Solidariteit Tydskrif Uitgawe 4 2016

Page 1

UITKLOPHOUE IN HOF DIE SAUK LOOP SY SENSUURRIEME STYF

+

DKD-LEDE EINDELIK VRY VAN RASBOEIE

MAROELA MEDIA

SPOG MET VYF KERSIES OP KOEK & MEER AS 1 MILJOEN BESOEKERS

Nuwe tuiste vir Afrikaanses by Tukkies bladsy 47

HELPENDE HAND

WOEKER MET WISKUNDE

SPORTKWOTAS

SOLIDARITEIT & AFRIFORUM SAK IN SKRUM TEEN STAAT

FOKUS OP

NOMMER 4 VAN 2016 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

ONDERWYS OPLEIDING

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

TAAL EN SY MENSE SAL OPSTAAN, SELF TOEKOMS BOU HIGHER EDUCATION FACES CRISIS | AFRIKAANS IN HANDE VAN GEMEENSKAP OPLEIDING IS BATE, NIE UITGAWE AFRIFORUM WIL UNISA-SAAK BESPOEDIG Issue 4 of 2016 1 | www.solidariteit.co.za




ONDERWYS OPLEIDING

&

NOMMER 4

inhoud NUUSWAARDIG 10 12 14 16 18 20 21 22 24 25 26 26

Help Afrikaanse universiteite om weer op te staan Die dood van Afrikaans is die geboorte van Afrikaans AfriForum wil saak teen Unisa-taalbeleid bespoedig Protests: Higher education in SA faces crisis Aros spog met nuwe onderwysgraad Taal en sy mense sal opstaan en toekoms bou “Geweld, segregasie” glo spyker in Afrikaans-kis Afrikaans in hande van die gemeenskap Rassekwotas: Solidariteit versus regering by VN Kans om diskriminasie te bevraagteken Wen groot kontantprys! Jou wêreld in syfers

Help Afrikaanse universiteite

OM WEER OP TE STAAN spreekBuys Baie wit jonges wil nie heel onder begin nie. Hulle beskou daardie poste as “swart” poste en meen die werk en die vergoeding is minderwaardig. Daar is egter baie jong wittes wat enige kans sal aangryp om ’n werk te kry. Tog is daar ook baie wat nog in die ou rasgebaseerde apartheidwerkverdelings vaskyk, skryf FLIP BUYS.

BEDRYFSNUUS 28 30 31 31 32 34 35 36 37

Solidariteit verseker oorwinning vir DKD-lede Lewenslange leer die nuwe gonswoord FlySafair snubs Solidarity, still paying low salaries Solidarity, Telkom reaches favourable wage agreement SAUK loop sy sensuurrieme styf Solidariteit reg om vir lede in die polisie te veg Government should fill essential posts first Diensgerigte beroepe en sekondêre trauma Changing behaviour, saving lives

VAN 2016

16

IN BEWEGING 40 41 42 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 62 63 64 66 67 68 70 72 73

Leerders baat by kongres vir onderwysers Meer as 4 000 se studiedrome bewaarheid Kry vandag jou wiskundehupstoot! Helpende Hand-sentrum pak Afrikanerarmoede Die FAK laat die geskiedenis lééf Solidariteit, AfriForum pak sportkwotas Nuwe tuiste vir Afrikaanse Tuks-studente Kriel kap Lesufi se anti-Afrikaanse uitlatings Die pad na finansiële selfstandigheid vir skole Sol-Tech bou saam aan ‘n monument Sol-Tech spog met gehalte én kundigheid You & the law: Fired even before starting new job? Bou saam, bid saam Posduif: Word die meester van jou woorde Ons doen ons eie ding op KragDag Wet bedreig akademiese uitnemendheid Help bou aan ‘n Afrikaanse Wikipedia Opleiding is ‘n bate, nie ‘n uitgawe nie Bewaar jou digitale lewe vir dekades Hoe gemaak as my kind geboelie word? Al meer werk en studeer gelyk: dís hoekom Buckets full of benefits for our members Smul en lees lekker in Afrikaans @ Maroela Media Maroela Media haal een miljoen-kerf! Bederf jouself met stukkie geskiedenis Solidariteit-dienskantore: Diens op jou voorstoep Japie Greyling: Die stilswyende kinderheld In retrospek: Begrafnis ‘n tyd vir voorraadopname

Damage to university campuses caused by students during violent protests since October 2015 is estimated to be R460 million.

24

Op 8 Augustus verskyn Solidariteit voor die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie – ʼn jaar nadat die vakbond ʼn klag oor rassekwotas teen die Suid-Afrikaanse regering by die VN gelê het.



Redakteursbrief

Toekomsvlerke

deur onderwys, opleiding

“WERK asof jy ho nderd jaar oud ga an word, BID asof jy môre gaan sterw e.” ~ Benjamin Fra nklin ~

Solidariteit is in die besigheid van hoop: Ons skep die hoop wat nodig is om vry, veilig en voorspoedig te kan lewe, net hier in Suid-Afrika. Die Solidariteit Beweging het vanjaar sy “Helpmekaar 2020”-vyfjaarplan van stapel gestuur, en onderwys en opleiding is een van die belangrikste bene hiervan.

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

S

olidariteit is ’n helpmekaar-organisasie waar lede mekaar help om as’t ware steen vir steen aan ’n toekoms te bou. Daardeur wil ons hoop skep en hoopdraers wees in ’n land waar almal bekommerd oor die toekoms is. In hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif kyk ons na die onderwys en opleiding-bousteen wat die vakbond vir hierdie bouplan gebruik, want dit is waarvoor ons lede se ledegeld aangewend word. Die Solidariteit Beweging gaan oor die volgende vyf jaar sowat R1 miljard in Afrikaanse opleiding belê. Die Beweging se onderwysplan strek van kleuterskoolvlak tot op tersiêre vlak met ʼn private Afrikaanse universiteit. Die belegging maak voorsiening vir voedingsprojekte vir 4 000 kleuters by 60 kleuterskole landwyd; 25 000 skooltassies vir graad 1’s; ondersteuning aan Afrikaanse skole; die uitbou van die tegniese kollege Sol-Tech; die verlening van steun aan honderde onderwysers wat deur Aros opgelei gaan word; en die ontwikkeling van Akademia op sy pad na ʼn wêreldklas- private Afrikaanse

R1 miljard

gaan oor die volgende vyf jaar deur die Solidariteit Beweging in onderwys en opleiding belê word.

universiteit. ʼn Studiefonds, wat teen 2020 altesame R160 miljoen sterk sal wees, maak ook deel uit van die onderwysplan. Die Helpende Hand-studiefonds het hierdie jaar ʼn mylpaal behaal met rentevrye studiehulp wat aan 1 250 studente in een jaar gebied is! In totaal het bydraes dit moontlik gemaak dat Solidariteit Helpende Hand oor die afgelope vyf jaar 5 210 studente met studiehulp kon bystaan. Flip Buys sê gereeld dat ekonomiese vryheid begin by onderwys en opleiding, nie net wanneer jy op skool is nie, maar ná skool tydens jou loopbaan ook. Lewenslange leer is een van die belangrikste doelwitte wat ons moet nastreef om werklik vry, veilig en voorspoedig te wees. “Ekonomiese vryheid beteken verskillende goed vir verskillende mense. Maar ondersteuners van die vrye mark sien ekonomiese vryheid as die vryheid om jou eie ekonomiese besluite te neem, sonder inmenging deur die staat. Hierdie siening het baie sin, maar net as mense se onderwys en opleiding goed genoeg was om aan die vryemarkekonomie deel te neem (of te mag

deelneem) – dis nie ʼn resies wat iemand moet wen nie,” sê hy. Daarbenewens word ’n kind se geleenthede in die lewe bepaal deur die gehalte van sy onderwys en opleiding. Dit is waarom ons waarde moet heg aan ʼn goeie kwaliteit onderwyssisteem en hoe ons universiteite bestuur moet word. Jyself moet aandag gee aan jou eie lewenslange leer. Bykomend tot Solidariteit se plan met onderwys en opleiding is die belangrikste plek om te leer steeds by ons Vader. Aan almal kom hierdie uitnodiging van ons Here af: “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed” (Mattheus 11:29).

Cilleste CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR


Seepkis

Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za

Solidariteit Solidarity SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk

Die President van Tarentaal en sy kabinet oorhandig in 2011 ’n huldeblyk (’n tarentaal!) aan sy “gelyke”, wyle oudpres. Nelson Mandela. Derde van regs is die destydse premier van Noordwes, dr. Popo Molefe.

Lede deel universiteitstaaltjies Het jy ’n herinnering uit jou universiteitsdae wat jou altyd sal bybly? Deel jou gunsteling staaltjie met ons. Só skryf ons lede op Facebook:

Foto’s: iStockphoto.com; Wapad-studentekoerant van die Noordwes-Universiteit

Riaan Riekert: Ek het aan die Technikon Pretoria studeer in 1986. Ons het ná ’n sierwa-optog ’n paar (20) van die prosessie se heliumballonne gaan “leen” en dit aan ’n groen Mini vasgebind. Ons sit toe af in die rigting van die Pretoria Wes-kampus waar ons gebly het, met ’n paar wilde draaie om en om en om Kerkplein terwyl ons vir die spietkops gewaai en geskree het: Halloooo, Oom. Natuurlik is ons afgetrek. Ek klim toe uit en gee vir die verkeersman ’n ballon om saam te vat vir sy kind. Hy’t net sy kop geskud en ons begelei na waar ons bly. Hy’t ons deeglik vertel dat hy weet wie ons is en waar ons woon, en dat ons op ons pasoppens moet wees. Goeie ou dae.

Lidia Hendriks: Ek het by Kovsies gestudeer van 1990 tot 1993. Eendag was ons besig om eksamen te skryf toe ’n student skielik opspring en uitroep: “Ek kan nie meer nie!” Dit het ’n geruis tot gevolg gehad en die student het uitgehardloop. Net toe die dosente wat toesig gehou het weer almal stil gekry het, spring ’n volgende student op en roep: “Ek kan nie meer nie! Maar ek moet!” Hy gaan toe weer sit en skryf verder! Estelle Kleinhans: Die president van die Republiek Van Tarentaal se toesprake by die destydse PU vir CHO (nou die NoordwesUniversiteit) sal ek nooit vergeet nie. Ek lag nou nog as ek 20 jaar later daaraan dink.

WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Daleen Gouws ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 denise@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree, Dawid Brand INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Mariska Batt, Flip Buys, Melani Buys, Leandré Buys, Johan Böning, Chris Chameleon, Lelanie du Plessis, Reint Dykema, Dirk Hermann, Susan Lombaard, Ilze Nieuwoudt, Marietha Malan, Martie Maree, Appie Pienaar, Morné Prinsloo, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Inge Strydom, Cilleste van Dyk, Hanlie van Vuuren, Marlien van der Westhuizen, Rozier van Tonder, Gerrit Visser, Jhua-Nine Wyrley-Birch UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

MENINGSPEILING IS DIT BELANGRIK OM AFRIKAANS AS ONDERRIGTAAL TE BEHOU?

a Ja, ek dink dit is baie belangrik. b Dis moeilik om positief te bly as alles verengels. c Nee, ek dink nie dit is so belangrik nie.

Tel: 082 445 4513 | aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

HELP OM AFRIKAANS AS ONDERRIGTAAL TE BESKERM! Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Soli­dariteit se vriendelike diens­sentrum­agente sal jou terugskakel en jou vinnig help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34802 te stuur. SMS’e kos R2. Ons be­skerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! Verander jou adres by diens@solidariteit.co.za.

Issue 4 of 2016

7

www.solidariteit.co.za

Solidariteit Beweging

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.


arbeid adel FLIP BUYS is voorsitter van die Solidariteit Beweging

Daar is GEEN PLIG op die staat of maatskappye om die groot meerderheid POSVLAKKE waar swart groepe “oorverteenwoordig” is, te “TRANSFORMEER” nie. Die hele arbeidsmark behoort GENORMALISEER te word.


d

spreekBuys

’n

Paar jaar gelede kom praat ’n groep ouers met Steve Scott, president van die vakbond, oor jong witmense wat nie werk op die myne kry nie. Die ouers voer aan dat die onderste twee derdes van poste op myne in die praktyk vir “swartmense gereserveer” is. Die myne se kwotabeleid bepaal dat swartmense in die boonste derde van poste aangestel moet word omdat daar gepoog word om die bevolkingsamestelling in die boonste derde te weerspieël. Aan die ander kant kry jong witmense nie poste in die grootste deel van die werkmag – die onderste tweederdes – nie. Die ouers wou by Steve weet hoe hul kinders dan ooit tot die werkmag sal kan toetree, aangesien hulle nou aan die bo- en onderkant uitgesluit word. In ons rasverdeelde land is sulke rassesake nie maklik om te hanteer nie, maar Steve gaan bespreek dit met die bestuurshoof van ’n groot myn. Ná raadpleging met al die betrokke vakbonde besluit die betrokke myn om ’n twintigtal wit jongmense ’n kans in die intreeposvlakke te gee. Steve roep hulle bymekaar en verduidelik dat die pad boontoe onder begin. Hy sê ook dat dit die eerste keer is dat die myn wittes in die onderste poste aanstel, en dat daar haakplekke kan wees. Vasbyters kan hul pad boontoe oopwerk soos kurkproppe wat uit die water skiet. Toesighoudend Toe die jonges ná hul eerste skof boontoe kom, wag Steve hulle in om te hoor hoe dit gegaan het. Die meeste jonges gesels opgewonde oor hul ervaring, maar een jongman lyk taamlik bekaf. Steve herken hom as ’n seun wat nie sy skoolloopbaan voltooi het nie, maar wat graag werk wou hê. Hy vra toe uit oor die dag se werk. Die jongman se antwoord het Steve sprakeloos gelaat: “Oom, eintlik het ek ’n meer toesighoudende pos gesoek.” Steve se verbasing was opreg. Hier is iemand sonder matriek of ervaring, maar wat op sy eerste werkdag ’n “toesighoudende” pos wil hê! Apartheid-werkmag Hierdie geval is nie uniek nie. Koos de Beer, ’n hoofraadslid van Solidariteit, vertel dat dieselfde by ’n staalfabriek gebeur het. Baie wit jonges wil nie heel onder begin nie. Hulle beskou daardie poste as “swart”

poste en meen die werk en die vergoeding is minderwaardig. Natuurlik kan ʼn mens nie veralgemeen nie. Daar is baie jong wittes wat enige kans aangryp om in ’n werkplek in te kom. Daar is egter ongelukkig ook baie wat nog in die ou rasgebaseerde apartheidwerkverdelings vaskyk. Dis natuurlik nie net sommige jong witmense wat nog met “rassebrille” na werk kyk nie. Dis nog ’n algemene praktyk onder wit en swart volwassenes en werkgewers wat onbewustelik apartheid in die werkplek voortsit. Hulle beskou die intreeposvlakke as steeds net vir swartmense bedoel. Dit skep ’n groot struikelblok vir flukse jonges om in die werkmag in te kom. Dis ook vernederend vir swartmense wat die verdeling van poste gegrond op witmense bo, swartmense onder, as ’n oorblyfsel van apartheid sien. Dit wys ook die skynheiligheid van die voorstaanders van rassekwotas duidelik uit. Die minister van arbeid kla vreeslik oor topbestuursposte oorwegend wit is, en voer aan dat apartheid daar nog voortgesit word. Hierdie poste maak egter minder as 3% van die land se werkmag uit. Aan die ander kant is sy doodstil oor die grootste deel van die werkmag waar “swart werkreservering” in die praktyk geld. Cappuccino Dit is so dat apartheid die land se werkmag volgens ras skeefgetrek het. Suid-Afrika se werkmag het soos ’n cappuccino gelyk: die boonste kwart wit en die onderste driekwart swart. Die rassekwotas ná 1994 het die boonste kwart verander volgens die “verteenwoordigendheidsformule” van transformasie. Hiervolgens moet die werkplek in die boonste posvlakke die bevolkingsamestelling weerspieël volgens die formule van 80 swart, 9 wit, 9 bruin en 2 Indiër. Dié “Transformazi-Nazi’s” is egter oneerlik. Die Wet bepaal uitdruklik net dat die posvlakke waar swart groepe “ónderverteenwoordig” is, “reggestel” word. Daar is geen plig op die staat of maatskappye om die groot meerderheid posvlakke waar swart groepe “oorverteenwoordig” is, te “transformeer” nie. Dit bring mee dat die gevolge van apartheid aan die bokant reggestel moet word, maar in die onderkant voortgesit mag word. Dit is onbillik, want die hele arbeidsmark behoort genormaliseer te word.

Issue 4 of 2016

9

www.solidariteit.co.za

Geleenthede Daarmee word nie bedoel dat ons saamstem met die onbillike rassepraktyke wat onder die naam van “regstelling” gepleeg word nie. Om dieselfde onbillikhede aan die onderkant van die werkmag aan die bokant net “om te keer”, gaan ook nie reg wees nie. Ons pleit bloot vir billike geleenthede vir wit jongmense, omdat ons glo aan hul wilskrag en vermoëns om hulself op te werk. Die beste bewys dat daar niks met ons jonges se “koppe én hande” verkeerd is nie, is die duisende skoolverlaters wat ’n paar jaar gelede met groot onderskeiding in Brittanje handewerk gedoen het. Die “weersin” van sommige jong wittes téén handewerk is ’n onlangse verskynsel. Selfs talle bruinmense kla dat baie van hul jongmense nie meer handewerkberoepe soos messelaars wil volg nie. Swakker opgelei Die statistikus-generaal het onlangs gesê dat die swart jeug vandag swakker opgelei is as hul ouers onder apartheid. My waarneming is dat dit ook met wit jongmense die geval is. Die boonste 25% is grootliks dieselfde of hoër opgelei as hul ouers, maar die meerderheid is swakker opgelei. Daar is nog top universiteite, maar die ou tegniese kolleges en die opleidingsentrums van sakereuse is óf baie swak, óf gesluit, óf nie toeganklik vir wit en bruin kinders nie. Daarby is die Seta-stelsel sterk op ras gebaseer en kry wit jongmense nie hulp by die Nasionale Vaardigheidsfonds nie. Maatskappye se rasseteikens vir opleidingsposte plaas in die praktyk ’n verbod op die aanstelling van jong wit aansoekers. Oplossing Die oplossing is drieledig. Eerstens moet die onderkant van die apartheid-arbeidsbestel verander word om toegang vir jong wittes te gee. Tweedens moet die apartheidarbeidskultuur verander word sodat intreevlakwerk nie tot ’n sekere ras beperk is nie. Hierdie kopskuif is broodnodig. Derdens sal geleenthede vir intreevlakwerk en opleidingsgeleenthede ook vir wit en bruin jongmense geskep moet word. Die werkmag moet genormaliseer word sodat jong wittes wat heel onder begin, ook soos Ben Schoeman en Ian McRae van ouds die hoofde van onderskeidelik die Spoorweë en Eskom kan word. S


NUUSWAARDIG

ONDERWYS OPLEIDING

&

Help Afrikaanse universiteite

Foto’s: iStockphoto.com

OM WEER OP TE STAAN

A

frikaans word op Tukkies, Kovsies en by Unisa vermoor, maar op Stellenbosch (US) pleeg Afrikaans selfmoord. By US is die deur wyd en verwelkomend vir Engels oopgegooi en op ’n skrefie vir Afrikaans oopgelaat. Die politieke winde gaan nou sterk probeer om dié skrefie toe te waai. Kenmerkend van al hierdie besluite is dat dit bestuursgedrewe taalmisdade is. Die meeste

Deur Flip Buys raadslede is gekoöpteer om hierdie besluite van die elite te kon deurdwing, teen die wil van die oorgrote meerderheid alumni, voedingskole en studente in. Dit gaan egter nie lank duur voordat Afrikaanse mense agterkom dit gaan nie net oor Afrikaanse onderrig nie, maar ook oor die welkom-voel van en toegang vir Afrikaanse studente, en die loopbane van Afrikaanse dosente en personeel. Dan praat ons nog nie eens van die volgende Uitgawe 4 van 2016

10

www.solidariteit.co.za

stap wat voorlê nie: die transformasie van die leerplanne en die akademie. Dit kan tog nie anders as om die akademiese standaarde, gehalte van onderrig en navorsing te beïnvloed nie. Kortom, Afrikaans is die skans teen die politieke oorname van ’n universiteit en die afskaffing van die taal gaan mettertyd die wese van die universiteitswese raak. Afrikaans gaan oor veel meer as taal; dit gaan oor die toekoms van die universiteitswese.


NUUSWAARDIG

Toekoms Die vraag is wat die toekoms inhou. Universiteite is nie afgesonderde eilande nie. Kyk maar wat het met monopolieë soos Telkom gebeur wat vinnig verbygesteek is deur tegnologiese mededingers, want wie sy mark of kliënte se voorkeure minag, pleeg selfmoord. Wie sy akademiese personeel se loopbane op die altare van rassekwotas opoffer, gaan die personeel en hul intellektuele kapitaal daarmee saam verloor. Wie moedertaalonderrig as bewese beste onderrigmedium vir politieke redes verruil vir swakker onderrig in ’n tweede taal, gaan die gevolge daarvan gou begin voel. Die bekende dr. Rolf Stumpf het jare gelede al gesê Suid-Afrika het nie ’n onderwysprobleem nie, maar ’n taalprobleem. Hierdie les gaan nou weer geleer word – in alle tale. Ná ’n kort “rondgemaal,” soos Gerhard Viviers sou sê, gaan studente, dosente en geld gaandeweg begin vloei na instansies wat aan hul behoeftes voldoen. Die Engelse taalbulle gaan agterkom dit is nie die einde van Afrikaanse universiteite nie, maar die begin van die Afrikaanse private universiteitswese. Soos die

FAK gesê het: die tyd het nou aangebreek dat Afrikaans uit “staatshospitale” ontslaan moet word en in ’n private hospitaal versorg moet word. My voorspelling is dat Afrikaans en haar sprekers meer lewenskragtig uit hierdie situasie gaan opstaan. Herlewing Die VN se Ontwikkelingsverslag van 2004 stel dit prontuit: “As die geskiedenis van die twintigste eeu iéts bewys het, dan is dit dat pogings om kultuurgroepe weg te wens of in die meerderheid te laat opgaan, eerder ’n lewenskragtige kulturele herlewing uitlok.” Akademia is in die lig van al hierdie ontwikkelings besig om sy beplanning vinnig te versnel. Kom ons wees reguit: Die hede gaan nie weggaan nie; die verlede gaan nie terugkeer nie; en die toekoms gaan nie vanself gebeur nie. Die voormalige Afrikaanse universiteite het begin as private gemeenskapsuniversiteite – net soos internasionale universiteite soos Harvard. Ons hét dit al vermag onder veel moeiliker omstandighede. Ons kan, moet en gaan dit weer doen. Kom ons begin! Kom ons bou! S

• Maak ’n maandelikse bydrae om Akademia vinniger te bou. Besoek boufonds.solidariteit.co.za en klik op “Maak ʼn bydrae” of stuur ’n e-pos aan boufonds@solidariteit.co.za • Kry ’n kwotasie by Virseker vir jou korttermynversekering. Jy kan geld spaar en ter selfdertyd help om Afrikaanse onderwys te verseker deur middel van die Virseker Trust. Skakel Virseker by 0860 10 10 05 vir ʼn kwotasie, of SMS jou naam en kontaknommer na 47552, en ’n agent sal jou skakel.


Dit is die einde van ‘n era vir Afrikaans. Ek is woedend.

