Solidariteit Tydskrif Uitgawe 1 - 2015

Page 1

WEN! ’N TOYOTA COROLLA OF LUUKSE VAKANSIE BLADSY 49

2015 PLANMATIG TRAP ONS DIE PETROL DIEPER IN

+

STRYD DUUR VOORT OOR SAPD-RANGE

SOLIDARITEIT NIE ’N SOETLIEF-UNIE – ONS BESKERM JOU! FINANCIAL TIGHT SPOT?

IT’S TIME TO BUDGET >> PAGE 22

01 • 2015

www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

R104 MILLION IN “GIFTS” AWARDED TO OUR MEMBERS

9 771683 562000

BEWEGING BRING LIG ONDANKS KRISISSE EN KOMMER, WANT DAAR IS

Solidariteit Beweging

KRAG IN EENHEID TOEKOMS VEREIS SAAMSTAAN, SAAMWERK EN SELFHELP



Laat sy DROME voortleef AL IS JY NIE DAAR OM DIT TE BELEEF Maak seker jou gesin is voldoende versorg – lank nadat jy nie meer daar is nie. Kry die lewensdekking wat jy verdien – teen ’n premie wat jy kan bekostig. Geen mediese toetse of bloedtoetse word vereis nie. Maak voorsiening jou grootste nalatenskap.

lewensdekking ongeskiktheidsdekking ongeluksdekking

+R20 000 begrafnisdekking

R330 pm* 40-jarige man nie-roker

R208 pm* 40-jarige vrou nie-roker

R500 000

lewensdekking ongeskiktheidsdekking ongeluksdekking

+R30 000 begrafnisdekking

R526 pm* 35-jarige man nie-roker

R312 pm* 35-jarige vrou nie-roker

* Bepalings en voorwaardes geld. Onderskrywingsvrae van toepassing.

R250 000

Skakel 0861 10 10 05 vandag nog vir ’n kwotasie Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Beweging

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

African Unity is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 8447


inhoud NOMMER 1 VAN 2015

12

SOLIDARITEIT NIE SOETLIEFVAKBOND – ONS BESKERM!

NUUSWAARDIG

10 10 12 13 14 16 16 18 20 22 24 25 26 38

’n Nuwe jaar propvol geleenthede wink Union paid out “gifts” of more than R104 million Solidariteit nie soetlief-vakbond – ons beskerm! Solidariteit Beweging in snelrat vir die nuwe jaar Ons Facebook-vriende sê oor voornemens Verswakking van eiendomsreg skadelik vir almal, ongeag ras Wes-Kaap troon uit bo ander munisipaliteite Krities teenoor kragreus, maar lojaal teenoor land Matrieksertifikaat net die begin van loopbaanpad In a financial tight spot? It’s time to budget! Haal só die pyn uit ’n testament Boedelberedderingsproses – stap vir stap Akademia – gerat om loopbane te bou Wenke vir persoonlike finansiële bestuur in 2015

BEDRYFSNUUS 28 30 30 31 31 32 33 34 34 36 36 37

Polisiediens vertraag sélf bevorderings Solidariteit wen geskil met RDM oor bedingingsmag ARM boosts financial rewards for employees Twee rondes afleggings in slegs drie maande Kommer oor afleggings by MTN Beste, swakste presteerders van 2014 aangewys Coalbrook mine disaster – 55th commemoration Vakbond veg vir gesonde loonverhogings Solidariteit-personeelskuiwe ontsluit nuwe energie Employee confidence up, but conditions still weak Solidarity halts layoffs at Technology Innovation Agency Protesveldtog teen vergoedingskommissaris begin

GEREELD

Redakteursbrief

Met die koms van ’n nuwe jaar beleef ons dikwels angstigheid. Wat sal die jaar vir my en my geliefdes inhou? Ons werk en gesondheid? Wat gaan met ons land en in die wêreld gebeur? bladsy 6

Seepkis

“Daar is nog genoeg positiewe dinge in Suid-Afrika,” sê Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Ons Facebook-volgelinge sê hul sê oor wat húlle moed gee om 2015 met oorgawe aan te pak. bladsy 7

SpreekBuys

Die Solidariteit Beweging is ’n oplossingsgerigte organisasie wat nie toelaat dat die land se probleme ons verlam nie. Ons het jare gelede al gesien wat kom en reeds daarvoor beplan. bladsy 8

jy & die Reg

Een van Solidariteit se lede is nie in ʼn pos aangestel nie en wil antwoorde van die werkgewer hê. Alle interne remedies moet egter uitgeput wees voordat ʼn saak verwys kan word. bladsy 56

in Retrospek

Hoe ver is jou lewenstaak? Verkondig jou lewe die evangelie van God se genade? Is jy besig met jou lewensroeping, of sloeg jy maar net voort van dag tot dag? Indien nie, hoekom nie? bladsy 73

IN BEWEGING 42 43 44 46 47 48 50 52 54 57 58 60 62 63 66 67 68 70 71 72

Reusebelegging in ons mense – oud én jonk R26 miljoen se beskerming teen armoede Gemeenskapsentrum vir behoeftiges open in Strand (Trekker)wiele loop seepglad by Sol-Tech Sol-Tech rus jou toe vir die wye wêreld van werk Bring jou inligting op datum en wen motor of vakansie AfriForum – nog groter en beter in 2015 Op ’n plaas in Afrika Talle redes om die polisie te vrees – verslag Aanstellingsbeleid van likwidateurs ongrondwetlik Katvoet loop vir ongesekureerde lenings The business (environment) of change in 2015 Orden jou lewe met dié slimfoon-apps Discover the exciting world of educational apps Gooi (gratis) mielies op Maroela se werf Soveel dok ouers vanjaar vir skoolgeld op Afrikaans reeds 90 jaar lank ’n amptelike taal Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Ondersteun Kraal en word slim Jan, Jan, Jan – die bielie van die Kaap

R26 miljoen se hulp aan studente!

43


Trek voordeel uit die spesiale aanbiedings vir Solidariteit-lede by

MONUMENT TOYOTA CONSTANTIA op geselekteerde voertuie uit ons Toyota-reeks e-pos jou kontakbesonderhede na solidaritygroupdeals@um.co.za


Redakteursbrief Op reusevlerke die nuwe jaar in 2015 bring opwindende nuwe uitdagings, maar ook ’n benoudheid in die keel. Amper soos daardie afsak in die wegspringblokke voor ’n naelloop met jou hart wat bons in jou keel, maar met die potensiaal van ’n voluit wedloop vol opwinding.

D

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

ie skoot klap alweer en ons is terug in die wedloop van die lewe waar ek my geloof, my beroep, my gesin, my geliefdes (en êrens tussendeur myself) moet probeer balanseer. Nuwe projekte en beplanning; tydlyne en teikens om te haal. Die tyd van rus en besinning tydens die Kersseisoen voel ver in die verlede. Die wind wat jou hare op die strand deurmekaar waai of die braaivleisvuurtjie met die gelag van kinders in die agtergrond kan jy skaars onthou. Met die koms van ’n nuwe jaar beleef ons dikwels baie angstigheid. Wat sal die jaar vir my en my geliefdes inhou? Sal my gesondheid moontlik ’n terugslag kry, of my beroeps- of gesinslewe? Wat gaan met ons land en in die wêreld gebeur? Hierdie gevoelens is natuurlik normaal en eie aan ons menslikheid. ’n Mens is nie geïsoleer van die werklikheid nie en dikwels is ons diep bekommerd oor die rigting waarin ons desnoods meegesleur word. Dit laat my dink aan die gewoonte wat arende het om ’n kuiken wat groot en sterk genoeg is om die nes te verlaat, uit te skop as hy nie op sy eie sover kan kom nie. Die kuiken is gereed, maar hy verkies die warmte van die nes en die gereelde kos wat deur die ouerpaar aangedra word bo die inspanning daarvan om self te vlieg en vir homself te jag. Die

6

kuiken word uitgeskop, maar daar is een uiters belangrike ondersteuningsnet: Die ouers is met hul kragtige vlerke gereed om onder die kuiken in te duik as sy eerste vliegpoging nie suksesvol is nie en hom eenvoudig op hul vlerke terug nes toe te dra. Wat ’n wonderlike, toepaslike voorbeeld vir 2015! Dis God wat, soos die Psalmdigter sê, met die geruis van reusevlerke onder jou vlieg en jou veilig neersit om op ’n ander dag weer te probeer, of wat toekyk hoe jy die eerste vlug suksesvol aanpak. Anders as die aardse arend sweef God egter tot in ewigheid onder ons. Sy reusevlerke is ’n harnas om ons lewens. Dit beteken nie dat ons lewens sonder uitdagings sal wees nie, maar dit maak ons aardse bestaan betekenisvol. Dit is Hy wat ons die jeugdige krag van die arend skenk, en al struikel en val ons soms, rig Hy ons weer op om met arendsvlerke te sweef. Ek kan my indink dat dit vir daardie kuiken wat nou volwaardig arend word en kan vlieg, uiteindelik veel beter is as in die nes. As hy eers volwaardig deel is van die werklike lewe, is daar dinge om te doen, gevare om te oorkom en uiteindelik ook sy eie kuikens om uit te broei. Soos hierdie kuikens word ons ook uitgedaag om vanjaar oor die nes se rand te tuimel met God se veilige vleuels onder ons. Mag ons krag kry om hierdie jaar te werk,

te doen, te waag, te beplan, te beleef, te lag en nog baie meer. Alles in die teenwoordigheid van ons God. Van almal by Solidariteit wens ons u ’n geseënde 2015 toe.

JOHAN KRUGER REDAKTEUR

“Die bos brand en mense kan nie sê hulle sal nie brand nie, want hulle is nie bome nie. Daarom vra Solidariteit dat Suid-Afrikaners op alle vlakke moet VERENIG rondom die elektrisiteitskrisis en ’n kultuur van ELEKTRISITEITSBESPARING moet skep.” ~ Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit ~

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za


Seepkis

Word deel van die gesprek by www.blog.solidariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan: Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za

Solidariteit Solidarity SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE

H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 | 0861 25 24 23 | www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Johan Kruger NUUSREDAKTEUR | NEWS EDITOR Cilleste van der Walt WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Daleen Gouws

Wat gee jou moed vir die jaar? Flip Buys sê: Vriende, die jaar het dalk met ’n tikkie negatiewe nuus afgeskop, maar daar is nog GENOEG POSITIEWE dinge ook. Ons moet ’n balans handhaaf, want om net negatief te wees, verlam ons. Wat gee jou moed vir die jaar? Ons Facebook-vriende het geantwoord: Gerrit Conradie: Ek het ’n werk, geen skuld en is gesond. Desire de Klerk Henn: Dat daar nog mense is wat omgee en dinge doen vir hul medemens, ondanks baie teenkanting! Boere wat steeds voedsel produseer onder baie moeilike omstandighede! My kinders, ek kan nie bekostig om moed te verloor nie. Bach Breytenbach: Ek is in die konstruksiebedryf en ons grootste kliënt is Eskom. Ek glo ons gaan nog baie werk kry dié jaar, want die regering het nie ’n ander keuse as om Eskom te hulp te kom nie. Toe ek kon, het ek al my eiendomme kontant betaal en het dus geen groot skuld nie – net op my bakkies, maar hulle moet vir hulself betaal. My Skepper is my genadig dat ek gesond is en al my kinders is gegradueer. Danie Minnaar: Die Solidariteit Beweging, AfriForum en NWU-Pukke.

Pierre de Villiers: Ons het ’n demokrasie, ons het funksionerende howe en ons het die Solidariteit Beweging en AfriForum. Yolande Bekker: Dat alles om ons in ’n oogwink kan verander, maar God nooit. Hy gee ons ’n toekoms van hoop. Hy voorsien in al ons behoeftes, Hy het ons lief ten spyte van ons ongeloof en ontrouheid soms!

ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk – tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP | DESIGN Martie Maree INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Alana Bailey, dr. Danie Brink, Flip Buys, Lindie de Beer, Chris du Plessis, Reint Dykema, Daleen Gouws, Mariné Jacobs, Susan Lombaard, Marietha Malan, Esté Meyer Jansen, Ilze Nieuwoudt, Esmarie Prinsloo, Alet Rademeyer, Steve Scott, Francois Smit, prof. Jaap Steyn, Inge Strydom, Cilleste van der Walt en Ansie van Niekerk UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

David Naude: Net die olieprys, maar dit sal nie te lank so wees nie. Ella Jordaan: Ek het ’n werk wat ek geniet, liefde van my gesin en geloof in my Hemelse Vader wat steeds in beheer is. Tassia Nolan: Die petrolprys. Martie van Eeden: Geloof in my God, positiwiteit en wilskrag om sukses te behaal en puik diens te lewer.

Tel: 082 445 4513 | aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

SLUIT AAN, ERVAAR HOE SOLIDARITEIT LEDE KRAG GEE! Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Soli­dariteit se vriendelike diens­sentrum­agente sal jou terugskakel en jou vinnig help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34802 te stuur. SMS’e kos R2. Ons be­skerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! Verander jou adres by diens@solidariteit.co.za.

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

7


SpreekBuys

PLANMATIG trap die Solidariteit Beweging die petrol vanjaar dieper in

Die Solidariteit Beweging is gerat en gereed om 2015 aan te pak as ʼn moderne Helpmekaarbeweging. Ons is ʼn OPLOSSINGSGERIGTE ORGANISASIE wat nie toelaat dat die probleme in die land ons verlam nie. Ons het jare gelede al gesien wat kom en daarvoor beplan en is nie onverhoeds betrap nie, skryf FLIP BUYS.

D Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

ie welslae wat die Solidariteit Beweging reeds behaal het, gee ons die energie om die petrol nóg dieper in te trap! Daarom is al 18 instellings in die Beweging besig om hul jaarbeplanning in aksie om te sit. ’n Kort opsomming van ons aksieplan maak dit duidelik dat ons bedoel wat ons sê:

8

Solidariteit-vakbond 2015 gaan die geboortejaar van ʼn nuwe wêreld van voordele vir Solidariteit-lede wees. Solidariteit stuur in April vanjaar die Solidariteit Wêreld van stapel. Dit is ʼn elektroniese platform waar jy alles oor die wêreld van werk sal vind – van loopbaanadvies, hulp met pensioenbeplanning en mediese en welstandsadvies tot regshulp, hulp met die opstel van CV’s en baie meer. In 2015 word regstellende aksie in Suid-Afrika ook vir die eerste keer in die Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Verenigde Nasies (VN) bespreek. Solidariteit dien in Augustus ʼn skaduverslag by die VN in wat waarskynlik in die eerste kwartaal van 2016 bespreek sal word. Behalwe die VN-saak het Solidariteit nog meer as 20 regstellendeaksiesake teen die Suid-Afrikaanse regering hangende. Op die gebied van arbeidsverhoudinge kan weer ʼn woelige jaar verwag word. Die groot onderhandelings is vanjaar in die goudsektor. Die rol van Amcu, Numsa se wegbreek uit Cosatu en hul planne om ʼn politieke party te stig, gaan in 2015 die arbeidsverhoudingetoneel oorheers. Die onbekende faktor is natuurlik Eskom se invloed op die ekonomie. Solidariteit se Navorsingsinstituut het reeds goeie verslae oor die krisis geskryf en Solidariteit beplan om alles in sy vermoë te doen om die Eskomkrisis te help oplos. Solidariteit sal ook weer sy waghondrol teenoor die regering speel. In die kennisekonomie is kennis vir

Solidariteit-lede van kritieke belang. Solidariteit gaan dus in 2015 help om sy opleidingsinstellings, naamlik Akademia, SolTech en Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS), asook die Solidariteit Studiefonds verder uit te bou. Solidariteit Helpende Hand Helpende Hand se studiehulp styg vanjaar met meer as 50% tot ’n volle R26 miljoen! Dit maak dit vir ons moontlik om in 2015 sowat 1 500 studente te help om hul drome te bewaarheid. Dit is ook 50% meer as die 1 000 studente van 2014. Hierdie studiehulp is in die vorm van rentevrye lenings, in lyn met die helpmekaarbeginsel. Die rentevrye lenings is ’n groot voordeel vir die studente en hul ouers, maar as hulle afgestudeer het, help hulle weer die volgende groep studente. Ons doel is om binne vyf jaar meer as 4 000 studente jaarliks te kan help met ’n studiefonds van R100 miljoen. Ons droom is dat almal wat wil, moet kan studeer.


SpreekBuys FLIP BUYS is voorsitter van die Solidariteit Beweging

Die studiefondse is afkomstig van ledebydraes, skenkings van donateurs, die Virseker Trust en die Solidariteit Beleggingsmaatskappy. Sol-Tech Sol-Tech het ’n uiters suksesvolle 2014 in sy nuwe geboue agter die rug. In 2015 is daar drie innames van vakleerlinge, naamlik in Januarie, Mei en Augustus. Daar is tans 1 145 studente wat besig is om te kwalifiseer, terwyl sowat 700 studente reeds hul ambagstoetse suksesvol afgelê het. Die kollege skop vanjaar af met ’n nuwe vakrigting, naamlik trekkerwerktuigkunde, omdat daar goeie werkgeleenthede in dié veld is. Dieselstudente kry diesel- én trekkeropleiding om hul indiensneembaarheid te verhoog. Sol-Tech se volgehoue fokus op gehalte het onlangs vrugte gedra toe sy akkreditasie by Namb (die National Artisan Moderation Body) met die eerste aansoek suksesvol was. Dit beteken dat Sol-Tech nou vir alle setas kan oplei, wat die plasings- en werkgeleenthede vir sy studente vermeerder. Daarmee saam word die plasingsagentskap Ajani se dienste verder uitgebrei om meer dienste aan werkgewers en studente te bied, van hulp met seta-finansiering tot werkplekvaardigheidsplanne en setagoedkeuring van werkplekke. Die kollege kry ook eersdaags ’n volledige elektroniese studenteadministrasiestelsel met ’n gebruikersvriendelike studenteportaal. Die grootste uitdaging bly studente wat nie matriek- of minstens graad 11-wiskunde en wetenskap het nie. Dié studente kan by SolTech se wiskundesentrum gehelp word om hul wiskunde op die vereiste standaard te kry. Meer besonderhede is op die webblad beskikbaar. Sol-Tech se suksesresep is uitmuntende lektore, toegewyde studente en die beste toerusting. Daarom studeer 11 lektore hierdie jaar verder by die Universiteit van die Vrystaat, en bestee die Solidariteit Groeifonds ’n bykomende R3 miljoen aan moderne opleidingstoerusting. Studiehulp vir studente wat hier wil studeer, is by Helpende Hand en ander instellings beskikbaar. Maroela Media Maroela Media is die Solidariteit Beweging se eie digitale mediamaatskappy, wat ook radioprogramme deur meer as 20 gemeenskapstasies uitsaai. Maroela is reeds die tweede grootste Afrikaanse internetnuusplatform met ’n miljoen maandelikse besoekers. Die webwerf se doel is om teen November vanjaar 2,5 miljoen besoekers te kry. Laai Maroela Media se app af om gratis nuus en inligting oor alles wat

jou raak op jou selfoon te lees, en stel Maroela aan al jou vriende bekend. Maroela gaan Afrikaans se 90ste amptelike verjaarsdag regdeur 2015 vier met nuus, inligting, projekte en radiodramas. Maroela Media se Afrikaanse aanlynwinkel, Die Koöperasie, word later vanjaar bekendgestel. Solidariteit Eiendomme Die Solidariteit Beweging se eiendomsmaatskappy is besig met die aankoop van ’n kampus vir Akademia. Dié stap het nodig geword vanweë Akademia se gesonde groei. Solidariteit Eiendomme se tweede projek is die uitbreiding van AfriForum se kantore met sowat 450 m². Akademia Die Solidariteit Beweging se droom is om van Akademia die Afrikaanse Harvard van Afrika te maak, wat gehalteopleiding en toegang tot wêreldklas universiteitsopleiding aan ons jongmense bied. Ons weet dis nog ’n ver pad om te gaan, maar dis nie ’n verskoning om nie te begin nie! Akademia is baie gelukkig om vooraanstaande kundiges en donateurs aan boord te hê wat graag wil help om ’n lewende monument vir die toekoms te bou. Ons voorouers het dit reggekry en ons kan dit ook doen! Akademia mik om vanjaar 350 studente te hê, en bied benewens ’n BCom-graad en vyf ander diplomas en sertifikate ook ’n graad in BCom Bestuursrekeningkunde aan. Akademia werk tans aan drie nuwe grade, naamlik BCom Regte en Ekonomie, BCom Risiko- en Beleggingsbestuur en ’n B-graad in Verpleegkunde, in samewerking met hospitale. Die opleiding word met ’n moderne rekenaarkonferensiestelsel in sewe opleidingsentrums landwyd aangebied. Daar word ook gewerk aan ’n navorsingsplan vir 2015, terwyl Akademia se gewilde Sakeplankompetisie ook weer aangebied sal word. Groot beleggings in Akademia se tegnologie, administrasie en gehalte van opleiding word deurgaans gemaak, en studiehulp is beskikbaar vir studente wat hier wil studeer. Solidariteit-lede kwalifiseer vir afslag vir studie aan Akademia. Besoek die webtuiste www.akademia.ac.za om meer hieroor te wete te kom. AfriForum In 2015 sal AfriForum se bestaande werksaamhede verder uitgebou word. Spesiale klem word geplaas op die bevordering van vyf groot doelwitte. Dié doelwitte staan bekend as AfriForum se Groot 5 vir 2015. Die Groot 5 is: • Die versterking van AfriForum as organisasie.

Die mikpunt is om teen die einde van die jaar 150 000 AfriForum-lede te hê. Die uitbreiding van AfriForum se gemeenskapsveiligheidstelsel. Die doelwit is om teen die einde van die jaar 40 goed funksionerende gemeenskapsveiligheidstelsels onder AfriForum se vaandel te bestuur. ʼn Plan vir gemeenskapselfstandigheid: ʼn Werkbare plan om vir Afrikaners meer inspraak te bekom in sake wat hulle direk raak, moet in 2015 opgestel word. Uitbreiding van AfriForum se kommunikasievermoë. In 2015 gaan AfriForum se kommunikasiestrategie in snelrat geplaas word om beter kommunikasie met lede, ondersteuners en die breë bevolking te bewerkstellig. Dit sluit nie net AfriForum se eie kommunikasiemediums in nie, maar ook steun aan Maroela Media. Die uitbreiding van buitelandse skakeling. Goeie vordering is reeds gemaak met die vestiging van skakelnetwerke in die buiteland. In 2015 sal die verdere uitbreiding hiervan as prioriteit hanteer word.

Die FAK Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) is die taal- en kultuurvennoot van die Solidariteit Beweging. Die organisasie het 2015 saam met ander Afrikaanse organisasies as Taaljaar verklaar, en bied landwyd talle taalprojekte aan. Dit sluit ’n Afrikaanse Ekspo vir skole in wat landwyd en ook in Namibië aangebied gaan word. Verskeie boeke word uitgegee, soos ’n gedenkboek oor die prestasies van Afrikaans die afgelope 90 jaar. Daar word ook erkenning gegee aan Afrikaanse toppresteerders tydens die FAK Prestige-aand wat by die Voortrekkermonument aangebied word. Die FAK het reeds ver gevorder met ’n internetgebaseerde geskiedenismuseum wat noodsaaklike balans moet skep vir die geskiedenis wat in die meeste skole aangebied word. Unieke foto’s en argiefmateriaal wat nog nooit bekendgestel is nie, sal ontsluit word. Daar word ook ’n historiese kultuurdagboek uitgegee, en ’n plakkaatreeks wat beslissende gebeure uit die Afrikanergeskiedenis uitbeeld. Die FAK se NP van Wyk Louw-sentrum publiseer vanjaar verskeie navorsingsboeke, asook ’n internetplatform met die historiese naam Standpunte. Hierdie opsomming maak dit duidelik dat die Beweging vanjaar doelgerig wil vorder met ons droom om ’n toekoms te bou waarin ons ook blywend vry, veilig en voorspoedig in Suider-Afrika kan voortbestaan. Laat ons nie op die regering of op die toekoms wag nie, kom ons skep dit self! S Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

9


Nuuswaardig

Union paid out “gifts” of more than R104 million

Ons voorouers se prestasies is ons geslag se INSPIRASIE om verantwoordelikheid vir ons eie tyd te neem. Hulle het hul kant gebring, en dit is nou ons beurt.

