Solidariteit Tydskrif Uitgawe 6 2018

Page 1

UITGAWE 6 VAN 2018 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit Gratis aan lede

Deel van die Solidariteit Beweging



Plaas jou KOSBARE RANDE

in die REGTE HANDE Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

01 BELEGGINGS > aftrede > effektetrusts > buitelandse beleggings

05

02

MEDIESEFONDSADVIES EN -PRODUKTE > Professionele advies > Mediesefondsopsies > Gapingsdekking

MOTOR- & HUISINHOUDVERSEKERING > brand > diefstal > ongelukskade

Skakel ons vandag!

0861 10 10 05

03

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES > ontledings > oplossings > produkte

REGSHULPVERSEKERING > 24-uur telefoniese regsadvies > Toegang tot prokureur (limiete geld) > Borgdekking

aksentmedia.c0.za

04

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

0861 10 10 05

www.solidariteit.co.za


UITGAWE 6 VAN 2018

2018

IN HO UD “AKADEMIA voorsien ’n universiteit wat nie net WÊRELDKLASOPLEIDING aan ons gemeenskap bied nie, maar wat ook die klassieke rol van die universiteitswese vervul – om jongmense tot intellektuele, emosionele en lewensbeskoulike volwassenheid te bring. Ons werk hard in geloof, hoop en liefde om dít te bied.” MARTHINUS VISSER, BESTURENDE DIREKTEUR VAN AKADEMIA

NUUSWAARDIG 6 7 8 10 12 14 15 16 18 20 22

Redakteursbrief: Ons vier 100 uitgawes Kuberklets: Lede sê hul sê oor aktuele kwessies SpreekBuys: Kom óns bou die toekoms Van vakbond tot dreunende Beweging Sasol: Duisende bring Sandton tot stilstand Onblusbare passie vir ons tydskrif Solidariteit Jeug bied eerste kongres aan Afrikaners se Groot Trek na mekaar toe Afrikaanse kapitaal is goud werd Bankkosteverslag: Verbruikers slaan munt uit mededinging Akademia: Van toeka tot blink toekomsplanne

ONS WENS AL ONS LESERS ‘N WONDERLIKE EN GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOEDIGE NUWEJAAR TOE! ONS SIEN UIT DAARNA OM IN 2019 SAAM MET JOU VOORT TE BOU AAN ‘N TOEKOMS – NET HIER AAN DIE SUIDPUNT VAN AFRIKA!

AFRIKANERS SE GROOT TREK NA MEKAAR TOE AFRIKANERS IS BESIG OM HULLESELF IN ’N VRY, VEILIGE EN VOORSPOEDIGE TOEKOMS IN TE TREK. DIE SOLIDARITEIT NAVORSINGSINSTITUUT HET 30 ANKERPUNTE GEÏDENTIFISEER WAAR DIE GROOTSTE KONSENTRASIE PLAASVIND.

IN BEWEGING

BEDRYFSNUUS 24 26 26 28 29 29 30 32 33 34

Denel: ‘Ja, salarisbetalings is in gedrang’ Vakbond dien kommentaar in oor NGV Karolien bring hoop aan Solidariteit-lede ‘Gilde’ geleentheid vir loopbaangroei Gilde vir Kommunikasiepraktisyns Solidarity’s Occupational Guild for Office Practitioners launched The ARC: Closer to home than you think Mynbouhandves: Meer regulatoriese sekerheid Vakbonde skik met goudreuse oor lone Beroepsgesondheid en -veiligheid: Só beskerm kenners ons lede by die werk

12

SEE VAN ORANJE IN SANDTON UIT STEUN VIR SASOL-WERKNEMERS

40 42 44 46 47 47 48 50 52 54 55 56 57 58 60 62 64 65 66 67 68 70 71 72 73

Só lyk Afrikaanse onderwysers se gemoed Helpende Hand: Geroep om onvoorwaardelik te saai Waar plant jy jou vlag dan Suid-Afrika? Skool en ambag: Gaping só oorbrug Sol-Tech se Ozwald Volstruis agtste in seepkiskarwedren Baarde en (boere)sports by Vonkfees Bring die doodstraf terug, vra slagoffers Stewige fondasie vir ‘n beter toekoms Regspraak: Spanwerk gee deurslag by Regsdienste Chris Chameleon: Hol dat die stof so staan – vir Zola! Webwys: Tref só jou teiken op Facebook Maroela Media: Kom maak jou tuis in Afrikaans! Rekords nie altyd in syfers gemeet Pretoria FM vier 25 jaar met dankdiens 16 doendinge dié vakansie Buckets full of benefits for our members My family: Foster a love for reading in your family Akademia betree geesteswetenskappe My geld: Drie maniere om finansieel te groei My werk: Maak jou werk jou waarlik gelukkig? Bredasdorp se brugkinders Kraal Uitgewers: Sewentien redes so reg in jou Kraal Histories gesproke: Van beskeie boekkarakter tot superster Solidariteit-kantore: Landwyd tot jou diens In Retrospek: Oor hasies en wippende uitdagings



REDAKTEURS BRIEF

*

Nog nie ’n Solidariteit-lid nie? Sluit nou aan! SMS die woord “Lid” na 34802. SMS’e kos R2. Verander jou kontakbesonderhede by diens@solidariteit.co.za.

BLITSNUUS

Die voormalige hoof van Eskom, BRIAN MOLEFE, moet die reusepensioenuitbetaling wat hy ontvang het, terugbetaal. Dit volg nadat die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein Molefe se aansoek waarin hy teen die vroeëre uitspraak van die Hooggeregshof wou appelleer, van die hand gewys het. Die Hooggeregshof het vroeër bevind dat Molefe se pensioenuitbetaling onregmatig was. Die hof het derhalwe beveel dat Molefe die geld wat hy ontvang het, moet terugbetaal en dat hy ook vir die koste van die hofsaak verantwoordelik gehou sal word.

Ons vier

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

S

100 UITGAWES

o staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en welslae tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir my en die span om die groei van die tydskrif oor die afgelope 17 jaar in oënskou te neem. Om 100 uitgawes saam te stel, het vereis dat ’n groep mense hard moes werk en – soos met baie dinge in die lewe – ’n paar lesse moes leer tot voordeel van hierdie publikasie. Rome is nie in een dag gebou nie en hierdie puik publikasie wat jy vandag lees, het ook oor tyd gegroei tot ’n tydskrif wat ons lesers inlig, vermaak en waardevolle kennis bied. ’n Heildronk op elkeen wat ’n aandeel in die welslae van die tydskrif gehad het, en bowenal op ons adverteerders en lesers wat ons so getrou ondersteun! Met die viering van hierdie groot mylpaal vir die tydskrif het ons in dié uitgawe ’n paar areas in die Solidariteit Beweging uitgelig waar groei veelvoudig plaasgevind het. Ek hoop jy kan met trots saam met ons kyk na hoe hierdie areas uitgebrei het om groter, beter en sterker te wees as wat enigiemand kon dink, danksy jou deelname daarin om ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms net hier in Suid-Afrika te bou. Jy kan ook lees oor hoe die Solidariteit-gildes groei, asook hoe Solidariteit die jeug betrek om al sy voordele te geniet. Daarbenewens kan jy die nuutste lees oor die nasionale staking by Sasol en oor die stand van sake by die platsak Denel. Jy kan oudergewoonte ook opvang met die nuutste verwikkelinge by ’n paar van die ander instellings van die Solidariteit Beweging. Ek wens vir jou en jou familie ’n wonderlike feestyd toe, met al die geluk wat samesyn bring. Volhard hierdie laaste paar weke van die jaar en geniet dan ’n welverdiende ruskans. Vir dié van ons wat enduit werk, byt vas. Niks is ooit verniet nie!

REDAKTEUR

6

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die bedrag in beleggings wat PRES. CYRIL RAMAPHOSA hoop om oor die volgende vyf jaar na Suid-Afrika te lok. Tydens ‘n internasionale beleggerskonferensie wat in Oktober in Sandton gehou is, het verskeie maatskappye beleggings van sowat R290 miljard beloof. Dit sluit in: Anglo American (R71,5 miljard), Vodacom (R50 miljard), New Development Bank (R29 miljard), Vedanta (R21,4 miljard), Mercedes-Benz (R10 miljard), Mondi (R8 miljard), Sappi (R7,7 miljard) en Naspers (R6 miljard). Put al die WhatsApp-groepies waaraan jy behoort jou uit, maar jy wil nie die groepe verlaat nie omdat jy dalk op belangrike inligting kan uitmis? Dan is daar goeie nuus vir jou! WHATSAPP is besig om ‘n verstelling te ontwikkel, ‘n sogenaamde “vakansiemodus”, wat jou in staat sal stel om jou boodskappe beter te bestuur. Dit werk soortgelyk aan die huidige argieffunksie, met die uitsondering dat al die nuwe boodskappe wat ontvang word in die argief gebêre sal word en nie tussen al die nuwe boodskappe op jou foon sal verskyn as jy die app oopmaak nie. Jy kan die boodskappe dan, wanneer dit jóú pas, in jou argief opspoor en lees.

Weens die BTW-verhoging vroeër vanjaar moes banke pryse verhoog en dit het die weg gebaan vir hewiger mededinging, soos om bankfooie tot op die been te sny. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) kyk in sy jaarlikse BANKKOSTEVERSLAG na ses banke se produkte en koste en hoe dit Suid-Afrikaners se sak raak. >>> Lees meer oor die SNI se Bankkosteverslag op bladsy 20.

TRANSNET se uitvoerende hoof, Siyabonga Gama, se dienskontrak is beëindig, het dr. Popo Molefe, direksievoorsitter, aan Fin24 bevestig. Die redes vir Gama se ontslag is beweerde “ernstige oortredings van sy finansiële verkrygings- en fidusiêre verantwoordelikhede” as uitvoerende hoof. Gama het aangedui dat hy hom tot die hof gaan wend.

Suid-Afrika behoort tot 2020 genoeg MIELIEMEEL en ander somergraan te hê, berig Netwerk24. Die Oesskattingskomitee raam dat boere se plantoppervlak met sowat 5% tot 4,03 miljoen hektaar gaan vergroot, aangevuur deur gunstige pryse vir landbougewasse. Sowat 2,4 miljoen hektaar mielies (1,3 miljoen hektaar witmielies en 1,1 miljoen hektaar geelmielies) sal na verwagting geplant word. 851 800 hektaar soja en 575 000 hektaar sonneblom sal ook geplant word. Dit verteenwoordig 6% meer mielies, 8% meer sojabone en 4% minder sonneblomsaad.


KUBER KLETS

Kuberklets, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk

Twee ambagslui, een swart, die ander wit. Een kry baie, die ander niks. Twee tegnici, een swart, die ander wit. Een kry baie, die ander niks. Twee adminbeamptes, een swart, die ander wit. Een kry baie, die ander niks. Twee uitvoerende hoofde, een swart, die ander wit. Hulle kry dieselfde – elkeen meer as R20 miljoen. Baie van ons Facebook-vriende het hul steun toegesê aan Solidariteit se veldtog teen RASUITSLUITING BY SASOL (lees meer op bladsy 12). JOHAN WILLEMSE: The government always say we must work together, but not share together. How does government think they will bring peace and harmony between citizens? RENE DU TOIT: Ja, so sal die topbestuur altyd eers hul eie sakke volmaak en dan sê daar is nie geld vir ander se sakke nie. Dit is regtig om oor te huil. CHRISTA SCHEEPERS: Sasol, ek sal nooit weer by julle brandstof ingooi nie. Behandel almal gelyk. As julle oneerbaar is met mense dan kan julle produkte nie vertrou word nie.

ESTELLE BARKHUIZEN: Ja, en so gaan dit al jare met topbestuursposte – hulle het ook geen respek vir mense op ’n laer vlak nie, maar die wiel gaan draai en julle gaan baie hard grond toe val, en daar sal niemand wees wat julle gaan vang nie. ANDRE SWANEPOEL: Ek gooi lankal nie meer Sasol se petrol in my motor nie. Laat almal dit doen. WILLEM EKRON: Geen Sasol meer vir my nie, ek ry eerder 3 km verder na Caltex. WILLIAM BURGER: Dit is diefstal. WILMA ERASMUS: Nie regverdig nie.

JOHAN VAN DER WESTHUIZEN: Geen meer Sasol vir my nie!

WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Jaco Bisschoff MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Henk Blignaut, Dawid Brand, Wilmarie Brits, Flip Buys, Chris Chameleon, Reint Dykema, Schikkie Geldenhuys, Reon Janse van Rensburg, Kallie Kriel, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Martie Maree, Paul Maritz, Esté Meyer Jansen, Philip Minnaar, Connie Mulder, Ilze Nieuwoudt, ds. Hannes Noëth, Appie Pienaar, Morné Prinsloo, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Mia Slabbert, Manie Steyn, Mandy-Michelle Thackwray, Suné van Heerden, Zydelia Venter, Marthinus Visser en Ernst Vorster. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

SANET BELMONTE: Skande!

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

www.aksentmedia.co.za

DINK JY DAAR WAS POSITIEWE GROEI IN SUID-AFRIKA OOR DIE AFGELOPE 17 JAAR (100 UITGAWES VAN DIE TYDSKRIF)?

A

Vir seker. As ’n mens terugkyk na hoe dinge verander en vernuwe het, moes daar positiewe groei gewees het.

B Ek hoop daar is positiewe groei, maar ek sien dit nie altyd nie. Nee. Ek dink nie daar is positiewe groei nie, ek sien eenvoudig

C net te veel goed wat “afgebreek” word.

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

Solidariteit Beweging

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake deur adverteerders nie.

www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

7


SPREEK BUYS

Suksesresep

VIR KRISISTYE

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

M

y eerste oorsese besoek was net ná die 1994-oorgang in Suid-Afrika. Ons het by familie gaan kuier wat na Amsterdam in Nederland geëmigreer het. Ek het op die vliegtuig die digter Totius se biografie gelees waarin daar vertel word van sy besoek aan Nederland ná die verwoestende Anglo-Boereoorlog. Daarin word beskryf hoe Totius en ’n vriend langs die gragte geloop het met groot hartseer oor die smarte van die oorlog, maar terselfdertyd vol planne om die land weer op te bou. Terwyl ek daar in ’n straatkafee langs ’n grag gesit en koffie drink het, het Totius se lewensgeskiedenis deur my kop gemaal. Hy was een van die eerste studente van die eertydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, wat later as die Puk bekend geword het. Ná ‘n tydperk as veldprediker vir die Boeremagte, het hy na Nederland vertrek om verder te studeer. Ná sy studies is hy terug na Suid-Afrika, waar hy gehelp het om die Puk weer op te bou. Later was hy die leidende figuur om die Bybel in Afrikaans te vertaal en die Psalms in Afrikaans om te dig. Totius was een van die baie pioniers

8

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

wat die land ná die oorlog steen vir steen weer opgebou het. BLINK BELOFTES Daar langs die grag het ek tussen die malende menigte rondom my baie eensaam gevoel. Ek het nie net aan Totius gedink nie, maar ook aan oudpres. Paul Kruger wat destyds as eensame balling in Nederland aangekom het vanuit ’n verwoeste land. Dit was vir my asof ons weer, soos in Totius en Paul Kruger se tyd, van voor af moes begin. Min mense sou my destydse swaarmoedigheid begryp midde-in die wêreld se jubelkrete oor die nuwe Suid-Afrika. Inteendeel, die meeste sou daardie tyd gedink het dat daar iets met my kop fout was as hulle geweet het waaraan ek dink. Nelson Mandela was toe nog aan bewind en die meeste mense het gedink die politieke wittebrood van die ANC sou vir altyd aanhou. Alles het nog goeg gegaan. Mense was betower deur wat as ’n politieke wonderwerk en die beste Grondwet in die wêreld aan hulle voorgehou is. Die ou en die nuwe regering se politici het almal verseker dat wit mense nie iets sal verloor nie, maar dat swart mense net hul regmatige regte gaan bykry. Wie kon

nou daarteen wees? ’n Blink toekoms het immers vir die land en al sy mense gewink – of so is ons vertel. WENSE EN WERKLIKHEDE Natuurlik het ek ook swart mense alles van die beste gegun, en vanselfsprekend wou ek graag al die wonderlike beloftes glo. Ek het vurig gewens dat alles waar was, dat dinge sou uitwerk en dat die reënboog vir altyd en vir almal sou skyn. Maar al het ek saam met almal vir die beste gehoop, het ek dit nie verwag nie. Dis nie dat ek gedink het die land sou dadelik inmekaarstort nie, ek was oortuig dat die ANC nie op die lang termyn ’n moderne land suksesvol sou kon regeer nie. Dit was nie omdat ek ’n bose rassis was wat aan apartheid vasgeklou het nie, maar vanweë ’n jare lange studie wat ek van die ANC se eie dokumentasie, beleid en geskiedenis gemaak het. Die geskiedenis het gewys dat ’n linkse bevrydingsbeweging ‘n land kan oorneem, maar nie ’n moderne land kan bestuur nie. DERDEWÊRELD-IDEOLOGIE Dit het niks met ras te doen nie, linkse sosialistiese bewegings van alle rasse het


SPREEKBUYS

Suksesresep

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

reg oor die wêreld misluk. Hoewel sosialiste hulself sien en voorhou as die mees gevorderde ideologie in die geskiedenis, het die werklikheid in talle lande op die teenoorgestelde gewys. Sosialisme is in wese ’n derdewêreld-ideologie wat onvermydelik tot ongekende leed en lyding lei. Ek het saam met die Britse denker Roger Scruton gesê: “I bow before the evidence of history”. As iemand wat in die politieke wetenskap studeer het, het ek geglo dat dit die uitkomste van ’n beleid is wat tel, nie die mooi bedoelings nie. Die harde praktyk is bepalend, nie die mooi teorie nie. REËNBOOGKAMOEFLERING My siening was dat die ANC net tydelike toegewings gemaak het om die mag te kry en dat hulle ná bewindsoorname stelselmatig die mag gaan gebruik om hul oorspronklike sosialistiese doelstellings te verwesenlik. Hul dokumente het gewys dat hulle wit mense steeds as vyande sien en nie net as opponente nie. Met die mond praat hulle nierassigheid, maar met die “hand” maak hulle wette wat die hele samelewing volgens ras behandel. Hulle wil nie net noodsaaklike swart opheffing doen nie, maar wil wit mense én ander minderhede benadeel. Vir ons is vertel dat die land nou ’n demokrasie gekry het, maar die ANC het bly sê dit was ’n (onderhandelde) rewolusie. Die swak presterende swart skole en universiteite het hulle gepla, maar die toppresterende wit skole en Afrikaanse universiteite het hulle gegrief.

vir krisistye

Behoort genoe g te wees vir di e toekoms va n ’n hele nuwe 1. Neem een groot krisis. geslag 2. Meng dit m 6. Klits hope et leierskap en harde werk by. 7. Voeg ’n kn visie. ypie broedertw is 3. Gooi ’n stew na smaak by. ige skootjie 8. Versoet m wilskrag by. et ’n groot skep 4. Versterk di saamstaan. e mengsel met 9. Bak nou vi kinderlike gelo r sowat ’n deka of. de 5. Vermenig lank in ’n groot vuldig dit met bak vol helpmekaa volharding en va renergie. sbyt.

Sosialiste wil nie saam met ander regeer tot voordeel van almal in die land nie. Hulle het in 1997 al gesê hulle gaan beheer vat oor alle “hefbome van mag”. Sosialisme is ’n omverwerpings- en oorheersingsmodel. Die bevryders het hulle eers soos oorwinnaars en later soos heersers begin gedra. Hulle het ervare wit mense met wette en pakkette uit dorpsrade, staatsinstellings, openbare ondernemings en groot maatskappye “getransformeer”, universiteite en kolleges oorgevat, Afrikaanse skole geteiken, ons geskiedenis gekriminaliseer, ons familie laat emigreer, die polisie laat verval en misdaad laat oorneem, en ná ’n dekade van voorspoed die land wanbestuur, korrupsie soos ’n aansteeklike siekte laat versprei, die ekonomie ondermyn en bykans alles waaraan hulle vat, laat verval. My hoop is beskaam en my vrese het ongelukkig waar geword: Die ANC het met ’n reënboogkamoeflering aan bewind gekom, maar gou sy ware kleure gewys. Groot dele van die land is bykans onregeerbaar of lyk soos ’n “verskroeide aarde”. Soos ’n sin uit Kruger se afskeidswoorde vanuit Europa dit gestel het: “Veel van wat opgebou is, is nou vernietig, verniel of het verval.”

BOU DIE TOEKOMS Dit alles maak my nie moedeloos nie, maar vasberade. As ’n student van die geskiedenis weet ek dat selfs die moeilikste uitdagings oorkom kan word. As daar net ’n wíl is, word die wil die weg. Die resep lê in die res van Paul Kruger se boodskap: “Neem die beste uit die verlede en bou daarmee die toekoms”. Kruger het ook gesê dat sy bittere wete dat hy sy land nooit weer sal sien nie, versag sal word as hy weet dat sy nageslag die werk wat hulle begin het, verder sal voortsit. Ons kan mos onmoontlik nie berus by al die verval en verwoesting in die land nie. Geen gemeenskap met selfrespek sal dit toelaat nie. Ons mag nie toesien dat daar ’n streep deur ons voorouers se opofferings getrek word nie. Ons wil en ons moet vir ons kinders ’n toekoms bou. Die feit dat die Solidariteit Beweging reeds byna 500 000 lede het, wys vir my ons mense het die wil om weer die beste uit die verlede te neem en ’n toekoms te bou. Kom ons gebruik ons voorouers se beproefde suksesresep (soos boaan dié bladsy) om krisisse te oorkom.


NUUSWAARDIG

Van vakbond tot dreunende BEWEGING Jou werk is ons werk. Dit was so, dit is so en dit sal altyd so wees. Met elkeen van die afgelope honderd uitgawes van Solidariteit Tydskrif was dié slagspreuk die kern van die vakbond Solidariteit se missie en visie. En vandag is die vakbond se passie en droom vir die land groter as ooit, skryf MIA SLABBERT.

“D

ie werkplek is die barometer van die land. Dié wat die werkplek verstaan, verstaan die land,” skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, in die boek Basta! Vat jou goed en bou. Solidariteit verstaan nog altyd die werkplek van Suid-Afrika. Oor die afgelope honderd uitgawes van Solidariteit Tydskrif, dus 17 jaar, het die hart van die Mynwerkersunie in ’n mate gegroei tot die hart van die land – ’n hart wat klop sodat almal ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms in Suid-Afrika kan hê. Die Solidariteit van vandag het reeds op 22 Junie 1902 ontstaan toe die Transvaal Miners’ Association gestig is. Die vakbond Solidariteit het in 2012 sy 110de bestaansjaar gevier. Solidariteit het dus 110 jaar ondervinding in SuidAfrika se arbeidsmark. Die vakbond het in sy 110-jarige bestaan vier groot veranderings ondergaan. In 1913 is die Transvaal Miners’ Association se naam na die MWU verander. In 2001 is die MWU na MWU-Solidariteit verander en sedert 2002 staan die vakbond net as Solidariteit bekend. Solidariteit het histories ‘n noue verbintenis met die Afrikaner-gemeenskap en het steeds so ‘n verbintenis. Afrikaans is een van Suid-Afrika se belangrike landstale – dit is die taal wat miljoene Suid-Afrikaners na aan die hart lê. Solidariteit was nog altyd van mening dat dit belangrik is om die sprekers van Afrikaans te beskerm, as ons Afrikaans wil beskerm. Dít doen ons veral goed in die werkplek en in die howe. Solidariteit bied tans ’n betroubare diens aan nagenoeg 140 000 lede in alle beroepsvelde, kollektief en professioneel, en het die passie en kennis om na die belange van sy lede om te

10

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

sien en te verseker dat hul regte in die werkplek beskerm word. Die vakbond het 18 kantore landwyd en lede word deur meer as 300 personeellede en 1 275 vakbondverteenwoordigers in honderde maatskappye bedien. Solidariteit maak seker dat sy lede die nodige bystand kry om hul werk en dus hul inkomste te beskerm. Solidariteit se regsdepartement is nie net die grootste regsdepartement van alle Suid-Afrikaanse vakbonde nie, maar tel ook onder die grootste arbeidsregpraktyke in Suid-Afrika. Solidariteit Regsdienste behartig op enige gegewe tydstip sowat 1 400 sake namens lede (uitgesonder die aantal groot kollektiewe geskille). Die sake handel oor enigiets van ontslag, griewe en pensioengeskille tot vergoedingseise vir beroepsbeserings en -siektes. Volgens Hermann het daar in 1994 twee groot omwentelings in Suid-Afrika plaasgevind. Die eerste was die geboorte van ‘n nuwe demokrasie en die tweede was die koms van die internet en die geboorte van die inligtingsrevolusie. Die politieke omwenteling het talle instellings van die vorige era vernietig. Die inligtingsrevolusie het ook talle instellings van die ou industriële revolusie vernietig. “Een instelling van die ou industriële revolusie was vakbonde. Solidariteit het vinnig besef die herskikking van die wêreld van werk gaan vakbonde, insluitend Solidariteit, vernietig,” het Hermann gesê. Radikale aanpassings moes gemaak word om die inligtingsgolf te oorleef. “Groot maatskappye het opgebreek in kleiner dele, vaste vergoeding het plek gemaak vir veranderlike vergoeding, vaste werk het plek gemaak vir kontrakwerk, eenmalige leer het plek gemaak vir lewenslange leer. Die rol van kollektiewe bedinging het kleiner geraak. Die industriële era van massa het begin plek

maak vir die inligtingsera van mikro,” het hy gesê. Die vakbond Solidariteit het vinnig besef dat as sy lede die kennisera wil oorleef, moet hulle kennis besit. “Ons begin deur Helpende Hand op kleuterskoolvlak waar ons vir sowat 5 000 kleuters per dag kos gee. Duisende skooltassies word ook per jaar aan behoeftige graadeens geskenk. Op laeren hoërskoolvlak het ons voorts verskeie programme om skole uitnemend te hou en lei ons honderde onderwysers per jaar op danksy die Skoleondersteuningsentrum. Deur ons Studiefondssentrum gee ons sowat R40 miljoen per jaar aan studiehulp vir behoeftige lede se kinders om aan tersiêre instellings te studeer,” het Hermann gesê. Solidariteit het ’n tegniese kollege, Sol-Tech, gebou wat meer as 1 000 ambagslui per jaar in die pyplyn het. Solidariteit het ’n privaat universiteit, Akademia, begin en beplan om binnekort ‘n volledige nuwe kampus met koshuise met ’n kapasiteit vir sowat 5 000 studente te bou. Solidariteit het ook ‘n nuwe maatskappy, S-Leer, gestig wat voortgesette opleiding doen. “Die nuutste ontwikkeling van Solidariteit is om ’n netwerk van beroepsgildes te vestig. Die doel is om werknemers nie net volgens hul werkplek te organiseer nie, maar ook volgens hul werk. Elke Solidariteit-lid dra elke maand R15 per maand in ’n spesiale fonds by om met al die ontwikkelings te help,” verduidelik Hermann. Voeg hierby die ander instellings van die Solidariteit Beweging (daar is reeds 19 instellings!) soos AfriForum, Kraal Uitgewers, die FAK, Sakeliga, Solidariteit Finansiële Dienste, die Solidariteit Navorsingsinstituut en Maroela Media en jy kry ’n kollektiewe krag om mee rekening te hou. “Ons lyk dalk anders, maar ons missie is dieselfde en dit is eenvoudig om mense se werk te beskerm,” het Hermann gesê.