NUUSWAARDIG

Afrikaans die dood van

Foto’s: iStockphoto.com

is die geboorte van Afrikaans

D

ie afgelope tyd was vir my ’n tyd van botsende emosies. Ek is woedend. Universiteitsrade besluit eenvoudig om ’n streep deur ’n gedeelte van die Grondwet te trek. Die reg op moedertaalonderrig en die regte van taal- en kultuurgemeenskappe moet swig voor toeganklikheid. Die rektor van Tukkies, prof. Cheryl de la Rey, sê edel die taalbesluit van dié universiteit, wat eens die bakermat van Afrikaans was, is ’n reaksie op demografiese realiteit en is geneem ter wille van

Deur dr. Dirk Hermann sosiale kohesie. Só bevind sy haar onkrities in die regering se rasse-ideologie van verteenwoordigendheid. Alles moet soos Suid-Afrika se rassedemografie lyk en só gevorm word. Binne die ideologie is daar nie plek vir minderhede nie. Die praktyk van die ideologie hef grondwetlike bepalings op wat minderhede moet beskerm. Totaal naïef word gemeen dat die tradisioneel Afrikaanse universiteite bloot Engelse Westerse universiteite met mooi liberale waardes gaan wees. Daar word aangevoer dat studente in Engels vir Uitgawe 4 van 2016

12

www.solidariteit.co.za

die Engelse wêreld daarbuite voorberei gaan word. Die werklikheid is dat die besluit oor Engels bloot die voorwaarde geskep het vir transformasie. Dit is die begin van ’n totale omwenteling van die universiteit wat op ’n stamperige pad van anargisme op pad is na dekolonisasie van kurrikulum, waardes en kultuur (asof daar pre-gekolonialiseerde universiteite was). Universiteite moet transformeer tot iets wat nie is nie; vandaar die anargisme. Die vraag is nie of die taal die student vir die wêreld daarbuite gaan voorberei nie, maar


ONDERWYS OPLEIDING

&

Die Venters, Bothas en Van der Merwes wat so dapper ter wille van oorlewing aan die POLITIES KORREKTE PROJEK VAN TRANSFORMASIE deelgeneem het, gaan deur die gulsige krokodil wat hulle gevoer het, verorber word. Hulle gaan agterkom jy kan nie ’n krokodil tem nie.

of die waardes en kurrikulum studente vir die wêreld daarbuite gaan voorberei. Die argument dat die blote feit dat in Engels klas gegee word, ’n voorsprong is, verskraal die universiteit se taak van die ontwikkeling en voorbereiding van ’n student, bloot tot taal. ’n Groot ontnugtering lê voor. Die Venters, Bothas en Van der Merwes wat so dapper ter wille van oorlewing aan die polities korrekte projek van transformasie deelgeneem het, gaan deur die gulsige krokodil wat hulle gevoer het, verorber word. Hulle gaan agterkom jy kan nie ’n

krokodil tem nie. Eerlike, goeie Afrikaanse akademici en ondersteuningspersoneel gaan die prys betaal vir die rasse-ideologie van verteenwoordigendheid. Intussen word Afrikaanssprekendes se reg van toegang tot openbare universiteite beperk. Die Grondwet word in praktyk, sonder ’n tweederdemeerderheid, maar met ideologiese momentum verander. Dit is die einde van ’n era vir Afrikaans. Ek is woedend. In dieselfde tyd ervaar ek ’n stuk bevryding – teenoor die woede beleef ek opgewondenheid. Die Akademia-span kom bied hul tienjaarplan vir ons aan. Die span het pas teruggekeer van ’n buitelandse toer waartydens hulle die beste tegnologie en praktyke in die wêreld ondersoek het. Internasionale skakeling en uitruilskemas word beplan. Die Akademia-tegnologie maak dit moontlik om die beste dosente dwarsoor die wêreld vir lesings te werf. Nog graadkursusse en nog studierigtings word beplan – Tale, Filosofie, Regte, Medies, Verpleegkunde, Ekonomie, Ingenieurswese en meer. Die sewe sentrums wat studente op die oomblik bedien, gaan in 2017 verdubbel. Twee trusts skenk miljoene vir Akademia. ’n Groep besigheidslui kom praat met ons oor sakebetrokkenheid. Testamentêre bemakings word na Akademia geskuif, 1 803 individue bou Akademia verder deur hul debietorderbydraes en elke Solidariteit-lid dra elke maand R10 by tot die groei van Akademia. In dieselfde week hoor ons dat nog ’n Akademia-graad, BCom (Finansiële Beplanning), geakkrediteer is. Ons wag in spanning vir die akkreditasie van die Verpleegkundegraad en ons het ’n bietjie vroeër verneem dat die BCom (Regte)graad geakkrediteer is. Almal wil help. Daar is groot opwinding oor die bou van ’n nuwe wêreldklas- private Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit. Studente word by Akademia in Afrikaans geleer oor uitnemendheid en wêreldklaspraktyke word oorgedra. Die nuwe tegnologie maak die wêreld oop en verbreek die gevaar van isolasie van ’n Afrikaanse instelling. Akademia is gevestig op ou, gesonde, Christelike waardes soos roeping, werk en verantwoordelikheid, maar verpak binne die uitdagings van ’n moderne konteks. Studente word voorberei vir hul roeping en word nie net vir beroepe afgerig nie. Die voorbereiding van studente is baie meer as Issue 4 of 2016

13

www.solidariteit.co.za

taal. Drie woorde beskryf Akademia: oop, Christelik en Afrikaans. Afrikaans by universiteite was lank in die praktyk aan die staat uitgekontrakteer. Getrou in diens van die staat pas die universiteit sy beleid by die staatsideologie aan. As die staat sê “rasseverteenwoordigendheid”, dan volg die universiteit dit getrou na. Die klaarblyklike einde van hierdie staatsera vir Afrikaans is die geboorte van ’n nuwe era – nie meer in afhanklikheid van die staat nie, maar die verantwoordelikheid van die gemeenskap. Die top universiteite in die wêreld is gemeenskaps- en private universiteite, los van die staat: Stanford, Harvard, Yale en Princeton. Akademia wil hom ook eendag in dié uitgelese geledere bevind. Ook in Afrika is daar ’n ontploffing van private universiteite. Volgens die 2009 Wêreldbank-verslag, Accelarating Catch-up: Tertiary Education for Growth in Sub-Saharan Africa, het private universiteite en kolleges in die streek vanaf 1990 tot 2007 gegroei van 24 tot 468. Volgens die verslag studeer ongeveer 24% van alle studente in die streek aan privaatinstellings. Dit wat Akademia doen, is dalk in die huidige Afrikaanse en Suid-Afrikaanse konteks vreemd, maar in Afrika en internasionaal beste praktyk. Akademia is egter sterk gegrond in ’n historiese gemeenskaptradisie wat oorspronklik aanleiding gegee het tot die stigting van die Universiteit van Stellenbosch en die ou Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Dit was al gedoen, onder baie moeiliker omstandighede, en dit kan weer gedoen word. Die ware toets van ’n taal en gemeenskap is of dit die kulturele energie het om ’n universiteit los van die staat te bou. Die afhanklikheid van staatsideologie met die risiko’s wat daarmee gepaardgaan, maak plek vir gemeenskapsverantwoordelikheid en die vryheid en verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan. Die oomblik wat ’n gemeenskap besef die krag van die gemeenskap is sterker as die mag van die staat, vind ’n stuk bevryding plaas. Die enigste benoudheid lê dan in die verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan. Die kulturele energie wat die afgelope ruk rondom Akademia ontsluit is, mag dalk die eerste tekens wees dat die Tuks- en Maties-besluite, so woedend soos wat dit my maak, ook ’n stuk bevryding gebring het. S


NUUSWAARDIG

ONDERWYS OPLEIDING

&

AfriForum wil saak teen Unisa-taalbeleid bespoedig

Foto: iStockphoto.com

A

friForum veg steeds onverpoosd vir Afrikaans op universiteitsvlak en die nuutste “slagoffer” wat taalbeleid betref, is die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). AfriForum het die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria genader met ʼn aansoek om ’n dringende interdik teen die implimentering van die nuwe voorgestelde taalbeleid te bekom. Die hooggeregshof het op Woensdag, 27 Julie besluit dat ʼn aansoek teen die implementering van Unisa se nuwe taalbeleid nie ʼn dringende kwessie is nie. Dié beslissing is egter suiwer op die kwessie van dringendheid van toepassing en nie op die

Deur Mariska Batt meriete van Unisa se taalbeleid self nie. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, bepaal Unisa se nuwe beleid dat Afrikaans vanaf 2017 nie meer as onderrigmedium aan die universiteit gebruik sal word nie en dat Engels voortaan die enigste onderrigtaal sal wees. Drie hooggeregshofregters het op 21 Julie 2016 uitspraak gelewer dat die Universiteit van die Vrystaat ʼn plig het om meertalige onderwys aan te bied; dat Afrikaans op geen wyse as onderrigmedium afgeskaal mag word nie; en dat meer inheemse tale gehelp moet word om tot die vlak van akademiese funksionaliteit

te ontwikkel. AfriForum meen dieselfde geld wat Unisa betref, selfs tot ’n groter mate omdat Unisa ʼn studentegemeenskap bedien wat dikwels geen ander toegang tot tersiêre onderrig tot hul beskikking het nie,” sê Bailey. AfriForum wy nou alle aandag daaraan om te verseker dat die aansoek teen die taalbeleid so spoedig moontlik aangehoor word sodat voornemende studente, wat vir modules wat in Afrikaans aangebied word en vir 2017 wil registreer, uitsluitsel oor hul opsies kan kry. “Ons moedig die voornemende studente intussen aan om, waar moontlik, vir Afrikaanse onderrig te registreer,” het Bailey bygevoeg. S

“Met die eensydige en ondeursigtige besluit om Afrikaans af te skaf, het die raad en bestuur ʼn besonder weerlose studentegemeenskap in die steek gelaat en ons sal alles in die stryd werp om wel die studente se REG TOT ONDERRIG IN AFRIKAANS te beskerm. Daar word beraam dat tussen 20 000 en 30 000 studente wat tans deur Unisa studeer, Afrikaanssprekend is.” ~ Alana Bailey ~ Uitgawe 4 van 2016

14

www.solidariteit.co.za



NEWSWORTHY

S T S E T O R P G N I T A DEVAST on university campuses Higher education in SA faces crisis The Department of Education recently announced that damage to university campuses caused by students during violent protests since October 2015 is estimated to be R460 million. In response to this shocking figure, Solidarity urged the management of universities where there has been violent protest actions in the past year to take back control of their campuses. INGE STRYDOM reports.

T

he Deputy General Secretary of the Professional Sector at Solidarity, Johan Botha, said the damages and losses universities endure because of the violent protest actions are actually much more than Government’s estimates.

“There is even a possibility that universities will have to implement RETRENCHMENTS in future to compensate for the cost of damages.”

“The damage has forced universities to downscale on their main development projects and any expansion plans. In the long term, universities will therefore experience a loss in income and growth in the aftermath of the destruction. The ultimate loss universities will experience is thus more than is currently estimated,” Botha warned. Botha further stated that lecturers are continuously exposed to unfavourable working conditions, including lower salary increases. “There is even a possibility that universities will have to implement retrenchments in future to compensate for the cost of damages. Furthermore, universities’ research budgets may be cut and the careers of lecturers and academics at universities will be affected by the situation,” Botha said. Botha said apart from the damage to physical buildings and property, academic excellence and Uitgawe 4 van 2016

16

www.solidariteit.co.za

the broader university life in South Africa will suffer from the unrest on campuses, because universities are likely to be micro-managed by Government to a greater extent. “We maintain that universities simply cannot absorb more damages due to destruction and fires. They will therefore have to take stricter action against those who promote violence on campuses,” Botha concluded. Similarly, Prof. Belinda Bozzoli, DA MP, has warned that if violent protest action on campuses is not prevented in the future, damage to university property will soon exceed the half billion rand mark. “Aside from the devastating effect that any incidence of arson has on the learning environment, we simply cannot allow further pressure on the financial stability of universities, who will without a doubt have to pay for the damages,” Bozzoli said. S


NEWSWORTHY

EDUCATION TRAINING

DESTRUCTION in numbers North-West University R151m University of Johannesburg R100,3m University of KwaZulu-Natal R82m University of the Western Cape R46,5m Tshwane University of Technology R39m University of Fort Hare R8m Vaal University of Technology R7m University of the Free State R5,2m Wits R4,9m University of Zululand R4,5m University of Limpopo R4m University of Cape Town R3,2m Stellenbosch University R1,4m Cape Peninsula University of Technology R689 850 University of South Africa R395 154 Walter Sisulu University R351 000 Rhodes University R250 000 University of Pretoria R30 000

Photographs: iStockphoto.com; Rozier van Tonder • Source: http://city-press.news24.com/

TOTAL DAMAGE: R459 835 118

Issue 4 of 2016

17

www.solidariteit.co.za

&


NUUSWAARDIG

ONDERWYS OPLEIDING

& CHRISTELIKE

ROEPINGSGEDREWE

Aros spog met nuwe onderwysgraad

Foto’s: iStockphoto.com

A

kademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) het akkreditasie ontvang om ’n graad in intermediêre onderwys (graad 4 tot 7) aan te bied. Aros het tans 900 studente wat ingeskryf is vir die graad in grondslagfase-onderwys asook die diploma in graad R-onderrig. Met die nuutste toevoeging, die BA-graad in Intermediêre Onderwys, lei Aros Afrikaanse onderwysers op vir alle kleuterskole en laerskole in Suid-Afrika, vanaf graad R tot graad 7. Aros sal in Januarie 2017 begin met opleiding vir die nuwe graad in intermediêre onderwys om die huidige tekort aan onderwysers in hierdie fase in Suid-Afrika te help aanpak. Die graad sal studente bemagtig om die beginsels van die onderwys vir die spesifieke fase te verstaan en dit in die praktyk toe te pas.

Die belangrikste komponent van Aros se opleiding is die Christelike inslag waarmee studente toegerus word vir hul beroep as roepingsgedrewe onderwysers in die klaskamer. Die graad sal studente goed onderlê in die teorie van spesifieke vakke, terwyl die praktykervaring die student laat verstaan wat dit beteken om ’n onderwyser te wees. Aros se fokus is primêr op gehalte-onderwys en sluit moedertaalonderrig, werkgeïntegreerde leer en vakspesialisasie in. Dit is om hierdie rede dat Aros ’n afstandsonderrigmodel gebruik. Terwyl studente inskakel by skole kan hulle steeds studeer en hul dosente oor naweke tydens kontaksessies konsulteer. Die graad in intermediêre onderrig bied aan studente twee opsies waarin hulle kan spesialiseer, naamlik wiskunde en natuurwetenskappe of geesteswetenskappe. Studente wat wiskunde en Uitgawe 4 van 2016

18

www.solidariteit.co.za

natuurwetenskappe kies, word oor ’n tydperk van vier jaar met dieptekennis van wiskunde en natuurwetenskappe toegerus. Studente wat die geesteswetenskappe kies, ontvang onderrig in vakke soos geografie, geskiedenis en lewensvaardighede. In albei dié rigtings word studente in Afrikaans en Engels opgelei. Aros se toekomsplanne sluit in ’n graad in die senior en VOO-fases (graad 8 tot 12), nagraadse diplomas in onderwys (die ou NGOS) asook verskillende honneurs- en meestersgraadprogramme. By Aros wil ons nie ons studente met ’n administratiewe las opsaal nie, daarom is ons registrasieproses maklik en ons studiegidse en handboeke betyds beskikbaar. Ons studente moet nie sukkel om te leer nie en kan dus seker wees van Aros se ondersteuning. Onderwys is Aros se passie en gehalte-onderwys is ons leuse. S



NUUSWAARDIG

ONDERWYS OPLEIDING

&

Taal en sy mense sal opstaan, toekoms bou Die onlangse besluite oor Afrikaans se status in ons universiteite asook die konstitusionele hof se uitspraak dat die finale besluit oor openbare skole se toelatingsbeleid by die staat berus, het die AFRIKAANSE GEMEENSKAP warm onder die kraag gelaat. Dié besluite het ’n streep deur ’n deel van die Grondwet getrek, maar dit het ons ook laat besef dat die toekoms van Afrikaans in die hande van privaat gemeenskapsuniversiteite en -skole is. Die gemeenskap voel dat hul taal vertrap is, maar die taal en sy mense sal soos voorheen opstaan, skryf JURAN VAN DEN HEEVER.

Foto: iStockphoto.com

D

ie uitsprake oor skole en veranderings aan universiteite se taalbeleide is ’n oorwinning vir die groeiende staatsmag wat oor die samelewing uitgeoefen word en is ’n slag vir die vryheid van openbare universiteite, skole, taal- en kultuurgemeenskappe asook vir moedertaalonderwys. In praktyk kan die paar oorblywende topskole en universiteite in die land nou uitgelewer word aan ’n staat wat daarvoor verantwoordelik is dat die oorgrote meerderheid opleidingsinstellings en skole vir jare lank reeds disfunksioneel is. Dis hartseer om toe te kyk hoe die reg op moedertaalonderrig en die regte van taal- en kultuurgemeenskappe moet swig voor toeganklikheid vir almal. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, was die twee kante van die munt wat in die 1994-skikking bereik is dat meerderheidsregering in ruil vir minderheidsbeskerming bewerkstellig is. Daarvolgens sou die meerderheid SuidAfrikaners volle regte verwerf sonder dat minderhede hul fundamentele regte sou verloor. Moedertaalonderrig en -onderwys word wêreldwyd as deel van taal- en kultuurgemeenskappe se fundamentele regte beskou. Staatsbesluite oor so ’n fundamentele saak is ’n groot stap weg van meerderheidsregering af op pad na meerderheidsoorheersing. “Dit laat die grondwetlike ruimtes vir Afrikaanse onderrig en opleiding, taal- en kultuurgemeenskappe, skoolbeheerliggame en die reg op moedertaalonderrig sonder betekenisvolle inhoud. Hierdie uitsprake en veranderings bevestig ons siening dat demokrasie sonder vryheid net vryheid vir die meerderheid is,” het Buys gesê. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die werklikheid dat die besluit oor Engels bloot die voorwaarde geskep het vir transformasie. “Dit is die begin van ’n totale omwenteling van ons land se universiteite op ’n stamperige pad van anargisme na dekolonisasie van die kurrikulum, waardes en kultuur (asof daar ooit pre-gekoloniseerde universiteite was). Alles moet soos Suid-Afrika se rassedemografie lyk en so

gevorm word. In die ideologie is daar nie plek vir minderhede nie. Die praktyk van die ideologie hef grondwetlike bepalings op wat minderhede moet beskerm,” meen Hermann. Universiteite moet getransformeer word tot iets wat nie is nie, vandaar die anargisme. Die vraag is nie of die universiteit se taal die student vir die wêreld daarbuite gaan voorberei nie, maar of sy waardes en kurrikulum dit sal doen. Die konstitusionele hof se uitspraak oor die toelatingsbeleid by skole het volgens Hermann die gemeenskappe ontneem van hul reg om self te besluit oor kwessies wat hulle ten diepste raak, en ken net nog meer mag toe aan ’n staat wat al hoe verder verswak. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is die besluite in ’n mate bevrydend. “Ek is nie meer hartseer oor wat gebeur het nie, nog minder verras, maar ek is meer as gereed om die besluite waar en hoe ook al moontlik binne die raamwerk van die wet aan te vat,” het Bailey gesê. “Dit help aan die een kant dalk om die Afrikaanse aanbod in die kort termyn nog ’n ruk te behou terwyl Akademia groei, maar aan die ander kant maak dit ook die publiek se oë oop vir die besture se laakbare gedrag. Daar sal ook van die jeug se kant af beurse geskep word vir studente wat in Afrikaans wil studeer.” Prof. Wannie Carstens, direkteur van die skool vir tale aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, het gesê die afskaffing van Uitgawe 4 van 2016

20

www.solidariteit.co.za

Afrikaans by universiteite soos Maties en Tukkies is sekerlik die ergste slag in 90 jaar vir Afrikaans. “Hulle het in der waarheid gesê: Ons het jou goed gebruik, maar nou het ons jou nie meer nodig nie,” het Carstens gesê. Volgens hom moet Afrikaanssprekendes nie moedeloos word nie. “Ons sal mobiliseer en planne maak. “Maar, so teleurgesteld as wat ons is en so hard as wat ons veg om Afrikaans by openbare universiteite en skole te behou, moet ons ook bou aan ’n nuwe universiteit, Akademia, en moet ons ’n privaat alternatief by skole ondersoek. Dit is al voorheen gedoen en kan weer gedoen word. “Hierdie alternatiewe is onafhanklik van staatsbefondsing en stel ’n taal in staat om sy eie toekoms te verseker. Dit staan dus los van die heersende en veranderende regeringsideologie. Dit word uit die gemeenskap gebou. Die toets vir die voortbestaan van ’n taal op hoërordevlakke is of dit skole en universiteite kan bou uit gemeenskapsenergie.” Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia, meen ondanks die afskaffing en afskaling van Afrikaans aan staatsuniversiteite wink daar ’n blink toekoms vir die taal. “Die toekoms lê in privaat gemeenskapsuniversiteite. Die huidige Afrikaanse universiteitswese is die produk van privaat gemeenskapsinisiatiewe wat 100 tot 150 jaar gelede ontwikkel is. Niks verhoed ons om weer suksesvolle Afrikaanse universiteite op te rig nie.” Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, beoog Helpende Hand om binne die volgende paar jaar meer as R100 miljoen aan studente te leen, om sodoende aan hul toekoms, in Afrikaans, te help bou. Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, het gesê die FAK gaan voortaan sy gewig agter die uitbouing van Akademia ingooi. “Die FAK is steeds hoopvol oor die toekoms van Afrikaans as akademiese taal,” het Langner gesê. Die klaarblyklike einde van die staatsera vir Afrikaans is die geboorte van ’n nuwe tydvak waarin die taal nie meer van die staat afhanklik is vir sy voortbestaan nie, maar die verantwoordelikheid is van die gemeenskap en die mense wat dit praat om sy vryheid en toekoms te verseker. S


NUUSWAARDIG

ONDERWYS OPLEIDING

&

“Geweld, segregasie” glo spyker in Afrikaans-kis

Foto: iStockphoto.com

I

n die regsaak tussen AfriForum, AfriForum Jeug, Solidariteit en die Universiteit van die Vrystaat (UV) het die UV se regspan erken dat geweld die Grondwet troef. In die saak wat in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor word, het adv. Jeremy Gauntlett, namens die UV, erken dat die instelling se besluit om ’n nuwe taalbeleid in werking te stel wat Afrikaans uitrangeer, nie op finansiële gronde geneem is nie, maar omdat Afrikaans volgens hulle tot segregasie lei. Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, wat die saak bygewoon het, het gesê geen reg kan bevorder word deur ’n ander reg weg te neem nie. Die Grondwet maak voorsiening vir moedertaalonderrig waar prakties moontlik en doenlik. “Die UV bied parallelmediumonderrig aan en geen student word van ’n studiegeleentheid ontneem omdat ’n ander student se reg tot Afrikaanse moedertaalonderrig gerespekteer word nie. As besluite in die land deur geweldsdreigemente gedryf word, kan ons nie langer voorgee dat ons ’n demokrasie is nie.” Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, meen die UV-bestuur gee in wese toe dat geweld die Grondwet troef. “Die feit dat Afrikaans hier prakties aangebied word, soos in die Grondwet bedoel, moet buig voor anargie. Dis ’n politieke spel vermom as ’n taalkwessie.” Adv. Johan du Toit, namens AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit, het in sy betoog die grondwetlike reg volgens artikel 29 (2) beklemtoon om aan te hou om onderrig te kry in ’n taal wat reeds aangebied word. Hy het ook op prosedurele afwykings gewys toe die UV die nuwe beleid aanvaar het. Die nuwe beleid behels dat onderrig vanaf 2017 net in Engels aangebied word. Du Toit het verwys na 15 geleenthede voor 4 Desember 2015 se raadsvergadering oor die taalbeleid waar verskeie kundiges soos dosente, senaatslede en raadslede die UV-bestuur gewaarsku het dat ’n eentalig Engelse beleid risiko’s skep. Dit is onder meer ongrondwetlik, dit kom neer op taalregteskending en dit het implikasies vir koste vir die universiteit en ’n verlies aan steun. Al die waarskuwings is deurgaans geïgnoreer. Du Toit het ook aangevoer dat die nuwe taalbeleid neerkom op diskriminasie teen huidige sowel as toekomstige studente. Hy het voorts gesê skoliere wat in hul moedertaal leer, het ook die reg om te weet hul taalregte is veilig.

Deur Alet Rademeyer

Intussen het AfriForum en Solidariteit se aansoek vir die tersydestelling van die UV se nuwe taalbeleid geslaag. Dié uitspraak is teen druktyd in die hooggeregshof in Bloemfontein gelewer toe regters Ronald Hendricks en Eunice Mokgohloa en waarnemende regter Abram Motimele tot ‘n beslissing gekom het. Die regters het ook bevind dat die UV alle regskoste moet betaal. Die beslissing sal hoogs waarskynlik op appèl na die konstitusionele hof geneem word. Adv. Jan Heunis, namens vriende van die hof wat Fedsas, die SAOU en die Afrikaanse Taalraad insluit, het aangevoer dat die Grondwet ingevolge artikel 29 (2) nie kwalifiseer dat ’n taal soos Engels meer reg het weens “internasionaliteit” of toegang wat dit tot loopbaangeleenthede gee nie. Dis nie ter sake wanneer dit by grondwetlike regte kom nie. Waaroor dit gaan, is die belang van moedertaalonderrig. Heunis het gesê dit is tragies dat die ander nege amptelike tale vir twee dekades lank versaak is en dat die moedertaalsprekers daarvan nou gedwing word om in Afrikaans of Engels te studeer. Sou almal kies om in Engels te studeer, verminder dit nie die reg van Afrikaanssprekendes om in Afrikaans te studeer nie. Heunis het voorts gesê die UV het getransformeer en is nie meer eksklusief Afrikaans nie. Die instelling het aan die uitdagings van die dag gehoor gegee. “Ons vra nie vir die herinstelling van die verlede nie, Issue 4 of 2016

21

www.solidariteit.co.za

maar vir die behoud van Afrikaanse studente se reg om in Afrikaans te studeer.” Gauntlett het gesê die UV se nuwe taalbeleid is nie die gevolg van geweldsdreigemente nie. Volgens hom is dit ’n oorvereenvoudiging van die saak en gaan dit eintlik oor segregasie. Klasse word geskei op grond van wit en swart en dit dra volgens die UV by tot polarisasie en geweld. Hy het voorts gesê die UV se besluit is nie deur finansiële faktore gedryf om geld te spaar nie en dat dit nooit ’n oorweging was nie. Dit het egter onhoudbaar geword om met parallelmediumonderrig voort te gaan. Gauntlett se argument was ook dat iets soos taal nie beskerm kan word omdat dit mooi en histories en kosbaar is nie. “Jongmense verlang die taal wat hulle die meeste moontlikhede bied, byvoorbeeld om toegang tot werk te kry. Dié taal is Engels. Studente kan steeds hul moedertaal tuis praat en dit koester,” het hy gesê. Uitspraak is voorbehou. S


NUUSWAARDIG

Niks verhoed ons om weer

op te rig nie. By Akademia aanvaar ons hierdie uitdaging met die steun van ons gemeenskap.