ʼn Nuwe jaar propvol nuwe geleenthede wink

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

S

10

Deur Steve Scott

oos elke jaar gaan ons 2015 met ʼn positiewe gesindheid aanpak. Daar sal altyd uitdagings voor die deur wees, maar as jy elke uitdaging as ʼn geleentheid sien, kan jy ʼn verskil maak in plaas daarvan om ontmoedig te word. Vanselfsprekende uitdagings is sekuriteit in die werkplek, werkskepping en die welstand van Afrikaners, maar dit is beswaarlik al. Met lede se hulp en ondersteuning kan Solidariteit uitgebou word tot ’n moderne Helpmekaarbeweging, sodat ons ’n hele reeks dienste aan ons lede en die gemeenskap kan lewer. Ons ouers en voorouers het altyd vertel hoe hulle die land met selfhelporganisasies soos die ou Helpmekaar- en Reddingsdaadbewegings opgebou het. Die talle skole, universiteite,

hospitale, sakereuse en ouetehuise in ons land is vandag nog lewende monumente van hoeveel hulle deur saamstaan, saamwerk en selfhelp reggekry het. Hul prestasies is ons geslag se inspirasie om verantwoordelikheid vir ons eie tyd te neem. Hulle het hul kant gebring, en dit is nou ons beurt. Daarom werk ons op ’n moderne manier aan oplossings vir die probleme van ons tyd. Ons doel is om mekaar by te staan deur saam te werk, en om soos hulle ’n toekoms vir die volgende geslag te skep. Ons volg ’n “vermenigvuldigerstrategie,” wat beteken dat ons met die helpmekaarstrategie die ledegeld wat ons invorder, se waarde vir ons lede wil verdubbel – nie net in die werkplek nie, maar ook in ons lede se gemeenskappe. • Steve Scott is president van Solidariteit. S

FRIK SE VINNIGE FEITE Solidariteit Wêreld is ’n portaal vir al jou behoeftes in die wêreld van werk, welstand, finansies, loopbaan, die reg en baie meer. Binnekort hier! Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Another tough year has passed, but the trade union Solidarity has managed to overcome most of its CHALLENGES. During 2014, Solidarity paid out more than R104 million, or more than R8,5 million per month, to members by way of legal assistance and membership benefit claims.

A

ccording to Solidarity spokesperson Moira-Marie Kloppers, the union’s legal division negotiated awards to the value of approximately R102 million in lawsuits on behalf of Solidarity members. These awards consisted of compensation of almost R52 million arising from occupational health and safety claims, and about R50 million awarded in the Labour Court and in general litigation cases. “Solidarity’s legal team is well-versed in dealing with labour issues on behalf of members. Experts in the fields of occupational health and safety, general litigation and labour law matters conducted cases for hundreds of members last year. The trade union’s experts in general litigation and labour law issues dealt with about 115 disciplinary hearings, 334 conciliations, 291 arbitrations, 185 labour court consultations, 18 court appearances and 27 prehearings,” Kloppers said. At any given time, Solidarity is conducting about 2 500 cases on behalf of members, excluding major collective disputes. In 2014, the union also paid out more than R2,7 million in membership benefit claims. This included R2,3 million paid out in respect of the Solidarity funeral benefit, as well as maternity benefits totalling about R400 000. An amount of R25 500 was paid out to members who have been declared permanently disabled. S



Nuuswaardig

Solidariteit nie soetlief-vakbond – ons beskerm! Solidariteit gaan elke jaar van krag tot krag. Ons kyk terug om te leer uit die verlede, kyk vorentoe om te beplan vir dit wat voorlê, maar staan met albei voete stewig in vandag. So moet daar ook na die VOORUITSIGTE vir 2015 gekyk word: Solidariteit moet ʼn plan beraam vir alles wat nou moet gebeur, geskoei op die ondervinding wat verlede jaar opgedoen is, skryf CILLESTE VAN DER WALT.

Foto: iStockphoto.com

V

anjaar is ʼn maak-of-breek-jaar vir arbeidsverhoudinge, sê Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit. “Die nagevolge van die 2014-platinumstaking, die krake binne Cosatu, wedywering tussen vakbonde en die militantheid van sommige vakbonde het arbeidsverhoudinge en die vakbondwese by ‘n kruispad gebring. ʼn Drastiese ommekeer sal moet plaasvind om die vernietigende gevolge daarvan hok te slaan.” Volgens Du Plessis sal Solidariteit in 2015 veral daarop moet fokus om verhoudinge met rolspelers binne die invloedsfeer van die georganiseerde arbeid te bou, in ʼn poging om dié ommekeer te bewerkstellig. “Hoewel Solidariteit deurgaans beskou word as die vakbond wat balans bring in die arbeidsverhoudingewarboel, kan ons ook nie toelaat dat ons nie ons lede se belange doeltreffend beskerm nie. Ons sal nooit ʼn soetlief-vakbond word nie. Dit beteken ons sal nie skroom om op ʼn wettige en beskermde wyse dispute te verklaar en ook enduit deur te voer as dit in ons lede se belang is nie,” sê Du Plessis. Solidariteit het sy arbeidsverhoudingespan van nuuts af saamgestel en sodoende die

12

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

strukture versterk vir ʼn meer gefokusde benadering. Dit beteken dat Solidariteit nou, in 2015, die vrugte daarvan sal pluk. Vanuit die professionele bedryf, waarvan Johan Botha die bedryfshoof is, sien die finansiële, tersiêre en algemene sektor (FTA) uit na ʼn jaar vol opwinding. “Ons neem tans die voortou met artikel 21-aansoeke onder die gewysigde wet op arbeidsverhoudinge vir erkenning by verskeie universiteite,” vertel Botha. Verder is die fokus vir vanjaar op uitmuntende diens binne die kollektiewe sektore, en die ontwikkeling en ontginning van nuwe sektore, onder meer die organisering van privaat skole. “Ons is steeds nou betrokke by lede in die onderskeie groot finansiële instellings, en sal ook daar deurlopend werwingsprojekte van stapel stuur,” sê hy. In die verdedigings- en lugvaartsektor kon hulle in 2014 reeds daarin slaag om ʼn sektorale bedryfsraad op die been te bring, aldus Botha. Dit het tot gevolg dat die kollektiewe kundigheidspoel in hierdie sektor baie meer effektief benut gaan word. Op die kollektiewe front is die fokus daarop om die beste moontlike ooreenkomste vir Solidariteit-lede te beding en sodoende die druk, ekonomies en

andersins, op lede te verlig. Ongelukkig kan alle vooruitsigte nie maanskyn en rose wees nie, en hou 2015 ook uitdagings in waarvoor die vakbond gereed moet staan met ʼn wenplan. Marius Croukamp, hoof van Solidariteit se metaal- en ingenieurswese- en kommunikasiebedryf, sê: “Ons verwag baie probleme in die metaal- en ingenieursbedryf, veral met betrekking tot die betrokke bedingingsraad, die MEIBC (Metal and Engineering Industries Bargaining Council). Dié bedingingsraad is onderworpe aan ʼn reeks hofsake wat ver-al deur Neasa (die National Employers Association of South Africa) aanhangig gemaak is.” Daarbenewens speel politiek ook vanjaar ʼn groot rol: Numsa is die grootste vakbond in die bedryf en sy moontlike wegbreek uit Cosatu skep groot spanning. Die kommunikasiebedryf staar ook ʼn moeilike jaar in die gesig. Dié bedryf is besig om te versterk deur saam te smelt, wat afleggings drasties laat toeneem. Die voorbok met konsolidasie in dié bedryf is Telkom, wat ʼn paar afleggings tot gevolg gaan hê. Ongelukkig is maatskappye soos MTN en Cell C nie vrygespreek van dieselfde prosesse nie. S


Nuuswaardig

Solidariteit Beweging in snelrat vir die nuwe jaar Ons is deeglik bewus van die landsvraagstukke wat deur die swak regering veroorsaak word, maar ons kyk nie daarteen vas nie en soek eerder na WERKBARE ANTWOORDE. Daarom gaan die Solidariteit Beweging sy strategie – om praktiese oplossings deur ’n moderne Helpmekaarbeweging te skep – tydens 2015 in snelrat sit, skryf FLIP BUYS, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Staatsafhanklikheid gaan ons nêrens bring nie; die Afrikanergemeenskap sal baie meer bereik deur self VERANTWOORDELIKHEID te neem vir sy toekoms.

D

ie Solidariteit Beweging glo in praktiese oplossings omdat ’n probleemgerigte benadering mense verlam, terwyl ’n oplossingsgerigte houding die energie losmaak wat nodig is om die probleme te bowe te kom. Daarom sien ons 2015 as ’n jaar vol nuwe geleenthede wat ongeduldig wag om benut te word. Ons uitgangspunt is dat dit nie help om op die toekoms of die regering te wag nie, maar dat mense daadwerklik betrokke moet raak om saam aan oplossings te werk. Daarom is ons oorhoofse tema vir 2015 om ons gemeenskap deur sterk selfdoeninstellings op al meer gebiede selfstandig te maak. Staatsafhanklikheid gaan ons nêrens bring nie; die Afrikanergemeenskap sal baie meer bereik deur self verantwoordelikheid te neem vir hul toekoms. Ons 15-puntplan vir 2015 sluit in: • Die viering van Afrikaans se amptelike erkenning in 1925, ’n volle 90 jaar gelede; • Voortgaan met die uitbou van Akademia tot ’n landwye privaat universiteit; • Die vergroting van ons studiefondse om meer as ’n duisend jongmense te help studeer;

• Die beskerming van die vakbond Solidariteit se lede teen onbillike rassediskriminasie in die werkplek; • Die beskerming van die regsorde, burgerregte en die gemeenskap deur AfriForum – AfriForum sal aanhou veg teen korrupsie, swak plaaslike regering en die ondoeltreffende staatsdiens; • Die verbetering van persoonlike veiligheid deur AfriForum-strukture uit te brei; • Die vergroting van Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum om Afrikaanse skole landwyd te help met noodvoeding, skryfbehoeftes en steundienste; • Die bevordering van Afrikaanse

gemeenskapsmedia soos Maroela Media en gemeenskapsradiostasies; • Die bevordering van die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis deur die FAK; • Die uitbreiding van Sol-Tech as die enigste Afrikaanse tegniese kollege; • Die landwye vestiging van bewegingstrukture om gemeenskapsdienste te lewer; • Ons mik om hierdie jaar die 300 000-kerf in ons ledetal in die totale Solidariteit Beweging te oorskry; • Skakeling met die regering en regerende party oor knelpunte; • Die mobilisering van Afrikaanse koopkrag ter bevordering van gemeenskapsbelang; en • Buitelandse steunwerwing vir plaaslike knelpunte soos rassediskriminasie, plaasveiligheid en kulturele vryheid. Die Solidariteit Beweging glo dat ons met ’n benadering van skeppende vernuwing, gegrond op beproefde waardes, die toekoms selfstandig en met selfvertroue tegemoet kan gaan. Die feit is dat die verlede nie gaan terugkom nie, die hede nie gaan weggaan nie, en dat die toekoms nie op hom laat wag nie. Daarom moedig ons mense aan om aktief betrokke te raak by die bou van die toekoms wat hulle wil hê. S Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

13


Nuuswaardig

Ons Facebook-vriende sê oor voornemens ’n Voorspoedige 2015 aan al ons Facebook-vriende! Ons sien uit daarna om in die nuwe jaar weer lekker saam met julle op Facebook te kuier. Hier is ’n paar van ons vriende se NUWEJAARSVOORNEMENS. Anneli Faul: Om die verkoop van vuurwerke onwettig te kry, die geraas is oorverdowend! Sanchen Lambrecht: Om God te verheerlik, genade met myself en ander. Amandus Bosch: Om te sien hoe Transnet sy dinges in die hof sien. Susan Strydom: Om ernstig vir ons land te bid! Elize Marais: Om vuurwerke te verban! Francois Henry van Eeden: Om liefde uit te straal! Johann Venter: Gesond en sterk te word ná my ongeluk. Ek dank ons Hemelse Vader dat ek die nuwe jaar kon insien. Alice du Plooy: Aanhou bid en glo dat ons land Suid-Afrika ‘n land van liefde, vrede en omgee word, dat wraak nie gewreek word nie, maar herbind word! God ons Vader verwag dit van ons. Monica Malan: Meer geduld! Stephnie Bekker: Om die lewe te geniet en minder fout in alles te sien. Petro Duvenage: Voorspoed, en my voorneme is om net my seëninge te tel elke keer as ek wil kla, of as iets gebeur, of as ek moedeloos wil word. Tel jou seëninge, tel jou seëninge!

Laat wat jy doen aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.

Foto: iStockphoto.com

Antonette Coetzer: My vuurwapenlisensie kry.

14

Ansie van der Westhuizen: Om so gou moontlik ’n werk te kry waar ek nie nodig het om te vra vir ’n “pay slip” nie, en waar my salaris elke maand betyds is. Annarien van Baalen: My skietkuns verbeter. S Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Babs Grobler: Baie dankie, mooi jaar vir julle, dankie vir wat jul doen. Wil meer drukkies vir bejaardes uitdeel.

~ Spreuke 16:3 ~

MENINGSPEILING Stel julle ’n begroting op om die huishouding se finansies te bestuur?

a Nee, ons betaal die rekeninge en doen aankope soos dit nodig is. b Ja, ons het ’n begroting, maar ons hou selde daarby. c Ja, ons het ’n begroting en hou streng daarby. • SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za



Nuuswaardig

Wes-Kaap troon uit bo ander munisipaliteite Deur Inge Strydom

W

Verswakking van eiendomsreg skadelik vir almal, ongeag ras Die ANC moenie dink hy sal werklik sy ondersteuners se ekonomiese posisie verbeter deur ander mense se eiendomsreg te verswak nie. Dit is die standpunt van die Solidariteit Beweging nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee se nuutste besluite oor GRONDEIENAARSKAP bekend geword het. INGE STRYDOM berig.

V Foto: iStockphoto.com

olgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sal die verswakking van eiendomsreg, soos om grondbesit tot 12 000 ha te beperk en buitelanders eienaarskap te weier, rampspoedige gevolge hê. “Die rigting van verandering in eiendomsreg in ’n land is een van die belangrikste aanwysers van toekomstige ekonomiese groei, politieke bestendigheid en maatskaplike welvaart. Wanneer eiendomsreg in ’n staat ondermyn word, het die res van die ekonomie en politiek telkens in die geskiedenis van die wêreld daarop gevolg, met rampspoedige gevolge vir die samelewing.” “In plaas daarvan om swart mense se eiendomsreg te herstel nadat dit voor 1994 misken is, is die ANC nou in wese besig om alle Suid-Afrikaners en buitelanders se eiendomsreg te verminder tot die vlak wat voor 1994 as gepas vir swart mense geag is. Die pad na

16

langtermynwelvaart vir almal in Suid-Afrika is eerder om almal se eiendomsreg te versterk. Die doel moenie wees om die sogenaamde ‘propertied class’ te vernietig nie, maar om mense, insluitend swart mense, die vryheid toe te laat om deel daarvan te wees,” sê Buys. Buys meen die voorstelle is boonop onsamehangend. “Het die ANC mooi nagedink oor wat 12 000 ha is? Dis ’n gebied van 12 km by 10 km. Met so ’n stuk grond kan jy in baie streke van die land glad nie boer nie, terwyl dit in ander streke van jou ’n skatryk persoon sal maak. “Die ondeurdagte uitsprake wat die ANC nou gemaak het, is aanduidend van reaksionisme en disrespek vir die besondere omstandighede wat op verskillende plekke vir verskillende mense en in verskillende gemeenskappe geld. Sulke uitsprake kan ’n mens van die EFF verwag, maar die ANC behoort van beter te weet.” S

FRIK SE VINNIGE FEITE Waarheen is jy op pad? Stel met behulp van Solidariteit Wêreld ’n persoonlike ontwikkelingsplan op. Binnekort hier! Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

at leefbaarheid betref, vaar WesKaapse munisipaliteite in die geheel en individueel baie beter as munisipaliteite in die ander provinsies wat reeds gemeet is. Dit is die grondliggende bevinding van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se Leefbaarheidsmonitor vir die Wes-Kaap wat in die laaste kwartaal van 2014 saamgestel is. Die doel van Solidariteit se Leefbaarheidsmonitors is om die leefbaarheid van ’n bepaalde dorp of stad op munisipale vlak te meet. Solidariteit het in die jongste monitor die leefbaarheid van 25 plaaslike munisipaliteite en een metropolitaanse munisipaliteit in die Wes-Kaap gemeet. Dié monitor toon dat inwoners van die WesKaap ’n beter lewensgehalte as die res van die land geniet. Boonop skop dié provinsie stof in die ander provinsies se oë wat munisipale dienslewering betref. Die verslag toon verder dat werkloosheid in die Wes-Kaap oor die algemeen laag is – selfs laer as in Gauteng – en dat opleidings- en inkomstevlakke relatief hoog is. Verder dui dit aan dat mediese geriewe, beide privaat en staatsinrigtings, van ’n hoë gehalte is. Daarby is die gehalte en voorsiening van drinkwater en sanitasiegeriewe prysenswaardig. Dr. Eugene Brink, senior navorser by die SNI, meen die hoë gehalte van dienslewering in die Wes-Kaap kan toegeskryf word aan die relatief knap bestuur van die meeste WesKaapse munisipaliteite en die lae voorkoms van korrupsie. “Gekwalifiseerde oudits is byvoorbeeld die uitsondering eerder as die reël. Presies die teenoorgestelde geld vir die munisipaliteite wat in die vorige monitors gemeet is,” sê Brink. Prof. Kobus van der Walt, van die fakulteit natuurwetenskappe aan die NoordwesUniversiteit se Potchefstroom-kampus, stem saam dat munisipaliteite in die WesKaap beter bestuur word. “Die beter lewensomstandighede in die Wes-Kaap kan slegs toegeskryf word aan deegliker, meer bevoegde en meer etiese bestuurspraktyke op plaaslike sowel as provinsiale owerheidsvlakke,” sê hy. S



Nuuswaardig

MUNISIPALE SKULD • • • • • • • • •

Vrystaat – R1 606 430 495 Mpumalanga – R1 478 699 504 R671 565 715 Noordwes – Limpopo – R221 666 382 Gauteng – R213 785 845 R188 727 702 Oos-Kaap – Noord-Kaap – R142 940 425  KwaZulu-Natal – R63 466 453  Wes-Kaap – R21 182 475 www.afriforum.co.za

R4,608 mjd R3,288 mjd R2,369 mjd

Desember 2014

Julie 2014

Januarie 2014

Krities teenoor kragreus, maar lojaal teenoor land ESKOM is gereeld in die nuus weens sy finansiële krisis en beurtkrag wat Suid-Afrikaners dikwels in die duister laat. Die probleem word vererger deurdat baie munisipaliteite uitstaande skuld by Eskom het. Hierdie skuld het teen Desember 2014 reeds meer as R4,6 miljard beloop en neem steeds toe, skryf CILLESTE VAN DER WALT.

Foto: Martie Maree

D

18

ie minister van finansies, Nhlanhla Nene, het aangekondig dat die regering bates ter waarde van R20 miljard sal verkoop om Eskom met die “onmiddellike finansiële krisis” te help. Volgens Francois Stofberg, ’n ekonoom van Efficient Group, sal dit egter nie binnekort geskied nie en sal die regering waarskynlik eers in Februarie tydens die begrotingsrede aandui watter belange verkoop sal word. Daarom het Solidariteit ’n openbare beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners, insluitend politici en ander openbare figure, om saam verligting te help bring vir die heersende krisis rakende elektrisiteitsvoorsiening. Solidariteit het gesê die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika is groter as wat aanvanklik vermoed is en gaan van langer duur wees. Die vakbond het gesê hoewel die krisis weens Eskom se toedoen ontstaan het, is dit in almal se belang om die ligte aan te hou. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het by ’n mediakonferensie in Pretoria gesê niemand in Suid-Afrika kan onverskillig staan teenoor die Eskom-krisis nie. “Die bos brand en mense kan nie sê hulle sal nie brand nie, want hulle is nie bome nie. Daarom vra Solidariteit dat Suid-Afrikaners op alle vlakke moet verenig rondom die elektrisiteitskrisis en ’n kultuur van elektrisiteitsbesparing moet skep,” het hy gesê. Solidariteit het onder meer ’n beroep op sake-, kultuur-, gemeenskaps- en politieke leiers gedoen om Suid-Afrikaners op elke moontlike forum aan te moedig om elektrisiteit te bespaar. “Ons doen ’n beroep op pres. Jacob Zuma en Julius Malema om rondom die krisis te verenig; Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

op die DA en die ANC; op Renate Barnard en die polisie; op Cosatu en Numsa, Amcu en die platinumbedryf; en Steve Hofmeyr en Conrad Koch. Ek sal persoonlik ook vir Jimmy Manyi kontak om sy samewerking te vra. Ons sal ook die parlement vra om saam te dreunsing: ‘Spaar ons elektrisiteit’,” het Hermann gesê. Hermann sê hoewel Solidariteit krities teenoor Eskom staan, is hy lojaal teenoor SuidAfrika. Solidariteit verbind homself daarom tot ’n strategie om elektrisiteitsvoorsiening in SuidAfrika te verbeter. “Solidariteit het ’n lang geskiedenis van kritiek op Eskom. Ons het al by verskeie geleenthede krake in Eskom se mondering uitgewys, waarvan die nuutste fisieke krake in Eskom se silo’s is. Ons is veral krities jeens Eskom se instandhouding, sy behoud van vaardighede en die uitvloei van kundige werknemers,” het Hermann gesê. “Ons kritiek op Eskom is geregverdig en noodsaaklik en ons sal daarmee voortgaan, maar dít alleen is nie genoeg om die ligte aan te hou nie,” het Hermann gesê. Solidariteit het daarom sy openbare oproep verder uitgebrei na alle Suid-Afrikaners en gevra dat elkeen op sy of haar vlak betrokke sal raak om die elektrisiteitskrisis op te los. Dit sluit die volgende in: • Op mikrovlak kan elke individuele verbruiker help. “Ons doen ’n beroep op die publiek om Eskom se oproep om elektrisiteit tuis te bespaar, ernstig op te neem. Help om elektrisiteitsverbruik in spitstye te verminder deur nienoodsaaklike elektriese toerusting af te skakel wanneer Eskom aandui dat die

netwerk onder druk is. Solidariteit gaan hierdie beroep tot sy lede rig en gaan ander vakbonde versoek om dieselfde te doen.” • Op sakevlak doen Solidariteit ’n beroep op maatskappye waar die vakbond verteenwoordig is om elektrisiteit op ’n verantwoordelike wyse te bespaar wanneer die netwerk onder druk is. Voorkomende besparing is vir ons belangriker as ’n netwerk wat ineenstort, wat tot reusewerkverliese kan lei as elektrisiteit gerantsoeneer word. • Op beleidsvlak vra Solidariteit dat die Eskommonopolie van kragvoorsiening verbreek word. Suid-Afrika se totale afhanklikheid van Eskom het groot stelselrisiko’s tot gevolg. Suid-Afrika moet meer verskaffers van elektrisiteit toelaat, die risiko van foute bestuur en meer kreatiwiteit toelaat wat die verskaffing van elektrisiteit betref. Die mark vir elektrisiteitsopwekking en -verspreiding moet oopgemaak word. • Op Eskom-vlak moet Eskom hom slegs op elektrisiteitsvoorsiening toespits. Daar moet gefokus word op die skep en behoud van vaardighede, instandhouding en behoorlike projekbestuur. Betrokkenheid by die New Age-koerant se sakeontbyte en ander randaktiwiteite moet opgeskort word om simbolies ’n verbintenis tot elektrisiteitsvoorsiening te wys. • Intussen sal Solidariteit sy rol as waghond bly vervul. Solidariteit doen ook ’n beroep op mense wat bewus raak van “krake” by Eskom, op watter vlak ook al, om dit bekend te maak ter wille van doeltreffende elektrisiteitsvoorsiening. S



Nuuswaardig

Matrieksertifikaat net die begin van loopbaanpad Ná 12 jaar se swoeg en sweet agter die boeke is dit vir elke leerling wat matriek slaag bevrydend om die skoolbanke te verlaat. As ouer is jy waarskynlik ook verlig oor die vooruitsig dat jou kind kan begin werk en sy of haar eie potjie kan krap. Die huidige ARBEIDSMARK bewys egter dat ’n matrieksertifikaat maar net die begin van jou kind se voorbereiding vir die moderne werkomgewing is, skryf INGE STRYDOM.

