Solidariteit Tydskrif Uitgawe 4 van 2018

Page 1

Groot deurbrake by SAL en Denel ná druk deur vakbond

VENNOOTSKAP MET VIRSEKER VERSTERK

Nóg miljoene belê in Afrikaanse opleiding

NATIONAL HEALTH INSURANCE

Equal bad medical care for all?

UITGAWE 4 VAN 2018 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017

1 Deel van die Solidariteit Beweging



aksentmedia.co.za

Gapingsdekking vir in-hospitaal-tekorte wat nie deur jou mediese skema gedek word nie SMS “MEDGAP” na 43366 en ontvang onmiddellike advies! SMS’e kos R1. Gratis minute geld nie. Standaardnetwerktariewe is van toepassing.

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 15556

Onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Limited

‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 47470


UITGAWE 4 VAN 2018

2018

IN HOUD “Ons is lief vir ons mooi land! Ons kan mos nie dat ’n vrot regering ons laat tou opgooi nie. As ons die regering nie kan keer om skip SA te sink nie, gaan ons REDDINGSBOTE bou om Afrikaners te red. Daarmee saam sal ons steeds alle ander Suid-Afrikaners wat wil SAAMWERK, help waar ons enigsins kan.”

NUUSWAARDIG 6 7 8 10 12 14 16 18 19 20 21 24 25

JOIN AVIATION GUILD THE SOLIDARITY OCCUPATIONAL GUILD FOR AVIATION AIMS TO PROTECT AND PROMOTE ALL OCCUPATIONS IN THE AVIATION INDUSTRY. JOIN OUR GUILD TODAY!

IN BEWEGING

BEDRYFSNUUS

Redakteursbrief: Hoop is ‘n spanpoging Kuberklets: Lede sê hul sê oor aktuele kwessies SpreekBuys: Dáárom het ek hoop vir die toekoms Toekomshoop verdryf die donker wolke Suid-Afrika speel Scrabble, nie skaak nie Virseker help opleidingsmonumente bou Akademia ideaal vir die werkende student Gesondheidsorg op gelyke vlak vir almal Die implikasies van die NGV in ‘n neutedop Numerous concerns about the NHI Unequal access to healthcare in SA Sukkelende SAL stem in tot Solidariteit se eise Denel-hoës kry trekpas ná Solidariteit-druk

26 28 29 30 30 32 32 33 34 34 36 37 40 41 42

Grondhervormingsramp: Van boordensvol tot bouval Mine safety under the spotlight at summit Mining Charter: Union gains several wins in negotiations Aurora: Agt jaar lange geveg dra nou vrug Hlaudi plays cat and mouse with the courts Sertifikaat baan weg vir staking by Sasol GEPF: Focus should be on pensions not politics Internskap: Ondervinding goud werd vir jongmense Skoolhoof kyk terug op goue loopbaan Restoring the credibility of SARS is critical Die pad na meesterskap begin hiér Aviation network: Joining community just one click away Werk- en loonsekerheid steeds onder druk Beroepsgesondheid en -veiligheid: Opleiding bied sambreel van beskerming Solidariteit Regsversekering: Verskans jouself só teen hoë regskoste

NGV: ‘N BITTER PIL OM TE SLUK DIE VOORGESTELDE NASIONALE GESONDHEIDSVERSEKERING SAL ALMAL OOR DIESELFDE (MEDIESE) KAM SKEER. WAT PRESIES BEHELS DIE NGV EN WAT KAN JY TE WAGTE WEES?

44 46 47 48 50 52 54 55 56 57 58 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74

Kill the Boer “diepsnydend en omvattend” Buurtwagte pak misdaad proaktief Die mense, verhale van Derdepoort Toekomshoop: Hier’s my omgeehart en oop hande! Afrikaanse skole: Noodsein binne Beweging beantwoord Regspraak: As ‘n derde party ontslag versoek Hostage negotiators: Unsung heroes in times of crisis Hoe lyk die baas se dagboek? Sol-Tech-span is meesters én mentors Nuwe talent gee stukrag aan Sol-Tech Buckets full of benefits for our members Van boeke tot braaivleis en bekendes Hardwerkende hoop in lewende lywe Herdenkingsrit 2018: Nege ruiters, 200 km, Vrystaatse winter Brutal reality of farm attacks in SA Webwys: Beskerm jou kind se identiteit aanlyn My work: Leave your work at the office Chris Chameleon: Afrikaans ‘n taal so in my kraal My gesin: Leer kleinspan van jongs af om te spaar My geld: Vier stappe tot finansiële sukses Histories gesproke: VOC dra vandag nog handelskroon In Retrospek: Treine, vensters en toekomshoop Solidariteit-kantore: Landwyd tot jou diens Die toekoms van Afrikaans is Virseker



REDAKTEURS BRIEF

*

Nog nie ’n Solidariteit-lid nie? Sluit nou aan! SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. Verander jou kontakbesonderhede by diens@solidariteit.co.za.

BLITSNUUS

Die konstitusionele hof het die Gautengse departement van onderwys se appelaansoek oor die plasing van Engelstalige leerlinge by die Hoërskool Overvaal met koste van die hand gewys. Volgens die hofuitspraak het die departement misluk om enige of voldoende oorweging te gee aan die beskikbare kapasiteit by twee naburige skole. Die Phoenix High School en General Smuts High School bied Engelse onderrig en val in dieselfde voedingsgebied as Overvaal. Die saak kom nadat die departement Overvaal wou dwing om 55 bykomende Engelssprekende leerders in 2018 toe te laat.

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

‘n

is ‘n spanpoging

Kollega het my onlangs geïnspireer met hoe eenvoudig dit kan wees om hoop te skep. Die kleinste inisiatief kan ‘n verskil maak, al is dit net in een persoon se lewe. Daarmee saam het ek ook besef om hoop te skep, en om uit te hou met al die gebeure in Suid-Afrika, baie is soos om ‘n oefenmaat te hê. Een dag motiveer jy die vriend om uit te hou en die volgende dag praat hy of sy jóú weer moed in dat jy kan uithou en moed hou. Klink dit bekend? Daardie dae wat jy jouself probeer flous deur jou oefensak in die motor te laai, maar jy weet jy gaan ná ‘n harde dag eerder net reguit huis toe wil gaan. Daardie oefenmaat is dan jou redding. Hy motiveer jou om te gaan oefen, hetsy deur jou moed in te praat, of jou te herinner aan hoekom jy wil oefen ... Of dalk voel jy bloot skuldig omdat jy belowe het jy sal gaan (volgende keer is jy weer die een wat opgewonde is om te gaan oefen). Om hoop te skep, werk dieselfde. Geen mens kan onophoudelik positief en vol hoop wees nie, en daarom het ons mekaar nodig. Jou hoop-skep-span. Die betrokke kollega waarvan ek praat, het daardie guns aan my bewys. Ek het weer hoop omdat sy gewys het hoe maklik ‘n mens ‘n verskil kan maak in iemand se lewe, al is dit net in een persoon s’n. Ons wy hierdie uitgawe aan hoop skep, uithou en moed hou vir die toekoms. As jy ‘n hoop-skep-vriend nodig het, kan jy altyd by Solidariteit kom kuier (www.solidariteit.co.za). Ons het mekaar nodig om ‘n positiewe toekoms hier in Suid-Afrika te bou. Ons het nodig om mekaar te herinner hoekom ons aan hiérdie toekoms bou en hoe ons dit gaan regkry. Elke dag is nie ewe maklik of moeilik nie, en daarom het jy soms iemand nodig om jou daaraan te herinner. Mag hierdie uitgawe jou bekendstel aan ‘n hoop-vriend wat jou help om moed te hou en self hoop te skep waar ook al jy gaan.

REDAKTEUR

6

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die aantal strooitjies wat DISNEY reken nie meer in hul asblikke gaan beland nie. 13 miljoen stokkies wat gebruik word om drankies mee te meng, sal ook nie meer in temaparke te sien wees nie. Disney is een van talle maatskappye wat besluit het om met plastiekstrooitjies weg te doen. Plaaslik het Ocean Basket lankal dié besluit geneem. Die koffiereus Starbucks het op sy beurt onderneem om teen 2020 van strooitjies, mengstokkies asook plastiek koffiebekers ontslae te raak. Die staat se streekslugdiens SA EXPRESS mag weer sy vlerke sprei, maar slegs met twee vliegtuie. Dit kom nadat dié lugdiens in Mei gestrand gelaat is toe die Burgerlugvaartowerheid probleme met sy vliegtuiginstandhouding asook die lugvaardigheid van 9 van sy 21 vliegtuie opgetel het. Duisende passasiers wat na bestemmings soos Nelspruit, Oos-Londen, Richardsbaai, Windhoek, Gaborone, Kimberley en Bloemfontein wou vlieg, moes inderhaas vlugte op ander lugdienste haal. SA Express is soos die SAL in finansiële moeilikheid. >> Lees meer oor Solidariteit se Lugvaartgilde op bladsy 37.

Het jy geweet: Deur ‘n VIRSEKER-kliënt te wees, dra jy by tot die groei en bevordering van Afrikaans? Die Virseker Trust het reeds R32 miljoen tot Afrikaanse onderwysprojekte bygedra en ingevolge ‘n nuwe ooreenkoms met die Solidariteit Beweging sal nóg meer miljoene in Afrikaanse opleiding en instansies soos Akademia en Sol-Tech belê word. >> Lees meer oor Virseker se belegging in opleiding in Afrikaans op bl. 14 en 74.

Ofskoon die Reserwebank die RENTEKOERS in Julie onveranderd gelaat het, het Lesetja Kganygo, president van die Reserwebank, verbruikers gewaarsku dat vyf rentekoersverhogings oor die volgende paar jaar verwag kan word. Banke se prima uitleenkoers is tans 10%. Die Reserwebank verwag dat inflasie vanjaar gemiddeld 4,8% sal beloop en sal styg tot 5,2% in 2019.

Suid-Afrika se beleërde kragvoorsiener ESKOM het in Julie ‘n leningsooreenkoms van $2,5 miljard (sowat R33 miljard) met die China Development Bank onderteken. Dit kom nadat die kragreus presies ‘n jaar gelede ‘n leningsooreenkoms van $1,5 miljard (ongeveer R19,6 miljard) met dié bank gesluit het om ‘n deel van die Medupi-kragstasie te finansier. Volgens Phakamini Hadeve, Eskom se uitvoerende hoof, sal die jongste lening die kragvoorsiener se befondsing vir die finansiële jaar ‘n hupstoot gee van 22% tot 66%.


KUBER KLETS

Kuberklets, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk

Daar is talle bekommernisse oor die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Die NGV sal ‘n staatsgereguleerde nasionale gesondheidsfonds wees wat essensiële gesondheidsorg en algemene dekking vir alle Suid-Afrikaners op gelyke vlak voorsien. Die staat sal dus ‘n mandjie van dienste saamstel en alles wat binne dié mandjie val, sal slegs deur die staat hanteer kan word. Solidariteit se Facebook-volgelinge het talle bekommernisse uitgespreek: MICHIEL WARD: Met petrol, krag, water en belasting is ons huishoudelike finansies reeds in die rooi. Ek oorweeg dit reeds om my medies oorboord te gooi. Dit krap ‘n mens om as daar aan die middelklas gekrap word wat dit bitter moeilik kan bekostig. MARIAAN BOTES: Suid-Afrika kan die NGV eenvoudig nie bekostig nie. En dit sal net so ‘n mislukking en bodemlose geldput wees soos ander staatsinstellings – Eskom, SAL – noem maar op. Noem een staatsinstelling wat goed funksioneer onder die ANC-regering. Al wat die NGV sal beteken, is dat belastingbetalers nog meer sal betaal en dat daar met mense se gesondheid en lewens gespeel word as gevolg van ‘n gebrek aan goeie gesondheidsorg, dokters en spesialiste.

SANETTE HENNING: Hulle kan dalk alles instel, maar voor staatshospitale nie op standaard is nie, kan niks werk nie. Jong mediese personeel sal die land verlaat. Alle hospitale sal daal tot op staatshospitale se vlak. Suid-Afrika is ‘n land waar gesondheidsdienste, opleiding en veiligheid reeds platgeval het. Die bietjie belastingbetalers se kannetjies is ook al leeggetap. ROSL MOSZ LIEBENBERG: Die sal voorwaar rampspoedig wees as dit ingestel word. LEONIE STEVENSON: Gaan pres. Cyril Ramaphosa en sy gesin hieraan behoort? Malema en Zuma? Wanneer hulle vertroue het in hul eie besluite, kan hulle die volk vra om hul voorbeeld te volg.

WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Jaco Bisschoff MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Danie Brink, Wilmarie Brits, Flip Buys, Chris Chameleon, Lindie de Beer, Reon Janse van Rensburg, Annalise Kempen, Herman Kloppers, Moira-Marie Kloppers, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Ernst Malherbe, Martie Maree, Paul Maritz, Jaco Mostert, Ilze Nieuwoudt, Hannes Noeth, Morné Prinsloo, Nikki Prinsloo, Alet Rademeyer, Nicolette Ras, Francois Redelinghuys, René Roux, Lindie Strydom, Mandy-Michelle Thackwray, Suné van Heerden, Rozier van Tonder, Natasha Venter, Zydelia Venter, Nicolien Welthagen en Jhua-Nine Wyrley-Birch. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

www.aksentmedia.co.za DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng

WAT AS HOËR TAKS KOM OM NGV TE FINANSIER?

Foto’s: iStockphoto.com

A B C

Ek sal my privaat mediese fonds ten alle koste probeer behou, al moet ek op alle ander plekke sny. Ek sal gedwing wees om afstand te doen van my privaat mediese fonds. Ek kan nie ‘n “dubbele” medies bekostig nie. Ek sal ernstig begin uitkyk na plekke oorsee waar ek beter waarde vir my swaarverdiende belastinggeld kan kry.

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

Solidariteit Beweging

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake deur adverteerders nie.

www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

7


SPREEK BUYS

DÁÁROM HET EK HOOP VIR DIE

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

N

et voor die 2010 Sokkerwêreldbeker het die destydse adjunkminister van openbare ondernemings, Enoch Gondongwana, Solidariteit kom sien. Hy wou weet of Solidariteit ’n staking tydens die toernooi sal ondersteun, omdat die regering baie bekommerd was oor ’n ineenstorting van die kragnetwerk voor die oë van die hele wêreld. My antwoord aan hom was reguit: Ons hou nie van die onbevoegde regering nie, maar ons is lief vir ons mooi land, en sal nie ’n onwettige staking ondersteun nie. Solidariteit se Eskomlede het sterk gevoel oor ’n billike verhoging, maar was van mening dat ’n verlammende staking so kort ná die 2008-ekonomiese krisis ’n verwoestende uitwerking op derduisende mense se werk sou hê. Die punt wat ek met hierdie staaltjie wil maak, is dat daar vir my ’n onderskeid is tussen die regering en die land. Daar is min dinge wat die regering doen wat my moed gee – inteendeel. Maar dit beteken nie dat ek moedeloos is nie. Daar is genoeg ander bakens wat my moed en hoop gee vir die toekoms. Ons kan mos nie dat ’n vrot regering ons laat tou opgooi nie. Dis nie die eerste krisis waarin ons beland nie, en ons sal weer anderkant uitkom. Ons was al daar, en ons is nog steeds hier.

8

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

REDDINGSBOTE Dit beteken beslis nie dat ons berus by die regering en baie van sy ondersteuners se verwoesting van die land nie. Dit beteken net dat ons iets daaraan wil doen – ons kinders bly ook mos hier. Ons is egter nie in ’n posisie om die hele land te “red” nie. Ons beheer nie die staat, sy magbronne of sy belastinginkomste nie. Hulle word mos verkies, betaal en met ons belasting gefinansier om “dienste” te lewer. Daarom kan ons nie vir alles en almal verantwoordelikheid neem, terwyl die regering en die meeste ander niksdoen-organisasies in die land net doelloos sit en kyk hoe ons hulle werk doen nie. Ons kan hoogstens verantwoordelikheid neem vir ons as gemeenskap se toekoms, wat al moeilik genoeg is weens die swak regering wat boonop nog teen ons regeer. In kort, hoewel ons altyd ’n hand van samewerking na die owerhede uitsteek om die land te help red, wil ons die vermoë opbou om ons gemeenskap te red. As ons hulle dan nie kan keer om skip SA te sink nie, gaan ons reddingsbote bou om Afrikaners te red. Daarmee saam sal ons steeds alle ander Suid-Afrikaners wat wil saamwerk, help waar ons enigsins kan. BAKENS VAN HOOP Wat is die bakens van hoop waarna ek verwys? • DIE PRIVAAT SEKTOR. Die privaat sektor vat al meer “staatsdienste”

oor en doen dit beter. ’n Vriend het byvoorbeeld sy paspoort in ’n japtrap by ’n bank gekry, waar Binnelandse Sake nou ’n lessenaar het. RASSEVERHOUDINGS. Politieke verhoudings is swak, maar persoonlike verhoudings is goed. Kom ons hou dit so. Behandel ander met die respek waarmee jy behandel wil word. SAMEWERKING. Solidariteit word al meer betrek deur die owerhede en invloedryke dinkskrums wat oplossings vir die nasionale krisis probeer kry. Hoewel ons boodskap dat sosialisme onwerkbaar is, nog nie oral aanvaar word nie, word daar darem al deeglik geluister. ANC-VERDEELDHEID. Ons kan dalk ná die volgende verkiesing met ’n koalisieregering sit, wat die ANC se wurggreep op die land kan verlig. STAATSVERSWAKKING. Die staat se verswakking skep ruimte vir almal. Ek glo byvoorbeeld dat die onbekostigbare en onwerkbare NGV (Nasionale Gesondheidsversekering) nie ’n renoster is wat op ons afstorm nie, maar ’n skilpad. Dit gaan nog jare duur, en die werklikheid gaan die beoogde planne nog heeltemal verander. Dieselfde geld vir talle ander politieke foefies, wat nie lank ná die verkiesing gaan oorleef nie. BUITELANDSE DRUK. Die ANC kry al meer die wind van voor, en kort voor lank gaan hierdie winde


SPREEKBUYS

van verandering stormsterkte word. Terselfdertyd kry ons al meer begrip van buitelandse regerings, simpatie van buitelandse media, en druk van internasionale organisasies op die regering. Suid-Afrika se ekonomie is nie eers 1% van die wêreldekonomie nie, en is as ’n baie oop ekonomie uiters kwesbaar vir buitelandse druk. Soos die regering nou met die ekonomie aangaan, is dit nie ondenkbaar dat die Internasionale Monetêre Fonds eersdaags die regering prakties onder “administrasie” gaan plaas om dinge reg te ruk nie. KRISIS BRING OPLOSSINGS. Die ekonomiese syfers meet die gehalte van ’n land se regering, en die regering dop hierdie toets loshande. Hulle sal moet hervorm – daar is nie meer ander opsies oor nie. TEGNOLOGIE. Die opkoms van tegnologie bied al meer oplossings vir swak regering, vanaf misdaadbekamping tot maniere om ’n inkomste te verdien. Net op jou selfoon kry jy nou talle dienste waarvoor jou ouers van die staat afhanklik was: Jy het toegang tot biblioteke vol inligting, en jy kan briewe pos, oproepe maak, na die weervoorspelling kyk, aankope doen en selfs uitkyk vir werkgeleenthede. VERVAL SKEP VOLHOUBAARHEID. Die verval van die meeste klein plattelandse dorpe is hartverskeurend, en lyk permanent. Dit lei reeds tot ’n nuwe “groot trek” na groter streeksdorpe en stede, wat húlle dan meer volhoubaar maak. Waar talle skole, hospitale, ouetehuise, gemeentes, munisipale dienste, veiligheid, infrastruktuur en besighede in klein dorpies verval, bring die “groot trek” groter konsentrasies mee wat meer volhoubaar is. Afrikaners se bestaansprobleem is nie ons klein getalle nie, maar ons yl verspreiding, wat veroorsaak dat ons orals ’n minderheid met dieselfde probleme is. Die oplossing lê in groter konsentrasie in “ankerdorpe”, wat dan weer in staat is om dienste aan kleiner dorpies te lewer. KULTURELE KAPITAAL. Hoewel ek as gevolg van die swak regering nie altyd moed vir die land het nie, het ek steeds moed vir Afrikaners. Dit is so dat die regering talle “anti-wit” wette maak, maar een van die lesse van Zimbabwe is dat dit meer

“anti-swart” gevolge gehad het. Die Zimbabwiese boere het wel baie verloor, maar hulle het die ondernemingsgees en vaardighede gehad om weer elders ’n sukses van iets anders te maak. Tragies genoeg het hulle werkers hul werk verloor en die meeste gely onder hulle eie regering se rampspoedige wette. Ons kan niks doen aan die regering se dom wette nie, maar ons kan onsself teen die meeste gevolge verskans. Afrikaners het nog altyd die beste presteer as ons onder druk is. Nie net het ons ná die verwoestende Anglo-Boereoorlog weer die land opgebou nie, maar nadat ons ná 1994 uit die staat en openbare ondernemings gedryf is, het ons met groot sukses die privaat sektor betree. Ons het die wil en vermoë om weer bo uit te kom. WERKYWER. Hoewel die regering met rassewette sy bes doen om witmense te benadeel, is werkloosheid onder witmense sowat 7% – ’n breukdeel van die algemene werkloosheidsyfer. Die rede is nie omdat hulle nie hard genoeg probeer om ons werkloos te maak nie, maar omdat Afrikaners se goeie onderwys, ondernemerskap, werkywer en vindingrykheid ons aan die werk hou. ’n Boer maak ’n plan, het die oumense gesê. PRESTASIEKULTUUR. Die linkses onderskei nie tussen bevoorregting en prestasie nie. Hulle sien byvoorbeeld die goeie prestasie van Afrikaanse skole as “bevoorregting,” en besef nie dis die harde werk, toewyding, opofferings en prestasiekultuur wat die rede vir die prestasie is nie. AFRIKANERPATRIOTISME. Hoewel Afrikaners deesdae verguis word en self oortuig is dat ons nie kan saamstaan nie, het daar ongesiens ’n gesonde Afrikanerpatriotisme ontwikkel wat nie teen ander groepe gerig is nie, maar onderlinge samewerking bevorder. Die diep verdelingslyne het versag, en die feit dat die Solidariteit Beweging nou al 450 000 lede het wat saamwerk, is ’n goeie teken van hierdie ontluikende patriotisme. REGERING KAN VERANDER. Hoewel dit soms lyk of die regering die land wil laat misluk, bly daar hoop dat daar veranderings kan kom. Die groeiende krisis in die land en druk van binne en buite die land kan dalk

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

tot verandering lei – al is dit dan omdat hulle móét en nie omdat hulle wíl nie. Kom ons hoop Churchill se woorde oor die Amerikaners word ook vir hierdie regering waar: “Hulle doen uiteindelik die regte ding, maar ongelukkig eers nadat hulle al die ander alternatiewe uitgeput het.” • ONDERHANDELDE OOREENKOMS. Invloedryke geleerdes bepleit al lank dat die regering ’n nuwe ooreenkoms moet onderhandel wat die grondliggende belange van alle groepe beskerm. Die regering was tot dusver onwillig, omdat hulle glo net húlle het die oplossings vir die land se probleme. Tog word die omstandighede wat die regering sal dwing om ’n oplossing te onderhandel, ál gunstiger. Dit is onder meer ’n nasionale krisis, die besef dat niemand so ’n krisis alleen kan oplos nie en dat almal mekaar nodig het, eenstemmigheid dat ’n nuwe onderhandelde skikking nodig is, ’n nuwe leier of nuwe regering wat na nuwe voorstelle sal luister, en ’n relatiewe magsewewig tussen die verskillende groepe. • SOLIDARITEIT BEWEGING. Ek het al dikwels gesê ons kan nie keer dat die see onstuimiger word nie, maar ons kan ons skepe sterker bou. Dis wonderlik om die geweldige vordering te kon beleef wat ons Beweging die afgelope jare gemaak het! Ons strategie om groeiende selfbestuur te bou met ’n netwerk van al sterker selfhelporganisasies, goed georganiseer in ’n moderne helpmekaarbeweging, is besig om te sneeubal. Ons doel is om ’n hoopvolle toekoms tot voordeel van almal in die land te skep. Want soos ek vir die minister gesê het, al hou ons nie van die regering nie, is ons lief vir die land! www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

9


NUUSWAARDIG

Ons lede is die brandstof wat reeds in Suid-Afrika ’n groot vuur van HOOP laat brand en met selfvertroue wys dat daar nie net donker in ONS LAND SE TOEKOMS hoef te lê nie.”

verdryf die donker wolke DEUR MOIRA-MARIE KLOPPERS

Foto: iStockphoto.com

H

oop is wanneer onweerswolke ’n skadu oor gekraakte aardkors gooi. Dit is wanneer ’n saadjie wortel skiet nog voordat die druppels val. Dit is ’n vlammetjie wat brand, ongeag die diepte van die donker om hom. Dit is die keuse om te fokus op wat jy kán doen – hoe klein dit ook al mag wees – binne ’n omgewing waaraan jy weinig kan verander. Is daar ’n hoopdroogte in Suid-Afrika? Mense voel magteloos en bang. Is daar nog ’n toekoms? Vir hoe lank sal ek my plek my eie kan noem? Is daar vir my ’n plekkie op die volgende trap van die loopbaanleer? Gaan ek kan oorleef nadat ek aftree? Hoe gee ek vir my kinders die beste opleiding dat hulle ’n kans kan kry in ons ekonomie wat uitsluit eerder as lok? Hoe verseker ek my gesin se veiligheid? En hoe lank kan ek staatmaak op goeie sorg vir hulle gesondheid? Hoeveel druk kan my siel en my sak nóg hanteer? Ja, al dié dinge maak dit maklik om moedeloos te voel. Om net die donker raak te sien. Te begin uitkyk vir groener weivelde anderkant die groot water. ’n Vuurhoutjie benodig egter net ’n klein vonkie om vlam te vat en net so verg dit

10

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

soms ’n enkele groep vasbyters wat voorloop en ’n gemeenskap weer saam op ’n toekoms laat hoop. Die Solidariteit Beweging is ’n familie van instellings wat op verskeie fronte, nes vuurhoutjies, die vonk van hoop is wat vlamme van hoop in gemeenskappe aansteek. Dié hoop vat vinnig vlam waar gemeenskappe graag saamstaan en saamwerk. • Solidariteit is ons beskermingsvonkie. Ons mense verdien beskerming in die werkplek. • Solidariteit se opleidingsinstellings, Akademia, Sol-Tech en S-leer, is ons opleidingsvonkie. Ons sál aan ons kinders die beste moedertaalonderrig bied. • Die Studiefondssentrum en Skoleondersteuningsentrum is ons ondersteuningsvonkie. Ons jongmense sál in staat gestel word om te kan studeer en onderwysers sál toegerus word om ons kinders tot op die hoogste vlak op te lei. • Solidariteit Helpende Hand is ons opheffingsvonkie. Ons sál kleuters voed en hulle op dieselfde voet as hul maatjies laat wegspring wanneer hulle in graad 1 die klaskamer aandurf.

