SOL-TECH SPOG MET NUWE HANDELSMERK
AKADEMIA OPEN MEER SENTRUMS LANDWYD
AFRISAKE
BEREIK BYNA LEDEKERF VAN 10 000
MAROELA MEDIA
ONDERWYSBERAAD WAAROM DIT BELANGRIK IS OM BETROKKE TE RAAK!
WEN ‘N MIDWEEK OF BORDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN bladsy 67
+
ONAFHANKLIKE & OPENBARE SKOLE IS ‘N PLUSSOM
S-LEER
SOLIDARITEIT OPEN SENTRUM VIR VOORTGESETTE LEER
RAAD MET JOU RANDE Vonke spat by VN bl. 16
NOMMER 5 VAN 2016
www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede
I SSN 1683562 -X
9 771683 562000
SÓ MOBILISEER ONS KAPITAAL OM TOEKOMS TE BOU HUISKOOP • MOTORVERSEKERING • SLIM SLENTERS • BANKKOSTEVERSLAG SEWE BELEGGINGSONDES VERDIEN SÓ EKSTRA GELD • BEGROTINGSWENKE Issue 5 of•2016 1 www.solidariteit.co.za
NOMMER 5
inhoud VAN 2016
62 NUUSWAARDIG 10 12 14 16 17 18 20 21 22 24 26 27
Kapitaalmobilisering vir 2020 Openbare en onafhanklike skole, ‘n plussom Bekommerd oor onderwys? Raak betrokke! Vonke spat by VN oor SA se rasbeleid Vlieg Saam-wenner sê dankie ná VN-besoek Staat gekap oor apartheidsklassifikasies Groot kompetisie onder “Groot Vier” banke – verslag Kry die beste geldwaarde uit jou bank Akademia-uitnemendheid groei voort Wen kontant in die sak met jou begroting De Goede Hoop open sy deure in 2017 Sentrum vir voortgesette leer geopen
Raad met jou rande
WORD GELDWYS! spreekBuys Die pad na ware gelykheid in Suid-Afrika gaan nog baie draaie maak en oor baie bulte loop voordat ons daar gaan kom. Maar ons gaan nie by hierdie ongelykheid berus nie. Ons versnel die Solidariteit Beweging se 2020 Bouplan, met die doel om ‘n toekoms te skep waarin ons ook vry, veilig, voorspoedig én gelyk kan voortbestaan.
8
BEDRYFSNUUS 28 28 29 30 30 30 31 32
Denel workers protest over bonuses Aurora saga: Zuma to pay R23 million, Bhanas sequestrated SAUK-saak: Aanspreeklikes moet elke sent betaal – vakbond Victory for employees at ArcelorMittal Skaliegasontwikkeling kry wind van voor Solidarity signs offer in Eskom negotiations Mine fatalities for 2016 more than 22% higher Celebrities speaks out against passivity in Aids-fight
IN BEWEGING 34 34 36 37 37 40 42 43 44 45 46 47 48 50 51 52 53 54 56 58 59 62 63 64 66 67 68 70 72 73
AfriForum-internskap bemagtig studente Takke maak krane oop vir Kroonstad AfriSake bereik byna 10 000-ledekerf Reik uit na bejaardes in samelewing Trane vloei toe bejaarde ná jare weer kan hoor Motorfietswiele laat geld inrol vir behoeftiges Pasop vir dié geldfoefies en -slenters Slimfoon nou stoorplek vir jou strokies Huiskoop: Deposito of 100% verband? Slaan só remme aan met motorversekering Beplanning vir jou besigheid of bates Boedelbelasting: Keer dié kopseer Finansiële welstand is ‘n bewuste besluit Sol-Tech onthul nuwe handelsmerk Jaarlikse Sol-Tech-sportdag ‘n fees Jy & die reg: Kraamverlof as baba stilgebore is UV kry tweede keer bloedneus oor taalbeleid Lekker idees vir ekstra geld in jou sak Sewe doodsondes van beleggings Daar’s geld in laekostebehuising Beskerm jou identiteit op sosiale media Wys jou begroting wie’s baas: 5 wenke Guidelines to manage your project budget Buckets full of benefits for our members Smul en lees lekker in Afrikaans @ Maroela Media Wen vakansie, speletjie met jou pleknaamfoto VANDAG – ‘n Dagboek met ‘n verskil Solidariteit-dienskantore: Diens op jou voorstoep Maria Koopmans-De Wet: Die vergete heldin In retrospek: Oor bose dinge en oop vensters
Kapitaalmobilisering ’n Druppel kan kwalik ’n mens se dors les, maar wanneer druppels in die vorm van reën kom, word riviere vol en nuwe lewe spruit uit voorheen dorre velde. Dit is presies wat gebeur wanneer mens ’n maandelikse bydrae van tussen R10 en R100 tot die Solidariteit Beweging maak.
10
Akademia gaan van krag tot krag en brei in 2017 nie net sy aantal programme uit nie, maar open nog studiesentrums landwyd om wêreldklas opleiding in Afrikaans tot op jou voorstoep te bring!
22
Redakteursbrief Mag blikkies van geldnood nooit agter jou raas nie
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
M
y wens vir jou met hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif is dat die blikkies nooit agter jou sal raas nie. In ander woorde gestel, hoop ek dat jy nooit bankrotskap of ’n finansiële verknorsing sal ervaar nie. Ongelukkig gebeur iets soos finansiële moeilikheid al te maklik – soms kon jy dit nie eens sien kom nie. Benewens die feit dat die lewe soms ’n wilde draai met ’n mens loop, kan jy steeds goed beplan om finansiële sekerheid te verseker. Ons is elkeen in staat om te beplan vir die moontlike moeilike tye wat voorlê of jou aftrede wat wink, om maar net ’n paar dinge te noem. Daarom fokus hierdie uitgawe op persoonlike finansies en hoe jy dit beter kan bestuur, beplan en volhoubaar kan hou. Lees gerus die voorstelle en raad van bekende finansiële kenners – ek het sélf baie geleer en is gretig om ’n paar veranderinge aan te bring. Oudergewoonte het die Solidariteit Beweging weer gesorg dat knelpunte in Suid-Afrika aangepak of opgelos word. Lees die nuutste oor Solidariteit en AfriForum se besoek aan die VN oor die rassedebat en oor plaaslike joernaliste se stryd teen die SAUK. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het sy jaarlikse Bankkosteverslag bekend gestel en Helpende Hand reik uit na bejaardes in ons gemeenskappe. Solidariteit het ook onlangs ’n toekomsberaad oor onderwys in Suid-Afrika aangebied.
Flip Buys, die uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, het tien kernstellings tydens die beraad gemaak: 1 Die Afrikaner moet sy volle vermoë verwesenlik 2 Die minderheid moet meerderheidskennis hê 3 Onderwys is die beste belegging wat ’n mens kan maak 4 Sukses word bepaal deur die gehalte van die mense, nie die land nie 5 ’n Klein volkie moet homself nie laat tel nie, maar laat weeg 6 Ons moet die totale onderwyswaardeketting ontwikkel 7 Ons moet mense vir hul roepings toerus, nie net vir beroepe oplei nie 8 Goeie onderwys en opleiding is die enigste pad na ekonomiese vryheid 9 Afrikaanse skole is steeds die beste 10 Onderwysers is bepalend vir goeie onderwys.
Uitgawe 5 van 2016
6
www.solidariteit.co.za
“Don’t educate yo ur kids to be rich. Educate them to be happy so the y know the value of things, not the pri ce.”
Met die jaar wat einde se kant toe staan en die vakansie wat om die draai is, kan dit maar moeilik raak om op jou werk- en ander verpligtinge te bly fokus. Voeg daarmee saam die harde werk om jou finansies te laat klop en die mense in jou gemeenskap by te staan, voel dit of mens voor ’n onbegonne taak staan. Maar in Hebreërs 10:32-36 staan daar dat jy in sulke tye moet terugdink “aan die mooi tye van vroeër toe God se lig vir die eerste keer in julle lewens geskyn het. Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam.”
Cilleste
CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR
Seepkis
Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046 tydskrif@solidariteit.co.za
Prioriteite, persepsies oor ras Solidariteit het geëis dat Luvuyo Menziwa, die studenteraadslid vir studentefinansies aan die Universiteit van Pretoria, onmiddellik uit sy amp ontslaan en deur die universiteit geskors moet word. Hy moet ook strafregtelik aangekla word. Dit volg nadat Menziwa in Augustus vanjaar in ’n inskrywing op Facebook gesê het hy wil wit mense met ’n bazoeka of AK-47 doodmaak. Hy het ook ʼn lys redes hiervoor verskaf wat “wit voorreg, wit arrogansie, wit monopolie van kapitaal en wit meerderwaardigheid” insluit. Menziwa is intussen uit sy amp op die studenteraad geskors hangende die uitslag van ʼn interne ondersoek deur die studenteraad. Wat sê ons Facebook-lesers? Anthony Verwey: Die land is aan die rasse-gons oor ’n skool se haarstylbeleid, terwyl daar nie eens ’n enkele koerantopskrif oor hierdie ekstreme voorval van rassisme by die UP is nie. Albei is in Pretoria. Dit skilder ’n prent oor ons samelewing se ernstig verwronge prioriteite en eensydige persepsie van rassisme. Anne de Villiers: Dis hoog tyd dat hierdie sogenaamde studente besef dat hulle géén regte het nie. Hulle moet besef dis ʼn voorreg om te kan studeer en hopelik eendag iets daarmee te kan doen. Mariska Muller: Wat my woedend maak, is die feit dat die persoon sulke dinge kan kwytraak, en dat die EFF baniere kan maak waarop daar staan “Kill the Boer”. Maar laat een wit kind nou so ʼn uitspraak maak teenoor ‘n ander kleur, dan is dit dadelik hofsake en toi-toi en skorsing en dan moet alle wittes en Afrikaners sommer dadelik uit universiteite verwyder word.
Marina van Aswegen: Wanneer ek na die afgelope paar dae se rasse-aanvalle en dreigemente kyk, kry ek regtig die gevoel dat hier iets aan die uitbroei is – nou meer as ooit tevore. Hoekom al twee gevalle in Pretoria? Gerald Rademeyer: Waar is die ministers en almal nou? Hulle is baie gou om na ’n skool toe te hardloop wat sogenaamd rassisties optree! Die universiteit ondersoek dit? My raaiskoot is dat daar hiervan net mooi dadels gaan kom! Marietjie van der Merwe: Dit is bitter hartseer dat hulle sulke haatuitsprake kan maak en daarmee wegkom, maar laat enige van ons dit doen, dan is almal op ons! Wat het geword van reg en geregtigheid? Nico Malan: Is universiteite so swak dat hulle nie dissipline kan handhaaf nie? Hy behoort die kampus belet en aangekla te word!
Solidariteit Solidarity SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Lindie de Beer ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 denise@solidariteit.co.za ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree, Dawid Brand INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Fritz Beukes, Eugene Brink, Flip Buys, Johan Böning, Adele Changuion, Lindie de Beer, Deon de Jager, Reint Dykema, Barbara Friedberg, Dirk Hermann, Piet le Roux, Susan Lombaard, Marietha Malan, Marli Naidoo, Ilze Nieuwoudt, Corneel Pelser, Appie Pienaar, Francois Redelinghuys, Inge Strydom, Cilleste van Dyk, Marlien van der Westhuizen, Sanette Viljoen en Jhua-Nine Wyrley-Birch UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION
MENINGSPEILING WERK JY EN JOU GESIN VOLGENS ‘N MAANDELIKSE BEGROTING?
a Ja, ek stel elke maand ʼn begroting op en dit help beslis. b Ek stel ʼn begroting op, maar ek spandeer steeds te veel. c Nee, ek dink nie eers aan ʼn begroting nie.
DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort
Foto’s: iStockphoto.com
SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za
HELP ONS OM KAPITAAL TE MOBILISEER VIR TOEKOMS! Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se vriendelike dienssentrumagente sal jou terugskakel en jou vinnig help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34802 te stuur. SMS’e kos R2. Ons beskerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! Verander jou adres by diens@solidariteit.co.za.
Issue 5 of 2016
Tel: 082 445 4513 | aksentmedia@vodamail.co.za
7
www.solidariteit.co.za
Solidariteit Beweging
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
spreekBuys
die lang pad na
gelykheid Dit was in die King David Hotel in Oos-Londen waar ek besef het dat ongelykheid díe kernkwessie in Suid-Afrika gaan word. Dit was in die begin van die negentigs, en daar was vroeër die dag by Kodesa ooreengekom dat “gelykheid” as kernbeginsel in die Grondwet ingesluit gaan word. Ek was deel van ’n paneel wat aan ’n debat oor REGSTELLENDE AKSIE deelgeneem het teenoor Gwede Mantashe en ander swaargewigte van die ANC, SAKP, Cosatu en die regsprofessie, skryf FLIP BUYS.
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
D
ie geselskap was opgewonde oor die gelykheidsnuus, maar ek was nou nie té ingenome nie. ’n senior Afrikaanse regsgeleerde vra my toe waarom ek nie saam opgewonde lyk nie. Hy was verstom toe ek antwoord dat hy die ANC- en SAKP-mense moet vra wat my pla – húlle sal weet. Hy het verbaas gelag omdat hy nou vir hulle moet vra wat my pla, maar ’n SAKP-/Cosatu-leier het hom vinnig reggehelp: “Dis omdat Flip weet dat ons en julle lynreg verskil oor wat gelykheid is, en dat óns ná die verkiesing gaan besluit wat gelykheid is en hoe dit bereik moet word.” Die regsman was ’n ondersteuner van die destydse regering en het verbaas gevra wat ons bedoel? Gelykheid is mos gelykheid! Ek het hom geantwoord dat dit nie so eenvoudig is nie. Ons glo aan gelykheid as gelyke geleenthede, terwyl die ANC-alliansie dit as gelyke uitkomste sien. “Dis die verskil tussen ’n gelyke wegspring en om gelyk by die wenpaal aan te kom,” het ek aan hierdie ongelowige Thomas probeer verduidelik. “Met gelykheid bedoel hulle eintlik verteenwoordigendheid volgens die bevolkingsamestelling,” het ek aangevul. Ek het tóé al genoeg van hierdie debatte beleef. Hy kon nie glo wat hy hoor nie, en dit het ’n lang nag geword.
Politieke mag Die volgende oggend het dieselfde regsman my aan die ontbyttafel probeer gerusstel. “Die Grondwet sal ons beskerm,” het hy gesê. “Die wette sal keer dat hulle nie sommer doen wat hulle wil nie.” Ek het gesug: “Politieke mag is sterker as grondwetlike gesag. Die meerderheid skryf wette om hul wil op die samelewing af te dwing. Die howe moet die wette vertolk, maar hulle vervul nie ’n opposisierol nie,” het ek my punt probeer stel. “Natuurlik sal die howe help, maar hulle sal nooit die breë staatsideologie kan teengaan nie.” Maar die regsman het nie meer geluister nie; hy het vrolik van tafel na tafel gestap. Die Mynwerkersunie, een van die stigtersunies van Solidariteit, was veral in die sewentigs en vroeë tagtigs onder Arrie Paulus bekend vir sy sterk standpunt teen gelykheid in die werksplek. Peet Ungerer, die MWU se nuwe hoof, het my opdrag gegee om die vakbond se beleid daaroor te hersien. My voorstel wat deur die vakbond se destydse Hoofraad aanvaar is, is tong in die kies die MWU se “witskrif oor swart bevoordeling” genoem. Die kern daarvan was dat die vakbond gelyke geleenthede vir almal as vertrekpunt Uitgawe 5 van 2016
8
www.solidariteit.co.za
aanvaar, met bykomende hulp en geleenthede vir groepe wat nie voorheen gelyke geleenthede geniet het nie. Mooi woorde en voornemens In 1998 het die nuwe regering die Wet op Diensbillikheid, 1998 (Wet 55 van 1998) sonder veel bohaai deurgevoer. Mense het gedink dat die wet net handel oor die regstelling van dit wat verkeerd was, en het nie die wet gelees nie. Maar tussen al die mooi woorde en voornemens van die nuwe wet was daar veral een sin wat my bekommer het. Dit was dat die wet se doel was om die bevolkingsamestelling op elke posvlak in die werkmag te weerspieël, buiten in die laer posvlakke waar wit mense onderverteenwoordig is. My siening was dat die eindpunt van die wet dus nie gelykheid is nie, maar verteenwoordigendheid. Ek het ’n statistikus, arbeidsekonoom en regsprofessor versoek om die wet se implikasies te ondersoek. Die gevolgtrekking was dat die wet wel op verteenwoordigendheid eerder as gelykheid gemik is. Hulle het voorspel dat duisende wit mense eers uit die staatsdiens, dan die openbare ondernemings en daarna die privaat sektor geskuif sou word.
SPREEKBUYS
FLIP BUYS is voorsitter van die Solidariteit Beweging
Solidariteit gaan nie by hierdie ongelykheid berus nie. Ons versnel die Solidariteit Beweging se 2020 Bouplan, met die doel om ‘n toekoms te skep waarin ons ook vry, veilig, voorspoedig én gelyk kan voortbestaan. Hierdie verslag is regoor die media met kritiek en bespotting begroet. Toe ons nog daarna waarsku dat hierdie beleid ook na die sakesektor sou uitbrei en dat rassewette dit vir wit mense wat noodgedwonge besighede sal moet begin óók moeilik gaan maak, is ons letterlik as regse aardspessimiste uitgelag. Maar dit was nie al nie. Toe ons nog boonop voorspel dat oorhaastige en ondeurdagte “regstelling” die staatsdiens se doeltreffendheid gaan ondermyn, is ons finaal as rassiste afgeskryf wat net na die voorregte van die verlede terugverlang. Hulle wou glad nie na ons standpunt luister nie dat ons gelykheid steun en swart mense al die geleenthede in die wêreld gun, maar dat die wet wesenlike probleme gaan meebring. Die regering verkies die Afrikaanse woorde “regstellende aksie”, wat in wese ’n propaganda-term is wat homself regverdig. Gesprekke Namate die gevolge van dié wet en die probleme wat dit meebring al duideliker word, het ons standpunt meer steun begin kry. My kollega Dirk Hermann het ’n studie oor affirmative action begin doen en uiteindelik een van die voorste kenners in die land daaroor geword met sy doktorale tesis hieroor. Ons het vir etlike jare gesprekke met die regering en sakelui daaroor begin voer en ’n kode vir billike praktyke voorgestel waaraan rassewette moes voldoen om die toets van billikheid te slaag. Die ANC wou egter niks hiervan weet nie. Ons het ook met die vorige regeringsleiers gepraat om hul siening van die Grondwet te kry. Mnr. F.W. de Klerk het toe in die openbaar gesê dat die doel van die grondwetlike gelykheidsbepalings nooit was om “verteenwoordigendheid” te bewerkstellig nie. Dit sou volgens hom tot die onhoudbare toestand lei waar elke instelling in die land onder swart beheer sou wees, en elke deel van minderhede se lewens deur die meerderheid beheer sou word. Sy stigting het ook bevestig dat die sowat 200 000 kundiges wat weens hul ras uit die staatsdiens gestel is die land groot skade berokken het. Hoewel die woord “transformasie” nie in die Grondwet voorkom nie, het sy rasseformule van 80% swart, 9% bruin, 9% wit en 2% Indiër ’n feitlik onaantasbare status verkry.
