IN BEWEGING
Vir 115 jaar reeds op die voorpunt van vernuwing &
NOMMER 4 VAN 2017 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede
I SSN 1683562 -X
9 771683 562000
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
1
Deel van die Solidariteit Beweging
NOMMER 4
VAN 2017
NUUSWAARDIG 10 11 12 14 16 17 18 20 21 22 22 23 24
Beginselvaste vernuwing vir 115 jaar! Union marked by vision and innovation Anderkant die meerderheidswaard Solidariteit slaggereed, digitaal fiks My future child, we’re fighting quotas for you too Solidariteit se lede-app hier vir jou gerief! Nuwe hantering van mediese spaarrekeninge Godsdiens in skole: Wat beteken uitspraak? Aan de Vliet: Jou winterwonderland Historiese hofuitspraak reddingsboei vir MEIBC Union’s strategy to achieve a settlement in steel industry Volledige registrasie aan Akademia toegeken Akademia aan voorpunt van innovasie
BEDRYFSNUUS 26 27 27 28 29 30 30 32 33 34 34 34 36 36 36 37 37 37
Arbeidsvrede moontlik én broodnodig Ná lang stryd kan lid nou uiteindelik verpleeg Intelligensiehoof se misdaadgeskiedenis Brandgevaar: Hoe voorbereid is jy? Duisende woon negende KragDag-ekspo by Labour Market Index improves, but is it sustainable? 8 500 AngloGold Ashanti employees could lose their jobs Highveld Steel: Generations’ dreams revived 10111-sentrum in chaos gedompel SAPD pak steeds nie rassistiese werknemer “Motsoeneng moet opdok vir SAUK-8” Solidarity starts court battle with GEPF Witbank-dienskantoor hou vas aan die Woord Skadelike beleid vererger werkloosheid Ellisras-kantoor baken van hoop vir lede Diensbaarheid, tevredenheid Welkom-kantoor se strewe Burgemeester moet eie medisyne kry Staalstaking sal tot nog afleggings lei
IN BEWEGING 40 42 43 44 46 48 50 52 53 54 55 56 58 59 60 62 63 64 68 70 71 72 73
Tainted Heroes maak opslae in die VSA Afrikaanse studente debatteer op hul voete Gerrie Nel: Talle woon vergaderings by SOS bied grootste Afrikaanse skolekongres aan Gehok ter wille van jonges se toekoms Aardklop bou op wenresep & vernuwe Sol-Tech steek kers op by die meesters Jy & die Reg: Wie jou tydens dispuut mag verteenwoordig Meer produktief met dié kitskursusse Skop jou skoene uit & smul in Afrikaans Innovasie onontbeerlik vir media se groei Ahooi! Kom saam op bootreis spesiaal vir vroue Dis tyd om kennis te neem van Bitcoin Discover your inner innovative self Sakke propvol voordele vir ons lede Onvaste wetenskap van die raaiskoot – Chris Chameleon Afrikaans in die hande van die gemeenskap Afrikaans: Skare sál dié skat veilig dra Blits-leer eerste van sy soort in SA Oorloggeheime in nuwe boek onthul Die duisende wesies van die ABO Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Die Groot Ding, lesse en pajamas
10111-INBELSENTRUM IN CHAOS GEDOMPEL BLADSY 33
Elke geslag verantwoordelik vir sy eie tyd en sy eie verhaal Ons voorouers het hulself gedekoloniseer; ons kan dit ook doen. Ons is niemand se onderdane nie, en is net so geregtig op die grondwetlike beloftes van vryheid, gelykheid en menswaardigheid soos enigiemand anders, skryf FLIP BUYS.
My future child, we’re fighting quotas for you too It is my honest conviction that when you put in enough effort to make the cut, you deserve a chance, whether it be in sports or in any other area of life. For this principle, I will continue to fight, writes FRANCOIS REDELINGHUYS.
Afrikaans: Skare sál dié skat veilig dra As die geskiedenis van die twintigste eeu iéts bewys het, dan is dit dat pogings om kultuurgroepe weg te wens of in die meerderheid te laat opgaan, eerder ’n lewenskragtige KULTURELE HERLEWING uitlok. Die grafkelder word die kraamkamer.
Solidariteit wéét wat sy opdrag is Deur innovasie en vernuwing bly vakbond aan die voorpunt
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
H
et jy al ooit deurmekaar gevoel? Natuurlik, almal van ons was al in ’n stadium deurmekaar. Stel jou voor jy het twee projekte waarby jy regstreeks betrokke is by die werk wat op dieselfde tyd ’n sperdatum het. ’n Mens verdeel outomaties jou aandag en tyd om albei betyds af te handel. As jy jou oë uitvee, doen jy eintlik niks nie, want jy is so deurmekaar met wie wat doen en met wanneer ’n sekere gedeelte van een van die twee projekte afgehandel moet wees dat jy nie die opdrag met sekerheid kan deurvoer nie. Die meeste mense is geneig om te veel hooi op hul vurk te hê, hetsy dit werkverwante verantwoordelikhede, persoonlike take of onnodige projekte is. Soms is ’n verantwoordelikheid van so ’n aard dat jy nie kan kies of jy dit wil hanteer of nie – dis eenvoudig noodsaaklik dat jy jou kant bring en dat jy presies weet wat die deel is wat jy moet bydra. Maar sommige verantwoordelikhede kan ons kies. En wanneer jy kies, moet jy mooi kies. Kies dit só dat jy die opdrag binne daardie verantwoordelikheid met sekerheid kan uitvoer. Daarbenewens is innovasie soms nodig om daardie verantwoordelikheid of opdrag tot sy volle potensiaal uit te voer.
Dit is juis oor die verantwoordelikheid wat Solidariteit teenoor sy lede het dat hy presies moet weet wie hy is en wat sy opdrag is. Dit is ’n verantwoordelikheid wat hy moet nakom, maar hy kies ook om dit gefokus, uitnemend en verreikend te doen. As die opdrag vervaag, kan die gewenste uitkoms nie bereik word nie. Wie is Solidariteit en wat is sy opdrag? Solidariteit is jou bondgenoot, as ’t ware jou ouer broer in die werkplek – die een wat al sedert 1902 sy lede teen uitbuiting in die werkplek beskerm; die een wat selfs vir jou as professionele individu werksekerheid skep. Solidariteit is geanker in sy Christelike grondslag. Hy is ’n voorstander van kollektiewe bedinging en is verbind aan Suid-Afrika en die Grondwet van Suid-Afrika. Hy is onafhanklik van partypolitiek, maar beskerm die minderhede en demokrasie. Hy is ’n waghond teen die onbillike toepassing van regstellende aksie, en glo in die behoud van Afrikaans en ’n vryemarkekonomie met verantwoordelike werkverhoudinge. Daarbenewens is hy ook ’n selfdoen-instansie wat glo in volhoubare ontwikkeling. Dit is ’n groot opdrag, maar as ’n mens gefokus bly op hierdie verantwoordelikhede, kan ons vir ons en ons kinders ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms in Suid-Afrika verseker
sonder om die spoor byster te raak. In hierdie uitgawe wys ons hoe Solidariteit en die Solidariteit Beweging met behulp van sy innoverende karakter hierdie opdrag suksesvol sal kan uitvoer. Lees gerus meer oor innoverende inisiatiewe soos S-Leer se nuwe Blits-leer op bladsy 68. Dr. Dirk Hermann verduidelik hoe die vakbond Solidariteit vernuwing ondergaan het en telkens innoverende besluite gemaak het op presies die regte tyd, om te verseker dat ons aan die voorpunt van ontwikkeling bly. Gepraat van innovering: Akademia is nou volledig geregistreer as hoëronderwysinstansie. Die manier hoe Akademia Afrikaanse onderrig aanpak, spreek van innovering en vooruitgang. Solidariteit KragDag, die selfstandigheidsekspo, was ook vanjaar weer ’n groot sukses met 13 000 besoekers wat gaan uitvind het hoe hulle meer innoverend kan wees. Weet jy wie jý is en wat jóú opdrag is? Kom, #BouSaam met ons!
CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR
Kuberklets, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk
F*** White People nié haatspraak, sê hof ’n OPSPRAAKWEKKENDE HOFBESLISSING deur hooflanddros D.M. Thulare dat die woorde “F*** White People” op ’n kunswerk deur Dean Hutton nié haatspraak is nie, het sosiale media aan die gons gehad. Ons wou weet wat ons lede oor die kunswerk dink. ’n Peiling het getoon 1 408 uit 1 647 respondente het AANSTOOT geneem – dis sowat 85,4%. Ons Facebook-volgelinge het die volgende te sê gehad: Johan Willemse: “Die ‘kunswerk’ hang in my dogter se geskiedenisklas in die Hoërskool JG Meiring in Goodwood. Ons gaan die skool en onderwysdepartement ook gelykheidshof toe neem. Haatspraak of kuns?” Rex Bester: “Beteken dit die regter gaan dieselfde uitspraak maak indien ek ʼn ‘soortgelyke kunswerk’ met woorde ‘F*** black people’ in die openbaar ten toon stel? ʼn Uitspraak dat dit nie haatspraak is nie, maar ʼn uitdrukking van kuns? Ai, regter, watter ‘kunstige’ uitspraak, of is dit ʼn ‘gunstige’ uitspraak wat rassisme afwater?” Rosalind Wolvaard Eales: “I don’t see the art. Everybody wants their 15 minutes of fame. Well, there you have it, an IDIOT of note!”
Freda du Toit Cloete: “Kunswerk is iets wat mooi is, iets wat talent vat, iets wat nie om elke hoek uitgeskop kan word nie. Nie hierdie afstootlike mens of die regter het enige idee wat kunswerk is nie. Ek is trots om wit EN Afrikaans te wees. Ek weerhou my van die [skepper van die kunswerk] se taalgebruik, want ek is beter.” Riek van der Merwe: “Dis nie ’n kunswerk nie, wat is kunstig daaraan? Dis ‘probeer belangrik wees’. Jammer dat die persoon rassisme moet gebruik in ʼn land waar die rassekwessie so ʼn gevoelige ding is.” Casi Casidee: “It is in situations like this that I would love for our fellow black people to take a stand and say ‘we do not agree’!”
WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – Tel: 082 352 7147 E-posadres: denise@solidariteit.co.za Colette Schultz – Tel: 082 331 8406 E-posadres: colettes@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree, Dawid Brand INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Jaco Bisschoff MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Estella Boshoff, Wilmarie Brits, Flip Buys, Leandré Buys, Chris Chameleon, Lindie de Beer, Gideon du Plessis, Reint Dykema, Petronel Fourie, Dirk Hermann, Gerhard Hildebrand, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Philip Minnaar, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Morné Prinsloo, Nikki Prinsloo, Francois Redelinghuys, Ernst Roets, Mia Slabbert, Juran van den Heever, Marlien van der Westhuizen, Paul van Deventer, Cilleste van Dyk, Suné van Heerden en Jhua-Nine Wyrley-Birch. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION
Tel: 082 445 4513 | aksentmedia@vodamail.co.za
DINK JY SOLIDARITEIT IS INNOVEREND? a Ek dink Solidariteit is wel innoverend. b Ek is nie seker of die vakbond innoverend is nie. c Ek dink nie Solidariteit is innoverend nie. SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za
Nog nie ’n Solidariteit-lid nie? Sluit vandag aan! SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. Verander jou adres by diens@solidariteit.co.za. www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort
Solidariteit Beweging
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
7
SPREEKBUYS
and se “Ons is niem
onderdane
o geregtig
ts nie, en is ne
op
ftes van lo e b e ik tl e die grondw KHEID EN Y L E G , ID E VRYH RDIGHEID.” A A W S N E M
8
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
is voorsitter van die Solidariteit Beweging
Dekolonisasie Elke geslag verantwoordelik vir sy EIE TYD, om sy EIE VERHAAL te skryf
M
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
y oupa was nie geletterd nie, maar hy was geleerd. As jong oorlewende van die Barbertonkonsentrasiekamp het hy nie veel formele onderwys in of ná die oorlogsjare gekry nie. Maar Oupa het homself geleer deur alles wat voorkom te lees. Teologiese werke was sy groot belangstelling. Die swaarkry van die konsentrasiekamp en die Britte se verskroeideaardebeleid het diep in sy klere gesit, en Oupa het ’n wrewel in die Britse kolonisasie gehad. Sy geslag se lewenstaak was ’n stryd teen Britse oorheersing en vir dekolonisasie. Die mylpale op daardie pad was die erkenning van Afrikaans in 1925, die totstandkoming van Afrikaanse skole, universiteite, besighede en ander organisasies, die oorwinning van 1948 teen die proBritse Jan Smuts, en die kersie op die koek, Republiekwording in 1961. Oupa is in Johannesburg gebore, maar het nie van die stadslewe gehou nie. Hy het gevoel hy pas nie by die destydse Britse kapitalistiese stelsel in nie. Prof. Dan O’Meara kon van Oupa gepraat het toe hy in sy boek Volkskapitalisme gesê het: “the structure of South African capitalism offered few opportunities to those whose home language was Afrikaans. The economy was dominated by ‘imperialist’ interests. Its language was English, and Afrikaansspeakers were powerfully discriminated against. Promotion and advancement required both proficiency in a foreign language – that of a conqueror – and virtual total acceptance of the structure of values dominant in the economy.” 1922-staking Nog sout in Oupa se wonde was toe hy tydens die 1922-staking by Wanderers toegesluit is deur “Smuts se polisie”. Jare ná die oorlog moes ek vir Oupa ’n posseël by die poskantoor op Barberspan koop. Toe ek met die seël aankom, was Oupa vererg toe hy sien dat Jan Smuts op die seël is. Hy het brom-brom die seël gelek en opgeplak, en gekla “nou moet ek nog Smuts se dinges lek ook” – darem met ’n glinster in die oog na my kant toe! Oupa was nou nie juis ’n voorslagboer nie;
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
hy het meer van die boeke in sy studeerkamer gehou as van die boerdery. Toe een van sy kinders vir hom ’n boek van die Nederlandse teoloog Karl Bart bring, het hy dadelik daarmee verdwyn. Die volgende oggend vroeg moes Ouma en die kinders dorp toe gaan. Ouma het net een kyk na die lesende Oupa gegee en een van die seuns gevra om sy stoel in die middel van die lusernland te gaan sit. Dis al manier hoe sy kon verseker dat Oupa sou onthou om die beeste uit die lusern te hou. Maar Ouma het steeds nie die vrede vertrou nie en gesorg dat sy vinnig by die huis terugkom. Toe sy die vreedsame prentjie sien waar Oupa in die middel van die wuiwende lusern sit en lees met die vretende beeste rustig reg rondom hom, kon sy maar net floutjies met die hand waai. Dekolonisasie Tot Oupa se groot vreugde het twee van sy seuns predikante geword. Die oudste seun se gemeente was in Kenia en die ander een in Zambië. Ons familie het ’n voorsmakie van dekolonisering gekry toe albei ná die onafhanklikheid van hierdie lande na SuidAfrika moes terugkeer. My ouers se geslag se “groot projek” om die dekolonisasie van Afrika voort te sit, deur die land weer soos voor 1910 te ontbondel en swart tuislande tot onafhanklikheid te laat ontwikkel, het nie geslaag nie. Inteendeel, dis deur die ANC as “’n spesiale soort kolonialisme” beleef. Daarom was die Suid-Afrikaanse oorgang van 1994 veral vir Afrika-nasionaliste die finale oorwinning oor kolonisasie. Baie wit mense het dit aanvanklik ook as ’n bevryding beleef, veral toe oudpres. Nelson Mandela almal verseker het daar sal nooit weer oorheersing van die een groep oor die ander wees nie. Herkolonisasie Maar die optimisme dat die nuwe demokrasie tot vryheid vir almal sou lei, het ná sowat twee dekades plek gemaak vir ’n nuwe herkolonisasiebeleid. Hierdie keer word die kolonisasie “transformasie” genoem. Die strategie is om met ’n rasseformule genaamd “verteenwoordigendheid” met
80% swart, 9% wit, 9% bruin en 2% IndiërAfrikane oorheersing oor die hele land te verseker. So het die 1994-“wonderwerk” wat tot meerderheidsregering met minderheidsbeskerming moes lei, maar weer meerderheidsoorheersing geword. Die ironie is dat ons nou al meer hoor hoe hierdie herkolonisasie in die naam van dekolonisasie gevoer word. Universiteite moet byvoorbeeld “gedekoloniseer” word, maar dit beteken in praktyk net ’n nuwe Afrikanistiese herkolonisering. Westerse wetenskap, wit akademici en -studente, en Westerse simbole moet plek maak vir die Afrikanisering van universiteite. Afrikaans en Afrikaanssprekendes word uitgeskuif om die herkolonisasie moontlik te maak, en die enigste koloniale oorblyfsel is Engels as landstaal. Dekolonisasie Maar elke geslag is verantwoordelik vir sy eie tyd. Oupa se geslag het die land gedekoloniseer en ons kan baie by hulle leer. Hulle het nie Engelse koloniale universiteite, banke en maatskappye oorgevat nie, maar ’n landwye netwerk Afrikaanse universiteite, banke, maatskappye en organisasies gebou. Daarom moes ons bloot hul resep afstof en vernuwe. In ’n nuwe era waar ons mense op grond van hul ras of taal uitgesluit word van hergekoloniseerde maatskappye, werkplekke, universiteite en dorpe, moet ons net die dekolonisasieproses van ons voorouers herhaal en weer ’n netwerk kultuurinstellings oprig. Nie met die doel om ander mense uit te sluit nie, maar om te sorg dat ons ook ingesluit word. Dat ons ook deel van ’n vrye toekoms is en nie die permanente onderhorige oorheersdes van ons nuwe koloniseerders nie. Hierdie keer is dit nie ’n stryd teen die Britste “verskroeide aarde” nie, maar teen ’n korrupte en onbevoegde regering wat groot dele van die land laat verval en verskroei. Ons voorouers het hulself gedekoloniseer; ons kan dit ook doen. Ons is niemand se onderdane nie, en is net so geregtig op die grondwetlike beloftes van vryheid, gelykheid en menswaardigheid soos enigiemand anders.
9
NUUSWAARDIG
Beginselvaste vernuwing vir 115 jaar!
Foto: iStockphoto.com
S
10
olidariteit vier vanjaar sy 115de verjaarsdag en bewys al sedert 1902 dat hy g’n gewone vakbond is nie. Hy kry dit voortdurend reg om hom by gedurig veranderende sosiopolitieke en ekonomiese eise en omstandighede aan te pas. Dit is die geheim van Solidariteit se innoverende sukses en die organisasie se behoud oor meer as ’n eeu. Solidariteit het oorspronklik net ná die Tweede Vryheidsoorlog ontstaan as die Transvaal Miners’ Association, wat later die Mynwerkersunie (MWU) geword het. Hierdie Mynwerkersunie is die afgelope dekade en ʼn half omskep en uitgebou tot Solidariteit en later tot die huidige Solidariteit Beweging, wat bestaan uit 18 gemeenskapsorganisasies, met 800 werknemers, sowat 2 000 deeltydse verteenwoordigers en bykans 400 000 lede. Dit maak van Solidariteit die oudste en die nuutste vakbond in die land. Dit is ’n merkwaardige prestasie vir ʼn organisasie om vir meer as ʼn eeu te oorleef – en veral om ná 115 jaar sterker as ooit te wees. Die meerderheid vakbonde, ondernemings, partye en kultuurorganisasies kan dit nie regkry in so ʼn onstuimige land nie, en het onder die golwe van die geskiedenis verdwyn. Dit is merkwaardig dat die MWU nie
Deur Juran van den Heever
onherkenbaar aangepas het en soos talle ander organisasies verdwyn het nie. Ons verandering was nie om oor te gee nie. Die geheim van ons suksesvolle verandering is opgesluit in die laaste boodskap van oudpres. Paul Kruger. Hy het gesê: “Neem die beste uit die verlede, en bou dan jou toekoms daarmee.” Ons moet dus die negatiewe dinge uit die verlede los, op die positiewe fokus en daarmee die toekoms bou. Kruger se formule vir suksesvolle aanpassing kom neer op beginselvaste vernuwing. Maar Kruger het ook die belangrike taak van elke geslag beklemtoon met die volgende woorde: “Die krag van die huidige geslag lê nie in sy roem op die dade van die vorige geslag nie, of die moontlikhede van die toekomstige geslag nie, maar dit lê daarin dat hy die brug bou om die verlede en die toekoms aan mekaar te bind.” Daarom is ons taak om soos brugbouers op te tree: Ons moenie in die verlede vassteek nie en terselfdertyd nie die verlede vergeet nie; ons moet ’n brug bou tussen dit wat verby is en dit wat kom. Ons droom is om ’n toekoms te skep waarin ons as kultuurgemeenskap ook blywend, vry, veilig en voorspoedig in Afrika kan voortleef. Dan sal ons ’n volhoubare bydrae tot die welstand van die land en al sy mense kan lewer. Ons glo ’n minderheid moet homself nie laat tel nie, maar laat weeg, want ons weeg
swaarder as ons getalle. Gewig word bepaal deur die vlakke van onderwys en opleiding, werkywer, ondernemerskap, produktiwiteit en kultuurkrag waardeur ’n gemeenskap verantwoordelikheid vir homself neem. Die MWU en later Solidariteit sou nie alleen die omwentelings in die land oorleef het nie. In ʼn meerderheidsomgewing waar die vakbond ʼn minderheid verteenwoordig, moes daar nuut gedink en nuut gedoen word anderkant die swaard van die meerderheid. As Solidariteit nie die meerderheid het nie, wat het hulle? Hulle het mekaar. So het Solidariteit die idee van beroepsgildes begin ontwikkel, en staan ons vandag weer voor ʼn nuwe fase. Die Solidariteit Beroepsgilde is gewone Solidariteit-lede wat op al die Solidariteit-voordele geregtig is. Die gildes bied bloot bykomende voordele vir lede wat by spesifieke gildes ingeskakel het. Die gildes is ʼn helpmekaargemeenskap wat werknemers in verskeie bedrywe in SuidAfrika help om in hul loopbane vry, veilig en voorspoedig te wees. Die gildes help jongmense om dié spesifieke beroepsrigting te betree, is ʼn waghond vir die bedryf en help met persoonlike ontwikkeling deur voortgesette opleiding vir die beroep te verskaf. Die gildes lê veral klem op meesterskap – nie net in lede se onderskeie dissiplines nie, maar ook in die gemeenskap. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NEWSWORTHY
Union marked by vision and innovation
S
olidarity is a trade union marked by vision and innovation, which is an absolute necessity in the current volatile and uncertain situation we find ourselves in. But what exactly is innovation and why is it so important for success in our beloved country? Innovation can be defined as exploiting new ideas leading to the creation of a new product, process or service. That is why Solidarity will always be found leading the pack. We simply can’t sit back and expect the old ways of doing to still be enough for success in a changing environment. For example, Solidarity World, the trade union’s website, was the first ever cyber trade union in South Africa. Through this website, Solidarity gives guidance to members by connecting with them online. Innovation can also be seen in the skills level
By Cilleste van Dyk
of Solidarity’s workforce. The development of employees’ skills is regarded as a necessary source of input in innovative activity. This should be true for our members as well. We live in an information age and knowledge is what will set you apart from other employees and businesses. Innovation enables you to see potential acquisitions through a different lens. Organisations who see and act upon the opportunities and possibilities for change through innovation in the current environment will not only survive; they will successfully compete and even flourish in the face of the range of emerging adverse and fluctuating business and economic conditions. To succeed, we need to see innovation not as something special that only special people can do, but as something that can become
routine and methodical, taking advantage of the capabilities of ordinary people. People like you, a member of Solidarity. South Africa not only needs innovators in the business sphere, but as citizens as well. Are you wondering how we, as citizens, can be innovative in South Africa? The answer: join hands with Solidarity’s #Let’sBuild campaign. Last year we started building a better South Africa and this year you can help us build it even bigger and better. Visit the website www.solidarity.co.za for more information. It is easy to put off innovation. There are lots of seemingly valid reasons: you are being rewarded for today’s results; you don’t know where to find ideas; innovation is too risky; it is too difficult to measure. But these are excuses, not reasons. Innovation is broader, involves more people, can happen more often, and is more manageable and predictable than most people think.
NUUSWAARDIG
Anderkant die
Solidariteit is dít wat tussen hoop en wanhoop staan
A Foto: iStockphoto.com
an die suidpunt van Afrika bly ’n klein groepie mense. Hulle is van Afrika, maar sommige politici beskou hulle as vreemdelinge. Hulle het nie ’n ander blyplek nie, maar sommige Afrikane sien hulle as synde van ’n ander plek. Hulle is ’n minderheid, maar in die oë van talle is hulle ’n gediskrediteerde minderheid. Daar word van dié groepie gesê dat alle probleme begin het toe Jan van Riebeeck hier aangekom het. Is dié verwysing kodetaal daarvoor dat alle probleme eintlik wit mense se skuld is? Daar moet ’n oplossing vir “probleme” gevind word. Dié klein groepie mense het getrek, geveg en in konsentrasiekampe gesterf. Hulle het ná die Anglo-Boereoorlog en die armoede van die 1930’s opgestaan. Toe, 115 jaar gelede, het hulle ’n vakbond gestig om hulle in onsekere tye te beskerm. Vandag is dié vakbond Solidariteit en doen hy dieselfde – hy beskerm.
