IN BEWEGING
NOMMER 3 VAN 2017 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede
I SSN 1683562 -X
9 771683 562000
www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
1
IS JOU MEDIESE UITGAWES EN BYBETALINGS ‘N
BITTER PIL? Mediese skemas raak al hoe duurder en ledegeldstygings hou eenvoudig nie tred met salarisverhogings nie. Boonop verminder jou voordele dikwels en laat dit jou met ‘n selfbetalingsgaping waarvoor jy dalk nie voorsiening gemaak het nie.
ONS SAL JOU BYSTAAN
• om alternatiewe voordele-opsies binne jou huidige mediese skema te oorweeg • deur ‘n alternatiewe mediese skema voor te stel wat by jou risikoprofiel pas • deur gapingsdekking te bied wat die tekort sal aanvul tussen wat jou skema betaal en wat diensverskaffers hef.
aksent media
Kry die SORG wat jy VERDIEN teen ‘n PRYS wat jou PAS – sonder die bekommernis van ‘n betalingsgaping! Skakel ons vandag nog!
0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste
‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 44680 • CMS-akkreditasie (ORG 4268)
Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk. ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 75
NOMMER 3
VAN 2017
NUUSWAARDIG 10 11 12 14 15 16 17 18 20 20 21 22 23 24
Geskiedenis leer: Toekoms is altyd moontlik Vakbondhandelsmerk kry ‘n vars voorkoms Jy kan ‘n verskil maak – #BouSaam #BouSaam-video inspireer, motiveer Só verseker gemeenskap veiligheid Een rasse-swaeltjie maak nie ‘n somer “Suid-Afrikaners moet eienaarskap van hul veiligheid neem” Inventaris: Rampe ‘n nare werklikheid Jou Wêreld op web kry nuwe baadjie Vriendelike Frik vasberade om vrae te beantwoord Is jy vasgevang in skuldwurggreep? Gewone mense, buitengewone bydraes Snuffel in Solidariteit se eie aanlynwinkel Die boublokke van ‘n universiteit
BEDRYFSNUUS 26 26 27 27 27 28 29 29 30 32 32 33 34 34 35 36 36 37 37
South Africans in the dark over Molefe saga Solidarity in court to revoke Eskom’s employment equity plan “Moenie Lonmin misbruik nie,” waarsku Solidariteit LNR verbreek ooreenkoms met werknemers 85% of bosses expect higher revenue Coligny: What lies beneath the surface Union wants answers from GEPF about SAA funding Klasaksie kom dalk teen GEPF Ons eie, unieke manier van struggle Port Elizabeth is Dienskantoor van die Jaar Lydenburg-dienskantoor: Spanwerk die antwoord Carletonville-kantoor vat hande en stap saam Klerksdorp-dienskantoor bou met trots aan toekoms Hlaudi must say why he shouldn’t pay for SABC 8 Lily mine – fatal inquiry, unspoken miracle Highveld Steel: Blink toekoms ná tragedie Skadelike ekonomiese beleid vererger werkloosheid Swak bestuur lei tot krisis in SAPD se 10111-sentrum Vakbond pak SAPD oor taal in Noord-Kaap
ZUMA-LEIDING REDE VIR DERDUISENDE SE LYDING BLADSY 54
Solidariteit se lesse uit Israel FLIP BUYS vertel van ‘n besoek aan Israel twintig jaar gelede, die lesse wat die Israelse vakbondbeweging die Histadrut gebied het en hoe die Solidariteit Beweging as ‘n groep selfdoenorganisasies as’t ware van die grond af opgebou is tot ‘n familie van meer as 400 000 lede vandag.
12
IN BEWEGING 40 42 43 43 44 46 48 50 51 52 53 54 55 56 58 62 64 65 66 67 68 70 72 73 74
AfriForum-buurtwagte: Voorste linie in stryd teen misdaad AfriForum-veiligheidsplan is proaktief Projek Nehemia: ‘n Gemeenskapstrategie Afrikaans by UV nou na Konstitusionele Hof Bejaardes trots op eerste groente-oes Bejaardes se siele met kindergesiggies geseën Eerste punte op bord teen sportkwotas Sol-Tech-studente sê oor alma mater Passievolle opvoedkundige sluit by span aan Jy & die Reg: Mediese toetse en jou dienskontrak Godsdiens in skole moontlik én uitvoerbaar Zuma-leiding oorsaak van duisende se lyding #BouSaam en wen kontantprys! Lipleklekker leesstof (gratis) in Afrikaans Het jy al gehelp om ‘n huis af te brand? Buckets full of benefits for our members ‘n Mossie laat hom nie boelie nie – Chris Chameleon Google – meer as net wêreldwye web! Aandele: Wat is ‘n regte-uitgifte? Boublokke vir spanwerk in die kantoor Bou ‘n gesin wat staande sal bly Op Kraal se boekrak hierdie winter Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Een dowe, een verliefde, een tragiese einde Koffie, water? Anders val ek om...
8 Jy kan ‘n verskil maak – #BouSaam Ons glo as elkeen doen wat hy of sy moet doen, sal ons verstom wees oor die UITKOMS. Ons elkeen se taak is deel van iets groters as dit waarmee jy besig is.
Ons eie manier van struggle Ons sal nie oor enige vorm van HAATSPRAAK stilbly nie. Ons mag nie toelaat dat enige groep ontmens of gekriminaliseer word nie. Daarom pak Solidariteit sy eie unieke struggle plaaslik en internasionaal aan.
30
#BouSaam aan ons toekoms Elke geslag is vir sy eie tyd verantwoordelik, en dit is nou óns beurt
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
E
k wil graag hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif met die volgende woorde begin: Ons voorouers het hul kant gebring toe dit hul beurt was, maar elke geslag is vir sy eie tyd verantwoordelik, en dit is nou óns beurt. Hierdie sin som die derde uitgawe van vanjaar se tydskrif perfek op. Dis tyd om aan die toekoms te bou wat ons graag eendag wil sien – een waarin ons vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan leef. Solidariteit het verlede jaar ’n baie suksesvolle bouveldtog van stapel gestuur. ’n Mens kan egter nie vir slegs ’n paar maande lank bou en dan dink dat alles reg gaan wees nie. Daarom stel ons graag ons nuwe #BouSaamprojek aan u bekend. Ons het verlede jaar gewys waaraan ons reeds bou en waar daar nog leemtes is – hierdie jaar vra ons jóú: Bou asseblief saam met ons! Ons toekoms word bepaal deur wat ons vandag doen. Net één geslag wat dinge laat agteruitgaan, kan alles wat ons voorouers tot
stand gebring het tot niet laat gaan. Ons kan so maklik praat, maar hoe en waaraan wil jy bou? Die antwoord is eenvoudig: Doen wat jy moet doen – op die regte tyd. Dit is terloops ook ’n Godsopdrag aan elkeen van ons. As elke lid van die gemeenskap hul eie stukkie positiewe bydrae lewer, lei dit tot iets groots waaraan die hele gemeenskap ’n aandeel het. Selfs net die houding waarmee jy ’n taak aanpak, kan die wêreld se verskil teweegbring. Benewens dié nuwe veldtog het die vakbond onlangs sy jaarlikse kongres aangebied. Tydens dié kongres is die bekende Sterre in die Gemeenskap-toekennings weer aan gewone mense toegeken wat buitengewone bydraes in hul gemeenskappe lewer. Die Kantoor van die Jaar is ook tydens dié glansgeleentheid aangewys. Daar is by dié jaarlikse byeenkoms van die geleentheid gebruik gemaak om ons splinternuwe korporatiewe identiteit bekend te stel – blinkgevryf om by die nuwe fase aan te pas wat ons as vakbond nou betree.
In lyn met ons voortdurende vernuwing spog ons tydskrif ook met ’n splinternuwe mashoof op die voorblad. Ons hoop dat u net so opgewonde is oor dié vars, nuwe fase wat ons aanpak. Solidariteit is so sterk soos sy lede hom maak. Baie dankie daarvoor! Solidariteit bou sedert 1902 ’n toekoms en vier dus vanjaar sy 115de bestaansjaar. Ons grootste uitdaging is om verby die huidige werklikheid te kyk en ’n nuwe toekoms raak te sien. Jy bepaal sélf watter toekoms jy wil hê. Help Solidariteit om sterk organisasies te skep en neem aktief deel aan die vorming van ’n toekoms waarin jy ook vry, veilig en voorspoedig kan leef. Die enigste toekoms wat jy kan voorspel, is die een wat jy self bou.
CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR
Kuberklets, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk
Godsdiens: In skole of net tuis en in kerk? Woensdag, 17 Mei was die laaste hofdag in die godsdiens in skolesaak. Solidariteit en Fedsas tree namens ses skole op wat deur die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) hof toe gesleep is. Organisasies wat vryheid van godsdiens in skole voorstaan, sluit in Fedsas, Solidariteit, AfriForum, Cause for Justice en die National Association of School Governing Bodies. Almal van hulle het puik geargumenteer. Só sê ons lesers oor die saak: Stanley Viljoen: Mag God julle wysheid en insig gee in dié tyd. God laat nie met Hom spot nie. Die mense wat dit teenstaan, gaan eendag voor die lewende God staan. Wonder wat hulle dan gaan sê. God gaan vra: “Wat het jy met my Seun gedoen? Hom verloën? Gaan weg van my af, Ek ken jou nie.” Celeste Hamman: So lank as wat kinders wat nie Christene is nie, op Maandagoggende nie in die saal kan sit saam met die ander nie, word daar teen hulle gediskrimineer. Julle kan ompaaie praat en bid tot julle blou is, dit is nie reg nie! Louise Clarke: Alle godsdiens hoort in kerke en huise, nie in ons skole nie! Ek steun Ogod.
Deon Van Der Nest: Ons bid dat hulle (Ogod) sal faal sodat godsdiens kan aanhou. Sonja Mitton Barnard: Morele verval. Rieta Pietersen: Weet ons bid vir julle! Koos Fourie: Skoolouers moet daaroor besluit, nie “ogats” nie. Hannes Swanepoel: Sterkte! Chantal Sprinkhuizen: Ons hou aan bid.
WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – Tel: 082 352 7147 E-posadres: denise@solidariteit.co.za Colette Schultz – Tel: 082 331 8406 E-posadres: colettes@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree, Dawid Brand INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Jaco Bisschoff MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Estella Boshoff, Wilmarie Brits, Flip Buys, Leandré Buys, Chris Chameleon, Lindie de Beer, Gideon du Plessis, Reint Dykema, Marelie Greeff, Dirk Hermann, Kallie Kriel, Piet le Roux, Susan Lombaard, Marietha Malan, Paul Mardon, Philip Minnaar, Connie Mulder, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Ettienne Pio, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Collin Scott, Francois Smit, Juran van den Heever, Marlien van der Westhuizen, Cilleste van Dyk, Suné van Heerden en Rozier van Tonder. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION
Firstaid Noodhulp Provider Landsleuse: Eenheid in diversiteit. Tel: 082 445 4513 | aksentmedia@vodamail.co.za
MOET SKOLE GODSDIENS BEHOU OF LAAT VAAR? a Ek dink skole moet godsdiens in geheel verwyder. b Enersyds stem ek dat dit moet wegval en andersyds dat dit moet bly. c Ek dink godsdiens moet in skole behoue bly. SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za
Nog nie ’n Solidariteit-lid nie? Sluit vandag aan! SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. Verander jou adres by diens@solidariteit.co.za. www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort
Solidariteit Beweging
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
7
is voorsitter van die Solidariteit Beweging
Solidariteit se lesse uit Israel Droom gebou met volgende geslag, nie volgende verkiesing nie voor oë Twintig jaar gelede sit ek agter in ’n toerbus op ’n kibboets van die Israelse vakbondbeweging die Histadrut. Saam met my sit dr. Ben de Klerk, die toerleier; Athur Mcdermot, destyds ’n unieverteenwoordiger van die Mynwerkersunie (MWU) by Eskom; en Koos Kemp, ’n ou sakevriend. Ons is op ’n ekonomiese studietoer om te kyk hoe hierdie woestynland binne enkele dekades tot ’n supermoderne moondheid ontwikkel het, vertel FLIP BUYS.
B
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
en het my saamgenooi omdat ek hom van die Histadrut vertel het waarvan ek tydens my honneurstudies in Arbeidsverhoudinge aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) geleer het. Die Histadrut is gestig is om die Israeliese werkers te beskerm en help in die destydse koloniale staat waarin hulle ’n klein minderheid was. Ben wou hê ek moes in die praktyk sien wat ek slegs in teorie geleer het. In die toerbus het ek hulle meer vertel van die bepalende rol wat die Histadrut van David Ben Gurion en Golda Meir in die onstaan en ontwikkeling van Israel gespeel het. Die Histadrut was nie net ’n gewone vakbond nie, maar ’n beweging van organisasies wat die land ontwikkel het. Benewens die vakbond was daar die arbeidsburo wat mense werk gegee het, behuisingsprojekte, ’n maatskaplike organisasie wat armes gehelp het, tegniese kolleges, sakeondernemings, banke, gesondheidsorg en sekuriteitsmaatskappye. Die Histadrut het inderdaad die land opgebou en tot in die tagtigerjare die grootste deel van die ekomomie bedryf en derduisende mense werk gegee. Ek vertel nog so lekker van die Histadrut toe een van my drie vriende skielik vir my sê: “Waarom bou julle nie die Mynwerkersunie uit tot ’n groot Afrikaanse Histadrut nie?” Daar bars toe ’n hewige debat los. Ek sê vir hulle die omstandighede verskil te veel van Israel; dis nie nodig nie; ons het nie geld nie; die mense gaan dit nie ondersteun nie; dis nie moontlik nie; en ek kan nie en ek wil nie. Dis net té groot. Selfhelpnetwerk Maar my vriende laat hulle nie sommer afsit nie. Hulle skiet argumente soos mortiere in ’n vuurgeveg: “Die omwenteling in SuidAfrika gaan Afrikaners en wit mense soos ’n tsunami tref!”; “Die nuwe regering se rassewette gaan wit mense uit die werkplek
8
(BOU)
skuif!”; “Geweldsmisdaad gaan toeneem!”; “Werkgewers, kolleges en universiteite gaan toenemend teen ons jongmense diskrimineer!”; “Politieke partye sal nie meer veel kan uitrig nie!”; en “Die ANC is nie gerat om ’n moderne land te regeer nie!” Ons praat dié aand tot laat in die nag en stadig maar seker begin die prentjie van ’n Afrikaanse Histadrut by my vorm aanneem. Natuurlik het ek geweet dat daar baie groot verskille tussen ons omstandighede en dié van Israel was, en dat dieselfde resep nie net so hier
sal kan werk nie. Maar die kern van die saak was dat ’n vakbond wat homself tot ’n netwerk van selfhelporganisasies vir ’n minderheidsgroep uitbou die omstandighede kan skep om hier te kan oorleef sodat mense nie soos in die geval van ander postkoloniale lande iewers heen sal moet emigreer nie. Saam met ander internasionale voorbeelde van vakbonde soos die Christelike vakbonde van België, Nederland en Kanada kon ons saam met die lesse van ons eie geskiedenis se Helpmekaarbeweging ’n model ontwikkel wat Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
“
“
Ons vég nie vir ’n beter verlede nie, ons wérk vir ’n beter toekoms. Ons leer uit die verlede, maar fokus op die toekoms.
in ons omstandighede kon werk. In die MWU se eie geskiedenis is daar waardevolle lesse wat presies in die legkaart ingepas het. Die MWU het byvoorbeeld vir jare lank geldelik tot die totstandkoming van die RAU bygedra om te verseker dat hul kinders ’n universiteit sou hê waar hulle kon studeer. Omwenteling Terug in Suid-Afrika het ek aansoek gedoen vir die pos as hoofsekretaris van die MWU, die voorganger van Solidariteit. Ek was toe reeds vir vyf jaar lank die organiserende sekretaris van die MWU toe mnr. Peet Ungerer besluit om af te tree. Ná my verkiesing as hoofsekretaris het ek aan die werk gespring om ’n werkbare plan op die tafel te sit. Dit het egter nie glad verloop nie. Die groot omwenteling in die land het die MWU en ons lede inderdaad soos ’n tsunami getref en die vakbond het baie swaar gekry. Honderdduisende van ons lede in die myn-, staal-, elektriese, telekommunikasie- en ander bedrywe het pakkette ontvang – wat ons tereg “selfmoordpakkette” gedoop het. Ons unieverteenwoordigers was toegegooi onder al die druk. Daar was ’n tyd toe ons nie eers regshulp vir ons lede kon bekostig nie, ons het nie noodsaaklike toerusting soos fakse, fotostaatmasjiene of rekenaars gehad nie, en ons het van die hand na die mond geleef. Ons het nie die nodige geld, kennis, ondervinding óf hulpmiddels gehad nie. Oor die eerste vyf jaar het ek nie wakkergewórd nie, ek het wakkergeskrík! Daar was baie dae wat ons nie geweet het of die vakbond die einde van die maand gaan sien nie. Baie van ons eie mense het nie lig gesien nie en soms het ek sélf getwyfel of ons dit gaan oorleef. Ons was ’n klein Gideonsbende wat in ’n ou gebou in die middel van Johannesburg gesit en beplan het aan iets wat groter as onsself was. Kenners het óók voorspel dat ons sou ondergaan: Die bekende handboek Managing Industrial Relations in SA het onder meer voorspel dat ons deure sou toemaak. (Toe ons die skrywers ’n paar jaar gelede ontmoet het, kon ek nie verhelp om vir hulle te sê dat die berigte oor ons dood grootliks oordrewe was nie!) Maar ons het ’n droom vir die toekoms gehad. ’n Droom van ’n sterk landwye vakbond en ’n Beweging wat noodsaaklike dienste op www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
elke gebied vir ons lede en ons gemeenskap kon bied. ’n Droom van ’n hedendaagse Helpmekaarbeweging wat met ’n netwerk van selfhelporganisasies ’n toekoms kon bou wat vir ons ’n blywende plek in die land moontlik sou maak. ’n Droom wat verby die politieke beloftes van die volgende verkiesing gekyk het na die toekoms van die volgende geslag. Vertrekpunt Ons vertrekpunt was dat die nuwe bedeling nie genoeg beskerming aan ons ledegemeenskap sou bied soos wat daar aan ons belowe is nie en dat ons ’n “staatsbestande” selfhelpbeweging sou moes bou. Ons was destyds uitgekryt vir alles wat sleg was omdat die politieke wittebrood van die Mandela-era mense in ’n soort politieke beswyming laat verval het. Hoewel ons ook graag in die utopiese hemel op aarde sou wou leef wat die politici, sakeleiers, media en die meeste akademici aan almal belowe het, het ons met die wérklikhede eerder as met ons wénse gewerk. Natuurlik het ons geweet die land sou moes verander, maar ons was bekommerd dat dit in die verkeerde rigting sou wees. ’n Soort sosialistiese “back to the future”-rassebedeling waarteen ’n bekende Amerikaanse politieke wetenskaplike die inkomende regering gewaarsku het. Ons het geweet wittebrode is lekker, maar dit hou nie vir altyd nie. Ons het die ANC se beleidsdokumente gelees – en dit geglo. Ons het gesien dat hulle by Kodesa toegewings gemaak het om die mag te kry, maar geweet dat hulle daardie mag nog sou gebruik om hul oorspronklike doelstellings deur te voer. Hulle was steeds uitdruklik tot hul eie nasionaaldemokratiese rewolusie verbind, pleks van die grondwetlike demokrasie waarvoor ons en hul leiers geteken het. Ons het geweet dat die twee groot teikens van hul rassebeleid wit werkers en wit jongmense gaan wees, omdat die ANC se beleidsdokumente hulle toekomstige rassebeleid uitgestippel het. Ons het nie gedink dat hulle Suid-Afrika suksesvol sal kan regeer nie, omdat hul struggle-ideologie lynreg met die vereistes bots om ’n moderne land te bestuur. Ons het gesien dat die nuwe bedeling vinnig op ’n gewone meerderheidsregering sou uitloop en dat ’n stelsel wat net op individuele regte gegrond was nêrens ter wêreld genoeg is om groepsbelange te beskerm nie. Ons het
gesien dat die Grondwet nie minderheidsregte beskerm nie, maar – eienaardig genoeg – wel meerderheidsregte verskans. Topspan vir die plan Om ons tweebeenplan uit te voer en die vakbond te verbeter en die Beweging te bou, moes ons die regte span bymekaarmaak. Ons span het die vakbond eers op elke gebied begin verbeter. ’n Regsdepartement, kommunikasie-afdeling, landwye dienskantore en later ’n nasionale dienssentrum is in die lewe geroep, en ledeadministrasie-, navorsings-, beroepsgesondheid- en veiligheidsdienste begin, asook beroepsbeserings- en siektevergoedingsdiente en talle ander nuwe dienste. Nuwe rekenaarstelsels vir ledeadministrasie en finansiële stelsels is aangekoop, reserwefondse is gebou, nuwe werwingsplanne is in werking gestel en mensehulpbron- en opleidingsafdelings het die lig gesien. Ons het nuwe geboue in Centurion gekoop en ons landwye netwerk van dienskantore is opgegradeer en met meer en bekwame personeel beman. Die resultate was gou sigbaar met ’n ledetal wat vinnig toegeneem het en talle ander suksesse wat gevolg het. Moenie dink alles het net glad verloop nie – ons het ook maar foute gemaak, dit reggestel en weer probeer! Beweging van doenorganisasies Ons moes die vliegtuig herbou terwyl ons daarmee gevlieg het. Ons het terselfdertyd Helpende Hand herstig, ’n sakebeen begin, die Boufonds geloods, Sol-Tech met die tienrande van ons lede begin, AfriForum tot stand laat kom en nog later die FAK by ons laat inskakel. Maroela Media is as selfstandige nuustuiste saam met vennote begin, en so ook die Rapport Onderwysfonds en die Virseker Trust. Akademia is gestig en brei nou stelselmatig landwyd uit. Ons sukses is ’n spanpoging waarvoor ek elke lid, unieverteenwoordiger, personeellid en almal wat die wa deur die drif gehelp trek het uit die diepte van my hart wil bedank. Ons Beweging is ’n familie van doenorganisasies wat voluit werk om ’n toekoms te skep. Ons is nie ’n politieke beweging nie, maar ’n praktiese beweging wat praktiese oplossings in werking stel. Terselfdertyd is ons toekomsgerig: Ons vég nie vir ’n beter verlede nie, ons wérk vir ’n beter toekoms. Ons leer uit die verlede, maar fokus op die toekoms. Ons begin nou weer met ’n nuwe fase en nooi almal uit om saam te kom bou.
9
NUUSWAARDIG
Geskiedenis leer: Toekoms is altyd moontlik Deur Juran van den Heever
W
inston Churchill het gesê hoe verder jy in die toekoms wil insien, hoe verder moet jy in die verlede terugkyk. Ons voorouers het in werklikheid deur ʼn sterk netwerk van helpmekaar- en selfhelporganisasies op kulturele, ekonomiese, maatskaplike en politieke terreine ʼn toekoms vir die nageslag gebou. Ons kan net soos ons voorouers, gewone mense in ongewone omstandighede, klein begin bou aan buitengewone wonderwerke. Ons grootste uitdaging is om verby pres. Jacob Zuma en die huidige werklikheid ʼn nuwe toekoms raak te sien. Ons moet self bepaal watter toekoms ons wil hê. Solidariteit het verlede jaar die #OnsBou-veldtog van stapel gestuur en dit het ʼn ongelooflike positiewe invloed op mense gehad. Vanjaar wil ons voortgaan en ʼn beroep op mense doen om saam met ons te bou. Die vakbond se vermoë om by voortdurend veranderende sosiopolitieke en ekonomiese omstandighede en eise aan te pas, was oor ʼn tydperk van meer as ʼn eeu nog altyd sy behoud. Help Solidariteit om sterk organisasies te skep, en neem aktief deel aan die vorming van ʼn toekoms waarin jy ook blywend, vry, veilig en voorspoedig sal kan leef. Solidariteit bou sedert 1902 ʼn toekoms en vier ook vanjaar sy 115de bestaansjaar. Ons bou die volgende: Goeie werk Solidariteit beskerm sy lede al sedert 1902 in die werkplek. Ons groei saam met ons lede en hul behoeftes. So het die eertydse Mynwerkersunie gegroei tot die vakbond Solidariteit. Ons bou ʼn verhouding van vertroue om seker te maak jy is nie alleen in onbestendige tye nie. Die belangrikste les uit 200 jaar se geskiedenis is dat die toekoms nooit verby is nie. Daar kom altyd weer ʼn toekoms te voorskyn.
Illustrasie: iStockphoto.com
Opleiding Solidariteit sien homself as ʼn bouer wat al vir 115 jaar saam met geesdriftige lede (bouers) besig is om aan ʼn toekoms te bou. Daarom bou Solidariteit onverpoosd aan opleidinginstansies en studiefondse, want opleiding skep die toekomsmoontlikhede in jou en jou kinders se werk. Die hede is nooit
10
#BouSaam SMS BOUSAAM na 34802 (R1 per SMS) permanent nie, en die toekoms nooit vas nie. Die hede is slegs die brug tussen die verlede en die toekoms. Oppergesag van die reg Solidariteit glo sedert 1902 dat geregtigheid in die werkplek moet geskied. Daardie kerneienskap is uitgebou en vandag behaal Solidariteit talle welslae in die howe. Hierdie welslae strek van geregtigheid in die werkplek tot die stryd teen die onbillike toepassing van regstellende aksie. Ons toekoms gaan bepaal word deur wat ons vandag doen. Net een geslag wat dinge laat gaan, kan alles wat deur ons voorouers opgebou is tot niet laat gaan. Groeiende selfstandigheid Mense het al gesê dit sal ʼn wonderwerk verg om ʼn oplossing vir ons probleme te bewerkstellig. Dit is beslis reg. Maar wonderwerke val nie uit die lug nie, ʼn mens spel dit wonderWERK. Wonderwerke word gebou, dit gebeur nie vanself nie. Ons sien die probleme raak, maar kyk nie daarteen vas nie, want ons sien ook ons gemeenskap se welslae, gebruik die geleenthede wat daar is en skep nuwe geleenthede. Ons werk aan groeiende gemeenskapfederalisme. Dit beteken dat ons aan oplossings op alle gebiede werk, vanaf onderwys en opleiding tot maatskaplike kwessies, veiligheid, omgewing, media, taal en
kultuur, erfenisbewaring en geskiedenis, en groter selfstandigheid op plaaslike vlak. Afrikaans As die reg op moedertaalonderrig en die regte van taal- en kultuurgemeenskappe moet swig voor toeganklikheid, mag ons ontsteld wees. Maar ons kan dit nie daar laat nie, dit moet ook as bevrydend ervaar word omdat Afrikaans nou terug is in die hande van die gemeenskap. Die klaarblyklike einde van hierdie staatsera vir Afrikaans is die geboorte van ʼn nuwe era – nie meer in afhanklikheid van die staat nie, maar in die hande van die gemeenskap. Die Solidariteit Beweging Die Solidariteit Beweging se selfdoeninstellings fokus elkeen daarop om ʼn spesifieke leemte in die gemeenskap te vul. Elkeen van hierdie instellings is unieke voorbeelde van ongelooflike potensiaal wat ontsluit word. Solidariteit het reeds 16 jaar gelede begin bou aan die Solidariteit Beweging. Die Beweging bestaan uit 18 instellings, insluitend Solidariteit, die burgerregte-organisasie AfriForum en Solidariteit Helpende Hand. Saam spog hulle met ʼn ledetal van 400 000. Ons voorouers het hul kant gebring toe dit hul beurt was, maar elke geslag is verantwoordelik vir sy eie tyd, en dit is nou ons beurt. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Vakbondhandelsmerk kry ’n vars voorkoms
D
ie Solidariteit-handelsmerk vertel reeds dekades lank die verhaal oor wie die vakbond is en waarvoor dit staan. Dié arbeidsinstelling, wat reeds aan die begin van 20ste eeu ontstaan het, het oor die laaste 115 jaar heelwat grense verskuif. Solidariteit is een van die min vakbonde wat daarin kon slaag om ten spyte van die sosio-politieke en ekonomiese veranderings in Suid-Afrika ’n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse vakbondwese in die 21ste eeu te bly – die moderne en doeltreffende vakbond wat ons vandag ken. Solidariteit het op die vakbond se 100ste verjaarsdag in 2002 sy naam van die Mynwerkersunie na Solidariteit verander. Dit was egter nie iets wat sommer oornag gebeur het nie. ’n Lang tyd moes verloop voordat die organisasie vir ’n volgende veranderingsfase gereed was. Daarom het Solidariteit oor
Deur Wilmarie Brits
die afgelope 15 jaar ’n gedaanteverwisseling ondergaan en ontwikkel tot ’n kragtige vakbond wat tans groter en sterker is as in enige van sy vorige 115 bestaansjare. Die vakbond het in ’n Beweging met 18 instellings ontwikkel, spog met meer as 400 000 lede in dié verskillende instellings en bestuur ’n vyfjaarbegroting van R5 miljard. Die arbeidshistorikus dr. Wessel Visser lig in sy boek oor Solidariteit een van die vakbond se sterkste kwaliteite uit, naamlik dat dit deur sy bestaansjare nog altyd die regte besluite op die regte tyd geneem het. Die vakbond is wéér op ’n plek waar besluite geneem moet word. Met die drastiese
groei wat Solidariteit oor die laaste dekade getoon het en met soveel nuwe dinge wat voorlê, het dit tyd geword om Solidariteit se baadjie op te gradeer om by die nuwe tyd te pas waarin hy homself nou bevind. Hoewel Solidariteit met ’n nuwe baadjie spog, hou die vakbond by sy getoetste resep: Om die goeie uit die verlede te neem en daarop voort te bou. Daarom is die vorige handelsmerk nie heeltemal vervang nie, maar slegs herontwerp. Dit lê nou op sy kant en die lyne is effens aangepas en gemoderniseer. Lede sal ook die ou kenmerkende elemente soos die diamant en die oranje kleur herken, asook die M en W wat die ou Mynwerkersunie herdenk. Die nuwe handelsmerk is duidelik, uniek en onvergeetlik. Dit gee erkenning aan die nuwe energie van Solidariteit en verteenwoordig ’n nuwe tyd van vars dink en doen.