Verteenwoordigendheid Solidariteit het nie in beginsel beswaar teen ’n swart of ’n verteenwoordigende instelling nie. Maar as “verteenwoordigendheid” met staatsdwang en rassewette gedryf word, en minderhede met ’n kwotastelsel uitgedryf word, is dit maar net ’n nuwe vorm van Apartheid. Kom ek noem ’n voorbeeld. Elke skool kan mos nooit verteenwoordigend wees nie, omdat alle skoolgemeenskappe nie verteenwoordigend is nie, omdat elke taal nie verteenwoordigend is nie, en omdat talle skole gerig is op gemeenskappe met ’n bepaalde godsdienstige, taal- of kulturele karakter, wat deur die Grondwet gemagtig word. Maar al die skole in die land behoort saam breedweg verteenwoordigend te wees van die bevolkingsprofiel van al die leerders. Indien alle instellings verteenwoordigend moet wees, gaan dit beteken dat alle instellings onder swart beheer moet wees, en dat elke aspek van minderhede se lewens deur die meerderheid beheer moet word. Dis mos totaal ondemokraties, en druis in teen die grondwetlike beginsel van vryheid, gelykheid en menswaardigheid vir almal. Hofsake Namate die omvang van die nuwe rassebedeling in die land duidelik geword het, het Solidariteit ’n hele departement met spesialiste aangestel om navorsing te doen en regsaksies te onderneem. Ons Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke het talle hoëprofielsake hanteer, waarvan ons baie gewen het. Ons het egter die Renata Barnard-saak in die Konstitusionele Hof verloor, deurdat die hof eintlik die grondslae van die regering se ideologie van verteenwoordigheid as grondwetlik bestempel het. Hoewel ons ander sake soos die DKD-saak namens hoofsaaklik bruin bewaarders gewen het, het die hof steeds die ideologiese grondslag van verteenwoordigendheid onderskryf. Verenigde Nasies Solidariteit het daarna ’n sterk afvaardiging onder leiding van sy bestuurshoof, dr. Dirk Hermann, na die VN se Kommissie vir die Uitwissing vir Alle Vorme van Diskriminasie in Genève gestuur om ons saak daar te stel. Hoewel die senior Issue 5 of 2016
9
www.solidariteit.co.za
regeringsafvaardiging skerp voor stok gekry is deur die Kommissie, is die verslag wat uitgebring is in ’n versigtige diplomatieke taal verpak. Dit is duidelik dat die VN se wiele stadig draai, en dat dit ’n tydsame proses gaan wees voordat hulle bereid gaan wees om openlike druk op die regering te plaas. Ten spyte daarvan het die regering wel ’n duidelike boodskap gekry dat sy beleid nie in lyn is met die standaarde van die internasionale reg nie, en dat hy daaraan sal moet begin aandag gee. Toekomspad na gelykheid Suid-Afrika het oor die afgelope dekades van die een uiterste na die ander beweeg. Die pad na ware gelykheid gaan nog baie draaie maak en oor baie bulte loop voordat ons daar gaan kom. Ons is nie ’n normale demokrasie met gereelde regeringswisselings nie en ’n normale werkmag is nie moontlik voordat die land nie normaliseer nie. Die ANC-regering misbruik hul ongelyke politieke mag om hul siening van gelykheid as verteenwoordigendheid op die land af te dwing – ongeag die gevolge. Intussen gaan Solidariteit nie by hierdie ongelykheid berus nie. Duisende jongmense word vanweë die land se vaardigheidstekort in die praktyk van rassewette “vrygestel” deur ons grootskaalse opleidingsprojekte. Ons gaan ook voort met hofaksies omdat daar steeds baie ruimte is om sake te wen, soos die DKD-saak bewys het. Derdens gaan ons volhou met buitelandse druk, omdat die regering nie vir altyd die internasionale reg sal kan ignoreer nie. Vierdens onderhandel ons steeds met maatskappye oor onbillike rassewette, omdat al meer sakereuse die onbillikheid daarvan besef. Vyfdens streef ons steeds daarna om die openbare mening van ons gebalanseerde standpunt te oortuig, omdat meningspeilings bewys dat die meerderheid van die regering se eie ondersteuners nie onbillike rassediskriminasie ondersteun nie. Sesdens werk ons ook aan die normalisering van die land, met die doel om groter ewewig teweeg te bring. Laastens versnel ons die Solidariteit Beweging se 2020 Bouplan, met die doel om ’n toekoms te skep waarin ons ook vry, veilig, voorspoedig én gelyk in die land kan voortbestaan! S
NUUSWAARDIG
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Kapitaalmobilisering vir ’n Druppel kan kwalik ’n mens se dors les, maar wanneer druppels in die vorm van reën kom, word riviere vol en nuwe lewe spruit uit voorheen dorre velde. Dit is presies wat gebeur wanneer mens ’n maandelikse bydrae van tussen R10 en R100 tot die Solidariteit Beweging maak. Deur Juran van den Heever
K Foto: iStockphoto.com
apitaalmobilisering se jongste verskynsel is sogenaamde skarefinansiering. Dit word gebruik in gevalle waar entrepreneurs hul ondernemings wil finansier met mense wat die plan ondersteun. Om kapitaal deur gemeenskappe te mobiliseer, is ’n soortgelyke oefening. Dis glad nie nuut nie en die Afrikaner het dit reeds ʼn paar keer in sy geskiedenis met groot vrug gebruik. Waarom is die mobilisering van kapitaal noodsaaklik? Die visie van Flip Buys om deur Solidariteit weer ’n moderne Helpmekaar Beweging tot stand te bring, het reeds laat in die 1990’s begin vorm aanneem. Vandag is dit ’n kragtige Beweging wat miljoene rande se gemeenskapskapitaal mobiliseer. Die Solidariteit Beweging put opnuut krag uit die beste van die Afrikaner se verlede en bou daarmee ’n toekoms in ’n nuwe tyd met nuwe uitdagings. Dit is noodsaaklik om kapitaal te mobiliseer
en instellings in die privaat omgewing in die hande van die gemeenskap te hou. Om dit as gemeenskap self te kan doen, moet kapitaal weer op groot skaal gemobiliseer word om oplossings te vind. Dit is presies wat die Solidariteit Beweging doen tot voordeel van en in belang van die gemeenskap wat hy dien. Die Solidariteit Beweging se plan Die Solidariteit Beweging bestaan nie net uit een inisiatief nie. Daar is ’n verskeidenheid van wyses waarop kapitaal deur instellings gemobiliseer word. Die een groot kenmerk is dat dit in die meeste gevalle nie groot somme geld is wat gemobiliseer word nie, maar eintlik baie bietjies wat saam ’n indrukwekkende vermoë skep. Solidariteit Beleggingsmaatskappy (SBM) Die SBM se rol is om deur sy maatskappye en verwante entiteite kapitaal sodanig te mobiliseer om aan die lede van die Beweging Uitgawe 5 van 2016
10
www.solidariteit.co.za
en die gemeenskap toegang tot finansiële dienste, produkte, tegniese opleiding en hoër onderwys te bied. Die opbrengste word nie aan aandeelhouers uitgekeer nie, maar weer in die instelling teruggeploeg om groei op dié wyse te versnel. Solidariteit Finansiële Dienste dra jaarliks nagenoeg R8 miljoen tot hierdie inisiatiewe by. Daarmee saam genereer die Virseker Trust tans R5,5 miljoen wat ook aan opleiding in Afrikaans beskikbaar gestel word. Beide entiteite genereer hul opbrengs hoofsaaklik uit korttermynversekeringspolisse wat aan lede van die Beweging en die groter gemeenskap bemark word. Die beplanning is om hierdie bydraes teen 2020 te verdubbel, wat ’n totale bedrag van R27 miljoen per jaar tot gevolg kan hê. Daar is ook reeds ’n tydelike kampus vir Akademia gebou met die aankoop van eiendom in Die Kampus Trust teen ’n bedrag van R20 miljoen. Ons beplanning toon egter dat daar in lyn met die groei wat ons in beide Sol-Tech en Akademia voorsien ’n behoefte vir
NUUSWAARDIG
Die Solidariteit Beweging maak deur gemeenskapsbydraes sy eie reën; dié reën word strome en die strome riviere. Deur instellings word hierdie riviere van kapitaal doeltreffend en doelmatig gebruik om volhoubare oplossings in plek te sit. Duisende tien rande van lede en ondersteuners in die gemeenskap het daartoe bygedra dat reeds honderde miljoene vir hierdie plan gemobiliseer is, en oor die volgende vyf jaar word dié honderde miljoene ’n paar miljard. ’n groter, meer permanente tuiste in 2020 gaan wees met genoeg spasie vir groeipotensiaal. Hierdie is ’n projek oor ’n langer termyn met ’n geskatte waarde van minstens R150 miljoen. Solidariteit Helpende Hand Solidariteit Helpende Hand se visie is die aanpak van Afrikaner-armoede deur dit te verlig, voorkom en te verbreek. Helpende Hand mobiliseer kapitaal op verskeie maniere om hierdie visie tot uitvoer te bring. Korttermynverligting van armoede behels die voorsiening van basiese behoeftes soos voedsel, klere, behuising en soms basiese mediese sorg. Die Studiefondssentrum (SFS) stel rentevrye studielenings aan studente beskikbaar om te studeer. Die SFS het reeds sowat R73 miljoen aan 4 500 studente in die vorm van studielenings beskikbaar gestel. Die SFS se kapitaal word geskep deur die stig van nuwe studiefondse, asook die volgehoue skenking deur bestaande studiefondsskenkers en die terugvordering van studielenings van studente wat suksesvol afgestudeer het. Die jaarlikse nasionale Skooltassieprojek het reeds nagenoeg 25 000 tassies aan behoeftige graad 1-leerlinge voorsien. Die nasionale Kosblikkieprojek gee jaarliks aan bykans 5 000 behoeftige kleuters gesonde voedsel by hul kleuterskole. Die Skoleondersteuningsentrum se Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW) en die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT) bied wiskunde en Afrikaanse kursusse, klubs, eendagseminare en ’n winterskool aan ter bevordering en ondersteuning van wiskunde- en Afrikaanse onderrig in skole. Die Skoleondersteuningsentrum ontwikkel produkte van wêreldgehalte, soos ‘n Afrikaanse leestoepassing (app) vir voorskoolse kinders, ’n wiskunde- e-handboek, wiskunde-app en “Die Markplein”, waar Afrikaanse en wiskundevraestelle tussen onderwysers verhandel kan word. Die SFS beplan om in 2020 altesaam R40 miljoen jaarliks vir rentevrye studielenings beskikbaar te stel en oor ’n totale studiefondswaarde van R160 miljoen te beskik. Die VAW en GeRAT beplan om in 2020 elk 1 500 Afrikaanse onderwysers as
lede te hê en elkeen projekte van nagenoeg R5 miljoen elk uit te voer. Die SOS beplan om ’n loopbaansentrum tot stand te bring wat nagenoeg R1,5 miljoen sal kos. Helpende Hand beplan voorts om ’n ouetehuis of dienssentrum vir bejaardes in die Wes-Kaap tot stand te bring met ’n projekwaarde van ongeveer R4 miljoen. AfriForum Kapitaalmobilisering by AfriForum geskied hoofsaaklik in die vorm van maandelikse debietorderwerwing. Fondse en mense word ook in gemeenskappe gewerf om projekte te finansier en uit te voer wat ’n verskil in die gemeenskap self maak. Hierdie fondse word benut deur die stigting van buurtwagstelsels in dorpe en ander veiligheidsinisiatiewe, die herstel van infrastrukture en verskeie ander projekte. Solidariteit en Solidariteit Boufonds Die Hoofraad van Solidariteit het toestemming verleen dat lede maandeliks ’n bedrag van R10 tot die Solidariteit Boufonds bydra. Hierdie bydraes is tans die Boufonds se hoofbron van inkomste en beloop sowat R16 miljoen per jaar. Die Boufonds se kapitaal word jaarliks volgens ’n begroting aan ’n verskeidenheid projekte toegedeel. Daar is heelwat suksesverhale, waaronder die volgende: • Die oprigting van Sol-Tech, ’n tegniese opleidingskollege met tans sowat 1 000 studente in verskillende fases van opleiding, en wat finansieel selfstandig bedryf word. • Die oprigting van die privaat universiteit, Akademia. • Die oprigting van ’n fonds om ’n kampus vir Akademia op te rig. • Die oprigting van Maroela Media. • ’n Beursfonds wat deur Solidariteit Helpende Hand bestuur word en waardeur ons lede se kinders ondersteun om hulself verder te bekwaam. • Finansiële ondersteuning aan bestaande instellings wat in die Afrikaanse leefwêreld werksaam is. Hiervan is die belangrikste die FAK, Pretoria FM en die Erfenisstigting. Bemaking Die Solidariteit Beweging het in 2015 ’n Issue 5 of 2016
11
www.solidariteit.co.za
skenking van sowat R50 miljoen van ’n persoon ontvang waarvan die opbrengs vir onder meer opleiding en erfenisbewaring geoormerk is. Met ’n fokus op die verbreking van armoede deur opleiding het Helpende Hand reeds sowat R12,4 miljoen in die vorm van erflatings ontvang en daar is minstens 14 toekomstige erflatings waarvan ons bewus is. Sedert 2010 het Helpende Hand reeds sowat R190 miljoen in skenkings ontvang, hetsy eenmalig of per maandelikse debietorder. Hierdie fondse lewer ’n enorme bydrae tot die opleiding van ons jeug deur aksies soos die opleiding van onderwysers en die beskikbaarstelling van studielenings vir Afrikaanse studente wat nie elders finansiering kan bekom nie. Die Solidariteit Beweging mobiliseer tans reeds meer as R500 miljoen per jaar deur alles wat hy doen. Teen 2020 beplan die Beweging om meer as R900 miljoen per jaar te mobiliseer deur ’n verskeidenheid van inkomstestrome soos ledegeld, besigheidsinkomstes, skenkings en inkomste deur opleidingsinisiatiewe. Hierdie mobilisering behoort tussen 2015 en 2020 in totaal meer as R3,5 miljard te in. Opleiding is een van die primêre fokusareas van die Beweging en bykans R1 miljard van bogenoemde mobilisering deur die opleidingsinisiatiewe van die Beweging in die volgende 5 jaar. Op die oog af is dit baie kapitaal, maar wanneer dit vergelyk word met die aantal lede wat die Beweging verteenwoordig, is dit maar ongeveer R1 500 per lid in 2015 en R2 000 per lid in 2020. Die Solidariteit Beweging maak deur gemeenskapsbydraes sy eie reën; dié reën word strome en die strome riviere. Deur instellings word hierdie riviere van kapitaal doeltreffend en doelmatig gebruik om volhoubare oplossings in plek te sit. Duisende tien rande van lede en ondersteuners in die gemeenskap het daartoe bygedra dat reeds honderde miljoene vir hierdie plan gemobiliseer is, en oor die volgende vyf jaar word dié honderde miljoene ’n paar miljard. Met hierdie fondse bou ons ’n volhoubare oplossing sodat die Afrikaner-gemeenskap vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortleef. S
NUUSWAARDIG
Toekomsberaad oor onderwys
Openbare en onafhanklike skole, ’n plussom
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
I
n 2001 is die veelbesproke Gerwel-verslag oor Afrikaans by universiteite gelek. Die aanbeveling was kortliks dat twee universiteite Afrikaans moet bly, naamlik die Universiteit van Stellenbosch en die Potchefstroomse Universiteit. In daardie stadium was die bedreiging vir Afrikaans geensins akuut nie. Die teendeel was waar. Geen universiteit wou afstand doen van Afrikaans nie en die verslag se aanbevelings kon nie neerslag vind nie omdat die rektore self weerstand gebied het. Die voormalige UPrektor, Johan van Zyl, het hul verwerping van die Gerwel-verslag soos volg verduidelik: “Die punt is dat die Afrikaanse universiteite, gegewe die besondere omstandighede, ’n strategie in plek gehad het om Afrikaans te beskerm en te koester. En anders as wat prof. Van Wyk (rektor van US) wil beweer, was daar eenstemmigheid onder die rektore by die gesprek waarna hy verwys, naamlik dat niemand bereid was om Afrikaans prys te gee nie en dat almal hul verbind het om Afrikaans as voertaal te beskerm. Almal wou Afrikaans beskerm, elkeen op sy manier.” Vyftien jaar gelede bied Tukkies en Kovsies weerstand teen die gevaar dat Afrikaans by dié universiteite afgeskaf gaan word en die US verwelkom die planne om hom as Afrikaanse universiteit te verskans. Vandag is al dié universiteite in hofsake met Solidariteit en AfriForum gewikkel om hul planne te verdedig
Deur dr. Dirk Hermann om Afrikaans af te skaf. Die regering se ideologiese obsessie met rasseverteenwoordigendheid het hulle ingehaal. Afrikaans by staatsuniversiteite is net nie deel van die regering se ideologiese momentum nie. Primêr gaan dit nie oor ’n stryd tussen Afrikaans en Engels nie, maar oor die waardes geassosieer met Afrikaans wat in die pad staan van Afrikanisering of ’n gedekolonialiseerde universiteit. Die Afrikaanse gemeenskap het die stryd verskraal tot ’n táálstryd, terwyl die regering besig is met ’n baie dieper idééstryd. In hierdie “veilige tyd” van Afrikaans in 2001 het Flip Buys een oggend vir ons gesê: “Ons moet ’n universiteit bou.” ’n Onmoontlike opdrag. Gemeenskappe bou nie universiteite nie; state bou universiteite. Ons was gekonfronteer met koste, gehalte, die regulatoriese omgewing, kurrikulum. Marthinus Visser, uitvoerende hoof van Akademia, het die nuwe universiteit seker 15 keer deur voorleggings “gebou”. Ons het aanvanklik ’n aandeel in ’n bestaande instelling gekoop, dit weer verkoop en nuut begin bou. Die groot veranderlike wat toegetree het, was tegnologie. Ons het tegnologie ontdek wat die afstand uit afstandsonderrig haal – ons het interaktiewe videotegnologie wat deur globale maatskappye gebruik word vir die eerste keer vir onderwys aangewend. Ons kon grade teen dieselfde koste, of effens goedkoper, as gesubsidieerde staatsuniversiteite aanbied. Ons kon ’n nuwe Uitgawe 5 van 2016
12
www.solidariteit.co.za
universiteit begin bou: bekostigbaar, toeganklik, wêreldklas, Afrikaans. Dit het ons 15 jaar geneem om behoorlik te begin en dit gaan ons nog 15 jaar neem om langs die voorste universiteite in die wêreld te staan. In dieselfde 15 jaar was Solidariteit en AfriForum aan die voorfront om Afrikaans te beskerm. Ons is op universiteitsrade verkies, het aan studenteraadverkiesings, forums en die openbare gesprek deelgeneem en uiteindelik litigeer ons teen verskeie universiteite. En net so hard as wat ons veg om Afrikaans by bestaande universiteite te beskerm, bou ons aan ’n nuwe universiteit. Ons bou ook nie bloot ’n Afrikaanse universiteit nie; ons bou ’n universiteit met waardes wat Afrikaans omvou. Ons veg nie ’n ideegeveg met ’n taalstryd nie. Daar is elemente van die bogenoemde gevallestudie wat ons op skole kan toepas. Baie van ons skole is nog in relatief veilige omgewings. Om te praat van onafhanklike skole is buite die verwysingsraamwerk van baie van ons. Ons Afrikaanse skole is nog van wêreldgehalte. Soos iemand op ʼn dag aan my genoem het: “Ek kan dit nie in my ‘mind inscheme’ nie.” Om te praat van Afrikaanse openbare skole is bykans iets van ’n oorgawe en ons mag nie afstand doen van ons regte nie. Dit is amper of onafhanklike skole teen openbare skole geplaas word. Ek is ook in daardie denkskool. Ons mag nie ’n duit terugstaan vir ons openbare skole nie. Ons mag nie korttermyntoegewings maak wat
NUUSWAARDIG
Flip Buys
dodelike langtermyngevolge gaan hê nie. Dit gaan nie net oor Afrikaans nie; dit gaan oor ’n waardestelsel wat Afrikaans omvou. Ons moet ons openbare skole beskerm. Daar is een groot veranderlike by skole wat nie by universiteite aanwesig is nie, en dit is ouers. Afrikaanse skole word deur ouerbetrokkenheid gekenmerk. Gemeenskapsleiers is nog lede van beheerliggame. Daar is ’n pakt tussen die skoolhoof en die ouers. Ouers help insamel, bou sportvelde, gee iets ekstra. Afrikaanse skole is uitnemend, natuurlik danksy roepinggedrewe onderwysers, maar ook danksy betrokke ouers. Afrikaanse ouers het die idee van openbare skole gesnap. Ons het nie ons skole bloot aan die staat uitgekontrakteer nie. Ons ouers is betrokke. Die krag van ouers is die onbenutte instrument van Afrikaanse skole in die beskerming van die skole. Ons as ouers moet geaktiveer word om skole te beskerm. Ons sal in duisende opdaag by ’n wildsbraai, skenkings maak, kaartjies koop, gras plant, pawiljoene verf en ’n saal volpak as die Boerenooientjie bedreig word. Ons sal al die elemente van die skool beskerm, maar ons moet die skool ook beskerm. Ons sal moet leer om ook in massas saam te staan en te sê: “Aan ons skool vat julle nie!” Wat ons soms kortkom, is die wil om iets te doen. Indien ons nie ons ideeruimtes opneem nie, word daardie vakuum deur die staatsidee gevul. Daar is nie neutrale ruimtes nie. Ons sal ’n pakt met beheerliggame en skoolhoofde moet sluit om ons skool te beskerm. Nie net taal nie, maar ook etos. Moet nooit die skolestryd verskraal tot ’n taalstryd nie. Ons mag egter nie naïef wees nie; ons moet beplan om ook te bou. Afrikaanse skole is nie in die ideologiese momentum van die staat nie. Lesufi is nie ’n gek amptenaar nie – hy verwoord net die regeringsideologie baie
Dr. Dirk Hermann
eksplisiet, maar hy is nie buite die regering se ideologiese momentum nie. Onafhanklike skole gaan ’n groterwordende rol in Afrikaanse opvoeding begin speel. Volgens die Centre for Development and Enterprise (CDE) gaan onafhanklike skole in die algemeen ’n groter rol in Suid-Afrika speel. In Suid-Afrika is daar 566 194 leerlinge en 36 480 onderwysers in 1 786 onafhanklike skole. Die meeste onafhanklike skole is in Gauteng, naamlik 700. Die rede vir die verwagting dat onafhanklike skole ’n groterwordende rol gaan speel, is dat die staat oor die algemeen al hoe meer gaan sukkel om gehalte onderwys te lewer. Volgens die CDE sal veral laekoste- privaat onderwys ’n groot rol speel. Daar is ’n beduidende groei in dié soort skole in ander lande in Afrika, sowel as in Indië, Pakistan en Suid-Afrika, tesame met vele ander lande. Volgens die CDE word tegnologie by sommige onafhanklike skole gebruik om koste laag te hou en die gehalte van onderrig te verhoog Die Afrikaanse gemeenskap het daarin geslaag om hul openbare skole ’n groot mate van selfstandigheid te gee en ons moet dit beskerm. Groot dele van die begroting van openbare skole kom uit die ouergemeenskap. Afrikaanse skole is suksesvol ten spyte van die staat. De facto is talle skole bykans reeds geprivatiseer. Die idee van onafhanklike skole gaan dalk glad nie so vreemd en onmoontlik wees wanneer ons daarmee gekonfronteer word nie. Afrikaanse ouers weet reeds hoe om ’n wêreldklas Afrikaanse skool te help bou. Die Solidariteit Beweging het besluit om ’n taakspan van kenners aan te wys om onafhanklike Afrikaanse onderwys verder te ondersoek. Bestaande modelle sal ook ondersoek word. Dit sluit in die CVO-skole wat ongelooflike werk doen en ’n uitstekende kurrikulum ontwikkel het, die gereformeerde Issue 5 of 2016
13
www.solidariteit.co.za
ICO-skole, onafhanklike skole wat nie in netwerke staan nie, die ou model A-skole, Curro-skole, elite- Engelse skole, Afrikaanse skole in Namibië en vele meer. Die doel is nie om wonderlike werk wat reeds gedoen word, te dupliseer nie, maar om te kyk waar ons kan aanvul of help en om ons institusionele kennis beskikbaar te stel sodat ons, waar nodig, ook wêreldgehalte Afrikaanse onderwys, onafhanklik van die staat, kan lewer. In sekere dele van Suid-Afrika, veral buite die groot stede, is die krisis van Afrikaanse onderwys akuut. Ons het nog nie bevredigende antwoorde daarvoor nie. Ons gaan in ons ondersoek ook daarna kyk en spesifiek wat die rol van tegnologie kan wees om wêreldklas bekostigbare Afrikaanse onderwys te kan gee buite die stedelike omgewings waar die konsentrasie van Afrikaanse skoolkinders laag is. Ons moet ons openbare skole beskerm asof daar geen alternatief is nie. Ons mag nie korttermyntoegewings maak wat oor die lang termyn vernietigende gevolge gaan hê nie. Demografiese werklikhede eis ook sy Afrikaanse tol. Onafhanklike skole gaan in die algemeen, maar veral in die Afrikaanse wêreld, ’n groterwordende rol speel. Die Afrikaanse gemeenskap, insluitende kerke, moet betrokke raak. Openbare en onafhanklike skole moet nie teenoor mekaar staan nie, maar moet mekaar aanvul binne werklikhede wat ontstaan. Soos daar wêreldklas openbare skole bestaan, moet daar sorg gedra word dat, waar nodig, gapings met wêreldklas onafhanklike skole gevul word. Sodoende gaan ons verseker dat ons kinders se kinders wêreldklas onderrig in Afrikaans ontvang. Ek sien dus openbare en onafhanklike Afrikaanse skole nie as teenoor mekaar opgestel nie, maar as ’n plussom waar 1 + 1 = 3 is. S
NUUSWAARDIG
Toekomsberaad oor onderwys
Bekommerd oor onderwys? Raak betrokke!
Foto: iStockphoto.com
D
ie onlangse Lesufi-uitspraak in die Konstitusionele Hof het beperkings op die magte van beheerliggame geplaas. Volgens dié uitspraak kan Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, voedingsones vir skole bepaal, leerders op waglyste plaas in skole wat nie vol is nie, ongeag die toelatingsbeleide, en aanbevelings oor beheerliggame se huidige toelatingsbeleide maak. Die uitspraak het tot groot onsekerheid by ouers gelei oor wat in die toekoms verwag kan word. Een van die belangrikste groepe wat ’n belang by Afrikaanse skole het, is die ouers. Die Solidariteit Beweging se instellings – wat insluit Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en die FAK – is die afgelope tyd deur vrae van bekommerde ouers oorweldig. Die Solidariteit Beweging het sowat 370 000 lede en byna almal van hulle is ouers, grootouers of voornemende ouers. Die Beweging het besluit om ’n toekomsberaad oor Afrikaanse onderwys aan te bied om sy lede en die breë gemeenskap toe te rus om die uitdagings rondom Afrikaanse skole te kan hanteer. Die doel is ook om Afrikaanse
Deur Cilleste van Dyk ouers aan te moedig om meer betrokke te raak. Die beraad was in vier afdelings aangebied: 1 1. ’n Oorsig oor Afrikaanse onderwys en die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig. Sprekers het ingesluit Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging; Chris Kloppers, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie; en Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. 2. Die Lesufi-uitspraak – wat beteken dit 2 op die kort termyn vir toelatings en wat kan ouers en skole doen? Sprekers het ingesluit Werner Human van Hurter en Spies-prokureurs en Paul Colditz, hoof uitvoerende beampte van Fedsas. 3. ’n Strategie oor die selfstandigheid van 3 openbare skole – die rol van ouers. Die sprekers hier was Melanie Buys wat haar meestergraad oor die onderwerp gedoen het, en Hugo Vermeulen, die hoof van Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum. Uitgawe 5 van 2016
14
www.solidariteit.co.za
4 Die rol van onafhanklike skole in die 4. toekoms van Afrikaans op skoolvlak. ’n Taakspan wat ’n prosesvoorstel ontwikkel het, het terugvoer gee.
Flip Buys het tien stellings oor onderwys genoem, naamlik dat: 1 die Afrikaner sy volle vermoë moet verwesenlik; 2 minderhede meerderheidskennis moet hê; 3 onderwys die beste belegging is wat ’n mens kan maak; 4 sukses bepaal word deur gehalte van die mense, nie die land nie; 5 ’n klein volkie homself nie moet laat tel nie, maar moet laat weeg; 6 ons die totale onderwyswaardeketting moet ontwikkel; 7 ons mense vir hul roepings moet toerus en nie net vir beroepe oplei nie; 8 goeie onderwys en opleiding die enigste pad na ekonomiese vryheid is; 9 Afrikaanse skole steeds die beste is; en 10 onderwysers bepalend is vir goeie onderwys.