• AfriForum is ons gemeenskapsvonkie. Ons sál bly fokus op gemeenskapsveiligheid en diensleweringsaktivisme. Sonder ’n vonk kan ’n vuur nie begin nie. Maar ’n vonk kan net ’n groot vuur word wanneer daar ’n gewillige gemeenskap is wat bereid is om die vlammetjie te voer en te laat brand. Ons lede is die brandstof wat reeds in Suid-Afrika ’n groot vuur van hoop laat brand en met selfvertroue wys dat daar nie net donker in ons land se toekoms hoef te lê nie. Is daar baie dinge om oor bekommerd te wees in Suid-Afrika? Ja. Is die oplossings vir al die probleme in ons hande? Nee. Maar daar is altyd iéts wat ’n mens kán doen. Watter gawes het die Here aan jóú toevertrou om hoop te bring? Is dit dalk ’n strategiese visie of ’n kop wat prakties kan dink om dinge gedoen te kry? Dalk het jy baie en kan jy hoop bring deur uit te reik en te deel. Of jou hande kan dalk help vorm aan die volgende geslag. Waarvoor jy ook al geroep is, doen dit met oorgawe. Laat jou lig skyn. Word deel van die Solidariteit Beweging. ’n Familie waar ons elke dag probeer kyk wat ons kán doen, en waar ons inderdaad reeds baie doen. Toekomshoop is moontlik.



NUUSWAARDIG

Suid-Afrika speel SCRABBLE, nie skaak nie In Suid-Afrika voel dit soms of ’n mens op ’n skaakbord beweeg. As jy die koerante glo, is alles eenvoudig óf wit, óf swart – niks tussenin nie. Herhaaldelik word vertel dat Suid-Afrika se verhaal ʼn stryd tussen rasse is, eenvoudig gebaseer op kleur, en alles anders is sekondêr. DEUR CONNIE MULDER

Foto’s: Martie Maree & iStockphoto.com

P

olitici, joernaliste en selfs regters het volledig ingekoop in Suid-Afrika as ’n wit/swart-land, ’n skaakbord. Ons sit dus met ’n publieke leierskorps wat vas glo dat Suid-Afrikaanse burgers hulleself volgens ras indeel. Elke regeringsvorm, elke aansoek, alle fasette van die Suid-Afrikaanse lewe word oorheers deur die swart-enwit skaakbord. Dit is waarom die Instituut vir Regverdigheid en Versoening se 2017 Rekonsiliasiebarometer so ongelooflik interessant is. Die studie word al sedert 2003 onderneem ten einde die pas en stand van versoening in Suid-Afrika te meet. Mense word ’n wye verskeiden-

12

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

heid vrae gevra oor allerhande aspekte van hulle identiteit en hul persepsies oor Suid-Afrika. Een van die eerste vrae stel: “As wat identifiseer jy primêr?” Hierdie vraag het ten doel om te bevestig as wat SuidAfrikaanse burgers hulleself eerstens sien. Die meerderheid mense het hul moedertaal as hul primêre identiteit aangegee. Nie net verkies hulle om hulleself volgens taal te identifiseer nie; meer as die helfte het gesê die primêre identiteit is baie belangrik. Drie uit vier mense het gesê dat dié identiteit hulle laat goed voel oor hulleself, hulle belangrik laat voel en hulle veilig laat voel. Dit is ’n verbysterende bevinding. Suid-Afrika se burgers identifiseer

eerstens op grond van taal, en by implikasie kultuur, en voel besonder sterk en trots daaroor. Die eenvoudige wit/swart retoriek wat nou al vir dekades die meesterverhaal geword het, het nie die gewenste uitwerking gehad nie. Suid-Afrika is veel eerder ’n land van elf tale as een van vier rasse. Suid-Afrikaanse burgers speel veel eerder die taalspeletjie Scrabble, as eenvoudige wit/swart skaak. Hierdie selfidentifisering word verder bevestig deurdat slegs 3,7% van respondente gemeen het taal is die primêre verdelende faktor in Suid-Afrika. Hierdie feit staan in skrille kontras met die regering se meesterverhaal dat taal die verdeler is, veral as dit by skole kom.


NUUSWAARDIG

Die meeste Suid-Afrikaners identifiseer met hulle taal, voel sterk daaroor, en dink nie dit veroorsaak verdeling nie. Nie net speel hulle Scrabble nie, hulle geniet dit en dink nie veeltaligheid veroorsaak probleme nie. Hierdie bevindings bevestig tendense wat opgetel kan word uit 2011 se sensusdata. Indien die sensusdata op wykvlak ondersoek word, sien ’n mens dieselfde self-identifisering op taalgronde uitspeel. Daar is geen stereotipiese swart of wit wyk nie, veel eerder Afrikaanse, Engelse, Setswana, Sesotho, isiXhosa en isiZulu wyke. Indien Suid-Afrikaanse burgers die geleentheid gegee word om vrylik te beweeg en te bly waar hulle wil, is hulle geneig om by mense van hul eie taal of kultuur te bly. Hierdie is nie verstommend nie, dit is internasionaal eintlik die norm. Die gevolg is dat daar ’n skeiding ontstaan tussen wat die Suid-Afrikaanse publiek ervaar en kies, en wat die Suid-Afrikaanse leierskorps probeer afdwing. ’n Mens sou verwag dat daar beweeg word na veeltalige Scrabble

eerder as die wit/swart skaakbord, maar tog gebeur die teenoorgestelde tans. Ons politieke retoriek raak al meer gepolariseer in terme van ras. Die regerende idee dat mense volgens ras behoort te identifiseer, word ten spyte van die werklikheid, net eenvoudig afgedwing.

Hierdie werklikheid, die een van veeltalige Scrabble, is een wat Solidariteit daagliks beleef en uitleef. By Solidariteit beweeg ons veel eerder op taal- en kultuurterrein as op ras. Suid-Afrika se Grondwet maak voorsiening vir organisering op grond van taal en kultuur in artikel 30 en 31. Ons probeer bloot hierdie grondwetlike ruimtes tot die maksimum uitbou en benut.

Ons doen dus niks onwettigs nie. Gemeet teen die res van Suid-Afrika, is ons wel die uitsondering: ’n organisasie wat op taal- en kultuurvlak beweeg. Ons verdeel Suid-Afrika veel eerder op die vlak wat sy burgers self verkies. Ons besef dat die wye verskeidenheid tale en kulture in Suid-Afrika iets is wat gekoester en uitgebou moet word, nie iets is wat doodgewurg moet word deur verengelsing en rasbeheptheid nie. Suid-Afrika is nie ’n eenvoudige wit of swart land nie. Dit is eerder ’n klomp kultuurgemeenskappe wat saam bly en werk tussen die Limpoporivier en die Kaapse Waterfront. By Solidariteit speel ons eerder veeltalige Scrabble as wit/swart skaak. Dit spruit duidelik uit ons sterk standpunte rondom taal en kultuur. Ons is ook al meermale hof toe vir moedertaalonderrig en teen die verwatering van kultuur. Ten spyte van druk op die breër publiek deur leiers om die wit/swart skaakbord as normaal te aanvaar, moet ons sterk staan op taal- en kultuurregte en besef: ons is in goeie geselskap. Die meeste mense speel ook veel eerder Scrabble.

www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

13


NUUSWAARDIG

VIRSEKER help opleidingsmonumente bou Daar is min dinge wat jy nie in Afrikaans tot op die letter kan uitbeeld nie. Dit is ‘n kleurryke en passievolle taal. Virseker is Suid-Afrika se eerste korttermynversekeringsproduk eksklusief in Afrikaans. En omdat Afrikaans so na aan Virseker se hart lê, is daar besluit om die Virseker Trust te stig, skryf LIZE-MARI LABUSCHAGNE en REON JANSE VAN RENSBURG.

Foto’s: Martie Maree & iStockphoto.com

D

ie Virseker Trust is geskep met een doel – om die welvaart en voortbestaan van Afrikaans te verseker. Elke maand word ‘n gedeelte van al die Virseker-premies geneem en in die trust geplaas, teen geen bykomende koste nie. Die fondse uit die trust word hoofsaaklik vir die bevordering van ‘n verskeidenheid opleidingsprojekte aangewend. Deur ‘n Virsekerkliënt te wees, dra jy by tot die groei en bevordering van Afrikaans. Die vennootskap tussen Solidariteit en Virseker was ‘n baie natuurlike passing wat dit nou moontlik maak dat Solidariteit se Afrikaanse opleidingsinstansies, Sol-Tech en Akademia, vinniger kan uitbrei, met meer kursusse en grade en ‘n volwaardige eie kampus. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit en die voorsitter van die Virseker Trust, sê: “As jy jou versekering by Virseker uitneem, verseker jy nie net jou motor en huisinhoud nie, maar ook ’n jongmens se toekoms.” Elke Virseker-kliënt dra met trots by tot projekte soos dié:

14

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

AKADEMIA Akademia is ’n privaat hoëronderwysinstelling wat aan jou die geleentheid bied om ’n ten volle geakkrediteerde kwalifikasie te verwerf, met behulp van interaktiewe nauurse klasse in Afrikaans, by studiesentrums landwyd en in Namibië. Die toekoms van Afrikaans by universiteite lyk onseker, maar by Akademia lyk die toekoms blinker as ooit. In haar sewende jaar van bestaan groei Akademia steeds elke jaar teen ‘n vinnige pas. Akademia bied ‘n verskeidenheid studierigtings aan om jongmense se loopbaan te verseker, en ontwikkel deurlopend verdere grade. Akademia doen ook voortdurend aansoek vir nuwe akkreditasies. Ongeveer 30 graad-aansoeke word aan die einde van 2018 vir akkreditasie ingedien. SOL-TECH Sol-Tech bied formele opleiding in sewe ambagte aan. Dié tegniese opleidingskollege, wat tans in sy 11de jaar van bestaan is, beoog om mettertyd kursusse in ander skaars vaardighede ook aan te bied. Solidariteit beplan om in die nabye toekoms ‘n kampus te ontwikkel wat

Sol-Tech in staat sal stel om sy kursusse uit te brei en ander skaars vaardighede ook daarby in te sluit. Hierdie uitbreiding kan nie oornag gebeur nie en fondse is van kardinale belang. SKOLEONDERSTEUNINGSENTRUM Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het verskeie vakverenigings en bied goeie opleiding en ondersteuning vir onderwysers. Daar is reeds spesifieke vakverenigings vir Wiskunde-onderwysers, Afrikaans-onderwysers en grondslagfase-onderwysers. SOS-lede kry ook toegang tot die Wolkskool – ’n aanlyn platform wat aan Helpende Hand-ondersteuners toegang gee tot opvoedkundige video’s wat op aanvraag beskikbaar is. By elke video word die notas asook ’n kort werkkaart gratis beskikbaar gestel. Al die inhoud is beskikbaar op die OnsSkoolportaal vir verskeie vakke van graad 4 tot 12. Die SOS het ook ’n eie aanlyn winkel: ’n Afrikaanse webblad waar onderwysers, ouers en leerlinge produkte soos eksamenvraestelle, toetse en werkkaarte aanlyn kan koop en verkoop. • Kry vandag jou verpligtingvrye kwotasie by Virseker en bou aan ‘n toekoms terwyl jy jou huidige bates beskerm. SMS “Virseker” na 47552 en Virseker sal jou terugskakel.



NUUSWAARDIG

Ideaal vir die WERKENDE STUDENT DEUR ZYDÈLIA VENTER

Foto’s: Carolien & Ben Photography

D

ie uitdagings om te studeer terwyl jy werk, is groot. Die nodige ondersteuningsraamwerk – soos ’n betroubare en toeganklike hoëronderwysinstelling wat die nodige bystand bied – sal jou reistog na ’n kwalifikasie vergemaklik. Akademia posisioneer haarself as ’n akademiese instelling wat aan Afrikaanssprekendes bedryfsrelevante onderrig bied – onderrig wat by die besige, werkende student se skedule pas. Dié instelling doen dit deur afstandsonderrig met ’n nauurse klaservaring te kombineer. Deur gevorderde tegnologie te gebruik, word lesings in gerieflike tye landwyd en in Namibië aangebied, al is

16

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

die dosente by die Akademia-hoofkantoor geleë. Die nauurse klasse by Akademia help die student om deurlopend gefokus te bly ten spyte van hulle werkverpligtinge. Studente kan regstreeks vrae aan dosente of medestudente vra sonder om op hul eie met die kursusmateriaal te stoei. Studente kry ook toegang tot klasopnames om later weer klasse in hulle eie tyd te hersien. Daar is verskeie ander redes waarom dit voordelig vir werkendes kan wees om by hierdie instelling te studeer. Werkendes kry akademiese konsepte en begrippe makliker onder die knie omdat hulle reeds prakties sommige van daardie aspekte in die

werkplek toepas. Verder is Akademia se studiegeld goedkoper as die meeste instellings s’n. Om alles te kroon, kry Solidariteit-lede 20% afslag op studiegeld by Akademia. Indien jy ’n voornemende student is wat meer oor Akademia se tegnologies gevorderde onderrigmodel te wete wil kom, kan jy in September ’n inligtingsessie by een van die instelling se studiesentrums bywoon. Die inligtingsessies word regstreeks vanuit die ateljee in Centurion uitgesaai om vir voornemende studente eerstehands te demonstreer hoe klasse by hulle naaste Akademia-studiesentrum uitgesaai word. Maak seker jy kom ervaar jou eerste klas by Akademia. • Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting.



NUUSWAARDIG

Gesondheidsorg op GELYKE VLAK vir almal DEUR NICOLIEN WELTHAGEN

Foto: iStockphoto.com

D

ie beplande Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal ’n staatsgereguleerde nasionale gesondheidsfonds wees wat noodsaaklike gesondheidsorg en basiese dekking vir alle Suid-Afrikaners op gelyke vlak voorsien. Die staat sal dus ’n mandjie van dienste saamstel en alles wat binne hierdie mandjie val, sal slegs deur die staat hanteer kan word. Die administrasie van die fonds sal ook deur die staat behartig word. In dié stadium maak die staat geen geheim daarvan nie dat daar rantsoenering sal plaasvind sou daar tekorte ontstaan. Die NGV sal “alle” gesondheidsdienste namens verbruikers, of dan pasiënte, koop en voorsien. Die pakket wat aangebied gaan word, word gebaseer op die basiese voordele wat mediese fondse tans bied, maar dis nog nie duidelik wat presies aangebied gaan word nie. Dokters, toerusting, medisyne en

18

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

ondersteuningsdienste gaan so versprei word dat almal gelyke toegang daartoe het. Dit beteken dat gesondheidspraktisyns ingedeel sal word in die areas of wyke waar die grootste nood bestaan, dat hulle slegs binne daardie wyk werksaam sal wees en dat al hulle pasiënte vanuit daardie wyk sal kom. Die vergoeding van gesondheidspraktisyns sal ook ooreenkomstig die nood van die betrokke wyk bepaal word. Almal in die land sal ’n verpligte progressiewe en proporsionele bydrae tot die NGV maak – ooreenkomstig hulle vermoë om te betaal. Almal het dus dieselfde mediese dekking en voordele, ten spyte van sosio-ekonomiese status. Die NGV sal deur middel van belasting gefinansier word. Hierdie belasting sal die plek inneem van normale betalings aan mediese fondse. Dit is onduidelik in watter mate privaat mediese fondse ná die instelling van die NGV sal voortbestaan. Indien hulle steeds bestaan, sal dit

wees om aanvullende dienste te dek wat buite die NGV se mandjie val. Die NGV-fonds sal alle dokters en gesondheidsorgverskaffers in die openbare en die privaat sektor betaal. Die rol van privaat gesondheidspraktisyns en hospitale is tans nog baie onduidelik. Dit kan wees dat hulle slegs aanvullende dienste sal lewer. Die NGV sal alle medisyne en toerusting koop en uit die fonds daarvoor betaal. Hospitale, mediese praktisyns en ander instellings sal nie die vryheid geniet om self hul toerusting en medikasie aan te koop nie. Alle aankope sal slegs deur die fonds, soos geadministreer deur die staat, plaasvind. Die staat sal kan besluit watter behandeling verskaf mag word en watter diagnostiese toetse gebruik mag word. Openbare en privaat gesondheidsorgverskaffers sal by die NGV geakkrediteer moet wees en sal deur staatsinspekteurs gekontroleer word.


Die implikasies van die NGV in ‘n neutedop DEUR NICOLIEN WELTHAGEN EN MORNÉ MALAN

SÓ RAAK DIT JOU • Die NGV is verpligtend vir alle burgers en wettige langtermyninwoners van Suid-Afrika. Jy gaan nie ’n keuse hê of jy daaraan wil behoort of nie. Dit is nie duidelik hoe immigrante hanteer sal word nie. • Wanneer jy mediese dienste nodig het, sal jy na ’n fasiliteit moet gaan wat deur die regering goedgekeur is. • By die goedgekeurde fasiliteite sal jy slegs die toetse, behandeling en medisyne wat die staat beskikbaar gestel, goedgekeur en aangekoop het en wat deur die staat verskaf word, kan ontvang. • Jy sal geen heffings of bybetalings hoef te betaal nie. • Huidige belastingvoordele (belastingkrediet of -terugbetalings) op grond van jou mediesefondsbetalings, asook subsidies op mediese fondse (dit beloop sowat R20 miljard per jaar), sal voortaan nie meer aan individue uitbetaal word nie, maar direk in die NGV-fonds gestort word. Mense met ’n mediese fonds kry ’n belastingkorting van R3 636 per jaar – of R303 per maand. ’n Persoon met ’n afhanklike op die mediese fonds sal R606 minder belasting per maand betaal. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het destyds gesê die belastingkrediet is onbillik. • Daar word voorspel dat tot twee miljoen mense dan nie meer privaat mediese sorg sal kan bekostig nie en ook op die staat se reeds oorvol mediese instellings aangewese sal wees. • Hoewel daar nog geen duidelikheid is nie, blyk dit dat mense steeds aan privaat mediese fondse sal kan behoort vir dienste en sorg wat nie deur die NGV verskaf word nie.

SÓ RAAK DIT DOKTERS • Dokters sal hulle koste van die regering moet verhaal teen tariewe waaroor die regering sal besluit. As gevolg van die reuse-administrasie

wat hiervoor vereis word, sal hulle waarskynlik baie lank vir betaling moet wag. • Tegnologie, diagnostiese toetse en voorskrifmedikasie sal voorgeskryf word op grond van dit waarvoor die staat betaal het en met wie kontrakte vir toerusting en dienste gesluit is. • Hoewel die detail nie duidelik is nie, sal die tariewe wat mediese personeel vra, heel moontlik beperk, gereguleer en voorgeskryf word: “Een standaardprys vir dienste”. • Dokters en ander mediese personeel kan verplig word om in sekere gebiede te werk of om ’n deel van hul tyd vir openbare diens aan te wend.

SÓ RAAK DIT MEDIESE FONDSE

Ongeveer 8,8 miljoen mense uit ’n totale bevolking van 55,5 miljoen behoort tans aan ’n mediese fonds. • Mediese fondse, veral die kleiner privaat fondse en alle mediese fondse van die staat, sal tot niet gaan. Groter fondse sal slegs bykomende dekking bied vir die dienste wat nie deur die NGV gebied word nie. • Wanneer die NGV in werking is, sal mediese fondse toegelaat word om slegs bykomende dekking en dienste te bied wat nie deur die NGV verskaf word nie. Groot finansiële en werkverliese word vir die privaat sektor voorspel. • Ook in hierdie geval sal wetgewing verander moet word en sal die Wet op Mediese Skemas van 1998 herskryf moet word. In paragraaf 402 van die NGV word soos volg verklaar: “In die toekoms sal alle mediese skemas slegs aanvullende dekking bied vir dienste wat nie by die gesondheidsdiensvoordele en medisyne wat deur die NGV se Voordeleadvieskomitee goedgekeur is, ingesluit is nie. Die dekking wat deur mediese skemas verskaf word, moet die NGV-diensvoordele slegs aanvul (en nie dupliseer nie). As deel van hierdie werk sal ’n volledige hersiening van die bestaande stelsel van Voorgeskrewe

Minimum Voordele vereis word, met inagneming van die siektelas en veranderende bevolkingsdemografie. Dit sal verseker dat die grootste moontlike toegang tot gesondheidsorgdienste vir almal binne beskikbare hulpbronne aan die bevolking verleen word.”

