MAROELA MEDIA GRATIS AFRIKAANSE INHOUD LOK MEER AS 1 MILJOEN PER MAAND AFRIFORUM RUK GEMEENSKAPPE REG MET SELFDOENPROJEKTE HELPENDE HAND SKENK ‘N SKOOLTASSIE EN MAAK ‘N KIND SE DROOM VIR DIE TOEKOMS WAAR SOL-TECH GEE DIE PAS AAN MET SPLINTERNUWE MASJIEN
H ELPMEK A AR P LA N 2 0 2 0 * R3,5 MILJARD IN ONS MENSE BELÊ * LEDE GEHELP OM GOEIE WERK TE KRY * GEMEENSKAPSMEDIA-KRAG ONTSLUIT * STRYD TEEN REGSTELAKSIE VERSKERP * ERFENIS, TAAL HOOG OP DIE AGENDA * BELEGGING IN AFRIKAANSE OPLEIDING
Akademia vereer die skerpste sakebreine bladsy 26
06 • 2015 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X
9 771683 562000
Solidariteit Beweging
HIER BEGROND BOEK, BEELD ÉN NUWE ADAM TAS-TREFFER
Begrond Dirk
Hermann
SEËNWENSE VIR DIE FEESSEISOEN EN HOPE VOORSPOED VIR 2016!
inhoud NOMMER 6 VAN 2015
TOEKOMSBERAAD HELPMEKAAR 2020
NUUSWAARDIG 10 12 13 14 15 16 17 18 20 21 22 23 24 25 26
Ons grootste geskenk is om te doen SA regering by VN aangekla oor raskwotas Wat is die proses van die VN-klag en wat kan dit beteken? Corruption crisis in SA bigger than Nkandla Afgevaardigdes van Suid-Tirool kuier by Solidariteit Beweging Beweging stel Helpmekaarplan van R3,5 miljard bekend Van krisis in 2015 na oplossings in 2020 Beweging verskerp veldtog teen regstellende aksie Só word in krag van gemeenskapsmedia belê Solidariteit wil lede met goeie werk help Boufonds en Regsfonds kardinaal vir die toekoms Samewerking met opposisie tot almal se voordeel ANC-erfenismonumente verdraai geskiedenis Adam Tas skryf spesiale lied oor “weeskinders van Afrika” Entrepreneurs wen R1,475 miljoen se pryse
BEDRYFSNUUS 28 DKD voldoen nie aan hofbevel – arbeidshof 29 UJ-dosent afgedank weens rassisme op sosiale media 29 Solidariteit beklink gunstige loonooreenkomste 30 Sentrale kollektiewe bedinging op die rotse 31 “Radikale transformasie” aan die orde van die dag 32 Former Telkom employees facing the axe again 33 Aurora directors ordered: Pay back the money 34 Union objects to ArcelorMittal’s racially based share scheme 34 Solidariteit verwelkom hersiening van pensioenfonds se “skoonbreuk-beginsel” 36 Sukses bewys passie vir beroepsgesondheid en -veiligheid
IN BEWEGING 40 41 42 43 44 46 50 51 54 55 56 57 58 60 61 62 64 66 68 70 71 72
Dié soetgoed van die koek(sister)! Gereed vir toekoms, skooltassie in die hand Selfdoenprojekte ruk gemeenskappe reg “Geen besluite oor ons, sonder ons nie” Oplossing vir probleme is om self te doen Sak die son oor Afrikaans op die Puk? Sol-Tech gee die pas aan met nuwe masjien Sol-Tech se soet suksesse van 2015 Wenke vir produktiwiteit in die werkplek Groot belegging in Afrikaanse opleiding gemaak Groter salaris gaan jou nie ryk maak nie Solidariteit bied suksesvolle KragDag-ekspo aan Maak só sin van jou salarisstrokie ‘n Suksesvolle feestyd in jou eie huis Nuut op Kraal se rak Verower die wêreld met Solidariteit Wêreld Buckets full of benefits for our members Syfers getuig van honger na Afrikaanse inhoud Begond: Boeiende verhaal van hoop Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Geskiedenis, erfenis en taal hoog op die agenda ‘n Laken, tennistekkies en die ontsnapping
HISTORIESE TOEKOMSBERAAD KRISIS IN 2015 NA OPLOSSINGS IN 2020
GEREELD
Redakteursbrief
Ons werk mét en ín die werklikhede van die land, maar ons berus ons nie daarby nie, want ons verwag meer. Ons strategie is daarop gerig om selfstandigheid op noodsaaklike terreine te bewerkstellig. bladsy 6
Seepkis
Tradisies, taal en kultuur is opnuut onder skoot by die NoordwesUniversiteit se Potchefstroom-kampus. Lees wat ons lesers sê oor die eise en aansprake van die radikale ReformPUK-groep. bladsy 7
SpreekBuys
Suid-Afrika is gelukkig nie Zimbabwe nie en ons kan nog keer dat ons daar beland. Daar is egter belangrike lesse te leer uit hierdie mensgemaakte ramp., skryf Flip Buys. bladsy 8
jy & die Reg
Solidariteit spog met die grootste regsafdeling van alle vakbonde in die land. Vanjaar het Regsdienste se Arbeidshof- en Algemene Litigasie-afdelings weer groot welslae behaal. bladsy 52
in Retrospek
Marietjie besluit om een middag ná skool haar hare pienk en pers te kleur (tot haar ma se ontsteltenis). Maar dalk is ’n nuwe koers net wat mens nodig het, skryf Marietha Malan in haar rubriek. bladsy 73
Redakteursbrief Die hoop beskaam (nog lank) nie Stomverslaan loop ek nou die dag verby winkels waar die Kersversierings reeds opgehang is. Kan dit al tyd wees vir Kersboom opslaan en geskenke koop? My lyf sê ja, want ek is moeg ná die (lang) jaar se arbeid. Maar my kop sê nee, daar moet NOG BAIE TYD wees.
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
M
oeg, maar hoopvol en dankbaar vir die bietjie tyd wat ons van die jaar oor het, begin ek wonder of ons gemeenskap, saam met die moegheid oor die probleme in ons land, darem nog hoopvol en dankbaar is. Ons is moeg om te hoor daar gaan weer beurtkrag wees, ons is moeg om te hoor van rassediskriminasie, ons is moeg om te hoor van korrupsie en ons is moeg om te hoor dat dit Jan van Riebeeck se skuld is. Probleme word egter nie opgelos deur net daaroor te praat nie; dit word opgelos deur iets daaraan te doen. Ons moet ligdraers in ʼn wêreld van donker wees. Tydens die onlangse Toekomsberaad het Flip Buys gesê: “Dis ons geslag se taak om die omstandighede te skep waarin Afrikaners blywend vry, veilig en voorspoedig in Afrika kan leef, en nie net as enkelinge probeer oorleef nie. ʼn Sterk georganiseerde Afrikanergemeenskap met die ruimtes wat nodig is om tuis te voel in Afrika, sal juis die vertroue in die toekoms skep om hier te bly en ʼn volhoubare bydrae tot die land en al sy mense te lewer.” Die Solidariteit Beweging het gedurende 2015 honderde projekte en veldtogte op die
6
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
been gebring, juis om hoop te help skep. Die projekte en planne is prakties uitvoerbaar en lankal nie meer net drome of praatjies nie. Hierdie uitgawe van die Solidariteit Tydskrif gee ʼn oorsig van alles wat die Beweging in 2015 vermag het. Die vakbond Solidariteit het meer as 21 veldtogte van stapel gestuur om te verseker dat ons ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms in Suid-Afrika het; AfriForum het gegroei tot 120 takke en 150 000 lede; Helpende Hand sit hand by met gehalte-onderrig en die verbreking van armoede; Akademia groei van krag tot krag as ʼn privaat tersiêre opleidingsinstituut, en so kan die lysie aanhou. Daarbenewens is daar op 5 Mei vanjaar ʼn Krisisberaad gehou om te besin oor die dubbele krisis van staatsverval en tweedeklasburgerskap. Tydens dié beraad is gesê die staat het gelukkig nog nie verval nie, en daar is nog baie positiewe faktore wat ʼn mens hoop gee dat die land nie sommer heeltemal sal verval nie. Maar die rooi ligte flikker omdat belangrike dele van die staat reeds so ingrypend verswak het of reeds verval het, dat dit die res van die staat kan omtrek as dit nie betyds gekeer word nie. Die Krisisberaad het nie net by praat gebly
nie, want Solidariteit dóén! Daarom het die Helpmekaar 2020-plan, waarmee ons almal saam ʼn beter toekoms kan bou, voortgespuit uit die Krisisberaad. Ons werk mét en ín die werklikhede van die land, maar ons berus ons nie daarby nie, want ons verwag meer van onsself. Ons strategie is daarop gerig om deur sterk selfhelporganisasies groter en groeiende selfstandigheid op noodsaaklike terreine te bewerkstellig. Dit is aanvullend tot die swak of onwillige staatstrukture. Die doelwit van die veldtog is om aan ons die vermoë te gee om besluite te kan neem en dit self uit te voer. Deur hierdie sterk en selfstandige selfdoengemeenskapstrukture wil ons ons afhanklikheid van swak staatsbesluitneming verminder. En só staan ek steeds by die Kersversierings en dink: Daar moet tog nog baie hoop wees, want dis mos God wat ons gewillig maak om te doen waarvan Hy hou, en Hy gee ons ook die vermoë om dit te kan doen! (Filippense 4).
Cilleste
CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR
Seepkis
Word deel van die gesprek by www.blog.solidariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan: Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za
Studente sê oor ReformPUK
Verskeie studente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus het hulle tot sosiale media gewend om hulself teen die uitsprake en aksies van ReformPUK uit te spreek. Dit volg nadat dié groep verskeie eise oor TRANSFORMASIE, TAAL EN KULTUUR op die Puk gemaak het. Volgens berigte het die groep onder meer gedreig dat die universiteit “onregeerbaar” gemaak sal word indien daar nie uitvoering aan hul eise gegee word nie.
Sueritta Gouws Townsend: Dis wat ek noem geleerd. Mense, ons moet saamstaan en besef ons is in die minderheid, maar in kennis die meerderheid.
H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Cilleste van Dyk
ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 denise@solidariteit.co.za
Cecilia Olivier: Dit was lekker, maar nou is dit verby. Hierdie slapgat dreigemente en manipulasie van mense gaan nou te ver. Kgwadi is ʼn marionetpop en die regering trek die toue. Hy word beveel en as hy nie wil nie... vlieg die dreigemente.
Louis Alberts: Julle kan geleenthede van ons af wegvat; ons skep maar net ander. Ons is mense wat iewers wil kom in die lewe. Dink hulle het dit bietjie vergeet.
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE
WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Daleen Gouws
Anthonie Thiart: Hierdie is die studente wat gewoonlik die beurse kry, want hulle is van die agtergeblewenes, en ons moet kreun en steun om ons kinders deur universiteit te kry.
Danie Loots: Ons kon nog altyd oorleef, hierdie is die bewys, maar ons is nou 90% verby gatvol. Die damwal moet breek...
Solidariteit Solidarity
ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Elna Botes
Bets Nortje: Ons studente moet ook staan op hul regte! Hennie de Beer: Staan op jul regte. Etienne Delport: Mooi man... Dis die gees wat die Afrikaanse nasie elke keer weer bo sal laat uitkom... Soos die Engelsman sê: “You cannot keep a good man down!”
MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Flip Buys, Reint Dykema, Daleen Gouws, Dirk Hermann, Hanlie Jansen van Vuuren, Susan Lombaard, Marietha Malan, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Alet Rademeyer, Tanya Ras, Francois Redelinghuys, Ilze Salzwedel, Francois Smit, Inge Strydom, Juran van den Heever, Cilleste van Dyk en Hannie Viljoen. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION
Mari Vorster: Só ʼn bek kort jam.
MENINGSPEILING KAN ‘N SELFDOEN-INGESTELDHEID ‘N VERSKIL IN ONS LAND MAAK?
a Ja, Afrikaners het nog nooit gesukkel om weer op te staan en verder te bou nadat hulle op hul b knieë gedwing is nie. Nee, nie eens as ons alles self doen, sal dit ʼn verskil maak nie. c
Foto’s: iStockphoto.com
Ek weet nie. Ek wil graag glo dit kan ʼn verskil maak, maar omstandighede is net te onseker. SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za
Tel: 082 445 4513 | aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort
ONS BESKERM JOU WERKBELANGE DEUR DIK EN DUN! Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se vriendelike dienssentrumagente sal jou terugskakel en jou vinnig help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34802 te stuur. SMS’e kos R2. Ons beskerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! Verander jou adres by diens@solidariteit.co.za.
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
7
Beweging se Helpmekaar 2020-plan kan SA se glybaan na Zimbabwe keer
TE MIN MENSE WAT WERK Suid-Afrika is gelukkig nie Zimbabwe nie en ons kan nog keer dat ons daar beland. Daar is egter BELANGRIKE LESSE te leer uit hierdie mensgemaakte ramp. Mugabe se “resep” vir ’n werkloosheidskoers van 80% is al té veel keer in Afrika herhaal om te dink dat dit nie weer kan gebeur nie. Boonop is daar al meer onheilspellende tekens dat Suid-Afrika op ’n glybaan na ’n Zimbabwe toe op pad is. Kom ons wees maar reguit – Zimbabwe praat met ons!
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
D
8
ie mislukking van transformasie as staatsideologie is daar vir almal wat wil sien. Die afdraande pad van hierdie nuwe rassepolitiek lê besaai met die wrakke van kragstasies sonder krag; siek staatshospitale; polisiekantore sonder ’n polisiediens; skole sonder onderwys; ’n staatslugdiens wat vliegtuie met belastinggeld in die lug hou; munisipaliteite sonder dienslewering; universiteite sonder kennis; en ’n SABC met base sonder grade. Die belangrikste twee rooi ligte is dat dit al meer lyk of die regering nie ’n moderne land kan regeer nie en of Westerlinge nie deel van die regering se toekomsprentjie vir die land is nie. Daar is egter drie “bepalings en voorwaardes” verbonde aan hierdie sterk stelling. Die eerste is dat die land as geheel nog ver van verval af is, al het baie dele van die staat al verval. Tweedens word daar nie meer vir Afrikaners as gemeenskap ʼn plek voorsien nie, hoewel daar in regeringsoë nog plek is vir wit mense wat bereid is om as enkelinge by die meerderheid ingelyf te word. Derdens hang ons toekoms gelukkig nie af van die ANC of van partye wat verder links is nie, maar van onsself. Daarom is Solidariteit se Helpmekaar 2020plan daarop gemik om ’n toekoms te skep waarin Afrikaners en Westerlinge ook blywend vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan leef – tot voordeel van die hele land en sy mense.
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Werkerregte hang af van burgerregte Ons plan is hoegenaamd nie partypolities nie, maar in wese daarop gemik om ons lede se werk te verseker, want die belangrikste les uit Zimbabwe is dat werkerregte afhang van burgerregte en -vryhede. Hierdie wysheid van dr. Frans Barker, seker die vernaamste arbeidsekonoom wat die land nog opgelewer het, is onderliggend aan ons beplanning. Die rede daarvoor is eenvoudig: Werk is lewensnoodsaaklik vir elke mens. Met ’n goeie werk kan jy vir jou gesin sorg; kan jy en jou gesin ’n ordentlike lewe lei; kan jy spaar vir jou oudag; en kan jy jou roeping vervul. Jou werk bevoordeel egter nie net jouself nie. Jou belasting help om Suid-Afrika se infrastruktuur te betaal; verskaf die produkte en dienste wat die mensdom nodig het; versorg die armes; en skep werk vir jou medemens wat weer dienste en produkte lewer wat jy nodig het. Daarom is ’n groot deel van ons Helpmekaarplan daarop gerig om ons lede se werk te beskerm, hulle te help met ’n goeie werk, en hul kinders te ondersteun met goeie onderwys en opleiding sodat hulle ook later self ’n goeie werk kan hê of self ’n werkgewer kan wees. Onsigbare werkverliese Juis om dié rede veg ons ook so hard vir ons lede se werk wat op verskeie plekke in gedrang is. Dreigende afdankings by staalfabrieke en myne haal gereeld die hoofopskrifte omdat die
moontlike sluiting van ’n myn of ’n fabriek groot nuus is. Hoe groot die gevaar van die verlies van bestaande poste ook al is, is daar selfs ’n nóg groter gevaar vir werk. Dit behels die derduisende onsigbare werkverliese in die vorm van poste wat nooit geskep word nie! Dit is die eintlike gevaar vir die land, want Suid-Afrika se grootse enkele probleem is dat té min mense werk. Dit is hoekom daar soveel ongelykheid en armoede is; hoekom daar so min belastingbetalers en soveel belastingontvangers is; en hoekom die regering se mooi planne om gratis dienste en huise vir die armes te gee, onbekostigbaar is. Hierdie basiese werklikheid van ons werkmag wat te klein is, is deur die ekonoom Mike Schüssler beklemtoon. Hy het daarop gewys dat net sowat 40% van volwassenes in Suid-Afrika werk. Dit is minder as in ander Afrikalande soos Uganda, Ethiopië en Angola. Die belangrikste redes vir hierdie “onsigbare” werkverliese is maatskappye wat weens elektrisiteitsverskaffingsprobleme nie uitbrei nie, Suid-Afrika se arbeidverhoudinge wat as die swakste ter wêreld gesien word, die land se onvriendelike sakebeleid oor sake soos eiendomsreg, en die land se rassebeleid, vaardigheidstekorte en swak regering. Onvry, onveilig en arm Die gevolge van alles wat nou in die land aangaan, is dat al meer mense bekommerd raak oor hul vryheid, veiligheid en voorspoed.
SpreekBuys
FLIP BUYS is voorsitter van die Solidariteit Beweging
TOEKOMSBERAAD HELPMEKAAR 2020
Toekomsberaad 2015: 2020-teikens Die Solidariteit Beweging het dit by die Toekomsberaad duidelik gemaak dat ons nie net vae planne het nie, maar meetbare doelwitte wat met sterk selfhelp-organisasies nagejaag gaan word. ’n Opsomming van die volledige Helpmekaar 2020-plan is beskikbaar by www.toekomsberaad.co.za. Die belangrikste doelwitte vir 2015 tot 2020 is soos volg: 1. Veiligheidstrukture: Dit word uitgebrei van die huidige 69 na 300 dorpe en stede. 2. Tegniese opleiding: Die huidige 1 200 vakleerlinge wat jaarliks opgelei word, neem toe tot 2 100 vakleerlinge per jaar. 3. Akademia: Neem toe van die huidige 300 studente na 2 000 studente. 4. Helpende Hand se skoleondersteuning: Word uitgebrei van 505 skole na 1 000 skole. 5. Helpende Hand: Groei van 130 na 300 takke landwyd. 6. Solidariteit: Groei met sowat 58 000 lede – van die huidige 142 000 na 200 000 lede. 7. Studiehulp: Verleen studiehulp aan 4 000 studente, in vergelyking met 1 500 tans. 8. Maroela Media: Van die huidige 1 miljoen na 2 miljoen unieke lesers per maand. 9. FAK-geskiedenisprojekte: Sal uitgebrei word vanaf die huidige 100 skole na 500 skole. 10. Solidariteit: Vanaf 25 vennote na 50 vennote. 11. ʼn Toename in Pretoria FM se luisteraarstal van 200 000 na 500 000. 12. Aros Onderwyskollege: ʼn Toename in onderwysstudente – vanaf 700 tot 1 000. 13. Die ledetal van die Beweging in die geheel: Vanaf 330 000 na 500 000 lede en hul gesinne. S
“
We have become a nation of employees. We are dependent upon others for our means of livelihood, and most of our people have become completely dependent upon wages. If they lose their jobs they lose every resource. For them the substance of life is in another man’s hands. T. Tannenbaum – A philosophy of Labour
PERSENTASIE WERKENDE MENSE (15 TOT 64 JAAR) – 2011 100% 90% 80%
79% 75%
73%
70%
72%
70% 66% 65% 64%
60%
61%
60%
58%
56% 48%
65%
50% 40%
41%
Ten einde die 65%-koers te bereik, moet ons +- 7,9 miljoen meer mense in diens neem.
30% 20%
43%
10% 0%
Switserland Ysland Noorweë Nederland Swede Denemarke Australië New-Zeeland Duitsland Oostenryk Kanada Verenigde Koninkryk Japan Finland Verenigde State Tsjeggiese Republiek Estonia OESO Luxembourg Slowenië Portugal Korea Frankryk België Chili Israel Meksiko Poland Ierland Slowakiese Republiek Spanje Italië Hongarye Griekeland Turkye Suid-Afrika
Talle meen dat hul gesinne nie meer veilig is nie, of is bekommerd oor onvryheid weens die transformasiebeleid van rasse-oorheersing, dat hul werk in gevaar is en dat hulle daardeur in armoede gedompel kan word. Daarom is die doel van Solidariteit se plan as moderne Helpmekaar-beweging juis die omgekeerde van hierdie drie vrese. Dit is om ’n toekoms te skep waarin ons ook blywend vry, veilig en voorspoedig kan wees. Die bereiking van hierdie visie is ’n voorwaarde vir ’n goeie werk vir elke lid van Solidariteit. Die belangrikste voorwaarde om ’n werk te kan kry, is dat byna al die werkgeleenthede in die land tegniese of akademiese opleiding vereis. Dis hoekom Solidariteit so groot klem op goeie onderwys en opleiding lê. Die Beweging beplan om in die volgende vyf jaar bykans R1 miljard in onderwys en opleiding te belê.
Totale bevolking
0 tot 14 jaar
16,2 MILJOEN Kan/wil nie werk 12,7 m Studente 6,3 m Tuisteskeppers 2,8 m Gestremd/siek 1,6 m 1,2m Te jonk/afgetree Ander redes 0,8 m Nie ekonomies aktief – 15,2 miljoen Kan nie/wil nie werk 12,7 m Eng definisie van ontmoedigde werksoekers 2,5 m
Werkouderdom 15 tot 64 jaar
35,5 MILJOEN
Werkloos (breë definisie)
8,4 MILJOEN
Breë definisie van ontmoedigde werksoekers
Mense wat werk soek
3,3 MILJOEN
5,1 MILJOEN
65 jaar en ouer
3 MILJOEN
Werkend Formeel Informeel Huishoudelik Landbou
15,1 m 10,8 m 2,4 m 1,2 m 0,7 m
Werkkoers
42,6%
Amptelike werkloosheidskoers Uitgebreide werkloosheidskoers Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
9
Nuuswaardig
Ons grootste geskenk is om te doen In 2015 is daar baie probleme opgelos, maar daar het ook ʼn hele rits uitdagings bygekom. Probleme word egter nie opgelos deur net daaroor te praat nie; dit word opgelos deur iets daaraan te doen. Van Wyk Louw het tereg gesê ʼn volk se voortbestaan berus nie op abstrakte regte of dinamiese leiers nie, maar op DADE waarmee die mense daagliks hul bestaansreg bevestig, berig CILLESTE VAN DYK.
I
n minder as ʼn jaar het die vakbond Solidariteit 21 groot veldtogte aangepak om ʼn daadwerklike verskil te maak in die gemeenskap waarvan ons deel is. “Ons is Afrikane en Suid-Afrikaners, maar ons mag Afrikaners ook wees, want daar kan van geen gemeenskap op aarde verwag word om hul bestaan op te hef en so hul geskiedenis en grondwetlike bestaansreg en regte prys te gee nie. Dis tog kulturele selfmoord!” verduidelik Flip Buys. Ons mag aan ons eie kant wees, want dit beteken nie dat ons teen ander is nie. “Ons kan nie toelaat dat ons met ʼn skuldkompleks as politieke gyselaars van die verlede aangehou word nie. As Afrikaners nie vir hulself omgee nie, gaan niemand anders dit doen nie,” verduidelik Buys. Die konsep “neem uit die verlede wat goed is en bou daarop” is die uitgangspunt van die meeste van Solidariteit se veldtogte. Solidariteit wil graag ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms vir die volgende geslag nalaat, en deur te “doen”, kan daardie geskenk ʼn werklikheid word. Ons geskiedenis het egter bewys wanneer gewone mense saamwerk, kan hulle selfs in ongewone omstandighede buitengewone resultate behaal. Help Solidariteit om buitengewone resultate vir ons gemeenskap te verwesenlik.