NUUSWAARDIG

SASOL: Duisende bring Sandton tot stilstand DEUR MIA SLABBERT

Foto’s: Reint Dykema & Mia Slabbert

D

uisende lede van die Solidariteit Beweging het Donderdag 25 Oktober hofstukke by Sasol se hoofkantoor in Sandton beteken, asook memorandums by die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) oorhandig. “Ons is vandag hier sodat ons eendag vir ons kinders kan sê ons het die regte ding gedoen. Dit wat Sasol nou doen, is verkeerd. Ons kan nie toelaat dat ons in ’n Suid-Afrika woon waar dit normaal word dat mense as gevolg van hul ras uitgesluit word nie,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, aan die skare betogers gesê. “Al wat ons vra, is gelykheid. Ons is nie bo ander mense nie, maar ons is ook nie onder ander mense nie. Ons is hier om te bly, maar ons gaan nie stilbly nie.” Groot verkeersopeenhopings is reeds van vroeg die oggend op die N1-Suid asook in Sandton veroorsaak. Talle strate in Sandton is deur die metropolisie gesluit. ’n Konvooi busse en motors het om 08:00 vanaf die Voortrekkermonument in Pretoria na Sandton vertrek. Mense het ook met busse uit ander rigtings na Sandton vertrek en by die Rosebank Union Church in Sandton bymekaargekom. “Ons stap ter ondersteuning van die Sasol-werkers, maar ons stap ook teen rasse-uitsluiting in die algemeen,” het Hermann aan die skare gesê. “Die Sasol-werkers simboliseer ’n groter gevoel van uitsluiting wat onder Suid-Afrikaners in die algemeen, maar veral onder minderhede soos ook bruin Suid-Afrikaners en Indiërs in Suid-Afrika posgevat het. “’n Gevoel van uitsluiting word ook beleef by universiteite, skole, in werkplekke en wat algemene politieke invloed betref. Die Sasol-staking het dus nou iets baie groters as net die Sasol-werknemers of Solidariteit geword.” Die betekening van die hofstukke volg op ’n dispuut tussen Sasol en Solidariteit oor die uitsluiting van wit mense uit die Khanyisa-personeelaandeelskema. Solidariteit gaan die Arbeidshof vra om te bevind dat totale uitsluiting van ’n bepaalde groep werkers op grond van hul ras neerkom op onbillike rassediskriminasie.

12

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Volgens Hermann het Solidariteit-lede ’n mandaat aan Solidariteit gegee om die aksie teen Sasol te verskerp. Dit het gelei tot die besluit om die optog te hou en hof toe te gaan. “Dit is jammer dat ons hof toe moet gaan oor iets wat so ooglopend nie moreel geregverdig kan word nie. Die totale uitsluiting van enige groep werkers kan nooit geregverdig word nie. Hierdie vorm van rasse-uitsluiting vind ook by ander maatskappye plaas en daarom het ons besluit om ’n memorandum by die JSE ook te oorhandig,” het Hermann gesê. Die groter Solidariteit Beweging, wat onder andere AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, die FAK en die Skoleondersteuningsentrum insluit, het sy steun aan die optog toegesê en het saam met Solidariteit die strate van Sandton ingevaar. Solidariteit-lede het aan die begin van

September met ’n staking by Sasol begin. Dié staking het tot groot ontwrigting in Sasol se produksie gelei. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het tot die dispuut toegetree, maar Sasol het geweier om enige toegewings te maak. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gaan die optog oor normaliteit en gelyke burgerskap. “Dit is tragies dat ons in die strate moet gaan loop oor iets so normaal soos dat mense nie totaal op grond van ras uitgesluit mag word nie. Ons ideaal was om deur gesprekvoering ’n skikking met Sasol te bereik, maar nou moes ons hof en strate toe gaan oor iets wat duidelik moreel verkeerd is. In Suid-Afrika het iets so abnormaal soos om minderhede op grond van ras uit te sluit, normaal geraak. Ons stap moet die abnormaliteit daarvan uitlig,” het Buys gesê.


NUUSWAARDIG

“Ons kan nie toelaat dat ons in ‘n Suid-Afrika woon waar dit normaal word dat mense as gevolg van hul ras uitgesluit word nie. Al wat ons vra, is gelykheid. Ons is nie bo ander mense nie, maar ons is ook nie onder ander mense nie. Ons is hier om te bly, maar ons gaan nie stilbly nie.” ~ DR. DIRK HERMANN, BESTUURSHOOF VAN SOLIDARITEIT ~

www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

13


NUUSWAARDIG

IN BEWEGING

IN BEWEGING

DEMOGRAFIE Afrikaners allermins aan die wegkwyn

SKULDVERLIGTING

+

Splinternuwe ledevoordeel

Rek jou rande

SASOL-STAKING

Solidariteit Jeug

Groot deurbrake by SAL en Denel ná druk deur vakbond

Soomlose skuif van student na sakewêreld

Ons snuffel Suid-Afrika se goedkoopste supermark uit

Ons lede bid, braai, betoog teen “swart” aandeleskema

REGSTELAKSIE Wetgewing moet verander, sê MRK

VENNOOTSKAP MET VIRSEKER VERSTERK

Nóg miljoene belê in Afrikaanse opleiding

NATIONAL HEALTH INSURANCE

Equal bad medical care for all?

Ons mense die NOMMER 5 VAN 2017

NOMMER 6 VAN 2017

www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

staatsinstellings se

Deel van die Solidariteit Beweging 1

UITGAWE 5 VAN 2018

www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017

www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

1 Deel van die Solidariteit Beweging

I SSN 1683562 -X

www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017

& BTW moet weet

UITGAWE 4 VAN 2018

9 771683 562000

oor taks dding • Alles wat jy Denel-dossier • SAL-sakere

strooptog

I SSN 1683562 -X

1

Só stuit Solidariteit

9 771683 562000

Deel van die Solidariteit Beweging

I SSN 1683562 -X

www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017

UITGAWE 3 VAN 2018

9 771683 562000

1

I SSN 1683562 -X

ONDERWYS • OPLEIDING • LOOPBANE • AFRIKAANS

www.solidariteit.co.zaDeel | Issue 6 ofSolidariteit 2017 van die Beweging

9 771683 562000

1 Deel van die Solidariteit Beweging

www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

I SSN 1683562 -X

SEËNWENSE VIR DIE FEESSEISOEN EN HOPE VOORSPOED VIR 2018!

www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017

UITGAWE 2 VAN 2018

www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede 9 771683 562000

I SSN 1683562 -X

1

9 771683 562000

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

van die Solidariteit-ratwerk

www.solidariteit.co.za | Issue 5 of 2017

UITGAWE 1 VAN 2018

Lewenslange leer

WAAROM ‘N MENS NOOIT TE OUD IS OM TE LEER NIE

www.solidariteit.co.za | Issue 6 of 2017

Deel van die Solidariteit Beweging

1

ONBLUSBARE PASSIE vir ons tydskrif DEUR CILLESTE VAN DYK

D

enise Viljoen het sowat 17 jaar terug by Solidariteit betrokke geraak nadat sy genader is om deel te wees van ’n splinternuwe projek, naamlik Solidariteit Tydskrif. Sy is al van die tydskrif se begindae deel van die span wat seker maak elke uitgawe sien die lig. Dié uitgawe is die tydskrif se 100ste uitgawe. Ons het by Denise gaan kuier en ’n paar vrae aan haar gevra oor haar en haar tyd by die tydskrif oor die afgelope 100 uitgawes.

Foto: Reint Dykema

HOE HET DIE TYDSKRIF BEGIN EN HOE HET JY BETROKKE GERAAK? ’n Vriendin wat by Solidariteit gewerk het toe die tydskrif in sy beplanningsfase was, het my laat weet hier is ’n geleentheid wat ek nie mag mis nie. Die einste vriendin het my ook aan die wêreld van advertensieverkope bekendgestel; ek was voorheen ’n onderwyseres. IS DAAR ‘N STAALTJIE WAT JY ONS KAN VERTEL OOR DIE AFGELOPE 17 JAAR BY DIE TYDSKRIF? Ons het ’n paar jaar gelede ’n radiostasie gehad en Lindie Strydom was een van die aanbieders van ’n program op die stasie. Lindie bel my toe een dag, net voor spertyd (en jy weet hoe raak dit by ‘n tydskrif met spertyd!), en sê sy is by die tydskrif Loslyf en hulle wil ’n advertensie plaas in Solidariteit Tydskrif. Ek het baie beskaafd gebly tot op ’n punt, en hard probeer verduidelik oor die vakbond se waardes. Maar sy het vasgeskop en gedreig om my aan te gee by die redakteur omdat ek haar wil verhoed om in die tydskrif te adverteer. Ek hol toe inderhaas na die redakteur van daardie tyd, Jaco Kleynhans, om te sê hierdie vrou gaan hom bel. Toe ek by sy kantoor instap, lê die man op die vloer van die lag. Hulle het my lekker uitgevang!

14

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Denise Viljoen

WAT WAS EEN VAN DIE MOEILIKSTE DINGE WAT AL BY DIE TYDSKRIF GEBEUR HET? Ons het een keer, oor ‘n langnaweek, ‘n hele uitgawe gedruk wat geel uitgekom het... Die hele oplaag van amper 100 000 het geel uitgekom! EN DIE LEKKERSTE VAN JOU WERK? Om die eindproduk, ’n pragtige tydskrif, in jou hande te hou ná die tyd.

IS JY ‘N PERFEKSIONIS? In my werk, definitief. WIE HET TOT DUSVER DIE GROOTSTE INVLOED OP JOU LEWE GEHAD? ’n Vrou met die naam Bets Jacobs. Sy het vir my die volgende geleer: “Winning is not everything, it’s the only thing.” As daardie tydskrif klaar is, moet ek weet ek het álles gegee en myself harder en verder gedruk as die vorige keer.


NUUSWAARDIG

Solidariteit Jeug bied eerste KONGRES aan

S

olidariteit Jeug het op 13 Oktober ’n kongres gehou waartydens 50 jong professionele mense tussen 22 en 32 saamgedink het oor die jeug se rol in die toekoms. Die dag is begin met ’n opening deur ds. Chris de Beer, wat onder meer gepraat het oor die hoop wat gelowiges altyd het wanneer hulle na die toekoms kyk. Die eerste sessie is aangebied deur Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Hy het gefokus op die versterking van sekere sentra vanwaar dienste gelewer kan word. Hy het ook genoem dat verskeie uiters suksesvolle persone reeds op ’n jong ouderdom groot dinge bereik het, en dat ouderdom nie as ’n struikelblok beskou moet word nie. Dr. Saretha Brüssow, dekaan van

DEUR PAUL MARITZ

Akademia, het vervolgens verduidelik hoe universiteite die verlede help skep het, waarna sy ’n toekomsblik op die samestelling en rol van universiteite in die toekoms gegee het. Kongresgangers het ook die geleentheid gekry om hul eie bydrae te lewer deur uit te wys watter praktyke by universiteite moet stop, oor watter daar besin moet word, en watter moet voortgaan. Feitlik almal het hulle teen politieke inmenging by universiteite uitgespreek. Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, was volgende aan die woord. Hy het enersyds gepraat oor hoe ekonomiese deurbrake die geskiedenis geskep het en andersyds die ekonomiese deurbrake bespreek wat dalk die toekoms kan omvorm. Hy het in besonder verwys na die rol wat kriptogeldeenhede in die toekoms kan en sal speel, en hoe die

regulering van hierdie geldeenhede die rol van tradisionele banke gaan verander. Die laaste sessie is aangebied deur die wêreldbekende kreatiwiteitsafrigter dr. Kobus Neethling, wat aan die kongresgangers verduidelik het hoe positiewe denke, wat hy “bo-die-lyndenke” noem, die sukses van enige projek of organisasie kan bepaal asook hoe dit bereik kan word. Die doel van die kongres was om jongmense ’n kans te gee om netwerke te bou en saam te dink en te praat oor die toekoms. Solidariteit Jeug wil graag nog sulke kongresse aanbied wat jongmense saam aan die praat kry. • Sluit vandag nog aan by Solidariteit Jeug deur ’n gratis profiel te skep by www.jeug.co.za of deur hul Facebook-blad te besoek.


NUUSWAARDIG

Afrikaners se GROOT TREK na mekaar toe DEUR CONNIE MULDER

A

frikaners se kernprobleem is nie hul getalle nie, maar eerder hul yl verspreiding. Hoewel aanvanklik gekonsentreer in die Kaap, het die Groot Trek Afrikaners wyd oor Suid-Afrika versprei. Dit is vererger deur minderheidsregering waar Afrikaners nog dunner versprei het oor die ganse Suid-Afrika. Hierdie kernprobleem is reeds in 1974 deur prof. Flip Smit geïdentifiseer. Hy het gewaarsku teen die yl verspreiding en het aangevoer dat groter konsentrasie nodig is. Uiteindelik, met die omwenteling wat in 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het, het Afrikaners hulleself weer bevind met hul kernprobleem onopgelos. Daar is verskeie pogings aangewend om die probleem by te lê, maar sonder sukses. Demografiese probleme vereis demografiese oplossings – en ná 24 jaar begin daar uiteindelik ’n volhoubare oplossing vir Afrikaners se kernprobleem ontwaak. Indien yl verspreiding die probleem is, dan is groter demografiese konsentrasie die logiese oplossing. In die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se eerste demografiese verslag is die antwoord gesoek op die vraag hoeveel Afrikaners ons gaan wees teen 2031. Tydens die navorsing vir daardie verslag is opgemerk dat Afrikaners weereens aan die trek is. Dié keer word daar, anders as met die Groot Trek, na mekaar toe getrek eerder as weg van mekaar af. Die kernprobleem van yl verspreiding word klaarblyklik natuurlik deur ’n verdigtingsproses geantwoord. Dit het gelei tot ’n tweede verslag, wat die antwoord soek op die vraag waar Afrikaners teen 2031 gaan wees. Uiteindelik is bevind dat daar ’n lys ankerdorpe is waar die meerderheid Afrikaners hulleself teen 2031 gaan bevind. Om die lys van volhoubare ankerdorpe saam te stel, is besonder omsigtig en noukeurig te werk gegaan.

16

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

30 ANKERPUNTE

2011

2021

2031

Pretoria (City of Tshwane)

453 794

498 319

513 337

Oos-Rand (Ekurhuleni)

278 685

279 178

262 358

Kaapstad

242 611

243 459

229 186

Port Elizabeth (Nelson Mandelabaai)

89 160

79 954

67 260

Bloemfontein (Mangaung)

69 702

63 513

54 290

Krugersdorp (Mogale City)

54 636

64 762

72 014

Klerksdorp (City of Matlosana)

48 612

39 894

30 712

Rustenburg

43 291

42 732

39 569

Middelburg (Steve Tshwete)

43 278

62 468

84 586

Secunda (Govan Mbeki)

40 964

49 386

55 854

Nelspruit (Mbombela)

35 686

40 311

42 716

Durban (eThekwini)

35 328

30 216

24 243

Welkom (Matjhabeng)

32 545

25 163

18 174

Potchefstroom (Tlokwe)

30 844

29 702

26 832

George

27 561

31 593

33 972

Pietersburg (Polokwane)

27 215

25 005

21 552

Paarl (Drakenstein)

27 199

26 177

23 634

Meyerton (Midvaal)

26 335

36 695

47 964

Sasolburg (Metsimaholo)

21 066

21 919

21 396

Naboomspruit-, Warmbad-, Nylstroom-area (Mookgophong, Bela-Bela, Modimolle)

18 065

14 875

12 202

Heidelberg (Lesedi)

17 067

24 926

34 151

Richardsbaai (uMhlathuze)

14 731

12 944

10 963

Ermelo (Msukaligwa)

13 036

14 267

14 646

Bethlehem (Dihlabeng)

11 565

10 856

9 559

Margate (Hibiscus Coast)

10 766

14 489

18 291

Upington (//Khara Hais)

9 040

7 765

6 256

Tzaneen (Greater Tzaneen)

7 988

9 649

10 934

Kathu (Gamagara)

5 649

6 945

8 009

Orania (Thembelihle)

1 935

2 015

1 968

TOTALE WIT AFRIKAANSE BEVOLKING

2 712 101

2 751 065

2 689 895

TOTAAL IN ANKERPUNTE

1 738 354

1 809 177

1 796 628

64%

66%

67%

PERSENTASIE IN ANKERPUNTE


NUUSWAARDIG

PRETORIA is die ankerpunt met die grootste konsentrasie Afrikaners. Dié stad se Afrikaanse inwoners sal na verwagting van 453 794 in 2011 tot 513 337 in 2031 toeneem.

VAN DIE ANKERPUNTE MET 100 KM-SIRKELS (±1 UUR SE RY)

VAN DIE ANKERPUNTE MET 200 KM-SIRKELS (±2 UUR SE RY)

Foto: iStockphoto.com

Uit die meer as 260 munisipaliteite in Suid-Afrika is daar slegs sowat 30 munisipaliteite wat as volhoubare ankerpunte kan dien. Elkeen van hierdie ankerpunte moet gesien word as ‘n knoop in ‘n net wat die omliggende Afrikanerbevolking in staat stel om volhoubare leefruimtes te skep en uit te bou.

Daar is lank nagevors oor wat as trek- en stootfaktore dien vir ’n dorp, en uiteindelik is daar met ’n volledige volhoubaarheidsraamwerk vorendag gekom. Dit meet die demografiese projeksie van elke dorp se bevolking, munisipale dienslewering, opvoedingsgeleenthede en ekonomiese vooruitskouings om sodoende elke munisipaliteit konsekwent te kan beoordeel. ’n Volledige uiteensetting van die volhoubaarheidsraamwerk is te vinde in die SNI se verslag, met detailbeskrywings van elke maatstaf. Nadat meer as 200 plaaslike munisipaliteite teen die volhoubaarheidsraamwerk gemeet is, is daar 30 ankerdorpe geïdentifiseer wat as volhoubaar geag word tot en met 2031. Hierdie tweede Groot Trek van Afrikaners na ankerdorpe is natuurlik reeds aan die gebeur. Dit gebeur sneller in die noorde van die land as in die suide, weens die feit dat die noorde van

Suid-Afrika aansienlik langer reeds in ’n toestand van munisipale verval verkeer. Saam met die breër tendens van die ontvolking van die platteland, is Afrikaners aan die beweeg. Die tendens in breë trekke is dat Afrikaners trek van klein dorpies na streeksdorpe, en dan van streeksdorpe na metro’s. Dit is belangrik om te beklemtoon dat hierdie migrasieproses sonder enige addisionele trekfaktore op die streeksdorpe aan die gang is. Afrikaners het as’t ware met hul voete vir ons gewys watter ankerdorpe volhoubaar gaan wees. Dit is vir ons as Solidariteit Beweging van kernbelang om te weet waar Afrikaners gaan konsentreer. In die komende dekade gaan daar intens belê word in hierdie ankerpunte, om die natuurlike migrasieproses aan te help en te versnel. Groot, volhoubare Afrikanerbevolkings in die ankerdorpe stel Solidariteit in staat om sosiale infrastruktuur kostedoeltref-

fend te verskaf. Prakties beteken dit dat Afrikaanse leefruimtes, soos skole en ouetehuise, in hierdie dorpe gevestig en uitgebou gaan word. Die blote feit dat ’n ankerdorp volhoubaar gehou word deur beleggings in sosiale infrastruktuur, maak dit moontlik vir dorpe in die omliggende omgewing om kleiner bevolkings Afrikaners te huisves. Ná honderde jare se pogings om Afrikaners se kernprobleem – yl verspreiding – by te lê met politieke oplossings en kunsmatige groei, blyk dit dat Afrikaners besig is om die probleem self op te los. Hierdie verskuiwing van mense is een van die grootste gebeurtenisse in die geskiedenis van die Afrikanervolk. Afrikaners is in der waarheid besig om hulleself in ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms in te trek – ons by Solidariteit kan net probeer om die proses te vergemaklik en te versnel. • Connie Mulder is hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut. www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

17


NUUSWAARDIG

AFRIKAANSE KAPITAAL is goud werd DEUR MORNÉ MALAN

Foto: iStockphoto.com

K

apitaal kan soms ’n verwarrende begrip wees, veral omdat dit dikwels in ’n finansiële of monetêre verband gebruik word. Dit is egter geensins beperk tot sulke definisies nie. Ekonomiese produktiwiteit en welvaart word hoofsaaklik gekoppel aan vier faktore: • Fisieke kapitaal • Menslike kapitaal • Natuurlike hulpbronne • Tegnologiese kennis. Hierdie faktore is nie almal ewe belangrik nie. Dink byvoorbeeld aan lande met volop natuurlike hulpbronne wat geensins vooruitgang geniet nie (ons ken ’n paar in Afrika, maar die heel beste voorbeeld is sekerlik Venezuela, wat oor die rykste oliereserwes ter wêreld beskik maar tog ekonomies ineenstort). Lande kan ook byvoorbeeld fisieke kapitaal lok deur hul menslike kapitaal en die bevordering van hul vermoë om van fisieke kapitaal gebruik te maak. Dit bring ons by die kernbelangrike kwessie van Afrikaanse kapitaal, wat ons daarmee bedoel en hoe ons daarop bou. Die betroubaarste en volhoubaarste faktor vir produktiwiteit en welvaart is dikwels juis menslike kapitaal. Dit is

18

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

wat ons sien in lande soos Singapoer, Hongkong en tot ’n groot mate ook onder Afrikaners. Menslike kapitaal is iets wat oor jare opgebou word en dit verwys na elemente soos vaardighede, kennis, ervaring, opleiding, sosiale en kulturele eienskappe, gesondheid en kreatiwiteit. Afrikaners bou al jare lank aan hierdie spesifieke vorm van kapitaal. In die 1930’s ná afloop van die AngloBoereoorlog, die Rebellie, die depressie en armoede het Afrikaners begin bou aan volhoubare gemeenskapsinstellings soos Sanlam, Santam, die ATKV, die Reddingsdaadbond en talle ander. Vandag nog put ons steeds uit die historiese Helpmekaarbeweging. Die instelling van diskriminerende beleide soos swart ekonomiese bemagtiging en die impak van regstellende aksie is beperk deur die Afrikaanse kulturele houding van uitbreiding van menslike kapitaal. Afrikaanssprekendes se onderrigvlakke het die hoogte ingeskiet ná 1994 en ons het die opbloei van ondernemerskap gesien toe dit duidelik geword het dat selfdoen ons beste uitweg is vir welvaart. Die blote bestaan van die Solidariteit Beweging is op sigself ’n voorbeeld van die kulturele kapitaal wat Afrikaners

oor dekades opgebou het. Trouens, dit is tegelykertyd ’n toonbeeld asook ’n stimulering van dié vorm van kapitaal. Die mees kenmerkende element in hierdie verband is die fokus op onderrig – of dit nou Akademia, Sol-Tech of die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is – waardeur ons ’n toenemende opswaai in Afrikaanse kapitaal beleef. Hierdie dinge gebeur egter nie vanself nie. ’n Beweging, en veral ’n gemeenskapsgedrewe beweging, bly net sterk solank diegene in die beweging belê en bydra tot die groei daarvan. Daarom is die vennootskap tussen die Solidariteit Beweging en Virseker om Afrikaanse opleiding te bevorder, goud werd. Iemand het eenkeer gesê dat die Bybel ons nie net vertel wat op ’n spesifieke tydstip gebeur het nie, maar eerder dít beskryf wat altyd gebeur. Die waarhede is dus immergroen. Dit sien ons ook met Afrikaanse kapitaal, waar ons onsself vandag, soos nog altyd, bevind in ’n tyd waar ons kan terugkyk met ongelooflike trots oor wat ons al bereik het, maar ook ons moue moet oprol om seker te maak dat ons aanhou bou aan hierdie besonderse geskiedenis deur Afrikaanse opleiding, die Afrikaanse kultuur en alles anders wat die geweldige Afrikaanse kapitaal versinnebeeld.



NUUSWAARDIG

Verbruikers slaan munt uit MEDEDINGING

D

Foto: iStockphoto.com

DEUR CONNIE MULDER

ie Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se jaarlikse Bankkosteverslag het vanjaar ’n paar verrassings opgelewer. Weens die BTW-verhoging moes banke pryse verhoog en dit het die weg gebaan vir hewiger mededinging, soos om bankfooie tot op die been te sny. Die SNI se Bankkosteverslag maak gebruik van vier transaksieprofiele waarvolgens kliënte voorgestel word. Die 12- en die 17-transaksieprofiel fokus op ’n kliënt met basiese bankbehoeftes. Om die middelklasverbruiker voor te stel, word die 25-transaksieprofiel gebruik. Die 30-transaksieprofiel word gebruik om die hoërvlakkliënt uit te beeld. Elkeen van die profiele word gekenmerk deur die verskillende behoeftes waaraan die onderskeie kliënte se bankrekeninge moet voldoen en banke maak dus dienooreenkomstig voorsiening vir verskillende soorte aanbiedings. Metodologies het die SNI die verslag vanjaar so ’n klein bietjie aangepas. Geen bank vra meer enige fooie vir kaartaankope nie en dié transaksie is derhalwe uit die verslag verwyder. Twee nuwe transaksietipes is bygevoeg ten einde ’n goeie weerspieëling van die gemiddelde kliënt se profiel per maand te gee. Die eerste is dat feitlik elke bank nou ’n fasiliteit bied waardeur geld per selfoon, eWallet, en so meer

20

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

BASIESE BANKDIENSTE In die 12-transaksieprofiel is die verrassing dat Old Mutual ’n kortkop voor die ander banke geëindig het. Die bankkoste op hierdie vlak is ongelooflik mededingend en Old Mutual is netnet in die eerste plek met die laagste koste. Dit is egter nie die volle verhaal nie. Capitec is steeds die enigste bank wat rente op ’n saldo in ’n tjekrekening betaal. Indien hierdie rente as inkomste teen die bankkoste verreken word, dan is Capitec die goedkoopste indien ’n saldo van so min as R222,68 in die bankrekening gehandhaaf word.

