Solidariteit Tydskrif Uitgawe 5 van 2018

Page 1

DEMOGRAFIE Afrikaners allermins aan die wegkwyn

SKULDVERLIGTING

+

Splinternuwe ledevoordeel

Rek jou rande

SASOL-STAKING

Ons snuffel Suid-Afrika se goedkoopste supermark uit

Ons lede bid, braai, betoog teen “swart” aandeleskema

REGSTELAKSIE Wetgewing moet verander, sê MRK

UITGAWE 5 VAN 2018 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

Lewenslange leer

WAAROM ‘N MENS NOOIT TE OUD IS OM TE LEER NIE

www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017

Deel van die Solidariteit Beweging

1



Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R115 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R100 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit X is dienste, ’n gemagtigde verskaffer van Solidariteit Finansiëleverskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van Legal finansiële FSP-nommer: 5277 Beweging finansiële dienste FSP-nommer:755277 finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Beperk,•FSP-nommer:


UITGAWE 5 VAN 2018

2018

IN HOUD “Mense sal op die voorpunt van hulle rigtings moet bly. VOORTGESETTE LEER en ontwikkeling gaan oor die uitbreiding van jou vermoë om te leer deur gereeld jou VAARDIGHEDE op te skerp en jou KENNIS te verbreed. Diegene wat nie van hierdie geleentheid gebruik maak nie, bly waar hulle is.”

NUUSWAARDIG 6 7 8 10 11 12 14 15 16 17 18 20 21 22

Redakteursbrief: Verbreed jou kennis voortdurend Kuberklets: Lede sê hul sê oor aktuele kwessies SpreekBuys: Volg padkaart na finansiële vryheid Lewenslange leer: Sleutel tot suksesvolle toekoms R200 miljoen-studiehulpteiken wink Sasol: Só het duisende gebid, gebraai, gesteun Lesufi-magsbeheptheid nadelig vir almal MRK sê regstelwet moet verander ‘NHI will destabilise health sector’ Oorleef só jou gemeenskapsdiens Ons snuffel die goedkoopste supermark uit Skuldverligting: Splinternuwe voordeel vir ons lede Studente skep innoverende werkportaal Afrikaners allermins aan die wegkwyn

REGSTELLENDE AKSIE DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE HET IN ’N VERSLAG OOR GELYKHEID BEVIND DAT DIE WET OP DIENSBILLIKHEID GEWYSIG MOET WORD.

IN BEWEGING

BEDRYFSNUUS 24 25 26 30 31 32 32 33 33 34 35

Aurora: Trane van dankbaarheid vloei Só het Aurora-sage verloop Fourth Industrial Revolution: Preparing the workforce for change Mineraleraad se aanbod klap in die gesig Eskom: Gunstige loonooreenkoms gesluit Hof beveel SAPD moet inligting bekend maak Solidarity offers assistance after accident at RDM Aflegging die norm vir mynhuise Ná 33 jaar steeds ‘n getroue vakbondlid Beroepsgesondheid en -veiligheid: Waarom opleiding onontbeerlik is Addiction: When something hijacks the brain

36 40 41 42 43 44 46 47 47 48 49 50 51 52 54 55 56 57 58 59 60 61 62 74

AfriForum appelleer oor Unisa-taalbeleid Overvaal-hofuitspraak: Oorwinning vir Afrikaanse onderrig Beweging vier Afrikaanse Taaldag Chris Chameleon: Selfs die donkie leer uiteindelik sy les ‘n Pot koue water kleuters se ‘aandete’ Krisis by Huis Davidtsz: Dawid loop Goliat trompop Sol-Tech se vroue staan hul man Meulmakers blink uit in SA én die VSA Skootrekenaars bring bejaardes, geliefdes byeen Pak die (blokraai)bul by die horings Nuwe instelling skep onderwyshoop My geld: Belê in jou gesondheid en spaar! My work: Tips to find the joy in your job Regspraak: Geen ooreenkoms? Geen oortyd! My gesin: Vind só balans met nuwe baba in die huis Webwys: Hoekom op Facebook adverteer? Maroela Media: Van deeg tot debat en deernis Lewe jy aspris of per ongeluk? Histories gesproke: Swart Oktober se miljoene slagoffers In Retrospek: As ‘n juffrou en ouma verder studeer Solidariteit-kantore: Landwyd tot jou diens Kranige kampvegter in stryd van idees Buckets full of benefits for our members Bou saam aan Afrikaanse onderrig: Wees Virseker deel van die legkaart


aksentmedia.co.za

Gapingsdekking vir in-hospitaal-tekorte wat nie deur jou mediese skema gedek word nie SMS “MEDGAP” na 43366 en ontvang onmiddellike advies! SMS’e kos R1. Gratis minute geld nie. Standaardnetwerktariewe is van toepassing.

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 15556

Onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Limited

‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 47470


REDAKTEURS BRIEF

*

Nog nie ’n Solidariteit-lid nie? Sluit nou aan! SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. Verander jou kontakbesonderhede by diens@solidariteit.co.za.

BLITSNUUS

Die prys van LANDBOUGROND het sedert die ANC by sy konferensie in Desember by Nasrec ‘n mosie oor onteiening sonder vergoeding aanvaar het, met 32% gedaal. Só meen die ekonoom Johann Bornman, wat ‘n databasis van landbougrondtransaksies sedert 1994 saamgestel het. Sy jongste syfers toon dat die gemiddelde prys van landbougrond landwyd gedaal het van sowat R13 700 per hekaar in Desember, tot R9 318 per hektaar in Julie. Volgens Bornman is die daling in die waarde van hoëgehalte-landbougrond nog groter. Volgens hom kan dit nou selfs tot 40,9% minder werd wees.

Verbreed jou voortdurend

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

D

ie jaar staan einde se kant toe en dit beteken vir baie mense dat ‘n nuwe fase in hul lewens voorlê. Dit mag wees dat jy ‘n matriekkind het wat volgende jaar nie meer op skool gaan wees nie, of jy is ‘n student wat afstudeer en volgende jaar gaan moet werk soek. Dalk gaan jy volgende jaar ekstra geld benodig vir daardie einste skoolverlaterkind wat verder moet gaan studeer en nou is jy op soek na ander werk wat terselfdertyd meer kennis van jou verg vir daardie groter salaris. As jy sukses wil behaal, behels alle fases van jou lewe verdere opleiding. Jy hoef nie noodwendig in die loop van jou lewe 12 grade aan ‘n universiteit te verwerf nie, maar jy moet jou kennis verfris en sorg dat jou kennis relevant bly. Die wêreld van werk vereis dat jy lewenslank moet bly leer. Lees gerus in hierdie uitgawe waarom voortgesette onderrig so belangrik is en hoe jy jou kennis kan verbreed om van daardie volgende fase in jou lewe ‘n sukses te maak. Benewens die fokus op voortgesette onderrig is Solidariteit ook baie bedrywig by verskeie werkplekke. Sasol voel Solidariteit se volle mag danksy ‘n reuseveldtog teen die maatskappy weens sy uitsluitende bemagtigingskema, Khanyisa, wat aandele ter waarde van R500 000 slegs aan sy swart werknemers toeken. Terselfdertyd vind loononderhandelings op ‘n wye front plaas en word afleggings by talle werkplekke onderhandel en afgeweer. Solidariteit is ook doenig in die gemeenskap waar hy Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, se voorgestelde wysigings aan die skoolregulasies teenstaan. Die konsepwetgewing oor die Nasionale Gesondheidsversekering het sedert Julie kommer oor die toekoms van gesondheidsorg onder praktisyns en gewone burgers gewek. Daarom het Solidariteit navorsing bekendgestel in die stryd om die gesondheidsektor teen verval te beskerm. Dit alles en nog meer kan jy in hierdie stampvol uitgawe vind. Lekker lees!

REDAKTEUR

6

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die prys wat motoriste moontlik in Oktober vir 95-oktaan-BRANDSTOF sal moet opdok. Aldus vroeë berekenings deur die Sentrale Energiefonds, kan ‘n styging van tot R1,14 per liter verwag word. Die Brent-ruolieprys het die afgelope 12 maande met 36% gestyg van $56 per vat tot $76,50. Weens die rand se verswakking van sowat 20% die afgelope jaar is die olieprys in randwaarde 62% hoër. Petrol het in September 5c duurder geword as gevolg van loonverhogings vir petroljoggies. Die motorreus TOYOTA het onlangs 1,03 miljoen van sy Prius- en C-HR-voertuie herroep weens ‘n brandgevaar. Die lande waar die meeste motors herroep is, is Japan (554 000) en die VSA (192 000). Toyota het in ‘n verklaring gesê dat ofskoon geen motor nog aan die brand geslaan het nie, word dit as ‘n voorsorgmaatreël gedoen. ‘n Omhulsel wat bedrading in die motor beskerm, kan met tyd beskadig, tot ‘n kortsluiting lei en selfs ‘n brand veroorsaak. Toyota het in 2016 sowat 2,87 miljoen motors herroep weens brandstoftenks wat lek en ook 1,43 miljoen voertuie weens lugsakke wat moontlik foutief kon wees.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het in ‘n verslag oor gelykheid bevind dat die Wet op Diensbillikheid gewysig moet word. Dit beteken in kort dat Suid-Afrika se REGSTELLENDEAKSIEWETGEWING onwettig is. Die verslag kom ná 20 jaar van volgehoue internasionale en plaaslike druk deur Solidariteit en is ‘n reuse-deurbraak. >> Lees meer oor dié reuse-oorwinning vir Solidariteit op bladsy 15.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, oftewel PRASA, het luidens sy jaarverslag ‘n verlies van R938 miljoen in die 2016-’17-boekjaar gely. Dit is bykans dubbel die verlies van R554 miljoen in die vorige boekjaar, berig EWN. Volgens ‘n uitgelekte verslag van die ouditeur-generaal het Prasa ‘n opgehoopte verlies die afgelope paar jaar van R4,5 miljard gely.

“Ons wil die voorbeeld stel dat gemeenskappe saam kan werk omdat EIENDOMSREG in almal se belang is.” Só het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, in September tydens ’n gesamentlike konferensie met die opposisieparty COPE in Pretoria gesê. Daar is tydens dié konferensie aangekondig dat AfriForum en COPE hande in die stryd teen onteiening sonder vergoeding sal vat. Kriel en Mosiuoa Lekota, president van COPE, sal buitelandse ambassades in Suid-Afrika besoek om te versoek dat die internasionale gemeenskap druk op die Suid-Afrikaanse regering en die ANC toepas. >>> Lees meer hieroor by www.forumnuus.co.za


KUBER KLETS

Kuberklets, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk

Die uitvoerende hoof van MiWay, René Otto, het in Augustus ‘n twiet uitgestuur waarin hy gesê het dat alle wit Suid-Afrikaners, “maar veral Afrikaanssprekendes wat glo hulle is God se uitverkorenes”, die omstrede boek Die seuns van Bird Island moet lees. MiWay se direksie het hom van dié twiet gedistansieer nadat ‘n storm hieroor losgebars het. Dr. Dirk Hermann het in ‘n brief gereageer en Solidariteit se Facebook-volgelinge het ook van hulle laat hoor: KONRAD MARAIS: Ons moet ophou om instansies met sulke sienings te ondersteun. As ons kultuur en taal nie goed genoeg is nie, dan is ons geld ook nie. Maklik. CHRISTA ROUGH: Nog ’n inskrywing in my swart boekie! Sulke besighede sal nie ’n sent by my kry nie! ELIZABETH JACOBS: Dit is ’n duur les! Wat jy getwiet het in die media is DAAR! Dit kan dit nie weer teruggeneem word nie. Wanneer gaan die mensdom leer? ARINA JORDAAN: Done with MiWay. Was looking for an excuse to move away. Thank you, Mr Otto, for helping me with my decision!

TRUDY IGESUND STAPELBERG: Ek hoop René word oor dieselfde kam geskeer as ander wat rassistiese uitlatings gemaak het op sosiale media. ROSA MAIA: Kanselleer myne. Probeer liewers Virseker se versekering. Goedkoper ook. Betaal nou R400 minder vir beter dekking. I did it My Way! CARIN FERREIRA: Klink vir my na ’n stelling wat deesdae hoogmode is. Die Afrikaner bly aan die ontvangkant van klappe wat uitgedeel word! Ek hoop Otto weet, as dié skip sink, sink hy saam. YOLANDE START-TAYLOR: Dankie dr. Dirk Hermann vir jou brief aan René Otto. Jy’s ’n doring!

WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Jaco Bisschoff MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Wilmarie Brits, dr. Saretha Brüssow, Flip Buys, Chris Chameleon, Phil Davel, Suzanne Hattingh, Reon Janse van Rensburg, Annalise Kempen, Moira-Marie Kloppers, Johan Kruger, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, adv. Paul Mardon, Martie Maree, Paul Maritz, Jaco Mostert, Connie Mulder, Ilze Nieuwoudt, ds. Hannes Noëth, Appie Pienaar, Morné Prinsloo, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Mia Slabbert, Mandy-Michelle Thackwray, dr. Juran van den Heever, Suné van Heerden, Zydelia Venter en Ernst Vorster. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

www.aksentmedia.co.za

SAL JY JOUSELF AANHOUDEND VERRYK MET NUWE KENNIS DEUR VERDER TE STUDEER OF ’N KORT KURSUS BY TE WOON?

Foto’s: iStockphoto.com

A

Beslis. Dit is hoe jy jou onderskei van ander werknemers en hoe jy verseker sal wees van werk.

B Ek weet nie of dit soveel waarde toevoeg soos almal dink nie. Nee. Ek dink dis te veel moeite. Jy mors jou energie om te

C studeer pleks daarvan om dit te gebruik vir jou werk.

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

Solidariteit Beweging

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake deur adverteerders nie.

www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

7


SPREEK BUYS

VOLG JOU PADKAART NA

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

’n Paar maande gelede ry ek deur ’n paar bekende klein dorpies op pad na die noorde. Maar met al die nuwe dorpsname het ek in ’n stadium nie meer geweet in watter dorp ek was nie, en skielik was ek nie seker watter pad om te vat nie. Ek moes eers vinnig my GPS aansit, voordat ek skaapagtig weer die regte pad gekry het – een wat ek eintlik baie goed ken, skryf FLIP BUYS.

H

ierdie reis met behulp van my GPS het my laat dink aan mense se persoonlike finansies. Ons almal weet min of meer wat die regte “pad” is, maar dinge het só verander dat ons dit soms nie meer kry nie. Die kern van die probleem is dat ons soms nog met ou “padkaarte” ry en dat die omwentelings in die finansiële wêreld jou maklik kan laat verdwaal. Kom ons wees eerlik: Met jou oupa en pa se padkaarte sal jy maklik by ’n plek uitkom waar jy nie wil wees nie. En as jy sonder ’n GPS ry, sal jy nooit jou bestemming bereik nie.

8

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die meeste mense het finansiële drome én nagmerries, wat eintlik net twee kante van dieselfde muntstuk is. Almal droom van finansiële vryheid, maar word ook soms geteister deur finansiële nagmerries. Die rede is maklik om te verstaan. Baie mense is in hierdie duur tye net ’n salaristjek of drie van geldelike rampspoed af. Enige persoon wat in hierdie ekonomie sy of haar werk verloor, is dadelik in ’n enorme krisis gedompel. Maar dit geld nie net vir werkendes nie. Talle pensioenarisse moes al tot hulle skok agterkom dat hulle te min geld het om van te leef, omdat die wêreld drasties verander het.

WAT IS FINANSIËLE VRYHEID? Voordat ’n padkaart na finansiële vryheid opgestel kan word, moet jy eers weet wat finansiële vryheid is. Dan kan ons kyk wat soveel verander het dat die pad nou moeiliker is, sodat ons ons eie padkaart vir die toekoms kan opstel. Finansiële vryheid is wanneer die inkomste uit jou bates meer as jou uitgawes is. Dis ’n moeilike, opdraande pad, en die meeste mense is gelukkig as hulle dit teen aftrede bereik. Maar met ‘n goeie padkaart wat presies gevolg word, is dit moontlik. Kom ons kyk eers na die omwentelings op die pad na finansiële vryheid.


SPREEKBUYS

VYF OMWENTELINGS Die eerste belangrike omwenteling is dat die nuwe geslag pensioenfondse eintlik net spaarfondse is, en dat jy as werknemer die volle risiko dra as jou geld opraak. Die meeste van ons se ouers het pensioenfondse gehad waar die werkgewer die risiko gedra het en ’n lewenslange pensioenvoordeel gewaarborg het. Dit het bygedra tot redelik lae belangstelling en onkunde in en oor pensioensake, omdat die werkgewer die verantwoordelikheid vir aftreevoorsiening gedra het. In die nuwe vastebydrae-pensioenfondse bestaan jou geld uit jou en die werkgewer se bydraes en die groei op dié geld. Dis nie noodwendig slegter nie, jy moet net weet dat dit nou jóú verantwoordelikheid is om die pad goed dop te hou. Jy bestuur self en ry nie meer in ’n “pensioenbus” wat deur die werkgewer bestuur word nie. Daarom is ’n “lisensie” noodsaaklik in die vorm van finansiële geletterdheid en opleiding. LANGER LEWE Die tweede verandering is dat mense gemiddeld sowat 10 jaar langer as hul grootouers leef en dat jou geld dus langer moet hou. Ons kan seker nie verwag dat ons pensioen langer moet hou as wat ons daaraan spaar nie! Daarmee saam het die koste van bejaardeversorging baie gestyg, omdat daar feitlik geen meer subsidies vir ouetehuise is nie. Die derde verandering is dat die koste van mediese dienste baie duurder is en dat byna alle werkgewers mediese voordele ná aftrede afgeskaf en die kostes na werknemers verskuif het. Die vierde verandering is dat die opbrengs van beleggings baie afgeneem het en dat jy meer sal moet spaar om dieselfde pensioen te kan kry. Old Mutual het bereken dat waar die gemiddelde opbrengs op beleggings oor die afgelope 60 jaar 7,3 % bo inflasie was, dit in die toekoms gaan halveer na net 3,7%. Die uitdaging is dat jy nie beheer oor die opbrengs of toekomstige lewenskostes het nie, maar net oor hoeveel jy kan spaar. LEWENSKOSTE Die vyfde verandering is dat lewenskostes so duur geword het dat navorsing van Nedbank en Unisa gewys het dat ’n volle 75% van huishoudings

in 2017 finansieel ongesond was! Dit maak dit geweldig moeilik om nou met jou geld uit te kom, laat staan nog om geld weg te sit en te spaar! Baie mense is boonop deel van die “toebroodjiegeslag” – hulle moet hul kinders én ouers help om kop bo water te hou.

BESTEMMING VAN VRYHEID As jy op ’n ver reis gaan, ry jy nie sonder om seker te maak waar die bestemming is, hoe jy daar gaan kom en of jou voertuig in ’n goeie, werkende toestand is nie. Dit geld soveel te meer vir die pad na jou eie finansiële vryheid. Dit is só belangrik, dat dit nie aan die toeval of net aan jou werkgewer se pensioenfonds oorgelaat kan word nie. Daarom behoort elke mens ’n betroubare finansiële raadgewer, soos Solidariteit Finansiële Dienste, as “GPS” te kry om jou met jou persoonlike padkaart te help. Die eerste stap is om te bepaal wat finansiële vryheid in jou persoonlike geval beteken, want dit is die bestemming van jou reis en gaan die roete van jou padkaart bepaal. Vir die meeste mense behoort jou eerste pensioentjek sowat 75% van jou laaste salaris te wees. Dit is nie ’n maklike doelwit in die lig van die vyf omwentelings wat vroeër genoem is nie, en is die finansiële weergawe daarvan om Kilimanjaro uit te klim of die Comrades te hardloop. Dit verg ’n helder omskrewe doelwit, duidelike padkaart, derduisende klein treetjies, groot opofferings en hope vasbyt om die piek te bereik. Onthou gerus Langenhoven se woorde: “Moenie koop wat jy nodig het nie, koop waarsonder jy nie kan klaarkom nie!”

PADKAART NA VRYHEID Elke mens se omstandighede verskil en daarom sal elkeen se padkaart anders lyk. Professionele beplanners sal daarmee kan help, byna soos wat afrigters atlete of bergklimmers moet bystaan. Maar daar is ’n paar algemene reëls of mylpale wat vir almal geld. Dit sluit in: • Volg jou begroting net so gedissiplineerd soos ’n oefenprogram. • Gee minder uit as wat jy inkry. • Verminder jou uitgawes sodat jy meer kan spaar – dit is die moeilikste. • Keer dat jou uitgawes net soveel soos jou inkomste styg.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Moenie koop wat jy nodig het nie, koop waarsonder jy nie kan klaarkom nie.” ~ LANGENHOVEN ~

• Skaf eerder bates soos ’n effektetrust aan voordat jy geld aan uitgawes soos ’n motor bestee. • Maak gebruik van belastingtoegewings op pensioenfondse en ander produkte. • Kyk mooi na jou persoonlike welstand, soos jou eet- en oefengewoontes. • Verbeter jou kwalifikasies om jou kanse op ’n groter inkomste te verhoog. • Probeer om so lank as moontlik te werk of ’n ekstra inkomste te verdien. • Hou jouself op hoogte deur bronne soos die Solidariteit Wêreld te lees. • Byt vas en wees geduldig – daar is nie kortpaaie nie. Dit is belangrik om minstens een of twee keer per jaar na jou finansiële GPS te kyk om seker te maak jy is op koers na jou doelwit. Maak betyds planne waar nodig. Moenie heeltyd kyk nie, hou eerder jou oog op die pad, maar hou die vordering dop. Onthou ook dat paaie maar opdraandes, afdraandes én skerp draaie het. Byt vas, want solank jy aanhou en moedhou en volhou, sal jy veilig by jou bestemming aankom. Baie sterkte met die reis! www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

9


NUUSWAARDIG

Sleutel tot ‘n suksesvolle

TOEKOMS DEUR DR. JURAN VAN DEN HEEVER

Foto’s: iStockphoto.com

F

lip Buys skryf in sy Maroela Media-artikel van 7 Mei dat lewenslange leer die sleutel tot die toekoms is en dat daar in die toekoms net twee klasse mense gaan wees: ’n betreklik klein groepie kenniswerkers en ’n groot massa werkloses. Dit is die gevolg van die feit dat die wêreld van werk besig is om onherroeplik te verander. Jim Clifton skryf in sy boek The Coming Jobs War dat almal in die wêreld ’n behoefte het aan ’n goeie werk. Navorsing deur Gallup toon dat die toekoms gaan handel oor werkskepping en suksesvolle entrepreneurskap. Die regering gaan ’n kleiner rol speel en individue gaan hulle self moet toerus met vaardighede en kennis. Die Vierde Industriële Rewolusie bring nuwe moontlikhede met nuwe oplossings, en die Internet van Dinge en kunsmatige intelligensie is ’n werklikheid. Hoewel mense steeds kreatief, sosiaal, mobiel en fisiek handvaardig is, moet hierdie menslike eienskappe wat nooit gaan verdwyn nie, verweef met die nuwe tegnologie. Alvin Toffler skryf soos volg in sy boek Future Shock, wat al in 1970 gepubliseer is: “The illiterate of the 21st century will not be those who cannot read and write, but those who cannot learn, unlearn and relearn.” In onseker tye is die waardevolste vaardigheid dié van leer en hoe om te leer. Ons sal slaag as ons saam met ons

10

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

rekenaars werk, eerder as om met hulle mee te ding. Ons moet hulle programmeer, eerder as om deur hulle geprogrammeer te word. Volgens Heraclitus is die enigste ding wat konstant is, verandering. Verandering raak verskeie fasette in ons almal se lewens. Dit vind plaas in jou loopbaan, in jou persoonlike lewe, in jou gemeenskap en in organisasies. Daar is net een antwoord vir lewenslange verandering en dit is lewenslange leer. Mense sal op die voorpunt van hulle rigtings moet bly. Voortgesette leer en ontwikkeling gaan oor die uitbreiding van jou vermoë om te leer deur gereeld jou vaardighede op te skerp en jou kennis te verbreed. Kennis is tot almal se beskikking. Diegene wat nie van hierdie geleentheid gebruik maak nie, bly waar hulle is. Die volgende sewe voordele behoort voldoende rede te wees om nooit op te hou leer nie. BLY RELEVANT Sorg dat jy nie agterbly nie. Maak seker dat jy relevant bly binne jou bedryf deur op die hoogte te wees van tendense in die werkplek en jou vaardighede op te skerp. BEREI JOUSELF VOOR VIR DIE ONVERWAGSE Lewenslange leer sal jou help om by onverwagse veranderings aan te pas. ’n Groot verandering is om jou werk te verloor. Dit

veroorsaak dat jy van nuwe vaardighede afhanklik sal wees om werk te kry. VERHOOG JOU PROFIEL As jy gedurig leer, sal jy verbeter en groei in jou loopbaan toon. Bestuurders en kollegas sal ook hiervan kennis neem. BEVOEGDHEID LEI TOT VERTROUE Om nuwe dinge te leer, gee ons ‘n gevoel van prestasie, wat weer ons vertroue in ons eie vermoëns verhoog. WEES ONTVANKLIK VIR NUWE IDEES Die verkryging van nuwe vaardighede sal geleenthede ontsluit en jou help om innoverende oplossings vir probleme te vind. VERANDER PERSPEKTIEF Deurlopende leer verbreed jou verstand en verander jou houding deur te bou op wat jy reeds weet. MOTIVERING VAN ANDER Lewenslange leer help om jou leierskapsvaardighede te ontwikkel om weer ander aan te moedig om verder te studeer. • Dr. Juran van den Heever is uitvoerende hoof van S-Leer. Lees ook die artikel op bladsy 66.