10
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Solidariteit-veldtogte 2015 Afleggingsveldtog Solidariteit het ‘n blitsverslag oor die vlaag afleggings in 2015 bekend gestel, met wenke om hierdie moeilike situasie te bestuur. Eskom-veldtog Solidariteit het ʼn veldtog van stapel gestuur om druk op die departement van arbeid te plaas om Eskom van rasseteikens te bevry. Spaar-veldtog Solidariteit het spaarwenke bekend gestel. Kovsies-veldtog Solidariteit het die Universiteit van die Vrystaat (UV) oor sy taalbeleid gekap. Meer as 3 000 Solidariteit-lede het in ʼn aanlynpeiling aangedui dat hulle teen die beoogde hersiening van die UV se taalbeleid is. KragDag-veldtog Solidariteit, in samewerking met KragDag, het ’n noodplan in die geval van ’n algehele Eskomonderbreking bekend gestel. Die plan bied wenke oor hoe huishoudings vir tot twee weke sonder Eskom-elektrisiteit kan voorberei.
Pensioen-veldtog Solidariteit gaan eersdaags die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) se toepassing van die sogenaamde “skoonbreuk”-beginsel in die hooggeregshof toets. Solidariteit is van mening dat dié beginsel ʼn uiters negatiewe uitwerking op lede van die fonds se pensioen en finansiële posisie het. Groter as Nkandla-veldtog Korrupsie in Suid-Afrika het krisisafmetings bereik en strek veel wyer as die berugte Nkandla-debakel. Dít is volgens ʼn verslag wat deur die vakbond Solidariteit vrygestel is. Die verslag bevat besonderhede van nege korrupsieskandale wat die belastingbetaler die afgelope paar jaar veel meer gekos het as die R246 miljoen wat aan die president se Nkandlawoning bestee is. Die ander veldtogte het ingesluit die Alumini-veldtog, #ProPUK-veldtog, DKDveldtog, Eggenote-veldtog, Vroue-veldtog, Konvokasie-veldtog, Korrupsie-veldtog, 2015 Krisisberaad, Lede-veldtog, VN-veldtog, Vergoedingskommissaris-veldtog en die 2015 Toekomsberaad. S
Nuuswaardig
SA regering by VN aangekla oor raskwotas
E
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
en van die grootste veldtogte wat Solidariteit in 2015 aangepak het, was om ʼn klag by die Verenigde Nasies in Genève se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering in te dien. Die veldtog het meer steun ontvang as enige ander veldtog wat tot op hede aangepak is. Dit is die eerste keer sedert 1994 dat die Suid-Afrikaanse regering vir rassediskriminasie by die Verenigde Nasies aangekla is. Die klag volg onder meer op Renate Barnard se nege jaar lange stryd teen rassekwotas in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wat sy uiteindelik in die konstitusionele hof verloor het. Die Solidariteit-klag fokus egter ook in die algemeen op die regering se gebruik van rassekwotas wat aan die hand van die land se nasionale rassedemografie gemeet word. Twee van Suid-Afrika se voorste regskenners, advokate Martin Brassey (SC) en Greta Engelbrecht het Solidariteit bygestaan met die opstel van die klag. Die Solidariteit-afvaardiging het ook ander VN-amptenare, die Internasionale Arbeidsorganisasie, lede van die Europese Parlement en ander Europese politici gaan sien om steun vir die veldtog teen rassekwotas te kry. “Altesaam 572 582 lede van die Solidariteit Beweging en ander Suid-Afrikaners het met ʼn petisie die Solidariteit-klag gesteun. Dit is die grootste petisie na ʼn buitelandse liggaam teen die Suid-Afrikaanse regering in die afgelope 20 jaar,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Die insette van ʼn groot verskeidenheid kundiges is vir die verslag ingewin. Dit het ingesluit Herman Mashaba van die Vryemarkstigting; die bekende sakeman Zandile Zungu; Theuns Eloff, voorsitter van die F.W. De Klerk-stigting; Temba Nolutshungu,
12
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
direkteur van die Vryemarkstigting; Tony Leon, voormalige leier van die Demokratiese Alliansie; René Govender van die vakbond-konfederasie CONSAWU; Danny Titus in sy persoonlike hoedanigheid; en Paul Hofmann (SC) van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in SuiderAfrika. “Die wye verskeidenheid insette wat ons ontvang het, het meegebring dat ons ʼn verslag kon opstel wat werklik ʼn wesenlike deel van die Suid-Afrikaanse samelewing verteenwoordig. Die verslag het baie groter geword as Solidariteit. Die ondersteuners van die klag sluit mense oor rassegrense in. Alle Suid-Afrikaners is moeg daarvoor om onder beurtkrag deur te loop terwyl Eskom sy rassekwotabeleid verskerp. Gewone Suid-Afrikaners wil goeie waarde vir hul belastinggeld hê. Die beste instrument vir regstellende aksie is nie ʼn staatshospitaal met ʼn swart bestuur nie, maar ʼn hospitaal met ʼn doeltreffende bestuur, hetsy dit swart of wit is,” het Hermann gesê. Volgens Hermann het Solidariteit reeds verskeie hofsake teen die Suid-Afrikaanse regering gevoer; die parlement met twee wetswysigings gepetisioneer, en meer as een keer ʼn parlementêre debat aangevra, maar sonder sukses. “Ons het ʼn lang plaaslike proses gevolg en het besluit om ons stryd vir billike arbeidspraktyke ook op internasionale platforms te voer. Ons is reeds besig met ʼn soortgelyke klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie. Ons voer aan die Suid-Afrikaanse regering oortree die internasionale reg op verskeie plekke en dit is ons demokratiese plig om dit onder die aandag van die tersaaklike forums te bring. Voldoening aan internasionale vereistes is juis deel van ons demokrasie en dit sal ondemokraties wees om Suid-Afrika nie daaraan te hou nie.” S
Wat is die proses van die VN-klag en wat kan dit beteken? Deur dr. Dirk Hermann • Suid-Afrika is ʼn lidland van die konvensie vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie. • Een van die verpligtinge van ʼn lidland is om elke twee jaar verslag te doen oor hoe hy aan die konvensie voldoen. • Suid-Afrika het vir agt jaar lank nagelaat om sy verslae in te dien en Solidariteit het die regering daaroor by die VN verkla, waarop die verslae toe wel ingedien is. • Burgerlike organisasies word dan uitgenooi om kritiek op die verslag te lewer en om leemtes aan te dui. Dit word gedoen in die vorm van ʼn skaduverslag. • Solidariteit se klag teen die SuidAfrikaanse regering is in die vorm van so ʼn skaduverslag gelewer. • Die kern van die verslag is die feit dat die regering die nasionale rassedemografie as ʼn kwota gebruik. Die druis in teen die bepalings van die konvensie. • Die komitee is die waghond van die konvensie; dit bestaan uit verteenwoordigers van 20 verskillende lande wat dan aanbevelings aan lidlande kan maak. • Hierdie komitee sit in April 2016 wanneer die Suid-Afrikaanse regering se verslag en Solidariteit se skaduverslag hanteer sal word. • Die lidland is dan verplig om die aanbevelings te implementeer en verslag daaroor te doen. • So ʼn aanbeveling is ʼn kragtige politieke instrument hier in Suid-Afrika. • Aangesien Suid-Afrika ʼn lidland van die tersaaklike konvensie is en homself deur wetgewing verbind het aan die bepalings van die konvensie, kan ʼn positiewe aanbeveling van die VN Solidariteit in staat stel om deur plaaslike howe die Suid-Afrikaanse regering te dwing om die aanbevelings te implementeer. Die Verenigde Nasies is nie ʼn towerstaf waardeur plaaslike politieke kwessies opgelos kan word nie. Dit is wel ʼn kragtige instrument wat saam met verskeie ander drukmetodes gebruik kan word. S Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
13
Newsworthy
Corruption crisis in SA bigger than Nkandla
Corruption in South Africa has reached crisis proportions and stretches far beyond the notorious Nkandla debacle. This is according to a REPORT released by the trade union Solidarity in September. INGE STRYDOM reports.
T
he report details nine other corruption scandals over the past few years that have cost the taxpayer much more than the R246 million spent on the president’s Nkandla home. Solidarity consulted various media sources and indices in its analysis and placed the Nkandla debacle in tenth place, with nine other cases and institutions faring even worse in terms of their extent, severity and impact on the corruption scale. These include the South African Police Service (SAPS) and the Department of Home Affairs. One of the biggest government blunders discussed in the report is the R620 million spent on unsuitable locomotives by the Passenger Rail Agency of South Africa (Prasa). A recent report by the Auditor General (AG) showed that Prasa racked up irregular expenditure of at least R790 million. According to Dr Eugene Brink, senior researcher at the Solidarity Research Institute, the findings in the report are shocking, but they are merely a drop in the ocean. “It is impossible to quantify the actual extent of corruption in South Africa, as much of it goes unnoticed and unpunished. Furthermore, there are even more incidents of corruption not mentioned in this report that exceed Nkandla. The findings in the report are therefore not all-encompassing but are merely an indication that corruption is undeniably one of the biggest crises in our country,” Brink explained. Brink believes one of the major disadvantages of corruption is that it deprives citizens of essential service delivery. “The waste of South Africa’s resources partly explains the high incidence of violent protest action across the country. In addition, corruption discourages investors, leading to a drop in business confidence.” Dave Steward, Executive Director of the FW de Klerk Foundation, responded to Solidarity’s report by saying it provided valuable information on the growing scourge of corruption in South Africa. “Corruption is a very real threat to governance and to the future of all South Africans, so the more information we can disseminate about it the better,” he said. Solidarity has brought its report to the attention of several stakeholders, including the Public Protector, Adv. Thuli Madonsela, and the watchdog organisation Corruption Watch. S
14
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
10 CORRUPTION SCANDALS • Local government • The SAPS • Tenderpreneurship • Prasa • Tshwane prepaid meters • The Metro Police • Forged qualifications • The Department of Home Affairs • The Cabinet and Parliament • Nkandla
Nuuswaardig
Afgevaardigdes van Suid-Tirool kuier by Solidariteit Beweging
Foto: Reint Dykema
’n
Deur Inge Strydom
Span van sewe afgevaardigdes van Suid-Tirool, ’n onafhanklike provinsie in die noorde van Italië, het in Oktober by die Solidariteit Beweging gekuier. Tydens die besoek het die voormalige goewerneur van Suid-Tirool, Luis Durnwalder (foto bo), die beraadgangers van die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad toegespreek. Durnwalder, wat van 1989 tot 2014 aan die stuur van dié selfstandige gemeenskap gestaan het, word wêreldwyd as ’n invloedryke Europese politikus beskou. Suid-Tirool is ’n klein provinsie met sowat 550 000 mense en die meerderheid is Duitssprekend. Hulle is ’n relatief klein Duitse gemeenskap in ’n groot Italiaanse staat. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die Solidariteit Beweging het groot agting vir die Suid-Tirolers en dit wat hulle as ’n minderheid in ’n groot staat vermag. “Durnwalder het die beraadgangers oor verskeie praktyke rakende die selfstandigheid en beskerming van minderhede toegespreek,” sê Hermann. Durnwalder en die afvaardiging het tydens hul verblyf in Suid-Afrika ’n omvattende studietoer onderneem om Suid-Tirool se bande met Afrikaners te versterk. “Die Suid-Tirolers het ’n besonderse band met die Afrikaner, of Buren, soos hulle ons noem,” het Hermann bygevoeg. S Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
15
Nuuswaardig
TOEKOMSBERAAD HELPMEKAAR 2020
Beweging stel Helpmekaarplan van R3,5 miljard bekend
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
D
16
ie Solidariteit Beweging droom nie net meer van ʼn vry, veilige en voorspoedige Suid-Afrika vir Afrikaners nie: Daar is nou ʼn daadwerklike plan waarmee daar self verantwoordelikheid vir die toekoms geneem sal word. ʼn Helpmekaarplan van R3,5 miljard is bekend gestel tydens die geskiedkundige Toekomsberaad wat op 10 Oktober deur die Solidariteit Beweging aangebied is. Die beraad is deur sowat 3 000 afgevaardigdes en lede van die publiek bygewoon. Die plan wat bekend gemaak is, sal oor die volgende vyf jaar toegepas word. Dit sluit in die uitbou van Akademia tot ’n groot, nuwe Afrikaanse private universiteit; miljoene rande se studiehulp aan Afrikaanse studente; ʼn taalsentrum, planne vir gemeenskapsveiligheid; goeie werk; armoedeverligting; tegniese opleiding; Afrikaanse gemeenskapmedia; erfenisbewaring en geskiedenisprojekte; en talle ander projekte. “Die krag van die plan lê daarin dat ons gaan doen wat ons sê. Dit is nie ʼn droom nie, maar ʼn plan. Ons gaan nêrens heen nie, daarom neem ons self verantwoordelikheid Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
om ʼn toekoms hier te skep. Die sentrale idee van ons plan is selfstandigheid. Ons het lankal agtergekom dat ons nie op die staat kan vertrou om ʼn toekoms vir ons te skep nie. Ons moet self die verantwoordelikheid daarvoor neem,” het Flip Buys (foto), voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê. Die Solidariteit Beweging bestaan uit 18 verskillende instellings wat onder meer die vakbond Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, die FAK, Akademia, Maroela Media, Sol-Tech, Kraal Uitgewers en verskeie finansiële instellings insluit. Die plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense. Daar word reeds elke maand bydraes deur die sowat 320 000 lede van Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die FAK gemaak. Hierdie getal behoort oor die volgende vyf jaar tot meer as 500 000 te groei. Hierdie klein bydraes van mense maak die grootste deel van die plan se finansiering uit. Die grootste deel van die vakbond Solidariteit se begroting gaan bestee word aan nuwe metodes om ʼn goeie werk vir sy
lede te verseker, en dit sluit opleiding in. Goot beleggings gaan in die ontwikkeling van nuwe elektroniese metodes gemaak word om mense te help om ʼn goeie werk te kry en te behou. Solidariteit se finansiëledienstemaatskappy en die Virseker Trust dra reeds R13 miljoen per jaar tot die plan se begroting by en daar word beplan om dit oor die volgende vyf jaar te verdubbel. Solidariteit Helpende Hand het reeds 4 500 studente met lenings en beurse ten bedrae van R73 miljoen gehelp om te studeer en beplan om sy studiefonds teen 2020 tot R160 miljoen uit te bou. Solidariteit het ook pas ʼn nuwe kampus vir Akademia gekoop en daar word beplan om teen 2020 die fasiliteite vir ʼn Afrikaanse kampus, waar verskeie tersiêre instellings gehuisves sal word, drasties uit te brei. Die tegniese kollege, Sol-Tech, gaan ook uitgebrei word om 1 500 ambagslui per jaar op te lei. AfriForum beplan om tot 2020 minstens R735 miljoen in gemeenskappe te belê deur veiligheidstrukture in plek te sit, hulp te verleen waar munisipale dienste verval, bystand aan skole te lewer en ander burgerlike projekte aan te pak.
Nuuswaardig
“ Die krag van die plan lê daarin dat ons gaan doen wat ons sê. Dit is nie ‘n droom nie, maar ‘n plan.
Van krisis in 2015 na oplossings in 2020
D Elke Solidariteit-lid dra R10 per maand by tot die Solidariteit Boufonds. Die bedrag wat hieruit gemobiliseer word, beloop sowat R16 miljoen per jaar. Verskeie van die projekte in die Solidariteit Beweging se plan word uit die Boufonds gefinansier. Solidariteit beplan ook om in die volgende vyf jaar miljoene rande se hofaksies en internasionale veldtogte teen rassekwotas te voer. Dit word moontlik gemaak deur duisende mense se maandelikse debietorderbydraes. Nog instellings wat deur die plan ondersteun word, is die FAK, Pretoria FM, die Erfenisstigting en Kraal Uitgewers. ’n Internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis en lesplanne vir Afrikanergeskiedenis, wat aanvullend tot skoolkurrikulums sal wees, gaan ook ontwikkel word. Die plan maak ook voorsiening vir die bevordering van Afrikaans in alle sektore van die samelewing. ʼn Omvattende taalsentrum wat miljoene rande se projekte van stapel sal stuur om Afrikaans te bevorder, is deel van die plan. Ander bronne waaruit die begroting van die Solidariteit Beweging se plan gefinansier word, is skenkings, bemakings, bestaande trusts en besigheidstransaksies. “Die Toekomsberaad van vandag was ʼn historiese geleentheid,” het Buys gesê. S
Deur Flip Buys
aar is mense wat dit vreemd vind dat ons sê ʼn gemeenskap moet verantwoordelikheid vir sy toekoms aanvaar, asof dit nie doodnormaal is nie. Geen regering ter wêreld kan alles vir almal doen nie, wat nog te sê ʼn regering wat teen ʼn deel van sy burgers regeer. Dit is mos heeltemal onverantwoordelik om jou toekoms net aan ʼn regering oor te laat – vra maar vir die Grieke, die Zimbabwiërs, of enige ander land se burgers. ʼn Suksesvolle land bestaan uit ʼn doeltreffende staatsektor, ʼn groeiende privaatsektor en ʼn aktiewe gemeenskapsektor. Maar die ineenstorting van die staatsektor kan die ander sektore ook vernietig, soos in Zimbabwe gebeur het toe die regering se vernietiging van sy burgers se politieke en burgerlike vryhede tot ʼn werkloosheidsyfer van 80% gelei het. Waar die doel van ʼn ekonomie is om die lewenstandaard van die bevolking te verhoog, is die doel van ʼn gemeenskapsektor om die lewensgehalte te verhoog. Daarom is ons droom om vanaf ʼn krisis in 2015, met behulp van ʼn verskeidenheid helpmekaarplanne, te beweeg na ʼn 2020 waar ons praktiese oplossings in plek het – planne wat ons goed op die pad van ons visie sal plaas na ʼn toekoms waar ons gemeenskap blywend vry, veilig en voorspoedig in Afrika kan lewe (en nie net te oorlewe nie, want dit klink te na aan oorlede!). Natuurlik besef ons dat alles nie teen 2020 maanskyn en rose gaan wees nie, maar ons glo dat praktiese planne met meetbare doelwitte wat deur sterk organisasies uitgevoer word, ons veel verder gaan vat as om net ons oë toe te knyp, elke vyf
jaar te stem, en verder te hoop vir die beste. Daarmee wil ons die moedelose gevoel onder mense die nek inslaan dat om polities mag-loos te wees, ons terselfdertyd magteloos maak. Dit is nie waar nie! Kom ons fokus eerder op uitvoerbare planne wat ʼn tasbare verskil in mense se lewe gaan maak – dis hoe ʼn toekoms geskep word. “Volkseenheid deur volksveelheid” Die voorwaarde vir die sukses van enige plan is dat soveel Afrikaners as moontlik dit moet steun en aktief moet meehelp om dit uit te voer. Ons wil vir ʼn hele gemeenskap ʼn toekoms skep; nie net vir een faksie nie. Maar om hierdie kritieke massa se steun te kry, sal die belangrikste en soms uiteenlopende sienings deel van hierdie plan moet wees. Planne vir “volkseenheid” werk nie omdat dit veronderstel dat almal by een plan moet inval. Dit is wensdenkery dat almal met alles moet of sal saamstem – dit gebeur nêrens ter wêreld nie. Daarom, teenstellend soos dit mag klink, is die belangrikste vereiste vir eenheid dat daar ruimte moet wees vir “veelheid”. Ons uitgangspunt is dat mense nie met alles hoef saam te stem om nog steeds met mekaar te kan saamwerk oor die sake waaroor hulle wel saamstem nie. Dít waaroor ons verskil, hoef ons nie te verdeel nie. Kom ons los die debatte oor wie wat in 1992 gestem het, maar werk eerder saam in 2015. Daarom sal ons die demokratiese verdraagsaamheid aan die dag moet lê om met planne waarmee jy saamstem, saam te werk, en om dit waarvan jy verskil, nie teen te staan nie. Kom ons kyk wat dit in die praktyk beteken wanneer ons by praktiese planne kom. S Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
17
Nuuswaardig
TOEKOMSBERAAD HELPMEKAAR 2020
Beweging verskerp veldtog teen regstellende aksie
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
“O
18
ns mag nie toelaat dat ons en ons kinders se toekoms op grond van ras bepaal word nie.” Dít is die standpunt van dr. Dirk Hermann (foto), bestuurshoof van Solidariteit, wat in Oktober as een van die sprekers by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad in Pretoria opgetree het. Solidariteit het tydens die beraad aangekondig dat hy, as deel van die Solidariteit Beweging se 2020 Helpmekaarplan, sy veldtog teen die regering se toepassing van regstellende aksie gaan verskerp. Dit sluit onder meer verskeie strategiese hofsake in, en behels ook die voortsetting van die vakbond se klagte teen die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies. Hermann het tydens die beraad daarop gewys dat regstellende aksie in Suid-Afrika lankal nie meer met regstelling te doen het nie, maar eerder met ras. Hy meen die benadeling van regstellende aksie is nie net beperk tot die negatiewe impak wat dit op die werk- en loopbaangeleenthede van minderhede het nie. “Regstellende aksie het ook ʼn regstreekse impak op die doeltreffende funksionering van dorpe, stede en maatskappye, asook op doeltreffende dienslewering. Die paradoks hiervan is dat diegene wat die bevoordeeldes van regstellende aksie moet wees, die benadeeldes word,” sê Hermann. Solidariteit het reeds ʼn omvattende veldtog teen die regering se toepassing van regstellende aksie van stapel gestuur. Een van die hoogtepunte is Solidariteit se klagte teen die regering by die Verenigde Nasies (VN) weens die regering se verontagsaming van die VN se konvensie vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie. Solidariteit sal in April of Augustus 2016 ʼn aanbieding voor ʼn komitee bestaande uit verteenwoordigers van 18 lande rakende die vakbond se klagte teen die regering doen. In November vanjaar pak Solidariteit boonop die departement van korrektiewe dienste (DKD) namens tien lede in die konstitusionele hof. Die vakbond betwis ʼn deel van ʼn vroeëre uitspraak deur die arbeidsappèlhof in dié prominente hofsaak oor die DKD se toepassing van die nasionale rassedemografie. In ʼn ander geskiedkundige regstellendeaksie-hofsaak sal Eskom volgende jaar voor Solidariteit in die hof oor sy rasseplan te staan kom. Solidariteit argumenteer dat
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Deur Inge Strydom
die numeriese teikens wat in Eskom se regstellendeaksie-plan vervat word, slegs op die nasionale rassedemografie geskoei is en dat dit dus glad nie die rasseverspreiding van potensieel toepaslike kwalifikasies in ag neem nie. “Terwyl ons almal met beurtkrag sukkel, het Eskom ʼn rasseplan aanvaar wat net ras in ag neem. Die kernprobleem is dat die vaardigheidsaanbod nie belyn is met Eskom se plan nie. Die gevolg is diensprobleme wat ons
in die donker laat,” sê Hermann. Hermann voeg by dat die vakbond oor die volgende vyf jaar, as deel van die Beweging se 2020 Helpmekaarplan, verskeie ander strategiese sake gaan aanpak. Dit sluit sake rakende swart ekonomiese bemagtiging in. “Daar is reeds 14 verdere strategiese litigasiesake geïdentifiseer,” sê Hermann. Daarbenewens is Solidariteit reeds met 33 ander regstellendeaksie-hofsake besig. S
Solidariteit ® Helpende Hand
KLEIN HARTJIE
GROOT DROME Vir duisende kinders is iets eenvoudig soos kleurpotlode lewensveranderend. Daarom het Helpende Hand reeds meer as 25 000 skooltassies propvol skryfbehoeftes deur die Skooltassieprojek aan behoeftige graadeens regoor die land verskaf. In 2015 sal nog 5 000 skooltassies help om behoeftige kinders se toekomsdrome ‘n werklikheid te maak.