NUUSWAARDIG
Dr. Dirk Hermann het die kritieke suksesfaktore vir suksesvolle onafhanklike skole bespreek: Begronding Opvoeding is nooit neutraal nie. Die staat wil ook nie neutrale openbare skole hê nie. Lesufi het ’n goed gedefinieerde staatsideologie wat hy in kurrikulum en praktyk wil laat neerslag vind. Die Solidariteit Beweging sal soek na ’n antwoord wat op eenvoudige Christelike begrondingsbegrippe staan, soos roeping, werk en verantwoordelikheid. Moedertaalonderrig Daar is konsensus dat die beste vorm van onderrig moedertaalonderrig is. Moeilike abstrakte begrippe soos wiskunde word net soveel beter in ’n moedertaal onderrig. Dit gaan nie net bloot oor Afrikaans nie, maar ook oor die waardes en etiek wat Afrikaanse onderrig tradisioneel omvou. Kurrikulum Kurrikulum is koning. Kurrikulum is nie net in die klaskamer nie, maar alles wat die opvoeding van die leerling omvat, insluitend buitemuurse aktiwiteite. Uitnemendheid Afrikaanse skole het ’n kultuur van uitnemendheid. ’n Goeie voorbeeld is die internasionale Timss-studie wat wiskundeprestasies wêreldwyd vergelyk. Hoewel Suid-Afrika in sy geheel laaste kom, val Afrikaanse skole onder die top 10-lande ter wêreld. Bekostigbaarheid Onafhanklike skole kan nie bloot ’n elite-antwoord gee nie. Daar sal gesoek moet word na modelle wat ’n balans vind tussen uitnemendheid en bekostigbaarheid. Finansiële volhoubaarheid ’n Volhoubare model moet gevind word. Die strewe na uitnemendheid mag nie opgeoffer word nie. Gemeenskapsbetrokkenheid Die sukses van Afrikaanse onafhanklike skole gaan nie bloot afhang van onderwysers en ouers nie, maar van die gemeenskap. Gehalte-onderwysers (werwing en ontwikkeling) Die 2007 McKinsey-verslag oor onderwys van wêreldgehalte lig die belangrikheid van goeie onderwysers uit. Terloops, dit is een van die groot redes waarom Afrikaanse skole toppresteerders in ’n wêreldkonteks is. Doeltreffende stelsels wat onderrig versterk Tegnologiese hulpmiddels en stelsels rondom onderwys bloei en ons moet op die voorpunt daarvan bly sonder om geslagte se didaktiese waarhede verlore te laat gaan. Goeie leierskap en bestuur van skole Net soos in enige maatskappy is dit steeds die belangrikste suksesfaktor vir suksesvolle skole. Netwerke Die CDE is ook van mening dat netwerke van onafhanklike skole die stelsel meer bekostigbaar sal maak omdat hulpbronne dan gedeel word. Eksaminering Die keuse van ’n eksamenraad is steeds ’n kritieke faktor vir onafhanklike skole. S Issue 5 of 2016
15
www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Van links na regs is Henrico Barnard van AfriForum Jeug; Steve Scott, vakbondpresident; Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit; Freddie Engelbrecht, DKD-werknemer wat ook voorheen benadeel was op grond van ras; en dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Johan Kruger
Vonke spat by VN oor SA se rasbeleid
Foto’s: Philip van Niekerk
D
ie gemoedere het hoog geloop tydens die vakbond Solidariteit se onlangse besoek aan die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD – Committee on the Elimination of Racial Discrimination). Suid-Afrika se beleid oor regstellende aksie was veral onder die loep geneem ná Solidariteit se aanbieding wat aangevoer het dat die SuidAfrikaanse regering die VN-konvensie minag wat alle vorme van rassediskriminasie verbied. Die klag fokus op die staat se gebruik van die nasionale rassedemografie as ’n kwotabeleid. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, was daar onder meer beskuldigings van die komiteelede dat die Suid-Afrikaanse regering se beleid té rigied is en selfs op ou-apartheid neerkom. “Die SuidAfrikaanse regering het dit ontken en gesê hy volg nie ʼn kwotastelsel nie. Die regering het Solidariteit daarvan beskuldig dat die gebrek aan vordering onder meer toegeskryf kan word aan Solidariteit se hofsake en die klagtes wat aan die Verenigde Nasies voorgelê is,” sê Hermann. John Jeffrey, die adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, moes vrae beantwoord na aanleiding van die verslag wat hy namens die Suid-Afrikaanse regering aan die komitee voorgelê het. Dié verslag volg op
Deur Inge Strydom en Cilleste van Dyk die aanbieding wat Solidariteit en AfriForum aan die VN-komitee gedoen het oor die SuidAfrikaanse regering se beleid van rassekwotas in werk en sport. Volgens Hermann het die komiteelede die regering geroskam omdat sy verslag laat ingedien is en omdat dit oor gebrekkige inligting beskik. “Een van die komiteelede en ’n voormalige voorsitter van die Belgiese konstitusionele hof, Marc Bossuyt, het gesê die regering se beleid van regstellende aksie is rigied en die toepassing daarvan op die privaat sektor, ekonomie en sport is absurd. Die gebruik van ras kom neer op ou-apartheid en word nie deur die konvensie beskerm nie,” sê Hermann. Jeffreys het egter ontken dat die regering ’n kwotastelsel volg. Hy het gesê dat ’n lang pad nog voorlê en dat die stadige pas deels te wyte is aan Solidariteit wat hom tot die howe en die Verenigde Nasies wend. Bossuyt het in reaksie op die minister se antwoord gesê hy kan nie die verskil tussen kwotas en teikens insien nie. Spesiale maatreëls moenie die vorm van omgekeerde rassisme aanneem nie. Volgens hom kan daar nie iets soos goeie rassisme wees nie en mag spesiale maatreëls nie op grond van velkleur toegepas word nie. Hy meen die fokus moet eerder op skole wees, aangesien dit meer voordelig is – al is dit meer uitdagend. Uitgawe 5 van 2016
16
www.solidariteit.co.za
’n Ander komiteelid het gesê dat kwotastelsels op die lang termyn nie goed is nie en dat ander beleidsrigtings oorweeg moet word. Daarby het komiteelede sterk gefokus op opleiding. Die komitee se rapporteur wat vir Suid-Afrika verantwoordelik is, me. Dah, het gesê dat SuidAfrika oor ’n groot onderwysbegroting beskik. Finansiering is dus nie die probleem nie; daar moet ’n ander probleem wees. “Ons vind dit ironies dat die regering Solidariteit se hofsake as weerstand beskou. Die regering is geïrriteerd met die inmenging van die howe in die implementering van sy rassebeleid. Die regering wil nie deur wetgewing gebind word nie. Die Suid-Afrikaanse regering is al verskeie kere deur howe skuldig bevind op aanklagte van onbillike rassediskriminasie,” het Hermann gesê. “Ons is uiters tevrede met ons vertoë. Ons voorlegging het die sitting tot ’n groot mate oorheers en tot hewige debat gelei. ’n Ander stem is nou op ’n internasionale platform gehoor. My indruk van dít wat by die VNkomitee gebeur het, is dat Suid-Afrika sy status as liefling van die wêreld verloor het,” het Hermann gesê. Die komitee gaan nou ’n verslag saamstel en aanbevelings maak. Suid-Afrika moet dan binne twee jaar verslag doen oor hoe dié aanbevelings geïmplementeer is. S
NUUSWAARDIG
Vlieg Saam-wenner sê dankie ná VN-besoek
“J
y is gekies as Solidariteit se gemeenskapsambassadeur vir ’n besoek aan die VN.” Dié woorde het ’n paar sekondes geneem voordat dit heeltemal ingesink het. Toe ek in Maart vanjaar my storie geskryf en ingestuur het vir Solidariteit se Vlieg Saam-kompetisie, het ek nie vir ’n oomblik gedink ek sou wen nie. My storie is dieselfde as dié van duisende ander in Suid Afrika, wat almal ook op grond van verdienste kon gewen het. Ter voorbereiding vir my rol as gemeenskapsambassadeur het ek Solidariteit se kongres bygewoon, asook die Sterre in die Gemeenskap-aand. Die gasspreker by die opening van die kongres was Tony Leon, voormalige opposisieleier. Iets wat hy tydens sy toespraak gesê het, het my diep getref. Hy het gesê dat die rol van burgerlike en burgerregte-organisasies al hoe belangriker word in Suid Afrika. Die regering begin al meer om die ooreenkomste wat by die Kodesaonderhandelings bereik is, te verontagsaam, veral dié wat met minderheidsregte te doen het. Dit raak nou noodsaaklik dat burgerlike instellings soos Solidariteit en AfriForum die regering se vergrype moet teenstaan – indien dit nie gebeur nie, sal al die ooreenkomste eenvoudig verontagsaam en minderheidsregte verpletter word. Dr. Dirk Hermann en Johan Kruger het die skaduverslag aan die komitee voorgedra, ons het met komiteelede vergader en toe was dit tyd dat die regering sy verslag voordra. Adjunkminister John Jeffery en Suid-Afrika se ambassadeur aan die VN, Mxakato-Diseko, het die meeste praatwerk gedoen. Dit is nodig om te noem dat dit die enigste inligting is wat die VN van Suid-
Deur Philip van Niekerk Afrika ontvang, en indien daar nie burgerlike instansies was wat insette gelewer het nie, sou die VN-komitee die regering moes glo. Wat Hermann later as die minister se Pinnochiooomblikke bestempel het, het my verstom gelaat. Alles wat fout is in Suid-Afrika is basies voor die deur van die vorige regime geplaas. Gelukkig het Solidariteit se voorlegging aan die VN nuwe inligting aan die lig gebring en die komitee het die regering behoorlik oor die kole gehaal. Vrae oor ons bisarre rasseklassifikasie het Jeffery laat lug sluk soos ’n vis op droë grond. In ’n gesprek wat ek later die dag met spesiale rapporteur Verene Shepherd van Jamaika gevoer het, het sy my meegedeel dat om swart mense as Afrikane te bestempel en die res van ons as wit, Indiër, bruin mense en so meer neerkom op diskriminasie – ons is almal van Afrika, dus is ons almal Afrikane. Uit die vrae wat aan die regering gevra is, was dit duidelik dat die komitee van mening is dat die spesiale maatreëls wat ingevolge die CERD-konvensie toegelaat word, nie vir altyd in plek mag bly nie en nie gebruik kan word as verskoning om op grond van ras teen mense te diskrimineer nie. Dit was duidelik dat die VN notisie geneem het van ons huidige stand van sake, en dat die regering se verslag veel te wense oorgelaat het. Die belangrikheid van hierdie saadjie wat by die VN geplant is, mag nie onderskat word nie. Die Suid-Afrikaanse regering het sy verslag agt jaar laat ingedien. Verder het die regering ook vier keer versuim om ’n afvaardiging van die VN te ontvang om die stand van sake hier te kom ondersoek. Die VN het geweet hier is iets onderduims aan die gang, maar wat hulle nie geweet het nie, was presies wat die aard
Dr. Dirk Hermann
Foto’s: Philip van Niekerk
Eduan Dupper en Henrico Barnard
van hierdie onderduimsheid was. Uit vrae veral oor ons regbank kon ons aflei dat CERD bekommerd was dat daar nie genoeg gedoen word om onregverdighede van die verlede reg te stel nie, maar Solidariteit het daarin geslaag om hulle te laat besef dat dit geensins die geval is nie. Inteendeel, minderheidsregte word hier verontagsaam. Die kollig is nou weereens op Suid-Afrika en diskriminasie op grond van ras – ironies, omdat Nelson Mandela een van die breine agter die stigting van die CERD was, juis om diskriminasie uit te skakel. Nou, meer as ooit vantevore, is dit van kardinale belang dat instansies soos Solidariteit die regering teenstaan in sy onbillike uitvoering van ’n transformasiebeleid wat te ver gegaan het. Dit is al wat staan tussen minderhede en die totale verwerping van al ons regte. In my telefoniese onderhoud met Dirk het hy my onder meer gevra wat ek sou antwoord as iemand my in Genève sou vra wat ’n Afrikaner is. Dit is moeilik om te verduidelik. Ons was vir ’n lang tyd die skurke van die wêreld, maar ons het van oraloor hierheen gekom en iets hier geskep wat nêrens anders bestaan nie. Ons verlede definieer nie ons toekoms nie, en dit is belangrik dat die wêreld dit moet weet. Solidariteit het daarin geslaag om die saadjie te plant wat die wêreld se persepsie van ons gaan verander. Ons is hier om te bly; ons is hier om te bou. Ek wil Solidariteit en al sy lede bedank vir hierdie geleentheid wat geld nie kan koop nie. Om deel te wees van so ’n geskiedkundige draaipunt het vir my persoonlik ontsettend baie beteken. Vir al die lede van Solidariteit wil ek ook baie dankie sê – dit was ’n eer om julle almal te verteenwoordig. S
Issue 5 of 2016
17
www.solidariteit.co.za
NUUSWAARDIG
Staat gekap oor apartheidsklassifikasies
Foto’s: iStockphoto.com
D
ie Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) het die regering in ’n verslag gekap oor sy gebruik van ou apartheidsklassifikasies in die aanbieding van statistieke. Die Suid-Afrikaanse regering moet ook terugvoering aan die komitee gee oor wat die impak van regstellende aksie in Suid-Afrika is en of die regering voldoen aan die vereistes van die konvensie vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie. Dié kritiek word uitgespreek in ’n verslag van die CERD in reaksie op die regering se verslag wat in Augustus voor die komitee gedien het. Solidariteit en AfriForum het ’n skaduverslag by die komitee ingedien waarin aangevoer is dat die staat se beleid van rassekwotas nie met die konvensie belyn is nie. Die komitee het benadruk dat ’n meer omvattende benadering tot statistieke gebruik moet word. Volgens die VN-verslag moet die regering alle toepaslike statistieke in ag neem en nie net rasse-inligting nie. In die verslag word ook aanbeveel dat die Suid-Afrikaanse regering volledig verslag doen oor die impak van regstellende aksie op indiensname, opleiding en politieke en openbare sake. “Indien die regering nie sy rassebenadering gaan wysig nie, kan aanbevelings tydens die 2020-sitting van die CERD gemaak word, waarvolgens dit dan van die regering verwag kan word om ’n einde te maak aan die rasgebaseerde regstellende aksie in SuidAfrika. Die proses wat nou begin is, is ’n groot deurbraak. Vir die eerste keer is regstellende
Deur Cilleste van Dyk aksie in Suid-Afrika nou formeel op die VN se agenda en moet die land ’n formele verduideliking vir die beleid gee,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. In ’n mediaverklaring, wat deur die VN-komitee na aanleiding van Suid-Afrika se verslag uitgereik is, word die volgende gemeld: “Experts took note of the rather rigid approach to the application of quotas, which seemed to favour quantitative over qualitative approach, and urged South Africa to ensure that its affirmative action was aligned to the Convention and the Committee’s General Recommendation No 32 of 2009.” Volgens Hermann is die kern van Solidariteit en AfriForum se vertoë dat Suid-Afrika se regstellendeaksiestelsel niks anders as ’n rassesensus is nie en dat dit nie aan die vereistes van regstellende aksie voldoen nie. Volgens die VN-komitee moet die regering, indien daar wel van enige rasseklassifikasieproses gebruik gemaak word, aandui hoekom dit geregverdig is en hoekom daar nie van ’n proses van self-identifikasie gebruik gemaak word nie. Die komitee verwag dat die regering terugvoering moet gee aan die hand van aanbeveling nr. 32 van 2009 van die konvensie wat voorskryf wat spesiale maatreëls behels en hoe dit toegepas moet word. Die uitwerking van die aanbeveling is dat die regering regstellende aksie (wat sal insluit die Wet op Diensbillikheid sowel as die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging) moet gaan toets aan die hand van die VN-konvensie en spesifiek aan die hand van aanbeveling nr. 32 van 2009. Uitgawe 5 van 2016
18
www.solidariteit.co.za
Die belangrike beginsels van die aanbeveling waaraan die regering getoets gaan word, is of bevoordeling geregverdig is, of dit ’n legitieme doel dien en of dit proporsioneel tot die bereiking van die doel is. Spesiale maatreëls moet ook op grond van behoefte geïmplementeer word en moet billik en tydelik van aard wees. Dit mag nie lei tot afsonderlike regte vir afsonderlike rassegroepe nie en dit mag nie lei tot ’n praktyk van apartheid nie. “In die lig hiervan moet die VN-komitee se waarskuwing dat die regering se rasseklassifikasie op ou apartheidskategorieë gebaseer word as ’n ernstige vermaning beskou word. Die SuidAfrikaanse regering gaan sukkel om die komitee te oortuig dat sy stelsel van rassekwotas voldoen aan die beginsels van aanbeveling nr. 32 van 2009,” het Hermann gesê. Wat die pad vorentoe betref, beplan Solidariteit en AfriForum om • deel te neem aan die konsultasieproses wat gevolg gaan word by die opstel van die SuidAfrikaanse regering se volgende verslag; • voort te gaan met plaaslike litigasie en internasionale klagte wat gelê is oor kwotas in sport; • ’n internasionale kongres oor internasionale regstellendeaksiepraktyke aan te bied waaraan sprekers uit verskeie lande sal deelneem; • die beginsels wat in die konvensie vervat is, te gebruik in plaaslike litigasie; en • as ’n waghond op te tree oor die regering se toepassing van regstellende aksie en om verslag te doen oor ons bevindinge aan die volgende sitting van die VN-komitee. S
NUUSWAARDIG
Bankkoste
Groot kompetisie onder “Groot Vier” banke Die bied van ʼn laekosterekening aan kliënte is vanjaar, anders as vroeër, ʼn prioriteit by al die groot banke in Suid-Afrika. Dit was een van die bevindings van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se sewende BANKKOSTEVERSLAG wat in Augustus vanjaar vrygestel is, skryf CILLESTE VAN DYK.
Foto’s: iStockphoto.com
S
terk mededinging vir basiese bankrekeninge in die mark het meegebring dat al vier die groot Suid-Afrikaanse banke nou die koste van hierdie rekeninge relatief laag hou. Wat betref rekeninge wat aan die middelklas bemark word, bly die verskille in die koste van die rekeninge klein, net soos verlede jaar. Volgens Paul Joubert, senior navorser by die SNI, sluit die strawwe mededinging onder basiese bankrekeninge vanjaar ook vir Nedbank in. “Anders as in die verlede ding Nedbank met sy nuwe Pay as you use-rekening ook nou sterk mee met die goedkoper aanbiedings van Capitec, Absa, FNB en Standard Bank. Al Capitec se mededingers boots dus nou dié bank se model van ʼn laekosterekening na,” sê Joubert. Joubert voeg by dat die laer koste van bondelrekeninge op die middelinkomstevlak die betaal soos jy gebruik-rekeninge (PAYT) bykans uit die mark dryf. “Oor die afgelope drie jaar is die uitfasering van PAYT-rekeninge ʼn merkwaardige verskynsel. Nedbank en FNB het reeds opgehou om PAYT-rekeninge aan die middelklas te bemark en het dit met
bondelrekeninge vervang,” verduidelik hy. Betreffende die rekeninge wat aan die middelklas bemark word, het bondelrekeninge
Uitgawe 5 van 2016
20
www.solidariteit.co.za
grootliks onveranderd gebly, almal teen ʼn koste van ongeveer R100 per maand. “Hoewel die kosteverskille tussen die bondelrekeninge minimaal is, is daar op hierdie vlak steeds sterk mededinging tussen die banke,” sê Joubert. “Naas Capitec se rekening bly Standard Bank se Elite Plus-rekening, soos verlede jaar, die goedkoopste in hierdie kategorie.” Joubert meen die sterk mededinging tussen rekeninge wat aan die middelinkomstemark bemark word, bring mee dat ander faktore, soos beloningsprogramme, toenemend kliënte se keuse van bank beïnvloed. “Dit blyk egter dat die meeste banke hul beloningsprogramme begin inperk het deur dit byvoorbeeld moeiliker te maak om ʼn hoë vlak van verdienste in die programme te bereik. Kliënte wat in hierdie beloningsprogramme belang stel, moet dus bewus wees van die feit dat die bepalings en voorwaardes van hierdie programme dikwels kan verander – soos in die onlangse geval van FNB se eBucksbeloningsprogram,” sê Joubert. • Besoek gerus navorsing.solidariteit.co.za en soek vir “Bankkosteverslag” om die hele verslag te sien. S
NUUSWAARDIG
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Kry die beste geldwaarde uit jou bank
Foto: iStockphoto.com
A
s jy omsigtig met die bestuur van jou bankrekeninge omgaan, kan jy onnodige kostes verhoed, en dié besparing kan jy weer vir ander uitgawes aanwend. Hier is ʼn paar praktiese wenke: • Wees bewus van bankkoste. Sal jy ʼn akkurate antwoord kan gee as iemand jou nou vra hoeveel jy elke maand aan bankkoste betaal? Of sal jy verbaas wees oor die werklike bedrag? Het jy al ooit jou bank se koerse nagegaan? As jy ernstig is oor die bestuur van jou finansies, is dit een aspek van jou finansies wat jy nie mag ignoreer nie. • Kies die regte rekening. Maak seker die tipe rekening wat jy vir jou daaglikse transaksies gebruik, is die beste opsie vir die transaksies wat jy gereeld aangaan – of dit nou transaksies by ʼn OTM, debietordertransaksies of deposito’s is. Dalk kan jy bankkoste spaar as jy oorskakel na ʼn ander tipe rekening wat juis vir dié tipe transaksies voorsiening maak. • Trek geld by jou eie bank. Dis gewoonlik baie duur om geld te trek by ʼn OTM wat nie aan jou bank behoort nie. Het jy al gekyk watter bankkoste jy betaal vir ʼn onttrekking by ʼn OTM van ʼn ander bank? Doen moeite om uit te vind waar daar OTM’e van jou eie bank naby jou werk en huis is, sodat jy nie onnodig ander banke se OTM’e hoef te gebruik nie. Bestudeer jou bankstaat. Wanneer laas het jy jou bankstaat nagegaan om seker te maak al die transaksies wat daarop voorkom is eg, en om te kyk wat die koste verbonde aan verskillende tipes transaksies is? • Laat e-bankdienste vir jou werk. As jy nog nie van aanlynbankdienste gebruik maak nie, registreer gerus daarvoor. Dit hou talle voordele in: o Jy kan aansoek doen om jou bankstate elektronies te ontvang sodat dit makliker tot jou beskikking kan wees. o Jy kan op jou aanlynbankdienste aansoek doen om SMS- en/of e-poskennisgewings van enige transaksies in jou rekening te ontvang. Dit kan help om jou teen bedrog te beskerm, omdat jy ongemagtigde transaksies dadelik sal raaksien. Sulke kennisgewings help jou boonop om tred te hou met die saldo in jou rekening. o Jy kan jou e-bankdienste gebruik om ten alle tye te weet hoeveel geld jy in jou
Deur dr. Eugene Brink
rekening beskikbaar het. Dit sal voorkom dat jy meer uitgee as wat jy werklik het. Hou in gedagte dat ʼn gereserveerde bedrag (dus ʼn betaling wat reeds gedoen is, maar wat nog nie van die saldo in jou rekening afgetrek is nie) jou saldo sal beïnvloed. o Maak gebruik van jou internetbankdienste se fasiliteit om geskeduleerde betalings op te stel. Só kan jy betalings wat maandeliks gedoen moet word, skeduleer om outomaties op ʼn spesifieke dag gedoen te word. Dit kan jou help om die verleentheid te voorkom wanneer ʼn rekening nie betyds betaal is nie. • Kies pakket wat by jou pas. Banke bied verskillende pakkette aan, afhangende van jou Issue 5 of 2016
21
www.solidariteit.co.za
bruto jaarlikse salaris. As jy op die korrekte pakket vir jou inkomste is, sal die kostes en besparings wat vir jou aangebied word, optimaal wees vir jou omstandighede. Jy sal ook meer voordele van jou bank se beloningskema kan geniet. As jy onseker is oor of jy op die regte pakket is, gesels met jou bank. As jou salaris verhoog, dring aan daarop dat jou rekening opgradeer word sodat jy bykomende voordele en laer kostes kan geniet. • Hou jou rekening in die groen. Maak seker daar is altyd genoeg geld in jou rekening sodat jou debietorders kan deurgaan. As ʼn debietorder terugverwys word, het dit onnodige uitgawes tot gevolg, en dit kan boonop ʼn merk op jou kredietprofiel veroorsaak. S
NUUSWAARDIG
Akademia-uitnemendheid groei voort Danksy ʼn landswye UITBREIDING VAN STUDIESENTRUMS plaas Akademia volgende jaar bekostigbare Afrikaanse hoër onderwys binne die bereik van die meerderheid Afrikaanssprekendes, vertel PIET LE ROUX, akademiese hoof by Akademia.
Foto: iStockphoto.com
V
anaf ʼn klein begin in 2011 op die perseel van Solidariteit brei Akademia volgende jaar uit na 12 studiesentrums landswyd. Met dié sentrums in drie provinsies sal grade en ander universiteitsvlakkwalifikasies in Afrikaans volgende jaar binne die bereik van meer studente as ooit tevore wees. In 2016 kon Akademia se studente vir hul kontaksessies uit sewe studiesentrums in twee provinsies kies. In die Wes-Kaap was daar sentrums in Bellville en Somerset-Wes. In die groter Gauteng-omgewing was daar vyf sentrums, naamlik Centurion, die Moot in Pretoria, Boksburg, Krugersdorp en Vanderbijlpark. In 2017 gooi Akademia die net wyer. In die Wes-Kaap open ʼn studiesentrum in George sy deure vir ʼn groot Afrikaanse gemeenskap
in die suidoostelike dele van die provinsie; in Stellenbosch, by die Stellenbosch Rugbyakademie, skep ʼn nuwe studiesentrum ʼn geleentheid vir sportlui wat op die veld én agter die lessenaar wil presteer; en met ʼn splinternuwe studiesentrum in die Paarl, net langs die Afrikaanse Taalmuseum, betree Akademia die hartland van Bolandse Afrikaans. In die groter Gauteng behou Akademia sy bestaande vyf studiesentrums en voeg ʼn sesde by, oorkant die skoolterrein van die Hoërskool Menlopark in Pretoria-Oos. En vir die eerste keer betree Akademia die Vrystaat, met ʼn sentrum in Bloemfontein. Die uitbreiding van Akademia se studiesentrums beteken dat bekostigbare Afrikaanse hoër onderwys nou makliker bekombaar as ooit tevore is. Uitgawe 5 van 2016
22
www.solidariteit.co.za
Graadprogramme ʼn Vermeerdering van studiesentrums is egter nie al waarmee Akademia in 2016 besig was nie. Waar studente in 2016 vir twee grade kon inskryf, naamlik BCom Ondernemingsbestuur en BCom Bestuursrekeningkunde, is die opsies in 2017 reeds dubbeld soveel: studente kan nou ook BCom Ekonomie en Regte of BCom Finansiële Beplanning, die twee nuut geakkrediteerde grade, studeer. Verskeie ander grade is tans in ʼn gevorderde stadium van akkreditasie. Benewens grade bied Akademia tans ook hoër sertifikate in rekeningkunde en in kantooradministrasie, en ʼn gevorderde diploma in projekbestuur aan. Met die ondersteuning van die Solidariteit Beweging en die groter Afrikaanse gemeenskap in die breë staan Akademia op die beginstreep van die pad na groot dinge. S
NUUSWAARDIG
Wen kontant in die sak met jou begroting!
H
oewel ons eintlik veronderstel is om elke maand ʼn begroting op te stel en dit noukeurig te bestuur, stel ons gewoonlik net ʼn begroting op as ons om een of ander rede gedwing word om dit te doen. Vir die meeste van ons is dit makliker gesê as gedaan. ʼn Begroting is nie net nodig om seker te maak dat jy jou besteding goed bestuur nie – jy kan ook ʼn begroting opstel om sekere finansiële doelwitte te bereik. As jy byvoorbeeld wil spaar om iets te koop of iewers heen te reis, kan ʼn goeie begroting jou help om dié droom, wat skynbaar buite jou bereik is, te laat realiseer. Met dié kompetisie wil Solidariteit Tydskrif jou graag help om só ʼn doelwit te bereik. Al wat jy hoef te doen om vir R2 000 kontant in aanmerking te kom, is om vir jouself ʼn eenvoudige begroting op te stel.
WEN! WEN! WEN!
Hoe neem ek deel? • Stap 1: Besoek die Solidariteit Wêreldwebtuiste by www.solidariteit.co.za. • Stap 2: Skep vir jouself ʼn gesekerde profiel as jy nog nie een het nie: Klik op “Teken in” regs bo op die tuisblad, en klik dan op “Registreer”. Besoek die Geldprofiel by https://finansies.solidariteit.co.za/joubegroting/ en stel jou begroting op. Tik die boksie aan die einde van die begroting wat vra of jy wil deelneem aan die kompetisie. Sluitingsdatum Die sluitingsdatum is 30 Oktober 2016. S
Leer kinders reeds van kleins af verantwoordelikheid van spaar
Foto: iStockphoto.com
O
m vir ʼn klein kind ʼn abstrakte begrip te leer, is nie ʼn eenvoudige taak nie. Dit is egter jou plig as ouer om jou kind van kleins af van konsepte soos “spaar” en “verantwoordelikheid” te leer. Die skrywer Miranda Marquit skryf in haar artikel 11 ways to teach kids how to save money dat ʼn mens van visuele beelde en fisiese interaksie gebruik moet maak wanneer jy kinders van konsepte soos spaar leer. Dit is veral ook belangrik indien jy kleiner kinders van sulke abstrakte konsepte leer. Dit is egter belangrik om in ag te neem dat jonger en ouer kinders op verskillende maniere geleer moet word om met geld te werk. Francois Smit, besturende direkteur van
Solidariteit Finansiële Dienste, beveel aan dat ouers hul kinders van ʼn vroeë ouderdom af moet leer van die waarde van geld. “Indien jy aanvanklik sukkel om aan ʼn jong kind die begrip van ‘spaar’ te verduidelik, kan jy stadigaan die konsep aan hom of haar leer deur die kind eers toe te laat om in die winkel vir die brood en melk te betaal. Sodoende sal die kind die konsep van ʼn transaksie beter verstaan,” verduidelik hy. Hy wys verder daarop dat ʼn mens daarna makliker vir jou kind sal kan verduidelik hoe om wys met jou geld te werk. “Gee vir jou kind sakgeld, al is dit R10 ʼn week. Laat hom of haar verstaan hoe die konsep van spaar werk deurdat die kind beheer van sy of haar
Uitgawe 5 van 2016
24
www.solidariteit.co.za
eie finansies neem,” verduidelik hy. Hy moedig ouers ook aan om vir hul kinders “rente” op spaargeld te gee. Vir elke R10 wat hulle spaar, kan hulle byvoorbeeld R1 se rente ontvang. ʼn Ander manier waarop jy jou kind kan aanmoedig om te spaar, is om vir hom of haar ʼn spaarplakkaat op te stel waarop daar aangedui word hoeveel geld hy of sy elke week of maand spaar. Ouer kinders kan makliker geleer word om te spaar en hul geld verstandig te gebruik. Gesels en onderhandel met hulle en leer hulle hoe om ʼn begroting op te stel en daarby te hou. Dit sal ook goed wees om vir hulle hul eie spaarrekening oop te maak waarop hulle rente kan verdien. S
NUUSWAARDIG
“De Goede Hoop wil die gaping vul wat daar bestaan vir ʼn koshuis wat ’n gesonde studentelewe en -aktiwiteite bevorder. Ons wil vir studente ’n ruimte skep waar hulle nie net ʼn nommer is nie en waar hulle hul taal en kultuur ten volle kan uitleef.”