Illustrasie: iStockphoto.com

P

20

aul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, het kort ná die vrystelling van 2014 se matriekuitslae daarop gewys dat die hoë werkloosheidskoers in Suid-Afrika onder meer daaraan toegeskryf kan word dat slegs 13% van die volwasse bevolking oor tersiêre opleiding beskik. “Suid-Afrika het ’n enorme werkloosheidsprobleem, maar ondervind terselfdertyd ook ’n groot tekort aan mense met goeie opleiding. In teenstelling met die vooruitsigte vir die miljoene swak opgeleide werkloses, is daar ruimte vir miljoene goed opgeleide mense in die arbeidsmark,” het Joubert gesê. Peggy Drodskie, uitvoerende hoof van Business Unity South Africa (Busa), het aan Engineering News Online gesê die skoolstelsel kan leerders steeds nie met die basiese vaardighede toerus wat vir indiensneming nodig is nie. “Werkgewers is gewillig om bykomende opleiding te gee, maar hulle kan ongelukkig nie vir skoolverlaters die basiese vaardighede leer wat hulle op skool moes leer nie,” sê Drodskie. Die goeie nuus is egter dat daar beslis hoop is vir die matrieks wat hulself wel deur verdere opleiding bekwaam. Solidariteit se navorsing toon boonop dat diegene met tersiêre opleiding nie net ’n beter kans op indiensneming het nie, maar ook beter vergoeding ontvang. “Die data toon dat vergoeding in die algemeen vinnig styg namate ondervinding toeneem, veral vir mense met hoër kwalifikasies,” het Joubert gesê. “Diegene wat pas afgestudeer het, moet egter nie verwag om met die intrapslag by hul eerste werk dieselfde salaris te verdien as ouer mense met meer ondervinding nie.” Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het kort ná die vrystelling van 2014 se matriekuitslae gesê dit is nog nie duidelik hoe die nuwe CAPS-kurrikulum, oftewel die Nasionale Kurrikulum- en Asseseringsbeleidsverklaring (NKABV), die matrieks van 2014 se indiensneembaarheid gaan beïnvloed nie. “Ons sal eers weet wanneer hulle (die matrieks) die werkplek betree het,” het sy gesê. Die matrieks van 2014 was die eerste groep wat dié nuwe kurrikulum gevolg het. • Lees ook die artikel oor die land se duurste skole op bladsy 67. S

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

688 660 Die aantal kandidate wat die matriekeksamen in 2014 afgelê het.

75,8%

Die nasionale slaagsyfer vir 2014. Dis 2,4% minder as in 2013. Die werklike slaagsyfer is egter nader aan 32%. Sowat 1,3 miljoen leerlinge het in 2003 met graad1 begin. Minder as die helfte van hulle het tot graad12 gevorder.

292

skole het ’n 100%-slaagsyfer behaal. Altesame 150 openbare skole het ’n slaagsyfer van tussen 0% en 20% gehad.

4% van die bevolking bo 15 jaar kan nie hulle naam skryf nie.


156POTLOOD KM SE DROME

® Solidariteit Solidariteit ® Helpende HelpendeHand Hand

*

45 000 WOORDE Dankie vir jou bydrae tot Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek wat sedert 2007 reeds vir meer as 25 000 graadeens ’n baken van hoop was. Elke skooltas stel ’n graadeen in staat om sy skoolloopbaan op gelyke voet met sy klasmaats te begin. Vanjaar alleen is 4 750 skooltassies by Afrikaanse skole versprei en met die skryf van nog 266 000 km se drome in die lewe van behoeftige graadeens begin. * 56 km is die afstand wat ’n gemiddelde potlood kan skryf.

Solidariteit Beweging

0861 25 24 23 • www.helpendehand.co.za


Newsworthy

In a financial tight spot? It’s time to budget! The best way to manage your finances is to draw up a BUDGET and implement a few COSTCUTTING CHANGES. Justine Davies gives a few tips on Yahoo Lifestyle that could mean the difference between getting through every month or getting stuck with even more bad debt.

File your paperwork Nobody enjoys doing their taxes, but keeping all your paperwork in one place can make this dreaded task much easier and less stressful. Whether you store your documents in a shoebox, a folder or filing tray, make sure you keep record of all your income and expenses so you’ll be less likely to miss out on claiming deductions. System for paying bills It’s no good ignoring bills, because overdue payment fees can be expensive. Keep your bills somewhere safe, in order of their due date, to save on overdue charges. Review bank accounts Banking products change and so does your financial situation. It’s worth reviewing your mortgage, credit cards and savings accounts every year to ensure you still have the right products to suit your needs. Draw up a proper budget Drawing up a written budget is the single most important thing you can do to cut back on your expenses. A budget can show you exactly how much you spend – and you may be shocked to see where the money goes every month!

SAVVY SHOPPING

photographs: iStockphoto.com

• Source: https://au.lifestyle.yahoo.com/practical-parenting/all-about-parents/a/7955331/best-family-budget-tips-for-tight-times/

SPEND TIME, SAVE MONEY

Make a list It’s easy to get distracted while you’re shopping, particularly if the kids come along. Spend 10 minutes before you leave home to make a list of everything you need and stick to the list, to save both time and money.

22

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

53%

of people with a private pension receive less than R4 000 per month in pension, according to the Bankserv Africa Pension Index. Mix and match If you need to buy clothes, check your wardrobe first before you head for the shops. A few new accessories, rather than a few new outfits, can be a much more cost-effective way of sprucing up your look.

Plan in advance Birthday gifts can kill your budget, especially those bought at the last minute. Check your calendar in advance so you can snap up bargains at sales ahead of time. Save by making your own birthday cards with the kids!

Change your habits It’s amazing what you can find outside the usual retail outlets. Look for bargains online on sales, and at cooperatives, craft markets, fetes and farmers’ markets.

Cash is king If you need added incentive to save money, try taking cash to the shops instead of your credit card. This can be an excellent way to help you prioritise your purchases.


Newsworthy

INSIDE AND OUTSIDE Visit the library Kids love new books, but their short attention span means they soon get bored with what you have to offer. Join your local library to give your kids a high turnover of new books. Walk, walk, walk It’s enjoyable, good for your health and cheaper than the gym. Picnic instead of cafe Meeting up with friends at a restaurant is great, but having a picnic at the park is even better. You can enjoy the fresh air, save money and the kids can get exercise outdoors. Go surfing Online, that is, to check out your local newspaper’s website. They will usually have a list of low-cost or free activities to enjoy, from concerts to family fun days, markets, and a whole lot more.

Go natural There are plenty of ways to save money around the home and cleaning is one of them. Detergents and disinfectants can be expensive, so a little knowhow about natural products can save you heaps. Using simple ingredients such as white vinegar and bicarb soda to clean is good for the environment and your budget. Bulk up There are plenty of meals such as Bolognese sauce, curries and casseroles that you can prepare in bulk. Having some ready-to-heat meals in the freezer is a great way to avoid spending money on takeaways. And it’s healthier, too! Wash your car (and dog) Turn household chores that you might otherwise outsource, such as washing the car, into fun and free activities with the kids. This will teach them valuable lessons about saving and they can even earn pocket money.

Save a part of your income and begin now, for the man with a SURPLUS controls circumstances and the man without a surplus is controlled by circumstances. ~ Henry Buckley ~

Swap babysitting It’s wonderful to have child-free time now and then, but hiring a babysitter can be really expensive. Consider setting up a reciprocal babysitting arrangement with friends. It gives you affordable child-free time and your kids will enjoy it, too. Grow herbs and veggies Fresh herbs and veggies are a great boost to many meals, but they can be expensive. Give your kids a herbgrowing project as a fun outdoor activity.


Nuuswaardig

Haal só die pyn uit ʼn

ʼn Testament is ʼn dokument wat stipuleer wat met jou bates moet gebeur wanneer jy tot sterwe kom. Dit kan dus omskryf word as ʼn GESKREWE DOKUMENT waarin ʼn persoon self kan besluit wat ná sy dood met sy bates moet gebeur. CILLESTE VAN DER WALT vertel meer oor dié belangrike dokument.

H

oewel jy self in jou testament kan bepaal wie die begunstigdes van jou nalatenskap is, moet dit steeds aan die bepalings van die Wet op Testamente 7 van 1953 voldoen. As jy iets in jou testament wil byvoeg, word ʼn kodisil opgestel. Daar is in wese geen verskil tussen ʼn testament en ʼn kodisil nie. ʼn Kodisil is ʼn bylae of ʼn aanhangsel tot ʼn bestaande testament wat opgestel word om iets by ʼn bestaande testament te voeg of te verander. Daarbenewens wys die wet daarop dat geen testament by wyse van video- of magnetiese klankband mag geskied, soos dit dikwels in flieks voorgestel word, nie. ʼn Elektroniese testament moet dus uitgedruk word en die harde kopie moet onderteken word voordat daaraan uitvoering gegee sal word. Daar is nog baie onsekerheid oor die geldigheid van ʼn elektroniese, geskandeerde handtekening, en dit is dus veiliger om alles met die hand te onderteken. Alle testamente wat sedert 1 Januarie 1954 opgestel is, word slegs as geldig geag indien dit voldoen aan sekere vereistes:

Foto: iStockphoto.com

HET JY GEWEET?

24

Elke Solidariteit-lid het as deel van sy of haar voordele toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan teen ’n markverwante heffing gedoen word. Skakel 012 644 4300 om meer hieroor uit te vind.

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

• ʼn Testament moet aan die einde daarvan onderteken word deur die testateur of deur iemand anders namens hom. • ʼn Paraaf of die maak van ʼn merk deur die testateur sal voldoende ondertekening wees. • Die testament moet onderteken word waar die geskrewe deel ophou. In Kidwell v The Master is ʼn testament ongeldig verklaar omdat die erflater die testament heel onder op die laaste bladsy onderteken het en nie direk ná die geskrewe gedeelte nie. • Die maak van die handtekening, paraaf of merk van die testateur of sy verteenwoordiger moet plaasvind in die teenwoordigheid van twee of meer bevoegde getuies wat gelyktydig teenwoordig is. • ʼn Persoon ouer as 14 jaar wat bevoeg is om in ʼn hof te getuig, is ook bevoeg om as getuie die testament te onderteken. • ʼn Persoon wat deur die testament bevoordeel word, sal nie bevoeg wees om as getuie op te tree nie. • Die getuies moet in die teenwoordigheid van die erflater, sy verteenwoordiger en mekaar die testament onderteken en attesteer. Die

getuies mag ook slegs ná die erflater die testament onderteken. Indien die erflater of sy verteenwoordiger nie die testament onderteken het in die teenwoordigheid van die getuies nie, mag die testateur of sy of haar verteenwoordiger die testament erken in die teenwoordigheid van die getuies. Die testament sal dan steeds as geldig geag word. • Die erflater moet ook die testament op alle ander bladsye behalwe die laaste bladsy onderteken op enige plek op die bladsy. Dit is nie meer ʼn vereiste dat die getuies elke ander bladsy as die laaste bladsy onderteken nie, maar dit bly steeds praktyk dat die getuies elke ander bladsy onderaan parafeer. • Indien die erflater of sy verteenwoordiger die dokument onderteken het deur die maak van ʼn merk, moet ʼn kommissaris van ede sertifiseer dat hy homself oortuig het van die identiteit van die erflater of verteenwoordiger en dat dit die testament van die erflater is. Die kommissaris van ede moet elke bladsy onderteken en op die laaste bladsy sy sertifikaat daarop aanbring, in terme van artikel 2(1)(a)(v) van die Wet op Testamente 7 van 1953. S


Nuuswaardig

HET JY GEWEET? As jy sonder ’n geldige testament sterf, sal die boedel ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging toeval. Die boedel sal toeval aan die langslewende eggenoot of die langslewende eggenoot en kinders van die oorledene en kleinkinders (waar ’n kind voor die oorledene gesterf het en kinders agtergelaat het). Waar daar geen afstammelinge is nie, sal die ouers erf en, in hulle afwesigheid, sal die broers en susters erf. – www.issa.org.za

Boedelberedderingsproses – stap vir stap Wanneer iemand sterf, is daar vir dié wat agterbly ongelukkig heelwat PAPIERWERK om af te handel. Waar begin ’n mens met die proses om ’n boedel af te handel? CILLESTE VAN DER WALT verduidelik al die stappe.

Foto: iStockphoto.com

D

ie bereddering van ’n boedel behels verskeie stappe wat van geval tot geval kan verskil. Dit is ’n goeie idee om ’n prokureur te raadpleeg, maar die volgende opsomming verduidelik kortliks hoe die proses verloop: 1. Daar moet ’n onderhoud met die erflater se naasbestaandes gehou word om die nodige inligting en dokumente te bekom en te laat onderteken. 2. Die Meester van die Hooggeregshof moet amptelik van die sterfgeval in kennis gestel word om die boedel aan te meld. Dit word gedoen deur die volgende dokumente aan die Meester voor te lê: • ’n Sterfkennis • ’n Inventaris • Die testament • Die eksekuteur se aannemingsvorm. Die sterfkennis bevat belangrike gegewens oor die oorledene en die boedel, en moet binne 14 dae ná die sterfdatum ingedien word. ’n Inventaris is ’n opgawe van die oorledene se bates en die waarde daarvan. 3. Nadat die boedel aangemeld is, word

’n hooflêer en sublêers geopen waar korrespondensie, dokumente, besonderhede van bates en laste, ’n boedeltjekrekening asook die likwidasie-en-distribusierekening geliasseer word. 4. Briewe moet aan skuldeisers en skuldenaars gestuur word om vorderings teen en ten gunste van die boedel vas te stel. 5. Waardasies van roerende en onroerende boedelbates moet verkry word deur ’n waardasiesertifikaat aan te vra. Indien bates verkoop word, word die nodige skriftelike koopkontrak as bewysstuk ingedien. 6. ’n Inkomstebelastingopgawe moet ingevul en ingedien word. 7. ’n Eksekuteursbrief moet ontvang word. 8. Daar moet ’n kennisgewing in die Staatskoerant en ’n plaaslike nuusblad geplaas word dat die rekening ter insae lê, vir kennisname van die oorledene se skuldeisers. 9. ’n Boedeltjekrekening moet geopen word. 10. Daar moet bepaal word of die boedel solvent is en ’n geskikte beredderingswyse moet in oorleg met die bevoordeeldes bepaal word. 11. Invordering van kontant en betaling van skuld

moet afgehandel word. 12. ’n Likwidasie-en-distribusierekening asook ’n boedelbelastingopgawe moet opgestel en ingedien word. 13. ’n Kennisgewing moet in die Staatskoerant en in ’n plaaslike nuusblad geplaas word dat die likwidasie-en-distribusierekening ter insae lê. 14. Enige uitstaande skuld en erfenisse moet betaal word. 15. Meestersgelde is betaalbaar indien die boedel se bruto waarde R15 000 oorskry. 16. Indien die boedel belasbaar is, moet boedelbelasting betaal word. 17. Die Meester se finale vereistes moet nagekom word. 18. Die Meester se liasseerstrokie word ontvang. Dit is raadsaam om ’n lys van hierdie stappe op die hooflêer te liasseer en elke stap af te merk soos wat dit voltooi word. Die nodige eksekuteursvergoeding moet natuurlik ook betaal word, wat soos volg bereken word: • Op die bruto waarde van bates – 3,5% • Op inkomste ná dood – 6%. S Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

25


Nuuswaardig

Akademia – gerat om loopbane te bou ʼn Splinternuwe jaar (wat teen dié tyd reeds goed op dreef is) met talle uitdagings en OPWINDENDE OOMBLIKKE lê voor en Akademia is dankbaar vir nog ʼn geleentheid om mense se toekoms te help bou.

Foto: iStockphoto.com

A

s ʼn terugblik op 2014 kan daar met dankbaarheid gesê word dat die eerste jaar van Akademia se BCom-graadaanbieding baie suksesvol was, met ʼn 70%-slaagsyfer van die geneemde vakke. Daarbenewens toon die studentetevredenheidsopname van Oktober 2014 ʼn algemene tevredenheidsyfer van 98% onder Akademia se studente wat hul studie-ervaring by Akademia betref. Daarom is dit dan ook nie ʼn verrassing dat baie van Akademia se afstuderende studente vir hoërsertifikaatkwalifikasies ook in 2015 vir verdere studie in die BCom-grade geregistreer het nie. Wat lê in 2015 voor vir Akademia? Dié jaar begin met ʼn splinternuwe graad, ʼn BCom in Bestuursrekeningkunde, wat nou ook aangebied word. Hierdie graad, wat na aanleiding van die internasionale kwalifikasie van die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) ontwikkel is, bied aan studente die geleentheid om hulself internasionaal te kwalifiseer as geoktrooieerde bestuursrekenmeesters mits hulle al hul CIMAeksamens slaag. Hierdie kwalifikasie is ideaal vir enigiemand wat daarvan droom om ʼn beroep in finansiële bestuur te volg en bied boonop die geleentheid om dit internasionaal te kan doen. Verder gaan Akademia ʼn verskeidenheid ander kwalifikasies vir akkreditasie by die Raad op Hoër Onderwys indien. Ons verwag die uitslag van die aansoek in Oktober vanjaar. Grade soos BCom (Ekonomie) en BCom (Regte), BCom Beleggings- en risikobestuur, asook ’n graadkursus in verpleegkunde word in die vooruitsig gestel. Bemarking van en registrasie vir hierdie kwalifikasies sal egter eers vanaf Oktober gedoen kan word nadat goedkeuring vanaf die departement verkry is. Die jaarlikse Akademia Sakeplankompetisie word weer vanjaar as ’n buitekurrikulêre geleentheid aangebied. Eienaars van bestaande of nuwe klein en medium ondernemings word aangemoedig om, met die oog op die volhoubaarheid van hul eie ondernemings, aan dié kompetisie deel te neem. Minimale koste is verbonde aan inskrywing en dit sluit boonop twee opleidingsgeleenthede in. Die uiteindelike wenners kan prysgeld ter waarde van meer as R1,2 miljoen opraap. Inskrywings vir die kompetisie open aan die begin van Maart – hou gerus Akademia se

26

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

FRIK SE VINNIGE FEITE Onseker oor jou loopbaan? Op Solidariteit Wêreld kry jy ’n persoonlike oorsig van verskillende loopbane om jou keuse te vergemaklik. Binnekort hier! webblad hieroor dop! Ander opwindende nuwe projekte sluit in die aanbieding van ʼn seminaar vir matriekouers en een oor die toekoms van die privaat universiteitswese in SuidAfrika. Die diplomaplegtigheid in Maart, waartydens Akademia se eerste inname van driejaardiplomastudente hul kwalifikasies verwerf, asook ʼn herfskuier met ons studente op 15 en 16 Mei in Pretoria en in die Kaap, is verdere hoogtepunte. Een van die grootste projekte van die jaar

is sekerlik Akademia se verhuising na sy eie geboue in Centurion aan die einde van 2015. Danksy ʼn geseënde groei in beide studenteen kantoorpersoneelgetalle en die gevolglike beperkte kantoorruimte in ons bestaande kantore, gaan Akademia ook aan die einde van die jaar ons eie Groot Trek aandurf. Meer besonderhede hieroor sal later in die jaar bekend gemaak word. • Hou die webtuiste www.akademia.ac.za dop vir datums en inligting, asook vir opwindende nuus omtrent die nuwe grade. S



Bedryfsnuus

Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.

Polisiediens vertraag sélf bevorderings Die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, het Solidariteit verlede jaar in ʼn verklaring daarvan beskuldig dat hy bevorderings in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vertraag het met sy ARBEIDSHOFSAAK teen die polisie. In werklikheid is dit die SAPD sélf wat die bevorderings van 1 634 polisielede in die range van luitenant, kaptein en majoor onnodig vertraag. CILLESTE VAN DER WALT en INGE STRYDOM berig.

N

Foto’s: Martie Maree

asionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, het verlede jaar aangekondig sy het meer as 7 500 polisielede in verskeie range landwyd bevorder. Sy het aangevoer dat die bevorderingsproses deur Solidariteit se toedoen vertraag is deurdat die vakbond ’n geskil verklaar het en versoek het dat alle aanstellings en bevorderings in die genoemde range wat ná die wysiging van die vorige rangstruktuur goedgekeur is, uitgestel moet word. Die vakbond wou hê die arbeidshof moes eers die regmatigheid van dié aanstellings vasstel. Volgens Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, kon die hofverrigtinge reeds in Junie 2014 ’n aanvang geneem het. Die polisie het telkens die proses onnodig vertraag. Hoewel ’n hofdatum reeds vir verlede jaar vasgestel was, het die registrateur van die hof intussen te kenne gegee dat die saak eers in ’n latere stadium aangehoor sal word. “Die SAPD het onderneem om teen einde Julie 2014 ’n ondertekende voorverhoorminuut aan ons te verskaf, maar Solidariteit het eers teen die einde van 2014 reaksie op ons navrae ontvang. Dus was die datum vir die hofverrigtinge uiteindelik vasgestel op 27 Januarie vanjaar. Solidariteit is van voorneme om die hofgeding so spoedig moontlik af te handel, maar die SAPD vertraag dit,” het Groenewald gesê. Solidariteit se onbillikediskriminasiesaak teen die SAPD oor sy nuwe rangstelsel is op 27 Januarie vanjaar in die arbeidshof in Johannesburg hervat.

28

Die feite van die saak • Die SAPD het op 20 April 2010 ʼn nuwe rangstelsel in werking geneem waarvolgens twee nuwe range – luitenant en majoor – ingestel is om adjudant-offisiere en kapteins die geleentheid vir bevordering te bied. • Die beskikbare poste in die rang van kaptein, luitenant en majoor is volgens ras en geslag in groepe verdeel. Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

• Solidariteit meen dit het tot gevolg dat wit mense wat danksy die nuwe range aan die minimum vereistes vir bevordering voldoen, nie bevorder kan word nie, aangesien die aantal poste wat aan wittes toegeken is, reeds gevul is. • In 2011, tydens die eerste fase van die implementering van die rangstelsel, is ʼn totaal van 3 817 polisiebeamptes, waaronder slegs 356 wit beamptes, na die rang van luitenant bevorder. ʼn Totaal van 812 polisiebeamptes is na die rang van kaptein bevorder, waarvan nie een ‘n wit beampte was nie, terwyl ʼn totaal van 513 polisiebeamptes na die rang van majoor bevorder is, waarvan 48 wit beamptes was. • Solidariteit het ná die eerste fase ʼn saak van onbillike diskriminasie op grond van ras na die arbeidshof verwys. • Solidariteit het in September 2012 hofstukke

ingedien waarin die arbeidshof versoek is om die SAPD se regstellendeaksieplan in sy geheel ongeldig te verklaar omdat dit strydig met die Wet op Gelyke Indiensneming en die Grondwet van Suid-Afrika is. • Die vakbond het ook om ʼn dringende interdik aansoek gedoen om die aanvang van die tweede fase van bevorderings ingevolge die nuwe rangstelsel tydelik te stuit. • Die arbeidshof het beslis dat die SAPD nie mag voortgaan om polisielede ingevolge die nuwe rangstelsel te bevorder voordat die hofsake wat Solidariteit vroeër oor dié omstrede rangstelsel en die polisie se regstellendeaksieplan aanhangig gemaak het, aangehoor is nie. • Solidariteit voer die hofsaak namens Johannes van der Walt, Monty Stone en Natascha le Roux. Dié polisielede het gesamentlik meer as 80 jaar ondervinding. S


Nuuswaardig

Solidariteit Finansiële Dienste

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAG van die WET aan jou kant! Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R90 per maand.* • • • •

Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Skakel ons vandag nog by

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

gemagtigde van finansiële dienste ILegal ssue X 1 isof’n2015 • verskaffer www.solidariteit.co.za FSP-nommer: 5277

29


Bedryfsnuus

ARM boosts financial rewards for employees

A Solidariteit wen geskil met RDM oor bedingingsmag Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het in Solidariteit se guns beslis ná ’n drie jaar lange geskil tussen die vakbond en Rheinmetall Denel Munition (RDM) oor laasgenoemde se vertolking van sy ERKENNINGSOOREENKOMS met Solidariteit, skryf INGE STRYDOM.