JY KAN SÓ HELP
• SMS die woord “TASSIE” na 38969 en skenk R10 vir ’n tassie • Skenk ’n tassie @ R250 • Word ’n maandelikse ondersteuner van Helpende Hand teen slegs R50 p.m.
BELÊ IN ONS KINDERS, BELÊ IN ONS TOEKOMS!
Besoek www.tassie.co.za vir meer inligting. Solidariteit Helpende Hand is ‘n geregistreerde handelsmerk en deel van die Solidariteit Beweging
Nuuswaardig
TOEKOMSBERAAD HELPMEKAAR 2020
Só word in krag van gemeenskapsmedia belê Die Solidariteit Beweging het in Oktober, as deel van die Beweging se 2020 Helpmekaarplan, aangekondig dat hy sy strategie vir die bevordering van Afrikaanse gemeenskapsmedia verder gaan uitbrei. Dié strategie sluit verskeie OPWINDENDE PROJEKTE in, onder meer die publiseer van Afrikaanse inhoud op Wikipedia. INGE STRYDOM berig.
Foto: iStockphoto.com
D
ie 2020 Helpmekaarplan is op 10 Oktober vanjaar by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad bekend gestel. Meer as 3 000 mense het die beraad in die Heartfelt Arena in Centurion bygewoon. Flip Buys, hoof van die Solidariteit Beweging, het tydens die beraad gesê dit is noodsaaklik vir gemeenskapsorganisasies soos die Solidariteit Beweging om by gemeenskapsmedia betrokke te wees. “Ons het ʼn verantwoordelikheid om te verhoed dat die toekoms van Afrikaanse media slegs aan die polities gedrewe openbare uitsaaiers en die winsgedrewe privaatsektor oorgelaat word. Ons ondersteun vryheid van uitdrukking en vryheid van die media as ʼn hoeksteen van die gesonde funksionering van enige gemeenskap,” het Buys gesê. Die Solidariteit Beweging is reeds by verskeie gemeenskapmedia-instellings betrokke. Dit sluit onder meer Maroela Media in, ʼn digitale nuusplatform wat nuus en inligting publiseer oor ʼn groot verskeidenheid kwessies wat deel is van die Afrikaanssprekende se leefwêreld. Maroela Media is ʼn snel groeiende Afrikaanse kuierplek op die internet, verduidelik Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media. “Maroela Media se groei is indrukwekkend en ons is reeds die grootste
20
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
gratis Afrikaanse nuuswebwerf in die land. Maroela het teen die einde van 2014 ongeveer 367 000 unieke besoekers per maand gehad. Ons beplan om in 2015 die kerf van 1 miljoen unieke besoekers per maand verby te steek en binne vyf jaar 2 miljoen unieke besoekers per maand te hê,” sê Lombaard. Lombaard verduidelik dat Maroela ook talle projekte wat Afrikaans bevorder, in die pyplyn het. “Een van die grootste projekte wat in die volgende vyf jaar uitgerol gaan word, is die publiseer van goeie gehalte Afrikaanse inhoud op Wikipedia,” sê Lombaard. Die Solidariteit Beweging het ook reeds ʼn impak op Afrikaanse gemeenskapsradio gemaak en is onder meer vennoot van die geliefde Afrikaanse gemeenskapsradiostasie Radio Pretoria. Dié stasie het onlangs ʼn nuwe baadjie aangetrek en staan sedert vanjaar amptelik as Pretoria FM bekend. Willie Spies, besturende direkteur van Pretoria FM, verduidelik dat die stasie die afgelope twee jaar deur ’n omvattende verbeteringsprojek uitgebou is tot die grootste Afrikaanse gemeenskapsradiodiens in die land. “Benewens die feit dat Pretoria FM nou ook op die internet en DSTV uitsaai, is agt herleistasies vanjaar onder die Pretoria FM-vaandel as selfstandige gemeenskapradiodienste gelisensieer. Daar word beplan om Pretoria FM se
luisteraarstal in die volgende vyf jaar na 500 000 op te stoot,” sê Spies. Só lyk ons mediakanale Benewens die Solidariteit Beweging se betrokkenheid by Afrikaanse gemeenskapsmedia, beskik die Beweging boonop oor sy eie gevestigde interne mediakanale wat in die volgende vyf jaar verder uitgebou gaan word. Dit sluit in: • Solidariteit Tydskrif wat tans ʼn oplaag van 135 000 het; • Die weeklikse elektroniese nuusbrief, Soldeer, wat 67 500 intekenare het; • Die Solidariteit Wêreld, ʼn omvattende webdiens wat daarop fokus om mense te help om ʼn goeie werk te kry, te behou en daarin te vorder; • AfriForum se Forum Tydskrif wat kwartaalliks aan 140 000 mense gepos word; • AfriForum se Forum Nuus – ʼn eie, unieke platform waardeur AfriForum daagliks met hul lede kommunikeer; • Forum Films, ʼn nuwe inisiatief in die AfriForum-stal, wat beplan om in die volgende vyf jaar dokumentêre rolprente, kortfilms en vollengte rolprente te vervaardig; • ʼn Stewige teenwoordigheid op verskeie sosialemediaplatforms wat ook in die komende vyf jaar verder uitgebrei sal word. S
Nuuswaardig
TOEKOMSBERAAD HELPMEKAAR 2020
Solidariteit wil lede met goeie werk help
Foto: iStockphoto.com
V
olgens die Amerikaanse meningsopnamemaatskappy Gallup is die grootste behoefte van mense dwarsoor die wêreld om ʼn goeie werk te hê. Dit is juis waarom die vakbond Solidariteit as deel van die Solidariteit Beweging se 2020 Helpmekaarplan verskeie strategieë bekend gemaak het om sy lede te help om ’n goeie werk te kry. Die 2020 Helpmekaarplan is in Oktober by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad bekend gestel. Die beraad het die Beweging se Krisisberaad wat in Mei vanjaar plaasgevind het, opgevolg. Die Helpmekaarplan bied verskeie oplossings vir die krisisse wat tydens die Krisisberaad geïdentifiseer is – krisisse waardeur Afrikaners toenemend bedreig word. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, verduidelik waarom ’n goeie werk vir soveel mense belangrik is. “Werk bepaal in ʼn groot mate wie jy is en waar jy inpas. Dit gee ook ekonomiese stabiliteit en stabiliseer gesinne,” sê hy. Volgens Hermann glo Solidariteit as Christelike vakbond dat werknemers ’n roeping het en dat dit vakbonde se taak is om werkers te help om hul roeping te verwesenlik. “Solidariteit glo daarin om mense in staat te stel om hul werk te kan doen. Die verantwoordelikheid bly egter dié van die individuele werknemer. Solidariteit glo ook dat goeie werksetiek ʼn voorwaarde vir ʼn goeie werk is. Daarom dra ons deurlopend goeie etiese waardes aan lede en jongmense oor,” sê Hermann. Solidariteit sal oor die volgende vyf jaar strategieë in plek sit om sy lede te help om ʼn goeie werk “los te werk”: • Afrikaanse beroepsverenigings gaan dwarsoor die ekonomie geskep word om duisende professionele persone in verskeie beroepe te help om suksesvol in hul onderskeie professies te wees. • Konferensietegnologie gaan in dienssentrums dwarsoor die land gevestig word wat dienslewering en hulp aan werknemers na ʼn nuwe vlak gaan neem. • ʼn Elektroniese platform, die Solidariteit Wêreld, gaan omvattende dienste en produkte lewer om mense van goeie werk te verseker. Die Solidariteit Wêreld se doel is om ’n uitgebreide loopbaanontwikkelingsdiens aan werknemers
Deur Inge Strydom
beskikbaar te stel. • Lede gaan bygestaan word met loopbaanbeplanning, die opstel van CV’s, voorbereiding vir onderhoude en baie meer. • Verskeie toepassings (apps) gaan ook ontwikkel word om mense meer suksesvol
in hul werk te maak. “Ons doel is om ons lede hiermee ’n voorsprong te gee en hulle in die praktyk ‘vry te stel’ van rassewetgewing deur hulle vir elke verantwoordelike werkgewer onmisbaar te maak,” verduidelik Hermann. S Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
21
Nuuswaardig
Dra só by:
*
• SMS “BOU” na 38040 en skenk R10 • SMS “REG” na 34802 (’n SMS kos R2)
Boufonds en Regsfonds kardinaal vir toekoms Met die bekendstelling van die Solidariteit Beweging se Helpmekaar 2020-plan by die Toekomsberaad wat op 10 Oktober by die Heartfelt Arena gehou is, is aangekondig dat Solidariteit oor die volgende vyf jaar R3,5 MILJARD in verskeie projekte en instansies gaan belê, berig FRANCOIS REDELINGHUYS.
D Foto: iStockphoto.com
aar sal onder meer geld aangewend word vir die uitbouing van die Solidariteit Beweging se bestaande opleidingsinstansies SolTech en Akademia. Dié instansies, wat onderskeidelik ’n tegniese opleidingskollege en ’n Afrikaanse universiteit is, fokus daarop om kwaliteit- tersiêre opleiding aan leerlinge te bied. Verder gaan Solidariteit steeds daarop fokus om te verseker dat werknemers die geleentheid het om hul loopbane te kan vervul en dat enige diskriminasie in die werkplek beveg word. Die Boufonds en Regsfonds speel ’n kardinale rol om hierdie doelwitte te bereik sodat Afrikaners steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika kan leef en werk. Boufonds Die Solidariteit Beweging besef die noodsaaklikheid van goeie opleiding in skaars vaardighede, en hierdie kwelpunt word juis deur die Boufonds aangespreek. Die bestaande Solidariteit-opleidingsinstansies Sol-Tech en Akademia bied aan jongmense die geleentheid om die nodige kennis te bekom om as deel van ’n
22
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
minderheidsgroep in ’n meerderheidsamelewing te kan floreer. Die Solidariteit Beweging het onlangs begin om die beginsel van “Beter Werk” uit te bou. Saam met dié herposisionering is daar ook besluit om die destydse Groeifonds na die Boufonds om te skakel, omdat die vakbond glo dat kennis die beste manier is om sy lede in die nuwe, onsekere, ekonomie te beskerm. Die nuwe Boufonds sal na dié behoefte van sy mense omsien. Wat opleiding betref, het Solidariteit sy driejaaropleidingsplan ten bedrae van R400 miljoen aangekondig. Dit sluit planne vir onderwys van laerskool- tot universiteitsvlak in. ’n Deel van die beplanning behels die bou van ’n nuwe opleidingskampus wat die tuiste van verskeie opleidingsinstellings sal wees. Solidariteit het ook aangekondig dat hy sy studiehulp aan lede en hul kinders in die volgende drie jaar tot R60 miljoen gaan uitbrei. Regsfonds Die Solidariteit Regsfonds is met een doel voor oë gestig: om die regering se onregmatige
toepassing van regstellende aksie teen te staan. Solidariteit beveg tans tot 34 regstellendeaksiesake regoor die land namens sy lede en beywer hom deurgaans om lede teen die regering se beheptheid met ras en rasseverteenwoordiging te beskerm. Die regering se volgehoue toepassing van rassekwotas het die verdrukking van minderheidsgroepe en die totale verontagsaming van vaardighede tot gevolg. Hierdie blindelingse toepassing van rasgedrewe regstellende aksie lei tot die verswakking van die staat en sy instellings, wat die gehalte van dienslewering negatief beïnvloed. Volgens ’n studie deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Eskom oor ’n tydperk van agt jaar, tussen 1994 en 2002, van ongeveer 10 207 ervare werknemers ontslae geraak. Dié ingesteldheid het Eskom se fokus verskuif van kragvoorsiening na rasseverteenwoordiging, terwyl die skielike verlies aan vaardighede asook die vernietiging van die instansie se institusionele geheue groot probleme veroorsaak het wat vandag gesien kan word. S
Nuuswaardig TOEKOMSBERAAD HELPMEKAAR 2020
Samewerking met opposisie tot almal se voordeel
Foto: iStockphoto.com
D
aar kan ʼn saak uitgemaak word dat Afrikaners hulself nie per definisie in een blok teen die ANC moet opstel nie en eerder moet probeer om met die regering politieke skikkings oor knelpunte te sluit. Maar samewerking met opposisiegroepe is ook belangrik omdat daar gemeenskaplike belange is, selfs waar daar nie altyd gemeenskaplike sienings is nie. Die Solidariteit Beweging se mening is wel dat ʼn beter regering nie in die kort termyn haalbaar is nie, en dat ʼn beter bedeling nodig is om probleme te oorkom – nie net ʼn beter regering nie. Ons sal ʼn ander bewind verwelkom, maar is nie oortuig dat dit al die probleme in die land sal kan oplos nie – ons land se uitdagings lê veel dieper as die politiek. Maar daar is belangrike gemeenskaplike belange wat as grondslag vir samewerking met opposisiegroepe kan dien. Georganiseerde kultuurgroepe wat hul eie regte en belange wil bevorder, kan ’n onmisbare deel van ’n
strategie wees om te keer dat te veel mag in te min hande beland en so ’n “tirannie van die meerderheid” verhinder. Tweedens is vryheid ondeelbaar, en raak die aantasting van een soort vryheid al die ander. Dit maak nie saak of dit persoonlike vryheid, mediavryheid, die vryheid van die regbank, ekonomiese vryheid, die vryheid van die burgerlike samelewing of die vryheid van kultuurgemeenskappe is nie. Al hierdie vryhede is saam die enigste teenvoeter vir die totalitêre transformasie van die ANC wat die hele samelewing wil oorheers. Ons as Solidariteit Beweging stel egter nie daarin belang om self die partypolitiek te betree nie, omdat ons “meer weeg as wat ons tel” – weens getalleverhoudings sal ons nie ʼn beduidende verskil in die parlement kan maak nie. Ons glo dat ons baie meer buite die partypolitiek kan bereik. Daarby stem ons lede vir verskillende partye en sal partypolitiek net onnodige verdeeldheid in die Beweging veroorsaak sonder dat dit voordele vir ons lede inhou. S
Nuuswaardig
ANC-erfenismonumente verdraai geskiedenis Solidariteit het kort ná die onthulling van die ANC se nuwe erfenispark met standbeelde van historiese VRYHEIDSVEGTERS gewaarsku dat dié monumente net nóg ’n manier is waarop die regering die geskiedenis verdraai en rassespanning aanhits. Die eerste 55 standbeelde in die park is in September tydens ’n seremonie deur onder meer Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, onthul. INGE STRYDOM berig.
D
ali Tambo, seun van die historiese ANC-figuur Oliver Tambo, het tydens die onthulling aan die media gesê die erfenis van ’n nasie wat vir 350 jaar gely het, is van onskatbare waarde. Tambo is deur die regering aangestel om die erfenisprojek te behartig. Mthethwa het boonop tydens die geleentheid gesê dat die park standbeelde bevat van individue wat vir “vryheid” gesterf het. Volgens Juran van den Heever, woordvoerder van Solidariteit, skep uitsprake soos dié die indruk dat swart mense sedert die aankoms van Jan van Riebeeck in 1652 onder die bewind van wit mense gely het. “Dit is ’n growwe, eensydige voorstelling van die geskiedenis. Boonop bevat die park ook heelwat standbeelde van individue wat nie tydens opstande teen kolonialisme en apartheid gesterf het nie. Dit sluit onder meer oudpres. Nelson Mandela en die anti-apartheidaktiviste Walter Sisulu en Oliver Tambo in, wat almal aan natuurlike oorsake oorlede is. Die park is dus ’n onrealistiese romantisering van vegters teen apartheid,” het Van den Heever gesê. Van den Heever het ook daarop gewys dat
24
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
MONUMENTE IN SYFERS 500
Die uiteindelike getal standbeelde wat die ANC in die park wil oprig. R1 miljard Die totale berekende koste van die park. R400 000 Die koste van elke individuele standbeeld. 40 Die aantal beeldhouers wat aan die projek werk. R300 000 Die bedrag wat Dali Tambo glo vir die projek betaal word. Bron: Financial Mail die beeldhouers wat die standbeelde gemaak het, die land se storie herskryf het. “Dit is goed dat alle gemeenskappe die geleentheid gegun word om hul ’storie’ te skryf, maar nie ten koste van ander gemeenskappe en hul ’stories’ nie. “Aan die een kant wil die ANC-jeugliga standbeelde van Afrikanerleiers verwyder omdat dit ’n eensydige weergawe van die
geskiedenis weergee, maar aan die ander kant word miljoene rand se belastinggeld spandeer om standbeelde op te rig van historiese ANCfigure wat teen apartheid geveg het. “Dit is duidelik dat die ANC dubbele standaarde handhaaf en eintlik sy eie weergawe van die geskiedenis as die enigste weergawe aan duisende toeriste van oor die wêreld wil voorhou. Die land se storie kan nie herskryf word ten koste van wit mense wie se belastinggeld bygedra het om die standbeelde op te rig nie,” het Van den Heever gesê. Solidariteit het reeds vroeër gesê dat die projek tot groot nadeel van die ekonomie strek. “Die R700 miljoen wat op hierdie groot, uitspattige projek bestee word, terwyl daar net ’n hanetreetjie van die Fonteinedal Oord reeds ’n soortgelyke monument in die vorm van Vryheidspark is, gaan nie vandag se uitdagings en krisisse oplos nie,” het Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, gesê. Daar word glo beplan om minstens nog 400 standbeelde van historiese anti-apartheidsen ANC-figure op te rig in die park, wat in die Fonteinedal Oord in Groenkloof, Pretoria geleë is. S
Nuuswaardig
Adam Tas skryf spesiale lied oor “weeskinders van Afrika”
D
ie sanger en liedjieskrywer Adam Tas en hierdie uitgawe se voorbladpersoonlikheid, het ’n spesiale liedjie vir die bekendstelling van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, se nuutste boek, Begrond, geskryf. Die liedjie “Afrika” is soos die boek en die Begrond-beeld wat tydens die bekendstelling van die boek onthul is, bedoel om ’n verdere dimensie aan die tema te gee. In sy weergawe van die Afrikaner se begronding in Suid-Afrika sing hy van die “weeskinders van Afrika” wat weer ’n toekoms op Afrika-grond moet bou. “Ek is hier gebore, soos baie van my voorvaders, en ons het geswoeg, gesweet en gebloei om hierdie land op te bou na ’n produktiewe land,” vertel hy. “Ek is trots op my herkoms en is self hier begrond. Ek is ook hoopvol oor die toekoms, want deur harde werk kan ons enigiets vermag.” • Lees ook die artikel op bladsy 68. S
Skermgrepe uit Afrika, ’n liedjie wat Adam Tas spesiaal vir die bekendstelling van die boek Begrond geskryf het.
Nuuswaardig
Entrepreneurs wen R1,475 miljoen se pryse
Foto: iStockphoto.com
D 26
ie wenners van die Akademia Sakeplankompetisie 2015 het in Oktober hul deel van meer as R1,475 miljoen in prysgeld tydens ’n glansgeleentheid in die Atterbury Teater in Pretoria ontvang. Jaco Ferreira was met sy fiksheidsonderneming, Revolutionfit, die wenner in die kategorie Nuwe Sake (’n idee in konsepfase tot een jaar handeldrywend). Elize Lourens, ’n sakevrou van Frankfort, het met haar onderneming, die Villiers Padstal, met die louere weggestap in die kategorie Bestaande Sake (tussen een en 15 jaar handeldrywend). Die pryse sluit onder meer ’n jaar se mentorskap, bemarkingshulp, regshulp en ’n kontantkomponent in. Deelnemers kon deur die jaar vir die
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Deur Juran van den Heever kompetisie inskryf en het die geleentheid gehad om waardevolle inligting oor hul sakeplan tydens ’n sakebestuurwerksessie van twee dae in te win. ’n Sakeplan van vyf bladsye moes einde Julie 2015 ingedien word, waarna 60 semifinaliste met behulp van onder meer groepmentorsessies hul sakeplanne finaal kon verfyn en inhandig. Tydens die tweede rondte van beoordeling het ses finaliste hul sakegeleenthede en hulself bekendgestel aan ’n paneel van deskundige sakelui in die “Leeu se Lêplek”, kompleet soos in die televisieprogram Dragon’s Den. Bekende entrepreneurs soos Louis van der Watt (Atterbury), Stefan van der Walt (Nikon SA) en Lambert van der Nest (Wildfig Group) was deel van hierdie gedugte span beoordelaars. Die aand het egter ook verhoogvermaak deur onder andere Corlia Botha gebied en ’n
smaaklike ete ná afloop van die funksie. Volgens Chris du Plessis, koördineerder van die Sakeplankompetisie, is die doel van die kompetisie tweeledig: “Enersyds om bekwame entrepreneurs met werkbare sake-idees of ondernemings te bemagtig om volhoubaar te ontwikkel deur die internalisering van hul sakeplanne, en andersyds om ‘jokkies’ (entrepreneurs) en ‘perde’ (sakeplanne) wat nie bymekaar pas nie, vroegtydig tot die besef te laat kom voor hulle alles verloor.” Beplanning vir die Akademia Sakeplankompetisie 2016 is goed op dreef en entrepreneurs word aangemoedig om hulself te verbeter en te bemagtig deur aan hierdie niewinsgewende inisiatief deel te neem. • Besoek www.sakeplankompetisie.co.za vir meer inligting. S
Bedryfsnuus
Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.
DKD voldoen nie aan hofbevel – arbeidshof
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
R
28
egter Annelie Basson het op 9 Oktober vanjaar in die Kaapse arbeidshof bevind dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) nie aan ’n vroeëre arbeidshofbevel ten gunste van Solidariteit en 10 van die vakbond se lede voldoen nie. Volgens Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, het die hof beveel dat die nasionale kommissaris, Zach Modise, op 6 November 2015 in die arbeidshof moet verskyn om redes te verskaf waarom hy nie skuldig is aan minagting van die hofbevel van 18 Oktober 2013 nie. Kragtens dié hofbevel mag die DKD nie slegs die nasionale rassedemografie by die aanstelling en bevordering van werknemers in ag neem nie, en moet die rassedemografie van die Wes-Kaap ook in aanmerking geneem word. Solidariteit het die minagtingsaansoek gebring nadat die nasionale kommissaris in Augustus 2015 aangedui het dat alle vakante poste binne die DKD voor 1 Oktober 2015 gevul moet word. Die DKD het boonop aan alle bestuursareas opdrag gegee dat die nasionale rassedemografie met alle aanstellings voorkeur moet geniet. Daarby sal die streekdemografie slegs by wyse van ’n spesiale aansoek aan die nasionale kommissaris oorweeg word. “Die proses wat die DKD nou volg, is ’n duidelike verontagsaming van die hofbevel. Indien die minister nie ’n bevredigende antwoord vir sy optrede kan gee nie, of versuim om op te daag, kan hy ’n boete of selfs gevangenisstraf opgelê word. Streng stappe is nodig teen regeringsamptenare wat dink hulle is verhewe bo die reg,” sê Kruger. Dié prominente hofsaak teen die DKD het reeds in 2012 begin toe die vakbond ’n aantal sake oor die DKD se omstrede regstellendeaksieplan gekonsolideer het. Volgens dié plan moet die nasionale rassedemografie in alle posvlakke weerspieël word, ongeag die profiel van die provinsie of streek. Bruin SuidAfrikaners maak sowat 51% van die ekonomies aktiewe bevolking van die Wes-Kaap uit, en in sekere streke is die persentasie nóg hoër, terwyl hulle op nasionale vlak slegs sowat 8,8% van die totale bevolking uitmaak. Die saak gaan op 3 November vanjaar
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Deur Juran van den Heever en Cilleste van Dyk
TYDSVERLOOP VAN DEMOGRAFIE-STRYD
2012 Solidariteit pak die bul by die horings deur ’n interdik teen die DKD se omstrede regstellendeaksieplan aan te vra by die arbeidshof in Kaapstad namens vyf van sy lede.
