplande agt forte uiteindelik gebou. Die ander vier sou by Kwaggaspoort, Magaliesberg-Wes, Derdepoort en Strubenskop opgerig word. Vandag weet die meeste inwoners nie van die bestaan van die ander forte wat eens in die stad opgerig is nie en dit wat daarvan oorgebly het, is gering. Die beleg van Pretoria gedurende die Eerste Anglo-Boereoorlog het net twee dae korter as 100 dae, tot en met die einde van dié oorlog in Maart 1881, geduur. In daardie stadium was Transvaal in Britse hande (ná die anneksasie van die ZAR in 1877) en die dorp is deur nagenoeg 1 000 Boere in agt Boerelaers rondom die dorp beleër. Die belangrikste laers was by Doornkloof (naby Irene), Zwartkopje, Elandsfontein en Wonderboompoort. In Desember 1880, kort ná die uitbreek van die oorlog, is Pretoria gefortifiseer in afwagting op ’n volskaalse beleg. Die Britse militêre kamp (waarskynlik geleë op die terrein waar die Staatsartillerie later gevestig is) is versterk en as hooffortifikasie gebruik. Mure en draadheinings is opgerig, slote is gegrawe en skanse is gebou. Daarbenewens is die destydse Pretoria-tronk en die Convent Redoubt, ’n klooster in die teenswoordige Bosmanstraat, ook gefortifiseer.

62

Fort Schanskop tydens konstruksie in 1897. Die grootste fort van dié oorlog in Pretoria was egter Fort Royal. Volgens A. Meyer en Anton van Vollenhoven se artikel “’n Oorsig van die militêre fortifikasies van Pretoria, 1880–1902,” wat in Junie 1993 in die Suid-Afrikaanse Krygshistoriese Vereniging se tydskrif verskyn het, is bouwerk aan dié fort op 4 Desember 1880 begin en is die fort skaars twee weke later, op 18 Desember, voltooi. Dié fort met sy mure van grond het min of meer op die suidwestelike hoek van die teenswoordige Paul Kruger- en Jeff Masemolastaat (voorheen Jacob Maréstraat), op die hoofroete na Heidelberg en Potchefstroom gestaan en was bedoel om die stad se suidelike ingang te beskerm. Nog twee kleiner forte, Fort Commeline en Tullichewan, is opgerig. Commeline, ’n klein klipfort is op Magasynheuwel gebou en teen die vroeë 1990’s was oorblyfsels van die fort nog sigbaar (maar dit is moeilik om te sê of enige sigbare tekens van dié fort vandag nog bestaan). In Desember 1880 is Tullichewan, ook ʼn klipfort, op die heuwel agter die huidige Pretoria-stasie gebou en het ʼn uitsig oor die Apiesrivier, die militêre

kamp se waterbron, gebied. Verskeie kanonne (waaronder Franse Mitrailleuse, vierponder-Kruppkanonne, drieponder-Whitworths, negeponders en seweponders) is vir die verdediging van elkeen van die fortifikasies opgestel. Oor die doeltreffendheid van die Britse forte van die Eerste Anglo-Boereoorlog kan net bespiegel word, want volgens F.J. du Toit Spies se artikel “Forte en verskansings om Pretoria” (Pretoriana, 16 en 17 van 1955) is dié forte nooit aangeval nie. (Op hul beurt is die indrukwekkende Boereforte van die Anglo-Boereoorlog ook nooit ter verdediging van die stad gebruik nie.) Boonop het die Britse owerhede ná die Eerste Anglo-Boereoorlog opdrag gegee dat die Britse forte vernietig word en bestaan daar vandag min of geen sigbare tekens van hul bestaan nie. Dit wat wel behoue gebly het (in sommige gevalle slegs hopies klip en rotse) kan volgens Spies waarskynlik beskou word as die oudste militêre gedenkwaardighede in Pretoria – die stad met sy vele (onbenutte) forte. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Prof. Jaap Steyn, een van die voorste Afrikaanse taalkenners, is aangewys medeontvanger van die gesogte Jan H. Marais-toekenning.

