Solidariteit Tydskrif Uitgawe 5 van 2017

Page 1

IN BEWEGING

Ons mense die NOMMER 5 VAN 2017 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

van die Solidariteit-ratwerk 1



Deel van die Solidariteit Beweging


NOMMER 5

VAN 2017

NUUSWAARDIG 10 ‘n Lied van ‘n volk in verstrooiing 12 Mynwerkersmoederhen 14 Jou belange Solidariteit se eerste prioriteit 16 Fierce competition in the banking space 17 Werkloosheid kommerwekkend 18 Jou bydrae laat Solidariteit seëvier 19 Aros verkry volle registrasie by DHOO 20 Boeliegedrag: AfriForum-veldtog om afknouery te stop 22 Woorde wat opbou ware kunswerk – video 22 Memorandum aan JacarandaFM ná rasuitlatings 24 Akademia-sentrums nou ook in PE en Windhoek 24 Studie by Akademia positiewe ervaring

BEDRYFSNUUS 26 28 28 29 30 30 31 31 31 32 34 34 35 35 36 37 37

Mynbouhandves ondermyn Suid-Afrika Duisende geraak deur afleggings by Sibanye Herstrukturering net rookskerm vir afleggings by AMSA Ope brief aan Lonmin-hoof maak opslae Chemiese sektor: Stewige verhogings Lily en Barbrook: Nóg ‘n terugslag ná tweede belegger onttrek Húlle beskerm lede se belange by Sasol Vaaldriehoek ernstig oor diens, werwing KFC men’s conduct strongly condemned Haar ongekende passie ‘n inspirasie Motsoeneng, ander aanspreeklik vir afdanking van SAUK-8 Verdedigingsgroep belê R550 miljoen Best possible outcome for members at GM ‘Internskap by Solidariteit ‘n waardevolle groei-ervaring’ Jou werk én belange in veilige hande Bejaardes hoor vir die eerste keer in jare danksy skenking Nóg ‘n oorwinning vir benadeelde SAPD-lid

IN BEWEGING 40 41 42 43 43 44 44 46 46 48 50 51 52 54 55 56 58 60 61 62 63 64 66 68 72 73 74

AfriForum lank nie klaar met Grace Mugabe AfriForum pak haatspraak op sosiale media Groeigeleentheid vir entrepreneurs gebied Trauma-eenheid ál sterker Bal aan die rol teen rassekwotas in sport Sy eerste bok nie biltong, maar kos vir behoeftiges! Wolkskool ontsluit nuwe skoolwêreld Só verlig Coligny-tak gemeenskap se las Blink nuwe bromponie ná brande gesin se besittings verswelg Mediese dekking: Kry nou goeie advies Sol-Tech staal studente vir sakewêreld Sol-Tech voorsien in tekort aan ambagslui Jy & die Reg: Werknemer of onafhanklike kontrakteur? Maak jou tuis in ons Afrikaanse huis Gewone mense maak buitengewone verskil Speel só met jou voorskoolse kind Buckets full of benefits for our members Hoe werk kapitaalwinsbelasting? Posttraumatic stress disorder Een van die lekkerste middae ooit – Chris Chameleon Kletskamers en jou kind se veiligheid #netGIRLS-bootreis met drie supervroue! Nuut op Kraal Uitgewers se boekrak Vier vroue, vier hartsbriewe... Afrikaans, sy mense se verlede digitaal Om te lewe... soos my ander seun Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep

VIER VROUE SKRYF VIER HARTSBRIEWE BLADSY 68

Solidariteit veg net vir NORMALITEIT Ons staan nie vir ‘n vreemde ideologie nie en ons wil ook nie terugkeer na die verlede nie. Ons wil net ‘n normale lewe lei soos enigiemand anders in enige werkende land. FLIP BUYS deel Solidariteit se 12 punte vir normaliteit.

MYBOUHANDVES ondermyn Suid-Afrika Dit is duidelik dat die regering nie die beste belange van die mynbedryf voorop stel nie. Die nuwe mynbouhandves is ‘n ramp en Solidariteit gaan nie toelaat dat maatreëls oor ons gemaak word sonder ons insette nie, skryf CONNIE MULDER.

KLETSKAMERS: Hoe veilig is jou kind? Met al die toepassings, kletskamers, sosialemediaplatforms en inligting wat vrylik daar buite beskikbaar is deur slegs aan ’n skerm te raak, is dit geen verrassing nie dat ouers dalk nie ál die moontlike gevare raaksien wat daarmee gepaard gaan nie, skryf LEANDRÉ BUYS.



Passievol oor passievolle mense

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

S

olidariteit se passie is mense. Mense is die rede waarom elke stryd aangepak, elke idee gedroom en elke plan uitgebou word. Dít word gedoen om tot ’n voorspoedige toekoms vir ons gemeenskap by te dra. Ons kan nie keer dat die see onstuimig word nie, maar ons kan ons skip sterker bou om die storms te weerstaan! Solidariteit sien homself as ’n minderheidsvoertuig in ’n meerderheidsomgewing. Of dit nou in die werkplek of in die gemeenskap is: ons sal veg en hard werk dat die minderheid ’n regmatige plek in die meerderheidsomgewing kry! Lees gerus Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, se gebruiklike SpreekBuysrubriek op bladsy 8 waarin hy ons strewe na “normaliteit” in 12 punte beskryf. Te midde van al die “abnormaliteit” om ons, is daar soveel passievolle bouers wat vurig en dinamies werk om die toekoms in Suid-Afrika vry, veilig en voorspoedig te maak. Mense is die hartklop wat die Solidariteit-ratwerk geolie hou en laat groei. Daarom fokus die vyfde uitgawe van Solidariteit Tydskrif op mense – mense wat ’n verskil maak daar waar hulle is en mense wat dit moontlik maak vir die Solidariteit Beweging om te bestaan. Ons berig onder andere oor merkwaardige werknemers soos Melinda Janse van Rensburg, persoonlike assistent van Flip Buys, wat in haar 28 jaar by die vakbond elke groeifase beleef het;

van die dae van tikmasjiene tot die transformasie in ’n trotse helpmekaarbeweging. Lees ook op bladsy 32 oor die passie waarmee adv. Hanlie van Vuuren ons mense bystaan om gesondheid en veiligheid in die werkplek te verseker. Johann Brink, die tienjarige seun van dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, het besluit om die eerste bok wat hy gejag het vir minderbevoorregtes te skenk. Dié jong man se ongelooflike gebaar het die #HelpJag-veldtog geïnspireer waarin jagters aangemoedig word om van hul vleis vir Helpende Hand se Kosblikkieprojek te skenk. Lees dié inspirerende artikel op bladsy 44. Selfs mense wat geëmigreer het, is nie van die groep passievolle mense uitgesluit nie. Dr. Dirk Hermann vertel op bladsy 10 dat daar ’n goue draad is wat Afrikaners oor grense heen aan mekaar verbind – en dit maak dat ons gemeenskap globaal is eerder as oor die wêreld heen verstrooi. Ons berig oor die omstrede Hlaudi Motsoeneng; die Solidariteit Navorsingsinstituut neem die mynbouhandves en bankkoste onder oë; Gideon du Plessis skryf ’n ope brief aan Lonmin se uitvoerende hoof om ons misnoeë oor die bestuur se besluite oor vakbonderkenning te lug; en ons hou jou op hoogte van loononderhandelings en moontlik afleggings. Wat die instellings in die Beweging betref, neem AfriForum die kwessie van rassekwotas in sport na internasionale sportliggame, pak Grace

Mugabe én brei sy trauma-eenheid uit om nóg meer slagoffers van geweldmisdaad, rampe en afknouery te help. Helpende Hand stel op sy beurt ’n opwindende nuwe toepassing genaamd Wolkskool bekend. Dié toepassing open ’n splinternuwe leerwêreld vir leerders van graad 4 tot 12. Akademia open twee splinternuwe studiesentrums in Port Elizabeth en Windhoek en ons spog met Sol-Tech se opleiding van wêreldgehalte. Kraal Uitgewers vier die ryk taalnalatenskap van die Louw-broers en Maroela Media vertel hoe hul lesers ’n buitengewone verskil in die lewe van ander maak. Ek hoop die redaksiespan kan in hierdie uitgawe vir jou ’n kykie gee van presies hoe passievol Solidariteit oor mense is, asook die passievolle mense wat dit hul persoonlike doelwit gemaak het om ’n verskil te maak. Tot die volgende uitgawe. Maak ’n verskil, net daar waar jy is; maak nie saak hoe klein of gering dit vir jou mag voel nie. Klomp bietjies maak baie, en daarom is elke lid ’n onmisbare skakel wat die sukses van Solidariteit verseker. Moedig jou familie en vriende aan om aan te sluit en deel te word van die passie wat deur ons are bruis. Van ons hartklop!

CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR


Kuberklets, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer

Moet kinders nog skooluniforms dra? Is SKOOLUNIFORMS nog nodig in skole? Ons het ons Facebookvolgelinge se mening gevra na aanleiding van ʼn artikel op Maroela Media oor leerlinge van Hoёrskool Pretoria-Wes wat klasse geboikot het omdat hulle eerder kleefbroeke as gewone wyepypbroeke wil dra. Suhelen Grotius: “Lang denims en gholfhemde is voldoende. Dis mal hoe ek R2 000 vir ’n skooluniform moet uithaal.” Ann Kilian: “Ja, dis nodig, anders lyk die kinders soos Amerika se hooligans. Kan my indink watter gewaagde nommertjies die dametjies gaan aantrek. Dan gaan hulle boonop nog minder maniere hê.” Michelle Cronje: “Kinders het hopeloos te veel sê en te veel menings. Dis hoekom dit gaan soos dit gaan. Dra die voorgeskewe uniform. Ouers sien mos of hulle reg aangetrek is wanneer hulle skool toe gaan. Skool is nie ʼn modeparade nie.”

Sandy Lange: “Since when do children call the shots? Just another sign of ill-disciplined children wanting their own way and then resorting to violence. Ban them from school until they are willing to adhere to rules and regulations.” Elizabeth Wolmarans: “Uniforms is beter. Almal dra dieselfde klere en jy as kind hoef nie skaam te kry as jou ouers armer is en nie elke maand vir jou nuwe klere kan koop nie. Dit keer ook dat meisies nie die grens oorsteek nie.” Sunet van Niekerk: “Civvy-dae is reeds ’n riller. Die kinders is baie bewus van wat ‘in’ is en wat nie. Die koste aan genoeg uitrustings sal baie meer wees as dié van skoolklere.”

ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – Tel: 082 352 7147 E-posadres: denise@solidariteit.co.za Colette Schultz – Tel: 082 331 8406 E-posadres: colettes@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Jaco Bisschoff MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Estella Boshoff, Wilmarie Brits, Flip Buys, Leandré Buys, Chris Chameleon, Lindie de Beer, Reint Dykema, Petronel Fourie, Dirk Hermann, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Paul Mardon, Martie Maree, Connie Mulder, Ilze Nieuwoudt, Michelle Olivier, Appie Pienaar, Morné Prinsloo, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Mia Slabbert, Nadine Slump, Francois Smit, Juran van den Heever, Marlien van der Westhuizen, Hendrik van der Hoven, Karen van der Berg, Cilleste van Dyk, Suné van Heerden, Ernst Vorster en Jhua-Nine Wyrley-Birch. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

www.aksentmedia.co.za • aksentmedia@vodamail.co.za

MAAK PASSIE ‘N VERSKIL AAN TAAK WAT JY UITVOER?

a Passie maak vir seker ’n verskil aan die uitvoer van ʼn taak. b Dalk is jy maar net gelukkig as jy ’n passie het vir ’n taak. c Passie maak nie ’n verskil aan die uitvoer van ʼn taak nie. SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

Nog nie ’n Solidariteit-lid nie? Sluit vandag aan! SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. Verander jou adres by diens@solidariteit.co.za. www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

Solidariteit Beweging

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

7


is voorsitter van die Solidariteit Beweging

Solidariteit veg net vir

NORMALITEIT “W

at wil julle nou eintlik by Solidariteit bereik?” vra ’n bekende joernalis my nou die dag ergerlik. “Normaliteit,” antwoord ek. “Ons wil net ’n normale lewe in ’n normale land lei.”

1. Veiligheid

Ons streef na ’n normale lewe in ’n normale land waar die misdadigers in tronke toegesluit is en wetsgehoorsame burgers vry en veilig buite kan rondloop. Hier by ons moet ons onsself binne-in ons huise toesluit, terwyl misdadigers bykans ongesteurd vry buite rondloop en almal terroriseer. Dis nie normaal dat ons nie meer veilige openbare ruimtes het nie.

4. Vryheid

“Wat bedoel jy, dit is mos normaal?” sê-vra hy. Ek sug effens. “Ons staan nie vir ’n vreemde ideologie nie en ons wil ook nie terugkeer na die verlede nie. Ons wil net ’n normale lewe lei soos enigiemand anders in enige werkende land. Terselfdertyd gun ons ook vir alle ander mense die normaliteit wat

2. Werk

Tweedens wil ons ’n normale werkbedeling hê sonder dat abnormale rassekwotas bepaal wie mag werk en bevordering kry en wie nie. Bring meriete terug. Die getallesamestelling in die land sal tog steeds meebring dat swart mense die meeste aanstellings kry. Té veel mense is al trekarbeiders wat regoor die wêreld moet werk terwyl hul gesinne alleen hier agterbly.

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

Vierdens glo ons aan normale vryheid. Die bepalings van die Handves van Menseregte wat ten opsigte van vryheid, gelykheid en menswaardigheid geld, geld mos vir wit en bruin ook. Regeringsbeleid soos “Afrika-hegemonie” – wat bepaal dat alle instellings onder die beheer van swart Afrikane moet wees volgens die rasseformule van 80% swart, 9% wit, 9% bruin en 2% Indiër – is mos abnormaal. Dit beteken dat minderhede op alle gebiede deur swart mense beheer sal word. Dié abnormale rasse-oorheersing tas ons vryheid, gelykheid én menswaardigheid aan. Demokrasie moet oor die vryheid van almal gaan en nie net dié van die meerderheid nie. Dit is normaal om inspraak te hê in besluite wat jou raak. Die transformasieformule lê buitendien aan die wortel van die mislukking van soveel staatsinstellings en dit is abnormaal dat ’n formule wat keer op keer misluk, telkens herhaal word.

8

ons vir onsself opeis,” vervolg ek. Ek sien egter sy gesig slaan sommer toe; hy verstaan regtig nie. Hy het al só gewoond geraak aan “abnormaal” dat hy dink dit ís normaal en dat ék abnormaal is. Ek haal weer diep asem en begin verduidelik wat ek bedoel met normaal. Kom ons noem dit Solidariteit se 12 punte vir normaliteit.

3. Gelykheid

Derdens wil ons normale gelykheid hê. Ons is nie bó ander verhewe nie, maar wil ook nie ónder ander wees nie. Dit is mos nie normale gelykheid as jou ras bepaal jy moet onder wees nie! Ons glo aan ’n gelyke wegspring en nie dat rassewette bepaal dat almal volgens hul bevolkingsaandeel “gelyk” by die wenpaal moet aankom nie.

5. Onderwys en opleiding

Vyfdens wil ons die normale reg hê wat enige ander mens het om te kies in watter taal ons kinders moet skoolgaan en in watter taal hulle op universiteit of kollege moet klasdraf. Ons wil ook hê dat normale toelatingsvereistes geld. Die rasseteikens wat tans vir toelating en beurse gestel word, is abnormaal. Dis nie normaal om jongmense met die verlede te belas nie.

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


SPREEKBUYS

6. Belastingwaarde

Sesdens wil ons normale waarde vir die belasting op ons swaarverdiende inkomste kry. Dit is mos abnormaal om hemelhoë belasting vir staatsdienste te betaal wat ons nie kry nie. Daarna moet ons weer ’n keer betaal vir duur privaat mediese dienste, skoolonderwys, privaat sekuriteitsdienste en vir bykans alle ander dienste wat plaasvervangend privaat gelewer word. Net so is dit abnormaal dat hardwerkende mense wat self sukkel om na behore vir hul gesinne te sorg, boonop vir almal in die land moet sorg wat nie vir hulself sorg nie.

7. Werkende dienste

In die sewende plek eis ons normale staats- en munisipale dienste waarvoor ons betaal. Hoekom moet ons op soveel dorpe met abnormale probleme sukkel soos water- en kragonderbrekings, ondoeltreffende staatskantore, slaggate in die paaie en onhulpvaardige staatsamptenare wat nie doen waarvoor ons hulle betaal nie?

9. Eerlike en bekwame regering

Punt nege is ’n normale, eerlike regering wat nie belastinggeld steel of wanbestee nie en wat die burgery se dienaars in plaas van hul heersers is. Die woord “minister” beteken oorspronklik “dienaar”! Dit is mos abnormaal as die president openlik korrup is en onbekwame politici en staatsamptenare straffeloos aanhou kwaaddoen. Dit is ook totaal abnormaal as ministers ons werk in gevaar stel deur die ekonomie met radikale uitsprake te ondermyn; as ekstremistiese mynbouhandveste beleggers laat onttrek; of as die president ons oor die rommelstatusafgrond sleep deur bekwame ministers te ontslaan – of sommer die hele land te kaap!

10. Reg en geregtigheid

Die tiende maatstaf vir normaliteit hou verband met die regstelsel en die oppergesag van die reg. Waarom kom die president nou al vir so lank met 783 aanklagte teen hom weg en waarom op aarde verskyn die Guptas nie voor die hof op al die ernstige aanklagte teen hulle nie? Dan is dit ook abnormaal as sekere regters al hoe meer politieke uitsprake lewer as dit by sake soos ras, taal of kultuur kom. Almal moet mos gelyk wees voor die reg, ongeag ras of taal – dis mos normaal?

11. Taal en geskiedenis

In die elfde plek word ons taal, kultuur, geskiedenis en erfenis ook abnormaal behandel. Ten spyte van die normale grondwetlike bepalings wat vir taal en kultuur geld, word ons taal en kultuur abnormaal en ongelyk behandel. Boonop word die Afrikanergeskiedenis gekriminaliseer en word ons erfenis verwaarloos, uitgeskuif of val dit onder ANC-beheer (soos in die geval van die Boererepublieke se Oorlogsmuseum). Ons wil net die normale reg hê om ons taal na goeddunke te gebruik; om ons kultuur normaal uit te leef; en om ’n normale geskiedenis te hê met al sy goeie en swakpunte. Ons wil soos enige normale gemeenskap plekke hê waar ons kan tuis voel en waar ons die meerderheid is.

8. Rasbetrekkinge

In die agtste plek wil ons normale rassebetrekkinge en samewerking tussen almal in die land sien. Politici wat wit mense beledig, die massa teen ons opsweep en dubbele standaarde handhaaf – soos dat ’n simpel twiet deur ’n wit vrou meer opspraak wek as die 302 plaasaanvalle tot dusver in 2017. Die selektiewe rassisme waardeur wit mense deur magtige mense geteiken word, vergiftig verhoudings en is abnormaal. Rassewette wat ondernemings mikrobestuur, knel werkskepping; maak dit abnormaal moeilik om ’n onderneming te bedryf; en dryf top-entrepreneurs landuit. Rassevoorvalle wat histeries opgeblaas word en alle wit mense summier skuldig bevind, is abnormaal en vervreem ons.

12. Normale toekoms

Laastens wil ons ’n normale toekoms wil hê waar ons ook eersteklas burgers is. Ons wil tuis en welkom voel. Dit is abnormaal dat mense twyfel of hul kinders ’n toekoms in die land gaan hê en dat die meeste van hulle emigrasie oorweeg weens al die abnormaliteite wat in hierdie artikel genoem is. Té veel oupas het al grandpa geword! Ons weet dat ’n normale toekoms net moontlik is as ons sélf oor ons toekoms besluit. Ons wil nie die abnormale toekoms hê wat mnr. Zuma en kie vir ons beplan, en waarin ons net die houthakkers, waterdraers en belastingbetalers in ons eie land is nie.

Die ANC het vir meer as 20 jaar gulde geleenthede by hulle laat verbygaan om ’n normale land te skep. Terwyl hulle vol verwyte oor die vorige abnormale bedeling is, het hulle dit omgekeer en voortgesit. Soos die Afro-Amerikaanse denker Thomas Sowell sou sê: “Die afgelope dekades is die verhaal van die vervanging van dít wat gewerk het met dít wat polities mooi klink.” Daarom werk en veg ons vir normaliteit. Normale werk is nou eenmaal nie moontlik in ’n abnormale land nie. www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

9


NUUSWAARDIG

Die bekende Sydney-operahuis en hawebrug.

Van Kuruman tot Cootamundra

Die lied van ʼn volk in verstrooiing

Foto’s: iStockphoto.com

O

10

ns land in die pragtige stad Sydney. Ons beleef die Sydney-operahuis, die Sydney-hawebrug, watertaxi’s en talle ander dinge wat nie aan ons in Suid-Afrika bekend is nie. Daar is tog dinge wat bekend is, soos die Britse argitektuur wat uit baie dieselfde tydperk dateer as die argitektuur van ons Suid-Afrikaanse stede. Die mense lyk nogal soos ons. Britse kolonialisme het kennelik ʼn stempel op ons almal afgedruk. Nog bekender is die musiek – Afrikaanse musiek – wat ons hoor. My skoonsus, Yolanda, het ons by die lughawe kom oplaai. Sy en haar man het so 12 jaar gelede na Australië geëmigreer. Haar man, Jacques, is ʼn mediese dokter en hulle woon in die dorpie Cootamundra in Nieu-Suid-Wallis in Australië. In haar motor speel Afrikaanse musiek. Terwyl ek so in die vreemde na die Afrikaanse musiek luister, betrap ek my dat ek in my kop “En hoor jy die magtige dreuning” neurie, maar my kop verander die woorde wat daarop volg na “Die lied van ʼn volk in verstrooiing, wat harte laat sidder en beef”. Hierdie harte is verlangharte, nostalgieharte,

Deur Dr. Dirk Hermann

die harte van Skype-oumas wat kleinkinders mis, verskeurde harte, maar harte wat steeds Afrikaanse harte is. Jacques het gevra ons moet speserye en biltong saambring, en só ry ons ʼn draai om dit by die winkel Boerewors en Biltong te gaan kry. Boerewors en Biltong is so ʼn plekkie buite Sydney waarheen Afrikaners gaan om tuis te voel. Daar word jy in Afrikaans bedien; daar is biltong, boerewors, Mrs H.S. Ball’s-blatjang en talle ander produkte wat boeretroos bring. Die eienaar gesels land en sand. Hy vertel van die gom wat Afrikaners in die buiteland saambind, van Afrikaanse kunstenaars wat optredes in die buiteland kom hou, en van netwerke wat in stand gehou word. In die motor loer ek na die Facebook-profiele van vriende in Australië. Hulle hou van Afrikaanse kunstenaars, is ingeskakel by Afrikaanse groepe en ondersteun Afrikaanse rugbyspanne. In Cootamundra aangekom, laai ons ons bagasie af. Ons word verwelkom deur die klanke van Bok Radio wat oor die internet in die huis speel. Die Woensdag ná ons aankoms het ek ʼn radio-onderhoud met ’n stasie wat op Woensdagaande tussen 20:00 en 21:00 in

Afrikaans uitsaai. Ons verlang na Jacques, Yolanda, Zach en Mariné en hulle verlang na ons. Hulle verlang egter nie net na ons nie; hulle ís nog ons. Dit bring ons by die vraag oor die verhouding tussen Afrikaners in die buiteland en Afrikaners in Suid-Afrika. Moet Afrikaners verstrooi wees, of kan Afrikaners oor die wêreld heen steeds aan mekaar gebind wees? Is emigrante verraaiers, of kan hulle ambassadeurs wees? Trek Afrikaners oor en weg van Afrikanergrense af, of word Afrikanergrense globaal? Vir Afrikaners is dit nuwe vrae – vrae wat ons dikwels vermy. Vir die Joodse gemeenskap sal die feit dat ons hierdie vrae vra, vreemd wees. Die Jode is globaal aan mekaar gebonde en is ambassadeurs vir mekaar. Hulle val binne die Joodse grense wat groter is as dié van die staat Israel, maar hulle is almal gebonde aan die Jode in Israel en help bou aan die Joodse enjinkamer wat Israel is. Steven Silbiger skryf in sy boek The Jewish Phenomenon dat die invloed van geloof, etnisiteit en ʼn gedeelde geskiedenis in die Joodse sukses wêreldwyd totaal onderskat word. Silbiger skryf dat Jode die wêreld oor deur hul Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

tuisland Israel, hul geloof, hul tradisie en hul taal aan mekaar gebonde is. Hy sê die benaming “Jode” dui op meer as bloot geloof. Hy beskryf die Jode eerder as ʼn “tribe”. Volgens hom isoleer dit nie die Jode nie, maar stel dit hulle juis in staat om in die groter gemeenskap te kan presteer. Hy voer aan dat hoe verder jy van die bron van jou tradisie is, hoe kleiner raak jou bydrae wat jy in ʼn nuwe bestemming, soos Amerika, kan maak. Die Jode ondersteun mekaar oor die wêreld heen, maar ondersteun veral diegene in Israel. Hulle help om hulp- en gemeenskapsorganisasies van die grond af te kry. Hulle stig fondse om die selfhelpdoelwitte van hul gemeenskap oor die langtermyn te bereik. Hul doel is om hul “tribe” so ver as moontlik onafhanklik te maak van die hulp van ander groepe. Die soort hulp wat hulle aan hul gemeenskap gee, het ten doel om die ontvanger van daardie hulp selfstandig te maak. Die hulp wat hulle verleen, stop egter nie by hul “tribe” nie. Hulle neem ook aktief deel aan plaaslike politiek en is betrokke by groter gemeenskapkwessies. Hulle gebruik hul kulturele

kapitaal en belê dit ook in die groter wêreld waarbinne hulle leef. Ek het iets daarvan by Jacques en Yolanda beleef. Hulle leef nog uit hul kulturele kapitaal. Daar is steeds ʼn verbintenis aan die Afrikaner“tribe”. Jacques dra maandeliks by tot ʼn projek vir bejaardes van Solidariteit Helpende Hand en hy oorweeg dit om saam met ʼn paar ander Afrikaanse dokters ʼn studiefonds vir Afrikaanse studente te begin. Ons onderskat die rol wat Afrikanertradisie, -geloof, -etiek en die geborgenheid van ʼn gedeelde geskiedenis in die sukses van Afrikaners in die buiteland speel. Daar loop ʼn draad met baie kulturele kapitaal wat Afrikaners dwarsoor die wêreld aan mekaar bind en dié draad moet ons erken en ontgin. Die Afrikaner-“tribe” is dus groter as net diegene wat in Suid-Afrika woon. As ons die krag daarvan begin ontdek, kan honderde duisende Afrikaners oor die wêreld heen belê om, soos Jacques, hul “tribe” selfstandig en suksesvol te maak. Hulle kan help om kulturele enjins soos Afrikaanse universiteite,

gemeenskapsorganisasies, hulporganisasies en vele meer te bou. In ruil daarvoor verskaf die “tribe” kulturele energie aan sy lede om suksesvol in hul gemeenskap te wees, of dit nou in Kuruman of Cootamundra is. Die “tribe” in die land help ook om ʼn veilige omgewing vir familie, oupas, oumas en vriende van lede van die “tribe” wat in die buiteland woon, in Suid-Afrika te skep. Verstrooiing word dan gebondenheid aan mekaar wat baie sterker as bloot Skype-kontak is. • Dr. Dirk Hermann is bestuurshoof van Solidariteit.