Afrikaans in hande van gemeenskap

Foto: iStockphoto.com

“D

ie afskaling en afskaffing van Afrikaans by staatsuniversiteite beteken dat Afrikaans nou in die hande van die gemeenskap is. Afrikaanse hoër onderwys het daarom ’n blink toekoms,” het Piet le Roux, Akademia se akademiese hoof, gesê. Le Roux het dié stelling gemaak nadat verskeie histories Afrikaanse universiteitsrade landwyd besluit het om Afrikaans daar wesenlik te verskraal of effektief af te skaf. “Hierdie universiteite het histories gestaan vir die idee van ’n Afrikaanse universiteitswese, ’n idee wat hulle nou klaarblyklik die rug toekeer. Tog was dié universiteite altyd net die beliggaming van die idee en nie die idee self nie. Wat met Afrikaans by staatsuniversiteite gebeur, is daarom nie bepalend nie. Die toekoms lê in privaat gemeenskapsuniversiteite,” het Le Roux gesê. Volgens Le Roux is die huidige Afrikaanse universiteitswese die produk van privaat gemeenskapsinisiatiewe wat 100 tot 150 jaar

gelede geloods was. “Niks verhoed ons om weer uiters suksesvolle Afrikaanse universiteite op te rig nie. By Akademia aanvaar ons hierdie uitdaging met die steun van ons gemeenskap. Ons verwelkom bydraes en ons sal op ons beurt ook hulp verleen aan ander inisiatiewe met dieselfde oogmerk,” het Le Roux gesê. Oor Akademia Akademia is vanjaar in sy vyfde akademiese jaar en bied verskeie geakkrediteerde kwalifikasies aan. Groot uitbreidings vind ook reeds by dié Afrikaanse hoëronderwysinstelling plaas. “Ons rig ons op ’n verskeidenheid akademiese kwalifikasies en om so spoedig moontlik ’n residensiële kampus te hê om ons huidige hoëtegnologie-onderrigmodel aan te vul,” het Le Roux verduidelik. Vir 2017 aanvaar Akademia naas ’n Gevorderde Diploma in Projekbestuur en verskeie hoërsertifikaatkwalifikasies ook reeds inskrywings vir die volgende: • BCom (Ondernemingsbestuur) Uitgawe 4 van 2016

22

www.solidariteit.co.za

• BCom (Bestuursrekeningkunde) • BCom (Ekonomie en Regte) • BCom (Finansiële Beplanning). Die volgende kwalifikasies word tans ontwikkel vir implementering soos aangedui: • In 2017: BCom-graad in Rekeningkunde en ’n B-graad in Verpleging • In 2018: BA-graad in Taal en Literatuur asook in Politiek, Ekonomie en Filosofie (PPE) • In 2019: BSc-grade in rekenaar- en wiskundige wetenskappe • In 2020: Nagraadse programme in regte en ekonomie. Akademia brei tans sy landwye voetspoor van studiesentrums uit en het reeds goeie vordering gemaak met die vestiging van sentra in onder meer Bloemfontein, George en die Paarl, naas verskeie bestaande sentrums in Gauteng en die Wes-Kaap. • Akademia aanvaar tans inskrywings vir 2017. Besoek gerus die webtuiste vandag nog by www.akademia.ac.za. S



NUUSWAARDIG

Rasse

Solidariteit versus regering by VN

Foto’s: iStockphoto.com

O

p 8 Augustus vanjaar moet Solidariteit voor die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie verskyn – ʼn jaar nadat die vakbond ʼn klag oor rassekwotas teen die Suid-Afrikaanse regering by die VN gelê het. In dieselfde week moet die Suid-Afrikaanse regering voor dieselfde komitee verskyn. Dit is die eerste keer sedert 1994 dat die Suid-Afrikaanse regering vir rassediskriminasie by die VN aangekla word. Volgens die Solidariteit-klag oortree die SuidAfrikaanse regering die VN-konvensie wat alle vorme van rassediskriminasie verbied. Die klag fokus op die staat se gebruik van die nasionale rassedemografie as ʼn kwotabeleid. Daar word ook gefokus op die regering se onwilligheid om hofuitsprake, wat reeds gewys het dat die staat te ver gaan met rassekwotas, te implementeer. Die klag neem die vorm aan van ʼn skaduverslag wat ʼn reaksie is op die verslag wat die regering by die komitee ingedien het oor vordering met die uitwissing van rassediskriminasie. Die CERD (Committee on the Elimination of Racial Discrimination) maak voorsiening daarvoor dat burgerlike organisasies ’n regering kan verkla deur middel van ʼn skaduverslag wat voorgelê word in reaksie op die betrokke regering se eie verslag aan die CERD. Die kern van die klag is dat die SuidAfrikaanse regering se absolute fokus op rasseverteenwoordiging teen die bepalings van die CERD indruis. Die staat se rassebeleid gaan verder as wat regstellende aksie internasionaal toegelaat word en voldoen nie meer aan die internasionale vereiste van regstellende aksie nie. Die skaduverslag strek wyer as net Solidariteit en sy lede. Solidariteit fokus op ʼn saak wat alle Suid-Afrikaners raak en wat ’n brandpunt vir almal, ongeag ras, geword het. Suid-Afrikaners oor ʼn breë spektrum is moeg vir die swak polisiediens as gevolg van ʼn oordrewe fokus op ras; hulle dink dit is uiters onbillik om die nasionale rassedemografie in die Wes-Kaap toe te pas; en hulle is van mening dat dit absurd is om met ʼn aggressiewe

kwotastelsel vaardighede by Eskom te verjaag te midde van ʼn kragkrisis. Suid-Afrikaners oor ʼn breë spektrum is ook moeg vir kwotas in sport, ten spyte van internasionale voorskrifte wat dit duidelik nie toelaat nie. Solidariteit verwag dus steun vanuit alle oorde in ons openbare konsultasieproses. In die klag word die departement van korrektiewe dienste (DKD) wat die nasionale rassedemografie in die Wes-Kaap wil toepas, die SAPD se regstelbeleid, die Renate Barnardsaak, die gebruik van die nasionale demografie op Eskom se tegniese posvlakke asook die minister van sport se verbod op internasionale sportbyeenkomste as gevolg van nie-nakoming van kwotas, as gevallestudies gebruik. Solidariteit en AfriForum het in ʼn gesamentlike gedeelte van die verslag wat handel oor kwotas in sport uitgewys dat die regering nie net die internasionale sportliggame se regulasies oortree nie, maar ook plaaslike wetgewing ignoreer. Volgens ʼn peiling van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede steun 78% Suid-Afrikaners die standpunt dat meriete in sport moet geld. Die klag stel dit dat die regering se beleid van rassekwotas nie gedefinieer kan word as regstellende aksie nie, maar eerder as ʼn vorm van neo-rassisme wat nêrens in die wêreld aanvaarbaar is nie. Van die belangrikste punte van Solidariteit se klag teen die regering se neo-rassisme is die volgende: • Verskillende silo’s word vir verskillende ras- en geslagsgroepe geskep;

• Dit wil ʼn toekoms skep deur maatskaplike manipulasie; • Rasseklassifikasie in Suid-Afrika word weer geïnstitusionaliseer; • Rasverskille het die basis vir besluitneming geword; • Daar word nie op die benadeling van die verlede gefokus nie, maar net op ras; • Daar is nie ʼn sonsondergangklousule nie omdat die rassedemografie deurlopend verander; • Daar is nie ʼn fokus op die opleiding en ontwikkeling van mense nie – slegs op wiskundige uitkomste; • Rassekwotas word nagejaag sonder inagneming van dienslewering. Daarteenoor bepaal internasionale praktyke oor regstellende aksie die volgende: • Geen silo’s mag geskep word nie. Daar moet ook gekyk word na klas, en ras moet net in die uiterste gevalle gebruik word; • Benadeling moet in sy geheel reggestel word, nie net met syfers nie; • Daar moet gewaak word daarteen dat vorme van rasseklassifikasie nie geïnstitusionaliseer word nie; • Daar moet ʼn sonsakklousule wees wat nie verder strek as wat nodig is nie en met die oog daarop dat slegs meriete gebruik kan word; • ʼn Verskeidenheid faktore moet in ag geneem word, insluitend billikheid en individuele meriete in operasionele vereiste; • Die fokus moet wees op die opleiding en ontwikkeling van mense as die belangrikste metodes van regstelling; • Daar moet gefokus word op goeie dienslewering as ʼn vorm van regstelling, veral vir armes. Suid-Afrika se program van rasseverteenwoordigendheid voldoen dus nie aan die definisie van regstellende aksie nie. Een van die vereistes wat die VN aan Solidariteit stel om suksesvol te wees, is om te bewys dat hulle plaaslike steun geniet. Solidariteit wil dus wys dat honderde duisende mense rassekwotas verwerp. S

Wil jy Solidariteit hiermee help? SMS die woord “reg” na 34802 en word só deel van die duisende wat rassekwotas verwerp en hul stem daaroor by die VN dik maak.

Uitgawe 4 van 2016

24

www.solidariteit.co.za


NUUSWAARDIG

Kans om diskriminasie te bevraagteken Die klag wat Solidariteit teen die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies (VN) gelê het, word op 8 Augustus aangehoor. DR. DIRK HERMANN, bestuurshoof van Solidariteit, verduidelik meer hieroor. Waarom het Solidariteit ’n klag by die VN gelê? Die Suid-Afrikaanse regering gaan eenvoudig te ver met rassekwotas. Dit is asof ons ʼn rassestaat geword het en nie meer ʼn grondwetstaat is nie. Iemand moet die demokratiese selfvertroue hê om teen die staat op te staan. Solidariteit het besluit om daardie baadjie aan te trek en het reeds ʼn jaar gelede ʼn klag teen die Suid-Afrikaanse regering gelê.

Foto’s: iStockphoto.com

Is dit nie beter om sake in SuidAfrika uit te sorteer nie? As daar een groep is wat sy bes probeer het om in Suid-Afrika ʼn oplossing te kry, is dit Solidariteit. Ons het twee keer wetswysigings by die parlement gepetisioneer, het gepoog om ʼn akkoord met die regering te sluit en het al die interne regsremedies tot in die konstitusionele hof uitgeput. Solidariteit was tog dikwels suksesvol in die hof. Waarom dan nog na die VN? Die antwoord lê in die vraag. Ons was dikwels suksesvol in die hof. In ʼn grondwetlike demokrasie waar die reg gerespekteer word, gaan jy een keer hof toe en dan word daar aanvaar die teenparty sal hulle daarby hou. Solidariteit moet weer en weer hof toe gaan oor dieselfde kwessie. Ons moes al so ver gaan om die regering aan te kla van minagting van die hof. Een van ons klagtes teen die regering is die feit dat hulle hofprosesse minag. Is dit nie onpatrioties om die regering by die VN te verkla nie? Dit is juis patrioties. Indien die regering internasionale beste praktyke oortree, moet

hulle in die bek geruk word. Internasionale konvensies is deel van ons demokrasie en net soos patriotiese burgerlike organisasies ʼn waghondrol het om te sorg dat die regering aan plaaslike wette gehoorsaam is, het hulle ook ʼn rol om die regering verantwoordbaar te hou teenoor internasionale konvensies. Hoe werk die proses by die VN? Suid-Afrika is ʼn ondertekenaar van die konvensie vir die uitwissing van alle vorme van diskriminasie. Ons verbind ons aan die inhoud en onderneem selfs om plaaslike wetgewing daarmee te belyn. Die konvensies maak nie voorsiening vir aparte rassesilo’s soos Suid-Afrika se rassekwotabeleid nie. Regerings moet gereeld verslag doen oor wat hulle doen om rassediskriminasie uit te wis. Burgerlike organisasies kan dan op die grond van die verslag die regering in die vorm van ʼn skaduverslag aankla indien kwessies verswyg word. Solidariteit het besluit om dié roete te volg. ʼn Komitee bestaande uit 18 lande evalueer dan die regeringsverslae en die verslae van burgerlike organisasies. Wat kan die komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie doen? Die komitee maak aanbevelings wat dan deur die regering geïmplementeer moet word. Die regering moet binne twee jaar verslag doen oor wat hulle gedoen het om die aanbevelings te implementeer. Indien die regering dit ignoreer, skep dit ʼn internasionale verleentheid. In ekstreme gevalle kan ʼn land sy lidmaatskap van die konvensie verloor indien aanbevelings geïgnoreer word. Wat selfs belangriker is, is die feit dat state onderneem om plaaslike wetgewing aan te pas om dit te belyn met die Issue 4 of 2016

25

www.solidariteit.co.za

konvensie. Indien die komitee aanbevelings maak ten gunste van Solidariteit, is dit ʼn kragtige wapen vir plaaslike regsaksies. Wat’s die kern van vakbond se saak? Die kern van Solidariteit se saak is die gebruik van die nasionale rassedemografie as kwota in die werkplek en sport. Ras het die oorheersende faktor in die Suid-Afrikaanse samelewing geword. Ons argumenteer dat ʼn toekoms nie op grond van ras gebou kan word nie. Hoekom word ook op sport gefokus? Solidariteit en AfriForum het ʼn gesamentlike deel opgestel oor rassekwotas in sport. Dit lig die absurditeit van die regering se rasse-ideologie uit. Om te verwag dat alle sportspanne die rassedemografie van SuidAfrika moet weerspieël, is totaal wêreldvreemd. Oral in die wêreld verkies sekere groepe sekere sportsoorte bo ander sportsoorte. Die sportspanne sal natuurlik die samestelling van die mense hê wat dit wil speel. Die internasionale sportkodes verbied in elk geval enige vorm van regeringsinmenging in sport. Kan mense help om jul klag suksesvol te maak? Ons kan nie suksesvol wees sonder mense se steun nie. Die Verenigde Nasies wil weet of ons plaaslike steun het. Ons wil dus wys dat honderde duisende mense ons steun. Hierdie is ʼn unieke geleentheid om vir die internasionale wêreld te wys dat duisende mense rassekwotas verwerp. Hoe sterker ons mandaat deur die gemeenskap, hoe sterker is ons saak by die Verenigde Nasies. (Sien die SMS-nommer op die bladsy hiernaas.) S


NUUSWAARDIG

Wen groot kontantprys!

D

ie Solidariteit Beweging en Solidariteit Tydskrif heg baie waarde aan gehalte-onderwys en -opleiding. Oor die volgende vyf jaar gaan ons sowat R1 miljard in Afrikaanse opleiding belê. Die Beweging se onderwysplan strek van kleuterskoolvlak tot op tersiêre vlak met ’n privaat Afrikaanse universiteit. “Ons is baie bekommerd oor die rigting waarin Afrikaans op alle vlakke van onderrig gedwing word. Ons sal aan die een kant alles in ons vermoë doen om Afrikaans te beskerm. Ons kan egter nie wag nie; die tendens is duidelik en daarom moet ons aan die ander kant baie vinniger uitbou om te sorg dat ons opleiding op wêreldstandaard bly,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê. Afrikaanse opleiding Die Solidariteit Beweging bedryf Sol-Tech, die enigste Afrikaanse tegniese kollege in die land. Sol-Tech is vanjaar al tien jaar oud en het 1 200 ingeskrewe studente. Akademia, ons universiteit, is al vyf jaar aan die gang en groei sterk. Daar is ook verskeie veldtogte om Afrikaans by ander universiteite te beskerm. Ons ken jaarliks meer as 1 200 rentevrye studielenings aan Afrikaanssprekende studente toe en ons wil dit binne vyf jaar na 5 000 studente uitbrei.

Afrikaanse onderwys Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun tans meer as 500 skole. Dit sluit projekte in soos die Skooltassieprojek waarmee skryfbehoeftes en boeke aan 500 graadeens per jaar verskaf word, die Kosblikkie-voedingsprojek, die vestiging van vakverenigings soos die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (V.A.W.) en die Genootskap van Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), asook ander vorme van hulpverlening aan skole. Ons werk graag saam met onderwysinstellings soos die SuidAfrikaanse Onderwysersunie (SAOU) en die Federasie van Beheerliggame van SuidAfrikaanse Skole (Fedsas).

JOU WÊRELD IN

Plaasaanvalle neem steeds toe 188 plaasaanvalle en 39 plaasmoorde is reeds tot dusver vanjaar aangemeld, volgens statistieke wat deur die Transvaalse Landbou-unie (TLU) vrygestel is. In 2012 was daar 174 plaasaanvalle en hierdie getal het bly toeneem in 2013 (231 aanvalle), 2014 (279 aanvalle) en 2015 (318 aanvalle).

Wen kontantprys! Weet jy wat jou skool se leuse is (jou hoërskool, laerskool of jou kinders se skool)? Antwoord hierdie vraag en staan die kans om ’n groot prys te wen. Hoe neem ek deel? Stuur ’n SMS met die woord Tydskrifkompetisie, jou naam, van, en jou antwoord aan 34802. SMS’e kos R2. Die sluitingsdatum is 15 September 2016. Wat is op die spel? Jy staan die kans om R2 000 kontant te wen. S

WEN! WEN! WEN!

Maroela vat die koek (met vyf kersies op!) Maroela Media het vyf jaar gelede, op 29 Julie 2011, sy digitale deure oopgegooi om die lekkerste kuierplek in Afrikaans op die internet bekend te stel. Baie geluk Maroela met dié mylpaal. Boonop spog Maroela met meer as een miljoen unieke besoekers maandeliks! • Lees gerus meer op bladsy 67.

22,2% meer mynsterftes

Foto’s: iStockphoto.com

22,2% meer mynsterftes het reeds vanjaar plaasgevind in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Altesaam 55 mynwerkers (47% hiervan by goudmyne en 31% by platinummyne) het tot dusver vanjaar in Suid-Afrikaanse myne omgekom, in vergelyking met 45 werkers wat in dieselfde tydperk verlede jaar gesterf het. Uitgawe 4 van 2016

26

www.solidariteit.co.za


Issue 4 of 2016

27

www.solidariteit.co.za


Bedryfsnuus

Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook sake wat jou in die wêreld van werk raak.

Solidariteit verseker oorwinning vir lede DKD-werknemers moet bevorder en terugwerkend vergoed word

Foto’s: Reint Dykema, Martie Maree

“V

Deur Inge Strydom, Francois Redelinghuys en Cilleste van Dyk

andag is ons almal se harte oorstelp met vreugde. Dit is ʼn groot oorwinning vir demokrasie en die minderhede hier in SuidAfrika,” het Christo February in ʼn gesamentlike verklaring namens die kandidate gesê. Die konstitusionele hof in Braamfontein het op 15 Julie 2016 beslis dat sewe werknemers van die departement van korrektiewe dienste (DKD) bevorder en terugwerkend vergoed moet word. Dit volg nadat hulle vroeër ingevolge die DKD se regstellendeaksieplan vir bevordering oor die hoof gesien is. Die hof het voorts die arbeidshof en die arbeidsappèlhof se uitspraak bevestig en het beklemtoon dat die streek se rassedemografie ook in ag geneem moet word by die opstel en toepassing van regstelplanne. “Ons was almal oorgesien vir bevordering as gevolg van ons velkleur ongeag ons kwalifikasies, ervaring of meriete; slegs ons ras was in ag geneem. Dit was die beslissende faktor. Ons hoop en drome was aan flarde, maar nou is daar weer hoop. Ons is ewig dank verskuldig aan die regsverteenwoordigers en aan Solidariteit wat elke stap van die pad daar was om ons te ondersteun in die geveg om geregtigheid,” het February gesê. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, verander die hof se uitspraak die toepassing van regstellende aksie teenoor minderheidsgroepe in Suid-Afrika vir altyd. “Die uitspraak is nie net ʼn reuse-oorwinning vir die spesifieke applikante nie, maar ook vir elke lid van ’n minderheidsgroep in Suid-Afrika. Die uitspraak is voorts ’n herbevestiging dat regstellendeaksieplanne aan grondwetlike beginsels moet voldoen en dat sulke planne ʼn genuanseerde benadering moet volg.” Van der Bijl sê voorts dat die uitspraak bevestig dat alle relevante faktore, soos onder meer die bepaalde streek se rassedemografie, by die opstel en toepassing van regstellendeaksieplanne in ag geneem moet word. “Aangesien die DKD se plan nie die streeksdemografie in ag geneem het nie, is die plan as sodanig gebrekkig en onwettig.

Flip Buys en dr. Danny Titus, kommissaris van die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie.

Uitgawe 4 van 2016

28

www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

Dit is dus duidelik dat dit onwettig is vir enige staatsdepartement om sy regstellendeaksieplan slegs op die nasionale rassedemografie te skoei. Ons sal daarom dienooreenkomstige stappe neem om hierdie bevel af te dwing. Hierdie uitspraak is dus ʼn groot terugslag vir die staat se beleid om die nasionale rassedemografie oral in Suid-Afrika toe te pas,” het Van der Bijl gesê. Adv. Greta Engelbrecht, regsverteenwoordiger vir die DKD-kandidate, en dr. Danny Titus, kommissaris van die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie, is dit eens dat die regte van individue belangrik is en dat hierdie saak weer geregtigheid aan daardie regte laat geskied het. “Solidariteit het ons gewys wat dit beteken om demokraties te wees,” het Titus gesê. Dié prominente hofsaak teen die DKD het reeds in 2012 begin toe die vakbond etlike sake oor die DKD se omstrede regstellendeaksieplan gekonsolideer het. Volgens dié plan moes die nasionale rassedemografie op alle posvlakke weerspieël word ongeag die profiel van die provinsie of streek. Bruin Suid-Afrikaners maak sowat 51% van die ekonomies aktiewe bevolking van die Wes-Kaap uit, en in talle spesifieke streke nog meer, terwyl hulle op nasionale vlak slegs sowat 8,8% van die totale bevolking uitmaak. S


Foto: iStockphoto.com • Bronne: http://smallbusiness.chron.com/importance-training-development-workplace-10321.html; https://www.quora.com/Why-is-training-important-in-the-workplace

BEDRYFSNUUS

Lewenslange leer die nuwe gonswoord

A

Deur Cilleste van Dyk s jy gereeld artikels oor of van die Solidariteit Beweging lees, is die term “lewenslange leer” dalk vir jou niks nuuts nie. Maar as jy steeds wonder daaroor, lees

gerus verder. In vandag se snel veranderende wêreld verouder kennis en ondervinding blitsvinnig. Daarom verstaan mense wat jare lank suksesvol was nie hoekom hulle skielik begin sukkel in hul werk nie. Stagnasie is die dood in die loopbaanpot. Prakties beteken dit ’n kwalifikasie is wel ’n goeie en noodsaaklike wegspringplek, maar nie ’n gewaarborgde wenpaal nie. Die wêreld staan nie stil nie, en daarom kan jy ook nie. Suksesvolle maatskappye en mense besef dit ook. Dis waarom lewenslange leer vandag die in-ding is. Moenie sug en dink dit beteken jy moet lewenslank nagte om leer om nog grade te verwerf nie. Op universiteit leer jy om te leer. Formele studies is en bly altyd goed, maar deur kursusse te doen, konferensies by te woon, boeke te lees of net ’n leeringesteldheid te hê, kan jy baie ver kom. Trouens, die “universiteit van die lewe” is onontbeerlik vir sukses. Onthou: hou jou oë en ore oop; algemene kennis is toe nie so algemeen nie!

Hoekom is dit belangrik vir werknemers en maatskappye om steeds kursusse by te woon of te reël, of jou kennis op te skerp met ʼn nuwe boek of aanlyn artikel? Dit slyp werknemers se swakpunte. Almal van ons het ons swakpunte, en ʼn kursus of ʼn boek oor die relevante onderwerp kan jou help om konstruktief aan daardie swakpunt te werk. As ’n hele maatskappy se gesindheid oor opskerping van swakpunte dieselfde is, sal daar geen swakplekke in die maatskappyskakels wees nie. Werknemers se prestasie verbeter. Die oomblik wanneer ʼn werknemer die regte opleiding ontvang, verbeter hul prestasie en uitsette. Hulle is bewus van hoe en hoekom seker prosesse daargestel is en dit gee hul selfvertroue ʼn hupstoot. ʼn Bevoegde werknemer lewer kwaliteit uitsette en verseker dat die maatskappy ʼn sterk mededinger in die industrie is. Dit lei tot konsekwentheid. ʼn Opleidingsprogram of aanmoediging tot verdere opleiding verseker dat werknemers konsekwente ervaring opbou en die regte agtergrondinligting het. Uitgawe 4 van 2016

30

www.solidariteit.co.za

Dit verhoog tevredenheid. Werknemers wat die geleentheid het vir meer opleiding en/ of inligting het ʼn oorhand oor werknemers in ander maatskappye. Indien die maatskappy belê in die opleiding van werknemers, sal hulle voel dat hulle waardeer word, omdat die maatskappy ondersteuning tot die bevordering van “die self” bied. Dit bevorder veilige werkomgewing. Hoewel veiligheid nie glansryk is nie, is dit steeds belangrik. ʼn Veiliger werkomgewing sal kostes en risiko’s verminder. Dit help met die aanstel van die regte personeel. Dit stel werkgewers en werknemers in staat om mekaar maklik uit te kies. Die meeste vaardighede kan aangeleer word, maar ʼn sterk etiese kode of goeie gesindheid – soos dié van iemand wat graag wil aanhou leer – kan nie aangeleer word nie. Dit dra by tot innoverende denke en ratsheid. Indien werknemers deurlopend blootgestel word aan ontwikkelingsgeleenthede sal almal, die werknemers en die maatskappy, altyd gereed wees vir verandering. S


BEDRYFSNUUS

INDUSTRY NEWS

FlySafair snubs Solidarity, Gesonde verhoging still paying low salaries by Mediclinic beding By Francois Redelinghuys

S

S

Ingethe Strydom olidarity recentlyDeur accused low-cost airline FlySafair of deliberately refusing to recognise Solidarity in the workplace in olidariteit het onlangs order to prevent the trade union from forcing the airline to pay ná drie rondessalaries to its pilots. market-related onderhandelings by According to Solidarity Deputy Chief Executive Johan Kruger, it is onderskeidelik clear that the airline is doing everything in its power to prevent the pilots’ tradeMediclinic union of Paarl choiceento negotiate for salary increases that would Mediclinic ’n loonoor bring their Emfuleni remuneration more- in line with market trends. eenkoms vanis tussen enSolidarity 7,5% will become a collective bargaining “FlySafair worried7,1 that vir sy that ledewill daar bereik. Solidariteit agent fight for better remuneration for our members who are verteenwoordig ledequite by content to pay its highly trained staff salaries underpaid. FlySafair122 is thus Mediclinic enwith 116 the ledemarket by and therefore continues to undermine that are notPaarl on par Mediclinic Emfuleni. - in the workplace,” Kruger said. Solidarity’s rights as a Die role oor player eenkoms, watalso vroeg Julieairline bereik Solidarity saidinthe does not want to negotiate in good is, behels volgende: faith with die its flight crew about their salaries. This became apparent •after ’n the Gemiddelde verhoging trade union and thevan company could not reach consensus on a 7,5%invirterms verpleegpersoneel. dispute of section 64 (2) of the Labour Relations Act dealing •with’n refusal Gemiddelde verhoging van 7,1% vir administratiewe personeel. to negotiate. • ’n Verhoging van 9,4% vir die aankoop uniforms. DieDerek nuweMans, According to Solidarity’s organiser for thevan aviation industry, is denied R1 630itsom sodoende ook vir die aankoop van the toelaag company flight crew their constitutional right to goskoene on strike in voorsiening te maak. negotiated in terms of section 64 (2). “As it is the a previous draft agreement •flight Die werkgewer se mediesefondsbydrae het met 9%toverhoog, wat crew’s constitutional right to strike, we cannot agree the collective reeds geïmplementeer is. company therefore refuses to negotiate bargaining agreement, and the •further ’n Totaal vanFlySafair 12 studieverlofdae skofte)with sal toegestaan with us. also refuses to(18 negotiate its pilots andword the aan werknemers watissue deeltyds studeeraward om voor bereiratifying vir CCMA will consequently an advisory to thetepilots their eksamens,right taketoofgo projekte. constitutional on strike,” Mans said. S • Verskeie forums is gestig waar lede se besware en enige ander kwessies bespreek kan word. S

Solidarity, Telkom reaches Werkplekforum bywage ATNS eerste van soort favourable agreement

D

ie bestuur van Air Travel and By Inge Strydom Navigation Systems (ATNS) het onlangs ingewillig om ’n werkplekfterwerknemers several months ofmaatskappy intense negotiations, Solidarity forum vir by die te favourable agreement with Telkom in June. stig. Diereached doel vana die forum iswage om werkne this agreement, Solidarity members will receive mers ’nAccording stem in dietowerkplek te bied en agroter wagedeursigtigheid increase of 6%rakende from 1werkaange April 2017, - while they are also guaranteed years of noteretrenchments, amongst other things. leenthede entwo werkkwessies verseker. Marius deputy general secretary of the VolgensCroucamp, Derek Mans, organiseerder in communication industry at Solidarity, the union thrilled die lugvaartbedryf by Solidariteit, is diesaid forum andersis as normale about the agreement as it makes provision for a stable working werkgewer- en vakbondkomitees.“Die doel van die forum is om environment andtejob security for its members. die werkgewer dwing om beleide en praktyke te oorweeg in The met agreement further states thatSolidariteit Telkom will limit proposed oorleg die forumlede, waarvan een is. Waar outsourcing its diensbillikheid, Openserve, Telkom & Small beleide, sooswithin dié oor in die Consumer verlede bloot deur die Business anddie Telkom Corporate Centre departments to a maximum bestuur van maatskappy geïmplementeer is, mag Solidariteit of 1 000 has tree. given” an undertaking that nou insaepeople. daarin Furthermore, hê voordat ditTelkom in werking there bewaaroor no forced retrenchments a consequence of the Diewould forum, daar in Junie 2014asooreengekom is, sal intended transfer to maatskappy BCX. However, Telkom nasionaal section by al die197 takke van die ingestel word.will still finalise the current section 189 retrenchment process which affects Solidariteit verteenwoordig meer as 1 000 werknemers by die roughly 300 employees. S maatskappy. S

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

A

Issue 4 of 2016

www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014 31 www.solidariteit.co.za

37


BEDRYFSNUUS

Foeta Krige, Suna Venter, Jacques Steenkamp en Krivani Pillay.

