Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 van 2018

Page 1

UITGAWE 2 VAN 2018 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017

Deel van die Solidariteit Beweging

1




8 10 12 13 14 15 16 18 20 22 24 25

SpreekBuys: Kommunisme verdruk, verarm, vernietig Selfbestuur: Gemeenskapsfederalisme in ‘n neutedop Solidariteit se DNS is #WERK Veilige tuiste vir werkendes Jou elektroniese netwerk van werk S-Leer kry opwindende nuwe baadjie Só werk Solidariteit vir jou Enorme Afrikaanse “nee” vir NWU-taalplan Beroepsgilde vir verpleegkundiges Akademia: Nuwe handelsmerk en toekomsplanne Baken van hoop vir studie in Afrikaans Jongmense: Ontsnap só van ekonomiese onsekerheid



REDAKTEURS BRIEF Jou #WERK is

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

S

olidariteit is hoofsaaklik in die besigheid van werk – meer spesifiek, jóú werk. Het jy jouself al ooit afgevra hoe verweef jou werk werklik met jou lewe is? Dink daaroor. Jy word reeds as kleuter deur allerlei ooms en tannies gevra: “So, wat wil jy word as jy groot is eendag?” Dit is waar jou werk reeds deel word van jou lewe. Jy berei jou hele skoolloopbaan lank voor om “iets” te gaan doen ná skool, hetsy dit is om verder te studeer of direk ná skool te gaan werk. Jy maak jou keusevakke volgens dit waarin jy belangstel, met die idee dat jy ’n dieselwerktuigkundige, verpleegster, polisieman of die president gaan word. Dan werk jy hard om goeie punte te behaal sodat jy daardie droom kan verwesenlik. En so hou dit deur jou hele lewe aan. As jy verder gaan studeer, skryf jy in vir ’n kursus wat jou bekwaam om eendag jou werk te doen. As jy ouer word en jy reeds daardie pos beklee waarvoor jy so hard gestudeer het, vra mense wat jou ontmoet dikwels: “Wat doen jy vir ’n lewe?” Daardie “wat doen jy vir ’n lewe” word verweef met wie jy is, daarom is dit belangrik en reg om trots te wees op jou werk, ongeag wat jou werk behels. Dit is ook die rede waarom ons met reg soms kwaad word as dinge by die werk onregverdig is. As daar iets onregverdig by die werk gebeur, is dit amper asof die onreg persoonlik tot jou gerig is, omdat werk so deel is van ’n mens se lewe. Dit is waar Solidariteit intree, want ons weet dat jou werk vir jou belangrik is, maar ook dat dit net ’n gedeelte uitmaak van wie jy is. Deur daardie volledige prentjie in gedagte te hou, glo ons, is ons in staat om jou op die beste manier moontlik by te staan by die werk en in jou gemeenskap. Hierdie uitgawe gaan oor #werk, jou werk en ons fokuspunt. Lees gerus meer hieroor in die res van die tydskrif. Bo en behalwe dat ons werk belangrik ag en vir jou ’n netwerk van werk skep, wil ons graag hê jy moet tuis voel by Solidariteit. Dit is ’n veilige hawe waar jy trots kan wees op wie jy is. Waar jy jouself kan wees! Die vakbond Solidariteit is natuurlik deel van die Solidariteit Beweging, daarom sal jy ook soos oudergewoonte in hierdie uitgawe allerlei nuus oor die ander instellings in die Beweging kan lees. Sterkte vir die tweede kwartaal van die jaar, mag dit geseënd wees vir jou en jou familie. Ek hoop jy lees lekker saam met ons. Bowenal hoop ons jy voel veilig by ons!

REDAKTEUR

6

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

*

Nog nie ’n Solidariteit-lid nie? Sluit nou aan! SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. Verander jou kontakbesonderhede by diens@solidariteit.co.za.

BLITSNUUS Ondanks die knellende waterkrisis, het TOERISME in die Wes-Kaap in die vierde kwartaal van 2017 met 7,5% gegroei. Sedert 2013 het toerisme R6,6 miljard tot die Wes-Kaap se ekonomie bygedra. Airbnb, ‘n aanlyn verblyfbesprekingsdiens, se 15 000 tuistes in die provinsie het in 2017 meer as 540 000 gaste ontvang en R5 miljard se waarde tot die toename in ekonomiese bedrywighede bygedra. R3,2 miljard is ook belê in die infrastruktuur van die Kaapstadse Internasionale Lughawe. >> Lees ook WEBWYS op bladsy 64.

Die hoeveelheid STAAL wat jaarliks van Suid-Afrika na die VSA uitgevoer word. Solidariteit is bekommerd oor die impak van invoertariewe wat deur die VSA op staal- en aluminiumprodukte aangekondig is. Die invoertariewe van 25% op staal en 10% op aluminium raak die Suid-Afrikaanse staalbedryf regstreeks. Plaaslike rolspelers wat deur die tariewe geraak word, sluit in ArcelorMittal Suid-Afrika, wat sowat 70 000 ton staal jaarliks na die VSA uitvoer, South 32, Hulamin en Columbus. Daar is R1,2 miljoen as vergoeding toegeken aan die gesinne van elke psigiatriepasiënt wat in die LIFE ESIDIMENI-TRAGEDIE dood is. Dit volg op die departement van gesondheid se omstrede besluit om dié pasiënte vanuit Life Esidimeni-sorg oor te plaas na nieregeringsorganisasies. Dié besluit het tot tragiese sterftes gelei en honderde psigiatriepasiënte en hul gesinne is deur dié tragedie geraak. Die totale bedrag bestaan uit R20 000 vir begrafniskoste, R180 000 vir emosionele skok en sielkundige trauma en R1 miljoen vir vergoeding wat met grondwetlike skade verband hou. Oudregter Moseneke het gesê die vergoeding moet voor 19 Junie betaal word.

“AKADEMIA is trots op die groei en vooruitgang wat hy bewerkstellig. In die toekoms gaan ons terugkyk na 2018 as een van die opwindendste tydperke wat getuig van hoe vooruitdenkend Akademia is.” >> Akademia se besturende direkteur, Marthinus Visser (bladsy 22).

Die nasionale tesourie het met ‘n tenderproses begin om ESKOM se huisverbandafdeling te verkoop in ‘n poging om die staatsbeheerde kragreus se geldsake bestendiger te kry. Eskom Finance het ‘n leningsboek van R8,7 miljard en sowat 16 000 kliënte – almal Eskom-werknemers (sowat 38% van Eskom se 43 000 werknemers) wat om huislenings aansoek gedoen het.

AFRIFORUM het in April vir die tweede keer strafregtelike klagtes teen SHAUN ABRAHAMS, nasionale direkteur van openbare vervolging, by die Silverton-polisiestasie ingedien. Dié klagtes hou verband met korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing en vervalsing. Die klagtes is ook teen ses ander toplede van die Nasionale Vervolgingsgesag ingedien.In Februarie het AfriForum in samewerking met genl. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, klagtes van meineed en regsverydeling teen Abrahams ingedien.


KUBER KLETS

Kuberklets, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za

moedertaalonderrig SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk

>> Lees ook die artikel oor die NWU se omstrede taalplan op bladsy 18.

WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za

Waarom maak dit jou as student of ouer bekommerd as Afrikaanse universiteite aanhoudend in die spervuur is? Só het ons Facebook-vriende gereageer: ELSIE ESMERALDA VAN NIEKERK: My mense, my taal ... Waarom moet ander die geleentheid gegun word om in hul taal onderrig te word, maar Afrikaanssprekendes is altyd in die spervuur? Jy word soveel beter in jou eie taal onderrig as in ’n ander taal. Ek dink dit is elkeen se reg om te kan kies in watter taal hulle opvoeding wil ontvang. Waarom almal van hul voorregte ontneem net omdat dit nie iets is waarmee jy saamstem nie? MIRNA MARE: Elke persoon moet daarop geregtig wees om te kies in watter taal en by watter instelling hy of sy wil studeer – as dit ’n Engelse instelling sonder trotse tradisies was, sou ons nie die NWU gekies het nie. Dit was die Afrikaanse klasse, behoue tradisies en unieke kampuslewe wat ons dié universiteit laat kies het!

JANNIE JACOBS: Enige leerder presteer op sy beste in sy moedertaal. Maak voorsiening vir leerinstansies in al die tale. So het almal die reg op moedertaalonderrig. MARINDA LOMBARD: Dis hoekom ek ’n Akademia-student is: Ek kan gemaklik in my eie taal en tussen my mense beweeg en leer. En ek moet bieg, ’n mens dink jy is vlot in jou moedertaal, maar ek het ’n hele klompie nuwe Afrikaanse woorde in die laaste drie jaar by Akademia geleer. PAULI POTGIETER: Dit is vir my kommerwekkend in die sin dat hulle ons trots verder wil wegneem (buiten plaasmoorde, grondgrype ... noem maar op) deur ons van ons moedertaal te ontneem. Dis mos dan nóg iets om ons mee af te breek.

ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Jaco Bisschoff MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Wilmarie Brits, Flip Buys, Leandré Buys, Stephanie Buys, Chris Chameleon, Reint Dykema, Reon Janse van Rensburg, Annalise Kempen, Zydelia Kleinhans, Moira-Marie Kloppers, Jaco-Louis Kruger, Heloise La Grange, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Martie Maree, Paul Mardon, Philip Minnaar, Connie Mulder, Ilze Nieuwoudt, Herman Perry, Appie Pienaar, Alet Pretorius, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, René Roux, Mia Slabbert, Mandy Thackwray, Juran van den Heever, Marlien van der Westhuizen, Tjaart van der Westhuizen, Suné van Heerden, Rozier van Tonder en Jhua-Nine Wyrley-Birch. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

www.aksentmedia.co.za DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng

Foto’s: iStockphoto.com

BESKOU JY JOU WERK AS DEEL VAN WIE JY IS?

A

My werk is baie belangrik vir my – dit is waarop ek myself van kleins af voorberei. My werk vervul ’n belangrike deel van my lewe.

B

My werk is belangrik genoeg dat ek moeite sal doen, maar ek dink nie dit is ’n integrale deel van wie ek is nie.

C

Ek dink nie my werk is so ’n belangrike deel van my lewe nie. Ek werk omdat dit ’n salaris aan die einde van die maand waarborg.

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

Solidariteit Beweging

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake deur adverteerders nie.

www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

7


SPREEK BUYS

VERDRUK, VERARM, VERNIETIG Grondbesetting. Onteiening. Nasionalisering. Sosialisme. Dié woorde ruik na die klaaglike mislukkings, uiterste armoede en wrede onderdrukking oral waar dit probeer is. Die val van die Berlynse muur in 1989 het wêreldwyd die oorverdowende val van kommunisme aangekondig, maar bykans 30 jaar later trek daar in Suid-Afrika al meer ‘n rokie van ’n stelsel waarvan miljoene mense wat dit oorleef het, wil vergeet, skryf FLIP BUYS.

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

N

atuurlik erken die voorstanders van kommunisme nie nou al wat hulle uiteindelike mikpunt is nie, maar enige mens met ’n bietjie kennis van die geskiedenis kan al die tekens raaksien. Kommunisme is nie “verkoop” met harde werklikhede soos konsentrasiekampe, armoede en verdrukking nie. Inteendeel. Dis ’n ideologie wat alles aan almal belowe: werk, grond, huise, gesondheidsorg, kos, pensioen, gelykheid en ’n “vaderlike” maar streng staat wat van die wieg tot die graf vir jou gaan sorg. Wie kan nou daarteen wees? Maar in die praktyk verander die feëverhaal in ’n nagmerrie. In The Black Book of Communism lees ’n mens hoe bykans 100 miljoen mense in kommunistiese stelsels dood is. Die probleem is dat kommunisme so lank terug geval het dat jongmense dit nie ken nie en ouer mense van die mislukkings vergeet het. Daarom het linkse politici soos Bernie Sanders in die VSA en Jeremy Corbin in Brittanje, miljoene mense se steun met hierdie uitgediende beleid

8

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

gewerf. In Suid-Afrika word dit al meer duidelik dat die ANC terugkeer na sy sosialistiese wortels, terwyl die EFF dit openlik ondersteun. Daarom moet die teorie en praktyk van kommunisme weer bespreek word sodat mense weet waaroor dit gaan en waarom dit nie kan werk nie.

WERKERSIDEOLOGIE Kommuniste het hul ideologie nog altyd as ’n “werkersideologie” beskryf en hul planne in die naam van die “werkers” bedryf. Daar is voorgegee dat kommunisme “uit die werkers, deur die werkers, vir die werkers” was. Daarom was hul Groot Belofte dat die kommunistiese ideologie hemel op aarde vir die werkers sou wees. Maar in die praktyk was hierdie werkersparadys veel eerder die hel as die hemel. Hel op aarde word juis veroorsaak deur politici wat hemel op aarde probeer skep. Dit het ook geblyk dat diegene wat aan bewind gekom het met plegtige beloftes dat hulle die werkers wou dien, eerder net oor hulle wou heers.

In die praktyk is dit oor en oor bewys: Kommunisme is die slegste stelsel denkbaar vir werkers. Werkers in kommunistiese state het die laagste lewenstandaard en die swakste lewensgehalte gehad, hulle het die minste vryheid geniet, hul werkomstandighede was beroerd, beroepsveiligheid en -gesondheid was swak, vakbonde was onwettig of ‘n verlengstuk van die owerhede, omgewingsbesoedeling was algemeen, en hulle was eerder die slagoffers van ’n verdrukkende stelsel as wat hulle as “werkersklas” hulself regeer het.

SOLIDARITEIT Hoe langer die kommuniste regeer het, hoe meer moes hulle staatsmag aanwend om aan bewind te bly, omdat hul regerings al ongewilder geword het. Uiteindelik kon die ideologie nie meer standhou teen die werklikheid nie, en het die stelsel met ’n magtige gedruis ingeplof wat regoor die aardbol weerklink het. Terwyl die Marxisme ter wille en in die naam van die werkersklas kommunisme wou instel, was ‘n werkers-


SPREEKBUYS

opstand deur die Solidariteit-vakbondbeweging in Pole die begin van die einde van hierdie “werkersideologie”.

BASE WORD SLAWE Die ideologie wat gelykheid moes bring, het uitgeloop op gelyke armoede en oorheersing oor almal. Die staat wat die werkers moes dien, het in werklikheid oor hulle geheers. Die werkers moes uiteindelik die staat dien – die “base” het die slawe van die kommunisme geword. Die staat wat die werkers moes versorg, moes uiteindelik deur hulle gedra word. Die werkers se armoede is juis veroorsaak deurdat hulle die staat moes subsidieer deur hulle swak salarisse! Die vraag is waarom het kommunisme wat ‘n beter lewe vir werkers moes bring, juis tot armoede en onderdrukking gelei? In kommunistiese stelsels mag niemand wins maak nie, omdat wins gesien word as diefstal van die werkers se geld. Omdat niemand wins mag maak nie, mag niemand ook geld belê nie. Daarom is daar altyd ’n tekort aan geld. Kommunistiese lande sluit die deur vir buitelandse beleggers, omdat sulke beleggers gesien word as uitbuiters van die werkers. Daar is dus nie buitelandse geld wat in die land inkom nie, en ook nie binnelandse beleggers nie. Kommunistiese lande is dus verplig om geld iewers vandaan te kry om te betaal vir fabrieke, myne, salarisse, skole en hospitale, en kos en klere vir die bevolking.

STAATSAMPTENARE In ’n kommunistiese land werk almal vir die staat, wat beteken dat die hele bevolking staatsamptenare is. Die staat is die enigste werkgewer, wat alleen besluit oor werkers se vergoeding. As ’n werker voel hy word te min betaal, is daar niks wat hy daaraan kan doen nie, want daar is nie ander werkgewers wat dalk meer betaal nie. Hy het nie die vryheid om ’n ander werk te soek met meer geld en voordele nie. Daar is ook nie vakbonde wat namens hulle kan onderhandel nie, of die vakbonde is self deel van die stelsel wat werkers verdruk. Die enigste manier waarmee die staat dan geld kan kry om vir alles te betaal, is om die werkers uit te buit deur almal se salarisse laag te hou. Net die staat kan dan wins maak, deur die land se produkte goedkoop genoeg uit te voer sodat

ander lande dit teen ’n hoër prys kan koop. Op hierdie manier kry die staat dan geld om vir alles in die land te betaal. Die ingeboude bose kringloop van die stelsel lei egter tot permanente armoede. Hoe meer geld die staat nodig het om vir alles te betaal, hoe meer wins moet hulle met uitvoer maak, en hoe minder moet hulle dan die werkers van die land betaal. Só subsidieer die werkers dan die staat.

ARMER EN ARMER Omdat die verarmde werkers nie geld het om vir produkte en dienste te betaal nie, is daar nie ’n binnelandse vraag nie, en word daar nie fabrieke opgerig om dit te vervaardig nie. Daar is dus nie ekonomiese groei nie en ook nie werkskepping nie. Omdat die bevolking groei en daar nie werkloosheid in ’n kommunistiese land mag wees nie, word die salariskoek net deur meer en meer werkers gedeel en kry almal minder en minder. Daarom word almal net armer en armer, behalwe natuurlik die regeringsleiers. Geen fabriek kan bankrot speel nie, omdat daar nie iets soos wins en verlies is nie. Bestuurders word om politieke redes aangestel, omdat die Kommunisteparty alles beheer. Dis nou kaderontplooiing op sy ergste! Grootskaalse wanbestuur, vermorsing en korrupsie was algemeen, omdat politici pleks van kundiges alles bestuur het. Dit het in alle kommunistiese state tot wydverspreide verval en agteruitgang gelei, wat eindelik die hele stelsel laat verbrokkel het.

RUGRYERS Produktiwiteit in kommunistiese lande is ook só laag dat dit die land en die werkers arm hou. Die rede hiervoor is dat almal (feitlik) dieselfde salarisse kry, ongeag watter tipe werk hulle doen of hoe hard hulle werk. Die luiaard en die werkslaaf kry ewe veel. Daar is geen aansporing vir mense om harder te werk of hul produktiwiteit te verbeter nie, terwyl daar terselfdertyd alle rede is om saam op die stelsel se rug te ry. Die rede hiervoor staan sentraal in die kommunistiese siening van werk en vergoeding. Karl Marx het dit die beste opgesom met sy beroemde sleutelstelling: “Werk volgens jou vermoë en verdien volgens jou behoefte”. Dit beteken dat jou vergoeding nie bepaal word deur jou bydrae of produksie nie, maar deur jou behoefte of verbruik – soos deur die

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Socialism only works in two places: Heaven where they don’t need it and hell where they already have it.” ~ RONALD REAGAN

staat bepaal. Dit lei tot armoede, omdat ’n stelsel wat verbruik beloon en produksie ontmoedig, ’n resep vir ondergang is.

WELSYNSTELSEL ’n Kommunistiese staatsekonomie raak uiteindelik net ’n welsynstelsel waar almal uittap maar niemand intap nie. Só raak die dam gou leeg. Daarom is die gemiddelde salaris in Kuba vir dekades al minder as $30. Kommuniste verkies dit omdat almal dan “gelyk” is. En kommunisme is mos ’n gelykheidsideologie. Daarom het Winston Churchill gesê die keuse is tussen die ongelyke verspreiding van rykdom en die gelykop verspreiding van armoede. Die geskiedenis het bewys dat die vrye besluite wat miljoene mense vir hulleself neem, beter werk as die sentrale beplanning en outokratiese besluite en planne van ’n klein klompie politici en staatsamptenare. Wanneer politici die ekonomie regeer, is armoede en verdrukking die noodwendige gevolg. Suid-Afrika is ver van ’n volle kommunistiese staat, maar waar daar ‘n rokie trek ... Dit is nodig dat die gevaar betyds raakgesien en teengestaan word. Werkers verdien beter en vryheid betaal beter.

www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

9


NUUSWAARDIG

Gemeenskapsfederalisme in ‘n neutedop Het jy al ooit gewonder waarom jy veilig en tuis by jou kerk of by jou kinders se skool voel? Waarom voel jy gemaklik by Aardklop en tevrede met Buffelsfontein-restaurant se diens? Want jy vorm deel van ’n gemeenskap wat dieselfde waardes of idees as jy koester, hetsy met betrekking tot taal, geloof of ’n sekere onderrigstelsel. DEUR JURAN VAN DEN HEEVER

A

s jy vir ’n sosialis vra waarin hy glo, sal hy ongetwyfeld sterk sosialistiese antwoorde gee soos gelykheid, die staat moet voorsien, sentralisering en massamobilisering. Dit is omvattender as dit. Maar as jy vir ’n Solidariteit-lid vra in watter idee of ideologie hy of sy glo, sal hy moontlik sukkel om te antwoord. Solidariteit het daarom die idee waarvolgens ons funksioneer gaan definieer om antwoorde vir ons lede te gee. Nou het ons lede argumente en idees wat hulle tydens geselsies om braaivleisvure, tydens kuiers en lanksit-pawiljoensessies by die skool kan uitruil. Flip Buys skryf vroeër vanjaar dat Solidariteit net normaliteit soek, dat ons net tuis en welkom wil voel. Maar wat is dié normaliteit? Die antwoord lê opgesluit in die woord “gemeenskapsfederalisme”.

Foto: iStockphoto.com

Elke ideologie poog om drie vrae te beantwoord. Dié drie vrae en die antwoorde wat gemeenskapsfederalisme op elkeen gee, is soos volg:

WAARUIT BESTAAN DIE WÊRELD? Vir die gemeenskapsfederalis bestaan die wêreld uit ’n versameling gemeenskappe. Juis omdat Solidariteit die wêreld só sien, beywer ons onsself vir minderheidsregte.

10

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

HOE LYK DIE IDEALE WÊRELD? Die ideale wêreld is ’n versameling van volhoubare, selfstandige gemeenskappe. ’n Gemeenskap is ’n versameling individue wat aanklank vind by mekaar en assosieer as ’n gemeenskap. Individue het die keuse by watter gemeenskappe hulle wil aansluit. Gemeenskappe oorvleuel dikwels en die lyne tussen gemeenskappe is nie noodwendig duidelik nie.

HOE WORD DIÉ IDEALE WÊRELD BEREIK? Regeringsgesag word afgewentel na gemeenskappe. Die beperking van ’n sentrale staat skep ruimte vir die bestaan van selfstandige gemeenskappe.

se grootste behoefte. Ons mense moet toegelaat word om hul roepings uit te leef. WET EN ORDE Elkeen het die verantwoordelikheid om die wet na te kom sodat orde gehandhaaf kan word. Die bevoegdheid om wetgewing te stel, word ook afgewentel tot op ’n vlak wat prakties is vir ’n spesifieke stel wetgewing. Een van die kernvoordele van dié afwenteling is om kompeterende jurisdiksies te skep.

VERANTWOORDELIKHEID EN KULTURELE SELFBESTUUR

OPPERGESAG VAN DIE REG Almal moet vry, gelyk voor die reg, waardig en billik behandel word.

ONDERWYS EN OPLEIDING Selfstandige gemeenskappe neem verantwoordelikheid vir die opleiding van hul lede. Besluite oor taal, kurrikulums en onderrigmetodes word sover dit prakties moontlik is aan die gemeenskap oorgelaat, asook die keuse om ’n eie kulturele inhoud te onderrig. Ons voel sterk oor ’n onderrigstelsel wat onbeskaamd Christelik is en moet die reg hê om sodanige skole te vestig. Skole en ander onderriginstellings moet nie alleen uitnemende gehalteonderrig aan kinders bied nie, maar ook kulturele geborgenheid.

WERK Roepingsgedrewe mense leef om te werk en werk nie om te leef nie. Werk is mense

EKSTERNE BETREKKINGE Selfstandige gemeenskappe neem verantwoordelikheid vir betrekkinge met ander

Hoe funksioneer Solidariteit binne die ideeraamwerk van gemeenskapsfederalisme? Ons antwoord is selfbestuur en ons gemeenskap is gegrond op drie pilare:

CHRISTELIKE, WESTERSE WAARDESTELSEL


NUUSWAARDIG

gemeenskappe. Gemeenskappe moet hulle daarvoor beywer om goeie betrekkinge met ander gemeenskappe te bou deur wedersydse erkenning en respek. TAAL, KULTUUR EN GESKIEDENIS Selfstandige gemeenskappe neem verantwoordelikheid vir die bewaring en bevordering van hul eie taal, kultuur en geskiedenis. NORMALE TOEKOMS Selfstandige gemeenskappe neem verantwoordelikheid vir hul eie toekoms. Ons streef na normaliteit. VEILIGHEID Gemeenskappe moet ook verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid neem.