NUUSWAARDIG

R200 MILJOEN-studiehulpteiken wink

D

ie Studiefondssentrum het tussen 2008 en 2018 reeds R157 miljoen in rentevrye studielenings aan studente toegeken, en sover het hulle ongeveer R16 miljoen se nuwe skenkings vir 2019 ontvang. Dit beteken dat hulle slegs R27 miljoen kort is van hul doelwit om R200 miljoen in net meer as 10 jaar aan behoeftige Afrikaanse studente toe te ken. “Ons droom vir Projek R200 miljoen is byna ’n werklikheid, en ons werk hard om dit vroeg volgende jaar te bewaarheid,” het Stefan Pieterse, hoof van die Helpende Hand Studiefondssentrum, gesê. Die Studiefondssentrum fokus daarop om tersiêre studies vir behoeftige studente moontlik te maak deur middel van gedeeltelike rentevrye studielenings. “Die Studiefondssentrum se donateurs

DEUR MIA SLABBERT

bestaan hoofsaaklik uit trusts, maatskappye en individue. Ons donateurs kan self die naam en breë kriteria van hul studiefondse bepaal,” het Pieterse verduidelik. Volgens hom lê die Studiefondssentrum se sukses nie net daarin opgesluit dat hulle studente help om hulself te kan help nie, maar ook in die feit dat een student wat sy rentevrye studielening terugbetaal, ’n volgende student se studies moontlik maak. Maya Dauth se pa het sy werk aan die begin van die jaar weens swart bemagtiging verloor en ‘n maand daarna is haar ma met aggressiewe kolonkanker gediagnoseer. Die teleurstelling was groot toe sy weens agterstallige klasgeld eksamentoegang geweier is. Danksy die publiek se ondersteuning kon die Helpende Hand Studiefonds Maya help met ‘n rentevrye

studielening, en kan sy hierdie jaar haar graad in BCom Besigheidsbestuur voltooi. Die Studiefondssentrum administreer tans meer as 240 onafhanklike studiefondse namens hul donateurs. Solidariteit dra maandeliks R5 by van elke lid se ledegeld vir Solidariteit-lede en hul kinders wat graag wil studeer. “Die ouers se inkomste, prestasie van die leerder, moontlike gestremdheid, psigometriese toetse, die aantal kinders in die gesin wat studeer en ’n motiveringskrywe word onder meer as kriteriapunte gebruik en dan word toekennings streng op grond hiervan gemaak,” het Pieterse gesê. • Om aansoek te doen, besoek www.studiefonds.co.za en klik op die “Doen Aansoek”-skakel. Studente kan tot 30 September 2018 aansoek doen vir studiehulp in 2019.


NUUSWAARDIG

Bo: Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, saam met Lucas Lekoloane. Lucas werk reeds 38 jaar by Sasol en is al 15 jaar lank ’n lid van Solidariteit. Regs: dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, spreek die skare toe. Heel regs: Nico Coetzer, ‘n gestremde werknemer van Sasol, werk reeds 29 jaar vir die brandstofreus in Secunda.

Só het duisende gebid, gebraai, gesteun DEUR MIA SLABBERT

Foto’s: Mia Slabbert

D

aar was vure, sang en eise, maar nie die soort waaraan ’n mens gewoond is en wat byna elke dag op nasionale nuuskanale uitgebeeld word nie. Die vure was braaivleisvure, die musiek opgewek en die eise wat gestel is, beoog om rassespanning en rasverdeling in Suid-Afrika die hok te slaan. Solidariteit, tesame met duisende van sy lede en ander ondersteuners, het die afgelope paar weke saam gestaan, saam gebraai en saam gebid teen die brandstofreus Sasol se Khanyisa-aandeleskema waar wit werknemers op grond van hul velkleur uitgesluit word. Sasol het vroeër gesê dat die bemagtigingskema Khanyisa aandele ter waarde van R500 000 per persoon slegs aan swart werknemers gaan toeken.

12

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Khanyisa volg op die Inzalo-skema wat finansieel misluk het. Inzalo het wel wit werknemers ingesluit. “Sasol het nog altyd ’n geskiedenis van insluiting gehad; Inzalo is ’n bewys daarvan, maar nou kies Sasol ’n toekoms van uitsluiting. Dit is verkeerd, dit is onverantwoordelik en dit is ’n klap in die gesig van diegene wat Sasol help bou het tot die reus wat hy vandag is,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, aan duisende Sasol-werknemers in Secunda, Mpumalanga, gesê. “In praktyk beteken dit dat ’n wit Sasol-werknemer wat 30 jaar by Sasol werk, geen voordeel kry nie, maar ’n swart werknemer wat drie maande by Sasol werk, sal R500 000 kry. Werkers wat dieselfde werk doen, kry verskillende voordele. Dié besluit van Sasol gaan werkers in rassekampe verdeel en

rassespanning opjaag. Hierdie staking is histories,” het Hermann gesê. Dit is die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis dat wit werkers oor rasse-uitsluiting staak. “Julle maak geskiedenis en Sasol is besig om skande te maak. Die rede hoekom Sasol skande maak, is omdat hulle op ’n skema besluit het wat 100% rasgeoriënteerd is. Hulle plaas weer rassebeleid op die voorgrond in Suid-Afrika. Julle doen iets wat min mense bereid is om te doen en dit is om op te staan vir wat reg is. Hierdie is nie net ’n kwessie van wit en swart nie, dit is ’n kwessie van reg en verkeerd, en wat julle doen is om op te staan vir dít wat reg is,” het Hermann bygevoeg. Die konsepmynbouhandves wat onlangs in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, maak dit duidelik dat ’n personeelaandeleskema inklusief moet


NUUSWAARDIG

wees en nie werkers op grond van ras mag verdeel nie. Die manifes maak net voorsiening vir werknemers wat reeds deur aandeleskemas vergoed word. Ras is dus nie ’n maatstaf nie. Lucas Lekoloane werk al 38 jaar by Sasol in Secunda en is al vir 15 jaar lank ’n lid van Solidariteit. Hy het tydens die staking in Secunda sy kollegas se hande geneem en saam met hulle gestaan om nee te sê vir die uitsluiting van wit werkers. Ingevolge die tweede fase van Khanyisa sal swart werknemers by Sasol R500 000 se aandele by die maatskappy ontvang, terwyl wit werknemers, ongeag hul posisie of diensrekord by Sasol, glad nie aan dié fase mag deelneem nie. “Ek kan eenvoudig nie terugstaan en my kollegas alleen los nie. Ons eenheid is ons krag. Ek dink nie Sasol voeg daad by die woord nie. Hulle diskrimineer nou teen die wit werkers by Sasol en dit is net nie reg nie. Om ’n pragtige melodie op ’n klavier uit te voer, moet ’n mens die swart én die wit note gebruik. Sasol speel net die swart note en hierdie melodie is vals,” het Lekoloane gesê.

“Om ’n pragtige melodie op ’n klavier uit te voer, moet ’n mens die swart én die wit note gebruik. Sasol speel net die swart note en hierdie melodie is vals.” ~ LUCAS LEKOLOANE, SOLIDARITEIT-LID EN WERKNEMER VAN SASOL ~

“Lucas is een van baie werkers wat nou verdeeld voel; hy voel verdeeld van sy medewerkers en dit is eenvoudig net nie reg nie. Net so is daar een van ons swart lede wat met ’n wit vrou getroud is. Hy kry hierdie aandele, maar nou bepaal Khanyisa – hoe lagwekkend dit ook al mag klink – dat die geld nie deur ’n witmens geërf mag word nie. Dit is hoe dit in Khanyisa se reëls uiteengesit is. Hy mag dit dus nie aan sy vrou nalaat nie, en dit is die harde feite van hierdie skema,” het Hermann gesê. Nico Coetzer is gestremd, maar steeds nie waardig om deel van die

Khanyisa-personeelaandeleskema te wees nie. Coetzer, wat al 29 jaar vir Sasol in Secunda werk, het op 15 Mei ’n e-pos aan ’n hooggeplaasde by Sasol gestuur waarin hy navraag gedoen het oor Khanyisa. Hy wou weet of hy as gestremde ook deel van die skema gaan wees. Hy is dieselfde dag nog in kennis gestel dat hy nie aandele gaan ontvang nie, omdat hy wit is. In dokumentasie wat op die Sasol Khanyisa-webblad beskikbaar is, word uitdruklik gesê dat wit werknemers en buitelanders nie aandele in hierdie skema kan kry nie. Volgens Coetzer het hy sy lewe vir Sasol gegee. “Dit is ongelooflik hartseer om te sien wat hulle aan ’n mens doen ná al hierdie jare. Ek is steeds trots op Sasol en my werk en ek glo regtig nie dat ek beter is as ander rasse nie, maar ek wil ook nie hê ander rasse moet dink hulle is beter as ek nie. Ek is ook ’n mens, ek het ook ’n gesin, en ek is ook waardig,” het Coetzer gesê. • ’n Reuseveldtog is van stapel gestuur waardeur mense die Sasol-werkers kan ondersteun. Wys jou steun op die webtuiste www.solidariteit.co.za.

www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

13


NUUSWAARDIG

Bo: Melanie Buys van die SOS en Werner Human van Solidariteit oorhandig kommentare aan die Gautengse departement van onderwys. Foto regs: Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se arbeidsregafdeling; dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit; en Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, tydens ‘n mediakonferensie oor die voorgestelde wysigings aan die skoolregulasies by Gautengse skole.

LESUFI-magsbeheptheid nadelig vir almal DEUR CILLESTE VAN DYK

Foto’s: Reon Janse van Rensburg

D

ie Skoleondersteuningsentrum (SOS), Solidariteit en AfriForum het in Augustus kommentaar op die opspraakwekkende voorgestelde regulasies vir Gautengse skole per hand ingedien by die Gautengse departement van onderwys. Op 16 Augustus vanjaar het dié organisasies bekend gemaak dat hulle kragte saamsnoer om die voorgestelde regulasies van die LUR van Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, teen te staan. Lede van die gemeenskap is ook gevra om insette op die aanlyn platform #virskole te lewer, en meer as 15 000 insette is van die publiek af ontvang. Hierdie insette is saam met die organisasies se kommentaar aan die departement oorhandig. Die SOS, Solidariteit en AfriForum stel dit onomwonde dat die voorgestelde wysigings geskoei is op die sentralisering van onderwys in Gauteng, eerder as beproefde beginsels in onderwys. Die voorgestelde regulasies sal onder meer die volgende tot gevolg hê: 1 Beheerliggame sal in geheel onder1. myn word tydens die toelatingsproses van leerders tot skole, en inbreuk sal gemaak word op die vennootskapbeginsel waarop die skolestelsel geskoei is;

14

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

2 Die departement se reeds omvang2. ryke magte sal nog verder uitgebrei word met die voorgestelde bepalings; 3 Leerders se grondwetlike reg om in 3. die taal van hul keuse onderrig te word, soos deur die Grondwet bepaal, sal ondermyn word; 4. 4 Vereistes vir toelating tot ’n openbare skool sal verslap word; 5 Die bepaling van die kapasiteit van ’n 5. skool in terme van die aantal leerders wat toegelaat kan word, sal sonder die skoolbestuur of beheerliggame gedoen word; 6 Talle administratiewe take sal van 6. die departement na openbare skole oorgedra word; 7 Voedingsareas sal sonder die inset 7. van die skoolbestuur of beheerliggame bepaal word. “Hierdie magsvergryp deur die LUR sal nadelig wees vir alle skole en die gemeenskap magteloos laat oor die opvoeding van hul eie kinders,” sê Melanie Buys, hoof van stelsels van die SOS. “Die witskrif vir onderwys van 1996 beklemtoon dat ouers en die gemeenskap ’n belangrike rol het in die opvoeding van ons kinders en dat die staat se rol in ’n openbare skool tot die minimum beperk moet word,” sê sy. Buys noem ook dat openbare skole afhanklik is van hulpbronne vanaf die gemeenskap, aangesien die regering al

minder ondersteuning aan skole bied. Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, sê Lesufi het talle openbare vergaderings gehou waar bekommerde Afrikaanse ouers vrae gevra het. Dié vrae is egter by nie een van die vergaderings beantwoord nie. “Inteendeel, ouers wat veral oor moedertaalonderrig vrae gevra het, is as rassiste uitgekryt.” Bloem sê hoewel dit vir Lesufi maklik was om Afrikaanse ouers by openbare vergaderings te ignoreer, sal dit moeiliker wees om meer as 10 000 amptelike kommentaarstukke met dieselfde minagting te bejeën. “Die voorgestelde regulasies neem die besluitnemingsvermoë weg van ouers en beheerliggame en setel dit ten volle by die departement,” meen Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit. “‘n Saamwerk-verhouding word deur die Skolewet en die Konstitusionele Hof vereis, maar dit word in geheel misken in die voorgestelde regulasies. Skole wat volkome afhanklik is van die staat se uitsette, sal van bedenklike gehalte wees en daarom is ‘n gedesentraliseerde model aangewese en behoort dit aangemoedig te word deur die departement,” voeg Human by. Hy sê indien voorgestelde regulasies aanvaar word, kan dit moontlik in die hof uitgedaag word.


NUUSWAARDIG

MRK sê REGSTELWET moet verander

Foto: iStockphoto.com

D

ie Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het in ’n verslag oor gelykheid bevind dat die Wet op Diensbillikheid gewysig moet word. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, beteken dit kortliks dat Suid-Afrika se regstellendeaksiewetgewing onwettig is. Die MRK-verslag volg nadat Solidariteit ’n verslag oor die land se regstellendeaksieprogram by die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van rassediskriminasie (Committee on the Elimination of Racial Discrimination – CERD) asook ’n petisie by die MRK ingedien het. Hermann het ook gesê dat hierdie verslag en aanbevelings van kardinale belang is en dat dit die gesig van regstellende

DEUR FRANCOIS REDELINGHUYS

aksie vir altyd gaan verander. Die MRK het onder meer bevind dat die Wet op Diensbillikheid nie aan die vereistes van die VN se Internasionale Konvensie oor die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie (International Convention on the Elimination of All Forms of Racial Discrimination – ICERD) en die Grondwet van Suid-Afrika voldoen nie. Volgens die MRK-verslag moet regstellende aksie sensitief vir konteks wees en moet streeksdemografie in ag geneem word. Die huidige rasseklassifikasie is nie aanvaarbaar nie en maatstawwe moet meer genuanseerd wees. Die verslag het ook bevind dat behoefte in ag geneem moet word, dat daar ’n einde moet wees aan regstellendeaksiemaatstawwe en dat sodanige maatstawwe in Suid-Afrika te rigied is en neerkom op ’n kwotastelsel.

Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling, die Diensbillikheidskommissie en die departement van arbeid moet binne ses maande vanaf Julie 2018 terugvoer aan die MRK gee oor watter stappe gedoen is om die Wet te wysig. “Die aanbeveling van die MRK as artikel 9-instelling is net so bindend soos aanbevelings van die Openbare Beskermer. Die regering gaan nie daarvan kan wegkom nie. Die Wet gaan moet verander. In ons 20 jaar lange stryd oor regstellende aksie is hierdie ons grootste deurbraak nóg,” het Hermann gesê. Solidariteit het ook aangekondig dat hy die howe gaan nader vir ’n verklarende bevel om sekerheid te gee oor hoe die situasie deur werkgewers en die departement van arbeid hanteer moet word totdat die Wet gewysig word.


NEWSWORTHY

‘NHI will destabilise health sector’ BY CILLESTE VAN DYK

T

he results of a research project by the Solidarity Research Institute (SRI) which determined the opinions and feelings of medical practitioners regarding Government’s planned National Health Insurance (NHI) system, were presented at the Solidarity Occupational Guild for Health Care Practitioners’ Crisis Summit on the proposed NHI in August. NHI will be a State-governed national health fund that will ensure basic health care and health cover for all South Africans on equal levels. According to Nicolien Welthagen, Senior Researcher at the SRI, this research is one of the first important steps to reveal the real feelings and opinions of practitioners regarding the proposed NHI in public. “In the first place, the research found that practitioners felt there was not sufficient consultation with them on Government’s plans to implement the NHI. As much as 72,6% of practitioners indicated that they were not consulted during the process, while only 38,8% of general practitioners felt that they had sufficient knowledge of the NHI.”

Welthagen further indicated that 71,9% of the respondents – including general practitioners, specialists, and nursing staff – were negative or sceptical towards Government’s plans to implement the NHI. “This is supported by the fact that 93,8% of the respondents expressed their concern that the State would not be able to administer the system successfully, while 88% of the respondents indicated that the NHI system will not be

implemented successfully,” Welthagen confirmed. Welthagen further explained that it is extremely worrying that approximately 83,2% of health care workers agree that private health professionals will leave the country if the NHI is implemented. “The extent of this issue is emphasised by 81,7% of the respondents who indicated that they believe the NHI will destabilise the health sector,” she concluded.

OCCUPATIONAL GUILD FOR HEALTH CARE PRACTITIONERS LAUNCHED

T Photographs: iStockphoto.com

he Solidarity Occupational Guild for Health Care Practitioners was launched at the Crisis Summit to support health care professionals and to protect the medical profession. The Solidarity Guild for Health Care Practitioners is a professional community of people who stand together, work together and learn together in their respective professions. The aim of the Guild is to

SOLIDARITY OCCUPATIONAL GUILDS Part of the Solidarity Movement

16

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

protect health care professions, to afford young people the opportunity to build a career in health care, and to be the watchdog who tackles important issues in the industry with workable solutions. Members of the Guild can collectively become involved in retaining, building and promoting the sustainability of their professions. The Guild’s common values offer every member something to believe in, and it serves

as a platform to give back and share knowledge through network opportunities, job creation, and mentorship programmes. The Guild for Health Care Practitioners specifically aims to create a safe environment where health care practitioners can deliver sustainable health care in terms of a fair funding system. • To join, send an e-mail to gildes@solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

Oorleef só jou GEMEENSKAPSDIENS

Foto: iStockphoto.com

A

fgestudeerde verpleegpersoneel en mediese studente word verplig om ná die voltooiing van hul studies internskappe en mediese diensjare te doen, afhangende van die professie. Verpleegpersoneel moet buiten hul aansoeke om registrasie by die departement van gesondheid, ook aansoek doen by die Suid Afrikaanse Raad op Verpleging vir ’n sertifikaat voordat hulle enige diens mag aanvaar. Hierdie sertifikaat is vir 12 maande geldig. Die departement van gesondheid is verantwoordelik om plasings aan studente toe te ken. Volgens die departement is 1 500 interns en 1 300 gemeenskapsdiensdokters in 2018 in diens geplaas. Vir die boekjaar 2018-2019 sal daar slegs een rondte plasings gemaak word. Aansoeke het reeds op 7 Augustus gesluit, en sodra die plasings gemaak is, sal aansoekers die geleentheid hê tot 17 September om uitruilings te doen of te

DEUR MANDY-MICHELLE THACKWRAY

appelleer. Aanstellings deur die verskeie provinsies is die laaste stap in die proses. Besoek http://icspinfo.dhmis.org/ vir meer inligting oor die proses en reëls. Die aansoekproses kan ten beste as ’n senutergende ervaring beskryf word, en die keuses wat jy maak, is van kardinale belang. Elkeen het spesifieke voorkeure en behoeftes, en die realiteit is dat die departement eenvoudig nie aan elkeen se wense kan voldoen nie. Die sleutel tot sukses in hierdie proses is om te verseker dat jy – • die proses verstaan wat gevolg moet word, • die nodige papierwerk korrek voltooi en betyds ingehandig, en • positief bly en die beste maak van jou plasing, selfs al is dit nie in jou voorkeurplek nie. Dr. Lynelle Govender, ’n mediese beampte gemoeid met gemeenskapsdiens, gee die volgende praktiese wenke om jou ervaring meer positief te maak: • Doen navorsing oor die hospitaal en

die plek waar jy geplaas gaan word, veral oor die volgende: • Beskikbare behuising en die koste daarvan • Toegang tot supermarkte en eetplekke • Veilige parkeerplek. • Lees alle kontrakte en ooreenkomste deeglik deur. Maak seker jy verstaan wat jou pligte is asook wat jou vergoeding en diensure sal wees. • Stel vas of daar iemand is wat as mentor vir jou sal kan optree. Die meeste verpleegpersoneel en mediese studente is dit eens dat dit nie net die plek is waar jy geplaas word wat belangrik is nie, maar ook die mense met wie jy geplaas word. ’n Gemeenskapsjaar kan ’n geleentheid vir persoonlike en professionele groei wees. Pak die jaar aan met ’n positiewe gesindheid en ’n aangename ervaring sal beslis die gevolg wees. • Indien jy enige navrae oor plasings het, skakel die departement van gesondheid by 087 012 5082. www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

17


NUUSWAARDIG

Ons snuffel goedkoopste SUPERMARK uit DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

S

Foto’s: iStockphoto.com

olidariteit gee om vir sy lede. Ons is immers meer as net ’n vakbond! Ons gee om oor jou werk, jou welstand, jou gesin en jou beursie. Kortom: Ons gee

om oor jou! 2018 was tot dusver ’n rowwe jaar, veral finansieel. Daar is baie stygings – die prys van brandstof en verhoogde BTW het ‘n reuse-impak op verbruikers. Die probleem is nie net dat die brandstofprys gestyg het en BTW verhoog is nie, maar ook dat jou salaris nie noodwendig dieselfde rigting ingeslaan het nie! Dit is juis daarom dat Solidariteit gaan ondersoek instel het na die pryse van alledaagse items en ook oor hoe Suid-Afrika se vyf grootste supermarkte se pryse met mekaar vergelyk. Solidariteit wil jou as verbruiker help, nes ’n ouer broer behoort te doen. Elke huishouding is uniek. Nes ons almal verskillend dink en eet, koop ons ook verskillend. Solidariteit het om hierdie rede ’n waentjie met 12 items gekies wat die nuuskantoor as alledaags beskou en wat ons glo in die meeste huishoudings gevind sal word. Daarna het ons die pryse van die items met mekaar gaan vergelyk om te bepaal watter supermark die mees mededingende pryse aanbied. Die vyf supermarkte waar ons gaan ondersoek instel het, was Pick n Pay, Spar, Checkers, Woolworths en Shoprite. Ons het, waar moontlik, die prys van elke winkel se eie handelsmerkproduk gebruik. Waar die winkel se eie handelsmerk nie beskikbaar was nie, het ons die goedkoopste soortgelyke produk gekies. Die gevolgtrekking is duidelik: Shoprite se produkte is die goedkoopste in Suid-Afrika. Checkers, wat aan dieselfde groep behoort, slaan die prys los in tweede plek. Pick n Pay lê in die derde plek, gevolg deur Spar en Woolworths. Ons hoop dit stel jou in staat om ‘n ingeligte besluit te neem oor waar jy jou rande kan laat rek en miskien ‘n ekstra paar rand kan spaar vir ‘n klein bederf.

18

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

R1,27

Wat ‘n brood jou in 1993 gekos het. Teen die huidige prys van R13,99 beteken dit ‘n styging van meer as 1 000% oor die afgelope 25 jaar!

