Solidariteit Tydskrif Uitgawe 3 van 2018

Page 1

Solidariteit Jeug

Soomlose skuif van student na sakewêreld

UITGAWE 3 VAN 2018 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

ptog

o o r t s e s s g in ll e t s in s it Solidariteit staat

Só stu

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

oet weet m TW B & s k ta r o o ding • Alles wat jy d re e k sa LA S • r ie Denel-doss

www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017

Deel van die Solidariteit Beweging 1




UITGAWE 3 VAN 2018

2018

IN HOUD “Wat ons as Solidariteit bied, is nie die gedrag van ’n gemeenskap wat ontbind of weggaan nie. WAT ONS BOU, IS GROOT en dit moet groot wees, want ons bou ’n toekoms vir ons, ons kinders en kleinkinders. DIT MOET DUS HOU. Ons mag nie klein dink nie, ons mag nie klein doen nie.”

10

NUUSWAARDIG 8 10 12 14 15 16 17 18 20 22 24 25

SpreekBuys: Solidariteit se strategie ter wille van ons nageslag Solidariteit help, want ons wíl en ons kán Sterre in die Gemeenskap: Gewone mense, buitengewone verskil Denel-dossier: Wapenreus in vakbondvisier Sakeredding enigste opsie vir SAL Belasting: Vryheid, nie dwang, moet norm wees BTW nie net ‘n belasting op verbruikers Blitsgids: Draf jou belastingopgawe maklik kaf Jongmense: Jou snelweg na ‘n goeie werk Akademia: Nou selfs méér toeganklik vir studente Geen ondervinding? Geen probleem! Moenie loopbaan kelder oor dom besluit

16

BEDRYFSNUUS 26 28 28 29 30 32 33 34 36 36 40 42

VSA-tariewe kan staal- en aluminiumbedryf lamlê Nuwe salarishoogtes vir Safair-werknemers Former SA Express CEO calling shots at Denel Wittes mág staak oor bemagtigingskema Employee wellness, safety and productivity Beheerliggaam neem dié belangrike besluite Vyf onderwysmites: Só kan jy as ouer help Afrikaans: Onderrigtaal se toekoms in skole só beskerm Brigadesmen dedicated to saving lives Reuseskikking namens Solidariteit-lid beding Maak spaar ook jou wet vir welslae Verpleegkundiges: Voordele net ‘n klik ver

GENOEG IS GENOEG!

14

BELASTINGBETALERS IS MOEG DAARVOOR DAT HUL GELD IN DIE PLUNDERPUT VAN STAATSINSTELLINGS SOOS DENEL EN DIE SAL GESTORT WORD!

IN BEWEGING 44 Kritiek oor VSA-besoek stuit AfriForum allermins 46 Takke bemagtig om korrupsie te knak 47 Unisa-taalbeleid: Nie belyn met taalregte-ontwikkelings 48 “Grootste wens is om ‘n seun te wees” 50 Vryskutters: Vermy dié foute in eie onderneming 52 Regspraak: Beteken gelyke werk altyd gelyke betaling? 53 Sportkwotas: Solidariteit sien uit om “beste regslui” te pak 54 Indiensneembaarheid: Herskep jouself só 56 Wit kieries wandel by Nampo Oesdag 57 Elke foto vertel ‘n verhaal 58 Buckets full of benefits for our members 62 Van warm gesprekke tot smulgeregte 63 Hoe gemaak met laerskoolkind en toesprake? 64 Social media: With liberty comes big responsibility 65 Slim toepassings vir klein vingertjies 66 My geld: BTW-verhoging – Goed of sleg? 67 My work: Creativity versus innovation 68 Chris Chameleon: Toe iets groter as ek die stuur neem 69 My gesin: Testament ‘n praktiese plan vir jou naasbestaandes 70 Nuwe boeke, speletjie vir koue maande 71 Tech savvy: Five apps parents need to know about 72 M.T. Steyn: Eerste moderne Afrikanerleier 73 In Retrospek: Oor donker dinge en groot gate 74 Solidariteit-kantore: Landwyd tot jou diens



REDAKTEURS BRIEF Die TOEKOMS

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

V

andag skryf ek met oë wat anders na die wêreld kyk, want ons het onlangs ’n kleinding verwelkom. Dit is ’n opwindende én angswekkende gevoel om ’n nuwe ouer te wees. Iets waaraan ek voorheen nie eens ’n halwe gedagte gegee het nie, was hoe ’n ouer anders na die wêreld kyk, want skielik is dit nie meer net jy nie, jy’t ’n kind en ’n gesin, en dan lyk dinge baie anders. Góéd anders. Ongelukkig kom daar saam met die goed ook die sleg en is ’n mens bekommerd oor die dinge wat in Suid-Afrika aangaan. Soms wonder jy of daar werklik ’n toekoms hier is. Dis dan wanneer Reinhold Niebuhr se bekende woorde by jou opkom: “God, grant me the serenity to accept the things I cannot change, the courage to change the things I can, and the wisdom to know the difference.” Dis presies waarom Solidariteit nie net bekommerd is oor kwelpunte in ons land nie, maar daadwerklik iets probeer doen waar ons wél met God se leiding iets kan verander. Die Solidariteit Kongres is oudergewoonte gehou net voor die werklike koue van die winter inskop. Vanjaar se tema was “Jeug”. ’n Splinternuwe produk, Solidariteit Jeug, is bekendgestel – hiermee wil ons jongmense bystaan in die wêreld van werk. Daarbenewens het Solidariteit die volgende paar maande opsy gesit om die fokus te plaas op Suid-Afrika se belasting, die wanbesteding daarvan, hoe sake werklik staan en wat ons as burgers en lede van Solidariteit daaraan kan doen. Solidariteit bied ook, met jou hulp, ondersteuning aan ons onderwysers, sodat ons skole op die puik standaard kan bly waaraan onderwysers oor jare heen so hard gewerk het. Dit is maar net ’n paar van die dinge wat my as ’n nuwe ma gerusstel oor die toekoms van ons mooiste land en die plek wat my kind eendag daarin sal hê. Hierdie uitgawe is volgepak met die planne wat Solidariteit maak om met jou hulp ’n toekoms hier te verseker. Blaai gerus deur hierdie uitgawe en kry die hoop wat jy nodig het om saam met ons ʼn verskil te maak. Is daar nog ’n lang pad wat voorlê vir ons land om gesond te word? Ja, maar ten minste is daar aksieplanne wat reeds ’n verskil maak. Soos Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, tydens die Kongres gesê het: “Ons veg nie vir ’n beter verlede nie, ons klou nie aan onregmatige voorregte vas nie, maar ons as gemeenskap wil deel van die toekoms wees. Ons jongmense verdien beter as om onwelkom en soos tweedeklasburgers in hul eie land te voel. Ons vra nie die onmoontlike nie, maar net vir vrye demokratiese ruimtes om ons taal en kultuur uit te leef.” Dis tyd vir ’n nuwe begin: Kom ons begin met mekaar praat en werk saam aan ’n nuwe toekoms vir die land en al sy mense.

REDAKTEUR

6

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

*

Nog nie ’n Solidariteit-lid nie? Sluit nou aan! SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. Verander jou kontakbesonderhede by diens@solidariteit.co.za.

BLITSNUUS

Belastingbetalers wat van eFiling gebruik maak, het van 1 Julie tot 31 Oktober om hul opgawes in te dien. Dit is drie weke minder tyd as verlede jaar toe die sperdatum 24 November was. As jy jou opgawe by ‘n tak van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) indien, is die sperdatum 21 September. As jy vir voorlopige belasting geregistreer is en eFiling gebruik, het jy tot 31 Januarie 2019 tyd. Volgens Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die SAID, dien 65% van belastingbetalers hul opgawes binne drie maande in. >> Lees ook die BELASTINGARTIKELS van bladsy 14 tot 19.

Die hoeveelheid PLASTIEKBOTTELS (poliëtileen-tereftalaat oftewel PET) wat in 2017 in Suid-Afrika herwin is. Dit kom neer op sowat 5,9 miljoen bottels per dag of 21,5 miljard per jaar. Dit is ‘n herwinningskoers van 65% en is uitstekend as dit met die herwinningskoers van die VSA (30%) en Europa (59%) vergelyk word. Die herwinning van dié bottels het 578 000m2 se stortingsterreinspasie gespaar en help 64 000 mense om ‘n inkomste te genereer, het Petco gesê. Solidariteit het die WETSONTWERP OP HAATSPRAAK ten sterkste veroordeel. Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê dat die potensiële positiewe impak van dié wet twyfelagtig is en dat die toepassing daarvan kan lei tot ‘n onderdrukking van grondwetlike regte en die vermoë van burgers om hul politici aanspreeklik te hou vir wangedrag. “Die wetsontwerp is eenvoudig hopeloos te breed geformuleer, en sal noodwendig tot arbitrêre en onregmatige toepassing lei. Dit is denkbaar dat dié wet, sou dit aanvaar word, enige individu tronkstraf kan oplê bloot omdat die persoon afwyk van die heersende party se ideologie,” het Mulder gesê.

Volgens Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SUID-AFRIKAANSE LUGDIENS (SAL), het die lugdiens R21,7 miljard nodig om sy skuld te delg en bedryfskoste te finansier totdat hy gelykbreek. Die SAL skuld altesame R9,2 miljard aan banke. >> Solidariteit meen egter sakeredding is die SAL se enigste opsie (bladsy 15).

Solidariteit het in Junie ‘n dispuut oor onbillike ontslag by die bedingingsraad vir die veiligheid- en sekuriteitsektor teen die SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS (SAPD) verklaar. Dit volg nadat generaal-majoor Renee Fick, die adjunk- provinsiale kommissaris verantwoordelik vir batebestuur in die Wes-Kaap, op 11 Mei sonder enige waarskuwing uit die SAPD ontslaan is.

Daar is nie lig in die Passasierspooragentskap (PRASA) se tonnel nie. Die hooggeregshof in Pretoria het Prasa beveel om R173 miljoen plus rente te betaal aan die Bombardier Africa Alliance-konsortium. Prasa en Bombardier is in ‘n dispuut gewikkel oor ‘n kontrak van sowat R1,3 miljard vir ‘n nuwe spoorseinstelsel in Rossburgh, Durban. Volgens Blade Nzimande, minister van vervoer, word daar hard gewerk om Prasa se geldsake en dienslewering te stabiliseer. R18 miljard van die departement van vervoer se begroting is vir spoorvervoer bestem.


KUBER KLETS

Kuberklets, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer

Solidariteit is in ‘n reusestryd gewikkel om die regering tot verantwoording te roep vir die grootskaalse belastingvermorsing en korrupsie by staatsinstellings. Die vakbond is besig met ‘n aansoek om die SAL onder sakeredding te plaas. Grootskaalse korrupsie is oopgevlek in ‘n omvattende dossier oor Denel en die stryd teen Brian Molefe, die voormalige Eskom-baas, oor pensioengeld wat onwettig aan hom uitbetaal is, duur voort. Ons Facebook-vriende het gesê waarop hulle meen ons swaarverdiende belastinggeld bestee moet word: MAURICE LE ROUX: Begin om skole, hospitale en behuising reg te ruk. Net jammer die omvang is soveel groter as om net die geld te bestee. Dit moet reg bestuur word ook. LOUISE VAN DER WALT: Belastinggeld moet op doeltreffende, eerlike en regverdige wetstoepassing bestee word. ANNIEKIE ALLISON: Ek sal belastinggeld gebruik op bekwame lektore om gratis opvoedkundige kursusse aan te bied. Onderwerpe sal soos volg wees: (a) Luiaard, gaan na die mier en word wys; (b) Respek word verdien; (c) Higiëne – veral in hospitale; en (d) Waardeer wat jy gratis ontvang het.

MARINDA LAZENBY: Ek sal werkgeleenthede skep sodat geld in sirkulasie kan kom en ons land se produkte uitvoer, wat verder geld sal genereer. WILLIAM BURGER: Werkskepping is broodnodig. Hospitale en skole moet ernstige aandag kry. Daar is soveel dinge om op te noem. Hierdie regering weet nie wat prioriteite is nie. Hulle hou hulle besig met beuselagtighede soos om dorp- en straatname te verander, maar doen niks aan misdaad en dienslewering nie. Hulle huil oor ons standbeelde, maar bestee miljoene om hul eie standbeelde op te rig. Hierdie geld kan beter aangewend word. Die kabinet kan met 60% gesny word. Dit sal miljoene rand spaar.

ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Jaco Bisschoff MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Leonie Bezuidenhout, Johan Böning, Wilmarie Brits, Flip Buys, Leandré Buys, Chris Chameleon, Reon Janse van Rensburg, Annalise Kempen, Zydelia Kleinhans, Moira-Marie Kloppers, Mynie Kriek, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Martie Maree, Paul Maritz, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Alet Pretorius, Morné Prinsloo, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, René Roux, Francois Smit, Juran van den Heever, Karen van der Berg, Marlien van der Westhuizen, Chandri van Heerden, Suné van Heerden, Gerhard van Onselen en Nicolien Welthagen. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

www.aksentmedia.co.za DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng

SAL JY ‘N MENTOR VIR JONGMENSE WIL WEES?

Foto’s: iStockphoto.com

A B C

Ek sal graag my kennis en vaardighede aan die volgende geslag oordra. Ek weet nie hoe nie, maar sal graag wil leer om ‘n mentor te wees. Nee, jongmense van vandag wil nie meer leer nie.

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

Solidariteit Beweging

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake deur adverteerders nie.

www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

7


SPREEK BUYS

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

“I

s daar nog ‘n toekoms vir ons kinders in hierdie land?” Dít is die vraag wat ek die meeste gevra word tydens gesprekke met ons lede. By ’n byeenkoms van vakbondverteenwoordigers in Witbank het een van ons staatmakers die groot vraag in baie mense se gemoed treffend verwoord: “Ons wat vandag hier sit, het goeie onderwys gehad, naskoolse opleiding, ‘n vaste werk, ‘n huis, medies en ‘n pensioenfonds. Ja, daar is groot druk by die werk, maar ons geslag sal nog regkom. Maar wat van ons kinders? Kyk net hoe gaan dit in die land. Hoe gaan dinge oor tien of twintig jaar lyk? Ons is al keelvol vir misdaad, gewelddadige protes en vandalisme, die verval in ons dorpe, rassisme by die werk, radikale politici wat mense opsteek, druk op ons skole, die toestand van kolleges en universiteite, en dreigemente teen eien-

8

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

domsreg wat al soveel lande laat misluk het. As dit nóú al so gaan, hoe gaan ons kinders nog ‘n toekoms hê?”

ONS NAGESLAG Dis inderdaad ‘n gewigtige vraag wat nie sommer met ‘n gemaklike “ja, natuurlik” of ‘n oplossinglose, suggende “nee” afgemaak kan word nie. Ek het ook kinders, en hul toekoms is vir my nét so belangrik. Kom ons wees eerlik: ons lewens draai maar om ons kinders (en kleinkinders) se toekoms! Nie een van ons wil sien dat ons kinders onveilig, werkloos of armlastig is nie, of dat hulle desnoods landuit moet gaan en ons hier agterlaat om eensaam oud te word nie. Daarby kan ons nie ons oë sluit vir die dinge wat in die land gebeur nie. ’n Mens kan maar net die kolletjies verbind of die huidige lyne vorentoe trek om bekommerd oor die toekoms te raak. Ja, hier is nog baie positiewe dinge, maar ’n mens wil soms nie eens meer nuus kyk nie.

Kom ek vertel meer oor my antwoord. Ek het gesê dat Solidariteit se hele strategie daarop gemik is om vir ons kinders en kleinkinders ‘n toekoms te bou waar hulle blywend vry, veilig en voorspoedig net hier aan die suidpunt van Afrika kan lewe. En dis nie net sommer ‘n poging om ‘n bekommerde lid vinnig gerus te stel nie. Ek het sedert my universiteitsdae geglo dat ‘n omwenteling in die land tot groot druk op ons as minderheidsgroep sal lei, soos in baie Afrikastate en ander lande in die wêreld. In die meeste vergelykbare lande monopoliseer die meerderheidsgroep die staatsdiens om hulle mense werk en dienste te gee, bestee hulle die belastinginkomste om hul kiesers se steun te koop, en maak hulle wette om hul mense te bevoordeel. Daarom was dit my oortuiging dat ons nie afhanklik van die staat sal kan bly nie, maar ‘n sterk helpmekaarbeweging sal moet stig om selfstandig vir onsself te sorg.


SPREEKBUYS

PYPLYN VAN WIEG TOT GRAF Daarom was ons strategie om ‘n hele Beweging van selfhelporganisasies te stig wat ‘n lewenslange netwerk van dienste aan ons ledegemeenskap – van jonk tot oud – kan bied. Ons het begin by die vakbond, en het oor die jare ons dienste vir ons werkende lede wesenlik uitgebrei. Daarom het Solidariteit se ledetal oor tyd meer as vertiendubbel. Maar ons het ook ‘n hele aantal ander organisasies gestig om ‘n hele pyplyn van dienste vir kleuters, laerskool- en hoërskoolkinders, studente, werksoekers, werknemers en afgetredenes te skep. Een van die instansies wat deel vorm van hierdie pyplyn, is Solidariteit Helpende Hand. Dié instansie lewer ’n hele reeks dienste: • Helpende Hand voed daagliks 5 200 kleuters; • Hulle het talle projekte vir laerskoolkinders, soos bykans 5 000 skooltassies met skoolbenodighede wat jaarliks aan behoeftige graadeens gegee word; • Dienste soos die Wolkskool, gespesialiseerde opleiding van onderwysers en beroepsvoorligting is tot die voordeel van hoërskoolleerders; • Skoolverlaters word jaarliks bygestaan met bykans R40 miljoen se rentevrye studielenings, Sol-Tech lei jaarliks meer as 1 000 jongmense op, en Akademia se 13 studiesentrums landwyd en in Namibië spog met sowat 900 studente per jaar; • Werksoekers word sover moontlik met WerkNet gehelp, en ons werk hard aan projekte om hierdie belangrike diens te verbeter omdat ons so oorval word met aansoekers dat ons nie naastenby almal kan help nie; • Werkendes word met talle werkverwante dienste gehelp, en Solidariteit is ook besig om hierdie dienste uit te brei. Planne vir beroepsgildes om voortgesette opleiding en dienste oor die hele beroepslewe te lewer, vorder goed; • Helpende Hand se landwye netwerk van takke en vrywilligers lewer besondere dienste aan weerlose mense soos bejaardes, kinders en mense met gestremdhede. Maar benewens hierdie pyplyn bied Solidariteit en die ander organisasies in die Solidariteit Beweging talle ander dienste:

• AfriForum werk volstoom daaraan om veiligheid te verbeter en misdaad te beveg, en brei sy 106 landwye buurtwagte vinnig verder uit met opleiding en nuwe toerusting. Die organisasie werp ook alles in die stryd om munisipale dienste te verbeter; • Solidariteit beveg korrupsie, die vermorsing van belastinggeld, bedrog by pensioenfondse en onbillike rassediskriminasie; • Buitelandse steun vir ons doelwitte word deurlopend gewerf; • Ons het talle projekte om Afrikaans te beskerm, gehalte-onderwys te bevorder, ons geskiedenis in ere te herstel, en ons erfenis te bewaar.

PRIVATISERING Die groot uitdaging vir Solidariteit is om “staatsdienste” sonder staatsinkomste soos belasting te lewer. Ons het die afgelope jare geweldige vordering gemaak, en ek verwag dinge gaan nou vinnig verder spoed optel. Wat in werklikheid gebeur, is dat die hele land begin privatiseer as gevolg van die swak regering en gevolglike staatsverval. Kyk maar net na private hospitale, sekuriteitsmaatskappye, veiligheidsdorpe, en hoe goed die privaat sektor teenoor die staat vaar. Ongelukkig is privatisering baie duur, en ons hele doel is om dit met gemeenskapsdienste goedkoper te maak, soos met rentevrye lenings vir studies. Terwyl ons dus veg teen swak staatsdienste en belastingvermorsing, beplan ons reeds saam met vennote aan privaat skole en talle ander privaat dienste. Ons kan egter nie ‘n landwye alternatiewe staatsdiens wees nie.

GROOT TREK Ons het ‘n bevolkingstudie laat doen wat duidelik wys hoe mense in groot getalle uit die vervallende klein dorpies na veral sowat 30 dorpe en stede trek. Dis te verwagte, omdat ‘n yl verspreiding oor sowat 300 dorpe en stede in die land daartoe lei dat ons oral dieselfde probleme het. Daarom beplan ons om hierdie “Groot Trek” te ondersteun met ‘n konsentrasiestrategie in “ankerdorpe”, waar ons dan beter dienste soos veiligheid, onderwys en bejaardesorg wil aanbied. Dit beteken nie ons vergeet mense op die kleiner dorpies nie, maar deur hierdie ankerdorpe maak ons dit vir onsself moontlik om dienste op en naby kleiner dorpe ook te lewer.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Ons kan, deur VERNUWEND TE DINK, universiteite, skole, veilige dorpe, kolleges, ouetehuise en ondernemings wat werk skep, oprig. Ons voorouers het dit gedoen; ons kan ook. Ons hoef vir niemand vooraf toestemming te vra nie, ons kry eerder ná die tyd erkenning vir wat weer opgebou is. ONS SÊ JA VIR DIE TOEKOMS! Politieke magloosheid beteken nie magteloosheid nie. In die praktyk is gemeenskapskrag sterker as staatsmag. Sol-Tech, wat met tienrande van ons lede gebou is, gee byvoorbeeld beter opleiding as die staatskolleges met al hulle miljarde rande. Dis hoekom ek moed het vir die toekoms. Ons voorouers het gewys dat ons mense ‘n land kan opbou. Ons regeer nie, en kan nie verantwoordelikheid aanvaar om die hele land en al sy mense te “red” nie: die regering het daardie hulpbronne en verantwoordelikheid. Maar ons kan, deur vernuwend te dink, universiteite, skole, veilige dorpe, kolleges, ouetehuise en ondernemings wat werk skep, oprig. Ons voorouers het dit gedoen; ons kan ook. Ons hoef vir niemand vooraf toestemming te vra nie, ons kry eerder ná die tyd erkenning vir wat weer opgebou is. Elke geslag is verantwoordelik vir sy eie tyd, en dis nou ons geslag se beurt om met die aflosstokkie te hardloop en dit veilig vir die volgende geslag oor te gee. Kom ons wees die “voorouers” waarop ons kinders en kleinkinders trots sal wees! www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

9


NUUSWAARDIG

SOLIDARITEIT HELP, want ons wíl en ons kán! DEUR JURAN VAN DEN HEEVER

B

y Solidariteit maak ons ander se werk reeds vir 116 jaar lank óns werk, want ons wíl en ons kán. Ná 116 jaar glo Solidariteit steeds in werk en in ons helpmekaarbeweging. Die hedendaagse werkplek bied unieke uitdagings, veral aan jongmense, en daarom volg Solidariteit ’n strategie wat daarop gemik is om vir ons kinders en kleinkinders ’n toekoms te bou waar hulle blywend vry, veilig en voorspoedig kan lewe. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof, het by die Solidariteit Kongres, wat op 16 Mei by die Atterbury Teater in Pretoria gehou is, beklemtoon dat werk ons identiteit bepaal omdat dit betekenis en waarde aan ons lewens gee. Deur werk kry ons toegang tot mediese sorg en aftreevoorsiening, betaal ons vir ons kinders se opvoeding en dra ons by tot die kerk.