SÓ RAAK DIT DIE EKONOMIE • 6 miljoen belastingbetalers sal die koste van die NGV moet dra vir die meer as 50 miljoen mense wat van die dienste gebruik sal maak. • Die regering sal meer as 100 000 bykomende staatsamptenare in diens moet neem om die NGV aan die gang te hou. • Die privaat mediese sektor sal groot verliese ly. Mediese en farmaseutiese maatskappye kan besluit om die land te verlaat.

DRIEDUBBELE BELASTING?

D

it is onseker hoeveel dit presies gaan kos om die NGV, wat eintlik ’n de facto nasionalisering van gesondheidsorg voorstel, te finansier. Volgens die aanvanklike wetsontwerp sou dit in 2010 ’n addisionele fiskale uitgawe van ongeveer R71,9 miljard tot gevolg gehad het. Aangepas vir inflasie sal dit teen 2025, wanneer die wet veronderstel is om in werking te tree, meer as R100 miljard jaarliks beloop. Hiervoor sal nuwe belastings gehef moet word, of bestaande belastings sal meer opbrengs vir die regering moet inbring. Die saak word verder vererger deurdat ons nêrens naby die 3,5% deurlopende en volgehoue ekonomiese groei is wat die aanvanklike wetsontwerp voorgestel het nie. Trouens, deels as gevolg van die verlangsaming in groei moes die regering reeds BTW met ’n persentasiepunt opstoot. Wat beplan die regering dus om te doen? Die primêre meganismes wat hulle beoog om te gebruik, is ’n verdere verhoging van betaalrolbelasting (PAYE), persoonlike inkomstebelasting, en BTW. www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

19


NEWSWORTHY

83 000 THE CURRENT SHORTAGE OF HEALTHCARE WORKERS IN SOUTH AFRICA

25% PERCENTAGE OF DOCTORS WHO HAVE COMPLETED THEIR TRAINING, THAT LEAVE THE COUNTRY

Numerous concerns about the NHI BY NICOLIEN WELTHAGEN AND MORNÉ MALAN

T Photograph: iStockphoto.com

he National Health Insurance (NHI), as envisaged at present, will be the largest state institution in the history of South Africa. Given the omnipresent mismanagement in state institutions, this is an immense source of concern. MANAGING OF ASSETS, MEDICATION AND EQUIPMENT It is not clear how the purchasing and management of assets, medication and equipment are going to work, or how and by whom it is going to be distributed. The fact that the state will be the sole purchaser means that any errors in this regard could have drastic consequences. A central fund has to be managed perfectly to be effective. When the risk is spread among a multitude of funds and institutions, some of them could intervene and make up where others fail. MAINTENANCE OF EQUIPMENT AND INFRASTRUCTURE The question as to how maintenance of infrastructure and equipment will be

20

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

managed remains unanswered. Also, it is not clear what incentive state hospitals or practitioners will have to maintain equipment that is not funded by themselves, or how health practitioners will be motivated to improve their service if it is not linked to any tangible reward. EFFECTIVENESS Effectiveness of the sector will be hampered by the immense bureaucracy the fund will require. Orders, repairs, shortages, etc will be delayed because everything will have to be channelled through one central body. ACCREDITATION The approximately 33 000 private health bodies will have to be accredited before 2025. It is unsure by whom and how this is going to happen. STATE CONTROL Healthcare workers in the private sector will be forced to work in the public sector at rates determined by the NHI. This socialist type of system will bring about equal pay, removing incentives to

perform. The need to be effective and excellent will disappear because doctors will not be able to work for themselves and build their own practices. Competition among private hospitals will disappear. Furthermore, it is in conflict with the Bill of Rights (as contained in the Constitution) to force people to join the NHI and pay for it. Section 18 of the Constitution guarantees everybody’s right to freedom of association. You cannot be forced to join any fund, club, scheme or association you do not want to join. TRAINING No-one knows how and where training will take place. “One of the things we are going to demand is that teaching hospitals be removed from the provinces. They must be governed nationally,” Motsoaledi said. In addition, the face of emergency services would change under NHI, he said. “All ambulances must have the same colour so the country doesn’t have so many diverse services.” The SA Institute for Race Relations (SAIRR) says the white paper ignores the


NEWSWORTHY

main causes of the inferior state institutions and makes a wrong diagnosis of problems, resulting in a misrepresentation of how to address and solve these problems. CURRENT SERVICE LEVEL AT STATE INSTITUTIONS Numerous studies indicate problems with qualifications, skills and attitude of staff, staff shortages, long waiting periods at state hospitals and clinics, hygiene, shortages of equipment and medication, infection control, and safety of staff and patients. Other problems relate to poor control and management, as well as poor accountability, lack of discipline and non-compliance with policies. A worrying report by the Office of Health Standard Compliance was released on 5 June 2018. It inspected 696 health facilities. Of these, 172 were “critically” non-compliant with standards, and 240 had serious concerns: that is, nearly 60% of the facilities inspected were in poor shape. The Treatment Action Campaign (TAC) released a study in November 2017 that monitored 254 health facilities across the country. The TAC claimed that “less than half of facilities were considered to have sufficient staff” and in 34% of the facilities, patients waited for over two hours to be served. INCREASE IN PATIENTS How are private hospitals going to accommodate a large number of new patients? Any increase in patients will have to be accompanied by an increase in medical staff. There are already huge shortages of medical staff in South Africa. DISEASE LOAD South Africa has an extraordinary disease load the state has to carry at present as a result of HIV and TB, and an increase in patients will cause the quality of care to deteriorate even further. FUNDING OF THE NHI IN AN ALREADY STRUGGLING ECONOMY The first phase of implementation, possibly targeting women, children, the elderly and persons with disabilities, over a period of four years, could cost R69 billion. It is estimated that extra tax amounting

UNEQUAL ACCESS TO HEALTHCARE IN SA – MINISTER

T

here is a considerable inequality with regards to access to healthcare in South Africa, according to the minister of health, Aaron Motsoaledi, and this inequality should be rectified. More than half of the doctors in South Africa serve only 16% of the country’s population – those who are members of a medical aid or who can afford to pay for medical services themselves. As far as medical specialists in South Africa are concerned, 80% are working in the private sector and only 20% in the public sector to serve 84% of the population. He criticised the highly expensive private hospitals and private medical practitioners, referring to the “overservicing of the rich and gross underservicing of the poor”. Access to healthcare in rural areas is even worse, he said. The NHI is based on the principle that every individual has the right to access to healthcare services, which have to be provided free of charge at the point of service, and everyone should have a choice with regards to whom they want to use as healthcare worker. Furthermore, the principle of social solidarity or cohesion applies: those who can afford it, help to care for those

to R368,8 billion will have to be collected by 2025 to provide for the NHI. After this date, taxpayers will have to pay an additional R156 billion every year. This is estimated to double South Africans’ present medical budget. Additional tax amounting to 5% of gross domestic revenue will be required. Various options are being considered, including automatic tax addition (1% – 2%), automatic deductions by employers (1,5% – 4%), or charging premiums. MAJOR SHORTAGE OF HUMAN RESOURCES Who is going to have the powers to appoint medical staff, how will it be done, where are they going to be appointed and how many will be appointed at what rates? According to Minister Motsoaledi, at least three times as many doctors as

who cannot afford it. The aim is that the rich should not be able to buy better care while the poor cannot afford good healthcare. EQUAL (BAD) CARE FOR ALL? • The problem with inequality is not the result of exploitation in the private sector, but rather the result of mismanagement in the public sector. Those using state facilities receive little or no care. Government should correct its own shortcomings instead of punishing the private sector for providing good service. • The 16% the Minister referred to are paying 51,6% of the total expenditure on healthcare. It is therefore dishonest to pretend that these 16% are improperly benefitting from the system, particularly taking into account that the very same 16% of citizens are also making the major contribution to the 48,4% of expenditure the state is funding from tax. • The high costs for medical care are simply aggravated by already existing superfluous state regulation. There is no indication that this proposal will actually force costs down – at least not without negatively affecting quality or accessibility. there are now will be required to implement the NHI. At present, South Africa trains 1 200 doctors every year at eight medical faculties (Cuba trains 4 000 doctors at 21 institutions every year). Such a radical increase in doctors within the next decade is highly unlikely. In addition, 25% of all doctors who have completed their training in South Africa, leave the country. There is currently a total shortage of 83 000 healthcare workers in South Africa. Filling the posts that are vacant now will cost about R40 billion. The Department of Higher Education and Training does not have the capacity to deal with this problem. There is a risk of health workers, especially doctors and specialists, emigrating as a result of the NHI. A real loss of medical technology and capital in the private sector may take place, which could result in lower standards. www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

21


PROMOSIE

WEN ‘n trein- en vliegtoerpakket!

D

ie jaar is reeds verby die halfpadmerk en talle mense beplan nou reeds aan hul vakansies later in 2018 en 2019. Vir baie ouer mense wat nie meer self ’n motor kan of wil bestuur nie maar tog ’n bekostigbare vakansie wil geniet, bied treintoere ’n heerlike alternatief. Treinry is natuurlik ook gevul met heimwee en nostalgie. Dis boonop nie nodig om die toer, roetes en akkommodasie self te beplan en te bespreek nie, aangesien die treintoeroperateur JB Train Tours alles vir u doen. JB Train Tours het hierdie antwoorde verskaf op lesers se vrae oor treintoerpakkette:

IS DIT VEILIG OM PER TREIN IN SUID-AFRIKA TE REIS? Ja, die oornagtreine is baie veilig en steeds gewild. Die Trans Karoo loop ook nog weekliks.

KAN OU EN SIEK MENSE ASOOK KINDERS SAAMREIS?

Foto’s: iStockphoto.com & Verskaf

Persone van enige ouderdom is welkom om saam te reis, maar ons verkies dat passasiers hulself moet kan versorg, nog

22

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

redelik maklik kan stap en nie met allerlei lewensondersteunende apparate saamreis nie. Vir kinders is dit ’n wonderlike ervaring.

REIS DAAR TOERGIDSE SAAM? Ja, daar reis met elke toer gekwalifiseerde en ervare toergidse saam. Hulle speel ’n belangrike rol in die sinvolle aanbied van die toer. Almal kan ook heerlik Afrikaans praat.

HOEKOM KEER DIE MEESTE TOERE PER VLIEGTUIG TERUG? Ons wil graag vir ons passasiers ’n 3-in-1-ervaring (trein, bus en vliegtuig) gee. Ervaring het ook bewys dat wanneer mense huiswaarts keer, wil hulle gewoonlik vinnig tuiskom.

HOE LANK VOOR ’N TOER KAN ’N MENS BESPREEK? Ons beveel aan dat belangstellendes dadelik plek bespreek deur die besprekingsvorm te voltooi en die klein deposito te betaal. Sommige toere word reeds lank voor die vertrekdatum volbespreek.

IS DIE 2019-JAARPROGRAM AL BESKIKBAAR? Dit word teen einde Augustus 2018 gepubliseer. Kontak gerus nou reeds vir JB Train Tours en hulle sal dit aan u stuur sodra dit gereed en beskikbaar is.

INDIEN EK NOG ANDER VRAE HET, MET WIE KAN EK PRAAT? Kontak vir Gerda, Louise of Lizelle by JB Train Tours (sien die advertensie hiernaas vir hul kontakbesonderhede). Besprekings vir al die toere het reeds geopen.

WEN SÓ DROOMREIS Wen ’n trein- en vliegtoerpakket van drie dae vir twee persone vanaf Johannesburg na Durban – deelname is gratis. Antwoord die vraag en stuur dit saam met u naam, van, e-posadres en selfoonnommer aan JB Train Tours, hetsy per e-pos, faks, SMS of WhatsApp, of bel vir Gerda by 011 913 2442. VRAAG: Sedert watter jaar doen JB Train Tours sake? 1975 of 1985 of 1995



NUUSWAARDIG

Ons is nie naïef nie – die SAL se skriftelike ondernemings is voldoende om die aansoek op te skort. Ons is egter baie skepties daaroor of die ondernemings uitgevoer gaan word.”

Sukkelende SAL stem in tot Solidariteit se eise DEUR MOIRA-MARIE KLOPPERS

Foto: iStockphoto.com

D

ie SAL se groep- uitvoerende hoof, Vuyana Jarana, het skriftelik aan Solidariteit onderneem om onmiddellik met ’n proses te begin om ’n strategiese vennoot te bekom. Solidariteit het vroeër vanjaar sy planne bekendgemaak om ’n proses te begin om die lugdiens onder sakeredding te plaas ter wille van belastingbetalers reg oor Suid-Afrika. Dié stap het groot reaksie ontlok en die SAL het ’n dringende gesprek met Solidariteit aangevra. Een van Solidariteit se hoofaanbevelings in sy sakereddingsplan was dat die lugdiens ten minste gedeeltelik geprivatiseer moet word deur ’n strategiese vennoot te betrek. Jarana se voorneme om aan dié eis te voldoen, is ’n reuse-oorwinning vir Solidariteit en belastingbetalers. Dit is in skrille kontras met die SAL se vorige standpunt dat die staatsbeheerde lugdiens eers omgedraai moet word voordat ’n strategiese vennoot gekry kan word. “In die lig van die SAL se skrywe, waarin omvattende ondernemings gegee word, het Solidariteit besluit om sy aansoek om die SAL onder sakeredding te plaas, voorlopig op te skort. Dit is moeilik om onmiddellik voort te gaan met litigasie as die teenparty op skrif aan die meeste van ons eise toegegee het,”

24

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Dié onderneming volg ná gesprekke tussen Solidariteit en die SAL oor die vakbond se aansoek vir sakeredding. In die skrywe bevestig Jarana dat die Suid-Afrikaanse regering aangekondig het dat daar deelname van die privaat sektor in die SAL se eienaarskapstruktuur moet wees. Jarana skryf voorts dat die aandeelhouer, die SAL-direksie en die bestuur daartoe ingestem het om, in die lig van die druk om die SAL te finansier, onmiddellik tot die proses oor te gaan. Die SAL het ook onderneem om op ’n gestruktureerde wyse met Solidariteit oor die projekplan om ’n strategiese vennoot te kry, te skakel. Die SAL het aan Solidariteit bevestig dat dit wenslik is dat die verdere kapitalisering van die SAL hoofsaaklik deur ’n strategiese vennoot gedoen moet word. Die omvang daarvan is egter nog nie gefinaliseer nie. Volgens Hermann is Solidariteit se aansoek om sakeredding gefinaliseer en gereed om beteken te word. Dit is ’n omvattende aansoek van meer as ’n duisend bladsye. Voorste Suid-Afrikaanse en internasionale lugvaartkenners, soos Barry Parsons, Guy Leitch, Nico Bezuidenhout en Monwabisi Kalawe, is deel van Solidariteit se span. Sakereddingspraktisyns wat reeds bevestig het dat hulle beskik-

baar is, is ook deel van die aansoek. Die span het veral gehelp om ’n alternatiewe omdraaistrategie vir die SAL as deel van die aansoek te ontwikkel. Die strategie sluit veral vergelykende studies in met buitelandse lugdienste wat in soortgelyke omstandighede is. “Ons is nie naïef nie – die SAL se skriftelike ondernemings is voldoende om die aansoek op te skort. Ons is egter baie skepties daaroor of die ondernemings uitgevoer gaan word. Ons het vertroue in mnr. Jarana se goeie bedoelings en gee hom die voordeel van die twyfel. Ons het egter minder vertroue in die aandeelhouer se politieke wil om radikale besluite oor die privaat eienaarskap van die SAL te neem. “Solidariteit skort die aansoek tydelik op, maar ons sal as waghond bly optree. Indien dit blyk dat die SAL nie sy ondernemings gestand doen nie, of as die situasie versleg, gaan ons onmiddellik voort met die aansoek om sakeredding. Ons het die valbyl dus gelig, maar dit is steeds daar. Ons stukke vir die aansoek is gereed vir betekening,” het Hermann gesê. Die SAL het verder onderneem om net die beste vaardighede en kennis te bekom. ’n Onderneming is ook gegee dat alle bewerings van onbehoorlike optrede op ’n versnelde basis ondersoek sal word.


NUUSWAARDIG

DENEL-HOËS kry trekpas ná Solidariteit-druk

Bykomende bron: Bloomberg

K

orrupsie in staatsinstellings raak elkeen van ons se sak. Dit is jóú geld wat gesteel word. Korrupsie is ’n organisasie-kanker. Duisende onskuldige werknemers in falende instellings wat aan korrupsiekanker ly, word oor dieselfde kam geskeer as die sondaars. Hulle werksekerheid is in gedrang omdat die korrupsiekanker ’n reuse-impak op die maatskappy se reputasie en sy finansiële bestendigheid het. Een staatsinstelling wat aan korrupsiekanker ly, is Denel. Solidariteit het ingegryp en ’n omvattende Denel-dossier in April vanjaar aan die minister van openbare werke en die voorsitter van Denel se direksie voorgelê. Lede van Denel se topbestuur is hierin met wanbestuur verbind te midde van die Denel-groep se uiters swak finansiële prestasie.

DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

Volgens Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, moet daar by staatinstellings en ander organisasies wat korrupte uitvoerende beamptes in diens neem, ’n daadwerklike poging aangewend word om teen dié beamptes op te tree. Solidariteit het aanhoudende druk op Denel geplaas. Zwelakhe Nthsepe, die uitvoerende hoof van Denel, het gevolglik in Mei bedank, en Odwa Mhlwana, die finansiële hoof, is geskors en word tans ondersoek vir beweerde wangedrag. WIE IS NTSHEPE EN MHLWANA? Zwelakhe N. Ntshepe het ’n nagraadse diploma in Bestuurstudies en ’n MBA. Sedert 4 Desember 2015 het hy as waarnemende groep- uitvoerende hoof by Denel SOC Bpk gedien. Hy was ook ’n direkteur van Denel SOC Bpk. Sedert 1 September 2003 was hy groep- uitvoerende beampte van

besigheidsontwikkeling en korporatiewe sake en het hy ook gedien as groepdirekteur van bemarking. Hy was ‘n aandelemakelaar in New York, het bestuursposte beklee en was ’n nie-uitvoerende direkteur van Airbus DS Optronics. Luitenant-Generaal Odwa Mhlwana het verskeie kwalifikasies: NDip (Interne Ouditkunde), BCompt, BCompt (Hons) en CA (SA). Sedert 17 Augustus 2017 was hy die groep- finansiële hoof van Denel SOC Bpk. Vanaf 4 Desember 2015 tot 17 Augustus 2017 het hy opgetree as waarnemende finansiële hoof van Denel SOC Bpk. Mhlwana dien as uitvoerende direkteur van DVS. Hy het ondervinding in finansiële beplanning en verslagdoening en dissipline asook korporatiewe bestuur, en het begrip van ouditprosesse en strategieformulering verkry deur verskeie uitvoerende en senior finansiële rolle.


BEDRYFS NUUS

Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit aktief is, asook kwessies wat jou in die wêreld van werk raak.

Sunningdale het vroeër gefloreer met boorde vol lemoene en druiwe. Hier is uitgevoer; marmelade en wyn gemaak. Vandag is bouvalle en stompe die enigste sigbare oorblyfsels.

GRONDHERVORMINGSRAMP ‘n Eens florerende druiwe-en-sitrusplaas van 480 hektaar in Limpopo is oor die afgelope 8 jaar gereduseer tot bouvalle, met afgekapte lemoenbome wat vir vuurmaakhout gebruik is. Dit is die hartseer realiteit wat Solidariteit onlangs aangetref het tydens ‘n besoek aan die vervalle Sunningdale-plaas, geleë tussen Mokopane en Polokwane. DEUR DIE SOLIDARITEIT-NUUSKANTOOR

Foto’s: Reon Janse van Rensburg & iStockphoto.com

D

ie plaas is in 2010 deur middel van ’n grondhervormingsproses na die Sunningdale Workers’ Trust oorgedra. ’n Afvaardiging van Solidariteit het die plaas besoek nadat die vakbond ’n lid, Hannes Korff, die voormalige plaasbestuurder vir 13 jaar, suksesvol by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verteenwoordig het. Daar is bevind die trust het hom onregmatig afgedank en het ook nie ’n lening wat hy aan hulle toegestaan het, terugbetaal nie. Die trust skuld Korff sowat R400 000. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se arbeidsregafdeling, is hierdie ’n groot oorwinning vir Solidariteit, maar die werklikheid van die verval op die plaas is ’n tragedie vir almal. “Die plaas het voorheen sowat 158 werkers in diens gehad. Dus word 158 gesinne, wat uitwerk op ongeveer 600 mense, nie meer gevoed nie weens ’n rampspoedige grondhervormingstransaksie

26

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

aan onbekwame begunstigdes,” het Van der Bijl gesê. “’n Mens hoor dikwels van die rampspoedige gevolge van ondeurdagte grondhervormingstransaksies. Dit is egter eers wanneer jy tussen die bouvalle staan en die magdom besproeiingspype sien wat net uit die grond geruk is en aan die kant van die boorde in die son lê en verrot, dat die werklikheid insink,” het Van der Bijl gesê. Volgens Korff sal die plaas nou opgeveil word om die uitstaande skuld te delg, maar dit sal sowat R50 miljoen kos om die plaas weer tot sy eertydse glorie te herstel. Dit sluit in die pakhuise, plaashuise, besproeiingstelsel, wingerde, lemoenboorde, skadunette, grensdrade, en 37 boorgate wat geplunder is en met klippe toegegooi is. Dit is onnodig dat alles só moes eindig, sê Korff. Hy vertel hoe hy selfs die nuwe mense op die plaas met ’n lening van R100 000 bygestaan het nadat hy afgedank is. Hy het geen terugbetaling ontvang nie. Vir hom het dit egter nooit

oor die geld gegaan nie. Al wat hy wou hê, is dat die plaas aan die gang moes bly, maar hy was magteloos. Ria, sy vrou, het talle stories om oor Sunningdale te vertel. “Daar was altyd oorgenoeg druiwe en lemoene en ek kon bottels vol wyn en marmelade vir familie en vriende maak.” Die emosie oorweldig haar as sy terugdink aan die 13 jaar wat Sunningdale haar huis en hart was. Sy wens sy kon weer ’n slag ’n kykie kry van hoe die plaas tien jaar gelede gelyk het, vertel sy. Elke boom bring ’n herinnering, of dit nou ’n kleinkind se swaai aan ’n tak is of die herinnering aan gelukkige familiebyeenkomste wat sommer in die skadu onder die boom gehou is. Volgens Van der Bijl is dit belangrik om te onthou dat dié tragiese uiteinde van die eens florerende en winsgewende plaas nie net die plaasbestuurder, werkers en omliggende gemeenskap raak nie. Die plaas het hoofsaaklik sy produkte uitgevoer, en dus word die ekonomie ook swaar deur hierdie verval getref.


BEDRYFSNUUS

Die plaas het voorheen sowat 158 werkers in diens gehad. Dus word 158 gesinne, ongeveer 600 mense, nie meer gevoed nie weens ’n rampspoedige grondhervormingstransaksie aan onbekwame begunstigdes.”

www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

27


INDUSTRYNEWS

MINE SAFETY under the spotlight at summit BY WILMARIE BRITS

Photographs: Sibanye-Stillwater Annual Report 2017

A

nother sad day for South Africa’s Sibanye-Stillwater mining group: five miners tragically lost their lives on 11 June when they were overcome by gas and heat in a non-operational part of the Ikamva shaft. The search and rescue team managed to bring all five bodies to the surface after an intense three-day search. “This tragic accident can only be described as a disaster,” said Adv. Paul Mardon, Solidarity’s deputy general secretary for occupational health and safety. According to Mardon 45 mining fatalities have been recorded since the beginning of 2018. Of these fatalities, 21 have occurred at mines belonging to Sibanye-Stillwater, with the latest incident being the second of its kind in a period of one month. These shocking numbers lead to harsh critique towards Sibanye by unions and stakeholders as far as the USA. The mining group took a step in the right direction when they placed mine safety under the spotlight at the second Safety and Health Summit held on 29 June 2018. The stakeholders attending the summit joined forces in order to find solutions for the deterioration in the safety performance. These stakeholders are the Department of Mineral Resources and organised labour comprising the Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU), the National Union of Mineworkers (NUM), Solidarity and the United Association of South Africa (UASA). In a media statement released by Sibanye on 29 June they stated that the stakeholders committed themselves to a joint pledge on safety (the Safety Pledge) and a plan of action to address health and safety at Sibanye-Stillwater. “This Safety Pledge establishes the scope and spirit in which stakeholders agree to work further towards achieving Zero Harm,” Sibanye said. Mardon described the outcome of the summit as a milestone. “All the parties were in agreement to work together to find ways to protect the health, safety

28

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

and wellbeing of the mine workers,” he said. The proposed Health and Safety Plan of Action will have an in-depth focus on the following burning points: • Enabling safe workplaces, compliance and the right of employees to withdraw from unsafe workplaces • Leadership effectiveness, values and culture transformation • Review of safety structures • Training and development • Research and development

(technology, systems and processes) • Review of incentive schemes and recognition programmes • Trust building, effective engagement and communication. “Collaboration and an open relationship that is based on mutual respect will be the cornerstone of this project, and that is why we are going to succeed,” said Mardon. A follow-up meeting between all the stakeholders will be held to finalize the plan and the implementation thereof.