SAUK loop sy sensuurrieme styf

Foto’s: Reint Dykema, iStockphoto.com

D

ie teenkanting teen die SAUK se sensuurbeleid wat oor die afgelope paar maande opgebou het, het tot ʼn massiewe sege gelei en dié rondte is in die guns van die joernaliste beslis. Dit is ʼn oorwinning waarop ons almal trots kan wees, maar die regsproses was deurspek met ongegronde en onwettige teenkanting van die SAUK. In aanloop tot die arbeidshof in Johannesburg se uitspraak op 26 Julie het die grootskaalse ondersteuning wat die joernaliste ontvang het, hulle deurgedra. Só het die hof in Julie ook bevind dat die SAUK se afdanking van die vier joernaliste onwettig is. Daarby moes die SAUK die joernaliste onmiddellik weer in hul poste aanstel. Die hof het voorts ʼn interdik teen enige verdere dissiplinêre aksie teen Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp ingestel. Die persone verantwoordelik vir die afdanking van die joernaliste moes voorts ook binne vyf dae aan die hof motiveer waarom

Deur Cilleste van Dyk hulle nie in hul persoonlike hoedanigheid vir die regskoste aanspreeklik gehou moet word nie. Intussen het die vier joernaliste op 27 Julie opgedaag vir werk, maar die SAUK het geweier om hulle toegang tot hul werksplek te gee. Ná volgehoue druk waar Solidariteit weer die hof genader het, het die staatsuitsaaier uiteindelik toegegee deur die vier afgedankte SAUK-joernaliste toe te laat om op 28 Julie weer te aan te meld vir werk. Die SAUK het in reaksie skriftelik bevestig dat die SAUK-4 mag terugkeer werk toe. Hulle het hul voorneme om te appelleer ook laat vaar. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê Solidariteit en elke applikant is saam met Suid-Afrika geweldig verheug oor die uitspraak. “Die beginsels wat geseëvier het, is vryheid van spraak, mediavryheid, die reg van die publiek om ingelig te wees en die beperking van die uitvoerende gesag. Ons het van die begin af geweet ons gaan wen, want ons saak was moreel en juridies geregverdig,” sê Hermann. Hermann sê voorts dat die uitspraak ’n Uitgawe 4 van 2016

32

www.solidariteit.co.za

sterk boodskap uitstuur dat Suid-Afrika nie ’n magsdemokrasie is nie, maar ’n grondwetlike demokrasie. “In ’n grondwetlike demokrasie word mag beperk. Jou mag strek nie verder as grondwetlike beginsels nie. Motsoeneng het reggekry om Suid-Afrikaners oor ’n breë spektrum rondom grondwetlike waardes te laat verenig. In die SAUK-sage lê hoop opgesluit,” sê Hermann. Ongelukkig moes daar steeds met verdere hofaksies gedreig word om die joernaliste by die werk te kry en dit was teleurstellend. “Maar die joernaliste is verlig dat hulle nou uiteindelik kan doen wat hulle graag wil doen - naamlik om objektief, veral oor die komende plaaslike verkiesing, te berig,” sê Hermann. Hermann het bygevoeg dat laasgenoemde ‘n strategiese oorwinning is, maar het beklemtoon dat die oorlog nog nie gewen is nie. “Ons doen ‘n beroep op burgerlike organisasies om die druk op die SAUK en die parlement te verskerp sodat daar ’n leierskapverandering by die SAUK kan plaasvind,” sê Hermann. S


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!

Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet slegs R105 per maand.* aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. • Onbeperkte tot regsdokumentasie. regshulptoegang – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

24 uur per dag

2

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

Regsverteenwoordiging ter waarde van R50 000 per jaar

0861 765 734 www.legalex.co.za

Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging

Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556.

3

Afslag op eiendomsoordragte

4

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

* Bepalings en voorwaardes geld * Bepalings en voorwaardes geld

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legalex (Edms) Bpk, FSP-nommer: 5277, finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk, FSP-nommer: 26/10/75


BEDRYFSNUUS

Solidariteit reg om vir lede in polisie te veg

Foto’s: iStockphoto.com

S

olidariteit het in Junie vanjaar, ingevolge die wysiging aan artikel 21 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 66 van 1995, aansoek om erkenningsregte in die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) gedoen. Die vakbond wil sodoende verseker dat hy sy lede na die beste van sy vermoë te midde van verskeie brandpunte in die SAPD kan verteenwoordig. Solidariteit verteenwoordig reeds ’n paar duisend lede in die SAPD, maar dié vakbond se ledetal is steeds onder die 15 000-drempel vir erkenning ingevolge die heersende ooreenkoms tussen Popcru, Sapu en die SAPD, sê Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit. “Solidariteit was daarom genoodsaak om op grond van die wesenlike belang wat hy namens sy lede in die SAPD dien, ʼn aansoek om erkenning by die SAPD in te dien. Ons glo ons beskik oor ’n wesenlike belang namens

Deur Inge Strydom ons lede in die SAPD, juis omdat die ander vakbonde waaraan alle polisielede verplig word om agentskapsfooie te betaal, nie ons lede se belange op die hart dra nie. Inteendeel, Popcru en Sapu sluit kollektiewe ooreenkomste wat ons lede uiters negatief raak,” sê Kruger. Voorbeelde van hierdie skadelike ooreenkomste sluit in die onderhandeling en aanvaarding van regstellendeaksieplanne wat kwotas daarstel, asook die onderhandeling van ’n nuwe rangstruktuur, wat uiters skadelik vir lede se loopbane is en die algemene goeie orde binne SAPD-bevelstrukture bedreig. Volgens Faan Coetzee en Samantha Kelly van Cliffe Dekker Hofmeyr Prokureurs in Sandton het die wysiging van artikel 21 van die Wet op Arbeidsverhoudinge die speelveld vir minderheidsvakbonde gelyk gemaak. “Die wysigings skep ʼn meer inklusiewe kollektiewe onderhandelingsarena in die werkplek en Uitgawe 4 van 2016

34

www.solidariteit.co.za

maak dit nou vir kleiner minderheidsvakbonde moontlik om groter toegang tot werkplekke te kry as wat voorheen deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), ingevolge artikel 21 van die wet, toegelaat is,” verduidelik Coetzee en Kelly. Solidariteit het sy aansoek om erkenning in die SAPD geskoei op die volgende brandpunte waardeur sy lede direk geraak word: • Sy lede se regstellendeaksiebelang; • Sy lede se pensioenfondsbelang; • Sy lede se belang daarin om probleme met die SAPD se nuwe rangstruktuur aan te spreek; en • Sy lede se belang in verteenwoordiging in griefprosedures en dissiplinêre verhore deur die vakbond van hul keuse. • Sluit aan by Solidariteit sodat ons jou belange kan beskerm – SMS SAPD na 34802 (SMS’e kos R2). S


INDUSTRY NEWS

Government should fill essential posts first

Photograph: iStockphoto.com

I

By Inge Strydom

n order to deal with the skills shortages experienced at municipalities, it is necessary to determine which posts are essential and fill them first. This is the advice of the trade union Solidarity in response to the results of the latest non-financial census of municipalities that were released by Statistics South Africa in June this year. According to this census there are currently more than 41 000 vacant posts at municipalities countrywide. Dr Eugene Brink, political analyst at Solidarity, said these figures should convince Government to abolish non-essential jobs and services in order to prioritise the filling of key positions. “Government should do a thorough survey of its current skilled corps to determine which

skills are superfluous and where skills shortages are being experienced. As part of the process, they should give preference to filling technical and financial jobs in particular, in order to improve service delivery and curb the increasing problem of corruption and misappropriation of funds,” Brink said. Brink added that Solidarity was not in favour of state expansion. “In view of the challenging economic conditions South Africa is currently facing, it is unfair of Government to expect punch-drunk taxpayers to fund unnecessary government jobs. For this reason, the filling of essential municipal positions must be a priority, as consultants are currently being recruited to perform such work at great expense,” Brink said. S

vacant posts at municipalities countrywide


BEDRYFSNUUS

Beroepsgesondheid EN -VEILIGHEID

Diensgerigte beroepe en sekondêre trauma

Bronne: Understanding & addressing vicarious trauma by Dr. Laurie Anne Pearlman & Lisa McKay; Burnout, vicarious traumatization and its prevention. What is burnout, what is vicarious traumatization? Christian Pross.

Deur Adv. Hanlie van Vuuren

D

aar is verskeie faktore wat ’n persoon se beroepskeuse bepaal, insluitend hul karaktereienskappe. Diensgerigte beroepe is aanloklik vir persone wat empaties ingestel is tot menslike leed en behoeftes. Empatie kan beskryf word as die vermoë om met ’n ander persoon se situasie te identifiseer en begrip te toon vir hul vrese, hartseer, woede en desperaatheid. ’n Persoon in ’n diensgerigte beroep voel geroepe om hulp te verleen of voel verantwoordelik om na ander persone om te sien. Beroepe in hierdie kategorie sluit in beraders, sielkundiges, predikante, rehabilitasiedienste, voedingsagentskappe, asook hulpdienste met behuising, bejaarde- en kindersorgdienste, misdaadvoorkomingsdienste, regslui en werknemer- en werkgewerorganisasies. Persone in hierdie beroepe ervaar egter dikwels sekondêre trauma indien hulle fokus op bystandverlening aan mense wat trauma ervaar of traumatiese ervarings gehad het. Eenvoudig gestel behels sekondêre trauma die stelselmatige negatiewe impak wat oor tyd ontwikkel in mense wat ander bystaan deur traumatiese tye weens die waarneming en intieme kennis van die ander persoon se trauma, leed en behoeftes. Die persoon word mettertyd fisiek, geestelik en sielkundig beïnvloed en afgetakel as gevolg van die kumulatiewe invloed van die voortdurende betrokkenheid by ander se probleme. Hulle voel dikwels “uitgebrand” en sukkel om hul emosies te beheer. Voorts voel hulle ongemaklik en onvergenoegd met hulself, sukkel met besluitneming, kan nie grense stel en handhaaf nie, ervaar verhoudingsprobleme, beleef fisieke simptome soos hoofpyn en slaaploosheid, en voel afgeslote en uitsigloos. Kortom, sekondêre trauma vergelyk met posttraumatiese stresversteuring en soortgelyke simptome presenteer. Dit is baie belangrik dat persone wat diensgerigte beroepe beoefen, bewus is van die invloed van sekondêre trauma en hoe om dit aan te pak sodat hul welstand beskerm kan word. Aangesien sekondêre trauma stadig ontwikkel, is daar geleentheid om stappe te doen wat die negatiewe impak sal teenwerk sodra die persoon daarvan bewus raak. Die ervaring van sekondêre trauma is egter nie altyd negatief nie, maar kan ook positiewe

geestelike verryking tot gevolg hê. Persone ervaar dikwels ’n verdieping in hul geestelike waardes en ’n veranderde uitkyk op die lewe. Mense wat geneig is om trauma te ignoreer of ander vir hul eie probleme te blameer, is meer vatbaar vir die negatiewe impak van sekondêre trauma. Negatiewe persoonlike omstandighede kan ook ’n rol speel en dis dus belangrik om die ondersteuning van familie en vriende te hê wat hulle help om te ontlaai sonder dat vertroulike inligting gedeel word. Daar moet te alle tye grense tussen die werken privaat lewe gehandhaaf word. Daar is bepaalde strategieë wat gevolg kan word om sekondêre trauma te hanteer. Die persoon kan byvoorbeeld aandag aan hulself gee deur aktiwiteite soos die volgende te verrig: • Breek weg van die werk: Verdiep jou in ’n boek of fliek, gaan met vakansie of kuier saam met vriende en moenie oor werk praat nie! • Rus en ontspan: Doen dinge waarvan jy hou, soos stap of tuinmaak, of knip ’n uiltjie sonder om die horlosie dop te hou! • Speel: Neem deel aan vrolike en opgewekte aktiwiteite wat jou laat lag, soos om grappies te vertel, met ’n kind te speel, kreatiewe handvaardighede te beoefen of aan sport deel te neem. Opsommend kan gesê word dat mense in diensberoepe bewus moet wees van die impak van sekondêre trauma op hul lewens sodat Uitgawe 4 van 2016

36

www.solidariteit.co.za

hulle dit kan herken, hul eie reaksies daarop kan begryp en dit kan aanpak. Hulle moet veral daarop konsentreer om goeie balans te handhaaf, nie net tussen werk en privaatheid nie maar ook tussen die vereistes van hul werk en persoonlike behoeftes, tussen moeiliker en makliker aspekte van werk, en tussen rusperiodes en werkperiodes (daagliks maar ook oor die langer termyn). Die ondersteuning van familie en vriende en die geestelike krag wat geput word uit geloofs- en kerkgroepe is ook onontbeerlik. Die impak van sekondêre trauma word grootliks bepaal deur die persoon se siening van hul werk. Hulle moet duidelikheid hê oor waarom hulle op dié beroep besluit het en moet selfvertroue hê en besef dat hulle ander mense se nood help verlig. Hul beskouing van sukses speel ook ’n belangrike rol, asook hul begrip van watter aspekte binne hul beheer is. Diensorganisasies behoort programme in plek te stel ter bewusmaking en ondersteuning van hul werknemers. Die werkomgewing moet die werk wat hierdie mense doen, behoorlik na waarde ag. Persone in diensberoepe moet behoorlik vergoed word vir hul dienste met voldoende verlofvoordele, professionele opleiding en oriënteringsprogramme wat die werkgewer verskaf. Die nodige aandag moet ook gegee word aan die veiligheid van werknemers en waar nodig moet sekuriteitsprotokolle ingestel word. Indien nodig, behoort berading aangebied te word. S


INDUSTRY NEWS

Occupational health AND SAFETY

Changing behaviour, saving lives

H

Photograph: iStockphoto.com

ealth and safety in South African mines is governed by the Mine Health and Safety Act (MHSA). It also provides for extensive dialogue between the state (Mine Health and Safety Inspectorate - MHSI), employers and organised labour (referred to as tripartite engagements) specifically on matters of policy, regulations, research and the state of health and safety in the sector. The MHSI is charged with inter alia the responsibility of promoting health and safety through investigations, inquiring into causes of accidents, initiating research, record keeping of certain health and safety data which is made public and issuing advice. Tripartite engagements are formalized through the Mine Health and Safety Council (MHSC). This is a national structure that inter alia advises the Minister of Mineral Resources on health and safety in the mining sector. Mine health and safety summits take place whereby tripartite partners establish targets for health and safety, including guiding principles, commitments and action plans to shift health and safety culture, and also develop a framework referred to as the Culture Transformation Framework. Before Mosh began with the piloting leading practices to address health and safety challenges, the sector relied on individual mining companies to achieve the milestones. Mosh represented a shift in collective and informed effort with the active promoting of promising interventions and engagement of the entire sector, across all commodities in all regions of the country.

By Johan Böning Here are some useful tips for changing behaviour:

The number of bodies of illegal miners that were recovered in the last four months in mine shafts near Welkom.

1) Make it personal, lead by example If you want someone to care about making sustained behaviour change, you have to get really personal. Share your own personal motivational factors to motivate him or her to make a behaviour change. Furthermore, remember that leadership have to lead by example! If we say our employees is our most important asset, we must show it. We must care for each other and look out for each other by way of systems and programmes like Visible Felt Leadership, the buddy-buddy system and Planned Task Observations (PTO’s) – all aimed at improving health and safety. 2) Do not engage in the shame/ blame game For behaviour change, we need a narrative that moves us along a path. Shame or blame will prevent employees from participating in change and they will end up in resistance. We must also accept accountability and responsibility to ensure behaviour change. 3) Change together We change best when we change together. That is why participation at all levels by all roleplayers is so important! 4) People will change their behaviour if it is easy, rewarding and normal Easy: This means the person being asked to behave differently believes, “I have the skills and knowledge to do this, and there are no organizational obstacles to prevent me from doing this – I won’t get in trouble, and nobody will get in my way.” Too often, we ask people to behave in new ways; however, we don’t always teach them the necessary skills. Rewarding: For behaviour to be rewarding the person has to feel, “this behaviour will give me results (emotionally or practically) that are valuable to me,” for instance, to return home safely after a shift. This is where behaviour connects to values: you have to show people how behaving differently will support what they value. • Read more about the Mosh Indaba of 2016 by visiting www.solidarity.co.za and using the search word Mosh for the rest of the information. S

Changing behaviour Everybody who works to reduce accidents and improve safe performance is concerned with human behaviour. “Behaviour and accidents is what it’s all about,” is a commonly heard phrase. While behavioural safety shares a concern with human behaviour and safe performance in the workplace with other approaches, it is more than that. Behavioural safety is the application of behavioural research on human performance to the problems of safety in the workplace. This means that any safety program labelling itself as a behavioural safety program must meet the standards and must seek for leading practices. Issue 4 of 2016

37

www.solidariteit.co.za


PROMOSIEARTIKEL

Uitgawe 4 van 2016

38

www.solidariteit.co.za



in Beweging

Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

Leerders baat by kongres vir onderwysers

M

eer as 200 onderwysers het tydens die Julievakansie hul tyd opgeoffer om die Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum (SOS) se kongresse vir onderwysers by te woon. Tot 40 000 leerders wat deur hierdie groep onderwysers opgelei word, sal nou die vrugte pluk van hul onderwysers se toewyding aan hul professionele ontwikkeling. Die onderwysers is almal lede van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (V.A.W.) en die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), die twee beroepsverenigings van die SOS. Die doel van die kongres was om Afrikaanse onderwysers se professionele ontwikkeling te bevorder. Meer as 80 sessies is aangebied wat gehandel het oor die vakinhoud van Wiskunde (hoër- en laerskool) en Afrikaans Huistaal (hoër- en laerskool), insluitend sessies oor pedagogiek en metodiek, leierskap en dissipline. Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand en self ’n spesialis op die gebied van professionele ontwikkeling,

Deur Marlien van der Westhuizen het navorsing bewys dat die professionele ontwikkeling van onderwysers tot verbeterde onderwyserleer en verhoogde leerderprestasie lei. “Die SOS glo dat onderwysers die grootste beduidende uitwerking op leerderprestasie het en daarom fokus ons op die uitbreiding van hul vakkennis. Sodoende verseker ons dat die groep onderwysers wat reeds onderrig van wêreldgehalte gee, aan die voorpunt van innoverende onderwys bly,” het Brink gesê. Kundiges soos Mo Hendon, ’n wiskundedosent aan die Universiteit van Georgia in Athens in die VSA, prof. Gerrit Stols en dr. Danie Brink het die wiskundeonderwysers toegespreek. Prof. Hans du Plessis en dr. Estelle Kruger was onderskeidelik by Buffelspoort en Bellville die sprekers tydens die sessies oor taalonderwys vir Afrikaans Huistaal. Ander bekende sprekers was prof. Irma Eloff van die Universiteit van Pretoria, dr. Jeanette de Klerk-Luttig van die Universiteit van Stellenbosch, Louis van der Watt van Atterbury Properties, dr. Theuns Eloff van die FW de Klerk-stigting en Waldimar Pelser, die redakteur van Rapport. Uitgawe 4 van 2016

40

www.solidariteit.co.za

Hugo Vermeulen, hoof van die SOS, het die inisiatief as ’n noodsaaklike ondersteuningsdiens vir Afrikaanse onderwys beskryf: “Met die toenemende druk op Afrikaanse skole in SuidAfrika sal selfdoen-inisiatiewe soos hierdie al hoe belangriker word.” Dit is veral noodsaaklik weens die swak gehalte van die opleiding wat die staat vir onderwysers aanbied. ’n Studie deur die SOS het bevind dat 72% van onderwysers ontevrede is met die gehalte van die professionele ontwikkeling wat die departement van basiese onderrig aanbied. Soveel as 53% van die respondente het aangedui dat dit nie die moeite werd is om hierdie sessies by te woon nie. Die studie toon verder dat 69,3% van respondente professionele ontwikkeling as noodsaaklik ag vir vooruitgang in onderwys en dat 80% van onderwysers ’n behoefte het aan leierskapopleiding, maar dat daar volgens 54% van hulle slegs minimale of geen geleenthede vir sulke opleiding geskep word nie. • Vir meer inligting oor die VAW en GeRAT, besoek www.skoolwiskunde.co.za asook www.gerat.co.za. S


IN BEWEGING

Solid Help

Meer as 4 000 se studiedrome bewaarheid

S

olidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) bied sedert 2009 studielenings aan studente wat ná skool wil gaan studeer. Hierdie lenings is 100% rentevry en is dus baie gesog onder ouers wat nie kan bekostig om hul kinders te laat studeer nie. Sover is meer as R120 miljoen in studielenings uitbetaal aan verdienstelike Afrikanerkinders. Helpende Hand het in 2016 vir die eerste keer toekennings ter waarde van meer as R31 miljoen gemaak. Soveel as 1 248 studente se lewens is vir ewig verander deur die SFS se belegging in hul toekoms. Een van hierdie studente is Corné van Antwerpen wat sedert 2012 met ’n Helpende Hand-studielening studeer. Corné het onlangs ’n toekenning van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit ontvang vir ’n rekenaarspeletjie wat hy ontwerp het as deel van sy studies in sagtewareontwikkeling. Dié speletjie het ook ’n eervolle vermelding van

Deur Marlien van der Westhuizen Microsoft ontvang. “Vandat ek kan onthou, was dit my droom om deel te wees van die tegnologiese wêreld en wou ek in my beroep met rekenaars werk,” het Corné vertel. Hy het ná matriek by die EC Midlands Kollege gaan studeer, waar een van sy lektore hom aangespoor het om universiteit toe te gaan aangesien sy werk van so ’n hoë standaard was. Corné se ma is ’n lid van Solidariteit en sy het gehoor van Helpende Hand se studielenings. Corné se aansoek om ’n studielening is goedgekeur en hy kon die jaar daarna met sy universiteitstudies begin. Corné het aanvanklik nie so goed gevaar op universiteit as by die kollege nie. Hy het egter besluit om te volhard en het eenvoudig harder gewerk. In sy derde jaar het hy onderskeidings in vier vakke behaal en sy jaar met onderskeiding geslaag. Corné is tans besig met sy BTechkwalifikasie. Hy sê hy weet en vertrou dat God hom deur hierdie jaar sal lei. “Ek wil vir

Solidariteit Helpende Hand en die personeel van die SFS baie dankie sê vir al hul vriendelike hulp en dat hulle hierdie vier jaar vir my moontlik gemaak het.” Volgens Dinah Theron, hoof van die SFS, is dit ’n geloofsdaad om in jongmense se opvoeding te belê. “Om positief te wees, is ’n keuse om te midde van alles wat in ons land gebeur steeds die goeie dinge raak te sien en dankbaar te wees daarvoor – dis ’n eenvoudige beginsel, maar nie altyd maklik uitvoerbaar nie,” het Theron gesê. “Die SFS het soveel suksesstories om te vertel en ons is dankbaar vir elkeen van ons donateurs, sakevennote en skenkers wat ingekoop het in ons studiefondsstrategie. Ek nooi nuwe donateurs uit om saam met ons in die toekoms te glo!” • Indien jy belangstel om by die SFS betrokke te raak, kan jy vir Dinah Theron skakel by 012 644 4390 of e-pos by sfs@helpendehand.co.za. S


IN BEWEGING

“Helpende Hand glo dat Wiskunde van kardinale belang in die OPVOEDING van ons jeug is, en daarom is dit belangrik dat leerders toegang het tot hulpmiddels soos omvattende ekstra wiskundeklasse wat deur goeie onderwysers aangebied word.”