Foto’s: Morné Prinsloo

“Deur werk doen jy wat die Here wil hê jy moet doen. Jy help bou aan Sy koninkryk en elke stukkie werk wat jy afhandel, is geloofsbevestigend.” Tydens die Kongres is Solidariteit Jeug bekendgestel. Solidariteit Jeug help jongmense om die oorgang van skool, universiteit of kollege tot die wêreld van werk te maak. Ons gee inligting, help met CV’s en met voorbereiding vir onderhoude. Ons bied mentorskappe, internskappe en werkplasings. Ons wys opnuut weer die krag van helpmekaar. Solidariteit Jeug skakel in by Solidariteit se groter netwerk van werk. Ons webblad, Solidariteit Wêreld, gaan die poort na hierdie reusenetwerk van werk wees. Die netwerk sluit onder andere die volgende instellings in: Solidariteit Jeug, Solidariteit se beroepsgildes, S-leer, Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum, Akademia, Sol-Tech, Solidariteit Finansiële Dienste, WerkNet, loopbaansentrum, regsdienste, AfriSake en die Skoleondersteuningsentrum. Ons het 20 jaar gelede al voorsien dat die wêreld van werk en die politiek radikaal gaan verander. Ons het toe

10

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Solidariteit Jeug is tydens die Solidariteit Kongres by die Atterbury Teater in Pretoria bekendgestel. ‘n Spesiale middagsessie het op jongmense gefokus. Die gewilde groep Kaleidoskoop het as gaskunstenaars opgetree.

Sandra en Simoné was twee karakters in ‘n produksie wat oor die belangrikheid van skool geredeneer het.

al begin bou aan ’n groter Solidariteitnetwerk van werk. Ons wil op elke vlak en by elke stadium van ons lede se lewe en werk betrokke wees. Maar ons bou nie vir onsself nie – ons bou vir die volgende geslag, vir ons jongmense. Van 1902 af tot vandag toe gaan dit vir ons oor jongmense, werk en om mekaar te help. Niemand binne ons netwerk van werk sal alleen staan nie. Hermann het die Kongres met die

volgende woorde afgesluit: “Wat ons as Solidariteit bied, is nie die gedrag van ’n gemeenskap wat ontbind of weggaan nie. Wat ons bou, is groot en dit moet groot wees, want ons bou ’n toekoms vir ons, ons kinders en kleinkinders. Dit moet dus hou. Ons mag nie klein dink nie, ons mag nie klein doen nie, want ons bou aan ’n toekoms waarin ons, ons kinders en kleinkinders, vry, veilig en voorspoedig kan wees.”



NUUSWAARDIG

1

2

Die Sterre in die Gemeenskap het hul toekennings van Steve Scott, president van Solidariteit, ontvang. | 1. Willem de Jager. | 2. André Friedrichs. | 3. Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, het Ruan Ehlers se toekenning namens hom ontvang. | 4. Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, het saam met Steve Scott vir Tanya Ras gelukgewens. | 5. André van der Merwe is bekroon vir sy bydrae om bekostigbare, menswaardige verblyf vir jongmense in Orania op te rig. | 6. Die Ellisrasdienskantoor is as die Kantoor van die Jaar aangewys. Dawid Durie en Steve Scott het dié gesogte toekenning aan Deon Viviers oorhandig.

Gewone mense, buitengewone VERSKIL DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

S

terre in die Gemeenskap is ’n glansryke geleentheid wat jaarliks deel van die Solidariteit Kongres vorm. Tydens hierdie geleentheid word toekennings oorhandig aan doodgewone mense wat iets besonders in hul gemeenskap doen. Solidariteit het vanjaar besluit om spesifiek uitnemende studente wat aan Akademia en Sol-Tech studeer het, saam met ander uitblinkers in die gemeenskap te vereer. Vyf mense het elkeen met ’n toekenning weggestap vir hulle onbaatsugtige opofferings, bereidwilligheid en volharding ten spyte van talle uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het.

Foto’s: Morné Prinsloo

WILLEM DE JAGER Willem was ’n vakleerling in dieselwerktuigkunde by Sol-Tech. Nadat hy sy ambagtoets geslaag het, het hy by Sol-Tech aansoek gedoen vir ’n lektorsposisie. Gedurende sy loopbaan het hy homself voortdurend ontwikkel, tot waar hy onlangs as afdelingshoof van Sol-Tech se dieselwerkwinkel aangestel is. Willem is ’n skitterende voorbeeld van iemand wat klein begin het en met harde werk en deursettingsvermoë baie bereik het.

12

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

ANDRÉ FRIEDRICHS André het die elektrisiënkursus by SolTech ’n jaar en ’n half gelede voltooi. Hy is intussen aangestel in ’n bestuurspos by die maatskappy waar hy tans werksaam is. In dié pos is sy fokus die implementering van nuwe tegnologie in die elektriese bedryf. André spesialiseer in kragfaktorregstelling. Met sy vaardighede en kennis is hy besig om daadwerklik ’n verskil te maak in die ontwikkeling en uitbreiding van tegnologie in die elektriese bedryf.

RUAN EHLERS Ruan het ook die elektrisiënkursus by Sol-Tech voltooi. Ná die voltooiing van sy studies het hy hom in Piet Retief gevestig, waar hy tans ’n onderneming as elektrisiën en loodgieter bedryf. Sy onderneming het al so gegroei dat hy reeds 50 mense in sy diens het. Hy lewer met sy vaardighede ’n groot bydrae tot werkskepping.

TANYA RAS Tanya Ras is ’n uitstekende voorbeeld van ’n vrou wat nie toelaat dat haar verlede of omstandighede haar toekoms bepaal nie. Sy het sterk gestaan deur moeilike omstandighede, onder meer

’n plaasaanval, moeilike familiesituasies, siekte en vervoer- en ander uitdagings. Tanya het in 2017 haar BCom-graad in Ondernemingsbestuur suksesvol by Akademia voltooi en was ook die tweede beste presteerder oor die drie jaar in haar jaargroep, met ’n gemiddeld van 77%. Verder was sy ook deel van die elitebeursprogram, wat van haar vereis het om te werk terwyl sy studeer het.

ANDRÉ VAN DER MERWE André van der Merwe is ’n bekende Solidariteit-strydros met meer as 25 jaar se ervaring van bystand aan werkers. ’n Span kundiges se haalbaarheidstudie het gewys dat daar ’n behoefte aan ’n woonstelblok vir jong werkendes in Orania is. Daar is baie werkgeleenthede vir jongmense, maar verblyf is ’n uitdaging. Die projek het in Januarie 2017 afgeskop met net een werknemer, min toerusting en ’n groot plan vir die bou van 130 woonstelle. André het ’n span bymekaar gemaak, en die eerste twee fases van 18 woonstelle voltooi. Die span voltooi nou nog 17 woonstelle, en beoog om teen Oktober ’n totaal van 50 woonstelle vol huurders te hê. Talle van die nuwe inwoners moes voorheen in haglike omstandighede bly, maar het nou bekostigbare, menswaardige behuising.


NUUSWAARDIG

3

4

5

6


NUUSWAARDIG

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit; en Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris, met die bekendstelling van die Denel-dossier in April.

DENEL-DOSSIER: Wapenreus in vakbondvisier DEUR WILMARIE BRITS

B

elastingbetalers is moeg daarvoor om passief toe te kyk hoe hul swaarverdiende geld in die plunderput van staatsinstellings gestort word. Solidariteit sê genoeg is genoeg. Daarom poog die vakbond om, in die vorm van ’n wettige belastingprotes, ’n einde te maak aan die sinlose reddingsboeie aan sukkelende staatsinstellings wat geen doel dien as om die belastingbetaler lam te lê nie. Denel, die staatsbeheerde vennoot vir verdediging en wapenvervaardiging, is al vir ’n geruime tyd in die vakbond se visier. Dit kom ná talle gerugte van finansiële wanbestuur, omseiling van tenderprosedures en die onregmatige toekenning van ‘n beurs van R1,2 miljoen aan die seun van die voormalige Noordwes-premier. Solidariteit het in April onthul dat dié staatsbeheerde maatskappy in 2017 ’n beurs van R1,2 miljoen aan die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, se seun bestee het. Hierdie beurs is aangewend om vir Supra Oarabile Mahumapelo se privaat vlieglesse te betaal. “Denel het ’n kontrak met Mahumapelo Jr. gesluit waarin die entiteit homself

daartoe verbind het om vir Mahumapelo Jr. se vlieglesse, verblyf, kos en wasgoed te betaal. Dít ten spyte van die feit dat die maatskappy einde verlede jaar finansieel in die knyp was en moes spook om salarisse aan sy werknemers te betaal,” het Willie Venter, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit, gesê. Ná dié skokonthullings en goedgekeurde herstruktureringspogings wat ’n groot aantal werkgeleenthede sou bedreig, was Solidariteit genoodsaak om namens sy lede op te tree. Die vakbond het ’n dossier bekendgestel waarin hy sy kommer oor Denel se bestuur benadruk. In die dossier, wat deel van Solidariteit se groter veldtog teen belastingplundery is, vereis Solidariteit dringende ingryping op ministeriële vlak, wat deur middel van ondersoeke en regstellende stappe moet geskied. Volgens Venter is een van die belangrikste dryfvere vir die herstrukturering om Denel se kostestruktuur te hersien, maar dit bring ongeveer 700 werknemers se poste in gedrang. “Om lede teen uitbuiting in die werkplek te beskerm, is een van Solidariteit se hooffunksies. Werksekerheid is vir ons

Foto: Morné Prinsloo

Belasting

14

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

onsettend belangrik en daarom sal ons alles wat nodig is in die stryd werp om te verseker dat ons lede se werk, en dus hul inkomste, beskerm word,” het Venter bygevoeg. Die vakbond het op 19 April die Denel-dossier aan die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordan, asook die nuwe Denel-raadsvoorsitter, Monhla Hlahla, oorhandig. “Albei partye het geteken vir die ontvangs van die dossier. Ons het reeds ’n skrywe van Gordan ontvang wat ons bedank vir die inligting,” het Venter gesê. “Ons is positief dat daar ’n beduidende verandering in die bestuur van Denel gaan plaasvind. Die minister het dadelik gereageer op die inligting wat ons rakende die beursaangeleentheid bekendgemaak het, en hy het onmiddellik instruksies gegee vir daadwerklike optrede. Ons is bewus dat daar reeds ’n ondersoek aan die gang is, en ons hoop en vertrou vir ’n positiewe uitkoms,” het Venter gesê. Solidariteit het die verantwoordelikheid vir die finalisering van die ondersoek in die hande van die minister en Denel se raad geplaas. “Hulle het eienaarskap vir die ondersoek geneem, en dit berus nou by hulle om die ondersoek deur te voer,” het Venter afgesluit.


NUUSWAARDIG

SAKEREDDING enigste opsie vir SAL DEUR FRANCOIS REDELINGHUYS

S

olidariteit het op 8 Mei in ’n petisie aan die parlement gevra dat ’n debat rondom die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) in die Nasionale Vergadering gehou moet word. Solidariteit het voorts versoek dat die regering hom by sy aansoek vir sakeredding van die lugdiens moet skaar en die reddingsboeie wat aanhoudend tot sy beskikking gestel word en wat telkens op niks uitloop nie, moet staak. Dit volg op ’n verslag deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) oor die stand van die SAL wat by ’n konferensie in Kaapstad bekendgestel is. Die verslag bevind dat daar geen ander keuse is nie as om die sukkelende staatslugdiens onder sakeredding te plaas. Die verslag wys onder meer daarop dat die SAL geen ag geslaan het op die groot verandering wat sedert 2013 in die lugvaartbedryf ingetree het nie. Die wanbestuur het ’n diep verliesmakende lugdiens, wat eindelose reddingsboeie ontvang het net om ondoeltreffend in die lug te bly, tot gevolg gehad. Die SNIverslag wys die strategiese imperatiewe wat gevolg moet word om die SAL om te draai en winsgewend te maak. Die verslag toon voorts dat die SAL dit nie sonder eksterne ingryping kan bereik nie. Verder lui die verslag ook dat die regering as enkelaandeelhouer die konstante faktor in die SAL se mislukking is. Die omvang van die regering se nalatigheid as aandeelhouer word bewys deurdat die SAL-raad reeds in 2014 ’n resolusie aanvaar het om die SAL onder sakeredding te plaas en om ’n strategiese vennoot te soek. Nie een van die twee aanbevelings is deurgevoer nie. Volgens Connie Mulder, hoof van die SNI, het die SAL sedert 2012 geen wins

getoon nie en die belastingbetaler reeds R32 miljard in opgehoopte verliese gekos. Intussen het die regering gesê dat ’n verdere kapitaalinspuiting van R5 miljard aan die SAL toegestaan gaan word. “Dié inspuiting dien as bevestiging dat die SAL nie ’n lopende saak is nie. Dit is ’n korttermynpleister wat met belastinggeld betaal word. Dit is dieselfde patroon wat hom herhaal. Solidariteit sal voortgaan met sy hofaansoek om die SAL onder sakeredding te plaas,” het Mulder gesê. “Solidariteit gaan binnekort stukke op die SAL beteken waarin die hof gevra gaan word om die SAL onder sakeredding te plaas. Solidariteit het ook die minister van finansies gevra om die hof saam met Solidariteit te nader vir ’n voorkeurdatum om hierdie aangeleentheid spoedig te hanteer sodat sekerheid oor die SAL bereik kan word. “Dit is maklik om aan te voer dat die staat hierdie geld sal voorsien, maar inderwaarheid is dit die belastingbetaler wat weer moet opdok om die sukkelende lugdiens te help om sy finansiële verplig-

Foto’s: iStockphoto.com

Belasting

tinge na te kom. Dit is nie reg of regverdig teenoor die belastingbetaler om met die huidige strategie voort te gaan nie. Met elke hulppakket word die belastingbetaler armer,” sê Mulder.

“As ons dieselfde goed met die SAL bly doen, gaan ons dieselfde resultate kry. Dit beteken nog miljarde rande van belastingbetalers se geld wat in die SAL se plunderput gewerp word. Die tyd het aangebreek dat die belastingbetaler beskerm word deur radikale eksterne ingryping in die vorm van sakeredding.” Volgens Mulder gaan die SAL-saak een van die grootste belastingproteshofsake in Suid-Afrika wees. “Indien ons suksesvol is, kan dit ’n presedent vir soortgelyke aksie by ander staatsinstellings skep. Dit is belastingbetalers se kans om die howe te gebruik om die regering verantwoordbaar te hou.” www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

15


NUUSWAARDIG

VRYHEID, nie dwang, moet die norm wees DEUR MORNÉ MALAN

D

it is ’n algemene gevoel: “Ek het nie ’n probleem met belasting nie, ek wens net die regering hou op om so met dié geld te mors.” Maar wat is die filosofiese onderbou van belasting, hoekom moet ons dit betaal, en hoe word dit geregverdig? Kom ons maak eers een punt duidelik: Die verkwisting van belastinggeld is nie uniek aan Suid-Afrika nie. Dat burokrate in die regering geld ondoeltreffend aanwend, is ’n probleem met die staat in die breë en nie net met ’n spesifieke regering soos die ANC nie. Maar ’n mens moet darem ook byvoeg dat ons in Suid-Afrika ’n besondere hoë belastinglas ervaar en dat hierdie geld besonder sleg bestee word. Maar kom ons neem die gesprek na ’n hoër konseptuele vlak en bespreek die beginsel van belasting. Don Boudreaux, ’n Amerikaanse ekonoom aan die George Mason Universiteit, verduidelik dat belasting verstaan word as die “koste wat mense moet aangaan vir onbeskaafd wees.” Omdat ’n regering demokraties verkies word, moet die belastingstelsel dan eintlik verstaan

word as die vrywillige of selfs gekose stelsel van die burgers van ’n land, is een van die argumente waarmee belasting regverdig word. Hierdie redenasie is snert. Selfs die Switserse filosoof Jean Jacques Rousseau, ’n groot held van die linksgesindes, kon erken dat die staat op geen noemenswaardige manier die wil van haar burgers verteenwoordig nie. Die Amerikaanse ekonoom Murray Rothbard lê die absurditeit van hierdie siening bloot wanneer hy uitwys dat sou al die staat se aksies die wil van die burgers verteenwoordig, het die Nazi-staat nie sy Joodse burgers vermoor nie – daardie burgers moes dan seker selfmoord gepleeg het. Die tweede regverdiging is egter meer juis, naamlik dat die staat die geld nodig het om dienste te lewer en mense te help in tye wanneer die mark of private liefdadigheidsorganisasies nie sou nie. Vra enigiemand of hulle meer sou skenk aan liefdadigheid as hulle minder belasting moes betaal, en almal sê natuurlik ja. Vra egter daardie selfde mense of hulle dink dat almal anders dieselfde sou doen – dan kry ’n mens dikwels die teenoorgestelde antwoord. Dit bring my terug by die aanvanklike

Foto: iStockphoto.com

Belasting

16

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

punt, naamlik dat belasting die prys van onbeskaafdheid is. Dit is die uitkontraktering van dwang om mense te dwing om vir ander te sorg.

Burgers het weinig keuse oor die belastingstelsel wat hul regering implementeer en nog minder keuse oor hoe hierdie belastinggeld aangewend gaan word. Daarom behoort ʼn staat, indien die burgers se welvaart die hoogste prioriteit is, slegs vir die mees noodsaaklike dienste belasting in te vorder en die burgers toe te laat om self te besin oor hoe om die res van hul inkomste te bestee. Die weermag en landsveiligheid is geldige gebruike van belastinggeld, want almal het ’n belang in die beskerming van ’n land se soewereiniteit. Besteding op welsyn, staatsbeheerde instellings, die onderhou van tallose burokrate en komitees, en so meer, kom egter neer op gedwonge herverdeling en die wegneem van kapitaalhulpbronne uit die hande van burgers om swak instellings te finansier en ’n nog swakker ideologie (sosialisme) te dien. Ons almal ken die uitdrukking van Benjamin Franklin: “Those who would give up essential Liberty, to purchase a little temporary Safety, deserve neither Liberty nor Safety.” Dwang (soos ook die afdwing van ’n ongeregtige belastingstelsel) kan dus nie die norm word nie. Vryheid moet altyd die norm wees, met dwang wat slegs ná ’n swaar bewyslas gebruik kan word. Die regering moet inperking van vryheid regverdig – niemand moet hul vryheid teenoor dwang regverdig nie, al vertrou jy nie jou medeburgers nie. Dieselfde meganismes wat hulle dwing om iets te doen, kan net so maklik teen jou draai.


NUUSWAARDIG

BTW nie net ‘n belasting op verbruikers

Foto: iStockphoto.com

I

n verskeie opsigte is 2018 ’n seer belastingjaar, maar wat uitstaan, is die eerste koersverhoging in Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) sedert 1993. Soos dinge staan, is ons miskien gelukkig dat hierdie bykomende belastinglas in die vorm van BTW eerder as ’n bykomende inkomstebelastingverhoging gehef word. Dit laat belastingbetalers minstens met ’n mate van keuse oor hoe om hul inkomste te bestee, anders as wat die geval is met persoonlike inkomstebelasting waar die staat van die staanspoor af ons keuse oor ’n groot gedeelte van ons inkomste van ons ontneem. Verder is BTW darem nader aan ’n situasie waar almal dieselfde belasting betaal. Met inkomstebelasting betaal almal as’t ware nie dieselfde vir dieselfde “regeringsdienste” nie. Die ryk man betaal meer vir dieselfde pad as die arm man – iets wat vreemd is in ’n vrye mark, waar supermarkbrood vir ryk en arm dieselfde prys het. Tog moet ons erken dat die onlangse besluit om BTW te verhoog heel waarskynlik nie gemaak is in die soeke na ’n regverdiger belastingstelsel nie, maar eerder in die soeke na ’n laaste manier om nog belasting uit die belastingbetaler te pers. Die Tesourie voer aan dat bykomende verhogings in die persoonlike inkomstebelastingkoers, ná verskeie verhogings in dié belasting die afgelope jare, waarskynlik nie die gewenste belastinginkomste sal invorder nie – dit laat ’n BTW-verhoging, ’n belasting wat vir lank deur politici vermy is, as ’n laaste uitweg.

DEUR GERHARD VAN ONSELEN

BTW OOR DIE JARE In die jare voor BTW is ’n Algemene Verkoopsbelasting gehef. Hierdie belasting is ingestel in 1978 teen ’n koers van 4%, maar is tot 10% in 1984 en 13% in 1989 opgestoot. BTW is in 1991 ingestel teen ’n koers van 10%, maar hierdie koers is ook gou verhoog na 14% in 1993. Die feit dat die BTW-koers nou verder verhoog is tot 15% ten spyte van groot politieke teenstand, beklemtoon hoe diep die moeilikheid is waarin Suid-Afrika se staatsfinansies tans is.

dersins die addisionele koste verwerk deur op hul eie uitgawes (soos arbeidsuitgawes, die produkgehalte of menigte ander moontlikhede) te probeer spaar. Sodanige BTW-druk is veral van toepassing by nie-noodsaaklike, BTWdraende produkte waar eindverbruikers baie sensitief vir stygende pryse is. ’n Verdere moontlikheid is dat veral arm verbruikers hul besteding kantel deur proporsioneel meer BTW-vrygestelde produkte en minder BTWdraende produkte koop. Die uitwerking hiervan is dat die hoër BTW-koers talle produsente se winsmarges onder bykomende druk plaas.

Belasting

MEER BELASTING, MEER SKADE Die onlangse BTW-verhoging beteken eenvoudig dat die regering meer belasting hef, maar met belasting is dit is nooit seker wie in die ekonomie die swaarste aan dié bykomende koste sal dra nie. Anders as wat soms voorgegee word, kan ons nie regtig aanneem dat die hoër belasting net so van eindverbruikers verhaal sal word nie, want die meeste produsente kan nie eenvoudig net die hoër belasting met geen moeite van verbruikers verhaal nie. In werklikheid sal eindverbruikers én produsente waarskynlik vir die hoër BTW moet inboet. Dit gebeur omdat heelwat produsente die aanvanklike pryse vir hul produkte, voordat BTW ingereken is, gedeeltelik sal verlaag om die impak van die hoër BTW-koers teen te werk, of an-

NIE NET BELASTING OP VERBRUIK BTW is dan uiteindelik nie net ’n sogenaamde belasting op verbruik nie (oftewel ’n belasting op die reg om te lewe nie), want die uitval van hierdie belasting verruim spoedig na ander gebiede soos die winsmarges van produsente. Die hoër belastingkoste kan dan uiteindelik beteken dat produsente minder bestee aan kapitaaluitbreiding en -instandhouding, of dat winsgewende produsente produksie stopsit, wat uiteindelik ekonomiese groei kan belemmer. BTW kan dan selfs die uitwerking van ’n belasting op kapitaal hê. • Lees ook Appie Pienaar se gebruiklike My Geld-rubriek op bladsy 66. www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

17


NUUSWAARDIG

Draf jou BELASTINGOPGAWE maklik kaf DEUR CHANDRI VAN HEERDEN

D

ie belastingseisoen vir die 2017/2018-jaar maak 1 Julie 2018 oop. Hier is vir jou ’n klompie basiese riglyne om dit so pynloos as moontlik te maak.

Foto: iStockphoto.com

PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING Persoonlike inkomstebelasting is die belasting betaalbaar op jou belasbare inkomste. Die volgende word beskou as deel van jou inkomste: • Vergoeding ontvang vanaf ’n werkgewer soos ’n salaris, loon, bonus, oortydvergoeding en toelae verdien; • Wins of verlies van ’n eenmansaak; • Inkomste verdien omdat jy ’n begunstigde van ’n trust is; • Direkteursfooie;

18

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

• Beleggingsinkomste soos rente en dividende; • Huurinkomste; • Aftree-inkomste.

WANNEER MOET JY BELASTING BETAAL? Indien jy meer verdien as die volgende, is jy aanspreeklik om belasting te betaal: Vir die 2019-jaar van aanslag (1 Maart 2018 tot 28 Februarie 2019): • R78 150 as jy jonger as 65 jaar is; • R121 000 as jy 65 jaar of ouer is; • R135 300 as jy 75 jaar en ouer is.