Minderheid, maar merkwaardig Dié klein minderheid is ’n merkwaardige groepie wat ’n eie taal ontwikkel en ’n moderne staat gevestig het. Hulle moes as ’n klein minderheid dikwels veg om oorlewing en het ’n geskiedenis
12
Deur Dr. Dirk Hermann
van krisis en trauma agter die rug. Hulle moes die vernedering wat die koloniale moondheid Brittanje hulle aangedoen het herhaaldelik beleef. Hulle moes in Afrika oorleef. Ná 1994 was die klein groepie min in getal en ongewild. Die meerderheid het ’n meerderheidsideologie begin implementeer en die klein groepie was blootgestel – baie blootgestel. Hulle was ’n ongewilde minderheid in ’n groot meerderheidsomgewing. Die implikasies daarvan was verbloem deur ’n Springbokrugbytrui wat deur Nelson Mandela gedra is, maar die implikasies het mettertyd al hoe duideliker geword. Die meerderheidsideologie het na alle vlakke van die samelewing begin oorspoel. Die klein groepie het nie meer vriende gehad nie. Blade Nzimande het op ’n SAKP-kongres gesê: “White worker, you are on your own.” Op sosiale media is hulle beledig en ontmens. Mense in gesagsposisies het begin sê dat wit mense vreemdelinge is en Afrikaner-boytjies hulleself moet gedra. Dubbele standaarde wat rassisme betref, het algemeen begin voorkom, maar die wêreld was stil daaroor. Die sosiale struktuur het dit as aanvaarbaar geag. Die meerderheid bedryf ’n klipharde rassestelsel onder die dekmantel van regstellende
aksie: Die meerderheid se getalle moet op alle posvlakke weerspieël word. Die minderheid is uitgedruk, maar volgens die gemeenskapsnorm is dit aanvaarbaar. Die klein minderheid het vervreemd begin voel. Hulle het magteloos en betekenisloos begin voel. Hulle is alleen. Die stelsel het hulle uitgedruk. Hulle het geen morele kapitaal gehad om dit te beveg nie. Hul getalle is getel. As daar te veel van hulle op die telkaart verskyn, kan maatskappye nie punte kry nie. Hulle is nie meer opgelei nie, want hul opleiding het nie punte getel nie. Hul jongmense is toegang tot studiebeurse of internskappe ontsê, want dit sou nie punte verwerf nie. Hulle sukkel om werk te kry – nie weens dit wat hulle kon doen of nie kon doen nie, maar wel op grond van hul voorkoms. Ten spyte van die geïnstitusionaliseerde rassisme waaraan hulle onderwerp is, is hierdie minderheid steeds uitgebeeld as die rassiste in die samelewing. Valse klagtes oor rasse-uitsprake is aan die orde van die dag. Die howe het begin om die rasse-ideologie hul eie te maak. Die klein minderheid het begin om die grofste sake wat met ras verband hou, te verloor. ’n Oop seisoen het vir die minderheid aangebreek. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Solidariteit – jou plek van veiligheid Die klein groepie was alleen, maar het wel iets gehad – mekaar. Hulle het Solidariteit gehad – dit is al. Solidariteit is die plek van veiligheid vir die minderheid. Solidariteit het vir hulle opgestaan en het hoop gebring. Solidariteit het geveg en gebou en doen dit steeds. ʼn Regsfonds is gevestig om in die howe te veg en ’n Boufonds om te bou. Die minderheid het niemand in die werkplek gehad wat vir hulle kon opstaan nie, maar hulle het Solidariteit. Solidariteit het begin oplei daar waar nie opgelei word nie en Sol-Tech, Akademia, S-leer en die Solidariteit Helpende Hand Studiefonds het die lig gesien. Solidariteit het al hoe meer gegroei, maar in die arbeidswêreld was dinge nie anders as in die res van die land nie. Suid-Afrika is ’n meerderheidswêreld met drempels waaraan voldoen moes word. In die politiek kan ’n party erken word as dit 0,3%-steun toon, maar in die arbeidswêreld geld drempels van 30% tot 50%. Dit het ʼn bedreiging vir Solidariteit ingehou. Dít wat die klein groepie gehad het, word toe bedreig. Die paradoks was dat hierdie voertuig van die minderheid meerderheidsdrempels moes bereik om te kan oorleef. Daar is van hulle verwag om kollektiewe selfmoord te pleeg om te keer dat hulle nie vermoor word nie. “Pasop, jy word wat jy werf,” het ’n ou vakbondstrydros altyd gewaarsku. Plek-plek het Solidariteit gesien wat die prys van die kantelpunt is wanneer daar buite sy tradisionele mark gewerf word – dit sluit in gewelddadige stakings, eise om wit organiseerders te vervang, druk op die vakbond se godsdienskarakter, druk om die taal te verander, wat natuurlik ook die verandering van kultuur sou meebring. Die prys is te hoog, want wat op die lang termyn op die spel is, is die wese en opdrag van Solidariteit en ’n wêreld van alleenwees vir die minderheid. Ben Freeth, ’n boer van Zimbabwe, het vir Solidariteit kom vertel hoe die wêreld lyk van ’n wit Afrikaan wat alleen staan. Wit mense in Zimbabwe het geen organisasie gehad wat na hul belange kon omsien nie. Hy het kom verduidelik hoeveel sterker die klein groepie in Suid-Afrika is omdat hulle instellings soos Solidariteit het. Intussen het Solidariteit in ’n Beweging van 18 instellings en meer as 400 000 lede ontwikkel. Dit het baie hoop vir die klein groepie gebring. Tot ’n groot mate het Solidariteit dít geword wat tussen hoop en wanhoop gestaan het. Hy het erkenningsooreenkomste heronderhandel en hy was hof toe vir erkenning op grond van belang. Hy het samewerkingsooreenkomste gesluit en erkenning deur verhouding en www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
invloed behou. Hy was die leier op die gebied van arbeidsverhoudinge, en sy organiserende personeel en verteenwoordigers was op die voorpunt van kennis. Hy het van kollektiewe instrumente gebruik gemaak soveel hy kon, maar hy het geweier om selfmoord te pleeg. Hy het homself nie begin opoffer ter wille van drempels nie. Hy het besef dat as hy dít sou doen, dit in elk geval sy einde sou beteken. Solidariteit wéét wié hy is Solidariteit wéét wié hy is en wat sy opdrag is. Hy moet vir die klein minderheid ’n toekoms bou waar hulle vry, veilig en voorspoedig is – en die werkplek is die beginplek daarvoor. Kollektiewe selfmoord is dus nie ’n opsie nie; selfvertroue wel. Dit lei tot lewe. Daar is nuut gedink en nuut gedoen – anderkant die swaard van die meerderheid. As Solidariteit nie die meerderheid het nie, wat het hulle? Hulle het mekaar. Só het Solidariteit die idee van beroepsgildes begin ontwikkel. Gildelede is gewone Solidariteit-lede wat op al die Solidariteit-voordele geregtig is. Gildes bied bloot bykomende voordele vir lede wat by spesifieke gildes ingeskakel het. Die klein minderheid is deur gildes oor werkplekke heen in beroepsgroeperings georganiseer. Só word enkelinge ’n gemeenskap. Die klein minderheid het hulself sterk gemaak. Maatskappye hoef nie beroepsverenigings te erken nie, dit word deur Solidariteit erken. Solidariteit het op dié wyse begin om self beheer oor sy toekoms te neem. Beroepsverenigings het ’n nuwe uitkyk op die wêreld van werk gebring. Iemand moes verantwoordelikheid vir ons jongmense neem en net die gemeenskap self kan dit doen. Beroepsgildes bied aan jongmense toegang tot ’n bepaalde beroep. Binne gildes tree ouer mense as mentors vir nuwelinge in die beroep op, bied vakansiewerk en internskappe aan hulle. Só word ’n netwerk gevorm om werk aan jongmense te verskaf. Studiefondse is begin en jongmense het ’n broodnodige hupstoot gekry. Die krag van mekaar is ontdek. Die grootste produk van beroepsgildes is nie iets waaraan gevat kan word nie, maar bloot die wete dat daar aan ʼn toekoms gebou word, ook vir die volgende geslag. Die gildes se sukses hang af van sy vermoë om kulturele kapitaal te mobiliseer, nie bloot ’n fooi-vir-diens-benadering nie. “Gilde” geleentheid Deur S-Leer bied beroepsgildes voortgesette opleiding in Afrikaans aan hul lede. Danksy S-Leer kan lede verpligte voortgesette opleiding en ontwikkelingspunte (VOO- of CPD-punte) in hul
eie taal ontvang en verwerf. Die opleidingsessies is ook ’n saamkomplek waar lede kan tuis voel. Mense voel weer dat hul lewens betekenis het. Die opleiding gaan altyd met waardeoordrag gepaard. Die gildes het begin om as waghond vir die professie op te tree. Die bydrae wat die gildes lewer, is groter as die blote somtotaal van die klein minderheid. Die gildes is ook ’n netwerk waardeur gildelede mekaar kan ondersteun. Die beroepsgildes staan in ’n mooi interaktiewe verhouding met Solidariteit se opleidingsinstellings. Elke studieprogram van Sol-Tech en Akademia is ’n voedingsbron vir die gildes. S-Leer gaan verantwoordelik wees vir die voortgesette leer van Sol-Tech- en Akademia-alumni wat by gildes betrokke raak. Op dié wyse word die naelstring met die Solidariteit Beweging nooit geknip nie. Gildes het ook verantwoordelikheid geneem om mentorskappe, internskappe en toegang tot werk aan Sol-Tech- en Akademia-studente te bied. Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum help skole om uitnemend te wees en staan leerlinge met beroepsbeplanning by. Die Skoleondersteuningsentrum skep ’n natuurlike geleentheid en kanaal om ’n jongmensgilde te skep. ’n Jongmensgilde kan studente en jongmense help om die oorskakeling van skool en studies na werk suksesvol te oorbrug. Deur dié gilde kan jongmense met loopbaanbeplanning, onderhoudvoering en die opstel van CV’s gehelp word. Deur die ander gildes kan lede van die jongmensgilde toegang tot werk kry. Op sy beurt kan die jongmensgilde ’n kanaal word om Solidariteit en die gildes se ledetalle aan te vul. ’n Jongmensgilde is deel van die antwoord op die onsekerheid wat jongmense oor die toekoms ervaar. Soos die jongmensgilde kan ander gildes rondom spesifieke belange ontwikkel word, byvoorbeeld ’n vrouegilde om vroue in die werkplek by mekaar uit te bring en saam te snoer. Só ’n gilde kan vroue vanuit Solidariteit se Christelike grondslag en fokus op die gesin ondersteun om ’n balans tussen gesin en werk te vind. ’n Gilde wat mense met gestremdhede in die werkplek saamsnoer om hulle op dié wyse sterker te maak, bied ook baie moontlikhede en maak baie sin. Gildes het ’n nuwe wêreld vir Solidariteit geskep. Mense wat buite Solidariteit se tradisionele wêreld geval het, is skielik nou toeganklik. Dít wat Solidariteit se bedreiging was, het nou sy grootste geleentheid geword: Solidariteit het ’n kragtige werknetwerk gevestig. • Dr. Dirk Hermann is bestuurshoof van Solidariteit.
13
NUUSWAARDIG
iteit se Het jy al in Solidar gesnuffel? AANLYNWINKEL wat Van die produkte ʼn gordel beskikbaar is, is rmele en van egte leer, fo , bekers en informele hemde el saam by nog meer. Snuff idariteit.co.za www.winkel.sol
Solidariteit slaggereed, digitaal fiks
O
ns leef in ʼn era waar planne gemaak word vir die eerste groep mense om op Mars te gaan woon. Jy koop skoene en kruideniersware oor die internet en knoop via jou selfoon videogeselsies aan met geliefdes in ʼn ander land. Vandag se tieners is meer opgewonde oor data as oor ʼn nuwe motor en slegs 12,9% huishoudings vandag het ʼn landlyn. Kenners reken dat ons onsself in die vierde industriële revolusie bevind, genaamd die digitale era.
Foto: iStockphoto.com
Wat beteken die vierde industriële revolusie? Tydens die eerste industriële revolusie is daar vir die eerste keer gebruik gemaak van water en stoom om produksie te meganiseer. Met die tweede revolusie is elektrisiteit gebruik om massaproduksie aan die gang te sit. Die derde revolusie is gekenmerk deur die gebruik van inligtingstegnologie en elektronika om produksie te outomatiseer en die vierde revolusie, ʼn
14
Deur Lindie de Beer
gevolg van die digitale era, bou nou voort op die derde revolusie. Die vierde revolusie word gekarakteriseer deur tegnologie wat ʼn nuwe wêreld oopmaak in die fisiese, digitale en biologiese omgewings. Die geleenthede wat die vierde revolusie bied deur miljarde mense te verbind deur middel van selfone, krag, kapasiteit en die toegang tot eindelose kennis, is onbeperk. Jy moet vandag digitaal fiks wees om die pas van die nuwe samelewing te kan volhou. Jou hele lewe word digitaal bestuur. Maar is jou vakbond digitaal fiks? Solidariteit as vakbond poog om ledediens so vinnig, maklik en toeganklik moontlik vir sy lede te maak. Het jy geweet Solidariteit het ʼn nuwe lede-app waar jy toegang het tot jou elektroniese ledekaart en die nuutste vakbondnuus, en waarmee jy direk kontak kan maak met ʼn Solidariteit-agent? Die Solidariteit-regsapp, genaamd Regskliek, is ook beskikbaar vir Solidariteit-lede. Dié app maak dit vir jou moontlik om in ’n ongemaklike
situasie met die druk van ’n knoppie te kan sien wat jou regte is. Enige regskundige onderwerpe, van arbeidswette tot kontrakte, word op die regsapp bespreek, en jy kan ook jou vrae stel. Benodig jy raad oor hoe om jou CV op te stel? Of hoe om ʼn onderhoud te voer en wat om te dra vir dié onderhoud? Wil jy weet hoe om ’n balans te vind tussen jou persoonlike lewe en jou loopbaan, of wil jy in aanraking kom met die regte ondersteuningsgroepe wanneer jy dit die nodigste het? Die Solidariteit-webblad kan jou met al dié kwessies help. Die webblad is propvol kort, insiggewende artikels wat jou in enige situasie of oomblik van hulp kan wees. Jy kan selfs op die webblad aanlyn gesels met een van Solidariteit se dienssentrumagente, indien jy nie ʼn e-pos wil stuur nie. “Vra vir Frik” is daagliks tussen 8:00 en 16:30 aanlyn beskikbaar om jou vrae te beantwoord. Solidariteit is slaggereed vir die digitale era. Al wat jy jouself moet vra, is: Behoort jy aan ʼn vakbond wat digitaal fiks is? • Lees ook die artikel op bladsy 17. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NEWSWORTHY
RT ough EFFO n e in t u p “When you ESERVE A D u o y t, u c e to make th in sports or e b it r e th he CHANCE, w rea of life.” a r e th o y n in a
My future child, we’re fighting quotas for you too
Photograph: iStockphoto.com
M 16
y child, you are not here yet, but one day when you are here, I know that I will be able to tell you in all honesty that I have done everything in my power to give you every possible opportunity to make a success of your life. Is this not the wish of every parent – to give his or her child every possible opportunity to develop and use their talents to the full? Why would I then not put up a fight to make sure that my child is not discriminated against because of what he or she looks like or what he or she is? My child, in your innocence you will maybe ask me how a thing such as racial quotas could ever be justified. I will then tell you that people’s immediate response worldwide is one of total astonishment. However, in the South Africa of 2017 the use of quotas, a system
By Francois Redelinghuys
that gives preference to a person based on appearance, is nothing new. Unfortunately, it appears as if today’s international community could not really be bothered by South Africa’s implementation of such an infamous system. On the other hand, we in South Africa have already become so indoctrinated by the reality of quotas that when we look at a team photo, we firmly believe without a hint of doubt that the best possible team members were chosen regardless of their race. How can that be? I want to teach you, my child, that if you are good enough and put in enough effort to be the best, you should be chosen, but it breaks my heart that I cannot promise you that this will be the case. Solidarity and AfriForum are currently engaged in a battle against the enforcement of racial quotas when it comes to the selection of
sports teams. My child, I am proud to say that I am part of this battle. I simply cannot allow these politics to determine your future. “But Dad, it is only sports, and I am not even particularly good at it.” My child, this has to do with more than just sports. It is about a way of thinking. It is about a system by which it has become acceptable that, even though you may be the best, you will be judged on the basis of something else. It is about a system in which no-one wins, because even the player who should benefit from it because he or she is the “right” colour, gets selected on the basis of skin colour instead of his or her skills on the sports field. It is my honest conviction that when you put in enough effort to make the cut, you deserve a chance, whether it be in sports or in any other area of life. For this principle, I will continue to fight. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Solidariteit se lede-app hier vir jou gerief!
Foto: iStockphoto.com
H
Deur Mia Slabbert
et jy ’n slimfoon en ’n behoefte om jou vakbond makliker te bereik? Dan het ons wonderlike nuus vir jou! Die Solidariteit Lede-app is ’n splinternuwe en innoverende manier om kommunikasie tussen die vakbond Solidariteit en sy lede te vergemaklik en is nou beskikbaar om op jou slimfoon of tablet af te laai. Die app is ’n eerste vir Solidariteit en iets nuuts in die arbeidswêreld. Lede van Solidariteit kan nou belangrike inligting self en gerieflik op hul fone of tablette opdateer. Dit is so maklik soos om ’n lemoen te skil of om jou Facebook-profielfoto te verander. Die vakbond beweeg ook in ’n nuwe, opwindende fase in waar lidmaadskapkaarte ook voortaan elektronies op die app bekombaar sal wees. “Hierdie app is voorwaar iets om oor opgewonde te wees. Dit beoog om dinge wat eens moeite was, nou baie makliker te maak. Persoonlike inligting kan nou sommer op dié gerieflike wyse verander word. Lede hoef nie meer fisies takke te besoek en dokumente in te vul of foonoproepe te maak nie,” het Jaco de Lange, afdelingshoof van ledeadministrasie by Solidariteit, gesê. Die gratis app gee Solidariteit-lede maklike toegang tot die vakbond se webtuiste, regsartikels en ook die vakbond se Twitter-platform waar nuus en vermaak daagliks gedeel word. “Dit is ’n eerste vir ons vakbond en ons hoop lede gryp die voordele wat dit inhou met beide hande aan. Dit is ons manier om kommunikasie tussen ons en ons lede te vergemaklik en om die middelman, soos die poskantoor en ander derde partye, heeltemal uit te skakel,” het De Lange opgewonde bygevoeg. Dit het ’n jaar en ’n half geneem om die app te ontwikkel en is só ontwerp dat Solidariteit direk boodskappe aan lede kan stuur. “Lede sal ’n kennisgewing op die app ontvang wat hulle sal inlig dat daar ’n belangrike boodskap is wat hulle moet lees. Nóg makliker kan dit kwalik wees,” het De Lange gesê. “Met hierdie app sit ons die mag letterlik terug in die lede se hande. Die app beloof om moeisame en tydrowende administratiewe take baie makliker en meer toeganklik te maak,” meen De Lange. Lede kan die app nou op hul slimfone of tablette aflaai en dadelik begin gebruik. “Dit was vir ons belangrik om ’n bietjie buite die boks te dink om vir ons lede iets te gee wat werklik innoverend is. Tegnologie is deesdae so wonderlik en veelsydig dat dit ’n eenvoudige besluit was om hierdie roete te volg,” het De Lange afgesluit.
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
17
NUUSWAARDIG
Mediese skemas
Nuwe hantering van spaarrekeninge
Foto: iStockphoto.com
D
18
ie konstitusionele hof het op 6 Junie 2017 ’n belangrike uitspraak gelewer rakende die hantering van persoonlike spaarrekeninge in die jaarlikse finansiële state van mediese skemas. Die agtergrond van die uitspraak het sy ontstaan in ’n saak in die Pretoriase hooggeregshof in 2007 toe die hof moes beslis of die spaarrekeninggedeelte van ’n lid se mediese fonds deel van die mediese skema se bates moet uitmaak of nie. Die hof het toe bevind dat in terme van die Wet op Finansiële Instellings, Wetno. 28 van 2001, val die gedeelte van die fondse wat in ’n lid persoonlike mediese spaarrekening is, buite die bates van die skema. Die Raad op Mediese Skemas het daarna ’n omsendskrywe aan alle skemas gestuur wat, op die rug van die hofuitspraak van 2007, die mediese skemas gelas het om die geld in mediese spaarrekeninge afsonderlik in hul jaarlikse finansiële state te rapporteer, dit as trustgeld te hanteer en dat dit nie deel van mediese fondse se bates uitmaak nie. Artikel 35(9)(c) van die Wet op Mediese Skemas bepaal egter dat die laste van ’n mediese skema wat in hul jaarlikse finansiële state gerapporteer moet word, die bedrag moet insluit wat in terme van die opgelope persoonlike spaarrekeninge aan lede verskuldig is. Die mediese skema Genesis het in ’n dispuut met die Raad op Mediese Skemas getree nadat die raad die skema se jaarlikse finansiële state
afgekeur het. Genesis het aangevoer dat die rapportering van die las ’n ooreenstemmende bate in die state moet toon, aangesien dit die minimum likiditeitvereistes van die skema beïnvloed. Genesis het die saak vir heroorweging na die Kaapse hooggeregshof geneem en die hof het die beslissing van 2007 omgekeer aangesien die betrokke uitspraak, in die hof se opinie, nie finansieel sin het uit ’n rekeningkundige verslagdoeningsoogpunt nie. Die Raad op Mediese Skemas het die saak daarna na die appèlhof geneem, en die appèlhof het weer die hooggeregshofbeslissing omgekeer en in die guns van die raad beslis dat die spaargeld wel afsonderlik gerapporteer moet word. Genesis het die saak op sy beurt na die konstitusionele hof geneem en dié hof het op 6 Junie die appèlhofuitspraak omgekeer en in die guns van die skema beslis. Wat beteken die jongste hofuitspraak? • Mediese skemas rapporteer voortaan die mediese spaarrekeninggedeelte van die fonds as ’n bate in hul jaarlikse finansiële state. • Lede se aanspraak op die fondse verander glad nie, behalwe as ’n likwidasie ter sprake is. Die fondse maak dan deel uit van die bates wat tussen skuldeisers verdeel moet word. Die lid staan egter in dié geval ook as ’n skuldeiser teenoor die fonds. • Indien ’n lid by ’n fonds bedank of binne die fonds na ’n opsie skuif wat nie ’n
spaarrekeninggedeelte het nie, is die lid steeds geregtig op die fondse. • Skemas hoef nie meer vir lede rente te betaal op enige opgelope fondse in die spaarrekening nie, aangesien die fondse nou deel van die skema se bates is. Die skema kan dus die rente binne die skema behou. Wat gebeur in die praktyk? Hoewel die veranderings hierbo as ’n risiko vir die lede van mediese skemas mag voorkom, is dit egter net ’n risiko in die geval van ’n likwidasie. In die praktyk is die tendens egter dat ’n skema – voordat ’n likwidasie deurgevoer word – deur ’n ander skema oorgeneem word en die lede saam met hul opgelope spaarrekeninge oorgeplaas word. In die praktyk is dit ook so dat skemas eintlik jou mediese spaarrekeninggedeelte voorskiet en dat dit deur die jaar opgemaak word uit jou maandelikse bydrae. Meeste lede met spaarrekeninge put dit in elk geval uit voordat die jaar verby is. Dit verlaag dus die interpretasie van die risiko van die onlangse hofuitspraak drasties. • Kontak gerus Solidariteit se voorkeurdiensverskaffer van mediese advies en produkte, TENDAHEALTH, by 0861 101 005 of stuur ’n e-pos na sfdadmin@solidariteit.co.za. Neem ook kennis dat die veranderings in prys en voordele van mediesefondsopsies vir 2018 gedurende September 2017 aangekondig word. Maak seker dat u vroegtydig advies bekom voordat u ’n keuse maak. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IS JOU MEDIESE UITGAWES EN BYBETALINGS ‘N
BITTER PIL? Mediese skemas raak al hoe duurder en ledegeldstygings hou eenvoudig nie tred met salarisverhogings nie. Boonop verminder jou voordele dikwels en laat dit jou met ‘n selfbetalingsgaping waarvoor jy dalk nie voorsiening gemaak het nie.
ONS SAL JOU BYSTAAN
• om alternatiewe voordele-opsies binne jou huidige mediese skema te oorweeg • deur ‘n alternatiewe mediese skema voor te stel wat by jou risikoprofiel pas • deur gapingsdekking te bied wat die tekort sal aanvul tussen wat jou skema betaal en wat diensverskaffers hef.
aksent media
Kry die SORG wat jy VERDIEN teen ‘n PRYS wat jou PAS – sonder die bekommernis van ‘n betalingsgaping! Skakel ons vandag nog!
0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste
‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 44680 • CMS-akkreditasie (ORG 4268)
Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk. ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 75
NUUSWAARDIG
hou steeds die REG en “BEHEERLIGGAME be e etos en geloofspraktyk BEVOEGDHEID om die en ldo bepaal, mits dit vo van ʼn betrokke skool te Skolewet vervat is.” aan die riglyne wat in die
Godsdiens in skole: Wat beteken uitspraak?
D Foto: iStockphoto.com
ie hooggeregshof in Johannesburg het onlangs uitspraak gelewer in die opspraakwekkende saak rakende die beoefening van godsdiens in skole.
Agtergrond Die Organisasie vir Grondwetlike Onderrig en Demokrasie (Ogod) het ’n saak aanhangig gemaak teen ses skole wat hulleself met ’n Christelike etos verbind en onderrig vanuit ’n Christelike perspektief aanbied. Die saak is teengestaan deur die ses skole, en die skole is bygestaan deur Solidariteit, Fedsas en AfriForum. Volgens Johan Kruger, adjunkbestuurshoof by Solidariteit, is dit vir Solidariteit uiters belangrik dat openbare skole die vryheid moet hê om ʼn Christelike karakter te kan kies. “Hierdie geloofsuitgangspunt is grondwetlik moontlik, prakties uitvoerbaar en speel ʼn belangrike rol in die sukses van talle skole in die land,” het Kruger gesê.
20
Deur Francois Redelinghuys
Uitspraak Dis in die eerste plek belangrik om te verneem dat die uitspraak in werklikheid bloot ’n bevestiging is van die reeds bestaande uiteensetting soos vervat in die Grondwet en, belangriker, in artikel 7 van die Skolewet. Wat verder van belang is, is die feit dat die uitspraak nie godsdiens en staat van mekaar geskei het nie, en dat die applikant se versoek om ’n interdik wat godsdiensbeoefening by die betrokke skole sou verbied het, nie toegestaan is nie. Wat verder van uiterste belang is, is dat die magte van beheerliggame by skole steeds van krag is. Dit beteken die beheerliggaam van ’n skool kan steeds die skool se beleidsrigting bepaal met inagneming van die demografie van die skool, mits dit aan die bepalings van die wet voldoen. Die slotsom is dus dat die beoefening van godsdiens in skole nie ongrondwetlik is nie, mits deelname hieraan vrywillig is en mense van ander gelowe by die betrokke skool nie deur hierdie praktyk uitgesluit word nie.