INDUSTRYNEWS

Union gains several wins in NEGOTIATIONS

Photographs: iStockphoto.com

S

olidarity is grateful that four of its five demands have been included in the new draft Mining Charter. The demand that new cost items be limited in the charter, given that such items can hamper growth which could result in retrenchments and smaller increases, was, however, not accommodated. The draft also doesn’t deal with this matter in a manner that is significantly different from the Zwane version of the charter. This will put the mining sector under a great deal of pressure. According to Gideon du Plessis, Solidarity’s General Secretary, the four demands, which have been accommodated, hold benefits for Solidarity’s members and promote non-racialism: • White females are again included in the definition of previously disadvantaged. However, this might be a temporary victory: In terms of amendments to the Mineral and Petroleum Resources Development Act, white females are no longer recognised as being previously disadvantaged. Therefore, the charter definition may well change accordingly later this year. • Affirmative action employment targets are slightly more realistic than in the Zwane version, but the period for reaching those targets has been

BY FRANCOIS REDELINGHUYS

extended from one year to five years. • All employees, irrespective of race, will be beneficiaries of employee share ownership schemes. All credit goes to Mining Minister Gwede Mantashe for his insight and support for this demand. • Finally, Solidarity’s proposal for co determination at board level has also been included in the draft charter. According to Du Plessis, the inclusion of the principle of co-determination is the beginning of a new labour relations dispensation in the mining industry in terms of which workers will now have a say in decision making at board level.

“Thanks to having access to first-hand information, workers will have a better understanding of the challenges a company is facing. This will ensure that matters which are burning issues for employees can be dealt with at the highest level. “The Labour Relations Act currently provides for the implementation of workplace forums. However, due to employer resistance and fear of increased employee choice and voice in the workplace, no real

successes are being achieved,” Du Plessis said. The union notes the concerns the Minerals Council of South Africa (formerly the Chamber of Mines) have about certain sections of the revised mining charter, specifically those sections dealing with new cost items that have been built into the new charter, and more specifically, the 5% free carried interest when it comes to shareholding by employees and mining communities. Du Plessis explains: “We share the Mineral Council’s concern about ‘new forms of taxation’ that have been built into the charter, but Solidarity blames the outcome of the negotiations mainly on the council’s sluggish and shortsighted approach to talks.” Du Plessis furthermore said that the mining sector should now set the pace to successfully implement the principle of co-determination as is the case in so many countries in Europe, and in so doing to chip away at the positioning of “us versus them”. “Besides Solidarity’s satisfaction with a few of its clauses, the charter still contains many contradictions. In particular, costrelated clauses need to be addressed at the upcoming mining summit to ensure that the mining sector is able to attract investors once again, and to increase sustainability,” Du Plessis summarised. www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

29


BEDRYFSNUUS

AURORA: Agt jaar lange geveg dra nou vrug DEUR FRANCOIS REDELINGHUYS

V

oormalige Aurorawerknemers, waaronder 192 Solidariteit-lede, sal hopelik binnekort terugbetalings ontvang van hul uitstaande salarisse waarvoor hulle sedert Februarie 2010 moes wag. Dit beteken die eerste groep werkers wie se volledige eise deur die Meester van die Hooggeregshof goedgekeur is, sal hopelik voor einde Augustus vanjaar hul geld ontvang. Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, moet die skuld vir die oponthoud van die betalings voor die deur van die Aurora-direkteure gelê word. Du Plessis sê die direkteure het elke regsuitspraak teen hulle op alle moontlike wyses vertraag en gefrustreer, totdat ’n finale bevel uiteindelik in Oktober 2015 teen hulle uitgereik is. “Ná die verdoemende bevel in 2015 moes die direkteure, Solly en Fazel Bhana en Khulubuse Zuma, begin om geld ingevolge die onderskeie skikkingsooreenkomste terug te betaal. Almal van hulle het egter weer in gebreke gebly om aan die ooreenkomste te voldoen en verdere regsaksies het gevolg,” het hy verduidelik.

“Die Bhana-broers, die hoofkarakters in die korrupspul, se familie en vriende was ook by die sage betrek, omdat hulle onregmatig finansiële voordeel uit Aurora getrek het. Hulle het egter hul gesamentlike verpligting van ’n R7 miljoen-terugbetaling nagekom,” het Du Plessis gesê. Volgens Du Plessis is daar nou ’n substantiewe deel van die uitstaande geld aan die likwidateurs oorbetaal nadat Zuma R12 miljoen van die ooreengekome R22 miljoen oorbetaal het en daar ongeveer R6 miljoen van die Bhana’s ontvang is. Fazel en Solly Bhana moet egter nog nagenoeg R7 miljoen terugbetaal en Khulubuze Zuma sowat R10 miljoen. Volgens die hersiene skikkingsooreenkoms word hulle onmiddellik gesekwestreer as hulle ’n betaling mis. “Zondwa Mandela en Thulani Ngubani is in die proses om gesekwestreer te word, omdat hulle van die staanspoor af aangedui het dat hulle nie geld het nie,” het hy verduidelik. Omdat Aurora gelikwideer is, bepaal die insolvensiewet dat werknemers as eisers slegs ’n maksimum betaling tot R28 000 as ’n voorkeur-eiser kan ontvang, aldus Du Plessis. “Hierdie bedrag skiet ver tekort: die gemiddelde uitstaan-

de salariseis vir ons 192 lede is R52 000. Die hoogste eis is meer as R500 000, maar dié eiser sal ook ongelukkig slegs R28 000 kan ontvang,” het hy gesê. “Daar was ongelukkig heelwat eise afgekeur terwyl van die dokumentasie by die Meester se kantoor weggeraak het. Die gevolg is dat ’n groot aantal werknemers nou ondersteun word deur Solidariteit en die likwidateurs om so gou as moontlik hul eise weer in te dien sodat hulle voor Desember vanjaar hul geld kan ontvang,” het Du Plessis gesê. Daar was ook heelwat sterfgevalle van voormalige Aurora-werknemers. Eise vir sulke gevalle moet ook deur die eksekuteurs van die onderskeie boedels heringedien word. Du Plessis verduidelik dat hierdie tragiese verhaal talle gesinne geraak het en dat daar geweldig baie hartseer stories van gebroke gesinne is weens die Aurora-tragedie. “Minstens ses van die gesinne met wie ons kontak gehad het, sal weer tydelik aan die lewe gehou kan word met die geld wat uitbetaal word: dié gesinne is heeltemal afhanklik van skenkings, veral weens ernstige siekte of versteuring waarmee die broodwinners worstel,” het hy gesê.

FORMER SABC COO MOTSOENENG PLAYS CAT AND MOUSE WITH THE COURTS BY WILMARIE BRITS

Photograph: iStockphoto.com

F

ormer SABC Chief Operations Officer Hlaudi Motsoeneng has been denying the inevitable ever since the Labour Court found on 8 September 2017 that he should be held liable in his personal capacity for the legal costs associated with the court case on his controversial ban on the broadcasting of protest actions. This ban resulted in eight journalists (the so-called SABC 8) being unlawfully fired at the time. After having been denied leave to appeal on two prior occasions, Motsoeneng is pushing his luck yet again, hoping to succeed the third time around. Anton van der Bijl, head of Solidarity’s Labour Law division, confirmed that Mot-

30

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

soeneng’s legal team has applied to the Constitutional Court for leave to appeal. “Motsoeneng has been resorting to one court after the other to oppose the ruling against him, but each time the outcome is the same,” Van der Bijl said. Motsoeneng appealed the Labour Court’s ruling for the first time on 20 September 2017, but was denied by the Labour Appeal Court, with costs, on 7 November 2017. Early in 2018, he approached the Supreme Court of Appeal, who dismissed Motsoeneng’s application

for leave to appeal with costs on 5 June. According to Van der Bijl, Motsoeneng is playing a cat and mouse game with the courts, but he will back himself into a corner yet again. “What Motsoeneng has to realise is that he cannot wear us out by carrying on with litigation and that, in the end, he will have to own up for the damage he caused to so many. In his efforts to evade justice he has painted himself into a corner, but he has now exhausted all the means at his disposal,” Van der Bijl concluded.



BEDRYFSNUUS

GEPF: FOCUS SHOULD BE ON PENSIONS, NOT POLITICS

S

Sertifikaat baan weg vir staking by SASOL DEUR WILMARIE BRITS

Foto’s: Lize-Mari Labuschagne

S

olidariteit het ’n reuseoorwinning behaal toe die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) op 28 Mei vanjaar bevind het Solidariteit se dispuut oor Sasol se omstrede bemagtigingskema, Khanyisa, moet as ’n saak van gemeenskaplike belang geklassifiseer word en dus verder deur die KVBA ondersoek word. Die vakbond het in sy dispuut by die KVBA aangevoer dat wit werknemers mag staak om soortgelyke voordele as ander werknemers te bekom. Solidariteit en die nywerheidsreus

32

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Sasol kon egter nie daarin slaag om tydens hul bemiddelingsessie by die KVBA op 14 Junie ’n ooreenkoms te bereik nie. As gevolg van die mislukte poging om konsensus te bereik, het die KVBA ’n sertifikaat aan Solidariteit toegestaan wat sy lede in staat stel om wettig te staak. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sal dit die eerste keer wees dat wit werkers wettig kan staak oor rasse-uitsluiting. “Dié eiesoortige sertifikaat baan die weg vir wit werknemers om uit protes te staak teen blatante diskriminasie jeens lojale Sasol-werknemers,” het Hermann gesê.

olidarity recently expressed its concerns about the concentrated investment policy followed by the Public Investment Corporation (PIC) when managing the funds in the Government Employees Pension Fund (GEPF). Morné Malan, a researcher at the Solidarity Research Institute, explained that the PIC’s increasing focus on development at the expense of capital growth could have dangerous consequences for members in the future. “It is outrageous that the PIC considers it appropriate to keep Eskom as its second largest investment, and that other ailing state-owned enterprises constitute 30% of its portfolio, while there are so many other potential investments that can offer a higher return with a much lower risk,” Malan said. Unlike other pension funds, the GEPF is not subject to regulation 28 of the regulations promulgated under the Pension Funds Act, and the PIC is therefore free to diversify offshore much more than other pension funds. It nevertheless appears that only 5% of the PIC’s funds are invested abroad, while a further 5% is invested in the rest of Africa. “Given that South Africa is currently growing at a much slower rate than most other countries in the world, especially compared to other emerging economies, one can hardly justify such an allocation purely on investment criteria,” Malan said. “So far, the PIC has opted to stay well below the allowed limits set for its international allocation, but it exceeds the limits when it comes to issuing debentures to ailing state enterprises,” Malan pointed out. Solidarity urges the PIC to regard its members’ retirement as its primary objective, not funding government’s development projects. “Making sound investments in solid companies offers the best vehicle for development. These aspects are not in opposition to each other.”


BEDRYFSNUUS

Voor van links is Marinelda Hertzog, Ernst Malherbe en Mia Jordaan. Agter is Naomi Steenkamp, Skye Giorgutti en Sha-hennè Pretorius.

ONDERVINDING goud werd vir jongmense

Foto: Morné Prinsloo

S

olidariteit Jeug het gedurende die Julievakansie ’n paar studente verwelkom om praktiese werkervaring op te doen as deel van ’n formele internskapprogram. Hierdie studente het blootstelling gekry aan projekbestuur, die werk van die Solidariteit Beweging en die kantooromgewing. Solidariteit Jeug gaan oor die volgende paar jaar ’n groot internskapprogram uitrol na alle ondernemings wat belangstel om internskappe vir jongmense aan te bied, en Solidariteit Jeug se interns het hierdie program oor die vakansie begin oordink en ontwikkel. Om die werkplek te betree, is dikwels ’n monumentale uitdaging, veral wanneer jy vars uit die mal universiteitslewe kom. Jy kan jouself voorberei vir dié aanpassing deur ’n internskap by ’n maatskappy te aanvaar terwyl jy studeer. Daar is verskeie voordele aan verbonde. Eerstens, deur vir ’n paar weke by ’n maatskappy te gaan werk, kan jy die strik van luiheid oorwin en sal die werk waarmee jy ná die vakansie in die lesingsaal gebombardeer word, nie so ’n groot skok wees nie omdat jy die hele vakansie

DEUR ERNST MALHERBE

lank konstruktief besig was. Tweedens, om te sien waar jou eindpunt is (jou toekomstige werkplek), kan jou laat moed skep. Laastens, ’n internskap gee jou ’n idee van die dinamiek van ’n projekspan, werkmag of kantooromgewing. Studente wat pas hul graad gekry het en werk soek, voldoen dikwels nie aan die vereiste “ondervinding benodig” nie. Dié probleem kan oorkom word deur ’n internskap of twee te doen. Die Amerikaanse skrywer Joyce Carol Oates het gesê die verskil tussen ’n assistent en ’n intern is dat ’n assistent in geld betaal word, maar ’n intern in ondervinding. Enige internskap is propvol ondervinding en kennis in die veld. Die werkers in die hawe op die Delaware-rivier in Amerika het ’n slagspreuk gehad: “It’s not what you know, but who you know.” Om netwerke op te bou en ’n sin van professionalisme aan te leer deur met professionele mense saam te werk, kan baie voordelig wees en kan jou help om waardevolle kontakte op te bou. ’n Mens se geduld word gereeld beproef in die chaos van die werkplek, veral tydens ’n internskap, en dis tot jou voordeel om vroeg reeds te leer hoe om jou emosies te beheer.

Elke studierigting het verskillende onderafdelings waarin jy eendag by jou werk kan spesialiseer. Deur ’n verskeidenheid internskappe te doen, kry jy ’n duideliker idee van wat jy uiteindelik wil gaan doen en begin jy om ’n naam vir jouself te maak by verskillende maatskappye. Dit sal jou help om die gaping tussen die akademie en die werklikheid van ’n voltydse beroep te oorbrug. Daar is min dinge wat vergelyk met die wisselwerking wat ’n intern ervaar gedurende sy of haar internskap. Die wisselwerking tussen teorie en praktyk, wonder en weet en van skouers skuur met die beste en slimste in jou veld en moontlike beroep is van onskatbare waarde. Dis ’n voorreg om reeds deel te word van ’n organisasie of werkgewer waar jy tuis voel en besef, anders as wat jy altyd geglo het, dat werk selfs lekker kan wees! Ek sal sonder twyfel enige student aanbeveel om deel te word van ’n internskapprogram. Die voordele is legio. En soms, net soms, word ’n mens selfs daarvoor betaal! • Ernst Malherbe het Solidariteit Jeug se internskapprogram meegemaak. www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

33


BEDRYFSNUUS

SKOOLHOOF kyk terug op goue loopbaan DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

“C

hoose a job you love, and you will never have to work a day in your life,” het Confucius gesê. As ’n mens terugdink aan jou skooldae is daar altyd een onderwyser wat in jou herinnerings uitstaan. Mauritz du Preez is ’n skoolhoof wat die Laerskool Generaal Hendrik Schoeman nooit sal vergeet nie. Hy het die afgelope 10 jaar sy merk gemaak en dié skool tot nuwe hoogtes gelei. Aan die einde van sy onderwysloopbaan kyk Du Preez terug op ’n tyd waar hy ’n verskil kon maak in skole en in kinderharte. Vir hom is die onderwys so lekker dat dit nie eers voel soos werk nie. “Dit is vir my heerlik,” het hy gesê. Du Preez spog graag met sy skool en die prestasies wat deur die jare bereik is as jy met hom gesels. Laerskool Generaal Hendrik Schoeman is tans een van die topskole wat betref sagtebal, redenaars en swem. Hy vertel ook graag van

die uitstekende musiekblyspele wat by die skool plaasvind. Sy 60ste verjaarsdagviering was vir Du Preez ’n hoogtepunt. Personeel en leerders het hom verras met ’n helikopterrit tot by die skoolterrein, waar die kinders ’n massa-emoji wat knipoog op die veld gevorm het en die rooi tapyt vir hom uitgerol het. Daarna het ’n gaskunstenaar opgetree en het leerders vir hom gedigte voorgelees. Laastens het hy en sy vrou vir ’n naweek by die Montecasinohotel ingeboek vir ’n vertoning van The Sound of Music, aandete en ontbyt. Die invloed van ’n onderwyser word daagliks in leerders se optrede gesien, en selfs jare daarna. Du Preez onthou ná al die jare steeds vir Flip Croukamp, een van sy mentors, wat hom gelei het om vandag te wees waar hy is. Dis onderwysers wat van gemiddelde leerders goeie leerders maak. Wat gaan hy die meeste van die onderwys mis? “Vanoggend het ’n kind vir my ’n drukkie kom gee en toe dink ek, dít is wat ek gaan mis.”

Mauritz du Preez

RESTORING THE CREDIBILITY OF SARS IS CRITICAL, SAYS FINANCE MINISTER

Foto’s: iStockphoto.com & Verskaf

A

ccording to Engineering News, Finance Minister Nhlanhla Nene said government was deeply committed to stabilising the South African Revenue Service (SARS) as a credible operation and making sure it met collection targets. “There can be no mission more important than stabilising and restoring SARS into an institution that is credible in the eyes of the South African public,” Nene said. He said the finance ministry would support SARS to fulfil its work while the commission of inquiry into tax administration and governance at the revenue service as well as the disciplinary hearing

34

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

into the conduct of suspended commissioner Tom Moyane were under way. “We should allow the two processes to run their course. The ministry of finance and National Treasury continue to work with the SARS management team to ensure that the institution stays the course and delivers on its mandate,” Nene said. “It is doubtful that there is any single agency in government whose operational performance is more critical to the work of government than SARS. It is common knowledge that government would not be able to meet its social objectives without the taxes and other revenues that are collected by SARS.

All I can promise you is that SARS is too important an institution and we shall do all in our power to ensure that it lives up to its mandate.” Nene thanked acting commissioner Mark Kingon “for holding the fort and for providing excellent leadership to the men and women of this wonderful organisation”. The commission of inquiry into the running of SARS commenced its work recently. Tom Moyane tried to stop the inquiry after three days of damning testimony from former employees, calling it “grossly unfair”. He headed SARS for four years, during which it missed its revenue collection targets by almost R100 billion and was widely viewed as having become a tool in the power struggle between former president Jacob Zuma and his political foes.



BEDRYFSNUUS

Die pad na MEESTERSKAP begin hiér DEUR MANDY-MICHELLE THACKWRAY

Foto: iStockphoto.com

D

ie pad na meesterskap is eeue gelede oopgemaak deur vakmanne wat gildes gestig het om hul professie en ambag te beskerm en te bevorder. Die doel was om eksklusiwiteit en spesialisvaardigheid te bring tot die diens of produk wat gelewer is. Jong vakmanne het jare lank onder ’n meester gewerk waar hulle hul kennis en talente ontwikkel het totdat hulle self ’n meesterstuk kon vervaardig en meesterskapstatus binne die beroep behaal het. Die huidige politieke, sosiale en ekonomiese toestande in ons land laat baie van ons wanhopig voel, terwyl diskriminasie op grond van taal en ras die druk verhoog om harder te werk net om jou werk te behou. Solidariteit wil hoop bied deur die skep van beroepsgildes, waar ons werkgemeenskappe saamsnoer in veilige tuistes, geleenthede bied vir elkeen om professioneel te ontwikkel, en jongmense help op hul loopbaanpad. Dit is tyd vir elkeen van ons om weer te streef

36

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Om deel te word van ’n beroepsnetwerk, SMS die woord LID na 34802 (R1/SMS) of besoek https://gildes.solidariteit.co.za/ vir meer inligting. Jy kan ook ’n e-pos stuur na gildes@solidariteit.co.za of skakel ons dienssentrum by 0861 25 24 23. na meesterskap. Ons moet nou streef na uitsonderlikheid, uitstyg bo ons omstandighede, en as samelewing die kultuur van kameraderie en ondersteuning bou. Om ’n daadwerklike verskil te maak en werkvreugde te ervaar, is dit belangrik om jou talente met jou passie te kombineer. ’n Gilde bied aan jou ’n loopbaanpadkaart waar jy jouself ontwikkel tot meesterskap. Op dié pad benodig jy ’n gemeenskap van kenners, mentors en meesters om jou te lei, aan te moedig en

te motiveer tot uitnemendheid. Die pad na meesterskap behels nie net dat jy werk aan jou emosionele intelligensie en leierseienskappe nie. Dit verg harde werk en voortgesette ontwikkeling en opleiding totdat jy as meester die prestige en vaardigheid het om bo ander in die werkplek uit te staan. Meesterskap bring ook inspirasie, werk van uitstaande gehalte, gesonde leierskap, positiewe verhoudings en trots. Elkeen van ons is uniek en waardig. Dit is juis hierdie eienskappe wat binne die beroepsgilde ontgin word tot voordeel van die individu asook die groter beroepsgemeenskap. Dit moedig jou ook aan om vasbeslote voort te bou aan jou vaardighede. Dit moet deel van jou waardestelsel wees om altyd meer te doen as wat van jou verwag word, want dit is nie net tot voordeel van die gemeenskap wat jy bedien nie, maar voed ook jou persoonlike gesondheid. Aanvaar vandag nog die uitdaging en neem verantwoordelikheid in jou strewe na meesterskap in jou beroep, ongeag waar jy jou tans bevind.