WANNEER HOEF JY NIE ‘N OPGAWE IN TE DIEN NIE? Jy is nie aanspreeklik om jou opgawe in te dien indien jou totale salaris vir die jaar voor belasting minder as R350 000 is

nie, maar hiermee saam moet jy aan die volgende voldoen: • Jy het net een werkgewer of inkomstebron (as jy twee werkgewers of inkomstebronne het, byvoorbeeld pensioeninkomste, eksamenmerkinkomste, huurinkomste en so meer, moet jy jou opgawe indien, selfs al is die totaal steeds minder as R350 000); • Jy ontvang geen motortoelae of ander inkomste soos rente of huur nie; • Jy eis nie belastingverwante aftrekkings soos mediese uitgawes, uittreeannuïteitsbydraes, reisuitgawes ensovoorts nie; • Indien jy rente van ’n bron in Suid Afrika ontvang het, is dit minder as • R23 800 as jy jonger as 65 jaar is; • R34 500 as jy 65 jaar of ouer is;


NUUSWAARDIG

• R23 800 as dit ontvang is uit die boedel van ’n oorlede persoon • Dividende is aan jou betaal en jy het nie in Suid-Afrika gewoon gedurende die 2018jaar van aanslag nie; • Jy het bedrae ontvang of toegeval van ’n belastingvrye belegging.

• Belastingvrye beleggingsertifikate (IT3(s)); • Finansiële state (vir byvoorbeeld besigheidsinkomste) • Bewys van aftrekkings soos: • Besonderhede van mediese uitgawes wat deur jou betaal is en nie gedek word deur jou mediese skema nie (let daarop dat die SAID streng eise stel ten opsigte van dié uitgawes) Mediesefondssertifikaat (verkry vanaf die mediese fonds) met die besonderhede van mediesefondsbydraes wat nie op jou IRP5/ IT3(a)-sertfikaat verskyn nie Voltooide bevestiging van die diagnose van ongeskiktheidsvorm (ITR-DD), indien van toepassing Inligting oor uittreeannuïteitsbydraes Besonderhede van jou sakereise

Belasting

DOKUMENTE BENODIG OM JOU OPGAWE (ITR 12) IN TE DIEN Om jou opgawe in te vul, het jy die volgende nodig: • Jou bankbesonderhede • Bewys van inkomste soos: • ’n Opsomming van jou jaarlikse inkomste en die hoeveelheid belasting wat jy betaal het van jou werkgewer of pensioenfonds (IRP5/IT3(a)); • Belastingsertifikate vir beleggingsinkomste (IT3(b));

• • •

(logbook) indien jy ’n reistoelaag ontvang het of byvoordeel wil eis vir ’n werkgewer wat ’n voertuig voorsien het • Inligting oor buitelandse belasting- krediete wat teruggehou word • Enige ander relevante materiaal met betrekking tot inkomste wat jy ontvang het, of aftrekkings wat jy wil eis.

HOE DIEN JY OPGAWE IN? Registreer by www.sarsefiling.co.za om jou opgawe aanlyn in te dien. Anders kan dit per hand by jou naaste SAID-tak ingedien word.

KONTAK ’N KENNER Indien jy nog onseker is, kontak jou rekenmeester of belastingspesialis. Hulle sal vir jou advies kan gee oor belastingverwante kwessies. Op hul webtuiste gee die SAID ook riglyne oor hoe om jou opgawe in te dien. Besoek die webtuiste by sars.gov.za of skakel 0800 00 7277. • Navrae kan per e-pos gerig word aan chandrivanheerden@gmail.com. www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

19


NUUSWAARDIG

“D Foto’s: Morné Prinsloo en iStockphoto.com

DEUR PAUL MARITZ

ie lewe is ’n storm, my jong vriend. Jy sal een oomblik in die son bak, en die volgende teen die rotse geslaan word. Wat jou ’n man maak, is wat jy doen as daardie storm kom.” Hierdie aanhaling kom uit die beroemde boek van Alexandre Dumas, Die Graaf van Monte Cristo, en som die jongmens se pad na die werkplek akkuraat op. Aan die een kant wag daar soveel wonderlike dinge – jou eerste motor, jou eerste huisie, die huwelik, en soveel meer – maar aan die ander kant bevind jy as jongmens in Suid-Afrika jou op ’n boot in die middel van ’n stormsee. Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika staan tans op 26,7%. Dit beteken dat meer as een uit elke vier mense wat wil, kan en bereid is om te werk, nie werk kan kry nie. Wat jongmense betref, lyk die situasie nog erger. Daar is sowat 10,3 miljoen mense tussen die ouderdom van 15 en 24 jaar. Hiervan is ongeveer 7,6 miljoen nie ekonomies aktief nie, hetsy hulle nog op skool is, studeer, of nie tans werk soek nie. Van die 2,67 miljoen mense wat tans wel aktief werk soek, is 1,37 miljoen werkloos. Vir jongmense was dit nog nooit so ’n groot uitdaging om werk te kry soos nou nie, wat nog te sê ’n goeie werk waarvan jy hou en waar jy kan groei. Moet ons net

20

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Paul Maritz

opgee? Nee! Ons sal nie opgee nie, veral nie wanneer dit gaan oor ons land, ons toekoms, en ons loopbane nie. Ons sal verantwoordelikheid neem! Ons weet dat dit nog nooit so moeilik was vir jongmense, veral Afrikaanse jongmense, om die werkplek te betree nie, maar ons weet ook dat niemand anders verantwoordelikheid gaan neem vir ons loopbane nie – ons moet dit self doen! Al moet elkeen van ons self verantwoordelikheid vir ons loopbane neem, sal Solidariteit jongmense nie los om self die mas op te kom waar werk, werk soek, en die werkplek ter sprake is nie.

Deur middel van Solidariteit Jeug gee ons vir jongmense ’n handreëling om op te steun terwyl hulle die pad na hul werkplek in die donker moet vind. Ons teken ’n padkaart waarop al die afdraaipaaie aangedui is wat jong werkendes moet vermy, ons vertel waar daar klippe in die pad is waarvoor hulle op die uitkyk moet wees, en ons wys vir hulle waar al die mooi paaie is waarlangs hulle moet loop as hulle so gou moontlik by hul eindbestemming van ’n goeie en volhoubare werk wil uitkom. Langs die pad steun ons hulle, antwoord hulle vrae, en gee advies as iemand sou verdwaal. Ons padkaart is ook vol netwerkgeleenthede en skouerskuurgeleenthede wat jongmense sal laat uitstaan op hul loopbaanpad. Solidariteit Jeug is ’n tuiskomplek vir jongmense. Ons soek vir jongmense internskappe en bemark dit, sodat jy die regte werkplekervaring op jou CV kan skryf wanneer dit tyd word om vir werk aansoek te doen. Gepraat van CV’s: Met Solidariteit Jeug se CV-bouer kan jy jou eie CV’s bou – maklik en gratis! Ons berei voornemende werknemers selfs voor vir daardie eerste werkonderhoud. Solidariteit Jeug is voorwaar jou snelweg na ’n goeie werk. Besoek www.jeug.co.za vandag nog! • Maritz is nasionale koördineerder van Solidariteit Jeug. Hierdie is ’n verkorte weergawe van sy toespraak tydens die Solidariteit Kongres.


aksentmedia.co.za

Gapingsdekking vir in-hospitaal-tekorte wat nie deur jou mediese skema gedek word nie SMS “MEDGAP” na 43366 en ontvang onmiddellike advies! SMS’e kos R1. Gratis minute geld nie. Standaardnetwerktariewe is van toepassing.

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 15556

Onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Limited

‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 47470


NUUSWAARDIG

Nou selfs méér TOEGANKLIK vir studente DEUR ZYDÈLIA KLEINHANS

Foto’s: Carolien & Ben Photography en iStockphoto.com

A

kademia se suksesmodel vir die ondersteuning van afstandsonderrigstudente berus op kontak met dosente en medestudente. Om studente te akkommodeer wat nie naby een van die 13 Akademia-studiesentrums geleë is nie, het dié hoëronderwysinstelling ’n blokmodel toegevoeg tot die huidige nauurse onderrigleermodel. Hierdie onderrigmodel is spesiaal ontwikkel om studente te akkommodeer wat meer as 80 km van ’n Akademia-studiesentrum woon of wat weens mediese of werkomstandighede nie die nauurse klasse in ’n akademiese jaar kan bywoon nie. Die model sal nog méér studente toegang gee tot gehalte-hoëronderwys in Afrikaans.

22

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Anders as die huidige onderrigleermodel, waar studente 11 nauurse klasse per module bywoon, hoef studente in die blokmodel slegs vier keer per jaar tydens werkure vir twee opeenvolgende dae lesings by Akademia-studiesentrums by te woon. Die model rus studente toe om letterlik enige plek, landwyd en in Namibië, by Akademia te kan studeer met die nodige ondersteuning om hul kwalifikasie suksesvol te voltooi. Die gekombineerde metode van hoëronderwys by Akademia – afstandsleer aangevul met ’n klaservaring – is oor die jare as ’n wenresep bewys. Die voordele hiervan sluit onder meer die volgende in: • Afstandsonderrig maak dit moontlik vir studente om te werk terwyl hulle studeer, en sodoende ’n inkomste te

• •

verdien en werkervaring op te doen terwyl hulle studeer. Op Akademia se digitale leerruimte, die Spens, kan studente videoopnames van die klasse aflaai, argiefmateriaal bestudeer, of selfs net die klankbaan op hulle selfone laai om later weer as ’n podsending daarna te luister. Die kombinasie van ’n klaservaring met afstandsonderrig maak studies toeganklik en bekostigbaar. Studente kry die geleentheid om professionele netwerke te bou en studiegroepe te vorm, wat bydra om van hulle afgeronde studente te maak. Studente kan nou reeds aansoek doen om op die blokmodel te studeer vir die 2019- akademiese jaar. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting oor hierdie nuwe studiemodel.



NUUSWAARDIG

Geen ONDERVINDING? Geen probleem! DEUR NICOLIEN WELTHAGEN

H

oe doen jy aansoek vir ’n pos as dit ondervinding vereis en jy nou net klaar met jou opleiding is? Dit is nie so maklik nie, maar daar is maniere om daarby verby te kom. Onthou, almal het eens op ’n tyd sonder ervaring begin werk. Hier is ’n paar wenke wat jy in gedagte kan hou:

Foto: iStockphoto.com

INTERNSKAP, VRYWILLIGE DIENS Een van die doeltreffendste maniere om werkondervinding op te doen, is deur ’n internskap. Hoewel jy waarskynlik intreevlaktake vir ’n minimale salaris sal moet doen, sal jy uitstaan deur ’n positiewe houding en ingesteldheid te handhaaf. ’n Internskap van ses tot 12 maande sal ’n goeie verwysing op jou CV wees. Werk ekstra hard, en wys jy is toegewyd, lojaal en bereid om te leer. Jy kan dit oorweeg om tydens jou studies of opleiding reeds met ’n deeltydse internskap of praktiese ervaring te begin. Jy kan ook vrywillige werk oorweeg. Dit hoef nie voltyds te wees nie; net ’n paar ure per week gaan ’n groot bydrae tot jou ervaring maak. Maak ’n lys van die maatskappye waar jy goeie ervaring sal kan opdoen en probeer die personeelbestuurder kontak. Jy kan ook kanale soos Facebook, Twitter en LinkedIn gebruik om kontak te bewerkstellig. As jy nie vra nie, is die antwoord altyd “nee”!

24

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

ERVARING EN VAARDIGHEDE

BOU ‘N NETWERK

Jy het beslis vaardighede wat oorgedra kan word. Dink aan vaardighede soos streshantering, kritiese en analitiese denke, kommunikasievaardighede, kreatiwiteit en leierskap. Werkgewers kyk nie net na ervaring nie, hulle het ook sekere persoonlikheidseienskappe in gedagte; die regte persoon wat by die kultuur en doelwitte van die organisasie sal aanpas. Die nut van vaardighede kan nooit onderskat word nie. Weet genoeg van die organisasie waar jy vir ’n pos of internskap wil aansoek doen om jou goeie eienskappe só te omskryf dat dit sal pas by die tipe werknemer wat hulle in gedagte het. Lys al die vaardighede wat vir die pos vereis word: persoonlike, rekenaar-, tegniese, probleemoplossingsof kommunikasievaardighede. Verbind dit dan met die vaardighede wat jy reeds het.

Bou goeie kontakte op met mense wat jy ken. Begin by familie, vriende, mense saam met wie jy al aan projekte gewerk het, dosente, mentors en so meer. Probeer om deur sosiale media met hulle in aanraking te bly. Hierdie mense kan jou laat weet van werkgeleenthede of kan ’n goeie verwysing wees.

SELFVERTROUE, NEDERIGHEID Dit is goed om ’n “beginnersingesteldheid” te hê. Toon selfvertroue en doelgerigtheid maar terselfdertyd ook dat jy bereid is om te leer en om onder te begin. Wees altyd nederig. Daar is ’n fyn lyn tussen desperaat wees en passievol wees. Stel goeie ondersoek in en wees voorbereid. Beïndruk met jou deeglike feite, goeie ontleding en belangstelling in die maatskappy.

CV, DOKUMENTE OP DATUM Jou CV, aanlynprofiele en ander dokumente skep die eerste indrukke van jou by potensiële werkgewers. Wees duidelik, spesifiek, positief en oorredend wanneer jy jou prestasies, kennis en vaardighede beskryf. Wees terselfdertyd kort en kragtig. Jou aanlynprofiel moet professioneel en nuut voorkom. Dink aan hoe jy met ander gaan meeding wat meer ondervinding as jy het. Beskryf jouself in só ’n lig dat ’n maatskappy kan sien dat die leerkurwe vir jou maklik gaan wees. Werkgewers hou van werknemers wat aanpasbaar is in verskillende omstandighede, vinnig kan leer en betrokke kan en wil wees. Dit is nie altyd maklik om ’n pos sonder ervaring te kry nie, maar dit kan gedoen word. Wees realisties, maar optimisties. Hoe meer ervaring jy daarin opdoen om jouself te bemark, hoe makliker word dit, en hoe beter word jy daarmee.


NUUSWAARDIG

Moenie LOOPBAAN kelder oor dom besluit DEUR PAUL MARITZ

Foto: iStockphoto.com

H

oe ongelooflik is dit nie om jonk te wees nie! Jou lyf herstel vinnig ná harde oefening, jy het energie en lewenslus, en die lewe lê uitgestrek voor jou! Juis omdat die wêreld soveel geleenthede vir jongmense inhou, is dit uiters belangrik dat jy nie besluite neem wat daardie hele toekoms kan benadeel nie. Dit gebeur te veel dat jongmense roekeloos met hul vryheid omgaan en dan in een ondeurdagte oomblik hul toekoms wegsmyt. Dink aan die volgende dinge: • As jou bloedalkoholvlak bo 0,05 is terwyl jy bestuur en jy word gevang, word jy polisiestasie toe geneem sodat jou bloed getrek kan word. Ná ’n lang proses, wat ’n nag in die selle kan insluit (veral as jy oor ’n naweek gevang word), kan hierdie eenvoudige oortreding ’n kriminele rekord beteken. Vir die

res van jou lewe moet jy dan, in enige onderhoud waarvoor jy genooi word, eerlik antwoord as hulle sou vra of jy ’n kriminele rekord het. Is twee biere al hierdie dinge vir jou werd? • As jy te veel drink en gelukkig is om nié gevang te word terwyl jy bestuur nie, wag die volgende uitdaging op jou wanneer jy die volgende oggend werk toe gaan. Jy is jonk en wil jouself nog bewys by jou nuwe werk, maar nou

daag jy op met bloedbelope oë. Al het jy hoeveel keer tande geborsel, kan enigiemand wat naby genoeg kom, ruik dat jy soos ’n brouery ruik. Jy is moeg en voel swak. Dink jy regtig dat jy boaan die lys vir bevordering gaan wees? • Dwelmgebruik raak ’n ál groter uitdaging vir jongmense. Al meer werkplekke doen van tyd tot tyd dwelmtoetse, en as jy positief sou toets, hou dit ’n ernstige risiko vir jou loopbaan in. Indien jy nie afgedank word nie, sal jou werkgewer se waardering van jou as mens ’n ernstige knou kry, en jy kan maar seker wees hy sal jou nooit ’n positiewe verwysing gee wanneer jy vir ander werk aansoek doen nie. Hoewel sukses soms soos ’n berg voor jou lyk, is jy op pad na die bopunt toe. Moenie jou eie pad kortknip of ernstige skade aandoen deur een dom besluit nie. Neem verantwoordelikheid!


BEDRYFS NUUS

Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit aktief is, asook kwessies wat jou in die wêreld van werk raak.

VSA kan staal- en aluminiumbedryf lamlê Groot kommer heers onder plaaslike staal- en aluminiumbedryfprodusente nadat die Trump-administrasie in Maart invoertariewe op alle staal- en aluminiuminvoere na die VSA ingestel het. Die tariewe beloop 25% op staal en 10% op aluminium. Hoewel lande soos Kanada, Meksiko, Argentinië, Australië, Brasilië en Suid-Korea met voorwaardes vrygestel is van dié invoertariewe, sal lande soos China en Suid-Afrika nie die tariewe vryspring nie, skryf WILMARIE BRITS.

Foto’s: iStockphoto.com

V

olgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaalen ingenieursbedryf, gaan die invoertariewe ’n geweldige impak op ’n reeds sukkelende staal- en aluminiumbedryf hê. “Dié bedryf verkeer al etlike jare onder druk as gevolg van internasionale en plaaslike marktoestande, asook die storting van staal. Ons is bekommerd dat die nuwe tariewe baie werkverliese in die plaaslike bedryf tot gevolg kan hê,” het Croucamp gesê. Plaaslike vervaardigers wat deur die nuwe tariewe geraak word, sluit in ArcelorMittal, South32, Hulamin, Duferco, Cisco en Columbus Stainless. Volgens Croucamp kon die Suid-Afrikaanse regering nie daarin slaag om die

26

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Amerikaanse owerhede te oortuig om die plaaslike bedryf vry te stel van die invoertariewe nie. “Dit veroorsaak dat plaaslike maatskappye wat staal en aluminium na die VSA uitvoer, se produkte nou baie duurder geword het in die VSA, en dit sal veroorsaak dat maatskappye in die VSA noodgedwonge na goedkoper alternatiewe verskaffers sal soek. Een van die gevolge van die tariewe is dat voorraadvlakke op die wêreldmark verder gestyg het nadat daar reeds ’n oormaat voorraad was,” het Croucamp gesê. Dit wil voorkom asof China die teiken van die VSA se invoertariewe is, maar nou kom Suid-Afrika ook in die spervuur, ten spyte van die feit dat Suid-Afrikaanse

maatskappye nie skuldig is aan stortingspraktyke in die VSA nie. “Die moontlikheid dat die optrede van die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies moontlik ’n rol gespeel het in die VSA se besluit, bestaan egter wel,” het Croucamp gesê. In ’n onlangse verslag deur die VSA se departement van buitelandse sake getiteld Voting Practices in the United Nations 2017 is Suid-Afrika uitgewys as een van die lidlande wat die minste saam met die VSA stem in die VN. Suid-Afrika het ook noue handelsbetrekkinge met China as een van die BRICS-lande. Solidariteit is slaggereed om hierdie uitdaging die hoof te bied en het reeds ’n aksieplan in plek om die impak van die tariewe te verlig.


BEDRYFSNUUS

Solidariteit gaan alles moontlik doen om te help om die volhoubaarheid van die plaaslike staal- en aluminiumbedryf te verseker en om werkverliese te probeer voorkom.” ~ MARIUS CROUCAMP ~

SOLIDARITEIT SE SEWEPUNTPLAN 1. 1

2.

2

3.

3

4.

4

Solidariteit se skakeling met die Suid-Afrikaanse regering en rolspelers in die bedryf word voortgesit ter ondersteuning van die plaaslike staal- en aluminiumbedryf, om die volhoubaarheid van die bedryf te help verseker en so werkgeleenthede en werkers te beskerm. Solidariteit se Steun Ons Staal-veldtog, wat in 2017 van stapel gestuur is, dien as voertuig vir die voortgesette skakeling. Solidariteit gaan ondersteuning bied aan en saamwerk met die departement van handel en nywerheid in verdere pogings om die owerhede in die VSA te oortuig om die Suid-Afrikaanse staal- en aluminiumbedryf van die tariewe vry te stel. Solidariteit gaan plaaslike en Amerikaanse staal- en aluminiummaatskappye wat betrokke is by uitvoertransaksies na die VSA en wat vrystellingsaansoeke aan die owerhede in die VSA voorlê, in die verband bystaan. Solidariteit skakel met verteenwoordigers van die Amerikaanse owerhede in Suid-Afrika, met die doel om

5.

5

6.

6

7.

7

’n beter begrip te kry van die redes vir die besluit om nie die Suid-Afrikaanse staal- en aluminiumbedryf van die tariewe vry te stel nie. Dit is noodsaaklik vir Solidariteit om sy invloed uit te oefen in ’n poging om die Amerikaanse owerhede te oortuig om die besluit oor tariewe te hersien. Solidariteit wil voorts bande bou en verhoudings versterk. Solidariteit beoog om ’n versoekskrif aan die Trump-administrasie te rig waarin die VSA gevra word om sy besluit oor die instelling van invoertariewe op die Suid-Afrikaanse staal- en aluminiumbedryf te hersien, en om die versoek in ’n gunstige lig te beskou. Solidariteit gaan met verskeie sleutelorganisasies in die VSA se staal- en aluminiumbedryf, wat betrokke was by die 232 ondersoeke, skakel met die doel om die saak vir vrystelling van die invoertariewe vir die Suid-Afrikaanse staal- en aluminiumbedryf te bevorder. Solidariteit is besig om ’n gebeurlikheidsplan op te stel vir gevalle waar die heffing van tariewe werkverliese gaan meebring. Die plan sal uiteensit hoe ondersteuning gebied sal word aan lede en werknemers wat geraak word.