Kliënte wat tevrede is met eenvoudige bankdienste sonder enige nonsens sal Capitec by verre die goedkoopste vind. Met sy eenrekeningaanbod wat fooie per transaksie hef, is Capitec verreweg die goedkoopste. Indien verbruikers op dié vlak baie transaksies uitvoer, kan ’n bondelopsie beter wees. Omdat kliënte op dié vlak ’n hoër inkomste het wat hulle in hul rekening hou, maak die rente wat Capitec bied dié bank se aanbod nog meer mededingend. Met ’n saldo van R5 000 sal jou bankkoste ongeveer R68,22 per maand beloop. Hierdie vlak raak ook die drempel waar kliënte begin kyk na meer as net koste. Banke weet dit en het reeds begin meeding in hul aanbod van lojaliteitsprogramme. Hoewel FNB, wat bankkoste betref, slegs in die vierde plek is naas Capitec, Standard Bank en Nedbank, bied dit wat lojaliteitsprogramme betref die goedkoopste opsie danksy toegang tot eBucks. Dit is ’n aanbod wat goeie waarde vir kliënte bied as hulle die lojaliteitsprogram kan benut.

MIDDELKLASAANBOD Die 25-transaksie-aanbod is die meeste banke se vlagskipaanbod. Dit is die eerste vlak waar gebondelde opsies kostedoeltreffend raak. Die meeste banke bied ’n eenvoudige bondelopsie vir die middelklaskliënt wat op sy basiese behoeftes gerig is.

HOËRVLAKKLIËNTE Kliënte wat in hierdie kategorie val, is hoëfrekwensieverbruikers, met stewige verdienstes. Hierdie kliënte is tradisioneel nie so pryssensitief wat hul bankkoste betref nie en lojaliteitsprogramme, diensvlakke en ander ekstras (soos goedkoper motorhuur of dienste

aan ’n kliënt gestuur kan word. Hierdie transaksiekoste is by feitlik alle profiele gevoeg. Die tweede “nuwe” transaksietipe is dat elke bank deesdae die opsie bied om lugtyd vir ’n selfoon deur hul elektroniese platforms te koop. Dit is ’n transaksie wat verbruikers gereeld aangaan en dit is derhalwe ook by die transaksieprofiele gevoeg.


NUUSWAARDIG

12 TRANSAKSIES

by lughawens) speel ’n groot rol. Standard Bank se Prestige Rebaterekening gee ’n kliënt afslag op sy bankkoste indien hy ’n saldo van R10 000 in sy bankrekening hou. Dit is nie ’n totaal onrealistiese opsie vir hierdie inkomstevlak nie. Indien ’n kliënt op dié vlak sou besluit om R10 000 sonder rente in sy rekening te hou, dan is die Standard Bank-opsie die goedkoopste. Buiten enige ander sodanige aansporings, kom Nedbank se Savvy Bundle in as die goedkoopste opsie. ’n Mens moet wel daarop let dat alle bankrekenings in die kategorie besonder mededingend is – en elke kliënt gaan vir homself moet besluit watter ekstras ’n rekening vir hom die moeite werd gaan maak. Slegs op fooie geneem, is Old Mutual en Capitec aansienlik goedkoper as alle ander rekenings in dié profiel, maar hulle bied geen ekstras of lojaliteitsprogramme nie. Vir kliënte vir wie ekstras nie belangrik is nie, bly dit steeds goeie opsies om te oorweeg. GEVOLGTREKKING Old Mutual het in die laeinkomstevlak met ’n goeie aanbod vorendag gekom. Capitec behoort egter steeds ’n beter opsie te wees indien ’n saldo van so min as R222 gehandhaaf kan word. Hoewel bankkoste weens die BTWverhoging toegeneem het, is dit steeds in reële terme aansienlik goedkoper om van bankdienste gebruik te maak as wat dit agt jaar gelede was. Dit wys weereens dat mededinging in ’n vryemarkstelsel die verbruiker laat wen.

Capitec (balans van R2 000) Capitec (balans van R1 000) Old Mutual Absa Transact Capitec (balans van R0) Nedbank PAYU Standard Bank Access FNB Easy PAYT Nedbank Ke Yona Bundle FNB Easy Bundle

R30,40 R34,44 R37,59 R38,41 R38,48 R41,40 R41,98 R44,20 R64,50 R71,45

R0 R10 R20 R30 R40 R50 R60

R70 R80

25 TRANSAKSIES Capitec (balans van R5 000) Capitec (balans van R2 000) Capitec (balans van R0) Standard Bank Elite Bundle Nedbank Savvy Plus FNB Gold Cheque Absa Gold Bundle Standard Bank Rebate Standard Bank PAYT

R68,22 R80,34 R88,42 R128,73 R129,00 R143,15 R146,48 R165,64 R210,98

R0

R50

R100

R150

R200

R250

30 TRANSAKSIES Standard Bank Prestige Rebate

R189,71

Nedbank Savvy Bundle

R217,50

Absa Premium

R227,92

Standard Bank Prestige Bundle

R235,05

FNB Premier Cheque Bundle

R239,35

R0

R50

R100

R150

R200

www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

R250

21


NUUSWAARDIG

Van toeka tot blink TOEKOMSPLANNE DEUR MARTHINUS VISSER

Foto: Verskaf

D

it is bykans tien jaar gelede dat daar begin werk is aan die vestiging van ’n selfstandige Afrikaanse universiteit. Hierdie groot projek is aangepak teen die agtergrond van voormalige technikons se samesmelting met universiteite onder leiding van die destydse minister van hoër onderwys, Kader Asmal. Die gevolg van hierdie samesmeltings was dat minder Afrikaanse studente by die voormalige technikons gaan studeer het. Die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, het reeds in die middel 90’s daarop gewys dat daar belangrike voorwaardes is vir die Afrikaanse gemeenskap om vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika te kan bestaan. Gehaltemediesesorg, veiligheid en onderwys is maar enkele voorbeelde hiervan. Buys het toe reeds aangevoer dat ons as gemeenskap hard moet werk om dit self daar te stel, omdat hy toe reeds voorsien het dat ons nie hierdie taak aan die staat alleen kan oorlaat nie. In 2012 open Akademia haar deure. Gesien in die konteks van die tyd was hierdie ’n versiende projek – universiteite in Stellenbosch, Bloemfontein, Potchefstroom en Pretoria het in daardie stadium steeds Afrikaans as onderrigtaal gebruik. Vandag is ons baie dankbaar dat ons reeds in 2012 begin het. In Desember 2015 begin die “Fees Must Fall”-beweging, en kort daarna neem die meeste voormalige Afrikaanse universiteite ’n taalbeleid aan wat wegdoen met Afrikaans as onderrigtaal. Albei hierdie gebeure het die Afrikaanse gemeenskap tot ’n groot mate vervreem van die openbare universiteitswese. ’n Mens kan maar net dink hoe fataal hierdie gebeure vir ons sou wees as ons nie reeds in 2012 ’n alternatief op die been gebring het nie. Vandag het ons ’n instelling, naamlik Akademia, wat geregistreer en ten volle geakkrediteer is by die departement van hoër onderwys en opleiding, asook by die Raad op Hoër Onderwys. Nou, in die sewende bestaansjaar,

22

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Marthinus Visser

groei ons teen ’n vinnige pas en word Akademia se aanbod jaar ná jaar groter en beter. Vandag bied ons reeds sewe kwalifikasies aan deur ’n hoogs doeltreffende onderrigleermodel wat die nuutste onderrigleer- en kommunikasietegnologie inspan ter ondersteuning van studente. Vanaf 2019 bied ons ons eerste kwalifikasie in die geesteswetenskappe aan (lees ook die artikel op bladsy 65). Die toetrede tot ’n geesteswetenskaplike rigting is ’n besonderse prestasie vir Akademia, aangesien dit deel vorm van ons toekomsplanne om na meer studierigtings uit te brei, wat die toegepaste en geesteswetenskappe insluit. Studente woon kontaksessies by in een van dertien sentra landwyd en in Namibië, en word deur die mees toepaslike metodes betrek by leerprosesse deur ons moderne aanlyn leerderondersteuningstelsel. Ons akademici is hoogs ervare om leer in hierdie hoëtegnologie-leeromgewing te fasiliteer, en om kontaksessies op ’n innoverende wyse aan te bied. Ons is veral baie opgewonde oor twee nuwe kwalifikasies wat onlangs geakkrediteer is en in 2020 sal afskop. Beide die LLB- en BCom Rekening-

kunde-grade is in groot aanvraag in ons gemeenskap en ons sien baie uit daarna om dit aan te bied. ’n Verdere hoogtepunt vir Akademia is die splinternuwe baadjie wat vroeër vanjaar aangetrek is, wat spreek van ons vernuwende toekomsplanne. Dié planne sluit onder meer in om meer studente toegang tot gehalte-onderrig in hul moedertaal te gee deur ’n omvattende residensiële kampus op te rig. Die kampusmodel sal studente die geleentheid bied om voltyds in Afrikaans te studeer terwyl hulle ’n gesonde studentelewe kan ervaar. Hier sal ongeveer veertig kwalifikasies in sewe fakulteite aangebied word. Agt van hierdie kwalifikasies is reeds ingedien vir akkreditasie en as alles goed afloop, sal ons reeds in 2020 met die eerste fase van ’n kontakmodel op kampus kan begin. Om ’n universiteit op die been te bring, vereis twee belangrike hulpbronne: tyd en kapitaal. Danksy die feit dat ons reeds in 2012 begin het, glo ek dat ons wel tyd aan ons kant het. Dan is daar die groot daad van donateurs wat in baie onsekere tye in die saak geglo het, en steeds glo, en groot bydraes maak om die kapitale uitdagings die hoof te bied. Een so ‘n bron verdien vermelding, en dit is die afsonderlike bydraes van elke Solidariteit-lid wat saam ’n deurslaggewende verskil maak. Akademia is as gevolg hiervan waarlik ’n instelling uit die gemeenskap, vir die gemeenskap. Akademia beoog nie om bloot die universiteitswese wat baie van ons en ons ouers geken het, weer te laat herleef nie, maar om selfs nóg meer as dit te bereik. Ons voorsien ’n universiteit wat nie net wêreldklasopleiding aan ons gemeenskap bied nie, maar wat ook die klassieke rol van die universiteitswese vervul – om jongmense tot intellektuele, emosionele en lewensbeskoulike volwassenheid te bring. Ons werk onophoudelik in geloof, hoop en liefde om dít vir ons gemeenskap tot stand te bring. • Marthinus Visser is besturende direkteur van Akademia.



BEDRYFS NUUS

Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit aktief is, asook kwessies wat jou in die wêreld van werk raak.

‘Ja, SALARISBETALINGS is in gedrang’ DEUR CILLESTE VAN DYK

Foto’s: Morné Malan

S

olidariteit het einde September formeel van Denel verneem dat salarisbetalings weens ’n kontanttekort vanaf Oktober 2018 in die weegskaal is. Dit volg nadat Denel, wat weens ’n geskiedenis van wanbestuur in ’n finansiële verknorsing is, in September nie betyds salarisse aan senior personeel betaal het nie. Denel het ook opsies oor korttyd, salarisbesnoeiings en die beskikbaarstelling van vrywillige skeidingspakkette (VSP’s) aan vakbonde voorgelê om kommentaar daarop te lewer. Die opsies kan

24

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

volgens Denel ’n uitkoms bied wat die korttermynbeskikbaarheid van kontant betref. Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het Denel se bestuur vakbonde versoek om die voorstelle te oorweeg, kommentaar daarop te lewer en/of teenvoorstelle in te dien. “Dié voorstelle, asook die moontlikheid dat salarisse nie betaal gaan word nie, is uiters kommerwekkend, veral aangesien ons steeds wag op terugvoer van die maatskappy oor die vordering wat met forensiese ondersoeke gemaak word, die moontlike stappe wat daaruit

kan voortvloei en die uitstaande finansiële ouditverslae. Dit is betreurenswaardig dat nóg Denel nóg sy direksie antwoorde op vakbonde se vrae oor hierdie kwessies kan bied,” het Botha gesê. Solidariteit het intussen ’n petisie begin waardeur Denel-werknemers hul stem kon laat hoor om die besware wat hulle met die maatskappy en Denel se direksie het, te lug en om beswaar te maak daarteen dat ander remedies, buiten voorstelle wat onskuldige werknemers raak, nie oorweeg word nie. Solidariteit het hierdie petisie op 17 Oktober as deel van ’n dag van vreedsame protes


BEDRYFSNUUS

by Denel aan die direksie oorhandig. Solidariteit sal graag met Denel wil saamwerk om moontlike oplossings te vind om die maatskappy weer winsgewend te maak. Tyd is van kardinale belang in hierdie situasie. Hoe langer daar gesloer word met ondersoeke en die afhandeling van prosesse, hoe meer word Denel in die moeilikheid gedompel.

“Dis verregaande dat ’n maatskappy wat hom in die verlede al telkens aan bedenklike finansiële optrede skuldig gemaak het van sy werkers verwag om in goeder trou voort te gaan met hul werk terwyl hulle nie weet wanneer hul volgende salaristjek inbetaal gaan word nie,” sê Botha. Volgens Botha het etlike honderde Denel-werknemers hul stem in Solida-

riteit se aanlyn petisie laat hoor en die besware wat hulle oor die maatskappy en Denel se direksie het, gelug. “Hierdie werkers wil nou ook deur middel van ’n vreedsame protesaksie die maatskappy van hul misnoeë bewus maak,” het Botha gesê. Solidariteit-lede het saam met lede van Uasa, Numsa en Limusa aan die aksie deelgeneem.

“Dis verregaande dat ‘n maatskappy wat hom in die verlede al telkens aan bedenklike finansiële optrede skuldig gemaak het van sy werkers verwag om in goeder trou voort te gaan met hul werk terwyl hulle nie weet wanneer hul volgende salaristjek inbetaal gaan word nie.” www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

25


BEDRYFSNUUS

Vakbond dien KOMMENTAAR in oor NGV DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

S

olidariteit het gedurende September duisende kommentare met betrekking tot die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ingedien namens diegene wat op die vakbond se toegewyde NGV-platform hul kommer oor die omstrede wetsontwerp uitgespreek het. Die vakbond het voorts ook sy eie kommentaar oor die wetsontwerp ingedien, wat insette tydens die vakbond se NGV-krisisberaad in Augustus gekonsolideer het. Volgens Werner Human, adjunk-

bestuurshoof van Solidariteit, het die vakbond in sy kommentaar die veelbesproke wetsontwerp as ongrondwetlik veroordeel en voorts uitgewys dat die implementering van die wetsontwerp rampspoedige gevolge vir Suid-Afrika sal inhou. “Die fokus van Solidariteit se kommentaar berus daarop dat jy volgens die Verenigde Nasies se verklaring van menseregte nie vryheid kan prysgee om ’n ideologiese opvatting van gelykheid te probeer daarstel nie. “Die wetsontwerp maak inbreuk op verskeie grondwetlike regte, waaronder vryheid soos beskryf in artikel 39 sowel as

artikel 22 van die Grondwet wat die reg op vryheid van beroepskeuse waarborg,” het Human gesê. Volgens Human sal alle Suid-Afrikaners gebuk gaan onder die wanbestuur en korrupsie wat telkemale hoogty vier by staatsinstellings. “Die NGV gaan nie anders wees as ’n Eskom of SAL nie; dié fonds is egter selfs groter en sal aan dieselfde soort wanbestuur blootgestel wees. Dit is onbillik, onregverdig en irrasioneel om van die veronderstelling uit te gaan dat die voorgestelde wet nie drastiese sosio-ekonomiese gevolge vir miljoene Suid-Afrikaners sal inhou nie,” het Human gesê.

KAROLIEN BRING HOOP AAN SOLIDARITEIT-LEDE DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

Foto’s: iStockphoto.com & verskaf

O

m iemand te help, mag dalk nie die hele wêreld verander nie, maar dit kan die wêreld vir daardie persoon verander. Dis presies wat Karolien van Wyk, regsadviseur by Solidariteit, vir ’n lid gedoen het en elke dag doen vir elke lid waarmee sy kontak het. Karolien het onlangs ’n oproep ontvang van Celeste wat sleg by haar werkplek behandel word. Karolien het haar ingelig oor haar regte en wat sy kan doen. Die empatie wat Karolien aan Celeste getoon het, kry ’n mens nie by alle dienssentrums nie. Daarom het Celeste

26

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

vir Karolien ’n geskenk en ’n brief gestuur om dankie te sê dat sy geluister het. “Jy het ure aan my saak spandeer en na my stories geluister. Ek kan nie genoeg dankie sê nie.” Só skryf Celeste. Zaskia Diedericks, data- en werwingskoördineerder by Solidariteit, sê lede voel soms dat hulle nie ’n uitweg het nie. “Dit voel vir hulle asof hul omstandighede nie beter gaan raak nie, maar dan kom mense soos Karolien op hul pad – mense wat die ekstra myl stap.” Dit is presies waarna ons strewe by Solidariteit: Ons is hier om te luister, te help en hoop te skep.

Karolien van Wyk



‘Gilde’ geleentheid vir LOOPBAANGROEI DEUR MANDY-MICHELLE THACKWRAY

Foto’s: iStockphoto.com

S

olidariteit het in 2018 doelgerig gefokus op #Werk. Jou werk en die beskerming daarvan lê ons as vakbond baie na aan die hart. Daarom het Solidariteit weggespring met die ontwikkeling van beroepsgildes, wat ten doel het om mense binne spesifieke beroepsomgewings te organiseer. ’n Gilde het tradisioneel jongmense opgelei in ’n spesifieke ambag, totdat hulle meesterskapstatus bereik het. Dit was ’n vereniging wat die bevordering van die professie ter harte geneem het, wat mentorskap en opleiding gebied het, en standaarde vir die industrie daargestel het. Persone wat deel was van die gilde was trotse mense wat geag is as kenners en spesialiste in hul veld. Dit is hierdie tradisionele waardes wat Solidariteit se beroepsgildes as bloudruk gebruik om die professionele persoon binne die werkplek sterk te maak. Die ekonomie is onder druk, wat tot gevolg het dat die arbeidsmark onder druk is. Rassekwotas, regstellende aksie, afleggings en diskriminasie is aan die orde van die dag. Daarom is dit juis nou van kardinale belang dat jy as werknemer jouself moet ontwikkel en bearbei tot meesterskap deur lewenslange leer. Elke beroepsgilde word spesifiek ontwikkel volgens die unieke behoeftes, uitdagings en omstandighede van die betrokke beroep. Oorhoofs het gildes

28

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

die volgende ten doel: • Om as waghond op te tree vir die professie en kollektief standpunt in te neem teen kwessies wat die beroep beïnvloed; • Om internskappe te bied aan die jeug en hulle só bloot te stel aan die beroep sodat hulle hopelik suksesvol ’n betrekking daarin kan aanvaar; • Om mentorskappe aan jeugdiges en werkendes te bied; • Om voortgesette opleiding en persoonlike ontwikkeling te verskaf; en • Om netwerkgeleenthede en toegang tot inligting te bevorder. Persone wat lid is van ’n gilde het dieselfde waardestelsels. Sodoende word etiek, professionalisme, uitnemendheid, innovasie en gesonde werkpraktyke bevorder en gehandhaaf. Solidariteit het reeds in 2018 die volgende beroepsgildes op die been gebring:

en het kommentaar hieroor aan die departement van gesondheid gekommunikeer.

GILDE VIR VERPLEEGKUNDIGES Verpleegkundiges wat aan dié gilde behoort, het onder meer toegang tot ’n uitstekende indemniteitsproduk en ondersteuning by die SARV.

GILDE VIR ONDERWYS Onderwysers wat aan dié gilde behoort, ontvang gratis toegang tot die Skoleondersteuningsentrum en afslag op jaarlikse kongresgelde. Ons beplan om in 2019 gildes vir personeelbestuur, arbeidsverhoudinge, ambagte, akademici en finansies uit te rol. Gildelede geniet vakbondvoordele asook pasgemaakte gildevoordele. • Besoek gildes.solidariteit.co.za vir meer inligting oor die gildes.

GILDE VIR GESONDHEIDSPRAKTISYNS Die Gilde vir Gesondheidspraktisyns het vanjaar ’n groot krisisberaad gehou om die impak van die Nasionale Gesondheidsversekering op die industrie te bespreek,

GILDE VIR KANTOORPRAKTISYNS Die tuiste vir alle administratiewe personeel, ontvangsdames, sekretaresses, datavasleggers en kantooradministreerders en -bestuurders. GILDE VIR KOMMUNIKASIEPRAKTISYNS Joernaliste, bemarkers, kommunikasiepraktisyns, skakelbeamptes (openbare betrekkinge), taalpraktisyns, ontwerpers, mediawerkers, videovervaardigers, funksiekoördineerders en vele meer kan hier hul kreatiwiteit uitleef en op die hoogte bly van nuwe tendense. GILDE VIR LUGVAART Vlieëniers, kajuitbemanning en tegniese personeel geniet verteenwoordiging op verskeie komitees.


BEDRYFSNUUS

Gilde vir KOMMUNIKASIEPRAKTISYNS DEUR FRANCOIS REDELINGHUYS

S

olidariteit het onlangs besluit om beroepsverenigings, oftewel gildes, te stig waar beoefenaars van ’n spesifieke beroep hul beroep se belange en voortbestaan beskerm deur ’n netwerk te vorm wat lede help om te groei, asook jongmense vir die beroep lok en kennis aan hulle oordra. Gildes is nie ’n nuwe konsep nie, en Solidariteit het bloot ’n moderne baadjie daarvoor aangetrek. Een van die beroepsgildes in die Solidariteit-stal is die Gilde vir Kommunikasiepraktisyns. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is ’n gilde se doel om die betrokke beroep te beskerm

en uit te bou. “Die gilde gaan egter meer doen. Ons wil deur die gilde aan jongmense die geleentheid gee om die beroep te betree. Ons het reeds ’n studiefonds vir jongmense wat wil studeer en gaan dit versterk. Uit die gilde wil ons mentorskappe en internskappe aan jongmense bied. Voorheen is baie hiervan uit die staatsomgewing gedoen. Vir die Afrikaanse wêreld gaan die gemeenskap baie van hierdie verantwoordelikheid self moet neem,” het Hermann gesê. Die Gilde vir Kommunikasiepraktisyns gaan ook as netwerk optree waar die lede van die gilde mekaar kan versterk. “Ons beplan ook voortgesette opleiding van wêreldgehalte en het ’n spesiale

voertuig, S-Leer, geskep om dit te doen,” het Hermann gesê. Die gilde gaan ’n huis wees omdat ons graag wil hê mense moet tuis voel. Mense voel vreemd in die omstandighede waar hulle werk en die Solidariteitgilde gaan daardie plek wees waar jy veilig en tuis kan voel. By ons gildes kan jy skakel met mense wat soos jy dink en voel, en kan jy jongmense die geleentheid gee om tot die beroep toe te tree. “Ons moet nooit die krag van die gemeenskap onderskat nie. Die krag van die gemeenskap is dikwels sterker as die mag van die staat. Moet dus nie die invloed van ’n netwerk soos hierdie onderskat nie,” het Hermann gesê.

SOLIDARITY’S OCCUPATIONAL GUILD FOR OFFICE PRACTITIONERS LAUNCHED BY MIA SLABBERT

S

olidarity officially launched its Occupational Guild for Office Practitioners in September. This guild aims to train administrative officials in various fields, and to ensure that they are properly equipped to face the challenges in the workplace. The guild forms part of Solidarity’s continuous learning initiative. Solidarity encourages its members to never stop learning! Solidarity has traditionally focused on collective bargaining at big companies, but has now broadened its scope to help more people in the workplace by empowering them to hone their skills. “Our research showed that an office practitioners’ guild would be well received. Solidarity has therefore joined hands with S-Leer with the idea of promoting continuous learning, and we have already presented the first two

training sessions,” said Marisa Engelbrecht after the launch. The first group of office practitioners received training in emotional intelligence, productivity and time management. “These are just some of the more pressing needs expressed by office practitioners in the workplace, as identified in our research. We address these needs in a simple way to empower office practitioners to perform their job with excellence,” said Engelbrecht. The Occupational Guild for Office Practitioners serves as a career partner in these individuals’ journey towards mastering their craft in the office and the administrative environment. Matriculants or anyone else who plan on entering the administrative occupation and would like to improve their administrative knowledge or skills, can join the guild. This includes people

working in the following specialised fields: • Any administrative role • Secretaries • Office staff and management • Receptionists and switchboard operators • Personal assistants • Clerks • Typists. Office practitioners who join the guild will enjoy benefits such as access to a webpage with relevant information, articles and research; discount at S-Leer, a registered training institution where they can earn CPD points and enrol for personal development programmes; and various training programmes that can improve their skills in different specialist fields and occupations. • To join, send an e-mail to gildes@solidariteit.co.za

SOLIDARITY OCCUPATIONAL GUILDS Part of the Solidarity Movement

www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

29


INDUSTRYNEWS

The ARC: Closer to home than you think BY MORNÉ PRINSLOO

Photograph: iStockphoto.com

T

he Agricultural Research Council (ARC) is a government or public enterprise and a science institution which conducts research within the agricultural sector of South Africa. The primary focus of the ARC is to consolidate with partners, to develop human capital as well as to foster innovation in support of South Africa’s agricultural sector. According to its website the ARC provides diagnostic, laboratory, analytical and agricultural engineering services, post-harvest technology development, agrochemical evaluation, consultation and advisory services, food processing technology services as well as various surveys and training interventions. Added to this, the ARC provides a support system to the agricultural industry in South Africa. The ARC’s website also states that this institution prides itself in its wider network of research

30

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

institutes and experimental farms providing a strong scientific base and a broadly distributed technology transfer capacity to the entire agricultural industry in South Africa. WHAT DOES THIS HAVE TO DO WITH ME? Like all other government enterprises, the ARC is dependent on the tax payer’s money to conduct business. More so, the ARC should be a healthy organisation, both financially and operationally, to guarantee its sustainability and to limit the effects of mismanagement to the tax payer. The tax payer, you and I, are affected directly if any public enterprise, such as South African Airways (SAA), Denel and so forth, struggles financially. This is evident in the recent tax increase, SAA bailout and Denel’s late-payment of salaries, to name a few. The ARC’s direct involvement in

South Africa’s agricultural industry means that they, theoretically, have a direct influence and an active role to play in ensuring the country’s food security. The ARC’s research can predict and analyse whether the country’s food security is in jeopardy, or not. If the ARC is properly managed, and its financial resources are allocated properly, the institution is able to predict as well as minimise, or to provide guidelines to the government to minimise, the effects of food related endemics. This institution should therefore strive to contribute towards a better quality of life to all South Africans. Some other core functions of the council are to promote sustainability and equitable economic participation, growth and development within the agricultural sector and to facilitate and ensure natural conservation.