NUUSWAARDIG

Mynwerkersmoederhen Sy sit trots en rustig agter haar geordende lessenaar waar sy as Flip Buys, voorsittter van die Solidariteit Beweging, se persoonlike assistent werk. Haar donker oÍ is vriendelik en haar glimlag aansteeklik. Melinda Janse van Rensburg se gesig helder dadelik op met die onverwagse besoek. JURAN VAN DEN HEEVER het saam met Melinda die horlosie 28 jaar terug gedraai toe sy as ʼn doelgerigte en hardwerkende donkerkop by die Mynwerkersunie (MWU) as tikster begin werk het. 12

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

Foto’s: Morné Prinsloo & iStockphoto.com

M

elinda se geesdriftige antwoorde oor die destydse vakbond breek dadelik die ys. “Dit was net soos voor die Skepping, woes en leeg,” lag sy. Daar was in daardie tyd ʼn totaal van nege personeellede wat by die unie se hoofkantoor in Braamfontein gewerk het. “Jy kon wegkom met ʼn dosyn koeksisters en ʼn dosyn vleispasteitjies vir verjaarsdae,” skerts sy. Melinda het ná matriek ingeskryf vir teleksopleiding. Sy het by ʼn telegraafkantoor gewerk en baie intensiewe opleiding in tikwerk ondergaan. “Dit is te danke daaraan dat ek so vinnig kan tik,” vertel sy. Die tikwerk en uitstuur van boodskappe was destyds baie anders as vandag. Die telegramme en boodskappe was alles direkte kommunikasie – jy stuur dit soos jy tik. “As jy ’n ekstra nul op ’n ‘moneygram’ gesit het, sou jy die een wees wat moes inbetaal.” Melinda vou haar arms gemaklik voor haar op die lessenaar en skuif haar reg in die lessenaarstoel terwyl sy begin gesels oor haar destydse aanstelling en die werk by die MWU. Peet Ungerer, destydse hoofsekretaris van die MWU, was bekend daarvoor dat hy elke vakbondsent twee keer omgedraai het. Hy was boonop ʼn uitstekende onderhandelaar. Melinda glimlag en herhaal wat hy gereeld aan die personeel gesê het: “Ons werk hier met trustgeld, mense, ons werk hier met trustgeld.” Met dié kultuur van spaarsamigheid het die destydse mynpensioenfonds ʼn advertensie in die plaaslike koerant geplaas vir ʼn tiksterspos, soos sekretaresses destyds genoem is. Mnr. Ungerer het deur die mynpensioenfonds se menslikehulpbronbeampte, mnr. Mitchel, met kandidate onderhandel. Sy vereiste was dat hy self eers ʼn geskikte kandidaat moet ontmoet voor ʼn aanstelling gemaak word. Hoewel Melinda die mynpensioenfonds se eerste keuse uit die kandidate was en hulle haar baie graag wou aanstel, was die ooreenkoms dat mnr. Ungerer haar eers moet ontmoet. Ná die ontmoeting, is sy ook sommer ʼn aanbod gemaak. Dit het nie veel van mnr. Ungerer, onderhandelaar wat hy was, geverg om Melinda se verwagte salaris met R30 af te stry nie, wat haar met ʼn totale salaris van R820 per maand gelaat het. “Die ure was lekker en ek het baie geleer in daardie tyd,” onthou Melinda met heimwee. Daar was meer as genoeg werk by die MWU. Mev. Liebenberg, mnr. Ungerer se persoonlike assistent, het Melinda eendag ʼn kyk gegee en gesê: “Juffroutjie, ek kan sien jy is vaardig met die tikmasjien en baie vaardig met syferwerk. Kan jy www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

Melinda Janse van Rensburg

nie ook sommer mnr. van Rensburg se finansiële state tik nie?” As opgeleide tikster moes Melinda toe vinnig leer om balansstate en inkomstestate te tik vir die unie se rekenmeester – die man wat ook later haar skoonpa sou word. Met haar leergierigheid en doelgerigtheid het haar take by die dag vermeerder. Kort voor lank het sy ook die destydse pensioenboekies en polisboekies oorgeneem. Sy het lede-administrasie, voordeelondersoeke by beroepsbeserings, reëlings vir post mortem-ondersoeke ná mynsterftes, notulering van raadsvergaderings, skakelbordfunksies en die tik van regsstukke hanteer. Die maandverslae van die bedryfshoofde en die uitstuur van fakture vir die MWU se advertensies was ook deel van haar verantwoordelikhede. In 1993 het sy as sekretaresse by ʼn ouditeursfirma gaan werk en daar rekenaaropleiding ontvang. Toe Flip Buys teen die einde van 1993 moes aflos in mnr. Ungerer se pos, het hy vir Melinda gekontak om te vra of sy nie wil terugkom vakbond toe nie, juis omdat sy alles so goed geken het. Sy het nie geskroom om die aanbod te aanvaar nie – dit was juis die omgeekultuur van die vakbond waarna sy verlang het. “Dis lekker om ʼn verskil in ander se lewe te maak!” sê sy. Sedertdien stap sy en Flip die paadjie baie nou saam. Die kongresse, nasionale raad, beursaansoeke en die aansoeke vir Helpende Hand het onder Melinda ingeval. “Ek was eintlik die stigter van elke afdeling,” lag sy skaam. “Ons het saam deur swaar finansiële tye in die vakbond gegaan met groot omwentelinge op byna alle terreine, maar Flip se omgeehart en sy visie vir die toekoms het die uitdagings die moeite

werd gemaak.” Melinda sien die vakbond as ʼn kind wat sy help grootmaak het. Sy is dankbaar dat sy, saam met die visie wat Flip en sy span na die vakbond gebring het, so ’n groot aandeel kon hê in die groei, die passie vir mense, hul swaarkry en hul nood. Gedurende haar tyd by die vakbond kon sy baie nuwelinge onder haar vlerk neem en talle personeellede troos en bystaan, veral toe sy ook die rol van menslikehulpbronbeampte moes beklee en sekere personeel se verlof moes goedkeur. Sy het ʼn moederlike rol ingeneem, amper soos ʼn moederhen, onthou sy. Die moederhen van die MWU, as’t ware. “Wat ek altyd van die vakbond sal koester, is die feit dat hy die kern van sy hart behou het terwyl hy ’n metamorfose ondergaan het – sy hart van omgee en sy hart vir mense. Ek kon dit by Flip ook sien. Dit is lekker om saam met hom in dié juk te trek.” Melinda glimlag gelukkig terwyl sy uitbrei oor die jarelange werkverhouding tussen haar en Flip. Melinda en Melanie, Flip se vrou, is eintlik goeie vriende, en sorg dat hulle altyd ’n tydjie afknyp om in mekaar se lief en leed te deel. “Ons ken mekaar se geskiedenis so goed,” sê sy. Sy is al so lank deel van die Buys-familie dat sy al amper soos ʼn dogter voel. Melinda sien die humor in alles raak. Sy lag uit haar maag, “anders gaan die lewe jou onderkry,” lag sy. Haar lewensfilosofie is om in moeilike tye haar sin vir humor te behou. Sy sien haarself as ʼn perfeksionis: Dinge moet reg loop en sy moet in beheer wees, hoewel sy weet eksterne faktore laat dit nie altyd toe nie. Sy het ook al geleer om kalm te bly in moeilike situasies, veral dié waaroor sy nie beheer het nie. Sy glo ook daaraan om alle mense met respek te behandel. Sy skuif reg op haar stoel, amper asof sy standpunt wil inneem, en herhaal die woorde: “Hanteer alle mense met respek, net soos jy wil hê ander jou moet hanteer.” Melinda probeer haarself altyd in ander mense se skoene plaas – dít het sy geleer met die oproepe van ontstelde lede en mense wat hul storie wil vertel. Sy het baie empatie en glo jy het ʼn beter begrip van iets sodra jy jou in daardie persoon se skoene plaas. Daar is iets edel, rein en baie merkwaardig aan Melinda Janse van Rensburg – iets wat jy aanvoel en sien sodra jy by haar kantoor instap. Dis soos ’n sonstraal wat jou vir ʼn oomblik warm bak voor Flip uitstap om jou te ontvang. “Ek was nog nie een dag spyt dat ek destyds ja gesê het om deel te wees van hierdie wonderwerk nie.”

13


NUUSWAARDIG

Jou belange Solidariteit se eerste prioriteit

W

aarom bestaan die Solidariteit Beweging nou eintlik? Wat maak dit belangrik om kennis van dié inisiatief te neem? Die antwoord is maklik: Ons is daar vir jou en dit is belangrik, want Solidariteit dra werklik jou beste belange op die hart – nie net by die werkplek nie, maar ook in jou persoonlike lewe.

Foto: iStockphoto.com

Hulpsoeker of helper? Natuurlik is ons daar om te help as ons lede en ons gemeenskap ons nodig het. Die Solidariteit Beweging is egter nie eerstens ’n hulporganisasie nie, maar ’n moderne helpmekaarorganisasie. Ons lede vra nie net: “Wat kan ek daaruit kry?” nie, maar ook: “Wat kan ek bydra om ’n verskil aan ons almal se lewe te maak?”. Dit beteken dat dit nie net oor die toekoms van die lid as enkeling gaan nie, maar oor die skep van ’n toekoms vir ons almal. Ons voorouers het die land met dié helpmekaarbenadering help opbou, en die welslae wat Solidariteit reeds behaal het, bewys dat ons dit weer kan doen. Natuurlik word ons almal kwaad oor onbevoegdheid, swak regering, geweldmisdaad en

14

Deur Cillste van Dyk

korrupsie, maar ons kla nie net daaroor nie – ons werk saam aan oplossings. Ons soek nie net hulp vir onsself nie, maar werk aan oplossings vir ons almal! Onstuimige see stuit ons nie In ’n tyd waarin ons lede en ons gemeenskap onder druk is, waar daar onbillik teen hulle gediskrimineer word en waar mense geldige bekommernisse oor die toekoms het, is Solidariteit aan ons lede se kant. Ons kan nie keer dat die see onstuimig word nie, maar ons kan ons skip sterker bou om die storms te weerstaan – geanker in onwrikbare geloof. Ons resep is skeppende vernuwing wat op beproefde waardes gegrond is. Daarom kon ons met klein maandelikse ledebydraes reeds ’n groot tegniese kollege van R40 miljoen begin, vanjaar reeds R16,6 miljoen aan rentevrye studielenings vir ’n duisend jongmense bestee, en met Solidariteit Helpende Hand byna 10 000 skoolkinders met kos, skryfbehoeftes en ander benodigdhede bystaan. Met dieselfde resep beding die vakbond Solidariteit jaarliks meer as R200 miljoen vir ons lede wat beroepsbeserings en -siektes opdoen,

bestee ons meer as R6 miljoen jaarliks aan ons begrafnisskema vir lede en hul afhanklikes, en handhaaf ons ’n 90%-sukseskoers met die talle hofsake wat ons namens ons lede voer. Ons is terselfdertyd besig om Akademia geleidelik tot ’n volwaardige universiteit uit te bou sodat ons jongmense verseker kan wees van studiegeleenthede in ’n tyd waar rassetransformasie op staatsuniversiteite afgedwing word. Ons Beweging se werk is ook op talle ander gebiede bekend. AfriForum is landwyd besig om munisipale verval te beveg, korrupte amptenare te ontbloot en misdaad en plaasmoorde hand en tand te beveg. Maroela Media bevorder Afrikaans, terwyl Kraal Uitgewers met gehaltegeskiedenisboeke ons mense se verlede in die regte perspektief plaas. Die FAK se Viertrekreeks oor die Groot Trek op kykNET het ten doel om die kriminalisering van ons geskiedenis op ’n moderne manier teen te werk. Benewens ’n gesamentlike poging van die Solidariteit Beweging om die toekoms vry, veilig en voorspoedig te maak, geniet Solidariteit-lede vir hul maandelikse ledegeld ’n reeks voordele (sien bladsy 58 en 59). Alle voordele is onderhewig aan Solidariteit se bepalings en voorwaardes. Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za



NEWSWORTHY

“The

nks have Big Four ba

OM

LITTLE RO

lower end e th t a S E SE FE TO INCREA the is owed to is th d n a t, e of the mark r.” pitec’s offe a C m o fr ressure sustained p

*

For the full report, go to solidariteit.co.za/en/ bank-charges-report-2017/

Solidarity’s eighth Bank Charges Report

Fierce competition in banking space

Photograph: iStockphoto.com

T

16

he Solidarity Research Institute (SRI) has recently released its Bank Charges Report for 2017. According to the report, strong competition has continued in the market for personal transactional bank accounts in 2017. This is the eighth annual edition of the Solidarity Bank Charges Report. According to Gerhard van Onselen, economics researcher at the SRI, there is evidence of continuing strong competition in the transactional banking space. “The Big Four banks have little room to increase fees at the lower end of the market, and this is owed to the sustained pressure from Capitec’s offer. The banks also cannot allow the gap between the bundle accounts, marketed at middle income groups, and the cheaper accounts to get too big, otherwise they run the risk that clients may shift to the cheaper options or simply move to competitors,” Van Onselen said. Van Onselen noted that in the low-income and basic banking space, judging on fees alone, Capitec is narrowly beaten this year by Absa’s Transact account, FNB’s Easy Account and

By Francois Redelinghuys

Nedbank’s Pay-As-You-Use account. “However, when the interest paid by Capitec is taken into account, Capitec is still, but just barely, the cheapest account. With that being said, Absa’s Transact account is now a truly compelling proposition for clients who rarely if ever hold more than R2 000 in their account,” Van Onselen added. Considering the flagship accounts of the Big Four banks, marketed at clients with middle-class income and sophisticated banking needs, Van Onselen showed that Standard Bank’s Elite Plus account is no longer the cheapest option among these bundle accounts. “The Elite Plus account from Standard Bank is now surpassed by Absa’s Gold Value Bundle account and Nedbank’s Savvy Plus account. After doing away with withdrawal fees for cash at retailers, Nedbank’s Savvy Plus account is competitive at this level this year for clients who do not wish to bank at Capitec for any reason,” Van Onselen said. “Clients in the middle-class income category requiring ‘no-frills’ banking may benefit from considering Capitec’s and the relatively new offer from Old Mutual. However, when you

take the interest on positive balances and existing ATM and branch infrastructure into account, Capitec is the stronger proposition in this sense,” Van Onselen added. For accounts marketed at higher middleclass clients, Van Onselen stated that Absa’s Platinum Value Bundle soundly beats the other banks on pure cost considerations. “Costs are, however, not the only reason clients consider these more expensive accounts, which usually include additional benefits, and such benefits require individual consideration,” Van Onselen added. The report also showed for example that the price for a mid-level bundle account has remained around R100 per month for several years now. This represents a real decrease in the price of these accounts when consumer inflation is taken into account. “While exact comparison of accounts over time is difficult owing to changes in the names and structures of accounts, comparisons of inflation-adjusted costs of similar accounts over time suggest there have been large decreases in the real cost of transactional banking almost across the board,” Van Onselen concluded. Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

Werkloosheid kommerwekkend

Foto: iStockphoto.com

G

Deur Wilmarie Brits

erhard van Onselen, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het sy kommer uitgespreek oor die swak werkloosheidsyfers wat tans in Suid-Afrika heers. Dié kommer spruit uit die werkloosheidsyfers vir die tweede kwartaal van 2017 wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) onlangs in sy kwartaallikse arbeidsmagopname (QLFS) bekendgemaak het. Dié opname dui aan dat werkloosheid volgens die uitgebreide definisie daarvan van 36,4% in die eerste kwartaal van 2017 tot 36,6% in die tweede kwartaal gestyg het (27,7% volgens die eng definisie). “Daar is dus tans ʼn geskatte 9,3 miljoen werklose mense in SuidAfrika wat wil werk. Dit moet in konteks van ’n arbeidsmag van sowat 25,4 miljoen mense gesien word,” het Van Onselen beklemtoon. Die tweede kwartaal van 2017 was die sesde opeenvolgende kwartaal sedert die vierde kwartaal van 2015 waarin die aantal werklose mense volgens die uitgebreide definisie op ’n jaargrondslag vinniger gegroei het as die aantal mense wat werk. ’n Groot bydrae tot die skokkende statistieke is klaarblyklik die afdanking van Nhlanhla Nene aan die einde van 2015. Sedert dié gebeurtenis was daar ’n duidelike afname in die groei van indiensneming. Van Onselen noem dat hoewel indiensneming in die afgelope twee kwartale van 2017 op ’n jaar-tot-jaar-grondslag relatief gunstiger was, dit steeds nie naastenby genoeg is om die werkloosheid in Suid-Afrika noemenswaardig te verminder nie. “Selfs die relatief gunstiger sakesiklusaanwysers – soos ’n sterker rand en beter hulpbronpryse as in 2016 – wat in die eerste twee kwartale van 2017 gesien is, het nie ’n noemenswaardige verskil aan werkloosheid gemaak nie.” Dit is geen geheim dat die politiek en inmenging van die regering besig is om indiensneming te kelder nie. Die realiteit is dat politieke onsekerheid en roekelose beleidstappe soos die nuwe mynbouhandves nie help om ongunstige arbeidsomstandighede te verbeter nie. Dié faktore is besig om trae vlakke van kapitaalbelegging in die privaat sektor in die hand te werk. Hierdie hoogs belangrike soort belegging word veral onderdruk deur politieke onsekerheid en die toenemende implementering van beleide wat teen markvryheid indruis. “Vir die arbeidsmag beteken swak vastebeleggingsyfers dat inflasieaangepaste vergoeding waarskynlik sal moet daal om indiensneminggroei te ondersteun. Dit sal beteken dat baie mense wat werk dit nóg moeiliker sal vind om die mas op te kom, om nie eens te praat van diegene wat wil werk, maar nie werk kan kry nie,” sê Van Onselen. Indien die regering se ekonomiese inmengingsbeleid nie versigtig heroorweeg word nie, sal die Suid-Afrikaanse ekonomie in onnodige rompslomp verstrengel bly en werkers se vooruitsigte in geheel swakker wees as wat nodig is. Wat Suid-Afrika nodig het om te herstel, meen Van Onselen, is ’n sakebeleid wat markvriendelik is en stewige vrywillige belegging in Suid-Afrika aanmoedig. www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

17


NUUSWAARDIG

Jou bydrae laat Solidariteit seëvier

S

Foto: iStockphoto.com

ukses is ’n sesletterwoord wat almal verskillend kan definieer; die meeste van ons kan saamstem dat sukses nie altyd ’n maklike taak is nie. Sukses is ’n strewe, ’n oogmerk en ’n doelwit om te bereik. Solidariteit het hierdie jaar talle oorwinnings namens ons lede bereik. Hier is slegs ’n paar van Solidariteit se groot suksesse in 2017 wat danksy ons lede se bydraes behaal is:

18

1. Dané Hertz ’n Oorwinning is vanjaar behaal toe die hoë hof in Pretoria beveel het dat Dané Hertz, ’n afgestudeerde verpleegster, binne 30 dae in ’n gemeenskapsdiensposisie geplaas moet word. Dit volg nadat die departement en die minister van gesondheid sedert Januarie 2017 hul wetlike plig versuim het om Dané in ’n gemeenskapsdiensposisie te plaas. Solidariteit het op 15 Junie vanjaar die minister van gesondheid en die departement in ’n skrywe versoek om Dané binne sewe dae te plaas. Dié versoek is egter geïgnoreer. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het die hof beveel dat Dané Hertz by die kliniek geplaas moet word waar sy aanvanklik aansoek gedoen het. 2. Chevonne Scott Chevonne Scott, ’n verkoopsklerk in Benoni, het in Januarie vanjaar onverwags haar werk

Deur Lize-Mari Labuschagne

verloor toe sy per e-pos in kennis gestel is dat haar dienste beëindig word. Solidariteit het Chevonne met haar saak voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in Julie vanjaar bygestaan. Daar is ook in ag geneem dat Chevonne swanger was toe sy afgedank is en dat sy vir die nege maande ná haar proeftydperk nie haar volle salaris volgens haar kontrak ontvang het nie. Chevonne het vergoeding van die werkgewer geëis, asook die KVBA se toekenning van vyf maande se volle salaris bykomend tot die gedeelte van die vergoeding wat van April 2016 tot Januarie 2017 van haar weerhou is. 3. Sersant Armand Gerber Solidariteit het namens sers. Armand Gerber ’n oorwinning behaal toe die arbeidshof in Kaapstad beslis het dat hy weer in sy administratiewe posisie heraangestel moet word en dat alle dissiplinêre aksies teen hom gestaak moet word. Dít volg nadat Solidariteit genoodsaak was om die hof te nader omdat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op 16 Februarie vanjaar Armand, wat aan post-traumatiese stresversteuring (PTSV) ly, na die hof ontplooi het om gevangenes te vervoer. Armand is in 2014 met PTSV gediagnoseer nadat hy tydens diens ’n traumatiese voorval ervaar het. Hy is deur die SAPD tot en met 2020 onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te hanteer en is ná die diagnose

in ’n administratiewe pos geplaas (Lees ook die artikel oor PTSV op bladsy 61). 4. Derick Wehr Die laaste lid van die departement van korrektiewe dienste (DKD) wat vir bevordering oor die hoof gesien is weens onbillike diskriminasie in dié departement, is ná verskeie regsdreigemente terugwerkend vanaf 1 Desember 2010 aangestel en vergoed. “Solidariteit is uiters verheug dat hierdie aangeleentheid ná baie jare se litigasie suksesvol afgehandel is en dat die applikante uiteindelik hul regmatige plek in die DKD kan volstaan. Dit is egter jammer dat die publiek in hierdie tydperk ontsê was van die doeltreffende diens wat dié amptenare kon lewer en dít slegs op grond van hul velkleur,” sê Anton van der Bijl. 5. Louis van Heerden Solidariteit het vroeër vanjaar ’n reuse-skikking namens een van sy lede in die SAPD bereik nadat Louis Van Heerden weens regstellende aksie telkens vir bevordering oor die hoof gesien is. Volgens Van der Bijl is daar op grond van ras teen hierdie lid gediskrimineer en is die vakbond verheug dat geregtigheid kon geskied. Solidariteit en die SAPD het die skikking ’n bevel van die hof gemaak, wat dan in wese ook beteken dat Van Heerden met terugwerkende voordele op die rang van luitenant-kolonel aangestel word. Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

Aros verkry volle registrasie by DHOO

Foto: iStockphoto.com

I

n wat gesien word as ʼn groot tree vorentoe in die proses om Aros as ʼn volwaardige, privaat Christelike hoëronderwysinstelling in Suid-Afrika en internasionaal te posisioneer, het Aros op 2 Augustus sy volle registrasiedokumentasie van die departement van hoër onderwys en opleiding (DHOO) ontvang. Enige geregistreerde privaat hoëronderwysinstelling verkry aanvanklik voorwaardelike registrasiestatus wat slegs deur ’n proses van voldoening aan al die voorwaardes en vereistes wat deur die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die DHOO gestel word, omgeskakel kan word na volle registrasie. Volle registrasie bied dus aan só ’n instelling onvoorwaardelike goedkeuring om geakkrediteerde grade en ander kwalifikasies aan te bied. Volgens dr. Morné Diedericks, Aros se akademiese hoof, ondersteun Aros se voldoening aan hierdie minimum vereistes dié instelling se strategie om wêreldklasnavorsing en programontwikkeling verder uit te brei.

“Die skakeltoer wat Aros se bestuur vroeër vanjaar na verskeie internasionale universiteite onderneem het, was juis daarop gemik om Aros internasionaal te meet en ook om seker te maak dat Aros die beste internasionale praktyke toepas,” het Diedericks gesê.

Niclaas Roets, uitvoerende hoof van Aros, beskou die verwerwing van volle registrasie as ʼn historiese gebeurtenis. “Die volle registrasie van Aros as ʼn volwaardige privaat hoëronderwysinstelling bied aan ons die geleentheid om danksy ons unieke opleidingsmodel ook goed begronde, karaktervaste vakspesialiste in onderwys en ander studievelde op te lei, en om só die Suid-Afrikaanse gemeenskap nog beter te dien,” het Roets gesê. Hierdie proses is volstoom aan die gang met nog twee kwalifikasies in die onderwysveld wat reeds vroeër vanjaar by die RHO en die DHOO vir goedkeuring ingedien is. Die senior VVO-onderwysgraad sal aan gegradueerdes toelating verleen tot graad 8 tot 12-onderwysposte. Die Nagraadse Gevorderde Onderwyssertifikaat (NGOS) is ʼn NKR 8-kwalifikasie wat aan reeds gegradueerdes uit ander rigtings toegang tot die onderwys bied. Terugvoering oor die akkreditasie van hierdie kwalifikasies word vroeg in 2018 verwag.


NUUSWAARDIG

AfriForum-veldtog om afknouery hok te slaan Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n teenboelieveldtog geloods om bewusmaking van afknouery in skole te skep. Kinders moet hulle stem laat hoor en hulle storie vertel, want ons kinders is die leiers van die toekoms. Daarom is dit belangrik vir AfriForum, die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) en AfriForum Trauma om saam met ons land se skole, asook die ouers hande te vat om ’n verskil te maak in die wêreld daarbuite, skryf LEANDIE LOMBAARD.