2013 Kragtens die hofbevel van Oktober 2013 mag die DKD nie slegs die nasionale rassedemografie by die aanstelling en bevordering van werknemers in ag neem nie, maar moet die rassedemografie van die WesKaap ook in aanmerking geneem word.
2014 Die DKD teken appèl aan teen die hofuitspraak.
2015 Die arbeidsappèlhof beslis op 10 April vanjaar in Solidariteit se guns deur te bepaal dat die DKD nie slegs die nasionale rassedemografie by die aanstelling en bevordering van werknemers in ag mag neem nie. Die Kaapse arbeidshof bevind in Oktober dat die DKD nie aan ’n vroeëre arbeidshofbevel ten gunste van Solidariteit en 10 van die vakbond se lede voldoen nie. Die nasionale kommissaris, Zach Modise, sal in November in die arbeidshof verskyn om redes te verskaf waarom hy nie skuldig is aan minagting van die hofbevel van 18 Oktober 2013 nie. deur die grondwetlike hof aangehoor word. Die arbeidsappèlhof het op 10 April vanjaar in Solidariteit se guns beslis deur te bepaal dat die DKD nie slegs die nasionale rassedemografie by die aanstelling en bevordering van werknemers in ag mag neem nie. Die hof het egter steeds nie individuele regshulp aan die applikante
toegeken nie, en het aangedui dat daar nie ’n duidelike bewys is dat die lede wel in die genoemde poste aangestel sou word indien die DKD die streek se demografie as riglyn gebruik het nie. Die laasgenoemde twee aspekte het Solidariteit genoop om die saak na die grondwetlike hof te verwys. S
Bedryfsnuus
UJ-dosent afgedank weens rassisme op sosiale media
D
Deur Inge Strydom
ie Universiteit van Johannesburg (UJ) het in September een van sy dosente wat rassistiese inskrywings teenoor witmense op haar Twitter-profiel gemaak het, afgedank. Dit volg nadat Solidariteit vroeër geëis het dat daar dissiplinêr teen die dosent opgetree moet word. Die dosent is in Junie tydelik deur die universiteit geskors, hangende ʼn dissiplinêre ondersoek. Die universiteit se menslikehulpbronnedepartement het egter aan Solidariteit bevestig dat die dissiplinêre ondersoek afgehandel is en dat die dosent afgedank is. Johan Botha, bedryfshoof van die professionele bedryf by Solidariteit, meen die dosent se inskrywings was duidelik ʼn doelbewuste aanval op witmense. “Dit is onaanvaarbaar dat ’n persoon in haar posisie sulke rassistiese gedrag openbaar. Ons meen haar optrede het teen die kultuur en beginsels van die universiteit ingedruis en onnodige rassespanning aangeblaas,” sê Botha. Botha het die universiteit bedank vir die wyse waarop hy die klagte hanteer het. “Solidariteit verwelkom die universiteit se bevinding en die skorsing van die dosent. Sulke optrede behoort nie deur enige opleidingsinstelling toegelaat te word nie,” het hy gesê. Herman Esterhuizen, ʼn woordvoerder van die universiteit, het by navraag bevestig dat die dosent afgedank is. “’n Klagte is by die universiteit ingedien waarna ʼn dissiplinêre ondersoek teen die individu van stapel gestuur is en sy ontslaan is,” het hy verduidelik. S
Moenie in die sosialemedia-slaggat trap nie Rosalind Davey, ʼn direkteur by Bowman Golfillan, het vroeër vanjaar tydens die 28ste jaarlike arbeidsregkonferensie gewaarsku dat uitlatings op sosiale media op wangedrag kan neerkom en dissiplinêre stappe, insluitend ontslag, tot gevolg kan hê. Sy meen ʼn werkgewer kan boonop ook vir die gedrag van sy werknemer op sosiale media aanspreeklik gehou word. “Om te help om die risiko’s te verminder,
is dit noodsaaklik vir werkgewers om ʼn sosialemediastrategie en -beleid in plek te hê, asook handhawingsmeganismes vir sosiale media en personeel wat opleiding oor die verantwoordelike gebruik van sosiale media kan gee,” het sy gesê. Davey het bygevoeg die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aanvaar inskrywings op sosiale media kan tot ontslag lei.
Solidariteit beklink gunstige loonooreenkomste
Foto: iStockphoto.com
’n
Loonooreenkoms is by Sheltam Rail na twee rondes bereik en die volgende is deur die werknemers aanvaar: • 7%-verhoging + 0,5%-verhoging in voorsorgfonds. • Begrafnisvoordeel word verhoog tot R50 000 sonder enige bydrae van die werknemer. Die verhoging is terugwerkend vanaf 1 Junie 2015 van krag. ’n Loonooreenkoms is by Sasol Mining and Labour bereik en behels die volgende:
• 6,5%-salarisverhoging vanaf 1 Julie. • 0,5%-verhoging vir alle werkers vanaf 1 Januarie 2015. • Minimumloon van R7 300. Die verhoging word terugwerkend betaal vanaf 1 Julie 2015. Solidariteit se ooreenkoms by Murray & Roberts behels die volgende: • 8%-verhoging in basiese salaris. • 8%-produksiebonus. • Verhoging van 8% in veiligheidsbonus. • Behuisingstoelaag verhoog met 8%.
• Maatskappybydrae tot mediese fonds verhoog. Solidariteit het ’n erkenningsooreenkoms met Sasol Sasolburg Operations onderteken. Dit volg ná Sasol se herstruktureringsproses (Projek Phoenix) waartydens verskeie werkgroepe in Sasolburg saamgevoeg is en een nuwe werkgroep tot stand gebring is, naamlik Sasol Sasolburg Operations. Die drempel vir erkenning is tans 23%. Solidariteit se ooreenkoms geld vir lede in die MSPwerkerskategorie. S Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
29
Bedryfsnuus
Sentrale kollektiewe bedinging op die rotse
Foto: iStockphoto.com
I
n die vorige uitgawe van Solidariteit Tydskrif is daar berig oor vanjaar se loononderhandelings in die goud- en steenkoolbedrywe en hoe die proses veel te wense oorgelaat het, terwyl die Kamer van Mynwese se rol in die onderhandelingsproses bevraagteken is. Tydens vanjaar se onderhandelings het Solidariteit verskeie kere gewaarsku dat die gebeure by vanjaar se loononderhandelings, veral in die goudbedryf, die einde van sentrale kollektiewe bedinging in dié bedryf voorspel. Die onderhandelings het ʼn omstrede wending geneem toe die Kamer van Mynwese ʼn geskil met Solidariteit verklaar het nadat die vakbond die Kamer se finale loonaanbod van onder meer ʼn 6%-loonverhoging aanvaar het. Die Kamer het egter hierdie aanbod teruggetrek, aangesien geen van die ander vakbonde die aanbod aanvaar het nie. Intussen het die Kamer wéér sy finale aanbod vir
30
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Deur Francois Redelinghuys vaardige werkers aan vakbonde gemaak. Solidariteit het die aanbod weer aanvaar, aangesien dit dieselfde was as die vorige aanbod wat reeds deur die vakbond aanvaar is. Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, meen die Kamer het tydens vanjaar se onderhandelings ʼn Babelse verwarring onder vakbonde veroorsaak. “Die Kamer het vroeër, ná twee maande se intensiewe loononderhandelings en nadat ander vakbonde ʼn geskil met die Kamer verklaar het, weer teruggekeer na sy openingsaanbod. Dit het dus die onderhandelings van die afgelope paar maande tot niet gemaak,” verduidelik Du Plessis. Du Plessis skryf op 23 Augustus in Rapport dis teleurstellend dat ’n groot rolspeler soos die Kamer van Mynwese vir korttermyngewin ’n vertrouensbreuk geskep het met die enigste vakbond wat sy volhoubaarheidsvoorstel ondersteun het.
Met Solidariteit wat deurgaans tydens die onderhandelings die Kamer se volhoubaarheidsmodel in gedagte gehou het, is dit baie jammer dat die Kamer nie hierdie vennootskap met Solidariteit wou koester nie. Volgens Deon Reyneke, hoof van die Energiebedryf by Solidariteit, het die Kamer van Mynwese se kwade trou-handeling by die goudonderhandelings weer bewys dat hy nie ’n betroubare rolspeler in die onderhandelingsproses is nie. “Hierdie optrede plaas die integriteit van die Kamer onder verdenking,” het Reyneke verduidelik. Met die gepaardgaande verwarring het Solidariteit verskeie kere tydens die onderhandelingsproses gemeld dat dit voorts beter sal wees vir vakbonde om direk met mynhuise te onderhandel, in ’n poging om die uitmergelende proses te bespoedig en in die toekoms verwarring soortgelyk aan vanjaar sʼn te voorkom. S
Bedryfsnuus BEDRYFSNUUS
Gesonde verhoging by Mediclinic beding
S
Deur Inge Strydom
olidariteit het onlangs ná drie rondes onderhandelings by onderskeidelik Mediclinic Paarl en Mediclinic Emfuleni ’n loonooreenkoms van tussen 7,1 en 7,5% vir sy lede daar bereik. Solidariteit verteenwoordig 122 lede by Mediclinic Paarl en 116 lede by Mediclinic Emfuleni. Die ooreenkoms, wat vroeg in Julie bereik is, behels die volgende: • ’n Gemiddelde verhoging van 7,5% vir verpleegpersoneel. • ’n Gemiddelde verhoging van 7,1% vir administratiewe personeel. • ’n Verhoging van 9,4% vir die aankoop van uniforms. Die nuwe toelaag is R1 630 om sodoende ook vir die aankoop van skoene voorsiening te maak. • Die werkgewer se mediesefondsbydrae het met 9% verhoog, wat reeds geïmplementeer is. ie departement van hoër opleiding word • ’n Totaal van 12 studieverlofdae (18 onderwys skofte) salen toegestaan se beplande spitskonferensie oor die vordering van aan werknemers wat deeltyds studeer om voor te berei vir by universiteite is bloot ʼn manier waarop eksamens, transformasie take of projekte. die regering sy waar voorgestelde radikale transformasieplan • Verskeie forums is gestig lede se besware en enige ander op universiteite wil afdwing. kwessies bespreek kan word. S Hierdie beplande spitskonferensie is aangekondig tydens ʼn toespraak wat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, in September gelewer het. Werkplekforum ATNS eerste soort Flip Buys, voorsitter van by die Solidariteit Beweging,van meen die regering se eintlike doel met diévan konferensie is om die belangrikheid en rol ie bestuur Air Travel and van transformasie bó die Grondwet te stel. Navigation Systems (ATNS) het “Die groeiende rol wat ras in owerheidsbeleid by universiteite speel, onlangs ingewillig om ’n werkplek- word nooit in debatte in forum regeringskringe oor transformasie erken nie. Die werklikheid is dat vir werknemers by die maatskappy te begrippe en ‘menseregte’ stig. Diesoos doel‘regstelling’ van die forum is om werknein- die praktyk al hoe meer misbruik onreg en dietemiskenning mers ’nword stemom in die werkplek bied en van menseregte te probeer vergoeilik,” het Buys gesê. groter deursigtigheid rakende werkaangeBuys meen se verwysing na die belangrikheid van leenthede enNzimande werkkwessies te verseker. meertaligheid by universiteite, spesifiek teninopsigte van onderrigtaal, Volgens Derek Mans, organiseerder word weerspreek die heersende praktyk van as eentaligheid. die direk lugvaartbedryf by deur Solidariteit, is die forum anders normale “Inwerkgewerdie naam van transformasie en ten koste van ander gevestigde en vakbondkomitees.“Die doel van die forum is om onderrigtale, neemteuniversiteite voortdurend Engelsteasoorweeg die enigste die werkgewer dwing om beleide en praktyke in onderrigtaal uiteindewaarvan van rassetransformasie Afrikaans as oorleg metaan. dieDie forumlede, Solidariteit eenisis.dat Waar akademiese taal dié uitgefaseer sal word,” het Buys gesê. bloot deur die beleide, soos oor diensbillikheid, in die verlede Buys het bygevoeg dat die regering nie die land se werklike uitdagings bestuur van die maatskappy geïmplementeer is, mag Solidariteit tennou opsigte onderrig die hoof nie. “Die huidige skolestelsel insaevan daarin hê voordat dit bied in werking tree. ” lewerDie nie forum, universiteit-opleibare jongmense nie, terwyl dieis,gehalte van waaroor daar in Junie 2014opooreengekom sal onderrig aanbytegniese staatskolleges ontoereikend is. Dieword. krisis rondom nasionaal al die takke van die maatskappy ingestel gewelddadige protesoptogte by universiteite ook eerder aandag. Solidariteit verteenwoordig meer as 1 000 verg werknemers by die Dítmaatskappy. terwyl die regering homself oënskynlik slegs op transformasie by S uitnemende universiteite toespits,” het Buys gesê. S
“Radikale transformasie” aan die orde van die dag
D
FFoto : i’SStockphoto .com.COM OTO : ISTOCKPHOTO
D
Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
3731
Industry News
Former Telkom employees facing the axe again Former Telkom employees who have been transferred earlier this year to Barloworld Logistics and WNS respectively as part of Telkom’s section 197 business transfer process are facing RETRENCHMENTS once again, writes FRANCOIS REDELINGHUYS and INGE STRYDOM.
Photograph: Martie Maree
I
n a presentation to trade unions, Barloworld Logistics indicated that it was planning to reduce its work premises from 35 to 17. This would mean about 112 former Telkom employees who had been transferred to Barloworld earlier this year, would have to undergo a second restructuring process this year. Shortly afterwards WNS stated in a notice to trade unions that it intends to consolidate the nine current Telkom service centres with the two current WNS service centres. As part of this consolidation, Telkom service centres in Gauteng, Bloemfontein and Cape Town would soon be relocated to Durban and Port Elizabeth. Should employees not accept a voluntary severance package or cannot be transferred such affected employees are likely to be retrenched. According to Marius Croucamp, head of Solidarity’s communication industry, WNS may not, in terms of the Labour Relations Act, retrench the 255 former Telkom employees, because they have been transferred in terms
32
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
of a section 197 business transfer process. “Telkom is co-responsible for this process and has to accept responsibility for yet again subjecting these employees to restructuring within such a short time span,” Croucamp said. Furthermore, the Barloworld employees have the choice to be transferred to Barloworld’s premises in Boksburg. If they do not want to relocate, they will have the opportunity to apply for 16 vacant positions in other branches of the company, inter alia in Port Elizabeth, Witbank and KwaZulu-Natal. “The reality is that there will once again be an upheaval in the lives of these employees because their place of work will change. In almost all the cases, the employees and their families will have to relocate. If they do not want to relocate, and if they are not appointed in one of the other 16 available positions at one of the other work premises, the employees will be able to apply for voluntary severance packages. As an alternative the employees will
be allocated to a ‘pool’. However, it is not clear what the company’s plans for this ‘pool’ of employees will be,” Croucamp said. “We are concerned about the fact that the Barloworld branch in Boksburg might now have too many employees and that there will ultimately be further retrenchments. We believe that during the initial section 197 process, Telkom should have foreseen the possibility that Barloworld would reduce its number of work premises. Barloworld rented certain work premises from Telkom and the fact that Telkom had sold these premises is apparently one of the reasons why Barloworld has to reduce its number of premises,” Croucamp said. “Solidarity will do everything in its power to assist its members during the process. Our members are our first priority and their interests come first. We shall consider taking legal action against the company if we are not satisfied with the outcome of the process,” he concluded. S
Industry News
Aurora directors ordered: Pay back the money
Photograph: iStockphoto.com
T
he application by five former directors of the controversial Aurora Empowerment Systems for leave to appeal was denied by the North Gauteng High Court in September this year. The judgement marked the end of a historic six-year-long legal battle which had become a symbol of corruption in South Africa. But the war on compensation for the 5 300 former Pamodzi employees still continues. Khulubuze Zuma, Zondwa Mandela, Thulani Ngubani, and Fazel and Solly Bhana applied for leave to appeal against an earlier judgement in terms of which they were held liable for damages to the value of R1,7 billion. Judge Eberhard Bertelsmann denied their application. “Justice has been done for hundreds of Aurora employees. This is a tragedy that could have been prevented if the management of the mines had not fallen into the wrong hands. Many of the former Pamodzi employees have lost everything due to loss of income, and some
of these workers are still struggling to keep their heads above water,” Solidarity General Secretary Gideon du Plessis said shortly after the judgement. Du Plessis expressed the hope that the former Pamodzi employees would soon receive
compensation. “We hope to have payment for the workers by December, because it would be their sixth Christmas since the start of this corruption saga. Solidarity has already appointed a lawyer to commence consultations with the various Aurora directors to establish the possibility of a settlement for our members,” explained du Plessis. Labour expert Terry Bell said labour law clearly stipulates that employees are entitled to the money they have worked for. “The fact that this case has been dragging on for so long is a complete scandal, and the fact that the people involved happen to be politically connected looks very bad. The labour laws are clear, it’s simply a matter of applying it and applying it now.” Aurora Empowerment Systems was the parent company appointed by the Pamodzi liquidators to manage the Pamodzi mines in Springs and Orkney in 2009. The directors of the company however destroyed both mines through asset-stripping and mismanagement. S
Industry News
Solidariteit verwelkom hersiening van pensioenfonds se “skoonbreukbeginsel”
S Union objects to ArcelorMittal’s racially based share scheme
Photograph: iStockphoto.com
T
34
Deur Inge Strydom
rade union Solidarity will object to ArcelorMittal’s Ikageng Share Scheme for employees which was recently approved by the majority of the company’s shareholders. The trade union, which will file a grievance against the company on behalf of its members, believes the scheme discriminates against white employees, since shares are allocated according to employees’ race. Marius Croucamp, Head of the Metal and Engineering Industry at Solidarity, said the scheme entails that black beneficiaries earn returns of 15% more than non-designated beneficiaries. In addition, the scheme provides that newly appointed persons qualify for shares purely on the basis of their race. To make matters worse, additional shares will be awarded to black employees in order to ensure that the scheme meets the requirements of broad-based black economic empowerment. “Our members feel discouraged by the discriminatory manner in which the shares are allocated to ArcelorMittal employees. Share schemes are supposed to reward loyal workers for their years of service and hard work. That is why it is unfair to award shares to a newly appointed Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
employee merely on the basis of his race. We believe the shares should be awarded solely on merit, irrespective of race,” Croucamp said. Dirk Groenewald, head of Solidarity’s Centre for Fair Labour Practices, said that although the Black Economic Empowerment (BEE) Act allows employers to award shares specifically to black employees, the Employment Equity Act does not make provision for it. “Although ArcelorMittal may award shares to black employees in terms of the BEE Act, the Employment Equity Act stipulates that this process may not discriminate against any employee. Therefore, these two pieces of legislation are contradictory,” Groenewald explained. “We believe the company is discriminating unfairly against white employees in terms of this share scheme and that it contravenes the principles of the Employment Equity Act,” Groenewald said. Solidarity members at ArcelorMittal are currently signing the grievance, after which it will be submitted to the employer. If the grievance is not resolved internally within 33 days, Solidarity will refer a dispute to the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration. S
Deur Inge Strydom
olidariteit het in Oktober vanjaar die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) se planne om sy toepassing van die “skoonbreuk-beginsel” te hersien, verwelkom. Dit volg nadat Solidariteit in die afgelope weke ’n reuseveldtog teen die fonds se toepassing van die beginsel geloods het. Die “skoonbreuk-beginsel” behels dat die pensioenvoordele waarop ʼn geskeide lid se voormalige eggenoot ingevolge ’n egskeidingsbevel geregtig is, kort ná die datum van egskeiding aan hom of haar uitbetaal moet word. Die GEPF het tot op hede die gedeelte wat aan die voormalige eggenoot uitbetaal word as skuld beskou waarop die lid saamgestelde maandelikse rente moes betaal. Solidariteit het vroeër gewaarsku dat dié beginsel ʼn uiters negatiewe uitwerking op lede van die fonds se pensioen en finansiële posisie het. Solidariteit het reeds begin om hofstukke te finaliseer om dié pensioenkwessie in die hooggeregshof te beveg. Die fonds het in reaksie op Solidariteit se veldtog by monde van sy hoof uitvoerende beampte, mnr. Abel Sithole, bevestig dat die fonds dié stelsel sal hersien. “Die metode waarby die aantal diensjare aangepas word ten einde die uitbetaling aan ʼn voormalige eggenoot te bereken, is ’n beter en meer regverdige praktyk”, sê Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit. Kruger sê Solidariteit sal ook toesien dat sy lede wat reeds weens hierdie beginsel ʼn verlies gely het, vergoed word. “Verskeie van ons lede wat negatief hierdeur geraak is, het ons die afgelope ruk om hulp genader. Ons sal met die GEPF in gesprek tree om te eis dat persone vergoed word wat finansieel deur die fonds se heffing van rente benadeel is,” verduidelik Kruger. S
Bedryfsnuus
Sukses bewys passie vir beroepsgesondheid en -veiligheid
Foto: iStockphoto.com
S
36
olidariteit se Beroepsgesondheid-en -veiligheidsafdeling bestaan uit ses eisebeamptes en drie regsbeamptes onder die leiding van adv. Paul Mardon en hulle laat reg geskied aan ons slagspreuk: “Ons beskerm ons mense!” Hierdie afdeling het ’n jaar van harde werk en terugploeg in die gemeenskap agter die rug. Die regsbeamptes verteenwoordig lede tydens ondersoeke en verhore en die eisebeamptes adviseer lede en verrig regsadministratiewe funksies ter bevordering van eise vir beroepsbeserings en -siektes by die verskillende vergoedingsfondse. Verhore het ingesluit tribunaalverhore kragtens die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (Wet No. 130 van 1993) en formele ondersoeke ingevolge die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne (Wet No. 29 van 1996) soos gehou deur die inspektoraat van die departement van minerale hulpbronne asook ondersoeke ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (Wet No. 85 van 1993) onder die voorsitterskap van die departement van arbeid. Die doel van hierdie ondersoeke is om die oorsaak van die ongelukke te bepaal sodat regstellende stappe gedoen kan word om ’n herhaling daarvan te voorkom. Verteenwoordiging tydens ondersoeke in die mynbedryf het ook ten doel om lede te beskerm teen moontlike langtermyngevolge wat uit strafregtelike vervolging kan voortspruit. Hoewel Solidariteit poog om sy lede sover moontlik te beskerm, moet elke lid
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Deur Adv. Hanlie Jansen van Vuuren verantwoordelikheid neem vir sy optrede en nalatigheid is onaanvaarbaar. Die regsbeamptes het 29 lede tussen Junie 2014 en Augustus 2015 verteenwoordig in 15 verskillende ondersoeke en verhore. Daar is 808 ure gewerk om lede direk in bogenoemde verhore en ondersoeke te verteenwoordig, insluitend voorafkonsultasie, voorbereiding en reistyd. As in ag geneem word dat regskoste vir verteenwoordiging in sulke verhore gemiddeld R4 000,00 per uur beloop, het Solidariteit-lede vanjaar voordele ter waarde van R3 232 000,00 in die vorm van regsverteenwoordiging ontvang! Informele regsadvies word deurlopend gegee en daar is in die 12 maande tot September 2015 nie minder nie as 2 917 keer advies aan lede asook die gewone publiek gegee oor beroepsbeserings en -siektes asook beroepsgesondheid en -veiligheid. Formele regsadvies is beperk tot lede en sluit in regsopinies, hofstukke, pleitverduidelikings, eedsverklarings, aansoeke, korrespondensie met werkgewers, lede en staatsdepartemente, en die verskillende forums waarby ons en ons lede betrokke is. Sedert Oktober 2014 is daar 243 formele briewe deur die afdeling uitgereik wat die regsposisie in ’n spesifieke situasie uiteengesit het. Die geldwaarde daarvan is bykans onberekenbaar! Opleiding is ook ’n belangrike taak en veral adv. Mardon gee deurlopend opleiding aan verteenwoordigers. Hy is bygestaan deur Johan Böning en adv. Hanlie van Vuuren en opleiding ter waarde van R896 000,00 is gegee sedert die aanvang van die opleidingsprogram in 2014.