INDUSTRYNEWS

Joining this COMMUNITY just one click away

T

* Terms and conditions may apply • Photographs: iStockphoto.com

he Solidarity Occupational Guild for Aviation aims to protect and promote all occupations in the aviation industry. The Guild for Aviation strives to act collectively as a watchdog for members, to protect the occupation and to give young people an opportunity to pursue a career in aviation, while also addressing issues in the industry. When you join the Solidarity Occupational Guild for Aviation, you receive the following benefits*:

Comprehensive representation for Guild members at the CAA Continued training and development in Afrikaans Access to Solidarity Financial Services, our partner for all financial services, including: • Income protection • Assistance with setting up a budget and financial planning • Saving plans and investments • Annuities, insurance and more

Industry related news Labour law advice and assistance over the phone Civil rights advice Access to student grants and loans Funeral benefit Draft and safekeeping of a will Maternity benefit Permanent medical disability benefit Holiday discount. • To register, SMS “Aviation” to (R1/ SMS) or visit www.aviations.co.za

SOLIDARITY OCCUPATIONAL GUILDS Part of the Solidarity Movement

www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

37




BEDRYFSNUUS

Werk- en LOONSEKERHEID steeds onder druk DEUR MORNÉ MALAN

Foto: iStockphoto.com

D

ie Solidariteit-ETM Arbeidsmarkindeks het in die eerste kwartaal (K1) van 2018 vir die eerste keer sedert K1 van 2016 ophou styg. Die indeks is ’n maatstaf van werk- en loonsekerheid in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark. Die indeks het van 50 in K4 2017 gedaal tot 49 in K1 2018. Op 49 bly die indeks onder sy gelykbreekpunt, wat daarop dui dat arbeidsmarktoestande in die eerste kwartaal van 2018 steeds uitdagend was. Dalings in die indeks se komponente vir sakesiklustoestande en werknemervertroue het tot die geringe daling bygedra. Die komponent vir arbeidsbekostigbaarheid het van ’n hersiene 47 in K4 2017 tot 50 in die eerste kwartaal opgeskiet. Hoewel dit ’n aansienlike verbetering in die bekostigbaarheid van arbeid verteenwoordig, was dit nie genoeg om die indeks tot bokant 50 te laat styg nie. Werknemervertroue, ’n subkomponent van die indeks, is steeds ontwykend. Dit het van ’n vlak van 50 (in K4 2017) tot 48 in die eerste kwartaal gedaal. Die eerste kwartaal se resultate van die Solidariteit-ledeopname het geen positiewe respons in die persepsie van werksekerheid getoon in reaksie op die politieke optimisme wat die Ramaphosa-presidentskap omhul het nie. In hierdie tydperk het die parlement ook ten gunste van ’n hersiening van opsies vir die onteiening van grond sonder vergoeding gestem, wat waarskynlik ’n rol in die dalende werk- en loonsekerheid oor die algemeen gespeel het. Dit is belangrik om daarop te let dat die indeks rondom die neutrale vlak bly ten spyte van relatief sterker wêreldwye en binnelandse ekonomiese toestande wat sedert vroeg in 2016 waargeneem word. In wese word die politieke optimisme van die eerste kwartaal steeds teruggehou deur skadelike beleid wat reeds afgedwing is en nuut voorgestel word. • Vir die volledige verslag, besoek https://navorsing.solidariteit.co.za/ arbeidsmarkverslag-kwartaal-april junie-2018/

40

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Indeks 50 = Neutrale werk- en loonsekerheid 80

80 HOË WERK- EN LOONSEKERHEID

70

70

60

60

50

50

40

40

30

30 LAE WERK- EN LOONSEKERHEID

20

20 94

96

98

Bron: Macrobond, ETM

00

02 04

06

08 10 12

14

16

18


BEDRYFSNUUS

OPLEIDING bied sambreel van beskerming

Foto: iStockphoto.com

S

tatistiek wat die Internasionale Arbeidsorganisasie byhou, toon dat daar elke 15 sekondes ’n werknemer sterf. Dit is sowat 6 300 sterftes per dag, wat ongelukke en sterftes weens beroepsiektes insluit. Hierdie ongelukke en beroepsiektes vind hoofsaaklik plaas weens ’n gebrek aan opleiding in gesondheid en veiligheid in die werkplek. Werknemers is dikwels in die spervuur wanneer daar ’n ongeluk by die werk plaasvind. Die vinger word maklik gewys na die persoon wat in ’n ongeluk betrokke is, en in sommige gevalle blameer werkgewers die werknemers sonder enige bewyse dat hulle ’n ongeluk veroorsaak het. Werkgewers versuim dikwels hul wettige verpligtinge ingevolge artikel 8(2)(b) van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van 1993, wat bepaal dat werkgewers enige bedreiging of potensiële bedreiging vir die gesondheid of veiligheid van werknemers moet verwyder of verminder voordat daar van persoonlike beskermende toerusting gebruik gemaak word. Werkgewers kan werknemers bewus maak van die risiko’s in die werkplek, maar dit alleen is nie voldoende nie. Ingevolge artikel 8(2)(e) van die Wet het elke werknemer die reg om inlig-

DEUR NIKKI PRINSLOO

ting, instruksies, opleiding en toesig te ontvang wat nodig is om die gesondheid en veiligheid van die werknemers by die werk te verseker. Uit bogenoemde bepalings is dit duidelik dat werkgewers moet sorg dat hul werknemers vertroud is met die risiko’s in die werkplek, maar ook die nodige opleiding moet voorsien sodat werknemers slaggereed is om ongesonde of onveilige praktyke deur gepaste beheermaatreëls te stuit. Optimale gesondheids- en veiligheidsopleiding bied konsekwentheid in risikobestuur. Dink byvoorbeeld aan die sleutelpersone wat deel is van ’n gebeurlikheidsplan tydens ’n ontruiming in geval van ’n brand. Dit is noodsaaklik om ontruimingsbeamptes te nomineer en aan te stel wat die personeel so gou as moontlik uit ’n gebou kan ontruim. Die aanstel van brandbestryders is ook belangrik sodat klein vure geblus word voordat dit reuseskade aan eiendom kan aanrig of menselewens kan eis. Eerstehulpwerkers wat personeel bystaan totdat professionele mediese hulp opdaag, is ook van uiterste belang. Om die oë te sluit vir ongeluksrisiko’s en te aanvaar dat ’n gebeurlikheidsplan sonder die nodige opleiding glad sal verloop, is soos om vir ’n kind ’n boksie vuurhoutjies te gee en te verwag dat geen vuurhoutjie getrek sal word nie.

Werkgewers kan risiko’s mitigeer deur te belê in doeltreffende gesondheids- en veiligheidsopleiding. Dit het die volgende voordele: • Dit skep ’n veilige en gesonde kultuur. • Werknemers fokus beter by die werk omdat hulle weet dat hul kollegas dieselfde ingesteldheid het om die werkplek gesonder en veiliger te maak. • Die moraal van werknemers verhoog omdat werknemers bewus is dat werkgewers fokus op gesondheids en veiligheidsopleiding. • Werknemers wat opgelei is, sal kortpaaie vermy omdat hulle weet wat die gevolge van onveilige en ongesonde praktyke is. • Werknemers sal oplet indien ander werknemers onveilig of ongesond werk en sal dan stappe doen om dit reg te stel, wat sal bydra om ongelukke te voorkom. Dit is jou reg as werknemer om behoorlike beroepsgesondheids- en veiligheidsopleiding te ontvang. Maak seker dat jy weet hoe om jou werkpligte veilig en gesond te kan uitvoer. Werkgewers én werknemers moet toesien dat die sambreel van opleiding verskaf word. Dit mag dalk nie elke dag reën nie, maar wanneer dit wel gebeur, moet elke werknemer beskut wees teen reën en ander elemente wat hulle negatief mag beïnvloed. www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

41


PROMOSIE

Solidariteit Beweging

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277

Verskans jouself só teen hoë REGSKOSTE

Foto’s: iStockphoto.com

E

tlike jare gelede het Solidariteit die behoefte geïdentifiseer om lede teen die hoë regskoste van sake te beskerm, selfs buite die arbeidsomgewing. Dit het tot die skepping van ’n regskosteversekeringsproduk gelei en sedert 2006 word die Solreg-familiepolis deur Legalex aan lede gebied. Solreg-polisse voorsien polishouers van versekeringsdekking vir die koste van regsverteenwoordiging vir sake binne die grense van Suid-Afrika. Dit lewer ook telefoniese regsadvies deur regsadviseurs ten opsigte van enige onderwerp in die Suid-Afrikaanse Reg. Lede kry toegang tot standaard regsdokumente en ’n landwye paneel van praktiserende prokureurs. Alle dienste en polisdokumente is in Afrikaans en Engels beskikbaar. Die Solreg-familiepolis dek die polishouer, sy of haar gade en minderjarige kinders teen ’n premie van R115 per maand wat vir ’n jaar lank vasgepen is. Dit verskaf dekking vir regskoste tot ’n bedrag van R25 000 per saak en R100 000 per jaar. Bepalings en voorwaardes geld, asook uitsluitings en wagperiodes. Statistieke bevestig dat die dekkingsbedrae voldoende is om die

42

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

gemiddelde koste per saak en koste per jaar te dek. Solidariteit-lede vind werklik baat by hierdie versekeringsproduk, soos aangedui deur die feit dat ongeveer 3 000 eise met ’n dekkingswaarde van net meer as R25 miljoen in die laaste paar jaar ontvang en hanteer is. Regsverteenwoordiging word landwyd verskaf deur ’n paneel van sowat 300 prokureursfirmas. Polishouers getuig dat hulle die verwysing na die paneel van prokureurs baie bruikbaar vind, veral in omstandighede waar hulle nie weet wie om vir hulp te kontak nie. Gehalte en bekwaamheid word deurlopend nagestreef en dit bly die hoeksteen van al Legalex se dienste en produkte. Die telefoniese regsadviesdiens word 24 uur per dag, 365 dae per jaar deur ervare regsadviseurs gelewer. Telefoniese advies is onbeperk ten opsigte van die frekwensie en duur van gebruik, asook die aard van die navraag. Lede geniet onmiddellike en direkte toegang tot weldeurdagte advies oor enige regsaangeleentheid, al het dit reeds ontstaan voordat die polis uitgeneem is. Lede getuig dat die diens besonder nuttig is om onnodige en duur hofsake te vermy deurdat regskundigheid oor

dreigende sake betyds ingewin word. Die toeganklikheid en eenvoud van die diens bied aan lede ’n doeltreffende oplossing, ongeag wanneer hulle dit mag benodig of waar hulle hulself mag bevind. Polishouers is die laaste paar jaar nagenoeg 18 000 keer van telefoniese regsadvies bedien. Solreg-familiepolishouers is wetsgehoorsame burgers wat besef dat hulle met regsprobleme te doen mag kry en die voordeel geniet om ’n swaargewig in hulle hoek te hê. Lede het die gemoedsrus om te weet dat hulle bekwame beskerming teen onbeplande regsprobleme geniet. Navrae of aansluitings kan gerig word aan Legalex by 086 176 5734, of SMS u naam na 44386, waarna u geskakel sal word. U kan ook ’n e-pos stuur na info@legalex.co.za. Legalex is ’n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer (FSP 5277) en word onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Beperk (FSP 75), ’n filiaal van MMI Holdings. Dit voldoen te alle tye aan alle relevante wetgewing, regulasies, gedragskodes en etiese besigheidspraktyke.


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R115 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R100 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit X is dienste, ’n gemagtigde verskaffer van Solidariteit Finansiëleverskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van Legal finansiële FSP-nommer: 5277 Beweging finansiële dienste FSP-nommer:755277 finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Beperk,•FSP-nommer:


IN BEWEGING

Nuus oor die instellings wat deel van die Solidariteit Beweging vorm, asook lekkerleesartikels oor alles van geldsake tot die geskiedenis.

KILL THE BOER “diepsnydend en omvattend” DEUR JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH

E

rnst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, gee in sy boek, Kill the Boer, tien redes waarom die regering aandadig aan die plaasmoordekrisis is. Dit sluit in die deprioritisering van die krisis ondanks die verergering daarvan, negatiewe stereotipering van wit boere in besonder, romantisering van die brutaliteit waarmee boere aangeval en vermoor word, die voortsetting van haat vanaf politieke platforms en die veragting en bespotting van die slagoffers van hierdie aanvalle.

Foto’s: Reint Dykema

Kill the Boer poog om die wrede werklikheid van plaasaanvalle in Suid-Afrika plaaslik en internasionaal in die kollig te plaas en die regering tot verantwoording te roep. Die boek se titel is afgelei van die struggle-lied “Kill the boer, kill the farmer”. Roets het tydens die bekendstelling van Kill the Boer verduidelik dat AfriForum nie aanvoer dat alle plaasaanvalle en -moorde polities gemotiveerd is nie, maar dat die organisasie wel bekommerd is dat die politieke element tans onderspeel word. “Ons ontleding van vyf voorvalle van haatspraak deur vername politieke leiers teen boere het daarop gedui dat plaasmoorde in die maande wat op hierdie voorvalle gevolg het met gemiddeld 74,8% toegeneem het.” Die boek ontbloot ook gevalle van direkte betrokkenheid van lede van die regerende ANC, die Suid-Afrikaanse regering en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in besonder, in die beplanning en uitvoering van hierdie aanvalle. “’n Verskeidenheid redes word uitgewys waarom plaasaanvalle uniek is en verdien om as ’n prioriteits-

44

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Ernst Roets tydens die bekendstelling van sy boek, Kill the Boer.

misdaad hanteer te word. Dit sluit in die unieke frekwensie waarteen hierdie aanvalle plaasvind, die afgryslike vlakke van marteling wat gereeld met hierdie misdade gepaardgaan, die rol wat boere in die gemeenskap speel en die unieke omstandighede waarin boere hulself bevind,” meen Roets. Hy het ook vertel van sy eie ervaring toe ’n gevonniste plaasmoordenaar vir hom vertel het dat hy ’n lid van die ANC se militêre vleuel, uMkhonto we Sizwe, was en dat die ANC aan hom opdrag gegee het om ’n boer te vermoor. Roets sê dat hierdie bewerings in ’n ernstige lig beskou moet word en deeglik ondersoek moet word. Die bandopname waarin bewerings oor Julius Malema, EFF-leier, ook gemaak word, is reeds in Maart 2017 op die aktualiteitsprogram Carte Blanche uitgesaai. Die EFF het destyds gesê dat Malema

nie tyd het om daarop kommentaar te lewer nie. Die kwessie is ook nie verder ondersoek nie. Dr. Theo de Jager, president van die Wêreldlandbou-organisasie, het die boek as diepsnydend en omvattend beskryf. Hy het self al verskeie plaasmoordtonele besoek en sê hy wens dat hy só ’n ervaring kan bottel en gee vir diegene wat die relevansie van die boek bevraagteken. “Lees die boek voor jy kommentaar daarop lewer. Dit is tyd dat die regering spesiale aandag aan die saak gee. Politici moet ophou om mense aan te moedig om “Kill the Boer” te sing en dan hulle rûe draai wanneer dit wel gebeur.” AfriForum het ook tydens die bekendstelling gevra dat ’n onafhanklike kommissie van ondersoek aangestel moet word om te bepaal wat die faktore is wat tot plaasmoorde aanleiding gee.



IN BEWEGING

BUURTWAGTE pak misdaad proaktief DEUR NATASHA VENTER

A

friForum het tans sowat 100 buurtwagte reg oor Suid-Afrika wat poog om proaktief teen misdaad op te tree ten einde gemeenskappe te help beveilig. Sedert die begin van die jaar het dié buurtwagte reeds verskeie welslae behaal.

Foto’s: iStockphoto.com

DIEFSTAL Lede van AfriForum se Pretoria-Wes-buurtwag, die Tshwane-metroraad se kabeldiefstaleenheid en ’n privaat sekuriteitsmaatskappy het twee voorvalle van kabeldiefstal gefnuik. Die puik samewerking tussen die onderskeie partye het daartoe gelei dat die buurtwag die kabeldiewe kon verjaag voordat enige kabels gesteel of beskadig is. Die buurtwag in Vanderbijlpark het ’n vermeende kabeldief gevang en aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig. Die verdagte was na bewering besig om helder oordag by ’n elektriese substasie te probeer inbreek. AfriForum se Benoni-buurtwag het in samewerking met die SAPD, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en PHP Sekuriteit twee vermeende verdagtes in besit van ’n gesteelde mangatdeksel aangekeer. In nog ’n voorval het ’n AfriForum-buurtwaglid ’n verdagte voertuig, wat reeds by vorige misdaadvoorvalle betrokke was, opgemerk. Die buurtwaglid het die voertuig vir sowat tien minute lank agtervolg en op die Benoni Crime Group-radionetwerk vir bystand gevra. Lede van die GPF, PHP Sekuriteit en die SAPD is ontbied, waarna twee verdagtes gearresteer is. DWELMKLOPJAGTE AfriForum se Ellisras-buurtwag het in samewerking met Monster Security Services twee persone aangekeer wat tydens die interhoëratletiekbyeenkoms by Hoërskool Ellisras in die besit van dagga was. Dié persone is

46

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

aan die SAPD oorhandig. ’n Klopjag in Edenvale het vrugte afgewerp toe AfriForum in samewerking met Top Security, Mamba Special Ops, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), die Genesis K9-eenheid en die 24/7 Security K9-eenheid gehelp het dat die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) twee vermeende dwelmhandelaars kon vastrek. Tydens dié klopjag is daar op 14 sakkies kokaïen en twee sakke dagga met ’n gesamentlike waarde van R4 500 beslag gelê. Twee arrestasies is ook gemaak. AfriForum se Wes-Moot-buurtwag het ook onlangs in samewerking met die SAPD ’n sigbaarheidsaksie in die Herculesgebied gehou en later die aand vier dwelmverwante arrestasies gemaak. PLAASAANVAL Die blitsige en doeltreffende optrede van die AfriForum-buurtwag se protospan in Vryburg het betreders op ’n plaas in dié gebied op die vlug laat slaan. ’n Boer in die distrik het die AfriForum-buurtwag se hulp ontbied nadat hy verdagte persone op sy werf opgemerk het. Een van die verdagtes was volgens die boer ook gewapen met ’n vuurwapen. Die protospan het onmiddellik gereageer, waarna die vermeende plaasaanvallers op die vlug geslaan het, maar ongelukkig nie in die donker veld opgespoor kon word nie. BYSTAND AfriForum se Nylstroombuurtwag het vanjaar by ’n aantal ongelukstonele bystand verleen, onder meer by ’n toneel waar ’n vragmotor wat varke vervoer het langs die hoofpad aan die brand geslaan het. Buurtwaglede het die verkeer gereguleer en die brand probeer blus in ’n poging om die diere uit die brandende waens te red. Die AfriForum-buurtwag in Ellisras het in samewerking met die SAPD, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en ander veiligheidsmaatskappye ’n veiligheidsaksie in dié dorp geloods, waar-

tydens ’n aantal onwettige immigrante vasgetrek en voertuie by padblokkades vir onwettige voorwerpe deursoek is. Die AfriForum-buurtwagte in Bloemhof, Christiana, Delareyville, Sannieshof, Schweizer-Reneke, Stella en Vryburg het die SAPD bygestaan om onluste in Stellaland hok te slaan en inwoners asook eiendomme te beveilig. OPLEIDING EN TOERUSTING Lede van AfriForum se Warmbad- en RTL-buurtwag het veiligheidsopleiding ontvang ter verskerping van buurtwaglede in dié gebied se paraatheid. Ongeveer 30 mense het aan die opleiding deelgeneem, wat van taktiese hand-tot-hand-selfverdediging tot die aanleer van taktiese wapenvaardighede gewissel het. Die AfriForum-tak in Springs het selfverdedigingsopleiding vir nagenoeg 30 tak- en buurtwaglede in dié dorp aangebied. Die buurtwag het ook veiligheidstoerusting ontvang. Dít volg nadat die plaaslike tak dié behoefte geïdentifiseer het weens misdaadtoename in die omgewing. Die toerusting sluit koeëlvaste baadjies, patrolliekiste en kommunikasietoestelle in. Lede van die AfriForum-buurtwag in Riversdal het opleiding in die regsaspekte van veiligheidstoepassing ontvang. AfriForum het ’n twee dag lange beplanningsessie rakende Projek Nehemia, die organisasie se strategie teen geweldmisdaad, in die Overstrand aangebied. Dit is bygewoon deur sleutelrolspelers in die bekamping van misdaad. AfriForum se Stilfontein-buurtwag het onlangs nuwe toerusting ontvang. Vyftien nuwe radio’s is aangekoop, asook toerusting soos magneetborde en ligte wat sigbaarheid tydens patrollies verbeter. Raak vandag nog by jóú dorp se AfriForum-buurtwag betrokke om misdaad in jou omgewing te help bekamp. • Lees meer oor hoe AfriForum in jou omgewing ’n verskil maak by www.afriforum.co.za


IN BEWEGING

Herman Kloppers van Solidariteit Helpende Hand se Derdepoort Gemeenskapsentrum sit handjie by met die kleingoed se huiswerk.

Die mense, verhale van DERDEPOORT Tussen die Moot en Pretoria-Oos vind ’n mens ’n gemeenskap wat 30 jaar gelede floreer het. Die meeste inwoners was werknemers van Spoornet. Daar was ’n kerkgemeenskap met ses Afrikaanse kerke. Daar was Afrikaanse skole. Dit was Derdepoort, skryf HERMAN KLOPPERS.

Foto’s: Ansie van Niekerk

D

ie meeste van Derdepoort se drieslaapkamerhuise met die lekker groot burgererwe huisves vandag tot nege huishoudings. Houthuisies, karavane, sinkhuisies en buitebadkamers word ingespan om vir almal lêplek te gee. Die Spoornet-werknemers van 30 jaar gelede, nou in hulle vyftigs en sestigs, het ná 1994 in armoede verval weens regstellende aksie. Hulle kinders, nóú die broodwinners in Derdepoort, is die perfekte voorbeeld van die toebroodjiegenerasie – nie net omdat hulle hoofsaaklik op toebroodjies oorleef nie, maar ook omdat hulle vir hulself, hul ouers én hul kinders moet sorg. ’n Ouma van 55 wat haar agterkleinkind (in graad 2) by die skool gaan haal, is doodnormaal. Kinders raak op ongeveer 11 jaar seksueel aktief en op 14 of 15 word die eerste babas gebore. “Moenie warrie nie maneer, ek was ook 14 toe ek pregnant was. Ons sal haar help. Dis cool,” sê ’n vrou uit die gemeenskap toe ek van nóg ’n tienerswangerskap verneem. Haar hare is geel gebleik en gekoek. Haar vel is soos leer. Sy is maer. Haar naels en haar tande is geel van die sigaretrook. Die pa’s blaas amper as ’n reël die aftog nog voor die kinders gebore word. Dus het die meeste gesinne slegs een broodwinner: ’n enkelma. Sy moet met ’n inkomste van tussen R3 000 en R5 000

per maand die pot aan die kook hou vir haarself, haar kinders en haar ouers. Dié verdien dalk ’n staatspensioen van ’n duisend of twee. Die vier tronende kerkgeboue in Swaanstraat is Sondae amper leeg. Drie jaar gelede was daar in dié gemeentes altesaam skaars 100 dooplidmate. Die mense sien nie meer die nut daarvan om deel te wees van ’n gemeenskap nie, want om deel te wees van ’n gemeenskap verg ’n vertroue in jou medemens. Hierdie mense het al daardie vertroue verloor – in mekaar, maar veral in die mense van “buite” wat kort-kort soos spreekwoordelike ridders op wit perde kom “uitreik” net om weer te verdwyn. “Is oom een van die mense van die goeie deel van Pretoria wat vir ons kom jammer kry?” Die mense wat nog wíl, probeer eerder onder mekaar help as om nog ryk mense se projekte te ondersteun. Dié “ridders” het oor die jare meer as ’n skenking of twee agtergelaat. ’n Bakhandkultuur het posgevat en die mense het alle moed verloor dat hulle self iets aan hul lot kan doen. ’n Groot gedeelte van die skoliere in Derdepoort maak nooit klaar met skool nie. Die meisies raak swanger. Die seuns begin werk. Dié wat klaarmaak met skool kan nie bekostig om verder te studeer nie. “Kyk oom se hande! ’n Mens kan sien oom het vandag nog niks gewerk nie,” sê ’n sesjarige seuntjie nou die dag vir my. Elke volwasse man wat hy ken, is ’n me-

chanic met harde hande en swart vingers. Die CMR se maatskaplike werkers het hul hande vol. Hulle staan bekend as die “Hekse van Derdepoort”. Hulle is oorwerk en onderbefonds. Vir hulle is die “gewone” tienerswangerskappe nie die groot probleem nie. Dit is die bloedskande, dikwels tussen oupa en kleinkind, wat nou krisisafmetings aanneem. Daar is twee parkies in Derdepoort: die dwelmparkie en die lykparkie. Dit is waarvoor dié parkies bekend is. Derdepoort is gelukkig nie net sleg nie. Daar is heelwat oumense wat wel in klein huisies bly wat nie vervalle en vol motoronderdele is nie. Hier is ook twee skole vir die gestremde kinders in die gemeenskap, een vir kinders met gehoorgestremdhede en die ander vir kinders met leergestremdhede en epilepsie. Die laaste hoop, wat steeds fluks skyn, is dat die jong ouers van die nuutste generasie al meer na oplossings begin soek om vir hulle kinders beter te gee as wat hulle het. Hulle soek nie beter vir hulleself nie. “Daar is nie hoop vir my nie maneer, maar dalk kan my kind iets van sy lewe maak. As jy hom net bietjie kan help met sy somme...” • Herman Kloppers bedryf Helpende Hand se gemeenskapsentrum in Derdepoort. Hier word kinders in ’n naskoolsentrum met huiswerk gehelp en ’n kleuterskool open binnekort. Jy kan ’n verskil maak! Stuur ’n e-pos aan herman@helpendehand.co.za. www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

47


IN BEWEGING

Hier’s my OMGEEHART en OOP HANDE! DEUR DS. HANNES NOETH

D Foto’s: iStockphoto.com & René Roux

aar is genoeg dinge wat ons van toekomshoop kan beroof, ons mense magteloos en moedeloos kan laat en ’n mens kan laat vrae vra oor die toekoms hier in Suid-Afrika. Daar is ook baie antwoorde wanneer dit kom by wat ons kan doen om te keer dat ons mense moedeloos raak – met sommige oplossings wat weliswaar makliker uitvoerbaar is as ander. By Solidariteit Helpende Hand sien ons dit as ons verantwoordelikheid om ’n verskil met die hart te maak, deur hande wat in krag en moed saamwerk, en om só hoop te skep vir ons mense. DIE UITDAGING Helpende Hand besef dat armoede op alle vlakke aangepak moet word. Die uitdaging is om in ons samelewing veral aan geestelike, kulturele en fisieke armoede aandag te gee. As ons armoede wil aanpak, moed wil skep en toekomshoop wil verseker, moet ons hierdie uitdaging ten volle erken en identifiseer. Fisieke armoede is tasbaar en onmiddellik. Dit word die swaarste gevoel deur kwesbare groepe: kinders, gestremdes en bejaardes. Geestelike armoede suurdeeg deur ons hele gemeenskap, en kulturele armoede laat ons mense armer as wat ons dikwels besef. Daarom moet ons aanvaar dat strategiese beplanning en ’n belynde aanpak van armoede ’n

48

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

noodsaaklikheid is. Armoede kan nie met die plak van ’n pleister hier en daar hanteer word nie. Dit is nie volhoubaar nie. Die uitdaging is dus groot: Laat ons mense eet (fisiek); laat hulle hoop (geestelik); laat hulle behoort (kultureel). Mense met vol mae maar wat geestelik arm en kultureel bankrot is, gaan min hoop skep. ’n Geestelike hoogmoedigheid sonder ’n begrip vir armes gaan nie die honger stil nie en mense wat kultureel skatryk is maar wat sonder liefde is vir die mense aan wie hulle sê die geskiedenis hulle bind, gaan moeilik toekomshoop skep. DIE OPLOSSING Die oplossing lê in ’n belynde, strategiese aanpak van die nood onder ons mense op talle vlakke. Oor die hoe en die waar dink ons saam en hard, maar Helpende Hand het reeds agtergekom ons moet met die hart dink, ons moet hande hê wat ’n verskil wil maak en ons moet self in al ons strukture verstaan waaroor armoede gaan en hoe om in alle omstandighede hoop te bring. Ons mense moet leef ten spyte van konteks.