Liedjies vir oud en jonk

I Gesogte toekenning vir historikus vir taalbydrae

D

ie Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het in Maart aangekondig dat die gesogte Jan H. Marais-prys vanjaar aan die taalhistorikus prof. Jaap Steyn en teoloog prof. Jan van der Watt toegeken gaan word. Dié prys word jaarliks toegeken aan kandidate wat ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal gemaak het. Een van Steyn se mees prominente werke, Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare, is in 2014 deur Kraal Uitgewers gepubliseer en is deur verskeie voorste taalkenners beskryf as ʼn “indrukwekkende en monumentale werk van groot betekenis”. Steyn het ook ’n bydrae gelewer tot die uitgewer se nuutste boek onder redaksie van die risikoontleder en kenner van Afrika-sekuriteit, dr. Heinrich Matthee, getiteld Kultuurvryheid en selfbestuur: Keuses van klein groepe wêreldwyd. Ons gaan ’n taal maak gaan boonop binnekort in Engels vertaal word. Volgens Kraal Uitgewers se uitvoerende hoof, Alana Bailey, is onlangs besluit om die werk ook aan ’n internasionale gehoor bekend te stel wat sodoende ook prof. Steyn se uitsonderlike bydrae tot die uitbou van Afrikaans as

wetenskaptaal selfs verder sal neem. “Die Engelse weergawe van dié boek sal aan ’n nie-Afrikaanse gehoor ’n dieper begrip van die kompleksiteit en omvang van die geskiedenis van die taal kan gee en hopelik aan lesers ’n nuwe perspektief op die ontstaan, ontwikkeling en oorlewing van dié jong taal kan bied,” verduidelik Bailey. Steyn is in 1938 in die Fouriesburg-distrik gebore en het gedurende sy loopbaan onder meer as joernalis by Volksblad en Rapport, skrywer en dosent aan die Universiteit van Port Elizabeth, die destydse Randse Afrikaanse Universiteit en die Universiteit van die Vrystaat gewerk. Hy het in 1997 amptelik afgetree, maar is sedertdien steeds aktief as skrywer. Steyn het verskeie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, waaronder die Eugène Maraisprys, die Stalsprys vir geskiedwetenskappe, die Louis Hiemstraprys vir nie-fiksiewerk, die C.J. Langenhovenprys vir taalwetenskap en die N.P. van Wyk Louwmedalje vir die volgehoue uitbouing van die geskiedwetenskappe. Hy het ook in 2015 erelidmaatskap van die Akademie ontvang vir sy volgehoue akademiese en kulturele bydrae tot Afrikaans in Suid-Afrika sowel as Nederland en Vlaandere.

ets wat die kleingoed én hul ouers kan geniet, is musiek in enige huisgesin se ore. Dit is juis wat die sangpaar Jonkman en Baartman (Leon Gropp en Christiaan Baartman) met hul unieke kinderalbum Jonkman en Baartman sing nuwe lawwe liedjies beoog. Hierdie opvoedkundige album bied luistergenot vir die jongspan (tot en met agtjarige ouderdom) en is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R120 (posgeld uitgesluit).

Die vergete vroue van die Grensoorlog In “Ja, Luitenant”: Vergete vroue van die bosoorlog word daar vir die eerste keer gekyk na die betrokkenheid van vroue in uniform asook die vroulike eggenote van lede van die Suid-Afrikaanse Weermag gedurende die Grensoorlog. Dié boek is geskryf deur die eerste vroulike ontvanger van die Pro Patria-medalje, Zoetje Buys Aucamp, en stel onder meer ondersoek in na die lewens van vroue van Staandemaglede. “Hulle was vrywillig daar, anders as ons wat in uniform was,” skryf Zoetje in die voorwoord. “Die paar vroue wat saam met hul mans daar [op die Grens] was, het geen erkenning gekry nie.” Zoetje vertel ook oor haar eie ervarings as vrou én ma op die Grens in ʼn tyd toe vroue nie toegelaat was om amptelik diens op die front te doen nie. Beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R160 (posgeld uitgesluit). S

Kraal se boekwinkel is geleë in die AfriForum-gebou op die hoek van D.F. Malan- en Unionlaan, Kloofsig in Centurion en is van Maandae tot Vrydae oop. Kom snuffel gerus Maandae tot Donderdae tussen 08:00 en 16:30, en Vrydag tot 15:00. Kontak die uitgewer by 012 644 4329 of doen gerieflik aanlyn jou boekinkopies by www.kraaluitgewers.co.za www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017

63


in Retrospek

MARIETHA MALAN is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

Moet nooit opgee nie. Op ’n dag, wanneer jy dit die minste verwag, sal jy skielik opkyk en besef dat jy omring is met bamboeslote wat hemelwaarts reik. En sal jy die son van die Here se genade op jou gesig voel.