GEBRUIKSOPSIES – PORTRAIT & LANDSCAPE

VAW

Solidariteit ® Helpende Hand

vereniging vir afrikaanse wiskunde-onderwysers

Kry vandag jou wiskundehupstoot! ’n Inisiatief van Solidariteit Helpende Hand

S

Foto: iStockphoto.com

olidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied ’n verskeidenheid oplossings vir onderwysers, ouers en leerders wat wil verseker dat hulle die meeste uit hul wiskunde-opleiding put. Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (V.A.W.) – een van die vakverenigings van die SOS – bied toegang tot gratis ekstra wiskundeklasse, aanlyn video’s sowel as vraestelle en werkkaarte vir hoërskool- en laerskoolleerders. Die Markplein Helpende Hand het Die Markplein op die been gebring weens die groot behoefte aan vraestelle, breinkaarte, werkkaarte en selfs boeke oor Wiskunde wat by ouers en leerders bestaan. Al dié hulpmiddels is by Die Markplein te koop en onderwysers wat waarde uit hul harde werk wil put, kan ook hul vraestelle, werkkaarte, notas en selfs PowerPointskyfie-aanbiedings hier verkoop. Besoek die webwerf www.diemarkplein.co.za en kry die nodige hulp om jou voor te berei vir die komende eksamens. Sluit vandag nog aan as ’n ondersteuner van Helpende Hand vir so min as R50 per maand en ontvang ’n koepon ter waarde van R600 om te spandeer aan gesogte items in die V.A.W.-winkel op Die Markplein. Ekstra Wiskunde Ekstra wiskundeklasse is nog een van die voordele wat Solidariteit Helpende Hand aan

www.skoolwiskunde.co.za

Deur Marlien van der Westhuizen

VAW

lede en ondersteuners met kinders in graad 8 tot 12 bied. Die klasse word tydens die skoolkwartale aangebied en vind weekliks op vasgestelde tye plaas by Akademia-sentrums in Centurion, Pretoria-Moot, Boksburg, Krugersdorp, Vanderbijlpark en SomersetWes. Indien jy nie by een van die sentrums kan uitkom nie, kan jy na ’n gratis video van die les op www.ekstrawiskunde.co.za gaan kyk. “Helpende Hand glo dat Wiskunde van kardinale belang in die opvoeding van ons jeug is, en daarom is dit belangrik dat leerders toegang het tot hulpmiddels soos omvattende ekstra wiskundeklasse wat deur goeie onderwysers aangebied word,” het dr. Danie Brink, Helpende Hand se uitvoerende direkteur, gesê. “Dit is hoekom ons nou vir ons ondersteuners toegang tot ekstra wiskundeklasse van wêreldgehalte bied.” Sitplek in elk van die sentrums is beperk en moet weekliks op www.ekstrawiskunde.co.za bespreek word. Jy sal dan per e-pos bevestiging ontvang wat jou kind kan gebruik om toegang tot die klas by die betrokke sentrum te kry. Jou identiteitsnommer as Helpende Handondersteuner is nodig om ’n bespreking vir jou kind te maak. Bespreking vir klasse sluit stiptelik om 12:00 op die dag waarop die klas plaasvind. Uitgawe 4 van 2016

42

vereniging vir afrikaanse wiskunde-onderwysers

Solidariteit ® Helpende Hand

www.solidariteit.co.za

’n Inisiatief van Solidariteit Helpende Hand

www.skoolwiskunde.co.za

Leerders wat nie die klasse by die sentrums kan bywoon nie, kan op die webwerf registreer en só spesiale toegang kry tot ’n video-opname van die klas. Die video’s word ná afloop van elke les op www.ekstrawiskunde.co.za gelaai. Om te kwalifiseer moet jy – • maandeliks per debietorder ’n minimum van R50 aan Helpende Hand skenk, en • reeds vir langer as 30 dae ’n Helpende Hand-ondersteuner wees. Klastye: • Graad 8 — Maandae 14:30 tot 15:10 • Graad 9 — Maandae 15:15 tot 16:00 • Graad 10 — Dinsdae 15:00 tot 16:00 • Graad 11 — Woensdae 15:00 tot 16:00 • Graad 12 — Donderdae 15:00 tot 16:00 Wiskunde Hupstoot Helpende Hand bied ook die eerste Afrikaanse wiskunde-app, Wiskunde Hupstoot, vir graad 11- en 12-leerders aan. Saam met die app ontvang leerders gratis Afrikaanse video’s wat wiskunde verduidelik. Leerlinge kan bykomende video’s aankoop oor die afdelings waarmee hulle sukkel, teen ’n breukdeel van die koste van privaat klasse. Die app is op die App Store beskikbaar. Bepalings en voorwaardes geld vir hierdie aanbiedinge. S



IN BEWEGING

Helpende Hand-sentrum pak Afrikanerarmoede Onderwys is deurslaggewend vir die OPHEFFING van ’n gemeenskap en dit is belangrik dat kinders onderrig van wêreldgehalte ontvang. Helpende Hand het die Skoleondersteuningsentrum (SOS) in die lewe geroep om onderwysers se vaardighede te slyp sodat hulle beter toegerus is vir hul taak.

Foto’s: Verskaf

Deur Marlien van der Westhuizen Ondersteuning aan onderwysers Die SOS bied ondersteuning aan onderwysers deur twee vakverenigings: die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (V.A.W.) en die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT). Dié verenigings fokus veral op die professionele ontwikkeling en verryking van wiskunde- en Afrikaansonderwysers. Deur onderwysers se vaardighede te verbeter, word leerders ook opgehef. Die V.A.W. se doel is om wiskundeonderwysers op laer- en hoërskoolvlak by te staan en verder op te lei. Hierdie unieke vereniging bied verskeie ontwikkelingskursusse aan vir wiskundeonderwysers, wat wissel van driedagkongresse tot middagseminare. Afrikaans- moedertaalonderwysers is die vaandeldraers van die taal wat deur hul aanbieding van die vak ’n liefde vir die Afrikaanse taal en kultuur by leerders kweek. Daarom wil die SOS deur GeRAT hierdie onderwysers se hande sterk maak om die suksesvolle akademiese vordering van Afrikaanse leerders te verseker. GeRAT streef daarna om dié tuiste te word vir die professionele ontwikkeling van alle Afrikaansonderwysers in Suid-Afrika deur onder meer praktiese ondersteuning en hulp aan onderwysers te bied.

Ondersteuning aan skoliere Skooltassieprojek In 2007 het Helpende Hand vir die eerste keer skooltassies aan behoeftige graadeens geskenk. Sedertdien het Helpende Hand al 27 000 tassies uitgedeel. Die doel van die Skooltassieprojek is om ’n tas met die nodige skryfbehoeftes aan behoeftige graadeens te skenk sodat hulle nie ’n agterstand het teenoor ander leerders in hul klas nie. Daar word toegesien dat die tassies vir ten minste vyf jaar kan hou en dat die inhoud van die skooltassies opvoedkundige waarde vir die leerders het. Navorsing wat Helpende Hand in 2015 gedoen het, het bevind dat leerders meestal agterstande toon wat hul perseptuele en motoriese vaardighede betref. Dit is fundamentele vaardighede wat vir leerders se ontwikkeling nodig is en daarom is besluit om ’n legkaart en Unifix-blokkies by elke tassie in te sluit om die probleem te oorkom. Ander hulpmiddels wat by die tassie ingesluit word, is onder meer ’n skêr, ’n pennesakkie en uitdraaikryte. In 2016 is 4 762 van hierdie tassies aan behoeftige leerders beskikbaar gestel. Kosblikkieprojek Die Kosblikkieprojek is Helpende Hand se voedingsprojek waardeur 4 420 behoeftige Uitgawe 4 van 2016

44

www.solidariteit.co.za

kleuters by hul kleuterskole gevoed word. Sedert die projek in 2009 geloods is, het meer as 21 000 kleuters reeds daarby gebaat. In 2016 word 60 skole deur die projek bedien. Die projek fokus hoofsaaklik op geregistreerde kleuterskole oor die land heen. Navorsing wat in 2014 gedoen is, het bewys dat die kos wat die Kosblikkieprojek by kleuterskole voorsien, sommige kleuters se enigste maaltyd vir die hele dag is. Danksy die hoë voedingswaarde van die bord kos is kleuters in staat om te konsentreer en hul vaardighede optimaal te ontwikkel. Gesprekke met onderwysers by die kleuterskole bevestig dat die kos nie net ’n positiewe uitwerking op die kleuters se fisieke welstand het nie, maar ook help dat die kleuters minder bakleierig teenoor hul maats is. #HelpHanna Die HelpHanna-projek is van stapel gestuur om sanitêre produkte aan skoolmeisies te verskaf. Helpende Hand het in 2015 ’n steekproef gedoen wat bevind het dat ’n gebrek aan sanitêre produkte meisies daarvan weerhou om skool toe te gaan. Om daardie leerlinge te ondersteun, kan skole aansoek doen by Helpende Hand om HelpHannapakkies met sanitêre produkte te ontvang om aan behoeftige meisies uit te deel. S


IN BEWEGING

Die FAK laat die geskiedenis lééf Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) leef nie net sy passie vir die Afrikaanse TAAL, KULTUUR EN GESKIEDENIS met verskeie opwindende projekte en inisiatiewe uit nie, maar het ook ’n spesiale ruimte op sy webblad geskep waar die storie oor Afrikaners, hul taal, kultuur en geskiedenis op ’n kragtige wyse bewoord en bewaar word. INGE STRYDOM het meer gaan uitvind oor die verskillende maniere waarop die FAK, wat deel is van die Solidariteit Beweging, die Afrikaner se geskiedenis uitbeeld en bewaar.

J

ohan Jansen van Vuuren, projeken kommunikasiebeampte by die FAK, verduidelik dat dié organisasie glo elke Afrikaner kan op sy of haar geskiedenis en erfenis trots wees. “By die FAK poog ons daarom om die Afrikanergeskiedenis te bevorder op ’n dinamiese en kleurvolle wyse wat Afrikaners sal inspireer om trots te wees op waar hul vandaan kom,” het Jansen van Vuuren verduidelik. Hy het bygevoeg dat die FAK aan die stuur staan van verskeie projekte wat ten doel het om die Afrikanergeskiedenis te bewaar en te bevorder. “Van dié projekte sluit in ’n beeldjie in elke huis, geskiedeniswerkswinkels, geskiedenisplakkaatreekse, gratis wisseltrofees aan skole en nog vele meer,” het Jansen van Vuuren gesê. Die FAK het ook ’n spesiale ruimte op sy webblad geskep waar die Afrikanergeskiedenis keurig en geurig aan nageslagte oorvertel word. Lees hieronder meer oor wat jy alles op die FAK se geskiedeniswebbladsy kan sien en hoor, of besoek www.fak.org.za vir meer inligting.

Tydvakke Die Afrikaner se geskiedenis word gewoonlik in verskeie tydvakke verdeel. Die FAK se webtuiste bied ’n sinvolle opsomming van elke tydvak in die Afrikaner se geskiedenis, van die pioniers tot die Afrikaners van ná 1994. Klankargief “Almal het ’n fantastiese gees en almal doen dinge saam. Daar was glad nie enigsins ’n bietjie jaloesie nie. Dit was net ’n fantastiese tyd van ’n klomp meisies saam.” Só het Anneline Kriel, voormalige Mej. Wêreld, in 1974 vertel van haar deelname aan die Mej. Wêreldkompetisie. Hierdie oorspronklike opname van haar onderhoud word bewaar op die FAK se klankargief, saam met verskeie ander geskiedkundige opnames. So ook bevat die FAK se klankargief die

oorspronklike opname van waar prof. Chris Barnard vertel van die wêreld se eerste koppelhartoperasie wat hy op ’n pasiënt uitgevoer het: “Dit was die eerste keer wat ons ’n hartoorplanting gedoen het sonder om die pasiënt se eie hart uit te haal,” het hy gesê. Afrikaanse organisasies Al ooit gewonder hoe, wanneer en waar die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie of die Voortrekkers tot stand gekom het? Die FAK se webtuiste bevat ’n beknopte maar insigryke beskrywing van hierdie en ander Afrikaanse organisasies en hul ontstaan. Geskiedenis Dagboek Die FAK se Geskiedenis Dagboek bevat dagstukke wat verskeie onderwerpe in die Afrikaner se geskiedenis behandel, waaronder die eerste Britse bewind, die Groot Trek, Afrikanernasionalisme en uniewording. Afrikaanse kultuuralmanak Die FAK se Kultuuralmanak roep persoonlikhede en gebeurtenisse op wat ’n invloed op die Afrikaner se ontwikkelingspad uitgeoefen het. S

Foto’s: Verskaf

FAK-fotoversameling Daar word dikwels gesê ’n foto spreek boekdele. Die FAK se unieke fotoversameling

van die Afrikaner se geskiedenis vertel talle verhale oor die Afrikaner se ontstaan en beeld menige sleuteloomblikke in die Afrikaner se geskiedenis uit – van die volksplanting tot nou toe. Gaan gerus saam met die FAK op ’n nostalgiese fotoreis deur die Afrikaner se geskiedenis!

Help ons bou aan kragtige kultuurinstellings soos die FAK. SMS ONSBOU na 34802 (SMS’e kos R2). Issue 4 of 2016

45

www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Afr

70%

van swart Suid-Afrikaners is nie ten gunste van kwotas in sport nie. ~ Instituut vir Rasseverhoudinge ~

Solidariteit, AfriForum pak sportkwotas

Foto: Morné Prinsloo

D

ie vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum het in Junie vanjaar omvattende regsstappe teen die minister van sport, Fikile Mbalula, se onlangse uitsprake oor kwotas in Suid-Afrikaanse sport bekendgemaak. Dit volg nadat Mbalula in April gesê het die vier hoofsportfederasies – Atletiek SA, die SuidAfrikaanse Rugbyunie (Saru), Krieket Suid-Afrika en Netbal Suid-Afrika – mag nie voortgaan om die gasheer te wees vir enige groot internasionale sporttoernooie in Suid-Afrika nie, aangesien hulle nog nie hul transformasieteikens bereik het nie. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, kom die drastiese stappe deur minister Mbabula neer op niks anders nie as onbillike arbeidspraktyk. “Die Wet op Diensbillikheid, asook die Wet op Sport en Ontspanning maak hoegenaamd nie daarvoor voorsiening dat die regering by die kies van spelers vir sportspanne mag inmeng nie. Dit is presies waarmee die minister nou besig is en ons as die burgerlike samelewing kan dit eenvoudig nie toelaat nie,” het Hermann gesê. Solidariteit en AfriForum het aangedui dat hulle hul as deel van die regsaksie tot die

Deur Inge Strydom arbeidshof gaan wend om die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se transformasieplan, asook die handves oor transformasie in sport waarin die staat se transformasieteikens vir sport uiteengesit word, ongeldig te laat verklaar. Solidariteit en AfriForum sal voorts klagtes by die Verenigde Nasies (VN), verskeie internasionale sportliggame en die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) teen sportkwotas indien. Dit sluit ook ʼn versoek in vir ’n ondersoek na die teikens vir regstellende aksie van elke afsonderlike sportunie soos dit in hul onderskeie regstellendeaksieplanne uiteengesit is. Hermann meen die regstellendeaksieteikens soos dit in die handves van transformasie in sport en in Saru se strategiese transformasieplan vervat is, is strydig met die Wet op Diensbillikheid. “Nie net neem hierdie planne nie die poel van geskikte kandidate in ag nie – daar is ook nie voldoende met spelers of vakbonde oor die teikens in die planne gekonsulteer nie. Ons meen voorts dat hierdie planne in effek op ’n kwotastelsel neerkom, en dit word deur die Wet op Diensbillikheid verbied,” sê Hermann. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verduidelik dat AfriForum en Solidariteit se Uitgawe 4 van 2016

46

www.solidariteit.co.za

klagtes by internasionale sportfederasies op twee sterk bene sal staan, aangesien byna alle internasionale sportliggame se regulasies enige vorm van rassediskriminasie en regeringsinmenging in sport uitdruklik verbied. “Hierdie verbod op rassediskriminasie en regeringsinmenging word ondubbelsinnig verwoord in die Internasionale Olimpiese Komitee se Olimpiese Handves, wat op die meeste sportsoorte van toepassing is, asook in die regulasies van onder meer die Internasionale Rugbyraad, Internasionale Krieketraad en die Internasionale Netbalfederasie,” sê Kriel. Intussen het ’n nasionale peiling wat vanjaar deur die Instituut vir Rasseverhoudinge onderneem is, getoon dat meer as 70% swart Suid-Afrikaners nie ten gunste van kwotas in sport is nie, maar eerder van mening is dat spelers op grond van meriete tot spanne verkies moet word. Solidariteit en AfriForum gaan hulle op hierdie statistieke beroep tydens hul hofsaak teen sportkwotas. As deel van sy regsaksie het Solidariteit en AfriForum ʼn referendum onder die publiek van stapel gestuur om sodoende sy saak teen kwotas in sport te versterk. • Besoek www.neevirkwotas.co.za vir meer inligting. S


IN BEWEGING

Nuwe tuiste vir Afrikaanse Tuks-studente

A

het aan ’n holistiese studente- en koshuiservaring. Weens politieke druk het daar egter spanning ontstaan met die proses om soveel moontlik studente se behoefte aan behuising te bevredig. “Die inmenging het onder andere ’n baie negatiewe impak en inperking op studentelewe en -aksies gehad,” het Jansen van Rensburg gesê. Die De Goede Hoop-koshuis wil dus voorsien in die bestaande behoefte aan ’n koshuis wat ’n gesonde studentelewe en -aktiwiteite bevorder. AfriForum beoog om hul privaat koshuiskonsep vir Afrikaanssprekendes na alle kampusse in SuidAfrika uit te brei, mits dit by UP slaag. Die burgerregte-organisasie sal ook De Goede Hoop finansier totdat dit selfonderhoudend is. Die koshuis is 1,8 km van die UP se Hatfieldkampus geleë en sal sowat 300 mans en dames kan huisves. Dit is nie ’n gemengde koshuis nie. Jaco Grobbelaar, AfriForum Jeug se Tuks-

Foto’s: Verskaf

friForum gaan van 2017 af ’n koshuis by die Universiteit van Pretoria (UP) finansier wat ten doel het om ’n inklusiewe tuiste vir enige Afrikaanssprekende student wees – ongeag hul ras. Die De Goede Hoop-koshuis sal ’n Christelike basis hê en onafhanklik van Tuks se ander koshuise funksioneer. Die koshuis is dus ’n kultuurinstelling wat ’n verblyfaanbod bied vir alle studente wat gemaklik binne die Afrikaanse gemeenskap voel. “Daar is ’n groot behoefte aan ’n koshuis wat studente op meriete keur,” het Cornelius Jansen van Rensburg, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gesê. Volgens hom is daar tans ’n tekort aan studenteverblyf. Universiteite moet dus voorsiening maak vir studente wat slegs ’n behoefte het aan behuising, maar ook vir studente wat ’n behoefte

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

Issue 4 of 2016

47

www.solidariteit.co.za

kampuskoördineerder, het verduidelik dat mans en dames hul eie huiskomitees (HK’s) en begrotings sal hê. De Goede Hoop se stigters het reeds studente op hul Facebook-blad genooi om hul CV’s te stuur as hulle volgende jaar in die huiskomitee wil dien. Marthinus Jacobs, AfriForum Jeug se Tukstakvoorsitter, is van mening dat De Goede Hoop nie op ’n beter tyd kon kom nie. “In ’n tyd waarin universiteitskoshuise hul tradisies, kultuur en karakter verloor, word daar ’n uitstekende alternatief geskep in die De Goede Hoop-koshuis vir studente wat steeds ’n koshuiservaring met tradisie en ’n behoorlike studentelewe wil geniet. Elke student het die reg tot ’n plek waar hy of sy voel ‘ek behoort’,” het Jacobs gesê. Volgens hom móét koshuiskeuring, nes keuring vir ’n studierigting of vir ’n sportspan, op meriete geskied. S


ONDERWYS OPLEIDING

&

IN BEWEGING

Kriel kap Lesufi se anti-Afrikaanse uitlatings

Foto: Rozier van Tonder

K

allie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Panyaza Lesufi, omstrede Gautengse LUR vir onderwys, se anti-Afrikaner- en antiAfrikaanse uitlatings tydens ’n debat tussen hulle skerp veroordeel. Kriel en Lesufi het mekaar in ’n openbare debat in Tembisa aan die Oos-Rand gepak. Lesufi het die geleentheid gebruik om Afrikaners opnuut te herinner aan apartheid wat volgens hom daarvoor verantwoordelik is dat 80% van skole in die land steeds disfunksioneel is. Hy het Afrikaners aangeval wat hulle vir die behoud van moedertaalonderrig in Afrikaanse skole beywer en hulle daarvan beskuldig dat hulle nie die taal wil beskerm nie, maar hul “gebied” en hulself só isoleer. Lesufi het ’n halfhartige onderneming gegee dat daar plek vir Afrikaanse onderrig in skole is solank as wat hy die LUR vir onderwys is. Hy

Deur Alet Rademeyer het gesê hy gaan dit nie verbied nie, maar hy soek nie ’n skool van “klein wit basies” nie. Hy sal ook nie toelaat dat “belastinggeld” gebruik word om openbare Afrikaanse skole te finansier om privaat skole te wees nie. “Dié skole behoort aan almal in die land,” het hy gesê. In dieselfde asem het hy Afrikaanse skole gekritiseer omdat dié skole volgens hom nie bereid is om hul hulpbronne met ander skole te deel nie. Lesufi het geargumenteer dat Afrikaans ’n struikelblok vir alle kinders is om toegang tot alle skole te verkry. Kriel het hom daarop gewys dat dit een van talle mites is en het gesê Lesufi en die regering sien Afrikaanse skole as sagte teikens wat hulle kan aanval omdat die onderwysdepartement nie gehalte-onderrig aan almal in die land kan voorsien nie. “Net 2,5% van Afrikaanse skole is voormalige Model C-skole. Al verengels elkeen van dié skole, sal dit nie gehalte-onderrig vir Uitgawe 4 van 2016

48

www.solidariteit.co.za

almal kan verseker nie. “Lesufi moet sy prioriteite in orde kry. Hy moet SADOU se houvas op skole – wat ondoeltreffende onderwys in die hand werk – verbreek en moet eerder begin om skole in sy provinsie wat swak presteer, reg te ruk. Hy val Afrikaanse skole aan om sy eie mislukkings te verbloem.” Kriel het gesê dat Lesufi met niks anders as lippediens besig is nie en dat hy met sy uitsprake toon dat hy Afrikaanssprekendes se intelligensie onderskat. Hy het verwys na wat besig is om met Afrikaans op universiteitskampusse te gebeur en het gesê dit lyk of die 1994-ooreenkoms verbreek is. “Lesufi moet weet dat Afrikaanse ouers en organisasies soos AfriForum nie goedsmoeds sal toekyk hoe jong kinders geteiken word net sodat die regerende elite se anti-Afrikaanse agenda bevorder kan word nie.” S


IN BEWEGING

ONDERWYS OPLEIDING

&

Die pad na finansiële selfstandigheid vir skole

Foto: iStockphoto.com

D

ie Grondwethof se uitspraak op 20 Mei oor toelatingsregulasies in Gauteng se skole plaas ’n beperking op die invloed wat skoolbeheerliggame – en ouers – op die onderwys van kinders in openbare skole kan uitoefen. Skoolgemeenskappe wat oor die jare heen die instandhouding en ontwikkeling van skoolgeriewe uit hul eie sakke gefinansier het, het nou nie meer die finale sê oor die skool se voedingsarea, kriteria vir toelating of kapasiteit nie. Goeie bestuur en versigtige finansiële beplanning maak dit vir skole moontlik om meer klasse te bou en ekstra personeel aan te stel sodat daar kleiner klasgroepe is wat gehalteonderrig verseker. Ná 22 jaar van ANC-bewind skryf die Gautengse LUR vir onderwys, Panyasa Lesufi, egter steeds goeie skole se uitmuntende prestasie aan “onbillike bevoordeling” toe. Hy verswyg gerieflikheidshalwe die feit dat hierdie “bevoordeelde” kwintiel 5-skole aansienlik minder onderwysposte en slegs ’n vyfde van die finansiële toewysing van die staat ontvang as wat kwintiel 1- tot 3-skole kry. Volgens die nasionale norme en standaarde vir skoolbefondsing ontvang kwintiel 5-skole vanjaar R204 per leerder van die staat, terwyl die oorgrote meerderheid “no fee”skole R1 177 per leerder per jaar kry. Feitlik alle Afrikaanse skole in Gauteng is kwintiel 5-skole. Die staat se finansiële ondersteuning van openbare skole word jaarliks minder, verpligte kwytskeldings van skoolgeld word meer en voorskrifte van die onderwysdepartement neem toe. Druk op Afrikaanse skole om Engelse leerders toe te laat, het tot gevolg dat net 168 van die 2 070 openbare skole in Gauteng in 2014 nog in Afrikaans onderrig aangebied het (DBE, SNAP survey 2014). Skole verloor jaarliks miljoene aan verpligte skoolgeldvrystellings en slegte skuld. Hierdie verlies kan nie bloot deur hoër skoolgeld opgemaak word nie, want die formule vir die berekening van kwytskeldings veroorsaak dat meer ouers kwalifiseer vir kwytskelding hoe meer skoolgeld ’n skool vra. In sommige skole kwalifiseer ouers