Ons verteenwoordig ook Solidariteit-lede in bedryfsforums soos die Mine Health and Safety Council en sy vier subkomitees, die Adviesraad van die Vergoedingsfonds vir Beroepsiektes in Myne en Bedrywe, verskeie forums oor onwettige mynbou en werkgewerstrukture asook internasionale forums waarby veral Leigh McMaster betrokke is. Werk by die Mine Health and Safety Council en sy subkomitees behels advies aan die minister oor beroepsgesondheid en -veiligheid en onderhandelings tydens die opstel en hersiening van riglyne (regulasies) om ’n veiliger en gesonder werkomgewing daar te stel. Solidariteit was onder meer betrokke by die opstel van riglyne vir die voorkoming van ondergrondse brande, vir die voorsiening van goedpassende veiligheidstoerusting aan vroue, praktykkodes vir die bestuur van risikogebaseerde uitputting asook die veilige gebruik van vervoerbande by myne. Die Mine Health and Safety Council vergader op ‘n gereelde grondslag en Solidariteit moedig sy lede in die mynbousektor aan om hierdie vergaderings asook dié van die drieledige streekstrukture by te woon, waar mynveiligheid en -gesondheid bespreek word. Solidariteit oefen voorts voortdurend druk uit op die departement van gesondheid se Vergoedingsfonds vir Beroepsiektes in Myne en Bedrywe vir die verbetering van vergoeding vir longsiektes. Ons lede kan werklik gerus wees dat Solidariteit veiligheid en gesondheid in die werkplek met toewyding bevorder. S
Markplein Die
’n Inisiatief van Solidariteit Helpende Hand
Solidariteit ® Helpende Hand
www.diemarkplein.co.za
JOU EENSTOP-STUDIEWINKEL
Dié bymekaarkomplek om VRAESTELLE en ander STUDIEMATERIAAL te KOOP en te VERKOOP
www.diemarkplein.co.za • 0861 25 24 23 Solidariteit Helpende Hand is ‘n geregistreerde handelsmerk en deel van die Solidariteit Beweging
Advertorial
Making an impact protecting hearing The Protec Program – A customised, comprehensive solution to the battle against NIHL
N
oise-induced hearing loss (NIHL) has since been established as a major occupational and social concern for decades now. Efforts to reduce the incidence of NIHL in the workplace, particularly the mines, have been ineffective thus far – failing to completely eradicate the incidence of occupational NIHL cases. Currently statistics from the Department of Mineral Resources (DMR) indicate that, on average, 1 600 cases of new hearing loss cases are reported each year. In particular, NIHL in the mining sector appears to be most prominent. Suggestions are that this is a result of action plans that are perhaps not comprehensive, hence ineffective. There is therefore a need for far more comprehensive & integrated programs to establish successful efforts of combating NIHL – besides the generic fitment of custom hearing protection devices alone. Interesting to note is the role that social noise exposure plays in the whole battle against NIHL. While programs implemented in the workplace to combat incidence of occupational NIHL may be effective and thorough, these efforts are often fruitless as long as there is a chance of social noise exposure among employees. These included, but are not limited to, rock concerts, target shooting sports and hunting; loud music from car stereos and personal music players. It becomes a problem trying to separate NIHL from occupational or
social noise exposure as individuals are often exposed concurrently. As such, comprehensive hearing conservation programs must not only be aimed at occupational noise exposure, but should include efforts targeted at social noise exposure as well so the “risk” is addressed from all angles. Such efforts are often lacking in most hearing conservation programs as emphasis is mainly placed on the custom hearing protective devices, and not the social aspect. As long as efforts towards combating NIHL are centred on occupational noise exposure, but exclude social noise exposure, the battle against NIHL is one that may never be won. At Impact Noise Protection, our Protec program attempts to address the issue of NIHL from both the occupational and social perspective.
The protect program consists of five different aspects targeted at first identifying a possible risk – both occupationally and socially, then devising means to address and eliminate the risk.
How can Protec Program assist you?
Addressing of social risks of NIHL This aspect aims to address possible situations where employees may be exposed to hearing loss socially, so that their social behaviours do not counteract the employer’s efforts to ensure there is no incidence of NIHL in the workplace. This process will involve informative sessions, trainings, and distribution of brochures for all employees to raise awareness and promote better social behaviour. Each of the 5 aspects will be discussed in greater detail, allowing you, the employer, to have a more successful hearing conservation program for your employees.
Risk identification Risk for each employees will be identified through annual noise surveys and annual hearing screenings. Risk elimination Through careful selection, Impact Noise Protection will fit your employees with our Ukuthula custom hearing protective devices to attenuate the noise employees are exposed to a level that is not detrimental to their hearing. These devices are moulded on site, and made custom for each individual ear. The devices will be serviced annually.
FOR MORE INFORMATION, PLEASE CONTACT US ON: Tel: 012 348 9350 Fax: 012 348 9251 jane@noiseprotection.co.za
Photographs: iStockphoto.com
www.noiseprotection.co.za
38
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
in Beweging
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
Dié soetgoed vat die koek(sister)!
’n
Koeksister is mos ’n koeksister en klaar, of so’t ek gedink voor Solidariteit Helpende Hand se Stoofstories: Die Koeksisterkompetisie almal se oë opnuut weer oopgemaak het vir dié Afrikaner-kultuurskat. Daar is in Mei vanjaar besluit om die land se beste koeksisterresep op te spoor en dit dan te gebruik vir ’n werkskeppingsprojek waar koeksisters by die groot maat vervaardig gaan word. Uitdunrondes het oor die land heen plaasgevind waarna agt finaliste aangewys is. Nadat ons die finaliste in aksie gesien het, sal ons nooit weer dink dis maklik om koeksisters te bak nie! Op Vrydag, 2 Oktober moes elke finalis 20 dosyn koeksisters in die kombuis van die Hoërskool Waterkloof se Huishoudkundesentrum bak. Vrydagoggend het die gróót bakproses in alle erns begin. Die stroop is reeds die vorige dag gemaak en verkoel. Die deeg is gemeng, geknie en laat rus voor dit in koeksisters omskep is. Sommige kandidate het hul deeg met ’n koekroller uitgerol en toe gesny en gevleg. Ander het dit weer in worsies gerol wat geknoop word. Een deelnemer het selfs ’n spesiale snyer gehad wat van ’n tante geërf is. Die snyer is glo vir R2,50 gekoop, maar vandag is dit van onskatbare waarde. Daar is 50 kg suiker, 30 kg meel en 40 eiers gebruik om uiteindelik 1 960 koeksisters te bak. Toe is dit tyd om die koeksisters te verkoel. Sommige is in die yskas geplaas en ander in die vrieskas, als vooraf beplan volgens ’n geheime resep. En as julle gewonder het of ’n koeksister twee of drie bene moet hê, is die antwoord altyd dieselfde: Dit maak nie saak nie. Helpende Hand se Stoofstories: Koeksisterkompetisie het bakkers van heinde en ver gelok, insluitend drie voormalige Hulettskoeksisterwenners en ’n bakker van Koekedoorfaam. Die wenners was oom Willa en tannie Johanna Rademeyer van Parys. Die Rademeyers woon in ’n aftreeoord in Parys en bak elke week sowat 50 kg koeksisters. Hulle is ’n gedugte span wat al jare lank saamwerk om ’n ekstra geldjie te verdien. Die oorspronklike resep kom van ’n koeksisterbakkery in Vanderbijlpark. Willa maak die stroop en deeg aan, terwyl Johanna seker maak dat die koeksisters se kleur eksie-perfeksie is. Al twee is ewe lief vir vleg, maar daar is ’n effense verskil in hul metodes wat net ’n ware
40
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Oom Willa, Anel du Preez van Helpende Hand en tannie Johanna by die finaal. Inlas regs: ’n Unieke koeksistersnyer is deur ’n deelnemer gebruik.
koeksisterkenner sal raaksien. “Ek vleg regsom en die tannie linksom,” vertel oom Willa. Tannie Johanna sê dis net andersom, maar hoe jy ook al na die koeksisters kyk, hulle is op hul beste as jy een (of verkieslik meer!) eet. Die moeilike taak van beoordeling is aan Tutti Rudman en Bubbles Burger van die Vrouelandbou-unie se Jakaranda-tak in Centurion toevertrou. Dié twee dames is al vir meer as 30 jaar lank betrokke by die bak en beoordeling van koeksisters. Die Rademeyers het ’n kontantprys ontvang
en hul resep gaan gebruik word as deel van ’n werkskeppingsprojek in Pretoria-Wes, waar koeksisters by die groot maat gebak en versprei gaan word. Christa Dormehl van Amanzimtoti en Julianna Griessel van Heidelberg het onderskeidelik die tweede en derde plek behaal. Die markgunsteling was Gerda Swanepoel van Ermelo, wat vroeër vanjaar bekendheid verwerf het as ’n finalis in kykNET se Koekedoor-program. • Vir meer oor die kompetisie, en om die ander finaliste te sien, besoek www.stoofstories.co.za of skakel vir Hannie Viljoen, projekbestuurder, by 012 644 4390. S
In Beweging
Gereed vir toekoms, skooltassie in die hand
Foto’s: iStockphoto.com
K
inders het gewoonlik groot drome oor wat hulle gaan doen as hulle volwassenes is. Hulle wil dokters, onderwysers, ballerinas, brandweermanne en natuurlik ook ruimtevaarders word, maar hul droom van ’n suksesvolle en betekenisvolle lewe kan net bewaarheid word as hulle die regte hulpmiddels het. Ongelukkig kan baie ouers nie bekostig om vir hul kinders die nodige skryfbehoeftes te gee wat vir hul opleiding nodig is nie. Solidariteit Helpende Hand het hierdie probleem al jare gelede geïdentifiseer en aan ’n oplossing begin werk. Vanjaar is die tiende jaar dat Helpende Hand skooltassies aan behoeftige kinders verskaf. Elke skooltassie sal, soos altyd, al die nodige skryfbehoeftes bevat, maar daar sal ook ’n paar ekstras in vanjaar se tassies wees. Een hiervan is ’n kinderboekie, ’n Dag in die Dieretuin, wat deur Helpende Hand uitgegee is met die doel om kinders se leesvermoë reeds vanaf graad een ’n hupstoot te gee. Daar sal ook produkte in die tassies wees wat sal help om probleemareas in
die kurrikulum aan te pak. Die dilemma is dat talle kleuters die groot skool betree sonder die nodige vaardighede om die magdom take te bemeester wat in graad een van hulle verwag word. Hulle moet sommer uit die staanspoor die prentjies van taal (letters en syfers) sonder die klanke van ’n taal kan baasraak. Daarom is dit geen wonder nie dat etlike hoërskoolkinders nie ordentlik kan lees of skryf nie – hulle is nooit daarop voorberei nie. Helpende Hand het navorsing gedoen oor watter take graadeens kortwiek en die inhoud van die tassie aangepas om die beste moontlike impak op hul opvoeding te maak. Die tassie is dus nou gewaarborg om daartoe by te dra dat kinders wel eendag ruimtevaarders kan word as hulle wil. Tot op hede is daar meer as 25 000 tassies aan graadeens regoor die land uitgedeel. Vanjaar sal daar weer ongeveer 5 000 tassies propvol skryfbehoeftes uitgedeel word. Elke tassie se waarde beloop R500 en die inhoud word met die hulp van onderwyskundiges saamgestel.
• Belê in ons kinders; belê in ons toekoms! Vir meer inligting, skakel Hannie Viljoen by 012 644 4390 of stuur e-pos na hannie@ helpendehand.co.za. Om R10 vir ’n skooltassie by te dra, SMS die woord TASSIE na 38969 (R10 per SMS). S
Solid Help
In Beweging
AfriForum
Selfdoenprojekte ruk gemeenskappe reg
Foto’s: iStockphoto.com; Verskaf
G
emeenskappe regoor die land het in Oktober moed geskep en met die hulp van AfriForum-takke besef enigiets is moontlik waar mense moue oprol en dinge self doen. In een van die suksesvolste selfhelpprojekte nog, bekend as die 10 Dae van Selfstandigheid, het die burgerregte-organisasie ’n paar duisend slaggate en straatligte reggemaak, buurtwagpatrollies gery en begraafplase, parke, strate, spruite en vullisterreine skoongemaak. Dít is munisipale dienste wat agterweë bly omdat plaaslike owerhede nie hul grondwetlike pligte nakom nie. Die redes hiervoor sluit in korrupsie, kaderontplooiing, ongekwalifiseerde amptenare, wanbesteding van belastinggeld of bloot omdat munisipaliteite nie genoegsame steun van die nasionale regering kry om hul dorpe na behore te bedien nie. “Gemeenskappe het die afgelope 20 jaar met regeringsamptenare vergader, briewe geskryf, aanmanings gestuur, protesaksies gehou en die hof genader om dienste te probeer verbeter. Hoewel daar verskeie welslae behaal is, is gemeenskapselfstandigheid die volhoubare oplossing,” sê Tiaan Esterhuizen, AfriForum se bestuurder van gemeenskapstrukture. In gevalle waar munisipaliteite onwillig was om met AfriForum saam te werk, is daar bloot voortgegaan met van die dienste. AfriForum sal nou stappe ingevolge saakwaarneming doen om die munisipaliteite te dwing om vir die uitgawes te betaal. Een suksesvolle geval is die Inkwancaplaaslike munisipaliteit (Molteno) wat besluit het om te betaal voordat die balju op sy bates sou beslag lê. Sowat 200 projekte is met die 10 Dae van Selfstandigheid-projek uitgevoer waarvan die waarde sowat R3 miljoen beloop het. AfriForum het R1,2 miljoen in opknappingswerk belê. Deel van die veldtog was ook die nasionale massapatrollie bekend as Operasie Misdaadvry. Meer as 3 000 mense en 127 gemeenskapstrukture was hierby betrokke. Sowat 8 419 ure is gewerk en 61 115 km is afgelê. Die waarde van die projek in terme van ure gewerk en kilometers afgelê, was sowat R500 000. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê dié operasie het gewys gemeenskappe het die vermoë om hulself te beveilig. “Sigbare polisiëring is die sleutel tot meer misdaadvrye gebiede. In die gebiede waar patrollies gery is, was daar geen ernstige misdade nie.”
42
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Deur Alet Rademeyer
SELFDOENPROJEKTE 200 4 000 135 ton 2 000 200 370 ton 16 R3 miljoen
selfdoenprojekte slaggate herstel teer gebruik bome geplant straatligte reggemaak vullis verwyder begraafplase opgeknap waarde van projekte
MASSAPATROLLIE 3 000 127
mense betrokke gemeenskapsorganisasies neem deel 61 115 km gery 8 419 ure gewerk 35 arrestasies gemaak R500 000 waarde van patrollie Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, meen met hierdie projek is bewys selfdoen is beter as niksdoen! Volgens hom help dit nie om net oor probleme te praat nie – dit word opgelos deur
iets daaraan te doen. “Met hierdie veldtog is ’n sterk boodskap aan misdadigers en die owerheid gestuur dat ons nie sal skroom om gemeenskappe veiliger te maak en dorpe se infrastruktuur self te herstel nie.” S
In Beweging
Ons is hier om te bly!
Self help, selfdoen, selfstandig
AfriForum
Selfdoen is beter as niksdoen
AfriForum
AfriForum
Regeer ons goed, of ons regeer onsself
AfriForum
“Geen besluite oor ons, sonder ons nie”
Tydens die uiters suksesvolle NASIONALE TAKKONGRES wat AfriForum in Augustus vanjaar gehou het, was die boodskap duidelik: Al regeer Afrikaners nie vandag die land nie, beteken dit nie dat ons ons lewensstandaard moet prysgee nie, berig ALET RADEMEYER.
D
ie kongres is by die ATKVKlein Kariba-vakansieoord buite Warmbad gehou en deur sowat 450 AfriForum-afgevaardigdes bygewoon. Cornelius Jansen van Rensburg, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het tydens die kongres terugvoer gegee oor die vordering wat die burgerregte-organisasie sedert die begin van die jaar op plaaslike vlak gemaak het. Van die suksesse wat behaal is, sluit in 800 watertoetse wat die watergehalte van meer as ’n halfmiljoen mense verseker het asook regrukaksies in 136 dorpe en nege munisipaliteite waar die ligte aangehou en 1,9 miljoen mense toegang tot krag gehad het, terwyl daar van ses korrupte munisipale bestuurders ontslae geraak is. Duisende slaggate is opgevul en 18 rioolaanlegte herstel. Meer as 2 500 mense het in 24 maande opleiding in selfverdediging gekry, terwyl 350 booswigte tydens patrollies aangekeer is. Dié suksesse is ná die kongres met ’n 10 Dae van Selfstandigheid-projek opgevolg wat 200 aksies behels het en tot ’n radikale verbetering in talle dorpe gelei het. Jansen van Rensburg het gesê AfriForum se takstrukture is daarop geskoei om alle gemeenskappe se lewensstandaard te verbeter deur selfdoen-aksies op die gebied van plaaslike regering, omgewingsake en gemeenskapsveiligheid. “AfriForum skep die vermoë binne gemeenskappe om self ’n beter toekoms te bou. Die benadering is dat regeringsafhanklikheid plek vir
AFRIFORUM IN SYFERS 67 120 450 2 500 33 000 150 000
buurtwagte takstrukture gemeenskapsleiers buurtwagpatrolleerders taklede AfriForum-lede
gemeenskapselfstandigheid moet maak.” Van Rensburg het gesê AfriForum se mense is in elke provinsie in die land, van Springbok tot Pongola en Louis Trichardt tot Kaapstad, besig om hul toekoms in hul eie hande te neem deur selfdoen-aksies. “Ons mobiliseer Afrikaners om ’n selfdoenvermoë in hul takke te ontwikkel sodat probleme – hetsy prakties, deur hofsake of openbare druk – vir Afrikaners en alle SuidAfrikaners opgelos kan word.” Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, se boodskap aan kongresgangers was dat Afrikaners self ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms gaan skep en nie die toestemming van pres. Jacob Zuma of die ANC-regering nodig het om dit te doen nie. Hy het gesê die ANC kan nie vertrou word met Afrikaners se toekoms en kwessies soos onderwys, taal en erfenis wat hulle raak nie. “Ons is deel van die bestaande realiteit in die land en ons kan nie in staatsverval verlekker nie, want dit raak ons in ons huise. Ons hoef dit egter nie net gelate te aanvaar nie en moet teen agteruitgang bly veg.” Kriel het gesê taklede is die hart van die
organisasie en sonder hulle kan niks bereik word nie. Die kwessie van gemeenskapsveiligheid was ook hoog op die agenda en AfriForum se nasionale veiligheidsplan is daar bekend gestel. Die plan is gemik op die landwye stigting van buurtwagte vir selfbeveiliging. Daar is reeds oor en oor bewys dat sigbare gebiedsdominering ’n beduidende afname in misdaad tot gevolg het. Die noodsaaklikheid vir self- en gemeenskapsbeveiliging is verder bevestig deur statistiek wat dr. Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV), tydens die kongres bekend gemaak het. Cronjé het gesê die misdaadtendense en -syfers van die afgelope 20 jaar wys duidelik dat Suid-Afrika in ’n “lae-intensiteitburgeroorlog” gewikkel is. Volgens Cronjé is Suid-Afrika se moordkoers vergelykbaar met dié van lande soos El Salvador en Colombia wat daarop dui dat ons in ’n oorlog gewikkel is. Die land se moordkoers is 31 per 100 000 terwyl dit wêreldwyd 5 per 100 000 is. Hy het gesê die daaglikse voorkoms van ernstige misdaad sluit in 47 moorde, 127 seksuele misdrywe, 502 ernstige aanrandings, 700 huisbrake, 327 voorvalle van roof met verswarende omstandighede en 148 voorvalle van roof. Cronjé het daarop gewys dat die impak van misdaad tot die drastiese toename van private veiligheidsmaatskappye en mense in dié bedryf gelei het. Dit het van 100 000 mense in 1994 tot meer as 400 000 toegeneem. S Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
43
In Beweging
TOEKOMSBERAAD HELPMEKAAR 2020
Oplossing vir probleme is om self te doen GEMEENSKAPPE wat in die toekoms wil oorleef, sal toenemend dinge vir hulself moet doen omdat die staat nie dié verpligting gaan nakom nie. Dit was die kernboodskap wat op die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad in Pretoria weerklink het, skryf ALET RADEMEYER.
Foto: Reint Dykema
G
44
emeenskapselfstandigheid sal staatsafhanklikheid moet vervang, het Kallie Kriel (foto), uitvoerende hoof van die burgerregteorganisasie AfriForum gesê. AfriForum het onlangs ’n baie suksesvolle 10 Dae van Selfstandigheid-veldtog afgesluit wat gemeenskappe regoor die land gemobiliseer het om self verantwoordelikheid vir die verbetering van hul dorpe en stede en veiligheid te neem. ’n Nasionale massapatrollie is gehou waarby meer as 3 000 mense betrokke was. Beraadgangers het gehoor misdaad is ’n krisis en daar is sedert 1994 sowat 395 000 mense vermoor. Kriel het gesê die beste manier waarop mense hulself beter kan beveilig, is deur goed georganiseerde en verantwoordelike gemeenskapsbuurtwagte. AfriForum het reeds 67 sulke strukture en daar word beplan om dit binnekort te verdubbel. Die veiligheidsplan sluit in patrollies, reaksieplanne, radionetwerke en beheerkamers. In die afgelope twee jaar het AfriForum sowat 400 gemeenskapsleiers opgelei en 2 500 mense het selfverdediging- en ander opleiding gekry. Kriel het gesê regering op plaaslike vlak gaan drasties agteruit. In die eerste ses maande van vanjaar het AfriForum reeds 21 vullisterreine skoongemaak, 15 rioolaanlegte herstel en waterinfrastruktuur onderhou, 500 straatligte herstel, 1 500 slaggate opgevul en meer as ’n halfmiljoen mense van goeie gehalte drinkwater voorsien. Kriel het gesê dit word toenemend duidelik dat gemeenskappe keelvol vir swak regering is en besef dat hulle self sal moet moue oprol as hulle dienste wil hê. AfriForum werk waar moontlik nóú met plaaslike munisipaliteite saam. In gevalle waar dit nie gebeur nie, herstel AfriForum infrastruktuur waarna saakwaarneming toegepas word en uitgawes van stadsrade verhaal word. S
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Gemeenskappe “ is keelvol vir swak regering en besef dat hulle self sal moet moue oprol as hulle dienste wil hê.
In Beweging
Sak die son oor Afrikaans op die Puk?