CHINA NIE BANG VIR ‘N HANDELSOORLOG MET VSA China het in reaksie op die VSA se invoertariewe gesê hy is nie bang om ’n handelsoorlog met die VSA te begin nie, berig Netwerk24. China gaan invoertariewe op 128 produkte instel – van wyn tot lemoene – wat van die VSA na dié land ingevoer word in ’n poging om sy verliese “te balanseer”. Die Chinese se 25%-invoertariewe op Amerikaanse goedere beloop sowat $3 miljard. China het die Amerikaanse regering aangemoedig om eerder te onderhandel en geskille op te los. Solidariteit en rolspelers in die bedryf het reeds met die minister van handel en nywerheid, dr. Rob Davies, en amptenare van die departement van handel en nywerheid vergader. Belangrike terugvoering is tydens die vergadering gegee. Solidariteit het ook reeds met verteenwoordigers van die Amerikaanse owerhede in verbinding getree. www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

27


BEDRYFSNUUS

FORMER SA EXPRESS CEO CALLING SHOTS AT DENEL BY WILMARIE BRITS

S

Nuwe salarishoogtes vir SAFAIR-WERKNEMERS DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

Foto: iStockphoto.com

D

ie onafhanklike lugdiens Safair het ná onderhandelings met Solidariteit ingestem om aanpassings aan die salarisse van sy vlieëniers te maak sodat Safair steeds mededingend in die werkplek kan bly. Solidariteit verwelkom hierdie aanpassings tot ’n nuwe multijaarooreenkoms en beskou dit as ’n reusesprong in die regte rigting. Safair is op die regte koers en hul werknemers het rede om opgewonde te wees oor die toekoms, meen Solidariteit. Die nuwe multijaarooreenkoms is uniek omdat die aanvanklike ooreenkoms tussen Solidariteit en Safair in Junie 2019 sou verstryk en ’n baie laer verhoging vir 2018 aangebied het. Die nuwe multijaarooreenkoms strek vanaf 1 April 2018 tot Junie 2022. Die ooreenkomste met die verskillende werknemers van Safair sluit die volgende in:

28

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

KAPTEINS • 2018-verhoging: Tussen 20,6% en 30,2% vir die jaar • 2019-2021: 11% per jaar

EERSTE OFFISIERE • 2018-verhoging: Tussen 9% en 60,1% • 2019-2021: Tussen 8% en 9% per jaar

VLUGINGENIEURS • 2018-verhogings: 15% • 2019-2021: 9% per jaar Bykomende aanpassings sluit ’n maandelikse opleidingstoelae in, wat in sekere gevalle met soveel as 89,3% op sekere instrukteursvlakke verhoog is. Die salarisverhogings sal die weg baan vir Safair om sy uitnemende personeel te behou en sal die werkgewer aanloklik maak vir toekomstige personeel wat graag ’n loopbaan by Safair wil volg.

olidarity demanded an explanation from the newly appointed chair of the Denel board, Monhla Hlahla, and the Minister of Public Enterprises, Pravin Gordhan, after it came to light that Victor Xaba, former acting CEO of SA Express, has been appointed as acting CEO of Denel Aeronautics. Solidarity’s concerns about the appointment follow shortly after it became known that SA Express had awarded a controversial R2,4 billion fuel tender to EML Energy during Xaba’s term as the company’s acting CEO. This comes after two SA Express executives, Sam Vilakazi and Miriam Machoele, signed a deal with EML Energy to supply the already ailing SA Express with fuel for three years, despite a ten-year contract being in place with South African Airways (SAA) for the supply of fuel. Not a single drop has yet been supplied to the airline by EML Energy. According to Deon Reyneke, Solidarity’s Deputy General Secretary, a source told the union that this unlawful deal was concluded during Xaba’s term of office, while Miriam Machoele responded to recent rumours by contending that she had authorisation from Xaba to sign the deal on behalf of the airline. “It is alarming that such a major deal, for which tender procedures were not followed at all, could slip past a CEO unnoticed,” Reyneke said. Reyneke also said Solidarity was concerned about its members, as well as the future of Denel Aeronautics under the leadership of Xaba. Matsietsi Mokholo, acting CEO of SA Express, has described the fuel deal to EWN as a collapse of governance systems at the airline, adding that there was pure disregard for internal processes when the deal was signed. • The South African Civil Aviation Authority (SACAA) has grounded SA Express in May. SACAA has also suspended certificates of airworthiness for nine of 21 of SA Express’s aircraft. It means the carrier can no longer operate as an airline.


BEDRYFSNUUS

Wittes mág staak oor BEMAGTIGINGSKEMA DEUR WILMARIE BRITS

Foto: iStockphoto.com

I

n ’n historiese bevinding het die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in Mei bevind dat wit werknemers van Sasol mag staak oor hul uitsluiting van die organisasie se nuwe bemagtingskema, Khanyisa. Dit volg nadat Sasol einde verlede jaar bekendgemaak het dat sy bestaande werknemerbemagtigingskema, Inzalo, wat op 18 Mei 2018 ten einde geloop het, vervang gaan word met ’n nuwe skema, Khanyisa. Dié werknemer-aandeletransaksie maak egter glad nie voorsienning vir wit werknemers nie. Volgens Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, bestaan die nuwe skema uit twee fases waarvan die tweede fase slegs vir werknemers van die aangewese groep geld. “Dié skema tref ’n duidelike onderskeid tussen twee

kategorieë werknemers, wat na ons mening onregverdig is. Ons het formele terugvoer van Sasol ontvang waarin daar gesê word dat om wit mense deel van Khanyisa te maak, teen die wese van ware en betekenisvolle transformasie sal indruis,” het Reyneke gesê. Reyneke sê dat die vakbond in sy dispuut by die KVBA aangevoer het dat wit werknemers mag staak om soortgelyke

voordele te bekom. Reyneke sê voorts dat Sasol al sedert Januarie probeer om die vakbond en sy lede se griewe deur tegniese argumente ongeldig te verklaar. “Sasol het aangevoer dat wit werknemers nie mag staak nie aangesien die saak ’n regtedispuut is en dat die howe die forum is om die dispuut te hanteer.” Die kommissaris het egter bevind dat Solidariteit se dispuut as ’n saak van gemeenskaplike belang geklassifiseer moet word en dus verder deur die KVBA ondersoek moet word. “Sasol het ’n regsbalanseertoertjie probeer uitvoer in ’n poging om tyd te wen,” het Reyneke voorts gesê. “Ons hoop dat Sasol in die komende bemiddelingsproses tot nuwe insigte sal kom en wit werkers se griewe ter harte sal neem sodat daar ’n skikking bereik kan word wat alle werknemers insluit.”


INDUSTRYNEWS

Employee wellness, safety and productivity Employee wellness is a hot topic these days. Considered to be a critical benefit that can have a distinct positive impact, employee wellness is generally thought of in terms of physical wellness as well as emotional, mental, financial and spiritual wellness. Wellness also extends beyond work into an employee’s personal life. Employee wellness, safety and production are perfect partners, and it’s easy to see why, writes JOHAN BÖNING.

S

afety deals with compliance to the different pieces of legislation, such as the Occupational Health and Safety Act (OHSA), Mine Health and Safety Act (MHSA), different regulations and the implementation of various standard operating procedures (SOPs) in the workplace. In a well-organised workplace there should be a balance between employee wellness, safety and productivity. Both workplace safety and employee wellness have a direct impact on productivity, absenteeism, injury on duty claims, medical expenditure, reputation and the overall profitability of all types of businesses. In the majority of workplaces, the “wellness community” and the “safety community” are not connecting; they operate far too independently. How can more integrated programmes be created to improve safety, wellness and productivity?

Photographs: iStockphoto.com

SLEEPING AND EATING HABITS Many accidents occur because workers are tired or experience a lack of concentration or focus. Getting sufficient rest and nutrition is therefore a common component of wellness and good health. Researchers also point to the following workplace problems associated with fatigue: • Longer reaction times • Reduced alertness • Poor concentration • Difficulty processing information • Decreased task motivation • Memory problems • Impaired coordination

30

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

These problems could directly impact on safety and productivity. The risk of workplace injury increases vastly where employees suffer from sleep disorders.

STAY FIT TO STAY SAFE Whether they are engaged in strenuous physical work or a desk job, employees who are physically fit will be able to avoid many common workplace injuries. Employees are often injured when performing lifting, lowering and repetitive motions. Taking regular short breaks to do a few stretching exercises can be helpful. By requiring employees to stop working for a few minutes and do specific stretches that relate to certain types of repetitive work, employers can help prevent injuries. This is why a wellness programme encouraging comprehensive physical fitness may be beneficial to safety. Not all work is physically demanding, but employees who spend most of their day working on a computer can also benefit from doing stretch exercises. According to some health experts, sitting is the new smoking, as research indicates that inactivity can lead to serious health issues such as obesity and cardiovascular disease as well as back and shoulder pain. Giving employees the opportunity to stand up, stretch and change position every now and then, or organising a lunchtime walking group can all be part of your company’s wellness programme.

WORKPLACE STRESS & SAFETY Safety and wellness involve not only physical wellness but also mental wellness.

Employers lose billions every year in lost workdays due to stress-related illnesses. Improving safety is one way to reduce stress, and employees who are less stressed will show increased productivity. Stress creates distraction and distraction influences your employees’ attention and focus. This can lead to accidents resulting in injury or death.

FINANCIAL WELLNESS CRITICAL The following tips can help employers to secure the financial wellness of their employees: • Financial stress may lead to mental stress and this can manifest as physical symptoms. Refrain from focusing on only one element and rather approach employee well-being as a holistic employee benefit. • Acknowledge that financial stress kills productivity. It is estimated that more than 50% of employees feel stressed about their financial situation and 50% of them feel that financial stressors are affecting their productivity at work. • Having an emergency fund to assist employees in need, for example by granting them an interest-free loan, or giving personalised guidance and advice related to making savings, planning for retirement and buying a home can go a long way to helping your employees gain financial confidence. Not only do safety initiatives and wellness programmes go hand-in-hand but participation in activities that make employees healthier and safer will also improve productivity.



BEDRYFSNUUS

Solidariteit glo dat skole gemeenskapinstellings is en dat die tyd en geld wat ouers op hul kinders se skole spandeer, nie net ’n belegging in hul kinders se toekoms is nie, maar ook help om die gemeenskap te bevorder. Om as “belegger” in ’n skool die beste resultate te verkry, is dit noodsaaklik om op hoogte te bly van wat by jou kind se skool gebeur. DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

Foto: iStockphoto.com

J

ou kind is uiteindelik ingeskryf, skoolklere is gekoop, die boeke is in ’n reusetas gepak en jou kind het sy of haar eerste treë op die skoolterrein gegee – dit alles met óf sonder jou trane! Dit is ’n groot stap in jou kind se lewe. Daar gebeur egter heelwat agter die skerms wat baie belangrik is, maar waarvan jy moontlik nie eens bewus is nie. Die hulpvaardige kantoorpersoneel het jou op die hande gedra met die inskrywingproses en jy is hulle ewig dankbaar, maar het jy al gewonder wat is die inhoud van jou kind se skool se toelatingsbeleid? Of wat presies bespreek die beheerliggaam agter geslote deure, en hoekom is ’n beheerliggaam in die skool so belangrik?

skoolgeld is, hoe ouers hul kinders kan inskryf en watter dokumentasie benodig word, wat die skool se beleid ten opsigte van die ouderdom van leerders is en, baie belangrik, wat die skool se taalbeleid is – iets wat uiteraard ’n direkte uitwerking op die leerders en onderwysers het. Openbare skole vertrou die bestuur van die skool toe aan ’n beheerliggaam wat die mag het om die toelatingsbeleid te bepaal. Die beheerliggaam is onderhewig aan statutêre bepalings om te verseker dat daar ’n skoolomgewing geskep word waar daar nie teen enige leerder gediskrimineer word op grond van ras, kultuur, godsdiens en ekonomiese status nie. Hulle verseker dus dat daar niks is wat ’n leerder se toegang tot die skool verhinder nie.

TOELATINGSBELEID

BEHEERLIGGAAM SE ANDER VERANTWOORDELIKHEDE

’n Skool se toelatingsbeleid bevat ’n groot hoeveelheid belangrike inligting: wat die skool se kapasiteit is (met ander woorde, hoeveel kinders die skool kan inneem), wat die keuringskriteria is, oor watter geriewe die skool beskik, wat die

32

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

’n Beheerliggaam neem op ’n gereelde grondslag belangrike besluite oor jou kind se skool – besluite wat jou kind soms regstreeks raak. ’n Beheerliggaam het talle verantwoordelikhede wat verder

strek as wat ’n mens dink, en baie van dié besluite het langtermyngevolge wat ‘n impak het op die skool se groei en voortbestaan. Die beheerliggaam: • is betrokke by die aanstelling van nuwe en senior personeel; • hou toesig oor finansiële besluite; • hou ’n oog oor die onderhoud en ontwikkeling van die skoolgeboue en -terrein; • bepaal die buitemuurse program van die skool; • is verantwoordelik vir die aankoop van handboeke, skryfboeke en ander onderrigmateriaal vir die skool; • sorg vir die betaling van dienste wat aan die skool gelewer word; • ondersteun die skoolhoof en personeel in die goeie bestuur van die skool; en • bepaal die toelatingsbeleid, taal beleid en godsdienstige oriëntering van die skool. Noudat jy weet hoekom ’n beheerliggaam belangrik is en hoe hulle ’n direkte impak op jou kind se toekoms het, vra jouself af: Hoe raak ek betrokke?


BEDRYFSNUUS

DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

O

nderwys is ’n onderwerp waaroor daar baie gepraat en geskryf word. Onderwysers is immers ’n groep mense wat nie net baie belangrike werk verrig nie, maar wat ook meer tyd saam met ons kinders spandeer as ons, hulle ouers. As ouers behoort ons onderwysers op te hef vir die positiewe invloed wat hulle op die leerders het. Die kennis en praktiese vaardighede waarmee hulle ons kinders toerus, is van onskatbare waarde. As ons dan so sterk voel oor dié kwessies, moet dit ons ook pla as onderwysers die beroep wat hulle as loopbaan gekies het, verlaat. Wat hulle agterlaat, is nie net die liefde vir die beroep nie, maar jare se ondervinding en kennis wat aan jong kollegas en die leerders oorgedra (kon) word. Die klagtes wat ons by onderwysers hoor, behoort nie net afgemaak te word as kleinighede nie. Dalk is dit tyd om te vra: Wat kwel hierdie besonderse groep mense só dat hulle bereid is om hul lewensroeping prys te gee, omdat hulle geen ander uitkoms sien nie? Om alles te kroon, is daar talle mites oor die onderwysberoep waarmee onderwysers elke dag te doen kry:

HEERLIKE HALFDAGWERK

Foto: iStockphoto.com

Onderwysers begin reeds om 07:00 in die oggend werk. Dan sit hulle nie en koffie drink nie, maar vergader om belangrike gebeure van die dag te bespreek. In die middag is daar buitemuurse aktiwiteite wat jou vir ’n verdere twee ure besig hou; selfs langer wanneer daar geleenthede soos sportbyeenkomste is. Hierna moet jy tyd maak vir voorbereiding vir die volgende dag asook vir die nasien van boeke, take en ander projekte.

VIER VAKANSIES PER JAAR Dit mag dalk so wees dat onderwysers meer vakansies het as mense in ander beroepe. Wat egter nie waar is nie, is dat onderwysers elke vakansie vir hul eie

doeleindes gebruik. Baie vakansies word opgeoffer vir sporttoere of word bestee daaraan om ’n nuwe kurrikulum onder die knie te kry. Tydens hierdie toere sien onderwysers om na ander mense se kinders, terwyl hul eie gesin tuis sonder ’n pa of ma moet klaarkom.

MIN URE, STEWIGE SALARIS Daar word nie verniet gesê onderwysers beoefen hul beroep omdat hulle lief is vir kinders nie, want hulle doen dit beslis nie om skatryk te word nie. Met al meer kinders wat deesdae in privaat skole is, is dit beslis ’n opsie wat vir ’n onderwyser ’n beter salaris in die sak kan bring, maar die realiteit is dat die meerderheid onderwysers steeds posisies in openbare skole beklee. Volgens payscale.com verdien die gemiddelde laerskoolonderwyser sowat R15 000 per maand, voor aftrekkings. Onthou – ons praat hier van ’n gekwalifiseerde onderwyser wat formele opleiding ontvang het.

KLEIN KLASSE, KINDERS MAKLIK Wanneer jou eie kinders by jou is, is dit maklik om grense te stel en sake vinnig tot orde te bring, want jou kinders ken die reëls en grense van die huishouding. Die probleem is dat die tot 45 kinders in ’n klas almal uit verskillende huise en agtergronde kom, met verskillende reëls

en grense. Dis ’n bykans onmoontlike taak om reëls te stel wat deur almal in ’n klas gerespekteer sal word. Boonop moet dissipline toegepas word binne die raamwerk van dit wat in vandag se samelewing as aanvaarbaar beskou word – geen geringe taak nie. Onderwysers het ouers se volle samewerking nodig om dié moeilike situasie reg te hanteer.

EENVOUDIGE LEERPLANNE In 2012 het die departement van onderwys die nuwe CAPS/KBV-kurrikulum begin implementeer. Onderwysers moes gedurende skoolvakansies opleiding hierin ontvang. Soos verwag, was daar haakplekke: opleiding is oorhaastig aangebied en baie skole het gevoel die kurrikulum is oorhaastig geïmplementeer. Die tempo waarteen lesse aangebied moet word om deur die kurrikulum te kom, bly ’n bekommernis. Dit laat ’n mens ook wonder of kinders werklik die onderwerpe in die leerplan begryp, en kan toepas wanneer nodig. Maar onderwysers se hande is afgekap omdat die opdragte van die departement van onderwys af kom en alles ’n wedloop teen tyd is. Ondersteun jou kind se onderwysers deur aandag te gee aan die uitdagings wat jou kind beleef. Wees pro-aktief en leer jou kind die regte waardes en respek vir ander, sodat hulle selfdissipline kan toepas waar en wanneer dit nodig is. Só kan jy ’n verskil maak! www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

33


BEDRYFSNUUS

Dit het onvermydelik geword dat ons self verantwoordelikheid vir die voortbestaan van Afrikaanse onderwys aanvaar. ~ DR. THEUNS ELOFF ~

Onderrigtaal se toekoms in skole só beskerm Transformasie en minderheidsregte is woorde waarmee ons al meer te doen kry. In die werkplek word ons gereeld daarmee gekonfronteer; ook by universiteite, veral met die taalgevegte wat die afgelope paar jaar plaasvind, hoor ons gereeld dié terme. Op die oomblik vind ons ons self weer by ‘n kruispad met betrekking tot minderheidsregte: dié keer is dit Afrikaanse skole wat in die spervuur is en die nuutste teiken vir transformasie geword het. DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

Foto: iStockphoto.com

V

olgens Rapport is daar slegs 1 644 laerskole en 566 hoërskole uit die land se 25 000 openbare skole wat nog Afrikaans as onderrigtaal gebruik. Van die laerskole wat Afrikaans gebruik, is 978 enkelmedium en van die hoërskole 211, rapporteer Fedsas, die federasie van skoolbeheerliggame. In die woorde van dr. Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), soos aangehaal in Rapport: “Dit het onvermydelik geword dat ons self verantwoordelikheid vir die voortbestaan van Afrikaanse onderwys aanvaar.” Dit blyk al meer dat daar na alternatiewe oplossings gekyk moet word om seker te maak dat ons kinders op alle vlakke steeds in Afrikaans onderrig word. Dit is juis om dié rede dat die AON (Afrikaanse Onderwysnetwerk) gestig is. Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, sê die AON sien om na “die langtermynbelange van Afrikaans.” Daar kan moontlik reeds so gou soos volgende jaar ’n netwerk van bekostigbare Afrikaanse skole gestig word wat die

34

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

voortbestaan van Afrikaans as onderwystaal sal help verseker. Volgens Rapport is een van die AON se doelwitte om halfvol Afrikaanse skole, wat die gevaar loop om Engels-enkelmedium te word, aan te moedig om saam te smelt. Die AON is bereid om as bemiddelaar op te tree om skole te help integreer sodat daar minder maar beter Afrikaanse skole gevorm word. Hulle mik ook om die gehalte van onderrig in Afrikaanse openbare skole te verbeter en in stand te hou. Verder wil die AON ’n reeks bekostigbare, Afrikaanse privaat skole bou – dit vorm deel van sy strategie om Afrikaans as onderrigtaal te behou. Eloff sê die AON sal gefinansier word deur ’n reeks partye, wat Solidariteit Helpende Hand insluit. Die skole sal aanvanklik deur die AON en privaat skenkings gefinansier word, maar sal uiteindelik selfonderhoudend word. Volgens Eloff moet skole volhoubaar en bekostigbaar wees. Daarom word ’n model oorweeg waarvolgens die winste van skole in sekere gebiede gebruik sal word om armer skole te subsidieer.

Dit is van kardinale belang dat ons verseker is van Afrikaanse onderrig, van laerskool tot en met naskoolse studies. As ons versuim om seker te maak dat onderrig in Afrikaans op skoolvlak plaasvind, sal dit beteken dat daar mettertyd nie meer matrikulante sal wees wat ’n naskoolse studierigting in Afrikaans wil aanpak nie. En as daar nie só ’n aanvraag is nie, sal Afrikaans as tersiêre onderrigtaal eenvoudig mettertyd doodloop. Alle tale is belangrik en moet beskerm word, maar dit is hartseer dat ons op ’n punt gekom het waar ons Afrikaanse skole moet privatiseer om hulle voortbestaan te verseker en dat daar toenemende druk op skole geplaas word om hul taalbeleid te verdedig. Die idee is steeds nie om Afrikaans in afsondering te plaas nie en die kwessie behoort nie aan politiek of ras gekoppel te word nie. Maar die samewerking van plaaslike gemeenskappe, rolspelers in die onderwys asook beleggers wat belangstel in die voortbestaan van Afrikaans en Afrikaanse onderwys en opleiding is nodig indien ons Afrikaans as onderrigtaal op skool wil behou.



INDUSTRYNEWS

REUSESKIKKING NAMENS SOLIDARITEIT-LID BEDING DEUR WILMARIE BRITS

S Brigadesmen dedicated to SAVING LIVES BY WILMARIE BRITS

Photograph: iStockphoto.com

O

n the sunny afternoon of 3 May this year, a group of brave search and rescue workers (brigadesmen) went down a very dark and dusty mine shaft at Sibanye-Stillwater’s Masakhane mine, without any hesitation, to rescue 13 mineworkers who were trapped approximately 2,6 km underground. This terrible accident was caused by falls of ground due to seismic activity. According to Adv Paul Mardon, Solidarity’s Deputy General Secretary for Occupational Health and Safety, this accident is the latest in a series of incidents which have occurred in recent months at Sibanye-Stillwater’s mines, resulting in workers being killed, injured or trapped. It raises serious concerns about the safety of mineworkers in these deep-level mines. MOSH (Mining Industry Occupational Safety & Health) uses the term “falls of ground” to classify accidents related to unexpected movement of rock mass and the uncontrolled release of debris and rock as a result of gravity and/or pressure, strain burst or rock burst. Falls of ground cause approximately 30% of all mining fatalities in the South African mining industry, making it one of the leading causes of deaths in mines. Mardon said that in 2016, there were 459 falls of ground events in South African mines (of which 249 occurred in gold mines) compared to the preliminary total of 437 (213 in gold mines) in 2017. “According to preliminary figures for 2018, 116 falls of ground (43 in gold

36

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

mines) have occurred to date, compared to 156 (79 in gold mines) during the corresponding period in 2017,” Mardon said. Seven mineworkers tragically lost their lives on 3 May, but thanks to a highly trained and experienced search and rescue team, six miners were located and brought to safety. Brigadesmen are active mineworkers who are willing to risk their lives to save the lives of others. It’s a voluntary service that requires extreme fitness and mining expertise. The training standards for brigadesmen are very high because people’s lives are at stake and there is no room for error. Less than 40% of the volunteers successfully complete the training. According to Dr Johan Böning, Legal Practitioner: Occupational Health and Safety at Solidarity, the training consists of theoretical and gruelling physical training aimed at testing qualities such as tolerance for confined spaces, heights and temperatures of up to 60 degrees. The ability to work in a team is also tested. Brigadesmen should exhibit traits such as leadership, fitness and great communication skills. “It is also very important that they should be psychologically strong and able to handle trauma,” Böning said. Despite the extremely tiring and demanding training they are required to complete on top of doing their regular day jobs, and the fact that it is indeed very dangerous work with major responsibilities, there is nothing more gratifying for them than saving a person’s life.

olidariteit beywer hom daarvoor om elke lid by te staan sover dit prakties moontlik is. Maarten Weidemann, ’n werknemer van Ainsworth Engineering, het dié toewyding eerstehands ervaar. Weidemann is einde Augustus 2017, ná slegs ses maande se diens, onverwags deur sy werkgewer in kennis gestel dat sy dienste beëindig word. Volgens die kennisgewing wat hy ontvang het, is hy ontslaan weens gereelde nalatige optrede. Weidemann, wat die produksiebestuurder was, was egter daarvan oortuig dat sy afdanking onbillik was en hy het dadelik vir Solidariteit genader. Solidariteit het namens Weidemann die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) genader vir ’n arbitrasiesaak weens onbillike ontslag in die werkplek. Volgens Alfie Hoole, die Solidariteit-verteenwoordiger wat Weidemann in die saak bygestaan het, het die klagstaat deur die werkgewer glad nie aangedui waar, hoe en wanneer Weidemann nalatig was nie. “Die werkgewer het, ten spyte van die gebrek aan bewyse, steeds ons lid ontslaan,” het Hoole gesê. Nadat die saak einde 2017 na die MEIBC se dispuutoplossingsentrum (DRC) verwys is, het die vakbond vir die eerste keer op 29 Januarie vanjaar gekonsolideer. “Die werkgewer wou egter nie die lid tegemoetkom nie en het volgehou dat hy nie sal skik nie omdat die lid op geen vergoeding of skikking geregtig is nie. Die kommissaris het die saak toe vir arbitrasie verwys.” Op 16 April het Solidariteit en die werkgewer, wat deur die werkgewersorganisasie SEIFSA verteenwoordig is, by die MEIBC se DRC-kantore in Johannesburg bymekaargekom vir die arbitrasie. Volgens Hoole het SEIFSA ’n voorgestelde skikking van R50 000 na die tafel gebring, nadat die kommissaris albei partye versoek het om buite die hof te probeer skik. “Ek het geweet ons lid het ’n baie sterk saak en ons het die aanbod van die hand gewys.” Nadat Solidariteit en SEIFSA op vergoeding van R100 000 ooreengekom het, het Weidemann vir Solidariteit die mandaat gegee om die skikking te aanvaar. “Dié skikking beteken baie vir Solidariteit asook vir ons lede in die metaal- en ingenieursbedryf,” het Hoole trots gesê.