Deur Melani Buys met ’n jaarlikse inkomste van R500 000 reeds vir kwytskelding van skoolgeld! Terwyl skole jaarliks miljoene rande se inkomste aan skoolgeld moet kwytskeld, is die staat se terugbetaling aan skole in baie gevalle minder as die koste van die ouditeursverslag wat terugbetalingaansoeke moet vergesel. In die meeste ontwikkelde lande is die neiging om soveel moontlik selfbestuur op skoolvlak toe te laat, terwyl die staat onderwys volledig finansier. In Oos-Europese lande wat ná sosialisme wegbeweeg van sentrale beheer oor onderwys en nie meer in staat is om skole volledig te finansier nie, is daar ’n tendens dat goeie skole toenemend privatiseer. In Afrika is daar volgens die Wêreldbank se Onderwysverslag van 2009 ’n duidelike korrelasie tussen privatisering en die gehalte van onderrig. Afrikaanse openbare skole is uitnemende instellings wat oor die jare danksy puik skoolbestuur en onderwysers se toewyding, asook ouers se geld en moeite, ontwikkel is. Die feit dat sommige personeel deur die staat betaal word en die grond en geboue staatseiendom is, maak volledige privatisering van openbare skole baie moeilik. Die koste verbonde aan die oprig van privaat skole is ongelukkig baie hoog en die voorskrifte daarvoor is ingewikkeld. Op die kort termyn kan skoolgemeenskappe egter veel groter beheer bewerkstellig deur skenkings, vrywillige bydraes en fondsinsamelings anders te bestuur. Deur die gebruik van trusts kan gemeenskapsfondse steeds tot die beskikking van die skool wees sonder dat beheer en eienaarskap outomaties oorgaan na die staat. Dit kan geillustreer word deur twee scenario’s. In die eerste geval bou ’n skool noodsaaklike ekstra klaskamers aan op die skoolterrein met geld wat deur die skoolgemeenskap ingesamel is. Waarde word só toegevoeg aan die staat se eiendom, en wanneer die onderwysdepartement die skool se kapasiteit bepaal, word al die klaskamers getel en met 40 vermenigvuldig om te besluit hoeveel kinders toegelaat moet word. Skole is dus baie versigtig om ekstra klasse aan te bou,

Issue 4 of 2016

49

www.solidariteit.co.za

maak nie saak hoe nodig dit is nie. In die tweede geval word skenkings en fondsinsamelings gekanaliseer deur ’n gemeenskapstrust wat eiendom langs die skool aankoop en ’n naskoolsentrum daarop ontwikkel. Soggens word die naskoolsentrum se klasse dan aan die skool verhuur. Die eiendom bly in besit van die trust, maar word in belang van die leerders aangewend sonder dat die kapasiteit van die skool vergroot word. Wins wat deur die naskool en verhuring van fasiliteite gemaak word, is ook tot die skool se beskikking. Ander voorbeelde sluit in die ontwikkeling van privaat koshuise vir kinders uit die platteland wat sodoende ’n woonadres binne die voedingsarea van die beste skole in die stad bekom, of ’n maatskappy sonder winsoogmerk wat ’n sportsentrum aangrensend tot die skoolterrein ontwikkel en daardeur ’n diens aan die skool lewer, maar ook aan die breë gemeenskap. Dit staan die maatskappy vry om hul wins na goeddunke te gebruik, byvoorbeeld om sportafrigters aan te stel of om die skool finansieel te ondersteun. Eienaarskap van hierdie tipe ontwikkeling word behou, en die staat kan nie voorskryf hoe hul fondse aangewend moet word nie. Ouers, sakeondernemings en skoolgemeenskappe was nog altyd bereid om in belang van hul kinders se onderwys by te dra. Deur dié bydraes egter nie meer direk in die skool se rekening te stort nie maar ontwikkeling eerder op privaat grond pleks van staatseiendom te doen, word Afrikaanse skole steeds ondersteun, terwyl geld uit die gemeenskap vir die gemeenskap beskikbaar bly. Internasionaal is daar ’n neiging in suksesvolle lande dat ouers en gemeenskappe toenemend betrokke raak by onderwys. Die toewyding van alle partye in die onderwys het in die verlede bygedra tot die besonder hoë standaard van Afrikaanse skole in Suid-Afrika. Om daardie standaard te behou en vir toekomstige geslagte uit te bou, is dit nodig dat skoolgemeenskappe op ’n nuwe manier voortbou op hierdie tradisie van betrokkenheid, ywer en vrygewigheid ter wille van ons kinders se onderwys. S


IN BEWEGING

Sol-Tech

Sol-Tech bou saam aan ‘n monument

Foto’s: Reint Dykema

S

ol-Tech is vanjaar tien jaar jonk en bou reeds ʼn lewende monument! “Dit is opvallend hoe vinnig ʼn mens van die afgelope tien jaar se swoeg en sweet vergeet as jy die suksesvolle jongmense sien wat nou ʼn toekoms in Suid-Afrika het,” vertel Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. “Ons sien hoe suksesvol ons studente is en hoe dankbaar hulle is vir die geleentheid om in hul eie taal opgelei te word. Boonop is dit baie bevredigend vir die personeel van Sol-Tech dat hulle hul passie kan uitleef. Ek sal altyd die woorde van Danie Brink onthou, so ’n paar jaar gelede toe hy die eerste keer die Sol-Techkampus besoek het: ‘Besef julle dat julle besig is om ʼn lewendige monument op te rig?’” vertel Van Deventer. Benewens die feit dat Sol-Tech van krag tot krag gaan, loop sy reputasie van uitnemendheid hom vooruit. Met ʼn slaagsyfer van 96% wat SolTech-studente in die finale eskamen behaal, en 95% van ons studente wat vaste aanstellings kry nadat hulle gekwalifiseer het, help elke student en lektor om te bou aan hierdie lewendige monument.

Deur Cilleste van Dyk en Inge Strydom Sol-Tech het met die onlangse KragDag besluit om nie net die simboliek van “lewende monument” uit te beeld nie maar om ʼn fisiese monument ook te bou. “En so gebeur dit toe dat ons op kort kennisgewing besluit om iets te ‘bou’ vir die Solidariteit KragDag. In die beplanningsessie het hierdie woorde van Danie by ons opgekom en is daar besluit om letterlik ons eie “monument” op te rig,” sê Van Deventer. Die monument was agter op ons eie monstertrok gebou. ’n Afbeelding van die Voortrekkermonument is uit metaal gesny en dit het as basis gedien om die simboliek van ons verlede en standvastigheid te simboliseer. Al ons ambagte is op ’n roterende, sonaangedrewe platform bo-op die basis gemonteer en dit beeld die blink toekoms uit wat deur Sol-Tech-opleiding bereik kan word. Die lektore en studente het aan die werk gespring, meestal nauurs aangesien die tyd min en die opleidingskedule intensief was. Met die splinternuwe toerusting wat Sol-Tech in hul werkswinkels het, is ʼn monument gebou waarop hulle trots kan wees. “Ons het baie aandag by die KragDag getrek en het ongeveer 500 navrae – en dít net op een dag – ontvang,” vertel Van Deventer. Uitgawe 4 van 2016

50

www.solidariteit.co.za

Oor die “lewende monument” Prof. Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, is van mening dat ons in die onderwysdomein ʼn drasties veranderde landskap vir Afrikaans as medium van onderrig te wagte kan wees. “Afrikaans is ʼn baie sterk taal, ook as onderrigmedium en as ʼn wetenskapstaal. “Na my mening moet ons as Afrikaanse taalgemeenskap besin oor hoe ons die sienings van ons taalgemeenskap kan probeer beïnvloed. Ons moet houdings kan verander oor die ongelooflike prestasies van Afrikaans as wetenskapstaal. Ons moet voorts met taalbewussynsprogramme oortuig van die waardevolle plek en waarde van Afrikaans in die skool, tegniese kolleges en op universiteit,” het sy gesê. “Ons moet op beduidende skaal fondse inwin om privaat skole en nagraadse instansies, soos Akademia en Sol-Tech, lewensvatbaar te maak. Ons moet voorts die taalgemeenskap oor alle grense heen oortuig om hierdie moedertaalinstellings te benut,” het sy gesê. • Hou Solidariteit Tydskrif dop vir dekking oor die amptelike viering van Sol-Tech se eerste tien jaar. Dié viering vind later vanjaar plaas. S


IN BEWEGING

Sol-Tech spog met gehalte én kundigheid Deur Cilleste van Dyk

D

it is geen geheim dat Sol-Tech kragdadig groei nie, en hierdie instansie van die Solidariteit Beweging groei nie net in getalle nie; dit groei ook in gehalte. Die gehalte van die kundigheid tans by SolTech is weer in die kalklig nadat een van sy personeellede die graad Philosophiae Doctor (PhD) by die Universiteit van Johannesburg verwerf het. Philip Minnaar (foto), hoof van Sol-Tech, wat sy passie vir die ambag as motorwerktuigkundige al op skool ontwikkel het, het self eers ʼn kursus in motorwerktuigkunde voltooi waarna hy ʼn lektor by Sol-Tech geword het. Hy was nie lank net ʼn lektor by Sol-Tech nie, maar het vinnig die sakeleer geklim en hoof van Sol-Tech geword. Volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, is Minnaar se onlangse verwerwing van sy PhD ʼn besonderse prestasie en ʼn baie goeie voorbeeld van die hoë hoogtes wat bereik kan word as jy ʼn ambag as loopbaan kies. Die tema van Minnaar se tesis is boonop relevant tot een van die uitdagings waarmee Sol-Tech se studente te kampe het en dit bied groter duidelikheid oor wat ʼn mens te doen staan. In sy proefskrif beskryf Minnaar ʼn psigo-opvoedkundige model om geïntegreerde selfbewussyn by jongmense te fasiliteer. Die model is vanuit sy MEd-navorsing

ontwikkel. Jong volwassenes tussen die ouderdom van 18 en 30 jaar is in die implementering van die model betrek, onder andere Sol-Tech-studente. Hulle het pas hul ambagsopleiding voltooi en was gereed om met verdere indiensopleiding by ʼn werkgewer voort te gaan. Die deelnemers verklaar dat hulle gesensitiseer is toe hulle deur middel van ʼn werksgroep aan die model blootgestel is. Dit het hulle tot selfondersoek gelei. Hulle kon daarin slaag om groter aandag aan verhoudings te gee en het doelbewus gepoog om na ander persone te luister en met hulle te kommunikeer. Deur meer op hul eie gedrag en optrede te fokus, kon hulle proaktief konflik-aktiveerders en emosionele reaksies by hulself bespeur wat tot moontlike oneffektiewe optrede kon lei. Die eise wat deur die ambagswêreld gestel

word, maak dit noodsaaklik dat ambagslui groter doelbewuste emosionele vaardighede in hul interaktiewe werksomgewing en interpersoonlike verhoudings moet demonstreer. Die oorspronklike bydrae van hierdie studie is die psigo-opvoedkundige model wat dien as verwysingsraamwerk vir die fasilitering van ʼn geïntegreerde selfbewussyn by jong persone wat tot die ambagswêreld toetree. Volgens van Deventer dra die studie van Minnaar regstreeks by tot die verdere ontwikkeling van Sol-Techstudente om sodoende te verseker dat ons studente voldoende voorberei word vir die wêreld van werk. “Dit was ʼn voorreg om my tesis se tema relevant tot Sol-Tech te hou. Daarbenewens het ek nog ʼn passie in my tesis bygewerk, naamlik Afrikaans. Nie net is die tesis in Afrikaans aangepak nie; die voorlesing by die gradeplegtigheid is ook spesiaal in Afrikaans gedoen,” vertel Minnaar. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van taal en kultuur by AfriForum, is Afrikaans op alle terreine – van ʼn ambag tot letterkunde – van internasionale gehalte. “Afrikaans word deesdae ook tersiêr onderrig in die VSA, Rusland, België, Nederland, Pole en in ander lande. Dit is ʼn nasionale bate en sleutel tot die kultuur en geskiedenis van die sprekers daarvan,” sê Bailey. S

Kry meetbare voorsprong in die werkplek KWALIFISEER BY SOL-TECH EN VERSEKER JOU TOEKOMS IN SA Sol-Tech WOON SOL-TECH SE OPEDAG BY! wanneer? 10 September 2016 – 08:30 vir 09:00 waar? Sol-Tech-kampus, Maliestraat 1662, Kirkney, 0182 koördinate: 25o 42’ 52” S 28o 06’ 26” E bring saam: Vier gesertifiseerde afskrifte van ID, vier gesertifiseerde afskrifte van hoogste kwalifikasie, amptelike graad 9-rapport.

AMBAGTE • • • • • • •

Elektrisiën Pas en Draai Meulmaker Gereedskap- en Setmaatmaker Motor- en Dieselwerktuigkundige Passer Sweiser

Bevestig of jy die dag gaan bywoon deur die aanlyn aansoekvorm te voltooi by www.sol-tech.co.za Issue 4 of 2016

51

www.solidariteit.co.za


you & the Law

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

By Lelanie du Plessis and Gerrit Visser

Fired even before starting your new job?

Photograph: iStockphoto.com

C

an an employee refer an unfair dismissal dispute to the CCMA when he was dismissed before actually working for the employer? In the judgment of Jack v. DirectorGeneral Department of Environmental Affairs (2003) 1 BLLR 28 (LC) and Wyeth SA (Pty) Ltd v. Manqele & others (2005) 6 BLLR 523 (LAC), the court held that the termination of an employment contract, even though the employee has not yet started working or received remuneration, constitutes dismissal in terms of the Labour Relations Act (No. 66 of 1995), as amended (“the LRA”). The definition of “employee” as found in section 213 of the LRA includes a person who has accepted an offer of employment to start working at a later date. It is imperative though that the employer has made an offer of employment and that the employee has accepted the offer unequivocally. Even though the employee has not yet started working or received remuneration, the employee’s dismissal still needs to be substantively and procedurally fair. In Van Deventer v. Venture SA (Pty) Ltd (2007) 28 ILJ 268 (CCMA) the commissioner found himself obliged by the Wyeth ruling and therefore held that the employer was still bound to dismiss the employee for a fair reason and that a fair procedure should have been followed.

Can I appeal against the CCMA? Question: I was dismissed and my case has already been heard by the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA), but I’m not satisfied with the commission’s finding. In what cases can a person appeal a ruling of the CCMA? Answer: Firstly, a commissioner of the CCMA makes an arbitration award. The award cannot be appealed. Section 145 of the Labour Relations Act (No. 66 of 1995, or “LRA”) allows for an arbitration award to be reviewed. An application for a review is lodged with the Labour Court. In such an application, the party who is requesting the review is the applicant. The application must be lodged within six weeks of the date that the award was served on the applicant. Section 145 of the LRA lays down four grounds for a review, namely: 1. If the commissioner committed misconduct in relation to his or her duties as an arbitrator; 2. If the commissioner committed a gross irregularity in the conduct of the

Uitgawe 4 van 2016

52

www.solidariteit.co.za

arbitration proceedings; 3. If the commissioner exceeded his or her powers; or 4. If the award has been improperly obtained by the commissioner. This section of the LRA has been dealt with extensively in the courts. Sidumo & Others v. Rustenburg Platinum Mines Ltd & Others [2007] 12 BLLR 1907 (KH) is a leading case in this regard. In the case Herholdt v. Nedbank Ltd [2012] 9 BLLR 857 (AAH) the principles were reinforced and clarified. Without discussing any of the two cases in depth, they demonstrate two principles: Firstly, the commissioner’s award and argument only have to fall within the scope of reasonableness. In other words, even if there are people who disagree with the arbitration award, that in itself does not render the award incorrect, as long as the argument falls within the scope of reasonableness. Secondly, if a commissioner has made an error, the error in itself does not render the award reviewable. It must first be proven that the result of the error renders the award unreasonable. S


Bou saam, bid saam

Foto: iStockphoto.com

S

Deur Johan Böning

olidariteit het onlangs begin met ’n “Ons bou – bou saam”veldtog. In die Bybelse tyd lees ons ook van “bou saam”, byvoorbeeld in Nehemia. Met die terugkeer van die Judeërs uit ballingskap het Nehemia die opdrag van God ontvang om Jerusalem se mure te herbou (Nehemia 2 – 6). Die heropbou van die stadsmuur was ’n geweldige taak, maar was nodig om te verseker dat die volk voortbestaan. As Juda en Benjamin ’n volk wou bly, was dit noodsaaklik om die stad teen vyande te beskerm. Die taak is bemoeilik deurdat die inwoners van Jerusalem nie argitekte, siviele ingenieurs of bouers was nie. Nietemin het God se werk geslaag, omdat elkeen saamgewerk het om ’n gemeenskaplike doel te bereik. Die hoëpriester Eljasib en die priesters het die voorbeeld gestel met die bou van die skaappoort waardeur die offerdiere die stad binnegebring is. Gelowiges en veral kerkleiers het dus ’n baie belangrike taak gehad en het dit steeds om voor te loop en woorde in dade om te sit en te bou! Onder die bouers was daar persone soos priesters, goudsmede, salfmengers, handelaars, tempelslawe en gesagvoerders van stadswyke en halwe stadswyke. Die bevelvoerder oor ’n halwe stadswyk van Jerusalem het geen seuns gehad nie en daarom het sy dogters meegehelp. Dit beklemtoon dat elkeen van ons ’n taak het, maak nie saak hoe gering nie! Baie van die bouers aan die stadsmure het in die omgewing van hulle huise gewerk. Ander het uit stede soos Jerigo, Tekoa, Gibeon en Mispa gekom. Die goewerneur van Wes-Eufraat het sy amptenare vir hierdie arbeid vrygestel. (Dit wys hoe belangrik ’n goeie netwerk is!) God se werk het voortgegaan en is uiteindelik voltooi ondanks geweldige teenstand en druk van die plaaslike bevolking (of in ons geval plaaslike of sentrale regering). Dit klink baie bekend in ons hedendaagse konteks en ondersteun die siening dat die Bybel verrassend modern is! Daar was talle pogings om die bouwerk te stop, maar Nehemia het nooit ophou bid nie en het die heeltyd gevra dat God hom moet help (Nehemia 6: 9). Daarom lees ons in Nehemia 6:16 nadat die bouwerk voltooi is: “En toe al ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bevrees geword en neerslagtig gevoel (hul selfversekerdheid was daarmee heen – 1983 vertaling), en hulle het erken dat hierdie werk deur onse God gedoen is.” Wanneer God ons oproep om in sy diens werksaam te wees, vra Hy nie wie ons is, wat ons kwalifikasies is of wat ons agtergrond is nie. God soek gewillige mense en Hy bekwaam hulle! Wat God soek, is dat ons almal net saam bou aan God se werk. Die opdrag om Jerusalem se mure te herbou, is lankal in die tyd van Nehemia volvoer, maar nou het ons ’n nuwe bou-opdrag ontvang. Toe Jesus opgevaar het na die Hemel, het Hy gesê: Gaan dan heen en maak dissipels van alle nasies (Matteus 28:19 – 20). Dit behels dat ons moet bou aan die geestelike kerk van God hier op aarde. In jou werk as bouer moet jy jou nie steur aan wat ander mense sal sê nie. Jy sal teenstand ondervind, maar bly volhard tot aan die einde! Ons moet sy aan sy werk (saamwerk) om die evangelie se boodskap te verkondig en uit te leef sodat ons ons teen die wêreld kan verweer. Ons hoef dit nie daar ver te doen nie, maar ons kan by ons eie huise of in ons eie omgewing begin – in ons alledaagse handel en wandel. Kom ons bou saam en bid saam! S Issue 4 of 2016

53

www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

Posduif

CHRIS CHAMELEON

Word die meester van jou woorde

Foto: iStockphoto.com

W

oorde is die skeppings van ons gedagtes. Elke woord is ʼn ooreenkoms. Ons stem almal saam dat ons daai groot groen ding wat daar staan, ʼn boom noem. Sy dik lyf noem ons ʼn stam, die arms wat daaruit groei is takke, en die klomp groen flentertjies, blare. Dis die wonder van taal; dat dit ʼn lewende bevestiging van die kontrakte van ons kommunikasie is. Natuurlik is die meeste van hierdie kontrakte al baie lank voor ons almal se geboorte gevorm, maar af en toe word daar nog nuwes gesluit. ʼn Nuwe ding word byvoorbeeld uitgevind en skielik skarrel ons weer om ooreen te kom wat ons dit gaan noem. Maar woorde is nie net die skeppings van ons gedagtes nie. Woorde is ook die skeppers van ons gedagtes. Woorde kan ons gedagtes vir ons voorskryf. Deur ʼn woord soos “kommunisme” te skep, kan almal skielik begin nadink oor ʼn filosofiese begrip wat in ʼn klein groepie mense se harsings ontstaan het en intussen die gedagtes en lewens van miljarde mense oor die wêreld beïnvloed en selfs voorgeskryf het. ʼn Woord wat die afgelope maand internasionaal weer sterk op die voorgrond getree het, is “rassisme”. Die onlangse gebeure in die VSA het gemoedere laat opvlam en heftige gesprekke ontketen. Maar ek vind vir ʼn woord wat so gemaklik ʼn plek in die algemene spreektaal vind, is daar verbasend min mense wat die woord deeglik besin het. Laat ek begin deur die voorbeeld van Sannie en die spinnekop te gebruik. Toe Sannie drie was, het ʼn spinnekop op haar gesig geval en haar op die wang gebyt. Sy het sedertdien ʼn doodse vrees vir alle spinnekoppe. Ons beboet haar nie daarvoor nie. Ons skryf nie artikels daaroor nie en ons val haar nie in ons duisende op sosiale netwerke daaroor aan nie. Maar wat van Pieter? Sy oupa het saans om die vuur dikwels gal gebraak oor hoe lui en skelm swartmense is, oor hoe hulle nie kan insien dat ʼn kort spies en lendedoek die hoogtepunt van hulle tegnologie gevorm het voor die witman die wiel en buskruit Afrika toe gebring het nie. Een aand, terwyl Pieter in sy bed lê en slaap, breek vier swart mans by die huis in, slaan hom byna dood en besteel die huis rot en kaal. Sedertdien wantrou Pieter

Woorde is nie net die skeppings van ons gedagtes nie. Woorde is ook die skeppers van ons gedagtes. Woorde kan ons gedagtes vir ons voorskryf. alle swartmense. Hy raak gespanne as hy alleen is en ʼn paar jong swartmans kom van voor aangestap. By ʼn braai kan hy swartmense ook nooit goedpraat nie. Met Sipho het dit nie veel beter gegaan nie. Sy pa het hom al lankal vertel dat witmense met hulle koms die vrede in Afrika versteur het, al die grond gevat het en swartmense uitbuit. Hy het hom vertel witmense kan soms op verrassende wyse onredelik wreed wees. En een aand, jare gelede, het Sipho langs die pad naby Nelspruit gestap. Skielik het ʼn bakkie met vier jong boere daarin langs hom stilgehou, uitgeklim, hom name genoem en hom byna doodgemoker. Sipho wantrou nou alle witmense. Hy raak gespanne as hy alleen is en ʼn paar jong witmans kom van voor aangestap. By ʼn braai kan hy witmense ook nooit goedpraat nie. Sannie ly aan aragnofobie. Ons simpatiseer met haar. Moedig haar aan om berading te kry en dwing haar nie om in ʼn skuur vol spinnerakke in te stap nie. Trouens, ons sal soms ʼn evenement na ʼn ander plek verskuif Uitgawe 4 van 2016

54

www.solidariteit.co.za

juis om haar te akkommodeer. Die woord, die stigma van aragnofobie lok geen veroordeling, skaamte, aanval of boete uit nie en om daaraan te ly, is nie onwettig nie. Die verskil tussen aragnofobie en rassisme is dít: Aragnofobie blameer op emosionele vlak die spinnekop, en op rasionele vlak die vrees vir die spinnekop. Rassisme, daarenteen, blameer altyd die persoon wat daaraan ly. Wanneer ʼn uitgebreide dwaalleer of wanbegrip deur ʼn enkele woord vervat kan word en hierdie woord dan wortelskiet in algemene taalgebruik, bestaan die gevaar dat miljoene mense se gedagtes mislei kan word deur die veralgemening van daardie enkele woordjie in die spreektaal. Is dit nie dalk tyd dat die konvensie van die woordskepping “rassisme” bevraagteken word en opnuut aan herbesinning onderwerp word nie? Want die woord het helaas ʼn ongelisensieerde wapen begin word wat gedagtes en optrede kan voorskryf. Woorde moet nie ons meesters wees nie: ons moet ons woorde bemeester. S


IN BEWEGING

Ons doen ons eie ding op KragDag

D

• Voedselselfstandigheid • Opvoedingselfstandigheid. Doen jou eie ding! Met die leuse “Doen jou eie ding!” fokus KragDag op onderlinge samewerking en selfversorging in gemeenskappe, op ’n manier wat wegdoen met afhanklikheid van staatsondersteunde netwerke. Daar word veral aandag geskenk aan oplossings vir uitdagings op die gebied van energie, veiligheid en opvoedkunde vir huishoudings, hoewe- of plaasbewoners en klein ondernemings. Hierin speel hernubare energie ’n sentrale rol, maar ander opsies vir selfbehoud en selfbeskikking word ook ondersoek. KragDag doen dit onder meer deur die jaarlikse buitelug KragDagekspo, ons kubermarkplein, radiorubrieke, bekendstellings van produkte en toepaslike ondernemers, en die beskikbaarstelling van inligting met opvoedkundige, tegniese en

Foto’s: Reint Dykema

ie Solidariteit KragDag het vanjaar weer met goeie gevolg ’n unieke geleentheid aan energieverskaffers en die publiek gebied om op groot skaal bymekaar te kom en oplossings vir kragvoorsiening in die land te deel. Met 300 uitstallers, ses seminare en minstens 13 043 besoekers by die Solidariteit KragDag was hierdie jaar se selfstandigheidsekspo beslis iets om oor huis toe te skryf. Dié selfstandigheids-ekspo het oudergewoonte plaasgevind by Diamantvallei net buite Pretoria, en daar is seminare aangebied oor belangrike kwessies wat SuidAfrika raak, naamlik: • Dorsles vir waternood • Entrepreneursvryheid • Energie – ’n Wêreldperspektief en nywerheidsoplossing • Energie-oplossings vir huishoudings en kleinskaalboere

Deur Cilleste van Dyk

Issue 4 of 2016

55

www.solidariteit.co.za

interessantheidswaarde. KragDag verskaf ook ’n platform waar verskaffers, verbruikers en innoverende idees by mekaar uitgebring word. Só het KragDag ontstaan Suid-Afrikaners gaan gebuk onder geweldige stygings in Eskom-tariewe en onbetroubare kraglewering, onder meer as gevolg van beurtkrag, en dit het Hendrik en Alida Verwoerd van Diamantvallei Landgoed naby Pretoria beweeg om inligting, produkte en diensverskaffers vir alternatiewe energieoplossings te soek. Hulle het gou vasgestel dat die meeste beskikbare inligting en oplossings op groter ondernemings en die staat gerig is. Dit het in 2008 die eerste KragDag Ekspo die lig laat sien. Danksy oorweldigende reaksie van die publiek het die Ekspo ’n jaarlikse geleentheid geword. KragDag poog sedertdien om mense wat ons strewe deel, beter van diens te wees en te ondersteun. S