D
ie eensydige besluit dat eerstejaarsklasse op die NoordwesUniversiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus vanaf volgende jaar deur middel van parallelmediumonderrig aangebied sal word, sal die begin van die einde vir Afrikaans op dié kampus beteken. Só het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gereageer op ʼn amptelike mediaverklaring deur die universiteitsraad se institusionele bestuur rondom die hersiening van die Puk se taalpraktyk. Luidens die verklaring het die uitvoerende komitee van die NWU-Raad besluite onderskryf wat op Woensdag, 28 Oktober deur die universiteit se bestuur geneem is. Daar is besluit dat parallelmediumklasse vanaf die begin van 2016 in groot eerstejaarmodules op die Potchefstroomkampus van die NWU geïmplementeer sal word. Geen tolkdienste sal in hierdie klasse verskaf
46
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
word nie. Die besluit is egter nie deur die universiteitsraad bespreek nie en is sonder die nodige mandaat van die universiteitsraad geneem. “Die universiteit se institusionele bestuur is nie by magte om enige besluite rondom veranderings aan die universiteit se taalpraktyk te neem nie. Die aanbied van parallelmediumklasse by die Puk sal bloot ʼn tydelike oorgangsmaatreël wees om Afrikaans uiteindelik as onderrigtaal uit te faseer. Dit is reeds die geval by talle ander universiteite wat ʼn parallel- medium-taalpraktyk aangeneem het,” sê Buys. Buys meen voorts die besluit is ʼn drastiese afwyking van die universiteit se bestaande taalpraktyk. “Daar is geen behoeftepeiling onder studente, dosente en personeel onderneem om te bepaal of hulle hierdie verandering steun nie. Die uitvoerbaarheid van parallelmediumklasse op die Puk is boonop nie deur die universiteit
getoets nie. Daar is dus nie vasgestel of die universiteit oor die nodige infrastruktuur beskik om parallelmediumklasse aan te bied nie. Die model is boonop nie getoets nie,” het Buys gesê. Buys het bygevoeg dat parallelmediumklasse weens die dubbele aanbieding van klasse onnodige bykomende uitgawes vir die universiteit sal inhou, terwyl dosente se werkslas sal verdubbel en die universiteit se navorsingsuitsette sal afneem. “Ek sal kragtens my posisie as universiteitsraadslid die kwessie rondom die hersiening van die universiteit se taalpraktyk met die res van die raad en raadsvoorsitter opneem. Hierdie besluit mag eenvoudig nie onbetwis deurgevoer word nie aangesien dit enorme gevolge vir die universiteit en studente inhou. Ons ervaring by ander universiteite, wat dieselfde praktyk volg, is dat sodra ʼn taalgemeenskap se taal uitgefaseer word, die bepaalde groep ook uiteindelik uitgefaseer word,” het Buys gesê. S
Finansiële Dienste
REGSHULPVERSEKERING
REGSHULPVERSEKERING
KRAG Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! WET aan jou kant!
Solidariteit Dienste Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. Daarom biedFinansiële Solidariteit Finansiële regshulpversekering samewerking metprokureur in jou diens teen Kryinvandag nog ’n Legal X om jou te help om die krag van dieR97 wet per maand.* slegs aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*
1
• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. regshulp – • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. 24 uur per op dageiendomsoordragte. • Afslagtariewe
2
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar
0861 765 734 www.legalex.co.za
Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging
Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste
0861 10 10 05
Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 FSP-nommer: 15556
3
Afslag op eiendomsoordragte
4
Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie
* Bepalings en voorwaardes geld
* Bepalings en voorwaardes geld
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 finansiële dienste • FSP-nommer: 5277
In Beweging
Die span van CNC Clear Cut by die plasma-snymasjien wat dié maatskappy aan Sol-Tech geskenk het, is van links Kevin van Niekerk, Chris Verheem, Christiaan Drijfhout en Paul van Niekerk. By hulle is Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech (tweede van regs), en Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech (heel regs). Onder: Paul van Niekerk, besturende direkteur van CNC Clear Cut, oorhandig die masjien aan Paul van Deventer.
Sol-Tech gee pas aan met nuwe masjien
E
en van die kenmerke wat Sol-Tech van soortgelyke instansies onderskei, is die vermoë om studente van uitstaande gehalte aan die arbeidsmark te lewer, wat relevant opgelei en vertroud is met nuwe en moderne tegnologiese toerusting wat vir produksie en vervaardiging gebruik word. ’n Tweede kenmerk is dié van gemeenskapsbetrokkenheid. “Instansies soos Sol-Tech is so sterk soos sy gemeenskap se betrokkenheid is. Ons help mekaar om suksesvol te wees deur terug te ploeg in die gemeenskap,” verduidelik Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. Hierdie gemeenskapsbetrokkenheid is uitgelig deur CNC Clear Cut se massiewe skenking aan Sol-Tech. CNC Clear Cut het in Oktober ’n plasma-snymasjien ter waarde van R750 000 aan Sol-Tech geskenk. Die masjinerie behels uiters gevorderde tegnologie wat staal deur middel van ʼn sterk elektromagnetiese veld sny. Die masjien word bedryf deur vooraf
50
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Deur Cilleste van Dyk ʼn ontwerp te skryf en dit in die masjien se rekenaar in te voer. Die sagteware gee dan aan die masjien al die nodige instruksies om bepaalde prosesse uit te voer. Dié masjinerie word wêreldwyd in die vervaardigingsektor gebruik. As privaat opleidingsinstelling neem ons weer die voortou met ʼn nuwe CNC-plasmasnymasjien. Van Deventer verduidelik dat SolTech tans die enigste kollege is wat opleiding in die hantering van dié masjinerie aanbied. Daar is boonop ʼn groot vraag na tegnici wat opgelei is om hierdie masjiene te hanteer. Hierdie masjien vervang glad nie die lektor of die eerste beginsels van goeie masjinering nie; dit bou egter optimaal daarop voort en stel ook studente aan die wêreld van “Computer Numerical Control” van masjinerie bekend. Hierdie opleiding bied aan Sol-Tech se studente ʼn groot voordeel wanneer hulle met indiensopleiding by werkgewers begin en dadelik positief tot die produksie van die
maatskappy kan bydra. Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech sê: “Hoewel hierdie opleiding nie deel van die minimum vereistes vir vakleerlingopleiding is nie, wil ons Sol-Tech se studente pertinent met hierdie vaardighede toerus om hulle verder te onderskei en hul indiensneembaarheid radikaal te verhoog. Hierdie gevorderde opleiding is by bitter min instellings beskikbaar – ons wil egter seker maak ons studente staan die beste kans om reeds vroeg in hul loopbane suksesvol te wees.” Paul van Niekerk, besturende direkteur van CNC Clear Cut, het tydens die geleentheid die belangrikheid van goeie opleiding, soos die opleiding wat Sol-Tech bied, beklemtoon. “Ons as tegnici, ingenieurs en ambagslui het almal ons loopbane aan goeie opleiding te danke. Ons besef ook dat goeie opleiding ons kinders se paspoort vir die toekoms is. Ons belê daarom graag in goeie opleidingsinstellings soos SolTech,” het Van Niekerk gesê. S
In Beweging
Sol-Tech se soet suksesse van 2015
Die afgelope jaar het Sol-Tech, die opleidingskollege van die Solidariteit Beweging, een sukses ná die ander behaal met UITMUNTENDE GROEI EN VOORUITGANG. Sol-Tech staan reeds bekend as een van die topambagsopleidingsinstansies in Suid-Afrika, met sy uitmuntende slaagsyfer, suksesvolle studente, nuutste toerusting en kundige personeel. CILLESTE VAN DYK kyk na die welslae wat vanjaar behaal is. • ʼn Merkwaardige kampus met moderne toerusting ter waarde van sowat R35 miljoen (R3 miljoen se nuwe toerusting bygevoeg in 2015), wat ambagsopleiding van hoogstaande gehalte verseker. Van hierdie moderne masjiene is die splinternuwe plasma-snymasjien wat onlangs deur CNC Clear Cut geskenk is. • ʼn Slaagsyfer van 96% vir studente wat hul finale nasionale ambagstoets aflê. • Sol-Tech-studente wat aansoek gedoen het om praktiese werkervaring op te doen, is almal suksesvol by werknemers geplaas. Ajani, ʼn onafhanklike plasingsmaatskappy, verseker ʼn netwerk van werknemers wat Sol-Tech kan benut vir die suksesvolle plasing van studente vir praktiese
werkervaring. Hierdie plasings verseker ʼn suksesvolle loopbaan vir hulle in Suid-Afrika. • Sol-Tech is een van die eerste kolleges in Suid-Afrika wat akkreditasie by NAMB verkry het. NAMB is ʼn sentrale reguleringsliggaam vir ambagsopleiding en tesame met die kwaliteitversekeringsliggaam (QCTO) word ambagsopleiding vir die eerste keer weer volgens een norm gemeet. • 2015 het gesorg vir ʼn rekordaantal studente. Al drie opedae het vorige rekords oortref met aansoeke om toelating. Sol-Tech het op enige stadium ongeveer 650 studente op kampus en 1 200 studente besig met verskeie fases van opleiding. • Die ekonomiese impak, gemeet aan die
verdienstevermoë van Sol-Tech-studente in die Afrikaanse gemeenskap sedert die begin van Sol-Tech, beloop R231,8 miljoen. Teen 2020 sal dié bedrag R2 073,7 miljoen beloop. • Sol-Tech het reeds ʼn reputasie in die arbeidsmark opgebou as die leier op die gebied van ambagsopleiding in Suid-Afrika. Maatskappye besef die waarde van SolTech se opleiding en werf reeds Sol-Techstudente voordat hulle klaar is met hul opleiding. • Sol-Tech se personeel presteer self ook uitstekend in die akademiese veld. 11 Lektore behaal hul onderwyskwalifikasies en ander presteer goed met addisionele kwalifikasies. S
jy & die Reg
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.
Solidariteit Regsdienste veg met ywer vir jóú regte Solidariteit is die vakbond met die GROOTSTE REGSAFDELING IN SUID-AFRIKA en die welslae wat dié afdeling behaal, is indrukwekkend. CILLESTE VAN DYK berig oor die vernaamste welslae die afgelope jaar.
S Foto’s: iStockphoto.com
olidariteit se regsafdeling bestaan uit twee gedeeltes, naamlik die Arbeidshof-afdeling en die Algemene Litigasie-afdeling. Daarbenewens word gedeeltelike bystand met siviele sake ook gegee. Beide afdelings het hulself regdeur die jaar daarvoor beywer om Solidariteit-lede tot die beste van hul vermoë met regskwessies by te staan.
52
Arbeidshof-afdeling Die Arbeidshof-gedeelte van Solidariteit se regsafdeling hanteer individuele en kollektiewe lede se sake. Hul dienste sluit konsultasies, merietebepalings, die opstel van opinies en hofstukke, die wisseling van pleitstukke, die ondersoek van mosie-aansoeke wat betwis word, dringende aansoeke en verhore in. Sake wat namens lede hanteer word, behels onder meer afleggings, diskriminasie, outomatiese onbillike ontslag, hersieningsaansoeke, appèlle, kontrakbreuk, verklarende bevele en aansoeke om ʼn arbitrasiebevel ʼn hofbevel te maak. Die afdeling hanteer ook die hersiening Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
WELSLAE IN ‘N NEUTEDOP Opstel van pleitstukke: 778 Skrywes gestuur: 1 239 Konsultasies: 312 Vergoeding: R7 763 601 Nuwe sake ontvang: 173 (Arbeidshof-afdeling: Januarie tot September ’15) van onsuksesvolle arbitrasie-aangeleenthede en die verdediging van hersieningsaansoeke waar die nodige meriete bestaan. Sake en aangeleenthede wat nie tydens konsiliasie geskik kan word nie, word na die Arbeidshof-afdeling verwys. Alle arbitrasiebevele waaraan die werkgewers nie voldoen nie, word ook aan die Arbeidshof-afdeling oorhandig. Deur middel van ʼn aansoekprosedure word daar dan ʼn bevel aan die hof gemaak wat daartoe lei dat stappe teen die werkgewers gedoen kan word. Vergoeding van R1,6 miljoen In Maart 2012 is ʼn Solidariteit-lid dissiplinêr aangekla en ontslaan deur sy werkgewer.
Solidariteit het ʼn saak van onbillike ontslag na die bedingingsraad vir die metaal- en ingenieursbedryf (MEIBC) verwys en die arbitrasie het in Maart 2013 plaasgevind, nadat die werkgewer die saak ʼn paar keer uitgestel het. Die kommissaris van die MEIBC het in die Solidariteit-lid se guns beslis en ʼn bevel uitgereik wat stipuleer dat die lid in sy voormalige werkgewer se diens herstel moes word en sy agterstallige salaris betaal moet word. Die werkgewer het aansoek gedoen vir hersiening, maar het vanjaar, ná ʼn regstryd van twee jaar, besluit om tog maar gehoor te gee aan die arbitrasiebevel. Die Solidariteit-lid is einde ten laaste weer aangestel in die pos wat hy voor sy ontslag beklee het, en het ʼn agterstallige salaris van ongeveer R1,6 miljoen ontvang. R10,7 miljoen-eis vir prestasieevalueringsbonusse Solidariteit het onlangs namens 97 van sy lede ’n saak by die Arbeidshof aanhangig gemaak nadat dié lede vir twee agtereenvolgende jaar nie die volle prestasie-evalueringsbonusse
In Beweging
waarop hulle geregtig was, ontvang het nie. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Arbeidshof-afdeling, gaan die uitkoms van hierdie saak verreikende gevolge vir die werkgewer inhou. “97 Solidariteit-lede het in 2012 en 2013 nie die volle bonusse wat die werkgewer met hulle ooreengekom het, ontvang nie,” het Van der Bijl verduidelik. “Die bedrag wat hier geëis word, is seker een van die eise met die grootste monetêre waarde wat Solidariteit al namens sy lede beding het,” het hy gesê. Algemene Litigasie-afdeling Die Algemene Litigasie-afdeling (ALA) van Solidariteit se Regsafdeling fokus veral daarop om sake by instellings soos die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) en die bedingingsrade van die verskillende bedrywe aanhangig te maak en suksesvol op te los. Volgens Gerhard Hildebrand, hoof van die ALA, het hulle Solidariteit-lede vanaf Januarie tot Augustus vanjaar tydens 365 arbitrasies, 259 konsiliasies, 104 afleggingsvergaderings en
89 dissiplinêre verhore verteenwoordig. “Die aantal arbitrasies vir hierdie agt maande-tydperk is 12 sake meer as wat gedurende die hele 2014 hanteer is,” verduidelik Hildebrand. Regsbeamptes het lede bygestaan met konsultasie tydens 1 265 verskillende geleenthede. ʼn Totaal van 536 nuwe lêers is geopen en 790 lêers is afgehandel. Buiten die lêers is daar ook ʼn totaal van 1 441 nuwe regsnavrae hanteer. Die ALA het teruggeploeg in die gemeenskap deur met sake waarby hulle betrokke was, R22 720 229 aan lede uit te betaal. Die Dienssentrum se arbeidsregadviseurs het ʼn totaal van 25 020 telefoniese oproepe hanteer. Dit verteenwoordig ʼn gemiddeld van 3 127 oproepe per maand. Om hierdie suksesse in perspektief te stel: die afdeling bestaan uit drie administratiewe beamptes, vyf arbeidsregadviseurs, 10 regsbeamptes en drie junior litigante. • Kontak die Algemene Litigasie-afdeling by 012 644 4344, of meld jou saak aan by regsdienste.solidariteit.co.za. S
In Beweging
Wenke vir produktiwiteit in die werkplek
Dit was ʼn suksesvolle en besige jaar, en die einde is uiteindelik in sig. Met die vakansie en Kerstyd aan die kom, is dit soms moeilik om jou OOG OP DIE WENPAAL te hou, maar aanhouer wen. As jy daardie laaste hupstoot nodig het om die jaar op ‘n suksesvolle en produktiewe noot af te sluit, probeer gerus hierdie sewe wenke, skryf TANYA RAS: Kry ’n sisteem Beplan die take wat gedoen moet word en hou by die beplanning. Geen beplanning is beplanning vir mislukking. Indien jy die lys take wat jy moet afhandel deeglik bestuur, sorg dit vir duidelikheid, fokus en beheer. Dit help ook om te onderskei tussen belangrike en minder belangrike take. Prioritiseer Besluit watter take die belangrikste is en handel dit eerste af. Dis ʼn groot motivering as jy ʼn taak afgehandel het en een stap nader aan die wenstreep is. Delegeer take wat minder belangrik is of waarmee jy nie baie goed is nie. Moenie verskeie take gelyk probeer verrig nie. Neem ’n blaaskans Niemand kan vir agt ure aaneen konsentreer nie – om die waarheid te sê, dit is nie eens moontlik om vir vier ure op ʼn slag te konsentreer nie. Dié tyd van die jaar dwaal ʼn mens se gedagtes maklik na die vakansietyd wat voorlê. Neem gereeld kort breuke terwyl jy werk. Gaan drink koffie of koeldrank saam ʼn kollega of gaan sit net ʼn rukkie buite. Dit sal jou help om te fokus en jou produktiwiteit verhoog.
Foto: iStockphoto.com
Máák werk as daar nie is Daar is niks wat produktiwiteit kniehalter soos ʼn stil dag sonder werk nie. Elke minuut tik stadig verby en agt ure voel skielik soos ʼn week. Jaareinde is vir sommige maatskappye ʼn besige tyd, maar vir ander weer ʼn rustige tyd. Skep vir jouself werk sodat jy besig bly wanneer jy nie veel het om te doen nie. Dit sal jou help om meer produktief te wees, en as jy besig bly, gaan die dag vinniger verby – en dan is die vakansie ook sommer ʼn dag nader. Doen dit nóú Aan die einde van die jaar is jou jaarbeplanning vir volgende jaar waarskynlik reeds gedoen. Moenie wag tot volgende jaar voor jy met projekbeplanning begin nie. Doen dit nou. As jou beplanning klaar is, begin met die projek en doen solank al die moontlike klein takies wat tyd neem. Dit sal jou help om vroeg in die nuwe jaar weg te spring en jou projek van stapel te stuur.
54
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Bestuur jou tyd Begin die oggend deur sosialemedianetwerke te besoek en e-pos te lees. Beplan met watter intervalle jy dit gaan herhaal. Sulke goeie tydsbestuur help jou om die res van die tyd te fokus op werk wat gedoen moet word. Jou konsentrasie sal beter wees, omdat sosiale media en e-posse nie heeltyd jou aandag aftrek en jou konsentrasie verbreek nie.
Oefen Kantooroefeninge herlaai die brein en skerp jou fokus op, wat tot beter produtiwiteit lei. Doen elke 20 minute strekoefeninge, of staan op en gaan stap deur die gebou of na die kafeteria toe. ʼn Mens voel sommer beter en konsentreer ook dus beter. • Bronne: Forbes, Robin Sharma, Work intelligent. S
In Beweging
Groot belegging in Afrikaanse opleiding gemaak
Foto’s: iStockphoto.com
B
eraadgangers wat die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad in Pretoria bygewoon het, het gehoor dat meer as R1 miljard oor die volgende vyf jaar in Afrikaanse opleiding belê gaan word. Die Beweging se onderwysplan strek van kleuterskoolvlak tot ’n privaat Afrikaanse universiteit. Die verwagting is dat Akademia teen 2020 sowat 2 000 studente sal hê en meer as 24 sentrums word regoor die land beplan. Planne sluit ook ’n voedingsprojek vir meer as 4 000 kleuters by 60 kleuterskole landwyd in,
Deur Alet Rademeyer
TOEKOMSBERAAD HELPMEKAAR 2020 25 000 skooltassies vir gr. 1’s en ondersteuning aan 560 Afrikaanse skole. Die tegniese kollege Sol-Tech gaan uitgebou word en honderde onderwysers gaan deur die Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies
(Aros) opgelei word. Volgens die plan gaan Solidariteit Helpende Hand se studiefonds – wat reeds meer as R73 miljoen uitbetaal het om 4 300 studente te help – oor vier jaar R100 miljoen per jaar aan studiehulp gee, het dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, gesê. Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dié organisasie sal ook verantwoordelikheid neem om die onderwysregte van die Afrikaanse gemeenskap te beskerm en die belangrikheid van moedertaalonderrig sal beklemtoon en uitgebou word. S
In Beweging
Wie onmiddellike “ rykdom begeer, is ‘n dobbelaar en verbrand maklik sy vingers.
Groter salaris gaan jou nie ryk maak nie
Foto: iStockphoto.com
ʼn
Onderwyser het eenmaal sy klas gevra wie die rykste is: Koos, wat R50 000 per maand verdien, of sy neef Gert, wat R25 000 verdien. Natuurlik het die klas geantwoord dat neef Koos met die groter salaris ook die rykste is. Hierna het die onderwyser die res van die twee neefs se verhaal vertel – hoe Koos, ten spyte van sy groter salaris, sukkel om elke maand met sy geld uit te kom omdat hy heelwat skuld het wat afbetaal moet word. Hy ry immers die nuutste Duitse model motor en woon in ʼn spoggerige gholflandgoed. Boonop is daar die duur oorsese vakansies, lidmaatskap by die gholfklub en gimnasium, en ʼn rits ander luukshede. Gert, aan die ander kant, se beskeie huisie is reeds afbetaal, hy ry ʼn skaflike motortjie wat hy destyds kontant gekoop het, en vir oefening werk hy Saterdag sommer self in die tuin. Gert het reeds heelwat beleggings omdat hy elke maand ʼn paar rand afknyp om te belê. Koos is diep in die skuld. Dis nie hoeveel jy verdien wat jou rykdom bepaal nie, maar hoeveel jy wegsit om te belê. Dit gaan daaroor dat jou persoonlike balansstaat moet groei, en nie noodwendig jou inkomstestaat nie.
56
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Deur Appie Pienaar Inkomstestaat vs balansstaat ʼn Inkomstestaat verskaf ʼn prentjie van inkomste en uitgawes oor ‘n bepaalde tydperk, byvoorbeeld ʼn jaar. Die salaris wat jy verdien, sal tipies aan die inkomstekant van ʼn persoonlike inkomstestaat verskyn. Die inkomstestaat bevat egter ook uitgawes, en as uitgawes nie in toom gehou word nie, help ʼn groot inkomste net mooi niks. Hier dink ons aan al daardie luukshede soos duur vakansies, ontwerpersklere, “speelgoed” soos tabletrekenaars en duur fone, lidmaatskap by klubs, en ander begeertes wat ons graag wil bevredig om ons status in die samelewing te verhoog. ʼn Balansstaat verskaf weer ‘n prentjie van ons rykdom. Aan die een kant is ons bates (enige item wat weer in kontant omgeskakel kan word) en aan die ander kant ons laste of skuld. Die verskil tussen die twee verteenwoordig ons rykdom. Items soos duur motors of klere is wel bates, maar nie goeie bates nie omdat dit nie inkomste genereer nie. Boonop verloor dit waarde met tyd. Selfs ʼn woonhuis waarop ons te veel spandeer, kan ʼn “swak” bate wees. Goeie bates is bates wat inkomste genereer en wat met tyd toeneem in waarde. Dink maar aan iets soos ʼn tweede huis wat uitverhuur word, of ʼn belegging in aandele.