NUUSWAARDIG
Jy kan ’n verskil maak – #BouSaam
T Foto’s: Morné Prinsloo; iStockphoto.com
ydens die vakbond Solidariteit se jaarlikse kongres vanjaar het ons drie dinge bekendgestel: ons nuwe handelmerk, ons nuwe webtuiste en die #BouSaam-veldtog. Dis vir my ’n voorreg om jou meer oor #BouSaam te vertel. Dit is 2017 en Solidariteit wil nóg bou, iets groter as ooit tevore – iets wat nog daar sal wees vir die geslagte wat nog kom. Ons wil ’n toekoms bou waarin ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig gaan wees. Oor die afgelope 15 jaar was ons besig om al die boustene daarvoor gereed te kry. Ons fondament is nie die staat nie, nie groot besigheid nie, maar die gemeenskap. As ’n staat verswak, raak die verantwoordelikheid van die gemeenskap net groter. Die sement van ons bouprojek is die konsep “selfstandigheid” of “selfverantwoordelikheid”. Die oomblik dat ’n mens selfverantwoordelikheid verstaan, voel jy vry. Die oomblik dat jy besef jy is nie van die staat afhanklik vir ’n toekoms nie, voel dit of die juk van ’n ondoeltreffende staat van jou skouers afval. As die president vrot is, is jou toekoms nie vrot nie en as die staat verswak, beteken dit
12
Deur Dr. Dirk Hermann
nie dat jy geen toekomsvooruitsig het nie, want jou toekoms hang nie van die staat af nie, maar van jouself. Die antwoord lê egter nie net in jouself nie, maar in die gemeenskap. Dit is die krag van baie bietjies wat baie maak. Die krag van die gemeenskap is sterker as die mag van die staat. Die woord “solidariteit” sê dit alles – dit gaan oor saamstaan. Die krag van solidariteit lê in ’n
gebondenheid aan mekaar. Skielik word klein druppeltjies stroompies; en stroompies word riviere; en riviere word damme. Solidariteit het gesien in watter rigting SuidAfrika beweeg en het besef dat die vakbond nie net vir ons lede en hul gemeenskap ’n antwoord moet bied nie. Ons moes meer mense betrek deur meer instellings te bou. Ons moes die krag van die gemeenskap mobiliseer. Omdat werk Solidariteit se hartklop is en kennis die beste wapen vir goeie werk is, het ons besluit om ons met groot ywer in opleiding te werp. In die kennisekonomie word kennis een van die belangrikste produkte wat ’n vakbond kan bied. Ons het besef dat ons ook ander opleidingsinstellings moes bou en so het Sol-Tech, Akademia en S-Leer die lig gesien. Soos Flip Buys dikwels sê: As ’n minderheid in ’n meerderheidsomgewing wil oorleef, moet hy die meerderheidskennis hê. Daarbenewens het ons AfriForum in die lewe geroep. Ons het gesien die stem van die gemeenskap raak verlore in die media en daarom is Maroela Media op die been gebring en het ons hulp verleen aan Pretoria FM. Ons het besef ons mense praat nie net Afrikaans nie, maar ís Afrikaans, en kultuur is Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
deel van wie hulle is. Daarom het die FAK as selfstandige instelling by die Solidariteit Beweging ingeskakel en het ons Kraal Uitgewers, wat hoë gehalte historiese en aktuele boeke uitgee, by die Beweging ingeskakel. Ons het finansiële instellings begin, onder andere die Solidariteit Beleggingsmaatskappy, Solidariteit Finansiële Dienste en Solidariteit Eiendomme. Ons het begin om die gemeenskap as ondersteuners van Solidariteit te mobiliseer. Nuwe Regsfondslede en lede wat uit lojaliteit bydraes aan die Boufonds maak, het help bou. Hoe meer druk die regering op ons geplaas het, hoe meer het ons gebou. Hoe meer die staat verswak het, hoe sterker het ons geword. Daar is nou 18 instellings in die Solidariteit Beweging. Meer as 400 000 mense dra maandeliks tot een van die instellings van die Beweging by. Die begroting vir ons 2020-plan beloop R5 miljard. Maar… In 2017 wil ons aan iets groot bou; iets waarvoor ons al die fondamente gegrawe het; iets waarvoor ons al mure gebou het; iets waarvan al die elemente al gereed gekry is. Ons wil ’n toekoms bou – nie net ’n gewone toekoms nie, maar ’n toekoms waarin ons en ons kinders, vry, veilig en voorspoedig is. Ons moet mense weer selfvertroue gee om self ’n toekoms te bou – nie net in Solidariteit en in die groter Solidariteit Beweging nie, maar in elkeen se gemeenskap, kerk, skole, plaaslike beveiligingsaksies, kultuurverenigings en talle www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
Hoe en waar kan jy ons help bou? • Ons moet Akademia tot ’n volledige Afrikaanse privaat universiteit uitbou – wêreldklas in Afrikaans. • ’n Nuwe kampus moet vir Sol-Tech gebou word. • Solidariteit Helpende Hand se studiefonds moet uitgebou word sodat R100 miljoen per jaar aan studiehulp uitbetaal kan word. • S-Leer moet werknemers op groot skaal help om in hul beroepe te vorder. • Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum moet Afrikaanse skole help om wêreldklas te wees en te bly. • Ons moet AfriForum ondersteun om beveiligingsnetwerke uit te brei en gemeenskappe te mobiliseer om self ander inisiatiewe. By Solidariteit glo ons aan ’n eenvoudige konsep, naamlik roeping. Roeping beteken om te doen wat God wil hê jy op ’n spesifieke tyd en plek moet doen. Ons glo as elkeen doen wat hy of sy moet doen, sal ons verstom wees oor die uitkoms. Ons elkeen se taak is deel van iets groters as dit waarmee jy besig is. Ons glo dat die Here vir jou ’n toekomsbelofte gee daar waar hy jou roep – en ons glo dit onwrikbaar. In dít wat ons doen, kry
•
• • • •
verantwoordelikheid te neem vir dít wat hul lewens direk raak. Maroela Media moet die leier wees op die gebied van Afrikaanse nuus, nie net ’n koue nuusplatform nie, maar ’n kuberkuierplek vir die Afrikaanse gemeenskap. Die FAK moet uitgebou word sodat ons Afrikaans kan praat en Afrikaans kan wees. Kraal Uitgewers moet publiseer wat ander nie wil publiseer nie. Ons finansiële instellings moet uitgebou word om ’n nuwe soort Sanlam te word om te help bou aan ’n toekoms. Virseker-polisse moet by die duisende verkoop word sodat Afrikaanse kapitaal gemobiliseer kan word om ’n toekoms te bou.
ons dus sekerheid oor die toekoms. Begin om saam te bou en voel vry. Die krag van die gemeenskap is sterker as die krag van die individu of die mag van die staat. Dit is die krag van ’n gemeenskap gebonde aan mekaar en aan ’n ideaal – en dit is die toekoms waarin ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig is. Kan jy aan groter bouwerk dink? En jy kan deel wees daarvan! As ons twyfel oor die toekoms, bou ons dit. My oproep aan jou is: #BouSaam!
13
NUUSWAARDIG
KYK HIER! www.youtube.com/watch?v=0zNsXIq_8yo
#BouSaam-video inspireer, motiveer Deur Wilmarie Brits
O
Foto’s: Verskaf; iStockphoto.com
ns bevind onsself tans in baie onseker tye – ʼn tyd waarin ons universiteite, taal en werk bedreig word. ʼn Tyd waarin dit al hoe moeiliker raak om op ʼn positiewe manier na die toekoms te kyk. Hoewel ʼn mens se visie deur al die somber gebeurtenisse beperk word, moet ons besef dat die hede nooit permanent is nie, en dat die toekoms nooit vas is nie. Solidariteit se #BouSaam-veldtog wat op 24 Mei tydens die vakbond se jaarlikse kongres deur ʼn aangrypende video van stapel gestuur is, fokus daarop om die gemeenskap te betrek in die oprigting van sterk onafhanklike organisasies, asook om aktief deel te neem aan die vorming van ʼn toekoms waarin elkeen blywend vry, veilig en voorspoedig sal kan leef. Die video, wat as ondersteuningsmateriaal vir die groter veldtog dien, slaag daarin om die lede van die gemeenskap aan te moedig en terselfdertyd gerus te stel. Die video wek nie net ʼn gevoel van trots en selfverantwoording nie, maar dit motiveer elke individu om deel van die groter taak te word. Daar is ʼn ou gesegde wat lui: Om te weet waarheen jy op pad is, moet jy weet waar jy vandaan kom. Die #BouSaam-video het sy oorsprong gevind deur ons ryke geskiedenis. ʼn Tyd waartydens ons voorvaders verantwoordelikheid geneem het vir hul hede, geveg het, oorwinning behaal het en uiteindelik ʼn monument gebou het wat steeds deur dekades heen as baken dien. Die video lê klem op die feit dat elke geslag verantwoordelik is vir sy eie tyd, en dat die
14
Agter die skerms
• Die akteur in die video, Armand Aucamp, is bekend vir sy rolle in onder andere Die Boekklub en Ballade vir ‘n Enkeling. • Om die video te skiet, was groot pret. Armand is jonk, energiek en baie professioneel. • Die planne wat in die video verskyn, is die oorspronklike planne deur Gerard Moerdyk, argitek van die Voortrekkermonument, en is verskaf deur die Erfenisstigting. tyd dat ons verantwoordelikheid moet neem, aangebreek het. Die video sê dat Solidariteit al jare daarop fokus om mense in hul werkplek by te staan en te help sodat hulle ʼn goeie werk het, want ʼn goeie werk is belangrik. Om ʼn goeie werk te hê, begin by ʼn keuse wat jy gemaak het om universiteit toe te gaan en jouself met kennis te bemagtig. Net soos die hoofkarakter in die video sy toekoms gevisualiseer het en sy idee gebou het, moet elkeen besef: dit hang alles van jóú af. As jy ʼn
droom en ʼn visie het, moet jy dit self bou. Ons toekoms word bepaal deur wat ons vandag doen. Dit help nie om op jou toekoms te wag nie. Daarom gee ons deur die veldtog die gemeenskap die kans om te kies waar hulle ʼn verskil wil maak en te bou aan dit wat vir hulle belangrik is. Die enigste toekoms wat jy kan voorspel, is die een wat jy self bou. Besoek gerus ons webblad by www.solidariteit.co.za om te kyk waaraan jy ons kan help bou. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Só verseker gemeenskap veiligheid
Foto: iStockphoto.com
T
ydens AfriForum se veligheidsberaad op 6 Mei vanjaar by die Heartfelt Arena in Pretoria was dit duidelik dat daar ʼn gemengde gevoel van vrees en hoop by die gehoor was. Vrees, omdat misdaad in die land toeneem en almal al op die een of ander manier daardeur geraak is; maar terselfdertyd ook hoop, omdat gemeenskappe begin saamstaan en hande vat om misdaad te bekamp en hulself te beveilig. Buurtwagte is een van die maniere waarop gemeenskappe saamwerk en AfriForum is trots daarop dat hulle reeds 94 buurtwagte regoor die land gestig het. Wanneer dit kom by plase en die omliggende areas is dit soms moeiliker om by staande projekte soos buurtwagte in te skakel. Plase is soms afgeleë en hulp is nie onmiddellik beskikbaar wanneer dit nodig is nie. Plaasmoorde is ook ʼn hartseer realiteit
Deur Leandré Buys
wat soos ʼn skokgolf deur die land ruk. Dit was juis hiérdie spesifieke rede, ʼn plaasmoord in Hoedspruit in Limpopo, wat gelei het tot die ontstaan van die Hoedspruit Plaaswag. Die Hoedspruit Plaaswag, waarvan Mike Scott die voorsitter is, is in Oktober 2010 gestig en het die afgelope sewe jaar van krag tot krag gegaan. Vandag bestaan dié plaaswag uit drie bene, naamlik patrollies, ʼn reaksie-eenheid en ʼn ledetal wat by die dag groei en sterker word. Die patrollies word deur vrywilligers in die area uitgevoer en hulle probeer om elke plaas- en teerpad in die Hoedspruit-area te patrolleer. Helder wit ligte help met sigbaarheid en dra by tot die bekamping van misdaad, wat selfs vrugte- en wilddiefstal insluit. Die reaksie-eenheid bestaan uit 30 tot 40 mans wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die hantering van noodgevalle. Hierdie eenheid kry ook opleiding in die veilige hantering van wapens, veiligheid en reaksie tydens motorongelukke
asook die wetlike vereistes wat nagekom moet word op misdaad- en ongelukstonele. Die plaaswag se ledetal staan tans op 500 gesinne in en om Hoedspruit wat op hoogte van sake gehou word deur middel van ʼn massa-SMS-netwerk. Die lede het ook toegang tot tweerigtingradio’s en ʼn noodnommer wat 24 uur per dag beman word. Daarbenewens werk die Hoedspruit Plaaswag baie nou saam met die SAPD en bekamp sáám misdaad in daardie areas. Solidariteit is ʼn voorstander daarvan dat die reg nié in eie hande geneem moet word soos wat die laaste paar maande in die land gesien en beleef word nie. Daar moet eerder in samewerking met die SAPD opgetree word. Dié plaaswag is ʼn bewys van wat gedoen kan word wanneer ʼn gemeenskap saamstaan en hande vat. • Stuur e-pos na veiligheid@afriforum.co.za om uit te vind of daar ‘n AfriForum-buurtwag in jou omgewing is.
NUUSWAARDIG
Een rasse-swaeltjie maak nie ’n somer Deur Connie Mulder
“I
s Penny Sparrow ’n nuwe reeks op M-Net?” vra ek my vrou toe ons in die kar terugklim. Dit is 4 Januarie 2016 en ons is op pad terug van vakansie af. Terwyl ons brandstof ingooi, kyk ek vlugtig op my foon na Twitter en sien hoe die rasvonke begin spat. ’n Paar uur later steek Sparrow die kuberwêreld aan die brand. Haar uitlatings lui die jaar van die Facebookrassis in. Met skokkende reëlmaat vlam daar telkens ’n nuwe herrie oor rassisme op sosiale media op. Elke keer is dit meer histeries. Elke keer word fisieke geweld teen die oortreder vinniger en erger aangehits. Ons raak ’n samelewing wat sit en wag dat die volgende sosialemediastorm ontplof. Tog is daar iets aan dié gesprekke wat pla. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge bevind dat Suid-Afrikaners van verskillende rasse goed met mekaar oor die weg kom. Op voetsoolvlak vind ons mekaar oor rasgrense heen – net om die aand op die nuus uit te vind dat ons mekaar eintlik haat. ’n Meer steurende ondertoon is dat die rassiste wat die media aan die groot klok hang amper altyd wit is. As Afrikaner begin ek oor my vriende en familie wonder. Is ons dan almal rassiste wat net een ongelukkige stap van ’n Facebook-debakel weg is? My vermoede is dat daar ’n dubbele standaard heers – daar is meer as genoeg Facebook-rassiste van ander rasse wat nié die seweuurnuus haal nie.
Foto’s: iStockphoto.com
Suid-Afrika se rasdiskoers is ongesond By Solidariteit onderneem ons toe om uit te vind of daar ’n dubbele standaard oor rassisme in Suid-Afrika bestaan. Daar is twee bevindings wat ons dieper laat ondersoek instel: eerstens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge se bevinding dat die meerderheid Suid-Afrikaners op ’n dag-tot-daggrondslag geen rassisme ervaar nie; tweedens die media wat lynreg téén die bevinding staan en ons probeer oortuig dat elke Suid-Afrikaner konstant met rassisme gekonfronteer word. Eers identifiseer ons verskeie hoëprofielgevalle waarin rassisme en rassiste lugtyd gekry het. Ons gevallestudies wissel. Ons ondersoek Julius Malema wat tydens ’n EFF-vergadering in Newcastle gesê het dat hy nie nou al vir die slagting van wit mense vra nie. Ook kyk ons na Justin van Vuuren, ’n kleinsake-eienaar wat in die Penny Sparrowtydperk aanstootlike uitlatings teenoor swart mense op Durban se strande gemaak het.
16
643,6 Die gemiddelde aantal berigte as die rassis wit is.
66,4 Die gemiddelde aantal berigte as die rassis swart is.
Ons begin deur te bepaal hoeveel mediaberigte op elke rassistiese voorval gevolg het. Penny Sparrow is kop en skouers die voorloper met 4 501 mediaberigte. Julius Malema, die kroonprins van rassisme, se “slagting van wit mense”-opmerking genereer slegs 163 mediaberigte. Mabel Jansen se verwysing na swart mans se geweldskultuur lei tot 840 mediaberigte. Jonathan Jansen se opmerking tydens ’n Kovsie-raadsvergadering in Augustus 2016 dat Afrikanermans se opvoeding gebrekkig is, word slegs in 10 mediaberigte aangehaal. Die somtotaal van dié bevindings is onrusbarend. As die rassis wit is, is die gemiddelde aantal mediaberigte 643,6 – uitgesluit dié oor Sparrow. As die rassis swart is, is die gemiddelde aantal mediaberigte slegs 66,4. Trouens, Justin van Vuuren se 251 berigte is bykans 100 meer as Julius Malema se 163 berigte. Dié bevindings toon dat Suid-Afrika se rasdiskoers nie gesond is nie. In ’n heterogene land is dit van kernbelang om sensitiewe kwessies soos rassisme met omsigtigheid te hanteer – ’n mens kan nie rassisme beveg deur rassisme te pleeg nie. Dis onafwendbaar dat hierdie mediavooroordeel ’n invloed op die alledaagse lewe het. Dit vergiftig die atmosfeer rondom alle rasseverhoudinge in Suid-Afrika. Dit is in dié atmosfeer dat die Huffington Post dit aanvaarbaar vind om ’n rubriek te publiseer wat stel dat wit mans stemreg moet verloor. Dit is in dié atmosfeer dat Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, stel dat wit
mense nie die regering moet teëgaan nie, anders gaan dit baie rof met wit mense gaan. Dit is in dié atmosfeer dat Coligny in vlamme opgaan nadat Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes, ’n anti-wit toespraak afsteek. Dié atmosfeer maak dit onmoontlik om oplossings vir die ingewikkelde probleme te vind waarmee mense van alle rasse elke dag stoei. Hoe pak ons dié probleme aan? As Afrikaners is die eerste stap om te alle tye ons kant skoon te hou. Om uit die gesprek rondom rasseverhoudinge en rassisme te onttrek, gaan geen oplossings bied nie. Al waarheen dit lei, is gesprekke oor ons, maar sonder ons. Ons moet die gesprek beïnvloed deur die bestaan van hierdie dubbele standaard uit te wys. Op dié wyse kan ons poog om kalmte en matigheid na ’n diskoers rondom ras in Suid-Afrika te bring wat andersins dreig om soos ’n wegholveldbrand te versprei. Behalwe vir die plaaslike debat rondom ras waar ons betrokke moet bly, het Solidariteit ’n veldtog teen dubbele standaarde rondom rassisme van stapel gestuur. Dit word besonders goed deur meer as 180 000 mense ondersteun. Dié besonderse ondersteuning stel ons in staat om ons bevindings internasionaal bekend te maak. Ons het reeds voorleggings aan die Internasionale Menseregtekommissie, die Internasionale Arbeidsorganisasie én die Komitee vir die Uitwissing van Rassediskriminasie gemaak. Die ontvangs was ongelooflik positief gewees met ’n diepe begrip vir ons situasie as ’n minderheidsgroep. Hoewel ons nie ons hoop op die internasionale gemeenskap moet plaas nie, is internasionale druk een van vele wapens in die arsenale van minderhede wêreldwyd. Ons moet elke denkbare opsie tot ons beskikking aanwend om ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir ons kinders in Suid-Afrika te verseker. Ten spyte van die media se rassediskoers kom Suid-Afrikaners van alle rasse in die breë nog merendeels goed met mekaar oor die weg. Dit is van kernbelang dat ons onthou: daar ís nog goeie mense van alle rasse wat oplossings vir probleme soek. Volgende keer wat histeriese beriggewing oor rassisme plaasvind, moet ons onsself herinner: een rasse-swaeltjie maak nie ’n somer nie. • Connie Mulder is hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Genl.maj. Roland de Vries, voormalige adjunkhoof van die leër; Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum; en Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.
“Suid-Afrikaners moet eienaarskap van hul eie veiligheid neem”
Foto: Rozier van Tonder
T
Deur Francois Redelinghuys
ot dusver in 2017 word ons gebombardeer met die een nuusberig ná die ander wat in detail verslag doen oor grusame moorde op plase, huisinbrake en ’n verskeidenheid ander naarhede wat mense teenoor ander pleeg. Dit is só erg dat die gesprek oor landelike en plaasveiligheid onlangs vir die eerste keer in die parlement gedebatteer is – te danke aan volgehoue druk deur die VF+. Dit is wel debatteerbaar of die debat tot enige aksie sal lei omdat verskeie politieke partye dit as ʼn seepkisoomblik gebruik het om hul eie rasse-ideologie verder te dryf. Hoewel misdaad in Suid-Afrika geensins ’n nuwe verskynsel is nie, laat die absolute brutaliteit en wyse waarop baie aanvalle uitgevoer word ’n mens steeds verslae. Met die realiteit wat ons oor veiligheid in die gesig staar, is dit nou die tyd om hande te vat om gesamentlike oplossings te bedink om die stygende misdaadneigings in Suid-Afrika te stuit. AfriForum veg al jare lank teen plaasaanvalle en het reeds 94 gemeenskapsbuurtwagte op die been gebring. Dié organisasie het in samewerking met die groter Solidariteit Beweging ’n veiligheidsberaad met die tema “Kom ons maak ons strate veilig” op 6 Mei vanjaar by die Heartfelt Arena in Pretoria gehou. Tydens dié beraad het verskeie kundiges onderwerpe soos die sinergie tussen gemeenskappe en staatsinstansies, die bestuur van gemeenskapstrukture en die rol van die burgerlike samelewing teen misdaad onder die loep geneem. Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum, moet daar ’n goue balans tussen die staat, die gemeenskap en die privaat sektor se rolle in gemeenskapsveiligheid wees. “Ons het geen ander alternatief as om ’n gesamentlike nasionale veiligheidstrategie te ontwikkel nie; meer as 18 000 mense word per jaar in Suid-Afrika vermoor. Suid-Afrikaners moet eienaarskap van hul veiligheid neem. As ons ongeregtigheid toelaat sonder optrede, sal ons die bekwaamheid om onsself en ander te beskerm, verloor – ons moet optree.” AfriForum het ook tydens die beraad sy veiligheidstrategie, Projek Nehemia, bekend gestel (lees ook die artikels op bladsy 42 en 43). Dié projek word op ’n nasionale basis geïmplementeer en fokus spesifiek op die aanslag wat gemeenskappe binne die wetlike raamwerk teen geweldplegers kan voer. Dié inklusiewe strategie het ten doel om alle gemeenskappe deur middel van ’n nasionale netwerk met inligtingsbestuur en misdaadvoorkoming te help.
www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
17
NUUSWAARDIG
Met die uitgangspunt dat VERSEKERING jou in dieselfde posisie probeer plaas as waarin jy was net voor die ramp, sal die inventaris jou help om te bepaal wat dié posisie moet wees.