De Goede Hoop open sy deure in 2017 Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch
D
ie De Goede Hoop-koshuis, wat beskryf word as ’n kultuurinstelling wat verblyf bied vir alle studente wat gemaklik binne die Afrikaanse gemeenskap voel, is gereed om sy deure in 2017 oop te maak. Dié koshuis, wat deur AfriForum gefinansier word, het in Julie vanjaar ’n opedag vir voornemende studente gehou waartydens hulle die geleentheid gekry het om inligtingsessies by te woon en op ’n begeleide toer deur die koshuis te gaan. Sowat 25 ingeskrewe studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) het ook ’n inligtingsessie en besigtigingstoer bygewoon in aanloop tot die De Goede Hoophuiskomiteeverkiesing. Hoewel De Goede Hoop ’n privaat koshuis
is, word daar beoog dat die koshuis steeds aan tradisionele kampusaktiwiteite soos jool, sêr en rugby sal kan deelneem. “De Goede Hoop wil die gaping vul wat daar tans bestaan vir ʼn koshuis wat ’n gesonde studentelewe en -aktiwiteite bevorder. Ons wil vir studente ’n ruimte skep waar hulle nie net ʼn nommer is nie en waar hulle hul taal en kultuur ten volle kan uitleef,” meen Cornelius Jansen van Rensburg, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. De Goede Hoop sal deur AfriForum gefinansier word en op ’n Christelike grondslag geskoei wees. Dit sal onafhanklik van die UP se ander koshuise funksioneer. Arie Oelofse, ’n meganiese ingenieurswesestudent aan die UP en voornemende koshuislid, het gesê dat hy graag by De Goede Hoop ’n verskil wil maak deur die koshuis te help groei as Uitgawe 5 van 2016
26
www.solidariteit.co.za
’n nalatenskap vir die volgende geslag. “Ek sien uit na die nuwe geleenthede, aktiwiteite en selfs die uitdagings wat De Goede Hoop gaan bied.” David Kuhn, ’n informatikastudent aan die UP, het gesê dat hy uitsien om deel van De Goede Hoop te wees omdat daar vir hom ’n gevoel van samesyn en trots ontbreek by die UP. “Ek sien daarna uit om wakker te word én te gaan slaap in ’n Afrikaanse omgewing en om die geleentheid te kry om nuwe tradisies te skep en uit te leef.” Die koshuis is op die hoek van Jorissen- en Verdoornstraat in Walkerspruit (1,8 km van die UP se Hatfield-kampus) geleë. Dit sal nagenoeg 300 mans en dames kan huisves. • Skakel Janli Sonntag by 012 644 3458 of stuur e-pos aan admin@degoedehoop.co.za indien jy enige navrae het. S
NUUSWAARDIG
Sentrum vir voortgesette leer geopen
S
-leer, Solidariteit se nuwe sentrum vir voortgesette leer het in September amptelik geopen en dadelik afgeskop met twee seminaaraanbiedinge en ʼn heerlike openingsgeleentheid. Dit volg nadat Solidariteit besig is om beroepsgildes op die been te kry wat gildes in medies, regte en onderwys insluit. Hierdie gildes gaan as beroepswaghond dien, maar ook geleenthede, fondse en internskappe aan Afrikaanse studente in daardie beroepe bied. S-leer gaan die opleiding vir VPO-punte en ook opleiding vir voortgesette leer aanbied vir personeel wat reeds in die beroepe staan. Volgens Leana Leonard, besturende direkteur van S-leer, is hulle opgewonde oor die nuwe sentrum wat voortgesette professionele
opleiding in Afrikaans gaan bied. Die direksie het op 6 April met Stigtersdag, die besluit oor S-leer geneem en die nuwe instelling het op 2 September, met die begin van ’n nuwe seisoen die lig gesien. “Bo en behalwe seminare en kort kursusse wil ons in die nabye toekoms ook aandag skenk aan ʼn e-leer-aanbod, wat hierdie opleiding selfs nog verder sal vergemaklik, veral wanneer ʼn mens nie die luuksheid het om die kantoor vir ʼn aantal ure te verlaat nie,” sê Leonard. S-leer gaan daarop fokus om gerespekteerde kenners of spesialiste in hul gebied te nader om as sprekers by hierdie seminare op te tree, om sodoende ook waarde toe te voeg aan elke professionele persoon wat die seminare bywoon. Twee sprekers het tydens hierdie seminaar
met die mense gesels. Tertia Putter, ʼn direkteur en stigter van die maatskappy Wellness Africa, het ’n sessie oor welstand aangebied, terwyl dr. Mario Denton, ʼn bedryfsielkundige en internasionale dosent met twee meestersgrade agter sy naam, oor leierskap en “lyerskap” gesels het. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, wil mense ʼn goeie werk hê, dus moet lewenslange leer en ontwikkeling ’n leefwyse word en dit is waar S-leer inkom – voortgesette leer in professionele ontwikkeling. S-leer gaan help om mense op hul loopbaanpad te lei en om op die voorpunt van hul loopbane te kom en te bly. So kan hulle dan in die toekoms ander help en lei. • Besoek die webblad by http://s-leer.co.za/ S
Bedryfsnuus
Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook sake wat jou in die wêreld van werk raak.
Denel workers protest over bonuses
N
umerous Solidarity and Numsa members employed by Denel on the East Rand and in Pretoria have since July been participating in sporadic protest actions over the arms manufacturer’s proposed late payment of performance bonuses. According to Willie Venter, Solidarity’s sector coordinator for the defence and aviation sectors, those bonuses are always paid to eligible employees around June or July each year. “However, on 1 July this year, Denel’s management informed trade unions and employees that payment would only be made
By Inge Strydom by the end of October this year. The company claims it is currently experiencing a cash flow problem which is the reason behind the postponement of bonus payments. However, the company had already budgeted for bonuses in the previous financial year,” Venter said. Venter added that since the disclosure of the Denel Asia debacle, Denel employees have been plunged into uncertainty about the company’s future. “Employees are fearing that through its dubious decisions, acting management and the newly appointed Denel board are posing a risk to the future of the once prominent arms manufacturer. Their fears arise for example
from the fact that since the appointment of the new board in 2015, the company has been experiencing financial challenges,” Venter said. Venter believes the postponement of the payment of performance bonuses to employees probably harmed Denel employees’ trust in management even more. “Solidarity supports its members’ decision to show their dissatisfaction with management, including the bonus issue, in a peaceful manner during the protest actions. We are confident that the Denel Group’s management will take cognisance of employees’ growing concern and that they will deal with it as soon as possible,” Venter explained. S
Aurora saga: Zuma to pay R23 million, Bhanas sequestrated
Photograph: www.denel.co.za
A
fter six years of lawsuits and many delays, the end of the Aurora saga is finally here. This after a settlement with Khulubuse Zuma has been reached. Khulubuse Zuma has to pay R23 million in damages to the Pamodzi and Aurora liquidators. Additionally the Bhana family members who were involved in the destruction of Aurora, have been sequestrated in a court order by Judge’s Davis and Janse van Nieuwenhuizen in the North Gauteng High Court. According to Gideon du Plessis, General Secretary of Solidarity, the settlement with Zuma and the sequestration of the Bhanas bring hope to the approximately 5 300 former Aurora employees.
“The employees will now receive part of their outstanding money from the Zuma settlement and the income from the selling of the Bhanas’ assets. Righteousness has at last happened and Zuma’s and the Bhanas’ moment of penance has arrived.” According to Du Plessis, Zuma has already made the first payment of R5 million. Subsequently, Zuma must pay the next R16 million in monthly payments of R500 000 whereas the final R2 million will be paid in R100 000 monthly payments until the full R23 million has been settled. “Solly, Fazel and Zubeida Bhana and Yaseem Theba have repeatedly failed to comply with the R5,9 million damages agreement and have Uitgawe 5 van 2016
28
www.solidariteit.co.za
consequently been sequestrated – in spite of their legal representatives continued efforts to postpone the court proceedings – as has been the norm in the past,” Du Plessis said. Du Plessis is of the opinion that Theba and the Bhanas got off lightly in view of the approximately 5 300 employees and their families who have fallen into poverty and the Pamodzi mine assets, valued at approximately R1,7 billion, which have been totally destroyed together with the 5 300 job opportunities. “Fortunately the criminal charges against the Bhanas will continue and Solidarity appeals to the National Prosecuting Authority (NPA) to prosecute the Bhanas and their accomplices as soon as possible,” Du Plessis concluded. S
BEDRYFSNUUS
SAUK-SAAK
Aanspreeklikes moet elke sent betaal – vakbond
S
olidariteit het die hof in Augustus versoek om die argument oor wie vir die koste van die SAUK-saak aanspreeklik gehou moet word, op verhoor te plaas. Hierdie aansoek is gedoen ingevolge die hofbevel op 26 Julie 2016 deur regter Robert Lagrange, wat beveel het dat enige party ná afloop van 20 dae ná die uitspraak by die hof mag aansoek doen om die aanspreeklikheid te bepaal. Dit volg nadat regter Lagrange ook beveel het dat twee SAUK-bestuurslede, Sebolelo Ditlhakanyane en Simon Tebele, binne vyf dae redes moes aanvoer oor waarom hulle nie in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir die regskostes van Solidariteit en die vier SAUK-werknemers in hul saak teen die SAUK nie. Volgens Anton van der Bijl, hoof van
Deur Francois Redelinghuys Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, word daar in die beëdigde verklarings gestel dat Simon Tebele die besluit geneem het om die joernaliste af te dank, maar geen behoorlike verduideliking word gegee oor waarom die besluit in die eerste plek geneem is nie. “Pleks daarvan om direkte en pertinente bewyse voor die hof te plaas, word daar in die beëdigde verklarings baie vae bewerings gemaak. Die hof se bevel is duidelik. Daar moet redes gegee word waarom die besluit om voort te gaan met die afdanking van die joernaliste terwyl daar hangende litigasie was, nie op roekelose minagting van die hof en sy prosedures neerkom nie,” het Van der Bijl verduidelik. Volgens Van der Bijl word Jimmy Matthews, die SAUK se voormalige waarnemende groephoof, verder as die sondebok vir die
aanvanklike skorsing van drie van die joernaliste voorgehou. “Dit is betreurenswaardig dat die individue nie besluit het om die publiek en die howe in hul vertroue te neem en pertinente redes aan te voer waarom daar besluit is om die joernaliste af te dank terwyl ’n ondersoek aan die gang was nie,” het Van der Bijl gesê. “Ons het die hof genader om formeel te besluit wie aanspreeklik gehou moet word vir die onnodige koste wat op die saak verspil is. Ons sal nie en kan nie die saak hier los nie, en die persone wat die besluit geneem het en wat deel was van die besluit om die individue af te dank, moet elke sent hiervan betaal. Die belastingbetaler kan eenvoudig nie vir die SAUK se onwettige optredes aanspreeklik gehou word nie,” het Van der Bijl verduidelik. S
INDUSTRY NEWS
Solidarity signs offer in Eskom negotiations
Victory for employees at ArcelorMittal
T
By Francois Redelinghuys
he steel giant ArcelorMittal amended its external appointment targets after having been advised in a cautionary letter that its employment equity plan amounts to nothing other than a quota system and job reservation. Solidarity’s cautionary letter followed a letter by ArcelorMittal to all its employees, dated 15 August this year, notifying them that 100% preference would be given to certain designated groups when external appointments are being made. “ArcelorMittal’s decision to adopt this policy with immediate effect is not in line with the Employment Equity Act (No 55 of 1998), and basically amounts to a quota system and job reservation which are prohibited by the act,”
said Marius Croucamp, deputy general secretary of the steel industry at Solidarity. According to Croucamp, Solidarity acted on behalf of its members at the company and warned the company that it would be facing court action should it not amend its appointment target. “Consequently, ArcelorMittal has withdrawn the policy in terms of which 100% preference was to be given to designated groups. This in itself is a victory for ArcelorMittal’s employees,” Croucamp explained. Croucamp said the trade union will continue to play a watchdog role to ensure that ArcelorMittal adhere to the principles as embodied in the Employment Equity Act on an ongoing basis. S
Photographs: iStockphoto.com
Skaliegasontwikkeling kry wind van voor
D
it blyk volgens mediaberigte dat die belangstelling in skaliegasontwikkeling in die Karoo besig is om af te neem. Dit volg nadat ’n onlangse studie aangedui het so ’n ontwikkeling sal nie vinnig baie werkgeleenthede skep nie. Die groot teenkanting teen skaliegasontwikkeling is grootliks toe te skryf aan die nadelige uitwerking wat dit op die unieke karakter van die Karoo sal hê. ʼn Onlangse informele meningsopname in Karoodorpe soos Beaufort-Wes, Graaff-Reinet en Victoria-Wes het ook getoon inwoners van dié dorpe is sterk teen die ontwikkeling gekant. S
Uitgawe 5 van 2016
30
www.solidariteit.co.za
By Francois Redelinghuys
T
rade union Solidarity has finally signed an agreement with national electricity supplier Eskom in terms of section 23 of the Labour Relations Act. This comes after negotiations had been delayed on several occasions since June this year. After reaching a deadlock in this year’s salary negotiation process with Eskom, Solidarity called on the other trade unions in the bargaining unit to review their demands. According to Deon Reyneke, deputy general secretary of the energy industry at Solidarity, it became evident during the negotiations that Eskom is willing to offer trade unions an additional increase. “However, the other trade unions stood firm on their unaffordable demands and were unwilling to negotiate any further,” Reyneke said. After lengthy negotiations Eskom and the trade unions managed to reach a two year agreement. “This is one of the best offers Eskom has made to date, one that our members are more than satisfied with,” Reyneke said. “We therefore received a mandate from them to sign the proposed two-year offer. “Our members will now be able to get on with their work as usual after the protracted bargaining process,” Reyneke said. He also explained that the trade union’s members would greatly benefit from the agreement in the current economic conditions. S
BEDRYFSNUUS
Gesonde verhoging by Mediclinic beding
S
Deur Inge Strydom
olidariteit het onlangs ná drie rondes onderhandelings by onderskeidelik Mediclinic Paarl en Mediclinic Emfuleni ’n loonooreenkoms van tussen 7,1 en 7,5% vir sy lede daar bereik. Solidariteit verteenwoordig 122 lede by Mediclinic Paarl en 116 lede by Mediclinic Emfuleni. Die ooreenkoms, wat vroeg in Julie bereik is, behels die volgende: • ’n Gemiddelde verhoging van 7,5% vir verpleegpersoneel. • ’n Gemiddelde verhoging van 7,1% vir administratiewe personeel. • ’n Verhoging van 9,4% vir die aankoop van uniforms. Die nuwe toelaag is R1 630 om sodoende ook vir die aankoop van skoene voorsiening te maak. • Die werkgewer se mediesefondsbydrae het met 9% verhoog, wat reeds geïmplementeer is. • ’n Totaal van 12 studieverlofdae (18 skofte) sal toegestaan word aan werknemers wat deeltyds studeer om voor te berei vir By Francois Redelinghuys eksamens, take of projekte.
Mine fatalities for 2016 more than 22% higher
PFhotograph : iStockphoto OTO’S: ISTOCKPHOTO .COM.com
S D
• Verskeie forums is gestig waar lede se besware en enige ander haskan confirmed kwessiesolidarity bespreek word. the S number of mine fatalities that have occurred this year is already 22,2% more that the number of deaths recorded over the same time period last year. According to preliminary statistics from the Department of Mineral Werkplekforum by ATNS eerste van soort Resources, 55 mineworkers have died in South African mines this year, compared to 45 workers the and same period last year. ie bestuur van Air for Travel 2016 was a challenging year (ATNS) for the mining industry due to the Navigation Systems het economy’s effect the sustainability of the -sector, said adv Paul onlangsoningewillig om ’n werkplek Mardon, head of Solidarity’s division for occupational health and safety. forum vir werknemers by die maatskappy te “In Die addition, in retrenchments stig. doel the vanincrease die forum is om werkne-at mines this year has also resulted in stem a decline in werkplek workers’ focus andenconcentration. The economic mers ’n in die te bied challenges mines are facing together with challenges in terms of health and groter deursigtigheid rakende werkaange safety have brought the mining te industry at a crossroad. New and innovative leenthede en werkkwessies verseker. thinking is needed to ensure the sustainabilityinof the industry,” Mardon said. Volgens Derek Mans, organiseerder General accidents,byincluding drownings, slips and falls,asasnormale well as die lugvaartbedryf Solidariteit, is die forum anders exposure to dust, gas and fumes have largely to the fatalities. werkgeweren vakbondkomitees.“Die doelcontributed van die forum is om “Fall ground and incorrect handling of machinery also constitute dieofwerkgewer tethe dwing om beleide en praktyke te oorweeg in some of the causes of mine fatalities in Southeen Africa,” Mardon said. oorleg metmain die forumlede, waarvan Solidariteit is. Waar About 47% mine fatalitiesinthat already beleide, soos of diéthe oor55diensbillikheid, die have verlede blootoccurred deur diethis year occurred at gold mines, while 31% occurred platinum mines. The bestuur van die maatskappy geïmplementeer is, at mag Solidariteit remaining occurred and other mines. nou insaeaccidents daarin hê voordatatditcoal in werking tree. ” Mardon said the Lily Mine February this year reDie forum, waaroor daardisaster in Juniein2014 ooreengekom is, sal emphasised thealimportance of die safety in mines. “However, accidents nasionaal by die takke van maatskappy ingestel word. such as that one are largely preventable. Therefore, we callby ondie mining Solidariteit verteenwoordig meer as 1 000 werknemers companies and Sworkers to comply with safety measures at all times to maatskappy. prevent similar accidents,” Mardon said. S Issue 5 of 2016
www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014 31 www.solidariteit.co.za
37
INDUSTRY NEWS
“The truth is, we have every tool we need to prevent the spread of HIV. Let’s ask ourselves why we haven’t beaten this epidemic. Could it be because we don’t want to?” ~ Charlize Theron ~
“Although today HIV/AIDS is a treatable disease and no longer the death sentence it was ten years ago, we cannot grow complacent in our fight to eradicate it completely.” ~ Sir Elton John ~
Celebrities speaks out against passivity in Aids-fight
Photograph: iStockphoto.com
N
ot enough is being done to end the ongoing epidemic affecting Africa’s population, said Charlize Theron, South African born Hollywood actress, at the 21st International Aids and TB Conference. Theron, an Aids activist and founder of the Charlize Theron Africa Outreach Project, was one of the guest speakers at the conference’s opening ceremony, hosted in Durban in July this year. According to Theron, it is time to acknowledge that something is terribly wrong, and to face the truth about the “unjust world we live in. The truth is, we have every tool we need to prevent the spread of HIV,” she continued. “Let’s ask ourselves why we haven’t beaten this epidemic. Could it be because we don’t want to?” She called on the youth – the “drivers of social change” – to push to “end this epidemic,” calling the group “GenEndIt”. In a youth-focused special session during the conference, Sir Elton John, well-known singer, also spoke out against the apparent complacency in the fight against Aids. John,
By Dr. Johan Böning an international leader in the global fight against Aids and head of the Elton John Aids Foundation (EJAF), also stated: “Although today HIV/AIDS is a treatable disease and no longer the death sentence it was ten years ago, we cannot grow complacent in our fight to eradicate it completely. If our efforts wane, antiviral drug resistance will resurface, transmission rates will rise again, and this disease, which knows no boundaries, will once again become a ruthless pandemic with disastrous and farreaching consequences.” Aids and TB in the mining industry During the conference, a parallel session was conducted by the Mining Industry HIV/Aids and TB Advisory Committee (MITHAC), one of the advisory committees of the Mine Health and Safety Council (MHSC). The theme of the session was “Intensifying the HIV and TB response in the mining industry”. In a panel discussion, it was emphasized that everyone has a role to play, and everyone needs to accept responsibility for their own health and safety. The panel consisted of representatives Uitgawe 5 van 2016
32
www.solidariteit.co.za
from organised labour, employers and the Department of Mineral Resources (DMR). Solidarity was represented by Adv. Hanlie van Vuuren. The importance of close co-operation between employers and employees to ensure the success of programmes and projects in the combat against HIV/Aids and TB, as well as the importance of counselling, including pre and post testing counselling, was also highlighted. Life purpose despite your HIV status One of the stalls at the conference, that of the Saddleback Church, focused on the theme “HIV can’t change your life’s purpose”. Supported by Bible verses such as Ephesians 1:4, 1 John 4:8 and Philippians 3:13, the church’s representatives stated that your life’s purpose is discovered through a relationship with Jesus Christ, and that your HIV status has no influence on this purpose. Furthermore, they said, a relationship with God through Jesus Christ means that you do not need to fear death anymore, as it is just the door to eternity. • Dr. Johan Böning is a legal practitioner for Occupational Health and Safety at Solidarity. S
Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING
REGSHULPVERSEKERING
Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!
Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet slegs R105 per maand.* aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*
1
• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. • Onbeperkte tot regsdokumentasie. regshulptoegang – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.
24 uur per dag
2
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
Regsverteenwoordiging ter waarde van R50 000 per jaar
0861 765 734 www.legalex.co.za
Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging
Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste
0861 10 10 05
Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556.