Wat sê Solidariteit? Volgens Juran van den Heever, kommunikasiehoof van Solidariteit, het die hof bevind dat ʼn openbare skool nie een geloof mag bevorder deur uitsluiting van ʼn ander nie. Verder mag ʼn skool nie een geloof uitsluitlik voorhou as die geloof wat hulle ondersteun nie. “Beheerliggame behou steeds die reg en bevoegdheid om die etos en geloofspraktyke van ʼn betrokke skool te bepaal, mits dit voldoen aan die riglyne wat in die Skolewet vervat is. Skoolgemeenskappe en -personeel kan steeds hul geloof in hul roeping uitleef, mits leerders van ander geloofsoortuigings ook geleentheid kry om hul geloofsoortuigings uit te leef,” het Van den Heever gesê. Hy beklemtoon verder dat Ogod se hofaansoek grootliks misluk het. “Die hooggeregshof het Ogod se ingrypende soeke ná ʼn bevel dat godsdienspraktyke in openbare skole verbied moet word, van die hand gewys. Ogod het ook nie daarin geslaag om dit as ongrondwetlik te laat verklaar nie.” Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
PROMOSIE
Aan de Vliet: Jou winterwonderland
Foto’s: Verskaf
D
it is weer dié tyd van die jaar waarna Bosveldliefhebbers smag: winter met sy ysige koue wat met ’n lekker warm vuurtjie en die vooruitsig van ’n vroegoggendwildsrit verdryf word. As dit jou lus maak vir ’n winterwegbreek, is Aan de Vliet-gesinsvakansieoord dié plek om te wees. Boonop kry jy as lid van Solidariteit, AfriForum of Solidariteit Helpende Hand 20%-korting op alle verblyf by Aan de Vliet. Die oord is sentraal in die prentjiemooi Panorama Roete in Mpumalanga geleë, 8 km vanaf Hazyview en slegs 15 km vanaf die Krugerwildtuin. Daar is talle bekende toeristeaantreklikhede binne 60 km vanaf Aan de Vliet wat aan besoekers die geleentheid bied om hierdie wonders te besoek en betyds
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
“tuis” te wees om te ontspan en die dag met ʼn tradisionele braai by hul verblyfeenheid af te sluit. Dit is die perfekte wegspringpunt waarvandaan verskeie historiese, kulturele en ander besigtigingspunte bereik kan word, asook ’n verskeidenheid van aktiwiteite soos visvang, kwadfietsry, hangtoere (zip lining), perdry, aandwildsritte, ’n gholfbaan en verskeie restaurante. Sluit jou dag met ’n heerlike braai of ’n skemerkelkie op die oewer van die Sabierivier af. Die oord beskik ook oor kuierareas, piekniekplekke langs die rivier, ’n vlugbalbaan, leeshoekie, speelterrein vir kinders en swembad onder lieflike koeltebome. • Kontak Aan de Vliet by 087 802 1500, e-pos info@aandevliet.co.za of besoek die webtuiste www.afr.aandevliet.co.za.
Wat behels die vakansievoordeel? Alle volopbetaalde lede van die Solidariteit Beweging kwalifiseer vir 20%-korting. Dié korting geld ook by Kokoriba en Santana. Om vir die korting in aanmerking te kom, moet ten minste een lid van die gesin ’n lid van óf Solidariteit, óf AfriForum, óf Solidariteit Helpende Hand wees. Jou lidmaatskap sal nagegaan word voordat dié korting toegestaan word. Lede moet ook self by oord wees in die tydperk waarvoor hulle ’n bespreking gemaak het. Jy moet jou lidmaatskapkaart of identiteitsdokument aan die oord se ontvangspersoneel toon wanneer jy daar aankom. Die korting geld slegs vir een eenheid per gesin.
21
NUUSWAARDIG
Union’s strategy to achieve a settlement in the steel industry
N Historiese hofuitspraak reddingsboei vir MEIBC Deur Wilmarie Brits
Foto: iStockphoto.com
D
22
ie historiese uitspraak deur regter Sean Snyman dat die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) onder administrasie geplaas moet word, is gelewer na aanleiding van ’n aansoek wat deur Solidariteit gebring is. Dié uitspraak, wat op 13 Junie gelewer is, is nie net die eerste van sy soort in Suid-Afrika nie, maar dien ook as ʼn reddingsboei wat die landskap in die staal- en ingenieursbedryf ingrypend gaan verander. Solidariteit het reeds in Mei verlede jaar sy kommer oor die MEIBC se toekoms uitgespreek toe hy in ’n skrywe aan Mildred Oliphant, die minister van arbeid, versoek het dat daar dringend by die sukkelende MEIBC ingegryp moet word. Die MEIBC vervul ’n noodsaaklike rol in die metaal- en ingenieursbedryf. Hulle reguleer onder meer verskeie noodsaaklike arbeidskwessies kragtens ’n hoofooreenkoms waarvan die inhoud jaarliks deur die onderskeie partye in die bedryf onderhandel word. Dit sluit kwessies soos werkure, lone, verandering aan basiese diensvoorwaardes en geskilbeslegting in. Dié bedingingsraad se voortslepende finansiële krisis en die partye in die raad se onvermoë om oor verskeie kwessies tot ’n vergelyk te kom, kan die einde van die MEIBC beteken. “As die raad tot niet sou gaan, sal dit verskeie negatiewe gevolge vir die bedryf inhou,” het Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, gesê.
Marius het verder beklemtoon dat die MEIBC se finansiële posisie die afgelope ruk so versleg het dat die bedingingsraad al vir ’n geruime tyd lank nie meer sy geskilbeslegtingsfunksie kan uitvoer nie. Daarom het die vakbond Solidariteit in Junie vanjaar die arbeidshof versoek om die MEIBC onder administrasie te plaas in ’n poging om die bedingingsraad van bankrotskap te red. Solidariteit het dié historiese bevel verwelkom en is van mening dat die bevel ’n broodnodige stap is om te verseker dat die MEIBC van ondergang gered word. Die departement van arbeid, Numsa en werkgewersorganisasies het ook tot die bevel ingestem. “Ons is verheug dat belangrike rolspelers uiteindelik tot die proses van administrasie ingestem het. Die administrasieproses is vergelykbaar met ’n proses van sakeredding wat dikwels in die privaatsektor gebruik word om ’n onderneming van ondergang te red. Die alternatief was likwidasie, wat nie in die bedingingsraad se belang sou wees nie,” het Croucamp bygevoeg. Die administrateur wat aangestel sal word, sal ingrypende stappe moet doen om wanbestuur en finansiële ongerymdhede uit te sorteer. Dit is belangrik dat dié administrateur die vooruitsigte van solvensie en funksionaliteit van die bedingingsraad ’n realiteit sal maak. Die fondse en bankrekeninge van die MEIBCbestuur sal dan ook deel uitmaak van die administrateur se verantwoordelikhede.
egotiations to conclude an agreement on wages and conditions of employment at the Metal and Engineering Industries Bargaining Council (MEIBC) deadlocked on 15 June, with unions declaring a dispute against the employers and the employers declaring a counter-dispute against the trade unions. But Solidarity recently announced its strategy to achieve a settlement in the beleaguered steel industry. Talks restarted thereafter, but again reached a deadlock on 21 June when the National Union of Metalworkers of SA (Numsa) again rejected the proposed 5,3% wage increase. To resolve the impasse, the sub-committee met under the facilitation of a senior CCMA commissioner on 28 and 29 June and on 5 and 6 July. According to Solidarity’s Deputy General Secretary for the Metal and Engineering Industry, Marius Croucamp, Solidarity is determined to negotiate for a settlement. “A strike will cause major harm to the steel industry and could result in job losses.” Croucamp pointed out that Solidarity had a three-pronged strategy in place to deal with the matter. In terms of this strategy the bargaining council is in the first place requested to extend negotiations. “The request creates scope for parties to agree to it before negotiations can be extended. Should the parties not agree, Solidarity would approach the CCMA to intervene and to get the parties to negotiate a wage settlement.” As part of the strategy Solidarity will engage in bilateral talks with employer organisations to promote the idea of a wage settlement. According to Croucamp, the third aspect of the strategy focuses on having talks with small and medium enterprises that are concerned about their future should a strike be proceeded with. “Several concerned business owners approached us about the impact a possible strike will have on their sustainability,” Croucamp said. “It is important that just one industry agreement be signed by all parties in the industry,” he concluded.
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Volledige registrasie aan Akademia toegeken
A
kademia is in Mei vanjaar volledig as hoëronderwysinstansie deur die departement van hoër onderwys en opleiding (DHET) geregistreer, nadat alle voorwaardes oor ʼn tydperk van ses jaar nagekom is en daar aan alle vereistes voldoen is. Met Akademia se oprigting het die DHET voorwaardelike registrasie as hoëronderwysinstansie aan Akademia toegeken. Ná ʼn omvattende gehaltebeheerproses het die instansie op 30 Mei 2017 kennis van die DHET ontvang dat volledige registrasie as hoëronderwysinstansie amptelik toegeken is. Dr. Paul Steyn, Akademia se provoos, verduidelik dat voorwaardelike registrasie beteken het Akademia moes eers aan die DHET bewys lewer dat die instansie volhoubaar programme van hoë akademiese gehalte kan aanbied. Ten minste een groep studente in die langste kwalifikasie moes hul studies suksesvol voltooi het, sonder enige onderbreking in dienslewering.
“Akademia dien jaarliks ʼn jaarverslag in, wat ʼn vorm van ouditering van ons finansiële status en dienslewering aan studente is, en wat ook ons volhoubaarheid aandui met betrekking tot regsvereistes soos deur die Wet op Hoër Onderwys gestel. Volledige registrasie impliseer
Mev. Betsie Beyers (102), die inwoner van die aftreeoord wat al die langste daar woon, het die eer gehad om Kronendal se verjaarsdagkoek te sny.
Kronendal-aftreeoord vier sy 40ste bestaansjaar
Foto’s: iStockphoto.com; Verskaf
K
ronendal-aftreeoord in Arcadia, Pretoria het in Junie sy 40ste bestaansjaar gevier. Die gebou, wat eers ʼn hotel was, het ʼn paar jare méér as die aftreeoord op die kerfstok. Kronendal het in Junie 1977 vir die eerste keer sy deure as ʼn aftreeoord geopen. Hierdie mylpaal is gevier met ʼn glansgeleentheid wat die bestuur vir die inwoners en werknemers van Kronendal gehou het. Die 160 gaste is bederf met ʼn heerlike driegangmaaltyd in die aftreeoord se onthaalarea. Die onthaal is afgesluit met ʼn koek wat Kronendal uitbeeld en die eer om die koek te sny, het mev. Betsie Beyers, die inwoner van die aftreeoord wat al die langste daar woon, te beurt geval. Mev. Beyers is 102 jaar oud en sy het by die oord ingetrek drie maande nadat die deure vir die eerste keer geopen het. Kronendal se inwoners beskryf die oord as ʼn oase en die bestuur en werknemers sien die inwoners as die krone van Kronendal. Die sosiale interaksie tussen die inwoners bevorder die gevoel dat elkeen hier hoort, in ʼn liefdevolle huis waar jy die lewe ten volle kan geniet.
dus geen statusverandering nie – ons moet steeds voortgaan om aan al die jaarlikse wetlike vereistes te voldoen. Dit stel studente en ondersteuners gerus dat Akademia van meet af aan ʼn hoë standaard handhaaf,” sê Steyn. Piet le Roux, akademiese hoof, sê Akademia beskou die finale registrasie by die departement as ’n belangrike bousteen in sy ontwikkelingsplanne. “Die finale registrasie is vir Akademia ’n belangrike mylpaal op sy ontwikkelingspad. Dit baan die weg na verdere, belangrike vorme van erkenning waaraan reeds hard gewerk word, insluitende internasionale uitruil en samewerking, sowel as professionele en bedryfsonderskrywings van kwalifikasies. In ’n globale, mededingende ekonomie en onderwysomgewing is sulke bykomende erkennings – en die vertroue van sy ondersteuningsgemeenskap – onmisbaar vir Akademia om homself en sy alumni te onderskei,” sê Le Roux.
NUUSWAARDIG
Akademia aan voorpunt van innovasie
Foto: iStockphoto.com
N
24
adat sy optiesevesellyne van 2 Mb/s na 80 Mb/s opgradeer is, het Akademia-studente nou selfs vinniger internet en toegang tot topgehaltevideo’s, ekstraskerp beelde en intydse, interaktiewe klasse. Dié toonaangewende tegnologiese vooruitgang verseker dat al elf landwye Akademia-studiesentrums nou die legio voordele van vinnige internetsnelheid en uitstekende tegnologie kan geniet. Waldemar Blanché, hoof van opvoedkundige tegnologie by Akademia, sê die beter optiesevesellyne bied aan studente en dosente nou soveel méér opsies. “Dosente kan nou staan óf rondbeweeg wanneer hulle klasgee en studente kan vinnig en maklik reageer. Die interaktiewe aard van die klasse bied aan ons studente ’n uitstekende afstandsleerervaring, aangesien dit voel asof jy werklik deel is van die klas en nie net ’n toeskouer is nie.” Toe Akademia in 2012 geopen is, moes elke studiesentrum met ’n ADSL-lyn van 0,5 Mb/s klaarkom. In 2014 het Suid-Afrikaanse ondernemings na optiesevesellyne oorgeskakel. Akademia het ook spoedig sy tegnologie
Deur Petronel Fourie
verbeter en elke studiesentrum het toe aansienlik beter met 2 Mb/s gefunksioneer. Die mees onlangse opgradering is ’n tegnologiese sprong wat Akademia op die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling hou en die groeiende studentekorps in elke opsig bevoordeel. Akademia se onderrigmodel voeg ’n klaservaring met afstandsonderrig saam. Studente woon klas by, maar kan kies by watter van die elf studiesentrums regoor die land hulle dit wil doen. Alle klasse is sowel regstreeks met mekaar in verbinding as met een van vier professionele ateljees by Akademia se hoofgebou waar die dosent gesetel is. Studente sien die klasnotas op een groot skerm en op ’n tweede skerm word die dosent lewensgroot vertoon. Kontaksessies duur ongeveer vyftig minute en studente kan aan die klas deelneem deur eenvoudig ’n hand op te steek en ’n vraag te vra. Sagteware bring dié student outomaties in ander klasse na die voorgrond van die videovoer – byna asof die vraag in dieselfde lokaal gevra word. Op soortgelyke wyse kan die dosent vrae aan enige student in enige van die klasse rig en word die bespreking regstreeks oor studiesentrums heen gedeel en ervaar.
Die ateljees vanwaar die dosente klasse aanbied, is met gevorderde tegnologie toegerus. Al die verskillende klasse verskyn voor dosente op groot televisieskerms, waar dosente studente vir vrae en opdragte kan identifiseer. Wat die dosente ook al op die papier voor hulle met spesiale digitale penne skryf, word na die skerms in studiesentrums oorgedra. Terselfdertyd is klank- en videoingenieurs deurentyd in die beheerkamer besig om klank, video en ander tegnologiese aspekte te moniteer en optimaliseer. Ná klas word die opname geredigeer en binne enkele dae op Akademia se digitale leerruimte, die Spens, aan studente beskikbaar gestel. Hier kan die studente video-opnames van die klasse aflaai, argiefmateriaal bestudeer of selfs net die klankbaan op hul selfone laai om later weer daarna te luister. Akademia bly aan die voorpunt van innovasie om op dié wyse aan studente die beste geleentheid te bied om topgehaltekwalifikasies met gemak te verwerf. Allerlei nuwe ontwikkelings soos programuitbreidings en nuwe studiesentrums is ook in die vooruitsig. Hou gerus hierdie spasie dop.
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit aktief is, asook kwessies wat jou in die wêreld van werk raak.
Arbeidsvrede moontlik én broodnodig
M
Foto: iStockphoto.com
ark Mobius, ’n kenner van ontluikende markte by Franklin Templeton Investments, voorsien internasionale beleggers reeds vir ’n geruime tyd van raad oor die Suid-Afrikaanse beleggingsomgewing. In sy nuutste skrywe fokus Mobius op sleutelekonomiese aangeleenthede in Suid-Afrika waaroor hy bekommerd is. Hy verwys onder meer na die onderwysstelsel, immigrasie, infrastruktuur, ongelykheid, grondhervorming en arbeidsverhoudinge. Mobius se kommer oor arbeidsverhoudinge stem ooreen met die siening wat kredietgraderingagentskappe en beleggers by die Wêreld- Ekonomiese Forum huldig, naamlik dat deurlopende arbeidsonrus uiteindelik ’n onbestendige en onproduktiewe werkomgewing skep. Arbeidsverhoudinge is deels ’n magspel tussen werkgewers en vakbonde, en om dié magsbalans te herstel, word vuur soms met vuur beveg. In wese gaan arbeidsverhoudinge egter oor verhoudings en daarom is positiewe ingrypings die aangewese manier om arbeidsvrede te bewerkstellig. Benewens goeie kommunikasie is daar vyf maniere waarop arbeidsverhoudinge op ’n opbouende manier verbeter kan word. Beroepsgesondheid en veiligheid Beroepsgesondheid-en-veiligheids- (BGV-) inisiatiewe kan gebruik word om verhoudings tussen rolspelers te bevorder. Werkgewers en vakbonde is dit byvoorbeeld eens dat werknemers elke dag veilig huiswaarts moet keer. Dié gesamentlike doelwit plaas nie net werkgewers en vakbonde aan dieselfde kant nie, maar selfs opponerende vakbonde deel dié veiligheidsdoelwit by ’n werkplek. Anglo American stel die voorbeeld met ’n driepartyforum wat vir BGV-aangeleenthede geskep is. Hiervolgens ontmoet die maatskappy en die Kamer van Mynwese se topbestuur met vakbondleiers en senior veiligheidsinspekteurs van die departement van minerale bronne op ’n kwartaallikse basis as ʼn sogenaamde prinsipale forum om BGV-aangeleenthede te bespreek. Dieselfde driepartygroepering besoek Anglo se myne tweejaarliks in wat as ’n sigbare leierskapsinisiatief bekend staan. Dit het ’n
26
Deur Gideon du Plessis
sverhoudinge “Gesonde arbeid skep waar sal ‘n omgewing EENTHEDE MEER WERKGEL potensiële geskep en meer n word.” LEDE GEWERF ka
meer samewerkende verhouding tussen al die rolspelers tot gevolg, wat uiteindelik arbeidsverhoudinge bevorder. Hoë skuldlas Daar lê ’n geleentheid opgesluit in die besef dat die hoë skuldlas van veral blouboordjiewerkers tot uitspattige looneise bydra en dat hul desperaatheid vir meer geld, hoewel verkeerd, tot gewelddadige stakings aanleiding kan gee. Capitec het onlangs bevind dat die salarisinkomste van kliënte wat intreevlakmynwerkers is oor die afgelope drie jaar afgeneem het omdat mynbouproduksie afgeneem het. Dit het ’n vermindering in oortyd- en produksiebonusbetalings tot gevolg gehad en werkers moes skuld aangaan om te oorleef. In reaksie daarop het talle mynhuise die afgelope twee jaar die dienste van skuldkenners gebruik om werkers se skuld te bestuur, asook regsaksies geloods teen instellings wat werkers onregmatig uitbuit. Só is werkers se finansiële druk verlig. Finansiëlegeletterdheidsprogramme is ook van stapel gestuur om werkers in staat te stel om hul persoonlike finansies beter te bestuur en die waarde daarvan te besef om pensioengeld
te herbelê as daar van werkgewer verander word. Die bydraende voordeel van programme soos dié lê daarin dat werkers ’n maatskappy se finansiële aanbieding en argumente tydens loononderhandelings beter verstaan. Vakbondwedywering Vakbondwedywering is sedert die Marikanavoorval ’n groot rede vir arbeidsonrus wanneer werkgewers drempels vir vakbondverteenwoordiging stel en die vakbond met die meeste lede die meeste voorregte of alleenerkenning geniet. Die wyse waarop spanning in arbeidsverhoudinge in dié geval ontlont kan word, is dat werkgewers (soos wat AngloGold Ashanti gedoen het) alle vakbonde erken wat as beduidende rolspelers geag word en gelyke organisatoriese regte aan elkeen verleen – dan is daar geen rede vir vakbonde om met mekaar en die werkgewer om erkenning te veg nie. Werknemeraandeleskema Vierdens kan ’n werknemeraandeleskema (Employee Stock Ownership Programme of ESOP) wat aan produksieteikens, winsgewendheid en werknemeraanwesigheid gekoppel is werkers ontmoedig om te staak of onregmatig afwesig te wees omdat dit noodwendig hul vergoeding gaan raak. Doeltreffende konsultasieforum Laastens moet ’n doeltreffende konsultasieforum geskep word waar werknemerverteenwoordigers en vakbondleiers kwartaalliks met ’n maatskappy se topbestuur vergader om strategiese sake en onafgehandelde griewe te bespreek. Sodoende sal ’n salarisonderhandelingsagenda minder brandpunte bevat en in die geval van ’n gedwonge afleggingsproses sal dit nie as ’n verrassing vir vakbonde kom nie. Gesonde arbeidsverhoudinge is nie net moontlik nie, maar dringend nodig, want dit sal ’n omgewing skep waar beleggers en kredietgraderingagentskappe meer positief oor die land sal wees en maatskappye weer kapitaalbestedingsprogramme van stapel sal stuur wat uiteindelik werkgeleenthede sal skep en aan vakbonde meer potensiële lede bied om te werf. • Gideon du Plessis is hoofsekretaris van Solidariteit. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Intelligensiehoof se misdaadgeskiedenis
Ná lang stryd kan lid nou uiteindelik verpleeg
Foto: Verskaf
T
Deur Francois Redelinghuys & Mia Slabbert
en spyte van haar passie vir verpleging, haar kennis en vaardighede in die veld én haar passie om ’n verskil te maak, moes Dané Hertz langer as ses maande wag om vir gemeenskapsdiens geplaas te word. Dié BCur Verpleegkunde-student se aansoek om gemeenskapsdiensplasing is einde verlede jaar, ná voltooiing van haar studies van vier jaar, aanvanklik goedgekeur, maar kort daarna het sy ’n SMS ontvang wat haar in kennis gestel het dat haar plasing teruggetrek is. “Ek het in graad 11 ʼn noodhulpkursus gedoen en tot my eie verbasing in graad 12 vir die BCur Verpleegkunde-graad aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom geregistreer. Vier jaar later, in Desember 2016, is ek suster Dané Hertz. Nog net die verpligte gemeenskapsjaar het voorgelê voordat ek my loopbaan kon begin bou,” sê Hertz. Sy het aanvanklik gedink sy gaan dadelik begin verpleeg, maar was bitter teleurgesteld toe dinge anders uitwerk as wat sy geglo het. “Groot was my opgewondenheid toe ek in Oktober verlede jaar deur die departement van gesondheid in ’n pos geplaas is, net om in November in kennis gestel te word dat beursstudente voorkeur kry met plasings en dat my plasing tot verdere kennisgewing gekanselleer is. Dit is reeds Junie 2017 en ek is nog nie geplaas nie,” het Hertz destyds gesê. Solidariteit het op 15 Junie die minister van gesondheid en die departement in ʼn skrywe versoek om Dané binne sewe dae te plaas. Hulle het egter in gebreke gebly om aan dié versoek gehoor te gee. Ná die departement se soveelste weiering om te reageer, het Solidariteit tot aksie oorgegaan en hofstukke namens hul lid teen die departement en die minister van gesondheid ingedien, waarna Hertz se saak op 11 Julie aangehoor is. Solidariteit het op dieselfde dag ʼn oorwinning in die saak behaal toe die hooggeregshof in Pretoria beveel het dat sy binne 30 dae in ʼn gemeenskapsdiensposisie geplaas moet word. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, skep die hofbevel ʼn belangrike presedent wat in soortgelyke omstandighede
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
Dané Hertz met haar gradeplegtigheid aan die Noordwes-Universiteit. Sy moes meer as ses maande wag om vir gemeenskapsdiens geplaas te word. toegepas kan word. “Dit word duidelik dat die publiek se geduld met die staat se blatante nalatigheid om hul statutêre verpligtinge na te kom, begin opraak. Ons beplan om binnekort nog soortgelyke aksies teen die departement van gesondheid van stapel te stuur,” het Van der Bijl gesê. Volgens Van der Bijl het die hof beveel dat Hertz geplaas moet word by die kliniek waar sy aanvanklik aansoek gedoen het. “Ons is baie verheug oor die uitspraak, maar dit is hartseer dat ons so ver moes gaan net om die minister en departement van gesondheid te verplig om aan hul statutêre verpligtinge te voldoen,” het Van der Bijl verduidelik.
D
ie Sondagkoerante CityPress en Rapport het onlangs berig dat genl.maj. Pat Mokushane, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se nuwe intelligensiehoof, die Nasionale Padverkeerswet, 1996 (wetno. 93 van 1996) oortree het en weens die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem is. Hy het in die verlede ook glo sy senior posisie by die misdaadintelligensie-eenheid misbruik om ’n junior op ’n operasie weg te stuur sodat hy ongehinderd by dié se vrou kon kuier. Hy beskik glo ook nie oor die nodige sekuriteitsklaring vir dié posisie nie. Volgens dr. Johan Burger, senior konsultant by die Instituut vir Sekerheidstudies, wil dit voorkom of Mokushane aangestel is direk ná ’n vergadering tussen die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl. Lesetja Mothiba, en die Umkhonto we Sizwe- (MK-) veteraanvereniging. Dit lyk dus of dié vereniging besluit het wie die pos moet vul. Mokushane het kort ná sy aanstelling aangekondig dat alle operasionele lede van die intelligensie-eenheid van hul hoofkantoor in Pretoria na verskillende polisiekantore uitgeplaas gaan word. Dit sou hulle glo in staat stel om meer doeltreffend te wees. Só ’n skuif sou lede blootstel wie se identiteit beskerm moet word. Die proses is egter gestaak nadat die beamptes gedreig het om te staak en vakbonde daaroor hof toe wou gaan. Burger sê dit lyk of Mokushane só vir sy MK-vertrouelinge wou plek maak. “’n Mens maak die afleiding dat hierdie maar net ’n verskoning is om die misdaadintelligensiehoofkantoor van mense te suiwer wat dalk in die pad kan staan van die mense wat hy graag daar wil aanstel.” Volgens Burger lyk Mokushane se aanstelling baie na ’n poging van die Zuma-kamp om beheer oor die polisie se intelligensiestrukture te verkry. Die ANC se leiersverkiesing in Desember kan dalk op dié wyse beïnvloed word. “My bekommernis is dat hulle, in die proses om die uitkoms van die leierskapstryd te bepaal, bereid is om die instrumente van die staat te vernietig wat goed soos misdaad en geweld moet bekamp. Die bietjie vermoë wat ons nog gehad het, gaan ons in geheel verloor. Dit beteken dat ons die stryd teen misdaad en geweld baie vinnig gaan verloor as hierdie proses baie langer voortduur. Ek weet nie of ons die luukse het om tot die leierskapverkiesing in Desember te wag nie,” sluit Burger af.