Foto’s: iStockphoto.com

S

koolgeweld en afknouery kan ’n invloed op enige kind uitoefen. Een van die vernaamste faktore wat van kinders en adolessente ’n teiken van afknouery maak, is as hulle as “anders” beskou word. Voorbeelde van andersheid sluit die volgende in: kinders wat wees gelaat word, kinders met gestremdhede, sosiale status wat met etnisiteit geassosieer word, kinders in huishoudings waar MIV/Vigs, armoede en kulturele en taalverskille voorkom, asook kinders wat aan migrasie of verplasing blootgestel word. Volgens ’n Unesco-verslag kan fisiese voorkoms ook as risiko dien vir kinders of adolessente om ’n teiken van afknouery te word, soos byvoorbeeld om oorgewig of selfs ondergewig te wees. Skole is veronderstel om ’n veilige hawe vir kinders te wees waar hulle nooit hoef te vrees om op die skoolterrein of speelgronde te beweeg nie – waar niemand vir hulle wag om

20

hul lewe te versuur nie. Selfs al is dit die geval, moet kinders kan huis toe gaan met ’n goeie gemoed waar hulle van die dag se drama by die skool kan vergeet. Ongelukkig werk dinge egter nie altyd uit soos ’n mens hoop nie. Met die toename in internetgebruikers kan al hoe meer kinders by hulle sosialemediarekeninge inteken en sodoende uitvind indien iemand van hulle skool iets vernederend oor hulle gepubliseer het. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die geval van die 14-jarige Bloemfonteinse meisie wat deur twee seuns verkrag is terwyl ’n derde seun ’n video-opname daarvan gemaak het. Hierdie voorval kan as seksuele afknouery, asook kuberafknouery beskou word. Die meeste kinders besef dat boeliegedrag ander kan seermaak. So waarom sal een kind dan ’n ander kind wil boelie? Moet ouers, onderwysers en skooladministrateurs nie uitvind waarom sommige kinders dit nodig ag om ander te boelie nie? Daar is geen verskoning vir iemand om ander te teister of te verneder

nie, maar die meeste boelies het onderliggende kwessies wat hulle tot boeliegedrag dwing. Populariteit en mag kan as belangrik deur boelies beskou word, daarom laat hulle hul toorn op slagoffers los wat gesien word as leerders wat nie so “goed”, “sterk” of “mooi” soos hulle is nie. Dit is belangrik om te weet wat die eienskappe van slagoffers van boeliegedrag is. In die meeste gevalle is slagoffers: • ongewild/nie so populêr soos die boelie nie; • van ’n ander ras of geloof; • homoseksueel; • swaksiende en dra dus bril; • van ’n ander sosio-ekonomiese agtergrond; of • gestremd. Hoewel boelies selfversekerd voorkom, is hulle eintlik onseker oor hulleself en kan hulle ook minderwaardig voel. Wanneer hulle ander sleg behandel, is dit ’n manier om hulle beter oor hulself te laat voel. Om die gevoel van mag en status te behou, moet die oortreder dus voortgaan met hierdie tipe gedrag. Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

Algemene oorsake van afknouery • Boelies kom uit wanfunksionele gesinne: ’n Wanfunksionele gesin waarborg geensins dat ’n kind in ’n boelie sal ontaard nie, hoewel meeste boelies uit huise afkomstig is waar daar min of geen liefde of eerlikheid is nie. Hulle neem ook op ’n gereelde basis waar hoe hul ouers aggressief teenoor hul vriende, broers/susters of ander familielede optree. • Boelies moet in beheer wees: Kinders wat ander kinders rondstamp of slaan, streef daarna om populêr te wees of mag te hê. Hulle vind dit bevredigend indien ander kinders hulle aan hulle onderwerp. Hierdie tipe kinders is impulsief en hardkoppig en floreer wanneer hulle slagoffers bang is in hulle teenwoordigheid. • Boeliegedrag word beloon: Die meeste kinders doen nie hierdie opsetlik nie, hoewel die oortreder per ongeluk beloon word wanneer die slagoffer opgee, soos byvoorbeeld om hulle snoepiegeld of besittings vir die boelie te gee. Hulle word dus ook beloon omdat hulle meer aandag kry deur ander te boelie en sodoende word hulle meer populêr of kry hulle meer mag omdat ander kinders vir hulle bang is. Hierdie beloning wat onbedoeld plaasvind, het tot gevolg dat boeliegedrag versterk word en dit kan die oortreder aanmoedig om ander kinders ook te boelie. • Boelies neem nie ander se gevoelens in ag nie: Sommige kinders het min of geen empatie nie, of hulle put genot daaruit om te sien hoe ander kinders ly. Wanneer hulle iemand seermaak, weet hulle geensins wat die slagoffer of die ander

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

kinders om hulle voel nie. Soms kan die oortreder selfs plesier daarin vind om ’n ander kind seer te maak. Die reaksie van die slagoffer kan die boelie ’n gevoel van vervulling gee en daarom sal hy dus aanhou met hierdie tipe gedrag. • Boelies kan nie hulle emosies reguleer nie: Wanneer kinders geïrriteerd of kwaad raak, kan hulle hulself gewoonlik stop om dinge te doen wat ander kinders moontlik kan seermaak. Wanneer kinders nie die vermoë het om hul emosies te reguleer nie, kan klein struikelblokke/irritasies veroorsaak dat hulle oorreageer en dan heeltemal beheer oor ’n situasie verloor. ’n Voorbeeld hiervan is wanneer ’n kind onskuldig in die gange van die skool loop en dan per ongeluk teen ’n boelie vasloop. Selfs al vra die kind om verskoning, kan die boelie sy humeur verloor en die kind slaan. Afknouery in skole is tans ’n groot probleem en iets wat deel van die samelewing sal bly indien ouers, onderwysers en ander rolspelers nie die oorsake van boeliegedrag identifiseer nie. Met die korrekte hulpbronne en leiding kan kinders die regte hulpmiddele ontvang wat hulle benodig om konflik te hanteer, pleks daarvan om dit te hanteer deur ander te boelie. Let op na kind se gedrag Navorsing toon dat kinders al reeds van ’n ouderdom so vroeg soos drie jaar oud al daartoe in staat is om ander te boelie. Ouers en onderwysers kan die boelie identifiseer deur op te let na die kind se gedrag: • Die kind sal skree “Myne!”,

terwyl hy ʼn speelding gryp. Hierdie is nie noodwendig boeliegedrag nie, maar as ouers en onderwysers dit toelaat om oor en oor te gebeur sonder om in te gryp, kan dit lei tot verbale en fisiese vorme van boelie. • Jong kinders hou ook daarvan om geheime vir mekaar te fluister, asook om mekaar snaakse name te noem, maar wanneer die gefluister besig is om skinderstories te verprei en wanneer snaakse name begin lelik raak, kan hierdie gedrag gesien word as dié van ’n boelie. • Wanneer kinders “speel-speel”-speletjies speel, gee dit soms vir sekere kinders die geleentheid om ander kinders te manipuleer deur mag oor hulle uit te oefen. Kinders wat speel-speel die ma, pa, baba, skelm, of hond vertolk, word nie noodwendig as ’n boelie gesien nie, maar wanneer kinders op ’n konstante basis iemand dwing om ’n sekere “minderwaardigheidsrol” in die speletjie te vertolk (soos die baba, hond, of skelm) en selfs daardie kind se aksies beheer (soos om die kind te dwing om te blaf, om te huil, of om tronk toe te gaan) gebruik hulle op ’n aanhoudende basis hulle mag om “baas” oor daardie meer kwesbare kind te speel, en dit kan gesien word as boelie. • Kinders wat sê: “Jy mag nie met ons speel nie”, doen dit dalk nog nie bewustelik nie, maar dit kan maklik in emosionele boelie ontaard. Die kenteken van AfriForum se teenboelieveldtog se naam is Matteus en die slagspreuk is: “Behandel ander soos jy graag behandel wil word”. • Stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za en raak deel van die bewusmakingsbeweging.

21


NUUSWAARDIG

Memorandum aan JacarandaFM gerig ná omroeper se rasuitlatings

S ’n Skermgreep uit die video wat Solidariteit in reaksie op die gewraakte F*** White People-kunswerk gemaak het. Skandeer die QR-kode om die video te kyk.

Woorde wat opbou ware kunswerk – video

D

Deur Cillste van Dyk

ie kunswerk van Dean Hutton wat die woorde F*** White People in wit en swart herhaal, het die tonge behoorlik los – nie net oor die kunstenaar nie, maar ook die hofbeslissing wat op sigself opspraak gemaak het. Hooflanddros D.M. Thulare het beslis dat dié kunswerk nie haatspraak is nie nadat die groep Cape Party die kunstenaar by die landdroshof in Kaapstad van haatspraak aangekla het. Solidariteit het in reaksie hierop ’n video bekendgestel waarin die publiek kan sien hoe ’n alternatief vir die afbrekende F*** White People-kunswerk geskep word. Dit volg nadat Solidariteit ’n veldtog geloods het waarin lede van die publiek gevra is om opbouende woorde aan te stuur wat die positiewe gevoel en vooruitsigte van die gemeenskap weerspieël. Dié woorde is toe gebruik om die gewraakte kunswerk toe te plak. Volgens Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder by Solidariteit, was die publiek

22

se reaksie op die vakbond se veldtog aangrypend. “Woorde soos vrede, samesyn, respek, vasbyters, genesing, hardwerkend, skeppers en bou is van die woorde wat gebruik is om ’n baie negatiewe oorspronklike boodskap toe te plak. Ons glo dat dié woorde ’n baie beter weerspieëling is van wie en wat alle Suid-Afrikaners werklik wil verteenwoordig,” sê Redelinghuys. Volgens hom het die vakbond die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad, waar die F*** White People-kunswerk uitgestal word, formeel versoek om Solidariteit se Bou-kunswerk óók in dié museum uit te stal. “Ons het reeds terugvoering van die museum ontvang wat aandui dat ’n komitee ’n vergadering belê het om die moontlike uitstalling van die Bou-kunswerk te bespreek. “Die Bou-kunswerk beeld die positiewe dinge uit waaraan Suid-Afrikaners kan bou om ʼn beter Suid-Afrika te skep: beter onderwys, produktiewe werkplekke, gesonde gesinne en veilige gemeenskappe,” sê Redelinghuys.

olidariteit het op 15 September ʼn memorandum aan JacarandaFM gestuur, waarin hulle sekere voorstelle aan die radiostasie maak om die kontroversie rondom die gebeure van 12 September te ontlont. “Die doel van die memorandum is nie om vir vergelding of straf te vra nie, maar om gesprekke aan te moedig wat tot groter wedersydse begrip en respek vir mekaar sal lei en wat tot voordeel van almal in Suid-Afrika sal wees,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Dit volg nadat radio-omroeper Tumi Morake tydens die radiostasie se ontbytprogram op 12 September, JacarandaFM se platform misbruik het om haar persoonlike politieke siening te deel. Volgens Hermann, het Morake ʼn hele groep mense, gebaseer op ras, as boelies ingeklee – en dit gestel dat hulle eintlik vergelding en straf verdien. “Haar uitlatings het dié groep luisteraars woedend gelaat, en hul in die proses vervreem,” het Hermann gesê. Solidariteit vra in die memorandum dat: • JacarandaFM die volledige ontbytprogram beskikbaar stel, en nie slegs vooraf geredigeerde vyf minuut lange klankgrepe nie. • JacarandaFM verskoning vra aan luisteraars wat aanstoot geneem het. • Die nodige maatreëls ingestel word om die toekomstige misbruik van die JacarandaFM-platform vir eensydige politieke sienings te voorkom. • Die nodige stappe teen Morake geneem word weens die misbruik van die JacarandaFM-platform. “Solidariteit voel sterk daaroor dat die gesprek wat Morake begin het voortgesit moet word, omdat dit ʼn geleentheid kan skep waar Suid-Afrikaners eerlik met mekaar kan praat tot voordeel van ʼn toekoms vir ons en ons kinders. Daarom nooi ons JacarandaFM en spesifiek Morake om ʼn geleentheid te help organiseer waar ons hierdie gesprek ordelik verder kan voer,” het Hermann gesê. • Lees die volledige memorandum by solidariteit.co.za/te-ver-tumi/

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za



NUUSWAARDIG

Studie by Akademia positiewe ervaring

Akademia-sentrums nou ook in PE en Windhoek

A

Deur Petronel Fourie

Foto: iStockphoto.com

kademia brei in 2018 uit na die Oos-Kaap en Namibië wanneer studiesentrums in Port Elizabeth en Windhoek hul deure open. Dít bring Akademia se voetspoor op 13 studiesentrums te staan. Port Elizabeth se studiesentrum is op die terrein van die Voortrekkers geleë, terwyl Windhoek se sentrum in die pragtige fasiliteite van die Kultuurgemeenskapsentrum geleë is. Aansoeke vir studies in 2018 by dié twee sentrums kan nou gedoen word. Paul Vogel, Akademia se operasionele bestuurder, verduidelik dat daar versoeke vanuit Namibië se Afrikaanssprekende geledere gekom het om ’n studiesentrum in die buurland te open. “Die Namibiese Afrikaanse Privaatskole Organisasie (Napso) het Akademia besoek om die voorstel te bespreek, waarna ons goedkeuring van die Namibiese regering gekry het. Nou het voornemende studente in Namibië die geleentheid om hul kwalifikasies teen ʼn bekostigbare prys plaaslik te verwerf, in plaas daarvan om die groot onkoste van studies in Suid-Afrika aan te gaan,” verduidelik hy. Die twee nuwe studiesentrums sal op presies dieselfde wyse as hul Suid-Afrikaanse eweknieë funksioneer, met studente wat verpligte nauurse klasse by die interaktiewe studiesentrum bywoon. Die sentrums is met moderne videokonferensietegnologie toegerus en gratis internettoegang is beskikbaar om studente toegang tot die Spens, Akademia se unieke aanlyn ondersteuningstelsel en biblioteek, te gee.

24

Watter kwalifikasies word aangebied? Akademia fokus op toeganklike en bekostigbare moedertaalonderrig wat plaaslik en internasionaal relevant is. Die geakkrediteerde programaanbod en praktiese, beroepsgerigte kwalifikasies bied aan studente die geleentheid om eersteklas hoër opleiding en opvoeding te ontvang, om daardeur ʼn bydrae in sowel die gemeenskap as die wêreld te lewer. Studente kan tans vir BCom-grade in ondernemingsbestuur, bestuursrekeningkunde,

ekonomie en regte, en finansiële beplanning inskryf. Hoër sertifikate in rekeningkunde en kantooradministrasie word ook aangebied, asook ʼn gevorderde diploma in projekbestuur. Intussen word kwalifikasies op die gebied van regsgeleerdheid, rekeningkunde, verpleegkunde en sosiale wetenskappe ook ontwikkel. Hoe werk die onderrigmodel? Akademia se onderrigmodel kombineer ’n klaservaring met afstandsonderrig. Alle klasse is regstreeks in verbinding met mekaar, sowel as met een van vier professionele ateljees by Akademia se hoofgebou waar die dosent gesetel is. Studente sien op een groot skerm die klasnotas, en op ’n tweede skerm word die dosent lewensgroot vertoon. Kontaksessies duur ongeveer vyftig minute, en studente kan aan die klas deelneem deur eenvoudig ’n hand op te steek en ’n vraag te vra. Sagteware bring outomaties die student na die voorgrond van die videovoer in ander klasse, byna asof die vraag in dieselfde lokaal gevra is. Op soortgelyke wyse kan die dosent vrae aan enige student in enige van die klasse rig, en word die bespreking regstreeks oor studiesentrums heen gedeel en ervaar. Die ateljees vanwaar die dosente klasse aanbied, is met gevorderde tegnologie toegerus. Voor die dosente verskyn al die verskillende klasse op groot televisieskerms, waar hulle studente kan identifiseer vir vrae en opdragte. Digitale penne verseker dat wat die dosente ook al op die papier voor hulle skryf, oorgedra word na die skerms in studiesentrums. Terselfdertyd is klank- en videoingenieurs deurentyd in die beheerkamer besig om klank, video en ander tegnologiese aspekte te monitor en te optimaliseer. Ná die klasse word die opnames geredigeer en binne enkele dae op Akademia se digitale leerruimte, die Spens, vir studente beskikbaar gestel. Hier kan studente video-opnames van die klasse aflaai, argiefmateriaal bestudeer, of selfs net die klankbaan op hul selfone laai om later weer as ’n podsending te luister.

Deur Nadine Slump

O

p hoërskool het ek gereeld gehoor as ek in Afrikaans gaan studeer, sal ek nie suksesvol kan wees in die sakewêreld nie omdat die sakewêreld “Engels” is. Weens gereelde blootstelling aan hierdie siening het ek het dit begin glo – totdat ek met my graadstudies by Akademia begin het. Akademia is ʼn Afrikaanse universiteit waar alle klasse in Afrikaans aangebied word. Die meeste van ons handboeke is in Afrikaans, hoewel ons ʼn paar Engelse handboeke ook gebruik. Akademia maak gebruik van Engelse handboeke as die inligting in dié handboeke meer onlangs bygewerk is as die Afrikaanse boeke wat beskikbaar is. In die lig hiervan kan ek dus sê hoewel Akademia Afrikaans is, ontvang ek steeds blootstelling aan die Engelse terminologie van my vakgebied. Ons word ook blootgestel aan die Engelse terme deur die navorsing wat ons op die internet vir ons werkopdragte doen. Omdat ek ná my drie jaar aan Akademia in sowel Afrikaans as Engels opgelei sal wees, voel ek dat ek ʼn beter kans het om suksesvol te wees in die sakewêreld. Nog ʼn aspek van Akademia wat die Akademia-ervaring gerieflik maak, is die feit dat Akademia studiesentrums regoor die land en binnekort ook in Namibië het. Daardeur word studente se kanse verhoog om klasse te kan bywoon, ongeag waar hulle hulself bevind. ʼn Ander voordeel is dat ek, indien ek ʼn klas sou mis, die klas later op Akademia se intranet kan gaan “bywoon” deur na die opname daarvan te kyk. Ek kan dus sê dat ek mobiele tersiêre onderrig by Akademia ontvang. My eerste jaar by Akademia is tot dusver ʼn belewenis wat ek vir niks sal verruil nie en die mense, kultuur en dosente van die studiesentrums, veral dié in Centurion, is definitief faktore wat bydra tot my positiewe ervaring van Akademia. Afrikaanse onderrig by Akademia is sonder twyfel die moeite werd! • Het jy geweet Solidariteit-lede ontvang 20%-afslag vir studies by Akademia? Besoek www.akademia.ac.za

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za



Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit aktief is, asook kwessies wat jou in die wêreld van werk raak.

Mynbouhandves ondermyn Suid-Afrika

Foto’s: iStockphoto.com

S

uid-Afrika se fondamente lê diep onder die grond in mynskagte. Jare lank is mynbou een van die hoekstene waarop ʼn moderne SuidAfrika gebou is. Tans neem mynbou sowat 464 000 mense regstreeks in diens en verteenwoordig dit sowat 7% van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk. Mynbou in Suid-Afrika het reeds enorme houe oorleef. Die platinumstaking in 2014 was byvoorbeeld naby aan ’n uitklophou. Konstante arbeidsontwrigting, onbetroubare elektrisiteitstoevoer en ’n laegroei-omgewing het alles bygedra tot mynbou wat teen die toue is. Dan is daar die feit dat elektrisiteitskoste vir mynhuise met amper 300% oor vyf jaar toegeneem het, die feit dat die regering artikel 54-mynsluitings wispelturig toepas en daar algehele regulatoriese onsekerheid heers wat beleggers afskrik. In dié omstandighede is dit merkwaardig dat mynbou in Suid-Afrika nog kop bo water hou. Die handgranaat wat minister Mosebenzi Zwane in die mynbousektor ingegooi het, is besonder onrusbarend. ’n Suid-Afrika sonder mynbou is haas ondenkbaar, maar skielik is die moontlikheid daar – te wyte aan Zwane se nuwe mynbouhandves. Solidariteit het wesenlike probleme met die inhoud en die prosedure wat gevolg is met die handves se vrystelling. Dit is duidelik dat die regering nie die beste belange van die mynbedryf voorop stel nie. Die dokument is ʼn ramp.

Deur Connie Mulder

Zwane se eerste vuishou is die klousule oor swart aandeelhouding. Die 30% swart aandeelhouding lyk nie na ʼn wesenlike skuif teenoor die huidige 26% nie, maar daar is ʼn belangrike verskil. Geen geskiedkundige swart ekonomiese bemagtigingstransaksie word erken nie. Myne het moeite gedoen om by 26% swart aandeelhouding uit te kom. Met die verloop van tyd verkoop 12% van die swart beleggers hulle aandeel. Hoewel die myn 26% swart aandeelhouding bereik het, is die werklike syfer tans 14%. Onder die nuwe mynbouhandves moet die myn nie die 4% van 26% tot 30% addisioneel aan swart beleggers verskaf nie, dit moet 16% van 14% tot 30% aanvul. Dit verander myne in die weduwee se kruik, oftewel, die weduwee se spaarvarkie. Hierdie 30% swart aandeelhouers is voorts geregtig op ʼn spesiale dividend van 1% van die omset. Die uitwerking hiervan op bestaande aandeelhouers se dividende is verwoestend. Volgens die Kamer van Mynwese word dividende van R6 miljard uitbetaal. Die totaal van 1% van omset van mynbou is R5,7 miljard. Die praktiese uitwerking van die dividendklousule is dat 30% van die aandeelhouers 95% van die dividende gaan ontvang. Dit is ʼn enorme afskrikmiddel vir beleggers. Wat ʼn mens des te meer ontstel van die 1%-dividend is dat dit ʼn dividend is wat jy ontvang bloot omdat jy swart is. Gekombineerd met die definisie van swart mense wat verander

is in die mynbouhandves om genaturaliseerde Indiese burgers, soos die Guptas, in te sluit – en ʼn mens kry onwillekeurig die indruk dat die 1%-dividend bedoel is om seker te maak die Guptas tree in selfs groter weelde af. Zwane se uitklophou is die vermetele wyse waarop hy die handves vrygestel het. Daar is met geen rolspelers gekonsulteer nie. Feitlik niemand wat geraak word, is geraadpleeg nie. Geen teenkanting word boonop geduld nie. Uitsprake wat insluit dat besighede moet ophou probeer regeer en aanvaar dat die ANC die regering is, is ’n gevaarlike wêreldbeskouing. Die minister beskou homself as onaantasbaar: Hy mag drakoniese maatreëls op die mynbousektor afdwing, wat dan bloot met die nodige dankbaarheid daarop moet reageer. Geldige vrese oor kostes en implementering word afgeskiet as rassisme en weerstand teen transformasie. Indien hierdie mynbouhandves aanvaar sou word, sal die gevolge vernietigend wees. Solidariteit leef nie in Zwane se droomwêreld van konings en slawe nie. Ten einde die mynbouhandves te keer, is ons besig met ʼn regsaksie wat die hele handves tersyde wil stel. Ons het wesenlike probleme met sowel die inhoud as die metode wat gevolg word – en ons dink nie Zwane het Suid-Afrika se beste belange op die hart gedra nie. Ons gaan nie toelaat dat maatreëls oor ons gemaak word sonder ons insette nie. • Connie Mulder is hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut.

ramp. Ons ‘n is s e v d uhan “Die mynbo ëls oor ons e tr a a m t a elaat d gaan nie to SETTE nie.” IN s n o r e d rd son gemaak wo

26

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

MYNBOU in ’n neutedop

Die afgelope vyf jaar: » 70 000 (14%) minder mense in diens geneem » 48%-daling in bedryfswins voor belasting » 52%-vermindering in dividende

Onmiddellike impak ná die aankondiging van mynbouhandves: Suid-Afrikaanse mynboumaatskappye verloor R51 miljard in waarde op die dag wat die mynbouhandves aangekondig is (15 Junie 2017)

aan aandeelhouers » 0,2% minder tot BBP bygedra

Pensioenfondse verloor R2,7 miljard in waarde

IMPAK WAT DIE MYNBOUHANDVES SAL HÊ: » Die 30%-SEB-aandeelhouers sal 95% van alle dividende kry.

» 70% van aankope van goedere moet van SEB-entiteite verkry word.

» 50 000 tot 100 000 werkgeleenthede in gedrang.

» 80% van dienste moet by SEB-entiteite verkry word.

» 100 000 tot 200 000 indirekte werkgeleenthede

» 100% van mineraalmonsterontledings moet

in gedrang.

deur SA maatskappye gedoen word. Statistieke verskaf deur die Kamer van Mynwese

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

27


BEDRYFSNUUS

Duisende geraak deur afleggings by Sibanye Sibanye Gold se aankondiging op 4 Augustus dat 7 400 werkers afgelê gaan word, het ’n wrang smaak in die mond van vakbonde en duisende gesinne gelaat. Die skok en teleurstelling is egter veel groter wanneer ’n mens die rimpel-effek van die ondeurdagte besluit werklik verstaan, skryf WILMARIE BRITS.

Foto’s: iStockphoto.com; sibanyegold.co.za

S

owat 2 400 kontrakteurs en 365 werknemers is as deel van ’n vorige afskalingsproses nog nie geplaas nie, verduidelik Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit. Daar is boonop nog 50 bestuurslede wat geraak word deur ’n afsonderlike proses weens die skeiding tussen Sibanye se Suid-Afrikaanse bedrywighede en sy VSA-belange. As ’n mens dié werknemers byreken, kan nagenoeg 10 200 poste by Sibanye Gold verlore gaan indien hulle besluit om met die afleggings voort te gaan. Dit is egter steeds nie die volle prentjie nie. Volgens Solidariteit het Sibanye oorhaastig opgetree en nie die volle implikasies van sy aankondiging in gedagte gehou nie: Buiten die 10 200 poste wat geraak word, het elke mynwerker nagenoeg tien afhanklikes om te versorg. Dit beteken talle onskuldige mense word negatief deur die afleggings geraak. Uitdagings en verliese in die SuidAfrikaanse mynbedryf is ʼn werklikheid, en hoewel Solidariteit begrip hiervoor het, het die vakbond ʼn verantwoordelikheid om werksekerheid vir sy lede te skep. Daarom het Solidariteit van die geleentheid gebruik gemaak om tydens sy eerste konsultasie met Sibanye Gold harde vrae aan hulle te stel in ʼn poging om vas te stel of Sibanye alles in sy vermoë gedoen het om die afleggings te voorkom. Ondoeltreffende mynbouprosesse wat by die betrokke mynhuis gevolg word, is een van die beslissende faktore wat gelei het tot die afleggings, sê Du Plessis. Die prosesse wat

28

tans gevolg word, veroorsaak ʼn bottelnek in die produksie en verhinder dus dat goudstof doeltreffend onttrek word. Volgens hom was daar ook onlangse bestuurskommelings by van die skagte wat eens winsgewend was. In dié gevalle is bekwame bestuurspanne met onervare bestuurspanne vervang, wat onmiddellik tot verliese gelei het. Dit het aan die lig gekom dat Sibanye by verskeie geleenthede voorstelle deur raadgewers om die omvang van die afleggings te beperk, van die hand gewys het. “Dit is Sibanye se verantwoordelikheid om die doeltreffendheid van alle moontlike voorstelle te ondersoek ten einde soveel poste as moontlik te red,” het Du Plessis gesê. Volgens hom het Solidariteit verskeie kwessies vir bespreking na die tafel gebring. Beatrix-Wes-myn se goeie produksiemaand is onder meer bespreek. Daar is aangevoer dat Sibanye se onlangse goeie resultate ʼn grondslag is vir tydelike kruissubsidie om sodoende afleggings te vertraag. Dit sal verligting bring vir die geweldige maatskaplike uitwerking wat afleggings op afhanklikes het, omdat personeel oor die hele groep heen eerder verminder word deur middel van natuurlike omset soos bedankings en aftrede. “Dit is in die land se belang dat die groot afleggingsprosesse wat onder meer by Sibanye en AngloGold Ashanti (8 500 poste) ʼn aanvang geneem het, deur vakbonde, werkgewers en die regering as vennote afgeweer word,” het Du Plessis afgesluit.

Herstrukturering net rookskerm vir afleggings by AMSA Deur Wilmarie Brits & Francois Redelinhuys

S

olidariteit het onlangs bevestig dat hy ʼn artikel 189A-afleggingskennisgewing van Afrika se grootste staalverskaffer, ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA), ontvang het. Dit volg nadat Wim de Klerk, uitvoerende hoof van AMSA, in Augustus in ʼn verklaring aangekondig het dat AMSA weens die geweldige druk in die staalbedryf en die laer vraag na staal, kostebesparingsmaatreëls gaan instel asook strukturele veranderings gaan aanbring wat moontlik tot afleggings kan lei. De Klerk het aangevoer dat dit te vroeg is om uitsluitsel te gee oor die aantal werknemers wat deur die afleggings geraak gaan word, maar dis moontlik dat meer as 50 poste in die slag kan bly. Solidariteit verwag dat die impak groot gaan wees. Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, is ArcelorMittal die rugsteun van alle indiensneming in die Vaaldriehoek (66%), Newcastle (66%) en Saldanha (25%). Croucamp sê die vakbond gaan in ernstige gesprekke met ArcelorMittal tree om alternatiewe te bespreek sodat afleggings as die laaste uitweg oorweeg sal word. “Ons sal alles in ons vermoë doen om die moontlike afleggings by AMSA af te weer,” het Croucamp gesê. Croucamp verduidelik voorts dat Solidariteit aktief betrokke is in die staalbedryf en poog om deur middel van die Steun Ons Staal-veldtog die uitwerking van die ekonomiese druk op werknemers te versag. “Ons gaan saam met AMSA werk om die volhoubaarheid van die maatskappy te verseker,” het Croucamp gesê.

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

Ope brief aan Lonmin-hoof maak opslae

G

ideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het in Augustus vanjaar in ʼn ope brief aan Ben Magara, uitvoerende hoof van Lonmin (foto), sy misnoeë met die bestuur se vakbonderkenningsbesluite te kenne gegee en Magara tot ʼn regstreekse TVof radiodebat oor die aangeleentheid uitgedaag. Dít volg nadat die mynmaatskappy kennis aan sowel Solidariteit as die vakbonde NUM en Uasa gegee het oor sy besluit om hul erkenning op te skort. Du Plessis begin die brief deur te sê: “U (Ben Magara) kan nie meer vertrou word nie en u dra nie die belange van u vaardige werkers en die mynbousektor op die hart nie.” Volgens Du Plessis was die ope brief genoodsaak omdat Magara nie by sy belofte en ooreenkoms gehou het om dié drie vakbonde se erkenningsregte, wat al drie jaar lank van krag is, te handhaaf nie. “Dié brief moet in die openbare domein

Het jy geweet? • Solidariteit verteenwoordig sowat 830 lede by Lonmin. • Lonmin, onder die naam London and Rhodesian Mining and Land Company Limited, bestaan al sedert 1909.

verskyn omdat Magara nie by die beloftes hou wat hy agter geslote deure maak nie en wat onrusbarend is,” het Du Plessis verduidelik. Du Plessis verduidelik ook in die brief hoe Solidariteit tydens die Marikana-gebeure en die vernietigende staking in 2014 ʼn ondersteunende rol aan Lonmin gebied het toe die myn juis deur Amcu op sy knieë gedwing is. Dit is die einste Amcu wat nou eis dat die drie ander vakbonde se regte opgeskort moet word. Du Plessis maak ook die volgende punt in

Kry DIENS waarop jy kan STAATMAAK en die INDIVIDUELE AANDAG wat jy verdien!

