Solidariteit skep self AFRIKAANSE
Akademia
HOOP met splinternuwe
afstandsonderriginstelling
VEG vir moedertaalonderrig 4 000 behoeftige graad 1’s kry skooltassies HIÉR is loopbaangeleenthede Ons
Maak
regte vakkeuses vir DROOMBEROEP
Onderwys opleiding
Meer geld waarborg nie BETER skole
01 • 2012
www.solidariteittydskrif.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede
I SSN 1683562 -X
9 771683 562000
7 8 42 73
Met die intrapslag Voorreg om verskil te maak Seepkis Ons lede sê hul sê SpreekBuys Ons het gedoen en gaan selfs méér doen Jy & die reg Wat is my regte tydens werksonderhoud? In retrospek Maak 2012 die jaar van Groot Regpak
Nuuswaardig 10 12 13 14 15 16 18 20 21 22 23 26
Akademia: Jou oop, Afrikaanse leertuiste Matriek slegs ’n deur tot verdere leer Ons hét nog hoop vir SA, sê jong leiers Meer geld waarborg nie onderwysgehalte Clear your inbox, clear your mind Beroepskeuse makliker met regte vakke AfriForum veg vir moedertaalonderrig Berei jouself só voor vir die werkplek Must-haves for the classroom Pronk met jou trots Suid-Afrikaanse foto’s Kommunikasiehoof het groot drome Sommer speel-speel slimmer met skaak
28 29 30 31 32 33 34 35 35 36 37 40 40
New team to realise union’s dreams Jaar van hoop, sê Solidariteit-president Vakbondleiers het duidelike visie vir 2012 BGVB’s belangrik vir veiligheid by werk Eurokrisis kan SA ook in pekel dompel Só woeker vakbond regdeur die land A look at benefits of the mining industry Kennis is mag vir verteenwoordigers Veiligheid eerste, nie winsteikens Gestremde wittes uit regstelaksie geskop Zuma dop Solidariteit se staatsrede-toets LNR moet sê oor salarisse Regsafdeling beding R250,5 m vir lede
Bedryfsnuus
In Beweging 44 45 46 48
40
46
54
2012
6
14
01
Gereeld
inhoud 48 50 52 53 54 56 57 58 58 60 62 63 64 65 68 72
SAPD-helde met toekennings vereer AfriForum ry blouligbendes in die wiele GroenForum pak renosterstropery AfriForum se takke gee gemeenskap sterker stem AfriForum Jeug sê kollegegeriewe ’n risiko vir studente Regering se grootste flaters in 2011 Helpende Hand spog met nuwe hoof Maak (om)gee deel van leefstylritme Help om armoede in plakkerskampe te pak 4 000 behoeftiges kry skooltassies Nóg meer opheffing deur opleiding Beplan jou studiereis baie deeglik Baie welkom, Akademia Afrikaanses dood? Wat dan van Afrikaners? Vroue van die oorlog vertel Op die Maroela-boekrak Só help jy bou aan droom Waarom jy Solidariteit aan jou sy nodig het Sakke vol voordele spesiaal vir ons lede Solidariteit-dienskantore: Diens op jou voorstoep
“
Ek glo dat die enigste toekoms wat ons sal hê, die een is wat ons self skep. Waar ’n toekoms van ewige afhanklikheid van ander se besluite my tot wanhoop dryf, gee ’n toekoms waarvoor ons self verantwoordelikheid neem my hoop.XX
”
Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging.
met die intrapslag
Voorreg om verskil te maak
Foto’s: iStockphoto.com & Cilleste van der Walt
J
anuarie 2012 was nie net die begin van ’n nuwe jaar in nie, maar dit het ook ’n nuwe tydvak vir onderwys en opleiding in Afrikaans ingelui. Op 19 Januarie het die Solidariteit Beweging geskiedenis gemaak met die bekendstelling van Akademia, die eerste interaktiewe hoëronderwysinstelling ter wêreld wat afstandsonderrig in Afrikaans bied. Met die fokus om ons mense uit armoede op te hef, het navorsing onteenseglik bewys dat die enigste volhoubare langtermynoplossing hiervoor is om mense met kennis en vaardighede toe te rus waar daar werklik leemtes bestaan. Dit is presies wat ons as die Solidariteit Beweging gaan doen! Die Solidariteit Beweging het reeds ses jaar gelede begin om die tekort aan skaars tegniese vaardighede in die land aan te pak met die oprigting van Sol-Tech, die Beweging se eie tegniese opleidingskollege.Vandag is Sol-Tech, met sy 800 studente wat vanjaar hier studeer, ’n groeiende suksesverhaal wat die grond voorberei het vir die vestiging van Akademia. Wat leer ons hieruit? Dat daar ’n tekort is aan gehalte opleidingsgeleenthede, veral in Afrikaans? Hiervan lees ons daagliks in die media. Nee, die les is in “betrokke raak”. Dit motiveer ons om self te doen, in te spring en deel te raak. Dít is wat Solidariteit onderskei van sy mededingers. Die roeping wat ons het om as ’n Christelike demokratiese vakbond ’n verskil te maak en om as sout en lig in die wêreld ons tweeledige taak te verrig, naamlik om te bewaar wat goed en mooi en reg is, en om deur die lig wat ons uitstraal as Christene die donker van dít wat verkeerd is te verander en te verdryf. In hierdie eerste uitgawe met ’n vars nuwe voorkoms fokus ons op onderwys en opleiding. Ons vertel jou meer van Akademia, ons kyk na die regering se besteding aan onderwys, en
*
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300
www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23
REDAKTEUR EDITOR Chris du Plessis
NUUSREDAKTEUR NEWS EDITOR Ilze Nieuwoudt WEBREDAKTEUR WEB EDITOR Daleen de Jager
ADVERTENSIES ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree
verduidelik waarom matriek slegs ’n deur na verdere opleiding is. Daar is nuttige raad met vakkeuses, inligting oor rigtings waarin daar ’n blink toekoms wink en ons deel ’n paar wenke vir wanneer jy die arbeidsmark wil betree. Ons deel onder meer ook hoe Solidariteit Helpende Hand ’n daadwerklike verskil maak met van skooltassies tot studiebeurse, en vertel hoe AfriForum vir moedertaalonderrig opstaan. Dit is vir my ’n groot voorreg om te kan help om ’n verskil te maak. Geniet hierdie propvol uitgawe, en ons wens elkeen sterkte toe met die uitdagings en geleenthede wat vanjaar voorlê.
TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING Aksent Media
INTEKENARE SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ACCOUNTS Elna Botes
MEDEWERKERS CONTRIBUTORS Flip Buys, dr. Dirk Hermann, Chris du Plessis, Marietha Malan, Ilze Nieuwoudt, Piet le Roux, Reint Dykema, Daleen de Jager, Grietjie Swanepoel, Cilleste van der Walt, Moira-Marie Kloppers, Juanita du Preez, Phil Davel, Lindie Strydom, Francois de Carvalho en Suné van Heerden UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE
tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za
Chris du Plessis Redakteur
DRUKWERK PRINTING Paarl Media Gauteng
VERSPREIDING DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria
Stuur jou wenke na nuus@solidariteit.co.za. Lees meer oor Solidariteit se nuwe kommunikasiehoof op bladsy 23.
6
01/2012 • www.solidariteit.co.za
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
Seepkis
Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za
Tolpaaie nie gratis, behalwe vir...
Anoniem skryf: Wat ’n groot teleurstelling vir alle voertuiggebruikers. Wat is die verskil of ’n persoon in ’n sportmotor, gewone motor of bakkie werk toe ry, en ’n taxi met of sonder passasiers geen tolgeld gaan betaal nie? Almal moet op die een of ander wyse by die werk kom, so hoekom hoef die taxi’s nie tolgeld te betaal nie? Ek stem saam met Maureen Janse van Rensburg se opmerking in Solidariteit Tydskrif (uitgawe 5 van 2011):“Dis hoekom dit gaan soos dit gaan in die land.” Die taxi’s mag gratis op die snelweë ry en dit is die meeste van die kere juis hulle wat die ongelukke op ons paaie maak. Regtig! As ons belastingbetalers nie ’n plan maak nie, gaan alles net erger en erger raak.Wat bedoel die minister van vervoer, Sibusiso Ndebele, nou eintlik as hy sê:“Freeways are not free”? En dit terwyl die taxi’s en busse geheel en al van die tolgeld kwytgeskeld word.
Foto’s: iStockphoto.com
Solidariteit staan my steeds by
Don Nel skryf: Ek ontvang gereeld my Solidariteit Tydskrif en lees van die asemrowende metamorfose wat die vakbond ondergaan en van die suksesse wat daarmee gepaard gaan. Ek was die heel eerste lid by Triomf (’n kunsmismaatskappy) en ek onthou goed hoe ek fisies gedreig is terwyl ek besig was om lede daar te werf. Baie dankie vir die groot voorreg om steeds lid te kan wees van die Beweging. (Brief verkort – red.)
Pluimpies vir puik hulp
Moyra skryf: Ek wil baie dankie sê aan Annerie by julle Pretoria-kantoor. Sy was baie hulpvaardig en dit het my Maandag gemaak om so vriendelik behandel te word. Carla van Kaapstad skryf: Baie dankie aan Kobus Strydom en Lizel van Solidariteit Regsdienste vir hulle flink diens en korrespondensie. Hulle help my baie met ’n werkverwante kwessie waarvan hulle baie kennis het.
*
Het jou adres verander of wil jy op Solidariteit se elektroniese kommunikasie inteken? Stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za
Beweeg saam! Sluit vandag nog by ons aan!
Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en jou vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.
Wat is die gehalte van onderwys? Is 2011 se slaagsyfer ’n goeie aanduiding van die gehalte van onderwys wat skoolkinders ontvang?
SÊ JOU SÊ!
A. Ja, die kinders verstaan duidelik wat in die sillabus aangaan; so nie sou hulle nie deurgekom het nie. B. Nee, as die standaard verlaag word sodat die slaagsyfers hoër kan wees, sal die gehalte noodwendig afneem. C. Ek weet nie: Die skoolstruktuur en sillabusse word so dikwels verander, wie sal kan sê? • Sê jou sê deur “Tydskrif A”,“Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Jy kan ook by www.solidariteittydskrif.co.za deelneem en die uitslag van vorige peilings sien.
Wanika wel onder topvyf in Solidariteit Tydskrif Liriekskryfkompetisie
In Solidariteit Tydskrif (uitgawe 6 van 2011) is die verkeerde besonderhede van die wenners van die SolidariteitTydskrif Liriekskryfkompetisie geplaas. Leandri Diedericks van Hoërskool Hoogenhout is foutief as een van die topvyf inskrywings aangedui. Sy was egter wel in die toptien van die kompetisie.Wanika van Rij van Hoërskool Montana was onder die topvyf, maar haar naam is per abuis uitgelaat. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat deur die fout veroorsaak is. Solidariteit Tydskrif doen moeite om die korrektheid van feite na te gaan. Laat weet ons gerus by tydskrif@solidariteit.co.za indien ’n fout deurglip. www.solidariteit.co.za • 01/2012
7
spreek Buys
Flip Buys is uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging.
deur Flip Buys
Ons het gedoen en gaan selfs méér doen
Die Solidariteit Beweging is ’n familie van doenorganisasies. Mense is ons kernbesigheid en ons bestaansrede is om ons mense te beskerm. Daarom is ons trots op die doenrekord van al die organisasies in ons Beweging die afgelope jaar. Boonop is dit lekker om te weet dat almal propvol doenplanne is vir 2012.
O
ns wil in die nuwe jaar vinniger vorder met ons visie om die omstandighede te help skep waarin ons as Westerse minderheid ook blywend veilig, voorspoedig en vry in Afrika kan voortbestaan. As daar aan hierdie voorwaarde voldoen word, kan ons as opgeleide eerstewêreldgroep blywend tot die welstand van die land en al sy mense bydra.
Voorspel die toekoms – skep dit self
Baie mense is bekommerd oor die toekoms en vra gereeld of ons land en ons mense ooit nog ’n toekoms het. Dit is ’n sleutelvraag wat in alle lande ter wêreld deur mense gevra word en daarop uitloop dat almal wens hulle kon die toekoms voorspel. Maar die enigste manier om die toekoms te voorspel, is om dit self te skep. Geen mens of groep kan sy toekoms totaal aan ander toevertrou nie. Die toekoms is te belangrik om vir altyd afhanklik te wees van ander se besluite oor jou – anders is jy vir ewig onseker. Selfstandigheid is ’n beter roete as afhanklikheid. Dit is baie veiliger om eerder self verantwoordelikheid vir jou toekoms te neem as om iemand anders oor jou te laat besluit. Ek glo dat die enigste toekoms wat ons sal hê, die een is wat ons self skep.Waar ’n toekoms van ewige afhanklikheid van ander se besluite my tot wanhoop dryf, gee ’n toekoms waarvoor ons self verantwoordelikheid neem my hoop.
Foto’s: iStockphoto.com & Reint Dykema
Strategie en sukses
8
Daarom is ons strategie om ’n Beweging van sterk selfdoenorganisasies op alle noodsaaklike gebiede te skep. Dan hoef ons nie moedeloos te word oor die verval van dinge soos die staat se tegniese kolleges nie. Ons moet net sorg dat ons eie kolleges wêreldklas is! Om hierdie resep op elke belangrike gebied suksesvol toe te pas, is moeilik, maar dit is moontlik – byna soos ’n staat binne ’n staat op klein skaal. Die kanse om hiermee te slaag, is mos baie beter as om te wag dat die staat 01/2012 • www.solidariteit.co.za
Ledesteun
• Terwyl ander sê hulle het nie die geld en hulpbronne om iets aan die land se probleme te doen nie, het ’n sakebeen en die
ons om welslae te behaal, is daar twee “ Vir vereistes: Ons plan moet groter as die
spreekBuys
eendag alles sal regmaak. As die prestasies en welslae van ons Beweging kortliks opgesom word, is dit duidelik dat ons al goed begin vorder het op die pad om ’n toekoms te skep in ’n tyd waar baie ander geen hoop sien nie. Vir dié rede was 2011 midde in die baie probleme van ons land, soos misdaad, korrupsie en wanadministrasie, vir Solidariteit in alle opsigte ’n suksesjaar, en kan ons verskoon word as ons so ’n bietjie spog: • In ’n tyd waar mense moedeloos oor die politiek voel, het ons begin om buite die politiek hoop te skep met ons strategie dat minderhede hulself nie moet laat tel nie, maar laat weeg. • In ’n tyd waar selfs werkende mense nie genoeg het om hul gesinne te versorg nie, het ons onderhandelaars danksy die deeglike navorsing van die Solidariteit Navorsingsinstituut vir derduisende werknemers beter diensvoorwaardes beding. • Terwyl opnames toon dat werkonsekerheid ná geweldsmisdaad die grootste probleem in die land is, het ons in 2011 ons landwye netwerk van werkbeskerming verder uitgebou en duisende mense se werk beskerm. Ons gaan hierdie jaar ons beskermingsambreel selfs verder vergroot. • Terwyl die land verstom was oor die verdrukking van werknemers en die verontregting wat by Aurora onder die vaandel van swart ekonomiese bemagtiging bedryf word, het Solidariteit, soos die Bybel sê, gepraat namens dié wat self nie kan nie, en opgekom vir die regte van dié wat ten gronde gaan. • Terwyl die nood van mense wat hulle werk weens beroepsbeserings en -siektes verloor het net groter raak, het die Solidariteit-span miljoene rande se regmatige vergoeding vir lede beding en talle voorkomende projekte aangepak. • Terwyl die meeste sakereuse mekaar moedeloos praat oor die vaardigheidstekort, was daar verlede jaar al 600 vakleerlinge by Sol-Tech ingeskryf en het ons die aantal studente hierdie jaar na 800 vermeerder. Solidariteit Helpende Hand help nou al meer as 500 jongmense jaarliks met beursfondse, wat ons vanjaar sterk wil uitbrei.
probleem wees en dit moet betyds en doeltreffend uitgevoer word.XX
•
•
•
•
•
Solidariteit Groeifonds begin om geld bymekaar te maak om ons selfhelpplanne te finansier. Sonder ons lede se ondersteuning van die Groeifonds en ons korttermynversekeringskema, sou ons nie een vakleerling kon oplei of vir een student ’n beurslening kon gee nie. In ’n tyd waar baie mense moedeloos raak oor die opkomende armoede in ons gemeenskap, het Solidariteit Helpende Hand met die ondersteuning van duisende lede ’n verskil in baie lewens begin maak. Terwyl mense net kla oor dorpe se dienslewering wat al swakker word, het AfriForum in 2011 deur talle suksesvolle hofsake gesorg dat dienste verbeter word. In ’n tyd waar baie mense net berade hou oor die agteruitgang van ons taal en ons kultuur, het ons Kraal Uitgewers, Maroela Media en AfriSake begin, en het AfriForum vir die sesde jaar die grootste Afrikaanse musiekfees in die land gehou. Terwyl baie ander organisasies net kerm en kla en by die dag agteruitgaan, het ons Beweging sowat 40 000 lede bygekry, wat die Beweging se totale aktiewe ledetal op bykans 170 000 te staan bring! Terwyl mense baie bekommerd is en met rede kla oor onbillike diskriminasie in die werkplek, is ons regsdepartement uiters suksesvol met die voer van belangrike gevegte in belang van ware gelykheid.
Ledetevredenheid
• In ’n tyd waar ander vakbonde se lede kla oor diens, spog ons met ’n wêreldklas dienssentrum en het ons ledetevredenheid die afgelope jaar tot ’n nuwe rekordvlak van 83% gestyg, en word dit steeds verbeter. • In ’n tyd waar daar nog baie wantroue tussen wit en swart bestaan en rassisme opnuut begin gedy, bou ons aktief aan goeie rasseverhoudinge deur ons skakeling met vakbonde soos Cosatu en Consawu. • Terwyl talle redelike Suid-Afrikaners bang en bekommerd begin word het oor Julius
”
Malema se opstokery, het AfriForum hom regtens aan die strot gegryp en vir die ANC só ’n wêreldwye verleentheid geskep dat hulle teen hom moes optree. • Terwyl baie mense kla, maar min iets doen, was daar verlede jaar in totaal sowat 7 000 keer berigte in die media oor wat die Solidariteit Beweging gedóén het. • In ’n tyd waar talle werkgewers duisende mense weens finansiële redes afgedank het, het ons soveel nuwe poste geskep dat ons tekort aan kantoorspasie en parkering al byna tot ’n personeelopstand gelei het! Ons landwye netwerk van dienskantore bied ook daagliks ’n oase van rus, vrede en bystand aan ons lede.
Akademia en die jaar wat voorlê
Die nuwe jaar se program is propvol. Ons het die jaar afgeskop met die eerste fase van ons nuwe landwye afstandsonderriginstelling genaamd Akademia.Verder gaan ons ’n Instituut vir Toekomsnavorsing saam met die FAK stig en ’n groot, multimiljoenrandopleidingsfonds stig. As ’n minderheid kan ons net in Afrika oorleef as ons die meerderheid kennis het! Ons gaan ook hierdie jaar ons 110de verjaarsdag vier, wat ons gelyktydig die oudste én die jongste beweging in die land maak! Ons gaan ook hierdie jaar ’n Projek 200 van stapel stuur, omdat ons net sowat 30 000 aktiewe lede kort om ’n ledetal van 200 000 te behaal. Vir ons om welslae te behaal, is daar twee vereistes: Ons plan moet groter as die probleem wees en dit moet betyds en doeltreffend uitgevoer word. Ons het verlede jaar ’n stewige grondslag daarvoor gelê. Baie dankie aan al ons lede vir julle ondersteuning, vir al die unieverteenwoordigers, en vir al ons personeel vir julle almal se harde werk. Julle vervul almal ’n noodsaaklike rol om ons fabriek se masjinerie aan die rol te hou. ’n Spesiale dankie aan ons vorige Hoofraad wat ’n groot rol in die afgelope vyf jaar se welslae gespeel het, en baie geluk aan ons nuwe Hoofraad wat in Desember verlede jaar verkies is. S www.solidariteit.co.za • 01/2012
9
nuuswaardig
Die eerste student, Jorese Pelser, is tydens die bekendstellingsgeleentheid van Akademia in Januarie ingeskryf vir ’n hoër sertifikaat in kantooradministrasie. By haar is Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia. Jorese werk reeds en kan danksy nauurse klasse ’n inkomste verdien terwyl sy by Akademia studeer.
Akademia: Jou oop Afrikaanse leertuiste
Akademia, ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, is ’n splinternuwe privaat Afrikaanse afstandsonderriginstelling wat hoëronderwyskwalifikasies van gehalte teen 30% tot 50% goedkoper as die res van die mark bied. Dié instelling is op 19 Januarie amptelik aan onder meer die media en akademici bekendgestel.
B
Foto: Cilleste van der Walt
Deur Moira-Marie Kloppers
10
y Akademia kan studente hulle nauurs in skaars beroepsrigtings bekwaam en daarmee seker maak dat hulle in ’n groeiende ekonomie in diens geneem kan word. Akademia spog reeds met ses studiesentrums in Centurion, Pretoria-Moot,Vanderbijlpark, Boksburg, Roodepoort en Stellenbosch, en beplan om binne vyf jaar ’n studiesentrum in elke groot sentrum in Suid-Afrika te bedryf. Akademia skop vanjaar af met vier onderrigprogramme (drie sertifikate en ’n diploma) en gaan moontlik volgende jaar reeds sy eerste graad aanbied. Danksy die nuutste telematiese tegnologie word klasse interaktief by die onderskeie studiesentrums landwyd aangebied. Die instelling beplan om binne vyf jaar 10 000 ingeskrewe studente oor ’n wye spektrum van studierigtings te hê. Volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, het die aanbod vir Afrikaanse hoër onderwys die afgelope 20 jaar drasties gekrimp.“Van die sowat 10 Afrikaanse technikons en 150 Afrikaanse beroepskolleges wat voor 1990 bestaan het, het daar nie ’n en-
01/2012 • www.solidariteit.co.za
kele Afrikaanse technikon of Afrikaanse enkelmedium-kollege oorgebly nie. Ons wil deur Akademia weer aan Afrikaanse studente toegang tot hoër onderwys van goeie gehalte in hulle moedertaal gee,” sê Buys.“Hierdie instelling gaan op die vlak van universiteite funksioneer.” Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, meen die krag van die Akademiamodel is dat dit bekostigbaar en eenvoudig is om studiesentrums in enige gemeenskap te vestig.“Ons vat Afrikaanse hoër onderwys na die mense toe. Die gevorderde onderrigtegnologie maak dit moontlik dat ons hoër onderwys bekostigbaar kan aanbied. “Ons het intensiewe navorsing gedoen oor skaars beroepsrigtings in Suid-Afrika en ons kies ons programme daarvolgens. Studente sal dus gesogte kwalifikasies kry wat hulle toetrede tot die arbeidsmark makliker sal maak,” sê Visser. Volgens Buys styg jou kanse om werk te kry radikaal indien jy ’n hoëronderwyskwalifikasie verwerf. “Met ’n goeie kwalifikasie staan jy in hierdie land, wat honger is vir mense met sekere vaardighede, ’n baie beter kans om werk te kry as in feitlik enige plek ter wêreld. Buiten-
dien, vir ’n minderheid om in Afrika te oorleef, is die eerste voorwaarde dat ons oor die meerderheidskennis moet beskik. Goeie opleiding stel jongmense meestal ‘vry’ van raswetgewing en is in elk geval die enigste weg na ekonomiese vryheid.” Akademia se vlagskipkursus vir 2012 is ’n diploma in kleinsakebestuur en entrepreneurskap. Daarbenewens sal hoër sertifikate in kantooradministrasie, rekeningkunde en gemeenskapsontwikkeling ook aangebied word. Akademia is reeds besig om sy eerste BCom-program te ontwikkel. Dié program kan so vroeg soos 2013 reeds beskikbaar wees. Verskeie nagraadse diplomas sal ook binnekort bekendgestel word. Ander programme wat in die vooruitsig gestel word, sluit in logistieke bestuur, bemarking en verkope. Volgens Visser is Akademia by die departement van hoër onderwys en opleiding geregistreer en sy programme is deur die Raad op Hoër Onderwys geakkrediteer. “Akademia se kwalifikasies voldoen dus aan dieselfde standaarde as dié van universiteite,” sê Visser.