IN BEWEGING

ONDERWYS OPLEIDING

& eer

ereag g ie is s o p p o Só het

ntwerp at die wetso w e d a k s n y “Die langterm as te ees om nou v w ik il e o m l a s r kan aanrig, eringsbehee g re e s r a ja g op 17 stel, maar wa geen eid dat daar h ik tl n o o m .” en daar is ’n sal wees nie r e e m it e it rs unive onafhanklike da Bozzoli,

~ Prof. Belin

DA-LP ~

de y sogenaam s m o ig s e b “Die ANC is sie te gebruik lu o v re e s e ti mokra tiese nasionale de ’n kommunis in rm o v m o a te om Suid-Afrik t en beheer he g a m e ll a y h staat waar erhede” plek vir mind e ig n e r e d n so n ~ Adv. Anto

Alberts, VF

Plus-LP ~

Foto: iStockphoto.com • Bykomende bron: Netwerk24

Wet bedreig akademiese uitnemendheid

T

oenemende staatsbeheer oor openbare universiteite hou ’n groeiende gevaar vir akademiese vryheid, institusionele onafhanklikheid, gehalteuniversiteitsopleiding en gehaltenavorsing in. Só sê Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, nadat die omstrede Wysigingswetsontwerp op Hoër Onderwys onlangs deur die parlement ingestem is. Buys het gewaarsku dat die verstaatliking van die openbare tersiêre opleidingsektor universiteite op dieselfde pad na ondergang sal plaas as wat die meeste universiteite in

Deur Inge Strydom Afrikastate ná onafhanklikwording gevolg het. “Die verstaatliking van die openbare universiteitsektor blyk boonop ʼn onderdeel van ’n groter projek van staatskaping te wees wat al soveel instellings in die naam van transformasie laat misluk het,” waarsku Buys. Hy het die noodsaaklike rol van die burgerlike samelewing in die uitoefening van druk op die regering se skadelike transformasiebeleid beklemtoon. “Ons as burgerlike samelewing, insluitend studente en akademici, moet onsself toenemend mobiliseer om wette soos hierdie een wat ons grondwetlike regte en akademiese Uitgawe 4 van 2016

56

www.solidariteit.co.za

vryheid bedreig, teen te staan. Die burgerlike samelewing speel ’n kritieke rol om die demokrasie in Suid-Afrika te laat werk,” het Buys gesê. Buys het voorts benadruk die regering bied nie die land se werklike uitdagings ten opsigte van onderrig die hoof nie. “Die huidige skolestelsel lewer nie universiteit-opleibare jongmense op nie, terwyl die gehalte van onderrig aan tegniese staatskolleges ontoereikend is. Die krisis rondom gewelddadige protesoptogte by universiteite verg ook eerder aandag terwyl die regering homself oënskynlik slegs op transformasie by uitnemende universiteite toespits,” het hy gesê. S


IN BEWEGING

Help bou aan ’n Afrikaanse Wikipedia

W

anneer ’n mens inligting oor byna enige onderwerp op die internet soek, is die kans baie goed dat jy ’n artikel op Wikipedia sal kry. Dié bron word wêreldwyd gebruik en word in verskillende tale aangebied. Afrikaanse artikels op Wikipedia is egter dun gesaai. Daarom het Maroela Media saam met ander liefhebbers van Afrikaans besluit om Wikipedia in Afrikaans uit te brei – nie net om Afrikaans te help bevorder nie, maar ook om leerders te help met navorsing vir skooltake. Maroela Media werk saam met Unisa om vertalers en skrywers van artikels op te lei in die laai van artikels op Wikipedia. Dié vertalers het reeds aan die werk gespring. Die fokus is vir eers op skoolvakke van graad 4 tot 12, volgens die kurrikulum wat by skole aangebied word. “Ons fokus eers op dié

grade, want dis die ouderdom waarop kinders begin eksamen skryf,” het Keren van den Berg, projekbestuurder by Maroela Media, gesê. “Meer as 700 artikels is reeds beskikbaar en sluit profiele van verskeie Afrikaanse digters en skrywers in. Tot dusver is daar al meer as 100 artikels vertaal,” het sy bygevoeg. Die FAK is ook betrokke by die projek en sal veral op die Afrikaanse geskiedenis fokus.

“Die FAK het baie materiaal oor die geskiedenis beskikbaar en wil seker maak dat dit nie verlore gaan nie,” het Van den Berg gesê. Maroela Media is op soek na nog vrywilligers wat bereid is om te help met die Wikipediaprojek. “Jan Alleman kan ons help om hierdie projek nog meer suksesvol te maak. Ons is op soek na onderwysers, professors, of enigiemand wat ’n kenner op ’n sekere gebied is. Almal is welkom om vir ons artikels of idees te stuur, selfs al is dit ’n teksdokument. Ons sal sorg dat dit op Wikipedia geplaas word.” Maroela Media sal gratis opleiding verskaf aan mense wat bereid is om met die projek te help. Persone wat nie die opleiding kan bywoon nie, kan na ’n video kyk wat presies wys hoe om artikels op Wikipedia te laai. • Stuur e-pos na wiki@maroelamedia.co.za indien jy navrae oor die opleiding het of as jy idees en artikels wil aanstuur. S


IN BEWEGING

ONDERWYS OPLEIDING

&

Opleiding is ’n bate, nie ’n uitgawe nie

Foto’s: iStockphoto.com

A

lgemene aanvaarde rekeningkundige standaarde vereis dat enige geld wat spandeer word as óf ’n bate, óf ’n uitgawe geklassifiseer word. ’n Voertuig met ’n nuttige lewensduur van etlike jare is ’n voorbeeld van ’n bate, terwyl huur betaal ’n voorbeeld van ’n uitgawe is. Tans vereis rekeningkundige standaarde dat geld wat aan opleiding spandeer word, as uitgawe in ’n onderneming se finansiële state getoon word. Die risiko verbonde aan hierdie hantering van opleidingsuitgawes is dat opleiding beskou word as ’n item wat ’n onderneming se wins negatief beïnvloed – dus ’n uitgawe wat vermy moet word. Navorsing toon egter dat daar ’n groot ooreenkoms tussen opleiding en ekonomiese welvaart bestaan. Dit geld nie alleen vir individue en ondernemings nie, maar ook vir lande. Daar is hoofsaaklik drie maniere waarop navorsers die ekonomiese voordeel van opleiding meet: die invloed van opleiding op die bruto binnelandse produk (BBP) per persoon; die berekening van ’n opbrengskoers wat die bykomende uitgawe en inkomste verbonde aan ’n individu se opleiding in berekening bring, en die verband tussen opleiding en die verligting van armoede. Opleiding en ’n land se welvaart Die verband tussen opleiding en die algemene welvaart van lande se bevolking is omvattend

Deur Appie Pienaar nagevors. Die resultate van hierdie navorsing wissel, maar dit is duidelik dat opleiding ’n wesenlike impak op welvaart het. So byvoorbeeld toon Thomas en Burnett (2013) aan dat die BBP per persoon met 13% styg vir elke bykomende jaar van opleiding. Patrinos en Psacharopoulos (2013) beraam dit op 35%, en Cuaresma, Lutz en Sanderson (2012) op 18%, wat die gemiddeld van vorige navorsing is. Opbrengskoers vir individue Die opbrengskoers van die individu se belegging in opleiding word beraam deur die styging in ’n individu se inkomste te vergelyk met die uitgawe verbonde aan ’n verdere jaar se studie. Werkendes met hoër vlakke van opleiding verdien gemiddeld hoër inkomstes. Wêreldwyd is bevind dat elke bykomende jaar van opleiding lei tot ’n 10%-styging in inkomste. Oor die algemeen is die styging meer in minder ontwikkelde en armer lande. Daar is ook bevind dat die opbrengs vir vroue oor die algemeen beter is as vir mans. Opleiding en verligting van armoede Hoër vlakke van opleiding lei tot ’n laer voorkoms van armoede. Daar word beraam dat 171 miljoen minder mense wêreldwyd in armoede ($1,25 inkomste of minder per dag) sou leef indien alle kinders in lae-inkomste lande basiese leesvaardighede sou kon aanleer.

Opleiding en lewensverwagting Verskeie studies het ’n verband tussen opleiding en lewensverwagting aangetoon. Vroue in Afrika sonder laerskoolopleiding se lewensverwagting is byvoorbeeld 14% laer as dié van vroue met laerskoolopleiding. Mense met hoër vlakke van opleiding is byvoorbeeld ook meer bewus van die gevare van MIV-besmetting. Opleiding is oorerflik Een van die belangrikste gevolge van opleiding is die uitwerking daarvan op die volgende geslag. Opleiding verhoog die waarskynlikheid dat die kringloop van armoede in ’n familie verbreek kan word. Navorsing onder moeders in die Sub-Saharastreek toon byvoorbeeld dat slegs 68% kinders wie se moeders geen skoolopleiding gehad het nie, skool bywoon. Hierdie persentasie styg na 95,5% indien die moeder self 12 jaar se skoolopleiding gehad het. Op landwye vlak lei opleiding tot ekonomiese groei en dus tot meer fondse vir opleiding. Dit lei tot kleiner gesinne wat dit makliker en goedkoper maak om kinders en jongmense behoorlik op te lei, wat weer die lewenstandaard van toekomstige geslagte verhoog. Dit is duidelik dat opleiding as ’n bate gesien moet word, ongeag die manier waarop die voordele van opleiding gemeet word. Elke sent wat aan opleiding spandeer word, is ’n belegging in die toekoms en moet aangemoedig word. S

MY GELD

Uitgawe 4 van 2016

58

www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

WEBWYS

Bewaar jou digitale lewe vir dekades

D Foto’s: iStockphoto.com

it is enigiemand se nagmerrie: jou rekenaar pak op en al jou belangrike dokumente, foto’s, lêers, video’s en musiek is net eenvoudig wég. Foto’s van boetie se uitstekende drie onder die pale: wég. ’n Video van sussie se eerste klavierkonsert: wég. ’n Herinnering aan die keer toe die kinders die eerste keer oupa se knieë gesien het toe hy dit in sy swembroek op Margate se strand gewaag het: óók wég. Gelukkig vir ons is dit 2016 en die tegnologie het al só ontwikkel dat ons onsself nie meer hoef te bekommer oor rekenaars wat oppak en foto’s of dokumente wat verlore gaan nie. Daar is talle maniere waarop mens ’n rugsteunkopie van belangrike lêers, video’s, dokumente en foto’s kan maak. Hier is die drie maklikste maniere waarop jy jou digitale lewe vir dekades kan bewaar: Eksterne hardeskyf ’n Eksterne hardeskyf is ‘n ekstra hardeskyf, net soos die een tans in jou rekenaar, waarop jy enige soort lêer kan stoor. Eksterne hardeskywe koppel aan jou rekenaar om ekstra

Deur Leandré Buys stoorplek te voorsien. Baie van hulle is klein en draagbaar, terwyl ander weer veel groter is en ontwerp word om op jou lessenaar te staan. Geheuestokkies ’n Geheuestokkie is ’n klein, draagbare dryf, dikwels nie veel groter as die lipstiffie in elke vrou se handsak nie. ’n Geheuestokkie prop in jou rekenaar se USB-poort in en wanneer die geheuestokkie met jou rekenaar verbind is, kan jy dokumente, foto’s, video’s en ander lêers op die stokkie kopieer. Stokkies is in ‘n groot verskeidenheid ontwerpe beskikbaar. Hoewel hierdie metode baie soortgelyk aan die eerste een is, gebruik geheuestokkies “flitsgeheue” (flash memory) wat beteken dit kan gebruik word, skoongemaak word en wéér gebruik word. Wolkstoorspasie (Cloud storage) Wolkberging word aangebied deur diensverskaffers soos Dropbox, Google Drive, Microsoft OneDrive, iCloud en talle ander. Dit is ’n stelsel waar jy jou lêers vanaf jou Issue 4 of 2016

59

www.solidariteit.co.za

rekenaar in jou huis of werk na ’n bediener in ’n datasentrum skuif. Indien jy aan die internet verbind is, kan jy enige tyd na jou lêers gaan loer, dit wysig of selfs van die lêers skrap wat in jou wolkstoorspasie gestoor is. Hierdie stoorspasie is toeganklik vanaf enige rekenaar of mobiele toestel. Dié drie bergingsmetodes is ideaal vir enigiemand om te gebruik, aangesien dit gebruikersvriendelik en bekostigbaar is. ’n Goeie wenk is om altyd die oorspronklike lêers veilig te hou en eerder net die duplikate daarvan te versprei. Nog ’n wenk is om die gewoonte aan te leer om op ’n gereelde basis rugsteunkopieë van alle lêers te maak. Dit kan elke maand wees, of selfs elke keer wanneer jy nuwe belangrike dokumente of foto’s by kry wat ook gestoor moet word. Jy kan selfs jou rekenaar of ander toestel stel om die inligting op jou toestel outomaties te sinchroniseer met dié in jou wolkstoorspasie elke keer wanneer jy aan die internet verbind is. So ontspan. Nou kan jy vir jare nog oor oupa se knieë lag, na sussie se klavierkonsert kyk en met boetie se sportvernuf by die familie spog. S


ADVERTORIAL

Making an impact protecting hearing The Protec Program – A customised, comprehensive solution to the battle against NIHL

N

oise-induced hearing loss (NIHL) has since been established as a major occupational and social concern for decades now. Efforts to reduce the incidence of NIHL in the workplace, particularly the mines, have been ineffective thus far – failing to completely eradicate the incidence of occupational NIHL cases. Currently statistics from the Department of Mineral Resources (DMR) indicate that, on average, 1 600 cases of new hearing loss cases are reported each year. In particular, NIHL in the mining sector appears to be most prominent. Suggestions are that this is a result of action plans that are perhaps not comprehensive, hence ineffective. There is therefore a need for far more comprehensive & integrated programs to establish successful efforts of combating NIHL – besides the generic fitment of custom hearing protection devices alone. Interesting to note is the role that social noise exposure plays in the whole battle against NIHL. While programs implemented in the workplace to combat incidence of occupational NIHL may be effective and thorough, these efforts are often fruitless as long as there is a chance of social noise exposure among employees. These included, but are not limited to, rock concerts, target shooting sports and hunting; loud music from car stereos and personal music players. It becomes a problem trying to separate NIHL from occupational or

social noise exposure as individuals are often exposed concurrently. As such, comprehensive hearing conservation programs must not only be aimed at occupational noise exposure, but should include efforts targeted at social noise exposure as well so the “risk” is addressed from all angles. Such efforts are often lacking in most hearing conservation programs as emphasis is mainly placed on the custom hearing protective devices, and not the social aspect. As long as efforts towards combating NIHL are centred on occupational noise exposure, but exclude social noise exposure, the battle against NIHL is one that may never be won. At Impact Noise Protection, our Protec program attempts to address the issue of NIHL from both the occupational and social perspective.

The protect program consists of five different aspects targeted at first identifying a possible risk – both occupationally and socially, then devising means to address and eliminate the risk.

How can Protec Program assist you?

Addressing of social risks of NIHL This aspect aims to address possible situations where employees may be exposed to hearing loss socially, so that their social behaviours do not counteract the employer’s efforts to ensure there is no incidence of NIHL in the workplace. This process will involve informative sessions, trainings, and distribution of brochures for all employees to raise awareness and promote better social behaviour. Each of the 5 aspects will be discussed in greater detail, allowing you, the employer, to have a more successful hearing conservation program for your employees.

Risk identification Risk for each employees will be identified through annual noise surveys and annual hearing screenings. Risk elimination Through careful selection, Impact Noise Protection will fit your employees with our Ukuthula custom hearing protective devices to attenuate the noise employees are exposed to a level that is not detrimental to their hearing. These devices are moulded on site, and made custom for each individual ear. The devices will be serviced annually.

FOR MORE INFORMATION, PLEASE CONTACT US ON: Tel: 012 348 9350 Fax: 012 348 9251 jane@noiseprotection.co.za

Photographs: iStockphoto.com

www.noiseprotection.co.za

Uitgawe 4 van 2016

60

www.solidariteit.co.za



IN BEWEGING

Volgens die Cambridge-aanlynwoordeboek word soveel as een uit vier kinders in skole aan afknouery en boeliegedrag blootgestel. Volgens Wikipedia ontstaan die etimologie van die woord “boelie” reeds in die 1530’s. In kontras met sy betekenis vandag, was die werklike betekenis “liefling” en was dit afkomstig uit die Nederlandse woord “boel”, wat minnaar of broer beteken. Gedurende die 17de eeu het die betekenis van die woord versleg tot “teisteraar van die swakkeling”.

MY GESIN

Foto: iStockphoto.com • Bykomende bron: Netwerk24

Hoe gemaak as kind geboelie word?

K

inders wat deur ander geboelie word, is nie ’n vreemde verskynsel nie. Dit gebeur daagliks met baie van ons kinders. Ongelukkig is dit nie iets wat altyd op die beste manier hanteer word nie, indien dit wel hanteer word. Wat staan jou as ouer te doen as jy bewus raak daarvan dat boelies jou kind teister? Dit is eerstens belangrik dat jy as ouer jou emosies in toom hou, sê Sue Atkins, Amerikaanse ouerskapskenner. “Jy mag dalk kwaad, seergemaak, skuldig, bang of hulpeloos voel,” verduidelik Atkins. Sandra Hiller van Family Lives bevestig dit is belangrik dat jy in die eerste plek na jou kind wat onder boelies deurloop, luister sonder om kwaad of ontsteld te raak. “Sit jou eie gevoelens

Deur Francois Redelinghuys en emosies eenkant en luister werklik na wat jou kind vir jou sê. Wys dan dat jy wel geluister het na wat hy vir jou sê deur aan hom te bevestig wat jy gehoor het.” Vervolgens is dit belangrik dat jy jou kind vra hoe hy sal verkies die kwessie hanteer moet word, reken Hiller. Moenie bloot oorneem en sodoende jou kind laat voel dat hy by die besluit uitgesluit word nie. Die meeste ouers se eerste reaksie wanneer hulle hoor dat hul kind geboelie word, sal wees om die skoolhoof of die boelie se ouers te gaan spreek. Volgens ChildLine se beraders is hierdie tipe optrede gewoonlik die einste reaksie wat jou kind sal wil vermy en kan hierdie optrede dikwels daartoe lei dat die boeliegedrag vererger. Vra dus jou kind: “Hoe Uitgawe 4 van 2016

62

www.solidariteit.co.za

stel jy voor moet ons die kwessie hanteer?” Jou eie ervarings van toe jy nog ’n kind was, kan jou moontlik help om met jou kind te simpatiseer en ʼn oplossing te vind, verduidelik Atkins verder. In die tweede plek is dit van groot belang dat jy jou kind gerusstel dat dit nie sy skuld is dat hy geboelie word nie. Ongelukkig kleef daar ’n stigma aan boeliegedrag en sommige kinders kan moontlik voel dit is hul eie skuld. Stel hom gerus dat hy nie swak is omdat hy geboelie word nie, en verseker hom dat die boelie ook allermins die sterk een is. Indien jou kind egter verkies om met ander volwassenes of vriende oor die probleem te gesels, is dit belangrik dat jy nie ontsteld raak daaroor nie. Dit dui immers daarop dat jou kind saam help om aktief na ’n oplossing vir die probleem te soek. S


IN BEWEGING

Verwerf ‘n wêreldklas kwalifikasie by Akademia terwyl jy werk! Boonop kwalifiseer ons lede vir afslag. Besoek www.akademia.ac.za vandag nog!

MY WERK

Al meer werk en studeer gelyk: dís hoekom

Foto: iStockphoto.com

D

ie vroeëre betogings deur studente teen die voorgestelde verhoging van universiteitsgelde het ʼn mens onwillekeurig laat dink aan talle vriende en kennisse wat noodgedwonge moes werk terwyl hulle studeer het weens die hoë koste van universiteitstudies. Navorsing deur NUS Services in die Verenigde Koninkryk toon al meer mense werk en studeer gelyk om hul studies te kan finansier: sowat 59% van die respondente in die studie het aangedui hulle werk en studeer gelyk. Met die huidige ekonomiese vooruitsigte begin al hoe meer mense hierdie opsie oorweeg. 35% van die deelnemers aan die studie wat gelyk werk en studeer, het aangedui dat hulle hierdie roete moet volg om te verseker dat hulle nie oormatige skuld aangaan nie. Dit is egter nie die enigste motiverende

Deur Francois Redelinghuys faktor nie. Een van die groot redes waarom al meer mense werk terwyl hulle studeer, is om te verseker dat hulle meer indiensneembaar is teen die tyd dat hul studies voltooi is. 53% van die respondente het aangedui dat dit die rede is waarom hulle werk en studeer gelyk. Huidige ekonomiese omstandighede en hoë werkloosheidsyfers dra waarskynlik baie by tot hierdie strewe na indiensneembaarheid. In SuidAfrika sien ons ook ’n vlaag van óf werkendes wat studeer óf studente wat werk. Al meer universiteite en tersiêre instellings begin hul kurrikulums só saamstel dat dit vir studente moontlik is om ook te kan werk. Daar word voorspel dat die aantal studente in Suid-Afrika wat gelyk werk en studeer in die toekoms net gaan toeneem. Indien jy een van dié studerende werkendes of werkende studente is, volg gerus dié drie wenke om die las ʼn bietjie ligter te maak: Issue 4 of 2016

63

www.solidariteit.co.za

Prioritisering is belangrik Prioritiseer jou lewe en skeduleer jou take. Sodoende sal jy nie so maklik vasbrand met alles wat jy moet klaarkry nie. Bestuur tyd doeltreffend Maak seker dat jy deeglik bewus is van hoeveel tyd jy vir watter taak moet opsy sit wanneer jy ’n skedule opstel. Bestuur jou tyd doeltreffend sodat jy ook rusperiodes vir jouself kan inruim. Werk rustyd in Dit is belangrik om vir jouself rusperiodes af te knyp. Die pas wat jy moet volhou, is ongelooflik vinnig en jy sal kort voor lank uitbrand. Rus behoorlik wanneer jy ’n blaaskans vat. S


Buckets full of benefits for our members This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules as contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

Uitgawe 4 van 2016

64

www.solidariteit.co.za


IN BEWEGING

R105 per

R1 620. All claims must be submitted within

20 years – R1 500

15 and under

R1 350 is paid for each

Issue 4 of 2016

65

www.solidariteit.co.za

Independent Financial Advice Solidarity Financial Services has an independent financial advice department who can assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk and retirement planning as well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005


IN BEWEGING

mar ela media

Smul en lees lekker in Afrikaans @ Maroela Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die musiekwêreld gebeur en selfs jou gunsteling rugbyspan ondersteun. Daar is resepte, debatte en nuus oor Afrikaanse boeke. Skop jou skoene uit en smul saam by maroelamedia.co.za!

Tussen die klippe Hans du Plessis

Resensie deur Ilse Salzwedel

T

ussen die klippe is Hans du Plessis se tiende roman. Hy skryf graag historiese fiksie, maar hoewel sy nuutste roman in die era kort ná die Groot Trek afspeel, kon dit net sowel in 2016 plaasgevind het. Die geskiedkundige gegewe verskaf bloot ’n interessante agtergrond vir die tonele wat op die lewensverhoog afspeel, maar die temas bly tydloos. Boonop spot Du Plessis op sy fyn humoristiese manier met al die dinge wat die mensdom vandag steeds fassineer (en die spreekwoordelike adders wat ons steeds graag aan die boesem koester sonder om die gevaar te besef): begeerte, skinderstories en halwe waarhede, afguns, dubbele standaarde, veroordeling – terwyl ons bly vergeet dat liefde (vir God én vir jou naaste) die groot gebod is. Die verhaal is gegrond op ’n ware hofsaak wat Du Plessis in die argiewe raakgelees het. Die aanklag? Sonde. Moderne lesers sal dalk die kop skud oor die belaglikheid van so ’n klag, maar juis dit dwing jou om verder te lees. Susanna Isabella Marais word voor die kerkraad gedaag oor sonde – in hierdie geval veelmannery – en die kerkraad verwys hierdie belangrike saak na die hof. ’n Dominee, ene Johannes, van die Kaapprovinsie word afgevaardig om as lid van die jurie op te tree tydens die verhoor. Soos die flapteks dit stel: “Of ’n misdaad en sonde dieselfde ding is, is nie alte duidelik nie, maar die hof het tyd, stompe om op te sit en iemand wat kan skryf.” Du Plessis slaag daarin om deurgaans ’n ligte trant in die boek te behou, maar dwing die leser om introspeksie te hou oor ons eie vooroordele, liefdeloosheid en geneigdheid om eerder die slegte te glo as om die waarheid te probeer uitvind. Al is jy nie ’n aanhanger van historiese fiksie nie, kan jy gerus hierdie boek lees. Niks wat Du Plessis skryf, is sonder voorbedagte rade nie en die simboliek, ironie en humor bevat lewenswaarhede wat jou nog lank ná die lees sal bybly. • Tussen die klippe word uitgegee deur LAPA Uitgewers en kos R220.

