SOLIDARITEIT
tydskrif
SOLIDARITY
magazine
Unieke antwoord vir unieke tyd
Uitgawe 2 van 2019 w ww . s ol id a r i te i t. co. za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X
9 771683 562000
NetWerk Sรณ staal Solidariteit sy lede om self toekoms te bou
Deel van die Solidariteit Beweging
02/2019
Nuuswaardig Groot oorlog vir goeie werk op pad
12
Solidariteit Beroepsgildes
13
Loopbaankompas
14
Is jy op pad universiteit toe?
16
Lyk die toekoms vir jou donker?
18
‘n Sorgvrye oudag
20
Kundiges wíl kragreus help
22
200 000 keer nee, Discovery Bank!
Solidariteit NetWerk jou wapentuig Word deel van unieke gemeenskap
k: Mass Standard Ban closed job cuts, branches
S
Nuuswaardig
10
200 000 KEE Veldtog versker
Só help ons jou die ideale rigting kies
ELLE DEUR ROCH
R NEE!
BRITS
gaan oor die bank “Die ontsteltenis ënte e Discovery-kli in Februarie ’n daaroor dat getrou’n aandeleskema olidariteit het uit teen Discovery uitgesluit word r,” het reuseveldtog van hul velkleu gestuur nadat bloot as gevolg mings moet Bank van stapel Sakeonderne het hy beplan Hermann gesê. Discovery gesê aan met die sy voortg in e hulle aandel g, weet: wanneer om 10% van die g van rasseuitsluitin swart kliënte implementerin n dra. nuwe bank aan met ’n gevolge daarva d het afgeskop stemme moet hulle die andiging van die te gee. Die vakbon Met die oorhan die Ben Schoem eellede die teuners reklamebord langs en talle person oranje het Solidariteit ee lede en onders n verhelder met snelweg waarm deologie strate van Sandto k is van die rasse-i eel van Sasol, Person bewus gemaa pette. ery besig is. T-hemde en s’n geleë is, waarmee Discov nd ’n naby Discovery het die vakbo het bewie se kantore Op 12 Maart se eie personeel, stemme asook Discovery , saam met die rs uitgeloer kantoorvenste memorandum gekant is kommerd by hul 000 mense wat gang is. van sowat 200 buite aan die die bank se entering van om te sien wat ’n lang personeel het teen die implem wit mense se Solidariteit se leskema wat by Discovery tot otor beoogde aande ery Bank se uitvoerenvragm tou van ’n aangegee uitsluit, aan Discov oorhandig. en die 200 sakke stoep gevorm Hore, se deure e de hoof, Barry voor Discovery rendie “nee”-stemm wat hulle reg Solidariteit het ery Bank se uitvoe sakke. In gepak het. Discov het uit die gebou 200 groot, wit oorhandig in d stemme van hoof, Barry Hore, waarna de duisen sluit, ’n was ar aanelke sak Hermann aange ik gekom en by publiek wat beswa Hermann dit duidel lede van die planne. Discovery se gemaak het dat geteken het teen Discovery se besluit woongebiede, geen manier bly in dieselfde word na op “Hierdie kliënte regverdig kan hulle kinders gaan rs, sekere moto dat lfde en hulle ry diese by Discovery nie, gekliënte nie meer toe. Maar as hulle ele nie.” dieselfde skole lyk as ander beskou dieselfde voord geniet hulle nie kan word op grond
“Eskom kan weer spoginstelling wees”
FOTO’S: MIA
Verseker só jy het genoeg geld vir aftrede
LIZE-MAR SLABBERT &
Bereken, beplan en bou beter toekoms
I LABUSCHAGNE
S
Dis nóú tyd om aansoek te doen
es uitsluit
kema wat witt
eles ery Bank-aand p teen Discov
WILM ARIE SNYM AN &
announced tandard Bank implementhat it would be cuts as it plans ting mass job its branches. to close 91 of 1 200 jobs least at said The bank more it seeks to go will be cut as s, Africa’s lender electronic. South the world, have like others around trimbranches and t been shutting ount in an attemp ers’ ming their headc adapt to custom and costs to cut nce to bank online has growing prefere phones. “This or on their mobile decision to make,” easy an been not by Africa’s largest the bank, South a statement, addingreassets, said in ent a “comp that it would impleme” that goes hensive exit packag . Job requirements beyond the legal South Africa, e in sensitiv are cuts at 27%, loyment stands nt where unemp Bank’s announceme and Standard to cut back of plans comes on the ber. nced in Novem 526 jobs, annou
kom,
rsHermann, bestuu Volgens Dr. Dirk urger iteit, moet ’n landsb hoof van Solidar vir die al is hy kwaad by kliënte belasting betaal, er dit egter kom nie die regering. Wanne ing, is dit glad ede is van ’n sakeondernem ontevr kliënt ’n er geval nie. Wanne hy dadelik sy geld. met ’n diens, onttrek de risiko as hulle nie dieself Discovery loop luister nie. na hul kliënte
“
nk? Wat is gedragsba
D
is die eerste iscovery Bank wat sy bank ter wêreld as hulle kliënte gaan beloon r. bestuu hul geld goed ery el as wat Discov begins de Dieself Rewards Vitality Active met Vitality en Dit sal word. as gebruik, sal toegep en sal as Vitality Money staan bekend “mense aanvolgens die groep belê en binne spaar, moedig om te vermoë te lewe”. gshulle finansiële banke se belonin Anders as ander edig mense aanmo programme wat , moedig Discoom meer te bestee baarheid aan. volhou very finansiële eers gesê hy gaan Discovery het rte ery-kredietkaa mense met Discov maak. Ander bank kliënte van die tot vier na berig word hul verbruikers sal wag voordat hulle maande moet platinum of swart hande op ‘n goue, bank kan lê. kaart van dié virtuele
22
www.solidariteit
22
Strawwe mededinging
van velkleur nie. en die tese toespraak ery Ná Hermann randum op Discov ken van die memo geen kommentaar Hore se stoep, het het nie, gelewer nie. gesê niks Hore “Die feit dat Solidariteit e dryfkrag vir verder as es dien hoogt te g nou na nuwe om die veldto nn gesê. neem,” het Herma 02 / 2019
OF NN, BESTUURSHO DR. DIRK HERMA SAKKE MET RITEIT, HET 200 VAN SOLIDA N, AAN EMME IN ELKEE 1 000 NEE-ST ERENDE BANK SE UITVO DISCOVERY ANDIG. OORH HORE, HOOF, BARRY
e wat is nie die enigst Discovery Bank ie- digitale nuwegeneras doen sy kleim in die nie. TymeBank bankwese afsteek danksy ‘n rie baie goed sedert Februa n Pay-winkiosks in Pick ooreenkoms om Zero van die voormaBank n, kels te plaas. dr. Michael Jordaa n FNB, van Intusse lige hoof r sy kuberdeure. open ook vanjaa die grootste nog koning as slaan kraai Capitec kliënte wat munt sies. bank met 9 miljoen vir basiese transak uit sy laer fooie
.co.za
Veldtog teen rasuitsluiting verskerp
Daar gaan ’n oorlog vir goeie werk kom. Die ammunisie vir daardie oorlog is kennis en die wapentuig is kennisinstellings. Solidariteit bou daarom op groot skaal aan kennisinstellings.
“
~ DR. DIRK HERMANN ~
Bedryfsnuus
18
24
Inligtingswet
26
Maatskaplike werkers
27
Sportkwotas
27
Geen kwotateikens vir Proteas
28
Beplan vir die onvoorsiene
29
Dolverlief op jou beroep?
Hoe dit bemarkers, verbruikers raak Wonderwerkers vir weerloses Vakbond veg voort
“Beste spelers moet sorg vir wen”
Tref voorsorg vir jou en jou gesin
Kies loopbaan wat jou hoendervleis gee
27
30
SAPD-bevorderings in vakbond-visier
30
Is jy ‘n kantoorkampioen?
31
Geregtigheid vir SAPD-lid
32
Veiligheid by skole
36
Hoe kies ek die regte loopbaan?
36
Werk vir wit jongmense
Kitsklim van rangleer is onregverdig Opwindende kompetisie vir staatmakers Lid wen saak ná lang stryd
Tragedie plaas kwessie in die kollig
Belangrike dinge om in ag te neem
Yes4Youth nou vir almal oopgestel
eurtkragNELE B EMOSIO
SIELKUN
onsekerheid , spanning,
Frustrasie
1
O.COM ISTOCKPHOT FOTO’S:
in Beweging 42
Sol-Tech
43
Ajani-suksesverhaal
44
AfriForum se #AnkerdorpPadskou
45
Skoleveiligheidsgids
46
Verbreking van armoede nodig
48
Die plan, die worsie, die hoop
& aggressie
3
Rekordgetal ontvang toekennings Uitnemendheid verseker blink toekoms Só kry studente sonder sukkel werk
Trots en hoop in jou dorp
Skole bemagtig vir noodsituasies
Veldtog om mense geldfiks te maak
Helpende Hand woeker in Wes-Kaap
2
Opleiding
4
www.
49
Solidariteit Navorsingsinstituut
50
SOS pak onderwysdepartement
52
Skenk lewe, word ‘n orgaanskenker
58
Kraal Uitgewers se boekeskatkis
62
Maroela Media
63
Leef doelgerig
69
Pretoria FM
Beurtkrag se sielkundige gevolge Besigheidstudies-uitslae wek kommer
Alles wat jy oor skenking moet weet
36
Dié boeke hoort op jou boekrak
Trek ‘n stoel nader en kuier saam! Wees gereed vir enige posisie
Nuwe satellietateljee by Loftus Park
MY WORK
“Eskom is die sigbaarste teken van die verval in die res van die land. Dit is egter net die punt van die ysberg wat bo die water uitsteek.”
Great plan the
to DOING Gkey REAT THING S BY WILMA RIE BRITS
W
~ FLIP BUYS ~
Iithout a plan, you’re simply hoping for the Set aside some best; time every Sunday and for all the the week ahead. good to determine By planning your what needs to that hope usually you have the get done in week before opport Monday mornin brings, it is not to rely on hope review what needs unity to reflect on the most g arrives, wise alone at work, important tasks. to be done and especially when you have to ensure that You can schedule time deadlines to meet. you are able for this in your to accomplish advance, you workweek The importance everyth can start Monda y feeling confide ing. When you plan your workplace is often of planning in the week in nt and ready overlooked and to take on the valued. Alexan week. der Maasik, researcunderfor Workdone, stresses the fact her when you plan that and organise your work activities, set routines and prioritise your daily tasks, you 10% of South will Africa’s 410 000 obstacles easier, be able to overcome teachers are absent improve your efficiency and increase each day. your productivity. Journalist Kimber lee Leonard writes that when you continuously plan Before you can your week ahead, you will effectively plan create a perfect for the coming week, balance between work it and your life, which flect on the previou is helpful to rereduce your stress will s week. Review levels. The secret the work you Make a list of being good at of did and determ all your job is not the ine which remain working your tasks you need fingers to the ing tasks you bone, but to have to still need to complete, complete and a welldevised plan. then prioritise Here are a few to your new to-do add them useful tips on them by ranking how to plan your list everything week. for the week ahead. in order of import If there are any ance. lingering items The best way on your to-do to do this is list, ask yourse to determine lf if they’re still which tasks important, and have upcoming eliminate tasks deadlines. that no longer If you have tasks matter. that don’t have set deadlin es, you’ll need to assign due dates to them. Always remember that your deadlines should be manageable; this means you must be realisti c when you set a due date for your tasks.
Use your lazy
Sunday afternoon
1
wisely
Did you know?
08
SpreekBuys – Flip Buys
54
My rights
56
Volkleur – Chris Chameleon
60
Solidarity Benefits
64
My geld
65
My gesin
PHOTOGRAPHS:
ISTOCKPHOTO.COM
Gereeld Watter bevoorregting?
Serving & protecting our members
Beplan betyds vir aftrede
Berei só voor as pienkvoet op pad is
Reflect on the
2
“
Eskom en Suid-Afrika se afbreek en opbou Religious convictions and the workplace
Prioritise your work
02 / 2019
66
My work
68
Webwys
70
Histories gesproke
72
in Retrospek
73
Solidariteit-kantore
66
www.solidariteit.
Bondgenote en dwarstrekkers
Iemand by die hek
Ons is landwyd tot jou diens!
3
A goal without a plan is just a wish .
co.za
Great plan key to doing great things Skep orde met slimfoon-apps
week
“
{
EK
GEN WELTHA
Verkeer
Veiligheid
teit Produktiwi
Akademia
LIEN DEU R NICO
tkragsituasie ke ag. Elke beur tiewe ning is kritie hanteer, verla asie wat die nega ragvoorsie die e frustr in beheer uur en vorm van die vorig skep nuwe . infrastrukt dat hulle nie en frustrasies en dit takel die ekonomie nie en hulle Mense voel gevoelens anning is vererger, ruggraat van itslehul eie bepl at hulle moet sukkel tkragsessies heid, of die r elektrisite van beur saam mee raag Hoe d omd en verd g. Hulle en koni en verbeter, is geïrriteer toleransie take te verri treffende wering groe ge doel die i de oudi om men groe anismes te om eenv vermoë eringsmeg van die byko tig hoe vinniger eens tiewe hant as gevolg daaraan angs weer kan rte struk en oog ig teko Dit verh panieker , terwyl hulle ng in die stres selfs ekonomie gebruik, af. . vooruitga se besef dat e it is neer men se groei en en aggressie nstorting van elektrisite andighed voel. Wan ekonomie frustrasie totale inee se en laat lewering van nou, sowel hul eie omst gevoelens Vrees vir ‘n men beheer oor wiele ry. Die dit -Afrika hul erk ontstel word, skep lik om Suid spoedig te maak. dink. vloed dit ondermyn noodsaak die kragnetw voel en irrasioneel oms, voor sheid en beïn tand. te tig rking op die wels van hulpeloo as in die toek m in 2008 die eers hulle angs tiewe uitwe oms en ne e gevoel van mmerd Nadat Esko use beurtkragplan het ’n nega subjektiew Dit e toek beko is goei s ensie g van ’n hierin te Suid-Afrikaner se toekoms van die keer sy kont het, het krisis op krisis verwagtin Om vertroue . tskap omie dig id halte maa ekon kerhe se en oor die aangekon lewensge ook stres, rsaak onse meeste men is nie ten volle id. Die en dit veroo or, veroorsaak rasie. tighe land gevolg. Die verlo ings angs en stres en frust ondernem onen gevolglik is kan mense se toleed vir krag ik pye of sake onsekerheid te op en gere oonl elektrisiteitkris rigting en probleme voorbereid word gew ontw gs nie. Ons beurtkrag ransie om derbrekin p wanneer Sommige onkant betra dig word. s aangekon doen onverwag rnemings ngs en onde tkrag minder inntwrigting eerso huishoudi Verk beur pe om nie die onderr almal het sekere stap tydens krag verdere maak, maa ekker, ’n sekuriteitstelgrypend te ’n kragopw brekings is rasie en Die meeste ragvermoë om rnemings r, of ’n sonk finansiële bron van frust ebruisels by onde it afhankkrag te stoo batterye om aan te skaf nie. stres by padg spitsvervan elektrisite matiese op elsel one en huise is beurtkrag energiest s en outo kers. Gew rking van s ‘n kopBatterye, alarm deure wat nie werk rieflik tot reed lik. Die uitwe is onge keer rhuis kan wissel van se ersligte hekke of moto heidsrisiko wat deur dodelik. Dit k dat men mense kan seer en verke veilig srend en selfs nie veroorsaa . . Dit vernie, skep ’n ernstig steu ondernemings ’n dood wat nie werk op die pad deurbring buit kan word lf tyd kriminele uitgeby mense, wat hulse veral vir klein nóg meer . hieroor oorsaak vrees onlik kan beskerm nie. vonnis wees nog nie veel gewo daar le wel nie soos Hoe die emosione op nie, moet voorsiening die beurtkrag geskryf is raak van rbrekings ge effek Die gebruik van Kragonde en sielkundi word nie. e asook die om nie onderskat sionele rbindings, van lig in klass mense nie it is ’n emo , hoe en internetve in die aand wat elektrisite tkrag duur projektors etye verlies aan huis wat t van studi langer beur is, kos by die meer eers te praa nie. Tyd wat gemors Benewens kwessie. Hoe dit gebeur en hoe ings rsaak onderbrek eld r intensief ontwrig word haal word. Dit veroo weens krag meer gere is, hoe mee van. omiese elbaar dit . t later inge daar e rf, kom ekon stres moe rking plekk bede en onvoorsp s van druk sektore in baie werk sionele uitwe dinge gevoelen iteit in alle aktiwiteite is die emo die praktiese rasie by . Produktiw Wat is van tot stilstand. beïnvloed en ingeperk g en frust ontwrigtin nadelig en hoe raak ak word wat groot orsa rs vero / 2019 Suid-Afrikane sioneel? 49 02 o.za emo solidariteit.c dit mense
K
40
DIGE EFF
Redakteursbrief
Jou werk S
edert 1902 glo Solidariteit in werk en om mekaar te help. 117 jaar later is dit steeds Solidariteit se hartsbegeerte om mense te help om ’n goeie werk te bekom en te behou. Ons uitdagings word egter groter, en dus moet ons planne nóg groter word. Solidariteit spits hom toe op werkgeleenthede – en watter edele werk is dit nie! Werk bepaal identiteit; dit gee betekenis en waarde. Volgens Jim Clifton, voorsitter van Gallup, is ’n goeie werk die grootste behoefte van mense reg oor die wêreld. Twintig jaar gelede het ons al gesien die beroepswêreld en die politiek gaan radikaal verander. Ons het toe al begin bou aan ’n groter Solidariteit-netwerk-van-werk. Ons wil op elke vlak en in elke stadium van ons lede se werk betrokke wees. Die Solidariteit NetWerk is een van die grootste oplossings waaraan Solidariteit tans aandag gee. Lees gerus meer in dr. Dirk Hermann se artikel op bladsy 10. Solidariteit glo ook dat jy goed moet beplan vir die toekoms, al is jy bekommerd. Daarom fokus ons in hierdie uitgawe op beplanning in alle fasette van jou lewe. Lees gerus saam met ons om te meet of jou beplanning vir die toekoms op die regte pad is. Ons by Solidariteit verstaan dat jy vir ’n klomp goed kan beplan, maar dat daar soms ook dinge is waarvoor jy nie beplan het nie of wat buite jou beheer is. Dit is waarom ons met net soveel ywer sake soos genl.maj. Fick van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) s’n aanpak. Hierdie saak het ’n
IS ONS HARTSAAK
baie positiewe uitkoms gehad en het bewys dat geregtigheid altyd sal seëvier. Ná ’n geveg van byna ’n jaar teen haar onregmatige afdanking in haar pos by die SAPD, mag sy terugkeer en word sy terugwerkend vergoed. Ons kan ook noem dat Solidariteit se veldtog teen Discovery se nuwe bank verskerp gaan word, weens die uitvoerende hoof van die bank, Barry Hore, se versuim om te reageer op duisende stemme teen die uitsluiting van sekere rassegroepe by die geniet van voordele by die groep se nuwe bank. Dus is beplanning belangrik, maar ons staan ook reg om te reageer wanneer ons lede dit nodig het. Ek het nou die dag ‘n stuk raakgelees wat bevestig het ons pak hierdie dinge nie alleen aan nie, maar saam met God. Dit verskyn in die boek 10-minuut-oordenkings: Psalms deur Struik Christian Media:
“Maar U sien die moeilikheid en leed wat hulle veroorsaak, ja, U, U sien dit raak en tree teen hulle op... Here, U hoor die smeking van die hulpeloses... U spreek reg oor wese en verdruktes sodat mense hulle nie meer verskrik nie. ~ Psalm 10:14, 17–18. “Wil dit nie voorkom asof die slegte ouens dikwels ’n maklike lewe het en met wetteloosheid wegkom terwyl die goeie ouens dikwels sukkel om net te oorleef en deur die lewe te kom nie? Partykeer lyk dit asof dit ons nie baat om goed te wees en te doen terwyl boosheid floreer en die regverdiges gebuk gaan onder swaarkry en teenspoed nie. Dawid het ook hierdie 02 / 2019
6
www.solidariteit.co.za
frustrasie verstaan. Hoewel hy as tiener as koning gesalf is, was hy die grootste gedeelte van sy twintigerjare op vlug en besig om weg te kruip vir die goddelose en bose koning Saul. “Dawid het dikwels, te midde van sy beproewings, sy gebede vasberade begin met lofprysing en erkenning aan die Here. Wanneer die slegte ouens wen, het hy na God gedraai. Hy het tyd geneem om na te dink oor God se onmeetlikheid en wonderbaarlikheid. Vir Dawid was gedagtenis aan God se getrouheid in die verlede van groot belang, omdat herinnerings aan een genadedaad dikwels lei tot herinnerings aan vele ander. “Op dié manier kon Dawid troos vind in en sy vertroue plaas op die versekering van God se toekomstige geregtigheid. Hy het vrylik beweeg van ’n uitroep van verdrukking na ’n lied van lojaliteit, selfs in die moeilikste tye, wanneer God ver en stil voorgekom het. Dit kan moeilik wees om te staan en kyk hoe die goddeloses van hierdie wêreld floreer terwyl dit lyk asof geregtigheid van goeie en standvastige mense ontneem word. Vind troos in die belofte dat God in sy heilige tempel is en op sy hemelse troon sit. Niks in die wêreld kan ooit sy wakende oog ontglip nie.”
Cilleste CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR
Solidariteit-hoofkantoor | Head Office H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za Redakteur | Editor Cilleste van Dyk Webredakteur | Online Editor Lindie de Beer Advertensies | Advertisements Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za
Geregtigheid seëvier eindelik vir SAPD-lid
Gespreksgenote “Dit is baie goeie nuus; dit gee my hoop. Ek wonder wat het van die ander twee lede geword wat saam haar geviktimiseer en geboelie is.” ~ Wanda Barker
Baanbrekerswerk
FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE & ISTOCKPHOTO.COM
“Baie geluk, Solidariteit, julle doen baanbrekerswerk. Dit is interessant dat Fick nou eers vergoed word, terwyl ander mense mét betaling afgedank word.” ~ Francois Scheepers
Korruptes oorgesien
“Dis skokkend hoe korrupte lede ‘vergoed’ en oorgesien word vir ernstige oortredings, maar mense wat eerlik is, word gestraf en verloor selfs hul werk. Dit geld veral in ons staatsdiens.” ~ Pauline van der Merwe Hattingh
Veldtogte
Intekenare | Subscriptions Heleen Nortjé Rekeninge | Accounts Jaco Bisschoff & Azelle Coetzee
Talle polisielede het in Maart by ’n mediakonferensie in Bellville hulle steun aan genl.maj. Renee Fick getoon toe Solidariteit aangekondig het dat sy, ná ’n geveg van byna ’n jaar teen haar onregmatige afdanking by die Suid-Afrikaanse Polisiediens, mag terugkeer na haar pos en terugwerkend vergoed moet word. Só het Solidariteit se Facebook-vriende gereageer: Dit gee my hoop
Advertensie-ontwerp | Advertisement design Martie Maree
Afrikanertrots
“Absoluut fantasties, Solidariteit. Geregtigheid het geseëvier. Ons Afrikaners is baie trots op julle – doen so voort.” ~ Godfried Strumpher
Dra my keps met trots
Medewerkers | Contributors Wilmarie Brits, Phillip Bruwer, Flip Buys, Chris Chameleon, Reint Dykema, Sarina Frauenstein, dr. Dirk Hermann, Inge Janse van Rensburg, Mariesa Jansen van Rensburg, Reon Janse van Rensburg, Elaine Krige, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, adv. Paul Mardon, Martie Maree, Paul Maritz, Connie Mulder, Ilze Nieuwoudt, Hannes Noëth, Appie Pienaar, Morné Prinsloo, Brigitte Raath, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Mia Slabbert, Rochelle Snyman, Cilleste van Dyk, Suné van Heerden, Rozier van Tonder, Zydelia Venter en Nicolien Welthagen. Uitleg, ontwerp & redigering | Layout, design & editing
“Dis my suster. Het nooit gaan lê nie. Was nog nooit so trots om my oranje keps te dra nie.” ~ Braam van Dyk
Waarom jy moet aansluit
“Hierdie is ‘n uitstekende voorbeeld waarom jy moet aansluit en Solidariteit ondersteun.” ~ Maureen Louw
Vreedsame oplossings
“Baie dankie dat julle staan vir geregtigheid en vreedsame oplossings vir almal in ons land.” ~ Kriek Olivier
VOEG JOU STEM BY DIE STRYD! BESOEK WWW.SOLIDARITEIT.CO.ZA
200 000 “nee”-stemme teen Discovery Bank se uitsluiting van wittes uit aandeleskema.
Vakbond veg voort teen verpolitisering van sport. Maatstaf moet meriete wees.
BLADSY 22
BLADSY 27 www.solidariteit.co.za
7
02 / 2019
www.aksentmedia.co.za Drukwerk | Printing Paarl Media Gauteng Verspreiding | Distribution Prosort
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie (ABC) en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir aansprake deur adverteerders nie.
SpreekBuys
Eskom en Suid-Afrika
DIE AFBREEK
02 / 2019
8
OPBOU
www.solidariteit.co.za
DEUR FLIP BUYS
D
it voel of my hart wil breek oor Eskom. Daar is ’n paar redes hiervoor. Op ’n persoonlike vlak was Eskom my eerste werk ná my studies. My loopbaan het op die Matimba-kragstasie by Ellisras begin. My aardse besittings het alles in my beskeie studentekarretjie se bagasiebak ingepas toe ek daar aankom. Eskom het my lewe verander. Ek het nou ’n regte werk en ’n inkomste gehad, en die beste van alles – ’n Eskom-huis! Dit was destyds ’n topmaatskappy en ek het baie by my kollegas geleer.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Afskeid
Namate die land en Eskom die groot historiese stroomversnellings van die vroeë negentigs ingegaan het, het ek en my vrou met ’n swaar hart van Eskom afskeid geneem. Ek was maar taamlik skepties oor al die mooi beloftes en bedoelings van die politici. My indruk was dat die ANC ’n wolf in skaapsklere was, en eers hul ware kleure sou wys nadat hulle stewig in die regerende saal is. Daarom het ek my gewig by die vakbond ingegooi, met nie veel meer as ’n droom om dit uit te bou tot ’n nuwe helpmekaarbeweging nie. Die tweede rede hoekom die Eskom-krisis my só swaar tref, is omdat dit die land en sy mense so hard tref. Honderdduisende goeie mense het hulle werk, inkomste en hoop verloor as gevolg van die ekonomiese krisis wat deur Eskom veroorsaak is. Die Zimbabwespook het begin loop, duisende mense uit die land laat stroom en gesinne en families verskeur. Maar daar is ’n derde rede hoekom die Eskom-krisis my so hard tref. Dit is die besef dat Eskom net die sigbaarste teken van die verval in die res van die land is. Dit is net die punt van die ysberg wat bo die water uitsteek. Onder
“
Eskom is die sigbaarste teken van die verval in die res van die land. Dit is die punt van die ysberg wat bo die water uitsteek. Onder die waterlyn lê die res van die ANC-toegediende krisisse. Dit is die talle vervalle dorpe, staatshospitale, skole, polisiekantore, staatsdepartemente en die verterende korrupsie wat aan die bloeiende liggaam van die land vreet.” die waterlyn lê die res van dieselfde ANC-toegediende krisisse; minder sigbaar, maar net so ernstig. Dit is die talle vervalle dorpe, staatshospitale, skole, polisiekantore, staatsdepartemente en die verterende korrupsie wat aan die bloeiende liggaam van die land vreet.