BEKOSTIGBAAR • GEHALTE • BETROUBAAR

sy brief: “Ek onthou nog dat u en ek tydens die finalisering van die beperkteregte-ooreenkoms in die teenwoordigheid van ons verteenwoordigers hand geskud het, waar u plegtig belowe en u woord gegee het dat ons regte nou veilig is en gehandhaaf sal word. Ek het u woord aanvaar, maar nadat u die vertrek verlaat het, tog aan ons koukus genoem ‘dat die toekoms sal bepaal of u wel ʼn man van u woord is’.” Teen druktyd was daar nog geen reaksie van Magara of Lonmin nie.


BEDRYFSNUUS

Chemiese sektor: Stewige verhogings

D

Deur Lize-Mari Labuschagne

inflasie oor 12 maande + 1,5%, wat ook al die meeste is.

ie glas- en nywerheidschemikalieësektore van die NBCCI (National Bargaining Council for the Chemical Industry of Chemiese Bedingingsraad) het onlangs uiters suksesvolle loononderhandelings gehad waar baie gunstige meerjarige ooreenkomste bereik is.

Nywerheidschemikalieë: • Jaar 1: 7,5%-loonverhoging terugwerkend vanaf 1 Julie 2017. • Jaar 2: Gemiddelde inflasie oor 12 maande + 1,9%.

Glassektor: • Jaar 1: 7,5%-loonverhoging terugwerkend vanaf 1 Julie 2017. • Jaar 2: 7,5%-loonverhoging OF gemiddelde

Sasol Mynbou: • Jaar 1: 7%-loonverhoging terugwerkend vanaf 1 Julie 2017 met ʼn verdere 0,5% verhoging in Januarie 2018.

• Jaar 2: Gemiddelde inflasie oor 12 maande OF April 2018-inflasie wat ook al die meeste is + 1,5%. • Jaar 3: Dieselfde formule sal geld as in jaar 2. Tydens die onderhandelings in die Papier- en Pulpbedingingsraad het partye ʼn gemiddelde skikking van 7% in die saagmeule-, vesel- en partikelsektor, asook die pulp- en papiersektor bereik. “Solidariteit se knap onderhandelingspanne, onder leiding van Andy O’Toole, Fanie Vosloo en Jaco van den Berg, het hulle uitstekend van hul taak gekwyt,” sê Gerhard Cloete, sektorkoördineerder vir die chemiese bedryf.

Lily en Barbrook: Nóg ‘n terugslag nadat tweede belegger onttrek

Foto’s: iStockphoto.com

D

30

ie Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga was onlangs weer in die nuus nadat die tweede moontlike belegger onttrek het voordat die transaksie voltooi is. Ná die ineenstorting van die myn in Februarie 2016 sukkel Vantage Goldfields steeds om die R300 miljoen in te samel wat nodig is om bedrywighede te hervat. Die eerste moontlike beleggingstransaksie is kort ná die ineenstorting onderhandel, maar het in Junie 2016 deur die mat geval toe AfroCan Resources Gold, die moontlike belegger, nie die betaling waarop ooreengekom is, gemaak het nie. Dit het agterna geblyk dat verskeie soortgelyke transaksies deur AfroCan se uitvoerende hoof, Brian Barret, laat sneuwel is. Na verwagting sou ʼn deel van AfroCan se belegging gebruik word om agterstallige salarisse te betaal. Dit sou ook bydra tot die sink van ʼn skag om drie vermiste werknemers, wat in ʼn skeepsvrag-

Deur Estella Boshoff

houer vasgekeer was ten tye van die myn se ineenstorting, se liggame op te spoor en om produksie by die myn te hervat. Niks hiervan het egter gerealiseer nie. Lily-myn is in Desember 2016 onder sakeredding geplaas, kort voor ʼn sustersmyn, Barbrook, ook onder sakeredding geplaas is. In Junie vanjaar was die vreugde en verligting groot toe aangekondig is dat Vantage Goldfields en Galane Gold besig is met onderhandelings. Galane Gold, ʼn Kanadese maatskappy, sou aan Vantage Goldfields finansiering voorsien. Volgens die beoogde oornametransaksie sou albei myne binne 100 dae weer operasioneel kon wees. Krediteure, wat werknemers insluit, sou ook van hul uitstaande geld begin ontvang en ʼn hernude poging om die drie werknemers se liggame te vind, sou aangepak word. Galane het ʼn suksesvolle volhoubaarheidstudie voltooi en die transaksie sou aan die begin van Augustus

beklink word. Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, verduidelik egter dat die twee maatskappye mekaar ure voor die ondertekening van die ooreenkoms oor ʼn paar tegniese punte gepak het. “In gesprekke met Lily se topbestuur is ek meegedeel dat die transaksie heeltemal van die baan is en dat Lily se bestuur nou twee ander opsies ondersoek,” het Du Plessis gesê. Die mislukking van hierdie transaksie kom as ʼn groot terugslag vir die gemeenskappe rondom die Lily- en Barbrookmyne. Werknemers wat reeds in armoede gedompel is weens uitstaande salarisse, se onsekerheid oor inkomste en indiensneming begin nou weer van voor af. Die liggame van die drie mynwerkers wat in ’n skeepsvraghouer vasgekeer was, is ook steeds nie na die oppervlak gebring nie en dit lyk nie asof dit gou sal gebeur nie.

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

Húlle beskerm lede se belange by Sasol Deur Lize-Mari Labuschagne

D

ie vakbondverteenwoordiger in ’n werkplek is ’n Solidariteit-lid wat deur ander lede van die vakbond tot verteenwoordiger verkies word vanweë sy of haar leierseienskappe en die vertroue wat die lede in hom of haar het om na hul belange om te sien. Vakbondverteenwoordigers het die groot verantwoordelikheid om vakbondlede se regte in die werkplek te help beskerm. Solidariteit het tans 14 voltydse verteenwoordigers by Sasol SA: Joe Hendricks en George van Zyl ondersteun Sasolburg-lede, terwyl Gawie Koch, Andries Olivier, Van Wyk Snyman, Nico Coetzer, Nico Venter, Deon McGreggor, Mark Jacobs, Barney Kruger,

Deon de Vries, Marais van Heerden, Dirk de Kock en Pierre du Plooy Solidariteit-lede in Secunda ondersteun. Daar kan beslis op die ondersteuning en beskerming in die werkplek van sowel Solidariteit se voltydse as deeltydse verteenwoordigers staatgemaak word met al die suksesse wat vanjaar al bereik is. Ongelukkig heers daar bekommernis ná afloop van die onlangse aankondiging deur Bongani Nqwababa, een van die gesamentlike uitvoerende hoofde van die internasionale brandstof- en chemikaliegroep Sasol. ’n Oorsig van die internasionale groep se Suid-Afrikaanse bates word gedoen waarin “niks van die tafel af is nie”, behalwe vir die kern van Secunda

Vaaldriehoek ernstig oor diens, werwing Deur Lize-Mari Labuschagne

Foto: iStockphoto.com

E

en van Solidariteit se grootste dienskantore is in die Vaaldriehoek geleë. Dié kantoor doen nie net moeite om hul bestaande lede te behou en uitstekende diens te lewer nie, maar ook om nuwe lede te werf. Die span bestaan uit sewe organiseerders en twee administratiewe beamptes. Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes, Jaco van den Berg en Johan Venter tree as organiseerders op en word ondersteun deur Saretha Jacobs en Chanell van Gent as administratiewe beamptes. Onlangs het dié span ’n werwingsaksie by die polisiekantore in Viljoensdrift en Deneysville geloods. “Ons is baie opgewonde oor dié projek,” sê Jaco van den Berg. “Ons glo werklik dat Solidariteit ’n bydrae in die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan lewer.” Dit is egter belangrik vir die Vaaldriehoekspan om nie net op een bedryf te fokus nie, maar om ’n uitstekende diens oor ’n breë spektrum van bedrywe te lewer. Juis daarom word daar ook hard gewerk om lede by Afrox en Nampak Glas te werf. Robert Eales, ’n Solidariteit-verteenwoordiger, het onlangs ’n Solidariteit-kantoor by sy werkgewer, Consol Glass, in Wadeville geopen. “Dit is veral lekker om te sien dat ’n mens se harde werk resultate lewer. Ons kan dit aan die toenemende aantal verteenwoordigers in ’n groter aantal maatskappye sien,” verduidelik Van den Berg. Die Vaaldriehoek is natuurlik die hartland van die staalbedryf. Die Vaaldriehoekkantoor dryf die

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

Synfuels se bedrywighede. Nqwababa het gesê die hersiening sal waarskynlik nie tot afleggings lei nie, waardeur vrees uitgespreek word dat die groep met nog ’n ernstige kostebesparingsprogram sal begin. In 2014-15 het Sasol sy bedrywighede weens laer oliepryse geherstruktureer. Intussen lyk dit of die olieprys nie na verwagting gaan herstel nie. Stephen Cornell, gesamentlike uitvoerende hoof, het daarop aangedring dat Sasol toegewyd is tot Suid- en Suider-Afrika. “Hier sal Solidariteit, net soos in die verlede, sorg dat sy lede se belange beskerm word,” sê Gerhard Cloete, sektorkoördineerder vir die chemiese bedryf.

KFC men’s conduct strongly condemned By Lize-Mari Labuschagne

T Steun Ons Staal-projek in hul omgewing saam met Marius Croucamp, adjunk-hoofsekretaris van die metaal- en ingenieursbedryf. Behalwe vir die arbeidsdienste is dit ook vir die personeel van die Vaaldriehoekkantoor belangrik om lede van ander vakbondvoordele soos studiehulp bewus te maak. “Opleiding raak toenemend belangrik in ’n mededingende arbeidsmark en ons is in die bevoorregte posisie om saam met die Helpende Hand Studiefonds, Akademia en Sol-Tech te kan werk om ons lede en hul kinders te help deur studiegeleenthede in Afrikaans te skep,” sê Gerhard Cloete, een van die Vaaldriehoek-organiseerders. Die Vaaldriehoekkantoor se organiseerders staan ook die Newcastle-kantoor by met Elize Bronkhorst as administratiewe beampte. “Ons is ’n bekwame span wat lekker saam werk,” sê Bronkhorst.

he conduct of the six men who allegedly assaulted a couple at the KFC in Montana, Pretoria should be strongly condemned, said Flip Buys, Chairperson of the Solidarity Movement. This follows after the group of men were arrested when a video of the incident came to light. Buys said that people like these who assault others deserve to be subject to the full force of the law. According to Buys this behaviour complicates the fight to stop racism. “Afrikaners cannot rage against Malema’s racist threats on the one hand, but at the same time tolerate this kind of behaviour. Racism must be fought in all its forms. Actions like these by apparent extremist individuals give the ANC a reason to find all white people guilty of racism with the help of new legislation, and to condemn and judge them as racist criminals,” said Buys. “If people commit themselves to such bad conduct, the positive actions of the rest become undone. By now everyone knows that certain racist behaviour will be proclaimed from the rooftops. Rather refrain from such behaviour and work on mutual respect and recognition,” said Buys.

31


BEDRYFSNUUS

Haar ongekende passie ’n inspirasie

Fotos: iStockphoto.com & Rozier van Tonder

D

ie spreekwoord “moenie ʼn man op sy baadjie takseer nie” (of in hierdie geval, ʼn vrou) is baie gepas wanneer dit kom by adv. Hanlie van Vuuren. Hanlie is ʼn fyn en vriendelike dame, maar onder daardie skynbaar skadelose uiterlike klop ʼn hart van passie vir ons mense. Veral die veiligheid en gesondheid van werkers en persone wat slagoffers geword het van beserings en siektes by, of as gevolg van hulle werk, en ook die lot van vroue in die werkplek, rus swaar op haar hart. Sy beskik oor ʼn vlymskerp intellek, soos menige persone wat haar op haar vakgebied wou troef, al tot hulle nadeel uitgevind het. Hanlie is tans die afdelingshoof van Solidariteit se beroepsgesondheid-en-veiligheidsafdeling (BGV-afdeling) en haar passie vir die lot van werkers se veiligheid en gesondheid word slegs geëwenaar deur haar omgee vir die personeel in haar afdeling en die wysheid en oordeel waarmee sy hulle lei. Hanlie se storie dien as bemoediging vir

32

Deur Adv. Paul Mardon

Adv. Hanlie van Vuuren, hoof van Solidariteit se BGVafdeling.

enige persoon, veral enige vrou, wat voel dat die lewe haar geen geleentheid bied nie. Hanlie is gebore as die tweede jongste van sewe kinders en nadat sy matriek by die

Potchefstroom Gimnasium voltooi het, moes sy uitspring en begin werk. Sy is ma van twee seuns en een dogter, en ouma van drie kleindogters. Benewens administratiewe werk by verskeie instansies, werk sy ook gedurende haar loopbaan as bestuurder vir ʼn vereniging van mediese praktisyns, waar sy ʼn goeie begrip ontwikkel vir die eise verbonde aan mediese praktyke en mediese prosedures. Gedurende 2004 tree sy in diens van Solidariteit as eisebeampte by die Beserings aan diens-kantoor, waar sy haar spoedig onderskei as ʼn deskundige op die gebied van beroepsbeserings en -siektes. Haar stokperdjies is musiek (sy is al jare lank ʼn gesogte kerkorrelis) en naaldwerk, veral kunsnaaldwerk – sy hou daarvan om kloskant te maak volgens die Belgiese metode en om dan appliekwerk te doen. Haar passie en dryf om uitstekende diens aan Solidariteit se lede te lewer, het haar gemotiveer om, ten spyte daarvan dat sy toe reeds Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

ouer as veertig was, by Unisa in te skryf vir haar LLB-graad. Ongeag haar groot en besige werklading, behaal sy hierdie graad in 2009. Gedurende hierdie tydperk handel sy ook talle kortkursusse suksesvol af om haar professionaliteit te verbeter, byvoorbeeld ʼn nasionale sertifikaat in besigheidsadministrasie en ʼn sertifikaat in oudiometrie deur die Universiteit van Johannesburg. Hierdie studies spoor haar tot verdere studies aan en gedurende 2014 behaal sy ʼn LLMgraad deur Unisa met lof! Haar LLM-graad het gehandel oor ʼn regsvergelykende studie tussen die regstelsels ten aansien van vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes van Suid-Afrika, Kanada en Australië. Gedurende 2009 word Hanlie aangestel as litigant in die BGV-afdeling, waar sy haarself spoedig onderskei vanweë haar passie vir beroepsgesondheid en -veiligheid en haar spesialiskennis oor beroepsbeserings en -siektes. As litigant het Hanlie nie net alle verwagtinge oortref nie, maar haar ook as leier onder haar eweknieë by ander vakbonde gevestig. Tydens die proses om die vergoedingswetgewing van alle beroepsgesondheid in een wet saam te voeg, is Hanlie as georganiseerde arbeid se hoofonderhandelaar en segspersoon aangestel tydens die onderhandelings met www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

werkgewers en die departemente van minerale bronne, arbeid en gesondheid. Die gevolg is dat Hanlie nou ook op die prinsipale forum wat die ministers, adjunkministers, direkteursgeneraal, adjunk-direkteurs-generaal en hoof uitvoerende beamptes insluit, namens die vyf betrokke vakbonde as woordvoerder optree. ʼn Groter pluimpie vir Hanlie is dat sy die konsepbewoording van die genoemde wetswysigings opgestel het. Die minister van minerale hulpbronne, Mosebenzi Zwane, het onlangs Hanlie se lof besing vir die toespraak wat sy gelewer het tydens ʼn hoëvlak besoek aan Sibanye Gold waarin sy nie geskroom het om die departement en werkgewer trompop te loop nie. As gevolg van haar fyn aanvoeling vir die behoeftes en vermoëns van vroue in verskeie industrieë, is Hanlie baie betrokke by eksterne vroue-inisiatiewe, byvoorbeeld die Women in Mining-forum onder die Mine Health and Safety Council (MHSC) asook die Internasionale Arbeidsorganisasie se Women’s Leadership Gender Academy Forum. Ook binne Solidariteit beywer Hanlie haar deurlopend vir die verbetering van die akkommodasie van vroue in die werkplek, byvoorbeeld deur suksesvol te onderhandel vir die voorsiening vir ʼn kamer waar moeders hulle kinders kan borsvoed by die werk.

Hanlie onderskei haarself ook deurlopend met die verteenwoordiging van Solidariteit-lede en hul naasbestaandes by formele ondersoeke na voorvalle en sterfgevalle by die werkplek. Vanweë haar passie om te help, is geen opoffering vir haar te groot nie en spandeer sy talle ure in konsultasie met getuies, op die pad na en van die ondersoeke en tydens die ondersoekprosesse – selfs na-ure. As afdelingshoof, vanaf 2017, doen Hanlie oneindig baie moeite om eise vir beroepsbeserings en -siektes suksesvol afgehandel te kry. Selfs in gevalle waar ander persone lankal sou moed opgegee het, sal sy die eise-lêer bestudeer en soek vir enige moontlike punt wat sy kan gebruik vir die suksesvolle afhandeling van die eis – dikwels met groot sukses! Hanlie is ʼn toegelate advokaat van die hoër hof van Suid-Afrika en ʼn geregistreerde oudiometris. Hanlie dien vir haar kollegas en vir alle vroue as voorbeeld en inspirasie. Deur harde werk en aangevuur deur haar passie om mense te help, het sy gevorder van ʼn gewone klerk by Solidariteit na die hoof van ʼn hoogs gespesialiseerde afdeling. Haar passie vir wat sy doen en vir die mense vir wie sy dit doen, spoor ʼn mens aan om self hoër te streef en oënskynlik onbereikbare hoogtes te bereik.

33


BEDRYFSNUUS

Verdedigingsgroep belê R550 miljoen

R Geen grap! Die arbeidshof het gesê Motsoeneng, die SAUK en Simon Tebele moet aanspreeklik gehou word vir die onregmatige afdanking van die SAUK-8.

Motsoeneng, ander aanspreeklik vir afdanking van die SAUK-8

Foto: Mia Slabbert

D

34

Deur Mia Slabbert

ie arbeidshof in Johannesburg het vroeg in September beslis dat Hlaudi Motsoeneng, die SAUK en Simon Tebele aanspreeklik gehou moet word vir die onregmatige afdanking van die SAUK-8 verlede jaar. Hierdie uitspraak kom meer as ’n jaar nadat die sogenaamde SAUK-8 onregmatig afgedank is omdat hulle nie met Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, se verbod op die uitsaai van protesaksies saamgestem het nie. Solidariteit, wat namens vier van die onregmatig afgedankte SAUK-8-joernaliste in hul saak teen die SAUK opgetree het, het die hof in samewerking met die Broadcasting Electronic Media Allied Workers Union (Bemawu) genader om Motsoeneng in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik te hou vir die twee vakbonde se regskoste. Regter David Gush het in sy uitspraak beslis dat Motsoeneng saam met die SAUK en die destydse nuushoof van die SAUK, Simon Tebele, die regskoste van die saak moet dra. Hierdie uitspraak bewys dat Motsoeneng wel ’n aandeel in die onregmatige afdankings gehad het, hoewel hy steeds volhou dat hy van niks geweet het nie. Motsoeneng het ná die hofverrigtinge gesê dat hy beplan om teen die beslissing te appelleer. “Ek respekteer die hof se beslissing, maar ek stem nie saam met die beslissing nie. Daarom gaan ons appelleer,” het Motsoeneng gesê.

“Ek is nie spyt oor enigiets nie. Ek is nie spyt oor die radikale transformasie van die SAUK nie, en ek is ook nie spyt oor die 90/10-beleid van die SAUK nie.” Wat Suna Venter – een van die agt joernaliste wat afgedank is en vroeër vanjaar oorlede is – se dood betref, meen Motsoeneng dat hy nie ’n dokter is nie en nie oor haar dood kan kommentaar lewer nie. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is hierdie uitspraak ’n oorwinning vir elke Suid-Afrikaner. “Hierdie oorwinning is nie net ons oorwinning nie; dit is elke Suid-Afrikaner s’n. Dit beklemtoon die noodsaaklikheid dat staatsamptenare, ongeag hoe hoog en magtig hulle hulself ag, vir hul besluite aanspreeklik gehou moet word. Dit bevestig ook die basiese beginsels van deursigtigheid en verantwoording wat in die Grondwet uiteengesit word. Ons is verheug oor die uitspraak, wat ook as presedent teen soortgelyke staatsamptenare dien,” sê Van der Bijl. Solidariteit is bekend daarvoor dat hy nie terugdeins wanneer dit noodsaaklik is om die hof te nader wanneer ongeregtighede hulself voordoen nie. Die vakbond het sy tande al in verskeie howe gewys en het al oor ’n legio onderwerpe, hetsy arbeidsregtelik, regstellende aksie, godsdiens, taal of onbillike praktyke, gunstige uitsprake in ooreenstemming met grondwetlike bepalings behaal.

heinmetall Denel Munition (RDM) gaan oor die volgende drie jaar R550 miljoen belê om sy produksiefasiliteite tot die jongste standaarde te moderniseer, die nuutste prosesse in te stel en sy kapasiteit met 200 werkers te vergroot, het Norbert Schulze, RDM se uitvoerende hoof, aan Engineering News gesê het. 51% van RDM word deur Rheinmetall AG van Duitsland en 49% deur Denel MSB van Suid-Afrika besit. Albei groepe is in die verdedigingsbedryf aktief (hoewel Rheinmetall ook in die voertuigonderdelesektor bedrywig is). Rheinmetall is ’n privaatsektoronderneming en Denel word deur die staat besit. “Ons is ’n Suid-Afrikaanse maatskappy, ondanks ons finansiële eienaarskap van ’n Duitse groep,” verduidelik hy. “Ons het net twee Duitsers in die maatskappy, en ons ander mense is almal Suid-Afrikaners. Ons het fasiliteite op vier terreine in Suid-Afrika wat ons deurlopend opgradeer en moderniseer. Hierdie belegging bly in Suid-Afrika en ons kan dit nie uit die land neem nie.” RDM het in 2008 tot stand gekom toe die Suid-Afrikaanse regering besluit het om ’n meerderheidsbelang in Denel se verlieslydende pirotegniekbesigheid (patroondoppe, bomme, granate, vuurpylmotore en missielplofkoppe) aan ’n strategiese vennoot te verkoop. Rheinmetall was die suksesvolle bieër. Die Duitse groep het daarna groot bedrae in sy nuwe Suid-Afrikaanse filiaal belê. “Daardie besluit het 2 000 regstreekse werkgeleenthede en 10 000 onregstreekse werkgeleenthede by ons verskaffers geskep,” sê Schulze. “Ons koop feitlik alles in Suid-Afrika; niks word ingevoer nie.” RDM betaal elke jaar dividende van nagenoeg R50 miljoen, waarvan die helfte na Rheinmetall in Duitsland en die ander helfte na Denel gaan. Die maatskappy herbelê jaarliks ook sowat R200 miljoen in sy bedrywighede en infrastruktuur in SuidAfrika, insluitende opleiding en ontwikkeling asook produkverbetering en innovasie. “Betrekkinge met Denel, ons minderheidsaandeelhouer, is uitstekend,” meen Schulze. “Hulle laat ons toe om met ons werk voort te gaan, en ons het baie goeie betrekkinge met Denel se filiale, soos Denel PMP, Denel Land Systems en Denel Dynamics.”

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


INDUSTRYNEWS

Best possible outcome for members at GM

I

n May this year, General Motors (GM) announced that they are divesting in South Africa. As a result, 589 employees faced possible retrenchment. Since the initiation of the retrenchment process, Solidarity has been working relentlessly to ensure the best possible outcome for its members. The union recently announced with pride that no Solidarity member would be involuntarily retrenched. Solidarity, together with the National Union

By Estella Boshoff

of Metalworkers of South Africa (Numsa), Uasa and non-unionised employees, formed an Employee Caucus which consulted as a unit with General Motors South Africa (GMSA). During the consultative process, members of the Employee Caucus made presentations. The number of potential retrenchments was reduced to 555 employees during the consultative process with Solidarity and the other members of the Employee Caucus.

After this reduction, GMSA invited employees to apply for voluntary severance packages or voluntary employee retrenchment. The applications met the number of retrenchments and the process could be discontinued. “We are extremely satisfied with the outcome of these negotiations and applaud the willingness of GMSA and other stakeholders to reach a mutually beneficial agreement,” said Ivan Smith, Solidarity’s representative in the Caucus.

‘Internskap by Solidariteit ’n waardevolle groei-ervaring’

Photograph: iStockphoto.com

E

k het ʼn elite-beurs van Akademia ontvang en studeer tans BCom Ondernemingsbestuur by hierdie privaat hoëronderwysinstelling. As deel van die beurs moet ek ’n internskap by die Solidariteit Beweging voltooi. Ek spandeer afwisselend tyd by die verskillende instellings wat deel van die Solidariteit Beweging is, en só word ek blootgestel aan die grootmenslewe wat ná my studies gaan volg. Die internskap laat my nie net die inhoud wat ek studeer, prakties ervaar nie; dit gee my ook praktiese ervaring van die lewe en die werkplek. Dit is baie makliker om in die klas te sit en dit wat

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

Deur Nadine Slump

die dosent vir my leer, toe te pas op dit wat ek in die werkplek ervaar. Ek het al soveel keer die werk makliker verstaan, omdat ek sien hoe dit in die praktyk gedoen en gebruik word. Die internskap laat my moed skep vir my eerste werklike werkonderhoud in die toekoms, te danke aan die feit dat ek die geleentheid gegun word om blootstelling aan onderhoudprosesse te kry. Ek kon insit met onderhoude en kennis neem van die moets en moenies, soos byvoorbeeld hoe ’n mens moet aantrek en wat ’n mens op sekere vrae moet antwoord. Dit help my baie om te verstaan wat ʼn keuringspaneel van kandidate verwag.

Ek woon verder ook vergaderings by, verleen hulp aan navorsingspanne en sien hoe baie beplanning in elke aksie ingesit word. Dit laat my elke dag net meer besef hoe baie dinge agter die skerms gebeur waarvan ons as die publiek nie weet nie, en hoe ’n groot rol die insette in die uitsette speel. Ek sal myself nie eintlik ʼn ekstrovert noem nie, maar hierdie internskap het my op ʼn manier gedwing om meer uit my gemaksone te kom en met die mense om my te kommunikeer. Dit is iets waarvoor ek verskriklik dankbaar is, omdat ek soveel van ander mense en natuurlik myself ook kon ontdek.

35


BEDRYFSNUUS

Jou werk én belange in veilige hande Solidariteit het sy bestaan te danke aan sy lede – jóú werk is óns werk. Daarom maak ons seker dat ons lede die nodige hulp kry om hul werk en inkomste te beskerm. Solidariteit bied tans ’n betroubare diens aan nagenoeg 140 000 lede in alle beroepsvelde en het die passie en kennis om te verseker dat hul regte in die werkplek beskerm word, skryf WILMARIE BRITS.

BEDRYWE VOLGENS GROOTTE

Met 16,46% lede in die metaal-en-ingenieursbedryf, is dié bedryf die grootste sektor.

15,01% van Solidariteit se lede is deel van die energiebedryf.

13,05% van lede is in die kommunikasie-, professionele en mediese bedryf.

Die mynbou-, landbouen sementbedryf verteenwoordig 12,14% van Solidariteit-lede.

43,34% is individuele lede wat nie kollektief by maatskappye verteenwoordig word nie.

LEDE PER PROVINSIE Gauteng – 57,92% Mpumalanga – 10,5% Noordwes – 8,47% Wes-Kaap – 6,33% Vrystaat – 3,96% Oos-Kaap – 3,95%

Foto’s: iStockphoto.com

= 10 sake

Solidariteit wen tussen Januarie en Julie 2017 176 uit 178 sake. Dis ‘n sukseskoers van

98,87%

KwaZulu-Natal – 3,32% Noord-Kaap – 2,93% Limpopo – 2,62%

63,9%

36,1%

LEDE IS MANLIK

LEDE IS VROULIK

is sedert Januarie vanjaar namens ons lede beding – ’n gemiddeld van R86 210 per saak. Die grootste bedrag wat aan ’n individuele lid uitbetaal is, is R1 180 000.