27
BEDRYFSNUUS
Brandgevaar: Hoe voorbereid is jy?
“E
Foto’s: iStockphoto.com
lke man se huis is sy kasteel en elke man se huis is sy veilige toevlug.” Dié bekende woorde van Sir Edward Coke, ’n 17deeeuse Engelse prokureur en politikus, is vandag nog waar, want by ons huise voel ons veilig. Tog het die onlangse ramp in Knysna grootskaalse skade aangerig en duisende mense dakloos gelaat. Ongeveer 10 000 mense moes hul huise ontruim om van die vlamme te ontkom. Die verterende vlamme het binne minute chaos veroorsaak en inwoners moes magteloos toekyk hoe alles waarvoor hulle gewerk het in die vlamme verdwyn. Dit is belangrik om proaktief te kan optree indien ’n mens met só ’n situasie gekonfronteer word.
Wees só brandparaat Die volgende wenke kan nuttig te pas kom om wyse besluite tydens ’n huisbrand te maak: • Oorweeg dit om ’n brandkluis te koop waarin jy belangrike inligting soos identiteitsdokumente en paspoorte kan bewaar. • Die brandkluis-, motor-, veiligheidshek- en deursleutels moet binne bereik wees en elke huisbewoner moet presies weet waar dit gebêre word. • Gaan sit om die tafel en stel ’n gebeurlikheidsplan op met stappe om veilig uit die huis te kan ontsnap. Wie is verantwoordelik om belangrike dokumente in die brandkluis te gaan stoor? Wie moet die veiligheidshek en deure oopsluit? • Hou altyd ’n flitslig byderhand, asook ’n bykomende pak batterye. Die kanse is goed dat daar ’n kragonderbreking gaan wees as kragpale of transformators deur vuur beskadig word. • Oorweeg ook om ’n draagbare hok of mandjie vir jou klein troeteldiere aan te skaf.
28
Deur Nikki Prinsloo
•
•
•
•
• •
Indien jou diere in die huis slaap, kan jy dit gebruik om jou diere tydelik te beveilig en jou kosbare tyd eerder gebruik om ander pligte uit te voer. Parkeer jou motor agterstevoor in jou motorhuis (dus met die neus na die deur). Dit sal jou in staat stel om in ’n noodgeval vinniger te ontsnap. Maak seker dat jou motorhuis en hek se battery in stand gehou word om ononderbroke kragtoevoer tydens ’n kragonderbreking te verseker. ’n Mens kan deesdae brandwerende klere koop. Dit sal slim wees om elke inwoner met oorpakke toe te rus wat maklik aangetrek kan word. Onthou om die brandweer dadelik te ontbied – die nommer is 10177. ’n Maklike rympie kan ook jou kinders help om die nommer te onthou: Een maer mannetjie (1), een met ’n boep (0), een maer mannetjie (1) en dubbel 7 is die brandweer se roep! Saag alle takke af wat jou ontsnappingsroete voor die huis en motorhuis kan versper. Maak seker dat daar te alle tye ’n draagbare noodhulptas in jou huis en voertuig is wat met Burnshield®-gaas toegerus is.
Skakel elektriese gevare uit Ons het ook op 27 Junie gesien hoe die Grenfell-toring in Brittanje – ’n residensiële woonstelblok – afbrand. Meer as 80 mense is in dié ramp dood en minstens 70 mense beseer. Die brand het weens ’n foutiewe ys-/ vrieskas ontstaan. ’n Brandveiligheidskonsultant vir die Kensington- en Chelsea-raad het die gaspypinstallasies in die woonstelblok goedgekeur, mits die pype met vlamvertragende materiaal toegerus word. Daar is ook bevind
dat tweederdes van die gaspypinstallasie nie voltooi was toe die brand uitgebreek het nie, wat moontlik kon verhoed dat die brand so vinnig versprei. Elektriese vure ontstaan wanneer elektrisiteit verkeerd gebruik word. Dié misbruik sluit die oorlading van kragproppe, foutiewe bedrading en beskadigde kragproppe in. Dit is belangrik dat enige elektriese toestel wat beskadig is onmiddellik verwyder word. Hier volg ’n paar eenvoudige veiligheidspraktyke om te verseker dat elektriese gevare by jou huis sover moontlik uitgeskakel word. • Rol altyd ’n verlengkoord heeltemal af voordat dit gebruik word. • Gebruik ’n verlengingskoord slegs tydelik. • Moet nooit ’n verlengingskoord op ’n multiprop gebruik nie. Dit gaan oorlading veroorsaak. • Gebruik multiproppe slegs vir rekenaartoerusting en nie vir toestelle soos ketels en verwarmers wat baie elektrisiteit gebruik nie. • Moenie ’n elektriese draad onderdeur ’n mat lê nie. Die draad kan verweer en ’n kortsluiting veroorsaak. • Moet nooit drade wat uitsteek in koorde met kleefband toemaak nie. Die bedreiging bly steeds daar. • Wees versigtig wanneer jy gate in die huis se mure boor, want daar mag leipype wees met elektriese drade binne-in. Daar is deesdae toepassings en toerusting wat jou in staat stel om dié pype in jou mure op te spoor en te vermy. • Die elektriese kombers is ’n wonderlike uitvindsel, maar die beste manier om dit te gebruik, is slegs om jou bed warm te maak voordat jy inklim, en nie ook daarna nie. Dit is nie veilig om dit dwarsdeur die nag aangeskakel te hou nie. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Duisende woon negende KragDag-ekspo by
Foto: iStockphoto.com
D
ie enigste Afrikaanse buitelug selfstandigheidsekspo, KragDag, is in Junie vanjaar vir die negende keer by die Diamantvallei Landgoed buite Pretoria aangebied. Hierdie “Doen jou eie ding!”-ekspo bied vir diegene wat ʼn hart het vir volhoubaarheid en wat besef hoe bevrydend selfstandigheid is, verskeie nuwe, praktiese selfdoen-idees en oplossings rakende volhoubaarheid, hernubare energie en verwante kwessies. KragDag, met die Solidariteit Beweging as hoofborg, is die grootste ekspo oor hernubare energie en selfstandigheid in SuidAfrika en is vanjaar deur sowat 13 000 mense bygewoon. Die ekspo is elke jaar ’n leersame dag met ’n karnaval-atmosfeer. Die rustige musiek, verskeidenheid heerlike kos en lekker warm kondensmelkkoffie help alles om die winterkoue te verdryf. Meer as 400 uitstallers wat altesaam sowat 2,5 km se winkelfront gebied het, het op die
ekspo-terrein van 3 ha uitgestal. Afgesien van tema-uitstallings was daar ook ʼn groot snuffelmark, ʼn biertuin (met ʼn verskeidenheid tuisgebroude biere en biermaakdemonstrasies), ’n pretpark en genotvolle vermaak. Vanjaar se tema was “Verby is die dae van hoogste rat!”. Die doel van die ekspo is om kreatiewe tegnologie en mense se inisiatiewe oor energie-oplossings en energieselfstandigheid te vier, en mense aan te moedig om innoverend te bou aan ʼn volhoubare, selfstandige lewe. Te midde van probleme soos kragvoorsiening,
Kry DIENS waarop jy kan STAATMAAK en die INDIVIDUELE AANDAG wat jy verdien!
BEKOSTIGBAAR • GEHALTE • BETROUBAAR
die opgaar van water en watergehalte, veiligheid, dreigende grondonteienings, ekonomiese afgraderings en uitdagings, die toestand van Suid-Afrikaanse onderwys en die #FeesMustFallbeweging, fokus KragDag op veel meer as net energieverskaffing en -besparing. KragDag dek ook ander terreine soos opleiding, veiligheid, tegnologie, water, voedselproduksie, gesondheid, ekonomie, finansies, en die bevordering van ʼn skeppende ingesteldheid en entrepreneurskap. ’n Opvoedkundige ekspo wat in samewerking met die Vereniging vir Tuisonderwys aangebied word, het ook deel gevorm van die uitstallings. In die raadsaal was daar 22 aanbiedings oor verskeie onderwerpe, insluitend voedselproduksie, veiligheid, mediese selfstandigheid, entrepreneuriese aanlynbemarking, toeganklike internasionale eiendomsbeleggings, finansiële onafhanklikheid, alternatiewe en energievriendelike boumetodes en berekening van jou huishouding se energiebehoeftes. Hierdie aanbiedings sal binnekort by www.kragdag.co.za besigtig kan word.
INDUSTRYNEWS
Solidarity-ETM Labour Market Index (LMI) Index 50 = Neutral job & wage security
10 20 11 20 12 20 13 20 14 20 15 20 16 20 17
20
09
20
08
20
07 20
06
05
20
20
20
04
70 65 60 55 50 45 40 35 30 25 20
Sources: Solidarity, FTM Analysis, Stats SA
Labour Market Index improves, but is it sustainable?
Photograph: iStockphoto.com
T
he Solidarity-ETM Labour Market Index (LMI) for the first quarter of this year was released in June. The LMI is a measure of job and wage security in the South African labour market, where 50 represents the break-even level between rising and falling security. The LMI improved strongly in the first quarter to 47,8 from a downwardly revised 42,2 in the fourth quarter of last year. This is the best level since the third quarter of 2013 and is indicative of relatively friendlier labour conditions after a lengthy period of declining security. However, the index remains below 50, still indicating that job and wage security is broadly declining, be it at a slower pace. According to Gerhard van Onselen, economics researcher at the Solidarity Research Institute, an improvement in business cycle indicators played the largest role in the first quarter’s improvement. “We think this improvement is mostly due to sustained rand strength in 2016 following the Nenegate scandal, which has led to relatively improved business confidence and has relieved the pressure on import costs. “It remains to be seen, however, whether the improvement in the LMI can be sustained in the following quarters. While the improvement of the LMI broadly agrees with the Reserve Bank and OECD leading indicators, the improvement did not translate to an increase in
30
q/q annualised GDP growth, which moderately declined to -0,7% in quarter 1 of this year from -0,3% in the fourth quarter of last year, confirming an official technical recession.” The present dilemma, Van Onselen says, is that cyclical improvements in business cycle indicators in the first quarter, and a decrease in job insecurity, as measured by the Solidarity Employee Confidence Index, could not overcome the stagnating conditions of the South African economy to avoid an official recession. “This leads us to conclude that structural economic weaknesses arising from political uncertainty and a harmful anti-business policy environment are presently weighing more than cyclical improvements,” Van Onselen concluded. The LMI forms part of the Solidarity-ETM South African Labour Market Report. Included in the April – June 2017 edition of the report: • Selected Labour Market Statistics • Solidarity-ETM Labour Market Index for Q1 2017 • Will a Zuma successor turn the ship around? • The business world: What does equal in the eyes of the law mean? • ETM feature: Life after the junk downgrade • Macro-economy: Cyclical upturn confirmed, but data remains mixed. • Visit www.solidariteit.co.za and click on SRI (on the English version of the website; SNI on the Afrikaans version) for the full report.
8 500 AngloGold Ashanti employees could lose their jobs By Francois Redelinghuys
T
rade union Solidarity received a retrenchment notice from mining company AngloGold Ashanti (AGA). The notice warns that approximately 8 500 employees could be affected by the possible retrenchments. Solidarity adds that a trend in retrenchments in the mining sector may follow as a result of the negative impact that the Mining Charter may have on mining companies. According to Connie Prinsloo, Deputy General Secretary for Mining at Solidarity, this announcement is especially worrying because the AGA workforce have already been reduced by almost 990 jobs recently during a previous retrenchment process. “The trade union will now intensively engage with AGA management with the aim of finding solutions to retain as many jobs as possible at the mine. Solidarity will of course be pleased with every job that can possibly be saved,” Prinsloo says. “However, the 189 process as set out in the Labour Relations Act must first commence, after which Solidarity will be able to act in the best interest of its members. The Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration will now appoint a Commissioner as facilitator, where after the process will commence. More information will be available then,” explains Prinsloo.
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Plaas jou KOSBARE RANDE
in die REGTE HANDE Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!
01 BELEGGINGS > aftrede > effektetrusts > buitelandse beleggings
05
02
MEDIESEFONDSADVIES EN -PRODUKTE > Professionele advies > Mediesefondsopsies > Gapingsdekking
MOTOR- & HUISINHOUDVERSEKERING > brand > diefstal > ongelukskade
Skakel ons vandag!
0861 10 10 05
03
PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES > ontledings > oplossings > produkte
REGSHULPVERSEKERING > 24 uur telefoniese regsadvies > Toegang tot prokureur (limiete geld) > Borgdekking
aksent media
04
Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
0861 10 10 05
www.solidariteit.co.za
INDUSTRYNEWS
Highveld Steel: Generations’ dreams revived
Photographs: Morné Prinsloo
“I
32
t only seems impossible until it is actually done.” This is the philosophy of Johan Burger, former CEO of Highveld Steel in Witbank (Emalahleni). And it is this philosophy that helped the Highveld Steel dream come to life again. A section of Highveld Steel is now permanently in operation after the major retrenchment tragedy that hit the plant in 2015. The Highveld Steel plant is once again a source of income for many of those who had lost their jobs at the time. The plant was finally shut down in July 2015 after a major retrenchment process. Around 2 200 people, of which 1 753 were from Highveld Steel and 434 from Vanchem Vanadium Products in the Emalahleni area, were retrenched. Among the retrenched counted 300 Solidarity members. The retrenchments followed after alternative measures, including a deal involving a Chinese company, International Resources Limited (IRL), fell through. Moreover, Highveld Steel’s agreement with the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) to apply a training layoff scheme for Highveld’s employees had to be called off as a direct result of the UIF’s not paying over money that was key to the process.
By Mia Slabbert
“Following the forced shutdown it did not take us long to decide not to shed tears over the tragedy and not to be beaten by it. We therefore came up with a plan,” Burger said. According to Burger, the plant is now managed in terms of a novel business plan which include that the plant will be used as a business park. The Highveld Industrial Park, as it is known from now on, sets out to be home to small enterprises that will rent business properties on the plant. The industrial park’s location is ideal as it falls in the heart of South Africa’s coal producing area. It also boasts established infrastructure, including a road and rail network. For example, the Highveld rail network links up with the Transnet network and features two electrified railway lines that can accommodate 100 goods wagons to ensure seamless deliveries, making the premises very attractive to small businesses. The industrial park offers office space of 8 000 m2 which will be fully self-sufficient. Businesses already based there include an HR company, an engineering firm and a training centre. Also, Highveld Structural Mill Proprietary Limited (HSM), a sub-division of Highveld Steel, will be setting all out to manufacture heavy structural steel, such as steel for railway lines and steel pipes. HSM is the only plant on
the African continent that can manufacture structural steel of this kind. Over the past three months HSM has been dismantled and all equipment was serviced and cleaned. The refurbishment involved minute detail work such as oiling gearboxes and the maintenance of machines. Just less than two years after the closure of Highveld Steel, this part of the plant is coming to life again. “If it makes progress and brings in money we will try to expand and to appoint more staff,” Burger said. Burger added that when filling positions on the plant preference would be given to those who had been retrenched in 2015. “As things stand now, we have the right people with the right kind of passion in place to get us going and we hope to create around 1 700 job opportunities in the process,” Burger said. Apart from the resurgence Highveld Steel is currently experiencing and the fact that jobs are again being created, relationships are being formed with companies that have been previously considered to be rivals. “To make this thing work we have to think outside of the box. It calls for fresh thinking and innovative approaches so as not to make the same mistakes as before,” Burger said. More than 600 people are currently working at the plant. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
10111-sentrum in chaos gedompel
Foto: iStockphoto.com
D
ie 10111-nooddienssentrum was op 7 Junie in chaos gedompel toe SAPD-werkers wat dié noodnommer beman, gedreig het om te staak as die SAPD nie aan hul salarisvergoedingvereistes gehoor gee nie. Die staking sou die land se 10111-nommer onbeantwoord laat. Honderde 10111-nooddienssentrumwerkers het na die kantoor van Fikile Mbalula, polisieminister, in Tshwane opgeruk om ’n memorandum van eise aan hom te oorhandig. Die probleem by die 10111-sentrum behels vele elemente, maar dié arbeidsonrus hou onder meer verband met die aanstel van SAPD-lede ingevolge die Wet op die SuidAfrikaanse Polisiediens, 1995 (wetno. 68 van 1995) en die aanstel van administratiewe personeel ingevolge die Staatsdienswet, 1994 (wetno. 103 van 1994) – en die feit dat dié
Deur Wilmarie Brits
twee werknemersgroepe in sommige gevalle dieselfde funksies verrig terwyl daar drastiese verskille in hul vergoeding (salarisvlakke, voordele en bevorderingsgeleenthede) bestaan. Ontstoke werkers voer aan dat hulle al vir vier jaar lank pleit dat hul salarisse in lyn gebring moet word met dié van ander staatsdienssentrumwerkers, maar dat hul pleidooie op dowe ore val. Volgens Renate Barnard van Solidariteit hou die huidige 10111-krisis direk met voortgesette swak bestuur in die SAPD verband. Sy voer ook aan dat verskillende politieke amptenare en topbestuurders sedert 2013 beloftes maak, maar dat daar niks van dié beloftes gekom het nie. “Dit is belangrik dat die SAPD-topbestuur regmaak waar hulle verbrou het, maar ook bedag moet wees op nuwe arbeidsprobleme wat kan kop uitsteek as die probleem nie reg aangepak word nie. Sou administratiewe personeel wat tans op salarisvlak 5 aangestel
is (ekwivalent aan die rang van konstabel) byvoorbeeld op lukrake wyse na salarisvlak 7 bevorder word (ekwivalent aan adjudantoffisier), sal dit tot hernude ontevredenheid by SAPD-lede aanleiding gee. “SAPD-bestuur ignoreer die geldige griewe wat administratiewe beamptes op salarisvlak 6 lug, asook die griewe van onderoffisiere (konstabels, sersante en adjudant-offisiere) ten opsigte van salarisskaalaanpassings. Dié optrede van bestuur gaan vir seker die genoemde lynfunksionarisse vervreem en tot nuwe arbeidsonrus lei. Die taktiek van belowe-en-vergeet wat tot dusver gevolg is, kan nie langer voortduur nie,” sê Barnard. “Die uiteindelike slagoffers van die voortgesette swak bestuur van die SAPD is die lede van die publiek. Suid-Afrika se huidige misdaadprobleem vereis juis ʼn doeltreffende polisiediens.”
BEDRYFSNUUS
SAPD pak steeds nie rassistiese werknemer Deur Mia Slabbert
S
olidariteit het hofstukke aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) as respondent beteken nadat die SAPD weer geen daadwerklike stappe teen ʼn rassistiese werknemer geneem het nie. Dit volg nadat Solidariteit op 22 Februarie, na aanleiding van artikel 60 van die Wet op Diensbillikheid, ’n saak teen die SAPD by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aanhangig gemaak het. Solidariteit het die aansoek gebring nadat ʼn polisielid, ondanks die Menseregtekommissie (MRK) se ondersoek wat daartoe gelei het dat hy geskors en afgedank is, weer aangestel is. Die polisielid het op 15 Julie 2015 in ’n Facebook-plasing teenoor wit mense uitgevaar. Die polisielid het hom na sosiale media gewend nadat sy lynhoof geregverdigde dissiplinêre stappe teen hom gedoen het. Een van sy plasings lui onder meer: “F**k white people, working under them and with them sucks”. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, was die werknemer, mev. Jonker, die slagoffer van onbillike diskriminasie op grond van ras. “Die feit bly staan: hoewel die SAPD aanvanklik die nodige stappe gedoen het om
sulke oortredings in die werkplek te voorkom, het hulle dit nie deurgevoer nie,” het Van der Bijl gesê. “Hierdie geval is net nog ’n bewys van hoe mense in gesagsposisies selektief met rassisme omgaan – vandaar Solidariteit se onlangse veldtog teen selektiewe rassisme,” verduidelik Van der Bijl. • As daar op enige wyse teen jou gediskrimineer word, stuur ’n e-pos aan Solidariteit by diskriminasie@solidariteit.co.za en vertel jou storie.
“Motsoeneng moet opdok vir SAUK-8” Deur Mia Slabbert
S
olidariteit gaan die arbeidshof op 15 Augustus nader met die argument dat die voormalige bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, aanspreeklik gehou moet word vir die koste van die SAUK-8-saak. Die koste beloop sowat R400 000, sê Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke. Motsoeneng is afgedank nadat hy in ’n dissiplinêre verhoor daaraan skuldig bevind is dat hy die openbare uitsaaier se naam in oneer gebring en sy werkgewer onherroeplike skade berokken het. Motsoeneng is daarvan beskuldig dat hy sy skorsingsvoorwaardes oortree het met ’n media-inligtingsessie op 19 April waarop hy die nuwe tussentydse raad van die SAUK belaster het. Die arbeidshof het verlede jaar beslis dat die SAUK-8 onregmatig afgedank is, en Solidariteit en die Broadcasting, Electronic, Media & Allied Workers Union (Bemawu), wat elk vier van die agt SAUKwerknemers verteenwoordig het, se aansoeke om die joernaliste weer aan te stel, is met koste toegestaan. “Daar is geen rede waarom die belastingbetaler hiervoor moet opdok nie,” het Juran van den Heever, hoof van kommunikasie by Solidariteit, verduidelik.
Solidarity starts court battle for government employees’ pension fund By Estella Boshoff
Foto: iStockphoto.com
S
34
olidarity and the Government Employees Pension Fund (GEPF) recently met in the High Court, where Solidarity brought an application for the certification of a class action. Bringing this application is the first step in holding the GEPF, Africa’s largest pension fund, accountable for the unlawful amendment of the formula used to calculate civil servants’ actuarial interest on resignation. If the application is successful, Solidarity will be acting on behalf of all GEPF members, which currently manages the pensions of more than 1,2 million civil servants. There had already been criticism regarding
the previous formula that was used. However, when the GEPF amended the formula in 2015, they did so without consulting all the stakeholders. The rules of the fund itself clearly and unambiguously require a consulting process with stakeholders for amendments of this kind. The basis of the application brought to the High Court, therefore, relates to the blatant disregard shown by the GEPF for their own rules. In addition, Solidarity will demand that persons who have resigned since the unilateral amendment be compensated as if the previous formula still applied and that moratory interest be payable on this amount.
According to Johan Kruger, Deputy Chief Executive of Solidarity, the GEPF application Solidarity brought before the court is probably the first of its kind. “It is a major lawsuit in which we contend that a proper consultation process, as required under the rules of the fund, has not been followed, and therefore Solidarity’s lawsuit against the GEPF would be to the benefit of all civil servants,” Kruger said. On its website, the GEPF states that it is their ‘job to give members and pensioners peace of mind about their financial security after retirement’. By bringing a class action against the GEPF, Solidarity wants to force the fund to carry out this mandate.
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Witbank-dienskantoor hou vas aan die Woord Deur Wilmarie Brits
D
ie Witbank-dienskantoor is trots op sy span uitsonderlike personeel, met hul ongelooflike waardes en lus vir die lewe. Hulle is ’n hegte span wat glo in ondersteuning, betroubaarheid en ’n positiewe uitkyk op die lewe. Die sukses van dié dinamiese span lê opgesluit in hul gesamentlike doelwitte en die planne wat hulle beraam om daardie doelwitte te bereik. Volgens Jan du Plessis, senior organiseerder van mynbou, werk hulle hard aan ’n kultuur waar elke persoon werklik belangrik is en ʼn begeerte het om hul rol deeglik te vervul. Om innoverend op te tree en op jou voete te dink, is van die karaktereienskappe waaroor die personeel van die Witbankkantoor beskik. In die omgewing waar hulle werk, duik daar dikwels onverwagse klagtes, vrae en probleme op wat nie deel van hul alledaagse verantwoordelikhede is nie. “Om in dié omgewing te oorleef en in die beste belang van die Solidariteit-lid op te tree, moet jy innoverend kan dink en optree,” sê Jan. Die kantoor maak nie net ’n daadwerklike verskil in die mynboubedryf nie; hulle is ook diensbaar in hul gemeenskap. Hulle het onlangs in samewerking met plaaslike kerke komberse ingesamel en aan behoeftige mense uitgedeel. Die span was ook slaggereed met kos en basiese benodigdhede vir die gemeenskap tydens die sluiting van Highveld Steel. “Om te sien hoe die span saamwerk en sulke nodige projekte ondersteun en suksesvol
deurvoer, is ’n riem onder die hart,” het Jan trots bygevoeg. Sodra ’n mens die resultate van jou innoverende optrede sien, skep dit ’n positiewe klimaat en ruimte vir meer innoverende idees. Dit is bevredigend om te sien hoe jy as rolspeler ’n positiewe verskil in iemand se lewe kan maak, verduidelik hy. Hoe bly die span so positief? “Ons bly positief deur aan die beloftes van die Bybel vas te hou,” antwoord Jan sonder huiwering. “Ons staan bekend as die kantoor wat mooi as ’n span funksioneer. Ons vul mekaar goed aan en dis omdat ons dieselfde dink en glo,” sê hy. Die span poog om elke dag op hoogte van mekaar se lewens te bly deur saam koffie te drink en ’n beskuitjie te geniet. Dit gee die span kans om na mekaar te luister en mekaar raad te gee as dit nodig is.
Skadelike beleid vererger werkloosheid
Foto’s: Verskaf
V
olgens syfers wat Statistieke Suid-Afrika vrygestel het, het werkloosheid volgens die uitgebreide definisie in die eerste kwartaal van 2017 tot 36,4% vanaf die 35,6% in K4 2016 toegeneem. Dit beteken dat daar tans ʼn geskatte 9,3 miljoen mense in Suid-Afrika is wat wil werk, maar nie werk het nie. Volgens Gerhard van Onselen, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is dit veral kommerwekkend dat werkloosheid selfs te midde van meer gunstige makro-ekonomiese omstandighede in die
36
eerste kwartaal van 2017 nie verminder het nie. “Die huidige beleid met ʼn toenemende fokus van ‘radikale ekonomiese transformasie’ lê die moontlikheid van ʼn lewenskragtige ekonomie en die sterk indiensneming wat daaruit moet voortspruit aan bande. Onder hierdie omstandighede verwag die SNI nie dat die werkloosheidsprentjie in Suid-Afrika noemenswaardig sal verbeter nie,” sê Van Onselen. “Wat nodig is, is dat die regering radikaal wegdoen met skadelike beleid wat teen vryer markte indruis.”