Opbou
Die oordosis slegte nuus maak baie mense só moedeloos dat hulle hoop verloor en eerder landuit wil gaan. Gelukkig is alles nie slegte nuus nie. Vir elke stukkie staat wat verval, is daar iets wat opgebou word: • Vir elke hospitaal wat verval het, is daar ’n wêreldklas- privaat hospitaal opgebou; • Vir elke polisiekantoor wat verval, is daar ’n werkende sekuriteits maatskappy; • Vir elke staatsmaatskappy soos die Poskantoor wat verval het, het daar ’n privaat maatskappy ontstaan wat daardie diens lewer en mense werk gee; • Vir elke staatsbiblioteek wat verval, het nuwe tegnologie dit vir mense moontlik gemaak om toegang tot digitale inligting te kry; • Vir elke dorp wat verval, ontstaan daar ’n werkende “privaat dorp” in al die stede; • Vir elke skool wat verval, word ’n presterende privaat skool opgerig. Boonop maak duisende sakeondernemings en gewone mense hulself meer staatsbestand deur hulle eie kragopwekkers of sonkragstelsels aan te skaf. www.solidariteit.co.za
9
02 / 2019
Toekoms
Die Solidariteit Beweging is deel van die opbouproses. Dis hoekom ons ’n opboubeweging is, wat bou aan ons gemeenskap se werk, veiligheid, onderwys, opleiding, media en dorpe. Die groot uitdaging waaraan ons ook werk, is om hierdie dienste bekostigbaar te hou, en om met ’n valkoog te kyk dat die regering nie ons swaarverdiende belastinggeld verder uitmors nie. Net soos Eskom die simbool van verval is, is Sol-Tech en ons talle ander projekte vir my die simbole van die opbouproses waarmee ons besig is. Ons moet nie toelaat dat die Eskoms van die wêreld ons moedeloos maak nie. Kom ons bou ons toekoms. ’n Toekoms is nie iets waarheen jy gaan nie, maar iets waaraan jy werk. Dis nie soos ’n pad waarop jy net kan ry nie, maar waaraan jy bou. Laat ons uitstyg bo die negatiwiteit en pessimisme van die dag, en met ’n positiewe gesindheid help met die heropbou. Soos prof. David Landes, bekende ekonomiese historikus van Harvard, gesê het: “In this world, the optimists have it, not because they are always right, but because they are positive. Even when wrong, they are positive, and that is the way of achievement, correction, improvement, and success. Educated, eyes-open optimism pays; pessimism can only offer the empty consolation of being right.” Dit is ons plig en ons voorreg om vir ons kinders ’n beter toekoms te los as wat ons gekry het. • Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Nuuswaardig
Solidariteit NetWerk bied unieke antwoord vir unieke tyd
GROOT OORLOG VIR GOEIE WERK
S FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
olidariteit is in 1902 gebore en sedertdien is dit ons werk om seker te maak dat ons lede gelukkig kan werk. 1902 was die tydperk net ná die Anglo-Boereoorlog. Baie jong seuns moes ná die oorlog van die plase na die myne verskuif. Die naoorlogse depressie het ook tot gevolg gehad dat die ekonomie onder druk
DEUR DR. DIRK HERMANN
missie is nog presies dieselfde. Ons werk is om seker te maak dat mense ’n goeie werk het. Hoewel Solidariteit se missie dieselfde is, is die uitdagings uniek. Ons antwoord moet dus weer uniek wees.
Drie groot uitdagings
Daar is drie groot uitdagings waarmee Solidariteit gekonfronteer word. Die eerste is die veranderende struktuur van die arbeidsmark. Die inligtingsrewolu“Daar gaan ‘n oorlog vir goeie werk kom. Die sie het tot gevolg ammunisie vir daardie oorlog is kennis en die dat kennis radikaal meer word, groot wapentuig is kennisinstellings. Solidariteit bou maatskappye in daarom op groot skaal aan kennisinstellings.” kleiner maatskappye opbreek, mense van werk verander en dat maatskappye op was en myntering het veroorsaak dat die hul kernbesigheid fokus. Inkontraktelewensverwagting van jong mynwerkers ring raak ’n reël, lewenslange leer raak slegs 37 jaar was. Uit hierdie omstan’n noodsaaklikheid en werkonsekerheid dighede is ons vakbond gebore. Die raak deel van ’n werknemer se bestaan. vakbond was ’n unieke antwoord op die Die tweede uitdaging is ’n verswakuitdaging van werk in ’n unieke tyd. kende staat. Om werk te beskerm in Dit is nou 2019 en Solidariteit se 02 / 2019
10
www.solidariteit.co.za
’n werkende staat is eenvoudiger. Die basiese infrastruktuur vir ’n werkende ekonomie word verskaf; daar is ekonomiese groei, openbare universiteite, tegniese kolleges en skole, terwyl veiligheids- en gesondheidsdienste ook bestaan. Indien die staat – soos in Suid-Afrika se geval – egter verswak, bring dit nuwe uitdagings vir ’n vakbond soos Solidariteit mee. Die derde uitdaging is ’n onvriendelike staat. Die staat se rasse-ideologie, dubbele standaarde wat rassisme betref, vyandigheid teenoor minderhede en aanvalle op Afrikaanse skole en universiteite het alles tot gevolg dat ons lede onder druk is en vervreemd voel in hul eie land. Te midde van dié unieke uitdagings moet Solidariteit ’n unieke antwoord bied. Solidariteit moet werksekerheid in ’n veranderde arbeidsmark bied, moet as gemeenskapsinstelling staatsdienste lewer, moet opstaan teen rasseboelies en moet geborgenheid aan sy lede bied.
’n Tradisionele vakbondstruktuur is nie meer voldoende nie. Solidariteit het iets veel groter gevestig – ’n netwerk van werk wat ons die Solidariteit NetWerk noem.
Jongmens-wees tot aftrede
Volgens Jim Clifton, voorsitter van die meningsopnamemaatskappy Gallup, is mense se grootste behoefte ’n goeie werk en gaan daar ’n oorlog vir goeie werk kom. Die ammunisie vir daardie oorlog is kennis en die wapentuig is kennisinstellings. Solidariteit bou daarom op groot skaal aan kennisinstellings om sy lede in staat te stel om doeltreffend deel te neem aan die groot oorlog vir goeie werk. Die Solidariteit NetWerk pak die uitdagings van die nuwe arbeidsmark aan, bou nuwe instellings waar die staat verswak, en waar Afrikaans uitgeboelie word, bou ons ’n nuwe universiteit. Ons pak die
regering se rasse-ideologie, staan op vir regte en beskerm werk deur goeie arbeidsverhoudinge te bou en te handhaaf. Dié NetWerk bestaan onder meer uit: • Solidariteit Arbeidsverhoudinge wat lede in die werkplek beskerm; • Solidariteit Regsdienste wat jaarliks honderde sake namens lede aanpak; • Solidariteit Jeug wat ons jongmense vir die arbeidsmark voorberei; • Solidariteit Beroepsgildes wat mense volgens hul beroepe organiseer en wat netwerk- en ondersteuningsgeleenthede aan hulle bied; • Akademia, ’n wêreldklas- privaat universiteit wat tersiêre opleiding in Afrikaans aanbied; • Sol-Tech, een van Suid-Afrika se voorste beroepskolleges, wat ambagslui van wêreldgehalte vir Suid-Afrika oplei;
• S-Leer wat voortgesette opleiding aanbied wat lede help om te groei en relevant te bly in hul werk; • Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum wat die afgelope jaar bykans R40 miljoen in die vorm van studiehulp uitbetaal het; • Die Skoleondersteuningsentrum wat die opdrag het om te verseker dat wêreldgehalte- Afrikaanse onderwys, hetsy by openbare of privaat skole, voortbestaan en uitgebou word; en • Solidariteit Finansiële Dienste wat werkverwante produkte, soos mediesefondsdekking, finansiële advies en aftreevoorsiening ontwikkel. Die omvattende Solidariteit NetWerk stap die volle loopbaanpad, van jongmens-wees tot aftrede, saam met Solidariteit-lede. Die Solidariteit NetWerk is ’n unieke antwoord vir ’n unieke tyd.
Nuuswaardig
Beroepsgildes WORD DEEL VAN UNIEKE GEMEENSKAP
S
olidariteit Beroepsgildes is ’n helpmekaargemeenskap vir Afrikaanse professionele beroepslui wat ten doel het om ’n daadwerklike verskil te maak deur mense van ’n betrokke beroep as gemeenskap saam te snoer. Gemeenskaplike waardes gee aan elke gildelid iets om in te glo, asook ’n platform om terug te ploeg en kennis te deel deur netwerkgeleenthede, werkskepping of mentorskapprogramme.
Maatskaplike werkers
Die Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers is die jongste beroepsgilde wat Solidariteit bekend gestel het. Dié gilde spits hom daarop toe om as waghond vir die beroep op te tree en te verseker dat die profiel van maatskaplike werkers gelig word.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Verpleegkunde
Dié gilde is jou vennoot deur al die stadiums van jou loopbaan, hetsy jy studeer, praktiseer of regmaak vir aftrede. Die gilde is ook daar om jou met kennis toe te rus om jou daaglikse take professioneel en eties te kan aanpak. Ons tree ook op namens die professie deur verhoudings te bou met ander instansies wat ’n invloed op die beroep kan uitoefen.
DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE
Lugvaart
Die Solidariteit Beroepsgilde vir Lugvaart het ten doel om alle beroepe binne die lugvaartbedryf te beskerm en te bevorder. Dié gilde poog om die beroep te beskerm, om jongmense ’n kans op ’n loopbaan binne lugvaart te gee, asook om brandpunte in die bedryf aan te pak.
Kommunikasiepraktisyns
Persone wat kommunikasieverwante take verrig se behoefte om te netwerk, kennis te deel en by deskundiges te leer, word al hoe groter. Die Beroepsgilde vir Kommunikasiepraktisyns is jou vennoot, ongeag of jy in die kommunikasiebedryf werksaam is of net jouself wil bemagtig om jou kennis en vaardighede op te skerp.
Kantoorpraktisyns
Die Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns is jou vennoot op jou pad na meesterskap binne die kantoor- en administratiewe omgewing. Kantoorpraktisyns voel soms nie na waarde geag nie, maar speel ‘n kritieke rol in die bestuur van enige organisasie. Word deel van ‘n beroepsgemeenskap waar jy verstaan word, jy jou kennis kan deel, en jy jou volle potensiaal as spesialis binne die beroep kan bereik.
Onderwysers
Onderwysers lê die grondslag waarop
02 / 2019
12
www.solidariteit.co.za
volgende generasies voortbou en daarom poog die Gilde vir Onderwysers om as waghond vir lede op te tree, om die beroep te beskerm, om jongmense ‘n kans op ‘n loopbaan te gee, asook om brandpunte te hanteer.
Gesondheidspraktisyns
Die Solidariteit Gilde vir Gesondheidspraktisyns is ’n tuiste wat fokus op gesondheidsberoepe waar jy in jou besondere dissipline tuis kan voel, saam kan werk en saam kan leer. Die gilde het “die skepping van ’n veilige omgewing waar gesondheidspraktisyns volhoubaar gesondheidsorg in terme van ’n billike befondsingsisteem kan lewer” ten doel.
Arbeidsverhoudinge
Werkplekke is toenemend onder druk met nuwe kwessies en dispute wat daagliks opduik. Arbeidsverhoudingspesialiste moet op die hoogte bly van wetswysigings, hofuitsprake, die bestuur van verhoudings tussen werknemers, vakbonde met uiteenlopende benaderings, die mensehulpbronfunksie en bestuur, en dit alles onder stresvolle omstandighede. Hierdie is slegs die begin van nog vele beroepsgildes wat Solidariteit beplan. Indien jou beroep nog nie ’n gilde het nie, moet jy ons platforms dophou vir opwindende aankondigings.
Blitsnuus Rybewys-agterstand
B
lade Nzimande, minister van vervoer, het gesê sy departement werk oortyd om die agterstand van byna 200 000 rybewyskaarte uit te wis. Die vertraging is glo veroorsaak deur ‘n stelselopgradering en ‘n arbeidsgeskil met die werknemers wat die kaarte vervaardig. Daar was ‘n agterstand van 250 000 kaarte in Januarie wat in Februarie ingehaal is. In Maart was daar ‘n agterstand van 194 000 kaarte. Hierdie agterstand sal in April aangepak word.
HPCSA-korrupsie
SÓ HELP SOLIDARITEIT MET LOOPBAANKOMPAS
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
E
DEUR MARISA ENGELBRECHT
en van die moeilikste besluite wat jongmense moet neem, is watter beroep hulle eendag wil volg. Wat wil jy met jou lewe doen? Gaan jy vir jou gesin kan sorg met die loopbaankeuse wat jy maak? Hoe weet jy dat dit wat jy wil doen, regtig by jou gaan pas en jou nie mettertyd sal verveel nie? Solidariteit besef die geweldige impak van hierdie besluit op jou lewe. Skoliere wil sorg dat hulle die regte studierigting kies om nie hulle tyd of geld te mors nie, studente wil weet hulle leer vir die regte beroep, en werkende jongmense wil seker wees dat hul loopbaan presies is wat hulle in gedagte gehad het. So, waar kan jy begin in jou soeke na antwoorde op hierdie vrae? Maak vas jou sitplekgordel en durf die pad na ’n suksesvolle loopbaan aan saam met Solidariteit. Solidariteit is besig om vir sy lede en hul kinders ’n loopbaankompas te ontwikkel. Fase 1 van hierdie kompas is ’n belangstellingsbepaler. Fase 2 is ’n
toets vir emosionele intelligensie en fase 3 behels psigometriese toetse en konsultasies teen ’n uiters bekostigbare prys. Fase 1 is tans in die finale verifikasieproses en sal teen Mei vir lede gereed wees vir gebruik. Die doel van die belangstellingsbepaler is om jou met inligting oor jou ideale voorkeurloopbaan te bemagtig. Die bepaler is deur gekwalifiseerde bedryfsielkundiges opgestel. Nadat jy die vrae oor jou belangstellings voltooi het, kry jy ’n persoonlike verslag gratis per e-pos. Op grond van jou belangstellings stel ons ’n paar beroepsopsies voor vir oorweging, met toepaslike inligting waar beskikbaar. ’n Opsomming van elke beroep word verskaf, en dan moedig ons jou aan om verder na te lees en met iemand te gesels wat in die betrokke beroep werksaam is. • Hou Solidariteit se elektroniese platforms dop vir meer inligting en die bekendstellingsdatum. Laat weet ons wat jy dink deur ’n e-pos te stuur na loopbaan@solidariteit.co.za. Lees ook die artikel op bladsy 36. www.solidariteit.co.za
13
02 / 2019
S
olidariteit se Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns het die beweerde korrupsie in die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCSA), wat daartoe kon lei dat ongekwalifiseerde dokters en verpleegsters onregmatig akkreditasie kon verkry, veroordeel. Die gilde sê dat onsekerheid rondom kwalifikasies sal voortduur totdat daar in die rigting van privaat mediese opleiding en akkreditasie beweeg word. Die gilde het die ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid verwelkom.
Krisis met krag
E
skom Holdings, wat bykans al die krag in die land lewer, sal oor die volgende dekade meer as ‘n kwart van sy huidige opwekkingsvermoë verloor wanneer verouderde steenkoolkragstasies gesluit word. Volgens die regering se eie ramings sal dit jare duur en meer as R1 000 miljard kos om daardie kragopwekkingsvermoë te vervang en bykomende kapasiteit te skep om in die stygende vraag na elektrisiteit te voorsien. • Lees ook die artikels op bladsy 20 en 49.
Nuuswaardig
Is jy op pad universiteit toe?
DIS NÓÚ TYD VIR AANSOEK DOEN
I
s jy vanjaar ’n blinkoogmatrikulant, koning of koningin van die skoolgrond, met die status van iemand wat die eer van matriek-wees verdien het? Glo dit as jy wil, maar dis nou reeds tyd dat jy gereed maak vir die volgende groot stap in jou lewensreis, naamlik wat jy ná skool gaan doen. Dit word algemeen aanvaar dat mense wat meer opleiding ontvang, ’n hoër inkomste sal verdien. Wat beteken dit? Mense wat ná skool eers verder gaan leer hoe om iets te doen, kan later in hul lewens ’n hoër lewenstandaard handhaaf. Vir jou as matrikulant beteken dit jy moet opskud, dit is tyd om aan die werk te spring en voor te berei vir jou universiteitstudies! Hoe presies doen jy dit?
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Waarheen is jy op pad?
Miskien weet jy reeds van kindsbeen af watter beroep jy graag eendag wil volg. Jy wou dalk nog altyd ’n kardioloog wees wat mense se harte regmaak, of ’n ingenieur wat brûe bou, of ’n onderwyser wat die volgende generasie oplei. As jy egter nog nie seker is waarheen jy op pad is nie, moet jy oorweeg om aanlegtoetse by ’n opvoedkundige sielkundige af te lê, of lees ’n boek oor roeping en loopbaan, of oorweeg ’n oorbruggingsjaar om blootstelling aan verskeie velde te kry.
DEUR PAUL MARITZ
Doen behoorlik navorsing
Sodra jy weet wat jy eendag met jou lewe wil doen, moet jy bepaal hoe om daar uit te kom. As jy ’n spesialischirurg wil word, moet jy eers ’n mediese graadkwalifikasie verwerf. Daarvoor het jy natuurlik sekere punte nodig en moet jy reeds teen einde Mei jou aansoek ingestuur het. As jy eendag ’n advokaat wil wees, gaan jy ’n LLB-graad nodig hê en ’n BEd-graad vir onderwys – die punt is dat daar ’n eerste stap is wat jy moet doen om jou roeping uit te leef, en dit is meestal ’n naskoolse kwalifikasie. Soek op die internet, vra vrae. Jy moet ook bepaal waar jy die nodige kwalifikasie kan bekom. Hou Solidariteit Jeug se webtuiste (www.jeug.solidariteit.co.za), Facebookblad en Instagram dop vir ons loopbaneen aansoekplakkate wat binnekort sal verskyn.
Kry jou dokumente in orde
Die meeste universiteite sal jou graad 11-rapport en ’n afskrif van jou ID-dokument benodig, en dalk ook jou ouers se dokumente. Jou ouers se bankstate mag moontlik ook nodig wees. Sekere studierigtings vereis ook mediese klaring, wat jy by jou huisdokter sal kan kry. 02 / 2019
14
www.solidariteit.co.za
Doen nou reeds aansoek
Byna alle universiteite het opedae wat jy kan bywoon, of kyk na hulle amptelike bemarkingsvideo’s en volg hulle op sosiale media om meer oor hulle kultuur te leer. Maak seker van die datums waarop aansoeke sluit, sodat jy dit nie misloop nie! Dit is ook slim om sommer nou al aansoek te doen, want as jy besig raak met jou Junie- of rekordeksamen gaan daar nie tyd vir aansoeke wees nie. Onthou dat die meeste universiteite se aansoeke einde Augustus sluit, met sekere studierigtings wat vroeër of later sluit, afhangend van die fakulteit.
Dink die ding deur
Dit is noodsaaklik dat jy verder as net jou studies dink. Gaan die beroep wat jy wil volg nog oor 10 jaar bestaan? Dink ook aan verblyf en finansies: Indien jy in ’n koshuis gaan moet bly, sal jy daarby kan aanpas? Indien jy geld vir jou studies benodig, moet jy so gou moontlik daarvoor aansoek doen. Volg dié vyf stappe en jy behoort gereed te wees vir 2020 en daarna. Onthou, die senioriteit of leierskapposisie wat jy dalk tans op skool geniet, is net die eerste tree op jou pad na iets groter.
Nuuswaardig
Bekommerd?
BEREKEN, BEPLAN, BÓÚ TOEKOMS
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
S
uid-Afrika is ’n land waar die toekoms dikwels donker lyk, al tref die grootste storms ons nie sommer nie. Soos Jan Smuts gesê het, hier gebeur nie die beste goed nie, maar ook nie die ergste goed nie. In 2019 lyk die toekoms besonder onheilspellend. Ras-nasionalisme vier hoogty, veral vanaf die ANC en die EFF. Soos die verkiesing nader storm, raak die ras-retoriek al hoe feller en word minderhede al hoe meer die sondebokke vir alles. Uiteindelik sien ’n mens die gevolge van hierdie ras-nasionalisme nie in die uitsprake van politieke leiers nie, maar veel eerder in die gebrekkige hantering van hierdie uitsprake deur instellings. Die MRK se oorgawe aan Julius Malema in sy nuutste bevinding is ’n aansienlik beter aanduiding van hoe ver ons in die pad van ras-nasionalisme af is as enige toespraak deur Malema. Onteiening sonder vergoeding hang soos ’n swaard oor die ekonomie. Die debat rondom onteiening het die publiek, en in besonder minderhede, gelaat met wonde en merke soos die “demokratiese” proses net bo-oor almal gestoomroller het. Dit lyk byna onstuitbaar dat die staat die Grondwet gaan wysig om grond te steel. Terselfdertyd is die regering besig om Suid-Afrika volstoom in die rigting van kommunisme te stuur. Ons regering jaag ’n nasionale gesondheidsversekering, gratis tersiêre onderwys, nasionale minimumloon en dalk selfs ’n ontwapende burgery na. Gegewe al hierdie donker wolke wat saampak, is ’n mens met rede bekommerd. Tog is daar verskeie ligpunte en is die stryd geensins verlore nie. Eerstens is hierdie die verstektoestand van die Afrikaner. Ons is nog altyd
DEUR CONNIE MULDER
’n minderheid, ons was nog altyd gekonfronteer deur onoorkombare krisisse, en ons het nog elke keer oorleef. Dink jouself in: Jy is een van ’n handjievol bittereinders in 1902, wat baklei teen byna ’n halfmiljoen opgeleide troepe uit die magtigste ryk in die wêreld in daardie stadium. Tog het ons oorleef. Of dink hoe jy voel terwyl jy in 1837 in ’n ossewa-laer sit en wag dat die Zoeloes op julle toeslaan. Jy het familie verloor by die slagtings van Bloukrans en Weenen. Jy wag vir die aand wat dit jou beurt is. Tog het ons nie hoop verloor nie, en het ons oorleef. Hoewel ons groot krisisse vandag beleef, is dit nie iets wat ons nié gaan oorleef nie. Ons het nog altyd; ons is uit dieselfde lap gesny as die bittereinders en Voortrekkers. Tweedens moet ons besef dat daar ’n wesenlike verskil is tussen wat die ANC-regering wíl doen, en wat hy kán doen. Wette is blote stukke papier indien die vermoë om dit af te dwing, ontbreek. Ons het al telkemale gesien hoe die ANC se vermoë om wette toe te pas of te regeer totaal ontoereikend is. E-tol is ’n goeie voorbeeld waar die regering bloot nie die wet toegepas kry nie, want hulle kan nie. Die feit dat kinders steeds in puttoilette verdrink, hoewel die regering al herhaaldelik verklaar het hulle wil puttoilette uitwis, dui ook op hulle onvermoë. Geen mens in Suid-Afrika wil hê dat ’n kind in ’n puttoilet verdrink nie. Die ANC-regering wil werklik die probleem aanpak en uitwis, maar hulle kan bloot nie. Dieselfde onvermoë tref ons ook in beurtkrag. Die regering wil regtig graag die ligte aanhou, veral so kort voor ’n verkiesing. Die feit dat ons fase 4-beurtkrag slegs twee maande voor ’n verkiesing 02 / 2019
16
www.solidariteit.co.za
gehad het, is ’n aanduiding van hoe die regering se regeringsvermoë verdwyn het. Hierdie onvermoë om te regeer, gaan nie verdwyn wanneer dit by onteiening sonder vergoeding kom nie. ’n Regering wat nie handboeke by skole kan aflewer of die ligte kan aanhou nie, gaan ongelooflik baie sukkel om iets so kompleks soos onteiening sonder vergoeding gestruktureerd te kan toepas. Wat is dan die oplossing? Eerstens – moenie die probleme ignoreer nie. Net omdat jy nie vir ’n golf kyk nie, beteken nie hy gaan jou nie omslaan nie. Neem kennis van die komende krisisse en probleme en dink na oor die moontlike gevolge. Begin dan realisties beplan. Met al die komende krisisse en ander faktore ingereken, maak goeie en werkbare planne om hierdie golf uit te swem en te oorleef, en selfs beter af te wees ná die tyd. Derdens moet jy bou. Planne wat net op papier bly, is nutteloos. Hierdie goeie beplanning moet toegepas word. Die Solidariteit Beweging se groter konsentrasiestrategie is ’n goeie, werkbare plan – een waar jy ’n direkte verskil kan maak. Die toekoms onder die ANC-regering lyk donker, en as jy toelaat dat die ANC jou toekoms bou, dan gaan dit donker wees. Gelukkig sit ons met ’n goue geleentheid in die volgende dekade waar ons die gaping tussen wat die regering wíl doen en wat die regering kán doen, kan vul met dit wat óns wil doen en gaan doen. ’n Regering wat nie sy eie toekomsplanne kan uitvoer nie, kan ook nie ons toekomsplanne keer nie. Dit is nou die tyd om te kyk na hoe donker die toekoms lyk, te beplan aan ’n beter toekoms, en dan bloot daardie beter toekoms te bou!
Nuuswaardig
‘N SORGVRYE OUDAG Jou aftrede wink en jy droom al oor Maandae sonder vergaderings en die vryheid om eindelik ’n stokperdjie te kan beoefen. Daar is egter ’n paar dinge om in gedagte te hou as jy ’n sorgvrye oudag wil geniet. Sal jy dit kan bekostig om af te tree, of moet jy begin woeker om te verseker dat jou neseier voldoende is? DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE
Huisie by die see?