Uitgawe1 p3-26:Layout 1
2/19/12
10:56 AM
Die inname van die eerste groep studente by Akademia het in Februarie plaasgevind, maar jy hoef nie tot volgende jaar te wag om vir ’n program hier in te skryf nie. Die volgende inname van studente wat een van die beskikbare sertifikaatprogramme wil volg, sal in Julie plaasvind. Moenie die geleentheid misloop nie. Voornemende studente kan enige tyd vanaf Mei 2012 registreer en die sluitingsdatum vir registrasie is 16 Junie 2012. Vir meer inligting skakel 0861 222 888, stuur ’n e-pos na registrasie@akademia.ac.za of besoek Akademia se webtuiste by www.akademia.ac.za.
Hulp nodig met finansies?
Solidariteit het ’n aantal rentevrye studielenings beskikbaar gestel vir Solidariteit-lede of hulle kinders om ’n program by Akademia te volg. Om vir een van die beskikbare lenings aansoek te doen, moet jy ’n registrasievorm en ’n leningsvorm voltooi en saam met die nodige ondersteuningsdokumente by die studiesentrum naaste aan jou inhandig. Die lenings is ter waarde van R10 000.
2012-programme • Diploma in Kleinsakebestuur en Entrepreneurskap
NKR (NQF) vlak 6, 360 krediete, SAQA ID-nommer: 86506
• Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
NKR (NQF) vlak 5, 120 krediete, SAQA ID-nommer: 86526
• Hoër Sertifikaat in Gemeenskapsontwikkeling NKR (NQF) vlak 5, 120 krediete, SAQA ID-nommer: 86486
• Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
NKR (NQF) vlak 5, 130 krediete, SAQA ID-nommer: 86487.
nuuswaardig
Studeer vanjaar nog by Akademia!
Page 11
akademia jou oop, afrikaanse leertuiste
Wat bied Akademia?
• Gehalte-studiemateriaal in Afrikaans wat Afrikaans as wetenskapstaal bevorder;
• nauurse, interaktiewe lesings by ’n
gevorderde tegnologie-leersentrum in jou omgewing; • ’n tabletrekenaar vir navorsing, opdragte en kommunikasie met Akademia; • ’n elektroniese biblioteek; • en persoonlike kontak, begeleiding en ondersteuning.
• Vir meer inligting, skakel 0861 222 888 of besoek die webtuiste www.akademia.ac.za
www.solidariteit.co.za • 01/2012
11
nuuswaardig
Matriek slegs ’n deur tot verdere leer
Matriek moet nie as die einde van die leerpad gesien word nie, maar eerder as die begin van ’n lewenslange leerproses. Matrikulante wat die moeite doen om hulle in ’n skaars vaardigheid te bekwaam, is boonop byna verseker van werk. Die geheim is nie om bloot verder te studeer nie, maar om in die regte rigting te studeer en jou in ’n skaars vaardigheid te bekwaam. Vir súlke matrikulante wag daar gewis ’n blink toekoms.
D
Deur Moira-Marie Kloppers
ít was Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, se boodskap aan die matrieks van 2011 kort nadat hulle matriekuitslae in Januarie vanjaar bekendgemaak is. Luidens ’n verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gaan matrieks wat nié die moeite doen om verder te studeer nie, sukkel om werk te kry. Daarbenewens sal werkloosheid onder jongmense na verwagting in die komende jare toeneem omdat veel meer mense jaarliks werkende ouderdom bereik as wat aftree of weens ander redes ophou werk. Volgens Paul Joubert, ’n senior navorser van die SNI, moet daar jaarliks ongeveer 430 000 nuwe, lewensvatbare werkgeleenthede geskep word vir die aantal werklose mense om konstant te bly. “Vanaf die derde kwartaal van 2010 tot die oorstemmende tydperk in 2011 was die toename slegs sowat 340 000. Die aantal werklose mense (volgens die breë definisie) het dus marginaal toegeneem in 2011, selfs al het die breë werkloosheidskoers van 36,4% tot 36% afgeneem,” sê Joubert. Volgens Buys bestaan daar ’n interessante teenstrydigheid in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark. “Suid-Afrika het ’n reuse werkloosheidsprobleem, maar terselfdertyd ook ’n reuse vaardigheidstekort in sekere beroepsrigtings. Ten spyte van die baie (swak opgeleide) werkloses, is daar sowat 500 000 vakante poste in die ekonomie. “Dit kan nie gevul word nie, want daar is nie genoeg toepaslik opgeleide mense nie. Daar is dus duisende werkgeleenthede vir jongmense
Te min dokters opgelei Luidens navorsing was daar in 2010 net sowat 27 400 dokters en spesialiste in die privaat en openbare sektor in Suid-Afrika werksaam. Intussen sê kenners dat SuidAfrika sowat 25% van die 1 400 dokters verloor wat per jaar in die land opgelei word, omdat hulle elders in die wêreld gaan werk soek. Suid-Afrika het tans minder as 8 dokters vir elke 10 000 Suid-Afrikaners. Indien Suid-Afrika met ander middelvlakinkomstelande vergelyk word, het die land 18 dokters per 10 000 Suid-Afrikaners nodig. Dié tekort aan dokters word elke jaar erger, aangesien die 8 universiteite in SuidAfrika wat dokters oplei, jaar ná jaar net ’n beperkte aantal studente kan inneem. Die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van Stellenbosch het in 2011 altesaam 16 800 aansoeke ontvang van studente wat medies wou studeer, maar kon onderskeidelik slegs 200, 600 en 220 studente inneem. Daarbenewens kan die Universiteit van Pretoria slegs 240 en die Universiteit van die Vrystaat slegs 140 mediese eerstejaarstudente huisves.
wat hulle matrieksertifikaat beskou as die beginpunt van ’n tersiêre studieloopbaan in rigtings waarin daar tekorte bestaan,” meen Buys. S
Foto’s: iStockphoto.com
Employers should “retool” workers – Nzimande
12
Employers should “retool” their workers rather than complain about an education system producing people who are unemployable, Higher Education and Training Minister, Blade Nzimande, said. A green paper on post-school education and training released by the Minister in January envisages that more than 4.5 million students per year will be enrolled in universities, colleges and other institutions of further education and training by 2030. 01/2012 • www.solidariteit.co.za
ink hiér
koms w Blink toe ingkunde • Reken gie gstegnolo • Inligtin rwys • Onde erk kaplike w ts • Maa rs rde • Bestuu unde egk le rp e V • rswese e • Aptek urswese ie n • Inge se dokters • Medie i. gslu • Amba
O Foto: iStockphoto.com
Deur Ilze Nieuwoudt
ns hét nog hoop! Dit was die oorweldigende boodskap van 152 hoof- en onderhoofleiers van 35 Afrikaanse hoërskole in ’n studie wat Solidariteit Tydskrif einde verlede jaar onderneem het. Die bevindings vorm deel van die verslag Wil jy spore trap of spore maak? Ten spyte van hierdie oorweldigende positiewe boodskap, het die resultate van die studie dit duidelik gemaak dat daar steeds twyfel onder jongmense bestaan oor of hulle in Suid-Afrika wil bly. Slegs 2% van die 152 leerders wat aan die opname deelgeneem het, wil die land beslis ná skool verlaat. Altesaam 9,9% het aangedui dat hulle die land waarskynlik permanent sal verlaat. ’n Verdere 26,3% het aangetoon dat hulle onseker is oor of hulle die land wil verlaat of nie.
Dit beteken dat sowat 40% van die leerders nie seker is daarvan dat hulle vir hulself ’n toekoms in Suid-Afrika sien nie. “Hoewel die hoë positiwiteitsvlak van bykans twee derdes van die respondente verblydend is, is dit uiters kommerwekkend dat bykans ’n derde van die Afrikaanse leiers wat aan die opname deelgeneem het, nie volkome tuis voel in die land nie,” verduidelik dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. “Dit is ons almal se verantwoordelikheid om jongmense se onsekerheid hok te slaan, anders is daar ’n groot risiko dat die aantal jongmense wat dit tans sterk oorweeg om die land te verlaat of nog onseker is of hulle die land wil verlaat, skerp sal styg,” waarsku Hermann. S
53%
“Ek glo dat ek ná skool of ná my studies ’n werk sal kry.”
88%
“Ek het hoop vir Suid-Afrika.”
nuuswaardig
Ons hét nog hoop vir SA, sê jong leiers
nuuswaardig
Meer geld waarborg nie onderwysgehalte
V
Foto: iStockphoto.com
Deur Moira-Marie Kloppers
14
ir jare lank probeer die Suid-Afrikaanse regering om die land se onderwysprobleme en swak matriekslaagsyfer reg te ruk deur bloot meer en meer geld aan opleiding te bestee. Volgens Piet le Roux, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, bewys elke jaar se twyfelagtige resultate uit die openbare onderwyssektor in Suid-Afrika egter dat dié groeiende besteding op onderwys nie geregverdig is nie. Intussen meng die staat al hoe meer in Suid-Afrika se skoolstelsel in en wil dit dikwels voorkom asof die regering juis skole teiken wat wérk. “Die proporsie van mense bo 15 jaar wat kan praat, lees en skryf, word ’n land se geletterdheidskoers vir volwassenes genoem. Die Suid-Afrikaanse regering en regerings van ander opkomende markte soos Chili en Indonesië bestee ongeveer 18% van die land se totale begroting op opleiding, maar die uitsette verskil drasties. Suid-Afrika se geletterdheidskoers vir volwassenes is 89% teenoor Chili en Indonesië se geletterdheidsvlakke van onderskeidelik 98,6% en 92%. Daar bestaan verskeie redes hiervoor, maar dit is wél aanduidend van die feit dat groter besteding op onderwys nie sonder meer aan beter onderwysuitkomste gelykgestel kan word nie,” verduidelik Le Roux. Indien Suid-Afrika se owerheidsbesteding aan opleiding uitgedruk as ’n persentasie van sy totale bruto binnelandse produk (BBP) bereken word, bestee die Suid-Afrikaanse regering selfs meer aan opleiding as die regerings van Bricslande soos Brasilië, Rusland en Indië. “Die Suid-Afrikaanse regering het in 2009 soveel as 5,4% van sy BBP aan opleiding bestee terwyl sy Brasiliaanse, Russiese en Indiese eweknieë in dieselfde jaar onderskeidelik 5,1%, 3,9% en 3,1% bestee het,” sê Le Roux. “Om jaar ná jaar meer aan opleiding te bestee, is om die oorsaak van die probleem mis te kyk. Suid-Afrika se swak geletterdheidskoers kan eerder aan die ‘een-plan-vir-almal-benadering’ toegeskryf word, byvoorbeeld wat onderwysers se vergoeding betref. In Suid-Afrika speel die gehalte van die opleiding wat onderwysers bied ’n klein rol in hulle vergoeding. Dit veroorsaak dat swak presterende onderwysers eintlik oorvergoed en goeie onderwysers ondervergoed word. Die onvermydelike gevolg is dat goeie onderwysers groener weivelde soek
01/2012 • www.solidariteit.co.za
80%
graad eens in Afrikaanse staatskole voltooi matriek binne 12 jaar terwyl die deurvloeisyfer in ander staatskole die afgelope drie jaar tussen 25% en 33% was.
– hetsy oorsee of in ander beroepe. Dis boonop onvermydelik dat baie van dié wat agterbly, verder sal deurloop onder die regering se demografiese verteenwoordigingsideaal, versteek as regstellende aksie,” sê Le Roux. Tussen 2003 en 2008 het die aantal privaat skole in Suid-Afrika skerp toegeneem. In die Oos-Kaap, waar staatsonderwys behoorlik in chaos is, het die aantal privaat skole met sowat 150% toegeneem. Dié skerp toename, juis in provinsies waar die staat se skoolstelsel grootliks in duie gestort het, dui daarop dat leerlinge en hulle ouers steeds vertroue in die privaat onderwyssektor het. Die toenemende vraag na privaat onderwys het die grootste groei (67,6%) onder bruin sko-
liere en die tweede grootste (58,8%) onder swart skoliere getoon. Daarteenoor was die groei in die vraag na privaat onderwys onder wit skoliere slegs 26% – iets wat moontlik verband hou met die uitstekende onderrig wat nog in bestaande Afrikaanse staatskole beskikbaar is. “Onderwysers en kinders vlug letterlik na privaat opleiding, of indien daar nie ’n bekostigbare privaat skool is nie, verlaat hulle dikwels eerder die skoolstelsel tussen graad 10 en matriek as om hulle skoolloopbaan te voltooi. Dit gee vir jou ’n aanduiding van hoe gering leerlinge – die wanfunksionele skole se kliënte – die onderrig ag wat hulle in staatskole ontvang. Van die meer as ’n miljoen leerlinge wat in 2008 vir graad 10 ingeskryf het, het minder as die helfte vir die matriekeksamen ingeskryf.” Afrikaanse staatskole blyk egter die enigste uitsondering op dié reël te wees. Afrikaanse staatskole se gemiddelde slaagsyfer was in 2010 en 2011 nagenoeg 92% terwyl ander skole se slaagsyfer in dieselfde tyd onderskeidelik 67,8% en 70,2% was. Daarbenewens voltooi meer as agt uit tien graad eens in Afrikaanse staatskole matriek binne 12 jaar terwyl die deurvloeisyfer in ander staatskole die afgelope drie jaar tussen 25% en 33% was. “Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, die nasionale verteenwoordigende organisasie van skoolbeheerliggame, het die spyker onlangs op die kop geslaan. Volgens Colditz vaar Afrikaanse staatskole uitstekend ten spyte van – en nie danksy nie – provinsiale onderwysdepartemente,” sê Le Roux. “Indien die regering Suid-Afrika se skoolstelsel wil verbeter, moet privatisering verwelkom word en bestaande staatskole meer onafhanklikheid en ouerbeheer kry.” S
L Photograph: iStockphoto.com
By Cilleste van der Walt
ast year was a tough year for a lot of people.Whether it was because of layoffs at work or simply due to a hectically busy year, we all have to start the new year on a positive note. If the year starts any other way, you won’t have the requisite motivation to deliver what you are capable of at work. Create the correct mindset so you can do good work. While layoffs tend to make people hunker down and a busy year wears down the will to do what it takes to let you rise above the rest, you have to get a feel of where the company is heading (that will cut the effort of doing the type of work that is expected in half). Always retain passion for your work no matter what the economic and organisational
, clear your mind :) realities may be.You can do this by trying to master the finer details of what you do or simply by trying to become better or faster. Here are a few other tips for pointing the year in the direction you want it to go: • Be completely in synch with your boss and the business unit’s priorities. Adapt to the new realities and try to morph into a new role when necessary. Use your passion and clarity about where the company is headed to build new relationships and learn more about the subsections of your company. • Start the year off with an empty inbox. Assign a label to everything in your inbox; then archive the lot so your inbox is empty. You can still dig into that label if you want to work off your email backlog, but it feels
great to start the new year afresh. • Set goals for the year. Identify one area that you would like to explore; it helps you to recognise those opportunities throughout the year. • Develop your resources. When you need help, you have to know where to look. Make a resource list of where you can get that help.This can include people in your company for project-related information and even people who can help you with enquiries related to work issues, such as Solidarity. • Get organised. Start off the year by setting your personal papers in order. You never know when you might need certain documents related to your job. S
newsworthy
Clear your
nuuswaardig
Beroepskeuse makliker met regte vakke
Die vakkeuses wat leerlinge vandag op skool maak, is net so belangrik as die beroepskeuse wat hulle ná skool sal moet maak. ’n Ingeligte besluit vandag sal ’n beroepskeuse later soveel makliker maak. Dit is daarom noodsaaklik dat ouers en onderwysers leerlinge oor die belangrikheid van vakkeuses op skool sal inlig.
D
Deur Ilze Nieuwoudt
ie werklikheid is dat talle matrikulante met ’n matrieksertifikaat in die hand hoop om werk te kry, net om uit te vind dat hulle nie eintlik die geskikte vaardighede op skool opgedoen het om werk te kry nie. “Ander droom weer van verdere studies en word dan ontnugter deur die werklikheid dat hulle vakke nie toelating tot sekere studierigtings bied nie,” verduidelik dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit en voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se direksie. Vir leerlinge wat hoop om direk ná skool die arbeidsmark te betree, is dit raadsaam om op skool reeds vakke te neem wat hulle meer indiensneembaar as hul mededingers sal maak. “Vakke soos rekeningkunde, wiskunde en fisiese wetenskappe leer leerlinge praktiese vaardighede wat waardevol in die werkplek aangewend kan word,” sê Hermann.
Wiskunde vs. wiskundige geletterheid
Daar is groot verwarring onder leerlinge oor die verskil tussen wiskunde en wiskundige geletterheid. In ’n omvattende gids oor loopbane stel Solidariteit Helpende Hand dit duidelik – hoewel wiskundige geletterheid ’n vak in eie reg is, is dit eerder ’n vak waarin die praktiese toepassing van moderne wiskundige beginsels geleer word. Die realiteit is egter dat wiskunde die deur na meer beroepsrigtings open as in die geval van wiskundige geletterdheid. “Daarom moet leerlinge, as hulle enigsins daartoe in staat is, aangemoedig word om wiskunde te neem. Al verg dit baie ure se harde werk, sal dit uiteindelik meer beroepsgeleenthede moontlik maak,” sê Hermann.
Foto: iStockphoto.com
Wat is die wenresep?
16
Hoewel daar geen vaste reël vir die perfekte vakkeuses bestaan nie, is dit veral ideaal vir leerlinge wat nog nie seker is oor watter beroep hulle wil volg nie, om vakkeuses só te maak dat dit optimale studiemoontlikhede bied. Die veiligste opsie is om psigometriese toetse af te lê wat spesifiek ook vakkeuses kan help aandui volgens elkeen se belangstelling, aanleg en sterk 01/2012 • www.solidariteit.co.za
Kies reg vir jou droomberoep
• Geesteswetenskappe
Geen spesifieke vakke word vir studies in dié rigting benodig nie. Sekere vakke word egter wel vir spesifieke studierigtings aanbeveel.
• Natuurwetenskappe
Wiskunde (nie wiskundige geletterdheid nie), asook natuurwetenskappe, is verpligte vakke in dié rigting.
• Handelswetenskappe Wiskunde is ’n vereiste, en slegs sommige tersiêre instellings maak die vergunning om wiskundige geletterdheid as toelating te erken. Hoewel rekeningkunde nie ’n vereiste vir die rigting is nie, sal dit wel voordelig wees om die vak reeds op skool te neem.
• Tegniese rigtings
Wiskunde, natuurwetenskappe, asook ingenieursgrafika en -ontwerp en tegnika (siviel of meganies), word aanbeveel as vakke indien ’n leerling ’n tegniese rigting wil volg.
punte. Vakpakkette verskil van skool tot skool en ouers moet ingeligte keuses oor skole en hul kinders se beroepskeuses maak, sê Annette Taljaard, psigometris by Solidariteit Helpende Hand se Beroepsleidingsdienste. Dit is ook raadsaam vir leerlinge om, wanneer hulle vakkeuses op skool maak, vroeg reeds inligting in te win oor beoogde studierigtings en ingelig te wees oor die vakke wat op matriekvlak vir dié rigting vereis word. • Lees van bladsy 52 tot 57 ook oor Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek, visie vir 2012 en ontmoet dié maatskaplike been van die Solidariteit Beweging se nuwe besturende direkteur, dr. Danie Brink. S
*
Vir meer inligting oor vak- en beroepskeuses, lees die Solidariteit Helpende Hand Loopbaangids. Die gids is beskikbaar by www.loopbaan.co.za
nuuswaardig
AfriForum veg vir moedertaalonderrig
O
Deur Cilleste van der Walt
Foto: iStockphoto.com
Waarom is moedertaal NB?
18
• Moedertaal bied ’n opvoedkundige voordeel vir enige kind, verbeter taalvaardigheid en sal later bydra om maklik ’n tweede of derde taal aan te leer. • Jou moedertaal is nie net ’n manier van kommunikeer nie; dit is deel van jou identiteit en selfvertroue. • As jy in jou moedertaal onderrig word, dra dit by tot motivering, inisiatief en kreatiwiteit. 01/2012 • www.solidariteit.co.za
Red Afrikaanse sko
le
Die regering wend tans hernieude po gings aan om Afrik as onderrigmedium aans in openbare skole te ondermyn. Byvoorbeeld: Al dr ie Afrikaanse skole in Fochville word nou gedwing om te verengels. Dít, terwyl die Enge lse leerlinge in een van die drie skole geak kommodeer kon wo rd.
aksentmedia • 082 445 4513
nderrig is ’n basiese mensereg, en as hierdie basiese reg aangetas word deur dwang aan die kant van ’n hoër gesag om ’n eensydige verandering te maak, is daar geen ander keuse nie as om vir jou regte as ’n Suid-Afrikaanse burger op te staan. Dit is presies wat AfriForum gedoen het deur die Red Afrikaanse skole-veldtog bekend te stel. Dit kom nadat al drie skole in Fochville wat nog Afrikaanse onderrig bied, deur die Gautengse departement van basiese onderwys ingelig is dat hulle gedwing sal word om met die aanvang van die 2012-skooljaar groepe Engelssprekende leerlinge te akkommodeer. Dié skole was reeds vol, maar die departement was nie bereid om te onderhandel nie. AfriForum is oortuig daarvan dat die onderwysowerhede Afrikaanse skole teiken.Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is daar landwyd nie ’n enkele voorbeeld van waar die minister of onderwysowerhede ingegryp het om ’n enkelmedium Engelse sekondêre skool se taalbeleid te verander of te dwing om anderstalige leerlinge te akkommodeer nie. “AfriForum en die ouers van Fochville het simpatie met kinders in die land wat nie toegang tot goeie onderwys het nie, maar die argument van toegang word telkens bloot as ’n nuttige verskoning misbruik om Afrikaanse skole se taalbeleid te ondergrawe. ’n Kunsmatige behoefte aan Engelse onderrig word deur die regering geskep om ’n anti-Afrikaanse agenda te bevorder,” meen Bailey. S
AfriForum gaan R5 0 000 skenk om hierdie saak in die hof te beveg!
Jy kan help! • Skenk R10 vir die regsaksie teen die departement van basiese onderwys se magsm isbruik – SMS “skool” na 386 55. Neem deel aan die beheerliggaamverkiesings by skole wat in Maart 2012 plaasvind. Plaas jou kinders in Afrikaanse skole. Ondersteun onder wysorganisasies soos Fedsas en die SAOU. • Teken AfriForum se petisie ten gunste van Afrikaanse sko le by www.afriforum.co.z a of skakel 086 10 200 30 om aan te sluit. • Sit dié advertens ie op ’n openbare ple k op.
Hierdie advertensie
is moontlik gemaak
deur besorgde Afrikaa
nse ouers.
Sluit vandag nog aa
n by
086 10 200 30 www.afriforum.co .za
AfriForum se advertensie wat in die nasionale media verskyn het.
*
Skenk R10 vir die regsaksie teen die departement se magsmisbruik deur die woord SKOOL na 38655 te SMS. Lees meer oor AfriForum se bedrywighede van bladsy 45 tot 48.
nuuswaardig
Berei jouself só voor vir die werkplek
Matrikulante wat kies om die arbeidsmark direk ná skool te betree, moet besef dat slegs 30% van alle matrikulante direk ná skool werk kry, en dat hulle indiensneembaarheid boonop verlaag word deur ’n tekort aan werklik bruikbare vaardighede. Persone wat oor ’n naskoolse kwalifikasie beskik, se arbeidsopnamepotensiaal is aansienlik beter, maar die werklikheid is dat geen kwalifikasie sal verseker dat jy werk gaan kry nie.
D
Deur Ilze Nieuwoudt
7. Sluit by indiensopleidingsprogram aan
aar is egter hulp as jy jouself ’n voorsprong in die arbeidsmark wil gee! Probeer gerus hierdie tien nuttige wenke.