Ellisras-kantoor baken van hoop vir lede Deur Lize-Mari Labuschagne
S
olidariteit se dienskantoor in Ellisras, Limpopo is een van die vakbond se 18 kantore landwyd waar lede in duisende maatskappye deur meer as 300 personeellede en 1 275 vakbondverteenwoordigers bedien word. Die personeel van dié kantoor, naamlik Deon Viviers (foto) as organiseerder en Chanelle de Wet as administratiewe beampte, sien met passie en toewyding om na die belange van lede in die omgewing. Die dienskantoor het vanjaar suksesvol onderhandel vir mediese voordele by die Kokanje-aftreeoord. Volgens Viviers is die sukses te danke aan goeie verhoudings met die oordbestuur. “Met ʼn deursigtige benadering kon ons in slegs twee onderhandelingsessies ʼn ooreenkoms bereik. Die belangrikste is dat ʼn wen-wen-ooreenkoms vir Solidariteitlede en Kokanje beding kon word,” het Viviers gesê. Die Ellisras-kantoor wil vanjaar die kantoor se ledetal verder laat groei en daarom pak hulle verskeie werwingsprojekte aan. As gevolg van afleggings gaan dit nie altyd goed met mense in die omgewing nie, maar die span is slaggereed daarvoor om lede te midde van dié uitdagings en omstandighede by te staan. Ook met salarisonderhandelings wat tans aan die gang is, hoop hulle om die beste moontlike uitkoms vir hul lede te verseker. “Elke jaar hou sy eie uitdagings in, maar die belangrikste vir ons is om ʼn boodskap van hoop te verkondig in die uitdagende werkomgewing waarin die minderheid van Suid-Afrika hulle vandag bevind,” sê Viviers. “Met dankbaarheid en baie genade van ons Hemelse Vader kan ons dit doen. “Al is dit ʼn onmoontlike taak om elke lid gelukkig te maak, wil ons elke lid wat uit die kantoor stap, tevrede sien,” voeg hy by. Daarom staan hulle hul lede in alle omstandighede by, en is hulle nie skrikkerig om die uitdagings wat voorlê met entoesiasme aan te pak nie.
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
BEDRYFSNUUS
Diensbaarheid, tevredenheid Welkom-kantoor se strewe
L
Deur Lize-Mari Labuschagne
edetevredenheid en diensbaarheid is belangrik as ’n dienskantoor van krag tot krag wil gaan. Dit is presies waarna Solidariteit se Welkomdienskantoor strewe. Die personeel van die Goudveld en Welkom-distrik se dienskantoor bestaan uit Hennie Kommer as organiseerder, Sue Nel as administratiewe beampte en twee voltydse verteenwoordigers, een vir Harmony en een vir die Sibanye-goudmyne. Die verteenwoordigers staan sowat 1 100 lede by met aangeleenthede soos dissiplinêre sake en medieseongeskiktheidsverklarings deur die myne, en dien in verskeie forums by die twee mynhuise. Die Goudveld het ook 26 verteenwoordigers in die distrik. Volgens Kommer werk hulle hard om hoë gehalte dienslewering aan lede te waarborg en ledetevredenheid te verseker. Dit sluit in bystand aan getraumatiseerde lede wat geraak word deur afleggings en siektetoestande, en lede wat raad nodig het met onder meer pensioennavrae. Dié kantoor se personeel is trots op hul spanwerk, al is hulle net twee voltydse personeellede, vertel hy. Die kantoor help onder meer ook met
noodverligting in die gemeenskap deur namens Solidariteit Helpende Hand klereskenkings te ontvang en te bestuur. “Die Welkom-kantoor is ook nóú betrokke by werwingsprojekte. Te midde van uiters moeilike ekonomiese omstandighede doen ons ons bes om lede te werf deur te verduidelik watter sekuriteit ons kan bied in tye van afleggings en ander ongewenste omstandighede in die werkplek,” voeg Kommer by. Hy verduidelik dat daar baie arbeidsverwante kwessies in die Goudveld is wat met arbeidsonrus gepaard gaan. Dié kwessies lei dikwels tot afleggings en onbestendigheid as gevolg van vervoerdienste wat ontwrig word. Boonop is daar baie ingenieursmaatskappye in die Goudveld wat hul deure moet sluit as gevolg van mynhuise wat hul bedrywighede inkort, en omdat daar baie moeite gedoen word met die herwinning van myntoerusting. Ten spyte van dié uitdagings was 2016 vir die Welkom-kantoor ’n suksesvolle jaar in terme van groei, ledetevredenheid en diensbaarheid. Welkom se span streef daarna om die toekenning as Dienskantoor van die jaar te ontvang as beloning vir die werk wat hulle doen om hul lede se behoeftes eerste te stel.
Staalstaking sal tot nog afleggings lei
S
olidariteit het sy kommer uitgespreek oor die dreigende staking in die staalbedryf. Die vakbond het gewaarsku dat ʼn staking in die bedryf nie net ʼn geweldige negatiewe impak op die plaaslike staalbedryf en die land se ekonomie sal hê nie, maar ook op werkgeleenthede in die bedryf. Dit volg nadat die South African Federation of Trade Unions (Saftu) vroeër sy steun aan die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) oor Numsa se beplande stakingsaksie in die bedryf toegesê het. Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, is die dreigende staking ʼn gevolg van werkgewers en die vakbonde se gebrek om ʼn poging aan te wend om ʼn oplossing vir die loongeskil te vind. “Solidariteit het vroeër sy bereidwilligheid
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
uitgespreek om in bilaterale gesprekke met werkgewerorganisasies te tree, maar slegs ʼn handjievol van die organisasies het bereidwilligheid getoon om verder te onderhandel,” het Croucamp verduidelik. Intussen het Solidariteit ʼn afleggingskennisgewing van die Macsteel-groep ontvang waarin gemeld word dat die groep beoog om sy arbeidsmag met sowat 310 poste te verklein. Volgens Croucamp kan die voortslepende krisis rakende die loononderhandelings in die bedryf tot nog afleggings lei. “Daar sal dringend opgetree moet word om te verseker dat soveel as moontlik werkgeleenthede in die bedryf behoue bly. Ons is bevrees dat ʼn langdurige staking die teenoorgestelde uitwerking tot gevolg sal hê,” het Croucamp gesê.
Burgemeester moet eie medisyne kry Deur Francois Redelinghuys
S
olidariteit het me. Olly Mlamleli, die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, by die SuidAfrikaanse Menseregtekommissie (MRK) verkla weens rassistiese uitlatings. Hofstukke word tans opgetrek om Mlamleli ook by die gelykheidshof te verkla. Mlamleli het glo tydens ’n begrotingsvergadering van die Mangaung-metro gesê: “Wit mense is wit omdat hulle verneukers is en verneukers omdat hulle wit is.” In reaksie hierop sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), dat dié uitspraak die nuutste is in ’n rits rassistiese uitsprake wat deur ANCampsdraers gemaak is. “Dit bevestig die bevindings van ons navorsing oor selektiewe rassisme wat as deel van ’n onlangse veldtog teen selektiewe rassisme van stapel gestuur is, naamlik dat regeringsamptenare hulself gereeld skuldig maak aan rassisme sonder enige vrees vir die nagevolge.” Wat hierdie besondere uitspraak so uiters kommerwekkend maak, is dat die einste Mlamleli in Maart vanjaar ’n werknemer van die Mangaungmetro weens rassisme geskors het, verduidelik Mulder. “In daardie geval het die munisipaliteit vinnig en beslissend opgetree en die werknemer, mnr. Chris Kruger, is weens ’n rassistiese plasing op Facebook geskors. Tot premier Ace Magashule het tot die debat toegetree en genoem dat daar geen plek is vir rassiste in die Vrystaat of in Suid-Afrika nie. Ons stem heelhartig saam met premier Magashule en verwag ’n soortgelyke reaksie op die rassistiese uitlatings van die burgemeester van die Mangaung-metro,” het hy bygevoeg. “Ons kan nie terugsit en toelaat dat hierdie verdelende anti-wit retoriek deur veral ANC-hooggeplaastes ongestoord voortgaan nie. Al wat ons vra, is dat me. Mlamleli aan haar eie standaard vir rassisme gemeet word, en dat sy die medisyne wat sy aan ander rassiste uitgedeel het, self drink. Ons het leiers nodig wat rassegemoedere kalmeer eerder as om dit aan te blaas. ’n Mens kan nie rassisme beveg deur dit te pleeg nie,” waarsku Mulder verder.
37
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
d the importance of “The ANC has realise TORY. It has primarily MONOPOLISING HIS g up the existing pie.” been devoted to dividin
Ernst Roets in Washington, D.C.
Tainted Heroes maak opslae in die VSA Deur Ernst Roets
Foto: Verskaf
D
ie eerste stap om Forum Films se dokumentêre film Tainted Heroes na die buiteland te neem, was ’n reusesukses. Tainted Heroes vertel die verhaal van die gruweldade wat die ANC gedurende die 1980’s gepleeg het en die onderhandelings van die vroeë 1990’s wat tot die bewindsoorname van die ANC gelei het. Ons strategie is soos een van ’n skerpskutter eerder as ’n haelgeweertaktiek. Dit beteken dat ons doel met Tainted Heroes nie is om soveel mense moontlik te bereik nie, maar eerder om die mees invloedryke rolspelers te bereik wat die boodskap van Tainted Heroes op beleidsvlak in ag kan neem. Daarom is ons verspreidingstrategie ook nie op die algemene publiek toegespits nie, maar eerder op regeringsverteenwoordigers, navorsers, akademici en die media. Die eerste inisiatief om Tainted Heroes na die buiteland te neem, het in die VSA afgeskop met vertonings en afsprake in Washington, D.C. en New York. Universiteite, joernaliste en navorsers in albei hierdie stede is genader. Die terugvoer was verbasend positief. ’n Dosent in Washington het ná afloop van ons vertoning laat weet dat Tainted Heroes by hul sillabus ingesluit gaan word. Media-afsprake het die New York Times, The Blaze en Breitbart ingesluit. Nieregeringsinstellings wat ons besoek het, het die Heritage Foundation, die Cato Institute en die Council on Foreign Affairs ingesluit. Ons ervaring was dat die gemiddelde
40
Amerikaner wat ’n mens op straat teëkom nie veel kennis oor Suid-Afrika of die ANC het nie. Die meeste sê dat hulle weet dat Nelson Mandela goed was en dat apartheid sleg was, maar wanneer hulle daaroor uitgevra word, word dit duidelik dat hulle nie veel van óf Mandela óf apartheid weet nie. Byna niemand het al ooit van pres. Jacob Zuma gehoor nie en dié wat iets van hom weet, was almal negatief. Daarteenoor het ons waargeneem dat navorsers en joernaliste wat op een of ander manier met Afrika of SuidAfrika te doen het redelik ingelig is, asook dat hulle taamlik skepties of selfs openlik negatief oor die ANC is. “The ANC has realised the importance of monopolising history,” het Marian Tupy, senior beleidsnavorser by die Cato Institute, gesê. “It (the ANC) has primarily been devoted to dividing up the existing pie. “It has not done what the Chinese, the Indians, people in Hong Kong and Singapore and many other successful countries have done, which is to say it hasn’t grown the pie significantly.” Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het die volgende oor die organisasie se strategie met betrekking tot internasionale skakeling gesê: “Die realiteit is dat die oplossings wat ons gaan vind hoofsaaklik deur ons eie mense gevind sal word. Dit is belangrik dat ons fokus nie net op die buiteland moet wees nie; dat mense nie apaties moet onttrek en dink die
antwoorde gaan van buite af kom nie. Ons gaan ons eie heil moet bewerk.” Volgens Bailey is dit egter baie belangrik om ook van buite af ondersteuning te hê omdat meningsvormers ook van buite af druk kan uitoefen en ’n invloed kan hê op wat plaaslik gebeur. “’n Balans tussen buitelandse en plaaslike aksies moet gehandhaaf word. Jy kan nie die een doen en die ander nalaat nie.” Gegewe die internasionale samelewing se reaksie op Tainted Heroes is Heinrich Marnitz, internasionale nuuskenner verbonde aan Pretoria FM, ook onlangs na die Forum Filmsateljee genooi om sy indrukke te gee. Marnitz meen daar is in die algemeen ’n groot skuif van die sentrum na regs as ’n mens kyk na onlangse politieke verwikkelings in Brittanje, die VSA, Nederland, België, Frankryk, Denemarke, Swede en Oostenryk. Daar is veral twee faktore wat dit tot gevolg gehad het, naamlik die vlugtelingimmigrasiekrisis en terrorisme. Dat die druk in Suid-Afrika groot is, is gewis so. Die toeganklikheid wat ons met die boodskap van Tainted Heroes ervaar het, was egter bemoedigend. Die doel van die dokumentêr is ook nie bloot om die ANC te kritiseer nie, maar om die enkelvoudige narratief wat daar wêreldwyd oor Suid-Afrika en die ANC bestaan, te breek. In hierdie verband word daar vir seker vordering gemaak. • Ernst Roets is adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
akademia
Deel van die Solidariteit Beweging
’n GOEIE WERK binne jou bereik! Solidariteit-lede kry 20%-afslag om aan Akademia te studeer! Bepalings en voorwaardes geld
aksent media
www.akademia.ac.za • www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Die UP se Afrikaanse debatspan, Spanspek, het uit Mericia Els, Heleen Ferreira, Rohann Eloff en Johan Taljaard bestaan.
Afrikaanse studente debatteer op hul voete
Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch
D
42
ie Universiteit van Pretoria (UP) se Afrikaanse debatspanne het tydens vanjaar se Dink of Sinkdebatskompetisie vir universiteite koning gekraai. Die kompetisie is in samewerking met AfriForum, die FAK en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria aangebied. Twaalf debatspanne van sewe tersiêre instellings het vanjaar deelgeneem: die UP, die Universiteit van Stellenbosch, die Universiteit van die Wes-Kaap, die Universiteit van die Vrystaat, die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, asook die privaat hoëronderwysinstellings Akademia en die Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies. Dit is die eerste keer dat die Dink of Sinkdebatskompetisie op universiteitsvlak aangebied is en is ’n bewys van die enorme behoefte wat daar bestaan om Afrikaanssprekendes toe te rus om in Afrikaans te debatteer. In teenstelling met die meer informele Dink of Sink-debatskompetisie vir hoërskole, waar
Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch
leerlinge slegs vyf minute kry om voor te berei, volg Dink of Sink se universiteitedebat die meer formele Britse parlementêre debatstelsel, wat vereis dat studente ’n uur se voorbereidingstyd moet kry. Volgens Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, is die burgerregteorganisasie baie opgewonde dat die Dink of Sink-debatskompetisie nou al tot op universiteitsvlak uitgebrei het. “Dink of Sink vind die afgelope paar jaar op hoërskoolvlak plaas en dit is vir ons baie lekker dat dit nou dié nuwe fase betree het. Ons sien daarna uit om te sien hoe hierdie kompetisie gaan groei en uitbrei. Een van die dae is Dink of Sink ’n platform waardeur ons al ons jeug sal leer om op hul voete te dink en hul sê te sê.” Daniël Eloff, voorsitter van die studentevereniging Afrikaanse Gemeenskaps- en Debatsaksie (Agenda) en mede-organiseerder van die kompetisie, sê Agenda is baie opgewonde en dankbaar om Dink of Sink met die hulp van AfriForum aan te bied. “Natuurlik weet ons in watter gevaar
Afrikaans op ons kampusse verkeer en ek dink iets soos hierdie is ’n baie konstruktiewe manier om Afrikaans op kampusse toepaslik te hou en pret te maak vir studente. Só kan ons die stigma rondom Afrikaans verbreek en eerder die waarde en belangrikheid daarvan beklemtoon.” Volgens Eloff is die Dink of Sinkuniversiteitsdebat ’n vaardigheid wat jy nie net vir sosiale belang ontwikkel nie, maar wat ook tot die ontwikkeling van meer akademiese vaardighede bydra omdat die styl daarvan ’n brongebaseerde debat is. “Studente leer hoe om hul standpunte deur gesaghebbende bronne te staaf en navorsing te gebruik en dit dan natuurlik in ’n logiese, oortuigende formaat aan ander mense oor te dra.” Volgens Mericia Els, lid van die UP se debatspan, is dit ’n ongelooflike voorreg en geleentheid vir enigiemand om aan só ’n kompetisie deel te neem. “Ons is baie dankbaar dat ons in ons moedertaal kan debatteer. Ons hoop dit kan nog vir baie jare so aanhou en groei sodat baie ander mense dit ook soos ons kan geniet.” Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Gerrie Nel: Talle woon vergaderings by
Foto’s: Reint Dykema
M
eer as 600 Pretorianers het in Maart 2017 ’n gemeenskapsvergadering by die Silver Lakes-gholflandgoed bygewoon waar die prominente Suid-Afrikaanse aanklaer adv. Gerrie Nel oor privaat vervolging gepraat het. Dít volg nadat Nel in Februarie vanjaar by AfriForum aangesluit het om die burgerregte-organisasie se privaat vervolgingseenheid op die been te bring. Die nuus van Nel se bedanking by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vroeër vanjaar ’n opskudding veroorsaak en ’n storm op sosiale media ontketen. Volgens hom het hy besluit om die pos te aanvaar omdat hy bekommerd is oor die NVG se geneigdheid tot selektiewe vervolging, asook omdat nie almal skynbaar gelyk is voor die reg nie. Dit was die derde gemeenskapsvergadering wat Nel toegespreek het. Hy was ook reeds in Margate, George, Port Elizabeth en Witbank, en dié inligtingsessies gaan landwyd uitgebrei word. Tydens die vergaderings verduidelik hy onder meer hoe hy beplan om die verskillende sake te prioritiseer wat die vervolgingseenheid ontvang. Volgens die AfriForum-lid Dalena Vogul het sy en haar man besluit om die vergadering in Pretoria by te woon omdat sy meer wou uitvind oor die eenheid se planne om ongeregtigheid in Suid-Afrika aan te pak. “Ons is almal baie bekommerd oor korrupsie. Dit is werklik ’n ding waaroor ons in die aande wakker lê. Ons sal graag wil sien wat presies nou hieraan gedoen kan word.” Regter Johan Smit, wat voorheen saam met Nel gewerk het, meen hy was baie beïndruk met Nel se besluit om deel van AfriForum te word. “Gerrie Nel het voor my in die hof grootgeword. Hy was ’n uitstaande aanklaer en ek is daarvan oortuig dat hy ’n groot sukses van dié vervolgingseenheid sal maak.” Smit sê voorts dat, hoewel Suid-Afrika volgens hom steeds een van die beste regstelsels in die wêreld het, dit nie noodwendig toegepas word nie. Hy meen AfriForum se instelling van privaat vervolging kan Suid-Afrika se strafregstelsel selfs nóg verder verbeter. Christopher Williamson, ’n regstudent aan die Universiteit van Pretoria (UP), sê hy het die vergadering bygewoon omdat Nel se aanstelling vir hom sekere vooropgestelde idees oor AfriForum verkeerd bewys het. “As AfriForum in dié rigting (van privaat vervolging) beweeg, is daar volgens my baie nuwe moontlikhede wat www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch
Inwoners van die Silver Lakes-gholflandgoed in Pretoria luister aandagtig terwyl adv. Gerrie Nel verduidelik hoe privaat vervolging werk.
r bereik waa m iu d ta s “Ons het ‘n g luut genoe o s b a t e n mense nou .” ORRUPSIE K n a v t e h gehad
vir die burgerregte-organisasie kan oopgaan.” Nel het tydens die vergadering gesê die doel van privaat vervolging is om te verseker dat geregtigheid geskied en om dít te bereik, moet daar eers seker gemaak word dat selektiewe vervolging nie plaasvind nie. “Die belangrikste beginsel vir ons is gelykheid
voor die reg. Ons doel is om toe te sien dat geen selektiewe vervolging plaasvind nie. Ek is ongelooflik beïndruk met die hoeveelheid steun wat ons kry van ’n wye spektrum van mense en ek dink ons het ’n stadium bereik waar mense nou net absoluut genoeg gehad het van korrupsie.”
43
IN BEWEGING
500 leerkragte het die SOS-Kongres in Centurion en Bellville bygewoon.
Van die kongresgangers saam met sanger Chris Chameleon.
SOS bied grootste Afrikaanse skolekongres aan
Foto’s: Verskaf
S
olidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het die afgelope wintervakansie die land se grootste kongres vir onderwysers gehou. Sowat 500 onderwysers het die meer as 100 opleidingsessies bygewoon wat in onderskeidelik Centurion en Bellville aangebied is. Lang werkure, stapels merkwerk en ’n oorvol buitemuurse program – dít is die harde werklikheid van onderwys in Suid-Afrika. Helpende Hand besef die noodsaaklikheid van gehalte-onderwys in enige samelewing, asook die enorme invloed wat onderwysers op leerders en hul uiteindelike sukses het. Boonop is gelukkige, goed toegeruste onderwysers se geesdrif aansteeklik en syfer dit ongetwyfeld na leerders deur. Juis daarom is twee ledeverenigings
Deur Marlien van der Westhuizen
in die lewe geroep: die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) en die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT). Die VAW en GeRAT spesialiseer in die professionele ontwikkeling van onderwysers wat wiskunde en Afrikaans as huistaal onderrig. Om die impak van bekwame onderwysers te belig, het die SOS ’n studie by nege Afrikaanse hoërskole in Pretoria gedoen wat 23 graad 12-wiskunde-onderwysers en meer as 1 200 matriekleerders ingesluit het. Die studie se bevindings het verras: Hoe meer bykomende wiskundeklasse Graad 12-leerders per week bywoon, hoe swakker presteer hulle. Daar is ook bewys dat hoe meer tyd leerders aan huiswerk bestee, hoe laer is hul punte. Leerders wat aan die studie deelgeneem het, moes aandui of hulle bykomende wiskundeklasse
het, hoeveel bykomende klasse hulle per week bywoon en wat hul ouers daarvoor betaal. Hoewel die groep gesamentlik ongeveer R750 000 per maand aan bykomende klasse bestee, vaar hulle aansienlik swakker as leerders wat nie bykomende klasse bywoon nie. “Die studie bewys weer dat die belangrikste deel van die leerproses in die klaskamer plaasvind. Bykomende klasse en huiswerk kan help, maar ’n bekwame onderwyser se waarde kan nie onderskat word nie,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand. “Hierdie leerders word deur ’n groep wiskunde-onderwysers van wêreldgehalte onderrig. Hul vakkennis is bykans perfek en hulle is uiters ervare.” • Stel jy belang om by die SOS aan te sluit? Skakel Sonica Vorster by 012 644 4390 of stuur e-pos na sonica@helpendehand.co.za
Meer as 100 opleidingsessies is aangebied.
Dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand; Wes-Kaapse premier Helen Zille; en Hugo Vermeulen, hoof van die SOS.
44
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
aksent media
IN BEWEGING
Solid Help Johan de Beer, ’n boer van Naboomspruit, het in ’n hok geklim om geld vir plaaslike studente se studiefondse in te samel.
R134 000 ingesamel vir studiefondse
Gehok ter wille van jonges se toekoms
Foto: Verskaf
E
en van Solidariteit Helpende Hand se takvoorsitters het daad by die woord gevoeg ter wille van die toekoms van die land se jeug. Johan de Beer, ’n boer van Naboomspruit, het op 10 Julie tydens die nasionale Bokkieweek in ’n hok ingeklim en geweier om uit te klim voordat daar meer as R134 000 vir plaaslike studente se studiefondse ingesamel is. Ná die eerste bibberende nag is R39 000 ingesamel. Die storie het egter soos ’n veldbrand versprei en teen die middag kon Johan uit die hok klim, gerus in die wete dat sy gemeenskap werklik vir mekaar omgee. “Ons wil graag dankie sê aan al die inwoners van Naboomspruit en boere in die omgewing,” sê Marianthie van der Walt, streeksverteenwoordiger vir Limpopo. “Johan was baie dapper om nie net sy gemak nie, maar ook sy vryheid prys te gee.”