Lees ook Appie Pienaar se rubriek op bladsy 64.
Het jy geweet?
6%
Die persentasie SuidAfrikaners wat volgens die Wêreldbank genoeg spaargeld het om mee af te tree.
Hierdie belangrike besluit sal bepaal word deur faktore soos jou leefstylbehoeftes, mediese sorg wat jy moontlik benodig, of jy naby jou familie wil wees, en of daar ondersteunende netwerke by jou aftreeplek is. Een van die grootste bekommernisse vir Suid-Afrikaners wat aftree-ouderdom bereik, is hul fisieke veiligheid. In ‘n land met ’n hoë misdaadsyfer is dit belangrik om ’n veilige hawe vir jou aftrede te vind. Of jy nou ‘n kleiner huis koop of na ‘n aftree-oord met bystandsorgdienste verhuis, is dit belangrik dat jy die finansiële implikasies van jou besluit verstaan.
2
3 Jou gesondheid Ons hoop almal om op ons oudag nog goeie gesondheid te geniet, maar dis tog noodsaaklik om vir behoorlike gesondheidsorg te begroot, aangesien gesondheidsverwante koste ‘n groot deel van jou begroting kan uitmaak by aftrede.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Betaal jou skuld af
1
Spaar genoeg Kry advies by ‘n goeie onafhanklike finansiële adviseur wat jou kan help om doelwitte te stel en ‘n praktiese begroting te ontwikkel. Onthou dat inflasie en lewenskoste jaarliks skerp styg, daarom moet jy genoegsaam vir jou oudag voorsiening maak wanneer jy nie meer ’n salaris ontvang nie. Volgens Solidariteit Finansiële Dienste moet jy by aftrede oor minstens 180 maande se salaris beskik. As jy eers laat in jou lewe begin spaar het, sorg dat jy elke sent wegsit wat jy kan, om te vergoed vir die verlore tyd. Hou in gedagte dat dit makliker is om nou opofferings te maak as later. 02 / 2019
18
www.solidariteit.co.za
Volgens die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut bestee Suid-Afrikaners 72,5% van hul inkomste aan die delg van skuld. Probeer so gou moontlik jou skuld met die hoogste rente afbetaal (soos jou huislening en voertuigfinansiering). Onthou, hoe minder skuld jy het wanneer jy aftree, hoe minder inkomste sal jy nodig hê, wat hopelik jou rande sal rek. Neem verantwoordelikheid vir jou aftrede. Dit is nooit te laat om vir jou oudag te begin spaar nie.
4
Nuuswaardig GEORGE VAN DER MERWE EN DOUWE VAN WYK, TWEE OUD-WERKNEMERS VAN ESKOM, IS VAN DIE MAGDOM KUNDIGE AMBAGSLUI WAT GEWILLIG IS OM DIE SUKKELENDE KRAGREUS TE HELP.
Ervare oud-werknemers sê Eskom kan weer spoginstelling van ouds wees
KUNDIGES WÍL KRAGREUS HELP
FOTO’S: MIA SLABBERT
D
ie kundiges waarna minister Pravin Gordan op soek is om Eskom te help, is in Suid-Afrika en hulle steek in groot getalle hul hand op om die sukkelende kragreus by te staan. Só meen Solidariteit ná die oorweldigende reaksie toe sy “kennisbank” onlangs van stapel gestuur is. Opgeleide ingenieurs, ambagslui en kundiges wat voorheen in diens van Eskom was, is genooi om te registreer om na Eskom terug te keer. Die skepping van hierdie kennisbank volg op pres. Cyril Ramaphosa en Gordhan se aankondiging dat kundige oud-Eskom-werknemers, plaaslik en in die buiteland, gebruik moet word om Eskom se vaardigheidstekort te help verlig. “Solidariteit is absoluut oorweldig deur die reaksie. Ons kry hoendervleis as ons sien hoe gewone Suid-Afrikaners hul jare se kennis en vaardighede beskikbaar stel om Eskom in hierdie krisistyd te help,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Dié kennisbank het binne enkele dae ‘n magdom kundigheid opgelewer van opgeleide en ervare beroepslui wat tussen hulle ongeveer 5 400 jaar se werkervaring het. “Ek het self met ’n klomp van hierdie mense gepraat en dit is ongelooflik hoe lojaal hierdie mense teenoor Suid-Afrika is. Dít terwyl Eskom jare gelede nie lojaal teenoor hulle was nie.
DEUR MIA SLABBERT
Hierdie mense wat hulself nou beskikbaar stel om in hierdie krisistyd te help, is ’n Suid-Afrikaanse storie van hoop en saamstaan,” het Hermann gesê. Van die groep is 33% ingenieurs en ’n verdere 50% elektrisiëns, spesialiste in ambag, toerusting en kragopwekkingstelsels. Die kundiges het saam meer as 334 geakkrediteerde kwalifikasies. “Suid-Afrika is in ’n krisis. Eskom het tussen 1994 en 2002 té vinnig, té veel vaardighede verloor en dit is skrikwekkend om te sien waar ons vandag sit. Ons moet almal ons trots in ons sak druk, saam hierdie krisis erken en werklik iets daaraan doen,” het Hermann gesê. Solidariteit het met twee voormalige werknemers van Eskom gepraat. Douwe van Wyk en George van der Merwe het gesamentlik meer as 50 jaar se ondervinding by Eskom. Hulle is twee van sowat 10 200 wit werknemers wat tussen 1994 en 2002 genoodsaak was om Eskom te verlaat. Hulle sê hulle is dankbaar vir die platform wat Solidariteit geskep het, omdat hulle eenvoudig nie kan terugsit en kyk hoe Eskom inmekaar tuimel nie. “Ons is nie meer jonk nie, maar ons wil graag help. Eskom was baie goed vir ons, en ons is vandag wie ons is as gevolg van Eskom. Daarom wil ons help en ons kennis en vaardighede oordra,” het George van der Merwe (67) gesê. Van der Merwe het 47 jaar se ervaring in die distribusie- en transmissie-industrie. 02 / 2019
20
www.solidariteit.co.za
Die eerste 26 hiervan was by Eskom, waar hy as projeksiespesialis gewerk het en uiteindelik ’n senior bestuursposisie in beide kragdistribusie en -transmissie beklee het. Hy is in die 90’s by Eskom weg as deel van Eskom se sogenaamde “plekmaakstrategie”. Volgens Van der Merwe moet die regering buite Eskom se enjinkamer gehou word. “Eskom was op sy tyd ’n reus en hy het nasionaal en internasionaal geskitter. Ons wil nie nou die Moses-rol by Eskom inneem nie, maar eerder die Aäron-rol wat die hande van Moses sterk gemaak het. Nederige diensrolle is by Eskom nodig om die mense wat daar is, te motiveer en om ons kennis terug te ploeg,” het Van der Merwe gesê. Die 69-jarige Douwe van Wyk het in 1973 as ’n beurshouer by Eskom begin en was tussen 2002 en 2004 die uitvoerende hoof van Eskom Malawi. “Ek moes in Malawi baie vinnig leer hoe mens ’n gebreekte organisasie vat en hom weer heel maak sodat hy kommersieel kan wees. Dit was wel ’n baie kleiner krisis as waarmee ons nou sit, maar ek het ongelooflik baie geleer.” “Dit is nou ons beurt om te help waar ons kan om Eskom weer die spoginstelling te maak wat hy eens was. Dit gaan wel nie ’n vinnige oplossing wees nie, maar as ons die geleentheid gegun word, kan ons dadelik aan die werk spring,” het Van der Merwe gesê.
www.solidariteit.co.za
21
02 / 2019
Nuuswaardig
200 000 KEER NEE!
Veldtog verskerp teen Discovery Bank-aandeleskema wat wittes uitsluit DEUR ROCHELLE SNYMAN & WILMARIE BRITS
S
“Die ontsteltenis oor die bank gaan daaroor dat getroue Discovery-kliënte uitgesluit word uit ’n aandeleskema bloot as gevolg van hul velkleur,” het Hermann gesê. Sakeondernemings moet weet: wanneer hulle voortgaan met die implementering van rasseuitsluiting, moet hulle die gevolge daarvan dra. Met die oorhandiging van die stemme het Solidariteit en talle personeellede die strate van Sandton verhelder met oranje T-hemde en pette. Personeel van Sasol, wie se kantore naby Discovery s’n geleë is, asook Discovery se eie personeel, het bekommerd by hul kantoorvensters uitgeloer om te sien wat buite aan die gang is. Solidariteit se personeel het ’n lang tou van ’n vragmotor tot by Discovery se stoep gevorm en die 200 sakke aangegee wat hulle reg voor Discovery se deure gepak het. Discovery Bank se uitvoerende hoof, Barry Hore, het uit die gebou gekom en by Hermann aangesluit, waarna Hermann dit duidelik gemaak het dat “Hierdie kliënte bly in dieselfde woongebiede, Discovery se besluit hulle ry dieselfde motors, hulle kinders gaan na op geen manier regverdig kan word dieselfde skole toe. Maar as hulle by Discovery nie, en dat sekere kliënte nie meer gekom, geniet hulle nie dieselfde voordele nie.” lyk as ander beskou kan word op grond van velkleur nie. Volgens Dr. Dirk Hermann, bestuursNá Hermann se toespraak en die tehoof van Solidariteit, moet ’n landsburger ken van die memorandum op Discovery belasting betaal, al is hy kwaad vir die se stoep, het Hore geen kommentaar regering. Wanneer dit egter kom by kliënte gelewer nie. van ’n sakeonderneming, is dit glad nie die “Die feit dat Hore niks gesê het nie, geval nie. Wanneer ’n kliënt ontevrede is dien as verdere dryfkrag vir Solidariteit met ’n diens, onttrek hy dadelik sy geld. om die veldtog nou na nuwe hoogtes te Discovery loop dieselfde risiko as hulle nie neem,” het Hermann gesê. na hul kliënte luister nie.
FOTO’S: MIA SLABBERT & LIZE-MARI LABUSCHAGNE
olidariteit het in Februarie ’n reuseveldtog teen Discovery Bank van stapel gestuur nadat Discovery gesê het hy beplan om 10% van die aandele in sy nuwe bank aan swart kliënte te gee. Die vakbond het afgeskop met ’n reklamebord langs die Ben Schoemansnelweg waarmee lede en ondersteuners bewus gemaak is van die rasse-ideologie waarmee Discovery besig is. Op 12 Maart het die vakbond ’n memorandum, saam met die stemme van sowat 200 000 mense wat gekant is teen die implementering van die bank se beoogde aandeleskema wat wit mense uitsluit, aan Discovery Bank se uitvoerende hoof, Barry Hore, oorhandig. Solidariteit het die “nee”-stemme oorhandig in 200 groot, wit sakke. In elke sak was ’n duisend stemme van lede van die publiek wat beswaar aangeteken het teen Discovery se planne.
02 / 2019
22
www.solidariteit.co.za
Wat is gedragsbank?
D
iscovery Bank is die eerste bank ter wêreld wat sy kliënte gaan beloon as hulle hul geld goed bestuur. Dieselfde beginsel as wat Discovery met Vitality en Vitality Active Rewards gebruik, sal toegepas word. Dit sal bekend staan as Vitality Money en sal volgens die groep “mense aanmoedig om te spaar, belê en binne hulle finansiële vermoë te lewe”. Anders as ander banke se beloningsprogramme wat mense aanmoedig om meer te bestee, moedig Discovery finansiële volhoubaarheid aan. Discovery het gesê hy gaan eers mense met Discovery-kredietkaarte kliënte van die bank maak. Ander verbruikers sal na berig word tot vier maande moet wag voordat hulle hul hande op ‘n goue, platinum of swart kaart van dié virtuele bank kan lê.
Strawwe mededinging Discovery Bank is nie die enigste wat sy kleim in die nuwegenerasie- digitale bankwese afsteek nie. TymeBank doen sedert Februarie baie goed danksy ‘n ooreenkoms om kiosks in Pick n Pay-winkels te plaas. Bank Zero van die voormalige hoof van FNB, dr. Michael Jordaan, open ook vanjaar sy kuberdeure. Intussen kraai Capitec nog koning as die grootste bank met 9 miljoen kliënte wat munt slaan uit sy laer fooie vir basiese transaksies.
Standard Bank: Mass job cuts, branches closed
S
DR. DIRK HERMANN, BESTUURSHOOF VAN SOLIDARITEIT, HET 200 SAKKE MET 1 000 NEE-STEMME IN ELKEEN, AAN DISCOVERY BANK SE UITVOERENDE HOOF, BARRY HORE, OORHANDIG.
tandard Bank announced that it would be implementing mass job cuts as it plans to close 91 of its branches. The bank said at least 1 200 jobs will be cut as it seeks to go more electronic. South Africa’s lenders, like others around the world, have been shutting branches and trimming their headcount in an attempt to cut costs and adapt to customers’ growing preference to bank online or on their mobile phones. “This has not been an easy decision to make,” the bank, South Africa’s largest by assets, said in a statement, adding that it would implement a “comprehensive exit package” that goes beyond the legal requirements. Job cuts are sensitive in South Africa, where unemployment stands at 27%, and Standard Bank’s announcement comes on the back of plans to cut 526 jobs, announced in November.
Bedryfsnuus
Blitsnuus MTN begin 5G toets
D INLIGTINGSWET
Hoe dit bemarkers en verbruikers gaan raak
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
D
Nissan belê R3 miljard
DEUR FRANCOIS REDELINGHUYS
ie veelbesproke POPIwetgewing, oftewel die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Protection of Personal Information Act), gaan in alle waarskynlikheid vanjaar in geheel geïmplementeer word, waarna ondernemings ’n jaar grasie het om aan die vereistes van die wetgewing te voldoen. Die wetgewing is in 2013 bekend gestel waarna sekere aspekte van die wet reeds in 2014 in werking gestel is. Die argument oor die uitrol van die POPI-wetgewing spruit uit artikel 14 van die Grondwet wat stel dat almal ’n reg op privaatheid het. Die POPI-wet stel dus in sy inleidingsin dat dié wetgewing ten doel het om die beskerming van persoonlike inligting wat deur privaat of publieke entiteite verwerk word, te bevorder. Dus word daar deur middel van die wetgewing sekere minimumvereistes daargestel waaraan voldoen moet word wanneer ondernemings en ander entiteite met die persoonlike data van individue omgaan. Voorts sal ’n nuut geskepte inligtingsreguleerder as waghond by die uitvoering hiervan dien. Die rede hoekom hierdie wetgewing so veelbesproke is, is aan die een kant die noodwendige impak wat die implementering hiervan op maatskappye se bemarkingsplanne gaan hê en voorts bemarkingspesialiste gaan dwing om nuut te dink ten einde hul werk te doen. Aan die ander kant is ons almal bly
dat elke tweede besigheid ons nie net sommer sal kan kontak met slim bemarkingsfoefies waartoe ons nie ingestem het nie. Ongeag waar jy geposisioneer is, is dit belangrik om jou te vergewis van die kernbepalings van die wet. Volgens artikel 8(1) van die POPI-wet word die verwerking van die inligting van enige identifiseerbare persoon vir bemarkingsdoeleindes, hetsy deur middel van enige vorm van elektroniese kommunikasie (wat fakse, outomatiese stemboodskappe, SMS’e en e-posse insluit), streng verbied, tensy die persoon ter sprake sy of haar toestemming gegee het. Artikel 8(2) brei verder hierop uit en stel dat ’n verantwoordelike party (entiteit) slegs een keer ’n identifiseerbare persoon mag nader om toestemming van die persoon te verkry om hom of haar te kontak, en slegs indien daardie persoon nie voorheen sy of haar inligting weerhou het nie. Artikel 8(3) stel voorts dat ’n verantwoordelike party slegs persoonlike inligting van persone mag verwerk en gebruik vir direkte bemarking indien die entiteit daardie persoon se kontakbesonderhede tydens ’n kooptransaksie verkry het en indien daardie persoon genoeg geleentheid gegun is om sonder enige koste-implikasies beswaar daarteen te maak. Die uitrol van hierdie wetgewing gaan veroorsaak dat die landskap van veral elektroniese bemarking vir altyd gaan verander. Of jy nou ’n besigheid, bemarkingspesialis of ’n individu is, is dit baie belangrik om van die POPI-bepalings kennis te dra. 02 / 2019
ie selfoongroep MTN het in April sy nuwe 5G-selfoonsein by die Kyalami Grand Prix Circuit and International Convention Centre in Midrand begin toets. Volgens MTN lê dit die grondslag vir verdere toetse vir die algehele publiek. 5G word tans wêreldwyd getoets en sal die 4G-standaard vervang – maar eers wanneer selfoonvervaardigers die kapasiteit in fone inbou en breëbandspektrum beskikbaar is. Aflaaispoed van 630 Mbps en ‘n oplaaispoed van 130 Mbps word tans behaal.
24
www.solidariteit.co.za
N
issan se Rosslynaanleg noord van Pretoria sal na verwagting in 2020 met die vervaardiging van die nuwe weergawe van die Navara-bakkie kan begin danksy ‘n belegging van R3 miljard deur die motorgroep. Nissan se NP200 en Hardbody word reeds by dié aanleg vervaardig. Die voertuigbedryf dra sowat 7% tot die land se bruto binnelandse produk by en daar sal na verwagting altesaam 1 200 werkgeleenthede danksy Nissan se geldinspuiting geskep word.
Mynbousektor bloei
D
ie mynbedryf het in Februarie 7,5% minder minerale as ‘n jaar gelede ontgin, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) gesê. Volgens die SSA het diamante, goud en ystererts die grootste daling getoon, naamlik -48,3%, -20,6% en -20,7%. Platinumgroepmetale het egter met 17,8% gegroei nadat dit in Januarie groei van 28,1% getoon het. Intussen het Sibanye-Stillwater gesê sy goudproduksie in die eerste kwartaal van 2019 beloop net 36% van wat hy in dieselfde tydperk verlede jaar geproduseer het.
Bedryfsnuus
Maatskaplike werkers
WONDERWERKERS
VIR WEERLOSES DEUR MIA SLABBERT
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
H
ulle het ’n bitter moeilike beroep, maar tog doen maatskaplike werkers hul daaglikse werk sonder enige fisieke persoonlike beskerming of agenda. Maatskaplike werkers in Suid-Afrika word oorlaai met sake en klagtes van gesinsgeweld en verwaarlosing van kwesbare individue, maar hulle kry dikwels nie eens ’n eenvoudige dankie daarvoor nie. Volgens Colleen Strauss, ’n maatskaplike werker en uitvoerende hoof van die Sinoville Krisissentrum in Pretoria, is ’n maatskaplike werker iemand wat in verandering ten goede glo en altyd potensiaal in elke situasie kan raaksien. Sy is self by ’n skool gekontrakteer en het ook haar eie privaat praktyk. Strauss doen op die oomblik boonop assesserings wat nodig is vir kinderhofverrigtinge en gee terapie aan dié weerloses wanneer dit nodig is. “’n Maatskaplike werker is iemand wat namens die minderbevoorregtes en kwesbares in die samelewing pleit en vir hulle praat wanneer hul eie stemme nie gehoor word nie. Dit is ’n ongelooflike beroep,” het Strauss gesê. Wanneer dit by haar beroep se uitdagings kom, sê sy die grootste struikelblok is die maatskaplike sisteem. “Daar is te min hulpbronne beskikbaar en die gespesialiseerde terapie wat nodig is, is te duur. Dit is ook baie frustrerend om te weet watter dienste mense nodig het, maar nie altyd in staat te wees om dit te bied nie. Daar kleef ’n stigma aan maatskaplike werkers omdat mense meen ons neem net kinders weg, maar dit is nie so eenvoudig nie. Die uitdaging is om vertroue
in die hulpproses by mense te kweek,” het Strauss gesê. Ongeag die uitdagings meen Strauss dat daar wel ongelooflike belonings in haar beroep is. “Dit is iets besonders om te sien hoe mense ten goede verander. Mense word bemagtig en is só in staat om die negatiewe kringlope in hul lewens te verander, sodat daar ’n verbetering in hul lewens en in situasies kan plaasvind.” Volgens Strauss, wat sedert 2016 as ’n maatskaplike werker geregistreer is, moet maatskaplike werkers altyd hoop dat enige situasie, seer en trauma verander en verbeter kan word. Dit is dié hoop wat die moeilikste dae ’n bietjie makliker maak. Om ’n maatskaplike werker te word, moet jy ’n graad oor vier jaar voltooi wat baie praktiese werkure en toesighouding behels. “Maak seker dat jy hierdie beroep om die regte redes kies. Identifiseer wat jou as individu motiveer om ’n maatskaplike werker te word. Weet dat daar dae gaan wees wanneer mense van jou gaan hou en dae wanneer niemand van jou gaan hou nie,” het Strauss gesê. ’n Maatskaplike werker moet ongetwyfeld ’n liefde vir mense hê, omdat hulle met mense van alle ouderdomme, rasse en kulture werk. “Mense moet jou passie wees.” Vir Strauss eindig ’n moeilike dag op kantoor altyd met nadenke. “Ek reflekteer oor wat ek in ’n situasie anders kon gedoen het. Ek maak altyd seker dat ek genoeg slaap kry, want ek is geneig om meer emosioneel te raak as ek moeg is. Wanneer ’n nuwe dag aanbreek, sien ek weer kans om alles van voor af aan te pak.” 02 / 2019
26
www.solidariteit.co.za
Volgens wet kan ’n maatskaplike werker nie sommer net ’n kind uit ’n gesin verwyder nie, maar moet daar opvolgbesoeke wees om die situasie te probeer verander en verbeter. Volgens Wanda Olivier, destyds ’n maatskaplike werker verbonde aan die Christelike Maatskaplike Raad in PretoriaWes, bly een van die moeilikste dinge vir ’n maatskaplike werker om ’n kind wel uit ’n gesinstruktuur te verwyder. Mense dink dikwels dat net vroue maatskaplike werkers is omdat hul daaglikse werk amper as moederlik beskou word. Gerhardus Drinkrow werk egter as maatskaplike werker by die Jakaranda Kinderhuis in East Lynne, Pretoria en sê hoewel dit dalk nie as ’n beroep vir ’n man beskou word nie, is dit sy roeping. “Ek het al met my kollegas gespot en gesê ons moet eintlik nie maatskaplike werkers genoem word nie, maar wonderwerkers. Baie mense verwag dat ons wonderwerke moet verrig, byvoorbeeld waar ’n kind ’n dissiplinêre proses by die skool moet deurgaan en moontlik geskors kan word. Die ouers wil dan hê dat die maatskaplike werker moet ingryp en die kind se hele lewe en gedragspatroon moet verander om gedissiplineerd te wees en beter gedrag te openbaar. Dit is egter nie moontlik nie, want so iets behels ’n proses en dit neem tyd. Baie mense begryp nie dat ons kanale en prosesse moet volg nie. Ons hou egter nooit op veg vir ’n kwesbare individu nie,” het Drinkrow gesê. • Word deel van Solidariteit se Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers. Besoek die webtuiste https://gildes.solidariteit.co.za
SPORTKWOTAS: VAKBOND VEG VOORT Raskwotas strek verder as net spankeuses; raak ook afrigters, personeel en komitees
S
DEUR WILMARIE BRITS
is. “Dit is ’n rasbeheptheid wat ons nie in Suid-Afrika kan bekostig nie. Hierdie rasbeheptheid het ons reeds te veel gekos by Eskom, met dienslewering en in verskeie ander opsigte. “Sport is die een plek waar ’n gelyke speelveld van kernbelang is. ’n Span kry nie ’n tienpunt-voorsprong omdat hy demografies verteenwoordigend is nie,” het Human gesê. ’n Kwotastelsel, soos wat die ANC se handves voorstel, met streng strafmaatreëls, steel eerstens geleenthede van wit, bruin en Indiërspelers wat nie in spanne toegelaat word nie. Tweedens steel dit die status, prestasie en erkenning van swart spelers wat op “Ons sal nie terugstaan en toelaat dat meriete daar gekom Suid-Afrikaanse sport verpolitiseer word nie. het en wat nou skiePolitiek moet heeltemal uit sport verwyder lik as kwotaspelers beskou word. word sodat meriete alleen kan tel.” Die arbeidshof het egter op grond van ’n regstegniese punt wat deur die Dit behels selfs die rassesamestelling minister van sport en die sportowerhede van afrigters, raads- en komiteelede en aangevoer is, bevind dat Solidariteit ’n ondersteuningpersoneel. In ’n neutedop lid moes betrek het om die saak verder kom dit voor asof die sportowerhede op te kon voer. ’n sentrale wyse die rassesamestelling Die kwessie oor die meriete van van alle werknemers in die werkomgesportkwotas is dus nie deur die hof wing van sport wil reguleer. aangehoor nie, maar slegs die regsIndien dié transformasiehandves tegniese punte van die saak. “Dit is in goedgekeur word, sal dit die minisopenbare belang dat die kwessie van ter van sport, Tokozile Xasa, bykans sportkwotas in die hof aangehoor word onbeperkte mag oor sport gee. Volgens – die minister se fokus is ongetwyfeld op Werner Human, adjunkbestuurshoof: die regstegniese aspekte,” het Human Regsdienste van Solidariteit, sal ’n bygevoeg. sportsoort wat nie die kwotapersentasie Solidariteit neem kennis van die haal nie, se finansiering opgeskort kan uitspraak en gaan die volle inhoud daarword of die betrokke sportfederasie selfs van bestudeer. gederegistreer kan word. “Wat ons wel met onomwonde “Die gevolg van die magte waaroor sekerheid kan stel, is dat ’n hofstryd oor die minister sal beskik, is dat sy die sportkwotas verder gevoer sal word. Springbokke se baadjies van hulle kan Ons sal nie terugstaan en toelaat dat wegneem as rugby nie voldoende ‘geSuid-Afrikaanse sport verpolitiseer word transformeer’ is nie,” het Human gesê. nie. Politiek moet heeltemal uit sport Volgens Human impliseer dit dat die verwyder word sodat meriete alleen kan ANC bereid is om minder sport te hê sotel,” het Human benadruk. lank daar meer rasseverteenwoordiging
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
olidariteit het op 6 Maart in die Johannesburgse arbeidshof aangevoer dat die ministerie van sport en ontspanning se transformasiehandves vir Suid-Afrikaanse sport geskrap moet word. In die aanloop tot die saak het Solidariteit en AfriForum in Maart 2017 daarin geslaag om spesifieke kwotapersentasies vir verskeie sportsoorte ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) te bekom. Hierdie inligting het ontbloot dat die bedoeling van die sportowerhede met betrekking tot kwotas veel verder strek as net spankeuses.
www.solidariteit.co.za
27
02 / 2019
Geen kwotateikens vir Wêreldbeker, sê hoof van Krieket SA
S
olidariteit het Krieket SA (KSA) se verwerping van kwotas in sport verwelkom, soos dit by monde van Thabang Moroe, uitvoerende hoof van KSA, oorgedra is toe hy aangekondig het dat geen kwotateikens vir die Proteas in die komende Wêreldbekertoernooi gestel gaan word nie. Hoewel KSA ’n beleid het wat ’n kwota van 55% vir swart spelers stel, het Moroe gesê daar is geen teikens nie: “Ek wil hê dat die beste spelers gekies word sodat ons die Wêreldbekertoernooi kan wen.” “Die posisie wat KSA inneem, is presies dit waarvoor Solidariteit staan en wat Solidariteit nastreef – ’n sportomgewing wat gedepolitiseer is en waar spankeuses op grond van meriete geskied,” meen Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit. “In ’n studie deur die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) is bevind dat die meerderheid Suid-Afrikaners oor alle rassegroepe heen hewig gekant is teen sportkwotas. Die regering en sportowerhede staan alleen in die najaging van kwotas en die toenemende verpolitisering van sport,” het Human bygevoeg.