Baie maatskappye bied indiensopleidingsprogramme vir studente en skoolverlaters aan. As só ’n geleentheid hom voordoen, gryp dit aan. Dit sal weer eens vir jou waardevolle ervaring bied en teen die tyd dat jy jou studies voltooi het, sal jy reeds baie meer ervaring as jou medestudente hê wat nie aan ’n soortgelyke program deelgeneem het nie. Dit sal jou aansoek om ’n betrekking uiteindelik baie meer aantreklik maak as dié van aansoekers wat net oor sogenaamde boekkennis beskik.
1. Stel ’n goeie CV op
Die waarde van ’n goeie CV kan nooit onderskat word nie. ’n CV is nie net jou eerste kontak met jou potensiële werkgewer nie, maar ook ’n geleentheid om die werkgewer te oorreed dat jy die ideale persoon vir die werk is. Selfs met die beste kwalifikasies, jare se ervaring in die betrokke bedryf en ’n rits aanloklike karaktereienskappe wat jou as ’n puik werknemer opsom, struikel aansoekers steeds oor selfs die eenvoudigste, onvergeeflike slaggate in hul CV’s.
2. Eerlikheid
Eerlikheid is een van ’n werknemer se beste karaktereienskappe. Om eerlik te wees, mag vanselfsprekend klink, maar dié reël moet te alle tye nagekom word. As jy byvoorbeeld besluit om jou huidige salaris in jou CV te verstrek, moenie daaroor jok omdat jy meen dat jy só ’n kans sal staan om ’n veel beter salaris te kry nie.
3. Begin onder
Die bekende uitvinder Thomas Edison het gesê:“Geleenthede gaan by baie mense verby omdat dit ’n oorpak aan het en na werk lyk.” As dit kom by werk, moet jy bereid wees om onder te begin, hard te werk en nie jou neus op te trek vir werk wat jy moontlik as minderwaardig sou ag nie.
Foto: iStockphoto.com
4. Benut jou vaardighede
20
Moenie huiwer om jou werkgewer in te lig oor die vaardighede wat jy bemeester het nie. Selfs al het jy nie die vaardighede deur formele opleiding verwerf nie, kan dit steeds in ’n werkaansoek in jou guns tel. As jy byvoorbeeld tegniese vaardighede en
01/2012 • www.solidariteit.co.za
8. Positiwiteit kennis opgedoen het wat jou kan bevoordeel wanneer jy om werk aansoek doen, sluit dit in.
5. Leer, leer en leer
Omdat kennis vandag so vinnig in die wêreld toeneem, sal werknemers wat nie bereid is om voortdurend te leer nie, agterraak en uiteindelik moet plek maak vir mense wat wel op die hoogte van die nuutste verwikkelinge in ’n sekere bedryf wil bly. Gryp elke geleentheid aan om jou kennis te verbreed. Dit sal jou ’n besliste voorsprong bo ander gee.
6. Doen aansoek vir ’n pos wat met jou kennisveld strook
As jy wel ’n naskoolse kwalifikasie het, doen aansoek vir ’n pos in dié spesifieke veld. Jy moet weer eens bereid wees om onder te begin – sodoende doen jy ervaring op en kan jy mettertyd die korporatiewe leer in jou veld begin klim. Moenie met vooropgestelde idees aansoek doen en glo dat ’n kwalifikasie outomaties ’n wonderlike posisie vir jou sal losslaan nie. Die ervaring wat jy in die proses opdoen, sal baie waardevol wees.
’n Positiewe ingesteldheid is aansteeklik en tel beslis in jou guns by potensiële werkgewers. Geen werkgewer wil ’n persoon met ’n negatiewe gesindheid in diens neem nie. As jy dus saaklik en positief voorkom, sal dit van selfvertroue spreek en jou kanse om welslae te behaal ’n aansienlike hupstoot gee.
9. Vrywillige werk
Dit het dalk aan die begin nie finansieel sin nie, maar op die lange duur kan die ervaring wat jy deur vrywillige werk opgedoen het, waardevoller wees as ’n salaris aan die einde van die maand. Hierdie opsie is veral ideaal terwyl jy nog studeer. Kontak ’n paar maatskappye en vind uit of jy nie gedurende vakansies vrywillige werk kan doen om sodoende ervaring op te doen nie.
10. Sluit by Solidariteit aan
Jongmense onderskat dikwels die waarde van vakbondlidmaatskap, maar die feit is dat mense telkens weens onkunde hulpeloos in die werkplek is. Met die hulp en bystand van ’n vakbond soos Solidariteit weet werkgewers dat hulle nie oor jong werknemers kan loop nie. Skakel ons by 0861 25 24 23 of besoek ons webtuiste www.solidariteit.co.za om aan te sluit. S
newsworthy
Must-haves for the classroom By Cilleste van der Walt
Boogie Board
Remember that bright pink liquid board used to write and draw pictures on and when there was no space left, you could erase everything with a single up and down movement of a leaver? Well, this is a new model that is used in the very same way, but this one remembers everything you draw or write. You can download all the pictures and notes as PDF files to your computer. Ideal for saving ideas, sketches and notes (Price: R1 299).
IntelliPen Pro
Photographs are for illustration purposes only. Actual products may vary fom photographs. Prices are subject to change.
This tool is perfect for taking down notes in class, especially when you are prone to losing that important bits of paper. You can write on any surface, and it will remember what you wrote. The information can then be viewed digitally. You can even convert your handwriting to digital text, and it has PC and tablet functionalities (Price: R1 099).
The Bamboozlers range
This is a mini puzzle game that will keep the young ones minds fresh and entertained for hours (Price: R59).
Gecko
This is a wireless keyboard for your tablet. Even though a tablet is an amazing piece of technology, you sometimes still need a keyboard for that everyday jobs (Price: R1 099).
Pocket Projector
This is an ideal pocket-size classroom tool for teachers or lecturers.The pocket projector is easy to use, compatible with your iPod and computer and can be used for presentations, showing videos or music (Price: R2 999). • All these items are available at The Gadget Shop, Centurion Mall. www.solidariteit.co.za • 01/2012
21
nuuswaardig
WEN!
Pronk met jou trots Suid-Afrikaanse foto’s
Het jy al in stille verwondering die skoonheid van die Karoo ingedrink of gekyk hoe ’n trop leeus ’n buffel in die Krugerwildtuin plattrek? Het jy dít en soveel meer beleef en diep binne jou uitgeroep: “My huis is hier”? As jy jou liefde vir Suid-Afrika, sy natuur en sy mense met die wêreld wil deel, is die Solidariteit Tydskrif Fotokompetisie die ideale geleentheid om met jou fotografievernuf én jou hartshuis, Suid-Afrika, te spog.
V
Deur Ilze Nieuwoudt
erlede jaar kon liriekskrywers hul trotse Afrika-stemme in die “Basta! Ons voetspore is in Afrika”-liriekskryfkompetisie laat hoor en vanjaar is dit jóú kans om jou kamera nader te trek en bietjie met Suid-Afrika te spog in die opwindende Solidariteit Tydskrif Fotokompetisie. Al wat jy moet doen, is om die beoordelaars te oortuig dat jou foto met trots sê: “My huis is hier!” Stuur vandag nog jou wenfoto en een sin wat jou foto beskryf vir ons, en wys jou hartshuis, Suid-Afrika, vir die wêreld. Die foto hoef natuurlik nie net fisieke huise of gesinne uit te beeld nie, maar kan bloot jou liefde vir jou land besing. Besoek www.solidariteittydskrif.co.za vir meer inligting oor die kompetisie en om na die eerste inskrywings en die opwindende pryse te kyk. Stuur jou inskrywing (foto met ’n enkelsinbyskrif) na foto@solidariteit.co.za en staan die kans om een van die fantastiese pryse op die spel te wen. ’n Wenner in elke ouderdomskategorie en elke fotokategorie asook ’n algehele wenner sal ná afloop van die kompetisie aangewys word. Onthou om aan te dui in watter ouderdoms- en fotokategorie jy deelneem!
Ouderdomskategorieë
• Kategorie 1: Laerskoolleerlinge (graad 1 tot 7) • Kategorie 2: Hoërskoolleerlinge (graad 8 tot 12) • Kategorie 3: Volwassenes (18 jaar en ouer).
Katte(is)kwaad in die Krugerwildtuin
*
NB! Onthou om ’n byskrif vir jou foto te gee!
FOTOKOMPETISIE Solidariteit Tydskrif
Fotokategorieë
Foto: iStockphoto.com
• Natuur • Mense • Plekke (insluitende geboue en ander mensgemaakte strukture) • Abstrak • Swart en wit of sepia.
22
Sluitingsdatum
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 1 Junie. Lesers sal daarna die geleentheid kry om vir hulle gunstelingfoto’s te stem. Die wenners sal in uitgawe 5 bekendgemaak word. S 01/2012 • www.solidariteit.co.za
“My huis is hier!”
Reëls
1. Die kompetisie is oop vir enigiemand en daar is nie ’n beperking op die aantal inskrywings wat ingestuur mag word nie. 2. Geen inskrywingsfooi word gehef nie. 3. Elke inskrywing moet die volgende bevat: • ’n Hoë gehalte foto (minstens 1 Mb); • ’n enkele sin wat jou foto beskryf; • jou persoonlike inligting (naam, van, volledige kontakbesonderhede); en • die foto- en ouderdomskategorie waarvoor ingeskryf word. 4. Die beoordelaars se beslissings is finaal. 5. Geen gemanipuleerde foto’s mag ingeskryf word nie en enige teken van plagiaat of manipulasie van foto’s is gronde vir diskwalifikasie. 6. Solidariteit Tydskrif behou die reg voor om enige van die inskrywings vir verdere publikasie te gebruik. Erkenning sal wel aan die betrokke fotograaf gegee word.
C Foto: Cilleste van der Walt
Deur Ilze Nieuwoudt
hris du Plessis (foto regs) het einde 2011 as hoof van Solidariteit se kommunikasiespan begin, met groot drome vir Solidariteit en sy hart op die regte plek. Hy is ook van hierdie uitgawe af aan die stuur van Solidariteit Tydskrif. “Ek het aan die destydse Hoërskool Willem Pretorius (nou bekend as die Hoërskool Heilbron) gematrikuleer waarna ek ’n graad in Bedryfskommunikasie aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou die Noordwes-Universiteit) voltooi het. “Ná vier jaar in die buiteland, het ek my huis en my mense gemis en teruggekeer na my wortels in Suid-Afrika. Ek het in Kaapstad in die wynbedryf begin werk en het sedertdien verskeie poste in die kommunikasie- en bemarkingsveld beklee.” Chris is getroud met Leanie en hulle het
drie kinders – Jandré (4), Ané (2) en die nuweling Anja.
Hoekom het jy Solidariteit gekies?
“Die behoefte om vir die Afrikaner ’n toekoms in die nuwe Suid-Afrika te help skep, is my passie, en die Solidariteit Beweging is na my mening die regte voertuig om van dié ideaal ’n werklikheid te maak.”
Wat wil jy graag by Solidariteit bereik?
“My hoofdoel is om te verseker dat die boodskap van hoekom ons doen wat ons doen by almal tuisgebring word.”
Wat is jou droom vir Solidariteit?
“Dat mense sal verstaan watter goeie werk ons doen om vir ons mense ’n beter tuiste in Suid-Afrika te skep.” S
nuuswaardig
Nuwe kommunikasiehoof het groot drome
nuuswaardig
Sommer speel-speel slimmer met skaak
T
Foto: Reint Dykema
Deur Ilze Nieuwoudt
erwyl baie ouers met die hande in die hare sit oor hulle kinders se swak skoolprestasie, het navorsing jare gelede reeds bewys dat skaak kinders as’t ware slimmer maak. In sy boek Skuif na prestasie stel die skrywer en bekende skaakafrigter Chris Greyling die voordele van skaak duidelik: “Skaak is een van die kragtigste instrumente om ’n kind se intellek te versterk. Dit maak nie saak wat die ouderdom van ’n kind is nie, skaak verbeter konsentrasie, geduld en uithouvermoë,” verduidelik Greyling. Hy reken voorts dat dit selfs kreatiwiteit en geheue kan verbeter asook die vermoë om te analiseer, moeilike besluite te neem en probleme op te los. As deel van haar doktorsgraad het Anna van Zyl in 1990 onder meer ook bevind dat skaak skoolleerlinge se prestasie in Wiskunde kan verbeter en dat hoe langer ’n kind aan skaak blootgestel word, hoe groter kan die verbetering in wiskunde wees. As daar nie skaakgroepe by jou kind se skool is nie, kan jy gerus by jou provinsiale skaakunie gaan aanklop. Besoek www.chessa.co.za vir meer inligting.
Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, is ’n kranige skaakspeler. Hy het in November verlede jaar saam met 29 ander spelers teen die wêreldskaakkampioen Garry Kasparov meegeding in ’n unieke stryd waartydens Kasparov gelyktydig teen al die spelers gespeel het (bekend as ’n simultaan). Dié wêreldbekende speler het sonder veel moeite stof in 28 van die mededingers se oë geskop. Twee van die spelle het gelykop geëindig.
Maak regte skuif, wen!
Vyf gelukkige Solidariteit Tydskrif-lesers kan elk ’n kopie van die omvattende skaakgids Skuif na prestasie deur Chris Greyling wen. Skuif na prestasie ondersoek onder meer die invloed van voeding op skaakspelers, die betrokkenheid van ouers en die emosionele en psigiese toestand van die speler. In ’n omvattende afdeling word daar na die afrigting van spelers op kleuterskool-, laerskool- en hoërskoolvlak gekyk. Om die boek ter waarde van R160 te wen, stuur bloot ’n e-pos met jou naam, van en posadres na tydskrif@solidariteit.co.za. Inskrywings sluit op 15 Maart. Sit Skuif na prestasie in die onderwerplyn van jou e-pos. • Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na Chris Greyling by chrisclgreyling@gmail.com of skakel 083 277 7220. 26
01/2012 • www.solidariteit.co.za
Die langste skaakspel wat tydens ’n toernooi gespeel is, het 269 skuiwe en nagenoeg 20
uur en 15 minute
lank geduur en uiteindelik op ’n gelykop uitslag uitgeloop.
Vyf redes waarom skaak goed is vir jou • • • • •
Dit kan jou IK verhoog. Skaak kan lees-, taal- en wiskundige vaardighede verbeter. Dit kweek kritiese en kreatiewe denke. Leer die vermoë aan om akkurate en vinnige besluite te neem. Leer om logiese keuses te maak uit ’n verskeidenheid opsies. S
bedryfsnuus
Bedryf snuus
Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.
New team to realise union’s dreams
L Photograph: Reint Dykema
By Cilleste van der Walt
28
ast December’s Solidarity election of new trade union shop stewards as well as representatives to serve on the National Council, Executive Council and Industry Council was once again very successful. Solidarity holds this election every five years, thereby affording members the opportunity to become involved in the way Solidarity is managed and the expectations the trade union wishes to realise. And what better way to achieve this than by electing someone who will truly have the best interests of the members and the union at heart? Well done and good luck to everyone elected as trade union shop stewards:They are the crucial link between members and the
01/2012 • www.solidariteit.co.za
trade union. Congratulations, too, to the new National Council members whose responsibility it will be to compose the trade union’s national policy. And last but not least, we now also have a newly elected General Committee responsible for the trade union’s activities, the strategic application of its structures and the successful management thereof. The new Executive Council Members are:
CCP
Chemical: Deon de Vries and Hendrik Small. Professional: Chris Kaempffer. ICT: Herman Botha and Ben Saayman.
Electrical
Johnny Esterhuyse, Deon Jenkins, Lourens
Jacobs, Loraine Smit and Morné van Heerden.
Metal and Engineering
Percy Button, Frederic Cronjé, Koos de Beer, Rudi le Roux and Hannetjie Topham.
MAMC
Mining: Johan Breytenbach, Jan Pretoria and Steve Scott. Agricultural: Hannes van Rensburg. Medical: Liz Halewijn.
Individual member Thelma Louw.
Continuation member Arthur Boon. S
D Foto: Reint Dykema
Deur Cilleste van der Walt
aar wag ’n groot jaar op die vakbond in 2012: Hy vier sy 110de bestaansjaar, en die trots oor hierdie mylpaal straal behoorlik uit Solidariteit-president, Steve Scott (foto regs), se oë. Scott is verlede jaar vir nog ’n termyn as president van die vakbond Solidariteit verkies. Vir Scott hou 2012, soos elke jaar, sekuriteit in die werkplek, werkskepping en welstand vir Afrikaners in, maar dit is beswaarlik al. Om hoop te skep, sê hy, is hierdie jaar vir hom sy grootste droom vir die vakbond. “Solidariteit gaan hoop vir sy mense en veral die jeug van Suid-Afrika gee. Die jeug van vandag het niks met apartheid te doen gehad nie, en daarom gaan ons vir hulle hoop gee om nie langer vir dié straf te betaal nie. Hulle moet ’n bydrae tot Suid-Afrika maak, en die vakbond sal aan hulle die toekoms bied om met die
ons lede kon beskerm en hoop op ’n toekoms bied. Vanjaar gaan ’n jaar van groot verandering wees, maar dit sal soos die afgelope 110 jaar steeds bydra tot die hoop vir die toekoms waarvan ons almal droom.”
Steve se vyf drome vir 2012
nodige opleiding die verskil te maak.” “En wat ’n beter jaar as die vakbond se 110de bestaansjaar om al die drome van hoop te verwesenlik. Solidariteit moet sy mense vier. Dit is immers waarom die vakbond ontstaan het en ook waarom ons reeds vir 110 jaar al
• Dat Solidariteit voorwaar tot die grootste bydraer tot opleiding in die land sal ontwikkel. • Dat daar met Solidariteit se hulp verseker kan word dat mense opgehef en in die samelewing teruggeplaas word en werk sal hê. • Dat Solidariteit weer hoop vir die toekoms sal skep. • Dat die jeug weer volgens Christelike beginsels sal leef. • Dat nog meer Suid-Afrikaners vanuit die buiteland na Suid-Afrika sal terugstroom. S
bedryfsnuus
Jaar van hoop, sê Solidariteit-president
bedryfsnuus
Vakbondleiers het ’n duidelike visie vir 2012
Solidariteit behaal vanjaar ’n reusemylpaal: Die vakbond vier sy 110de bestaansjaar en styg steeds uit bo die res. Gedurende só ’n belangrike jaar, is dit ’n duidelike visie wat die uitkoms sal bepaal, en die visie van die vakbond se bedryfshoofde is een van die belangrikste bestanddele in Solidariteit se wenresep. Gideon du Plessis
Adjunk uitvoerende hoof: Bedrywe “Ons kan met trots terugkyk op die welslae wat ons in 2011 vir ons lede behaal het, maar dit gee ons selfs meer bevrediging wanneer ons ons welslae oor die afgelope 110 jaar in oënskou neem. Omdat ons verteenwoordigers nog altyd die grondslag was waarop die vakbond sedert sy bestaan gebou word, gaan 2012 die jaar wees waarin ons spesiaal gaan fokus op die werf, behoud en erkenning van ons verteenwoordigers.Voorts is werksekerheid en die bemagtiging van ons lede hierdie jaar ook ’n prioriteit. Ons gaan weer eens ons leuse gestand doen:‘Ons beskerm ons mense’. Sodoende word ons lede aangemoedig om hulself deur verdere opleiding te bemagtig of deel te word van Solidariteit se opleidingsinisiatiewe.”
Foto’s: Reint Dykema
André van der Merwe
30
Mynbou-, landbou-, sementen mediese bedryf “Solidariteit is dié jaar 110 jaar oud, en ons kan die geskiedenis gerus ’n bietjie van nader beskou. Kortweg sien ek Solidariteit se geskiedenis in drie tydperke waar die Afrikaner homself gedurende moeilike tye moes bewys. Die les hieruit te leer, is vir my eenvoudig: As dit goed gaan met ’n organisasie en die omgewing waarin hy hom bevind en daar is geen druk nie, verloor hy sy behoefte en sin vir verandering en vernuwing. Solidariteit 01/2012 • www.solidariteit.co.za
sal streker en beter uit die stryd tree met ons geloof in God. Die wete dat ons Sy werk doen, sal ons suksesvol maak. Dié bedryf het ook talle uitdagings, maar as ons voortbou op ons suksesresep, kan ons as wenners uit die stryd tree.”
Bennie Blignaut
Elektriese, lugvaart- en Krygkorbedryf “In 2012 wil ons steeds dié bedryf in lyn hou met die vakbond, maar ook inwortel by die ontwikkeling en uitbereiding van energie sodat ons nog 110 jaar van welslae kan handhaaf. Die brandpunte wat vanjaar onder die loep geneem gaan word, is die manier waarop dinge in Eskom gedoen word. Ons wil voorstelle vir beter metodes vir verbetering en uitbereiding daarstel. So ook wil ons die pensioenfondssaak by Eskom, wat reeds vir 10 jaar sloer, afhandel en ook die ongelukkigheid oor die mediesefondskeuses bylê. Verteenwoordigers sal die nodige opleiding ontvang om perfek in te pas by die Solidariteit Beweging en die belangrike werk wat hulle moet verrig. Dit is wonderlik om terug te kyk en te sien hoe dié bedryf elke jaar steeds groei van die dag waarop hy as eerste bedryfsraad gestig is.”
Deon Reyneke
Metaal- en ingenieursbedryf “Dit is ’n nuwe jaar met nuwe uitdagings, maar ook nuwe vooruitsigte.Vir 2012 is ledebehoud, ledediens en ledetevreden-
heid heel bo aan die lys. Organiseerders sal bemagtig word met die nodige kennis sodat dít wat aangepak word, ’n groot sukses sal wees; so ook sal verteenwoordigers opleiding ontvang om dieselfde rede. Daarbenewens gaan dit ook om persoonlike groei. Hierdie jaar sal loononderhandelings steeds met die nodige dryfkrag aangepak word om die beste moontlike uitkomste vir ons lede te beding. Oor die afgelope 110 jaar was groei ’n duidelike kenmerk van die vakbond. Nuwe instellings soos Sol-Tech en Akademia maak my baie trots en opgewonde oor die groei wat steeds voorlê. Ek het baie respek vir die manier waarop Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, die vakbond en die Solidariteit-span bestuur, selfs sedert Solidariteit se Mynwerkersunie (MWU)-dae.”
Marius Croucamp
Kommunikasie-, chemiese en professioneledienstebedryf “Dié bedryf gaan in 2012 weer as een span met ’n gemeenskaplike plan werk en daarna streef om ons waardes op alle vlakke uit te leef. Ons is baie opgewonde oor die moontlikhede wat 2012 vir ons inhou. Die prioriteite is verteenwoordiger-ondersteuning, gehaltediens aan lede, om die fokus op die finansiële bedryf te verskerp en stelsels en prosesse in die res van die bedryf te verbeter. Die welstand van die bedryf se personeel en verteenwoordigers is van kardinale belang, en ek gaan alles in my vermoë doen om te verseker dat ons mense gelukkig is in hulle werk en ’n gebalanseerde lewe handhaaf. Die 110 jaar-viering van Solidariteit gaan beslis een van die hoogtepunte wees, veral omdat ons reeds bou aan die sukses van die volgende 110 jaar wat op die Solidariteit Beweging wag.” S
D
bedryfsnuus
BGVB’s belangrik vir veiligheid by werk Deur Moira-Marie Kloppers
ie Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid maak werkgewers verantwoordelik vir die veiligheid en gesondheid van almal wat die werkperseel betree, maar ook vir mense wat buite die perseel deur die werkgewer se werksaamhede, deur byvoorbeeld geraas of besoedeling, geraak word. Hoewel werkgewers nie wetlik verplig is om beroepsgesondheidsen -veiligheidsbeamptes (BGVB’s) aan te stel nie, speel hierdie werknemers toenemend ’n belangrike rol in die nakoming van beroepsgesondheids- en -veiligheidswetgewing. Solidariteit Tydskrif het met adv. Paul Mardon, hoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, oor die rol en belangrikheid van BGVB’s gesels.