Geduld tot die bamboes lote begin uitstoot

Foto’s: Reint Dykema en iStockphoto.com

V

andag was ek in ’n Chinese bamboesbos. Ek het in stomme verwondering gestaar na die sagte blare aan die lang, regop stamme. Die sonnetjie het dun strale van bo af deur die digte groen lower gestuur. Nee, ek was nie in China nie. Ek was in Pretoria. In my deurmekaar klassie met die plankvloer, die groot spieël en die kussings op die mat. En die bamboesbos was in my kop. Maar voor almal dink ek is effens bossies, laat ek verduidelik. Die Chinese bamboes is ’n anderster plant. ’n Mens plant die saadjie, gooi dit nat, bemes dit en wag. Niks gebeur nie. Vir ’n hele jaar lank. Jy gooi dit nog steeds getrou nat en bemes dit nog beter. Nog ’n jaar lank gebeur niks nie. Naderhand wonder jy of jy dalk vergeefs hoop dat daardie saadjie gaan groei. Eers ná vyf jaar begin die groen sprietjies uitkom. En dan, skielik, skiet die lote binne enkele weke meters hoog in die lug! In daardie vyf jaar was die bamboes glad nie besig om niks te doen nie. Die plant se wortel moes eers diep af in die aarde groei totdat dit goed genoeg geanker was. Daarna was dit gereed om lote te begin uitstoot. Ek het agt anderster kindertjies in my klas. Een outjie, ek sal hom maar Hennie noem, is ’n kleingeboude Downsindroom-seuntjie met

64

spits dwergie-oortjies en ’n fyn gesiggie. Dit is Hennie se tweede jaar in Groep 1. Van dag een af het hy nooit ’n enkele geluidjie gemaak nie. Hy reageer nie op sy naam nie. Hy kom nie as jy hom roep nie, verstaan nie die eenvoudigste opdrag nie. Hy boots geen klanke of geluide na nie. Tog neem hy heel oulik deel aan ons klasaktiwiteite. Maar geen, absoluut nul taal; zero interaksie. Ons stuur hom naderhand vir gehoortoetse, maar Hennie is ’n staatspasiënt, en die staatswiele rol stadig. Intussen sing ons elke dag dieselfde liedjies, oefen dieselfde gebare, maak dieselfde grappies, vertel dieselfde stories. Herhaling is ’n beproefde resep, maar in Hennie se geval lyk dit asof dit glad nie werk nie. En toe, vandag… Die sagte, wit speelgoedkat wat ek elke dag tydens ons môreliedjie gebruik, val per ongeluk uit die krat bo-op Hennie se tafel. Hy voel versigtig aan die kat. Dan lig sy handjies. Hy maak die snorbaarde van die kat op sy wange met sy vingers – wat die gebaar vir ’n kat is! En toe maak hy sy eerste geluid: “Miaaau!” Verstom pak ek die ander speelgoed uit die krat. Ons oefen elke liewe dag elke kind se simbool. Frans het ’n perd. Hennie maak ’n perd se gebaar. Hy maak ’n kar se gebaar. Hy maak elke voorwerp in die krat se gebaar. Eufories sing ek “Vissies in die water”.

Hennie maak ’n vis se gebaar. ’n Voëltjie se gebaar. Hy wys dak toe vir “Die Here, ja dis hy!” Saam met hom wys ek dak toe, en dis toe dat ek die groen lower van die bamboesbos sien. En die sonnetjie van die Heer se genade wat deur die bamboes op my en Hennie skyn. Hoeveel keer voel dit vir jou asof al jou pogings tevergeefs is? Jy werk tevergeefs, sonder om ooit die gewenste resultate te sien. Jy praat tevergeefs met jou tiener. Vergeefs probeer jy altyd die regte ding doen. Niemand sien dit tog eintlik nie. As jy so begin dink, dink aan die Chinese bamboes. Gooi nat die bamboes! Een jaar, twee jaar, drie, vier, vyf jaar lank. Moet nooit opgee nie. Op ’n dag, wanneer jy dit die minste verwag, sal jy skielik opkyk en besef dat jy omring is met bamboeslote wat hemelwaarts reik. En sal jy die son van die Here se genade op jou gesig voel. In my klassie is daar nog ’n hele paar anderster kinders. Enetjie wat baie graag weghardloop. Nog enetjie wat omtrent net jogurt wil eet. ’n Derde wat van tyd tot tyd sulke deurdringende hoë gille gee en dinge rondgooi. Maar daar is heelwat water in my gieter. Ek sal bly natgooi. Totdat daar weer ’n bamboesbos opskiet in my deurmekaar klassie met die plankvloer, die groot spieël en die kussings op die mat. Die Here, ja, dis Hy! S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


FOKUS OP OPLEIDING

Loopbaansukses deur lewenslange leer

Foto: iStockphoto.com

S

olidariteit is in die besigheid van hoop. Daarom skep ons die hoop wat nodig is om vry, veilig en voorspoedig te kan lewe. Die Solidariteit Beweging het verlede jaar sy “Helpmekaar 2020”-vyfjaarplan van stapel gestuur, en onderwys en opleiding is een van die broodnodige boustene hiervan. Solidariteit is ’n helpmekaarorganisasie waar lede mekaar help om as’t ware steen vir steen aan ’n toekoms te bou. Daardeur wil ons hoop skep en ligdraers wees in ’n land waar almal bekommerd oor die toekoms is. In vandag se snel veranderende wêreld verouder kennis en ondervinding blitsvinnig. Daarom verstaan mense wat jare lank suksesvol was nie hoekom hulle skielik begin sukkel in hul werk nie. Stagnasie is die dood in die loopbaanpot. Lewenslange leer is dus net so belangrik soos opleiding ná skool. • Lees meer hieroor van bladsy 65 tot 75. S