Inventaris: Rampe ’n nare werklikheid
Foto’s: iStockphoto.com
’n
18
Inventaris klink na baie moeite, en sommige mense sal redeneer dat dit ’n verwaande dokument is om te probeer kyk hoe jou welvaart gegroei het. Dit is egter ’n uiters belangrike voorraadopname. Dit is hartverskeurend om mense se stories van rampe te hoor. In drie onderhoude met slagoffers van die onlangse verwoestende brande in Knysna, kon ek die hartseer hoor, nie net van besittings wat in die brand verwoes is nie, maar veral van herinneringe wat in vlamme opgegaan het. Rampe gebeur nie gereeld nie, maar dit gebeur wel. Die een pa met wie gesels is, was veral besorg oor sy kinders se veiligheid en het ook genoem dat alle bewyse van sy kinders se prestasies daarmee heen is. ’n Diploma of ’n medalje wat in ’n oogwink in ’n rookwolk weg is. Terug by die inventaris. Wanneer só ’n ramp ’n mens tref, besef jy eers werklik wat jy alles staangemaak het in die huis waarin jy bly, of by
Deur Francois Smit
die besigheid waar jy werk. Hoekom is ’n inventaris belangrik? Eerstens besef ’n mens hoe onnodig jy dinge opgaar wat eindelik van geen waarde is nie. Tweedens kan ’n mens ’n akkurate waardebepaling doen van dít wat wel waarde dra. Derdens kan ’n mens uit die dokument bepaal wat ten tye van ’n ramp die belangrikste is om te vervang. Vierdens, die oordrag van eienaarskap vind een of ander tyd plaas, hetsy by dood of deur bemaking of skenking. Die inventaris kan ’n mens help bepaal hoe en waarheen dit wat waarde dra heen moet gaan. ’n Belangrike uitvloeisel van die inventaris is dat dit ’n mens leiding gee in terme van dít wat belangrik is om te verseker en wat nie. Met die uitgangspunt dat versekering jou in dieselfde posisie probeer plaas as waarin jy was net voor die ramp plaasgevind het, sal die inventaris jou help om te bepaal wat dié posisie moet wees. Daar was ’n koerantartikel wat die huis gewys het van ’n kunstenaar wat aan die brand was. Dit
is egter nie net sy huis wat in die Knysna-brande verswelg is nie, maar ook sy kunswerke wat vir hom ’n inkomste genereer. Die vraag is of die kunstenaar presies geweet het wat alles in die huis was wat van waarde kon wees? Wat gebeur as jy die inventaris verseker? Die premie wat jy daarop betaal, gaan in ’n poel van geld. Indien ’n ramp soos die onlangse brande en storms ’n mens tref, is daar geld uit die poel beskikbaar om jou in dieselfde posisie te plaas as waarin jy was voor die ramp jou getref het. Dit is mits jou inventaris op datum was en op datum verseker was. Die wonderlike hiervan is dat enige mens wat die verantwoordelikheid geneem het om ’n inventaris op te stel en dit reg te laat verseker, ’n enorme en regstreekse bydrae lewer om die finansiële uitwerking van die ramp te verlig as gevolg van die bydraes in die poel. Dit is ’n klassieke geval van baie mense se min geld wat ’n groot verskil maak wanneer jy dit die minste verwag, maar dit die nodigste het. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Plaas jou KOSBARE RANDE
in die REGTE HANDE Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!
01 BELEGGINGS > aftrede > effektetrusts > buitelandse beleggings
05
02
MEDIESEFONDSADVIES EN -PRODUKTE > Professionele advies > Mediesefondsopsies > Gapingsdekking
MOTOR- & HUISINHOUDVERSEKERING > brand > diefstal > ongelukskade
Skakel ons vandag!
0861 10 10 05
03
PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES > ontledings > oplossings > produkte
REGSHULPVERSEKERING > 24 uur telefoniese regsadvies > Toegang tot prokureur (limiete geld) > Borgdekking
aksent media
04
Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
0861 10 10 05
www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Jou Wêreld op web kry nuwe baadjie Deur Cilleste van Dyk
S
olidariteit het die afgelope paar jaar ʼn eiesoortige aanlyntuiste vir werkende mense ontwikkel – ʼn kuberunie waar jou vakbond jou kan bystaan, of dit nou in jou kantoor op jou rekenaar, of met jou slimfoon in jou handpalm is. Hierdie platform, wat as Solidariteit Wêreld bekend staan, bied advies en inligting oor verskeie aspekte wat werkende mense raak. Die Wêreld wil op elke terrein van jou lewe hulp aan jou verleen. Dit is die enigste platform van dié aard wat deur ’n vakbond geskep is om sy lede behulpsaam te wees. Die Wêreld is in 2015 vir die eerste keer bekendgestel en het van ʼn nederige 13 000 unieke besoekers per maand aan die begin tot meer as 300 000 unieke besoekers per maand in Maart 2017 gegroei. Met hierdie enorme groei oor die afgelope twee jaar en ses maande is daar besluit dat die platform ʼn nuwe baadjie moet aantrek om by sy vooruitgang te pas. Die Wêreld is dus onlangs herontwerp. Daar is talle nuwe funksies waarvoor jy kan uitkyk wat dit selfs meer gebruiksvriendelik en makliker maak om van die vakbond se verskeie dienste gebruik te maak. Gaan toets gerus: • Die nuwe mediesefondssakrekenaar, waar jy kan bereken watter fonds jou lewenstyl die beste sal pas. • Die Solidariteit-aanlynwinkel, waar jy Solidariteit-items soos ʼn gordel van egte leer, formele en informele hemde, bekers en baie meer kan koop. • Die nuwe skuldberadingsfunksie, waar kenners jou bemagtig met inligting oor hoe om skuld te hanteer. As jy nog altyd bang was dat jy ʼn artikel uit jou gunsteling kategorie op Die Wêreld kan misloop, gaan dit nie meer iets wees om jou oor te bekommer nie. As jy ʼn profiel op Die Wêreld skep, stel dit jou in staat om die beste
weeklikse artikels wat Die Wêreld publiseer, per e-pos te ontvang, sodat jy niks misloop nie. Buiten die goeie artikels is daar ook hulpmiddels
soos ʼn CV-templaat tot jou beskikking om jou CV professioneel op te dateer, asook talle ander spesiale aanlyndienste.
Vriendelike Frik vasberade om vrae te beantwoord
V
ra vir Frik is Solidariteit Wêreld se aanlynverteenwoordiger en is daar om al jou antwoorde oor die webtuiste te beantwoord. Frik is ’n virtuele, vriendelike en behulpsame man met ’n hoed en snor wat op elke bladsy regs onder gereed staan om jou te help. Hy is altyd aanlyn beskikbaar en jy kan hom oor werkaangeleenthede, artikels en funksies op die webtuiste
20
uitvra. Let wel: Hoewel Frik jou nie kan sê waarom jou kêrel jou gelos het of jou simptome diagnoseer nie, kan hy jou wel na die regte mense verwys indien jy ’n meer gespesialiseerde vraag het. Klik dus op Frik se knoppie om jou met klagtes, gedagtes en navrae rakende Solidariteit Wêreld te help. Besoek ons splinternuwe webtuiste vandag nog!
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Daar is sowat 24 MILJOEN KREDIETAKTIEWE SUID-AFRIKANERS, waarvan ongeveer 45% van dié kredietopnemers met hul betalings agterstallig is.
Is jy vasgevang in skuldwurggreep?
Foto’s: iStockphoto.com
D
ie vakbond Solidariteit se webtuiste Solidariteit Wêreld (www.solidariteit.co.za) is by vere die mees interaktiewe vakbondwebtuiste in Suid-Afrika – en nou het ons selfs ’n blad waar jy oor skuldberading kan aanklop en advies kan inwin oor hoe om uit ’n finansiële verknorsing te kom. Daar is ongeveer 24 miljoen kredietaktiewe Suid-Afrikaners, waarvan ongeveer 45% van dié kredietopnemers met hul betalings agterstallig is. Die gemiddelde huishouding spandeer tot soveel as 75% van hul maandelikse inkomste op skuld. Dit los min oor om op gewone lewenskoste te spandeer. Omdat lede se finansiële welsyn vir Solidariteit baie belangrik is, het die organisasie die skuldberadingsblad op die webtuiste op die been gebring. Besoek https://finansies.solidariteit.co.za en gaan loer gerus na antwoorde op vrae soos wanneer
www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
Deur Cilleste van Dyk
jy ’n sertifikaat kry om onder skuldberading uit te gaan of om ’n omvattende uiteensetting van die skuldberadingsproses te sien. Daar is vele ander interessante ontwerpe ook. Wat is roekelose kredietverlening? Roekelose kredietverlening of -verskaffing is dikwels die rede waarom mense oorverskuldig is. ’n Persoon of instansie wat krediet verskaf, moet bepaal of die aansoeker dit sal kan bekostig om die bedrag terug te betaal voordat krediet aan daardie persoon verskaf word. Dit word deur ’n bekostigbaarheidsbeoordeling gedoen. Die toets vir bekostigbaarheid is ’n objektiewe toets; met ander woorde, die persoon wat die beoordeling doen, moet volgens ’n oorwig van waarskynlikhede daarvan oortuig wees dat die verbruiker in staat sal wees om terugbetalings te doen al dan nie. Roekelose kredietverlening kom neer op die versuim van ’n persoon of instansie om dié
beoordeling te doen, asook om ’n ooreenkoms met ’n verbruiker te sluit wat nie die kosterisiko en verantwoordelikhede van die kredietooreenkoms verstaan nie, of wat daardie persoon in ’n staat van oorverskuldigdheid sal plaas. Roekelose kredietverlening is egter nie op ’n skool- of studentelening, noodlening, openbarebelangkredietooreenkoms, pandtransaksie, insidentele kredietooreenkoms of tydelike verhoging van ’n kredietlimiet ingevolge ’n kredietfasiliteit van toepassing nie. ’n Skuldberader speel ’n belangrike rol wanneer die persoon se skuldvlakke oorweeg word tydens die bestudering van sy of haar aansoek om onder skuldberading te gaan. Dit beteken dat ’n skuldberader ook moet sorg dra om te kyk of daar nie roekelose krediet aan die verbruiker verskaf is nie, en dan moet die nodige stappe ingevolge wetgewing gedoen word om die verbruiker te beskerm indien dit blyk dat roekelose kredietverlening wél geskied het.
21
NUUSWAARDIG
Gewone mense, buitengewone bydraes
S
Foto’s: Morné Prinsloo
olidariteit het tydens sy jaarlikse kongres in Mei oudergewoonte gewone mense vereer wat ’n buitengewone bydrae in hul gemeenskap gemaak het. Die Sterre in die Gemeenskap-toekennings is al vir die afgelope ses jaar ’n hoogtepunt by die jaarlikse Solidariteit-kongres. Elkeen wat vir ’n toekenning genomineer is, word nie net as individu vereer nie, maar staan ook in die plek van die honderd ander mense wat dieselfde onbaatsugtige dade in hul gemeenskap verrig, maar waarvoor Solidariteit nie ’n toekenning kon gee nie.
22
Kokoriba Wildreservaat Solidariteit is bewus van die balans wat daar tussen ʼn mens se werk en persoonlike lewe moet bestaan, en daarom kry lede van Solidariteit, AfriForum en Solidariteit Helpende Hand 20%-korting op alle verblyf by die Kokoriba Wildreservaat. Benewens die vooruitsig dat jy vir goedkoper kan gaan vakansie hou, het Kokoriba met dié korting reeds meer as R1 miljoen in lede se sakke teruggegee. Môredou-omgeegroep Die Môredou-omgeegroep onder leiding van Sandra Pretorius het ʼn Sterre in die Gemeenskap-toekenning ontvang vir die
Deur Cilleste van Dyk
onbaatsugtige liefde en bederf wat hulle aan die bejaardes van die Môredou Tehuis in Sasolburg gee. Dié bejaardes kry hoofsaaklik net ’n staatspensioen en daar is dus geen ekstra geld vir luukshede nie. Die Môredou-omgeegroep het dit hul taak gemaak om dié bejaardes by te staan met wat ook al hulle nie self kan bekostig nie. Nantes Kelder AfriForum se Trauma-eenheid bied traumaontlonting, -ondersteuning en -berading aan slagoffers van hoofsaaklik plaasaanvalle en ander geweldsmisdaad. Nantes Kelder, wat voorheen vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gewerk het, is die groot gees agter hierdie beradingsdiens. Nantes het ’n unieke verhouding met kinders en jongmense, maar is ook ’n inspirasie vir volwassenes. Dit is sy passie om mense te help om gelukkige, gesonde en vervulde lewens te lei. Nantes raak nie net individue aan nie, maar ook hele gemeenskappe met sy deursettingsvermoë en empatie. Jakkie Taljaard Jakkie Taljaard ontvang ’n toekenning vir sy dapperheid en toewyding aan die veiligheid van die Secunda-gemeenskap en sy diens as reservis by die SAPD se Reserviste-motorfietseenheid. Hy het homself in hierdie tyd as basiese ambulansassistent (BAA, vlak 4-medies)
bekwaam en is ook betrokke by die SAPD se duikeenheid, waar hy mediese bystand op duiktonele verleen. Jakkie het as reservis by die SAPD aangesluit en vul saam met kaptein Gerrie Human, ook ’n reservis, ’n leemte in die gemeenskap. Reinhard Louw (postuum) Reinhard Louw het deeltyds as ’n petrolwerktuigkundige by Imperial Auto se ambagskool gestudeer terwyl hy by Mercedes Benz East Rand in Boksburg gewerk het. Hy is deur dié ambagskool gekies om aan die World Skillskompetisie deel te neem. Hy het in die week by ’n gastehuis naby sy werk gebly. Reinhard was besig om by die veiligheidshek uit te ry, toe die gastehuis se eienaar, Nita Pienaar, van die bank af tuisgekom het. Meteens het daar ’n motor langs haar stilgehou, waarna vier gewapende mans haar oorweldig het. Reinhard het instinktief opgetree om Nita te help en vorentoe gery. Met dié het hy een van die kapers getref, maar hy is self deur die windskerm geslinger en noodlottig gewond. Die kapers het met leë hande van die toneel gevlug. Reinhard se ma, Carina, het gesê dat hy altyd sal onthou word as iemand wat voluit en tot eer van die Here geleef het, en dat hy gesterf het soos hy gelewe het: vir mense, vir geregtigheid en altyd tot eer van die Here. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Snuffel in Solidariteit se eie aanlynwinkel
Foto’s: Rozier van Tonder
G
oeie nuus vir Solidariteit-lede en -ondersteuners is dat Solidariteitprodukte nou ook aanlyn gekoop kan word. Solidariteit het op 5 Junie vanjaar amptelik sy nuwe aanlynwinkel bekendgestel. Volgens Lindie de Beer, hoof van elektroniese kommunikasie by Solidariteit, is daar besluit om die aanlynwinkel te begin omdat daar ʼn groot vraag na Solidariteitprodukte onder die publiek ontstaan het. “Dit pas ook in by Solidariteit se strewe om ʼn moderne vakbond te wees wat die moderne werknemer dien deur deurgaans tegnologiese vooruitgang te omhels,” het De Beer verduidelik. Van die produkte wat op die aanlynwinkel beskikbaar is, is ʼn gordel van egte leer, formele en informele hemde, bekers en nog meer. Snuffel saam by www.winkel.solidariteit.co.za.
Deur Francois Redelinghuys
NUUSWAARDIG
Die boublokke van ’n universiteit Soos 100 jaar gelede is die universiteit en sy verband met Afrikaans vandag die onderwerp van indringende besinning, skryf PIET LE ROUX, akademiese hoof van Akademia.
Foto’s: iStockphoto.com
’n
24
Eeu gelede was ’n tyd van wording vir die universiteite van Stellenbosch, Pretoria, die Vrystaat en Potchefstroom. Dit was vanuit die staanspoor egter hoegenaamd geen staatsinisiatief nie, maar bewustelik ’n anti-imperiale of antikoloniale projek. Die oorgang van kollege na universiteit – en die oorgang van Engels na Afrikaans sowat 50 jaar later – in die eerste dekades van die 20ste eeu is beskou as ’n oomblik van wording: dat daar uiteindelik, op hoogste vlak en gelykwaardig in die internasionale universiteitswese, uiting aan ’n selfstandige kultuur- en wetenskapstrewe in Afrikaans gegee kon word. Speur ’n mens die tydsdokumente uit die 1800’s en vroeë 1900’s (soos die Gedenkboek van het Victoria Kollege) na, val dit op dat die histories Afrikaanse universiteite en hul voorgangers aanvanklik as gemeenskapsinstellings beskou is. As kolleges en uiteindelik universiteite is die instellings elk deur sy institusionele gemeenskap opgerig as brug tussen die globale en die plaaslike. Die idee was nie om die gemeenskap na die beeld van
’n karakterlose, oneindige globale te maak nie, maar om aan die globale karakter te gee en aan die gemeenskap nuwe horisonne te bring. In die moderniteit van ons era, en in die Suid-Afrikaanse staat oor die afgelope honderd jaar, het die universiteitsidee gaandeweg ’n problematiese inkleding verkry. Dié problematiek het te make met die gevaarlike vereenselwiging van twee eiesoortige konsepte, naamlik gemeenskap met staat. Vir ’n vernieude Afrikaanse universiteitswese, ’n gemeenskapsuniversiteitswese, is dit noodsaaklik om vir ’n ruim gemeenskapsbenadering eerder as ’n staatlike karakter te kies. Ons doel kan daarom nie wees om bloot die histories Afrikaanse universiteite, wat nou óf Engels is óf snel daarheen op pad is, in Afrikaans te herhaal nie. In ’n sekere sin gaan dit nie soseer om die taal nie, as wat dit gaan om ’n oop ekonomiese, kultuurpolitieke en geestelike samehang wat in en om ’n gemeenskap – en daarom by implikasie ook om ’n bepaalde taal – bewerkstellig word. Vir ’n vernuwing in ons universiteitswese moet ons internasionaal soek vir voorbeelde
en idees wat gespesialiseerde kennis met diepgaande opvoeding onderlê. In hierdie verband is een belowende konsep die Amerikaanse konsep van “liberal arts”-kolleges en universiteite. Anders as wat met die eerste oogopslag mag blyk, het dié “liberal arts”instellings niks met die moderne betekenis van liberaalwees te doen nie, maar alles met vrye, diepgaande, besinnende en breë opvoeding. Dit is plekke waar ’n sin vir die goeie, ware en skone by studente gekweek word, waar die universiteitwese in die klassieke sin sentraal staan, en waar diepgaande opvoeding gespesialiseerde kennis onderlê. Dit is my vermoede dat die toekoms van die Afrikaanse universiteitswese in dié rigting lê: gemeenskapsuniversiteite van internasionale aansien wat hul studente voorberei met sowel tydlose insig as aktuele spesialisasie om groot ekonomiese, kultuurpolitiese en geestelike uitdagings te bowe te kom. Dit is ook waaraan Akademia bou – om vir die Afrikaanse student die geleentheid te bied om eersteklas hoër onderwys in Afrikaans te ontvang, om daardeur ʼn bydrae in die wêreld én die gemeenskap te lewer.
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
News about the industries the trade union Solidarity is active in as well as issues affecting you in the world of work.
South Africans in dark over Molefe saga
B
rian Molefe became a household name over the past few months – and for all the wrong reasons. Molefe resigned from his position as Eskom’s Chief Executive Officer in November last year. His resignation followed his implication in the Public Protector’s report about State Capture. The report found that Molefe made decisions favouring the Guptafamily which is befriended to pres. Jacob Zuma. Some of you may still remember the tears Molefe shed when he explained his resignation to the media. After a short break, Molefe returned to the public eye in February when the ANC announced that he will be sworn in as a Member of Parliament to fill a vacancy in the North West list. After around a week of contesting whether Molefe did belong to branch structures in North West, he was sworn in as MP on 23 February amidst speculation that he might become the next Minister of Finance. Molefe was passed over for this position when Zuma performed his late night cabinet shuffle. Shortly after reports about his pension pay-out, which was also referred to as severance pay, surfaced. The now infamous R30 million pension (or severance) pay-out never happened. Instead of receiving the money Molefe claimed was owed to him, he got reinstated in his previous position at Eskom. Since returning to the parastatal, the issue of whether Molefe did resign has been raised. The mere fact that both Molefe and the Minister
By Estella Boshoff
of Public Enterprises, Lynne Brown, told South Africa of his resignation, does not seem to mean that he actually resigned. The Eskom Board of Trustees has since revealed that Molefe applied for early retirement. After that, they revealed that he was retrenched and even after that he was said to be on “unpaid leave”. South Africans were still grappling to understand Brian Molefe’s return to Eskom when an inter-ministerial committee decided that the reinstatement should be revoked. The
committee was established by Zuma and the decision was brought into effect after Brown had given the order to Eskom’s Board of Trustees. Molefe has since turned to the Labour Court in a bid to have his dismissal declared unlawful and void. The way the Molefe saga will unfold over the following few months will be important not only to Eskom, but also to the millions of South Africans trying to unravel and understand the web of state capture.
Solidarity in court to revoke Eskom’s employment equity plan
Photographs: eNCA; iStockphoto.com
By Francois Redelinghuys
26
S
olidarity approached the Labour Court in Johannesburg on Friday, 26 May, to declare Eskom’s current employment equity plan invalid and to have it revoked. This follows after Eskom unilaterally implemented its employment equity plan, which will be in force until 2020, without consulting the trade union. According to Anton van der Bijl, head of Solidarity’s Centre for Fair Labour Practices, section 16 of the Employment Equity Act
provides that an employer should consult with all employees and trade unions before implementing an employment equity plan. “Although Solidarity tried to contact Eskom on many occasions with regard to the plan, the trade union’s issues and questions have remained unanswered,” Van der Bijl said. Van der Bijl furthermore explained that Eskom continued to implement the plan despite non-compliance with the law. “We argued that the current employment equity
plan is unlawful because Eskom did not consult with Solidarity beforehand as stipulated in the Employment Equity Act, therefore Eskom and Solidarity could not come to an agreement with regard to the numerical targets contained in the employment equity plan. Solidarity requested that the court should urgently revoke the plan since the continued application thereof could affect job opportunities for its members,” Van der Bijl explained. The court has reserved judgement.
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
LNR verbreek ooreenkoms met werknemers Deur Francois Redelinghuys
S “Moenie Lonmin misbruik nie,” waarsku Solidariteit
D
Deur Cilleste van Dyk
ie voortbestaan en volgehoue sukses van die Lonmin-myn is uiters belangrik vir die omliggende gemeenskappe en die plaaslike ekonomie. Dit is noodsaaklik om weer die belangrikheid van só ʼn maatskappy in sy gemeenskap te benadruk nadat Lonmin sedert 2 Mei vanjaar met gewelddadige protesaksies deur die Bapo Bo Mogalegemeenskap geteister is. Die gemeenskap, wat ook Lonmin se werknemers probeer intimideer, eis dat Lonmin dadelik 1 000 permanente werkgeleenthede en ʼn verdere 500 kadetplasings vir gemeenskapslede beskikbaar sal stel. Volgens Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf by Solidariteit, sal só ʼn reëling die volhoubare voortbestaan van die maatskappy in gedrang bring, wat ʼn negatiewe ekonomiese uitwerking op die hele streek sal hê.
“Lonmin gaan reeds onder geweldige finansiële druk gebuk en het onlangs sy werkmag verminder om meer vaartbelyn en winsgewend te wees. Indien ʼn verdere 1 500 werkgeleenthede beskikbaar gestel word, kan dit, gegewe die huidige ekonomiese klimaat, lei tot die verlies van duisende werkgeleenthede met ʼn nog groter impak op die plaaslike ekonomie,” het Prinsloo verduidelik. Prinsloo het voorts gesê die hoë werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is betreurenswaardig. “Die huidige ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika maak dit uiters moeilik vir besighede, terwyl daar ʼn baie hoë werkloosheidsyfer heers. Ons moet egter waak teen aksies wat moontlik verdere werkverliese en onsekerheid tot gevolg kan hê, en eerder konsentreer op volhoubaarheid en werksekerheid wat alle rolspelers asook hul maatskaplike en ekonomiese belange op die lang termyn sal bevorder,” het Prinsloo gemaan.
olidariteit het in Junie gesê dat die Landbounavorsingsraad (LNR) in onlangse kommunikasie bekendgemaak het dat hy vanjaar slegs 50% van die uitstaande geld wat ingevolge ʼn kollektiewe ooreenkoms aan werknemers verskuldig is, gaan betaal. Dit volg nadat die LNR verlede jaar kollektief met vakbonde ooreengekom het dat werkers wat in 2016 onder ʼn sekere salariskerf geval het, se salarisse in 2017 tot op die betrokke kerf verhoog gaan word. Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die professionele bedryf by Solidariteit, word werknemers van die LNR nou negatief geraak ten spyte van ʼn bestaande ooreenkoms wat ná deeglike onderhandeling en finansiële beplanning in 2016 gesluit is. “Die LNR sê dat hy vanjaar gaan poog om die helfte van die geld wat aan werknemers verskuldig is, uit te betaal, en in 2018 die ander helfte. Die gevolg is nou dat werkers vir ʼn verdere twee jaar nie hul regmatige verhogings sal ontvang nie,” het Botha verduidelik. Volgens Botha versoek Solidariteit die LNR om hierdie besluit dringend te hersien. “Hierdie aksie is buite die raamwerk van die ooreenkoms wat verlede jaar deur vakbonde en die LNR aanvaar is. Solidariteit versoek namens sy lede dat die LNR sy bestaande ooreenkoms moet eerbiedig om te verseker dat sy vertrouensverhouding met sy werknemers nie skade sal lei nie.” Solidariteit verteenwoordig sowat 600 werknemers by die LNR.
85% of bosses expect higher revenue
Foto’s: iStockphoto.com
A
ccording to PwC’s report The Africa Business Agenda, chief executives in Africa believe business prospects on the continent are still positive despite the unpredictable economic and socialpolitical climate. 85% are positive about their company’s prospects for revenue growth over the next 12 months. Even though only 30% think the world economy will improve in the next year, 97% are confident about their medium-term growth, says PwC.
www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
Although Africa offers good returns, there are also major risks. CEOs say they are struggling to attract people with the right talents and must overcome many obstacles when dealing with governments. Social instability due to inequality, a greater tax burden, poor economic diversity with an overriding nature of natural resources and corruption is still a problem in many countries. The report is based on 80 interviews with executives in 11 African countries.
27
INDUSTRYNEWS
Flip Buys, chairman of the Solidarity Movement, visited the area.
Coligny: What lies beneath the surface
C
oligny, a small town situated in a farming community between Lichtenburg and Johannesburg in the North West province, could have easily been forgotten in the mists of time and bypassed by modern life. But due to a series of unfortunate events at the end of April this year, Coligny is back on the map for all the wrong reasons. The events in Coligny were triggered by the death of 16 year old Matlhomola Mosweu, a young man who died when he allegedly jumped from a farmer’s moving bakkie. It appears as if Mosweu’s death was a tragic accident. Two of the farmer’s employees caught Mosweu red-handed while he was stealing sunflowers. The two employees ordered him to get onto the back of the bakkie and drove off to take him to the local police station. According to them, it is normal procedure to deliver offenders like Mosweu into the hands of the police, to serve as a warning about the consequences of stealing. And this is when the accident happened: According to the employees, Mosweu tried to escape by jumping from the back of the moving bakkie, but was killed by the impact of hitting the ground. An unknown eye witness, how-
28
By Wilmarie Brits
ever, soon came forth to give his account of the events: according to him, Mosweu was pushed from the back of the bakkie by one of the farmer’s employees. Soon, people in positions of authority started using the incident to promote their own political agenda by adding fuel to the fire through racist remarks in an already tense political atmosphere. At Matlhomola Mosweu’s funeral on 7 May, even before the court could give its ruling on the matter, the North West Premier, Supra Mahumapelo, accused Afrikaners in particular of racism and of being responsible for the young man’s death. “There is no confusion on whose hands did Matlhomola lose his life. He was in the hands of South Africans who are Afrikaners in Coligny. The courts must look on how he was killed,” he said. According to Flip Buys, chairperson of the Solidarity Movement, Supra Mahumapelo must take some of the responsibility for the vandalism in Coligny upon himself. “Someone who has the ability to influence the masses, should not misuse his authority to promote racial hatred in an already volatile South Africa. This is now a time for leadership to defuse the crisis and not to exploit the tragic death of a child to incite people
by using racial slurs,” Buys said. The events were complicated further by sloppy and slow police investigation following the incident. Mosweu was buried before a thorough post mortem could be performed on his body, and therefore, rumours that he was beaten by the two employees before being pushed from the bakkie couldn’t be confirmed nor denied. The conflicting versions of the incident could have been resolved by an immediate and sufficient investigation. However, due to a lack of clear information which could have been the result of proper investigation, the community took matters into their own hands. This ended in violent protests, with serious damage done to private homes, businesses and shops in Coligny itself, and shops in the informal settlement belonging mainly to foreigners. “The law must take its course and members of the public should refrain from passing judgement and finding the men guilty in the media,” Buys said. Solidarity filed a complaint against Supra Mahumapelo with the South African Human Rights Commission for abusing his position of power and inciting violence based on race in Coligny. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
INDUSTRYNEWS
Union wants answers from GEPF about SAA funding
Photograph: iStockphoto.com
I
n a letter addressed to Abel Sithole, CEO of the Government Employees Pension Fund (GEPF), Solidarity recently demanded answers to media reports that stated that the Public Investment Corporation (PIC), which manages the GEPF’s funds, could possibly be used to recapitalise an ailing South African Airways (SAA). According to Schalk de Bruin, Solidarity’s Head of Special Projects, SAA recently announced losses of around R4,5 billion. It is therefore worrisome that the retirement funds of hard-working government employees may possibly be used to save a sinking ship. “Most of the funds at PIC’s disposal belong to the GEPF. For this reason, it is of the utmost importance to Solidarity that our members’ pension money in the GEPF is managed with due care,” De Bruin said.