Finansiële Dienste

REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!

Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet slegs R115 per maand.* aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. • Onbeperkte tot regsdokumentasie. regshulptoegang – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

24 uur per dag

2

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

aksentmedia.co.za

Regsverteenwoordiging ter waarde van R100 000 per jaar

0861 765 734

www.legalex.co.za

Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging

Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556.

3

Prokureurs landwyd

4

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

* Bepalings en voorwaardes geld * Bepalings en voorwaardes geld

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legalex (Edms) Bpk, FSP-nommer: 5277, finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk, FSP-nommer: 75




BEDRYFSNUUS

Maak SPAAR ook jou wet vir welslae DEUR FRANCOIS SMIT

Foto: iStockphoto.com

J

ulie is deur die Vereniging vir Spaar en Beleggings van Suid-Afrika (ASISA) as “spaarmaand” verklaar. Ons wil graag dié onderwerp aanraak deur ’n filosofiese benadering. Napoleon Hill was ’n filosoof en skrywer in die vroeë twintigste eeu. Een van sy bekendste werke was The Law of Success. Hy noem in die boek ’n groep van 15 wette vir sukses. Een van die wette is die gewoonte om te spaar. Hill begin die hoofstuk so: “’n Mens is ’n kombinasie van vlees, bloed, bene, hare en breinselle. Dit is die boumateriale wat die mens gebruik om deur middel van die wet van gewoontes sy of haar persoonlikheid te vorm.” Om ’n gewoonte van spaar te kweek, moet ’n mens eers die wet van gewoonte verstaan. Enige daad word deur gereelde herhaling ’n gewoonte. Hill maak die stelling dat dit wil voorkom of die verstand ’n massa motiverende kragte is wat gevorm word deur ons daaglikse gewoontes. As ’n gewoonte eers in die verstand gevestig is, veroorsaak dit dat ’n mens vrywillig en outomaties aan-

40

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

gespoor word tot aksie. Die maklikste manier om dié stelling te verstaan, is om te probeer om vroeër in die oggend op te staan. Dit gaan eers moeilik: die wekker word ’n paar keer doodgedruk, daarna begin ’n mens opstaan as hy lui, maar steeds moeilik. Kort voor lank is ’n mens deur gewoonte voor die wekker wakker. Klink dit bekend? Hill beweer miljoene mense gaan deur die lewe in armoede en gebrek omdat hulle op ’n vernietigende wyse gebruik gemaak het van die wet van gewoonte. Mense besef selde dat hulle is waar hulle is deur hul eie toedoen. Indien jy in jou verstand die gedagte tuisbring dat jou vermoë beperk is om ’n gegewe inkomste te verdien, sal jy nooit meer as dit verdien nie. Jou onderbewussyn aanvaar die beperking. Die gevolg daarvan is dat jy begin vrees dat jy in armoede kan leef en dan sien jy nie meer geleenthede raak nie. Jy bekwaam jouself ook nie beter om die geleenthede te kan aangryp nie. Dieselfde beginsel geld vir spaar. Indien jy in ’n gewoonte verval om alles wat jy kry uit te gee, gaan jy glo dat jou

vermoë om te spaar baie beperk is. Die gewoonte van spaar beteken nie jy gaan jou vermoë om te verdien beperk nie, inteendeel, dit beteken dat jy die wet (gewoonte) sal toepas om dit wat jy verdien planmatig te bewaar. Dit gaan jou op die pad van groter geleenthede plaas; dit gaan jou visie, selfvertroue, geesdrif, inisiatief en leierskap gee om jou vermoë om meer te verdien te verbeter. Jy kan begin deur vir jouself ’n noukeurig omskrewe doelwit te ontwikkel. Jy moet in jou verstand ’n akkurate beskrywing hê van wat jy wil bereik, ook wat betref jou vermoë om te verdien en te spaar. Jou onderbewussyn gebruik hierdie prentjie as ’n bloudruk wat jou gedagtes en aksies vorm in praktiese planne om by jou hoofdoelwit uit te kom. Deur die wet van gewoonte word die gedagtes en aksies in der waarheid verewig. Jy bestuur dan jou negatiewe gedagtes en vrees om in armoede te leef weg. Soveel mense sê gereeld: “Ek sukkel so om kop bo water te hou, waar moet ek nog geld kry om te spaar en beleggings te maak?” Die teenvraag is egter: “Hoe lyk jou gewoontes?”


Plaas jou KOSBARE RANDE

in die REGTE HANDE Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

01 BELEGGINGS > aftrede > effektetrusts > buitelandse beleggings

05

02

MEDIESEFONDSADVIES EN -PRODUKTE > Professionele advies > Mediesefondsopsies > Gapingsdekking

MOTOR- & HUISINHOUDVERSEKERING > brand > diefstal > ongelukskade

Skakel ons vandag!

0861 10 10 05

03

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES > ontledings > oplossings > produkte

REGSHULPVERSEKERING > 24 uur telefoniese regsadvies > Toegang tot prokureur (limiete geld) > Borgdekking

aksentmedia.c0.za

04

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

0861 10 10 05

www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

Verpleegkundiges: VOORDELE net ‘n klik ver

S

* Bepalings en voorwaardes geld • Foto’s: Conrad Theron & iStockphoto.com

luit vandag nog aan by Solidariteit se Beroepsgilde vir Verpleegkundiges en kwalifiseer vir die volgende voordele:* • Omvattende, bekostigbare indemniteitsversekering met meer dekking en beskerming as enige ander verskaffer • Toegang tot Solidariteit Finansiële Dienste, ons vennoot vir alle finansiële navrae en dienste, wat insluit: • inkomstebeskerming • hulp met die opstel van begrotings • spaarplanne en beleggings

BEROEPSGILDES Deel van die Solidariteit Beweging

42

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

• annuïteite, versekering en vele meer • Bedryfspesifieke nuus • Afgetrede verpleegsters word aangemoedig om hul kennis te deel met die jonger geslag en op te tree as mentors binne die professie • Toegang tot die gilde se webblad, wat jou eenstopplatform is vir alle inligting met betrekking tot die beroep, van indemniteit tot jou SANC-registrasie • Telefoniese arbeidsregshulp en verteenwoordiging • Sivielregtelike advies • Studievoordeel by Akademia en

Sol-Tech • Studiefinansiering vir lede en afhanklike kinders • Begrafnisvoordeel • Opstel en bewaring van jou testament • Bevallingsvoordeel • Permanente mediese ongeskiktheidsvoordeel • Vakansievoordeel. • Sluit vandag aan om deel te word van dié beroepsfamilie. SMS “verpleeg” na 34802 (R1/SMS) of besoek die webtuiste www.verpleeg.co.za vir meer inligting.



IN BEWEGING

Nuus oor die instellings wat deel van die Solidariteit Beweging vorm, asook lekkerleesartikels oor alles van geldsake tot die geskiedenis.

Kallie Kriel en Ernst Roets saam met Tucker Carlson van Fox News. Die onderhoud op Fox News was een van die vele hoogtepunte van AfriForum se besoek aan die VSA.

Kritiek oor VSA-BESOEK stuit AfriForum allermins Venynige aanvalle op bestuurslui van AfriForum nadat die organisasie se standpunt rondom plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding in die VSA gestel is, gaan die burgerregtewaghond beslis nie van stryk bring nie. Inteendeel, die bewusmakingsveldtog plaaslik en oorsee gaan verskerp word. DEUR ALET RADEMEYER

Foto’s: Verskaf

K

allie Kriel, uitvoerende hoof, en Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, meen ongegronde aanvalle en kritiek op hulle, en ’n verdraaiing van die organisasie se standpunte én wat hulle sê, gaan hulle geensins afskrik om hul bewusmakingsveldtog in die buiteland voort te sit nie. “Die aanslag teen ons is inderdaad vir ons ’n aanduiding dat ons op die regte pad is en dat daar toenemende steun is vir die boodskap wat ons wil oordra,” sê Kriel. Kriel en Roets het met belangrike meningsvormers in die VSA ontmoet en ook besoek gebring aan die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, die Cato Institute, The Heritage Foundation en die International Republican Institute in Washington, D.C. waar kennis van hul boodskap geneem is. Roets het AfriForum se standpunte ook in ’n onderhoud met Tucker Carlson van Fox News, wat meer as drie miljoen kykers het, verduidelik. Kriel het in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se stelling in die parlement dat diegene wat die internasionale gemeenskap teen die “land” mobiliseer, eerder “huis toe moet kom vir gesprekvoering”, gesê die president moenie Suid-Afrika se be-

44

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

lange en die ANC se beleidsrigtings met mekaar verwar nie. Kriel beklemtoon AfriForum is na die VSA om die internasionale gemeenskap te mobiliseer teen die ANC se amptelike beleid van onteiening sonder vergoeding wat gedurende Desember 2017 deur dié party aanvaar is, asook vir bewusmaking oor plaasmoorde. “Om AfriForum se internasionale veldtog as ’n veldtog teen Suid-Afrika voor te hou, is vals.

“Ons veldtog het ten doel om Suid-Afrika teen die skending van eiendomsreg te beskerm. Dit is juis daarop gemik om te verhoed dat die ANC nie die ekonomie met ondeurdagte beleidsrigtings vernietig ten koste van almal in die land nie.” Kriel sê AfriForum is meer as bereid om in Suid-Afrika aan gesprekvoering oor brandpunte deel te neem. “Soos wat die ANC in die verlede gedoen het, sal AfriForum voortgaan om internasionale steun te werf en terselfdertyd aan gesprekvoering deelneem. “Indien pres. Ramaphosa ernstig

is oor gesprekvoering, sal hy moet toesien dat stemme vanuit minderheidsgemeenskappe ook ernstig opgeneem word en nie uitgesluit of geïgnoreer word soos wat die geval in die verlede was nie.” Roets sê op sy beurt pogings deur linkse radikales wat AfriForum daarvan beskuldig dat die organisasie die krisis rondom plaasmoorde in die buiteland as ’n “volksmoord” voorhou, sal die organisasie nie van stryk bring om die wêreld te bly inlig oor die ware toedrag van sake nie. “AfriForum sal aanhou om die korrekte statistieke rondom dié moorde vry te stel, asook om die verhale van duisende slagoffers te vertel wat die regering verkies om te misken.” AfriForum se bewusmakingsveldtog word in Junie na Australië en Nieu-Seeland uitgebrei, en later vanjaar ook na Europa. Kriel en Roets is van mening dat die wêreld begin sien wat werklik in Suid-Afrika aan die gang is nadat verskeie optogte en besprekings reeds in Australië en Europa plaasgevind het. “Internasionale regerings is besig om kennis te neem van die ANC se houding teenoor burger- en eiendomsregte, en watter katastrofiese gevolge dit kan hê,” sê Kriel.



IN BEWEGING

Wico Swanepoel, regsadviseur: plaaslike korrupsie, en adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, saam met lede van die Nylstroom-tak.

Takke bemagtig om KORRUPSIE te knak DEUR ALET RADEMEYER

Foto’s: Verskaf & iStockphoto.com

A

friForum het onlangs sy Knak Korrupsie-veldtog van stapel gestuur met ’n werksessie vir sy takbesture om hulle te bemagtig om korrupsie op plaaslikeregeringsvlak uit te snuffel. Die opleiding deur adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, is reeds in verskeie dorpe soos Nylstroom, Potchefstroom, Bethlehem en Kuruman aangebied. Volgens Wico Swanepoel, regsadviseur: plaaslike korrupsie by AfriForum, doen korrupsie afbreuk aan morele waardes en raak dit almal in die gemeenskap. “Korrupsie ondermyn regsekerheid, dit skep wantroue in die oppergesag van die reg en dis ook ’n teelaarde vir georganiseerde misdaad. “Op plaaslike regeringsvlak is korrupsie ook vir swak dienslewering en die ineenstorting van infrastruktuur verantwoordelik. Belastingbetalers verdien beter en daarom gaan AfriForum sy takbesture bemagtig en inlig oor presies wat korrupsie is en hoe dit hokgeslaan kan word.” Die opleiding word vir lede en nielede aangebied. “Dit sal die publiek ook geleentheid gee om inligting oor korrupsie aan AfriForum deur te gee. Korrupsie raak ieder en elk van ons en daar rus ’n verpligting op almal om dit

46

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

R100 miljard Die bedrag geld wat Suid-Afrika jaarliks weens korrupsie verloor. bekend te maak en hok te slaan,” sê Swanepoel. Onafhanklike navorsers en ekonome raam dat die land jaarliks tussen R30 miljard en R100 miljard aan korrupsie verloor. Nel moedig AfriForum-lede en lede van die publiek aan om helde te wees en korrupsie aan te meld. In sy aanbiedings verduidelik hy breedvoerig wat korrupsie is en wat

nodig is om dit aan die kaak te stel. Hy verduidelik ook watter rol faktore soos goeie ondersoekwerk, getuienis, bewyse, deskundige getuies, dokumentasie, fluitjieblasers en tegnologie (soos selfone en rekenaars) speel in die proses om korrupsie te ondersoek en uiteindelik te ontbloot. “Korrupsie kom nie net neer op die verwisseling van geld tussen individue met die doel om enige voordeel daaruit te trek nie. Enige handeling of aksie wat daartoe kan lei dat ’n korrupte verhouding geskep word of kan ontstaan, dui reeds op korrupsie,” sê Nel. Nel meen ook as dit nie vir fluitjieblasers was nie, sou klagtes van korrupsie en bedrog nie teen belangrike figure soos Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC; David Mabuza, adjunkpresident van die land; en Ajay Gupta, Indiese sakeman wat by staatskaping betrek word, ondersoek word nie. James van Zyl, voorsitter van AfriForum se tak in Nylstroom, sê mense was ongelooflik positief ná Nel se voorlegging. “Ons het baie beter insae gekry in wat adv. Nel doen en wat AfriForum se rol in die ontbloting van korrupsie is. Almal praat gereeld oor korrupsie, maar niemand verstaan werklik wat dit alles behels nie. Ons is nou baie beter ingelig oor wat gewone mense ook in dié verband kan doen.”


IN BEWEGING

“Suid-Afrikaanse instellings moet verby ideologiese oorwegings begin kyk en die taalregte van alle studente, insluitend Afrikaanssprekendes, uitbou in plaas daarvan om skyngelykheid in eentalige instellings deur taalregteskendings te probeer skep.”

Nie belyn met TAALREGTE-ontwikkelings

Foto: iStockphoto.com

A

friForum neem kennis van die NoordGautengse hooggeregshof se uitspraak ten gunste van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se eentalige Engelse taalbeleid. Dié terugslag vir Afrikaans volg op die konstitusionele hof se meerderheidsuitspraak in 2017 ten gunste van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se eentalige Engelse beleid. Dié uitspraak is egter wyd gekritiseer deur ontleders en kenners wat tot die slotsom gekom het dat dit eintlik neerkom op straf vir Afrikaners wat hul regte opeis en dat die konstitusionele hof klokslag gewys het dat minderhede se regte toenemend as ondergeskik gesien word. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gewaarsku dat die afskaffing van Afrikaans en die daaropvolgende kettingreaksie by universiteite nie tot groter eenheid sal lei nie, maar dat dit eerder die begin van ’n bittere verdeeldheid is. Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, meen die Unisauitspraak is nie in pas met ontwikkelings

DEUR ALET RADEMEYER

op die gebied van taalregte wat tans nasionaal en internasionaal plaasvind nie. “Wêreldwyd is daar ’n behoefte aan die beregtiging van meer moedertale en die ontwikkeling van veeltalige omgewings waarbinne groter maatskaplike samehorigheid en beter akademiese prestasie gedy. Suid-Afrikaanse staatsdepartemente en die meeste universiteite neem egter nie kennis hiervan nie, maar storm op ’n eentalige pad voort.” Bailey meen die konseptaalbeleid vir Suid-Afrikaanse openbare tersiêre onderwysinstellings, wat onlangs vir kommentaar gepubliseer is, toon begrip vir die kompleksiteit van die taalsituasie in Suid-Afrika en maak voorsiening daarvoor om meer tale vir onderrig- en administratiewe doeleindes by universiteite te gebruik. Verder beklemtoon navorsing deur onafhanklike Suid-Afrikaanse deskundiges op taalgebied, insluitend wyle prof. Neville Alexander, asook proff. Elirea Bornman, Theo du Plessis, Russell Kaschula, dr. Monwabisi Ralarala, me. Zakeera Docrat en internasionale deskundiges soos onder andere proff. Fernand de Varennes, Rosemary Salomone en László Marácz duidelik die maatskaplike en ekonomiese voordele

van meertaligheid. Voorts vind daar ook regsaksies plaas (of word dit beplan) in onder meer Nederland en Italië om ongebreidelde verengelsing van tersiêre onderriginstellings te stuit. “Suid-Afrikaanse instellings moet verby ideologiese oorwegings begin kyk en die taalregte van alle studente, insluitend Afrikaanssprekendes, uitbou in plaas daarvan om skyngelykheid in eentalige instellings deur taalregteskendings te probeer skep,” sê Bailey. AfriForum se standpunt is dat daar steeds nie rede is om moedeloos te raak nie, ondanks die woelinge op taalgebied: ons moet juis moed skep en aanhou werk vir taalregte. “Wanneer ons dít doen, is ons deel van ’n groeiende groep denkers en doeners wat nie deur owerhede en ideoloë geïgnoreer kan word nie,” meen Bailey. Sy sê met die konstitusionele hof se uitspraak het die regsroetes vir die behoud van Afrikaans as medium van onderrig aan openbare residensiële instellings ten einde geloop. AfriForum is egter besig met voorbereiding vir internasionale klagtes hieroor – die eerste keer dat dit moontlik is om hierdie kwessie na dié vlak te neem. www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

47


IN BEWEGING

10 %

van meisies in Afrikaanse skole het nie genoeg sanitêre ware vir een maand nie.

7%

bly weg van die skool omdat hulle nie genoegsame produkte het nie.

3 200

meisies by 110 skole is deel van Solidariteit Helpende Hand se #HelpHetta-projek.

“Grootste wens is om ‘n SEUN TE WEES” DEUR MARLIEN VAN DER WESTHUIZEN

Foto: iStockphoto.com

D

ié sin trek my aandag tussen al die ander op die hordes papiere wat gesaai lê oor my lessenaar. Miskien is dit omdat die meisie wat dit geskryf het, se handskrif so presies en fyn op die vraelys vertoon. Sy wens sy was ’n seun. Hoe dikwels wens ons nie ons kon iemand anders wees nie: ’n bietjie langer; ’n bietjie maerder; sommer baie ryker. Vir die meeste van ons is hierdie bloot gedagtes wat ons by onsself dink. Min van ons skryf dit op papier en gee dit vir iemand anders om te lees. En min van ons se wense spruit uit ’n opregte, eerlike behoefte wat buite ons beheer is. Die meisie is net 13 jaar oud en is een van 3 200 meisies in 110 skole wat deel is van die #HelpHetta-projek. Haar ouers sukkel finansieel en kan nie bekostig om vir haar sanitêre produkte te koop nie.

48

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Sy wens sy was ’n seun, want op 13 moes sy reeds allerhande vindingryke planne maak om sonder hierdie basiese produk klaar te kom. Sy wens sy was ’n seun, want seuns hoef nie sulke planne te maak nie. Vir baie meisies is hul tienerjare maar moeilik. Die fisieke veranderings wat hul lyfies ondergaan, is ingrypend, pynlik en in baie gevalle skrikwekkend. Vir meisies soos hierdie een, is dit selfs moeiliker. Hulle moet ook gereeld skool misloop, want wanneer hul planne nie uitwerk nie, is die risiko te groot en bly hulle eerder by die huis. Sodoende kan hulle darem vernedering vermy. Solidariteit Helpende Hand se navorsing wys dat meer as 10% van die meisies in Afrikaanse skole nie genoeg sanitêre produkte het vir net een maand nie. ’n Verdere 7% bly weg van die skool omdat hulle nie genoegsame produkte

het nie. Daarom is die #HelpHetta-projek op die been gebring. Terugvoer van skole wat reeds by die projek baat vind, is dat daar ’n merkbare verbetering is in meisies se skoolbywoning, asook hul selfvertroue en bereidwilligheid om te vra vir hulp indien hulle produkte benodig. Danksy die projek voel 94% van die meisies dat hulle lewe makliker is en wanneer hulle die produkte ontvang, voel hulle bly en hoopvol. Jy kan ook help om meisies gelukkig te maak sodat hulle nie hoef te wens dat hulle seuns was nie. Deur by te dra tot die projek help jy om seker te maak dat geen meisie weer van die skool hoef weg te bly weens ’n tekort aan sanitêre produkte nie. SMS die woord “hetta” na 38969 en maak ’n bydrae tot ’n Hettapakkie wat help om meisies in die skool te hou. SMS’e kos R10. • Vir meer inligting oor die projek, hoe om betrokke te raak en hoe jy by die projek kan baat vind, besoek www.helphetta.co.za.



IN BEWEGING

TalentWerf.co.za

Vermy dié foute in jou EIE ONDERNEMING Vryskutters moet verwag dat hulle foute gaan maak. Tien teen een gaan jy lesse op die harde manier leer en soms nie eers weet waar jy verkeerd was nie. Jy gaan deur siklusse gaan waar dinge goed gaan, en tye wanneer dit nie goed gaan nie. Hier is ’n paar van die foute wat vryskutters maak asook wenke om jou sake sommer seepglad te laat verloop. DEUR RENÉ DU PREEZ

Foto’s: iStockphoto.com

JY BEHANDEL INKOMSTE SOOS WINS

1

Anders as met ’n voltydse werk, kan jy nie ’n vaste maandelikse salaris verwag nie. Jou inkomste gaan onvoorspelbaar fluktueer en jy gaan vaste oorhoofse kostes elke maand hê. Sodra jy begin om ’n inkomste te verdien, moet jy voorberei om elke maand se uitgawes vooruit te dra. Jy sal eers later jou wins kan bereken. Dus moet jy kyk na jou bankrekening as jou kapitaal eerder as “jou eie geld”. Dit kan ook in jou guns tel om ’n besigheidsrekening oop te maak sodat jou persoonlike geld en jou onderneming se geld geskei is. Neem ook in ag dat jou versekering, medies en ander persoonlike kostes eksklusief jou verantwoordelikheid is. Beplan vir die geld wat jy sal moet spandeer om jou onderneming te bemark, voorleggings voor te berei, vervoer tot by kliënte vir voorleggings, kwotasies te doen en kostes te dek totdat jou kliënte betaal. Vind ook uit wanneer jy moet registreer vir belasting en BTW, en wanneer jy dit moet betaal. Stel ’n begroting op met wat jy verwag jou uitgawes en jou inkomste

50

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

van gereelde kliënte sal wees. Dit is jou oorlewingsbegroting, en enigiets bo en behalwe dit kan jy as “ekstra” klassifiseer. Daardie geld gaan jou help om onvoorsiene uitgawes te kan dek.