Hulle moet hoop ten spyte van ’n soms negatiewe praktyk – gemeenskapskrag moet in die aanpak van armoede na vore kom. Daarom werk ons tans hard aan gemeenskapsontwikkeling, ’n welsynstrategie, die verbreding van ons winkels as bron van inkomste vir ons gemeenskappe, ’n bewusmaking van die impak van Ds. Hannes Noeth armoede en die uitwissing daarvan, die ontwikkeling van gemeenskapsentrums, die belangrike uitbreiding van studiefondse, die ontwikkeling van loopbane en die direkte aanpak van fisieke armoede. Helpende Hand wil die hoop in ’n gemeenskap bevestig. Ons kan dit nie skep nie, ons kan dit slegs aktiveer, bestuur en belyn. Met diensbare harte kan ons hoop bring, met gewillige hande kan ons kos bring en met hart en hande kan ons hoop skep vir ’n toekoms. Ons hoef nie te vra wat gaan van ons word nie. Ons kan vraend aanbied: Hier is my hart en my hande. Gaan jy saam vorentoe? • Ds. Hannes Noeth is uitvoerende direkteur: gemeenskapsontwikkeling van Helpende Hand.



IN BEWEGING

NOODSEIN binne Beweging beantwoord DEUR DR. DANIE BRINK

Foto’s: iStockphoto.com & Rozier van Tonder

T

wee groot en groeiende vraagstukke binne Afrikanergeledere wek gedurig kommer – Afrikaner-armoede en Afrikaanse skole. Op 1 Julie 2018 is die Skoleondersteuningsentrum (SOS) as 19de onafhanklike organisasie binne die Solidariteit Beweging gebore. Die 11 personeel van Solidariteit Helpende Hand wat vir die SOS gewerk het, is nou almal werknemers van hierdie nuwe entiteit en gaan voortaan onafhanklik van Helpende Hand funksioneer. Die doel van hierdie opwindende verwikkeling is om seker te maak albei vraagstukke word behoorlik aangepak deur twee verskillende entiteite (Helpende Hand en die SOS) binne die groter Solidariteit Beweging. Die visie van die SOS is om die toekoms van Afrikaanse skoolonderrig te help verseker. Ons missie is om ten eerste die Afrikaanse onderwys wat tans bestaan en wat van wêreldgehalte is, in

50

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

stand te hou en ten tweede om nuut te dink en te doen ter wille van die behoud van Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika. Ons is terdeë bewus van uitdagings soos verstedeliking en die gepaardgaande ontvolking van die platteland, emigrasie, ekonomiese uitdagings, die skaarsheid van gehalte-onderrig in die platteland, kleiner gesinne en Afrikaanse mense wat Engels as taal vir hul kinders se skoolopleiding kies. Vir al hierdie uitdagings wil ons nuwe oplossings bedink en seker maak alle ouers wat graag hul kinders by ’n Afrikaanse kleuter-, laer- of hoërskool wil laat leer, sal in die toekoms die geleentheid hê om dit te doen. Die SOS belê in die kennis van Afrikaanse onderwysers en lei jaarliks duisende van hulle op in vakinhoud, tegnologie, pedagogiek en metodiek by middagseminare en kongresse. Die SOS ontwikkel ook vir leerders in al die uithoeke van ons land akademiese oplossings in die vorm van Die Wolkskool

– ’n aanlyn skool waar leerders volledige skoolopleiding sal kry, indien nodig, of net gedeeltelike opleiding ter wille van verryking. Die SOS veg verder vir die behoud van dít wat werk in die openbare skoolstelsel en beveg dit wat nie werk nie. Ons dink nuut, kreatief en innoverend aan volhoubare oplossings Dr. Danie Brink wat groter moet wees as die probleme. Dwarsdeur die geskiedenis word Afrikaanse onderwys benut as dié instrument om ons mense te bemagtig. Gehalte- Afrikaanse skole is steeds een van die deurslaggewende veranderlikes in die vooruitgang wat Afrikaanse mense in Suid-Afrika beleef. Danksy die Skoleondersteuningsentrum se geboorte op 1 Julie sal die noodroep oor Afrikaanse onderwys betyds en effektief beantwoord kan word. • Die Solidariteit-Virseker-vennootskap maak dit moontlik om Afrikaanse projekte soos die SOS te finansier. Lees meer hieroor op bladsy 14 en 74.



REG SPRAAK

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

DEUR NICOLETTE RAS

As ’n derde party ONTSLAG versoek ’n Lid het dié vraag gerig: Is ’n werkgewer geregtig om ’n werknemer op versoek van ’n derde party (kliënt) te ontslaan?

Foto’s: iStockphoto.com

H

oewel dit toelaatbaar is om werknemers op versoek van ’n derde party te ontslaan, is daar steeds verskeie stappe wat gedoen en faktore wat oorweeg moet word voordat die ontslag as billik beskou kan word. In die reël is dit baie raar dat hierdie tipe ontslag billik is. In die saak van NUMSA en Andere v. High Goal Investments CC t/a Chuma Security Services moes die hof uitspraak lewer oor of die ontslag van die applikante, wat vroue is, neerkom op outomaties onbillike ontslag ingevolge artikel 187(1)(f). Indien daar bevind word dat dit nie outomaties onbillike ontslag is nie, sal die ontslag net onbillik wees as die werkgewer nie kan bewys dat die ontslag weens onbevoegdheid, wangedrag of operasionele vereistes is nie. Die applikante, vroulike sekuriteitsbeamptes, is deur die werkgewer ontslaan nadat die derde party dit versoek het. Die derde party het aangevoer dat misdaad op hulle perseel toegeneem het en dat manlike sekuriteitsbeamptes aangestel moes word. Die ontslag van die applikante het plaasgevind net as gevolg van die versoek van die derde party. Die hof het soos volg bevind: 1 Daar is verwys na verdere regspraak 1. wat bepaal dat by die ontslag van ’n werknemer op die versoek van ’n derde party, mag sodanige ontslag slegs plaasvind indien daar geen ander alternatief vir die ontslag is nie. 2 2. Daar is sekere beginsels wat ’n werkgewer moet oorweeg en volg wanneer hy ’n versoek van ’n derde party ontvang vir dié ontslag. Sodanige beginsels word neergelê in Lebowa Platinum Mines Ltd v. Hill (1998) 19 ILJ 1112 (LAC). 3 Die werkgewer het geen ondersoek 3. gedoen om te bepaal of daar daadwerklik ’n toename in misdaad op die perseel van die derde party is nie. 4 4. Die werkgewer het nagelaat om die

52

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

5 5.

6 6. 7 7.

8 8.

derde party in kennis te stel dat hy sy versoek moet terugtrek omdat die verwydering van vroulike sekuriteitsbeamptes om plek te maak vir manlike sekuriteit strydig met die reg op gelykheid is. Die werkgewer het nagelaat om alternatiewe poste vir die vroue te soek. Daar was geen redelike verduideliking vir die applikante se ontslag nie. Die ontslag gebaseer op operasionele redes was ’n fait accompli omrede daar geen sprake van enige artikel 189-proses was nie. Van die belangrike beginsels wat gevolg moet word wanneer ’n werkgewer so ’n versoek van ’n derde party/kliënt ontvang is:

a. Daar moet ’n goeie en voldoende grondslag wees vir die versoek van die derde party. b. Die blote feit dat die ontslag ’n goeie kommersiële verhouding tussen die werkgewer en kliënt behou, is nie voldoende nie. c. Ondersoek moet gedoen word na alternatiewe vir die ontslag. d. Daar moet behoorlike konsultasie met die geaffekteerde werknemer wees, en die werknemer moet ook geleentheid hê om voorstelle te maak. e. Oorweeg die onregverdigheid en die impak wat dit op die werknemer sal hê. 9 9. Die applikante se ontslag is substantief en prosedureel onbillik.



IN BEWEGING

EVERY 5 HOURS A CHILD GOES MISSING IN SOUTH AFRICA

= 1 697 CHILDREN PER YEAR {missingchildren.org.za}

The unsung HEROES in times of crisis BY ANNALISE KEMPEN

Photograph: iStockphoto.com

W

hen someone is kidnapped, their family will often pin all their hopes of finding them on hostage negotiators. These highly skilled and expertly trained negotiators work behind the scenes to find the missing person. Hostage negotiators have different skill sets and are able to assist with different incidents, including hostage or barricade incidents, threatened or attempted suicides (dealing with a suicidal person), kidnappings, extortion, mass hostage-taking, besieged property, dealing with mentally disturbed individuals, precautionary or preventative action at major events, and any other incident where negotiations are necessary to ensure the safety of a person during a crisis. Hostage negotiators are therefore potentially able to respond to any incident where someone’s freedom of movement is restricted. Although hostage negotiations are not typically associated with suicide attempts, the negotiators may get involved if there is an imminent threat, for example when

54

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

a person threatens to jump off a high building or bridge. Once the negotiators have managed to bring these persons to safety, they will advise their loved ones to seek professional help. GET PROFESSIONALS INVOLVED The public is quick to criticise the police, especially on social media, for not solving a crime. When those same critics are asked whether they have reported the matter to the police, they can seldom give a police case number or further details of when or where they have reported the case. The same goes for kidnapping or missing persons cases: When someone goes missing and attempts to find him are unsuccessful, a missing person’s report must be filed at the local police station. There is no waiting period in South Africa before you may report a missing person, and if a police officer implies something to that extent, you must inform the station commander immediately. Should any information about the person’s whereabouts become available, the police must be informed immediately. If the kidnapper makes contact with the family or

if someone faces imminent danger in a suicide or domestic violence case, the police at station level or the 10111 operator must follow due process to verify the information and deploy the hostage negotiators. The first objective of hostage negotiators is to save the life of the victim. Therefore, they need the public to be open, frank and truthful by sharing all the relevant information with them to find the missing or kidnapped person as soon as possible. Do not withhold any information involving the missing person since this information will likely come out in any case during the police investigation to find the person. Withholding vital information from the police could prolong the hostage situation. Hostage negotiators are there to support people in times of crisis. They are professionals who keep the hope alive for families in their times of need and are truly unsung heroes. • Annalise Kempen is the editor of Servamus Community-based Safety and Security Magazine. This article is an adaption from an article originally published in the March 2018 issue.


IN BEWEGING

Hoe lyk die BAAS SE DAGBOEK? DEUR PAUL MARITZ

Foto: iStockphoto.com

E

en van die min dinge waaroor die meeste van ons saamstem, is dat mense verskil. Ons hare lê anders, ons is nie ewe lank nie, ons stel nie in dieselfde goed belang nie. Hoewel mense verskil, is daar tog een ding wat feitlik almal in gemeen het – ’n toekomsverwagting. Almal verwag iets van môre, oormôre, of van tien jaar later. Almal het, op een of ander vlak, ’n droom. Sommige drome is groter, en sommige kleiner, maar ons het almal ’n prentjie van onsself in die toekoms. Vir jongmense wat dalk onlangs begin werk het of volgende jaar die werksmag betree, is die droom meestal groot: Jy wil die baas wees, die een in beheer. Om groot drome te hê, is nie net goed nie, dit is noodsaaklik! Maak jou drome belaglik groot, en werk hard om daar te kom. Hierdie artikel fokus op die tweede deel van dié sin – hoe presies kom jy daar uit? Een van die bekendste saketydskrifte, die Harvard Business Review, het pas die bevindings van ’n studie bekend gemaak oor hoe maatskappyhoofde se werksdae tipies verloop. Dit lyk só: • Maatskappyhoofde werk gemiddeld 9,7 ure per weeksdag, dus heelwat meer as die 8 ure wat van hulle verwag word, met nog 2 ure per weeksdag wat aan e-posse of leeswerk tuis afgestaan word. • 79% van naweeksdae is hulle ook aan die werk, en dan werk hulle gemiddeld 3,9 ure lank. • Selfs op vakansiedae word daar gewerk en gerus, met gemiddeld 2,4 ure se werk per vakansiedag. • Deelnemers aan die studie is vir 62,5 ure per week aan die werk – meer as 50% méér as die voorgeskrewe 40 ure per week. Nou weet ons hoe lyk die baas se ure, maar hoe presies lyk sy agenda, sy dag-tot-dag-werk? Ook hieroor het die studie talle rigtingwysers: • 75% van maatskappyhoofde se tyd is geskeduleer, terwyl 25% oopgelos word vir spontane werk, dalk onvoorsiene werk wat dringend aandag verg, of nuwe projekte en kreatiewe tyd.

62,5 DIE GEMIDDELDE URE PER WEEK WAT MAATSKAPPYHOOFDE AAN WERK SPANDEER • Slegs 47% van dié bestuurders se tyd word by die hoofkantoor deurgebring, met nog 47% by ander instansies en 6% by hul ondernemings se ander kantore. • Soveel as 61% van hul kommunikasie is van aangesig tot aangesig, met slegs 24% van kommunikasie wat per e-pos plaasvind. Indien jy jou toekomstige self dus as die baas van die plaas sien, neem gerus kennis hiervan en begin sommer nou al om jou beplanning aan te pas. Die studie het ook interessante bevindings oor hoe hoofde die res van hul tyd deurbring: • Slaap is vir toppresteerders belangrik, en die studie het bevind dat die gemiddelde bestuurder elke aand 6,9 ure slaap. • Die gemiddelde hoof spandeer 45 minute per dag aan oefening –

om vir lang ure aaneen te werk, is fiksheid noodsaaklik; maak dus tyd daarvoor in ’n besige skedule. • Bestuurders bring gemiddeld 3 ure per dag saam met hul families deur, en is baie streng daaroor. Jou rol as ouer of huweliksmaat of kind is net so belangrik soos die hoë pos wat die rekeninge betaal – moet dit nie afskeep nie! Jy is dalk nog nie die baas nie, maar as jy glo dat jy op pad daarheen is, moet jy soos die baas begin optree. Die studie van die Harvard Business Review maak dit duidelik: Die baas werk werklik hard, die baas beplan sy of haar tyd vooruit, en die baas verkies om ’n saak van aangesig tot aangesig op te los. Die baas maak ook tyd vir familie, en tyd vir groei. Probeer dit, dalk werk dit vir jou! • Paul Maritz is die nasionale koördineerder van Solidariteit Jeug. www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

55


IN BEWEGING

Sol-Tech-span is MEESTERS én MENTORS DEUR MOIRA-MARIE KLOPPERS

Foto’s: Martie Maree & Paul van Deventer

I

n ’n land waar werkloosheid erger as ooit tevore is, verwag ’n mens dat werksoekers by werkplekke sal toustaan om werk te kry. By SolTech staan werkgewers egter tou om Sol-Tech-studente aan te stel. Een van die hoofredes daarvoor, meen Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, is dat die kundigste personeel by Sol-Tech aangestel word wat uiteindelik die beste kennis en vaardighede aan dié tegniese kollege se studente oordra. “Elke lektor is ’n meester op sy gebied, maar hy is ook ’n mentor. En dit is hierdie kombinasie van goeie kennis, praktiese vaardighede, passie én werketiek wat van Sol-Tech se studente uiteindelik gesogte werknemers maak.” In hierdie uitgawe kry lesers ’n kykie agter die skerms in die wêreld van SolTech se staatmakers. DRIE VETERANE VEREER Vyf-en-veertig jaar. Dít is hoeveel jare se Solidariteit Beweging-ervaring wat André Vermaak, Leon van Wyk en dr. Philip Minnaar terugploeg in Sol-Tech en sy studente. Hulle is onlangs vereer vir hul

56

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

jare diens. “Hierdie staatmakers se kennisnalatenskap is van onskatbare waarde vir Sol-Tech. Hulle is werklik die veterane van die Sol-Tech-span … in ervaring en nie noodwendig in jare nie,” het Van Deventer geterg. ANDRÉ VERMAAK staan aan die stuur van Ajani, Sol-Tech se plasingsmaatskappy by wie werkgewers toustaan om Sol-Tech-studente aan te stel. “André het die afgelope agt jaar seker gemaak dat ons sterk verhoudings met goeie werkgewers bou en só is daar vandag, danksy Ajani, ’n wen-wen-vennootskap tussen ons kollege en die bedryf,” het Van Deventer gesê. Vermaak se loopbaan van 25 jaar het diep wortels in die vakbond Solidariteit se staalbedryf, waarna hy by die Solidariteit Beweging se werkplasingsprojekte betrokke geraak het. Vandag is hy die hartklop van Ajani. “SolTech se groei en uitbreiding asook die vlak waarop Ajani funksioneer en ontwikkel het, is vir my ’n groot hoogtepunt in my loopbaan,” het Vermaak gesê.

LEON VAN WYK het in Desember 2007 as een van slegs vyf personeellede by SolTech aangesluit. Hy is aanvanklik as meganiese bestuurder aangestel, maar is vandag die operasionele departementshoof van Sol-Tech. Van Wyk het sy vaktoets in 1983 as passer en draaier geslaag en ná jare as vakkundige in verskeie werkplekke, het hy tussen 1990 en 2007 as opleier by die Eskom Kollege gewerk. In dié tyd het sy passie ontwikkel om studente op te lei terwyl hy homself ook verder bekwaam het. In 1996 het hy sy Meestervakmankwalifikasie as topstudent verwerf. Oor sy loopbaan by Sol-Tech het Van Wyk gesê: “My eerste groep by Sol-Tech was 12 pasen-draai-studente. Later het 36 meulmakers bygekom. Ons moes oor naweke die toerusting in plek kry vir die komende week se modules. Ons het geen infrastruktuur gehad nie. Masjinerie is op veilings gekoop en ons moes dit herstel voordat studente met enige masjineringstake kon begin. Dit was georganiseerde chaos, maar as ek sien waar ons vandag is, is ek ongelooflik trots op die deel wat ek tot dusver kon doen en die studente wat ons hier kon uitstuur!”


IN BEWEGING

DR. PHILIP MINNAAR het twee ambagte (motorwerktuigkundige en dieselwerktuigkundige), ’n ingenieursdiploma, ’n hoëronderwysdiploma, ’n meestersgraad én ’n doktorsgraad. Dit is dus logies dat hy sy liefde vir leer uitleef deur ander te leer. Ná ’n loopbaan van 13 jaar by die destydse departement van korrektiewe dienste het hy ’n onderwysloopbaan gevolg totdat hy in 2008 as afdelingshoof by Sol-Tech se dieselwerktuigkundeafdeling begin werk het. “My bakkie het in die eerste jaar hard gewerk. Ons moes van skrootwerf tot skrootwerf ry om enjins, ratkaste, ewenaars en stuurkaste te versamel. Intussen het ek ekstra kursusse in nuwe tegnologie in die motorbedryf gedoen.” In 2011 het Minnaar Sol-Tech se N-kursusse gevestig en kort daarna het die eerste Sol-Tech-studente hul vaktoetse geskryf. “Dit was ’n groot hoogtepunt!” Minnaar is sedert 2013 as hoof aan die stuur van Sol-Tech.

VETERAANFEITE • ANDRÉ VERMAAK wou aanvanklik ’n predikant word en was ’n korporaal in die weermag. • LEON VAN WYK moes as deel van sy Meestervakmankwalifikasie ’n praktiese komponent binne 200 uur teken, ontwerp, voorlê, en vervaardig met minder as 5% gekoopte onderdele. • DR. PHILIP MINNAAR het in sy loopbaan by die departement van korrektiewe dienste ’n tegniese kollege op die been gebring en ambagsopleiding in 16 verskillende ambagte aan gevangenes gefasiliteer.

NUWE TALENT GEE STUKRAG AAN SOL-TECH

A

nnemieke Pouwels en Schikkie Geldenhuys het onlangs by die Sol-Tech-personeelspan aangesluit.

ANNEMIEKE POUWELS het in Junie vanjaar as opleidingsdepartementshoof by Sol-Tech aangesluit. Sy het in 2007 haar onderwysgraad by Aros voltooi. ’n BEd-honneursgraad en meestersgraad in hoër onderwys het in onderskeidelik 2010 en 2015 gevolg en verlede jaar het sy vir haar doktorsgraad in Onderrigbestuur by Unisa ingeskryf. Haar loopbaan het by Aros begin waar sy nuwe afdelings help ontwikkel het, waarna sy by ’n teologiekollege verantwoordelik was vir registrasie, akkreditasie en studiemateriaalontwikkeling. Wat was haar eerste indruk van SolTech? “Dit was lekker om hier te kom en te sien dat alles wat ek nodig het vir my gereed staan. Almal is hulpvaardig en hier is ’n spangevoel. As ek een les vir ons studente kan leer, sal dit wees om met ywer hard te werk tot eer van die Here, want dan sal jou werk vir jou ’n vreugde wees.”