PRODUK Bruinbrood

R12,99

R10,99

R12,99

R12,99

R14,00

Witbrood

R13,99

R13,99

R13,99

R13,99

R15,00

Vars melk (2 l )

R21,99

R24,99

R21,99

R24,99

R29,99

Langlewemelk ( 6 x 1 l )

R69,99

R69,99

R69,99

R69,99

R79,99

Suiker (2,5 kg)

R38,99

R29,99

R36,10

R36,99

R39,30

Kitskoffie (750 g)

R76,99

R68,99

R74,99

R68,99

Mieliemeel (2,5 kg)

R25,99

R15,49

R20,19

R17,49

R26,99

Sonneblomolie (2 l )

R38,99

R38,99

R39,99

R39,99

R44,99

Eiers (30 groot)

R54,99

R56,99

R59,95

R62,99

Margarien – 25-50% vet (1 kg)

R36,99

R24,99

R33,99

R24,99

R30,21

Pasta (spaghetti en macaroni)

R10,99

R8,99

R9,99

R9,99

R15,00

Rys (2 kg)

R24,99

R15,99

R19,99

R19,89

R29,99

TOTAAL

R427,88

R380,38

R416,11

R403,28

R480,45

R74,99 (200 g)

R80,00 (18 eiers)



NUUSWAARDIG

Splinternuwe VOORDEEL vir ons lede DEUR JOHAN KRUGER

D

Foto: iStockphoto.com

ie finansiële welstand van ons lede is vir Solidariteit baie belangrik. Om produktief te kan werk en gelukkig te kan leef, is finansiële welstand noodsaaklik. Daarom het Solidariteit besluit om ’n splinternuwe ledevoordeel te ontwikkel saam met ons vennote, Serfontein Viljoen en Swart Prokureurs en DebtGrip (Edms.) Bpk. Baie Suid-Afrikaners sukkel geweldig met hoë vlakke van huishoudelike skuld en ons lede is nie hiervan uitgesluit nie. Daar word beraam dat nagenoeg 43% van kredietooreenkomste meer as drie paaiemente agterstallig is. Ons weet maar alte goed dat skuld deel is van die lewe, maar nie iets waaroor mense graag praat nie. Mense sal dikwels eerder stilbly oor ’n finansiële verknorsing en dieper in die skuld verval as om hulp te soek. NEEM BEHEER VAN JOU SKULD Die term “skuldberading” kan soms die indruk skep dat jy nie na jou eie sake kan omsien nie en dis iets wat niemand wil erken nie. Dit word dikwels ervaar as ’n erkenning van ’n swakheid en dat ’n persoon beheer verloor het. Solidariteit sien homself as ’n vennoot vir ons lede en wil help dat hul skuld bestuur en verlig word deur die skuldberadingsvoordeel. Dit is juis ’n teken van beheer neem indien jy dié voordeel gebruik, want dan neem jy verantwoordelikheid vir jou eie skuld. Die gemoedsrus wat Solidariteit se erkende diensverskaffer aan jou bied, is dat jy ’n betroubare vennoot het wat nie oornag sal verdwyn of jou sal inloop met jou swaarverdiende rande nie. Die span toegewyde personeel het jare se ervaring in skuldberading en jou skuld word bestuur deur ’n geregistreerde skuldberader by die Nasionale Kredietreguleerder (NCR). Jy sal elke tree van die proses gelei word, ongeag waar jy jouself in Suid-Afrika bevind. Ten einde vir die skuldberadings-

20

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

voordeel te kwalifiseer, moet jy ’n lid van Solidariteit wees. Die voordeel bied sakpas fooie en ’n betroubare proses, en bied jou boonop die geleentheid om jou Solidariteit-lidmaatskap te behou danksy die heronderhandeling en herstrukturering van jou skuld. Só behou jy toegang tot alle ledevoordele, met inbegrip van bepalings en voorwaardes. Die ervare span kundiges sal lede wat vir skuldberading aanvaar kan word, bystaan om aansienlik beter maandelikse premies en rentekoerse met krediteure te onderhandel. Jy kan weer finansiële waardigheid herwin en minder slapelose nagte hê oor skuld! WAT SLUIT DIÉ VOORDEEL IN? • ’n Gratis kredietverslag en die ontleding en verduideliking daarvan; • ’n Gratis ondersoek na die skuldposisie van ’n lid en ’n ondersoek of die lid aanvaar kan word vir skuldberading, soos bedoel in die Nasionale Kredietwet; • Indien die lid aanvaar word vir skuldberading en kwalifiseer vir die skuldberadingsvoordeel ingevolge die bepalings en voorwaardes van die vakbond, sal die aanvangsfooi vir skuldberading vir kwalifiserende Solidariteit-lede gehef word teen 50% van die aanvangsfooi wat van tyd tot tyd vasgestel word in die regulasies wat die NCR publiseer;

• Indien ’n lid aanvaar word vir skuldberading, word daar namens die lid met krediteure onderhandel vir aansienlik laer maandelikse premies en rentekoerse ná herstrukturering. Dit sluit in die hersiening van – • kredietversekering, • korttermynversekering, • lewensversekering, • ongeskiktheidsversekering, en • mediesefondspremies; • Indien ’n hofaansoek nodig is, word die proses bestuur teen verlaagde tariewe in samewerking met ’n goedgekeurde netwerk van prokureurs; • Nasorg vir die duur van die hele skuldberadingsproses; • ’n Uitklaringsertifikaat word ná die suksesvolle afhandeling van die skuldberadingsproses verkry; • Daar word toegesien dat die toepaslike inligting ná die afhandeling van die skuldberadingsproses op die lid se kredietprofiel aangebring word; • Die voordeel bemagtig lede om lidmaatskap te bekom of te behou met die behoud van en toegang tot alle ander ledevoordele (onderhewig aan Solidariteit se bepalings en voorwaardes). • SMS die woord “skuld” na 34802, skakel enige Solidariteit-kantoor of DebtGrip by 087 654 592, besoek www.solidariteit.co.za of stuur ’n faks na 086 502 4792.


NUUSWAARDIG

Studente skep innoverende WERKPORTAAL DEUR WILMARIE BRITS

Foto’s: iStockphoto.com & Verskaf

D

ie private hoëronderwysinstelling Akademia het weer bewys dat sy nie net ’n baanbreker op akademiese gebied is nie, maar studente deur gehalte-onderrig op innoverende maniere ontwikkel en voorberei vir die wêreld van werk. Vanjaar se groep derdejaarElite-beurshouers in Ondernemingsbestuur is as deel van Akademia se Elite-beursprogram uitgedaag om enige gemeenskapsprojek te ontwikkel wat ten doel het om terug te ploeg in die gemeenskap. Volgens Elize-Mari Coetzer, programkoördineerder vir Ondernemingsbestuur en die Elite-beursprogram, moet die Elite-beursstudente sekere uitkomste bereik wat buite die akademiese evaluering val, maar wat steeds van toepassing is op die graad. Coetzer verduidelik dat dié gemeenskapsprojek ten doel het om die studente op ’n praktiese manier te leer hoe om ’n sakeonderneming op die been te bring, om saam met kollegas te werk, en hoe om uitdagings in ’n sakeonderneming te oorkom, terwyl hulle ’n verskil in die lewe van vele studente maak. “Die studente moes op 19 Januarie 2018 hul konsepte asook hul projekplan aan ’n paneel van akademiese deskundiges en ander belangegroepe voorhou. Nadat die konsepte deur die paneel goedgekeur is, het die studente tot 21 September 2018 tyd om hul projek te implementeer en uit te voer, waarna finale verslagdoening ingedien moet word om die sukses van hul projek aan te dui,” het Coetzer gesê. Jean-Pierre Erasmus, Rohan Pieterse, Chimoné Kapp, Nadine Slump en Yolandi

Jean-Pierre Erasmus, Yolandi Kruger, Nadine Slump en Chimoné Kapp, vier van die skeppers van die innoverende aanlyn portaal Tempstudent, wat ten doel het om oorlaaide werkgewers en hardwerkende studente bymekaar te bring. Dié studente is deel van Akademia se Elite-beursprogram.

Kruger het deel gevorm van die dinamiese groep studente wie se projek, genaamd Tempstudent – Deur studente vir studente, deur die paneel goedgekeur is. Tempstudent is ’n aanlyn portaal wat ten doel het om oorlaaide werkgewers en hardwerkende studente bymekaar te bring. Dié idee is gebore uit ’n opmerking wat Erasmus en sy medegroeplede tydens hul internskappe by eksterne maatskappye gemaak het. “Ons het agtergekom dat die werklading binne die maatskappy by tye geweldig toeneem, en dat die werkgewer dan sukkel om by al die los takies uit te kom. Aan die ander kant weet ons, wat self nog studente is, hoe moeilik dit kan wees om by maatskappye ’n voet in die deur te kry om ondervinding op te doen. Daarom het ons die geleentheid aangegryp om ’n brug te bou tussen die werkgewer en die studente. Deur Tempstudent help die student om die werkgewer se werklading te verlig terwyl die student

die geleentheid kry om teen betaling werkondervinding op te doen en vir homself ’n netwerk te bou,” het Erasmus trots gesê. “Studente registreer op die portaal waar hulle kennisgewings van deeltydse werkgeleenthede ontvang, en indien werkgewers ’n behoefte aan ’n ekstra paar hande het, wend hulle hul na die portaal,” het Erasmus verduidelik. Dié innoverende aanlyn portaal word reeds met sukses binne die instellings van die Solidariteit Beweging gebruik. “Ons visie vir die portaal is om landwyd uit te brei na al Akademia se sentrums asook die omliggende sakeondernemings, om sodoende vir studente die geleentheid te gee om ’n voet in die deur te kry vir toekomstige loopbaangeleenthede,” het Erasmus gesê. • Vir meer inligting of om deel te word van Tempstudent se netwerk, besoek Tempstudent se webblad by www.tempstudent.co.za www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

21


NUUSWAARDIG

Demografiestudie AFRIKANERS allermins aan die wegkwyn Gaan daar Afrikaners vir die toekoms wees? Hoewel uitsonderlike mense uitsonderlike moeite doen om ’n toekoms vir Afrikaners te bewerkstellig, is daar nie duidelikheid oor hoeveel Afrikaners daar in die toekoms gaan wees nie. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het gevolglik die Solidariteit Demografieprojek van stapel gestuur. Die doel was om antwoorde op twee vrae te kry: Hoeveel gaan ons wees en hoeveel is ons nou? skryf CONNIE MULDER.

Foto’s: iStockphoto.com

D

ie eerste uitdaging van die projek was om uit te vind hoeveel Afrikaners daar tans is. Hoewel Suid-Afrika volgens taal en kultuur verdeel kan word, is die sensusdata steeds op ras gebaseer. Die internasionale norm is dat mense eerder self-identifiseer volgens hulle kultuur. Ongelukkig is ons sensusdata nie op daardie vlak verdeel nie en moes ons dus ’n plaasvervanger vind. Ten einde die Afrikanerbevolking te kan projekteer, is besluit op die snypunt van wit en Afrikaanssprekend. Ofskoon nie alle Afrikaners wit en Afrikaanssprekend is nie, is dit wel die geval vir die meerderheid mense wat hulself as Afrikaners identifiseer. Dit veronderstel dat tendense en bewegings van die wit Afrikaanse bevolking gebruik kan word en toegepas kan word op die Afrikanerbevolking. Vanweë die aard van demografiese projeksie is dit van kernbelang om die betroubaarste moontlike basis te kry, veral indien projeksies vir ’n minderheid van ’n minderheid gemaak word. Die betroubaarste bron vir demografiese data is die 2011-sensus. Daar was ’n relatiewe groot ondertelling van 14,6% in dié sensus, maar dit was steeds die beste bron

22

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

tot ons beskikking en ons het dus swaar daarop gesteun as primêre bron. Die sensus is egter lank in die tand, daarom is alle bevindings geverifieer met een of meer sekondêre bronne waar moontlik. ’n Mens moet nooit dat wiskunde die werklikheid troef nie. Volgens die sensusdata was daar 2,71 miljoen wit Afrikaanse mense in Suid-Afrika in 2011. Dit is ’n beduidende getal en is byvoorbeeld meer mense as die totale bevolkings van Namibië en Botswana onderskeidelik. PROJEKSIE Hoewel dit die vraag beantwoord oor hoeveel Afrikaners ons in 2011 was, was dit nie die kern van die studie nie. Om te kan antwoord hoeveel ons gaan wees, moet daar geprojekteer word vanaf hierdie betroubare basis. Die beste manier om bevolkings te projekteer, is met ’n kohort-analise. Dit behels in kort dat ’n bevolking opgedeel word in ouderdomsgroepe of -kohorte en dan uit te werk hoeveel van ’n sekere ouderdomsgroep sal oorbeweeg na die volgende ouderdomsgroep. As daar byvoorbeeld 100 twintigjariges in 2001 was, sal daar omtrent 95 dertigjariges wees teen 2011 en 70 veertigjariges teen 2021 en 60 vyftigjariges teen 2031. Dié

berekenings kan gedoen word vir alle ouderdomsgroepe, en dan kan ’n mens met redelike akkuraatheid sê hoeveel van elke ouderdomsgroep daar in ’n bevolking gaan wees teen 2031 of 2041. Vir kohort-analises is twee dinge krities – die geboortekoers en die sterftekoers. Die getal babas wat by ’n bevolking gevoeg word, bepaal die natuurlike groei van daardie bevolking, en die getal mense wat sterf, bepaal die natuurlike afname van daardie bevolking. In die geval van die wit Afrikaanse bevolking het ons een bykomende faktor bygesit – emigrasie. GEBOORTEGOLF Vrugbaarheid is die belangrikste manier waardeur ’n bevolking nuwe mense bykry en bly voortbestaan. Vir bevolkings om hulle getalle redelik konstant te handhaaf, word ’n vrugbaarheidskoers van ongeveer 2,1 kinders per vrou benodig. Die wit Afrikaanse geboortekoers was in 2011 ongeveer 1,6 kinders per vrou. Dit is ’n konserwatiewe skatting. Hoewel laag, is dit redelik in pas met Europa en ander Westerse lande se geboortekoerse. Een van die interessanter bevindings is dat daar ’n klein geboortegolf onder die wit bevolking was ten tye van die 2011-sensus.


NUUSWAARDIG

2011 WIT AFRIKAANS

PROJEKSIE: WIT AFRIKAANS

90 tot 94

3 000 000

80 tot 84

2 900 000

70 tot 74

2 800 000

60 tot 64

2 700 000

50 tot 54

2 600 000

40 tot 44

2 500 000

30 tot 34

2 400 000

20 tot 24

2 300 000

10 tot 14

2 200 000

2 751 065

2 741 294

2 689 895 2 576 961

2 732 052 2 637 244

2 100 000

0 tot 4 15%

10%

5%

MANLIK

0%

5%

10%

VROULIK

Uit die bevolkingstruktuurgrafiek bo kan gesien word dat daar beduidend meer wit Afrikaanse kinders in die ouderdomsgroep 0-4 jaar in die 2011-sensus getel is. Hierdie styging in vrugbaarheid is ’n bevinding wat teen die konvensionele wysheid indruis – wit Afrikaanse mense moet minder word en minder kinders hê. Ten einde hierdie tendens te bevestig, is sekondêre bronne geraadpleeg. Ons het kerke gevra om hulle doopsyfers vir die afgelope 15 jaar aan ons te stuur, want indien daar meer kinders gebore is, behoort daar ook meer dopelinge te wees. Hierdie sekondêre bron het die tendens bevestig, aangesien kerke se dope-per-lidmaat-verhouding teen 2007 begin toeneem het en dan teen 2014 gestabiliseer het. Dit impliseer dat hoewel daar minder lidmate in die kerke is, is daar meer dope per lidmaat. Gevolglik is dit redelik om aan te neem dat daar meer kinders per lidmaat gebore en gedoop word. EMIGRASIE ’n Unieke uitdaging wat die wit Afrikaanse bevolking in die gesig staar, is dié van emigrasie. As presterende, ongewilde minderheid is daar druk op wit Afrikaanse mense om die land te verlaat, hetsy uit vrees vir misdaad of om beter ekonomiese geleenthede te gaan opsoek in die buiteland. Wat problematies is, is dat dit bitter moeilik is om die impak van emigrasie

15%

2 000 000

2011

2016

werklik te kwantifiseer vir ’n minderheid van ’n minderheid. Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) se amptelike syfers oor emigrasie toon dat verreweg die meeste Suid-Afrikaners emigreer na Zimbabwe en Mosambiek. Ongelukkig verdwyn die statistieke oor die wit Afrikaanse bevolking in dié van die meerderheid. ’n Nuwe benadering is gevolg, naamlik een waar die teikenlande vir wit emigrasie eerder rapporteer op hulle bevolkings vanaf Suid-Afrika. Die OECD-databasis is gebruik en die data vanaf die Verenigde Koninkryk, die VSA, Australië, Nieu-Seeland en Kanada is gebruik om ’n realistiese prentjie te skets van wit emigrasie. ’n Verrassende bevinding is dat daar ongeveer 500 000 Suid-Afrikaners in hierdie lande is, maar dat dit nie noodwendig soveel vinniger meer word as wat verwag word nie. Dit is veel eerder ’n syfer wat as’t ware asemhaal, wat effe meer word, maar ook elke nou en dan effe minder. StatsSA beaam dit in 2017, wanneer hulle die emigrasiesyfer vir wit mense afwaarts aanpas met ongeveer 36%. Veel minder wit mense het geëmigreer as wat voorheen gedink is, wat dan die OECD-verslag bevestig. HOEVEEL GAAN ONS DAN WEES? Die projeksie bo wys ’n effense toename, dan ’n stagnasie en stadige afname. Dit is die uitvloeisel van ’n geboortekoers onder die vervangingskoers van 2,1 per vrou.

2021

2026

2031

2036

2041

Hierdie projeksie is gebaseer op ’n geboortekoers van ongeveer 1,6 kinders per vrou, op emigrasie-aannames wat effe negatiewer is as StatsSA s’n en op ’n sterftekoers verkry uit die sensusse van 2001 en 2011 asook die bevolkingskattingspublikasies van StatsSA. Afrikaners is dus nie aan die wegkwyn nie; inteendeel, daar gaan nog meer as 2 miljoen Afrikaners wees teen 2041 volgens huidige projeksies. In absolute terme kan ons ’n stelselmatige stagnasie en afname van die Afrikanerbevolking verwag, wat redelik in pas is met die demografiese werklikhede van die meeste Europese bevolkings. In kort, daar gaan getallegewys ’n klein bietjie minder mense wees. In relatiewe terme word hierdie stagnasie en afname vererger deur die res van die Suid-Afrikaanse bevolking wat vinnig toeneem in getalle. Dit beteken dat hoewel Afrikaners nie skerp afneem in absolute getalle nie, hulle wel afneem in persentasie van Suid-Afrika se bevolking. Vir die Solidariteit Beweging beteken dit ons moet vinniger en meer bou. Soos wat Afrikaners en Afrikaanssprekendes ’n kleiner persentasie van Suid-Afrika word, gaan daar toenemend druk wees op Afrikaans in publieke ruimtes en skole. Ons weet nou daar gaan Afrikaners vir die toekoms wees, ons moet net seker maak daar is ’n toekoms vir hierdie Afrikaners. • Connie Mulder is hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut. www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

23


BEDRYFS NUUS 1

Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit aktief is, asook kwessies wat jou in die wêreld van werk raak.

2

3

4

1 & 2. Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand het maande lank vakbondlede by Pamodzi en Aurora met kospakkies onderhou. 3. Onwettige mynbedrywighede het vinnig by geplunderde skagte soos dié posgevat. 4. Van die eens produktiewe myn is daar net gevaarlike oop skagte en gebougeraamtes te sien.

“Prys die Here!” Dít was die enigste woorde wat ’n bewoë voormalige Aurora-werknemer kon uiter voordat hy ’n lang ruk in die tuin van die myn waar hy voorheen gewerk het, gaan rondloop het. In sy hand was ’n tjek van R28 000. MOIRA-MARIE KLOPPERS vertel hoe ‘n stukkie geregtigheid uiteindelik in die uitgerekte Aurora-sage geskied.

Foto’s: Moira-Marie Kloppers & Verskaf

N

agenoeg 300 voormalige Aurora-werknemers het die afgelope maand uitbetalings vir agterstallige salarisse ontvang tot ’n maksimum van R28 000. “Die bedrag is net ’n druppel in die emmer as ’n mens dit opweeg teen die verliese wat die werknemers gely het. Hulle is eers vir maande lank te min betaal. Dit het duisende werknemers in ’n skuldgat laat beland. En toe droog die betalings heeltemal op. Hierdie mense het werklik alles verloor – hul bates, kredietwaardigheid en hul menswaardigheid. Om dus nou ná agt jaar iets te kry, is bittersoet. Hierdie geld kan nie eens begin om terug te koop wat verloor is nie, maar dit is tog ’n stukkie geregtigheid. En dít kan nie in geldwaarde gemeet word nie,” het Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, gesê. Du Plessis herroep die storie van Marius Ferreira wat in 2011 sy eie lewe

24

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

geneem het deur miergif te drink. Sy weduwee het by die ontvangs van haar tjek vertel hoe haar las skielik ligter is. “Nou kan ek daarop fokus om die verlies van my man te verwerk. Ek kan die woede en seer van die Aurora-sage uiteindelik net hier los,” het sy gesê. Op die vraag of hy ooit die Aurorasage agter hom sal kan sit, skud Du Plessis net sy kop.

“Dit is nie iets wat jy agter jou kan sit nie. Hierdie mense is my mense. Hulle geveg is my geveg. Hulle stories sal vir ewig in my lewe gegraveer wees en ek sal altyd wens dat ons nóg meer kon doen.”

Gideon du Plessis


SÓ HET AURORA-SAGE VERLOOP Aurora Empowerment Systems (AES) word deur die Pamodzilikwidateurs aangestel om die Pamodzi-myne te bestuur.

Die likwidateurs versoek die direkteure van Aurora om die myn te ontruim nadat hul wanbestuur en plundering van die myne aan die lig gekom het.

MEI

JULIE

2011

2009

Die direkteure se aansoek om appèl teen die uitspraak vir skadevergoeding word aangehoor en van die hand gewys.

17 FEBRUARIE

2011

Die Noord-Gautengse hooggeregshof stel die likwidasiesaak teen Aurora Gold East Rand uit nadat Aurora hul opponerende stukke laat ingehandig het.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof beslis dat verskeie direkteure van Aurora gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik is vir skadevergoeding.

3 JULIE

2016

2015

OKTOBER

2012

AES se direkteure doen aansoek om uitstel van die hofverrigtinge waarvolgens hulle aanspreeklik gehou kan word vir wanbestuur.

Die Bhana-familielede word deur ’n bevel van die Noord-Gautengse hooggeregshof gesekwestreer nadat hulle nie hul terugbetalingsooreenkoms nakom nie.

7 SEPTEMBER

Aurora Empowerment Systems word finaal gelikwideer.

Solidariteit vra die likwidateurs en die Meester van die Suid-Gautengse hooggeregshof om te begin met uitbetalings ná eise reeds ’n jaar tevore ingedien is.

SEPTEMBER

2016

2016

2011

2015

Die SAPD kondig aan dat verskeie Aurora-direkteure krimineel ondersoek gaan word.

12 MEI

4 OKTOBER

2014

2015

2016

Die gelikwideerde Pamodzi Gold se Orkney-myn in Noordwes word vir nagenoeg R140 miljoen aan China African Precious Metals (CAPM) verkoop.

25 JUNIE

Die hoogste hof van appèl wys die direkteure se aansoek om appèl oor hul aanspreeklikheid vir skadevergoeding van die hand.

Al die Aurora-direkteure, insluitend Khulubuse Zuma, Zondwa Mandela, Michael Hulley en Thulani Ngubani, getuig oor die wanbestuur van Pamodzi se mynbates.

AUGUSTUS

18 SEP

Solidariteit vra likwidateurs om Khulubuse Zuma te ondersoek en sy buitelandse bates te bevries.

19 JULIE

2011

Twee van die Pamodzi-likwidateurs, Enver Motala en Gavin Gainsford, word ontslaan na aanleiding van beweerde onregmatighede.

4 APRIL

2011

MEI

2009

ʼn Terugbetalingsooreenkoms word tussen die likwidateurs en ses lede van die Bhanafamilie bereik.

2 AUGUSTUS

2011

SEPTEMBER

Die voormalige Pamodzi-myne in Orkney en Springs word voorlopig gelikwideer.

Gideon du Plessis getuig in ’n insolvensieondervraging voor die Meester van die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria teen Aurora.

6 AUGUSTUS

2016

SEPTEMBER

2016

’n Skikking word met Khulubuse Zuma bereik dat hy skadevergoeding van R23 miljoen aan die Aurora-likwidateurs sal betaal.

2018

22 FEB

2018

Solidariteit vra die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om met die kriminele vervolging van die Aurora-direkteure en hul medepligtiges te begin.

Ongeveer 300 van die 5 300 voormalige Aurora-werkers ontvang gedeeltelike betalings as deel van hul agterstallige salarisse.

www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

25


INDUSTRYNEWS

Preparing the workforce for CHANGE BY SUZANNE HATTINGH

T

Photographs: iStockphoto.com

he world of work in 2020 and beyond will be significantly different from the workplace we know today. Therefore, it is crucial for leaders in government and the private sector to understand the major shifts resulting from the exponential pace of change that is disrupting every industry in every country and impacting every aspect of how we work and how we live. These disruptions will not affect all industries to the same extent or at the same pace. However, ignoring the impact of the Fourth Industrial Revolution is the same as believing five years ago that the Internet and electronic communication would have little impact on our lives. TRANSITION FROM THE FIRST TO FOURTH INDUSTRIAL REVOLUTIONS The First Industrial Revolution used water and steam power to mechanise production. The Second Industrial Revolution used electric power to create mass production. The Third Industrial Revolution (the digital revolution) used electronics and information technology to automate production, and the Fourth Industrial Revolution is characterised by a fusion of technologies that is blurring the lines between the physical, digital, and biological spheres. When compared with previous industrial revolutions, the Fourth Industrial Revolution is evolving at

26

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

an exponential rather than a linear pace. Moreover, the breadth and depth of these changes herald the transformation of entire systems of production, management and governance. DISRUPTIVE TECHNOLOGIES Major changes in the world of work are brought about by so-called disruptive technologies, labelled as such because they significantly disrupt the global economy, how businesses operate and the way we work and live. Examples of these disruptive technologies, according to McKinsey Global Institute, are: • ADVANCED ROBOTICS: Robots or robotic tools with enhanced “senses”, dexterity and intelligence can take on tasks once thought too delicate or uneconomical to automate; • THE INTERNET OF THINGS: The network of physical devices, vehicles, buildings and other objects embedded with electronics, software, sensors, actuators and network connectivity that enable them to collect and exchange data, and to talk to one another; • ARTIFICIAL INTELLIGENCE exhibited by machines that work and react like humans and are capable of speech recognition, visual perception, decision-making, problem solving and learning; • Devices and physical systems that

store ENERGY for later use that could make electric vehicles cost-competitive and bring electricity to remote areas of developing countries; and • OTHER: Drones, cloud technology, nanotechnology, virtual reality, software-based digital therapies, next-generation genomics, 3D printing and driverless vehicles. Disruptive technologies are already having a significant impact on the nature of work, relationships and organisations. These changes will also have a huge impact on society, contributing to large-scale job losses for workers who are not equipped with the right skills, as well as personal trauma and social unrest as employees struggle to cope with the uncertainty and instability of the new work environment. CHANGES IN THE NATURE OF WORK AND OCCUPATIONS The Fourth Industrial Revolution will have a wide-ranging impact on how and where we work, the occupations in which we work, our relationship with our employers, and the way we earn our daily bread. Studies of new employment in the United States between 2005 and 2015 found that alternative work arrangements constituted about 94% of new employment. The Fourth Industrial Revolution will be characterised by the following: • Existing occupations will disappear. Travel and estate agents, postmen,


INDUSTRYNEWS

lecturers, publishers of textbooks and other occupations will have to fundamentally change their business models or find new ways of earning a living. • New jobs will emerge. We are already grappling to understand new occupations such as Director of Intellectual Capital, Ethical Hacker, Cybrarian, Cyber Lawyer, Information Security Auditor and occupations created by e-commerce. • More hybrid jobs will develop that require an integration of skills, such as technical expertise integrated with expertise in data analysis, statistics, maths, design, problem solving and project management, as well as teamwork and creativity. • We are beginning to see the end of the fixed job description. More jobs might have only the core functions described, with employees having to figure out the rest. • More work will be done by cross-functional project teams working together in temporary relationships, and collaborating through virtual communication across time zones, space and organisational boundaries. • A large part of the workforce is already moving into jobs of short duration, which require workers to be more flexible, multi-skilled and continuously learning new skills. • More people will work in virtual organisations without a central office, an organogram or job description. Individuals with particular expertise will get together temporarily in ad hoc working relationships to work on a project, with the relationship ending when the project is completed. • Fewer people will need to drive to a building to work during set office hours; instead, they will join the new workforce whose “office” is where they can interact with people across the world through the Internet. We have to prepare the workforce to work with shifting, constantly changing and less prescriptive job descriptions – or possibly work without job descriptions. The same will apply to occupations, forcing us to accept broad occupational descriptions without clear sets of skills requirements. Careers will become unpredictable and undefined, and will require us to explore multi-role, flexible career paths rooted in ongoing learning.