Waarom is BGVB’s belangrik?
Werkgewers wat nie hulle verantwoordelikheid ten opsigte van beroepsgesondheid en -veiligheid nakom nie, kan strafregtelik vervolg word. Wetgewing word tans ook gewysig sodat bestuurslede, wat uiteindelik vir die korrekte instelling van beroepsgesondheids- en beroepsveiligheidsmaatreëls verantwoordelik is, ook persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir beserings en siektes by ’n werkplek. Hoewel die wet nie vereis dat elke werkgewer ’n BGVB moet hê nie, verkies die meeste groot maatskappye om ’n toegewyde BGVB te hê.
en die begroting vir beroepsgesondheid en -veiligheid bestuur. ’n BGVB doen gereelde inspeksies om te verseker dat daar aan veiligheidstandaarde voldoen word. Die BGVB moet ook alle voorvalle wat by ’n werkplek plaasvind, ongeag die erns daarvan, aanteken en ontleed sodat stappe ingestel kan word om ’n herhaling van enige voorval te probeer voorkom.
Hoe word BGVB’s gereguleer?
Omdat die aanstelling van BGVB’s nie ’n wetlike vereiste is nie, word BGVB’s ook nie gereguleer nie. BGVB’s ontvang gewoonlik indiensopleiding vir ’n spesifieke werkplek. Die gebrek aan regulering en formele opleiding is nog ’n groot leemte in dié beroepsrigting. Veiligheid en gesondheid, ook by die werk, is ’n noodsaaklike bestanddeel van ’n normale samelewing. Die funksie van ’n BGVB is baie omvattend en die verantwoordelikheid vir
veiligheid en gesondheid by die werkplek kan nie slegs aan die BGVB toegedeel word nie. Die beginsels van gesondheid en veiligheid behoort op elke vlak van opleiding, selfs skoolvlak, ingesluit te word sodat dit ’n leefwyse word. Solidariteit is die enigste vakbond in die land met ’n afdeling wat hom toespits op die hantering van eise vir beroepsbeserings en -siektes en die beskerming van werknemers.
Voldoen my werk aan die standaarde?
Werkplekke met meer as twintig werknemers is wetlik verplig om beroepsgesondheids- en -beroepsveiligheidsverteenwoordigers te verkies. Indien jy twyfel of jou werkplek aan al die vereistes van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid voldoen, kan jy ’n e-pos met jou navraag na diens@solidariteit.co.za stuur. • Also read the article on the benefits of the mining industry on page 34 as well as Solidarity’s take on mine safety on page 35. S
Foto: iStockphoto.com
Wat doen ’n BGVB?
BGVB’s beskik oor spesialiskennis wat werkgewers nie net help om hulle verantwoordelikhede ten opsigte van die wet na te kom wanneer daar ’n voorval by die werk is nie, maar help ook om voorkomende maatreëls in te stel om beserings en siektes by die werk te voorkom. BGVB’s se primêre taak is om bedreigings en risiko’s by ’n werkplek te identifiseer en te evalueer en dan stappe te neem om die bedreiging of risiko uit te skakel of minstens te verminder en te beheer. Die BGVB moet ook gereeld aan die bestuur verslag doen oor veiligheid in die werkplek, as getuie optree in litigasie oor beroepsgesondheids- en beroepsveiligheidsvoorvalle by die werkplek www.solidariteit.co.za • 01/2012
31
bedryfsnuus
Eurokrisis kan SA ook in pekel dompel
Vir die gemiddelde Suid-Afrikaner is Europa die tuiste van pasta, bulgevegte, opera en rykes se vakansiebestemming. Vra jy egter mense se mening oor die Europese skuldkrisis, is talle bykans onbewus hiervan of die uitwerking wat dit op werkskepping en werksekerheid in Suid-Afrika kan hê.
V
Foto: iStockphoto.com
Deur Ilze Nieuwoudt olgens Piet le Roux, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is die spreekwoordelike wortel van die kwaad in hierdie krisis geleë in die feit dat die meeste Europese lande aan die Europese Sentrale Bank (ESB) gekoppel is. Hoewel bykans elke land in Europa spandabelrig met hulle geld te werk gegaan het, is daar ’n paar lande wat groter sondaars is. Dit sluit in Griekeland, Italië, Portugal, Spanje en Ierland. Aangesien die meeste lande in die Europese Unie deur die Euro aan mekaar verbind is, boet elkeen in die unie op die een of ander manier vir die swak besluite van sy ander vriende in die unie.
Wat is ’n skuldkrisis?
’n Skuldkrisis is wanneer ’n regering soveel skuld aangegaan het dat die terugbetaling en rente op die skuld jaarliks meer is as die inkomste wat die regering uit belasting kan kry.
Hoe ervaar Europeërs die krisis?
Hoe meer skuld die lande aangaan, hoe meer geld word eindelik deur die ESB geskep, en hoe meer geld gedruk word, hoe meer verloor geld sy waarde. Dit kom dus daarop neer dat alle Europeërs, ongeag of hulle Grieke, Iere of Duitsers is, ervaar dat hulle geld minder beteken en hulle daarom op dié manier verarm deur inflasie.
“Die middelklas kry tans baie swaar,” verduidelik Le Roux.“Alle gebruikers van Euro’s betaal nou eintlik vir hierdie skuldkrisis, maar die middelklas voel dit die meeste.
Wat is die oplossing?
Le Roux reken dat die krisis waarskynlik nog vir ’n ruk lank sal voortduur. “Die ESB en ander monetêre beheerorganisasies soos die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) sal in die tussentyd waarskynlik steeds voortgaan om hulppakkette aan sukkelende lande uit te deel, maar dit sal net tot gevolg hê dat die krisis meer en meer sal verdiep,” sê hy. In kort moet die lande bankrot speel, reken Le Roux.“Ek sê nie bankrotskap móét gebeur nie – dit het kláár gebeur. ’n Deel van die houers van staatskuld (oftewel staatseffekte), soos banke, se bates sal afgeskryf moet word en die volle omvang van die krisis sal bloot in die openbaar moet kom.” Voorts meen Le Roux dat monetêre desentralisasie in Europa sal moet plaasvind.“Kwessies soos oop handelskanale tussen die lede van die EU is egter steeds nodig en moet voortgesit word. Dit is belangrik aangesien dit in der waarheid die voorwaarde vir herstel is,” sê Le Roux.
Suid-Afrika en die skuldkrisis
Omdat van Suid-Afrika se grootste handelsvennote in Europa gesetel is en nagenoeg ’n derde van alle vervaardigde produkte wat in SuidAfrika vervaardig word deur Europa opgeraap word, sal hierdie krisis ook ’n regstreekse uitwerking op produksie in Suid-Afrika hê. Daarbenewens sal die Europese ekonomie na verwagting met 0,5% inkrimp. Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal voorts weens die krisis vanjaar na verwagting met minder as 3% groei, wat sal beteken dat werkskepping en werksekerheid onder geweldige druk sal kom. • Suid-Afrikaanse werknemers kan hulself staal vir swaar tye. Sluit vandag nog by Solidariteit aan en kry ware werkbeskerming! Skakel 0861 25 24 23 vandag nog! S 32
01/2012 • www.solidariteit.co.za
Bellville
Despatch
• Solidariteit se loononderhandelings by Ashton & Langeberg Foods, waarby Solidariteit die meerderheid lede verteenwoordig (350 lede), verloop steeds traag weens die werkgewer se voorgestelde beperkings. • Solidariteit het onlangs ’n loonverhoging van 7,5% by Jonkheer-wynlandgoed onderteken, asook ’n erkenningsooreenkoms by Montagu Dried Fruit and Nuts, en verteenwoordig nou al die lede by laasgenoemde maatskappy.
• Solidariteit het ’n positiewe uitkoms met afleggings by Bridgestone se Port Elizabethtak gehad. Uit die 217 beplande afleggings is net 30 poste uiteindelik in die proses geraak. • Solidariteit het verneem dat Dana Spicer se Axles-afdeling werknemers met korttydafleggings huis toe moes stuur. Solidariteit is genooi vir ’n konsultasieproses. Volgens die maatskappy is die landwye tekort aan gas en die hoë invoerpryse die rede vir die korttyd.
• Solidariteit is tans besig met loononderhandelings by Bloempsych se Optima M-Carehospitaal vir persone met gestremdhede en sal binnekort die proses hier afhandel.
• Solidariteit het afleggings by twee Village Main Reef-myne heeltemal afgeweer. • Loononderhandelings in die Graanbedingingsraad het vroeg in Januarie afgeskop. Onderhandelings hier word namens lede by van die land se grootste landboumaatskappye (insluitend NTK, NWK, Suidwes, Senwes en OVK) behartig. • Solidariteit skop reeds vroeg met loononderhandelings in die mediese bedryf af. Onderhandelings sal vanjaar by onder andere die Matlosana-hospitaalgroep, Netcare en Medi-Clinic aangepak word.
Bloemfontein
Boksburg
• Die vakbond het onlangs ’n artikel 189kennisgewing van Scaw Union Junction, ’n entiteit van Scaw Metals, ontvang waardeur 148 werknemers geraak sou word. Die saak se positiewe vordering het tot gevolg dat slegs 20 poste nou geraak word. • Solidariteit het onlangs ’n kollektiewe ooreenkoms by Atlas Copco onderteken. • Solidariteit het onlangs drie vereistes aan die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) voorgehou as deel van die vakbond se voorlegging in die openbare verhore oor die ontbondeling van die plaaslike telekommunikasienetwerk. • Die Universiteit van Johannesburg het ’n ondersoek gelas na die ongewenste trappery tydens ’n laataansoekdag by die universiteit vroeg in Januarie. Lede by die universiteit is erg getraumatiseer, maar sê dat die universiteit die situasie goed hanteer het.
Carletonville
• Solidariteit-organiseerders is in die pylvak met die samestelling van ’n erkenningsooreenkoms by Goldfields se Kloof Driefontein Consol (KDC). Ingevolge voorskrifte is Solidariteit verplig om 20% van die lede in die bedingingseenheid te verteenwoordig.
•
• •
Klerksdorp
Polokwane
• Solidariteit het ’n loonverhoging van 6% by Cons Murch aanvaar. Daarbenewens sal ’n 1,5%-verhoging in Maart ingestel word, terwyl werknemers se vakansieverlofvoordeel ook verbeter is tot 21 werkdae se verlof. • Solidariteit begin eersdaags met loononderhandelings by die Kokanje-aftreeoord in Modimole (Nylstroom).
Pretoria
• Solidariteit het ’n loonooreenkoms met Rheinmetall Denel Munition (RDM) onderteken. ’n Verhoging van 5,5% op die werknemers se totale pakket is aanvaar. • Solidariteit ontmoet eersdaags Denel se nuwe hoof, Riaz Saloojee.Talib Salib het einde Januarie uit sy pos as uitvoerende hoof van die Denel-groep getree. • Solidariteit begin eersdaags met loononder-
•
bedryfsnuus
Só woeker vakbond regdeur die land
handelings by Denel se Overberg-toetsbaan (OTB). Die staatsinligtingstegnologieagentskap (Sita) is besig met ’n herstruktureringsproses en moontlike afleggings kan hier plaasvind. Die organisasie gee egter nie duidelike terugvoer aan die vakbond nie. Solidariteit ondersoek tans die proses. Solidariteit veg steeds voort teen die moontlike afleggings by die papiervervaardiger Sappi. Solidariteit het die arbitrasiesaak teen die Landbounavorsingsraad (LNR) gewen. Ingevolge hierdie oorwinning is die LNR verplig om voor 31 Maart vanjaar ’n salarisopname wat in 2011 gedoen is aan Solidariteit beskikbaar te stel. Die opname bevat kritieke inligting rakende werknemers by die LNR se salarisse (lees meer op bladsy 40). Necsa het aan lede bekendgemaak dat vrywillige skeidingspakkette daargestel sal word, maar geen verdere inligting is tot dusver ontvang nie. Solidariteit ondersoek die saak.
Vaaldriehoek
• Solidariteit het ’n artikel 189-kennisgewing van Independent Wire in Vereeniging ontvang. Teen Oktober is reeds drie voorafvergaderings gehou. Die werkgewer het alle alternatiewe wat voorgestel is egter verwerp. Meer as 220 werknemers kan deur hierdie proses geraak word. • Solidariteit se kommunikasie-, chemiese en professioneledienstebedryf het einde verlede jaar sy nuwe bedryfsraad vir die Vaaldriehoekdistrik verkies. Die ses verteenwoordigers is Frikkie Lambrecht, Rita van der Westhuizen, Hendrik Smal, George de Beer, Johan van Tonder en Christo Griesel. • Benewens dat alle afleggings by Vereeniging Refractories afgeweer is, is ’n loonverhoging van 5% vroeg vanjaar vir werknemers van dié maatskappy ingestel.
Witbank
• Solidariteit het ’n 7,5%-loonooreenkoms met Anchor Coal, terugwerkend vanaf 1 Augustus 2011, onderteken. • ’n Volledige lys met Solidariteit se dienskantore en kontakbesonderhede verskyn op bladsy 72. S www.solidariteit.co.za • 01/2012
33
industrynews
A look at the benefits of the mining industry
In times when talk of nationalisation is commonplace and the wealthy are often held in low regard, it is not uncommon for the mining industry to be heavily criticised. This leads to the sentiment that the mining industry benefits only a few owners who are already wealthy, that it does not create enough job opportunities, and that it is responsible for ecological ruin, an undermining of community vitality and a number of other problems.
S
By Chris du Plessis
uch a one-sided and often inaccurate treatment obscures the modernisation and wealth creating effects of an industry which forms the foundation of our standard of living. Since it is in Solidarity’s interest to have a win-win relationship with mining companies, the Solidarity Research Institute (SRI) undertook a brief study to serve as a reminder of the benefits of the mining industry.
521 000 job opportunities
Workers in the mining industry represent more than 6% of formally employed South Africans and the industry was one of the fastest to recover in terms of employment numbers after the 2008 global economic recession.Through Employee Share Ownership Schemes (ESOPs), many mining companies started sharing the profits previously reserved for employers with the employees by giving them shares as an incentive.
Community development
Five of South Africa’s biggest mining companies’ Corporate Social Investment (CSI) programmes were estimated to be close to R1,2 billion in value over the last five years. (CSI is often described as a company giving back to the community from which it gets it employees – sometimes also seen as making an investment from which they will reap rewards in future.) CSI includes investments in educational projects in the mining community as well as in infrastructure like roads, schools, hospitals and community centres. It also includes sponsorships of various arts and cultural and sports activities.
Photograph: iStockphoto.com
‘The people’ are shareholders
34
Casting the net wider, research showed that almost 42% of all shares in listed South African mining companies belong to pension and provident funds, managed by institutional investors on behalf of around 6,5 million formally employed South Africans. In a very real sense, thus, South Africans from the working class are – through collective investment instruments – 01/2012 • www.solidariteit.co.za
owners of mining companies who benefit from share price appreciation and dividend yields.
Funding programmes through tax
Taxation of citizens and corporate entities is one of the primary means by which governments finance their expenditure. One of the most important reasons taxes are said to be collected, is to finance public infrastructure and services.The total amount of companies tax paid by five of South Africa’s largest mining companies in 2010 was R3.3 billion. In some years, income from taxation was as high as R8 billion.The R3.3 billion contribution in 2010 was enough to finance the Department of Environmental Affairs’s entire 2010/11 budget, as well as 50% of the budget for Land Restitution.
Mining’s knock-on effect in the economy
The products of the mining industry are everywhere around us. Raw materials first produced by the mining industry are found in refined form in every computer, book, house, car, hospital, school and so forth. Mining companies have created wealth and enriched the lives of millions of people all over the world, irrespective of whether they share in its ownership or not. Solidarity believes in a mutually beneficial relationship between employer and employee. Our members in the mining industry – through the value they add – and their employers both deserve credit for their achievements. We look forward to a simbiotic relationship through the value we add in what seems to be turbulent times ahead. S
Uitgawe1 p27-50:Layout 1
2/19/12
10:10 AM
Page 35
S
Deur Cilleste van der Walt
olidariteit heg baie waarde aan sy verteenwoordigers wat elke dag die direkte skakel tussen die vakbond en sy lede is. Dié skakel dra reeds die afgelope 110 jaar tot die welslae van die vakbond by en daarom sal daar vanjaar weer ekstra aandag aan die opleiding van verteenwoordigers gegee word. Die vakbondverteenwoordiger is ’n Solidariteit-lid wat deur ander lede van dié vakbond tot verteenwoordiger verkies word vanweë sy of haar leierseienskappe en die vertroue wat tussen hom of haar en die res van die lede in sy of haar werkomgewing bestaan. Vakbondverteenwoordigers het die uiters verantwoordelike taak om vakbondlede se regte elke dag te beskerm. Vanjaar sal opleiding weer gegee word om alle verteenwoordigers beter toe te rus en sodoende diensvlakke aan vakbondlede te verhoog. Gerhard Ceronie, Solidariteit se hoof van bedryfsopleiding en ontwikkeling, sê opleiding is van kardinale belang. “Elkeen van ons verteenwoordigers het die wil om hulle beste vir ons lede te gee en met die regte opleiding kan hulle sake wat na hul kant toe kom van die begin af korrek hanteer, wat weer groot sukses vir die lid én die vakbond kan beteken.” Opleiding dek ’n wye spektrum van onderwerpe, van sekere relevante arbeidswetgewing en hoe om dit doeltreffend toe te pas tot kommunikasievaardighede om ’n situasie beter te interpreteer en te verstaan asook onderhandelingsvaardighede. “Daarbenewens probeer ons om al meer rolspelsituasies by die opleidingsessies in te sluit. Dit is amper soos ’n praktiese uitvoering van dit wat geleer is,” verduidelik Ceronie.
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
Waarmee kan ’n verteenwoordiger help? • Ondersteuning: ’n Mens dink gewoonlik eerste aan werkprobleme, maar ’n verteenwoordiger help soms met baie meer. • Griewe: As jy voel jou werkgewer het onbillik opgetree of dat die werkomstandighede swak is. • Dissiplinêr: Klein of groot sake. • Opleiding: Jy kan hulle nader om uit te vind
hoe jy verder kan leer of opleiding ontvang. • Advies: ’n Verteenwoordiger kan help om die nodige inligting te verskaf. • Kanaliseer: As daar iets is waarmee ’n verteenwoordiger nie kan help nie, sal hy of sy jou na die regte persoon kan verwys.
Waarom is opleiding nodig?
“Die opleiding begin altyd deur te vra:‘Hoekom is ek hier?’,” vertel Ceronie. Die antwoord is maklik: “Verteenwoordigers word opgelei om daardie spesiale leierseienskappe waaroor hulle reeds beskik, te ontwikkel. Die opleiding wat ons gee, is bloot om hulle met die kennis en vaardigheid toe te rus wat hulle nodig het om ’n sukses te maak van alles wat hul aanpak.” S
Veiligheid eerste, nie winsteikens
bedryfsnuus
Kennis is mag vir vakbond se verteenwoordigers
Solidariteit verwelkom die voorgenome ondersoek deur die departement van minerale hulpbronne oor die implementering van artikel 54-bevele, ingevolge waarvan die myninspektoraat ’n myn tydelik ná ’n mynsterfte of -ongeluk kan sluit, maar beklemtoon dat die maatreëls en riglyne vir die uitreiking van hierdie sluitingsbevele onder geen omstandighede verslap kan word nie. Volgens die vakbond moet die departement die ondersoek op die korrekte toepassing van die Wysigingswet op Mynveiligheid en Gesondheid deur inspekteurs toespits, en waak teen die verslapping van maatreëls wat werknemers in die mynbedryf se lewens in gevaar kan stel. Volgens adv. Paul Mardon (foto), hoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, sal dit uiters onverantwoordelik wees om die vasgestelde maatreëls wat die uitreiking van ’n artikel 54-bevel bepaal, te verslap. “Danksy die streng toepassing van artikel 54 het mynsterftes die afgelope paar jaar drasties afgeneem. Dit is egter wel waar dat die onbillike uitreiking van ’n artikel 54-bevel tot niemand se voordeel is nie, aangesien myne se volhoubaarheid en werksekerheid daardeur beïnvloed kan word. Die klem moet dus op die korrekte uitvoering van artikel 54 geplaas word,” het Mardon gesê. Solidariteit het benadruk dat maatskappye wat nie hulle verantwoordelikhede ten opsigte van beroepsgesondheid en -veiligheidstandaarde nakom nie, onder meer deur artikel 54 gedwing kan word om dit te doen. “Mynmaatskappye wat groot verliese ly as gevolg van swak mynveiligheidstandaarde, het net hulleself om te blameer. Daar kan nie ’n prys op mynveiligheid geplaas word nie,” het Mardon bygevoeg. S www.solidariteit.co.za • 01/2012
35
bedryfsnuus
Gestremde wittes uit regstelaksie geskop
W
Foto: iStockphoto.com
Deur dr. Dirk Hermann
36
it mense met gestremdhede gaan nou finaal uit regstellendeaksie-prosesse geskop word, het Solidariteit gesê. Volgens Solidariteit sal die jongste voorgestelde wysigings aan die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB-wet) tot die weglating van wit mense met gestremdhede uit die Wet op Gelyke Indiensneming se definisie van die aangewese groep lei. Solidariteit het in ’n voorlegging aan Rob Davies, minister van handel en nywerheid, gevra dat wit mense met gestremdhede ingesluit word in alle vorme van bemagtiging wat ten doel het om onbillike diskriminasie aan te pak. Solidariteit wil die neiging om wit mense met gestremdhede al meer uit bemagtiging te sluit, stuit en het derhalwe aangedring dat dié groep by alle definisies in wetgewing wat bemagtiging reguleer, ingesluit moet word. Geleentheid vir kommentaar op die voorgestelde wysigings aan die BBSEB-wet het in Februarie gesluit. Wit mense met gestremdhede is tans wel deel van die definisie van die aangewese groep in die Wet op Gelyke Indiensneming wat regstellende aksie reguleer, maar is reeds nie meer deel van die definisie van die aangewese groep
01/2012 • www.solidariteit.co.za
in die BBSEB-wet nie. Ingevolge die nuwe wysigings dra die definisie in die BBSEB-wet meer gewig en dit sal geld indien daar enige spanning tussen die twee wette se definisies van die aangewese groep ontstaan. In praktyk beteken dit dat indien ’n maatskappy ’n werklose wit persoon met ’n gestremdheid in diens neem, die maatskappy nie punte vir sy swartbemagtigingstelkaart sal kry nie. Indien die maatskappy eerder ’n welvarende, nie-gestremde swart persoon in diens neem, sal dit ingevolge die BBSEB-wet punte vir die aanstelling verdien. Indien ’n wit persoon met ’n gestremdheid die maatskappy ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming hof toe vat, sal die BBSEB-wet se definisie van die aangewese groep, wat wit mense met gestremdhede uitsluit, geld. Hierdie voorgestelde wysiging van die BBSEB-wet volg ’n regulasie van die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid wat wit mense met gestremdhede uit die definisie van die aangewese groep laat, wat in Desember 2011 aanvaar is. Ingevolge die betrokke regulasie sal die aangewese groep volgens die definisie daarvan in die BBSEB-wet bepaal word en dit sluit wit mense met gestremdhede uit.