Bedryfsnuus
Tref voorsorg vir jou en jou gesin se toekoms
BEPLAN VIR DIE ONVOORSIENE
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
D
aar is min dinge so belangrik soos die vermoë om vir jouself ‘n inkomste vir die toekoms te kan genereer. Sonder dié vermoë kan jy nie brood op die tafel sit nie en nie jouself of jou gesin versorg nie. Daarom is inkomstebeskerming en/of ongeskiktheidsdekking ’n baie belangrike deel van deeglike toekomsbeplanning. Daar is ’n klomp versekeraars wat ’n verskeidenheid ongeskiktheidsprodukte bied. Dit is noodsaaklik om te verstaan wat die verskil tussen die produkte is, en waarvoor jy ’n geldige eis sal hê. Gepaardgaande met inkomstebeskerming wat maandeliks uitbetaal, moet die produk wat jy kies ook voorsiening maak vir ’n lompsom-uitbetaling wat kan help met eenmalige betalings soos die afbetaal van jou skulditems. Maak seker dat jy die fynskrif van hierdie voordele verstaan. Doen jou huiswerk oor die versekeraar se reputasie met betrekking tot die betaal van eise, en kry ’n tweede opinie oor jou produk se dekking. Inkomstebeskerming word gereeld nagelaat – dis ’n finansiële risiko waarmee jy nie kan bekostig om kortpaaie te loop
DEUR CILLESTE VAN DYK
Wat maak Solidariteit Finansiële Dienste anders?
S
olidariteit Finansiële Dienste (SFD) is ’n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer wat Solidariteitlede en nie-lede van onafhanklike en eerlike finansiële advies bedien. SFD het gesertifiseerde finansiële adviseurs wat spesialiseer in beleggings, aftreebeplanning, die hantering van afleggings/ bedankings, lewens- en ongeskiktheidsversekering, belastingbeplanning vir individue en basiese boedelbeplanning. SFD se diens is advies-gedrewe en nie
nie. Met die regte beplanning kan ’n mens jaarliks baie geld spaar en ook jou grootste bate, jou inkomste, beskerm. Benewens beplanning vir ingeval iets ernstig met jou gebeur en jy nie meer in staat is om te werk nie, moet jy ook dink aan die moontlikheid dat jy jou gade of gesin kan agterlaat en hoe hulle situasie sonder jou sal lyk. Lewensdekking is daar vir juis daardie dag. Dit kan gebruik word om ’n dak oor jou geliefdes se koppe te hou en te verseker dat jou kinders steeds die 02 / 2019
28
www.solidariteit.co.za
verkope-gedrewe nie, wat hulle in baie opsigte van die norm in die bedryf onderskei. Kliënte kry hulp rakende die basiese pilare van finansiële bestuur in die huishouding. Daaruit word sekere risiko’s geïdentifiseer en ’n verskeidenheid oplossings voorgestel. Dit is dus vir SFD belangrik dat kliënte waarde vir geld kry ten opsigte van die diens en produkte wat hulle bied. • Skakel Solidariteit Finansiële Dienste by 0861 10 10 05. opleiding kan ontvang wat jy vir hulle in die vooruitsig gestel het. Die belangrikste doel van lewensversekering is dat dit die mense wat ons agterlaat, finansieel beskerm. Begrafnisen eksekuteurskostes en ander uitgawes ná jou afsterwe is nog iets waarvoor lewensversekering voorsiening kan maak. Hoe weet jy wat jy nodig het en wat dit jou sal kos? Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) is toegerus om hierdie tipe vrae te antwoord en jou gemoedsrus te gee vir wanneer die ergste gebeur.
DOLVERLIEF OP JOU BEROEP? Kies ’n loopbaan wat jou weekliks hoendervleis gee!
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
’n
DEUR MIA SLABBERT
Mens kan nie jou familie, jou DNS of jou voorliefde vir werklikheidstelevisiereekse kies nie, maar wanneer dit by jou loopbaan kom, is jy ten volle in beheer. Jy kan werklik enigiets word as jy jou talente en passie in ’n spesifieke rigting aanwend, dit is nie net ’n gesegde nie. Maak dus seker dat die beroep wat jy kies, iets is wat ten minste een keer ’n week vir jou hoendervleis gee – jy gaan immers gemiddeld 90 000 ure in jou leeftyd by die werk deurbring. Wanneer ’n student besluit om sy of haar kennis op universiteit te gaan verbreed, is dit die begin van ’n ongelooflike avontuur. In ’n wêreld van móéts en dóéns word daar deesdae baie minder klem gelê op wíl en kán. Die verantwoordelikheid lê meer en meer by die individu om vroeg al te besluit wat vir hom of haar optimale werkbevrediging gaan gee en om hierdie droom na te jaag. Loopbaanrigtings is vandag uiters interessant. Dertigjariges kan hulle vandag uitleef en vervul in beroepe waarvan hul ouers destyds net kon droom, en ons kinders gaan oor ’n paar jaar salarisse verdien deur vaardighede en talente te gebruik wat vandag as (kinder)speletjies beskou word. Om ’n loopbaangedrewe persoon te wees, beteken lankal nie meer dat jy van 9 tot 5 in ’n kantoor met (of sonder) lugverkoeling moet sit nie. Die beroeps-
wêreld het heeltemal vernuwe en jou stokperdjie kán vandag jou beroep wees. Jy moet net kies. Die feit dat jy gedurende die week meer tyd saam met jou kollegas of by jou werkplek sal deurbring as by jou familie tuis, behoort jou te motiveer om ’n beroep te kies wat jou gaan vervul en wat die tyd weg van jou geliefdes die moeite werd maak. Vandag kan jy jou talent jou beroep maak, ongeag wat dit is. As dit uniek, hulpvaardig of vermaaklik is, kan dit steeds jou beroep wees. Interessante beroepe wat vandag gevolg kan word, sluit in ’n eilandtoesighouer wat in relatiewe luuksheid én teen vergoeding oor ’n eiland toesig hou. Jy kan jou liefde vir rekenaarspeletjies jou beroep maak, ’n sosialemediabeampte by ’n maatskappy word én jy kan selfs ’n etiese kuberkraker word. Van die interessante beroepe wat Solidariteit se lede beoefen, sluit in jagter, diepseekabeltegnikus, weerkundige, wynmaker, wiskundige tegnikus, geweersmid, waterwyser, skagsinker, skuba-instrukteur, metroloog, marinebioloog en bibliotekaris. Hier is nog ’n paar interessante beroepe: Joga-instrukteur, prokureur, vlieënier, musikant, naeltegnikus, maatskaplike werker, skilder, motiveringspreker, voorkomskonsultant, wapensmid, rolprentvervaardiger, wildbewaarder, professionele hengelaar, grimeerkunstenaar, goudsmid, digitale ontwerper en tekenprentkunstenaar.
www.solidariteit.co.za
29
02 / 2019
Ontsyfer R21 190 Die gemiddelde salaris (in November 2018) wat deur 10,151 miljoen mense in die formele sakesektor verdien is, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) in sy kwartaallikse indiensnemingspeiling vir die vierde kwartaal van 2018 gesê. Dié salaris, wat bonusse en oortyd insluit, is 4,9% hoër as in dieselfde tydperk in 2017. Werknemers het altesame R95 miljoen in bonusse en oortyd verdien (12% meer as in November 2017) en die totale bruto inkomste (wat onder meer pensioenfondsbydraes insluit) het met 6,9% tot meer as R725 miljoen toegeneem.
158 000
poste is in 2018 in die formele sektor geskep, aldus SSA. Dit is 1,6% meer poste as in 2017. Die meeste hiervan, 77 000, is in die sake- en eiendomsdienste. Groot- en kleinhandel het gesamentlik 55 000 meer mense in diens geneem. Konstruksie, mynbou en die kragsektor het egter swaar getrek en onderskeidelik 9 000, 8 000 en 1 000 poste ingeboet. Volgens SSA is die land se werkloosheidskoers 27,1%. Met ontmoedigde werksoekers bygereken, styg dié persentasie tot 38,8%
Bedryfsnuus
SAPD-BEVORDERINGS IN VAKBOND-VISIER Lede met politieke bande se kitsklim van rangleer onregverdig, oneties en irrasioneeel
D
DEUR WILMARIE BRITS
ie Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is nie bekend daarvoor dat sy bestuur van interne bevordering ten alle tye deurdag en billik is nie. In November 2018 het die SAPD homself egter oortref deur voorkeurbevordering aan geslote groepies SAPD-lede te gee, en die meerderheid polisielede by hierdie bevordering uit te sluit. Volgens Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die openbare sektor by Solidariteit, is bevordering ’n regsgebaseerde proses wat billik toegepas moet word. Billikheid word bereik wanneer alle interne bevorderingsreëls deeglik nagekom en eerlik toegepas word. Daar is ook ’n emosionele aspek verbonde aan bevordering. “Dit is nie bloot net ’n verhoging in status nie; beter vergoeding gee ook die werknemer die vermoë om beter vir sy gesin te sorg,” het Prinsloo gesê. Op 30 November 2018 het die nasionale kommissaris aangekondig dat 1 740 SAPD-lede verbonde aan die Spesiale Taakmag, Nasionale Intervensieeenheid en Taktiese Reaksie-eenhede, asook lede van die BBP-eenheid en Statiese Wagdienste, bevorder word na die range van adjudant-offisier en sersant. Hierdie lede se bevordering is teruggedateer na 1 November 2018. Om die skyn van regmatigheid aan die bevorderings te gee, het die SAPD en die meerderheidsvakbond Popcru vyf dae later ’n kollektiewe ooreenkoms met die Veiligheids- en Sekuriteitsektorale Bedingingsraad (Safety and Security Sectoral Bargaining Council of SSSBC) onderteken. “Dié voorkeurbevorderings is teenstrydig met die bestaande nasionale instruksies en ooreenkomste van die SSSBC en dit kom ook neer op onregverdige, onetiese en irrasionele bevorderings,” het Prinsloo gesê.
In die ooreenkoms word ooreengekom op drie aspekte: die genoemde terugwerkende bevordering, die bevordering van lede by nóg drie eenhede in die 2019/2020- finansiële jaar, en ’n onderneming dat ondersoek ingestel sal word na die moontlike bevordering van lede by nog nege eenhede in die volgende twee finansiële jare. Die meerderheid SAPD-lede is uiters ongelukkig en gefrustreerd oor hierdie bevorderings en beskou dit as onregverdig. Volgens Prinsloo is die feit dat 1 099 van die 1 740 lede wat bevorder is, politieke bande het, sout in die wonde. Dié 1 099 lede is die persoonlike lyfwagte van ministers en ander politici, terwyl die lynfunksie-polisielede by stasies asook speurders oor die hoof gesien is vir bevordering. Die meeste emosie is ontlok deurdat junior lede by dié nege eenhede onmiddellik bevorder is na die rang van adjudant-offisier ná slegs twee jaar se diens, terwyl ander lede ingevolge die bestaande bevorderingsbeleid eers ná 22 jaar vir bevordering na dieselfde rang kwalifiseer. Hulle ontevredenheid het gelei tot ’n spontane weerstand, en in Maart vanjaar is SAPD-lede opgeroep tot ’n staking. “’n Staking wat onwettig sou wees, aangesien die SAPD ’n noodsaaklike diens lewer. Indien die staking sou voortgaan, sou dit die eerste staking in die geskiedenis van die SAPD sedert 1994 wees,” het Prinsloo gesê. Volgens Prinsloo het die Minister van Polisie, Bheki Cele, dié dreigende staking in so ’n ernstige lig beskou dat hy op kort kennisgewing die stasiekommissarisse van al 1 147 polisiekantore landwyd opgeroep het na Pretoria om die weerstand en die moontlike staking te bespreek. • ’n Groep SAPD-lede het op 27 Maart ’n groepsgrief oor die bevorderings geregistreer. Teen druktyd was daar nog geen terugvoer rakende dié groepsgrief nie. 02 / 2019
30
www.solidariteit.co.za
Is jy kantoorkampioen?
Wen groot pryse! DEUR BRIGITTE RAATH
D
ie Solidariteit Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns het ‘n opwindende Kantoorkampioen van 2019-kompetisie aangekondig om dankie te sê aan elke onderwaardeerde kantoorpraktisyn wat daagliks met moeilike persoonlikhede werk, al die balle in die lug moet hou, 24 uur per dag beskikbaar moet wees, selde of nooit bedank word nie, ’n ellelange doenlysie het, en kleingeld verdien. Die wenner gaan by ’n spoggeleentheid aangewys word en daar is heerlike pryse op die spel. Die wenner sal ook ’n trofee, ’n persoonlike onderhoud en ’n ereplekkie op ons webtuiste se muur van statuur kry. Indien jy só ’n persoon ken, nomineer hom of haar en vertel ons waarom jy dink dié persoon moet die Kantoorkampioen van 2019 wees. Sodra jy iemand nomineer, staan jy ’n kans om ’n Takealot-koepon van R250 te wen. Trekkings vind maandeliks plaas.
Hoe werk die nominasies?
• Enige persoon wat in ’n administratiewe kapasiteit by ’n maatskappy of organisasie werksaam is, insluitend kantoorbestuurders, ontvangsdames en persoonlike assistente, kan genomineer word. • Die nomineerder én die genomineerde moet Solidariteitlede wees.
Wat kry die wenner?
• EERSTE PRYS: Een week se gratis verblyf vir vier mense by die Santana Vakansieoord in Margate. • TWEEDE PRYS: ’n Gratis S-Leer-kursus van jou keuse.
Wat is die sluitingsdatum?
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 Augustus 2019 en die wenner sal by ons glansgeleentheid op 5 September aangekondig word. Nominasies kan op die webtuiste https://gildes.solidariteit.co.za/kantoorpraktisyns/ gedoen word.
Solidariteit seëvier ná lang stryd oor onregmatige afdanking
GEREGTIGHEID VIR SAPD-LID
D
ie emosies het vlak gelê toe genl.maj. Renee Fick ná haar oorwinning oor die SAPD dankie gesê het vir die ondersteuning wat sy die afgelope 11 maande ontvang het. “Ek wil net vandag vir julle as polisiebeamptes dankie sê vir julle steun en liefde tydens hierdie ongelooflike moeilike jaar,” het Fick ná afloop van ’n mediakonferensie gesê. Sy het elkeen van die polisielede (foto) wat haar by die mediakonferensie kom ondersteun het, met ’n handdruk gegroet en dankie gesê. Genl.maj. Fick is in 2018 ná 39 jaar se diens in die SAPD afgedank nadat die provinsiale kommissaris haar in 2017 vals van pligsversuim beskuldig en aan haar ’n skriftelike waarskuwing uitgereik het.
DEUR MIA SLABBERT
Fick het binne haar regte besluit om nie die vals klag teen haar te onderteken nie, waarna die kommissaris dissiplinêre aksie teen haar geloods en haar summier afgedank het. Solidariteit het op 28 Maart in Bellville aangekondig dat Fick mag terugkeer na haar pos en dat sy terugwerkend vergoed moet word. “Die steun wat Fick ontvang het, wys die kameraadskap onder polisielede. Al wat Renee wil doen, is om weer te
begin werk en dit wys haar liefde vir die polisie,” het Francois Redelinghuys, woordvoerder van Solidariteit, gesê. Volgens Redelinghuys het hierdie oorwinning geregtigheid laat geskied en stuur dit ’n boodskap van waagmoed uit. “Genl.maj. Fick het bloot haar werk behoorlik gedoen. Trouens, sy het uit haar pad gegaan om te probeer verseker dat haar afdeling funksioneel bly en daarvoor is sy afgedank. Haar geveg teen ongeregtigheid stuur ’n duidelike boodskap aan die SAPD dat daar mense is wat bereid is om teen ongeregtigheid op te staan,” het hy gesê. Ettienne Pio, ‘n Solidariteit litigant van die Bellville-kantoor, het Fick van die begin af tydens haar saak uitstekend bygestaan en ondersteun. “Alle eer aan die Here wat geregtigheid laat geskied het,” het Pio gesê.
Bedryfsnuus
DRIEHOEK-TRAGEDIE PLAAS KOLLIG OP VEILIGHEID BY SKOLE
FOTO’S: MIA SLABBERT
D
ie ineenstorting van ’n loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark het my genoop om te bepaal wat die verantwoordelikheid van die departement van basiese onderwys en skoolbeheerliggame is om die veiligheid en gesondheid van leerders, onderwysers en ander persone by of op skoolpersele te verseker. Skole is ook werkplekke en daarom is die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (die Wet), insluitend die regulasies uitgevaardig ingevolge die Wet, ook op hulle van toepassing. Sommige regulasies is van toepassing op spesifieke onderrig wat by skole gegee word, byvoorbeeld in tegniese werkwinkels en laboratoriums, maar hierdie artikel fokus net op die algemene verantwoordelikheid van die departement van basiese onderwys en skoolbeheerliggame ten aansien van veiligheid en gesondheid by of op skoolpersele. Die Grondwet van Suid-Afrika beskerm die veiligheid en gesondheid van persone by werkplekke deur bepalings soos die reg op menswaardigheid, lewe, liggaamlike en psigiese integriteit, en ’n omgewing wat nie skadelik is vir die gesondheid van persone nie.
DEUR ADV. PAUL MARDON
Húlle as werkgewer beskou
Ingevolge die definisie van ’n “werkgewer” kan beheerliggame en die departement van basiese onderwys vir doeleindes van die Wet as werkgewers beskou word. Die Wet verplig alle werkgewers om onder meer die volgende te doen: • ’n Veilige en gesonde werkomgewing daar te stel; • Stappe te doen om enige bedreiging of potensiële bedreiging, dit wil sê risiko’s vir die gesondheid of veiligheid van persone by die werkplek, te verwyder of te verminder; • Die gesondheid of veiligheidsrisiko’s by werkplekke te bepaal en voorsorgmaatreëls te tref om die gesondheid en veiligheid van persone by die werkplek te verseker; • Nie toe te laat dat werknemers enige werk doen tensy bogenoemde voorsorgmaatreëls getref is nie; • Alle redelike stappe te doen om te verseker dat die Wet nagekom word deur elke persoon in sy diens of op persele onder sy beheer; en • Hulle ondernemings só te bedryf dat persone wat nie in hul diens is nie en wat regstreeks geraak word deur daardie bedrywighede, nie daardeur aan bedreigings vir hul gesondheid of veiligheid blootgestel word nie. 02 / 2019
32
www.solidariteit.co.za
Werkgewers is dus verantwoordelik vir die veiligheid en gesondheid van alle persone op of weg van die werkperseel wat deur die werkaktiwiteite geaffekteer word, en sodanige persone sluit leerders by skole in. Risiko-ontledings moet deurlopend gedoen word en voorsorgmaatreëls moet gedurig aangepas word omdat veranderende omstandighede en optredes die risiko’s kan laat verander. Nuwe potensiële gevare en bedreigings kan byvoorbeeld ontstaan deur normale slytasie en veroudering. Dit is belangrik dat werknemers, toesighouers en ander persone by die werkplek, byvoorbeeld leerders by skole, deurlopend hulle daaglikse aktiwiteite en omgewing evalueer vir waarneembare risiko’s, en dit aan die gepaste persone rapporteer sodat die nodige stappe gedoen kan word om die waargeneemde risiko’s uit te skakel of te verminder en, indien die risiko’s hoog is, die betrokke aktiwiteite gestaak kan word.
Voorsorgmaatreëls
Voorsorgmaatreëls om risiko’s uit te skakel of te verminder, kan die volgende insluit: • Verskaf stelsels, toerusting en masjinerie wat veilig en sonder gesondheidsrisiko’s is en hou dit in stand;
• Stel veilige werk- en kontroleprosedures in; • Weier om toe te laat dat persone by die werkplek enige werk doen of gevaarlike plekke betree totdat die veiligheid en gesondheid van persone verseker kan word; • Verskaf voldoende inligting, instruksies, opleiding en toesig aan alle persone by die werkplek, insluitend leerders, oor die risiko’s by die werkplek en die maatreëls om dit uit te skakel, beperk of beheer. Die persoon wat toesig hou oor aktiwiteite, moet veral opgelei wees om die risiko’s by die werkplek te verstaan en moet die bevoegdheid hê om te verseker dat hierdie maatreëls geïmplementeer word; en • Dwing die voorsorgmaatreëls in belang van gesondheid en veiligheid af.
Wat sê Skolewet?
Die Suid-Afrikaanse Skolewet bepaal: • Elke openbare skool is ’n regspersoon met die wetlike bevoegdheid om sy werksaamhede ingevolge die Skolewet te verrig; • Die beheer van elke openbare skool setel in sy beheerliggaam en die professionele bestuur van ’n openbare skool word onderneem deur die prinsipaal onder die gesag van die departementshoof, oftewel die hoof van ’n onderwysdepartement; • Die departementshoof mag ’n openbare skool in geval van nood tydelik sluit indien hy op redelike gronde glo dat die lewens van die leerders en die personeel in gevaar is of dat daar ‘n wesenlike gevaar van liggaamlike leed of beskadiging van eiendom bestaan; en
• Die minister van basiese onderwys mag regulasies uitvaardig om voorsiening te maak vir veiligheidsmaatreëls by openbare en onafhanklike skole.
Wat moet skole verseker?
Die Regulasies vir Veiligheidsmaatreëls in Openbare Skole bepaal onder meer dat ’n openbare skool die volgende moet verseker: • Noodontruimingsprosedures moet by die skool gevestig en periodiek ingeoefen word; • Voldoende brandblussers en brandalarms moet beskikbaar wees en dit moet gereeld gediens word; en • Werknemers en leerders in graad 8 of hoër moet behoorlik opgelei wees in brandbestryding. Ter opsomming, aangesien daar hoë risiko’s vir gesondheid en veiligheid by skole kan wees, is dit noodsaaklik dat elke skool die volgende moet verseker: • Doen deurlopend behoorlike risikoontledings en ontwikkel, implementeer en dwing voorsorgmaatreëls af om die veiligheid en gesondheid van persone by die skole en skoolaktiwiteite te verseker asook risiko’s by die werkplek uit te skakel, beperk of beheer. • Laat die risiko-ontledings en voorsorgmaatreëls gereeld nagaan. • Voorsien voldoende inligting en opleiding aan alle persone by die skool oor die risiko’s en die maatreëls om dit uit te skakel, beperk of beheer. • Implementeer voldoende en doeltreffende kontrolemaatreëls en toesighouding om die doeltreffende nakoming van die voorsorgmaatreëls te verseker, sodat die risiko’s by die werkplek uitgeskakel, beperk of beheer kan word.
Black First Land First stands by racist remarks about tragedy at Driehoek
B
lack First Land First (BLF) president Andile Mngxitama has sent opposing papers to Solidarity following a complaint that was filed with the Equality Court against the party on 14 February. BLF spokesperson Lindsay Maasdorp celebrated the devastating death of four learners who died in the Driehoek school disaster on 1 February. Maasdorp said in effect that the tragedy served as appropriate punishment for white people and their children. In its affidavit, the BLF argues that it would be reasonable for black persons
not to have empathy with white people’s pain. Mngxitama also states in the affidavit that Maasdorp’s remark should be seen in the context of the pain black persons experience on a daily basis as a result of the privilege every white person received because of colonialism. He further claims that black people cannot be racist and that Solidarity’s application will therefore not succeed. “The fact that he said that, confirms just how extremely racist his comments are and that his statements must be condemned with the full force of the law,” said Anton van der Bijl, Solidarity’s
www.solidariteit.co.za
33
02 / 2019
Head of Labour Law Services. Van der Bijl argued that the affidavit gave the BLF a golden opportunity to apologise to the parents of the victims of the Driehoek school tragedy for the statements made by the BLF, but the party chose to use this opportunity to find excuses for being racist and for being permitted to be racist. “Although we support freedom of speech, the BLF has gone too far, and there is little doubt in my mind that they do not reflect the viewpoint of the vast majority of the South African public,” Van der Bijl concluded.
Promosieartikel
PROF. RIKUS FICK
PROF. MICHAEL HEYNS
AROS BETREE SPLINTERNUWE ERA MET NUWE LEIERSKAP
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF
A
ros streef voordurend na vooruitgang, en die aanstelling van sy nuwe Rektor loop hand aan hand met die vooruitgang by Aros. Die Raad van Aros het bekend gemaak dat Prof. Rikus Fick aangestel is as Rektor, met intreedatum 1 Junie 2019. Die aankondiging volg op die diensaanvaarding van Prof. Michael Heyns as Viserektor: Akademie op 1 Maart 2019. Prof. Fick het waardevolle ondervinding in die sekondêre onderwyssektor opgedoen in sy vyf jaar as onderwyser in Latyn en Afrikaans by Potchefstroom Gimnasium, en daarna was hy ses jaar lank junior lektor in Latyn aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO, nou die Noordwes-Universiteit) terwyl hy met sy teologiese studies besig was.