SKILLS REQUIRED BY THE WORKFORCE OF 2020 The Institute for the Future describes ten skills that will be essential for the workplace of 2020: 1 1. SENSE-MAKING: the ability to determine the deeper meaning or significance of what is being expressed; 2 2. SOCIAL INTELLIGENCE: the ability to connect to others in a deep and direct way, to sense and stimulate reactions and desired interactions; 3 3. NOVEL AND ADAPTIVE THINKING: proficiency in coming up with solutions and responses beyond that which is rote or rule-based; 4 4. CROSS-CULTURAL COMPETENCY: the ability to operate effectively in different cultural settings; 5 5. COMPUTATIONAL THINKING: the ability to translate vast amounts of data into abstract concepts and to understand data-based reasoning in order to make sense of this information; 6 6. NEW-MEDIA LITERACY: the ability to critically assess and develop content that uses new media forms, and to leverage these media for persuasive communication; 7 7. TRANSDISCIPLINARITY: literacy in and the ability to understand concepts across multiple disciplines, which the Institute for the Future describes as follows: “Many of today’s global problems are just too complex to be solved by one specialized discipline (think global warming or overpopulation). These multifaceted problems require transdisciplinary solutions. While throughout the 20th century, ever-greater specialization was encouraged, the next century will see transdisciplinary approaches take center stage”; 8 8. DESIGN MINDSET: According to the Institute for the Future, this implies “recognizing the kind of thinking that different tasks require, and making adjustments to their work environments that enhance their ability to accomplish these tasks”; 9 9. COGNITIVE LOAD MANAGEMENT: the Institute for the Future describes this as “the ability to discriminate and filter information for importance, and to understand how to maximize cognitive functioning using a variety of tools and techniques”; and 10 VIRTUAL COLLABORATION: the ability to work productively and drive engagement as a member of a virtual team.

The secret of change is to focus all your energy, not on fighting the old, but on building the new.” ~ SOCRATES ~

www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

27


PROMOSIE

KRITIEKE VRAE as jy jou geldsake beplan DEUR JACO MOSTERT

I Foto: iStockphoto.com

n ’n vorige artikel het ons geskryf oor begrotings en dat ’n begroting die grondslag is van enige finansiële beplanning. Die volgende stap behels drie vrae wat elke persoon moet kan beantwoord wanneer dit by finansiële beplanning kom: 1. 1 Wat gebeur as ek aftree? 2 Wat gebeur as ek die vermoë verloor 2. om ’n inkomste te genereer? 3 Waar kan ek die regte advies inwin vir 3. my behoeftes? WAT GEBEUR AS EK AFTREE? Die vooruitsig van aftrede is ’n werklikheid wat op ons almal wag. Die eerste dag wat ’n mens jou werkloopbaan begin, word jy blootgestel aan produkte soos ’n pensioenfonds en ’n voorsorgfonds. Soos wat ons loopbaan vorder, ontstaan die behoefte om bykomende voorsiening te maak vir ons oudag. Ons soek graag ’n beleggingsvoertuig wat vir ons ’n belastingvoordeel kan bied en goeie opsies gee vir groei teen ’n lae koste. Verder moet ons in beheer kan wees van die bydraes tot die beleggingsvoertuig. Dus maak ons kennis met ’n aftreeannuïteit. Dié beleggingsvoertuig vorm die basis van die aftreeprodukte tot ons beskikking en waarop ons ’n belastingvoordeel

28

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

kan geniet. Volgens wetgewing kan ons tot 27,5% van ons bruto inkomste of vergoeding na dié voertuie kanaliseer tot ’n maksimum van R350 000 vir die belastingjaar. Voordat ’n mens jou oë uitvee, is jy ouer as 55 jaar en is aftrede om die draai. Dan is dit die laaste paar jaar voor aftrede en ontstaan die belangrikste vraag tot dusver: Het ek genoeg gespaar vir my oudag? WAT AS JY VERMOË VERLOOR OM ‘N INKOMSTE TE GENEREER? Die grootste bate wat ons as werknemers het, is die vermoë om ’n inkomste te genereer. As ons die vermoë verloor weens ’n gebeurtenis soos ongeskiktheid, kan ons nie ons eie begroting finansier nie. Tog bly inkomstebeskerming een van die mees onderverkoopte produkte in die mark. Die hoofdoel van inkomstebeskerming is om die risiko van ons as werknemers te verskuif na ’n versekeringsfirma. Dus, as ons die vermoë verloor om ’n inkomste te kan verdien, tree die versekeringsfirma in om ons versekerde bedrag op ’n maandelikse basis uit te betaal. Dit kan gebeur dat ’n mens jouself oorverseker deur ’n inkomstebesker-

mingsvoordeel by die werk te hê en dan ook jou eie inkomstebeskerming by ’n eksterne lewensversekeraar in plek te sit. Sou jy dan ongeskik verklaar word vir werk, kom die twee lewensversekeraars bymekaar en sit die voordele saam. Dit kan gebeur dat die dekkingsbedrag bo jou netto salaris is en dan is ’n mens oorverseker. Dit beteken dat ’n mens geld in die water gooi, want die versekeraars sal nie meer kan uitbetaal as wat ’n mens verdien het nie. WAAR KAN EK DIE REGTE ADVIES INWIN VIR MY BEHOEFTES? Dit bring ons by die laaste vraag. Ons almal se finansiële behoeftes verskil en die advies om dié behoeftes aan te pak moet relevant tot ons huidige finansiële posisie wees. Om ’n onafhanklike adviseur oor ’n mens se behoeftes te raadpleeg, is die ideaal. Omdat die adviseurs toegang tot meer as een produkverskaffer het, kan hulle vir ons as kliënte meer opsies op die tafel plaas. • Solidariteit bied deur Solidariteit Finansiële Dienste onafhanklike advies vir behoeftes soos aftreebeplanning, inkomstebeskerming en boedelbeplanning. Vir meer inligting, skakel 086 110 10 05 of stuur ‘n e-pos na advies@sfdienste.co.za


Plaas jou KOSBARE RANDE

in die REGTE HANDE Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

01 BELEGGINGS > aftrede > effektetrusts > buitelandse beleggings

05

02

MEDIESEFONDSADVIES EN -PRODUKTE > Professionele advies > Mediesefondsopsies > Gapingsdekking

MOTOR- & HUISINHOUDVERSEKERING > brand > diefstal > ongelukskade

Skakel ons vandag!

0861 10 10 05

03

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES > ontledings > oplossings > produkte

REGSHULPVERSEKERING > 24-uur telefoniese regsadvies > Toegang tot prokureur (limiete geld) > Borgdekking

aksentmedia.c0.za

04

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

0861 10 10 05

www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

MINERALERAAD se aanbod klap in gesig DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

Foto: iStockphoto.com

D

ie Mineraleraad het op 21 Augustus tydens die salarisonderhandelings in die goudsektor ’n voorwaardelike hersiene aanbod gemaak, onderhewig daaraan dat vakbonde eers ander sogenaamde hoëkoste-eise van die tafel verwyder. Die voorwaardelike hersiene salarisverhogingsaanbod aan ambagsmanne en ander senior werknemers wissel tussen 4% (Sibanye-Stillwater en Village Main Reef) en 5% (AngloGold Ashanti en Harmony), wat onder die inflasiekoers is. Daarenteen is ’n heelwat hoër aanbod wat wissel tussen 6,8% en 8,2% vir werknemers in kategorie 4 tot 8 voorgestel. Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, is die vakbond bewus daarvan dat die mynbedryf en veral die goudsektor onder druk verkeer, hoewel sowel Harmony as AngloGold Ashanti deesdae baie goeie syfers toon en laasgenoemde byvoorbeeld R1,2 miljard wins vir die ses maande tot einde Junie 2018 verwag. Die probleem lê egter by Sibanye-Stillwater wat die voorgenoemde twee mynhuise terughou om ’n realistiese aanbod te maak en hulle sodoende moontlik by ’n geskil gaan insleep. Voorts is dit ook duidelik dat Sibanye se posisie spanning tussen die onderskeie werkgewers skep. Sibanye se oordadige oornames het nou tot gevolg dat sy werknemers asook die ander mynhuise deur sy hoë skuldlas benadeel word. “Ten spyte daarvan dat die aanbiedings voorwaardelik is, verwerp Solidariteit dit in beginsel weens die diskriminerende aard van die aanbiedings. Die ambagsmanne en meer senior werknemers kan nie aanvaar dat hulle laer verhogings moet kry om ander posvlakke se hoër verhogings te subsidieer nie,” het Du Plessis gesê. “Solidariteit verwelkom wel die aanbiedings aan die werknemers in kategorie 4 tot 8, maar die laer aanbod aan die vaardige werknemers is ’n praktyk uit die verlede om die historiese loongaping tussen die kategorieë te verklein. Die

30

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

“Die Raad moes van die begin af ’n gunstiger salarisverhogingsaanbod gemaak het en dit aan verhoogde produksie, produktiwiteit of vaardigheidsontwikkeling gekoppel het, maar so ’n pragmatiese benadering ontbreek.” ~ GIDEON DU PLESSIS ~

loongaping is nou sodanig verklein dat die kategorieë se vergoedingspakkette heelwat nader aan mekaar is. Boonop is die ambagsmanne en senior werknemerkategorie ongeveer 70% getransformeer en kan dit ook nie meer ’n ras-argument inhou nie. Verder was die verskil in die loonaanbiedings tussen die twee kategorieë nog nooit so groot in die verlede nie,” het Du Plessis gesê. Du Plessis het ter afsluiting gesê dat die gebrek aan innovering aan die kant van die Raad ook kommer wek. “Die Raad moes van die begin af ’n gunstiger salarisverhogingsaanbod gemaak het en

dit aan verhoogde produksie, produktiwiteit of vaardigheidsontwikkeling gekoppel het, maar so ’n pragmatiese benadering ontbreek. As alternatief kon ’n laer aanbod aan ’n moratorium op geforseerde afleggings gekoppel gewees het en daardeur sou ’n skikking lankal reeds bereik gewees het, maar so ’n opsie val ook buite die Raad se diepgewortelde reaktiewe benadering,” het Du Plessis gesê. Hoewel die National Union of Mineworkers ’n geskil verklaar het, het Solidariteit teen druktyd met onderhandelings voortgegaan.


BEDRYFSNUUS

20%

Die werklike tariefverhoging wat Eskom oor die volgende drie jaar wil hef omdat hy groenkrag moet aankoop en sy skuld moet delg.

Gunstige LOONOOREENKOMS gesluit

Foto’s: iStockphoto.com

H

arde bene is gekou tydens vanjaar se loononderhandelings met Eskom, maar Solidariteit kon daarin slaag om, namens sy 7 000 lede binne Eskom, onderhandelings met dié kragreus op ’n hoogtepunt af te sluit. Die vakbond het op 2 Augustus Eskom se loonaanbod van ’n 7,5%-verhoging vir vanjaar, ’n 7%-verhoging vir jaar twee en drie, met ’n gewaarborgde verhoging gelykstaande aan die VPI op behuising, tesame met ’n eenmalige kontantbetaling van R5 000 ná belasting, aanvaar. “Gegewe die huidige omstandighede is dit ’n baie billike aanbod,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit gesê. Volgens Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het Eskom sedert die begin van die onderhandelings roekeloos te werk gegaan en het die vakbond op 11 Junie ’n dispuut met die kragvoorsiener verklaar, nadat hulle nie vir verdere onderhandelings opgedaag het nie. “Eskom het in kwade trou opgetree toe hy aangekondig het dat hy as deel van sy poging om koste te bespaar, geen loonverhogings aan sy werknemers gaan toestaan nie,” het Reyneke gesê. Reyneke het verder verduidelik

DEUR WILMARIE BRITS

“Solidariteit-lede het, ten spyte van dreigemente van aanranding en dat hul motors en huise aan die brand gesteek sal word, in kragstasies geslaap.” dat Eskom sy kragmonopolie misbruik het omdat hulle weet dat werknemers ingevolge die wet nie mag staak nie, omrede kraglewering as ’n noodsaaklike diens gesien word. “Eskom het deur sy onwilligheid om te onderhandel en sy 0%-aanbod gedobbel met Suid-Afrika se elektrisiteitsverskaffing en dit het in hulle gesigte ontplof,” het Reyneke gesê. Hoewel Solidariteit se protesaksie op ’n wettige wyse deurgevoer is en maksimum druk op Eskom geplaas het sonder om Suid-Afrika se kragnetwerk en die ekonomie te ontwrig, was daar talle ander ontevrede werknemers wat Eskom se kragvoorsiening in gedrang gebring het met onwettige arbeidsoptrede. Die vakbond het op verskeie geleent-

hede ’n beroep op beide Eskom en die SAPD gedoen om drasties op te tree teen kriminele elemente wat infrastruktuur saboteer, werknemers intimideer en die land se elektrisiteitstabiliteit onder die dekmantel van loononderhandelings bedreig. Volgens Hermann is die Solidariteitlede wat Suid-Afrika se ligte wou aanhou, geïntimideer en selfs met ernstige geweld gedreig, maar kon hulle help om die land se ligte aan te hou ten spyte van die moeilike omstandighede. “Sommige Solidariteit-lede het, ten spyte van dreigemente van aanranding en dat hul motors en huise aan die brand gesteek sal word, in kragstasies geslaap,” het Hermann gesê. Hermann het dit duidelik gemaak dat die kwessie oor bonusse nog nie afgehandel is nie en dat dit op ’n ander forum hanteer sal word. “In dié stadium sal die regte optrede vir al ons lede dwarsoor Suid-Afrika wees om te help dat die ekonomie nie gekniehalter word deur onbetroubare kragvoorsiening nie,” het hy gesê. “Dit is moeilik om van werknemers te verwag om te aanvaar dat geen bonusse uitbetaal gaan word as individue by Eskom hulself onregmatig verryk het en daar geen gevolge vir hul dade is nie,” het Hermann saamgevat. www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

31


BEDRYFSNUUS

Hof beveel SAPD moet inligting bekend maak DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

Foto’s: eNCA & iStockphoto.com

D

ie Noord-Gautengse hooggeregshof het op Vrydag 3 Augustus vanjaar die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in ’n dringende interdik met koste beveel om alle inligting rakende die voormalige NSF-lede (Non-Statutory Forces), wat MK- en Apla-lede insluit en wat die SAPD deur ’n geheime mensehulpbronneprojek wil bevorder, aan die vakbond bloot te lê. Die hof het voorts die bevordering van voormalige NSF-lede opgehef. Dit volg nadat dieselfde hof in April vanjaar reeds ’n bevel uitgereik het, maar die SAPD nie daaraan gehoor gegee het nie. “Die interdik wat Solidariteit bekom het, dwing die SAPD nou om alle inligting binne 60 dae aan Solidariteit te verskaf. Voorts word alle bevorderings wat verband hou met die NSF-projek gestaak. Die normale bevorderingsprosesse en die bevordering van ander polisielede word egter nie hierdeur geraak nie,” het Renate Barnard, sektorkoördineerder van spesiale projekte by Solidariteit, gesê. Volgens Barnard is hierdie uitspraak ’n oorwinning vir Solidariteit, veral omdat dit duidelik uit die SAPD se optrede blyk dat hulle onregmatig wou voortgaan met die bevordering van NSF-lede en selfs ná ’n vorige hofuitspraak nie ag geslaan het op die hof se instruksie om inligting oor hierdie projek aan Solidariteit beskikbaar te stel nie. Barnard sê die vakbond was genoodsaak om die hof te nader nadat

32

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

dit aan die lig gekom het dat die SAPD voortgaan met die ongrondwetlike bevordering van 628 MK-lede en die uitsluiting van 150 000 van die ander professionele SAPD-lede. “Dié interdik is ’n groot deurbraak in ons geveg om duisende professionele, loopbaangedrewe SAPD-lede te beskerm teen dié onwettige en diskriminerende projek wat hul toekoms in die wiele sou ry,” het Barnard gesê. Barnard sê voorts dat Solidariteit die inligting wat die SAPD gaan verskaf, noukeurig sal nagaan om te verseker dat die vakbond in ’n posisie is om sy lede se belange en regte te beskerm en te bevorder. “Ons is daarvan oortuig dat die rede waarom die SAPD nalaat om die hofbevel te eerbiedig en inligting oor hierdie geheime projek bloot te lê daarmee te make het dat die projek gewoon onkonstitusioneel en onwettig is,” het Barnard gesê. Volgens Politicsweb is die Umkhonto we Sizwe Militêre Veterane Vereniging (MKMVA) woedend oor Solidariteit se pogings om ‘n stokkie te steek voor die bevorderings. Hulle is ook bekommerd dat hul lede se identiteit blootgestel gaan word omdat dit glo hul lewens in gevaar kan stel. “Die interdik wat tans vir 60 dae geld, verhoed die SAPD om enige van die NSFlede te bevorder, maar ons weet hulle wag vir dag 61 om die bevorderings deur te stuur. Ons ontmoet met ons advokaat om die nuwe verwikkelinge te bespreek,” het Barnard gesê.

SOLIDARITY OFFERS ASSISTANCE AFTER ACCIDENT AT RDM

S

olidarity expressed its sympathy to the families of the victims who lost their lives in the tragic explosion at Rheinmetall Denel Munition (RDM) in Somerset West. The trade union also wished everyone well who has been affected by the accident. According to Willie Venter, a sector coordinator at Solidarity, the trade union informed RDM in the aftermath of the explosion that it would make its highly specialised occupational health and safety (OHS) division available to the company at no cost to assist in putting the necessary safety procedures and systems in place. “Solidarity highly appreciates the work the company has already done in the wake of the accident, including forensic investigations and the provision of counselling and emergency services. However, Solidarity puts a premium on our members’ safety in the workplace, and we believe our OHS Division can be of invaluable help to establish a safer environment for all employees,” Venter explained. Venter also said the trade union had requested the company to regard all trade unions associated with RDM as role players, working with them and keeping them informed in future. “We would like to receive more communication from RDM so that we can ensure that good cooperation is established between trade unions and the company,” Venter said. “Solidarity furthermore calls on RDM to do everything in its power to establish the real cause of the accident to prevent a recurrence of the incident,” Venter concluded.


BEDRYFSNUUS

13 000

Die getal werknemers waarmee Impala Rustenburg sy werkmag oor die volgende twee jaar wil verklein.

AFLEGGINGS die norm vir mynhuise

S

olidariteit veroordeel die nuwe norm waar mynhuise afleggings kies as die enigste uitweg in ongunstige marktoestande. Dit volg nadat Impala Rustenburg, die land se tweede grootste platinumprodusent, vroeg in Augustus aangekondig het dat hy tydens die implementering van sy herstruktureringsplan om kwynende globale aanvraag die hoof te bied, sy werkmag met 13 000 werknemers oor die volgende twee jaar gaan sny.

DEUR CILLESTE VAN DYK

Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf by Solidariteit, meen egter dat die afleggings by Impala deel is van die nuwe normaal, waar mynhuise as gevolg van die regulatoriese omgewing nie meer bereid is om vir ’n tydperk die “pyn van finansiële verliese” te verduur terwyl hulle wag dat marktoestande verbeter nie. “Buiten die afname in ekonomiese groei, het die regering se vyandigheid teenoor die mynbedryf tesame met politieke en ekonomiese onbestendigheid

daartoe aanleiding gegee dat mynhuise hul risiko’s onmiddellik hanteer en afleggings dus as korttermynoplossing gebruik,” het Prinsloo gesê. Solidariteit simpatiseer met alle werknemers en hul gesinne wat deur die afleggingsproses geraak word. “Dit is ’n geveg tussen die mynhuise, die regering en die globale ekonomie, en ongelukkig beland die werknemers dikwels in die spervuur. Nou dra hulle die swaarste aan die gevolge van die oorlog tussen daardie drie partye,” het Prinsloo gesê.

NÁ 33 JAAR STEEDS ‘N GETROUE VAKBONDLID DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

Foto’s: iStockphoto.com & Verskaf

O

p 1 Junie 1985 het ’n jeugdige 19-jarige mynwerker by die destydse Mynwerkersunie (MWU) aangesluit. Vandag, 33 jaar later, is Cobus Pietersen (nou 52) steeds ’n getroue lid van die vakbond, nou bekend as Solidariteit. Pietersen het as ’n dinamietskieter (Blasting Officer) op die skag gewerk en was vroeër ook ’n goudmynwerker, maar jy kan hom deesdae bogronds by die Lonmin-myn naby Rustenburg vind. Hy sê as ’n mynwerker word daar van jou verwag om by ’n vakbond aan te sluit en hy het destyds nie ’n

keuse gehad nie, maar hy is nog nie ’n dag spyt daaroor nie. Hy glo dat as jy nie gelukkig is met die diens van ’n organisasie nie, dan hoef jy hulle nie te ondersteun nie, maar vir hom is dit die goeie diens wat Solidariteit hom bied wat maak dat hy ná 33 jaar steeds aan die vakbond behoort. Omdat hy nog nooit probleme met Solidariteit se diens gehad het nie, het die 33 jaar vir hom vinnig verbygegaan. By Solidariteit is goeie diens baie belangrik en hoop ons alle lede kan soos Pietersen getuig van jare en jare se ondersteuning terwyl hulle hul roeping uitleef.

Cobus Pietersen

www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

33


BEDRYFSNUUS

Waarom OPLEIDING onontbeerlik is

B

Foto: iStockphoto.com

DEUR ADV. PAUL MARDON

eide die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid en die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne (“die wetgewing”) is geskoei op die beginsels dat werkgewers – • ’n gesonde en veilige werkplek moet verseker, • die gevare en risiko’s by die werkplek moet identifiseer, en • maatreëls in werking moet stel om daardie gevare en risiko’s uit te skakel, te beheer en tot die minimum te beperk. Werknemers is verplig om met werkgewers saam te werk ten einde ’n gesonde en veilige werkplek daar te stel, en hulle moet verantwoordelikheid aanvaar vir hulle eie gesondheid en veiligheid asook dié van hulle kollegas. Dit is dus belangrik dat werknemers onderlê word in hulle regte en verpligtinge ingevolge hierdie wetgewing en dat hulle opgelei word oor die gevare en risiko’s verbonde aan hulle werk en oor die maatreëls om dit uit te skakel, te beheer en tot die minimum te beperk. Daar is derhalwe ’n wetlike verpligting op werkgewers om die volgende op hulle eie koste te doen: • Voorsien elke werknemer van die inligting, instruksies en opleiding wat nodig is om die gesondheid en veiligheid van die werknemers by die werk te verseker. • Bied opleiding aan werknemers om hulle in te lig oor en vertroud te maak met die volgende: • Die gesondheids- en veiligheidsbedreigings by die werk ten opsigte van die werk wat hulle moet verrig; • Hoe hierdie bedreigings hulle gesondheid en veiligheid by die werk moontlik kan beïnvloed; • Die voorsorgmaatreëls wat getref en nagekom moet word om blootstelling aan daardie bedreigings te voorkom; • Die prosedures wat gevolg moet word om daardie werknemers se werk te verrig; en • Die toepaslike noodprosedures.

34

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die wetgewing bepaal ook dat werkgewers met werknemers en vakbonde moet onderhandel oor, onder meer, die opleiding wat nodig is om werknemers in staat te stel om hulle werk veilig te verrig sonder risiko’s vir hulle gesondheid, asook wat veiligheidsverteenwoordigers en gesondheids- en veiligheidskomitees nodig het vir die behoorlike uitoefening van hulle regte en verpligtinge. Werknemers en hierdie verteenwoordigers en komitees het die reg om die opleiding wat hulle redelikerwys benodig en waarop ooreengekom is vir die uitvoering van hulle pligte, op die werkgewer se onkoste te ontvang. Die werkgewer moet bogenoemde opleiding soos volg verskaf: • Voordat werknemers die eerste keer begin werk (dit wil sê by induksie); • Met tussenposes soos bepaal deur die werkgewer na oorlegpleging met die gesondheids- en veiligheidskomitee; • Voordat beduidende veranderinge aangebring word aan werksprosedures, werkplekuitleg, werksmetodes of toerusting en materiaal; en

• Voordat beduidende veranderinge aan die aard van werknemers se beroep of werk aangebring word. Solidariteit het opleidingskursusse ontwikkel in beide die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid en die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne. Hierdie kursusse strek elk oor drie dae. Hoewel dit noodsaaklik is om teoretiese werk te dek, is ons opleiding daarop toegespits om die teorie prakties uitvoerbaar te maak, deur praktiese scenario’s uit die ervaringsveld van die aanbieder en die kursusgangers te bespreek. Spesifieke probleme wat die kursusgangers by hulle werkplekke ervaar, word aan die hand van die beginsels van BGV bespreek en hierdie praktiese toepassing van die beginsels dien as voertuig waardeur die leerders werklik leer. Van die modules in die kursusse bespreek ook die praktiese benadering wat gevolg moet word by verhore en ondersoeke, gesien vanuit ’n gesondheids- en veiligheidsoogpunt. • Solidariteit-lede wat graag hierdie kursusse wil deurloop, is welkom om Solidariteit daaroor te kontak.