Foto’s: iStockphoto.com – slegs ter illustrasie

S

30

olidariteit het volgehou dat hy, kragtens die erkenningsooreenkoms wat in 2010 bereik is, lede op posvlak P4 tot P7 mag verteenwoordig. Die bestuur van die maatskappy het egter Solidariteit se bedingingsmag beperk tot posvlak P8 tot P10, deur aan te voer dat posvlak P4 tot P7 topbestuursvlakke is en buite die bedingingseenheid val. Solidariteit se bedingingsmag is sodoende gemarginaliseer. Solidariteit het daarom in 2011 ’n geskil met RDM oor sy vertolking van die erkenningsooreenkoms tussen die partye verklaar. Jack Loggenberg, sektorkoördineerder by Solidariteit, sê die KVBA se beslissing in Desember verlede jaar herstel Solidariteit se bedingingsmag by die maatskappy. “Ons kan eindelik, ná ’n geveg van drie jaar, weer namens ons lede vir beter salarisse en diensvoorwaardes onderhandel aangesien die arbitrasietoekenning beslis dat posvlak P4 tot P7 deel van die bedingingseenheid uitmaak,” verduidelik Loggenberg. Loggenberg sê die onregmatige verskraling van die vakbond se bedingingsmag het

Solidariteit en sy lede ernstig benadeel. “Solidariteit kon vir drie jaar nie kollektief namens sy lede onderhandel nie. Ons het in hierdie tyd veral op ons lede se lojaliteit en vertroue in ons staatgemaak,” sê Loggenberg. Hy het bygevoeg dat Solidariteit daarna uitsien om saam met die nuwe bestuur van RDM ’n pad te stap. “Ons sal graag die gebeure van die afgelope drie jaar wil vergeet en ’n positiewe verhouding met die werkgewer vestig. Ons wil nietemin eers toesien dat die finansiële verlies wat ons lede gely het, herstel word,” sê Loggenberg. RDM spesialiseer in die ontwikkeling, ontwerp en vervaardiging van groot- en mediumkaliber ammunisie en is onder meer ’n leier op die gebied van geskut. RDM het twee aanlegte in die Wes-Kaap, naamlik in Somerset-Wes en Wellington. Daarby het die maatskappy ook twee aanlegte in die noordelike dele van die land, naamlik in Boskop naby Potchefstroom en in Boksburg. Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 300 lede, hoofsaaklik in seniorposisies, by RDM. S

FRIK SE VINNIGE FEITE Voel jy jou werkplek is onveilig? Op Solidariteit Wêreld kan jy seker maak van jou feite en ’n onveilige werkplek aanmeld. Binnekort hier! Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

frican Rainbow Minerals (ARM) and its JV partners have implemented an Employee Participation Fund (EPF) through which A to C band employees at all operations can participate in the financial rewards earned by the company. ARM has considered the risk associated with debtfinanced share schemes and developed a cash scheme in which there are no debt commitments, thus guaranteeing a fixed cash benefit greater than most other ESOPS in the industry. ARM has informed employees by letter that in the first contribution cycle, all qualifying employees will receive a lump sum payment of R50 000 (the “Guaranteed Amount”) per employee, fully redeemable by all A to C band employees with five years of continuous service from 1 July to 30 June 2016. Distribution will take place before the end of September 2016. This cash benefit will be taxable. ARM and the unions will now continue consultation on a long-term empowerment scheme to replace the cash scheme after the initial 5-year scheme has been implemented in September 2016. Employees who leave the company’s employ during the 5-year term before the July 2016 vesting date as a result of retrenchment, ill health, death or retirement will receive a pro rata benefit based on their years of membership of the fund: • Less than one year’s membership – no entitlement • One to two years’ membership – one fifth of the 5-year entitlement (R10 000) • Two to three years’ membership – two fifths of the 5-year entitlement (R20 000) • Three to four years’ membership – three fifths of the 5-year entitlement (R30 000) • Four to five years’ membership – four fifths of the 5-year entitlement (R40 000). S


Bedryfsnuus BEDRYFSNUUS

Twee rondes afleggings Gesonde verhoging in drie maande byslegs Mediclinic beding

D S

Deur Inge Strydom Deur Inge Strydom ie maatskappy SP Metal Forgings in Uitenhage het olidariteit het onlangs gedurende Desember 2014 aangekondig dat 250 van sy ná werknemers drie rondes moontlik afgelê gaan word. Wat dié aanonderhandelings by kondiging so buitengewoon gemaak het, was dat dit die onderskeidelik tweede afleggingsproses binne drie maande sou wees. Mediclinic enAugustus 2014 in ʼn artikel 189-kennisgewing Die maatskappy hetPaarl op 27 Mediclinic Emfuleni loonoor moontlik afgelê sou word. Die ook aangedui dat 150’nvan sy werknemers eenkoms van 7,1 en aangebied 7,5% werkgewer hettussen as alternatief dat 400 werknemers se vergoeding vir sy lede daar bereik. afwaarts aangepas word.Solidariteit verteenwoordig 122 hoof lede van by die metaalbedryf by Solidariteit, sê Augustus Marius Croucamp, Mediclinic Paarl enby116 se afleggingsproses SP lede MetalbyForgings duur steeds voort. Hy sê Solidariteit Mediclinic Emfuleni. Diedie oorwerkgewer onderhandel steeds met om die impak van die proses op sy eenkoms, wat vroeg in Julie bereik lede te beperk. Tot dusver is nog geen Solidariteit-lede afgelê nie. is, behels die volgende: “Augustus se afleggingsproses, net soos die jongste een, hou ver• ’n met Gemiddelde verhoging van band groot kontrakte wat SP Metal Forgings kwyt is. Dit het die 7,5% vir verpleegpersoneel. maatskappy genoop om sekere produksies te staak en te herstruktureer. • ’ngetal Gemiddelde verhoging vanhierdie 7,1% virafleggingsproses administratiewegeraak personeel. werknemers wat deur word, is Die • ’n Verhoging 9,4%verminder, vir die aankoop van uniforms. intussen van 150van na 101 ” het Croucamp gesê.Die nuwe toelaag R1 630spesialiseer om sodoende vir die aankoop vansmeebasisskoene SP MetalisForgings in dieook vervaardiging van warm voorsiening te maak. presisiekomponente vir die voertuigbedryf en ander bedrywe. • Die jongste werkgewer se mediesefondsbydrae het metʼn9% verhoog, wat afleggingsproses volg nadat Ford USA kontrak met SKF, reeds geïmplementeer is. van SP Metal Forgings, gekanselleer het. Die vervaardiger van laers en ‘n kliënt • ’n Totaalhet vanaangedui 12 studieverlofdae (18 skofte) saldie toegestaan wordword. maatskappy dat 250 werknemers deur proses geraak aan werknemers wat deeltyds studeer om te bereioor vir die nuwe Croucamp sê Solidariteit sal eersdaags met dievoor maatskappy eksamens, take of onderhandel. projekte. S afleggingsproses begin • Verskeie forums is gestig waar lede se besware en enige ander kwessies bespreek kan word. S

Kommer oor afleggings by MTN

S D

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Werkplekforum by ATNS eerste van soort olidariteit het sy kommer uitgespreek oor die voortdurende

afleggings by MTN. nadat ie bestuur vanDit Air volg Travel anddie vakbond ʼn artikel 189kennisgewing ontvang het(ATNS) waarin die Navigation Systems hetselfoondiensverskaffer aandui dat hy metonlangs ʼn proses sal begin plaaslike- besigheidseenheid te ingewillig omom ’n sy werkplek herstruktureer. Sowat 578 word forum vir werknemers by werknemers die maatskappy te deur die proses geraak. Marius Croucamp, van die -kommunikasiebedryf by stig.Volgens Die doel van die forum is hoof om werkne Solidariteit, is dit by MTN duidelik dat mers ’n stem in uit dieonlangse werkplekafleggingsprosesse te bied en bekwame en getroue rakende werknemers by die maatskappy voortdurend groter deursigtigheid werkaange aan die kortste end trek. “MTN lê voortdurend werknemers af in leenthede en werkkwessies te verseker. ʼn poging omDerek sy langtermynvolhoubaarheid Volgens Mans, organiseerder in te verseker. Ons meen die maatskappy behoort ʼn ander strategie te volganders eerderasasnormale om die lugvaartbedryf by Solidariteit, is die forum voortdurend en vanvakbondkomitees.“Die waardevolle kundigheid doel ontslae raak, ” sê Croucamp. werkgewervantedie forum is om het ookteindwing Augustus meten’npraktyke artikel 189-afleggingsproses die MTN werkgewer om 2014 beleide te oorweeg in begin waardeur personeellede in bestuursposte is. Die oorleg met die 847 forumlede, waarvan Solidariteit eengeraak is. Waar maatskappy swakdiensbillikheid, opbrengs en groei rede virbloot die beoogde beleide, sooshet diésyoor in dieasverlede deur die afleggingsvan aangevoer. MTN hetgeïmplementeer die afgelope jaar is, 476 werknemers bestuur die maatskappy mag Solidariteitafgelê. sê hê Solidariteit beoog om vantree. meet nouCroucamp insae daarin voordat dit in werking ” af aan by die konsultasieproses betrokke dieooreengekom afleggings of die Die forum, waaroor daarteinwees Junie om 2014 is, sal impak daarvan te beperk en die ommaatskappy toe te sien dat werknemers nasionaal by al die takke van ingestel word. se emosioneleverteenwoordig welstand in ag geneem is nie duidelik hoeveel Solidariteit meer asword. 1 000Dit werknemers by die Solidariteit-lede maatskappy. S deur die jongste afleggings geraak word nie. S Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014

3731


Bedryfsnuus

95%

van alle elektrisiteit wat gebruik word in Suid-Afrika en meer as 45% van die elektrisiteit wat gebruik word in die hele Afrika, word deur Eskom gegenereer.

Beste, swakste presteerders van 2014 aangewys

D Foto: Martie Maree

ie afgelope jaar was propvol gebeure, goed en sleg, met werknemers en hoofde wat hard aan die werk was of hard besig was om te kroek of lyf weg te steek. Solidariteit het soos gewoonlik weer die beste werknemers en swakste hoofde van 2014 aangewys. Twee spesiale werkgewerspryse is ook vir 2014 toegeken. Die kundige Eskom-werknemers wat onverpoosd onder geweldige druk gewerk het om in die feestyd die krag aan te hou, is as die beste werknemers van 2014 aangewys. Tshepo Kgadima, hoof van PetroSA, het die toekenning as swakste hoof van die jaar losgeslaan.

32

Werknemers van die jaar-toekenning Die Werknemers van die jaar-toekenning is vanjaar aan die kundige werknemers van die kragreus Eskom toegeken. Onvoldoende beplanning en politieke inmenging het Eskom (én Suid-Afrika) dikwels in die duister gelaat. Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Daar is egter honderde onbesonge helde in dié donker prentjie, naamlik Eskom se werknemers met skaars vaardighede wat dag en nag agter die skerms werk om te verseker dat ons land krag het. Skiet myself in die voet-toekenning Eskom as maatskappy het ook ’n spesiale toekenning ontvang. Die Skiet myself in die voet-toekenning is aan dié maatskappy toegeken aangesien hy verbruikers ontmoedig om sy produk (elektrisiteit) te gebruik, maar tog jaar ná jaar verwag dat hulle meer daarvoor moet betaal. Boonop kan hy dan nie die duurgekoopte krag verskaf nie en word die land telkens in donkerte gehul. Die maatskappy tas duidelik in die duister rond oor wat goeie beplanning behels. Swakste hoof-toekenning Daar was verskeie sterk kandidate vir die titel as swakste hoof van 2014. Die polisiekommissaris,

Riah Phiyega, was een van die gunstelinge om te wen, maar Tshepo Kgadima, voormalige hoof van PetroSA, het met die prys weggestap. Kgadima staar verskeie ernstige klagtes van bedrog in die gesig en is in November van sy pligte as hoof van PetroSA onthef. Intussen het hy ’n kabaal by Business Day se kantore opgeskop oor artikels wat dié koerant gepubliseer het wat hom na bewering “in ’n swak lig” stel. Leë beloftes-toekenning Die Leë beloftes-toekenning is gemaak aan die Vergoedingskommissaris wat nie daarin kon slaag om sy beplande omkeerstrategie te implementeer nie. Intussen wag duisende werknemers op vergoeding wat weens die agterstand by sy kantoor nie uitbetaal word nie. Die Vergoedingskommissaris se nuwe stelsel het amper alle uitbetalings tot stilstand geruk, wat duisende hardwerkende landsburgers in finansiële moeilikheid dompel. S


Industry News

Coalbrook mine disaster – 55th commemoration

Photograph: perskor.blogspot.com

T

he Coalbrook mine disaster, where 435 people lost their lives, is the worst ever disaster in South Africa’s mining history, according to the website mining-technology.com. The disaster occurred on 21 January 1960, some 55 years ago, at the Coalbrook North Mine at the Clydesdale Colliery near Sasolburg. The disaster was caused by the collapse of 3 km² of underground mining area. The underground collapse followed after 900 underground pillars supporting the tunnel roofs had disintegrated. About 1 000 miners were working underground at the time of the collapse. Half

of them managed to survive by escaping via an incline shaft. A few rescue workers also died when they were trapped by collapsed ground and methane gas. No bodies were ever recovered despite many futile attempts, and the shaft was finally abandoned and sealed with concrete. At the time of the incident, no machine capable of drilling holes large enough to rescue people was available anywhere in the country. Following this disaster, the Chamber of Mines decided to purchase a suitable drill that would make it possible to reach men trapped underground in coal mines. • Source: Mining-technology.com S

Fatal mining accidents were preventable – union

T

wo mineworkers died in January this year in separate mining accidents at Glencore’s Eland platinum mine outside Brits and Harmony’s Masimong gold mine outside Welkom respectively. According to Paul Mardon, head of Solidarity’s Occupational Health and Safety Division, both fatalities resulted from accidents that occurred during the handling of mining equipment. The worker at the Eland mine was hit by a mining vehicle and died of internal injuries. The worker at the Masimong mine died after he had become trapped between moving mining equipment. “These types of accidents are completely preventable and we therefore call on mining companies and workers to adhere to safety measures at all times.” S


Bedryfsnuus

Vakbond veg vir gesonde loonverhogings Deur Inge Strydom Loononderhandelings Solidariteit het op 22 Januarie vanjaar met loononderhandelings by Netcare begin. Die vakbond onderhandel vir ʼn gunstige verhoging op lede se toelaes en totale kostepakkette asook ʼn vermeerdering van lede se gesinsverantwoordelikheidsverlof. Sekere aangeleenthede wat met uniforms en werkure verband hou, sal ook onder die loep geneem word. Die onderhandelings het teen druktyd voortgeduur. Sedert November verlede jaar is Solidariteit met loononderhandelings by die Vista Kliniek in Centurion besig. Twee rondes onderhandelings het reeds plaasgevind. Die werkgewer bied tans ʼn algehele loonverhoging van 6% asook ʼn verhoging van 6,6% op lede se mediesefondsbydrae aan. Solidariteit eis egter ʼn loonverhoging van 10%. Die vakbond

verteenwoordig nagenoeg 30 lede by dié kliniek. Die tweede ronde loononderhandelings tussen Solidariteit en Matlosana Medical Health Services se Wilmed- en Sunningdale-hospitale in Klerksdorp het op 23 Januarie plaasgevind. Tydens dié ronde onderhandelings het die vakbond ʼn loonverhoging van 10% op sy lede in die verpleeg- en administratiewe afdelings se totale kostepakkette geëis. Daarteenoor het die werkgewer ʼn verhoging van 5,5% aangebied. Die loononderhandelings duur voort. Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 500 lede by dié hospitale. ʼn Stakingsertifikaat is op 22 Januarie aan Solidariteit uitgereik nadat salarisonderhandelings met Comair, waarby die lugrederye Kulula en British Airways geaffilieer is, finaal vasgeval het. Die vakbond het gesê hy wil ʼn staking

probeer vermy. Die geskil is verklaar omdat kajuitbemanning se salarisse sedert 2012 slegs op hul basiese salaris bereken is, en nie op werknemers se totale kostepakkette nie. Kajuitbemanning se basiese salaris maak slegs 53% van hul totale kostepakket uit. Volgens die laaste loonaanbod van die werkgewer sal werknemers óf ʼn verhoging van 7,5% op hul totale kostepakket ontvang, óf ʼn verhoging van 8% met die voorwaarde dat oortyd slegs ná 125 uur per maand bereken sal word. Solidariteit eis daarteenoor ʼn verhoging van 15% vir sy 210 lede by die maatskappy. Erkenningsooreenkoms Solidariteit het op 6 Januarie 2015 ʼn erkenningsooreenkoms met Uniclox Technologies in Alberton onderteken. Solidariteit verteenwoordig 65% van die werknemers by die maatskappy. S

Solidariteit-personeelskuiwe ontsluit nuwe energie

Foto’s: iStockphoto.com

N 34

uwe energie is in die vakbond Solidariteit ontsluit ná skuiwe in die geledere van hoofbestuur wat daarop gemik is om voort te bou op ’n stewige fondasie. Johan Kruger, redakteur van Solidariteit Tydskrif, werk reeds 12 jaar by die vakbond waar hy onder andere aan die hoof van kommunikasie, Kraal Uitgewers, die Solidariteit Navorsingsinstituut en Solidariteit se regsdienste gestaan het. Sy nuwe posisie in die vakbond is dié van adjunkhoofsekretaris. 2014 het ook die volgende veranderinge gebring:

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Die drie bedrywe is hergestruktureer: 1. Energiebedryf (Chemies, Elektries, Mynbou (en Sement)) 2. Metaal- en Ingenieurswese- (M&I) en Kommunikasiebedryf 3. Professionele bedryf (Denel, Krygkor, Tersiêr, Finansieel, Lugvaart en Algemeen). Benewens die drie oorhoofse bedrywe is daar ook ’n afsonderlike sektor as deel van die drie bedrywe vir Medies en Landbou (LNR ingesluit) geskep. Hierdie sektor is in die lewe geroep omdat Solidariteit dit in die toekoms moontlik as ’n afsonderlike bedryf kan vestig

indien die ledetal aanhou styg. Die drie bedryfshoofde is Deon Reyneke (Energiebedryf), Marius Croukamp (M&I- en Kommunikasiebedryf) en Johan Botha (Professionele bedryf). Die agt sektorkoördineerders se verdeling onder die bedrywe lyk soos volg: • Energiebedryf: Connie Prinsloo, Schalk de Bruin en Lee Coetzee • M&I- & Kommunikasiebedryf: Cornelius van Leeuwen, Francois van Heerden en Linda Senekal • Professionele bedryf: Jahni Cowley en Jack Loggenberg. S



Industry News

Employee confidence up, but conditions still weak The Solidarity Research Institute and ETM Analytics consultancy have released their quarterly report on the conditions in the labour market. This report includes a LABOUR MARKET INDEX (LMI) which measures job security and employment conditions in South Africa.

I

ndex readings above 50 indicate improving conditions, while the opposite applies for readings below 50. While the LMI has increased from 42,1 points to 44,5 in the fourth quarter of 2014, the reading is still below 50, which shows that employment conditions remain weak. The confidence of Solidarity members in their job security has increased from 39,3 points in the third quarter of 2014 to 40,9 points in the fourth quarter. Although this is a welcome increase following the protracted mining and manufacturing strikes, the level just above 40 still indicates relatively weak confidence. The reading was probably influenced by the fact that Eskom commenced with residential load shedding at the beginning of November, which sent a strong signal to employees that electricity shortages are still constraining the South African economy. The two other components of the Solidarity-ETM South African LMI have also increased in the fourth quarter of 2014. The Labour Affordability component has increased slightly to 43,4, from 41,0 in the third quarter, but is now showing sustained improvement. The ETM Business Cycle Index has increased to 49,1 from the most recent lows of 40,4 late in 2013. One of the reasons for the increase in the ETM Business Cycle Index is the significant decrease in fuel prices. Both of these components of the LMI, however, are still below the key break-even level of 50. This shows that highly favourable wage settlements are unlikely during 2015, while

THE SOLIDARITY-ETM LABOUR MARKET INDEX 2013Q4

2014Q3

2014Q4

Weight

Labour Market Index (LMI)

44,6

42,1

44,5

100%

Employee confidence Labour affordability Business cycle

46,6 46,2 41,1

39,3 41,0 45,8

40,9 43,4 49,1

33,3% 33,3% 33,3%

the reality of stagnating employment and even retrenchments is still present. In addition to the Labour Market Index, the quarterly Labour Market Report from the Solidarity Research Institute and ETM

Analytics also contains in-depth articles about several topical issues currently affecting the South African labour market and the broader economy. It can be downloaded from the website www.solidarityresearch.co.za S

Solidarity halts layoffs at Technology Innovation Agency

T

hanks to intensive consultation with the Technology Innovation Agency (TIA), Solidarity managed to avoid the retrenchment of its members at the stateowned IT company. In September last year, the company instigated a retrenchment process affecting as many as 75 employees. Jahni Cowley, sector coordinator of the Professional Industry at Solidarity, said that the section 189 process at TIA has been successfully

36

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

By Inge Strydom concluded and that the company does not foresee any further retrenchments in the near future. Of the 30 Solidarity members affected by the process, 29 have retained their positions while only one member had accepted a voluntary severance package. To date, there have not been any forced retrenchments. While in consultation with the employer, Solidarity made several suggestions to place the company on a path of growth and performance

once again. “By finding alternative solutions, it has once again been proved that economic setbacks do not necessarily have to lead to the retrenchment of employees,” Cowley said. “Through constructive and meaningful negotiations, Solidarity was able to limit the impact of the retrenchments on its members without risking the survival of the company,” Cowley said. TIA is situated in Menlyn, Pretoria. S


Bedryfsnuus

Protesveldtog teen vergoedingskommissaris begin

S

olidariteit het ʼn protesveldtog teen die vergoedingskommissaris van stapel gestuur nadat die kantoor van die kommissaris in ʼn onlangse nuusberig gespog het met sy effektiewe stelsel terwyl talle werknemers, insluitend sowat 800 Solidariteit-lede, al vir jare wag dat hul eise teen die vergoedingsfonds gefinaliseer word. Solidariteit het in ʼn brief geëis dat die kommissaris dringend stappe moet neem om ’n behoorlike vergoedingsdiens aan werkers te lewer. Solidariteit meen dienslewering by die kantoor van die vergoedingskommissaris toon al vir sowat tien jaar ernstige tekens van verval. Paul Mardon, hoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, sê Solidariteit het al by verskeie geleenthede sy besorgdheid oor swak dienslewering onder die kommissaris se aandag gebring. “Die kommissaris het tot dusver geen poging aangewend om dienslewering deur sy kantoor

Deur Inge Strydom te verbeter nie. Sedert die instelling van die Umehluko-stelsel is min, indien enige, vergoedingsbetalings aan enige van die persone wat deur Solidariteit verteenwoordig word, gemaak – ten spyte daarvan dat die eise vir uitbetaling goedgekeur is,” sê Mardon. Mardon sê voorts Solidariteit staan tans ongeveer 800 lede by met hul eise teen die vergoedingsfonds en is uiters besorg oor die gesloer om hierdie eise af te handel. “Die eisers is mense met gesinne wat die trauma van ernstige besering of siekte moes verduur en baie van hulle is nie in staat om met hul werk voort te gaan nie. Mediese rekeninge hoop op omdat medici nie bereid is om jare lank te wag om deur die vergoedingskantoor betaal te word nie,” sê Mardon. Volgens Mardon is Solidariteit uiters besorg oor die gesondheid en veiligheid van sy lede en van werkers in die algemeen en plaas dus ’n hoë premie daarop. “As bewys van ons

verbintenis daartoe het Solidariteit ’n afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid gevestig wat hom daaraan wy om die gesondheid en veiligheid van werkers te bevorder en om die negatiewe gevolge van beroepsiektes en beserings wat opgedoen word, ligter te maak.” Die openbare veldtog teen die vergoedingskommissaris se swak dienslewering gaan onder meer duisende protesboodskappe aan die vergoedingskommissaris self en die direkteurgeneraal van die departement van arbeid, Thobile Lamati, insluit. Solidariteit gaan ook Facebook en Twitter gebruik om openbare steun vir die veldtog te werf. • Die publiek kan protesbriewe teen die vergoedingskommissaris se swak dienslewering deur die webblad www.solidariteit.co.za aan Solidariteit stuur. ’n Ander manier om protes aan te teken, is deur “Vergoed” na 34802 te SMS. ’n SMS kos R2 en sal ook saam met die ander protesboodskappe getel word. S


Nuuswaardig

Wenke vir persoonlike finansiële bestuur in 2015 Almal kry gewoonlik dié tyd van die jaar mooi briefies in die pos met die verduideliking dat dit weens inflasie onafwendbaar is om die prys van dienste en artikels te verhoog, in sommige gevalle selfs met dubbelsyfers. FRANCOIS SMIT, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste, gee ’n paar WENKE om jou finansies in 2015 te bestuur.