3
Afslag op eiendomsoordragte
4
Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie
* Bepalings en voorwaardes geld * Bepalings en voorwaardes geld
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legalex (Edms) Bpk, FSP-nommer: 5277, finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Bpk, FSP-nommer: 26/10/75
in Beweging
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
Takke maak krane oop vir Kroonstad Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch
A AfriForum-internskap bemagtig studente
D
Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch
ie AfriForum-internskapprogram het in Julie vanjaar plaasgevind waartydens 25 studente die geleentheid gekry het om aan die verskillende bedrywighede, veldtogte en aktiwiteite van dié burgerregteorganisasie blootgestel te word. Dié internskapprogram is vir die eerste keer in 2014 aangebied en het ten doel om die jeug te verryk deur hulle die geleentheid te gee om onder meer self slaggate te vul, vullisterreinoudits te doen, water te toets en deel te wees van herwinningsprojekte. Ná afloop van hul praktiese aktiwiteite saam met AfriForum-streekskoördineerders het die studente verskeie probleme geïdentifiseer en moes hulle voorleggings maak oor moontlike oplossings daarvoor. Dié voorleggings moes in die vorm van ’n deeglike projekplan wees, wat bemarking en finansiële beplanning insluit. Indien dit volhoubaar en uitvoerbaar is, kan van die studente se projekte moontlik in die toekoms in werking gestel word. Frederick Kotze, wat tans sy meestersgraad in politieke wetenskap aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus voltooi, het gesê dat die internskap vir hom ’n baie verrykende ervaring was en dat hy baie meer geleer het oor die burgerregte-organisasie en waarvoor dit staan. Hy het voorts gesê dat dit vir hom belangrik is dat jongmense by AfriForum
se jeugstrukture moet aansluit. “Die hele denkraamwerk waarbinne AfriForum funksioneer, waar selfdoenaksies gedoen word en gemeenskapsbemagtiging plaasvind, is vir my absoluut uitsonderlik. Totdat jy nie self betrokke raak nie, verstaan ’n mens nie ten volle die waarde wat AfriForum vir jou as gemeenskap, Afrikaner en kultuurgroep bied nie.” Lize Burger, ook ’n US-student, het gesê dat sy besluit het om die internskap te doen ná afloop van ’n taak wat sy vir haar politiekesosiologiestudies oor die burgerregteorganisasie voltooi het. Sy meen die internskap het haar uitgedaag om uit haar gemaksone te kom. “Ek is nie die mees uitgesproke mens op aarde nie, so dit was uitdagend om blootgestel te word aan so baie nuwe mense en omstandighede. Ek dink die internskap het my kommunikasievaardighede baie verbeter.” Clinton Buys, ʼn onderwysstudent aan die Universiteit van Pretoria, wou deur die internskap ook meer leer oor die verskillende komponente van die burgerregte-organisasie. “Ek dink mense het soms ’n groot wanindruk oor AfriForum en waarvoor hulle werklik staan. Ná afloop van dié twee weke het ek geleer hoe groot en uiteenlopende AfriForum is. Dit was inspirerend en bemagtigend om te sien hoe aktief betrokke AfriForum-takke in hul gemeenskappe is.” S Uitgawe 5 van 2016
34
www.solidariteit.co.za
friForum-takke het onlangs met verskeie organisasies kragte saamgesnoer om groot hoeveelhede water aan inwoners van Kroonstad te verskaf nadat dié dorp reeds vir ’n geruime tyd onder droogte gebuk gaan omdat munisipale reservoirs en damme opgedroog het. Volgens Charles Castle, regs- en risikokoördineerder by AfriForum, het die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit versuim om sy pligte in die huidige waterkrisis na te kom. Hy meen die munisipaliteit het nie vroegtydig voldoende waterbeperkings ingestel nie en dat die swak en verouderde infrastruktuur ook tot die huidige waterkrisis bygedra het. “Kroonstad benodig sowat 35 miljoen liter water per dag. Met opgedroogte reservoirs en ’n swak infrastruktuur het die munisipaliteit nie voorsiening gemaak vir die droogte nie. As belastingbetalers het ons ’n grondwetlike reg tot skoon en drinkbare water,” sê Castle. Die departement van water en sanitasie het onlangs gebeurlikheidsplanne vir die waterkrisis in plek gestel. Dit behels onder meer dat meer water uit die Vaalrivier onttrek kan word en meer boorgate gesink word. Volgens Castle is die Vaalrivier ook nie meer ’n realistiese oplossing vir die watertekort nie, omdat daar weens die droogte en ’n toename in verbruikers heelwat minder water in die Vaalrivierstelsel is as ’n jaar gelede. “Weens wanbestuur deur munisipaliteite is dit vir AfriForum belangrik om dié veldtogte te loods om vir gemeenskappe te wys dat hulle mekaar in tye van nood kan help.” • Die AfriForum-tak in Vryburg het in samewerking met die burgerregteorganisasie se buurtwag in dié dorp 4 000 liter water aan Kroonstad geskenk. • AfriForum se Harrismith-tak het 75 000 liter water verskaf. • Die AfriForum-tak in Middelburg het 22 000 liter water geskenk. S
AfriSake bereik byna 10 000-ledekerf
Foto: iStockphoto.com
D
ie sakeregtewaghond AfriSake is sterk op pad om teen die einde van die jaar sy mikpunt van 10 000 aktiewe lede te bereik en maak reeds ’n duidelike verskil in sy lede se sakeomgewing. Die organisasie se ledetal het vanjaar ongelooflik gegroei met ’n gemiddeld van 500 nuwe aktiewe/betalende lede wat tans maandeliks by AfriSake aansluit. Hierdie lede bestaan uit ondernemings en individue wat AfriSake se doelstellings ondersteun. AfriSake het aanvanklik klein begin in 2011, met die hoofdoel om fondse te werf vir ’n beursfonds, en ook om as spreekbuis vir die Afrikaanse sakegemeenskap op te tree. In Mei 2013 het die organisasie egter besluit om sy sakeregtewaghondskoene aan te trek om sodoende in die sakegemeenskap terug te ploeg. Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van AfriSake, sê Afrikaans is op elke denkbare terrein van die samelewing in die spervuur – ook in die sakewêreld. “Wat sakelui miskyk, is dat die Afrikaanse gemeenskap beduidende koopkrag het en verdien om hiervoor erkenning te kry. Ondernemings wat die ekonomiese waarde van Afrikaanssprekendes begryp en toepaslike dienste en goedere in Afrikaans aan dié gemeenskappe lewer, het toegang tot ’n lojale verbruikersmark.” Jansen van Rensburg meen geen onderneming kan oor die lang termyn in SuidAfrika suksesvol wees as hy homself nie ook op die Afrikaanse mark toespits nie. “Gegewe die veranderende politieke omgewing sal die Afrikaanse sakegemeenskap toenemend burgerlike bewegings moet ondersteun en op ekonomiese vlak moet saamstaan. As ons regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging suksesvol wil oorkom, het die
Afrikaanse gemeenskap geen ander keuse nie as om sy kapitaal, kennis en entrepreneuriese vaardighede saam te trek.” Volgens Stefan Pieterse, woordvoerder van AfriSake, kan die snelgroeiende ledetal daaraan toegeskryf word dat die organisasie duidelike standpunte inneem, welslae met sy veldtogte en hofsake behaal en dan steun daarvoor ontvang. Volgens Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, het sakeregtewaghonde soos AfriSake ’n baie belangrike rol in SuidAfrika te speel omdat grondwetlike stelsels sterk waghonde nodig het om die openbare en privaat sektor teen magsvergrype en staatsmisbruike te beskerm. AfriSake huiwer nie om kwessies waarin hy glo tot in die hoogste hof te voer nie en het al verskeie kere bewys dat diegene wat hulle nie aan sy blaf steur nie, hulle kan regmaak om gebyt te word. Die beskerming van eiendomsreg is ’n kwessie wat AfriSake en sy lede baie na aan die hart lê omdat bykans alle ander grondwetlike regte daaruit voortspruit. AfriSake het byvoorbeeld nie die koste van byna ’n halfmiljoen rand ontsien nie om vroegvroeg drie regsmenings van senior advokate oor die voorgestelde Onteieningswet in te win en die president versoek om nie die onteieningswetsontwerp te onderteken nie. Ander organisasies soos die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) het ook druk op die president geplaas en vroeg in Augustus vanjaar moes pres. Jacob Zuma die wetsontwerp na die parlement terugverwys omdat die korrekte goedkeuringsproses nie gevolg is nie. ’n Ander groot oorwinning was die onlangse sukses wat in die Noord-Gautengse hooggeregshof behaal is toe AfriSake daarin geslaag het om te Uitgawe 5 van 2016
36
www.solidariteit.co.za
verhinder dat die Tshwane Metropool bykans R1 miljard aan sy omstrede slimmeterverskaffer, PEU Capital Partners, betaal. Ander welslae sluit in die hofbevel (en bestraffende kostebevel) wat AfriSake verkry het om die verskuiwing van Vryburg se aktekantoor na Mahikeng te keer, die organisasie se hofingryping om die Lekhulenigrondeis oor die hele noordooste van Pretoria tot dusver te keer en hofbevele wat bekom is om ’n einde te bring aan verskeie grondgrype in die land. Die organisasie het verder omvattende voorleggings gemaak oor die regering se voorgenome Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), Eskom se voorgestelde tariefverhogings en die verandering van die metodologie om dié tariewe vas te stel. AfriSake is ook vasberade om homself verder uit te bou tot ’n groot sakenetwerk waar sakeondernemings met mekaar en die publiek kan meeding op grond van gesonde sakebeginsels van die vryemarkstelsel, eerder as politieke staatsmotiewe en inmenging. “Een van die grootste uitdagings is om op hoogte te bly van die jongste verwikkelings ten opsigte van privaat grondbesit en ander sleutelkwessies,” sê Pieterse. Dit verg dikwels tyd en kundigheid om omvattende dokumente – dikwels van ’n tegniese aard – deur te werk en standpunte daaroor te formuleer. Vir dié doel betrek AfriSake graag kundiges van buite waar nodig. AfriSake meet sy vordering onder meer aan ledetal, mediablootstelling en suksesse wat behaal word. Gemeet aan die stewige vordering tot dusver is daar ’n sterk aanduiding dat dié organisasie in die toekoms ’n sleutelrol in die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan speel. S
IN BEWEGING
Solid Help
Reik uit na bejaardes in samelewing
B
ejaardes vorm ’n baie belangrike deel van ons samelewing, maar word dikwels weens siekte of armoede bloot randfigure wat in stilte swaarkry. Volgens Solidariteit Helpende Hand se onlangse studie is hul grootste behoefte geselskap. Helpende Hand moedig jou dus aan om moeite met die bejaardes in jou gemeenskap te maak. Helpende Hand se landwye studie het bevind dat eensaamheid vir sewe uit tien behoeftige bejaardes die grootste probleem is – en nie géld nie. Byna 300 bejaardes het aan die studie deelgeneem wat deur Helpende Hand se Tuisgenote gedoen is. Tuisgenote is Helpende Hand-vrywilligers wat help om bejaardes met hul daaglikse behoeftes by te staan. Hulle koop bejaardes se kruideniersware, neem hulle dokter toe en kuier by hulle om hul eensaamheid te verlig. Die studie het die lewensomstandighede van arm bejaardes ondersoek om die organisasie te help om hul hulp aan bejaardes so doeltreffend moontlik aan te bied. Bejaardes se grootste behoefte is om saam met ander bejaardes aan aktiwiteite deel te neem. Bejaardes is ook gevra of hulle daarvan sal hou om meer geselskap en persoonlike kontak met ander mense te hê, en die meerderheid (68%) het aangedui dat hulle inderdaad meer kontak wil hê. Hierdie bevinding steun projekte wat Helpende Hand reeds op die been gebring het
Deur Marlien van der Westhuizen
Angelique Gerber en Deanre Reiners by Solidariteit Helpende Hand se Vat ’n Ouma fliek toe-projek. om bejaardes te ondersteun. Projekte soos Tuisgenoot en Vat ’n Ouma fliek toe verseker dat bejaardes nie weens siekte of armoede vereensaam nie. Volgens Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand, is Vat ’n Ouma fliek toe ’n projek wat bejaardes met ’n ete en ’n fliek bederf – iets wat hulle baie keer nie self kan doen nie. Helpende Hand het byvoorbeeld op 18 Augustus vyftig bejaardes geneem om die rolprent Dis koue kos, skat te gaan kyk. Dié bejaardes, wat nie gewoonlik in rolprentteaters gesien word nie, het ook die geleentheid gehad
om saam met twee sterre in die rolprent, Angeline Gerber en Deandre Reiners, te kuier. Dis koue kos, skat is ’n plaaslike rolprent wat op die roman deur Marita van der Vyver gebaseer is. Gerber en Reiners het dié spesiale vertoning saam met Etienne Fourie, die regisseur en mededraaiboekskrywer, bygewoon. Helpende Hand wil jou aanmoedig om by die bejaardes in jou lewe betrokke te raak deur jou naaste Helpende Hand-tak op te soek en aktief aan die Ouma-en-Oupa-projek en ander kleiner inisiatiewe deel te neem. Jy kan ook “Omgee” na 38969 SMS om R10 aan ons Ouma-en-Oupa-projek te skenk. S
Trane vloei toe bejaarde ná jare weer kan hoor
“N
ou kan ek vanaand 7de Laan luister,” sê Magdalena Ludick (73) nadat sy ’n gehoorapparaat ontvang het en vir die eerste keer in jare weer kan hoor. Solidariteit Helpende Hand het in samewerking met Impact Hearing talle bejaardes weer die gawe van gehoor gegee. Hierdie projek is tans in sy tweede jaar en vanjaar het Impact Hearing 150 gehoorapparate geskenk wat 75 bejaardes in staat stel om weer te kan hoor. “Dit is so ’n voorreg om betrokke te wees by hierdie projek, want dit verander mense se
Deur Adele Changuion
lewe op ’n tasbare wyse,” sê René du Preez, projekorganiseerder van Helpende Hand. Yentel Vorster, wat die passing gedoen het, het stap vir stap aan elke bejaarde verduidelik hoe om die apparaat te gebruik
Issue 5 of 2016
37
www.solidariteit.co.za
en onderhou, en met soveel deernis dié emosionele oomblik hanteer. “Toemaar, dis mos trane van blydskap, ek is net bly dat ons kon help.” Só het Vorster getroos wanneer die oomblik vir sommige ontvangers net te groot was. “Dis ongelooflik om te sien hoe mense reageer wanneer hulle weer kan hoor. Die stilte en afwagting terwyl die passing gedoen word, is amper ondraaglik, en dan, wanneer die persoon weer kan hoor, is daar absolute ekstase. Geen woorde sal ooit dié oomblik kan opsom nie,” vertel Du Preez. S
IN BEWEGING
Motorfietswiele laat geld inrol vir behoeftiges
D
ouvoordag op 3 September 2016 het die Solidariteit Helpende Hand Motorfietsklub reggestaan om die amptelike “dayjol” te begin. Die klub het die pretdag gereël om fondse vir hul projekte in te samel. Die pretdag is in Pretoria-Noord by die bekende SAPD Rondawel gehou waar die SAPD Blitspatrollie terselfdertyd hul 50-jaarherdenkingsfunksie aangebied het. Oud en jonk is besig gehou met heerlike kosstalletjies, ’n mesuitstalling asook ’n springkasteel. Bikers4Kids was ook op die dag teenwoordig gewees om die jongspan se gesigte te verf terwyl ma en pa in die biertuin kon ontspan of na die lekker musiek kon luister. Volgens dr. Johan Böning, voorsitter van die
Deur Marlien van der Westhuizen tak, was die dag nie net vir motorfietsryers nie. “Ons het lekker saam met ons ondersteuners en ander mense in die gemeenskap gekuier.” Daar was 180 besoekers en ʼn allemintige bedrag van R12 520 is deur verkope en die toegangsfooi ingesamel. Alle fondse wat deur die dag gegenereer is, gaan gebruik word vir projekte om armoede te verlig, te voorkom of te verbreek. “Ons tak se oë is op die toekoms gerig en daarom is ons nou reeds besig om geld in te samel om vir behoeftige bejaardes en kinders heerlike Kerspartytjies te hou,” sê Böning. ʼn Kinder-Kersboom sal op 26 November in Hermanstad gehou word, waar die tak saam met die Growing Wise Homeless-sentrum 205 minderbevoorregte kinders van die plaaslike Uitgawe 5 van 2016
40
www.solidariteit.co.za
laerskool gaan bederf met kos, lekkers en ’n klein geskenkie. Op 10 Desember gaan die tak ʼn groep bejaardes in Danville vir die dag uitneem en vir hulle ʼn Kersete en ’n geskenkie gee. ʼn Totaal van 18 motorfietsklubs het die dag ondersteun, waaronder Bikers4Kids, Cono, Crusaders, Ol Timers, CMA, No Rules, Leprechawns, Moon Riders, Vucabuix, Southern Riders en Christian Knights MC. Met ʼn harde dag se werk en ’n paar maande se gewoeker voor die tyd, weet ons hierdie funksie net die eerste van vele “dayjols” was en dat dit ʼn jaarlikse instelling gaan word! • Indien u ‘n ondersteuner wil word, kan u die Motorfietsklub op Facebook kontak, of ‘n e-pos stuur aan johanb@solidariteit.co.za, of hom skakel by 079 877 6166. S
Issue 5 of 2016
41
www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Pasop vir dié geldfoefies en -slenters
Foto: iStockphoto.com
D
ie Suid-Afrikaanse BankrisikoInligtingsentrum (Sabric) het sy Foefies- en Slentersveldtog van stapel gestuur, wat beoog om bewuswording te kweek aangaande bankslenters in die land. “Verbruikers moet die mag in hul eie hande neem deur te verseker dat hulle ingelig is oor hoe om hulself te beskerm, veral wanneer hulle aanlyn sake doen,” sê Kalyani Pillay, Sabric se uitvoerende hoof. Die eerste fase van Sabric se Foefiesen Slentersveldtog fokus op die oneerlike verandering van bankrekeningbesonderhedeslenter, en deposito- en terugbetalingslenters. Vals verandering van bankrekeningbesonderhede-slenter ʼn Potensiële sake-slagoffer ontvang ʼn e-pos of brief wat hom inlig dat hul hoofverskaffer se bankbesonderhede verander het. Die korrespondensie sal die besonderhede van die nuwe rekening bevat. Jy sal gevra word om toekomstige betalings in die nuwe rekening te doen – hierdie besonderhede is vals. In sekere gevalle bel die bedrieër ook die slagoffer aangaande die veranderinge in die bankrekeningbesonderhede. Die bedrieër sal die oproep gebruik om meer inligting te bekom sodat hulle hul e-pos/brief meer outentiek kan laat lyk. Misdadigers gebruik sosiale manipulering om inligting te akkumuleer wat hulle vir hierdie slenter benodig, en korporatiewe instansies en hul kliënte en vennote is die teikens. Die deposito-slenter ʼn Misdadiger bestel goedere of dienste by ʼn sakeonderneming en maak betalings in die slagoffer se rekening, gewoonlik met ʼn vals tjek. Bewys van betaling word dan aan die sakeonderneming gestuur, en goedere word by die misdadiger afgelewer. Die bank verwerk dan die tjek, dit word as vals geïdentifiseer en geen fondse word na die slagoffer se rekening oorgeplaas nie. In ander gevalle word die bestelling gekanselleer en ʼn dringende terugbetaling word versoek. Alternatiewelik word ʼn betaling “foutief” gedoen en ʼn dringende terugbetaling word versoek. Die terugbetalingslenter Hierdie slenter word gekenmerk deur ʼn bedrieër wat ʼn kwotasie aanvra vir ʼn spesifieke
Deur Dr. Eugene Brink
diens of goedere. “Betaling” word dan gedoen en bewys van betaling word voorsien vir ʼn bedrag wat die kwotasie by verre oorskry. Byvoorbeeld, as die kwotasie vir R2 990 is, sal die vals deposito vir R22 990 wees. Die verskaffer se kantoor sal dan gekontak word en ʼn dringende terugbetaling aangevra word. Die diensverskaffer sal deur hul rekords gaan en sien dat ʼn ekstra bedrag betaal is – hulle betaal dan die “oorbetaling” terug. Later merk hulle op dat die oorspronklike deposito omgeswaai is aangesien dit met ʼn vals tjek betaal is. Hoe om die verandering van bankrekeningslenter te vermy • Handhaaf ʼn goeie verhouding met verskaffers en ken jou kontakte. • Indien ʼn verskaffer jou kontak, vra om met die kontak wat jy ken te praat. Moenie instruksies neem van personeel wat nie aan jou bekend is nie. • Pasop vir bevestigende e-posse van amper Uitgawe 5 van 2016
42
www.solidariteit.co.za
identiese e-posadresse, soos .com in plaas van .co.za. • Sê personeel aan om fakture te ondersoek vir ongerymdhede en verdagte dokumente aan te meld. • Verseker dat jou maatskappy se privaat inligting nie aan derde partye openbaar gemaak word wat nie daarop geregtig is om dit te ontvang nie. • Versnipper fakture of kommunikasiemateriaal wat briefhoofde bevat, in plaas daarvan om dit in die snippermandjie te gooi. Hoe om die deposito- en terugbetalingslenter te vermy • Geen terugbetaling behoort gemaak te word sonder om met die bank te verifieer dat ʼn deposito geldig is nie. • Wag vir alle tjekdeposito’s om verreken te word alvorens goedere/dienste voorsien word. • Beskerm persoonlike en maatskappy-inligting. • Personeel in jou organisasie wat finansies hanteer, behoort touwys gemaak te word oor alle slenters. S
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Slimfoon nou stoorplek vir jou strokies
D
Deur Francois Redelinghuys
Foto: iStockphoto.com
ie meeste van ons het al ʼn nare “waar’s my strokie”-ondervinding gehad: ʼn Winkel wat weier om daardie duur item wat die verkeerde grootte is, om te ruil; of ʼn verskaffer wat weier om ʼn produk wat steeds onder sy tweejaarwaarborg is, te vervang – eenvoudig omdat jy nie die strokie gehou het nie. Dan praat ons nie eens van die frustrasie wanneer die belastingseisoen aanbreek en al die ink op jou strokies het verslaan nie. In die digitale era waarin ons leef, het ons oneindig baie moontlikhede om die bestuur van ons finansies so gerieflik moontlik te maak. Nie net bied elke bank in Suid-Afrika jou die opsie om jou banksake aanlyn te doen nie: met behulp van jou bank se slimfoon-app kan jy in ’n oogwink jou rekeningstate beskou, betalings doen en aftrekorders monitor. Geen Suid-Afrikaanse bank se slimfoon-app kan jou egter help om daai strokies wat jou beursie volmaak, sorgvuldig te bêre ingeval jy dit weer nodig kry nie. Dis dié besef wat twee jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs die idee gegee het om ’n splinternuwe toepassing, PocketSlip, te ontwikkel. PocketSlip doen presies wat die naam sê: Dit bêre al jou strokies op een plek, en boonop in ʼn digitale formaat. Dis egter méér as net ʼn slimfoontoepassing: die stelsel verseker dat jy toegang het tot al jou strokies in digitale formaat, hetsy per SMS of per e-pos. Die slimfoontoepassing is maar net een van die maniere waarop jy toegang tot jou strokies kan kry. Dit raak selfs beter: Volgens Francois Liebenberg en Ryno Coetzee, mede-ontwikkelaars van PocketSlip, stel die toepassing ook die verbruiker in staat om beter beheer oor sy begroting te hê deurdat PocketSlip vir jou ’n uiteensetting gee van die tipe items waarop jy jou geld spandeer. Hoe werk dit? PocketSlip het ooreenkomste met verskeie handelaars aangegaan, waaronder Le Creuset, Mica, Build It, Vida E Cafe, Postnet en die nuwe Steinhof-groep, Poco. Daar word nog met talle ander onderhandel. Wanneer jy ’n aankoop doen, lig jy bloot die teller in dat jy PocketSlip gebruik. Jou elektroniese strokie word dan aan jou gestuur
nog voor jy by die deur uit is. ’n Verdere voordeel is dat jy nie nodig het om jou persoonlike bankbesonderhede te verskaf nie – slegs jou naam, telefoonnommer en e-posadres is voldoende om die toepassing te gebruik. PocketSlip is net nóg ’n manier waarop jy Issue 5 of 2016
43
www.solidariteit.co.za
eienaarskap van jou finansiële welstand kan neem. • Die slimfoon-app kan afgelaai word by beide die Playstore en iStore. Besoek ook die PocketSlip-webblad by www.pocketslip.com vir meer inligting. S
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Huiskoop: Deposito of 100% verband?
D
Foto: iStockphoto.com
aar is baie voordele verbonde daaraan om ʼn deposito vir jou eerste huis neer te sit, maar in vandag se taai ekonomiese klimaat mag dit meer realisties wees om ʼn 100% verband uit te neem. Hoe besluit jy wat die beste vir jou sal wees? Volgens Christa Schimper, streeksverkoopsbestuurder by ooba, Suid-Afrika se grootste verbandskepper, is daar ʼn toename in eerstekeer-huiskopers, wat tradisioneel nie sommer ʼn deposito het nie. Daar is ook ʼn klein toename in banke wat 100% verbande toestaan. “Statistiek toon 53,2% van alle aansoeke wat deur ooba ontvang word, is van eerste huiskopers. Dit is dus noodsaaklik dat hierdie kandidate hul finansiële situasie evalueer voordat hulle vir ʼn huislening aansoek doen,” sê Schimper. Die belangrikheid van deposito Sy sê eiendomsagente en verkopers het meer vertroue in ʼn voornemende koper wat oor ʼn deposito beskik. Die koper se kanse om ʼn verband goedgekeur te kry is hoër, so sy of haar aanbod is aantrekliker as dié van ʼn koper wie se aanbod onderworpe is aan die voorwaarde dat ʼn ander eiendom eers verkoop moet word, of aan die verkryging van ʼn 100% verband. Daarbenewens sal banke faktore soos inkomste, besteebare inkomste, kredietrekord, ouderdom, hoe lank die applikant reeds by sy/haar huidige werkgewer werksaam is en die grootte van sy/haar deposito in ag neem wanneer hulle dit oorweeg om ʼn huislening toe te staan al dan nie. Hoe groter die deposito, hoe kleiner is die risiko vir die bank wanneer ʼn huislening toegestaan word, en die huiskoper spaar meer oor die verbandtermyn. Banke sal ook waarskynlik ontvanklik wees vir onderhandeling oor die rentekoers, want hulle neem ʼn laer risiko met ʼn deposito. “Deur kapitaal dadelik in die huiskoopproses neer te sit, word die bedrag wat op die eiendom verskuldig is, verminder, en dus word ʼn kleiner deposito vereis, wat die bedrag rente verskuldig beduidend verminder,” sê Schimper. Indien ʼn huiskoper byvoorbeeld ʼn R1 000 000-eiendom met geen deposito koop teen ʼn 9,25% rentekoers, sal hyof sy R9 158,57 per maand oor 20 jaar betaal. Aan die einde van die verbandtermyn het hy of sy R2 198 080,40 terugbetaal.
Eiendomsagente en verkopers het meer vertroue in ʼn voornemende koper wat oor ʼn deposito beskik.