INDUSTRYNEWS

DRUGS GAMBLING alcohol ADDICTION When something HIJACKS THE BRAIN

Photograph: iStockphoto.com

A

ccording to the website psychologytoday.com, addiction can be explained as “a condition in which a person engages in the use of a substance or in a behaviour for which the rewarding effects provide a compelling incentive to repeatedly pursue the behaviour despite detrimental consequences. Addiction may involve the use of substances such as alcohol, inhalants, opioids, cocaine, nicotine and others, or behaviours such as gambling. “There is scientific evidence that the addictive substances and behaviours share a key neurobiological feature – they intensely activate brain pathways of reward and reinforcement, many of which involve the neurotransmitter dopamine”. When we take the word “addiction” back to its Latin origin, one gets an even better understanding of what it entails, namely: “The state of being enslaved to a habit or practice or to something that is psychologically or physically habit-forming, as narcotics, to such an extent that its cessation causes severe trauma.” Since the brain’s executive functions are affected by addiction, individuals who develop an addiction may not be aware that their behaviour is causing problems for themselves and others. Addicts must be made aware that their

BY ANNALISE KEMPEN

addiction is harmful to relationships, work or school obligations. Irrespective of being informed about the negative consequences, addicts may continue with their substance abuse despite the physical or psychological harm it causes. Traditional addictions to drugs, substances, alcohol and prescription medication are not the only ones to be concerned about. Behavioural addictions such as gambling, shopping and sex which offer opportunities for rewards are equally alarming, especially if they lead to the neglect of other life goals and priorities, or if they create harmful consequences. POSSIBLE RISK FACTORS No one personality type is associated with addiction, but the lack of ability to tolerate distress or other strong feelings are linked to addiction. Genetic or biological factors may contribute to individuals’ vulnerability to become addicted, while psychological, environmental and social factors can also have a strong influence on substance abuse. The following personal risk factors can dramatically increase an individual’s chances of developing an addiction: • THE FAMILY TREE A family history of addiction is the single most important personal risk factor for developing an uncontrollable craving for alcohol and other drugs.

GET HELP TODAY • • •

Substance Abuse Helpline: 0800 12 13 14 Alcoholics Anonymous: 0861 4357 22 Narcotics Anonymous: 083 900 6962

• AN EARLY START Children and teens who begin drinking before the age of 15 have a higher risk for developing an addiction. • CHANGE AND CRISIS No person is immune to traumatic life events such as divorce, the loss of a job and the death of a loved one and this may increase people’s risk of addiction. • TRAUMA AND EXTREME STRESS Studies have demonstrated that more people have been exposed to trauma and stress than previously believed, and that childhood trauma is a significant risk factor for addiction. • MENTAL ILLNESS The pain caused by emotional disorders such as depression, schizophrenia, bipolar and anxiety disorders may contribute to patients drinking or opting to use drugs. • Annalise Kempen is the editor of Servamus Community-based Safety and Security Magazine. This article is an adaption from an article originally published in the June 2018 issue. www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

35


IN BEWEGING

Nuus oor die instellings wat deel van die Solidariteit Beweging vorm, asook lekkerleesartikels oor alles van geldsake tot die geskiedenis.

AfriForum appelleer oor UNISA-TAALBELEID DEUR ALET RADEMEYER

D Foto: iStockphoto.com

ie burgerregtewaghond AfriForum is verlof toegestaan om te appelleer teen die NoordGautengse hoë hof se uitspraak dat die primêre onderrigtaal aan Unisa Engels moet wees. Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir taalaangeleenthede, sê die organisasie en sy regspan het besluit dit is noodsaaklik om te appelleer, aangesien die beskerming van taalregte noodsaaklik vir gehalteonderwys in die land is en die toekomstige stand van die ekonomie direk raak.

“Die beskerming van die regte van Afrikaanssprekende studente is van sleutelbelang vir AfriForum en die organisasie sal voortgaan om hulle toegang tot moedertaalonderrig op alle moontlike wetlike wyses te beskerm en te bevorder.” 36

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Bailey sê die hoë hof se aanvanklike uitspraak dat Unisa se primêre onderrigtaal Engels moet word, is, na AfriForum se mening en gegrond op internasionale navorsing wat die afgelope 12 jaar oor taalregte gedoen is, nie in pas met ontwikkelinge op hierdie gebied nie. “Die regte waarvoor ons beskerming vra, raak die sprekers van alle amptelike tale direk. Wêreldwyd is daar ’n behoefte aan die beregtiging van meer moedertale en die ontwikkeling van veeltalige omgewings waarbinne groter maatskaplike samehorigheid en beter akademiese prestasie gedy. “Suid-Afrikaanse staatsdepartemente en die meeste universiteite neem egter nie kennis hiervan nie, maar storm op ’n eentalige pad voort. “Suid-Afrikaanse instellings moet verby ideologiese oorwegings begin kyk en die taalregte van alle studente – insluitend Afrikaanssprekendes – uitbou, in plaas daarvan om skyngelykheid in eentalige instellings deur taalregteskendings te probeer skep.” Volgens Bailey het AfriForum kort ná verlof om appèl toegestaan is, ook goeie nuus gekry betreffende ’n ander taalsaak

waarby die burgerregte-organisasie betrokke is. AfriForum is naamlik een van die organisasies wat die taalregte-aktivis Cerneels Lourens steun in ’n saak oor die gebrek aan wetgewing in al 11 amptelike tale. Tans word alle wetgewing in Engels gepubliseer, met ’n lukraak gekose tweede taal daarby. Dit beteken dat Suid-Afrikaanse wetgewing nie volledig in enige van die tien inheemse amptelike tale beskikbaar is nie. Lourens en sy medewerkers het die saak in 2017 by die Verenigde Nasies (VN) se Menseregtekomitee aanhangig gemaak nadat alle plaaslike regsremedies om veeltalige wetgewing moontlik te maak, sonder sukses uitgeput is. Dié klagte word nou uiteindelik amptelik ondersoek. Lourens, AfriForum en die ander deelnemers aan die proses hoop dat die VN se ondersoek ook tot meer bewustheid oor die noodsaak van taalregte in die land sal bydra. “Die VN se erns met hierdie saak behoort ook instellings soos Unisa daarop te wys dat studente nie sonder meer van onderrig in hul moedertaal ontneem kan word nie,” meen Bailey.





IN BEWEGING

Overvaal-hofuitspraak

Oorwinning vir AFRIKAANSE ONDERRIG DEUR ALET RADEMEYER

Foto: iStockphoto.com

D

ie Konstitusionele Hof se beslissing in die saak tussen die Gautengse onderwysdepartement en die Hoërskool Overvaal se beheerliggaam is ’n oorwinning vir Afrikaanse onderwys. Die hof het die onderwysdepartement se aansoek om appèl met koste van die hand gewys. Panyaza Lesufi, omstrede LUR vir onderwys in Gauteng, en sy departement mag nie appelleer teen die vorige hofuitspraak nie. Dié uitspraak het bepaal dat hy nie bykomende Engelse leerders in die Hoërskool Overvaal in Vereeniging mag plaas nie. Die departement wou die skool dwing om Engelse leerders in te neem ondanks die feit dat die skool tot sy volle kapasiteit gevul was en reeds Afrikaanssprekende leerders moes wegwys. Die Konstitusionele Hof se uitspraak berus daarop dat die departement nie voldoende oorweging aan die beskikbare kapasiteit van twee naburige enkelmedium- Engelse skole, Phoenix High School en General Smuts High School, gegee het nie. Die hof het beslis albei skole bied onderrig in Engels in dieselfde voedingsgebied as die Hoërskool Overvaal. Carien Bloem, AfriForum se projek-

40

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

koördineerder vir onderwys, sê die uitspraak bevestig die reg van skole se beheerliggame om oor kwessies soos die skool se taalbeleid te beslis, asook die bestaansreg van enkelmediumAfrikaanse skole. “AfriForum hoop dat hierdie beslissing ’n einde aan Lesufi se voortdurende inmenging by Afrikaanse skole sal bring.” Sy sê die uitspraak beklemtoon hoe belangrik dit is dat ouers vir wie Afrikaanse onderrig belangrik is, sorg dat Afrikaanse skole vol is en dat hulle by beheerliggame se werksaamhede betrokke raak om die toekoms van Afrikaanse onderwys te verseker. “Lesufi het ’n rassegeskil van die saak probeer maak, terwyl die skool veelrassig is. Die hof het ’n belangrike uitspraak ten gunste van Afrikaans, maar ook van taalregte oor die algemeen, gelewer. Ons hoop dit sal die voortdurende aanslag teen Afrikaanse skole vir eens en vir altyd beëindig,” het Bloem gesê. AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling het vroeër ook betrokke geraak om die plofbare situasie by die skool te ontlont nadat ’n groep EFF-lede opgeruk het om skoolbedrywighede te ontwrig toe die 55 Engelssprekende leerders nie toegelaat is nie.

AfriForum het in samewerking met die polisie en ander veiligheidstrukture verseker dat leerders veilig is en onderrig nie ontwrig word nie. Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het ook die Konstitusionele Hof se uitspraak verwelkom. Hy meen dit is betreurenswaardig dat ’n saak wat oor kapasiteit gegaan het, ’n taal- en raskwessie geword het. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê daar moet kennis geneem word van die uitspraak wat ook daartoe sal lei dat skole wat onderbenut en geïgnoreer word, nou benut sal moet word. Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, beskou die uitspraak as ’n oorwinning vir alle skole wat Afrikaans as onderrigtaal aanbied, asook skole wat gedurig kapasiteituitdagings ervaar. “Die bevel bevestig nie net dat staatsamptenare nie roekeloos mag wees wanneer dit by die plasing van leerders kom nie, maar beklemtoon ook die belangrike beginsel dat Afrikaans as onderrigtaal wel ’n grondwetlike ruimte het,” het Kruger gesê. • Lees ook die artikel op bladsy 12 oor die voorgestelde wysigings aan die skoolregulasies.


IN BEWEGING

Beweging vier AFRIKAANSE TAALDAG

T

DEUR ALET RADEMEYER

er viering van Afrikaanse Taaldag op 14 Augustus vanjaar het die Solidariteit Beweging ’n buitengewone taalekspo in Centurion aangebied waartydens insig in tientalle inisiatiewe ter bevordering van die taal gegee is. Die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) is op 14 Augustus 1875, 143 jaar gelede, in die huis van Gideon Malherbe in die Paarl gestig. Dié huis is vandag die Afrikaanse Taalmuseum. Die GRA was die dryfveer om Afrikaans as ’n amptelike skryf-, skool- en kanseltaal erken te kry en in hierdie opsig het hulle ‘n dinamiese rol gespeel in die totstandkoming van die taal wat ons steeds praat. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het verwys na die uitsprake wat groot wysgere soos N.P. van Wyk Louw oor die taal gemaak het en het herhaal dat as enige taal verlore gaan, die hele mensdom daaronder ly. Hy het gesê die Beweging is nie Afrikaans omdat dit reg of wettig is nie. “Ons bevorder Afrikaans omdat dit ons taal is. Ons moet kulturele selfvertroue hê en dit bevorder. Afrikaans is ons asem. Ons wil ’n normale toekoms daarvoor hê en nie met die owerhede in konflik tree daaroor nie.” Buys meen egter die doel is groter as die bevordering van Afrikaans. “Dit gaan oor die oorlewing van ’n gemeenskap. ’n Gemeenskap kan net oorleef as kultuurgoedere na die volgende geslag oorgedra word. Die owerhede sien die Afrikaanse gemeenskap nie as deel van die toekoms nie. Met diversiteit bedoel die regering eenvormigheid onder die dekmantel van verskeidenheid.” Buys het beklemtoon dat minderheidsgroepe die reg het om hul taal en kultuur te bevorder en in stand te hou. Verskeie sprekers het gepraat oor ander inisiatiewe binne organisasies soos AfriForum, Solidariteit, Maroela Media, Akademia, Sol-Tech en vennote van die Solidariteit Beweging wat Afrikaans op een of ander manier uitbou, beskerm, verdedig en bevorder.

Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die bevordering van Afrikaanse taalregte is sentraal in die werksaamhede van AfriForum. Internasionale konvensies word gebruik om die saak van Afrikaans te bevorder. Daar is ook ’n fokus op moedertaalonderrig en die behoud van Afrikaans in die onderwys. Die reg van elke mens om die taal van sy keuse te gebruik, word beklemtoon. Aksies fokus op bewusmaking van taalregte en die opeis van taalregte op ’n waardige wyse. Waar nodig, word litigasie ook gebruik om Afrikaans se regmatige plek te verseker. Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, het verduidelik wat projekte soos SLIM, Dink of Sink, en Spel en Speel behels om Afrikaans op skool- en universiteitsvlak uit te bou. Marisa Engelbrecht, bemarkingsbestuurder van Jeug en Gildes by Solidariteit, het ’n voorlegging gedoen oor wat alles in Afrikaans gedoen word om mense in hul loopbane te anker en te beskerm. Die gildes het ’n waghondrol, jongmense word gehelp met internskappe, mentorskappe en voortgesette opleiding in Afrikaans en hulle kan ook toegang tot beroepsgefokusde inligting kry. Dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van die

www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

41

Skoleondersteuningsentrum (SOS), het verwys na die baanbrekerswerk wat die sentrum doen om skole by te staan om in Afrikaans te kan bly onderrig gee en om te verseker dat Afrikaanse onderrig van wêreldklasgehalte bly. Dié instansie is ook reeds met beplanning besig om te verseker dat daar in 2030 steeds Afrikaanse skole sal wees. Ds. Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het verduidelik watter reuseverskil dié organisasie in die lewe van arm Afrikaanssprekende kinders maak. Susan Lombaard, wat aan die stuur van Maroela Media staan, het gesê Maroela is nou die grootste Afrikaanse nuuswebwerf. “Ons is nie toevallig Afrikaans nie, maar doen wat ons doen ter wille van Afrikaans.” Maroela Media spog met 1,2 miljoen unieke maandelikse lesers.


Selfs die donkie LEER uiteindelik sy les

Foto: iStockphoto.com

T

oe ek my skoolloopbaan in 1989 voltooi het, het al die slim ouens gaan studeer. My skoolmaats het dokters, ingenieurs en regsgeleerdes geword. Die dom ouens is weermag toe. En dis hoe dit gebeur het dat ek by 4 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon ingeklaar het om te gaan voete stamp vir volk en vaderland. Volwassenheid het so ’n bietjie gou op my dromerige lewensingesteldheid afgekom en ek was glad nie voorbereid vir die groot wêreld nie. Weermag was uiteindelik nogal lekker. Ek is ’n ou koshuisbrak en die roetine en sosiale aard van die weermag het nie veel gepla nie; die min slaap het wel. Ná my diensplig besluit ek toe om deur Unisa te gaan studeer – Engels, filosofie en sielkunde. Maar toe die eerste studiebriewe deur die pos opdaag, besef ek gou dat hierdie besigheid nie gaan werk nie. Ek bemoei my al sedert kindsbeen nie veel met vrees nie, maar daar is tog ’n paar vreeswekkers waarteen ek my met moeite kan verweer:

42

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

goed soos koringkrieke en administrasie. My keel trek toe en my oë soek haastig na ’n uitweg. Ek het jare daarna nog die onoopgemaakte briewe in my boekrak gebêre in die hoop dat ’n verandering oor my sal kom, maar dit het toe nooit gebeur nie. Die jaar daarna het ek weer probeer. Hierdie keer het ek ingeskryf by die destydse RAU vir politieke wetenskappe. My een dosent was baie aanvallig en ek het geweet ek gaan, met ’n ekstra les of twee, die nodige inspirasie hê om hierdie kursus lag-lag kaf te draf. Vyf weke later het ek egter ’n hoofrol in ’n televisiereeks losgeslaan en opgeskop om my as ’n ander voor te doen voor die kameras. Nou is dit so dat ’n donkie sy kop net een keer hoef te stamp voor hy iets leer. Ek is duidelik nie so begaafd soos ’n gemiddelde donkie nie, want die jaar daarna was ek weer terug by ’n tersiêre instelling met die oog op verdere studies. Hierdie keer het ek aansoek gedoen om ’n onderwysstudiebeurs deur die Goudstadse Onderwyskollege. Ek weet tot vandag toe nie hoe die beurstoekenners se koppe gewerk het nie, maar ek het my beurs gekry en weer by die RAU ingeskryf, hierdie keer om ’n onderwyser te word. In my derde week het ’n ingrypende lewenservaring weer ’n moersleutel in die speke gemoker. Dit het buite die lesingslokaal vir statistiese metodes gebeur. Die dosent, ’n enorme vrou, was besig om een vir een inligtingsbrosjures aan die studente te oorhandig. Ek het vooraf al studente in die gange van die universiteit met vrees hoor praat oor statistiese metodes. Dis glo ’n baie moeilike vak en ek was besig om ongemaklik te raak met die verkwisting van belangrike onderrigtyd op iets soos die uitdeel van papiere. Terwyl ek dus daar staan en wag vir my beurt om een van die krioelende studente te word wat ook sy pootjies op ’n inligtingsbrosjure mag lê, beleef ek, soos dikwels met mense wat met ’n kunsgees toebedeel is, ’n oomblik van inspirasie. Ek veg my weg met mening deur die massa studente en

KENNIS HET MY DOEPA GEWORD, MY VERLOSSING. KENNIS IS MY TROOS, MY MONDERING EN MY GROOTSTE VERMAAK. toe ek by die dosent kom, ontvang ek my brosjure en sê vir haar as sy vir my die helfte van die pak gee, sal ek haar help en dit sal twee maal so vinnig verloop. Sy het my effe geïrriteerd aangegluur, haar rug op my gedraai en voortgegaan. Ek weet nog steeds niks van statistiese metodes nie, maar het van nature ’n fyn aanvoeling vir taal, en my taalinstink sê vir my dat wat ook al die teorie van statistiese metodes is, dit kan onder andere praktiese vergestalting vind in die stelling “as u vir my die helfte van die pak gee, kan ek help en dit sal twee maal so vinnig gaan”! Ek tik haar toe op haar rug. Sy het verwoed omgeswaai en ek gee toe die inligtingsbrosjure aan haar terug en sê met die parmantigheid van prille jeug dat ek nie glo sy vir my iets kan leer nie. Dit was my derde en laaste poging. Selfs hierdie ou donkietjie het uiteindelik geleer. Dit is ook maar goed so. Waar ek my nou in my lewe bevind, voel vir my na ’n roeping, eerder as ’n werk of plig, maar ... Die liefde vir kennis, die koorsagtige soeke na nuwe inligting en begrip, dit bly by my spook. As ek snags nie kan slaap nie, lê ek en lees. Ek is nie danig vir stories nie, en dit word meestal geskiedenis, aardrykskunde, politieke wetenskappe, natuurkunde. Wanneer ek depressief raak, wat so af en toe gebeur, dan vind ek die beste medisyne is oordoserings van inligting, asof ek my daarin kan verloor en vergeet van kwellinge. Kennis het my doepa geword, my verlossing. Kennis is my troos, my mondering en my grootste vermaak. Kennis, wanneer dit nie in opdrag geskied nie, kom maklik, dit ontroer en dit verhoog verwondering. Die studies het nooit end gekry nie, die leergierigheid het nie getaan nie en wie weet, dalk, hopelik eendag, vang ek ’n graad.


IN BEWEGING

Van links is ds. Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand; Margolé Riekert, projekorganiseerder; die sangeres Riana Nel, een van die ambassadeurs van die projek; Marie Visser, ‘n verteenwoordiger van een van die kleuterskole wat deel is van Helpende Hand se voedingsprogram; en Ernst Vorster, adjunk- uitvoerende hoof van Helpende Hand, met die bekendstelling van die Slaap Honger-verslag aan die media.

‘n Pot koue water kleuters se ‘AANDETE’

Foto: Reint Dykema

M

y persepsie van armoede het drasties verander vandat ek by Solidariteit Helpende Hand roepingsdiens aanvaar het. Terwyl baie vir hul eie besluite verantwoordelikheid kan aanvaar, is daar lede van ons gemeenskap wat in omstandighede gebore word waaraan hulle self geen verskil kan maak nie. Kwesbare kleuters uit behoeftige gemeenskappe word in armoede gebore. Hulle het geen keuse of reg in die saak nie. Dit is egter daagliks hul werklikheid, en die groeiende agterstand en ellendes van armoede word hul deel in hierdie lewe wanneer niemand vir hulle intree nie. Een van die roerendste gevalle wat ons teëgekom het, was hoe ’n bitter desperate enkelma, absoluut in armoede vasgevang, haar drie kinders in die bed sit voordat hulle aandete kan kry. Sy het dit gedoen omdat sy nie werklik aandete kan voorsit nie; daar is gewoon net nie enige kos om te gee nie. Die kaste is leeg, die beursie is leeg, die bankrekening is leeg. Sy werk, maar kan slegs ’n enkelkamer vir haar gesin bekostig. Sy sit ’n pot water op die stoof en maak asof sy dit kook, want sy kan net genoeg elektrisiteit bekostig om haar kinders in warm water te bad. Hulle moet darem skoon wees. Sy hou aan om die pot vol koue water te roer. Wanneer die

DEUR ERNST VORSTER

kindertjies vra wanneer hulle gaan eet, sê sy: “Die kossies is amper reg, wag nog net ’n rukkie”. Só wag sy dan tot haar honger kinders aan die slaap raak. Sy het egter hoop. Haar kinders is in ’n kleuterskool in ’n behoeftige area van Pretoria. Sy weet ten minste hulle sal die volgende dag ’n ete en ’n versnapering deur Helpende Hand se voedingsprogram kry. Dit is sommige dae die enigste ete wat hulle kry. Nog erger − hierdie mamma is nie alleen in haar nood met kleuters wat honger moet gaan slaap nie. Skokkende statistiek het na vore gekom in ’n onlangse navorsingsverslag deur Helpende Hand. Die verslag het die hongersnood onder behoeftige kleuters wat begunstigdes van Helpende Hand se voedingsprogramme is, ondersoek. In die kantoor het ons die verslag die “Slaap Honger-verslag” gedoop. Hoekom? Want die verslag bevestig hoeveel kindertjies honger gaan slaap. Die kernbevinding van die verslag is dat 31% van kleuters op die voedingsprogram steeds honger gaan slaap, ten spyte van die voeding wat hulle daagliks kry. Die verslag het ook getoon dat 35% van die kleuters honger skool toe gaan. Hierdie syfers stem ooreen met die persentasie van ouers wat nie skoolfonds kan betaal nie of agterstallig daarmee is. Twee-en-vyftig kleuterskole het aan die studie deelgeneem waarvan die kleuters ongeveer 4 800 van die beguns-

tigdes op Helpende Hand se voedingsprogramme uitmaak. Uit die kleuterskoolonderwysers wat aan die studie deelgeneem het, het 85% bevestig dat die kleuters in die voedingsprogram ná ʼn naweek honger by die skool aankom. In 2018 het Helpende Hand aansoeke om voedingshulp vir meer as 12 000 kleuters deur 93 kleuterskole ontvang. Die projek voed tans net meer as 6 400 kleuters, maar Helpende Hand probeer daarby uitkom om ten minste 8 000 deur die program te ondersteun. Die behoefte vir behoorlike kleutervoeding is van kardinale belang vir hul ontwikkeling en ’n gelyke kans in die lewe. Die drie kindertjies wat sommige aande getrou wag op ’n pot vol koue water, neem gereeld ’n stukkie van die daaglikse brood wat hulle op die voedingsprogram ontvang terug na hulle huis toe. Hulle doen dit, want uit die wese van hul onskuld wil hulle ook graag ietsie vir hul honger ma neem om te eet. Die feit is, daar is 12 000 behoeftige kleuters wat ons hulp vra. Wat word van ’n honger kleuter vir wie niemand intree nie? Kan ons bekostig dat nóg ’n Afrikaanse kind honger gaan slaap? • Helpende Hand se #Stophonger projek poog om in 2018 altesaam 1,5 miljoen etes vir 8 000 kleuters te borg. SMS die woord Stop na 38969 en skenk ’n ete vir ’n behoeftige kleuter. www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

43


IN BEWEGING

Huis Davidtsz: DAWID loop GOLIAT trompop DEUR DS. HANNES NOËTH

D

Foto: Verskaf

ie onlangse gebeure by Huis Davidtsz het Suid-Afrikaners by die Dal van die Terpentynboom gebring, met verwysing na Dawid wat vir Goliat daar in ’n veldslag ontmoet het. Werkers is ongelukkig met die omstandighede by hul werkplek, kommunikasie met die werkgewers is nie goed nie, en hulle staak onwettig. Dit is nie ’n onbekende situasie in Suid-Afrika nie. Die Goliat in hierdie geval is die feit dat hulle in Augustus, in hulle ongelukkigheid, agt vloere vol bejaardes onversorg laat en oënskynlik daarmee wegkom. Die verloop van die gebeure is tragies, moeilik om te glo, maar tog ’n werklikheid. Die werkers staak nie net onwettig nie, hulle laat nie net die bejaardes aan baie beperkte sorg oor nie, maar verhinder ook vrywilligers om binne te gaan en ’n verskil te maak. Solidariteit Helpende Hand verkry ’n hofinterdik waarmee ons maklik toegang tot die tehuis behoort te kry, maar steeds word ons nie toegelaat nie. Eers ná bykans drie dae kry ons dit reg om met ’n span vrywilligers te gaan opruim, versorg en skoon te maak. In dié stadium is die toestand bykans onbeskryflik en onmenslik. Die vernedering van verswakte bejaardes deur hulp te weier en hulle broos en genadeloos aan hul eie lot oor te laat, laat ’n mens inderdaad verstom. GOLIAT IN DIE PAD As ’n mens by Huis Davidtsz ’n lysie sou maak van hoe groot hierdie Goliat is, sou jy onder meer die volgende punte kon uitwys: • Hoe het ’n situasie só ver gegaan dat hierdie krisis ontstaan het? • Die beginsel agter die stakers om weerlose, kwesbare bejaardes as wapens in onderhandelings te gebruik, dui ’n duidelike Goliat aan. • Die weerhouding van hulp wanneer dit gevra word, wys Goliat uit. Hier wil ek na twee voorbeelde (daar was baie meer) verwys: • ’n Bejaarde Alzheimers-tannie steek

44

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

• • • • •

haar hand uit na ’n versorger vir ’n bekertjie water en die antwoord wat gegee word, is: “Ek kan nie nou help nie, ons staak” – ’n Goliat. Toe ’n vrywilliger wil ingaan en intree vir die versorging van hierdie bejaardes, word ’n antwoord gegil: “We don’t care, they can die” – ’n Goliat. Die onvermoë van die polisiediens om, ten spyte van soveel waarneming en kontrolering, nie vrywilligers na binne te lei nie, wys ’n Goliat. Die heen-en-weer tennisspeel met ’n amptelike hofinterdik en die speel met tyd ter wille van onderhandelings maak Goliat drie meter lank. Die politieke inmengery van die EFF by onderhandelings tussen werkgewers en werknemers, die toelating van hul wangedrag, en die mag wat aan hulle toegestaan is om eintlik die septer te swaai in ’n situasie waarheen hulle nie eens genooi is nie, maak Goliat nog groter en boonop arrogant.