JY LAAT JOU KLIËNT BESLUIT WAT DIE PRYS IS

2

Daar is nie ’n vaste formule om ’n prys te bepaal vir jou dienste nie, so moenie dat die kliënt jou intimideer met hulle “klein begroting” nie. Dit sal beter wees om ’n transaksie te verloor wat te veel tyd of uitgawes gaan beteken as om te min inkomste te kry. Doen navorsing en kry die gemiddelde uurlikse tarief vir jou bedryf. Vra ander vryskutters in jou nismark wat hulle sou vra vir die diens. ’n Algemene reël is dat jy ongeveer dubbel jou uurtarief as ’n werknemer kan vra wanneer jy as ’n vryskutter werk.

JY LAAT ROETINEWERK DIE OORHAND KRY Rekeninge, fakture en belasting kan baie tyd in beslag neem wat jy kon gebruik het vir die lewering van jou

3

dienste. Gebruik programme wat dit vir jou doen, soos Talentwerf, wat self jou fakture genereer sodat jy dit nie hoef te doen nie. Gebruik bemarkingshulpmiddels soos Hootsuite om ’n wyer mark te bereik. Dink aan ander maniere om dinge te outomatiseer sodat jy meer tyd aan belangrike take kan spandeer.

JY NEEM AAN DAT INKOMSTE GENOEG GAAN WEES

4

Wanneer jy jou eie inkomste verdien, is jou inkomste wisselvallig. Kliënte betaal ongereeld, betwis die uitkoms van ’n projek of verwag meer as waarop ooreengekom is. Dit mag ook wees dat jy aan die begin minder projekte gaan kry as wat jy verwag. Jy sal spaargeld moet hê om jou persoonlike en besigheidsuitgawes te dek. Daar is gratis programme beskikbaar wat jou kan help om rekord te hou van jou onnodige en belangrike uitgawes.

JY NEEM AAN JOU UITGAWES GAAN STABIEL BLY

5

Aan die begin werk jy alleen, maar soos wat jou onderneming groei, gaan


IN BEWEGING

jy personeel benodig. Werknemers kos geld – buiten die gewone kostes vir die uitvoering van hul pligte soos telefoon- en internetkoste, is daar kostes vir die werwing van werkers, mediese fonds, vakansiebetaling, pensioen en siekteverlof. Die kliënte verwag om slegs te betaal vir die tyd wat jy aktief aan hulle projekte spandeer. Hoewel hulle jou soms soos ’n werknemer kan behandel, weet hulle jy is nie vir hulle ’n werknemer nie, jy is ’n onderneming wat ’n produk of diens lewer. Hulle weet ook dat hulle jou maklik kan aanstel of laat gaan. Met tyd sal jy leer hoe om die balans in prys vir kliënte en jou onderneming te handhaaf.

JY BEHANDEL JOU BESIGHEID NIE SOOS ONDERNEMING NIE

6

Onthou dat jou vryskutwerk ’n besigheid is. Daar moet dus reëls wees rondom werkure, spandering van geld en die hantering van kliënte. Jy is nou die baas, die kliënte is nie die baas nie. • Bestuur die verwagtings van jou kliënte. Stel vooraf vas wat die vereistes is en beplan hoe dit bereik en geprioritiseer sal word. Stel ’n kommunikasieplan op sodat die kliënt presies weet wanneer terugvoer gegee sal word en hoe die werk goedgekeur sal word. • Leer om te delegeer na werknemers toe. As dit nodig is, kontrakteer dienste soos boekhouding en

Vryskutwerk is harde werk, meer as enige onderneming, maar dit is lonend en kan die begin van groot dinge wees. belasting uit aan ander vryskutters. • Vind die balans tussen hoër pryse en meer projekte. As jy meer vra per projek, hoef jy minder projekte af te handel om dieselfde inkomste te genereer.

Gebruik die ander 50% vir bemarking, verkope en operasionele take.

7

Jy gaan natuurlik alles moet doen in jou nuwe onderneming, maar jy kan nie ’n kenner op elke gebied wees nie. Jy kan altyd ontwikkel in die areas waar jy nog nie sterk is nie. Identifiseer hierdie areas en kyk of daar gratis kursusse is sodat jy dit kan verbeter. Jy gaan gereeld dié take moet verrig, so vind maniere om dit vir jouself makliker te maak en moet dit nie ignoreer nie. Jy kan ook altyd ’n vryskutter huur vir hierdie take.

JY BENUT NIE JOU TYD OPTIMAAL NIE

As ’n vryskutter is jy nie net besig om gelyktydig dienste of produkte aan verskeie kliënte te lewer nie, jy is ook terselfdertyd besig om ’n besigheid te bestuur en kliënte te vind. Elkeen van hierdie dinge gaan jou in ’n ander rigting stuur en jou aandag verg. Jy moet leer om jou tyd doeltreffend te bestuur en nie toe te laat dat ander mense of dinge dit vir jou bestuur nie. • Stel vir jouself besigheidsure vas (’n skedule of ’n dagboek) met rustyd sodat jy nie tyd mors of jouself oorwerk nie. Daar is sagteware wat dit ook vir jou kan bestuur. • Moenie toelaat dat jy dinge uitstel of laat sloer nie. • As jy van die huis af werk, moet jy vaste reëls vir jou familie stel om jou nie in jou werktyd te onderbreek nie. • Bou vryetyd in jou dagboek in – naweke en vakansies ook. Dit sal verhoed dat jy oorwerk word en uitbrand. • Spandeer gemiddeld 50% van jou veertig ure per week aan produksie.

JY DINK JY IS ‘N KENNER OP ELKE GEBIED

JY IS NIE VOORBEREID VIR DIE EMOSIONELE WIPWARIT NIE

8

9

Soms gaan dit goed gaan en ander tye nie. Soms gaan jy baie werk hê en ander tye gaan dit doodstil wees. Jy gaan soms moet gaan soek vir werk en geleenthede vir jouself skep. Ander kere gaan jy moet leer om nee te sê vir projekte of om halt te roep en te rus. Bou vir jouself rustye in en vind maniere om jou motivering hoog te hou. Stel vroegtydig ’n plan op vir die tye wat dit stil is sodat jy ’n strategie het en nie verlore voel nie. Hou by jou skedule en moenie laat slap lê nie. Vryskutwerk is harde werk, meer as enige onderneming, maar dit is lonend en kan die begin van groot dinge wees.

www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

51


REG SPRAAK

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

DEUR MYNIE KRIEK

Beteken GELYKE WERK altyd GELYKE BETALING? As jy dieselfde werk op dieselfde posvlak as iemand anders binne dieselfde maatskappy doen, net in ‘n ander provinsie, behoort julle dieselfde vergoeding te kry? Dié vraag het onder die loep gekom tydens die arbeidsappèlhofsaak van die minister van korrektiewe dienste v Zameka Duma. Uitspraak is op 23 Junie 2017 gelewer. Só het die saak verloop:

Foto’s: iStockphoto.com

D

uma het vir die departement van korrektiewe dienste in die Wes-Kaap gewerk waar sy as ’n regsbeampte op salarisvlak 8 aangestel is. In 2009 het Duma en ander kollegas ’n grief ingedien ingevolge waarvan hulle versoek het dat hulle op salarisvlak 9 aangestel moet word, aangesien regsbeamptes in vier ander provinsies op salarisvlak 9 was. Sy het aangevoer die enigste rede waarom sy minder betaal word, is haar geografiese posisie relatief tot die ander provinsies. Die arbeidshof het in Duma se guns bevind. Die hof het aanvaar dat differensiasie op grond van geografiese gebied alleen ’n arbitrêre grond is om te differensieer en dat die werkgewer geen bewys gebring het dat daar enige ander rede behalwe die geografiese gebied is hoekom Duma minder betaal word nie. Die werkgewer het teen die arbeidshof se uitspraak geappelleer. Die arbeidsappèlhof het bevestig dat ’n applikant wat met ’n eis van gelyke werk, gelyke betaling wil slaag, moet kan bewys dat die werkgewer se gedrag nie rasioneel is nie, dat dit neerkom op diskriminasie, en dat die diskriminasie onbillik is. Ten einde met haar saak te slaag, moes Duma dus kon aantoon dat haar werkgewer se gedrag duidelik neerkom op differensiasie gebaseer op geografiese gronde, dat dié praktyk onbillik en irrasioneel is, en dat haar menswaardigheid daardeur aangetas word. Die werkgewer in die saak het bevestig dat regsbeamptes in vier ander provinsies op salarisvlak 9 aangestel is en betaal word, en dat hulle dieselfde werk as in die ander provinsies verrig, maar dat die volume werk in hierdie provinsies veel meer is as in die Wes-Kaap. Die werkgewer het verder aangevoer dat salarisvlakke onder meer beïnvloed word

52

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

deur die grootte van die korrektiewe fasiliteit waar die werknemers gestasioneer is, die aantal gevangenes in die korrektiewe fasiliteit, die lewenskoste in die betrokke gebied en die aanloklikheid van die gebied. Die arbeidsappèlhof het uiteindelik bevind Duma het net te min bewys gehad dat die differensiasie in salarisvlakke tussen een provinsie teenoor ’n ander slegs weens geografiese ligging was. Dié hof het bevestig dat enige applikant in ’n eis vir gelyke betaling vir gelyke werk die hof daarvan moet kan oortuig dat die werk wat deur die “vergelykende werknemer” gedoen word, dieselfde of soortgelyk is. As die werk nie dieselfde is nie, maar na bewering van dieselfde waarde is, moet die eiser dan bewys dat die take wat verrig word, dieselfde waarde het ten opsigte van die vlak van vaardigheid wat die take vereis. Dit sluit

onder meer in fisieke en verstandelike inspanning, verantwoordelikheid, en dies meer. Waar een werknemer se werkomstandighede meer veeleisend is as dié van ’n ander in dieselfde pos, mag dit billik wees om daardie werknemer meer te betaal. Duma kon nie daarin slaag om te bewys dat daar ’n kousale verband is tussen die werk wat die onderskeie regsbeamptes in die onderskeie provinsies verrig nie. Sy het geen getuienis of bewys gehad rondom die werk wat in die ander provinsies verrig word nie. Sy kon dus eerstens nie bewys dat die werk dieselfde of soortgelyk is nie; tweedens kon sy nie bewys dat daar onbillike differensiasie was nie en laastens kon sy nie bewys die differensiasie was gebaseer op haar geografiese ligging nie. Die arbeidsappèlhof het dus teen Duma en in die werkgewer se guns bevind.


IN BEWEGING

Solidariteit sien uit om “BESTE REGSLUI” te pak

Foto: iStockphoto.com

S

olidariteit het na aanleiding van die minister van sport, Tokozile Xasa, se sensasionele opmerking oor die vakbond se sportkwota-saak, die minister gemaan om haar ongegronde aantygings te laat vaar en om eers die vakbond se aansoek te lees voordat sy haar oor die inhoud daarvan uitlaat. Dit volg nadat die minister glo gesê het dat Solidariteit die sogenaamde sporttransformasie-agenda frustreer en dat hy die apartheidagenda deur middel van die vakbond se hofsaak in stand wil hou. In die lig daarvan gaan die minister blykbaar die beste regslui in die land opdrag gee om die aansoek teen te staan. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se arbeidsregafdeling, is hierdie tipe sensasionele politiekery te wagte in die aanloop tot die nasionale

verkiesing in 2019. “Dit is skokkend dat ’n minister sulke uitlatings maak. Dit is duidelik dat die minister haarself nie verwerdig het om die hofstukke te lees voordat sy dit gekritiseer het nie.

“Ek daag die minister uit om enige van haar punte van kritiek te staaf by wyse van verwysing na sodanige vermeldings in ons aansoek,” het Van der Bijl gesê. Van der Bijl voer aan dat wanneer die minister deur die stukke lees, sy duidelik sal opmerk dat Solidariteit se saak nie as sodanig ’n antitransformasie-agenda propageer soos wat sy beweer nie, maar dat dit ten doel het om die eenogige, rasgebaseerde kwotastelsel onwettig te verklaar. “Die mate waartoe die minister en verskeie sportfederasies ras as die enigste maatstaf vir spankeuses daarstel, druis in teen die spelers en die publiek se grondwetlike regte,” het Van der Bijl gesê. “Ons sien daarna uit om haar en haar ‘beste regslui in die land’, wat uiteraard ongelukkig deur die belastingbetaler gefinansieer gaan word, in die hof te ontmoet,” het hy gesê.


IN BEWEGING

DEUR RENÉ DU PREEZ

O

m werk te soek, is byna ’n voltydse beroep. Werkgewers ontvang honderde aansoeke en dit is jou verantwoordelikheid om jou CV te laat uitstaan. Maak seker dat jy jou CV aanpas vir elke pos waarvoor jy aansoek doen en sluit ’n dekbrief in waarin jy verduidelik hoe jy aan die vereistes van die pos voldoen. Ongeag die aard van die werk waarvoor jy aansoek doen, is daar sekere eienskappe waarna alle werkgewers op soek is:

AKSIEGEORIËNTEERD Werkgewers waardeer mense wat gemotiveerd en gedrewe is, wat gefokus is op aksie om resultate te behaal, en wat bereid is om kanse te waag. Sonder dié mense kan spanne stagneer. Om te wys jy is aksiegeoriënteerd en gemotiveerd, hou ’n skedule van take wat jy moet afhandel en merk dit af soos wat jy dit voltooi, sodat jy aanhou om vorentoe te beweeg na die volgende taak.

PRODUKTIEF Georganiseerde, hardwerkende werknemers met ’n oog vir detail weet hoe om op koers te bly, om te verseker dat alle werk doeltreffend voltooi word en aan ’n hoë standaard voldoen. Demonstreer jou produktiwiteit en ywer deur goeie werk te doen en deur relevante spanlede en bestuurders ingelig te hou oor hoe ’n projek vorder.

Foto’s: iStockphoto.com

POSITIEF Houding is aansteeklik in ’n werkplek. Daarom heg werkgewers waarde aan personeellede wat optimisties is en wat ’n positiewe, gesonde houding openbaar. Hou optimisme en ’n goeie houding in gedagte in elke aspek van jou werk met spanlede, bestuurders en kliënte. Benader alle take met ’n oplossingsfokus – selfs wanneer ’n besonder moeilike uitdaging jou tot raserny dryf.

54

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Hierdie wenke is deur die span kundiges by WerkNet saamgestel. WerkNet is ’n Afrikaanse werksoekportaal waar werknemers en werkgewers mekaar elektronies kan ontmoet. Dié interaktiewe elektroniese platform skep die geleentheid vir werknemers om hulle CV’s in Afrikaans te plaas en self te kyk of daar poste is waarvoor hulle aansoek kan doen. Werkgewers word die geleentheid gebied om beskikbare poste bekend te stel en inligting oor kandidate en hul kwalifikasies te bekom. Hierdie is ’n gratis diens aan werksoekers en werkgewers en die proses word deur die onderskeie rolspelers self evalueer en bestuur. Vir meer uitstekende wenke oor hoe jy jou droomwerk kan kry, besoek www.werknet.co.za. Hier sal jy gratis CV-voorbeelde, wenke en beskikbare poste vind.

PROAKTIEF Werkgewers is besig en hulle sal graag eerder hul werk wil doen as om ’n groot deel van hul werkdag te bestee om iemand te mikrobestuur. Besluitnemers hou van selfgemotiveerde, intelligente en proaktiewe personeel wat inisiatief kan neem en selfstandig kan werk. Om inisiatief te neem, om selfstandig te werk en proaktief te wees, is maklike eienskappe om te demonstreer. As jy hierdie dinge goed doen, sal jou baas amper nooit van jou hoor nie, maar hou hulle van tyd tot tyd op hoogte van jou vordering.

SPANSPELER Wees ’n spanspeler en wys jou kommunikasieen leierskapvaardighede. Hierdie eienskappe is van onskatbare waarde in enige werkplek en kan jou as die natuurlike keuse vir ’n bevordering posisioneer wanneer die geleentheid hom voordoen. Fokus daarop om vertroue uit te straal (maar nie arrogansie nie), wees vriendelik, en hou die kommunikasielyne met jou spanmaats oop. Wees geduldig as hulle vrae het, en wees bereid om te help waar jy kan.

BETROUBAAR Wanneer ’n werkgewer jou aanstel, vertrou hy dat jy ’n bate vir die onderneming sal wees. Werkgewers plaas steeds integriteit, eerlikheid en betroubaarheid bo baie ander belangrike eienskappe. Wys dat jou werkgewer jou in alle opsigte kan vertrou. Wees stiptelik en betroubaar. Wees verantwoordelik en aanspreeklik, en erken as jy ’n fout maak. Wees eerlik en outentiek. Behou jou integriteit, ongeag met wie jy te doen het en hoe moeilik ’n situasie is.

VELE VAARDIGHEDE Jy moet kreatief, aanpasbaar en vaardig wees om tussen die skare uit te staan. Jou baas wil iemand hê wat buigsaam kan wees, nuwe vaardighede kan leer en buite die boks kan dink. Bewys jou aanpasbaarheid en vaardighede deur te leer en te groei in die werk, of deur vir ’n kursus in te skryf wat jou sal leer om nuwe vaardighede na die tafel te bring. Bied aan om take te verrig wat buite jou gemaksone val, en dink lateraal om oplossings te kry wat niemand anders oorweeg het nie.


’n GOEIE WERK binne jou bereik! Solidariteit-lede kry 20%-afslag om aan Akademia te studeer! Bepalings en voorwaardes geld

aksentmedia.co.za

www.akademia.ac.za • www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

WIT KIERIES wandel by Nampo Oesdag “Waar kan ek ook een van daardie wit kieries kry waarmee almal hier rondloop?” wou talle besoekers aan Graan SA se 52ste Nampo Oesdag, wat vanjaar van 15 tot 18 Mei in Bothaville aangebied is, weet. Dié wit “kieries” is oral op die skouterrein opgemerk en nuuskieriges en belangstellendes is sonder omhaal in die rigting van Sol-Tech se stalletjie gestuur. DEUR MOIRA-MARIE KLOPPERS

Foto’s: Verskaf & iStockphoto.com

D

ie hoofdoel van Sol-Tech se uitstalling was natuurlik om die opleiding wat ons in sewe ambagsrigtings bied, bekend te stel, maar as beroepsopleidingskollege het ons ook nuwe horisonne verken wat betref behoeftes en geleenthede om die landbousektor tot diens te wees. Dit was verrassend om te verneem dat selfs jong afgestudeerdes uit ander beroepsvelde navraag gedoen het oor Sol-Tech se gehalte-ambagsopleiding en die werkgeleenthede wat dit bied. Landbou bly die lewensaar van die Suid-Afrikaanse ekonomie en vervul ’n kernbelangrike rol. Boere is deurlopend in ’n reusestryd gewikkel, veral met die afgelope droogteseisoene agter die rug. Met laer marges moet boere elke jaar

56

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

slimmer en doeltreffender werk om die pot aan die kook te hou. Meganisasie en nuwe tegnologie soos presisieboerdery is noodsaaklik om boere mededingend te hou, maar moderne toerusting kos ’n plaas se prys en om dié masjiene te gebruik en te onderhou, is ’n uitdaging en ’n kuns op sigself. Sol-Tech het reeds in die verlede hande met die landbousektor gevat deur trekkerwerktuigkundiges op te lei, maar wil nou ’n verdere bydrae lewer deur opleiding aan jongmense te bied wat hulle in staat sal stel om geleenthede in die landbousektor aan te gryp. Dit is nie beperk tot algemene instandhoudingswerk op tegniese gebied nie, maar sluit moontlik in die bedryf van hoëtegnologie- en presisietoerusting op plase.

Vooraanstaande boere het reeds aangedui dat hulle sou belangstel in die dienste van mense wat oor sulke kundigheid beskik. “Dit is vir ons duidelik dat daar ’n groot behoefte bestaan aan ’n breër aanbod van beroepsgerigte opleiding in onder meer die landbousektor, en ons is vasbeslote om hierdie gaping daadwerklik te begin vul,” het Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, gesê. “Ons doel is om jongmense indiensneembaar te maak. Ons is reeds baie suksesvol hiermee in die tegniese ambagsrigtings en ons hoop om binnekort dieselfde sukses met ander beroepsgerigte opleiding te behaal.” • Die Kaapse Nampo Oesdag vind van 12 tot 14 September plaas.


IN BEWEGING

ELKE FOTO VERTEL ‘N VERHAAL

Foto’s: Martie Maree & Lize-Mari Labuschagne

“S

ien is glo.” Só lui die bekende Afrikaanse spreekwoord. Sol-Tech se reputasie as top- tegniese kollege in Suid-Afrika is reeds alombekend. Daar is tydens opedae ongekende belangstelling in die kursusse wat dié opleidingsinstansie bied. Sy opleiding is aktueel en modern en studente kry werk ná afloop van hul opleiding. Die slaagsyfer in die finale vaktoets is 96% en werkgewers besing Sol-Tech se lof vir die gehalte-opleiding wat hy bied. Sol-Tech se lektore is meesters op hul gebied en die sukses wat studente ná hul studies behaal, spreek vanself. (Lees ook die artikel op bladsy 12.) Solidariteit se span fotograwe het onlangs by Sol-Tech ingeloer. Die foto’s wat geneem is, vertel die storie van Sol-Tech se sukses. Die foto’s wys lektore wat passievol oplei; jongmense wat oor spesialiskennis en vaardighede beskik; karaktervorming; en begeleiding wat op persoonlike vlak plaasvind. Die foto’s vertel die storie van studente wat ure lank nougeset nuwe vaardighede inoefen, van vriende wat mekaar help om tegnieke baas te raak en veral van ’n kollege wat tot ’n professionele instelling gegroei het – blink vloere, blink toerusting en blink oë. Vriendskap en pret. Harde werk en deursettingsvermoë. Sol-Tech se bydrae strek inderdaad veel verder as net die verskaffing van tegniese opleiding. Dit verskaf professionele beroepsopleiding. SolTech neem jong manne en vroue en vorm hulle tot suksesvolle beroepslui wat die wêreld van werk met selfvertroue kan aanpak.

WIL JY BY SOL-TECH STUDEER? Registreer by www.sol-tech.co.za • Opedag: 8 September 2018 08:00 vir 08:30 • Registreer by www.sol-tech.co.za

!


This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

MEMBERSHIP CATEGORIES Collective members

Individual members

Supporting members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.

Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/

58

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za


SERVE & PROTECT

OTHER SERVICES

Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.