DESENTRALISERING VAN MAG SELFSTANDIGHEID Gemeenskappe het die vryheid om vir hulself te besluit, dus word regeringsgesag gedesentraliseer en afgewentel. Individue

het die vryheid om by gemeenskappe aan te sluit waarby hulle aanklank vind, om hulself te distansieer wanneer hulle nie aanklank vind nie en om tussen gemeenskappe te skuif na die mate waarin die individu wil en die betrokke gemeenskappe sal toelaat. ’n Individu kan aan ’n taal- en ’n kultuurgemeenskap behoort. VEILIGHEID Verskillende sfere van veiligheid word op verskillende regeringsvlakke hanteer. Die beskerming van burgers se veiligheid vanuit die internasionale perspektief gesien, is ’n nasionale regering se enigste veiligheidsverantwoordelikheid. Veiligheid is die verantwoordelikheid van die polisie, die gemeenskap en die privaat sektor. VERANTWOORDBARE EN BEKWAME REGERING ’n Gedesentraliseerde regering is nader aan die gemeenskap en is meer verantwoordbaar, daarom sal dit bekwamer word. Daar kan dan beter besluite geneem word.

WOORDBANK VIR DIE GEMEENSKAPSFEDERALIS • Gemeenskap • Minderheidsregte • Selfstandig • Selfbestuur • Christelike waardestelsel • Oppergesag van die reg • Wet en orde • Gemeenskapsverantwoordelikheid • Wedersydse erkenning en respek • Opleiding • Desentralisering van mag • Taal, kultuur en geskiedenis • Veiligheid • Kollektiewe bedinging • Vryemarkekonomie


NUUSWAARDIG

SOLIDARITEIT se DNS is Werk vorm ’n belangrike deel van enige mens se identiteit. Werk bepaal dikwels sosiale status en ongelukkig ook ’n persoon se lewenstyl en lewensgehalte. Indien werk onder druk is, is mense ook onder druk. Die aanbod van goeie werk is kleiner as die vraag en dit het tot gevolg dat daar ’n tekort aan goeie werk is. Jim Clifton, president van Gallup, skryf in sy boek The Coming Jobs War dat dit tot ’n oorlog vir goeie werk gaan lei. DEUR JURAN VAN DEN HEEVER

S

Foto: iStockphoto.com

olidariteit se lede se werk en welvaart word ook bepaal deur hoe hulle lyk. Regstellende aksie en swart bemagtiging se invloed word nou eers gesien. Ons mense voel vervreemd van hul land en hul werk. Vervreemding beteken dat hulle nie meer met hul land en werk kan identifiseer nie. Dit het ook ’n invloed op mense se gemoed. Hulle moet deurgaans hoor hulle is nie goed genoeg nie. Solidariteit neem eerstens in ag dat die grootste behoefte aan werk is en daarna dat mense sosiale wesens is en hul werk soms ’n sosiale instansie is. Met dié uitdagings in ag geneem, wil Solidariteit daardie gapings vul vir ons lede. Solidariteit poog om ons mense te omvou en betekenis aan hul lewens te gee. Waar die res van die gemeenskap hulle voortdurend uitdruk, bied ons aan hulle ’n tuiste en poog om hulle geborge te laat voel. Ons wil deur die netwerk van werk mekaar beskerm. Ons moet die krag van mekaar begin verstaan. Ons moet jongmense in die werkplek inlei, ondersteun en oplei. Ons sal ook mekaar in professies moet beskerm en ’n netwerk van Solidariteitberoepsgildes vestig. Ons kan nie die groot makro-omgewing verander nie, maar ons kan geborgenheid en betekenis daaraan gee. Ons verander die magteloosheid na gebondenheid: Solidariteit is ’n plek waar lede voel hulle behoort. Dit gaan hier oor meer as blote lidmaatskapgeld en voordele.

ONS IS AAN JOU KANT Ons verander die betekenisloosheid na betekenisvolheid: Ons lede moet die idee van roeping verstaan. Jou werk is iets groter, ten spyte van moeilike omstandighede.

12

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Solidariteit poog om met sy netwerk van werk almal te help om gebonde te wees, om betekenis te hê, om beginselvas te wees, om die krag van mekaar te beleef, en om hul volle self te ontdek.

ONS BOU ’N VRY, VEILIGE EN VOORSPOEDIGE TOEKOMS Ons verander normloosheid na beginselvastheid: Solidariteit staan aan die kant van wat reg is. Ons deel ons lede se waardes van goeie werketiek. Betekenisvolheid lê juis daarin dat jy in diens van jou groter waardes staan.

ONS IS DEEL VAN JOU GEMEENSKAP Ons verander die gevoel van isolasie na ’n gemeenskapsgevoel: Lede moet weet dat hulle deel is van ’n groter netwerk, selfs groter as die werkplek. Hulle is deel van ’n groter idee en ’n organisasie wat vir hulle omgee.

WEES DEEL VAN ONS NETWERK VAN WERK Ons verander die gevoel van selfvervreemding na selfvertroue: Lede wat gebonde voel, weer betekenis kry, beginselvas is en deel van ’n gemeenskap word, sal hul selfvertroue herwin.

JY IS GOED GENOEG EN JY’S DIT WERD Solidariteit is nie net in die goeie tye daar nie. Ons is ontwerp om mense juis in moeilike tye te omvou. Werk is die hart van Solidariteit. Ons doen dit deur middel van kollektiewe bedinging, beskerming en verbetering van diensvoorwaardes, deur te veg teen regstellende aksie en swart bemagtiging, deur ons stryd teen dubbele standaarde rakende rassisme, deur beskerming en litigasie en deur beroepsgesondheid en -veiligheid. Ons verteenwoordigers is toegerus om jongmense in die werkplek op te lei, ons vorm nuwe gildes wat mense op grond van hul werkplek asook hul werk organiseer, en ons bou opleidingsinstellings. Die wêreld van werk in die Solidariteit Wêreld vorm die basis van die netwerk van werk. Ons wil werketiek, werktrots, arbeidsadel, roeping, werk en verantwoordelikheid by ons lede tuisbring. Ons is die antwoord op die meerderheid. Ons hou die minderhede gebonde aan mekaar oor werkplekke heen. Solidariteit poog om met sy netwerk van werk almal te help om gebonde te wees, om betekenis te hê, om beginselvas te wees, om die krag van mekaar te beleef, en om hul volle self te ontdek. Jou werk is ons as Solidariteit se werk. In tye van onsekerheid is Solidariteit nodig – die kern van Solidariteit is saamstaan. Dit is ons bydrae om ’n toekoms te skep waarin ons, ons lede en ons almal se kinders en kleinkinders vry, veilig en voorspoedig kan wees.


NUUSWAARDIG

Vakbond ‘n veilige tuiste vir werkendes

Het jy al ooit die visse in ’n vistenk dopgehou? Kon jy die samewerking, kohesie en gemeenskaplike saamwees van die visse en plante raaksien? Solidariteit is ook soos ’n vistenk wat ’n ekosisteem vir werkendes en loopbaangedrewe mense skep. Maar hoe werk só ’n gemeenskap? Wat doen hulle vir mekaar? Op watter manier is hulle tuis bymekaar? DEUR JURAN VAN DEN HEEVER

Foto: iStockphoto.com

S

olidariteit is baie meer as net ’n tradisionele vakbond. Solidariteit het oor die afgelope paar dekades sy ekosisteem só uitgebrei en vernuwe dat daar kollektief, ondersteunend én individueel na lede omgesien word. Solidariteit is ’n tuiste vir elke persoon wat werk. Solidariteit se lede gaan voortaan ook in beroepsnetwerke gemobiliseer word. Wat is die gom wat ons as werkgemeenskap aanmekaar bind? Ons beroepe! Hierdie netwerk van werk sal soos volg werk: Dinamiese jongmense – wat skoolleerlinge en studente insluit – is soms onseker oor hul toekomsvooruitsigte en die toekoms van werk. Hulle is onseker oor studierigtings – hoe om vir beurse aansoek te doen, die keuse van werkgewers, die opstel van CV’s, onderhoude, die hantering van werkaansoeke en so meer. Solidariteit Jeug berei dié leerlinge en studente voor om slaggereed te wees vir wat voorlê in die onbekende wêreld van werk en om ’n waardevolle bydrae tot hul werkomgewing te maak. Hierdie studente raak outomaties deel van Solidariteit se netwerk van werk en word nie aan die genade van ander uitgelewer nie. Elke student sal, sodra hy of sy begin werk, by ’n Solidariteit-beroeps-

gilde ingesluit word. Hierdie nuwe fase van Solidariteit vorm die gom van dié netwerkidee. Dit is inderwaarheid ’n gemeenskap van werkendes wat ten doel het om mekaar te help en te ondersteun. Die jong werknemers raak deel van ’n groter groep werkendes wat dieselfde beroep as hulle beoefen. Binne dié gildenetwerk kan hulle mekaar ondersteun, leiding gee en mentor. Dit is ook waar internskappe aangebied en studiefondse vir opkomende beroepsvriende geskep word. Binne die helpmekaarnetwerk kan daar ook poste geadverteer en aansoek om werk gedoen word. Selfs werkgewers kan daar aanklop om personeel in die betrokke beroepsveld te werf. Voortgesette leer en opleiding is vir Solidariteit van kardinale belang om so te verseker dat jy as lid altyd op die voorpunt van kennis is wat jou beroep betref en om jou te help om altyd ’n mededingende voordeel as werknemer te hê. Daarom bied S-Leer, Solidariteit se Sentrum vir Voortgesette Leer, seminare en kursusse aan wat enige lid in enige beroep sal help met die verwerwing van VPO-punte (voortgesette professionele ontwikkeling). Afgesien daarvan, help S-Leer jou ook om die beste in jou beroep te wees. Dit is baie maklik vir die volgende generasie om by hierdie netwerk van werk

in te skakel. Voornemende studente kan vroeg reeds aansoek doen vir beurse of studiefondse om te studeer in die rigting waarin hulle belangstel. Hulle kan op universiteit reeds by Solidariteit Jeug betrokke raak en opleiding ontvang wat hulle sal voorberei vir die werkplek. Solidariteit Jeug se lede word al gedurende hul studentejare deel van die spesifieke beroep se netwerk en hulle kan solank vakansiewerk doen of internskappe by ander lede van die netwerk ontvang. Sodra hulle afgestudeer is, kan hulle by die netwerk uitvind oor werkgeleenthede. As hulle eers in ’n beroep staan, kan hulle verder ontwikkel en leer en weer ’n bydrae lewer tot die toekoms van nog ’n blinkoog-student wat eendag graag dieselfde beroep wil beoefen. As jy die vissies uit die bak haal, kan jy elkeen se pad individueel uitstip en bepaal. Sodra jy hulle weer saam met die ander visse in die groot vistenk gooi, vorm hulle deel van die ekosisteem van werk en kohesie. Dit is dan wanneer die geheelprentjie van visse in interaksie afspeel en dit is daar waar die werklike verskil binne daardie gemeenskap plaasvind. Die gemeenskap van saamwerk is ’n helpmekaargemeenskap; dit is ’n netwerkgemeenskap; dit is ’n gemeenskap waar elkeen ’n ander een help. www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

13


NUUSWAARDIG

Sien ook Solidariteit Jeug se nuttige gids oor die wat, waar en hoe van studies in 2019 op bladsy 60 en 61.

Jou ELEKTRONIESE NETWERK van werk DEUR LEANDRÉ BUYS

S

olidariteit, jou tuiskomplek, word nou in snelrat geplaas om dié netwerk van werk te wees. Die vakbond het verskeie elektroniese platforms aan jou beskikbaar gestel sodat jy jouself in die verskillende fasette van jou loopbaan kan verbeter. Hier is die topvier elektroniese platforms waarmee jy jou lewe kan verryk:

S-LEER S-Leer is Solidariteit se Sentrum vir Voortgesette Leer. Dit bied jou die geleentheid om spesifieke vaardighede in jou beroep op te skerp, meer oor sekere onderwerpe in jou vakgebied te leer én die geleentheid te hê om punte vir Voortgesette Professionele Ontwikkeling (VPO-punte) te verwerf. S-leer trek binnekort ’n splinternuwe baadjie aan en kan hier dopgehou word: www.s-leer.co.za

14

SOLIDARITEIT BEROEPSGILDES

SOLIDARITEIT JEUG

Solidariteit Beroepsgildes is ’n tuiste waar jy in jou besondere professie kan tuis voel, saam kan werk en saam kan leer. Dit is ’n gemeenskap wat hom daarop toespits om spesifieke beroepe te beskerm, vir jongmense die geleentheid te skep om ’n loopbaan in dié betrokke beroep te volg, en die waghond te wees wat brandpunte in die beroep met werkbare oplossings aanpak. Daar is tans drie beroepsgildes (met ’n vierde kort op hul hakke): die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA), ’n gilde vir verpleegkundiges en Solidariteit Jeug. Besoek www.gildes.solidariteit.co.za om meer oor die beroepsgildes te lees.

Solidariteit Jeug is jongmense se snelweg na ’n goeie werk. Dit lei jou deur jou skool- en studiejare, en leer jou as jong werkende om jouself onmisbaar in die werkplek te maak. Solidariteit Jeug weet hoe Millennials dink en hul doel is om aan al jou behoeftes te voldoen. Indien jy op soek is na hulp met jou begroting, idees vir maklike resepte (met beperkte fondse), inligting oor internskappe, werkgeleenthede en moontlike “gapjaar”-opsies, alles-in-een-hulpdokumente oor wat om waar te gaan studeer, verskeie artikels (byvoorbeeld ’n artikel oor die voor- en nadele van koshuise, kommunes en woonstelle) en selfs wenke oor sukses in die werkplek, is Solidarteit Jeug vir jou. Besoek www.jeug.co.za vir meer oor dié insiggewende platform vir die jeug. Sien ook die nuttige gids oor die wat, waar en hoe van studies in 2019 op bladsy 60 en 61. Indien jy na ’n veilige tuiskomplek met ’n gemeenskapsgevoel op soek is, is enige een van dié bogenoemde vier elektroniese platforms vir jou. Solidariteit maak sodoende seker dat al ons lede die nodige ondersteuning kry om hul werk en dus hul inkomste te beskerm, want jóú werk is óns werk.

SOLIDARITEIT WÊRELD Solidariteit Wêreld bied jou die geleentheid om jou CV op te stel, dit op jou elektroniese profiel te stoor en − indien jy werk soek – na vakante poste op die webblad te loer. Die Jou Werk-portaal fokus daarop om jou in elke faset van jou werk te ondersteun. Gaan na www.jouwerk.solidariteit.co.za om die Jou Werk-portaal te besoek.


NUUSWAARDIG

S-LEER kry opwindende nuwe baadjie

S

olidariteit se Sentrum vir Voortgesette Leer, S-leer, trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan om te verseker dat al die vakkennis wat binne die vakbond bestaan, in ’n opleidingsmodel formaliseer wat van groot waarde sal wees. Gideon du Plessis, hoofsekretaris van die vakbond, staan sedert die begin van die jaar aan die stuur van hierdie projek. Du Plessis, wat oor ’n magdom kennis rakende arbeidsverhoudinge en onderhandelings beskik, beskou S-leer se nuwe fokus as ’n opwindende nuwe rigting wat die vakbond inslaan. “Al Solidariteit se opleiding- en ontwikkelingsinisiatiewe sal voortaan onder S-leer se vaandel geskied. Die fokus sal ook wees om programme aan

DEUR FRANCOIS REDELINGHUYS

te bied waardeur veral Gildelede punte vir voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) kan kry,” het Du Plessis verduidelik. Volgens Du Plessis is een van S-leer se nuwe doelwitte om die inhoud van die programme by wyse van e-leer te laat geskied. “Ons is in die proses om kenners van e-leer te betrek om te verseker dat S-leer se aanslag vars en op die voorpunt van die nuutste tendense wêreldwyd is, maar ook dat dit leerders in staat sal stel om nauurs in die gerief van hul wonings deur S-leer opleiding

te ontvang deur die aanwending van tegnologie. “Om S-leer se basis te versterk, betrek ons personeel binne die Solidariteit Beweging met kundigheid van ’n bepaalde terrein wat vir Solidariteit se personeel, lede en ondersteuners van belang is, om opleidingsmateriaal in ’n gepaste formaat te verpak sodat opleiding binne ons waardestel en vakbondfokus kan geskied,” het Du Plessis verduidelik. “Ofskoon S-leer binne die mensehulpbronfunksie geplaas is, het ons met S-leer se herverpakking- en herloodsfase alle moontlike interne kundigheid aangewend om insette te lewer sodat S-leer waarlik ’n inklusiewe Solidariteit-inisiatief sal wees.”


NUUSWAARDIG

Só #WERK Solidariteit vir ons lede DEUR REON JANSE VAN RENSBURG EN MIA SLABBERT

Foto’s: Reon Janse van Rensburg & iStockphoto.com

S

olidariteit se bestaan is ’n merkwaardige storie. Wat meer as 100 jaar gelede begin het as ’n klein vakbond, het gegroei tot ’n landwye organisasie wat nie net arbeidskwessies met durf en daad aanpak nie, maar ook na sy lede en hul gesinne se welstand, finansies, hul regte buite die werkplek asook die toekoms van hul kinders omsien. Ons dien ons lede asof hulle familie is, want by Solidariteit werk ons vir jóú. Omdat ons vir jou welstand omgee, ontsien ons geen moeite om die beste personeel se dienste te bekom nie. Ons gee net die beste vir die beste – hoe dan anders?

LITIGANTE Ons litigante staan gereed om jou by te staan wanneer jy ons nodig het. Hulle

16

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

verrig hul dagtaak met ’n groot skeut menslikheid, en hulle ervaar geweldige frustrasie wanneer hulle op die meriete van ’n saak ingaan en dit blyk dat hulle nie ’n lid kan help nie. Loop jy in die gange by Solidariteit se kantore hoor jy dikwels hoe opgewonde ’n litigant aan ’n lid die nuus meedeel dat sy saak gewen is – dit klink kompleet of dit die beste nuus van die jaar is! As jy deel van die Solidariteitfamilie is, kan jy gerus wees in die wete dat jou werk vir seker ons werk is. Ons besef dat ons lede gewone mense is – polisielede, onderwysers of verpleegsters – wat moeg is ná ’n lang dag se harde werk en net wil huis toe gaan om tyd saam met hul gesinne deur te bring en te ontspan, maar ons weet ook dat gemoedsrus nodig is om te kan ontspan. Ons lede ervaar baie druk van baie kante af, en daarom sorg Solidariteit dat ons aan ’n buitengewone maatstaf

voldoen waarvolgens ons buitengewone diens aan gewone mense met buitengewone omstandighede lewer.

DIENSSENTRUM “Solidariteit, goeie môre. Dit is Susan wat praat. Waarmee kan ek u help?” So begin ’n Solidariteit-dienssentrumagent se dag, elke liewe dag. Gewapen met ’n koppie sterk, stomende koffie, ’n appel wat ‘n week gelede al as ontbyt saamgebring is, ’n kopstuk op die kop en ’n emmer vol entoesiasme, pak hulle hul dagtaak aan! ’n Dienssentrumagent moet voorwaar hare op sy of haar tande hê. Hier by Solidariteit het ons personeel lankal aanvaar dat daar meer as een uitspraak van ons naam is, ook dat S vir Sierra nou verander het na S vir suiker of L vir “elbow”. Dis hoe die nuwe Suid-Afrikaanse fonetiese alfabet werk en dit is wonderlik.


NUUSWAARDIG

Volgens ons Dienssentrumpersoneel moet ’n agent oor drie eienskappe beskik: ’n gesonde verstand, simpatie en baie geduld. Soms gaan dit voel of jy dieselfde ding oor en oor sê. Elke dag in die lewe van ’n Dienssentrumagent is uniek. “Ons het baie pret, maar ons kry ook baie hartseer oproepe. Ons moet ons emosies beheer en onthou om mense wat aanvallend optree, nie persoonlik op te neem nie. En intussen wag die volgende oproep om beantwoord te word,” vertel ’n agent. “Ons werk behels om met mense te praat. Ons kry elke dag met verskeie persoonlikhede te doen en in die meeste gevalle is hulle aangenaam en vriendelik, maar soms is daar ook ontevrede mense wat kort van draad is, en net soms is daar ook kwaai lede. Maar hulle is ook maar net mense met probleme by die werk. Dis mense wat bang is hulle verloor hul werk en hul inkomste. Dan besef jy opnuut watter belangrike taak jy het. Hierdie mense moet gehelp word na die beste van jou vermoë. En dis hier waar ons agente hul staal wys. Hulle is kenners op hulle gebied en sal die beste oplossing of advies verskaf.”

Nadat ’n agent sowat 150 oproepe vir die dag ontvang het, moet mense nie verbaas wees as hulle nie lus voel om persoonlike foonoproepe te antwoord nie. Stuur eerder ’n WhatsApp-boodskap. Maar môre is hulle weer op hul pos. “Daar is min poste wat jou die geleentheid bied om goeie diens aan mense te verskaf en dis uiters bevredigend!” En vir dié wat gewonder het, “Vra vir Frik” word nie beman deur ’n ou oom nie, maar deur ’n vrou!

KOMMUNIKASIESPAN Die kommunikasiespan is die mond waaruit alle inligting van Solidariteit na die publiek vloei. Hulle is ’n groep dinamiese jongmense, waarvan die meeste met honneursgrade en selfs hier en daar ’n doktorsgraad spog. Die span is verantwoordelik vir die samestelling van inhoud oor die bedrywighede in Solidariteit. Hier word mediaverklarings saamgestel, veldtogte oor belangrike dinge in die land van stapel gestuur en nuus ingesamel. Die Kommunikasie-afdeling behartig ook Solidariteit se sosialemediaplatforms. Dit is vir ons belangrik om te weet

wie ons lede is en daarom gebruik ons veral plasings op sosiale media soos #sêjousê. Ons wil hê mense moet daagliks met ons gesels oor dinge wat in hul lewens aangaan. Daarom is sosiale media so belangrik en doeltreffend. Ons weet hoe belangrik jou werk vir jou is, maar ons weet ook dat dit nie al is wat vir jou saak maak nie. Daar is vele ander dinge in jou lewe aan die gang en ons maak tyd daarvoor ook. Jou gesin se welstand is belangrik, want dit bepaal hul toekoms, en ons wil deel wees van daardie toekoms. Wanneer jy moedeloos voel en die nuus neerdrukkend is, is ons daar om jou moed in te praat en jou te verseker dat jy ’n stem het wat gehoor moet word. Laat ons gerus weet indien jy kwaad of selfs bang voel, ons hoor wat jy sê en jy is nie alleen nie. Solidariteit is vir mense van alle ouderdomsgroepe. Ons verstaan elke fase van die lewe, ons koester saam met jou die mooi oomblikke en verstaan jou daaglikse bekommernisse, want nes jy is ons ook maar net gewone mense, maar ons is jóú mense. Solidariteit werk vir jou!

www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

17


NUUSWAARDIG

Enorme Afrikaanse “nee” vir NWU-taalplan Altesaam 61 275 individue, waarvan 2 116 voornemende ouers, 5 147 studente, 4 724 ouers van huidige studente, 4 220 Puk-alumni en tientalle invloedryke Afrikaanssprekendes en 20 Afrikaanse organisasies is, het in Maart vanjaar ’n groot nee-stem uitgebring teen planne om die Noordwes-Universiteit (NWU) se taalbeleid te verander. DEUR MOIRA-MARIE KLOPPERS

S

olidariteit se veldtog volg nadat die NWU aangekondig het dat die universiteit sy taalbeleid hersien. “Dié steun is ongekend. Ses keer meer mense het aan die konsultasieproses deelgeneem as wat aan die NWU se konsultasie oor die verandering van die universiteit se handelsmerk en kleur deelgeneem het. Die deelnemers het oorweldigend nee gesê,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit en ’n voormalige raadslid en studenteraadsvoorsitter van die NWU, gesê. In ’n verdere verwikkeling het die konvokasie van die NWU byna eenparig ’n resolusie aanvaar waarvolgens die huidige taalbeleid, waar Afrikaans en Engels primêre onderrigtale is, gesteun word. Daar is ook besluit dat die ontwikkeling van Sotho en Tswana as onderrigtale versnel moet word. Dr. Theuns Eloff (voormalige rektor van die NWU), die historikus prof. Hermann Giliomee, prof. Irma Eloff (die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns), die rubriekskrywer Leopold Scholtz, Flip Buys (voorsitter van die Solidariteit Beweging), die sanger Chris Chameleon, prof. Danie Goosen (voorsitter van die FAK), dr. Pieter Mulder (’n oudparlementslid), regter Wim de Villiers en die taalkenner Theo du Plessis is van die bekendes wat die nee-veldtog steun. Vyftien jaar se studenteraadsvoorsitters het ook hul steun aan die nee-veldtog toegesê. Van die organisasies wat “nee” gesê het, sluit in die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), Solidariteit, AfriForum, die FAK, die Voortrekkers, die Vereniging van Regslui vir Afrikaans, AfriVriendelik, Rekenmeesters vir Afrikaans, die Afrikanerbond, die onderwysopleidingsinstelling Aros, en TLU SA. “Hierdie oorweldigende reaksie is die

18

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

groot saamstaan waarna Afrikaanssprekendes dikwels streef. Ons is oorweldig, maar dankbaar,” het Hermann gesê. Kortom vra die groep dat die huidige taalbeleid, wat erken word as een van die wêreld se bestes, behou word; dat Afrikaans se status as primêre onderrigmedium op die Potchefstroom-kampus behoue bly; dat daar geen afwatering van die taalaanbod is nie; en dat Afrikatale as volledige onderrigtale ontwikkel word. In ’n brief aan die NWU het die vakbond dit gestel dat die NWU se posisie rakende die primêre tale van onderrig en die verdere ontwikkeling van Setswana en Sesotho geensins duidelik is nie. Solidariteit stel dit voorts in die brief dat die geloofwaardigheid van die proses van hersiening ernstig geknou word, aangesien dit voorkom of ’n besluit om te verengels reeds geneem is. “Die NWU doen dus juis dit waarteen die NWU self gewaarsku het – om ’n instelling van parallelle eentaligheid te word,” het Hermann gesê. Volgens Hermann is die reusedeelname aan die konsultasieproses ’n toets vir die integriteit van die NWU se konsultasieproses. Indien mense in hul tienduisende “nee” sê, is die groot vraag of die NWU steeds “ja” gaan sê.