De Bruin also mentioned that Solidarity demanded in its letter to the CEO that he gave more clarity about the situation. “We expect the GEPF to disclose the full extent of the recapitalisation and to consult with its members about it as well,” De Bruin concluded.
Klasaksie kom dalk teen GEPF
S
olidariteit het teen druktyd in die Pretoriase Hooggeregshof aansoek gedoen om namens meer as 1,2 miljoen staatsamptenare op te tree om die GEPF verantwoordbaar te hou vir die onregmatige wysiging van die formule waarvolgens amptenare se aktuariële belang by bedanking bereken word. “Die aansoek is baie groot en waarskynlik die eerste van sy soort. Ons is van mening dat daar nie ʼn behoorlike konsultasieproses gevolg is nie, en daarom sal die hofsaak teen die GEPF tot voordeel van alle staatsdienswerkers wees,” het Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, gesê. Volgens Kruger sal amptenare wat beoog om te bedank, of wat reeds bedank het nadat die formule gewysig is, duisende rande verloor. • Volg dié en ander nuus op Solidariteit Wêreld by www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Ons eie, unieke manier van struggle Deur Dr. Dirk Hermann
Foto: iStockphoto.com
30
“
Ons mag nie oor enige vorm van HAATSPRAAK stilbly nie.
“
W
eet jy wie Penny Sparrow is? Natuurlik, sy is die rassis wat gesê het dat swart Suid-Afrikaners wat Nuwejaarsdag op die strand gevier het apies is wat op Oujaarsaand en Nuwejaarsdag vrygelaat word en dat hulle duidelik nie opgevoed is nie. Jy het nie van Penny Sparrow geweet nie, want sy was ’n onbekende eiendomsagent van KwaZulu-Natal met geen gesag of invloed op die groter SuidAfrikaanse diskoers nie. Volgens Meltwater het mediadekking oor haar uitlatings egter 4 501 trefslae gehad. Daarna het almal geweet wie sy is. Weet jy wie Chris Hart is? Ja, hy is een van Suid-Afrika se top-ekonome, maar hy is deesdae meer bekend daarvoor dat Standard Bank hom geskors het omdat hy gesê het: “More than 25 years after apartheid ended, the victims are increasing along with a sense of entitlement and hatred towards minorities...” Vir dié soort “haatspraak” het hy volgens Meltwater 1 155 trefslae in die media gekry. Dalk weet jy wie Velaphi Khumalo is? Die sportpromotor by die Gautengse departement van sport, kultuur en ontspanning? Hy het gesê dat hy die land van alle wit mense wil reinig. Hy meen daar moet opgetree word soos wat Hitler teenoor die Jode opgetree het. “U Must be bushed alive and skinned and your off springs used as garden fertiliser (sic).” Mooi taal is dit nie, maar dié haatspraak haal slegs 136 trefslae. Jy sou hom dus waarskynlik nie ken nie. Ons almal ken Julius Malema, die meester van haatspraak. Hy is die man wat gesê het: “We are not calling for the slaughter of white people, at least for now...” Vir dié uitspraak kry Julius Malema 163 mediatrefslae. Dit is 27 keer minder as Penny Sparrow se opmerkings en sewe keer minder as Chris Hart s’n. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) moet as die waghond oor haatspraak en rassisme in Suid-Afrika optree en hulle ondersoek daarom Penny Sparrow en Chris Hart uit eie beweging. Hulle ondersoek egter nie Khumalo en Malema nie. Dié dubbele standaarde is g’n uitsondering nie, maar ’n tendens wat Solidariteit baie meer volledig in sy verslag oor dié onderwerp belig. Suid-Afrika dien as perfekte gevallestudie waar ras gebruik word om mense op te sweep en te mobiliseer. Hoe meer die ANC verswak, hoe groter die rasse-retoriek. Hulle sê: “Die
probleme is nie as gevolg van ons nie, maar as gevolg van julle” en “Dit het begin toe Jan van Riebeeck hier aangekom het”. Jan van Riebeeck is pres. Jacob Zuma se kodewoord vir wit mense. Hulle is die probleem en probleme moet opgelos word. Van wit mense word vreemdelinge gemaak. Die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, sê in Coligny wit mense moet weet hulle is vreemdelinge. Malema sê ook wit mense is vreemdelinge en moet hulself gedra. Dít is die taal van vreemdelinghaat teenoor ’n land se eie burgers. Mense met gesag verleen legitimiteit aan gewone mense om haatinskrywings op sosiale media te maak en bied regverdiging vir aksies op voetsoolvlak – soos wat in Coligny gebeur het. Solidariteit het besluit dat daar nie meer stilgebly durf word oor rassisme in die algemeen en oor die dubbele standaarde wat ten opsigte van rassisme geld nie. Ons volg dus ’n tweeledige strategie om dié probleem te takel. Die een strategie se fokus is plaaslik en die ander se fokus is internasionaal. Plaaslik is ’n klag by die SAMRK gelê en ’n petisie by die parlement ingedien. Ons is egter skepties oor sukses by dié plaaslike waghond, want ons moes kla by dié oor wie ons wil kla. Wat die internasionale strategie betref, is drie klagtes vir voorlegging aan verskillende instellings van die Verenigde Nasies (VN) voorberei. Die eerste klag handel oor ras in sport en die werkplek en is dus aan die Internasionale Arbeidsorganisasie gerig. Die tweede handel oor haatspraak en vreemdelinghaat en is dus aan die VN se Menseregtekommissie voorgelê. Die derde klag is by die VN se Komitee vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasies (CERD) ingedien. Internasionale reg en konvensies vorm deel van die Suid-Afrikaanse reg en is dus ook deel van ons demokrasie. Om daarvan gebruik te maak, is so normaal soos om hof toe te gaan of
om ’n voorlegging aan die parlement te doen. Die tersaaklike VN-konvensies waarop ons klag gebaseer is, fokus veral op die bekamping van haatspraak deur mense met gesag of, soos die konvensie dit stel, mense met vertikale invloed. Die rede waarom die VN-liggame so sterk voel oor maatreëls om teen die Julius Malemas, Jacob Zumas en die Supra Mahumapelos op te tree, is juis om minderhede te beskerm. ’n Demokrasie word geken aan sy vermoë om minderhede te beskerm. Meerderhede verkry beskerming danksy hul getalle en die gesag wat daaruit voortspruit. Dit is iets wat Jacob Zuma byvoorbeeld nie verstaan nie. Op 13 September 2012 het hy in die parlement gesê: “Sorry, we have more rights here because we are a majority. You have fewer rights because you are a minority. Absolutely, that’s how democracy works. So, it is a question of accepting the rules within democracy and you must operate in them.” Hierdie uitspraak is verkeerd en gevaarlik. Gebruikmaking van internasionale instrumente is nie vir die ANC vreemd nie, maar vir baie wit Suid-Afrikaners is dit vreemd en hulle staan selfs skepties daarteenoor. Daar bestaan egter uiters doeltreffende instrumente wat gebruik kan word. Dié instrumente vorm egter deel van ’n groot legkaart en bied geen kitsoplossing nie. Ons mag nie oor enige vorm van haatspraak stilbly nie. Ons mag nie toelaat dat enige groep ontmens of gekriminaliseer word nie, des te meer nie as dié groep ʼn minderheid is nie. Die internasionale reg en konvensies maak dit duidelik en daar kan gerus meer van dié instrumente gebruik gemaak word. Solidariteit verwag nie ’n kitsoplossing van die VN nie. Dit is maar een pyl in ons groot koker, maar elke pyl is nodig vir ’n toekoms waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan leef. Wat ons wel al hoe beter begin regkry, is die kuns om op ons eie, unieke manier te struggle. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Port Elizabeth is Dienskantoor van die Jaar
S
olidariteit het tydens vanjaar se Sterre in die Gemeenskap-toekennings sy Dienskantoor van die Jaar aangekondig. Die beste dienskantoor vir die jaar is Solidariteit se Port Elizabethkantoor wat uitstekend gevaar het met die uitbou van Solidariteit se strategiese doelwitte, naamlik ledegroei, ledediens, ledebehoud en besparing. Die Port Elizabeth-kantoor het vanjaar binne die drie geïdentifiseerde prestasiegebiede,
naamlik groei, diens en besparing, uitstekend gevaar, veral in die lig van talle uitdagings. Port Elizabeth het die afgelope jaar veral onder artikel 189-afleggings deurgeloop. Talle lede kon hul werk behou ná suksesvolle konsultasie met die betrokke werkgewers. Ander welslae was salarisonderhandelings in die bande-industrie onder leiding van die sektorkoördineerder, en salarisonderhandelings in die sitrusbedryf by Unifrutti en Patensie
Sitrus. Port Elizabeth het dus ʼn uitsonderlike bydrae gemaak tot die bereiking van Solidariteit se strategiese doelwitte ten opsigte van ledegroei, ledediens en ledebehoud. Dié kantoor se bruto werwing het, gepaardgaande met die streek se ledebehoud, met 42% toegeneem. Die kantoor het daarin geslaag om lede-afval met 20% af te bestuur en het ’n puntetotaal van 83% in sy ledetevredenheidsoudit ontvang.
Lydenburg-dienskantoor: Spanwerk die antwoord Deur Lize-Mari Labuschagne
Foto: Morné Prinsloo
S
32
olidariteit se Dienskantoor van die Jaar vir 2015 is beslis nie skrikkerig om te presteer nie, al funksioneer hulle met net twee personeellede. Die Lydenburgdienskantoor, wat bedryf word deur Clifford Smith as organiseerder en Bianka Broodryk as administratiewe beampte, is hoogs gemotiveerd om hul lede na die beste van hul vermoë te help. 2016 was ʼn suksesvolle jaar vir hierdie dienssentrum. Daar is ʼn driejaarloonooreenkoms by Two Rivers Platinum Mine gesluit, en tans is loononderhandelings by Stibium in Gravelotte aan die gang. Hulle kon ook met hul onderhandelings gedurende artikel 189-afleggings by die Foskor-myn in Phalaborwa verseker dat
geen lede afgedank word nie. Hoewel 2016 ʼn moeilike jaar was vir die Barberton-gemeenskap met die Lilymyntragedie en die sluiting van die Lily- en Barbrook-myne, het die kantoor saam met Solidariteit Helpende Hand gewerk om mense van die gemeenskap van kos te voorsien en hulle in hierdie hartseer omstandighede by te staan. Dié Solidariteit-dienskantoor het ʼn baie goeie verhouding met die Helpende Hand-tak in Lydenburg en dié twee kantore se personeel werk graag saam om die gemeenskap te help. Tydens Solidariteit se #OnsBou-veldtog in 2016 het die Lydenburg-dienskantoor al sy teikens behaal. Maar hoe só met slegs
twee personeellede? Dié twee personeellede skryf hul welslae toe aan hul samewerking met uitstekende verteenwoordigers in die maatskappye. Daarom sien die Lydenburgspan uit daarna om in 2017 saam met hierdie verteenwoordigers aan die #BouSaam-veldtog se doelwitte te werk en weer hul teikens te oorskry. Hulle stel hoë teikens, maar twyfel nooit dat hulle sukses gaan behaal nie, te danke aan hul hardwerkende personeel en uitstekende verteenwoordigers. Lydenburg se dienskantoor glo dat spanwerk hulle deur baie uitdagings dra. Hulle beoog om vanjaar die gesogte Dienskantoor van die Jaar-titel terug te wen.
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Carletonville-kantoor vat hande en stap saam
O
m vir Solidariteit te werk, is vir ons meer ʼn roeping as ʼn werk. Op ons venster staan “ons beskerm ons mense,” en dit is wat ons as ʼn span na die beste van ons vermoë probeer doen. Die kantoor bestaan uit ʼn organiseerder, Coenie Rheeder; ʼn administratiewe beampte, Petro Watson; en vier voltydse verteenwoordigers: Steve Scott by Sibanye Gold (ook die president van Solidariteit), Wally Kramer by Anglogold Ashanti, en Carel Laufs en Dawie Ernst by Cementation Mining. Ons is ʼn baie hegte span wat mekaar se lief en leed deel en gereeld ʼn koppie koffie drink of saam eet, met mekaar gesels oor alles wat pla en dan sommer saam aan oplossings dink. Om ʼn diens aan ons lede te lewer, is vir ons baie belangrik. Elkeen van ons is bereid om die ekstra myl saam met ’n lid te loop wat dit nodig het, al vereis dit dat jy ʼn bietjie meer van jou
tyd aan hom of haar afstaan – soms selfs na-ure. Al is ons hoofsaaklik ʼn mynboukantoor, word geen persoon weggewys nie. Indien jy nie ʼn lid is nie, staan ons jou by met advies en help jou om deel van Solidariteit te word. Jy sal nie uit ons kantoor stap sonder dat ons jou gehelp het nie, al gee ons net raad. Daar is baie uitdagings in die kantoor, soos regsake, afleggings en dissiplinêre verhore waarmee ons die lede bystaan. Die verteenwoordigers in die kantoor staan elke lid by asof dit ʼn familielid is. By Anglogold Ashanti is daar aan die begin van die afleggingsproses aangekondig dat 1 714 mense afgelê moet word, maar met goeie onderhandelings en oorleg het die organiseerder en verteenwoordigers dit reggekry dat slegs 82 mense uiteindelik deur die afleggings geraak is. By Sibanye Gold het hulle die syfers van die afleggings ook merkbaar verlaag deur die onderhandelingsproses. Carel
en Dawie is ook baie bedrywig by Cementation Mining om te sorg dat al ons lede daar besig is. Ons skagverteenwoordigers is altyd bereid om ons by te staan op grondvlak en só ons hande sterker te maak. Coenie is op sy beurt weer baie bedrywig met KVBA-skikkings en -regsake. Ons is nou betrokke by die gemeenskap en probeer waar ons kan om met die gemeenskap hande te vat om armoede te beveg. Die gemeenskap bring baie keer klereskenkings na die kantoor, en aangesien ons nog nie ʼn Helpende Hand-tak hier het nie, versprei ons dit van ons kant af aan behoeftige mense in die gemeenskap. Verskeie skole in Carletonville het al tassies ook ontvang en talle van ons jongmense is al bygestaan om by Sol-Tech te gaan studeer. Ons doelwitte vir 2017 is om die kantoor van krag tot krag te laat gaan deur uitstekende ledediens te lewer, om ons lede na die beste van ons vermoë by te staan en om nog Solidariteit-lede te werf.
BEDRYFSNUUS
Hlaudi must say why he shouldn’t pay for SABC 8 By Cilleste van Dyk
T Klerksdorp-dienskantoor bou met trots aan toekoms
D
Deur Wilmarie Brits
aar is ʼn enorme krag wat gepaard gaan met ʼn groep mense wat saamwerk om doelwitte te bereik. ʼn Span wat goed bestuur word, bevorder nie net elkeen se sterk punte nie, maar bring ook die beste in elke spanlid na vore. Só ʼn span is die span van die Klerksdorp-dienskantoor. Hul hande staan vir niks verkeerd nie, hulle pak al hul take met oorgawe aan en hulle lewer te alle tye ʼn professionele, hoё gehalte diens. Hulle funksioneer soos ʼn goed geoliede masjien omdat elkeen deeglik bewus is van sy dagtot-dag-take, en dit met toewyding, passie en oorgawe uitvoer. Spanwerk lê hulle elkeen baie na aan die hart, sê Leanne Meyer, administratiewe beampte. Volgens haar bevorder spanwerk hul produktiwiteit en help dit hulle om met meer kreatiewe idees vorendag te kom. “As ʼn span maak ons die meeste van elke individu se potensiaal,” sê Meyer. Om die #BouSaam-veldtog doeltreffend in die Noordwes-streek uit te voer, is dit vir die span belangrik om eers die nodige ondersteuning onder mekaar te kweek. Om op ʼn daaglikse basis met afleggings, dissiplinêre verhore of geskille gekonfronteer te word, eis sy tol. Daarom is ʼn sterk ondersteuningsbasis van kardinale belang. Die feit dat lede van die span mekaar help en mekaar se belange op die
34
hart dra, stel hulle in staat om hul kliënte met ʼn vriendelike verwelkoming en glimlag te groet, hulle volkome by te staan en dan weer met ʼn geruste hart en ʼn toepaslike totsiens te groet. Volgens Meyer vorm hulle deel van die gemeenskap. Dit stel hulle in staat om die potensiaal in die gemeenskap raak te sien, en met die gemeenskap hande te vat ten einde hulp en steun te bied wat die gemeenskap sal bevoordeel en uitbou. Dienslewering is vir dié dienskantoor ʼn groot prioriteit. “Om ʼn antwoord te bied of om iemand in die regte rigting te stuur, is vir ons baie belangrik. Dit is vir ons ʼn klop op die skouer as lede ons komplimenteer deur byvoorbeeld na ons te verwys as die sement wat die lede se lewensblokkies en bakstene weer help herbou,” voeg Meyer trots by. Die gedugte Klerksdorp-span streef ledetevredenheid na. Daarom word lede deeglik bygestaan en word hulle gehelp om objektiewe, goed ingeligte besluite te neem. Indien daar vrae is wat nie beantwoord kan word nie, gaan die span uit hul pad om ʼn antwoord te kry om sodoende te verseker die lid stap uit met die nodige inligting om hom of haar te bemagtig. Bo en behalwe die feit dat die personeel van die kantoor deeglike hulp ten opsigte van arbeidsaangeleenthede bied, is hulle vriendelik, toeganklik en kundig.
he Labour Court recently granted the trade union Solidarity’s application to add Hlaudi Motsoeneng as a respondent in the trade union’s cost order case against the South African Broadcasting Corporation (SABC). This follows the Labour Court’s ruling in 2016 that the so-called “SABC 8” was fired unlawfully and that applications by both Solidarity (representing four of the SABC members) and the Broadcasting, Electronic, Media & Allied Workers Union (Bemawu) (representing the other four members) to reappoint the journalists be allowed with costs. Solidarity argued that Motsoeneng should be held accountable for his decision to dismiss journalists in his personal capacity. According to Francois Redelinghuys, Solidarity spokesperson, Solidarity argued that Motsoeneng, as the Chief Operating Officer (COO) at that time, made the final decision to dismiss the journalists. “We are glad that Motsoeneng can now be added as respondent to the case,” said Redelinghuys. “Motsoeneng must now explain to the court why he shouldn’t be held responsible for the unlawful dismissal of the journalists. There is no reason why the tax payer should pay for his actions,” Redelinghuys explained. The now famous SABC 8 consisted of SABC journalists Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay, Thandeka Gqubule, Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata, Jacques Steenkamp and Vuyo Mvoko. All of the journalists were unlawfully dismissed after they refused, as ethical journalists, to heed to Motsoeneng’s protest ban whereby SABC journalists were forbidden to report on any protest actions in South Africa. The court date is yet to be finalised.
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
INDUSTRYNEWS
Lily mine – fatal inquiry, unspoken miracle
L
ily is a gold mine approximately 60 km east of Nelspruit. It was originally an open pit mine, however, it was closed in 2008. During the same year it was converted into a full underground mine. The open pit was backfilled, and underground operations began at level 2 and continued to level 12 at the time of the accident on the 5th of February 2016. The underground mining operation was mainly mechanised whilst the mining method chosen was long hole open stoping as per mine design.
By Dr Johan BöNING
people were working underground. The RESCUE was conducted through a ventilation shaft and the trapped employees had to climb 100 meters to safety.
The accident On the 5th of February last year, at approximately 8:00, a portion of approximately 27 meters of the crown pillar collapsed. The collapse occurred suddenly and apparently without any warning. The collapse of the crown pillar resulted in the loss of surface infrastructure, which included the lamp room in which three mine employees, Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule and Solomon Nyerende, were believed to have been situated, along with other critical surface infrastructure. All of this slid together with backfill material into the open stope to between 4 and 5 levels and was subsequently covered with thousands of tons of rock and backfill material. The collapse also caused the loss of the main 2 level portal access to the underground working of Lily mine. As such everyone underground was trapped.
Photographs: iStockphoto.com
An unlauded miracle At the time of the accident when the collapse occurred, 76 people were working underground. These underground employees were successfully brought to the surface. The rescue was conducted through a ventilation shaft and the trapped employees had to climb approximately 100 meters to safety. This was indeed a miracle which is mostly not spoken of! The DMR investigation The DMR fatal inquiry commenced during March 2017 and is still ongoing. The aim of this inquiry is to determine inter alia the direct and immediate cause of the accident whist the ultimate focus will include the root causes of the accident. Although several possible causes have been identified during the investigation and inquiry so far, more exact information cannot be provided www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
at this stage, since the matter is sub judice. However, due to the scientific complexity of the accident it is also not possible to have a conclusive opinion at this stage. Another problem complicating the investigation is the fact that illegal mining activities, involving illegal blasting with explosives, are taking place on the upper levels of the mine in the vicinity of the crown pillar collapse. Solidarity members at the Lily mine are being represented by Advocate Fanus Maritz from the trade union’s Health and Safety Division assisted inter alia by Clifford Smith, regional organiser. The Solidarity legal team is thankful towards the DMR who is conducting the inquiry on a professional basis. “To us it is important that the root causes of the accident are identified and that remedial steps commence,” said Maritz. “Solidarity also
participate in this inquiry to ensure that the matter is concluded as soon as possible, as a further goal is to get an investor for the mine to be reopened, perhaps with a new mining method.” The trade union would appreciate it if some certainty can be provided to employees who lost their jobs, he added. “We want them to be reinstated so that outstanding salaries, overtime and bonuses can be paid as soon as possible.” Maritz once again expressed Solidarity’s condolences to the families of the three missing miners. “We reaffirm our continued cooperation and focus as a tripartite stakeholder on health and safety, and again we want to emphasize that we believe ‘zero harm’ can be achieved within the mining sector. “To us, ‘zero harm’ must remain the target,” he concluded. “We all must strive to ensure that every worker return from work unharmed every day – one fatality is one too many.”
35
BEDRYFSNUUS
Highveld Steel: Blink toekoms ná tragedie
H
ighveld Steel in Witbank het op 6 Junie vir die eerste keer sedert die aanleg se enorme afleggingtragedie in 2015 ʼn gedeelte van die aanleg weer permanent aangeskakel. Dit beteken dat die Highveld Steel-aanleg weer ʼn bron van inkomste vir baie van die geaffekteerde mense wat hul werk verloor het, gaan wees. Die aanleg is in Julie 2015 ná ʼn groot afleggingsproses finaal afgeskakel. Sowat 2 200 mense, waarvan 1 753 van Highveld Steel en 434 van Vanchem Vanadium Products in die Emalahleniomgewing was, is toe afgelê. Onder diegene wat toe afgelê is, was 300 Solidariteit-lede. Die afleggings het gevolg nadat alternatiewe maatreëls, waaronder die kooptransaksie met ’n Chinese maatskappy, International Resources Limited (IRL), deur die mat geval het. Boonop is Highveld Steel se ooreenkoms met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) om sy werknemers op ’n opleidingafleggingskema te plaas, beëindig. Dit hou direk verband met die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se niebetaling van noodsaaklike
Deur Mia Slabbert
fondse aan die maatskappy. “Nadat ons die aanleg moes afskakel, het ons vinnig besluit om nie op te gee en net oor die tragedie te sit en huil nie. Ons het dus ʼn plan gemaak,” sê Johan Burger, hoof van Highveld Steel. Volgens Burger gaan die aanleg nou volgens ʼn hele nuwe sakeplan bestuur word. Dit behels ʼn splinternuwe plan waar die Highveld Nywerheidspark, soos wat dit van nou gaan bekend staan, soos ʼn tipiese nywerheidspark bedryf gaan word. Dit gaan van nou af ʼn tuiste wees vir talle klein ondernemings wat geboue op die aanleg gaan huur. Dié nywerheidspark is ideaal geleë omdat dit in die hartland van Suid-Afrika se steenkoolproduksiegebied val. Dit beskik oor gevestigde infrastruktuur, wat paaie en spoorweë insluit. Die Highveld-spoornetwerk sluit byvoorbeeld aan by Transnet se netwerk en beskik oor twee geëlektrifiseerde lyne om ʼn honderd treintrokke te akkommodeer om soomlose aflewerings te verseker, wat dit baie aantreklik vir kleiner ondernemings maak. Die nywerheidspark bied kantoorspasie van
8 000 m2 en sal ten volle selfonderhoudend wees. Ondernemings wat reeds hul sake daar bedryf, sluit in ʼn mensehulpbrononderneming, ʼn ingenieursfirma en ʼn opleidingsentrum. ’n Subafdeling van Higveld Steel, Highveld Structural Mill Proprietary Limited (HSM), gaan ingespan word om swaar strukturele staal, soos treinspore of staalpilare, te vervaardig. HSM is die enigste aanleg op die Afrika-kontinent wat strukturele staal van dié aard kan vervaardig. Die HSM is die afgelope paar maande tot op die fondament uitmekaar gehaal en alle toerusting is heeltemal versien en skoongemaak. “Soos wat dié gedeelte beter vaar en geld inbring, gaan ons probeer uitbrei en meer personeel aanstel,” het Burger gesê. Burger het bygevoeg dat diegene wat in 2015 afgelê is, voorkeur sal kry wanneer poste op die aanleg gevul moet word. “Ons het die regte mense met die regte passie om die plan van die grond af te kry en ons hoop om sowat 1 700 werkgeleenthede te skep.” Meer as 400 mense werk reeds weer op die aanleg.