SCHIKKIE GELDENHUYS het sy BAgraad in 2006 aan die Universiteit van die Vrystaat behaal en ’n nagraadse onderwyssertifikaat en honneursgraad in Onderwysbestuur het in onderskeidelik 2009 en 2017 gevolg. Sy loopbaan het in die onderwys begin waar hy tegniese vakke aangebied het totdat hy in Mei vanjaar as onderrigdepartementshoof by Sol-Tech aangesluit het. Die doelgerigtheid waarmee die personeel saamwerk, het hom dadelik opgeval. Maar wat hom werklik laat voel het dat hy hiér hoort, is die studente. “Elke student het sy of haar eie magic. Hulle is uiteenlopend en uniek, maar vorm vinnig hegte bande. Die beste plek om dit te sien, is in die parkeerarea tussen periodes wanneer die studente met mekaar staan en gesels. Hulle kom hier aan as kinders en dit is wonderlik om te sien hoeveel hulle hier by ons ontwikkel. Die één les wat ek hulle wil leer voor hulle onder my hande uitgaan, is verdraagsaamheid – dat jy van iemand mag verskil, maar nooit mag oordeel nie.”

WIL JY BY SOL-TECH STUDEER? Registreer by www.sol-tech.co.za • Opedag: 8 September 2018 08:00 vir 08:30 • Registreer by www.sol-tech.co.za

!


This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

MEMBERSHIP CATEGORIES Collective members

Individual members

Supporting members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.

Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/

58

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za


SERVE & PROTECT

OTHER SERVICES

Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.

Death benefit* Funeral benefit (Martin’s or Avbob)

A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. Assistance with investigations • A funeral of the same standard as that of Assistance is provided in adults is provided for a member’s depenconnection with investigations dent children under the age of 21 years. by the Medical Bureau for • The spouse may apply to continue as Occupational Diseases and Solidariteit a member after the death of the main Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer benefits enquiries ofSolidariteit the Compensation Beweging member. van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 Commissioner and Rand Mutual, as well • The burden of funeral arrangements as work-related disability claims. All claims is alleviated by the fact that Solidarity must be submitted within six months. and Martin’s or Avbob will make all the arrangements. Collective bargaining • A 10% rebate on headstones has been Competent and experienced negotiated with Martin’s and Avbob. Solidarity staff members under• The undertaking services are provided take collective bargaining to solely by Martin’s or Avbob. If the services negotiate better conditions of of another undertaker are used, Solidarity employment and salaries for members. will only pay out R500 in respect of funeral expenses (terms and conditions apply). • •

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Permanent medical disability* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from employers that they are permanently unfit for work in the labour market, receive a once-off amount of R1 800. Claims must be submitted within six months.

Maternity benefit*

A maternity benefit of R1 500 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.

Study benefit*

Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit. Photograph: iStockphoto.com

Additional cash disbursements

Solidarity Magazine Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.

At the death of a paid-up member, a cash amount of R3 600 is paid to the surviving spouse or dependent children. At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 400 is paid to the member. Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 800 • Disabled children (20+) – R1 800 • Children younger than 14 years – R1 200. Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. All claims must be submitted within six months.

Holiday benefit* Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit. * Terms and conditions apply. For more information, call 0861 25 24 23

Car and household insurance This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of members’ premiums to the Virseker Trust * Bepalings en voorwaardes geld that invests in Afrikaans education and training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za

LegalInsurance X is ’n gemagtigde verskaffer van Legal

finansiële dienste • FSP-nommer: 5277full Members and their dependants can enjoy legal cover outside the labour context for an additional premium of R115* per month. This provides access to 24-hour legal advice over the telephone and legal representation up to the value of R100 000 per year (limited to R25 000 per case). • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za * Premiums guaranteed for one year. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), underwritten by Guardrisk Insurance Company Limited (FSP 75)

Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste Independent Financial Advice

Solidariteit Solidarity Financial Services has an independent financial advice departmentDienste who can assist Finansiële clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk Solidariteit and retirement planning as well as investment Finansiële Dienste planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005 Medical gap cover Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • E-mail – gapcover@solidarity.co.za

Wills, estate administration You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300

www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

59




Van BOEKE tot BRAAIVLEIS en BEKENDES Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou GRATIS Afrikaanse aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte, resepte en boeke. Kom sê jou sê, snuffel in ons koöperasie of kuier saam om die kombuistafel met smullekker resepte. maroelamedia.co.za is jóú huis! KNIP, VERF, PLAK – 50 PRETTIGE KUNSPROJEKTE

V

lytige kunstenaars van vyf jaar en ouer sal hierdie handwerkboek baie geniet. Die 50 prettige en ekovriendelike kunsprojekte bevorder hergebruik en herwinning en is boonop uiters ekonomies om te maak. Die verbeeldingryke dog eenvoudige projekte is pragtig geïllustreer en die instruksies maklik om te volg. Kinders (én grootmense!) kan na hartelus knip, stempel, plak, verf, skep en sommer baie pret hê wanneer hulle die fassinerende aktiwiteite aanpak en kuns maak uit weggooigoed. Die boek bevat ’n lys van basiese kunsbenodigdhede, patrone en nuttige wenke wat ywerige kunstenaars sal help om die kunswerke suksesvol aan te pak en te voltooi. Kuns kan uit byna enigiets gemaak word – kyk net om jou rond en gebruik jou verbeelding! Jy kan selfs jou hande en voete inspan om kuns te maak! Knip, verf, plak – 50 prettige kunsprojekte is geskryf deur Susie Brooks en word uitgegee deur LAPA Uitgewers. Die oorspronklike titel is Paper Print Stamp. Die bekroonde skrywer Jaco Jacobs het die boek in keurige Afrikaans vertaal.

BOBAAS BRAAIBROODJIES Hierdie smullekker resep kom uit Janie Monsieur se kombuis. Vir ‘n heerlike variasie, sit repies gebraaide spek op die broodjies voordat jy dit op die rooster plaas. BESTANDDELE 2 snye witbrood botter (nie margarien nie!) tamatie, dun gesny sout en peper ’n ui, dun gesny goudakaas, gerasper

METODE

1. Smeer botter op albei snye brood. 2. Pak 2 tot 3 snye tamatie op die kant van die brood wat nie botter op het nie. Geur met sout en peper. 3. Sit sowat 5 snye ui op die tamatie en strooi lekker baie kaas oor. 4. Plaas nou die ander sny brood bo op, met die gebotterde kant na buite. Plaas die broodjie op ’n toeknyprooster. 5. Braai oor ’n lae hitte en draai gereeld tot die kaas gesmelt is en die broodjie goudbruin raak. 6. Haal van die rooster af en eet dadelik.

KUIERKOOP BETEKENIS: In of buite winkels rondloop en kyk na die ware sonder die bedoeling om te koop. 62

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

HARDWERKENDE HOOP in lewende lywe

Foto’s: iStockphoto.com

E

k het onlangs met die projekleiers van verskillende niewinsgewende organisasies gesels oor die werk waarmee hulle besig is in die gemeenskappe wat hulle dien. Die arbeiders is min en die toeskouers wat van die pawiljoen af kritiseer, so baie. Ek het aanvaar dat mense nie by oplossings betrokke wil raak nie weens ’n gevoel van lompheid, van nie weet hoe of waar om te help nie, of weens teleurstelling omdat iemand iewers in die verlede hul goedbedoelde hulp misbruik het, maar ek het iets anders raakgehoor wat my persoonlik uitdaag asook die mediaplatform waarvan ek deel is. Mense reageer op grond van dit wat hulle dink en glo. As ek glo ek kan ’n verskil maak, is ek bereid om iets te probeer, al het ek nog nie al die antwoorde van presies hóé nie. As ek glo daar sal ’n môre wees, maak ek werk van hoe ek wil hê daardie môre moet lyk. Die teendeel is egter ook waar: As ek nie glo iets of iemand kan verander nie, is ek ook nie beskikbaar vir die proses van verandering nie. Ek gaan mos nie my geld, tyd of moeite mors op ’n “onmoontlike” saak nie? Die media speel ’n belangrike rol in die vorming van mense se toekomsprentjie en -verwagting. Dis belangrik dat ons ingelig word oor ons land se foute, want elke uitdaging bied die ideale geleentheid om as medewerker vorentoe te tree. Ek wil ook ingelig wees

DEUR LINDIE STRYDOM

om kreatief en innoverend op my Goddelike roeping te kan antwoord. Maar ons kan anders praat, soos mense wat kies om die hoop tussen die hopelose te gaan soek, wat nie onnodig petrol op die verkeerde vure gooi nie en wat ons invloed en vermoë om iemand se denke en opinies te skuif, verstaan en ten goede gebruik. As ek iemand wil skuif, is dit tot op die speelveld en nie uit die land uit nie! Die gebruikers van media is ongelukkig nie naastenby kieskeurig genoeg oor wat hulle lees en waarna hulle kyk nie. Ons word meegesleur deur fopnuus en sensasie terwyl God se Woord van ons vra om ons gedagtes te rig op alles wat goed en mooi en waar is. Wat jy glo en dink, gaan bepaal wat jy doen. Ook die Wie jy glo. In Hebreërs 11 sien ons hoe mense soos Noag, Abraham, Isak, Jakob en Josef onmoontlike en selfs belaglike dinge aanpak op grond van die God in Wie hulle geglo het – die God vir Wie niks onmoontlik is nie. Omdat hierdie pa en oupa en oupagrootjie gehoorsaam gedoen het wat God van hulle gevra het, het hulle nageslag ’n voorbeeld gehad van hardwerkende hoop in lewende lywe. Net daarna begin Hebreërs 12 met die prentjie van die lewe as ’n wedloop en om te hardloop met ons oog gevestig op Jesus, “die Begin en die Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die skande en vernedering van die

kruis verduur.” Ek het gedog visie- en missiestellings is ’n moderne verskynsel waar mense om ’n raadsaaltafel omslagtige woorde aanmekaar string en dan raam teen die muur: ’n verklaring van “wat” jy najaag. As ek na Jesus se visie kyk, sy toekomsprentjie en vooruitsig wat maak dat Hy bereid is om sy lewe neer te lê, gaan dit oor ’n “wie”. Die vertrekpunt is mense en die einddoel van Jesus se visie is steeds die “wie” ons word in ’n versoende verhouding met God. Hoekom maak ek myself dan so moeg oor die “wat ek moet word”? Ons, sy vreugde voor oë, was so ’n sterk motivering vir Hom dat dit Hom gedra het deur die pyn en die skande en vernedering van die kruis. As Jesus my visie is, kom deponeer Hy ’n missie in my hart wat my in beweging in inspireer met ’n wat-ook-al-waarook-al-beskikbaarheid. Ek is opgewonde om die taak of roeping wat Hy aan my toevertrou het, uit te leef terwyl ek vashou aan die belofte: Hou Hom voor oë dan sal jy ook nie geestelik moeg en moedeloos word en tou opgooi nie! Ons kan sonder om eers ’n niewinsgewende organisasie te begin, ’n projek te lei of ’n titel te hê met vrymoedigheid sê: Volg my soos ek vir Jesus volg en doen wat ek doen, net soos ek doen wat ek Jesus sien doen! Mag jou hoop in Christus jou kinderlik naïef maak oor wat moontlik is saam met ons niks-isonmoontlik God! www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

63


IN BEWEGING

Nege RUITERS, 200 km, Vrystaatse winter DEUR ILZE NIEUWOUDT

’n

Voorliefde vir die Afrikanergeskiedenis gemeng met ’n sterk dosis passie vir hul getroue perde – dit som min of meer die ruiters van Herdenkingsritte op en die rede waarom hulle nóg ’n uitmergelende rit in die middel van die Vrystaatse winter aanpak. Herdenkingsritte is ’n inisiatief wat die sameroeper en ruiter Theunis van Staden in 2012 van stapel gestuur het. Sedertdien het Van Staden en verskeie ander ruiters reeds nagenoeg 1 700 km afgelê en sowat 30 geskiedkundige terreine langs die pad besoek. Vanjaar het nege ruiters ’n volgende taai rit aangepak. Hierdie keer het die rit tydens die bekendstelling van Kraal Uitgewers se nuutste boek, Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die AngloBoereoorlog, 1899-1902, op 23 Junie by die Vrouemonument in Bloemfontein afgeskop. Die rit het oor meer as 200 km gestrek en daar is by verskeie AngloBoereoorlogterreine en -monumente aangedoen. Prominente bakens op dié rit, wat deur Kraal en AfriForum geborg is, het die slagvelde by Paardekraal en Magersfontein en die historiese bakens by Jacobsdal en Petrusburg ingesluit. Die rit is op 1 Julie in Kimberley afgesluit. “Ons het nie net ons eie geskiedeniskennis opgeskerp nie, maar ons het ook bewus geword van die groot behoefte aan die instandhouding en bewaring van dié terreine en monumente. Talle van die monumente en terreine is in ’n swak, vervalle of beskadigde toestand,” het Mareli Rall, AfriForum-bemarkingsbeampte wat ook die rit meegemaak het, vertel. Volgens Van Staden is daar ’n dringende behoefte om die geskiedenis aan die lewe te hou en ’n bewustheid daaroor by veral jong mense te kweek. • Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting oor die geskiedenis van die omgewing waardeur gereis is asook die historiese terreine waarby die ruiters daagliks aangedoen het.

64

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Vanjaar se Herdenkingsrit het tydens die bekendstelling van Kraal se nuutste boek, Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die AngloBoereoorlog, 1899-1902, op 23 Junie by die Vrouemonument in Bloemfontein afgeskop.


IN BEWEGING

BRUTAL REALITY OF FARM ATTACKS IN SA

T

he long-awaited book about the brutal reality of farm attacks in South Africa by AfriForum deputy CEO Ernst Roets is said to change the way we think about this horrific crime. The official launch of Kill the Boer: Government complicity in South Africa’s brutal farm murders took place in Pretoria on 30 June. Even before the launch, the book received some anticipated criticism from especially the EFF, who claimed that AfriForum was “mad” and “sick”. According to The Citizen, the book was

even labelled as “racial populism”. Roets hit back on Twitter, saying: “It’s disappointing to see how people are trying to discredit a book they haven’t read merely based on the fact that it’s about farm murders, a crisis with disastrous consequences, not only for those who are murdered, but for the country as a whole.” • Visit www.killtheboerbook.com for more information about a book launch in your area. The book is available on the website www.kraaluitgewers.co.za and at leading book stores.

HAAS JOU: KRY EEN VAN DIÉ (S)KATTIGE NOTABOEKIES

K

raal se spreekwoordnotaboeke verkoop soos soetkoek! Dié gewilde notaboekies (gevul met pittige Afrikaanse spreekwoorde) is terug omdat jy daarvoor gevra het. Bederf jouself (én ander) met een van dié kostelike haas-, kat- of hondnotaboekies. Dié A5-boekies bevat 75 bladsye en kos R60 elk.

Photographs: Supplied

NEW BOOK BY RETIRED MAJOR-GENERAL ROLAND DE VRIES

M

obile warfare for Africa: On the successful conduct of wars in Africa and beyond – Lessons learned from the South African Border War (R700) by Roland de Vries, Camille Burger and Willem Steenkamp presents a remarkable amount of experience drawing primarily from the South African Border War and offers a yardstick for the enhancement of contemporary combat practices. Through numerous case studies, supported by photographs and maps, this study will be of utmost value to historians, researchers and those interested in contemporary military practice. • Visit www.kraaluitgewers.co.za for more information or to order a copy.

www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

65


IN BEWEGING

Beskerm jou kind se IDENTITEIT aanlyn Met die toenemende gewildheid van sosiale media is mense geneig om deesdae alles aanlyn met hul vriende te deel: van wat jy doen en waar jy is tot hoe jy lyk en wat jy eet. Maar is dit werklik net jou vriende wat dié plasings sien? Die antwoord is eenvoudig: Nee, dit is nie, skryf LINDIE DE BEER.

L

uidens ’n artikel wat op die tydskrif Goeie Huishouding se webwerf gepubliseer is, wys daarop dat geen vorige generasie so in die openbare oog grootgeword het soos vandag se kinders nie. Mammas begin reeds foto’s van hul kinders op aanlyn platforms plaas nog voor hulle geboorte. Bykans elke oomblik word vasgevang en op een of ander elektroniese platform geplaas. Jy dink dalk jy spog met jou pragtige kind (en jy mag!), maar die gevaar is dat jou kind se voorkoms, besonderhede en ligging ook met ongewensde mense in die wêreld gedeel word. Volgens ’n artikel op The Guardian se webwerf is 63% van alle ma’s Facebook-gebruikers. Van dié groep sê 97% dat hulle gereeld foto’s van hul kinders plaas, terwyl 46% van hulle video’s plaas. Die verskynsel is só algemeen dat die digitale wêreld deesdae ’n woord het vir ouers wat gedurig foto’s en video’s van hul kinders plaas: Sharenting.

word saam met ’n ligging opgelaai. Vir ’n ontvoerder, pedofiel of misdadiger is dit inderwaarheid ’n advertensie. Hulle weet hoe jou kind lyk, kan op jou profiel sien in watter skool hulle is en waar julle graag tyd deurbring. Selfs al word jou kind nie fisiek geteiken nie, berig Huffington Post dat 50% van foto’s wat op pedofielwebbladsye gevind word, van ouers se sosialemediaplatforms af kom. Ouers het geen beheer oor waar hulle kinders se foto’s uiteindelik beland nie. The Guardian waarsku voorts dat jy versigtig moet wees om te veel persoonlike inligting oor jou kind bekend te maak, soos sy of haar volle naam en van, geboortedatum en plek van geboorte. Hierdie inligting maak identiteitdiefstal soveel makliker. Onthou dat alles wat jy op sosiale media plaas, steeds daar gaan wees teen die tyd dat jou kind 16 jaar oud is. Is dit inhoud wat hom of haar gaan skaam maak, of kan oopstel vir ’n geboelie? Is dit dalk iets wat teen hom of haar kan tel as hy of sy vir werk aansoek doen? Met elke foto, statusopdatering of storie wat jy oor jou kind vertel, skep jy vir hom of haar ’n digitale voetspoor. ’n Digitale voetspoor is alles wat oor ’n persoon op die internet gevind kan word. Dit is

WEB-

Foto: iStockphoto.com

WYS

HOEKOM IS DIT GEVAARLIK? Mensehandel is reeds vir eeue ’n skrikwekkende werklikheid, maar sosiale media maak dit vandag nog makliker. Elke foto wat jy op sosiale media plaas,

66

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

iets wat daar is om te bly, wat beteken jy as ouer moet aan die langtermyn dink voordat jy enigiets oplaai. BESKERM JOU KIND SÓ Jy het dalk al gesien sommige mense deel slegs foto’s van ’n nuwe baba se handjie of voetjie, of iets soos ’n skaduwee van hul kleinding op sosiale media. Hulle doen dit met goeie rede: Hulle beskerm hul kind se identiteit. Bekendes wat in die kollig lewe, doen dit veral – hulle sal altyd ’n foto van agter af of slegs van die kind se skaduwee plaas. Maak seker jy deel foto’s net met die mense wat jy vertrou, en let op die tipe foto’s en inligting wat jy deel. Dis ook belangrik dat jou sosialemediaprofiel se sekuriteit op die veiligste verstelling is. As jy nie seker is hoe om dit te doen nie, kontak ons by elektronies@solidariteit.co.za SLIM PLAN Indien jy graag vir jou kind ’n elektroniese onthouboks met al sy of haar oulike sêgoed, foto’s, video’s of selfs briefies wil saamstel, skep ’n e-posadres en stuur alles daarheen. Eendag, wanneer jou kind 18 jaar oud is, gee jy vir hom die besonderhede van die e-posadres sodat hy alles oor sy kinderjare kan lees.


IN BEWEGING

Leave your work at the OFFICE

Photograph: iStockphoto.com

A

BY WILMARIE BRITS

s technology advances and managers’ expectations increase, our work life becomes more challenging. The availability of so-called comfort technology, such as cell phones, home computers and tablets, is blurring the once sacrosanct line between personal time and professional time. A study published in the Journal of Occupational Health Psychology has shown that one third of all office workers take work home in the evening. “People who tend to linger on bad or stressful work experiences outside of working hours report more frequent insomnia than those who can successfully shut off these bothersome thoughts,” said Caitlin Demsky, author of the study. If you are struggling to cope with an

MY

WORK

increased workload at the office that threatens to spill over into your private life, try these four easy tips to help you leave your work at the office.

SET CLEAR PRIORITIES Determine which of your tasks are more important and complete them first. If you cannot distinguish between what is important and what is not, you will treat everything as a priority and overburden yourself in the process. ALWAYS BE REALISTIC Assess your workload and if there is already too much on your plate, do not add to your responsibilities by taking on even more tasks. Don’t try to do everything yourself if you have a team to

support you. Teamwork in the workplace is very important. ORGANISE YOUR TIME Be the manager of your own time. Make time in the morning to plan your day. Try to complete one task at a time according to your plan. When you are attending meetings, make sure everyone sticks to the agenda. People waste time in meetings when they stray from the agenda. MANAGE TECHNOLOGY Technology can be your best friend, but it can also be your worst enemy. If you must work from home, set a time when others may contact you, say from 18:00 to 20:00. This way, you will not feel guilty if you switch off all technology outside those hours.

www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

67


Afrikaans ‘n TAAL so in my KRAAL

Foto: iStockphoto.com

M

y foon lui. Dis Johan. Ons praat eers oor koeitjies en kalfies – letterlik, want sy raad en ervaring is nuttig vir ’n vanaf-die-kantlyn-beesboer soos ek. Ek voel egter aan dat hy iets anders op die brein het; ek ken hom goed genoeg om dit te kan herken. En dan kom dit: Hy verhuis SuidKaap toe met sy gesinnetjie. Dit weet ek reeds, maar die kwessie is dat hy sy kinders in ’n Engelse skool wil sit. Ek voel die bloed in my kop opstoot. “Maar my goeie… (verbeel ek my of deins my telefoon effe voor die aanslag van die kleurvolle taal wat hier afgevuur word?) Johan, is jy van jou sinne beroof?” “Nee, maar dis hoekom ek jou so ’n bietjie toets hieroor. Wat sê jy, Chris?” vra my vriend versigtig, die berou dat hy ooit die gesprek met my – van alle mense – begin het, veraf merkbaar. Ek aarsel ’n wyle, kry my gedagtes agtermekaar. Ek kan hom vertel dat die eerste woorde wat sy kinders ooit gehoor het waarskynlik die liefkosings in Afrikaans was wat sy vrou, hulle moeder, gepraat het toe hulle net gebore was. Ek kan sê dat die klank van daardie taal die eerste gekommunikeerde liefde vir hulle ore was; dat hulle ná die dowwe, baarmoedervloeistof-gedempte klankwêreld van hulle eerste nege maande uiteindelik helder en met hulle eie timpanums die lugversteurings van hierdie taal met sy rollende erre en roggelende g’s binnegekry het; dat hulle uit die newels van primordiaal amoeba-agtige ontwikkeling van twee verenigde selle eers ’n klontjie lewe, later ’n soort paddavis en dan ’n gedoentetjie met kieue en al en later as ’n klein mensie die wêreld van mense betree het en sin gemaak het van die klanke om hulle, in Afrikaans; dat hierdie klanke mettertyd verstaanbaar geword het, dat hulle die betekenis daarvan begin verstaan het en van voëltjies, wiskunde, koekbak en die wind geleer het in hierdie taal van hulle moeder, by hulle moeder. Ek kan hom vertel van die statistiek wat wêreldwyd die sukses van moeder-

68

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

As vandag se graadeentjies teen die tyd dat hulle matriek skryf geen taalperke sal hê nie danksy die tegnologie van daardie tyd, waarom maak dit dan saak?”

taalonderrig ondersteun in studente se prestasiesyfers. Ek kan hom vertel dat ek in ’n volkome Afrikaanstalige laerskool en hoërskool was en desondanks in die 32 lande waarin ek reeds gewerk het nog nooit taalkundig moes terugstaan nie. Ek kan hom vertel dat Engels (’n pragtige, nuttige en hoogs ontwikkelde taal) meer gereeld as in die geval van die meeste ander tale neig om die enigste taal te bly van ’n eerste taal Engelssprekende persoon en dat dit in die toenemend globaliserende wêreld waarin ons leef in byvoorbeeld bestuursposisies onhandig kan wees, indien nie vanuit ’n taalvaardigheid- en taalverskeidenheidsoogpunt nie dan wel vanuit ’n taalempatiese oogpunt – dié meegevoelige begrip dat daar ander tale is wat gedwing word om volgens heersende taalvoorskrifte aan te pas. Ek kan hom vertel dat Afrikaans ’n hoëfunksie-prestasietaal is waarin alle wetenskappe en fasette van die mensdom omvattend en na wense en na denke gedek kan word. Maar uiteindelik vertel ek vir hom die volgende, want Johan is ’n praktiese man, ’n man wat in sy handel en wandel gerig is op vooruitgang: Binne die volgende tien jaar gaan taal nie meer hoef saak te maak nie. Die tegnologie vir regstreekse vertaling behoort binne bereik te wees van enige werkende persoon in die multikulturele vryemarkstel-

sel. Dit sal letterlik neerkom op apparatuur wat die woorde, terwyl dit deur ’n anderstalige gespreek word, onmiddellik vir jou ore in die taal van jou keuse sal vertaal – ek het self al so met Chinese toeriste op ’n lughawe gekommunikeer. “Maar waarom dan die kwessie van taal op skool?” vra hy. “As vandag se graadeentjies teen die tyd dat hulle matriek skryf geen taalperke sal hê nie danksy die tegnologie van daardie tyd, waarom maak dit dan saak?” Ek het gehoop hy trap in dié strik. “Want, Johan, ’n taal is lewendig. ’n Taal het ’n persoonlikheid. ’n Taal het ’n mentaliteit, ’n geaardheid. Elke taal noop jou om anders te dink, dit weet ek vir ’n feit uit die vier tale wat ek redelik vlot kan praat en die mate waartoe hulle my denke, benaderings en persoonlikheid beïnvloed. Diversiteit van taal doen meer om diversiteit van denke te bevorder as monolinguisme. In die natuur sien ons telkens weer bevestigend hoedat diversiteit van spesies beduidend is van ’n gesonde ekologie en tale is lewende organismes in die menslike sosiale ekologie. As gevolg van die snel ontwikkelende vertalingstegnologie, lê die grootste waarde van taal oor tien jaar juis in die onvertaalbare aspekte van die taal!” ’n Rukkie stilte volg, en dan: “Nee maar dankie dat jy geluister het. Sê maar as ek vir jou ’n voerplan vir die nuwe kalwers moet uitwerk!”