Skep passiewe inkomste Die skrywer van die bekende boek Rich Dad Poor Dad, Robert Kiyosaki, het heelwat uitgebrei oor die voordele van passiewe inkomste – doen gerus die moeite om sy werk te lees. Passiewe inkomste is enige inkomste wat ‘n mens verdien sonder om direk daarvoor te werk. Huurinkomste of dividendinkomste uit aandelebeleggings is goeie voorbeelde hiervan. Passiewe inkomste is glad nie verwant aan jou maandelikse salaris nie. Moenie oorhaastig wees nie Die salaristrekker wat passiewe inkomstebronne en rykdom wil opbou, se wagwoord is geduld. Rykdom word nie oornag geskep nie. Wie onmiddellike rykdom begeer, is ʼn dobbelaar en verbrand maklik sy vingers. Die hartseer verhale van piramideskemas en gulsige fondsbestuurders wat verdwyn met ander se geld, is oorbekend aan ons almal. Verantwoordelike beleggers se tydshorison strek oor jare, selfs dekades, en bietjie vir bietjie sit hulle ʼn geldjie weg om in ʼn bate wat die moeite werd is, te belê. Dit is dus nie hoeveel jy verdien wat bepaal of jy ryk is nie, maar hoeveel jy wegsit en in goeie bates belê. S
In Beweging
Solidariteit bied suksesvolle KragDag-ekspo aan
Foto: iStockphoto.com
D
uisende lede van die publiek, sakeeienaars en elektrisiteitsvoorsieners het vanjaar se KragDag-ekspo bygewoon, wat weer naby Rayton, oos van Pretoria, op die Diamantvallei-landgoed aangebied is. Met die leuse “Doen jou eie ding” het die Solidariteit KragDag-ekspo dit onomwonde gestel dat niemand sonder elektrisiteit hoef klaar te kom net omdat Eskom sukkel om dit te verskaf nie. Die vlaag kragonderbrekings sedert Januarie vanjaar het dit weereens duidelik gemaak: As dit nét van Eskom afhang, sal die ligte in SuidAfrika nie bly brand nie. Om hierdie rede het Solidariteit besluit om weer die Solidariteit KragDag-ekspo – ’n enorme selfdoenenergieskou vir die hele gesin – aan te bied. “Solidariteit weet, deur ons 8 000 lede by Eskom wat in uiters moeilike omstandighede hul bes doen om kragvoorsiening aan die gang te hou, dat Eskom se probleme nog lank nie opgelos is nie,” het dr. Dirk Hermann,
bestuurshoof van Solidariteit, gesê. “Met die Solidariteit KragDag-ekspo help Solidariteit met kreatiewe oplossings om ons lede teen kragonderbrekings te beskerm. Hulle moet beskerm wees by die werk, by die huis én in gemeenskapsverband soos by kerke en skole.” H.P. Steyn, uitvoerende direkteur van KragDag, het gesê dat vanjaar se suksesvolle ekspo in die toekoms selfs verder kan uitbrei, en hy is baie opgewonde oor die samewerking met Solidariteit. “Ons leuse is: ‘Doen jou eie ding’. Ons wil individue en gemeenskappe in staat stel om vry en selfstandig te wees, eerder as afhanklik van staatshulp. In samewerking met Solidariteit gaan ons voortaan ’n slag teen elektrisiteitskwesbaarheid slaan.” Steyn het gesê die skou bring sedert 2008 ’n indrukwekkende verskeidenheid skougangers en uitstallers op ’n feestelike, maar ook leersame wyse byeen. “Die ekspo het ’n gesinskarakter; dit kombineer praktiese energietegnologie
en -seminare, verwante selfdoenoplossings vanaf entrepreneursondersteuning tot tuisskoolondersteuning en, les bes, vermaak vir oud en jonk.” Soos dit hoort, was die Solidariteit KragDagekspo vanjaar volledig elektrisiteitselfstandig. “Daar was geen koppeling met Eskom gemaak nie,” het Steyn gesê. S
Issue 4 of 2015 • www.solidariteit.co.za
57
In Beweging
Maak só sin van jou salarisstrokie
Het jy al mooi na jou SALARISSTROKIE gekyk? Die meeste mense sien slegs die netto salaris onderaan en steur hulle min aan die res van die inligting. Vir ’n finansiële beplanner vertel ’n salarisstrokie egter ’n hele verhaal. Baie van ons kliënte het nie ’n benul wat hul werkgewer vir byvoorbeeld pensioenbydraes aftrek of wat hul pensioendraende salaris is nie. FRANCOIS SMIT verduidelik waarom dit belangrik is om jou swaarverdiende salaris te verstaan.
Foto: iStockphoto.com
O
ns vind gereeld dat mense nie genoeg vir aftrede gespaar het nie en dat hulle nie weet hoe dit gebeur het nie, want hulle het reeds vir 30 jaar tot ’n pensioenfonds by die werk byge dra. Die antwoord lê in die meeste gevalle in hul salarisstrokie opgesluit. Gestel jy verdien ’n basiese kontantsalaris, ’n motor- of vervoertoelae, en miskien ’n kom missiekomponent. Wat die meeste werkgewers doen, is om die aftrekkings vir pensioen op die kontantsalaris te bereken. Ander werkgewers koppel weer die bydraes aan ’n persentasie van die totale kostepakket. Die gevaar hiervan is dat ’n mens geneig is om vinnig jou hele inkomste te bestee. As jy daaraan gewoond is om ’n motortoelae te ontvang, spaar jy nie uit jou ander inkomste geld om dalk later jou eie motor
58
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
aan te skaf nie. Jy wil poog om ’n groot gedeelte van jou totale pakket by aftrede te vervang. Gestel die volgende voorbeeld: • Jou kontantsalaris is R11 250 per maand. • Jy ontvang ’n motortoelae van R3 000 per maand. • Jy verdien gemiddeld R750 per maand in kommissie. Jou totale pakket is dus R180 000 per jaar. Jou pensioenbydraes word op die kontantsalaris bereken. Jy dra 7,5% van jou kontantsalaris by en jou werkgewer dra nog 5% by. Dit beteken dat jy maandeliks R1 406,25 tot die fonds bydra. Jy verdien egter ’n bykomende R45 000 per jaar wat deel van jou maandelikse uitgawes word. Vir ’n persoon wat nou 30 jaar oud is en op die ouderdom van 65 jaar wil aftree en
die pakket hierbo verdien, gaan die verskil in die berekening van die pensioenbydraes op die ouderdom van 65 jaar lei tot ’n tekort van ongeveer R3,5 miljoen se aftreegeld. Die verskil oor tyd is dat jy ’n skamele R280 per maand te min bygedra het, wat jy net elke jaar met 8% saam met jou salarisverhogings moes verhoog. Dit kan dus lyk of jy heeltemal genoeg tot jou aftreefonds bydra, maar eindelik kan dit gebeur dat jy met die resultaat teleurgesteld is. Maak dus seker dat jy jou salarisstrokie verstaan. Gaan spreek ’n goeie finansiële raadgewer om vir jou berekeninge te doen oor die toekomstige situasie, maar met vandag se feite en syfers. Jy kan jouself moontlik baie verdriet spaar. • Francois Smit is besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste. S
aksent media • 082 445 4513
Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming
BELEGGINGS
> hulpbronne > ontledings > oplossings
MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING
RISIKODEKKING
IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?
PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES
Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za
In Beweging
ʼn Suksesvolle feestyd in jou eie huis
Die jaar is besig om vinnig tot ʼn einde te kom en die FEESTYD is om die draai. Dis egter glad nie nodig om met die hande in die hare te sit as jy nie oor die feestyd êrens heen kan gaan nie: ʼn suksesvolle feestyd by die huis is net vyf wenke ver, skryf TANYA RAS. Stel ’n begroting op Moenie toelaat dat jou uitgawes oor die feestyd jou grys hare gee in die nuwe jaar nie. Beplan alle moontlike uitgawes en stel ʼn begroting op om seker te maak alle gewone en ekstra uitgawes is gedek. Gebruik dié begroting om te verseker dat die gesin nie meer bestee op sekere uitgawes as dit waarvoor daar begroot is nie. Hou in gedagte dat daar in Januarie altyd allerlei ekstra uitgawes is, en maak in die Desemberbegroting reeds voorsiening daarvoor. Koop nou reeds geskenke Dit lyk altyd asof winkels die wonderlikste spesiale aanbiedinge het oor die Kersseisoen, maar in werklikheid kos dit ʼn plaas se prys om almal gelukkig te hou. Koop voor die feesseisoen reeds Kersgeskenke. Dit is nie net goedkoper nie, maar spaar ook baie tyd en voorkom daardie dol inkopies ʼn dag voor Kersfees, wanneer jy uit moedeloosheid maklik die begroting oorboord gooi.
Foto: iStockphoto.com
Beplan die Kersete betyds Desember is en bly vakansietyd – ʼn belangrike tyd om saam met jou familie en geliefdes deur te bring. Beplan die Kersete vroegtydig, stel ʼn spyskaart op en maak ʼn lys van alle benodighede. Dit sal jou nie net baie tyd en frustrasie spaar nie, maar sal ook onnodige stres voorkom en verseker dat jy genoeg kwaliteittyd saam met jou gesin deurbring.
60
Hou die kinders besig Gedurende die vakansie is kinders maar te bly dat hulle nie vroeg hoef op te staan vir skool nie, maar dit word soms ʼn onbegonne taak om hulle besig te hou. Vir ʼn luilekker gesinsdag is ʼn pretpark altyd ʼn goeie opsie – die kinders is lekker uitgeput ná die tyd, en jy kan heeldag ontspan. As jy baie het om te doen, kan die kinders gaan ysskaats of fliek terwyl jy inkopies doen – dit hou hulle besig en verseker dat jou inkopies vlot verloop. Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Ontspan Dis Desember – kantore sluit, en nou kan ons rus... Of kan ons? Daar is soms so baie belanning en organisering rondom die feesseisoen dat ons vergeet om werklik te ontspan en die vakansie te benut. Maak seker dat jy gedurende die feestyd genoeg rus sodat jy Januarie die jaar met nuwe lus en energie kan aanpak. Hierdie is waarskynlik die heel belangrikste aspek van ʼn suksesvolle Kersvakansie. • Bronne: Vrouekeur, Voelgoed. S
‘n Bykomende
*
se kleinhandelverkope word vir Desember vanjaar voorspel.
In Beweging
Spanningsleesstof op sy beste
S Kry dié op Kraal se rak Deur Ilze Nieuwoudt Iets vir die kleinspan Wat gebeur wanneer ’n eiewys wilgerboom, ’n saggeaarde appelboom, ’n liggeraakte doringboom en ’n liefdevolle kremetart as’t ware in dieselfde tuin beland? In die pragtig geïllustreerde en eg Suid-Afrikaanse kinderverhaal Waar bome groei deur Ria Claassen (illustrasies deur Alzette Prins) kry hierdie bome lewe. Hul lewens is egter nie sonder uitdagings nie, want terwyl die appelboom die boord en sy mense verkies, droom die wilgerboom van ’n lewe aan die oewer van ’n rivier met die wind wat deur sy takke waai. Die doringboom en kremetart wil ook hul sin hê, maar hoe gemaak om almal tevrede te stel? Die wyse uil beraam ’n plan en span boonop die voëltjies van die veld in om te help. • Waar bome groei is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R110 (R20-posgeld uitgesluit). Vier Afrikaans voluit Die verhaal van Afrikaans sedert sy ontstaan tot vandag en elke kleurvolle oomblik tussenin word in twee dele op die DVD Die wonder van ’n nuwe taal in Afrika vertel. Met teks deur prof. Jaap Steyn en die kundige hand van prof. Hermann Giliomee as eindredakteur skets hierdie indrukwekkende minireeks in minder as twee ure ’n prentjie van Afrikaans as die jong taal waaroor geleerdes eenvoudig nie uitgepraat kan raak nie. Dit word beskryf as die taal waarin sy sprekers bid, lief kan hê en grappe kan maak. Dit beskryf die taal van die letterkunde en wetenskap. Herontdek Afrikaans se ontstaan, ontwikkeling en groei. • Dié DVD is beskikbaar by Kraal teen R180 (R20-posgeld uitgesluit). Tydsduur: 100 minute.
Die Boereoorlog in beeld ’n DVD wat elke liefhebber van die AngloBoereoorlog (ABO)-geskiedenis moet hê. ULULA-produksies se DVD Die AngloBoereoorlog, 1899-1902 bied ’n blik op dié geskiedkundige oorlog soos nog nooit tevore gesien nie. Die teks en aanbieding word gedoen deur prof. Fransjohan Pretorius, met medewerking van talle ander prominente ABO-historici, insluitend proff. Andries Raath, André Wessels, Hermann Giliomee en dr. Jackie Grobler. • Dié DVD is beskikbaar by Kraal teen R140 (R20-posgeld uitgesluit). Tydsduur: 60 minute. Uit die natuur Op vlerke in die Krugerwildtuin deur die geliefde skrywer André Christof bevat 27 vertellings van Christof se belewenisse in die enigmatiese Kruger. Stap saam met die skrywer en sy vrou, Kate, op ’n unieke ontdekkingsreis in hierdie reisverhale deur die wildtuin wat die verbeelding sal aangryp. Kom ruik, proef en beleef die Krugerwildtuin! • Op vlerke in die Krugerwildtuin is beskikbaar by Kraal teen R230 (R30-posgeld uitgesluit). Besoek www.kraaluitgewers.co.za om enige van hierdie produkte aan te koop of stuur ’n SMS om jou bestelling te plaas. (SMS die woord “Boom”, “Afrikaans”, “ABO” of “Vlerke” na 32347 om jou bestelling vir onderskeidelik Waar bome groei, Die wonder van ’n nuwe taal in Afrika, Die AngloBoereoorlog, 1899-1902 of Op vlerke in die Krugerwildtuin te plaas.) S
Deur Ilze Salzwedel
karlaken is die vierde misdaadroman uit die vaardige pen van die joernalis Irma Venter, wat in 2012 gedebuteer het met Skoenlapper. Daarna het Skrapnel en Sondebok gevolg. Hoewel dit nie noodsaaklik is om die boeke in volgorde te lees nie, sal ek dit sterk aanbeveel, want die avonture van Ranna, ’n vryskutfotograaf, en Alex, ’n oorlogkorrespondent, boei vandat jy hulle in Skoenlapper ontmoet. (Skoenlapper is in 2013 met ’n ATKV-Woordveertjie vir spanningslektuur bekroon.) Die daaropvolgende drie boeke neem die leser op spannende en gevaarlike reise saam met Alex en Ranna, maar jy maak ook nader kennis met interessante newekarakters: Sarah, ’n rekenaargenie wat al in die tronk was weens haar kubereskapades; Adriana, ’n vrou met ’n geheimsinnige verlede; en Jaap Reyneke, ’n speurder wat bewerings oor Ranna se betrokkenheid by ’n moord moet ondersoek. Al vier die boeke is uitstekende leesstof, maar Skarlaken staan vir my kop en skouers bo die res uit, dalk omdat ’n mens hierin kan sien hoe Venter die afgelope drie jaar as spanningskrywer gegroei het. Haar fyn oog vir detail en die slim manier waarop sy haar deeglike navorsing in die storie integreer, verstom weer eens. Skarlaken is die storie van drie moorde wat Jaap en Sarah, onwaarskynlike medespeurders, op ’n speurtog kruis en dwars oor Suider-Afrika neem. Elkeen het ’n interessante storie waarvan daar glimpe was in die drie vorige boeke, maar ’n mens leer hulle intiem ken tydens hul reise van Sutherland in die Karoo tot Stellenbosch, Clarence, Walvisbaai in Namibië en Gaborone in Botswana. Die pas in Skarlaken, uitgegee deur Human & Rousseau (R230), is blitsvinnig, en die vertelstyl vars. Die leser voel van die eerste bladsy af deel van die verhaal. Wat die moordtonele betref, is dié in Skarlaken van die verbeeldingrykste wat ek al gelees het, byna soos kunswerke in die kleine. Ook dit is deel van die interessante storielyn. S Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
61
In Beweging
Verower die wêreld met Solidariteit Wêreld
D
ie jaar 2015 sal as ʼn geskiedkundige jaar vir Solidariteit se elektroniesekommunikasieontwikkeling onthou word. Van ontwerp en ontwikkeling tot tannie Sollie en oom Frik het ons geskiedenis gemaak – geskiedenis omdat ons die wêreld van werk vir elke lid op sy selfoon, tabletrekenaar en rekenaar beskikbaar gestel het. Solidariteit Wêreld, jou webblad oor werk, is op 21 April 2015 bekendgestel. 800 gaste het die bekendstelling in die vorm van ʼn unieke toneelstuk by die Atterbury Teater in Pretoria bygewoon. Van die akteurs in die toneelstuk was Hannes Muller, Hannes Brummer en Karen Wessels. Die groep Ken jy tant Mossie het gaste tydens die toneelstuk met musiek vermaak en die gehoor het elke oomblik geniet. Die Solidariteit Wêreld-webwerf bied vir lede en ondersteuners van Solidariteit inligting en hulpmiddele vir elke area van hul lewe – of dit nou jou werk, jou gesin, jou loopbaan, jou gesondheid, jou geld of regsaangeleenthede is. Hier kry jy raad oor wat jy moet maak met ʼn kwaai baas of ʼn kollega wat nie sy werk doen nie; jy kry inligting oor mediese fondse, en wenke om jou te help om jou tiener te hanteer of om hóm te help om die regte loopbaankeuse te maak. Jy kan selfs jou eie loopbaanontwikkelingsplan opstel en rekord hou van hoe jy in jou loopbaan vorder en wat jou doelwitte is. Die Solidariteit Wêreld-webblad dek só ʼn groot verskeidenheid onderwerpe dat dit onmoontlik is om alles op te noem. Met dié blad wil ons jou in staat stel om ʼn beter werknemer te wees, sodat jy nie net gelukkig is en jou beste lewer nie, maar dat jy jouself ook kan verryk en ontwikkel in ander areas van jou lewe. Besoekers op die Solidariteit Wêreldwebwerf kom van regoor die wêreld met die meeste besoeke natuurlik uit Suid-Afrika, waarna Kenia en Nederland volg. Ons wil ons lede en ondersteuners verseker dat hulle in 2016 nog meer hulpmiddele deur Solidariteit Wêreld te wagte kan wees. Eersdaags kan jy selfs hierdie werk-webblad van jou selfoon af besoek. Verdere beplande ontwikkeling sluit in ʼn app wat die eerste van sy soort sal wees, met inligting rakende regsake en regsaspekte hanteer, en ʼn funksionaliteit waarmee jy direkte regshulp sal kan kry. • Hou Solidariteit Wêreld in 2016 dop vir nog meer hulpmiddele en inligting wat jy elke dag kan gebruik. Besoek www.solidariteit.co.za. S
62
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Deur Daleen Gouws
Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
63
In Beweging
Buckets full of benefits for our members This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules as contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.
64
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
In Beweging
R97
Independent Financial Advice Solidarity Financial Services has an independent financial advice department who can assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk and retirement planning as well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005
Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
65
In Beweging
Syfers getuig van honger na Afrikaanse inhoud Maroela Media se unieke BESOEKERSGETALLE het vanjaar by die 1 miljoen per maand gedraai, met sowat 5,5 miljoen bladsye per maand wat gelees is, skryf SUSAN LOMBAARD, uitvoerende hoof van Maroela Media.
’n
Verbysterende aantal mense kies elke maand om Maroela Media hul primêre Afrikaanse nuus- en inligtingsplatform te maak. As ’n mens dink dat die Loftus Versfeld-stadion sowat 51 000 mense kan huisves, beteken dit dat Maroela se lesers Loftus 19 keer in een maand sou kon volmaak. Getalle is egter nie al wat saak maak nie. By Maroela is ons trots op die gehalte van dít wat aan ons lesers gebied word, nie net die kwantiteit nie. Ons werk voortdurend aan die verbetering van ons redaksionele inhoud, veral om vir lesers meer diepte- joernalistieke werk en ’n groter verskeidenheid inhoud in verskillende media soos teks, video en foto’s te bied. Dit verg baie van ’n klein spannetjie en is iets wat ons met tyd, soos ons kapasiteit toeneem, al beter sal kan regkry. Een van Maroela Media se grootste bates is ons positiewe handelsmerk. Mense is trots daarop om met die naam en handelsmerk
geassosieer te word. Dit bly ook nie net by assosiasie nie: Baie joernaliste, fotograwe en ander medewerkers bied uit hul eie aan om gratis vir ons bydraes te lewer, bloot omdat hulle hou van dit waarmee ons besig is en die feit dat ons bereid is om inhoud gratis vir ons lesers te gee. Só kan ons ’n ryk verskeidenheid inhoud wat letterlik van dwarsoor die wêreld gelewer media word, aan ons lesers bied. Maroela het vanjaar verskeie projekte aangepak waarop ons besonder trots is: • Ons jaarlikse gemeenskapsradiostasieseminaar is vanjaar vir die eerste keer in sowel die Wes-Kaap as Gauteng aangebied. Altesaam 81 afgevaardigdes van 22 stasies het die twee geleenthede bygewoon. Aanbieders soos Lance Rothchild, Freek Robinson, Bettie Kemp en Lindie Strydom het opleiding van hoogstaande gehalte teen ’n minimale koste gegee aan dié stasies,
mar ela
66
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
wat wonderlike werk vir Afrikaans in die gemeenskap doen. • Maroela Media se eerste Buitebioskoop is in die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin aangebied. Sowat 1 270 mense het die geleentheid bygewoon en kaartjies was dae voor die geleentheid reeds uitverkoop, met honderde voornemende fliekgangers wat teleurgesteld ander planne vir die dag moes maak. Dit was ’n smaakvolle, ontspanne saamkuiergeleentheid waar ons ons digitale lesers in die oë kon kyk en kon kennis maak, en die nostalgie van toentertydse inryteaters en aandpieknieks in die buitelug saam kon herleef. Ons hoop om van die buitebioskoop ’n jaarlikse instelling te maak. • ’n Radiovervolgverhaal van 13 weke is vir ons deur Bettie Kemp vervaardig, en gratis gelewer aan 32 stasies landwyd en internasionaal. So ’n radiovervolgverhaal kos sowat R450 000 om te vervaardig, en word moontlik gemaak deur
In Beweging
Foto’s: iStockphoto.com; Verskaf
AFRIKAANS
GRATIS INHOUD
unieke besoekers per maand
in een maand wat die getal besoekers aan Maroela Media Loftus Versveld sou kon volmaak
H
et jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die Afrikaanse musiekwêreld gebeur en selfs jou gunsteling rugbyspan ondersteun. Daar is eg Suid-Afrikaanse resepte, vuurwarm debatte en nuus oor Afrikaanse boeke. Skop jou skoene uit en smul saam by maroelamedia.co.za!
mar ela
borge wat ons en die Afrikaanse gemeenskap ontsettend goedgesind is. Sommige van die stasies wat dit uitsaai, het maar 10 000 of so luisteraars volgens RAMS, en dit sou vir hulle onmoontlik wees om op hul eie ’n vervolgverhaal van dié gehalte en koste te vervaardig. Te midde van die opneem van die drama is Evert Snyman, bekende in radiokringe en skrywer van ons vervolgverhaal, tragies oorlede. Ten spyte van ’n baie hartseer tyd het Bettie Kemp en Evert se vrou, Marí, deurgedruk en die laaste klompie episodes klaar geskryf en opgeneem sodat Groblerspruit-luisteraars nie ’n enkele dag sonder hul gunstelingradiosepie hoef te wees nie. Ons eer hulle vir dié professionaliteit, en vir Evert vir sy bydrae tot die Afrikaanse radiowese. • Maroela Media was vanjaar ’n amptelike mediavennoot van verskeie inisiatiewe en projekte, waaronder die rolprent Leading Lady, die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees en die Pendoring-reklametoekennings. • Met ’n Wikipedia-projek waarmee ons tans besig is, werk ons daaraan om talle kundiges, skrywers en vertalers te motiveer om Afrikaanse inhoud vir Wikipedia te genereer wat met die skoolkurrikulums ooreenstem, sodat kinders in staat is om Afrikaanse inhoud
JOGURT-ROOMYSLOLLIES
media
LEWER 4 LOLLIES
bladsye word per maand gelees vir skooltake en navorsingdoeleindes op dié aanlyn ensiklopedie te vind. Dié projek sal vroeg in 2016 behoorlik momentum kry. • Maroela Media se Afrikaanse aanlyn winkel, Die Koöperasie, is by geleenthede soos Aardklop en die Buitebioskoop getoets, en word teen die einde van 2015 op die webblad van stapel gestuur, gereed vir die Kersfeesmark. Ons Afrikaanse produkte is tong in die kies en die ideale geskenke vir geliefdes wat ver woon, en sal bydra om die Maroela-handelsmerk en die assosiasie met prettige en kreatiewe Afrikaans onder ons teikenmark te versprei. Saam met dié suksessyfers en suksesvolle projekte kom egter groot verantwoordelikheid. Om leserskommentare dop te hou en te bestuur, met ons lesers in interaksie te wees en te luister wanneer hulle voorstelle maak en insette lewer, is ’n voltydse taak. Ons weet dat as ’n handelsmerk eers skade gely het, word dit baie moeilik herstel – daarom speel ons met erns die rol van die streng ouma wanneer lesers hulle nie behoorlik gedra in ons kommentaarafdeling of op ons sosiale media nie. Op dié manier skep ons ’n gunstige saamkuieromgewing vir ons Maroelagemeenskap. S
BESTANDDELE 135 ml bessiejogurt 60 g bloubessies, grofgekap METODE 1. Skep ’n bietjie van die jogurt in ’n lolliehouer. 2. Voeg dan van die bessies by en vul die res van die houer met jogurt. 3. Sit die lolliestokkie in en bevries oornag. Uit: 7de Laan vier fees Uitgewer: Human & Rousseau Prys: R265,00
Toets jou taalkennis
van heinde en ver naby en ver BETEKENIS
Mense beklemtoon “heinde” altyd asof dit ’n groot afstand aandui, terwyl die woord eintlik afgelei is van “hand” wat in Middelnederlands die betekenis het “wat by die hand is”, dus “byderhand” of “naby”. S Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
67
In Beweging
Begrond Dirk
Hermann
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, by die bekendstelling van sy nuutste boek, Begrond. Foto regs bo: Steve Hofmeyr was een van verskeie bekende persoonlikhede wat die boekbekendstelling bygewoon het. Foto onder: Die opdragbeeld deur die Pretoriase beeldhouer Marlien van Heerden wat tydens die bekendstelling van Begrond onthul is.