Skadelike ekonomiese beleid vererger werkloosheid
Foto’s: iStockphoto.com
S
36
olidariteit het sy skok oor die huidige werkloosheidsvlakke in Suid-Afrika uitgespreek. Volgens syfers wat Statistieke Suid-Afrika vrygestel het, het werkloosheid volgens die uitgebreide definisie in die eerste kwartaal van 2017 tot 36,4% vanaf die 35,6% in K4 2016 toegeneem. Dit beteken dat daar tans ʼn geskatte 9,3 miljoen mense in Suid-Afrika is wat wil werk, maar nie werk het nie. Volgens Gerhard van Onselen, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is dit veral kommerwekkend dat werkloosheid selfs te midde van meer gunstige makro-ekonomiese omstandighede in die eerste kwartaal van 2017 nie verminder het nie. “Die eerste kwartaal van 2017 het saamgeval met onder meer ʼn sterker rand en hoër internasionale kommoditeitspryse. Dit was ook voor die nadraai van die Pravin Gordhan-fiasko. Selfs onder hierdie gunstiger
omstandighede in die eerste kwartaal van 2017 kon indiensneming nie voldoende groei om werkloosheid enigsins te laat afneem nie; inteendeel dit het toegeneem.” “Dit dui op ʼn ekonomie wat op ʼn groot skaal deur skadelike beleid belemmer is. Die ANC se ekonomiese beleid veroorsaak dat die mark nie na wense kan presteer om by nuwe makro-ekonomiese werklikhede aan te pas nie. Beleggings word afgestoot deur beleidsonsekerheid en swak beleid wat die risiko’s verbonde aan privaat ondernemerskap verhoog. Dit beteken dat produksie en gepaardgaande indiensneming grootliks onderdruk word,” het Van Onselen verduidelik. Volgens Van Onselen is die beoogde nasionale minimumloon wat vanaf 2018 vir ʼn oorwegend jong en lae geskoolde bevolking van werkende ouderdom gaan geld, ʼn sprekende voorbeeld van hierdie beleidsmistastings. “Dat dit ʼn verdere hindernis vir jong
en lae geskoolde mense sal skep om in diens geneem te word, is vanselfsprekend. In die jonger ouderdomsgroepe word reeds kommerwekkende syfers van werkloosheid aangegee – 41% vir diegene in die ouderdomsgroep van 25-34 jaar,” het Van Onselen gesê. “Die feit bly staan dat die huidige beleid met ʼn toenemende fokus van ‘radikale ekonomiese transformasie’ die moontlikheid van ʼn lewenskragtige ekonomie en die sterk indiensneming wat daaruit moet voortspruit aan bande lê. Onder hierdie omstandighede verwag die Solidariteit Navorsingsinstituut nie dat die werkloosheidsprentjie in Suid-Afrika noemenswaardig sal verbeter nie,” sê Van Onselen. “Wat nodig is, is dat die regering radikaal sal wegdoen met skadelike beleid wat teen vryer markte indruis. Dit moet gedoen word sodat die mark weer in werking kan spring om Suid-Afrika van verdere ekonomiese agteruitgang te red,” het hy gesê.
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Vakbond pak SAPD oor taal in Noord-Kaap
S Met Suid-Afrika se huidige misdaadprobleem kort ons ‘n doeltreffende polisiediens wat nie lamgelê word deur beleidsonsekerheid, arbeidsonrus en swak bestuur nie.
“
“
Swak bestuur lei tot krisis in SAPD se 10111-sentrum
V
Deur Juran van den Heever
olgens Solidariteit gee die langdurige swak bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) tot die huidige arbeidsonrus aanleiding. Dit volg ná gerugte van ʼn beoogde staking van die SAPD-werkers wat die noodlynnommer (10111) beman. Volgens Renate Barnard van Solidariteit behels die probleem by die 10111-sentrum vele elemente, maar hou dit onder meer verband met die aanstelling van SAPD-lede ingevolge die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die aanstelling van administratiewe personeel ingevolge die Staatsdienswet en die feit dat dié twee groepe werknemers in sommige gevalle dieselfde funksies verrig, maar dat hul vergoeding (salarisvlakke, voordele en bevorderingsgeleenthede) drasties verskil. Beloftes wat sedert 2013 deur verskillende politieke ampsbekleërs en topbestuurders gemaak is, is nooit geïmplementeer nie. Die SAPD se topbestuur sal daarteen moet waak om in hul poging om hierdie probleem te probeer oplos, nie nuwe arbeidsprobleme te
www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
skep nie. Indien administratiewe personeel wat tans op salarisvlak 5 aangestel is (ekwivalent aan die rang van konstabel), op ʼn lukrake wyse bevordering gaan kry na salarisvlak 7 (ekwivalent aan adjudant-offisier), sal dit tot hernieude ontevredenheid onder lede van die SAPD aanleiding gee. Polisiebestuur ignoreer die geldige griewe van administratiewe beamptes op salarisvlak 6, asook die griewe van onder-offisiere (konstabels, sersante en adjudant-offisiere) ten opsigte van salarisskaalaanpassings. Hierdie optrede deur die bestuur gaan vir seker die genoemde lynfunksionarisse vervreem en tot nuwe arbeidsonrus lei. “Die taktiek van belowe en vergeet wat tot dusver gevolg is, kan nie langer voortduur nie,” sê Barnard. “Die uiteindelike slagoffers van die langdurige swak bestuur van die polisie is die lede van die publiek. Met Suid-Afrika se huidige misdaadprobleem kort ons ʼn doeltreffende polisiediens wat nie lamgelê word deur beleidsonsekerheid, arbeidsonrus en swak bestuur nie,” waarsku Barnard.
olidariteit gaan die taalbeleid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noord-Kaap in die hooggeregshof aanpak. Dit volg nadat die Noord-Kaapse adjunk- provinsiale kommissaris op 5 September 2016 ʼn direktief uitgevaardig het waarvolgens alle verklarings van die publiek voortaan in Engels afgelê moet word. Daar word voorts van polisielede verwag om alle verklarings wat in Afrikaans afgelê word in Engels te vertaal. Polisielede wat nie aan die instruksie voldoen nie, kan dissiplinêr aangekla word. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, vra Solidariteit in sy aansoek dat die instruksie tersyde gestel moet word op grond van die feit dat dit teen die SAPD se eie taalbeleid asook die Grondwet indruis. “Die besluit is irrasioneel en onprakties. Statistieke Suid-Afrika bevestig dat 53,8% van die Noord-Kaapse bevolking Afrikaans as eerste taal verkies, terwyl 33% van die bevolking Tswanasprekend is. Slegs 3,4% van die bevolking is Engelssprekend. Dit maak net nie prakties sin dat die NoordKaapse SAPD Engels as voertaal gebruik nie,” het Van der Bijl gesê. Volgens Van der Bijl is dit weereens ʼn voorbeeld van ʼn onpraktiese en irrasionele besluit wat geneem is sonder om die publiek in ag te neem. “Dit is eintlik skokkend dat die besluit geneem is sonder om die praktiese uitwerking en uitvoerbaarheid daarvan in ag te neem. Ons sit nou met ʼn geval waar die publiek nie behoorlike diens kan ontvang nie, asook waar polisielede in die onbenydenswaardige posisie geplaas word dat hulle as tolke moet optree sonder die nodige kwalifikasies en bevoegdheid. Die moontlikheid van foute in verklarings word soveel groter.”
37
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
Links: Lede van AfriForum se Kempton Park-buurtwag by die gekaapte voertuig wat in Thembisa teruggekry is. Bo: Die AfriForum-buurtwag in Grootfontein neem deel aan ‘n plaaslike misdaadbekampingsaksie.
AfriForum-buurtwagte
Voorste linie in die stryd teen misdaad
Foto’s: Verskaf
T
ydens die onlangse veiligheidsberaad wat deur AfriForum en die Solidariteit Beweging gehou is, is die belangrikheid van buurtwagte opnuut beklemtoon. AfriForum beskik tans oor 94 aktiewe buurtwagte regoor die land. Hier beywer gewone landsburgers hulle daagliks om deur middel van gemeenskapsamewerking die strate van die stede en dorpe waar hulle aktief is, te probeer beveilig. Genl.maj. Roland de Vries, wat aan die stuur staan van Projek Nehemia, AfriForum se nuwe veiligheidstrategie (wat by die veiligheidsberaad bekend gestel is), meen die belangrikheid van buurtwagte in die uitrol en sukses van die projek is gesetel in die mate waartoe die daadwerklike optrede van buurtwagte tot die skep van hoop en vertroue in gemeenskappe kan bydra. Jaco Brits, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Apiesrivier-buurtwag in Gauteng, meen die krag van buurtwagte lê grootliks daarin om strukture binne gemeenskappe te vestig. “As jy struktuur het, het jy bestuur en as jy bestuur het, het jy ’n gemeenskap wat gelei en gedryf word om ’n gemeenskaplike doel te verwesenlik. Sodoende kry jy samewerking tussen buurman en buurman en dít is kragtig.” AfriForum se buurtwagte het reeds verskeie welslae behaal. In Februarie vanjaar was die Kempton Park-buurtwag in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en
40
Deur Marelie Greeff
Só lyk misdaadsyfers vir 2015/2016 • Motorkapings
– 14 602
• Huisrooftogte
– 20 820
• Motordiefstal
– 26 904
• Roof op straat
– 27 055
• Diefstal uit motors
– 69 693
• Diefstal
– 170 186
• Huisinbrake
– 250 606
die Ekurhuleni-metropolisiediens (EMPD) betrokke by die opsporing van ’n gekaapte voertuig in Tembisa aan die Oos-Rand. “Die manier waarop die SAPD en die EMPD ons bygestaan het, wys dat samewerking met die polisie en ander rolspelers net verdere suksesse vir AfriForum-buurtwagte kan oplewer,” sê Jan Vermaak, voorsitter van die AfriForumbuurtwag in Kempton Park. ’n Soortgelyke deurbraak was toe die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark ’n moordverdagte vasgetrek het. Dít het gevolg nadat Corné Cronjé, voorsitter van die buurtwag, inligting ontvang het dat ’n moord gepleeg is. Die inligting is onmiddellik opgevolg en die verdagte is gearresteer kort nadat die SAPD ’n blitspatrollie ontbied het. AfriForum se Grootfontein CE-buurtwag
in die ooste van Pretoria was in Mei vanjaar in samewerking met die Tierpoort-buurtwag en die SAPD in Welbekend en Boschkop, asook die sekuriteitsmaatskappye Monitor Net en Cap, vir die arrestasie van 22 onwettige immigrante verantwoordelik. “Goeie samewerking tussen die verskillende rolspelers het hierdie sukses teweeggebring. Die voortdurende saamsnoer van kragte sal veiligheid verhoog,” is Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineer vir Gauteng, se mening oor die waarde van buurtwagte. Marius Müller, AfriForum se nasionale veiligheidskoördineerder, stel dit duidelik dat AfriForum-buurtwagte wel ’n verskil maak. “Ons sien ’n daadwerklike afname in misdaad in sekere areas waar AfriForum se buurtwagte aan die werk is en daar waar ons ’n buurtwag gestig het, raak die gemeenskap betrokke.” Wat die toekoms betref, sê De Vries ’n loodsprojek gaan in Bloemfontein van stapel gestuur word waartydens operasionele stelsels en konsepte getoets gaan word wat organisasies soos buurtwagte en plaaswagte kan gebruik in die stryd teen misdaad. “Dit bring mee dat die toekomstige rol en verantwoordelikhede van buurtwagte aangepas kan word om by nuwe denkwyses aan te pas. Daar word ook gekyk na die ontwikkeling van ’n nasionale veiligheidstelsel wat gesamentlike operasiesentrums en die aanwending van veiligheidstrukture, soos byvoorbeeld buurtwagte, se vermoëns sal uitbrei.” Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
AfriForum-veiligheidsplan is proaktief Deur Kallie Kriel
Foto: Collin Scott
42
“
Daar kan nie verwag word dat mense bloot moet sit en toekyk hoe hulle deur die afbrand van huise en die beskadiging van eiendom GEBOELIE word nie.
“
D
ie kommerwekkende en tragiese gebeure wat onlangs in Coligny afgespeel het, is ’n duidelike wekroep dat ’n proaktiewe nasionale veiligheidsplan nodig is waarmee gemeenskappe binne die raamwerk van die wet kan help toesien dat hul dorpe en stede vreedsame en veilige plekke is. AfriForum het die afgelope paar jaar reeds baie energie en hulpbronne aangewend om só ’n plan te ontwikkel en te begin implementeer. ’n Loodsprojek om AfriForum se omvattende plan verder te verfyn en te toets, is pas onder die naam Projek Nehemia in Bloemfontein van stapel gestuur. Dele van dié plan is ook reeds in sowat 100 AfriForumbuurtwagte landwyd in werking gestel. Die uiteindelike doelwit is om die plan in sy geheel by alle AfriForum-buurtwagte te implementeer, asook landwyd in ander gebiede wat nie tans oor buurtwagte beskik nie. Ongelukkig sal daar altyd leunstoelkritici wees wat uit moedswilligheid of blote onkunde AfriForum en die Solidariteit Beweging se werksaamhede op veiligheidsgebied probeer afskiet. ’n Voorbeeld hiervan is Max du Preez se onlangse kritiek dat AfriForum en Solidariteit meer proaktief moet wees om wedersydse begrip in gemeenskappe teweeg te bring en dat dít beter beskerming bied as om “manne met gewere in te stuur”. Die veiligheidsplan wat AfriForum en die Solidariteit Beweging onlangs by ’n veiligheidsberaad aan meer as 1 000 buurtwagafgevaardigdes bekend gestel het en dít wat AfriForum-buurtwagte reeds landwyd doen, behels baie meer as om “manne met gewere in te stuur”. Dié proaktiewe plan rus op twee bene, naamlik dat gemeenskappe weerbaar word om hulself en hul eiendom binne die raamwerk van die wet te kan beskerm, en dat wye samewerking tussen gemeenskappe en alle rolspelers bevorder moet word om ’n gesamentlike front teen geweld en misdaad te vorm en wedersydse erkenning en respek te bevorder. Om dié rede werk AfriForum-buurtwagte reeds in verskeie dorpe en stede landwyd met die Suid-Afrikaanse Polisiediens saam, asook met gemeenskapspolisiëringsforums en gemeenskapsleiers uit verskillende gemeenskappe. Natuurlik is daar ongelukkig enkele plekke waar die polisie of ander
rolspelers nie wil of in staat is om saam te werk nie; daar is egter ook talle voorbeelde van plekke waar goeie verhoudinge reeds gebou is en gesonde samewerking dus plaasvind. In Elliot het die plaaslike taxivereniging byvoorbeeld by die AfriForum-buurtwag ingeskakel, terwyl gesonde samewerking ook op baie ander plekke met swart, bruin en Indiërgemeenskappe en -leiers gevestig is. AfriForum sal as kritiese deel van die veiligheidsplan aanhou om gesonde verhoudinge en wedersydse respek tussen gemeenskappe op plaaslike vlak te bevorder. AfriForum sal ook voluit met die tweede been van die plan voortgaan, naamlik om gemeenskappe toe te rus en by te staan om hulself en hul eiendom binne die raamwerk van die wet en na die beste van hul vermoë te kan beskerm. Net soos skoolboelies op diegene fokus wat kwesbaar is, fokus misdaadboelies en politieke figure wat polarisasie aanblaas ook op diegene wat na hul mening kwesbaar is. Goeie verhoudinge is inderdaad krities belangrik, maar dit is naïef om te dink dat die blote bestaan van ’n goeie verhouding ’n absolute waarborg vir veiligheid is. Die
skrywer Rian Malan het op vaardige wyse in sy verslaggewing oor die gebeure in Coligny uitgewys dat rolspelers uit die Zuma-kamp – in ’n poging om hul eie wankelende posisie te verdedig – die “wittes” as die sondebokke wil voorhou vir alles wat skeefloop. AfriForum sal homself uit beginsel nie wend tot dieselfde soort polariserende optrede as die rasbeheptes in die Zuma-kamp en elders nie, maar sal met selfvertroue en op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek voortgaan om die reg van gemeenskappe te bevorder om hulself en hul eiendom op verantwoordelike wyse en binne die raamwerk van die wet te beskerm. Die AfriForum-veiligheidsplan is ’n plan wat uit verskeie fasette bestaan. Dit fokus onder meer op ’n misdaadvoorkomingstrategie wat nie net sigbaarheid nie, maar ook die inwin en ontleding van inligting insluit. Tegnologie speel ook ’n kardinale rol en daar is reeds begin om misdaadvoorkomingbeheerkamers op verskeie plekke te vestig. Parate gemeenskappe wat beskik oor sowel ’n goed deurdagte en omvattende teenmisdaadplan as die vermoë en hulpbronne om dié plan verantwoordelik uit te voer, is en bly die beste waarborg om stabiliteit en vrede in belang van almal in die land te help verseker. Gemeenskappe landwyd wat nie op gebeure soos dié in Coligny voorbereid is nie, sal dringend moet toesien dat hulle weerbaar word. AfriForum is bereid om daarmee te help of om saam te werk met veiligheidsinisiatiewe wat onafhanklik van AfriForum gestig is. By gebrek aan ’n sterk gemeenskapveiligheidsinisiatief in Coligny was die gemeenskap kwesbaar. Dit het AfriForum genoop om in samewerking met strukture in dié dorp privaat veiligheidsbeamptes te ontplooi wat goed opgelei is om op verantwoordelike en professionele wyse mense en eiendom te beskerm sonder om geweld aan te blaas. Die leunstoelkritici wat baie hieroor te sê het, laat my dink aan die storie van die boelie Jannie wat na sy ma toe hardloop en kla omdat Pietie hom “teruggeslaan” het. Daar kan tog nie verwag word dat mense bloot moet sit en toekyk hoe hulle deur die afbrand van huise en die beskadiging van eiendom geboelie word nie? Verantwoordelike selfverdedigingsaksies binne die raamwerk van die wet is ’n onvervreembare basiese reg. • Kriel is uitvoerende hoof van AfriForum. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Genl.maj. Roland de Vries, voormalige adjunkhoof van die leër, wat help om AfriForum se strategie teen geweldsmisdaad uit te rol.
Afrikaans by UV nou na Konstitusionele Hof Deur Alet Rademeyer
A
Projek Nehemia: ’n Gemeenskapstrategie
Foto: Reint Dykema
D
Deur Alet Rademeyer
ie burgerregte-organisasie AfriForum het kort ná die gewelddadige optrede en oproer in Coligny in Noordwes sy Projek Nehemia, ’n gemeenskapstrategie teen geweldsmisdaad, afgeskop. Die projek is daarop gemik om gemeenskappe te bemagtig en hoop in geloof te skep, sê genl.maj. Roland de Vries, ’n voormalige adjunkhoof van die leër en konsultant vir die projek. “Die projek dui simbolies op dit wat in die tyd van Nehemia gebeur het. Die volk het talle probleme ondervind en was in ellende gedompel. Die mure, hekke en poorte van Jerusalem was afgebreek en in puin. Dit was tyd om die stad te herbou en die volk het hulself bewapen met ’n swaard in die een hand en ’n troffel in die ander. “Net soos in die tyd van Nehemia moet ons nou opstaan, saamstaan en saamwerk om ons moeilike omstandighede te oorkom.” Volgens De Vries is ’n omvattende strategie vir gemeenskappe nodig omdat daar tans talle uitdagings is. Gemeenskappe is getraumatiseer, kwesbaar en verdeeld. Daar is ’n baie hoë voorkoms van misdaad en geweld, asook moeilike ekonomiese en maatskaplike omstandighede. Daar is nie genoegsame
www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
samewerking tussen gemeenskappe, plaaslike regerings en ander rolspelers soos die polisie nie. In die lig hiervan is dit noodsaaklik om dringend organisatoriese vermoë en leierskap in gemeenskappe te ontwikkel sodat hulle hulself kan beveilig en geweld doeltreffend kan bekamp. Daarvoor is ’n nasionale gemeenskapsveiligheidstelsel in ooreenstemming met sowel wetgewing as gemeenskapsbewustheid en -betrokkenheid nodig. Om dit te verwesenlik, is dit nodig dat nasionale én internasionale steun vir die strategie en projek gewerf word. Die uitrol van die strategie en ontwikkeling van ’n organisatoriese vermoë wat as bloudruk moet dien vir hoe alle rolspelers in ’n gemeenskap kan en moet saamwerk om veiligheid te verseker en te verbeter, sal eerste in Bloemfontein afskop. Die uitrol van Projek Nehemia sal samesprekings, konsultasies en samewerkingsooreenkomste insluit. In die praktyk word gekyk na die daarstel van ’n oorkoepelende veiligheidstruktuur en gemeenskapsveiligheidsbeheerkamers vanwaar die inskakeling en betrek van buurtwagte, gemeenskapspolisiëringsforums, mediese, logistieke en inligtingspanne, asook privaat sekuriteitsmaatskappye sal plaasvind.
friForum en Solidariteit se regspan het onlangs by die Konstitusionele Hof aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die hoogste hof van appèl se uitspraak oor die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Die instellings wil hê dat die UV se besluit om ’n nuwe taalbeleid te aanvaar tersyde gestel moet word. Dié aansoek volg nadat die appèlhof in Maart vanjaar ten gunste van die UV beslis het wat vanaf 2017 met die infasering van Engels ten koste van Afrikaans as primêre onderrigtaal begin het. Engels is reeds die primêre onderrigtaal in drie fakulteite en sal vanaf volgende jaar na ander fakulteite – teologie en opvoedkunde uitgesluit – uitgebrei word. Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, meen teen die agtergrond van die grondwetlike opdrag om diversiteit te bevorder en die verskanste reg op onderrig in ’n taal van keuse wat redelikerwys uitvoerbaar is, kan die UVraad nie integrasie in klasverband en transformasie van die universiteit bereik deur onderrig in Afrikaans te skrap nie. Sy het ook daarop gewys dat die appèlhof in die uitspraak AfriForum en Solidariteit gelyk gegee het dat die aanvaarding van Engels bo Afrikaans by die UV en ander universiteite die posisie van Afrikaans as onderrigtaal en sy grondwetlik beskermde status as amptelike taal sal erodeer. Bailey meen dit is tragies dat Engels op alle studente by die UV afgedwing word. Dit is strydig met alle internasionaal erkende onderwyspraktyke wat aandui moedertaalonderrig is die beste. AfriForum en Solidariteit se besluit om die taalkwessie na die Konstitusionele Hof te neem, kom ook in die lig van die uitspraak in die Noord-Gautengse hoë hof dat die instellings nie teen ’n hofuitspraak oor die Universiteit van Pretoria (UP) se taalbeleid mag appelleer nie. ’n Volbank regters het in Desember 2016 die organisasies se aansoek om die taalbeleidbesluite van die UP tersyde te stel, van die hand gewys. Die UP se raad en senaat het in Junie verlede jaar besluit dat Engels voortaan die primêre onderrigtaal moet wees.
43
IN BEWEGING
Solid Help
Bo: Johan Pieters, Cornelia Kuilder, Hannie Bezuidenhout, Mariana Kriel (Helpende Hand-streeksorganiseerder) en Johan Lesley trots op hul eerste groente-oes. Foto regs bo: Johan Lesley werk in die groentetuin.
Bejaardes trots op eerste groente-oes
D
Die plan is om die bestaande tuin van 320 m² aansienlik uit te brei. Die stuk grond van sowat 2 ha sal uiteindelik genoeg groente kan produseer om die bejaardes van ʼn gesonde maaltyd te voorsien en die groente wat oorbly, sal by ʼn padstal in Van der Hoffweg verkoop word. Vir Lesley lê die projek se sukses in die genade wat hulle van Bo af kry. “Dis die Here wat dit laat reën en die Here wat hierdie groente laat groei. Ek is nou op soek na wintergewasse soos uie, knoffel, aartappels en rape.”
Die AfriForum-tak in Centurion het die werk ʼn bietjie makliker gemaak deur ʼn besproeiingstelsel te installeer om seker te maak dat die groente genoeg water kry. Volgens Mariana Kriel, Helpende Hand se streeksorganiseerder, is al die groente organies en sal dit verseker dat die bejaardes ʼn gesonde maaltyd inkry, maar die werklike wonder is die hoeveelheid tyd en energie wat die bejaardes aan die tuin bestee. Die tehuis vorm deel van die Filadelfia Ark-sorgsentrum wat ook in Pretoria-Wes geleë is. Filadelfia Ark-tehuis huisves meer as 400 behoeftige mense, onder wie sowat 150 kinders. • Om vir Lesley te help met skenkings van saad en plantjies, kontak vir Mariana Kriel by 084 952 5837 of stuur e-pos na mariana@helpendehand.co.za.
Foto’s: Verskaf; iStockphoto.com
it was maande van harde werk, kompos inspit en bid vir reën, maar ná meer as twee maande kan die bejaardes van ʼn tehuis in Pretoria-Wes hul eerste groente oes. Solidariteit Helpende Hand en AfriForum se Centurion-takke is aan die hoof van dié projek. Die hoogtepunt van die projek is egter die manier waarop dit die gemeenskap bemagtig het. Dié groep van meer as 30 bejaardes het sedert 7 Februarie vanjaar in spanning gewag vir die dag dat hul groente gereed sal wees om geoes te word. Johan Lesley, ʼn bejaarde van die Filadelfia Ark-tehuis, het die afgelope paar weke hard gewerk om seker te maak dat die groente versorg is. Die groentetuin spog met heerlike eiervrug, spinasie, groenbone, tamaties en selfs ʼn groot aantal koolkoppe.
Deur Marlien van der Westhuizen
44
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
aksent media
IN BEWEGING
Bejaardes se siele met kindergesiggies geseën
Foto’s: Verskaf; iStockphoto.com
V
ir elke eensame bejaarde is daar ʼn behoeftige kleuter wat liefde nodig het. Die Bybel is baie duidelik oor ons verantwoordelikheid teenoor die weerloses in ons gemeenskap. Ons is veronderstel om die weduwees en weeskinders te ondersteun. Daarom het Solidariteit Helpende Hand besluit om dié twee groepe met ʼn unieke projek bymekaar te bring. Die Groentjies en Gryses-projek bring sedert 2015 bejaardes en kleuters bymekaar vir ʼn dag van jolyt. Dié projek is al in verskeie dele van die land aangepak en lewer elke keer dieselfde wonderlike resultate. Bejaardes kry weer nuwe lus vir die lewe en kleuters ontvang baie liefde. Vanjaar het Groentjies en Gryses by Margaretha Ackerman, een van die SuidAfrikaanse Vrouefederasie se ouetehuise in Pretoria, plaasgevind. Helpende Hand het 30 kleuters van Tuindwergies-kleuterskool na die tehuis geneem om saam met die bejaardes te kuier. Die dag is ekstra spesiaal gemaak met ’n optrede deur die bekende sanger Jan de Wet. Die tehuis se maatskaplike werker, Ditlhare
46
Deur Marlien van der Westhuizen
SMS OMGEE na 38969 om die projek te steun (R10 per SMS) Mokhema, het die kleuters as engele beskryf. “Julle het ons dag, nee, ons jáár gemaak!” het Mokhema tydens die geleentheid gesê. “Julle het weer lewe in die ouetehuis ingebring.” Volgens Lizelle Joubert, projekorganiseerder van Helpende Hand se bejaardeprojekte, was die projek nog elke jaar ʼn groot sukses. “Baie bejaardes vereensaam, maar ʼn vriendelike kindergesiggie beur ʼn swaar hart gou weer op.
Die interaksie is altyd baie positief en vanjaar is geen uitsondering nie,” sê Joubert. Raak vandag betrokke by die weerloses in jou omgewing. Besoek ʼn eensame bejaarde, of vertroos ʼn verwaarloosde kind. • Vir meer inligting oor Helpende Hand se projekte waardeur bejaardes ondersteun word, besoek www.helpendehand.co.za of kontak Lizelle Joubert by 012 644 4390. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Elke lid van die publiek moet die fundamentele GRONDWETLIKE REG tot sport sonder politieke inmenging opeis.