IN BEWEGING

*

HET JY GEWEET?

Suid-Afrikaanse verbruikers se uitstaande skuld het teen einde Maart R1 780 miljard beloop! Slegs 62% was op datum met hul skuldterugbetaling.

Leer kleinspan van jongs af om te SPAAR DEUR WILMARIE BRITS

T

oe my driejarige dogtertjie een Saterdagoggend met twee vuurwarm gevroetelde R1-munte in haar handjie langs my kom staan en vreeslik in haar skik vir my vertel wat sy alles met dié baie geldjies gaan koop, het my hart gesmelt. Ek het opnuut besef dat opgewonde kinderharte nie die abstrakte konsep van geldwaarde verstaan nie, daarom is dit ons as ouers se plig om hulle van kleins af te leer. Die Zeeva-skuldbestuursprogram moedig ouers aan om reeds van ’n vroeë ouderdom af vir hul kinders die waarde van geld asook goeie spaargewoontes te leer. Hoewel dit nie ’n eenvoudige taak is nie, is spaar en verantwoordelikheid noodsaaklike beginsels wat jou kind sal toerus vir ’n bestendige finansiële toekoms. Wikus Olivier, ’n skuldbestuurkenner by DebtSafe, sê om ’n geldslimkind groot te maak, is dit noodsaaklik dat die ouers ook finansiële verantwoordelikheid toepas. “Jy as ouer moet weet hoe om te begroot, op uitgawes te besnoei en skuld te verminder sodat jou kinders ’n

MY

sigbare voorbeeld het waarvolgens hulle kan leef,” het Olivier gesê. Die skrywer Karen Cordaway skryf in haar artikel “How to Teach Your Kids Money Management” dat ’n mens visuele beelde asook fisieke interaksie moet gebruik om vir jou kinders spaarvaardighede aan te leer. Jy kan dalk aanvanklik sukkel om die konsep van spaar by jou kind tuis te bring, daarom raai Zeeva elke ouer aan om spaar as ’n tasbare konsep uit te beeld omdat jong kinders graag hul geld wil sien en daaraan wil vat. Jy kan begin deur jou kinders toe te laat om namens jou vir die brood en die melk te betaal. Dit sal hulle help om stadig maar seker die konsep van ’n transaksie beter te verstaan. Olivier wys verder daarop dat deur vir jou kind sakgeld te gee, al is dit net R20 per week, vergemaklik jy jou taak om aan hulle te verduidelik hoe om met geld te werk. “Wanneer jy vir jou kinders sakgeld gee, verstaan hulle hoe spaar werk deurdat hulle beheer van hul eie finansies neem,” het hy verduidelik. Gee vir jou kind ’n spaarvarkie waarin hy sy geldjies kan wegsit, sodat hy kan

Foto: iStockphoto.com

GESIN

spaar vir dit wat hy graag wil hê. Nog ’n manier om jou kind aan te moedig om te spaar vir ’n spesifieke doelwit, is om vir hom ’n spaarplakkaat op te stel wat aandui hoeveel geld hy elke week of maand moet spaar om sy spaardoelwit te bereik. Hoe ouer jou kind word, hoe verstandiger sal hy met geld te werk gaan en hoe makliker kan jy met hom gesels en onderhandel. Volgens Olivier is dit baie belangrik dat jy kinders se spaarmetodes moet aanpas volgens hul ouderdom. Op laerskool kan jy hulle meer leer van uitgawes. “Laat jou kind byvoorbeeld met sy sakgeld ’n verjaarsdaggeskenk vir ’n vriend koop, sodat hy stadig maar seker leer hoe om te begroot,” het Olivier gesê. Wanneer jou kind op hoërskool is, kan jy vir hom ’n bankrekening oopmaak en hom leer om ’n begroting op te stel en daarby te hou. Dis ook ’n goeie ouderdom om vir jou kind die waarde van rente te leer. Jy kan byvoorbeeld vir elke R100 wat hy spaar vir hom R5 rente gee. Laat jou kind toe om by jou geld te leen, maar laat hy dit met rente terugbetaal – só leer hulle wat gebeur wanneer hulle geld leen. www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

69


IN BEWEGING

Vier stappe tot FINANSIËLE SUKSES DEUR JACO MOSTERT

P

ersoonlike finansiële beplanning is drie woorde wat my as ’n jong man geweldig geïntimideer het, want waar op aarde moet ’n mens begin? Die antwoord lê by ’n begroting. Dit is die grondslag van enige finansiële beplanning. Sorg dus dat jy weet hoe om ’n begroting op te stel. Die belangrikste reël van ’n begroting is om minder te spandeer as wat jy verdien. Dwight D. Eisenhower, Amerikaanse president van 1953 tot 1961, het gesê ’n plan is niks, maar beplanning is alles. Dié woorde is ook van toepassing op hoe ons ’n begroting opstel, implementeer en monitor.

MY

GELD

Foto: iStockphoto.com

VASTE UITGAWES Stel vas hoeveel jou vaste uitgawes per maand beloop. Vaste uitgawes is uitgawes wat elke maand dieselfde is. Dit sluit in huur, motorversekering, inkomstebelasting en spaargeld. (Ja, daar moet ’n vaste bedrag vir spaargeld in jou begroting wees!) VERANDERLIKE UITGAWES Stel vas hoeveel die veranderlike uitgawes in jou begroting bedra. Veranderlike uitgawes verander

70

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

maandeliks. Jou kuieruitgawes vir die maand sal byvoorbeeld baie hoog wees indien jy gereeld gaan uiteet en fliek. Later sal jy besef dat jy hierdie uitgawes beter moet bestuur om met jou beskikbare fondse deur die maand te kom.

BEGROTINGSTEMPLAAT Stel jou begroting aan die begin van die maand op. Sodra jou eerste salaris in die bank geland het, moet jy ’n begrotingstemplaat invul. Dit is van kardinale belang en jy moet dit so eerlik en akkuraat as moontlik voltooi. Tot op dié punt is die meeste van ons gemaklik om te sê: “Ek is reg vir die maand! My begroting is gedoen en ek los nou die begrotingstemplaat tot volgende maand.” Dit is ’n plan, maar nie goeie beplanning nie. Jou begroting moet ook aan die einde van die maand gekontroleer word. HOE LYK WERKLIKE SPANDERING? Dit is die moeilikste deel van die begrotingsproses wanneer jy moet vergelyk wat jy vir die maand begroot het om te spandeer en wat jy werklik spandeer

het. Trek ’n bankstaat vir die maand en vergelyk dit met jou begroting. Dit is die enigste manier om vas te stel of jou begroting realisties was. Bogenoemde begrotingsmetode is ’n doeltreffende manier om jou bestedingspatroon te bepaal. Jy kan dit aanvanklik weekliks doen totdat jy seker is hoeveel jou werklike uitgawes elke week is. Daarna kan jy dit maandeliks doen. Jou bestedingspatroon sal ook gou vir jou wys waaraan jy meer aandag moet gee. Moet jy byvoorbeeld jou skuld beter bestuur of moet jy jou sosiale uitgawes verminder? Deur in beheer van jou uitgawes te wees, gaan jou in staat stel om beweegruimte in jou begroting te hê en met finansiële beplanning te begin. Dus sal daar meer geld beskikbaar wees om byvoorbeeld vir jou aftrede voorsiening te maak. Almal van ons wil graag suksesvol wees, maar daarvoor moet ons ’n goeie padkaart hê wat die regte roete na sukses aandui. Die padkaart wys jou hoe om jou finansies reg te bestuur en ’n doeltreffende begroting is ’n goeie wegspringplek om finansieel onafhanklik te word. • Stel jou eie begroting vandag nog op met behulp van Solidariteit Jeug: https://jeug.solidariteit.co.za/ jong-werkende-begroting/


IN BEWEGING

VOC dra vandag nog HANDELSKROON

Foto: iStockphoto.com

I

DEUR ILZE NIEUWOUDT

boonop tot gevolg gehad n die Suid-Afrikaanse dat die VOC die prys van geskiedenis het die speserye kon vasstel. Vereenigde OosTeen die einde van Indiese Kompanjie die sewentiende eeu het (oftewel die VOC) handelsbehoeftes in Europa sinoniem geword met aansienlik verander en die name soos Jan van Riebeeck fokus het verskuif na die hanen die Kaap van Goeie del in tekstiel, koffie en tee. Hoop. Die VOC en die Kaap Hierdie keer het die VOC nie se rol in die breër handelsoor ’n monopolie beskik nie, netwerk van destyds is maar kon sy goedgevestigde waarskynlik algemene kennis roetes vir die heffing van vir talle. Dit is egter die tol en belasting inspan. Soomvang van dié multinasioVolgens ’n vergelyking deur Visual Capitalist was die VOC op sy sterkste net so suksesdoende het die geld vir dié nale handelsmaatskappy wat vol as al 20 die hedendaagse topmaatskappye saam – ’n allemintige $7,9 biljoen sterk! maatskappy steeds ingerol. mense vandag nog verstom Die winde van verandering het egter en hedendaagse maatskappye soos (TANAP) wat die gemeenskaplike weer begin waai en teen die einde van beginners laat lyk. geskiedenis van Nederland, Suid-Afrika die 1700’s het die VOC se skuld en die en Asië bestudeer, het die VOC van 1602 wankelende politieke omstandighede ’N BEGIN WORD GEMAAK tot 1796 werk verskaf aan nagenoeg een in Nederland die eens magtigste maatDie VOC het sy ontstaan te danke miljoen Europeërs. ’n Totaal van 4 786 skappy finaal gebreek. Teen die einde gehad aan die invloed van die destydse “Compagnie”-skepe het heen en weer van 1800 het die VOC tot niet gegaan. state-generaal, die hoogste gesag van op die handelsroetes gevaar en handel Nederland, wat ses Nederlandse speserygedryf met nagenoeg 2,5 miljoen ton WAT VAN APPLE EN MICROSOFT? handelsmaatskappye oortuig het om Asiatiese handelsware. Die maatskappy Volgens die hoofredakteur van die tot ’n enkele maatskappy saam te smelt. sou uiteindelik meer as ’n miljoen skeepsaanlyn nuusblad Visual Capitalist, Jeff Teen die einde van die 1500’s het die vaarte na Asië onderneem – meer as al Desjardins, was die sukses van die VOC Portugese handelaars die speseryhandel die ander Europese handelsmaatskappye sodanig dat dit hedendaagse maatmet die Ooste oorheers. Die stigting van saamgevoeg. skappye behoorlik op hul neuse laat kyk. die VOC in 1602 het die verloop van die In teenstelling met die VOC het die Visual Capitalist het die 20 suksesvolste geskiedenis egter drasties verander en Britse eweknie, die Engelse (later bekend maatskappye (soos Apple, Microsoft, in die daaropvolgende bykans 200 jaar is as die Britse) Oos-Indiese Kompanjie, Amazon, Facebook, Samsung en Johndie grootste multinasionale maatskappy minder as 2 700 skepe gehad en kon in son & Johnson) se topwaarde vergelyk tot nog toe gevestig. vergelyking met die Nederlanders slegs met die inflasie-aangepaste waarde van nagenoeg ’n vyfde van die handelsware die VOC op sy piek. Volgens die vergeHOE GROOT IS GROOT? verskeep. lyking was die VOC op sy sterkste net Die VOC het gedurende sy bestaan Die VOC se reusesukses gedurende so suksesvol as al 20 die hedendaagse sy mededingers in die speseryhandel die 1600’s was hoofsaaklik te danke aan topmaatskappye saam – ’n allemintige behoorlik uitoorlê. Volgens die organidie maatskappy se monopolie in die $7,9 biljoen sterk! sasie Towards a new age of partnership handel van speserye. Dié monopolie het

www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

71


is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

Treine, VENSTERS en TOEKOMSHOOP

Foto’s: Moira-Marie Kloppers

D

aar loop ’n treinspoor reg agter ons kerk verby. Ons dominee het ’n sagte stem. Dikwels moet hy ’n rukkie wag vir die lawaai van die rammelende trein om eers weer sagter te raak voor hy verder praat. Somtyds, ná kerk, staar die kinders wat buite speel na die trein terwyl dit verbyflits. ’n Ry vensters maak dowwe prentjies na die binnekant van die trein. Hier en daar kan ’n mens iemand sien wat ’n kop of arm by ’n venster uitsteek. Mense op reis na iewers, mense met lewens, pa’s en ma’s met kinders, jonges, bejaardes, kindertjies … Ek loop met ’n versameling treinvensters in my handsak. Tik die herfsblaartjie op my foonskerm met jou vinger, en die vierkantjies is duidelik sigbaar: my fotogalerye; treinvenstertjies wat stukkies van my lewe bevat. Die spoed waarmee my lewenstrein beweeg, is duidelik te sien aan die verskeidenheid mense in my venstertjies. Daar is my broer se seun wat met sy arms omhoog oor die Comrades se eindstreep hardloop. Daar is my kleindogtertjie, in helder pienk geklee, wat glimlag vir die kamera om te spog met haar uit-tandjie. Daar is klein Albertjie wat aan sy neusie raak by sy nuwe skool; my seun wat met deernis ’n sagte kombers om sy oupa vou wat in ’n stoel voor die TV sit; ’n oudleerling van my wat met ’n naakte bolyf en ’n masker op die gesig in intensief lê, ’n oerwoud van pype, masjiene en bottels in die agtergrond; my skoondogter wat langs haar ma sit met houtletters in haar hand, ’n geskenk van my seun – die letters spel die naam van

72

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

hul dogtertjie wat een van die dae gebore sal word, dieselfde naam as haar ouma wat langs die mooi jong mamma sit. Die afgelope naweek gebeur daar iets met my treinvenstertjies. Kleurvolle blokkies arriveer met ’n verbysterende spoed op my foon. My foon kan nie voorbly met liedjies sing om die nuwe aankomelinge aan te kondig nie. Dit gebeur soms wanneer daar iets groots op my lewenspoor voorval. Hierdie keer is die iets groots my ma se tagtigste verjaardag. Ek sien my ma, met ’n pienk en grys gestreepte sjaal aan, wat ’n sjerrieglasie omhoog lig met ietwat vervormde vingers. Daar is fyn versierde eetgoed, bont blommetjies in my ma se eie fyn teekoppies op die tafels, kleinkinders wat my pa en ma laggend omring, sommige bo-op skote. Daar is vergeelde storieboekbladsye wat my ma se lewensverhaal vertel: fotorame, ou horlosies, ooms en tannies, nou krom en met wit koppe. Daar is vrolike jongmense in die fotohoekie met koddige hoede op. Ek neem my voor om my venstertjies so gou as moontlik veilig af te laai en te stoor. Hulle kan baie maklik verdwyn. ’n Vorige foon is al gesteel met ’n groot versameling kosbare venstertjies daarop, en ’n lewenstrein ry net vorentoe – daar is nie ’n manier om oomblikke wat verby is, weer terug te kry nie. Die enigste blik op die verlede, die enigste prikkel wat vergete emosies, kleure, geure en klanke weer kan optower, is jou fotovensters. Oomblikke is vlietend, die effek blywend. Momente is soms lewensveranderend. En die toekoms? Wat van ’n venster op die toekoms? Baie mense probeer

daardie venster met geweld oopdwing. Daar is Sterre Voorspel, palmlesers, aspirantprofete. Maar al wat die Here vir ons voorsien wat iets soos ’n dowwe venster op die toekoms is, is ’n Boek. Dis ’n Boek wat min verklap oor die detail van die klein venstertjies wat daagliks op ons fone gaan verskyn. Dis ’n Boek wat wel genoeg vertel oor die eindstasie, die stasie waarheen alle gelowiges se lewenstrein op pad is: En ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. En oor die mense – ons – wat daar sal woon: En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie, ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. Hierdie is ’n uitkykpunt, ’n venster, ’n perspektief wat alles in ons lewens, die goed en sleg in ons venstertjies, kleur met die sagte gloed van ’n plek waar daar geen son of maan meer nodig is nie. ’n Plek wat ons daaglikse krisisse in die perspektief van hoop stel – ’n toekomshoop – omdat ons weet Wie in beheer van ons lewenstrein is: Iemand wat lankal die spoor gelê het, wat altyd weet wat vir elke mens in elke blokkie goed is. Ons toekomshoop is gerig op ’n plek waar die gerammel van ons bekommernisse ons nie meer sal verhinder om die Woord te hoor nie. Waar Hy alles sal wees en in almal … Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.


IN BEWEGING

BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Gibbs du Toit (litigant), Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Leandri Engelbrecht (litigant) en Fanie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

NEWCASTLE • • • • •

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE

Deon Viviers • Administratiewe beampte: Helen Kay • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl (junior litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336/1090 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat,Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK

André Jansen van Rensburg • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS

RICHARDSBAAI

Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Helgard Cronje, Annika Labuschagne, Alfie Hoole, Sulize Esterhuizen, Danie van Graan, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Marike Pitzer, Wynand Strydom en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendrachtstr, Kloofsig

WELKOM Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Candice Gerber • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

www.solidariteit.co.za • Issue 4 of 2018

73


IN BEWEGING

Die toekoms van Afrikaans is VIRSEKER Die Solidariteit Beweging en Virseker het ’n nuwe vennootskap gesluit wat nóg miljoene rande in die toekoms van Afrikaans gaan belê, skryf MOIRA-MARIE KLOPPERS.

Foto: iStockphoto.com

V

irseker gaan nie net miljoene rande in Afrikaanse onderwys belê nie, maar ook Afrikaans as saketaal versterk en groot bedrae in die Afrikaanse gemeenskap belê om Afrikaanse leefruimtes te vestig. Die geld gaan veral gebruik word om te help met die uitbouing van die privaat hoëronderwysinstelling Akademia. Akademia beplan om ’n nuwe kampus te bou en om volgende jaar ’n verdere 30 grade vir akkreditasie in te dien. Die droom is om ’n volledige nuwe Afrikaanse wêreldklas- privaat universiteit te vestig. Die bou van die Akademia-kampus gaan een van die grootste Afrikaanse projekte nóg word en Virseker-polishouers gaan polis vir polis help bou aan dié reuseprojek deurdat ’n persentasie van hul premies elke maand aan die Virseker Trust toegeken sal word. Die Virseker Trust het reeds R32 miljoen tot Afrikaanse onderwysprojekte bygedra en die nuwe ooreenkoms sal nóg meer miljoene in Afrikaanse opleiding belê. Daar word voorsien dat ’n verdere R12 miljoen

74

Uitgawe 4 van 2018 • www.solidariteit.co.za

reeds in die komende jaar in onderwys belê gaan word. Die nuwe vennootskap versterk die verhouding tussen Virseker en die Solidariteit Beweging. Wat die langer termyn betref, word voorsien dat Virseker ’n eie versekeringsmaatskappy, waarin die Solidariteit Beweging ’n aandeel sal besit, gaan registreer. “Die ooreenkoms is ’n groot deurbraak. Die Solidariteit Beweging het in die verlede ’n goeie verhouding met Virseker gehad, maar dié verhouding word nou na ’n nuwe vlak geneem,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit en voorsitter van die Virseker Trust, gesê. Volgens Hermann kan mense wat Virseker-polisse uitneem nie net hul motors en huisinhoud verseker nie, maar ook ’n toekoms vir Afrikaans. Die Virseker-model slaag ook daarin om Afrikaanse kapitaal vir Afrikaanse projekte te mobiliseer, soos die immergewilde verhoogproduksie Afrikaans is Groot, verskeie Afrikaanse TV-programme, asook die borgskap van die oudste skolerugbytoernooi in die land, die Virseker Beker. Virseker help om Afrikaanse leefruimtes te skep waarbinne die taal

nie net kan oorleef nie, maar kan floreer. Volgens die nuutste South African Customer Satisfaction Index (SAcsi) is Virseker die versekeringsproduk waarmee Suid-Afrikaners die mees tevrede is. Die opname toon dat kliënte tevrede is met Virseker se unieke aanbod. Buiten die groot beleggings wat in Afrikaans gemaak word, kry Virseker-kliënte ook diens in Afrikaans. Jou polisdokumente sal in Afrikaans wees en die agente by die inbelsentrum sal Afrikaans praat. Virseker wys daar is ekonomie in Afrikaans. Vir die volhoubare voortbestaan van Afrikaans moet daar ook in Afrikaans sake gedoen word. “Ons doen ’n beroep op lede van die instellings van die Solidariteit Beweging, soos Solidariteit, AfriForum en Solidariteit Helpende Hand, asook op almal wat Afrikaans praat om minstens ’n kwotasie by Virseker te kry. Indien die kwotasie jou sak pas en jy ’n polis uitneem, help jy dadelik om te bou aan ’n toekoms in Afrikaans. Virseker-polishouers is dus ook bouers,” het Hermann gesê. Elke Solidariteit-lid kan nou deel word van die Solidariteit-Virsekerbouvennootskap. Saam bou ons aan ’n toekoms (in Afrikaans!) waar ons vry, veilig en voorspoedig kan wees.




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.