DAWID STEEK HAND OP By Huis Davidtsz steek Dawid sy hand op in vele gedaantes: • In ’n verpleegster wat 24 uur aaneen werk, vloer ná vloer versorg, al sleep haar eie voete, medikasie reg uitdeel en doen wat haar hand vind om te doen; • In ’n werker wat nie wil staak nie, maar verplig word om by die ander te

• • •

staan en met trane in haar oë in jou oor kom fluister: “Reël asseblief dat mevrou van kamer so-en-so omgedraai word, haar bedsere vereis dit”; In honderde vrywilligers wat hulp aanbied; In skenkers wat middele aandra en kos voorsien; In polisielede wat as individue teen hulle lynhoofde opstaan en ’n verskil probeer maak; In mense wat net vra en vra en help en help; In ’n Solidariteit Helpende Hand wat sê as dit moet, vat ons julle hof toe, maar versorg sal ons gaan versorg; In joernaliste wat nie net stories soek nie, maar die hart van ’n kwesbare bejaarde hoor; In maatskaplike werkers wat hul eie gesinne tweede stel om die versorging te herstel; In politieke partye wat groter as hul eie agendas is. Die dag wat vrywilligers toegelaat is om te gaan versorg en alles te herstel, kom van die leiersfigure van die DA, die VF+ en Cope voorloop en lei deur in dieselfde gange saam op te ruim en ’n verskil te maak. Dít terwyl die EFF ingenome die vrug van hul vernietiging aanskou.

NIKS SAL ONS STUIT NIE Waarheen ná Huis Davidtsz? Wanneer ons by die Dal van die Terpentynboom voor Goliat staan, is die pad na oorwinning duidelik: • Dawid wat sy hand gehoorsaam opsteek en begenadig word; • Roeping wat laat optree eerder as terugtree; • Gemeenskapskrag wat verenig; • Nie wag nie, maar doen; • Nie vra nie, maar gee; en • Harde werk. Die gange kan vol ontlasting wees en ons mense kan onversorg en verswak lê, alles kan hopeloos lyk en antwoorde ver, maar niks sal ons keer nie! Ons doen dit al vir geslagte. Ons het al, en ons sal weer. • Ds. Hannes Noëth is uitvoerende direkteur van Helpende Hand.



IN BEWEGING

Van links is Hélen Reyneke, Hes Hitge en Michelle Saayman. Foto regs: Carla Pieterse plant haar olyfboom.

Sol-Tech se vroue staan hul MAN DEUR CILLESTE VAN DYK

Foto’s: Verskaf

D

ie dae toe vroue nie aan die wêreld van werk kon deelneem nie, is lankal iets van die verlede. Vandag geniet vroue dieselfde geleenthede as hul manlike kollegas om hulle te kan uitleef in enige beroepsrigting wat hul belangstelling prikkel, selfs in die ambagswêreld. Dit is wonderlike nuus vir enige vrou wat haar eie voetspore in die beroepslewe wil trap. Daar moet egter altyd in gedagte gehou word dat vroue nie hoef afstand te doen van “vrouwees” om effektief met hul manlike kollegas mee te ding nie. By Sol-Tech se Beroepsopleidingskollege is daar ’n hele span vroue wat spreekwoordelik hul man kan staan in wat hoofsaaklik ’n tegniese werkomgewing is. Ongeveer 31% van Sol-Tech se totale personeelkorps is vroulik. Die 17 vroue wat hul plek by Sol-Tech volstaan, bied gesamentlik ongeveer 380 jaar se ondervinding waarmee hulle ’n bydrae lewer tot die kollege se sukses. Die span se ondervinding sluit algemene en studente-administrasie, tegniese en ander akademiese onderrig en opleiding, finansies en bestuursfunksies in.

46

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Benewens die 17 vroue wat hul bydrae in die opleidingsomgewing lewer, is vier vroue werksaam by Ajani, die onafhanklike maatskappy wat Sol-Techstudente ná afloop van die suksesvolle voltooiing van hul ambagsopleiding by werkgewers plaas. Michelle Saayman, ’n werknemer van Sol-Tech, vertel dat die vroue van SolTech die voorreg gehad het om Ludwig’s Roses op 8 Augustus 2018 vir ’n “Mindfull Workshop” te besoek waar hulle die olyfboom van nader leer ken het. “Dit begin alles by die plant van vyf saadjies wat dan oor ’n tydperk van 10 tot 40 dae ontkiem. Die boompie moet

tot drie keer per dag water kry. As jy dit in ’n klein potjie hou, kan dit ’n miniatuurboompie, soos ʼn bonsai, word. As jy dit egter in jou tuin uitplant, kan die boom tot agt meter hoog groei,” sê Saayman. “Nadat ons die saadjies geplant het, het ‘bevrugting’ plaasgevind en kon ons elkeen ’n naam aan ons boompie gee. Dié naamgewing het oulike name opgelewer soos Eenheid, Oorvloedigheid, Geluk, Hoop en Liefde. “’n Nommer verskyn op die agterkant van die kaartjie op die sakkie met die kompos en sade. Dié nommer is uniek aan elke sakkie en dui aan hoeveel bome daar al gekweek of geplant is. Daar was nommers tot so hoog as 60 685,” voeg sy by. Die vroue kon tydens die besoek ook mediteer en al die negatiewe en positiewe gedagtes op ’n kaartjie neerskryf. Saayman sê: “Die vroue het dit as terapeuties beskou en ek kon sien dat hulle die dag regtig baie geniet het.” Hierdie werksessie is maar een van die talle maniere waarop Sol-Tech sy dank betoon teenoor die vroue wat elke dag met ywer die ambagswêreld vir die volgende generasie gelyk en gemaklik maak.


IN BEWEGING

MEULMAKERS BLINK UIT IN SA ÉN DIE VSA

SKOOTREKENAARS BRING BEJAARDES, GELIEFDES BYEEN

S Van links is Roald le Roux, Wikus Hirst, Eben Hellerle en Michael Zwanepoel. DEUR CILLESTE VAN DYK

V

ier nuut gekwalifiseerde meulmakers van Sol-Tech, naamlik Roald le Roux, Wikus Hirst, Eben Hellerle en Michael Zwanepoel, staan aan die begin van ’n blink loopbaan in hul ambag. Hierdie vier studente is almal deel van die meulmakergroep wat op 25 April 2016 as ywerige studente by Sol-Tech begin het. Vandag is al vier formeel gekwalifiseer nadat hulle hul ambagstoets by Technotrain geslaag het. Hulle is ook ’n gulde geleentheid gebied om opleiding in Amerika te ontvang deur die maatskappy Des-ign Engineering SA wat in Boksburg geleë is. Dié maatskappy het ’n paar internasionale sustermaatskappye, waaronder een in Amerika, waar hierdie knap jong ambagslui ekstra opleiding ontvang het. Des-ign Engineering SA se terugvoer oor die vier studente was dat hulle só uitgeblink het in hul werk hier in Suid-Afrika en in die VSA, dat die

maatskappy besluit het om al vier van hulle permanente poste aan te bied. Roald le Roux vertel dat hoewel sy hart altyd by hulle plaas sal wees, beskou hy hierdie loopbaan en die geleentheid wat hy ontvang as ’n baie goeie plaasvervanger vir sy lewe en vir wat sy behoeftes tans is. Wat het hom gemotiveer om ’n sukses te maak van sy tyd by Sol-Tech? “Om ’n suksesvolle loopbaan en toekoms in Suid-Afrika te kan hê.” Wikus Hirst se motivering om die kursus by Sol-Tech met ywer aan te pak, was ook om eendag ’n sukses van sy loopbaan te maak. Nou staan hy aan die begin van dít waarvoor hy so hard gewerk het. “Vir die toekoms wil ek graag groei in die besigheid waar ek tans werksaam is en hopelik myself opwerk na ’n hoër pos,” het Wikus gesê. Volgens Wikus gaan hy sy eerste salaristjek gebruik om ’n deposito op ’n woonstel neer te sit.

ol-Tech is alombekend vir die loopbaangeleenthede wat hy vir die gemeenskap se jongmense bied, maar die instelling se gemeenskapsbetrokkenheid stop vir seker nie daar nie. Met een van die kollege se nuutste gemeenskapsprojekte het Sol-Tech vier skootrekenaars aan Potchefstroom se Dienssentrum vir Bejaardes geskenk. Die inwoners van dié sentrum het tot nou toe nie skootrekenaars gehad waarmee hulle aanlyn takies kan doen nie. Die skootrekenaars sal deur die bejaardes gebruik word om byvoorbeeld internetbankdienste te gebruik, of via Skype met hul geliefdes te gesels en in kontak te bly. Dié skenking sal hulle in ’n veilige omgewing in staat stel om op die hoogte te bly met tegnologie en die gebruik daarvan. Die sentrum is geïdentifiseer as deel van ’n verbeteringsprojek wat deel uitmaak van ’n MBA-kursus waarmee Sol-Tech se besigheidsontwikkelingsbestuurder, Higgs Venter, besig is. Higgs moes ’n organisasie sonder winsoogmerk identifiseer waar die operasionele bestuursbeginsels van die organisasie onder die loep geneem is. Terwyl die kursus sekere vereistes ten opsigte van die verbeterings aan die organisasie stel, het dit Higgs nie gekeer om die beste van die geleentheid te maak ten einde terug te gee aan die gemeenskap nie. Hy het nie net in sy persoonlike hoedanigheid nie, maar ook as verteenwoordiger van SolTech die ekstra myl gestap.

www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

47


IN BEWEGING

Pak die (BLOKRAAI)BUL by die horings DEUR ILZE NIEUWOUDT

D

it sal ’n huppel in jou stap sit, of sommer laat voel asof jy pens en pootjies in die botter geval het, want By wyse van spreke beloof om ure se blokkiesraaiselpret te verskaf. Met 100 spreekwoordraaisels waarin nagenoeg 4 000 spreekwoorde vervat is, sal dié bielie van ’n blokkiesraaiselboek jou laat kopkrap, raai én meer leer oor die wonderlike spreekwoorde, idiome en vaste uitdrukkings wat Afrikaans so kleurryk maak en dinge al te lekker op die tong laat val! Jy sal behoorlik voel soos ’n kat wat room gekry het. Met By wyse van spreke kan oud en jonk, liefhebbers van blokkiesraaisels en ander taalavonturiers hierdie pragtige beelde en uitdrukkings op ’n prettige manier herontdek én nuwes leer ken. Vir tweedetaalsprekers bied dit ’n lekker uitdaging om hulle kennis te verruim. Of jy nou Jan Burger, Dom Jan, Jan Dromer, Mal Jan of selfs Jan Taks is wat met Jan Tuisbly se karretjie moet ry – een ding is seker: elke Jan Rap en sy maat sal ure se pret hê met By wyse van spreke: 100 spreekwoordblokkiesraaisels. Dié

48

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

DRIE VAN DIE BESTES!

H

splinternuwe Kraal Uitgewers-publikasie is saamgestel deur Rina Malan en is nou beskikbaar by die uitgewer se aanlyn winkel teen slegs R100. • Besoek www.kraaluitgewers.co.za om jou bestelling te plaas!

ulle sê mos: Drie maal is skeepsreg! Daarom kán jy nie ’n fout maak met Kraal se Drie van die bestes-aanbieding nie. Teen slegs R450 is drie eg Afrikaanse, erg prettige en enersyds vermaaklike spreekwoordprodukte joune. Die spreekwoordblokraaiboek By wyse van spreke bied 100 blokraaisels wat jou kennis van Afrikaanse spreekwoorde sal toets én verbreed. Voeg daarby die Idio-bordspel en een van Kraal Uitgewers se kostelike haas-, kat- of hondnotaboekies gevul met pittige Afrikaanse spreekwoorde en siedaar, jy het drie van die bestes! Bestel dié pakket vandag nog aanlyn by Kraal Uitgewers se e-winkel teen slegs R450. Spring gou, moenie gras onder jou voete laat groei nie of maak soos ’n vetgesmeerde blits, voordat dit neusie verby is! Die aanbod is geldig terwyl voorraad hou.


IN BEWEGING

Nuwe instelling skep ONDERWYSHOOP DEUR FRANCOIS REDELINGHUYS

Foto: iStockphoto.com

S

olidariteit Helpende Hand het geboorte gegee aan die nuutste selfstandige instelling van die Solidariteit Beweging, die Skoleondersteuningsentrum (SOS), wat die afgelope paar jaar onder die vlerk van Helpende Hand ontwikkel het. Die SOS is gestig om die toenemende uitdagings wat Afrikaanse onderwys in die gesig staar onder die loep te neem. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die uitdagings so groot dat die Solidariteit Beweging besluit het om ’n eie selfstandige instelling, wie se taak dit is om dié uitdagings die hoof te bied, te vestig. Die totstandkoming van die instelling is ’n opwindende stap vir die Beweging. Die SOS bied professionele ontwikkeling vir onderwysers en vaardighede vir skoliere in vakke soos Wiskunde en Afrikaans.

Die organisasie besef die noodsaaklikheid van gehalte-onderwys in enige samelewing en ook die enorme invloed

wat onderwysers op leerlinge en hul uiteindelike welslae het. Boonop is gelukkige, goed toegeruste onderwysers se geesdrif aansteeklik en syfer dit ongetwyfeld deur na die leerlinge. Juis daarom is twee professionele beroepsorganisasies gestig wat spesifiek omsien na die belange van onderwysers wat Afrikaans as huistaal en Wiskunde aanbied. Die SOS, wat ook met ’n splinternuwe handelsmerk spog, gaan openbare skole ondersteun om uitnemend te wees, maar gaan ook met die hulp van ander vennote ’n volledige privaat Afrikaanse onderwysaanbod ontwikkel. Dr. Danie Brink, voorheen uitvoerende direkteur van Helpende Hand, neem as uitvoerende direkteur die leisels by die SOS en ds. Hannes Noëth is die nuwe uitvoerende direkteur van Helpende Hand.


IN BEWEGING

Belê in jou GESONDHEID en spaar! DEUR APPIE PIENAAR

Foto: iStockphoto.com

O

ns almal maak beleggings gedurende ons lewe. Ons belê ons tyd en ons belê ons geld. Ons belê onder meer ons tyd in die skep van inkomste: gewoonlik minstens 40 ure per week, dikwels meer. Ons het in die verlede al dikwels verwys na die noodsaaklikheid om deurlopend, veral wanneer ’n mens jonk is, goeie finansiële beleggings te maak omdat dit ’n mens se lewe makliker maak wanneer die ouderdom sy kloue inslaan. In hierdie artikel fokus ons op die finansiële implikasies van een van die belangrikste beleggings wat enige mens kan maak: die belegging in jou eie liggaamlike en geestelike gesondheid. Daar is uiteraard heelwat redes waarom ’n mens in jou gesondheid behoort te belê, onder meer lewensgehalte en geestelike welstand, maar omdat die doel van hierdie rubriek finansieel van aard is, is dít die aspek waarop ons fokus. Goeie gesondheid is natuurlik nie iets wat volkome binne ons eie beheer is nie. Siekte en ongeluk kan enige iemand tref, en soms is daar weinig verband tussen ’n persoon se lewenstyl en gesondheid. Tog neem dit nie ons verantwoordelikheid weg om onder ons eie bepaalde omstandighede alles in ons vermoë te doen om ons

50

MY

gesondheid as ’n gawe van Bo te koester nie. Die belegging in jou gesondheid hoef regtig nie baie te kos nie. Aspekte wat ’n finansiële implikasie mag hê, sluit die volgende in: • TOERUSTING: Daar is geen rede waarom jy baie geld op duur sporttoerusting moet uitgee nie. ’n Goeie paar stap- of drafskoene, ’n tweedehandse fiets of ’n graaf en kruiwa vir ’n bietjie tuinwerk kan net so goed werk om die bloedsomloop aan te gang te kry. • GESONDE KOS: Gesonde kos word aan die buiterande van die supermark aangetref – vars vrugte en groente, vleis, suiwel en eiers. Meer as dit het jou liggaam nie nodig nie. As ons hierdie as ’n duur opsie beskou, kan ons bespaar deur kleiner porsies voor te berei. ’n Kleiner porsie gesonde kos is beter as ’n goedkoop bord suikerbelaaide kos waaraan jy jou trommeldik moet eet om versadig te voel. • ONTSPANNING EN VERLOF: Dit is weliswaar duur om deesdae met vakansie te gaan, maar dis tog nodig om soms net weg te breek van die daaglikse spanning en druk wat met ’n beroep gepaard gaan. • GEREELDE ONDERSOEKE: Só kan ernstige siektetoestande vroeg bespeur word.

GELD

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die beleggingsopbrengs van ’n gesonde lewenstyl hou groot voordele in wat dikwels finansieel meetbaar is: • Laer mediese uitgawes, veral op jou oudag: Hoewel goeie gesondheid nooit gewaarborg kan word nie, is daar oorgenoeg wetenskaplike bewyse dat ’n GESONDE LEWENSTYL ’n mens se risiko vir siektetoestande soos diabetes, hoë bloeddruk en hartsiektes verminder. • Verminderde spandering op SLEGTE GEWOONTES soos oormatige drankgebruik, tabak, dwelmgebruik en selfs afhanklikheid van medikasie bring groot finansiële besparing mee wat dit nie alleen makliker maak om jou begroting te laat klop nie, maar selfs ruimte laat om ’n ekstra bedrag te belê vir die lang termyn. • Goeie gesondheid lei tot ’n LANGER PRODUKTIEWE LEWE. ’n Gesonde mens kan waarskynlik 10 tot 15 jaar by sy of haar produktiewe lewe voeg. Dit het ’n dubbele voordeel: Nie alleen beteken dit dat ’n mens 10 jaar langer het om by te dra tot jou aftreefonds nie, maar die tydperk waarvoor die aftreebedrag voorsiening moet maak, word ook met 10 jaar verminder. Dit kan dus ’n groot verskil aan die kwaliteit van die laaste 20 jaar van jou lewe maak.


IN BEWEGING

Tips to find the joy in your JOB

Photograph: iStockphoto.com

S

BY WILMARIE BRITS

teve Jobs once said that the only way to do great work is to love what you do. Even if your job may be demanding and challenging at times, you should still enjoy doing it to be successful. If you get up each morning thinking about the excitement of the new day, filled with opportunities, challenges and successes, you are experiencing joy at work. According to an article published by the University of Southern California, being happy at work and loving what you do is an overall productivity booster and enhances performance. The article states that people who enjoy their jobs are more likely to be optimistic and motivated, learn faster, make fewer mistakes, and take better business decisions. To experience complete joy in your job you must acknowledge that your life and your work are gifts from the Lord that you should cherish and enjoy. According to Steve Errey, Confidence

MY

Coach, it is easy to get caught up in routine. “Initially, when the work is new you are excited, but if you don’t look for the challenges in every day you can get into a rut, which drains the joy out of every workday.” Follow these three tips to find joy in your job:

WORK

DEVELOP A SOCIAL CIRCLE You will experience more joy at work if you surround yourself with colleagues who also have a positive outlook on life. Engage with these colleagues, chat to them and share your problems and challenges. If you are struggling or have lost perspective, they will help you. OPPORTUNITIES TO GROW It is important to protect yourself in the workplace, but guard against being overprotective and sceptical

about new opportunities. This will prevent you from enjoying the benefits such opportunities can offer. Always look for new opportunities, seize them and make the best of every situation. HAVE THE COURAGE TO SPEAK UP It is difficult to feel any kind of joy or even satisfaction when you’re run down, uninspired and unmotivated. According to Errey, you should never be too afraid to speak up. If your job is boring or not enjoyable, speak to your manager. He or she will not know how you feel unless you tell them. Laying your cards on the table could open many doors for you and enable you to discover new things. Life is too short not to experience joy in your work, so be conscious of the benefits you are creating for yourself and think positively. Once you have chosen to apply an encouraging mindset, your work will become more enjoyable and easier to master on the road to success.

THE ONLY WAY TO DO GREAT WORK IS TO LOVE WHAT YOU DO.” ~ STEVE JOBS ~ www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

51


REG SPRAAK

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

DEUR PHIL DAVEL

Geen ooreenkoms? Geen OORTYD!

W

erknemers en werkgewers verskil dikwels oor die geldigheid van ’n opdrag om oortyd te werk. Wat oortyd betref, geld twee basiese beginsels: 1 Daar kan slegs van ’n werknemer ver1. wag word om oortyd te werk as daar ’n ooreenkoms bestaan wat bepaal dat oortyd gewerk moet word. Indien ’n werknemer weier om die verlangde oortyd te werk, kan die werkgewer dissiplinêre stappe teen die werknemer doen omdat die werk van oortyd ’n diensvoorwaarde is. 2 Wetgewing bepaal ook: 2. i. Indien ’n werknemer minder as die inkomstedrempel van R205 433,30 per jaar (afgerond tot R17 120 bruto per maand) verdien, is artikel 9 en 10 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes van toepassing. Artikel 10 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat ’n werknemer nie meer as tien ure oortyd per week mag werk nie, tensy daar ’n kollektiewe ooreenkoms van krag is. As só ’n ooreenkoms bestaan, kan die weeklikse oortyd na ’n maksimum van 15 ure opgeskuif word. So ’n ooreenkoms sal slegs vir twee maande geld. Geen ooreenkoms mag ’n werknemer egter verplig om langer as 12 ure per dag te werk nie.

Foto’s: iStockphoto.com

Betaling vir oortyd moet teen een en ’n half keer die gewone betaling bereken word. Daar kan ook ooreengekom word dat ’n werknemer 30 minute af kry vir elke volle betaalde uur oortyd wat gewerk is, pleks van ekstra betaling. Die tyd af moet ten minste een maand nadat ’n werknemer daarop geregtig geword het, toegestaan word.

werk indien daar nie ’n ooreenkoms tot daardie effek bestaan nie. Onthou dat etenstyd nie as normale werkure geag word nie en buite rekening gelaat word.

In die algemeen kan ’n werknemer weier om meer as 45 normale ure per week, of meer as 10 ure per dag, te

52

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die feit dat ’n werknemer meer as die inkomstedrempel verdien, beteken nie dat hy of sy outomaties oortyd moet werk nie. Ons beklemtoon weer dat daar ’n ooreenkoms moet wees om oortyd te werk – geen ooreenkoms nie, geen oortyd nie.

In gevalle van ontevredenheid oor oortyd, is die beste uitweg om ’n brief aan die werkgewer te rig waarin die werknemer sy of haar ongelukkigheid oor die oortydure of -betaling uiteensit en aandui wat hy of sy daaromtrent gedoen wil hê. Vra die werkgewer dan om skriftelik daarop te reageer.

Daar is wel gevalle soos onder meer noodgedwonge oortydure wat ’n werkgewer wel kan verwag. Dit kan ook gebeur dat operasionele vereistes oortydwerk vereis.

ii. Indien ’n werknemer meer as R205 433,30 per jaar verdien, geld artikel 9 en 10 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes nie.

In sekere gevalle kan ’n werkgewer wel noodgedwonge oortyd vereis. Artikel 6(2) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes maak voorsiening daarvoor dat artikel 9, 10 (1), 14 (1), 15 (1), 17 (2) en 18 (1) nie van toepassing is nie op werk wat – • sonder versuim gedoen moet word, • weens omstandighede gedoen moet word waarvoor daar nie redelikerwys van die werkgewer verwag kon word om voorsiening te maak nie, en • nie gedurende hul gewone werkure deur werknemers verrig kan word nie.

geregtig is, en indien wel, op hoeveel betaling die werknemer geregtig is. Maak dus seker dat die dienskontrak die bepalings en voorwaardes vir oortyd duidelik en volledig uiteensit. Hoewel geldig, is bepalings soos “Daar kan van die werknemer verwag word om van tyd tot tyd oortyd te werk” nie baie duidelik nie.