BEDRYFSNUUS

Meer regulatoriese SEKERHEID geskep DEUR CILLESTE VAN DYK

Foto: iStockphoto.com

D

ie kabinet se besluit om die Wysigingswet op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne te onttrek en die voorgestelde hersiene Mynbouhandves te aanvaar, was ’n reusestap in die regte rigting om regulatoriese sekerheid vir die mynbousektor te skep. Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sal die inhoud van die Mynbouhandves nie by almal byval vind nie en is Solidariteit self ongemaklik met sekere klousules, maar die finale weergawe is ’n groot verbetering op die oorspronklike Zwane-weergawe. “Alle mynbourolspelers het sedert Maart vanjaar ná Gwede Mantashe se aanstelling as minister van minerale hulpbronne ruim geleentheid gehad om insette te lewer in die handves, en die gee-en-neem-beginsel het tydens die onderhandelings gegeld. “Solidariteit is veral dankbaar dat wit vroue weer ingesluit is in die definisie van voorheen benadeelde Suid-Afrikaners en dat die werknemeraandeelhouerskema nierassig van aard is. Dit is juis laasgenoemde aspek wat Sasol se Khanyisa-skema, wat op ras gegrond is, verdag maak in ’n tyd waarin nierassigheid juis bevorder moet word,” het Du Plessis benadruk. Volgens Du Plessis is die voorsiening vir 5% se vrydraende aandele vir werknemers en ’n soortgelyke toewysing aan myngemeenskappe ’n klousule waarteen die Mineraleraad en talle ontleders gaan skop. Hy wys egter daarop dat ’n ooreenkoms tydens die taakspan se onderhandelings bereik is wat voorsiening gemaak het vir vrydraende aandele van 3% vir werkers en 3% vir gemeenskappe, wat ’n totaal van 6% se vrydraende aandele beteken het. “Twee weke nadat die ooreenkoms bereik is en die gesprek afgehandel was, het die Mineraleraad ongelukkig sy posisie na 1% se vrydraende aandele per begunstigde verander, wat op 2% in

32

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die belangrikste is nou dat alle rolspelers daardie aspekte in die handves waaroor daar ’n positiewe gevoel is, sal omarm en uitbou, en aspekte waaroor ’n negatiewe gevoel bestaan, sal bestuur.” ~ GIDEON DU PLESSIS ~

totaal neergekom het. Met dié skuif het die Mineraleraad wel die beginsel van vrydraende aandele aanvaar, maar het hulle te kwader trou die persentasie verlaag. “In reaksie het die regering en die vakbonde dit na 5% elk verhoog, wat op 10% in totaal neerkom. Die bykomende 4% wat nou by die vorige totaal van 6% gevoeg is, strek tot voordeel van werkers en gemeenskappe, maar moet toegeskryf word aan die Mineraleraad se kortsigtigheid,” het Du Plessis gesê. “Solidariteit is teleurgesteld dat die klousule wat vir werknemerverteenwoordiging op maatskappyrade voorsiening maak, ter elfder ure verwyder is. Die onderhandelings was egter ’n gee-en-neemproses en die vakbonde sal wel sorg dat werkers se stem in die praktyk gehoor word,” het Du Plessis beklemtoon.

“Die finale handves het balanseerwerk geverg om verskeie belange te akkommodeer. Die belangrikste is nou dat alle rolspelers daardie aspekte in die handves waaroor daar ’n positiewe gevoel is, sal omarm en uitbou, en aspekte waaroor ’n negatiewe gevoel bestaan, sal bestuur en sal poog om dit te laat werk in belang van die mynbougemeenskap en Suid-Afrika in die geheel. “Daar moet begryp word dat dit een van die handves se onderliggende doelwitte is om bestendigheid in en om myne te bewerkstellig en daarvoor word ’n prys betaal. Hopelik kan gesonde arbeidsverhoudinge en ’n afname in gemeenskapsprotesaksie positiewe gevolge vir die sektor wees,” het Du Plessis gesê.


BEDRYFSNUUS

Vakbonde skik met goudreuse oor LONE

S Foto: iStockphoto.com

olidariteit het saam met die vakbonde NUM en UASA ooreenkomste met Harmony Gold en AngloGold Ashanti onderteken vir lone en diensvoorwaardes vir die tydperk 1 Julie 2018 tot 30 Junie 2021. HARMONY GOLD Volgens die salarisooreenkoms by Harmony Gold sal werknemers op die posvlakke van mynwerkers, ambagslui en amptenare ’n verhoging van 6,3% vir 2018 en 6,3% of VPI (wat ook al die grootste is) vir die daaropvolgende twee jaar ontvang. Die werknemers in kategorie 4 tot 8 ontvang ingevolge die ooreenkoms onderskeidelik ’n verhoging van R700, R750 en R825 oor die volgende drie jaar. Die behuisingstoelaag word ook met R100 per jaar verhoog (van R2 100 per maand) oor die volgende drie jaar (tot R2 400 per maand). Solidariteit hoop dat Sibanye-Stillwater by AngloGold Ashanti en Harmony sal leer dat loonskikkings bereik word as ’n maatskappy in goeder trou onderhandel. Sibanye het ’n “hersiene aanbod” van 5,2% aan mynwerkers, ambagslui en amptenare gemaak, maar dit was presies

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

dieselfde aanbod as wat twee weke vantevore gemaak was. Sibanye het ook heelwat ander toegewings teruggetrek waarop aanvanklik ooreengekom is. ANGLOGOLD ASHANTI Hoewel die loonooreenkoms wat Solidariteit, AMCU en UASA op 17 September met AngloGold Ashanti bereik het as ’n oorwinning vir kollektiewe bedinging beskou kan word, word dit nou oorskadu deur ’n misleidende verpakking van die ooreenkoms deur die maatskappy en die Mineraleraad. Vir die mynwerkers, ambagslui en amptenare is daar op ’n verhoging van 6,5% ooreengekom nadat AngloGold Ashanti die week tevore aangedui het dat ’n bykomende 1%-verhoging op die aanbod van 5,5% toegestaan sal word indien die maatskappy se voorgestelde hersiene skofrooster aanvaar word. Dit was ’n vreemde versoek en aanbod, want in daardie stadium het die meeste vakbonde reeds die nuwe skofrooster aanvaar en kon dit geïmplementeer word. Die maatskappy het dit egter gedoen om sy aandeelhouers en die markte te paai deur ’n laer verhoging van 5,5% voor te hou en die bykomende 1% afsonderlik by te voeg.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het dit egter nou duidelik geword dat die lomp verpakking van die loonooreenkoms bloot kunsmatig en misleidend was om ’n laer teiken van 5,5% vir Sibanye-Stillwater te stel met wie die vakbonde nog in ’n geskil gewikkel is. Die verdraaide verhoging het groot verwarring onder die maatskappye se werknemers tot gevolg gehad omdat hulle ’n suiwer 6,5%-verhoging verwag het. “Solidariteit is teleurgesteld in die Mineraleraad en AngloGold Ashanti wat die ooreenkoms so in die media gemanipuleer het, veral nadat die drie betrokke vakbonde ingewillig het om in goeder trou die aanvanklike getekende loonooreenkoms te wysig toe die maatskappy ’n verdere verhoging van 1% vir die tweede en derde jaar van die ooreenkoms vir sy vaardige werknemers bygevoeg het, en die maatskappy dit ná die ondertekening as ’n tikfout bestempel het,” het Du Plessis gesê. Loononderhandelings ten opsigte van Sibanye-Stillwater en Village Main Reef sal deur AMCU, NUM, UASA en Solidariteit voortgesit word onder die vaandel van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie. www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

33


BEDRYFSNUUS

Só BESKERM kenners ons lede by werk

D

ie beroepsgesondheiden -veiligheidsfunksie behels die beskerming van die regte en belange van Solidariteit-lede in die strewe na ’n gesonde en veilige werkplek asook met betrekking tot beserings aan diens. Weens die inherent gevaarlike bedrywe waarin Solidariteit-lede werk, is die beskerming van ons lede in die werkplek voor asook ná werkplekbeserings uiters belangrik. Die belangrikste fokusareas van die Beroepsgesondheid-en-veiligheidsafdeling (BGV) is die voorkoming van beroepsbeserings en siektes in die werkplek, die beskerming van lede teen sulke beserings en siektes, en die versagting van die negatiewe gevolge daarvan nadat dit plaasgevind het. Solidariteit se BGV-afdeling beskik oor ’n span toegewyde kundiges wat slaggereed is om Solidariteit se lede by te staan, nie net telefonies, per brief, faks of e-pos nie, maar ook deur persoonlike besoeke aan lede se werkplekke om risiko’s te identifiseer. Solidariteit se beroepsgesondheiden -veiligheidspraktisyns het waardevolle verbintenisse met statutêre en ander belanghebbende rolspelers in die bedryf. Solidariteit streef daarna om die afdeling se kennis te verryk deur op die hoogte te bly van nuwe inligting tot voordeel van Solidariteit-lede se gesondheid en veiligheid by die werk. Ons beroepsgesondheid- en -veiligheidspraktisyns is by die SuidAfrikaanse Instituut vir Beroepsveiligheid en -gesondheid geregistreer en is leiers in die Suid-Afrikaanse beroepsgesondheid-en-veiligheidsindustrie. Adv. Paul Mardon, die adjunkhoofsekretaris vir beroepsgesondheid en -veiligheid en volhoubare ontwikkeling, dien op die Nasionale Beroepsveiligheidsvereniging van Suid-Afrika (NOSA) se adviserende komitee. Adv. Hanlie van Vuuren, hoof van Solidariteit se BGV-afdeling, is ’n lid van die Myngesondheid-en-veiligheidsraad en dien op verskeie advieskomitees. Sy speel ook ’n besonderse rol namens vroue in die Mynboukomitee.

34

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

R75 675 458 Die bedrag geld wat reeds vanjaar namens lede in vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes beding is.

Die afdeling berus op twee bene: een wat op die bevordering van veilige werkplekke fokus en die ander wat fokus op billike vergoeding vir lede wat ongevalle in die werkplek opdoen. As deel van die bevordering van beroepsveiligheid en -gesondheid, hanteer ’n span regspraktisyns die verteenwoordiging van lede tydens ondersoeke ná ongelukke waarin persone aan diens gesterf het, sodat die oorsake van ongelukke bepaal en aangepak kan word en die herhaling daarvan voorkom kan word. Die Eenheid vir Vergoeding bestaan uit ’n span kenners op die gebied van vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes wat die eise van lede by die verskillende fondse (vergoedingsfonds, FEMA, Rand Mutual Assurance Company Ltd en die Mediese Buro vir Beroepsiektes) hanteer. Dié span is al beskryf as die “tranevangers” van die vakbond en verleen bystand aan lede wat probleme met eise ervaar. Tot dusver vanjaar het hierdie groep reeds R75 675 458 in vergoeding beding. Weens die groot aantal beroepsbeserings en -siektes wat jaarliks voorkom, is die belangrikheid van beroepsgesondheid en -veiligheid opnuut in die kollig. ’n Veilige en gesonde werkomgewing is tot almal se voordeel. Een van die grootste dryfvere vir beroepsgesondheid-en-veiligheidskwessies in Suid-Afrika is wetgewing wat ondersteun word deur werknemerorganisasies en vakbonde soos Solidariteit, wie se BGV-afdeling ’n leidende rol speel om druk op werkgewers te plaas sodat ’n veilige werkomgewing vir werknemers geskep en gehandhaaf word. Dit is belangrik dat alle rolspelers – insluitende die werkgewer en werkne-

mers – saamwerk deur proaktief op te tree om sodoende beroepsbeserings en -siektes in die werkplek te voorkom, te verminder en uit te skakel. Die handhawing van ’n gesonde en doeltreffende gesondheid-en-veiligheidskultuur in die werkplek het verskeie voordele vir werkgewers sowel as werknemers. Werknemers is geneig om meer gelukkig en produktief te wees in ’n veilige werkomgewing, wat weer lei tot verhoogde produktiwiteit, beter diens en beter produkte vir die maatskappy. Die BGV-afdeling beskik ook oor senior regspraktisyns met spesialiskennis. Hulle gee deurlopend regsadvies oor beroepsgesondheid en -veiligheid en verteenwoordig dikwels Solidariteit-lede in verhore by verskillende forums. Regsadvies is baie duur, maar gespesialiseerde regsadvies deur kundiges met jare se regservaring is toenemend onbekostigbaar vir Jan Alleman. Solidariteit lewer hierdie diens gratis aan sy lede. Regspraktisyns wat in privaat praktyk regsadvies gee, vra ’n uurlikse tarief wat beïnvloed word deur verskeie faktore, soos die volgende: • Ervaringsvlak van die regspraktisyn; • Senioriteit van die regspraktisyn; • Kwalifikasies van die regspraktisyn; • Kompleksiteit van die saak; • Gespesialiseerde regskennis benodig; • Volume van die regswerk; en • Tyd wat daaraan bestee word. Wanneer die maandelikse Solidariteit-lidmaatskapgeld opgeweeg word teen die koste van regsadvies, sal dit u gemiddeld R3 000 per uur kos om deur ’n privaat regspraktisyn in ’n beroepsveiligheidsaak bygestaan te word. Sulke verhore kan maklik R100 000 of meer se privaat regskoste bedra. Hierdie diens word egter gratis aan Solidariteit-lede gelewer. Daar is dus geen twyfel nie dat ons lede uitstekende waarde vir hul Solidariteit-lidmaatskapgeld kry. ’n Jaar se Solidariteit-lidmaatskapfooi kos minder as ’n privaat regspraktisyn per uur! • Sluit nou aan by Solidariteit deur die webwerf www.solidariteit.co.za te besoek.


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R115 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R100 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit X is dienste, ’n gemagtigde verskaffer van Solidariteit Finansiëleverskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van Legal finansiële FSP-nommer: 5277 Beweging finansiële dienste FSP-nommer:755277 finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Beperk,•FSP-nommer:


PROMOSIE

Die ideale vennoot in GESONDHEIDSORG Jou gesondheid is een van die kosbaarste dinge en dit moet opgepas word. Wanneer dit by gesondheidsorg kom, kan dit egter stresvol raak om die regte plan vir mediese sorg of gapingsdekking te kies.

‘N Foto: iStockphoto.com

Geregistreerde finansiële adviseur kan ’n deurslaggewende rol speel om dit vir jou makliker te maak om te bepaal watter mediese plan jou behoeftes én sak die beste pas. Hulle kan jou help om die regte keuse te maak en kan jou van bykomende inligting voorsien oor die onderskeie planne waaruit jy kan kies. Daar is ’n reëling tussen Solidariteit se finansiële adviseurs en TendaHealth om te verseker dat Solidariteit se lede die beste advies oor en oplossings vir gesondheidsorg kry. Hulle is boonop goed geplaas om jou te help om jou lidmaatskap te bestuur en jou eise en navrae te hanteer. ONS HET DIE KENNIS WAT JY BENODIG TendaHealth is nie ’n mediese skema nie, maar ons beskik oor baie ondervinding in die mediesefondssektor en het eerstehandse kennis van hoe dit

werk. Daarbenewens het TendaHealth kontrakte met die meeste groot mediese skemas om te verseker dat jy die perfekte plan vir jou en jou familie se spesifieke behoeftes kies. In die swak ekonomiese toestande en met stygende inflasie in gesondheidsorg sukkel verbruikers om sin te maak uit die talle planne wat beskikbaar is. Dit bring hulle in die versoeking om te migreer na wat op die oog af na ’n meer bekostigbare plan lyk, maar wat inderwaarheid minder dekking bied. Ons kan jou help om die maandelikse bydraes en voordele te vergelyk en om seker te maak jy kry die dekking wat jy benodig. ’n Blote vergelyking van die gemiddelde persentasieverhogings wat deur die onderskeie skemas aangekondig is en wat lede se bydraes beloop, is nie ’n ware toets vir waarde vir geld nie, want die werklike voordele wat die skema bied, word nie in berekening gebring nie. Hoewel verbruikers slimmer geraak het en beter ingelig is oor die mediese-

skemabedryf, heers daar steeds heelwat verwarring. Ons kan jou help deur ingeligte aanbevelings aan jou voor te lê wat jou bepaalde gesondheidsorgbehoeftes en begroting in ag neem. Ons kan ook ’n belangrike rol speel om jou te help om te verstaan wat jou plan bied, hoe om jou voordele ten beste te benut en hoe om voordeel te trek uit bestuurde sorg, beide vanuit ’n finansiële en lewensgehalte-oogpunt. Ons kan jou ook help om die ingewikkelde terminologie wat vir gesondheidsorg gebruik word, te ontsyfer. GEAKKREDITEERDE FINANSIËLE ADVISEURS Ons finansiële adviseurs het die toepaslike regulatoriese eksamens geslaag en is spesialiste op hul gebied om so te verseker dat jy kundige advies kry. Hulle ontvang kommissie in ooreenstemming met die Wet op Mediese Skemas (No. 131 van 1998) en werk onverpoos om aan jou die ondersteuning te bied wat jy benodig en verdien.

SKAKEL 0861 101 005 OF STUUR ‘N E-POS NA ADMIN@SFDIENSTE.CO.ZA OM VAN DIÉ DIENS GEBRUIK TE MAAK. 36

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za


aksentmedia.co.za

Gapingsdekking vir in-hospitaal-tekorte wat nie deur jou mediese skema gedek word nie SMS “MEDGAP” na 43366 en ontvang onmiddellike advies! SMS’e kos R1. Gratis minute geld nie. Standaardnetwerktariewe is van toepassing.

Solidariteit Finansiële Dienste ‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 15556

Onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Limited

‘n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 47470


PROMOSIE

VIRSEKER SKEP HOOP VIR JONGMENSE

Van armoede tot AMBISIE danksy Virseker DEUR STEFAN PIETERSE

Foto: iStockphoto.com

D

e Witt Coetzee se ouers was albei alkoholiste en as kind is hy daagliks mishandel. Vir hom was daar net een pad uit sy omstandighede: tersiêre opleiding. Gelukkig het die Virseker Trust besluit om in te gryp en sy studies te betaal. Vandag staan De Witt in ’n beheerliggaampos by die skool waar hy gematrikuleer het, besig om terug te ploeg in sy gemeenskap. Rochelle Pieterse se storie klink anders. Sy is op agtjarige ouderdom na die Jakaranda Kinderhuis gestuur, omdat haar ma nie meer vir haar en haar vyf boeties en sussies kon sorg nie. Met die hulp van tannie Sarie, ’n bekwame maatskaplike werker, het sy later aanlegtoetse afgelê, en is die saadjie geplant om ’n advokaat te word. Die Virseker Trust se studiefonds het besluit om haar ook te help en vandag is sy ’n trotse derdejaarstudent in regte by Tuks, met die einde amper in sig. Die Virseker Trust het in die afgelope agt jaar reeds 36 behoeftige Afrikaanse studente soos De Witt en Rochelle se studies gefinansier. Maar hoe werk dit presies, hoe kan jy betrokke raak, en hoe kan jy aansoek doen om studiehulp?

38

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

HOE WERK DIT? Die Virseker Trust het in 2010 sy eie studiefonds by Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum gestig waaruit behoeftige Afrikaanse studente se studies gefinansier word. Hierdie studiefonds is een van meer as 200 onafhanklike studiefondse wat Helpende Hand tans namens hul donateurs administreer. Behoeftige kandidate kan elke jaar tussen 1 Februarie en 30 September aansoek doen by www.studiefonds.co.za vir studiehulp, waarna alle aansoeke deur die onderskeie studiefondskomitees oorweeg en gekeur word. Studiehulp aan suksesvolle kandidate in die vorm van gedeeltelike, rentevrye studielenings, word dan direk aan die tersiêre instellings betaal. Die Studiefondssentrum lewer twee keer per jaar verslag aan sy donateurs oor die vordering van hul studente. HOE RAAK EK BETROKKE? Die beste manier om Virseker te help om meer behoeftige Afrikaanse studente te kan laat studeer, is deur self ook te wen. Jou motor en huisinhoud moet in elk geval verseker word, en Virseker bied jou die geleentheid om goeie waarde vir jou geld te kry, die Afrikaanse sake-ekono-

mie te ondersteun, en terselfdertyd ook behoeftige Afrikaanse studente se studies moontlik te maak. Dis ’n wen-wen-wen situasie: Jy kry goeie versekering, Afrikaans word bevorder, en behoeftige Afrikaanse studente se studies word betaal. HOE DOEN EK AANSOEK OM STUDIEHULP? Studente wat vir die eerste keer aansoek doen, kan die Studiefondssentrum se webblad by www.studiefonds.co.za besoek en dan op die “Doen Aansoek”skakel klik. Daar is ’n kort video waarin die aansoekproses wat studente moet volg, stap vir stap uiteengesit word. Die Studiefondssentrum se aansoeke vir 2019 het reeds gesluit, maar matrikulante en studente kan vanaf 1 Februarie 2019 tot 30 September 2019 aansoek doen vir studiehulp in 2020. Die Virseker Trust het reeds meer as R32 miljoen oor die laaste 5 jaar ingeploeg aan, onder meer, die verlening van studiehulp, die oprigting van Akademia, die uitbou van Sol-Tech, en die ontwikkeling van die Skoleondersteuningsentrum. • Virseker is ’n produk van die Auto & General Versekeringsmaat- skappy, ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer.



IN BEWEGING

Nuus oor die instellings wat deel van die Solidariteit Beweging vorm, asook lekkerleesartikels oor alles van geldsake tot die geskiedenis.

Die SOS se nuwe handelsmerk asook sy eerste navorsingsverslag is op Woensdag 17 Oktober in Pretoria aan die media bekendgestel. Van links is Elaine Krige, mediaskakelbeampte; Johan Koekemoer, navorser; Paul Smit, lewensafrigter; en dr. Danie Brink, besturende direkteur van die SOS.

Só lyk Afrikaanse onderwysers se GEMOED DEUR DAWID BRAND

D Foto: Esté Meyer Jansen

OKTOBER

40

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

www.skole.co.za

2018

navorsing deelgeneem het, sien hulself ie Skoleondersteuningsenoor vyf jaar steeds in dié beroep. trum (SOS) het onlangs “Dit is wel vir die SOS kommerwekomvattende kwantikend dat onderwysers min ondersteutatiewe en kwalitatiewe ning en gehalte-opleiding van die staat navorsing gedoen oor die ontvang. Onderwysers het gemoedstoeook aangedui dat hulle stand van ons land se ondereerder tyd sou wou bestee wysers. Meer as 600 onderwyaan lesvoorbereiding en die sers van openbare en privaat aanbied van ekstra klasse as skole het aan die studie deelaan onnodige administrageneem en lig gewerp op die tiewe take. uitdagings wat hulle in die “Dit is ’n bewese feit dat gesig staar. Die bevindings daar ’n regstreekse verband is op Woensdag 17 Oktober is tussen leerders se welslae op ’n mediakonferensie in en onderwysers se gePretoria bekendgemaak. moedstoestand. Daarom is Die bevindings van VERSLAG OOR ONDERWYSERS SE dit nodiger as ooit om die die studie was oorwegend GEMOEDSTOESTAND gemoed van onderwysers positief: Hoewel onderwysers positief te beïnvloed,” het uitdagings ervaar met geJohan Koekemoer, navorser, gesê. brekkige dissipline, ’n oormaat adminiVolgens hom kan die gemoed van stratiewe pligte en ’n groot werklading, onderwysers positief beïnvloed word is die meerderheid onderwysers steeds deur onder meer: gemotiveerd en toegewyd in hul werk, • die skep van groter ruimte vir profesveral Afrikaanssprekende onderwysers sionele groei deur middel van kort wat in hul moedertaal klasgee. Die kursusse, seminare en kongresse van meeste van die onderwysers wat aan die

hoë gehalte; • daadwerklike stappe te doen om dissipline in die klaskamer te verbeter; • die aanmoediging van onderwysers om as ’n span saam te werk wat ’n gemeenskaplike doelwit groter as hulself nastreef; • die kritiese evaluering van die administratiewe las wat op onderwysers se skouers rus en die vind van maniere om dié geweldige las te verlig; en • die beloning van onderwysers wat altyd bereid is om die ekstra myl ter wille van leerders te loop. “Die goeie nuus is dat die meerderheid aspekte wat ’n uitwerking op onderwysers se gemoedstoestand het, binne die beheer van die skoolbestuur en beheerliggaam is, en suksesvol hanteer kan word,” het Koekemoer gesê. Volgens dr. Danie Brink, besturende direkteur van die SOS, is die navorsingsbevindings in lyn met internasionale studies. “Gallup het bevind dat die gemiddelde gemoedstoestand van werknemers wêreldwyd op 7.1 uit 10 te staan kom. Afrikaanssprekende onder-


IN BEWEGING

wysers wat in hul moedertaal klasgee, se telling is 100% in lyn hiermee. Onderwysers se gemoedstoestand is ook in lyn met werknemers by onder andere Apple, Intel, Boeing en Motorola.” Volgens Brink is werknemers by Facebook, Google en Chevron aansienlik gelukkiger met tellings van onderskeidelik 9.3, 8.4 en 8 uit 10. “Gallup se State of the Global Workforce het bevind dat slegs 13% van die wêreld se werkmag aktief betrokke is by en gefokus is op hul werk. In Suid-Afrika is slegs 9% van werknemers betrokke en dit is rede tot kommer,” het hy gesê. Volgens Brink identifiseer Gallup drie dinge om werknemers betrokke te kry: • Kies die regte mense; • Ontwikkel werknemers se sterk punte; en • Belê in hul gemoedstoestand. “Die McKinsey-verslag getiteld

How the world’s best performing school systems come out on top wys drie soortgelyke dinge uit wat suksesvolle onderwyslande doen: • Kry die regte mense om onderwysers te word; • Ontwikkel onderwysers deurlopend professioneel; en • Maak seker die stelsel lewer die beste instruksie aan elke kind en identifiseer individuele tekortkomings,” het Brink gesê. Volgens hom is die SOS ideaal geposisioneer om gehalte-onderrig in Afrikaans te help bevorder en onderwysers met kennis en opleiding te bemagtig. “Afrikaanse skole is van wêreldgehalte omdat roepingsgedrewe, bekwame onderwysers daagliks in daardie klaskamers diens doen. Die SOS se hartklop is om dié onderwyskundiges te help toerus sodat hulle, te midde van groot uitdagings,

gehalte-onderrig kan bly bied. Die SOS staan bankvas agter ons opvoeders. Want hulle verdien dit. En ons kinders het hulle nodig,” het Brink gesê. SPLINTERNUWE HANDELSMERK Die SOS het tydens die bekendstelling van die navorsingsverslag oor onderwysers se gemoedstoestand ook sy splinternuwe handelsmerk onthul. Dit kom nadat die SOS, wat vroeër deel van Helpende Hand was, die negentiende selfstandige instelling binne die Solidariteit Beweging geword het. Nie net spog die SOS met ’n nuwe handelsmerk nie, maar ook ’n splinternuwe webwerf en kwartaallikse nuusbrief. • Besoek www.skole.co.za om die volledige navorsingsverslag te lees. Die SOS stel in Januarie ‘n verslag oor vanjaar se matriekuitslae vry. Hou gerus hul webtuiste dop.