Death benefit* Funeral benefit (Martin’s or Avbob)

A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. Assistance with investigations • A funeral of the same standard as that of Assistance is provided in adults is provided for a member’s depenconnection with investigations dent children under the age of 21 years. by the Medical Bureau for • The spouse may apply to continue as Occupational Diseases and a member after the death of the main benefits enquiries of the Compensation member. Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Commissioner and Rand Mutual, as well Beweging • The burden of funeral arrangements van finansiële dienste as work-related disability claims. All claims• FSP-nommer: 15556 is alleviated by the fact that Solidarity must be submitted within six months. and Martin’s or Avbob will make all the arrangements. Collective bargaining • A 10% rebate on headstones has been Competent and experienced negotiated with Martin’s and Avbob. Solidarity staff members under• The undertaking services are provided take collective bargaining to solely by Martin’s or Avbob. If the services negotiate better conditions of of another undertaker are used, Solidarity employment and salaries for members. will only pay out R500 in respect of funeral expenses (terms and conditions apply). • •

Car and household insurance This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of member’s premiums to the Virseker Trust that invests in Afrikaans education and * Bepalings en voorwaardes geld training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Permanent medical disability* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from employers that they are permanently unfit for work in the labour market, receive a once-off amount of R1 800. Claims must be submitted within six months.

Maternity benefit*

A maternity benefit of R1 500 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.

Study benefit*

Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit. Photograph: iStockphoto.com

Additional cash disbursements

Solidarity Magazine Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.

At the death of a paid-up member, a cash amount of R3 600 is paid to the surviving spouse or dependent children. At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 400 is paid to the member. Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 800 • Disabled children (20+) – R1 800 • Children younger than 14 years – R1 200. Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. All claims must be submitted within six months.

Holiday benefit* Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit. * Terms and conditions apply. For more information, call 0861 25 24 23

LegalAid X is Package ’n gemagtigde verskaffer van Legal

finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 full Members and their dependants can enjoy legal cover outside the labour context for an additional premium of R115 per month. This provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R100 000 per year (limited to R25 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za

Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste Independent Financial Advice

Solidariteit Solidarity Financial Services has an independent financial advice departmentDienste who can assist Finansiële clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk Solidariteit and retirement planning as well as investment Finansiële Dienste planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005 Medical gap cover Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • E-mail – gapcover@solidarity.co.za

Wills, estate administration You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300

www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

59




Van WARM GESPREKKE tot SMULGEREGTE Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou GRATIS Afrikaanse aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte, resepte en boeke. Kom sê jou sê, snuffel in ons koöperasie of kuier saam om die kombuistafel met smullekker resepte. maroelamedia.co.za is jóú huis! INGRID JONKER – ’N BIOGRAFIE

I

ngrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en SuidAfrikaanse letterkunde geword, in só ’n mate dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu. Sedert haar dood is daar vele bespiegelings oor haar lewe en tragiese einde. Van dié vrae word beantwoord in hierdie eerste omvattende biografie. Petrovna Metelerkamp doen al jare navorsing oor Jonker. Sy neem die leser saam deur Ingrid se grootwordjare, digterslewe, liefdesverhoudings en die laaste paar jaar van haar lewe. Metelerkamp bring nuwe inligting aan die lig wat sy neem uit onbekende nuwe briewe en dagboekinskrywings, onder meer uit die dagboeke van Jack Cope. Talle nuwe onderhoude met mense wat Jonker geken het, word in die biografie opgeneem. Sy weerlê ook die beeld van Jonker as ’n ongebalanseerde kunstenaar wat haar houvas op die werklikheid verloor het in hierdie toeganklike biografie oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars. • Die boek word deur Penguin Random House uitgegee en kos R300.

PENSWINKEL BETEKENIS: Skinkbord of plat bak waarin koopware rondgedra kan word en wat met ’n band om die nek of oor die skouer van ’n verkoper pas sodat die skinkbord of bak op die maag rus. 62

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

BLIKBEKERMUFFINS Hierdie smullekker resep lewer 3 groot muffins en kom uit Janie Monsieur se kombuis. BESTANDDELE 2 k bruismeel knippie sout Italiaanse kruie na smaak 2 eiers, geklits ¾ k melk ½ k margarien, gesmelt 1 e suiker 2 wiele fetakaas 1 pakkie spek, fyngesny en gaargemaak 1 k fyngekapte spinasie

METODE

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. 2. Meng die meel, sout en kruie saam in ’n mengbak. 3. Voeg die eiers, melk, margarien en suiker by en meng goed. 4. Krummel 1½ wiel fetakaas in die beslag in. Meng dan die spek (hou ’n bietjie oor om later bo-op die muffin te sit) en spinasie by. 5. Smeer drie blikbekers goed uit met margarien en skep die beslag daarin tot ¾ vol. 6. Krummel die laaste bietjie fetakaas en spek bo-oor die beslag in die blikbekers. 7. Bak die muffins vir 30 minute teen 200 °C. 8. Laat die muffins effens afkoel en dop dit dan uit die blikbekers.


IN BEWEGING

Hoe gemaak met laerskoolkind en TOESPRAKE?

Foto’s: iStockphoto.com

by elke sinnetjie voeg sodat hy dit kon onthou, omdat hy nog nie kan lees nie,” het Earle gesê.

DIE SIN VAN TOESPRAKE Elsje Retief, ’n spraak-en-dramaonderwyseres met meer as 30 jaar se ondervinding, meen die ander vaardighede wat kinders leer met die lewering van ’n toespraak, selfs al het die kind dit nie self geskryf nie, het tog waarde.

“Die kind leer om te memoriseer deur middel van prentjies, wat natuurlik help met konsentrasievermoë. Die kind se selfvertroue om voor mense te praat, word ook ontwikkel. In my ervaring kan geen kind tot en met graad 5 regtig sy eie toespraak skryf nie.” Sy beveel aan dat ouers wat nie oor die vermoë of tyd beskik om hul kind te help skryf aan ’n toespraak nie, die hulp van toespraakskrywers moet inwin. “Hoewel toesprake op die internet te koop is, is ek nie heeltemal ten gunste daarvan nie. Dit is steeds belangrik dat ’n kind insette moet lewer in sy eie toespraak.” Retief, wat ook kinders help om suksesvolle toesprake te lewer, glo dit is belangrik dat die idees in die praatjie hoofsaaklik die kind se eie moet wees. “Daarom sal ek saam met ’n kind sit en ’n dinkskrum hou waarvolgens ons dan ’n breinkaart opstel. Daaruit verkry ons drie of vier hoofpunte en formuleer dan die kind se mening daarvolgens. As die kind nog baie jonk is, sal ek ook die ouer se hulp inwin wat navorsing en bronne betref.” Sy sê hoewel kollegas in haar veld haar gemaan het dat haar fooi te laag is, vra sy R800 om ’n kind twee tot drie maal te sien om aan die toespraak te skaaf, en fasiliteer sy die skryf daarvan.

Lizz Meiring, bekende aktrise, skrywer en beoordelaar van talle redenaarskompetisies, sê daar is kinders wat natuurlike kommunikeerders is en ander wat ontwikkel moet word. Sy meen ook dat daar niks verkeerd is met die afrigting van ’n kind om ’n toespraak te lewer nie en glo net soos Retief dat dit belangrik is dat ’n kind self betrokke is by die skryf van ’n praatjie. Sy sê dat kinders wat nog nie taalvaardig is nie, ’n klankopnemer kan gebruik om ’n praatjie makliker baas te raak. “Ek kan egter nie waarborg dat dit sal werk nie, want sommige mense voel meer selfbewus wanneer hulle hul eie stem hoor,” het sy gesê. “Probeer egter om saam met die kind te sit en ’n gesprek te voer oor die onderwerp terwyl jy dit opneem. Dit neem die vrees vir die wit papier voor die kind weg en maak sy brein meer oop en ontspanne. Speel dan die opname terug en lig die belangrike punte uit wat die kind aangeraak het. So bly dit die kind se eie werk, al het ’n geleerde volwassene hom gehelp om sy gedagtes sinvol en gestruktureerd te formuleer.” • Hierdie artikel is oorspronklik op maroelamedia.co.za gepubliseer.

‘n Goeie toespraak is soos ‘n potlood – dit moet ‘n punt hê!

T

alle Suid-Afrikaanse laerskole vereis dat kinders reeds in graad 1 aan redenaars- en klastoesprake moet deelneem waarvoor hulle punte ontvang wat op hul rapporte verskyn. Kinders wat uitblink in die lewer van toesprake, neem dan later op kompetisievlak deel aan gesogte redenaarskompetisies soos dié van die ATKV. Maar hoe gemaak met die kind wat nie ’n natuurlike kommunikeerder is nie en wat nog nie oor die taalvaardighede beskik om ’n toespraak saam te stel, te memoriseer en oor te dra nie? Is dit sinvol vir ’n sewejarige wat nog nie goed lees of skryf nie om aan toesprake blootgestel te word? Anchen Inggs, ’n Pretoriase ma van ’n graad 3-leerling, vertel dat haar seun reeds in graad 1 ’n klastoespraak moes gee oor ’n redenaarsonderwerp. “Dit is moeilik vir ’n kind wat nog nie eens vlot kan lees en skryf nie om ’n praatjie te leer, of selfs die doel van die praatjie te begryp,” het Inggs gesê. “Nie ek of my man is vaardig in die skryf van toesprake nie, veral nie die beredeneerde toesprake wat van die kleintjies verwag word nie. Ons moes ook vir hom prentjies teken en weke vooruit die toespraak begin oefen sodat hy dit kon onthou teen die tyd wat hy dit moes lewer.” Venessa Earle, ’n ouer van twee laerskoolseuns in graad 1 en graad 5, vertel dat hulle reeds verlede jaar, voor die aanvang van haar jongste seun se graad 1- skooljaar, die opdrag vir die praatjies gekry het. Sy beaam dat dit ’n groot taak was om vir ’n kind wat nog nie taalvaardig is nie, ’n toespraak te leer. “Die skool het kort voor die nuwe skooljaar begin het, vir ons die opdrag gegee, omdat dit lank neem vir die kleintjies om die toesprake te leer. My kind het miere as onderwerp gekies. Ek het self die toespraak geskryf, omdat ek dit nie kon bekostig om iemand te betaal om dit te doen nie. Ek moes ’n prentjie

DEUR LEONIE BEZUIDENHOUT

www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

63


IN BEWEGING

336 MILLION The number of Twitter users per month.

83 MILLION

The number of fake profiles on Facebook.

4.2 BILLION

The number of likes per day on Instagram.

With liberty comes big RESPONSIBILITY BY ANNALISE KEMPEN

Photograph: iStockphoto.com

M

any people have fallen into the trap of reacting with anger to social media posts without thinking about the implications of what they write in response. When companies task individuals with social media updates without having set clear guidelines to those staff members, that company could have its reputation seriously damaged. There is no need to have every single online post scrutinised by a team of lawyers before putting it out, but it is advisable for each company to have a policy on when and how different social media platforms should be used and about the type of messages it wants to communicate. The following simple rules could go a long way in preventing legal trouble for individuals and companies: • If you won’t put it on a billboard on the highway or say it in public, the boardroom or between family or friends, don’t write or publish it on social media. • Think at least twice before you post something on social media and

64

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

reread your post or tweet before you press the enter button. Even if you retweet something, you are making a public statement – reposting something means that you associate yourself with the content. • There is no different set of rules that applies to the online world – if you defame someone online, it’s the same as if it is done in print. The only difference is that you are likely to reach a far bigger online audience than you would have with print. • Even if you think that your comment is innocent or that you meant no harm, it could lead to public outrage or misinterpretation and have devastating consequences. Make sure you create context to your tweet within the limitations set by some social media platforms such as Twitter. • Ensure that you know what the age restrictions for different social media platforms are before you allow your children to use social media – it’s usually 13 years. Once they reach that age, make sure that you teach them about responsible usage and ensure

that they understand the implications and possible legal ramifications of their posts. Reiterate that something can’t simply be undone after it has been posted online. Also make sure that your children are cyber smart and that they are aware of cyber bullies and cyber predators. Social media is an excellent tool to connect with friends and family; to create an online presence and build or market a brand at a fraction of the cost of traditional marketing avenues. But with this liberty comes the responsibility of knowing that we will be held accountable for what we say, post and publish on these platforms. Remember the golden rule: Just because you have an ability to post something on an online platform does not mean that you should if you are not willing to do the same in front of real people in real life. • Annalise Kempen is the editor of Servamus Community-based Safety and Security Magazine. This article is an adaption from an article originally published in the December 2017 issue. Visit www.servamus.co.za


IN BEWEGING

SLIM TOEPASSINGS vir klein vingertjies

P

DEUR KAREN VAN DER BERG

’n foon te omskep in ’n liedjiemasjien mét instrumente waarmee ’n peuter werklik musiek kan maak. Die app het ses gewilde saamsingliedjies vir kinders waaruit jy kan kies, asook ’n versameling instrumente wat jy kan “speel”.

Foto: iStockphoto.com

euters, of kinders tussen een en drie jaar oud, is unieke wesens. Dié ontwikkelingsfase sorg vir hope opwinding en soms uitdagings. Hoewel peuters geensins aan te veel tegnologie blootgestel moet word nie, is daar wel ’n paar apps wat hierdie ontwikkelingsfase kan aanhelp. Dupie du Plessis, ’n sosialemediakenner, deel drie nuttige apps.

500+ AFRIKAANSE FLITSKAARTE MET KLANK

MY LIGGAAM

OLKE BOLKE

Dié app is ontwerp met die oog daarop om peuters meer te leer oor die regte name vir hul liggaamsdele, hoe hul sintuie werk en ook hoe die verskillende liggaamstelsels funksioneer. In elke afdeling is daar ’n unieke interaksieoefening met animasie, klanke en interaktiewe speletjies.

Min dinge is vir peuters so lekker as om liedjies te hoor en saam te probeer sing of om op die ritme daarvan hulle lyfies heen en weer te swaai. ’n Goeie liedjie met iets waarop hulle kan kap of “musiek maak” is baie gewild, soos die meeste ouers sal kan getuig. Olke Bolke vat hierdie wenresep ’n stap verder deur

Die enigste tyd wanneer peuters stil is, is wanneer hulle slaap of besig is met kattekwaad; die res van die tyd is hulle heeltyd besig om klanke en woorde te herhaal en na te boots. Die rede hiervoor is die ontwikkeling van hul taalvaardighede, wat van peuterouderdom af begin. Ondanks sy lang naam is 500+ Afrikaanse flitskaarte met klank ’n ongelooflik nuttige app om te hê as jy jou kind wil help met die ontwikkeling van sy taalvaardigheid.


IN BEWEGING

BTW-VERHOGING: Goed of sleg? DEUR APPIE PIENAAR

Foto: iStockphoto.com

D

ie aankondiging vroeër vanjaar dat die BTWkoers van 14% tot 15% verhoog word, is oor die algemeen negatief ontvang. Talle individue, vakbonde en burgerlike organisasies het hulle daarteen uitgespreek. Die verhoging bring mee dat die gemiddelde gesin sowat 7% meer BTW as voorheen betaal. ’n Persoon met R10 000 se BTW-draende uitgawes per maand sou voorheen R1 400 aan BTW betaal het, maar betaal nou R1 500, wat 7,1% meer as vantevore is. Dit ly geen twyfel nie dat Suid-Afrikaners, en veral dié in die hoër inkomstegroepe, buitensporig baie belasting betaal. ’n Onlangse artikel op Moneyweb toon aan dat ’n gemiddelde gesin met ’n gesamentlike inkomste van R60 000 per maand omtrent R17 000 per maand aan belasting betaal. Dit sluit in persoonlike inkomstebelasting, brandstofheffings, munisipale heffings en BTW. Boonop moet só ’n gesin verdere uitgawes soos vir privaat sekuriteitsdienste, mediese sorg en hul kinders se opvoeding uit hul eie sak betaal omdat die staat nie hierdie dienste doeltreffend kan lewer nie. Moet ons dan liewer glad nie belasting betaal nie? In hierdie artikel voer ons aan dat belasting in beginsel wel noodsaaklik is en dat BTW ’n goeie manier van belastinginvordering is. ’n Hoë BTW-koers van 15% sou egter slegs aanvaarbaar wees binne ’n stelsel waar die land se inwoners nie reeds op ander maniere, soos deur ons stelsel van persoonlike inkomstebelasting, swaar belas word nie. Is belasting dan noodsaaklik? Daar is mense binne libertynse denkrigtings wat aanvoer dat die betaling van belasting

66

MY

aan ’n sentrale owerheid ongewens is en dat alle dienste geprivatiseer behoort te word. In die praktyk sou dit egter moeilik wees om geheel en al weg te doen met enige vorm van sentrale owerheid. Dienste soos verdediging, polisiëring of die hantering van misdadigers sou bitter moeilik sonder die owerheid gekoördineer kon word. Ons voer dus aan dat belasting in beginsel nie sleg is nie, mits die belastinglas binne redelike perke gehou word en mits die belastingbetaler werklik waarde vir geld ontvang. In die tweede plek kan gevra word of BTW ’n goeie vorm van belastinginvordering is. Hoe vergelyk dit met ’n stelsel van persoonlike inkomstebelasting? Ons wil aan die hand van Adam Smith (1723 – 1790), die sogenaamde vader van kapitalisme, se vereistes vir belasting aantoon dat BTW wel ’n goeie manier is om belasting in te vorder. Smith se eerste vereiste is dat belasting proporsioneel moet wees tot die voordeel wat die belastingbetaler ontvang deur in ’n bepaalde gemeenskap te leef. Ons huidige stelsel van persoonlike inkomstebelasting voldoen nie aan hierdie vereiste nie omdat ’n groot deel van die bevolking nie ’n enkele sent belasting betaal nie, terwyl ander weer tot 45% op ’n gedeelte van hul inkomste moet betaal. Die stelsel is dus nie proporsioneel nie. BTW is wel proporsioneel omdat die persoon wat baie spandeer dieselfde persentasie belasting betaal as die persoon wat min het om te spandeer. Smith se tweede stelling is dat die omvang van die bedrag betaalbaar, die tydsberekening van die betaling en die wyse waarop die belasting betaal moet word, duidelik vasgestel moet wees. Ook

GELD

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

in hierdie verband is BTW waarskynlik ’n meer praktiese manier om belasting te verhaal, aangesien die belasting ingevorder word saam met die aankoop van ’n artikel waarvoor die nodige fondse en kontantvloei bestaan. Persoonlike inkomstebelasting kan soms tot kontantvloeidruk lei as die belastingbetaler nie behoorlik beplan het nie. Dié probleem word grootliks ondervang deur die lopende betaalstelsel waar belasting op ’n gereelde grondslag van die belastingbetaler se salaris verhaal word. BTW voldoen ook aan Smith se derde vereiste, naamlik dat die belasting betaal moet word op ’n manier wat maklik verstaanbaar en gerieflik is. In die geval van BTW is daar nie moeisame vorms wat deur kundiges voltooi hoef te word nie. Die betaling vind outomaties plaas omdat dit van ’n artikel se verkoopprys verhaal word. Smith se vierde stelling lui dat die belastingstelsel só ontwerp moet wees dat dit soveel as moontlik van die belasting wat gevorder word, laat terugvloei na belastingbetalers en tot hulle voordeel aangewend word. Die staat as instelling moet dus so goedkoop as moontlik bedryf word. Dit is in verband met laasgenoemde stelling dat die staat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler liederlik in die steek laat. Belastingbetalers besef hoeveel van hul swaarverdiende inkomste eenvoudig vermors word deur ’n totaal ondoeltreffende en onbeholpe staatsdiens. As ons dus protesteer, laat ons nie protesteer oor die manier waarop die belasting in die staatskas invloei nie, maar wel oor die oormatige las wat op die belastingbetaler geplaas word en oor die wyse waarop hierdie geld deur die owerheid vermors word.


IN BEWEGING

CREATIVITY versus INN VATI

N

In our fast-paced society where everything changes rapidly, you can be sure that nothing you know now will be the same in five years from now. This goes for your work environment as well. To adapt to your fast-evolving work environment, an understanding of the difference between being creative and being innovative is necessary. Both qualities are essential to ensure success and sustainability in your job.

Photograph: iStockphoto.com

C

reativity and innovation are two words often bandied about when brainstorming. However, creativity may not necessarily be the same as innovation. There are some similarities, but also some crucial differences between these two concepts. The main difference between these two concepts is that creativity is related to imagination while innovation is related to implementation. Process Excellence Network refers to creativity as an action while innovation is considered to be more of a process. According to an article in Business Insider, creativity refers to a person’s ability to develop something new, unique and original. It specifically relates

BY WILMARIE BRITS

to the action of being creative. “When you are creative you unleash the potential of your mind in order to conceive new ideas,” said Andrew C. Marshall, Principal of Primed Associates. Innovation, on the other hand, is the result of your creativity. In other words, as soon as you implement creative ideas correctly, you become innovative. For instance, when you are brainstorming and coming up with numerous new ideas, you are being creative, but if those ideas are not implemented correctly, no innovation is taking place. However, you can be innovative without being creative. An example of workplace innovation includes various processes that will improve working methods. It does not necessarily have to

MY

be a new idea; you can use an existing idea and merely implement it in a fresh new way in the workplace. Therefore, we can come to the conclusion that a process that is innovative is also repeatable and feasible, while that is not the case with a creative individual. In a successful enterprise, the two attributes complement each other and management understands the difference between the two. Nonetheless, management will focus on developing both attributes among their employees. If you understand the important differences between creativity and innovation, it will be easier for you to find solutions to problems in the workplace. Furthermore, it encourages a more proactive approach to your job.

WORK

When you are creative you unleash the potential of your mind in order to conceive new ideas.” www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

67


Toe iets GROTER AS EK die stuur neem

Foto: iStockphoto.com

D

ie warm Februarieson van 1996 was besig om sy laaste hitte in die weste uit te woed. Agter die huurmotortjie het die stof van die Kalahari in rooi walms dwarrelend uitgebol soos ek oopgelê het Kalahari Gemsbokpark toe. Die dag saam met my twee vriende het traer verloop as wat ons beplan het, want die Noord-Kaap het meer geheime, verrassings en juwele as wat ons by voorafbeplanning in die vooruitsig gestel het. Ons bespreking in die nasionale park was vas, maar ons sou in die motor langs die pad moes slaap as ons nie betyds daar aangekom het voordat hulle die hekke vir die nag gesluit het nie. 160 km/h oorskry natuurlik alle perke van oordeelkundigheid in ’n 1,6 ℓ-sedan, maar 160 km/h op ’n grondpad in die Kalahari is doodeenvoudig dwaas. Ek sou my nou vir hierdie weergawe van my, in my 20’s, geskaam het indien ek nie sedertdien aangeskuif het na die effens voorbeeldiger, dalk meer volwasse en beslis versigtiger weergawe van my wat ek tans met die naderende halfeeu in die vooruitsig konstateer nie. As die vriende gespanne was, het hulle dit nie meer as drie keer herhaal nie. Maar Jacques het uiteindelik die fout gemaak om ’n ander taktiek te probeer: “Jislaaik ouens, kyk daar! Dis die mooiste sonsondergang wat ek nog ooit gesien het!” Die verwondering en belofte van verruklikheid in sy stem het my genoop om my oë vir ’n oomblik van die pad te haal en na die sakkende son te rig. Die skouspel wat hom daar voor my dwalende oë afgespeel het, was ’n verleiding te groot om minder as drie sekondes aan toe te wy. Een, twee, drie sekondes te veel was dit. Ek het gevoel hoe my stuurwiel na links pluk soos my bande die nog sagter sand aan die kant van die pad raakry. Instinktief het ek die stuur na regs gepluk en toe weer terug. Al groter het die swaai-aksie van die voertuig heen-en-weer gewoed. Ek was nog aan die stuur, maar beslis nie meer in beheer nie. Dit is hoe dit voel net voordat jy jou motor rol.

68

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Toe alles so handuit geruk het, het ek in ’n stadium my hande heeltemal van die stuur afgehaal en gedink: ‘Nou moet iets groter as ek die stuur neem!’”