Daar kan gevolglik op grond van ’n werknemer se dienskontrak bepaal word of hy of sy oortyd moet werk en of die werknemer op oortydbetaling



IN BEWEGING

Vind só balans met nuwe BABA in die huis DEUR WILMARIE BRITS

O

m kinders te hê, is sonder enige twyfel een van die grootste vreugdes van die lewe. Die Bybel beskryf kinders in Psalm 127:3 as ’n beloning van God, en hoewel ouerskap vir die meeste paartjies baie geluk en vreugde bring, verander ’n baba jou lewe onherroeplik. Vir ’n jong getroude paartjie wat pas ’n gesamentlike lewenspatroon gevorm het en ’n gemaklike balans in hul huwelik gevind het, kan die geboorte van ’n baba skokgolwe deur hul huwelik stuur. Jul eens vry en sorgelose lewe, vol onbeplande wildtuinbesoeke en laataand-TV-reeksmarathons, word vervang met slapelose nagte, min tyd vir mekaar en baie spanning wat stadig maar seker aan julle verhouding kan begin torring. Volgens dr. Elzette Fritz, ’n doktor in opvoedkundige sielkunde, maak die meeste paartjies op die harde manier kennis met die stryd om ’n balans tussen ouerskap, tyd vir mekaar en ’n gesonde leefstyl te vind. Die aanlyn publikasie JW.org verduidelik dat die geboorte van ’n pienkvoet ’n hele nuwe ritme in die gesin

MY

meebring, en dat wanneer nuwe ouers nie voorbereid is op die enorme aanpassings wat op hulle wag nie of geen ondersteuningsbasis het nie, hulle baie vinnig oorweldig kan voel. “Kommunikasie is die beste bondgenoot tussen paartjies wanneer dit kom by die geboorte van ’n nuwe baba,” sê dr. Fritz. Vroue wat voltyds gewerk het en te alle tye hul vinger op die pols gehad het, kan baie vinnig magteloos voel wanneer hulle gekonfronteer word met ’n skreeuende baba en sukkel om die oplossing te kry. Nuwe pa’s, aan die ander kant, wil graag help, maar is nie noodwendig seker hoe nie, en kan naderhand soos ’n buitestander voel. Daarom is dit uiters belangrik om met liefde en begrip met mekaar te gesels, sodat julle weet wat om van mekaar te verwag. Dit skep ruimte om te onderhandel sodra iets nie uitwerk soos julle beplan het nie. Baba en Kleuter moedig elke nuwe mamma aan om die drang te onderdruk om jou man te kritiseer wanneer hy jou wil help met die versorging van julle baba, maar dit anders as jy doen. “Prys hom eerder vir wat hy reg doen,

Foto: iStockphoto.com

GESIN

54

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

en jy sal sy selfvertroue opbou en hom aanmoedig om jou die ondersteuning te gee wat jy nodig het,” sê Susan Samuel, ’n skrywer. Volgens JW.org word tyd die grootste oorsaak van konflik in huwelike. Paartjies begin so erg konsentreer op hul plig as ouers dat hulle vergeet wat hul plig as eggenoot is. ’n Vaste roetine vir jul baba sal julle help om gehaltetyd saam te spandeer. Maak doelbewus meer tyd om alleen bymekaar te wees. JW.org raai elke paartjie aan om nie oor hul kinders te praat wanneer hulle tyd saam spandeer nie. Identifiseer die dinge en aktiwiteite wat vir julle lekker is, gebruik julle ondersteuningsbasis soos grootouers of kinderoppassers en gaan geniet julle tyd saam. Ouerskap is dalk een van die grootste uitdagings, maar deur kwaliteittyd en geduld sal julle ’n ritme vind waarmee elkeen gemaklik is. Julle gaan in jul rolle as ouers aanpas en die nodige selfvertroue aanleer. Om kinders groot te maak, is ’n voorreg wat met die regte benadering ’n goeie uitwerking op jul huwelik kan hê. Om kinders groot te maak, maak jou onselfsugtig. Dit leer jou simpatie en hoe om waarlik lief te hê.


IN BEWEGING

Hoekom op FACEBOOK adverteer? Begin jy jou eie besigheid? In die eerste artikel van hierdie reeks oor Facebook-bemarking kyk MORNÉ PRINSLOO na die doel van advertensies op dié gewilde sosialemediaplatform.

M

aatskappye is nie almal dieselfde nie en hulle bemarkingsbegrotings is ook nie almal ewe groot nie. Dit geld veral vir tradisionele bemarking en die reusebedrae wat by hierdie tipe bemarking ter sprake is. Gelukkig vir maatskappye, veral die kleineres, kan advertensies op Facebook die speelveld gelyk maak. Dit beteken dat kleiner maatskappye kan meeding met groter maatskappye wat ’n groter bemarkingsbegroting beskikbaar het. Hierdie reeks artikels wil jou help om doeltreffende Facebook-bemarkingsveldtogte van stapel te stuur. Deel 1 handel oor die verskillende advertensiedoelwitte wat jy kan nastreef. BEWUSMAKING Hierdie doelwit is ideaal as jy pas begin het en bewustheid van jou handelsnaam wil skep. • HANDELSNAAMBEWUSMAKING Hier is die oogmerk om ’n gehoor van jou gekose teikenmark te bereik wat waarskynlik in jou advertensies sal belangstel en dit sal onthou. Facebook help jou om meer mense te bereik sodat hulle meer bewus kan word van jou maatskappy. • BESTEK Facebook poog om jou onderneming plaaslik te bevorder sodat jy verkope kan verhoog deur soveel mense as moontlik in die omgewing van jou onderneming te bereik. Dit is ideaal om met mense te skakel op grond van demografie, belangstellings, gedrag en waar hulle woon. Gebruik spesifieke oproepe tot optrede om skakeling met jou onderneming te versterk.

Foto: iStockphoto.com

1

BETROKKENHEID Indien jy mense by jou onderneming wil betrokke kry, sal hierdie jou doelwit wees. • VERKEER Jy kan verkeer na jou webwerf verhoog met hierdie advertensie-oog-

2

merk. Jy kan besluit na watter blad of blog jy kliënte wil stuur. Dit is ’n goeie manier om jou webwerf te bevorder of om vir mense inligting oor ’n bepaalde produk of diens te gee. APP-INSTALLERING Apps is ’n goeie manier om jou onderneming te laat groei. Met hierdie opsie kan gebruikers jou app direk van die App Store, Google Play of Kindle Fire Store aflaai. VIDEOBESOEKE Video’s moet die kykers se aandag gou trek, jou onderneming weerspieël en ideaal gesproke sonder klank ontwerp wees. Gebruik video-advertensies om ’n kykergemeenskap te bereik wat heel waarskynlik jou produkte of dienste sal gebruik. MOONTLIKHEIDSKEPPING Wanneer gebruikers op hierdie tipe advertensie klik, verskyn daar ’n vorm met voorafbepaalde kontakinligting. Hierdie vorm word direk aan jou gestuur wanneer dit ingedien word. Hierdie moontlikheidskep-oogmerk is ’n moeitelose gesprekbeginner tussen jou en jou kliënte. INTERAKSIE MET PLASINGS Danksy Facebook Insights kan jy sien watter tipe plasings lok meer interaksie. Hierdie oogmerk help om inligting oor jou onderneming te deel, neem jou potensiële kliënt of klant verby die betrokke plasing en inspireer hulle om op te tree. BLADSY-LIKES Rig jou advertensie op ’n bepaalde gehoor, verkieslik jou teikenmark, om meer bladsy-likes te kry. Hierdie funksionaliteit is doeltreffend as jy ’n klein gevolg het en jou huidige getal bladsy-likes wil verhoog. GELEENTHEIDRESPONSE Beoog jy om ’n geleentheid te bemark? Gebruik faktore soos ouderdom, geslag, belangstellings en geografie om jou geleentheid te bemark onder ‘n bepaalde gehoor wat dalk jou geleentheid sal wil bywoon. Wanneer hulle aangesluit het by die geleentheid wat jy op jou Face-

WEB-

WYS

book-blad geskep het, sal Facebook die geleentheid outomaties op hulle kalender op Facebook invoeg. • BOODSKAPPE Bevorder gesprekke op Facebook Messenger met behulp van hierdie oogmerk. Kry meer persoonlike interaksie met jou kliënte of potensiële kliënte om meer geleenthede te skep, verkope te verhoog, steun te bied en/ of moontlike navrae te beantwoord. OMSKAKELING Wat is die nut van ’n sakemoontlikheid as dit nie in verkope of inkomste omgeskakel word nie? • OMSKAKELING Die omskakeloogmerk is ’n goeie manier om jou onderneming op jou webwerf te laat groei. Hierdie oogmerk moedig mense aan om jou webwerf te besoek en sekere stappe te doen. Dit is ’n uitstekende manier om sakemoontlikhede in inkomste om te skakel. • KATALOGUSVERKOPE Bedryf jy ’n e-handelblad, of doen jy verkope aan mense wat wil reis? Hierdie oogmerk stel jou in staat om ’n reisplan te bevorder vir mense wat op reis wil gaan. Of, as jy van Shopify, Magento of BigCommerce gebruik maak, stel Facebook jou in staat om advertensies vir jou onderneming op te stel. • WINKELBESOEKE As jy nie ’n e-handelblad het nie, wees rustig. Die winkelbesoekoogmerk help kleinhandelaars om die gaping tussen mense se koopervaring op die internet en sonder die internet te oorbrug. Hierdie oogmerk is uitstekend om winkelbesoeke te verhoog of verkope of enige ander interaksie by fisieke winkels te bevorder. Hou die volgende uitgawe van Solidariteit Tydskrif dop vir ’n artikel oor hoe om die regte teikengehoor vir jou spesifieke Facebook-advertensiedoelwit te kies. Is jy geïnspireer om jou eerste advertensie te skep? Doen dit vandag nog!

3

www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

55


Van DEEG tot DEBAT en DEERNIS Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou GRATIS aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte, resepte en boeke. Kom sê jou sê, snuffel in ons koöperasie of kuier saam om die kombuistafel met smullekker resepte. maroelamedia.co.za

MAKLIKE OOND-KAASKOEKIES DIE TALE WAT ONS PRAAT – VAN RADIO TOT BOEK

W

anneer is dit aantal, wanneer getal? Hoe hou ambisie verband met ambulans? Ry ’n mens in ’n baan, of in ’n laan? Wat is die verskil tussen balhorig en baldadig; belhamels, voorbokke en sondebokke; bulle en ramme, koeie en ooie? Waar kry Afrikaans “berserk” vandaan? Is dit biljoen of miljard? Flagrant? Flambojant? Kritiek of krities? Is knormoer regtig ’n woord? Waar kom die “peet” in peetouer vandaan? Hoe verskil relikte, relieke en relikwieë? Wanneer tap ’n mens ’n ui? Wat doen jy as jy varkoor gooi? Waar kry ’n volstruis sy naam? Vir jare al, Sondae net ná elfuur, word al dié vrae en nog baie meer in die RSG-program Die tale wat ons praat beantwoord. Ook word aktuele sake en interessanthede oor Afrikaans bespreek. Van die deelnemers aan die program is taalkundiges, leksikograwe en huidige en oudlede van die Suid-Afrikaanse Akademie se Taalkommissie. In hierdie boek word van die gewildste bydraes deur luisteraars en taalkenners byeengebring. Vir elkeen wat getrou by die radio luister – en almal wat lief is vir Afrikaans! Die tale wat ons praat is saamgestel deur Danny Fourie en word uitgegee deur Penguin Random House. Jana Luther en Fred Pheiffer is die redakteurs.

56

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Hierdie maklike resep kom uit Janie Monsieur se kombuis. BESTANDDELE 1 pakkie tennisbeskuitjies /3 koppie suiker

1

100 g botter, gesmelt 1 blik kondensmelk 1 x 230 g houer ongegeurde roomkaas /4 k suurlemoensap

1

bloubessies vir versiering

METODE

1. Maak die tennisbeskuitjies baie fyn en meng dit met die suiker en gesmelte botter om ’n kors te vorm. Skep dit in ’n groot tertpan of 12 klein muffinpannetjies en druk dit met jou vingers vas. Bak vir 7 tot 10 minute. 2. Meng die kondensmelk, roomkaas en suurlemoensap goed saam, sodat dit ’n gladde beslag vorm. 3. Gooi die roomkaasmengsel oor die kors en bak vir 15 tot 20 minute by 180 °C. 4. Versier met bloubessies of aarbeie en geniet.

KAATJIE VAN DIE BAAN BETEKENIS: Die leier of voorbok. Afrikaanse vervorming van die Nederlandse katje van de baan. “Baan” verwys hier na die grootpad: dus die kat wat sonder vrees voor in die pad loop.


IN BEWEGING

Sommige mense leef hul eie drome uit, en ander mense maak hul werkgewer of kollega se drome waar. Wanneer laas het jy tyd in jou dag ingeruim om net te sit en droom?

LEWE JY aspris of per ongeluk?

Foto’s: iStockphoto.com

V

an die eerste woorde wat ek geleer het, was wat jy sê as jy met jou stoute optrede gekonfronteer word: “Mamma, dit was nie aspris nie.” Die meeste van ons het sekerlik die woord “aspris” op hierdie manier leer ken; iemand het jou benadeel en dit was met opset, dit was aspris – maar het jy dit al ooit op jou eie lewe toegepas? Jy staan dalk elke oggend ná die derde wekkergelui op, drink koffie wat ’n ou Land Rover aan die gang sou kry, en druk gisteraand se oorskiet tussen jou wange in. Jy kom by die werk aan met daardie koffie-modder-mengsel nog in jou gestel, en dan staan jy. Soos ’n kleuter wat ’n golf sien kom, voete in die sand, reg vir hierdie vloed van werk, e-posse, en take wat jou omvou, en oorneem. As jy vandag iets regkry, is dit per ongeluk; niks aan jou gemiddelde werkdag is aspris nie. Klink dit bekend? Sommige mense sal sê nee, ek is in beheer, maar die meeste van ons knik die kop dalk skaam – ons dag word meer dikwels beskryf met die woorde “per ongeluk” as “aspris” (of doelbewus). Miskien het die tyd aangebreek om so ’n bietjie beheer terug te neem. Hier is vier reëls om “aspris” te lewe: 1. NEEM VERANTWOORDELIKHEID Die Amerikaanse presidentskandidaat Mitt Romney het gesê: “Leierskap is om

DEUR PAUL MARITZ

verantwoordelikheid te neem, nie om verskonings te maak nie.” Dit is te maklik om vinger te wys. Hou op om allerhande eksterne faktore die mag oor jou dag te gee! As dit jou naam is wat op daardie kantoor se deur staan, as dit jou handtekening op daardie werkkontrak is, dan is die werk wat daar gedoen word jou verantwoordelikheid! Staan elke oggend op met die besef dat dít wat jy vandag gaan doen, jóú werk en jóú verantwoordelikheid is. 2. MOENIE KORTPAD VAT NIE Waarom meer doen as wat verwag word? Waarom harder werk as die persoon in die volgende kantoor, wat in elk geval dieselfde salaris kry? Waarom met iets nuuts vorendag kom? Waarom moeite doen as jy rustig kan wees? Al hierdie vrae is die vrae wat iemand vra wat vrede daarmee gemaak het dat die stroom hom of haar eintlik reeds geneem het. Om aspris te lewe, beteken dat jy teenwoordig is in die proses, dat jy hiér en nou bewus is van wat aangaan, wat fout gaan, wat moet verander, en hoe jy die katalisator, die agent van verandering kan wees. Dit beteken dat jy soms die langer pad moet stap. Dit beteken dat jy soms langer ure moet werk, of ’n boek moet lees, of ’n aanlyn kursus moet doen. Die kortpad is dalk vinniger, meer gerieflik, en op die kort termyn lekkerder, maar langs daardie pad vind jy dikwels net die mense wat per ongeluk lewe soos hulle meegesleur word.

3. DROOM EN MAAK PLANNE In die bekende rolprent The Count of Monte Cristo sê Napoleon Bonaparte aan een van die karakters: “Ons is almal óf konings óf pionne.” Die stelling is dalk effe radikaal, maar daar steek dalk waarheid daarin dat sommige mense hul eie drome uitleef, en ander mense hul werkgewer of kollega se drome waar maak. Wanneer laas het jy tyd in jou dag ingeruim om net te sit en droom? 4. DISSIPLINE, DISSIPLINE, DISSIPLINE Soveel mense luister na motiveringspraatjies of lees selfhelpboeke in die hoop dat dít hulle sal motiveer. Die waarheid is dat sulke motivering amper altyd tydelik is. Ware uitnemendheid kom van dissipline. Werk hard, al voel jy nie lus daarvoor nie. En as jy wil verbeter, verbeter elke dag ’n bietjie. Dissipline is nie noodwendig kleurvol of passievol nie, maar dit is die enigste ware pad na volhoubare langtermynsukses. Om per ongeluk te lewe, is maklik, jy doen net-net genoeg. Om aspris te lewe, is nie maklik nie. Slegs hulle wat bereid is om verantwoordelikheid te neem, en daardie ekstra myl te stap, soos wat elkeen van ons weet ons kan, slegs hulle kan werklik die golf van elke-dag-lewe regopstaande trotseer. • Hierdie rubriek is in gewysigde vorm op Maroela Media se meningsplatform, Nou pra’ jy, gepubliseer. Besoek maroelamedia.co.za. www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

57


IN BEWEGING

SWART OKTOBER se miljoene slagoffers Die Groot Griep, Swart Oktober of die Spaanse Griep. Hoewel hierdie epidemie onder verskeie name bekend gestaan het, was die uiteinde dieselfde – ’n bittere dood, skryf ILZE NIEUWOUDT.

D

Suid-Afrikaners weens dié griep omgekom het, kan daar om verskeie redes nie presiese sterftesyfers verskaf word nie. Nagenoeg 12 000 wit Suid-Afrikaners het as ’n direkte gevolg van dié siekte gesterf. Volgens Phillips is sterftes gedurende dié tyd swak gedokumenteer aangesien hele gesinne, en in uiterste gevalle selfs hele gemeenskappe, uitgewis is. BEGIN (VAN DIE EINDE) Dit het daartoe gelei dat die Die eerste aanmelding van die burgerlike administrasie plekgriep was op ’n militêre basis plek tot stilstand geruk is. in Kansas in die VSA in Maart Phillips se navorsing 1918. Dit was die tyd van toon duidelik dat gesinne die Eerste Wêreldoorlog verwoes is en ’n groot en die beweging van aantal kinders skielik wees mense oor die wêreld gelaat is. Een spesifieke heen sou uiteindelik in ’n geval is dié van die groot mate tot die verSlabbert-gesin van Reitz spreiding van dié griep lei. wat ses seuns binne enkele Kort voor lank het dit oor dae aan die dood moes die ganse aarde versprei en afstaan. Swanger vroue was ook die Suid-Afrikaanse boonop veral kwesbaar en talle grense binnegekom by die sterftes is onder dié vroue Kaapstad- en Durbanaangemeld, terwyl baie hawe. Van hier af het die Heel bo: Tobie Muller is tydens ook miskrame gehad het. siekte veral met die land die Groot Griep oorlede. In ’n meer onlangse se goed ontwikkelde Bo: Dié foto van C.J.L. Ruysch studie oor die epidemie spoorwegstelsel langs na van Dugteren het in Oktober 1918 in Die Huisgenoot verskyn wat gedoen is vir die die binneland versprei. om sy afsterwe aan te kondig. boek Swart Oktober van Volgens die studie 1918-1919: Ons mag nie oor die impak van die vergeet nie! (2015) skryf Chris Meyer dat griep in Suid-Afrika wat Howard Phillips sowat 500 000 mense uit die destydse in 1984 ter vervulling van sy doktorale Suid-Afrikaanse bevolking van 7 miljoen graad aan die Universiteit van Kaapstad mense omgekom het. “Stede het tot stilvoltooi het, is die Kaapprovinsie veral stand gekom. Oorvol hospitale het veroorerg getref deur dié griep. Nagenoeg saak dat stadsale en skole ingespan moes 62% van sterftes wat in Suid-Afrika word. Later was daar selfs ’n tekort aan aangeteken is, was dié van inwoners in doodskiste,” het Meyer in ’n onderhoud hierdie provinsie. met die Mossel Bay Advertiser gesê. Wêreldwyd sou sowat 20 miljoen DIE SKOKKENDE SYFERS – een uit elke 50 – mense weens dié Hoewel daar oor die algemeen gereken genadelose siekte sterf. word dat daar tussen 250 000 en 350 000

Foto’s: FAK-versameling, Huisgenoot & iStockphoto.com

ie griepepidemie wat in 1918 soos ’n veldbrand versprei het, sou uiteindelik wêreldwyd miljoene mense uitwis – meer as selfs die Swart Plaag van die Middeleeue. Dit is vanjaar reeds 100 jaar sedert dié gebeure die wêreld tot stilstand gebring het.

58

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

DIE EINDE VAN ‘N JONG LOOPBAAN Verskeie jongmense aan die vooraand van ’n belowende loopbaan het weens die 1918/1919-griepepidemie gesterf. Van die bekendste Suid-Afrikaners sluit in: • F.H. DORMEHL was ’n ywerige kampvegter vir Afrikaans, medestigter van Nasionale Pers en Sanlam en die eerste uitvoerende hoof van die uitgewery en Sanlam. Hy het die pos by Sanlam beklee tot sy dood in 1918. Hy was 47 jaar oud ten tyde van sy afsterwe. • DR. T.B. (TOBIE) MULLER was ’n bekende taalstryder en redaksielid van die maandblad Ons Moedertaal wat in 1914 tot stand gekom het (dié tydskrif het in 1916 met die nuwe maandblad Die Huisgenoot saamgesmelt). Hy was ook ’n teoloog en predikant van die NG Kerk Philippolis waar hy van 1916 tot sy dood op 34-jarige ouderdom in 1918 in die amp gestaan het. • C.J.L. RUYSCH VAN DUGTEREN was die medestigter van Die Huisgenoot in Mei 1916. Hy het in 1918 in die ouderdom van 39 gesterf. • LOUIS BOTHA was ’n generaal tydens die Anglo-Boereoorlog, medeondertekenaar van die Vrede van Vereeniging, prominente politikus en die eerste eerste minister van die Unie van Suid-Afrika. Hy is in Augustus 1919 oorlede aan hartversaking nadat hy vroeër die griep opgedoen het. (Die Louis Botha-kinderhuis is in 1918 deur Botha se dogter, Helen de Waal, gestig vir die versorging van kinders wat weens die Groot Griep wees gelaat is.)


is ’n onderwyser by die Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

As ‘n juffrou en ouma verder STUDEER

Foto’s: iStockphoto.com

D

is ysig in my klas. Swygend staar die teddies in die hoek my aan. Die kinderboeke staan ongelees op die rak. Stoele en tafels is silwerskoon. Daar is rolstoele op die mat waar kinderlywe moes gespeel het. Dis vakansie, maar ek sit by my tafel, voor my rekenaar, kombers oor my skouers teen die koue. ’n Koffietjie stoom langs die sleutelbord om my suwwe brein te maak werk. My klas is die enigste plek waaraan ek kon dink waar daar stilte is; waar die eise van die lewe net vir ’n paar ure halt kan roep. Dis nou of nooit. As hierdie ouma nie in hierdie wintervakansie haar meestersgraadverhandeling flou veg nie, gaan sy vir seker soos Simson die hele ding se pilare omtrek en morsdood vergaan onder die druk. In my lewe het ek nog nie so hard gewerk, so hard gedink, so baie gelees, soveel ongenadige kritiek verduur, soveel kere voor begin nie. Ek het al gehuil, goed neergegooi, amper myself ook op die vloer neergegooi, by almal gekla wat wou hoor, asook by almal wat nie wou hoor nie. Ek lê snags slapeloos en worstel met woorde en gedagtes. Donker soggens rol ek kreunend uit die bed en gaan sit weer voor my skootrekenaar. Die enigste proses wat ek hiermee kan vergelyk, verduidelik ek aan my dogters, is kraam. ’n Lang en pynlike kraam … Ek skryf, skrap, begin weer, skryf, gaan stap ’n ent, kom sit weer. Eindelik begin ligte aangaan, temas na vore kom, idees uit die chaos verrys. Die stemme van die mense wat my met hulle ervarings vertrou het, klink weer en weer op in my werk.

Beelde sweef voor my terwyl ek skryf. Daar is die koshuis vir blinde en swaksiende kinders waar die woord HOME skewerig langs die deur geskryf staan. Kinders wat dalk een keer per kwartaal huis toe gaan. Daar is die groot geboude, joviale blinde onderwyser wat vertel van sy uitdagings op universiteit. Daar is ’n jong man met ’n kierie en ’n hond wat woedend ’n sigaret gaan rook op sy woonstel se stoepie voordat hy kan klaar vertel hoe mense sy waardigheid aangetas en hom verneder het. Ek het nie geweet dat navorsing so ’n groot verantwoordelikheid is, dat daar soveel lae betekenisse in ’n enkele sin kan wees nie. Studie het my geleer van die wêrelde van mense wat voorheen net dowwe skadufigure op die rand van my bestaan was. Studie is meer as net ’n stuk papier waarmee jy jou slim en belangrik hou. Studie is ’n manier waarop jy kan bydra daartoe dat mense wat nodig het om gesien en gehoor te word, uit die bladsye van jou werk sigbaar en hoorbaar raak. Studie maak jou nederig. Studie maak jou taai. Studie leer jou dat jy eintlik nog niks weet nie. Die aand nadat ek al die rompslomp rondom die inhandiging uiteindelik afgehandel en die pakkie amptelik ingegee het, val ek uitgeput op my bed neer en kyk na my deurmekaar kamer, waar ek maande laas iets probeer orden het. En toe bid ek dat my Vader my werk aanvaarbaar sal vind. “… en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!”