FOKUS OP OPLEIDING

Foto’s ’n taal wat almal kan verstaan

Foto’s: iStockphoto.com

F

otografie dien as die alfabet vir ʼn internasionale taal wat alle vorme van globale interaksie bevorder. Om fotografie te studeer, is nie meer net oor opleiding as ʼn fotograaf nie, maar om hierdie taal met vertroue en begrip te leer praat en só ʼn magdom van geleenthede vir jouself te skep. Met dié unieke taal kan jy ʼn storie vertel en emosie in enigiemand opwek, ʼn oomblik vasvang wat nooit weer gaan gebeur nie en die skoonheid in alles ontdek. Fotografie as ʼn beroep hou ook talle voordele in. Daar sal altyd werkgeleenthede vir professionele fotograwe wees. ʼn Mens word ook die geleentheid gegun om kreatief te wees, met mense te werk en om jou eie werkure te reël. Loopbaangeleenthede sluit in kommersiële fotograaf, modefotograaf, tydskriffotograaf, joernalis en dokumentêre fotograaf, kreatiewe agentskapfotograaf en nog vele meer. Die Hoër Sertifikaat in Fotografie berei studente voor vir die opwindende wêreld

66

van fotografie. Hulle word toegerus om in al die fasette van die bedryf te werk, hetsy vir hulself of in diens van toonaangewende ondernemings plaaslik of in die buiteland. Met ʼn geakkrediteerde kwalifikasie is jy beslis op pad na die verwesenliking van jou drome. By Potchefstroom Akademie voorsien ons jou van ʼn multidimensionele leeromgewing. Dit sluit noodsaaklike teoretiese en praktiese kennis in. Ons bied egte situasie-demonstrasies en gebruik interaktiewe werksessies om jou die geleentheid te bied om eerstehands ʼn dag in die lewe van ʼn fotograaf te beleef. Weldeurdagte debatte en besprekings word ondersteun deur insiggewende, relevante studiemateriaal (deurlopend opgegradeer tot die jongste tegniese standaarde). Verder bied ons aan studente opleiding in professionele, tegniese en konseptuele vaardighede wat verskeie fotografiese genres behels. Potchefstroom Akademie bied ook nou ʼn Gevorderde Sertifikaat in Fotografie aan!

Die Gevorderde Sertifikaat in Fotografie is ontwerp om die estetiese visie van die fotograaf te ontwikkel deur artistieke en tegniese groei, en stel die fotograaf in staat om sy of haar spesifieke spesialiseringsveld te ontdek. Die program leer die studente alles wat hulle van professionele fotografie moet weet terwyl dit vir hulle die geleentheid skep om hul eie unieke “visuele stem” te ontdek. Dit sluit modules in wat sakebeginsels, entrepreneurskap asook grafiese ontwerp dek ten einde die fotograaf in staat te stel om ʼn sakemodel te ontwikkel (wat spesifiek geskik is vir die genre van fotografie waaroor hulle die passievolste voel). Tesame met talle kwalifikasies van hoogstaande gehalte bied Potchefstroom Akademie en SAAHST aan die student ook ʼn vriendelike kampus, gerieflike verblyf en ʼn energieke studentelewe. • Kontak Potchefstroom Akademie gerus by tel: 018 294 5581 en raak deel van die #PotchAcademyFamily.