36

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

Nóg ‘n oorwinning vir benadeelde SAPD-lid Deur Cilleste van Dyk

S Yentel Vorster van Impact Hearing (middel) saam met Hendrina Horgan en Anthonie Burger wat albei gehoortoestelle ontvang het.

Bejaardes hoor vir die eerste keer in jare danksy skenking

Foto’s: Ladysmith Gazette & Verskaf

S

Deur Marlien van der Westhuizen

olidariteit Helpende Hand is sedert 2015 besig om behoeftige bejaardes op hul pad na beter gehoor by te staan. Impact Hearing skenk gehoortoestelle en deur dié samewerkingsooreenkoms spoor Helpende Hand mense op wat dit die nodigste het, maar dit nie kan bekostig nie. Die organisasie nooi behoeftige bejaardes wat gehoorgestremd is, om vir gratis behandeling aansoek te doen. Gedurende die drie jaar van die projek is ongeveer 130 bejaardes al gehelp om vir die eerste keer in jare hul geliefdes se stemme te hoor. Dié bejaardes moes almal gehoortoestelle kry, maar kon dit nie bekostig nie en hulle het ook nie oor ’n mediese fonds beskik nie. Helpende Hand het saam met Yentel Vorster van Impact Hearing aan elkeen ’n gehoorapparaat geskenk en ook die passing gratis gedoen. Volgens René du Preez, projekorganiseerder by Helpende Hand, lê bejaardes Helpende Hand na aan die hart. Verskeie inisiatiewe soos die Ouma-en-Oupa-projek gefokus daarop om persone ouer as 60 jaar te ondersteun, bederf en vereer. “Dit is ’n groot voorreg vir Helpende Hand www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

om aan bejaardes hul menswaardigheid en sosiale interaksie te kan teruggee. Sosiale isolasie deur gehoorverlies lei nie net tot depressie nie, maar kan ook baie keer ander siektes tot gevolg hê. Dié projek het dus ’n baie positiewe invloed op bejaardes se lewens,” sê Du Preez. Helpende Hand was op 8 Augustus daar toe Yentel Vorster ’n groep bejaardes se nuwe toestelle aan hulle oorhandig het. Anthonie Burger sê sy gehoorprobleem het hom nie so erg gepla nie, maar sy vrou het wel daaroor gekla. Hy sien daarna uit om weer met haar te skerts en met sy familie te kan gesels. Hendrina Horgan sukkel veral met kommunikasie in raserige omgewings. Sy is vol hoop dat haar lewe nou voller en meer sosiaal sal wees. Toetsing vind weer vanjaar plaas, en meer as 30 bejaardes het al toestelle ontvang. Daar word versoek dat bejaardes met eie vervoer na die toetsing toe kom, omdat vervoer nie verskaf kan word nie. • Doen aansoek by René du Preez deur haar by 012 644 4390 te skakel of ’n e-pos na rene@helpendehand.co.za te stuur. Sy sal help om ’n aansoekvorm in te vul en ’n afspraak te maak.

olidariteit het in September nóg ʼn oorwinning behaal vir ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wat weens regstellende aksie nie bevorder is nie. Hoewel Anton Coetzee die geskikste kandidaat was en aan al die vereistes voldoen het, is hy oor die hoof gesien omdat sy aanstelling nie die rasdemografie in die SAPD bevorder nie. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is Coetzee reeds vir 31 jaar ʼn polisielid. Hy het op 29 Junie 2015 aansoek gedoen vir die posisie van bevelvoerder en het die hoogste telling van al die applikante tydens die onderhoudproses gekry. “Ten spyte van die feit dat Coetzee as die beste én voorkeurkandidaat deur die onderhoudpaneel aangewys is, is ʼn swart vrou, wat nie die nodige ervaring het om die funksies van die pos te kan verrig nie, aangestel,” het Van der Bijl gesê. Coetzee sal nou binne 30 dae terugwerkend voordele en vergoeding in die rang van luitenant/kaptein ontvang, asof hy in die pos aangestel is. “Ons is verheug dat ons die saak in die lid se guns kon beklink, maar ons kan nie genoeg beklemtoon nie dat die SAPD meer doeltreffend sal funksioneer indien bevoegde polisielede, ongeag ras, geslag of ander arbitrêre redes, die bevordering ontvang wat hulle toekom. “Polisielede raak al meer mismoedig en Solidariteit poog om deur sake soos dié aan te pak, om ʼn baken van lig en hoop in donker tye te wees,” het Van der Bijl gesê.

37




Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

r is, saam met Debbie, haa Grace Mugabe aangerand der van y Kat l; Gabriella Engels, wat deur Ne rie Ger . e hoof van AfriForum; adv . ma; Kallie Kriel, uitvoerend nwoordiger van AfriForum a; en Willie Spies, regsvertee um Tra um iFor Afr van rwe Me

AfriForum lank nie klaar met Grace Mugabe

Foto: Philip Robinson

G

40

race Mugabe, die Zimbabwiese presidentsvrou, mag dalk veilig terug op eie bodem wees ná die aanrandingsvoorval waarby sy onlangs betrokke was, maar die stryd om haar tot verantwoording te roep, duur voort. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en die burgerregte-organisasie se regspan is van mening dat Mugabe vervolg moet word. Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum, sê ’n hersieningsaansoek om die kwessie van diplomatieke immuniteit tersyde te stel, gaan in die hof gebring word. Die Suid-Afrikaanse regering het diplomatieke immuniteit aan Mugabe verleen kort nadat sy klaarblyklik ’n jong vrou, Gabriella Engels (20), in ’n hotelkamer in Sandton met ’n elektriese koord aangerand het. In regskringe is die algemene gevoel dat Mugabe glad nie vir diplomatieke immuniteit in aanmerking kon kom nie omdat sy na bewering in Suid-Afrika was om ’n mediese ondersoek te ondergaan. Sy was nie vir amptelike sake (die SAOG-beraad) in die land soos wat voorgehou word nie. Boonop kan diplomatieke immuniteit

Deur Alet Rademeyer

nie opgeëis word ná ’n gewelddadige daad nie. Die Mugabe-voorval het internasionaal aandag op Suid-Afrika gevestig en daar is talle vrae oor die Suid-Afrikaanse regering se hantering van die saak, veral in die lig van die beskerming wat die regering vroeër aan Omar al-Bashir, omstrede president van Soedan, verleen het. Die Internasionale Strafhof (ISH) in Den Haag, Nederland het bevind dat die SuidAfrikaanse regering sy plig jammerlik versaak het deur Al-Bashir nie tydens sy besoek aan Suid-Afrika in Junie 2015 te arresteer nie. Dít en die jongste vergrype is ’n skandvlek op die land se naam en wys in die algemeen op die immorele en eensydige optrede van die regering, wat ook in die Mugabe-krisis die geval blyk te wees. Die regering was vermoedelik met ’n groot toesmeerdery besig wat Mugabe se immuniteit betref. Druk deur haar man, pres. Robert Mugabe, en moontlike dreigemente van SAOG-leiers om aan die beraad in Augustus te onttrek, het waarskynlik die deurslag gegee vir Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerkende regering, se vinnige afkondiging

van diplomatieke immuniteit in die Staatskoerant. Benewens ’n aansoek vir die tersydestelling van immuniteit vir Mugabe, hou adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, ook die optrede van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) dop. Indien die NVG nie binne 90 dae besluit om Mugabe te vervolg nie, is daar die moontlikheid van privaat vervolging om ’n skadevergoedingseis namens Engels teen Mugabe in te stel. Prof. Hennie Strydom, dosent in internasionale reg aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), het in ’n insiggewende artikel oor die debakel geskryf Engels het ’n grondwetlike reg dat geregtigheid moet geskied nadat sy aangerand is. Indien dié reg geskend word deur die toestaan van immuniteit, rus die onus op die Suid-Afrikaanse regering om te verduidelik waarom hy dit gedoen het. Indien regeringsamptenare egter geen verduideliking gee nie, kan hulle aanspreeklik gehou word. Sover moontlike optrede teen Mugabe betref, kan ’n siviele eis teen haar ingestel word wat ook beslaglegging op eiendom wat sy in Suid-Afrika besit, kan insluit. Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

AfriForum pak haatspraak op sosiale media

Foto: iStockphoto.com

T

ussen 500 en 1 000 klagtes van haatspraak, rassisme en aanhitsing tot geweld op sosiale media is sedert verlede jaar deur AfriForum ontvang. Die burgerregte-organisasie het in Junie vanjaar strafregtelike klagtes teen 100 van dié persone ingedien wat boodskappe van haatspraak, rassisme en aanhitsing tot geweld of ’n kombinasie hiervan op sosialemediaplatforms geplaas het. Die beëdigde verklarings is voorberei met die hulp van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die strafregkenner dr. Llewellyn Curlewis. Volgens Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, blyk daar ’n algemene indruk te wees dat wat op sosiale media gesê word op die een of ander wyse aanvaarbaar is en geen gevolge dra nie.

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

“Ons weet dat die meeste landsburgers goed oor die weg met mekaar wil kom, maar ons sien ook dat sommige mense aktief daarna streef om rassekonflik in Suid-Afrika aan te hits. Daardie mense moet verantwoordelik gehou word,” verduidelik hy. Hy sê voorts openbare woede en mediadekking word grootliks gereserveer vir of beperk tot ’n paar uitgesoekte uitlatings op sosiale media. Daarom het AfriForum die publiek uitgenooi om skermgrepe van haatspraak, rassisme en aanhitsing tot geweld aan die organisasie te stuur. Volgens Roets was die reaksie oorweldigend. “Ons is bekommerd oor die hewigheid van sommige van die boodskappe en skermgrepe wat ons ontvang het. In teenstelling met die ander gevalle wat beduidende aandag in die media geniet het en meestal oor rassistiese aanmerkings handel, bevat ’n groot aantal van die

skermgrepe wat ons ontvang het oproepe om wapens op te neem en versoeke om mense dood te maak of te beseer. Ons is bekommerd dat dié gevalle nie tot dieselfde mate hanteer of veroordeel word nie – hul ernstiger aard ten spyt,” sê Roets. • AfriForum nooi die publiek uit om voorbeelde van haatspraak, rassisme en aanhitsing tot geweld te stuur na rasklag@afriforum.co.za.


IN BEWEGING

Sanderien van der Walt, projekkoördineerder van AfriVriendelik, en sakeman Meyer le Roux tydens die bekendstelling van die entrepreneurskompetisie.

ees wat w d n a m ie altyd “Daar gaan al word vir ta e b t a w n jy is e slimmer as te LEER.” m o id re e b t. Wees wat hy wee

Groeigeleentheid vir entrepreneurs gebied

A

ondernemings uit te bou. “In die woorde van die prominente sakeman Anton Rupert glo ons ook dat hy wat nie in wonderwerke glo nie, nie ’n realis is nie.” Inskrywings vir die kompetisie het op 20 Julie geopen en sluit op 5 Oktober 2017. Groot pryse is op die spel en sluit onder meer die volgende in: ’n nuwe webtuiste geborg deur MyGuru, ’n advertensie vir gebruik op sosialemediaplatforms, asook ’n mentorskapsessie met Meyer le Roux, een van die meesterbreine agter die bekende Buffelsfontein Baardolie-handelsmerk. Lede van die publiek kan tussen 10 en 20 Oktober vanjaar vir hul tien gunsteling ondernemings stem, waarna ’n uitgesoekte paneel die wenner op 1 November 2017 sal aankondig. Le Roux, wat die kompetisie steun, sê Afrikaanse entrepreneurs is soos boere. “Dit is mense met waagmoed vir wie daar eintlik blomme en subsidies uitgedeel en rooi tapyte uitgerol moet word. Die regering is teen Afrikaanse entrepreneurs en wil die wêreld graag wysmaak Afrikaners het alles gesteel, behandel

hulle werkers sleg en is gekant teen die sosialistiese ekonomiese stelsel. Slegs laasgenoemde is waar,” sê hy grappenderwys. Volgens Le Roux wil die regering Afrikaanse entrepreneurs doodwurg. “Afrikaanse entrepreneurs moet wakker wees en veral met tegnologie bybly. Maak sosiale media jou vriend en moenie in ’n bekgeveg met iemand betrokke raak wat jou onderneming skade wil berokken nie.” Le Roux sê om suksesvol te wees, moet entrepreneurs ook hul eie ego begrawe. “Onthou, daar gaan altyd iemand wees wat slimmer as jy is en wat betaal word vir wat hy weet. Wees bereid om te leer.” Hy meen ook entrepreneurs en Afrikaners kan meer suksesvol wees indien hulle mekaar se ondernemings ondersteun. “Jy het nie nodig om iemand te dwing om met jou Afrikaans te praat, sake te doen of ’n diens te lewer nie. Gaan soek net na ’n onderneming wat dit vanselfsprekend doen. Dan sal jy weet jy is op die regte plek.” • Om vir die kompetisie in te skryf, besoek www.afrikaansvriendelik.co.za.

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

friVriendelik, ’n inisiatief van AfriForum, bied ’n opwindende entrepreneurskompetisie vir sowel jong as gevestigde sakelui aan wat beloof om hul ondernemings ’n enorme hupstoot te gee. Dié kompetisie is onlangs in Pretoria by die Buffelsfontein Beesboerdery-restaurant van Meyer le Roux bekendgestel. AfriVriendelik het ’n nuwe baadjie aangetrek en sal voortaan uit vyf dele bestaan, waarvan bogenoemde kompetisie een is. Afrikaans-Vriendelik is nog een. Dit is ’n eenstopdiens vir alle entrepreneurs en sakeondernemings. Die ander is AfriKlets, waar AfriForum-lede mekaar kan ondersteun en eenmalige versoeke kan rig of aanbied, soos byvoorbeeld saamrygeleenthede, AfriVriendelik-opleiding en die Tinteltong Toekennings. Volgens Sanderien van der Walt, projekkoördineerder van AfriVriendelik, bied die kompetisie ’n uitstekende geleentheid vir sowel jong as gevestigde entrepreneurs om hul

Deur Alet Rademeyer

42

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Nantes Kelder, hoof van AfriForum Trauma; Katy van der Merwe, operasionele bestuurder by AfriForum Trauma; en Katryn wat met berading help.

Trauma-eenheid ál sterker

Foto: Rozier van Tonder

“T

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

rauma bly trauma, hetsy jy deur geweldmisdaad, rampe of afknouery geraak word.” Só meen Nantes Kelder, hoof van en berader by AfriForum se trauma-eenheid. Dié eenheid is in 2015 op die been gebring en fokus onder meer op slagofferondersteuning soos hulp met die aflê van beëdigde verklarings, asook die voorbereiding en bystand van slagoffers tydens hofsake. Traumaberading word ook gebied. Volgens Kelder is die eenheid genoodsaak om vanjaar uit te brei weens die tempo waarteen misdaad in die land toeneem. Katy van der Merwe is vroeër vanjaar as operasionele bestuurder van die eenheid aangestel en behartig ook die eenheid se nuwe opleidingsprojek. Kelder verduidelik dat AfriForum Trauma in samewerking met S-leer, Solidariteit se Sentrum vir Voortgesette Leer wat blitsleervideo’s opneem, opleidingsmateriaal gaan skryf en kursusse gaan aanbied vir sowel vrywilligers as diegene wat by veiligheidsnetwerke betrokke is. Kelder sê voorts dat die eerste kontaksessie met slagoffers van geweldmisdaad van kritieke belang is. “Dit is belangrik om op grondvlak netwerke vir traumaslagoffers te vorm. Ons eenheid kan nie oral wees nie en wil mense binne gemeenskappe, plaaswagte en ander veiligheidstrukture bemagtig en oplei sodat slagoffers onmiddellik bygestaan kan word.” Johan Kloppers, wat soos Kelder voorheen by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) werksaam was, se taak is om bystand aan slagoffers te bied wat tydens die operasies van Projek Nehemia, AfriForum se veiligheidstrategie, na vore kom.

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

Benewens hul betrokkenheid by bogenoemde projekte, sal Van der Merwe en Kloppers net soos Kelder slagoffers van ander geweldmisdade, waaronder plaasaanvalle, landwyd bystaan en ondersteun. Antoinette Steyn, wat sedert die eenheid se opening as berader werk, is vanjaar ook betrokke by AfriForum se teenboelieveldtog by skole. AfriForum Trauma het sedert die begin van die jaar berading aan meer as 140 slagoffers van geweld gebied en was ook betrokke by slagoffers van die verwoestende Knysna-brande. Die span het in Augustus ’n opvolgbesoek aan Knysna gebring en die boelieprogram ook by ’n plaaslike laerskool aangebied. Die trauma-eenheid is veral betrokke by slagoffers van plaasaanvalle en het vanjaar ook ’n ooreenkoms met die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) gesluit om berading aan sy lede te bied. “Ons het al met baie mense ’n pad gestap en die eerste vraag wat hulle dikwels vra, is: ‘Hoekom ek?’. Mense worstel met gemengde gevoelens van haat, woede, hartseer en pyn, en dit bly maar altyd ’n moeilike gebeurtenis om te probeer verwerk,” sê Kelder. Hy sê voorts in die tyd wat hy al saam met slagoffers deurgebring het, hy ook gesien het hoe sterk mense se geloof kan wees. “Almal hanteer trauma op ’n ander manier, maar uiteindelik is dit jou denkwyse wat bepaal hoe vinnig jy gesond gaan word. Sommige mense is meer besorg oor hul veiligheid, sommige lewe elke dag in vrees en ander weier om fisies of emosioneel in ’n tronk te leef.” • Indien jy meer inligting oor die eenheid verlang of traumaverwante navrae het, stuur ’n e-pos na trauma@afriforum.co.za.

Bal aan die rol teen rassekwotas in sport Deur Alet Rademeyer

D

ie bal is onlangs internasionaal aan die rol gesit om politieke inmenging en rassediskriminasie in Suid-Afrikaanse sport tot ’n einde te bring. AfriForum en Solidariteit het in Junie amptelike klagtes by verskeie internasionale sportliggame ingedien. ’n Omvattende verslag getiteld Transformasie in SA Sport: Telbord nie in regering se guns is ook by die sportliggame ingehandig. Die verslag is gegrond op omvattende navorsing wat AfriForum en Solidariteit gedoen het oor die negatiewe omvang en impak van transformasie in Suid-Afrikaanse sport. Die afvaardiging, onder leiding van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het klagtes by Wêreldrugby (WR) in Dublin, Ierland, die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in Lausanne, Switserland, die Internasionale Assosiasie van Atletiekfederasies (IAAF) in Monaco, die Internasionale Netbalfederasie (INF) in Manchester, Engeland, asook die Internasionale Krieketraad (IKR) in Dubai ingedien. Daar is ook met lede van die Europese Parlement (EP) in Brussel, België vergader waartydens politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport bespreek is. Kriel sê die klagtes is internasionaal geneem omdat sportliggame in Suid-Afrika verskeie internasionale regulasies oortree wat rassediskriminasie en politieke inmenging verbied. Hy meen dat die indien van hierdie klagtes egter geen kitsoplossing vir die probleme in Suid-Afrikaanse sport is nie. “Dit is maar die begin van die stryd om internasionale steun te kry vir ons saak, wat ons glo baie sterk is.” Werner Human, regsgeleerde verbonde aan die firma Hurter en Spies, wat ook deel van die afvaardiging was, sê die volgende stap is dat die onderskeie sportliggame AfriForum moet inlig of hulle die klagtes aanvaar. ’n Proses moet dus nou volg en die sukses hiervan sal bepaal of die organisasies hulle na die hof van arbitrasie vir sport (CAS) in Lausanne, Switserland sal wend. “Hierdie is die hoogste hof in sport in die wêreld en beslissings wat hier gemaak word, is bindend op alle partye. Suid-Afrikaanse sportliggame kan dus ook deur dié hof se beslissings gebind word.”

43


IN BEWEGING

Sy eerste bok nie biltong, maar kos vir behoeftiges!

Foto: Danie Brink

D

Deur Dawid Brand

ie hoogtepunt vir enige jagter wat sy eerste bok platgetrek het, is vir seker om dadelik ’n stukkie vleis op die kole te gooi of biltong en droëwors te maak. SMS “HELPJAG” NA Die tienjarige Johann 39950 en ons skakel . Brink het egter besluit sy jou terug. SMS’e kos R2 eerste bok se vleis moet nie in sy gesin se vrieskas opeindig nie, maar moet gebruik word om minderbevoorregtes te help. Dié seun van dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, se vleis is in September gebruik om ’n spesiale braai by die Pretoriakinderhuis te hou. Baie van hierdie kinders Johann Brink by sy eerste bok, ’n is nie gewoond aan braaiblesbok, wat hy met ’n 7mm Remingvleis nie (watwou wildston Magnum sonder ’n knaldemper vleis!) en dit was daarom platgetrek het.“Daardie geweer skop ’n groot bederf gewees. die plaak van jou tande af,” het pa Johann se omgeehart Danie trots oor sy bulletjie gesê. en inspirasie stop egter nie by een vleisbraaigeleentheid nie. Hy het ander jagters aangemoedig om bord kos vir ’n behoeftige kind te verseker. Al in sy voetspore te volg en van húl jagvleis vir wat jy hoef te doen, is om jou plaaslike HelHelpende Hand se Kosblikkieprojek te skenk. pende Hand-tak te kontak en hulle sal sorg dat “Dit voel lekker vir my om te weet dat die vleis die naaste kleuterskool bereik wat deel kinders lekker kan eet. Want as ons braai, voel van die Kosblikkieprojek is. ek sleg dat hulle nie ook lekker kan eet nie,” Wat as ’n tienjarige se droom begin het, kan vertel die inspirerende Johann. ’n wesenlike verskil in duisende behoeftiges se Helpende Hand se Kosblikkieprojek verskaf lewe maak. Al wat dit kos, is ’n bietjie van jou daagliks ’n gesonde bord kos aan behoeftige en ’n bietjie van my om baie te maak. Só word kleuters landwyd. Dié bord kos is dikwels die stroompies riviere. enigste kos wat hulle dié dag ontvang! Sedert In ’n tyd waarin ’n mens na goeie nuus moet die begin van die projek in 2002 is meer as raap en skraap, is Johann se droom én praktiese 21 000 kleuters reeds gehelp. aksie vir ons land se kinders een wat die hoofDie opvoeding en versorging van kinders is nuus behoort te haal en op elke lamppaal moet vir Helpende Hand ’n hartsaak. Sonder behoorpryk. Want dis kos vir liggaam én siel! like voeding kan kleuters ’n fisieke, emosionele • Om uit te vind waar jou naaste Helpende Handen kognitiewe agterstand ontwikkel. tak is, skakel 012 644 4390 of stuur ’n e-pos Met die #HelpJag-veldtog moedig Johann na diens@helpendehand.co.za. Jy kan ook tot by en Helpende Hand jagters aan om ook van hul projek betrokke raak deur die woord “Helpjag” vleis te skenk en te help om ’n gebalanseerde na 39950 te SMS. Elke SMS kos R2.

44

Wolkskool ontsluit nuwe skoolwêreld Deur Marlien van der Westhuizen

S

kool is deesdae glad nie meer soos dit in die verlede was nie. Kinders moet reeds van kleins af talle uitdagings die hoof bied – dikwels uitdagings waarvoor baie volwassenes nie eens kans sien nie. Die behoefte aan ’n nuwe manier van skoolgaan is groter as ooit. Daarom het Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) met die gedagte van ’n Wolkskool vorendag gekom. Die doel van die Wolkskool is om kinders sover moontlik te ondersteun met hul skoolloopbaan. Die Wolkskool is ’n aanlyn platform wat aan Helpende Hand-ondersteuners toegang gee tot opvoedkundige video’s wat 24 uur per dag beskikbaar is. Die Wolkskool bied video’s oor spesifieke onderwerpe vir graad 4- tot 12-leerders in wiskunde, graad 8- tot 12-leerders in Afrikaans, en rekeningkunde vir matrikulante. Daar is ook ’n spesiale kuberwinkel op die webwerf beskikbaar waar werkkaarte, vraestelle met memorandums en ander hulpmiddels teen ’n stewige afslag verkoop word. As dit nie genoeg is om jou te oortuig nie, kry kinders nou ook toegang tot ’n wiskundekenner wat hulle 24 uur ’n dag kan bystaan met moeilike vrae. Dit is reeds herhaaldelik bewys dat die gebruik van video’s as onderrigmodel talle voordele inhou. Nie net bly kinders langer gefokus nie, maar hulle onthou ook die feite baie beter. Sommige studies het bevind dat kinders tussen drie en vyf keer beter leer met behulp van video’s as wanneer hulle normaalweg studeer. Volgens Anita Lourens, projekorganiseerder, kan enige leerder kyk na ’n uur lange video wat deur van die land se beste onderwysers saamgestel is. “Ons wil dit graag moontlik maak vir enigiemand om die beste gehalte Afrikaanse video’s te kyk,” sê Lourens. “Helpende Hand-ondersteuners kry gratis toegang tot die Ons Skool-kanaal en mense wat nog nie Helpende Hand-ondersteuners is nie, kan aansluit vir R50 of meer per maand.” • SMS die woord “Wolk” na 39950 of besoek www.wolkskool.co.za

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


aksentmedia.co.za


IN BEWEGING

Solid Help

Só verlig Coligny-tak gemeenskap se las Deur Ernst Vorster

S

olidariteit Helpende Hand se Coligny-tak ondersteun reeds sedert 2015 tot 70 Afrikaanse gesinne per maand met broodnodige voedselhulp. Terwyl die stof gaan lê ná die onlangse geweldpleging wat die dorpie Coligny in ʼn krisis gedompel het, gaan die Coligny-tak steeds onverpoosd voort met hul onbaatsugtige werk om verarmde Afrikaanse gesinne in die omgewing by te staan. Hierdie gemeenskapsorganisasie se vrywilligers verleen lankal reeds aan arm gesinne hulp en bystand in die vorm van kos, klere en ander ondersteuning. Gedurende die krisis het die Coligny-tak steeds hiermee voortgegaan deur onder meer vir drie gesinne wat hul huise verloor het, hulp in die vorm van lewensmiddele en meubels te gee. Die tak werf reeds sedert 2015 donateurs in die omgewing om skenkings te maak waarmee dringende behoeftes aangepak kan word, en mobiliseer die gemeenskap om behoeftiges by te staan. Volgens Fanie Buys, streeksorganiseerder vir Solidariteit Helpende Hand in Noordwes, besef die tak dat dit noodsaaklik is om die inwoners by te staan. So het die plaaslike tak een van die eienaars van ʼn klein onderneming bygestaan met die aankoop van bederfbare voorraad nadat die onderneming se voorraad tydens die plundering vernietig is.

Die takbestuur hanteer die verkryging en verspreiding van varsprodukte soos groente en vleis in samewerking met die NG Kerk Coligny-Oos. Varsprodukte word deur takvrywilligers en lidmate van die gemeente voorberei en verwerk. Die produkte word dan tweeweekliks aan sowat 70 behoeftige gesinne in Coligny voorsien. So ʼn voedselpak bestaan gewoonlik uit 10 kg vars groente, 10 kg meel en vars vleis. Behoeftige gesinne wat dié hulp ontvang, word geïdentifiseer met behulp van Helpende Hand se assesseringsmetode. Die tak ontsien geen moeite om uit te

reik na inwoners wat in nood verkeer nie. Waar nodig koördineer die Coligny-tak ook noodverskaffing deur die plaaslike kruidenierswarewinkel. Volgens Buys help die tak ook waar moontlik met die koste van doktersbesoeke en basiese medisyne vir behoeftige Afrikanergesinne. Bejaarde inwoners word soms op tussentydse basis bygestaan indien hulle probleme ondervind om huurgeld of munisipale rekeninge te betaal. Die plaaslike skool baat by etlike van die nasionale projekte wat deur Helpende Hand gekoördineer word. Die skool neem deel aan die Help Hanna-projek, waardeur sanitêre produkte aan dogters beskikbaar gestel word sodat hulle nie skool mis omdat hulle nie dié produkte self kan koop nie. Die skool se kleuters word ook al vir jare bygestaan met Helpende Hand se Kosblikkieprojek, waardeur noodvoeding verskaf word. Leerders van die skool ontvang boonop al vir ʼn klompie jaar reeds skooltassies, gevul met skryfbehoeftes wat nodig is om te verseker dat behoeftige graad een-leerders op gelyke voet met meer bevoorregte maats die skooljaar afskop. • Die tak bestaan uit vrywilligers uit die Coligny-gemeenskap en enige skenkings kan aan die tak gelewer word. Kontak gerus vir Flip Venter by 082 307 6098 of Ria Venter by 082 327 3214.