Hy was daarna vir sewentien jaar lank predikant in die Gereformeerde Kerke Komatipoort en Springs. Vanaf 2007 was hy senior lektor en later professor in Latyn en Kerk- en Dogmageskiedenis aan die Teologiese Skool Potchefstroom en die Fakulteit Teologie van die Noordwes-Universiteit (NWU), waarvan hy twee jaar ook as direkteur van die Skool vir Bybelwetenskappe en Antieke Tale gedien het. Sedert 2012 was hy Studentedekaan/Direkteur: Studentelewe by die NWU, waar hy waardevolle ondervinding in universiteitsbestuur en studentelewe opgedoen het. Hy is steeds deeltyds by die akademie betrokke en het die afgelope jare talle meesters- en doktorsgraadstudente begelei. Prof. Heyns was die afgelope tien jaar direkteur van die Skool vir Filosofie, en hoof van die Instituut vir Grondslae-ondersoek aan die NWU. Hier het hy ondervin02 / 2019
34
www.solidariteit.co.za
ding opgedoen in die bestuur van ’n tersiêre instelling. Sy akademiese loopbaan het in 1990 aan die Universiteit van Zoeloeland begin. Hy is sedert 1992 aan die PU vir CHO. Hy het filosofie aan die PU vir CHO studeer tot op meestersgraadvlak, en behaal sy PhD aan die Vrije Universiteit (Amsterdam, Nederland). Hy behaal ook die graad B.Div. aan die Universiteit van Pretoria en is in 1988 as proponent in die Nederduitse Gereformeerde Kerk gelegitimeer. Hy is sedert 2003 redakteur van die meningstydskrif Woord en Daad. As navorser het hy ’n groot aantal akademiese voordragte nasionaal en internasionaal gelewer, was hy betrokke by verskeie meesters- en doktorsgraadstudente en het hy heelwat artikels in gewilde intellektuele tydskrifte gepubliseer. Aros is trots op die nuwe leierskap wat deel vorm van die nuwe era en vooruitgang by Aros.
Bedryfsnuus
HOE KIES EK DIE REGTE LOOPBAAN?
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
J
DEUR REON JANSE VAN RENSBURG
ong kinders maak eenvoudige keuses as dit by beroepe kom. Hulle wil brandweermanne, verpleegsters, onderwysers, soldate en sportsterre word. Dié besluite word speel-speel gemaak en word gemotiveer deur die saak van die beroep, die verskil wat dit in ander se lewens kan maak, en die genot wat hulle daaruit sal put om ’n goeie daad te verrig. Aspekte soos verantwoordelikhede, kwalifikasies, beplanning vir die toekoms of status speel geen rol in hulle besluit nie. Sommige mense weet van ’n jong ouderdom af wat hulle wil doen, maar die meeste is onseker en maak gevolglik oorhaastige en angstige besluite wanneer dit tyd is om ’n loopbaan te kies. Dit is egter normaal om onseker te wees oor jou toekomstige loopbaan, selfs al lyk dit of al jou vriende reeds weet wat hulle wil doen. Die vraag duik gewoonlik die eerste keer op wanneer kinders in graad 9 vakkeuses moet maak wat hul toelating tot universiteite en ander instellings sal beïnvloed. Dit is juis op hierdie ouderdom wat kinders moet begin om navorsing te doen oor verskillende beroepe en die kwalifikasies wat nodig is om dié beroepe te volg. Dit begin reeds deur die regte vakkeuses op skool te maak. Ons raai kinders aan om twee lyste te maak – een met die dinge waarvan jy hou en een met dit waarvan jy nie hou nie.
Begin dan deur navorsing te doen oor beroepe wat ooreenstem met jou lys van dinge waarvan jy hou. Kry raad by ’n onderwyser of vra dat ’n akademiese adviseur jou help (kontak ’n universiteit in dié verband) om jou belangstellings en skoolvakke te kombineer wat jou opsies vir ’n gepaste studierigting sal bepaal. Wanneer jy ’n beter idee het van die beroepe waarin jy belangstel, kontak mense wat reeds in dié beroepe staan. Vra alle vrae, moet niks uitlos nie. Nuuskierigheid is goed! Elkeen wat jy vra, sal waarskynlik iets anders noem waarvan hulle hou en waarvan hulle nie hou nie. Vergelyk dan die goeie en slegte aspekte met mekaar en bepaal waarmee jy sal kan saamleef as individu. Wat vir jou kan werk, mag dalk nie vir iemand anders werk nie. Ons het almal verskillende verwagtinge. Sodra jy ’n idee het van die beroepe waarin jy belangstel, kan jy na ander aspekte kyk: • FINANSIES – Is die salaris van so ’n aard dat ek ’n sekere leefstyl sal kan handhaaf? • AANVRAAG – Is daar genoeg aanvraag vir die diens of produk wat gelewer word en gaan die aanvraag in die toekoms steeds daar wees? • LIGGING – Is die werk slegs beskikbaar in ’n sekere omgewing of land of kan ek dit orals doen? • Lees ook die artikel oor universiteitaansoeke op bladsy 14. 02 / 2019
36
www.solidariteit.co.za
Yes4Youth-platform nou vir alle jonges oop
S
olidariteit Jeug het in Maart ’n skrywe van Yes4Youth se regspan ontvang waarin hulle sê dat die Yes4Youth-werkskeppingskema, wat voorheen nie toegang aan wit Suid-Afrikaners verleen het om vir werk aansoek te doen nie, voortaan vir alle jong Suid-Afrikaners, ongeag ras, oop sal wees. Dié drastiese ommeswaai kom ná druk wat Solidariteit Jeug sedert Oktober 2018 op die skema geplaas het om jong wit Suid-Afrikaners toe te laat om ook op dié platform vir werk aansoek te doen. Volgens Paul Maritz, koördineerder van Solidariteit Jeug, is dit ’n reuse-oorwinning vir wit jongmense. “Ons is verheug oor Yes4Youth se besluit om hul program se deure vir alle jong Suid-Afrikaners te open. Ons sien dit as ’n toegewing dat rassebeheptheid nie ’n plek in Suid-Afrika het nie,” het Maritz gesê. Solidariteit Jeug het in 2018 van die program se uitsluitende beleid bewus geword en Yes4Youth namens een van sy lede genader. Volgens Maritz moes jongmense wat van die platform wou gebruik maak “ja” of “nee” klik onderaan die vraag: “I am Black, Coloured, or Indian”. Die antwoord het dan bepaal of die kandidaat met sy of haar aansoek kon voortgaan. Maritz sê dat die vraag intussen van die webtuiste verwyder is. “Ons hoop dat Yes4Youth se besluit ’n voorbeeld sal wees vir maatskappye soos Discovery en Sasol sodat hulle hul rasse-uitsluiting sal staak,” het Maritz gesê.
in Beweging
RENÉ DE KLERK, HENRIKE PUTTER, ERIK HEPPELL, ELZETTE LE ROUX, CHAZANNE GROBLER EN FELICIA SNYMAN, ALMAL TROTSE DOSENTE VAN AKADEMIA, TYDENS DIE INSTELLING SE TOEKENNINGSGELEENTHEID.
Rekordgetal STUDENTE ONTVANG TOEKENNINGS
D
Plato in Afrikaans
DEUR ZYDELIA VENTER
ie Afrikaanse privaat hoëronderwysinstelling Akademia het op 12 April 2019 haar jaarlikse kwalifikasieplegtigheid gehou. Daar is altesaam 52 grade, 10 gevorderde diplomas, vier diplomas en 91 hoër sertifikate toegeken. Dr. Pierre Edwards, voormalige skoolhoof by die Afrikaanse Hoër Seunskool en onderwyskenner, was die gasspreker by hierdie geleentheid. Edwards se toespraak het afgestudeerdes gemotiveer om hulle kwalifikasies as instrument te gebruik om hul roepings na te streef en ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak. Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, het gesê dat hy trots is op die groei wat Akademia tans ervaar. By die instelling se eerste plegtigheid in 2013 is tien kwalifikasies toegeken, en vanjaar ontvang 157 studente kwalifikasies. Byna al Akademia se studente werk terwyl hulle studeer. “Daarom is ons trots op hierdie afgestudeerde studente wat hard gewerk het om hul kwalifikasies te voltooi,” het Visser gesê. Om boonop ’n toppresteer te wees, verg nóg meer toewyding en deursettingsvermoë – daarom is toppresteerders vir hulle uitnemende akademiese prestasies vereer tydens die instansie se
eerste prestasietoekenningsgeleentheid. Jaco Oosthuizen het die beste prestasie in die BCom (Ondernemingsbestuur)-program behaal. ’n Spesiale toekenning is aan Lené Ferreira oorhandig vir die beste gemiddelde punt in die BCom (Bestuursrekeningkunde)-program. Pieter Wentzel is as die topstudent in die Gevorderde Diploma in Projekbestuur aangewys. Susan Wilkinson ontvang die toppresteerdertoekenning vir beste prestasie in die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie, terwyl Marisa Abeln wegstap met dieselfde toekenning vir die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde. Akademia se toekomsplanne lyk belowend. Beplanning aan ’n unieke kontakmodel via ’n residensiële kampus met ’n omvattende opvoedkundige benadering, is reeds in ’n gevorderde stadium. Die instelling wil ongeveer sewe fakulteite oprig wat ’n breër aanbod van kwalifikasies vir die gemeenskap sal bied. Akademia wil ook verder uitbou op haar unieke opvoedingen opleidingsideaal waarbinne Afrikaanse studente tuis en veilig sal wees, met die oog daarop om afgeronde studente – gereed vir die arbeidsmark – te lewer. Baie geluk aan diegene wat hulle kwalifikasies ontvang het. Mag julle prestasies ander inspireer, hoop gee en aanmoedig. 02 / 2019
40
www.solidariteit.co.za
A
kademia het onlangs haar eerste boek, ’n Afrikaanse vertaling van Plato se verdediging van Sokrates, uitgegee. Die Verdediging van Sokrates is een van die vroegste brondokumente van die Westerse filosofie en is deur Piet Boshoff uit Grieks vertaal. Die boek is in Akademia se aanlyn winkel beskikbaar. Prof. Pieter Duvenage, dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe aan Akademia, sê die teks van Plato is ’n voorgeskrewe bron vir die eerstejaarfilosofiemodule in die BSocSci-kwalifikasie (Politiek, Filosofie en Ekonomie). “Tweedens is Plato se werk van kardinale belang vir ons beskawingsgeskiedenis, nie bloot vanweë die filosofiese betekenis daarvan nie, maar ook vir die invloed wat dit op die Christelike Middeleeue en ons moderne tydsgewrig uitoefen. “Dit is betekenisvolle leesstof omdat Sokrates op ’n dialogiese wyse in gesprek tree met die mense van sy stad (Athene) oor ’n belangrike tema, naamlik geregtigheid. “Die boek is verpligte leesstof vir enige weetgierige mens wat een van die oudste bronne van ons beskawing wil raadpleeg met die oog op die hede én die toekoms.” Akademia beoog om nog akademiese publikasies uit te gee.
in Beweging
BAKEN
van hoop!
Afronding, uitnemendheid verseker blink toekoms vir Sol-Tech-studente
S
ol-Tech teiken selfgedrewe jongmense met ’n aanleg vir tegnologie en ’n passie vir beroepsgerigte werk, wat die behoefte het om by te dra tot die vestiging van ‘n omgewing wat in alle aspekte optimaal funksioneer. Eenvoudig gestel, Sol-Tech lewer uitnemende, afgeronde individue deur gehalte-onderrig en -opleiding.
FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE, VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM
Rekordinname van studente
Daar is selde ’n oop sitplek by Sol-Tech ná die studente-innames wat drie keer per jaar plaasvind. Om Sol-Tech se opleidingslokale propvol gretige studente te hou, is een van dié beroepsopleidingskollege se sleutelprestasieareas; enersyds omdat dit volhoubaarheid verseker, en andersyds omdat dit die maksimum impak en voordeel wat die gemeenskap uit hierdie opleiding put, verseker. Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, vertel dat hulle elke jaar hul hoogste besetting met die Januarie-inname sien. “Ons vorige rekord was 96%, maar met Sol-Tech se steeds groeiende reputasie en die eerste lewering van die nuwe tegniese matrikulante, het ons in Januarie 2019 ’n rekordinname van 104,2% gehad! Sonder om gehalte in te boet, is planne gemaak om al dié inskrywings te hanteer. Sonder die positiewe, passievolle gesindheid van ons personeel sou dit eenvoudig nie moontlik gewees het nie.”
Só presteer hulle
Dit was einde Februarie, soos gebruiklik, weer tyd om die jaarlikse akademiese prestasie-toekennings te maak. Dit word gedoen om aan studente wat ’n onderskeiding behaal het in N0 (die oorbrugging tot N1), N1 of N2 erkenning te gee, maar bied natuurlik ook ’n ideale geleentheid om aan voornemende werkgewers te wys wat die standaard is waaraan die Sol-Tech-studente voldoen. Dit is ’n spoggeleentheid wat deur baie
DEUR CILLESTE VAN DYK
ECKHARD POTGIETER IS AS TOPPRESTEERDER AANGEWYS. DR. PHILIP MINNAAR, HOOF VAN SOL-TECH, HET DIE TROFEE AAN HOM OORHANDIG.
trotse ouers bygewoon word. Dr. Philip Minnaar, hoof van SolTech, sê dit is dikwels ook ’n eerste keer dat van die studente enige toekenning op ’n verhoog ontvang – iets wat vir hulle ’n groot motivering is om dit in die toekoms weer te kan regkry. Altesaam 254 onderskeidings is behaal: 84 in N0 (oorbrugging), 17 in N1 en 43 in N2. Van die studente het selfs volpunte behaal: in Wiskunde N1 het sewe studente 100% behaal, in Wetenskap N1 was daar een, en in Industriële Elektronika N1 ook een. Die akademiese toppresteerder vir die jaar was Eckhard Potgieter, wat 94% in N0 Wiskunde, 87% in N0 Wetenskap, 97% in N1 Wiskunde, 85% in N1 Wetenskap, 81% in N1 Industriële Elektronika en 82% in Elektrovakteorie behaal het. Buiten die prestige-wisseltrofee wat hy ontvang het, kry die toppresteerder ook ’n lessenaartrofee wat hy kan huis toe neem en met trots aan vriende en familie kan ten toon stel.
reeds ’n tyd gelede vir die nuwe Beroepskwalifikasies akkreditasie ontvang het, as voorbeeld gebruik by ander publieke en privaat kolleges. Sol-Tech is versoek om in Mei die hele QCTO-bestuurspan toe te spreek oor die vordering met die ontwikkeling en implementering van die kwalifikasie,” verduidelik Minnaar. Onder leiding van Vanessa Verster werk lektore reeds sedert Januarie verlede jaar hard om die leermateriaal en assesserings vir implementering gereed te kry.
Sol-Tech spog by QCTO
Virseker borg truie
Die Quality Council for Trades and Occupations (QCTO), deesdae die liggaam in Suid-Afrika wat ambagsopleiding beheer, se besturende direkteur het onlangs ’n afvaardiging na Sol-Tech gestuur. “Die QCTO wil Sol-Tech, wat 02 / 2019
42
www.solidariteit.co.za
SOL-TECH-RUGBY IS SLAGGEREED VIR DIE RUGBYSEISOEN EN SPOG MET SPLINTERNUWE TRUIE WAT DEUR VIRSEKER GEBORG IS.
AJANI SE GEDUGTE SPAN IS VAN LINKS: HES HITGE, ELIZE PIETERS, ANDRÉ VERMAAK, LIESIE GROTA EN MOCHZELL POTGIETER.
Ajani-suksesverhaal: Plasing van Sol-Tech-studente by werkgewers
A
jani is ’n maatskappy wat die plasing van afgestudeerde studente in ambagsposte hanteer, en wat uitsluitlik saam met Sol-Tech werk om Sol-Tech se studente met werkgeleenthede te help. “Danksy André Vermaak, uitvoerende direkteur van Ajani, en sy span se insette, vaar Ajani-plasings uitstekend. Buiten die bestaande databasis van werkgewers ontvang Ajani al meer navrae van maatskappye wat spesifiek Sol-Tech-opgeleide studente vir aanstellings versoek,” het Paul van Deventer gesê. Daar is ook talle versoeke van ander opleidingsinstellings wat wil hê dat Ajani dieselfde diens aan hulle moet bied, aangesien dit oor die algemeen ’n uitdaging is om studente by werkgewers geplaas te kry. Ajani se diens is egter eksklusief aan Sol-Tech – dit maak dit een van die sterkste mededingende voordele wat Sol-Tech kop en skouers bo mededingers laat uitstaan. Die plasingsukses van Ajani verbeter jaarliks. Die meulmaker-, pas-en-draai-, gereedskapmaker- en sweisgroepe wat hul opleiding by Sol-Tech onderskeidelik in Mei en Junie vanjaar voltooi, is reeds almal by werkgewers geplaas. 50% tot 70% van die diesel- en elektriese studente wat steeds besig is met opleiding, is ook reeds geplaas. Daar is selfs al
navrae ontvang oor meulmaker- en pasen-draai-studente wat eers in September en Oktober hul studies voltooi. Van Deventer voeg by dat ’n vooraanstaande landbou-organisasie in Noordwes ook onlangs kom aanklop het vir studente. “Hulle was buitengewoon beïndruk met ons werkwinkels en toerusting.” Solidariteit Tydskrif het André Vermaak, uitvoerende direkteur van Ajani, oor die maatskappy se sukses uitgevra.
Wat is jul suksesresep?
“Ajani se sukses word eerstens toegeskryf aan die feit dat ons ’n goeie ‘produk’ van Sol-Tech af kry waarmee ons die mark kan nader. Dié produk is natuurlik topgehalte-studente wat met moderne vaardighede op moderne toerusting deur van die land se beste lektore bemagtig is. Hierdie kennis en vaardighede wat die studente ontvang, is die hoofrede waarom daar ’n aanvraag vir Sol-Tech se vakleerlinge in die arbeidsmark is. Tweedens het Ajani tans ’n werkgewersdatabasis van bykans 800 maatskappye en ons het baie goeie verhoudings met al ons werkgewers.”
Waarom is die studente gewild? “Werkgewers stel Sol-Tech se studente aan omdat hulle oor die kennis en vaardighede beskik om dadelik ‘n
www.solidariteit.co.za
43
02 / 2019
positiewe bydrae tot die werkgewers se bedryfsvereistes en behoeftes te kan lewer, asook die feit dat die vakleerlinge se diens ononderbroke by die werkgewers plaasvind. Hierdie studente is ook gemotiveerd en in ’n goed gedissiplineerde omgewing opgelei.”
Kom werkgewers dikwels terug?
“Daar is tans ongeveer 240 werkgewers wat op ’n gereelde basis nuwe studente in diens neem. In die meeste gevalle word onderhoude gevoer reeds maande voordat die studente se studies voltooi is. Daar is werkgewers wat groot groepe studente aanstel; soms so baie soos agt tot 12. Ons is onlangs deur ’n maatskappy in die Noord-Kaap gekontak wat juis binnekort onderhoude kom doen en 14 vakleerlinge wil aanstel.”
Jou droom vir Sol-Tech en Ajani?
“My droom vir Sol-Tech en Ajani is dat ons saam sal groei en soos vennote sal funksioneer. Ek wil graag sien dat ons uitstaan as die enigste topgehalte- Afrikaanse beroepsopleidingskollege in Suid Afrika en dat ons sal aanhou om ’n suksesvolle plasing vir elke Sol-Tech-student te bewerkstellig. Met hierdie droom is ons werk ook nie afgehandel indien elke student wat by Sol-Tech studeer het, se vaktoets nie suksesvol geslaag is nie.”
in Beweging
Ankerdorppadskou HOOP & TROTS IN JOU DORP
FOTO’S: ROZIER VAN TONDER & REINT DYKEMA
A
DEUR ALET RADEMEYER
friForum se #AnkerdorpPadskou het in Februarie vanjaar in Pretoria afgeskop. Vir die res van die jaar word dié veldtog na Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem uitgebrei. Met die veldtog verhoog AfriForum sy sigbaarheid en word duisende vrywilligers betrek om hul lewensruimtes deur middel van selfdoenprojekte te verbeter. Enige verskil wat ’n mens in ’n gemeenskap wil sien, begin eerstens by jouself. As jy skoonmaak, opruim, regmaak en omgee, is dit aansteeklik en sal ander mense jou voorbeeld volg. In Pretoria het AfriForum rommel langs besige paaie opgetel, verbleikte padtekens oorgeverf, gebiede help ontbos en by ’n diereskuiling gaan uithelp en kos afgelewer. Elke dorp het unieke uitdagings. Deur by die #AnkerdorpPadskou betrokke te raak, kan jy help om ’n verskil te maak daar waar jy woon en werk. Volg AfriForum op sosiale media om uit te vind wanneer ons ’n draai in jóú dorp maak. Ons gaan ook skole en ondernemings besoek en ons takbesture aan die publiek bekendstel. Raak betrokke in jou gemeenskap! 02 / 2019
44
www.solidariteit.co.za
GIDS BEMAGTIG SKOLE OM NOODSITUASIES TE HANTEER DEUR JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH
H
FOTO’S: ROZIER VAN TONDER & REINT DYKEMA
oe gemaak as ’n plofbare situasie by jou skool ontstaan? Rolspelers by skole kan nou antwoorde en hulp kry danksy ’n skoleveiligheidsgids wat AfriForum bekend gestel het. Die gids bevat ’n oudit met 116 vrae wat skole kan voltooi ten einde te bepaal hoe voorbereid hulle vir veiligheidsprobleme is. Die gids kan bekom word deur ’n SMS na 42314 te stuur. Dit is in sowel Afrikaans as Engels beskikbaar en is saamgestel om alle skole te bemagtig. “Die voorval by die Hoërskool Overvaal in 2018 en die onluste wat reeds in 2019 by skole reg oor die land plaasgevind het, het weer bevestig dat veiligheidsmaatreëls by skole dringend onder die loep geneem moet word,” meen Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys. Die doel met die gids is om te verseker dat skole oor die nodige en korrekte veiligheidsmaatreëls beskik sodat hulle voorbereid kan wees om leerders en onderwysers in ’n noodsituasie te beveilig. Die gids fokus onder meer daarop dat ’n skool se omheining ’n doeltreffende hoogte én van duursame materiaal gemaak moet wees. Streng toegangsbeheer moet toegepas word, terwyl daar ook voldoende nooduitgange en brandblussers moet wees. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê skole se ingesteldheid teenoor veiligheid moet verander ten einde deurlopend weerbaar te wees.
Het jy geweet? AfriForum 911, ’n noodgevaltoep, het reeds talle mense gehelp en kan gebruik word in die geval van aanvalle, kapings, huisbrake, diefstalle, brande en mediese noodgevalle. Meer as 30 000 AfriForumlede het reeds die toep afgelaai. Kry die gemoedsrus wat jy en jou gesin verdien deur dié toepassing af te laai. Besoek www.afriforum911.co.za
www.solidariteit.co.za
FOTO LINKS: CARIEN BLOEM, ONDERWYSKOÖRDINEER VAN AFRIFORUM. REGS: IAN CAMERON, AFRIFORUM SE HOOF VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, EN HARDUS VISAGIE, VOORMALIGE BEHEERLIGGAAMVOORSITTER VAN HOËRSKOOL OVERVAAL.
Hy het ook na die polisie in SchweizerReneke se optrede tydens die onlangse onluste verwys, waartydens ’n brigadier die skoolhekke vir betogers oopgemaak het. “Hoewel daar goeie polisieteenwoordigheid by Overvaal was, is die Schweizervoorval ‘n bewys daarvan dat veiligheid nie meer ’n waarborg is wat die staat vir skole kan gee nie. Daarom moet ons hand in eie boesem steek wanneer dit by die beveiliging van skole kom.” Cameron sê dat lede van AfriForum se gemeenskapsveiligheidsafdeling skole in verskillende dorpe tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou gaan besoek om te verseker dat hierdie skole die korrekte veiligheidsmaatreëls in plek het.
AfriForum Veiligheid het verlede jaar gehelp met veiligheid by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging waar chaos gedreig het nadat 55 Engelse leerlinge ingevolge ’n hofuitspraak nie tot die skool toegelaat is nie. Hardus Visagie, voormalige beheerliggaamvoorsitter van dié skool, het tydens die bekendstelling van die gids gesê dit is belangrik dat beheerliggame, ouers en die breër gemeenskap van ’n skool saamwerk om kinders se veiligheid te verseker. Hy het ook daarop gewys dat dit belangrik is om deurlopend akkuraat te kommunikeer oor die situasie by skole om sodoende te voorkom dat onnodige paniek gesaai word.
R50 miljoen
Die bedrag wat die burgerregteorganisasie AfriForum oor die afgelope drie jaar spandeer het om ’n stewige VEILIGHEIDSNETWERK van meer as 132 buurtwagte met letterlik duisende vrywillige patrolleerders en ’n omvattende radionetwerk en beheersentrum daar te stel.
45
02 / 2019
in Beweging
Armoede VERBREKING NIE NET VERLIGTING
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
V
ir die Afrikaner om armoede se wurggreep te verbreek, sal ons wyer moet dink. Ons sal antwoorde wat tans onlogies lyk, moet afstof, bekend en bemind maak, implementeer en as vanselfsprekend aanskou. Die verligting van armoede is noodsaaklik, maar dis ’n nimmereindigende roeping. En iets wat ’n mens nie planloos kan aanpak nie. Byvoorbeeld: ’n Kerk voel ’n besondere roeping om in ’n bepaalde plakkerskamp te gaan hulp bied. Hulle doen dit sonder ’n plan en sonder rigting. Hulle verlig die armoede so goed dat 60 gesinne kort voor lank 120 gesinne word. Die nood word te groot, die uitdaging onmoontlik en die kerk skuif dié “roeping” elders. Opreg het hulle daardie 60 gesinne in liefde versorg, maar hulle het die probleem net laat vergroot. Ons kan sê hulle roeping het groter geword as toe hulle hier begin het. Die waarheid is dat die verligting van armoede baie skade kan doen. Die doel moet wees om te verlig sodat armoede verbreek kan word. Met ’n verbrekingsplan is verligting net ’n bruggie. Teoreties is die plan vir armoedeverbreking maklik, maar om dit in die praktyk uit te voer, is moeiliker. Solidariteit Helpende Hand se plan is tweeledig: 1. 1 Ons moet mense leer om te werk met die bietjie of baie wat hulle het (ons moet mense geldfiks maak).
DEUR HANNES NOËTH
2. 2
Ons moet mense leer om geld in te bring wat hulle nie het nie (ons moet entrepreneurskap aanvuur).
Finansiële beplanning
Helpende Hand het onlangs ’n veldtog van stapel gestuur om mense geldfiks te maak. Ronel Jooste, ’n finansiële deskundige, het vir ons ’n geldfiksgids opgestel. Dié gids sê niks nuuts nie; dit is soos ’n gewone fiksheidsprogram wat bekende dinge gebruik en tog in ’n oefenprogram ’n wesenlike verskil maak. Ons hoop dat hierdie gids orals as ’n hulpmiddel sal dien. Daarom stel ons dit gratis beskikbaar. Almal wat leer hoe om hulle bietjie of baie op die doeltreffendste wyse te gebruik en te bestuur, is vir ons ’n oorwinning. Ons hoop dat mense eienaarskap sal neem van wat hulle het, sodat daar iets oor is om volgens die Skrif se opdrag vir die armes te kan gee.