“
“
Eerste punte op bord teen sportkwotas
Foto: iStockphoto.com
S
olidariteit en AfriForum het onlangs die eerste oorwinning in hul geveg teen sportkwotas behaal nadat die minister van sport, Thulas Nxesi, aangekondig het dat die verbod opgehef is wat sportfederasies (SA Rugby, Krieket SA en Netbal SA) verbied om internasionale toernooie aan te bied omdat hulle nie voldoende transformeer nie. Dié aankondiging volg op Solidariteit en AfriForum se vroeëre aankondiging dat omvattende regsaksies geloods is om enige vorm van politieke inmenging in sport, insluitend ’n selfopgelegde kwotastelsel, onwettig te verklaar. Solidariteit en AfriForum voer aan dat die ooreengekome kwotas nie net strydig met die wet is nie, maar dat dit ook teen ooreengekome internasionale norme indruis. Solidariteit en AfriForum vra in die hofstukke
48
Deur Francois Redelinghuys
dat die hof beveel dat die transformasiehandves as basis van die kwotastelsel ongeldig verklaar word in soverre dit demografiese profiele nastreef. Verder word daar versoek dat die hof beveel dat die ooreenkomste tussen die partye in soverre dit kwotas daarstel, ongeldig verklaar word en dat sportliggame verbied word om kwotas toe te pas wat vir spankeuses op nasionale, provinsiale, klub- en skoolvlak geld. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is hulle verheug oor die oorwinning en die besluit van die minister, maar is dit betreurenswaardig dat daar so ver gegaan moet word deur litigasiestappe te neem om die minister en die sportfederasies op die basiese verpligtinge as lid van die internasionale sportgemeenskap te wys. “Hoewel die aankondiging as ’n oorwinning beskou kan word, is dit maar nog net die eerste
tree op ’n lang pad om Suid-Afrikaanse sport vry van politieke inmenging te maak. Ons gaan met ons litigasieaksies voort ten einde die kwotastelsel ongeldig te verklaar. Ons en die publiek is moeg daarvoor dat transformasie pleks van meriete die hoogste maatstaf geword het as dit by prestasiemeting kom. Elke lid van die publiek moet die fundamentele grondwetlike reg tot sport sonder politieke inmenging opeis,” sê Van der Bijl. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, druis die afdwing van kwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport direk in teen die reëls en regulasies van internasionale sportliggame. “Hoewel ’n oorwinning behaal is deurdat die verbod opgehef is, gaan AfriForum voort om binne maande ’n afvaardiging na verskeie internasionale sportliggame te stuur ten einde sport sonder politieke inmenging te verseker.” Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Sol-Tech-studente sê oor alma mater
Foto’s: iStockphoto.com
S
ol-Tech speel ʼn baie belangrike rol in die Solidariteit Beweging se opleidingsplan. ʼn Goeie kwalifikasie van ʼn gesaghebbende opleidingsinstelling is een van die beste maniere waarop werksoekers hulself beter vir die huidige arbeidsklimaat kan staal. Solidariteit Tydskrif het met Sol-Tech-studente gesels om te hoor of dit wel so is. Die Sol-Tech-kwalifikasie het vir die meeste van die studente deure oopgemaak en geleenthede geskep, en die meeste Sol-Techstudente vertel dat die opleiding goed was, dat hulle baie geleer het en dat hulle dit geniet het. ʼn Allemintige 94,7% van die gekwalifiseerde Sol-Tech-oudstudente het werk, en 30% studeer selfs verder in hul onderskeie ambagte. Daarbenewens is een van die unieke dienste wat deur Ajani aan Sol-Tech-studente gebied word die plasing van hierdie studente by ʼn instansie waar hulle praktiese ervaring kan opdoen. Van hierdie plasings word 55,7% van die afgestudeerde studente dadelik aangestel ná hul kwalifikasie by die instansie waar hulle prakties gedoen het omdat hul werketiek en vaardigheid van so ʼn hoë gehalte is. Henry*, ʼn meulmaker en ʼn student waarvoor daar juis sulke deure oopgemaak is tydens sy opleiding, is in November 2012 deur Ajani by ʼn werkgewer in Boksburg geplaas. Hy het die vaktoets ná sy indiensopleiding in November verlede jaar geslaag en sy Rooiseël is in Maart vanjaar uitgereik. Henry se vordering by die spesifieke werkgewer het daartoe gelei dat hy ʼn permanente posisie aangebied is met ʼn salaris van R 21 000 per maand. Pieter*, ʼn pas-en-draai-student, is nog ʼn voorbeeld. Hy is ook deur Ajani by ʼn werkgewer
50
Deur Cilleste van Dyk
in Boksburg geplaas in September 2014. Pieter het sy vaktoets in April verlede jaar geslaag en sy Rooiseël is in Maart vanjaar uitgereik. Sy vordering by die werkgewer het daartoe gelei dat hy ook ʼn permanent posisie aangebied is met ʼn salaris van R 31 000 per maand. Daarbenewens het een van die werkgewers, PG Bison, wat deur middel van Ajani studente soos Henry en Pieter in diens neem, Solidariteit Tydskrif meegedeel dat daar ʼn groot verskil is tussen Sol-Tech-studente en ander studente. Volgens PG Bison is die Sol-Tech-studente se beter gehalte opleiding duidelik sigbaar in hul werk. Die gehalte van hul opleiding is ook te siene in hul gedissiplineerdheid en in hul menseverhoudings met kollegas en bestuur. “Dit is voorwaar goeie nuus om te weet ons studente se kwaliteite word raakgesien in die maatskappye waar ons hulle plaas,” vertel Elize Pieters, ʼn afdelingshoof by Ajani. “Só leef ek my roeping uit” Dis een ding om uiteindelik ʼn werk te kry, maar dis ʼn ander saak om lief te wees vir wat jy doen. Solidariteit Tydskrif het ʼn paar oudstudente gevra hoe hul ervaring in die werkplek is en of hulle hul roeping uitleef. Donald Cawood (‘n Meulmaker) V: Leef jy jou roeping uit in jou werk? A: “Ek leef vir seker my roeping uit. Dié beroep se moontlikhede is oneindig. Dis ook ʼn baie bevredigende beroep, want ʼn mens sien die resultate van jou harde werk.” V: Gebruik jy die kennis wat jy by Sol-Tech opgedoen het in die werkplek? A: “Ja, dit wat ek by Sol-Tech geleer het, is ʼn fondasie waarop ek my kennis kan voortbou.”
V: Wat sal jou raad wees aan studente wat nog by Sol-Tech studeer? A: “Wees baie goed in wat jy doen. Werk hard, baie hard. Niks gebeur vanself nie; dit gebeur vir diegene wat uitgaan en hard daarvoor werk.” Monique Pretorius (ʼn Gereedskapmaker) V: Leef jy jou roeping uit in jou werk? A: “Ek het al ʼn hele paar beroepe aangepak, maar dié beroep is die een wat my tot dusver die meeste uitgedaag het. En ek moet sê, ek geniet dit baie! Ek is ʼn praktiese mens en hou nog altyd daarvan om met my hande te werk. Dus glo ek dat ek my roeping uitleef.” V: Wat sal jou raad wees aan studente wat nog by Sol-Tech studeer? A: “Studente wat hul vakmanskaponderrig by Sol-Tech doen, ontvang voorwaar die beste opleiding deur kundige, passievolle onderwysers. My raad sal dus wees dat studente die geleentheid wat hulle het met albei hande moet aangryp, vasbyt en hulle beste gee. Hulle moet geniet wat hulle doen, soveel kennis inneem as wat hulle kan en fokus op die toekoms. Hulle ís tog die toekoms. Alles wat hulle vandag leer en die kennis wat hulle opbou, gaan hulle dalk weer op ʼn ander geleentheid aan iemand anders kan oordra.” V: Dink jy ʼn vrou word anders behandel in die werkplek, en spesifiek in die beroep wat jy beoefen? A: “Vroue word in die meeste beroepe op ʼn manier anders behandel, en dit is dieselfde in my beroep. In my beroep speel fisieke krag ʼn groot rol en vrouens het nie dieselfde fisieke krag as mans nie. Maar vroue fokus weer op fyner detail, wat ook ʼn baie belangrike rol speel.” * Skuilname Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Passievolle opvoedkundige sluit by span aan
D
r. Annelie Oosthuizen is ʼn passievolle en innoverende opvoedkundige wat op 15 Mei vanjaar as departementshoof: opleiding by Sol-Tech aangesluit het. Sy het haar B.Com.- en B.Ed.-grade aan die destydse RAU verwerf, en daarna haar nagraadse studies aan die Universiteit van die Vrystaat voortgesit waar sy ʼn meestersgraad in opvoedkunde (didaktiek) en ʼn Ph.D. in hoëronderwysstudies behaal het. Annelie het haar onderwysloopbaan, wat oor 27 jaar strek, begin as hoërskoolonderwyseres in rekeningkunde en ekonomiese en bestuurswetenskappe, en is later bevorder tot departementshoof en toe skoolhoof. Sy is ʼn geakkrediteerde Cambridgeinternasionale opvoeder en was vroeër dosent in onderwysopleiding, navorser en projekbestuurder by die Universiteit van Johannesburg. Voor haar aanstelling by Sol-Tech was Annelie as projekbestuurder en fasiliteerder werksaam by die ATKV se onderwysafdeling waar sy onder andere die projekleier van die jaarlikse nasionale onderwyskonferensie was en motiverings- en opleidingswerksessies by skole aangebied het
in die fokusareas van skoolbestuurspanne, skoolbeheerliggame, onderwysers, ouers, administratiewe ondersteuningspersoneel, sowel as studievaardighede en leierskapsontwikkeling vir leerders. Annelie is die ma van drie seuns, waarvan die jongste tans ’n tweedejaar B.Com.-student aan die Universiteit van Pretoria is, en die oudste twee seuns reeds gekwalifiseer het
as onderskeidelik ‘n bedryfsingenieur en ʼn geoktrooieerde rekenmeester. “Die doel van my pos by Sol-Tech is om die werkswinkel, praktiese en institusionele opleiding en opleidingsprogramme te ontwikkel, te koördineer en te bestuur, ooreenkomstig die karakter en beleid van Sol-Tech. Benewens kurrikulêre aangeleenthede gaan ek ook aktief betrokke wees by die uitbouing van Sol-Tech se kwaliteitversekeringstelsel, personeelontwikkeling en studente-aangeleenthede,” vertel sy. “Sol-Tech is vanjaar tien jaar oud en ek is opgewonde om in hierdie fase van uitbreiding en ontwikkeling by dié dinamiese opleidingskollege aan te sluit. Suid-Afrika ervaar ernstige tekorte in die voorsiening van goed gekwalifiseerde ambagslui en deur SolTech se strewe daarna om die leier in hierdie opleidingsprogramme te wees en te bly, voorsien ek dat Sol-Tech in die toekoms steeds van krag tot krag sal gaan en verder sal uitbrei om in hierdie behoeftes te voorsien. Om aan hierdie nuwe pos, naamlik departementshoof: opleiding gestalte te gee, is vir my ʼn heerlike loopbaanuitdaging.”
verseker jou toekoms Kwalifiseer jouself in ’n AMBAG by ’n instelling sonder gelyke Gereedskap- en setmaatmaker • Dieselwerktuigkundige Elektrisiën • Passer en draaier • Meulmaker • Sweiser
WOON ONS OPEDAG BY OP 9 SEPTEMBER Sol-Tech-kampus, Kirkney Maliestraat 1662, Kirkney 25O 42’ 52” S • 28O 06’ 26” E
Hoe laat?
08:00 vir 08:30
Bring saam:
Gesertifiseerde afskrif van identiteitsdokument Gesertifiseerde afskrif van alle kwalifikasies
aksent media
Waar?
Bevestig of jy die dag gaan bywoon deur die aansoekvorm aanlyn te voltooi by www.sol-tech.co.za. Jy kan ook die keuringstoets op 6 Oktober om 08:00 vir 08:30 aflê.
Solidariteit Beweging
0861 25 24 23 • www.sol-tech.co.za
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.
Deur Ettienne Pio
Mediese toetse en jou dienskontrak Vraag: Is ’n kontrakbepaling oor mediese toetse outomaties geldig?
Foto: iStockphoto.com
52
“
Werknemers kan nie sommer sonder die voldoening aan baie SPESIFIEKE VEREISTES deur hul werkgewer aan mediese toetse onderwerp word nie.
Kragtens artikel 7(1) van die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (wetno. 55 van 1998) (die EEA) word mediese toetsing van werknemers verbied tensy dit kragtens wetgewing toegelaat of vereis word, of tensy dit in die lig van mediese feite, werktoestande, sosiale beleid, billike verdeling van voordeel of die inherente vereistes van ’n pos geregverdig kan word. Hierdie artikel maak geensins voorsiening vir ’n uitsondering op grond van die werknemer se instemming nie. Die onus rus op die werkgewer om die omstandighede te bewys wat toetsing sal regverdig, by versuim waarvan sodanige toetse ontoelaatbaar is. Die hof het beslis dat die werknemer kragtens artikel 187(1)(f) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (wetno. 66 van 1995) outomaties onbillik ontslaan is, asook dat die werknemer se kontrakbepaling strydig was met artikel 7 van die EEA en dus nie geldig en wettig
“
Antwoord: Dit gebeur telkemale dat werkgewers bepalings by dienskontrakte insluit waarvolgens werknemers skriftelik en uitdruklik instem dat hulle mediese toetse op aandrang van die werkgewer sal ondergaan. Ons kry egter gereeld navrae oor werkgewers wat sonder voldoende rede vereis dat werknemers dokters vir diagnoses moet gaan spreek of vir verslae om werkgeskiktheid vas te stel. In sekere gevalle word werknemers met dissiplinêre optrede gedreig wat selfs tot ontslag kan lei indien hulle sou versuim om daaraan gehoor te gee. In hierdie artikel kyk ons na ’n voorbeeld van hoe dié aspek deur die arbeidshof hanteer is. In EWN v Pharmaco Distribution (Pty) Ltd (2016) 377 ILJ 449 (LC) het die werknemer haar bipolêre gemoedsversteuring tydens ’n dissiplinêre proses aan haar bestuurder bekend gemaak. Bipolêre gemoedversteuring is ’n toestand wat deur skommelings in gemoedstoestand gekenmerk word wat wissel van uiterste depressie tot uiterste manie. Die werkgewer het vervolgens daarop aangedring dat die werknemer ’n psigiater spreek om haar geskiktheid vir die werk te evalueer. Die werknemer het in haar dienskontrak ooreengekom om mediese toetse te ondergaan indien die werkgewer dit nodig ag: “The employee will, whenever the company deems necessary, undergo a specialist medical examination at the expense of the company, by a medical practitioner nominated and appointed by the company. The employee gives his/her irrevocable consent to any such medical practitioner making the results and record of any medical examination available to the company and to discuss same with such medical practitioner. The above shall include and apply to psychological evaluations.” Ten spyte van dié kontrakbepaling het die werknemer geweier om die ondersoek te ondergaan omdat dié instruksie onwettig was. Die werkgewer het haar daarna ontslaan op grond van ernstige en herhaalde weiering om ’n sogenaamde wettige opdrag uit te voer.
was nie. Die hof het ook beslis dat die opdrag om mediese toetsing deur ’n psigiater op grond van haar versteuring te ondergaan onbillik teen die werknemer gediskrimineer het. Uit die voorafgaande is dit duidelik dat geen ooreenkoms oor mediese toetse geldig is as dit strydig met wetgewing is nie. Werknemers moet kennis neem dat hulle nie sommer sonder voldoening aan baie spesifieke vereistes deur hul werkgewer aan mediese toetse onderwerp mag word nie. Aan die ander kant moet werkgewers daarvan bewus wees dat sodanige optrede onbillik is en ernstige gevolge vir hulle kan inhou. Ons bedank elke lid vir elke regsnavraag wat die Solidariteit-regsafdeling se kennis help slyp, toets en verbreed. Dit stel ons in staat om deurlopend regsadvies te kan gee sodat lede behoorlik oor hul regte in die werkplek ingelig kan bly om sodoende saam aan ’n beter werkomgewing te help bou. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Godsdiens in skole moontlik én uitvoerbaar
Foto: iStockphoto.com
S
olidariteit is op 15 Mei vanjaar as vriend van die hof (amicus curiae) in die grootste hofsaak tot op hede oor die Christelike karakter van openbare skole toegelaat. Die saak spruit voort uit Die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) wat ʼn saak aanhangig gemaak het teen ses skole wat hulself met ʼn Christelike etos verbind en onderrig vanuit ʼn Christelike perspektief aanbied. Die saak word teengestaan deur die ses skole, bygestaan deur die Federasie van Afrikaanse Skoolbeheerliggame (Fedsas) en verskeie vriende van die hof. Dit is vir Solidariteit uiters belangrik dat openbare skole die vryheid moet hê om ʼn Christelike karakter te kan kies. Hierdie geloofsuitgangspunt is grondwetlik moontlik, prakties uitvoerbaar omdat skoolgemeenskappe deur middel van hul demokraties verkose liggame oor ʼn skool se etos en praktyke besluit, en dit speel ʼn belangrike rol in die sukses van talle skole in die land. Dit was aanvanklik nie vir Solidariteit nodig om as vriend van die hof in hierdie saak toe te tree nie, omrede die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) op 10 Maart 2016 as vriend van die hof sterk standpunt ingeneem het vir skole se reg om hulle met ʼn bepaalde geloof te belyn. Die SAOU het egter vanjaar op 28 Februarie hofstukke ingedien wat lynreg met hul aanvanklike eedsverklaring staan en teen die sterk pro-godsdiensstandpunt van hul lede en ledeskole indruis. Die SAOU se ommeswaai het Solidariteit met geen ander keuse gelaat nie as om tot die saak toe te tree. Die SAOU het intussen weer op 21 April van strategie verander deur hom van die saak te onttrek. Ongelukkig was daar steeds ʼn leemte in die hofstukke. Duisende onderwysers wat sterk daaroor voel dat skole ʼn spesifieke etos mag handhaaf se stemme word steeds nie gehoor nie. Solidariteit het dus besluit om voort te gaan om as vriend van die hof tot die saak toe tree, anders gaan die unieke stem van daardie roepinggedrewe onderwysers nie gehoor word nie. Hierdie onderwysers glo daaraan dat kinders nie net neutrale individue moet wees nie, maar dat hulle binne ʼn spesifieke waardestelsel opgevoed moet word. Dit is juis waarom hulle by skole onderrig gee waar hulle hul roeping kan uitleef. www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
Deur Juran van den Heever
Beheerliggame moet dus toesien dat hul beleid rondom godsdienspraktyke billik is.
Ons argumente vir godsdiens in skole Solidariteit se argument in hierdie saak word baie deeglik in die Grondwet vervat. Artikels 15(1) en 18 van die Grondwet bepaal dat almal die reg op vryheid van geloof en assosiasie het terwyl artikel 15(2) verder bepaal dat skole – wat deur die staat gefinansier word – ʼn reg het om geloofspraktyke daar te beoefen mits die bywoning daarvan vrywillig geskied. Gelykstaande hiermee lui artikel 7 van die Suid-Afrikaanse Skolewet dat die beoefening van godsdiens in skole onderhewig is aan die Grondwet, en voorts dat godsdienstige praktyke wel by skole toegelaat word sou die beheerliggaam van daardie skool dit so bepaal. Weereens moet die bywoning van godsdienstige praktyke vrywillig wees. Solidariteit het in sy rol as vriend van die hof hierdie argumente uitgelig en sal aanhou veg vir die grondwetlike reg om godsdiens in skole te beoefen. Hoe staan sake tans? Die huidige stelsel waarvolgens ouers deur beheerliggame besluit oor godsdienspraktyke by skole, maar wel voorsiening maak vir diegene wat nie daaraan wil deelneem nie deurdat hulle hul van sodanige aktiwiteite kan onttrek, is die korrekte benadering, want só word die reg van die skoolgemeenskap én die individu geakkommodeer. Skole moet ook streng riglyne hê om individue wat van die skool se etos en praktyke verskil met respek te akkommodeer en om te verseker dat deelname aan godsdienspraktyke te alle tye vrywillig is.
Implikasies Die uitspraak in die saak in die hooggeregshof in Johannesburg, wat teen druktyd nog voorbehou was, sal nie net die ses skole raak nie, maar ook 24 000 ander skole in Suid-Afrika. Die saak is dus van belang vir honderde duisende ouers en kinders in Suid-Afrika. Die applikante in die saak se aansoek druis lynreg in teen 95% van SuidAfrikaners wat hulle met ʼn geloof identifiseer. Suid-Afrikaners word juis deur geloof en waardes in Suid-Afrika oor tradisionele skeidslyne heen saamgebind. Volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge identifiseer 86% van SuidAfrikaners hulle as Christene en bykans 95% identifiseer met die geloof. Slegs 5,2% sien hulself as ongelowig of weet nie met watter geloof hulle identifiseer nie. Volgens die World Value Survey en die Pew Global Morality Study word Suid-Afrikaners deur sosiale waardes aanmekaar gebind. Die World Value Survey het ook bevind dat 83,9% van SuidAfrikaners geloof as belangrik ag; dat 96,7% in God glo; en dat 1,9% hulself as ateïste identifiseer. Die applikante se aansoek is dus in wese ʼn ondemokratiese poging om hul eie, uiters eng belang op skoolgemeenskappe af te dwing. Wat die applikante doen, is om te probeer om die morele gom wat Suid-Afrikaners aan mekaar bind, te vernietig. Die vraag is of dít wat die applikante vra, strook met wat gewone SuidAfrikaners wil hê. Indien daar na die statistieke gekyk word, is dit duidelik nie die geval nie. Indien die applikante se aansoek slaag, sal basiese praktyke soos saalopening, gebed by sportbyeenkomste, Kerssangdienste deur kore, maar ook ʼn spesifieke geloofsetos by skole verbied word. In duisende skole is dit juis dié waardes wat die kinders aanmekaar bind. Die gebrek aan die waardes, praktyke en ʼn etos sal oor die lang termyn ingrypende gevolge vir die kultuur van skole en later ook vir Suid-Afrika inhou. Daar is nie so iets soos neutrale onderrig nie. Die ateïste wat die saak na die hof gebring het, wil in praktyk dít wat hulle glo op skoolgemeenskappe afdwing. Selfs ʼn sekulêre benadering is ook ʼn lewensbeskouing wat op skoolgemeenskappe afgedwing word. Onder die dekmantel van insluiting, sluit hul argumente die wil van gemeenskappe uit.
53
IN BEWEGING
Zuma-leiding oorsaak van duisende se lyding
P
Deur Flip Buys
res. Jacob Zuma se “leiding” is die regstreekse oorsaak van die lyding van duisende werkloses. Hy is die skepper van die voortslepende politieke onstuimigheid en die ekonomiese afgradering wat die land in ’n wurggreep het. Dit lei daartoe dat die ekonomie stagneer, werkloosheid styg en nóg derduisende hardwerkende mense se werk in gevaar is. Hy klou vas aan sy pos omdat sy wandade hom nou só inhaal dat sy enigste keuse een van die dae tussen die Uniegebou en die Sentrale Gevangenis sal wees. Daarom behoort die ANC in sowel lands- as partybelang hom dadelik af te dank om nóg duisende werknemers van afdanking te red. Die afstel van die Werkersdagvieringe nadat Cosatu-lede Zuma uitgejou het, maak dit duidelik dat sosialiste ook nie aan sy plundering van die staat aandadig wil wees nie. Hulle boodskap was duidelik: Zuma het homself en sy trawante nou lank genoeg in die naam en op die stemrug van die arm massas verryk. Zuma het dié vernedering op homself gehaal omdat sy rampokkery tot die land se afgradering tot rommelstatus bygedra het. Hy moes verwag het dat ’n Werkersdagbyeenkoms teen hom gaan draai omdat hy teen hul belange “werk”.
Foto’s: iStockphoto.com; Dumelang News
Werkmag bepaal welstand Die welstand van ʼn land word deur die welstand van sy werkmag bepaal. Gesaghebbende meningspeilings deur Gallup het getoon dat die grootste behoefte van die meeste mense ter wêreld ʼn goeie werk is. Daarom is ʼn goed opgeleide, goed betaalde en produktiewe werkmag noodsaaklik vir Suid-Afrika om te werk. Tweedens is dit ook ʼn voorwaarde vir die verbetering van die bevolking se lewenstandaard – die doel van ’n ekonomie. Derdens is ʼn topgehalte-arbeidsmag ʼn vereiste vir die oplossing van ons land se knellende vraagstukke van armoede en werkloosheid. Sonder ’n top-arbeidsmag wat as ’n wenspan by ons internasionale mededingers kan kers vashou, sal ons van die wêreldkaart verdwyn. Kyk ons egter na die werklike stand van ons werkmag, moes ons maar eerder Werkersdag afgeskaf of liewer gaan werk het. Hoë en permanente werkloosheid heers, terwyl daar meer stakings is as gedurende die struggle-jare voor 1994. Ons onderwysstelsel is so swak dat die meeste skoolverlaters onindiensneembaar is. Daar is tans sowat 9 miljoen mense in Suid-
54
Afrika wat wil werk, maar nie werk nie. Dié mense lewer nie ʼn produktiewe bydrae na wense nie. Die Wêreld- Ekonomiese Forum se globale mededingendheidsverslag gradeer ons arbeid-werkgewer-verhoudings die heel laagste uit 138 lande. Die linkse vakbondwese veg meer teen mekaar as vir hul lede. Meer as 16 miljoen mense ontvang maatskaplike toelae, teenoor die net 3,3 miljoen belastingbetalers wat vir die 2015-belastingjaar ʼn volle 99% van die aangeslane persoonlike inkomstebelasting betaal het. Dit beteken dat meer mense vir ʼn lewe stem as wat vir ʼn lewe werk! Hemel word hel Die ekonomie word voorts benadeel deur regeringsbeleid en wetgewing wat oorblyfsels is van ’n aggressiewe antibesigheidsideologie wat in die grou Oosblok-geskiedenis vasgesteek het. Dít terwyl daar oorvloedige bewys is dat daardie tipe stelsels, wat ’n hemel op aarde vir werkers probeer skep het, veel eerder op ’n hel van werkerarmoede en -verdrukking uitgeloop het. Linkse vakbonde wat werkgewers sien as
vyande wat in ’n klasseoorlog uitgewis moet word, veg die verkeerde geveg. ’n Aanval op besigheid as instelling is ’n aanval op werknemers se werk, hul brood en botter, die ekonomie en die land self. Die ware geveg is teen die land se wêreldwye mededingers wat reeds soveel werkgeleenthede hier vernietig het. Dit help nie om te bly veg teen die internasionale ekonomiese spelreël van mededingendheid nie. Die oplossing lê veel eerder daarin om die spel volgens dié reëls te speel en te wen, want in hierdie wedstryd is daar nie ’n tweede prys nie. Die tyd het aangebreek om werk te maak van die treurige stand van ons land se werkmag. Die enigste oplossing bly om die ekonomiese koek groter te maak – anders gaan ons eendag veg oor die krummels wat oorbly. Solidariteit glo dus daarin om mense se inkomste te verdubbel deur produktiwiteit met opleiding te verdubbel, eerder as om vir “dubbelsyferverhogings” te probeer staak. ’n Normale werkmag is egter nie moontlik in ’n abnormale land nie. Zuma móét gaan. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
#BouSaam en wen kontantprys! W E N
Foto: iStockphoto.com
O
ns is dit almal eens: Ons het ’n regering wat swak regeer; ’n president in wie almal vertroue verloor het; ’n ekonomie wat onder groot druk is; misdaad wat handuit ruk. Ons kan egter nie toelaat dat dié faktore ons totaal oorweldig nie. Solidariteit is bekommerd dat mense nie net negatief is nie, maar dat hulle selfs angstig is. “Ons wil mense weer die gevoel gee dat hulle sélf beheer oor hul toekoms kan neem en dat hulle nie net slagoffers van omstandighede hoef te wees nie,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. “Ons is van mening dat veral die Afrikaanse gemeenskap dit dringend nodig het.” Solidariteit gaan nie toelaat dat die toekoms met ons gebeur nie; ons gaan dit bou. As Afrikaans onder druk is en universiteite word afgebrand, bou ons ’n nuwe wêreldklasAfrikaanse privaat universiteit, Akademia. As staatskolleges in duie stort, bou ons ’n nuwe
tegniese kollege, Sol-Tech. As daar teen ons jongmense op grond van ras gediskrimineer word wanneer dit kom by die toekenning van studiehulp, bou ons saam met Solidariteit Helpende Hand ’n studiefonds wat reeds R100 miljoen sterk staan. Jy kan ook help bou. Raak betrokke by jou naaste skool of kerk. Gaan ry patrollie, ondersteun die plaaslike biblioteek, gaan koop ’n Afrikaanse CD of boek en gaan kyk na ’n Afrikaanse rolprent. Sluit aan by gemeenskapsinstellings. As elkeen ’n ekstra myl in sy of haar gemeenskap loop, word miljoene myle op pad na ’n nuwe toekoms afgelê. Hoe help jy bou aan toekoms in SA? Antwoord hierdie vraag voor 15 Julie 2017 en staan die kans om R2 000 kontant te wen. Stuur ʼn SMS met die woord “Tydskrifkompetisie” saam met jou naam, van en jou antwoord na 34802. SMS’e kos R2.