Begrond: Boeiende verhaal van hoop
Foto’s: Reint Dykema
B
68
egrond is meer as net ’n boek – dit is ’n idee. Só het die skrywer van dié historiese novelle, dr. Dirk Hermann, tydens dié boek se bekendstellingsgeleentheid aan ’n gehoor van meer as 300 gaste in Pretoria gesê. Die bekendstelling is gehou op 8 Oktober, aan die vooraand van die Solidariteit Beweging se geskiedkundige Toekomsberaad, en die kwessie van die Afrikaner se begronding in Suid-Afrika is by dié geleentheid op verskeie vlakke uitgebeeld en ondersoek. Begrond (uitgegee deur Kraal Uitgewers, die uitgewersmaatskappy van die Solidariteit Beweging) is Hermann se eerste fiksiewerk en vertel ’n storie wat ten nouste met die werklikheid – in die hede en verlede – verweef is. Volgens Hermann sal elke leser iets van homof haarself in die boek kan raaklees. Hy hou vol dat die doel van die boek eerstens is om hoop te skep wat lei tot aksie. Prominente gebeure uit die Afrikaner se verlede, soos die Anglo-Boereoorlog, die bittere verskroeideaardebeleid en die 1914-rebellie, word in Begrond herroep vir ’n moderne leser met hedendaagse uitdagings. Die verhaal bevestig ook boonop die tradisie van opstaan wat deur geslagte heen onder die Afrikaner geld.
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Deur Ilze Nieuwoudt
Blik op die Afrikaner Die behoefte aan erkenning vir die hedendaagse Afrikaner het Hermann genoop om die gedagte van Begrond selfs verder as die bladsye van sy boek te laat strek. Daarom het hy die Pretoriase beeldhouer Marlien van Heerden opdrag gegee om ’n beeld te skep wat die tema van “begronding” sal uitbeeld. Sy het ’n beeld geskep van die Afrikaner, geanker in God se beskermende hand. Die beeld is ook tydens die boekbekendstelling onthul en wys ’n man wie se voete gewortel is in ’n hoop grond wat deur ’n hand (die hand van God) vasgehou word. In die grond is verskeie elemente van Afrikanerskap uitgebeeld. Klein tonele, wat elkeen verband hou met die Afrikaner se verhaal in Afrika, skets die prentjie van ’n nasie wat hier begrond is. Van Heerden meen dat die beeld beklemtoon dat die Afrikaner soos klei in die hand van die Here is en gevorm moet word na Sy wil.
Weeskinders van Afrika Die sanger en liedjieskrywer Adam Tas het ook letterlik sy stem by Begrond gevoeg deur ’n spesiale liedjie vir die geleentheid te skryf. Die liedjie “Afrika” is, soos die Begrond-beeld, bedoel om ’n verdere dimensie aan die tema te gee en is ook vir die eerste keer by die boekbekendstelling gespeel. In sy weergawe van die Afrikaner se begronding in Suid-Afrika praat Tas van die “weeskinders van Afrika” wat weer ’n toekoms op Afrika-grond moet bou. En soos ’n goue draad wat deur Begrond sowel as die beeld loop, beklemtoon dié liedjie ook dat die Afrikaner ’n hoopvolle toekoms tegemoet kan gaan. S Kry jou boek vandag! Begrond is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120 (posgeld uitgesluit). Om jou bestelling te plaas, SMS die woord “Begrond” na 32347 of besoek Kraal Uitgewers se webtuiste by www.kraaluitgewers.co.za.
In Beweging
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Ettienne Pio (litigant), Deon de Jager (junior litigant), Anton Gerretsen, Raymond Holland-Chapman, Bennie Harmse • Administratiewe beampte: Nicole Harmse • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville
KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu
BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
LYDENBURG Quintus Sliep • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
BOKSBURG Francois van Heerden, Zirk Gouws, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Herman de Jongh, Dana Viljoen (litigant), Le Roy Fritz (litigant), Thinus Jacobs • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Elize Pohlman • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
NEWCASTLE • • • • •
CARLETONVILLE Riaan Visser • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861/018 786 2785 • Faks: 011 388 9854/018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
ELLISRAS Deon Viviers • Administratiewe beampte: Mariaan Pretorius • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras
KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Nicoline Crafford • Helpende Hand-kliëntediensbeampte: Leanne Meyer • Tel: 018 468 8533/9 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp • Posadres: Posbus 15440, Flamwood Walk, 2571
70
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
PIETERSBURG • • • • •
Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 296 0335 Faks: 015 296 0335 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 849, Faunapark, Polokwane, 0787
PORT ELIZABETH Wynand Strydom • Administratiewe beampte: Yvette Stroebel • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth
PRETORIA Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Jahni Cowley, Helgard Cronje, Inge Labuschagne, Sta-Sia Engelbrecht • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: pretoria@solidariteit.co.za • Adres: H.v. Lambert Lee- en Van Rensburgstraat, Mayville, Pretoria
RICHARDSBAAI John Smith • Administratiewe beampte: Karin van der Watt • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
RUSTENBURG Eric Schoeman, Tommy Wedderspoon, Johan Nell (litigant), Lucindi Pretorius (litigant) • Administratiewe beampte: Carisma Breet, Jumarie Palm • Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg
SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda
VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Nadia Coetzee • Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130
WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Sue Nel • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom
WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
In Beweging TOEKOMSBERAAD HELPMEKAAR 2020
Geskiedenis, erfenis en taal hoog op agenda
Die Solidariteit Beweging het by sy Toekomsberaad, wat deur byna 3 000 mense bygewoon is, beklemtoon hoe belangrik die BEHOUD EN BESKERMING van ons geskiedenis, erfenis en taal is, berig ALET RADEMEYER.
D
ie Toekomsberaad is gehou op 10 Oktober, die dag waarop oudpres. Paul Kruger 190 jaar gelede gebore is, en daar is verwys na die wyshede van die staatsman wat in sy laaste boodskap geskryf het: “Neem uit die verlede alles wat goed en edel is en bou daarop die toekoms.” Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, het gesê daar heers tans ’n onverdraagsaamheid teenoor Afrikanersimbole. Hy meen die geskiedenis word eensydig in oorvereenvoudigde terme soos “boos” en “goed” aangebied. Hy het gesê die kriminalisering van die Afrikaner se geskiedenis is kommerwekkend en die vraag is of die skynbare opkoms van rassisme onder jong swart studente nie grootliks hierdeur beïnvloed is nie. Volgens Langner het die kriminalisering van die geskiedenis ook ’n negatiewe invloed op Afrikaner-jongmense se identiteitsbesef en kulturele selfvertroue. Die Solidariteit Beweging se uitgangspunt is dat wedersydse respek vir en erkenning van almal se erfenisse en standpunte nodig is. Verskeie aksies en optrede word beplan om Afrikaners se geskiedenis, erfenis en taal te laat oorleef. Dit sluit in hofaksies teen die vandalisering van monumente en standbeelde, geldelike steun aan die Erfenisstigting om herstelwerk aan monumente te doen en die publikasie van hoëgehalteboeke oor die Afrikaner se geskiedenis deur Kraal Uitgewers. Die FAK is besig om ’n handleiding oor erfenisbewaring in gemeenskappe te ontwikkel en ’n beraad sal gehou word om die koördinering van Geloftefeeskomitees te verbeter. Oor geskiedenis het Langner gesê Afrikaners moet besef dat geskiedenisonderrig hul eie verantwoordelikheid is. Instellings van die Solidariteit Beweging gaan hulpbronne beskikbaar stel sodat die geskiedenis gebalanseerd aangebied kan word. Lesplanne wat aanvullend tot die kurrikulum kan wees, sal ontwikkel word. Voorts het die FAK ’n internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis ontwikkel wat gesinne kan bystaan met hul verantwoordelikheid van geskiedenisoordrag. Wat Afrikaans betref, het Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, die
Neem uit die “ verlede alles wat goed en edel is en bou daarop die toekoms.
noodsaaklikheid van die voortbestaan daarvan as hoëfunksietaal beklemtoon. Verskeie regsaksies gaan oor die volgende vyf jaar gevoer word om Afrikaans in die openbare sektor te beskerm. Samewerkingsooreenkomste tussen
Afrikaanse taal- en kultuurorganisasies en ander taalgemeenskappe gaan uitgebou word. AfriForum gaan ook sy Afrikaansvriendelikprojek uitbou om sakelui aan te moedig om ’n omvattende diens in Afrikaans te lewer. S Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
71
In Beweging
’n Laken, tennistekkies en die ontsnapping Daar is iets omtrent persone wat UITSONDERLIKE WAAGMOED aan die dag lê wat ’n mens verstom. Indien hierdie waagmoed vermeng word met ’n sterk dosis strewe na vryheid, is die resultaat legendaries. Die verhaal van Johnny de Villiers is egter nie ’n verdigsel van legendepraatjies nie, maar ’n inspirerende verhaal van een man se versugting om weer vry te wees, skryf ILZE NIEUWOUDT.
Foto: iStockphoto.com
D
e Villiers se ontsnapping uit ’n Britse krygsgevangenekamp in Trichinopoly, Indië gedurende die Anglo-Boereoorlog in 1901 word beskou as een van die merkwaardigste ontsnappings gedurende dié oorlog. Hoewel mense vandag steeds die ontsnapping van die latere Britse premier Winston Churchill en sy swemtog deur die “mighty Apies River” onthou, is die ontsnapping van De Villiers aan die Boerekant van veel groter belang, aangesien hy die enigste krygsgevangene was wat daarin kon slaag om suksesvol uit Trichinopoly te ontsnap. Jan Louw (Johnny) de Villiers is in 1871 in die Paarl gebore. Nadat hy sy skoolopleiding aan die Gimnasium Jongenskool voltooi, sit hy sy studies in Brittanje voort en bekwaam hom as ’n siviele ingenieur. Hy begin later as ingenieur in Pretoria werk en toe die Anglo-Boereoorlog in 1899 uitbreek, sluit hy by die Boeremagte as offisier aan. Hy word egter op 24 April 1901 naby Pietersburg gevange geneem en op 4 Julie dieselfde jaar arriveer hy en nagenoeg 500 ander Boerekrygsgevangenes in Mandras, Indië. Hiervandaan word die gevangenes per trein na die krygsgevangenekamp Trichinopoly, sowat 340 km van Mandras, vervoer. In hierdie kamp op die uitgestrekte vlakte het droë en warm stofwinde gewoed. Boonop was water skaars. In sy boek oor sy ontsnapping uit dié kamp wat oorspronklik in 1903 uitgereik is (Hoe ik ontsnapte), skryf De Villiers soos volg oor die omstandighede in die kamp: “Die meeste van ons was gewoond aan die vryheid van die veld en kon maar net nie aan hierdie soort lewe gewoond raak nie ... Nadat ons ’n paar maande in die kamp vertoef het, het ’n paar van die burgers met meer ondernemingsgees begin om planne te beraam om uit die gevangeneskap met al sy onaangenaamhede te ontsnap.” ’n Navorsingsartikel deur Anton Pelser van die Nasionale Kultuurhistoriese Museum wat in die 1999-uitgawe van die geskiedenistydskrif Pretoriana (uitgawe 112) verskyn het, beskryf De Villiers se planne en uiteindelike ontsnapping in detail. Volgens Pelser was ontsnapping uit Trichinopoly byna onmoontlik, aangesien ’n
72
Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za
Die meeste van ons was “ gewoond aan die vryheid van die veld en kon maar net nie
aan hierdie soort lewe gewoond raak nie.
dubbele draadheining om die kamp gespan was. Tussen die twee heinings was boonop turksvy- en doringtakke gepak. Dag en nag is die grense bewaak deur gewapende wagte, en plaaslike inwoners is ’n beloning van 50 roepees aangebied vir enige inligting wat met ontsnapte krygsgevangenes verband hou. De Villiers het hom egter nie hierdeur laat afskrik nie en het vir maande lank planne beraam om te ontsnap. Hy besluit uiteindelik om hom te vermom as een van die Indiërwerkers in ’n winkel in die kamp en só die kamp aan die einde van ’n werkdag te verlaat. Hiervoor moes hy ’n tulband (’n wit kopdoek) bekom. Dié het hy by een van die werkers gekoop en voorgegee dat hy dit as ’n laken sou gebruik. Hy het nie geweet hoe om die kopdoek te draai nie en het toe raad by ’n werker gevra – en vir dié vertel dat hy dit in ’n toneelopvoering sou gebruik. ’n Lang wit baadjie (kenmerkend van die kleredrag van plaaslike mense in dié omgewing) is ook deur een van die werkers aangekoop. Om sy uitrusting mee af te rond, het hy die punte van ’n paar wit tennistekkies afgesny wat as skoene moes dien. Ná verskeie probeerslae met onder meer ink het De Villiers besef dat gebrande kurk die geskikte kleurstof vir sy vel was. Op 10 Maart 1902 breek die groot dag aan.
Sy bokbaard is afgeskeer om plek te maak vir die tipiese Indiër-snorretjie. Teen omstreeks halfsewe die aand het hy die oskar waarmee die werkers in en uit die kamp beweeg, ingewag en byna ongesiens aan die kant van die wa vasgegryp en na vryheid gery. Kort buite die kamp het hy sy eie koers ingeslaan en ná vele ontberings die Franse gebied van Pondicherry bereik. Ná bykans ses weke kon hy aan boord van ’n Noorse skip na Marseille vertrek – ’n reis waartydens hy by ’n ankerplek van Britte versteek moes word. Hy keer egter eers ná die einde van die oorlog op 2 Desember 1902 terug na SuidAfrika, waar hy in sy geboorteplek in die Paarl as ingenieur werk. Hier sterf hy in 1910 ongetroud in die ouderdom van 39 jaar aan tering en word hy langs sy broer Lammie (wat in die oorlog gesterf het) begrawe. De Villiers se kostuum wat hy as vermomming gedra het, is volgens mediaberigte jare later saam met verskeie ander foto’s en dokumente aan die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein geskenk. Pelser sluit sy studie oor De Villiers met dié treffende woorde af: “Dit (De Villiers se verhaal) is ’n uitstekende voorbeeld van die mens se drang na vryheid en wat hy alles sal probeer en deurmaak om dit terug te kry.” S
in Retrospek
MARIETHA MALAN is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.
Oor pienk, pers en ghaai
Foto’s: iStockphoto.com
S
middae, as ek vir Rietjie by die sorgsentrum oplaai, volg dinge gewoonlik dieselfde baie frustrerende patroon. Ek is moeg en sat en wil so gou as moontlik by die huis kom. Sy nie. Sy het genoeg tyd by die sorgsentrum gehad om ʼn hele paar plannetjies vir die middag te bedink. Ek word dan ingelig van hierdie planne sodra sy haar sit in die kar gekry het. Die ding is net, sy is gewoonlik so opgewonde dat ek geen snars van haar onduidelike spraak kan verstaan nie. Op hierdie Maandag is dit weer so. “Ek gaan my haje ghaai!” word ek ingelig toe die bakkie skaars weggetrek het. Ek sug lank en diep. “Wat sê jy, Rietjie?“ “Ghaai!” herhaal sy. “Pienk en pês.” Die “pienk en pers” verstaan ek darem. Ghaai… Daai… Kleur! Sy wil haar hare kleur! Pienk en pers! Alle tamheid verdamp oombliklik uit my suwwe brein. Ek is onmiddellik siedend kwaad. “Ag nee, Rietjie! Wat gaan nou met jou aan? Oor my dooie liggaam! Jy maak nie jou mooi hare pienk en pers nie! Nog nooit nie! Buitendien het ek nie geld daarvoor nie!” Rietjie ignoreer my tirade. Sy draai haar kop skuins ondertoe, grawe in haar handsak. Nog steeds in ʼn donkerpers bui hou ek voor die winkelsentrum stil om brood en melk te koop. Rietjie rem my na die kitsbank toe. Ek moet kyk of haar pensioen al in is, beduie sy. Ek maak so. Ja, dit is in. Soos gewoonlik trek ek vir haar ʼn sakgeldjie. Geld in die hand drafstap sy voor my uit, en voor ek kan sê “pienk en pers” glip sy by die haarkapper in! Ek sluk my frustrasie en stap agter haar aan. In die salon is sy reeds besig om aan die verwarde haarkapster te verduidelik wat sy gedoen wil hê. Moedeloos gee ek die stryd gewonne. Ek kan nie dié vasberade dametjie met geweld tussen al hierdie mense uitsleep nie. ʼn Hele ruk later stap ʼn ingenome en glimlaggende Rietjie by die deur uit met ʼn byderwetse kapsel, versier met pienk en pers strepies. Gewaag en gewen!
Daardie Saterdag pryk Rietjie by hul sentrum se afsluitingsfunksie met ʼn nuwe pers toppie, pienk serp en… pienk en pers hare. Ek moet erken, dit lyk nie te sleg nie. Die haarkapster het die strepies darem dunnerig gemaak. Verbaas let ek op dat dit nogal mode is. Daar is heelwat mense wat met sulke gestreepte koppe rondloop. Baie eeue gelede onderneem ʼn pragtige jong meisie ʼn baie groter waagstuk. Ester trek haarself pragtig aan – dalk in pienk en pers, wie weet? Dan stap sy na koning Ahasveros sonder dat sy genooi is. Hy het die mag om haar hieroor te laat doodmaak. Maar hy steek sy septer uit. Sy mag nader gaan. Sy waag haar lewe om ʼn ete te reël waar sy sal probeer om haar mense van uitwissing te red. En sy wen. Sy is suksesvol. Omdat sy in die geloof gewaag het, word duisende mense van die dood gered. Somtyds moet jy voluit gaan vir die pienk en pers in jou lewe. Dalk het jy ʼn lewensideaal wat na ʼn groot waagstuk lyk. Jy wil miskien jou eie besigheid begin, of dalk wil jy weer begin studeer. Jy wou nog altyd valskermspring, maar dit lyk na ʼn mallerige idee op jou ouderdom. Maar elke mens se lewe kort die een of ander tyd ʼn bietjie pienk en pers. Sonder pienk en pers bly jou lewe vaal en voorspelbaar. Dalk is daardie gewaagde tree die eerste een op ʼn nuwe pad – ʼn pad wat jou lewe op ʼn splinternuwe koers kan neem! Ek ry om Rietjie by haar sorgsentrum te gaan oplaai. Die jakarandas maak ʼn pers tonnel bo-oor die teerpad. Woordeloos herinner hulle my om ʼn diep asemteug te neem voor ek my pienk en pers dogter oplaai. Sodat ek geduld sal hê vir die planne wat sy vir die middag gesmee het. Dalk moet ek my hare ook ghaai. Net nie pienk en pers nie. S
Issue 6 of 2015 • www.solidariteit.co.za
73
Promosieartikel
NOG NIE ‘N MEDIHELP-LID?
SMS “solidariteit” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se voordele-opsies verlang. Of besoek www.medihelp.co.za
Gehalte gesondheidsorg teen bekostigbare prys By Medihelp Mediese Skema is die GESONDHEID EN WELSTAND van ons lede altyd ons eerste prioriteit. Ons sal in 2016 steeds die hoë standaard van gesondheidsorgdekking voortsit wat ons reeds vir meer as 110 jaar lewer. Medihelp bied 10 AANPASBARE OPSIES in 2016, insluitend ’n inkomstegebaseerde opsie, ’n intreevlakhospitaalplan, ’n hibried-opsie, ’n nuwegenerasie-spaaropsie asook tradisionele opsies, elk met ’n reeks gehaltevoordele binne en buite die hospitaal wat by ons lede se verskillende lewensfases en hul sak pas. Voordele-opsies en verbeterings vir 2016
Foto: iStockphoto.com
Dimension Prime 1 Die Dimension Prime 1opsie bied ’n bekostigbare oplossing vir gesonde mense wat hospitaaldekking benodig, met die bykomende waarde van versekerde voorkomende sorg en ’n gepoelde dag-tot-dag-voordeel, asook ’n netwerkweergawe teen 22% laer ledegeld wat toegang tot ’n netwerk van gehaltehospitale bied.
74
Dimension Prime 2 Dimension Prime 2 is ’n hibried-opsie wat omvattende hospitaaldekking, versekerde voordele vir voorkomende sorg en die aanpasbaarheid van ’n spaarrekening vir dag-tot-dag- mediese uitgawes bied. Die opsie het ook ’n netwerkalternatief teen 22% laer ledegeld.
Unify ’n Nuwe opsie is bekendgestel vir jong, gesonde mense wat gerus wil wees dat hulle dekking het wanneer hulle dit nodig het. Dié voordele-opsie bestaan uit ’n hospitaalplan met ’n spaarrekening wat lede in beheer van hul dag-tot-dag-uitgawes plaas. Dimension Prime 3 & Dimension Elite Medihelp se tradisionele opsies is ideaal vir die korporatiewe mark en vir werknemers wat ’n mediese subsidie as deel van hul vergoeding ontvang. Beide opsies bied ruim versekerde voordele vir konsultasies en medisyne. ’n Netwerkopsie is ook vir Dimension Prime 3 beskikbaar teen 20% laer ledegeld as die nienetwerkopsie.
Necesse Dis ’n inkomstegebaseerde netwerkopsie wat toegang bied tot ’n landwye netwerk van gesondheidsorgverskaffers. Necesse bied ook gehaltegesondheidsorgdekking vir voltydse studente. Deur op hierdie opsie in te skryf, kan studente op hul studies konsentreer terwyl ons na hul gesondheidsorgbehoeftes omsien. Voordele vir voorkomende sorg Dié voordele is ontwerp om lede in staat te stel om potensiële gesondheidsprobleme te identifiseer en te voorkom, wat hulle gesond hou en hul dag-tot-dag-voordele aanvul. Gerat vir groei Medihelp is gerat vir positiewe groei in 2016 en sal steeds daarop fokus om uitnemende diens en uitstekende waarde aan lede te bied.
Medihelp-lede het toegang tot ’n APP VIR LEDE, wat hulle ’n elektroniese lidmaatskapkaart bied sodat hulle altyd hul Medihelp-besonderhede byderhand het, asook die opsie om eise in te dien en op te soek. Uitgawe 6 van 2015 • www.solidariteit.co.za