Die staat het wit mense met gestremdhede dus reeds in Desember verlede jaar uit bemagtigingswetgewing geskop. Mense met gestremdhede is deel van die benadeelde groep op grond van hulle gestremdheid en nie op grond van hulle ras nie. Die paradoks is nou dat wit mense met gestremdhede uit die definisie van die aangewese groep gehaal word op grond van hulle ras en nie hulle gestremdheid nie. Swart mense met gestremdhede bly egter deel van die bevoordeelde groep en daar word spesiale voorsiening vir hulle gemaak op grond van hulle gestremdheid. Ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming se kode vir goeie praktyk oor die indiensneming van mense met gestremdhede word daar nie onbillik teen gestremdes gediskrimineer op grond van hulle ras nie, maar weens onkunde en stereotipes oor mense met gestremdhede. Onbillike diskriminasie geld net so sterk vir wit as vir swart mense met gestremdhede. Die uitsluiting van wittes uit bemagtiging maak van Suid-Afrika se bemagtigingsproses ’n rasseproses en nie ’n bona fide teendiskriminasieproses nie. • Dr. Dirk Hermann is adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. S
S
Deur Moira-Marie Kloppers
olidariteit het pres. Jacob Zuma in Februarie 47 uit 100 vir sy staatsrede gegee. Die vakbond het dié beoordeling gegrond op ’n puntetoekenning vir 10 kritieke kwessies wat geïdentifiseer is. Dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het Zuma se eerlike erkenning van talle krisissituasies waaronder die land tans gebuk gaan, soos misdaad, werkloosheid en elektrisiteitstekorte, verwelkom.“Dit was ook goed om te hoor dat die president erken dat munisipale dienslewering steeds nie op ’n gewenste vlak is nie.Ten opsigte van misdaad, vaardigheidstekorte en die druk op die regte van minderhede in Suid-Afrika het Zuma met geen noemenswaardige nuwe oplossings vorendag gekom nie.” Solidariteit het ook sy teleurstelling uitgespreek met Zuma se gebrekkige standpunt oor
Rapport
Misdaad Elektrisiteitsvoorsiening derhede Kulturele vryheid vir min erwys ond en Vaardigheidstekorte g Nasionaliserin Korrupsie Dienslewering nsformasie Regstellende aksie en tra Infrastruktuur Ekonomie TOTAAL
4 5 3 6 3 6 5 2 7 6
47
nasionalisering en ander diepgaande staatsinmenging, veral in die mynbedryf. “Die kwessies van nasionalisering en staatsinmenging het
reeds in die afgelope paar jaar opspraak verwek en ernstige kommer onder belanghebbendes, veral in die mynbedryf, veroorsaak.” Solidariteit meen dat die president sy ekonomiese benadering anker in die idee dat die staat die sentrale rolspeler in die ekonomie moet wees, met die uiteindelike doel om gelyke uitkomste, eerder as gelyke wegspringplekke, te verseker. Ten spyte van Zuma se mooi voornemens, meen die vakbond dat hierdie ekonomiese benadering tot groter armoede, eerder as groter welvaart, lei. “Ons verwelkom die president se planne om groot infrastruktuurprojekte aan te pak, maar is bekommerd oor die groot klem op bemagtiging eerder as die ontwikkeling van Suid-Afrikaners deur opleiding sodat merieteaanstellings moontlik gemaak kan word,” het Hermann gesê. S
bedryfsnuus
Zuma dop Solidariteit se staatsrede-toets
promosie
Is jy een van dié 2,5 miljoen mense?
M
eer as 2,5 miljoen mense kan voordeel trek uit die surplusuitbetaling van R27 miljard van die metaal- en ingenieursbedryf se aftreefondse, die Ingenieursindustrieë Pensioenfonds (EIPF) en die Metaalindustrieë Voorsorgfonds (MIPF). Jy kan een van hulle wees!
Wie kan voordeel trek?
• Voormalige lede wat van 1 Mei 1991 tot 31 Maart 2008 lede van die MIPF was. • Voormalige lede wat van 1 Januarie 1980 tot 31 Maart 2008 lede van die EIPF was. • Persone wat aktiewe lede op 31 Maart 2008 was. • Pensioenarisse wat op 31 Maart 2008 lede van die EIPF was. • Lede wat op 31 Maart 2008 nog voordele in die fonds gehad het wat nog nie uitbetaal is nie. Ongelukkig kan geen voormalige lede of pensioenarisse wat voor of op 31 Maart 2008 oorlede is, of lede wat eers ná 1 April 2008 by die fonds aangesluit het, voordeel uit die surplusverdeling trek nie.
Kwalifiseer ek?
As jy wonder of jy wel voordeel uit hierdie surplusverdeling kan trek, moet jy die MIBFAnavraaglyn by 0861 50 44 55 skakel. Sodra dit bevestig is dat jy wel vir die uitbetaling in aanmerking kom, moet jy registreer. Besoek die webtuiste www.mibfasurplus.co.za vir meer inligting oor die surplusverdeling.
Foto: iStockphoto.com
58%
38
van Suid-Afrikaners moet, nadat hulle aftreeouderdom bereik het, aanhou werk omdat hulle nie genoeg geld vir hul oudag gespaar het nie. 01/2012 • www.solidariteit.co.za
Frequently asked questions Q: When can I expect to be paid? A: The following processes need to be completed before payments can commence: • The 12-week period for objections ended on 31 July 2011. • Any objections were properly considered and the final surplus scheme documentation was completed and lodged with the Registrar in August 2011. • The scheme was approved by the Financial Services Board on 30 November 2011.We expect that payments will commence in May 2012. • The payments will be a long process, due to the number of payments to be made. (We estimate that approximately 1 million payments need to be made.)
Q: What is the surplus? A: The surplus in a fund is the excess of the assets over the money owed to members, in terms of the rules, and after allowance for special contingency reserves as allowed by the Pension Funds Act. Q: If I qualify, how much is my surplus? A: The calculations for the distribution of the surplus were done on an individual basis, based on the information as supplied by MIBFA, as at 1 April 2008.These calculations may need to be revised, if it turns out that the information supplied by MIBFA was incorrect. After members have registered, their details will be checked, and they will only then be supplied with an individual surplus statement.
Surplus Apportionment & DataVerification Exercise Due to amendments to the Pension Funds Act in 2007, you may be eligible for a payment. MIBFA would like anyone who is a member, a pensioner or a former member of the funds (or their predecessor funds) to contact them to ensure that they have on record the correct contact details of all members. MIBFA is also taking this opportunity to find and pay any former members who did not take their benefits which were entitled to them upon leaving the industry.
HAVE YOU WORKED IN THE METAL INDUSTRIES? ARE YOU OR WERE YOU A MEMBER OF THE: • Metal Industries Provident Fund (MIPF) • Engineering Industries Pension Fund (EIPF)
Then you need to contact MIBFA! Have the following on hand when contacting MIBFA: • Identity number (new and old); • Postal and home address; • Contact telephone number and/or cellphone number; and • Documents such as a benefit statement, a membership card or a salary slip.
0861 50 44 55 www.mibfasurplus.co.za
There is no registration fee to contact MIBFA.You are advised not to pay any third parties to assist you in replying to the funds. The entire process is expected to take at least 18 months to complete. Membership or former membership of one of these funds does not necessarily mean you will be entitled to benefit from the funds.
bedryfsnuus
Regsafdeling beding R250,5 m namens lede Deur Cilleste van der Walt
LNR moet sê oor salarisse
D
Foto: Dawid Brand
Deur Grietjie Swanepoel
40
ie vreugdevure brand hoog nadat Solidariteit die uitgerekte arbitrasiesaak teen die Landbounavorsingsraad (LNR) gewen het. Die beslissing wat by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gemaak is, verplig die LNR om voor 31 Maart 2012 ’n salarisopname te doen wat kyk na die markverwantheid van LNR-werknemers se salarisse, en die bevindings van dié opname aan Solidariteit beskikbaar te stel. Hierdie verslag sal eindelik gebruik word in vanjaar se loononderhandelings by die LNR en sal ’n kritieke maatstaf vir die onderhandelings wees. Die LNR het loononderhandelings verlede jaar vertraag deur die bevindings van die verslag wat oor die markverwantheid van salarisse handel, te weerhou. Solidariteit het die KVBA genader om die geskil oor die beskikbaarstelling van die navorsing te besleg.Ten spyte van die feit dat die KVBA destyds reeds beveel het dat die verslag beskikbaar gestel moes word, is dit nie gedoen nie. Hierna het Solidariteit hom tot die arbeidshof gewend sodat die hof die LNR kon dwing om die nodige inligting aan Solidariteit te gee. Die kennisgewing van die hofbevel is op 30 Junie verlede jaar op die LNR beteken en
01/2012 • www.solidariteit.co.za
hierna het die maatskappy tien werkdae gehad om daaraan gehoor te gee of dit teen te staan. Solidariteit het later nog opponerende dokumente by die arbeidshof ingedien nadat die LNR sy opponerende stukke op 13 Julie ingedien het. Die arbeidshof het bevind dat die LNR nie die ooreenkoms eerbiedig het nie, en die saak is na die KVBA terugverwys. Op 1 Desember verlede jaar het die saak toe by die KVBA voorgekom nadat die LNR geweier het om ’n interne geskilvergadering by te woon. Volgens Schalk de Bruin is hy verheug oor die beslissing van die KVBA.“Hierdie verslag is onontbeerlik vir vanjaar se onderhandelings en sal tot talle lede se voordeel strek. Ons sien uit na vanjaar se onderhandelings by die LNR en sal nou die nodige ammunisie hê om te verseker dat die beste loonooreenkoms hier gesluit word,” verduidelik De Bruin. Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 950 kundige navorsers en landboutegnici by die LNR. Die LNR is in 1999 gestig om navorsingsen ontwikkelingsprojekte te onderneem met die doel om nuwe tegnologie in die landboubedryf bekend te stel sodat die bedryf op ’n volhoubare manier ’n groter bydrae tot voedselsekerheid in Suid-Afrika kan lewer. S
Werkbeskerming is heel bo aan Solidariteit se lys van prioriteite, maar die vakbond werk ook hard om gunstige uitkomste bo en behalwe beskerming vir lede te verseker. Verlede jaar se regswelslae is ’n bewys van Solidariteit Regsdienste se toewyding aan lede en hulle beswil, met meer as R250,5 miljoen se “geskenke” wat in die vorm van eise aan lede teruggee is. Solidariteit se regsafdeling het verlede jaar geskiedenis gemaak met hierdie rekordbedrag wat as toekennings in regsake namens Solidariteit-lede beding is. Dié toekennings bestaan uit meer as R206,5 miljoen se vergoeding ten opsigte van beroepsgesondheid-en-veiligheidseise en nagenoeg R47 miljoen se toekennings wat in arbeidshofsake en algemene litigasie beding is. Dié toekennings is nie net ’n oorwinning vir die lede nie, maar ook vir Solidariteit. Die vakbond beskik oor ’n uiters bekwame regspan van meer as 30 regskenners wat arbeidsake voltyds namens lede hanteer. Dié regspan, die grootste vakbondregspan in die land, se toegewyde hantering van lede se sake is vir dié welslae verantwoordelik. Solidariteit se regspan is goed bedrewe in die hantering van arbeidskwessies namens lede. Kundiges op die gebied van beroepsgesondheid en -veiligheid, algemene litigasie en arbeidsregtelike aangeleenthede het verlede jaar honderde lede se sake behartig. Die vakbond se kundiges in algemene litigasie en arbeidsregtelike aangeleenthede het in 2011 soveel as 123 dissiplinêre verhore, 358 konsiliasies, 280 arbitrasies, 418 arbeidshofkonsultasies, 36 hofverskynings en 14 voorverhore by die arbeidshof hanteer. Solidariteit behartig op enige gegewe tydstip sowat 2 500 sake namens lede, uitgesonder groot kollektiewe geskille. S
inbeweging
jy & die Reg
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.
deur Phil Davel
Wat is my regte tydens ’n werksonderhoud?
Moet jy tydens ’n werksonderhoud openbaar dat jy swanger is? Of is jy verplig om te noem dat jy voorheen vir oneerlikheid ontslaan is? Na aanleiding van hierdie en soortgelyke vrae van ons lede, het dit duidelik geword dat dit nodig is om die regte van die werkgewer en die aansoeker tydens ’n werksonderhoud in perspektief te plaas. Veral watter inligting die aansoeker verplig is om tydens ’n onderhoud te verstrek.
Foto: iStockphoto.com
D
42
ie algemene aanvaarde reël is dat ’n werkgewer die reg het om ’n werksaansoeker vrae tydens ’n onderhoud te vra wat eerlik en opreg beantwoord moet word. Daar rus dus ’n verpligting op die aansoeker om nie valse inligting te verskaf nie en ook nie inligting te weerhou wat, indien die werkgewer daarvan bewus was, daartoe sou lei dat die werkgewer nie die aansoeker sou aanstel nie. (In Kontraktereg word hierdie gevalle dwaling, wanvoorstelling of misleiding genoem, wat ’n kontrak tot nietigverklaring kan stel.) Die werkgewer is dus geregtig op akkurate inligting wat belangrik is in die besluit om ’n werksaansoeker aan te stel of nie. Daar rus ’n algemene en gemeenregtelike plig van goeie trou teenoor die werkgewer op aansoekers, wat vertroue en eerlikheid insluit. Dit beteken dat werksaansoekers nie die werkgewer tydens hul onderhoud mag mislei oor onder meer kwalifikasies waaroor hulle nie beskik nie, vervalsing van getuigskrifte of akademiese sertifikate of om inligting oor kriminele skuldigbevindings of dissiplinêre aksies of ontslag te weerhou nie. In die saak van Evans v Protech (2002 7 BALR 704) het die werksaansoeker haar werkgewer mislei deur valslik voor te gee dat sy ’n gekwalifiseerde haarkapster is. Nadat die werkgewer haar op grond van dié valse inligting in diens geneem het, het hulle van die waarheid bewus geraak en haar ontslaan. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het bevind dat dit nie regverdigbaar is dat sy tydens die werksaansoek en onderhoud die werkgewer bedrieg het nie. Haar oneerlikheid het die vertrouensverhouding verbreek. Hoewel wetgewing duidelik bepaal wie ’n werknemer is, is dit nie altyd so eenvoudig nie – soos wat die saak van Wyeth SA Pty Ltd v Manqele bewys het. Ingevolge artikel 213 van die Wet op Arbeidsverhoudinge is ’n werknemer iemand 01/2012 • www.solidariteit.co.za
Wees op die uitkyk vir dié diskriminasie Soos in die geval van die vraag oor swangerskap, is daar uitsonderings op die reël, veral waar die vrae nie met die werksaansoek en operasionele vereistes van die werk verband hou nie en persoonlik van aard is. Artikel 6, saamgelees met artikel 9 van die Wet op Gelyke Indiensneming, is in dié geval van toepassing, wat diskriminasie teen werksaansoekers op arbitrêre gronde soos onder meer ras, geslag, swangerskap,
wat vergoeding ontvang, of geregtig is om vergoeding te ontvang, vir werk wat hy vir iemand anders, of die staat doen. Dit sluit ook persone in wat op enige wyse help om ’n besigheid van ’n werkgewer voort te sit of te bedryf. Onafhanklike kontrakteurs is egter hierby uitgesluit. Maar die hof het in Wyeth SA Pty Ltd v
huwelikstatus, familieverantwoordelikheid, MIV-status en andere verbied. ’n Werkgewer kan dus nie teen ’n werksaansoeker diskrimineer bloot omdat sy swanger is nie. Dit sal onbillike diskriminasie wees en sulke gevalle kan na die KVBA verwys word. ’n Kundige arbeidskonsultant en/of prokureur moet verkieslik aangestel word om onder meer indiensnemingsprosedures en dienskontrakte op te stel. Manqele (2005 6 BLLR 523) bevind dat Manqele ’n werknemer geword het die oomblik toe die dienskontrak met hom gesluit is, selfs al het hy nog nie begin werk nie. Dit beteken dat ’n werknemer wat voortgaan om die werkgewer ná die sluiting van ’n dienskontrak te mislei, aan ’n vertrouensbreuk skuldig kan wees. S
kry die krag van die WET aan jou kant – 24 uur per dag X
REGSHULPVERSEKERING UNIEKE KENMERKE*
• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R35 000 per jaar. • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie.
Prokureur tot jou diens teen slegs R70 per maand!* aksent media • 082 445 4513
* Bepalings en voorwaardes geld
Geadministreer deur Legal X, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste (FSP-nommer: 5277)
0861 765 734 Skakel ons vandag nog by
in Beweging
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
SAPD-helde met toekennings vereer
’n
Foto’s: Deaan Vivier, Sonja van Buul, Bongiwe Gumede, Cornel van Heerden (Beeld), en verskaf deur sers. Soutie Pieterse
Deur Moira-Marie Kloppers
44
Polisieheld is ’n spesiale soort mens. Ware polisiehelde is nie bullebakke wat op ’n geharde, onsimpatieke manier vrees inboesem en met flitsende blou ligte gesag probeer afdwing nie. ’n Polisieheld is iemand met ’n diepgewortelde liefde en passie vir mense. Dit is daardie passie wat hulle dryf om die ekstra myl te loop, selfs as dit hul eie lewe op die spel plaas. Solidariteit het op nasionale polisiedag, wat op Vrydag, 27 Januarie gevier is, Sterre in die Gemeenskap-toekennings aan vyf ware polisiehelde oorhandig en daardeur beklemtoon dat dit belangrik is om polisielede soos dié te beloon en te motiveer sodat jong polisielede hulle voorbeeld kan volg en dit die publiek se vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) kan verbeter. Solidariteit ken jaarliks Sterre in die Gemeenskap-toekennings aan mense toe wat ’n besondere bydrae tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap gelewer het. Ao. Peet du Toit, ’n lid van die Krugersdorpse polisie-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het onlangs ’n deurslaggewende rol in die inhegtenisneming van die “Sondagverkragter” gespeel, terwyl ao. Johan Fourie van die SAPD se Oos-Randse berede-eenheid verlede jaar ’n eenjarige seuntjie, Aldieno Captieux, van ’n swerm ontstoke bye gered het. Ao. Jan Pretorius, ’n polisielid van Balfour, het weer ’n jong drenkeling uit ’n dam buite die dorp gered. Hy is egter later in dieselfde jaar ernstig gewond nadat hy vyf keer geskiet is deur ’n bende inbrekers wat hy op heterdaad betrap het. Ao. Jaco Botha van die Hercules-polisiekantoor in Pretoria en sy kollega het in 2010 ná ’n wilde jaagtog en skietgeveg in Hermanstad in Pretoria daarin geslaag om vier roofverdagtes aan te keer terwyl insp. Peter Smit in 2010 nuus gemaak het toe hy ’n gewelddadige konfrontasie tussen 500 klipgooiende betogers en polisielede eiehandig ontlont en daarna vooraan ’n vreedsame optog gestap het. “Daar is nog baie sulke helde in die SAPD en ons wil gemeenskappe aanmoedig om erkenning aan die polisiehelde te gee, sodat die invloed van hierdie helde kan uitkring en samewerking tussen die polisie en gemeenskappe kan verbeter,” het Chris du Plessis, woordvoerder van Solidariteit, gesê. S
01/2012 • www.solidariteit.co.za
Kloksgewys van bo links:Ao. Peet du Toit, ao. Jan Pretorius, ao. Johan Fourie, ao. Jaco Botha en insp. Peter Smit.
D
Deur Cilleste van der Walt
aar word op talle manier gepoog om veiligheid vir Suid-Afrikaners te verseker, maar hoe gemaak as die sogenaamde blouligbrigades een van die opspraakwekkendste veiligheidskwessies word? Die blouligbrigade of die blouligbendes, soos wat Nantes Kelder, AfriForum se hoof van gemeenskapveiligheid, hulle noem, is veronderstel om die voorbeeld van veiligheid vir Suid-Afrikaners te stel, maar het onlangs gewys hoe dit nié gedoen moet word nie. Die 18-jarige Thomas Ferreira wat verlede jaar in Krugersdorp deur ’n LUR se ampsvoertuig raakgery is, het aanleiding gegee tot AfriForum se veldtog om ’n stel reëls saam te stel waarvolgens en ook wanneer die blou ligte gebruik mag word. Ferreira is na die hospitaal geneem met onder meer ’n gebreekte arm en
been, gesigsfrakture en swelling op die brein. Dit alles omdat die bestuurder van die ampsvoertuig waarin die Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, Humphrey Mmemezi, gery het glo die motor se blou lig aangeskakel het om ’n rooi verkeerslig oor te steek. AfriForum het by ’n advokaat om ’n regsmening aangeklop oor die bepaalde reëls wat hulle wil voorstel en om die gronde waarop hulle dit doen, duidelik uiteen te sit. Daarna beplan AfriForum om eersdaags die stukke by die hof in te dien sodat dit wetgewing sal word wat streng sal kan bepaal onder watter omstandighede ’n blou lig gebruik mag word. Kelder vertel dat hy met die onlangse eeufeesviering van die ANC in Bloemfontein was en dat die misbruik van dié blou ligte verstommend was.
“Hulle verontagsaam alle padreëls en dit stel almal op die pad rondom hulle in gevaar. Daarbenewens druk hulle motors van die pad af soos hulle goeddink omdat hulle kamma vreeslik haastig is en dringende besigheid het.” Kelder sê dat blou ligte net in die geval van nood gebruik mag word en dat dit verwarring en vrees onder die publiek veroorsaak as ’n voertuig op jou afjaag met sy blou lig aan – net om later by die kafee stil te hou.
Drie ander veiligheidskwessies wat AfriForum in 2012 gaan pak
• Magsmisbruik en korrupsie in die polisie. • Gemeenskapsbetrokkenheid by strukture vir gemeenskapveiligheid. • Mobilisering van gemeenskappe om misdaad te bekamp. S
inbeweging
AfriForum ry blouligbendes in die wiele
inbeweging Foto: iStockphoto.com
46
01/2012 • www.solidariteit.co.za
inbeweging
GroenForum pak renosterstropery
Dit het dieselfde samestelling as perdehoewe, waterskilpaaie se bekke en selfs ’n mens se hare en naels.Tog word renosterhoring vandag meer waardevol as goud geag. In 2011 alleen is sowat 448 renosters gestroop. AfriForum se GroenForum pak verskeie omgewingskwessies en het in Januarie vanjaar ’n verslag oor renosterstropery bekendgestel.