46
Deur Marlien van der Westhuizen
Die Naboomspruit-gemeenskap span sedert 2015 saam om geld op kreatiewe wyses in te samel sodat behoeftige studente wel die geleentheid kan kry om te gaan studeer. Om dié rede het Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) besluit om gemeenskappe te ondersteun wat in hul jeug belê deur die Rand-vir-rand-projek te loods. “Vir elke sent wat die gemeenskap insamel, verdubbel die SFS die bedrag tot en met R25 000. Die tak kry dus ’n bykomende R25 000 en saam met die fondse wat ander projekte geïn het, kan die tak volgende jaar studielenings van R225 000 aan verdienstelike studente uitdeel,” verduidelik Stefan Pieterse, hoof van die SFS. Die SFS het die afgelope agt jaar 6 981 studente teen ’n bedrag van R126 miljoen gehelp. Volgens Pieterse lê die rede vir die behoefte aan studiefondse in die sukkelende
ekonomie, werkloosheid en swart ekonomiese bemagtiging. Hy wys daarop dat aansoeke wissel van studies in aktuariële wetenskappe, ingenieurswese en BCom-kwalifikasies, tot studies in meer tegniese studierigtings. Van dié aansoeke sluit studente in wat talle onderskeidings behaal het. Maatskappye en mense wat skenkings aan Helpende Hand se studiefondse maak, ontvang ’n Art. 18A-belastingvoordeel en kan self die studente volgens hul eie kriteria keur. Pieterse sê die SFS is van mening dat SuidAfrika van ’n welsynstaat na ’n welvaartstaat moet verander en voeg by dat die enigste pad uit armoede deur opleidingsinisiatiewe bewerkstellig kan word. • Maatskappye en lede van die publiek kan ’n student borg of ’n bydrae maak. Stuur ’n e-pos na stefan@helpendehand.co.za of skakel 012 644 4428. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
VAKANSIEVOORDEEL vir lede van Solidariteit, AfriForum en Solidariteit Helpende Hand Kokoriba Wildreservaat – Brits
Tel: 012 277 1204 • E-pos: reservations@kokoriba.co.za • www.kokoriba.co.za
Aan de Vliet – Hazyview
Tel: 087 802 1500 • E-pos: info@aandevliet.co.za • www.aandevliet.co.za
Santana Strand Vakansieoord – Margate
Tel: 039 312 2443 • E-pos: jannie@santana.co.za • www.santana.co.za
aksent media
LEDE ONTVANG 20%-AFSLAG! Solidariteit ® Helpende Hand Paasnaweek en 1 Desember tot 10 Januarie uitgesluit. Bepalings en voorwaardes geld.
www.vakan s ievo ord e e l . co . za
PROMOSIE Dowwe Dolla
Radio Kalahari Orkes
Aardklop bou op wenresep & vernuwe Lente is om die draai en so ook die Aardklop Kunstefees wat in Potchefstroom aangebied word. Solidariteit Tydskrif het met ALEXA STRACHAN, feesbestuurder van Aardklop, gesels om te hoor wat hierdie jaar se fees inhou asook hoe Aardklop homself opnuut gaan vestig ná verskeie skuiwe en veranderings die afgelope paar jaar. Wat kan feesgangers vanjaar verwag? Aarklop 2016 was so ’n groot sukses dat ons bloot daarop wil voortbou met ’n klein verstelling en verbetering hier en daar. ’n Mens karring mos nie te veel aan ’n wenresep nie, of hoe? Daarom hou ons die fees wéér op Die Bult en die toegang is steeds R20 per persoon en kinders onder 12 is gratis. Wat wel nuut is, is die Aardklop Rede-kabel Gesprekreeks wat by die NWU Besigheidskool aangebied word. Dié reeks is groter as ooit met die klem op aktualiteit-, sake- en landbougesprekke. Ons brei ook ons musiekaanbod effens uit en sluit hierdie jaar ’n bykomende lokaal daarvoor in. Kunstenaars soos die Radio Kalahari Orkes, Ses Snare, Jak de Priester, Mathys Roets en Spoegwolf sal by die Elgro Hotel te siene wees. Vir ons gehore wat van meer eksperimentele werk hou, skep ons ’n nuwe lokaal, die Aardklop Atrium, waar twee minder konvensionele produksies aangebied word: DEURnis, waar die gehoor asook die produksie slegs uit een persoon bestaan, en Splinterster,
die plaaslike ekonomie bygedra. Ons hoop om in samewerking met inwoners en sakelui hierop voort te bou.
wat ’n samevoeging is van video- en woordkuns, en musiek wat op gevonde voorwerpe (objets trouvé of found objects) gemaak word. Debuutwerk is altyd iets om na uit te sien. Gewilde kunstenaars soos Je-Ani Swiegelaar, Simoné Nortmann, Elize Cawood en Wilson Dunster, Milan Murray, Stef Bos, Dowwe Dolla, Wicus van der Merwe, Hannes Brummer, Chris Vorster, Marthinus Basson, Paul du Toit en vele meer spog met splinternuwe produksies. Feesgangers kan gerus die webtuiste by www.aardklop.co.za of die Aardklop Nasionale Kunstefees se Facebook-blad vir die volledige program en vars nuus dophou. Wat beteken Aardklop vir Potchefstroom se ekonomie? Aardklop het in 2016 meer as R50 miljoen tot
Wat is die strategie en artistieke beleid om die fees volhoubaar te maak? Ons glo dat die fees gehalte op alle vlakke moet verteenwoordig en hanteer elke persoon en instansie se bydrae dus met respek. Ons gee aan kaartjiekopers die geleentheid om sy of haar fees sélf saam te stel – ons bied dus ’n wye dog bekostigbare program waaruit feesgangers kan kies en keur. Maar allerbelangrik moet ons by die land se ekonomiese realiteit bly aanpas; daarom gaan ons baie versigtig en verantwoordelik met ons begroting om. Wat moet feesgangers saambring? As ’n leser voorberei vir ’n uitstappie na Aardklop, is daar ’n paar moet-bring-items. Gewapen met Computicket-kaartjies, sonskerm, vriende en familie, gaan ons van Maandag 2 Oktober tot Sondag 8 Oktober vanjaar na #hartelus saam feesvier!
Elize Cawood en Winston Dunster.
Jak de Priester vier 15 jaar in die musiekbedryf.
48
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Sol-Tech steek kers op by meesters
Foto’s: Verskaf
N
á tien jaar staan Sol-Tech reeds bekend as een van die top ambagsopleidinginstellings in Suid-Afrika. Ons wenresep is eenvoudig: goed gekwalifiseerde en toegewyde personeel, wêreldklas toerusting en gemotiveerde studente wat weet dat hulle ’n gulde geleentheid het om met Sol-Tech se gehalte opleiding suksesvol in Suid-Afrika te werk en vir hulself ’n toekoms te kan bou. Dit is ’n uitsonderlike prestasie vir ’n privaat instansie, wat geen geld van die staat kry nie, in ’n land waar ambagsopleiding bykans platgeval het. Ons het egter nog groter planne met SolTech en daarom werk ons hard om Sol-Tech nóg meer doeltreffend te maak, studente nóg beter op te lei en ’n nóg groter verskil in SuidAfrika te maak. Daarom het Sol-Tech onlangs gaan kers opsteek by die meesters in Duitsland. Duitsland was nog altyd bekend vir sy uitnemende, gedissiplineerde ambagslui. Gedurende die laaste twee weke van Mei het ons ’n besoek aan Duitsland en Suid-Tirool gebring. Ons wou eerstens gaan kyk hoe vergelyk Sol-Tech se model vir ambagsopleiding met dié van Europese lande, en tweedens wou ons vasstel of toonaangewende lande soos Duitsland en Suid-Tirool se benadering tot ambagsopleiding enige waarde vir Sol-Tech in die toekoms sou kon bied. Tussendeur al die amptelike besoeke wat plaasgevind het, was daar ook tyd om Duitsland en Suid-Tirool van naderby te leer ken en ons was aangenaam verras met wat hierdie lande bied. Die eerste ding wat besoekers opval, is die Duitsers se sin vir goeie orde en dissipline, nie
50
Deur Paul van Deventer & Philip Minnaar
net in die werkplek nie, maar sommer oral. In die tweede plek is wetgewing met betrekking tot die opleidingsmilieu in Duitsland lankal gevestig en is daar bogemiddeld goeie samewerking tussen die formele strukture van basiese skoolopleiding en beroepsopleiding. Kinders van so jonk soos 10 jaar kan reeds in ’n beroepskool met beroepsgerigte opleiding begin en die nodige grondslag kan oor ’n veel langer tyd by leerders gelê word. Die teoretiese opleiding word met praktiese opleiding geïntegreer en afgehandel voordat ’n student tot die industrie vir werk-geïntegreerde leer toegelaat word. Dit is baie interessant dat die Duitse model van opleiding baie dieselfde as Sol-Tech se model is, spesifiek met verwysing na opleiding voor praktiese werkplekervaring. Daar is ’n groot aantal werkgewers in Duitsland wat vrywillig met die opleiding van jongmense gemoeid is – veral omdat daar ook ’n baie goeie finansieringsmodel vir beroepsopleiding deur die regering gedryf word. In hierdie opsig skiet Suid-Afrika tekort aangesien geld vir beroepsopleiding beperk is. Buiten vir onvoldoende voorbereiding op die beroepswêreld kom skoolkinders in SuidAfrika ook nie genoegsaam met praktiese opleiding in aanraking om die nodige sin vir verantwoordelikheid te ontwikkel nie, en werkgewers is om verstaanbare redes ook traag om by vaardigheidsopleiding betrokke te raak. Die koste in Suid-Afrika om byvoorbeeld een persoon tot op gekwalifiseerde ambagsvlak op te lei, word konserwatief op R400 000 geraam. Daar is by verskeie instellings en werkgewers
in Duitsland en Suid-Tirool besoek afgelê, onder andere by Adam Opel, Makerspace, BMW en die Beroepskool in Bolzano. Om te verseker dat studente blootstelling aan die beste opleiding kry, is die eerste vereiste vir opleiers en instrukteurs in Duitsland dat hulle as meestervakmanne gekwalifiseer moet wees. Sonder laasgenoemde kwalifikasie kan geen diensverskaffer enige opleiding in enige ambagsberoepe aan jongmense bied nie. Indien ’n student aan die einde van die opleidingstydperk nie sy of haar vaktoets met die derde poging kan slaag nie, mag so ʼn student nie weer die vaktoets aflê of hierdie beroep beoefen nie en is dan verplig om ’n totaal ander beroepsrigting te volg. Jare gelede het ’n soortgelyke stelsel in Suid-Afrika bestaan waar ambagslui tot op die vlak van meesterambagsman kon vorder, maar dit het lank gelede ’n stille dood gesterf. Die besoek aan Bozan Beroepskool in SuidTirool was ’n absolute hoogtepunt. Suid-Tirool het ’n baie interessante geskiedenis. Hoewel dit ’n deel van Italië is, is dit ’n Duitse gemeenskap wat onafhanklik funksioneer. Met ons aankoms by hul ambagskollege, oftewel ’n Beroepskool, word besoekers deur ’n imposante gebou van sewe verdiepings (wat 100 miljoen euro gekos het om te bou) begroet – van die gange binne die gebou is selfs meer as 250 m lank. Dit lyk eerder na ’n vooraanstaande universiteit as net ’n beroepskool. Daar is meer as 1 000 voltydse en ’n bykomende 500 deeltydse studente uit die industrie. Dit is heel moontlik dat die bestuur en uitsette van hierdie skool onder die 10 bestes in Europa kan tel. Die werkwinkels Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
is pynlik netjies, die personeel uiters bekwaam, en die leerders en studente uiters toegewyd in wat hulle doen. Hierdie studente is die room van die oes wanneer hulle die industrie betree en vooraanstaande internasionale maatskappye raap hulle gou op. Dit is alles te danke aan die feit dat daar op ’n jong ouderdom met toegewyde beroepsopleiding begin word. Dit was ’n baie leersame besoek en ons kon met nuwe insig, moed en energie terugkom. Moed omdat ons kon sien dat Sol-Tech op die regte pad is, en nuwe energie omdat ons kon
sien dat ons, ten spyte van baie uitdagings, nie so ver agter die meesters is nie, en insig om te besef dat daar geen kompromie op gehalte opleiding aangegaan kan word nie, self al sou wette en beleide dit nie voldoende beklemtoon nie. Sol-Tech is reeds besig om die wêreld van digitale toetsing en assessering te ondersoek om sodoende meer praktiese opleidingsure beskikbaar te maak. En natuurlik werk ons ook hard om ’n eie, nuwe kampus vir Sol-Tech te bou waar daar proaktief ’n aantal bykomende noodsaaklike funksionaliteite ingebou word,
wat ook die leweringsvermoë ten opsigte van gehaltestudente drasties kan verhoog. Tot op hede het Sol-Tech net op ambagte in die ingenieursberoepe gefokus, maar dit is beslis ’n verdere moontlikheid om oor ’n breër spektrum ook ander beroepskwalifikasies aan te bied. Verdere moontlikhede by ’n eie kampus sluit koshuisakkommodasie in, sowel as ander sinvolle ontspanningsfasiliteite om ’n gesonde kampuskultuur te kweek. • Paul van Deventer is besturende direkteur en Philip Minaar is hoof van Sol-Tech.
verseker jou toekoms Kwalifiseer jouself in ’n AMBAG by ’n instelling sonder gelyke Gereedskap- en setmaatmaker • Dieselwerktuigkundige Elektrisiën • Passer en draaier • Meulmaker • Sweiser
WOON ONS OPEDAG BY OP 9 SEPTEMBER Sol-Tech-kampus, Kirkney Maliestraat 1662, Kirkney 25O 42’ 52” S • 28O 06’ 26” E
Hoe laat?
08:00 vir 08:30
Bring saam:
Gesertifiseerde afskrif van identiteitsdokument Gesertifiseerde afskrif van alle kwalifikasies
aksent media
Waar?
Bevestig of jy die dag gaan bywoon deur die aansoekvorm aanlyn te voltooi by www.sol-tech.co.za. Jy kan ook die keuringstoets op 6 Oktober om 08:00 vir 08:30 aflê.
Solidariteit Beweging
0861 25 24 23 • www.sol-tech.co.za
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.
Deur Gerhard Hildebrand
Wie jou tydens dispuut mag verteenwoordig
Foto’s: iStockphoto.com
S
52
olidariteit, as geregistreerde vakbond, is ingevolge artikel 200 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (No. 66 van 1995) geregtig om lede in enige dispuut by dispuutbeslegtingsforums soos die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie te verteenwoordig. Solidariteit kan egter slegs werknemers verteenwoordig wat volopbetaalde lede is. Indien ’n lid ingevolge Solidariteit se bepalings en voorwaardes verteenwoordig kan word, sal ’n persoon of persone uit een van die volgende kategorieë aangewys word om die lid te verteenwoordig: • ʼn Voltydse verteenwoordiger wat ingevolge Solidariteit se grondwet verkies is • ʼn Deeltydse verteenwoordiger wat ingevolge Solidariteit se grondwet verkies is en ’n skriftelike opdrag van ’n adjunkhoofsekretaris ontvang het • Werknemers van Solidariteit wat lede by eksterne dispuutbeslegting moet verteenwoordig. Hierdie werknemers word algemeen as organiseerders en regsbeamptes omskryf • ʼn Regsverteenwoordiger(s) wat na goeddunke van ’n Solidariteit-hoof opgedra is om ’n lid te verteenwoordig. Indien ’n lid nie vir verteenwoordiging kwalifiseer nie of nie van die aangewese persoon gebruik wil maak nie, kan hy sy eie verteenwoordiger aanstel, mits so ’n verteenwoordiger nie ’n werknemer of ’n deeltydse of voltydse Solidariteitverteenwoordiger is nie en die dispuut nie onder die vaandel van Solidariteit gevoer word nie. Solidariteit sal ook nie aanspreeklik wees vir enige koste of kostebevel wat uit die dispuut voortspruit nie. Geen persoon sal op grond van sy of haar Solidariteit-lidmaatskap toegelaat word om ’n ander lid van Solidariteit te verteenwoordig nie. Indien Solidariteit daarvan te wete kom dat ’n persoon wat nie as verteenwoordiger kwalifiseer nie, onder Solidariteit se naam as verteenwoordiger optree, sal Solidariteit dit onder die dispuutbeslegtingsforum se aandag bring. Die forum sal dan weier dat daardie persoon as verteenwoordiger optree.
se regte in die werkplek te help beskerm. Solidariteit heg dus groot waarde aan sy verteenwoordigers wat elke dag die skakel tussen die vakbond en sy lede is. Dit is belangrik om te besef dat ’n verteenwoordiger nie ’n werknemer van die vakbond is nie, maar net soos enige ander lid bloot ’n lid van die vakbond is. In ʼn werkplek met ten minste tien werknemers wat lede van die verteenwoordigende vakbond is, is die lede van daardie vakbond daarop geregtig om verteenwoordigers uit hul eie geledere te verkies, wat lede dan in die geval van arbeidsaangeleenthede in die werkplek sal verteenwoordig. Die getal verteenwoordigers wat verkies kan word, sal afhang van die getal werknemers wat by die betrokke werkplek werksaam is. Die nominasie en verkiesing van die verteenwoordigers word gereguleer deur die grondwet van die vakbond waaraan hulle behoort. Verteenwoordigers se pligte en verantwoordelikhede word deur die Wet op Arbeidsverhoudinge (Nr. 66 van 1995) aan hulle verleen en dit, tesame met die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Nr. 75 van 1997), word gebruik om die regte van hul medewerknemers wat hulle verteenwoordig, in die werkplek te beskerm.
Wat doen ’n vakbondverteenwoordiger? Vakbondverteenwoordigers het die groot verantwoordelikheid om elke dag vakbondlede
Definisie van ’n verteenwoordiger Die vakbondverteenwoordiger in ʼn werkplek is ʼn Solidariteit-lid wat deur ander lede van dié
“Ons hoofdoel as vakbond is om jou in die werkplek te beskerm. SMS “Lid” na 34802 en sluit vandag nog aan.”
vakbond tot verteenwoordiger verkies word vanweë sy of haar leierseienskappe en die vertroue wat die lede in hom of haar het om na hul belange om te sien. Waarmee kan ’n verteenwoordiger help? • Ondersteuning: ʼn Mens dink gewoonlik eerste aan probleme in die werkplek, maar ʼn verteenwoordiger help soms met heelwat meer as net werkverwante probleme. Lede word selfs in persoonlike situasies ondersteun wanneer ’n lid nie weet waar om andersins om hulp te gaan aanklop nie. • Griewe: As jy meen jou werkgewer het onbillik teenoor jou opgetree of dat jou werkomstandighede nie na wense is nie, is jou vakbondverteenwoordiger die persoon wat jou kan bystaan. • Dissiplinêre sake: Of die saak groot of klein is, die verteenwoordiger sal die nodige ondersteuning en bystand bied. • Opleiding: Verteenwoordigers kan genader word om inligting te bekom oor hoe om verder te studeer of opleiding te ontvang. • Advies: ’n Verteenwoordiger is die aangewese persoon wat jou kan help met die verskaffing van die nodige inligting oor vakbond- en werkaangeleenthede. • Skakel: As daar iets is waarmee ʼn verteenwoordiger jou nie kan help nie, sal hy of sy dit na ’n hoër vlak verwys en jou met die regte persoon in verbinding kan bring. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
WEBWYS
Meer produktief met dié kitskursusse Deur Leandré Buys
Foto: iStockphoto.com • Bronne: www.skillshare.com, www.coursera.org, www.udemy.com
O
m jou produktiwiteit te verhoog, is ’n doelwit wat professionele beroepslui, ouers, studente en entrepreneurs almal met mekaar deel. Om genoeg ure in die dag bymekaar te skraap om al jou take of doelwitte te bereik, kan soms moeilik of onmoontlik voel. Soms hardloop die dag net eenvoudig met ’n mens weg en jy besef dat jy eintlik baie min bereik het, maar jy weet nie noodwendig hoekom nie. Dit is ook frustrerend as jy weet die feit dat jou tydsbestuur nie na wense is nie (en dat jy selfs ’n bietjie ongeorganiseerd is), bydra tot die rede waarom jy nie alles in ’n dag gedoen kan kry nie. Maar daar is hoop! Belê ʼn bietjie tyd in een of meer van die onderstaande kursusse om jou produktiwiteit te verhoog. Die beste van alles is dat hierdie kursusse gratis is. Skep die perfekte oggendroetine Die meeste mense se oggende kan dol raak, maar dit hoef nie so te wees nie. Om ’n minder stresvolle oggend te
12 lesings van 1 tot 3 minute per lesing
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
hê, kan jou deurgaans meer produktief maak. As jy vroeër wakker word om tyd in te ruim vir die dinge wat jy geniet, kan jy selfs jou persoonlike groei stimuleer en jou algemene geestesgesondheid verbeter. Leer hoe om te leer: Kragtige gereedskap om jou te help om moeilike vakke te bemeester As jy in staat is om inligting vinniger te kan leer of verstaan, kan jy deur die dag 4 weke-kursus 1 uur per meer produktief wees. week Geheuetegnieke, ʼn paar illusies daarvan en ander interessante wenke word alles in hierdie kursus behandel. Dit bied selfs tegnieke om die uitstel van take te hanteer. Hierdie Coursera-kursus bied praktiese tegnieke wat jy by die werk of skool kan gebruik. Doeltreffende tydsbestuur: Kry 10 keer meer in minder tyd gedoen Tydsbestuur is veral moeilik vir eienaars van kleinsakeondernemings en entrepreneurs. Miskien is dit waarom só ’n kursus, wat spesifiek
vir hierdie gehoor ontwerp is, beskikbaar is. Pleks daarvan om net op 9 lesings van tydsbestuur te fokus, leer 5 tot 7 minute hierdie Udemy-kursus per lesing jou om te bepaal watter take “hoë waarde”-take is, sodat jy meer waarde en resultate kry vir die tyd wat jy daarin belê het. Sit minder, raak aktief Jou geestelike waaksaamheid en fokus word deur jou 3 weke-kursus aktiwiteitsvlak deur 1½ uur per die loop van die dag week beïnvloed. As jy te lank op een plek sit, verminder jou energieen kreatiwiteitsvlakke en dit kan ’n negatiewe uitwerking op jou gemoedstoestand en selfs jou gesondheid hê. Sodra jy leer hoe om minder te sit en meer aktief deur die dag te wees, sal jy meer energie hê en dus meer produktief deur die dag wees. Dié kursus help jou om jou huidige beweging te monitor en gesonde doelwitte vir jouself te stel.
53
IN BEWEGING
mar ela Skop jou skoene uit & smul in Afrikaans media
Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou GRATIS Afrikaanse aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte, resepte en boeke. Kuier saam by maroelamedia.co.za
klik verskyn Dié resep het oorspron uitgegee ), 85 in die boek Deeg (R2 . au se us deur Human & Ro
SONSKYN-ONTBYTTERTJIES BESTANDDELE 2 rooi uie, fyngekap 50 ml olie 2 rooi en 2 geel soetrissies, ontpit en in repies gesny
Wolf in skaapsklere Deur Kobus Galloway
E
en van Afrikaans se uitsonderlike kenmerke is die skat van idiome en vaste uitdrukkings wat soos poësie op die tong van haar sprekers lê. Andertaliges is dikwels verstom oor die manier waarop vaste uitdrukkings en gesegdes Afrikaans verryk en kleurvol maak. In hierdie boek bring Kobus Galloway, skepper van Idees vol vrees, 150 idiome byeen – elkeen geïllustreer met ’n grappige volbladspotprent en met ’n kort verduideliking van elke idioom se betekenis. Daar is ook ’n lys met nóg idiome en verklarings agterin die boek. Afrikaanse lesers van alle ouderdomme sal daarvan hou en leerders in die besonder sal dit baie bruikbaar vind. Dié boek, uitgegee deur Penguin Random House (R160), sal help verseker dat idiome van vroeg reeds ’n tuiste in die monde van jong sprekers kry en dat dié pragtige skat van Afrikaans behoue sal bly.
54
250 g knopiesampioene, skoongevee en in skyfies gesny 300 g kaasworsies, in skuins skyfies gesny 10 groot eiers growwe sout en peper na smaak
Beïndruk jou hartsmense met dié stylvolle variasie op die gewone spek, eiers en roosterbrood. Dit is nie net mooi nie, maar smullekker ook!
METODE Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer of spuit ’n bakplaat. Deeg: 1. Rol die skilferkorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak tot 5 mm dik uit. Sny die deeg in 10 vierkante van 10 cm elk. 2. Rol res van die deeg uit. Sny ’n raam van 1,5 cm breed vir elke deegvierkant. Smeer die deegrande met water en plak die rame op die deegvierkante. Prik elke deegvierkant met ’n vurk aan die binnekant van die raam. Pak dit dan op die bakplaat uit. 3. Bak dit vir 20 minute totdat dit bruin en opgepof is. Haal dit dan uit die oond en gebruik ’n lepeltjie om die gaar deeg liggies in die middel plat te druk as dit opgepof het. Vulsel: 1. Braai die uie in 25 ml olie totdat dit sag is. Skep dit uit en hou eenkant. 2. Braai die soetrissies en sampioene in die res van die olie (25 ml) totdat dit sag is. 3. Voeg die worsies by en braai dit tot gaar. Pak ’n laag worsies in elke deegdoppie en versprei die uiemengsel bo-oor die worsies. 4. Skep ’n holte in die mengsel en breek ’n eier in dié holte oop. Geur die eier met sout en peper, en bak die tertjies vir 10 tot 15 minute of tot die eiers gaar is.
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Innovasie onontbeerlik vir media se groei Die nuutste ABC-syfers skets ’n donker prentjie vir Afrikaanse gedrukte media. Dis nou as ’n mens slegs na die gedruktemediasyfers kyk sonder om dieselfde media se digitale syfers onder oë te neem, skryf SUSAN LOMBAARD, uitvoerende hoof van Maroela Media.