Die skool het weer begin. Die weer het gedraai. Die sonnetjie skyn warm by my klasventers in. Die teddies lê deurmekaar. Boekies word gelees. Tafels het verfmerke op. Kinderlywe is op die mat. Blokkies word uitgepak. My lewe keer terug na normaal. Ek is weer net ’n juffrou. Dis ’n verligting, amper ’n vorm van ontspanning, om net my skoolwerk te doen. Nooit weer nie, vertel ek myself. Genoeg was genoeg. Ek het myself byna bokveld toe gewerk. Tot ek een middag, toe die teddies weer op hulle plekke sit en die tafels afgevee is, voor my lessenaar sit en peinsend ’n enkele sinnetjie op my rekenaar tik. Hmmm ... net die regte onderwerp vir ’n PhD …

www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

59


IN BEWEGING

BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Gibbs du Toit (litigant), Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Leandri Engelbrecht (litigant) en Fanie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

NEWCASTLE • • • • •

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE

Deon Viviers • Administratiewe beampte: Helen Kay • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

60

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336/1090 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK

André Jansen van Rensburg • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS

RICHARDSBAAI

Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Nadine Botha, Henco Breytenbach, Helgard Cronje, Alfie Hoole, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Marike Pitzer, Danielle van Heerden en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendrachtstr, Kloofsig

WELKOM Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Candice Gerber • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


IN BEWEGING

Kranige KAMPVEGTER in stryd van idees

Foto: iStockphoto.com

D

ie Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is in 2010 in die lewe geroep en bestaan uit ’n dinamiese span wat take met oorgawe aanpak en uitvoer. Dié navorsingsinstelling en denksentrum is ’n sleutelelement van die vakbond Solidariteit asook die groter Solidariteit Beweging, wat deur sy deeglike navorsing en geloofwaardige inligting die groter Beweging bemagtig in sy strategiese beplanning vir ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms. Die SNI posisioneer die Solidariteit Beweging strategies op vier fokusareas, naamlik arbeidsekonomie en -verhoudinge, sosio-politiese navorsing, politieke navorsing en regsnavorsing. Dit stel hulle in staat om te verseker dat die Beweging ’n belangrike en invloedryke stem in die nasionale diskoers bly. Die ontleding van die bestaande en nuwe regeringsbeleid asook die lewering van kommentaar daarop, maak nog ’n groot deel van hulle verantwoordelikheid uit. Die Arbeidsmarkrapport is ’n meer formele kanaal wat die SNI gebruik om inligting aan die lede deur te gee. Dié verslag word kwartaalliks uitgereik en bestaan uit ’n innoverende indeks wat in

DEUR WILMARIE BRITS

samewerking met ETM Analytics ontwikkel is. Dié indeks gee vir elke lid ’n idee van werk- en loonsekerheid in Suid-Afrika. Daar word ook elke kwartaal ’n peiling onder lede oor hul werk- en loonsekerheid gedoen, en moeilike kwessies word dan deur middel van artikels bespreek wat deur die lede gelees kan word om hulle sodoende met inligting te versterk. Tweedens beplan die SNI om die nasionale diskoers te beïnvloed om ruimte te skep vir die Solidariteit Beweging se idees, om sodoende opponerende idees aan te pak. Volgens Connie Mulder, hoof van die SNI, is dit ons verantwoordelikheid om die idees waarvoor ons staan te verdedig. “Ons wil die kampvegter wees in die stryd van idees,” verduidelik Mulder. Deur middel van hul doeltreffende navorsing bou dié denksentrum ook saam aan ’n voorspoedige toekoms. Die ruimte van anti-Afrikaanse, anti-Christelike, en anti-privaat instellings waarin ons onsself tans bevind, bemoeilik die oprigting van opleidingsinstellings soos Akademia. Deeglike navorsing stel die SNI in staat om by dié debat betrokke te raak en die beleid teen te staan. Navorsing maak dit ook vir die SNI moontlik om die nadelige gevolge van die beleide

wat ingestel word uit te wys, en dit skep ruimtes waarbinne opleidingsinstansies gebou kan word. Die SNI het onlangs twee groot verslae bekendgestel waarby intensiewe navorsing gedoen is. Die eerste groot projek was die Demografie-projek wat van stapel gestuur is om te bepaal hoeveel Afrikaanssprekendes en Afrikaners daar tans in Suid-Afrika is en in die volgende dekades gaan wees. Die tweede projek was die Nasionale Gesondheidversekeringsverslag (NGV-verslag). Dié navorsing, wat in Julie vanjaar aangepak is, het ten doel gehad om gesondheidswerkers se mening van en kennis oor die NGV, asook hul vermoë om die NGV te akkommodeer, te bepaal. ’n Nie-ewekansige steekproef is binne Solidariteit se lededatabasis gedoen en 306 respondente het die aanlyn vraelys ingevul. Die navorsing volg ’n gemengde kwalitatiewe/kwantitatiewe navorsingsmetodologie. Die resultate van die navorsing sal aan Solidariteit strategiese kundigheid verleen om daardeur sy lede en mede-Suid-Afrikaners op hoogte te hou en te ondersteun rondom aspekte van die NGV. www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

61


This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

MEMBERSHIP CATEGORIES Collective members

Individual members

Supporting members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.

Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/

62

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za


SERVE & PROTECT

OTHER SERVICES

Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.

Death benefit* Funeral benefit (Martin’s or Avbob)

A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. Assistance with investigations • A funeral of the same standard as that of Assistance is provided in adults is provided for a member’s depenconnection with investigations dent children under the age of 21 years. by the Medical Bureau for • The spouse may apply to continue as Occupational Diseases and Solidariteit a member after the death of the main Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer benefits enquiries ofSolidariteit the Compensation Beweging member. van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 Commissioner and Rand Mutual, as well • The burden of funeral arrangements as work-related disability claims. All claims is alleviated by the fact that Solidarity must be submitted within six months. and Martin’s or Avbob will make all the arrangements. Collective bargaining • A 10% rebate on headstones has been Competent and experienced negotiated with Martin’s and Avbob. Solidarity staff members under• The undertaking services are provided take collective bargaining to solely by Martin’s or Avbob. If the services negotiate better conditions of of another undertaker are used, Solidarity employment and salaries for members. will only pay out R500 in respect of funeral expenses (terms and conditions apply). • •

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Permanent medical disability* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from employers that they are permanently unfit for work in the labour market, receive a once-off amount of R1 800. Claims must be submitted within six months.

Maternity benefit*

A maternity benefit of R1 500 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.

Study benefit*

Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit. Photograph: iStockphoto.com

Additional cash disbursements

Solidarity Magazine Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.

At the death of a paid-up member, a cash amount of R3 600 is paid to the surviving spouse or dependent children. At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 400 is paid to the member. Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 800 • Disabled children (20+) – R1 800 • Children younger than 14 years – R1 200. Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. All claims must be submitted within six months.

Holiday benefit* Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit. * Terms and conditions apply. For more information, call 0861 25 24 23

Car and household insurance This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of members’ premiums to the Virseker Trust * Bepalings en voorwaardes geld that invests in Afrikaans education and training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za

LegalInsurance X is ’n gemagtigde verskaffer van Legal

finansiële dienste • FSP-nommer: 5277full Members and their dependants can enjoy legal cover outside the labour context for an additional premium of R115* per month. This provides access to 24-hour legal advice over the telephone and legal representation up to the value of R100 000 per year (limited to R25 000 per case). • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za * Premiums guaranteed for one year. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), underwritten by Guardrisk Insurance Company Limited (FSP 75)

Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste Independent Financial Advice

Solidariteit Solidarity Financial Services has an independent financial advice departmentDienste that can assist Finansiële clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk Solidariteit and retirement planning as well as investment Finansiële Dienste planning in general. The department has trained professionals who will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005 Medical gap cover Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • E-mail – gapcover@solidarity.co.za

Wills, estate administration You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300

www.solidariteit.co.za • Issue 5 of 2018

63




OPLEIDINGSFOKUS

Leer jou TOEKOMS oop DEUR DR. JURAN VAN DEN HEEVER

Foto’s: Ansie van Niekerk & iStockphoto.com

S

olidariteit se droom is dat sy personeel en lede die geleentheid gebied moet word om hul vermoëns en vaardighede tot so ’n mate te ontwikkel dat hulle ’n goeie werk kan kry en behou. Dié droom word verwesenlik met die volgende fase van S-leer, Solidariteit se sentrum vir voortgesette opleiding en ontwikkeling. S-Leer bemagtig professionele persone met CPD-punte (voortgesette professionele ontwikkeling of VPO) en persoonlike ontwikkeling wat jou in staat stel om jou loopbaandoelwitte te bereik. Die instansie help jou om jou roeping uit te leef en vir jouself ’n goeie werk te skep, en bou saam met jou aan ’n seker toekoms in ’n onseker werkomgewing. S-Leer vorm deel van Solidariteit se kernbesigheid, naamlik arbeidsverhoudinge en die netwerk van werk. Dis ’n opleidingsinstelling wat daarop gefokus is om as primêre diensverskaffer vir die Solidariteit-beroepsgildes te dien. Die fokus is egter ook op individuele, persoonlike en loopbaanontwikkeling deur seminare, kort kursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waartydens toepaslike temas bespreek en aangebied word. Solidariteit se strategie is die netwerk van werk. Hierdie klem op werk stop egter nie by Solidariteit nie – dis die strategie verweef in al die instellings van die Solidariteit Beweging se doelwitte en strategieë. S-Leer gaan, as deel van opleiding, een van die belangrikste instellings word wat naas Akademia en Sol-Tech die werkmag gaan ondervang. Behalwe vir seminare, werksessies en kongresse gaan S-leer ook ’n groot klem plaas op e-leer. Personeel, lede en vriende van die vakbond sal deur middel van e-leer toegang hê tot voortgesette leer en ook kontak kan maak met medestudente op die aanlyn platform. S-leer sien uit daarna om saam met jou aan jou toekoms te werk. Skep vandag nog vir jou ’n profiel en leer saam met ons jou toekoms oop! • Besoek www.s-leer.co.za vir meer inligting.

66

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Dr. Juran van den Heever, nuwe uitvoerende hoof van S-Leer.

WAARNA KAN JY UITSIEN IN 2019? E-LEER

KONTAKSESSIES

WEBINARE

E-pos-etiket

Konflikbestuur

Begrotingsbestuur

Taal- en skryfvaardighede

Onderhandelingsvaardighede

Emosionele intelligensie vir persoonlike assistente

10 kritieke vaardighede waaroor werknemers teen 2020 moet beskik

Grondbeginsels van projekbestuur

Stresbestuur

Die arbeidswet vir Suid-Afrikaanse bestuurders

Kliëntediensuitnemendheid

Finansiële advies

Die SA diensbillikheidsplan

Aanbiedingsvaardighede

Konflikhantering

Die proses van 189

Probleemoplossingsvaardighede

Praktiese kredietbestuur

Emosionele intelligensie

Veerkragtigheid en kritiek vir uitvoerende bestuur

Interpretasie van sekere wette

Effektiewe spanbestuur

10-dag-werksessie oor die noodsaaklikhede van bestuur en leierskap

Besluitneming en oordeel

Produktiwiteit en tydsbestuur

Finansies vir niefinansiële werknemers

Kongres vir dokters

Belastingverslag en -opgawes

Kongres vir kantoorpraktisyns en kommunikasiepraktisyns

Interpretasie van basiese finansiële state

Interpersoonlike vaardighede en effektiwiteit vir Sol-Tech-studente

Werkplekgereedheid

Entrepreneurskap vir Sol-Tech-studente

SAPD-opleiding Solidariteit-induksie Produktiwiteit en tydsbestuur Professionele kantoorbestuur Stres- en selfbestuur om produktiwiteit te verhoog Sekretaresses se gids vir vergaderings en notules



OPLEIDINGSFOKUS

Dr. Saretha Brüssow, dekaan, en Marthinus Visser, besturende direkteur, klink ‘n glasie op Akademia se splinternuwe kwalifikasie in geesteswetenskappe, ‘n BSocSci-graad (Politiek, Filosofie en Ekonomie).

Strewe na uitnemendheid en GEHALTE DEUR DR. SARETHA BRÜSSOW

Foto: Lizán Maree

A

kademia se strewe na uitnemendheid is duidelik in al die take en verantwoordelikhede wat die instelling aanpak. ’n Groot deel van die aanbied van gehalte hoër onderwys is om te voldoen aan die vereistes en riglyne wat bepaal word deur regulerende liggame soos die Raad op Hoër Onderwys, die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, en soortgelyke instansies. ’n Voorbeeld hiervan is die 2017Akkreditasieraamwerk van die Raad op Hoër Onderwys, wat ’n geleentheid vir hoëronderwysinstellings bied om ’n groter selfregulerende rol te speel en aanspreeklikheid vir die gehalte van hul kwalifikasies te verhoog. Vanuit hierdie standpunt betree Akademia ’n volgende fase in die strewe na onderrig van die hoogste gehalte. ’n Gevestigde gehalteversekeringstelsel is in

68

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Augustus deur Akademia se Akademiese Raad goedgekeur. Hierdie stelsel sluit gevorderde eksterne ewekniebeoordeling asook internasionale en nasionale normtoetsing in. Hierdie versekeringstelsel dien as deel van ’n gereelde interne gehaltehersieningsiklus met die doel van rigtinggewer vir die evaluering van die instansie en haar kwalifikasies. Voortspruitend hieruit is ’n gehalteverbeteringsplan ontwikkel ten einde die bedryfsfokus en aanbiedingsgehalte van akademiese programme aan Akademia deurlopend te verhoog. Die toenemende betrokkenheid van eksterne ewekniebeoordelaars verseker dat onderrig en leer by Akademia sodanig plaasvind dat haar studente hulself in die werkplek sal onderskei. As bykomende verwysing word die internasionale Raad vir die Bevordering van Standaarde in Hoër Onderwys ook in aanmerking geneem. Hierdie raad is ’n

konsortium van professionele verenigings in hoër onderwys wat professionele standaarde daarstel vir die ontwikkeling, evaluering en verbetering van gehaltestudenteleer, -programme en -dienste. Die voordele wat Akademia se inisiatiewe van gehalteversekering vir studente inhou, sluit die volgende in: die ontwikkeling van ’n sterk sin van akademiese integriteit en wetenskaplikheid; die opdoen van omvattende vakspesifieke kennis in die betrokke dissiplines; die bevordering van selfmotivering en -regulering; dinamiese aanpasbaarheid by die eise wat veranderende werkomgewings stel; en die kweek van ’n ingesteldheid van lewenslange leer. Ons is trots om te sê dat Akademia verskeie maatstawwe in plek het om te verseker dat afgestudeerdes ’n kwalifikasie van uitstaande gehalte bekom. • Dr. Saretha Brüssow is dekaan van Akademia. Besoek die webtuiste www.akademia.ac.za vir meer inligting oor Akademia se onderrigmodel en programaanbod.



OPLEIDINGSFOKUS

Aros ontsluit ONDERWYSGELEENTHEDE

Foto: iStockphoto.com

A

ros het sedert sy registrasie as Christelike privaat hoëronderwysinstelling in 2012 reeds 290 graduandi opgelewer. Hierdie tydperk is voorafgegaan deur agt jaar se samewerking met die voormalige Potchefstroomse Universiteit waartydens altesame 170 graduandi opgelei is. Die meeste van hierdie studente is tans aktief in die werkplek as onderwysers reg oor Suid-Afrika. Verder het globalisering ook veroorsaak dat heelwat studente met hul Aros-kwalifikasie in verskeie lande oorsee in die onderwysbedryf opgeneem is. Die unieke onderrigmodel wat Aros bied, gee aan studente die geleentheid om reeds vanaf jaar een prakties die onderwys te benader. Aros se model vir klasgee (een maal per week op Vrydae of

Saterdae) bied studente dus die geleentheid om deur die week as onderwysassistente by skole te werk, terwyl hulle oor naweke klasdraf. Studente moet ook reeds vanaf jaar een praktykgerigte opdragte binne die skoolomgewing voltooi. Die Skole Netwerk Sentrum (SNS) voorsien studente van ’n lys van skole waar hulle die verpligte prakties vir die jaar moet voltooi. Studente kies die skool op hul studenteportaal en die SNS reël met die onderskeie skole vir die plasing van die student, waarna die SNS die verskeie reëlings vir die kritles met die skool, dosent of assessor en student koördineer. Aros bied verder ook die geleentheid vir studente om hul verpligte sertifikaatkursusse elke jaar deur Aros te voltooi. Elke praktiese jaar het ’n verpligte kursus wat as vereiste voltooi moet word. Hier help die SNS met die beplanning en

verdere koördinering van bekostigbare kursusse wat aan die praktiese vereistes van elke module voldoen. Ondersteuning aan die studente is baie belangrik omdat Aros die druk van die samelewing verstaan, veral vir studente wat werk én studeer. Aros bied nie net talle ondersteuningsdienste soos berading, die biblioteek, tutorsessies en studiehulp gratis aan alle studente nie, maar ook ’n aksiebelaaide kampuskultuur! Aros se studenteraad en huiskomitee dien as ’n skakel tussen die studente en die bestuur van Aros. Aros wil graag aan studente die geleentheid gee om ’n vol en ryk studentelewe te hê. Elke student moet aan die einde van sy of haar studies kan sê: “Dit is ’n fees om ’n Arrie te wees”. Indien jy belangstel om ’n verskil in kinders se lewens te maak, is een van hierdie kwalifikasies dalk net vir jou: • Diploma in Graad R-onderrig • BEd Grondslagfase-onderrig • BEd Intermediêre onderrig.

Aros se aansoeke vir 2019 sluit op 31 Oktober 2018. ’n Opedag vind op 20 Oktober 2018 plaas en besprekings kan op Aros se webwerf gemaak word by www.aros.ac.za. Vir navrae rakende studies by Aros, stuur ‘n e-pos na hallo@aros.ac.za. 70

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za



OPLEIDINGSFOKUS

Só word jy ‘n KENNER in jou veld DEUR PAUL MARITZ

Foto: iStockphoto.com

I

n hulle 2012-boek Meesterschap skryf die twee Nederlandse kenners op die gebied van persoonlike ontwikkeling, Paul Donders en Chris Sommer, dat jou groei tot meester van jou gebied grootliks afhang van hoe jy die volgende vraag antwoord: Wat is my talente, en hoe pas dit by waaroor ek passievol is? Hier kom twee sake onder die loep, naamlik talente en passie. As ek byvoorbeeld ’n goeie spreker is en ek is passievol oor reg en geregtigheid, is ’n beroep in die regte of in teologie dalk vir my; as ek werklik nie vaardig is met wiskunde nie en ek wil graag die gemeenskap ophef, is ingenieurswese dalk nie die beste pad om te stap nie. Die punt is eenvoudig – as dít waarmee jy goed is en dít waarvan jy hou, oorvleuel, is dit die mees waarskynlike ruimte waarin jy meesterskap sal bereik. Elke mens het ingebore talente, maar moet jou nie laat afskrik as jy ’n paar ekstra vaardighede moet aanleer nie. ’n Goeie advokaat is dalk gebore met die talent om welsprekend te wees en duidelik ’n punt te stel, maar hy of sy moes jare lank aan die vaardighede skaaf wat nodig is om ’n goeie advokaat te wees, soos hoe om wette te vertolk, hoe om hoftaal te gebruik, en hoe om hofstukke op te stel. Die punt bly egter staan dat waar jou talente en passie oorvleuel, is daar ruimte vir jou om meesterskap te bereik. Om jou talente in vaardighede om te skakel, kan gesien word as jou eerste stap op die pad na meesterskap. Waarom ontwikkel meesterskap waar jou talente en passie oorvleuel? Donders en Sommer noem dat daar drie tipes motivering bestaan: • OORLEWING: As jy iets moet doen om te oorleef, dan doen jy dit omdat jy instinktief daarvan hou om te bly leef. • STRAF EN BELONING: As jy gestraf word vir foute, is jy geneig om foute

72

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

VIND UIT WAARMEE JY GOED IS. RAAK NOG BETER DAARMEE. BOU AAN IETS GROTER AS JOUSELF. te vermy. As jy beloon word, is jy geneig om beloning na te jaag deur die taak te herhaal wat tot beloning gelei het. • INHERENTE MOTIVERING: Motivering wat van binne af kom en wat jou energie en skeppendheid laat vloei, gebeur op drie maniere, naamlik as jy jou talente kan ontwikkel, as jy jou talente in onafhanklike projekte kan aanwend, en as jy ’n betekenisvolle bydrae kan lewer. Die eerste twee tipes motivering is tydelike motivering. Om te oorleef, is byvoorbeeld slegs ’n motivering totdat die doel bereik is – die leeu is dood, of jy het nou kos, of wat ook al die geval is. Straf en beloning is volgens Donders en Sommer meestal slegs vir twee weke lank doeltreffend. Jy is dus op jou mees gemotiveerde vlak as jy in ’n ruimte is

waar jy kan uitpluis waarmee jy werklik goed is, as jy beter as die gemiddelde persoon kan wees, as jy hierdie dinge waarmee jy van nature goed is (jou talente) kan ontwikkel sodat dit waarde tot jouself of jou organisasie kan toevoeg (vaardighede) en as jy hierdie vaardighede kan aanwend om ’n saak waaroor jy diep voel, uit te bou en te versterk (passie). Om in jou veld uit te blink en nie slegs ’n suksesvolle loopbaan te hê nie, is dit nodig om meesterskap na te streef. Hoe doen jy dit? Vind uit waarmee jy goed is. Raak nog beter daarmee. Bou aan iets groter as jouself. Volg hierdie drie stappe met ywer en toewyding, en jy kan nie anders as om ’n meester in jou veld te wees nie! • Paul Maritz is die nasionale koördineerder van Solidariteit Jeug.


REGISTRASIE OOP


OPLEIDINGSFOKUS

Wees VIRSEKER deel van dié legkaart Legkaart-bou ken almal van ons: die stukkie in die hand, die plekkie waar hy pas en die gevoel van genoegdoening wanneer die stukkies en plekkies bymekaarkom. Die voltooide legkaart lyk mos sommer baie mooier as op die voorkant van die kartonhouer. In baie opsigte is deel-wees van ’n gemeenskap ook soos om ’n stukkie van ’n legkaart te wees. Op sy eie is die stukkies van die legkaart betekenisloos; net so is ’n legkaart met ’n paar stukkies wat kort, altyd onvoltooid.

Foto: iStockphoto.com

O

ngelukkig is dit nie moontlik om ’n legkaart te bou as jy net ’n stukkie van ’n legkaart is nie. So is dit ook nie moontlik om oplossings op jou eie te vind vir probleme wat deur die gemeenskap opgelos moet word nie. Die oplossing lê nie in “my” legkaartstukkie nie, maar in “ons” stukkies. Virseker-motor- en huisinhoudversekering is ’n korttermynversekeringsproduk wat met al die goeie produkte in die mark meeding. Virseker kom egter met ’n besonderse aanbod aan die Afrikaanse gemeenskap: Virseker het jóú gekies deur te sê: “Ek bied my versekering en diens aan jou in Afrikaans”. Virseker wil jou groet deur te sê: “Goeiedag, hoe kan ek u help?” Uitnemende diens is vir Virseker belangrik. Virseker is baie dankbaar vir die erkenning wat kliënte hulle gegee

74

Uitgawe 5 van 2018 • www.solidariteit.co.za

het deur hul deelname aan die South African Customer Satisfaction Index (SAcsi), waarin Virseker aangewys is as die korttermynversekeringsproduk met die beste kliëntedienstevredenheid. Virseker wil graag nóg beter diens lewer. Indien jy nog nie ’n kliënt van Virseker is nie, sal Virseker ook graag aan jou ’n uitnemende dienservaring wil bied. Virseker is meer as net ’n korttermynversekeringsproduk. Virseker bied aan jou as lid van die gemeenskap die geleentheid om jou legkaartstukkie te bring en te pas in ’n groot legkaart wat die Virseker Trust in Afrikaanse onderrig help bou. Die afgelope sewe jaar het Virseker reeds R32 miljoen geskenk aan Afrikaanse onderrig; volgende jaar word daar beoog om ten minste R12 miljoen te belê, en so gaan dit voort tot daar binnekort in een jaar R32 miljoen in Afrikaanse onderrig belê kan word. Virseker help bou aan Akademia as privaat Afrikaanse universiteit wat besig

is om van krag tot krag te gaan en in die volgende paar jaar reeds 5 000 studente gaan bedien met nagenoeg 40 kwalifikasies om uit te kies. Virseker ondersteun ook die Skoleondersteuningsentrum (SOS) wat hom daarvoor beywer om goeie bestaande Afrikaanse skole te ondersteun, maar ook te werk aan nuwe oplossings vir die toekoms. Virseker bied voorts rentevrye studielenings aan, en raak betrokke by verskeie verdienstelike sake in die wêreld van Afrikaanse onderrig. Deur Virseker kan jy nie alleen jou materiële belange verseker nie; jy kan ook jou legkaartstukkie bring en deel van ’n klomp stukkies word wat ’n Afrikaanse onderriglegkaart bou. ’n Pragtige toekomsbeeld van vry en veilige jong Afrikaanse kinders wat in Afrikaans skoolgaan en verder studeer by die beste Afrikaanse universiteit in Afrika. • Virseker is ’n produk van die Auto & General Versekeringsmaat- skappy, ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer.




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.