Blink nuwe bromponie ná brande gesin se besittings verswelg Deur Marlien van der Westhuizen

Foto’s: iStockphoto.com & Verskaf

S

46

olidariteit Helpende Hand se motorfietsklub het ’n mede-motorfietsryer se lewe dramaties verbeter deur vir hom ʼn bromponie te skenk. Kobus en Jenny Mostert se kothuis en al hulle besittings is in die Knysna-brande verwoes. Die Mostert-huis het afgebrand en die egpaar het net met die klere aan hulle lyf ontsnap. Jenny het hul babakatjie uit die huis gedra toe dit begin brand het. Kobus se bromponie, sy enigste vorm van vervoer na die sekuriteitsfirma waar hy werk, is ook deur die vlamme verswelg. Kobus (60) weet baie van swaarkry. Hy is tans in remissie met maagkanker en sukkel

om te eet. Die verlies van die bromponie het beteken dat hy elke dag kilometers ver moes stap om by die werk te kom. Helpende Hand se motorfietsklub het ʼn bromponie in Gauteng opgespoor en dit vir hom gevat. Hy was stomgeslaan toe die bromponie by sy voordeur opdaag. “Ons is baie bly dat ons oom Kobus kon help,” sê Adele Wright, Suid-Kaap-streeksorganiseerder. “Hy en sy vrou, wat tans in tydelike behuising woon, kry baie swaar en sukkel albei met hul gesondheid.” • Vir meer inligting oor wat Helpende Hand doen om slagoffers van die brande te ondersteun, kontak Adele Wright by 072 970 1112.

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

47


IN BEWEGING

Mediese dekking: Kry nou goeie advies

Foto: iStockphoto.com

D

it is weer dié tyd van die jaar wanneer die verskillende mediese fondse hul voordele-opsies en die koste daaraan verbonde vir volgende jaar aan die mark bekendstel. Discovery Health het reeds in die tweede week van September aangekondig dat sy mediesefondsbydraes vir 2018 met gemiddeld 7,9% gaan styg. Dit is belangrik om nou reeds goeie advies te kry voordat jy jou keuse vir 2018 maak. Mediese fondse verkies gewoonlik dat hul kliënte se keuses teen einde November gemaak is vir implementering op 1 Januarie die volgende jaar. Die eerste belangrike saak om aan aandag te skenk, is om jou groot risiko’s te dek. Wat word daarmee bedoel? Dek eerste die risiko’s waaroor jy nie beheer het nie. Die grootste is sekerlik onverwagte hospitalisering. Dit is ’n risiko wat niemand voorsien nie, en dit is ook die risiko wat jou bankrekening en selfs jou

48

Deur Francois Smit

bates ’n ernstige knou kan toedien. Vra jouself af of jy in ’n staatshospitaal wil beland as iets onverwags met jou gebeur? Dit is so dat mense dikwels eerste na chroniese en dag-tot-dag-voordele kyk, maar as die som gemaak word wat die bybetalings hierop is, is dit ’n druppel in die emmer as dit met die koste van sorg en behandeling in ’n hospitaal vergelyk word. Maak dus eerstens seker dat jy ’n omvattende hospitaalplan het. Daar is verskeie opsies – van omvattende opsies wat byvoorbeeld 200% van die fonds se tarief in enige hospitaal betaal, tot opsies wat ’n netwerk van hospitale het waarheen lede van die fonds vir prosedures moet gaan. Laasgenoemde beteken dat as jy vir ’n prosedure gaan, jy net na hospitale toe kan gaan wat deel van dié netwerk is. In ’n noodgeval sal hospitale wat nie deel van dié netwerk is nie, jou nie weier nie, maar gewoonlik sal dié hospitaal die pasiënt eers stabiliseer

voordat oorplasing oorweeg word. Jy kan selfs ’n goeie, maar goedkoper hospitaalplan oorweeg, en dit aanvul met ’n gapingsdekkingproduk wat voorsiening maak as die fooie wat spesialiste tydens hospitalisering hef meer is as wat die hospitaalplan betaal. Daar is nog heelwat aspekte wat aandag moet kry in die proses om ’n keuse tussen die verskillende mediese fondse se voordele-opsies te maak, maar die belangrikste is om die groot onbekende risiko’s te dek. Daar is uit die aard van die saak uitsonderings soos mense wat kanker het, wat heeltemal anders na hul keuses moet kyk. • Solidariteit het ’n ooreenkoms met TENDAHEALTH, wat ’n span adviseurs het wat spesialiseer in advies oor mediese fondse en verwante produkte. Kry advies en spaar jouself baie geld en moontlike verdriet. Skakel Solidariteit Finansiële Dienste by 0861 101 005 of stuur ‘n e-pos na sfdadmin@solidariteit.co.za. Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IS JOU MEDIESE UITGAWES EN BYBETALINGS ‘N

BITTER PIL? Mediese skemas raak al hoe duurder en ledegeldstygings hou eenvoudig nie tred met salarisverhogings nie. Boonop verminder jou voordele dikwels en laat dit jou met ‘n selfbetalingsgaping waarvoor jy dalk nie voorsiening gemaak het nie.

ONS SAL JOU BYSTAAN

• om alternatiewe voordele-opsies binne jou huidige mediese skema te oorweeg • deur ‘n alternatiewe mediese skema voor te stel wat by jou risikoprofiel pas • deur gapingsdekking te bied wat die tekort sal aanvul tussen wat jou skema betaal en wat diensverskaffers hef.

aksentmedia.co.za

Kry die SORG wat jy VERDIEN teen ‘n PRYS wat jou PAS – sonder die bekommernis van ‘n betalingsgaping! Skakel ons vandag nog!

0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste

‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 44680 • CMS-akkreditasie (ORG 4268)

Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk. ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 75


IN BEWEGING

Sol-Tech staal studente vir sakewêreld

Foto: iStockphoto.com

O

m ’n onderneming op die been te bring, aan die gang te hou en ’n sukses daarvan te maak, is beslis nie vir almal beskore nie. Die suksesvolle vestiging en bestuur van ’n onderneming mag dalk op papier eenvoudig klink, maar die werklikheid lyk heelwat anders. Hierdie feit is maar een van verskeie redes waarom Sol-Tech hul studente verplig om indiensopleiding te ondergaan – juis sodat die studente bo en behalwe die ambag waarin hulle opgelei word ook ondervinding van die sakewêreld opdoen. ’n Onlangse studie deur die Harvard Universiteit toon dat 3 uit 4 gesubsidieerde ondernemings misluk. Volgens amptelike Amerikaanse arbeidstatistiek haal ongeveer 50% ondernemings die vyfjaarmerk, en nagenoeg ’n derde oorleef vir 10 jaar. Dié uitdagings het egter nie vir Hennie Vermeulen*, ’n afgestudeerde Sol-Tech-student, teruggehou nie. Hy het sy opleiding in 2012 by Sol-Tech voltooi en intussen sy eie suksesvolle sakeonderneming opgebou. Talle ander Sol-Tech-studente het intussen vir hom begin werk. Vermeulen se sukses is ’n bewys dat SolTech nie net sy studente in ’n ambag oplei nie: hulle leer ook die vaardighede aan wat onontbeerlik is vir sukses, hetsy deur self ’n onderneming te begin of die beste diens moontlik aan * Skuilnaam

Deur Cilleste van Dyk

’n werkgewer te bied. Navorsing toon dat meer as 20% van Sol-Tech se afgestudeerde studente hulle eie onderneming ná hul opleiding begin. Hulle ploeg dus hul broodnodige kennis en vaardighede in die Suid-Afrikaanse ekonomie terug. Dr. Philip Minnaar, Sol-Tech se hoof, is van mening dat die waarde van Sol-Tech se finale ambagskwalifikasie ver bo markwaarde is. Hy meen dat dié gesogte kwalifikasie, konserwatief bereken, heel waarskynlik R2,85 miljoen in monetêre waarde werd is. “Dit word bereken op grond van die kapitaalbedrag wat tans benodig word om die volhoubare geskatte maandelikse aanvangsalaris van ʼn gekwalifiseerde ambagsman (tussen R17 000 en R27 000) teen heersende rentekoerse tot en met aftrede te kan verseker,” verduidelik Minnaar. Hierdie berekenings geld vir studente wat permanent in diens geneem word – ongeveer 94,7% van elke jaargroep wat by Sol-Tech afstudeer. Minnaar meen dat Sol-Tech, wat jaarliks meer as 300 gekwalifiseerde studente aan die arbeidsmark lewer, ʼn baken van hoop vir duisende jongmense is. “Ons navorsing toon dat heelwat opleidingsinstellings in Suid-Afrika nie daarin slaag om die land se jaarlikse teikens te bereik nie. Boonop sukkel ’n groot aantal jongmense weens ontoereikende opleiding om werk te kry,” het Minnaar gesê.

Oorweeg jy ‘n eie onderneming? In ’n boek oor entrepreneurskap, The E-Myth, onthul Michael E. Gerber dat ’n ondernemingseienaar drie mense in een is: • Die entrepreneur: dromer, vernuwer, meestal ongestruktureerd, transaksiebeklinker; • Die bestuurder: prakties, beplanner, implementeerder, skepper van orde uit chaos; en • Die tegnikus: die doener. Dikwels begin mense ’n eie onderneming omdat hulle tegnies goed bekwaam is, maar nie oor die kennis en ervaring beskik oor hoe om ’n onderneming te bedryf nie. Dus is die eerste stap om jou te vergewis van die talle eise wat ʼn onderneming aan die entrepreneur gaan stel. Sodra jy bewus is van die eise wat jou onderneming aan jou gaan stel, begin jy jou onderneming rigting gee deur op die volgende sake te fokus: • Visie: Met visie word bedoel dit wat jy met jou onderneming wil bereik, byvoorbeeld om oor vyf jaar die beste elektrisiën in die noorde van Pretoria te wees; om ’n huishoudelike naam onder jou teikenmarkklante te wees. • Missie: Die onderneming se missie behoort die volgende vrae te antwoord: Wie is ons? Wat doen ons? Hoe doen ons dit? Vir wie doen ons dit? Hoe pas dit by die visie van die onderneming in? • Doelwitte: Jy moet kort- en langtermyndoelwitte identifiseer én bereik. Dit is waarvolgens jy jou sukses kan meet. • Sakeplan: Dit is die bloudruk vir die onderneming – ’n voorafbeplande roetekaart wat rigting verskaf in die vestiging en bestuur van die onderneming. Dit kan ook waardevol in die verkryging van kapitaal wees. Eienskappe van ‘n entrepreneur Dit is nodig om seker te maak dat jy oor die eienskappe van ’n suksesvolle entrepreneur beskik. Van die vernaamste eienskappe sluit in – • kreatiwiteit • deursettings- en oorredingsvermoë • veelsydigheid • risikobestandheid • bestuursvaardighede • dryfkrag • visie • buigsaamheid en aanpasbaarheid • ’n vermoë om besluite te kan neem.

50

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Sol-Tech voorsien in tekort aan ambagslui

Foto’s: Martie Maree

T

een 2020 sal die totale inkomste van die nagenoeg 2 000 studente wat dan reeds sedert 2006 by SolTech afgestudeer het na verwagting sowat R2 miljard beloop. Dit maak die gemeenskap R2 miljard sterker. Só sê Philip Minnaar, Sol-Tech se hoof. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, meen dat die meeste van ons wat ouer as 30 is in staatshospitale gebore is; ons briewe is by die poskantoor gepos en ons het die polisie gebel as ons veiligheidsprobleme ondervind het. Tye het egter verander. Die meeste kinders word nou in privaat hospitale gebore, ons kommunikeer per e-pos, en bel ’n privaat sekuriteitsmaatskappy of die buurtwag as daar ’n veiligheidsprobleem is. Dieselfde gaan gebeur met opleiding omdat politieke transformasie kolleges verswak. Dit is algemeen bekend dat opleiding, en meer spesifiek ambagsopleiding, in Suid-Afrika om verskeie redes op sy kop gekeer is. Probleme

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

Deur Francois Redelinghuys

word nie opgelos deur daaroor te praat nie, maar deur iets daaraan te doen. “Dit help nie net om te kla oor die verswakking van staatsinstellings nie; ons eie gemeenskapsinstellings bied die enigste langtermynoplossing,” meen Buys. Daarom het Solidariteit die opleidingsfakkel in 2006 aangesteek en sy eie tegniese opleidingskollege op die been gebring. Sol-Tech bied formele opleiding in gesogte ambagte soos dié van elektrisiëns, meulmakers, motor- en dieselwerktuigkundiges, passer-en-draaiers, sweisers en gereedskapmakers. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, lê die sukses van Sol-Tech in meer as net die oordrag van kennis. “Sol-Tech het daarin geslaag om deur sy personeelkorps ’n spesifieke waardestelsel aan die studente oor te dra. Sol-Tech se studente beskik nie net oor goeie tegniese kennis nie, maar ook oor ’n gesonde werketiek. Hierdie kombinasie maak die Sol-Tech-student gesog in die mark.” Volgens Paul van Deventer, uitvoerende

direkteur van Sol-Tech, lê die opleidingskollege se sukses in die unieke model van institusionele opleiding waarvolgens studente self hul opleiding finansier voordat hulle by werkgewers aangestel word. “Sol-Tech lewer honderde gekwalifiseerde ambagslui per jaar aan die bedryf. Dit bied ’n baken van hoop vir duisende ander jongmense. “Sol-Tech spog ook met bekwame, goed gekwalifiseerde personeel met baie jare se toepaslike bedryfservaring om die studente sodoende met toepaslike kennis en vaardighede toe te rus om die werkplek suksesvol te kan betree. Van dié personeellede beskik oor doktorale kwalifikasies en ander weer oor meestervakmanskappe in drie verskillende ambagte,” sê Van Deventer. Die personeel sluit bestuurs- en, administratiewe personeel, N-kursuspersoneel, die elektriese afdeling, meganiese afdeling, dieselwerktuigkundige afdeling, asook finansiële en ondersteuningspersoneel in.

51


Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

Deur Hendrik van der Hoven

Werknemer of onafhanklike kontrakteur?

W

Foto’s: iStockphoto.com

anneer is jy ’n werknemer in terme van artikel 213 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet No. 66 van 1995) of ’n onafhanklike kontrakteur? In Vermooten vs. Departement van Openbare Werke & Ander (2017) 38 ILJ 607 (LAC) was die arbeidsappèlhof gelas met die taak om te bepaal of ’n persoon wat ’n onbillike-ontslagsaak na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys het ’n werknemer in terme van artikel 213 van die Wet op Arbeidsverhoudinge was of nie. Die feit van die saak is kortliks soos volg: Die Departement van Openbare Ondernemings (DOO) het gedurende 2006 ʼn pos genaamd “Direkteur: Lugvaartkunde” geadverteer vir ’n vaste termyn van vyf jaar. Die aansoeker het vir die pos aansoek gedoen en is vir ’n onderhoud genooi. Tydens die onderhoud het die aansoeker egter genoem dat die salaris wat aan die pos gekoppel was nie vir hom aanvaarbaar was nie. ’n Verteenwoordiger van die DOO het tydens die onderhoud genoem dat ’n plan gemaak kon word om die beperkings van die sogenaamde PERSAL-stelsel (salarisstelsel) te omseil. Die aansoeker het voorgestel dat die salarisprobleem opgelos kon word deur sy aanstelling as ’n sogenaamde spesialiskonsultant te hanteer aangesien die DOO in daardie stadium van ’n aantal spesialiskonsultante se dienste gebruik gemaak het wat buite die formele struktuur van die DOO gewerk het. Die DOO het daarna vir die aansoeker ’n 12 maande-kontrak as ’n spesialis- lugvaartkonsultant aangebied, maar daar sou egter verwag word dat die aansoeker die DOO op ’n maandelikse basis sou faktureer. Die aansoeker het die kontrak aanvaar. Nadat die eerste kontrak tot ’n einde geloop het, het die aansoeker ’n tweede kontrak met dieselfde terme aanvaar, maar die tweede kontrak was egter tot 31 Maart 2011 verleng. Die aansoeker is in Maart 2011 ingelig dat die DOO nie sy kontrak verder sou verleng nie. Die aansoeker was ontevrede en het ’n saak van onbillike ontslag na die KVBA verwys. Die DOO het egter aangevoer dat die aansoeker nie ’n werknemer in terme van artikel 213

52

Ons hoofdoel as vakbond is om jou in die werkplek te beskerm. SMS “Lid” na 34802 en sluit vandag nog aan!

van die Wet op Arbeidsverhoudinge was nie, asook dat die KVBA nie jurisdiksie het nie en die saak dus nie kon aanhoor nie. Die voorsittende kommissaris het egter bevind dat die aansoeker wel ’n werknemer was. Tydens ʼn hersieningsaansoek het die arbeidshof egter bevind dat die aansoeker eerder ’n onafhanklike kontrakteur was en nie ’n werknemer in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge nie. Die arbeidsappèlhof is daarna met die taak gelas om te bepaal of die arbeidshof se uitspraak korrek was. Die arbeidsappèlhof het argumente van albei partye aangehoor, insluitend argumente aangaande die sogenaamde dominante-indruktoets, die ekonomiese afhanklikheidstoets en die gesagstoets. Die arbeidsappèlhof het egter beslis dat waar twee partye met relatiewe gelyke onderhandelingsmag ’n bewustelike besluit geneem het om een kontrak of verhouding bo

’n ander te kies, die regsgevolge in lyn met die besluit moet wees. Die hof het besluit dat die konsultantkontrak tussen die partye nie skyn was nie en dat die partye wilsooreenstemming opgetree het aangaande die terme van die tipe kontrak wat tussen hulle gesluit was. Dit blyk dus dat, waar die werknemer en werkgewer tydens kontraksluiting oor relatief gelyke onderhandelingsmag beskik, beide partye van die terme en die betekenis van dié kontrak bewus was en die terme van die kontrak duidelik is en bepaal dat die werknemer ’n onafhanklike kontrakteur is, die arbeidshof nie bereid sal wees om die verhouding as dié van ’n werknemer in terme van artikel 213 te aanvaar nie, ten spyte daarvan dat die bekende dominante-indruktoets die verhouding as dié van ’n werknemer in terme van artikel 213 kan laat blyk. Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


Plaas jou KOSBARE RANDE

in die REGTE HANDE Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

01 BELEGGINGS > aftrede > effektetrusts > buitelandse beleggings

05

02

MEDIESEFONDSADVIES EN -PRODUKTE > Professionele advies > Mediesefondsopsies > Gapingsdekking

MOTOR- & HUISINHOUDVERSEKERING > brand > diefstal > ongelukskade

Skakel ons vandag!

0861 10 10 05

03

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES > ontledings > oplossings > produkte

REGSHULPVERSEKERING > 24 uur telefoniese regsadvies > Toegang tot prokureur (limiete geld) > Borgdekking

aksentmedia.c0.za

04

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

0861 10 10 05

www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

mar ela media

Maak jou tuis in ons Afrikaanse huis Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou GRATIS Afrikaanse aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte, resepte en boeke. Kom sê jou sê, snuffel in ons koöperasie of kuier saam om die kombuistafel met smullekker resepte. maroelamedia.co.za is jóú huis!

Boerekos met ‘n twist

ia.co.za en Besoek maroelamed chner” om Lo t me soek vir “Hap Kock dié de r ne ch Lo e te sien ho orberei. vo en ander smulgeregte

Deur Annelien Pienaar

I

n Boerekos met ’n twist, uitgegee deur Human & Rousseau (R330), gee Annelien Pienaar ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Elkeen van dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is deeglik getoets en bevat g’n vreemde bestanddele nie. Sy help lesers om basiese kombuisvaardighede onder die knie te kry en deel nuttige raad, kortpaaie en plaasvervangers waarmee selfs groentjies vinniger, goedkoper en met meer selfvertroue vooruit sal boer in die kombuis.

AARBEI-EN-AVOKADOGEREG Dis nie aldag wat ‘n mens ‘n gereg as voorgereg óf nagereg kan opdien nie. Hierdie een wys jou hoe! BESTANDDELE 250 g aarbeie 100 ml witwyn 2 teelepels heuning 50 ml room swartpeper

Foto’s: iStockphoto.com

1 avokado

54

Betekenis: Gewoonlik ʼn ronde gehekelde lappie met krale om oor ʼn beker te gooi. Genoem na ʼn mnr. Doyley, ʼn 17de- of vroeg 18de-eeuse handelaar in Londen wat skynbaar allerlei onnoembares met ses pote tussen sy materiaalrolle gehad het. Dié het teetyd met minagting hul opwagting gemaak.

METODE 1. Verwyder die aarbeie se steeltjies en druk die aarbeie met ʼn vurk fyn. 2. Gooi die witwyn, heuning, room en swartpeper oor die fyngedrukte aarbeie. 3. Skil die avokado en sny ʼn halwe avokado in ’n waaiervorm. Gooi swartpeper bo-oor. 4. Skep die aarbeimengsel bo-oor die avokado.

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Gewone mense maak buitengewone verskil

Foto’s: iStockphoto.com (slegs ter illustrasie)

J

ongmense wat besluit om joernalistiek te studeer, doen dit kwalik omdat hulle “ʼn verskil wil maak”. As ʼn mens dít wil doen, gaan studeer jy immers medies, of teologie, of sielkunde. Nogtans is ek telkens verras om te sien watter groot verskil ʼn joernalis kan maak wie se hart op die regte plek is. Maroela Media is geseënd met ʼn span joernaliste wat om dié rede joernalistiek bedryf. Ja, hulle wil ook stories vertel, baklei vir mediavryheid en die publiek ingelig hou, maar altyd onderliggend is daar die wete dat die stories wat hulle skryf, ʼn verskil maak. Só het Maroela Media in Mei vanjaar berig oor Baba Mia. Dié dogtertjie het slegs 900 g geweeg by haar geboorte in die Mangkwenghospitaal in Polokwane. Mia moes intensiewe mediese sorg kry, waaronder ʼn operasie aan haar been as gevolg van ʼn besering wat sy tydens haar baie traumatiese geboorte opgedoen het. Die hospitaal het egter enkele dae ná haar geboorte haar ma ingelig dat sy gereed is om na ʼn gewone saal oorgeplaas te word, en haar ma het gevrees vir Mia se lewe. ʼn Oorplasing na ʼn private hospitaal sou die gesin R100 000 uit die sak jaag. Maroela Media het dieselfde dag nog oor klein Mia berig – aanvanklik die enigste mediahuis wat bereid was om dit te doen. Ná die berig, en nadat die

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

Deur Susan Lombaard

boodskap oor Mia op sosiale media versprei het, het weldoeners in minder as 24 uur meer as R100 000 vir Mia se oorplasing geskenk. Sy is die volgende dag oorgeplaas na ʼn private hospitaal – ʼn oorplasing wat waarskynlik haar lewe gered het. Verlede jaar is die Maroela-span se harte geroer deur die storie van Jayvan Janse van Rensburg, ʼn seuntjie met beenmurgkanker oor wie ons gereeld berig het tydens sy siekbed. In dieselfde tyd as wat Jayvan gediagnoseer is, is sy pa tydens ʼn rooftog doodgeskiet. Jayvan moes as gevolg van die beenmurgkanker ʼn operasie ondergaan wat sou verhoed dat sy been geamputeer word, maar daar was nie fondse vir dié operasie beskikbaar nie. Maroela Media het berig oor die dringende nodigheid vir fondse, en JacarandaFM se program Good Morning Angels het ook hul luisteraars gevra om te help. Die geld wat ingesamel is, was meer as voldoende om Jayvan se operasie en verwante uitgawes te dek. Maar dis nie net wanneer daar mediese kostes ter sprake is dat die media – en spesifiek Maroela Media se joernaliste – ʼn verskil kan maak nie. In April vanjaar het Maroela Media berig oor boere in die Calvinia-omgewing wat steeds onder ernstige droogte gebuk gaan terwyl ander droogtegeteisterde gebiede goeie reën gekry het. Maroela is oorval met aanbiedings van hulp deur ons lesers – van bottels

water tot vragmotors om dit mee te vervoer en voer vir vee. Oor sosiale media kla ons dikwels, maar daar is daagliks voorbeelde van situasies waar gewone mense sosiale media inspan om ʼn verskil te maak. Maroela Media het ook in April vanjaar berig oor Carina Verwey, ʼn Wes-Kaapse vrou en ma van ʼn outistiese seun, wat oorval is met hulp van die publiek nadat sy op sosiale media om hulp gevra het. Haar outistiese seun, Ethan, het die enigste paar skoene wat hy bereid was om te dra, ontgroei, en Carina kon nêrens sulke skoene in ʼn groter grootte opspoor nie. Ná haar pleidooi op sosiale media het meer as 30 mense Carina genader om aan te bied om haar te help soek na sulke skoene. Vyftien ouers het haar laat weet dat hulle wél presies sulke skoene in groter groottes het wat Ethan kan kry, en die kettingwinkelgroep Ackermans het Carina in kennis gestel dat dié skoene deur hulle verkoop is, en dat hulle vir haar ʼn paar van dié skoene in elke grootte wat beskikbaar is, sal skenk. Sulke stories kom byna daagliks oor ons pad. Elke keer as dit gepubliseer is, en ons staan terug en kyk na die reaksie, kry ons ʼn knop in die keel. Dis ʼn gewone klomp mense – die joernaliste én die lesers – wat een-een ʼn baie groot verskil maak. • Susan Lombaard is uitvoerende hoof van Maroela Media.

55


IN BEWEGING

Speel só met jou voorskoolse kind

Foto’s: iStockphoto.com • Bron: www.myslimkind.com

D

it kan vir ouers of kinderoppassers baie uitputtend wees om jong kinders die heeldag te probeer besig hou. Hul aandagspan is kort, hulle kan nog min op hulle eie speel, het leiding nodig en ʼn mens moet baie kreatiwiteit aan die dag lê. Op die webtuiste www.myslimkind.co.za is daar baie nuttige wenke en idees vir slim aktiwiteite om met jou voorskoolse kind te doen. • Speeldeeg. Dit is ʼn opvoedkundige superster. Dit help om handspiere te versterk en laat jou kind toe om sy kreatiwiteit en verbeelding te gebruik. Deur verskillende kleure speeldeeg te meng, leer jou kind verskillende kleure en deur klei te vorm, leer ken hy verskillende vorms, en dis boonop verskriklik maklik om te maak. Kry ’n resep – die internet het duisende daarvan – en laat jou kind jou help om die deeg te maak. Dit sal hom van begrippe soos afmetings, hitte en buigsaamheid leer. Gebruik dan sommer

56

MY GESIN

Deur Karen van der Berg

ook kleidiertjies om stories mee te vertel en laat dit hul verbeelding aangryp. • Legkaarte. Dit is ’n goeie manier om jou kind se visuele ontledings- en sintesevaardighede, hand-oog-koördinasie, fyn motoriese vaardighede en konsentrasie te versterk. Daar is legkaarte vir elke ouderdomsvlak ontwikkel en dit begin by die maklikstes totdat jou kind meer gevorderde legkaarte kan bou. • Ek sien met my kleine ogies. Dit is waarskynlik die maklikste speletjie van almal omdat dit geen benodigdhede of toerusting verg nie. Sê byvoorbeeld: “Ek sien iets wat met ’n ‘b’ begin” (onthou om die fonetiese klank te gebruik, byvoorbeeld “buh”). Laat jou kind raai watter voorwerp dit is. Julle kan dit in die motor speel of terwyl julle inkopies doen. Dit sal tot jou kind se immer toenemende woordeskat bydra en terselfdertyd gehoorwaarnemingsvaardighede slyp. • Badtydpret. Vir die meeste kinders is

badtyd een van hulle hoogtepunte. Sit ʼn takkie roosmaryn, kruisement of laventel in die badwater om sy reuksintuig te help slyp. Om veilig te wees, vermy aromaterapeutiese olies, want net sekere soorte wat verdun is, is veilig vir kinders. Gebruik plastiekinspuitings (sonder die naald!) om die handspiere te help versterk. Leer jou kind om seepborrels te blaas om die fyn spiere in die hande en rondom die mond te versterk. Jy kan jou kinders boonop bad wanneer jy wil, niemand het gesê dit moet saans of in die oggend wees nie. • Bou ‘n hindernisbaan met wat ook al jy byderhand het. Jou kind sal mal daaroor wees om sy of haar pad deur die hindernisbaan oop te kruip, spring, gly, hop, balanseer en wriemel. Dit sal groot (motoriese) spiere versterk en hope sintuiglike en proprioseptiewe insette gee (waar reseptore soos bloedvate en spiere inligting oor die gesteldheid van die liggaam gee).