A
Deur Ilze Nieuwoudt
friForum se GroenForum het in Januarie ’n verslag oor die omvang van renosterstropery in Suid-Afrika bekendgestel. Luidens die verslag bestee Sanparke tans meer as R450 miljoen per jaar aan die bekamping van renosterstropery. Volgens Julius Kleynhans, hoof van GroenForum, is korrupsie tans een van die grootste probleme wat die bekamping van renosterstropery en die onwettige handel in renosterhoring in die wiele ry. Daarbenewens, glo Kleynhans, kan wettige handel in renosterhoring, en veral ook die verkoop van bestaande horingvoorrade, dalk dié diere van gewisse uitwissing red. “Die wettige jag van ’n renoster bied aan die wildboer ’n potensiële inkomste van nagenoeg R250 000 per dier. Dit is ook bekend dat die nuwe rekordprys vir ’n renoster wat vir trofeejag geoormerk is, vroeër vanjaar ’n verstommende R980 000 bereik het. As horingboerdery voorts korrek bestuur sou word, kan dit help toesien dat die renosterbevolking drasties toeneem. Boonop sal die handel in renosterhoring belasbaar wees. Die inkomste wat hieruit geïn word, moet dan in natuurbewaring en omgewingsonderrig teruggeploeg word.” Volgens Kleynhans is ’n algehele moratorium op die jag van swartrenosters noodsaaklik, aangesien die syfers van hierdie diere reeds ’n kritieke punt bereik het. Stroping vind op verskeie maniere plaas, maar verdowing en stroping te voet of met helikopters is die algemeenste. Die renosters word met ’n oordosis verdowingsmiddel verdoof, wat tot gevolg moet hê dat die dier vrek. Die wreedheid wat met die stropings gepaard gaan, is skokkend. Volgens die webtuiste
www.stoprhinopoaching.com is daar dikwels voorvalle waar die dosis verdowingsmiddel waarmee die renoster geskiet word, nie voldoende is om hom te laat vrek nie. In sekere gevalle word die renoster met ’n verdowingspyl geskiet en die horing wreed afgekap, maar omdat die verdowing nie genoeg is om die dier dood te maak nie, kom hy ná die tyd by. Tot dusver moes hierdie diere uitgesit word – as hulle nie vrek voordat hulle gevind word nie. Daar is tans slegs sowat 20 000 witrenosters in Suid-Afrika oor. Dit maak sowat 85% van die totale renosterbevolking in die res van Afrika uit. Die swartrenoster is ’n uiters bedreigde spesie en daar is tans net sowat 2 000 van hierdie diere in Suid-Afrika oor. ’n Renosterhoring groei teen sowat 12 cm per jaar (sowat 600 g tot 1,2 kg) en weeg sowat 7 kg. Dit word tans teen nagenoeg R500 000 per kilogram verkoop. Kenners reken dat die mediese gebruike vir renosterhoring soos volg saamgevat kan word: Renosterhoring bevat absoluut geen medisinale waarde nie! Tog glo veral mense in die Ooste dat renosterhoring wondere kan verrig. Luidens GroenForum se verslag oor renosterstropery is renosterhoring veral gesog as tradisionele medisyne in lande soos Viëtnam, China en Taiwan. “Die horing word tot ’n stof verpoeier wat dan as medisyne geneem kan word om onder meer maagprobleme te genees. Dit word blykbaar ook gebruik as ’n middel om kanker te genees. Navorsing het egter hierdie aansprake as ongegrond bewys en het bewys dat renosterhoring geen medisinale nut het nie en dat enige sodanige aansprake ’n blote mite is.” • Lees GroenForum se volledige verslag oor renosterstropery by www.groenforum.co.za S www.solidariteit.co.za • 01/2012
47
inbeweging
AfriForum se takke gee gemeenskap sterker stem
“R Foto: iStockphoto.com
Deur Moira-Marie Kloppers
48
egeer ons goed, of ons regeer onsself!” Dié aanhaling deur Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, is nie as ’n dreigement bedoel nie, maar eerder as ’n oplossing vir ’n groeiende diensleweringsprobleem op alle vlakke in Suid-Afrika. Noem die woorde munisipale dienslewering, en beelde van vullishope op sypaadjies weens onverwyderde vullis, water- en kragprobleme en administratiewe wanorde in munisipale rekeningafdelings doem in talle se gedagtes op. Vir baie Suid-Afrikaners is munisipale dienslewering sinoniem met probleme en frustrasie. Gemeenskappe het ’n groeiende behoefte om self te begin verantwoordelikheid neem vir dienslewering, onafhanklik van die regering. AfriForum se afdeling vir gemeenskapsake spits hom spesifiek daarop toe om die orga-
01/2012 • www.solidariteit.co.za
nisasie nasionaal te vestig, enersyds deur die stig van plaaslike AfriForum-takke, en andersyds deur die saamsnoer van gemeenskappe wat onder swak munisipale dienslewering deurloop. AfriForum-takke se sterk kollektiewe stem help om druk op swak munisipaliteite te plaas, en dikwels neem hulle self leiding om in gemeenskappe se behoeftes te voorsien. Die afdeling fokus egter nie net op swak munisipale dienslewering nie, maar hanteer ook gemeenskapsveiligheidskwessies, omgewingsake en kultuuren erfenisaangeleenthede.
Selfdoen-dienslewering in Dealesville
Inwoners van Dealesville het verlede jaar met groot welslae dienslewering in hulle eie hande geneem toe ’n aantal van hulle op eie koste ’n nuwe boorgatpomp geïnstalleer het om normale watervoorsiening aan die dorp te herstel. Die vorige pomp, wat gereeld gebreek het, het veroorsaak dat die inwoners van die dorp vir jare lank gereeld met onderbrekings in watervoorsiening moes saamleef. Die plaaslike AfriForum-tak het ingegryp en die gemeenskap bygestaan om dienslewering in eie hande te neem. AfriForum het die Tokologomunisipaliteit hof toe geneem oor die waterkwessie, maar kort voor die hofsitting het die twee partye ’n ooreenkoms gesluit waarin die munisipaliteit onderneem het om ’n nuwe pomp te installeer. Dié pomp is egter gesteel kort nadat dit geïnstalleer is, en die inwoners is weer sonder water gelaat. Die gemeenskap het self ingespring, uit hulle eie sak ’n nuwe pomp geïnstalleer en die geld van die munisipaliteit teruggeëis. AfriForum was gereed om weer met regstappe te begin om die geld terug te kry, maar die munisipaliteit het in Oktober 2011 bes gegee en die gemeenskap vir die nuwe pomp se installasie vergoed. S
AfriForum Jeug sê kollege-geriewe risiko vir studente
AfriForum Jeug het die Potchefstroomse Landboukollege ’n maand gegee om ’n volledige herstelplan in te dien en met dringende herstelwerk by die kollege te begin om regsaksie te vermy. Dit kom ná twee veiligheids- en gesondheidsondersoeke by die kollege deur AfriForum Jeug wat aan die lig gebring het dat die Potchefstroomse Landboukollege steeds aan die agteruitgaan is en dat dit ernstige veiligheids- en gesondheidrisiko’s vir studente inhou om daar te woon en te studeer. “Tydens die jongste ondersoek het die landboukollege se bestuur lede van AfriForum Jeug, asook vir Franklin Jackson, die beroepsgesondheids-en-veiligheidskonsultant, van die kampus af weggejaag. Die kollege se bestuur was duidelik aggressief en het geweier dat Jackson die koshuiskombuis binnegaan,” het Ian Cameron, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê. Die Potchefstroomse Landboukollege se bestuur kon geen onderhoudplan aan AfriForum Jeug beskikbaar stel nie en weier om die uitslag van die ondersoek te erken. Cameron sê voorts dat die hoof, mnr. Thovhakale, asook die studentedekaan, mnr. Djan, nie in staat is om die kollege te bestuur of te onderhou nie, aangesien meer as ’n jaar verloop het sedert die eerste verslag aan hulle oorhandig is.“Sedertdien is geen verbeterings aangebring nie, terwyl studente meer as R25 000 per jaar vir hul studies betaal,” sê Cameron. S
inbeweging
Regering se grootste flaters in 2011
Tolpaaie, wette en blouligbrigades was verlede jaar van die grootste sondes van die Suid-Afrikaanse regering. Solidariteit het vroeg vanjaar die mees opspraakwekkende flaters van die regering geïdentifiseer. Dié lys flaters is nie bedoel om bloot ’n vingerwysing na die regering te wees nie, maar moet as ’n wekroep dien oor kwessies wat Suid-Afrikaners na aan die hart lê en waaraan die regering ernstig aandag moet skenk. Deur Ilze Nieuwoudt
1. Tolpaaie
Die regering se hantering van die implementering van die nuwe tolstelsel op verskeie hoofroetes in Gauteng is vir motoriste en padverbruikers ’n bittere flater. Die besluit oor ’n nuwe tolstelsel is sonder enige oorlegpleging met die publiek geneem en het derhalwe groot teenkanting ontvang. In ’n poging om hierdie flater reg te stel, het die minister van vervoer, S’bu Ndebele, aangekondig dat ’n konsulteringsproses gevolg sal word en dat die uiteindelike besluit oor die tolhekke eers in Februarie 2011 geneem sal word. Dit was egter “te min en te laat”, want verbruikers besef dat dié stap bloot gedoen word om aan te voer dat die korrekte proses wel gevolg is.
2. Aanpassings aan arbeidswetgewing
Toe die voorgestelde wetswysiging op gelyke indiensneming vroeg in 2011 bekendgemaak is en geïmpliseer het dat die ekonomies aktiewe bevolking in elke provinsie die nasionale rasseverteenwoordiging van die land moet weerspieël, het daar behoorlik ’n storm losgebars. Volgens Solidariteit se berekenings sal die streng toepassing van dié wetgewing beteken dat sowat een miljoen ekonomies aktiewe bruin Suid-Afrikaners in die Wes-Kaap in ’n ander provinsie ’n heenkome moet vind, terwyl meer as een miljoen swart Suid-Afrikaners na dié provinsie sal moet trek. Daarbenewens sal meer as 300 000 Indiërs in KwaZulu-Natal uit dié provinsie moet padgee om die wet se rasseteikens te haal.
3. Inligtingswetgewing
Die wetsontwerp op die beskerming van inligting word beskou as een van die regering se mees opspraakwekkende flaters. Die wetsontwerp is deur talle mediakenners en die publiek gekritiseer weens die feit dat dit onder meer die media se monde sal snoer in die bekendmaking van sake
50
01/2012 • www.solidariteit.co.za
wat as vertroulike inligting geklassifiseer is.
4. Blouligbrigades
Die sogenaamde blouligbrigades het in 2011 woede, paniek en hartseer by talle SuidAfrikaners veroorsaak. In die mees opspraakwekkende voorval is die 18-jarige Thomas Ferreira van Krugersdorp in November 2011 van sy motorfiets afgery deur ’n ampsmotor van Humphrey Mmenezi, LUR vir plaaslike regering en behuising (lees ook die artikel op bladsy 45).
5. Feestelikhede
Die feit dat daar nie gehuiwer word om uitspattige feeste en partytjies op die belastingbetaler se koste te hou nie, kan as een van die regering se grootste sondes van 2011 beskou word. Hoewel die opspraakwekkende Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) se fees reeds in Desember 2010 gehou is, het die ware finansiële implikasies van die fees eers in 2011 aan die lig gekom. Die NYDA was later in 2011 weer in die nuus nadat dit bekend geword het dat die organisasie R250 000 bestee het om drie hooggeplaaste leiers van die organisasie na ’n VNvergadering vir die jeug in New York te stuur. Intussen het dit ook aan die lig gekom dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Januarie 2010 en Januarie 2011 twee groot partytjies gehou het wat altesaam nagenoeg R66 miljoen gekos het. Die feestelikheid wat in Januarie 2011 in Soweto gehou is en deur sowat 37 000 polisielede bygewoon is, het R36,4 miljoen gekos. Die regering se vyf ander groot flaters in 2011 was die ondermyning van die regstelsel, die voortslepende waterkrisis weens die regering se swak hantering van suurmynwater, swak dienslewering by veral munisipaliteite, die verwatering van beheerliggame se gesag by skole en die belemmering van mediese dienste weens wanbetaling aan diensverskaffers.
... en drie pluimpies 1. Jackie Selebi-saak
Die hofsaak van die voormalige nasionale polisiekommissaris, Jackie Selebi, het in 2011 groot opspraak verwek. Solidariteit het Selebi reeds in 2010 as die swakste hoof van die jaar aangewys, juis na aanleiding van die bewerings van korrupsie teen hom. Selebi is ’n vonnis van 15 jaar opgelê en dit stuur ’n boodskap aan misdadigers dat die lang arm van die gereg ook nie rykes of hooggeplaastes sal ontsien nie.
2. Olimpiese bod-onttrekking
Die regering se besluit om sy beplande bod vir die 2020 Olimpiese Spele te onttrek, is waarskynlik een van die beste besluite wat in 2011 geneem is. Solidariteit hou vol dat daar bloot nie nou geld beskikbaar is om ’n reusagtige projek soos die Olimpiese Spele aan te pak nie. Griekeland, wat in ’n ernstige skuldkrisis verval het weens die miljoene euro’s se staatskuld wat aangegaan is om die Olimpiese Spele in 2004 in dié land te finansier, behoort as waarskuwing vir Suid-Afrika te dien.
3. Heropening van wapenondersoek
Dit word beskou as een van die grootste ooreenkomste in Suid-Afrika se geskiedenis en ’n spreekwoordelike bom het sedertdien oor die wapenhandelskandaal van die 1990’s losgebars. Die besluit om die ondersoek na die wapenskandaal te hervat en ’n spesiale kommissie van ondersoek aan te stel om dié kontroversiële saak te ondersoek, is ’n positiewe stap. Die ondersoek sal vanjaar afgeskop word en sal na verwagting twee jaar duur S.
inbeweging
Helpende Hand spog met nuwe hoof Solidariteit Helpende Hand het in Januarie vir dr. Danie Brink as nuwe uitvoerende hoof van die organisasie verwelkom. Danie (42), tot onlangs hoof van die FAK, sal veral aandag skenk aan die strategiese uitbou van die organisasie en alle bestaande projekte.
D
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
Deur Juanita du Preez
anie (foto regs) is ’n hoogs ervare wiskunde-onderwyser en oudskoolhoof wat sy verdere studies in wiskunde-onderwys aan die Universiteite van Virginia en Georgia in die VSA voltooi het. Sy passie vir onderwys pas soos ’n handskoen by Solidariteit Helpende Hand se beleid van bemagtiging deur opleiding. “Kom ons bekwaam mense sodat hulle nie gehelp hoef te word nie, maar na hulleself kan omsien,” is sy filosofie. Danie sien daarna uit om sy projek vir Afrikaanse wiskunde-onderwysers wat hy reeds by die FAK in die lewe geroep het, by Solidariteit Helpende Hand uit te brei.Tydens sy jare as wiskunde-onderwyser het Danie bewus geword van die ernstige tekort aan Afrikaanse kongresse oor wiskunde-onderrig. Engelse kongresse word wel gereeld aangebied. Die eerste Afrikaanse kongres vir wiskundeonderwysers is verlede jaar aangebied. Vanjaar word die kongres in die Wes-Kaap en Gauteng aangebied.Wêreldbekende sprekers van regoor die wêreld sal die kongresse bywoon en waardevolle inligting met die onderwysers deel. Danie is ook opgewonde oor die vooruitsig om plaaslike kenners uiteindelik die geleentheid
te gee om in Afrikaans oor wiskunde te gesels. Tussendeur gee Danie ook nog klas by die Akademie vir Reformatoriese Opleiding en Studies (AROS). Wanneer hy hom nie met wiskunde besig hou nie, bestee Danie tyd saam met sy vrou en vier kinders, Mieke (10), André (8), Johann (5) en Rachel (3). Sy vrou, Liese, is ’n opgeleide fisioterapeut, maar vervul deesdae die
uitdagende rol van tuisskoolonderwyser. Danie is ’n plaasseun van Steynsrus in die Vrystaat.“Tydens my jare op die plaas was uitstappies iets wat selde gebeur het,” vertel hy. “Dit is dalk hoekom ek steeds opgewonde raak daaroor om saam met my gesin by ’n restaurant te gaan eet!” Sy pa het ’n gemengde boerdery op hulle plaas bedryf. Sy ouer suster is ’n tuisbly-ma en sy jonger broer ’n wildbewaarder. Danie probeer baie hard om nie fanaties te raak oor rugby nie. Hy ondersteun die Springbokke en natuurlik die Cheetahs, sê hy. Oral waar hy skool gegee het, het hy dié sport afgerig – selfs in die VSA. Danie hou ook daarvan om gholf te speel, “maar net op sosiale vlak”. Hy draf graag en is mal oor gemengde gevegskuns (MMA). Nog ’n verrassende gawe wat Danie het, is sy sangtalent. Hy was in die weermag deel van die bekende Kanaries-sanggroep. Wanneer Danie tyd het om te lees, hou hy veral van geestelike en kinderopvoedingsboeke. Hy is ook mal daaroor om te reis. “Ek sien versigtig optimisties uit na die uitdaging wat die pos as hoof van Solidariteit Helpende Hand vir my inhou,” sê Danie. S
Danie se gunstelinge
• Motor: Mercedes • Kos: Enigiets waaronder ’n vuur gemaak kan word, veral ’n skaaptjoppie. • Drank: Rooiwyn en Dr Pepper’s • Sport: Rugby en MMA • Flieks: Gladiator, Warrior en Braveheart. 52
01/2012 • www.solidariteit.co.za
D Foto: iStockphoto.com
Deur Lindie Strydom
ie ritme van jou leefstyl weerspieël jou identiteit, jou fokus en prioriteite. Ons almal het 24 uur in ’n dag en sewe dae in ’n week, maar ons kies self wat ons wil inpas in hierdie geleende minute, ure en dae. Sommige mense wil glo dat tyd met hulle weghardloop, maar dit kan nie. Jy kies en jy besluit – bewustelik of outomaties – om jou dag, week en jaar in te deel volgens dit wat vir jou belangrik is. As take wat met jou prioriteite verband hou herhaal en dit dag ná dag belangrik genoeg is om jou dagboek, kalender, Outlook en selfoon se reminders te haal, word dit uiteindelik ’n
*
gewoonte en ’n natuurlike ritme. Jy hoef nie meer so hard te beplan, te oorweeg, te oordink of te begroot nie. Jy doen dit omdat dit net eenvoudig is wie jy is, waarin jy glo en waarvoor jy staan. Net so kan jou voorneme om betrokke te raak in jou gemeenskap vanjaar oorgaan tot aksie en deel word van jou prioriteite. Gee gereeld, met ’n plan, daar waar dit regtig ’n verskil maak. Gee met ’n ritme. Solidariteit Helpende Hand begin vanjaar ’n Ritme-veldtog om mense juis hieraan te herinner. Kies om deel te wees van hierdie ritme. Gee jou 2012 ’n ritme van gee! S
Lindie Strydom vertel in haar Solidariteit Radio-program “Program van hoop” meer oor die Ritme-veldtog. Gaan luister na dié program by www.solidariteitradio.co.za
inbeweging
Maak (om)gee deel van leefstylritme
inbeweging
Help om armoede in plakkerskampe te pak
Dink jy aan ’n plakkerskamp, doem ’n prentjie van ’n plek soos Diepsloot buite Johannesburg in ’n mens se gedagtes op. Maar die dae toe slegs arm swartmense in plakkerskampe ’n tuiste gevind het, is lank reeds verby.Al meer verarmde witmense het ook noodgedwonge hulle intrek in plakkerskampe, skuilings en ander informele blyplekke geneem.
D
Foto: iStockphoto.com
Deur Juanita du Preez
it is baie moeilik om vas te stel hoeveel mense, swart of wit, in informele nedersettings bly. Hulle word dikwels nie in die formele sensusopnames getel nie, skuif so gereeld rond tussen blyplekke dat hulle nie getel kan word nie, of is bloot bang om te sê waar hulle bly. Dakloses word ook nie ingereken onder inwoners van informele nedersettings nie. Daarom is die meeste bevolkingsyfers van hierdie nedersettings net ’n skatting. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is die mees aanvaarbare definisie vir ’n informele nedersetting dié van die Verenigde Nasies se Habitat-program. Hiervolgens is ’n informele nedersetting die volgende: • ’n Residensiële gebied waar ’n groep behuisingseenhede gebou is op grond waartoe die inwoners geen reg het nie of wat hulle onwettig bewoon; en • onbeplande nedersettings en gebiede waar behuising nie onderworpe is aan die huidige beplannings- en bouregulasies nie. Solidariteit Helpende Hand is by meer as 60 nedersettings regoor die land betrokke. Dit huisves meestal Afrikaanssprekende witmense wat geen ander heenkome het nie. Sommige van die blyplekke is die tuiste van tot 220 mense terwyl ander voorsiening maak vir tot 40 uitgebreide gesinne of selfs net 20 bejaardes. Dié nedersettings voldoen gewoonlik aan die VN se definisie, want dis soms ’n weldoener se grond en soms ’n uitbuiter se grond, maar die inwoners het geen reg op die blyplek nie. Sommige mense woon in gehawende houthuisies op iemand se kleinhoewe of ’n ander stuk grond wat beskikbaar is. Ander woon weer in woonwaens wat uitmekaar val. Van die huisies word met weggooi-sinkplate aanmekaar geslaan.
54
01/2012 • www.solidariteit.co.za
Die inwoners van hierdie blyplekke se daaglikse doen en late verskil ook hemelsbreed van mekaar. In sommige skuilings word daar van die inwoners verwag om uit te gaan en geld in te samel sodat die skuiling kan voortbestaan. Hulle kan dus nie enige ander werk doen nie. By ander word werkgeleenthede binne die nedersetting geskep en dienste aan die gemeenskap verskaf sodat die inwoners ’n volhoubare bestaan kan maak. Sommige plakkerskampe se inwoners word aan hulle eie lot oorgelaat en moet bloot hulle huurgeld betaal. Dit kan wissel van R100 tot meer as R1 000 per maand. Baie min van hierdie plekke het voldoende toesig vir babas, kleuters en kinders. Die meeste van die kinders is erg milieugestremd en emosioneel onderontwikkel. Hulle is glad nie skoolgereed teen die tyd dat hulle moet begin skoolgaan nie en só word die kind deel van ’n bose kringloop. Die kind begin sy of haar skoolloopbaan met ’n agterstand en kan in die meeste gevalle bloot nie inhaal nie. Sommige van die nedersettings het geen vorm van krag nie. Koue water vir bad en was en kerse vir lig is die norm. As daar nie geld vir verblyf en kos is nie, is geld vir skoolbenodighede heel onderaan die prioriteitslysie. Baie van hierdie kinders maak dus nie skool klaar nie en kry nie goeie of selfs énige werk of die geleentheid om na-skoolse opleiding te ondergaan nie. Solidariteit Helpende Hand se oplossing vir die armoedevraagstuk is opheffing deur opleiding. Deur betrokke te raak, kan jy met ’n ritme omgee en gee. Die omvattende dienswaardeketting bied ’n deurlopende begeleidingsproses wat geestelike, kulturele en maatskaplike armoede pak en kleuters, kinders, studente en jongmense uiteindelik help om voor te berei vir die wêreld van werk.
Skep sáám hoop
• Deur by te dra tot die Kosblikkieprojek, help jy om voedingskemas met goed gebalanseerde maaltye vir kleuters by behoeftige kleuterskole op die been te bring. Jy help ook om kleuterskoolassistente op te lei sodat hierdie kinders in graad een skoolgereed kan wees. • Deur by te dra tot die Skooltassieprojek, help jy om ’n behoeftige, Afrikaanssprekende graad een-kind die geleentheid te gee om sy of haar skoolloopbaan met selfvertroue te begin, omdat hy of sy op ’n gelyke voet met sy of haar maats is. • Deur by te dra tot die Borg-’nKind-projek, help jy ’n Solidariteit Helpende Hand-tak om ’n kind aan die hand te vat en te voorsien in die behoeftes wat met ’n skoolloopbaan gepaard gaan: Skoolleiding, beroepsleiding, psigometriese en vakkeusetoetse en loopbaan-raad. • Deur by te dra tot die Afrikaanse Beursinstituut, gee jy ’n jongmens die geleentheid om self by te dra tot sy of haar toekomsplan. Só word hierdie jongmens deel van die oplossing. • Skakel 012 644 4390 of besoek www.helpendehand.co.za S
inbeweging www.solidariteit.co.za • 01/2012
55
inbeweging
4 000 behoeftiges kry skooltassies
Solidariteit Helpende Hand het in Januarie vanjaar landwyd meer as 4 000 tassies aan behoeftige graadeens uitgedeel. Die vraag na skooltassies vir behoeftige kinders neem elke jaar toe en is nie meer tot tradisioneel behoeftige skole beperk nie. Sedert die Skooltassieprojek in 2007 begin is, is meer as 12 500 skooltassies aan behoeftige Afrikaanssprekende graadeens versprei.
S Foto: Francois de Carvalho
Deur Juanita du Preez
56
olidariteit Helpende Hand volg nie ’n harde rasse-benadering nie. Ons kies ons nis en die gemeenskap waarbinne ons werk, maar indien iemand uit ’n ander gemeenskap binne ons hulpgebied val, sal die persoon nie uitgeskakel word nie. Indien kinders by ’n Afrikaanse skool met kos gehelp word, sal al die arm kindertjies in die skool gehelp word. Die organisasie het ook ’n vennootskap met Rapport rakende die Skooltassieprojek. Rapport se beleidsvoorskrifte is dat kinders veral in die Wes-Kaap se bruin skole ook gehelp moet word en hulle wil dit ook so in die koerant aanbied. In ruil daarvoor gee Rapport publisiteit en publiseer ons bankrekeningnommer. Indien ons sou besluit om nie die ooreenkoms met Rapport te hê nie, sou nie net die bruin en swart kinders nie tassies ontvang nie, maar ook al die behoeftige wit kinders nie. Elke skooltassie bevat die basiese skryfbe-
01/2012 • www.solidariteit.co.za
hoeftes vir graad een soos deur ’n skoolgereedheidskenner aanbeveel. Dit sluit ’n telraam, ’n boontjiesak, ’n penneblikkie met penne en potlode en ’n witbord in. Die doel van die projek is om uiteindelik toe te sien dat nie ’n enkele Afrikaanse graad een skool toe gaan sonder die nodige skryfbehoeftes nie, want die regte gereedskap kan kinders help om ’n goeie opvoeding te kry om sodoende uit die bose kring van armoede te ontsnap. Solidariteit Helpende Hand wil die kringloop van armoede verbreek met ’n beleid van opheffing deur opleiding. Die toepassing van hierdie beleid begin reeds op kinders se eerste skooldag wanneer skooltassies vir hulle gegee word en word opgevolg met skoolleiding, beroepsleiding en uiteindelik beurslenings. Solidariteit Helpende Hand streef daarna om mense die geleentheid te gee om hulle roeping uit te leef en daardeur ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap te lewer. S
Só kan jy help
• SMS die woord “tassie” na 34388 (SMS’e kos R2 elk) en ’n agent sal jou skakel om vas te stel hoeveel jy wil bydra. Die koste van een tassie is R200. • Skakel Solidariteit Helpende Hand by 0861 25 24 23 of 012 644 4390 of besoek www.helpendehand.co.za om meer inligting oor die projek te bekom. • Maak ’n skenking. Die bankbesonderhede is soos volg: Solidariteit Helpende Hand, Absa-rekening: 407 225 0017, Centurion-tak: 632 005. Gebruik “tassie” as die verwysing. Faks asseblief die bewys van betaling na 086 218 3216.