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za



FOKUS OP OPLEIDING

Wêreldklasopleiding in Afrikaans by Aros

Foto: iStockphoto.com

M

et ʼn duisend ingeskrewe onderwysstudente in 2017, ding Aros nou in dieselfde klas mee as SuidAfrika se beste Afrikaanse opvoedkundefakulteite aan universiteite. Aros se strewe is egter nie om homself net met SuidAfrikaanse universiteite te vergelyk nie, maar om internasionaal sy merk te maak. Privaat opleiding bied juis die vryheid om beter te wees as die minimum standaarde en vereistes, en daarom het Aros ʼn nuwe projek geloods, genaamd Aros Internasionaal. Die doel van hierdie projek is om deurlopend internasionale beste praktyk te vergelyk, en voorpuntnavorsing, -ontwikkeling en -opleiding te bly handhaaf. In lyn met Aros se strewe na moedertaalonderrig, is spesialiste by Aros ook besig om kwalifikasies in ander Afrikatale te vertaal. Aros, een van ʼn handjievol instansies wat ʼn privaat aanbieder van ten volle Afrikaanse onderwysgrade in die wêreld is, bied reeds in 2017 ʼn B.Ed-graad (Intermediêre fase), ʼn B.Ed-graad (Grondslagfase) en ʼn Diploma in Graad R-onderwys aan. Die intermediêre fase se vertakking in beide Wiskunde en Natuurwetenskappe, asook Lewensvaardighede en die Sosiale Wetenskappe is juis as waardetoevoeging vir die onderwysuitdaging in Suid-Afrika ontwikkel. Uitbreiding van senior fase- en nagraadse onderwysgrade is reeds ver gevorderd. Studente het die voordeel om hul praktiese onderwys te doen terwyl hulle studeer. Klasse vind plaas op Vrydae en Saterdae en dus kan die studente gedurende die week as onderwysassistente by skole of ander opvoedkundige instellings inskakel. Behalwe die voordeel om reeds finansieel vir hul werk beloon te word, berei voltydse klassituasies die student soveel beter voor om nie net teoretiese kennis oor klasgee te kry nie, maar om daagliks aan die uitdagings en vreugdes van praktiese onderwys blootgestel te word. Studente het ook toegang tot die aanlyn studenteondersteuningstelsel waarop hul studiegidse, opdragte, notas en aanlyn toetse gestoor word. Deur hierdie stelsel het studente ook toegang tot die aanlyn biblioteek en hul tutors. Omdat Aros daarin glo om goedbegronde en waardegedrewe onderwysers aan die gemeenskap te bied, word studente ook blootgestel aan verskeie opvoedkundige programme wat, gebaseer op ʼn Christelike

68

grondslag, die student holisties ontwikkel om sy plek ten volle in die gemeenskap in te neem. Studente word ook emosioneel, sosiaal en geestelik ondersteun deur ʼn toegewyde studenteondersteuningsafdeling met professionele beraders. Die studentelewe by Aros word vanuit die studente self deur ʼn studenteraad en klasverteenwoordigers bestuur, en dus word bymekaarkomtye op die kampus in Pretoria ook ʼn sosiale geleentheid waar netwerke gevestig en lewenslange vriendskappe gesmee word. Tydens die gradeplegtigheid in Maart 2017 het 114 studente hul B.Ed (Grondslagfase)

ontvang, waarvan meer as 90% reeds in skole regoor die land werksaam is. Aros se aansoeke om toelating vir studie in 2018 het reeds geopen en aansoeke kan óf op Aros se webblad by www.aros.ac.za aanlyn ingevul word, óf ʼn kopie kan afgelaai en ingevul word. Belangstellendes wat vrae het, is welkom om die opedag op 13 Mei 2017 by die Aroskampus in Waverley, Pretoria, by te woon. Navrae kan aan hello@aros.ac.za gerig word. Besprekings vir die opedag kan telefonies by 012 332 3227 of aanlyn by www.aros.ac.za gedoen word. Aros, waar jy die verskil kan maak! Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za



FOKUS OP OPLEIDING

Sol-Tech-studente lééf resep vir prestasie

J

aar ná jaar staan afgestudeerde studente op verhoë en ontvang hul kwalifikasies. Dan is daar dié studente, wat nie suksesvol met hul studies was nie, wat jaloers toekyk hoe die sogenaamde “slimmes” hul grade, diplomas en sertifikate in ontvangs neem. Maar is dit werklik ʼn geval van slegs die “slimmes” wat suksesvol is met hul studies, of is dit dalk eerder diegene wat net slim gewerk het? Verby is die dae dat persone wat ʼn ambag doen as meer prakties geëtiketeer word of dat ambagslui beskou word as iemand wat akademies gesproke nie universiteitsmateriaal is nie. Ambagslui werk vandag met gevorderde masjinerie en moet absoluut ook oor die denkvermoë beskik om toerusting doeltreffend te kan aanwend. Daar is al baie oor die tema van slimheid en/ of intellektuele vermoë van mense geskryf, maar soos ons weet, is intellektuele vermoë beslis nie die enigste bestanddeel wat sukses waarborg nie, en beslis nie die belangrikste nie. Daar is ook nog onder meer emosionele intelligensie, ’n goeie ondersteuningsnetwerk en, les bes, motivering, om ’n flatervrye wen te verseker.