Aan die ander kant sal die maandelikse terugbetalings met ʼn R100 000 deposito R8 242 wees, en die totale terugbetaling sowat R1 978 000. As die deposito hierby gevoeg word, kom die totaal steeds te staan op slegs sowat R2 078 000 – wat die totale terugbetalings sowat R119 800 goedkoper maak as om sonder ʼn deposito te koop. “R119 800 is ʼn beduidende besparing,” sê Schimper. “Deur ʼn deposito neer te sit, vermy jy rente op dié bedrag oor 20 jaar.” En as jy nie die kontant het nie? Natuurlik het almal nie ʼn gesonde bankbalans wanneer hulle begin huis soek nie. “As jy nie ʼn deposito kan neersit nie, sal ʼn 100% lening jou steeds toelaat om vir jou eie eiendom te betaal in plaas daarvan om te huur,” sê Schimper. Soms mag die neersit van ʼn deposito selfs jou vermoë kompromitteer om genoeg fondse te hê vir oordrag- en registrasiekoste. Dit mag beteken dat jy aansoek moet doen vir addisionele finansiering en dan terugbetaling teen ʼn hoër rentekoers in die gesig staar.” Uitgawe 5 van 2016
44
www.solidariteit.co.za
Om ʼn idee te kry van die eiendomsprys wat vir jou bekostigbaar is en wat die waarskynlikheid is dat jy ʼn huislening sal kan kry, stel Schimper voor dat jy aansoek doen vir voorlopige kwalifisering by ʼn verbandskepper. Sodra jy dan ʼn aanduiding het van die deposito wat jy nodig het, kan jy besluit wat die beste manier is om die geld te bekom. “Jy kan ook ʼn korttermynlening van tot R150 000 uitneem om die deposito te finansier,” sê Schimper. “Dit beteken natuurlik dat jy rente op daardie lening betaal, en dit mag jou korttermynkontantvloei verminder, maar dit kan ʼn reuse verskil maak aan jou kanse om goedgekeur te word.” Voornemende huiskopers kan ook by familielede aanklop vir ʼn lening met ʼn voorkeur-rentekoers, óf dit oorweeg om die eiendom saam met ʼn vennoot te koop wat kan help om die deposito te finansier. “Hierdie ooreenkomste moet sorgvuldig gedokumenteer word om enige latere verwarring te voorkom, maar om die lening met ʼn vennoot of familielid te deel, kan die finansiële las aansienlik verlig,” sluit sy af. S
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Slaan só remme aan met motorversekering
D Foto: iStockphoto.com
ie volwasse lewe is vol uitdagings – van verbande verstaan en die regte spaarrekening kies tot die bemeestering van die hoflike kopknik as iemand iets belagliks kwytraak. Motorversekeringspremies is ook op die lys grootmensgoed wat jy nie sommer net kan ignoreer nie. Dit is belangrik om jou teen moontlike teenspoed te verseker, maar die kuns is om dit slim te doen deur die laagste moontlike premie te kry. Die goeie nuus is dat daar maklike maniere is om jou motor se versekeringspremie in toom te hou: 1. Koop die regte motor Ons wil almal die jongste sportmotor hê, maar dink eers ’n bietjie daaroor na. Hoewel jy dalk die kar kan bekostig (gelukkige jy!), is die versekering ’n perd van ’n ander kleur. Hoe hoër die waarde en prys van die kar, hoe hoër die versekeringspremie. Elke model het ook sy eie veiligheidsklassifikasie. Sportmotors word as ’n groter risiko vir diefstal en ongelukke beskou,
Deur dr. Eugene Brink so natuurlik kos dit meer om ’n stel wilde wiele te dek. Wees slim met die voertuig wat jy koop en jy kan verlaagde premies volhou. 2. Moenie soos ’n maniak bestuur nie Dit klink dalk vanselfsprekend, maar dis een van die goed waaraan mense selde dink. ’n Vlekkelose rekord sal in jou guns tel wanneer jou versekeringspremie bepaal word. Elke versekeringsmaatskappy het sy eie protokol – sommige gaan tot drie jaar terug in jou geskiedenis; ander tot vyf jaar. As jy in ’n ongeluk betrokke was of kaartjies vir spoed en ander verkeersoortredings gekry het, kan jy as ’n risiko beskou word. 3. Verseker alles by een maatskappy Hou liefs by een maatskappy om jou motor, huis en besittings te dek, in plaas daarvan om verskillende versekeraars te gebruik. Sekere versekeringslojaliteitspolisse maak dit moontlik om jou premies te verlaag deur net een maatskappy vir al jou behoeftes te gebruik. Issue 5 of 2016
45
www.solidariteit.co.za
Dit beteken ook minder papierwerk en beslommernis. 4. Vermy onnodige eise Probeer om nie te eis elke keer as jy jou kar krap nie, al is die versoeking hóé groot. As dit nie baie gaan kos om die skade te herstel nie, betaal liewer self vir die herstelwerk. Op dié wyse voorkom jy dat jy na ’n hoërisikokliënt begin lyk, en hoe laer die risiko vir die versekeraar, hoe laer jou paaiemente. 5. Kies die perfekte plan Kies altyd ʼn opsie wat by jou leefstyl pas. Dit is natuurlik nie altyd wys om net die absolute minimum dekking te hê nie, want as jy in ʼn ongeluk is, wil jy seker wees die versekering sal voldoende uitbetaal. Maak net seker dat jy ’n versekeringsplan kies wat jou vir die meeste potensiële risiko’s dek. Op die lang duur sal ’n relatief goedkoop opsie duurder uitwerk as dit jou nie beskerm wanneer jy dit nodig het nie. ’n Bietjie dekking is beter as niks! S
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Beplanning vir jou besigheid of bates Deur adv. Corneel Pelser
A
Foto: iStockphoto.com
s jy jou eie besigheid of portefeulje van bates het, is die noukeurige beplanning en strukturering van jou besigheid of bates van onskatbare waarde. Maar wat is die proses wat gevolg moet word met sulke beplanning? Vereistes vir boedelbeplanning Daar is drie belangrike vereistes waaraan jy jou boedelbeplanning of besigheidstrukturering kan meet: • In die eerste plek moet goeie beplanning prakties en uitvoerbaar wees. Daar is geen standaard beplanning wat vir elke individu geskik is nie, omdat elke persoon se omstandighede, sakebedrywighede en bates van mekaar verskil. Die beplanning moet dus vir elke persoon pasgemaak word op so ʼn wyse dat dit vir hom verstaanbaar is. Onthou, die persoon vir wie die beplanning gedoen word, moet elke dag binne hierdie struktuur funksioneer. Dit is dus belangrik dat hy gemaklik is daarmee. • Tweedens moet goeie beplanning aanpasbaar wees by veranderende omstandighede en veral wetgewing. Instrumente en konstruksies wat gebruik word in elkeen se doelgemaakte plan moet dus van so ʼn aard wees dat die individu nie daarin vasgevang raak sou omstandighede of wetgewing verander nie.
• Laastens is dit belangrik dat die plan kostegewys die moeite werd moet wees. Dit sal dus weereens afhang van elke individu se persoonlike bates en omstandighede. Die besparing in belasting en ander kostes kan hier ʼn aanduiding wees van hoeveel ʼn persoon bereid sal wees om vir so ʼn struktuur te betaal. Boedelbeplanningsproses Tydens die boedelbeplanningsproses is dit belangrik om al jou bates, laste en sakebelange, alle gesinsfaktore en jou huidige testament en vennootskapskontrakte in ag te neem. Hierdie inligting moet verwerk word en dan aan vier toetse onderwerp word: • Eerstens moet ʼn likiditeitstoets gedoen word wat sal aandui of die boedel genoeg kontant het om alle laste, kostes en belastings te betaal indien enigiets met die boedeleienaar sou gebeur. • Tweedens moet ʼn belastingtoets gedoen word om te bepaal wat die huidige inkomstebelastingsituasie is, en wat die boedelbelasting- en kapitaalwinsbelastingsituasie sal wees as die boedeleienaar vandag te sterwe sou kom. • Derdens moet bepaal word tot watter mate die huidige struktuur bydra tot die verspreiding van risiko en beskerming teen potensiële skuldeisers. • Laastens moet getoets word of die Uitgawe 5 van 2016
46
www.solidariteit.co.za
beplanning voorsiening maak vir kontinuïteit. Testamente, aandeelhouersooreenkomste en koop-en-verkoopooreenkomste tussen vennote en die finansiering van die uitkoop van belange, speel ʼn belangrike rol by kontinuïteitsbeplanning. Indien enige van die bogenoemde toetse tekortkominge uitwys, moet hierdie tekortkominge aangespreek word met die implementering van pasgemaakte belasting- en kontinuïteitstrukture en teengroeimaatreëls. Ná die implementering hiervan moet die vier toetse hierbo weer uitgevoer word om seker te maak die gewenste resultaat is met die beplanning bereik. Ná afloop van dié proses word die beplanning saamgevat in ʼn regsgeldige testament en dokumentasie wat jou sakebelange ná jou afsterwe reël. Jy is dan verantwoordelik daarvoor om die testament en kontrakte op ʼn gereelde basis te hersien – onthou, omstandighede verander daagliks. Jou batekonstruksie moet ook gereeld opgedateer word om tred te hou met die eise van die tyd en veranderende wetgewing. Dis altyd wys om gebruik te maak van professionele en gekwalifiseerde adviseurs wat spesialiseer in die rigting wat nodig is vir die beplanning van jou boedel en die konstruksie van jou bates. Jou ouditeur of rekenkundige beampte, jou finansiële adviseur en ’n regspesialis vorm gewoonlik ʼn gedugte kombinasie om hierdie proses saam aan te pak. S
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Boedelbelasting: Keer dié kopseer
B
Deur Sanette Viljoen
oedelbelasting kan vir jou erfgename ’n groot kopseer wees. Die Boedelbelastingwet maak egter voorsiening vir maniere om boedelbelasting te verminder of selfs te vermy. Dit is daarom raadsaam om ’n boedelbelastingsommetjie te doen wanneer jy jou testament opstel. Só kan jy ook verseker dat daar genoeg kontant in jou boedel is om uitgawes soos eksekuteursfooie en begrafniskostes te dek. Daar is deesdae baie maatskappye wat ’n mens nader en mededingende vasgestelde boedelkostes bied. Jy kan dus reeds vóór jou dood in beheer wees van jou boedel.
Foto: iStockphoto.com
Hoe bereken ek my boedelbelasting? Wanneer jy jou boedelbelasting bereken, tel jy sekere items bymekaar, waarna jy weer sekere items aftrek. Die items wat bymekaargetel word, is die volgende: • Alle eiendom van die oorledene. Dit sluit enige reg op eiendom in, insluitend roerende of onroerende en liggaamlike of onliggaamlike eiendom wat met afsterwe in die oorledene se naam geregistreer is. Dit sluit ook sekere tipes annuïteite in, asook opsies om grond of aandele te koop, welwillendheid en intellektuele eiendom. • Alle geagte eiendom van die oorledene. Dit sluit in versekeringspolisse en voordele betaalbaar deur pensioen- en ander fondse deur of weens die dood van die oorledene, asook skenkings, aanwaseise en eiendom wat die oorledene by magte was om onmiddellik voor afsterwe te vervreem. As die waarde van die bogenoemde eiendom en geagte eiendom bymekaargetel word, sal dit die bruto waarde van die oorledene se boedel wees. Trek die volgende items van die bruto waarde van die boedel af: • Begrafniskoste en doodsbeduitgawes; die oorledene se skuld; administratiewe kostes; waardasiefooie; sekere buitelandse eiendom, vruggebruik of fideicommissum; bemakings aan publieke maatskaplike organisasies; onderhoudseise; en items/ bedrae wat deur die oorlewende eggenoot geërf word. Die bedrag wat dan oorbly, is die netto waarde van die oorledene se boedel.
Trek die korting van die netto waarde af. • Artikel 4A van die Boedelbelastingwet laat ’n korting van R3 500 000 (drie en ’n halfmiljoen rand) toe. Hierdie korting word van die boedel se netto waarde afgetrek en verminder dus die waarde daarvan. Die bedrag wat oorbly, is die belasbare boedelbedrag; met ander woorde, dit is hierdie bedrag waarop jy boedelbelasting gaan betaal. Hoeveel boedelbelasting betaal jy? Boedelbelasting word bereken teen 20% van Issue 5 of 2016
47
www.solidariteit.co.za
die belasbare boedelbedrag. Voorbeeld: As Jan se belasbare boedel R1 miljoen is, betaal hy 20% daarvan aan boedelbelasting, met ander woorde R200 000. Dit is dus raadsaam om jou boedelbelasting voortydig te bereken sodat jy seker kan wees dat dit nie ’n enorme bedrag gaan wees nie. Gebruik die meganismes wat boedelbelastingwetgewing jou gee om jou boedelbelasting te verminder. Raadpleeg ’n professionele persoon om jou te help om jou testament só op te stel dat boedelbelasting nie ’n kopseer vir jou agtergeblewenes gaan wees nie. S
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Finansiële welstand is ʼn bewuste besluit
Foto: iStockphoto.com
Solidariteit Finansiële Dienste begin in dié uitgawe met ’n reeks artikels wat oor finansiële welstand en spesifiek oor FINANSIËLEBEPLANNINGSBEGINSELS handel. Daar is agt beginsels wat hanteer sal word, en in sommige uitgawes sal twee beginsels saam hanteer word. Krediet word gegee aan ADV. FRITZ BEUKES wat dié beginsels ontwikkel het waarop die reeks gegrond word. Beginsel 1 Begroting bepaal leefstyl – nie andersom nie! Indien jy nie bereid is om ernstig oor die eerste beginsel na te dink en daadwerklike aksie te neem nie, sal die reeks artikels en daaropvolgende beginsels vir jou van nul en gener waarde wees. Om hierdie beginsel toe te pas, moet daar eerstens ’n begroting wees – en dit is hiér waar die meeste huishoudings kleitrap. ’n Begroting wys nie hoeveel geld jy verdien nie, maar hoe jy dié geld moet gebruik. Dit is belangrik om eers na die omgekeerde weergawe van dié beginsel te kyk, naamlik dat jou leefstyl jou begroting bepaal. Dit beteken jy verdien ’n inkomste en besluit dan eerstens in watter tipe huis jy wil bly, watter tipe motor jy wil ry, watter klere jy wil dra en hoeveel keer per maand jy by ’n restaurant wil eet (om maar net ’n paar uitgawes op te noem). Die meeste van dié uitgawes word dan uiteindelik ook met krediet gefinansier, en hierop moet jy rente betaal. Daar is min begrotings wat rente as uitgawe aantoon – ʼn blinde sambok! C.J. Langenhoven het tereg opgemerk dat die kontantbetaler baas van sy eie sak is. Die laaste punt op die begrotingsagenda is hoeveel geld jy moet spaar. Daar is gewoonlik vele argumente waarom daar nie geld is om te spaar nie – van uitgawes aan mediese fondse tot koste van kinders, en dies meer. Die waarheid is egter dat mense óf glad nie begroot nie, óf begroot met hul leefstyl as vertrekpunt en slegs persepsies het van die jakkalsies wat hul swaarverdiende inkomste opvreet. Die eerste beginsel behels die volgende: • Stel ’n begroting op. • Maak ’n duidelike onderskeid tussen “behoeftes” en “begeertes”. • Wees eerlik (doen dit met jou bankstaat langs jou sodat die begroting moet klop). Maak eerste in die begroting voorsiening om ’n bedrag per maand te spaar; met ander woorde, dit moet ʼn “behoefte”’ wees, en jy moet leef met dit wat oorbly. Die filosoof Napoleon Hill het in die vroeë 1930’s geskryf dat geleenthede nie net na mense toe kom wat geduldig daarvoor uitkyk nie, maar eerder na
mense wat gereed is om die geleentheid aan te gryp aangesien hulle wel daarvoor gespaar het. Hy wy ’n hele hoofstuk in sy boek The Law of Success aan die gewoonte om te spaar. Dit is ʼn eeue-oue beginsel wat maklik geïgnoreer word. Uitgawe 5 van 2016
48
www.solidariteit.co.za
Die agtste beginsel wat in die reeks behandel gaan word, is die beginsel dat welvaart investering vereis. Indien die eerste beginsel verontagsaam word, kan die laaste beginsel glad nie toegepas word nie. S
aksent media • 082 445 4513
Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming
BELEGGINGS
> hulpbronne > ontledings > oplossings
MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING
RISIKODEKKING
IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?
PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES
Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!
Solidariteit Beweging
Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 Issue 5 of 2016
49
www.solidariteit.co.za
0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Sol-Tech onthul nuwe handelsmerk
T
ien jaar gelede het die Sol-Techdroom gestalte gekry toe drie personeellede en 64 studente die eerste sooie vir gehalte-opleiding gespit het. In die eerste dekade het Sol-Tech gegroei tot ongeveer 50 personeel en 700 studente (1 200 is tans in die stelsel besig met opleiding) daagliks op die kampus. Sol-Tech vier sy voorspoed van die afgelope tien jaar met vernuwing om sodoende ’n nuwe era te betree en vir die toekoms se uitdagings gerat te wees. Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, kyk met trots terug na die welslae van die afgelope tien jaar. “Ons grootste suksesstorie is sekerlik die ongelooflike prestasies wat ons oudstudente in hul werkplek bereik. Bykans 95% van ons gekwalifiseerde studente het werk! “Ons het egter nog groot drome en het gevoel dat die tyd reg is om die beeld van Sol-Tech te vernuwe sodat dit by die nuwe hoofstuk kan inpas wat hierdie opleidingsinstelling nou begin – om nuwe horisonne te verken, maar veranker in die bestaande uitnemendheid en gehalte-onderrig waarvoor Sol-Tech bekend is. “Dit wat Sol-Tech werklik uniek maak, is die gehalte van ons opleiding en die sukses wat met die plasing van studente vir indiensopleiding behaal word. Ons sal aanhou bou aan die
Deur Cilleste van Dyk
reputasie van Sol-Tech deur waarde te skep met die strewe na uitnemendheid deur die uitsonderlike gehalte van ons opleiding, wêreldklasgereedskap en passievolle personeel, terwyl ons steeds ons studente as individue behandel,” verduidelik Van Deventer. “Hoewel ons baie lief was vir die mannetjie op ons vorige handelmerk, was dit tyd dat ons logo en handelsmerke moes vernuwe om saam met ons die volgende dekade in te gaan.” Sol-Tech teiken jongmense met ’n aanleg vir tegnologie en ’n passie vir beroepsgerigte werk, wat die behoefte het om by te dra tot die skepping van ’n omgewing wat optimaal funksioneer. Eenvoudig gestel: Sol-Tech lewer uitnemende, afgeronde individue deur middel van gehalte-onderrig. Ons wou daarom ook hierdie kenmerke in ons handelsmerk laat deurskemer.” Diamant as samebindende simbool Benewens die feit dat die diamant of diamantvorm ’n sentrale element in al die bestaande handelsmerke van die Solidariteit Beweging is (en dus ook in die handelsmerk Uitgawe 5 van 2016
50
www.solidariteit.co.za
van Sol-Tech toegepas word), het die diamant groot simboliese waarde: • Die woord diamant kom van die Griekse woord adámas wat “onbreekbaar”, “onvernietigbaar”, “behoorlik”, “gepas” of “volledig” beteken. • Suid-Afrika is bekend vir die land wat die wêreld se grootste diamante lewer. Met die vakbond Solidariteit se wortels wat deur die geskiedenis (en vandag steeds) in die mynbedryf lê, het dit soveel meer sin om die diamant in die oorkoepelende handelsmerk in te sluit. • Diamante in hul ruwe, oorspronklike vorm is nie so aanskoulik nie, maar deur dit met vernuf te slyp, sny en vorm, word dit in ’n hoogs verhandelbare kommoditeit omskep. • Sy hardheid maak dit egter ideaal vir gebruik in industriële toerusting soos bore en slypmasjiene waarsonder die industrie nie kan klaarkom nie • Laastens vergestalt die diamantvorm ook die pylvorm wat rigting aandui – die pad vorentoe. • Die “S” word uit drie diamante gevorm en verteenwoordig die sterkte, sukses, skerpheid en stukrag waaruit Sol-Tech se selfwaarde stewig stam. • Die seskantige sluitmoer simboliseer strukture en stelsels uit die staal- en elektriese industrie waar studente verder sal studeer en werk. S
IN BEWEGING
Jaarlikse Sol-Tech-sportdag ʼn fees
“A
s ons by Sol-Tech werk, dan werk ons hard. En as ons speel, werk ons net so hard om soveel moontlik pret te hê!” Só sê dr. Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech. Die jaarlikse sportdag wat Sol-Tech vir sy studente aanbied, het vanjaar nuwe hoogtes bereik met meer as 800 studente wat
deelgeneem het en ’n baie gewilde kunstenaar wat vir hope vermaak op die dag gesorg het. Die dag het sommer ’n dubbeldoel gedien: die studente het nie net hul fiksheid met verskeie sportsoorte getoets nie, maar het ook Sol-Tech se tiende verjaarsdag in September gevier. Minnaar sê die grootste doel van die dag is om dit vir die studente lekker te maak. “Dis een van die jaar se hoogtepunte en ’n Issue 5 of 2016
51
www.solidariteit.co.za
uitstekende geleentheid vir studente om lekker verantwoordelike studente pret te hê,” vertel hy. Die verskeie sportsoorte wat op die dag aangebied is, sluit in rugby, netbal, volley pong en toutrek – alles in ambagspanverband. Die mededinging tussen die verskillende ambagsrigtings is altyd groot en het vir streng kompetisie gesorg, terwyl Jonathan van Radio Raps almal met sy humor vermaak het. S
jy & die Reg
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.
Deur Deon de Jager
Kraamverlof as baba stilgebore is
Foto: iStockphoto.com
E
k het onlangs met ’n interessante vraag te doen gehad: “Ek het onlangs geboorte geskenk aan ’n baba. Dit was ongelukkig ’n stilgeboorte. Is ek op enige kraamverlof geregtig?” Hierdie vraag mag wel in die oë van baie mense met ’n uitsonderlike situasie te make hê, maar dit kom gereeld voor en word dikwels weens onkunde oor die wet verkeerd hanteer. Die wet wat hier ter sprake is, is die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (no. 75 van 1997). Dié wet, tesame met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, stel ten doel om die regte van die swanger vrou in die werkplek te beskerm. Artikel 25 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes maak voorsiening vir die volgende: Eerstens bepaal hierdie artikel dat ’n werknemer op kraamverlof van vier opeenvolgende maande geregtig is. ’n Werknemer kan enige tyd binne vier weke voor die verwagte datum van geboorte met kraamverlof gaan, of op ’n datum met ingang waarvan ’n mediese praktisyn of vroedvrou sertifiseer dit vir die gesondheid van die werknemer of ongebore baba nodig is. Hierdie artikel bepaal verder dat geen werknemer vir ses weke ná die geboorte van haar kind mag werk nie. Die uitsondering is weereens dat wanneer ’n mediese praktisyn of vroedvrou sertifiseer dat die werknemer geskik is om terug te keer werk toe, sy wel vroeër mag terugkeer. Wat die kennisgewing van voorneme om met kraamverlof te gaan betref, bepaal die artikel dat die kennisgewing op skrif moet wees en ten minste vier weke voor die aanvang van die kraamverlof gegee moet word, of wanneer dit redelikerwys moontlik is. In hierdie kennisgewing moet die werknemer aandui wanneer sy van plan is om met kraamverlof te gaan en ook wanneer sy beplan om terug te keer werk toe. Die artikel bepaal voorts dat indien ’n werknemer gedurende die derde trimester van haar swangerskap ’n miskraam het of ’n stilgebore baba baar, sy op ses weke kraamverlof geregtig is. Hierdie kraamverlof neem ’n aanvang vanaf die dag van die miskraam of stilgeboorte. Die werkgewer kan dus nie die tydperk voor die miskraam
of stilgeboorte (wat minder as vier weke is) wat die moeder op kraamverlof was, van haar jaarlikse verlof aftrek nie. Ná ’n stilgeboorte is ’n werknemer dus op ses weke se kraamverlof geregtig. Enige kraamverlof wat voor die stilgeboorte geneem is, word steeds as kraamverlof geag en dit is bykomend tot die ses weke ná die stilgeboorte. Dié onderskeid mag dalk onbenullig klink, maar dit is belangrik dat ’n werkgewer hierdie verlof as kraamverlof en nie as siekteverlof nie klassifiseer. Die werknemer se siekteverlof, wat oor ’n tydperk van drie jaar strek, word nie daardeur geraak nie. Elke swanger werknemer moet dus die volgende onthou: • Jy is op vier maande se kraamverlof geregtig. • Die vier maande is nie noodwendig betaalde Uitgawe 5 van 2016
52
www.solidariteit.co.za
• • •
• •
kraamverlof nie; dit is onderhewig aan jou kontrak met die werkgewer. Kraamverlof mag geneem word vanaf enige tyd binne vier weke vanaf die verwagte datum van geboorte. Jy mag nie binne ses weke ná die datum van geboorte terugkeer werk toe nie. Kennisgewing van voorneme om met kraamverlof te gaan, moet ten minste vier weke voor die tyd gegee word en moet die presiese tydperk van die kraamverlof aandui. Indien jy ’n miskraam in die laaste trimester het of die baba stilgebore word, is jy op ses weke se kraamverlof ná die tyd geregtig. Het jy enige ander vrae rondom kraam-, siekte- of jaarlikse verlof? Sluit aan by Solidariteit om deur kundiges geadviseer te word. S
IN BEWEGING
Arbeidsregsadvies nou op jou slimfoon
R
egskliek is die eerste in sy soort – ʼn unieke, Afrikaanse regstoepassing vir werkende mense in Suid-Afrika! Dié selfoontoepassing, wat deur die vakbond Solidariteit ontwikkel is, bied jou die gerief van arbeidsregsadvies in die palm van jou hand. Die toepassing is gratis en kan deur enigiemand op sy of haar slimfoon afgelaai word. Laai Regskliek af en toets dit self – dit is klik, klik, maklik. Besoek die Solidariteit Wêreld by www.solidariteit.co.za en gebruik die soekwoord “regskliek” vir meer inligting en om die toepassing af te laai.
Wat kan jy verwag? • Vinnige diens; gebruikersvriendelikheid • Arbeidsreg: alles wat jy moet weet • Regsvrae wat reeds beantwoord is • Wette in Afrikaans • Vind die KVBA-kantoor naaste aan jou • Die nagaan van jou dienskontrak • Alles wat jy van regstellende aksie moet weet • Die opstel van jou testament • Gesels met ʼn regskenner • Meld jou regsaak aan • Direkte geselsdiens, weekliks van 08:00 tot 16:00 • Kontraktemplate • Artikels oor siviele en kriminele reg • Alle inhoud beskikbaar in Afrikaans! S
UV kry vir tweede keer bloedneus oor taalbeleid Deur Francois Redelinghuys
’n
Volbank regters van die Bloemfonteinse hooggeregshof het Maandag, 12 September beveel dat die Universiteit van die Vrystaat (UV) nie sy nuwe taalbeleid mag implementeer totdat die universiteit se appèl teen ’n vroeëre uitspraak ten gunste van Solidariteit en AfriForum afgehandel is nie. Die hooggeregshof het in Julie vanjaar beveel dat die UV se aanvaarding van ’n nuwe taalbeleid, ingevolge waarvan Afrikaans as onderrigmedium uitgefaseer word, hersien moet word. Dit volg nadat AfriForum en Solidariteit die hof genader het om die nuwe taalbeleid te hersien. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, wou die UV nie ’n onderneming gee dat die nuwe taalbeleid nie toegepas sal word tot tyd en wyl die appèl afgehandel is nie.
Issue 5 of 2016
53
www.solidariteit.co.za
“Ons het geen keuse gehad nie as om die hooggeregshof met ’n dringende aansoek te nader ten einde te verseker dat diegene wat van voornemens is om in 2017 in Afrikaans te studeer, wel die reg daartoe sal hê.” Die hooggeregshof het ook aan die UV verlof tot appèl na die hoogste hof van appèl toegestaan, indien die UV se aansoek om regstreekse toegang tot die konstitusionele hof nie sou slaag nie. Volgens Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, is dit duidelik dat, waar prakties haalbaar, die grondwetlike reg op moedertaalonderrig aktief beskerm en opgeëis sal moet word. “Afrikaans as onderrigmedium het ’n speelbal geword in ’n kwalik verbloemde politieke aanslag op Afrikaanse kampusse. Harde werk en vasberadenheid van Afrikaanssprekendes wat wil sien dat die taal op tersiêre vlak behoue bly, is nou nodiger as ooit tevore.” S
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Lekker idees vir ekstra geld in jou sak
Foto’s: iStockphoto.com
Om dit elke maand reg te kry om jou rande tot die laaste dag te rek, word al moeiliker. Dit voel asof die maande langer word en jou geld minder. Dit word noodsaaklik om aan maniere te dink waarop jy ʼn paar rand ekstra van die huis af kan verdien, skryf MARLI NAIDOO.