D
ie Solidariteit Beweging het ingevolge sy waardeketting ’n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap waarin sy lede leef en werk. Solidariteit Helpende Hand se rol kan opgesom word as die Beweging se gemeenskapsinisiatief wat hoofsaaklik daarop fokus om ’n toekomshoop te skep vir Afrikaners wat maatskaplike nood beleef. Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, het onlangs gesê vir ’n minderheid om te oorleef in ’n meerderheidsomgewing moet hulle die meerderheid kennis hê. Solidariteit Helpende Hand se strategiese fokus moet dus baie skerper wees op opheffing deur opleiding. Ons breek dus die armoedesirkel deur goeie opleiding, en ons voorkom deur opleiding dat iemand in die armoedepoel val. Solidariteit Helpende Hand is ’n doen-organisasie wat: • jongmense voorberei vir die wêreld van werk;
• fokus op ’n groot Afrikaanse beursplatform; • armoedeverligting bring deur mense selfstandig te maak; en • gemeenskappe landwyd deur takke mobiliseer om die werk van Solidariteit Helpende Hand op gemeenskapsvlak te dupliseer. Om dié uitkomste te bereik, word dienslewering aan die hand van die waardeketting ontwikkel. Die waardeketting bestaan uit kinders, jongmense, werksoekers, werknemers en afgetredenes.
Belangrikste doelwitte vir 2012
• Die uitbou van die beursfondse. Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut het baie goeie groei getoon. Die aantal beurse en die getal studente wat met beurslenings gehelp kon word, het verdriedubbel. Die realiteit is egter dat die beskikbare geld nog heeltemal te min is om
inbeweging
Nóg meer opheffing deur opleiding ’n daadwerklike verskil te maak. Die bou van Die Kampus en die ontwikkeling van Akademia gaan groter druk op die beurse plaas. Solidariteit Helpende Hand het die verantwoordelikheid om met groot dringendheid die beursplatform verder uit te brei. Alle projekte moet poog om ’n volhoubare beurs as eindresultaat daar te stel. • Die bemagtiging en ontwikkeling van takke. Solidariteit Helpende Hand het reeds ongeveer 120 takke landwyd. In 2012 sal baie meer gekyk word hoe om die bestaande takke met Solidariteit-lede te versterk.Takke moet in 2012 ook by ’n beursfonds betrokke raak en deelneem aan minstens een van die nasionale projekte soos die Kosblikkie- of Skooltassieprojek. • Skakel 012 644 4428 of stuur ’n e-pos na melani@helpendehand.co.za of dinah@helpendehand.co.za as jy ’n bydrae tot die Afrikaanse Beursinstituut wil maak. S
“South Africa’s leading trade union administrator”
Proud partner of Solidarity for more than a decade in Union Administration With ongoing changes & innovations in technology, ProPay has become a frontrunner in the Trade Union Administration sector.
CONTACT US
www.propay.co.za E-mail: info@propay.co.za 0861 ProPay (776 729)
inbeweging
Beplan jou studiereis baie deeglik
Sol-Tech het in Januarie meer as 100 opgewonde nuwe eerstejaarstudente verwelkom. Hulle vertrek vanjaar op ’n opwindende studiereis om hulle in skaars vaardighede te bekwaam. Volgens Phillip Minnaar, waarnemende hoof van Sol-Tech (foto), is die keuse van ’n loopbaanpad die eerste tree van dié lang reis.
“S
Deur Moira-Marie Kloppers
ommige mense slaan net ’n koers in en hoop hulle kom by hul beoogde eindbestemming aan.Wanneer hierdie halsoorkop-benadering gevolg word om ’n loopbaanof studiereis te begin, is die uitkoms dikwels dat die student in ’n beroep beland wat glad nie by sy persoonlikheid pas nie nadat hy jare se tyd en geld gemors het,” verduidelik Minnaar. Dit is belangrik om op ’n duidelike roeteplan te besluit voordat ’n student ’n rigting inslaan. Só ’n roeteplan bestaan uit drie elemente:
Foto’s: Reint Dykema & Ilze Nieuwoudt
Wie is ek en waarheen is ek oppad?
Minnaar beklemtoon dat ’n student wat ’n studiereis beplan homself eers moet ondersoek. Hy moet homself ken, weet wat sy belangstellings en prioriteite is en duidelike doelwitte vir sy studiereis bepaal.
inslaan, moet besluit watter roete die beste vir die rigting sal werk.“Die keuse van ’n opleidingsinstelling is net so belangrik soos die keuse van ’n studierigting.”
Is ek nog op die regte pad?
Wanneer ’n student met ’n studiereis begin, is dit belangrik dat hy ook korttermyn-evalueringskriteria vir homself vir die reis stel.“Soos ’n reisiger padtekens gebruik om seker te maak dat hy nog op die regte pad is, net so moet ’n student homself kort-kort afvra of hy nog doen wat hy beplan het om te doen, en of sy behoeftes en verwagtings nie dalk intussen verander het nie,” sê Minnaar. S
Hoe kom ek daar?
’n Student wat homself goed ken en weet watter rigting hy wil
Baie welkom,Akademia!
Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, wens Marlize Ellis, registrateur, Marthinus Visser, besturende direkteur, en dr. Paul Steyn, akademiese hoof, geluk met die bekendstelling van Akademia. 58
01/2012 • www.solidariteit.co.za
Sol-Tech het in Januarie ’n nuwe opleidingsvennoot in die Solidariteit Beweging verwelkom.“Ons is baie trots op dié nuwe inisiatief en wens Akademia alle sterkte toe vir die toekoms,” het Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, gesê. Sedert Sol-Tech sy deure geopen het, het dié tegniese opleidingsinstelling reeds honderde studente opgelei. Die behoefte aan Afrikaanse hoëronderwys in ander akademiese rigtings het egter intussen so sterk toegeneem dat die Solidariteit Beweging nog opleidingsgeleenthede begin ondersoek het. Akademia is die resultaat van dié ondersoek en is op 19 Januarie vanjaar bekendgestel (lees meer op bladsy 10 en 11). “Die Solidariteit Beweging glo dat opleiding een van die beste maniere is waardeur mense vir hulself ’n beter toekoms in Suid-Afrika kan skep. As opleidingsvennote kan Sol-Tech en Akademia nou selfs ’n groter verskil in Suid-Afrika maak,” verduidelik Van Deventer. Hoewel dié twee instellings op twee uiteenlopende areas van opleiding fokus en as twee afsonderlike entiteite bedryf word, is die oorkoepelende doel dieselfde: Bemagtiging deur opleiding. S
aksent media • 082 445 4513
Word ’n VAKMAN propvol VONK! Sol-Tech-studente voltooi hulle volle institusionele opleiding asook hulle N1- en N2-kwalifikasie voordat hulle praktiese indiensopleiding by gekeurde werkgewers ontvang. Daarna word hulle bygestaan met voorbereiding voordat hulle die gesogte rooiseël-eksamen aflê.
Wat kan ek by Sol-Tech studeer? Elektries Meulmakers Pas-en-draaiwerk Gereedskapmakers Dieselwerktuigkunde
012 755 5687
www.sol-tech.co.za
Sol-Tech-opedae: Saterdag, 10 Maart Saterdag, 7 Julie Saterdag, 20 Oktober
Sol-Tech-innames:
Maandag, 30 April Maandag, 27 Augustus • Vir die spesifieke innamedatums vir die onderskeie kursusse en inligting oor beurslenings, besoek ons webtuiste by www.sol-tech.co.za
inbeweging
dood? Wat dan van Afrikaners?
“A
Deur Suné van Heerden
s Afrikaanses dood is, wat dan van Afrikaners?” Dié vraag het onlangs heelwat debat en kommentaar uitgelok op Maroela Media se debatsplatform, Die Groot Debat. Die gesprek het ontstaan na aanleiding van ’n artikel deur Tim du Plessis wat ’n tyd gelede in Rapport gepubliseer is. Piet le Roux, redakteur van Die Groot Debat, het hierop gereageer, en verskeie bekendes het in reaksie daarop ook ’n stuiwer in die armbeurs gegooi. Hier onder volg ’n opsomming van enkele meningsvormers se standpunte. Lees gerus die volledige gesprek op Die Groot Debat by www.maroelamedia.co.za.
“Afrikaanses het ’n stille dood gesterf”
“Afrikaanses het ’n stille dood gesterf,” skryf Tim du Plessis in Rapport. Afrikaanses, sê hy, was ’n “bedremmelde woord” om wit en bruin in ’n goedaardige poging saam te snoer in ’n naatlose gemeenskap, omdat te veel bruin Afrikaanspraters hulself nooit as “Afrikaners” sou beskou nie. Verder was dit ook ’n poging van sommige Afrikaners om deur middel van ’n naamsverandering ontslae te raak van ’n verlede wat hulle skaam gemaak het. Maar dit was alles tevergeefs, skryf hy verder, want 20 jaar ná die skepping, Afrikaanse, is Afrikaners steeds hier.“Niemand het ons nog ooit as ’Afrikaanses’ gesien nie. Nêrens nie.” Maar wie is dan Afrikaners? “Maklik: Almal wat wil wees en sodanig aan hulself dink,” sê Du Plessis.
... maar Afrikaners is nog springlewendig
(Piet le Roux, redakteur van Maroela Media, se reaksie) “Met bykans twee dekades van die ‘Afrikaanses’eksperiment agter die rug, is dit duidelik dat ’n taal nie al is wat ’n gemeenskap definieer nie,” skryf Le Roux. “Nie almal wat Afrikaans is, assosieer – of word geassosieer – met die term Afrikaner nie. Dis baie soos dat nie almal wat Engels praat, Engels is of almal wat Spaans praat, Spaans is nie.Terselfdertyd moet ’n mens in gedagte hou dat daar duidelik geen finale definisie is om met harde skeidslyne te bepaal wie nou Afrikaners is en wie nie – dis eerder iets wat met verloop van tyd ontluik, hervorm, na vore tree, spon60
01/2012 • www.solidariteit.co.za
taan en met ’n groot mate van selfassosiasie en oorvleueling met ander identiteite. Maar aangesien daar nou wel ’n gemeenskap soos Afrikaners is, is dit dalk aangewese om die toekomstige lewenskragtigheid van hierdie gemeenskap in oënskou te neem.” Wat is dan die bestaansvoorwaardes vir ’n Afrikanerkultuurgemeenskap? Le Roux het dié vraag aan ’n paar bekende bydraers tot Die Groot Debat gestel.
Afrikaners – tóé en nóú
(Maretha Maartens se reaksie) “As jy bo sestig is, skaars vyf kilometer van die Waaihoek Methodiste-kerk af woon, saans Have you heard from Johannesburg? onder regie van die briljante Connie Field kyk en keer op keer naby die Baywaterpolisiestasie deur verkeersbeamptes gestop word sodat hoogwaardigheidsbekleërs onder polisie- en verkeersbegeleiding kan verbyjaag na die duur gaste- en privaat wonings waar hulle gedurende die ANC se eeufeesvieringe gaan tuisgaan, staan jy nie met ’n leë kop oor Afrikanerwees en wag nie. Wie en wat is die Afrikaner nou? wonder jy. Van almal wat hieroor wonder, is jy dalk nommer 2 017 449. Net van één ding aangaande Afrikanerwees is nommer 2 017 449 seker. Daar waar jy tussen die sportmodel GP-Mercedesse, die BMW’s met hulle Noordwes-nommerplate en die Bloemfonteinse Toyota-,TATA-, Nissan- en Mahindra-bakkies staan en wag dat die BBP’s moet verbygaan. Net van een ding is jy seker: Jy en jou nageslag is nie dieselfde soort Afrikaners nie.”
“Afrikaner” spook steeds by ons
(Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die Stigting vir die Bemagtiging van Afrikaans, se reaksie) “Die term Afrikaners het nie net na wit Afrikaanssprekendes verwys nie. Deur die woord Afrikaanses voor te hou as ’n alternatief vir die term Afrikaner het ook nie die term Afrikaner van die bagasie waarmee dit gedurende die 19de eeu opgesaal is, gesuiwer nie. Geen wonder die term Afrikaner spook nog steeds by ons nie. En die rede? Dit was nog nooit ’n term wat eksklusief na wit Afrikaanssprekendes verwys het nie.” • Praat gerus saam by www.maroelamedia.co.za S
inbeweging
Vroue van die oorlog vertel
D Foto: Cilleste van der Walt
Deur Moira-Marie Kloppers & Ilze Nieuwoudt
ogters, eggenote en ma’s wat geliefdes in die Grensoorlog gehad het, het in November verlede jaar tydens ’n eksklusiewe kuiergeleentheid by die huis van Afrikaanse poësie (hAp) in Pretoria hulle onvertelde verhale vertel. Die geleentheid was deel van Kraal Uitgewers se bekendstelling van Ons was daar – Wenners van die oorlog om Suider-Afrika. Volgens Johan Kruger, hoof van Kraal Uitgewers, is die dogters, eggenote en ma’s van die Grensoorlogsoldate die onbesonge heldinne van die oorlog. “Dié vroue moes gedurende die Grensoorlog tussen 1961 en 1994 ’n duur prys betaal. Pa’s en eggenote wat gereeld afwesig was, en ’n lewe waarin bekommernis, vrees en verlies deel van die alledaagse was,” verduidelik Kruger.
Ons was daar hoort op jou boekrak!
Ons was daar – Wenners van die oorlog om Suider-Afrika (Kraal Uitgewers) is ’n versameling van helde se verhale, vegters se vertellings en ’n onbetwisbare blik op die werklike verloop van die Grensoorlog. Dié boek is nie net die mees omvattende boek oor die Grensoorlog wat nog verskyn het nie, maar verbreek ook die stilte oor die geskiedenis en verloop van die Grensoorlog finaal. Deur Ons was daar word die feite oor hierdie oorlog nou vir die eerste keer reggestel deur die verhale van 62 outeurs wat self op die grens was. Die boek is saamgestel deur generaal Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (1985 tot 1990).“Genl. Jannie Geldenhuys neem in hierdie boek die geskiedenis van die Grensoorlog terug. Saam met ander generaals, offisiere en gewone troepe, word talle mites en propagandastories oor die oorlog weerlê. Die boek bring ook hulde en gee erkenning aan elkeen wat in die oorlog geveg het en laat die lig weer op die destydse Suid-Afrikaanse Weermag se uitsonderlike millitêre vermoë val. As jy hierdie boek klaar gelees het, sal jy weet waarom die SAW die oorlog gewen het!” sê dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. Die boek is nou ook in Engels beskikbaar as We were there – Winning the war for Southern Africa. S 62
01/2012 • www.solidariteit.co.za
Hermien Ferreira, vrou van wyle lt.kol. Deon Ferreira (eertydse bevelvoerder van 32 Batiljon) en Suné van Heerden, dogter adjudantoffisier Kobus van Heerden in die Grensoorlog, het tydens die geleentheid hul ervarings van dié tyd gedeel. ’n Volle hoofstuk in Ons was daar is aan lt.kol. Ferreira opgedra en fokus op die bydrae wat hy gedurende die oorlog gelewer het.
Bestel dit vandag nog
Die prys van Ons was daar beloop R300 per kopie (R50 posgeld uitgesluit). Plaas jou bestelling op een van die volgende maniere: • SMS die woord “grens” na 34388; • Skakel 012 644 4363; • Stuur ’n e-pos na kraal@solidariteit.co.za; of • Stuur ’n faks na 012 664 1102.
inbeweging
Op die Maroela-boekrak Deur Suné van Heerden
50 beste gebak uit Vrouekeur
Die sukses van die resepte in hierdie boek (R135) deur Marlo Carstens lê daarin dat jy al die bestanddele reeds in die kombuis het, en die resepte maklik en vinnig kan voorberei.
In die niks al om
René Bohnen se tweede digbundel, In die niks al om, gaan oor die integrasie van hoop en verlies, van die Ooste en die Weste, van verskrikking en verwondering, van platteland en stad. Die digter bepleit in haar eiesoortige liriese, vroulike stem die opheffing van dogma en die versoening van die polariteite in die wêreld se geloof, taal en kultuur. Sy oorrompel haar leser wanneer sy die wysheid van die onvolmaaktheid besing. Haar gedigte is voorgelees op Met vers en klank (RSG), Punt Radio, OFM en MFM 92.6. Bohnen neem dikwels
deel aan poësie-aande by verskeie restaurante en galerye, met haar mees onlangse optrede by Chris Chameleon se CD-vrystelling van Ingrid Jonkerverse. In die niks al om kos R120.
Die Soenoffer
Wat Isobel Swart as kind gedoen het, is iets wat ’n mens jou eenvoudig nie kan voorstel nie – op tienjarige ouderdom was sy ’n reeksmoordenaar. Nou, 25 jaar later, wil sy haar verhaal vertel, maar sy weier om met enigiemand anders as joernalis Wessel Janke te praat. Hierdie sielkundige riller deur Isa Konrad sal jou tot op die laaste bladsy vasgenael hou. Die Soenoffer kos R165. • Om die drie boeke op hierdie bladsy te bestel, skakel LAPA Uitgewers by 012 401 0700. Dit is ook in toonaangewende boekwinkels te kry. Die pryse is onderhewig aan verandering. S
*
Stuur jou naam en kontakbesonderhede na maroela@maroelamedia.co.za en jy ontvang dalk een van dié drie boeke as geskenk in die pos!
inbeweging
Só help jy bou aan droom
’n Mens kan nie juis deesdae veel met R3 doen nie, maar wanneer duisende R3’e saamgevoeg word, kan iets wat andersins net ’n droom sou bly, ’n werklikheid word. By Solidariteit word daar vanjaar met erns aan die verwesenliking van die droom gewerk – spesifiek die droom van toegang tot opleiding.
S
Deur Ilze Nieuwoudt
olidariteit-lede het reeds ’n merkwaardige bydrae tot die realisering van Solidariteit se opleidingsideale gemaak. Die vestiging van SolTech en die jaarlikse uitreiking van Solidariteit Helpende Hand-studiefondse aan behoeftige studente is maar net ’n paar van die projekte wat reeds danksy Solidariteit-lede se bydraes die afgelope aantal jare ’n werklikheid geword het.
... en ons droom word groter!
By Solidariteit word daar egter met ywer gewerk en gedroom om die geleenthede vir opleiding selfs verder uit te brei. Met die berekening van die jaarlikse ledegeldverhoging vir Solidariteit-lede is daar spesifiek vir die finansiering van opleidingsinisitatiewe en studiefondse voorsiening gemaak. Vanjaar word ’n algehele ledegeldverhoging van R8 per maand vir alle lede ingestel. Hiervan sal R3 direk in Solidariteit se studiefonds gestort word, wat lede se totale bydrae tot die studiefonds dus tot R5 per lid per maand sal opstoot.
Watter verskil sal die bykomende R3 maak?
• Dit sal die totale bydrae wat spesifiek vir die studiefonds aangewend word, tot R5 per lid opstoot. • As die beplande ledegroei vir 2012 behaal word, sal dit beteken dat die totale bydrae tot die studiefonds op bykans R7,5 miljoen vir 2012 te staan sal kom. • As daar gereken word dat die gemiddelde studiefonds nagenoeg R15 000 per student beloop, sal 500 studente volgende jaar alleen deur dié fonds gehelp kan word. • As terugbetaling oor drie jaar ’n aanvang neem, sal die studiefonds teen 2021 danksy die totale bydraes van lede plus terugbetalings meer as R30 miljoen sterk wees. • As die gemiddelde studiefonds wat teen 2021 aan studente toegeken word op R20 000 gereken word, sal sowat 1 500 studente per jaar deur die fonds gehelp kan word.
Jy maak ’n groot verskil!
Alle Solidariteit-lede dra maandeliks tot die Groeifonds by. Hierdie bydraes het reeds merkwaardige stukrag aan verskeie van die Beweging se opleidings64
01/2012 • www.solidariteit.co.za
projekte gegee. Dit het reeds help toesien dat: • nagenoeg 800 studente vanjaar hul studies by SolTech kon aanpak; • die Beweging se opleidingsinstelling, Akademia, tot stand gebring kon word en reeds vanjaar met opleiding kon begin; en • daar reeds met die beplanning en ontwikkeling van Dié Kampus begin kon word.
Ledegeldverhoging vanaf 1 Maart 2012
Solidariteit se ledegeld verhoog op 1 Maart met R8. Hiervan word R4 vir die verhoging in die vakbond se dienste aangewend, R3 as bydrae tot die Solidariteit Studiefonds en R1 as Groeifondsbydrae. Die verhoging sal beteken dat individuele lede se ledegeld van R77 na R85 per maand verhoog terwyl kollektiewe lede se ledegeld van R75 na R83 per maand styg.
Jy kry R3 se waarde vir elke R1
• In die eerste nege maande van 2011 het Solidariteit meer as R1,3 miljoen se ledevoordele-eise uitbetaal. • R28 920 is uitbetaal vir permanente mediese ongeskiktheid. • R330 000 is as deel van die bevallingsvoordeel uitbetaal. • Meer as R970 000 is deur die begrafnisvoordeel aan lede uitbetaal. • Solidariteit se regsafdeling het in die eerste agt maande van 2011 meer as R204 miljoen se vergoeding namens lede beding. Hiervan was meer as R170 miljoen eise vir beroepsbeserings en -siektes. • Solidariteit is die enigste vakbond wat vir elke R1 wat deur ledegeld ingebring word, R3 se waarde aan die lede terugploeg! S
1. Regshulp
Solidariteit bied aan lede ’n telefoniese regshulpdiens, gratis regsverteenwoordiging vir werkverwante arbeidsake wat na die arbeidshof of Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word, asook bystand met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en -voordele.
2. Begrafnisvoordeel
’n Lid van Solidariteit asook sy of haar gade en afhanklike kinders tot en met die ouderdom van 21 jaar ontvang die begrafnisvoordeel.
3. Bevallingsvoordeel
Vroulike lede ontvang ’n uitbetaling van R1 250 vir elke bevalling (ná 12 maande se ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit).
4. Siviel-regtelike advies
Lede ontvang telefoniese siviel-regtelike advies.
5. Afslag op finansiële produkte
Ontvang spesiale afslagpryse vir finansiële produkte, soos motor- en huisinhoudversekering deur Auto & General. Solidariteit bemark ook ’n aftreeplan wat in samewerking met Allan Gray gebied word.
6. Permanente mediese ongeskiktheid
’n Eenmalige bedrag van R1 500 word aan lede betaal (ná 12 maande se ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit) wat medies ongeskik verklaar word.
7. Testament
9. Weeklikse nuusbrief
Lede ontvang weekliks Solidariteit se elektroniese nuusbrief Soldeer per e-pos. Die nuusbrief is volledig in Afrikaans of Engels beskikbaar en propvol van die jongste nuus.
10. Ledediens
Solidariteit se dienssentrum bied ’n eenstopdiens aan lede. Hier word lede tydens kantoorure deur opgeleide personeel bygestaan met alle navrae, klagtes en voorstelle.
11. Gemoedsrus
Solidariteit stel vir lede ’n gratis testament op en die testament word ook gratis geberg.