IN BEWEGING

Geroep om onvoorwaardelik te SAAI DEUR DS. HANNES NOËTH

Foto’s: iStockphoto.com

S

olidariteit Helpende Hand het nie altyd ’n keuse hoe om ons agenda op te stel nie, ons agenda kom dikwels vanself na ons: “Oom, kan ek hom hou?” Met hierdie woorde gaan lê die graad 1-dogtertjie in al die kamers van my hart. Haar arms klou om ’n tassie wat sy pas ontvang het. Dis een van 5 000 tassies wat ons uitgedeel het omdat daar geen plan B in haar ouerhuis is nie. Om die waarheid te sê, ’n skooltassie is baie laag op haar gesin se agenda, en juis omdat dit nie op hul agenda is nie, moet dit op ons s’n wees; op Helpende Hand se agenda. “Kan ek nog patats kom haal?” Met hierdie woorde word die kos in my mond dik as ek besef wie aan die ander kant van die oproep die vraag tot my rig. Dis ’n tannie van 88 jaar en sy vra nie uit

42

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

oorvloed nie. Vir haar is dit vanselfsprekend om te vra vir haar daaglikse patat, maar vir my is dit ’n vernedering van haar menswees. Hoe kan ek vir haar sê die patats is reeds op? Haar behoefte moet op ons agenda wees; op Helpende Hand se agenda. “Ou seun, Oom wil vandag vir jou iets vreemds vra, maar het jy vir hierdie ou oom ’n paar broeke en hemde?” Ek het nie, maar ek vra ons maatskaplike werker om asseblief te sorg dat hy geklee is. Hoe kan ek tog ander werk doen as hy so opreg en nederig die moed bymekaarskraap om te vra vir klere? Hy word my agenda; Helpende Hand se agenda. Hy stuur later ’n foto. Hy kon vandag menswaardig aantrek. Wat is Helpende Hand se agenda? So dikwels moet ek myself met hierdie vraag konfronteer. Ons kan tog nie almal

help nie, ons kan nie oral brood neersit nie, elke kind kan nie uit ons hand eet nie en ons kan nie elke bejaarde versorg nie. Ons kan wel probeer. Ons kan begin deur te doen wat ons moet doen. Daarom het ons geen keuse nie as om ons agenda, wat na ons toe aangestap kom, te verpak in breë beginsels. Ons moet dit doen. Ons moet. • 2018 – met hart • 2019 – in krag • 2020 – tot hoop • 2021 – met hart, in krag, tot hoop. Binne hierdie raamwerk, bewus van ons eie gebrokenheid en tekortkominge, het ons by Helpende Hand geen keuse nie as om hand vir hand te saai. Daarom, wanneer Helpende Hand op 29 en 30 November aantree vir ons driejaarlikse kongres, sal ons vergader onder die tema Saai – net dit, nie uitgebrei


IN BEWEGING

en omskryf nie – juis om al die moontlikhede rondom hierdie tema vol te plant en te laat groei. Hierdie tema pas presies in by wie en wat ons wil wees, naamlik hande wat saai.

Saai is ’n nederige saak. Dis ’n saak van afhanklikheid; ’n erkenning dat jy nie kan laat groei nie, maar genoeg geloof het om wel te plant. Ons kan die resultaat nie maklik weeg nie en baie saad groei nooit. Maar ons weet ook, saaiwerk is hartswerk, dis kragtig, en dit bring hoop. Daarom is saai ons agenda. Groei word dikwels nie gemeet in hoeveel jy saai nie, maar in wat die opbrengs is. Welsynwerk is anders. Met welsynwerk sien jy nooit die opbrengs nie, en dikwels moet jy saai en saai tot die

maatemmer leeg is. Dit maak dit moeilik, maar dit maak dit ook maklik. Dit beteken ons kan fokus op wat ons saai en ons minder bekommer oor wat ons inbring. ’n Mens wil mos baie graag eerder die oes tel in plaas van fokus op die saai. Helpende Hand het geen keuse nie. Ons kan nie wag vir die oes en dan die sukses meet nie. In gemeenskapsontwikkeling kan jy nie werklik die opbrengs bly meet nie, want jy kan nie dag vir dag tel nie. Jy moet meestal maar net saai en aanhou saai. Dit is natuurlik ’n groot verantwoordelikheid, want ’n mens weet jy kan ook wind saai en ’n storm oes, soos die Bybel ons leer. Jy kan ook ’n klein bietjie liefde saai en ’n hart oes. Dit is uitdagend om te saai as jy nie resultate sien nie, nie die opbrengs kan meet nie en in ’n braakland vol kalkklip jou beperkte middele in geloof moet saai. Tog doen ’n mens dit, want jou roeping vereis dit. By Helpende Hand besef ons wat die uitdagings is: • Saad wat op verkeerde plekke val en beperkte hulpbronne uitput; • Voëltjies wat kosbare saad oppik

sodra dit begin groei; en • Saaddiewe soos regeerders wat van bejaardes, kinders en gestremdes terughou en steel. Ons ken egter ons saailand: • Ons mense; • Ons kinders; • Ons bejaardes; en • Ons gestremdes. Ons saailand lê wyd en roepend, daarom sien ons uit na ons kongres waar ons kan saam dink, beplan en hoor. Ons sal terugkyk om te sien watter saad het nie gegroei nie, watter oes kon ons wel inbring, hoe doen ons dit weer, waar saai ons in die jare wat kom. Ons het nie al die antwoorde nie. Die boodskap aan ons vrywilligers, ons takke, ons streke en ons personeel is duidelik: Die oes sal vanself kom, dalk selfs ná ons tyd. Helpende Hand is nie geroep om die oes in te bring nie, ons is geroep om te saai: ’n speelplek vir ons kinders, versorging vir ons bejaardes, vrede vir ons gestremdes, hoop vir ons hopeloses en krag vir ons swakkes. Vergeet die oes. Saai. Onvoorwaardelik. • Ds. Hannes Noëth is besturende direkteur van Helpende Hand. www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

43


IN BEWEGING

Waar plant jy jou VLAG dan Suid-Afrika? DEUR ERNST VORSTER

Foto’s: Verskaf

D

it is ’n vraag waarmee ons as Afrikaner-kultuurgemeenskap nie ligtelik kan omgaan nie. Dit is immers belangrik om die konsep van ’n wapperende vlag – ’n toonbeeld van kulturele trots en waardes, ’n verwysing na geskiedkundige ontwikkeling en ook ’n heraldiese embleem van die groot suksesse wat ’n gemeenskap behaal – met elke kultuur se identiteit te verweef. So het elke kultuur, land, organisasie en persoon ’n vlag wat oor hulle wapper, ’n modicum waaraan hulle geken word en ’n saak waarvoor hulle omgee. Jou vlag wapper oor jou en getuig van jou waardes. Sal jy hom nie met trots dra nie? Plant hom dan! So, waar plant jy jou vlag? Dit is die vraag wat Solidariteit Helpende Hand in die laaste paar weke beantwoord het met die “Die land behoort aan jou!”-veldtog. Hierdie inisiatief gaan hand aan hand met die onlangse bekendstelling van die enkelsnittreffer “Die Land” wat gesing word deur Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Jay du Plessis, Bok van Blerk en Ruhan du Toit van Touch of Class.

44

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Deur Helpende Hand as ’n organisasie plant ons vrywilligers hul vlag in die gemeenskap, vir die gemeenskap. Ons plant met trots ons vlag deur 149 takke wat in hul dorpe en stede ’n versamelpunt is vir Afrikaners wat deel wil word van ’n beweging wat hul gemeenskappe ontwikkel en hartstake verrig. Ons plant met trots ons vlag om behoeftige studente toe te rus vir die toekoms met rentevrye studielenings. Hiervoor het ons vrywilligers meer as R4 700 000 uit die gemeenskap ingesamel en het ons Studiefondssentrum byna R25 000 000 gegenereer vir begunstigdes in 2019. Ons plant met trots ons vlag waar behoeftige kleuters nie genoeg voeding kry nie en ondersteun meer as 6 500 kleuters reg oor die land met die Kosblikkieprojek. Ons plant met trots ons vlag waar behoeftige graadeens se families nie skooltassies kan bekostig nie deur vir hulle ‘n tassie te gee wat aan hulle ’n gelyke kans in die lewe gee. Ons plant met trots ons vlag waar behoeftige skoolmeisies nie sanitêre ware kan bekostig nie deur dit aan hulle te voorsien, want hulle verloor tot 52 skooldae indien hulle nie ondersteun word nie. Ons plant ook met trots ons vlag waar weerlose en kwesbare ge-

meenskappe krisisse beleef, waarvan die Huis Davidtsz-sage ’n goeie voorbeeld is. Om hierdie trots te bind, het Helpende Hand talle vlae versprei onder die organisasie se 149 takke landwyd met die woorde “Die land behoort aan jou!” daarop. Ons doen ’n beroep op die publiek om na hul naaste Helpende Handtak te gaan en hul familiename op die vlae te skryf, wat sal dien as ’n belydenis vir die geslagte wat gaan kom. Helpende Hand bied met hierdie veldtog ’n kans aan die gemeenskap om met trots te verklaar dat hulle omgee oor wat hul vlae van hulle sê en waar hulle hul vlae plant. Al die getekende vlae gaan in November na Pretoria teruggebring word en by die Afrikaans Is Groot-konserte wapper as ’n simbool dat die son, see en land deur God aan ons almal gegee is. Besoek www.dielandbehoortaanjou.co.za om ’n snit van die liedjie as ’n luitoon af te laai. Helpende Hand nooi jou uit om jou vlag in jou gemeenskap te plant. Jy kan met trots deel wees van ’n organisasie wat ’n verskil in jou gemeenskap maak. Besoek www.helpendehand.co.za en skep saam met ons hoop! • Ernst Vorster is adjunk- uitvoerende hoof van Helpende Hand.



IN BEWEGING

Skool en ambag: GAPING só oorbrug DEUR CILLESTE VAN DYK

S

ol-Tech se studente is reeds indiensneembaar die dag wanneer hulle afgestudeer het, aangesien hulle deeglik in nuwe kennis en vaardighede opgelei is. Dié kollege lei jaarliks ’n groot aantal vakleerlinge vir verskeie industrieë op en die slaagsyfer in die finale ambagstoets is tans 96%. Maar hoe gemaak as jy graag wil inskryf by Sol-Tech om jou loopbaan op die beste manier af te skop, maar ongelukkig nog nie aan die voorgeskrewe toelatingsvereistes voldoen nie? Geen probleem nie. Sol-Tech het ’n oorbruggingsprogram waarvoor jy kan inskryf. HOEKOM DIÉ PROGRAM? Die Sol-Tech Oorbruggingsprogram is uniek aan Sol-Tech en word aangebied om individue wat nie aan die voorgeskrewe toelatingsvereistes vir ambagskwalifikasies voldoen nie die geleentheid te gee om relevante kursusse te doen wat sal verseker dat hulle wél by Sol-Tech toelating kan kry. Hierdie program word reeds vir ’n geruime tyd deur middel van voltydse

46

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

kontaksessies aangebied vir studente wat klaar is met skool en Sol-Tech se keuring geslaag het. Vanaf 2019 sal dié oorbruggingsprogram vir die eerste keer ook deur middel van ’n afstandsonderrigmodel met geskeduleerde kontaksessies aangebied word aan skoliere wat tydens hul sekondêre skoolfase die nodige tegniese onderbou wil bekom om toegang tot Sol-Tech se formele tegniese beroepskwalifikasies te verkry. In hierdie geval word die suksesvolle voltooiing van die oorbruggingsprogram dan gebruik as aanduiding van die voornemende student se vermoë om een van Sol-Tech se kwalifikasies te voltooi, net soos wat die gebruik by verskeie ander publieke en privaat tersiêre instansies is. Die vereistes om die program suksesvol te voltooi, is dat die student al die voorgeskrewe vakke met ten minste 50% moet slaag. Die oorbruggingsprogram sal moontlik in die toekoms uitgebrei word om ook aan die voorgeskrewe minimum vereistes vir toelating tot QCTO se tegniese beroepskwalifikasies te voldoen. Individue wat die oorbruggingsprogram via

afstandsonderrig voltooi, kan dus sonder enige verdere keuring tot Sol-Tech se tegniese beroepskwalifikasies toegelaat word (mits daar plek in die kursus beskikbaar is, natuurlik). WAARDE VAN DIE PROGRAM Die studente leer die basiese beginsels van relevante vakke soos wiskunde, wetenskap, tegniese tekene en ambagspesifieke tegniese vakke om sodoende die nodige onderbou vir verdere studies by Sol-Tech te verkry. Op die platteland het leerders min geleenthede vir verdere studie en daarom bied Sol-Tech se oorbruggingsprogram vir baie leerders ’n uitstekende geleentheid. Baie plattelandse dorpe het skole wat nie oor ’n tegniese kurrikulum beskik nie en hierdie leerders kan hulself by die satellietkampusse by hoërskole op Wolmaransstad (Wolmaransstad), Bethlehem (Voortrekker), Naboomspruit (Hans Strijdom), Worcester (Drostdy) en Klerksdorp (Schoonspruit) verder bekwaam om die kwalifikasies te verwerf wat nodig is vir toegang tot verdere ambagsopleiding by Sol-Tech.


IN BEWEGING

Skandeer die QR-kode om na die video te kyk.

BAARDE EN (BOERE)SPORTS BY VONKFEES!

SOL-TECH SE OZWALDVOLSTRUIS AGTSTE IN SEEPKISKARWEDREN

‘N

Seepkiskar met die naam Ozwald die Volstruis, gebou deur SolTech, het agtste geëindig in Red Bull se seepkiskarwedren in Sandton. Red Bull het op 16 September vanjaar dié wedren by Sandton City aangebied waartydens 71 deelnemers mekaar die stryd aangesê het. Drie van die deelnemers, Eileen Engelbrecht, Alwyn Engelbrecht en Tiaan Engelbrecht, het Sol-Tech genader om hulle te help om hul seepkiskar te bou. Sol-Tech het as entoesiastiese medeborg aangemeld en moes die seepkiskar ontwerp en bou. Die SolTech-span moes kreatief en uit die boks dink om met iets op papier vorendag te kom wat ’n meesterstuk kon word. Een van die vereistes van die wedren was dat die karretjie met twee bestuurders aan boord sowat 20 meter voor die eindstreep oor ’n bult moes spring en heel moes bly wanneer dit die grond tref. Daarvoor was ’n goeie onderstel met ’n stewige veerstelsel nodig. Daar is beplan, gebou, herontwerp en aanpassings gedoen totdat die bouers en die bestuurders met die eindproduk tevrede was. Ozwald se agtste posisie uit die 71 inskrywings het die deelnemers en die Sol-Tech-span se hempsknope laat afspring van trots. Sol-Tech se personeel wat betrokke was by die projek, is Nico Dreyer, Marthinus Snyders, Gerhard van Aswegen en Charl Grobbelaar. Die studente wat gehelp het, was Reinu Potgieter, Jan-Abrahams Oberholzer, Morné Coertze, Jakes Brits en Hennie Engelbrecht.

D

ie somer is hier en vir studente beteken dit een ding: Dit is tyd vir die Vonkfees! Dié jaarlikse SolTech-fees is op 19 September by Grizzlies Sportklub in Pretoria aangebied. Instansies soos Akademia en De Goede Hoop-koshuis, asook natuurlik Sol-Tech se eie studente, het saam feesgevier. Feesgangers het deelgeneem aan items soos raakrugby, netbal, kettieskiet en toutrek. Saarkie, die energieke vrouesanggroep, het vermaak verskaf met ’n onvergeetlike, begeesterde vertoning. ’n Baardkompetisie is ook aangebied en die bekende Meyer le Roux, medestigter en ambassadeur van die Buffelsfontein-handelsmerk, het as beoordelaar opgetree en Buffelsfontein-produkte aan die wenners van die kompetisie oorhandig. Solidariteit Jeug het ’n sportvasvra aangebied, AfriForum Jeug het gesorg vir ’n Volley Pong-kompetisie en die Sol Jol, en Akademia het feesgangers laat kopkrap met hul eie Akademia-raaisels. Al dié organisasies, asook Maroela Media, het ruim

DEUR SCHIKKIE GELDENHUYS

pryse geskenk aan deelnemers en wenners van die verskeie items. In aanloop tot die Vonkfees het AfriForum Jeug vir die eerste keer die eiesoortige Sol Jol aangebied. Die doel van hierdie studentejol was om tradisie onder Sol-Tech se studente te kweek. Dit het gesorg vir lekker geesbou voor die Vonkfees, en het ’n noue band tussen die studente gevorm. Die Sol Jol se propvol program was gelaai met aktiwiteite, waaronder ’n Cantus, ’n Sterkmankompetisie, boeresport en ’n Pot & Pons-kompetisie. Die Sol Jol het oor vyf dae gestrek, wat Sol-Tech se Vonkfees op die vyfde dag ingesluit het. Wenners van die Sol Jol-aktiwiteite is ook tydens die Vonkfees se prysuitdeling aangewys. Die primêre doel van die Vonkfees en die Sol Jol is om seker te maak studente het ‘n onvergeetlike, spesiale studentelewe, te midde van die huidige klimaat waar Afrikaanse tradisies by tersiêre instansies besig is om te taan. Sol-Tech doen hier trots sy deel vir ’n lekker studentelewe!

www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

47


IN BEWEGING

Claudine van Wyk van Pretoria se pa, Sarel Janse van Rensburg, is op sy plaas naby Tonteldoos vermoor en haar oom, Johan, en sy vrou, Gloudien, is wreed aangeval op hul plaas in die Baltimore-distrik. Willem Stafleu se vrou, Vanessa, is op hul plaas in die Randfontein-omgewing doodgeskiet.

Bring die DOODSTRAF terug, vra slagoffers DEUR ALET RADEMEYER

Foto’s: Reint Dykema

D

ie naasbestaandes van mense wat wreed en brutaal in plaasaanvalle vermoor of beseer is, glo die doodstraf moet teruggebring word omdat tronkstraf die moordenaars klaarblyklik nie afskrik nie. Verskeie slagoffers het in Oktober in Pretoria die trauma van moorde en aanvalle herleef en emosioneel vertel hoe dit hul lewens uitmekaar geruk het. Claudine van Wyk van Pretoria se pa, Sarel Janse van Rensburg, is in 2014 op sy plaas naby Tondeldoos vermoor. In 2012 is haar oom, Johan, en sy vrou, Gloudien, ook wreed op hul plaas in die Baltimoreomgewing aangeval. Dalene Muller het vertel van die angsnag in September verlede jaar toe haar man, Johnny, ’n melkboer van Frankfort, in die kop geskiet is. Willem Stafleu se vrou, Vanessa, is ses jaar gelede op hul plaas in die Randfontein-omgewing doodgeskiet. Van Wyk sê mense wat deur plaasmoorde en -aanvalle geraak word, het blywende emosionele, fisieke en finansiële skade. “’n Mens kom nooit oor dit nie. My lewe het uitmekaar geval. Die beelde van jou geliefdes se bloed kry jy nie uit jou kop nie.” En dit maak haar en ander slagoffers blind van woede as pres. Cyril Ramaphosa oorsee uitlatings maak en voorgee die probleem is nie so erg is. Van Wyk raak ook emosioneel as sy

48

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

dink aan die wreedheid waarmee die aanvalle en moorde gepaard gaan. Haar oom en tannie is in hul beddens geskiet. Stafleu het vertel dat hy destyds ná agt van die melkstalle op pad terug huis toe was toe hy gesien het dat sy kinders van onderskeidelik 3 en 5 jaar oud alleen in die donker loop. Ander mense het hulle na sy skoonouers geneem en by die huis het hy sy vrou dood aangetref. “’n Mens kan nie die skok vir ander beskryf nie. Ná ses en ’n half jaar kry my kinders steeds berading. Hulle skrik vir die geringste geluide en kan nie in hul eie kamers slaap nie.” Ook Muller het vertel dat hul kinders, Johnny en Marike, gesukkel het om ná die aanval te slaap. Volgens haar is hul behoud dat hulle daadwerklik besluit het om met hul lewens aan te gaan en op die plaas te bly. Johnny is doof in sy regteroor en het sy smaaksin verloor. Hy is verlede jaar buite die opstal geskiet. Die aanvallers het tydens die aanval geld geëis en ook gedreig om Dalene te skiet. Hulle het gevlug nadat sy daarin kon slaag om die paniekknoppie te druk waarna die veiligheidsmaatskappy, polisie en ander boere opgedaag het om hulp te verleen. Stafleu boer ook nog op die plaas hoewel hulle nie meer in dieselfde huis bly nie. “Dis ons lewe. Dis wat ons doen en ons het nêrens anders om heen te gaan nie. Hierdie is ook ons land.” Stafleu het gesê misdaad is buite

beheer in die land en die regering sal iets daaraan moet doen. Hy meen ook swaarder strawwe is nodig om wet en orde te herstel. Die slagoffers het na vore gekom om hul verhale te vertel as deel van AfriForum se plaaslike en internasionale bewusmakingsveldtog oor plaasmoorde. “Ek het besluit om die stem te wees vir my geliefdes wie se bloed gevloei het. Die wiel is besig om te draai en die res van die wêreld is besig om kennis te neem van wat hier aangaan,” het Van Wyk gesê. Sy het ander slagoffers aangemoedig om ook te praat oor dit waardeur hulle gegaan het. Sy meen ook mense moet hulp vra en nie probeer om op hul eie sterk te wees nie. Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die burgerregtegroep gaan voort met sy veldtogte om plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad verklaar te kry. “Ons weet die res van die wêreld kan en gaan nie ons probleme kan oplos nie. Ons moet egter voortgaan om ons boodskap uit te dra sodat die wêreld druk op die ANC-regering kan plaas om die krisis te erken en dit daadwerklik aan te pak.” ’n Afvaardiging van AfriForum, bestaande uit Ian Cameron, Nic Arnold en Barend Uys, het Australië onlangs besoek waar hulle politici en ander meningsvormers ontmoet en oor die omvang van plaasmoorde en -aanvalle en onteiening sonder vergoeding gesels het.



IN BEWEGING

AfriForum beywer hom vir die belange van minderhede en het weer bewys dat hy nie sal skroom om in te gryp wanneer mense se regte misken word nie. Die burgerregtegroep het hom einde Oktober tot die hof gewend om die KwaZulu-Natalse regering te dwing om ’n skool vir die Nkungumathegemeenskap in Nkandla te bou ná verskeie beloftes oor ‘n skool hier geen resultate opgelewer het nie. Links is Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, buite die hof.

Stewige FONDASIE vir ‘n beter toekoms DEUR KALLIE KRIEL

T

Foto: Skermgreep – Forumnuus.co.za

waalf jaar gelede, op 26 Maart 2006 toe AfriForum sy eerste openbare verskyning gemaak het in ‘n Rapport-berig wat deur wyle Z.B. du Toit geskryf is, sou niemand kon raai nie dat dié organisasie binne 12 jaar ’n hele reeks suksesse sou behaal en met meer as 215 000 lede en sowat 150 personeel sou kon spog. Vandag wonder ek dikwels wat Du Toit sou sê as hy hier was om te sien waar AfriForum – wat begin het met drie personeellede, beperkte hulpbronne en sonder ‘n enkele lid – vandag staan. Gedurende die eerste twaalf jaar het dié organisasie belangrike lesse geleer. LEDE MAAK AFRIFORUM STERK Die eerste les is dat AfriForum se krag in sy lede gesetel is. Die 215 000-ledemylpaal wat behaal is, is veral belangrik gegewe die omstandighede waar groot maatskappye nie kans sien om met die regering swaarde te kruis of AfriForum se veldtogte teen die ANC-regering se wanbestuur te help finansier nie. Die suksesresep wat AfriForum ontwikkel het, is om eerder duisende lede van die publiek, wat elkeen ’n bydrae tot AfriForum se veldtogte maak, agter die organisasie te verenig. Duisende bydraes het saam tot gevolg dat AfriForum die beste regspanne in hofsake kan gebruik, kundige personeel kan betrek en professionele en omvattende veldtogte op ’n wye verskeidenheid terreine kan voer. Dit sluit onder meer hofoorwinnings oor die Mugabe-regime in Zimbabwe, die Suid-Afrikaanse regering, tientalle plaaslike regerings, staatsdeparte-

50

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

mente, die ANC en Julius Malema in. In Maart verlede jaar het die organisasie nog verder van krag tot krag gegaan toe adv. Gerrie Nel aangestel is om die privaat vervolgingseenheid op die been te bring. Sedertdien is talle welslae met verskeie hofsake behaal. Vandag kan AfriForum baie meer doen as toe dit 10 000 lede gehad het, en sal selfs nog meer kan doen soos die ledekrag verder groei. BEDING, MOENIE BEDEL NIE Die tweede les wat AfriForum die afgelope dekade geleer het, is dat sukses bereik word deur te beding eerder as om vir toegewings by owerhede te bedel. Die verskil tussen bedel en beding lê daarin of jy oor ’n magsbasis beskik of nie. Wanneer jy bedel, is jou strategie uitsluitlik op die goedgunstigheid van die owerheid geskoei en beskik jy oor geen magshefbome om iets daaraan te doen as die owerheid jou aan die neus rondlei nie. As organisasie kan jy egter beding wanneer jy oor die magsbasis beskik om die owerheid tot verantwoording te roep as hulle jou sou probeer ignoreer. ’n Magsbasis gaan nie net oor getalle nie, maar ook ander hefbome soos die regstelsel, internasionale steun, vreedsame protesaksies, organisering op plaaslike vlak, openbare mening en ander meganismes wat met die onderskraging van lede benut kan word om te verseker dat die owerhede jou nie kan ignoreer nie. Die uitbou van AfriForum oor die afgelope 12 jaar as burgerlike organisasie met ’n sterk magsbasis is veral belangrik omdat die ANC volgens sy eie beleidsdo-

kumente met die sogenaamde “balance of forces”-benadering werk. Volgens dié benadering sal die ANC sy doelwitte wat in sy Nasionale Demokratiese Revolusiebeleid vervat is, algaande uitvoer soos wat die magsbalans in die land dit toelaat. Hierdie benadering is duidelik sigbaar in hoe die ANC telkemale ’n omstrede standpunt in die openbaar stel en dan kyk wat die reaksie is. As daar min teenstand is, word die beleid deurgevoer. As die teenstand te groot is, staan die ANC terug met die hoop dat dit sal verdwyn. AfriForum se ledetal en veral die versnelde groei van die afgelope paar jaar wys dat teenstand teen die ANC se wanpraktyke nie verdwyn nie, maar telkens groei wanneer die ANC Afrikaners of minderhede oor die algemeen te na kom. Die resultaat van die alternatiewe benadering om wrywing met die owerheid ten alle koste te vermy, is duidelik sigbaar in ons buurland Zimbabwe. Minderhede in Zimbabwe het nie standpunt ingeneem oor oënskynlik “onbelangrike” sake soos naamsveranderings nie. Die Mugabe-regime het hierdie apatie gebruik om sy grondgrypprogram van stapel te stuur. Toe minderhede uiteindelik besef wat aan die gang is en wou begin mobiliseer, was dit reeds te laat. Die gesegde bly waar: As jy kan byt, hoef jy dikwels net te blaf om ernstig opgeneem te word. Die vermoë om te kan byt, is ’n voorwaarde vir die vorming van ’n gesonde verstandhouding met owerhede. Die feit dat AfriForum ná ’n dispuut of hofsaak ’n gesonde samewerkingsverhouding met verskeie plaaslike owerhede kon vestig, is die beste bewys hiervan.