I

gedeel: “As jy kan lees, en jy lees nie, het jy geen voordeel bo die persoon wat nie kan lees nie.” Het jy al ooit gewonder wie besit Skip, Omo en Surf wat ons elke week in ons wasmasjiene gooi? Doen moeite om te weet waarheen jou geld gaan. Die inligting is beskikbaar.

nflasie is so alledaags soos ’n tandeborsel. Dít, tesame met finansiële markte wat op baie hoë vlakke is en ’n regstelling wat vanjaar moontlik is, maak dat verbruikers nog meer versigtig moet besluit waarop hulle hul geld spandeer en waarin hulle beleggings moet maak. Goeie besluitneming is van kardinale belang. Die feit dat die prys van petrol met ongeveer R1,25 per liter gedaal het, gaan ook net help as dit korrek hanteer word. ’n Mens gaan egter net weet wat jy spaar as jy weet wat jy uitgee. 1. Eie verantwoordelikheid Enige huishouding is soos ’n sakeonderneming met inkomste en uitgawes. ’n Tekort beteken jy gee meer uit as wat jy inkry, en ’n oorskot beteken jy spandeer minder as wat jy inkry en jy het dus spaargeld om te belê. Indien jy nie weet wat in jou onderneming se geldsake aangaan nie, wag daar moontlik ’n paar onaangename verrassings op jou.

2. Stel ’n begroting op Die meeste mense weet gewoonlik wat hul inkomste is, maar hou nie boek van hul uitgawes nie en het daarom geen beheer daaroor nie. ’n Begroting is die enkele belangrikste stukkie gereedskap wat in enige huishouding se finansiële gereedskapskas moet wees. Die begroting gee ook antwoorde oor ander finansiële sake wat aandag nodig het.

Foto: iStockphoto.com

3. Spandeer geld aan goeie advies Daar staan in Spreuke geskryf dat ’n mens nie kan oorlog maak sonder beraadslaging nie. Dit beteken jy moet iemand raadpleeg en ’n plan hê. Dit geld ook vir jou finansies en veral vir beleggings. Pasop vir beloftes van groot opbrengste – as dit te goed klink om waar te wees, is dit gewoonlik. Kry raad by meer as een kundige. Die resultaat verbaas jou dalk, en kan jou baie geld en verdriet spaar.

38

4. Stel doelwitte As jy eers jou begroting in plek het en goeie advies ingewin het, sal dit baie makliker wees om finansiële doelwitte te stel. Ons almal streef daarna om finansieel onafhanklik te wees. Finansiële onafhanklikheid beteken dat die opbrengs op jou spaargeld ten volle vir jou maandelikse uitgawes kan betaal. Sou jy dus Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

aan die einde van die maand nie ’n salaristjek ontvang nie, sal jy vir jouself kan sorg. Dit gaan egter nie gebeur sonder ’n weldeurdagte plan nie. Koppel teikendatums aan jou doelwitte, bepaal interimdoelwitte, en koppel take aan elke interimdoelwit. Dié take moet sperdatums hê om seker te maak jou planne verdwyn nie in die niet nie. 5. Pasop vir die verkeerde skuld Om skuld te maak om van maand tot maand te lewe, is fataal vir jou beursie. Daag jouself uit om in 2015 net een kredietkaart te kanselleer, en jy sal verbaas wees oor die resultaat. C.J. Langenhoven het tereg gesê: “Die kontantbetaler is baas van sy eie sak.” 6. Hou by ’n goeie beleggingsplan As jy tot dusver jou huiswerk deeglik gedoen het en die plan werk, moet nie paniekerig raak nie. Talle beleggers fouteer deur ’n regsomkeer te maak wanneer dit lyk of dinge wil skeefloop. Pas eerder dieselfde plan toe, maar wees net meer konserwatief. ’n Goeie voorbeeld is om dieselfde belegging in plek te hou, maar blootstelling aan aandele te verminder en só jou risiko te beperk. 7. Wees ingelig Doen moeite om uit te vind wat in die markte aangaan, selfs al lees jy net ’n paar artikels in die sakekoerant elke dag. Jannie Mouton van die PSG-groep het hierdie wysheid in ’n artikel

8. Bepaal wat jou groot risiko’s is • Mediese uitgawes: Jy kan dalk nog ’n plan maak met ’n doktersrekening vir R5 000 of R6 000 maar groot hospitaalrekeninge is ’n totaal ander saak. • Skade aan duur bates: Maak seker jy is gedek teen groot verliese. Verseker jou huis en kar as eerste prioriteit. • Jou grootste bate in die lewe is eintlik jou vermoë om inkomste te genereer. Het jy dit verseker? 9. Aftree en doodgaan is ’n gegewe Om vir hierdie twee gebeurtenisse voorsiening te maak, is nie eenvoudig nie. Kry kundige advies en maak seker jy skrik nie te laat wakker nie. 10. Stel ’n testament op Om intestaat te sterf, gaan vir jou geliefdes wat agterbly groot hoofbrekens gee. Die beste geld wat jy in jou lewe kan spandeer, is aan ’n testament wat korrek opgestel is. Jou testament verseker dat daar ná jou dood met jou bates gehandel word soos jy dit self sou gedoen het. Stoor jou testament en enige ander belangrike dokumente in ’n veilige plek. Maak genoeg afskrifte van alles, insluitend gesertifiseerde kopieë van ID’s en dies meer. Maak seker iemand wat jy vertrou het ook ’n afskrif. 11. Skei jou emosies van jou finansies Finansiële beplanning en bestuur gaan oor syfers en feite. As jy jou deur emosies laat lei, gaan die syfers nie klop nie. As die planne in jou begroting nie met die feite in jou bankstate ooreenstem nie, moet jy weet die emosies loop te hoog en jy is dalk nie 100% eerlik met jouself nie. Spaar op dít waarvoor jy altyd geld het. Solidariteit Finansiële Dienste kan jou help om al hierdie riglyne toe te pas. Ons het selfs voorafopgestelde begrotings beskikbaar wat jou kan help om aan die gang te kom. Die werk is klaar gedoen, jy hoef net by ons aan te klop om antwoorde te kry. S


aksent media • 082 445 4513

Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming

BELEGGINGS

> hulpbronne > ontledings > oplossings

MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING

RISIKODEKKING

IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES

Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za


Advertorial

Ukuthula custom hearing protection device for industrial use

The Ukuthula custom hearing protection device (HPD) forms part of the preventative aspect of Impact Noise Protection’s Protec Program. This device is specifically meant to reduce the incidence of noise-induced hearing loss (NIHL) by attenuating the amount of noise employees are exposed to, to a SAFER LISTENING LEVEL, while still allowing for communication. Features of the product The product is custom made, meaning it is manufactured for each individual person’s ears. It comes with a set of two moulds – silicone (soft) or acrylic (hard) – in a wide range of colours. The standard colours are red for the right ear and blue for the left ear. Other colours available include transparent/clear, orange, green, yellow and black for the silicone options. Each product comes with the following accessories: • Pouch with carry clip • Wax removal tool • Cleaning tool • Instruction manual in English. How does the product work? The product makes use of a passive filter system – meaning it is not electronic. It will attenuate noise without using active noise reduction. The filter is designed in such a way that it attenuates noise more in the high frequencies where most of the industrial noise lies and less in the low and mid frequencies where most of our speech sounds are. This allows the wearer adequate hearing protection while having access to general speech around them. Please refer to the table for actual, frequency-specific filter attenuation levels.

How will we determine the correct filter for each employee? • An employee’s PLH – as determined by their annual hearing screening results. • Noise exposure levels – as determined by their annual noise survey results. • Duration of exposure – as determined by the daily work shifts set by HR. • The need for communication within the noise.

Maintenance of the product The Ukuthula custom HPD comes with a 24-month warranty covering anything on the device and that excludes malicious or accidental damage to the device. The device can last up to five years. The earplugs have to be cleaned regularly with soapy water. After the earplugs have been washed, they must be rinsed, dried off, and stored in their pouch until they are needed again.

Solidarity Movement launches massive project for hearing-impaired persons

T

he Solidarity Movement recently initiated a project to provide 25 indigent hearing-impaired persons from across the country with brand new hearing aids.The hearing aids to the value of R500 000 were sponsored by Impact Hearing Systems. Solidarity Helping Hand, in conjunction with the University of Pretoria, identified the recipients of the hearing aids by conducting hearing screening tests at facilities sponsored by the Daspoort Clinic. Johan Kruger, Solidarity’s Deputy General Secretary, expressed his gratitude towards Impact Hearing Systems for donating the hearing aids. “Impact Hearing Systems elected to use the Solidarity Movement as a vehicle for implementing this project, which changed people’s lives dramatically,” he said. “This project is important to us, not only because it uplifts impoverished persons in a

40

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

sustainable way but also because it gives them the opportunity to enter the labour market again. These hearing aids are actually an investment in people’s quality of life and future.” Pieter Coetzee, CEO of Impact Hearing Systems, said it was important for his company to become involved with charitable activities, in order to give back to the community. “We at Impact Hearing Systems are aware

of the negative impact that a hearing disability has on a person’s life and therefore it is a privilege for us to help these people who are financially unable to do so themselves. “We trust these hearing aids will make a positive contribution to the improvement of all the recipients’ quality of life. Today, a new chapter begins in the lives of these people and we are proud to be part of it.” S



in Beweging

Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

Reusebelegging in ons mense – oud én jonk

S

oos enige gesoute belegger gaan Solidariteit Helpende Hand in 2015 versigtig soek na dáárdie projekte wat vir ons en ons 30 000 ondersteuners die beste opbrengs op ons belegging gaan bring. Vir ’n finansiële belegger beteken dit ’n soeke na wins en harde kontant, maar vir ’n maatskappy sonder winsoogmerk (MSW) beteken dit ’n soeke na optimale sukses binne sy fokusarea. Vir Helpende Hand beteken dit steeds die doeltreffende verligting, voorkoming en verbreking van ons mense se swaarkry. Ons is baie opgewonde oor ons planne vir 2015 en elke projek se potensiaal om armoede op verskeie maniere aan te pak. Helpende Hand slaag steeds daarin om tussen 75c en 80c van elke geskenkte rand direk aan projekte te spandeer – meer as dubbel die aanvaarde wêreldnorm vir ’n MSW. Die biografie van Anton Rupert deur Ebbe Dommisse beklemtoon die belangrikheid van vennootskappe en samewerking. Vir Helpende Hand gaan 2015 ook weer ’n jaar van samewerking wees, enersyds met ons susterorganisasies binne die Solidariteit Beweging en andersyds met organisasies buite die Beweging wat ons visie en waardes deel. Teen einde Januarie was daar meer as

42

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Deur dr. Danie Brink 25 000 leerlinge aan Afrikaanse skole wat hul skoolloopbane met ’n Helpende Hand-tassie begin het. Hierdie tassie, met sy kwaliteit skryfbehoeftes en opvoedkundige materiaal, is ons belegging om swaarkry in kinders se lewens te voorkom deurdat hulle skoling op ’n gelyke voet met al hul klasmaats kan begin. Helpende Hand is besig met ’n omvattende studie oor die dieet van behoeftige Afrikanerkleuters. Die bevindings sal ons in staat stel om ons Kosblikkieprojek, wat voeding aan meer as 4 000 kinders landwyd bied, optimaal saam te stel om tekorte in voeding aan te pak en ook die beste opbrengs op ons belegging in kindervoeding te kry. Afrikaanse skole is belangrike vennote vir Helpende Hand. Dit is instansies wat steeds aan ons kinders opleiding van wêreldgehalte bied. Die welslae van dié skole spreek boekdele. Bykans ’n derde van alle wiskunde-onderskeidings wat in die afgelope matriekeksamen behaal is, is deur leerlinge aan Afrikaanse skole verwerf. Dit is veral merkwaardig as gereken word dat skaars 13% van skole waarby onderskeidings in dié vak behaal is, Afrikaans is. Deur die Skoleondersteuningsentrum (SOS) by Helpende Hand gaan meer as 25 projekte

ter waarde van miljoene rande na hierdie skole gebring word. Maak seker die skool waar jou kinders of kleinkinders skoolgaan, vind baat hierby. Vanjaar is dié jaar waarin Helpende Hand sy dienste aan bejaardes gaan uitbrei. Benewens ad hoc-projekte vir en saam met ouetehuise en ander instansies, versorg Helpende Hand tans, deur middel van die Tuisgenoot-projek, ook 43 van ons land se armste Afrikanerbejaardes in vier dorpe. Die projek gaan hierdie jaar sy babaskoene teen ’n reusetempo ontgroei en uitbrei na tientalle dorpe om sodoende te verseker dat honderde behoeftige bejaardes goed gevoed en versorg word. Die voorkoming van jongmense se swaarkry deur hulle met hul opleiding by te staan, bly Helpende Hand se passie. Meer as R20 miljoen se studiehulp sal hierdie jaar aan meer as 1 000 studente uitbetaal word – voorwaar ’n reusebelegging namens ons 30 000 ondersteuners. En die opbrengs? Goed gekwalifiseerde jongmense wat vir hulself en hul gesinne kan sorg. Voor ons lê vir Helpende Hand ’n opwindende jaar van optimale belegging in ons mense, ’n ligter las vir dié wat swaarkry en ’n blinker toekoms vir Afrikaners. • Dr. Danie Brink is uitvoerende direkteur van Helpende Hand. S


InBeweging

Soli Help “Iemand wat geld en tyd in sy eie opleiding belê, word oor en oor in terme van geld en lewensgehalte vergoed. Opleiding kos geld en verg opoffering, maar mense sonder opleiding het dikwels nie geld vir kos nie en moet baie harder werk en meer opofferings maak sonder die vooruitsig van ’n beter lewe. Hulle moet lewenslank werk en kry nooit genoeg sodat hul geld vir hulle kan werk (en sorg) nie.”

Sol-Tech, Solidariteit se tegniese opleidingskollege, voorsien in die vraag na kundige opgeleide arbeidslui asook in die behoeftes van werkgewers aangesien die gaping tussen die beskikbaarheid van goed opgeleide arbeidslui en die behoeftes van werkgewers al groter word. Lees meer op die webtuiste www.sol-tech.co.za

~ Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging ~

80% ’n Jongmens met ’n universiteitsgraad se kans om suksesvol in die arbeidsmark te wees, meen Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SuidAfrikaanse Onderwysersunie.

20%

R1 miljoen

Die afslag wat jy as lid van Solidariteit kry as jy by Akademia studeer! Die afslag beloop ʼn bedrag van tussen R3 000 en R5 000 per jaar. Dit beteken as jy ‘n lid van die vakbond is en vir ‘n driejaarkwalifikasie inskryf, kan jy tot R15 000 afslag kry! Die bedrag is gelykstaande aan sowat 12 jaar se Solidariteit-ledegeld. Besoek www.solidariteit.co.za vir meer inligting.

Wat die gemiddelde kind se skoolloopbaan sy ouers uit die sak sal jaag.

R26 miljoen se beskerming teen armoede

Foto: iStockphoto.com

S

olidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut (ABI) het vanjaar ’n rekordmylpaal bereik deur R26 miljoen se studiebeurse aan jongmense toe te ken. Dit beteken dat 1 430 studente vanjaar die geleentheid kry om ’n tersiêre kwalifikasie te bekom danksy ’n rentevrye studielening van Helpende Hand. “Dit is met ongelooflike dankbaarheid wat ons vanjaar hierdie beursfondse toegeken het, omdat ons weet dat ’n tersiêre kwalifikasie buite die bereik van die meeste jongmense is,” sê Dinah Jacobs, hoof van die ABI.

Deur Mariné Jacobs Volgens Jacobs styg die koste om ’n tersiêre kwalifikasie te bekom elke jaar aansienlik. Vanjaar het studiegeld by die meeste universiteite met 12% gestyg, wat vir sommige studierigtings duisende rande meer beteken, sê sy. “Die realiteit is dat die meerderheid van ouers nie kan bekostig om hul kinders ná skool te laat studeer nie,” sê Jacobs. “Die meeste middelklasgesinne kan eenvoudig nie meer studiegeld bybring nie. Volgens ’n spaar- en beleggingsverslag wat verlede jaar deur Old Mutual vrygestel is, sal die gemiddelde kind se skoolloopbaan sy ouers tans ongeveer

R1 miljoen uit die sak jaag. En dit word net al hoe duurder.” In die lig daarvan dat onderwysinflasie reeds algemene inflasie oortref, belê Helpende Hand toenemend meer geld in die tersiêre opleiding van studente. “Die vraag na finansiële steun vir studente word elke jaar meer. Helpende Hand wil soveel moontlik van die duisende aansoekers help om die nodige kwalifikasies te bekom en hulself só teen armoede te verskans.” Die ABI bestuur tans 154 beursfondse wat beroepsgerigte studiefondse, gemeenskapsbeurse en beursfondse vir ambagte insluit. S Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

43


In Beweging

Gemeenskapsentrum vir behoeftiges open in Strand Solidariteit Helpende Hand se eerste gemeenskapsentrum, Ons Plek, is op 19 Januarie amptelik in die Strand geopen. Hierdie sentrum het ten doel om die lewens van MINDERBEVOORREGTE AFRIKAANSE MENSE, veral kinders, te verbeter, skryf MARINÉ JACOBS.

“H

ierdie sentrum is die eerste van sy soort en slaag werklik in sy doel om armoede in die gemeenskap op ’n sinvolle wyse te voorkom en te verbreek,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand. “Die sentrum bied nie net gratis naskoolse sorg aan behoeftige kinders in die gemeenskap nie, maar maak ook ’n ingrypende belegging in hul toekoms deur ekstra klasse, tegnologiese opleiding en terapie aan hulle te bied.” Die plaaslike Helpende Hand-tak bied al jare lank steun aan die inwoners van Kays Karavaanpark en het mettertyd ’n groter behoefte aan ’n sentrum geïdentifiseer waar kinders en volwassenes ondersteun kan word. “In Januarie is die eerste voorskoolse

44

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

speelgroep by die sentrum begin en daar is reeds tien kinders in die speelgroepie,” vertel Joey Lötter. Behalwe kleutersorg kry die kinders ook elke dag ontbyt, middagete en versnaperinge by die sentrum. Lötter vertel dat al die kinders in die speelgroep se omstandighede sodanig is dat hulle nie andersins toegang tot dienste soos

naskoolse sorg, gimnasiums, rekenaarlokale of taal- en wiskundeopleiding kon hê nie. “Deur ’n holistiese benadering met hierdie kinders te volg en in alle aspekte van hul ontwikkeling te belê, help ons om armoede te voorkom deur hulle die geleentheid te gee om goed funksionerende en volronde volwassenes te word.” Die sentrum bied ook verskeie opleidingskursusse aan ouers en bestuur ’n naaldwerkprojek waar vroue opleiding ontvang om sodoende vir hulself ’n inkomste te kan genereer. Die gemeenskapsentrum is afhanklik van skenkings om volhoubaarheid te verseker en het ook ’n groot behoefte aan vrywilligers wat die kinders kan help met huiswerk. Enige persoon wat belangstel om by die sentrum betrokke te raak, kan vir Joey Lötter by 079 733 9477 of joey@helpendehand.co.za kontak. S



In Beweging

Sol-Tech

*

0861 25 24 23

www.sol-tech.co.za

(Trekker)wiele loop seepglad by Sol-Tech

Sol-Tech het 2015 met ’n REKORDGETAL INGESKREWE STUDENTE afgeskop, wat belowend is vir die res van die jaar se vooruitsigte. Daar is nog drie verdere geleenthede hierdie jaar vir voornemende studente beskikbaar om vir ’n kursus by Sol-Tech te registreer, skryf CILLESTE VAN DER WALT.

Foto: iStockphoto.com

S 46

ol-Tech onderskei homself as ’n instansie wat hoëgehaltekwalifikasies aan sy studente bied. Sol-Tech het verlede jaar NAMB-akkreditasie in verskeie ambagsrigtings verkry, wat die kollege in staat stel om studente in alle bedrywe en setas te ontplooi. Dit is is ’n bewys van die gehalte-opleiding wat Sol-Tech bied, en so is die 100%-slaagsyfer vir vaktoetsaflegging gedurende 2014 waarmee die kollege spog. Volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, is die vooruitsig vir 2015 om verder te bou aan die gehalte van die opleiding by die instansie. “Ons beoog

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

opgraderings en modernisering ter waarde van R3,05 miljoen aan opleidingstoerusting sodat ons studente die beste leerervaring kan hê,” sê Van Deventer. Buiten die opgraderings sal daar ook ’n spiksplinternuwe kursus bekendgestel word, naamlik trekkerwerktuigkunde. “Daar is ’n groot behoefte aan hierdie kursus in die landbousektor geïdentifiseer, en ons beoog dus om studente op te lei vir dié area van landbou,” sê Van Deventer. Verbruikersvriendelik en uitstaande kliëntediens is terme wat in 2015 baie gebruik sal word by Sol-Tech. Om dit makliker te

maak vir studente om in te skryf by Sol-Tech en met dosente te kommunikeer, sal die administratiewe stelsel ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Studente kan reeds aanlyn by die kollege registreer. “Ons wil graag hê dat ons studente se hele opleidingservaring by Sol-Tech glad moet verloop en professioneel sal wees, maar ook lekker moet wees – dit moet die soort gehalteopleiding wees wat ons studente sal ondersteun op hul pad na ’n suksesvolle loopbaan. Ons beplan groot dinge vir 2015, en dit mag dalk net Sol-Tech se beste jaar ooit wees,” sê Van Deventer. S


In Beweging

Sol-Tech rus jou toe vir die wye wêreld van werk

Die matriekeindeksamen is agter die rug en jy is gereed om met ’n NUWE HOOFSTUK in jou lewe te begin. Gaan jy swot of dadelik begin werk? Wat is die opsies? CILLESTE VAN DER WALT doen ondersoek.