Entrepreneurskap
Aan die ander kant moet ons mense leer om geld wat hulle nie het nie, in te bring. Die regering maak dit nie maklik vir entrepreneurs nie. Die uitdagings is groot en die opleiding is min. Daarom misluk so baie se ondernemings binne drie tot ses maande. Helpende Hand het as deel van ons Beplan en doen-veldtog in samewerking met Lukas Coetsee, ’n entrepreneur met 30 jaar ondervinding van suksesvolle entrepreneurskap, die 02 / 2019
46
www.solidariteit.co.za
tweede been van die veldtog uitgerol. Ons wil seker maak entrepreneurs kry opleiding en storm nie net doelloos in ’n rigting in nie, maar tree met vaardighede en kennis op. Die uiteinde is twee entrepreneurskapkursusse (’n kort en ’n lang kursus) wat entrepreneurs bemagtig om nie net te begin nie, maar ook suksesvol te wees. Die lekker uitvloeisel hiervan is die stig van ’n entrepreneurskapfonds waarmee Helpende Hand, soos met rentevrye studielenings, jong entrepreneurs kan toerus en begelei in die ontwikkeling van hulle vaardighede. Waarom doen Helpende Hand dit? Juis omdat ons nie net wil verlig nie. Verlig is net die bruggie na verbreek. Ons wil die patroon verbreek. Ons moet mense leer om in te bring wat hulle nodig het en om dit wat hulle het, goed, doelgerig en noukeurig aan te wend. Elke entrepreneur wat na vore tree en suksesvol is, maak ’n verskil en elke individu of gesin wat geldfiks word, maak ’n verskil. Daarom doen ons dit tree vir tree. Ons leer mense om geld in te bring en ons leer hulle om dit aan te wend. Beplan en doen. Anders gaan ons bly kospakkies uitdeel en nooit vorder nie, en Helpende Hand wil nie net uitdeel nie, ons wil armoede vir goed verbreek. • Hannes Noëth is besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.
www.roneljooste.co.za www.financiallyfitlife.co.za E-pos: office@roneljooste.com
STAP 5
Opgestel deur Ronel Jooste, verwerk deur Hannes Noëth Om ons LIGGAAM fiks en gesond te hou, moet ons fisies oefen en gedissiplineerd wees. Om ons GEESTELIKE LEWE fiks en gesond te hou, moet ons geestelik oefen en gedissiplineerd wees. So is dit ook met GELDSAKE. Om finansieel fiks en gesond te wees, moet ons finansieel oefen en gedissiplineerd wees. BEPAAL WAT JY HET. Moenie begin met wat jy nie het nie; begin by waar jy vandag is. As jy weet wat jy het, HOE MAAK JY DIT MEER?
STAP 1 • Stel vir jouself DOELWITTE: Waar wil jy wees? • Stel ’n PLAN op: Hoe gaan jy kom waar jy wil wees? • Begin WERK! Dinge gebeur nie vanself nie.
STAP 2 • Stel ’n BEGROTING op – vir ’n maand en jaar vooruit – INKOMSTE en UITGAWES. Moenie meer bestee as wat jy verdien nie.
STAP 3 • Bestuur jou SKULD. Skuld maak ’n mens al armer en daarom moet jy jou skuld afbetaal. Begin dadelik – al neem dit ’n tydjie. • Maak ’n LYS van jou skuld, die rente daarop en die afbetalingstydperk. • Betaal die DUURSTE skuld eerste (byvoorbeeld ’n kredietkaart). • Gebruik alle EKSTRA GELD om jou skuld te delg. • Stel vir jouself ’n DATUM wanneer jy skuldvry gaan wees. • KONTANT IS KONING. As jy iets nie kontant kan koop nie, wag eers.
STAP 4 • Maak ’n lysie van dinge waarvoor jy wil SPAAR. • BEGIN dadelik spaar, al het jy ander uitgawes. • Stel SPERDATUMS op van hoeveel jy vir wat teen ’n spesifieke tyd wil spaar. Hou by dié datums. • Spaar ten minste 10% VAN JOU INKOMSTE. • DAAG JOUSELF UIT om te spaar; dit kom nie vanself nie.
• • • • •
LEER JOUSELF KEN: Met watter soort risiko is jy gemaklik? Leer verskillende soorte BELEGGINGS ken. BEGIN KLEIN, maar begin iewers. Belê iets en maak dit deel van jou spaarplan. Hou jou BELEGGINGSGROEI gereeld dop en kyk ook na die BELASTINGIMPAK en -VOORDELE. Verstaan die uitwerking van ANDER FAKTORE op jou beleggings, byvoorbeeld die eiendomsmark, rentekoerse en die ekonomie.
STAP 6 • Bou ’n NOODFONDS op en gebruik dit slegs in noodgevalle. • As jy geld ONTTREK, plaas dit so gou moontlik terug.
STAP 7 • BESKERM jouself en jou bates en tref voorsorg vir as jy sou sterf. • Kies die beste MEDIESE FONDS, ONGESKIKTHEIDSDEKKING, MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING wat jy kan bekostig. • Neem LEWENSVERSEKERING en ’n BEGRAFNISPOLIS uit. • Baie belangrik: Kry ’n TESTAMENT en hou dit op datum. • Maak ook seker jou SKULD word gedelg as jy te sterwe sou kom.
STAP 8 • AFTREEBEPLANNING is uiters noodsaaklik, ongeag jou ouderdom. • Win ADVIES in oor hoeveel geld jy ná jou aftrede gaan benodig. • Maak seker jy SPAAR genoeg en hou jou dokumente op datum.
STAP 9 • Maak FINANSIËLE VRYHEID jou prioriteit en wérk daarvoor. • SKRYF NEER wat finansiële vryheid vir jou sal beteken. • Aanvaar daar sal HINDERNISSE oor die pad na vryheid kom.
STAP 10 • Skep meer as een INKOMSTEBRON. • Bepaal hoe jy EKSTRA GELD kan verdien en spring aan die werk!
STAP 11 • Mense dink verskillend oor finansies, maar hou by jou PLAN. • Leer ken jou SWAKPUNTE en wat jou dalk kan terughou. • Praat met KUNDIGES, leer, studeer, groei en ontwikkel. Hoe fikser jy word om met geld te werk, hoe meer kan jy daarmee doen.
STAP 12 • Vermy SLEGTE GEWOONTES en leer GOEIE GEWOONTES aan. • Leef slim met goeie gewoontes en beweeg POSITIEF VORENTOE!
PSALM 24:1 – “DIE AARDE BEHOORT AAN DIE HERE EN DIE VOLHEID DAARVAN, DIE WÊRELD EN DIÉ WAT DAARIN WOON.” Alles wat ons bestuur, is die Here s’n. Ons bestuur dit vir Hom, tot Sy eer. Moenie dat geld jou god word nie, maar bestuur Sy eiendom vir Hom.
in Beweging
HANNES NOËTH, BESTURENDE DIREKTEUR VAN HELPENDE HAND, EET ONTBYT SAAM MET DIE KINDERS VAN DIE ONS PLEK-GEMEENSKAPSENTRUM. REGS: DIE KINDERS HET DIE MOTORFIETSRITTE BAIE GENIET.
DIE PLAN, DIE WORSIE, DIE HOOP
E
DEUR PHILLIP BRUWER
kongres in die Wes-Kaap saam met tannie Joey Lötter, soos die kinders Ons Plek se bestuurder noem wat gedurende die week ná skool mooi na hulle omsien en sorg dat hulle ’n gesonde bord kos kry, gereël dat talle van die 130 kongresgangers dié Sondag by die gemeenskapsentrum saam met behoeftige gesinne van die Strand ontbyt eet om prakties uitvoering te gee aan presies dit waarvoor Helpende Hand staan. Toe die seuntjie klaar geëet het, vra Alisha vir hom: “Wil jy saam gaan motorfiets ry?” Die seuntjie doen ’n berekening in sy “Daar is altyd dinge bo ’n mens se vermoë wat vir jou gedagtes en vra vir tannie Alisha of hy te groot is. In alle omstandighede moet ’n mens leer nie eerder nog ’n bietjie kos kan kry en oefen om berusting in die Here te vind en dan rus nie. Alisha se hart en wag en kyk waarheen Hy met jou op pad is.” krimp ineen by die gedagte dat die seuntjie eerder nog kos sal kies as om dat hulle met so ’n lekker bord kos oor ’n saam met sy maats vir die eerste keer op naweek bederf kon word, aangesien die ’n motorfiets te gaan ry. sentrum gewoonlik dan gesluit is. Van “Jy kan gerus nog kos kry én jy kan die grootmense wat daar kuier, dra leergaan motorfiets ry, daarna gaan julle nog baadjies met die woorde “Solidariteit lekker roomys kry wat tannie Joey geHelpende Hand Motorfietsklub” daarop. koop het,” sê Alisha terwyl die seuntjie Hulle het op ysterperde daar aangese gesig van vreugde straal. kom en was so vriendelik om die kinderDiegene wat al die fliek Ds. Tienie tjies ’n rit op hul motorfietse te gee. Vir gekyk het, sal sekerlik die treffende menige van hulle was dit die eerste keer. einde onthou waar die meer gegoede Alisha de Lange, Helpende Hand se gemeentelede van ds. Tienie deur hul streekorganiseerder in die Wes-Kaap, geestelike leier se optrede genoop is kyk hoe die seuntjie eet. Sy het as deel om hul gemaksone te verlaat en saam van Helpende Hand se heel eerste
FOTO’S: VERSKAF
en Sondagoggend in die middel van Maart in ’n bewolkte Kaapstad sit ’n graad 1-seuntjie by ’n klein plastiektafeltjie en verorber ’n stukkie oorgaar gebraaide boerewors wat opgedis is saam met roereier, geblikte bone, ’n skeppie sampioene en ’n broodjie. Om hom speel sy maatjies en gesels vrolik met die spul vreemde grootmense wat vir hulle by Helpende Hand se Ons Plekgemeenskapsentrum in die Strand kom kuier het. Dit het dit moontlik gemaak
02 / 2019
48
www.solidariteit.co.za
met die behoeftige mense op die kerk se voorstoep brood te breek. Ewe skielik, as ’n mens sien hoe iets klein soos ’n oorgaar stukkie boerewors as vanselfsprekend aanvaar word, besef jy dat jy geneig is om met ’n witbrood onder die arm te kla. En dan sink die woorde in van Hannes Noëth, Helpende Hand se grootbaas en ’n oudpredikant wat dié bewolkte oggend se verrigtinge met ’n geestelike boodskap uit Psalm 131 geopen het, diep in jou hart. Jy glimlag, vee vinnig die trane uit jou oë voor iemand dit sien en help dan om die roomysstormloop te verlig. “Daar is altyd dinge bo ’n mens se vermoë wat vir jou te groot is. In alle omstandighede moet ’n mens leer en oefen om berusting in die Here te vind en dan rus en wag en kyk waarheen Hy met jou op pad is. Terwyl jy wag en berus, besef jy dinge is bo jou vermoë, maar dat God jou stuur. Dit gee vir jou ’n rustigheid wat niks of niemand van jou kan wegvat nie,” was Hannes se boodskap. Voor Ons Plek in die Strand sy deure oopgemaak het, het Helpende Hand ’n plan beraam om die gemeenskap wat sukkel, by te staan. Ná al die planne by die eerste Wes-Kaap-kongres het Helpende Hand in dié provinsie na ’n volgende rat oorgeskakel en is hulle gereed om ’n golf van projekte aan te pak sodat die nood by ons kinders, gestremdes en bejaardes aangepak word.
Beurtkrag EMOSIONELE
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
K
ragvoorsiening is kritieke infrastruktuur en vorm die ruggraat van die ekonomie. Hoe meer elektrisiteitslewering groei en verbeter, hoe vinniger groei die ekonomie, terwyl tekorte daaraan ekonomiese groei en vooruitgang in die wiele ry. Die lewering van elektrisiteit is noodsaaklik om Suid-Afrika nou, sowel as in die toekoms, voorspoedig te maak. Nadat Eskom in 2008 die eerste keer sy kontensieuse beurtkragplanne aangekondig het, het krisis op krisis gevolg. Die meeste mense en maatskappye of sakeondernemings is nie ten volle voorbereid op en gereed vir kragonderbrekings nie. Ons word gewoonlik onkant betrap wanneer beurtkrag onverwags aangekondig word. Sommige huishoudings en ondernemings doen sekere stappe om beurtkrag minder ingrypend te maak, maar almal het nie die finansiële vermoë om ’n kragopwekker, batterye om krag te stoor, of ’n sonkragenergiestelsel aan te skaf nie. Die uitwerking van beurtkrag op mense kan wissel van ongerieflik tot ernstig steurend en selfs dodelik. Dit kan veral vir klein ondernemings ’n doodsvonnis wees. Hoewel daar nog nie veel hieroor geskryf is nie, moet die emosionele en sielkundige effek van beurtkrag op mense nie onderskat word nie. Die verlies aan elektrisiteit is ’n emosionele kwessie. Hoe langer beurtkrag duur, hoe meer gereeld dit gebeur en hoe meer onvoorspelbaar dit is, hoe meer intens is die emosionele uitwerking daarvan. Wat is van die praktiese dinge wat groot ontwrigting en frustrasie by Suid-Afrikaners veroorsaak en hoe raak dit mense emosioneel?
SIELKUNDIGE EFFEK DEUR NICOLIEN WELTHAGEN
Frustrasie, spanning, onsekerheid & aggressie Mense voel dat hulle nie in beheer van hul eie beplanning is nie en hulle is geïrriteerd omdat hulle moet sukkel om eenvoudige take te verrig. Hulle kan as gevolg van die bykomende stres selfs paniekerig en angstig voel. Wanneer mense besef dat hulle beheer oor hul eie omstandighede ondermyn word, skep dit gevoelens van hulpeloosheid en beïnvloed dit hul subjektiewe gevoel van welstand. Suid-Afrikaners is bekommerd oor die ekonomiese toekoms van die land en dit veroorsaak onsekerheid en gevolglik stres en angstigheid. Die elektrisiteitkrisis kan mense se toleransie om ontwrigting en probleme te
1
Veiligheid
Die meeste sekuriteitstelsels by ondernemings en huise is van elektrisiteit afhanklik. Batterye, alarms en outomatiese hekke of motorhuisdeure wat nie werk nie, skep ’n veiligheidsrisiko wat deur kriminele uitgebuit kan word. Dit veroorsaak vrees by mense, wat hulself nie soos gewoonlik kan beskerm nie.
Produktiwiteit
3
Benewens kos by die huis wat weens kragonderbrekings bederf, kom ekonomiese aktiwiteite in baie werkplekke tot stilstand. Produktiwiteit in alle sektore word nadelig beïnvloed en ingeperk. www.solidariteit.co.za
49
02 / 2019
hanteer, verlaag. Elke beurtkragsituasie skep nuwe frustrasie wat die negatiewe gevoelens en frustrasies van die vorige beurtkragsessies vererger, en dit takel toleransie en verdraagsaamheid, of die vermoë om doeltreffende en konstruktiewe hanteringsmeganismes te gebruik, af. Dit verhoog weereens frustrasie en aggressie. Vrees vir ‘n totale ineenstorting van die kragnetwerk ontstel mense en laat hulle angstig voel en irrasioneel dink. Dit het ’n negatiewe uitwerking op die verwagting van ’n goeie toekoms en lewensgehalte. Om vertroue hierin te verloor, veroorsaak ook stres, onsekerheid en frustrasie.
Verkeer
2
Verkeersontwrigting tydens kragonderbrekings is ’n verdere bron van frustrasie en stres by padgebruikers. Gewone spitsverkeer is reeds ‘n kopseer en verkeersligte wat nie werk nie veroorsaak dat mense nóg meer tyd op die pad deurbring.
Opleiding Kragonderbrekings raak die voorsiening van lig in klasse asook die gebruik van projektors en internetverbindings, om nie eers te praat van studietye in die aand wat ontwrig word nie. Tyd wat gemors is, moet later ingehaal word. Dit veroorsaak gevoelens van druk en stres.
in Beweging
Besigheidstudies SOS PAK DEPARTEMENT OOR UITSLAE DEUR ELAINE KRIGE
FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM
S
word. Die departement het nog olidariteit eis namens nie op hierdie eis gereageer die Skoleondernie en Solidariteit is besig om steuningsentrum regsadvies in te win. (SOS) dat die 2018Die SOS het reeds op 16 matriekeindeksamen Januarie die saak onder die dein Besigheidstudies partement se aandag gebring ongeldig verklaar word. Dít volg en sedertdien verskeie skriftenadat die SOS vasgestel het like klagtes vanaf onderwysers meer as 70% van die Besigheidaan die departement oorhanstudies-vraestel se memorandum dig. Die departement het egter het ooreengestem met inhoud tot op hede versuim om enige van die departementele hulpstappe te doen om die progids Mind The Gap. Hierdie DIE SOS HET MET ONDERWYSERS VAN REG OOR DIE LAND VERbleem op te los. gids is egter slegs beskikbaar GADER OOR DIE SWAK MATRIEKUITSLAE IN BESIGHEIDSTUDIES. Tydens ’n vergadering tusaan leerders uit onderprestesen die SOS en senior DBO-berende skole, wat verlede jaar sterk ooreenkomste is tussen die inamptes op 5 Februarie, het die oefenkampe bygewoon het ter houd van ’n amptelike memorandum en departement erken daar is ’n tekort aan voorbereiding op die matriekeksamen. die inhoud van een handboek, omdat ervare nasieners in Afrikaans, wat AfriIn ’n brief aan die departement bepaalde inhoud ooreenstem,” sê Hugo kaanse matrikulante kon benadeel. Die van basiese onderwys (DBO), eis SoliVermeulen, hoof: opleiding van die SOS. departement het ook erken dat nasieners dariteit ’n verduideliking oor waarom “Indien daar heelwat ooreenkomste in sommige gevalle te streng gemerk het groot gedeeltes van die memorandum is tussen ’n handboek en die memoen dus nie ruimte gelaat het vir leerders ooreenstem met die inhoud van Mind randum, veral as dit nie een van die se eie interpretasies, soos die vak BeThe Gap, terwyl die gids nie deel vorm voorgeskrewe handboeke is nie, sal dit sigheidstudies vereis nie. van voorgeskrewe werk vir Besigheidop grootskaalse ongerymdheid dui.” Departementele beamptes het verstudies nie. Baie leerders het boonop Vermeulen sê indien hierdie handder te kenne gegee dat sommige leernie toegang tot hierdie gids gehad nie. boek slegs beskikbaar was aan enkele ders se uitslae vir die matriekeksamen Die gids is nie op die departement se leerders, sou hulle aansienlik bevoordeel met 50% toegeneem het, in vergelyking webtuiste beskikbaar soos die Mind kon word in voorbereiding op die ekmet hul SBA-punt. The Gap-gidse vir ander vakke nie en samen en kan ‘n mens verwag dat hulle “Dit is vir die SOS kommerwekkend is boonop glad nie in ’n ander taal as gewaarborg is van goeie uitslae. dat daar so ’n groot verskil is tussen Engels beskikbaar nie. Talle onderwyDaarom eis Solidariteit namens die leerders se jaarpunt en die punt wat hulle sers uit presterende skole het tydens ’n SOS dat die eindeksamen in Besigheidvir die matriekeksamen verwerf het. Dit vergadering bevestig dat hul leerders studies ongeldig verklaar word en dat is ’n verdere aanduiding dat ongerymdnie toegang het tot hierdie boek, of leerders se SBA-punte (gemodereerde hede plaasgevind het wat sommige oefenkampe waar die boek beskikbaar jaarpunt voor die eindeksamen) as hul Engelse leerders kon bevoordeel het,” gestel is nie. finale punt vir Besigheidstudies aanvaar het Vermeulen gesê. “Die SOS vind dit vreemd dat daar 02 / 2019
50
www.solidariteit.co.za
SLEGS R95
(PER VAK PER MAAND)
Deel van die Solidariteit Beweging
in Beweging
Skenk lewe!
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM • AANVULLENDE TEKS: DAWID BRAND • BRONNE: WWW.ODF.CO.ZA & WWW.SABMR.CO.ZA
WORD ‘N ORGAANSKENKER
B
aie mense assosieer die woord “orgaanskenking” met verlies, omdat dit impliseer dat jy iemand na aan jou verloor. Maar vir talle ander en hulle geliefdes het dit ‘n ander betekenis: lewe. Vanjaar, op 25 September, vier ek die 15de jaar van my nuwe lewe met ‘n nuwe nier. Vyftien jaar sedert ek ’n lewensveranderende operasie ondergaan het, nadat ek met minder as 15% nierfunksie alledaagse take moes verrig. Ek was nog ’n kind, en my pa was my held en redder. Soos enige goeie ouer het hy nie twee keer gedink om homself te laat toets en vas te stel of hy ’n skenker kon wees nie. Die kans was 50/50, maar te danke aan ’n span goeie dokters, uitstekende mediese tegnologie, die nuutste medikasie en baie genade van die Here dra ek tot vandag toe nog ’n stuk van my pa saam met my. Letterlik! Mense vra my gereeld of ek nou gesond is. Ek sal jok as ek sê dat alles ná die oorplanting maanskyn en rose is. Vir enige oorplantingpasiënt is die kans dat jou liggaam die “nuwe” orgaan kan verwerp, altyd deel van jou lewe. Jy gebruik skielik ’n handvol pille wat onder meer keer dat die orgaan nie verwerp word nie. Teenverwerpingsmedikasie onderdruk jou immuniteit om te verhinder dat jou liggaam die orgaan soos bakterieë
DEUR REON JANSE VAN RENSBURG
behandel en daarteen baklei. Die uitwerking van ’n verlaagde immuunstelsel is nie so maklik om te hanteer nie. Dít en talle ander newe-effekte van ander medikasie wat ek gebruik, boelie my op ander maniere. Gelukkig kan ek terugbaklei deur my ingesteldheid positief te hou. ’n Goeie sin vir humor help ’n mens deur moeilike tye! Daar is egter steeds te min mense wat bewus is van die noodsaaklikheid van orgaanskenking. In Suid-Afrika wag ongeveer 4 300 mense op ’n lewensreddende orgaan- of kornea-oorplanting, maar slegs 0,2% van ons bevolking is geregistreerde orgaanskenkers. Een van die belangrikste aspekte wat ’n direkte impak op die sukses van orgaanen weefseloorplanting het, is ‘n gebrek aan kennis en begrip van skenkeridentifikasie asook orgaan- en weefselverkryging. Baie hospitale in afgeleë gebiede is nie by ’n oorplantingsentrum geaffilieer nie en weet nie waarheen potensiële skenkers verwys kan word nie. Hulle het ook nie die nodige vaardighede of kennis om potensiële skenkers te identifiseer nie. Dit is noodsaaklik dat mediese spesialiste in hierdie hospitale asook Jan Alleman ingelig word sodat hulle passievol kan wees oor orgaan- en weefselskenking, aangesien die gebrek aan kennis en begrip direk verband hou met die aantal verwysings wat gemaak én lewens wat gevolglik gered word. 02 / 2019
52
www.solidariteit.co.za
Vinnige feite 1• Die eerste oorplanting-
chirurgie is in 1823 opgeteken toe die Duitse chirurg Carl Bunger plastiese chirurgie op ‘n vrou se neus uitgevoer het deur vel van haar heup oor te plant. 2• Die eerste kornea-oorplanting is in 1906 deur die Oostenrykse oftalmoloog dr. Edward Zim gedoen. 3• Die eerste bloedoortapping is in 1918 gedoen. 4• Die eerste lewer- en longoorplanting is in 1963 gedoen, onderskeidelik deur dr. Thomas Starzl en dr. Dr. James Hardy. 5• Die eerste hartoorplanting is in 1967 deur ons eie dr. Christiaan Barnard gedoen. 6• Die eerste handoorplanting is in 1998, in ‘n operasie wat 13 ure geduur het, in Frankryk deur dr. Earl Owen van Australië en dr. Jean-Michel Dubernard van Frankryk gedoen. 7• Die eerste volledige gesigoorplanting is in 2010 in Spanje gedoen op ‘n man wat in ‘n skietongeluk beseer is.
Wat jy moet weet Wie kan ’n skenker wees?
Jy kan ‘n skenker word as: • Jy jonger as 70 is, • Jy gesond is, en • Jy geen voorafbepaalde chroniese siektes het wat gesondheidskomplikasies vir die ontvanger van enige van jou organe kan veroorsaak nie.
Kan ek ’n orgaan of weefsel skenk terwyl ek leef?
Ja, in sommige gevalle. Lewende skenkings, soos nieroorplantings, word dikwels tussen familielede gedoen, omdat die bloedgroepe en weefseltipes meer versoenbaar is, wat ‘n hoë suksessyfer verseker.
Watter organe en weefsel kan oorgeplant word?
Wat is die verskil tussen ’n orgaan- en weefselskenker?
Die konsep is dieselfde: ’n Persoon besluit dat iemand anders ná sy of haar eie dood voordeel moet trek uit gesonde organe en weefsel deur oorplanting. Organe kan vir oorplanting benut word wanneer ‘n pasiënt se breinstam dood is, maar die persoon steeds in die hospitaal is en sy of haar liggaam meganies ondersteun word op ‘n ventilator. Min mense sterf egter só.
Kan ek net sommige organe of weefsel skenk? Ja. Stel jou familie in kennis watter organe of weefsel jy nie wil skenk nie.
Jou hart, lewer en pankreas kan drie lewens red en jou niere en longe kan tot vier mense help. Jy kan tot 50 mense help deur kornea, vel, been en hartkleppe te skenk.
Hoe lank ná die dood moet die organe of weefsel verwyder word?
Dit moet so gou moontlik nadat die skenker breindood verklaar is, verwyder word. Breinsterfte moet gesertifiseer word deur twee onafhanklike dokters.
Beenmurgskenking
O
ngelukkig glo baie mense steeds dat beenmurg net geskenk kan word deur dokters wat in jou bene moet boor. In werklikheid behels die skenkingsproses geen chirurgie of narkose nie. Dit werk byna soos om bloed te skenk. Mense wat leukemie of ander bloedsiektes het, benodig ‘n lewensreddende stamseloorplanting en maak op die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) staat om ‘n geskikte skenker te vind. Daar is tans slegs 74 000 geregistreerde beenmurgskenkers, maar minstens 400 000 word benodig. Die kans om ‘n geskikte skenker te vind, is 1 uit 100 000. Word vandag nog ‘n beenmurgskenker! • Besoek www.sabmr.co.za
Skenkingsyfers 2016
512 37%
orgaan- en kornea-oorplantings is volgens die Orgaanskenkersvereniging in 2016 gedoen. 316 was orgaanoorplantings.