IN BEWEGING

VOERTUIG VIR ‘N BETER TOEKOMS Ondanks talle suksesse en groei die afgelope jare, is dit belangrik om te onthou dat die uitbou van AfriForum as organisasie nie ’n doel op sigself is nie. Dit is eerder ’n middel tot ’n doel. AfriForum se einddoel is om te verseker dat ’n toekoms gebou word waar Afrikaners blywend vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan, en dat dít bereik moet word onder omstandighede waarin wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe bevorder word. ’n Belangrike voorwaarde om hierdie einddoel suksesvol te bereik, is dat sowel AfriForum as die ander organisasies van die Solidariteit Beweging versterk en uitgebou moet word as voertuie ter bereiking van die ideaal. Dit is dus gepas om alle rolspelers te bedank wat gehelp het om AfriForum oor die afgelope 12 jaar uit te bou tot die organisasie wat dit vandag is – elke lid van AfriForum, die toegewyde per-

soneelkorps, AfriForum se direksie, die kundigheid van die regsverteenwoordigers by Hurter Spies Ingelyf, AfriForum se werwers en ons 130 landwye takke. Danksy al dié rolspelers en met die genade van Bo, is ’n stewige fondasie gelê vanwaar ons nou ons bouwerk aan ’n beter toekoms kan versnel. SIN VIR DRINGENDHEID NODIG Hoewel AfriForum se lede, personeel en direksie rede het om trots te wees op ons groei en suksesse die afgelope 12 jaar, sou dit ’n fout wees om nou op ons louere te rus en te dink ons het die kruin van die golf bereik. Die werklikheid is dat Afrikaners, en minderhede oor die algemeen, tans onder groter wordende druk verkeer. Die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusiebeleidsrigting word tans teen ’n versnelde tempo geïmplementeer. Sake soos onder meer eiendomsreg, onteiening sonder vergoeding en enkelmedium- Afrikaanse skole is in die spervuur, terwyl rasgedrewe

“transformasie” op elke lewensterrein aan die orde van die dag is. SELFSTANDIGHEIDSAKSIES Dit is bevrydend om self skouer aan die wiel te sit sodat jy weet dat jy nie aan die genade van die owerhede oorgelaat is nie. ’n Voorbeeld van hierdie soort selfstandigheidsaksies is die netwerk van gemeenskapsveiligheidstrukture wat AfriForum in plaaslike gemeenskappe landwyd vestig. Hierdie aksies vind binne die raamwerk van die wet plaas. Ander selfstandigheidsaksies sluit die Solidariteit Beweging se eie opleidingsinstansies in, asook projekte waar plaaslike AfriForum-takke self stappe doen om hul lewensomstandighede te verbeter, erfenisbewaringsinisiatiewe en die ondersteuning van bestaande Afrikaanse skole. Daar wag nog baie werk, maar ons is vasberade om ’n beter toekoms vir ons mense hier aan die suidpunt van Afrika te skep!


REG SPRAAK

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

DEUR NICOLETTE RAS

ONS HET GEPLANT EN GOD HET LAAT GROEI!”

SPANWERK gee deurslag by Regsdienste

Foto: iStockphoto.com

O

ns nader die einde van 2018 en kyk terug oor die jare en sien hoe ons die saadjie van vrymoedigheid, veiligheid en vryheid geplant en natgegooi het, en hoe dit tot wasdom gekom en tot dusver talle welslae opgelewer het. Ons het geplant en God het laat groei! Die Arbeidshofafdeling staan vandag onder leiding van Hendrik van der Hoven as afdelingshoof en het gegroei van 10 bekwame personeellede in 2015 tot 12 in 2018. Die Arbeidshofafdeling is oorhoofs verantwoordelik vir die bereiking van Solidariteit se strategiese doelwitte deur middel van litigasie in die arbeidshof, die administrasie van Regsdienste se Facebook- en webblad asook verskeie ander kleiner funksies. Sake wat namens lede hanteer word, behels onder meer afleggings, diskriminasie, outomatiese onbillike ontslag, hersieningsaansoeke, appèlle, kontrakbreuk, verklarende bevele en aansoeke om ’n arbitrasiebevel ’n hofbevel te maak. Daar moet vermeld word dat die afdeling uiters suksesvolle jare beleef het in die

52

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

bereiking van ons strategiese doelwitte. Ons dien as gedugte beskermer van ons lede se belange in die werkplek. Die afdeling het oor die afgelope 17 jaar talle toekennings en skikkings vir ons lede beding. Die hoogtepunt was in 2012 toe ons toekennings en skikkings van R27 176 497 vir ons lede beding het. ’n Saak wat beslis uitstaan, was Solidariteit nms Palmer vs Lesaka Crushers, ’n geval van onbillike ontslag wat verwys is op grond van die lid se vakbondbetrokkenheid en -lidmaatskap. Daar is bevind dat ons lid outomaties onbillik ontslaan is en ’n toekenning van 16 maande se salaris, gelykstaande aan R99 000, is aan ons lid toegestaan. Die Polmed-aangeleentheid het ook in 2007 groot mediadekking geniet. Hierdie saak het gehandel oor Polmed wat oudpolisielede se lidmaatskap wou beëindig, hoewel hulle op lidmaatskap geregtig was ingevolge die reëls wat op daardie tydstip gegeld het. Die hof het in ons lede se guns bevind. Die Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke is in 2012 op die been gebring en het vanjaar, in sy sesde bestaansjaar, verder in statuur en personeel gegroei.

Die sentrum het in 2014 ’n opleidingsmodule opgestel en het sedertdien by nege geleenthede opleiding aan ons verteenwoordigers gegee. In 2012 het Solidariteit namens mnr. Parkinson ’n saak aanhangig gemaak teen Damelin omrede hy verkeerdelik ontslaan is weens beweerde swak prestasie. In 2016 bevind die Appèlhof in Parkinson se guns en beveel dat hy weer in diens geneem moet word. In 2017 verwys ons ’n sakestelling vir mnr. Parkinson om salaris te eis vir die tydperk wat hy onbillik ontslaan was en die hof bevind dat die bedrag van R385 000 aan ons lid betaal moet word. 2014 het begin met ’n aansoek om die departement van korrektiewe dienste (DKD) te verplig om gehoor te gee aan die hofuitspraak van 18 Oktober 2013. Op 7 Februarie 2014 het die hof in ons lede se guns bevind en die effek hiervan was dat die DKD die streek se demografie in ag moes neem met alle aanstellings en/of bevorderings en dat hulle nie net op die nasionale rassedemografie kon steun nie. Die hof bevind in 2014 in die saak


IN BEWEGING

Solidariteit nms Kobus Roos vs SAPD dat hy by Misdaadintelligensie aangestel moet word in ’n pos wat met sy vorige pos ooreenstem. Hierdie saak was nog een van die groot sake wat ons behartig het vanweë die feit dat dit gehandel het oor bedrog en korrupsie by Misdaadintelligensie. Die saak van Renate Barnard is deur die konstitusionele hof aangehoor en het baie mediadekking geniet. Ons het publieke insette van onskatbare waarde ontvang, hoewel ons in September 2014 die teleurstellende uitspraak ontvang het waarin die konstitusionele hof in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se guns bevind het. Hierdie uitspraak is in 2015 internasionaal by die Verenigde Nasies (VN) getoets. Elke jaar het ons gepoog om ledediens en -tevredenheid te verbeter. Die uitnemende dienslewering was duidelik te sien in die goeie mediadekking wat

die afdeling in 2015 met twee groot sake geniet het, naamlik teen Telkom en Sishen. In die saak teen Telkom het ons daarin geslaag om die gedwonge aflegging van 4 000 lede te stuit, terwyl die saak namens 97 lede teen Sishen gehandel het oor prestasiebonusse van 2012 en 2013 wat nie uitbetaal is soos ooreengekom nie. Verskeie sake wat in 2016 wye openbare aandag geniet het, is suksesvol in die arbeidshof gelitigeer en geadministreer, soos die SAUK 8 se saak asook die DKD se saak wat groot sukses vir ons lede in die konstitusionele hof behaal het. Die hof het bevind dat die SAUK 8 onregmatig afgedank is en weer in diens gestel moes word. In 2017 lewer die hooggeregshof uitspraak dat die pensioengeld van sowat R30 miljoen wat aan die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Brian Molefe,

uitbetaal is, terugbetaal moet word. 2018 het nie net goeie groei vir ons ingehou nie, maar ook vele welslae. Ons veg vir ons lede by Sasol en gaan op ’n nasionale staking om ons lede teen verdeling van die werkmag op grond van ras te beskerm. Die konstitusionele hof bevind in ons guns in die saak teen die Suid-Afrikaanse Vereniging van Herstrukturerings- en Insolvensiepraktisyns (Saripa), met die gevolg dat likwidateurs nie uitsluitlik op grond van ras aangestel mag word nie. In die Gouws-saak teen die SAPD is daar agt jaar ná die dood van ons lid geskik. Die aangeleentheid het gehandel oor die bevordering van lasbriefbeampte na die rang van kaptein. Dit is ook ’n voorreg om te kan noem dat die ondersteuning op Solidariteit Regsdienste se Facebook-blad gegroei het tot 8 957 lede en dat 9 029 ondersteuners hou van wat ons doen.


HOL dat die stof so staan – vir Zola! Dit was ’n soel somersaand op Coetzenburg in Stellenbosch. Die ganse land was in ekstase, die wêreld in ongeloof. Hoe kan dit wees? Hoe kan ’n kaalvoetkind vanuit die niet kom en ’n wêreldrekord sommerso kafdraf? Zola Budd se naam is in die annale van wêreldatletiek verewig en ek was verlief.

Foto: iStockphoto.com

K

ort daarna het die voortreflike dokumentaris Tienie Theunissen ’n dokumentêr oor haar gemaak – Beter as die wêreld se beste. Die landbouskool waar ek op koshuis was, het daardie aand ’n spesiale vergunning gemaak en ons is toegelaat, of liewer aangesê, om die dokumentêr te kyk. Ek kon ’n kykie agter die atleet kry, na die persoon self. Soos dit soms maar gebeur met kinders, het ek vir my ’n pragtige illusie opgebou van my en Zola se lewe saam, eendag ... Ons sou natuurlik baie moes draf, en ek het dadelik begin oefen. Ek sal nooit die dag vergeet nie toe mnr. Huyser tydens die eerste landloopoefening ná die April-skoolvakansie op sy motorfiets op en af langs die lang ry moeë laerskooldrawwers op die treinspoorroete gery het (daar was ook ’n perskeroete, ’n lusernroete en, vir die baie fikses en slegs oor naweke, die ou fortroete) en amper sy nek geswik het in ’n kyk-weer-oomblik toe hy my aan die spits van die landlopers gewaar het. “Johannes?” Hygend: “Ja, meneer?” “Wat maak jy dan hier voor?” “Ek hól, meneer!” En hol het ek gehol. Ek het tydens pouses om die tennisbane gehol. Ek het

54

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

storte toe gehol as die badklok lui. Ek kon nie etes toe hol nie, want ons moes altyd in ’n stigtelike ry eetsaal toe marsjeer, maar ek wóú hol. Die lusernroete was ’n lolliepoproete; met ander woorde, jy hardloop padlangs, om die lusernlande en dan langs dieselfde pad terug koshuis toe. Ek was gemotiveerd en het pleks van een maal om die lusernlande, twee maal omgehardloop. Ek het ook ’n trui om my mond en neus gebind om minder suurstof in te kry, sodat my longe nog sterker kon word (’n bedenklike strategie, aangesien ek ’n asmatiese kind was wat altyd met ’n ou pompie moes hol). Mnr. Huyser het net mooi niks gehou van my metodes nie en het my herhaaldelik daarteen gemaan. Hy weet beter, het hy gesê. My hardkoppigheid kos my toe as straf ’n skorsing uit die landloopspan. Toe het ek begin om 02:00 in die oggend by die koshuisvenster uit te glip en af te sluip na die hoërskool se atletiekbaan vir ’n nokturne van oefening. Ek het gedink ek doen dit vir die liefde van Zola en vir die liefde van hardloop, maar vandag weet ek van beter … Ek is met hierdie passie hoërskool toe en het dit daar voortgesit. Maar net een ding het bly lol – die wenpaal was vir my nooit ’n wenpaal nie, dit was net ’n klaarmaakpaal, want wraggies, as wenner is ek nooit verby daardie paal nie.

Uiteindelik, een dag in standerd nege, het die besef uit die bloute helder en onweerlegbaar op my toegesak: Ek werk twee maal so hard om die helfte so vinnig soos die ander te hardloop. My kop is te groot, my arms te lank en my bene te kort en my hart, my moed, my droom was gebreek. Kort daarna het ek musiek ontdek. En so tree my orkes Boo! toe jare later op as gaskunstenaar by die Casper Rasper-televisieprogram. Casper het die gewoonte gehad om ook ’n geheime gas as verrassing te onthul. Terwyl ek in die kleedkamers besig was met opwarm, loer ek toe by een van die kleedkamers in, en daar sien ek die geheime gas … niemand anders nie as Zola Budd-Pieterse. ’n Leeftyd se emosies het op my toegesak en ek stap toe na haar toe. Ek wou vertel van hoe ons vakansies ‘saam’ op ABBA se “Head over heels” om die Emmarentiadam gehardloop het. Ek wou vertel van die nagtelike oefeninge, dat ek op skool altyd ’n foto van haar by my gedra het, hoe bly ek was met haar sege in die landloopwêreldkampioenskap in 1985, en hoe sy my lewe ingrypend verander het. Met ’n kop vol gedagtes kom ek toe voor haar te staan. En al wat ek kon uitkry was: “Kan ek asseblief Tannie se handtekening kry?”


IN BEWEGING

Tref só jou teiken op FACEBOOK Jy weet reeds dat jou Facebook-advertensies bemarkingsdoelwitte moet bereik, maar wie wil jy bereik? In die tweede artikel van hierdie reeks kyk MORNÉ PRINSLOO na drie soorte teikengehore.

F

acebook laat jou toe om enige persoon met ’n Facebookrekening te teiken. Daar is drie soorte teikengehore, naamlik kerngehore (core audiences), pasmaakgehore (custom audiences) en tweelinggehore (lookalike audiences). Jy kan jou gehoor deur middel van Audience Insights beter leer ken. KERNGEHORE Kerngehore is mense wat belangstel in dit wat jou onderneming hulle kan bied. Jy kan jou kerngehore volgens ouderdom, ligging, belangstellings en dies meer bepaal, en Facebook laat jou toe om die grootte van elke gehoor volgens jou behoeftes te bepaal. Die volgende faktore speel ’n rol by die bepaling van kerngehore:

1

• Demografiese besonderhede Demografie is baie gewild vir marksegmentasie. Jy kan verskillende gehore teiken op grond van hul geslag, ouderdom, vlak van opvoeding, verhoudingstatus, taal en selfs postitel. • Belangstellings Bepaal die verband tussen jou aanbod en jou gehoor se belangstellings. Geniet hulle dit om te reis? Stel hulle belang in digitale bemarking? Lees hulle spesifieke tydskrifte? Wat is hul gunstelingfilms?

Foto: iStockphoto.com

• Aktiwiteite Gebruikers kan op grond van hul aktiwiteite en gedrag geteiken word. Facebook gebruik die voorbeeld van iemand wat ’n skoenwinkel besit en mense teiken wat onlangs skoene gekoop het. Jy kan selfs mense teiken op grond van hul gebruik van elektroniese toestelle en ander aktiwiteite. • Verhoudings en skakels Jy kan mense teiken wat van jou Facebook-blad hou of die vriende van hierdie mense, of jy kan mense wat van jou blad hou, uitsluit (indien

jy byvoorbeeld eerder nuwe mense na jou blad wil lok). Jy kan ook mense teiken wat reeds jou toepassing gebruik het of op jou advertensie gereageer het, of dié wat dit nog nie gedoen het nie, of jy kan sodanige groepe uitsluit om koste te beperk. • Ligging Mense kan volgens hul ligging in- of uitgesluit word. Jy kan kontinente, lande, distrikte, dorpe en stede teiken. Die moontlikhede van hoe wyd jy die teikenmark kan maak, is onbeperk. PASMAAKGEHORE Pasmaakgehore is mense oor wie se inligting jy beskik en kan uit een van die volgende bronne saamgestel word:

2

• Kontaklyste Gebruik inligting wat jy uit jou kliënteverhoudingsbestuurstelsel onttrek, telefoonnommers wat aan jou voorsien is, of selfs kontaklyste wat tot jou beskikking is. Dit laat jou toe om met jou kliënte en kontakte op Facebook in verbinding te tree. • Webwerfbesoekers Jy kan ’n spesifieke kode (Facebook pixel) gebruik wat Facebook aan jou beskikbaar stel om ’n pasmaakgehoor te skep uit die mense wat jou webwerf besoek het. Dit is soortgelyk aan Google se herplasing van advertensies en is baie nuttig as jy graag ’n spesifieke produk of diens weer wil bemark aan iemand wat dit voorheen op jou webwerf gesien het, maar nog nie gekoop het nie. • Gebruikers van toepassings (“apps”) Indien jy ’n toepassing het, gebruik gerus die Facebook SDK 0-kode (wat jy in jou toepassing installeer) om pasmaakgehore te skep van mense wat jou toepassing gebruik. Teiken hulle weer en inspireer hulle om jou toepassing weer te gebruik.

WEB-

WYS

TWEELINGGEHORE Wil jy die bekendheid van jou handelsmerk verhoog of wil jy nuwe kliënte bereik? Facebook kan jou help om ’n gehoor te bereik wat soos jou huidige kliëntebasis “lyk”. Gebruik inligting wat jy reeds het, soos e-poslyste, om mense te teiken wat soortgelyk aan jou huidige gehoor optree en wat dieselfde belangstellings het as dié aan wie jou produk reeds bekend is. Jy kan jou teikengehoor verfyn soos wat jy meer inligting oor voornemende kliënte bekom, om besparings te bewerkstellig. Dit is ook ’n goeie metode om nuwe kliënte te bereik wat nog nie eens van jou bestaan bewus is nie of wat nog nooit interaksie met jou onderneming gehad het nie.

3

INSIG IN JOU GEHOOR

L

eer ken jou gehoor in die fynste besonderhede. Jy kan Facebook Audience Insights gebruik om meer inligting te bekom oor mense wat reeds aan jou blad verbind is, mense in jou pasmaakgehoor, en ander mense op Facebook. Hierdie nuttige instrument verskaf aan jou goeie insig oor demografiese besonderhede, belangstellings, aktiwiteite en gedrag, asook leefstyl (soos verhoudingstatus, inkomste en gesinsgrootte). Dit is baie belangrik om ’n gehoor of spesifieke marksegment met ’n Facebook-advertensieveldtog te teiken. As jou teikenmark die verkeerde gehoor is, sal jou veldtog óf nutteloos wees óf jou koste per aankope (cost per acquisition) sal baie hoog wees. Neem genoeg tyd om jou teikenmark te bestudeer en die mark te leer ken. Hoe meer jy van hul belangstellings weet, waar hulle woon en werk en hoe hulle hul tyd aanlyn spandeer, hoe akkurater sal jou veldtog wees. Akkurate bemarking vermeerder weer jou deurkliksyfer, wat aankope en omskakeling sal verhoog en uiteindelik jou wins sal vermeerder.

www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

55


Kom maak jou tuis in AFRIKAANS! Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou GRATIS aanlyn tuiste wat alles bied van nuus tot musiek, sport, debatte, resepte en boeke. Kom sê jou sê, snuffel in ons koöperasie of kuier saam om die kombuistafel met smullekker resepte. maroelamedia.co.za

FLUISTER-FUDGE Hierdie maklike resep kom uit Janie Monsieur se kombuis en lewer 20 blokkies fudge. BESTANDDELE

DAAR IS ‘N ENGEL IN MY KOSKAS

I

n Daar is ’n engel in my koskas neem Willie Strauss jou op ’n nostalgiese kosreis en nooi jou om die geure en smake wat hy met groot vreugde onthou, saam met hom te geniet. Resepte of enkele bestanddele word verweef met interessante – en soms komiese – vertellings. So is daar onder meer die blikkie kondensmelk (engelemelk) waaruit menige kind die lekkerte gesuig het en die wonderlike kondensmelkbeskuit wat Ma gebak het, die laning granaatbome naby die plaasdam en die verleidelike granaatkoek waarmee jy jou gaste sal beïndruk, die reuk van kwepers wat in ’n Jewel-oond gebak is en die pluk van groenvye in die boord vir konfyt. Van brood en beskuit, sop, hoof- en bygeregte tot nagereg, koek, koekies en terte asook konfyt en blatjang: dis alles in dié kookboek vervat, wat ook vir onthaal, partytjies, reis en Kerstyd voorsiening maak. Willie nooi jou om sy resepte te neem, ’n bord kos te kook en dit met die engele in jou lewe te deel. Daar is ’n engel in my koskas word uitgegee deur Human & Rousseau.

56

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

500 g strooisuiker 125 g botter 1 blik kondensmelk 10 ml asyn 10 ml vanieljegeursel sout 2 groot pakke Whispers-sjokolade

METODE

1. Gooi die suiker en botter saam in ’n bak. Mikrogolf dit ’n bietjie sodat die botter kan smelt en meng dan goed. 2. Gooi die kondensmelk by en meng weer. 3. Mikrogolf die beslag vir 6-8 minute op hoog en roer dit elke 2 minute. Hou dit dop, want dit kan oorborrel as jy nie vinnig genoeg roer nie. 4. Gooi asyn, vanielje en sout by en roer weer. 5. Gooi 1 pakkie Whispers in en meng. 6. Gooi die beslag in ’n yskasbak en maak gelyk bo-op. Gooi die res van die Whispers bo-op en druk dit effens in die beslag in met jou vinger. 7. Laat die fudge vir sowat 3 ure in die yskas afkoel, tot dit hard is. Sny in blokkies.


IN BEWEGING

MAROELA MAG MAAR SPOG 1,3 miljoen maandelikse lesers 1,4 miljoen radioverhaalluisteraars 17 miljoen bladsyvertonings 192 miljoen artikels gelees

REKORDS nie altyd in syfers gemeet

Foto’s: iStockphoto.com

O

m na “hoogtepunte” of “rekordgetalle” te verwys as ’n mens ’n nuusinstansie is, is altyd netelig. ’n Dag met rekordbesoekersyfers impliseer dat iets groots (en waarskynlik sleg) gebeur het wat op almal se lippe is, en waaroor almal wil lees – noem dit maar staatskapingtipe nuus. En ’n storie wat rekordgetalle haal, verteenwoordig gewoonlik ’n groot hartseer in iemand anders se lewe – ’n kind wat gesterf het in ’n fratsongeluk, of ’n video van ’n boelievoorval by ’n skool. Daarom dink ons mooi voor ons hoogtepunte en rekordgetalle in ons besoekerstatistiek uitwys. Ons kyk eerder na ’n jaar, en meet ons suksesse en hoogtepunte kwalitatief, eerder as kwantitatief. Wat sou dan vir Maroela Media hoogtepunte wees? Ons strewe by Maroela is eenvoudig: om ons lesers te voorsien van gebalanseerde, betroubare nuus en inligting, wat hulle in staat stel om ingeligte besluite te neem, en wat hoop skep. As ons onsself hieraan meet, is dit moontlik om met nederige trots te sê: 2018 was ’n goeie jaar. In die afgelope jaar (November 2017 tot Oktober 2018) is meer as 192 miljoen artikels op Maroela gelees – dit beteken

DEUR SUSAN LOMBAARD

dat ons 192 miljoen keer die geleentheid gehad het om ’n invloed te hê op hoe mense dink en die besluite wat hulle neem. Buiten vir plaaslike lesers, wat sowat 90% van ons lesersgetalle uitmaak, het ons die voorreg gehad om Afrikaanssprekendes in die VSA, Namibië, Australië, die Verenigde Koninkryk, Nieu-Seeland, Frankryk, Nederland en Kanada (en nog ’n rits ander lande) op hoogte te hou van wat hul geliefdes in Suid-Afrika se lewensomstandighede is en hoe dinge in die politiek ontvou. Ons het saamgewerk met 56 Afrikaanse gemeenskapsradiostasies met ’n gesamentlike luisteraarstal van byna 1,4 miljoen reg oor die land en in Namibië. Vir dié stasies het ons, in samewerking met Bettie Kemp, ’n radiovervolgverhaal vervaardig wat vir drie maande elke middag radioluisteraars vir ’n paar minute lank laat ontvlug van hul daaglikse omstandighede. Ons het ook ’n radioseminaar in Gauteng en in die Kaap aangebied, waartydens gemeenskapsradiostasies teen ’n minimale koste by leiers in die mediabedryf opleiding kon kry oor verskeie aspekte van die radiowese. Die kennis en opleiding wat die verteenwoordigers van die radiostasies huis toe neem, stel hulle in staat om weer in hul

onderskeie Afrikaanse gemeenskappe ’n verskil te gaan maak met goeie gehalte Afrikaanse radio-inhoud. Ons het sowat 200 nuwe Afrikaanse artikels op die Afrikaanse Wikipedia gelaai oor onderwerpe wat verwant is aan die skoolkurrikulum. Met dié projek wil ons dit vir skoliere, onderwysers en studente moontlik maak om inligting vir huiswerk en take in Afrikaans op Wikipedia te vind. Dis vanjaar reeds die vierde jaar van die “Afrikaans op Wikipedia”-projek, en ons weet die waarde van die nalatenskap van Afrikaans in ’n digitale formaat vir volgende geslagte kinders is onmeetbaar. Ons het aan ’n klomp ontluikende en gevestigde Afrikaanse kunstenaars, sangers, skrywers, akteurs en entrepreneurs erkenning en blootstelling gegee. Bo alles is ons hoogtepunt vir die jaar dat ons sowat 1,3 miljoen maandelikse lesers gereeld vir ons beaam dat ons doen wat ons graag wil doen: Ons hou lesers ingelig op ’n positiewe, verantwoordelike manier. As jy dit op Maroela gelees het, kan jy weet dit is waar en dit word gebalanseerd aangebied. Daar is geen stewiger klop op die skouer ná ’n moeilike jaar nie. • Susan Lombaard is uitvoerende hoof van Maroela Media. www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

57


IN BEWEGING

Pretoria FM vier 25 JAAR met dankdiens DEUR DAWID BRAND & SARINA FRAUENSTEIN

P

retoria FM het op Sondag 16 September ’n kwarteeu van uitsaai gevier met ’n dankdiens in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument. Luisteraars van oraloor is uitgenooi om die diens by te woon. Die besonderse aand is afgeskop met ’n orrelvoorspel deur die orrelis Pieter van den Berg. Die diens is gelei deur die voorsitter van Pretoria FM se Godsdienskomitee, dr. Christo Pretorius. Die Magaliesbergkinderkoor het ook tydens die erediens opgetree en die engelstemme van die koor, gepaardgaande met die akoestiek in die Senotaafsaal, het die regte stemming aan die geleentheid gegee. Ook die wêreldbekende bas Rouel Beukes het ’n paar liedere gesing. Ná afloop van die erediens het die voorsitter van Pretoria FM se direksie, Willie Spies, ’n oorsig gegee oor die stasie se trotse geskiedenis en hoopvolle toekoms. Die diens is regstreeks uitgesaai sodat luisteraars wat nie die geleentheid kon bywoon nie, deel van die vieringe kon wees. Die groot verrassing van die aand was die feit dat die Voortrekkermonument blou verlig is ná die erediens. Die monument is daarna die hele week, vanaf 16 tot 23 September, blou verlig, as ’n herinnering aan Pretoria FM se 25ste bestaansjaar. Volgens Spies is daar baie redes waarom Pretoria FM moet bestaan en voortbestaan. 25 hiervan is: • 1 Om tot eer van God te bestaan – dis ons elkeen se doel. Net so ook die radio as ’n produk van ons spanwerk. • 2 Om ons mense te inspireer om ons roeping en kultuuropdrag uit te leef. Die radio kan tot eer van God bestaan en ons roeping uitleef. Dink net hoe ons die land kan omkeer as ons ons honderdduisende luisteraars kan inspireer om dieselfde te doen! • 3 Om die protestantse Christen- gemeenskap te bedien met goeie gehalte Afrikaanse programme. • 4 Om ’n aangename atmosfeer te skep in elke huis of plek waar ons gehoor word. Ons is ’n gas in elke huis, verkieslik ’n welkome en aangename gas! • 5 Om gesonde gesinswaardes te

58

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Die Voortrekkermonument is in blou verlig as deel van die viering van Pretoria FM se 25ste bestaansjaar.