D

Foto: iStockphoto.com

ie jongste syfers dui aan dat nagenoeg 150 000 van 2014 se matrikulante verder sal studeer terwyl 400 000 werk sal soek. Die harde realiteit is dat slegs een uit drie van verlede jaar se matrikulante wel ’n werk sal kry. ’n Ekonoom van Efficient Group, Francois Stofberg, sê dit gaan die werklose jongmense mismoedig en moedeloos maak, met die gevolg dat hulle die regering vir hul posisie gaan blameer. Moedeloosheid hoef egter nie jou voorland te wees nie, want daar is oplossings wat wag om aangegryp te word. Een hiervan is om jou as ambagsman te bekwaam. Sol-Tech bied jou die geleentheid om ’n kwalifikasie van hoë gehalte te verwerf en sodoende vir jou ’n blink toekoms te verseker in ’n beroep waarvoor daar goeie geld betaal word. Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech, sê daar is veral ’n tekort aan passers en draaiers, meulmakers, gereedskapmakers, dieselwerktuigkundiges en elektrisiëns in die bedryf. “Ons kan sien hoe groot die tekort is te oordeel na die gretigheid waarmee werknemers ons studente in diens neem. Studente wat pas gekwalifiseer het, verdien reeds tussen R17 000 en R27 000 per maand,” voeg hy by. Dit is egter baie belangrik om seker te maak dat jy ’n goeie kwalifikasie by die regte instelling verwerf om hierdie geleentheid aan te gryp. Die aanpassing van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling maak opleiding nou baie meer toeganklik vir voornemende studente. Studente wat ’n erkende graad 11sertifikaat met wiskunde, wetenskap, vakteorie en ingenieursgrafika en -ontwerp het, kan dadelik met praktiese opleiding begin. Dit beteken dat toelating tot vaktoetsaflegging nou binne die bereik van meer studente is. Leerlinge wat wiskunde en wetenskap in graad 11 geslaag het maar nie vakteorie of tekene nie, kan ook in ’n ambagsrigting by Sol-Tech opgelei word. Kom rus jouself dus by Sol-Tech toe vir ’n rooskleurige toekoms. SKRYF NOU IN! Dit is nog nie te laat om vir hierdie jaar by Sol-Tech in te skryf nie. Belangstellendes het ’n verdere drie geleenthede deur die jaar om vir een van Sol-Tech se kursusse te registreer: 28 Februarie, 6 Junie en 12 September. Vir meer inligting, besoek www.sol-tech.co.za. S

98,5%

van die land se werkloses is nie besig om hul vaardighede op te skerp nie!

SOL-TECH BIED GEHALTE AMBAGSOPLEIDING IN AFRIKAANS Sol-Tech is ’n tegniese opleidingskollege en inisiatief van die Solidariteit Beweging. Die kollege is op Christelike waardes gefundeer en gebruik Afrikaans as onderrigmedium. SolTech bied formele opleiding in die volgende ambagte: elektrisiën, meulmaker, motorwerktuigkundige en dieselwerktuigkundige, passer en draaier, sweiser, gereedskapmaker en passer. Die kollege beoog om mettertyd nog kursusse in ander skaars vaardighede aan te bied. Die hoofkampus is in Kirkney, Pretoria-Wes geleë. Die kollege fasiliteer formele onderrig in N1 en N2 op die perseel van

HTS Tuine en bied ook remediërende klasse in wiskunde vir studente wat nie die nodige onderbou in wiskunde het nie. Hierdie diens word eksklusief aan Sol-Tech se studente gebied. Sol-Tech se studente is outomaties meer aanstelbaar omdat hulle in skaars vaardighede opgelei is. Daardeur help die kollege om die groeiende vaardigheidskrisis in die land hok te slaan. Sol-Tech spog met ’n slaagsyfer van 96% en bied reeds kortkursusse aan in onder meer gespesialiseerde opleiding in PLC. Gekwalifiseerde ambagslui kan ook vir die geakkrediteerde PLC-kursus by Sol-Tech inskryf. Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

47


In Beweging

Baie dankie aan ons borge. Van links is Julian Visagie, handelaarshoof van Monument Toyota Constantia, Johann du Preez van Unitrans Motors, en Francois Smit, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste.

Bring jou inligting op datum en wen ’n kar of vakansie

Foto: Ansie van Niekerk

S

48

olidariteit se grootste ledekompetisie tot op hede het op 19 Mei 2014 afgeskop. Solidariteit-lede staan ’n kans om ’n Splinternuwe Toyota Corolla en ’n luukse vakansie te wen. Om vir hierdie pryse in aanmerking te kom, moet jy jou persoonlike inligting by Solidariteit op datum bring en vir ons die kontakbesonderhede gee van drie persone wat by Solidariteit sal aansluit. Om te verseker dat ons aan jou as lid van Solidariteit die beste moontlike diens bied, is dit baie belangrik dat al jou kontakbesonderhede op datum moet wees. Omdat ons weet dat dit omslagtig is om veranderings in jou kontakbesonderhede deur te gee, wil ons die proses vir jou die moeite werd maak deur hierdie fantastiese pryse aan te bied. Sodra jy die “stuur inligting”-knoppie druk, kom jy in aanmerking om ’n splinternuwe 2014 Toyota Corolla 1.6 of ’n vyfstervakansie van vier nagte ter waarde van R35 000 aan die KwaZulu-Natalse kus te wen. Piet van Zyl was verlede jaar die gelukkige wenner van ’n splinternuwe Toyota Corolla. Om so gelukkig soos Piet te wees, bring nou jou inligting by www.solidariteit.co.za op datum!

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

DANK AAN ONS BORGE!

Solidariteit Finansiële Dienste Wie mag deelneem? Slegs lede en verteenwoordigers van Solidariteit mag aan die kompetisie deelneem. Solidariteitwerknemers en hul direkte familie word van die kompetisie uitgesluit.

Hoe om deel te neem • Die kompetisie sluit op Donderdag, 30 April 2015. • Om aan die kompetisie deel te neem, moet jy die amptelike inskrywingsvorm invul wat by www.solidariteit.co.za beskikbaar is. In die eerste afdeling moet jy jou persoonlike besonderhede invul of op datum bring. In die tweede afdeling moet jy die name en kontakbesonderhede invul van mense wat dit ernstig sal oorweeg om by die vakbond aan te sluit. • Albei afdelings moet voltooi word om in aanmerking te kom vir die luukse seevakansie of die Toyota Corolla. As jy net een van die afdelings voltooi, sal jou inskrywing ongeldig wees. • Die pryswenners se name word op 18 Mei 2015 getrek en die pryse sal amptelik op 22 Mei 2015 oorhandig word. Die eerste naam wat getrek word, sal die wenner van die motor wees en die tweede naam sal die wenner van die vakansie wees. Die wenners sal op 28 Mei 2015 bekendgemaak word. • Bepalings en voorwaardes kan op die webtuiste www.solidariteit.co.za gelees word. S



In Beweging

AfriForum se DOELWIT is om

lede teen einde vanjaar te hê.

50

*

Die aantal afsonderlike regsgedinge teen die staat, munisipaliteite en groot kommersiële instellings waarmee AfriForum tans gemoeid is.

AfriForum – nog groter en beter in 2015 Die burgerregte-organisasie AfriForum het verskeie NUWE DOELWITTE vir 2015 geïdentifiseer en groot projekte word in die vooruitsig gestel wat onder meer daarop gemik is om die organisasie te versterk en uit te bou, skryf ALET RADEMEYER.

Foto: iStockphoto.com

B

50

enewens die fokus op ledegroei waar die doelwit is om teen die einde van die jaar sowat 150 000 lede te hê, gaan die klem ook vanjaar op veiligheid van gemeenskappe en die bekamping en groter bewusmaking van plaasmoorde val. Verskeie veldtogte word ook beplan om die bestaande realiteite in die land te beïnvloed ter beskerming van basiese burgerregte. AfriForum is tans met meer as 50 afsonderlike regsgedinge teen die staat, munisipaliteite en groot kommersiële instellings gemoeid. Die verwagting is dat die organisasie in die toekoms by nog meer regsaksies betrokke sal moet raak om aan die groeiende nood te voldoen en die owerheid tot orde te roep. Wat AfriForum se gemeenskapstrategie betref, gaan gemeenskappe gemobiliseer word om plaaslike owerhede verantwoordbaar teenoor belastingbetalers te hou. Daar sal veral op vier terreine gefokus word, naamlik omgewingsake, gemeenskapsveiligheid, plaaslike regering en erfenisterreine. AfriForum gaan ook vanjaar sy veldtogte vir gehalte-onderwys in Afrikaans verskerp en moedertaalonderrig bevorder. Die organisasie gaan voorts sy skakeling met die buiteland uitbrei ten einde groter bewustheid oorsee te skep vir die brandpunte in Suid-Afrika. Netwerke in die buiteland met mediaverteenwoordigers, meningsvormers en internasionale liggame wat minderheids- en Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

menseregte bevorder, sal ook versterk word. Die organisasie gaan in 2015 voort met die proses om by die Verenigde Nasies (VN) in New York te registreer. Indien die aansoek suksesvol is, sal dit baie deure vir AfriForum open. Vanjaar sal daar ook gepoog word om verhoudings met individuele rolspelers in die VN te bou. Op kultuurfront beoog AfriForum om vanjaar die vestiging van ’n sentrum vir gemeenskapselfstandigheid te ondersoek. Afrikaners is ’n kleinerwordende minderheidsgroep in die land en hoewel die konsep van minderheidsbeskerming in Suid-Afrika as polities inkorrek beskou word, is dit ’n algemeen aanvaarde beginsel in die internasionale reg. Die sentrum sal in die besonder op navorsing oor die praktiese vergestalting van gemeenskapselfstandigheid fokus, asook op die uitvoer van selfdoenaksies om hieraan gehoor te gee. AfriForum glo ook in die noodsaaklikheid en uitbouing van opleidingsgeleenthede vir jongmense. Die organisasie gaan vanjaar begin om aanlynkursusse aan te bied wat daarop gemik sal wees om jongmense toe te rus om beter te kommunikeer, die ware geskiedenis van die land te verstaan en hul vermoë op te skerp om sinvol aan politieke debatte en ander dinkskrums deel te neem. Nog ’n groot projek is die uitbouing van die organisasie se eie mediaforums. Dit sluit

in sosiale media, elektroniese nuusbriewe, eie radioprogramme, videokanale, ’n selfoontoepassing en ’n digitale tydskrif/ nuusdiens. Die doel hiervan is om direk met lede te kommunikeer oor die nuutste nuusgebeure waarby AfriForum betrokke is – of dit nou veiligheidskwessies, ’n takvergadering, ingryping by water- en rioleringsprobleme in dorpe of die bekendmaking van inligting oor plaasaanvalle, hofsake of ander dienste is wat die organisasie bied. AfriForum se eie mediaforums bereik reeds meer as 400 000 mense per maand. Die doel is om dit vanjaar drasties te groei en uit te bou. AfriForum is ook betrokke by Radio Pretoria wat elke Saterdagoggend ’n program getiteld Klankkoerant aanbied, waar die organisasie se belangrikste nuusgebeure van die week bespreek word. AfriForum Jeug het ook vanjaar ’n vol program wat onder meer hofsake insluit en die jaarlikse groenemmerprojek vir behoeftige kinderhuise wat nie meer staatsfinansiering ontvang nie. Die jeug gaan hul ook in 2015 verder op die herlewing van afgeskafde studentetradisies en kampe vir skoliere toespits. AfriForum Jeug beplan om op die welslae van 2014 se studenteraadsverkiesings voort te bou. ’n Nuwe tak sal by die Elsenburg Landboukollege in die Wes-Kaap gestig word om studente by te staan in hul strewe om Afrikaans as onderrigmedium te behou. S



In Beweging

OP ’N PLAAS IN AFRIKA AfriForum gaan in die volgende maande sy veldtogte verskerp om die wêreld van die GRUWELIKE PLAASMOORDE EN -AANVALLE bewus te maak en om dit tot prioriteitsmisdade verklaar te kry. Dit kom nadat die organisasie en die landbou-unie TLU SA in ’n studie skokkende syfers vir 2014 hieroor bekend gemaak het. Plaasaanvalle meer as ooit te vore Altesame 277 plaasaanvalle het in 2014 plaasgevind, waarvan die besonderhede deur AfriForum en TLU bevestig kon word. In dieselfde jaar was daar 67 plaasmoorde. Volgens hierdie syfers was daar sedert 1990 nog nooit ’n jaar waartydens 277 plaasaanvalle bevestig kon word nie. Dit blyk ook dat daar sedert 2011 ’n stelselmatige styging in die jaarlikse aantal plaasmoorde was. In die eerste helfte van Januarie vanjaar was daar reeds nege moorde wat ’n donker vooruitsig vir die jaar stel. Op 12 Januarie 2015 het twee plaasaanvalle plaasgevind, waartydens drie moorde gepleeg is. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê as dit enigsins ’n aanduiding is van die tempo van moorde en aanvalle op boere, skets dit ’n uiters donker prentjie vir die res van die jaar.

Foto’s: iStockphoto.com & Bea Pretorius

Navorsing oor plaasmoorde, -aanvalle AfriForum is tans met ’n nasionale navorsingsprojek besig wat op plaasaanvalle en alle faktore wat daarmee verband hou, fokus. Lorraine Claasen, ’n kriminoloog, doen die navorsing wat onder meer onderhoude met slagoffers en oortreders insluit. Die doel is om deur die omvattende studie ’n geloofwaardige bron en databasis te skep wat feitelike gegewens asook tendense en leemtes in die bestaande kennis van die onderwerp kan uitwys. Slagoffers en direkte familielede wat bereid is om aan die studie deel te neem, kan AfriForum kontak by stopdiemoorde@afriforum.co.za Die navorsing sal na verwagting ook in ’n boek gepubliseer word. Benewens die navorsingsprojek en volgehoue

52

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za


In Beweging

druk op die regering om aandag te gee aan die stand van sake in die boeregemeenskap, pak AfriForum ook ander maniere aan om aandag op die probleem te vestig. Besoekers aan die Boeremark in Pretoria was in Januarie aan die hart gegryp met die uitbeelding van ’n leë kosstalletjie ter bewusmaking van plaasmoorde in die land en die Treurgrond-rolprent wat in Mei hierop gaan fokus. Bea Pretorius, bemarkingshoof van AfriForum, het gesê uit die reaksie van omstanders was dit duidelik dat plaasmoorde en gepaardgaande probleme soos die bedreiging van voedselsekerheid ’n kwessie is wat baie SuidAfrikaners na aan die hart lê. Pretorius het gesê die veldtog is daarop gemik om die Treurgrond-rolprent te bemark, maar ook om mense bewus te maak dat die uitwissing van boere wat produktief kos voorsien uiteindelik tot hongersnood in die land sal lei. André Frauenstein, vervaardiger van die rolprent, het gesê film is ’n nuwe medium om die tragedie van plaasmoorde uit te beeld asook die uitwerking wat dit op gemeenskappe en families het. “Ons hoop dat dit mense se oë sal oopmaak vir wat in die land aangaan en ’n einde aan die moorde bring.” Buitensporige lone Die grondkwessie en hervorming sal na verwagting ook vanjaar verder op die spits gedryf word met ondeurdagte voorstelle rondom grondbesit en verhoogde lone vir werkers. Daar is vroeër vandeesmaand in Bloemfontein op ’n openbare verhoor oor die nasionale minimum loon voorgestel dat Vrystaatse plaaswerkers tussen R8  000 en R20  000 per maand betaal moet word. ’n Verhoging van 52% in die minimum lone vir plaasarbeiders in 2012 het daartoe bygedra dat baie landbouers hul werkmag moes verklein, wat sowat 79 000 werkgeleenthede in die slag laat bly het, het Vrystaat Landbou gesê. Die unie het gesê faktore soos die groot aantal ongeskoolde werkers op plase, asook die uitwerking van hoër lone op produksiekoste en pryse, moet in ag geneem word wanneer ’n minimum loon vasgestel word. Volgens Statistieke Suid-Afrika is 3,4% van die totale Vrystaatse bevolking in diens op plase. Die gemiddelde Vrystaatse landbouprodusent het 7,2 heeltydse werkers en 6 deeltydse werkers in diens. Beperking op grondbesit Die ANC se plan om grondeienaarskap te beperk tot 12 000 hektaar of twee plase per persoon, is ook onlangs wyd deur die georganiseerde landbousektor veroordeel en as onsinnig, irrasioneel en onaanvaarbaar bestempel. AfriSake het sy stem by dié van die

Besoekers aan die Boeremark in Pretoria was in Januarie aan die hart gegryp met die uitbeelding van ’n leë kosstalletjie ter bewusmaking van plaasmoorde en die Treurgrond-rolprent wat in Mei begin wys. Dié foto het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei en is gou deur meer as 500 000 mense gesien.

GEVERIFIEERDE PLAASAANVALLE EN -MOORDE – 2010 TOT 2014 300 277

250 231

200 174

150

AANVALLE 115

100

96 70 54

50 0

2010

2011

63

62

2012

2013

georganiseerde landbou gevoeg en die aankondiging deur Gwede Mantashe, sekretarisgeneraal van die ANC, skerp veroordeel. Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van AfriSake, het gesê ʼn plafon op grondbesit kan die voorloper wees van beperkings op enige ander bates. “Dit is die logiese gevolgtrekking as die ANC sy jongste beleidsbesluit oor grondhervorming gaan deurvoer. Die voorstel kan in beginsel van toepassing gemaak word op byvoorbeeld kapitaal, residensiële eiendom en roerende eiendom.” Volgens Jansen van Rensburg is die ANC se beleidsoorweging in dié verband irrasioneel en arbitrêr. “12 000 hektaar grond in die Noord-

67

2014

MOORDE

Kaap verteenwoordig byvoorbeeld nie dieselfde produktiwiteitsvlak en waarde as 12 000 hektaar grond in Gauteng nie. “Die ANC se denkfout lê in sy oortuiging dat ʼn mens ongelykheid kan aanpak deur beperkings op eiendomsreg te plaas, terwyl die eintlike uitda-ging ʼn gebrek aan besitreg is.” TLU SA se president, Louis Meintjies, het voorts onlangs sy kommer uitgespreek oor die drastiese toename in die aantal plase wat te koop is. Tot 13 000 plase is tans in die mark. “’n Boer se hele lewe is in sy plaas. Dit is vir die meeste hul aftreegeld. Die toename in verkope is weens onsekerheid oor die bedryf, wat dit dus ook ’n swak kopersmark maak,” het hy gesê. S Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

53


In Beweging

Talle redes om die polisie te vrees – verslag Die publiek het alle rede om die polisie te vrees as gekyk word na die hoë vlakke van kriminaliteit in die mag en die aard van ERNSTIGE MISDADE waarby polisielede betrokke is. Dit is een van die bevindinge in die Broken Blue Line 2-verslag wat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) en AfriForum bekend gemaak het, skryf ALET RADEMEYER.

Grafika: AfriForum

D

r. Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die SAIRR, het gesê sedert die eerste ondersoek na kriminaliteit in die polisie in 2011 gedoen is, was daar geen noemenswaardige afname in voorvalle waarby polisielede betrokke is nie. Hy het gesê uitgebreide polisiebetrokkenheid by ernstige en geweldsmisdaad duur voort en daar is net te veel verslae en bewerings om tot ander insigte te kan kom. Daarby het 1 uit elke 100 polisielede ’n misdaadrekord wat die tendens verder bevestig. Die SAIRR en AfriForum het ’n ondersoek gedoen na die betrokkenheid van die polisie by ernstige misdade en die eerste 100 voorvalle waaroor die media berig het ontleed. Die voorvalle het tussen 2011 en Januarie 2015 voorgekom. Uit die ontleding het geblyk uit die 100 gevalle het 32 verband gehou met moord en poging tot moord, 22 met gewapende roof, 26 met verkragting en 20 met marteling, diefstal en inbrake. Cronjé het gesê van die aanduidings is dat bendes en sindikate die polisie infiltreer en dat daar groot getalle “gekloonde” polisielede is wat “gekloonde” polisievoertuie in misdaadbedrywighede gebruik. Uit statistieke wat in die parlement bekend gemaak is, was daar in 2013 altesame 1 448 skuldigbevindings van polisiebeamptes in al die verskillende range. Hiervan was 54 by moord betrokke, 116 by poging tot moord, 37 by verkragting, 33 by poging tot verkragting, 917 by aanranding en 291 by ander misdade. Cronjé het daarop gewys dat kriminaliteit in die polisie nie geïsoleerde voorvalle is nie, maar eerder dui op sistemiese probleme in die diens. Boonop is daar ook gebrekkige en onvoldoende pogings van die kant van die polisie om die misdaad in eie geledere uit te roei. Volgens Cronjé is dit onwaarskynlik dat Suid-Afrikaners in die nabye toekoms ’n afname in geweldsmisdaad sal sien omdat diegene wat veronderstel is om misdaad te beveg deur oortreders geïnfiltreer is. Met verwysing na die publiek se persepsie van die polisie en hul hantering van misdaad, het Cronjé gesê Suid-Afrikaners het alle rede om die polisie te wantrou en te vrees. “Veral vroue wat saans alleen ry, het alle rede om bang te

54

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

wees vir diegene in voertuie met blou ligte.” Hy het voorts gesê soos wat die vertroue in die polisie afneem, sal die middelklas en privaat sektor toenemend van privaat verskaffers van sekuriteitsdienste gebruik maak om hulself en hul eiendom te beskerm. Die verslag het bepaalde voorstelle gemaak om die gehalte van polisielede en dienslewering te verbeter. Dit sluit in: 1. ’n Terugbring van respek vir die gesagstrukture in die mag. 2. Die moontlikheid van universiteitsopleiding vir polisiebeamptes. 3. Meer hulpbronne vir die onafhanklike ondersoekdirektoraat van die polisie sodat

klagtes teen lede behoorlik ondersoek kan word en tot skuldigbevindings kan lei. 4. Die instelling van ’n nuwe ondersoekagentskap binne die departement van justisie wat buite die beheer van die polisie val. 5. Die desentralisering van besluitneming oor wie in beheer van stasies is. 6. Die verwydering van politiek uit aanstellings binne die polisie. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die burgerregte-organisasie het ook beleidsvoorstelle en aanbevelings oor hoe die probleme in die polisie gepak kan word. Dit sluit in: 1. Die vervanging van genl. Riah Phiyega, polisiekommissaris, en Nkosinathi Nhleko, minister van polisie. 2. Die herstel van deursigtigheid sodat die polisie weer as eerlike instelling gesien kan word. 3. Die verbetering in die standaard van opleiding. 4. Die terugbring van spesialiseenhede in die polisie. 5. Die verwydering van misdadige elemente in die mag. “Die polisie infiltreer nie meer bendes nie, maar bendes die polisie. Die Broken Blue Lineverslag sê presies waarom die polisie misluk in die beveiliging van ons land se mense,” het Cameron gesê. “Misdaadvlakke sal volgens dié verslag nie daal as wolf skaapwagter bly nie. Privaat veiligheidsinisiatiewe en strukture is die enigste oplossing,” het Cameron gesê. Die Broken Blue Line-verslag se bevindings is in ʼn onafhanklike peiling bevestig wat deur FutureFact bekendgestel is. “Generaal Riah Phiyega kan nie meer rassediskriminasie en kwaadwilligheid blameer vir die Broken Blue Line-verslag nie. Statistieke is kleurblind en 76% van Suid-Afrikaners glo dat die polisie misdadigers is,” het Cameron gesê. Volgens Cameron het die regering reeds verlede jaar erken dat meer as 1 400 gevonnisde misdadigers tans in die polisiediens werksaam is. Die navorsing wat deur FutureFact gepubliseer is, dui daarop dat nagenoeg 44% van Suid-Afrikaners nie meer misdaad aanmeld nie weens hul wantroue in die polisie. Hierdie syfer is 5% hoër as twee jaar gelede. S



jy & die Reg

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

Nie in pos aangestel – lid wil weet hoekom

A

die betrokke openbare liggaam of die hoof van die betrokke privaat liggaam; en • toegang tot die versoekte rekord nie op enige van die gronde vir weiering ooreenkomstig die WBTI geweier word nie.

Foto: iStockphoto.com

lle interne remedies moet uitgeput wees voordat ʼn saak vir diskriminasie, onbillike arbeidspraktyk of viktimisasie verwys kan word. Die grieweprosedure moet gevolg word indien daar ontevredenheid heers oor die besluit van ʼn werkgewer. Indien die grieweprosedure nie die wenslike inligting verskaf nie, kan ʼn versoek om toegang van inligting/rekords ingedien word. Hoewel die grieweprosedure die proses is waardeur werkgewers inligting aan werknemers bekend moet maak, is dit nie ongewoon dat griewe onafgehandel bly en/of geensins hanteer word nie.