“Die universiteit gaan met ’n vergrootglas dopgehou word om te sien of daar na die massareaksie geluister word,” het hy gesê. “Die Afrikaanse gemeenskap is nie naïef oor die mooi woorde van veeltaligheid wat nou opklink nie. Tukkies, Kovsies en Maties het ons van alle naïwiteit in dié verband gestroop.” Die basiese vraag is wat die taal van onderrig gaan wees as die klas om 08:00 die oggend begin. Volgens ’n werkdokument van prof. Robert Balfour, wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van die taalplan, gaan die taal as die klas om 08:00 begin, Engels wees. “Dis ironies dat die NWU verbind is tot veeltaligheid maar dat die fases van implementering volgens die Balfour-dokument kwyn en die Afrikaanse aanbod stelselmatig erodeer tot niks,” het Hermann gesê. “Ons bied ook weerstand teen die veranderings omdat dit nie net die taal is wat gaan verander nie. Ongelukkig is dit ook so dat Engels bloot die voorwaarde vir transformasie is. Dit is nie die einde van transformasie nie; dit is die begin daarvan. Wat voorlê, is eise vir dekolonialisering, anargisme, die vernietiging van studentelewe en die radikale rassetransformasie van personeel en studente.”



Beroepsgilde vir VERPLEEGKUNDIGES DEUR MANDY-MICHELLE THACKWRAY

Foto’s: iStockphoto.com

V

erpleegkundiges is spesiale mense wat geroepe is om ander te help. Hulle vervul hierdie soms ondankbare taak met professionaliteit, menslikheid en deernis. Verpleegkundiges ervaar ongelooflike druk in moeilike werkomstandighede. Dit sluit in ’n tekort aan hulp, ure, toerusting, ondersteuning en in sommige gevalle viktimisasie en intimidasie. Solidariteit het tans sowat 3 000 verpleegpersoneel as lede en het daarom ’n unieke platform geskep waar verpleegkundiges nie net ’n tuiste kan vind met spesifieke beroepsinligting nie, maar ook ’n netwerk binne hul beroepsgemeenskap. By www.verpleeg.co.za kan elke verpleegkundige (asook jongmense wat graag die beroep wil beoefen) nuttige inligting kry, hul kennis uitbrei, asook spesiale inligting oor indemniteit en SANC-registrasie naslaan. Deur dié netwerk word Solidariteit jou vennoot in al die stadiums van jou

20

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

loopbaan, of jy nog studeer, reeds praktiseer of regmaak vir aftrede. Solidariteit staan reg om jou beskerming binne jou beroep te bied. Binne hierdie netwerk van werk kry jy as verpleegkundige nie net die geleentheid vir sinvolle interaksie met kollegas nie, maar word jy ook die geleentheid gebied om jouself verder te ontwikkel en kennis op te doen deur ons verskeie opleidingsinstellings, sodat jy jou daaglikse take professioneel en eties kan aanpak. Alle matrikulante wat belangstel om verpleegkunde te studeer asook ingeskrewe studente, verpleegkundiges in alle spesialisareas en oudverpleegsters word aangemoedig om deel te word van hierdie netwerk deur vandag nog by Solidariteit aan te sluit. Bestaande Solidariteitlede wat verpleegkundiges is, kwalifiseer gratis vir hierdie voordeel.

WAT BEHELS DIE VOORDEEL? • Omvattende, bekostigbare indemniteitsversekering met meer dekking en beskerming as wat enige ander

verskaffer bied • Toegang tot Solidariteit Finansiële Dienste, ons vennoot vir alle finansiële navrae en dienste, wat onder meer die volgende insluit: • Inkomstebeskerming • Hulp met die opstel van begrotings • Spaarplanne en beleggings • Annuïteite en versekering • Bedryfspesifieke nuus • Afgetrede verpleegsters word aangemoedig om hul kennis te deel met die jonger geslag en op te tree as mentors in die professie • Toegang tot die gilde se webblad, wat jou eenstopplatform is vir alle inligting met betrekking tot die beroep, van indemniteit tot jou SANC-registrasie. • Word vandag nog deel van hierdie beroepsfamilie. SMS die woord LID na 34802 (R1/SMS) of besoek www.verpleeg.co.za vir meer inligting. Jy kan ook e-pos stuur na gildes@solidariteit.co.za of skakel ons dienssentrum by 0861 25 24 23.


aksentmedia.co.za

Gapingsdekking vir in-hospitaal-tekorte wat nie deur jou mediese skema gedek word nie SMS “MEDGAP” na 43366 en ontvang onmiddellike advies! SMS’e kos R1. Gratis minute geld nie. Standaardnetwerktariewe is van toepassing.

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 15556

Onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Limited

‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 47470


NUUSWAARDIG

Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia; prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK en Akademia-direksielid; en Kaleidoskoop, wat vir die vermaak gesorg het.

Nuwe handelsmerk en toekomsplanne Die hoëronderwysinstelling Akademia het op Woensdag, 11 April sy nuwe visuele identiteit tydens ʼn glansgeleentheid in Centurion onthul. Hierdie nuwe visuele identiteit spruit uit die instelling se vernuwende toekomsplanne. Dié planne sluit onder meer in om meer studente toegang tot gehalteonderrig in hul moedertaal te gee, deur meer onderrigmodelle tot die huidige hoëtegnologie-onderrigleermodel te voeg. DEUR ZYDÈLIA KLEINHANS

Foto’s: Jaco-Louis Kruger

A

kademia, in sy sewende bestaansjaar, beleef steeds vinnige groei en vooruitgang. “Die onthullingsfunksie is by ons nuwe fasiliteit gehou waarheen die Centurion-sentrum in die toekoms sal skuif,” sê Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia. Deeglike navorsing is deur onafhanklike konsultante gedoen as inset tot die ontwikkeling van die nuwe visuele identiteit. Akademia het nuwe kleure aangeneem, naamlik vlootblou en brons, wat onderskeidelik spreek van statigheid en die klassieke. Verder is Akademia se embleem sorgvuldig ontwikkel om die strategiese rigting van die instelling simbolies te ondersteun. Die embleem bestaan uit ’n A-simbool, ’n diamant, ’n olyfkrans en ’n skild. Die A-simbool verwys eerstens na die A van Akademia en tweedens daarna dat die instelling, nou én in die toekoms, Afrikaanse moedertaalonderrig bied. Die diamant dui daarop dat die instelling deel van die Solidariteit Beweging vorm. Die skild verteenwoordig tradisie en standvastigheid, terwyl die olyfkrans Christenskap simboliseer en na die Griekse tydperk verwys waaruit die klassieke universiteits-

22

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

wese ontstaan het. Hierdie simbole word saamgevat in ’n sirkel om aan te toon dat die onderskeie elemente nie in isolasie bestaan nie, maar as ’n eenheid funksioneer. Die Latynse treflyn Ad futurum per fontes (na die toekoms vanuit die bronne) verwys daarna dat Akademia nie die oorsprong van die Westers-Christelike beskawing versaak nie, maar as deel van sy begronding omhels. “Hoewel Akademia op die voorpunt van ontwikkeling staan, is daar altyd aspekte wat blywend en onveranderd sal bly. Hierdie konstante aspekte sluit in dat ons as hoëronderwysinstelling daarop toegespits is om afgeronde studente – vakkundig onderrig en in interdissiplinêre samehang opgevoed – aan Afrikaanse gemeenskappe lewer,” meen Visser.

“Akademia is trots op die groei en vooruitgang wat hy bewerkstellig. In die toekoms gaan ons terugkyk na 2018 as een van die opwindendste tydperke wat getuig van hoe vooruitdenkend Akademia is.”

Tot op hede het Akademia 284 graduandi gelewer, wat beteken dat 284 afgestudeerdes die belang van hul gemeenskappe bevorder en tegelykertyd bande met ander gemeenskappe en plekke aanlê. Anders as die meeste afstandsleermodelle, kombineer Akademia afstandsleer met ’n klaservaring. Deur ’n gevorderde tegnologiese onderrigleermodel te gebruik, word dosente en studente nauurs in ’n virtuele studieruimte byeengebring om akademiese ondersteuning te ontvang en met medestudente te skakel. Akademia het ook verlede jaar ’n mentorskapprogram geloods – ’n inisiatief wat daarop gemik is om studente as afgeronde volwassenes die wêreld in te stuur. Die program fokus daarop om daadwerklik ’n positiewe verskil in ’n student se lewe te bewerkstellig, selfs jare ná voltooiing van die mentorskapprogram. Voornemende studente en lede van Solidariteit word uitgenooi om Akademia se opedag op 15 September 2018 by verskeie studiesentrums by te woon en meer te wete te kom oor hoe die instelling se unieke hoëtegnologie-onderrigmodel – ideaal vir die werkende student – gehaltekwalifikasies binne bereik van die Afrikaanssprekende student bring. • Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting.



NUUSWAARDIG

Dié groep Akademia-studente het almal ‘n Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde verwerf. Altesame 132 studente is tydens ‘n glansgeleentheid in Maart vir hul harde werk beloon.

Baken van hoop vir studie in AFRIKAANS DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

Foto: Gordon Harris Photographic

H

onderde studente het sedert Akademia se ontstaan die besonderse geleentheid gehad om aan dié instelling te studeer, en op 16 Maart het 132 studente erkenning vir hul werk ontvang. Ouers, familielede en vriende, asook akademici het die geleentheid by die Atterbury Teater in Pretoria bygewoon. Altesame 17 grade, 9 diplomas, 31 gevorderde diplomas en 75 hoër sertifikate is oorhandig by dié geleentheid waar dr. Theuns Eloff die gasspreker was. In sy toespraak het dr. Eloff die prentjie van die stand van Afrikaanse onderrig in Suid-Afrika geskets en beklemtoon waarom Afrikaanse universiteite belangrik is vir die toekoms. Volgens dr. Eloff is Akademia ’n baken van hoop vir Afrikaanse onderrig en skep

24

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

dit ’n plek waar ’n mens kan tuis voel danksy ’n Christelike karakter, goeie dissipline, werketiek, gehalteonderrig, uitstaande tegnologie en ’n groot reikwydte met 13 studiesentrums in Suid-Afrika en Namibië. Akademia het tydens hierdie suksesvolle sesde toekenningsplegtigheid en tweede gradeplegtigheid in die sewe jaar van sy bestaan, die eerste BCom-grade in Bestuursrekeningkunde toegeken. Anje Bennemeer en Ian du Plessis is die eerste Akademia-studente aan wie BCom-grade in Bestuursrekeningkunde toegeken is. Spesiale toekennings is ook by die toekenningsplegtigheid oorhandig. Lauré de Jager is as toppresteerder in BCom Ondernemingsbestuur aangewys. Ilze Nieuwoudt, wat ’n Gevorderde Diploma in Projekbestuur verwerf het, het met die louere as toppresteerder in dié

studierigting weggestap. Jaënette Boshoff, wat die beste punte in die kursus vir ’n Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie behaal het, en Charl-Christiaan Swartz, wat die beste presteerder in die hoërsertifikaatkursus in Rekeningkunde was, het ook toekennings ontvang. Dit is werklik ’n groot prestasie as daar in ag geneem word dat die meeste van hierdie afgestudeerde studente tydens hul studies voltyds gewerk het. Akademia sien toe dat Afrikaanse studente die arbeidsmark suksesvol kan betree. Akademia se vooruitsigte lyk uiters belowend, met talle nuwe kwalifikasies wat binnekort deel van sy aanbod gaan wees. Akademia is inderdaad ’n Afrikaanse instelling met ’n blink toekoms wat vir oud en jonk die sleutel tot ’n suksesvolle loopbaan kan wees.


NUUSWAARDIG

Onstnap só van ekonomiese onsekerheid DEUR MORNÉ MALAN

Foto’s: iStockphoto.com

J

ongmense wat vandag die werkomgewing betree, bevind hulle in ’n onsekere ekonomiese klimaat. Dit geld vir die plaaslike asook die globale werkmilieu. In die globale omgewing is daar wel sterker ekonomiese groei – met die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) wat ’n groeikoers van 3,9% in die globale bruto binnelandse produk (BBP) in 2018 voorspel – maar daar is ook heelwat onstuimigheid weens die wispelturige manier waarop wêreldleiers soos pres. Donald Trump handelsake hanteer. Trump het dalk tot dusver ’n oorwegend goeie impak op die Amerikaanse ekonomie gehad, maar die gerugte van ’n handelsoorlog en die instelling van invoerbelasting skep heelwat onsekerheid oor sy werklike ekonomiese beleid en oortuigings. Plaaslik is daar moontlik meer negatiewe as positiewe aspekte, maar dit beteken nie dat alles sleg is nie. Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal na verwagting met hoogstens sowat 2% groei in 2018 en op ’n per capita-meting sal ons waarskynlik verder verarm. Dis egter wel ’n verbetering op die verlede en dui hopelik aan dat die tendens van stagnasie wat ons onder oudpres. Jacob Zuma beleef het, begin omkeer. Die prentjie lyk ook veel beter met betrekking tot die wisselkoers en inflasie. Op 28 Maart 2018 was die wisselkoers van die rand teenoor die Amerikaanse dollar R11,65 terwyl die inflasiekoers relatief laag bly in vergelyking met historiese metings – verbruikersprysinflasie staan ná die eerste kwartaal van 2018 op 4%. ’n Mens kan jou egter nie blind hou vir die wolk van bedreiging wat oor ons land hang nie: Onteiening sonder vergoeding, die belemmering van industrieë deur versmorende regulasies en vernietigende arbeidswetgewing is van die uitdagings wat ekonomiese vooruitgang bedreig. Die vraag is hoe jongmense hulself, hul studies en loopbane kan bestuur sodat hierdie onsekerhede nie hul persoonlike toekoms bedreig nie. Die antwoord is welbekend – deur opvoeding. Die Ameri-

kaanse miljardêr Warren Buffett is inderdaad reg wanneer hy sê die beste belegging wat enigiemand kan maak, is om in hulself te belê, in die opbouing van kennis en die uitbreiding van vaardighede. Jongmense kan hulself bemagtig met goeie onderrig en sodoende nie net verskans wees teen wispulturige ekonomiese omstandighede nie, maar totaal onafhanklik daarvan word. Daar is ten minste drie maniere waarop dit bewys is: • Deur skaars vaardighede op te bou, 1 maak jy jouself aanloklik vir bykans enige werkgewer in Suid-Afrika, want daar is ’n ernstige tekort aan sekere vaardighede; • lande beleef ook ’n tekort 2 Ander aan baie van hierdie vaardighede en jongmense kan hul aansoeke om emigrasie versterk deur te beskik oor hierdie vaardighede; en • Danksy die internet is dit maklik om 3 vanuit Suid-Afrika ’n onderneming

te bestuur wat reg oor die wêreld sake doen. Dit is dus nie nodig om Suid-Afrika te verlaat om onafhanklik van sy ekonomie te wees nie. Dit beteken nie dat jy biblioteke moet deurwerk of ’n doktorsgraad moet voltooi nie. Van die skaarsste vaardighede wat tans reg oor die wêreld bestaan, is juis in ambagte. Dit hoef ook nie noodwendig ’n plaas se prys te kos om jou vaardighede uit te brei nie. Daar is verskeie waardevolle kursusse op apps soos Udemy beskikbaar teen ’n lae prys, byvoorbeeld ’n gevorderde Microsoft Excel-kursus vir net R140. Baie werkgewers stel meer belang in jou vermoë om die werk te doen as in die kwalifikasies wat jy het. Jongmense kan dus hulself bevry van die onsekerheid wat politieke leiers skep, en hoef nie uitgelewer te wees aan burokrate wat dikwels net in hul eie belang optree nie. www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

25


BEDRYFS NUUS

Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit aktief is, asook kwessies wat jou in die wêreld van werk raak.

Stappe gedoen teen Unisa-regsdosent Solidariteit het dringende stappe teen Benny Morota, ‘n regsdosent aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), gedoen nadat dié universiteit telkemale die rassistiese optrede van Morota oorgesien het. DEUR MIA SLABBERT

Foto: iStockphoto.com

S

olidariteit was genoodsaak om namens prof. Melodie Labuschaigne dringende stappe te doen teen Morota, wat tydens ’n vergadering op 30 Junie 2017 met Mandla Makhanya, visekanselier, en ander akademici, teenkanting gebied het teen Labuschaigne se heraanstelling as dekaan, omdat dit glo onaanvaarbaar is om ’n wit vrou as dekaan aan te stel. Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die professionele bedryf by Solidariteit, was dit met die intrapslag vir Solidariteit duidelik dat Unisa die omstandighede van die proses van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) wou manipuleer sodat Labuschaigne aan mondelinge misbruik in ’n oop forum blootgestel word, terwyl Morota en tientalle lede van die Black First Land First-beweging die platform wat Unisa skep, gebruik om hul rasseveldtog teen witmense te bevorder. Derhalwe moes die vakbond inderhaas by die proses ingryp. “Ons kon die SAMRK oortuig om die raamwerk van die proses só te wysig

26

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

dat die proses ’n mate van integriteit kon hê, om sodoende die fokus van die ondersoek op die ware probleem, dié van rassisme en rassehaat, te plaas. Dié raamwerk sal ook Unisa se pogings om rassisme en rassehaat onder die vaandel van transformasie en regstellende aksie te probeer regverdig, aanpak. “Ons hoop dat eensydige gesprekke nou meer gebalanseerd en rasioneel sal kan geskied sodat die werklike feite ontbloot en ondersoek kan word,” het Botha gesê. Solidariteit voer aan dat Unisa telkens geswig het onder politieke druk van Morota en sy ondersteunerskorps, ondanks verskeie briewe wat namens lede aan Unisa gerig is om die haatspraak en viktimisasie wat Labuschaigne van Morota moet verduur, te takel. “Labuschaigne moes selfs al ’n tussentydse teisteringsbevel teen Morota bekom,” het Botha bygevoeg. Volgens Botha is Unisa vasgevang in die greep van ’n groep radikale werknemers onder leiding van Morota wat ’n openlik rassistiese agenda teen kollegas

bevorder. “Unisa se gebrekkige hantering van ons klagtes en die openlike rassisme teenoor en viktimisering van wit kollegas is groot rede tot kommer. ’n Eens trotse tersiêre instelling soos Unisa word nou deur ’n klein groepie radikale werknemers met ’n rassistiese agenda afgedreig.” Botha sê dit is nie die eerste keer dat Morota homself aan rassistiese oortredings skuldig maak nie. Morota het op 7 Januarie 2016 opslae gemaak toe hy sy haat teenoor blankes in ’n Facebook-plasing uitgestort het. Een van sy plasings lui soos volg: “I hate white people and they must go back to wherever they come from or alternatively to hell.” Ander opruiende aanmerkings wat hy gemaak het, lui soos volg: “i dnt entertain white cockroach like yourself…i dnt understand why you interfere in my black business…F*ck you pink white murderer… Enjoy the blood wealth of our people, your time to pay with your white skin is emmenent (sic).” Solidariteit sal voortaan ’n waghondrol by alle tersiêre instellings vervul om soortgelyke situasies te voorkom en om ons lede by te staan.


BEDRYFSNUUS

“POLISIEDIENS nog altyd in my bloed” Solidariteit Tydskrif het met lt.kol. Annemarie Oosthuizen gesels oor haar jare lange beroep as polisievrou. Ons het uitgevind hoe ’n dag in die lewe van dié SAPD-lid lyk. DEUR MIA SLABBERT

Wat is dit van die polisie wat jou gelok het om ’n polisielid te word?

?

“My pa was in die polisie, en ek het my altyd verluister aan sy interessante stories. Destyds was dit ’n loopbaan en nie sommer net ’n werk nie, en elke dag was anders as die vorige een. Die dissipline en netjiese uniform was ook ’n bonus.”

Hoe begin jy jou dag?

?

“In absolute dankbaarheid teenoor God dat Hy my die geleentheid gee om ’n verskil te maak. Om aan die gang te kom, speel ek lekker harde Afrikaanse dansmusiek vandat die wekker lui in die oggend. Dit sit my sommer in die regte stemming vir die dag wat voorlê. Ek sorg al die vorige aand dat my uniform gereed is, want elke persoon wat jy teëkom deur die dag, of jy nou in ’n winkel of by ’n vergadering is, sien jou uniform raak en dit is altyd lekker as hulle opmerk dat jy netjies vertoon. Die werk by ’n polisiekantoor stop nooit nie, en hoe vroeër jy vir diens aanmeld, hoe beter is die kans dat jy al die take vir die dag sal kan verrig.

Foto: Mia Slabbert

Kry jy darem kans om te eet?

?

“Ek is nie regtig ’n groot eter nie en is doodgelukkig as ek ’n botteltjie Coke Zero byderhand het. Aangesien ek ’n uniform dra, probeer ek maar om gesonder opsies te kies.”

Hoe verskil jou werkomgewing van hoe dit 15 jaar gelede was?

?

“Misdaad het baie toegeneem en die publiek is ook baie meer bewus daarvan dat hulle formeel kan kla indien hulle nie tevrede is met die diens wat hulle ontvang nie. Tegnologiese ontwikkelings beteken dat ’n persoon in uniform met ’n valkoog dopgehou word en ’n mens is baie meer bewus van die optrede van die lede of hulle versuim om op te tree.”

Het jy tyd vir jouself gedurende die dag?

?

“Die dae is vol en alles is gekoppel aan spertye. Ek probeer ook om my kollegas te help, dus gebruik ons gewoonlik aftye om ’n kollega te help. Die polisie is ’n groot familie en ’n mens ervaar die omgee.”

Moes jy al ’n vriend of familielid in hegtenis neem?

?

“Nee, en ek hoop werklik dat dit nooit met my sal gebeur nie.”

Is daar baie vroue in die polisie?

?

“Deesdae is baie vroue in bevelsposisies en daar is daadwerklik gepoog om aan polisievroue erkenning te gee vir hul bydrae tot ’n veilige omgewing.”

Wat wens jy het mense van jou beroep geweet of verstaan?

?

“Dat niemand vir ons genade het nie. Dit is hartseer. Jy as ’n vrou moet voldoen aan dieselfde vereistes as jou manlike kollegas. Elke dag hoor en sien jy die lelike kant van die lewe.”

Wat is die snaaksste toneel wat jy al beleef het?

?

“Daar was ’n ongeluk en die bestuurder het die heeltyd verwys na ’n ‘fox terrier type of cow’ wat die voertuig beskadig het! Vir my was die beskrywing skreeusnaaks en tot vandag toe verwys ek na ’n Jersey-koei as ’n ‘fox terrier type of cow’”.

Is daar hoop vir die polisiediens?

?

“As jy nie hoop het nie, is daar geen vooruitsig nie! Ons moet uitstyg bo die misdadigers en die gesag weer terugneem, anders sal die SAPD net nog ’n sekuriteitsmaatskappy word.”

As jy iets anders met jou lewe kon doen, wat sou dit wees?

?