Kry DIENS waarop jy kan STAATMAAK en die INDIVIDUELE AANDAG wat jy verdien!
BEKOSTIGBAAR • GEHALTE • BETROUBAAR
IN BEWEGING
mar ela media
Lipleklekker leesstof (gratis) in Afrikaans Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou gratis Afrikaanse aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte en boeke. Kuier saam by maroelamedia.co.za
Mayonnaise-braaihoender BESTANDDELE 375 ml mayonnaise 50 ml blatjang 100 ml tamatiesous 15 ml suurlemoensap 5 ml gerasperde suurlemoenskil sout en varsgemaalde swartpeper 8 tot 10 hoenderboudjies of dytjies (of 4 tot 5 van elk)
Deeg
Foto’s: Verskaf; iStockphoto.com
Deur Theresa de Vries
56
H
ierdie is die enigste boek oor deeg wat jy ooit nodig sal kry! Deeg (R285), uitgegee deur Human & Rousseau, is ’n besonderse boek wat al die kunsies van deeg fynkam: bestanddele, toerusting, basiese beginsels en puik resepte. Dit dek ook algemene foute wat by deeg kan voorkom en die oorsake daarvan. En om die terte of pasteie te laat pronk, gee Theresa wonderlike aanwysings oor hoe om dit alles te versier.
METODE 1. Meng al die bestanddele behalwe die hoender. Gooi dit oor die hoenderporsies en marineer vir minstens 1 uur voordat dit gebraai word. 2. Braai die hoenderporsies oor matige kole tot gaar en verf dit gereeld met die marinade. Resep uit: Nie vir Ma’s nie, uitgegee deur LAPA Uitgewers. Prys: R230.
Toets jou kennis Betekenis: Geld wat betaal word om iemand om te koop of onderhands te vergoed vir iets wat onwettig is: Die patologiese laboratoriums is skuldig aan die ontvangs van smeergeld (Rapport, 3 Oktober 2004, 4). Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Finansiële Dienste
REGSHULPVERSEKERING
REGSHULPVERSEKERING
Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!
Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet slegs R112 per maand.* aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*
1
• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. • Onbeperkte tot regsdokumentasie. regshulptoegang – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.
24 uur per dag
2
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
aksent media
Regsverteenwoordiging ter waarde van R50 000 per jaar
0861 765 734
www.legalex.co.za
Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging
Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste
0861 10 10 05
Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556.
3
Afslag op eiendomsoordragte
4
Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie
* Bepalings en voorwaardes geld * Bepalings en voorwaardes geld
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legalex (Edms) Bpk, FSP-nommer: 5277, finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk, FSP-nommer: 26/10/75
IN BEWEGING
Het jy al gehelp om ’n huis af te brand?
Foto’s: iStockphoto.com
O
ns het almal met ongeloof toege-kyk hoe die gebeure in Coligny die afgelope paar maande afgespeel het. Dit was soos ʼn vervolgverhaal vol intriges; elke hoofstuk bring ʼn nuwe kinkel. Die drie huise wat tydens die onrus aan die brand gesteek is, het amper terloops by ons verbygegaan. Maar ek wonder altyd hoe verloop só iets, as jy deel is van die skare wat ʼn huis aan die brand steek, of ʼn dorp verwoes en plunder. ʼn Mens staan immers nie in die oggend op en dink “vandag gaan ek ʼn huis afbrand” nie. Ek verbeel my dis iets soos dié: ’n Jong man wat in ’n plakkerskamp woon, wil by ’n boer ’n hoender gaan koop. “’n Hoender kos R75,” sê die boer. “Dis te duur,” sê die man. “Dis nie my probleem nie, dis wat my hoenders kos,” sê die boer. Die jong man stap weg, hy is honger, en nou is hy omgekrap ook. Langs die pad kom hy ’n vriend van hom teë. “Hoekom lyk jy so beneuk?” vra sy vriend. “Die boer hier agter vra R75 vir ’n hoender,” sê die jong man. “Dis ’n belaglike prys. Ek dink hy is
58
Deur Susan Lombaard
onregverdig. As ek ’n hoenderboer was, sou ek baie minder vir hoenders gevra het.” Hy stap aan om iewers anders iets te ete te gaan koop. Maar sy vriend stap in die rigting van die boer se plaas. Langs die pad loop hy twee ander vriende raak. “Daai ou daar anderkant vra belaglike pryse vir sy hoenders,” sê hy vir hulle. “Kom ons gaan kyk bietjie daar.” Daar aangekom, staan hulle die plaashuis só en bekyk. “Kom ons gooi ’n venster stukkend,” sê die een. “Dit sal hom leer.” Hy tel ’n klip op, en gooi. ’n Vensterruit breek klaterend. Die ander lag. Nog een tel ’n klip op en gooi na ’n ruit. Dis nogal pret. Nou raak dit ’n speletjie om te kyk wie die meeste ruite kan raakgooi. ’n Groep verveelde skoolkinders hoor die geraas en stap nader. “Wat maak julle?” vra hulle. “Ons gooi die boer se vensters stukkend,” verduidelik een. “Hy verdien nie vensters nie. Hy is onregverdig.” “Onregverdige mense verdien nie ’n plek in die samelewing nie,” sê een van die nuwelinge wat pas aangekom het. “Ek is seker hierdie ou
verwaarloos sy melkbeeste. Kom ons steek sy huis aan die brand.” Dis vir ’n paar oomblikke stil. Almal wonder ’n bietjie. Dis darem nie wat hulle in gedagte gehad het nie. Dan vlieg ’n brandende bol materiaal van agter af oor hul koppe. “Waarvoor wag julle?” skree iemand van agter af. “Hierdie boer is boos. Sy kinders ook. Komaan, help my!” Nog ’n bol vlamme land op die huis se dak. Dan trek een deur ’n gebreekte ruit. ’n Gordyn begin smeul en vat vlam. Rook en vlamme borrel by die ruite uit. Nog ’n klomp mense het intussen aangesluit. Hulle is van ’n politieke party en het dadelik die geleentheid raakgesien om die onstuimigheid tot hul eie voordeel uit te buit. “Ons haat hierdie man,” skree hulle. “Hy is ’n dieremishandelaar en ’n rassis!” Die skare raak opgesweep. Klippe en brandende materiaal vlieg nou van alle rigtings deur die lug. Hulle lag en skree. ’n Brandweerwa kom van agter aangejaag, maar die skare is nou groot genoeg dat hulle kan keer dat die brandweerwa tot naby die boer se huis kom. ’n Groepie aan die agterkant, wat nie naby genoeg is om te help verwoes nie, omsingel die brandweerwa en begin dit heen en weer wieg. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Die jong man wat die hoender by die boer wou koop, het die rook uit die plakkerskamp gesien en teruggekom. “Wat maak julle?” skree hy van agter af. “Die man het niks aan my gedoen nie, sy hoenders is net te duur!” Maar die geraas en chaos is so groot dat niemand hom hoor nie. Hy skud sy kop en stap weg. Die brand versprei vinnig. Later staan almal net en kyk; dis nie meer nodig om enigiets te doen nie. Dis ’n lekker partytjie. Die skare lag en gesels, en maak grappies oor die boer, sy hoenders en sy melkbeeste. Toe die vlamme bedaar, begin dit vervelig raak. In klein groepies begin die oproeriges wegstap. Die twee wat die eerste klippe gegooi het, loop en gesels oor wat nou net gebeur het. “Voel jy sleg?” vra die een. “Nee, natuurlik nie,” sê die ander een. “Ons het net elkeen ’n klip gegooi. Ons het nie die boer se huis afgebrand nie.” Agter hulle staan die boer verslae en wonder waar sy gesin vanaand gaan slaap. Ons kyk op die aandnuus na die verslaggewing oor Coligny, na die videomateriaal van die brandende huis en die oproerige skare, en skud ons koppe veroordelend. “Barbaars,” sê ons. Dis nie net in dorpe soos Coligny en talle ander plattelandse dorpies wat hierdie storie oor en oor in ons land afspeel nie. Daar speel gereeld Coligny’s op sosiale media ook af. www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
“Wat jy sê, is twak,” skryf ene Santie en plaas ʼn skermskoot van Werner, ʼn Facebook-vriend van haar, se standpunt wat hy op Facebook gepubliseer het. ʼn Vriend van Santie sien dit raak. Sjoe, dis darem erg dat Santie so te na gekom word, dink hy, en deel die inskrywing op sy eie Facebook-blad. Hy vergeet per ongeluk om die skermskoot waarna Santie verwys het, by sy eie plasing aan te heg. “Werner is boos,” skryf hy. “Ek haat hom.” Om sy punt te versterk, plak hy ʼn foto by van Werner wat besig is om ribbetjies te eet. “En boonop is hy ʼn dieremishandelaar,” voeg hy tong in die kies by. “Kyk hoe lê hy weg aan hierdie ribbetjies.” Die eerste ruit het gespat. Iemand anders sien dit. “Het julle geweet Werner is ʼn dieremishandelaar?” skryf sy op haar eie Facebook-blad. “Gaan kyk maar, daar is oral bewyse daarvan op die internet.” Die gordyne begin smeul. Kort voor lank het die oorspronklike storie talle stertjies. Werner is ʼn monster wat klein diertjies seermaak. En kyk na hierdie video waar hy met sy kinders speel – hy behoort ʼn bietjie gewig te verloor voor hy op kamera verskyn! Daai broek pas hom glad nie. En hy moet sommer ʼn ander haarstyl ook kry. Intussen het Santie – wat ook ander
verantwoordelikhede het en vir ʼn dag of twee iewers anders besig was – agtergekom hier is ʼn ding op sosiale media aan die gang, en haar naam word genoem. “Wat maak julle?” vra sy. “Dis glad nie wat ek gesê het nie!” Maar die geraas is nou so groot dat niemand haar meer hoor nie. Dit maak in elk geval nie saak wat haar mening is nie. Dis ʼn lekker paartie dié. Die huis brand lustig. Ná twee of drie dae begin die brand op sosiale media bedaar. Santie se vriend, wat eerste gesê het: “Werner is boos,” voel ʼn klein bietjie skuldig. Is dit sy skuld? Nee wat, troos hy homself vinnig. Ek het net een keer iets gesê. Dis nie so erg nie. Dis die ander ouens se skuld. Die ander klomp raak ook op ander plekke besig. Die brand is uitgewoed; die opwinding is verby. Daar is ander huise wat smeul, en waar hulle ʼn bietjie hulp kan gaan verleen om dinge lekker aan die gang te kry. Niemand voel skuldig nie. Hulle het mos net saamgesels, dis al. Buitendien het Werner dit verdien. Elkeen slaan sy eie rigting in. Eenkant, agter hulle, staan Werner en kyk na sy uitgebrande huis, en wonder waar sy gesin vanaand gaan slaap. Het jy al ooit gehelp om ʼn huis af te brand? Ek het al. • Susan Lombaard is uitvoerende hoof van Maroela Media.
59
PROMOSIE
Daghospitaal: Spaar duisende op mediese koste
Foto’s: Verskaf; Shutterstock, iStockphoto.com
W
êreldwyd kan tot 60% van alle chirurgiese prosedures in ʼn daghospitaal uitgevoer word. In Suid-Afrika word minder as 8% van dagprosedures egter in daghospitale uitgevoer. ʼn Daghospitaal is ʼn hospitaal waar kleiner prosedures uitgevoer word en pasiënte nie in die hospitaal oornag nie. Dit sluit in sekere algemene chirurgiese prosedures; tandheelkundeprosedures; monden kaakchirurgie; oor-, neus- en keelchirurgie; ginekologiese behandelings; kosmetiese chirurgie; oogchirurgie; ortopediese en endoskopiese prosedures en meer wat deur spesialiste uitgevoer word. Pasiënte en mediese fondse spaar baie geld indien daar van daghospitale gebruik gemaak word. Die probleem wat aangepak moet word, is dat dagprosedures tans meestal in akute hospitale uitgevoer word teen meer as dubbel die koste van daghospitale. Jy het die reg om jou dokter te vra dat jou prosedure in ʼn daghospitaal uitgevoer moet word. Hospitaalkoste is die enkele item in gesondheidsorg waaraan die grootste gedeelte van mediesefondsuitbetalings bestee word en iets daadwerkliks kan daaraan gedoen word. Dokters speel ʼn geweldige groot rol hierin aangesien hulle die gepaste prosedures in die gepaste hospitaal moet uitvoer. Die ideaal is dat kleiner chirurgiese prosedures in daghospitale
60
uitgevoer word en groter prosedures in akute hospitale. Dit sal tot groot besparings lei en mediesefondsbydraes in bedwang hou. Centurion Day Hospital is ʼn hoogs gespesialiseerde daghospitaal in die hart van Centurion (naby Unitas-hospitaal) en beskik oor 20 beddens, twee teaters en een prosedurekamer. Hier is dokters en pasiënte se behoeftes die kern. Hier kan jy uitstekende dienslewering, die voorste tegnologie, ʼn vriendelike hospitaalomgewing, bekostigbare chirurgie, onderhandeling oor pasiëntbybetalings, uitstekende mediese sorg, wêreldklas personeel en ʼn pasiënt- en kindervriendelike omgewing verwag. Die doel is om aan alle pasiënte, groot en klein, ʼn positiewe hospitaalervaring te bied. Voordele vir jou en jou dokter: • Die minimum ontwrigting vind plaas omdat pasiënte ontslaan word op dieselfde dag as wat die prosedure gedoen word. Geen pasiënt oornag in die hospitaal nie, want die prosedures gaan met vinnige herstel gepaard. • Die Centurion Day Hospital bied mededingende, bekostigbare tariewe en, indien nodig, kan daar oor duur bybetalings onderhandel word, wat nodige chirurgie vir baie pasiënte moontlik maak. • Fooie word volgens mediesefondstariewe gehef (ook aan privaat pasiënte) en die koste
is baie laer as dié van akute hospitale, wat tot groot besparings op mediese koste lei. • Aangesien pasiënte slegs ʼn paar uur in die hospitaal spandeer, is dit vir hulle ʼn positiewe ervaring in die professionele en vriendelike hospitaalomgewing. • Daar is ʼn verminderde risiko vir hospitaalinfeksie aangesien net gesonde mense prosedures in die daghospitaal kan ondergaan. • Daar word spesiaal daarop gefokus om ʼn kindervriendelike omgewing te skep. Ons vriendelike personeel, spesiale speelareas en geskenkpakkies verseker ʼn positiewe hospitaalervaring vir ons klein pasiëntjies, mamma en pappa. • Die administratiewe personeel help pasiënte en dokters met die rompslomp om magtigings vir prosedures van mediese fondse te verkry. Die Centurion Day Hospital is vir dokters en pasiënte van die groter Tshwane-area, die hele Gauteng asook die platteland maklik bereikbaar vanaf al die groot snelweë. By Coffee@Bits&Bites kan pasiënte se gesinslede heerlike koffie en eetgoed geniet terwyl hulle wag. Daar is ook gratis WiFi beskikbaar. • Vir meer inligting, skakel 012 663 2010 of besoek www.centuriondayhospital.co.za of ons Facebook-bladsy. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Buckets full of benefits for our members This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.
MEMBERSHIP CATEGORIES Collective members
Individual members
Supporting members
Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.
Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*
This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.
Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/
62
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
SERVE & PROTECT
OTHER SERVICES
Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.
Death benefit* Funeral benefit (Martin’s or Avbob) • •
A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. Assistance with investigations • A funeral of the same standard as that of Assistance is provided in conadults is provided for a member’s depennection with investigations by dent children under the age of 21 years. the Medical Bureau for Occu• The spouse may apply to continue as pational Diseases and benefits a member after the death of the main enquiries of the Compensation Commember. Solidariteit Finansiële missioner and RandSolidariteit Mutual, as well as Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Beweging The burden of funeral arrangements • van finansiële dienste work-related disability claims. All claims• FSP-nommer: 15556 is alleviated by the fact that Solidarity must be submitted within six months. and Martin’s or Avbob will make all the arrangements. Collective bargaining • A 10% rebate on headstones has been Competent and experienced negotiated with Martin’s and Avbob. Solidarity staff members un• The undertaking services are provided dertake collective bargaining solely by Martin’s or Avbob. If the serto negotiate better conditions vices of another undertaker are used, of employment and salaries for members. Solidarity will only pay out R500 in respect of funeral expenses (terms and conditions apply). Permanent medical disability* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who Additional cash disbursements provide specialist reports and • At the death of a paid-up member, a proof from employers that they cash amount of R3 413 is paid to the are permanently unfit for work in the labour surviving spouse or dependent children. market, receive a once-off amount of R1 701. • At the death of the spouse of a paid-up Claims must be submitted within six months. member who pays full membership, an
Car and household insurance This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of member’s premiums to the Virseker Trust that invests in Afrikaans * Bepalings en voorwaardes geld education and training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za
Skakel ons vandag nog by
0861 10 10 05
Maternity benefit*
•
A maternity benefit of R1 418 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.
•
Study benefit*
•
Photographs: iStockphoto.com
Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit.
Solidarity Magazine Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.
www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
amount of R2 268 is paid to the member. Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 701 • Children younger than 14 years – R1 134. Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. All claims must be submitted within six months.
Holiday benefit* Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit. * Terms and conditions apply. For more information, call 0861 25 24 23
LegalAid X is Package ’n gemagtigde verskaffer van Legal
finansiëleand dienste FSP-nommer: Members their • dependants can5277 enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of R112 per month. This provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R50 000 per year (limited to R25 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za
Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste Independent Financial Advice
Solidariteit Solidarity Financial Services has an independent financial advice department who can Finansiële Dienste assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax Solidariteit planning, risk and retirement planning as Finansiële Dienste well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005 Medical gap cover Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • Send e-mail to gapcover@solidarity.co.za
Wills, estate administration You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300
63
’n Mossie laat hom nie boelie nie
Foto’s: Verskaf; iStockphoto.com
E
k sien dit elke oggend deur my kamervenster. My beminde gooi drie skeplepels voëlsaad op die leiklipblad in die agterplaas uit. Die eerste gas is ’n maer vink wat versigtig, stert orent, op die verspreide saad toesak. Daardie pioniersvink kry gewoonlik so tien happies in voordat sy moet laat spaander omdat ’n ander, groter vink op haar afpeil. Dan kom ’n mossie. En nóg ’n mossie en nóg een. Onder hulle is ’n orde wat ook uitgeveg word. Daar’s een paartjie wat dit vir hulself wil hê en deel nie graag met ander mossies nie. En dan kom die tortelduiwe. Eers een, dan nog een, dan nog, totdat daar ’n goeie twintig van hulle saambondel. Teen hierdie tyd verkas die vinke. Ten spyte van hul sosiale aard is die geselskap van duiwe blykbaar iets wat hulle benede hulself ag. Nou weet ek nie wie se idee dit was om die duif die simbool van vrede te maak nie, maar ek kan jou wel sê dat daardie ou nog nooit meer as ’n enkele duif in sy lewe gesien het nie. Die goed is vreeslik strydlustig. Daar is altyd een of twee javels wat skynbaar verbete daarop toegespits is om seker te maak dat geen ander duif ʼn saadjie inkry nie. Hulle stap soos kwaai ou ooms, kop omlaag, en pik aan
“
64
die ander gaste. Dit kan soms nogal lelik raak: Kêrels word letterlik aan die kraag beetgepak en rondgesleep. Die iesegrimmige daders is ook gedurig besig om vere uit te spoeg. Interessant genoeg sal so ’n ou meneer Gromduif nooit aan ’n mossie pik nie. Ek het al by geleentheid gesien dat hy so harteloos onder die geveerde gaste maai dat hy per ongeluk ’n mossie bykom, wat nooit goed vir hom uitdraai nie. Ten spyte van sy veel kleiner postuur is ’n mossie ’n gedugte kalant. Sy vergelding is vinnig, sekuur. As jy al ooit gesien het hoe ’n duif soos ’n haas voel, moet jy sien hoe so ’n tortelboelie deur ’n mossie op sy plek gesit word. Sy verleentheid, hoewel van korte duur, is duidelik te bespeur soos hy onder sy veredos bloos. ’n Interessante toevoeging tot dié gevleuelde groep is ’n ringnekduif. Hy is veel groter as enige van die ander voëls om hom. ’n Sagmoedige reus. Niemand pik op hom nie; hy pik op niemand nie. En hy kom ook altyd alleen. Dalk is dit sý maatjie wat orals met ’n olyftakkie die evangelie van duiwevrede êrens verkondig. Af en toe verwilder die hele gemengde swerm hulself. Ja, hulsélf, want ek sien nooit die bedreiging nie. Dis telkens niks anders as vinnig verspreiende fake news wat hulle opjaag nie. Een of ander individu kry die ritteltit en
haar histerie steek die hele swerm aan. (Ek wil hulle eintlik ’n trop noem, want hulle wei mos? Wanneer hulle egter in die lug is, is ek gelukkig om hulle ’n swerm te noem.) Soms bly daar enetjie agter. ’n Hardkoppige duif wat uiters gespanne agterbly en die voordeel van so ’n paar ongestoorde happies inkry voordat die res terugkeer. Uiteindelik is al die saad op. ’n Paar ongelowiges drentel nog skoorvoetend rond, soos ’n oujongkêrel wat alleen op ’n Saterdagaand vir die soveelste keer voor ’n leë yskas staan en hoop dat daar tog op een of ander wonderbaarlike manier iets daaruit te voorskyn sal kom. Die laaste gas is ’n mossie wat die gekarnuffelde duiwe se kraagvere vir sy nes opruim. En ek sluk die laaste koffie weg en gaan ruk myself reg vir nóg ’n dag in die lewe van ’n mens – wat min of meer dieselfde sal verloop as die gedoente wat hom so pas voor my venster afgespeel het. Sommige dae is ek ’n mossie, soms ’n vink. Ek weier volstrek om ’n tortelduif te wees en is te besnaard om ’n ringnek te wees. Ek dink ek sal probeer om die kuifkophoutkapper te wees wat deur hierdie ganse drama verder af hoog in ’n boom gesit en krrr het …
Sommige dae is ek ’n MOSSIE, soms ’n vink. Ek weier volstrek om ’n tortelduif te wees en is te besnaard om ’n ringnek te wees.”
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
WEBWYS
Google – meer as net wêreldwye web!
Foto: iStockphoto.com
E
en van my kollegas is onlangs deur die onaangename ervaring van haar selfoon wat gesteel is. Haar eerste bekommernis was of al haar pragtige foto’s en video’s van haar twee kindertjies gestoor is op ʼn plek waar sy steeds daartoe kan toegang kry, al het sy nie haar foon nie. Tot haar verligting het sy die inhoud op haar foon veilig gestoor op ʼn platform wat nie aan haar foon gekoppel is nie. Ons selfone is lankal nie meer net ʼn toestel wat ons net gebruik om te bel nie. Ons bestuur ons hele lewe daarmee. Jy neem foto’s en video’s van jou spesiale oomblikke en geleenthede. Jy stuur e-posse en bestuur heel moontlik jou werkrekening ook van daar af. Soms maak jy gebruik van die aanlynbankdienste en vandag doen baie mense selfs hul inkopies van hul foon af. Waarvoor jy jou foon ook al gebruik – dit het ʼn onmisbare deel van jou lewe geword, en om die inligting wat daarop gestoor is, te verloor, sal waarskynlik onaangename gevolge vir talle areas van jou lewe inhou. Daar is talle platforms waaruit jy kan kies om seker te maak die inligting op jou foon word veilig gestoor en bewaar. Die gerieflikste en mees gebruikersvriendelike opsie is tans waarskynlik Google. As jy ʼn Google-e-posadres www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
Deur Lindie de Beer
(Gmail) het, kan jy van die volgende gratis funksies gebruik maak om jou inligting en data te stoor: • Google Mail: Gmail is waar alles begin. As gebruiker moet jy ʼn Gmail-e-posrekening hê om toegang te verkry tot al die onderstaande funksies. ʼn Gmail e-posrekening is gratis en jy het tot 15GB stoorplek vir jou e-posse. • Google Drive: Google Drive is spesifiek daargestel om jou dokumente te stoor of privaat met iemand van jou keuse te deel. Die dokumente wat jy op Google Drive stoor, is ook gesinchroniseer met dié op jou foon, indien jy dit só opstel. Soos wat jy nuwe dokumente op jou foon laai, dateer dit outomaties op in jou Google Drive. • Google Photos: Google Photos gee vir elke gebruiker onbeperkte stoorplek – gratis. Die platform is
geskep sodat jy enige foto vanaf jou foon kan stoor om van enige plek ter wêreld toegang te hê tot jou foto’s. • Google Calendar: Dié funksie laat jou toe om 24 uur ʼn dag, sewe dae ʼn week toegang tot jou dagboek te hê. Jy kan dit opstel op jou foon en die dagboek met jou rekenaar sinchroniseer. Dan kan jy van enige toestel met ʼn internetverbinding in jou Gmailrekening inteken en jou dagboek besigtig. • Google Play: Dié diens laat jou toe om nuwe musiek te koop en om jou musiek te stoor. Musiek is net so belangrik soos foto’s en ʼn mens wil dit bewaar. Die funksie het ʼn maandelikse fooi, maar is die moeite werd vir alles wat jy kry. Onthou, jy moet ʼn Google-rekening hê (wat gratis is om te skep) om hierdie dienste te kan gebruik. Sekuriteit is steeds belangrik en dus moet jy nooit jou rekening se wagwoord vir enigiemand gee nie. Maak ook seker jy teken uit as jy klaar is op ʼn spesifieke toestel. • Lees meer by google.co.za.
65
IN BEWEGING
MY GELD
Aandele: Wat is ’n regte-uitgifte?