40
van nierskenkers was verwant aan die ontvanger. 234 volwassenes, 3 adolessente en 12 kinders het niere ontvang.
Hartoorplantings 23 volwassenes en 2 kinders het hartoorplantings ontvang.
volwassenes, 4 adolessente en 21 kinders het leweroorplantings ontvang. Een volwassene en 14 van die kinders was verwant aan die skenker..
151
volwassenes, adolessente en kinders se sig is herstel deur ’n kornea-oorplanting.
Longoorplantings
14 volwassenes het longoorplantings ontvang. Een volwassene was die ontvanger van ’n pankreas.
Wil jy ’n orgaanskenker word? Besoek die Orgaanskenkersvereniging se webtuiste by www.odf.org.za en klik op die “Register”-skakel, of skakel 0800 22 66 11. Onthou, dis gratis om te registreer en jou organe te skenk! www.solidariteit.co.za
53
02 / 2019
MY
RIGHTS Send your legal questions to diens@solidariteit.co.za or fax it to 012 664 1102.
Religious convictions
AND THE WORKPLACE
PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM
Faris referred the matter to the Labour Court where she contended that TDF discriminated against her based on her religious beliefs. The Labour Court held that her dismissal was automatically unfair and granted Faris 12 months’ compensation. TDF appealed the outcome on the basis that Faris had not been dismissed because of her religion, but rather because she could not work on Saturdays and that this was an inherent requirement of her job. The Labour Appeal Court held that Faris had in fact been dismissed because of her religion, since there was a direct link between her inability to work on Saturdays and her religion. The Labour Appeal Court then had to consider the fairness of the discrimination, whether it is connected to a legitimate purpose and whether it unduly impacted Faris’s dignity. On the issue of legitimate purpose, the Labour Appeal Court found that it was possible for TDF to accommodate Faris without imposing undue hardship or operational difficulty. In considering whether TDF impaired Faris’s dignity, the court held the following: 02 / 2019
54
www.solidariteit.co.za
“
Without question, an employment practice that penalises an employee for practising her religion is a palpable invasion of her dignity in that it supposes that her religion is not worthy of protection or respect. It is a form of intolerant compulsion to yield to an instruction at odds with sincerely held beliefs on pain of losing employment. The employee is forced to make an unenviable choice between conscience and livelihood. In such a situation, the dictates of fairness and our constitutional values oblige the employer to exert considerable effort in seeking reasonable accommodation.
“
I
n the case of TDF Network Africa (Pty) Ltd v Faris,* the employee (“Faris”) had been employed by the employer (“TDF”) since 2012. During the recruitment process, Faris informed TDF that she is a Seventh-day Adventist and that she could not work on the Sabbath which falls on a Saturday. She was, in terms of her religion, required to reserve Saturdays for religious matters. TDF holds a substantial amount of customer stock and as a result had to conduct monthly stock takes on Saturdays. TDF managers were rostered to attend the monthly stock takes, but Faris never attended due to her religious convictions. A meeting was called by TDF with Faris wherein she confirmed that she could not attend the stock takes on Saturdays as her religion prohibited her from working on Saturdays before sunset. TDF confirmed that they could not make an exception for Faris and proceeded to institute incapacity proceedings against Faris which ultimately lead to her dismissal.
BY MARIESA JANSEN VAN RENSBURG
The Labour Appeal Court held that an employer is obliged to reasonably accommodate an employee’s religious freedom unless it imposes undue hardship on the employer. The test will however not always find in favour an employee, as each case will be considered on its own merit.
* TDF Network Africa (Pty) Ltd v Faris (CA 4/17) [2018] ZALAC 30; [2019] 2 BLLR 127 (LAC); (2019) 40 ILJ 326 (LAC).
Volkleur
Watter bevoorregting? D DEUR CHRIS CHAMELEON
ie spanning loop hoog, gans te hoog vir 05:30 op ’n Vrydagoggend. Ek loop my opponent in die wagarea raak. Dis ’n bietjie vreemd om die persoon onder hierdie omstandighede raak te loop: ’n Musikant wat ek nog nooit ontmoet het nie, van wie ek weet, maar vir wie ek onlangs vasgevat het op sosiale media oor ’n uitlating in verband met rassisme. Voorlopig is daar egter nie veel strydlus tussen twee musikante om 05:30 in ’n uitsaaier se wagarea nie. Hy het wel drie duidelike voordele: Die ontvangsdame het vir hom koffie gebring; hy het twee klein kindertjies en is ’n vroeër patroon seker meer gewoond as ek; en ek is midde-in week twee van bosluiskoors wat my so lam gelê het dat ek nie kan onthou hoe ek tot hier gekom het nie. Ons gesels maar oor koeitjies en kalfies so skuins voor ons die bul by die horings pak.
Dan breek die oomblik van waarheid aan en ons word vinnig na die gesprektafel gebring, klankapparate word aan ons lywe vasgesit en ons neem stelling voor die kameras in. Die aanbieder begin met ’n bietjie agtergrond, wys ’n stukkie van my video waarin ek kapsie gemaak het teen die (aldus my) ongebalanseerde fokus op wit rassisme, en die gesprek begin. Op ’n vraag wat ek deur die sweet en koors nie kan onthou nie, gee ek ’n antwoord wat my nou nie byval nie, maar kry wel ’n “maar jy moet verstaan jy is aan die ontvangkant van blanke bevoorregting” in reaksie. Dit is veiliger om ’n turksvy onder ’n bul se stert in te druk en ’n rooi lappie voor hom te wapper. Ek verras die geselskap deur net daar soos Bileam se donkie vas te steek en redelik ongepoets te vra: “Wat sê jy daar? Wat is dit van ‘blanke bevoorregting’?” Bevoorreg? Wat bedoel hy daarmee? Bedoel hy toe my ma, ná die verdwyning van my pa, met my slegs drie weke oud, die strate van Johannesburg te voet van die een gebou na die volgende platgeloop het om werk te soek? Bedoel hy die groot pot bredie wat my ma Sondae gemaak het waaruit ons die hele week elke aand al kleiner wordende porsies geëet het? Bedoel hy dat ek my ma altyd net in die donker gesien het omdat sy soggens voor daglig vir my en my sussie by ’n onwettige crèche afgelaai het en ons eers saans, ná haar tweede werk, kom haal het? Dit kan wees dat hy gehoor het hoe ek elke oggend op hoërskool om 04:30 opgestaan het en 19 km ver met ’n eenrat-BMX deur Johannesburg se strate gery het om ’n sakgeldjie te verdien. Miskien voel hy ek was erg bevoorreg in die ander werke wat ek gehad het: sekuriteitswag by ’n skryfbehoeftewinkel, kaartjieskeurder in ’n ondergrondse parkeergarage, groentepakker by die Griek se kafee op die hoek, paashaas in ’n winkelsentrum… Wag, ja, dit moet wees die keer dat ek so bevoorreg was 02 / 2019
56
www.solidariteit.co.za
om by die Randse Skou die persoonlike lyfwag van Zet te wees vir R20 per uur. Hy kan tog seker nie weet van die keer toe ek in matriek weggeloop het van die huis af en vir ’n week met kaal voete, één wit hemp en één grys broek en ’n kitaar soos ’n bergie in Pretoria se strate geslaap het terwyl ek bedags deelgeneem het aan die nasionale toneelkompetisie nie? Daai tyd het die grênd kunsskooldeelnemers my graag “the dirty Dutchman” genoem, maar vier dae later is ek huis toe met die eerste prys. Sou iemand hom dalk vertel het van die keer toe ek met 60 steek- en snywonde op die bure se mat gesit en uitbloei het ná ’n nagtelike aanval op my in my woonstelletjie in Windsor – jy weet mos, daar in die hool tussen my medebevoorregtes, die Kongolese, Ghanese en Zimbabwiërs – terwyl ek gewag het vir die staatshospitaal se ambulans (nadat twee ambulanse al gearriveer het en summier weer die toneel verlaat het toe hulle verneem het dat ek sonder ’n mediese fonds daar sit en bloei) en toe ek by die hospitaal nog so bevoorreg was om twee ure te wag omdat die susters (wat amper op pad was huis toe) tog nie met iets wou begin wat hulle tot na die einde van hulle skof sou besig hou nie. Dalk bedoel hy daai voorreg wat jy deesdae het wanneer jy vir ’n werk nie mag aansoek doen nie vanweë jou wit velkleur? Of dalk bedoel hy my huidige R3 000 per maand vir water, ligte, erfbelasting en die subsidiëring van nabygeleë Soweto wat nie wil nie en skynbaar ook nie hoef te betaal nie. Ek onthou nie veel van die res nie, maar toe ek uiteindelik van die stel afstap, sê my grootste ondersteuner, my felste kritikus, my vrou: “Ek weet jy is siek, maar dit kon beter gewees het. Ek weet dis die medikasie, maar dit kon beter gewees het. Maar ek is steeds baie lief vir jou, so moenie worry nie, jy is beter as jy gesond is.” En skielik wéét ek iets wat die aanbieder nie weet nie – dat ek bevoorreg is om nou in hierdie oë te kan kyk en haar my vrou te noem. Môre is nog ’n dag.
in Beweging
Boekeskatkis
DIÉ BOEKE HOORT OP JOU RAK DEUR ILZE NIEUWOUDT
Bondgenote en dwarstrekkers Toe die AngloBoereoorlog in 1899 uitbreek, was die lojaliteit tussen die ZAR en OVS groot en die verhoudings tussen die leiers hartlik. Maar hoe verder die oorlog gevorder het, hoe hewiger het die verskille tussen die bondgenote geword. In Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 (R250) laat val Leopold Scholtz die kollig op die minder bekende “stryd agter die stryd”: die verskillende standpunte en oortuigings van die republikeinse leiers, botsende persoonlikhede en opbouende spanning.
Die Boerevrou Die eerste Afrikaanse vrouetydskrif, Die Boerevrou, het in 1919 verskyn. Hoewel uiters gewild onder haar lesers, is Die Vroutjie, soos wat dit in die volksmond bekend gestaan het, weens die finansiële druk van die depressiejare in 1931 gestaak. Jeanette van Rensburg het haar doktorale studie oor dié tydskrif gedoen en bring hulde aan Die Boerevrou in dié gedenktydskrif (R250). Sy bied ’n omvangryke geskiedenis van die tydskrif, sy medewerkers, redakteur (Mabel Malherbe), die medialandskap van die tyd en selfs advertensies wat in die blad geplaas is.
Hel toe en terug
Paul Kruger
Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg 10 miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem. Louis Scott se boek oor dié oorlog, Hel toe en terug: Die Eerste Wêreldoorlog, ’n honderd jaar later (R300), stel op ’n toeganklike manier en binne die bestek van minder as 170 bladsye ondersoek in na dié oorlog – in Afrikaans. Die boek is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto’s en toepaslike kaarte. Een afdeling word spesiaal gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.
Algemeen bekend as Oom Paul, was dié laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) waarlik ’n man met soveel identiteite. Ontdek die volle omvang van Kruger in Paul Kruger: Speeches and correspondence, 1850-1904 (saamgestel en met annotasies deur Johan Bergh; R500). Die bundel beslaan meer as 1 200 bladsye en bevat talle belangrike én onbekende toesprake en korrespondensie deur dié staatsman.
LEES OOK Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 deur Jackie Grobler, gee ’n omvangryke geskiedenis van die aanloop tot die oorlog, die eensydige herstel van die ZuidAfrikaansche Republiek, die uitbreek van die oorlog en elke veldslag en besetting wat daarop gevolg het. 02 / 2019
58
www.solidariteit.co.za
Guerrillastryd Verskeie minder bekende Transvaalse skermutselings gedurende die AngloBoereoorlog is in Tian Schutte se boek Guerrillastryd: Minder bekende skermutselings en gevegte in die Transvaal tydens die guerrillafase van die Anglo-Boereoorlog (R350) opgeteken. Schutte se ondersoeke sluit tientalle foto’s, kaarte van militêre bewegings en ongevallelyste in.
Bestel jou eksemplaar Dié boeke is almal beskikbaar by www.kraaluitgewers.co.za
MEMBERSHIP CATEGORIES COLLECTIVE MEMBERS
01
Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age. Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/
INDIVIDUAL MEMBERS
02
Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*
02 / 2019
60
www.solidariteit.co.za
SUPPORTING MEMBERS
03
This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.
IN THE WORKPLACE
OTHER SERVICES
Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.
Death benefit *
Car and household insurance
Funeral benefit (Martin’s or Avbob)
A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. Assistance with investigations For cremations, a coffin and the usual Assistance is provided in connection with undertaking services are provided. investigations by the Medical Bureau • A funeral of the same standard as that of for Occupational Diseases and benefits adults is provided for a member’s depenenquiries of the Compensation Comdent children under the age of 21 years. missioner and Rand Mutual, as well as Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer • The spouse may apply to continue as work-related disability claims. All claims Beweging van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 a member after the death of the main must be submitted within six months. member. • The burden of funeral arrangements Collective bargaining is alleviated by the fact that Solidarity Competent and experienced Solidarity and Martin’s or Avbob will make all the staff members undertake collective bararrangements. gaining to negotiate better conditions of • A 10% rebate on headstones has been employment and salaries for members. negotiated with Martin’s and Avbob. • The undertaking services are provided solely by Martin’s or Avbob. If the services of another undertaker are used, Solidarity Members with 12 months’ uninterrupted will only pay R500 in respect of funeral membership, who provide specialist reports expenses (terms and conditions apply). and proof from employers that they are per• •
This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of members’ premiums to the Virseker Trust * Bepalings en voorwaardes that invests in Afrikaans education andgeld training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za
Skakel ons vandag nog by
0861 10 10 05
Permanent medical disability * manently unfit for work in the labour market, receive a once-off amount of R1 900. Claims must be submitted within six months.
Maternity benefit
*
A maternity benefit of R1 600 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.
PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM
Study benefit
*
Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit.
Solidarity Magazine
Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.
Additional cash disbursements
At the death of a paid-up member, a cash amount of R3 800 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 550 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 900 • Disabled children (20+) – R1 900 • Children under 14 years – R1 300. • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. • All claims must be submitted within six months. •
Holiday benefit
*
Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit.
* TERMS AND CONDITIONS APPLY. FOR MORE INFORMATION, CALL 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za
61
02 / 2019
Legal insurance
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 Members and dependants can enjoy legal cover outside the labour context for an additional premium of R115* per month. This provides access to 24-hour legal advice over the telephone and legal representation up to the value of R100 000 per year (limited to R25 000 per case). * Premiums guaranteed for one year. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), underwritten by Guardrisk Insurance Company Ltd (FSP 75) • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za
Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste
Independent financial advice Solidariteit
Solidarity Financial Services has an independent Finansiële Dienste financial advice department that can assist clients with various financial advice topics. This Solidariteit include basic budgeting and tax planning, risk Finansiële Dienste and retirement planning as well as investment planning in general. The department has trained professionals who will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005
Medical gap cover
Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • E-mail – gapcover@solidarity.co.za
Wills & estate administration
You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300
Trek 'n stoel nader!
Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou gratis aanlyn tuiste waar jy kopstukke kan gesels, om die kombuistafel kan kuier, in die koöperasie kan snuffel en jou kennis oor Afrikaans kan opskerp. Maroela het ’n stoel vir jou. So skop uit jou skoene en maak jou tuis in dié unieke Afrikaanse mediahuis.
Sandveldstories deur gesoute storieman
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
S
andveldstories is ’n keur uit Ferdinand Deist se gewilde kontreistories uit Pofadder en LEES PeddelDIÉ ford, Die pomporrel-kônsert en Bom Appeltiet op Eselspoort wat onlangs op RSG voorgelees is. Die stories, geskryf in tipiese streektaal, handel oor ’n unieke wêreld en sy mense, sommige groots soos hul omgewing, ander klein en dwaas soos mense maar is. Ferdinand Deist was ’n gesoute storieman en fyn waarnemer. Sy verhale is humoristies en tydloos, sy karakters kleurryk, en sy vertelwyse is soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre landskap uitbars. Die boek word uitgegee deur Tafelberg Uitgewers en is by toonaangewende handelaars beskikbaar.
TAAL– WYS
Granny Smith
Genoem na die Australiese tuinier Maria Ann Smith (1799 – 1870) wat dié APPEL “ontdek” het. In die Australiese Farmer and Settler van 25 Junie 1924 het ’n sekere Edwin Small vertel dat hy en sy pa in 1868 deur Smith genooi is om te kom kyk na ’n kiemplantjie wat langs ’n spruit op haar plaas groei. Sy het gesê dat die appel ontwikkel het uit die oorblyfsels van ’n klompie Franse houtappels wat in Tasmanië gekweek is. 02 / 2019
62
www.solidariteit.co.za
Doelgerig
GEREED VIR ENIGE POSISIE
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
“M
amma, my tekkies pas nie.” Dít deel my agtjarige en oudste my kwart voor ses op ’n Maandagmiddag mee; Maandagaand, eintlik, want dis al diep in die herfs en teen sesuur is dit donker. My moed sak in my skoene (wat darem pas, maar nie baie gemaklik is nie, veral nie ná ek heeldag gewerk het en toe vir twee ure in Pick n Pay rondgedraf het om inkopies te doen sodat my gesin nie omkom van die honger nie). Ons staan langs die rugbyveld by die laerskool, waar ons jongste bulletjierugby oefen. Ek dolwe in my skootrekenaarsak vir my selfoon en bel die naaste winkelsentrum. Hulle is oop tot seweuur, hoor ek. As ons nóú in die kar spring, het ons ’n driekwartier om tekkies in die regte grootte te soek. Want sien, ons meisiekind speel môre haar eerste netbalwedstryd van die seisoen. Sy was een van die gelukkiges uit die hordes dogtertjies wat aspireer om vir een van die graad drie-netbalspanne gekies te word. Vir dié voorreg het sy die hele vakansie deur doele geoefen, balle gehop en maatjies op die plaveisel voor die voordeur met haar netbalbal besig gehou. Sy het elke oefening getrou bygewoon in haar nuwe netbalklere en het netbal gespeel, geëet en geslaap. Die aand voor die spanne gekies is, het sy die briefie waarin die juffrou verskonend verduidelik dat al die dogtertjies ongelukkig nie in ’n span sal kan wees nie, plegtig teen die yskasdeur vasgeplak, en toe die hele nag skaars ’n oog toegemaak.
DEUR SUSAN LOMBAARD
En hier is ons nou – sesuur op ’n Maandagaand, in ’n moeë winkelsentrum met assistente wat al die vloere begin was en rakke regpak vir Dinsdagoggend se oopmaak. My meisiekind hop voor my uit in haar kort netbalrokkie, bal bonsend onder haar regterhand. Ons draf van winkel na winkel en pas die een paar tekkies ná die ander aan. My voete pyn en in my binneste murmureer ek soos ’n opstandige kind oor die motor vol inkopies wat nog uitgepak moet word, die gevriesde groente wat in my kattebak ontdooi en die huiswerk wat nog nie gedoen is nie. Maar my dogtertjie se vreugde is groot, en ek byt op my tande. Tuis gekom (sónder nuwe tekkies – die oues sal maar vir nog ’n wedstryd moet deug) soek ons vervaard na haar amptelike netbalklere. Twee deurmekaar kaste later spoor ons dit op. Dit ruik stowwerig, maar pas darem net-net. Ek skud dit uit en hang dit teen die kas. Ek help haar om haar netbalsak te pak: haarborsel, bottel water, spuitgoedjies, skoon kouse, tekkies met ’n klam lap afgevee, ’n sakgeldjie vir middagete. Uiteindelik klouter sy doodmoeg in die bed en kry ons kans om ’n oomblik te gesels. “So, watter posisie speel jy môre?” vra ek vir die eerste keer. “Ek is die lollipop girl, mamma!” antwoord sy stralend. Ek snak effens na my asem maar wys niks nie. Drogbeelde van gefolterde voete en pap groenboontjies doem voor my geestesoog op, saam met herinneringe aan ’n histeriese geskarrel om afsprake in my oorvol dagboek geskuif te kry sodat ek Dinsdagmiddag langs www.solidariteit.co.za
63
02 / 2019
die netbalbaan kan wees. “Nou wat beteken dit presies?” vra ek verskriklik versigtig. “Ons kry almal ’n beurt om een wedstryd in die seisoen die lollipop girl te wees. Ek moet vir my maatjies cheer en water aandra, en gereed wees om in enige posisie te speel as iemand seerkry,” verduidelik sy opgewonde. Ek begin eers oor die skok kom toe ek heelwat later op die bank neersak, nie seker of ek moet lag of huil nie. So, ons meisiekind is die lollipop girl, die ene wat langs die baan staan en mooi lyk, nes daai oulik gesnoeide boompies. En daarvoor het ek my lewe min of meer op sy kop gekeer. Maar later, inkopies weggepak en voete in pantoffels, dink ek: Dís mos die regte gesindheid. Of jy nou die lollipop girl is en of jy senter speel: Wees gereed vir wat na jou kant toe kom. Sorg dat jou tekkies nuut is, dat jou waterbottel vol is, dat jou stembande opgewarm is om dié rondom jou aan te moedig, en wees gereed vir enige posisie waarin die lewe jou mag nodig kry. • Susan Lombaard is uitvoerende hoof van Maroela Media.
MY GELD
“As jy nalaat om te beplan,
“
beplan jy om te misluk!
BEPLAN BETYDS VIR
FOTO: ISTOCKPHOTO.COM
D
ie twee grootste uitdagings wat met die proses van oudword gepaard gaan, is waarskynlik eerstens die verlies aan gesondheid en tweedens die verlies aan die vermoë om ’n inkomste te verdien – dus potensiële armoede. Nie een van hierdie twee uitdagings is ten volle binne ons beheer nie, maar gelukkig darem ook nie heeltemal buite ons beheer nie. Wat gesondheid betref, kan ’n mens ver kom deur reeds van jongs af ’n gesonde leefstyl te volg. Matige eet- en drinkgewoontes, gereelde oefening en ’n gesonde gewig kan help om die onvermydelike gevolge van die ouderdom te vertraag. Daar is ongelukkig net een manier om te voorkom dat armoede jou bekruip op jou oudag: beplan betyds daarvoor. In hierdie artikel gee ons ’n paar wenke oor hoe ’n mens hiervoor kan beplan. • SPAAR EN BELÊ. Elke rand wat jy spaar, se reële waarde verdriedubbel indien dit vir 30 jaar belê word. ’n Mens moet jouself voortdurend afvra of jy werklik al die luukshede benodig wat ons so graag aanskaf. • Onderskei tussen GOEIE EN SLEGTE SKULD. Daar is drie soorte skuld: • Goeie skuld is skuld wat aangegaan word om inflasiebestande,
DEUR APPIE PIENAAR
aftrede
inkomstegenererende bates aan te skaf. ’n Voorbeeld hiervan is ’n tweede eiendom. Weens die effek van inflasie sal die waarde van die eiendom en die huur wat ontvang word, altyd bly styg. Aan die ander kant groei ’n mens met tyd uit die skuld uit. • Noodsaaklike skuld is skuld wat aangegaan word om werklik noodsaaklike items soos ’n voertuig aan te koop. • Slegte skuld is die skuld wat te alle koste vermy moet word. Dit is skuld wat aangegaan word om ’n bepaalde leefstyl wat nie volhoubaar is nie, te probeer finansier. Duur klere en vakansies wat met ’n kredietkaart gefinansier word, is voorbeelde hiervan. • Benut die beskikbare BELASTINGVOORDELE. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het verskeie maniere waarop mense wat voorsorg tref vir hul aftrede, beloon word. Dit sluit in dat ’n mens tot 27,5% van jou inkomste voor belasting kan aanwend as bydrae tot jou aftreevoorsiening, dat ’n gedeelte van die rente ontvang op beleggings belastingvry is, en dat die rente betaalbaar op ’n tweede eiendom, belastingaftrekbaar is. • PRIORITISEER jou aftreevoorsiening. Mense is geneig om hul salaris uit 02 / 2019
64
www.solidariteit.co.za
te leef. Indien daar toevallig aan die einde van die maand iets oorbly, word dit dan gespaar. ’n Beter benadering is om jou spaar- en beleggingsplan die eerste prioriteit in jou maandelikse begroting te maak. Besluit dus op ’n bedrag wat weggesit moet word en betaal dit oor in die rekening wat daarvoor geskep is. Met ’n bietjie selfdissipline kom ’n mens steeds uit met die balans van jou salaris. • Waak daarteen om aftreegeld te onttrek. Die VERSOEKING is groot om opgelope aftreefondse te onttrek wanneer die geleentheid hom voordoen. Dit gebeur dikwels wanneer mense van werk verander. Hulle meen dis geregverdig om hierdie fondse te onttrek om te betaal vir groot kapitaaluitgawes soos ’n nuwe motor, huisverbeterings of die aanskaf van ’n sakebelang. Die probleem is egter dat dit ernstige belastingimplikasies inhou en dat ’n mens die saamgestelde kapitale groei op hierdie geld verbeur. ’n Veel beter strategie sou wees om sulke fondse belastingvry oor te betaal in ’n goedgekeurde reserwefonds waar dit steeds kan bly groei totdat ’n mens nie meer kan werk nie. Die ou gesegde oor beplanning is ook van toepassing op beplanning vir jou aftrede: As jy nalaat om te beplan, beplan jy om te misluk!
MY GESIN
Pienkvoet op pad?
BEREI SÓ VOOR VIR BABA DEUR WILMARIE BRITS
O
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
m uit te vind jy gaan ’n ouer word, is sonder twyfel een van die grootste vreugdes van die lewe. Tussendeur al die opgewondenheid oor die nuwe bondeltjie is dit egter baie belangrik om nie fokus te verloor nie. Kinders verander baie dinge in jou lewe, veral die wyse waarop jy jou geld spandeer. Die koms van jou pienkvoet verg daarom deeglike beplanning om finansiële sekerheid te bewerkstellig. Jonathan Brumer van SmugMoney moedig ouers aan om deeglike finansiële beplanning te doen wanneer hulle oorweeg om met ’n gesin te begin of reeds swanger is. “Deur jou geldsake uit te pluis voor die geboorte van jou baba, sal spanning verminder en keer dat jy onnodige uitgawes aangaan.” Ons het by verskaffers, finansiële beplanners asook mammas gaan aanklop vir raad oor waarvoor jy moet begroot in jou kleinding se eerste lewensjaar.