Nou die aand toe die derde bottel sjampanje reeds ’n uurtjie vantevore opgedrink was, het die joligheid van die aand in ’n minder uitbundige, meer gelate en gemoedeliker atmosfeer begin ontwikkel. Daar was rede om te vier. Die sukses van Jacques en Kobus se onderneming het ons almal verbaas. Jare lank probeer hulle al, met karige, soms byna rampspoedige resultate. Maar vanaf verlede September het die winde van voorspoed in hul guns begin draai en het hulle van krag tot krag gegaan om nou, slegs ’n aantal maande later, die vrugte van verstommende sukses te geniet. Soos wat dikwels die geval is by sulke intieme, vrolike kuiertjies, lei die spetterende vlammetjies van kort kerse en die salige versadiging van spys en drank die geselskap na ’n meer introspektiewe, oordenkende aard. Ons begin rustig gesels oor die proses van hulle sukses. Vrae ontstaan: Hoe het dit dan so gekom? Jacques vertel hoe hulle jaar in en jaar uit probeer en weer probeer het, hulle met ywer en oorgawe aan die onderneming toegewy het. Teen die middel van verlede jaar was hulle so te sê op hulle laaste. Dit het begin lyk asof hulle maar die boek moet toemaak en met iets anders moet begin. Terwyl hulle gewik en geweeg het oor hoe om aan te gaan, moes dit wat van die

onderneming oorgebly het nog van dag tot dag voortgaan. Jacques verduidelik hoe hulle in die proses ’n vryer benadering geneem het. Hy vertel hoe hulle aan sekere dinge, wat altyd baie van hul aandag in beslag geneem het, minder aandag gegee het en hoe hulle met die sorgeloosheid wat net kan ontstaan wanneer dit lyk of alles verlore is, begin werk het. “Maar hoe kan dit?” vra Kobus. “Hoe kan dit dat jy deur minder te doen meer verrig?” En daar gaan die liggie vir my aan. “Kêrels,” sê ek, “onthou julle die keer op pad na die Kalahari Gemsbokpark?” Ja-nee, die manne onthou met byna sigbare koue rillings. “Wat daar gebeur het, was dat ek besig was met dinge wat groter as ek was, en toe afgelei was deur dinge wat groter as ek was, en toe ’n probleem geskep het wat groter as ek was en toe boonop probeer beheer neem het oor probleme wat groter as ek was. Toe alles so handuit geruk het, het ek in ’n stadium my hande heeltemal van die stuur afgehaal en gedink: ‘Nou moet iets groter as ek die stuur neem!’” Die oë van my vriende verhelder met ’n glinstering in die dowwe lig. Hulle onthou hoe die motor daardie dag skielik gestabiliseer het en ons daardie aand nog lekker gebraai het by ons chalet.


*

IN BEWEGING

DID YOU KNOW?

Solidarity’s members are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. Phone 012 644 4300 for information.

PRAKTIESE PLAN vir jou naasbestaandes DEUR WILMARIE BRITS

J

ou gesin is sonder twyfel die belangrikste deel van jou lewe, maar soms word jy so meegesleur deur jou daaglikse bestaan dat jy die dae saam met hulle as vanselfsprekend begin aanvaar. Jou lewensiklus word gekenmerk deur merkwaardige en lewensveranderende gebeurtenisse soos jou huwelik, die geboorte van jou kinders, bevordering by die werk, moontlik ’n egskeiding en natuurlik, onvermydelik, die afsterwe van geliefdes. Dis geen geheim nie dat ons almal op geleende tyd leef. Hoewel dit nie ’n maklike onderwerp is om oor te gesels nie, is dit belangrik dat jou testament in orde is en dat jy doeltreffende en deeglike boedelbeplanning gedoen het sodat jy weet jou gesin is versorg wanneer jy sterf. Volgens ’n artikel in Fin24 is jou testament baie meer as net ’n aanduiding van hoe jou besittings verdeel moet word: dit vorm ’n integrale deel van jou boedelbeplanning. Wanneer jy boedelbeplanning doen, is daar ’n paar dinge

MY

wat jy in gedagte moet hou. Die afhandeling van ’n boedel is ’n lang proses wat oor jare kan strek. Daarom raai Fin24 jou aan om seker te maak dat jy genoeg voorsiening maak om likiditeit van jou boedel te behou, asook om voldoende voorsiening vir jou gesin te maak, sodat hulle nie in ’n tyd van rou ook onder finansiële druk verkeer nie. Verbandlenings, motorpaaiemente, boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting (KWB) asook begrafniskoste is slegs ’n paar van die uitgawes wat jy in gedagte moet hou wanneer jy jou boedelbeplanning doen. Jy kan likiditeit verseker deur middel van lewensversekeringspolisse, groeplewensversekering of uittreeannuïteite wat met jou afsterwe aan jou afhanklikes uitbetaal word. Volgens Rozanne Heystek-Potgieter, hoof van die boedelbeplanningafdeling by Brenthurst, is boedelbelasting een van die hoofbesprekingspunte tydens boedelbeplanningskonsultasie. Daar is twee hoofsoorte belasting wat by sterfte betaal word. Die eerste soort is boedelbelasting, wat 20% van die netto bates is,

Foto: iStockphoto.com

GESIN

met ’n primêre uitsluiting van R3,5 miljoen. Tweedens kry jy KWB, wat op enige kapitaalwins gehef word. Volgens Fin24 word dood as ’n KWB-gebeurtenis beskou. Dit beteken ná jou afsterwe word die waarde van al jou bates van die datum van verkryging tot die datum van jou dood bepaal, en enige wins is aan belasting onderworpe, weer met sekere uitsluitings. “Geen boedelbelasting of KWB is op enige deel van ’n boedel betaalbaar wat aan ’n oorlewende eggenoot nagelaat word nie. Daarom raai adviseurs jou aan om seker te maak jy laat jou boedel aan jou eggenoot na,” het Rozanne gesê. Die lewe staan nie stil nie en bring op ’n daaglikse basis nuwe uitdagings mee. Daarom is dit uiters belangrik om jaarliks jou testament uit te haal, af te stof en te hersien. Dit is nie een van jou daaglikse take wat jy sommer in ’n japtrap kan afhandel nie; maak seker jy sit genoeg tyd opsy om ’n indiepte-gesprek hieroor met jou adviseur te hê. Bespreek elke aspek van jou testament en maak seker die wysigings aan jou testament is geldig en tot voordeel van jou naasbestaandes. www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

69


IN BEWEGING

Nuwe BOEKE, speletjie vir koue maande DEUR ILZE NIEUWOUDT

Vers & Kapittel: Artikels, lesings, rubrieke en naskrifte oor die digkuns

D

ié bundel deur die digter, vertaler, skrywer en radio-persoonlikheid Daniel Hugo bevat nagenoeg 50 opstelle, resensies en rubrieke oor veral Suid-Afrikaanse en Nederlandse digkuns wat oor ’n tydperk van nagenoeg 40 jaar saamgestel is. Vers & Kapittel bied ’n toeganklike én opwindende blik op die werk van toonaangewende digters soos N.P. van Wyk Louw, J.C. Steyn, Elisabeth Eybers, Hennie Aucamp en Lina Spies. Dit is in Mei deur Kraal Uitgewers bekendgestel by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria en is beskikbaar teen slegs R200.

Besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 880 1953 om enige van dié boeke of produkte te bestel.

Kill the Boer: Government complicity in South Africa’s brutal farm murders

T

his book by the activist, attorney and deputy CEO of the civil rights organisation AfriForum, Ernst Roets, lays bare the brutal reality of farm attacks in South Africa. Among other things it investigates the level of complicity in the crisis by the South African government. The book reveals accounts of direct involvement of members of the ruling ANC, the South African government and the South African Police Service (SAPS) in the planning and execution of farm attacks. Roets also argues that the South African media is complicit as analysis done of news reports strongly points towards biased reporting on the issue of farm attacks and murders. Kill the Boer also outlines the reasons why farm attacks are unique and why it deserves to be regarded as a priority crime.

K 70

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

S

kud jou vere reg en slyp jou tande vir die stryd. Watter stryd? Die prettige, jolige bordspel Idio natuurlik! Hierdie bordspel is geskik vir die hele gesin, vriende en selfs skoolgroepe. Dit gee kleur (en pret) aan Afrikaans se mooiste en vreemdste idiome. Pak jou vernuftige tekentalent, algemene (idoom-)kennis én stomstreektegnieke in vir dié bordspel, want jy gaan dit beslis nodig kry.

HOE WERK DIT? Dink aan Pictionary, gemeng met ’n goeie dosis stomstreke (oftewel mimiek en gebarespel), voeg ’n bietjie 30 Seconds by, en daar het jy dit: Idio! Daar is twee stelle kaartjies. Die een vereis ’n spanaktiwiteit waarin spanmaats óf gebare moet gebruik om ’n idioom uit te beeld, óf dit moet teken. Hiervoor het die span twee minute. Die ander stel kaartjies toets jou kennis van idiome. (Gelukkig is daar drie opsies om uit te kies!) Geluk speel natuurlik ook ’n rol in hierdie bordspel. As die dobbelsteen net reg val, kry jy dalk die kans om weer te speel of ’n paar plekke aan te skuif. Let wel, daar is ook slaggate wat jou span lelik op hul neuse sal laat kyk.

HAAS JOU: KRY EEN VAN DIÉ (S)KATTIGE NOTABOEKIES raal se spreekwoordnotaboeke verkoop soos soetkoek! Dié gewilde notaboekies (gevul met pittige Afrikaanse spreekwoorde) is terug omdat

IDIO: IDIOME-SPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

jy daarvoor gevra het. Bederf jouself (én ander) met een van dié kostelike haas-, kat- of hondnotaboekies. Dié A5-boekies bevat 75 bladsye en kos R60 elk.

HOEVEEL SPELERS IS NODIG? Minstens vier mense, maar hoe meer siele, hoe meer vreugde! • Komaan, bestel nou jou bordspel en kry die idiome lag-lag onder die knie. Die bordspel is van ’n hoë gehalte en beskikbaar teen slegs R350.


IN BEWEGING

Five APPS parents need to know about Cell phones, tablets and computers together with the internet has become a vital part of the modern teenager’s life. Statistics show that most teenagers download two or more (new) apps monthly in search of something new and exciting. The harsh reality is that the majority of these apps are not always “teenager- friendly” and can instead have a negative and emotionally destructive effect, writes LEANDRÉ BUYS. CALCULATOR APP

BURNBOOK APP

This app looks and functions like an ordinary calculator app – but when the password is typed using the calculator’s numeric keypad, a secret photo vault appears which functions as a secret doorway to hide the user’s private photos and videos. This is also known as a Private Photo App. Because the Calculator app contains digital images of naked children and teens in some cases, it is considered child pornography and sharing those images are subsequently seen as a criminal offence.

The BurnBook app allows users to post anonymous rumours about other people through audio messages, texts and photos. BurnBook most probably got it’s app name from a pink diary in the 2004 movie titled “Mean Girls”. In the movie, characters use the book to write mean comments and rumours about schoolmates, teachers and others. BurnBook encourages users to use real names when sharing rumours about other users or students at the school. It also encourages users to take screenshots of rumours and save it to their phone. This causes severe bullying issues.

TECH SAVVY

Photograph: iStockphoto.com

OMEGLE APP Omegle is an app which allows users to talk to strangers. Launched in 2009, Omegle randomly pairs a user with another user and gives them the opportunity to talk to each other privately through text, video or using its built-in microphone. It seems as if the creators are aware of the possible dangers of using this app, as the website states that “predators have been known to use Omegle, so please be safe.”

WHISPER APP Whisper is an anonymous app that allows you to reveal your deepest, darkest secrets to an audience of unknown people as well as read and respond to other users’ confessions. There are no user account profiles – users can simply sign up and start sharing. In order to share some-

thing, you type your message called a “whisper” and share it. The Whisper app reveals a user’s location, which can be problematic and even dangerous, as predators have been known to use the app to contact victims.

YELLOW APP The Yellow app is relatively new and aimed directly at teenagers. The app allows users to see pictures and profile information of other users who live near them. Like other popular dating apps, a user simply swipes right if they like another user’s profile and left to reject a profile. If two users both “like” each other’s profiles by swiping right, they instantly become connected and they are able to talk to each other and swap pictures. The Yellow app has been criticised for showing too much of a user’s information, like location etc, thus enabling predators to identify another user’s physical address, for example. With these apps out there and freely available to teenagers around the world, parents should be weary and attentive when it comes to their child’s phone. www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

71


IN BEWEGING

Eerste moderne Afrikanerleier DEUR ILZE NIEUWOUDT

Foto: Verskaf

D

ie debat oor die standbeeld van M.T. Steyn, die laaste president van die Oranje-Vrystaat, op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV), laat weer opnuut vrae opduik oor dié staatsman. Wie was hy? Waarom kan hy moontlik deur studente van dié kampus verag word en wat is die nalatenskap van dié man vir hedendaagse Afrikaners? In ’n opiniestuk wat in Maart vanjaar op Mail & Guardian se webtuiste verskyn het, sit die ontstoke tweedejaarstudent Thato Rossouw sy redes vir die val van Steyn se standbeeld soos volg uiteen: “Steyn se standbeeld moet val, nie omdat dit die gewilde ding is om te sê nie, maar omdat die beeld se bestaan op kampus ’n ondergeskikte maak van elkeen wat nie glo waarvoor dit staan nie.” Dié sterk mening oor Steyn strook egter nie met die mening wat verskeie toonaangewende historici oor dié staatsman huldig nie. In ’n navorsingsartikel deur prof. Piet Strauss van die UV wat in Februarie 2017 in die joernaal HTS Teologiese Studies verskyn het, haal Strauss die werk van Steyn se biograaf, M.C.E. van Schoor, aan. Hiervolgens was Steyn deur een groot ideaal beheers, naamlik “’n verenigde Afrikanervolk onder ’n republikeinse vlag wat van die Kaap tot aan die Limpopo wapper.” Daarbenewens bevestig Van Schoor juis die teendeel van Steyn se hedendaagse vyande (soos Rossouw) en skryf: “Hy [Steyn] was ‘nooit negatief’ teenoor ander rasse of volke nie, maar positief ingestel op Afrikanereenheid en selfrespek.” Ook die gerespekteerde historikus prof. Herman Giliomee het lof vir Steyn en bestempel dié man as die eerste moderne Afrikanerleier. Steyn het sy skoolopleiding aan Grey Kollege in Bloemfontein voltooi waarna hy na Nederland is en uiteindelik sy regsopleiding by die Inner Temple in Londen voltooi het. Kort hierna het hy na die Vrystaat teruggekeer en ’n florerende regspraktyk op die been gebring.

72

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

PRESIDENT M.T. STEYN 2 OKTOBER 1857 – 28 NOVEMBER 1916

Volgens Giliomee was dit waarskynlik juis Steyn se opleiding in Europa wat hom so tuis tussen die Engelse elite van Bloemfontein gemaak het. Hoewel talle vandag nog eerder dink aan Paul Kruger, die laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), as die mees prominente en geliefde staatsman, is die lof wat Steyn besing word geensins minderwaardig nie. Volgens Strauss is Steyn onder meer beskou as “die siel van die vryheidstryd”, “die bittereinder van bittereinders” en die “Afrikaner van Afrikaners”. Louis Botha het ná Steyn se dood in 1916 na hom verwys as die land se grootste seun. Selfs die Boere se aartsvyand in die Anglo-Boereoorlog (ABO), lord Kitchener, het aldus Strauss gereken dat Steyn “head and shoulders above the others” en met “great influence” uitgestaan het. Benewens die lof vanuit verskeie oorde meen Van Schoor en Strauss dat Steyn se “dinamiese persoonlikheid, intellek, heldersiendheid, idealisme en profetiese blik” erkenning verdien. Gedurende die Anglo-Boereoorlog was Steyn deurlopend in die veld en het later veral saam met die Vrystaatse

generaal Christiaan de Wet beweeg. Die inspanning van die oorlog het egter later sy tol op die relatiewe jong president geëis en toe die vredesonderhandelings in 1902 onderneem is, kon hy op 44-jarige leeftyd weens gesondheidsredes nie die onderhandelings enduit meemaak nie. Verswakte oë en algehele verlamming het die president gekniehalter waarna hy, nog voordat vrede gesluit kon word, as president bedank het. Op dié manier is die “bittereinder van bittereinders” die tragiese finale houe in die doodskis van die Boererepublieke gespaar en was hy dus nie ’n ondertekenaar van die Vrede van Vereeniging nie. Miskien getuig Steyn en sy Griekwaagterryer, Ruiter, se vertrouensverhouding die beste van die vreedsame ingesteldheid wat Steyn met sy medemens gehad het. Gedurende die ABO het Steyn verskeie noue ontkomings gehad. In een spesifieke geval, in Julie 1901, het Ruiter sy lewe gered. Volgens verskeie bronne het Steyn en Ruiter ’n hegte band gehad en Ruiter is uiteindelik op Steyn se plaas, Onze Rust, ter ruste gelê. In haar doktorale studie oor Steyn se eggenote, Tibbie, skryf E.J.J. Truter soos volg oor gaste wat in 1938 by Onze Rust aangedoen het: “Die gaste wat op Onze Rust oornag het, is deur Ruiter, Theunis se Griekwa-agterryer, met staaltjies uit die oorlogsjare, meestal oordrewe, vermaak.” Oor Ruiter skryf sy voorts: “Een van die laaste skakels uit die Anglo-Boereoorlog en ’n besondere vriend van Tibbie is ook op 16 April 1943 op Onze Rust oorlede: Ruiter, Theunis se Griekwa-agterryer ... Hier sou hy ‘sy laaste dae onder my sorg ... slyt’. Ruiter se graf is op ’n spesiale ereplek en sy kis van die beste hout.” Ruiter is in die aanwesigheid van onder andere Tibbie, haar dogter, Hannah, oud-senator W.J.C. Brebner, die administrateur van die Vrystaat, Alec McHardy, en ander mense van omliggende plase te ruste gelê. Later sou Tibbie ook hieroor skryf: “Ou Ruiter verdien dit en ek is bly sy graf is op Onze Rust.”


is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.“ ROMEINE 8:11

Oor DONKER DINGE en GROOT GATE

Foto: iStockphoto.com

M

y huis zoem van bedrywigheid. Op 57 sou ’n mens dink dat jy laatmiddae met jou voete omhoog ’n koppie tee op die stoep sou kon geniet terwyl jy die sonsondergang bewonder. Toe nie. Drie kleinkinders en twee kuiermaatjies van langsaan hol uitbundig in die gang af. Die televisie kwetter in die agtergrond. Marietjie roep die hond, wat al weer onophoudelik parkie se kant toe blaf. En tussen dit alles deur probeer ek en my ma en pa ’n bietjie nuus opvang. Hulle het pas uit Bethlehem aangekom. Koffie en beskuit staan stomend op die ronde tafel in my sitkamer. Skielik hoor ons ’n geweldige slag in die TV-kamer langs die sitkamer. Die kokketiel gee ’n paar paniekerige skreeue. My koffie stort. Ons kyk mekaar verstard aan. Wat was dít? Ek staan op en loer om die deur. My mond val oop. ’n Groot, donker gat gaap in die plafon. Stukke plafon en ander gemors lê orals. My ma en pa, wat ’n bietjie stadiger beweeg, kom staan langs my. Saam staar ons in verstomming na die misterieuse gat. “Was dit nie ’n inbreker nie?” wonder Ma. “Hy het nie nodig gehad om soveel moeite te doen nie,” sê Pa droog, een oog op my skuifdeur wat al weer wawyd oop staan. Ons roep die tuinman nader, wat ’n leer bring en opklim. Geen teken van enigiets buitengewoon nie. Genugtig. Ek weet daar is rotte op die plafon, maar een wat só ’n gat veroorsaak, moet

iets uit ’n rillerfliek wees. “Waar’s die kinders?” vra Ma skielik. Ja, waar ís die kinders? Alles is onnatuurlik stil. Ons stap uit, roep en soek. Toe, skielik, verskyn hulle van agter ’n muurtjie. Spierwit geskrik. “Het julle iets te doen met die gat in die dak?” vra ek. Dadelik vloei die trane. Ja, word daar verduidelik, hulle het iets daarmee te doen. Hulle het álles daarmee te doen. Hulle het ’n luik aan die kant van die huis ontdek waardeur ’n mens by die plafon kan inklim. Dit was ’n groot avontuur om met flitse die donker, muwwe plek te verken. Totdat Anelda deur die plafon getrap en dwarsdeur geval het. Gelukkig het daar ’n kas reg onder die plek gestaan. Sy het op die kas geland, afgespring en weggehol. Die ander het teruggevlug na die luik toe en uitgeklim. Skoonsus, wat ook Buurvrou is, daag intussen op. Sy is briesend. Haar twee dogtertjies word huis toe beveel om die sakie met haar te gaan bespreek. Anelda se lip bewe. Hier en daar is ’n nerfie af van die val, maar sy makeer gelukkig niks ernstigs nie. Nie te lank nie of Buurvrou se twee dogtertjies daag op met ’n hele sak van hul spaargeld. Hulle ma het hulle gestuur om vir die skade te kom betaal. Ek wil dit eers nie neem nie, maar Skoonsus se houtoog oortuig my dat dit die regte ding is om te doen. Daardie Saterdag stap ek by Chamberlains uit met ’n groot stuk plafon, ’n sakkie spykers en ’n blik verf. William, my tuinman, kan enige ding doen – van sweis tot teëlwerk en messel, pype reg-

maak en ja, plafonne vaskap. “Die kjenners is stout!” mor hy, klak met die tong, maar spring aan die werk. Voor middagete is die plafon splinternuut en kan ek aan twee baie verligte dogtertjies ’n hele sak “kleingeld” teruggee. Laatmiddag is my huis vir ’n verandering rustig. Ek maak ’n koppie tee en sit met my voete omhoog, soos dit ’n 57-jarige betaam. Ek dink weer aan die gat, die val en dit wat kon gebeur het en darem nie het nie. En net daar sluit ek my oë om dankie te sê vir die goeie Vader se bewarende hand. Soveel keer vang ’n mens iets nalatig of impulsief aan. Ry gou oor ’n kruising, al is die lig al ‘n rukkie oranje. Vergeet om die agterdeur te sluit. Koop ’n duur rok as jy nog nie al jou rekeninge betaal het nie. Klim op ’n wankelende leer om ’n gloeilamp te vervang. Of miskien doen jy selfs ernstiger, donkerder dinge, dinge wat jy goed weet baie slegte gevolge kan hê... Dikwels ís daar slegte gevolge, sit die gat in die dak daar vir almal om te sien, lyk alles verlore en stukkend. Dan is dit belangrik om te onthou dat herstel altyd weer moontlik is. Dat ons ‘n Vader het wat genees, ophelp en vergewe. Dat ’n mens altyd weer voor kan begin. Dat die Here Jesus eenmaal by ’n diep, donker grafspelonk uitgestap het sodat ons ook uit die diep donkerte van ons eie ellende kan uitstap, die Ewige Lewe tegemoet. Die son verdwyn agter die horison. Ek lig my voete van die ronde tafel af, sit my koppie neer en sluit die deure dig. ’n Mens weet nooit wie skuil buite in donker gate nie! www.solidariteit.co.za • Issue 3 of 2018

73


IN BEWEGING

BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse en Ettienne Pio (litigant) • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Gibbs du Toit (litigant), Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Leandri Engelbrecht en Fanie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

RICHARDSBAAI

RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl (junior litigant) en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336/1090 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

NEWCASTLE • • • • •

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat,Uitbreiding 22, Secunda

CARLETONVILLE

VAALDRIEHOEK

Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS Deon Viviers • Administratiewe beampte: Helen Kay • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

74

Uitgawe 3 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Helgard Cronje, Annika Labuschagne, Alfie Hoole, Sulize Esterhuizen, Danie van Graan, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Marike Pitzer, Wynand Strydom en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendrachtstr, Kloofsig

WELKOM • • • • •

Administratiewe beampte: Candice Gerber Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.