Foto: iStockphoto.com
V
olgens die Audit Bureau of Circulation (ABC) het SuidAfrikaanse tydskrifte se sirkulasie in die eerste kwartaal van 2017 met 2,3% afgeneem vergeleke met die vorige kwartaal, en met 6,5% vergeleke met die eerste kwartaal van 2016. Vir koerante is die afname in sirkulasie selfs groter, met ʼn daling van 9% vanaf die eerste kwartaal van 2016 na dieselfde tydperk vanjaar. ʼn Publikasie – of enige nuus- of inligtingsmedium, om die waarheid te sê – behoort daarteen te waak om homself ooit te sien as ʼn radiostasie, ʼn koerant, ʼn tydskrif, ʼn televisiekanaal. Hiermee reduseer ʼn nuusinstansie hom tot ʼn medium, en bly hy beperk tot die inherente beperkings van dié medium: ʼn radiostasie bly beperk tot klank; ʼn koerant bly beperk tot ʼn gedrukte formaat met ʼn bepaalde fisieke grootte; ʼn televisiestasie bly beperk tot beeld. Die era waarin ons leef, het al die grense van die media verskuif. ʼn Radiostasie kan sy aanbod aan sy lesers verdiep met ʼn sosialemediaplatform. ʼn Koerant kan sy produk verryk deur vars nuus op die webtuiste te breek, en stadiger, meer tydlose of opvolgnuus die volgende dag te publiseer. As ʼn nuus- of inligtingsmedium anders begin dink oor wie hy is en homself nie in sy gedagtes beperk tot die medium wat hy toevallig gebruik om met sy teikenmark te kommunikeer nie, is ʼn afname in sirkulasiesyfers bloot die uitdaging wat dié instansie nodig het om innoverend te begin dink oor hoe hy sy teikenmark kan bereik. As ʼn mens kyk na die ABC-syfers van sommige Afrikaanse publikasies (koerante en tydskrifte), en ʼn mens kyk ook na die lesersgetalle van die digitale platforms van dié instansies (soos aangedui deur Effective Measure, ʼn onafhanklike maatskappy wat digitale platforms se lesersyfers meet en ontleed), kan ʼn mens baie interessante afleidings maak oor wie dit skynbaar regkry om innoverend te dink oor wie hulle is en oor die medium (die koerant of die tydskrif, of dan, ʼn ander digitale formaat) wat bloot die voertuig is om hul stories by hul lesers uit te kry (sien die tabel hiernaas). ʼn Mens kan heelwat afleidings uit die syfers in die tabel maak, maar daar is twee belangrike
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
Gedrukte sirkulasie – kwartaal 1 2017 (ABC-syfers) *
Toename/afname in sirkulasie van kwartaal 1 2016 na kwartaal 1 2017 *
Beeld
41 286
-11,6% of -5 435
Vervang deur Netwerk24
Volksblad
15 527
-8,7% of -1 487
Vervang deur Netwerk24
Burger
49 483
-6,3% of -3 327
Vervang deur Netwerk24
Rapport
124 854
-4,7% of -6 131
Vervang deur Netwerk24
Publikasie/ platform
Unieke besoekers op digitale platform – kwartaal 1 2017 **
1 289 417
Netwerk24
Toename/afname in unieke besoekers van kwartaal 1 2016 na kwartaal 1 2017 **
-12% of -176 272
230 766
-9,7% of -22 444
1 495 936
153% of 905 177
Landbouweekblad
31 000
0,2% of +73
127 029
-22.6% of -37 075
Taalgenoot ***
68 427
-0,9% of -596
Huisgenoot
Beskikbaar as digitale betaalde intekentydskrif; geen syfers beskikbaar
Weg
57 710
-2,5% of -1 495
142 162
633% of 122 790
Goeie Huishouding ****
41 802
-19,7% of -10 276
105 402
25,4% of 21 323
Vrouekeur
53 251
-11,1% of -6 623
72 002
100% of 36 072
Rooi Rose
75 851
-16,3% of -14 822
73 382
154% of 44 524
Sarie
71 463
-5,8% of -4 381
412 221
68% of 166 791
Finesse *****
43 429
-6,5% of -3 043
71 066
38,3% of 19 669
* ** ***
Syfers soos verskaf deur die Audit Bureau of Circulations (ABC) en soos ontleed deur Marklives.com. Syfers soos verskaf deur Effective Measure (EM). Taalgenoot is ʼn ledetydskrif; ATKV-lede ontvang die tydskrif as ʼn gratis ledevoordeel en oefen dus nie ʼn aankoopbesluit daaroor uit nie. Sirkulasie styg en daal saam met groei/afname in ledetal. **** Verskyn eers sedert Oktober 2016 op EM; digitale syfers vir kwartaal 1 2017 is dus vergelyk met kwartaal 4 2016. ***** Digitale weergawe van die Finesse-tydskrif is die webtuiste voelgoed.co.za.
gevolgtrekkings, wat albei goeie nuus is vir Afrikaans: • Die Afrikaanse lesersmark is nie besig om te krimp soos die sirkulasiesyfers van gedrukte publikasies aandui nie; inteendeel, dis besig om te groei. • Die meeste Afrikaanse gedrukte publikasies kry dit reg om suksesvol van ʼn gedrukte na ʼn digitale medium oor te beweeg.
Innoverendheid in media (wat sowel inkomste as die medium self betref) is, net soos in enige ander bedryf, onontbeerlik vir voortbestaan. En om dieselfde teikenmark in ʼn nuwe formaat te bereik, is ʼn onverskrokke, vreeslose bereidheid om wie jy in wese is te herontwerp. Soms gaan dit werk en soms nie. • Lees ’n langer, meer indiepte-weergawe van hierdie artikel by maroelamedia.co.za
55
PROMOSIE
Kom saam op bootreis spesiaal vir vroue Wanneer laas het jy JOUSELF BEDERF sonder om jou te bekommer oor ’n gesin wat moet eet, kinders wat moet huiswerk doen of wasgoed wat gewas moet word? Kom saam op FINESSE-TYDSKRIF SE #NETGIRLSBOOTREIS van 2 tot 5 Maart 2018 en ontspan ’n bietjie. Hier is ’n paar redes waarom jy nie die bootreis vanaf Durban na die Portugese Eiland kan misloop nie:
Foto’s: Verskaf
’n Vakansie wat jou sak pas Jou kaartjie op die MSC Simfonia sluit byna alles in! ʼn Langnaweek se luukse verblyf, vertonings deur bekendes, kabaretvertonings elke aand, vyfgang-aandetes, ontbyt en middagete asook puik hoteldiens. Jy koop regtig net jou drankies en roomys! En wanneer laas het jy gaan slaap en die volgende oggend met ’n uitsig oor ’n eiland wakker geword? Ja, jou kaartjie sluit selfs ’n volle dag van son, see en sand op die Portugese Eiland in. Pak jou tas een maal uit en maak die herinneringe van ’n leeftyd. Supervroue wat inspireer en vermaak Die drie supervroue wat volgende jaar saamgaan, is Lynette Beer, Andriëtte Norman en Dowwe Dolla. Lynette Beer is ’n verhoudingskenner, en wanneer sy begin praat, gaan daar nuwe wêrelde vir jou oop. Jou baas is dalk ʼn moeilike mens, of dit voel vir jou of jou kind van Mars af kom. Jou kollega het ʼn paar snaakse maniertjies en jou vriendin word sommer oor niks vir jou kwaad nie. Lynette is net die een wat jou kan help om hulle beter te verstaan. Andriëtte en Dowwe Dolla gaan sorg vir die vermaak. Andriëtte stel ʼn paar nuwe liedjies bekend en die Dolla wil jou baie graag laat lag en saam met jou dans tot die son opkom.
56
Bespreek nóú jou plek! Skakel MSC direk by 011 807 5111 en sê jy wil vir die Finesse-bootreis bespreek. As deel van die Finesse-groep kry jy ’n geskenksak en toegang tot al die vertonings. Besoek voelgoed.co.za/bootreis vir meer inligting oor die #netGIRLS-bootreis.
Skip tot eiland – altyd iets om te doen Op hierdie bootreis sal jy nooit verveeld wees nie. Die Finesse-program sluit mooi aan by MSC se program. Jy kan aan enige aktiwiteit deelneem, of dit dans, oefen in die gimnasium, kabaretvertonings of karaoke is. Daar is selfs minigholf en ’n borrelbad op die dek. As jy net agteroor wil sit, is daar honderde sonbaaistoele langs die swembaddens om van te kies. Ons bring ’n hele dag op die spierwit strand van die Portugese Eiland deur. Swem in die louwarm see of onderneem ʼn uitstappie na Inhaca. Daar kan jy een van die plaaslike restaurante besoek waar garnale op die oop vuur gebraai word. Vyfsterdiens saam met vriendinne Net ’n dapper vrou weet dat dit soms nodig is
om werklik af te skakel. As jy een van hulle is, wag ’n naweek sonder skottelgoed, wasgoed, kosblikke pak, vroeg opstaan en huiswerk op jou... Jou man en kinders sal vir ’n naweek sonder jou oorleef. Daar is nie selfoonopvangs nie, so los maar die selfone en tablette tuis en bring jou vriendinne wat jy so min sien saam. Julle gaan ʼn hond uit ʼn bos kuier. Die #netGIRLS-bootreis is ʼn veilige omgewing waarin jy heeltemal kan ontspan en met jou voete in die lug kan sit wanneer jy wil, kan eet wanneer jy lus is, kan laat slaap en kan lag soos lank laas in jou lewe. Kry ’n gratis Placecolskoonheidsbehandeling Almal wil mooi lyk vir die bootreis! As jy jou kaartjie voor 29 Oktober koop, kry jy ’n R300geskenkbewys van Placecol. Daarmee kan jy ’n gesigbehandeling ontvang, ’n manikuur of pedikuur kry, jel-naels laat opsit of ’n waks of wenkbroutint laat doen. Jy kan ook die geskenkbewys gebruik om R300-afslag op duurder behandelings te kry. Die geskenkbewys geld vanaf 2 Januarie tot 1 Maart 2018 en kan gebruik word by Placecol-salonne landwyd. Geskenkbewyse mag nie vir kontant omgeruil word nie.
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
Finansiële Dienste
REGSHULPVERSEKERING
REGSHULPVERSEKERING
Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!
Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet slegs R112 per maand.* aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*
1
• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. • Onbeperkte tot regsdokumentasie. regshulptoegang – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.
24 uur per dag
2
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
aksent media
Regsverteenwoordiging ter waarde van R50 000 per jaar
0861 765 734
www.legalex.co.za
Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging
Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste
0861 10 10 05
Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556.
3
Afslag op eiendomsoordragte
4
Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie
* Bepalings en voorwaardes geld * Bepalings en voorwaardes geld
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legalex (Edms) Bpk, FSP-nommer: 5277, finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk, FSP-nommer: 26/10/75
IN BEWEGING
MY GELD Die prys waarteen Bitcoin tans verhandel.
Dis tyd om kennis te neem van Bitcoin
D
Foto: iStockphoto.com
ie ondersteuners van Bitcoin en ander virtuele geldeenhede glo dis die toekoms van geld en van bankwese. Teenstanders daarvan glo dis ’n bose uitvindsel wat internasionale misdaad aanmoedig. Ongeag wat ons dink en voel oor Bitcoin – dis ’n werklikheid en waarskynlik hier om te bly. Dit is dus tyd dat elke individu kennis neem van Bitcoin en soortgelyke kripto-geldeenhede. Die woord “kripto” beteken letterlik “weggesteek”. Daar is tans ’n paar honderd kripto-geldeenhede waarvan Bitcoin die belangrikste is. Wat is Bitcoin? Bitcoin is ’n gedesentraliseerde, virtuele geldeenheid. Met die term “gedesentraliseer” bedoel ons dat die geldeenheid nie êrens deur ’n sentrale owerheid, soos ’n bepaalde land se reserwebank, beheer word nie. Die term “virtueel” dui aan dat die geldeenheid binne die domein van die internet funksioneer. Bitcoin bestaan sedert Januarie 2009, toe die netwerk ontstaan het met die uitreik van die eerste blok Bitcoin aan Satoshi Nakamoto. Laasgenoemde is waarskynlik ’n skuilnaam van die eerste persoon wat Bitcoin geskep of gemyn het. Hoe ontstaan Bitcoin? Bitcoin is stukkies rekenaarkode wat met wiskundige algoritmes geskep kan word. Die proses word vergelyk met die myn van
58
Deur Appie Pienaar
grondstowwe, en daarom word die term “myn” ook gebruik vir die skep van nuwe Bitcoin. Aanvanklik is dit maklik om ’n grondstof soos goud te myn omdat dit taamlik naby aan die oppervlakte van die aarde lê. Gaandeweg moet dieper gemyn word en raak die proses duurder. Die skep van Bitcoin werk op dieselfde beginsel. Dit raak daarom al moeiliker en duurder om nuwe Bitcoin te skep. In totaal is daar sowat 21 miljoen Bitcoin beskikbaar, waarvan sowat 80% reeds gemyn en in omloop is. Is Bitcoin anoniem en onopspoorbaar? In teenstelling met die algemene opvatting, is Bitcoin in heelwat lande opspoorbaar. In SuidAfrika word van persone wat Bitcoin verhandel, verwag om hul identiteitsnommers en fisiese adres bekend te maak indien hulle meer as sekere hoeveelhede Bitcoin per maand wil verhandel. Hoe verhandel ’n mens Bitcoin? Daar bestaan verskeie webblaaie waardeur Bitcoin aangekoop kan word. ’n Baie gewilde Suid-Afrikaanse webblad is www.luno.com waar Bitcoin in Suid-Afrikaanse rand verhandel word. Dit is verbasend maklik om Bitcoin te verhandel. ’n Mens registreer eenvoudig op ’n webblad soos luno.com, en ontvang dan ’n beursie (“wallet”), wat ’n unieke rekening is waarin jou geld veilig bewaar kan word. Daar bestaan dan ’n opsie om ’n bedrag in rand
uit ’n gewone bankrekening in die beursie te deponeer. Sodra die deposito in jou beursie vertoon word, kan ’n mens transaksies op ’n Bitcoin-beurs (“exchange”) begin doen. Die beursie kan op dieselfde tyd rand en Bitcoin hou. Die Bitcoin-beurs funksioneer op dieselfde beginsel as die JSE-Effektebeurs, met ander woorde die prys van Bitcoin, soos in die geval van aandele, word deur vraag en aanbod bepaal. Die Bitcoin-beurs het egter geen handelsure soos die JSE nie. Dit is aanlyn en ’n mens kan enige tyd van die dag of nag transaksies doen. Die waarde van Bitcoin in Suid-Afrika word grootliks deur die Bitcoin-prys in dollar en die rand-dollar-wisselkoers bepaal. Bitcoin as betaalmiddel Daar bestaan reeds duisende maatskappye wêreldwyd wat Bitcoin as geldige betaalmiddel aanvaar, waarvan Takealot waarskynlik die bekendste in Suid-Afrika is. Bitcoin kan met groot gemak na ander entiteite of individue se beursies oorgedra word deur die uitruil van adresse van die onderskeie partye. Wat is die waarde van Bitcoin? Bitcoin verhandel tans (Julie 2017) teen sowat R36 000 per Bitcoin. Omdat die waarde so hoog is, kan ’n mens in desimale van Bitcoin handel dryf. Dit is byvoorbeeld moontlik om slegs 0,001 Bitcoin op ’n keer aan te koop. Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Discover your inner innovative self
L
By Wilmarie Brits
i Keqiang, the current premier of the State Council of the People’s Republic of China, was quoted as follows: “Change calls for innovation, and innovation leads to progress.” Indeed. Innovation is one of the key factors in the workplace and probably forms part of your company’s mission statement. It is very easy to talk about innovation, and being innovative can often open doors for you, but being innovative is often not as easy as it sounds. It is even harder to incorporate innovation into your day to day work responsibilities. The book A beautiful constraint, written by Adam Morgan and Mark Barden and published in 2015, teaches you to make constraints like budget, time and resources work for you in your quest for innovation. This sounds very straightforward, and to a certain extent, it is – you just need to change your mindset. By following these three principles, you can already go a long way to being more innovative in your work environment.
MY WORK
Photograph: iStockphoto.com
Do not let “I can’t” stand in your way There is nothing that makes you feel more powerless than when you’re facing a problem. Most people throw their hands in the air and walk away, or depend on someone else to find a solution. But the first step to being more innovative is to turn an idea into a solution, no matter what the problem is. Keep telling yourself “I can if…” instead of “I can’t because…”. Try to find a creative solution with the resources at hand. Be creative The most common reason why people lack innovation is because of a repetitive routine. You drive to work in the morning, make yourself a cup of coffee and slide in behind your computer to check your e-mails. Feed your mind with creativity instead of diving head first into a pile of e-mails. Give yourself time in the morning to refuel your imagination with something that inspires you. You’ll be amazed how much it will affect your attitude and creativity throughout the day. Staying relevant We are in a time of unprecedented change. According to Stephen Shapiro, innovation instigator and www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
vation, and
lls for inno HANGE ca
“C
GRESS.”
ds to PRO ovation lea
inn
author, what may have helped an organisation to be successful in the past could potentially be the cause of their failure in future. Therefore, it is very important to adapt and evolve to meet the ever-changing needs in your career. Make sure you
attend workshops and read as much as possible about developments in your field. These tips can help you to be more innovative, but remember, innovation is a habit. You need to apply and practice it every day.
59
e l de
d
n a t s
by
n die
r o Vo
s
Sakke propvol voordele vir ons lede Hierdie is ’n opsomming van die VOORDELE wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder voorafkennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar só ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of ’n geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word.
LIDMAATSKAPKATEGORIEË Kollektiewe lede
Individuele lede
Ondersteuningslede
Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsoor eenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag hul ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.
Individuele lede van Solidariteit is lede wat by aansluiting 50 jaar of jonger as 50 is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting by Solidariteit 50 jaar of ouer word, bly ’n individuele lid van Solidariteit. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.*
Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie. Dit wil sê individuele lede wat by aansluiting 50 jaar of ouer is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, per manente ongeskiktheid, bevallings voordele en die sterftevoordeel.
Nog nie ‘n lid nie? Skakel 0861 25 24 23 en geniet die beskerming wat jy in die werkplek verdien. Besoek www.solidariteit.co.za
60
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
DIEN & BESKERM
ANDER DIENSTE
Regsake Gratis regshulp met arbeidsake Lede kry deskundige advies ten opsigte van arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, beserings aan diens en werkpro bleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie of die arbeidshof verwys word.
Sterftevoordeel* Begrafnisvoordeel (Martin’s of Avbob)
• ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. Bystand met ondersoeke • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike Hulp in verband met onderkinders onder die ouderdom 21 jaar soeke deur die Mediese Buro word voorsien en is van dieselfde ge vir Bedryfsiektes en voordele halte as dié vir volwassenes. van die Vergoedingskom • Die gade kan aansoek doen om aan te missaris en Rand Mutual word verleen, bly as lid ná afsterwe van die hooflid. Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer asook hulp in verband met werkverwante Beweging Die 15556 las van begrafnisreëlings word • finansiële dienste ongeskiktheidseise.van Alle eise moet binne• FSP-nommer: verlig deurdat Solidariteit en Martin’s of ses maande ingedien word. Avbob al die reëlings tref. • ’n Korting van 10% op grafstene is met Kollektiewe bedinging Martin’s en Avbob beding. Bekwame en ervare Soli• Die ondernemersdiens word slegs deur dariteit-personeel beding Martin’s of Avbob hanteer. Indien van kollektief vir beter diensvoorenige ander ondernemer se dienste waardes en salarisse vir lede. gebruik gemaak word, sal Solidariteit slegs R500 uitbetaal ten opsigte van begrafnisuitgawes (bepalings en voorPermanente mediese waardes geld). ongeskiktheid*
Motor- en huisinhoudversekering Hierdie groepskema bied uitstekende versekeringspremies by Virseker. Virseker dra ook ’n deel van lede se premies by tot die Virseker Trust wat reeds miljoene rande in Afrikaanse * Bepalings en voorwaardes geld onderwys en opleiding teruggeploeg het. • Skakel 0860 101 005, SMS “Virseker” na 47552 of besoek www.virseker.co.za
Skakel ons vandag nog by
0861 10 10 05
Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap en wat spesialisverslae en bewyse van hul werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 701. Eise moet binne ses maande ingedien word.
Bevallingsvoordeel* ’n Voordeel van R1 418 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die bevalling ingedien word.
Studievoordeel* Lede van Solidariteit, asook hul afhanklike kinders (tot en met 21 jaar), ontvang 20%-afslag om by Akademia te studeer. Besoek www.solidariteit.co.za vir die volledige bepalings en voorwaardes.
Foto’s: iStockphoto.com
Solidariteit Tydskrif Lede ontvang ses keer per jaar ’n eksemplaar van Solidariteit Tydskrif waarin kwessies in die wêreld van werk asook die Beweging se werksaamhede gedek word.
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
Bykomende kontantuitbetalings • ’n Kontantbedrag van R3 413 word by afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 268 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal,beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: • Kinders tussen 15 en onder 20 jaar: R1 701 • Kinders jonger as 14 jaar: R1 134. • Kontantuitbetaling wissel as beide die man en vrou lid van Solidariteit is. • Eise moet binne 6 maande ingedien word.
Vakansievoordeel* Lede van Solidariteit (asook lede van Helpende Hand en AfriForum) ontvang 20%afslag op verblyf by Kokoriba Natuurreservaat (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) en Santana Beach Holiday Resort (Margate). Besoek www.vakansievoordeel.co.za vir die bepalings en voorwaardes van dié voordeel. * Bepalings en voorwaardes geld. Vir meer inligting, skakel 0861 25 24 23
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Regshulppakket
dienstepremie • FSP-nommer: Vir finansiële ’n bykomende van slegs 5277 R112 per maand kan lede en hul afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en strafregsake (krimineel), telefoniese regshulp, toegang tot regsdokumente en afslag op onder meer oordragte. Geniet dekking ter waarde van R50 000 per jaar (beperk tot R25 000 per saak). • Skakel 0861 765 734 of besoek die webtuiste www.legalex.co.za
Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste Dienste Finansiële Onafhanklike finansiële advies
Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste het ’n onafhanklike departement wat kliënte met finanFinansiële Dienste siële advies kan bystaan. Dit sluit in basiese begrotings- en belastingbeplanning, risikoSolidariteit en aftreebeplanning asook beleggingsbeFinansiële Dienste planning. Dié departement het opgeleide professionele mense wat jou sal bystaan met al jou behoeftes. • Skakel 0861 101 005 Mediese gapingsdekking Medieseskemalidmaatskap is duur en ’n mens het dikwels boonop ’n selfbetalingsgaping. Tenda Health bied ’n Admed Gap Cover-polis, onderskryf deur Guardrisk, wat die finansiële gaping dek tussen wat mediese skemas vir dienste betaal en wat diensverskaffers hef. • Stuur e-pos na gapcover@solidarity.co.za
Testamente en bereddering Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300
61
“
die verkiesing Sestien maande vóór nald Trump Do t da u reeds het ek volgeho in daardie s wa hy – rd president sal wo die Republikeinse stadium nog nie eens is hardop vir my kandidaat nie – en ek e uitgelag. us “onwaarskynlike” ke
“
Onvaste wetenskap van die raaiskoot
Foto’s: Verskaf; iStockphoto.com
M
y vriendekring is taamlik uiteenlopend. Dis iets waarvoor ’n mens onder vriendelike omstandighede blind is, maar wat deur eksterne faktore sterk op die voorgrond gedruk kan word – eksterne faktore soos politiek, verkiesings, sport, geloof en al daardie dinge wat ons al van kleins af gemaan is om nie by die braai te opper nie. Die Amerikaanse verkiesing van verlede jaar was ’n opvallend polariserende gebeurtenis. Ons het daaroor geredekawel asof dit om lewe en dood in ons eie land gegaan het. Sestien maande vóór die verkiesing reeds het ek volgehou dat Donald Trump president sal word – hy was in daardie stadium nog nie eens die Republikeinse kandidaat nie – en ek is hardop vir my “onwaarskynlike” keuse uitgelag. ’n Soortgelyke voorspellingsgelukkie het my met Brexit getref. Ook die Nederlandse verkiesing, hoewel hier met min belangstelling geag, het ook goed volgens my voorspelling verloop. Die verkiesings in Italië, Oostenryk en Frankryk het minder volgens my vermoede verloop, maar ek het myself tot my teenwoordige verligting destyds eerder by die uitspreek van voorkeure en die aandui van strome eerder as besliste voorspellings gehou. Die handige hiervan is dat my vriende my insigte (as ’n mens dit só durf noem) nou met meer agting bejeën. Die onhandige is dat ek
62
moet waak teen my eie ydelheid – oftewel die oorskatting van myself – kennelik ’n uitdaging vir iemand wat sy brood in die ydelheidsbedryf verdien. ’n Verdere onvoorsiene gevolg van my raakraaie is die druk van volhouding. Ek vind dat my makkers my nou, soms ernstig, soms smalend, oor dinge raadpleeg waarvan ek nie seker is nie. Ek voel nou soos die dobbelaar in die casino wat sy geld al verdriedubbel het en moet besluit of hy huis toe gaan of verder waag. Só vra ʼn kennis my die afgelope week die vraag: “Sal Trump ’n tweede termyn kry?” “Te vroeg om te sê,” is die veiligste antwoord. Maar daar is meer. In Leo Tolstoi se War and Peace wy hy homself in ’n treffende stuk toe aan die idee van die onvermydelikheid van Napoleon se bewind. Hy gaan so ver as om te beweer dat die gebeurtenis van Napoleon nietemin sou geskied het selfs al het Napoleon hoegenaamd nie bestaan nie. Tolstoi verduidelik dat Napoleon die man vir die omstandighede was. Hy was as’t ware die produk van die omstandighede, ’n simptomatiese verskynsel eerder as ’n oorsaak. Ek het die boek reeds 25 jaar gelede gelees, maar dié besondere insig bly my by. In ’n wêreld waarin daar nou skynbaar meer as ooit tevore op die individu gefokus word – op die verheerliking van die mens voor die storie –
vervaag die bepalende kragte van die menigte agter hom en die storie agter dit wat ons sien tot ’n digte mis deur die bril van politieke bysiendheid. Trump, Macron, Zuma, Putin, Merkel, May en die meeste van hul demokraties verkose kollegas is almal persone wat deur omstandigheid verkies is. Hulle is die simptome van faktore veel groter as wat enige van hulle ooit kan droom om te wees. Hul individuele uitnemendheid, volharding, hardnekkigheid en so meer maak dat hulle uitstyg bo die ander wat om dieselfde posisie meeding. Maar die posisie self word deur groter faktore geskep. Teen dié agtergrond verwag ek nie dat die gevoel wat kiesers na Trump toe laat neig het binne vier jaar sal verdamp nie. Hy mag in die komende jare diskwalifiserende foute begaan, die kieserskorps van die opposisie mag tot groter syfers uitgroei, maar die rede vir sy bewind sal vier termyne van nou af nog steeds bestaan. ’n Asemteug vir die mensdom duur soms so lank soos ’n ganse menselewe. Wat dít vir voorspellings beteken, is dat die man wat van naderby kyk hoe sy papierbootjie by die draaikolk van die rotse naby die rivieroewer in sirkels hingel, maklik die eenvoud van die ganse rivier se gang seewaarts kan miskyk. En ek? Nee, swaer, ek sit maar hier en visvang! Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
FOKUS OP
Foto’s: iStockphoto.com
Afrikaans in die hande van gemeenskap
D
ie Solidariteit Beweging se strategie om praktiese oplossings deur ʼn moderne Helpmekaar Beweging te skep, het in 2016 met die 2020-Helpmekaarplan in versnelrat oorgegaan en ons bou steeds daarop voort. Afrikaans is een van Solidariteit se passies met die Helpmekaarplan. Deesdae glo mense dikwels dat dit ʼn wonderwerk gaan verg om Afrikaans uit te bou en te vier. Ons stem saam daarmee, maar won-
derwerke kom egter tot stand deur wonderwerkers. Wonderwerkers is gewone mense wat roepingsgetrou saam met mekaar werk om só gesamentlik wonderwerke tot stand te bring. Prof. Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, sê: “Na my mening moet ons as Afrikaanse taalgemeenskap besin oor hoe ons die sienings van ons taalgemeenskap kan probeer beïnvloed. Ons moet houdings kan verander oor die ongelooflike prestasies van Afrikaans as wetenskapstaal. Ons moet voorts
met taalbewussynsprogramme die waardevolle plek en waarde van Afrikaans in die skool en op universiteit bewys”. Hier is ʼn paar lekker Afrikaanse woorde wat ons lesers opgewonde maak om ons moedertaal te praat: boerewors, potsierlik, hoeka, pampoen, voertsek, knormoer, moegoe, bromponie, klitsgras, vasbyt, boggom, hottentotsgot, fnuik, tjokkertjie, miskruier, woefkardoesie, ongepoets, koeksister, konfyt, blerts, kiekies, wedersyds, gedoriewaar, uitvaltyd, katelknapie en bakgat.