1
Watter kraamvoordele bied die werkgewer? Vind uit watter deel van jou salaris jy tydens jou kraamverlof gaan ontvang. Tensy so ooreengekom het, het jou werkgewer geen verpligting om jou volle salaris aan jou te betaal terwyl jy met kraamverlof is nie. Stel ook vas of jy vir werkloosheidsversekering kwalifiseer en hoeveel aan jou uitbetaal sal word.
Sakpas-sorg Indien jy besluit om ’n kinderoppasser in diens te neem om na jou baba om te sien, moet jy lank voordat jy teruggaan werk toe reeds met onderhoude begin. Doen deeglik navorsing om seker te maak die persoon beskik oor die regte eienskappe en ervaring om na jou baba om te sien. Volgens die agentskap Super Nannies beloop die gemiddelde salaris vir ’n kinderoppasser tussen R4 000 en R5 500 per maand. Dagsorgsentrums se pryse wissel tussen R950 en R3 380 per maand.
3
Watter mediese uitgawes word gedek?
Mediese uitgawes verbonde aan ’n swangerskap en geboorte is enorm. Maak seker jy behoort aan ’n mediese fonds voordat jy swanger raak. As jy reeds swanger is wanneer jy by ’n fonds aansluit, kan ’n wagtydperk van tot 12 maande geld, wat beteken dat geen uitgawes rakende jou swangerskap of die geboorte betaal sal word nie. Sommige uitgawes sal moontlik nie ten volle deur die mediese fonds gedek word nie, wat jy dan uit jou sak sal moet betaal. Cilleste van Dyk, ma van ’n eenjarige babadogter, raai ouers aan om ’n gapingsdekkingproduk saam met hul mediese fonds uit te neem. “Ek het nie vooraf besef dat ek ekstra bedrae aan die narkotiseur en ’n paar ander diensverskaffers uit my eie sak moet betaal nie. Selfs al kan jy net ’n deel van die geld terugeis, kan dit op ’n aardige bedrag te staan kom.” www.solidariteit.co.za
65
02 / 2019
Koop slim
4
Die twee grootste uitgawes is melk en doeke, wat jou tot R1 000 per maand uit die sak kan jaag. Mia Slabbert, ’n ma van twee seuns, sê nuwe mammas moenie oorhaastig benodighede koop nie. Haar raad is om afveelappies en doeke in grootmaat te koop en om pryse te vergelyk. “Dis beter om te wag tot ná jou ooievaarstee voordat jy enige babaprodukte aankoop.” Michelle Olivier meen lapdoeke is die antwoord. “Hoewel dit aanvanklik duur is om mee te begin, hou die doeke jou baie langer en dit is omgewingsvriendelik.” Cilleste moedig mammas aan om vir so lank moontlik te borsvoed. “Ek het tot R650 per maand gespaar,” het Cilleste gesê.
MY WORK
Great plan the key to
DOING GREAT THINGS BY WILMARIE BRITS
PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM
Use your lazy Sunday afternoon wisely
1
Set aside some time every Sunday to determine what needs to get done in the week ahead. By planning your week before Monday morning arrives, you have the opportunity to reflect on the most important tasks. You can review what needs to be done and schedule time for this in your workweek to ensure that you are able to accomplish everything. When you plan your week in advance, you can start Monday feeling confident and ready to take on the week.
Did you know? 10% of South Africa’s 410 000 teachers are absent each day.
Prioritise your work
2
Make a list of all the tasks you need to complete and prioritise them by ranking everything in order of importance. The best way to do this is to determine which tasks have upcoming deadlines. If you have tasks that don’t have set deadlines, you’ll need to assign due dates to them. Always remember that your deadlines should be manageable; this means you must be realistic when you set a due date for your tasks. 02 / 2019
66
www.solidariteit.co.za
Reflect on the week Before you can effectively plan for the coming week, it is helpful to reflect on the previous week. Review the work you did and determine which remaining tasks you still need to complete, then add them to your new to-do list for the week ahead. If there are any lingering items on your to-do list, ask yourself if they’re still important, and eliminate tasks that no longer matter.
3
A goal without “a plan is just a wish.
“
W
Iithout a plan, you’re simply hoping for the best; and for all the good that hope usually brings, it is not wise to rely on hope alone at work, especially when you have deadlines to meet. The importance of planning in the workplace is often overlooked and undervalued. Alexander Maasik, researcher for Workdone, stresses the fact that when you plan and organise your work activities, set routines and prioritise your daily tasks, you will be able to overcome obstacles easier, improve your efficiency and increase your productivity. Journalist Kimberlee Leonard writes that when you continuously plan your week ahead, you will create a perfect balance between work and your life, which will reduce your stress levels. The secret of being good at your job is not working your fingers to the bone, but to have a welldevised plan. Here are a few useful tips on how to plan your week.
Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING
REGSHULPVERSEKERING
Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R115 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*
1
• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.
3
Prokureurs landwyd
aksentmedia.co.za
24 uur per dag
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
2
4
Regsverteenwoordiging ter waarde van R100 000 per jaar
Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie
0861 765 734 www.legalex.co.za
* Bepalings en voorwaardes geld
Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Gewaarborg vir een jaar.
Skakel ons vandag nog by
0861 10 10 05
Solidariteit Finansiële Dienste
Solidariteit X is dienste, ’n gemagtigde verskaffer5277 van Solidariteit Finansiële verskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van Legal finansiële FSP-nommer: Beweging finansiële dienste FSP-nommer:755277 finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Beperk,•FSP-nommer:
WEB WYS
–
Gerieflik, gebruikersvriendelik & gratis
SKEP ORDE
met jou selfoon
D
DEUR INGE JANSE VAN RENSBURG
ie jaar is volstoom op dreef, en soms voel dit asof alles wat jy moet onthou oorweldigend raak. Daar is egter verskeie slimfoontoepassings (apps) wat jy kan gebruik om beter te beplan en te organiseer. Ons het drie apps vir Android en iOS uitgesnuffel wat gerieflik, gebruikersvriendelik én gratis is.
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Google Keep
1
Die eerste slimfoon-app is Google Keep. Dit is vir daardie vinnige nota wat jy wil maak oor iets wat in die yskas kort, voor jy weer daarvan vergeet wanneer jy tussen die winkelrakke staan. Jy kan die verskillende notas volgens kleur indeel of groepeer volgens temas wat verband hou met mekaar, soos “huis”, “werk” en “kinders”. Die formaat waarin jy jou notas stoor, kan jy ook na willekeur aanpas: dit kan ’n boodskap, ’n lysie, stemnotas en selfs foto’s wees. Dié app is ekstra gerieflik omdat jy die notas met ander gebruikers kan deel en dit later meer professioneel kan verpak deur dit na ’n Google-dokument oor te dra.
Trello
Het jy geweet? 10 miljoen
Apple se bekendstelling van die eerste iPhone en later die App Store in 2008, het die appmark behoorlik laat vlamvat. Apple het aanvanklik 552 apps vrygestel wat binne ‘n week 10 miljoen keer afgelaai is.
Cortana Alle selfone is deesdae toegerus met ’n digitale assistent, en hoewel jou selfoon Google Assistant of Siri het, kan jy dit gerus oorweeg om Cortana te installeer, veral as jy Windows 10 gebruik. Jy kan hierdie app aflaai en met jou Microsoftrekening inteken. Cortana kan notas neem, lysies maak en jou herinner aan dit wat jy nog moet doen. Wat hierdie app die moeite werd maak, is die feit dat dit integreer met so te sê enige ander kalendertoepassing, dit lig hoogtepunte in die nuus aan jou uit en gee vir jou die weervoorspelling.
2
• Saamgestel uit die artikel Seven apps and tools to organize your life deur D. Niel in 2019, soos gepubliseer op Popular Science se web tuiste www.popsci.com 02 / 2019
68
www.solidariteit.co.za
3
Trello is op sy beurt gewild omdat dit jou kan help om jou lewe en verantwoordelikhede te organiseer, en jy dit kan aanpas om by jou leefstyl en behoeftes te pas. Dis ook beskikbaar vir selfoon en rekenaar, en veranderings wat jy op die een aanbring, vertoon dadelik op die ander toestel. Met Trello skep jy digitale “kaarte” wat jy in lysies saam op ’n digitale “notabord” groepeer, soos jy voorheen met plakkernotas op ’n witbord sou gemaak het. Kaarte kan met jou muis tussen lysies rondgeskuif word. Op elke kaartjie kan jy ’n sperdatum aanbring, prioriteite of take daarop lys en dokumente aanheg. Sodra jy besluit het in watter lyste jy jou kaartjies wil organiseer, kan jy ander mense wat jy uitgenooi het om die bord met jou te deel, op die kaart “tag” en vir hulle notas skryf waarvan hulle moet kennis neem. Hulle kan dan op hul beurt notas byvoeg en ander veranderings aan die kaartjies en bord aanbring. Hierdie app is ideaal vir gesinne waar almal besig is, maar herinner moet word dat Boetie die asblik moet uitgooi, Sussie die hond moet kos gee en Pa die kinders ná werk by Ouma moet gaan haal. Dis ook ideaal om jou werkverwante verantwoordelikhede mee te organiseer. Jy kan Trello vir persoonlike gebruik gratis aflaai, hoewel jy ’n lisensiefooi sal moet betaal indien jy vir besigheidsdoeleindes toegang wil hê tot meer gevorderde funksionaliteit.
PRETORIA FM OPEN LOFTUS-ATELJEE DEUR SARINA FRAUENSTEIN
P
retoria FM spog sedert Maart vanjaar met ‘n splinternuwe satellietateljee by Loftus Park in die Jakarandastad. Stasiebestuurder, Hennie Koortzen, droom al lank daarvan om radio na die mense te neem en op dié manier kan Pretoria FM deel van sy luisteraars se alledaagse leefwêreld word. Om die droom te bewaarheid, is ‘n skeepsvraghouer in ‘n volwaardige ateljee omskep. Nou kan luisteraars sien wat agter die skerms gebeur en ‘n gesig by hul radiofamilie se stemme voeg. “Ons is ‘n radio vir ons mense en ons wil graag hê hulle moet dit saam met ons kan beleef. Ons nooi al ons luisteraars om ‘n draai te maak by Loftus Park. Ons wil hand uitsteek en meer betrokke raak in ons gemeenskap,”sê Estel Terblanché, projekkoördineerder by Pretoria FM. Meeste van Pretoria FM se programme word nou regstreeks vanuit die Slender Wonder-ateljee by Loftus Park uitgesaai.
HENNIE KOORTZEN, STASIEBESTUURDER VAN PRETORIA FM.
FOTO: BONDGENOTE EN DWARSTREKKERS
V
DEUR ILZE NIEUWOUDT
eg of vrede? Voortveg of oorgawe? Bondgenote of dwarstrekkers? Die verhaal van die AngloBoereoorlog is nie so duidelik omlyn soos wat dikwels gereken word nie en sluit soms grys areas in. In sy studie hieroor – wat nou in ’n nuwe publikasie deur Kraal Uitgewers omskep is – ondersoek die historikus Leopold Scholtz die komplekse verhoudings wat daar tussen die regerings van die twee Boererepublieke tydens die oorlog bestaan het. Die Anglo-Boereoorlog is bekend as ’n bittere stryd tussen die magtigste koloniale mag van die tyd, Brittanje, aan die een kant, en die Boererepublieke van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die Oranje-Vrystaat (OVS) aan die ander kant. Dié oorlog wat in Oktober 1899 uitgebreek het en tot die bittere einde in Mei 1902 geveg is, was nie net ’n stryd tussen Boer en Brit nie. Ernstige geskille rakende oorlogvoering het ook onderling tussen die leierskap van die twee Boererepublieke gewoed. In sy nuutste boek getiteld Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die AngloBoereoorlog, 1899-1902, ondersoek Leopold Scholtz die soms wankelrige en wispelturige verhoudings tussen die Transvaalse en Vrystaatse leierskap. Die boek is ’n uitvloeisel van Scholtz se meestersgraadverhandeling van 1971 en die tweede boek in die Kraal Historiesreeks onder redaksie van prof. Fransjohan Pretorius. Volgens Pretorius bewys Scholtz se navorsing dat die “eenheid, samewerking en bondgenootskap” tussen die twee republieke nie as ’n gegewe aanvaar kan word nie en dat “die feite dikwels tweedrag en dwarstrekkery bevestig het”. Die studie bevestig dat die leierskap nie altyd langs dieselfde vuur gesit het nie. Die grootste verskilpunt was, volgens Scholtz, die vraag rakende voort-
veg of oorgawe. “Vóór die oorlog was die Transvalers diegene wie se snellervingers gejeuk het, wat wou gaan Kakies skiet; die Vrystaters was diegene wat tot die uiterste wou gaan om oorlog te vermy,” verduidelik hy. Sommige Transvaalse leiers, soos genl. Schalk Burger, het die Vrystaters selfs van lafhartigheid beskuldig, “maar toe die oorlog teen die republieke draai, was dit dieselfde Transvalers wat wou boedel oorgee, en dieselfde Vrystaters (veral pres. M.T. Steyn en genl. C.R. de Wet) wat hulle herhaaldelik moes moed inpraat om voort te veg”. Die Politieke Verbond wat in 1889 tussen die ZAR en die OVS aangegaan is, het bepaal dat die twee republieke mekaar te hulp sou snel as hul onafhanklikheid bedreig word. Dit is juis hierdie verbond wat uiteindelik die OVS by die oorlog teen Brittanje betrek het. Hoewel verwag kan word dat die OVS se leierskap ’n mindere rol in die stryd sou speel, was dit veral later in die oorlog, nadat pres. Paul Kruger van die ZAR na Europa vertrek het, die Vrystaatse leiers wat die sterkste na vore gekom het. “Die sterk leierskap wat van Steyn en De Wet uitgegaan het, het die Transvalers duidelik ongemaklik gemaak en soms geïrriteer. Maar dit het hulle op belangrike momente bemoedig en krag verleen in moeilike tye,” meen Scholtz. Uiteindelik sou die Britte die krake in die verhouding tussen die twee republieke uitbuit. Dit het gevolg nadat Steyn se vertroulike korrespondensie in Julie 1901 in Britse hande geland het en lord Kitchener kon sien hoe die “wind tussen die twee regerings waai,” sê Scholtz. Aangesien die Britte nou geweet het dat die Transvalers nader aan breekpunt as hul susterstaat was, is besluit om vroeg in 1902 ’n bemiddelingsaanbod slegs aan die Transvaalse 02 / 2019
70
www.solidariteit.co.za
E JÉ SE OORGAW GENL. PIET CRON BY AN M 0 00 4 MET NAGENOEG FEBRUARIE 1900 PAARDEBERG IN UITWERKING OP HET ’N GROOT TUSSEN DIE DIE VERHOUDING LIEKE GEHAD. UB TWEE BOEREREP
regering te stuur. Dit het verdere spanning tussen die twee republieke se leierskap veroorsaak. Die uiteenlopende standpunte wat gedurende die oorlog tussen die twee republieke ingeneem is, is wel volgens Scholtz niks vreemds nie. Hoewel die inwoners van die destydse twee state vandag as ’n byna homogene groep geag word, was dit allermins die geval. “Daar was duidelike verskille,” verduidelik Scholtz. “Die Amerikaanse skrywer James Bryce het die Vrystaat op ’n keer ’n ‘modelrepubliek’ genoem. Die Grondwet was kort, helder en duidelik, en die politieke verhoudings was op die verkryging van konsensus gemik.” Daarteenoor het Transvaal ’n “verwarde” Grondwet gehad. “Die Transvalers het veel meer onderling rusie gemaak. Daar was selfs korrupsie in Kruger se regering, iets wat nie in die Vrystaat voorgekom het nie.” Uiteindelik sou verskille tussen die twee groepe ernstige gevolge vir oorlogvoering tydens die Anglo-Boereoorlog inhou en selfs voortduur terwyl vrede by Vereeniging onderhandel is. • Besoek www.kraaluitgewers.co.za om Bondgenote en dwarstrekkers aanlyn teen R250 te bestel.
in Retrospek
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
“I
Iemand by die hek
emand is by die hek, Ouma!” Dis vakansie en my kleinkinders kuier by Ouma. Ek is voor die wasbak, besig om ’n hoop skottelgoed klein te kry. Versigtig loer ek agter die kombuisgordyn uit. Ja, daar is iemand by die hek; ’n man. Ek takseer hom krities. As dit ’n bedelaar is, moet hy my nie eers sien nie. Maar die man lyk taamlik netjies. Ek stap effe huiwerig uit om te hoor wat die “iemand” by my hek maak. Toe ek nader stap, glimlag die man breed. Daar is ’n gaping waar hy voortande moes gehad het. Ek sug innerlik. Lyk tog na ’n bedelaar. “Kan ek help?” vra ek, ietwat ongeduldig. Die skottelgoed wag, en die kinders moet nog ontbyt kry. Die man beduie na sy ore en maak ’n paar skor klanke. Hy is doof. Hy wink my nader, oorhandig ’n stuk papier met omgekrulde ore. Ek lees drie skeef geskryfde kort sinnetjies in bewerige potloodskrif. “Ek Louis. Ek verf. Ek houtwerk doen.” Weer wys hy vriendelik die gaping in sy tande. My kleinkinders het intussen nuuskierig nader gestaan. “Wat soek hy, Ouma?” vra die kleinste. “Werk,” sê ek, papier in die hand. Iets tussen die potloodbriefie, die netjies geklede dowe man voor my (tandeloosheid en al) en my kleinkinders se afwagtende ogies op my laat my harder dink oor my antwoord. Die “ek het nie werk nie”-sinnetjie rol ongesê van my tong af. Ek onthou van die ou swaaitjie wat iemand aan die skool geskenk het wat ek graag vir my speelgrond wil laat regmaak. Ek maak ’n skryfbeweging met my duim en voorvinger en beduie dat hy die potlood vir my moet gee. Hoopvol oorhandig hy dit. “Ek het ’n ou swaaitjie by die skool wat ek wil laat verf. Sal jy dit
DEUR MARIETHA MALAN
kan doen?” Louis neem gretig die papier terug. Hy lees en knik sy kop entoesiasties. “Wanneer?” beduie hy. Weer skryf ek op die omgekrulde papier: “Ek sal jou bel.” Hy skryf sy nommer vir my neer, ek tik dit op my selfoon in en hy stap hoog in sy skik weg. Ná ’n oproep of twee het ek gereël om die skool se sleepwa te leen en die swaaitjie te gaan haal. Later die middag koop ek ’n paar klein blikkies helder verf, twee kwaste en terpentyn. Ná ’n vinnige voorraadopname van my program die volgende dag of twee besluit ek om Louis Vrydag te laat kom, dus oor drie dae. Ek stuur vir hom ’n SMS. Nou het Louis my nommer. Gou is ek effe spyt daaroor. Louis SMS my daagliks, meer as een keer per dag. In kort, kinderlike agterstevoor sinnetjies met heelwat spelfoute, deel hy van sy uitdagings. Louis Sassa klaar. Nie kaartjie bus. Jy haal my. Innerlik sugtend willig ek in. Hy stuur sy adres. Dis glad nie te ver van my huis af nie. Vroeg Vrydagoggend kry ek nog ’n SMS: Louis wakker. Ek nou sit en wag jou. Dis meer as ’n uur voor die tyd wat ons afgespreek het. Ek moet lag. Arme Louis is blykbaar verskriklik opgewonde oor die dag se werkie. Ek ry dus ’n bietjie vroeër om hom te gaan haal. Dis ’n gewone voorstedelike huis. Louis en sy suster 02 / 2019
72
www.solidariteit.co.za
woon blykbaar in die mense se agterplaas, seker in ’n kamer of ’n Wendy-huis. Hy “gesels” land en sand terwyl ons ry. Beduie dat die honde by die huis mal is en altyd blaf. Beduie waar sy busroete loop. Maak ’n baard-gebaar oor sy ken en beduie “Waar?” om uit te vind of ek ’n man het. Geen man,” beduie ek terug. Louis trek vraend met die voorvinger ’n streep oor sy keel. “Dood?” vra hy skor. “Nee”, beduie ek, nie dood nie. Net weg. By die huis wys ek vir Louis die swaai en bring die verf, kwaste, terpentyn en koerantpapier. Louis beduie trots dat hierdie baie, baie maklik is. Hy spring aan die werk. Ek is beïndruk. Hy verf regtig baie netjies en noukeurig, mors nie ’n druppel nie. Later bring ek vir hom koffie en gaan ry ’n paar draaie. Toe ek terugkom, sien ek op die kombuisrak ’n papier waarop hy vir Kate, my huishulp, “lap” geskryf het in sy bewerige skrif. “Reg” staan onder die woordjie “lap”. Sy het toe darem vir hom ’n geskikte lap gegee, blyk dit. Louis voltooi sy werkie met onderskeiding. Die ou swaaitjie skitter soos nuut in sy helder kleure. Netjies pak hy alles op, sit die verf in die garage. Ek betaal hom en neem hom huis toe. Verbeel ek my, of loop hy regopper as vroeër? Hy is ’n man wat ’n taak voltooi het, wat ’n geldjie in die sak het. Op pad terug huis toe dink ek met deernis aan hierdie man en baie ander soos hy. Ek werk daagliks met gestremdes, ek het twee gestremde kinders, tog het ek hom byna weggestuur. “… vir so ver julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen,” het die Here Jesus gesê. Is daar dalk vandag dalk iemand – Iemand – by jóú hek?
Solidariteit kantore
LANDWYD TOT JOU DIENS Bellville
Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei
Bloemfontein
Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
Boksburg
Gibbs du Toit, Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Danie van Graan (litigant), Mariëtte Redelinghuys (litigant), Lee Coetzee en Jannem Goussard • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
Carletonville
André Jansen van Rensburg • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
Ellisras
Deon Viviers • Administratiewe beampte: Helen Kay • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile-winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras
Kathu
Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu
Richardsbaai Klerksdorp
Coenie Rheeder, Danny Schutte Administratiewe beampte: Leanne Meyer Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572
Lydenburg Clifford Smith Administratiewe beampte: Bianka Broodryk Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
Newcastle
Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
Port Elizabeth Ivan Smith Administratiewe beampte: Yris du Plessis Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 Faks: 041 364 2927 E-pos: pe@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth
Pretoria (Centurion)
Marike Pitzer, Danielle van Heerden, Linda Senekal, Lizette Snyman, Nadine Botha, Helgard Cronje, Sanri Stone, Inge Labuschagne, Alfie Hoole, Renate Barnard, Johan Botha en Hennie Vosloo Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 644 4442/8 Faks: 012 335 9002 E-pos: centurion@solidariteit.co.za Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion
WWW.SOLIDARITEIT.CO.ZA • 0861 25 24 23
Peter Mcbeath Administratiewe beampte: Karin van der Watt Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
Rustenburg
Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm Tel: 014 592 4336/1090 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg
Secunda
Andy O’Toole Administratiewe beampte: Henda van Deventer Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda
Vaaldriehoek
Francois Calldo, Gerhard Cloete, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent Tel: 016 931 3160 Faks: 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark
Welkom
Coenie Rheeder Administratiewe beampte: Candice Gerber Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom
Witbank Cornelius van Leeuwen, Toit Roux, Pieter van Zijl • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer en Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
Promosieartikel
Spesiale afslag vir Solidariteit-lede
ERVAAR ‘N NOSTALGIESE TREINRIT
S
mense wat lus is vir ’n trein-bus-vliegkombinasie vir vakansie (’n 3-in-1-pakket) word uitgenooi om saam te kuier. Sowat 160 toere word per jaar aangebied, wat onder andere die volgende bestemmings insluit: Johannesburg na Namakwaland, Tuinroete, Kaapstad, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Boland, Twee Oseane en Comrades, rugbytoetse en vele meer. Die toere vanaf Kaapstad reis na die Nasionale Krugerwildtuin en Laeveld, Drakensberge, Sun City en Matjiesfontein. Daar is ook heerlike 8-dagbustoere na Namibië. ’n Toerpakket bestaan gewoonlik uit ’n 6-dag toer wat insluit: ’n Oornagtreinrit met etes en beddegoed op die trein, vier nagte verblyf in ’n goeie hotel of lodge, sekere etes, busvervoer by die bestemming asook toegangsfooie, ’n toergids wat saamreis en die terugvlug huis toe. ’n Alles-in-een-toerpakket teen bekostigbare en billike pryse. Mense van alle ouderdomme, van oral oor, reis saam met JB Train Tours. Die tempo van die toere is rustig, die vervoer goed, die kos smaaklik en die
FOTO’S: TB TOURS & ISTOCKPHOTO.COM
olidariteit-lede (en hul gesinne en familie) kan nou teen ’n verminderde toerprys saam met JB Train Tours met vakansie gaan. Gebruik net jou lidmaatskapnommer om vir die afslag te kwalifiseer. Onthou jy nog die tye toe mense per trein vakansie gehou het? Toe die lokomotief se roet in jou oë gewaai het, die kelners kos in die eetwa met silwer eetgerei bedien het en die skommel van die trein jou aan die slaap gesus het? Dit was lekker ou dae, en dit bestaan steeds! Die Trans Karoo-trein loop steeds tussen Johannesburg en Kaapstad en die Trans Natal-trein ry steeds deur die Drakensberge en verskeie tonnels op pad na Durban. JB Train Tours, wat sedert 1975 toere aanbied, het hande met Solidariteit en sy instellings gevat en bied verskeie toerpakkette teen ’n verminderde prys vir lede in Suider-Afrika aan. Dit bied geleentheid aan ouer mense, asook diegene wat nog nooit op ’n oornagtrein gery het nie, om treinry op ’n veilige, bekostigbare, nostalgiese, en lekker wyse te beleef. Kinders, hulle ouers, en die
02 / 2019
74
www.solidariteit.co.za
toergidse bekwaam. Mens skakel af, sit terug en ontspan. Die Karoo in die laatmiddag deur ’n treinvenster is een van die mooiste tonele op toer! Hoekom so ’n vakansie? Niks beplanning is nodig nie; niemand verdwaal of soek na verblyf nie; geen duur brandstof of verkeersboetes nie; geen bestuur en konsentreer nie; en geen ekstra en verskuilde kostes nie. Reis saam met JB Train Tours en beleef opnuut die mooi van ons land, die pragtige natuurskoon, die skoon lug in die Karoo en vele ander dinge waarvan ’n mens dikwels vergeet. Kontak vandag nog vir Gerda by 011 913 2442, stuur ʼn e-pos na admin@jbtours.co.za of ʼn WhatsAppboodskap na 060 859 7670 om ’n volledige jaarprogram en inligtingsdokumente van JB Train Tours se unieke toere te ontvang. Of besoek die webtuiste www.jbtours.co.za. Sien jou binnekort oppie spoor, oppie trein!