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za



Buckets full of benefits for our members This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

MEMBERSHIP CATEGORIES Collective members

Individual members

Supporting members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.

Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/

58

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


SERVE & PROTECT

OTHER SERVICES

Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.

Death benefit* Funeral benefit (Martin’s or Avbob) • •

A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. Assistance with investigations • A funeral of the same standard as that of Assistance is provided in conadults is provided for a member’s depennection with investigations by dent children under the age of 21 years. the Medical Bureau for Occu• The spouse may apply to continue as pational Diseases and benefits a member after the death of the main enquiries of the Compensation Commember. Solidariteit Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer missioner and Rand Mutual, as well as Beweging • The burden of funeral arrangements van finansiële dienste work-related disability claims. All claims• FSP-nommer: 15556 is alleviated by the fact that Solidarity must be submitted within six months. and Martin’s or Avbob will make all the arrangements. Collective bargaining • A 10% rebate on headstones has been Competent and experienced negotiated with Martin’s and Avbob. Solidarity staff members un• The undertaking services are provided dertake collective bargaining solely by Martin’s or Avbob. If the serto negotiate better conditions vices of another undertaker are used, of employment and salaries for members. Solidarity will only pay out R500 in respect of funeral expenses (terms and conditions apply). Permanent medical disability* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who Additional cash disbursements provide specialist reports and • At the death of a paid-up member, a proof from employers that they cash amount of R3 413 is paid to the are permanently unfit for work in the labour surviving spouse or dependent children. market, receive a once-off amount of R1 701. • At the death of the spouse of a paid-up Claims must be submitted within six months. member who pays full membership, an

Car and household insurance This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of member’s premiums to the Virseker Trust that invests in Afrikaans * Bepalings en voorwaardes geld education and training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Maternity benefit*

A maternity benefit of R1 418 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.

Study benefit*

Photographs: iStockphoto.com

Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit.

Solidarity Magazine Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

amount of R2 268 is paid to the member. Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 701 • Children younger than 14 years – R1 134. Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. All claims must be submitted within six months.

Holiday benefit* Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit. * Terms and conditions apply. For more information, call 0861 25 24 23

LegalAid X is Package ’n gemagtigde verskaffer van Legal

finansiëleand dienste FSP-nommer: Members their • dependants can5277 enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of R112 per month. This provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R50 000 per year (limited to R25 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za

Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste Independent Financial Advice

Solidariteit Solidarity Financial Services has an independent financial advice department who can Finansiële Dienste assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax Solidariteit planning, risk and retirement planning as Finansiële Dienste well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005 Medical gap cover Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • Send e-mail to gapcover@solidarity.co.za

Wills, estate administration You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300

59


IN BEWEGING

a MY GELD

Hoe werk kapitaalwinsbelasting?

E

Foto: iStockphoto.com

lke regspersoon, hetsy ʼn individu, maatskappy of trust wat bates besit, is onderhewig aan kapitaalwinsbelasting. Dit is om hierdie rede belangrik om die basiese impak van kapitaalwinsbelasting by die verkoop van ʼn bate te verstaan sodat dit in die besluit om te verkoop, verreken kan word. Wat is ’n kapitale wins of verlies? ʼn Kapitale wins of verlies bestaan uit die volgende kernelemente: • ’n Bate: ʼn Bate is enige eiendom van enige aard wat aan jou behoort, en sluit in vaste eiendom, kunswerke, goudmunte en aandele, maar nie valuta nie. • Die vervreemding van die bate: In die meeste gevalle behels dit die verkoop van die bate, maar dit sluit ook in donasies, afskrywing of vernietiging van die bate. • Opbrengs wat ontstaan met die vervreemding van die bate: Hierdie is gewoonlik die verkoopprys van die bate. • ’n Basiskoste: Waar die bate voor Oktober 2001 aangeskaf is, word spesiale reëls toegepas wat nie hier bespreek word nie. Vir bates wat op of ná 1 Oktober 2001 aangeskaf is, geld die reël dat die koopprys van die bate grotendeels die basiskoste opmaak. Sekere uitgawes soos oordragkoste, hereregte en kapitale verbeterings word ingesluit by die basiskoste. Instandhouding, rente en heffings word uitgesluit.

60

Deur Appie Pienaar

Die kapitale wins is die verskil tussen die basiskoste en die verkoopprys van die bate. Neem die volgende as eenvoudige voorbeeld: ʼn Belegger het in 2010 ʼn strandhuis aangekoop teen R900 000. In 2013 spandeer hy ʼn verdere R200 000 om ʼn bykomende vertrek aan te bou. In 2017 word die eiendom verkoop teen R1 500 000. Die basiskoste is die totale kapitale besteding tot op hede, naamlik R1 100 000, en die kapitale wins is die verskil tussen die verkoopprys en die basiskoste, naamlik R400 000. Insluitingskoers Die insluitingskoers is die persentasie van die kapitaalwins wat in die belastingbetaler se belasbare inkomstebedrag ingesluit moet word. Dit is 40% vir individue, en 80% vir maatskappye en die meeste trusts. In die geval hierbo sou ʼn individu dus ʼn bedrag van R160 000 (R400 000 kapitaalwins x 40% insluitingskoers) by sy belasbare inkomste moes bytel. Indien so ʼn individu se marginale belastingkoers byvoorbeeld 41% was, sou die persoon kapitaalwinsbelasting van R65 600 (41% x R160 000) moes betaal. In die geval van ʼn maatskappy sou die bedrag R320 000 (R400 000 x 80%) beloop, en die addisionele belasting R89 600 (28% x R320 000). Uitsonderings Die eerste R2 miljoen wins (of verlies) met die verkoop van ʼn primêre woning is uitgesluit van

kapitaalwinsbelasting. Daar is dus geen kapitaalwinsbelasting betaalbaar indien die wins met verkoop minder as R2 miljoen was nie. Om hierdie rede is dit belangrik dat huiseienaars behoorlik boek moet hou van enige kapitale verbeterings wat deur die jare aangegaan word. Hierdie verbeterings moet by die basiskoste getel word, en verminder sodoende die potensiële kapitaalwins en belasting. Inflasie Kapitaalwinsbelasting is in ʼn sekere opsig ʼn baie onregverdige belasting omdat dit nie rekening hou met die inflasiegroei wat op ʼn bepaalde bate van toepassing is nie. Veronderstel ʼn belegger het in 2003 ʼn woonhuis teen R1 miljoen aangekoop, en verkoop dit nou teen R4 miljoen met die gedagte om ʼn soortgelyke huis teen R4 miljoen in ʼn ander voorstad aan te skaf. Die belegger moet nou ongeveer R180 000 kapitaalwinsbelasting betaal, sonder dat daar werklike inkomste of rykdom gegenereer is. Die tweede huis is basies dieselfde as die eerste huis. Slotsom Kapitaalwinsbelasting is ‘n omvattende en ingewikkelde onderwerp, en hoewel die basiese funksionering hierbo verduidelik is, behoort kundige advies ingewin te word vir besluite wat deur kapitaalwinsbelasting beïnvloed kan word. Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


y t e i x n a a m u a r t MY WORK

By Wilmarie Brits

Photograph: iStockphoto.com

P

osttraumatic stress disorder (PTSD) is a serious, diagnosable medical condition that can be classified as a type of anxiety disorder. PTSD in the workplace develops when a person is constantly exposed to events that cause psychological trauma but doesn’t get the opportunity to completely and effectively process the trauma. Solidarity recently had to protect a member suffering from PTSD against inequity in the workplace. Sergeant Armand Gerber is a popular policeman who has been serving in the South African Police Service (SAPS) since 2002. While on duty in 2014, he was exposed to a gruesome bus accident. This fatal accident left him with deep mental wounds and scars. Later that year he was diagnosed with PTSD. PTSD is recognised as an occupational disease in terms of the Occupational Injuries and Disease Compensation Act (No. 130 of 1993) if, as in the case of Sergeant Gerber, it is sustained in the performance and carrying out of their work. When the employee comes forward and claims that he is suffering from PTSD, the employer is obliged to report it as such. The Compensation Commissioner will then decide on the validity of the claim. Sergeant Gerber was declared unfit to handle a firearm by the SAPS until 2020. He was immediately appointed in an administrative post to reduce his stress levels, as well as to promote his emotional stability. However, in February this year, Sergeant

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

Gerber was left with no choice but to seek legal aid after the SAPS deployed him to the court to transport prisoners despite his disease. According to the Occupational Health and Safety Act (No. 85 of 1993) the employer, in this case the SAPS, is responsible for ensuring safe and healthy work conditions for its employees at all times. To do this, the employer must analyse the risks and threats regarding the work and set measures to firstly remove or eliminate those threats and risks, and secondly to control them in terms of the provisions contained in section 8(1) of the Occupational Health and Safety Act (Nr. 85 of 1993). To place Sergeant Gerber in such a high-pressure environment was an incredibly risky thing to do, since the mere thought of gruelling scenes would be enough to have an occupational disease that was in remission flare up again. Employers may not, as far as it is reasonably practical, allow an employee to do any work unless the necessary precautionary measures have been taken to protect the health and safety of persons at the workplace in terms of section 8(2)(f). The Act also stipulates that all employees have a duty to accept responsibility for their own and their fellow employees’ safety and health at work [article 14 (a)]. The Labour Court in Cape Town ruled that the SAPS has failed its obligation to protect its employee, Sergeant Gerber. According to the ruling he has to be reinstated in his administrative position and all disciplinary actions against him must be stopped.

SYMPTOMS OF PTSD

S

ymptoms of PTSD can be terrifying. They may disrupt your life and make it hard to continue with your daily activities. It may be hard just to get through the day. PTSD symptoms usually start soon after the traumatic event, but they may not happen until months or years later. They also may come and go over many years. If the symptoms last longer than 4 weeks, cause you great distress, or interfere with your work or home life, you may have PTSD. The disorder is characterized by three main types of symptoms: • Re-experiencing the trauma through intrusive distressing recollections of the event, flashbacks, and nightmares. • Emotional numbness and avoidance of places, people, and activities that are reminders of the trauma. • Increased arousal such as difficulty sleeping and concentrating, feeling jumpy, and being easily irritated and angered. • For help or more information, contact the South African Depression and Anxiety Group (SADAG) on 011 234 4837 or visit the website www.sadag.org

61


t na olienhout, Die somermiddag he Ons het by die k. rui grondpad en mos ge p en afgesluip gli ge uit ad koshuisgrensdra s het gehoor dat die Magaliesrivier toe. On ʼn lang tou hoog aan hoërskoolseuns daar die rivier gebind het. r ʼn tak van ʼn wilger oo en dit het een van die Ons het begin baljaar my lewe geword. lekkerste middae van

Een van die lekkerste middae ooit

Foto’s: Verskaf; iStockphoto.com

D

ie vrou se voorkop plooi in ʼn bekommerde frons. Sy het haar hand opgesteek by ʼn vergadering oor onderwys wat ek bygewoon het. Die gesprek het meestal gegaan oor hoe ons ons kinders beter kan toerus vir die toekoms, deur middel van onderwys. Die gesprekleier gee haar toe die geleentheid om haar sê te sê, waarop sy lostrek met ʼn tirade teen die geweldige druk wat op leerlinge toegepas word. Grappig, dit. Want net vanoggend het ʼn vriendin my gebel en vertel dat haar dogtertjie te veel druk op skool het en dat sy dit oorweeg om haar vandag af te gee en sy wou net weet wat dink ek daarvan? Ek het haar punt ingesien. Hoewel ek nog nie self ʼn ouer is nie, kan ek my indink hoe dit moet voel as jy jou kind gebukkend sien gaan onder die druk van akademie, die hope huiswerk, buitemuurse aktiwiteite, sosiale druk en sport. Die ou liedjie “Kinders was nog kinders toe ons nog kinders was,” speel toe helder in my geestesoor af en my gedagtes dwaal terug, na ʼn weeksdag êrens in die vroeë 80’s… Die somermiddag het na olienhout, grondpad en mos geruik. Ons het by die koshuisgrensdraad uitgeglip en afgesluip Magaliesrivier toe. Ons het gehoor dat die hoërskoolseuns daar ʼn lang tou hoog aan ʼn tak van ʼn wilger oor die rivier gebind het. In ons eie deel van die berg het ons ook so ʼn lekker swaaitou gehad, maar dié het maar oor ʼn donga geswaai. Die voordeel van die hoërskoolseuns se swaai was dat jy kon laat gaan en kaplaks! Die waters

62

van die Magaliesrivier sou jou val breek en jou oewer toe lawe. Ons moes ʼn bietjie soek, maar toe ons die swaai vind, het die omvang daarvan ons stoutste verwagtinge oortref. ʼn Besondere bonus was dat daar niemand anders daar was nie. Geen onderhandeling was nodig nie, geen stryd nie, nie eens ʼn gewag nie. Ons het begin baljaar en dit het een van die lekkerste middae van my lewe geword. ʼn Uur of wat later het daar nuwe kliënte opgedaag. ʼn Vet swart seuntjie, so ʼn jaar of wat ouer as ek, en sy twee veel kleiner trawante. Hulle het oorgestap van hulle huisies af waar die werkers van die hoërskool gebly het. Ons het ons nie veel gesteur aan hierdie seuns nie, en lustig voortbaljaar, terwyl ons aandagtig betrag is. Ná nog ʼn paar swaaien-duike het die mafutha’tjie nader gestaan. Hy wou ook ʼn beurt hê. “Nee, sorrie vir jou,” het ek en my maat eenparig beslis. “Hierdie swing hy es nie van djelle nie,” kom die onverwagse teenkanting. “Ook nie van jou nie, die hoërskoolseuns het hom hier gehang.” “Aikôna! My pa hy het hierdie swieng hier gamak!” Mmm… ʼn Klein komplikasie. Hy het redelik oortuig gelyk van sy saak. Maar dit het my nie veel getraak nie. Dit was 1983 en ek het, selfs op daardie jeugdige leeftyd, geweet hy moet sy plek ken. Ek neem toe die swaai en haal oor vir nog ʼn lekker toertjie, maar tot my verbasing vat hy die swaai vas, kyk my stip in die oë en sê: “Nou ons gan speel hierso!” Sy greep op die stok was baie stewig, hy

was langer en heelwat dikker as ek. My maatjie was effe groter as ek, maar ʼn sagmoedige seun waarin die vurigheid van ʼn humeurtjie volkome afwesig was. “Jou voet in ʼn visblik,” waag ek toe nog een keer en ruk aan die stok. Toe gebeur twee dinge gelyk. Die stok sit so stewig in sy sterk greep dat my ou rukkie hom nie roer nie, en ek kry met die plat hand ʼn stamp op die bors wat my ʼn paar treë agtertoe laat steier. Hierdie was ʼn moeilike kalant. Hy het duidelik die fisiese oorhand gehad, was gedrewe deur tuisveldvoordeel en moes ook voor sy eie maatjies sy gesag bevestig. Ek, ʼn skraal stadskind wat altyd heel voor in die ry van kort na lank op fotodag gestaan het en deur twee vrouens, my ma en my suster, grootgemaak is, probeer toe maar die politieke uitweg: “As jy nog een keer aan my raak, dan gaan ek jou rapporteer aan die koshuisvader.” “Djy kan gaan, ek skrêk nie. Ôk djy mag nie hier wees!” Hy het my duidelik uitoorlê. Hy was sterker, het die omvang van die omstandigheid en implikasies goed begryp. Ons moes toe maar die aftog blaas. Die druk van die uitdaging was net te groot… Skielik ruk ek uit my dagdromery. Die vergadering is verby, die ouers en onderwysers begin verdaag. Ek is lus om die vrou in te haal en vir haar te vertel vir elke oomblik wat haar kind onder druk voel, is daar tien ander kinders wat die helfte van haar kind se geleenthede het, dubbeld so honger is en wat weet wat dit is om min te hê. Maar ek is net ʼn gas hier. Ek neem toe maar my telefoon en maak ʼn belangrike oproep aan my vriendin. Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

WEBWYS

Kletskamers en jou kind se veiligheid Met al die rekenaartoepassings, kletskamers, sosialemediaplatforms en inligting wat vrylik daar buite beskikbaar is deur slegs aan ’n skerm te raak, is dit geen verrassing nie dat ouers dalk nie ál die moontlike gevare raaksien wat daarmee gepaard gaan nie, skryf LEANDRÉ BUYS.

E Foto’s: iStockphoto.com

en van die grootste aanlyn gevare vir minderjarige kinders is ’n pedofiel wat probeer om hulle te bevriend en hul vertroue te wen. Dit is juis dít wat aanlyn kletskamers so gevaarlik maak. Enigiemand kan daarop inteken – selfs al is jy nie deel van die geteikende ouderdomsgroep nie. Dit is dus nie so moeilik vir ’n volwasse persoon in sy veertigs om homself as ’n seun of dogter van 14 voor te hou nie. Die belangrikste ding wat jy kan doen, is om toesig te hou wanneer jou kinders aanlyn doenig is. Hier is vier nuttige wenke vir die monitering van jou kind se kletskameraktiwiteite: Oorweeg moontlike alternatiewe Toe die 14-jarige Zach Marks se ouers hom verbied het om Facebook op die ouderdom van 11 te gebruik, het hy Grom Social geskep, ’n webwerf vir kinders tussen die ouderdom van 5 en 15 jaar wat tans 800 000 gebruikers www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

het. “Die webwerf is deur kinders, vir kinders,” sê Marks. “Die webwerf word 24 uur per dag gemoniteer. Kru taal word nie op die webwerf geduld nie, en teenboelie-, teendwelm- en teenrookboodskappe word bemark,” voeg Marks by. Marks se webwerf verwyder boodskappe wat persoonlike inligting bevat en leer kinders waarom dit gevaarlik is om sulke boodskappe vir vreemdelinge te stuur. Identifiseer, bespreek veiligheidsreëls Veiligheidsreëls wat vir gewone kletskamers of groot groepe op Facebook geld, geld ook vir kinderkletskamers! Raai jou kind aan om ’n noemnaam of bynaam te gebruik pleks van sy of haar regte naam. Lê klem daarop dat hy of sy nóóit enige persoonlike inligting aan ander gebruikers mag stuur nie en ook nie foto’s van hulself moet stuur of plaas nie. Jou kind moet ook weet dat hy of sy nóóit ’n persoonlike ontmoeting met een van die ander kletskamergebruikers mag reël nie.

Stel veiligheidstappe in werking Moniteer die kletskamer waarby jou kind wil aansluit van tyd tot tyd. Maak seker dat dit gemoniteer word en of die webwerf of kletskamer ’n voltydse moderator het. Daar moet ook geen privaatboodskapfunksies wees nie. Wys jou kind hoe om iemand te blok en hoe om kletssessies te stoor deur dit na Word-dokumente oor te plaas. Deur die tyd te beperk wat jou kind in kletskamers spandeer, verminder jy ook moontlike risiko’s. Wees konsekwent met reëls Dit maak nie saak watter internetreëls jy vir jou kinders stel nie, die goue reël is dat dié reëls konsekwent moet wees. As jy byvoorbeeld nie die geklets in die kletskamers toelaat nie, mag jou kinderoppasser of hul ouma en oupa dit ook nie toelaat nie. Die grondslag wat ouers lê, sal kinders help om hulself te moniteer terwyl hulle in die volwasse digitale ruimte ingroei.

63


PROMOSIE

Lynette Beer

Andriëtte Norman

Dowwe Dolla

#netGIRLS-bootreis met drie supervroue! Lynette Beer, Dowwe Dolla, Andriëtte Norman: drie supervroue op ’n boot vol girls van 2 tot 5 Maart 2018! Kom jy saam?

D

Foto’s: Verskaf

ie wekker gaan af daar waar jy snoesig in jou luukse kajuit lê en slaap. En jy onthou jy hoef nie snooze te druk nie, jy kan dit sommer heeltemal afsit, want niks jaag jou nie. Die son skyn helder en jy besef: Vandag klim jy by die Portugese Eiland af! Op die skip se dek staan die buffet-ontbyt reeds gereed. Jou vriendin waarsku jou om nie te veel te eet nie – daar wag nog kos op die eiland ook. Wanneer jy later jou tone in die sand steek en die warm Mosambiekse seewater teen jou enkels voel klots, dink jy: Dít is mos die lewe! Daar is mense wat dit geniet om geld aan allerhande goeters te spandeer en dan is daar mense wat eerder vir ervarings betaal. Ons glo daaraan om jou te help om jou mooiste herinnerings bymekaar te maak. Supervrou, jy verdien die wegbreek Die #netGIRLS-bootreis is ’n agteroor-sitskoene-uitskop-naweek. Dis vir elke vrou wat die werklikheid ’n bietjie wil ontvlug en net weer wil onthou dat sy eintlik ’n supervrou is. Iemand met haar eie drome en ideale, al vertolk

64

Bespreek nóú jou plek! Skakel MSC direk by 011 807 5111 en sê jy wil vir die Finesse-bootreis bespreek. As deel van die Finesse-groep kry jy ’n geskenksak en toegang tot al die vertonings. Besoek voelgoed.co.za/bootreis vir meer inligting oor die #netGIRLS-bootreis. sy soveel verskillende rolle gedurende die dag. Jy kan uitsien na watertand buffet-etes, ’n luukse kajuit, vyfsterdiens, cocktails saam met vriendinne, opwindende aktiwiteite op die dek, verhoogvertonings in die aand en ’n hele dag op ’n tropiese eiland! Jy vaar boonop met die manjifieke MSC Sinfonia – ver van die wasgoed en die verantwoordelikhede by die huis. Die #netGIRLSbootreis is jóú naweek en ’n wegbreek wat jou sak sal pas. Andriëtte Norman is die #SuperSter-gaskunstenaar op die bootreis, en haar vertonings is by jou kaartjie ingesluit. #SuperSnaakse Dowwe Dolla (oftewel Margit Meyer-Rödenbeck) is

die land se mees geliefde “dom blondine”. Kuier saam met die dinamiese Margit en haar alter ego op en van die verhoog af. As daar een ding is wat #SuperSosiale Lynette Beer snap, is dit mense. Sy bring haar wysheid vir al daardie “ek verstaan jou nie!”-oomblikke wat jy elke dag beleef. Hierdie vroue gaan jou inspireer en vermaak. Van die verhoog af kan jy sommer net saam met hulle onder die sterre dans. Kry ’n gratis Placecolskoonheidsbehandeling Bespreek nou jou kaartjie vir die bootreis en kry ’n gratis skoonheidsbehandeling by Placecol! Almal wil mooi lyk vir die boot! Koop jou bootreiskaartjie en kry ’n R300-geskenkbewys van Placecol. Daarmee kan jy enige van die volgende skoonheidsbehandelings laat doen: ’n gesigbehandeling, manikuur of pedikuur, gel overlays, waks of selfs ’n wenkbroutint. Jy kan ook R300 afslag op duurder behandelings kry. Die geskenkbewys is geldig vanaf 2 Januarie tot 1 Maart 2018 en kan gebruik word by Placecolsalonne landwyd. Geskenkbewyse mag nie vir kontant omgeruil word nie.

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


Finansiële Dienste

REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!

Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet slegs R112 per maand.* aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. • Onbeperkte tot regsdokumentasie. regshulptoegang – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

24 uur per dag

2

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

aksentmedia.co.za

Regsverteenwoordiging ter waarde van R50 000 per jaar

0861 765 734

www.legalex.co.za

Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging

Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556.

3

Afslag op eiendomsoordragte

4

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

* Bepalings en voorwaardes geld * Bepalings en voorwaardes geld

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legalex (Edms) Bpk, FSP-nommer: 5277, finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk, FSP-nommer: 26/10/75


IN BEWEGING

Nuut op Kraal Uitgewers se boekrak Deur Ilze Nieuwoudt

’n Psigohistoriese ondersoek na apartheid

Foto’s: iStockphoto.com & Verskaf

A

frikaners word lank reeds as die skeppers of die sogenaamde argitekte van apartheid beskou. Tog, meen die Kaapse sielkundige en skrywer Hélène Opperman Lewis, het persone wat dié aantygings maak dikwels nog nie die moeite gedoen apartheid se “historiese genesis” te ondersoek nie. In haar boek Apartheid: Britain’s bastard child, ondersoek Lewis apartheid in terme van die Afrikaner se verlede. Sy meen die doel van haar boek is nie om apartheid te regverdig nie, maar om lig te werp op die geskiedkundige gebeure en sielkundige faktore wat ’n rol in die ontstaan van dié stelsel gespeel het. Lewis se boek spruit uit haar 15 jaar lange omvattende studie oor die kwessie, strek oor meer as 500 bladsye en plaas die Afrikaner se geskiedenis ten opsigte van apartheid en die oploop tot die implementering van ’n amptelike apartheidstelsel in perspektief. Sy kom tot die gevolgtrekking dat die langdurige vernedering waaraan die Afrikaner blootgestel is sedert 1795 (met die Britse besetting van die Kaap), die verdriet en verliese wat tydens die Groot Trek gely is, die uitmergelende oorloë teen Brittanje in 1880-1881 en weer in 1899-1902 én die daaropvolgende armoede van die Afrikaner ’n groep gemaak het wat in ’n voortdurende oorlewingstryd gewikkel was. Dié aanslae en vernedering het, volgens Lewis, ’n felle vorm van nasionalisme tot gevolg gehad wat tot die herhaling (oftewel “re-enactment”) van hul eie trauma deur die implementering van apartheid gelei het. Haar psigohistoriese benadering (’n studie waarin geskiedkundige gebeure met die hulp van sielkundige teorieë geïnterpreteer word) stel ondersoek in na die uitwerking van langdurige trauma op mense. Haar kennis oor die uitwerking van generasie lange trauma het ’n waardevolle basis vir haar studie oor spesifiek die Afrikaner se trauma gevorm. Daarbenewens het Lewis bevindinge oor die sogenaamde “siklus van geweld en weerwraak” gebruik om die Afrikaner se verhouding met Brittanje te ontleed. Sy verduidelik in die voorwoord van Apartheid: Britain’s bastard child (R320) hierdie verhouding en voer aan dat herinneringe aan vernedering dikwels gekoester word, en indien dit nie hanteer word nie, dit in volgende generasies gewreek word. Lewis se boek bied nie net ’n blik op die verlede nie, maar stel ook eise aan die Afrikaner van vandag. Aan die hand van sielkundige teorieë voer Lewis derhalwe aan dat, tensy die Afrikaner nie ’n begrip van sy historiese vernedering en lyding vorm nie, die siklus van vernedering in die toekoms sal voortduur.