“As polisiewerk eers in jou bloed is, is dit moeilik om iets anders te doen. Maar as ek weer kon kies, sou ek ’n sielkundige word.” www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

27


CO2

BEDRYFSNUUS

Nuwe wetgewing sal metaalsektor wurg DEUR WILMARIE BRITS

Foto: iStockphoto.com

D

ie voormalige minister van finansies, Malusi Gigaba, het in Februarie vanjaar aangekondig dat die omstrede wetsontwerp op die belasting op koolstofuitlatings wel op 1 Januarie 2019 geïmplementeer sal word. Kenners op die gebied, soos Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) en die Bedryfstaakspan oor Klimaatsverandering (ITTCC), het die regering gewaarsku dat dié voorgestelde belasting geen wesenlike vermindering van koolstofvrystellings sal bewerkstellig nie, maar eerder ’n negatiewe uitwerking op verskeie bedrywe sal hê. Die regering hou egter vol dat dié belasting Suid-Afrika in staat sal stel om sy doelwitte te bereik waartoe die land hom verbind het ingevolge die Parys-ooreenkoms van 2015 wat by die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering onderteken is. Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, meen dat die regering nie deeglik besin het oor die uitwerking wat belasting op koolstofuitlatings op ekonomiese groei en indiensneming sal hê nie.

28

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

“Die voorgestelde belasting is ’n resep vir hoër koste en ekonomiese ondoeltreffendheid.” Solidariteit meen dat belasting op koolstofuitlatings ’n negatiewe uitwerking op die metaalsektor sal hê. “Dié belasting ontmoedig produksie en die uitbreiding daarvan. In die lig van Suid-Afrika se behoefte aan ekonomiese groei, is die belasting ’n rem wat ons nie kan bekostig nie.” Die voorgestelde finale koolstofbelasting beloop sowat R120 ($10) per ton koolstof. Volgens Croucamp steun Suid-Afrikaanse staalvervaardigers sterk op die uitvoermark omrede die plaaslike mark nie tekens van beduidende groei toon nie. “Die sterker rand maak uitvoer minder winsgewend en die plaaslike mark sal minder mededingend wees omdat staalinvoer meer aanloklik is, weens die feit dat daar geen koolstofbelasting op staal is nie. Verdere koste soos koolstofbelasting kan die volhoubaarheid van die bedryf kortwiek.” Solidariteit is bekommerd dat die belasting tot werkverliese in die staal- en

metaalbedryf kan lei. “Hoër staalkostes kan tot gevolg hê dat fabrieke sluit en mense hul lewensmiddele verloor. Energie- en brandstofpryse sal ook styg as gevolg van die belasting, wat die verbruiker nog verder gaan knou.” Die ekstra belasting gaan die volhoubaarheid van staalmaatskappye ernstig bedreig, omdat die bedryf reeds onder geweldige druk verkeer. “Duurder kostes sal die industrie minder mededingend maak,” het Croucamp bygevoeg. Die staalreus ArcelorMittal SuidAfrika sê dat die koolstofbelasting sy mededingingsvermoë in ’n reeds sukkelende omgewing meer skade gaan aandoen. ’n Analise van ArcelorMittal se finansies in 2016/2017 toon dat dié belasting sy bedryfsinkomste negatief sal affekteer. Solidariteit doen ’n beroep op die tesourie om oordeelkundig en versigtig te werk te gaan met die kwessie van koolstofbelasting. “Die sektor kan nie bekostig dat die volhoubaarheid van die plaaslike staalbedryf kunsmatig belemmer word nie, of dat die werksekuriteit van duisende werknemers in die staalbedryf bedreig word nie,” het Croucamp saamgevat.


INDUSTRYNEWS

INTERDICT against SAPS’s promotion project BY LIZE-MARI LABUSCHAGNE

Photograph: iStockphoto.com

S

olidarity attained a huge victory when it obtained an interdict by the North Gauteng High Court against the South African Police Service (SAPS). This interdict forces the SAPS to reveal all information regarding its controversial Non-Statutory Forces Project (NSF Project). The ruling follows after an urgent application was brought by Solidarity against the SAPS because of the latter’s alleged unconstitutional and discriminatory reassessment and promotion of current and former MK members. In the application, Solidarity requested that the SAPS disclose all information regarding the NSF Project. According to Solidarity Deputy General Secretary Schalk de Bruin, the trade union was compelled to approach

the court when it came to light that the SAPS are continuing with the unconstitutional promotion of 628 MK members, and the exclusion of 150 000 other professional SAPS members. “This interdict is a massive breakthrough in our fight to protect thousands of professional, career-driven SAPS members against the illegal and discriminating project that would have put

a spoke in their wheels in the future,” said De Bruin. According to Anton van der Bijl, Head of Labour Law Services at Solidarity, the court granted the trade union’s application with costs. “We are delighted with the ruling, because justice has prevailed. This ruling once again confirms that we, and our members at the SAPS as the main shareholders in a government institution like the SAPS, have the right to transparency and participation in management and managerial decisions taken by such an institution,” said Van der Bijl. Van der Bijl also said that Solidarity would keep a close eye on the information the SAPS provides to ensure that the trade union remains in a position to protect and promote its members’ interests and rights.


skole kon gebou word vir 210 000 leerlinge.

Die bedrag wat elke belastingbetaler in die SAL-put gegooi het.

Nkandlas kon uit die geld gefinansier word.

Solidariteit na hof om SAL te probeer red DEUR MOIRA-MARIE KLOPPERS

S

olidariteit het in April die ongewone stap aangekondig dat hy die hof gaan nader om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) onder sakeredding te plaas. Indien Solidariteit suksesvol is, sal dit die eerste keer wees dat ’n staatsonderneming onder sakeredding geplaas word. ’n Span deskundiges sal dan onder leiding van ’n sakepraktisyn planne in plek sit om die SAL te red. Verskeie politieke partye en burgerlike organisasies het al voorgestel dat die SAL onder sakeredding geplaas moet word en die ouditeur-generaal (OG), Kimi Makwetu, het in sy verslag gevra hoekom dit nog nie gedoen is nie. Die beleërde lugdiens boer toenemend agteruit. Luidens die SAL se state, wat op die hakke van Makwetu se verslag uitgereik is, is sy totale laste R33 miljard en sy bates R15 miljard. Die SAL se verlies in die afgelope boekjaar alleen was R5,57 miljard. Die lugdiens moet boonop vanjaar R8 miljard in staatsgewaarborgde lenings terugbetaal. Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, beteken die SAL se bedryfsverliese van R3,5 miljard dat hoe meer hy vlieg, hoe groter word die verliese. Die SAL se opgehoopte verlies oor die afgelope vyf jaar was R31,6 miljard en volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof

30

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

van Solidariteit, het belastingbetalers elk R7 700 in die SAL-put gegooi. Die bedrag wat belastingbetalers moes opdok, is gelykstaande aan dubbel Suid-Afrika se e-tolkoste. Dit is ook gelykstaande aan 117 Nkandlas. Altesame 300 nuwe skole wat 210 000 leerlinge kon opvoed, kon daarmee gebou word. Dit is ook meer as die inkomste wat die staat uit die 1%-verhoging op BTW verwag. Solidariteit sê verder die tendens is nie volhoubaar nie. Belastingbetalers se sakke is nie diep genoeg om dit langer te finansier nie. Die vakbond voer aan dat die oplossing vir die SAL in gedeeltelike of volledige privatisering lê. “Daar is talle internasionale voorbeelde. Ons vertrou dat ’n proses van sakeredding ’n uitkoms kan bied,’’ het Hermann gesê. Solidariteit gaan die hofstukke op 15 Mei beteken, en tot dan gaan mandate van duisende belastingbetalers bekom word om as ’n groep belastingbetalers deel te word van die Solidariteit-geding. Solidariteit as vakbond kan namens sy lede só ’n aansoek bring. Volgens Hermann tree die vakbond in die eerste plek namens sy lede op. Ná die OG se verslag is daar wesenlike kommer oor die SAL se volhoubaarheid. Met elke dag wat verloop, word die risiko net groter dat die SAL totaal kan ineenstort. “Sakeredding se doel is om bestendigheid en volhoubaarheid vir die maat-

skappy en die werkers te bring. Ons lede is egter ook belastingbetalers. Dit is nie net die werkers se belang wat hier te sprake is nie, maar ook die openbare belang. Gewone Suid-Afrikaners wat almal belasting betaal, se stem gaan in die saak teen die SAL gehoor word,” het Hermann gesê. Solidariteit se veldtog sluit ook ’n memorandum aan pres. Cyril Ramaphosa en die minster van finansies, Nhlanhla Nene, in. Daarin word gevra dat die staat Solidariteit se aansoek om sakeredding moet steun en dat ’n ondersoek van stapel gestuur moet word na die wanbestuur in die SAL, soos genoem in die OB-verslag. Politieke partye en die parlement gaan gepetisioneer word met ’n versoek vir ’n parlementêre debat, en ’n versoek vir ’n voorlegging gaan aan die parlementêre portefeuljekomitee gemaak word. Volgens Hermann is Solidariteit se hofaksie nie bloot net ’n regsgeding nie; dit is ’n wettige belastingprotes. “Belastingbetalers oor tradisionele verdelingslyne heen is moeg daarvoor dat hul geld as ’n reddingsboei vir vrot bestuur gegooi word. Die SAL-saak gaan een van die grootste belastinghofsake in die geskiedenis van Suid-Afrika word.” • Is jy keelvol vir vermorsing? Gee jou mandaat aan Solidariteit en neem deel aan die wettige belastingprotes! Besoek www.belastingprotes.co.za


BEDRYFSNUUS

Só lyk ‘n dag in die lewe van VLIEËNIER Het jy al ooit gewonder wat ’n vlieënier in sy aktetas saamdra as hy so deur die lughawe stap? Kapt. Willem Enslin verklap die antwoord en vertel ook meer van die tipiese dag van ’n handelsvlieënier.

E

nslin is ’n senior kaptein en vlieginstrukteur vir die Boeing 737-vloot by Safair. As deel van sy pligte moet hy nuwe vlieëniers oplei en toesien dat die meer gesoute vlieëniers veilig optree en hul werksaamhede na wense uitvoer. Hierdie jaar is hy reeds 10 jaar in diens van Safair en 19 jaar lank by die lugvaartbedryf betrokke. Enslin het reeds op die ouderdom van 15 begin lesse neem om die vliegkuns te bemeester. “Ek kon ’n vliegtuig vlieg nog voor ek ’n motor kon bestuur,” vertel hy.

HOE LYK ’N TIPIESE DAG? 1.

1

2.

2

3.

3

4. Foto: iStockphoto.com

4

5.

5

Ná ’n goeie nagrus eet hy ontbyt en sal hy gaan stap of fiets ry as daar tyd is. Hy maak ook seker sy uniform is reg, sy skoene is skoon en dat al sy vliegdokumente in orde is. Dan gaan hy die weervoorspelling vir die dag deeglik na. Safair gebruik spesiale lugvaartweervoorspellings wat spesifieke inligting oor lugvaartweer bevat. Nadat hy by sy kantoor by die lughawe aankom, ontmoet hy sy medevlieënier en die span lugwaardinne met wie hy die dag sal werk om die passasiers veilig na hul bestemmings te neem. Hy bestudeer dan die vlugpapierwerk wat die bedryfsafdeling aan hom gestuur het. Dié dokumentasie bevat onder meer besonderhede van die afstand, vlugvlak en tydsduur van ’n vlug. Hy maak daarna ingewikkelde berekenings om te bepaal hoe-

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

veel brandstof benodig word deur onder meer die weerstoestande, die aantal passasiers en die hoeveelheid bagasie en ander vrag wat aan boord geneem word, in ag te neem. 6. met sy medevlieënier kon6 Tesame troleer hulle inligting oor die stand van die lughawens se toerusting, die aanloopbaan, beligting en so meer. 7. word dan ’n voorligtingsessie 7 Daar gehou oor wat die dag verwag kan word wat betref die vlugtyd, hoeveel passasiers verwag word asook hoe sekere noodsituasies hanteer sal word. Die sessie word deur die vlieënier, medevlieënier en lugwaardinne bygewoon. 8. die aankoms by die vliegtuig 8 Met gaan hy en ’n hele span tegnici die vliegtuig na om te verseker dat dit veilig en lugwaardig is. Die inspeksies word buite asook binne die vliegtuig gedoen. 9. doen hy en die medevlieënier 9 Dan verdere berekenings om te verseker dat alles gekontroleer word wat ’n uitwerking op die vlug kan hê. 10. Daarna kom die passasiers aan 10 boord en sodra die totale massa van die vliegtuig bekend is, doen hy verdere berekenings om te bepaal teen watter spoed hulle moet opstyg asook hoeveel van die aanloopbaan benodig word om dit veilig en suksesvol te kan doen. Soms beloop opstygsnelhede meer as 300 km per uur. Gedurende die vlug word verskeie aspekte gemonitor, soos al die vluginstrumente en sisteme, om te verseker dat dit

korrek funksioneer. Die brandstofverbruik word ongeveer elke 20 minute nagegaan, terwyl die radio waarmee hulle met die lugverkeerbeheersentrum kommunikeer asook die navigasie-instrumente deurlopend gemonitor word om te verseker dat die vliegtuig die beplande roete volg. Ook die weersomstandighede word gemonitor en aanpassings gemaak. Sodra hulle die bestemming nader, ontvang hulle die weervoorspelling wat by die landingsarea verwag word. Dan bereken hy die gewig van die vliegtuig wat bepaal hoe vinnig die landing moet wees en hoeveel van die aanloopbaan benodig word. Die landingsnelheid kan so hoog soos 270 km per uur wees. Die daling en posisionering van die vliegtuig kan baie ingewikkeld wees en daar is talle faktore om in ag te neem. Daarom verg dit uiterste konsentrasie en goeie spanwerk van albei vlieëniers om dit veilig en suksesvol uit te voer.

WAT IS IN ‘N VLIEËNIER SE TAS? Enslin sê dat daar vroeër jare baie meer in die tas was as nou. Daar was boeke oor navigasie, oor die vliegtuig en oor die beplande roetes, maar deesdae word al hierdie inligting op ’n tablet gestoor. “Die tegnologie is wonderlik en dit het ons werk as vlieëniers baie makliker gemaak om inligting vinnig te bekom,” sê Enslin. Hy bring ook sy eie kosblik saam, aangesien hy nie baie lief is vir vliegtuigkos nie. Enslin sê hy het al noodsituasies beleef, maar hy verseker ons dat vliegtuie selfs met minder enjins as wat normaalweg nodig is, kan vlieg. Die Boeing 737 kan byvoorbeeld gemaklik met net een enjin aanhou vlieg en veilig land. www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

31


BEDRYFSNUUS

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne.

Aanstelling bied hoop vir mynbedryf DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

S Foto’s: Alet Pretorius & iStockphoto.com

olidariteit het die aanstelling van Gwede Mantashe as nuwe minister van minerale bronne verwelkom en hom alle sukses toegewens in die nuwe en belangrike rol wat hy moet vervul. Volgens Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf by Solidariteit, is Mantashe se aanstelling as opvolger van Mosebenzi Zwane, onder wie se leiding die omstrede mynbouhandves opgestel is, ’n positiewe stap.

“Met sy geskiedenis as vakbondman by die National Union of Mineworkers (NUM) vertrou ons dat hy begrip sal toon vir die rol van vakbonde en sal meewerk tot ’n oplossing wat daartoe sal bydra dat die mynbedryf moeilike kwessies sal takel, beleggersvertroue sal herwin en volhoubaar sal floreer.” Prinsloo meen voorts dat baie werk voorlê om die negatiewe gevolge van die voormalige minister se gepoogde derde

32

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

mynbouhandves ongedaan te maak. “Ons hoop dat daar in die toekoms met alle betrokke partye in gesprek getree sal word en dat besluite, anders as in die verlede, nie eensydig afgedwing gaan word nie.” Volgens Prinsloo is die vakbond oorgehaal om met rolspelers soos Mantashe te konsulteer oor ’n nuwe mynbouhandves, asook ander tersaaklike kwessies wat die bedryf gedemp het. “Mantashe moet in goeder trou met die partye onderhandel om ’n goue middeweg tussen die belange van die staat, die bedryf en alle rolspelers te vind sodat ’n nuwe mynbouhandves tot stand kan kom wat ’n baken vir die bedryf kan wees.”

Volgens EWN het Mantashe onlangs die Optimum-myn in Mpumalanga besoek. Dit volg nadat daar ’n staking was oor onbetaalde salarisse by dié myn, wat besit word deur die Guptas. Die myn en ander maatskappye wat aan die Guptas behoort, is onlangs onder sakeredding geplaas ná die Bank van Baroda se besluit om uit die land te onttrek. Mantashe het gesê dat die regering saam met die bedryf wil werk om werkverliese te verhoed. Hy het ook genoem dat die mynbouhandves nie later nie as Junie vanjaar gefinaliseer sal word. “Dit moet vinnig gefinaliseer word, want ons kan nie werknemers te lank in die toestand laat nie,” het Mantashe gesê.

BOOSWIGTE BEROOF HARMONY Diewe het in April by Harmony Gold se Kalgold-myn naby Kraaipan in Noordwes ingebreek en goud ter waarde van sowat R6,2 miljoen gebuit. Hulle het ondanks streng sekuriteit toegang tot die bewaakte goudkluise verkry.


BEDRYFSNUUS

KRAGPROJEK gereed vir konstruksie

Foto: iStockphoto.com

E

ngineering News berig dat die ontwikkeling van die nuwe antrasiet-/steenkoolmynprojek in KwaZulu-Natal volstoom voortgaan. Hoewel dié projek – wat beoog om steenkool aan die Colenso-kragstasie te lewer – nog in die beplanningsfase is, is die verwagting dat konstruksie volgende jaar teen ’n beraamde koste van R410 miljoen ’n aanvang sal neem. John James, uitvoerende hoof van Colenso Power, sê die projek sal die gemeenskap van Colenso uit armoede lig en toegang tot deelname aan die middelklasekonomie gee. James is oortuig daarvan dat die projek die druk op ’n reeds oorspanne kragnetwerk sal verlig. Boonop behoort

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

dit ook geldelike geleenthede vir sowel die provinsie as industrieë te skep. Hy beklemtoon dat die projek – die eerste van sy soort deur ’n onafhanklike kragverskaffer in Suid-Afrika – slegs van die beste tegnologie gebruik gaan maak om krag op te wek en dus een van die wêreld se skoonste kragopwekkers sal wees. Die omgewingsimpakstudie is byvoorbeeld van só ’n hoë standaard dat dit nou deur ’n bekende ingenieursfirma in die Verenigde Koninkryk as maatstaf vir ander impakstudies gebruik word. Daar word beraam dat die steenkoolaangedrewe kragstasie 19 000 permanente werkgeleenthede in die eerste fase van konstruksie sal skep, en 42 000 as al die fases opeenvolgend voltooi word.

Die beraamde koste van die Colenso-projek.


BEDRYFSNUUS

Só werk vergoeding en ondersteuning DEUR ADV. PAUL MARDON

S

olidariteit ontvang dikwels navrae van die publiek oor bewerings van vergoeding vir en ondersteuning van voormalige lede van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW). Hier is die feite:

SÓ BEPAAL WETGEWING Die “Military Veterans Act”, Wet 18 van 2011 wat op 1 April 2012 in werking getree het, maak voorsiening vir die toekenning van voordele aan militêre veterane. Volgens die Wet is dit van toepassing op alle Suid-Afrikaanse burgers wat – • militêre diens verrig het in enige statutêre en niestatutêre militêre organisasies wat aan albei kante betrokke was by die Suid-Afrikaanse vryheidstryd vanaf 1960 tot 1994; of • voor 1961 in die Unie Verdedigingsmag gedien het; of • ná 1994 ’n lid geword het van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW); en • sy of haar militêre diens voltooi het en nie meer militêre diens verrig nie. Die “statutêre en niestatutêre militêre organisasies” waarna verwys word, sluit die voormalige MK, APLA, weermagte van die TBVC-state en SAW in, dit wil sê voormalige dienspligtiges en lede van die kommando’s, burgermag en SAW Staande Mag. Hulle is almal militêre veterane en mag voordele ingevolge die Wet eis.

Foto: iStockphoto.com

VOORDELE VIR VETERANE Daar is verskeie tegniese vereistes waaraan voldoen moet word voordat voordele ingevolge hierdie Wet geëis kan word, onder meer dat die eiser as ’n militêre veteraan geregistreer moet wees by die departement van verdediging en militêre veterane. Die volgende voordele kan tans ingevolge die Wet geëis word: • Vergoeding vir militêre veterane wat beserings opgedoen het en ongeskik gelaat is om te werk, of wat erge psigologiese en neuropsigiatriese trauma beleef het of ly aan ’n terminale siekte weens militêre aktiwiteite;

34

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

DIE SUID-AFRIKAANSE WEERMAGVERENIGING (SAWV)

S

edert 1994 het talle voormalige SAW-lede uitgesluit en geïsoleerd gevoel. Daar is gevoel dat daar geen organisasie bestaan om na hulle belange om te sien nie. ’n Voormalige hoof van die SAW, genl. Geldenhuys, het ’n aantal voormalige SAWlede gevra om die probleem te ondersoek en te bepaal hoe dié lede geakkommodeer kan word. Die SAWV is op 14 Februarie 2009 gestig om erkenning te gee aan voormalige SAW-lede vir die bydrae wat hulle gelewer het tot Suid-Afrika se ontwikkeling. Hulle is manne en vroue wat opgeoffer, gedien en ’n prys betaal het, wat hul land onbaatsugtig gedien het en verdien om erken, onthou en versorg te word. Die SAWV bied aan voormalige SAW-lede die geleentheid om êrens te kan behoort, deel te neem aan herdenkingsgeleenthede, en versorg te word. Hulle doen ook inspraak vir voormalige SAW-lede tot op die hoogste vlak. • Vir meer inligting, skakel 062 517 6939 of stuur e-pos na sawv@milvets.co.za • Berading en behandeling vir militêre veterane wat ly aan erge geestelike siektes, posttraumatiese stresversteuring of enige siektes wat daarmee verband hou; • Skoling, opleiding en vaardigheidsontwikkeling; • Die fasilitering van plasing van werkaansoekers; • Die fasilitering van of advies oor sakegeleenthede; • Toegang tot gesondheidsorg; • Behuising; en • Begrafnisvoordele. Die volgende voordele word wel deur die Wet genoem, maar is tans nog nie beskikbaar nie: • Subsidiëring en verskaffing van openbare vervoer; en

• Pensioen – die regulasies hiervoor moet nog geskryf word asook die beleid daaroor.

WIE KWALIFISEER VIR VOORDELE? Die blote feit dat ’n persoon ’n militêre veteraan is, beteken egter nie dat die persoon geregtig is op voordele nie; met ander woorde, alle voormalige lede van die SAW sal nie noodwendig kwalifiseer vir al die voordele nie. Die Wet bepaal dat ’n middeletoets gebruik sal word om te bepaal of iemand kwalifiseer vir voordele. Die middeletoets bepaal ’n persoon se huidige inkomste en bates, en indien dit meer is as ’n bedrag wat van tyd tot tyd deur die minister van verdediging en militêre veterane bepaal word, sal die persoon nie vir die voordele kwalifiseer nie.



INDUSTRYNEWS

Distinguish between the good, bad, ugly BY ANNALISE KEMPEN

P

eople who are active on social media need to be able to distinguish between real news – the truth – and #FakeNews, although that might be easier said than done. Fake news creators utilise various digital platforms to “test” people’s intelligence and common sense. Although websites are the regular culprits, fake news posts often also find their way to social media platforms or are circulated via WhatsApp messages – especially about topics such as the weather, protest actions or crime incidents. Here are a few tips to help you spot fake news:

Photograph: iStockphoto.com

CHECK WEBSITE’S CREDENTIALS Many reputable South African online publishers such as 24.com and IOL are members of the Interactive Advertising Bureau (IAB), the official industry body of online publishers in South Africa. Look for the IAB logo at the bottom of a webpage or visit http://iabsa.net/members/ to verify the publisher’s membership. Poor website design, including posting lots of text in capital letters, can be another indication that one should verify the information.

LOOK FOR A DISCLAIMER Many fake news websites attempt to disguise their dishonesty by stating in their disclaimer or in their “about us” section that they cannot guarantee that their content is the truth.

36

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

IS IT A SATIRICAL WEBSITE? Some satirical websites such as ZANews take real events and give them a satirical twist. There is however a difference between writing satirical takes on real events and dreaming up events which are false and then trying to hide behind satire. The website’s real intention and the real source of its information can once again be found in the “about us” or “disclaimer” sections.

WHAT DO THE COMMENTS SAY? Before sharing a post or news item, first read through the comments section where users will often point out that the information is fake or refers to events that happened many years ago or in different parts of the country or world.

DOES TEXT OR IMAGE RING BELL? If an image or text looks suspicious, check online to determine whether it has appeared elsewhere before: • On Twitter, look out for the hashtag #fake to see whether someone else has spotted something suspicious about the image. • If the information is in text format, the text (or part thereof) can be copied and pasted into a Google search to reveal additional sources where it has been published before. • If a photo or video is published freeframe in .png format, drop it into a website such as www.tineye.com to

see whether the image has appeared online previously. If the same image, or a very similar one, has been published before in different circumstances, you may very well have received a fake.