M
oenie in die slaggat trap om te dink jy het nie genoeg ondervinding om iets ekstra te doen nie. Doen wat jy kan, en leer later meer om jou beter toe te rus namate jy jou inkomste begin aanvul. Hier is ʼn paar idees: • Huur jouself uit as die “droë bestuurder”. Dis dan jou verantwoordelikheid om te sorg dat mense ná ʼn aandjie uit veilig tuis kom.
Hulle betaal jou vir jou dienste. ʼn Mens werk twee-twee saam: Jou “vennoot” laai jou by die kuierplek af, volg julle na die kliënt se huis toe (aangesien jy die kliënt se kar sal bestuur), en laai jou dan weer daar op sodra die kliënt veilig tuis besorg is. • Gebruik jou vryskutvaardighede. Het jy ondervinding in webontwerp, grafiese ontwerp, proeflees, skryf, tik of boekhou? Skep ʼn aanlynprofiel op webtuistes
Uitgawe 5 van 2016
54
www.solidariteit.co.za
wat werk voorsien aan mense wat hul vryskutdienste beskikbaar stel. • Almal moet eet. Besoek kantore en fabrieke oor middagete en voorsien vars toebroodjies met interessante vulsels. • Kan jy hare sny of selfs net mooi versorg? Daar is baie mense wat nie by ʼn haarkapper kan uitkom nie, en selfs sukkel om hul eie hare te was en droog te blaas. Jy kan dalk weekliks ʼn draai maak by die ouetehuis om
IN BEWEGING
•
•
• •
die bejaarde inwoners te help, en sodoende ʼn ekstra geldjie verdien. Jy kan ook dié wat nie self by die winkel kan kom nie, aanry en later weer by die huis besorg. Reël partytjies. Baie ma’s het deesdae nie tyd om kinderpartytjies te reël nie. Bied die diens in jou omgewing aan. Sorg dat jy alles doen; die ma, haar kind en die gaste moet net opdaag en die partytjie geniet. Kry toestemming om Saterdagoggende voor ʼn besige winkelsentrum worsrolletjies te verkoop. Braai jou boerewors vars sodat die heerlike geure die lug kan vul – dit sal sommer vinnig baie hongeres lok. Lewer borde kookkos by kliënte se huise af. Hulle sal gesond kan eet sonder dat hulle ná werk nog moet kos kook. Rig ʼn klankateljee by jou huis in waar jy opnames vir sangers en sanggroepe kan doen.
• Herstel en verkoop meubels. • Is jy goed met naaldwerk? Daar is altyd ʼn aanvraag vir mense wat aandrokke en trourokke maak of herstelwerk doen. • Huur ʼn ekstra kamer in jou huis uit. • Bied poppespelvertonings by kinderpartytjies aan. Jy kan jou eie poppekas bou en marionette of handpoppe maak. • ʼn Mobiele dieresalon kan ʼn lekker inkomste genereer, mits jy van diere hou. Jy kan dienste lewer soos hare sny, naelversorging, bad en selfs spesiale pels- en velversorging. • Indien jy goed kan tik, sal daar altyd werk wees wat jy kan doen. Baie mense of besighede is op soek na iemand wat manuskripte en dokumente vir hulle kan tik. • Gee aanlynklasse. As jy ʼn aanleg vir wiskunde of Engels het, kan jy moontlik deeltyds klas gee in die rigting wat jy verkies.
Issue 5 of 2016
55
www.solidariteit.co.za
• Bied jou dienste aan nuwe mammas wanneer hulle swanger is. Ná die geboorte voel party mammas onhandig en onseker. Wees daar wanneer hulle baba huis toe bring. Wys hulle hoe om baba te bad en aan te trek, en maak hulle touwys met algemene versorging. • Lewer pizza of pakkies af, of word ’n kelner. • Dra jou sport- of ander vaardighede oor. As jy goed gevaar het met ’n sportsoort of enige opleiding as afrigter het, is daar dalk kinders of selfs ouer mense wat by jou wil leer. • Pas kinders of bejaardes op. • Verkoop produkte. Daar is talle maatskappye wat steeds persoonlike verkopers het. Hierdie is maar net ʼn paar idees. Wees kreatief en moenie bang wees om ongewone idees uit te probeer nie. Vind uit of daar iets in jou omgewing is wat mense nodig het wat jy kan voorsien. S
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Sewe doodsondes van beleggings Die beleggingswêreld kan ’n skrikwekkende plek wees, met duisende aandele, effekte en onderlinge fondse wat jou verwar en talle adviseurs wat jou besigheid wil hê – dit kan verlamming en passiwiteit by jou veroorsaak. Maar nog erger, jy kan mislei word en een of meer van die sewe doodsondes van BELEGGING begaan, skryf BARBARA FRIEDBERG.
A
Foto: iStockphoto.com
nders as die Bybel se doodsondes maak die beleggingsondes nie jou siel seer nie, net jou bates. Wees waaksaam sodat jy nie een van dié finansiële wandade begaan nie.
Wellus: Kies verkeerde finansiële adviseur Wellus is ’n intense begeerte of behoefte, veral op die teenoorgestelde geslag gemik. Talle talentvolle en aantreklike mans en vroue ding mee om jou beleggingsake te kry. Om die verkeerde finansiële adviseur te kies, kan ’n groot finansiële fout wees. “Hierdie ‘beleggingsonde’ kan jou jare lank teister, en dit is dus baie belangrik om dit te vermy,” sê Neal Frankle, gesertifiseerde finansiële beplanner van die Wealth Resources Group en redakteur van WealthPilgrim.com. “Die groot probleem ontstaan wanneer beleggers objektiewe finansiële advies nodig het maar praat met mense wat dit glad nie kan verskaf nie – kommissieverkoopsmense. Jy kan hierdie slaggat vermy deur altyd te vra hoe die adviseur betaal word.” Beleggingsmakelaars en finansiële adviseurs wat op ’n kommissiebasis besoldig word, het ’n ingebore belangebotsing omdat hulle geld verdien slegs wanneer jy sekuriteite koop en verkoop. Hulle kan dalk in die versoeking kom om oormatige verhandeling aan te moedig wanneer hulle meer baat daarby sal vind as die belegger. Gulsigheid: Oormatige verhandeling Gulsigheid is om oormatig te eet en te drink. Stapels navorsing toon dat oormatige verhandeling tot laer opbrengste lei. Elke verhandeling vereis dat jy twee keer in die kol moet wees – wanneer jy koop en weer wanneer jy verkoop. En met elke verhandeling moet jy kommissie betaal. “Individue met ’n hoë risikotoleransie toon dikwels te veel selfvertroue, wat tot oorverhandeling, hoër kommissie en laer opbrengste in hul beleggingsportefeuljes lei,”
aldus Victor Ricciardi, assistentprofessor in finansiële bestuur aan Goucher College en mederedakteur van Investor Behavior: The Psychology of Financial Planning and Investing. Hebsug: Koop in borrrels Hebsug is die oordrewe behoefte om steeds meer en meer te verkry en op te gaar. Beleggers kan deur hierdie sonde verblind word om swak beleggingskeuses te maak. Laat in die 1990’s was aandeelpryse hemelhoog. Met die ontploffing van die Uitgawe 5 van 2016
56
www.solidariteit.co.za
tegnologiebedryf het beleggers se beleggings onvolhoubaar gegroei. As gevolg van die nuwe tegnologieë was die algemene mantra destyds: “Tye is anders.” Hierdie woorde is dikwels gebruik toe die markte hul pieke bereik het. Volgens die Wall Street Journal is dit gebruik as regverdiging om aandele teen buitensporig hoë aandelemarkwaardasies te koop. Om oorwaardeerde bates te koop, lei nie tot toekomstige wins nie. Die teenmiddel vir die sonde van hebsug by belegging is om ’n verstandige beleggingsplan saam te stel en daarby te hou.
IN BEWEGING
Luiheid: Leer basiese beginsels voordat jy belê Die sonde van luiheid is om harde werk en aktiwiteit te vermy. Beleggers wat lui is wat hul noulettendheidsondersoeke betref en nie oor belegging leer nie, loop ’n risiko om geld te verloor. “Hierdie sonde kan maklik vermy word,” sê Frankle. “Daar is so baie inligting wat so maklik is om te verteer, dat dit maklik is om die probleem reg te stel. Onderneem om 30 minute per dag te gebruik om geloofwaardige, objektiewe bronne te lees van mense wat nie iets aan jou wil verkoop nie, dan is jy op die regte pad.” Woede: Aggressie Die doodsonde van woede is uiterste en wraaksugtige toornigheid. Woede word dikwels geassosieer met ’n gebrek aan impulsbeheer of roekeloosheid. Hierdie eienskappe kan by sommige ooraggressiewe beleggers gesien word. Ooraggressiewe beleggers word deur risiko
gelok en soek selfs daarna. Hulle steur hulle nie aan ’n verstandige beleggingstrategie wat balans en diversifikasie insluit nie. Ooraggressiewe beleggers is irrasioneel en belê in ongetoetste marktydsberekeningskemas of -strategieë wat buitensporige opbrengskoerse belowe. Hierdie beleggers moet hulle inhou, besin en ’n rasionele beleggingstrategie soos ’n passiewe indeksfondsbenadering kies. Afguns: Tropmentaliteit Afguns is ’n begeerte om te hê wat iemand anders het. Tropmentaliteit is die eweknie van afguns in die beleggingswêreld. Hierdie gedragsfinansieskonsep verwys na beleggers wat die skare volg en belê in wat gewild is sonder inagneming van waardasies of hul eie individuele omstandighede. “Beleggers is gewoonlik baie sosiale mense, veral ten tyde van ’n borrel op die aandelemark,” sê Ricciardi. “Hierdie individue grond hul besluite op die eerste brokkie inligting waaraan hulle blootgestel word, soos ’n eerste
koopprys van ’n aandeel. “Hierdie skaresielkunde bring mee dat die individu verwag dat ’n aandeelprys sal aanhou styg vir ’n onbeperkte tydhorison,” sê hy. “Wanneer die borrel bars, lei dit tot kwaai verliese vir die individuele belegger.” Trots: Laat ego besluite beïnvloed Die sonde van trots steek sy lelike kop uit wanneer jy dink jy is beter as ander en jy te veel selfagting toon. Dink jy jy weet beter as ander mense wat belegging betref? Selfs ’n gesoute beleggingsportefeuljebestuurder moet leer en aanvaar dat akademiese bewyse toon dit is moeilik om markopbrengste te klop. Die beste manier hierdie sonde van oormatige selfvertroue by belegging te oorkom, is om ’n goeie begrip van beleggingsnavorsing te kry, soos deur hoog aangeskrewe boeke deur onder andere Burton G. Malkiel, Charles D. Ellis, Richard A. Ferri, William J. Bernstein en John C. Bogle te lees. S
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Daar’s geld in laekostebehuising
I
Foto: iStockphoto.com
n ʼn vorige uitgawe van Solidariteit Tydskrif het hierdie rubriek die voordele van eiendomsverhuring as ʼn beleggingsopsie onder die loep geneem: Omdat die waarde van die eiendom self met inflasie toeneem, ontvang die belegger inderwaarheid twee inkomstestrome – die eiendom se inflasiegroei en die huuropbrengs. In hierdie artikel kyk ons spesifiek na die belastingvoordele van sogenaamde laekostebehuisingseenhede wat nuut opgerig of aangeskaf word. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) staan ’n aansienlike belastingvoordeel op residensiële eenhede toe onder Artikel 13sex van die Inkomstebelastingwet. Hierdie artikel laat beleggers toe om onder sekere voorwaardes tot 5% van die koste van behuisingseenhede per jaar as kapitale vermindering te eis. Waar die behuisingseenhede egter as sogenaamde laekoste-eenhede kwalifiseer, kan selfs 10% van die koste per jaar teen belasbare inkomste verhaal word. Die voorwaardes waaraan voldoen moet word, is die volgende: • Die eenheid moet nuut en ongebruik wees – indien die toelaag slegs op ’n verbetering geëis word, hoef slegs die verbetering nuut en ongebruik te wees; • Die belastingbetaler moet minstens vyf wooneenhede besit; • Die eenhede moet binne die grense van Suid-Afrika geleë wees; • Die eenhede moet uitsluitlik deur die belastingpligtige gebruik word vir die doeleindes van die bedryf wat hy beoefen (byvoorbeeld verhuring); • Om te kwalifiseer as laekostebehuisingseenhede, word die eenhede se koste beperk tot ’n maksimum van R300 000 per alleenstaande eenheid of R350 000 per woonsteleenheid; • Aanvangshuur per maand mag nie meer as 1% van die eenheid se koste beloop nie, maar mag met 10% per jaar verhoog word. Voorbeeld ’n Belegger spandeer R3 miljoen aan die oprigting van ’n nuwe woonstelblok met tien eenhede. Die blok word gedeeltelik gefinansier met ’n lening van R1,5 miljoen teen 10% rente en die balans met eie kapitaal. Ingevolge artikel 13sex kwalifiseer die eenhede as laekosteeenhede omdat die gemiddelde koste per
Deur Appie Pienaar
MY GELD
Huur ontvang (10 eenhede x R3 000 x 12 maande)
R360 000
Bedryfsuitgawes (25% van inkomste)
(R90 000)
Rente teen 10% (ongeveer)
(R150 000)
Artikel 13sex-toelaag
(R300 000)
Belastingverlies
(R180 000)
eenheid slegs R300 000 beloop. Die huur wat gevra mag word, word beperk tot R3 000 per eenheid per maand (1% van oprigtingskoste). Bedryfsuitgawes beloop 25% van huurinkomste. Aan die einde van die eerste finansiële jaar sal die belasbare inkomste of verlies soos in die bostaande tabel bepaal word. Hierdie verlies kan teen toekomstige inkomste of ander belasbare inkomste afgespeel word. Omdat die artikel 13sex-toelaag nie ’n kontantuitvloei verteenwoordig nie, is die Uitgawe 5 van 2016
58
www.solidariteit.co.za
eerste jaar se kontantvloei steeds positief met sowat R120 000. Dit laat dus ruimte om uit die staanspoor genoeg kontant op hande te hê om die lening se paaiemente te delg. Beleggers wat belangstel om in laekostebehuising te belê, word aangeraai om eers die belegging met ’n belastingkundige te bespreek om te verseker dat die projek wel sal kwalifiseer as laekostebehuisingsprojek. Elke projek het sy eie uitdagings en kenmerke en behoort deur behoorlik gekwalifiseerde persone beoordeel te word. S
IN BEWEGING
WEBWYS
3 miljard mense sal na raming teen 2020 van sosiale media gebruik maak.
Beskerm jou identiteit op sosiale media
Foto: iStockphoto.com
M
et die koms van sosiale media het platforms soos Facebook, Twitter, Instagram en dies meer dit vir die publiek moontlik gemaak om meer interaktief te kommunikeer en met vriende, familie, kollegas en kennisse in verbinding te bly. Dit is lekker om te sien waarmee jou vriende besig is, ’n ou skoolmaat op te spoor en jou beste oomblikke en foto’s met die wêreld te deel. Die probleem lê egter in die laaste sin – “met die wêreld te deel”. As jy enige plasing op sosiale media maak, word daardie inligting deel van die wêreldwye web. Dit beteken dat, sou iemand na iets soortgelyks op Google soek, die moontlikheid bestaan dat jóú foto of plasing in die soekresultate kan opduik. Ondervinding het ons die afgelope jaar ’n
Deur Lindie de Beer paar lesse oor sosiale media geleer en hoe skadelik dit vir jou loopbaan en jou persoonlike identiteit kan wees. Navorsing het bewys dat mense ’n ander identiteit aanneem as hulle op sosialemediaplatforms kuier. Die idee dat dit moontlik is om te kan sê en doen net wat jy wil sonder om ander mense in die oë te kyk, gee aan sosialemediagebruikers ’n dapperheid wat nie voorheen daar was nie. Hoe beskerm ek myself en inligting teen die wêreld daar buite? • Gaan kyk weer na jou sosialemediaplatform se sekuriteitsverstellings. Elke platform gee jou die keuse om jou inligting tot vriende te beperk en vir die res van die wêreld verborge te hou. • Besluit hoe maklik dit vir die publiek moet wees om jou te kan opspoor wanneer Issue 5 of 2016
59
www.solidariteit.co.za
hulle na jou op die internet sou soek. • Hou jou foto’s privaat. Jy kan jou sosialemediaplatforms só opstel dat al jou foto’s privaat bly – veral foto’s van jou gesin. • Moenie inligting uitblaker wat iemand kan gebruik om jou identiteit te steel nie. Dit beteken dat jy jou telefoonnommer, IDnommer, adres en bankbesonderhede nooit op ’n sosialemediaplatform moet publiseer nie. Daar is byvoorbeeld baie koop-enverkoopgroepe op sosiale media. Indien jy in só groep of item belangstel, kontak die persoon direk en ruil die inligting oor die foon of via SMS uit – nooit op ’n platform waar die res van wêreld jou inligting kan sien nie. Dit is waar: Sosiale media verbind mense en vriende, maar maak seker dat jy dit met groot omsigtigheid gebruik. S
ADVERTORIAL
Making an impact protecting hearing The Protec Program – A customised, comprehensive solution to the battle against NIHL
N
oise-induced hearing loss (NIHL) has since been established as a major occupational and social concern for decades now. Efforts to reduce the incidence of NIHL in the workplace, particularly the mines, have been ineffective thus far – failing to completely eradicate the incidence of occupational NIHL cases. Currently statistics from the Department of Mineral Resources (DMR) indicate that, on average, 1 600 cases of new hearing loss cases are reported each year. In particular, NIHL in the mining sector appears to be most prominent. Suggestions are that this is a result of action plans that are perhaps not comprehensive, hence ineffective. There is therefore a need for far more comprehensive & integrated programs to establish successful efforts of combating NIHL – besides the generic fitment of custom hearing protection devices alone. Interesting to note is the role that social noise exposure plays in the whole battle against NIHL. While programs implemented in the workplace to combat incidence of occupational NIHL may be effective and thorough, these efforts are often fruitless as long as there is a chance of social noise exposure among employees. These included, but are not limited to, rock concerts, target shooting sports and hunting; loud music from car stereos and personal music players. It becomes a problem trying to separate NIHL from occupational or
social noise exposure as individuals are often exposed concurrently. As such, comprehensive hearing conservation programs must not only be aimed at occupational noise exposure, but should include efforts targeted at social noise exposure as well so the “risk” is addressed from all angles. Such efforts are often lacking in most hearing conservation programs as emphasis is mainly placed on the custom hearing protective devices, and not the social aspect. As long as efforts towards combating NIHL are centred on occupational noise exposure, but exclude social noise exposure, the battle against NIHL is one that may never be won. At Impact Noise Protection, our Protec program attempts to address the issue of NIHL from both the occupational and social perspective.
The protect program consists of five different aspects targeted at first identifying a possible risk – both occupationally and socially, then devising means to address and eliminate the risk.
How can Protec Program assist you?
Addressing of social risks of NIHL This aspect aims to address possible situations where employees may be exposed to hearing loss socially, so that their social behaviours do not counteract the employer’s efforts to ensure there is no incidence of NIHL in the workplace. This process will involve informative sessions, trainings, and distribution of brochures for all employees to raise awareness and promote better social behaviour. Each of the 5 aspects will be discussed in greater detail, allowing you, the employer, to have a more successful hearing conservation program for your employees.
Risk identification Risk for each employees will be identified through annual noise surveys and annual hearing screenings. Risk elimination Through careful selection, Impact Noise Protection will fit your employees with our Ukuthula custom hearing protective devices to attenuate the noise employees are exposed to a level that is not detrimental to their hearing. These devices are moulded on site, and made custom for each individual ear. The devices will be serviced annually.
FOR MORE INFORMATION, PLEASE CONTACT US ON: Tel: 012 348 9350 Fax: 012 348 9251 jane@noiseprotection.co.za
Photographs: iStockphoto.com
www.noiseprotection.co.za
Uitgawe 5 van 2016
60
www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
MY GESIN
Wys jou begroting wie’s baas: 5 wenke
Foto: iStockphoto.com
D
ink terug aan die dag toe jy jou eerste salarisstrokie gekry het. Vir die meeste van ons was dit ʼn oomblik wat ons nie sommer sal vergeet nie, of dit nou vir kelnerwerk of koerantaflewering was. Maar dink ʼn bietjie mooi: Het daardie salarisstrokie met aanwysings gekom? Dis eintlik ironies dat selfs ’n eenvoudige gebruiksitem soos ’n ketel deesdae met gebruiksaanwysings kom, maar dat jy nie vir iets soos jou persoonlike finansies ʼn handleiding ontvang die dag as jy jou eerste salaris kry nie. Ons is eintlik maar aan ons eie genade oorgelaat. Bitter min mense het al geleer hoe om met geld te werk teen die tyd dat hulle begin geld verdien en verantwoordelik met hul geld moet begin omgaan, veral in die huidige ekonomiese klimaat. Die vaardigheid (ja, dit is een) om verantwoordelik en slim met geld te werk, is soos swem of fietsry: Iemand moet jou wys hóé, en dan moet jy oefen totdat jy dit baasraak. Uiteindelik maak dit nie saak hoeveel geld jy maak nie, maar eerder wat jy daarmee
Deur Francois Redelinghuys doen. Die fondasie vir enige huishouding se verantwoordelike bestuur van geld is dus die opstel van ’n begroting. Maar hoe doen ʼn mens dit? Hier is vyf wenke wat jou sal help om vir die eerste keer ʼn begroting op te stel: Stel doelwitte Voordat jy kan begin om jou geld te bestuur, bepaal eers wat is vir jou belangrik. Stel vir jouself duidelik gedefinieerde doelwitte van wat jy graag wil bereik en werk daarheen. Dit sal jou ook help met die uiteindelike opstel van jou begroting. Identifiseer inkomstes en uitgawes Noudat jy vasgestel het wat jy met jou geld wil doen, is dit belangrik om te dink waar dit vandaan kom en waaraan jy dit tans spandeer. Die grootste gevaar wat ’n mens in die gesig staar wanneer dit by geldbestuur kom, is gewoontes. Ons is maklik geneig om in ’n gewoonte te verval wat dikwels ’n negatiewe finansiële uitwerking het. Uitgawe 5 van 2016
62
www.solidariteit.co.za
Behoefte of begeerte? Dis belangrik dat jy onderskeid moet tref tussen dít wat jy nodig het, en dít wat jy graag wil hê. Sodoende sal jy nie geld spandeer aan items wat jy nie werklik nodig het nie. Pasop vir impulsaankope. Ontwerp jou begroting ’n Begroting beteken nie noodwendig ’n inperking nie. Sien dit eerder as iets wat ’n daadwerklike plan en riglyn op die tafel plaas. Sien jou begroting eerder as ’n spandeerplan en maak seker dat jou uitgawes wat jy in stap twee gelys het, nie meer is as jou inkomstes nie. Sit jou plan in werking Jy het nou doelwitte, inkomstes en uitgawes geïdentifiseer en jou behoeftes en begeertes bepaal. Kyk na jou begroting en plaas enige ekstra bedrae wat jy dalk gemis het, ook in. Hierdie behoort jou nou ’n goeie, werkbare plan te bied wat jou duidelike riglyne sal gee om finansieel meer in beheer te wees. S
IN BEWEGING
FOKUS OP FINANSIES FOCUS ON FINANCE
Guidelines to manage your project budget We are often confronted with having to accurately draw up and manage a budget at work. For most of us this is easier said than done. But do not fear: Use these four tips to keep your finger on the pulse of your PROJECT BUDGET, writes FRANCOIS REDELINGHUYS. Make regular forecasts If an ongoing project’s budget is not reviewed and updated on a regular basis and forecasts are not made, its chances to fail are high. Regular reviewing of the budget will help you to ensure the budget is not exceeded.
MY WORK
Photograph: iStockphoto.com • Source: Forbes Magazine
Make resource forecasts Just as budget has to be checked continuously, it is also important to review resources regularly, as those resources also contribute to project’s costs and budget. Keep your team updated See to it that your team members are always informed of changes to the budget and how it affects them. An informed team is an empowered team. If you keep them in the loop, they will take ownership of staying within the budget. Manage the scope Budgets often get out of hand because the scope of the project is not monitored. Make sure you know exactly how much work needs to be done and how long it is going to take. S Issue 5 of 2016
63
www.solidariteit.co.za
Buckets full of benefits for our members This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules as contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.
Uitgawe 5 van 2016
64
www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
R105 per
R50 amount of R3 250 is paid to the surviving
amount of R2 160 is paid to the member
R1 620. All claims must be submitted within
20 years – R1 620
15 and under R1 080
R1 350 is paid for each
Issue 5 of 2016
65
www.solidariteit.co.za
Independent Financial Advice Solidarity Financial Services has an independent financial advice department who can assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk and retirement planning as well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005
IN BEWEGING
mar ela media
Smul en lees lekker in Afrikaans @ Maroela Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die musiekwêreld gebeur en selfs jou gunsteling rugbyspan ondersteun. Daar is resepte, debatte en nuus oor Afrikaanse boeke. Skop jou skoene uit en smul saam by maroelamedia.co.za!