LUISTER NA PRETORIA FM OP 104.2 OF OP DSTV KANAAL 887

• 6 • 7

• 8 • 9 10 • 11 •

12 • 13 • 14 • 15 •

bevorder. Ons veg nie téén hierdie of daardie stroming nie, ons skaar ons egter wel by die ideaal van gesonde Christelike gesinne. Om ’n lewenskragtige Afrikaanse uitsaaimedium te wees. Om Afrikaans aan te hou ontwikkel om op alle vlakke tot sy reg te kom. Te midde van die agteruitgang van Afrikaans as akademiese en vaktaal, bied die radio ’n laaste bastion. Om met goeie nuusdekking en ooggetuieverslae ons luisteraars se beste bron te wees. Om gemaklike, keurige en suiwer taalgebruik te bevorder. Om in te lig, te vermaak en op te voed. Om goeie gehalte Afrikaanse musiek en musikante te steun en ’n platform daarvoor te bied. Om Afrikaanse letterkunde en ’n leeskultuur te bevorder. Om die teater van die gedagtewêreld te wees. Om aan Afrikaners as kultuur- en taalgemeenskap ’n luistertuiste te bied. Om as teengif te dien vir media wat ’n

skuldkompleks by Afrikaners kweek. 16 Om politieke korrektheid te vermy, • maar eerlike, bedagsame en hoflike verslagdoening lewend te hou. 17 Om as platform te dien vir projekte • uit ons gemeenskap. 18 Om die Afrikaner se perspektief tot • die nasionale debat by te dra. 19 Om die nasionale debat te beïn• vloed en nie net te eggo nie. 20 Om ’n unieke idioom lewend te hou • wat krities én met begrip oor die verlede berig. 21 Om dié deel van die hoofstroom te • dek wat meestal verswyg word. 22 Om te midde van staatsverval en • agteruitgang by nasionale uitsaaiers, gemeenskapskrag in die uitsaaiwese te mobiliseer. 23 Om nugter oor die geskiedenis te • berig. 24 Om onafhanklik oor die nuus te berig. • 25 Om oor die toekoms te berig met ’n • ingesteldheid van geloof, hoop en ’n toekomsverwagting in Suid-Afrika vir Afrikaans in die algemeen en Afrikaners in die besonder.



IN BEWEGING

16 DOENDINGE dié vakansie “Mamma, ek is verveeld! Ek het niks om te doen nie!” As jy nog nie hierdie woorde in jou huishouding gehoor het nie, dan het jy seker nie kinders nie! Om die jongspan besig te hou tydens die vakansie is nie altyd maklik of goedkoop nie. REON JANSE VAN RENSBURG het 16 lekker doendinge in verskillende provinsies geïdentifiseer wat oud en jonk teen ’n billike prys sal vermaak. WES-KAAP

NOORD-KAAP

1

SUTHERLAND Besoek die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (SALT). Dit is die grootste enkele optiese teleskoop in die suidelike halfrond. Dit het ’n seskantige primêre spieël-skikking van 11 meter, bestaande uit 91 individuele seskantige spieëls wat elk 1 meter groot is. Toere word vanaf Maandag tot Vrydag aangebied. • Prys: Tussen R60 en R100 per persoon. • Besoek https://www.salt.ac.za/ TANKWA KAROO NASIONALE PARK Die Tankwa Karoo Nasionale Park bied aan voëlkykers die geleentheid om talle spesies op hul besigtigingslysie te voeg en bied ook 4x4-roetes, staproetes, bergfietsroetes en pragtige uitsigpunte. • Prys vir dagbesoekers: R41 per volwassene en R21 per kind. • Besoek https://www.sanparks.org/ parks/tankwa/ vir meer inligting.

2 60

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

KOMMETJIE By Milkwood Maze op Imhoff Farm in Kommetjie is daar ’n doolhof waar oud en jonk ure lank kan ronddwaal. Die doolhof neem jou op ’n toer van Suider-Afrika en leer jou meer van ons buurlande se diere asook van bewaring op die vasteland. • Prys: R40 per persoon. • Besoek http://imhofffarm.co.za/activities/maze-world/ vir inligting.

4

KIRSTENBOSCH NASIONALE BOTANIESE TUIN Kom stap tussen die bome van die Moederstad! “Die Boomslang” is ’n nuwe geboë staal-en-houtbrug waarlangs jy deur en oor die bome van die Arboretum kan loop. Dié loopvlak bied skouspelagtige panoramiese uitsigte van die omliggende berge, die tuin en die Kaapse Vlakte. Kirstenbosch is welbekend as een van die wonderlikste botaniese tuine ter wêreld. Kom geniet die grootsheid van die Kirstenboschomgewing teen die oostelike hange van Tafelberg. • Prys: R70 vir volwassenes en R20 vir skoliere (6-17 jaar). • Besoek https://www.sanbi.org/gardens/kirstenbosch/ vir inligting.

OOS-KAAP

5

ADDO NASIONALE PARK Is jy lief vir wildritte, perderitte, 4x4-roetes en staproetes? Dan is die Addo Nasionale Park net die plek vir jou! • Prys: R69 per volwassene en R35 per kind per dag. • Besoek https://www.sanparks. org/parks/addo/ vir inligting.

ADVENTURE LAND PLETTENBERGBAAI Maak gereed vir baie pret op en in die water by Adventure Land naby Plettenbergbaai. Daar is ’n verskeidenheid waterglybane en swembaddens waar die hele gesin kan baljaar. • Prys: R155 per persoon. • Besoek http://www.adventurelandplett.co.za//index.php vir meer inligting.

6


IN BEWEGING

NOORDWES

7

HARTBEESPOORTDAM ’n Rit met die kabelkar na die bopunt van die berg is ’n belewenis op sigself, maar die uitsig van bo af sal jou asem wegslaan. In hierdie klein paradys kry jy ook ’n restaurant aan die bokant van die kabelbaan waar jy ligte etes kan koop. • Prys: R210 per volwassene en R130 per kind. • Besoek https://hartiescableway. activitar.com/ vir meer inligting. PILANESBERG NASIONALE PARK Dié park is een van Suid-Afrika se voorste wildreservate. Die park is naby aan Sun City en wemel van grootwild. • Prys: R80 per volwassene en R30 per kind (6-12 jaar) vir dagbesoekers. • Besoek https://www.pilanesbergnationalpark.org/ vir meer inligting.

KWAZULU-NATAL LAKE ELAND-NATUURRESERVAAT Oribi Gorge, waarlik ’n plek van rus en vrede, is net 40 minute se ry vanaf Port Shepstone aan die suidkus van KwaZuluNatal. Besoekers kan oor ’n hangbrug van 80 meter stap en ’n asemrowende uitsig geniet van die wonder en grootsheid van die Oribi-kloof. • Prys: R60 per persoon en R40 vir kinders onder 8 jaar. • Besoek www.lakeeland.co.za vir meer inligting.

11

Foto’s: iStockphoto.com

9

DELL-JAGLUIPERDSENTRUM By die Dell-jagluiperdsentrum in Parys kan jy jagluiperds en ander diere van naby sien en meer oor hulle leer. Die sentrum se personeel sal jou alles vertel van jagluiperds en wat gedoen word om hulle van uitwissing te red. • Prys: R120 per volwassene en R60 per kind. • Besoek die webwerf www.dccafrica.co.za vir inligting.

10

CROCWORLD-BEWARINGSENTRUM Crocworld in Scottburgh spesialiseer in die bewaring van krokodille, reptiele en voëls. ’n Opvoedkundige en prettige uitstappie wat gewis die moeite werd is. • Prys: R80 per volwassene en R50 per kind. • Besoek www.crocworld.co.za.

LIMPOPO

VRYSTAAT ANGLO-BOEREOORLOGMUSEUM ’n Besoek aan die Oorlogsmuseum in Bloemfontein is ’n moet. Dié museum bied insig in die Anglo-Boereoorlog deur sy unieke uitstallings, maar belig ook die agtergrond van die oorlog en die universele lyding wat dit veroorsaak het. • Prys: R20 per volwassene en R5 per kind. • Besoek http://www.wmbr.org.za/ default.asp vir meer inligting.

12

MPUMALANGA

13

SUDWALA-GROTTE Die Sudwala-grotte in Mpumalanga het sowat 240 miljoen jaar gelede gevorm. Daar is aanskoulike dolomietgesteentes, speleologiese strukture en mikrobiese fossiele van ’n sianobakterium in dié grotte te sien. Die grotte is in prehistoriese tye as skuiling gebruik danksy ’n konstante toevoer van vars lug vanuit ’n onbekende bron. • Prys: R95 per volwassene en R50 per kind. • Vir meer inligting, besoek www.sudwalacaves.com LONG TOM TOBOGGAN RUN Die Toboggan Run oor 1,7 km neem jou op ’n wiegende waentjie al kronkelend op ’n spoor deur die berge in die Long Tom-bergpas. Beleef die opwinding van ’n drie minute lange rit teen 45 km per uur deur pragtige woude. • Prys: R250 per persoon (kyk uit vir spesiale aanbiedinge op hul Facebook-blad)

15

MARAKELE NASIONALE PARK Die Marakele Nasionale Park in die hart van die Waterberg is, soos die Tswana-naam aandui, ’n “plek van heiligdom” waar jy ’n indrukwekkende verskeidenheid wild sal aantref danksy die park se ligging in die oorgangsone tussen die droë westelike en die meer tropiese oostelike streke van Suidelike Afrika. • Prys: R49 per volwassene en R25 per kind. • Besoek https://www.sanparks. org/parks/marakele/ vir meer inligting.

16

MAPUNGUBWE NASIONALE PARK Mapungubwe Nasionale Park is ’n wêrelderfenisgebied en die ideale plek vir mense wat belangstel in wild en voëls. Dis ook perfek as jy op soek is na rustigheid en meer wil weet van die geskiedenis van dié park. • Prys: R49 per volwassene en R25 per kind. • Besoek https://www.sanparks. org/parks/mapungubwe/

www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

61


This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

MEMBERSHIP CATEGORIES Collective members

Individual members

Supporting members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.

Not yet a member? Call 0861 25 24 23 and get the protection you deserve in the workplace. Visit https://solidariteit.co.za/en/

62

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za


SERVE & PROTECT

OTHER SERVICES

Labour matters Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court.

Death benefit* Funeral benefit (Martin’s or Avbob)

A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. Assistance with investigations • A funeral of the same standard as that of Assistance is provided in adults is provided for a member’s depenconnection with investigations dent children under the age of 21 years. by the Medical Bureau for • The spouse may apply to continue as Occupational Diseases and Solidariteit a member after the death of the main Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer benefits enquiries ofSolidariteit the Compensation Beweging member. van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 Commissioner and Rand Mutual, as well • The burden of funeral arrangements as work-related disability claims. All claims is alleviated by the fact that Solidarity must be submitted within six months. and Martin’s or Avbob will make all the arrangements. Collective bargaining • A 10% rebate on headstones has been Competent and experienced negotiated with Martin’s and Avbob. Solidarity staff members under• The undertaking services are provided take collective bargaining to solely by Martin’s or Avbob. If the services negotiate better conditions of of another undertaker are used, Solidarity employment and salaries for members. will only pay out R500 in respect of funeral expenses (terms and conditions apply). • •

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Permanent medical disability* Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from employers that they are permanently unfit for work in the labour market, receive a once-off amount of R1 800. Claims must be submitted within six months.

Maternity benefit*

A maternity benefit of R1 500 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership. Applications must be submitted within six months after the confinement.

Study benefit*

Members of Solidarity as well as their dependent children (up to the age of 21 years) receive 20% discount to study at Akademia. Visit www.solidarity.co.za for the full terms and conditions of this benefit. Photograph: iStockphoto.com

Additional cash disbursements

Solidarity Magazine Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.

At the death of a paid-up member, a cash amount of R3 600 is paid to the surviving spouse or dependent children. At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 400 is paid to the member. Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 15 and under 20 years – R1 800 • Disabled children (20+) – R1 800 • Children younger than 14 years – R1 200. Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. All claims must be submitted within six months.

Holiday benefit* Members of Solidarity (as well as members of Helping Hand and AfriForum) receive 20% discount on accommodation at Kokoriba Nature Reserve (Brits), Aan de Vliet (Hazyview) and Santana Beach Holiday Resort (Margate). Visit www.vakansievoordeel.co.za for terms and conditions of this benefit. * Terms and conditions apply. For more information, call 0861 25 24 23

Car and household insurance This group scheme offers members excellent premiums at Virseker. Virseker also contributes a part of members’ premiums to the Virseker Trust * Bepalings en voorwaardes geld that invests in Afrikaans education and training. • Phone 0860 101 005, SMS “Virseker” to 47552 or visit www.virseker.co.za

LegalInsurance X is ’n gemagtigde verskaffer van Legal

finansiële dienste • FSP-nommer: 5277full Members and their dependants can enjoy legal cover outside the labour context for an additional premium of R115* per month. This provides access to 24-hour legal advice over the telephone and legal representation up to the value of R100 000 per year (limited to R25 000 per case). • Phone 0861 765 734 or visit the website www.legalex.co.za * Premiums guaranteed for one year. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), underwritten by Guardrisk Insurance Company Limited (FSP 75)

Solidariteit Solidarity Financial Services Finansiële Dienste Independent Financial Advice

Solidariteit Solidarity Financial Services has an independent financial advice departmentDienste that can assist Finansiële clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk Solidariteit and retirement planning as well as investment Finansiële Dienste planning in general. The department has trained professionals who will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005 Medical gap cover Medical aid is expensive and you are often left with a self-payment gap. Tenda Health offers an Admed Gap Cover Policy underwritten by Guardrisk that will cover the financial gap between what medical aids are paying for services and what service providers actually charge. • E-mail – gapcover@solidarity.co.za

Wills, estate administration You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300

www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

63


IN BEWEGING

Foster a love for READING in your family BY LIZE-MARI LABUSCHAGNE

Photographs: iStockphoto.com

D

MENTAL STIMULATION o you read every day? Research conducted by the Do your children read Fisher Center for Alzheimers’ every day? And we’re not Research Foundation found talking about the thouthat mental stimulation, sands of posts on Faceincluding reading, seemed book. Can you remember to help protect memory the last time you picked up a book and and thinking skills, accounting for read it from cover to cover? about 14 percent of the difference According to Susan du Plessis, in decline beyond what would be Director of Educational ProgramFAMILY expected. Just like any other muscle mes at Edublox Reading and in your body, your brain also needs Learning Clinic, a child who is strugexercise to stay strong and healthy. gling to read can face serious consequences. It’s inevitable: A weak reader is IMPROVED CONCENTRATION AND a struggling learner. But reading isn’t just REDUCED STRESS important for a child’s development and In our internet crazy growth. Reading doesn’t only teach you world, attention is divided language skills or reduce stress. It also between a million different teaches you how to listen and is a cheap things at the same time, as and healthy way to entertain the whole we focus our attention on family. various tasks every day. We tend to pick up a cell phone or Every few minutes, our tablet rather than a book, but reading a attention shifts from one task to another. book has never-ending benefits for you This type of ADD-like behaviour causes and your family, and if you do not read stress levels to rise, and lowers our producregularly, you might miss out on these tivity. Try to read for 15 to 20 minutes every benefits: morning. You’ll be surprised to find how focused you are when you get to work. READING MAKES YOU SMARTER Everything you read fills VOCABULARY EXPANSION your head with new bits of AND BETTER WRITING SKILLS information. The more knowReading helps your child learn new ledge you have, the better words and build vocabulary. In addition, equipped you are to tackle children also learn better language skills any challenge you’ll ever face.

64

MY

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

when they read. Think of sentence construction and good grammar, as well as new words that are not part of the child’s everyday world. Reading helps children to understand how stories are written, and that means that the more they read, the better they write. Many subjects, especially at high school level, require children to write essays. Those who write well, obviously get better marks. CHEAP, HEALTHY ENTERTAINMENT Reading helps you explore new interests. Book clubs bring people together and it’s a healthy pastime for young and old. There’s a reading genre for every literate person in the world, and whether you prefer classical literature, poetry, fashion magazines, biographies, religious texts, self-help guides, street lit, or romance novels, there’s something out there to capture your curiosity and imagination. Reading is not only important for a child’s development and success in life. Create an environment in your home where reading is a daily habit. You’ll never get back the time that you spend watching television or playing video games. Use your time as a family wisely.


IN BEWEGING

Akademia betree GEESTESWETENSKAPPE

A

kademia het einde Augustus ’n eerste kwalifikasie in geesteswetenskappe bekendgestel tydens ’n geleentheid in Centurion. Hierdie kwalifikasie – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) – sal vanaf 2019 by Akademia se 13 studiesentrums aangebied word. Akademia se toetrede tot ’n geesteswetenskaplike rigting is ’n besonderse prestasie, aangesien dit deel vorm van die instelling se toekomsplanne om na meer studierigtings uit te brei wat die toegepaste én die geesteswetenskappe insluit. “Akademia as relatiewe jong hoëronderwysinstelling poog om aan die voorpunt van bedryfsrelevante kwalifikasieontwikkeling te wees, om studente vir ’n snel veranderende en ingewikkelde

DEUR ZYDÈLIA VENTER

werkplek voor te berei,” het dr. Saretha Brüssow, dekaan, verduidelik. Die samesnoering van vakdissiplines soos politiek, filosofie en ekonomie het reeds oor die afgelope honderd jaar op internasionale vlak gewild geraak. “Waar ons programaanbod voorheen net op die ekonomiese wetenskappe gefokus het, dui die toetrede tot die geesteswetenskaplike veld op ’n begrip van die sosiale aspekte van die werklikheid,” het Brüssow gesê. Die uniekheid van die BSocSci-kwalifikasie is dat dit ’n kombinasie van drie selfstandige studierigtings (politiek, filosofie en ekonomie) in een kwalifikasie daarstel. In die voltooiing van hierdie kwalifikasie leer studente dat politiek, filosofie en ekonomie met mekaar vervleg is. Deur só ’n geïntegreerde benadering te volg, word professionele aanpasbaarheid verhoog en is meer werkmoontlikhede

beskikbaar. “Hoewel ekonomie as dissipline bedryfsrelevant is en sakelui vir die werkplek voorberei, is daar ’n tendens om werknemers met ’n filosofiese en politieke agtergrond in diens te stel, aangesien dié multidissiplinêre benadering kritiese denke ontsluit,” het Brüssow gesê. Die veelsydigheid van dié graad skep die geleentheid vir die afgestudeerde student om ’n keuse van beroepswêrelde oor verskeie velde te betree, insluitende politiek, joernalistiek en die bankwese. Studente wat hierdie kwalifikasie voltooi, stap weg met ’n breë begrip van die wêreld waarin hulle leef, en sal oor die nodige kennis en vaardighede beskik om uitdagings van die moderne sakewêreld met selfvertroue aan te pak. • Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting.


IN BEWEGING

Drie maniere om finansieel te GROEI DEUR APPIE PIENAAR

D

Foto: iStockphoto.com

aar is ’n bekende uitdrukking wat daarop neerkom dat ’n mens of ’n organisasie wat ophou groei, begin om te sterf. Hierdie beginsel is ook van toepassing op ’n mens se finansiële situasie. Welvaart bly selde bestendig en onveranderd. Indien jou welvaart nie toeneem nie, is dit waarskynlik besig om te kwyn weens die feit dat jy daarvan moet lewe. In hierdie artikel kyk ons na drie maniere om jou welvaart te laat groei.

MY

GELD

SPAAR MAANDELIKS ’N VASGESTELDE BEDRAG Die eerste manier om jou welvaart te laat groei, is om gereeld nuwe kapitaal by te voeg. Dit behoort die prioriteit in enige huishouding se maandelikse begroting te wees. Spaar eers en spandeer dan die res. Moenie eers spandeer en dan die res probeer spaar nie. Die doeltreffendste metode van spaar, is waarskynlik om seker te maak dat die individu die maksimum bydrae tot sy of haar pensioen- of voorsorgfonds maak. Hierdie bydrae word uit voorbelaste inkomste gemaak. Dit word wel beperk tot 27,5% van jou belasbare inkomste, maar deur van die volle voordeel gebruik te maak, kan die individu al ver vorder op die pad na finansiële selfstandigheid. Die feit dat die bydrae uit voorbelaste inkomste gemaak kan word, is ’n wesenlike voordeel wat benut behoort te word.

66

HERBELÊ DIE OPBRENGS OP JOU BELEGGING Saamgestelde groei beteken gewoon dat ’n mens rente (of ander vorme van groei) verdien op sowel die aanvanklike beleggingsbedrag as op die rente wat reeds ontvang is – dus rente op rente of groei op groei. In hierdie artikel verwys ons nie graag na “rente” nie omdat ons van mening is dat geld wat rente verdien, nie goeie beleggings is nie, veral nie vir ’n jongmens nie. Dit is wel risikovry, maar klop kwalik inflasie – dus veilig, maar vervelig. Dan kies ’n mens eerder aandele of eiendom. Dividendopbrengste op genoteerde aandele is gewoonlik laag – gemiddeld tussen 2% en 3% per jaar. Sommige beleggers is geneig om hierdie inkomste te spandeer pleks van om dit te herbelê. Neem die voorbeeld van twee broers, Piet en Jan. Piet en Jan erf elkeen R1 miljoen se aandele van ’n familielid. Albei se aandele presteer goed en groei teen 12% per jaar. Die aandele betaal ook jaarlikse dividende teen 3% per jaar uit. Piet kies om alle dividende te herbelê, en sy effektiewe groei is dus 15% per jaar. Jan besluit om sy dividende uit te gee, aangesien hy tevrede is met ’n groeikoers van 12%. Aangesien 12% en 15% nie veel verskil nie, sou ’n mens verwag dat daar nie so ’n groot verskil in die eindwaarde van die broers se beleggings sou wees nie – miskien ’n verskil

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

van 20% of so. Tog sien ons dat Piet se belegging ná 25 jaar R32,9 miljoen werd is, terwyl Jan se belegging slegs R17 miljoen beloop – bykans die helfte van Piet s’n! BELÊ IN BATES WAT KAPITAALGROEI TOON Die een negatiewe eienskap van ’n kontantbelegging is dat die belegging self nie onderhewig is aan kapitaalgroei nie. Indien jy vandag R1 miljoen belê en elke jaar die rente-opbrengs onttrek, gaan die kontantbelegging oor tien jaar steeds R1 miljoen beloop. Weens inflasie gaan die koopkrag van hierdie belegging ná tien jaar egter wesenlik laer wees. Die manier om hierdie ingeboude nadeel te oorkom, is deur in bates te belê wat saam met inflasie kan groei. Die twee gewildste bateklasse wat die voordeel van kapitaalgroei geniet, is natuurlik aandele en vaste eiendom. Die rede waarom hierdie bateklasse se inherente waarde met inflasie tred hou, is omdat die vervangingswaarde daarvan onderhewig is aan inflasie. Neem vaste eiendom as voorbeeld. Ons weet dat boumateriaal en arbeid albei aan inflasie onderhewig is. Omdat dit dus elke jaar duurder kos om ’n bepaalde eiendom te bou, sal die waarde van bestaande eiendom ook tred hou met inflasie. In ’n vrye mark sal die gaping tussen ’n nuutgeboude eiendom en ’n bestaande eiendom nooit te groot raak nie vanweë bekostigbaarheid.


IN BEWEGING

Maak jou werk jou waarlik GELUKKIG?

Foto: iStockphoto.com

E

DEUR NICOLIEN WELTHAGEN

k wonder dikwels waarom mense aanbly in ’n pos waarvan hulle nie hou nie. Dean Burnett, ’n neurowetenskaplike, gee in sy boek Happy Brain baie interessante feite oor die brein en geluk, veral in die werkplek. Ongeag al die tegniese breinterme is die boek baie interessant. Burnett sê wanneer jy betaal word, al hou jy nie van die werk nie, word die mesolimbiese deel van die brein gestimuleer. Dit is dieselfde deel wat opgewek word deur biologiese belonings soos kos. ’n Salaris laat ons dus goed voel. Dit is egter ’n tydelike gevoel en ’n mens raak gou gewoond aan die maandelikse beloning. Dit verloor dan die glans en die effek van geluk wat dit kan inhou. ’n Gebrek aan geld aktiveer weer die brein se hoogs sensitiewe sisteem wat bedreiging of gevaar bespeur. Die verlies van geld of ’n werk veroorsaak ’n verlies aan sekuriteit en veiligheid, wat die brein as ’n dreigende gevaar beskou en te alle tye probeer vermy. Dit is deel van die verklaring waarom mense aanbly in ’n pos selfs al is hulle ongelukkig. Omdat ons brein nie net op biologiese, organiese of oorlewingsbehoeftes ingestel is nie, maar ook op sielkundige

of emosionele behoeftes, is daar gelukkig ook ander dinge wat die brein as belonings sien wat ons gelukkig kan maak. Een so ’n behoefte is om te voel dat jy in beheer van jou lewe, jouself en jou omgewing is. Julian Rotter het in die 1960’s die konsep van lokus van beheer ontwikkel. Wanneer jy glo dat dít wat met jou gebeur ’n produk van ander mense en omstandighede buite jouself is, het jy ’n eksterne lokus van beheer. Wanneer jy glo dat jy self verantwoordelik is vir wat met jou gebeur en wat in jou lewe en beroep aangaan, het jy ’n interne lokus van beheer – baie eenvoudig gestel. ’n Interne lokus van beheer word met hoër vlakke van geluk en welstand en selfs beter gesondheid verbind. As jy voel dat jy beheer oor gebeure en jou lewe het en dat jy self kan voorkom dat slegte dinge met jou gebeur deur die keuses wat jy maak, is jy meer gelukkig. ’n Interne lokus van beheer, saam met ’n goeie selfbeeld en konstruktiewe streshantering, word verbind met die grootte van die hippokampus in die brein. As jy dus ’n pos het waar jy voel dat jy verantwoordelikheid het vir wat jy doen en beheer het oor hoe jy dit doen, sal jou brein ’n groter sin van beheer ervaar en sal jy gelukkiger wees.