Fake news sites in SA include: • Live Monitor; • iMzanzi; • Mzanzi LIVE; • African News Updates; • Mzansi Stories; • News24-TV; • Gossip Mill Mzansi; • Pretorialive; • South Africa Latest News; • National News Bulletin; and • News@Last. Note the small variations in domain names, for example News24-TV versus the legitimate www.news24.com. Also have a look at the domain name to check whether it ends with .com or .co.za following a wellknown name. • Annalise Kempen is the editor of Servamus Community-based Safety and Security Magazine. This article is an adaption from an article originally published in the December 2017 issue. Visit www.servamus.co.za


Finansiële Dienste

REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!

Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet slegs R112 per maand.* aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. • Onbeperkte tot regsdokumentasie. regshulptoegang – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

24 uur per dag

2

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

aksentmedia.co.za

Regsverteenwoordiging ter waarde van R50 000 per jaar

0861 765 734

www.legalex.co.za

Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging

Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556.

3

Afslag op eiendomsoordragte

4

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

* Bepalings en voorwaardes geld * Bepalings en voorwaardes geld

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legalex (Edms) Bpk, FSP-nommer: 5277, finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk, FSP-nommer: 75




BEDRYFSNUUS

Moenie op kort termyn moed verloor nie Die eerste kwartaal van 2018 was vir geen belegger wat die markte dopgehou het ’n aangename ervaring nie. Almal het asem opgehou ná die ANC-presidentsverkiesing in Desember 2017 en in ’n mate het ’n mens gehoop dat ’n klomp dinge oornag sou verander. Dit is egter nie so eenvoudig nie. DEUR FRANCOIS SMIT

Foto: iStockphoto.com

D

ie indeks vir alle aandele op die Johannesburgse aandelebeurs het sedert 1 Januarie vanjaar met ongeveer 5% gedaal, dit ondanks die feit dat Cyril Ramaphosa as ANC-president verkies is en ondanks ’n 0,25%-verlaging in die Reserwebank se repokoers en banke se prima uitleenkoers. Hoekom gebeur dit? Oor die kort termyn is daar baie makro ekonomiese asook sosiale en politieke gebeure wat markte kan beinvloed. Die eerste was dat die Amerikaanse tesourie aangekondig het dat hulle waarkynlik hul rentekoerse in 2018 nog drie keer gaan verhoog. Dit beteken dat indien ontluikende ekonomieë soos Suid-Afrika nie hul koerse ook verhoog nie, beleggers wat in Suid-Afrika belê heel waarskynlik hul geld eerder in ’n laerrisiko-omgewing teen ’n laer koers sal gaan belê. Hoewel dit ook net tydelik sal wees, maak dit ons aandelemark op die kort termyn wispelturig. Gepraat van Trump, sy tarieweoorlog met China het grootliks veroorsaak dat die markte in Maart die herstel uitgewis het wat in Februarie plaasgevind het. ’n Wipwarit lê vanjaar voor vir aandelemarkte. Plaaslik het die mosie oor die onteiening van grond sonder vergoeding ’n demper geplaas op die positiewe energie wat Ramaphosa se oorwinning veroorsaak het. Dit het aandeelpryse gewis laat daal.

40

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

77574

62634

47694

32754

17814 11 Apr 2008

2010

2012

Al die feite hierbo genoem het eintlik niks te doen met maatskappyresultate oor die lang termyn nie, en klink amper na verskonings hoekom goeie portefeuljes nie gegroei het nie. Die enigste politieke aspek wat baie negatiewe langtermyngevolge kan hê, is die beleid oor grondhervorming as dit nie reg aangepak word nie. Die geheim is om nie jou beleggings op die kort termyn te beoordeel nie. Bates het intrinsieke waardes, en tensy daar nie grootskaalse bedrog is soos met die Steinhoff-gemors in Desember 2017 nie, is bates altyd geneig om hulself terug te trek na die werklike waardes toe. Indien jou portefeulje in goeie aandele oor die algemeen belê is en daar goeie verspreiding en taktiese allokasie van bateklasse binne jou portefeulje is, het jy oor die lang termyn nie nodig om slapelose

2014

2016

13 Apr 2018

nagte te hê nie. Die afgelope 10 jaar – met die groot daling in 2008 ingesluit – het die aandelemark steeds groei van 82% opgelewer, en dit is sonder om enige dividende wat uitbetaal is by te reken. Geduld is die wagwoord! Die rooi lyn in die grafiek bo is die indeks vir alle aandele op die Johannesburgse aandelebeurs. Die groen lyn is ’n goeie batebestuurder se aandelefonds wat oor dieselfde tydperk met 134% gegroei het, ook sonder dividende ingereken. Kry vir jou ’n goeie adviseur wat verwys is deur iemand wat jy vertrou. Maak ’n goeie plan saam met die persoon en probeer geduldig wees. Moet jou nie steur aan ’n pynlike kwartaalstaat van jou beleggings nie. Jy sal op die lang termyn beloon word.


Plaas jou KOSBARE RANDE

in die REGTE HANDE Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

01 BELEGGINGS > aftrede > effektetrusts > buitelandse beleggings

05

02

MEDIESEFONDSADVIES EN -PRODUKTE > Professionele advies > Mediesefondsopsies > Gapingsdekking

MOTOR- & HUISINHOUDVERSEKERING > brand > diefstal > ongelukskade

Skakel ons vandag!

0861 10 10 05

03

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES > ontledings > oplossings > produkte

REGSHULPVERSEKERING > 24 uur telefoniese regsadvies > Toegang tot prokureur (limiete geld) > Borgdekking

aksentmedia.c0.za

04

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

0861 10 10 05

www.solidariteit.co.za


INDUSTRYNEWS

CONSTRUCTIVE DISMISSAL – Ins and outs Office politics can sometimes make an employee’s work life very difficult, and complaining to the boss may not necessarily resolve the situation. What happens if things become so unbearable that you are forced to resign? BY REON JANSE VAN RENSBURG

Photograph: iStockphoto.com

S

ection 186 of the Labour Relations Act 66 of 1995 defines what constitutes “dismissal”, and includes a situation where an employee resigns due to an employer making continued employment intolerable. In terms of this Act, unfair dismissals may be referred for statutory dispute resolution mechanisms. Constructive dismissal is the only exception to the general rule that only dismissals may be referred to the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA). In order to be successful with a claim for constructive dismissal an employee must be able to prove that the resignation was due to the conduct or omission of the employer (and not that of someone else), that the employee took all reasonable steps to address the situation, that the employee made the employer aware of the intolerable situation, and the employee must prove that the situation was objectively intolerable.

42

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Examples of intolerable conduct include demotion, forced transfers, assault, sexual harassment and abuse. It is much easier to prove that you work in an intolerable work situation where, for example, your boss abuses you and you are therefore forced to resign. You must be able to prove the abuse and your only option must be to resign. This is the main argument that the CCMA will consider in order for a claim of constructive dismissal to be successful. Constructive dismissal will therefore not be proven if the employee is offered an alternative job but then resigns, claiming constructive dismissal. It is very important that the employee should not display any ulterior motives when resigning if intolerable conduct is to be proven. It is furthermore not the employer who should prove that it had introduced the intolerable conditions but the onus is on the employee to provide such proof. When an employee is dismissed in this

manner it is not always easy to prove and every case has its own merits that need to be taken into account. The South African Labour Guide (http://www.labourguide.co.za/constructive-dismissal) refers to the following case: In Van der Riet v Leisurenet Ltd t/a Health & Racquet Club, the employee resigned after being effectively demoted as a result of a restructuring exercise. The employer’s failure to consult with the employee on the possibility of the demotion was considered unfair, and provided a sufficient basis for a claim of constructive dismissal. A demotion in another case also justified the claim of constructive dismissal. This means that no previous consultation was held with the employee and therefore he was forcefully demoted without prior notice, and the employee could prove that he was constructively dismissed. If the employer had consulted with the employee, the claim for constructive dismissal would have been invalid.



IN BEWEGING

Nuus oor die instellings wat deel van die Solidariteit Beweging vorm, asook lekkerleesartikels oor alles van geldsake tot die geskiedenis.

Entrepreneurs woeker in Afrikaans Innoverende Afrikaanse ondernemings is op Internasionale Moedertaaldag by AfriVriendelik – ’n inisiatief van AfriForum – se Tinteltong Toekennings bekroon. Dié opwindende geleentheid is een van vyf inisiatiewe van AfriVriendelik, ’n eenstopdiens vir alle entrepreneurs en sakeondernemings. Ander inisiatiewe sluit onder meer ’n aanlynkletskamer vir AfriForum-lede en entrepreneurs in, asook bemarkingsopleiding en ’n jaarlikse entrepreneurskompetisie. DEUR JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH

Foto: Reint Dykema

V

olgens Sanderien van der Walt, projekkoördineerder vir AfriVriendelik, is Afrikaans lewendig in die sakewêreld. “Ons het dié geleentheid in 2015 begin met slegs vier kategorieë en vanjaar ongelooflike talentvolle entrepreneurs in ’n totaal van 15 kategorieë bekroon. Met dié toekennings wil ons graag erkenning aan dié ondernemings gee wat inisiatief neem en Afrikaans deur hul werksaamhede bevorder. Ons sien ook daarna uit om die geleentheid in die toekoms selfs nóg groter en beter te maak.” Prof. Gerhard van Huyssteen, dosent in Afrikaanse taalkunde en rekenaarlinguistiek aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), het tydens die geleentheid gesels oor die belangrikheid van tegnologiese vooruitgang vir Afrikaans. Die gewilde Afrikaanse sanger Joshua na die Reën het die gehoor tydens dié spoggeleentheid met eg Afrikaanse musiek vermaak. Izak de Vries, bestuurder: bemarking en kommunikasie by LAPA Uitgewers, wat die Tinteltong Toekenning gewen het vir ’n uitgewer wat Afrikaans bevorder, sê dat dit vir hulle ’n enorme voorreg is om met dié toekenning weg te stap. “Afrikaans is deel van ons geskiedenis en sit botter op ons brood. Ons probeer om soveel moontlik te doen om Afrikaans te bevorder en ons voel dat Afrikaans in die toekoms veral kommersieel gaan groei.” Magies vol Liefde, Marita Bezuidenhout se onderneming, het met twee toekennings weggestap. Dié onderneming, wat spesialiseer in gesonde, tuisgemaakte kos vir babas, het die

44

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Tinteltong Toekenning vir die beste handelsmerkontwerp en die Tinteltong Toekenning vir trippeltoontjies (diens of produk wat op kinders gemik is) gewen. “Dit is my passie om nie net ’n produk te lewer vir mammas wat werk en besige gesinslewens het nie, maar om hulle ook te help en te ondersteun deur my diens en produkte in Afrikaans beskikbaar te stel. “Ek weet hoe ons as ma’s uitgedaag word om werk en ons gesinslewens te balanseer. Ek het ’n passie vir gesonde kos en weet dat baie ma’s nie tyd het om voor die stoof te staan en gesonde kos vir hul babas te maak nie. Ek wil op dié manier help.” Sy sê voorts dat sy baie dankbaar is vir ’n platform soos AfriVriendelik wat veral kleiner ondernemings ondersteun en blootstelling gee.

DIE VOLLEDIGE LYS WENNERS IS: • Oorspronklikste naam: Streepsak • Afrikaans-Vriendelikste slagspreuk: Al 3 Boerdery

• • • • • • • • • • • • •

Beste handelsmerkontwerp: Magies vol Liefde Smullekker Afrikaanse kos: De Vette Mossel Afrikaans-Vriendelikste produk: Mooi Goete Afrikaans-Vriendelikste produk – eie aan Afrikaans: Is Moz Bos – BosSeep Afrikaans-Vriendelikste produk – innoverendste produk: Boeremeisie Beeldskoon Afrikaans-Vriendelikste sosiale media: De Afrikander Handelshuis Uitgewer wat Afrikaans bevorder: LAPA Uitgewers Snaaksighede in Afrikaans: Idees Vol Vrees Soetste nagrus: Aandbloem Gastehuis Foto’s wat Afrikaans praat: Conrad Theron Afrikaans-Vriendelikste diens: Funky Ouma Afrikaans-Vriendelikste e-kopie: Mooi Leefstyl Trippeltoontjies: Magies vol Liefde.



IN BEWEGING

Stryd teen PLAASMOORDE woed voort Sedert AfriForum, Solidariteit, opposisiepartye en TLU SA einde verlede jaar ’n suksesvolle optog teen plaasmoorde en -aanvalle na die Uniegebou in Pretoria gehou het, het die saak meer internasionale aandag begin kry. Verskeie joernaliste – plaaslik en internasionaal – het dokumentêre programme gemaak wat op sosialemediaplatforms gedeel is. DEUR ALET RADEMEYER

Foto: Reint Dykema

D

ie Australiese joernalis Paul Toohey en die wêreldbekende oorlogfotograaf Gary Ramage was ook in Januarie in Suid-Afrika en het saam met die AfriForum 911-span slagoffers van plaasaanvalle besoek en na hul verhale geluister. Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, is dit hartverskeurend om te hoor waardeur slagoffers van skietvoorvalle, verkragting of marteling is. “Wat ’n mens egter elke keer opnuut hoop gee, is die slagoffers se geloof en hul vasberadenheid om aan te gaan ondanks dit wat met hulle gebeur het.” In een geval het Berdus Henrico (39) vertel hoe hy twee keer geskiet en met ’n mes gesteek is op ’n plaas buite Vaalwater. Sy verloofde is ook in die aanval beseer. Asof die aanval nie erg genoeg was nie, is Henrico ook in twee staatshospitale van bakboord na stuurboord gestuur omdat hy nie ’n mediese fonds het nie. Hy het gesê dat hy nie van plan is om sy plaas te verlaat nie en dat niemand van hom gaan wegneem waarvoor hy gewerk het nie. Dr. Theo de Jager, president van die Wêreldorganisasie vir Boere (WOF), is egter van mening dat die buiteland nóg meer hieroor ingelig moet word. “Daar is steeds ’n gebrek aan bewustheid oral ter wêreld oor die aantal plaasmoorde en veral die wreedheid daarvan.”

46

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die optog na die Uniegebou het gevolg ná #SwartMaandag-optogte landwyd waaroor internasionale media soos Daily Mail en The Telegraph berig het. Ondanks die groter blootstelling wat aan plaasmoorde gegee is, het die omvang van die krisis egter sedert Januarie vererger. Landbou.com het berig dat daar in Januarie alleen omtrent een plaasaanval per dag was. Genl.maj. Chris van Zyl, assistenthoofbestuurder van TLU SA, sê volgens hul statistieke was daar drie plaasmoorde en 29 plaasaanvalle in die eerste 26 dae van 2018. In 2017 is 423 plaasaanvalle aangeteken en in 2016 altesaam 369. Ondanks groot kommer oor die toename in plaasaanvalle, was daar ook voorvalle wat voorkom kon word. Boere word deurentyd aangemoedig om deel te word van plaaslike veiligheidsnetwerke en plaaswagte, asook om self hul paraatheid op te skerp. Annette Steyn, DA-LP, sê Suid-Afrika is ’n nasie vasgevang in trauma. Daar is 52 moorde per dag. Daar sal vandag, net soos gister en môre, 52 mense vermoor word. “Ons mag nooit toelaat dat dit as normaal gesien word nie. Ons mag nie hieroor stilbly nie.” Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het tydens die laaste optog gesê dat plaasmoorde ’n nasionale krisis is en as sodanig hanteer moet word. “Die uniekheid van plaasmoorde regverdig ’n gefokusde teenstrategie,” meen hy.

’n Memorandum is aan verteenwoordigers van die regering oorhandig waarin bepaalde eise gestel is.

DIE EISE BEHELS: 1. ’n Waarborg dat statistiek oor plaasaanvalle en -moorde jaarliks bekend gestel sal word tesame met die Suid-Afrikaanse misdaadstatistiek; 2. Terugvoer oor die landelike veiligheidstrategie ten einde ’n besondere klem in te sluit op die stappe wat geneem kan word om plaasaanvalle te voorkom en te verseker dat hierdie oortreders voor die gereg gebring word; 3. ’n Uitvoering van die belofte dat ’n alternatief tot die kommandostelsel ingestel sal word wat boere bemagtig om meer doeltreffend na hul eie veiligheid om te sien met die steun van die Suid-Afrikaanse regering; 4. Die behoorlike bemagtiging van die Suid-Afrikaanse Polisiediens deur die verwydering van korrupte lede, asook doeltreffende opleiding en verskaffing van geskikte toerusting; 5. Die insluiting van plaasaanvalle as ’n kernprioriteit van die Valke; 6. Die stigting van gespesialiseerde landelikeveiligheidseenhede; en 7. Streng maatreëls om politieke leiers wat plaasaanvalle – of enige vorm van geweld teenoor boere – romantiseer, voor die gereg te bring.


IN BEWEGING

Departement moet inspring en probleme pak

Foto: iStockphoto.com

O

uers en onderwyskundiges deel die Gautengse departement van onderwys se kommer oor die hoë vlakke van misdaad wat by sommige van die skole in die provinsie voorkom. Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het onlangs bekend gemaak dat daar in 2017 altesame 479 strafregtelike oortredings in die provinsie se skole gepleeg is. Die meeste oortredings, sowat 130, hou verband met die besit van onwettige middels soos dagga. Ander oortredings is ontwrigtende gedrag (75), diefstal (56), aanranding en gevegte onder leerlinge op die skoolterrein (49), die besit van gevaarlike wapens (23), aanranding van onderwysers (31), boeliegedrag (21) en seksuele teistering (10). Lesufi het ’n beroep op ouers gedoen om te help om dissipline binne en buite die skool toe te pas. Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, meen ook die verslag is skokkend. Sy wys egter daarop dat nie alle skole oor dieselfde kam geskeer kan word nie en dat die meerderheid van oortredings by disfunksionele skole voorkom. Verskeie studies wat in die verlede gedoen is, dui daarop dat tot 80% van skole in die land disfunksioneel is. Bloem meen Lesufi en amptenare in die departement moet ook hul verantwoordelikheid besef deur te verseker dat skole funksioneel is en onderwysers en personeel bemagtig is om dissipline toe te pas. “Baie onderwysers en skoolhoofde voel uitgelewer en meen daar is niemand wat hulle beskerm nie. Dit lei tot ’n lae moreel onder onderwysers en ander personeel. Die departement moet ag daarop slaan wanneer skole probleme

DEUR ALET RADEMEYER

STRAFREGTELIKE OORTREDINGS 130 Besit van onwettige middels soos dagga 75 Ontwrigtende gedrag 56 Diefstal 80 Aanranding van leerlinge & onderwysers 23 Besit van gevaarlike wapens 21 Boeliegedrag 10 Seksuele teistering

met leerlinge onder hul aandag bring. Hoofde, onderwysers en beheerliggame moet ook ondersteun word wanneer tugverhore of skorsing van leerlinge moet plaasvind.” Bloem sê voorts skole moet ook waar moontlik gebruik maak van die hulp en dienste van kundiges soos maatskaplike werkers en sielkundiges. Die burgerregte-waghond is ook bewus van afknouery en boelies in skole en het in Julie 2017 ’n teenboelieveldtog geloods. Verskeie skole is reeds by die veldtog betrek en ’n gids, Teenboeliegids: ’n Leier se gids om afknouery in skole hok

te slaan, is onlangs vrygestel. Leandie Bräsler, koördineerder van die veldtog, sê talle ouers is nie daarvan bewus dat hul kinders geboelie word nie en kinders is dikwels te bang om vir hul ouers of volwassenes te vertel dat hulle slagoffers is. “Daarom is bewusmaking en bemagtiging van kardinale belang.” AfriForum het besluit om die gids saam te stel omdat die organisasie ook baie navrae van ouers kry oor wat hulle kan doen as hul kinders geboelie word. • Kry AfriForum se nuttige Teenboeliegids deur e-pos te stuur na navrae@afriforum.co.za www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

47


IN BEWEGING

N

DEUR CONNIE MULDER

á afloop van die mosie oor onteiening sonder vergoeding deur die parlement is Suid-Afrika in verwarring gedompel. Mense het verskeie ernstige vrae: “Wat presies het gebeur?”; “Wat kan ons doen?”. Dit is ’n ernstige saak; privaat eiendomsreg is die hoeksteen van enige ekonomie. Indien privaat eiendomsreg aangetas word, gaan dit alle Suid-Afrikaners nadelig raak. Zimbabwe en Venezuela se ondergang het begin toe daar aan privaat eiendomsreg gepeuter is. Tog moet ons versigtig wees om nie onnodig paniek te saai nie en seker te maak dat ons met feite werk. Só kan ons werkbare oplossings vind en implementeer wat op werklikhede gegrond is.

1

DIT RAAK SLEGS LANDBOUGROND, DIT GAAN DAN OOR GRONDHERVORMING!

Artikel 25 van die Grondwet handel oor álle eiendom. Daar is geen beperking tot landbougrond nie, daar is nie eers ’n beperking tot grond nie. Indien die Grondwet verander word, stel dit die regering in staat om enige eiendom sonder vergoeding te onteien. Dit impliseer alles van pensioenfondse, buitelandse valuta en masjinerie tot meenthuise in die stad.

48

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die mosie in die parlement was kommunisme vermom as rassisme. Julius Malema, leier van die EFF, het op die trappe van die parlement verduidelik dat hulle droom van ’n land met geen privaat eiendom nie. Daar gaan geen herverdeling aan swart mense wees nie – die staat sal alles besit, en dit dan aan jou toeken soos nodig. Trouens, die ANC weet ook dat hierdie nie oor herverdeling of grondhervorming gaan nie. Kgalema Motlanthe, voormalige president van Suid-Afrika, het ’n ondersoekpaneel gelei wat bevind het dat vergoeding nie ’n struikelblok vir grondhervorming is nie. Die paneel het ook bevind dat grondhervormingsdoelwitte binne die bestaande Grondwet bereik kan word as korrupsie uit die weg geruim word. Daarom is dit verbysterend dat die ANC ’n kommunistiese mosie steun, wetend dat dit nie die oplossing is nie. Ironies genoeg is hierdie pad al goed deur talle ander lande deurtrap. Die internasionale debat oor kommunisme is al jare gelede beslis. Miljoene mense wat in China, Rusland, Zimbabwe en Venezuela van honger gesterf het, het altyd die laaste sê oor die werkbaarheid van kommunisme. In kort – hierdie mosie raak alle eiendom. Nie net landbougrond nie, nie net grond nie – alle eiendom.

2

HULLE MAG DALK DIE WET VERANDER, MAAR CYRIL SAL DIT NOOIT DOEN NIE!

Stel jou die volgende situasie voor: Daar dien ’n mosie voor die parlement om die Grondwet te verander. Die voorgestelde verandering laat die president van die land toe om te enige tyd enigiemand te vermoor. Hy kan enigeen in die land se teregstelling beveel of behartig – sonder enige vervolging daarna. Die mosie gee hom in praktyk die mag om mense se reg op lewe te ontneem. Sal jy gemaklik wees daarmee as die totale verweer is: “Maar Cyril sal dit nooit doen nie!”? Wat van die president ná Cyril Ramaphosa, en die een daarná? Wat van 25 jaar van nou af? Sal jy gemaklik wees dat Julius Malema sulke mag het indien hy in die toekoms president word? Dit is tog logies – ’n mens beskou die reg op lewe as ononderhandelbaar. Geen president moet eers daardie opsie tot sy beskikking hê nie. Waarom is die reg op lewe relevant tot privaat eiendomsreg? Die universele menseregteverklaring wat in 1948 deur die Verenigde Nasies aanvaar is, vervat die reg op lewe as artikel 3 en privaat eiendomsreg


IN BEWEGING

as artikel 17. Dít is hoe belangrik privaat eiendomsreg wêreldwyd beskou word. Privaat eiendomsreg is nie onderhandelbaar nie; hierdie is nie ’n punt waarop ’n mens toegee en kyk wat gebeur nie. Dit is ’n fundamentele, basiese mensereg waaroor ’n mens nie hoef in te gee nie. Presidente word vervang, soos Jacob Zuma en Thabo Mbeki uitgevind het. Daarom durf ’n mens nie toelaat dat jy op iets so gewigtig soos privaat eiendomsreg aan die goedgunstigheid van die huidige regering uitgelewer word nie. In kort – privaat eiendomsreg is ’n ononderhandelbare mensereg; ‘n mens durf nie dié beginsel prysgee nie.

3

PROSES IS ONSTUITBAAR, ONS KAN NIKS DOEN NIE. ONS MOET EMIGREER.