FOKUS OP
AFRIKAANS Skare sál dié skat veilig dra Die argument van Jonathan Jansen dat Afrikaans se politieke bagasie die rede is dat die taal nie by openbare universiteite sal oorleef nie, hou nie rekening met die breër gebeure in die land nie, skryf FLIP BUYS, voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Foto: iStockphoto.com
D
ie aanvalle op Afrikaans by universiteite vorm deel van die breër opstand teen die (grootliks) Westerse liberale bedeling waarop daar in 1994 ooreengekom is. Hierdie opstand spruit uit die groeiende gaping tussen die hoë verwagtings wat politieke vryheid by swart mense geskep het, en die oortuiging dat die meerderheid se lewens nie tasbaar genoeg verbeter het nie. Die oorsprong van hierdie teleurgestelde verwagtings lê in ANC-beloftes dat politieke mag tot ekonomiese voorspoed sou lei. Die kontrak met kiesers was “stem vir ons sodat ons die politieke mag kry, en ons sal dan die politieke mag gebruik om vir julle ekonomiese voorspoed te bewerkstellig”. Hierdie politieke hongerdieet is tekenend van sosialistiese beleid wêreldwyd, en is gegrond op die siening dat die staat nie net die nasionale huishoudster is wat die land moet regeer nie, maar die broodwinner is wat vir die bevolking moet sorg.
64
Stem vir ’n lewe vs werk vir ’n lewe Sosialiste sien ’n grondwet nie net as ’n prosedurele stelsel wat sorg dat die meerderheid regverdig regeer nie, maar as ’n stelsel wat die meerderheid regstreeks ekonomies moet bevoordeel. Vereenvoudig gestel, dit is die verskil tussen “stem vir ’n lewe” en “werk vir ’n lewe” – oftewel meer van ’n spyskaart as ’n reëlboek. In die praktyk het dit nog altyd spanning geskep, omdat die poltiek beloftes maak waaraan die ekonomie nie kan voldoen nie. Daar is ’n betekenisvolle gaping tussen die ANC se oorweldigende politieke mag en die grootste deel van hul ondersteuners se ekonomiese posisie. Dit skep ’n aandrang dat daardie mag gebruik moet word om arm mense ryk te maak deur ryk mense arm te maak. Demokrasie en kapitalisme is altyd ongemaklike bedmaats in ’n land met ekonomiese ongelykhede. Die maghebbers sien ekonomiese herverdeling as ’n kortpad na groter welvaart vir die armes, omdat ekonomiese groei langer neem en verdere ongelykheid skep.
Opstand breër as ekonomies Die groeiende opstand is egter veel breër as net ekonomies. Die selfvertroue en verwagtings wat politieke vryheid meegebring het, lei tot ’n aandrang op die omskepping van die samelewing volgens die behoeftes en eise van die meerderheid. Dit het uitgeloop op die ANC se staatsideologie van transformasie waarvolgens die hele samelewing die samestelling en waardes van die bevolking moet weerspieël. Op politieke gebied kom dit tot uiting in die regerende elite se toenemende ongeduld met die beperkings op hul mag deur die Grondwet, wetgewing, die regbank, die opposisie, die media en die burgerlike samelewing. Op ekonomiese gebied vind hierdie aandrang gestalte in groter staatsinmenging soos met die Mynbouhandves, al meer radikale sosialistiese beleidsrigtings, aanvalle op eiendomsreg, en selfs in die kanker van korrupsie van mense wat van mening is dat politieke mag rykdom Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
moet meebring. In plaas daarvan dat mense hul vryheid beter gebruik om hul ekonomiese posisie te verbeter, verwag hulle dat die staat dit moet doen. Op kulturele gebied word daar aangedring op die Afrikanisering of dekolonisering van universiteite, die afskaffing van klasgeld, die uitfasering van Afrikaans, die verandering van die Westerse akademie, die verwydering van Westerse simbole en name, en selfs die groeiende anti-wit rassisme in die land. Radikale universiteitsowerhede wil dus nie net minder Afrikaans op kampusse hoor nie; hulle wil minder Afrikaners en Westerlinge daar sien. Dit is ’n projek om die multikulturele werklikheid van die land op grond van ’n monokulturele ideologie te omskep. Kortom, die groeiende politieke, ekonomiese, institusionele, opvoedkundige en kulturele krisis in die land vorm alles deel van een groot prentjie. Wie net op een blokkie fokus, kyk die groter legkaart mis. Vryheid is ondeelbaar, ongeag of dit politieke, ekonomiese of kulturele vryheid is. Daarom moet almal mekaar se vryheid verdedig, of almal sal alles verloor.
Grondwetlike leeftye Die ongrondwetlike “taalgreep” by openbare universiteite is dus deel van ’n breër nasionale grondverskuiwing weg van 1994 se postapartheidsooreenkoms na ’n postkoloniale era wat aandring op die vervanging van Westerse waardes en stelsels met dié van Afrika. Daar is ’n ongeduldige aandrang dat Suid-Afrika nou uiteindelik deel van Afrika moet word. Hierdie verskynsel van verinheemsing is ’n wêreldwye verskynsel in post-koloniale lande, waar die selfvertroue van vryheid gelei het tot ’n kulturele herlewing en aandrang op omvattende verinheemsing. Die nuwe samelewings wat so ontstaan, kon uiteraard nie die postkoloniale Westerse bedelings en grondwette onaangeraak laat nie. Die Chicago Law School het bevind dat grondwetlike leeftye net sowat 17 jaar is en selfs korter word. Moontlik is dit die geval omdat die openbare leeftyd van ’n politieke geslag slegs sowat 20 jaar is. In die huidige parlement is daar na wat verneem word slegs 12 lede wat oorspronklik in die 1994-parlement gesit het. Dit lyk dus al meer of die nuwe
geslag nie meer so verbind voel tot die skikking wat hul ouers in 1994 aangegaan het nie, en dat hulle nou aandring op veranderings wat hul verwagtings en eise weerspieël. Dit is nog nie duidelik of dit uiteindelik tot ’n volgende grondwetlike bedeling gaan lei, en of dit net die huidige neiging om die grondwetlike toepassing te verskuif, bloot verder gaan voortsit nie. Waar laat dit Afrikaans? Die vraag is, waar laat dit alles Afrikaans? Afrikaans gaan al meer privatiseer, net soos wat met hospitale en feitlik alle ander staatsdienste gebeur het ná die transformering daarvan. Afrikaans het nog altyd beter presteer as dit onder druk is. Soos die VN se Ontwikkelingsprogram in 2004 dit gestel het: “As die geskiedenis van die twintigste eeu iéts bewys het, dan is dit dat pogings om kultuurgroepe weg te wens of in die meerderheid te laat opgaan, eerder ’n lewenskragtige kulturele herlewing uitlok”. Die grafkelder word die kraamkamer. Dis hoekom ons hierdie keer ook, soos Van Wyk Louw dit gestel het, “die skat van Afrikaans veilig deur die skare sal dra”.
FOKUS OP
Blits-leer eerste van sy soort in SA
B Foto: iStockphoto.com
lits-leer is onlangs as deel van S-Leer se missie bekend gestel om persone die geleentheid vir persoonlike ontwikkeling te bied. Blits-leer se gratis reeks kennisverspreidingsvideo’s is die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Die doel van hierdie videoreekse is om kreatiewe idees, inhoud en kennis in die vorm van kort en nuttige video’s van tien minute elk aanlyn aan kykers beskikbaar te stel. Dis blitsig, aanlyn, Afrikaans én gratis. Die eerste Blits-leer-onderwerp Die eerste Blits-leer-onderwerp is hoe om jou kind sielkundig op die hospitaal voor te berei as die tyd vir daardie inspuiting of groot operasie aanbreek. Dit maak die wêreld se verskil om vir sulke gebeure gereed te wees. Gaan loer gerus by https://s-leer.co.za/blits-leer/ om hierdie opname te sien. Dr. Annemarie Oberholzer het ’n
meesters- en PhD-graad aan die Universiteit van Johannesburg behaal. Sy stuur in 2015 ’n pediatriese bemagtigingsprogram van stapel wat op die bemagtiging van ouers en professionele gesondheidsorgverskaffers fokus om kinders optimaal in ’n gesondheidsorgmilieu te kan ondersteun. Sy doen tans interdissiplinêre postdoktorale navorsing oor die geestelike ondersteuning van kinders in gesondheidsorg aan Unisa. Wat is S-Leer? S-Leer is ʼn gehalte- Afrikaanse opleidingsentrum van die Solidariteit Beweging wat professionele persone in staat stel om VPO-punte (voortgesette professionele ontwikkeling of CPD) te verwerf en persoonlik te ontwikkel om hul loopbaandoelwitte te bereik. S-Leer help jou om jou roeping uit te leef en vir jouself ’n goeie werk te skep. S-Leer bou saam met jou aan ’n seker toekoms in ’n onsekere werkplek.
Tradisionele opleiding het danksy die invloed van tegnologie onherkenbaar verander. Saam met S-Leer se nuwe slimtegnologie kan opleiding ook nou nader aan die persoon aangebied word, wat aan meer mense opleidingsgeleenthede bied. S-leer gebruik dieselfde model en tegnologie as Akademia, maar gebruik ook ander maniere om dit volgens elkeen se leerbehoeftes en omstandighede te skoei.
IN BEWEGING
Oorloggeheime in nuwe boek onthul Deur Ilze Nieuwoudt
W
es-Transvalers was (en is waarskynlik steeds) bekend vir hul hardkoppigheid en gehardheid. Dit is juis dié eienskap wat burgers van dié area gedurende die Anglo-Boereoorlog hul uitsonderlike uithouvermoë gegee het. In ’n nuwe boek wat binnekort by Kraal Uitgewers verskyn, kom die omvangryke krygsgeskiedenis van dié tragiese oorlog in die westelike streek van die toenmalige ZAR in die kollig. Die skrywer, boer, historikus en gebore Wes-Transvaler Pieter de Jager se monumentale werk Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die oorlog, 1899–1902 is die sewende en laaste boek in Kraal Uitgewers se gewilde reeks versamelaarswerke, Erwe van ons vaad’re. Ander werke wat reeds sedert die honderdjaarherdenking van die AngloBoereoorlog in dié reeks verskyn het, sluit in Bannelinge in die vreemde deur Elria Wessels, Onthou: Kronieke van vroue- en kinderlyding deur Andries Raath en Elria Wessels, en Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 deur verskeie skrywers. Dié reeks staan onder redaksie van Raath van die Universiteit van die Vrystaat. Volgens Raath is die waarde van WesTransvaal: Militêre brandpunt van die oorlog, 1899-1902 in veral drie aspekte opgesluit. Dit sluit sowel die sistematiese beskrywing van die verloop van die oorlog in die destydse Wes-Transvaal as die betrokkenheid van die gebied se Boerekommando’s by die stryd in. Daarbenewens is die skrywer se gebruik van talle ongepubliseerde manuskripte en klankopnames wat tot dusver onbenut gelê het, ’n uiters waardevolle bydrae tot dié geskiedenis, terwyl De Jager se beskrywings van oorlogsgebeure, wat voorheen minder aandag in die navorsing oor die oorlog ontvang het, nou in die kollig geplaas word. De Jager is nie ’n nuweling in geskiedeniskringe nie. Dié nuwe boek is die resultaat van ’n leeftyd se belangstelling in en liefde vir die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog en die oorlog in die Wes-Transvaal spesifiek. Sy passie vir sy geboortedorp Ottosdal, die omgewing en sy mense het reeds gestalte gekry in die publikasie van ’n vroeëre werk,
Generaal J.H. (Koos) de la Rey het homself vanaf die aanvang van die Anglo-Boereoorlog as ’n uitmuntende veldheer onderskei.
Lord Methuen, die aanvoerder van die Britse magte in die Wes-Transvaal. Die Korannafonteiners: Stories oor Ottosdal en sy mense, wat in 2008 deur Protea uitgegee is. De Jager is op die plaas Driekuil in die Ottosdal-distrik gebore – ’n plaas waarop verskeie skermutselings tussen die Boere en Britte gedurende die oorlog afgespeel het. Reeds vroeg in sy lewe is sy belangstelling deur die fisiese oorblyfsels van die oorlog op dié familieplaas geprikkel (die plaas is onlangs ná meer as 100 jaar in die familie se besit uiteindelik verkoop). As klein seun het hy onder meer opgemerk dat daar op sekere plekke op die plaas geroeste leë blikkies “boeliebeef” gelê het,
terwyl kakiebosse ’n kort ent daarvandaan vervuil gestaan het. By nadere ondersoek het hy bepaal dat dit plekke was waar die Britse soldate stelling ingeneem het. Die kakiebos was natuurlik die resultaat van perdevoerbale wat uit onder andere Australië ingevoer was en dié indringerplant se saad bevat het. Wanneer jy hom oor die reusetaak vra wat hy op hom geneem het om hierdie omvattende gedeelte van die Anglo-Boereoorlog te boek te stel, raak De Jager opgewonde. Dit is duidelik dat hierdie wêreld met sy bykans onontdekte verhale hom baie na aan die hart lê, en dié passie kom ook na vore in die boek self. In sy leeftyd het hy die benydenswaardige geleentheid gehad om nog tientalle oudkrygers, vroue en kinders van die oorlog self te kon ken én onderhoude oor die oorlog met hulle te kon voer. Hierdie eerstehandse inligting is telkens in Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die oorlog, 1899-1902 ingesluit. De Jager lag half en verklap dat talle van die vertellings dikwels ietwat groter as die werklikheid gemaak is, want “mense was altyd bietjie dapperder,” verduidelik hy. Hoewel daar volgens De Jager talle hoogteen laagtepunte van die oorlog in hierdie geweste afgespeel het, staan verskeie veldslae soos dié van Kraaipan en Ysterspruit vir hom uit. Dit is egter die tragiese gebeure van die laaste veldslag in die Wes-Transvaal wat op 11 April 1902 op Roodewal plaasgevind het, wat hom veral bybly. Hy beskryf dié slag as ’n “massamoord” en een waardeur ’n jong en koppige genl. J.C.G. Kemp, in genl. Koos de la Rey se afwesigheid, groot skade aangerig het. De Jager meen ook dat die aantal WesTransvaalse verraaiers skokkend was. Oor die Wes-Transvaalse bevelvoerder en alombekende “Leeu van die Wes-Transvaal”, De la Rey, is De Jager duidelik. “Hy het die vermoë gehad om mense aan te trek,” sê De Jager. Dié generaal, dikwels slegs bewapen met sy karwats, het “sonder twyfel kop en skouers bo ander uitgestaan”. Hy was ’n geharde vegter in murg en been. En sy burgers? Van die dapperste in die hele oorlog, meen De Jager. Maar hoe dan anders? Die ongenaakbare Wes-Transvaal het sy seuns geen ander keuse gelaat nie.
Vir dié en ander publikasies en produkte deur Kraal Uitgewers besoek ons e-winkel by www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 880 1953. 70
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Die duisende wesies van die ABO Deur Ilze Nieuwoudt
Foto: Poskaartversameling van die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika
D
ie Anglo-Boereoorlog se nadraai het ’n bittere letsel op ’n paar geslagte Afrikaners gelaat. Families is uitmekaar geskeur, plase is vernietig en talle mense moes in die stede ’n nuwe heenkome gaan vind. Piet Strauss skryf in sy boek Gereformeerdes onder die Suiderkruis nagenoeg 30 000, oftewel sowat 80%, van Boere se plase is gedurende die oorlog as deel van die verskroeideaardebeleid in die voormalige Boererepublieke verwoes. Nagenoeg 34 000 vroue en kinders het in en op pad na die Britse konsentrasiekampe gesterf. Uit die as van vernietiging het mans wat as bannelinge na verskeie buitelandse kampe gestuur is, teruggekeer huis toe, terwyl die oorblywende vroue en kinders ook stuk-stuk die konsentrasiekampe verlaat het. Meer as 20 000 Afrikanerkinders was egter nie so gelukkig nie, want vir hulle was daar nie die vooruitsig van hereniging met hul ouers nie. Vir dié kinders was die toekoms somber, want die stryd tussen Boer en Brit het hulle wees gelaat. Hoewel bronne oor die presiese aantal weeskinders van dié oorlog verskil (sommige meen dat daar sowat 12 000 wesies was), het ’n koerant, De Vereeniging, in September 1903 dié syfer op 20 000 gereken. Die Boereleiers het die dringende nood van veral die kinders raakgesien. Genls. Louis Botha, Koos de la Rey en Christiaan de Wet het kort ná die oorlog na Europa gereis om daar geld in te samel vir die toe verarmde Afrikaner. Hulle kon slegs sowat £125 000 in Europa insamel, terwyl Kapenaars wat die Boere goedgesind was, ’n verdere £60 000 bygedra het. Hierdie geld is saam met die Britse regering se bydrae in die sogenaamde Generale Boeren Hulpfonds gestort en ’n groot deel daarvan is gebruik om weesinrigtings in Transvaal en die Vrystaat op die been te bring. Volgens dr. Elizabeth van Heyningen, ’n historikus van die Universiteit van Kaapstad, is weeskinders meestal deur vriende of familie ingeneem. Families in die Kaapkolonie het ook aangebied om van die oorlogswesies in te neem. Maar steeds was daar duisende kinders wat geen heenkome gehad het nie. Talle persone en instellings het ná die oorlog hulp verleen met die versorging van hierdie kinders. Verskeie leraars en gemeentes het kort ná die oorlog weeshuise opgerig. Volgens die taalhistorikus prof. J.C. Steyn, het ds. A.P. Kriel
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
’n Kinderhuis vir weeskinders van die Anglo-Boereoorlog op Middelburg.
van Langlaagte reeds in September 1902 dié gemeente se kinderhuis geopen. Die huis het oorspronklik op ’n gehuurde erf met tydelike geboue ’n tuiste aan sewe weeskinders gebied. Verskeie ander kinderhuise het in dieselfde tyd landwyd tot stand gekom in onder andere Winburg, Brandfort, Bethulie, Ladybrand en Bethlehem. In Boksburg en Middelburg het ds. J.M. Louw en ds. A.P. Burger ook twee kinderhuise nog voor die einde van 1902 geopen. Dié twee het in 1904 saamgesmelt en is ook uiteindelik in 1908 met Kriel se kinderhuis verenig. Kriel het reeds voor die oorlog aktief bystand aan behoeftige vroue en kinders verleen en is toe reeds al deur Maria Kloppers van die Boland bygestaan. Sy het ook ná die oorlog in die kinderhuis gewerk. Steyn skryf soos volg oor die snelle toename van kinders wat na die kinderhuise gebring is: “Voor die einde van die jaar [1902] was daar 92 [kinders] en in September 1903 [reeds] 245. Meer huise en erwe is aangekoop en in 1913 selfs twee plase. Die kinderhuis het geen vaste inkomste gehad nie, maar het steeds die nodige
middele gekry... soms het daar 3 pennies van ’n weduwee opgedaag, maar ook bedrae van £1 000 tot £3 000.” Ander skenkings soos klere, vrugte, groente, meel en slagvee was ook algemeen. Oor die omstandighede in ’n kinderhuis van die tyd, het ’n skrywer van die koerant The Transvaal Critic in 1906 geskryf dat die tehuis skoon en baie higiënies was. Steyn haal hom soos volg aan oor die aktiwiteite in dié huise: “Die kinders bak brood, was klere, wit die mure, skrop die vloere. Hulle maak hul eie seep, hulle beplant die tuine met groente en vrugte. Hulle maak skoene, beddekens, klerekaste en sitbanke. Op honderd maniere word die kinders nuttige dinge geleer nadat hulle elke dag vier uur in die skool deurgebring het.” Die oorlog het ongekende verwoesting gesaai, maar die waardevolle werk wat deur talle kinderhuise regoor die land verrig is, het volgens historici ongekende waarde toegevoeg. Die historikus G.D. Scholtz was van mening dat die kinderhuise duisende Afrikaanse kinders “wat na siel en liggaam verlore kon geraak het” nie net vir die lewe voorberei het nie, maar ook gered het.
71
IN BEWEGING
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Deon de Jager (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse en Ettienne Pio (litigant) • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville
KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572
BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
BOKSBURG Gibbs du Toit (litigant), Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Dana Viljoen (litigant), Fanie Vosloo en Hennie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
NEWCASTLE • • • • •
Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
CARLETONVILLE
Deon Viviers • Administratiewe beampte: Chanelle de Wet • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras
KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu
72
John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Eric Schoeman, Lucindi van Zyl ( junior litigant) en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg
SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda
VAALDRIEHOEK Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes, Jaco van den Berg en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark
Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
ELLISRAS
RICHARDSBAAI
PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth
PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Helgard Cronje, Alfie Hoole, Sta-Sia Engelbrecht, Sulize Esterhuizen, Rene Harmse, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Wynand Strydom en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig
WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Candice Gerber • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom
WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
Uitgawe 4 van 2017 | www.solidariteit.co.za
is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.
“
L is, as jy As jou EIE BEKER VO estelik ge rd, sorg dat jy gevul wo OM UIT ER ME jy t en fisies, dan he rwerk oo jy r ee nn wa as TE DEEL rst wo el met en op is, lelik voel en . ’n warboel emosies
“
Die Groot Ding, lesse en pajamas
Foto’s: Reint Dykema en iStockphoto.com
“P
ajamas is sommer ’n onnodige luukse. Hoekom sal ’n mens nou dieselfde vir ’n stel pajamas betaal as vir ’n ander nuttige kledingstuk? Ek slaap sommer in ’n ou sweetpakbroek en ’n uitgerekte trui.” Tot onlangs toe was hierdie my heel logiese filosofie. Tot en met hierdie winter. Hierdie winter moes ek onverwags ’n ongewenste afspraak nakom. ’n Afspraak met my ginekoloog, ’n narkotiseur en die mes. “Oooeee…” het een van my kollegas met ’n onheilspellende hol stem laat hoor, “niemand het vir my gesê hoe séér dit gaan wees nie… So, nou sê ék maar vir jóú!” Nog ander het vermanend die voorvinger vir my geskud: “Ek ken jou! Jy beter die héle ses weke rus, net soos die dokter sê! Nie bestuur nie, nie swaar goed optel nie… ’n histerektomie is ’n Groot Ding!” Eindelik was ek onder die indruk van die nodigheid om ’n paar dinge in my lewe anders in te rig in voorbereiding op die Groot Ding wat aan die kom was. Met twee gestremde kinders in my huis was daar oorgenoeg swaar dinge om op te tel. Dus het ek ekstra hulp nodig gehad. Ek het ook ’n bestuurder nodig gehad om kos te gaan koop. En, les bes, ek moes my pajamafilosofie wysig. Vir die hospitaal sou die uitgerekte trui en ou sweetpakbroek nie deug nie. Gelukkig was my verjaardagmaand reg aan
www.solidariteit.co.za | Issue 4 of 2017
die begin van die Winter van die Groot Ding. Ek het dus my bonus gehad om ekstra mense vir die twee kinders se versorging te huur. Maar voor ek nog by die pajamas kon uitkom, kom my dogter en my ma elkeen met twee stelle aan. “Pas aan,” sê my ma in haar ma-stem. “Ek wil sien of dit pas.” Ek pas aan. En binne ’n oomblik besef ek dat ek al vir byna ’n hele leeftyd ’n valse filosofie aangehang het. Die pajamas sit soos wollerige, warm wolke teen my vel. Ek word oorweldig deur ’n sterk begeerte om myself lekker op die bed uit te strek, al is dit nog glad nie slaaptyd nie. “Dit pas…” sug ek behaaglik voor ek dit teësinnig uittrek om weer my dagklere aan te trek vir die laaste deel van ’n dol dag. In my hersteltyd ná die Groot Ding leer ek ’n hele paar goeie lesse. Ek leer dat my huishouding vir ses weke lank baie goed kan oorleef sonder my wat aanhoudend soos ’n afkop hoender rondhol. Ek leer dat dit nogal aangenaam – selfs hemels – is om water op my bedkassie en koffie in die bed te kry. En ek leer dat my stelle pajamas my nuwe beste vriende is. Toe leer ek die Les agter die Lesse. Ek het nog nooit pajamas gekoop, koffie in die bed gedrink of iemand anders winkel toe gestuur sodat ek kan rus nie. Toe ek dit skielik moes doen, het dit heeltemal maklik gewerk. So: Is daar nog dinge wat ek myself oor baie jare onnodig ontsê het? ’n Nuwe bloes wat ek nodig het, maar my geld moet alles gebruik word om
dinge vir ’n kind se kamp te koop. Hare wat gesny moet word, maar dis nog nie die einde van die maand nie. ’n Dieet waarop ek wil gaan, maar die ledegeld van die groep is te veel en my skaal is buitendien stukkend… Die sagte pajamawolle teen my vel en die aanslag van die Groot Ding het my laat bewus word van my eie self, my persoonlike behoeftes – fisies en geestelik. Ek is ’n ma, ek is ’n juffrou, maar ek is ook iemand. In die resies om dinge vir ander mense te doen, vergeet ek hierdie eenvoudige feit maar net te maklik. Om in my mense, my gemeenskap of in my werk se diens te staan, is mooi, dis deel van my roeping, maar dis nie alles nie. Selfs die vrou van Spreuke 31, die deugsame vrou, wat opstaan as dit nog nag is om kos te maak, ’n oop hand vir die armes het en geen luiheid ken nie, maak vir haarself mooi dekens en dra klere van linne en wol. As jou eie beker vol is, as jy sorg dat jy gevul word, geestelik en fisies, as jy rus, reg eet, somtyds ietsie mooi koop, dan het jy meer om uit te deel as wanneer jy oorwerk en op is, lelik voel en worstel met ’n warboel emosies wat jy nooit ontknoop nie. Ná ses weke besef ek wat is die eintlike Groot Ding: Balans. ’n Les eksklusief aan my gebring deur vier stelle pajamas met kolle, strepe en ander lawwe prentjies. En ’n ou sweetpakbroek en uitgerekte trui wat nou iewers tussen die skille en eierdoppe in ’n asblik lê…
73