Toets jou taalkennis

Iemand se hempie is kort Betekenis: Iemand word gou kwaad. Waar kom dit vandaan? Die kort hemp maak dat hy gespot word en hy is dus prikkelbaar. Uitgawe 4 van 2016

66

JUFFROU IRIS SE

BESKUIT LEWER ONGEVEER 60 BESKUITE BESTANDDELE 1 kg bruismeel 5 ml sout 10 ml bakpoeier 500 ml sagte bruinsuiker 500 ml gougaar-hawermout 750 ml semelontbytvlokkies 500 ml sonneblomsaad 2 ekstragroot eiers 500 ml karringmelk 500 g (1 blok) botter METODE 1. Voorverhit die oond tot 180 °C. 2. Meng die meel, sout, bakpoeier, suiker, hawermout, semelvlokkies en sonneblomsaad. 3. Klits die eiers, voeg die karringmelk by en klits deur. 4. Smelt die botter en meng goed by die eiermengsel. 5. Voeg die bottermengsel by die meelmengsel en meng tot ’n deeg vorm. 6. Plaas deeg in drie gesmeerde broodpanne van 9 x 24 cm. 7. Bak vir 1 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. 8. Keer die beskuit uit en laat eenkant tot heeltemal afgekoel. 9. Sny of breek in stukke en droog uit vir 5-6 uur teen 100 °C. Uit: Lekker en vinnig: Beskuit • Uitgewer: Lapa Uitgewers S

www.solidariteit.co.za


Voor v.l.n.r. Adéle Changuion (aktualiteitsjoernalis), René Roux (inhoudskoördineerder), Nico Strydom (nuusredakteur), Susan Lombaard (uitvoerende hoofredakteur), Suné van Heerden (inhoudsredakteur), Leonie Bezuidenhout (administratiewe beampte) en Kobus Bezuidenhout (webmeester). Agter v.l.n.r. Phillip Bruwer (senior joernalis), Brendon Staniforth (advertensiebemarker), Elreze Lessing (internskap), Christo Brits (digitalebesigheidsbestuurder), Mariné Jacobs (senior joernalis), Cyril Blackburn (joernalis), Annelize Brits (projekbestuurder), Landi Malan (sosialemediakoördineerder) en Keren van den Berg (projekbestuurder). Afwesig: Este Meyer-Jansen (ondersoekende joernalis), Marius Vermaak (ateljeebestuurder) en Milan Bye (webtuisteskepper).

Maroela Media haal een miljoen-kerf!

Foto: Verskaf

O

ns harte bokspring, ons is uit ons vel en in ons noppies: Maroela Media het in Junie 2016 ’n nuwe rekord opgestel deurdat meer as een miljoen unieke gebruikers ons webwerf besoek het! As jy ’n Maroela-leser is, is jy dus een van 1,138 miljoen wat dié maand gekies het om maroelamedia.co.za as hul nuusbron te gebruik. Dié syfer is bepaal deur Google Analytics, ’n instrument wat webwerwe se aktiwiteit meet. Dié rekordgetal lesers is nie te versmaai nie, veral as ’n mens in ag neem dat Maroela Media minder as vyf jaar gelede, in Augustus 2011, sy webportaal oopgemaak het en in sy eerste maand skaars 7 000 lesers gehad het. Dis egter nie die enigste hoogtepunt wat ons vier nie. In minder as vyf jaar het Maroela Media gegroei tot die grootste gratis Afrikaanse nuuswebwerf, en boonop een van die top 20 Suid-Afrikaanse webwerwe oor alle tale heen. Dié webwerf het homself gevestig as ’n betroubare en geloofwaardige nuusbron vir meer as een miljoen maandelikse lesers – sonder om sensasie na te jaag. Op sosiale media is Maroela se voetspoor ook duidelik sigbaar: Ons spog met meer as 133 000 volgelinge op Facebook, byna 19 000 volgelinge op Twitter en meer as 7 000 gebruikers op Instagram. Meer as 3 000 persone ontvang daagliks

Deur Susan Lombaard gratis nuushooftrekke via Maroela se WhatsAppnuusdiens. Gedurende Junie het Maroela boonop drie keer sy rekord vir die meeste bladsyvertonings op een dag verbeter, met 390 000 bladsye wat op 2 Junie gelees is, 412 000 bladsyvertonings op 14 Junie, en 426 000 op 22 Junie. Maroela bou saam aan Afrikaans Vir Maroela Media is Afrikaans die spil waarom alles draai. Ons is nie maar net “toevallig” Afrikaans nie, en daarom is dit belangrik om ook ander projekte wat Afrikaans bevorder, aan te pak en te ondersteun. Een van Maroela se opwindendste projekte vir die bevordering van Afrikaans wat vanjaar begin is, is die Afrikaans op Wikipedia-projek. Toe dié projek in Augustus verlede jaar afgeskop het, was daar net meer as 37 000 Afrikaanse artikels op Wikipedia. Teen Junie vanjaar het dié syfer gegroei tot meer as 40 500. Uiteraard was nie al dié nuwe artikels ’n uitvloeisel van Maroela se Wikipedia-projek nie, maar ons projek het gewis momentum gegee aan die oplewing in die publikasie van Afrikaanse inhoud op Wikipedia: Minstens 60 vrywilligers het reeds vir Maroela Media laat weet dat hulle begin help het om Afrikaanse inhoud op dié ensiklopedie-webwerf te publiseer. Altesaam 45 gemeenskapsradiostasies saai ook daagliks programme uit wat ons gratis aan Issue 4 of 2016

67

www.solidariteit.co.za

hulle verskaf, en een keer ’n jaar kan dié stasies ook ’n 13 weke lange radiovervolgverhaal, vervaardig deur Bettie Kemp, aan hul luisteraars uitsaai, te danke aan Maroela Media en ’n borg wat dit moontlik maak. Ons bied boonop jaarliks teen ’n minimale koste ’n opleidingseminaar oor twee dae aan vir dié radiostasies in Gauteng en die Wes-Kaap, om hulle te ondersteun in die uitmuntende werk wat hulle vir die voortbestaan van Afrikaans in hul onderskeie gemeenskappe doen. Instansies soos die WAT, ATKV, FAK, Pendoring, vervaardigers van Afrikaanse films, die Virtuele instituut vir Afrikaans (VivA), Afrikaans.com en ander wat hulle beywer vir Afrikaans, kry gratis bemarking en blootstelling vir hul projekte op Maroela Media. Ons eie Koöperasie Maroela Media het in Mei 2016 ook die digitale deure van ons eie Koöperasie oopgemaak – ’n e-winkel waar jy unieke Afrikaanse produkte kan koop. Jy kan dus nou jou Afrikaanse hart op jou mou dra met T-hemde wat uitblaker dat jy ’n fliekvlooi, bobaasbraaier of karnallie is, of jy kan vir jou gaste wys jou hart klop Afrikaans met ’n stel yskasmagnete waarmee hulle prettige Afrikaanse sinne en gedigte kan bou terwyl jy die pot aan die kook kry. Besoek die Koöperasie gerus by maroelawinkel.co.za. S


IN BEWEGING

Bederf jouself met stukkie geskiedenis Op Kraal Uitgewers se BOEKRAK is daar dié winter baie om van te kies en te keur. Daar’s ’n nuwe biografie oor een van Suid-Afrika se opspraakwekkendste vroue, asook ’n geskiedenisverhaal verweef met die grootste gebeure uit die Groot Trek en die historiese werk van die legendariese Suid-Afrikaanse skrywer Herman Charles Bosman – in Afrikaans. Trek dus ’n stoel nader en kry jou sit, want dié winter is leestyd en ’n gulde geleentheid om jouself met ’n stukkie geskiedenis te bederf, skryf ILZE NIEUWOUDT. Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923 (deur Zelda Rowan) is die eerste boek in die opwindende nuwe Kraal Historiesreeks. Dié aangrypende biografie vertel die verhaal van die eggenote van die bekende Boeregeneraal Koos de la Rey. Dit volg die voetspore van een van die merkwaardigste vroue in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, vertel die verhaal van die eerste pioniers in die Wes-Transvaal, en werp lig op Nonnie en Koos se nederige beginjare asook die gesin se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog. Dit is egter Nonnie se opspraakwekkende besluit om tydens die oorlog met haar kinders in die veld te swerf, om sodoende uit die hande van die Britte en die konsentrasiekampe te bly, wat haar storie besonders maak. Met die hulp van redakteur Fransjohan Pretorius slaag Rowan daarin om ’n deernisvolle lewensbeskrywing van ’n

uitsonderlike vrou te gee en die Afrikanervrou se regmatige plek in geskiedskrywing te verseker. • Prys: R220 (posgeld uitgesluit)

Kerkenberg tot Bloedrivier

Die gewilde oorkruisroman (gemik op volwasse asook jeugdige lesers) deur Louise Prinsloo, Kerkenberg tot Bloedrivier, is nou by Kraal Uitgewers beskikbaar. Dié boek is oorspronklik in 2013 uitgegee en hierdie is die derde oplaag. Aanhangers van die Groot Trek-geskiedenis sal hierdie boek nie net boeiend vind nie, maar ook uiters geloofwaardig. Dit vertel die storie van die 14-jarige Arnoldus Joubert wat by die trekgeselskap van Gerhardus Scheepers aansluit. Die gebeure waarby hy en die trekgeselskap betrek word, speel af teen die agtergrond van enkele van die grootste gebeure in die Groot Trek, soos die trek oor die Drakensberge, die aflê van die gelofte en natuurlik die Slag van Bloedrivier. Dis opregte,

eerlike en boeiende leesstof. • Prys: R210 (posgeld uitgesluit)

Mafeking-pad

Herman Charles Bosman se bekende Mafeking Road kry in hierdie boek nuwe gestalte – in Afrikaans én met kleurvolle illustrasies deur Fred Mouton, ook bekend as die “Rembrandt van Suid-Afrikaanse spotprenttekenaars”. Oom Schalk Louwrens se stories het in 2011 vir die eerste keer in Afrikaans in die boek In die withaak se skadu verskyn. Dit is opgevolg deur die ewe gewilde Bekkersdalmarathon en ander Voorkamerstories (met illustrasies deur Mouton) in 2012. Nou het Mouton weer Oom Schalk se stories geïllustreer. In Mafekingpad word van Bosman se gewildste stories – wat sedert 1947 nog nooit uit druk was nie – met Mouton se kenmerkende spotprente gekombineer. Die resultaat is regte egte Afrikaanse lekkerte. • Prys: R100 (posgeld uitgesluit)

Generaal, generaal, jy kan koffie kom haal ’n Reis terug in tyd is nou wel nog nie moontlik nie, maar jy kan darem saam met die generaals Koos de la Rey en Christiaan de Wet ’n koppie boeretroos geniet. Kraal Uitgewers se reeks geskiedenisprodukte is pas bekendgestel en die eerste stel koffiebekers dra die trotse beelde van De la Rey en De Wet. Nou kan jy jou koppie boeretroos geniet soos ’n generaal. • Prys: R55 (posgeld uitgesluit) S

Skakel Kraal Uitgewers by 012 644 4329 of stuur e-pos na kraal@kraaluitgewers.co.za om jou bestelling te plaas. Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting oor dié en ander boeke en produkte. Uitgawe 4 van 2016

68

www.solidariteit.co.za



IN BEWEGING

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Ettienne Pio (litigant), Deon de Jager (junior litigant), Anton Gerretsen, Raymond Holland-Chapman, Bennie Harmse • Administratiewe beampte: Nicole Harmse • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville

KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Francois van Heerden, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Herman de Jongh, Thinus Jacobs, Dana Viljoen (litigant), Gibbs du Toit (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Elize Pohlman • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

NEWCASTLE • • • • •

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

CARLETONVILLE Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861/018 786 2785 • Faks: 011 388 9854/018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS Deon Viviers • Administratiewe beampte: Mariaan Pretorius • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

RICHARDSBAAI John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RUSTENBURG Eric Schoeman, Tommy Wedderspoon, Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl ( junior litigant) • Administratiewe beampte: Carisma Breet, Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK

Solidariteit Solidarity www.solidariteit.co.za PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yvette Stroebel • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Jahni Cowley, Helgard Cronje, Linda Senekal, Inge Labuschagne, Sta-Sia Engelbrecht, Lizette Snyman, Sulize Esterhuizen, Rene Harmse, Jack Loggenberg, Wynand Strydom • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 349 8880 • E-pos: pretoria@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Uitgawe 4 van 2016

70

www.solidariteit.co.za

Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Nadia Coetzee • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Sue Nel • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11



IN BEWEGING

Japie Greyling: Die stilswyende kinderheld Vra jy mense vandag uit oor bekende helde uit ons verlede soos Japie Greyling, Dirkie Uys of Wolraad Woltemade sal talle waarskynlik nie ’n antwoord kan gee nie. Die name klink dalk nog bekend, maar die verhale en heldedade is feitlik vergete, skryf ILZE NIEUWOUDT.

Foto: Erwe vir ons kinders: Japie Greyling (Kraal Uitgewers)

D

r. Scott Alison, ’n ’n Jong Japie Greyling (regs) by sy sielkundige aan tweelingbroer Kerneels. die Richmond Universiteit in die VSA, het etlike studies oor die mens se soeke na helde onderneem. Volgens hom staan lyding en opoffering dikwels sentraal in die vorming van ’n held. In Suid-Afrikaanse geskiedskrywing is die opofferings wat gemaak is of die lyding wat deurgegaan is, ook opvallend. Die bekende gebeurtenis op 2 Maart 1901 toe die 11-jarige Japie Greyling die dood in die oë gestaar het, bevat al die elemente van ’n heldeverhaal. Maar wie was Japie en wat het daardie oggend op die plaas Smaldeel in die distrik Hoopstad gebeur? In hul boek Erwe vir ons kinders: Japie Greyling beskryf Marianda en A.W.G. Raath LEES die agtergrond waarteen die gebeure in die AngloBoereoorlog afgespeel het. Dit was die gebruik dat alle seuns van 16 jaar en ouer by die kommando’s aangesluit Barend Greyling se reputasie as vegter het om teen die Britte te veg. Dit het dikwels het hom vooruitgeloop en derhalwe is daar gebeur dat jonger seuns daarop aangedring het om in die Boereoorlog opdrag aan die Britse ook op kommando te gaan. Jonger seuns, soos in bevelvoerder kaptein Seely gegee om Greyling die geval van Japie en sy tweelingbroer Kerneels, vas te trek. In Maart 1901 ontvang Seely inligting het egter ’n baie belangrike rol op die plaas vervul via ’n Boereverraaier en spioen dat Greyling sy en moes help omsien na die boerdery. Van dié gesin op hul plaas sou besoek. Die Greylingkinders is as’t ware verwag om sogenaamde plaas is in die vroeë oggendure bestorm, maar “mannewerk” te verrig. voordat die Britte op die werf kon toeslaan, Die huishouding waarin Japie grootgeword het Greyling met nog twee mans weggeglip. het, het beslis bygedra tot sy pligsbesef en om Seely het die voortvlugtendes raakgesien en ’n begrip van die erns van die oorlog by hom te agternagesit, maar moes onverrigtersake na die vestig. Sy pa, kommandant Barend Greyling, was werf terugkeer. immers ’n gerespekteerde man wat in verskeie Dit is hier waar die soldate hul aandag op oorloë, insluitend die Eerste Vryheidsoorlog, die jong Japie toegespits het en hom met vrae sy merk gemaak het. Boonop is eienskappe begin peper het. Op ’n vraag oor waarheen soos lojaliteit en getrouheid teenoor hul ouers, Greyling sr. gegaan het, het die moedige Japie familie en God vroeg reeds by die Greylingreguit geantwoord: “Na sy kommando.” Ten kinders ingeprent. spyte daarvan dat Seely aangedring het op Uitgawe 4 van 2016

72

www.solidariteit.co.za

inligting oor waar die kommando hom bevind, het Japie geweier om verdere inligting te verskaf. Selfs die bevelvoerder se dreigement dat Japie geskiet sou word indien hy nie die inligting gee wat Seely vereis nie, het Japie nie laat swig nie. Einde ten laas, is Japie rondom die muur van die huis begelei en ’n vuurpeleton van ses soldate is voor hom staangemaak. In sy digterlike weergawe beskryf Jan F.E. Celliers die gebeure op dié dag treffend in sy gedig “Japie Greyling”: “‘Kom, seuntjie, die roer in mij hand is gereed’ / – en sij grimmige oge staan dreigend en wreed – / ‘wijs, wijs met jou hand waar die Boere-mag trek, / of ik skiet jou daar dood waar jij staat, op die plek!’” As Japie ’n laaste keer weier om sy pa se posisie te verklap, besef Seely opeens dat dié seun voet by stuk sal hou en die Brit blaas die aftog. Later is daar opgeskryf dat Seely geweldige respek vir die jong Boereseun se manhaftigheid gekry het en Japie gegroet het met die woorde: “Jy is ’n dapper seun. Ek hoop dat ek jou weer eendag sal ontmoet.” Seely het jare later wel probeer om Japie op te spoor, maar kon eers in 1931 weer met hom kontak maak. Die Brit het sy boek, waarin die gebeure van Maart 1901 beskryf is, vir Japie gestuur. In die voorwoord is sy bewondering duidelik in die woorde: “[Japie] whose courageous bearing and fearless answer earned the admiration and respect of a troop of English horse and myself, their commander, thirty one years ago.” • Erwe vir ons kinders: Japie Greyling sowel as twee ander boeke in die reeks (naamlik Paul Kruger en Die dood van twee jong Kaapse rebelle) is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R100 per stel (posgeld uitgesluit). Besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel die uitgewer by 012 644 4329 om ’n eksemplaar te bestel. S


in Retrospek

MARIETHA MALAN is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

As jou mense op die paadjie tussen die sipresbome stap, waaraan gaan hulle dink? Wie gaan daar wees? Wat gaan hulle van jou sê?

Begrafnis ’n tyd vir voorraadopname

Foto: iStockphoto.com

D

is yskoud. Ons voete knars op die grondpaadjie. Boetie het ’n knielengte swart jas aan. Ingehaak by sy blonde vroutjie stap hy langs my tussen die sipresse deur, gebukkend teen die kil windjie wat deur murg en been sny. Die graf is verder binnetoe as wat ons gedink het. Ons neem ’n skuins kortpaadjie tussen die grafte deur. Woordeloos getuig die grafstene van die tydelikheid van die lewe: ’n begindatum en ’n einddatum op klip gegraveer; klippertjies wat nie meer so netjies lê nie; ’n gebreekte blompotjie; ’n plastiekruiker vol stof. ’n Groot hoop vars grond lê langs Willem se oop graf. Die begrafnisondernemer se staalraamwerkie staan gereed bo-op die sagte groen begrafnisgras. Die mense staan somber, stil. Die draers wag reeds by die lykswa. Naby die gazebo met die stoele staan Isabel, regop, bleek, haar lippe dun van ingehoue emosie. Dan begin die laaste toneel van ’n lewensfilm: ’n dominee, ’n goeie vriend, wat lees en bid; mense wat half sukkelend sing; die kis wat sak; geliefdes wat mekaar vashou; grawe wat in die vars grond gesteek word; klippies wat op die kis val; ’n kleinkind wat met ’n helder stemmetjie vra of Oupa daar onder is. In die kerk staan almal op toe die familie, uitputting op hul gesigte geskrywe, vorentoe

stap. Ek kyk agter op die begrafnisbrief. Twee kort briefies, skeef op lyntjiespapier geskryf, is daar gedruk – laaste boodskappe van ’n sterwende. “My tyd is naby om na die Here te gaan. Is rustig,” sê die een. “Baie dankie vir baie jare se liefde en vriendskap en lekker tye saam. Ook as gelowiges,” sê die ander. Skielik begin emosie my oorweldig. Ek moet na ’n sakdoekie soek. Toe die krane eers oop is, kry ek hulle nie weer toe nie. Dwarsdeur die preek en die gebed moet ek kort-kort my oë en neus probeer droogkry. Die breekpunt kom toe Willem se seun van die bedankings doen en toe Isabel traanloos ’n pragtige toespraak hou. Ek en Marieke, Danie se vroutjie wat langs my sit, kyk in ’n stadium na mekaar met geswolle oë. Ons sakdoekies is papnat, verkrimp en verfrommel, gans en al nutteloos. Ek krap gou in my handsak en kry gelukkig nog twee nuwes. Wat op aarde is dit tog met my? Dis nie asof ek soveel kontak meer met Willem en Isabel gehad het nie. Ons lewens het sedert ons studentedae op totaal verskillende spore geloop. Van waar dan nou hierdie vreemde, diep hartseer? Dan besef ek: Ek huil eintlik oor baie meer as net Willem, ’n gelowige man wat gereed was om sy Here te ontmoet. Ek huil ook oor meer as sy vrou, wat so lief was vir hom en wat hom as haar beste maat gesien het. Ek huil oor meer Issue 4 of 2016

73

www.solidariteit.co.za

as sy lojale kinders en woelige kleinkinders wat oor hul ouers se skote klouter sonder om regtig te weet dat Oupa vir altyd weg is. Ek huil oor ons: oor my gesin wat uitmekaar geskeur is ná ’n egskeiding en ’n groot klomp bagasie. As hierdie ons begrafnis was, sou ons so bymekaar gesit het? Waarskynlik nie. Wat sou daar gesê kon word van ons huwelik? Dit sou seker verswyg word. Tog het ons en Willemhulle in ons studentedae soveel in gemeen gehad. Ons het net toe nie ’n idee gehad watter verskillende paaie ons sou loop nie. ’n Begrafnis is ’n tyd van voorraadopname. Willem se kans om ’n lewe in diens van sy Here hier op aarde te leef, is vir altyd verby. Maar almal rondom hom kon met rustigheid om sy bed kyk hoe sy hart stadiger klop en hoe daar later net ’n lang strepie op die masjien was. Hul hartseer is getemper deur die wete dat hy ’n vol lewe gehad het, ’n nuttige lewe, dat hy tot op die heel einde meer vir ander mense as vir homself omgegee het. En jy? As jou mense op die paadjie tussen die sipresbome stap, waaraan gaan hulle dink? Wie gaan daar wees? Wat gaan hulle van jou sê? Later, ná die teedrinkery by die kerksaal, stap ek na my bakkie toe. Dis heelwat warmer. Ek trek my baadjie uit, klim in. Ek ry die son tegemoet terug huis toe. Die lewe wag. S


PROMOSIEARTIKEL

Wat jy alles van sinusitis moet weet Wanneer jou sinusse skoon is, asem jy maklik in en uit, sonder om ooit te dink aan al die slym wat in jou neusholte opbou. Maar op ’n dag voel jy verstop en ná ’n aantal dae of weke begin jy druk op jou gesig of voorkop ervaar. Wat veroorsaak sinusitis en hoe kan dit behandel word?

S Foto: iStockphoto.com

inus-infeksie, of sinusitis, is ’n ontsteking van die sinusse en neusgange. ’n Sinus-infeksie kan ’n hoofpyn of druk in die oë, neus, wangbene of aan die een kant van die kop veroorsaak. ’n Persoon met ’n sinusinfeksie kan ook aan ’n hoes, keelseer, koors, slegte asem, en neusverstopping met ’n dik nasale afskeiding ly. Sinusitis is ’n algemene toestand wat as akuut (begin skielik) of chronies (langtermyn, en die algemeenste vorm) geklassifiseer word. Wat is die simptome van sinusitis? Tekens en simptome van ’n sinus-infeksie hang af van die sinusse wat geraak word, en of die sinus-infeksie akuut of chronies is.

Simptome van akute sinusitis Akute sinusitis word dikwels deur ’n gewone verkoue veroorsaak. Dit kan egter as gevolg van bakterieë, allergieë of ’n swaminfeksie voorkom. Die simptome sluit in: • Neusverstopping met afskeiding • Postnasale drup (slym drup agter die neus by die keel af) wat dikwels met ’n seer keel gepaard gaan • Pyn oor die wangbeen, onder of rondom die oog, of rondom die boonste tande • Hoofpyn in die slape of agter die oog • Die simptome van pyn of druk word deur hoes of inspanning vererger • Koors is algemeen • Pyn of druk aan een of albei kante van die gesig Simptome van chroniese sinusitis Chroniese sinusitis word gewoonlik deur ’n infeksie veroorsaak. Dit kan egter ook deur nasale poliepe (groeisels in die sinusse) of afwyking van die septum veroorsaak word. Chroniese sinusitis kan baie soortgelyke simptome as akute sinusitis hê, maar dit duur langer of is meer ernstig. Daarbenewens kan mense met chroniese sinusitis ook die volgende ervaar: • Pyn wat erger in die laat oggend is of wanneer ’n bril gedra word • Chroniese keelseer en slegte asem • Chroniese tandpyn of toenemende gevoeligheid in die tande • Ongemak in die gesig wat deur die dag toeneem, en ’n erger hoes in die nag Hoe word sinusitis behandel? In die meeste gevalle sal sinusitis self opklaar sonder behandeling. Baie pasiënte vind dat tuisbehandelings ’n mate van verligting bring. Hierdie behandelings sluit ’n paar oor-dietoonbank-medikasies in.

• Inaseming van stoom – jy asem stoom in uit ’n bak warm (nie kokend nie) water waarby ’n paar druppels pepermentolie gevoeg kan word. Hoewel pasiënte effense verligting voel, is hierdie behandeling nie wetenskaplik bewys nie. Om onder ’n baie stomende stort te staan of sit het soms dieselfde uitwerking. • Nasale besproeiing – dit staan ook as sinusbesproeiing, sinusuitspoeling of sinusspoeling bekend. Dit is ’n prosedure wat tuis uitgevoer word en behels uitspoeling met soutwater om die neusgange skoon te maak. • Warm kompres – as jy ’n warm kompres (’n klam doek) liggies op die geaffekteerde dele van jou gesig druk, kan daar ’n effense verligting van die simptome wees. • Slaap met jou kop gelig – wanneer jy gaan slaap, stapel ’n paar kussings sodat jou kop hoër as gewoonlik is. Dit kan die hoeveelheid druk rondom die sinusse verminder en die ongemak en pyn verlaag. • Pynstillers – as jy ’n pynstiller neem waarmee jy gewoonlik ’n kopseer sou behandel, kan jou koors verbeter. • Dekongestietablette – dit kan swelling verminder en laat die sinusse dreineer. • Dekongestiesproei – dit kan dieselfde uitwerking as die tablette hê. Moet dit egter nie langer as ’n week gebruik nie. Daar bestaan ’n risiko dat die verstopping erger sal word as jy dekongestiesproei vir ’n lang tydperk gebruik. Vra jou dokter of apteker vir raad. As een van hierdie tuisbehandelings ná omtrent ’n week nie werk nie, moet jy jou dokter raadpleeg. Jou dokter kan die oorsaak van die sinusitis as ’n bakteriële infeksie diagnoseer en antibiotika voorskryf.

*

Pas jou gesin se gesondheid op – sluit vandag nog aan by Medihelp! Verseker jou en jou gesin se gesondheid deur by Medihelp Mediese Skema aan te sluit. SMS “kontak” na 32291 en ’n adviseur sal binnekort met jou in verbinding tree. Uitgawe 4 van 2016

74

www.solidariteit.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.