66

Louw-broers: Gedig in die hart

S

ommige mense word met ’n goue lepel in die mond gebore; ander met ’n witbrood onder die arm. Maar die Louw-broers is waarskynlik met ’n gedig in die hart en ’n pen in die hand gebore. Die nalatenskap van die skrywer-broers N.P. van Wyk en W.E.G. Louw is ’n skatkis van diepe woordkuns. Hul voetstappe het in die koue Karoodorpie Sutherland begin, maar sou uiteindelik veel verder strek. Hul werk word beskou as van die beste wat nog in Afrikaans gelewer is. Hoewel W.E.G. Louw, die jongste van die vier Louw-broers, eerste sy hand aan digkuns gewaag het – en uitsonderlike gedigte opgelewer het – was dit eerder sy broer N.P. van Wyk wat die wêreld aan die praat sou kry. Oor N.P. van Wyk se eerste digbundel het W.E.G. geskryf: “Dié nag – sal ek dit ooit vergeet? – het ek gelees: verse soos nooit tevore in ons eie taal, woorde met ’n wonderlike samehang, beelde soos vonke uit vuurklip geslaan. Dié nag was wit van daardie lig...” W.E.G. se werk is ook as vernuwend bestempel en veral sy natuuren liefdesgedigte sou lesers aanraak. Sy werk is as verfynd, sensitief en tog aards en warm-menslik beskou. Albei broers se nalatenskap op die Afrikaanse literêre gebied is omvangryk en smeek om deur ’n nuwe-generasie Afrikaanse leser (her)ontdek te word. Nou kan jy ook ’n stukkie van dié skrywers besit met een van Kraal Uitgewers se nuwe Louw-broers-produkte. Twee T-hemde (een van W.E.G. en een van N.P. van Wyk Louw) sowel as twee Louw-koffiebekers is onlangs bekendgestel en is nou beskikbaar.

Vir dié en ander publikasies en produkte, besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 880 1953. Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za



IN BEWEGING

E

k skryf vandag aan jou, waar jy 18 is en ek 10 jaar ouer. ʼn Mens wens soms dat jy in die toekoms kan sien om te weet of alles goed gaan uitwerk. Gaan ek die eindeksamen deurkom? Gaan ek plek in die koshuis kry? Waar gaan ek werk? Met wie gaan ek trou? Gaan ek vriendinne hê? My liewe Lindie, ek kan vandag met eerlikheid vir jou skryf en sê die toekoms werk uit soos dit moet en, wonder bo wonder, altyd ten goede. Elke dag van jou toekoms word bepaal deur jou gesindheid, die keuses wat jy maak en die houding wat jy inneem. Daar is niks waaroor ek spyt is nie, maar as ek terugkyk na die bekommernisse wat jy gehad het, wil ek graag vir jou terugvoer gee, en dalk ʼn brokkie raad of twee aanbied. Ek wens jy het jou nie op 18 bekommer oor mense wat jou wou definieer nie. Ek wens jy kon gouer besef wie jy is, word nie bepaal deur mense se menings of houdings oor jou nie, maar dat jy jou eie mens is wat soveel mense om jou se lewe aanraak deur ʼn eenvoudige glimlag, ʼn vriendelike groet of bloot deur net te wees wie jy is. Jy het jou so bekommer oor die negatiewe goed wat mense te sê gehad het dat jy die komplimente misgekyk het.

1

68

Ek wens dat jy op ʼn jonger ouderdom jou liggaam en liggaamsbou aanvaar het, en vroeg reeds besef het dat jy beeldskoon is soos God jou geskape het. Die dag toe jy besef dat jy perfek is vir jouself, het soveel meer dinge makliker geraak. Ek onthou die dag so goed toe jy voor ʼn huishoudkundedinee voor die spieël gestaan en gedink het die pragtige rok wat vir jou gemaak is, laat jou kamtig vet lyk. Die res van die mooimaaksessie was so vol onvergenoegdheid dat jy dit vir almal om jou onaangenaam gemaak het. Ek wens dat jy op daardie oomblik die mooi in die spieël kon raaksien – jou mooi blou oë, jou lang donkerbruin hare en jou mooi, lang, maer bene. My liewe Lindie, ongelukkig bly ʼn mens se bene nie so maer nie – dit is ʼn harde feit van die lewe – maar die goeie nuus is dat jy leer om jouself te aanvaar soos wat jy lyk. Dít maak die lewe mooier. Ek het wel vir jou slegte nuus ook – akademie het nie vir jou gestop ná matriek nie. Jy swot nog steeds. Die geleenthede wat in jou loopbaan oor jou pad gekom het, was onvermydelik en jy is steeds besig om jou in verskeie areas met kennis te bemagtig. Jou loopbaan het op ʼn hoogtepunt afgeskop. Jy was toe wel nie die volgende Charlize Theron met twee “bodyguards” soos jy in matriek voorspel het nie, maar jy het al saam met ongelooflike mense gewerk, kollegas gekry wat vriende geword het en talle hoogtes bereik en lesse geleer. Ek dink jy gaan trots wees op jouself. Dit het nog nie gestop nie. Die pad is oop en geleenthede oneindig, maar ek sal my nie bekommer as ek jy is nie. Die beste ding van ouer word, is dat mense jou aanvaar vir wie jy is. Liewe Lindie, onthou jy die dag toe jy ná

Lindie de Beer is afdelingshoof: elektroniese kommunikasie by Solidariteit. skool op jou bed gelê en jou kussing papnat gehuil het oor jou hart wat in stukke gebreek is oor ʼn verlore liefde? Ek kan met rustigheid vir jou sê, dit was beter só. Ek kan selfs die ou cliché aanhaal wat lui: “Hy was jou trane nie werd nie.” Want hy was nie. Jy gaan trou met ʼn man wat jou onvoorwaardelik liefhet, wat jou sien as die maerste, mooiste vrou ter wêreld, vir wie jy lief gaan wees met jou hele hart en met wie jy ook lekker gaan baklei. Jy ken hom. Hy is reeds in jou lewe. As ek vir jou sê dat jy met hom gaan trou, gaan jy my dalk nie glo nie. Oor kinders het ek nog nie vir jou raad en wysheid nie, maar aangesien al die ander dinge uitgewerk het soos dit het, is ek seker daardie fase van jou lewe gaan ook perfek wees. Ek is bly jy het aan alles deelgeneem, ongeag of jy goed was daarin of nie. Elke wen of verloor het jou tog iets geleer van uithou en aanhou. Ek is jammer om te moet sê dat jy nog steeds nie ʼn atleet is nie, maar dit keer jou gelukkig nie. As ʼn mens 18 is, voel alles vir jou erger, jou tienerbrein is sensitief en jy is oortuig dat jy met die grootmenskeuses wat jy moet maak, elke keer die verkeerde keuse gaan maak. My liewe Lindie, jy is oukei. ʼn Mens val, staan op, strompel voort, wen ʼn bietjie, raak angstiger en begin sien dat die horison al wyer begin strek. Met hierdie brief wil ek vandag vir jou, maar ook vir elke ander tienermeisie sê: jy gaan oukei wees. Pak net elke dag aan met ʼn positiewe gesindheid en liefde vir jouself, en bestee tyd saam met mense wat jou aanvaar vir wie jy is en wat vir jou energie gee.

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Martie Maree, senior grafiese ontwerper by Solidariteit, saam met haar dogters, Marli, Jana, Carla en Riandi.

Foto’s: iStockphoto.com & Verskaf

V

andag sit ek in my kantoor as ’n mamma in die werkplek. Ek bid, ek dink en ek wonder. Hierdie briefie is aan julle, my vier dogters: Jana, Carla, Riandi en Marli, by wie my gedagtes vandag dwaal. Ma-wees in die werkplek is ʼn ingeweefde deel van my menswees; my werk is nie net ʼn werk nie – dis my passie en roeping – glo ek! Ek wonder of julle dit as onregverdig beskou? Voel julle afgeskeep? Sal julle eendag die stryd verstaan wat ek met tyd hier binne my voer? Vir verskeie redes het baie mammas soos ek voltydse beroepe, wat beteken dat ons tyd verdeel is. Dié beroepe is wel vol geleenthede, maar dis geensins sonder uitdagings nie. Of die ideale werk-lewe-en-gesinbalans ooit haalbaar is, weet ek nie. Weet vir seker en sonder enige twyfel dat julle kosbaar, geliefd en baie waardevol is. Julle is my belangrikste “kliënte” en ek sal áltyd vir elkeen van julle in my dagboek plek maak. Ek is jammer vir die trane, glimlaggies, benoude en vreugdevolle oomblikke wat ek mis. Vir nou doen ek die beste wat ek kan. Ek glo nie om te werk en my werk te geniet maak my ʼn slegte ma of vrou nie. (Ek hoop nie so nie.) Familietyd is wel die kosbaarste tyd van my dag – die tydjies wat ons saam kan eet, stories kan lees en selfs saam oefen. Daardie blye oomblik as jy, Marli, op en af spring van blydskap as ek ná werk by die huis instap; jy, Riandi, in my arms inhardloop; en die drukkietyd, Jana en Carla. Hierdie tye maak elke

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

dag se alles die moeite werd! Weet dat my gedagtes kort-kort om julle draai hier waar ek elke dag by die werk sit. Soms dink ek aan die lewens wat julle eendag as grootmense sal lei; hoe verwonderd ek is oor jul verskillende denkwyses en selfvertroue – so selfversekerd en talentvol. Ek vertrou dat julle dit nie langs die pad sal verloor nie, want vir julle wil ek net die beste hê. Ek twyfel nie dat julle suksesvol sal wees nie. Ek raak terselfdertyd bang en opgewonde as ek na jul stories en drome luister. Die wêreld van werk weet nie wat voorlê met dié Maree-sussies op pad nie! Droom groot. Dink nugter. Werk hard. Gebruik julle geleenthede. Jana, Carla, Riandi en Marli, ek wens julle sukses op jul lewenspaaie toe. Ek wens vir julle elkeen liefde en ʼn omgeehart. My gebed is: “Here, gee vir ons as ouers die wysheid en geduld om hierdie vier kosbare dogters met liefde en dissipline groot te maak sodat hulle ʼn standvastige karakter kan ontwikkel en U bo alles sal dien.” Wat ʼn groot voorreg om julle mamma en ook ʼn werkende mamma te kan wees. Julle bly my prioriteit – belangriker as enigiets! In hierdie eindelose stryd wat ek met tyd voer, sal ek elke dag probeer om julle gelukkig te hou … En ek bly glo dat julle eendag sal verstaan.


IN BEWEGING

S

joe! Ek wonder soms wat ek en Pappa gedoen het dat Liewe Jesus ons so bederf het met jou. Ons het beslis die “jackpot” geslaan toe ons jou gekry het. Terwyl ek vir jou kyk wanneer jy saam met Lollos sing, wens ek vir jou die volgende 23 goed, my skat: 1. Mag jy altyd weet dat jy beeldskoon is net soos jy is. 2. Mag jy jou hart gereed hou vir liefde, maar ook sterk genoeg wees om weg te stap wanneer daardie persoon nie jou liefde verdien nie. 3. Mag jy altyd nee sê vir dinge wat nie vir jou reg voel nie – maak nie eens saak wat Mamma sê nie. 4. Mag jy opstaan vir jouself. 5. Mag jy verstaan niemand kan jou gelukkiger maak as wat jy jouself kan maak nie. 6. Mag jy vry voel van die samelewing se druk sodat jy kan uitstyg en getrou aan jouself wees. 7. Mag jy weet geld is net iets wat in ʼn beursie pas. Jou ware waarde is binne-in jou. 8. Mag jy verstaan ons kry soms nie wat ons wil hê nie, maar as ons baie hard werk vir iets, sal ons dit wel kry. 9. Mag jy geen beperkings stel op wie jy is, wat jy kan wees en waarheen jy kan gaan nie. 10. Mag jy ʼn man so goed soos Pappa kry wat jou vir ewig en altyd lief sal hê en jou soos goud sal oppas. 11. Mag jy nooit ooit vir my luister as ek vir jou vra om my nie te verlaat nie – maak nie saak hoe hard ek huil nie.

12. Mag jy die wêreld nie net in prentjies sien nie, maar ook met jou eie oë sien en beleef. 13. Mag jy weet ek sal jou altyd eer vir wie jy is. 14. Mag jy onthou dat ek altyd probeer om die beste mamma vir jou te wees wat ek kan wees. 15. Mag jy vergeet dat ek soms raas en ongeduldig is. 16. Mag jy altyd ons familie-tradisies onthou – maak nie saak hoe laf of simpel dit mag wees nie. 17. Mag jy altyd ʼn goeie vriendin wees vir dié wat dit nodig het. 18. Mag jy vir ewig Pappa se meisie wees. 19. Mag jy altyd getrou wees aan wie jy is en hoe jy voel, en jou nooit bekommer oor wat ander dink nie. 20. Mag jy jouself altyd eerste liefhê. 21. Mag jy altyd in jouself glo. 22. Mag jy nooit jou kreatiwiteit verloor nie. Hou aan om met jou denkbeeldige maatjie geselsies oor die telefoon aan te knoop. 23. Mag jy die Here ken, vir Hom lief wees, Hom raadpleeg in jou besluite, en vir Hom dankie sê vir al jou seëninge. Sussie, jy mag nooit ooit vergeet hoe vreeslik baie lief ek jou het nie. Jy is die beste ding wat nog ooit met my gebeur het. Word asseblief ʼn klein bietjie stadiger groot. Jy groei gans en al te vinnig na my sin.

Michelle Olivier, webontwikkelaar by Solidariteit, en haar dogtertjie, Nina.

70


IN BEWEGING

Foto’s: iStockphoto.com & Verskaf

E

k onthou die dae toe ek jonk was, was briewe goud werd. Dit was lekker om skoenbokse vol te maak met briefies wat jy oor en oor kon lees wanneer jy iemand mis, inspirasie nodig het of sommer net as jy herinneringe wou herleef. Vandag laat die tegnologie min ruimte vir briewe, en herinneringe word op sosiale platforms vasgevang, maar vandag wil ek jou met ʼn stukkie nostalgie los. Jy, my pragtige geskenk van Bo, is maar net twee jaar oud, maar in jou twee jaar het jy my weer laat glo soos ʼn kind. Jou onskuld ken geen perke nie, met roomysstrepe om die mond en taai handjies leef jy die lewe elke dag voluit. Jou grootste bekommernis is dat jy nie klaar gespeel gaan kry voordat jy moet gaan slaap nie. Moet nooit daardie onskuld verloor nie. My kind, ek kan nog so baie van jou leer, want soos ’n mens groot word, vergeet ’n mens soms hoe dit is om soos ʼn kind te glo en te droom, die onskuld vervaag en die verantwoordelikheid van volwasse wees, ma-wees en vrouwees rus swaar op ʼn mens se skouers. Deur dié briefie wil ek jou nie voorskryf hoe om jou lewe te leef nie, nee, want jy is uniek en kosbaar. My kind, dit is die belangrikste deel van vrouwees wat ek vir jou wil leer: wees lief vir jouself. God het jou as ʼn unieke individu geskape, koester dit. Moenie vir enigiemand verander nie. Hou vas aan jou waardes, geloof en selfstandigheid, want niemand kan jou daarvan beroof nie. Jy gaan binnekort ʼn fase betree waarin jy gaan droom om avonture te beleef of om die prinses in ʼn verhaal te wees waar jy deur jou prins gered gaan word. Dis reg liefie, droom en moet nooit ophou om te droom nie, want wanneer jy droom, sal jy altyd met hoop leef. Jy het die vermoë om enigiets te word wat jy wil, hetsy dit ʼn veearts, juffrou of selfs net ʼn huisvrou is. Solank jy dit geniet en dit die beste in jou uitbring, sal jy skitter. Dis ʼn les wat jou oupa my geleer het. In vandag se samelewing gaan vrouwees gepaard met talle verwagtinge wat dikwels veeleisend kan wees, maar moet nie bekommerd wees nie, want die Here

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

Wilmarie Brits, skakelbeampte het vir jou diensbare hande gegee. Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee. Hou altyd jou fokus op die Here, wanneer jy twyfel of selfs net wanneer die vereistes van vrouwees net eenvoudig te veel raak, draai na Hom, want Hy gee jou krag. My wens vir jou, my pragtige kind, is dat jy geseën sal word met ʼn lewensmaat wat jou ondersteun en jou vrouwees sal respekteer. Hy moet jou rots wees, iemand op wie jy kan staatmaak wanneer jy die fees van vrouwees saam jou vriendinne wil geniet. As ma verplig ek jou om eendag goeie vriendinne te kry wat jou sal help om ʼn goeie balans te handhaaf, want dit is bitter belangrik. My kind, ek kan vir jou raad gee, maar ek kan nie vir jou besluite neem nie. Ek kan net glo en vertrou dat die leiding en opvoeding wat ek vir jou gegee het deur jou grootwordjare genoeg sal wees om jou die selfversekerde, selfstandige en sterk vrou te maak wat ek weet jy kan wees. Mag die Here my seёn en veilig hou sodat ek jou kan sien grootword en vrouwees op jou eie unieke manier.

by Solidariteit, saam met haar man, Gys, en dogtertjie, Leané.

71


IN BEWEGING

Afrikaans, sy mense se verlede digitaal Om inligting op die internet te kry, is soos om water uit ’n brandkraan te probeer drink. Volgens die webblad Social Media Today is daar in 2016 sowat 2,9 miljard soektogte per dag met die soekenjin Google gedoen. Maar wat het hierdie hipermoderne inligtingsera met die verlede te make? Die antwoord: Alles! skryf ILZE NIEUWOUDT.

D

Foto’s: TANAP & iStockphoto.com

aar was dae – nie te lank gelede nie – toe die enigste manier waarop geskiedenisliefhebbers hul inligting kon kry, ’n uitstappie na die plaaslike biblioteek of argiewe was. Uiters waardevolle inligting rakende die geskiedenis en talle grondtekste was op ’n manier nog altyd net beskikbaar vir ’n handjievol mense, gewoonlik professionele historici en navorsers. Danksy die inligtingsera is hierdie eksklusiewe toegang tot inligting (ook historiese inligting en dokumente) vinnig besig om te verdwyn, en hoewel talle ander lande Suid-Afrika waarskynlik ver vooruit is met die digitisering van historiese tekste en ander inligting, is verskeie instellings, plaaslik en internasionaal, werksaam in die digitisering van Afrikaanse tekste en historiese bronne wat op Suid-Afrika van toepassing is. Verskeie rolspelers het in Augustus in Pretoria byeengekom om ’n bestekopname van die digitisering van Afrikaans te maak. Dié geleentheid is aangebied deur die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), die Universiteit van Pretoria en die Noordwes-Universiteit en het getoon dat daar reeds op letterkundige, taalkundige én historiese vlak goeie vordering in die omskakeling van Afrikaanse tekste na digitale platforms en sogenaamde “digitale pakhuise” gemaak is. Dié omskakeling slaag nou reeds daarin om Afrikaans én sy mense se verlede ‘n bietjie nader aan die geskiedenisgeesdriftiges van vandag te bring. Die volgende vier platforms bied reeds omvangryke en waardevolle inligting oor Afrikaans en die Suid-Afrikaanse geskiedenis in digitale formaat aan (daar is natuurlik talle ander): DBAT Die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde (DBAT) is ’n omvattende databasis van Afrikaanse taalkundebronne. Teen Junie 2016 was daar reeds meer as 17 000 bronne op dié databasis gekatalogiseer en volledige tekste van sowat 9 500 bronne aanlyn beskikbaar. Toegang tot die databasis is gratis en kan onder die spesiale versamelings op die webblad van die Noordwes-Universiteit se biblioteek verkry word. Die databasis bevat duisende Afrikaans

72

Die digitisering van Afrikaanse dokumente sowel as tekste wat op die Suid-Afrikaanse geskiedenis van toepassing is, is uiters belangrik – nie net vir die bewaring van die inligting wat daarop en -in vervat is nie, maar ook om die inligting aan ’n breër gehoor beskikbaar te stel. Hierdie kaart is deur TANAP gedoen en toon die Kaap van Goeie Hoop, Tafelbaai, die Kasteel en strate soos wat dit in 1760 uitgelê is. artikels, resensies, boeke, proefskrifte en vele meer. Al ooit gewonder wat in die 1959-uitgawe van Die Brandwag geskryf is oor die taalstryder Arnoldus Pannevis? Wel, dit en soveel meer is beskikbaar op DBAT. DBAL Die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Letterkunde (DBAL) kan as die suster van DBAT beskou word. Hierdie platform is ook deel van die Noordwes-Universiteit se spesiale versamelings, bevat reeds meer as 10 800 rekords en fokus op die digitisering van studies oor Afrikaanse letterkunde. Dit is die ideale plek waar bronne oor bepaalde skrywers en letterkundige onderwerpe nagegaan kan word. VOC-argiewe en boedeldokumente As deel van ’n projek deur TANAP (Towards a New Age of Partnership) is daar reeds meer as 4,5 miljoen woorde uit die Wes-Kaapse argiewe getranskribeer. Dokumente wat reeds vir die publiek aanlyn beskikbaar is, sluit in inventarisse,

vendusierolle, boedelrekeninge, bandieterolle en VOC-monsterrolle. Daarbenewens is verskeie dagregisters van die VOC (van die jare 1687 tot 1789) ook reeds deur die Tracing History Trust getranskribeer. Toegang is beskikbaar op www.tracinghistorytrust.co.za. Grafstene Die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika se elektroniese grafsteendatabasis bevat foto’s en inskripsiebesonderhede van sowat 700 000 afsonderlike grafte, begraafplase, gedenktekens en grafte op plase. Deur hierdie projek kry genealoë en ander belangstellendes gratis aanlyn toegang tot grafte en die inligting wat op grafstene vervat is. Die projek maak staat op lede van die publiek se foto’s en word opgedateer soos wat nuwe inligting deur die publiek verskaf word. Die databasis kan geografies en volgens persoonlike besonderhede van die oorledene deursoek word. Besoek www.eggsa.org (dié webblad bevat ook verskeie ander historiese dokumente wat reeds getranskribeer is). Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za


is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

Dit maak nie saak hoe ho se bedruk ek voel nie, Mp die t laa ID BLYMOEDIGHE or die vo s mi os so bedruktheid van sy yte sp n Te . yn rdw son ve ak hy ma eid ernstige gestremdh . altyd grappies

Om te lewe... soos my ander seun

Foto’s: Reint Dykema en iStockphoto.com

D

ie maan skyn helder deur die donker kamer se venster en val op ʼn bruin gesiggie. Ek lê en kyk na die spesiale wesentjie in die bed wat ek tot langs myne gestoot het, ingeval hy bang word. Dan kom ek agter hy slaap nie. Ons staar na mekaar. Sy ogies is ʼn diep bruin en ek dink: “Jy is mooi.” Mpho se naam beteken “geskenk”. Daardie maanlig-aand was die Here se geskenk aan my nog net sewe jaar oud. Hy was maer en lig en het maklik soos ʼn babatjie op my heup gesit. Hy het ʼn klein rolstoeltjie gehad en kon homself vorentoe skop in ʼn loopring. Hy kon op die kombuisvloer op sy magie rondseil. Saans met badtyd het hy geskater as hy in die water skop en ek papnat word. Hy het meer lewenslus as baie nie-gestremde kinders gehad. Naweke, as hy moes huis toe gaan, was dit ʼn groot tranedal. Sy nuwe pleeghuis was vir hom soos sy eie huis. Mpho het oral saam met ons gegaan. Die wêreld was vir hom ʼn groot avontuur. “Who dat?” was sy mees gebruikte Engelse woorde, en omdat hy reeds ʼn bietjie Engels verstaan het en kon praat, het ons maar aangehou met die Engels. Ons sit hom op sy magie op die gras, en hy roep: “Who dat?” Dis ʼn miertjie wat tussen die graswortels deursukkel, die eerste mier wat hy sien. Hy lê op sy rug en skree: “Who dat?” ʼn Voël het oor sy kop verbygevlieg. Ons stap met sy rolstoeltjie onder ʼn boom deur en hy wil

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

weet: “Roof broke?” Hy ken net ʼn sinkdak; die blare wat kolle son deurlaat, moet ʼn stukkende dak wees. Alles is ʼn avontuur. Die kleurvolle rye goed in Checkers is verruklik: “Buy dis! Buy dis!” Die karre wat verbyflits, is so goed soos ʼn renbaan: “Koloi! Koloi!” (Kar! Kar!) Vir die eerste keer het ek werklik besef hoe ’n kind se ontwikkeling skade ly as hy nie aan alledaagse dinge blootgestel word nie. Mpho, wat net op sy rug in ʼn sinkhuisie gelê het, het op sewejarige ouderdom nie ʼn konsep gehad van grond, gras, miere, bome, voëls, winkels, karre en huise nie. Ons neem hom dieretuin toe. Van opgewondenheid ruk sy onwillekeurige spierbewegings hom amper uit die rolstoel uit by elke hok. Die krokodil is vir hom verskriklik angswekkend – hy gil en draai sy kop weg. Die gorilla kom nader om die rolstoelseuntjie te bekyk en Mpho roep benoud: “Bye-Bye!” Daardie Desember neem ons hom see toe. My hart word week toe ek sien hoe ons geskenkseuntjie die beste in my twee groot seuns uitbring. Hulle maak beurte om hom die golwe in te neem. Mpho is deel van die Malans. Danie is vir hom ook “Boetie”, Moira is “Sussie” en Thinus is sy stoei-maat wat met graagte opsetlik verloor. Magdi is sy terapeut, Marietjie ʼn rondstuur-helper en ek sy mamma. Mpho is hierdie jaar sestien jaar oud. Sy stem het gebreek. Hy het ʼn tienerlyf en sy gesig is dié van ʼn jong man. Hy het ʼn normale woordeskat en skerp denkprosesse. Maar met

die jare het hy so ʼn ernstige skoliose ontwikkel dat hy nie meer in sy rolstoel kan sit sonder erge pyn nie. Die sorgelose rondritsery is op ʼn end. Hy is maar merendeels in sy kamer – kyk televisie, speel met sy mond speletjies op die foon of luister radio. Dis nou as hy nie skool toe gaan nie. Ja, hy gaan steeds skool toe – hy lê in die bussie en by die skool lê hy ook merendeels, waar hy ʼn engel van ʼn juffrou en lekker maats het wat vir hom liefhet net soos hy is. Sy beste maat, Gian, is so sterk soos ʼn bees en tel hom maklik soos ʼn baba op. Die skool het geld ingesamel vir ʼn elektriese rolstoel wat hy met sy mond bestuur – al kan hy nie lang rukke daarin sit nie, is dit vir hom ʼn fantastiese ondervinding om mobiel te wees. “Wat het jou besiel?” vra (of dink) baie mense as hulle van hom hoor. Mense, wil ek sê, al weet ek hulle sal nooit verstaan nie, Mpho het my besiel. Hy besiel my elke dag. Mpho is, en sal so lank as wat dit ons gegun is om hom in ons huis te hê, ʼn geskenk bly. Dit maak nie saak hoe bedruk ek voel nie, Mpho se blymoedigheid laat die bedruktheid soos mis voor die son verdwyn. Ten spyte van sy ernstige gestremdheid maak hy altyd grappies. Hy sing saam met die radio. Hy terg my oor ek gewig aansit en noem my ʼn oumatjie as ek iets vergeet. Hy droom oor sy meisie (ja, hy het ʼn meisie!) en stuur my om vir haar sjokolade te koop. Mpho lewe. Lewe jy?

73


IN BEWEGING

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Deon de Jager (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse en Ettienne Pio (litigant) • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Gibbs du Toit (litigant), Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Dana Viljoen (litigant), Fanie Vosloo en Hennie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

NEWCASTLE • • • • •

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE

Deon Viviers • Administratiewe beampte: Chanelle de Wet • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

74

RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Eric Schoeman, Lucindi van Zyl ( junior litigant) en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes, Jaco van den Berg en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS

RICHARDSBAAI John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Helgard Cronje, Alfie Hoole, Sulize Esterhuizen, Rene Harmse, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Wynand Strydom en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Candice Gerber • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

Uitgawe 5 van 2017 | www.solidariteit.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.