Tuisland Karin Brynard
Resensie deur Ilse Salzwedel
T
uisland, uitgegee deur Penguin Random House (R250), is die gesoute oudjoernalis Karin Brynard se derde spanningsroman, en myns insiens ook haar beste. Haar debuut, Plaasmoord, is met die UJdebuutprys vir letterkunde en die M-Net-prys vir mees verfilmbare teks bekroon, en is in Engels, Nederlands, Frans en Duits vertaal. Haar tweede boek, Onse Vaders, het ook die M-Net-filmprys verower, asook die ATKVProsaprys, en word tans in Engels en Duits vertaal. Ek wil dit waag om te sê dat Tuisland beslis volgende jaar ook met ʼn prys of wat bekroon gaan word. Sy laat niks aan die toeval oor nie, en die storie is deurdag tot op die laaste bladsy. Haar storielyn en deeglike navorsing oor die San en hul kultuur en geskiedenis, sorg vir ʼn onderhoudende lekkerlees-ervaring. Kaptein Albertus Beeslaar is nou al vir Brynard-lesers ʼn ou bekende. Hierdie keer moet hy ʼn raaiselagtige moord in die Kgalagadi-oorgrenspark oplos. Hou dit verband met ʼn aanval op ʼn Duitse toeris wat ʼn multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk? Beeslaar en Koekoes Mentoor, die hardekwas bevelvoerder wat gestuur word om die ondersoek te lei, het hul hande behoorlik vol om die legkaartstukke te laat pas, veral nadat daar nog ʼn moord gepleeg word. Koekoes word geteister met geheimsinnige telefoonoproepe, en dis duidelik dat die aanvaller haar ook in sy visier het. Beeslaar is een van my gunstelingspeurders in Afrikaanse fiksie. Hy leef vir sy werk, maar Brynard het nie van hom ʼn cliché gemaak nie. Hy bly ʼn driedimensionele, menslike karakter met ʼn sterk sin vir reg en geregtigheid, en ʼn mens wil hoop dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nog baie sulke speurders het. Ditto met Mentoor, petite maar rateltaai en baie vasberade. Albei se lojaliteit aan hul werk het ʼn impak op hul persoonlike lewens, en Mentoor moet keer dat spoke uit haar verlede nie inmeng met haar objektiwiteit in die moordondersoeke nie. Tuisland is 574 bladsye uiters boeiende, hoogs leesbare vermaak.
Uit: Maklike maaltye uit Nina se kombuis Uitgewer: Random House Struik
GESONDHEIDSBROOD BESTANDDELE 750 g growwe meel (Nutty Wheat) 5 ml sout 190 ml muesli van jou keuse (hoe meer neute en vrugte, hoe lekkerder sal jou brood wees) 125 ml rosyne of sultanas 45 ml bruinsuiker 7,5 ml koeksoda 500 ml karringmelk ʼn paar neute en sade vir garnering METODE 1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn standaardbroodpan met kleefwerende kossproei. 2. Meng die droë bestanddele behalwe die koeksoda in ʼn mengbak. 3. Meng die koeksoda met die karringmelk en voeg by die droë bestanddele. 4. Skep die deeg in die voorbereide broodpan. Strooi ʼn paar neute of nog muesli oor die brood. 5. Bak vir 45 – 50 minute of tot ʼn toetspen skoon uitkom. 6. Sit voor met roomkaas en groenvye. S
Toets jou taalkennis
‘n Bloutjie loop
Betekenis: ʼn Versoek (ook ʼn huweliksaansoek) geweier word. Waar kom dit vandaan? Bloutjie is eintlik ʼn verkorting en verkleining van blou skeen. Dit het vir die vryer gevoel asof die beminde hom daar geskop het. Uitgawe 5 van 2016
66
www.solidariteit.co.za
Wen vakansie, speletjie met pleknaamfoto
G
eloofsonderend, Soetwater, Genadendal, Vergenoegd, Vredekloof… Ons almal verwonder ons gereeld aan die mooiste Afrikaanse plek- en plaasname wat ons op borde langs die pad sien wanneer ons deur die land reis. Nou is Maroela Media op soek na jóú foto van dié name. Wanneer jy deur die Weskus reis om na die blomme te kyk, of die klein dorpies in die Vrystaat met die interessantste name besoek, of jou selfs in Noordwes, Limpopo of die Wes-Kaap aan mooi plekname verwonder, hou sommer dadelik stil en neem ʼn foto – sommer met jou selfoon as jy nie jou kamera byderhand het nie. Wat kan jy wen? Danksy die ATKV wen een WEN! persoon ʼn midweek (Sondag tot Donderdag) by een van die ATKV se sewe selfsorgvakansieoorde (jy kan kies watter een jy graag wil besoek). Die prys sluit akkommodasie vir vier
Deur Susan Lombaard persone in, maar reiskoste en etes is uitgesluit (daar is wel restaurant- en winkelfasiliteite by al die oorde). Dié oorde is die ATKV-Buffelspoort naby Rustenburg in Noordwes, ATKV-Drakensville aan die voet van die Drakensberge naby Bergville in KwaZulu-Natal, ATKV-Eiland Spa naby Tzaneen in Limpopo, ATKV-Goudini Spa naby Worcester in die Wes-Kaap, ATKVHartenbos langs Mosselbaai in die Wes-Kaap, ATKV-Klein-Kariba naby Bela-Bela in Limpopo en ATKV-Natalia by Illovo in KwaZulu-Natal. Besoek die ATKV se webwerf vir meer inligting oor dié oorde by atkvoorde.co.za. Boonop wen drie persone elk die heerlikste Afrikaanse Boereplaas-bordspeletjie! Die Boereplaas-bordspeletjie is ʼn opvoedkundige gesinsbordspel vir twee tot ses persone. Leer boer met dié heerlike speletjie: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n
Issue 5 of 2016
67
www.solidariteit.co.za
aanleg vir gebottelde water. Boereplaas is pret én opvoedkundig. Kinders (en grootmense) se kennis van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde, vermoë om met geld te werk en sosiale interaksie kry met dié bordspel ʼn stewige hupstoot. As jy nie kan wag nie, kan jy nou al vir jou gesin dié lekker bordspeletjie aankoop in Maroela se Koöperasie: maroelawinkel.co.za. Hoe skryf ek in? Stuur jou foto van ʼn plek- of plaasnaam aan ons by kompetisies@maroelamedia.co.za met “Plaasnaam” in die onderwerpveld. Sluit die volgende in: jou naam en van, die fotograaf se naam en van, en waar die foto geneem is. Dié kompetisie duur tot 17 Oktober 2016: jy het dus nog ʼn paar weke om die land plat te reis en die mooiste foto’s te neem! Ons kan nie wag om dit te sien nie. • Besoek maroelamedia.co.za en klik op “kompetisies” bo-aan die webwerf vir die bepalings en voorwaardes. S
IN BEWEGING
VANDAG – ‘n dagboek met ‘n verskil Hoe lyk jou DAGBOEK? Is daar net hier en daar ʼn afspraak neergekrabbel, en is die bladsye versier met sketse wat getuig van al die vervelige vergaderings waaruit jy wou ontsnap? Vertel dit van al die borrelende idees en inspirerende planne waarmee jy in jou kop rondloop? wil ILZE NIEUWOUDT weet.
Foto: iStockphoto.com
I
ndien jou dagboek, soos die meeste dagboeke, doodgewoon en vervelig lyk, is dit moontlik tyd om die manier waarop jy oor jou dagboek dink, te verander. Dalk is Kraal Uitgewers se dagboek vir 2017, die nuwe VANDAG-aktiwiteitsdagboek, nét die ding om jou ʼn kopskuif te help maak. Dié onkonvensionele dagbeplanner/dagboek keer die hele idee van dagboeke, inskrywings en aantekeninge behoorlik op sy kop. Ja, dit voldoen steeds aan al jou behoeftes – daar is ʼn jaarbeplanner, ʼn maandkalender en ʼn indeling van een bladsy per dag met uurindelings. Maar die VANDAG-aktiwiteitsdagboek is soveel meer as net ʼn dagboek. Dit is ʼn dagboek waarin die gebruiker elke dag uitgedaag word om ʼn unieke én opwindende aktiwiteit aan te pak. Volgens Vian Roos, ʼn grafiese ontwerper van Pretoria wat met die idee vir die dagboek vorendag gekom het, is die doel van die VANDAG-aktiwiteitsdagboek om die gebruiker aan te moedig om meer positief na die lewe te kyk. “Ons dae word dikwels gekenmerk deur die tragedies wat die wêreld tref, maar met dié dagboek hoop ek gebruikers sal eerder deur ʼn bril van positiwiteit na die wêreld kyk. Ons moet tyd maak om anders oor die lewe te begin dink. Dalk is 2017 net die jaar waarin jy dit kan regkry,” verduidelik Roos. “Die VANDAG-aktiwiteitsdagboek sal jou nie noodwendig help om die wêreld se grootste probleme op te los nie, maar dit kan jou help om met klein treetjies by jouself te begin, anders oor die lewe te begin dink, meer tyd saam met jou gesin te spandeer en dalk weer die klein wonderwerke in jou dag te begin raaksien. Aan die einde van die jaar moet jy kan sê: ‘Dit was ʼn lekker jaar.’” Alana Bailey, uitvoerende hoof van Kraal Uitgewers en adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is reeds opgewonde oor dié dagboek en meen dat dit elke dag iets nuuts bied wat die gebruiker kan help om ʼn goeie balans tussen eenvoudige en meer betekenisvolle aktiwiteite te vind. “Die VANDAG-aktiwiteitsdagboek is enig in sy soort. Gister moes jy dalk ʼn nuwe Afrikaanse Wikipedia-inskrywing maak en vandag weer iets lafs doen soos om ʼn onpaar sokkies te dra. Wie weet wat môre sal bring?” sê Bailey.
WAT BIED DIE VANDAGAKTIWITEITSDAGBOEK? • Dit bied 365 opwindende en opbouende aktiwiteite – een vir elke dag van die jaar. • Die dagboek is ideaal vir spanbou in jou werkplek én persoonlike ontwikkeling. • Dit bied tientalle positiewe aktiwiteite wat die waardes en projekte van die Solidariteit Beweging by die gebruiker tuisbring en wat hom of haar daarby betrek. • Dit is in ʼn bondige A5-formaat (een bladsy per dag) met genoeg spasie vir notas en dagboekbeplanning.
As jy lus is om in 2017 ʼn dag op ʼn slag die wêreld te verander, gordel vas en bestel jou eksemplaar vandag nog. Die VANDAGaktiwiteitsdagboek sal na verwagting teen Oktober 2016 by Kraal Uitgewers beskikbaar wees. Kontak Kraal Uitgewers by e-pos: kraal@kraaluitgewers.co.za of 012 644 4329 vir inligting of om ʼn bestelling te plaas. S
Uitgawe 5 van 2016
68
www.solidariteit.co.za
IN BEWEGING
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Ettienne Pio (litigant), Deon de Jager (junior litigant), Anton Gerretsen, Raymond Holland-Chapman, Bennie Harmse • Administratiewe beampte: Nicole Harmse • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville
KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu
BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
LYDENBURG Clifford Smith • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
BOKSBURG Francois van Heerden, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Herman de Jongh, Thinus Jacobs, Dana Viljoen (litigant), Gibbs du Toit (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Elize Pohlman • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
NEWCASTLE • • • • •
Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
CARLETONVILLE Coenie Rheeder • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861/018 786 2785 • Faks: 011 388 9854/018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
ELLISRAS Deon Viviers • Administratiewe beampte: Mariaan Pretorius • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras
KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572
RICHARDSBAAI John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
RUSTENBURG Eric Schoeman, Tommy Wedderspoon, Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl ( junior litigant) • Administratiewe beampte: Carisma Breet, Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg
SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda
VAALDRIEHOEK
Solidariteit Solidarity www.solidariteit.co.za PORT ELIZABETH Ivan Smith • Administratiewe beampte: Yvette Stroebel • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth
PRETORIA (CENTURION) Willie Venter, Jahni Cowley, Helgard Cronje, Linda Senekal, Inge Labuschagne, Sta-Sia Engelbrecht, Lizette Snyman, Sulize Esterhuizen, Rene Harmse, Wynand Strydom • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 644 4442/8 • Faks: 012 349 8880 • E-pos: pretoria@solidariteit.co.za • Adres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig
Uitgawe 5 van 2016
70
www.solidariteit.co.za
Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Nadia Coetzee • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark
WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Sue Nel • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom
WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
IN BEWEGING
Maria Koopmans-De Wet: Die vergete heldin Die naam Emily Hobhouse sal waarskynlik opduik in die meeste gesprekke oor die AngloBoereoorlog se konsentrasiekampe en die lotgevalle van die duisende vroue en kinders wat daardeur geraak is. Hoewel haar besondere bydrae uiteindelik help toesien het dat die omstandighede in die kampe verbeter, is daar ook ‘n ander vrou wat plaaslik ‘n noemenswaardige bydrae op dié gebied gelewer het en tog in die volksgeheue byna vergete geraak het. Haar naam was Maria Koopmans-De Wet, skryf ILZE NIEUWOUDT.
Foto: Wikipedia Commons
M
aria is in 1834 in die Kaap gebore en het gehoort tot ʼn welbekende en gegoede familie. Haar pa, Johannes de Wet, was nie net as advokaat ʼn prominente persoon in regskringe nie; hy het ook in ʼn stadium as waarnemende president van die Kaapse wetgewende raad opgetree. Maria self is as ʼn gesofistikeerde en hoogs intellektuele vrou bestempel. Maria en haar jonger suster, Margaretha, het die beste skoolopleiding ontvang en is onder meer in Duits, Frans en Italiaans onderrig. Die historikus Marthinus van Bart skryf in ʼn artikel oor Maria dat sy deur die toenmalige premier van die Kaapkolonie, Cecil John Rhodes, as die “gevaarlikste vrou in die Kaapkolonie” beskou is. Haar sterk persoonlikheid het verseker dat sy ʼn kragtige opponent vir selfs die magtigste mans van haar tyd, insluitend Rhodes, was. Sy sou in haar lewe by verskeie aksies vir die bewaring van Kaapse boukuns betrokke wees. Rhodes het in ʼn stadium planne gehad om ʼn gedeelte van die Kasteel van Goeie Hoop plat te slaan, aangesien dit in die pad van sy planne vir ʼn spoorlyn vanaf Seepunt gestaan het. Die bastion wat in die pad gestaan het, was volgens Rhodes slegs ʼn klein gedeelte van die kasteel waarop Maria blykbaar hewig reageer het met die woorde: “Sy neus is ook net ʼn klein deel van sy gesig. Laat hy dit afsny en in die spieël kyk om te sien hoe hy lyk.” Danksy haar teenstand was Rhodes genoop om ʼn alternatiewe roete vir sy spoorlyn te vind. Dit was egter Marie se diens aan die republieke van die OVS en ZAR wat veral merkwaardig was. Nie net het sy verskeie petisies opgetrek in protes teen die behandeling van vroue en kinders in die konsentrasiekampe nie; sy het ook ʼn sleutelrol gespeel in die organisering van protesvergaderings wat in die Kaapkolonie gehou is en deur duisende ondersteuners bygewoon is. Haar optrede in protes teen die verskroeideaardebeleid sowel as die deportasie van krygsgevangenes het die Britse owerhede in die Kaap erg ontsenu. Sy is
’n Jong Maria Koopmans-De Wet. Inlas: ’n Skets van die ontwerp van die Koopmans-De Wet-huis in Strandstraat, Kaapstad soos wat dit oorspronklik in die boek Eighteenth Century Architecture in South Africa deur Geoffrey Pearse verskyn het
onder meer as ʼn Kaapse rebel bestempel en sekere media het na haar verwys as die “Queen of the rebel ladies”. Sy het nie gehuiwer om self haar hande vuil te maak nie: sy het self die werk behartig met die insameling, sortering en verspreiding van lewensmiddele wat van onder andere Nederland gekom het vir die vroue en kinders in die konsentrasiekampe. Meer as 2 000 bokse met goedere soos kos, medisyne en klere is aan die vroue en kinders in die kampe gestuur. Haar huis in Strandstraat 23, Kaapstad het as die depot vir al die goedere gedien en is vandag ’n huismuseum (die oudste museum van sy soort in die land). Die werk wat Maria verrig het, het nie onafhanklik van ander pogings plaasgevind nie: sy het noue bande met Hobhouse, die Rooikruis en ander ondersteuningsorganisasies gehad. Uitgawe 5 van 2016
72
www.solidariteit.co.za
Maria is selfs in ʼn stadium, toe krygswet in die Kaap afgekondig is, onder huisarres geplaas vir haar steun aan die Boererepublieke. Volgens Van Bart is haar huis in hierdie tyd byna daagliks deur die millitêre polisie deursoek. Boonop was sy ook deel van die bekende Kappiekommando, ʼn vroueorganisasie wat gedurende die oorlog as ʼn geheime diens opgetree het. Gedurende haar leeftyd was die KoopmansDe Wet-huis die bymekaarkomplek vir invloedryke mense waaronder Paul Kruger, Rhodes, en presidente Brand, Reitz en Steyn. Haar politieke status is duidelik erken in ʼn tyd waarin vroue dikwels nie as mans se gelyke beskou is nie. Ná haar dood op 2 Augustus 1906, in die ouderdom van 72 jaar, het haar jonger suster steeds in die huis aangebly, waarna dit in 1913 tot ʼn museum verklaar is. S
in Retrospek
MARIETHA MALAN is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.
Oor bose dinge en oop vensters
Foto: iStockphoto.com
E
k lê onwillig in die koue greep van ʼn monster-verkoue. Bibberend trek ek die komberse verder oor my kop en gooi nog ʼn gebruikte snesie op die groeiende hopie langs my bed. Ek smeer nog ʼn bietjie Vaseline op my rou neus en probeer met ʼn sug om ʼn bietjie weg te sink in ʼn welkome, sagte slaap. Dan hoor ek dit: ʼn Skerp, hoë tjankie van Tienkie, my worshond, wat op ʼn ou duvet in my kamer slaap. Nog ʼn tjank, ʼn baie snaakse noodtjank. Ek begin voel na my bril op die bedkassie. Dan breek alle hel en chaos los. Tienkie skiet soos ʼn pyl uit ʼn boog in die gang af. Ek hoor onaardse geluide, goed wat val. Ek strompel half-blind sonder my bril by my kamerdeur uit. Wat de...? Dan blits ʼn grys, harige gedingte tussen my bene deur. Ek skrik my verkoue skoon wilde weste toe. Die harige gedierte miaau jammerlik. ʼn Kat! ʼn Gryse! Ooooo… Dis broer Dirk se Pirre-kat. Die venster! Ek beter die venster oopmaak! Gelukkig het ek nog ʼn bietjie breinweefsel oor ná die vernietigende verkoue. Soos ʼn grys, harige weerligstraal skiet die kat deur die oop venster. Tienkie blaf, tjank en snuffel nog ʼn hele ruk die hele huis vol op soek na die ontsnapte prooi. Pirre en Tienkie is lewenslange geswore
vyande. Wat op aarde die kat besiel het om hom in Tienkie se domein te begeef, weet net hy. As ʼn klein katjie het Tienkie hom een keer tot kort duskant die kattehemel gebyt. Ons het hom gered, die nat, verskrikte dingetjie skoongemaak, die (gelukkig nie te diep) wonde ontsmet en hom verskonend na broer Dirkhulle, ons bure, teruggeneem. Maar Pirre het grootgeword. Hy is nou ʼn alwyse, taamlike vet, grys kat met ʼn wolstert. Sy gunsteling tydverdryf is om op die heiningmuur tussen ons en broer Dirk-hulle te sit. Tienkie, die worshond, spring dan histeries blaffend teen die muur op terwyl Pirre koninklik sy wolstert net buite die hond se bereik swiep. Pirre is nou eintlik groter as Tienkie en kan haar ʼn lessie of twee leer met sy skerp kloue. Tienkie se emosie teenoor die kat is dus ʼn mengsel van haat en vrees. Boonop dwing haar jagtersinstink haar om die kat ten alle koste te jaag, al is dit ietwat van ʼn waagstuk. Elke mens vind van tyd tot tyd, soos Tienkie, dat ʼn Ding, ʼn Vyand, hom ongenooid in jou lewe kom tuismaak het. Iets of iemand wat jy vrees of haat, het ʼn houvas op jou. Is dit depressie? Is dit ʼn suur verhouding, of iemand wat jou psigies of fisies mishandel? Een of ander verslawing? Skuld? Is dit spoke uit jou verlede waaraan jy swaar dra?
Issue 5 of 2016
73
www.solidariteit.co.za
Wel, daar is raad: Maak oop die venster! Wat ook al die ding wat jou verlam en verskrik, dit hoort nie in jou lewe nie. Jy, as kind van God, mag sonder vrese en verskrikking lewe. Niks is groter as Hy nie. Wat is dit waarvan jy moet ontslae raak? Doen dit! Maak oop die venster en stuur die bose ding weg uit jou lewe uit. Dinge (of mense) wat tussen jou en God staan, het nie ʼn bestaansreg in jou lewe nie. Maak nie saak of dit (óf hulle) vir jou groter as jy self lyk nie. Maak nie saak of daar skerp naelmerke in jou rug is nie. Biddend kan jy jou lewe skoon kry van angs, vrees en verlamming. Maak oop daardie venster! Doen wat ook al jy moet doen om daardie Ding by die venster uit te kry. En as die Ding uit is, klap die venster toe! Die volgende oggend, ʼn Sondag, besluit ek om nie kerk toe te gaan nie. Ek en my verkoue haal eers verlore slaap in. Ek neem ʼn bad en tel al die sjampoebotteltjies en goed wat Pirre afgestamp het, van die vloer af op. Dan noodapteek toe om te kyk of ek die kieme by die venster kan uitkry. Ek moet tog onthou om my kamervenster voor vanaand weer toe te maak. En die badkamervenster, waar Pirre ingekom het. Sodat hy kan bly waar hy hoort. Wat vir seker buite my huis is… S
PROMOSIEARTIKEL
Kyk hierna voordat jy mediese skema kies As dit kom by mediese dekking, het ons almal dieselfde basiese behoefte – om ons gesondheid en welstand te beskerm. Maar met soveel MEDIESEFONDSOPSIES wat op die mark beskikbaar is, kan dit baie moeilik wees om die regte opsie vir jou gesin se behoeftes te kies. Hier is ’n paar faktore om in gedagte te hou wanneer jy oorweeg om by ’n mediese skema aan te sluit. 1. Gesels met ’n adviseur Onafhanklike adviseurs ken die bedryf goed en roem hulle daarop dat hulle jou met doeltreffende welvaartbestuursdienste kan bystaan. ’n Geakkrediteerde adviseur sal jou unieke situasie ontleed en mediese dekking aanbeveel wat die beste by jou begroting en gesondheidsorgbehoeftes sal pas. Dit beteken ook dat jy nie al die navorsing self hoef te doen nie. 2. Kyk na skema se syfers Maak seker dat die skema wat jy oorweeg ’n goeie reputasie in die medieseskemabedryf het en behoorlik bestuur word volgens die Wet op Mediese Skemas. Die meeste hoogaangeskrewe mediese skemas publiseer hul jaarverslae op hul webtuistes of voorsien dit op versoek. Hierdie verslae bevat besonderhede van die skema se finansiële prestasie en hoe daar aan kliënte se behoeftes voldoen word. 3. Maak ’n lys van jou vereistes Evalueer jou gesondheid oor die afgelope drie jaar. Watter mediese dienste het jy die meeste gebruik? Vir watter dienste moet jy beslis dekking hê? Wat is jou grootste gesondheidsprobleme? Hierdie inligting sal jou help om ’n lys te maak van jou belangrikste gesondheidsorgbehoeftes. Bepaal ook hoeveel jy bereid en in staat is om aan mediese dekking te spandeer.
jy oor hierdie aspekte uitvra sodat jy weet
Sluit vandag nog aan by Medihelp! SMS “kontak” na 32291 en ’n adviseur sal jou skakel.
of daar enige uitgawes is waarvoor jy self aanspreeklik sal wees.
4. Kyk na die produkaanbieding Sodra jy weet wat jou belangrikste vereistes is en wat jou begroting toelaat, vra jou adviseur om jou help om verskillende opsies te vergelyk wat in jou unieke besonderhede sal voorsien.
6. Soek ’n ietsie ekstra Sommige skemas bied gratis voordele vir voorkomende sorg soos griepinspuitings een keer per jaar. Ander bied ekstra waarde in die vorm van sportklubs waarby jy kan aansluit, met ’n magdom bykomende voordele soos afslag op oefenklere en gratis deelname aan sekere wedlope. Daar is ook skemas wat jou help om jou gesondheid te monitor deur ’n diens te bied waar jy jou fiksheidstoestelle kan koppel en jou gesondheids- en ander inligting kan oplaai om ’n gesondheidsprofiel te skep en gratis advies kan ontvang wat by jou gesondheidstoestand pas.
5. Lees die fynskrif Die meeste mediese skemas het wagtydperke ten opsigte van bestaande mediese toestande, pas bybetalings op sekere dienste toe en sal bepaalde dienste en items wat nie as medies van aard beskou word nie, uitsluit van voordele. Sorg dat
7. Kliëntediens Dit mag dalk nie so belangrik klink nie, maar dis tog nodig om te weet dat jou skema jou vinnig sal kan help wanneer jy vrae het. Lees op oor hul kliëntediensrekord en vind uit hoe hulle hul kliënte behandel. Kyk na hul sosialemediaplatforms en hoe Uitgawe 5 van 2016
74
www.solidariteit.co.za
hulle met hul lede en ander belangegroepe
skakel. Besoek ook die webtuistes van die skemas wat jy oorweeg, om te sien watter is gebruikersvriendelik en bied jou die beste inligting sonder ’n gesukkel. Nadat jy al die faktore oorweeg het, maak ’n lys van enige vrae wat jy het en stel elke skema self op die proef. Skakel hul inbelsentrums en praat met hul konsultante. Dit sal jou ’n goeie aanduiding gee van hul vermoë om suksesvol met hul kliënte te skakel en of hulle in staat is om in jou behoeftes te voorsien. Medihelp bied 10 markverwante voordeleopsies, van ’n basiese hospitaalplan tot ’n opsie met omvattende dekking. Ons glo daarin om ’n kliëntgesentreerde benadering tot kliëntediens te volg en daarom gaan alles oor jou. Ons bied verskeie kommunikasieplatforms waar lede met ons kan skakel – Facebook, Twitter en Instagram. Indien jy nie gereeld op sosiale media kuier nie en verkies om op ons webtuiste of per e-pos of telefoon met ons te skakel, sal ons ook daar wees om jou by te staan. Gesels met jou finansiële adviseur en oorweeg dit gerus om Medihelp deel van jou portefeulje te maak – want by Medihelp gaan dit alles oor jou!