Daar is ’n groot gaping tussen wette maak en wette implementeer. Die parlement kan wette maak tot hulle blou in die gesig is – sonder ’n staatsdiens om daardie wette te implementeer, beteken dit niks nie. Die gaping tussen wat die regering wíl doen en wat hy kán doen, vergroot deurentyd in Suid-Afrika. Trouens, ons sit met ’n uitstekende voorbeeld in die mislukking van e-tol. Ten spyte van goeie wette en ongelooflike boetes, kon die regering e-tol eenvoudig nie afdwing nie. Dit impliseer die Suid-Afrikaanse regering beskik nie oor die vermoë om ’n wet af te dwing as die algemene publiek weerstand bied nie. Soos met e-tol kan onteiening sonder vergoeding ook gestuit word. ’n Besonderse breë front word tans teen onteiening sonder vergoeding opgetrek. Dit bestaan uit Suid-Afrikaanse burgers van oor die hele spektrum heen: Tradisionele stamhoofde, burgerregteorganisasies, politici en ambassadeurs is besig om saam te staan om die aanslag op privaat eiendomsreg te stuit. Die gedagte dat hierdie regering oor die vermoë beskik om privaat eiendomsreg van ’n onwillige publiek af te neem, is nie realisties nie. Jy praat van dieselfde regering wat nie handboeke by skole kon aflewer nie! In kort – ’n breë front van burgerlike weerstand het e-tol gesink; dit kan onteiening sonder vergoeding ook sink.

TREK JOU KRUISIE

1

Die heel vinnigste manier om die wysiging te stuit, is deur die ANC in die 2019-verkiesing uit die kussings te lig. Let wel: Nie dat ’n ander party alleen regeer nie, net dat die ANC onder 50% daal. Suid-Afrika se proporsionele kiesstelsel beteken dat elke liewe stem tel. So, maak doodseker jy is geregistreer om te stem, en stem dan vir een van die partye in die parlement wat teen die mosie gestem het. Dit is die DA, VF+, Cope en die ACDP. Indien die ANC se steun in 2019 tot minder as 50% daal, gaan hulle deur middel van ’n koalisie moet regeer. Ideaal wil ’n mens hê dat hulle dan noodgedwonge in koalisie met een van daardie vier partye moet gaan. Daardie party kan dan, selfs met slegs 2% steun, voorwaardes stel. Een van hierdie voorwaardes sal wees dat onteiening sonder vergoeding herroep word, anders kan die ANC nie regeer nie. Daar is genoeg pragmatiese politici in die ANC wat nie hardnekkig aan ideologie gaan vasklou ten koste van mag nie.

WORD HOF-FIKS

2

Weens die opspraakwekkende aard van die wetgewing gaan daar vir seker gelitigeer word. Trouens, daar is duisende organisasies wat die oomblik wat dié wetgewing deur die parlement gaan reguit by die howe gaan instap. Dit is duur om hof toe te gaan, veral as jy die regering met sy onuitputbare beursie aanvat. Die beste ding wat jy as burger tans kan doen, is om sulke organisasies finansieel te begin ondersteun. Maak doodseker dat die organisasie wat jy steun wel teen onteiening sonder vergoeding gekant is. Suid-Afrika is nie ’n eiland nie, daar is verskeie internasionale verdrae wat ons onderteken het wat privaat eiendomsreg vereis. Dit beteken dat die hof nie net in die regering se guns kan beslis nie; daar is meriete in litigasie oor dié kwessie. Sterk die hande van organisasies wat hierteen gaan baklei. Ons moet alles wat ons het in die stryd werp.

3

MAAK JOU STEM DIK

Die Grondwet is nog nie verander nie – die mosie het slegs die Grondwethersieningskomitee daarmee getaak om na moontlike veranderings te kyk. Dit impliseer dat die regering met genoeg druk nog afstand van sy posisie kan doen. Die ANC van Ramaphosa is baie meer vatbaar vir eksterne druk as dié van Zuma, veral as jy in ag neem dat die ANC self oor die kwessie verdeel is. Met genoegsame druk kan jy ’n verdeelde ANC forseer om terug te krabbel op onteiening sonder vergoeding. Privaat eiendomsreg is só belangrik dat ons as burgers druk op enige en alle maniere op die regering moet uitoefen om afstand te doen van hierdie beleidsrigting. Hoe lyk doeltreffende openbare druk? As deel van die proses gaan die Grondwethersieningskomitee geleenthede vir openbare deelname skep. Maak doodseker dat jy jou steun gee aan enige en alle organisasies wat aan hierdie openbare deelnameproses gaan deelneem. Hiér is waar ons stem hard en duidelik gehoor moet word. Wanneer die wetgewing vir kommentaar oopgestel word, maak seker dat jy kommentaar lewer. Indien ’n mens die parlement kan toegooi onder honderdduisende Suid-Afrikaanse burgers wat nie hierdie wetgewing wil hê nie, staan ’n mens ’n kans om dit om te keer, veral as dit vir die regering duidelik word dat wat hulle voorstaan glad nie deur die breër publiek ondersteun word nie. Peilings van die Instituut vir Rasseverhoudinge wys dat slegs 2% van Suid-Afrikaners grondhervorming as prioriteit beskou – openbare druk sal hierdie werklikheid by die regering tuisbring. Uiteindelik gaan jy aan ’n optog of twee móét deelneem. Indien die regering roekeloos voortstoom op hierdie pad, is dit ons volste reg en verpligting om openbare protes aan te teken. Die belangrikste is om seker te maak dat jy op hoogte bly van waar die proses trek en dat jy deurentyd betrokke bly ten einde soveel druk as moontlik op die regering toe te pas. In dié verband sal Solidariteit moeite doen om te alle tye te kommunikeer wat die volgende stappe is en wat jy kan doen. www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

49


IN BEWEGING

“Geleentheid om toekomswerk te verrig” Werner Human is onlangs as die adjunkbestuurshoof van Regsdienste aangestel. Ons het by hom gaan inloer om hom beter te leer ken.

Solidariteit se vermoë om ’n bepaalde tydgleuf te kan lees en op te tree in ooreenstemming met ons kernwaardes, is waarlik besonders en ’n rariteit in enige samelewing.”

DEUR WILMARIE BRITS

Foto: Lize-Mari Labuschagne

W

erner het in 2010 sy LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus verwerf en het in 2011 met sy klerkskap begin. In 2012 het hy by die regsfirma Hurter Spies aangesluit waar hy in 2014 tot direkteur van dié firma bevorder is. Hurter Spies is die regsverteenwoordigers van AfriForum, en Werner het gevolglik talle sake van openbare belang daar hanteer, soos swak dienslewering deur munisipaliteite, die behoud van Afrikaans en die uitbouing van veeltaligheid in openbare skole en universiteite (’n geveg wat nog voortduur), geloofsvryheid in openbare skole en talle sake oor die verantwoordbaarheid van openbare amptenare en die regering. Werner sien baie uit na die uitdagings wat die pos by Solidariteit bied. “Ek het nog altyd ’n belangstelling in die reg in die algemeen gehad, maar dit is my diep behoefte om deur die regsberoep gemeenskappe te dien. Om by Solidariteit te werk, gee my die geleentheid om as ’t ware met ‘toekomswerk’ besig te wees – ek is dankbaar dat ek geseënd is om ’n rol hierin te kan speel. “Dit is Solidariteit en die Solidariteit Beweging se vermoë om in voeling te wees met ons lede asook ons toekomsvisie wat ons onderskei as leiers in die samelewing. Solidariteit se vermoë om ’n bepaalde tydgleuf te kan lees en op te tree in ooreenstemming met ons kernwaardes, is waarlik besonders en ’n rariteit in enige samelewing. Die vakbond is in 1902 gestig en is steeds, ná meer as ’n eeu, ’n leier in die samelewing en ’n diener van mense. Ons moet in dankbaarheid terugkyk na ons leiers van ouds, maar

50

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

KITSFEITE OOR WERNER

> Gunstelingleesstof Geskiedenisboeke en rubrieke. Ek lees tans prof. Danie Goosen se boek Oor Gemeenskap en Plek. > Stokperdjies Gholf, lees en kitaar speel. > Waar het jy grootgeword? Thabazimbi. > Wat weet min mense van jou? Ek stel in die filosofie belang en het ’n graad hierin verwerf. ook na die leiers tans, wat die Solidariteit-skip stuur te midde van al die uitdagings wat Suid-Afrika bied. Werner dien ook in die raad van die NWU en is onlangs herkies tot die uitvoerende komitee van die konvokasie van dié universiteit. In sy vrye tyd doen hy graag aktiwiteite saam met sy gesin, bring tyd saam met sy vriende deur (meestal op die gholfbaan) en geniet dit om saans

te lees en te dink. Hy het nie ’n spesifieke motiveringsleuse nie, maar hy glo wel dat elke persoon moet vind wat vir hom of haar betekenis gee in die lewe. “Wanneer jy dít gevind het, sal harde werk, genot en al die aspekte van werk en privaat lewe doelgerig en met ywer aangepak word.” Werner is getroud met Tarina, ’n teatersuster, en is die trotse pa van die tweejarige Lohan Pierre Human.


REG SPRAAK

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

DEUR HERMAN PERRY

In enige werkverhouding bestaan daar altyd die moontlikheid dat ʼn werknemer ʼn fout kan maak en gevolglik aan ʼn dissiplinêre verhoor onderwerp kan word. Hoe kan jy jou hierop voorberei?

Foto’s: iStockphoto.com

D

ie meeste werknemers sal uiteraard nie gereeld so ’n proses hoef te deurloop nie en sal daarom nie noodwendig weet wat om te verwag nie. Die volgende stappe behoort te verseker dat ’n werknemer beter daarop voorbereid is om sy of haar saak te kan stel: 1. Jy het ’n reg om jou weergawe te 1 stel. Hierdie beginsel is van deurslaggewende belang as een van die kardinale vereistes vir ’n billike verhoor. 2. Om jou saak te kan stel, moet jy 2 weet waarvan jy aangekla word. Dit is dus belangrik dat indien die klag teen jou swak of vaag geformuleer is, jy vir ’n duidelike en spesifieke klag moet vra. 3. Jy moet ook weet watter bewyse 3 daar teen jou is. In hierdie verband sal ’n groot gedeelte van die bewyse teen jou tydens die verhoor aangevoer word, maar jy mag (en moet) vooraf vra dat alle beleide, klankgrepe, videomateriaal en getuies aan jou bekend gemaak word sodat jy nie by die verhoor daardeur verras word nie. 4. Jy het nie ’n noodwendige reg op 4 eksterne verteenwoordiging by die verhoor nie, maar jy mag uit die aard van die saak daarvoor vra. 5. Tydens die verhoor sal die voor5 sittende beampte gewoonlik die klagstaat en jou regte aan jou verduidelik, waarna jy gevra sal word om te pleit. 6. Die werkgewer het dan die bewys6 las om op ’n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat jy aan die spesifieke oortreding skuldig is. 7. Jy mag die getuies wat geroep 7 word, kruisondervra. In dié verband is dit belangrik dat jy minstens poog om alles waaroor

Indien jy kennis kry van ’n dissiplinêre verhoor, moet die eerste stap altyd wees om Solidariteit te skakel vir advies tydens die voorbereidingsfase.

die getuie getuig het en waarmee jy nie saamstem nie, te toets deur ’n teenstrydige weergawe aan die getuie te stel. 8. Wanneer die werkgewer sy saak 8 klaar gestel het, word jy die geleentheid gebied om jou volle weergawe te stel en dit is belangrik dat jy dit doen. 9. Ná afloop van die gebeure sal die 9 voorsittende beampte ’n bevinding maak wat skuld, al dan nie, aantoon. 10. Die voorlaaste stap behels die 10 aanvoer van versagtende en verswarende omstandighede. Hier moet jy redes aanvoer waarom jy

nie ontslaan moet word nie, as dit die bevinding sou wees. 11. Die laaste stap in die proses is 11 die uitslag. Die uitslag is dikwels ontslag, maar minder ernstige strawwe soos waarskuwings en skorsing sonder betaling kan ook hier van toepassing wees. Hierdie is nie noodwendig al die stappe in die proses nie, maar indien jy bewus is van die vernaamste stappe, sal dit jou in staat stel om deeglik voor te berei en ’n deurdagte saak te stel. Indien jy kennis kry van ’n dissiplinêre verhoor, moet die eerste stap altyd wees om Solidariteit te skakel vir advies tydens die voorbereidingsfase. www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

51


IN BEWEGING

#HELPJAG voed kleuters met die regte proteïene DEUR MARLIEN VAN DER WESTHUIZEN

Foto’s: iStockphoto.com

S

olidariteit Helpende Hand het gevind dat kleuterskole goedkoper bronne van proteïene kies om te voldoen aan die basiese behoeftes van groeiende kleuters. Dit is een van die redes waarom die organisasie die #HelpJag-veldtog begin het. Dié veldtog moedig jagters aan om van die bokke wat hulle jag, te skenk vir behoeftige kleuterskole. Helpende Hand het die gehalte van proteïen ontleed wat meer as 5 000 kleuters inneem. Die kleuters is deel van die Kosblikkieprojek wat kleuterskole ondersteun in die vorm van kaarte om voedsel vir kleuters aan te koop. Die organisasie het gevind dat kleuterskole kreatief raak met proteïenbronne. Volgens Margolé Riekert, projekorganiseerder, is daar toenemend druk op kleuterskole om goeie voeding teen ’n bekostigbare tarief aan te bied. “Gelukkig verstaan die kleuterskole dat proteïene onontbeerlik is vir ’n kleuter se groei. Die algemeenste bron van proteïen is steeds suiwelprodukte soos melk en kaas. Die tweede algemeenste proteïenbron is verwerkte vleis en daarna maalvleis. Maalvleis is ’n goeie produk om te gee. Dit bevat gemiddeld 14 g proteïene per porsie van 100 g,” sê Riekert. “Ons het ook agtergekom dat kleuterskole slim planne maak om die proteïeninhoud van kos te verhoog. By tot soveel as 40% van kleuterskole word gereeld sojaprodukte en bone met maalvleis gemeng om te verseker die kleuters kry voldoende proteïen in vir die dag. Daar word ook proteïenryke smere soos grondboontjiebotter en kaassmeer vir toebroodjies gebruik. “Ons is egter bekommerd oor die groot aantal kleuterskole wat verwerkte

52

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

vleis gee. Dit is ’n baie swak proteïenbron en bevat gewoonlik die helfte minder proteïene per gram as beesvleis. Volgens ons studie gee 65% van kleuterskole amper uitsluitlik verwerkte vleis. Buiten vir die lae proteïeninhoud, bevat verwerkte vleis ook baie natrium en ander preserveermiddels.” Weens die tekort aan ’n goeie, goedkoop bron van proteïene het Helpende Hand die #HelpJag-veldtog geloods. Dié projek moedig jagters aan om wildsvleis aan Helpende Hand te skenk. Helpende Hand sal betaal vir die verwerking van die bokke wat jagters jag. Die vleis sal dan in maalvleis omskep word en aan die naaste deelnemende Kosblikkieskool geskenk word.

“Ons is baie opgewonde oor die projek,” sê Riekert. “Ons het baie moeite met die projek gedoen om te verseker die kleuters ontvang voedsame, proteïenryke kos. Ons weet dat jagters mense is wat omgee en glo dat die projek goed deur hulle ondersteun sal word. Ons is reeds deur HuntEx2018 aangeneem as hul amptelike welsynsorganisasie en ons groot borg vir die projek is die Wild & Jag-tydskrif.” • Raak betrokke deur ’n bok te skenk of ’n finansiële skenking te maak deur www.helpjag.co.za te besoek. Vir meer inligting, kontak Margolé Riekert deur e-pos te stuur na margole@helpendehand.co.za of skakel 012 644 4390.



IN BEWEGING

TalentWerf

Virtuele wêreld van VRYSKUTWERK ontsluit DEUR MARLIEN VAN DER WESTHUIZEN

Foto’s: iStockphoto.com

D

ie toekoms van werk lyk anders as waaraan ons gewoond is. Daar het reeds ’n skuif by groot maatskappye plaasgevind om al meer dienste uit te kontrakteer. Dink maar aan skoonmaakdienste en IT-ondersteuning as voorbeelde. Kleiner ondernemings begin ook die voordele hiervan insien. Nuwe entrepreneurs, oftewel “startups”, kan veral daarby baat vind om sekere dienste deur kontrakteurs of vryskutters te laat doen. Elke nuwe onderneming benodig ’n sakeplan, ’n webblad, bemarkingstrategie, boekhouer en ander ad hoc-funksies. Vir hierdie funksies wil jy nie noodwendig iemand permanent aanstel met ’n salaris, mediese fonds en pensioen nie. Jy benodig hulle mos net vir ’n tydjie en dan kan hulle weer aanbeweeg om ’n ander projek by ’n ander onderneming aan te pak. Al meer mense volg hierdie roete om ’n inkomste te genereer – feitlik 40% van mense wêreldwyd. Die tendens begin versprei omdat baie mense ’n ekstra inkomste wil verdien, die vryheid en aanpasbaarheid van so ’n opset geniet en self wil besluit watter projekte hulle wil aanpak. Al hoe meer ondernemings besef die waarde daarvan. Jy as ’n entrepreneur kan projekte uitkontrakteer aan die beste spesialiste in die land of selfs internasionaal, al is jy hoe ver van die vryskutter geleë. Terwyl jy in pas bly met huidige tendense in die mark, is jy ook besig om jou deel te doen om werkloosheid te oorkom deur nuwe geleenthede vir individue te skep. Deure gaan oop vir persone wat ’n aanvullende inkomste wil verdien, wat op die platteland ver van werkgewers af woon, of

54

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

wat gestremd is. Dis ’n praktiese, sakeslim manier om jou deel te doen om armoede te bestry in ons land. Boonop kan jy met talent in jou eie taal kontrakteer! Die voordele vir jou as entrepreneur om met kontrakwerkers te handel, is vanselfsprekend. Jy kan ’n baie spesifieke spesialis kontrakteer vir so lank as wat jy hom of haar nodig het, selfs eenmalig. Jy kan jou sperdatum stel en die kontrakteur sal agteroorbuig om daarby te hou, omdat sy reputasie en toekomstige werk daarvan afhang. Kostebesparings op salarisse, bokoste, administrasie en opleiding is ’n groot voordeel vir entrepreneurs wat juis sover moontlik uitgawes wil verminder. Jy is ook nie gebonde aan een vryskutter nie. Dit is maklik om vir elke projek iemand anders aan te stel wat dalk ’n ander aanslag het – dink maar aan grafiese ontwerpers wat elkeen ’n ander styl het. Nog ’n voordeel is dat die vryskutter op hoogte moet bly van tendense en tegnologie in die mark om mededingend te wees. Hulle werk hard om die beste diens te lewer en hulle werk aan diverse projekte, wat beteken hulle is ook geneig om wye ervaring te hê wat tot jou voordeel sal strek. Elke entrepreneur en elke onderneming sal die een of ander tyd van ’n vryskutter of kontrakteur gebruik maak. TalentWerf bied aan jou die opsie om met plaaslike vryskutwerkers sake te doen in die taal van jou keuse. Jy weet ook dat jy ’n bydrae maak tot die individu of entrepreneur se toekoms deur op hierdie manier sake te doen. Êrens op die platteland sit ’n taalspesialis of ’n webwerfontwikkelaar wat nie kan wag om tot jou diens te wees nie! • Vir meer inligting, besoek ons webtuiste waar vryskutters beskikbaar is by www.talentwerf.co.za.

TOP VRYSKUTBEROEPE TANS IN DIE WÊRELD: 1 Skrywer, artikelskrywer, kopieskrywer 2 Soekenjinoptimalisering, soekenjinbemarking en webbladbemarking 3 Redigering, vertaling en proeflesing 4 Bemarking en openbare betrekkinge 5 Fotografie 6 Grafiese ontwerp en animasie 7 Webbladuitleg en -ontwerp 8 Toepassingontwerp en -ontwikkeling 9 Boekuitleg en -ontwerp 10 Argitektuurdienste 11 Videografie, video- en oudioredigering 12 BTW, belasting en ander rekeningkundige dienste 13 Transkripsie 14 Data-inlees 15 Virtuele assistentwerk 16 Inbelsentrumwerk 17 Aanlyn tutor 18 Kliëntediens 19 Sosialemediakoördineerder en gemeenskapsbestuurder 20 Jou voltydse werk, as vryskutter.


’n GOEIE WERK binne jou bereik! Solidariteit-lede kry 20%-afslag om aan Akademia te studeer! Bepalings en voorwaardes geld

aksentmedia.co.za

www.akademia.ac.za • www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Nuwe BEROEPSKWALIFIKASIES geslyp Sol-Tech staan op die vooraand van verskeie veranderings betreffende bestaande en nuwe beroepsrigtings wat by die kollege aangebied gaan word. Nie net word daar in die vooruitsig gestel dat beroepsrigtings buite die ambagswêreld ook aangebied moet word nie, maar die verskeie ambagsrigtings self ondergaan ingrypende veranderings. DEUR DR. PHILIP MINNAAR

Foto’s: Martie Maree & iStockphoto.com

D

ie departement van hoër onderwys en opleiding het onlangs aangekondig dat die bestaande opleiding vir ambagte soos ons dit die afgelope aantal jare geken het, teen die middel van die jaar tot ’n einde kom. Dit sal nie studente wat tans in die sisteem is negatief raak nie, aangesien alle studente in die stelsel die geleentheid sal hê om hul studies op die vorige stelsel te voltooi. Daar sal so vroeg as Januarie 2019 met die nuwe beroepskwalifikasies afgeskop word. Meer oor die nuwe beroepskwalifikasies sal so gou moontlik op Sol-Tech se webblad gedeel word. Die ambagsrigtings soos wat dit tot nou toe bekend was, is omgeskakel na beroepskwalifikasies waar daar aan die einde van die student se studies steeds ’n Artikel 26(d) Rooiseëlsertifikaat aan studente uitgereik sal word. Die nuwe beroepskwalifikasies is in drie duidelike fases opgedeel, naamlik teoretiese, praktiese en werkgeïntegreerde leerfases. Die uitgangspunt is dat hierdie drie fases meer geïntegreerd sal plaasvind om te verseker dat studente die teoretiese erva-

56

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

ring dadelik met praktiese ervaring opvolg. Sol-Tech is bekend vir die aanbied van gehalteopleiding en gaan dit ook so in die aanbied van die nuwe beroepskwalifikasies toepas. Hoewel daar steeds aspekte van die beroepskwalifikasies is wat beleidsgewys opgeklaar moet word, het die kollege reeds proaktief begin om kurrikulumverryking toe te pas waar dit blyk dat die nuwe beroepskwalifikasies ontoereikend is. Dit gaan noodwendig meebring dat Sol-Tech se toelating- en slaagvereistes hoër as nasionale vereistes gestel sal word en voornemende studente wat by Sol-Tech wil kom studeer, moet solank hiervan kennis neem. Sol-Tech wil toesien dat sy studente steeds deur bogemiddelde kennis en ervaring ’n mededingende voordeel in die werkplek sal behou. Hierdie suksesresep het die afgelope 10 jaar reeds vanself gespreek. Maatskappye stel Sol-Tech se studente by voorkeur aan en gee gereeld terugvoer oor hul volkome tevredenheid met die gehalte van die studente wat Sol-Tech aan die mark lewer. Sol-Tech sal in die toekoms steeds die voorkeurinstelling vir beroepsgerigte leer wees en bly.

SOL-TECH- MERIETEFUNKSIE

S

ol-Tech het op 16 Maart sy jaarlikse merietesertifkaatfunksie vir die 2017- akademiese tydperk gehou. Die funksie bied ’n geleentheid om aan leerders erkenning vir hul akademiese prestasie te gee en hulle terselfdertyd te motiveer om hul akademiese prestasies voort te sit. Individuele leerders ontvang sertifikate vir die verwerwing van onderskeidings in hul vakke tydens die nasionale departementele eksamens vir ’n jaar. Sertifikate is oorhandig in spesifieke prestasiekategorieë, wat die volgende insluit: • Gewoon – een en twee onderskeidings (81 en 40 sertifikate toegeken) • Brons – drie onderskeidings (21 sertifikate toegeken) • Silwer – vier en vyf onderskeidings (18 en 2 sertifikate toegeken) • Goud – ses en sewe onderskeidings (4 en 3 sertifikate onderskeidelik toegeken) • Platinum – agt en meer onderskei- dings (2 sertifikate toegeken) Studente met ses of meer onderskei- dings het ook elkeen ’n eksklusiewe verpersoonlikte Sol-Tech-keps met die student se naam en die woorde “Akademiese Uitblinker 2017” as aandenking ontvang. ’n Totaal van 171 studente het hul merietesertifikate ontvang. Vanjaar is daar ook ’n sertifikaat en wisseltrofee vir buitengewone prestasie oorhandig aan Werner Roets wat 12 onderskeidings behaal het. Werner is tans besig met sy praktiese opleidingsfase by Sol-Tech ná die suksesvolle voltooiing van sy teoretiese opleidingsfase en die besonderse prestasie wat hy behaal het.