56

Die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (Soos in die gids van die Menseregtekommissie) Die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (No. 2 van 2000) (hierna uitruilbaar genoem die “WBTI”, of “die Wet”) is die nasionale wetgewing wat verorden is om uitvoering te gee aan elke landsburger se grondwetlike reg op toegang tot inligting. Die WBTI het op 9 Maart 2001 in werking getree, met die uitsondering van artikels 10, 14, 15 en 51, wat op 15 Februarie 2002 in werking getree het. Die WBTI verleen aan alle Suid-Afrikaners die reg van toegang tot rekords wat deur die staat, staatsinstellings en privaat liggame gehou word. Die WBTI streef daarna om die volgende doelwitte te bereik: • om te verseker dat die staat aan die bevordering van ʼn kultuur van menseregte en maatskaplike geregtigheid deelneem; • om openheid aan te moedig en om vrywillige en verpligte meganismes of prosedures daar te stel ten einde gevolg te gee aan die reg van toegang tot inligting op ʼn wyse wat dit moontlik maak om toegang so vinnig, goedkoop en moeitevry te verkry as wat redelikerwys moontlik is; en • om deursigtigheid, verantwoordingspligtigheid en doeltreffende bestuur van alle openbare en privaat liggame te bevorder deur die bemagtiging en opleiding van almal Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

FRIK SE VINNIGE FEITE Het jy regsinligting nodig? Op Solidariteit Wêreld het jy toegang tot die reg met die kliek van jou muis. Binnekort hier! om hul regte kragtens die WBTI te verstaan sodat hulle in staat is om hul regte met betrekking tot openbare en privaat liggame uit te oefen, die funksies en werking van openbare liggame te verstaan; en om • besluitneming deur openbare liggame wat hul regte raak, doeltreffend na te gaan en daaraan deel te neem. Wyse van versoek ʼn Versoeker het ʼn reg van toegang tot ʼn rekord van ʼn openbare liggaam of ʼn privaat liggaam en moet toegang tot ʼn rekord van ʼn openbare liggaam of privaat liggaam verleen word indien die versoeker aan die volgende prosedurele vereistes voldoen, naamlik dat: • die versoek op die versoekvorm (beskikbaar op die webtuiste onder die volgende skakel http://www.justice.gov.za/forms/form_paia. htm) gerig word aan die inligtingsbeampte van ʼn openbare liggaam of die hoof van ʼn privaat liggaam; • die ingevulde versoekvorm gefaks of elektronies gepos word aan, of per hand afgelewer word by, die inligtingsbeampte van

Hoe om die versoekvorm in te vul – openbare en privaat liggame ʼn Versoek om toegang tot ʼn rekord van ʼn privaat of openbare liggaam word gerig deur ʼn vorm genaamd ʼn versoekvorm in te vul. Die versoek moet aan die inligtingsbeampte van die openbare liggaam of die hoof van die privaat liggaam gerig word by sy adres, faksnommer of elektroniese posadres. Op die versoekvorm word daar van die versoeker vereis om die volgende inligting te verskaf: • Toereikende besonderhede om ʼn beampte van ʼn openbare liggaam of die hoof van ʼn privaat liggaam in staat te stel om die versoeker te identifiseer. • Toereikende besonderhede om ʼn beampte van ʼn openbare liggaam of die hoof van ʼn privaat liggaam in staat te stel om die rekord te identifiseer, insluitende die verwysingsnommer, indien dit aan die versoeker bekend is. • Indien die ruimte op die versoekvorm nie toereikend is nie, kan die versoeker op ʼn afsonderlike folio voortgaan en dit by die versoekvorm aanheg. Die versoeker moet alle bykomende folio’s onderteken. • ʼn Duidelike aanduiding van die vorm van toegang of aard van rekord waarin die rekord verskaf moet word. • Die voorkeurtaal waarin die rekord in die geval van ʼn openbare liggaam verskaf moet word. Hierdie wetgewing word onderbenut hoewel dit ongelooflik baie mag in die hande van die werknemer plaas. Dit is nie ongewoon dat redes vir die nie-aanstelling en/of bevordering van individue geheim gehou word nie, weens die feit dat die werkgewer daarvan bewus is dat sou die redes aan die lig kom, hulle moontlike litigasie in die gesig kan staar. S


InBeweging

Aanstellingsbeleid van likwidateurs ongrondwetlik

Foto: Reint Dykema

D

ie Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad het in Januarie beslis dat die nuwe beleid rakende die aanstelling van voorlopige likwidateurs op ʼn kwotastelsel neerkom en dat dit gevolglik ongrondwetlik is. Solidariteit het as applikant deelgeneem aan die Concerned Insolvency Practitioners Association (Cipa) se hofgeding teen die minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling oor dié beleid. Die staat het aangevoer dat die nuwe aanstellingsbeleid ten doel het om die verteenwoordiging van voorheen benadeelde persone in die beroep van likwidateurs te bevorder. Indien dit toegepas sou word, sou dit tot gevolg hê dat 40% van die aanstellings aan swart, bruin, Indiër- of Chinese vroue toegeken sou word; 30% aan swart, bruin, Indiër- en Chinese mans; 20% aan wit vroue en 10% aan wit mans. Adv. Dirk Groenewald, hoof van Solida-

Deur Inge Strydom

10% Die persentasie wit mans wat ingevolge die beleid aangestel kon word.

Adv. Dirk Groenewald

riteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê die hofuitspraak bevestig dat die gebruik van rasgebaseerde kwotas nie ʼn wettige regstellendeaksiemaatstaf is nie. “Die uitspraak gee gehoor aan die Grondwet se bepalings oor

gelykheid wat onder meer die gebruik van kwotas verbied. Die uitspraak bevestig verder dat die nuwe beleid werknemers van hul reg sou ontneem om voorlopige likwidateurs op grond van bevoegdheid, kennis en ervaring aan te stel aangesien ras die enigste beslissende faktor sou wees,” sê Groenewald. Die uitspraak het sterk gesteun op die uitspraak van die konstitusionele hof in die Renate Barnard-saak wat bepaal het dat die gebruik van kwotas in die geval van alle vorme van regstellende aksie ongrondwetlik is. “Die uitspraak bied opnuut regsgronde vir verskeie van Solidariteit se ander regstellendeaksiesake. Dit sluit ons saak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens oor sy nuwe rangstelsel in,” het Groenewald gesê. Dié saak is op 27 Januarie in die arbeidshof in Johannesburg hervat. • Lees meer oor die stryd teen die SAPD oor sy rangstelsel op bladsy 28. S


InBeweging

Katvoet loop vir ongesekureerde lenings

In Desember verlede jaar het dit bekend geraak dat daar probleme in die Cambist-OneLaw-stal bestaan. Lesers sal onthou dat die Cambist-verhandelingsplatform tot kort tevore nog opbrengste van so hoog as 19,5% per jaar in die ongesekureerde leningsmark aan beleggers beloof het. Hierop is AKTIEWE SKULDKONTRAKTE (ASK) deur Cambist verkoop, skryf HANNES DU PREEZ van Prima Batebestuur.

V

instelling kan ten minste teen die primakoers (tans 9,25%) plus 1% of 2% genoeg kapitaal leen by ʼn kommersiële bank vir kontantvloei. Hoekom sou die eienaar van ʼn ASK ʼn 19,5%-opbrengs per jaar vrywillig opgee as hy geld teen ʼn baie laer rentekoers kan leen? Van die rolspelers beweer tans dat slegs 1,5% tot 2% van die ASK-mark weer wanbetalers word en dat ʼn trust die agterstallige ASK terugkoop. Op Cambist se webtuiste was dit soos volg gestel: “Absolute minimal risk.” Hulle onderskat duidelik die invloed van resessionêre ekonomiese toestande op die aantal ASK’s wat in ʼn kort tydperk agterstallig kan raak. Saambou, Unifer en African Bank het hulle misgis met dié hoeveelheid. Die kredietrisiko wat kredietverskaffers afwentel deur ASK’s aan individue te verkoop, is baie groot en min individuele beleggers verstaan die risiko.

roeg in Desember is daar aangekondig dat Cambist se houermaatskappy en skuldinvorderaar, OneLaw, gelikwideer sou word. OneLaw se personeel is summier afgedank en opdrag gegee om die perseel te verlaat. Cambist het dadelik aangekondig dat hy voortaan afsonderlik van OneLaw gaan funksioneer, maar tot dusver kon beleggers nie toegang tot Cambist se webblad kry nie. Die verhaal sal hom waarskynlik uitspeel in die maande wat voorlê.

Foto: iStockphoto.com

Wat is ongesekureerde lenings? Ongesekureerde lenings is gewoonlik nie groter as R8 000 nie en word op kort termyn teen hoë rentekoerse deur kredietverskaffers aan verbruikers verskaf. Hierdie lenings word nie deur enige sekuriteit gerugsteun nie. Sou die verbruiker in gebreke bly om die lening af te betaal, het die leningsinstelling geen sekuriteit wat aan hom gesedeer is waarop hy beslag kan lê nie. Die ontrafeling en val van African Bank was die resultaat van groot hoeveelhede ongesekureerde lenings wat agterstallig geraak het, met die gevolglike verlammende invloed op die bank se kontantvloei. Dit is nie die eerste keer dat genoteerde maatskappye op die Johannesburgse effektebeurs tot ʼn val kom as gevolg van blootstelling aan ongesekureerde lenings nie: Saambou Bank en Unifer in die Absagroep was ook voorbeelde hiervan. Baie privaat kredietverskaffers gaan ook jaarliks weens hierdie rede tot niet. Wat is ‘n ASK? ʼn ASK (aktiewe skuldkontrak) is ʼn ongesekureerde leningskontrak wat agterstallig geraak het en waar ʼn skuldbeslagleggingsbevel die lener se werkgewer verplig om die agterstallige bedrag plus rente en koste maandeliks af te trek van die individu se salaris en aan die kredietverskaffer oor te betaal. In sommige gevalle is die rente en koste op die agterstallige bedrae tot 5% per maand. Bewerings oor die uitbuiting van leners, vervalste handtekeninge, onwettige optredes en belangekonflik tussen verskillende rolspelers in die ongesekureerde leningsmark is in die finansiële media gemaak. Die juistheid van hierdie bewerings is egter nie hier ter sake nie, maar slegs die beleggingsrisiko wat ASK’s vir beleggers inhou.

58

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Beleggingsrisiko vir beleggers Die beleggingsrisiko bestaan uit vyf hoofpunte: 1. Ongesekureerde lenings word verskaf aan leners in die lae-inkomstegroep wat gewoonlik ongeskoold of halfgeskoold is en nie werksekerheid het nie. 2. Daar is geen sekuriteit wat hierdie lenings rugsteun nie, slegs die betaalvermoë van die individu. Sou die lener nie sy betaalooreenkoms nakom nie, kan die belegger sy kapitaal verloor. 3. Die agterstallige lener waaruit ʼn ASK gegenereer word, het reeds ʼn rekord van wanbetaling. 4. Beslagleggingsbevele op ʼn gedeelte van individue se salarisse/lone wat deur hul werkgewer oorbetaal word, beteken niks sou so ʼn individu sy werk verloor nie. 5. Beslagleggingsbevele op ‘n gedeelte van individue se salarisse/lone wat deur hul werkgewer oorbetaal word, beteken niks indien so ʼn werkgewer bankrot sou gaan nie. Die argument van kredietverskaffers dat hulle ASK’s verkoop om hul kontantvloei te verbeter hou geen steek nie, want enige kredietwaardige

Sakesiklus, ongesekureerde lenings Krisisse in die ongesekureerde leningsmark ontstaan meestal wanneer rentekoerse styg. Rolspelers in die mikroleenmark voer tereg aan dat die invloed van ʼn 2-3%-rentekoersverhoging op die betalingsvermoë van individue, wat reeds 30% of meer rente betaal, nie noemenswaardig is nie. Die punt wat hulle mis, is dat rentekoersverhogings algemene ekonomiese aktiwiteit aan bande lê, wat weer tot gevolg het dat ondernemings hul werkmag verklein of selfs hul deure moet sluit. Werkers in die lae-inkomstegroep verloor hul werk en kan glad nie meer lenings terugbetaal nie. ʼn Verdere kritiese vraag is of ʼn werknemer in die lae-inkomstegroep vir ’n onbepaalde tydperk ʼn rentekoers van 5% per maand op ʼn korttermynlening kan betaal as die korttermynlening omgerol word. Die resultaat van dié omrol is ʼn langtermyn- ongesekureerde lening teen ʼn astronomiese hoë koste vir die lener uit die lae-inkomstegroep. Die lae-inkomstegroep wat as teikenmark vir ongesekureerde lenings deur kredietverskaffers, banke, privaat instellings en kleinhandelsmeubelmaatskappye dien, is tans onder groot finansiële druk. Gegewe stygende rentekoerse, meganisasie in die hulpbronsektor, trae ekonomiese aktiwiteit en die invloed van stakings, is dit betwyfelbaar of die aantal individue in die lae-inkomstegroep se situasie in die afsienbare toekoms gaan verbeter. S



In Beweging

*

20%

of people are against change. ~ Robert F. Kennedy ~

The business (environment) of change in 2015 The only thing that is CONSTANT in the business environment is change, whether it be new legislation, innovations or sociological developments. INGE STRYDOM reports.

Photograph: iStockphoto.com

T 60

o help us prepare for change, business software provider SAP, in collaboration with Oxford Economics, conducted research on the changes that organisations globally are expected to undergo within the next few years. Their research focused on the way in which companies and organisations must prepare themselves for the workforce of 2020. The results of the research indicate that employers and employees should prepare for the following significant changes in the workplace: • Increased diversity, that is changing employee demographics and evolving definitions of work • An influx of the Millennials, or Generation Y employees • The need for enhanced employer/employee Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

engagement • The need for improved executive leadership skills and refinement • An increased culture of life-long learning that develops talent and empowers workers while vital knowledge is captured and retained. Dan Schawbel, writer for Forbes.com, says the highest-level trends in the workplace this year will be the skills gap, workers dropping out of the corporate system, the use of automation and outsourcing, and the pressure on companies to get leaner. “All these factors have created a system where everyone is always under pressure to stay relevant, choose degrees that turn into jobs and constantly reinvent themselves,” he says. S

PAK VERANDERING SÓ AAN James Innes, stigter van The CV Centre in Suid-Afrika (www.cvcentre.co.za), gee wenke om verandering in die werkplek aan te pak: • Probeer om die verandering as ’n nuwe geleentheid te sien. • Behou ’n sterk verhouding met jou kollegas. Só ondersteun julle mekaar en dit is ’n bykomende bron van inligting. • Gesels met vriende en familie en vra hulle raad en ondersteuning. Moenie jou werkfrustrasies op jou gesin uithaal nie. • Verkry ekstra kennis. Indien die verandering nuwe tegnologie behels, sorg dat jy daarmee vertroud raak.


In Beweging

Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

61


In Beweging

Orden jou lewe met dié slimfoon-apps

Foto: iStockphoto.com

E

k onthou die dae wat ek my ma se handsak vir haar moes regpak. Daarbinne was haar hele lewe: ‘n Telefoonboekie, ‘n dagboek, opgefrommelde kruidenierswarelysies, ʼn sakrekenaar en ʼn beursie met ‘n horde kaarte (én papiertjies met elkeen se wagwoord op). Vandag maak slimfone en tegnologie dit vir ʼn mens moontlik om amper net twee goed in jou handsak rond te dra: Jou slimfoon en jou rybewys. Apps is deesdae ‘n gewilde term onder jonk en oud. Apps is klein stukkies slimfoonsagteware wat dit vir jou moontlik maak om bykans enigiets van jou slimfoon af te doen. Met ʼn druk van ʼn paar knoppies kan jy oorbetalings doen, rekeninge betaal of jou mediese fonds kontak om te sien waar jou naaste dokter is. Jy kan selfs al jou wagwoorde op een plek bewaar. Hier is ‘n paar apps wat gratis is, en jou wat jou lewe makliker en jou handsak ligter sal maak: 1. 1 Bankdienste: Die meeste banke, insluitend FNB, Absa, Standard Bank, Capitec en Nedbank, het hul eie app waarmee jy die meeste van jou banksake kan doen. Dis boonop veilig en spaar jou die moeite om in lang rye te staan. Met jou bankdienste-app kan jy byvoorbeeld aansoek doen vir ‘n kredietkaart, betalings doen en lugtyd koop. 2. 2 Budget planner: Hierdie is ʼn app wat jou in staat stel om jou begroting elektronies op jou slimfoon of tablet te hanteer. Jy vul al jou uitgawes daarop in, en soos jy dit betaal, merk jy dit af. Dit laat jou ook toe om te sien hoeveel jy vir die res van die maand oor het om te spandeer. 3 SARS: SARS het ʼn app wat jou toegang 3. gee tot al jou belastingbesonderhede. Dit laat jou ook toe om jou IRP5 in te handig en om direk met ʼn SARS-agent te gesels. 4. 4 My fitness pal: Hierdie is ʼn app wat jou dieet vir jou monitor. Dit hou boek van al jou etes – al wat jy hoef te doen, is om die strepieskode van die produk wat jy eet, met jou foon te skandeer. Die app sê ook vir jou hoeveel kalorieë jy daagliks moet inneem saam met die hoeveelheid oefening wat jy daagliks inkry. 5. 5 Checkers: Hierdie app laat jou toe om te sien watter produkte tans op ʼn spesiale aanbod is. Die meeste groot supermarkte het apps wat jou selfs toelaat om jou inkopies vanuit die gerief van jou huis te doen: Jy bestel die produkte wat jy nodig

62

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Deur Lindie de Beer

1,3 miljard

slimfone is in 2014 wêreldwyd verkoop. Verkope van alle selfone het in 2014 met 7% toegeneem tot 1,8 miljard. Apple en Samsung is tans kop aan kop in die stryd om die titel as slimfoonreus.

6. 6

7. 7

8. 8

9. 9

het deur die app, en dit word in ʼn japtrap by jou huis afgelewer. Versekering & mediese fonds: Verskeie van dié instansies het apps wat jou toelaat om al jou inligting te sien. Medihelp se app is maklik om te gebruik, terwyl Outsurance se app jou in staat stel om direk ʼn eis in te stuur. Password protector: Hierdie app is ʼn standaard-app op enige Androidof Apple-toestel waarmee jy al jou wagwoorde kan stoor en bewaar. Die app kan self net met ʼn wagwoord oopgesluit word. Jou wagwoorde is dus veilig, solank jy die app se wagwoord veilig bewaar. Dit is dus nie meer nodig om te wonder op watter papiertjie is watter rekening se wagwoord nie. Solidariteit: Met die Solidariteitapp het jy toegang tot al die nuutste vakbondnuus. Jy kan ook direk met Solidariteit kontak maak of ʼn saak via die app aanmeld. Maroela Media: Hierdie app gee jou toegang tot die nuutste nuus en ander

10. 10

11. 11

12. 12

stories wat op Maroela Media gepubliseer is. Jy kan die verskillende afdelings met inligting aan- en afskakel om slegs die afdelings te sien waarin jy belangstel, en ook kies of jy outomatiese kennisgewings moet ontvang wanneer nuwe nuus op die webtuiste gepubliseer word. TuneIn Radio: Dié app stel jou in staat om na enige radiostasie van jou keuse te luister. Al wat jy moet doen, is om die app af te laai en die stasie te kies waarvoor jy lus is. Ster Kinekor & NuMetro: Om ʼn uitstappie vir die gesin te reël, was nog nooit so maklik nie. Maak gebruik van Ster Kinekor en NuMetro se apps om jou fliek te bespreek en al wat jy dan hoef te doen, is om betyds op te daag. Die app laat jou ook toe om te sien watter flieks wys en om na hul lokprente te kyk. Evernote: Hierdie app is die notaboekie op jou slimfoon. Jy kan enige aantekeninge daarop maak en selfs kies dat dit die notas in jou kalender stoor as jy op ʼn sekere dag iets moet doen of onthou. S


In Beweging

Discover the exciting world of educational apps It’s no secret that TECHNOLOGY is transforming our lives and the lives of our children – especially the way in which they learn. INGE STRYDOM discovers how a number of new educational apps are helping to make our children smarter.

R

esearch has proved that digital media affect the human brain, especially its reading ability. People increasingly prefer to digest small bits of information instead of longer and more complex texts, and they are more drawn to visuals. Since children are exposed to technology from a young age, educational psychologists claim that using technology such as digital media when teaching and learning could improve children’s learning ability. Liana Kruger, an educational psychologist from Pretoria, says it is pivotal that teachers should introduce and utilise digital media during teaching. “Not only does it familiarise and equip our future generation with its usage, but it is also something that children enjoy – often much more than pen and paper activities,” Kruger says.

“One can never negate the value of books and one-on-one personal interaction when it comes to learning, but we need to adapt to the demands of the 21st century.” Kruger says educational apps have even been shown to help children with certain learning disabilities improve their grades. “There are many applications that cover a variety of emotional, cognitive, social and organisational skills development topics. These apps prove to be helpful in improving learning in addition to personal assistance by educators,” she says. Kruger warns that in the case of children with learning disabilities, it is always advisable to consult with a qualified professional who specialises in learning disabilities first, to explore the nature and degree of the disability before deciding on an intervention, whether personal

or technology based. Kruger recommends the following applications that could assist children with learning disabilities: • My Talk Tools assists autistic learners with expressive communication. • The Spy Sam reading series assist children with dyslexia. • Other applications aimed at improving concentration, for instance brain training exercises such the Lumosity app, can be useful to all types of learners. • Kruger says there are many apps that cover issues in the language and mathematical spheres. These can be explored on websites such as Apps for children with special needs (ww.a4cwsn.com) or Educators and Technology (www.educatorsandtechnology.com). S


In Beweging

Buckets full of benefits for our members This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules as contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

64

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za


In Beweging

Independent Financial Advice Solidarity Financial Services has an independent financial advice department who can assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk and retirement planning as well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005

Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

65


In Beweging

mar ela

Gooi (gratis) mielies op Maroela se werf media

H

et jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die Afrikaanse musiekwêreld gebeur en selfs jou gunsteling rugbyspan ondersteun. Daar is eg Suid-Afrikaanse resepte, vuurwarm debatte en nuus oor Afrikaanse boeke. Skop jou skoene uit en gooi mielies saam met ons by maroelamedia.co.za!

DIS MOS MIELIEBROOD! Bestanddele 2 dik snye witbrood 250 ml melk (1 k) 2 eiers 1 blik geroomde suikermielies (420 g) sout en peper 12,5 ml gesmelte botter (1 e) 25 ml suiker (2 e) Metode 1. Week brood in melk en druk fyn. 2. Klits eiers en voeg melk by. 3. Meng deeglik met suikermielies. 4. Voeg res van bestanddele by. 5. Skep in gesmeerde, vuurvaste skottel en bak teen 180 °C (350 °F) tot mooi bruin. Resep: Joey Pienaar. Uit: Knuppeldik aan koningskos.Vir bestellings, kontak Carien Liebenberg by 083 319 9636.

Witwatersrand

Foto’s: iStockphoto.com

Deur Wilbur Smith

66

Wilbur Smith se eerste roman, When the lion feeds, vier sy 50ste herdenking in 2015. Die roman is steeds in druk en is wêreldwyd in meer as 20 tale gepubliseer. When the lion feeds is in Afrikaans beskikbaar as Witwatersrand. Die boek word uitgegee deur Adamastor en kos R225 (prys onderhewig aan verandering). S Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

TAALTOFFIE

Uitdrukking: Almal oor dieselfde kam skeer. Betekenis: Almal eenders behandel. Waar kom dit vandaan? Ontleen aan die wewery: Hierdie kam is die wewerskam wat breed en fyn is. Die uitdrukking beteken dus eintlik die drade oor dieselfde kam span, ’n proses wat skeer genoem word.


In Beweging

R219 500

is wat die duurste skool – Hilton College – ouers vanjaar aan skoolgeld en koshuisfooie sal kos.

68%

Die persentasie van sy begroting wat die gemiddelde openbare hoërskool bestee aan die vrystelling van skoolgeld wat nie betaal word nie, munisipale diensterekeninge en beheerliggaamposte.

R87 780

is wat Helpmekaar Kollege in Johannesburg se skoolgeld en koshuisfooie vanjaar beloop.