Deur Dr. Philip Minnaar

Motivering is juis daardie hekkie waaroor studente dikwels hard val omdat daar nie doelbewus, saam met beplanning vir verdere studie, daaroor nagedink word nie. Sol-Tech se studente is presteerders. Terugvoer van werkgewers af bevestig dat die studente ’n selfgedrewenheid toon wat verwagtings oortref, en ons eie statistiek bevestig dit ook. Waarom is soveel studente by Sol-Tech dan presteerders? Almal weet dat goeie werkgeleenthede skaars is en dat opleiding die enigste roete na sukses is. Sol-Tech se studente het ’n baie duidelike prentjie van waar hulle in die afsienbare toekoms kan en wil wees en werk, en weet dat ambagsopleiding die beste voertuig is om by dié prentjie in hul kop uit te kom. Deur ’n baie duidelike, nugtere en realistiese prentjie oor die toekoms te hê, en in besonderhede die prentjie te kan beskryf, wakker sterk verwagtings aan. Dié verwagtings is die eerste geheim tot volgehoue prestasie. Volhoubare verwagtings het egter ook self ’n sterk dryfveer nodig, naamlik die innerlike en uiterlike betekenis van die fisiese moeite wat vereis gaan word om by ’n duidelik daargestelde

toekomsprentjie te kan uitkom. Dis die tweede geheim tot volgehoue prestasie. Weereens, komende van ons studente: Bedink waarvan jy oortuig is en wees oortuig van wat jy bedink. Dis een van die redes waarom studente juis Sol-Tech as ambagsopleidinginstelling kies. Hulle kan gemaklik met die kollege se doelstellings identifiseer en dit hul eie maak, die toerusting is relevant tot die bedryf, hulle is fisies elke dag besig op masjiene en kan self volg hoe hulle in kennis en vaardigheid vorder. Hiermee saam kan hulle ook self agterkom hoe hulle in selftrots en selfinsig groei, tot so mate dat hulle ambagtrots, wat ’n wesenlike kenmerk van bogemiddelde ambagslui is, spontaan aanleer. Gemiddelde mense kan bogemiddeld presteer, net soos bogemiddelde mense dikwels ondergemiddeld presteer. Sol-Tech se studente is bogemiddeld. Nie omdat ons weet wat elkeen se IK is nie, maar omdat ons elke dag waarneem hoe hulle die resep vir prestasie uitleef. Hoewel intelligensie ’n rol speel, is slimheid eintlik net ’n versamelnaam vir harde werk. Net doelgerigte, prestasiegedrewe gedrag om nou reeds hard te werk vir suksesse en moontlikhede in die toekoms. Lank lewe prestasie! S

Karakterontwikkeling integrale deel van opleidings- en ontwikkelingsmodel

“E

en van die boustene waarmee karakter gevorm word, behels onder meer die oriëntering en voorbereiding van studente om die veranderende uitdagings van die beroepswêreld te kan hanteer, soos om by ʼn nuwe omgewing te kan inskakel,” sê Higgs Venter, afdelingshoof van Sol-Tech se N-kursusse. Sol-Tech se eerste avontuurgerigte ervaringsleerkamp is bygewoon deur 47 eerstejaarstudente en ʼn span van 10 lektore wat in Februarie in die Venterskroonomgewing in die Vredefort-koepel naby Parys/ Potchefstroom gaan kamp het. Die aktiwiteite, wat elk gefokus het op die ontwikkeling van spesifieke emosionele en karakterboufasette, is hanteer in samewerking met ʼn avontuurgerigte ervaringsleerkenner, dr. Pieter Louw. Daar is met die intrapslag by die kamp ʼn paar kenmekaaraktiwiteite aangebied. Studente het gou hul vreemdheid afgeskud en ʼn lekker braai het die gemoedelikheid tussen die studente

70

help bevorder. ʼn Reeks fisieke uitdagings op ʼn avontuurbaan het verseker dat selfvertroue, wedersydse vertroue en samewerking in die praktyk ervaar kon word. Hierna het ʼn stapen-klimtog, wat dikwels ondersteuning van die spanlede geverg het, asook ʼn nag in die veld, die spreekwoordelike kaf van die koring geskei. Die feit dat die lektore die staptog en groot klim saam deurgemaak het, het ook verseker dat daar goeie rapport gevestig is sodat die studente en lektore met mekaar in die klaskameromgewing kan saamwerk. Die kamp sal voortaan ʼn vaste instelling word vir eerstejaars op kampus, waar lektore en senior studente as fasiliteerders sal optree. Sol-Tech stel die vorming van vaardige en goed gekwalifiseerde ambagslui as oogmerk. “Karaktervorming is ʼn integrale deel van die holistiese opleidings- en ontwikkelingsmodel van ons organisasie. Hierdie komponent van ontwikkeling word wyd deur verskeie besighede in die bedryf ondersteun,” verduidelik Venter. S

Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za


Sol-Tech kraai koning met (jolige) vlot

W

anneer ʼn jarelange tradisie soos jool deur sommige tersiêre instellings gekanselleer word, beteken dit nie dat dié leemte nie gevul kan word nie. Op 18 Februarie is ʼn privaat jooloptog blitsig van stapel gestuur en die wiele is letterlik met drie spoggerige sierwaens laat rol. Die sierwaens het “Karnaval” as tema uitgebeeld en ʼn hele aantal jongmense het aan die optog deelgeneem. Die optog was, eie aan die tipiese jooltradisie, ook daarop gemik om geld vir welwillendheid in te samel. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum; Paul van Deventer, uitvoerende hoof van SolTech; en ʼn verteenwoordiger van ʼn universiteit se studenteraad met jool as portefeulje, het as beoordelaars opgetree. Die Sol-Tech-vlot het uiteindelik met die wentrofee weggestap. Alle meganiese aksies en hefbome aan die mallemeule, asook die kunswerke wat binne ʼn baie kort tyd aanmekaargesit is, spreek boekdele van die geesdrif waarmee die

studente hierdie projek aangepak het. “Dit is veral die ontwikkeling van projekbeplanning, die hantering van ʼn begroting, leierskapsontwikkeling, die toepassing van tegniese vaardighede, asook spanwerk, wat in die konteks van die joligheid ʼn lekker bonus

was,” aldus Higgs Venter, afdelingshoof by die Tuine-kampus van Sol-Tech. Dr. Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech, is dit eens dat die ontwikkeling van goeie burgerskap ʼn positiewe bydraende faktor in die groter opvoedkundige doel van Sol-Tech is. S

verseker jou toekoms Kwalifiseer jouself in ’n AMBAG by ’n instelling sonder gelyke Gereedskap- en setmaatmaker • Dieselwerktuigkundige Elektrisiën • Passer en draaier • Meulmaker • Sweiser

aksent media

WOON ONS OPEDAE BY OP 3 JUNIE OF 9 SEPTEMBER 2017 Waar?

Sol-Tech-kampus, Kirkney Maliestraat 1662, Kirkney, 0182 25O 42’ 52” S • 28O 06’ 26” E

Hoe laat?

08:00 vir 08:30

Bring saam:

Gesertifiseerde afskrif van identiteitsdokument Gesertifiseerde afskrif van alle kwalifikasies

Bevestig asseblief of jy die dag gaan bywoon deur die aansoekvorm aanlyn te voltooi by www.sol-tech.co.za. Jy kan ook Sol-Tech se keuringstoets op die volgende dae aflê: 9 Junie en 6 Oktober om 08:00 vir 08:30. Daar sal op dié dae kortliks inligting en agtergrond oor die kollege se kursusse gegee word.

Solidariteit

0861 25 24 23 • www.sol-tech.co.za

www.solidariteit.co.za | Issue 2 of 2017 Beweging

71


FOKUS OP OPLEIDING By Akademia kan jy studeer terwyl jy werk. Boonop ontvang Solidariteit-lede 20%-AFSLAG OP STUDIE.

Akademia: Kort geskiedenis, groot erfenis

Foto: iStockphoto.com

A

72

kademia bied geakkrediteerde opleiding, maar ook karaktervormende opvoeding. Dié instelling is tradisievas, maar is ook vernuwend en toekomsgerig. Akademia se onderrigmodel kombineer ’n klaservaring met afstandsonderrig en is gemeenskapsgebonde, maar met internasionale blootstelling. Studente kry gehalte-onderrig teen ʼn bekostigbare prys. Akademia verwelkom oud en jonk, met relevantheid en selfverwesenliking wat die hartklop van dié tersiêre instelling vorm. Akademia is in sy sesde bestaansjaar en het vanjaar, by sy vyfde jaarlikse plegtigheid, vir die eerste keer grade toegeken. Dertien studente wat in 2014 ingeskryf het en die kursus BCom Ondernemingsbestuur verlede jaar voltooi het, het op 7 April graad gevang. Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia, sê Akademia is trots op hierdie mylpaal. “Akademia het die afgelope vyf jaar universiteitsvlakkwalifikasies van gehalte soos nooit tevore nie binne die bereik van Afrikaanse studente gebring. In 2012 het ons met die aanbieding van hoër sertifikate begin. In 2017 ken ons die eerste grade toe. Intussen is 750

ander studente wat vir vier graadprogramme en verskeie ander kwalifikasies ingeskryf is, druk aan die werk om hul kwalifikasies te verwerf.” Volgens Le Roux is karaktervorming en kultuuroordrag, in die breë sin van die woord, deel van die hartklop van universiteitswese. “Dis belangrik dat ʼn student wat by ʼn universiteit uitstap nie net kennis van sy of haar eie, gespesialiseerde dissipline het nie, maar ʼn sin vir die samehang van dinge ontwikkel het.” Hy voeg by dat Akademia op die onderrigervaring gefokus is en die beste uit ʼn paar duisend jaar se universiteitstradisie neem en daarop uitbrei. “Dis die lekkerte daarvan om iets nuuts te begin. Ons hoef nie te herhaal wat bestaan nie. Ons kan nuwe tegnologie, nuwe stelsels en nuwe idees inspan om selfs ’n nog beter leerervaring te skep.” Die universiteitstradisie waarby Akademia aansluiting vind, is een wat sowel ontdek as bewaar. “Ons vind nie alleen opwinding in die onontdekte nie, maar ook in herontdekking: Nie alles wat waardevol is, is nuut nie – soms lê kennis in die waardering van ou waarhede. Terselfdertyd is nie alles wat ons reeds weet wél waar of genoegsaam of toereikend nie;