IN BEWEGING

! WIL JY BY SOL-TECH STUDEER? > Opedae: 2 Junie & 8 September 2018 >> Inligtingsessies: 22 Junie & 19 Oktober >>> Registreer by www.sol-tech.co.za

NUWE TOERUSTING DANKSY SKENKING DEUR TRUST Die AJ de Kock Trust het onlangs R130 000 aan Sol-Tech geskenk. Die kollege het met dié skenking ‘n Wirecutter gekoop. Dié presisieinstrument sal Sol-Tech se studente ‘n groot mededingende voordeel in die mark gee, aangesien ambagslui wat vaardig is in dié nuwetegnologie-toerusting skaars is. Opleiding in die hantering van hierdie toerusting is nie deel van die amptelike Sol-Tech-kurrikulum nie, maar dit is juis bykomende vaardighede soos dié wat by Sol-Tech geleer word, wat die kollege se studente gesog maak. Rudolph de Kock (links) was by die onthulling van die nuwe toerusting saam met Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech (regs).

Sol-Tech kraai weer koning van JOOL DEUR HELOISE LA GRANGE

Foto’s: Tjaart van der Westhuizen & Rozier van Tonder

A

friForum Jeug het op 9 Februarie ’n Jool-geleentheid by die Cow House Market in Pretoria-Oos aangebied. Ses spanne het ingeskryf vir die dag se verrigtinge, waaronder koshuise, tersiêre instellings en natuurlik Sol-Tech. Sol-Tech het vir die tweede opeenvolgende jaar as wenners uit die stryd getree. Die Jool-aktiwiteite het verskil van die vorige jare se tradisionele vlotbou, en die SolTech-span se oorwinning is bepaal deur ’n verskeidenheid aktiwiteite. Die spanne het ’n ongeverfde klimraam ontvang wat versier moes word en ná afloop van Jool aan die betrokke span se gekose kinderhuis geskenk is. Elke span moes ook ’n stalletjie opmaak volgens die tema, Rome vs. Griekeland, en deur die loop van die dag hul potjiekos saam met ’n pons voorberei. Daar is ook van elke deelnemende span verwag om ’n dra-stoel te bou waarop die span se gekose Prim

gedra moes word, van die beginpunt tot by die einde van ’n hindernisbaan, sonder dat die dra-stoel enigsins die grond raak. ’n Ander hindernisbaan vol pret was die JOOLympics, waar agt lede van elke span gekies is om deel te neem aan ’n aflosresies met verskeie hindernisse. Laastens moes die spanne ook ’n waterstruktuur oprig wat saam met

die stalletjie, klimraam, Pot en Pons, en dra-stoel, ’n eenheid moes vorm. Daar is ’n wenner vir elke item gekies asook ’n algehele wenner vir die dag wat die prysgeld van R20 000 ontvang het. Omdat die uiteindelike doel van Jool liefdadigheid is, is die prysgeld oorhandig aan ’n liefdadigheidsprojek of instansie wat deur Sol-Tech, die wenspan, geïdentifiseer is. www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

57


This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

MEMBERSHIP CATEGORIES Collective members

Individual members

Supporting members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.

Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/

58

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za


SERVE & PROTECT

OTHER SERVICES

Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.

Death benefit* Funeral benefit (Martin’s or Avbob)

A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. Assistance with investigations • A funeral of the same standard as that of Assistance is provided in adults is provided for a member’s depenconnection with investigations dent children under the age of 21 years. by the Medical Bureau for • The spouse may apply to continue as Occupational Diseases and a member after the death of the main benefits enquiries of the Compensation member. Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Commissioner and Rand Mutual, as well Beweging • The burden of funeral arrangements van finansiële dienste as work-related disability claims. All claims• FSP-nommer: 15556 is alleviated by the fact that Solidarity must be submitted within six months. and Martin’s or Avbob will make all the arrangements. Collective bargaining • A 10% rebate on headstones has been Competent and experienced negotiated with Martin’s and Avbob. Solidarity staff members under• The undertaking services are provided take collective bargaining to solely by Martin’s or Avbob. If the services negotiate better conditions of of another undertaker are used, Solidarity employment and salaries for members. will only pay out R500 in respect of funeral expenses (terms and conditions apply). • •

Car and household insurance This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of member’s premiums to the Virseker Trust that invests in Afrikaans education and * Bepalings en voorwaardes geld training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Permanent medical disability* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from employers that they are permanently unfit for work in the labour market, receive a once-off amount of R1 800. Claims must be submitted within six months.

Maternity benefit*

A maternity benefit of R1 500 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.

Study benefit*

Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit. Photograph: iStockphoto.com

Additional cash disbursements

Solidarity Magazine Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.

At the death of a paid-up member, a cash amount of R3 600 is paid to the surviving spouse or dependent children. At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 400 is paid to the member. Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 800 • Disabled children (20+) – R1 800 • Children younger than 14 years – R1 200. Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. All claims must be submitted within six months.

Holiday benefit* Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit. * Terms and conditions apply. For more information, call 0861 25 24 23

LegalAid X is Package ’n gemagtigde verskaffer van Legal

finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 full Members and their dependants can enjoy legal cover outside the labour context for an additional premium of R112 per month. This provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R50 000 per year (limited to R25 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za

Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste Independent Financial Advice

Solidariteit Solidarity Financial Services has an independent financial advice departmentDienste who can assist Finansiële clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk Solidariteit and retirement planning as well as investment Finansiële Dienste planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005 Medical gap cover Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • E-mail – gapcover@solidarity.co.za

Wills, estate administration You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300

www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

59


OPLEIDING NÁ SKOOL

60

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING


Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou GRATIS Afrikaanse aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte, resepte en boeke. Kom sê jou sê, snuffel in ons koöperasie of kuier saam om die kombuistafel met smullekker resepte. maroelamedia.co.za is jóú huis! DIE WÊRELD VAN CHARLIE OENG

A

s jy op soek is na ’n lekker dik boek met ’n storie wat jou meevoer na ander wêrelde, is Etienne van Heerden se jongste roman, Die wêreld van Charlie Oeng, uitgegee deur Tafelberg (R350), een om te oorweeg. Die ruie verhaalgegewe neem ’n mens van die Oos-Kaap na Amsterdam en Kowloon, en speel af in die hede, maar strek terug na 5 November 1964 toe klein Tian Kilian se lewe skielik ’n ander koers ingeslaan het. Dit is ’n verhaal wat die leser bewus maak van die verskillende maniere waarop ’n mens na die wêreld kan kyk; dit is ’n verhaal van hartstog en moord; een van ontdekking en aanvaarding; en, les bes, ’n verhaal wat die leser daarvan bewus maak dat daar verskillende maniere is waarop ’n mens oor die wêreld kan praat – soos in storievertelling. Vindingryk soos wat Van Heerden is, span hy hiervoor verteltegnieke in wat bydra tot die tekstuur van die roman en wat die belangstellende leser verder kan verken.

GRONDBOONTJIEKOEKIES Hierdie smullekker resep lewer 24 koekies. Uit: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3, uitgegee deur LAPA. BESTANDDELE 125 g (¼ blok) sagte botter 250 ml (1 koppie) strooisuiker 187 ml (¾ koppie) growwe grondboontjiebotter knippie sout 1 ekstragroot eier 5 ml (1 t) vanieljegeursel 437 ml (1¾ koppie) koekmeel 5 ml (1 t) bakpoeier knippie kaneel 2,5 ml (½ t) koeksoda

METODE

ALLEMANSVRIEND Betekenis: Iemand wat met almal, ongeag wie, bevriend is.

62

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

1. Verhit die oond tot 180 °C. 2. Verroom die botter en suiker tot liggeel. 3. Meng die grondboontjiebotter, sout, eier en vanieljegeursel goed by. 4. Sif die meel, bakpoeier, kaneel en koeksoda saam. Meng by die grondboontjiebottermengsel totdat dit ’n deeg vorm. 5. Rol die deeg in klein balletjies en plaas op ’n bakplaat. 6. Druk die koekies effens platter en bak vir 12 tot 15 minute lank of tot goudbruin. 7. Laat op ’n afkoelrakkie afkoel en hou in ’n lugdigte houer.


IN BEWEGING

Só nebuliseer jy ‘n BUDJIE

Foto’s: iStockphoto.com

W

anneer ek ’n CV in my e-posbus ontvang, krul my tone van lekkerkry. Hoe hard mense ook al probeer om hul CV’s professioneel en saaklik te hou, is daar altyd iets wat meer verklap van ’n persoon as wat hy of sy noodwendig wou verklap. Soms is dit die keuse van ’n foto (ek het al ’n CV ontvang met die foto van die aansoeker in swart en wit, ’n smeulende sigaar in die mond en ’n rokie wat boontoe krul; en nóg een van ’n jong dame wat gereken het haar bikinilyfie gaan my beïndruk). Soms is dit ’n vreemde poging tot pittigheid wat nie heeltemal op ’n CV werk nie (soms werk dit wél, maar dis ’n fyn kuns). Soms is dit interessante detail oor skoolprestasies, soos ’n noodhulpkursus in graad 3 of ’n trompoppieleierskapsposisie in graad 6. Een van die vaardighede wat ek deesdae op my CV sou kon byvoeg, is dat ek weet hoe om ’n budjie te nebuliseer. Sien, ’n week gelede word Samuel, ons 11-jarige meisiekind se een budjie, siek. Te midde van groot reën en vloede in Gauteng sit Samuel opgepof en knieserig op sy stokkie, nou en dan met sy kop onder sy vlerk. Sy mater, Willemien, sit styf teen hom en lyk baie bekommerd vir ’n voëltjie. Ons vra raad op sosiale media (want dis ’n vakansiedag toe ons besef Samuel is regtig siek en alle veeartse is toe – en om eerlik te wees, snak ek innerlik ’n bietjie na asem as ek dink ek moet R500 bestee aan ’n veeartsbesoek vir ’n voëltjie wat R60 gekos het). Ons pas al die raad toe: gee spesifieke druppeltjies; hou hom warm met warmsakke en ’n kombers om die hok; pas sy dieet aan. Maar helaas ... Toe ons die Vrydagoggend opstaan, lê Samuel met beentjies stokstyf in die lug onder in die hokkie. Willemien sit verwilderd eenkant op haar stokkie. Ons meisiekind huil ontroosbaar. Buite sous dit. Die wêreld is onderstebo. Met die voëllykie uit die hok verwyder en in ’n boksie in die yskas gebêre (want die begrafnis sal eers kan gebeur as dit

DEUR SUSAN LOMBAARD

ophou reën het), merk ons op Willemien lyk glad nie goed nie ... Dalk het sy aangesteek? Bella skrik groot. Maak weer warmsakke warm terwyl ek klaarmaak vir werk. Die volgende oomblik klink daar ’n geweeklaag uit haar kamer op. Ons almal storm nader. Bella staan langs die hokkie en huil só dat ek amper nie kan hoor wat sy sê nie: “Ek het die warmsak op Willemien laat va-a-a-a-a-l!” huil sy. Dit blyk toe dat sy die hok se bokant oopgemaak het om die warmsak in te sit, en toe val die sak bo-op die arme voëltjie, wat nou werklik sterwend lyk. “Asseblief, Mamma ...” huil sy. “Willemien kan nie óók doodgaan nie ... Doen asseblief iets!” Watter mamma kan haar hart teen so ’n pleidooi verhard? Só kom dit dat ek my afsprake vir die dag uitstel, die juffrou laat weet dat Bella nie vandag skool toe gaan nie, en op die internet ’n voëltjieveearts in Centurion gaan soek. Ek kry een en bel gou – hulle is oop, en die voëltjieveearts is aan diens. Die probleem is egter: hoewel hulle net 10 km van ons af in Pierre van Ryneveldpark is, is hulle ánderkant die Hennopsrivier. Dit reën al vir drie dae lank en dié kalm riviertjie het ’n dag gelede sy walle oorstroom en elke laagwaterbrug en -pad onder water gelaat. Ons durf die pad aan. Bella sit met die voëltjie in ’n skoenboks op haar skoot, ’n warmwatersak bo-op. Elke nou en dan loer sy om te sien of Willemien nog lewe. Ons beweeg skaars – die verkeer is na alle kante toe opgedam en verstop. Elke nou en dan ry ek my in nóg ’n oorstroomde pad of laagwaterbrug vas, en dan moet ons ’n ander roete soek. Ons ry, en ry, en ry. Langs my lyk Willemien sieker en sieker, en Bella sug elke nou en dan diep. Ek stop ’n paar keer om foto’s te neem van strome water en ’n gebou wat gedeeltelik deur ’n sinkgat ingesluk is. Dan sug Bella nog ’n bietjie harder. Drie ure later stop ons voor die voëltjieveearts se deur, nat en beteuterd. Willemien haal nog asem. Ons draf in die reën na binne. “Sit gerus,” sê die ontvangsdame. “Die veearts is net gou besig om ’n hadida se vlerk te amputeer.”

Toe ons uiteindelik in sy ondersoekkamer staan, neem die gryskopman die klein, siek voëltjie in sy groot hande. My keel maak ’n knop. Hy luister na haar hartjie, meet haar koors en loer in haar mond. Met versigtige vingers deurvoel hy haar lyfie. Dan leun hy met sy arms op die toonbank en kyk met sagte oë oor sy brilraam na my meisiekind. “Jou voëltjie gaan dit maak,” sê hy vir haar. “Ons gaan mooi na haar kyk. Sy is ’n bietjie siek, maar sy treur ook oor haar maatjie.” Haar stokstywe lyfie ontspan teen myne. Hy verduidelik alles mooi, ook hoe ons Willemien tuis met die antibiotika en ander medikasie moet nebuliseer. “Dankie, Oom. Baie, baie dankie,” sê Bella. Op pad huis toe sit ek die ding en bedink. Die veearts se rekening was baie minder as wat ek verwag het. Vir hom het my kind se voëltjie saak gemaak – én my kind se hart. Dis nie net sy werk nie. Hy doen dit oor die verskil wat hy maak. Later, toe almal rustig is en Willemien beter lyk ná haar eerste dosis medikasie in ons tuisgemaakte voëltjiehospitaal, gesels ons oor wat gebeur het. Ons gesels oor hoe belangrik dit is dat ons weet dít wat ons doen, maak ’n verskil in ander mense se lewens. As ons groot is en dis ons werk, is dit prakties en sinvol om betaal te word vir dit waaraan ons elke dag ure bestee. Maar, gesels ek en die kinders, ons mag nooit vergeet dat ons in die eerste plek daar is om ’n verskil in iemand anders se lewe te maak nie. Vir elkeen van ons is daar iemand vir wie ons ’n oomblik moet neem en sê: “Jy sal oukei wees. Ek sal jou help, dis my werk. Moenie verder bekommerd wees nie.”

www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

63


IN BEWEGING

Nederige begin kan dalk e-berge versit Die digitale wêreld het dit vir ons moontlik gemaak om met ‘n bietjie kreatiwiteit ʼn inkomste te verdien met dienste of produkte wat nie tasbaar is nie. Dit mag dalk vele jare gelede na ‘n volksvreemde idee geklink het, maar hier is ‘n paar voorbeelde waar aanlyn tegnologie benut is om sukses te behaal. DEUR STEPHANIE BUYS

AIRBNB Die naam Airbnb het sy oorsprong in San Fransisco, toe twee kamermaats nie hul maandelikse huur kon bekostig nie. Hulle het hul bokamer ingerig met drie opblaasmatrasse en het, saam met die verhuur van ’n aand se verblyf, ontbyt belowe. Só het die idee vir hierdie onderneming ontstaan en huiseienaars van heinde en ver kon hul eiendom op ’n korttermynbasis aanlyn aan die publiek verhuur, natuurlik te danke aan Airbnb as tussenganger. Die afgelope dekade het Airbnb bekend geword as die grootste aanlyn platform om internasionale en plaaslike verblyf te verskaf, sonder om self enige eiendom te besit. Ander soortgelyke platforms sluit in Trivago, Booking.com en LekkeSlaap.

Foto’s: iStockphoto.com

ITUNES Vir musiekliefhebbers van die twintigste eeu was dit ’n groot frustrasie om ’n enkelliedjie op te spoor. Hulle was gedwing om ’n volledige album op ’n plaat of kasset te koop en self hul gunstelingliedjie daarop te soek. Apple het

64

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

egter in die nuwe millennium tot die wêreld se redding gekom en die aanlyn musiekwinkel iTunes op die been gebring. Gebruikers kan nou wettiglik luitone, musiekalbums en enkelsnitte aankoop en daarna luister op enige rekenaar, iPhone of iPad. Deur hierdie sakemodel suksesvol te implementeer, het iTunes die grootste aanlyn musiekhandelaar geword, sonder om een fisiese CD te hanteer of te verkoop. Soortgelyke plaaslike toepassings sluit in GrootTunes en Joox.

NETFLIX Geen interessante programme op televisie nie? Geen probleem. ’n Minimum maandelikse subskripsiefooi van $7,99 (teen die huidige wisselkoers sowat R97), bied toegang tot TV-programme, flieks en dokumentêre programme wat slegs aanlyn geniet kan word. Deur hierdie diens is onbeperkte besigtiging van die inhoud beskikbaar, sonder dat die kyker enige kommersiële advertensies hoef te duld. So het daar ’n revolusie in die videoindustrie plaasgevind, en

WEB-

WYS

Netflix en soortgelyke platforms bied vermaak aan die wêreld, sonder om ’n enkele videowinkel of rolprentteater te bedryf. Plaaslik kan jy op Showmax inteken vir plaaslike en internasionale programme en rolprente.

WHATSAPP WhatsApp spog met meer as een miljard gebruikers in 180 lande wêreldwyd en staan bekend as die wêreld se voorste blitsboodskaptoepassing. Met behulp van ’n internetverbinding kan foto’s, video’s, boodskappe en selfs dokumente deur middel van hierdie toepassing gestuur word. WhatsApp is in 2009 bekend gestel en sy gebruikerstal styg steeds. In 2014 het Facebook dié toepassing vir sowat $19 miljard bekom en dra nou eienaarskap van die wêreld se grootste internetgebaseerde kommunikasietoepassing. Net soos hierdie voorbeelde, het groot dinge soms ’n nederige begin. Dalk het jou volgende idee die potensiaal om mense se lewens te verander. Kyk vir geleenthede, wees kreatief, maar belangrikste van alles ... begin!


IN BEWEGING

Jy kán TOPPRESTEERDER by die werk wees

A

lmal van ons wil toppresteerders en uitblinkers wees. Ons het drome oor ons lewe, ons gesinne en ons werk. Ons wil uitstyg bo ons omstandighede, en is vasberade om onsself te ontwikkel en toe te rus om elke dag vorentoe te kan beweeg. Volgens die rubriekskrywer Nicolas Cole put ons krag uit ons kollegas se energie, wat ’n belangrike bepaler vir ons sukses is en ’n direkte invloed op ons produktiwiteit het. Om uitnemende werk te verrig, moet jy jouself omring met mense wat die beste uit jou bring. “Dit is die energie wat albei partye tot die situasie bring wat uiteraard jou individuele en kollektiewe sukses bepaal,” meen Cole. Interpersoonlike verhoudings is van kardinale belang. Individue kan nie

DEUR MANDY-MICHELLE THACKWRAY

optimaal funksioneer as hulle die heeltyd gespanne voel of by kantoorpolitiek betrek word nie. Jy sal nie idees na die tafel toe kan bring as jy voel jy word nie gehoor nie, of as jy voel dat jou kollegas nie jou insette verwelkom nie. Om by te dra tot ’n positiewe, produktiewe energie binne die werkplek wat op sy beurt bydra tot jou eie sukses, moet jy werk aan jou emosies en jou intuïsie. Die kreatiwiteitspesialis en skrywer Tim Retting bevestig dat toppresteerders bewus is van die opofferings wat hulle maak. Hy meen dat ’n toppresteerder nie moet skroom om te eksperimenteer nie, sodat werkuitsette kan verbeter. “Toppresteerders is dapper en erken wanneer planne nie werk nie, want daar is altyd ruimte vir verbetering,” het Retting gesê. Toppresteerders kanaliseer hul emosies in hul produktiwiteit, wat hulle

motiveer en vasbeslote maak. Hulle verwelkom ook uitdagings omdat dit geleentheid bied vir groei. Ons elkeen het die vermoë om ’n verskil in die werkplek te maak. Dit maak nie saak hoe groot of klein jou rol is nie, jy kán ’n toppresteerder wees. Jou dryfkrag en energie is soos ’n saadjie wat met die nodige versorging kan ontkiem en groei tot hoë hoogtes. Só word omgeewerkplekke geskep waar jy veilig voel om te groei, te deel en te floreer.

“Toppresteerders doen nie net uitstekende werk in hul loopbane nie, hulle doen ook uitstekende werk in hul lewens.” ~ TIM RETTING


IN BEWEGING

Waarom eiers nie in een mandjie hoort DEUR APPIE PIENAAR

D

aar is ’n ou spreekwoord wat lui dat ’n mens nie al jou eiers in een mandjie moet sit nie. Die mandjie mag dalk net val en dan is jy al jou eiers op een slag kwyt. Ons hoor dikwels dat beleggers soortgelyke advies ontvang, naamlik dat hulle hul beleggings moet diversifiseer. In hierdie artikel kyk ons na die diversifikasie van ’n beleggingsportefeulje aan die hand van twee vrae.

MY

GELD

Foto: iStockphoto.com

WAT EN WAAROM DIVERSIFISEER? Diversifikasie is ’n risikobestuurstegniek wat daarop gemik is om die belegging te beskerm deur ’n verskeidenheid van bates en bateklasse binne die beleggingsportefeulje te hou. Hoewel elke individuele bate steeds aan risiko blootgestel is, word die risiko drasties verminder omdat dit onwaarskynlik is dat elkeen van die bates deur dieselfde gebeurlikheid geraak sal word. Die katastrofiese gebeure rondom die genoteerde meubelhandelaar Steinhoff in Desember 2017 dien as ’n goeie voorbeeld. Vanweë rekeningkundige ongerymdhede het Steinhoff se aandeelprys binne enkele dae ’n totale ineenstorting beleef. ’n Belegger wie se totale belegging in Steinhoff-aandele gekonsentreer was, se belegging het binne ’n paar dae sowat 90% van sy waarde verloor. Aan die ander

66

kant sou die totale verlies van ’n belegger wat, argumentsonthalwe, slegs 5% van sy belegging in Steinhoff gehou het, sowat 4,5% beloop het. Dit is steeds ’n groot verlies, maar darem aansienlik minder as die 90% in die ander geval! In die Suid-Afrikaanse konteks was die Steinhoff-verliese van die meeste pensioen- en voorsorgfondse danksy ’n behoorlike diversifikasiestrategie tot een of twee persent beperk.

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

HOE DIVERSIFISEER ONS? Die bateklasse – kontant, vaste eiendom en genoteerde aandele – word breedweg as die drie belangrikste bateklasse beskou. In elk van hierdie bateklasse is daar weer onderafdelings wat verdere diversifikasie toelaat. Kontant bied ’n laerisiko-opsie, maar die opbrengs daarop – rente – is ongelukkig ook beperk. Binne hierdie bateklas kan onderskei word tussen deposito’s wat normaalweg vir langer tydperke (soos vir ’n jaar of meer) vas belê word en gewoonlik hoër rente verdien, en aan die ander kant deposito’s wat vir korter tye teen ’n laer rentekoers vas belê word. ’n Voorbeeld van laasgenoemde is ’n 30-dae-deposito waar die fondse binne 30 dae aangevra kan word. Hoewel die opbrengs swakker is, bied hierdie opsie groter buigsaamheid ten opsigte van likiditeit. Ten einde die risiko van wisselkoersveranderings te

verminder, kan beleggers dit oorweeg om ’n gedeelte van die kontant in ’n buitelandse geldeenheid soos Amerikaanse dollar te belê. Vanweë die omvang van ’n belegging in eiendom kan dit uitdagend wees om behoorlike diversifikasie binne ’n eiendomsportefeulje te bereik. Groot beleggers sou kon oorweeg om in verskillende soorte eiendom, byvoorbeeld residensiële wooneenhede, kleinhandelwinkelspasie en kantoorspasie, te belê. Kleiner beleggers kan kyk na eiendom wat op die JSE genoteer is en wat gewoonlik reeds goed gediversifiseer is. Wat gewone aandele betref, word die portefeulje gediversifiseer deur aandele in verskillende maatskappye en selfs verskillende bedrywe te koop. ’n Aandeel in ’n bank in die breë finansiële sektor is byvoorbeeld aan ander risiko as ’n mynbou-aandeel blootgestel. Deur in albei te belê, word risiko versprei. Diversifikasie kan ook deur ’n belegging in effektetrusts bereik word. ’n Effektetrust is in wese ’n fonds wat in ’n verskeidenheid aandele belê. Die versoeking om in ’n enkele, aantreklike bateklas te belê, mag soms groot wees. Tog het die geskiedenis getoon dat die belegger hom- of haarself baie trane kan spaar deur nie ’n wen alles-verloor alles-benadering te volg nie, maar eerder die veilige benadering van behoorlike diversifikasie.