Sóveel dok ouers vanjaar vir skoolgeld op

Illustrasie: iStockphoto.com • Bykomende bronne: BuzzSouthAfrica.com, OFM en Fedsas.org.za

Ouers met kinders in Afrikaanse en dubbelmediumskole in Suid-Afrika kan ’n sug van verligting oor hul skoolgeld gee. Hoewel die JAARLIKSE SKOOLGELD maklik tussen R20 000 en R50 000 kan kos, is dit nog nie naastenby hoeveel ouers moet opdok om hul kinders na van die land se duurste Engelse privaat skole te stuur nie, skryf ESTÉ MEYER JANSEN.

D

ie duurste skool in Suid-Afrika sal ouers vanjaar sowat R219 500 aan skoolgeld en koshuisfooie uit die sak jaag. Hilton College, ’n Engelse privaat skool in KwaZulu-Natal wat in 1872 gestig is, is tans die duurste skool in die land. Dié seunskool is in 2013 deur The African Economist as die vierde beste hoërskool in Afrika aangewys. Die skool beskik oor eiendom van 1 700 ha wat ’n wildreservaat insluit. Dis hoeveel die duurste skole in Suid-Afrika tans per jaar kos (koshuisverblyf ingesluit): • Hilton College in KwaZulu-Natal: R219 500 • St. Andrew’s College in Grahamstad, Oos-Kaap: R199 140 • Michael House in KwaZulu-Natal: R199 000 • Kearsney College in KwaZulu-Natal: R181 350 • Roedean School for Girls in Johannesburg: R181 140 • St. Alban’s College in Lynnwood, Pretoria: R181 000 • St. John’s in Johannesburg: R178 523 • St. Andrew’s School for Girls in Johannesburg: R174 860

• St. Mary’s School for Girls in Waverley, Johannesburg: R173 700 • Somerset College in Somerset-Wes in die Wes-Kaap: R167 736. Daarteenoor betaal ouers by die beste Afrikaanse of privaat en openbare dubbelmediumskole heelwat minder, en kan hulle dikwels ook vir korting kwalifiseer: • Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria: R26 950 en R26 400 koshuisfooie jaarliks • Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria: R29 400 en R28 620 koshuisfooie jaarliks • Helpmekaar Kollege, Johannesburg: R57 200 en R30 580 koshuisfooie jaarliks • Curro Hazeldean in Silver Lakes, Pretoria: R43 380 vir leerlinge in graad 8 en 9 en R53 760 per jaar vir graad 10 tot 12 • Hoërskool Paarl Gimnasium, Paarl: R21 900 • Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch: R25 750 en ongeveer R33 700 koshuisfooie jaarliks • Hoër Meisieskool Paarl: R20 770. Grey Kollege in Bloemfontein, wat in 2013 deur The African Economist as die beste hoërskool in Afrika aangewys is, se skoolgeld beloop R19 300

per jaar vir ’n graad 8-leerling en ouers van graad 9tot graad 12-leerlinge sal R18 600 per kind betaal. Koshuisfooie beloop tans R24 810 per jaar. Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), meen egter dit is besonders dat skole dit steeds regkry om uitstekende resultate te lewer terwyl hulle dikwels onder groot finansiële uitdagings gebuk gaan. “’n Hoërskool se gemiddelde uitgawes aan water en elektrisiteit is dikwels baie meer as hul staatsubsidie,” sê hy. Die meeste openbare hoërskole spandeer 68% van hul begroting aan die vrystelling van skoolgeld wat nie betaal word nie, munisipale diensterekeninge en die koste van onderwysers in beheerliggaamposte. Een van die hoofredes waarom skole sukkel om finansieel kop bo water te hou, is juis omdat hulle genoegsame personeel moet aanstel en vergoed. • Dié artikel is oorspronklik in die afdeling Karmenaadjies op Maroela Media gepubliseer. Lees dié en baie ander artikels by maroelamedia.co.za. Gratis en verniet! S Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

67


In Beweging

Afrikaans reeds 90 jaar lank ’n amptelike taal Afrikaans het 90 jaar gelede EEN VAN DIE AMPTELIKE LANDSTALE geword. Die proses wat hiertoe aanleiding gegee het, het op 31 Mei 1910 begin, die dag waarop die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom het. Een van die belangrikste bepalings van die 1910-grondwet was dat Hollands, buiten Engels, ook as amptelike taal erken is, skryf PROF. JAAP STEYN.

Foto: Alana Bailey

V

68

oordat die onderhandelings oor ’n nuwe grondwet in 1908 begin het, het feitlik almal verwag dat Engels die enigste amptelike taal gaan wees. Nadat Brittanje die Vrystaat en Transvaal in die Anglo-Boereoorlog verower het, was Engels die enigste onderwys- en amptelike taal, net soos in die Kaapkolonie en Natal. Vir die Vrystaatse leiers, pres. M.T. Steyn en genl. J.B.M. Hertzog, was dit totaal onaanvaarbaar. Dit is aan hul sterk standpuntinname te danke dat die Nasionale Konvensie op 20 Oktober 1908 besluit het dat Engels én Dutch amptelike tale sou wees. Daar was nog ʼn meningsverskil oor die vraag of Afrikaans of Nederlands die skryftaal van die Afrikaanssprekendes moes word. Afrikanerleiers het vroeg in 1909 ooreengekom dat Hollands die regte vertaling van Dutch sou wees, omdat dit Afrikaans en Nederlands kon insluit. Binne enkele jare het Afrikaans die oorhand oor Nederlands gekry en in 1925 is dit wetlik bepaal dat die woord Hollands in die grondwet ook Afrikaans insluit. Die besluit om twee amptelike tale te erken, het die verengelsing van die openbare lewe in Suid-Afrika gestuit. Die twee alternatiewe was ’n langdurige taalstryd om erkenning, of berusting in die alleenheerskappy van Engels, en daarmee saam die agteruitgang en waarskynlik die ondergang van Afrikaans. Afrikaners het Afrikaans gou opgebou tot ’n volwaardige kultuurtaal. Die gelyke behandeling van die amptelike tale in die staatsdiens, die uitbreiding van moedertaalonderwys na Afrikaanssprekendes en die skeppingskrag van joernaliste, skrywers en ander intellektuele het dit moontlik gemaak. In 1948 het die Nasionale Party aan die bewind gekom. Die belangrikste wat dit op taalgebied vermag het, was om die AfrikaansEngelse gelykheid van 1910 voort te sit, ook ná Republiekwording in 1961. Die bedeling gegrond op die 1910-grondwet – met sy reg en sy onreg – het aan Afrikaans ’n geleentheid tot ontwikkeling gegee. Die feit dat die taal se skeppende geeste die kans aangegryp het en Afrikaans tot kultuurtaal met ’n bloeiende letterkunde, volwaardige wetenskapstaal en lewendige massamedia opgebou het, het tot

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Van Breytenbach tot Kombuis, van Langenhoven tot Zoid, van Aardklop tot die ZAR – dit is in ’n neutedop die omvang van die omvattende boek oor die ontstaan en geskiedenis van Afrikaans, Ons gaan ’n taal maak, uit die pen van prof. Jaap Steyn.

gevolg gehad dat Afrikaans een van maar net vier tale geword het wat in die twintigste eeu hoëfunksiestatus bereik het. • Die geskiedenis van die ontwikkeling van Afrikaans word volledig deur prof. J.C. Steyn beskryf in sy boek Ons gaan ’n taal maak –

Afrikaans sedert die Patriot-jare. Hierdie standaardwerk oor Afrikaans is deur Kraal Uitgewers uitgegee en kan van Kraal bestel word teen R395 (posgeld uitgesluit). Besoek die webtuiste www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 644 4329 om dit te bestel. S



In Beweging

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Ettienne Pio (litigant), Anton Gerretsen, Raymond Holland-Chapman, Bennie Harmse • Administratiewe beampte: Nicole Harmse • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville

KATHU Gert van Wyk, Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

LYDENBURG Quintus Sliep • Administratiewe beampte: Bianka du Preez • Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Francois van Heerden, Zirk Gouws, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Herman de Jongh, Dana Viljoen, Gibbs du Toit, Thinus Jacobs • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Elize Pohlman • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

NEWCASTLE

Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS Deon Viviers • Administratiewe beampte: Mariaan Pretorius • Tel: 014 763 1243 • Faks: 014 763 1204 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Nicoline Crafford • Tel: 018 468 8533 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Kantoor 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp

70

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

RUSTENBURG Eric Schoeman, Tommy Wedderspoon, Johan Nell (litigant), Lucindi Pretorius (litigant) • Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Carisma Breet • Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA

• • • • •

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

PIETERSBURG

VAALDRIEHOEK

• • • • •

Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 296 0335 Faks: 015 296 0335 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 849, Faunapark, Polokwane, 0787

Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, Le Roy Fritz (litigant) • Administratiewe beamptes: Elize du Plooy Saretha Jacobs • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130

CARLETONVILLE • • • • •

RICHARDSBAAI John Smith • Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

PORT ELIZABETH Wynand Strydom • Administratiewe beampte: Yvette Stroebel • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Jahni Cowley, Louis Pretorius, Inge Labuschagne, Sta-Sia Engelbrecht • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: pretoria@solidariteit.co.za • Adres: H.v. Lambert Lee- en Van Rensburgstraat, Mayville, Pretoria

Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Sue Nel • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


In Beweging

Ondersteun Kraal en word slim Kinders wat graag lees, presteer beter op skool en het ʼn voorsprong bo nielesers wanneer dit by naskoolse studies en die vestiging van ʼn eie loopbaan kom, skryf ALANA BAILEY, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

I

n die kennisgedrewe ekonomie waarin ons leef, kan niemand bekostig om op te hou leer nie en deur te lees, verbreed ʼn mens jou kennis deurentyd. Selfs kennis wat op die oog af onbelangrik lyk kan jou onverwags nuttig te pas kom. Die stimulasie wat lees meebring, brei nie alleen ʼn mens se geheue uit deur die versterking en uitbou van sinapse in jou brein nie, maar kan ook aftakelende prosesse soos demensie en Alzheimer se siekte vertraag of moontlik selfs voorkom. Boonop help dit om stres te ontlaai. Selfs al lees ʼn mens nie werkverwante materiaal nie, brei lees woordeskat uit en help jou om jou uitdrukkingsvermoë te verfyn. ʼn Welsprekende persoon is vir enige werkgewer ʼn groter aanwins as iemand met ʼn beperkte woordeskat wat sukkel om hom- of haarself

behoorlik uit te druk – skriftelik of verbaal. Volgens kenners is een van die vernaamste redes waarom soveel studente nooit hul universiteitstudies in Suid-Afrika voltooi nie, hulle gebrek aan konsentrasievermoë. Hoe meer ʼn mens lees, hoe beter word dié vermoë. Dit beteken ook dat jou produktiwiteit hoër sal wees. Kraal Uitgewers fokus veral op die uitgee van boeke wat oor minder bekende aspekte van die Afrikanergeskiedenis en -kultuurlewe handel. Dit sluit boeke oor gebeure van vorige eeue in, soos die pragpublikasie Die Afrikanerrebellie 1914-1915, maar ook oor eietydse kwessies, soos die boek Treurgrond wat plaasmoorde as onderwerp het, en Regstellende trane wat regstellende aksie onder die loep neem. Die Erwe-reeks bied selfs bekostigbare boekies vir jong lesers wat onder andere oor Paul

Kruger en die kinderheld Japie Greyling handel. Buiten die voordele van lees wat reeds genoem is, help boeke soos hierdie ons om ons verlede en hede beter te verstaan en ook ons kennis van wie ons is en waar ons vandaan kom, op te skerp. Een van Kraal se wye verskeidenheid boeke is daarom ook die ideale geskenk vir enigeen met ʼn belangstelling in die Afrikaner, maar ook Suid-Afrika. Teken vandag nog in op Kraal Uitgewers se gratis nuusbrief om op hoogte te bly met die beskikbare en komende publikasies van Kraal, asook gekeurde boeke wat namens ander uitgewers versprei word. Die nuusbrief bevat ook brokkies oor allerlei interessante verwante sake en kompetisies. Teken in by www.kraaluitgewers.co.za/ vriende-van-kraal/ of stuur ʼn e-pos aan Talichia Brand by talichia@kraaluitgewers.co.za. S


In Beweging

Volg die Jan-gesprek en sê jóú sê by maroelamedia.co.za (klik op debat)

Jan, Jan, Jan – die bielie van die Kaap Die nuwe jaar was skaars enkele weke oud toe die land begin gons het oor uitsprake van pres. Jacob Zuma dat Suid-Afrika se probleme met die KOMS VAN JAN VAN RIEBEECK in 1652 begin het. Dit het talle mense warm onder die kraag gehad en ’n hele paar insiggewende reaksies hierop het gevolg – waaronder ’n artikel deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. ILZE NIEUWOUDT berig.

S

ommige mense het hul woede op sosiale media uitgestort, soos die voormalige persoonlike assistent van oudpres. Nelson Mandela, Zelda la Grange. Die debat het baie sake aangeroer, onder andere ook oor Jan van Riebeeck as persoon. Wie was dié man en wat het in daardie eerste dae aan die Kaap gebeur? Uit insiggewende navorsing wat H.W. Claassens in 2003 oor Van Riebeeck se dagboek gedoen het, is dit duidelik dat dié manne harde bene moes kou aan die Kaap en dat hul pad nie in die minste maklik was nie. Hoewel 1652 die jaar is waarin Van Riebeeck aan die Kaap geland het met die doel om ’n verversingstasie op die been te bring, was dit nie sy eerste besoek aan die Kaap nie. Van Riebeeck was nie ’n ontdekkingsreisiger soos Vasco da Gama of Bartolomeu Dias nie, maar het as werknemer van die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (V.O.C.) na die Kaap gekom. Sy eerste besoek was in 1647 toe hy op pad terug van die Ooste, op sy roete na Holland, oorlewendes van die Haarlem opgepik het wat aan die Kaapse kus gestrand het. Hy het 18 dae hier vertoef. In 1651 is besluit om Van Riebeeck na die Kaap te stuur as opperhoof vir die V.O.C-stasie.

72

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za

VAN RIEBEECK SE VOETVAL • Van Riebeeck se geboortedatum is volgens oorlewering omstreeks April 1618. • Hy het opleiding as ’n chirurg ontvang, hoewel die gehalte van sy opleiding dikwels bevraagteken is. • Hy tree in Maart 1649 met Maria de la Quellerie in die huwelik. • Van Riebeeck het slegs 10 jaar in die Kaap gewoon voordat hy in 1662 na Indië oorgeplaas is. • Hy sterf op 18 Januarie 1677. Van Riebeeck se dagboek oor sy tyd aan die Kaap beskryf die swaarkry wat in die eerste maande ervaar is. Kosskaarste, ’n koue winter en vrees vir ’n Britse aanval het Van Riebeeck en sy klein groepie Hollanders geteister. Daar is vroeg reeds kontak met die Goringhaiquas (’n nomadiese Khoi-groep) gemaak. Hulle het na bewering vroeër ook reeds met bemanning van die Haarlem kontak gehad en wou vee vir tabak en koper verruil. In ’n inskrywing in Van Riebeeck se dagboek

in 1652 skryf hy oor die Khoi wat hulle geleer het hoe om diere in strikke te vang. Die jaglesse het egter nie vrugte gedra nie, en daar is op 12 Augustus 1652 gerapporteer dat die koloniste baie onsuksesvol was met die strikke “en dat die wild ten spyte van al hul pogings altyd net buite trefafstand van hul kanon bly,” skryf Claassens. In September meld Van Riebeeck dat daar wel baie wild en voëls in die omgewing is, maar dat die wild sku en hul roers te stadig is. Van Riebeeck se tyd aan die Kaap was allermins ’n teepartytjie. Saam met die koloniste is daar hard gewerk om ’n gemeenskap aan die Kaap te vestig. Armoede was aan die orde van die dag en swaarkry was die norm. Met Simon van der Stel se koms in 1679 is aangeteken dat die burgers baie arm was en nie hul slawe of kinders kon onderhou nie. Die verhaal van Van Riebeeck en dié wat na hom hul voete in Afrika geplant het, getuig van mense wat hard gewerk het en nie, soos talle dalk reken, onder rooskleurige omstandighede gevestig het nie. Miskien is dit nodig om Paul Kruger se opdrag uit te voer en om uit die verlede te gaan leer deur die beste daaruit te neem en die toekoms daarop te bou – ’n toekoms van hard werk en uitstyg bo omstandighede. S


in Retrospek

MARIETHA MALAN is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

Vrede wat alle verstand te bowe gaan Toe ek by die erf inry, kom Sam – die swart en wit kolliehond – uitbundig oor die groen gras gehardloop. Alles lyk so normaal, dink ek. Maar toe die huismense uitkom, verraai hul bleek, afgeremde gesigte dat ’n LEWENSDRAMA besig is om binne die vier mure af te speel...

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

A

lmal groet gedemp en die drukkies duur ’n bietjie langer as gewoonlik. Ons stap binne. Links in die hoek staan haar lessenaar, die boeke netjies in hopies, die bruin leertas effens oop asof sy netnou weer gaan begin werk. Haar drie kinders se gradefoto’s hang lewensgroot in die portaal. Nog geraamde fotocollages pryk oral: Seefoto’s, verjaarsdagfoto’s, lawwe foto’s, skoolfoto’s. Dis afbeeldings van ’n lewe, voluit geleef – en nou amper verby. Die kamerdeur is toe. “Sit,” beduie Ma en skakel die ketel aan. “Haar eks is nou daar binne.” Sy was besig om te skei, en die nuus van die kanker wat opgevlam het, het midde-in die onafgehandelde drama gekom. Nou is al die onderhandelings oor onderhoud en dies meer skielik van nul en gener belang. Al wat nog oorbly, is die hartseer oor dinge wat onherroeplik verby en onherstelbaar is, amper soos Spreuke se kruik wat stukkend by die put lê. Die atmosfeer is swaar, en ek spring op. Hierdie rondsittery werk nie vir my nie. Ek is ’n doener. Dit is amper middagete, en daar moet seker kos gemaak word. Ek krap in die netjiese yskas vir slaaigoed, maak kaste oop en toe om borde en goed bymekaar te soek. Daar is gaar wors in die yskas, ook pampoen en rys sonder sous, maar wat maak dit saak? Dan roep Elsa my. “Het jy al gegroet? Jy kan maar kom, hoor.” Ek stap die kamer binne. Sy lê op haar rug, suurstofpypie in haar neus. ’n Mens kan sien sy kan skaars haar oë oophou. Moeisaam gaan haar borskas op en af. Ritmies klink die suurstofmasjien se gesis. Ek gaan sit op die stoel langs haar. “Slaap maar,” sê ek, “ek sit net ’n bietjie hier by jou.” Haar oë val toe. Hulle maak diep driehoeke onder haar sagte, wit voorkop. Haar lippe is breed, sag en vol soos altyd. Haar donker, kortgeknipte hare raam haar moeë gesig. Hoe mooi lyk sy nie, dink ek, en ondanks alles, hoe rustig: Met die vrede wat alle verstand te bowe gaan.

ken e vir my kosbaar, re w le y m is al r aa “M lang nie as ek maar ek dit van geen be kan voltooi, en die net my lewenstaak gekry van die Here Jesus dienswerk wat ek lie dit is om die evange het, kan klaarmaak: te verkondig.” van God se genade Sou ek vrede hê as ek nou in haar plek was? Ek het nog soveel planne. In my kop is die foto van my lewe soos ’n foto van ’n pad wat ver vorentoe oor die horison kronkel. Wat ’n skok sou dit wees om uit te vind dat dit eintlik reg om die volgende draai eindig! En my kinders, sou hulle reg wees om my te laat gaan? Emosie oorweldig my skielik as ek aan so ’n afskeid dink – as ek al my kinders, my kleinkinders, my bejaarde ouers, alles wat vir my bekend en dierbaar is binne ’n paar maande sou moes groet en agterlaat. In Handelinge 20 praat Paulus met die ouderlinge van Efese. Hy het ’n lang pad met hulle gestap, maar nou is hy op pad Jerusalem toe en hy weet dat hy nie sal terugkeer nie. Hy weet dat hy eintlik sy dood tegemoet stap. Tog is hy sterk en kalm. “Maar al is my lewe vir my kosbaar,” sê hy, “reken ek dit van geen belang nie as ek

maar net my lewenstaak kan voltooi, en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.” Paulus weet dat as sy aardse pad eindig, ’n poort vir hom oopgaan na ’n ander pad, die pad na die ewigheid, wat nooit eindig nie... Hoe ver is jou lewenstaak? Verkondig jou lewe die evangelie van God se genade? Is jy besig met jou lewensroeping, of swoeg jy maar net voort van dag tot dag, besig met goed wat jy nie eintlik met jou hele hart doen nie? Is jou lewe vol vreugde en liefde? En indien nie, hoekom nie? Toe ek laatmiddag groet, vryf ek die stertswaaiende Sam se kop. Hy is die enigste sorgvrye wese op hierdie werf op die oomblik, dink ek. Sam leef in die nou. Leef jy? Regtig? S Issue 1 of 2015 • www.solidariteit.co.za

73


Promosieartikel

Sluit aan by HealthPrint vir ’n nuwe, beter jy Jou gesondheid en welstand is eie aan jou – nes jou DNS. In teenstelling met jou DNS word dit deur jou gedrag beïnvloed en bepaal. Medihelp, wat al vir meer as 100 jaar betroubare gesondheidsorgdekking aan sy lede bied, sal jou bystaan om jou UNIEKE GESONDHEIDSPROFIEL tydens elke lewensfase te verbeter of te handhaaf, deur ons aanlyn HealthPrint-program. Mom-2-be Indien jy binnekort ’n bondeltjie vreugde verwag, moet jy by hierdie program aansluit. Met ons unieke Mom-2-beprogram kan jy jou persoonlike besonderhede op ons stelsel vaslê en die program sal aangepas word om by jou gesondheidsprofiel, leefstyl en selfs jou swangerskap te pas! Jy kan die program ook gebruik om jou doktersafsprake aan te teken, foto’s op te laai en toegang tot jou voordele vir voorkomende sorg te kry. Ons vennoot, Dis-Chem, bied hope voordele in hul winkels soos dubbelpunte op jou DisChem-aankope. Jy kry ook ’n bêreboks vir speelgoed in week 30 van jou swangerskap propvol geskenkies soos babaprodukte en produkmonsters.

MomMe Indien jy die trotse ouer van ’n pasgebore baba of ’n kleuter tussen 0 en 6 jaar oud is, sal jy beslis by die MomMe-program baat vind. Dié program bied persoonlike inligting, prettige leeraktiwiteite vir jou en jou kinders, voordele soos dubbelpunte op jou Dis-Chem-aankope, en waarde by uitgesoekte vennote. Nuwe mammas word ook ingeskryf vir ’n immuniseringsprogram met telefoniese bystand en ondersteuning van geregistreerde verpleegkundiges, teen geen addisionele koste nie. Medihelp MultiActive Die beste manier om aan die nuwe jy te begin werk, is om jou lewe as sofapokkel vaarwel toe te roep en te begin litte losmaak. Met

HealthPrint se MultiActive kan enigeen ’n fiksheidsgeesdriftige word. Skep eenvoudig jou profiel, teken jou oefenresultate aan en koppel jou fiksheidstoestelle (soos Jawbone en Fitbit) aan jou profiel om ’n beter begrip van jou gesondheid te kry. Drawwers en fietsryers kan ook by Medihelp se MultiSport-klub aansluit om aktief te bly en as motivering om hul fiksheidsdoelwitte te bereik. Die klub bied jou toegang tot ’n magdom inligting, insluitend ’n weeklikse blog met nuttige oefennuus, ’n maandelikse klubnuusbrief wat jou op hoogte van gebeure en inligting oor die klub se doen en late hou, asook fantastiese afslag op jou klubkleure en wedlope wat Medihelp borg.

Foto: iStockphoto.com

Vir meer inligting oor HealthPrint en hoe om aan te sluit, besoek Medihelp se webtuiste by www.medihelp.co.za. Medihelp bied tien voordele-opsies met verskillende vlakke van dekking vir verskillende lewensfases aan. Om aan te sluit by ’n mediese skema wat jou ondersteun, SMS “solidariteit” na 32291.

74

Uitgawe 1 van 2015 • www.solidariteit.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.