Foto’s: iStockphoto.com
S
ibanye Goudmyn, ’n werkgewer wat heelparty Solidariteit-lede in diens het, het vroeër vanjaar ’n sogenaamde regte-uitgifte gedoen. Die media-aankondiging het gelui dat die aanbod op die basis van nege regteuitgifteaandele vir elke sewe bestaande aandele gedoen word. Ten tye van die aankondiging was die aandeelprys R28,26 per aandeel, en die prys per regte-uitgifteaandeel R11,28. In hierdie artikel kyk ons kortliks na waarom ’n maatskappy só ’n regte-uitgifte doen en wat aandeelhouers te doen staan wat met hierdie aanbod gekonfronteer word. ’n Maatskappy reik nuwe aandele uit om addisionele kapitaal te bekom. Wanneer ’n maatskappy spesifiek van ’n regte-uitgifte gebruik maak, word bestaande aandeelhouers geforseer om hierdie nuwe kapitaal by te dra. ’n Regte-uitgifte is ’n aanbod aan bestaande aandeelhouers om addisionele aandele in die maatskappy op te neem – gewoonlik in ’n bepaalde verhouding tot hul huidige aandeelhouding en gewoonlik teen ’n korting op die heersende aandeelprys. Die aanbod kan byvoorbeeld bepaal dat bestaande aandeelhouers twee nuwe aandele vir elke vyf bestaande aandele kan opneem, wat dan tipies teen ’n beduidende korting aangebied word. By ’n regte-uitgifte onderskei ons tussen die cum-regteaandeelprys, en die exregteaandeelprys. Cum is die Latyn vir met, en ex vir buite of na. Die cum-regteaandeelprys is dus die prys van die bestaande aandele, terwyl die houer daarvan die reg tot die nuwe regte-uitgifte besit. Die ex-regteprys is die prys
66
Deur Appie Pienaar
waarteen nuwe aandele behoort te verhandel nadat die hele transaksie afgehandel is. Die eerste stap is om die teoretiese exregteprys te bepaal. Dit is ’n taamlik eenvoudige berekening. ’n Mens bepaal gewoon die geweegde gemiddelde aandeelprys ná uitreiking van die nuwe aandele. In die voorbeeld van Sibanye Goudmyn was die teoretiese exregteprys – R18,71 – soos volg bereken: [(7 x R28,26) + (9 x R11,28)]/16. Die aandeelhouers het nou ’n keuse om hul regte uit te oefen en die nuwe aandele aan te koop, of hulle kan hul regte verkoop. Deur niks te doen nie, stel hulle hulself bloot aan waardeverlies vanweë die verwatering van hul aandele. Hier is ’n voorbeeld geskoei op Sibanye Goudmyn, en ons veronderstel die aandeelhouer besit 7 000 aandele voor die bekendmaking van die regte-uitgifteaanbod. Die aandeelhouer het die volgende opsies: Neem regte-uitgifte op Die aandeelhouer kies om die regteuitgifte op te neem. Die nuwe kapitaal wat belê moet word, is ’n bedrag van R101 520 [7 000 bestaande aandele x 9/7 x die uitgifteprys van R11,28]. Let op dat daar ten spyte van die korting waarteen die nuwe aandele uitgereik word geen waarde toegevoeg word nie. Voor die regte-uitgif was die aandeelhouer se aandele R197 820 [7 000 x R28,26] werd en het hy R101 520 in kontant gehad – ’n totaal van R299 340, dus. Ná afloop van die regte-uitgifte en die verwatering van die aandelewaarde vanweë die korting waarteen die nuwe aandele uitgereik is, is die belegger se
totale waarde steeds R299 340 [16 000 aandele teen ongeveer R18,71 (ex-regteprys) elk]. Verkoop regte Die tweede opsie is om die regte in die ope mark te verkoop. Die waarde van ’n reg is die verskil tussen die teoretiese ex-regteprys en die uitgifteprys. In hierdie geval sal dit sowat R7,43 [R18,71 – R11,28] per regte-uitgifteaandeel beloop. Die aandeelhouer eindig met sy bestaande 7 000 aandele teen die verwaterde prys van R18,71 (R130 970), asook nuwe kontant van R66 870 (9 000 x R7,43). Hy het ook nie nodig gehad om enige van sy bestaande kontant van R101 520 te spandeer nie en eindig weer met ’n totale waarde van R299 360 (verskille weens afronding). Doen niks Die aandeelhouer kan ook kies om niks te doen nie, maar verbeur dan ’n bedrag van R66 870 (die waarde van 9 000 regte soos hierbo aangetoon) omdat die regte nie verkoop word nie. Stertsluk Die vierde opsie is om ’n gedeelte van die cum-regteaandele in die mark te verkoop, en die kontant-opbrengs daarvan te gebruik om die regte verbonde aan die oorblywende bestaande aandele op te neem. Dit staan bekend as tail swallowing (stertsluk!) en is ook ’n goeie opsie om te oorweeg indien die belegger nie kontant beskikbaar het om die regte-uitgifte op te neem nie. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Boublokke vir spanwerk in die kantoor
Foto: iStockphoto.com
O
m doeltreffende spanwerk te bevorder, is dit belangrik om ’n werkkultuur te skep wat waarde aan samewerking heg. In ’n omgewing waar spanwerk deel van die werk is, moet mense verstaan en glo dat denke, beplanning, besluite en aksies beter is wanneer dit in samewerking met ander gedoen word. Dit is moeilik om werkplekke te vind waar spanwerk aan die orde van die dag is omdat instansies soos skole, asook ons gesinstrukture en buitemuurse aktiwiteite oorwinning beklemtoon, asook om bo uit te kom. Ongelukkig is slegs ’n handjievol werknemers gelukkig genoeg om in ’n omgewing te ontwikkel wat ware spanwerk en samewerking beklemtoon. Organisasies fokus op die waardering van diverse mense, idees, agtergrond en ervaring. Hoewel spanwerk al meer in die werkplek voorkom sedert die millenniumgenerasie deel van die werkmag geword het, moet ons nog ’n ver pad stap voordat spanne en spanwerk die norm gaan wees. Volgens Susan M. Heathfield kan jy ’n kultuur van spanwerk kweek deur slegs ’n paar goed reg te doen. “Dit is weliswaar die moeilike dinge, maar met toewyding en waardering vir die waarde daarvan kan jy ’n algehele gevoel van spanwerk in jou organisasie skep,” sê Heathfield. Die volgende kan doeltreffende spanwerk verseker: • Bestuurders moet ’n duidelike verwagting aan werkers kommunikeer dat spanwerk en samewerking verwag word. • Die idee moet beklemtoon word dat niemand ’n werkterrein of -proses alleenlik besit of daarvoor verantwoordelik is nie, terwyl die idee bevorder moet word dat mense oop en ontvanklik moet wees vir die idees en insette van ander in die span. • Bestuurders moet spanwerk in hul interaksie met mekaar en die res van die organisasie as voorbeeld ten toon stel. Om ’n spanspeler in vandag se werkomgewing te wees, is ’n vaardigheid wat van kardinale belang is om vooruit te kan gaan. Die rede hiervoor is dat spanwerk baie voordele vir sowel die organisasie as sy werknemers inhou. Een van dié groot voordele is nuwe en oorspronklike idees wat daaruit voortspruit. Elke spanlid het die geleentheid om hul eie www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
Deur Wilmarie Brits
MY WERK
unieke perspektief deur middel van byvoorbeeld dinkskrums na die tafel te bring. Só word die geleentheid geskep vir die uitruil van idees tussen spanlede, asook die geleentheid om met nuwe en oorspronklike idees na vore te kom. ’n Goeie verhouding tussen spanlede en om te kan saamwerk, het ’n baie positiewe
invloed op jou moraal. ’n Hoë moraal gaan hand aan hand met spanwerk en ’n gedeelde visie. Die oomblik as ’n mens met jou kollegas oor die weg kom en julle saam begin werk om ’n positiewe omgewing te skep, sal jy ook gemotiveerd wees om harder te werk en jou bes te doen.
67
IN BEWEGING
MY GESIN
Bou ’n gesin wat staande sal bly Net soos ’n huis ’n fondament nodig het om staande te bly, het elke gesin ook ’n fondament nodig om die aanslae van die lewe te oorleef. ’n Gesin se identiteit word gevorm deur die gesinslede se daaglikse roetine en gewoontes, asook hoe hulle sekere mylpale saam vier. Soms raak die lewe só gejaag dat ’n mens verby mekaar leef; jy verloor jouself in die materialistiese wêreld en verleer om die klein, spesiale maar tog belangrike dinge in die lewe raak te sien. En voor jy jou oё uitvee, is jy stoksielalleen, skryf WILMARIE BRITS.
D Foto: iStockphoto.com
ie Here het ons nie geskape om alleen te wees nie; ons is verhoudingsmense. Daarom het die Here vir jou ’n familie gegee: jou veilige vesting, ’n skuilplek wanneer die lewe begin knyp. Volgens die kliniese sielkundige Elizma van der Smit skep ’n goeie gesinsverhouding ware vervulling: Jy leer om te vertrou en ’n positiewe lewensuitkyk te hê. Die boustene van ’n gesonde gesinsverhouding bestaan uit: Vaste fondament wat op God gebou is Hegte familiebande en familietradisies leer jou waar jy by die samelewing inpas. Soms voel dit of jou wêreld uitmekaar val en soms verloor mense mekaar in die warboel van die besige lewe. Keer terug na God! Matt 6:33 sê vir ons om allereers die koningryk van God en sy geregtigheid te soek, waarna al dié dinge vir ons bygevoeg word. Herbou jou fondasie.
68
Wedersydse respek Respek is die fontein waaruit die liefde vloei; dit is daarom uiters belangrik dat respek die grondslag van jou gesin vorm. Wanneer respek ontbreek, stort die gesinsgebou in duie en bly daar net gesinsmurasies oor. Fokus dus daarop om mekaar eerder op te bou as om mekaar af te breek, en leer om deur die bril van liefde na mekaar te kyk.
Gesag en dissipline Hoewel dit belangrik is dat jou kinders te alle tye veilig moet voel, verwys ’n veilige omgewing nie net die fisieke veiligheid en sekuriteit nie, maar ook na ’n roetine, reëls en grense waarbinne jou kind veilig kan voel. Mariana Muller voer aan dat gesonde gesag die fondasie is waarop ons kinders se funksionering in hul verhoudings met ander rus.
Gehaltetyd eerder as hoeveelheid tyd My ma het altyd gesê dat die meeste dinge in die lewe om tyd draai. Hoewel tyd gratis is, kan jy dit nie besit nie en moet jy elke sekonde benut – tyd is een van die dinge wat ’n mens nie kan terugkry nie. Gesinne is kosbaar, en daarom moet ’n mens tyd maak om mekaar weer opnuut te leer ken. Volgens die lewensafrigter Mariana Muller moet ’n mens baie waarde aan gesinsaktiwiteite heg – maak seker jy ruim tyd in vir fietsry, bordspeletjies of enige ander genotvolle gesinsaktiwiteit.
Ondersteuning Hoewel ’n gesin as ’n eenheid beskou word, is dit volgens Van der Smit belangrik om te besef dat elke individu in die gesin verskillende doelwitte en drome het. ’n Gesonde, gelukkige gesin ondersteun mekaar, selfs al stem hulle nie noodwendig met die ander se drome saam nie. Die betrokkenheid van ouers by hul kinders is die beste ondersteuningsbasis en moet nie as ’n modegier gesien word nie, maar eerder as ’n beginselsaak. Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
VAKANSIEVOORDEEL vir lede van Solidariteit, AfriForum en Solidariteit Helpende Hand Kokoriba Wildreservaat – Brits
Tel: 012 277 1204 • E-pos: reservations@kokoriba.co.za • www.kokoriba.co.za
Aan de Vliet – Hazyview
Tel: 087 802 1500 • E-pos: info@aandevliet.co.za • www.aandevliet.co.za
Santana Strand Vakansieoord – Margate
Tel: 039 312 2443 • E-pos: jannie@santana.co.za • www.santana.co.za
aksent media
LEDE ONTVANG 20%-AFSLAG! Solidariteit ® Helpende Hand Paasnaweek en 1 Desember tot 10 Januarie uitgesluit. Bepalings en voorwaardes geld.
www.vakan s ievo ord e e l . co . za
IN BEWEGING
Op Kraal se boekrak hierdie winter Deur Ilze Nieuwoudt
Adrenalien, sweet, sukses van die Olimpiese Spele
S
uid-Afrika se deelname aan die Olimpiese Spele kan amptelik teruggevoer word na Londen 1908, toe vyf van die Suider-Afrikaanse Britse kolonies (naamlik die Kaapkolonie, Natal, Transvaal, Oranjerivierkolonie en Rhodesië) gesamentlik as Suid-Afrika aan dié Spele deelgeneem het. Sedert Reg Walker tydens dié Spele Suid-Afrika se eerste Olimpiese goue medalje – in die 100 m-wedloop – gewen het, het Suid-Afrika nog tientalle Olimpiese medaljewenners opgelewer. South Africa at the Olympic Games 1904-2012, saamgestel deur die sportfotograaf Wessel Oosthuizen en sportjoernalis Faffa Loubscher, laat die Suid-Afrikaanse legendes van dié hoogaangeskrewe sporttoernooi herleef. Stap terug in tyd met elke Spele waaraan SuidAfrika nog deelgeneem het. Die reis begin by
die triomfantlike 2012-oorwinnings van sporthelde soos Chad le Clos en Cameron van der Burgh en volg tot by Suid-Afrika se hertoetrede tot die Olimpiese arena in 1992. Dit word opgevolg met ’n volledige lys en besonderhede van alle Suid-Afrikaanse Olimpiese atlete wat sedert die nie-amptelike eerste deelname in 1904 tot en met 1960 aan die Spele deelgeneem het. Die boek bevat honderde hoë gehalte kleurfoto’s asook staaltjies oor unieke gebeure, soos die inspirerende verhaal van die swemmer Jenny Maakal wat so byna nie die geld bymekaar kon skraap om aan die 1932-Spele in Los Angeles deel te neem nie – maar uiteindelik met ’n bronsmedalje teruggekeer het huis toe. Dié hardebandboek beslaan 276 bladsye, is slegs in Engels beskikbaar en kan nou by Kraal Uitgewers teen R350 (posgeld uitgesluit) aangekoop word.
Haas jou en kry een van dié notaboekies
D
ie aap is uit die mou, want Kraal se eerste spreekwoordnotaboekies is beskikbaar net vir jou! Bederf jouself (én ander) met een van dié kostelike haas-, kat- of hondnotaboekies gevul met pittige Afrikaanse spreekwoorde wat op elkeen van hierdie (s)kattige diertjies van toepassing
is. Spring gou en haas jou na Kraal se e-winkel om joune te koop, anders mag jy dalk die bont hond in wees as alles voor jou neus opgeraap word. Die notaboekies bevat 75 bladsye in A5-formaat en is beskikbaar teen slegs R50 elk (posgeld uitgesluit).
Vir dié en ander Kraal-publikasies en -produkte besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 808 1950. 70
Fotoboek ‘n móét vir rugbygeesdriftiges
V
ir rugbygeesdriftiges is die meesterlike werk Portrait of rugby van die gevierde fotograaf Wessel Oosthuizen ’n moet-hê-item. Soos ’n dokter sonder sy stetoskoop, of ’n boer sonder sy bakkie – só sal die rugbymeester sonder dié werk op sy bedkassie voel. Die tweede en uitgebreide weergawe vertel die verhaal van rugby se grootste legendes deur middel van 1 237 foto’s deur Oosthuizen en nagenoeg 40 deur sy kollegas. Portrait of rugby sluit foto’s in van Suid-Afrikaanse rugby se hedendaagse helde insluitend Handré Pollard en Jesse Kriel, maar bring ook hulde aan die legendariese spelers van weleer soos Frik du Preez en Mannetjies Roux. Tussen die bladsye van hierdie boek word die leser teruggevoer na van die fabelagtige rugbyreekse soos die Springbokke se All Blacks- en Britse Leeus-kragmetings van die 1970’s asook die Wêreldbekeroorwinnings van 1995 en 2007. Dié werk is ’n versameling van Oosthuizen se beste rugbyfoto’s wat geneem is oor die sowat 60 jaar van sy loopbaan as fotograaf by verskeie van Suid-Afrika se grootste koerante. Slegs 1 000 eksemplare van hierdie uitsonderlike versamelaarsitem is gedruk. Kry vandag nog jou eksemplaar by Kraal Uitgewers teen R1 500 (posgeld uitgesluit).
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
akademia
Deel van die Solidariteit Beweging
’n GOEIE WERK binne jou bereik! Solidariteit-lede kry 20%-afslag om aan Akademia te studeer! Bepalings en voorwaardes geld
aksent media
www.akademia.ac.za • www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Deon de Jager (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse en Ettienne Pio (litigant) • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville
KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572
BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
BOKSBURG Gibbs du Toit (litigant), Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Dana Viljoen (litigant), Fanie Vosloo en Hennie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whithead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
NEWCASTLE • • • • •
Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
CARLETONVILLE
Deon Viviers • Administratiewe beampte: Antonett Olckers • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras
KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu
72
John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Eric Schoeman, Lucindi van Zyl ( junior litigant) en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg
SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda
VAALDRIEHOEK Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes, Jaco van den Berg en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark
Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
ELLISRAS
RICHARDSBAAI
PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth
PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Helgard Cronje, Jahni de Villiers, Sta-Sia Engelbrecht, Sulize Esterhuizen, Rene Harmse, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Wynand Strydom en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig
WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Sue Nel • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom
WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING Foto links: Die graf van die Britse soldaat George Shaw in die Ventersdorpbegraafplaas. Onder: Kanonne wat die Britse magte tydens die geveg by Wildfontein op 24 Maart 1901 by die Boeremagte afgeneem het. Tydens dié geveg is nagenoeg 140 Boere, insluitende die dowe N.W. van Gass, as krygsgevangenes geneem.
Een dowe, een verliefde, een tragiese einde
Foto’s: De la Rey: ’n Stryd vir vryheid deur A.W.G. Raath, Kraal Uitgewers; Boer en Brit
T
erwyl die Anglo-Boereoorlog vanaf 1899 tot 1902 in die ou Boererepublieke tussen Boer en Brit gewoed het, is mense van uiteenlopende plekke soms op tragiese maniere byeengebring. Hul verhale van gevegte, oorlewing en dood is dít wat aan hierdie oorlog sy bittere besonderhede verskaf. Die gebeure rakende twee gevangenes wat ná die geveg van 24 Maart 1901 by Wildfontein buite Ventersdorp in die Wes-Transvaal afgespeel het, herinner ons vandag, 115 jaar later, aan die fyn lyn tussen lewe en dood, liefde en haat, asook geluk en tragedie. ’n Nuwe publikasie en die laaste in Kraal Uitgewers se gewilde Erwe van ons vaad’re-reeks is geskryf deur P.J. de Jager en plaas die fokus op die Anglo-Boereoorlog in die Wes-Transvaal. Hierin skryf De Jager onder meer oor die geveg by Wildfontein. Generaal J.C.G. Kemp en J.C. Smuts het op Sondag, 24 Maart kontak met die Britte gemaak toe ’n koppie wat deur die Boere beset is, deur die vyand bestorm is. Die Boere het teruggeval tot op die plaas Wildfontein buite Ventersdorp – waar ’n vrouelaer ook hulself bevind het. Die Britte sit die Boere agterna, Kemp se konvooi word ingehaal en ’n hewige geveg vind plaas. Die verliese aan Boerekant is groot en minstens 140 mans word gevange geneem. Onder die krygsgevangenes is twee mans wie se paaie waarskynlik nooit in tyd van vrede sou kruis nie. Die een is die dowe Boer N.W. van Gass, en die ander ’n Britse soldaat wat na bewering vroeër gedros het, George Shaw. So uiteenlopend as hul herkoms, so uiteenlopend is hul verhale en die nadraai van Wildfontein. Die Britte het Van Gass gevange geneem
www.solidariteit.co.za | Issue 3 of 2017
Deur Ilze Nieuwoudt
en boonop daarvan aangekla dat hy nog ná die geveg aanhou skiet het en in die proses nog Britte platgetrek het. Volgens De Jager is Van Gass aangekla en moes hy voor ’n Britse krygshof verskyn. Hier is hy onskuldig bevind aan dié beweerde oorlogsmisdaad, want die beskuldigde het net een arm gehad en was volgens die hof nie daartoe in staat om ’n geweer te gebruik nie. Boonop is sy doofheid voorgehou as verdere bewys van sy onskuld, want hy sou nie kon hoor dat die geveg ten einde geloop het nie. ’n Verontwaardigde Van Gass het glo tydens die verhoor daarop aangedring dat hy ’n geweer wou hê sodat hy sy behendigheid, ten spyte van sy gebrek, kon demonstreer. Shaw, ’n Ier, is ook gevangene geneem, maar hy was nie so gelukkig soos Van Gass nie. Volgens ’n artikel deur J.G. Oxford wat in die Suid-Afrikaanse Krygshistoriese Vereniging se Tydskrif vir Militêre Geskiedenis verskyn het, is die gebeure rakende Shaw opgeteken in ’n brief geskryf deur generaal Koos de la Rey se susterskind, dr. Thomas S. Leask. Leask was ’n lid van die Transvaalse Rooikruis en het gedurende die oorlog op sy oom se personeel gedien. In sy brief voer Leask aan dat daar tydens die oorlog ’n voorval was waartydens krygsgevangenes op Venterdorp aangetree is. Ten spyte daarvan dat Shaw wat deel van hierdie groep krygsgevangenes was, in burgerlike drag geklee was, het ’n Britse sersant iets uniek aan die gevangene se gedrag opgemerk en besef dat Shaw in werklikheid ’n Britse soldaat was. Volgens Leask is Shaw toe voor ’n Britse krygshof gedaag en tereggestel. Oxford het in die 1970’s ondersoek na die gebeure rakende Shaw se dood ingestel en inderdaad sy graf in die Ventersdorp-begraafplaas opgespoor. Hier in die skadu van ’n peper- en
denneboom is hy begrawe as ’n Britse soldaat – verwyderd van die ander soldate in dieselfde begraafplaas. Die inskrywing lees bloot: “Pte G. Shaw, 1st Loyal North Lancs, Regimental number 5437, had died for ‘King and Empire’.” In teenstelling met die ander grafte se inskripsies bevat Shaw s’n geen inligting oor die datum of besonderhede van sy dood nie. Hoewel Oxford lank navorsing gedoen het oor die gebeure wat tot Shaw se dood aanleiding gegee het, het nog net legendes oor die man en sy moontlike liefde vir ’n Boeremeisie behoue gebly. Volgens oorlewering het Shaw sy hart op ene Martha Engelbrecht verloor. Sy eenheid was op Ventersdorp gestasioneer en in ’n stadium is daar as deel van die verskroeideaardebeleid opdrag gegee dat Martha se familiewoning afgebrand moet word. Shaw het teen die versoek vasgeskop en geweier om die opdrag uit te voer. Hierna raak die legende vaag en is dit nie duidelik of Shaw in werklikheid gedros het en of hy bloot aangekla is vir dié ondermynende gedrag nie. Die geskiedkundige Rob Milne het later die brokkies inligting wat Oxford bymekaar gemaak het, opgevolg. Hy het bevind dat die verhaal waar is, dat Shaw en Martha verlief geraak het, dat sy optrede inderdaad daartoe bygedra het dat Martha se familiewoning gespaar gebly het en dat sy nog jare ná sy dood sy graf gaan versorg het. Sy is later met ’n vriend van Shaw, John Fleischer, getroud. Hul seun, John jnr., het die verhaal aan Milne bevestig. Milne se besoek aan die plaas waar Martha grootgeword het, het egter ’n verdere geheim ingehou. Op die werf was talle denne- en peperbome geplant, dieselfde bome as wat reg langs Shaw se eensame graf in die Britse begraafplaas geplant is.
73
is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.
“
Ek is die WEG en die WAARHEID en die LEWE...
“
Koffie, water? Anders val ek om...
“O
Foto’s: Reint Dykema en iStockphoto.com
pstaantyd!!” My ma het my elke oggend só wakker gemaak – met ’n koppie koffie. Warm koffie met melk en een suiker, nes ek daarvan gehou het. Nie vandag se deftige en duur koffie nie. Sommer gewone Frisco, maar met omgee sorgvuldig ingeroer. Dit adem: “ek gee om”, dit stoom: “ek is hier”. Nou, in my middel vyftigs, is ek steeds ’n koffieslaaf. Soggens strompel ek met half-oop oë heel eerste na die ketel, skakel dit aan en haal die koffie uit die rak. Eers as die warm vloeistof in my keel begin afgly, kan my brein begin dink. Dan volg die vroegoggendskof. Skoolkos maak, kinders regkry. Myself regkry. Op die nippertjie in die kar bondel. Opgehou word in die verkeer. Marietjie voetjie vir voetjie by haar sorgsentrum se deur inkry. Net-net betyds in die personeelkamer. En dan… saligheid… die personeelkamer se geurige filterkoffie! Dit kalmeer, dit oriënteer, dit rig my op my skooldag, transformeer my van gejaagde ma tot parate juffrou. Soms, as die hormone en die rampe van die lewe eendragtig op my afstorm, stort ek, soos enige volbloedvrou, trane. Dan dra Marietjie ’n hopeloos te klein stukkie toiletpapier aan, waarna sy weer om die hoek verdwyn. “Kom haal Ma se koffie,” roep sy ná ’n rukkie. Sy kan die koffie maak, maar bewe te veel om dit aan te dra. Ek snuit my neus in die klein stukkie
74
toiletpapier, staan op en gaan kry die koffie. Dit is nie so warm soos dit moet wees nie, en die hele rak is vol koffiekorrels, suiker en plassies melk – maar wat maak dit saak? Dat iemand, en dít my gestremde skapie, soveel omgee dat sy met moeite vir my ’n Boeretrosie maak, is genoeg rede om die trane na die vergetelheid te verban. Toe ek, op my rype ouderdom, besluit om weer ’n student te word, begin die koffiekoppies op my tafel ophoop. Die koffie help my fokus, kalmeer my senuwees, gee my ’n rede om ’n draaitjie te stap as my kop dof is. My ketel werk oortyd, my brein ly aan gevaarlike oorlading, maar op ’n mooi dag pluk ek die vrugte: In ’n toga, met my kinders as toeskouers, vang ek graad. En wat doen ons toe die seremonie klaar is? Ja, natuurlik: Gaan drink ’n koffietjie… Alles goed en wel, tot ek op ’n dag my spaarwieletjie in die spieël beskou en besluit om ’n dieetkundige te gaan sien. Dis ’n op-enwakker, jong, maer dingetjie. Sy vra uit na my huidige dieet. “Hoeveel water drink mevrou?” wil sy weet. Traag moet ek erken dat ek glad geen water drink nie. Net koffie. “Hoeveel koppies koffie?” kom die vraag. Ek tel vinnig in my kop, trek ’n klompie af en jok ’n skaflike aantal koppies. “Heeltemal te veel,” kom die oordeel. Mevrou moet baie meer water drink. Omtrent
twee liter per dag. Die koffie laat ’n mens ook nog ontwater.” Daardie aand bewapen ek myself met twee Pump-bottels. Hulle word my goeie metgeselle. Op die speelgrond drink ek een heeltemal op. Wanneer die kinders rus, nog enetjie. En op pad huis toe, ’n derde een. Gou begin ek varser, wakkerder, positiewer, energieker voel. Meer vol lewe. Sommige koffietjies hou ek in my program – die opstaan-ene, beslis die personeelkamer-ene as ek aankom en ook die skoene-uitskop-ene as ek by die huis kom. Water – so ’n eenvoudige kuur! En dit kos my min tot niks. Maar daar is nog ’n ander soort water wat ek skromelik verwaarloos as dit dol gaan. Die Lewende Water! Saans is ek moeg en lees skaars ’n vers of twee uit die swart Boek op my bedkassie. Soggens is ek laat en vlieg uit die kooi sonder om dit oop te maak. Tog het ek dit net so nodig, selfs nodiger as my botteltjies water. En daardie Lewe is duur gekoop, maar gratis beskikbaar. Kosbaar. Beter as al die adrenalienskeppende gejaag en stres wat net ’n klomp toksiese reste in my siel agterlaat. “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe…” Koffietjie? Lekker en goed. Water? Beter. Helder, skoon, met onverdunde liefde, die lewe self, ingeroer. Die liefde van ’n Vader wat sê: “Ek is hier vir jou vir die dag wat voorlê.” Opstaantyd! Uitgawe 3 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Deel van die Solidariteit Beweging