Solidariteit sal jou werkbeskerming-waghond wees sodat jy gemoedsrus kan kry oor jou en jou gesin se toekoms.
Lede ontvang ses keer per jaar ’n interessante arbeidsgerigte tydskrif met al die jongste nuus oor die Solidariteit Beweging.
Al die voordele wat ’n Solidariteit-lid kry, sou ’n fortuin gekos het as dit afsonderlik by verskeie entiteite aangevra en betaal moes word. S
8. Solidariteit Tydskrif
12. Waarde vir geld
inbeweging
Waarom jy Solidariteit aan jou sy nodig het
aksent media • 082 445 4513
gee jou
DROME
van môre vlerke
VANDAG
Motor- en huisinhoudversekering Regshulpversekering Aftreeplan
Korttermynlenings
Skakel ons vandag nog by
0861 101 005
’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
promosie
inbeweging
Sakke vol voordele spesiaal vir ons lede
Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word.
Ons is aan jou kant deur dik en dun Arbeidsake
Gratis regshulp en hulp in arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werkprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise. Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.
Sterftevoordele (Doves-kontrak)
Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Doves-begrafnisdienste behartig. • Die gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. • Die las van begrafnisreëlings word baie verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref. 68
01/2012 • www.solidariteit.co.za
Uitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: * Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 * Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide man en vrou lid van Solidariteit is. Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding.
Permanente mediese ongeskiktheid
Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit en wat spesialisverslae en bewyse van hulle werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500.
Bevallingsvoordeel
’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne 6 maande ná die bevalling ingedien word.
Solidariteit Tydskrif
Lede ontvang ses keer per jaar ’n eksemplaar van Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook die Solidariteit Beweging se werksaamhede gedek word.
Bykomende dienste
Motor- en huisinhoudversekering
Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede.Vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie, skakel 0860 34 62 53.
Solidariteit Regshulppakket
Vir ’n bykomende premie van slegs R70 per maand kan lede en hulle afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en familiegedinge, borgonderhandeling, borgbetaling tot R5 000, strafregsake (krimineel) en hulp met verkryging van vuurwapenlisensies. Kry die krag van die wet aan jou kant – 24 uur per dag! • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).
Solidariteit Aftreeplan
Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min Suid-Afrikaners onafhanklik kan aftree en word in samewerking met Allan Gray gebied. • Skakel 0861 101 005.
Testamente en boedelbereddering
Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan ook teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300.
Moenie wag nie, sluit vandag nog aan!
• Skakel 0861 25 24 23; besoek die webtuiste www.solidariteit.co.za; SMS die woord LID en jou naam na 34388; of besoek een van ons dienskantore (sien bladsy 72). Lidmaatskap kos vanaf 1 Maart R85 per maand vir individuele lede en R83 per maand vir kollektiewe lede.
Solidariteit Helpende Hand
Solidariteit Helpende Hand ondersteun maatskaplike projekte en elke aansoek word op meriete oorweeg. Aansoeke kan gerig word aan: Solidariteit Helpende Hand, Posbus 11760, Centurion 0046. Of skakel 0861 25 24 23.
Beurse
Solidariteit Helpende Hand bestuur en administreer verskeie beursfondse en ken jaarliks meer as R5 miljoen toe om behoeftige studente by te staan vir wie dit nie andersins moontlik sou wees om te studeer nie. Hier-
inbeweging
Só skep ons hoop vir ons mense
die studente is óf lede van Solidariteit óf maandelikse bydraers tot Solidariteit Helpende Hand óf hulle kinders. Skakel Melani Gerber of Dinah Theron by 012 644 4428 of stuur ’n e-pos na melani@helpendehand.co.za of dinah@helpendehand.co.za
*
Lees op bladsy 70 en 71 meer oor die begrafnisvoordeel wat in samewerking met Doves gebied word. Ons vertel jou ook meer oor verassings.
Kategorieë van lidmaatskap
Met drie lidmaatskapkategorieë bied die Solidariteit Beweging ’n tuiste vir almal!
Kollektiewe lede
Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.
Individuele lede
Individuele lede is lede wat by aansluiting jonger as 50 jaar is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.
Foto: iStockphoto.com
Ondersteuningslede
Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie. Dit wil sê individuele lede wat by aansluiting ouer as 50 jaar is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel. S
* Bepalings en voorwaardes geld
www.solidariteit.co.za • 01/2012
69
promosie
Alles oor jou begrafnisvoordeel
Foto: iStockphoto.com
Die onderwerp van begrafnisse is een wat die meeste mense probeer vermy. Tog is daar belangrike dinge wat jy en jou gesin moet weet om die proses in daardie tyd van beproewing te vergemaklik. Wat is ingesluit?
Wat is nie ingesluit nie?
Wat is die bykomende koste?
• Die verwydering van die oorledene vanaf die plek van afsterwe (verwydering word enige dag en tyd gedoen). • Die berging en versorging van die oorledene. • Die verskaffing van ’n kis, volgens kontrak. • Die verskaffing van ’n naamplaat vir die kis. • Begrafnisreëlings met ’n Doves-reëlingsbeampte. • Die bespreking van die graf/krematorium by die betrokke munisipaliteit/eienaar. • Die verskaffing van 100 gewone begrafnispamflette (pamflette met foto’s word nie hierby ingesluit nie). • Die gebruik van ’n Doves-kapel (indien beskikbaar). • Die gebruik van ’n begrafnisondernemer en lykswa. • Die gebruik van ’n graftent, stoele, grastapyt en neerlaatmasjien by die graf. • Die registrasie van die dood by die departement van binnelandse sake (waar moontlik). • Die voltooiing en indiening van begrafniseisdokumente asook alle ander toepaslike administrasie. • Gratis dekking van vervoerkoste vir die eerste 80 km vanaf die naaste Doves-kantoor. • Afslag van 10% op grafstene wat tydens bespreking van die begrafnis bestel word. • Alle plaaslike oproepe wat vir die betrokke begrafnis en ander toepaslike reëlings gemaak moet word. • Die gebruik van die besigtigingskamer. • BTW is op alle bogenoemde koste ingesluit.
• As die oorledene deur ’n ander begrafnisondernemer vervoer word en Doves dan die liggaam na ’n Doves-kantoor moet verskuif, moet die familie die koste van die ander begrafnisondernemer dek. • As ’n ander kis (as wat volgens die kontrak bepaal word) gekies word, is die familie verantwoordelik vir die verskil in koste. • ’n Houtkissie vir as (indien verkies). • Krematoriumkoste. • Munisipaliteitskoste – dus die koop en grawe van die graf. • Die plasing van die oorledene se as in ’n gedenkmuur. • Die verskaffing van bykomende gewone begrafnispamflette teen R2,00 per pamflet. (As die familie pamflette met foto’s in verkies, is die familie vir die balans verantwoordelik.) • Die huur van ’n kapel (as ’n Doves-kapel nie beskikbaar is nie en die familie verkies om ’n kapel te huur). • ’n Tent by die huis/kleedkamers/busse/familiemotors. • Doktersgeld, die heffing van die mediese skeidsregter in die geval van ’n verassing (wat die uiteindelike goedkeuring vir verassings gee) en die koste van ’n doodsertifikaat (waar van toepassing). • Bykomende kilometer wat gereis moet word. Die eerste 80 km vanaf die naaste Doveskantoor word gedek, daarna is die familie soos volg verantwoordelik vir die bykomende kilometer gereis: • Vanaf 81 km tot 200 km word R5,44 per kilometer gehef. • Vanaf 201 km tot 400 km word R5,00 per kilometer gehef. • Vanaf 401 km en meer word R4,70 per kilometer gehef. • ’n Bykomende bedrag van R620 word gehef op begrafnisse en verassings wat nauurs, op Sondae of vakansiedae gehou word. • Blomme vir die kis en die kerk. • Die verwydering van longe (indien nodig). • Kerkkoste asook die vergoeding vir die predikant, orrelis en koster. • Die plasing van doodskennisgewings in koerante.
• Begrafnisondernemers: As die oorledene eers deur ’n ander begrafnisondernemer vervoer word en die liggaam dan deur Doves afgehaal word, kan die familie tot R3 420 vir die diens van die ander begrafnisonderneming betaal. • Kis:Word bepaal deur die keuse van ’n kis. • Askissie: Kan tussen R456 en R1 710 kos. • Krematorium:Tussen R1 026 en R2 022. • Munisipale grafkoste: R330 tot R3 846. • Die plasing van as: Die koste hiervan hang af van die perseel waar die as geplaas word. • Bykomende gewone programme: R2,00 per program. • Programme met foto’s: Dié programme kan tot R18,50 per program kos. • Huur van kapel: Die koste van ’n kapel word bepaal deur die keuse van ’n kapel. • Huur van tente en stoele: Dit word bepaal deur die grootte van die tent en die aantal stoele wat gehuur moet word. • Huur van busse en ander voertuie: Tussen R969 en R2 850 per bus/voertuig. • Doktersgeld:Tussen R399 en R1 800. • Bykomende reiskoste: Die bykomende koste word bepaal deur die aantal ekstra kilometer wat gereis word. • Begrafnisse wat nauurs, op Sondae of openbare vakansiedae gehou moet word: ’n Bykomende bedrag van R620 word hierop gehef. • Vars blomme: Die koste sal afhang van die familie se keuse van ruikers, maar kan tussen R285 en R1 140 beloop. • Verwydering van longe: Die koste hiervan beloop ’n minimum van R585, maar hang af van die dokter se heffing. • Kerkkoste: Dit wissel, maar die gemiddelde koste strek van R627 tot R1 311. • Doodskennisgewings: Die koste hiervan word deur die betrokke koerant bepaal. Vir meer inligting oor jou Solidariteit-begrafnisvoordeel of om die kontakbesonderhede van jou naaste Solidariteit-kantoor te kry, skakel 0861 25 24 23. Of skakel die Doves Careline by 0860 02 55 00.
12. How do I know I will get the right remains? As each cremator will only accept one adult coffin, and the remains must be withdrawn before the cremator is used again, all remains are kept separate throughout the process. All crematoria have some means of uniquely identifying remains and a family can rest assured that the correct remains are ultimately handed over.
1. Must there be a religious ceremony with cremation? No. You could choose a secular ceremony should you desire. However, should you wish to have a specific clergyman in mind, Doves will arrange for one to conduct a service. 2. Must I have the funeral service at the crematorium? No. Some request that a portion of the service be held at their local church, with a short committal service in the crematorium chapel, or that the whole service be conducted in the crematorium chapel. 3. How is a cremation arranged? As there are a number of legal formalities with which one must comply, it is wisest to let Doves arrange for the completion of the statutory forms for cremation. If you are the executor or the next of kin, or are authorised by either to do so, you will be required to sign the Statutory Application for Doves Cremation before a Commissioner of Oaths. Doves will help you with this. 4. Do I sign anything else at this stage? Apart from the agreement with Doves which you should sign confirming your wishes for the funeral service, you will probably be asked about the remains. Our experience indicates that it is wise to make a decision regarding the disposition of the cremated remains as soon as possible. However, if you are undecided, Doves will arrange storage of remains for two months giving you time to make a decision. 5. Who gives permission for a cremation? Permission may only be given by a Medical Referee appointed by the crematorium authority. No cremation may take place without his or her authority. Before giving his or her approval, the Medical Referee must satisfy himself or herself that the deceased has been identified; that the primary cause of death has been established beyond doubt, and that cremation is not contrary to the written wishes of the deceased. He normally relies on the Application for Cremation, together with a Medical Declaration from the doctor who attended the deceased in the final illness, as well as a Confirmatory Medical Declaration from a second doctor, who confirms the findings of the first doctor relating to the cause of death. Should the Medical Referee decline to authorise cremation, a private
advertorial
Questions on cremation answered
autopsy will be necessary if you still desire cremation. We can not over-emphasise that it is in the interest of all concerned that the legal formalities be completed prior to the funeral, whether it be at the crematorium or not. 6. Is it true that pacemakers and other radioactive implants must be removed before cremation? Yes. These implants can explode at high temperatures, not only causing damage to crematories but also placing crematorium staff at risk. 7. Is the coffin cremated with the body? Yes.The coffin as received is always cremated. 8. Must a coffin be used for cremation? Every crematorium requires some form of outer shell, in the interest of the family, for reasons of hygiene and because of the design of modern crematories.The outer shell must be opaque and completely enclose the body, be strong enough to bear weight of the body without collapsing and be of combustible material. 9. Is more than one coffin cremated at once? No. By special arrangement, a parent and a child could be cremated together, but the design of modern crematories does not allow for two adults to be cremated together. 10. How long does the cremation take? Approximately 90 minutes. 11. What happens with metals? The temperature at which modern crematoria operate (between 800 and 1 000oC) is such that metals are fused with other material so that they are not recognisable. Any metallic material residue from a cremation is normally disposed of in accordance with the instructions of the relevant crematorium authority. It is therefore strongly recommended that any items of jewellery should be removed by the family after death and prior to cremation.
13. What happens to the remains after they are removed from the cremator? When the cremation is completed, the remains are withdrawn from the cremator into a cooling tray. When cool, any ferrous material is removed by means of a magnetic field, and the remains are then placed into a machine, which reduces them to a granular form, consisting of bone ash.The quantity of remains depends on the size and age of the deceased and in the case of babies and very young children, there may be minimal remains recoverable. 14. What options do I have with the remains? Although some religious bodies prefer that remains be interred in consecrated ground, the final choice is normally that of the family. Remains may be scattered or buried at most local crematoria or within your church ground, or at some other place of your choice. Most crematoria provide some means of memorialisation, such as niches into which a permanent urn containing the remains can be placed and sealed with a suitable inscribed plaque. Some churches also provide this option. Some crematoria also offer miniature graves for the permanent retention of remains. Some families opt to bury remains in an existing family grave, or you may wish to have the remains in a memorial urn which you could keep at home. Doves will assist you in carrying out your wishes. 15.What happens to remains strewn on the ground? As the highest biochemical activity exists at the surface of the soil and the remains are in a small granular form, weather and biochemical action quickly break them down to form part of the earth and within a short time there is no visible trace of them. • For help when death occurs, advice on funeral arrangements, assistance with funeral insurance or with the handling of claims, kindly contact our 24-hour helpline on 0860 02 55 00. www.solidariteit.co.za • 01/2012
71
inbeweging
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Bellville
Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Jan du Plessis Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville
Bloemfontein Pieter Burger Administratiewe beampte: Marieke Schwarzendahl Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
Carletonville Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
Despatch Piet Veldtman,Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch
Ellisras Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za
*
Blaai na bladsy 6 vir Solidariteithoofkantoor se kontakbesonderhede. 72
01/2012 • www.solidariteit.co.za
Klerksdorp
Manie Lourens,Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoornlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp
Kathu Gert van Wyk,Adel Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou,Winkel 7, Kathu
Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Mariëtt Barnard Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v.Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
Newcastle Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg
Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw,Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville
Richardsbaai
Francois van Heerden, Hennie Vosloo Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Angler Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
Rustenburg Connie Prinsloo en Johan Nell Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Charisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistraat, Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4,Total Garage
Secunda Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda
Vaaldriehoek Jaco van den Berg,JohanVenter,Francois Calldo, Gerhard Cloete,JJ Fernandes,Lee Coetzee,Le Roy Fritz Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 • Faks: 016 931 3171 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130
Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum
Witbank Cornelius van Leeuwen, Jo-Anne Coetzer Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
in Retrospek
Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.
Maak 2012 die jaar van Groot Regpak Deur Marietha Malan
Foto: iStockphoto.com
D
Daar is een foto wat my skoon laat vergeet waarmee ek besig is. Versigtig haal ek die Prestik agter die foto af. Die aand van die foto speel weer soos ’n rolprent voor my af...
ie nuwe skooljaar is hier en ek begin, soos elke jaar, met die Groot Regpak. Ek begin in die huis se ergste hool: Thinus se kamer. Eers die hoop gemors op sy tafel: Ou skoolboeke, vergete skoolbriewe wat ek nooit gekry het nie, ’n stukkende selfoon, halfgetekende kunsprente, ’n skooldas. Ek vee die hele spulletjie van die tafel af, sit plat op die vloer en begin sorteer. Die meeste kom op die weggooihoop. Heel onder kom ’n paar foto’s uit, nog met Prestik aan. Dit was in ’n stadium bokant sy tafel geplak, maar het plek gemaak vir ander goed. Ek kyk daarna. Daar is een foto wat my skoon laat vergeet waarmee ek besig is. Versigtig haal ek die Prestik agter die foto af. Die aand van die foto speel weer soos ’n rolprent voor my af. Daar is ’n glimlaggende seun agter ’n tafel op die foto. ’n Mooi seun. My seun. Hy sit voor ’n oop boek, ’n pen in sy hand. ’n Kers brand langs die oop boek. Hy het pas sy naam daarin geteken, onder die name van die ander nuut verkose Affie-raadslede. Agter my seun staan ’n vrou, ook glimlaggend. Dit is sy ma wat daar staan, maar dit is ’n nuwe ma. ’n Ma wat pas ’n Damaskus-oomblik gehad het. ’n Nuwe ek. Dit was vir my ’n groot verrassing toe my
kind op die Affie-raad verkies is. Ek is per brief amptelik genooi na die inhuldiging van die nuwe Affie-raadslede. Soos met alle skoolfunksies wat ek ná my egskeiding alleen bygewoon het, kom ek byna skoorvoetend daar aan. Ek voel half ontuis tussen die glansmense met hulle blink, duur karre wat almal in pare met mekaar skerts. Pynlik bewus van my skeistatus staan ek met my rug teen ’n pilaar en wag vir die funksie om te begin.Toe almal inbeweeg, soek ek ’n plekkie op die punt van ’n ry, maak seker dat my selfoon af is, en sit my handsak veilig tussen die stoelpoot en my been. Vou my arms en wag. Ek krimp ineen toe ek besef hoe die prosedure van die funksie werk. Elke seun kry ’n beurt om vorentoe te kom, by ’n tafel te sit en sy naam in die boek te teken. Daarna word die ouers vorentoe geroep om agter hom te kom staan vir ’n foto. Mooi, gelukkige gesinsprentjies word gemaak. Ek wonder beklemd of ek die enigste enkelma gaan wees. My prentjie gaan sê: “Kyk, ek is alleen. My huwelik het misluk. My gesin is stukkend.” Toe nie: Daar is toe sommer heelwat enkelma’s, selfs ’n enkel-pa! Regop staan hulle agter hul seuns, glimlag vir die kamera. En net daar, tussen die kameraflitse en applous, gaan daar ’n
helder lig vir my op; ’n aha-oomblik wat my vervaard in my handsak laat krap vir ’n snesie. ’n Enkelouergesin kán heel wees! Myne ís heel! Anders sou ek nie vanaand hier gesit het nie. Anders sou my kind nie so stabiel gewees het dat hy as ’n leier van so ’n groot skool gekies word nie. In ’n oogwink val alle selfbejammering, skuldgevoelens en pieperige einageite soos ’n ou, vuil kombers van my skouers af. My seun se naam word geroep, en met vierkantige skouers stap ek vorentoe, kyk reguit na die gehoor en glimlag met ’n nuwe, diep vrede in my hart. ’n Vrede wat alle verstand te bowe gaan. En in my ore, veraf, die eggo van ’n Stem wat se:“Kyk, Ek maak alles nuut…” Jy begin die jaar nuut. Hoekom nie ook jou uitkyk op die lewe nie? Moenie te klein dink van God, van die Here Jesus nie. Daar is niks wat Hy nie nuut kan maak nie. Raak ontslae van al die ou, negatiewe gedagtes en destruktiewe denkwyses. “Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik.” (1 Kor. 5:6). Negatiwiteit suurdeeg deur jou hele wese, maar dit is ou suurdeeg en hoort in die asblik. Positiewe, gelowige denke is ’n veel kragtiger deeg. Dit bemagtig jou om die mens te word wat jy moet wees. Dit dy van jou af ook uit na ander mense en jou omgewing toe. Dit maak nie saak watter “ou” dinge daardie negatiwiteit in jou voed nie: Vrot verhoudings, dalk drank of dwelms, swak gewoontes wat jy probeer afleer, geldmoeilikhede, wat ook al: Dit is moontlik om nuut te word en vorentoe te beweeg. “Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek, en lewe nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van Sy skepper en tot die volle kennis van God.” (Kol. 3:9). “Wat maak Ma?”Thinus loer om die hoek van die kamer, verbaas om sy ma op die vloer tussen ’n klomp papiere te kry. Ek blaas gou my neus, sit die foto eenkant onderstebo neer. “Niks nie,” sê ek.“Pak net reg.” S www.solidariteit.co.za • 01/2012
73
promosie
Rol van makelaars in medieseskemabedryf Waarom is makelaars belangrik?
Die medieseskemabedryf is ingewikkeld weens ‘n verskeidenheid redes. Een rede is die tientalle skemas en magdom voordele-opsies waaraan die voornemende lid blootgestel word. Dis somtyds moeilik om ‘n keuse te maak as ’n mens na al die skemas se bemarkingsmateriaal kyk en wonder watter skema uiteindelik die regte een vir jou gaan wees. Dit is juis hiér waar die makelaar se rol onontbeerlik geword het. In sy hoedanigheid as adviseur help die makelaar die lid nie net om die regte skema vir sy omstandighede te kies nie, maar ook die regte voordele-opsie om aan sy spesifieke behoeftes te voldoen. Hierdie behoeftes verskil en wissel van die eerstejaarstudent en die jong gesin tot die aktiewe, afgetrede paartjie. Dit is dus nie ’n verrassing dat die grootste mediese skemas in Suid-Afrika feitlik net van makelaars gebruik maak om tot 80% van hul nuwe besigheid te werf nie. Vir baie mense is die risiko eenvoudig te groot om self te probeer om ’n verantwoordelike keuse maak.
Foto: iStockphoto.com
Waaraan moet ’n makelaar voldoen?
74
Nog ’n rede vir die kompleksiteit van die funksionering van mediese skemas is die regulering daarvan. Die bedryf word allerweë beskou as een van die mees gereguleerde in die land. Heelwat van hierdie regulasies is van toepassing op die makelaar en is dus tot voordeel van die voornemende lid. Alle makelaars in die bedryf moet kragtens wetgewing geakkrediteer wees as ’n makelaar by die Raad op Mediese Skemas (RMS) en ook beskik oor ’n lisensie om advies te gee soos vereis deur die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangersdienste (FAIS). Om die belange van die kliënt te beskerm, maak dié wet daarvoor voorsiening dat makelaars aanspreeklik gehou kan word vir enige skade wat ’n lid mag ly indien hy of sy van verkeerde advies bedien word. Makelaars wat nie hulle sout werd is nie, kan ook deur kliënte by onder andere die RMS aangegee word. Sodanige makelaars loop die gevaar om hulle makelaarstatus te verloor indien daar bevind sou word dat hul onregmatig opgetree het. Daarbenewens bepaal ’n aantal regulasies dat makelaars aan spesifieke bekwaamheidsvereistes moet voldoen, insluitend dat hulle kennis tydens eksamens getoets moet word. 01/2012 • www.solidariteit.co.za
Waar kry ek ’n makelaar?
’n Voornemende lid kan ’n mediese fonds enige tyd skakel en vra vir die kontakbesonderhede van ’n makelaar in sy of haar omgewing. Die lid sal dan deur die makelaar geskakel word om ’n persoonlike afspraak te reël. Die RMS se webtuiste beskik oor ’n volledige lys geakkrediteerde makelaars wat regoor Suid-Afrika werksaam is vir enige lid se insae. Medihelp het benewens sy kontaksentrum ook ’n spesiale webgerief waar ’n kliënt die skema kan versoek om ’n makelaar aan hom of haar toe te wys.
Moet ek slegs een makelaar gebruik?
Indien jy nie tevrede is met jou makelaar nie, kan jy enige ander makelaar kies. Die feit dat wetgewing die rol van die makelaar baie strenger reguleer as in die verlede, beteken dat jou belange baie goed beskerm word.
Nog nie ’n Medihelp-lid nie?
SMS “Kontak my” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se uitstekende voordele-opsies verlang.