daar is sóveel wat die mens nog nie weet nie.” Daarom bou Akademia op getoetste waardes met ʼn oopheid vir vernuwing. Daarom droom Akademia nie van groot dinge asof sy gemeenskap en sy groter Westerse tradisie kwansuis agtergelaat moet of kan word nie, maar van groot dinge in balans: van ʼn gemeenskap en ’n groter geheel wat mekaar aanvul. “Ons wil die beste uit die wêreld na Afrikaans bring, en uit Afrikaans die beste na die wêreld bring. Ons doen dit met moderne tegnologie, maar ook met waardering vir die tydlose. Ons het ʼn kort geskiedenis, maar ʼn groot erfenis,” sê Le Roux. Om hierdie erfenis verder uit te bou, het Akademia ʼn alumnivereniging gestig. Afgestudeerdes en belangstellendes word genooi om deel van hierdie netwerk te word. Dit bied aan jou die geleentheid om aan alumniaktiwiteite deel te neem en ʼn ambassadeur van Akademia in jou gemeenskap, die land en die wêreld te wees. • Sluit by die Akademia Alumnivereniging aan en bou saam aan die toekoms van topgehaltehoër onderwys. Vir navrae, stuur e-pos na alumni@akademia.ac.za. S Uitgawe 2 van 2017 | www.solidariteit.co.za



FOKUS OP OPLEIDING

Só veg Solidariteit vir moedertaalonderrig

T

erwyl Afrikaans oral in Suid-Afrika op kampusse en by skole in die gedrang is, volg Solidariteit ʼn tweevoudige strategie om ons taal te beskerm en as onderrigtaal te behou. Enersyds is Solidariteit en AfriForum tans by verskeie regsprosesse betrokke wat primêre, sekondêre en tersiêre onderwys raak. Hierdie hofsake het ten doel om die status van Afrikaans as onderrigtaal te beskerm en behou. Andersyds spits die Solidariteit Beweging hom toe op die bou van alternatiewe privaat Afrikaanse opleidingsinstellings. Solidariteit bou, saam met Afrikaanse gemeenskappe, instellings soos Sol-Tech en Akademia. Volgens Juran van den Heever, kommunikasiebestuurder van Solidariteit, is die toekoms van ons kinders té belangrik om dit aan die staat oor te laat.

Deur Cilleste van Dyk

“Gehalte-onderrig is die sleutel tot ʼn suksesvolle toekoms in Suid-Afrika wat, sover as wat dit menslik gesproke moontlik is, volhoubaar is,” sê Van den Heever. “Moedertaalonderrig behels dat leerlinge die fundamentele begrippe van ’n onderwerp in hul moedertaal aangeleer word. Sodra hierdie begrippe vasgelê is, kan hulle dit tydens die aanleer van ’n tweede taal toepas.” Unesco (die Verenigde Nasies se opvoedkundige, wetenskaplike en kulturele organisasie) ondersteun byvoorbeeld moedertaalonderrig as metode waardeur die gehalte van onderrig verbeter kan word deur op die bestaande kennis en ondervinding van leerlinge en onderwysers voort te bou. Daarom ondersteun Unesco ook die beginsel dat moedertaalonderrig vir so lank as moontlik voortgesit moet word ter bevordering

van leerlinge se akademiese loopbane. “Kinders verstaan begrippe makliker in ’n taal wat aan hulle bekend is. In ’n tweede taal word dit dooie woorde wat gememoriseer word, maar nie geïnternaliseer word nie. Die probleem is dat baie min leerlinge moedertaalonderrig ontvang, wat ’n reuseuitwerking het op hul vermoë om die kurrikulum baas te raak. Prestasiepatrone dui byvoorbeeld daarop dat leerlinge swak vaar in gesyferdheid omdat hulle nie die konsepte in opdragte soos ‘verdubbel’ en ‘halveer’ verstaan nie,” verduidelik Van den Heeer. Die Solidariteit Beweging het ook tydens sy Toekomsberaad oor onderwys klem gelê op Afrikaans as onderrigtaal. Besoek die webtuiste https://solidariteit.co.za/onderwysberaad/ vir meer inligting. S




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.