IN BEWEGING

Find your purpose on your career path The concept of having a job is relatively easy to understand: You need a job to be able to provide for yourself and your family, as well as to meet the expectations society puts on you with regards to the things you own. On the other hand, the concept of having a meaningful job is often misunderstood.

Photograph: iStockphoto.com

I

ndividuals tend to get so caught up in the rat race of heavy workloads and never-ending tasks that they forget why they enjoy their work. According to an article in Psychology Today, it is not only essential for employees to understand how their work contributes to the company’s vision, but they need to know the greater good as well. They need to know they are making a difference through the work they do. The psychiatrist Viktor Frankl said that meaningfulness and a sense of belonging were more important to employees than any other aspect of work, including payments and rewards, opportunities for promotion or working conditions. “When an individual has a meaningful work, he is motivated, and that leads to improved performance, commitment and satisfaction,” Frankl said.

BY WILMARIE BRITS

Your work forms part of you as an individual. No matter if you are a doctor, personal assistant or a teacher – there is a purpose in the work that you do. Another article in Psychology Today explains that meaningful work consists of three main components. First, your work must be meaningful. This means that the work you do each day must make sense to you; you must understand what is expected of you and what you are being asked to do. Second, your work must have a point and purpose. It is important to see that the work you do matters and contributes to the goal of the company. Lastly, you will feel meaningful in your position when you feel that your work benefits some greater good, for example when you are a teacher and you can see the difference that you make in children’s lives by helping them to overcome diffi-

MY

cult learning obstacles. When employees find their work creative, absorbing and interesting, they tend to perceive their work as more meaningful than employees who only go to work because they have to. “It’s so important to know yourself, rather than letting existing career paths determine what’s right for you,” says Jessica Grossman, CEO of Medicines360. The sense of belonging expresses ownership; in other words, you feel that you belong in your position, and therefore you take ownership. You do not necessarily own shares, for example, but you own something more meaningful: you own responsibility. Feeling like you belong and that your work is making a difference enables you to act for the good of the organisation – not because you have to, but because you want to.

WORK

When an individual has a meaningful work, he is motivated, and that leads to improved performance, commitment and satisfaction.”

www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

67


Foto’s: PopSugar UK & iStockphoto.com

E

k was ’n wolhaarstoriekind. Genugtig, ek kon jok, en jok het ek oor byna alles. Toe ek vyf was en met die kombuismes probeer biltong sny het, het ek my duim raak gesny. Ek het gedink ek het iets verkeerd gedoen en toe my ma dié aand tuiskom, het ek gesê: “Ek het ’n hand-stand onder op die gras gemaak en toe was daar ’n spyker in die grond en toe vang hy my op die duim!” En toe voeg ek vir effek by: “Dit was ’n geroeste spyker!” Die dokter het daardie aand (ja, ná ure, besef ek nou skielik die implikasie), terwyl hy die steke ingewerk het, gevra wat gebeur het. Ek het my leuen herhaal en hy het my toe so skeef aangekyk en gesê: “Maar ’n spyker sal mos nie só ’n sny maak nie?” My ma het haar dom gehou. Ek dink sy’t verstaan en dit daar gelaat. Dan was daar die keer toe ek die platespeler se naald gebreek en gejok het dat my sussie dit gedoen het. Sy het ’n afgedankte loesing gekry, met verswarende omstandighede omdat sy dit boonop ontken het (want Engeltjie Chris sou mos nooit so iets doen nie!) Ek voel tot vandag toe baie sleg daaroor, al het ek en my sus al as grootmense daaroor gepraat en ek groot berou getoon en haar opreg om verskoning gevra het. Een van my mees infame leuens

68

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

was toe ek ná die Julie-vakansie in 1981 teruggekom het kosskool toe en almal wysgemaak het dat ek by Lady Diana se troue was. Die land – die wêreld, om die waarheid te sê – was destyds aangegryp deur die lieflike kleuterskooljuffrou wat die Prinses van Wallis geword het. Die leuen was verbysterend suksesvol en het soos ’n veldbrand versprei. Vir die eerste vier periodes van daardie kwartaal was ek ’n held en het meer bewondering geniet as nog ooit in my lewe. Totdat juffrou Van Voorst my bewonderend en in die hoop dat dit waar mag wees, daaroor uitgevra het en die vernederende waarheid op die lappe gekom het. Nietemin, vir nog ’n paar dae daarna het ’n hele klomp van my medeskoliere nog verkies om dié leuen te glo om nog ’n bietjie te baai in die lekkerte van die nadere assosiasie met prinses Diana. Op hoërskool het my vernuf in die kuns van die leuen toegeneem en kon ek die mees komplekse leuens verweef, meestal om uit penaries te kom. Teen die tyd dat ek klaar was met skool, was ek ’n meesterleuenaar en het ek in die volwasse wêreld ’n nuwe teelaarde vir my fantastiese weefwerk gevind. Hier het ek vir die eerste keer ander mense direk skade begin aandoen en die metgeselle wat ek in die 1990’s gehad het, het dit byna almal ontgeld. En toe kom daardie dag in Oktober

1998 toe die mat onder my uitgeruk word, die lig aangeskakel word, my siel poedelkaal in die spieël van my verlede lelik teruggekaats word en die waarheid van die leuen só helder in my oë gebrand het dat dit nou nog op my retinas afgeëts is. Ek het besef dat selfs die oënskynlik onskuldigste wit leuentjie enorm kragtig en diabolies die ewigheid in uitkring omdat dit die waarheid en die werklikheid verwring het, al is dit hoe klein, en dat daardie gevolg op gevolg op gevolg van die leuen ’n wanvoorstelling van die kosbare skepping van God voortsit. Die bevrydende ommekeer van daardie dag het vir my ’n ongekende genot, versekering en stelselmatig toenemende selfwaardering teweeggebring. Maar dit het ook baie moeite gebring. Die weg van die leuen is maklik, ’n vinnige redder in tye van nood, ’n tydkoper, ’n grimmigheidsversagter wat die mantel van skynwaardigheid vinnig oor die vlekkies van jou onvolmaaktheid sal gooi. En tog is dit die moeite werd, want ’n mens kyk maar altyd saans alleen in die spieël. Wat die “wit leuentjies” betref, basta! Dat hulle “wit” is, is al klaar ’n groot swart drek van ’n liegstorie. Maar ek sal die volgende wel toegee: Die waarheid is nie ‘n klip nie. Die waarheid is meer soos klei, en wanneer jy al twintig jaar nie jok nie, kan jy soms die mooiste erdewerk skep!


IN BEWEGING

Gevoel van HOORT in die ouerhuis geskep Om iewers te hóórt, impliseer aanvaarding, ’n tuiste, vastigheid. ’n Eenvoudige woord vir ’n groot konsep. Ons almal streef daarna om iewers te hóórt, hetsy in die werkplek, kerk of gesin. DEUR WILMARIE BRITS

V

olgens dr. Gregory Waltonstreef is die soeke om te hoort ’n sielkundige behoefte wat noodsaaklik is vir geestelike vervulling. Die behoefte om te voel dat jy in ’n familie hoort, is by ons ingebore en vorm ’n integrale deel van wie ons is. Volgens die webtuiste Families for life is aanvaarding deur ’n gesin baie belangrik vir enige kind se ontwikkeling, welstand en geluk. Die gevoel van hoort help kinders om ’n positiewe identiteit te ontwikkel en lê die grondslag vir ’n sterk, veerkragtige selfbeeld. ’n Goeie selfbeeld help kinders om verhoudings te vorm en uitdagings sonder huiwer aan te pak en oorkom. In ’n poging om die druk van die lewe die hoof te bied, verloor ’n mens soms tred met wat belangrik is en word gesinstyd eenkant toe geskuif ter wille

MY

van gerief. Ons besef nie aldag watter impak dit op kinders het nie – kinders wat voel dat hulle nie hoort nie voel meestal waardeloos en onbevoeg. Navorsing dui daarop dat kinders in staat is om van driejarige ouderdom negatiewe houdings en vooroordele te ontwikkel. Kinders leer van kindsbeen af by hul ouers hoe om teenoor ander mense te reageer. Daarom is dit uiters belangrik dat jy goeie verhoudings met jou kinders bou, sodat jy hulle kan leer en help om die samelewing te verstaan. Verhoudings wat liefdevol, ondersteunend en vol vertroue is, skep nie net ’n gevoel van hoort by jou kinders nie, maar leer hulle verskeie goeie eienskappe aan, byvoorbeeld hoe om ander mense se gevoelens in ag te neem. Hier is ’n paar praktiese wyses waarop jy as ouer ’n gevoel van hoort by jou kinders kan skep:

Foto’s: iStockphoto.com

GESIN

LUISTER na jou kinders en voer sinvolle gesprekke met hulle. Dit is belangrik dat hulle weet hulle kan enige tyd met jou kom praat – oor enigiets. Vra hulle uit oor hul dag en stel in hul belangstellings belang. Neem die TYD om sonder enige afleidings met jou kinders te speel. Wys hulle dat jy waarde heg aan die tyd wat jy saam met hulle spandeer. Moedig jou kinders aan om nuwe dinge te probeer, maar bied die nodige ONDERSTEUNING wanneer hulle onsekerheid toon. Dit is ook baie belangrik om jou kinders te prys wanneer hulle probeer het – die uitslag ten spyt. www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

69


IN BEWEGING

Wonder van digkuns met vers en kapittel DEUR ILZE NIEUWOUDT

Foto: iStockphoto.com

I

n Kraal Uitgewers se nuutste boek, Vers & Kapittel: Artikels, lesings, rubrieke en naskrifte oor die digkuns deur Daniel Hugo, slaag dié gerespekteerde skrywer daarin om die internasionale wêreld van digkuns vir die gewone leser nie net toeganklik te maak nie, maar ook aangrypend. In die boek se nagenoeg 50 artikels ontdek die leser die wonders van die Afrikaanse en Nederlandse digkuns, terwyl Hugo se outobiografiese stukke ’n diep persoonlike blik op verskeie bekende skrywers en hul werk lewer. Hugo se onblusbare liefde vir die digkuns het sy oorsprong in ’n pastorie tussen die heuwels van Windhoek gehad. Hier tussen die Auasberge, die Erosberge en die Khomas-hoogland het die digter as ’t ware ontwaak en op die rakke in Hugo se gunstelinggebou – die stadsbiblioteek – het die “verbysterende boeke van die Sestigers” die ondersoekende seun oorrompel. Sy latere akademiese opleiding het die liefde vir letterkunde verder ingeëts, maar dit sou uiteindelik die invloed van die Afrikaanse digter D.J. Opperman en Gerrit Komrij, die Nederlandse “digter, bloemleser, essayis, vertaler en literêre genie”, wees wat Hugo se oë werklik vir

die digkuns sou open. “Hierdie versameling artikels en rubrieke wat oor ’n tydperk van bykans veertig jaar ontstaan het, lewer bewys van hoe ek by Opperman en Komrij geleer het om gedigte te lees. Dit doen ook verslag van my talle obsessiewe besoeke aan tweedehandseboekwinkels, daardie argiewe van die alternatiewe kanon, daardie tempels van maagdelike tekste,” verduidelik Hugo in die voorwoord van Vers & Kapittel. In elkeen van die rubrieke, artikels en naskrifte wat in Vers & Kapittel ingesluit is, doen Hugo dan juis dit wat hy by sy meesters (en veral Komrij) geleer het en bied interessante en insiggewende ontledings van gedigte sonder oordadige literêre teorieë. In dié bundel bewys Hugo dat “gesonde verstand, belesenheid en die vermoë om prikkelend en kernagtig te formuleer” al wat noodsaaklik is in die ontsluiting van gedigte. Vers & Kapittel sluit ontledings in van die werke van prominente Afrikaanse digters soos N.P. Van Wyk Louw, J.C. Steyn, Elisabeth Eybers, Hennie Aucamp en Lina Spies. Hugo het verlede jaar sy volledige letterkundige versameling sedert die 1980’s aan Akademia, die Afrikaanse hoëropleidingsinstelling van die Soli-

MEER OOR DIE SKRYWER • Hugo het in 1981 as digter gedebuteer met Brekfis met vier. • Sy nuutste digbundel, Openbare domein, het vroeër vanjaar verskyn. • Hy het reeds meer as 50 boeke uit Nederlands en Engels in Afrikaans vertaal – waaronder die bekende Die roebaijat van Omar Khajjam. • Hugo is reeds twee keer deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy vertalingswerk vereer: vir Tom Lanoye se Sprakeloos en Stefan Hertmans se Oorlog en terpentyn. • Hy was vir 20 jaar lank (1988 tot 2008) ’n omroeper by die SAUK. dariteit Beweging, geskenk. Die Daniel Hugo-versameling bevat onder meer privaat korrespondensie met Afrikaanse en Nederlandstalige skrywers wat oor dekades strek, manuskripte van Hugo en ander se werk, resensies, artikels, rubrieke, keurdersverslae vir uitgewers, foto’s, skaars boeke, tydskrifte en klankopnames. Vers & Kapittel is ’n bloemlesing van artikels en rubrieke wat in die Daniel Hugo-versameling ingesluit is.

Die boek is beskikbaar teen R200. Besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 880 1953 om jou bestelling te plaas.

KAPITTEL S.NW. [MEERVOUD: -S] Iets met vers en kapittel bewys. Om iets met vers en kapittel te bewys, dui op die noukeurigheid van die bewys. Die woord “kapittel” kom uit oud-Nederlands en het veral op ’n hoofstuk in die Bybel gewys. As iets dus met vers én kapittel bewys is, kon die presiese vers en hoofstuk vir die argument aangehaal word. 70

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Onthou só om nooit te vergeet nie

“O

uma het altyd vertel…” Hoeveel keer het ’n verhaal uit die familie se verlede nie só begin nie? En tog, al het jy dié staaltjie al male sonder tal gehoor én oorvertel, loop die feite soms by die agterdeur uit wanneer die jare by die voordeur aanklop. Gesinne, families, vriende en kennisse se lewens is net so deel van ’n geskiedenis as die opspraakwekkende gebeure van die tyd. Dikwels ken ons die feite van noemenswaardige gebeure uit die verlede – dink maar aan die Groot Trek of die Anglo-Boereoorlog – maar ons eie familie se verhale verdwyn in die vergetelheid. Daar is egter verskeie praktiese maniere waarop ’n mens jou eie familie se verlede kan bewaar.

Foto: iStockphoto.com

VRA DIE REGTE VRAE Begin by ouer familielede en teken sover moontlik die belangrikste persoonlike inligting op, byvoorbeeld geboortedatums, volledige doopname, nooiensvanne, plek van geboorte en feite oor hul skool- en werkloopbane. Dit is ’n goeie vertrekpunt vir die optekening van ’n persoon se ver-

DEUR ILZE NIEUWOUDT

haal. Ander kultuurhistoriese inligting sal nuttig wees om die persone se lewe as ’t ware te kan inkleur, soos watter speletjies hulle as kinders gespeel het, watter kos hulle geëet het, watter motorvoertuie hulle of hul ouers gery het en selfs op watter wyse belangrike historiese gebeure hul lewens beïnvloed het. Hierdie inligting dra alles by tot die samestelling van ’n persoonlike geskiedenis. Dokumenteer ook deur dié familielede enige inligting oor ander familie wat reeds gesterf het. Die inligting sal veral nuttig wees indien daar later ’n formele familiestamboom opgetrek word. ’n Video- of stemopname van die onderhoude kan ook oorweeg word.

WERK DEUR DIE FOTOALBUMS Die digitale era vereenvoudig die bewaring van gedrukte foto’s tot ’n groot mate. Hierdie waardevolle bron van familiegeskiedenis is egter nutteloos indien dit nie die korrekte konteks bevat nie. Hoeveel families het nie kiste vol foto’s van onbekende gesigte en gebeure nie? Sonder die besonderhede van die mense op elke foto of die plek waar dit geneem is, is die foto ’n jammerlike vergete oomblik in tyd. Pak die ou albums uit, digitaliseer dit deur skandering

en gee volledige beskrywings van die inhoud daarvan.

RESEPTE, BRIEWE, VOORWERPE Die handgeskrewe resep met die oliekolle wat deur die jare lêplek op die nou vergeelde papier gekry het; die brief van Oupa toe hy nog skaam-skaam by Ouma vlerkgesleep het; die brose, handgemaakte sakdoekie van geslagte terug − elkeen van dié items vertel ’n verhaal. Hoewel dit byna onmoontlik is om elke item van jou voorouers soos ’n museumstuk te bewaar, kan spesiale stukke met ’n kort beskrywing oor die jaar waaruit dit dateer of inligting oor die vorige eienaar(s) veilig vir ’n volgende geslag gebêre word.

VERTEL DIT VIR JOU KINDERS Die optekening en bewaring van ’n familiegeskiedenis kan nie die verantwoordelikheid van een persoon bly nie. Boonop kan die oorvertel van verhale aan die volgende geslag help verseker dat dié feite behoue bly. Dit kan op verskeie maniere gedoen word, byvoorbeeld deur besoeke aan die dorpe waarin voorouers gewoon het, die optekening van ’n kort familieverhaal of besoeke aan begraafplase waar voorouers begrawe is. www.solidariteit.co.za • Issue 2 of 2018

71


IN BEWEGING

BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse en Ettienne Pio (litigant) • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Gibbs du Toit (litigant), Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Dana Viljoen (litigant) en Fanie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

NEWCASTLE • • • • •

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE

Deon Viviers • Administratiewe beampte: Helen Kay • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

72

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl (junior litigant) en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336/1090 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat,Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK

Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS

RICHARDSBAAI

Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes, Jaco van den Berg en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Helgard Cronje, Annika Labuschagne, Alfie Hoole, Sulize Esterhuizen, Danie van Graan, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Marike Pitzer, Wynand Strydom en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendrachtstr, Kloofsig

WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Candice Gerber • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dit is ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan.” II KORINTIËRS 5:1

Ry die loftrein saam, ons gaan HEMEL toe

Foto: iStockphoto.com

“M

A – HIE – NAAAA!” André bulder sy weergawe van my naam as hy my deur die venster sien aankom. Ek waai terug en versnel my pas effens. Ek is by die deur voordat hy nóg ’n keer sy verwelkomende kreet uitbulder. Nie almal in die skool wil seker hoor dat Mahiena in aantog is nie. Ek is nog besig om oor die drumpel te tree toe hy die plastieksak oor my arm met soveel geweld beetkry dat ek amper op die mat beland. André is 11 jaar oud, maar ’n jong reus. ’n Tweejarige in ’n yslike lyf. “Ketterboekie!” roep hy opgewonde. Ek haal twee van die begeerde boekies uit die sak. Dit word dadelik met groot vreugde in besit geneem. En nee, ketterboekies het niks met enige godsdiens te make nie. Dit is “Checkersboekies” oftewel die advertensiepamflette wat by supermarkte se betaalpunte lê. André het ietwat van ’n obsessie met hulle. Ek kan op geen manier deur ’n skooldag kom sonder ’n goeie voorraad van dié boekies nie. André “lees” met oorgawe van die melk, die graankos, die olie en die suiker, tot die boekie voos is en hy dit self in die snippermandjie gooi met ’n “Ketterboekie klaar!”. Natuurlik moet ’n nuwe een dadelik beskikbaar wees. Nodeloos om te sê, as ek winkel toe gaan, neem ek ewe nonchalant ’n hopie ketterboekies by elke betaalpunt en maak of ek glad nie die fronse op die personeel se voorkoppe sien nie. Ketterboekies is nie al wat André laat

tiek nie. Musiek is sy ander groot liefde. En nie enige musiek nie. Die Loflaaities se musiek is vir hom verskriklik mooi. Lees jou Bybel, bid elke dag is ’n groot gunsteling. By “bid” word sy twee amper manshande met ’n groot plof saamgeklap. Dit het ’n rukkie geneem voor ek en my assistent die André-weergawe van die liedjies se name begin verstaan het. As André ’n liedjie wil sing, wil hy dit nóú sing. “DWA!” laat weet hy ons eendag. Hy wil DWA sing. Ons raai en raai. André word al hoe ongelukkiger en angstiger. Die trane loop naderhand. Skielik tref dit my: Die dwase man! “Ja-a-a!” roep André, en verlig sing ons: “Die dwase man bou sy huis op die sand, die dwase man bou sy huis op die sand!” André is in die sewende hemel. Die “oom” wat saam met die Loflaaities sing, is André se held. Ná ete elke dag wil hy “oom” luister. Die “Oom”-DVD het ’n kenwysie wat tussen al die liedjies speel: “Ons gaan hemel toe, ons gaan hemel toe; ry die loftrein saam met ons, ons gaan hemel toe.” André staan byna teen die skerm, verdiep in die liedjie. Ritmies maak hy sulke harde plof-klappe saam met die woorde. Ek kyk na my elfjarige peuter en ’n groot deernis neem van my besit. Ja, André, jy gaan hemel toe. Ek is so seker ons Vader sien die opregtheid van jou eenvoudige geloof, die vreugde wat jy in die woorde vind. Hy het jou lief net soos jy is … Ons Here Jesus het groot deernis en liefde vir mense met gestremdhede gehad toe Hy op aarde was. Hy het ook vir hulle kom sterf. Tog hang baie mense die persepsie aan dat veral mense met verstandelike gestremdhede eintlik maar ’n bietjie minder mens is as ander

mense – so asof die Here ’n fout begaan het. Dieselfde vraag wat die dissipels vir die Here Jesus oor die blindgebore man gevra het, weerklink nou nog in mense se gedagtes: “Wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is” – of, in André se geval, verstandelik gestremd? Tog antwoord die Here dat dit nie ’n fout of ’n soort straf is as iemand gestremd gebore word nie. Nee, deur die gestremde persoon word die werke van God self sigbaar vir ander mense. Wie weet, as dit my beurt is om die poorte van die hemelryk te nader, hoor ek dalk ’n bekende stem bulder: “MA-HIENAAAA!” Al kan ek nie sy ketterboekies saamneem nie.


PROMOSIE

Kry kennis en kundigheid met dié kursus

Foto’s: iStockphoto.com

P

otchefstroom Akademie bied ’n Hoër Sertifikaat in Ontwerp en Binneversiering vir die gemotiveerde individu wat belangstel in die uitdagings om nie net hul kennis te verbreed nie, maar dit ook as ’n moontlike beroepsgeleentheid te oorweeg. Dié NQF 5-korrespondensiekwalifikasie is ’n deeltydse kursus wat oor twee jaar strek en is deur die Raad op Hoër Onderwys geakkrediteer. Dit berei kursusgangers voor vir die kommersiële, residensiële en uitstalruimte-industrie. Die kursus is geskryf en ontwerp om omvattende opleiding oor die verskeie fasette van interieurontwerp en binneversiering te bied. Die uitkoms van die korrespondensiekursus is die suksesvolle integrasie van funksie en kreatiwiteit. Die kennis en kundigheid wat kursusgangers opdoen, gee hulle vleuels vir die

74

Uitgawe 2 van 2018 • www.solidariteit.co.za

sakewêreld en open deure na geleenthede. Studente word bewus gemaak van die moontlikhede om beide die “ou” en “nuwe” kostedoeltreffend, funksioneel en esteties aanvaarbaar te inkorporeer in ’n ruimte, en sodoende aan die kliënt se behoeftes te voldoen. Die module-inhoud is gestruktureerd om die studente toe te rus met kennis oor die geskiedkundige invloed en ontstaan van ontwerp en style, wat bydra tot die besluitneming van toepaslike materiaal en afwerkings. Die emosies wat ’n persoon in ’n bepaalde binneruimte ervaar, weerspieël die sukses van goeie besluitneming en probleemoplossing in ontwerp, hetsy kommersieel, residensieel of elders. Alle areas van interieurontwerp en binneversiering wat belangrik is vir die oorkoepelende aanbieding van ’n kor-

poratiewe, residensiële of uitstalruimte, word in die 20 modules behandel. Die deeglike teoretiese grondslag stel kursusgangers in staat om die beginsels en kennis tydens projekte toe te pas. Die modules en opdragte is spesifiek op die toepassing van kennis gerig. Gedurende die twee jaar van die kursus kry kursusgangers die geleentheid om omvattende werkbare skemas aan te leer en interaktief deel te neem tydens vier afsonderlike werksessies. Tydens die werksessies kry studente blootstelling aan verskeie verskaffers in die bedryf. Die kursus dien as grondslag in enige area van spesialisering. Indien jy ’n passie vir ontwerp het en jou grense wil verbreed, sal hierdie kursus jou lei na onbeperkte hoogtes en ’n suksesvolle beroep in interieurontwerp en binneversiering.




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.