MY

WERK

’n Pos waar jy ’n verlies van beheer ervaar, kan sielkundig baie negatief en skadelik wees. ’n Werk wat jou outonomie en identiteit deur streng beleid en reëls beheer, byvoorbeeld deur kleredragreëls soos ’n uniform, tydskedules en mikrobestuur, ondermyn jou behoefte om in beheer te wees en veroorsaak ongelukkigheid. Die wete dat jy bevoeg is en iets goed kan doen, is baie lonend en verskaf ’n gevoel van geluk en tevredenheid by die werk. Die deel van die brein wat hiermee te doen het, is die regter-ventromediale prefrontale korteks in die frontale lob. (Daar is natuurlik talle sielkundige faktore wat ook ’n rol speel.) Jy is dus gelukkiger en ervaar meer werkbevrediging as jy voel dat jy jou vaardighede goed ontwikkel en gebruik om te presteer in jou werk. Dit hou ook verband met hoeveel moeite jy moet doen en hoeveel jy sukkel om iets reg te kry. As jy te veel sukkel, verlaag dit geluk en tevredenheid. Daar is nog ander vorme van beloning by die werk, soos om interessante mense te kan ontmoet, verder te studeer of opleiding te ondergaan en dalk om te reis of om ’n verskeidenheid geleenthede of ervarings te hê. Die punt is, al hou jy nie van jou werk nie, is daar tog dinge waarop jy kan fokus wat jou meer gelukkig en tevrede kan laat voel.

SUCCESS IS THE RESULT OF PERFECTION, HARD WORK, LEARNING FROM FAILURE, LOYALTY AND PERSISTENCE.” ~ COLIN POWELL ~ www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

67


PROMOSIE

Bredasdorp se

Foto’s: iStockphoto.com (slegs ter illustrasie)

S

uid-Afrika is geseën met soveel mooi plekke. Een daarvan is Bredasdorp, geleë in die prentjiemooie Overberg. Maar ook dié pragdorp het sy uitdagings. Dit blyk uit die vele gesprekke waarby die plaaslike radiostasie, Radio Overberg 101.8 FM, betrokke was. In omtrent al die gevalle het die gesprekke soos volg verloop: “Het jy gehoor wat het die ‘brugkinders’ al weer aangevang?” “Brugkinders?” “Ja. Hulle snuif petrol daar onder daai brug en jaag aan in die dorp. Hulle het helder oordag by die groentewinkel ingestap en links en regs goed van die rakke af geëet. Die arme vrou in die winkel kon net daar staan en kyk.” Vir Radio Overberg was dit duidelik dat iets gedoen moet word. Hulle het hul luisteraars getoets oor hoe om betrokke te raak. Van die terugvoer was dat daar eenvoudig ontslae geraak moet word van hulle, maar nog meer luisteraars het laat weet dat dit maar net kinders is – kinders wat hulp nodig het. Baie het gevra: “Wie help hulle?”

68

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

Só het Projek Omgee, ’n gemeenskapsprojek, ontstaan wat hierdie brugkinders onder die vlerk neem. Volgens Letty-Ann Möller, die projekleier en ’n omroeper by Radio Overberg, wil hulle ’n verskil maak in die kinders se lewens. “Ons wil die kinders uit die middelafhanklikheidspatroon verlos. Selfrespek en -dissipline moet aangeleer word. Ons wil hulle vaardighede aanleer om selfstandig hul eie potjie te krap. “Die hoofdoel van die projek is om die probleem op te los deur die daklose kinders weer in hul plaaslike gemeenskap aanvaar en opgeneem te kry.” Aanvanklik het die Möller-egpaar die kinders in die Kindersorglokaal gevoed en hulle aan verskeie aktiwiteite laat deelneem. Talle projekte is sedertdien van stapel gestuur. Daar is ’n sterk fokus op mentors en ’n mentorsgroep is op die been gebring wat stelselmatig uitbrei. Tans is daar beraders, musikante en jeugwerkers betrokke. Hulle faseer egter ’n formele “Youth Hub” in met talle van die mentors wat dieselfde ouderdom as die brugkinders is en hulle help om sekere lewensvaardighede aan te leer waaroor

hulle nog nie beskik nie. Die kinders het hope talent en het al hul eie radiodrama opgeneem en uitgesaai oor Radio Overberg. Hulle leer vaardighede aan soos pannekoek bak, die maak van “padpizza’s” en daar word gereeld lekker wors gebraai. Hulle leer ook om weer kinders te wees deur uitstappies mee te maak, deel te neem aan kaskarresies en konsert te hou. Hulle is ook ingespan om die brandweerstasie se tuin mooi te maak. Projekte soos dié leer hulle om weer terug te gee. Vir Möller, haar kollegas en medewerkers is die gesegde “It takes a village to raise a child” ’n werklikheid. “Vandat die projek in Februarie 2017 afgeskop het, slaap die kinders nie meer onder die brug nie, snuif nie meer petrol nie en is ook nie meer besig met skelmstreke in die dorp se strate nie. Dit is ’n projek waar die hele gemeenskap saamstaan om kinders van die straat af te kry, en positiewe saadjies in hul lewens te saai,” het sy gesê. • Wil jy betrokke raak by Projek Omgee? Kontak Letty-Ann Möller by admin@radiooverberg.co.za of besoek www.radiooverberg.co.za



IN BEWEGING

Sewentien redes so reg in jou KRAAL DEUR ILZE NIEUWOUDT

K

raal Uitgewers wens Solidariteit Tydskrif geluk met die 100ste uitgawe van ’n toonaangewende ledetydskrif. Ons vier saam met die tydskrif ook die 17de publikasiejaar van die tydskrif. Ter ere aan dié mylpaal bied ons sewentien redes waarom jy Kraal Uitgewers se boeke op jou boekrak moet hê. REDE #1: Ons doen dit in Afrikaans en so help ons bou aan die letterkundige erfenis van die taal. REDE #2: Terwyl ander uitgewers hulle dalk doof hou vir kwessies soos plaasmoorde en regstellende aksie, pak ons graag boeke aan oor sake wat die Afrikaanse gemeenskap raak. REDE #3: Te midde van ’n grootskaalse poging om die Afrikaner en sy verlede te kriminaliseer, gryp Kraal die kans aan om die waarheid te vertel en boeke oor die Afrikaner en sy verlede te publiseer. REDE #4: Kraal is klik-klik binne bereik. Vergeet van rondskarrel in besige inkopiesentrums op soek na die perfekte boek. Kraal se veilige en gerieflike aanlyn winkel maak inkopies kommervry. Besoek www.kraaluitgewers.co.za.

Foto’s: iStockphoto.com

REDE #5: Boeke hoef nie ’n plaas se prys te kos nie. Koop direk by die uitgewer en spaar sodoende ook ’n paar swaarverdiende rande! REDE #6: Nie net streef Kraal Uitgewers daarna om nuwe inligting aan lesers te bied nie – baie moeite word ook gedoen in die aanbieding van hoëgehaltefoto’s. Kraal Uitgewers se Erwe van ons vaad’re-reeks het die aanbieding van historiese foto’s herskep en, danksy die restourasie van

70

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

historiese foto’s, die publiek toegang gegee tot foto’s wat nog nooit voorheen gepubliseer kon word nie. REDE #7: Ons maak die gesprek los. Kraal se fokus op die publikasie van aktuele boeke (soos Vat jou goed en bou deur dr. Dirk Hermann en Flip Buys, en Kruispaaie deur Leopold Scholtz) verseker dat lesers op die hoogte bly van aktuele kwessies. REDE #8: Feite is baas. Met die samewerking van toonaangewende skrywers en historici verseker Kraal Uitgewers dat historiese en aktuele publikasies met akkurate, goed nagevorsde inhoud en feite die leser bereik. REDE #9: Iets vir oud én jonk. Of dit ’n omvattende geskiedenispublikasie is vir die gesoute geskiedenisliefhebber, óf ’n toeganklike, kindervriendelike boekie – Kraal bied iets vir oud én jonk. REDE #10: Die uitgewer van die Beweging. Kraal Uitgewers is trots daarop om as die uitgewer van die Solidariteit Beweging te funksioneer. Dié tien redes is sekerlik genoeg om jou te laat wonder oor wat alles op die Kraalboekrak beskikbaar is. Derhalwe is die laaste sewe redes die antwoord hierop. REDE #11: Kraal se nuutste boek, Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881, deur die historikus dr. Jackie Grobler is die omvattendste boek wat nog oor dié oorlog saamgestel is. Dié volkleurpublikasie bevat meer as 200 foto’s, kaarte en illustrasies en beslaan meer as 500 bladsye. REDE #12: Die volle waarheid oor plaasmoorde in Suid-Afrika het vanjaar in die opspraakwekkende boek Kill the

Boer: Government complicity in South Africa’s brutal farm murders deur Ernst Roets op die lappe gekom. Nagenoeg 4 000 eksemplare is reeds verkoop. Kill the Boer is beskikbaar teen slegs R300. REDE #13: Waar is die eerste skote van die Anglo-Boereoorlog afgevuur? Dié en ander vrae word beantwoord in Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 (R490) deur Pieter de Jager. Ontdek die intriges en die ingewikkelde militêre stryd wat in die Wes-Transvaal gevoer is. REDE #14: Met By wyse van spreke: 100 spreekwoordblokkiesraaisels (R100) is die ontdekking van kleurvolle en prettige Afrikaans binne jou bereik. REDE #15: Die gerekende vertaler, digter en radiopersoonlikheid Daniel Hugo se fyn aanvoeling vir digkuns open ’n wonderwêreld van woorde, rympatrone, vertaalde werke en dieper betekenis uit geykte gedigte. In Vers & Kapittel: Artikels, rubrieke en naskrifte oor die digkuns (R200) slaag hy daarin om dié wêreld vir die gewone leser toeganklik én aangrypend te maak. REDE #16: Kraal se liefde vir Afrikaans (én joune) behoort uitgestal te word. Doen dit met ’n spreekwoordnotaboek (teen R60 elk). Bederf jouself (én ander) met een van dié kostelike haas-, kat- of hondnotaboekies gevul met pittige Afrikaanse spreekwoorde. REDE #17: Nou kan jy net terugsit, ontspan en ’n koppie koffie in een van Kraal se Mannetjies Roux- of Jan Pierewiet-koffiebekers (R170 per stel) geniet. • Vir nog redes waarom jy ’n Kraalboek of -produk moet hê, besoek www.kraaluitgewers.co.za


IN BEWEGING

Van beskeie boekkarakter tot SUPERSTER DEUR ILZE NIEUWOUDT

S

y het al behoorlik volksbesit geword – die skamerige Levinia Heks, oftewel Liewe Heksie wat met haar groottoon in die grond wikkel wanneer die skaamte haar beetpak. Sedert Verna Vels in die 1960’s oor Blommie Kabouter en Liewe Heksie begin skryf het, het Heksie en die karakters van Blommeland ’n tuiste in duisende Afrikaanse huise en harte gevind. Vanjaar is dit reeds 40 jaar sedert dié geliefde karakter haar eerste verskyning op televisie gemaak het, maar die heel jongste generasie kleingoed word steeds meegevoer na Blommeland danksy heruitgawes van die gewilde reeks boeke. SY MOES EERS RADIOGOLWE RY Die wonderwêreld van Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Karel Kat en die vele ander kleurryke karakters het oorspronklik in die verbeelding van die nou legendariese Verna Vels ontstaan. Vels, wat in 1954 by die SAUK as radio-omroeper begin werk het, het vroeg in die 1960’s stories oor Liewe Heksie en Blommie Kabouter begin skryf. Vels is in Augustus 2014 in die ouderdom van 81 jaar aan kanker oorlede. In hierdie stories, wat Vels self vanaf 1961 op die radioprogram Siembamba voorgelees het, het Blommie Kabouter oorspronklik die hoofrol vertolk. Die naam van dié eerste stories was Blommie Kabouter en die heks wat vergeet het. In ’n onderhoud wat Vels in 1986 met Die Burger gedoen het, verduidelik sy: “Aanvanklik het ek die verhaal om Blommie Kabouter as hoofkarakter verweef. Heksie was egter gou so gewild dat sy toe vir Blommie van die ‘troon’ gestoot het.” Die karakter en stories se gewildheid het vinnig toegeneem en kort voor lank was Heksie nie meer net ’n “radiopersoonlikheid” nie, maar ook die hoofkarakter in die Liewe Heksie-boeke, waarna Liewe Heksie-langspeelplate ook die lig gesien het. Vir die televisieprogram was Vels die stem vir Liewe Heksie, Mattewis en Blommie Kabouter.

MAAR SY IS ‘N HEKS!

S Die nuusleser Riaan Cruywagen het die stemwerk vir Koning Rosekrans gedoen en is later opgevolg deur Leon van Nierop. LIEDJIETREFFER BY KLEINGOED Die temaliedjie vir die televisieprogram is geskryf en gesing deur Verna Vels (as Liewe Heksie) saam met ’n kinderkoor en bestaan uit twee versies. Die slotliedjie verskil van die openingsliedjie en bestaan uit drie versies. Hierdie saamgevoegde liedjie (bestaande uit vyf versies) is in 2012 in die FAK Sangbundel Volume II ingesluit. Die bekende woorde “nou ken ons Liewe Heksie en kan haar nooit vergeet”, wat in die slot voorkom, is as’t ware profetiese woorde vir ’n hele generasie wat met die program grootgeword het. Die volledige “Liewe Heksie”-liedjie, soos gesing deur Carike Keuzenkamp met Verna Vels as die stem van Liewe Heksie, verskil op sy beurt ook ietwat van die temaliedjie wat vir die televisieprogram gebruik is. In hierdie weergawe, met sy agt versies, word meer van die Blommeland-karakters, insluitende Koning Rosekrans, besoek. Hierdie liedjie is reeds die eerste keer in 1976 op Keuzenkamp se langspeelplaat Kraaines en ander treffers opgeneem. Ander liedjies wat vir die eerste keer opgeneem is en op hierdie plaat ingesluit is, is “Wouter Kabouter”, “Kraaines” en “Die diere se lente-dans”. Liewe Heksie is al vergelyk met ander legendariese sprokieskarakters soos Gouelokkies en Heidi. Tog is die gelyknamige liedjie oor hierdie skaam karaktertjie net so geliefd en kenners reken dat dié liedjie, soos “Mina Moo en kie” en “Mannemarak”, ’n baie spesiale plek in die Afrikaanse kultuur ingeneem het. En wie sal nou hiermee kan stry?

edert die eerste verhale oor Liewe Heksie en Blommie Kabouter op radio uitgesaai is, en later as televisieprogram en in kinderboeke verewig is, is daar al oor die “heks” in Liewe Heksie gegons. Ouers is dikwels ontstoke oor die gebruik van ’n heks as karakter in kinderverhale. Tog het Betsie van der Westhuizen in ’n interessante artikel getiteld “Brandpunte van omstredenheid in die Liewe Heksie-reeks van Verna Vels” wat in 1984 in die Literator-tydskrif verskyn het, getoon dat hierdie heks wel “lief” is. Sy skryf onder meer: “Soos in die geval van die ander karakters is Liewe Heksie se naam deurgaans ’n weerspieëling van haar ware identiteit. Haar naam is nie net die sleutel tot haar karakter nie, maar suggereer ook ’n sekere verloop van verhaalgebeure. Die ikoniese kwaliteit van haar naam – Heksie – roep dadelik die beeld van ’n kinderheks voor die leser op. Te oordeel aan haar voorkoms, moet sy geklassifiseer word as heks – sy het ’n lang, swart jas, ’n swart punthoed waaronder haar lang toutjieshare altyd uithang, maar wat sy – tipiese dogtertjie – graag tooi in twee dun vlegseltjies met strikkies vir spesiale geleenthede. Die beeldende assosiasie van haar naam regverdig nog geen kriminele rekord nie. Word sy van nader bekyk as karakter-inaksie, word dit duidelik waarom sy ook die onlosmaaklike beskrywende deel van haar naam – Liewe – verdien, en word Liewe Heksie vir die kinderleser ’n identifiseerbare en vir die volwasse leser ’n deerniswekkende figuur.” Van der Westhuizen kom ook tot die slotsom dat Liewe Heksie nie volgens antropologiese, historiese of moderne benaderings “aan heksery skuldig bevind kan word nie”. Dit is goeie nuus vir alle liefhebbers van hierdie skaam en vergeetagtige karaktertjie.

www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

71


IN BEWEGING

BELLVILLE Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Gibbs du Toit, Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Leandri Engelbrecht (litigant), Dems Nel (litigant) en Fanie Vosloo • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

NEWCASTLE • • • • •

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE

Deon Viviers • Administratiewe beampte: Helen Kay • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile-winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

72

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon • Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336/1090 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK

André Jansen van Rensburg • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS

RICHARDSBAAI

Francois Calldo, Gerhard Cloete, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yris du Plessis • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Renate Barnard, Nadine Botha, Henco Breytenbach, Helgard Cronje, Alfie Hoole, Inge Labuschagne, Linda Senekal, Lizette Snyman, Marike Pitzer, Danielle van Heerden en Willie Venter • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: centurion@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendrachtstr., Kloofsig

WELKOM Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Candice Gerber • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


is ’n onderwyser by die Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

“Vrees nie, want dié wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is.” ~ 2 KONINGS 6 ~

Oor HASIES en wippende uitdagings

Foto: iStockphoto.com

V

akansies se lekkerste ding is om in die oggend effens later te slaap en dan die koerant in die bed te lees. Op een koel vakansieoggend glip ek dus oudergewoonte sommer kaalvoet buitentoe om net gou die koerant te gaan haal, maar ’n buitengewone gesig begroet my. Die groen gras buite is vol wippende hasies wat heerlik wei! Thinus se hase het ontsnap. Thinus se haasboerdery is die eerste versameling diere op my werf wie se baas hulle regtig self versorg. Daardie baas moet dus nou kom red wat te redde is. Die koerant vergete, hol ek, steeds in my nagkabaai, binnetoe om die haasbaas uit die bed te kry. Die haasbaas is nie beïndruk nie. Hy probeer eers dieper onder die kombers inkruip, maar die dringendheid in my stem laat hom vervaard opkyk. Minute later is ons albei op ’n hasejag voor op die grasperk. Dit blyk gou dat dié onderneming ’n taamlike uitdaging is. Die hasies is so vinnig soos blits. Hulle is nie van plan om terug hok toe te gaan nie. Thinus se skaaphondjie, Ronnie, help aankeer vir die vale. My rol is om dié wat na die motorhuis se kant toe begin hol, terug te jaag. Thinus doen die atletiese deel. Hy duik sierlik om die hasies soos rugbyballe beet te kry. Die benoude, piepende hasie word dan taamlik onsimpatiek by die hok ingehelp voor die volgende een aangekeer word. Maar twee wollerige, donkerkleurige hasies en enkele jong wittetjies is die kampioene. Hulle woerts

so vinnig weg dat dit onmoontlik lyk om hulle aan te keer. Teen hierdie tyd raak ek bewus daarvan dat die verbygaande motoriste in die straat erg geamuseerd stadiger ry, en ek besef dat ’n ouma in nagklere wat hasies jaag waarskynlik stof vir ’n gewilde komedie sal wees. Ek onttrek myself dus stilletjies met soveel grasie as moontlik en laat die wildste hasies aan die haasbaas oor terwyl ek net eers iets meer betaamlik gaan aantrek. Toe ek terugkom, kom die haasbaas bakbeen en tevrede by die agterdeur in. “Almal is gevang,” verklaar hy triomfantelik. Dit blyk dat hy Tienkie, die worshondjie, se hulp ingeroep het. Tienkie, ’n ou hondjie, se jaginstink het so sterk ingeskop dat sy soos ’n pyl uit ’n boog die stoute ontsnappers begin rondjaag het. Sy het selfs enetjie gevang, waarna Thinus die hasie maklik uit die greep van haar stomp tandjies kon red. Die ander was so moeg gehardloop dat hulle maklike teikens was. ’n Rukkie later, met my koerant eindelik gelees en my oggendkoffie agter die blad, sit ek ’n rukkie en dink aan die uitdagings van die kwartaal wat voorlê. Dit wemel soos wippende hasies. Moedeloosheid dreig om my te oorval as ek dink aan my finansies, my 82-jarige pappie wat baie siek is, die normale vol skoolprogram, Marietjie wat geopereer moet word. Ek het ook lus om soos die haasbaas terug in die bed te kruip en die kombers oor my kop te trek. Tienkie of Ronnie sal ongelukkig hier nie van enige hulp wees nie.

In 2 Konings 6 word daar ook vertel van iemand wat vroeg buite toe gegaan en ’n skrikwekkende gesig gesien het, baie erger as ’n paar ontsnapte hasies. Daar was ’n groot leër met perde en strydwaens rondom die stad. Die oggendson het geblink op die skerp spiese en blink skilde. Die soldate was gereed om aan te val, en die man en sy heer was die teiken. Hierdie man was die profeet Elisa se dienaar. Benoud vra hy vir sy heer: “Ag, my heer, hoe sal ons maak?” Rustig antwoord die profeet: “Vrees nie, want dié wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is.” Daarna bid hy dat die Here die dienaar se oë sal oopmaak, sodat hy kan sien. Toe sien die dienaar skielik dat die berge wemel van perde en waens van vuur! Tog vind daar nie ’n bonatuurlike geveg plaas nie. Die Here voorsien ’n onverwagse uitkoms. Die hele leër word skielik almal blind, en kan maklik weggelei word. Die Bybel leer ons presies wat om te doen as jou lewe wemel van uitdagings. Moenie paniekerig raak nie. Moet veral nie opgee nie. Stap uit, gaan die uitdagings tegemoet. Bid. Vertrou. Die Here voorsien. Die antwoorde is soms anders as wat jy dink of waarvoor jy beplan. Tog weet Hy presies waarheen Hy met jou op pad is. Jy moet net aanhou vertrou en treë gee, al is jou impuls om benoud te roep: Ag, my Heer, hoe sal ek maak? Is jou lewe vol wippende uitdagings? Moenie die hasepad kies nie. Stap na buite, gaan die lewe tegemoet. Maar sorg net eers dat jy uit jou pajamas kom. www.solidariteit.co.za • Issue 6 of 2018

73


Uitgebreide VOORDELE en uitstekende DIENS

M

edihelp Mediese Skema gee aan sy lede die gemoedsrus dat hulle deel is van een van die grootste oop mediese skemas in Suid-Afrika wat sy eie administrasie behartig. Die resultate van die SuidAfrikaanse kliëntevredenheidsindeks (South African Customer Satisfaction Index oftewel SA-csi) wat onlangs deur Consulta vrygestel is, toon dat Medihelp-lede die Skema eerste plaas wat betref kliëntetevredenheid in die Suid-Afrikaanse medieseskemabedryf. Medihelp se lede het die waarde van die Skema se produkte met betrekking tot prys en gehalte gemeet en dit was ver bo die bedryfsgemiddeld in die SA-csi. Dit bevestig dat Medihelp se strategie om standvastigheid in die produkreeks te verseker deur waarde tot die produkte toe te voeg, ’n positiewe resultaat op die lede van die Skema het. Dié strategie dra ook daartoe by om Medihelp se produkte mededingend te hou. Medihelp verseker standvastigheid deur aan lede te bied wat belangrik is, naamlik uitgebreide voordele en uitstekende diens. Boonop handhaaf die Skema ’n gesonde solvensievlak. Medihelp se voordele-opsies is ontwerp om by verskillende leefstyle en gesondheidsprofiele te pas, en daarom is die Prime 3-opsie steeds Medihelp

se vlagskipopsie, wat ruim voorsiening maak vir dag-tot-dag-voordele en omvattende voordele tydens hospitalisasie bied. Hierdie opsie is ideaal vir ’n gesin met uitgebreide mediese behoeftes en beskik ook oor ’n netwerkalternatief met 20% laer ledegeld. Die Skema het ook twee spaarrekeningopsies vir mense wat ’n meer aanpasbare benadering ten opsigte van hul gesondheidsorgdekking wil volg. Die Prime 2-opsie het ’n 15%-spaarrekening en bied ook ’n bekostigbare netwerkalternatief waar lede 22% minder betaal. Die Unify-opsie bied ’n ruim 25%-spaarrekening wat soos Prime 2 rente verdien indien die spaarrekeningfondse nie gebruik word nie. Met Medihelp se Prime-opsies betaal lede net vir die eerste twee kinders jonger as 18 jaar, terwyl die res gratis dekking geniet. Kinders betaal ook die ledegeld vir kinderafhanklikes totdat hulle 26 jaar oud is op die Prime-reeks en die Unify-opsie. Medihelp bied voorts ’n inkomstegebaseerde netwerkopsie, Necesse, wat omvattende dekking deur ’n netwerk van verskaffers bied. Voltydse studente kan by Necesse aansluit en mediese dekking teen net R529 per maand geniet. Medihelp is verbind tot uitstekende diens, toepaslike voordele en ’n mededingende aanbieding in 2019 en ons nooi jou uit om Medihelp as jou welstandsvennoot te kies.

SMS “kontak” na 32291 om meer oor Medihelp uit te vind of met ’n geakkrediteerde adviseur te gesels oor mediese dekking wat by jou en jou gesin se behoeftes pas. 74

Uitgawe 6 van 2018 • www.solidariteit.co.za

ONS IS ALTYD DAAR VIR JOU! Daar is verskeie maniere waarop Medihelp volgehoue interaktiewe skakeling en dienslewering verseker: • Skakel ons Kliëntesorgsentrum • Stuur vir ons ’n e-pos of ’n brief • Gebruik die webkletsfunksie op Medihelp se webtuiste om dadelik aanlyn bystand te kry • Kry antwoorde op jou Medihelpvrae met ons Vinnige Antwoordefunksie op die webtuiste • Gebruik ons digitale diensplatforms waar jy – • jou Medihelp e-lidmaatskapkaart kan sien en deel, • jou jaarlikse belastingsertifikaat kan aflaai, • jou kontakbesonderhede kan bywerk, • moeitevry e-goedkeuring vir hospitalisasie kan kry, • eise kan indien en naspoor, • jou beskikbare voordele kan monitor, • toegang tot gesondheidsdata kan kry en dit met ’n gesondheidsorgverskaffer kan deel, • jou unieke gesondheidsprofiel kan skep en op datum hou, en • ’n gesondheidsorgverskaffer naby jou kan opspoor.

GEMOEDSRUS SONDER GELYKE • Medihelp se solvensievlak is deurgaans ver bo die bedryfsvereiste. • Omdat ons self ons administrasie behartig, is ons administrasiekoste laer en bly ons direk in beheer. • Medihelp het meer as ’n eeu se ervaring in die medieseskemabedryf en ’n AA– gradering deur Global Credit Rating vir ons eisebetalingsvermoë vir die afgelope 9 jaar.



I SSN 1683562 -X

9 771683 562000


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.